hoe sal ons die lae-insetkoste diere identi˜ seer? · 2012. 11. 15. · die ouer boere se raad om...

4
November 2012 82 Since 1957 Netting Wire, 1200 x 90 x 1.6 mm N$475.00 Steelwire, 2.24 mm x 1 650 m, 50 kg N$654.00 Galv. Binding Wire, 2.0 mm x 2 000 m, 50 kg N$660.00 PRICES ARE VAT INCLUSIVE. • WHILE STOCK LASTS 16 Newcastle Street, Northern Industrial, Windhoek Tel: +264-61 231125 • Fax: +264-61 233559 [email protected] Ons sien al meer dat die boer se winsgrens deur insetkoste beïnvloed word. Die beskikbaarheid van goeie, natuurlike weiding, weidingbestuur en bestokking bly die beste manier om insetkoste te beheer. Om jou wins te beskerm in vandag se omstandighede is ’n lae-insetkoste boerdery van groot belang. Lees hiernaas wat dr. Joggie Briedenhann van Hartebeestloop Bonsmaras oor dié onderwerp te sê het. Jou koeikudde is een van die beste plekke waar jy kan begin om ’n lae-insetkoste boer- dery te vestig. Boere wat nie gaan aanpas deur streng te selekteer in koeikuddes nie, is die manne wat gewis gaan swaar kry in die toe- koms. Daar is ’n gesegde onder boere wat lui, not all cows are created equal. Sommige koeie presteer net beter in presies dieselfde omstan- dighede, of beter met minder insette, as ander. Hierdie koeie is hul sout werd, of sal ’n mens eerder sê, goud werd. Boerderypraktyke het in die verre verlede sterk staatgemaak op laer voerkoste, goed- koper brandstof, minder verbossing en meer staatsondersteuning. Heelwat van hierdie fak- tore is nie meer van toepassing nie. Trouens, baie van die kommoditeite het proporsioneel gestyg. Dink aan die prys van mielies weens die toenemende druk vir alternatiewe brand- stof soos etanol en die prys van ru-olie. Prak- tyke van dertig jaar gelede het dus heelwat verander. Dit is heel moontlik die koei-kalf- produksiestelsels wat die swaarste getref is. Dit is daarom uiters belangrik dat boere in samewerking met wetenskaplikes ’n teel- waarde of teelwaarde-indeks saamstel wat die lae-onderhoudbehoefte diere kan identi- fiseer. Hierdie waarde moet voorsiening maak vir diere waarmee onder ekstensiewe omstan- dighede geboer kan word en waar bemarking grotendeels direk van die veld af gedoen word. Met ander woorde, hierdie waarde moet eie wees aan Namibië of soortgelyke gebiede met ekstensiewe weidingtoestande. As ons winsgrens primêr bepaal word deur lae-inset- koste beeste (met lae onderhoudbehoeftes), dan kan hoë-onderhoud beeste beslis nie tot beter wins bydra nie. Hoe sal ons die lae-insetkoste diere identifiseer? Enige droogte sal aandui watter van jou beeste doen die meeste met die minste voer. Die boer moet oor alle jare – goed, gemiddeld en sleg – aanhou selekteer vir lae-onderhoud diere en heeltyd daarmee vorentoe teel. Vrugbaarheid en reproduksievermoë is van die belangrikste eienskappe om die winsgewendheid van koeie te bepaal. As jy die eienskappe kan kombineer met lae-insetkoste koeie is jy op die wenpad. Kondisie op die veld in vergelyking met die ander diere in die trop is ’n goeie maatstaf om lae-insetkoste diere te identifiseer. Hierdie tipe genetika moet vinnig ver- meerder word. Dit behoort in die nasionale kudde vasgelê te word. Namibië is ’n groot land met verskillende omgewingstoestande. Dit is noodsaaklik om die tipe genetika te teel wat onder alle Namibiese omgewingstoestande sal presteer. As ’n dier by jou goed presteer, is dit ’n bewys dat dit ’n aangepaste bees op jou plaas is. As die dier ook goed presteer in 84 Foto 1: Koeie se kondisie verskil in dieselfde weidingtoestande.

Upload: others

Post on 31-Jan-2021

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • November 201282

    Since 1957

    ����������������������������������������������

    ������������������������������������

    Netting Wire, 1200 x 90 x 1.6 mm

    N$475.00

    Steelwire, 2.24 mm x 1650 m, 50 kg

    N$654.00

    Galv. Binding Wire, 2.0mm x 2 000 m, 50 kg

    N$660.00PRICES ARE VAT INCLUSIVE. • WHILE STOCK LASTS

    16 Newcastle Street, Northern Industrial, WindhoekTel: +264-61 231125 • Fax: +264-61 [email protected]

    Ons sien al meer dat die boer se winsgrens deur insetkoste beïnvloed word. Die beskikbaarheid van goeie, natuurlike weiding, weidingbestuur en bestokking bly die beste manier om insetkoste te beheer. Om jou wins te beskerm in vandag se omstandighede is ’n lae-insetkoste boerdery van groot belang. Lees hiernaas wat dr. Joggie Briedenhann van Hartebeestloop Bonsmaras oor dié onderwerp te sê het.

    Jou koeikudde is een van die beste plekke waar jy kan begin om ’n lae-insetkoste boer-dery te vestig. Boere wat nie gaan aanpas deur streng te selekteer in koeikuddes nie, is die manne wat gewis gaan swaar kry in die toe-koms. Daar is ’n gesegde onder boere wat lui, not all cows are created equal. Sommige koeie presteer net beter in presies dieselfde omstan-dighede, of beter met minder insette, as ander. Hierdie koeie is hul sout werd, of sal ’n mens eerder sê, goud werd.

    Boerderypraktyke het in die verre verlede sterk staatgemaak op laer voerkoste, goed-koper brandstof, minder verbossing en meer staatsondersteuning. Heelwat van hierdie fak-tore is nie meer van toepassing nie. Trouens, baie van die kommoditeite het proporsioneel gestyg. Dink aan die prys van mielies weens die toe nemende druk vir alternatiewe brand-stof soos etanol en die prys van ru-olie. Prak-tyke van dertig jaar gelede het dus heelwat ver ander. Dit is heel moontlik die koei-kalf-produksiestelsels wat die swaarste getref is.

    Dit is daarom uiters belangrik dat boere in samewerking met wetenskaplikes ’n teel-waarde of teelwaarde-indeks saamstel wat die lae-onderhoudbehoefte diere kan identi-fi seer. Hierdie waarde moet voorsiening maak vir diere waarmee onder ekstensiewe omstan-dighede geboer kan word en waar bemar king grotendeels direk van die veld af gedoen word. Met ander woorde, hierdie waarde moet eie wees aan Namibië of soortgelyke gebiede

    met ekstensiewe weidingtoestande. As ons wins grens primêr bepaal word deur lae-inset-koste beeste (met lae onderhoudbehoef tes), dan kan hoë-onderhoud beeste beslis nie tot beter wins bydra nie.

    Hoe sal ons die lae-insetkoste diere identi� seer?Enige droogte sal aandui watter van jou beeste doen die meeste met die minste voer. Die boer moet oor alle jare – goed, gemiddeld en sleg – aanhou selekteer vir lae-onderhoud diere en heeltyd daarmee vorentoe teel. Vrugbaarheid en reproduksievermoë is van die belangrikste eienskappe om die winsgewendheid van koeie

    te bepaal. As jy die eienskappe kan kombineer met lae-insetkoste koeie is jy op die wenpad.

    Kondisie op die veld in vergelyking met die ander diere in die trop is ’n goeie maatstaf om lae-insetkoste diere te identifi seer.

    Hierdie tipe genetika moet vinnig ver-meerder word. Dit behoort in die nasionale kudde vasgelê te word. Namibië is ’n groot land met verskillende omgewingstoestande. Dit is noodsaaklik om die tipe genetika te teel wat onder alle Namibiese omgewingstoestande sal presteer. As ’n dier by jou goed presteer, is dit ’n bewys dat dit ’n aangepaste bees op jou plaas is. As die dier ook goed presteer in

    84

    Foto 1: Koeie se kondisie verskil in dieselfde weidingtoestande.

  • November 2012 83

    BONSMARA CATTLE BREEDERS’ BONSMARA CATTLE BREEDERS’ BONSMARA CATTLE BREEDERS’ ASSOCIATION OF NAMIBIAASSOCIATION OF NAMIBIAASSOCIATION OF NAMIBIAASSOCIATION OF NAMIBIAASSOCIATION OF NAMIBIAASSOCIATION OF NAMIBIA

    PO Box 80003 Olympia, Windhoek, NamibiaTel/Fax: 061-222 753 • International: +264 61 222 753

    www.bonsmaranambia.com • [email protected]

    ‘n

    onsmarabul:• Is geregistreer by SA Stamboek

    • Het prestasiemeting ondergaan

    • Is goedgekeur deur Bonsmara-keurders

    • Is gebrandmerk met ‘n op die regterskouer

    • onsmara kuddevaars is DNA-getoets

    Koop

    gebrandmerkte Bonsmarabulle

    Vir onsmara Navrae Kontak:Nico Visser: 081 124 1168

    Marinda Labuschagne: 061 22 2753Rollie Heiser: 081 124 5940Dries Venter: 081 240 6546

    Christo Strydom: 081 317 8325Etienne Jooste: 081 371 1599

    Dankie aan al die kopers wat vanjaar Bonsmarabulle aangeskaf

    het. Ons hoop julle is gelukkig met jul aankope.

  • November 201284

    Tabel 1: Speengewig uitgedruk as persen-tasie van koeigewig

    Koeigewig (kg) Kalfgewig (kg) % Speengewig

    700 250 36 %

    600 240 40 %

    500 230 46%

    Let daarop dat die boer weet speenkalwers onder 225 kg is minder gewens, ongeag die persentasie van die koei se gewig gespeen. Die markvraag speel ’n beduidende rol in wat jy moet produseer. Die kuns is dus om presies dit te produseer wat jou die meeste geld in jou sak bring teen die laagste insetkoste moontlik.

    Wat is die balans?Daar moet te alle tye ’n balans wees tussen insetkoste en die produk wat jy lewer. Uiter-stes in lae insetkoste en enkeleienskap-selek-sie soos swaarder speengewig is nie een vol-houbaar oor die lang termyn nie.

    Daar blyk tans genoegsame navorsingsresul-tate te wees wat daarop dui dat mediumraam koeie beter in ekstensiewe toestande vaar. Hulle speen swaarder kalwers as grootraam koeie (uitgedruk in kg liggaamsgewig). Dit is nou waar voeding die beperkende fak-tor is. In groot dele van Namibië is voedings-bronne beperk.

    Jou plaas, soos enige ander plaas, kan net soveel groei, melk en raamgrootte hanteer. As enige van bogenoemde uit balans gaan, sal jy ekstra voeding moet gee of getalle moet verminder, anders sal jou speengewigte en besettingsyfers daal. Uitermate groeiers, buitenspo rige hoë melkproduseerders en groter-raam koeie het almal ekstra geld nodig

    in die vorm van ekstra voer om te kan pres-teer. Daar is wetenskaplike data wat beweer dat koeie wat meer melk produseer, ook gro-ter voeding- en onderhoudsbehoeftes het. Die resultate dui aan dat die hoë melkpro-duseerders ook hoër onderhoudsbehoef tes het, selfs wanneer hulle nie kalwers soog nie. Bogenoemde het alles ’n invloed op jou in-setkoste en jou winsgrens.

    Weer eens moet daar ’n balans wees met melkproduksie. Te min melk is miskien ’n groter probleem as te veel melk. Boere behoort met deeglike rekordhouding ’n baie goeie idee te hê oor wat genoeg melk is vir die spesifi eke omgewing waarin hulle boer.

    Foto 2: As die weiding bogemiddeld goed is, is daar geen kondisieverskil tussen die mediumraam en grootraam koei nie.

    Lae-insetkoste koeikuddesLae-insetkoste koeikuddesLae-insetkoste koeikuddesLae-insetkoste koeikuddesLae-insetkoste koeikuddesLae-insetkoste koeikuddes82ander dele van die land, is die dier se aanpas-baarheid uitstekend. As dit boonop nog goed presteer in sub-optimale (beperkte weiding) omstandighede, is die gehardheid van die dier uitstekend.

    Van die ouer boere glo die beste koei op die plaas is die oudste koei. Dit is die koei wat die minste probleme gegee het in haar leef-tyd en bogemiddelde reproduksieprestasies toon. Daar is waarde in hierdie siening en dit kan as seleksie vir lae-insetkoste genetika ge-bruik word. Aan die ander kant is daar ook meriete in die siening dat langlewendheid nie heeltemal so ’n belangrike oorweging is nie, aangesien die jonger genetika beter behoort te wees, mits streng seleksiedruk gereeld toege-pas word. Elke volgende geslag behoort beter te wees as die vorige.

    Wat is die verwantskap tussen lae-in-setkoste diere en raamgrootte?Die meeste boere beweer dat hul koeie gemid-deld 480 tot 520 kg weeg. By implikasie beteken dit dat hulle weet wat die gemiddelde koei be-hoort te weeg vir beste prestasie onder eksten-siewe toestande, met slegs strategiese lekaan-vulling. As jy egter die koeikuddes sien of let op die gewig van die vroulike diere op die veilings is dit dikwels ’n heel ander prentjie.

    By baie boere het die koeikudde se raam-grootte die afgelope dekade groter geword in plaas van om te stabiliseer op mediumraam grootte. Die baie goeie reënval oor die laaste paar jaar kon daartoe bygedra het.

    Die probleem is groter raam koeie vreet

    meer as mediumraam koeie. Die boer moet dus óf minder koeie aanhou óf meer voer gee. Min der diere en/of meer voer teen die huidige voerpryse beteken beslis minder wins. Wins is direk eweredig aan die onderhoudsbehoef tes van grootraam koeie.

    Dit is so dat die koei:kalf speengewigver-houding oor die algemeen beter is by medi-umraam koeie as by grootraam koeie. Dit ver-wys na die feit dat ’n mediumraam koei ’n kalf sal speen wat ’n groter persentasie van haar lig-gaamsgewig uitmaak as wat die groter raam koei sal doen. Dit is ook so dat die formule al-tyd die kleiner-raam koeie sal bevoordeel. Sien die waardes in Tabel 1:

    “Hoe groot is groot genoeg?” Raamgrootte word deur die omgewing be-heer, mits die omgewing in sy natuurlike toe-stand is en nie deur ekstra voer beïnvloed word nie. Om hierdie rede behoort raamgrootte by-voorbeeld te verskil tussen die natter noorde en droër suide van Namibië. Die slim boer sal egter altyd sy koeikudde se raamgrootte ba-seer op wetenskaplike beginsels en historiese data wat aandui dat Namibië die droogste land suid van die Sahara is. Die ouer boere se raad om te boer sodat jy ook in die droogste tyd-perke kan oorleef, is waardevol en gebaseer op (dure) ondervinding.

    Die boodskap kom oral deur dat raam-grootte belangrik is vir lae-insetkoste boer-dery. Kyk ge rus na die bulkatalogusse van die maatskappye wat semen versprei. Daar word meer klem gelê op mediumraam diere as ooit tevore. Dit is vir hierdie maatskappye belang-rik dat die boer oorleef, wins maak en weer se-men by hulle koop.

    Te veel grootraam koeie, wat nou?Wat maak die boer wie se koeikudde se raam-grootte te groot is vir sy omgewing en wat tot die slotsom gekom het dat hy moeg is om hier-die hoë-onderhoud diere aan te hou? Of die boer wat besef hy is besig om hom ban krot te voer aan hierdie tipe diere?

    Vir die meeste boere is dit nie moontlik om net alles te verkoop en van voor af te be-gin met die regte raamtipe nie. Vir hulle is dit eer der ’n proses om die groter-raam koeikud-de oor ’n tydperk te vervang met ’n medium-raam nageslag.

    Die manier om dit reg te kry is om medium-raam bulle uit beproefde moederlynrasse te gebruik. Jy hou dan net die nageslag wat aan die regte raamtipe-vereistes voldoen.

    Onthou, ’n 750 kg grootraam koei gaan nie vir jou ’n mediumraam bul teel nie. Voordat jy ’n bul aanskaf, gaan kyk eers na die teler se koei-kudde en baseer jou koopoorwegings op die totale kudde se raamgrootte. Grootraam bulle van enige ras kan nog steeds gebruik word vir terminale teling as alle nageslag verkoop gaan word. Hierdie grootraam bulle word dan ge-bruik op jou lae-insetkoste koeie om wins te verhoog. Jou koeikudde moet egter te alle tye lae-insetkoste, mediumraam en goed bevlees-de koeie wees, ongeag of dit ’n goeie of slegte reënjaar is. Onthou, jy kan nie jou koeikudde vervang of “af”-teel elke keer as daar ’n droogte is of tydens minder ideale toestande nie. Jou koei kudde behoort geneties saamgestel te wees uit lae-insetkoste genetika wat jy oor die jare aangekoop of self geteel het. So ’n koei-kudde sal jou deur enige jaar vat – goed of sleg!

    Kommersiële boere voel soms dat die stoetteler presies weet hoe om goeie BLUP-teelwaardes te teel, maar dat good stockmanship in die proses verlore gegaan het. Die gedagte-rigting is dat telers die vermoë verloor het om langlewende, lae-onderhoudbehoefte, vrug-bare diere te produseer. Amper die geval van help om “meerderwaardige voermaatskappye” te stig en “minderwaardige diere” te produseer.

    Die bewering kan maklik saamgevat word in een sin: “Koeie word geteel wat nie aanpas

  • November 2012 85

    beteken dat ons optimaal vleis moet produseer op die veld waarna graan-gebaseerde voerafronding in die voerkraal of op die veld kan geskied. Dit word al duurder vir boere om addisionele voer te produ-seer en dit na die diere te bring. Koste van toerusting, depresiasie, on-derhoud, brandstof en arbeid, maak dit moeilik om te kompeteer met diere wat self in die veld kan stap en gras in vleis omsit.

    Regte raamgrootte en bou vir lae-onderhoudsbehoeftesNamibië het uitstekende moederlynrasse wat goed aangepas is om onder ekstensiewe omstandighede te presteer. Kies net die regte raam-tipe koeie uit hierdie rasse en selekteer heeltyd streng en konstant vir die lae-onderhoudsbehoefte diere op jou plaas. Jy sal al die pad wen met hierdie ideologie.

    Op Hartebeestloop is oor die jare met streng seleksie gevind dat die mediumraam, goed bevleesde koeie, met goeie diepte en baie kapa-siteit (veral rumenkapasiteit) konstant beter presteer het as lae-inset-koste koeie.

    Silindriese bouvorm diere is meestal nie goeie lae-inset-koste koeie nie.

    Koeie wys uitstaande kapasiteit en volume. Al drie het hulleself alreeds bewys as lae-insetkoste koeie.

    Die rumen is ’n relatief groot orgaan en sy grootte word beperk deur die liggaamsgewig en kapasiteit van die bees. Omdat die konsentrasie van voedingstowwe in ruvoer laag is (bv. lae kwaliteit ruvoer in win-termaande) moet diere daagliks groot hoeveelhede kan inneem. Dit is slegs wanneer groot hoeveelhede ruvoer ingeneem word dat her-kouers/beeste aan hul voedingsbehoeftes kan voldoen. Diere wat be-perk word deur die grootte van hul rumen, sal ook beperk word op die hoeveelheid wat hulle kan groei en gewig aansit.

    Sou jy koeie wil selekteer wat beter as ander gaan vaar as hulle slegs op die veld vreet, moet jy goed let op die onderstaande. Die belang-rikste faktore wat die vrywillige inname van droë materiaal beïn vloed, waar die verteerbaarheid van voer laer is as 65%, is die volgende:• Beter liggaamskapasiteit (diepte)• Stadiger tempo deur die verteringstelsel (word gedeeltelik bepaal

    deur die volume van rumenkapasiteit) • Verteerbaarheid Die meeste koeie wat aan bogenoemde eienskappe voldoen, sal in-val by ’n goeie seleksieprogram vir lae-insetkoste koeie. Sulke diere raak vet op natuurlike gras in die veld. Identifi seer hierdie tipe diere en boer voort met hulle. Hou aan selekteer en jy is op die pad na lae-insetkoste boerdery.

    in die omgewing nie en deur die jaar ekstra gevoer moet word.” Tabel 2 gee ’n aanduiding van eienskappe wat op Hartebeestloop deur die jare geïdentifi seer is as belangrik vir lae-insetkoste, aanpasbare koeie. Die lys is slegs ons weergawe en sekerlik nie volledig nie. Daar kan nog ander eienskappe wees wat telers as belangrik beskou.

    Daar is boere wat oorslaan vanaf ’n koei-kalf-produksiestelsel na ’n os-produksiestelsel om die risiko’s te verminder. Dit is te verstane en maak ekonomies sin. Hoeveel van die boere se besluit is egter gebaseer op te hoë fi nansiële insetkoste in die koei-kalf-produksiestelsel weens die onvermoë van die verkeerde raamgrootte diere om suksesvol te pre s-teer, sonder ekstra voer, onder ekstensiewe toestande?

    Wat is die verwantskap tussen lae-insetkoste diere en voer-omsetverhouding?Wetenskaplikes en akademici moedig die vleisbeesprodusente heel-tyd aan om die voeromsetverhouding van vleisbeeste te verbeter. In eenvoudige terme beteken dit die hoeveelheid voer wat ’n dier moet vreet om een kilogram gewig aan te sit. Hoender- en varkboerderye word as voorbeelde gebruik om aan te dui wat vermag kan word met beter voeromsetverhoudings. Let daarop dat dit graan-gebaseerde voer omsetverhoudings is waarna verwys word.

    Dit is reg dat vleisbeesboere deurentyd moet streef na verbetering in voeromsetverhouding. Dit sal egter moeilik wees om die hoender- en varkindustrieë te klop as daar gekyk word na hul huidige graan-ge-baseerde voeromsetverhoudings.

    Met gras-gebaseerde voeromsetverhoudings is dit egter ’n perd van ’n heel ander kleur. Geen hoender of vark het die unieke vertering sisteem van beeste om lae kwaliteit weiding so eff ektief om te sit in vleis nie. Dit is opmerklik duurder om een kilogram vleis by te sit met graan as om dit met gras te doen. Daar is nie klinkklare wetenskaplike bewys dat goeie graan-gebaseerde voeromsetverhouding beeste onder inten-siewe omstandighede ook goeie gras-gebaseerde voeromsetverhou-ding beeste is onder ekstensiewe omstandighede nie. Inteendeel, dit blyk dat die verwantskap eerder na die ander kant toe is: goeie gras-ge-baseerde voeromsetverhouding diere doen ook goed onder intensiewe omstandighede met goeie graan-gebaseerde voeromsetverhouding.

    Boere moenie gekant wees teen graan-gebaseerde voeromsetver-houdings nie. Dit is belangrik en sal altyd ’n belangrike rol in die vleiswaardeketting speel. Wat wel gedoen moet word, is om die voor-deel te kry van goeie weiding-gebaseerde voeromsetverhouding. Dit

    Tabel 2 Eienskappe wat algemeen voorkom by lae-insetkoste die-re in ekstensiewe omgewings.Eff e meer respiratoriese bou-vorm

    Beter regulering van liggaamstemperatuur

    Pigment op vel, hoewe, neus, oë

    Indikasie van beter beskerming teen ultravio-let-sonstrale

    Groter veloppervlakte Beter temperatuur-regulering van liggaam in warm somermaande

    Dik vel Beter bloedsomloop na oppervlak van liggaam

    Dik vel Kry nie maklik oop wonde van bosluisbyte nie

    Dik enkelhaar Beter temperatuur (hitte) regulering van liggaam

    Blink haar Weerkaats sonstrale vir beter temperatuur regu-lering

    Sterk oogbanke Beskerming teen vlieë, muggies, takke en bos

    Eff e geboë voorkop Beter hitte regulering deur lugweë

    Langer stert Verdryf vlieë en bosluise op liggaam

    Sweetkliere Meer per cm2 vir gemaklike sweet (hitte regule-

    ring)

    Sensitiewe polimotoris-senu-wee Beweeg vel oor toplyn en sye

    Goed ontwikkelde pannicu-lus spier Velbeweging goed teen vlieë

    Goeie immuunstelsel Afweer van bosluise

    Galbulte vorm Afweer van bosluise

    Natuurlike siekteweerstand Word nie maklik siek nie

    Inwendige parasietweer-stand Minder dosering nodig

    Minder lekinname Goedkoper strategiese aanvulling op veld