hoofstuk 10 grondwetuitleg.doc - pdfmachine …learning.ufs.ac.za/ull214_off/resources/2....
TRANSCRIPT
1
10 GRONDWETUITLEG 10.1 Inleiding * Wetsuitleg is wetsuitleg. Hoekom is daar so �n bohaai oor
grondwetuitleg? Artikel 35(3) van die Oorgangsgrondwet het die tradisionele verskil tussen grondwetuitleg en �gewone�
wetsuitleg laat vervaag, en artikel 39(2) van die Grondwet van 1996 het dit bevestig. Suid-Afrikaanse howe moet nou alle wetgewing in die lig van die fundamentele regte in die Handves van Regte uitlê. Elke hof, forum en tribunaal sal dus van nou af
in �n mate met grondwetuitleg betrokke raak. 10.1.1 Grondwetuitleg en �gewone� wetsuitleg Ingevolge artikel 39(2) van die Grondwet moet alle
wetgewing gedurende �gewone� wetsuitleg deur die
fundamentele regte �gefiltreer� word. Grondwetuitleg verwys na die gesaghebbende uitleg van
die oppermagtige Grondwet tydens die grondwetlike toetsing van wetgewing en owerheidsoptrede deur die regbank.
Du Plessis & Corder meen dat die verskille tussen grondwetuitleg en �gewone� wetsuitleg nie oorbeklemtoon
moet word nie. Beide het te make met die uitleg van wetstekste. Omdat beide soorte uitleg van wetgewing aan mekaar verwant is, is dit verkieslik dat albei lede van dieselfde breë �uitlegfamilie� is.
- Met ander woorde, dit sal moeilik wees om �n doeldienende metode van grondwetuitleg met �n letterlike metode van gewone wetsuitleg te versoen.
- Artikel 39(2) verseker egter dat gewone wetsuitleg in die algemeen op �n doeldienende uitlegmetode (soortgelyk aan dié van grondwetuitleg) gebaseer is. De Ville stel dit as volg:
id61346859 pdfMachine by Broadgun Software - a great PDF writer! - a great PDF creator! - http://www.pdfmachine.com http://www.broadgun.com
2
Die grondwetlike teorie wat die uitleg van die Grondwet inspireer
(besiel) ... moet ook wetsuitleg inlig. Die beginsels vir die uitleg
van wette moet van die Grondwet afgelei word.
Regter Froneman het die verskil tussen grondwetuitleg en
wetsuitleg as volg verduidelik in Matiso v Commanding Officer, Port Elizabeth Prison:
Die uitleg van die Grondwet sal daarop gerig wees om die
fundamentele waardes inherent aan die Grondwet te bepaal, terwyl
die uitleg van gewone wetgewing daarop gemik sal wees om te
bepaal of sodanige wetgewing in staat is om aan die fundamentele
beginsels van die Grondwet te voldoen.
10.1.2 �n Oppermagtige grondwet en gewone wetgewing Die status van die oppermagtige Grondwet binne die Suid-
Afrikaanse regsorde is die belangrikste rede vir die verskil tussen grondwetuitleg en gewone wetsuitleg. Die era van parlementêre soewereiniteit is verby.
Die Grondwet is nou die raamwerk waarbinne alles moet
funksioneer, en waarteen alle optrede gemeet word. Dit is die prisma waardeur alles en almal beskou word (Investigating Directorate: Serious Economic Offences v Hyundai Motor Distributors (Pty) Ltd: In re Hyundai Motor Distributors (Pty) Ltd v Smit).
Die Grondwet is die lex fundamentalis van die Suid-
Afrikaanse regsorde. Dit beliggaam die waardes van die gemeenskap, asook die aspirasies, drome en vrese van die nasie, en behoort die belangrikste nasionale simbool te wees.
3
10.2 Hoekom is �n oppermagtige grondwet anders? * �n Oppermagtige grondwet is nie maar net nog �n stuk
wetgewing nie, maar die hoogste reg in die regsorde. - �n Regstaat (d.w.s. met �n oppermagtige grondwet) bestaan
uit twee komponente, naamlik �n formele deel wat aspekte soos skeiding van magte, kruiskontroles oor die regering (die sg. wigte en teenwigte) en die legaliteitsbeginsel insluit (m.a.w., dit omvat die institusionele power map van die land); en �n
materiële of substantiewe deel (wat verwys na �n owerheid
wat gebonde is aan �n stelsel van fundamentele waardes soos gelykheid, vryheid, menswaardigheid, maatskaplike geregtigheid, ensomeer). Karpen beskryf die formele en substantiewe komponente van �n regstaat as volg: die waarde-georiënteerde, fel gemoeid met die mens en die menslike
aspirasies van persoonlikheid, gewete en vryheid: die struktuur
georiënteerde, gemoeid met veel meer wêreldse en meganiese
aangeleenthede soos territoriale grense, plaaslike regering,
institutionele samestellings.
10.2.1 �n Grondwet as formele uiteensetting van magte en bevoegdhede (power map)
* Enige grondwet bevat daardie land se formele uiteensetting van magte en bevoegdhede (power map). Dit behels die institusionele en organisatoriese strukture en prosedures van die staat: die tipe staat en regering in die land (bv. unitêr of
federaal; demokrasie of een-partystaat), die magte en bevoegdhede van die verskillende amptenare en regeringsinstellings, die verskillende regeringsvlakke en �instansies (verdeling van magte), kruiskontroles (indien enige) ten opsigte van die owerheidsgesag, die kiesstelsel, simbole van die land (vlag en nasionale volkslied), verkiesings en
4
aanstellings, finansiële reëlings, die regstelsel,
veiligheidsmagte, ensomeer. * Hierdie formele en institusionele aspekte van �n grondwet
word in vakgebiede soos administratiefreg, staatsreg en munisipale reg ondersoek en verduidelik. Al die Suid-Afrikaanse grondwette voor 1994 was formele power maps, want hulle het nie voorsiening gemaak vir �n handves van regte
en �n stelsel van grondwetlike toetsing nie. Gevolglik kon die howe nie wetgewing en optredes teen �n oppermagtige
grondwet toets nie. * Die Grondwet van 1996 bevat ook �n uitgebreide
institusionele raamwerk. Trouens, die grootste deel van die Grondwet bestaan uit die formele institusionele en administratiewe raamwerk van die regering en die staat: byvoorbeeld samewerkende regering (hoofstuk 3), die parlement (hoofstuk 4), die President en die uitvoerende gesag (hoofstuk 5), die provinsies (hoofstuk 6), plaaslike regering (hoofstuk 7), die regstelsel (hoofstuk 8), die instellings wat demokrasie ondersteun (hoofstuk 9), publieke administrasie (hoofstuk 10), veiligheidsdienste (hoofstuk 11), tradisionele leiers (hoofstuk 12) en finansies (hoofstuk 13). Die Grondwet bevat ook �n aantal bylaes, wat handel oor aspekte soos
byvoorbeeld nasionale simbole, verkiesings, en die gebiede van nasionale en provinsiale bevoegdhede. 10.2.2 Substantiewe konstitusionalisme * �n Oppermagtige grondwet bevat meer as net �n formele institusionele uiteensetting van owerheidsmagte en �
bevoegdhede. Dit bevat ook �n materiële of substantiewe
komponent, wat �n beregbare handves van regte insluit. * Só �n grondwet is die hoogste reg, en bind alles en almal
(insluitend die regering) aan �n raamwerk van fundamentele
waardes soos geregtigheid en gelykheid. Die voorrede van die
5
Oorgangsgrondwet het uitdruklik na Suid-Afrika as �n regstaat
verwys. * In �n regstaat (Rechtsstaat in Duits, constitutional state in Engels) is die grondwet oppermagtig. Dit beteken dat die staat slegs binne die voorgeskrewe strukturele beperkings en waarborge wat in die grondwet verskans is, mag regeer.
* Hierdie formele eienskappe van die regstaat word aangevul deur die vereiste dat die regsorde ook in �n materiële sin
regverdig (just) moet wees. Met ander woorde, die owerheidsgesag is aan �n stel hoër regsnorme gebonde (Ex Parte Attorney-General, Namibia: In re The Constitutional Relationship between the Attorney-General and the Prosecutor-General 1995). * In S v Makwanyane het regter Mahomed �n oppermagtige
grondwet, asook die formele en substantiewe onderbou van �n
regstaat, soos volg verduidelik: Alle grondwette poog om duidelik te spreek, met verskillende grade
van intensiteit en besonderhede, die gedeelde aspirasies van �n nasie,
die waardes wat die mense bind, en wat sy regering en sy nasionale
instellings dissiplineer: die basiese uitgangspunt (veronderstelling)
waarop die geregtelike, wetgewende en uitvoerende magte uitgeoefen
word, die nasionale etos wat daardie etos definieer en reguleer; en die
morele en etiese rigting wat daardie nasie vir homself geïdentifiseer het.
In sommige lande wettig die Grondwet slegs, in �n wet, �n historiese
ooreenkoms (consensus) van waardes en aspirasies wat toenemend
ontwikkel het uit �n stabiele en ongebroke verlede om die behoeftes van
die toekoms te akkommodeer. Die Suid- Afrikaanse Grondwet is anders:
dit behou uit die verlede slegs dit wat houdbaar is en �n beslissende
breuk van die verlede verteenwoordig, en �n klinkende verwerping is van
daardie deel van die verlede wat skandalig rassisties, outoritêr,
bekrompe, en onderdrukkend en �n kragtige aanduiding is van en
verbondenheid aan �n demokratiese, universele besorgdheid en �n
aspirerende gelykmakende etos, duidelik uitgedruk in die Grondwet.
6
10.2.3 Grondwetlike simboliek Verskeie kommentators het die Suid-Afrikaanse Grondwet se spesiale status aan �n aantal simboliese verwysings gekoppel. Volgens Mureinik is die Grondwet �n brug in �n verdeelde
gemeenskap: �n brug vanaf �n outoritêre kultuur (gebaseer op
parlementêre soewereiniteit), na �n kultuur van
regverdigbaarheid (gebaseer op �n oppermagtige grondwet). Voormalige hoofregter Mahomed het �n oppermagtige grondwet as spieël beskryf in S v Acheson: Die Grondwet van �n nasie is nie eenvoudig net �n Wet wat die
strukture van die regering meganies definieer nie en die verhoudings
tussen die regeerder en die wat regeer word nie. Dit is �n spieël wat die
nasionale siel weerkaats, die bewysstuk van die ideale en aspirasies
van �n nasie; die artikulasie (uitdrukking) van die waardes wat sy mense
bind en die regering dissiplineer. Die gees en strekking van die
Grondwet moet daarom die prosesse van regsinterpretasie en
regs-diskresie voorsit en deurdring.
Volgens Du Plessis (is die Grondwet beide �n monument (wat huldig) en �n gedenkteken (wat gedenk). Die Grondwet is egter meer as net retoriek en simboliese tooisels. Dit is �n transformatoriese dokument, asook �n
verbintenis tot positiewe optrede (bv. die insluiting van die sosio-ekonomiese regte in die Handves van Regte). Die voorrede van die Grondwet lê die grondslag vir só �n program
van aksie:
7
Daarom neem ons, deur ons vryverkose verteenwoordigers, hierdie
Grondwet aan as die hoogste reg van die Republiek ten einde -
Die verdeeldheid van die verlede te heel en �n samelewing gegrond op
demokratiese waardes, maatskaplike geregtigheid en basiese
menseregte te skep;
Die grondslag te lê vir �n demokratiese en oop samelewing waarin
regering gegrondves is op die wil van die bevolking en elke burger gelyk
deur die reg beskerm word;
Die lewensgehalte van alle burgers te verhoog en die potensiaal van
elke mens te ontsluit; en
�n Verenigde en demokratiese Suid-Afrika te bou wat �n regmatige plek
as �n soewereine staat in die gemeenskap van nasies kan inneem.
Verder verplig artikel 7(2) van die Grondwet die staat tot �n
positiewe program van aksie: Die staat moet die regte in die Handves eerbiedig, beskerm, bevorder
en nakom. Met ander woorde, die Grondwet is beide �n skild teen magsmisbruik en inbreuk op fundamentele regte (die klassieke eerste-generasie �negatiewe� regte), en �n positiewe instrument om die gemeenskap te transformeer binne die raamwerk van die fundamentele regte en waardes. Verder: �n oppermagtige grondwet het die volgende kenmerke:
dit is vaag (open-ended), waardebelaai en gerig op die toekoms. In Nortje v Attorney-General, Cape, and another 1995 (2) SA 460 (C) 471D-F het Marais R daarop gewys dat �n
oppermagtige grondwet:
8
nie �n fyn ingestelde wet is wat ad hoc ontwerp is om met een spesifieke
onderwerp te handel nie, of om �n ander spesifiek benoemde te wysig of
te herroep nie, of �n spesifiek geïdentifiseerde reël van die gemene reg
nie. Dit is sui generis (eiesoortig). Dit voorsien hoofsaaklik �n stel
gemeenskaplike waardes en reëls waarmee ander wette en reëls van die
gemenereg gelykgestel moet word, en waaraan die regering en sy
agente moet voldoen, wanneer hulle hul funksies uitvoer. Dit is kort aan
besonderhede en lank aan veralgemening.
10.3 Hoe word �n Grondwet uitgelê? In Nortje v Attorney-General, Cape, and another het regter Marais die kategorisering van teorieë en kanons van
grondwetuitleg bevraagteken: Die benaderings aangeneem deur ander Howe en grondwet-praktisyns
met betrekking tot wetsuitleg, beperking en aanwending van verskansde
grondwetlike regte is ongetwyfeld �n waardevolle hulpmiddel om te
verstaan wat daardie prosesse behels. Logies gestruktureerde en
sistematiese benaderings het �n inherente aantrekkingskrag vir
regspraktisyns. Nietemin, bly hulle wat hulle is, nie heilige geskrifte nie,
maar eenvoudig metodologiese benaderings wat nie noodwendig die
enigste wettige benaderings tot die taak is nie ...... Ek beskou dit as
onwys om nou te dogmaties tot een metodologie toe te stem op hierdie
baie vroeë en embroiese stadium van die toepassing van ons nuut
opgestelde Grondwet op konkrete situasies. Dit is inderdaad te betwyfel
of dit enigsins wys sal wees om dit op enige stadium te doen.
10.3.1 Grondwetlike riglyne * Wat bepaal die Grondwet self ten opsigte van grondwetuitleg? Artikel 39(1) van die Grondwet bepaal die volgende ten opsigte van die interpretasie van die Handves van Regte:
9
* By die uitleg van die Handves van Regte : (a) moet �n hof, tribunaal of forum die waardes wat �n oop en
demokratiese samelewing gebaseer op menswaardigheid, vryheid en gelykheid ten grondslag lê, bevorder;
(b) moet �n hof, tribunaal of forum die volkereg in ag neem; en (c) kan �n hof, tribunaal of forum buitelandse reg in ag neem. * Die eerste gedeelte van die bepaling is gebiedend: by die uitleg van die Handves van Regte moet �n hof, tribunaal of
forum waarde-oordele maak (d.w.s., die waardes wat �n oop en
demokratiese samelewing gebaseer op menswaardigheid, vryheid en gelykheid ten grondslag lê, bevorder), en moet die reëls van die internasionale reg (veral internasionale
menseregte) in ag geneem word. Dit is �n stel universele norme
en reëls wat onder andere oor die beskerming van fundamentele menseregte handel. Dit bestaan uit �n aantal
internasionale dokumente en die reëls van die internasionale
gewoontereg. * Verder mag �n hof, tribunaal of forum by die uitleg van die
Handves van Regte ook buitelandse reg in ag neem. Die buitelandse reg wat hier te sprake is, is regsbeginsels (veral regspraak) wat met die Suid-Afrikaanse regsorde ooreenstem. {(a 35(1) van die Oorgangsgrondwet het na vergelykbare buitelandse hofbeslissings verwys}. Met ander woorde, regsbeginsels van toepassing binne �n regsorde met �n
beregbare en oppermagtige grondwet. * Die uitlegklousule vir die Handves van Regte moet saam met die oppermagklousule (a 2) sowel as artikel 1 gelees word. Artikel 1 is waarskynlik die belangrikste bepaling in die Grondwet: Die Republiek van Suid-Afrika is een, soewereine, demokratiese staat
gegrond op die volgende waardes:
10
(a) Menswaardigheid, die bereiking van gelykheid en die uitbou van
menseregte en vryhede.
(b) Nie-rassigheid en nie-seksisme.
(c) Die oppergesag van die grondwet en die heerskappy van die reg.
(d) Algemene stemreg vir volwassenes, �n nasionale gemeenskaplike
kieserslys, gereelde verkiesings en �n veelpartystelsel van
demokratiese regering om verantwoordingspligtigheid, �n
responsiewe ingesteldheid en openheid te verseker.
* �n Volledige bespreking van die reëls en beginsels van
grondwetuitleg is �n aparte studieveld. Die volgende raamwerk
is �n algemene oorsig van sommige van die algemene
beginsels wat in Suider-Afrikaanse regspraak geformuleer is: �n Oppermagtige Grondwet moet ruim en onbekrompe
(generous), en doeldienend uitgelê word (Shabalala v Attorney-General, Transvaal 1994 (6) BCLR 85 (T) 100H). In Nyamakazi v President of Bophuthatswana (hierbo) 567H is beslis dat die Grondwet �n doeldienende uitleg vereis,
want dit sal die hof in staat stel om meer as net regsreëls in
ag te neem:
Hierdie is die doelwitte van die regte wat in die Grondwet vervat is,
die omstandighede wat geheers het op daardie tydstip toe die uitleg
bepaal moes word, die toekomstige bedoeling van die uitleg, die
impak van die vermelde uitleg op toekomstige generasies, die
inagneming van veranderinge in die gemeenskap.
Generous en doeldienende uitleg beteken nie noodwendig
dieselfde nie. Die regspraak verwys ook na �n sogenaamde
liberal interpretation, wat nie enige politieke bybetekenisse het nie. Dit verwys bloot na soepelheid en aanpasbaarheid. Die Grondwet moet dus soepel (buigsaam) uitgelê word:
die bepalings en gees van die Grondwet, die �bedoeling� van die opstellers, asook die doelstellings met en redes vir die betrokke bepalings moet ondersoek word. In die proses
11
moet die gewone reëls van wetsuitleg met �n soepele en
aanpasbare uitlegmetode vervang word. Tydens grondwetuitleg moet die gees en strekking van die
Grondwet in ag geneem word (S v Acheson). Die beteken dat die waardes en norme onderliggend aan die Grondwet die hele tyd in die uitlegproses in gedagte gehou moet word.
�n Bepaling in die Grondwet kan nie in isolasie uitgelê word
nie, maar binne die konteks as geheel. Ingesluit by die konteks is die geskiedenis rondom die aanname van die Grondwet, ander bepalings in die Grondwet self, en die fundamentele regte in die besonder (S v Makwanyane).
Die taal wat in die Grondwet gebruik is, moet eerbiedig
word. Alhoewel die teks gebalanseer word deur die onderskeie kontekstuele faktore, is die konteks nog altyd aan �n spesifieke teks geanker. Met ander woorde,
historiese konteks en vergelykende uitleg kan nie �n doel en
oogmerk weerspieël wat nie deur die grondwetlike teks, as juridiese instrument, ondersteun word nie. Dit beteken nietemin nie �n meganiese toepassing van �n tekstuele
legalisme nie (Thabalala v Attorney-General, Transvaal.) In Nyamakazi v President of Bophuthatswana het die hof na grondwetuitleg verwys as:
�n onbeslote proses van uitleg (toeligting) en verklaring wat ontdek,
inlees, ontleen en betekenis aan elke woord, artikel of klousule in
verhouding tot die hele konteks toevoeg.
In S v A Juvenile 1990 (4) SA 151 (ZSC) 176B het appèlregter Korsah gesê dat die Grondwet, as die hoogste
reg in die land, �n onskendbare verpligting op die hof plaas
om die fudamentele regte te beskerm.
12
Die Grondwet is opgestel met die oog op die toekoms. Dit skep �n voortdurende raamwerk vir die legitieme uitoefening van owerheidsgesag en die beskerming van individuele regte en vryhede (Khala v The Minister of Safety and Security .
- Die Grondwet moet uitgelê word met betrekking tot die konteks en tydsgewrig van die saak wat aangehoor word, en nie in die lig van die omstandighede wat geheers het toe dit aangeneem is nie. So nie word die ontwikkeling en groei van die gemeenskap nie in ag geneem nie. - Die Grondwet moet só uigelê word dat dit uiting gee aan
die waardes wat dit vir die toekoms koester (Qozeleni v Minister of Law and Order.
Sommige hardnekkige ondersteuners van die ortodokse
letterlike benadering wat nie �n stelsel van grondwetlike
oppergesag verstaan nie, verwys na grondwetuitleg as �n
free floating exercise (beginsellose geploeter). Hierdie aantyging is gewoon nie waar nie.
- Uiteindelik behels grondwetuitleg �n regsvraag: indien die betrokke wetgewing met die Grondwet geharmonieer kan word, is dit geldig en van krag. Indien dit met die Grondwet bots, sal die hof wat die grondwetlike toetsing ingevolge die Grondwet uitoefen, bevind dat die wetgewing teen die Grondwet indruis, en dit nietig verklaar. - Grondwetuitleg behels die balansering van verskillende gemeenskapswaardes en �belange.
Hierdie metodes van grondwetuitleg is nie �n geslote stel
onveranderbare en onbuigsame reëls nie. Grondwetuitleg
is wesenlik �n buigsame proses. Dit behels nie �n
dogmatiese en meganiese toepassing van voorafbepaalde benaderings en reëls nie. Voorsiening moet gemaak word
13
vir veranderende omstandighede (Nortje v Attorney-General, Cape.
Die beginsels van die internasionale menseregte en
buitelandse reg moet met inagname van die Suid-Afrikaanse konteks gebruik word (S v Zuma 1995). Kortom, grondwetuitleg in Suid-Afrika begin en eindig met die Suid-Afrikaanse Grondwet (S v Makwanyane , Du Plessis v De Klerk.
Alle regters en regsprekende amptenare is verplig om
wetgewing aanhoudend só uit te lê dat die fundamentele
waardes en regte in die Grondwet bevorder word. Hierdie is nie die meganiese en klakkelose herkonstatering van �n
mitiese wetgewersbedoeling nie, maar is �n voordurende
waardebaseerde �gestoei� met kompeterende waardes en
regte. Hierdie �gestoei� met die grondwetteks, konteks, die reg en �n gemeenskap in transformasie is baie goed beskryf
(met verwysing na die beperking van regte) deur regter Sachs in Prince v Cape Law Society:
Ontledings van beperkende bepalings in ons Grondwet is nie
gebaseer op formele of absolute (uitdruklike) redenasie nie, maar
op prosesse van balansering en eweredigheid soos vereis deur
artikel 36.
Gevolglik het hierdie hof die siening van die meerderheid in die
Amerikaanse Hooggeregshof verwerp dat dit �n onvermydelike
gevolg in �n demokrasie is dat in �n vele-geloof gemeenskap
minderheids-gelowe hulleself mag bevind sonder �n remedie
teen laste wat op hulle gelê word deur voormalige neutrale wette.
Net so, aan die anderkant, sal dit nie as �n onvermydelike
uitkoms van grondwetlikheid wees as elke statutêre bepaling om
geloofsredes ongeldig verklaar sal word nie.
Inteendeel, �n beperkende ontleding kragtens artikel 36 is �n
14
teenkanting teen teenstellende standpunte in �n demokrasie en
die beskerming van fundamentele regte en nie haalbaar nie.
Wat benodig word, is die harmonisering van talle standpunte
op �n beginselvaste, maar tog aanpasbare saak-tot-saak
benadering.
Dit moet ook op die Suid-Afrikaanse realiteit let met
inagneming van internasionale ervaring sonder om die waardes
van ons Grondwet te misken.
Om dit te bereik sal hierdie hof dikwels gekonfronteer
word met ingewikkelde probleme waar die Grondwet
diskresionêre magte verleen aan die wetgewer en ook
aangeleenthede wat tuishoort by die regsprekende gesag.
10.3.2 �n Omvattende en inklusiewe metode van
grondwetuitleg Maar hoe konkretiseer ons die uitlegriglyne wat in artikel 39(1) van die Grondwet uitgespel word? Hoe maak ons dit prakties in die regte wêreld van politiek, armoede, misdaad, verwagtings,
ensomeer? Soos vroeër verduidelik, bespreek Du Plessis & Corder vyf
tradisionele tegnieke van grondwetuitleg. Hierdie tegnieke vul mekaar aan en is in �n volgehoue interaksie met mekaar. (i) Grammatikale uitleg Hierdie aspek erken die belangrikheid van die rol van taal in die grondwetlike teks. Dit fokus op die linguistiese en grammatikale betekenis van die woorde, frases en al die ander strukturele komponente van die teks, asook die beginsels van sinsbou (sintaks). Dit beteken egter nie �n terugkeer na letterlike uitleg
en die plain meaning-benadering nie. Dit erken bloot die
15
gesaghebbende grondwetlike teks as �n belangrike stuk in die ingewikkelde legkaart van grondwetuitleg. Aldus Du Plessis: Die voltooide [grondwetlike] teks stel, met groot bevoegdheid, �n
beginpunt vir wetsuitleg voorop, en uiteindelik aanwending, maar dit
versoek, met gelyke bevoegdheid, improvisasie, sodat sy eie
inklusiwiteit erken word.
(ii) Sistematiese/kontekstuele uitleg Hierdie metode konsentreer op die betekenis van �n bepaalde
grondwetlike bepaling in samehang met die Grondwet as geheel. Dit is ook bekend as �n holistiese benadering. Dit is nie net die eenheid van die Grondwetteks wat beklemtoon word nie, maar ook ekstratekstuele faktore (soos bv. die sosiale en politieke omgewing waarbinne die Grondwet funksioneer) word in ag geneem. In Fereira v Levin het die Konstitusionele Hof die struktuur van die Oorgangsgrondwet, asook die formulering van ander fundamentele regte, gebruik om die reg op vryheid van die persoon te interpreteer. (iii) Teleologiese uitleg Dit behels �n waardegerigte uitleg: die doel en oogmerk van die
bepaling moet teen die agtergrond van die fundamentele grondwetlike waardes vasgestel word. Hierdie fundamentele grondwetlike waardes vorm die normatiewe basis van grondwetpraktyk waartydens wetgewing en optrede daarteen geëvalueer (deur die waardes gefiltreer) word. In Coetzee v Government of the Republic of South Africa; Matiso v Commanding Officer, Port Elizabeth Prison 1995 het regter Sachs die teleologiese dimense van grondwetuitleg só
verduidelik:
16
Die waardes wat die hele proses moet oordek (oorkoepel), word
afgelei van die begrip van �n oop en demokratiese gemeenskap
gebaseer op vryheid en gelykheid, waarna telkemale in die Grondwet
verwys word. Die begrip van �n oop en demokratiese gemeenskap is nie
bloot net �n begeerte of dekoratief van aard nie, dit is normatief, en
verskaf die bindmiddel (matrix) van ideale waarin ons optree, waarvan
ons die beginsels en reëls wat ons toepas verkry, en die finale maatstaf
wat ons gebruik om die legimiteit (regmatigheid) van aanvegbare norme
en gedrag te kan toets ..... [Ons] moet ook nie bloot formele en tegniese
reëls toepas nie, maar eerder aandag skenk aan die werklike waardes
onderliggend tot die waarborge van fundamentele regte in bepaalde
omstandighede.
(iv) Historiese uitleg Hierdie metode verwys na die historiese konteks van die Grondwet. Dit sluit faktore in soos die omstandighede wat aanleiding gegee het tot die aanname van die Grondwet, voorafgaande onderhandelings en beraadslagings (die sg. travaux préparatoires), asook die oorspronklike bedoeling van die opstellers (die sg. original intent) van die grondwetlike teks. Die voorafgaande beraadslagings en die original intent kan egter nie die finale betekenis van die Grondwet bepaal nie. Indien sogenaamde original intent deurslaggewend sou wees, sou só �n interpretasie die toekomsraamwerk (continuing time-frame) waarbinne die Grondwet as �n living tree funksioneer, heeltemal ignoreer. Daardeur sou toekomstige geslagte onherroepbaar gebind word deur �n enkele geval van
grondwetskepping, sonder die moontlikheid van groei, dialoog, veranderings en buigsaamheid. (v) Vergelykende uitleg Dit verwys na die proses (soos deur a 39(1) van die Grondwet voorgeskryf) waartydens die hof internasionale reg en
17
grondwetlike beslissings van buitelandse howe ondersoek. Dit moet egter gedoen word met inagname van die unieke plaaslike konteks van die Grondwet wat uigelê word, soos Chaskalson P
dit in Makwanyane te para 39 verduidelik het: Wanneer ons besig is met vergelykende reg moet ons in gedagte hou
dat van ons verwag word om die Suid-Afrikaanse Grondwet uit te lê en
nie �n internasionale wet of die Grondwet van �n vreemde land nie en
dat dit gedoen moet word met die nodige inagneming van ons
regstelsel, ons geskiedenis en ons omstandighede , en die struktuur en
taal van ons eie Grondwet. Ons mag internasionale regspraak raadpleeg
en buitelandse beslissings, maar ons is op geen manier gebonde om dit
na te volg nie.
Hierdie vyf aspekte (of uitleginvalshoeke) is egter nie net teoretiese mymerings nie. Al vyf tegnieke kan geïdentifiseer
word in uitsprake van die Konstitutionele Hof, soos dié van
regter Mahomed in S v Makwanyane: Om �n dispuut op te los, moet die toepaslike bepalings van die Grondwet
bestudeer word, die teks en die konteks; asook die wisselwerking
tussen die onderskeie bepalings; regspresedente relevant tot die
oplossing van die probleme beide in Suid-Afrika en oorsee; die plaaslike
(eie) gemenereg en publieke internasionale reg wat moontlik �n invloed
op die oplossing kan hê; feitelike en historiese oorwegings wat op die
probleme betrekking het; die belangrikheid en betekenis van die taal wat
in die relevante bepalings gebruik is; die inhoud en etos soos vervat in
die struktuur van die Grondwet; die balans wat gevind moet word tussen
verskillende en soms teenstrydige oorwegings gereflekteer in die teks;
en �n deurdagte uitleg en beoordeling van al hierdie faktore kan bepaal
wat die Grondwet toelaat en wat dit verbied.
18
10.4 Wie se Grondwet is die nou eintlik? * Na tien jaar van �reënboogdemokrasie� en konstitusionalisme
is die vrae oor grondwetuitleg en �toepassing sekerlik klaar beantwoord, of hoe? Die Grondwet en die Handves van Regte vereis �n doeldienende uitleg, met inagneming van die waardes
en aspirasies wat in die grondwetteks geartikuleer word, of hoe? Die filosofiese vraagstukke is opgelos en nou kan ons seker op �regte� vraagstukke konsentreer, nie waar nie? * So eenvoudig en finaal is dit egter nie! Grondwetuitleg is �n
dinamiese proses wat nooit voltooi kan wees nie, want omstandighede en persepsies en waardes sal verander. Daar kan nooit een finale interpretasie wees wat in beton gegiet is nie. * Geen uitleg van die Grondwet is evangelie nie, en daar is steeds �n klomp onbeantwoorde vrae en onopgeloste probleme wat aangespreek moet word. * Die Grondwet is per slot van sake �n lewende dokument, en
tensy ons die onbepaalbaarheid en veranderende aard van grondwetuitleg en �praktyk aanvaar en verstaan, bestaan die gevaar dat ons maar net weer in nog �n versmorende ortodoksie sal verval: nie parlementêre soewereiniteit nie (�die parlement
het gespreek�), maar eerder die uitsprake van die
Konstitusionele Hof in Braamfontein (of veel erger, �n halstarige
regering in Pretoria). In S v Mblungu het regter Sachs hierdie altyd-veranderende proses van grondwetuitleg as volg verduidelik: Ek beskou die vraag oor uitleg as een waar daar nooit �n absolute en
definitiewe antwoord kan wees nie en dat, in besonder ... hoe om
kompeterende bepalings uit te balanseer, sal altyd die vorm
aanneem van �n beginselvaste dialoog, in die eerste plek tussen lede
van hierdie hof, en dan tussen ons Hof en ander Howe, die
regsprofessie, regsfakulteite, die parlement, en indirek met die breë
publiek.
19
10.4.1 Die legitimiteit van grondwetlike toetsing en die countermajoritarian difficulty * Daar is steeds �n voortslepende spanning tussen die
beginsel van grondwetlike toetsingsreg en die demokratiese wil van die bevolking: is dit aanvaarbaar dat �n onverkose hof die
demokratiese wense van die meerderheid van die bevolking (soos dit in die wetgewende maatreëls van die verkose regering
na vore kom), kan dwarsboom? Enersyds is die Grondwet die produk van �n onderhandelde kompromie, wat die bevolking ingesluit het. * Hierdie Grondwet (wat �n handves van fundamentele regte
insluit) is, onder andere, �n skild wat die mense se
fundamentele regte moet beskerm en die grondwetlike waardes moet bevorder. Volgens Michelman het die regbank �n
situational advantage over the people at large in listening to the voices from the margins. * Aan die ander kant is die beginsels van skeiding van magte en die demokrasie ook fundamentele waardes wat �n regstaat
stut. Enige hof wat grondwetlike toetsing toepas, is per definisie by hierdie grondwetlike koorddans betrek. Skielik is beleidsvraagstukke ook beregbaar, soos Du Plessis & De Ville dit verduidelik: �n Handves van Regte judisialiseer die politiek omdat dit van die
regterlike mag verwag om as �n onafhanklike skeidsregter op te tree wat
party politieke optreders moet hou aan die basiese �reëls van die
politieke spel� soos bewaar in die Handves van Regte. Op sy beurt verg
dit politieke vaardighede van die �skeidsregter homself� � in ander
woorde �n politisasie van die regbank.
* Maar waar lê die grense van grondwetlike toetsing? Die
howe het �n plig om die grondwetlike regte te beskerm, maar is
die Grondwet dit wat die regters sê dit is? Wat dan van die
20
insette van civil society en die ander deelnemers aan die demokratiese proses? Die howe is die beskermers van die grondwetlike regte en waardes, maar hulle is nie �n
superwetgewer nie. Presies waar om die grense tydens uitleg en toepassing te trek is een van die probleemvrae wat die regbank in �n regstaat konfronteer. 10.4.2 Grondwetlike waardes * Met die totstandkoming van die nuwe grondwetlike orde op 27 April 1994 het daar �n fundamentele klemverskuiwing in
Suid-Afrika plaasgevind. Suid-Afrika het �n keuse ten gunste
van �n regstaat uitgeoefen, wat deur uitdruklike fundamentele waardes gestut word (waaronder waardes soos menswaardigheid, vryheid en gelykheid). * Die Grondwet plaas �n verpligting op die regbank om hierdie
grondwetlike waardes in ag te neem, na te kom, te eerbiedig, te bevorder en te verwesenlik (veral a 2, 7(2) en 39(2)). Kortom, die fundamentele waardes is daar en móét gebruik word. * Die vraag is: wat word daarmee gedoen? Is die grondwetlike waardes maar net mooiklinkende en hoogdrawende verwysings na menswaardigheid, geregtigheid, ensovoorts wat van tyd tot tyd as morele borduursels vir hofuitsprake kan dien? * Onthou, die Critical Legal Studies-beweging (sien hoofstuk 5 hierbo) kritiseer juis sulke hol beloftes en mooi praatjies oor regte. - As ondersteuners van die grondwetlike staat nie skuldig wil wees aan CLS se beskuldigings dat daar net lippediens aan fundamentele regte bewys word nie, sal die regbank meer �aktivisties� met fundamentele grondwetlike waardes by grondwetuitleg moet omgaan.
21
* Maar wat is �aktivistiese� grondwetuitleg? Dit gaan primêr
oor �n aktiewe en positiewe bevordering en uitbouing van die
fundamentele grondwetlike waardes. Die materiële
(waardebelaaide) komponent van die regstaat móét deur die
regbank geaktiveer en gekonkretiseer word. * Dit is egter nie net die waardes en regte van die individu wat beklemtoon word nie, maar ook dié van die gemeenskap, en
veral die agtergeblewendes en uitgeworpenes. * Die Grondwet is �n waardebelaaide dokument, en hierdie
waardes (oftewel, die gees van die Handves van Regte) moet bevorder en gekoester en toegepas word. Maar van wie se waardes praat ons? Vanuit wie se oogpunt word hierdie waardes vasgestel en uitgelê? Wat dan van sogenaamde
kulturele relativisme? * Verskillende kulture en etniese groepe het uiteenlopende idees oor byvoorbeeld nie-seksisme en die plek van vrouens in die samelewing. Anders gestel, daar is �n uiteenlopende
gemeenskap van grondwetuitleggers in Suid-Afrika betrokke by die grondwetlike aspek. * In aansluiting hierby is die rol van dominante kulture en groepe in die interpretasieproses. Hoe begrippe soos �oop en
demokratiese samelewing� of �nie-seksisme� in die praktyk
gekonkretiseer word, sal in �n mate afhang van wie die
interpreteerders is: indien die interpreteerders in �n gegewe
situasie slegs mans is, sal die gekonkretiseerde betekenis van die begrip �nie-seksisme� noodwendig deur kultuur,
voorveronderstellings en voorkennis beïnvloed word. * Die vraag tydens uitleg is nie net �Wie is die ander?� nie,
maar ook �Wie praat namens die ander?� Met ander woorde,
sal gemarginaliseerde groepe ook die geleentheid gebied word om aan die interpretasiediskoers (gesprek) deel te neem, en sal hulle gehoor word? In �n diverse gemeenskap soos Suid-Afrika
22
met �n geskiedenis van onderdrukking en diskriminasie kan
hierdie vraagstuk nie geïgnoreer word nie. 10.4.3 Implementering van �n menseregtekultuur Die implementering van �n kultuur van regte in Suid-Afrika
is nog �n belangrike grondwetlike taak van die regbank.
Dit is goed en wel om na Suid-Afrika as �n regstaat te
verwys en ewe hoogdrawend grondwetlike waardes te beklemtoon.
Daar moet egter onthou word dat ons nog �n baie jong
demokrasie is, en die gesprek oor begrippe soos openheid en deursigtigheid en menswaardigheid en substantiewe geregtigheid moet ook nog ontwikkel.
Watter rol moet die regbank en die Grondwet tydens die
transformasieproses in Suid-Afrika speel? Een van hierdie funksies is dalk om die Grondwet te vestig as �n
gerespekteerde simbool van nasieskap wat oor die grense van ras, kultuur, taal, geslag en etnisiteit kan sny, en wat �n respek vir �n kultuur van regte en konstitusionalisme kan
vestig. 10.4.4 Uitleg en maatskaplike geregtigheid * Die uitdagings wat sosio-ekonomiese regte vir die interpretasie van fundamentele regte inhou, moet kortliks bespreek word. Moet sosio-ekonomiese regte anders as die ander menseregte uigelê word? - Ja, dit bly �n poging om �n balans te tref tussen regterlike aktivisme en terughoudendheid (self-restraint): tydens moeilike sosio-ekonomiese regsvrae voor �n geregshof sal �n persoon uit �n gegoede woonbuurt uiteraard ten gunste van regterlike terughoudendheid wees, maar daarenteen
23
sal �n baie arm inwoner van �n plakkerskamp ongetwyfeld �n meer aktivistiese en vrygewige (generous) interpretasie van die regbank verwelkom. - Toegegee, daar is �n baie fyn lyn tussen toetsing van die reg en die beïnvloeding van beleid, maar uiteindelik is dit nie net �n toepassingsprobleem nie, maar wel een van uitleg en interpretasie. * Kan en mag �n hof die wetgewer se besluite oor beleidsaspekte bevraagteken? Tradisioneel is �n hof nie
toegerus om sulke aspekte te bereg nie. - Die regbank mag nooit �n superwetgewer word nie. Terselfdertyd mag die regbank ook nooit die wetgewer se handperdjie en rubberstempel wees nie. Indien die parlement toegelaat sou word om na willekeur op grondwetlike regte inbreuk te maak, of in die geval van sosio-ekonomiese regte, te min te doen om daardie regte te verwesenlik, sou ons Handves van Regte �n papiertier sonder tande wees. * Die moderne demokratiese staat het gedurende hierdie eeu heelwat verander: vanaf die liberaal-demokratiese staat (die nie-inmengende of �nagwagstaat�), na die administratiewe
(regulerende) staat, na die welsynstaat (welfare state), na die weldoenerstaat (benefactor state) en uiteindelik na die postindustriële bemagtigende staat (the state as agent of empowerment). - Die opkoms van die welvaartstaat en die bemagtigende staat het meegebring dat die regstaat nie net by die handhawing en beskerming van die tradisionele individuele regte en waardes betrokke is nie, maar ook gemeenskapswaardes en �regte moet vestig en bevestig.
- Die moderne regstaat kan nie net neem nie, maar moet ook gee � die staat as beskermer van die individu
24
en voorsiener aan die gemeenskap. Die beteken dat die regbank nie net die tradisionele liberale regte van die individu teen inbreukmaking deur die owerheid moet beskerm nie, maar ook moet verseker dat die owerheid se positiewe rol ten opsigte van die sosiale opheffing van die gemeenskap nagekom word.
- Die bemagtigende staat moet dus as agent of empowerment optree, sodat mense bemagtig kan word om nie altyd hulpeloos te wees nie. In die moderne staat is die owerheid se weerhouding van voordele soms �n groter skending van fundamentele regte as blote magsoorskrydings.
* �n Handves van regte is nie net �n skild teen
owerheidsinmenging nie, maar �n positiewe rigtingwyser na
geleenthede, dienste, hulpbronne en bemagtiging. - Ingevolge die voorrede is die Grondwet van 1996 die dryfveer om �n samelewing gegrond op demokratiese waardes, maatskaplike geregtigheid en basiese menseregte te skep, asook die lewensgehalte van alle burgers te verhoog en die potensiaal om elke mens te ontsluit. - Met ander woorde, die Grondwet is ook �n instrument vir heropbou en transformasie. Vir die armes en ongeletterdes in die gemeenskap is die legitimiteit van die nuwe grondwetlike orde aan sosio-ekonomiese regte gekoppel, nie aan ingewikkelde interpretasie en hoogdrawende teoretiese uiteensettings nie.
- Juis híérin lê die nuwe uitdaging vir grondwetuitleg ... om
die grondwetlike waardes te aktiveer, en in die proses te help om aan veral maatksplike geregtigheid (social justice) beslag te gee.
25
�n Fundamentele regtebedeling gaan nie net oor die verskansing van
sekere regte nie, maar behels ook die handhawing en versterking van
die noodsaaklike voorvereistes vir die behoorlike (en menswaardige)
uitoefenig van daardie regte. Anders gestel, ook dié mense wat na die
�kantlyne� van die gemeenskap uitgedruk is (die armes, die
uitgeworpenes en die disempowered), moet darem ook in staat wees om
die vrugte van die Handves van Regte te kan geniet!