hart en hand 8 desember 2013

4
Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn Baie welkom by ons Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens Here, dit is vir my so moeilik om ’n Christen te wees Fanie van der Schyff Christenwees is nie altyd maklik nie! Soms voel ons soos n Paulus van ouds, wat moes bely dat hy met die beste bedoelings om die goeie te doen, die verkeerde gedoen het as hy sy oë uitgevee het. Hoe kan ons staande bly en ons Christenskap voluit uitleef? 8 Desember 2013 Saam op pad met God Aanddiens Gebed dat God lewe skenk waar die dood geheers het Ds Cassie Aucamp Hart & Hand Hart & Hand Eredienste Duxbury: 09:30 Fanie van der Schyff Skriflesing: Johannes 17 Sang: Sk 5-4:1, 2, 5, 6 Sk 10-2 Sk 14-1:1, 3 Sk 20-2:5 Sk 20-1:7 Duxbury: 18:30 Ds Cassie Aucamp Skriflesing: Psalm 126:4 Sang: Ps 33:1, 4, 5 Ps 119:7 Ps 126b:1, 2, 3 Ps 126a:1, 2, 3 Troyestraat Christelike Sentrum: 09:30 Hierdie dienste word deur die Hervormde Kerk gereël. New Life City Church Reitz Street: 09:00 Prof Derrick Mashau Voorbidding Egipte Bid vir die Christene wat in dorpies woon wat steeds streng beheer word deur radikale Moslems. Bid vir hul beskerming en dat hulle sal aanhou om Christus se lig in hul donker omstandighede te laat skyn. Brooklyn Bybelbank Gesels met Pieter en Ronel Stronkhorst ná kerk by die teedrink of kontak Pieter by 072 600 7449 om ’n Bybel te bestel in die taal van jou vakansieplek. Kersfees: Eredienste: 25 Desember 2013 08:00 Erediens by Duxburyweg 10:00 Erediens by Troyestraat Predikant: Fanie van der Schyff Dagboek Sondag: 10:00 Fleurenville Maandag:UP: akademiese jaar sluit af.

Upload: gerformeerde-kerk-brooklyn

Post on 31-Mar-2016

238 views

Category:

Documents


13 download

DESCRIPTION

Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Brooklyn

TRANSCRIPT

Page 1: Hart en hand 8 desember 2013

Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn

Baie welkom by ons Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof

Oggenddiens

Here, dit is vir my so moeilik om ’n

Christen te wees Fanie van der Schyff Christenwees is nie altyd maklik nie! Soms voel ons soos ’n Paulus van ouds, wat moes bely dat hy met die beste bedoelings om die goeie te doen, die verkeerde gedoen het as hy sy oë uitgevee het. Hoe kan ons staande bly en ons Christenskap voluit uitleef?

8 Desember 2013

Saam op pad met God

Aanddiens

Gebed dat God lewe skenk waar die

dood geheers het Ds Cassie Aucamp

Hart & Hand Hart & Hand

Eredienste Duxbury: 09:30 Fanie van der Schyff

Skriflesing: Johannes 17 Sang: Sk 5-4:1, 2, 5, 6 Sk 10-2 Sk 14-1:1, 3 Sk 20-2:5 Sk 20-1:7

Duxbury: 18:30 Ds Cassie Aucamp Skriflesing: Psalm 126:4 Sang: Ps 33:1, 4, 5 Ps 119:7 Ps 126b:1, 2, 3 Ps 126a:1, 2, 3

Troyestraat Christelike Sentrum: 09:30 Hierdie dienste word deur die Hervormde Kerk gereël.

New Life City Church Reitz Street: 09:00 Prof Derrick Mashau

Voorbidding – Egipte Bid vir die Christene wat in dorpies woon wat steeds streng beheer word deur radikale Moslems. Bid vir hul beskerming en dat hulle sal aanhou om Christus se lig in hul donker omstandighede te laat skyn.

Brooklyn Bybelbank Gesels met Pieter en Ronel Stronkhorst ná kerk by die teedrink of kontak Pieter by 072 600 7449 om ’n Bybel te bestel in die taal van jou vakansieplek.

Kersfees: Eredienste: 25 Desember 2013 08:00 Erediens by Duxburyweg 10:00 Erediens by Troyestraat Predikant: Fanie van der Schyff

Dagboek Sondag: 10:00 Fleurenville Maandag:UP: akademiese jaar sluit af.

Page 2: Hart en hand 8 desember 2013

Gelukwense

Here, U sal u doel met my bereik, want U troue liefde, Here, ken geen einde nie. Moenie die werke van u hande laat vaar nie (Psalm 138:8). 8/12 Yolande Bekker 082 338 9563

8/12 Mynie Kruger Karmel 213

8/12 Johannes van der Walt 084 402 7927

8/12 Lucy Venter 012 348 3867

9/12 Simonè Booyens 012 342 4204

9/12 Karina Burger 082 420 5380

9/12 Stefan Harm 082 790 6689

9/12 Ingrid Henning-Higgins 083 726 4360

10/12 Sanderien Aucamp 074 131 9779

10/12 Adriaan van der Hout 076 129 9103

10/12 Frances van der Walt 012 361 1280

10/12 Werner Wortmann 082 669 0169

12/12 Johanna Hellberg 073 295 5848

12/12 Jaco Marais 082 776 0233

12/12 Hannah Minnie 082 572 3101

13/12 Marietjie Kaiser 079 291 3541

13/12 Tienie Langeveld Louis Mansions 15

14/12 Phia Geldenhuys 082 505 7080

14/12 Theunis Maritz 082 371 2019

Naasteliefde Die Diensgroep vir Siekes van Brooklyn-gemeente is baie spesiaal. Ons beywer ons om oud en jonk, met enige ongesteldheid of siekte, pyn of ongeluk by te staan, hetsy met ’n besoek aan huis of hospitaal, telefoonoproep of sms. Ons wil graag ons "siek" mense opdra aan die Here en ons gemeente, vir hulle bid en hulle ondersteun, maar kan dit alleen doen as die gemeente ons inlig. Ons nooi dus almal uit om van ons diens gebruik te maak en ons in kennis te stel, al is dit net per e-pos of sms, sodat ons ons onderneming gestand kan doen. Kontak Bets Engelmohr by 082 320 9133, Anita Cilliers by 082 300 1105 of Elzabe Barnard by 072 546 4612. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.

Siekte Rie en Gerrit Kroes het goeie nuus gekry oor Rie se siekte. Die toetse bevestig dat die kankertelling verminder het. Hulle gaan eers Januarie weer kyk na moontlike behandeling. Ons is baie dankbaar saam met hulle en bid hulle seën toe. Otto Schultze is in die Wilgers-hospitaal opgeneem met ’n bloedklont in sy been. Ons bid hom sterkte toe.

Gelukwense Baie geluk aan Johan en Elzabé van der Meer wat op 29 November in die huwelik getree het. Ons bid hulle die seën van die Here toe.

Botswana: Bouprojek in Januarie Ons nooi julle uit vir ’n 10-dag-uitreik na die noordwestelike deel van Botswana. Ons gaan ’n huis vir Bybelvertaler-gesinne bou, met sementstene. Lees meer oor die uitreik en die werk wat daar gedoen word: http://projekte.kruispad.net/bou-in-botswana.html Datum: 15-25 Januarie 2014 Kostes: R1 000 - vervoer en kos ingesluit. Ons gaan langs die Okavangorivier kamp. Terwyl ons daar is, gaan ons ook die gebied ontdek! Kontak Anneke by [email protected] Registreer: http://projekte.kruispad.net/bou-in-botswana1.html Borg stene: http://projekte.kruispad.net/borg-n-baksteen.html

Ter approbasie As ouderling: Hannes Grobler

Kerkkantoor Die kerkkantoor sluit op 13 Desember en heropen weer op 6 Januarie 2014. Die laaste Hart & Hand vir vanjaar sal op Sondag 15 Desember verskyn. Rentia en Ela wens al die lidmate ’n geseënde Christusfees en voorspoed vir 2014 toe. Aan almal wat met vakansie gaan, word ’n veilige reis toegebid.

Gereformeerde Kerk: Kerkdienste vir vakansiegangers by

die see Dienste vind plaas by Swanmorestraat 320, Shelley Beach, Suidkus, KwaZulu-Natal. Eredienste vind elke Sondag plaas: Eerste diens 08:30 en tweede diens 10:00. Geloftedag 16 Desember: 09:00. Kersdag 25 Desember: 09:00. Kontak ds H de Villiers by 076 173 4857 of ouderling A Badenhorst by 082 612 4244 of 039 315 5106.

Page 3: Hart en hand 8 desember 2013

EERSTEJAARSKAMPE

Eerstejaarskamp

Tukkies 2014 13-17 Januarie 2014 Koste: R780 Registreer by: www.gereformeerdbrooklyn.co.za , [email protected] of by Herman 079 875 4290

Eerstejaarskamp

Stellenbosch 2014 18-22 Januarie 2014 Koste: R562 Registreer by: www.gkstellenbosch.co.za/eerstejaarskamp.htm of by Mariétte by 072 778 7804 of Johan by 082 929 1733.

Eerstejaarskamp

Bloemfontein 2014 10–12 Januarie 2014. Alle voornemende jong werkendes en studente in Bloemfontein wat belang stel, stuur ’n e-pos na [email protected] of skakel Jan by 084 440 1662.

Cachet-Eerstejaarskamp 2014 Datum: 6-10 Januarie 2014 Plek: Nooitgedacht, 30 km buite Potchefstroom Koste: R750 (T-hemp en etes ingesluit) Vertrekpunt: Teologiese Skool Potchefstroom

His Master’s Voice

Die prentjie op die vinielplate van die flapoor-hondjie wat aandagtig by die grammofoon luister, het ons meer geamuseer

as die musiek van die plate. Hy was die verpersoonliking van iemand wat werklik luister. In Genesis 1 luister die skepping na God se stem as Hy nuwe lewe skep en sê “dat dit goed is”. Die Bybel is ’n weerspieëling van sy skepsels se luister en geestelike doofheid. Abraham luister nie as God hom ’n nageslag belowe nie, maar glo onvoorwaardelik as God hom beveel om Isak te offer. God se weerbarstige volk luister maar min, waarvoor hulle dikwels gestraf word. Maria luister en glo die engel as hy Christus se geboorte aankondig. So dikwels maak ons asof ons besluite God se stem is. Ons bid daaroor en regverdig dan so dade wat ons weet teen sy wil is, m.a.w. “my voice is his Master’s voice”. In Openbaring 2, 3 en 13 word die woorde “As iemand kan hoor, moet hy hierna luister!” oor en oor herhaal. Die diere sal luister en die klippe sal dit uitroep. Mag ons leer om werklik na “His Master’s Voice” te luister.

ADVERTENSIES

1. WOONSTEL TE HUUR IN MOREGLOED

Ruim en netjiese tweeslaapkamer-woonstel met toesluitmotorhuis te huur vanaf 1 Januarie. Huur R4 500 per maand. Kontak Jaco by 082 491 6204 of Chris by 082

375 1993. 2. WERKGELEENTHEID ’n Mediese laboratorium bied ’n gratis kursus aan in laboratoriumwerk (medies) vir twee jaar vir Afrikaanse matriekmeisies wat nie ná skool kan gaan leer nie, maar wat tog iets wil doen. Gedurende die twee jaar kry hulle indiensopleiding, asook ’n salaris van sowat R5 000. Ná die twee jaar moet hulle nog drie jaar terugwerk, die salaris is dan meer, sowat R10 000 - R12 000. Daar is nie sluitingsdatums vir aansoeke nie. Stuur aansoeke na [email protected]

3. RIEMPIES Ek vervang riempies van meubels. Kontak Hendrik Jonker by 076 487 0638.

4. STUDENTEVERBLYF VIR MANSTUDENT Queenswood. Kamer met badkamer en instapkas. Ten volle gemeubileer met yskas en kookgeriewe. Eie ingang en motorafdak. Goeie sekuriteit. Water en elektrisiteit ingesluit asook gebruik van wasmasjien. Naby Tukskampus, Gautrein-busroete en mediese kampus. R2 000 p.m. Kontak 082 570 1778.

5. PERFEKTE KLEIN STUDENTEMOTOR Renault Clio ii 1.2l 16v 2002 met nuwe voorkoms. Volle diensrekord. Met onlangse diens is nokbelt, waterpomp en remskoene vervang. Sentrale sluiting, elektriese vensters

en spieëls, lugversorging, kragstuur en ABS-remme. Bande 80% 124 000 km. Rede vir verkoop - nie meer student nie. R45 000 sluit padwaardig-heidsertifikaat en herregistrasie in. Kontak Leon by 072 248 3348.

Besprekings en voorwaardes beskikbaar by kerkkantoor

Page 4: Hart en hand 8 desember 2013

Kantoor

Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)

E-pos

WEBtuiste

Sondae Administrasiehulp

[email protected]

www.gereformeerdbrooklyn.co.za

Marga Koelman 082 923 2346 Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:

Philip Loots 082 614 9415

Predikante verbonde aan die gemeente:

Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr)

012 348 2467 083 446 6096 [email protected]

Griffel van Wyk (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 354 3726 [email protected]

Fanus Heystek (Troyestraat Christelike Sentrum) 012 542 3662 073 777 1254 [email protected]

Derrick Mashau (New Life City Church - kerkplant in Sunnyside)

082 971 2725 [email protected]

Reëlings

Datum Plek Diensbeurt Kollekte Skinkbeurt

8 Des Duxbury Ouderling

Petrus Bekker Diaken

Walter van der Merwe

Onder die diens

Diakonale werk By die deure Uitreikfonds

Sanet

8 Des Troyestr Dienste

deur Hervormde

Kerk

15 Des Duxbury Ouderling Koos

Richards Diaken Willem

Daling

Onder die diens Diakonale werk

By die deure Emeritaatsfonds

Magda

15 Des Troyestr

Baie dankie vir jou

finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie!

Bankbesonderhede Diakonale kas:

ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).

3. RIEMPIES

Ek vervang riempies van meubels. Kontak

Hendrik Jonker by 076 487 0638.

4. STUDENTEVERBLYF VIR MANSTUDENT Queenswood. Kamer met badkamer en instapkas. Ten volle gemeubileer met yskas en kookgeriewe. Eie ingang en motorafdak. Goeie sekuriteit. Water en elektrisiteit ingesluit asook gebruik van wasmasjien. Naby Tukskampus, Gautrein-busroete en mediese kampus. R2 000 p.m. Kontak 082 570 1778.

5. PERFEKTE KLEIN STUDENTEMOTOR

Renault Clio ii 1.2l 16v 2002 met nuwe

Botswana: Bouprojek

in Januarie Ons nooi julle uit vir ’n 10-dag-uitreik na die noordwestelike deel van Botswana. Ons gaan ’n huis vir Bybelvertaler-gesinne bou, met