graad 12 afrikaans huistaal rekordeksamen … · 4 vraag 3 kwatryne – ina rousseau kwatryn 10:...

20
GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL REKORDEKSAMEN LETTERKUNDE (Vraestel 2) Memorandum Tydsduur : 2½ uur TotalePunte : 80 Datum : 30 Augustus 2017 Eksaminator : K.Conradie Afrikaans HT Prelim Memo Gr 12 Developed by Auxilio cc 2017 Kwartaal 3 -1-

Upload: haquynh

Post on 28-Feb-2019

644 views

Category:

Documents


19 download

TRANSCRIPT

GRAAD 12

AFRIKAANS HUISTAAL

REKORDEKSAMEN

LETTERKUNDE (Vraestel 2)

Memorandum

Tydsduur : 2½ uur

TotalePunte : 80

Datum : 30 Augustus 2017

Eksaminator : K.Conradie

Afrikaans HT Prelim Memo Gr 12

Developed by Auxilio cc

2017Kwartaal 3

-1-

1

GRAAD 12

TAAK 10

AFRIKAANS (HT)- MEMORANDUM

Vraestel 2 (Letterkunde)

Totaal : 80 Tyd : 2½

uur

Assessering: Memorandum en rubriek

NASIENRIGLYNE

1. Kandidate mag nie die opstelvraag en die kontekstuele vraag oor dieselfde

genre doen nie. As meer as verlangde getal vrae beantwoord word moet net die

eerste antwoord nagesien.

2. As 'n spelfout die betekenis van die antwoord beïnvloed word dit verkeerd

gemerk, maar as dit nie die betekenis beïnvloed nie, word dit as korrek beskou.

3. Kontekstuele vrae:

Moenie die kandidaat penaliseer indien die aanhalingstekens weggelaat word

waar dit verlang word nie.

Oop vra met 'n JA/NEE/ STEM SAAM /STEM NIE SAAM NIE/ WAAR /

ONWAAR - geen punte word toegeken indien die rede /motivering nie gegee

word nie.

4.Literêre opstel

As die opstel korter as die verlangde lengte is word die kandidaat nie

gepenaliseer nie .

Indien dit te lank is assesseer dit op meriete. Die memorandum is slegs 'n riglyn

daarom moet ander relevante inhoud as korrek beskou word.

Gebruik die aangehegte rubriek om die opstelle na te sien

Afrikaans HT Prelim Memo Gr 12

Developed by Auxilio cc

2017Kwartaal 3

-2-

2

AFDELING A: GEDIGTE

Beantwoord enige TWEE van die volgende voorgeskrewe gedigte.( Vrae 1-4)

VRAAG 1- OPSTELVRAAG

As jy weer skryf – Ingrid Jonker

GEBRUIK DIE AANGEHEGDE RUBRIEK OM HIERDIE VRAAG TE MERK.

Lees die gedig goed deur en beantwoord dan die vrae.

Lees die gedig weer deur en skryf ‘n opstel 250 woorde waarin jy die volgende

punte verduidelik:

• Hoe die titel direk aansluit by die inhoud van die gedig.

• Watter rol speel die beeld van die spieël en die son ?

• Was dit moontlik vir jou om met die inhoud van die gedig te identifiseer?

Motiveer jou antwoord.

[10]

• Die titel word herhaal in reël 1 en 14 en in reël 10 sê sy dat sy oor

hom skryf.

• Die gedig is ‘n brief aan Jack Cope, ‘n man met wie sy lank ‘n

verhouding gehad het.

• Spieëls speel ‘n groot rol in Ingrid se gedigte bv “Bitterbessie

Dagbreek” waarin sy die gebreekte verhouding tussen hulle met ‘n

gebreekte spieël vergelyk.

• Die spieël suggereer dat sy hom soos ‘n spieël altyd by haar gedra

het.

• Die spieël weerspieël ook die werklikheid, ‘n werklikheid sonder

haar geliefde.

• ‘n Spieël met ‘n kraak in want hy is nie by haar nie.

• Die sonbeeld – son simboliseer lewe en

• Son simboliseer lewe, vreugde, geluk en voorspoed.

• Sy gebruik die son ook hier as simbool, maar hierdie keer word die

son in haar oë weerspieël en verdonker dit gelydelik vanaf ‘n

“goueblaar ...somerson “ tot “son saans in Lissabon “

• Leerder se eie insette: Kan hy met die gedig identifiseer.

Ja: Ek hou ook ‘n dagboek net soos die skryfster in die gedig; dit

is die kans wat ek kry om my emosies uit te leef...

Nee: Ek kon nie met die gedig identifiseer nie want die emosies

wat sy ervaar is .......

Afrikaans HT Prelim Memo Gr 12

Developed by Auxilio cc

2017Kwartaal 3

-3-

3

OF

VRAAG 2

‘n klein beriggie –Vincent Oliphant

2.1 Watter tragedie het die man volgens strofe 1 getref? (1)

Hy het sy werk verloor

2.2 Hoe weet ons dat die man vroeër finansieel sterk was? (1)

Hy het meer as een motor en ‘n huis besit

2.3 Lees weer reël 3:

2.3.1 Wie is die “hulle”?

2.3.2 Watter woord(e) en leestekens is in hierdie reël weggelaat? Skryf

die hele reël oor en vul die leesteken/s en/of woord/e in.

(3)

2.3.1 Die skuldeisers

2.3.2 “kom vat hulle sy motors,meubels en huis”

(DIE KOMMA NA MOTORS, DIE EN)

2.4 Haal die reël aan wat bewys dat die man vertroue in homself behou het. (1)

R8 / hy weet wat in hom steek.

2.5 2.5.1 Benoem die tipe rympatroon in die gedig.

2.5.2 Wat is die funksie van die rympatroon soos in vraag 2.5.1?

(2)

2.5.1 Paarrym ( NIE AABB/ DIE NAAM MOET GEGEE WORD)

2.5.2 Dit bind die reëls en ook die strofes.

2.6 Verduidelik die titel van die gedig? Waarom is die beriggie en nie berig? (1)

In die koerant is dit ‘n klein beriggie / word nie belangrik geag nie

2.7 Wat impliseer die woorde” bly ‘n storie van ons tyd verbloem? (r 12) (1)

Daar is meer as een storie wat vertel kan word, hierdie is maar net

een daarvan

[10]

OF

Afrikaans HT Prelim Memo Gr 12

Developed by Auxilio cc

2017Kwartaal 3

-4-

4

VRAAG 3

Kwatryne – Ina Rousseau

Kwatryn 10: “Agter die skerms ...”

3.1 Waarom is die eerstepersoonverteller funksioneel? (1)

Dit maak die ervaring meer persoonlik en betrek die leser.

3.2 Verklaar die gebruik van die hoofletters in “O Regisseur “ in reël 4. (2)

Dit verhoog die gevoel van eerbied en grootsheid

Kwatryn 11: “As daar applous was...”

3.3 Wanneer sal die applous vir die laaste maal opklink? Gee die eksplisiete

en die implisiete betekenis.

(2)

Eksplisiet: wanneer die speelvak van die verhoogstuk eindig.

Implisiet: wanneer ons aan die einde van ons lewe kom / wanneer

die aarde tot sy einde kom / wanneer die dag van afrekening kom

3.4 Watter vraag oor die lewe word in hierdie kwatryn aangespreek? (1)

Word die mens in die hiernamaals beloon vir dit wat hy op aarde

gedoen het .

Kwatryn 12: “In hierdie klug...”

3.5 Die wending in die gedig kom in hierdie kwatryn voor. Skryf die reël

waarin die wending voorkom neer.

(1)

Reël 4 / maar geen souffleur se stem dring tot hom deur.

3.6 In reël 1 in hierdie kwartyn is “soms” op die verkeerde plek geplaas. Wat

word hierdie stylfiguur genoem?

(1)

Inversie

3.7 Wat is ‘n souffleur ?( reël 1). (1)

D / iemand wat ‘n toneelspeler se woorde voorsê as hulle vashaak

3.8 Hierdie gedig is ‘n metafoor. Verduidelik. (1)

In al vier kwartyne word die lewe met die toneelwêreld vergelyk.

[10]

OF

Afrikaans HT Prelim Memo Gr 12

Developed by Auxilio cc

2017Kwartaal 3

-5-

5

VRAAG 4

Die buldozers, hulle’t gakom

4.1 Die gedig kan in twee dele verdeel word. Waaroor handel elke deel? (2)

Deel 1: Reël 1-14 beskryf die skade wat die stootskrapers aangerig

het asook die spreker se reaksie daarop.

Deel 2: Reël 15-28 gaan oor die oproep van die spreker aan sy

vriende om uit die rommel op te staan en iets aan die saak te doen.

(MERK ENIGIETS SOORGELYKS REG)

4.2 4.2.1 Gee ‘n voorbeeld van onomatopee (klanknabootsing) uit die gedig.

4.2.2 Watter effek het dit op die gedig?

(2)

4.2.1 “romtomtom”

4.2.2 Dit ondersteun die ritme en tempo van die gedig OF verhoog

die musikaliteit

4.3 Die spreker noem in reëls 1-7 dat die “ons“ skuldig was aan twee dinge

4.3.1 Waaraan was hulle skuldig ?

4.3.2 Watter tegnieke gebruik die digter om die fout/e van die mense uit

te lig?

(2)

4.3.1 Hulle was “dom” en “stom” om toe te laat dat hulle

woongebied platgestoot word

4.3.2 Alleenplasing van die “dom” en die klem op “dòm” en “stòm”

4.4 .Dit is nie net huise en geboue wat deur die stootskrapers platgestoot is

nie. Verduidelik hierdie stelling kortliks.

(2)

Letterlik: huise en geboue is platgestoot

Figuurlik: Mense se lewens is ook platgestoot.

4.5 In reël 16 gee die spreker die opdrag: “ klim yt die klippe yt”. Bedoel hy dit

letterlik of figuurlik? Verduidelik

(1)

Figuurlik, Hy bedoel dat hulle uit die rommel moet opstaan en iets

aan die saak doen.

4.6 Skryf ‘n voorbeeld van inversie uit die gedig neer. (1)

R7 / Klaar gakom het hulle en plat gadonner

[10]

EN

Afrikaans HT Prelim Memo Gr 12

Developed by Auxilio cc

2017Kwartaal 3

-6-

6

VRAAG 5- ONGESIENE GEDIG

Hierdie vraag is verpligtend.

Kaalvoetkind van Komaggas- George Weideman

5.1 Van watter soort halfrym in reël 1 maak die spreker gebruik om die

Lekkerte van kaalvoetloop te beklemtoon?

(1)

Assonansie / aa- assonansie / oo- assonansie

(ENIGE EEN IS REG)

5.2 Herlees reëls 3 en 4. Benoem die beeldspraak. (1)

Vergelyking

5.3 Haal ‘n voorbeeld van onomatopee (klanknabootsing) uit die gedig

aan.

(1)

Kirts / kraak / skuufel (ENIGE EEN IS REG)

5.4 Gee TWEE redes waarom reëls 2 en 4 korter is. (2)

Die lekker word beklemtoon en uitgehef

5.5 Waarom is die woord “skuufel” ‘n beter keuse as “skuif”? (1)

Die woord skuufel laat die leser hoor hoe die sand skuif

Dit laat die leser die skuiwende sand visueel ervaar

Herhaal die lang klanke wat in die gedig voorkom.

Dit is die taal in die mond van die spreker.

Dui dat ‘n stadige proses is

(ENIGE EEN IS REG)

5.6 Waarom is die kommapunt in reël 13 funksioneel? (1)

Dui aan dat die hoofgedagte nog nie klaar is nie.

5.7 Wie word in reël 13 aangespreek? (1)

Die kaalvoetkind.

5.8 Beoordeel die geslaagdheid van die kontras aan die einde van die

gedig.

(2)

Ja dit is geslaagd- die een is lelik (skurwe) en die ander is mooi

(Ewig-skone)

Nee dit is nie geslaagd- die skurwe tone is nie Ewig-skone

nie.

TOTAAL: [10]

TOTAAL AFDELING A : [30]

Afrikaans HT Prelim Memo Gr 12

Developed by Auxilio cc

2017Kwartaal 3

-7-

7

AFDELING B- ROMAN

Beantwoord EEN vraag uit hierdie afdeling. Indien jy die kontekstuele vraag doen MOET jy die

opstelvraag in afdeling C doen.

VRAAG 6 –KONTEKSTUELE VRAAG

Droomdelwers – Esta Steyn

6.1 Skets kortliks die agtergrond waarteen hierdie gedeelte plaasvind. (3)

Dit speel af by die Redelinghuyse se hotel en dis Patty (Patricia)

se een- twintigste verjaarsdag partytjie

6.2 Wat beteken die Italiaanse woorde in reël 4 en 5? (1)

Beeldskone vrou / baie mooi vrou (ENIGIETS SOORTGELYKS)

6.3 Lees weer reëls 12-15.

6.3.1 Wie is Minette?

6.3.2 Waarom reageer sy so?

(2)

6.3.1 Minette is Redelinghuyse ma./ sy is Rudie se vrou / sy is

Gilbert se ma / sy is Patty( Patricia) se ma (ENIGE EEN )

6.3.2 Leendra het pas saam met Gilbert by die partytjie opgedaag

en Minette is baie antagonisties teenoor Leendra / Sy is baie

geskok en verneder dat haar lieflingseun vir Leendra saamgebring

het

6.4 Benoem die beeldspraak in die tweede sin van reël 9 en 10. (1)

Metafoor

6.5 Lees weer die tweede deel van reël 11. Wat sê hierdie woorde vir jou

van Leendra se karakter?

(1)

Leendra het selfvertroue / sy nie skaam vir wie sy is

6.6 Wie is die Mario Martinelli wat Leendra nou ontmoet en watter rol speel

hy in die res van die verhaal

(2)

Samuel se vennoot

Hy is tans in die dorp om saam met Samuel ondersoek in te stel of

daar graniet in die Kleinkloof is, wat baie finansiële voordele vir die

hele gemeenskap sal inhou.

6.7 Leendra sê in reël 22 sy moes nie gekom het nie. Hoekom het sy

gekom?

(1)

Sy het saam met Gilbert gekom omdat hy gesê het hy sal haar

vertel wat werklik die dag van haar ouers se dood gebeur het.

Afrikaans HT Prelim Memo Gr 12

Developed by Auxilio cc

2017Kwartaal 3

-8-

8

6.8 Verduidelik die gebruik van die ellips in reël 24. (1)

Dit dui ‘n kort stilte aan terwyl hy Samuel vir Mario en Leendra aan

mekaar voorstel

6.9 Lees weer reëls 30 en 31 en verduidelik wat gebeur het. (1)

Cillie het die lokaal binnegekom om saam partytjie te hou en vir

Leendra geroep.

6.10 Wat bedoel Samuel met “ die goue uur van die dag” (R33) (1)

Laatmiddag is die mooiste tyd van die dag.

6.11 Waarom is die woorde in reël 36 kursief gedruk? (1)

Leendra dink dit.

6.12 Verduidelik Samuel se woorde in reël 38 en 39. (2)

Samuel verwys na die feit dat die Redelinghuyse se vakansie-oord

binnekort gaan staan waar Vlaktevlei nou is. Alles in Vlaktevlei

gaan afgebreek word

6.13 Hoe word Patty d.m.v. die beskrywing van haar motor se pienk

plakkers gekarakteriseer (R45,46)

(1)

Oppervlakkige en kinderagtige blondine

6.14 Verduidelik die betekenis van die eerste sin in reël 51. (1)

Sy gee Samuel ‘n kwaai kyk. Sy kyk na Samuel met woede in haar

oë.

6.15 Verduidelik die gebruik van die ellips in reël 44. (1)

Om aan te dui dat sy skielik stilgebly het toe sy die motor sien

6.16 Is Leendra se optrede in reëls 52-53 aanvaarbaar? Motiveer jou

antwoord.

(1)

Leerder se eie antwoord bv:

Ja – Samuel kan nie sy brood aan albei kante gebotter hê nie. Maar

dis nie reg dat sy die sjampanje gevat het nie

Nee – Sy en Samuel het nie ‘n vaste verhouding nie en hy mag

saam met Patty kuier as hy wil. Sy moes liewer by Patty en Samuel

gebly het en saam gekuier het.

6.17 Leendra se reaksie in reëls 55-59 vertel meer oor haar gevoelens vir

Samuel. Verduidelik.

(2)

Leendra ervaar romantiese gevoelens vir Samuel en is spyt dat

die kuiertjie onderbreek is

Afrikaans HT Prelim Memo Gr 12

Developed by Auxilio cc

2017Kwartaal 3

-9-

9

6.18 Reëls 55-59 spreek die tema van ontvlugting in die boek duidelik aan.

Verduidelik die funksionaliteit van die tema binne die konteks van die

verhaal.

(2)

Leendra vlug wanneer dinge ongemaklik raak. Sy wil nie die

realiteit vierkantig in die oë kyk nie en kies dan om haar te onttrek.

Dit is nie altyd die beste en regte besluit nie.

TOTAAL: [25]

OF

VRAAG 7 – OPSTELVRAAG

GEBRUIK DIE AANGEHEGDE RUBRIEK OM HIERDIE VRAAG TE MERK.

Identifiseer die drie fases inLeendra van Helberg se lewe en lewer kommentaar oor hoe die

temas van skuld en onskuld, versoening en vergiffenis in haar karakterontwikkeling weerspieël

word. [25]

Eerstefase:

• Die gebeure sewe jaar gelede wat daartoe gelei het dat sy per ongeluk haar

vriend dood geskiet het.

• Vertel d.m.v. terugflitse na die verlede in haar gedagtes, asook wat sy in

gesprekke met ander karakters sê.

• Sy was toe nog jonk en onskuldig en was meegevoer deur Ferdinand

• Gilbert was obsessief op haar maar sy ma was gekant teen Leendra en ‘n

liefdesdriehoek tussen die drie ontstaan.

• Haar woede oor die Redelinghuyse wat haar valslik van diefstal beskuldig

het, en Ferdinand wat ook teen haar gedraai het, het aanleiding gegee tot

die skietery waartydens sy per ongeluk vir Ferdinand doodgeskiet het.

• Die Redelinghuyse het vals getuies teen haar gelewer en sy het 10 jaar

tronkstraf gekry.

Afrikaans HT Prelim Memo Gr 12

Developed by Auxilio cc

2017Kwartaal 3

-10-

10

Tweede fase:

• Haar ervarings in die Silwerkruis gevangenis het haar gevoelens van

woede, haat en vergelingsdrang versterk.

• Hierdie gebeure word ook vertel d.m.v. terugflitse in haar gedagtes in sel

1288 en oor haar ervarings en gevoelens daar, wat sy met enkel karakters

deel.

• Sy beleef woede en vergeldingsdrang teen die Redelinghuyse wat haar

daar laat beland het, asook oom Phil wat haar nooit gekontak het nie.

• Sy het baie tyd gehad om te dink oor die dinge wat sewe jaar gelede

gebeur het m.b.t. die ontploffing waarin haar ouers dood is asook die

gebeure by die hotel.

Derde Fase

• Haar terugkeer na Soutmansdal na sewe jaar, omdat sy amnestie verkry

het a.g.v goeie gedrag.

• Sy mag fisies vry wees maar haar woede en vergeldingsdrang, en al haar

vrae oor wat werklik gebeur het laat haar nie vry voel nie.

• Sy ervaar uiterlike konflik met oom Phil en die Redelinghuyse oor gebeure

uit die verlede, en lei ook tot agterdog teenoor Samuel.

• Innerlike konflik oor haar negatiwiteit lei ook tot uiterlike konflik met

Samuel.

• Sy bou egter ‘n goeie verhouding met die werkers by die soutmyn en

bewys dat sy haar nie blind staar teen haar eie bitterheid nie.

• Sy ervaar die stigmatisering wat alle gevangenes ervaar wanneer hulle

terug keer na die gemeenskap met mense soos die Redelinghuyse en selfs

oom Phil wat haar as ‘n tronkvoël brandmerk.

• Ondersteuning van mense soos Gerald, Gretel, die Bonthuyse en later ook

Samuel help haar geleidelik om haar gevoelens te verwerk en uiteindelik

vry te word van die verlede as die waarheid oor oom Phil uitkom

• Sy ervaar vir die eerste keer dat sy vry voel wanneer hulle in die hospitaal

wag vir nuus oor Boeta wat deur oom Phil geskiet is.

• Sy weet nou die waarheid oor haar ouers se dood.

Afrikaans HT Prelim Memo Gr 12

Developed by Auxilio cc

2017Kwartaal 3

-11-

11

• Haar strelende orrelmusiek dra by tot heling en versoening in die

gemeenskap met Rebekka se begrafnis en ook tekens van versoening

tussen haar en Minette maar dis nie duidelik of sy versoen geraak het met

Gerald.

• Die waarheid oor die diefstal het nooit uitgekom nie.

• Haar verhouding met Samuel ontwikkel namate sy, sy sensitiewe kant

begin sien en minder agterdogtig raak.

• Sy vind finale versoening en verwerking van skuld uit die verlede met ‘n

gelukkige einde wanneer sy met Samuel trou.

• Vlaktevlei word gered en die hele gemeenskap deel in hulle vreugde.

AFDELING C- DRAMA

Beantwoord EEN vraag uit hierdie afdeling. Indien jy die kontekstuele vraag in afdeling B

gedoen het MOET jy die opstelvraag in afdeling C doen of omgekeerd .

VRAAG 8 – KONTEKSTUELE VRAAG

Siener in die Suburbs

8.1 8.1.1 Wat bedoel Ma met haar woorde in r 1,2,3?

8.1.2 Watter emosie spreek sy uit met haar woorde in r 1-3?

(2)

8.1.1 Sy het nou net gehoor dat Tiemie swanger is met Jakes se

kind en wil weet hoe hulle die probleem gaan hanteer.

8.1.2 Teleurstelling

8.2 Watter emosies word oorgedra met die baie gebruik van die ellips in

reëls 1-3?

(1)

Onsekerheid / twyfel/ vrees/ teleurstelling (ENIGE EEN )

8.3 Lees weer r 4.

8.3.1 Wat is die doel van die opeenstapeling van vrae?

8.3.2 Watter gevoelens word deur die opeenstapeling uitgedruk?

(2)

8.3.1 Tjokkie het hoë morele waardes en keur Ma en Giel se

saamblyery ter wille van geld af.

8.3.2 Minagting

8.4 In reël 5 dui die neweteks (toneelaanwysings) aan dat Ma seerkry.

Hoe tree sy op?

(1)

Sy probeer dit wat sy gedoen het goed praat en verduidelik.

Afrikaans HT Prelim Memo Gr 12

Developed by Auxilio cc

2017Kwartaal 3

-12-

12

8.5 Waarom het Tiemie al vandat sy 12 jaar oud is swaar gekry? (1)

Almal het gedink sy is maklik omdat haar ma nie getroud was

8.6 Om watter 2 redes wou Ma nie met Giel trou nie ? (2)

Dan verloor sy die oorlogspensioen wat sy gekry het.

Sy is bang oorlede Pa is nog lewendig.

8.7 Watter gevoelswaarde word in r 12 deur die woord “Jar” gesuggereer? (1)

Minagting / ontsteltenis

8.8 In r 16 sê Tjokkie hy word liewer gespot oor sy klere as oor sy Ma. Wat

bedoel hy daarmee ?

(1)

Die kinders het hulle gespot omdat Tiemie nie geweet het wie haar

pa is nie. ( ENIGIETS SOORTGELYKS )

8.9 Watter karaktereienskap van Tiemie kom in reël 19 na vore? (1)

Haar liefde vir haar ma / wil nie hê Tjokkie moet so met haar praat

8.10 Verduidelik die ironie in Tjokkie se woorde in r 20. (1)

Tiemie wou uit die Suburbs uit padgee en nou sal die

swangerskap haar juis daar hou.

8.11 Tjokkie sê in r 22,23 dat Tiemie se gesig haar uit die Suburbs sal kan

kry. Wat bedoel hy daarmee

(1)

Sy is mooi en haar gesig weerspieël nie die lewe wat sy as kind

gehad het nie

8.12 Watter speletjie het Tjokkie en Tiemie altyd gespeel? (1)

Hulle het altyd gespeel hulle bly oorkant die spoor en dat Ma

getroud is

8.13 Daar is duidelik ‘n subkultuur in die Suburbs. Haal twee woorde uit die

gedeelte aan om dit te bewys.

(2)

Tang / klot/ grootste tang in die Suburbs (ENIGE TWEE)

8.14 Wat beteken “in ‘n ander tyd” in r 27? (1)

Sy is swanger / sy verwag

8.15 Verklaar Tiemie se woorde in r 41: Ek wil nie oudgebaar wees op dertig

nie.

(1)

Sy bedoel dat sy nie net wil kinders hê en dan sodoende al haar

lus vir die lewe verloor nie. ( ENIGIETS SOORTGELYKS)

8.16 In r 46,47 gebruik Tiemie eers die woord wil en dan net daarna die

woord wou. Verduidelik waarom sy hierdie twee woorde so gebruik?

(2)

Sy stel dit eers in die hede en verduidelik wat sy wil hê, maar

Afrikaans HT Prelim Memo Gr 12

Developed by Auxilio cc

2017Kwartaal 3

-13-

13

besef dan dat hierdie droom in die verlede tyd is a.g.v. die

swangerskap

8.17 Sê of die volgende stelling waar of onwaar is. Motiveer jou antwoord

na aanleiding van die bg. aangehaalde deel.

Tjokkie is die protagonis in die drama .

(2)

Waar. Byna alles in die drama wentel om hom en ook in hierdie

deel spreek hy homself sterk uit oor die dinge wat gebeur

8.18 Noem enige twee karaktereienskappe van Ma wat duidelik uit die

aangehaalde deel na vore kom.

(2)

Inherent is sy ‘n goeie mens / geld is vir Ma belangrik / sy is lief en

partydig vir haar kinders / sy het nie ‘n goeie naam nie/ sy het nie

morele waardes nie. (ENIGE TWEE)

TOTAAL: [25]

OF

VRAAG 9 – Opstelvraag

GEBRUIK DIE AANGEHEGDE RUBRIEK OM HIERDIE VRAAG TE MERK

Siener in die Suburbs

350-400 woorde oor: Tjokkie as protagonis en buitestaander vol innerlike konflik

Jakes as antagonis. Die simboliek van die drie visioene wat Tjokkie gesien het. [25]

Tjokkie as protagonis (hoofkarakter)

• Tjokkie is die begenadigde wat die toekoms kan sien

hy word ‘n speelbal in die hande van al die karakters.

• Hy word die katalisator in almal se lewens en word deur die ander karakters

uitgebuit.

• Hulle wil hom gebruik sodat hy dinge kan sien wat hulle lewens raak

• Hy hou nie daarvan om te sien nie want mense is nooit tevrede met dit wat hy

sien nie.

• Hy is gewoonlik beduiweld voor hy sien. Giel kan sien dat Tjokkie opstrepperis is

en Jakes gaan sover om hom te martel deur vir hom dagga te gee om te rook.

• Almal se lewens draai om dit wat Tjokkie gaan “sien”

• Elke keer as hulle iets verbrou moet hy dit “reg sien”

• Om te “sien” is vir hom ‘n gawe (talent) terwyl almal dit misbruik tot hulle

voordeel.Hy is hulpeloos en ‘n slagoffer van sy talent.

Afrikaans HT Prelim Memo Gr 12

Developed by Auxilio cc

2017Kwartaal 3

-14-

14

Jakes as antagonis ( teenstander van die hoofkarakter)

• Hy tree as die antagonis op en is in baie opsigte anders as Tjokkie.

• Hy is oppervlakkig en verteenwoordig ‘n nog laer groep in die subkultuur in die

Suburbs

• Hy is bekend vir sy losse sedes wat Vrydae geld kry en dadelik drank gaan koop

• Hy is aggressief en gewelddadig. Hy martel Tjokkie om hom te dwing om te sien.

• Hy is die sterkste karakter in die stuk.

• Sy taalgebruik is onrespekvol (noem Ma en Giel “oues van dae”); noem Tiemie ‘n

bitch Heeltemal anders as Tjokkie.

• Ons kom tog agter dat hy wel ‘n insides het toe hy vertel van sy pa vir wie hy

nooit ‘n laatie kon wees nie en van sy eerste vrou Sybil

Die visioene

• Almal is teenwoordig wanneer Tjokkie begin sien:

• Tjokkie sien ‘n blomakkertjie voor Tiemie se venster en twee keer het ‘n man ‘n

saadjie daarin geplant maar niks daar gekry.

• ‘n Ouer man plant ‘n saadjie en wanneer die jonger man sien daar groei ‘n saadjie

dink hy dis syne.

• Tweede visioen eende op ‘n dam wat bymekaar kom en dan wegvlieg ...almal is

bruin maar daar is een vale wat voor almal verby vlieg.

• Derde visioen – hy sien die huis terwyl hy, Ma, Giel en Tiemie na die hek kyk, ‘n

man in uniform maak dit maak.

Simboliek

• Die familie wonder of dit Pa is wat voor die hekkie staan.

• Giel besluit dat die vaal eend die skimmelperd moet wees wat gaan wen.

• Tiemie probeer egter almal oortuig dat die blomakkertjie nie op haar van

toepassing is nie en dat Tjokkie gelieg het.

Leerder se opinie

• Ja ek het simpatie- Tjokkie is ‘n skadelose karakter en doen niemand kwaad nie

maar almal is agter hom aan want hy kan hulle probleme regsien.

• Nee ek het nie simpatie met hom nie – aanvaar dit mits leerder goeie motivering

gee.

[25]

Afrikaans HT Prelim Memo Gr 12

Developed by Auxilio cc

2017Kwartaal 3

-15-

15

Afrikaans HT Prelim Memo Gr 12

Developed by Auxilio cc

2017Kwartaal 3

-16-

16

Afrikaans HT Prelim Memo Gr 12

Developed by Auxilio cc

2017Kwartaal 3

-17-

17

TOETS-ANALISE

( volgens Barrett se Taksonomie)

VAK: AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 12

TIPE OPDRAG: TAAK 10 (Rekordeksamen) – LETTERKUNDE

VRAAG 1 As jyweerskryf : Opstelvraag

VRAAG 2: ‘n Klein beriggie

Vraag No

VLAK 1 LETTERLIK: Bewys,beskryf, identifiseer,ken,

opnoem,vergelyk.

VLAK 2 HERORGANISEER: Somop,herken, verduidelik,

verdedig,

VLAK 3 BEREDENEREND toepassing,oor saakengevolg, verduidelik, waar of vals ,voltooi,keusevrae

VLAK 4 EVALUEER: toepassing,aflei,

keusevrae,voltooi,

Vlak 5 WAARDEER: bespreek,eiemening ; empatie;bespreek verduidelik,

2.1 1

2.2 1

2.3 3

2.4 1

2.5 2

2.6 1

2.7 1

VLAK 1,2 = 4 / 10 = 40% VLAK 3= 4/10= 40%

VLAK 4,5= 2/10 = 20%

VRAAG 3: Kwatryne

3.1 1

3.2 2

3.3 2

3.4 1

3.5 1

3.6 1

3.7 1

3.8 1

VLAK 1,2 = 4 / 10 = 40% VLAK 3= 4/10= 40%

VLAK 4,5= 2/10 = 20%

VRAAG 4: Die bulldozers, hulle’tgakom

4.1 2

4.2.1 1

4.2.2 1

4.3.1 1

4.3.2 1

4.4 2

4.5 1

4.6 1

VLAK 1,2 = 4 / 10 = 40% VLAK 3= 4/10= 40%

VLAK 4,5= 2/10 = 20%

Afrikaans HT Prelim Memo Gr 12

Developed by Auxilio cc

2017Kwartaal 3

-18-

18

VRAAG 5: Ongesienegedig – Kaalvoetkind van Komaggas

5.1 1

5.2 1

5.3 1

5.4 2

5.5 1

5.6 1

5.7 1

5.8 2

VLAK 1,2 = 4 / 10 = 40% VLAK 3= 4/10= 40%

VLAK 4,5= 2/10 = 20%

VRAAG 6: Droomdelwers – kontekstueel

6.1 3

6.2 1

6.3 2

6.4 1

6.5 1

6.6 2

6.7 1

6.8 1

6.9 1

6.10 1

6.11 1

6.12 2

6.13 1

6.14 1

6.15 1

6.16 1

6.17 2

6.18 2

VLAK 1,2 = 10/25= 40% VLAK 3= 10/25 = 40%

VLAK 4,5= 5/25 = 20%

VRAAG 7: Droomdelwers – opstelvraag

VRAAG 8: Siener in die Suburbs - kontekstueel

8.1 2

8.2 1

8.3 2

8.4 1

8.5 1

8.6 2

8.7 1

8.8 1

8.9 1

8.10 1

8.11 1

8.12 1

8.13 2

8.14 1

8.15 1

8.16 2

8.17 2

6.18 2

VLAK 1,2 = 10/25= 40% VLAK 3= 10/25 = 40%

VLAK 4,5= 5/25 = 20%

VRAAG 9: Siener in die Suburbs – opstelvraag

Afrikaans HT Prelim Memo Gr 12

Developed by Auxilio cc

2017Kwartaal 3

-19-

19

Afrikaans HT Prelim Memo Gr 12

Developed by Auxilio cc

2017Kwartaal 3

-20-