dopperdinge -...

24
Dopperdinge November 2018 Koelmanweg 168, Ashlea-tuine, Pretoria • Posbus 36229, Menlopark, 0102 Webtuiste: www.gk-alkantrant.co.za • Volg ons op Facebook GK Alkantrant, Absa-rekeningnommer: 540 340 404, Takkode: 334745

Upload: others

Post on 17-Oct-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Dopperdinge - gk-alkantrant.co.zagk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2020/04/Dooperdinge-04-2018... · Nog meer engele 7 Idelette de Bure, Calvyn se vrou 8 . Lewenswaardes 9 Verslag:

DopperdingeNovember 2018

Koelmanweg 168, Ashlea-tuine, Pretoria • Posbus 36229, Menlopark, 0102Webtuiste: www.gk-alkantrant.co.za • Volg ons op Facebook

GK Alkantrant, Absa-rekeningnommer: 540 340 404, Takkode: 334745

Page 2: Dopperdinge - gk-alkantrant.co.zagk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2020/04/Dooperdinge-04-2018... · Nog meer engele 7 Idelette de Bure, Calvyn se vrou 8 . Lewenswaardes 9 Verslag:

Dopperdinge

RedakteurWillie PretoriusSel: 072 224 [email protected]

PredikantDs Dirk Kotzee Sel: 079 305 [email protected]

FotograafTjaart van der WaltSel: 083 3031 [email protected]

TaalversorgerRiana Ehlers

UitlegDanie DreyerSel: 082 844 [email protected]

DrukwerkMarketing Support Services Tel: 012 346 2168

Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant, Jaargang 27, No. 4

Psalm 33:7 Hy versamel die waters van die see soos ’n hoop; Hy bêre die wêreldvloede weg in skatkamers.

’n Geseënde Kersfees en ’n voorspoedige 2019 word aan al ons lesers toegewens.Redaksie

VoorbladDopperdingeNovember 2018

Koelmanweg 168, Ashlea-tuine, Pretoria • Posbus 36229, Menlopark, 0102Webtuiste: www.gk-alkantrant.co.za • Volg ons op Facebook

GK Alkantrant, Absa-rekeningnommer: 540 340 404, Takkode: 334745

InhoudAlles tevergeefs…??? 1 Die kerkafgod versus God se kerk 2 Geloofsvolharding 5 Die nuwe Jerusalem 6 Nog meer engele 7Idelette de Bure, Calvyn se vrou 8 Lewenswaardes 9 Verslag: Tweede eredienste 10 Belydenisaflegging, doop en nuwe intrekkers 12 Finansies 13 Doppermark 14Waltloo 15Gemeentekamp 16Klub 50: Resepte 17 Blokraai 18 Inkleurprent 20Grappies 21

Page 3: Dopperdinge - gk-alkantrant.co.zagk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2020/04/Dooperdinge-04-2018... · Nog meer engele 7 Idelette de Bure, Calvyn se vrou 8 . Lewenswaardes 9 Verslag:

Dopperdinge, November 2018 1

Ons staan weer op die drumpel van `n oujaar. Die jaar 2018 is bykans verby. Dan is dit mos hierdie tyd van die jaar dat `n mens diep nadink … stil gaan sit en jouself afvra:

• Wat is die sin van die lewe … die sin van jóú lewe in 2018?

• Wat is die sin van al jou harde arbeid elke dag?• Wat is die sin van jou kerkgang?• Ja, wat is die sin van alles wat ek is en het en doen?Dan tref die woorde van Prediker `n mens as hy sê:

“Alles is tevergeefs.” 38 keer in 12 hoofstukke lees jy hierdie woorde: “Alles tevergeefs.”

‘n Mens vind sekerlik moeite met hierdie stelling. Is alles régtig tevergeefs? Dit is dan só negatief … so pessimisties … so morbied. Hoe kan dit waar wees? Die lewe wat Gód gee, is tog nie tevergeefs nie … jou kerkgang en geloof, kan dit tevergeefs wees? Wat van genade en geleenthede en vreugdes?

Daarom is die vraag: Wat bedoel die Prediker as hy sê “alles tevergeefs”? Hierdie woorde is immers die tema van die hele boek Prediker. Wat bedoel hy?

Die woordjie “tevergeefs” in die Hebreeus, waarin die Ou Testament geskryf is, is “hebel”. Letterlik beteken dit: damp … ‘n asemteug … wasem … nietigheid. Dit beteken in wese: Niks of kortstondig of verbygaande. (So terloops, die Hebreeuse woord “hebel” is die naam van die vermoorde tweede seun van Adam en Eva, Abel.)

En as die Prediker nou hierdie woordjie “hebel” gebruik, is dit asof hy deur die hele boek wil sê:

Alles is so kortstondig en tragies soos die lot van Abel … reeds as jongman deur sy broer vermoor … so niks … so tevergeefs … net ‘n asemteug … `n nietigheid! Daarom vra die Prediker in hoofstuk 1:3: “Wat kry die mens van al sy geswoeg onder die son?” 29 keer in hierdie boek praat die Prediker van “onder die son.”

Sien u? Alles is tevergeefs onder die son, met ander woorde alles is tevergeefs vir sover jy as mens hieronder die son kan sien en begryp.

Jy mens …jou insig is beperk …...jou mening vol gebreke …...jou werke vol sonde ….. jou aanbidding gebrekkig.• Geslagte kom en gaan (Prediker 1:4) – ook jý sal

eendag sterwe

• Die son kom op en gaan onder (Prediker 1:5) – en jy as mens kan dit nie beheer nie.

• Die wind waai waar hy wil (Prediker 1:6).• Riviere loop in die see en die see word nie vol nie

(Prediker 1:7).• Ja, daar’s niks nuuts onder die son nie

(Prediker 1:9).Só … wat is die antwoord?Nóóit twyfel die Prediker aan God nie. Die mens se

moeite onder die son is tydelik want jy is sterflik en dui die tevergeefsheid van die mens aan … veral as jy dit meet teen die Grootheid en Ewigheid van God.

Alles is tevergeefs onder die son. Maar Goddank … daar is Iemand bokant die son, Jesus Christus!

In Christus kry alles sin en betekenis … ook al jou moeite en geswoeg onder die son. Christus het met sy lyding en oorwinning die “tevergeefsheid” van die werke van die mens “onder die son” nuut gemaak en vervul.

In Christus kry alles sin en betekenis …• Geslagte kom en gaan (vers 4) … en jy is deel van

die uitverkore geslagte wat ewig sal lewe.• Die son kom op en gaan onder (vers 5) …en jy is `n

dag nader aan die ewige toekoms.• Winde waai (vs 6) … en riviere loop in die see

(vs. 7) … en jy jubel, want God is in Christus in beheer van die natuur!

• Niks nuut onder die son nie? (vers 9) … In Christus het alles nuut geword, sê Openbaring: “Die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.”(Openbaring 21:5)

Daarom sluit die Prediker sy boek af in hoofstuk 12:13: “Die slotsom van alles is … dien God en gehoorsaam sy gebooie!!!”.

As jy dan aan die einde van die jaar kom en Prediker raadpleeg, vra jy die vraag: Is alles tevergeefs?

Ja … as Christus nie plek het in jou lewe nie, is alles inderdaad tevergeefs. Maar mét Christus het alles sin, want jou godsdiens en kerkgang, jou werk en geswoeg elke dag, jou verhoudinge met jou naaste, wat jy ook al in 2018 gedoen het, is nóóit tevergeefs nie, want die kern van alles was Jesus Christus.

In Hom het alles sin.

Nico Ligthelm

ALLES TEVERGEEFS…???

Page 4: Dopperdinge - gk-alkantrant.co.zagk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2020/04/Dooperdinge-04-2018... · Nog meer engele 7 Idelette de Bure, Calvyn se vrou 8 . Lewenswaardes 9 Verslag:

2

Matteus 16: 13-20 (15, 17 en 18)

Geliefdes in ons Here Jesus ChristusOns het onlangs Erfenisdag gevier. ’n Volle

vakansiedag word daaraan gewy om ons herkoms te onthou. Op sigself ’n belangrike konsep en deel van die proses van identiteitsvorming. Identiteit antwoord die vraag: Wie is ek? Aan die hart van ’n persoon se identiteit, lê dikwels waar hy/sy vandaan kom, die groep waaraan hy/sy hoort en die kultuur waaraan hy/sy blootgestel is.

Vanoggend lei die Here ons deur die teks tot die insig, dat afkoms en erfenis, ons soms op valse beelde kan afstuur. Dat blote tradisie, gewoontes en gebruike daartoe kan lei dat die kerk nie meer as God se kerk gesien word nie, maar as my kerk. Dit is wanneer die vorm van die kerk vir ons so belangrik word, dat ons die hoof van kerk, Jesus Christus, miskyk. Wanneer dit gebeur, word die kerk ’n afgod.

Hierdie saak word in vier hoofpunte uiteengesit:Eerstens, wanneer is die kerk ’n afgod?Tweedens, wanneer is die kerk God se kerk en

Christus eerste?Derdens, bely die kerk dit aan die wêreld?Vierdens, is ons sy lewende kerk?

Die kerk as afgodIn sy boek, Raw Spirituality, verduidelik Tom Smith

dat hulle as kerk in ’n stadium met die vraag geworstel het, wat is kerk? Die vraag,wat hulle vinnig tot `n ander

insig gebring het, het eintlik oor hulleself gehandel. Die kerk is immers die lede daarvan en nie die gebou nie. Die vraag het dus op hulleself betrekking gehad om te probeer verstaan wie hulle is, naamlik hulle identiteit as kerk.

Smith beskryf hierdie as ’n vrugtelose oefening, want die kerk se fokus word na binne en nie na buite ingestel nie. Volgens hom is daar `n beter vraag, naamlik, wie is Jesus? Want wie Hy is, bepaal wie die kerk is en hoe die kerk na buite leef.

Dit is die weg waarop ons Here Jesus die dissipels in ons teks lei. Hy begin nie met, wie is julle en dit is my kerk nie. Nee. Hy begin met die vraag: Wie, sê die mense, is die Seun van die mens? Dan maak hy dit persoonlik deur te vra: Wie, sê julle, is Ek? Daarna volg Jesus dit met ’n verklaring op van wie die kerk is.

Dikwels haak ons egter vas by, “wie is ons”? Wie is Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant? Wat is sy erfenis? Wanneer sulke vrae opduik, sleep ons dikwels ook die verlede by. Dit gebeur wanneer mense bestaande gebruike wil vernuwe. Dan is van die lidmate se antwoord soos volg: Dit is nog altyd so gedoen, waarom dit nou staan en verander?.

Wanneer nuwe lidmate by dié gemeente aansluit, behoed die een wat die sitplek inneem waar ek al die jare gesit het. In plaas van Christus se liefdevolle optrede en gasvryheid, braak ons eerder gal, of beveel die “skuldige”, hy/sy, om te skuif, want dié is MY sitplek.

Geliefdes in ons Here, ’n afgod is niks anders nie as mensewerk met die doel om die mens te dien op

Die kerkafgod versus God se kerk

Page 5: Dopperdinge - gk-alkantrant.co.zagk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2020/04/Dooperdinge-04-2018... · Nog meer engele 7 Idelette de Bure, Calvyn se vrou 8 . Lewenswaardes 9 Verslag:

Dopperdinge, November 2018 3

grond van sekere dienste wat hy lewer. So vermenslik ons ook die kerk. Volgens `n kommentator het die kerk vir die lidmate niks anders as `n ABC geword nie. Die akroniem staan vir Attendance, Buildings and Cash (bywoning, geboue en geld) wat ’n absolute fokus op die materiële en menslike aspekte van kerkwees is.

Die siening van die kerk word dan een waar bydraes gegee en bepaalde dienste opgeëis word. Of om op grond van bydraes ’n bepaalde ereposisie in die kerk te beklee en deur lidmaatskap ’n sekere stoel te bespreek en bewaar die siel van die een wat daardie stoel beset. Of my grootouers het ook in sekere voorregte in die kerk gedeel en sal in hulle grafte omdraai as dit of dat in die kerk gebeur.

Geliefdes, die heeltyd staan die mens in middel van hierdie argumente. Nie eenkeer word dit aan God se Woord en wie ons Koning en Verlosser is, gemeet nie.

Daarom begin ons Here Jesus met die grondlegging en die fondamentlegging van die kerk met dié vraag: Wie sê julle is Ek?

Wie sê jy is die Here Jesus? Dit sal bepaal wat jou siening van die kerk is.

Die kerk is Sy kerk – ken Hom!Jesus begin hierdie proses van ontdekking met sy

dissipels deur te vra of hulle die identiteit van Jesus ken. Weet hulle werklik wie Hy is? Ken hulle Hom? Hou in gedagte, soos al vroeër genoem is, om iemand in die Bybelse konteks te ken ’n intieme verhouding veronderstel.

Dit is ons vertrekpunt as ons waarlik kerk van Christus wil wees. Ons moet Hom as Jesus, die Christus, die Seun van God ken. Hierdie frase het natuurlik ’n besondere betekenis. Petrus se belydenis dat Jesus die Christus, die Seun van God is, verwys na die Ou Testament se gebruik van salwing, omdat Christus gesalfde beteken.

In die tyd van die Ou Testament was daar drie verskillende ampte waarin ’n mens gesalf kon word, naamlik as koning, priester en profeet. Wanneer iemand gesalf is, is salfolie op die betrokke persoon se kop uitgegooi wat dan as koning/priester of profeet gesalf is. Elke gesalfdes het vooruit gewys na die Gesalfde, Jesus, wat moes kom.

Die proses van salwing het ’n tweeledige betekenis. Eerstens, dat die persoon self deur God aangewys is om in hierdie posisie te dien. So `n persoon het nie uit eie gesag na mense gegaan en geprofeteer, geheers of in die tempeldiens gestaan nie. Nee, met volmag van die Here het hulle as sy gestuurdes opgetree. Tweedens, het die salwing toerusting en bekwaamheid as teken gehad. Die persoon tree dus nie net op met die gesag as God se gestuurde nie, maar ook met die versekering dat God hom sou toerus en bekwaam maak om die werk te verrig.

En tog lees ons nêrens in Die Bybel van so ’n geleentheid waar Jesus met olie voor mense tot koning,

priester of profeet gesalf is nie. Jesus se salwing was iets heel besonders. In Matteus 3:16-17 lees ons: “Jesus is toe gedoop en het dadelik daarna uit die water gekom. Meteens het die hemel bokant Hom oopgegaan en Hy het die Gees van God soos ’n duif sien neerdaal en op Hom kom. Daar was ook ’n stem uit die hemel wat gesê het: ‘Dit is my geliefde Seun. Oor Hom verheug Ek my.’”

Deur hierdie proses is Jesus amptelik deur God die Vader as die Christus aangewys. Hy is deur die Vader as Koning, Profeet en Hoëpriester aangestel. Ons lees in Sondag 12 van die Heidelbergse Kategismus dat Jesus die Christus genoem word, omdat Hy deur God die Vader bestem en aangestel en met die Heilige Gees is tot ons hoogste Profeet en Leraar gesalf... ons enigste Hoëpriester en tot ons ewige Koning.

Wanneer ons Hom ken as die Christus, die Gesalfde, die Seun van God, dan is Hy die hoogste gesag en nie `n kerklike tradisie of `n kulturele gebruik nie. As ons waarlik Jesus as die Christus bely, gaan dit nie in die kerk oor volk en taal of oor gebruike en tradisies nie, maar om Sy eer. Die kerk is immers Sy kerk en nie `n afgod nie.

Twee vrae moet ons as lidmate beantwoord om te verstaan wat ons Koning en Verlosser vir Sy kerk verlang.

Die kerk is Sy kerk – bely Hom!Die twee vrae, wat Jesus aan sy dissipels vra, lui

soos volg: Eerstens, wat sê die mense waarmee julle in aanraking kom van wie Ek is en tweedens, wat sê julle van wie Ek is.

Waarom is dit belangrik om kennis te dra wat die mense rondom ons van Jesus sê? In Handelinge 1:8 gee ons Here Jesus ons die opdrag om Sy getuies in Jerusalem, Judea, Samaria en die uithoeke van die wêreld te wees. Hierdie getuienis staan teenoor die getuienis van die ongelowiges. Ons kan dus ook nie getuig as ons nie weet wat ander van Hom sê nie. Die opdrag is om doelbewus met die evangelie in die hart en die wêreld se siening van die evangelie in die gedagtes, ’n hand na die wêreld uit te reik en getrou teenoor die wêreldse siening te getuig van wie Jesus is.

Die voortsetting van hierdie doelbewuste kontak met die wêreld, is nie alleen kennisname van die wêreld se siening aangaande Jesus nie, maar ook die lewering van insette vanuit my intieme kennis van Jesus as die Christus. Hierdie roeping strek oor verskillende sfere van die samelewing. En daarom is dit ook belangrik wat ek van Jesus sê en hoe ek die evangelie deel. As ons Handelinge 1:8 se uiteensetting in ag neem, dan is die opdrag aan die dissipels om getuies te wees in Jerusalem, Judea, Samaria en die uithoeke van die wêreld. Vir die dissipels was Jerusalem hulle tuiste, Judea hulle samelewing, Samaria die mense van wie hulle nie regtig gehou het nie (omdat hulle ’n vermengde volk was) en laastens die plekke wat hulle nog nie geken het nie.

Page 6: Dopperdinge - gk-alkantrant.co.zagk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2020/04/Dooperdinge-04-2018... · Nog meer engele 7 Idelette de Bure, Calvyn se vrou 8 . Lewenswaardes 9 Verslag:

4

Prakties gesproke sou dit beteken dat ons vandag die getuienis van wie Jesus is en omvang van die evangelie eers aan huis (Jerusalem) moet deel. Dit is die opvoedingstaak van Christelike ouers! Man en vrou wat mekaar moet aanspoor om te groei in hulle verhouding met die Here te groei. Die volgende sfeer, waar hierdie getuienis uitgeleef moet word, is ons alledaagse kontakpunte (Judea). Dit is byvoorbeeld die kollega by die werk, die persoon wat daagliks saam met my in die Gautrein ry, my buurman, ensovoorts. Die punt is dat die evangelie, nie net aan huis bly nie, maar na ons gemeenskap moet uitbrei. Dan volg die derde sfeer, die mense van wie ek nie hou nie (Samaria). Dit is die mense wat jy liefs sou vermy. Hulle moet ook die evangelie hoor en sien by jou. Laastens die uithoeke van die wêreld. Wanneer ek in Desember met verlof gaan, los ek nie my geloof tuis nie. Dit word steeds uitgeleef al is ek in Europa, Pofadder of Koffiebaai.

Baie van ons reageer dalk hierop met gedagtes soos: dit voel vreemd, dalk selfs dweperig. Daarom deel Jesus ook aan Petrus `n baie belangrik feit mee: dit is nie `n mens wat dit aan jou geopenbaar het nie, maar my Vader wat in die hemel is (Matteus 16:17). Jesus roep ons om Hom te bely, maar laat ons nie alleen nie. Hy maak ons bekwaam en rus ons toe om dit te doen. In Matteus 28: 20 lees ons Jesus se versekering: “En onthou ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.” Hiermee wys Hy heen na die uitstorting van die Heilige Gees wat ons toerus en bekwaam maak om te bely wie Jesus is. Geliefdes, daar is nie verskonings nie! Moenie sê my Bybelkennis is nie genoegsaam nie. Indien dit die waarheid is, spreek dit aan. Die belofte van die Gees se bystand, maak egter dat ons nie kan/mag stilbly nie.

Dit is Sy kerk – wees ditEen kommentaar wat geraadpleeg is, stel die saak

soos volg: “Wanneer ons kyk na Matteus 16 en ons stel vir ons ’n prentjie van die kerk op, dan draai ons dikwels

die volgorde om wat Jesus in Matteus 16 aan ons leer. Ons begin by die kerk, wat die kerk sê en wat ek wil hê die kerk moet wees. Dan dink ons aan wie Jesus is, want ons leer dit by die kerk. As daar dan nog tyd is, dan dink ons aan die sendingopdrag. Wat ons egter hier leer, is dat hierdie ’n skewe beeld van ’n Christelike kerk is. Die regte volgorde, volgens Matteus 16, is om eerste Jesus te ken – en deur Hom te ken en sy hart, die evangelie, jou hart te maak. Dan word ons geroep om dit teenoor die wêreld en teenoor mekaar te bely. Wanneer ons dit doen, verander die karakter van die kerk, van ’n organisasie wat in my oë bestaan om my te dien, na ’n plek waar ek gaan om te dien.”

Indien dit so is, gaan kerkdienste nie meer daaroor om te ontvang nie, maar om vir my dienswerk toegerus te word. Die kerk is dan nie meer ’n organisasie wat my taal en kultuur moet beskerm nie, maar die eer van God se Naam. Nog minder is die kerk nie meer ’n broeikas nie, maar die sout en lig in die wêreld. Dan staan daar nie meer net ’n kerk in Koelmanstraat nie, maar leef die kerk van die Here in Koelmanstraat in die howe, in Deloitte, in die skole en in die gemeenskap.

Christus bou sy kerk op hierdie belydenis. Die poorte van die hel sal dit nie oorweldig nie. Is dit nie ’n ongelooflike troos en versekering nie? Mag ons al meer die kerk wees wat Jesus as die Christus bely, die Seun van God.

SlotTen slotte geliefdes, wees op die uitkyk na die

gevaartekens. Mag die kerk nie vir ons ’n afgod wees en ons weglei van die doel wat Christus vir ons voor oë gehad het nie. Mag ons die kerk wees wat Christus ons geroep het om te wees in die konteks waar Hy ons geplaas het.

Mag God ons deur sy Gees daartoe help. Amen.

Ds Dirk Kotzee

Die publikasie van Dopperdinge is afhanklik van u bydraes. Gevolglik wil ons ’n ernstige beroep op u doen om artikels in te stuur. Die verskyning van so ’n publikasie kan nie net van die redaksie afhanklik wees nie. Hier is soveel talent in ons geledere wat nie benut word nie. Die sukses van so ’n blad word grootliks deur sy lidmate bepaal omdat dit uit die gemeente deur hulleself geskryf en op hul medegelowiges gerig is.

Artikels kan oor enige onderwerp handel wat op ’n Christelike grondslag gebaseer is. Dit kan briewe

wees wat op kerklike aangeleenthede betrekking het, gedigte, boekbesprekings, bevordering van kerksang, beplanning van gemeentelike aktiwiteite en verslag oor sodanige aktiwiteite. Ons sal dit verwelkom as ons jonger lidmate ook hulle gedagtes met ons wil deel. Op hierdie wyse word tekortkominge geïdentifiseer wat onmiddellik die nodige aandag kan geniet.

Help asseblief mee om Dopperdinge werklik ’n pronkblad te maak. Stuur u artikels in elektroniese formaat aan Willie Pretorius by [email protected]

ALLE BYDRAES SAL, INDIEN GEKEUR, VOOR PUBLIKASIE TAALKUNDIG VERSORG WORD.

Dopperdinge

Page 7: Dopperdinge - gk-alkantrant.co.zagk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2020/04/Dooperdinge-04-2018... · Nog meer engele 7 Idelette de Bure, Calvyn se vrou 8 . Lewenswaardes 9 Verslag:

Dopperdinge, November 2018 5

Geloofsvolharding in die daaglikse lewe van die gelowige

Geloofsvolharding is nie alleen`n fundamentele kwessie in die daaglikse bestaan van die gelowige nie, maar ook van deurslaggewende belang vir die uiteindelike verwerwing van die ewige lewe. Skrifgetroue kerke verkondig dat opregte gelowiges, met die wederkoms van Christus, die beloning, om in die vreugde van die Heer in te gaan, sal ontvang. Daarby wek die vertroue in God se beloftes ook die hoop dat die gelowige aan die einde van sy aardse bestaan sonder vrees sal sterwe. Die grondslag hiervan is die predestinasie of uitverkiesing “uit louter goedertierenheid sonder om enigsins hulle (uitverkorenes) se werk in aanmerking te neem” (Artikel 16 Nederlandse Geloofsbeydenis).

Die grondslag vir hierdie saligspreking is `n ware geloof waardeur die gelowige die versekering verkry om deur Gods genade staande te kan bly. Slegs deur die skenking van dié genadegawes van God Drie-enig is die gelowige in staat om sy aardse roeping te vervul. Paulus beskryf dit treffend in Romeine 11:29 soos volg: ”As God eenmaal aan mense sy genadegawes geskenk het en hulle geroep het, trek Hy dit nooit weer terug nie.” Op grond van hierdie waarborg weet die gelowige dat hy/sy altyd God se kind sal bly. Die gelowige kan nie die eendag `n uitverkorene en die volgende dag `n verwerpte wees nie.

Uitverkiesing bring ook verantwoordelikhede mee soos bekering, handhawing van geloof te midde van teenkanting en verleiding, volharding en `n voortdurende stryd teen sonde, Die gelowige se stryd in sy daaglikse lewe moet dus op die nou poort en nie op die aardse gerig wees nie. Jesus beskryf dit in Matteus 7:13-14 soos volg: “Gaan deur die nou poort in. Die poort wat na die verderf lei, is wyd en die pad daarheen breed, en die wat daardeur ingaan, is baie. Maar die poort wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal, en die wat dit kry, is min.”

Volharding in die geloof veronderstel geensins sondeloosheid nie. Die gelowige bly steeds mens en kan struikel en God bedroef. Dawid, die man na

Gods hart, het owerspel met Batseba gepleeg. Daarna het Dawid opregte berou getoon en deur Gods genade het hy tot bekering gekom. Soms duur dit lank alvorens inkering plaasvind, byvoorbeeld die gelykenis van die Verlore Seun.

By die gelowiges is daar geen twyfel oor hulle verlossing nie, want hulle weet dat God sy beloftes uitvoer. Die sekerheid van verlossing geskied nie op eie verdienste nie maar geopenbaar in Jesus Christus se oorwinning oor die dood aan die Kruis, sy onveranderlike raadsplan en liefde vir die mens.

Ten spyte van die duidelike uiteensetting van die uitverkiesing is hierdie leer vir baie `n vernedering. Vele sou liewer uit hulle eie werke geregverdig wou wees om sodoende hulle eie verlossing te bewerkstellig. Die uitverkiesing volgens dié mense, is strydig met die regverdigheid en onpartydigheid van God. Die gelowige aanvaar dat God se redding uit loutere goedertierenheid en welbehae geskied. Jesus verwys na diegene, wat nie aan die roepstem tot bekering gehoor wil gee nie, deur in Matteus 23: 37 dit soos volg te stel: “Jerusalem, Jerusalem...hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak soos net `n hen haar kuikens onder haar vlerke bymekaarmaak, en julle wou nie!” `n Tweede rede wat hierdie mense aangryp, is die bewering dat uitverkorenes wat afdwaal, afvallig kan raak. Volgens prof. EE van Rooyen is “die innerlike heiligheid van hart en uiterlike onberispelikheid van wandel vir die uitverkorenes ook `n noodsaaklike vereiste.”

Samevattend, die aanvaarding van die Predestinasie, volgens prof. Van Rooyen, “spoor tot danksegging vir God se uitverkiesende liefde aan, lei tot blydskap en beklemtoon die strewe na waaragtige heiligheid. Die gelowige en kinderlike aanvaarding van die Predestinasie, stuur die gelowige se lewensbootjie in die regte koers deur die deinende golwe.”

Willie PretoriusBronne:MJ du Plessis, Ek glo en bely en Openbaringsgeskiedenis

EE van Rooyen, Die Nederlandse Geloofsbelydenis

Page 8: Dopperdinge - gk-alkantrant.co.zagk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2020/04/Dooperdinge-04-2018... · Nog meer engele 7 Idelette de Bure, Calvyn se vrou 8 . Lewenswaardes 9 Verslag:

6

In die boek Openbaring is die visioene opgeteken wat aan Johannes geopenbaar is.

Inderdaad bevat die boek `n boodskap van troos waarin vermeld word dat die volk van God, wat aan Hom getrou bly, die nuwe hemel en die nuwe aarde sal beërwe. Hulle sal by die bruilofsmaal van die Lam aansit en saam met Hom ewig in die nuwe Jerusalem woon.

Openbaring 21: 18-21, 23, 25 beskryf die nuwe Jerusalem treffend: Die stad het die glans van `n kristalhelder edelsteen. Om die stad is `n groot hoë muur wat van opaal gebou is. “Die fondamente van die stadsmuur is met allerhande edelstene versier : die eerste fondament met opaal, die tweede met saffier, die derde met agaat, die vierde met smarag, die vyfde met sardoniks, die sesde met karneool, die sewende met chrisoliet, die agste met beril, die negende met topaas, die tiende met chrisopraas, die elfde met hiasint en die twaalfde met ametis... Die strate van die stad is van suiwer goud, blink soos `n spieël...Die stad het nie die son of maan is nie nodig om hom te verlig nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp. Die nasies sal in die stad se lig lewe... daar sal nie meer nag wees nie.”

Dié visioene is meer as 2,000 jaar gelede aan Johannes geopenbaar. Interessante inligting oor genoemde edelstene, waarmee die fondamente van die stadsmuur versier is, het onlangs aan die lig gekom. As `n dun snit van elkeen van dié twaalf edelstene gemaak en gefiltreerde lig daar deur geskyn word, verloor dit

sy oorspronklike kleur en word al die kleure van die reënboog gereflekteer. Hierdie edelstene bevat die eienskap om `n kaleidoskoop van kleure te weerspieël.

Al hierdie edelstene is anisotropies (“anisotropic”) terwyl edelstene soos diamante en robyne isotropies (“isotropic”) is. Wanneer suiwer lig deur hulle skyn, gaan hulle kleure verlore en vertoon dan grys.

Eers in die onlangse verlede het die mens bepaal hoe om lig in een rigting te laat skyn. Laser is `n goeie voorbeeld hiervan en skyn pylreguit. Gepolariseerde filters word gebruik om lig in een rigting te laat skyn.

Niemand het 2 000 jaar gelede geweet dat slegs anisotropiese edelstene die mees fantastiese kleure terugkaats nie – selfs nie eens Johannes nie. Indien isotropiese edelstene soos diamante en robyne gebruik was, sou die nuwe Jerusalem `n grys en kleurlose stad gewees het.

Die Bybel bly ‘n wonderlike boek en kon net deur inspirasie van God geskryf gewees het. Die nuwe Jerusalem, met sy fantastiese kleure, bring `n boodskap van hoop aan gelowiges, wat ten spyte van verdrukking en vervolging aan Hom getrou bly. Die nuwe Jerusalem, waar hulle vir ewig saam met Hom sal woon, is `n plek van ongekende skoonheid, heerlikheid en glans. Net God het geweet dat die spesifieke edelstene, wanneer belig, `n kaleidoskoop van die pragtigste kleure uitstraal.

Mac Botha

Die nuwe Jerusalem: boustene

Met graagte plaas ons weer gedigte deur Lego uit sy digbundel, Woorde veg in karikatuur.

Ek sien verOpenbaring 21: 3-4

My sien word hoortoe U stem my oor deurboor:

Kyk, God’s tent span oopoor die wat op Christus hoop

Sy woonplek maak God wyd om met elke kind van Hom te bly

hy leef met hulle sy aan syhulle ken en bid vir eie God en Here

gewydes gee as volk aan Hom die ere

Die Heer se heiligheid droog trane af.Dood ontleef sy voortbestaan.

Hartseer saam met skree van pynhet met angs in die eerste tyd verdwyn.

Nuwe Lewe

Here, mag ek vradat U genade eendag

uit die klam grondkluite oopbreek

ook oor my

Here mag ek biddat engele

My ook nader dradat U my vuil graflyf

voor U troon sal plaas-vry van dood en sondesere.

Here, mag ek smeekvir waardigheid

om die nuwe naamgestand te weeswat elkeen daar

van U, o Grote Geesgaan dra.

Page 9: Dopperdinge - gk-alkantrant.co.zagk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2020/04/Dooperdinge-04-2018... · Nog meer engele 7 Idelette de Bure, Calvyn se vrou 8 . Lewenswaardes 9 Verslag:

Dopperdinge, November 2018 7

Nog meer engele In die vorige uitgawe het ons die verskil tussen

engele en mense bespreek. Tans konsentreer ons op die volgende:

• Die engel van die Here• Beskermengele• Engele wat aan kerke toegewys is• Engele met groot mag• Sterk engele

*Die engel van die HereIn Die Bybel vind ons talle verwysings na “die engel

van die Here”, “die engel van sy aangesig” en “die engel van sy teenwoordigheid”. Jesaja 63:9 (1933/53 vertaling) lees: “In al hulle benoudheid was Hy benoud, en die Engel van sy aangesig het hulle verlos”

“Kyk, Ek stuur ‘n Engel voor jou uit om jou op die pad te bewaar en jou na die plek te bring wat Ek gereedgemaak het ...“ Exodus 23:20-21 (1933/53 vertaling)

Hy vra toe vir Moses: “Moet Ek dan self saamgaan sodat jou hart kan rus?”. Exodus 33:14-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV).

Daar is altyd gedink dat bonatuurlike teenwoordighede in ‘n naam skuil. Daarvolgens sou `n “engel van sy aangesig” God se sigbare teenwoordigheid behels. So ook “die engel van die Here”, byvoorbeeld Psalm 34:8, “Die Engel van die Here slaan sy laer op rondom díe wat Hom dien, en red hulle.”, en volgens 1 Kronieke 21:16 “Toe Dawid opkyk en die engel van die Here tussen hemel en aarde sien staan met sy ontblote swaard in die hand en oor Jerusalem uitgesteek, val Dawid en die leiers met rouklere aan op hulle knieë neer.”’*Beskermengele

Natuurlik het elkeen `n beskermengel. Daarvan is daar soveel beloftes in Die Bybel byvoorbeeld, “Die Engel van die Here slaan sy laer op rondom díe wat die Here dien, en red hulle.” In die vorige paragraaf verwys ons na “die engel van die Here” terwyl nou spesifiek na die beskerming van die engel(e) verwys word, (Psalm 34:8). “Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan” (Psalm 91:11). Deur ‘n hegte verhouding met Jesus word ons die begunstigdes van God se guns en geniet ons die engele se beskerming.

In die Skrif word na beskermengele in Matteus 18:2-3, 10 verwys. Toe Jesus `n kindjie nader geroep en tussen hulle laat staan het, het Hy gesê: “Julle moet nooit een van hierdie kleintjies minag nie, want Ek verseker julle dat hulle engele in die hemel gedurig deur by my hemelse Vader is.”

Toe Petrus aan die deur klop, was die diensmeisie, wat sy stem herken het, so verheug dat sy nie die poort oopgemaak het nie, “maar na binne gehardloop en vertel het dat Petrus voor die poort staan. Maar hulle sê vir haar: Jy is van jou verstand af. Maar sy het volgehou

dat dit so is. Daarop sê hulle: Dit is sy engel.” Handelinge 12:13-15 (1933/53 vertaling)

In Psalm 91:11-12 skryf die psalmdigter oor die beskermengel soos volg:”...want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë: Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip stamp nie.” (1933/53 vertaling)*Engele wat aan kerke toegewys is

Dit is ook moontlik dat kerke engele het wat aan hulle toegewys is. In Openbaring 2-3 kry Johannes opdrag om te skryf “aan die engel van’...” …..voor die name van elk van die sewe kerke. Die opdrag is dieselfde “Skryf aan die engel van die gemeente in …”Efese, Smirna, Pergamum, Tiatira, Sardis, Filadelfia en Laodisea. Spesifieke boodskappe van bemoediging of teregwysing word aan hulle gerig. Openbaring 1:20 stel dit dat “die sewe sterre is die engele van die sewe gemeentes’” Die Griekse woord is “angelos” wat in Afrikaans met engel vertaal word en boodskapper beteken. Hierdie spesifieke engele is die engele van die sewe kerke en moet die boodskap funksie verrig.*Engele met groot mag

Engele het ook klaarblyklik territoriale opdragte – dit is engele met baie gesag. Openbaring 18:1-2 (1933/53 vertaling) “En na hierdie dinge het ek `n engel sien neerdaal uit die hemel, met groot gesag en die aarde is verlig deur sy heerlikheid...”. Sulke engele met groot mag heers moontlik ook oor stede en streke. Daniël skryf in hoofstuk 10:13-21 daaroor dat die heersende magte van die engele volgens die nasies en die stede versprei is.*Sterk engele

In Openbaring 5:2 word van engele met groot mag en sterk engele melding gemaak. “En ek het `n sterk engel gesien wat met `n groot stem uitroep: Wie is waardig om die boek oop te maak en sy seëls te breek?”

Ook in Openbaring 10:1-3 ..”En ek het `n ander sterk engel uit die hemel sien neerdaal...”

Openbaring 18:21 verhaal: “En een sterk engel het ‘n klip opgetel soos `n groot meulsteen en dit in die see gegooi…”

Nog `n voorbeeld dat engele baie sterk is, word afgelei uit die feit dat `n baie sterk engel die klip voor Jesus se graf weggerol het.

In die afgelope jaar se Dopperdinge is slegs ‘n paar aspekte van engele aangeraak maar vir die persoon wat werklik meer van engele wil weet, beveel ek onderstaande bron aan wat werklik baie ryk aan inligting oor al die aspekte van en rondom engele is.

Verwerk deur Estelle PrinslooBron: ‘Alles wat jy wil weet oor Engele’ deur Perry Stone, James Goll, Terry

Law en andere

Page 10: Dopperdinge - gk-alkantrant.co.zagk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2020/04/Dooperdinge-04-2018... · Nog meer engele 7 Idelette de Bure, Calvyn se vrou 8 . Lewenswaardes 9 Verslag:

8

Oor Calvyn se huwelik en die betekenis daarvan vir hom, is daar min bekend. In sowel sy persoonlike lewe as in diens van Gods koninkryk was Idelette se onderskraging vir Calvyn van kardinale belang.

Tydens sy verblyf in Straatsburg, waar hy as predikant van `n klein groepie Franse vlugtelinge opgetree het, het harde arbeid sy tol geëis sodat sy gesondheid daaronder gely het. Calvyn se vriende was daarvan oortuig dat indien hy met `n bekwame vrou in die huwelik tree om hom te versorg, dit vir hom die allerbeste sou wees. Sy vriende het `n soektog begin om vir hom `n eggenote te soek. Calvyn se voorwaardes aan hierdie “soekkomitee” was dat “sy kuis, gedienstig, nie puntenerig nie, ekonomies en geduldig moet wees, en na sy gesondheid kan omsien.” Uiteindelik het Idelette Stordeur, gebore De Bure, op die toneel verskyn. Haar eggenoot, Jan Stordeur, is kort tevore aan die pes oorlede en het haar as weduwee met twee dogtertjies agtergelaat. Calvyn het die teraardebestelling waargeneem.

Idelette, `n vrou van 31 jaar, intelligent en net so oud soos Calvyn, is in Augustus 1540 deur ds Willem Farel met Calvyn in die huwelik bevestig. Skaars ses maande later het Calvyn na Genève teruggekeer waar hy ontsettend hard gewerk het. Slaap gemiddeld vier ure per nag, preek tien keer week, voer daagliks `n lywige korrespondensie, Bybelboeke word een na die ander verklaar, behartig die kerklike administrasie en werk deurlopend aan sy Institusie. So `n druk program het veroorsaak dat Calvyn kort-kort siek geword het. In sulke tye het Idelette hom liefdevol verpleeg en versorg sodat dat hy met die genade van Bo kon herstel.

Op 29 Julie 1542 is die egpaar se seuntjie Jaques gebore wat 21 dae later aan koors gesterf het. Idelette het hierna nog aan twee kindertjies geboorte geskenk wat beide kort daarna oorlede is.

Teen die einde van 1546 het ernstige siekte Idelette gepak. Calvyn het dit moeilik verwerk om Idelette in so toestand in die bed te sien. Haar toestand het In Augustus sodanig verbeter dat die egpaar vir `n paar dae Gregny kon besoek. In April 1547 was dit weer Calvyn se beurt om so siek te wees dat Idelette hom liefdevol vir n paar dae in die bed versorg het. In Junie het Idelette na Lausanne vertrek om haar vriendin, Sébastienne, met haar kind se geboorte behulpsaam te wees. Hier het Idelette so siek geword dat Calvyn haar met behulp van sy vriende teruggebring het. Toe

die winter aangebreek het, het Idelette se toestand al verder verswak. Dit moes vir Calvyn `n bittere belewenis wees om sy vrou so al gaandeweg sien verswak.

Vrydagaand 29 Maart 1549 het Calvyn se kollega, François Bougoing, haar besoek om haar te vertroos. Haar antwoord aan hom was: “O, glorieryke opstanding... o God van Abraham en al ons voorvaders... eeue tevore het alle gelowiges reeds op U gehoop, en niemand is beskaam nie – so wag ek ook op U!” Hierna wou dit voorkom of Idelette in `n beswyming verkeer het. In hierdie stadium moes Calvyn `n lidmaat besoek wat `n beroerte gehad het. Met sy tuiskoms was dit duidelik dat die dood nie meer ver was nie. Calvyn het vir haar gebid en skielik het sy gesterf.

Oor hierdie vrou se lewe kan daar sonder omhaal van veel woorde die volgende geskryf word: “Idelette, wat getrou na haar tweede man se gesondheid omgesien het, sterf self na `n lang siekbed in 1549.” Calvyn was met haar afsterwe slegs 40 jaar oud. Die volgende 15 jaar van sy lewe het hy as wewenaar hom hart en siel ter wille van God se kerk gewy.

Bron: Die Kerkblad, Augustus 2009, hoofartikel deur dr. CN van der Merwe.

Idelette de Bure –Calvyn se vrou

Page 11: Dopperdinge - gk-alkantrant.co.zagk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2020/04/Dooperdinge-04-2018... · Nog meer engele 7 Idelette de Bure, Calvyn se vrou 8 . Lewenswaardes 9 Verslag:

Dopperdinge, November 2018 9

Vir wie oë het om te sien, is daar altyd, oomblik ná oomblik, dag ná dag, eeu ná eeu, die groot wette wat in die natuur gelê is en wat hulle altyd voltrek, ongeag enige ander ding.

Die saad gaan in die grond en herrys as `n plant of `n struik of `n blom of `n boom, en op sy vasgestelde tyd bereik hy sy volwassenheid en gee sy raad vir `n volgende geslag, en dan gaan hy stil sy gang, in meerdere of mindere mate van vrugbaarheid, tot die einde van sy vooruit bepaalde tyd.

Daar is dié wat val langs die pad, soos `n blaar wat te vroeg bruin geword het, en in die massa groen van sy broers word hy nouliks opgemerk. Daar is dié wat reeds in die heerlike geelbruin-skoonheid van die herfs die tak verlaat, en daar is dié wat reeds verdor en sonder enige lewensap in die eerste ritseling van die ligste wind na die aarde terugkeer.

Maar elkeen, na sy aard en die duur van sy bruikbaarheid en die seisoen van sy afskeid, gaan in die grond tot bemesting vir `n volgende geslag van lewe en vrugbaarheid. Daar is gesê dat geen enkele blaar geel sal word sonder die stille wete van die hele boom nie, maar daar kan ook bygesê word dat geen enkele blaar ooit groen is sonder die stille stuwing van dié wat hom voorafgegaan het nie.

Dit lê in die ewige wet, wat deur ons almal gedien word, dat die sprietjie `n stam word, die loot `n tak, die botsel `n blaar en die bloeisel `n vrug. Die loot verheerlik homself in sy jong groenheid, die bloeisel in sy prag, maar die vrug in sy diensbaarheid. En betreur ons die verganklikheid van die bloeisel, dan dink ons nie daaraan dat die vrug sy bestemming is nie.

Uit: Ook die klein dingetjies deur John van der Berg----------------------------------------------------------

Uit: Ek glo...deur Gerhard Beukes

EK GLO ek kan – omdat ek glo ek kan! Daarom is die bekwaamste en bruikbaarste mense in die lewe hulle wie se fisiese vermoëns vasgebou is op `n fondament van geloof.

Die wyse Skepper het aan ons elkeen `n taak opgedra, `n heel besondere taak wat deur niemand anders voltooi kan word nie as net deur onsself. En al wat Hy van ons vra, is die geesdrif en die gewilligheid om daardie taak te verrig – vir die ander vermoëns en talente wat dit verg, sal Hy self sorg.

Hierdie waarheid het ek `n paar jaar gelede begryp op `n strandjie van Kapernaüm langs die Galilese meer – die plekkie wat in der waarheid as die geboorteplek van die Christendom beskou kan word. Dáár het die Meester vir die grootste en magtigste opdrag wat nog ooit aan mense gegee is – die uitdra van Sy boodskap van Liefde aan `n donker wêreld – vier ongeletterde vissers gekies. En deur hierdie daad het Hy dié waarheid aan ons probeer tuisbring: God soek vir die uitvoering van Sy werk nie altyd die mees vooraanstaande, die begaafdste en geleerdste mense nie; Hy soek slegs gewillige mense wat hulleself gees en liggaam diensbaar wil stel om `n bepaalde taak te verrig.

`n Tydjie gelede het `n goeie vriend my kom besoek. Hy het van owerheidsweë `n belangrike opdrag ontvang en was ooglopend bekommerd daaroor. “Dis nie dat ek min lus of geesdrif vir die taak het nie,” het hy gesê, “dis omdat ek nie die bekwaamheid het om dit suksesvol uit te voer nie. En jy hoef my nie so ongelowig aan te kyk nie. Ek weet. Ek ken myself en ek ken my beperkinge. Eerder as om `n groot taak sleg uit te voer, laat ek dit in die bekwamer hande van iemand anders.”

Hoe kén ons die perke van ons intellektuele en fisiese vermoëns wanneer ons dit nog ooit getoets het nie? Hoe weet ons waar die knakpunt van ons weerstand en uithouvermoë lê, as ons dit nog nooit tot sy uiterste omgebuig het nie? Die mens is van nature geneig om eie bekwaamhede te onderskat, om terug te deins vir verantwoordelikhede. Daarom is dit soveel makliker om een van die saamlopers te wees eerder as die voorloper. Want die voorloper moet nie net loop nie – hy moet ook kan dink en oorweeg. En net so noodsaaklik as wat dit is dat `n leier sluimerende bekwaamheid by ander moet kan raaksien en aanmoedig, so essensieel is dat hy eie vermoëns nooit moet onderskat nie.

Ek glo die Skepper verwag nooit meer van ons as waartoe die gawes wat Hy ons geskenk het ons in staat stel om te doen nie. Al wat Hy van ons vra, is bereidwilligheid om deur Hom gebruik te word – om deur Sy geesdrif vir die Skone en die Ware aan die brand gesteek te word sodat ons soos fakkels van lig en kennis die onbekende kan ingaan met die uitnodiging aan andere om hulle lig by ons s’n te kom aansteek.

God vra van ons slegs die fakkel – die olie vir die lig sal Hy self verskaf.

Lewenswaarhede

Page 12: Dopperdinge - gk-alkantrant.co.zagk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2020/04/Dooperdinge-04-2018... · Nog meer engele 7 Idelette de Bure, Calvyn se vrou 8 . Lewenswaardes 9 Verslag:

10

Hieronder volg die kerkraad se verslag en besluit in sake twee eredienste op Sondae. U word asseblief vriendelik versoek om die verslag te bestudeer en die gemeentevergadering, op Sondag 25 November 2018, na die erediens by te woon. Indien u enige besware het, kan u dit asseblief skriftelik voor Vrydag 23 November by die kantoor inhandig.

Verslag: Twee eredienstePretoria-Alkantrant

1 AGTERGRONDa. Die tydsduur tussen die twee eredienste is relatief te

kort vir effektiewe kategetiese onderrig – veral in die geval van die hoër grade.

b. Dit is veral moeilik om goeie orde en rustigheid in so `n lang periode onder die jonger en kleiner kinders te verseker. Daarby word baie volwassenes se aandag deur twee eredienste oorskry.

Die bedieningskommissie het tydens `n vergadering, gehou op 22 Januarie 2018, realiteite in verband met die tweede oggend erediens in oënskou geneem.

Die lede van die kommissie is van mening dat die moontlikheid bestaan om kontaktyd met en tussen gemeentelede meer doeltreffend te benut. Gevolglik is daar besluit om die kerkraad se toestemming te verkry ten einde die oorsprong en doel van die tweede erediens opnuut te ondersoek. Die kerkraad het tydens die vergadering van 7 Februarie 2018 hiertoe ingestem.

Ds Dirk Kotzee het `n inligtingstuk saamgestel en dit gedurende die vergadering van die bedieningskommissie op 8 Mei 2018 bespreek. Die lede van die kommissie het die inligtingstuk bestudeer en die toepassing daarvan op Pretoria-Alkantrant tydens `n “werksessie” op 29 September bespreek.

Die onderstaande verslag is in opdrag van die bedieningskommissie en die kerkraad gedoen. Hierdie studie wil nie poog om die gelowige se geloofsbelewing in die gemeente op Sondae te verminder nie, maar eerder te laat toeneem.

M.J. du P. Beukes se studie in 1991 oor die tweede erediens, met verwysing na die Nederduitsch Hervormde Kerk se konteks, wys op verskeie probleme wat ondervind word. Kontekstueel is dit wat ons in ons eie gemeente beleef.

Eerstens, die swak bywoning van die tweede erediens, wat aan verskeie faktore toegeskryf word: lidmate het minder tyd vir hulle gesinne (1991: 613) en baie lidmate is van mening dat een erediens voldoende is, waarna tyd met die gesinne geoptimaliseer kan word.

Dit voed weer die siening dat ’n tweede erediens oorbodig is (1991: 614). Op sy beurt veroorsaak dit ’n kettingreaksie. Swakker bywoning ontmoedig die leraar, wat tot `n vervlakking van voorbereiding en inhoudelike van die tweede erediens lei. Dit gee weer aanleiding tot ’n aanvoeling van swakker voorbereiding en die siening dat die tweede erediens nie so belangrik is nie. Gevolglik daal die bywoningsyfer (1991:614).

Selfs ampsdraers woon die tweede erediens swakker by. Wanneer die “leierskorps” van die gemeente iets nalaat, is dit

net ’n kwessie van tyd alvorens die gemeente hulle voorbeeld volg.2 BEKNOPTE ONTSTAAN EN GESKIEDENIS VAN DIE TWEEDE EREDIENS

In die vroeë Christelike kerk is gereeld eredienste gehou, wat in aantal en vorm van land tot land verskil het. In die vroeë kerk is daar sprake van byeenkomste soggens en saans. Ignatius maak in ongeveer 100 n C melding van die agape wat in die aand gehou is. Hippolytus getuig teen ongeveer 200 n C dat die agape Sondagaande en die Nagmaal Sondagoggende gehou is.

Geleidelik het die klem van die aanderediens na die oggenderediens verskuif (Van der Westhuizen 1975). Hierdie verskuiwing hang saam met die feit dat die Christene die vroeë oggend van die verskyningsdag van die opgestane Heer as 'n besondere herdenkingstyd beskou het (Barnard 1964:212).

Naas die besondere eredienstye het dit steeds gebruik gebly om ook op ander dae vir godsdienstige aktiwiteite byeen te kom. Dit was veral vaste gebedstye wat algemene gebruik geword het.

In 520 n C het Benedictus van Nursia sy kloosterreëls opgestel waar uit die Roomse gebedeboek en reëls vir eredienste voortgevloei het. Die daaglikse hoofdienste was die môre- en die aandgebed. Die vespers is later totaal oorgeneem en deur die “heiliges” van die Rooms-Katolieke Kerk voorgegaan.

Luther het egter hierdie tye behou en deur prediking en Skrifuitleg aangevul. Calvyn en Zwingli het egter hierdie gebedsbyeenkomste met eredienste vervang.

“Teen die agtergrond van Bybel onkunde sowel by volwassenes as jeug vanweë die Roomse eentalige kerktaal en leke kerkvolk, was dit in die besonder nodig om die hervormde kerkvolk in hulle eie taal toe te rus in leerdienste. Die tweede diens is deur die hervormers hiervoor ingerig” (Van der Westhuizen 1976:77).

In Nederland was dit onder andere `n vaste gebruik om smiddags uit die Kategismus te preek. “Die Nasionale Sinode van Den Haag het in 1586 hierdie besluit vir die hele Nederland vasgelê en in 1618/19 te Dordrecht bekragtig” (VanZyl 1987:18).

Hierdie gebruik is in 1652 aan die Kaap , met die koms van Jan van Riebeeck, net so oorgeneem. Die middagdiens is veral as leerdiens gebruik waartydens die kinders ook gedoop is (Dressel 1979:113).

Samevattend is dit duidelik en belangrik om ’n tweede erediens te hê en dat dit deur die eeue heen deur die kerke aangemoedig is. Dit is belangrik om daarop te let dat die tweede erediens as ’n leerdiens beklemtoon word. Hierdie beginsel is gebore uit die kerkvaders se behoefte om meer gereeld bymekaar te kom en nie noodwendig op grond van Skrifgronde of direkte opdrag van ons Here nie. Derhalwe wend ons onsself na Skrifgegewens.

3 DIE KONSEP VAN TWEE EREDIENSTE IN DIE BYBELDie Ou Testament bevat geen vaste voorskrif wanneer

en hoe gereeld die erediens moet plaasvind nie. Wat wel weergegee is, is dat die gelowige kind van God se hele lewe ’n diens aan God gewy moet wees.

Deurgaans word dit in die Ou Testament duidelik dat oggend en aand ’n belangrike rol speel. Die dag word in die Naam van die Here begin en afgesluit. Beukes (1991: 619) wys daarop dat dit veral op die nakoming van feesdae en

Page 13: Dopperdinge - gk-alkantrant.co.zagk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2020/04/Dooperdinge-04-2018... · Nog meer engele 7 Idelette de Bure, Calvyn se vrou 8 . Lewenswaardes 9 Verslag:

Dopperdinge, November 2018 11

seremonies betrekking het. Beukes (1991:619) meld ook dat die sinagogale

eredienste, wat in die ballingskapperiode ontstaan het, ’n baie belangrike rol in die Nuwe-Testamentiese verwysing na die erediens gespeel het. Byeenkomste is soggens, smiddae, saans en laataand gehou, alhoewel die twee laaste geleenthede mettertyd saamgesmelt het.

Hierdie gebruike, waarvan ons in Die Bybel lees, is deur Jesus, Paulus en die eerste Joodse bekeerlinge nagekom. Toe die Jode hulleself teen die Christene se bywoning van die tempeldienste verset het, het die Christene daarmee opgehou. Voortaan sou van die byeenkomste in die een en die ander se huis plaasvind. Geleidelik het die eerste dag van die week (Sondag) vir die Christene die kerkdag geword, omdat dit die Opstandingsdag van ons Here is. Vroegoggend het ’n besonderse rol met betrekking tot Jesus se opstanding gespeel.

Dit is duidelik dat daar geen Skriftuurlike belydenis of geskiedkundige gronde vir `n tweede oggenderediens is nie. Die aandbyeenkoms, wat aanvanklik ook die “hoofbyeenkoms” was, was slegs belangrik , omdat die Joodse dag, maand en jaar in die aand begin het omrede die eerste Christene gedurende die dag moes werk.

4 TOEPASSING VAN DIE INLIGTING Beukes se studie dui die belangrikheid aan om te erken

dat ons elke geleentheid, om die Woord van God aan te hoor en te verklaar, moet aangryp. Dit is ook duidelik dat daar geen Skrifgronde vir die hou van ’n tweede erediens bestaan nie. Die tweede erediens was aanvanklik ’n geleentheid om eers die Joodse en nie-Joodse Christene te akkommodeer. Tydens die Reformasie het die tweede erediens ontstaan om die leer van Die Bybel aan die gepeupel, wat nie toegang tot Die Bybel of die verklaring daarvan gehad het nie, oor te dra.

Die hart van die tweede geleentheid op ’n Sondag is om die leer te verkondig, te verklaar en aan te leer. Die vorm van die tweede erediens is met die verloop van jare nog nooit vasgemaak nie en word telkens deur die geskiedenis na gelang van omstandighede aangepas. Die enigste Skrifverwysing vir die hou van ’n tweede erediens, is die opening en afsluiting van ’n dag deur die Jode in die Ou Testament.

In die lig hiervan is die tweede erediens in die oggend by die gemeente van Pretoria-Alkantrant, nie deur Skrif, belydenis of geskiedenis geregverdig nie. So `n tweede oggenderediens het sy eie unieke problematiek wat wissel van swak kerkbywoning deur lidmate wat die kerk wil verlaat, omdat daar nie genoegsaam tyd vir kategese tussen die eredienste beskikbaar is nie. Alhoewel Beukes na die afskeep van die tweede erediens se voorbereiding deur predikante verwys, is dit nie hier die geval nie. Inderwaarheid sal die afskaffing van die tweede oggenderediens die predikant se program met ’n dag en ’n half oopmaak om by besoeke en ander behoeftes van die gemeente uit te kom.

5 VOORSTELLE VIR OORWEGING

Die volgende alternatiewe is ondersoek dat:1. die tweede oggenddiens geskrap en,a. die kerkgebou aan `n gemeente verhuur word om

alternatiewe inkomste vir ons reeds finansieel, sukkelende gemeente te verseker;

b. die eerste erediens in Engels herhaal word om sodoende ons doelwitte as gemeente (om vir God te leef, mekaar te dien en lig vir die wêreld te wees) te bereik.

Dit verg geen addisionele voorbereiding nie, behalwe ’n uur se vertaling van die week se preek. Dit skep ook die moontlikheid om die basis van ons lidmate te verbreed; geeneen van hierdie alternatiewe ondersteun die doelwit van ‘meer tyd vir kategese’ nie en word dus nie as werkbare alternatiewe beskou nie;

2. die bestaande dialoogbediening in die lig van die Skrif as die afsluiting van die dag gesien word. Dat daar verder aan die formaat van die byeenkoms geskuur en geskaaf word om meer by die karakter, wat die reformasie met die tweede geleentheid in gedagte gehad het, uit te kom. Die bywoning van die dialoogbediening is egter nog nie van so `n aard dat dit dieselfde gehoor as die tweede erediens het nie;

3. eenkeer ’n maand die prediking (eerste/enigste erediens) die vorm van ’n kategismuspreek sal aanneem. Dit is slegs geldig in die geval waar die tweede erediens wegval;

4. die tweede oggenderediens ‘n ‘laatmiddag/vroegaand’ erediens op so `n wyse word dat die koffiekroeg en dialoogbediening steeds voortgaan.

Hierdie is volgens die kommissie se oordeel die voorkeuropsie.

6 AANBEVELINGDie kommissie beveel aan dat:1. die tweede oggenderediens na laatmiddag/vroegaand

verskuif;2. die tweede erediens ‘lerend’ van aard sal wees

(kategismus of ‘toerusting’ geleentheid);3. die liturgie van die tweede erediens die aard sal

ondersteun;4. die gemeente tydens `n gemeentevergadering rakende

die besluit en die aanleiding daartoe voorgelig word;5. die gemeente by wyse van stembriewe hulle voorkeur

sal aandui ten opsigte van die aanvangstyd vir die erediens en of die tyd vir somer en winter moet wissel;

6. die koffiekroeg en dialoogbediening met inagneming van die tweede erediens voortgaan. Die dialoogbediening kan onder andere ‘n besprekingsgeleentheid vir die dag se preke bied.

Dat die verandering met ingang 1 Januarie 2019 geïmplementeer word.

7 BRONNELYS

Barnard, A C 1981. Die Erediens. Pretoria: NG Kerkboekhandel. 1986. Die sinvolle aanddiens. Ongepubliseerde referaat gehou voor die Kongres van die Hervormde Teologiese Vereniging, Universiteit van Pretoria.

Beukes, MJ du P 1991. Die tweede erediens. HTS Teologiese Studies. Vol 47, No 3 (1991)

Dressel, L C 1987. Dit het aand geword: Die herkoms en inkleding van die aanddiens. Bloemfontein; Die NG Kerk Jeugboekhandel.

Van der Westhuizen, H G 1975. Verslag aan die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering oor die tweede erediens op Sondag. Ongepubliseerde Handelinge Kommissie van die Algemene Kerkvergadering van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika April/Junie 1976. Aanbid God. Pretoria; HAUM.

Van Zyl, P J 1987. Die tweede erediens op Sondag is nie slegs 'n replika van die eerste diens nie en behoort daarom liturgies anders ingerig te word. Ongepubliseerde skripsie as deel van die vereistes vir die DD-eksamen,

Departement Praktiese Teologie (Afd. A), Universiteit van Pretoria.

Page 14: Dopperdinge - gk-alkantrant.co.zagk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2020/04/Dooperdinge-04-2018... · Nog meer engele 7 Idelette de Bure, Calvyn se vrou 8 . Lewenswaardes 9 Verslag:

12

Nuwe Intrekkers

Ds Eddie en Leone Tiemensma Rike de Bruin

Kobus, seun van Hannes en Sanderien van der Walt, word deur sy oupagrootjie, ds Nardus Droomer, gedoop.

Doop

Belydenisklas 2018Van links na regs: Femke Gous Alexandra Els Estian CilliersDs DirkCarla Nel

Dick en Wilma Muller

Page 15: Dopperdinge - gk-alkantrant.co.zagk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2020/04/Dooperdinge-04-2018... · Nog meer engele 7 Idelette de Bure, Calvyn se vrou 8 . Lewenswaardes 9 Verslag:

Dopperdinge, November 2018 13

Met verwysing na die grafiek die volgende kommentaar:

1. Die inkomste, vir die huidige finansiële jaar tot en met Oktober 2018 (agt maande), beloop R1,241miljoen teenoor `n begroting van R1,256 miljoen. Dit verteenwoordig `n tekort vir dié jaar van R115 000 (vorige maand R155 000 tekort).

2. Daar is reeds tydens die eerste week van die dankbaarheidsmaand (November 2018) aansienlike bydraes ontvang. Hopelik sal die totale bydraes die tekort op die begroting uitwis.

3. Die Doppermark en Dopperkafee het `n opbrengs van R63 000 gelewer.

4. Bydraes vir Oktober 2018 het R230 141 teenoor dié maand se begroting van R155 000 beloop. Dit is hoofsaaklik as gevolg van eenmalige jaarlikse bydraes wat ontvang is.

Die finansiële kommissie wil ons lidmate bedank vir gereelde bydraes soos verlede jaar met die ramings beloof is. Dit vergemaklik die kommissie se taak om die kerk se finansiële sake doeltreffend te bestuur.

BEDANKINGS: Gemeentehulp.In die vorige uitgawe van Dopperdinge het

die finansiële kommissie, in samewerking met die instandhoudingskommissie, `n beroep op gemeentelede gedoen om by projekte, wat aandag in en om die kerk verlang, betrokke te raak. Ons opregte dank aan almal wat onverwyld en daadwerklik gehelp het om ons lysie van projekte drasties te verminder.

Daar is egter nog `n aantal uitstaande kwessies en projekte wat dringend die nodige aandag verdien. Die belangrikste projek, waarvoor nie begroot is nie, is die verbetering van die kombuis in die pastorie. Hierdie saak is reeds twee jaar hangende en moet nou aangespreek word.

Indien u enigsins by enige van hierdie projekte wil betrokke wees, veral met die opgradering van die kombuis in die pastorie, moet u asseblief nie huiwer om die kerkkantoor te skakel nie.

Die stand van die Kerk se finansies

ALKANTRANT: FINANSIES: KUMULATIEF: Rand '000Maand Bydraes: insl fondsins (R'000) Begrote bydraes('000) Inkomste tekort('000)03 tot 09/18 1141 1256 -115

1 Die kerk se inkomste vir die sewe maande van die boekjaar is R115 000 minder as begroot, ingesluit fondsinsameling.

2 Bydraes vir Oktober 2018 was R230 141 teenoor die begroting van R155 000.

1141

1256

-115 -200

0

200

400

600

800

1000

1200

1400

Bydraes: insl fondsins (R'000) Begrote bydraes('000) Inkomste tekort('000)

Page 16: Dopperdinge - gk-alkantrant.co.zagk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2020/04/Dooperdinge-04-2018... · Nog meer engele 7 Idelette de Bure, Calvyn se vrou 8 . Lewenswaardes 9 Verslag:

14

`n Woord van besondere dank aan Anri Kotze en haar komiteelede vir al die harde werk en die reëlings om die Doppermark so `n groot sukses te maak. Aan almal wat hulp aangebied, bydraes gelewer en ondersteuning verleen het, wil ons van harte bedank. Dit was `n besondere geleentheid van pragtige samewerking om alles vlot te laat verloop.

Ons dank aan Pro Arteskool vir die fasiliteite wat hulle aan ons beskikbaar gestel het. Dit was ‘n heerlike lentedag en die weer was perfek waarvoor ons meer as dankbaar was. Ten spyte van die vorige twee dae se reën en bitter koue kan ons nie anders as om die Hand van die Here in alles raak te sien nie. Waar dit om die uitbreiding van Sy Koninkryk en die verheerliking van sy Naam gaan, hou Hy sy hand van beskerming oor ons uitgestrek.

Dit was beslis `n feestelike geleentheid waartydens almal na mekaar uitgereik en groot welwillendheid betoon het. Kinders kon `n treinritjie geniet, speletjies speel en ook hul gesigte laat verf. Die aantal stalletjies en die groot verskeidenheid produkte om van te kies, soos koeke, terte, koekies, pannekoek, speelgoed, plante, konfyte en heerlike happies, was meer as voldoende. Een en almal van die kinders tot die oupas en oumas het hulle terdeë geniet.

In hierdie tye van groot druk, op elkeen se finansies, was daar gewis goeie waarde vir geld te verkry. Die vleis wat deur die Kuhnfamilie voorsien is, was nie net teen uiters billike pryse aangebied nie, maar ook van die hoogste gehalte en kwaliteit. Ons wil Pieter en Basie en hul gesinne hiervoor baie bedank. Heelwat broeders kon nie wag om so `n lekker sappige biefstuk op die kole te kry nie.

Die stalletjies was `n reuse sukses terwyl die susters van die pannekoekstalletjie verskeie kere uit deeg geraak het. Daar moes behoorlik bontgestaan word om aan die aanvraag te voldoen. Die hamburgers en worsrolletjies was meer as voortreflik. Dit was gewis `n uitdaging om so `n groot hamburger baas te raak. Daar was genoeg om aan elkeen se smaak en behoefte te voldoen. So ‘n mark het ook sy snaakse oomblikke. Almal is gewoonlik op die uitkyk vir winskopies. Gert Venter kom baie trots na `n uitstappie terug met `n afdruk van die “Mona Lisa” wat hy teen halfprys, R5-00,

gekoop het. Behalwe vir so bietjie stof is die afdruk nog in `n baie goeie toestand. Gevra wat hy daarmee gaan maak, was sy antwoord dat hy dit in die gastetoilet gaan ophang. Gewis `n baie gepaste plek veral gesien dat die raam blykbaar van stinkhout is.

Baie interessant in `n stadium was daar vier predikante by die mark teenwoordig. Dit laat mens onwillekeurig dink aan predikante van die drie susterkerke wat eenkeer per maand in die dorp se dam gaan visvang en inligting oor kerksake uitgeruil het. Die plaaslike pastoor vra toe of hy by hulle kan aansluit. So klim hulle op `n dag in `n bootjie en roei `n entjie uit en gooi hulle vislyne in. Na `n rukkie sê een van die predikante dat hy wal toe gaan om solank `n vuurtjie aan te steek. Hy klim uit die boot, loop op die water wal toe en kom later weer op die water teruggeloop. Later sê die ander predikant hy gaan na die vuurtjie kyk en solank `n worsie opsit. Hy loop toe ook op die water en keer later op die water terug. (Hierdie storie begin nou soos die verhaal by die See van Galilea klink.) Daar was egter `n groot gevoel van ongeloof by die pastoor waarneembaar. Nie te lank nie of hy sê hy gaan ook wal toe. Hy klim uit die bootjie en verdwyn onmiddellik onder die water. Na `n groot gespook help hulle hom in die bootjie. So ewe droog sê een van die predikante vir die ander – dink julle nie ons moet hom wys waar ons die klippe gepak het nie, netnou verdrink die arme kêrel. Aan ons predikante ook `n hartlike dank vir hulle betrokkenheid en deelname, veral ds Dirk vir jou hulp by die vleisstalletjie.

Die Doppermark was nie net `n plek om te koop nie…daar is werklik lekker gekuier en ou verbintenisse weer hernieu. So `n samesyn kan vir niks verruil word nie. Wat meer is, is dat ons doelwit van R30 000 amper verdubbel is. Almal is daaroor eens dat die Doppermark gekom het om te bly en ons sien met groot afwagting uit na volgende jaar. Ons wil Sylvia verseker dat daar dié keer voldoende deeg vir pannekoeke beskikbaar sal wees.

Nogmaals baie dankie aan een en almal vir julle bydrae om die Doppermark so `n groot sukses te maak. Ons maak weer so….!

REDAKSIE - Meer foto’s op die agterblad

Page 17: Dopperdinge - gk-alkantrant.co.zagk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2020/04/Dooperdinge-04-2018... · Nog meer engele 7 Idelette de Bure, Calvyn se vrou 8 . Lewenswaardes 9 Verslag:

Dopperdinge, November 2018 15

`n Interessante, uitputtende ondervinding wat enige mens gou sal wil vergeet!

Die oggend van Donderdag 10 Mei het ek en my vriendin hierdie uitstappie aangepak. Ons het ongeveer 09:00 by Waltloo se lisensiekantore in Silverton aangekom. My bestuurderslisensie sou teen die einde van Mei verval en soos `n getroue, wetsgehoorsame burger wou ek dit betyds hernieu.

Daar aangekom, het ons moeilik `n parkeerplek gevind. Op hierdie verwaarloosde terrein, (die gras is maande laas gesny terwyl papiere en gemors deur die wind rond gewaai is), was daar minstens honderd motors, bakkies en vragmotors geparkeer. Binne die gebou het letterlik `n paar honderd mense van alle rasse in rye en nogmaals rye gestaan en gesit.

Ons het navraag gedoen en word versoek om die volgende oggend om 07:00 weer te kom en dan sou gepensioeneerdes voorkeur geniet.

Vrydagoggend het ons douvoordag opgestaan en om 07:00 daar ingeklok waar reeds `n klomp mense van alle rasse en ouderdomme, genadiglik minder as gister, sit en staan. Die beamptes aan diens dra geen uniform of enige teken dat hulle uitgeken kon word nie.

Ek het toe maar moedig agter in `n lang ry ingeval. Mettertyd is vorms uitgedeel en ons is “bars” beveel om alle gegewens van toepassing in te vul. Later het ek darem `n sitplek op `n lang bankie gekry. Nadat `n redelike tyd verloop het, het een van die jongeres aan my gesê: “Goggo jy moet by daardie deur ingaan, want jy is al oud.”

Verbaas oor sy vriendelik aanbod het ek toe by daardie deur ingestap om net te vind dat drie rye mense, heelwat ouer mense maar ook baie jongeres, reeds sit en wag. Daar was ses hokkies waar die mense gehelp kon word maar helaas slegs twee was beman. Stadig baie stadig, het die rye aangeskuif. Die ysterbankies het al mooi van al die sitvlakke, wat kort-kort stadig moes aanskuif, geblink. Kort na 08:30 het dit vinniger gevorder. Meer klerke was toe aan diens en ek het rustiger geraak tot ek begin tel dat daar nog 34 mense voor my in die ry was. Intussen het ek probeer om `n geselsie met `n heel aantreklike Griekse of Portugese man langs my aan te knoop. Blykbaar het hy my nie te

goed verstaan nie en ek moet erken dat ek hom ook nie te goed kon hoor nie. Ons wedersydse geselsies het maar by `n glimlag of `n oogknip so dan en wan gebly. Daarby het ons twee die situasie al te goed verstaan en ek het amper veilig gevoel om langs hom te sit.

Uiteindelik was dit my beurt om na `n hokkie geroep te word. Duimafdruk is `n paar keer geneem maar tevergeefs! Toe volg die neem van foto’s. My vier foto’s teen R100 was toe onnodig. Na `n handtekening en ID dokument getoon is, het ek die opdrag ontvang om by die kassier te betaal.

Weer moes ek in die ry val met 15 persone voor my. Vier tellers maar net drie is beman. Eindelik was dit my beurt om te betaal. Nadat ek die bewys van betaling ontvang het, het ek gevra of ek `n boodskap sou ontvang om die nuwe lisensie te kom afhaal. Hierop was die antwoord: “May be they will let you knew, but may be not. Come back in four or five weeks time and check if its ready!!” Wow!! Om 09:30 (twee en `n halfuur later) het ek in my kar terug geklim. Dis nou vir jou te sê!

Naskrif. Goeie nuus! Na twee maande se gewag ry ek een middag om te hoor of my lisensie gereed is. Nie eers 10 minute gewag nie – en daar het ek hom!

Sylvia Greyling

Waltloo, 11 Mei 2018

Page 18: Dopperdinge - gk-alkantrant.co.zagk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2020/04/Dooperdinge-04-2018... · Nog meer engele 7 Idelette de Bure, Calvyn se vrou 8 . Lewenswaardes 9 Verslag:

16

Die kattebak en die sleepwa is vol gelaai en teen 13:30 luier die motor al, want sodra die kinders tuis van die skool af is, is dit tyd vir die gemeentekamp - `n wegbreek uit die stad se geroesemoes en `n vooruitsig na `n naweek van kuier saam met vriende en familie.

Die sukses van ‘n gemeentekamp word aan die kampterrein, kos en geselskap gemeet en vanjaar se kamp het nie aan een van hierdie vereistes tekortgeskiet nie.

Dit was geen maklike taak om `n geskikte en beskikbare kampterrein vir ons gemeentekamp in September te vind nie. Geert de Jong het egter na baie gesoek en vele telefoonoproepe eindelik vroeg in 2018 plek by Bosveld Oase, buite Brits, bespreek. Hierdie oord is voorwaar `n oase en enige kampeerder se droom. Met die aankoms aldaar word `n mens met welige groen grasperke, heerlike groot skaduryke bome en pragtige skoon ablusieblokke begroet. Diegene wat verkies het om nie kamp op te slaan nie, kon in netjiese Chalets of kamers tuisgaan, terwyl ons as groep sowel van `n lekker groot kombuis as `n gesellige braai area kon gebruik maak. Vir die kinders was die verhitte swembad “hemel op aarde”en daar was oorgenoeg spasie om met die fietse rond te ry. Ander vermaak het ook glywurms, `n dam vir visvang, `n Putt-putt baan en springmatte ingesluit het wat vir ure se pret gesorg het. Natuurlik het Geert en Sonet ook mooi vir ons jeug gesorg en elke kind met `n geskenkpakkie verras wat onder andere twee pakke speelkaarte, `n bal en tekengerei ingesluit het.

SMAAKLIK is die eerste woord wat geuiter word as ons aan die kos dink. Elke ete was `n fees met `n span sjefs uit die boonste rakke. Soos Israel in die woestyn na die kospotte van Egipte gehunker het, so het ons gedurende die week na die kamp ook na die vleispotte van Bosveld Oase gesmag. Die potjiekoskokke, Gerrit, Danie en Brian, het hulle lywe behoorlik “Masterchef” gehou en ons smaaksin het van die verskeidenheid smake en geure gedans. Hierdie aanslag dui definitief op stywe kompetisie vir aanstaande jaar se potjiekoskompetisie.

Aan goeie geselskap was daar definitief geen tekort nie. Nuwe vriendskappe is gesluit, bestaande verbintenisse is weer versterk en selfs nie eers die reën kon die gekuier stopsit nie. Oud en jonk het heerlik saam verkeer en danksy tannie Annette is die bordspel, “Sequence”, op almal se Kersfees/vakansielysie vir einde van die jaar. Dit was vir ons `n voorreg om saans met Skriflesing en gebed af te sluit. Saterdagoggend het ons, onder leiding van ds Dirk, saam besin hoe om die evangelie aan ander oor te dra. Sondagoggend het die grootmense in die buitelug kerk gehou en die kinders is saam met Oom Geert vir “boskerk”.

Kortliks was die kamp `n tyd om stil te staan, die daaglikse gejaag te vergeet en die tyd te benut om oor ons verhouding met God en ons medemens te besin. Ons nooi die gemeente uit om weer in 2019 saam met ons so te kamp. Anri Kotzee

Gemeentekamp,

– 2018 – Bosveld Oase

Page 19: Dopperdinge - gk-alkantrant.co.zagk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2020/04/Dooperdinge-04-2018... · Nog meer engele 7 Idelette de Bure, Calvyn se vrou 8 . Lewenswaardes 9 Verslag:

Dopperdinge, November 2018 17

Eet, verteer en leef die Woord van GodCharlotte Ligthelm en Sarna Coetsee was saam

predikantsvroue van Pretoria-Alkantrant Gemeente. Ons het gevolglik van hulle resepte gekry wat `n volledige ete is, naamlik hoof en nagereg. Die resepte is uniek en baie lekker.Spesery-lamsblad

Volgens Charlotte het die resep in Beeld verskyn wat deur Deona Tait van Garsfontein ingestuur is. Die lamsblad is Charlotte se keuse, omdat dit `n geurige stukkie vleis is en meer as genoegsaam vir `n Sondagete indien een of twee van jou kinders kom kuier. Dit word gou gaar terwyl hulle rustig in die kerk is.

Benodigdhede:• 1,5kg lamsblad• 50ml koekmeelblom• 10ml sout• 3ml varsgemaalde swartpeperVir die geurige speserybotter:• 75ml sagte botter• 3 knoffelhuisies, gekneus (indien verkies)• 15ml vars origanum en tiemie (of 5ml elk gedroogde origanum en tiemie)• 1ml elk gerasperde neutmuskaat en gemengde speserye• 5ml elk fyn gemmer, fyn koljander en fyn kruienaaltjies• 10ml elk bruinsuiker, Worcestersous en suurlemoensap

So maak mens:1. Meng die speserybotterbestanddele goed

saam en plaas dit in die vrieskas tot ferm.2. Maak klein insnydings in die lamsblad, stop

met bietjies-bietjies van die speserybotter.3. Meng die koekmeelblom, sout en peper

en geur die vleis daarmee deur dit met die hand daarop te smeer.

4. Plaas die vleis in `n baksakkie, bind dit stewig toe en steek `n paar gaatjies bo in. Plaas die sakkie in `n oondskottel en bak in `n voorverhitte oond teen 160 C vir ongeveer drie uur of totdat die vleis sag is. Dit is nie nodig om die baksakkie oop te maak sodat die vleis bruin braai nie aangesien dit vanself in die baksakkie bruin word. Hoe om die tyd te bereken: maak dit 45 minute per 500g in `n baksakkie gaar, tel op ou end `n addisionele 30 minute by.

5. Wenk: verdik van die gaarmaakvloeistof met `n bietjie koekmeelblom en water om as sous daarby voor te sit. Jy kan ook altyd `n bietjie room of suurroom hierby inroer.

As bykos maak sy altyd rys, `n soet groente soos botterskorsie en lekker souserige groenboontjies en aartappels.

Feestelike roomysnageregVolgens Sarna Coetsee is haar familie baie

gesog en lief die nagereg.Bestanddele

• 2L vanilla roomys• 1 pakkie Romany Creams• Ongeveer 18 skuimpies• 1 koppie gepelde amandels (dun skywe)• 1 bottel groen vye

Metode*Laat die roomys buite die vrieskas om sag te word*Skep die helfte van die bestanddele in die volgende volgorde in `n bak* Smeer die roomys plat op die bodem* Krummel die koekies bo-op (redelik grof) * Pak die skuimpies bo-op die koekies* Strooi die amandels bo-oor* Sny die vye in wiele en pak bo-op* Gooi die stroop van die vye bo-oor*Herhaal die proses met die ander helfte van die bestanddele*Sit oornag in die vrieskas

`n Feestelike nagereg vir 8-1- mense

Klub 50

Page 20: Dopperdinge - gk-alkantrant.co.zagk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2020/04/Dooperdinge-04-2018... · Nog meer engele 7 Idelette de Bure, Calvyn se vrou 8 . Lewenswaardes 9 Verslag:

18

BybelB lokraai 00 05© XWord.co.za

KainLiefdes-verhou-

dingTe werk

gaanGe-

wigtigLeer-saam

Dorsgestil

Sinodese voor-

sitterBe-

jaardeLeer

van dietande

Opwek-king

Sondervog

Lengtesvan 68,58 cm

Ont-kenning

In-lywing

Tussen7 en 9

Tak-bokkie

'nVyand

platloop

Kerk-raads-lede

Homosapiens

As dieHerewil

Toon-he�ng Vasgryp Vrouens Of hoe? Plek

neemOnaf-

gebrokeDominee

ofdoktor

Luis-eiers

Dawidse lyf-wagte

Rykdom

Opwatervaar

Imiteer

Skreeu-end

Sammase pa

SyferHoek-meet-toestel

Byvoor-beeldArarat

Grond-ves

Sollisi-tant

Wysbe-geerte Oseaan

Wan-orde

Wydver-sprei Gereg

Geeste-lik af-

getakel

Yanksse ruim-

tetuigDit is

JoodsePaas-fees

Eksug-tige

Voor-spoed

Akteur OlmGebou

virkoeie

Bobbe-jaan

Dikword

Horing-skoen

Ossetrekdit

Hannase man Mits

Tennisse

Arthur

Bybel

Grasvreet

Heildie

LeserWaar

son sakHy hethardestem

Groeiop natklippe

Ara-bieseboer

TussenMaarten Mei

Sproei-kan

Bybel-verse

Outydseskip ofseevis

BondkisBeroepe

PasiëntLusern

Lekkerhappies

Vyf pervoet

Wegvan Byvoeg

Vyfplusses

Ismaelse pa

Beskul-digde

Hoor-organe

Spon Man ofvrou

Myn

Er-lander

Plat enreguit

gaan lê

Onder-wys-dipl.

Ketting

Titaan

Onniesen

dosente

Karme-naadjie

Pligs-getrou

Bittervloei-stof

Goliat

Gaanwoon in

SA Raadvan

KerkeBelang-

rikste

Bybelblokraai 005

Page 21: Dopperdinge - gk-alkantrant.co.zagk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2020/04/Dooperdinge-04-2018... · Nog meer engele 7 Idelette de Bure, Calvyn se vrou 8 . Lewenswaardes 9 Verslag:

Dopperdinge, November 2018 19

Woordsoek 00 04© XWord.co.za

W K E I N U T P K X B M SP M O R N A A L S R O O TK O U S B R O E K I E A RO X P B K K O R W S W E IR U E A B L P E P A B Y KE R S R B P N K R J C E DD O O R T R E K T R U I AE E K A L J K E L E L J SK N K F E N H J X T O D AS T I L T W E D E N T A RD E E P N W M N F I T A OK I S P A K P I G W E B NP A J A M A S W U Y R T G

Baadjie

Bloes

Culotte

Kispak

Klokbroek

Kousbroekie

Krawat

Mantel

Oopnekhemp

Oorslaanromp

Oortrektrui

Pajamas

Parka

Sarong

Skederok

Sokkies

Strikdas

Tabberd

Tuniek

Windjekker

Winterjas

Woordsoek 004

Woordsoek 00 04© XWord.co.za

W K E I N U T P K X B M SP M O R N A A L S R O O TK O U S B R O E K I E A RO X P B K K O R W S W E IR U E A B L P E P A B Y KE R S R B P N K R J C E DD O O R T R E K T R U I AE E K A L J K E L E L J SK N K F E N H J X T O D AS T I L T W E D E N T A RD E E P N W M N F I T A OK I S P A K P I G W E B NP A J A M A S W U Y R T G

Baadjie

Bloes

Culotte

Kispak

Klokbroek

Kousbroekie

Krawat

Mantel

Oopnekhemp

Oorslaanromp

Oortrektrui

Pajamas

Parka

Sarong

Skederok

Sokkies

Strikdas

Tabberd

Tuniek

Windjekker

Winterjas

Woordsoek 00 04© XWord.co.za

W K E I N U T P K X B M SP M O R N A A L S R O O TK O U S B R O E K I E A RO X P B K K O R W S W E IR U E A B L P E P A B Y KE R S R B P N K R J C E DD O O R T R E K T R U I AE E K A L J K E L E L J SK N K F E N H J X T O D AS T I L T W E D E N T A RD E E P N W M N F I T A OK I S P A K P I G W E B NP A J A M A S W U Y R T G

Baadjie

Bloes

Culotte

Kispak

Klokbroek

Kousbroekie

Krawat

Mantel

Oopnekhemp

Oorslaanromp

Oortrektrui

Pajamas

Parka

Sarong

Skederok

Sokkies

Strikdas

Tabberd

Tuniek

Windjekker

Winterjas

Print sudokuhttp://1sudoku.com

6 9 4 7

2 1

9 4 3 5

1 6 8 7

6 1 2

8 3 5 9

3 8 7 5

1 7

8 4 2 6

7 5 9 6

1 7 3

8 7

7 2 8

2 8 4 6 3 9

6 8 9

9 4

2 3 1

6 7 4 5http://1sudoku.com http://1sudoku.comn° 212139 - Level Medium n° 210868 - Level Medium

2 1 3

9 6 5 3 2

3

1 5 2 4

2 9

3 7 5 8

9

9 6 4 5 7

5 3 1

2 9 7 6

6 7

4 8 9

5 6 3

1 5 6

7 9 2

8 9 7

3 4

2 7 1 4http://1sudoku.com http://1sudoku.comn° 313711 - Level Hard n° 318303 - Level Hard

Play on your mobile these puzzles and find their solutions by flashing the codes below :n° 212139 n° 210868 n° 313711 n° 318303

Page 1/2 - Check solutions, print more free sudoku and play online : http://1sudoku.com

Page 22: Dopperdinge - gk-alkantrant.co.zagk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2020/04/Dooperdinge-04-2018... · Nog meer engele 7 Idelette de Bure, Calvyn se vrou 8 . Lewenswaardes 9 Verslag:

20

Inkleur pret

Page 23: Dopperdinge - gk-alkantrant.co.zagk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2020/04/Dooperdinge-04-2018... · Nog meer engele 7 Idelette de Bure, Calvyn se vrou 8 . Lewenswaardes 9 Verslag:

Dopperdinge, November 2018 21

Kinderopvoeding - Hoe Om dit te doen.....

Wat my ma my geleer het...Ma het my geleer hoe om te bid :"Jy moet bid dat daardie kol op die mat uit is as ek vanaand by die huis kom"

Sy het my geleer pa's is slimmer en ryker as ma's :Gaan vra jou pa! Hy weet mos altyd beter

Sy het my geleer oor plantkunde :Lyk dit vir jou of geld op my rug groei?

Sy het my geleer om altyd nederig en klein te wees :Mannetjie !!!

Sy het my van die weer geleer :Dit lyk of 'n orkaan jou kamer getref het!

Sy het my geleer om myself te ontdek :Hou op om jou soos jou pa te gedra!

Sy het my die wetenskap van osmose geleer :Hou jou mond en eet jou kos!

Sy het my geleer van uithouvermoë :Jy sal by daardie tafel sit totdat jy jou spinasie opgeëet het!

Sy het my geleer van sintuie :Kinders word gesien en nie gehoor nie!

Sy het my geleer van humor :Hou aan lag, dan gee ek jou iets om oor te huil ook!

Sy het my van jaloesie geleer :Daar is duisende arm kindertjies wat ouers soos joune begeer!

Sy het geleer dat daar 'n plek en 'n tyd vir alles is :As julle mekaar wil vermoor, gaan doen dit buite! Ek't nou net hier skoongemaak!

Sy het my wiskunde geleer :Sit jy alweer en tanne tel!

Sy het my logika geleer :Want ek sê so, dis hoekom!

n Ma neem haar vyf-jaar-oue seuntjie saam bank toe.

Hulle staan agter ‘n gesette vrou, deftig aangetrek. Na ‘n rukkie se

geduldige wag sê die seuntjie:

‘Sjoe, sy is vet!’

Die ma buig en fluister in die seuntjie se oor om nie so lelik te praat

van die tannie nie, en stil te bly.

‘n Paar minute gaan verby en die seuntjie strek sy arms uit so wyd as hy

kan en sê: ‘Haar boude is so breed!’ Die vet vrou draai om en gluur na die

seuntjie.

Die ma fluister-raas kwaai in sy oor, dreig hom en sê aan hom om stil te

bly. Na ‘n rukkie kom die groot dame voor in die tou. Op dieselfde oomblik

maak haar selfoon ‘biep, biep, biep’.

Die seuntjie skree: ‘Gee pad, sy gaan reverse!!’

Die eend loop by die kroeg in en vra die kroegman: “Het jy brood?”

Kroegman: Nee.Eend: Enige brood?Kroegman: Nee.Eend: niks brood nie?Kroegman: Nee, ons het nie enige brood nie!Eend: Nie eers ou brood nie?Kroegman: Is jy doof of wat? Ons het nie brood

nie! As jy my weer vra, gaan ek jou bek aan die kroegtoonbank vasspyker.

Eend: Het jy spykers?Kroegman: Nee.Eend: En brood?

Koos stop by ’n Engelse vulstasie.“Hey, ou,” sê Koos. “Gooi some petrol in and check

the bands, man.”Die petroljoggie kyk hom verbaas aan.“I beg your pardon?” vra hy.Koos draai na Piet toe: “Help my man. Wat is die

Engelse woord vir tyres?

Onnie in die Engelse klas: “Jannie, wat is die Afrikaanse woord vir fan belt”

Jannie: “Bewonderaarsgordel, Meneer.”

Grappies

Print sudokuhttp://1sudoku.com

Solutions :

1 3 6 9 2 5 4 7 8

2 4 5 7 8 1 9 6 3

8 7 9 6 4 3 2 1 5

9 1 3 2 6 8 7 5 4

6 5 7 4 1 9 3 8 2

4 2 8 3 5 7 1 9 6

3 6 1 8 7 4 5 2 9

5 9 2 1 3 6 8 4 7

7 8 4 5 9 2 6 3 1

7 5 9 1 8 3 6 2 4

8 4 1 2 6 7 9 5 3

6 3 2 5 9 4 8 7 1

9 1 3 7 5 2 4 8 6

5 2 8 4 1 6 3 9 7

4 6 7 8 3 9 5 1 2

1 9 4 6 7 5 2 3 8

2 7 5 3 4 8 1 6 9

3 8 6 9 2 1 7 4 5http://1sudoku.com http://1sudoku.comn° 212139 - Level Medium n° 210868 - Level Medium

4 5 8 9 2 6 7 1 3

9 6 7 5 3 1 2 4 8

3 2 1 4 7 8 6 9 5

8 1 5 2 9 3 4 7 6

7 4 2 6 8 5 9 3 1

6 9 3 1 4 7 5 8 2

1 7 4 8 5 2 3 6 9

2 8 9 3 6 4 1 5 7

5 3 6 7 1 9 8 2 4

1 5 3 2 4 9 7 8 6

8 9 6 3 7 5 1 4 2

4 7 2 6 1 8 9 3 5

9 2 5 4 6 1 8 7 3

3 8 1 7 5 2 6 9 4

7 6 4 8 9 3 2 5 1

5 4 8 9 2 6 3 1 7

6 1 9 5 3 7 4 2 8

2 3 7 1 8 4 5 6 9http://1sudoku.com http://1sudoku.comn° 313711 - Level Hard n° 318303 - Level Hard

For the environment: save paper by finding solutions online or on your mobile phone.

Page 2/2 - Check solutions, print more free sudoku and play online : http://1sudoku.com

Page 24: Dopperdinge - gk-alkantrant.co.zagk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2020/04/Dooperdinge-04-2018... · Nog meer engele 7 Idelette de Bure, Calvyn se vrou 8 . Lewenswaardes 9 Verslag:

Leef vir God • Dien mekaar • Lig vir die wêreld