glacier jaarverslag 2015 · wêreldwye markte is in 2015 deur ’n enkele groot tendens –...

21
Glacier Jaarverslag 2015

Upload: others

Post on 31-Jul-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Glacier Jaarverslag 2015 · Wêreldwye markte is in 2015 deur ’n enkele groot tendens – volatiliteit – gekenmerk en dit lyk asof dit waarskynlik gedurende 2016 gaan voortduur

Glacier Jaarverslag 2015

Page 2: Glacier Jaarverslag 2015 · Wêreldwye markte is in 2015 deur ’n enkele groot tendens – volatiliteit – gekenmerk en dit lyk asof dit waarskynlik gedurende 2016 gaan voortduur

Wêreldwye markte is in 2015 deur ’n enkele groot tendens – volatiliteit – gekenmerk en dit lyk asof dit waarskynlik gedurende 2016 gaan voortduur.

Die VSA het reeds vir ’n geruime tyd laat deurskemer dat hulle rentekoerse gaan verhoog, terwyl sentrale banke in Europa en Japan koerse verlaag het en kwantitatiewe verslappingsprogramme voortgesit het. Hierdie verskil in monetêre beleid tussen die VSA en Europa was een van die grootste dryfvere van die huidige markvolatiliteit wat ons sien. Die verlangsaming van China se ekonomie, saam met die ineenstorting van hul aandelemark en gevolglike kapitaalvloeie, het wêreldwye markte ook beïnvloed.

Nhlanhla Nene se afdanking as Minister van Finansies in Desember het gelei tot ’n aansienlike verswakking van die rand en het die volatiliteit in ons markte verder verhoog. Die swak presterende geldeenheid het op sy beurt gelei tot ’n styging in inflasie. Swak beleidskeuses het gelei tot ’n verlies aan vertroue in ons ekonomie by buitelandse beleggers.

In die lig van hierdie uitdagings het plaaslike markte verlede jaar gedempte opbrengste gelewer. SA genoteerde eiendom was weereens die toppresteerder, en het 7.99% gelewer. Dit is gevolg deur kontant teen 6.46% en aandele teen 5.13%, met effekte wat met -3.93% die laaste plek inneem.

Die Glacier Geldmarkfonds het 6.43% vir die jaar gelewer. Die twee rentekoersstygings van 0.25% elk in Julie en November 2015, het ’n positiewe impak op hierdie fonds gehad.

Die Glacier Global Strategic Liquidity Feeder Fund, wat in korttermyn, vaste-inkomste USD-gedenomineerde instrumente belê, het ’n skitterende 31.82% vir die jaar gelewer, aangevuur deur die ver-swakkende rand.

Verklaring aan beleggers

ANTON RAATHUITVOERENDE HOOF

Markkommentators verwag dat 2016 vir beide besighede en verbruikers ’n moeilike jaar gaan wees. Wêreldwyd is die pas waarteen ekonomiese groei plaasvind nie vinnig genoeg nie en plaaslike groei is afwaarts aangepas.

As ’n land het ons al voorheen moeilike tye oorleef, en ons glo dat hierdie keer nie anders sal wees nie. Beleggers wie se persoonlike omstandighede nie verander het nie word aangeraai om by hul langtermyn beleggingstrategieë te bly.

Een van die maniere waarop ons by Glacier na die toekoms kyk, is om daarin te belê. Ons evalueer ons aktiwiteite om te verseker dat ons steeds sosiaal verantwoordelik en omgewingsbewus is. Ons borg die Glacier Junior Gholfreeks vir die sewende keer in 2016, met 16 gholfgeleenthede regoor die land. Ons ondersteuning van junior gholf spruit uit die geloof dat ons ’n betekenisvolle verskil kan maak deur vandag geleenthede aan die kampioene van môre te bied.

Ons het ook ons borgskap van die Storms River Traverse, een van SA se mees familie-vriendelike bergfiets multi-fase-wedrenne, vir die volgende drie jaar hernu. Bergfietsry groei steeds in gewildheid onder ons teikenmark en hierdie geleentheid bied aan ons die perfekte platform vir interaksie met ons kliënte.

Ek wens al ons beleggers ’n gelukkige en suksesvolle jaar toe.

Page 3: Glacier Jaarverslag 2015 · Wêreldwye markte is in 2015 deur ’n enkele groot tendens – volatiliteit – gekenmerk en dit lyk asof dit waarskynlik gedurende 2016 gaan voortduur

Verslag van die trustee vir die Glacier effektetrust skema

Ons, die Standard Bank van Suid-Afrika Beperk, het in ons hoedanig-heid as trustee van die Glacier Kollektiewe Beleggingskema (“die Skema”) in terme van Artikel 70(1)(f) van die Wet op Beheer van Kollektiewe Beleggingskemas 45 van 2002 soos gewysig (“die Wet”), ’n verslag opgestel vir die finansiële jaar wat 31 Desember 2015 geëindig het.

Ter ondersteuning van ons verslag het ons sekere prosesse en prosedures ingestel wat ons in staat stel om tot ’n redelike gevolg-trekking te kom of die Bestuurder die Skema in ooreen stemming met die Wet en die Skema-akte geadministreer het.

As Trustees van die Skema is ons ook verplig om in terme van Artikel 70(3) van die Wet onsself tevrede te stel dat elke inkomste-staat, balans staat of ander opgawe wat deur die Bestuurder van die Skema opgestel is, soos vereis deur Artikel 90 van die Wet, ’n redelike weergawe van die bates en laste, asook die inkomste en verspreiding van inkomste van elke portefeulje van die Skema is.

Die Bestuurder is verantwoordelik vir die byhou van die rekening-kundige rekords en die opstel van die jaarlikse finansiële state van die Skema in ooreen stemming met Internasionale Finansiële Verslaggewing standaarde. Hierdie verantwoordelikheid sluit ook die aanstel van ’n eksterne ouditeur vir die Skema in om te verseker dat die finansiële state behoorlik opgestel is, die finansiële posisie van elke portefeulje binne sy kollektiewe beleggingskema billik weergee, en in ooreenstemming is met algemeen aanvaarde rekening kundige praktyk en die vereistes van die Wet.

Ons ondersoek van die administrasie van die Skema deur die Bestuurder dek nie ’n hersiening van die jaarlikse finansiële state nie en ons verskaf dus nie ’n opinie daaroor nie.

Gebaseer op ons rekords, interne prosesse en prosedures, verklaar ons dat niks onder ons aandag gekom het wat ons laat glo dat die meegaande finansiële state nie die bates en laste, asook die inkomste en verspreiding van inkomste van elke portefeulje van die Skema wat deur die Bestuurder bestuur is, behoorlik weergee nie.

Ons bevestig dat, volgens die rekords wat aan ons beskikbaar is, geen verliese in die portefeuljes gely is nie en dat geen belegger as gevolg daarvan benadeel is nie.

Ons sluit ons verslag af deur te verklaar dat ons redelikerwys glo dat die Bestuurder die Skema geadministreer het in ooreenstemming met:

(i) die beperkings wat deur hierdie Wet op die belegging en leen-bevoegdheid van die bestuurder geplaas is; en

(ii) die bepalings van hierdie Wet en die akte.

MELINDA MOSTERTHOOF: TRUSTEE-DIENSTESTANDARD BANK VAN SUID-AFRIKA BEPERK15 MAART 2016

SEGGIE MOODLEYHOOF: RISIKO EN REGSGELDIGHEID (TRUSTEE-DIENSTE)STANDARD BANK VAN SUID-AFRIKA BEPERK15 MAART 2016

Page 4: Glacier Jaarverslag 2015 · Wêreldwye markte is in 2015 deur ’n enkele groot tendens – volatiliteit – gekenmerk en dit lyk asof dit waarskynlik gedurende 2016 gaan voortduur

Die meegaande opgesomde finansiële state, wat bestaan uit die opgesomde State van Finansiële Posisie soos op 31 Desember 2015 en die opgesomde State van Omvattende Inkomste vir die jaar geëndig, is afgelei van die geouditeerde finansiële state van die Glacier Geldmarkfonds en die Glacier Global Strategic Liquidity Feeder Fund vir die jaar geëindig 31 Desember 2015.

Ons het ’n ongekwalifiseerde oudit mening uitgespreek oor daardie finansiële state in ons verslag gedateer 15 Maart 2016. Daardie finansiële state, en die opgesomde finansiële state, weerspieël nie die effek van gebeure na die datum van ons verslag oor daardie finansiële state.

Die opgesomde finansiële state bevat nie al die openbaarmakings wat deur die International Financial Reporting Standards en die Wet op Beheer van Kollektiewe Beleggingskemas, 2002, vereis word nie. Die lees van die opgesomde finansiële state is dus nie ’n plaasvervanger vir die lees van die geouditeerde finansiële state van die Glacier Geldmarkfonds en die Glacier Global Strategic Liquidity Feeder Fund nie.

Bestuur se Verantwoordelikheid vir die Opgesomde Finansiële State

Bestuur is verantwoordelik vir die voorbereiding van ’n opsomming van die geouditeerde finansiële state in ooreenstemming met die rekeningkundige grondslag wat deur hierdie entiteite aanvaar word.

Ouditeure se Verantwoordelikheid

Ons verantwoordelikheid is om ’n mening uit te spreek oor die opgesomde finansiële state gebaseer op ons prosedures, wat uitgevoer is in ooreenstemming met “International Standard on Auditing (ISA) 810, Engagements to Report on Summary Financial Statements”.

Mening

Ons is van mening dat die opgesomde finansiële state wat afgelei is van die geouditeerde finansiële state van die Glacier Geldmarkfonds en die Glacier Global Strategic Liquidity Feeder Fund vir die jaar geëindig 31 Desember 2015, in alle wesentlike opsigte in ooreenstemming is met daardie finansiële state, ingevolge die rekeningkundige grondslag wat deur daardie entiteite aanvaar word.

Verslag van die onafhanklike ouditeure aan die deelnemende belanghebbendes van die Glacier Geldmarkfonds en die Glacier Global Strategic Liquidity Feeder Fund

ERNST & YOUNG INC.DIREKTEUR – LEIGH-ANN CAROLINE KILLINGEREGISTREERDE OUDITEURGEOKTROOIEERDE REKENMEESTER (SA)ERNST & YOUNGLAER LANGSTRAAT 35KAAPSTAD15 MAART 2016

Page 5: Glacier Jaarverslag 2015 · Wêreldwye markte is in 2015 deur ’n enkele groot tendens – volatiliteit – gekenmerk en dit lyk asof dit waarskynlik gedurende 2016 gaan voortduur

Glacier Geldmarkfonds

Page 6: Glacier Jaarverslag 2015 · Wêreldwye markte is in 2015 deur ’n enkele groot tendens – volatiliteit – gekenmerk en dit lyk asof dit waarskynlik gedurende 2016 gaan voortduur

Staat van Finansiële Posisie op 31 Desember 2015

 2015

R’0002014

R’000

BATES

Beleggings

Geldmark instrumente

Kontant en kontant ekwivalente

Opgelope inkomste en debiteure

 

3 120 604

3 120 604  

14 952

52 573

 

3 052 155

3 052 155  

5 356

45 629

Totale bates 3 188 129 3 103 140

LASTE (uitgesluit netto bates uitkeerbaar aan eenheidshouers)

Handels- en ander krediteure

Verwante partye betaalbaar

Uitkering betaalbaar

17 812

31

1 994

15 787

17 730

35

2 078

15 617

Netto bates uitkeerbaar aan eenheidshouers 3 170 317 3 085 410

Page 7: Glacier Jaarverslag 2015 · Wêreldwye markte is in 2015 deur ’n enkele groot tendens – volatiliteit – gekenmerk en dit lyk asof dit waarskynlik gedurende 2016 gaan voortduur

Staat van Omvattende Inkomste vir die jaar geëindig 31 Desember 2015

 2015

R’0002014

R’000

Inkomste

Rente ontvang

Netto billike waarde (verlies) / winste op finansiële instrumente

217 216

219 196

(1 980)

194 963

193 804

1 159

Bedryfsuitgawes

Diensfooie

Ouditeursvergoeding*

Bewaarder-, trustee- en bankkoste

(24 528)

(24 326)

(36)

(166)

(25 390)

(25 292)

103

(201)

Netto wins vir die jaar

Uitkering aan eenheidshouers

192 688

(194 685)

169 573

(168 421)

(Verlaging) / Verhoging in netto bates uitkeerbaar aan aandeelhouers (1 997) 1 152

*Die terugskrywing van vorige jare se oorvoorsiening van ouditfooie het daartoe gelei dat ’n inkomste erken is in die 2014 jaar.

Page 8: Glacier Jaarverslag 2015 · Wêreldwye markte is in 2015 deur ’n enkele groot tendens – volatiliteit – gekenmerk en dit lyk asof dit waarskynlik gedurende 2016 gaan voortduur

Inkomsteverklaring Per Fooiklas

Maandelikse verspreidings Sente per eenheid

Maand Klas A Klas B Klas C Klas D

Januarie

Februarie

Maart

April

Mei

Junie

Julie

Augustus

September

Oktober

November

Desember

6.12

6.15

6.16

6.12

6.18

6.17

6.18

6.25

6.32

6.40

6.40

6.49

6.23

6.26

6.27

6.24

6.29

6.28

6.29

6.36

6.43

6.51

6.51

6.61

4.69

4.72

4.73

4.70

4.75

4.74

4.76

4.83

4.90

4.98

4.98

5.07

6.41

6.44

6.45

6.41

6.47

6.46

6.47

6.54

6.61

6.69

6.69

6.78

Page 9: Glacier Jaarverslag 2015 · Wêreldwye markte is in 2015 deur ’n enkele groot tendens – volatiliteit – gekenmerk en dit lyk asof dit waarskynlik gedurende 2016 gaan voortduur

Fooie (vir alle klasse)

Portefeulje-ontleding: Glacier Geldmark A, B, C & D klasse**

  2015/12/31 2014/12/31

Oornag

0 - 3 Maande

3 - 6 Maande

6 - 9 Maande

9 - 12 Maande

1.11%

76.50%

8.73%

6.92%

6.74%

0.17%

55.45%

27.98%

7.21%

9.19%

   

  Klas A Klas B Klas C * Klas D

Aanvanklike fooie (BTW ingesluit)

Jaarlikse fooie (BTW ingesluit)

0.00%

0.57%

0.00%

0.46%

0.00%

1.99%

0.00%

0.28%

* Volle fooiklas.

** Portefeulje-ontleding het nie deel uitgemaak van die jaarlikse eksterne oudit nie.

’n Geldmarkfondsportefeulje is nie ’n bank-deposito rekening nie. Die prys van ’n deelnemende belang is gemik op ’n konstante waarde. Die totale opbrengs aan ’n belegger bestaan uit rente verdien en enige wins gemaak, of verlies gely op enige spesifieke instrument. In die meeste gevalle sal die totale opbrengs eenvoudig die daaglikse opbrengs verhoog of verlaag. In die geval van abnormale verliese kan dit egter die kapitaalwaarde van die portefeulje verminder. Die opbrengs van die fonds word bereken as die rente verdien deur die fonds tydens ’n sewe-dae periode, minus enige bestuursfooie opgeloop tydens daardie sewe dae. Buitensporige onttrekkings van die fonds mag ook die fonds onder likiditeitsdruk plaas; in so ’n geval mag ’n proses van omheining (“ring-fencing”) van onttrekkingsinstruksies en bestuurde uitbetalings oor tyd gevolg word.

Die bestuur van beleggings word uitgekontrakteer aan Sanlam Investment Management (Edms.) Bpk. (FSP 579), ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste.

Page 10: Glacier Jaarverslag 2015 · Wêreldwye markte is in 2015 deur ’n enkele groot tendens – volatiliteit – gekenmerk en dit lyk asof dit waarskynlik gedurende 2016 gaan voortduur

Portefeuljebestuurder kommentaar

Markoorsig

Die korttermyn rentekoersmarkte is in 2015 negatief beïnvloed deur ’n kombinasie van eksterne en interne faktore, waarvan verhoogde rentekoerse en ’n verswakkende plaaslike geldeenheid die grootste invloed gehad het. Makro faktore, beide ekonomies en polities, het ’n rol gespeel om teen die einde van die jaar ’n hoër en baie steiler opbrengskromme te lewer (hieronder uitgebeeld).

Die Monetêre Beleidskomitee (MBK) van die Suid-Afrikaanse Reserwe-bank (SARB) het in 2015 voortgegaan om rentekoerse te verhoog. Hulle het by twee MBK-vergaderings die repokoers verhoog: eers vanaf 5.75% tot 6.0% op 23 Julie en toe tot 6.25% op 19 November. Die MBK het hul kommer oor die verswakkende geldeenheid en die potensiële impak wat dit op inflasie sal hê voorgehou as motivering vir die verhoging in November. Die Federale Reserwebank van die VSA het ook hul langverwagte stygende siklus afgeskop deur hul basis uitleenkoers op 14 Desember te verhoog.

Die plaaslike geldmarkte is egter die meeste deur die verswakkende wisselkoerse beïnvloed. Die plaaslike geldeenheid het teen die VSA dollar (VSA/ZAR) met meer as 34% verswak, vanaf R11.55 aan die einde van Desember 2014 tot R15.48 aan die einde van Desember 2015, met die swakste vlak, R15.76, op 11 Desember. Laasgenoemde is veroorsaak deur die ongelukkige gebeure rondom die posisie van die Minister van Finansies en die uiteindelike heraanstelling van mnr. Pravin Gordhan.

Die Suid-Afrikaanse Verbruikersprys-indeks (VPI), jaar-tot-jaar gemeet, het binne die SARB se teikenband van 3% tot 6% gebly, met ’n gemiddelde van 4.6% vir die jaar. Die vooruitsig vir inflasie in die toekoms is egter swak, veral as gevolg van die skommelende Rand en die verwagte impak van die droogte op voedselpryse.

Die mark verdiskonteer ’n aantal verdere rentekoersverhogings, wat ’n baie steil geldmarkkromme tot gevolg het. Hierdie hoër opbrengs- kromme bied geleenthede vir die fonds, wat met omsigtigheid benut sal word.

Wat ons gedoen het

Nuwe invloeie in die fonds, asook beleggings wat uitgekeer het, is optimaal en met goeie tydsberekening oor die geldmark-opbrengskromme heen belê. Kwaliteit korporatiewe krediet, wat hoër as die drie-maande geldmarkkoerse verhandel het, is by die portefeulje bygevoeg. Ons het ’n kombinasie van beleggings in swewende koers effekte (SKEs) in die portefeulje geïmplementeer, saam met ’n aantal vastekoers verhandelbare depositosertifikate (VDSe). Die kombinasie van kwaliteit korporatiewe krediet, verhandelbare depositosertifikate en swewende koers effekte het die portefeulje se opbrengste verhoog.

Ons strategie

Ons het verkies om ’n kombinasie van vastekoers effekte, swewende koers effekte en kwaliteit korporatiewe krediet as beleggingstrategie te gebruik om opbrengste in die portefeulje te verhoog. Ons het verwag dat die repokoers gedurende die jaar sou verhoog en het die steil kromme in kombinasie met die volle universum van belêbare geldmarkinstrumente benut om optimale beleggingsprestasie te behaal.

31-Des-2014 31-Des-2015

9.0

7.5

7.0

6.5

6.0

5.5

5.0

8.0

8.5

4.5

6.83

7.39

5.96 6.13

7.06 6.39

6.63

7.50

7.95

8.43

12 9 61Oornag 3Maande

Page 11: Glacier Jaarverslag 2015 · Wêreldwye markte is in 2015 deur ’n enkele groot tendens – volatiliteit – gekenmerk en dit lyk asof dit waarskynlik gedurende 2016 gaan voortduur

Glacier Global Strategic Liquidity Feeder Fund

Page 12: Glacier Jaarverslag 2015 · Wêreldwye markte is in 2015 deur ’n enkele groot tendens – volatiliteit – gekenmerk en dit lyk asof dit waarskynlik gedurende 2016 gaan voortduur

Staat van Finansiële Posisie op 31 Desember 2015

2015R’000

2014R’000

BATES

Beleggings

Kollektiewe beleggingskema

Kontant en kontant ekwivalente

Opgelope inkomste en debiteure

 

37 821

37 821

13 511 7

 

38 019

38 019

1 527 2

Totale bates 51 339 39 548

LASTE (uitgesluit netto bates uitkeerbaar aan eenheidshouers)

Handels- en ander krediteure

Verwante partye betaalbaar

Uitkering betaalbaar

461

23

11

427

159

23

19

117

Netto bates uitkeerbaar aan eenheidshouers 50 878 39 389

Page 13: Glacier Jaarverslag 2015 · Wêreldwye markte is in 2015 deur ’n enkele groot tendens – volatiliteit – gekenmerk en dit lyk asof dit waarskynlik gedurende 2016 gaan voortduur

Staat van Omvattende Inkomste vir die jaar geëindig 31 Desember 2015

2015R’000

2014R’000

Inkomste

Rente ontvang

Ander winste

13 632

100

13 532

4 092

103

3 989

Bedryfsuitgawes

Diensfooie

Ouditeursvergoeding*

Bewaarder-, trustee- en bankkoste

(194)

(107)

(22)

(65)

(254)

(246)

55

(63)

Netto wins vir die jaar 13 438 3 838

Uitkering aan eeheidshouers (427) (116)

Verhoging in netto bates uitkeerbaar aan eenheidshouers 13 011 3 722

*Die terugskrywing van vorige jare se oorvoorsiening van ouditfooie het daartoe gelei dat ’n inkomste erken is in die 2014 jaar.

Page 14: Glacier Jaarverslag 2015 · Wêreldwye markte is in 2015 deur ’n enkele groot tendens – volatiliteit – gekenmerk en dit lyk asof dit waarskynlik gedurende 2016 gaan voortduur

Fooi- en Fonds Ontleding

Portefeulje-ontleding 2015/12/31 2014/12/31

USD

ZAR

97.39%

2.61%

96.29%

3.71%

   

Verspreiding BetalingsdatumPlaaslike rente

(sente per eenheid)

Verklaringsdatum

2015/12/31

2014/12/31

 

2015/01/02

2015/07/02

 

0.00

0.00

Aanvanklike fooie (BTW ingesluit) 0.00% 0.00%

Jaarlikse fooie (BTW ingesluit)

Klas B1

Klas B3

0.68%

0.00%

0.68%

0.00%

Die Glacier Global Strategic Liquidity Feeder Fund is ’n voederfonds en as sulks belê dit in’n enkele portefeulje van ’n kollektiewe beleggingskema, wat sy eie koste hef en wat kan lei tot ’n hoër fooi struktuur vir die voederfonds. Die Glacier Global Strategic Liquidity Feeder Fund belê in die Sanlam Strategic Cash Fund.

Die bestuur van beleggings word uitgekontrakteer aan Sanlam Multi-Manager International (Edms.) Bpk. (FSP 845), ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste.

Page 15: Glacier Jaarverslag 2015 · Wêreldwye markte is in 2015 deur ’n enkele groot tendens – volatiliteit – gekenmerk en dit lyk asof dit waarskynlik gedurende 2016 gaan voortduur

Portefeuljebestuurder kommentaar

Die Rand het vir die derde agtereenvolgende jaar aansienlik teen die vernaamste geldeenhede verswak. Die was die gevolg van ’n aantal kwessies, insluitende:1. Suid-Afrika se groot dubbele handelstekorte; 2. ’n Gebrek aan buitelandse invloeie in die Suid-Afrikaanse effekte- en

aandelemark;

3. Dalende kommoditeitspryse;4. Die sterkte van die VSA dollar soos die VSA ekonomie verbeter het

en die VSA Federale Reserwebank rentekoerse verhoog het;5. Afgraderings van Suid-Afrika se soewereine skuldgradering en die

moontlikheid van rommelstatus (“junk status”) in 2016; en6. Die afdanking van die Minister van Finansies in Desember.

31/12/2013 31/12/2014 31/12/2015 % Verandering Jaar

USD/ZAR 10.3500 11.4500 15.4600 35.0%

EUR/ZAR 14.4237 13.9936 16.7967 20.0%

GBP/ZAR 17.3469 17.9515 22.5481 25.6%

ZAR/JPY 10.0260 10.5263 7.7760 -26.1%

Die grafiek toon dat die Rand ver verby sy koopkragpariteit verswak het en dat dit in werklikheid verby drie standaardafwykings weg van koopkragpariteit gegaan het. Dit is soortgelyk aan dit wat in 2001 met die geldeenheid gebeur het en toon die negatiewe sentiment teenoor Suid-Afrika.

Maande

R/US

D

18

0

10

8

6

4

2

Koopkragpariteit (KKP/"PPP") Rand/USD

01/1

2/99

01/0

4/00

01/0

8/00

01/1

2/00

01/0

4/01

12

14

16

01/0

8/01

01/1

2/01

01/0

4/02

01/0

8/02

01/1

2/02

01/0

4/03

01/0

8/03

01/1

2/03

01/0

4/04

01/0

8/04

01/1

2/05

01/0

4/05

01/0

8/05

01/1

2/05

01/0

4/06

01/0

8/06

01/1

2/06

01/0

4/07

01/0

8/07

01/1

2/07

01/0

4/08

01/0

8/08

01/1

2/08

01/0

4/09

01/0

8/09

01/1

2/09

01/0

4/10

01/0

8/10

01/1

2/10

01/0

4/11

01/0

8/11

01/1

2/11

01/0

4/12

01/0

8/12

01/1

2/12

01/0

4/13

01/0

8/13

01/1

2/13

01/0

4/15

01/0

8/15

01/1

2/15

01/0

4/14

01/0

8/14

01/1

2/14

VSA Koopkragpariteit (KKP)USDZAR werklik

Page 16: Glacier Jaarverslag 2015 · Wêreldwye markte is in 2015 deur ’n enkele groot tendens – volatiliteit – gekenmerk en dit lyk asof dit waarskynlik gedurende 2016 gaan voortduur

Voortdurende Lae RentekoerseAlhoewel die VSA Federale Reserwebank rentekoerse vir die eerste maal sedert 2006 verhoog het, het ander streke soos Japan en Europa voortgegaan om Kwantitatiewe Verslappingsprogramme (“QE”) uit te brei. Hierdie uiteenloping van monetêre beleid sal in 2016 deurslaggewend wees, aangesien wêreldwye groei steeds stadig en ongesinchroniseerd bly. Dit sal waarskynlik ’n baie vlak en stadige rentekoers stygsiklus in die VSA tot gevolg hê, wat kan veroorsaak dat die lae rentekoers omgewing voortduur, veral as ’n mens in ag neem dat Europa daarvan praat om rentekoerse eers in 2019 te verhoog.

Hierdie verlengde tydperk van ekstreme rentekoerse het daartoe gelei dat kontant as bateklas ongewild gebly het, aangesien die

opbrengs wat verwag word na aan 0% is. Dit is onwaarskynlik dat dit in 2016 dramaties sal verander en die enigste opbrengs vir Rand-beleggers sal dan waarskynlik die bewegings van geldeenhede relatief tot die VSA dollar wees, eerder as opbrengste wat op rente verdien is. Dit kan potensieel negatief wees, gegewe waar die Rand tans relatief tot koopkragpariteit staan.

Die fonds het 31.8% (ZAR) relatief tot sy maatstaf van 34.0% (ZAR) gelewer. Die verskil is grootliks as gevolg van die feit dat ZAR kontant gehou moet word om vir uitvloeie te betaal, wat seermaak in ’n jaar van uitermate VSA dollar sterkte.

Page 17: Glacier Jaarverslag 2015 · Wêreldwye markte is in 2015 deur ’n enkele groot tendens – volatiliteit – gekenmerk en dit lyk asof dit waarskynlik gedurende 2016 gaan voortduur

Glacier Fondsprestasie en TOV-verslag

Page 18: Glacier Jaarverslag 2015 · Wêreldwye markte is in 2015 deur ’n enkele groot tendens – volatiliteit – gekenmerk en dit lyk asof dit waarskynlik gedurende 2016 gaan voortduur

NBW na NBW - plaaslike geldeenheid vanaf 31/12/2014 tot 31/12/2015

Fondsprestasie 1 jaar prestasie Maatstaf*

Glacier Geldmarkfonds - Klas A (CMF)

Glacier Geldmarkfonds - Klas B

Glacier Geldmarkfonds - Klas C (Fusion) **

Glacier Geldmarkfonds - Klas D

6.43%

6.55%

4.93%

6.73%

6.08%

6.08%

6.08%

6.08%

Glacier Global Strategic Liquidity Feeder Fund - Klas B1

Glacier Global Strategic Liquidity Feeder Fund - Klas B3

31.82%

32.79%

34.25%

34.25%

* Maatstaf Die maatstaf vir die Glacier Geldmarkfondse is die Stefi – 3 maande. Die maatstaf vir die Glacier Global Strategic Liquidity Feeder Fund is: 3 maande USD LIBOR.

** Volle fooiklas Kollektiewe beleggings (effektetrusts) is in die algemeen medium- tot langtermynbeleggings. Die waarde van onderaandele kan daal of styg en vorige prestasies is nie noodwendig ’n aanduiding van die toekoms nie. Effektetrusts word teen heersende pryse verhandel en kan deelneem aan lenings en skripuitlenings. ’n Skedule van fooie en koste asook maksimum kommissies is van die bestuursmaatskappy op aanvraag beskikbaar. Die bestuurder verskaf geen waarborg ten opsigte van die kapitaal of die opbrengs van die fonds nie. Afskrifte van die geouditeerde Jaarlikse Finansiële State van die bestuurder en fondse is kosteloos beskikbaar, op versoek.

Page 19: Glacier Jaarverslag 2015 · Wêreldwye markte is in 2015 deur ’n enkele groot tendens – volatiliteit – gekenmerk en dit lyk asof dit waarskynlik gedurende 2016 gaan voortduur

Totale Onkoste Verhouding (TOV)* vanaf 31/12/2014 tot 31/12/2015

Glacier Geldmarkfonds - Klas A (CMF)

Glacier Geldmarkfonds - Klas B

Glacier Geldmarkfonds - Klas C (Fusion)

Glacier Geldmarkfonds - Klas D

0.57%

0.46%

1.99%

0.28%

Glacier Global Strategic Feeder Fund - Klas B1

Glacier Global Strategic Feeder Fund - Klas B3

1.12%

0.44%

* Die TOV- persentasie van die gemiddelde Netto Batewaarde van die portefeulje is bereken as kostes, heffings en fooie wat verband hou met die bestuur van die portefeulje. Die verhouding sluit nie transaksiekostes in nie. ’n Hoër TOV impliseer nie noodwendig ’n swak opbrengs nie, en ’n laer TOV nie noodwendig ’n positiewe opbrengs nie. Die huidige TOV kan nie as ’n aanduiding van toekomstige TOV’s beskou word nie. TOV’s het nie deel gevorm van die jaarlikse buite-oudit nie.

Kollektiewe beleggings (effektetrusts) is in die algemeen medium- tot langtermynbeleggings. Die waarde van onderaandele kan daal of styg en vorige prestasies is nie noodwendig ’n aanduiding van die toekoms nie. Effektetrusts word teen heersende pryse verhandel en kan deelneem aan lenings en skripuitlenings. ’n Skedule van fooie en koste asook maksimum kommissies is van die bestuursmaatskappy op aanvraag beskikbaar.

Page 20: Glacier Jaarverslag 2015 · Wêreldwye markte is in 2015 deur ’n enkele groot tendens – volatiliteit – gekenmerk en dit lyk asof dit waarskynlik gedurende 2016 gaan voortduur

Kontakbesonderhede

Privaatsak X5 Tygervallei 7536Tel +27 21 917 9000Faks +27 21 947 9210Web www.glacier.co.zaE-pos [email protected]

Page 21: Glacier Jaarverslag 2015 · Wêreldwye markte is in 2015 deur ’n enkele groot tendens – volatiliteit – gekenmerk en dit lyk asof dit waarskynlik gedurende 2016 gaan voortduur

i1588 03/2015