goed vir jou hart meer lus nie? -...

1
GESTEL EK HET NIE MEER LUS NIE? ’N MENS sou sweer seks is ’n sport vir die jong klomp. In flieks, sto- rieboeke en adver- tensies is dit meestal mooi en veral jong lywe wat tussen die lakens baljaar. Dit is die ene plat mae en ferm borste waar jy kyk, so asof die ouer garde maar moet vrede maak met vergange vreugdes. Hokaai, sê navorsers nou. In ’n onlang- se studie onder mense bo 50 is bevind seks is goed vir ouer mense. En hoe meer, hoe beter. Katelkaperjolle hou steeds al die gesondheids- voordele in wat dit in die fleur van jou jare gehad het, maar nou maak dit jou boonop slimmer. “ ’n Seksuele verhou- ding later in jou lewe is nie net belangrik ter wille van die seks self nie; dit het ook ’n uit- werking op ander faktore, in dié geval jou kognitiewe GALLO IMAGES/GETTY IMAGES KAFOEFEL = FLINK DINK funksie,” sê die studieleier, dr. Hayley Wright van die Universiteit van Coventry in Engeland. Die navorsing is saam met die Universiteit van Oxford aangepak. Die 73 deelnemers (28 mans en 45 vroue) tussen 50 en 83 jaar oud is oor hul seks- lewe uitgevra. Altesaam 37 het aangedui dat hulle weekliks seks het, 26 maande- liks en 10 nooit. Deelnemers se breinfunksie is getoets. Dié wat die meeste seks het, het in sekere take gemiddeld twee punte hoër behaal as dié wat net maandeliks seks het. En dié groep het weer vier punte beter ge- vaar as die deelnemers wat nie seks het nie. Die navorsers is nog on- seker hoekom meer seks ’n mens ekstra breinkrag gee, maar vermoed dis omdat dit verband hou met die afskeiding van neuro- hormone, soos dopamien en oksitosien, stowwe wat seine in die brein oordra. Maar seks sal jou nie net slimmer maak nie; dit hou ook talle ander voordele in. “As jy op 30 ’n gesonde sekslewe het en jy hou tot op 50 en daarna daarmee vol, gaan jy tonne voordele daaruit kry,” sê dr. Jireh Serfontein, ’n mediese dokter van Pretoria wat spesialiseer in medikasie vir seksualiteit. “En iemand wat eers op 50 begin seks hê, sal ook daarby baat vind.” Tog kan ander aktiwiteite soortgelyke voordele tot gevolg hê, maan dr. Elmien Lesch van die Universiteit Stellenbosch, ’n sielkundige met ’n belangstelling in menslike seksualiteit. “Ons moenie by mense die indruk wek dat hulle sekere tekortkomings kan ervaar as hulle nie seksueel aktief is nie.” En moenie toelaat dat dit jou afskrik as jy moeg, ongesond, afgerem en on- aantreklik voel nie – veral nie as jy jou in jou middeljare bevind nie. Katelkaperjolle sal juis help om al hierdie kwale, skete en klag- tes op te klaar. Dit is die omgekeerde van die spreekwoordelike bose kringloop: Hoe meer jy tussen die lakens baljaar, hoe beter sal jy voel, en hoe meer sal jy tussen die lakens wil baljaar. Mans wat drie of meer orgasmes per week het, is 50 persent minder ge- neig om hartsiektes te ontwikkel, het navorsers aan die Universiteit van Bristol in Engeland bevind, sê dr. El- mari Mulder Craig, ’n seksuoloog van Pretoria. “Medici beveel 20 minute se oefening drie keer per week aan vir goeie hartgesondheid. Seks is ’n maklike en lekker manier om genoeg oefening te kry,” sê Elmari. Dr. Jireh Serfontein sê in navorsing is bevind hoe meer dikwels ’n man seks het, hoe meer kardiovaskulêre voordeel put hy daaruit. By vroue weeg die gehalte van die seks die swaarste: Hoe meer bevredigend, hoe beter vir haar. Mense wat seksueel aktief bly en dit as ’n belangrike deel van hul lewe beskou, voel jonger en meer lewens- lustig, sê dr. Elna Rudolph, ’n medie- se dokter, seksuoloog en hoof van My Sexual Health in Johannesburg. “Dis vir die meeste mense belangrik om gesond van verstand te bly, en seks op jou oudag is ’n uitste- kende manier om dit te doen. Ek sien mense wat gereeld seks het, het voorwaar ’n huppel in die stap.” Ook beteken ’n gesonde sekslewe gewoonlik die ver- houding waarin jy is, is gesond en stabiel, meen Elmari. “Dit beteken minder spanning vir die individu en die steun en liefde van ’n lewens- maat, albei goed wat goeie gesond- heid verder bevorder. Seks is ’n kitskuur vir ligte depressie en stel endorfiene in die bloedstroom vry, wat jou laat goed voel.” Volgens haar is dit ook een van die beste ontspanningsmiddels, tot 10 keer so doeltreffend soos sekere kalmeermiddels. “Met seksuele stimulasie word kragtige neuro- oordragstowwe in die brein afge- skei. Een daarvan, serotonien (die goedvoelhormoon), is ’n buffer teen depressie en spanning. Dopamien word afgeskei om ’n vloedgolf van plesier te veroorsaak. En prolaktien maak ons rustig en slaperig.” EKSTRA BRONNE: INDEPENDENT.CO.UK, VANGUARDNGR.COM DIT MAAK MOOI DOEPA TEEN VERKOUES, GRIEP EN ANDER KWALE ’N HUPPEL IN DIE STAP Studies toon ’n vervullende sekslewe kan veral in jou middeljare jou verstand skerp hou en talle skete laat verdwyn Deur MARELIZE POTGIETER “Seks is ’n skoonheids- behandeling,” sê Elmari. “Wanneer ’n vrou seks het, word die hormoon estrogeen vrygestel. Dit laat onder meer haar hare blink en haar vel gloei. “Seks verbrand ook baie kilojoules en is een van die vei- ligste sportsoorte. Dit strek en maak byna elke spier in jou liggaam ferm. Dit is ook baie meer pret as om 20 lengtes te swem of te gaan draf,” sê Elmari. Jireh sê die jeugdigheid van jou voor- koms hou verband met die lengte van die telomere op jou DNS. Soos jy ouer raak, raak die telomere korter. Aangesien algemene gesondheid ’n invloed op jou telomere het, kan seks help om jou jonger te laat lyk. “Seks gaan nie keer dat jy plooie kry nie, maar dit gaan maak dat jy geson- der leef, jou hart gesonder is en dat jy fikser is. So kan dit keer dat jy vinniger verouder.” Gereelde seks kan jou teen verkoues en griep beskerm, is bevind in ’n studie wat in 2004 deur die sielkundiges Carl Charnetski en Francis Brennan van die Wilkes- universiteit in Penn- silvanië gepubliseer is. “Hulle het vasgestel seks verhoog die hoe- veelheid immunoglo- bulien A in die speek- sel. Dit beskerm jou teen basiese infeksies,” verduidelik Jireh. Dis bevestig in ’n verslag deur dr. Musa Yakubu van die Universiteit van Ilorin in Nigerië. “Navorsing toon dat seks die immuunstelsel aanhelp deur die stimulering van die lyf se eerste vorm van besker- ming teen verkoues en griep: im- munoglobulien A,” skryf hy. Dis een van die liggaam se mees algemene teenliggaampies, oſtewel proteïen, wat die immuunstelsel maak om bakterieë, virusse en tok- siene te beveg. En seks kan ’n hoofpyn verhelp, sê Elmari. “Dit is ’n natuurlike anti- histamien en kan ’n toe neus verlig.” GOED VIR JOU HART Hoe meer jy tussen die lakens baljaar, hoe meer sal jy dit wil doen ‘Jy kan tot op 70 en selfs ouer ’n vervul- lende sekslewe hê’ Dit is gewoonlik nie uit vrye keuse dat mense ná 50 ophou om seks te hê nie, sê dr. Elna Rudolph. “Hulle het dalk bloot nie meer ’n maat nie of hul gesondheid laat dit nie toe nie. “My raad is om mooi na jou algemene gesondheid te kyk, soos jou bloeddruk, suikervlak, cholesterol en gewig en om nie te rook nie. Daarby moet jy ook jou seksuele gesondheid oppas en seker maak jou hormoonvlakke is optimaal. “En maak afsprake om gereeld tyd vir mekaar te hê,” is Elna se raad. “Dinge gebeur nie meer so maklik en spontaan nie; jy moet ’n bietjie moeite doen.” Dr. Elmari Mulder Craig sê die gehalte van wat in die slaapkamer gebeur, hang ten nouste saam met hoe die verhou- ding buite die slaapkamer lyk. “Dit is belangrik om emosionele intimiteit, vei- ligheid, stabiliteit en toegewydheid in die verhouding met jou maat te ervaar. “Soos ’n vrou ouer word en postmeno- pousaal raak, is daar byvoorbeeld ’n ver- laging in haar estrogeenvlak. Dit gaan gepaard met vaginale droogheid en ’n verdunning van die vaginale wande en atrofie van die vagina. Dit kan lei tot ongemak of pyn tydens penetrasie. “Dis belangrik dat ’n vrou se hormoon- vlakke getoets word en, indien nodig, sy hormoonvervangingsterapie kry.” Dr. Jireh Serfontein sê mense neem aan dit is normaal dat seks minder word hoe ouer jy word. “Dis nie normaal nie. Jy kan tot op 70 jaar en selfs ouer ’n gesonde en vervullende sekslewe hê. “Meer as 50 persent van mans met erektiele disfunksie het ’n mediese rede daarvoor. Dit kan ’n teken wees van ge- vaarlike toestande soos hartsiektes, diabetes, hoë bloeddruk, suikersiekte en senu- of prostaatprobleme.” S 310 | 7 SEPTEMBER 2017 huisgenoot.com huisgenoot.com 7 SEPTEMBER 2017 | 311 HG NUUS

Upload: others

Post on 08-Sep-2019

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

GESTEL EK HET NIE MEER LUS NIE?

’NMENS sou sweer seks is ’n sport vir die jong klomp. In flieks, sto­rieboeke en adver­tensies is dit meestal mooi en veral jong lywe wat tussen die lakens baljaar. Dit is

die ene plat mae en ferm borste waar jy kyk, so asof die ouer garde maar moet vrede maak met vergange vreugdes.

Hokaai, sê navorsers nou. In ’n onlang­se studie onder mense bo 50 is bevind seks is goed vir ouer mense. En hoe meer, hoe beter. Katelkaperjolle hou steeds al die gesondheids­voordele in wat dit in die fleur van jou jare gehad het, maar nou maak dit jou boonop slimmer.

“ ’n Seksuele verhou­ding later in jou lewe is nie net belangrik ter wille van die seks self nie; dit het ook ’n uit­werking op ander faktore, in dié geval jou kognitiewe G

ALLO

IMAG

ES/G

ETTY

IMAG

ES

KAFOEFEL = FLINK DINKfunksie,” sê die studieleier, dr. Hayley Wright van die Universiteit van Coventry in Engeland. Die navorsing is saam met die Universiteit van Oxford aangepak. Die 73 deel nemers (28 mans en 45 vroue) tussen 50 en 83 jaar oud is oor hul seks­lewe uit gevra. Alte saam 37 het aangedui dat hulle weekliks seks het, 26 maande­liks en 10 nooit.

Deelnemers se breinfunksie is getoets. Dié wat die meeste seks het, het in sekere take gemiddeld twee punte hoër behaal as dié wat net maandeliks seks het. En dié groep het weer vier punte beter ge­

vaar as die deelnemers wat nie seks het nie. Die navorsers is nog on­

seker hoekom meer seks ’n mens ekstra breinkrag gee,

maar vermoed dis omdat dit verband hou met die af skei ding van neuro­hormone, soos do pa mien en oksitosien, stowwe wat seine in die brein oordra.Maar seks sal jou nie net

slimmer maak nie; dit hou ook talle ander voordele in.

“As jy op 30 ’n gesonde sekslewe het en jy hou tot op 50 en daarna daarmee vol, gaan jy tonne voordele daaruit kry,” sê dr. Jireh Serfontein, ’n mediese dokter van Pretoria wat spesialiseer in medikasie vir seksualiteit. “En iemand wat eers op 50 begin seks hê, sal ook daarby baat vind.”

Tog kan ander aktiwiteite soortgelyke voordele tot gevolg hê, maan dr. Elmien Lesch van die Universiteit Stellenbosch, ’n sielkundige met ’n belangstelling in mens like seksualiteit. “Ons moenie by mense die indruk wek dat hulle sekere tekortkomings kan ervaar as hulle nie sek sueel aktief is nie.”

En moenie toelaat dat dit jou afskrik as jy moeg, ongesond, af gerem en on­aantreklik voel nie – veral nie as jy jou in jou middeljare bevind nie. Katelkaperjolle sal juis help om al hierdie kwale, skete en klag­tes op te klaar.

Dit is die omgekeerde van die spreekwoordelike bose kringloop: Hoe meer jy tussen die lakens baljaar, hoe beter sal jy voel, en hoe meer sal jy tussen die lakens wil baljaar.

Mans wat drie of meer orgasmes per week het, is 50 persent minder ge­neig om hartsiektes te ontwikkel, het navorsers aan die Universiteit van Bristol in Engeland bevind, sê dr. El­mari Mulder Craig, ’n seksuoloog van Pretoria. “Medici beveel 20 minute se oefening drie keer per week aan vir goeie hartgesondheid. Seks is ’n

mak like en lekker manier om genoeg oefening te kry,” sê Elmari.

Dr. Jireh Serfontein sê in navorsing is bevind hoe meer dikwels ’n man seks het, hoe meer kardiovaskulêre voordeel put hy daaruit. By vroue weeg die gehalte van die seks die swaarste: Hoe meer bevredigend, hoe beter vir haar.

Mense wat seksueel aktief bly en dit as ’n belangrike deel van hul lewe beskou, voel jonger en meer lewens­lustig, sê dr. Elna Rudolph, ’n medie­se dokter, seksuoloog en hoof van My Sexual Health in Johannesburg. “Dis vir die meeste mense belangrik om gesond van verstand te bly, en

seks op jou oudag is ’n uitste­kende manier om dit te doen. Ek sien mense wat gereeld seks het, het voorwaar ’n huppel in die stap.”

Ook beteken ’n gesonde sekslewe gewoonlik die ver­

houding waarin jy is, is gesond en stabiel, meen Elmari. “Dit beteken minder spanning vir die individu en

die steun en liefde van ’n lewens­maat, albei goed wat goeie gesond­heid verder bevorder. Seks is ’n kitskuur vir ligte depressie en stel en dorfiene in die bloedstroom vry, wat jou laat goed voel.”

Volgens haar is dit ook een van die beste ontspanningsmiddels, tot 10 keer so doeltreffend soos sekere kalmeermiddels. “Met sek suele stimulasie word kragtige neuro­ oordragstowwe in die brein afge­skei. Een daarvan, serotonien (die goedvoelhormoon), is ’n buffer teen depressie en spanning. Dopamien word afgeskei om ’n vloedgolf van plesier te veroorsaak. En prolaktien maak ons rustig en slaperig.” EKSTRA BRONNE: INDEPENDENT.CO.UK, VANGUARDNGR.COM

DIT MAAK MOOI

DOEPA TEEN VERKOUES, GRIEP EN ANDER KWALE

’N HUPPEL IN DIE STAP

Studies toon ’n vervullende sekslewe kan veral in jou middeljare jou verstand skerp hou en talle skete laat verdwyn Deur MARELIZE POTGIETER

“Seks is ’n skoonheids­behandeling,” sê Elmari. “Wanneer ’n vrou seks het, word die hormoon estrogeen vrygestel.

Dit laat onder meer haar hare blink en haar vel

gloei. “Seks verbrand ook baie

kilojoules en is een van die vei­ligste sportsoorte. Dit strek en

maak byna elke spier in jou liggaam ferm. Dit is ook baie meer

pret as om 20 lengtes te swem of te gaan draf,” sê Elmari.

Jireh sê die jeugdigheid van jou voor­koms hou verband met die lengte van die telomere op jou DNS. Soos jy ouer raak, raak die telomere korter.

Aangesien algemene gesondheid ’n invloed op jou telomere het, kan seks help om jou jonger te laat lyk.

“Seks gaan nie keer dat jy plooie kry nie, maar dit gaan maak dat jy geson­der leef, jou hart gesonder is en dat jy fikser is. So kan dit keer dat jy vinniger verouder.”

Gereelde seks kan jou teen verkoues en griep beskerm, is bevind in ’n studie wat in 2004 deur

die sielkundiges Carl Charnetski en Francis

Brennan van die Wilkes­ universiteit in Penn­silvanië gepubliseer is. “Hulle het vasgestel seks verhoog die hoe­veelheid immunoglo­

bulien A in die speek­sel. Dit beskerm jou

teen basiese infeksies,” verduidelik Jireh.

Dis bevestig in ’n verslag deur dr. Musa Yakubu van die Universiteit van Ilorin in Nigerië. “Navorsing toon dat seks die immuunstelsel aanhelp deur die stimulering van die lyf se eerste vorm van besker­ming teen verkoues en griep: im­munoglobulien A,” skryf hy.

Dis een van die liggaam se mees algemene teenliggaampies, oftewel proteïen, wat die immuunstelsel maak om bakterieë, virusse en tok­siene te beveg.

En seks kan ’n hoofpyn verhelp, sê Elmari. “Dit is ’n natuurlike anti­histamien en kan ’n toe neus verlig.”

GOED VIR JOU HART

Hoe meer jy tussen die

lakens baljaar, hoe meer sal

jy dit wil doen

‘Jy kan tot op 70 en selfs ouer ’n vervul-lende sekslewe hê’

Dit is gewoonlik nie uit vrye keuse dat mense ná 50 ophou om seks te hê nie, sê dr. Elna Rudolph. “Hulle het dalk bloot nie meer ’n maat nie of hul gesondheid laat dit nie toe nie.

“My raad is om mooi na jou algemene gesondheid te kyk, soos jou bloeddruk, suikervlak, cholesterol en gewig en om nie te rook nie. Daarby moet jy ook jou seksuele gesondheid oppas en seker maak jou hormoonvlakke is optimaal.

“En maak afsprake om gereeld tyd vir mekaar te hê,” is Elna se raad. “Dinge gebeur nie meer so maklik en spontaan nie; jy moet ’n bietjie moeite doen.”

Dr. Elmari Mulder Craig sê die gehalte van wat in die slaapkamer gebeur, hang ten nouste saam met hoe die verhou­ding buite die slaapkamer lyk. “Dit is belangrik om emosionele intimiteit, vei­ligheid, stabi liteit en toegewydheid in die verhouding met jou maat te ervaar.

“Soos ’n vrou ouer word en postmeno­pousaal raak, is daar byvoorbeeld ’n ver­laging in haar estrogeenvlak. Dit gaan gepaard met vaginale droogheid en ’n verdunning van die vaginale wande en atrofie van die vagina. Dit kan lei tot ongemak of pyn tydens penetrasie.

“Dis belangrik dat ’n vrou se hormoon­vlakke getoets word en, indien nodig, sy hormoonvervangingsterapie kry.”

Dr. Jireh Serfontein sê mense neem aan dit is normaal dat seks minder word hoe ouer jy word. “Dis nie normaal nie. Jy kan tot op 70 jaar en selfs ouer ’n gesonde en vervullende sekslewe hê.

“Meer as 50 persent van mans met erektiele disfunksie het ’n mediese rede daarvoor. Dit kan ’n teken wees van ge­vaarlike toestande soos hartsiektes, dia betes, hoë bloeddruk, suikersiekte en senu­ of prostaatprobleme.” S

310 | 7 SEPTEMBER 2017 huisgenoot.com huisgenoot.com 7 SEPTEMBER 2017 | 311

HG NUUS