inhoudsopgawe contents bladsy /...

12
1 van 12 NR/NO. 219 JUNE/JUNIE 2015 INHOUDSOPGAWE CONTENTS BLADSY / PAGE NUUSBRIEF uitgegee deur die NEWSLETTER issued by the INMAAKVRUGTE PRODUSENTE VERENIGING CANNING FRUIT PRODUCERS’ ASSOCIATION Hoofstraat 258 258 Main Street Posbus 414, PAARL 7620 P O Box 414, PAARL 7620 TELEFOON: 021-8721401 TELEPHONE: 021-8721401 FAKSIMILEE: 021-8722675 FAX: 021-8722675 E-pos: [email protected] Web page: www.canningfruit.co.za REDAKTEUR / EDITOR: WIEHAHN VICTOR Reproduction of articles from this Newsletter to acknowledge DIE KRAT and author. Herdruk van artikels in hierdie Nuusbrief moet DIE KRAT en die skrywer erken. UIT DIE VOORSITTER SE PEN 2 - 3 SOUTH AFRICAN FRUIT JUICE ACTIVITIES 4 GRADING RESULTS 6 DIE LEWE IS ‘N REIS 6 - 8 FRUIT JUICE ACQUISITION 9 IPV RAADSLEDE 10 PITTE IN DIE BOS / FRUIT BITS 11 DAGBOEKDATUM: TEGNIESE DAG 12 PRODUKSIESYFERS VAN INMAAKVRUGTE 5 DIE VERSKIL TUSSEN ‘N WERK EN ‘N JOB 12 VERBRUIKERSTUDIES OLIMPIADE 9

Upload: others

Post on 10-Oct-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: INHOUDSOPGAWE CONTENTS BLADSY / PAGEcanningfruit.co.za/wp-content/uploads/2016/07/Die-Krat-Junie-2015-… · regeringsdepartemente, Elsenburg, transformasie en opleiding is voorbeelde

1 van 12

NR/NO. 219 JUNE/JUNIE 2015

INHOUDSOPGAWE – CONTENTS BLADSY / PAGE

NUUSBRIEF uitgegee deur die NEWSLETTER issued by the INMAAKVRUGTE PRODUSENTE VERENIGING CANNING FRUIT PRODUCERS’ ASSOCIATION

Hoofstraat 258 258 Main Street Posbus 414, PAARL 7620 P O Box 414, PAARL 7620 TELEFOON: 021-8721401 TELEPHONE: 021-8721401 FAKSIMILEE: 021-8722675 FAX: 021-8722675 E-pos: [email protected] Web page: www.canningfruit.co.za

REDAKTEUR / EDITOR: WIEHAHN VICTOR

Reproduction of articles from this Newsletter to acknowledge DIE KRAT and author. Herdruk van artikels in hierdie Nuusbrief moet DIE KRAT en die skrywer erken.

UIT DIE VOORSITTER SE PEN 2 - 3

SOUTH AFRICAN FRUIT JUICE ACTIVITIES 4

GRADING RESULTS 6

DIE LEWE IS ‘N REIS 6 - 8

FRUIT JUICE ACQUISITION 9

IPV RAADSLEDE 10

PITTE IN DIE BOS / FRUIT BITS 11

DAGBOEKDATUM: TEGNIESE DAG 12

PRODUKSIESYFERS VAN INMAAKVRUGTE 5

DIE VERSKIL TUSSEN ‘N WERK EN ‘N JOB 12

VERBRUIKERSTUDIES OLIMPIADE 9

Page 2: INHOUDSOPGAWE CONTENTS BLADSY / PAGEcanningfruit.co.za/wp-content/uploads/2016/07/Die-Krat-Junie-2015-… · regeringsdepartemente, Elsenburg, transformasie en opleiding is voorbeelde

2 van 12

UIT DIE VOORSITTER SE PEN

Dit is weereens my voorreg om verslag te doen oor die aktiwiteite van die Inmaakvrugte Produsente Vereniging

(IPV) van die afgelope 12 maande. Die feit dat ons as ‘n vereniging ons sake kan bedryf met vrywillige

lidmaatskap van 100% van inmaakprodusente, is uniek in die Landboubedryf en ek glo werklik tot voordeel van

die bedryf in sy geheel. Dit sal goed wees as ons kan voortbou op die goeie verhoudings wat in ons bedryf heers,

want dit strek die bedryf en spesifiek die produsente tot voordeel. Ek kan my nie indink watter chaos daar in

die bedryf sou wees as ons nie die goed gevestigde strukture in plek gehad het wat ons nou het nie. Dit is ook

‘n feit dat ons nie op ons louere kan rus nie en verwelkom dus altyd opbouende kritiek of goeie voorstelle. Dit

is goed as almal in die bedryf op hulle tone gehou word, of as geleenthede geskep word om uiteenlopende

sienings te bespreek en dat daar konsensus kan bereik word tot voordeel van alle rolspelers in die bedryf.

Indien produsente Die Krat, waarvan daar die afgelope jaar ses uitgawes verskyn het, gereeld lees sal hulle

bewus wees van die omvattende wye verskeidenheid onderwerpe waarmee die IPV homself bemoei. Hulle is

almal natuurlik ook op ons webwerf beskikbaar wat weereens ‘n bewys is dat die IPV relevant en op datum is

met die inligting wat hy insamel en deel. Hierdie is ‘n dinamiese vereniging en dit is belangrik dat dit nie iets is

wat die bestuur en raadslede sê nie, maar iets wat die lede ervaar. Die doelstellings van die vereniging moet

bereik word en dit gebeur aan die hand van verskeie maatstawwe waaraan die vereniging gemeet kan word.

Die Raadslede, wat per area verkies is, het twee raadsvergaderings gedurende die jaar gehou, met die

Uitvoerende Bestuur wat ‘n addisionele 3 vergaderings gehou het. Die meeste werk word egter by verskeie

komitees gedoen en dit is juis by hierdie komitees dat die produsente se belange behartig, bevorder en beskerm

word. Ek sal so ‘n paar hoogtepunte van die onderskeie komitees se werksaamhede uitlig.

Op tegniese vlak bestaan daar komitees vir Culdevco, SAPO, SPV, Plant SA en Fruitfly Africa (PTY) Ltd waar die

Bestuurder en/of Raadslede Trustees is, of op die direksie dien of ten minste waarnemerstatus het en waar die

IPV aktief op daardie vlak insae het oor hoe die organisasies bestuur word. Die belange van die IPV lede word

sodoende bevorder in samewerking met ons susterbedrywe naamlik vars en droog.

Vir nege agtereenvolgende jare kon Culdevco sy wins verhoog en ‘n rekord bedrag is oorbetaal aan die LNR as

eienaar van die kultivars asook aan die Culdevco eienaars naamlik SASPA, SAAPPA, IPV, DTD en SATI. Hierdie

wins word gebruik deur die aandeelhouers om die ontwikkeling van unieke sagtevrugte kultivars te befonds tot

voordeel van die hele bedryf. Ons finansiële resultate wys dat dit in die orde van R700 000 was vir die afgelope

finansiële jaar. Dit is ook die bedrag wat ons oorbetaal het aan die LNR vir kultivar ontwikkeling gedurende die

afgelope jaar.

Die komende finansiële jaar sal die laaste een wees van die huidige 10 jaar lisensie ooreenkoms met die LNR,

maar onderhandelinge is alreeds aan die gang om die lisensie ooreenkoms te hernu. Sou daar nie ‘n ooreenkoms

gesluit kan word nie sal Culdevco nog steeds die bemarking en kommersialisering van die kultivars en seleksies

onder sy bestuur, naamlik fase 3 seleksies en die wat in die verlede onder die ou ooreenkoms vrygestel is,

hanteer. Die Inmaakbedryf is veral baie afhanklik van Culdevco kultivars omdat hierdie kultivars die ruggraat

vorm van die Inmaakbedryf.

ANTHONY DICEY

Page 3: INHOUDSOPGAWE CONTENTS BLADSY / PAGEcanningfruit.co.za/wp-content/uploads/2016/07/Die-Krat-Junie-2015-… · regeringsdepartemente, Elsenburg, transformasie en opleiding is voorbeelde

3 van 12

Navorsing en ontwikkelling vind hoofsaaklik by die LNR plaas met ‘n paar projekte by die Universiteit van

Stellenbosch wat die Vereniging ongeveer R1 000 000 per jaar kos. Tog is dit kommerwekkend dat bitter min

navorsing buite kultivarontwikkeling gedoen word en is daar ‘n afwaartse navorsingstendens by LNR Infruitec-

Nietvoorbij.

Plantverbetering word bedryf deur SAPO, Plant SA en SPV en hierdie instansies is gesamentlik, maar met

verskillende verpligtinge, verantwoordelik vir die beskikbaarheid van skoon, stabiele en gesertifiseerde

plantmateriaal aan die bedryf. Ek self is die Trustee by SAPO terwyl die Hoofbestuurder die IPV by die ander

instansies verteenwoordig. Weereens is dit belangrik om te beklemtoon dat dit die taak van die Bestuurder is

om al hierdie dienste en funksies ter bevordering van die vereniging se lede uit te voer. Die blou etiket op ‘n

boom wat ‘n produsent plant kom nie toevallig daar nie, maar gebeur as gevolg van goeie stelsels in onder

andere die vrugtebedryf daargestel deur produsente verenigings soos die IPV. In Desember het die Bestuurder

en ek ‘n werkswinkel bygewoon om te bepaal watter aksies en dienste deur die bedryfbedieningsstrukture

gelewer moet word om ‘n optimale omgewing vir die hantering van plantmateriaal te skep met betrekking tot

bo- en onderstamme, die gehalte van plantmateriaal en onafhanklike evaluering.

Goeie verhoudings en oop kommunikasie met alle rolspelers in die bedryf is noodsaaklik. Buiten die Uitvoerende

Bestuursvergaderings en Raadsvergaderings vind daar talle ander vergaderings wat deur die Bestuurder en sy

personeel beplan, geadministreer en uitgevoer word. Die Bestuurder dien op die Algemene Raad van Agri-SA

en woon die vergaderings by om te verseker dat die IPV se betrokkendheid by kwessies soos grondhervorming

duidelik sigbaar is. Gereelde vergaderings onder die Hortgro Forum vaandel wat Agri-Wes Kaap, die ander

sagtevrugtebedrywe en bedrywe soos koejawels, fynbos ensovoorts insluit, word gereeld gehou om

gemeenskaplike sake wat landbou affekteer te bespreek. Beurtkrag, arbeidsinspekteurs, skakeling met

regeringsdepartemente, Elsenburg, transformasie en opleiding is voorbeelde van sake wat bespreek word.

Produsente word aangemoedig om die SIZA Etiese Handel oudit te laat doen. Aansoek is gedoen by MCEP vir

finansiële hulp tydens die oudit proses,maar is nog steeds uitstaande.

Verskeie vergaderings is gedurende die jaar met al die Verwerkers gehou. Daar vind die afgelope paar jaar baie

verwikkelinge plaas met die verwisseling van eienaarskap en danksy die goeie verhoudings wat die IPV het met

die Verwerkers glo ek dat daar relatief min ontwrigting plaasvind en dat die IPV bydra tot ‘n bedryf wie se sake

vlot verloop. Die Bestuurder sal in sy voorlegging breedvoerig oor bedryfsaangeleenthede verslag doen.

Die finansies van die IPV is gesond en word bestuur binne die begrotingsriglyne wat opgestel is. Hierdie is te

danke goeie oeste en pryse. Die finansiële state word apart bespreek deur die Bestuurder.

Die gebou word goed onderhou. Kantore is rondgeskuif en die ekstra kantoorruimte wat geskep is, is uitverhuur.

Die goeie werk van die IPV is te danke aan bekwame, vriendelik, gewillige personeel wat werklik die belange van

die IPV op hulle harte dra. Mev.Roeline Malone het na meer as 30 jaar diens by die IPV uitgetree en ons het al

op ‘n vorige geleentheid vir Mev.Catherien Tredoux welkom geheet. ’n Insentiewe bestuurstelsel is vir die

personeel geïmplimenteer. Mnr Wiehahn Victor is regtig Mnr Inmaak nie net in SA nie, maar geniet ook oorsee

groot agting vir sy betrokkenheid en kennis van die Inmaakbedryf wêreldwyd. Hy het soos gewoonlik die SIAL

voedselskou in Parys bygewoon en terselfdertyd ook ‘n mini – wêreldkonferensie daar gehou. Die IPV bly aan

die voorpunt ten opsigte van verwikkelings in die wêreld Inmaakbedryf. Dankie Wiehahn.

My dank ook aan Raadslede wat tyd inruim om namens alle produsente weg te wees van hulle besighede om

bemarkings-, graderings-, chemiese spuitstowwe, oesskattings en navorsings- en ontwikkellingskomitee

vergaderings by te woon.

Ek wens alle rolspelers in ons bedryf voorspoed toe vir die jaar wat voorlê. Die IPV is gerat om enige uitdagings

wat oor sy pad kom aan te vat.

ANTHONY DICEY, IPV VOORSITTER

Page 4: INHOUDSOPGAWE CONTENTS BLADSY / PAGEcanningfruit.co.za/wp-content/uploads/2016/07/Die-Krat-Junie-2015-… · regeringsdepartemente, Elsenburg, transformasie en opleiding is voorbeelde

4 van 12

SAFJA recently held a well-attended 4th AGM. A full agenda included a number of strategic

issues such as future funding mechanisms for the implementation of industry projects

and services as well as the capacity of DAFF in terms of manpower, skills, laboratory

equipment and resources to provide adequate inspection services for fruit juice products.

The Technical Committee of SAFJA has a full programme for the next few months. The

new proposed Fruit Juice Regulations have just been published by DAFF for comment and

SAFJA will continue to be intricately involved in this process to finalization. The new

regulations promise to be a significant improvement on the current regulations and will

benefit all stakeholders.

The International Federation of Fruit Juice Producers has supported the Food Safety

theme this year. There is certainly a role for SAFJA locally in this regard as well as to

support fact based research to promote fruit juice as part of a balanced diet within a

healthy lifestyle. Scientific studies have proven that 100% fruit juice consumption has a

range of health benefits similar to those of the fresh fruit. Actually, the composition of

100% fruit juice is very similar to that of the original fruit. It contains most of the

components of the original fruit; nutrients, minerals, vitamins and phytochemicals and

doesn’t contain more sugar than the fruit itself. According to the Codex General Standard

for Fruit Juices and Nectars “fruit juices have the essential physical, chemical,

organoleptic and nutritional characteristics of the fruit from which it comes” (Codex

STAN 247-2005).

The IFU (International Federation of Fruit Juice Producers) has also scheduled the 2015

Global Juice Summit for 7 – 8th October in Antwerp Belgium and this is very conveniently

positioned just prior to Anuga for those travelling to Europe later in the year.

Rudi Richards SAFJA June2015

SOUTH AFRICAN FRUIT JUICE

ASSOCIATION ACTIVITIES

Page 5: INHOUDSOPGAWE CONTENTS BLADSY / PAGEcanningfruit.co.za/wp-content/uploads/2016/07/Die-Krat-Junie-2015-… · regeringsdepartemente, Elsenburg, transformasie en opleiding is voorbeelde

5 van 12

PRODUKSIESYFERS VAN

INMAAKVRUGTE

Die onderstaande tabel toon die onderskeie bemarkingskanale vir appelkose, taaipitperskes en pere in ton vir die afgelope seisoen in vergelyking met die vorige vier jaar.

Na drie relatief goeie jare was die Builida-appelkoosoes teleurstellend klein. Dit kon hoofsaaklik aan klimaat toegeskryf word, asook aan die baie hektare bome wat uitgetrek is. In die geval van Taaipitperskes was dit ‘n rekordjaar, die bykans grootste oes ooit in die geskiedenis. Die Bon Chretien oes was volgens skatting kleiner. Die oes was 6,7% kleiner as die vorige jaar en die vars uitvoermark het skerp afgeneem.

VRUGSOORT 2010/2011 2011/2012 2012/2013 2013/2014 2014/2015

BULIDA APPELKOSE

Ingemaak 24 938 34 337 34 043 24 495 20 164

Sap & Pulp 8 193 13 391 10 165 15 608 10 300

Sub-Totaal 33 131 47 728 44 208 40 103 30 464

Vars 800 800 1 000 1 000 300

Gedroog 1 500 1 200 1 200 1 500 1 800

TOTAAL 35 431 49 728 46 408 42 603 32 564

TAAIPITPERSKES

Ingemaak 88 559 99 212 96 932 80 240 97 076

Sap & Pulp 29 413 32 306 29 864 31 671 44 425

Sub-Totaal 117 972 131 518 126 796 111 911 141 501

Vars 26 000 25 000 27 000 24 500 22 500

Gedroog 10 000 10 000 11 000 10 000 8 500

TOTAAL 153 972 166 518 164 796 146 411 172 501

BON CHRETIEN PERE

Ingemaak 41 924 49 078 45 498 41 011 47 059

Sap & Pulp 18 809 20 900 18 613 27 011 23 877

Sub-Totaal 60 733 69 978 64 111 68 022 70 936

Vars: Plaaslik 4 000 4 000 5 000 5 000 5 500

Vars: Uitvoer 31 333 25 380 33 436 33 511 21 795

Gedroog 4 000 4 000 5 000 5 000 5 800

TOTAAL 100 066 103 358 107 547 111 533 104 031

ANDER VARIËTEITE PERE

Ingemaak, Sap & Pulp

30 000 36 031 43 064 50 258 48 984

BRON: INMAAKVRUGTE PRODUSENTE VERENIGING

Page 6: INHOUDSOPGAWE CONTENTS BLADSY / PAGEcanningfruit.co.za/wp-content/uploads/2016/07/Die-Krat-Junie-2015-… · regeringsdepartemente, Elsenburg, transformasie en opleiding is voorbeelde

6 van 12

GRADING RESULTS

The industry average grading results for the past season in comparison with the previous

season are given below:

Fruit Kind Canning Grade 1

%

Canning Grade 2

%

Under Grade

%

2013/2014 2014/2015 2013/2014 2014/2015 2013/2014 2014/2015

Apricots 93,6 95,2 5,6 3,8 0,8 1,0

Clingstone

Peaches

95,6 96,5 2,7 1,7 1,7 1,8

BC Pears 96,0 96,2 2,3 2,0 1,7 1,8

Source: CANNING FRUIT PRODUCERS’ ASSOCIATION

DIE LEWE IS ‘N REIS

In Maart kom kuier my aanstaande skoonsuster en gaan wys ek haar die pragtige Boland. In

Stellenbosch doen ons aan by Stephan Rautenbach se kunsgallery met die asemrowende

beeldhouwerke. In sy ateljee is `n monster goudvis. By navrae lig hy ons in dat die goudvis simbolies

is van die beginsel dat `n vis so groot word soos die bak waarin die vis swem. Opnuut begryp ek die

versugting van reis en die paralelle wat reis het met verruimende denke, ervarings, belesenheid en

dat reise, na binne of na buite, die somtotaal is van wie jy raak.

Ryszard Kapuscinski was `n grootse skrywer en in Travels with Herodites trek hy paralelle met sy eie

eerste reiservarings en dié van die wêreld se eerste geskiedskrywer Herodites en hoe dit juis

verruimend inwerk op die psige van die reisiger. Deur die eeue heen het reis die mensdom se denke,

sowel as hul doen en late, laat groei om sodoende nuut te dink en nuut te doen. Deur reis word

vooruitgang bewerkstellig. Ek lees op Facebook verlede week die volgende: “Travel has made me

more aware of me. I learn more about myself while on the road than anywhere else. It has given me

the I-can-make-it-happen attitude.” Reis gee beslis `n maatstaf vir evaluering van jouself, jou

omgewing, jou eie sieninge en waarvoor jy dankbaar behoort te wees.

Reis hoef nie noodwendig fisiese reis te wees nie. Boeke en leer het ook `n soorgelyke impak. `n

Leerkultuur is onontbeerlik vir `n beskawing, `n opbouende kultuur en vooruitgang. Kublai Khan van

die Ooste, Die Persiërs van Wiskunde en Sterrekunde, Die Egiptenare van die Piramides, Paulus die

Page 7: INHOUDSOPGAWE CONTENTS BLADSY / PAGEcanningfruit.co.za/wp-content/uploads/2016/07/Die-Krat-Junie-2015-… · regeringsdepartemente, Elsenburg, transformasie en opleiding is voorbeelde

7 van 12

dissipel, Die Romeine van infrastruktuur en stelsel, Die Renaissance met kuns en argitektuur, die

Duitsers met drukpers, die groot kennis rewolusies van Engeland en Amerika, was in alle aspekte

deurspek met `n leerkultuur. Die leerkultuur en leeringesteldheid was die onderbou van vorentoe

spronge wat die mensdom gemaak het. Die spronge het in alle opsigte een gemene deler en dit is

orde, `n afwesigheid van oorlog en `n ruim gees van die leiers. `n Tipiese voorbeeld van leiers se

verruimende denke teenoor beperkende denke, was die wetenskaplike ontwikkeling van Engeland en

Frankryk in die 18de eeu. In Frankryk is wetenskaplikes wat verskuiwende uitvindings gemaak het,

vervolg terwyl in Engeland wetenskaplikes tot ridders en adelikes beslaan is. Die gevolg daarvan was

dat met dieselfde vlakke van kennis, die Engelse die voordeel vir eeue in vooruitgang as voordeel

ontvang het.

As leiers orde en vrede kan bewerkstellig en in die proses wysheid, leergierigheid, skoling, blootstelling

en die ontwikkeling van die intelek voorop stel, volg wonderlike uitvloeisels. Uitvloeisels soos

ekonomiese vooruitgang, musiek, kuns, argitektuur en tegnologiese spronge in die medisyne,

ingenieurswese en die wetenskap insluit as die beloning wat die armstes van die armes kan

bevoordeel. Daarteenoor word lande wat mag voorop stel, met nyd en afguns as gees gestraf en waar

fundamentalisme geleef word, is wanorde die resultaat. Wanorde se somtotaal is geen groei in die

mens, vooruitgang of die omgewing nie.

Groot was die verrassing toe die twee ons meedeel dat baie maatskappye vir werknemers as keuse `n

retoerreiskaartjie bied en dat die meeste werknemers aangemoedig word om die vliegtuigkaartjie te

kies omdat die werknemers waardevolle kennis opdoen wat weer tot voordeel strek van die

werknemers en die onderneming vir wie hul werk.

Met `n paar planne, baie moed en `n effe begroting begin ek met `n vergadering om te bepaal wat die

toppresteerders van die vorige oesjaar graag sal wil sien. Die toppresteerders is van die skoonmaker

tot die Junior Produksie Bestuurder, met boordwerkers, spuitoperateurs, en Achtervlei eie pakstoor

seekat daarby. Die voorkeur reislys wat hulle gee, begin met Kaapstad, Tafelberg, Robbeneiland, die

hawe, die lughawe en Johannesburg. In `n kort tydjie val die planne in plek en word die sirkelreis

voltooi. Die reis begin vanaf Piketberg, Paarl, Kaapstad, George, Langkloof, Oudtshoorn tot terug in

Piketberg

Nou vier weke later, kan ons terugkyk na `n besonderse geseënde reis. Die oggend van die 6 Mei

vertrek die 11 werkers met Patrick wat die taxi ry, na Kaapstad en word SAFT en die hawe besoek.

Ruan Louw van CORE is die toerleier vir die oggend en wys Swannie Swanepoel van SAFT vir die groep

die roete wat elke palet volg. Daarna is die PORTNET terminaal aan die beurt met `n voorlegging in

die raadsaal deur Joe Cupido en Michelle Bagley, en die hoeveel goedere wat gelaai word vanaf

Kaapstad, met spesifieke verwysing na die vrugtebedryf, word bespreek. Daarna is die vraghouers

gelaai en kon die enorme hyskrane se werksverrigting aanskou word. Die lughawe met die groot voëls

Vir jare het ek die begeerte om van Achtervlei se plaaswerkers op reis

te neem. Die grootste beweegrede was om die wêreld oop te breek

omdat die Kaap vir die meeste die verste plek is waar hul gaan kuier.

Om prentjies te sien op die televisie en in boeke is maar net eenmaal

nie dieselfde as om `n plek met al jou sintuie te beleef nie. Toe ek die

goudvis vergelyking hoor, het ek beter verstaan hoekom die reis met

ons medewerkers `n moet is. Deurentyd is ek beweeg deur `n gesprek

wat ons in 1993 met twee persone van Hong Kong gehad het op `n

eerste reis in die buiteland. Na `n lang staan in een of ander ry, het ons

gevra hoekom daar so baie persone van Hong Kong reis.

Die Reisigers van Achtervlei

Page 8: INHOUDSOPGAWE CONTENTS BLADSY / PAGEcanningfruit.co.za/wp-content/uploads/2016/07/Die-Krat-Junie-2015-… · regeringsdepartemente, Elsenburg, transformasie en opleiding is voorbeelde

8 van 12

was volgende met `n heerlike middagete by die Spur. Na `n vol dag lê die groep besoek af by oom Jan

Andrew, wat in die Paarl geopereer word, en as gevolg van sy operasie nie kon saamreis nie.

Die verblyf by Manyano sentrum, aanbeveel deur Retha Louw, was `n treffer. Die volgende oggend

word HORTGRO besoek, met `n aanbieding deur Anton Rabe wat die Suid-Afrikaanse vrugtebedryf in

perspektief plaas, gevolg deur `n besoek aan SIT in Stellenbosch. Die vrugtevlieg-projek se toerleier

was Jerome Johnson en was die ontwikkeling van vlieg tot wurm en die wetenskap daaragter vir die

hele groep ̀ n grillerige leerproses. ̀ n Uitvoering van die Stellenbosch Universiteitskoor oor middagete

as kulturele inspuiting was kos vir die gees. Die namiddag word SAPO besoek en die nuwe variëteite

word voorgehou aan die groep vir kyk en proe. `n Okkuleer demonstrasie deur Tippie, gereël deur

Elsa Muller, het vir almal met inspirasie gevul. Vrydag het die Piketbergers hul lyf toeriste gehou en

Tafelberg, die Chris Barnard hartmuseum, ̀ n bootrit in Tafelbaai, waarna die Rooibus Kaapstad sigbaar

gemaak het. Die dag is afgesluit met `n rit op die wiel in die Waterfront. Stokflou het elkeen in die

bed geval ter voorbereiding vir die reis na George. Die volgende dag het die groep reisend die

tuinroete beleef met `n blitsbesoek aan Stilbaai. Die Sondag is die sewe passe gery, en die Map of

Africa is bekyk by die Wildernis en `n stap in die Groot Voete se bos by Knysna. Daarna is The Heads

bekyk en is die dag afgesluit deur by die Knysna Waterfront te gaan eet. Die Maandag oggend het die

groep vanaf George vertrek na die Langkloof. By Stormsrivier is die angswekkende bungy jumps gade

geslaan en via Plettenbergbaai gereis na Langkloof. In die Langkloof het Erik Conradie ons op toer

geneem na van die Du Toit groep se plase en by Bremer Pauw het die groep, die bome wat hierdie

jaar aangeplant word en die pragtige nuwe pakstoor, gaan besoek. Die skaal en die netheid van die

Du Toit Groep se boerderye het elke een in die groep beïndruk en is daar met nuwe oë gekyk na ons

eie bedryf. Die lang geskiedenis van Tulpieskraal se Kritzingers het bewys gelewer van opbou oor

generasies. Die toer is afgesluit deur `n besoek aan die Kango grotte. Die natuurwonder was vir vele

`n hoogtepunt van die hele toer. Moeg, met baie om te verwerk, het die groep by die huis gearriveer.

Vir die groter visbak, is daar dank verskuldig aan Hortgro vir hul bydrae, Retha vir die reëlings en Anton

Rabe, Phillip Fourie, Ruhan Louw en Nando van die SIT projek en vir elkeen se bereidwilligheid om die

groep te akkomodeer. Dankie vir Samuel Jelander vir die verblyfsreëlings op die George proefplaas,

Bremer Pauw vir die heerlike middagete en Erik Conradie vir die gasvryheid waarmee ons die

Langkloof kon toer.

Die reis kon slegs plaasvind omdat daar `n kultuur van orde en hardwerkenheid binne die

onderneming is en omdat elke reisgenoot taakopgeleid is en verder wil leer. Mag die reis impak maak

op die persone wat die reis meegemaak het en mag die breër gemeenskap daarby baat vind omdat

dié werkers nou meer weet van hul bedryf, hul land en daar na dese `n breër maatstaf van vergelyking

vir hul eie lewe teenoor die van `n wyer omgewing bestaan, is. Die verruiming van denke is bepalend

om potensiaal te bereik. Daardeur word potensiaal ingebed in die DNA om die volgende generasie `n

hupstoot te gee om sodoende die uitdagings van die toekoms beter die hoof te kan bied. Die inspirasie

van die twee Hong Kongers het 21 jaar geneem om tot `n eerste klein treetjie te kom. Deur Suid-

Afrikaners grootskaals te laat reis in Afrika kan daar dalk `n maatstaf kom wat ons tot dankbaarheid

kan stem. Dalk kan dit Suid-Afrikaners laat besin om op te hou oorlog maak teen mekaar. Dalk sal

Suid-Afrikaners staak om af te breek en eerder te fokus op ons talente en ons Madiba eienskappe...

LEEF JOU REIS… DEIDRE EIGELAAR, ACTHERVLEI, PIKETBERG

Page 9: INHOUDSOPGAWE CONTENTS BLADSY / PAGEcanningfruit.co.za/wp-content/uploads/2016/07/Die-Krat-Junie-2015-… · regeringsdepartemente, Elsenburg, transformasie en opleiding is voorbeelde

9 van 12

FRUIT JUICE ACQUISITION

“Although Lake Foods and SCP are primarily focused on the South African market, they have representation in [other] parts of the continent. We plan to optimise synergies and leverage AECI’s extensive African footprint to diversify the businesses,” said AECI's chief executive Mark Dytor in a prepared statement.

A manufacturer and distributor of juice-based drinks and products, SCP generated revenue of ZAR520 million (USD41.2 mln) in its last financial year and was expected to enhance the food additives and ingredients business’s offering to the beverage industry in particular. SCP is half owned by private equity investment company Gerber Goldschmidt South Africa.

SCP comprises three divisions: trading, specialised and formulated juices and brand. The trading division boasts contracts with established local companies to source, import and manage the logistics of their juice concentrate requirements.

The specialised and formulated juices division is focused on in-house intellectual property in the formulation and manufacture of specific juice concentrate products for local and international beverage customers. The brand division bottles olive and seed oils, marketed under the Olive Pride brand.

FOODNEWS

VERBRUIKERSTUDIES OLIMPIADE

Die Universiteit van die Vrystaat het die groot voorreg gehad om die Verbruikerstudies Olimpiade

vanaf 2014 oor te neem en die kompetisie is met groot trots en entoesiasme aan

Verbruikerstudieleerders landswyd aangebied.

Die jaar se Verbruikerstudies Olimpiade word geskryf op Dinsdag 28 Julie 2015 deur die Graad 11- en

12- Verbruikerstudieleerders. Die leerders verteenwoordig 1500 skole landswyd.

Die top 20 leerders, hul ouers en onderwyseresse, word dan na die Prestige Prysuitdelingsfunksie wat

sal plaasvind op 12 en 13 Oktober 2015 by die Eeufees gebou (Centenary Building) van die Universiteit

van die Vrystaat, genooi.

Die Inmaakvrugte Produsente Vereniging het weer vanjaar ‘n borgskap aan die Verbruikerstudies

Olimpiade toegeken. Die hoofdoelwit van die kompetisie is om ‘n bydrae tot elke leerder landswyd se

opleiding te maak. Die leerders word ook blootgestel om onder andere die doel van die Inmaakvrugte

Produsente Vereniging, naamlik om verwerkte vrugte generies te promoveer, te ervaar.

South African chemicals group AECI is buying Southern Canned Products (SCP) for an undisclosed sum, subject to regulatory approval. The acquisition will complement AECI's Lake Foods division and its strategy to grow its food additives and ingredients business in South Africa and the rest of Africa.

Page 10: INHOUDSOPGAWE CONTENTS BLADSY / PAGEcanningfruit.co.za/wp-content/uploads/2016/07/Die-Krat-Junie-2015-… · regeringsdepartemente, Elsenburg, transformasie en opleiding is voorbeelde

10 van 12

IPV RAADSLEDE VIR 2015/2016

Tydens die Algemene Jaarvergadering, wat gehou is op 11 Junie 2015, is die volgende

Raadslede eenparig verkies om in die onderskeie areas as verteenwoordigers op die

IPV Raad te dien vir die 2015/2016 termyn.

Tydens die eerskomende Raadsvergadering van 26 Augustus 2015 sal die Voorsitter,

Vise-Voorsitters en die onderskeie komitees van die Vereniging verkies word.

VOORSITTER: A G DICEY

VISE VOORSITTERS: H L F VAN DER MERWE EN F J VAN DER MERWE

ERE PRESIDENTE: A V VAN DER MERWE EN J P THERON

AREA VERTEENWOORDIGER

Citrusdal / Porterville / Piketberg D J Eigelaar

Tulbagh J H Theron

Wolseley A G Dicey

Worcester / Breërivier F R Botha

Ceres: Swaarmoed A F Smith

Ceres: Koue Bokkeveld F J van der Merwe

Ceres: Witzenberg Vallei I S Hanekom

Ceres B J van Rensburg

Prince Alfred Hamlet P du Plessis

Ladismith / Calitzdorp / Oudthsoorn W M Nel

Swellendam / Barrydale J H Kriel

Ashton G Smuts

Bonnievale H L F van der Merwe

Montagu / Koo C Jordaan

J J Esterhuyse

Robertson J K de Wet

Grabouw / Paarl / Caledon / Villiersdorp A G le Roux

Joubertina / Uniondale J C Strydom

Page 11: INHOUDSOPGAWE CONTENTS BLADSY / PAGEcanningfruit.co.za/wp-content/uploads/2016/07/Die-Krat-Junie-2015-… · regeringsdepartemente, Elsenburg, transformasie en opleiding is voorbeelde

11 van 12

PITTE IN DIE BOS / FRUIT BITS

Ceres Fruit Processors has ordered a second purée line, to be

installed in addition to its existing purée production line. The present one has a capacity of eight tons per hour, and the new USD3.5 million line, presently being built by Elpo of Italy, will add a further 10 tons/hour. The second line will process apple, pear, peach, apricot, guava, strawberry, youngberry and blackberry. It will be assembled alongside the existing line in November 2015, ready to begin processing the new season’s fruit, starting with the apricots in early December. As well as adding capacity, the new line will enable Ceres to avoid the problems of bunching at its plant, should one fruit harvest start late and run into the start of another harvest, as occasionally happens with apricots and peaches, and peaches and pears. The investment comes relatively soon after Ceres announced expansion of its clear AJC and pear juice concentrates capacity, late last year.

FOODNEWS

Bon Chretien Pere

‘n Totale tonnemaat van 104 031 ton Bon Chretien (BC) pere is gedurende die 2014/2015 seisoen ge-oes, teenoor 111 533 ton die vorige jaar. Die verwerkingsbedryf het in albei hierdie jare min of meer 70 000 ton hiervan ontvang. Gedurende die afgelope seisoen is ± 12 000 ton minder pere uitgevoer, wat bygedra het dat die verwerkingsbedryf genoeg pere ontvang het. In die vorige KRAT is gerapporteer dat bykans alle aanplantings Vroeë BC pere is. Of daar genoeg BC pere vir die verwerkingsbedryf vir die toekoms is, is ‘n ope vraag.

WIEHAHN VICTOR, IPV

Greek Cling Peach Production Down

Although this year’s cling peach crop appears to be late, visible problems in the fruit setting hint that total harvest output will fall below 2014’s production levels. This year’s peach production will be considerably less than last year’s 425 000 tons. If Greece, the largest producer of cling peaches in Europe, eventually falls short of estimates, it will bring down the total cling peach production.

FOODNEWS

Spain & Italian Peaches

Spain’s estimated output of 264 729 tons, would represent an improvement on last year volume (+3%), although it would be 16% down on the average production over the 2009-2013 period.

Meanwhile, Italian producers forecast a harvest of 63 468 tons of cling peaches, which represents a 3% rise in volumes over 2014 and a 31% decrease on the five-year average.

FOODNEWS

Page 12: INHOUDSOPGAWE CONTENTS BLADSY / PAGEcanningfruit.co.za/wp-content/uploads/2016/07/Die-Krat-Junie-2015-… · regeringsdepartemente, Elsenburg, transformasie en opleiding is voorbeelde

12 van 12

TEGNIESE INLIGTINGSDAG

VIR VRUGTEPRODUSENTE

Neem asseblief kennis dat die Inmaakvrugte Produsente Vereniging en

Droëvrugte Tegniese Dienste weer soos in die verlede ‘n gesamentlike

Tegniese Inligtingsdag gaan aanbied en wel op:

DONDERDAG 6 AUGUSTUS 2015 OM 09:00

TE GRAHAM & RHONA BECK SKILLS CENTRE, ROBERTSON

DIE VERSKIL TUSSEN ‘N WERK EN ‘N JOB

Werk: ‘n Werk is iets wat mens doen. Jy werk. Jy lewer ‘n bydrae. Jy maak ‘n verkil. Jy spandeer

so byna agt ure per dag daaraan om iets te doen. Jy doen jou bes. Of jy slim of dom is, jy doen die beste wat jy kan. Jy word moeg. Dis belangrik. As jy nie moeg word nie, werk jy te min. Natuurlik rus jy soms bietjie tussenin. Niemand kan heeldag werk nie. As jy sleg werk, word jy afgedank. Hulle fire jou want jy is useless en jy mors hulle geld. En o, ja jy word betaal. Sekuriteit in die werk is iets wat jy verdien omdat jy so goed werk dat hulle jou nie wil afdank nie.

Job, dis iets wat jy sommer net besit. “I have a JOB”. Jy doen nie eintlik iets nie. As iemand wil hê

jy moet iets doen, is jy kwaad en ontevrede want hulle “order jou rond”. Jy lewer so min bedrae as moontlik. Jy maak slegs ‘n verskil aan die payroll, want die baas moet jou betaal. Jy spandeer so byna agt ure per dag daaraan om amper niks te doen nie. Jy doen beslis nie jou bes nie. Hoekom sal jy? Want jy kry mos jou pay aan die einde van die maand al doen jy bokkerol. Of jy slim of dom is, jy doen so min as wat jy kan. Jy word nooit moeg nie. Dis belangrik. As jy moeg word, is daar fout met jou. Jy rus heeltyd. Jy is vrot en treurig en useless. Al werk jy baie sleg word jy nooit afgedank nie. Hulle fire jou nie want jy is net so useless soos al die ander en wie gee nou om? Jy mors hulle geld maar Cosatu belowe job security al is jy absoluut useless. En jy word betaal, want dis eintlik al waaroor dit gaan. Job security (Sekuriteit in die job) is iets wat jy gratis kry al werk jy so vrot dat hulle jou moet fire, maar hulle mag nie want een van die slegste wette in die land sê so. *Die skrywer, Dr. Johan de Lange, is ‘n internasionaal bekende oogspesialis en eienaar van ‘n oog-laserkliniek in Vanderbijlpark.