jaarverslagdr t maarschalk 11 mei 2006 2 me r appelo 11 mei 2006 2 die volgende direkteure het...

32
Jaarverslag Maart 2006 - Februarie 2007 “Om die hart van die stad te verander”

Upload: others

Post on 14-Sep-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JaarverslagDr T Maarschalk 11 Mei 2006 2 Me R Appelo 11 Mei 2006 2 Die volgende direkteure het gedurende die afgelope finansiële jaar bedank: Naam Datum bedank Mev. Z Nel 11 Mei 2006

Jaarverslag Maart 2006 - Februarie 2007

“Om die hart van die stad te verander”

Page 2: JaarverslagDr T Maarschalk 11 Mei 2006 2 Me R Appelo 11 Mei 2006 2 Die volgende direkteure het gedurende die afgelope finansiële jaar bedank: Naam Datum bedank Mev. Z Nel 11 Mei 2006

InhoudVerslag van die Direksie 1

Verslag van die Hoof Uitvoerende Beampte 3

Verslag van Hoofbestuurder: Ontwikkelingsprogramme 6

Statistiek 13

Sukses-stories 14

Verslag van die Hoofbestuurder: Bediening 16

Finansiële Bestuurder se Verslag 18

Verslag van die onafhanklike ouditeure 19

Finansiële State 20

Erkenning en bedanking 28

Visie:

Om die hart van die stad te verander.

Missie:

MES is ’n gemeenskapsgebaseerde Christelike organisasie wat

aktiwiteite inisieër en fasiliteer om mense holisties te bemagtig tot

selfstandigheid, volhoubaarheid en ’n betekenisvolle lewe.

Kernwaardes:• Gegrond op Christelike

waardes.

• Liefde en omgee vir ons medemens.

• Spreekbuis vir reg en geregtigheid.

• Integriteit en deursigtigheid.

• Uitreik na alle mense ongeag, ras, kultuur, godsdiens, geslag of seksuele oriëntering.

Historiese agtergrond:

MES het in 1986 vanuit die NG Gemeente Johannesburg

ontstaan as ’n spontane evangelisasiebeweging wat gefokus het op die nood van die stad. Die behoefte aan ’n

organisasie soos MES was ’n uitvloeisel van die verandering wat in die stad plaasgevind het. Waar

die middestad eers ’n gesogte en florerende besigheidsentrum

en woongebied was, het dit verander na ’n arm en behoeftige omgewing wat deur misdaad en

ander sosiale probleme gekenmerk word. Vandag het MES 122

voltydse personeellede. MES volg ’n holistiese benadering om mense intellektueel, fisies, emosioneel en geestelik te ontwikkel deur middel van ontwikkelingsprogramme en ’n

bediening.

Page 3: JaarverslagDr T Maarschalk 11 Mei 2006 2 Me R Appelo 11 Mei 2006 2 Die volgende direkteure het gedurende die afgelope finansiële jaar bedank: Naam Datum bedank Mev. Z Nel 11 Mei 2006

1

Verslag van die DireksieVir die jaar geëindig 28 Februarie 2007

versorging. In hierdie velde waar nood heers, is die verskillende programme gestruktureer om die kwaliteit van lewe in die stad te verbeter.

• ‘n Uitstaande kenmerk van die stad is die groeiende getal wettige en onwettige immigrante.

• MES werk saam met baie organisasies in die privaatsektor, plaaslike en provinsiale regering, kerke en ‘n groeiende getal besorgde individue.

• ‘n Ontleding van die dag-tot-dag aktiwiteite toon dat die organisasie oor ‘n wye spektrum aktief in die stad betrokke is, deur te fokus op hulle wat in arm en agtergeblewe omstandighede lewe. Hulp word aan almal verleen, ongeag godsdiens, ras, geloof, geslag of ouderdom.

• Die betrokkenheid van MES deur verskillende programme help baie mense om ‘n sinvoller lewe te lei en getuig van die verskil wat Christene in ons land kan maak.. Meer inligting oor die programme is in hierdie jaarverslag van MES beskikbaar.

4. Finansies• Die organisasie word befonds deur

skenkings van individue, kerke, die privaatsektor, oorsese donateure, die plaaslike en provinsiale regering en die gemeenskap self.

• Die Direksie is trots op die organisasie se finansiële prestasie en is optimisties oor die volhoubaarheid van MES. MES sal egter groter ondersteuning deur besorgde individue en organisasies in ons land verwelkom om die steeds groeiende behoeftes in die Johannesburgse middestad aan te spreek.

5. Verklaring van verantwoordelikheid• Die direkteure is verantwoordelik

vir die instandhouding van akkurate boekhoukundige rekords, asook die voorbereiding en akkuraatheid van die finansiële state en verwante inligting.

• Die eksterne ouditeure is verantwoordelik vir die onafhanklike ouditering en die billike aanbieding van die finansiële state in ooreenstemming met Suid Afrikaanse Rekeningkundige Standaarde. Die state is derhalwe voorberei ooreenkomstig Algemeen Aanvaarde Rekeningkundige Praktyk, in ooreenstemming met die Maatskappyewet van 1973.

• Die direkteure is ook verantwoordelik vir die maatskappy se stelsel van interne finansiële beheer. Dit is ontwerp om binne redelike perke (maar sonder ‘n waarborg) die betroubaarheid van die finansiële state te verseker en om aanspreeklikheid van bates genoegsaam te beveilig, te bevestig en in stand te hou en om wanbestuur en verlies te voorkom en te bespeur.

• Niks het onder die direkteure se aandag gekom wat daarop dui dat daar enige gebreke voorgekom het in die funksionering van sulke beheermaatreëls, prosedures en stelsels gedurende die oorsigjaar nie.

• Die finansiële state is op die lopende-onderneming-grondslag voorberei, en die direkteure het alle rede om te glo dat die maatskappy die nodige hulpbronne in plek het om voort te gaan binne die afsienbare toekoms.

Die Direksie lê hiermee hul verslag vir die jaar geëindig 28 Februarie 2007 voor. Hierdie verslag vorm deel van die geouditeerde jaarstate.

1. Inlywing

MES is op 6 Junie 1989 ingelyf en het sy sertifikaat om besigheid te bedryf op 6 Junie 1989 bekom.

2. Identiteit

MES is ‘n gemeenskapsgebaseerde Christelike organisasie wat fokus op gemeenskapsontwikkeling en die geestelike versorging van mense.

Die kernwaardes van MES is gegrond op Christelike beginsels. Spesifieke klem val op:

• Liefde en omgee vir ons medemens.

• Die wees van ‘n spreekbuis vir geregtigheid.

• Optrede wat spreek van integriteit en deursigtigheid.

• Die uitreik na alle mense, ongeag ras, kultuur, godsdiens, geslag of seksuele oriëntering.

3. MES se fokus• Die uitdagings in die stad

Johannesburg is buitengewoon groot. Die stad het ‘n sterk kosmopolitiese karakter en het ‘n groot behoefte aan gesondheidsdienste (veral weens die probleem met MIV/VIGS) en aan akkommodasie. Die hoë werkloosheidsyfer, asook die behoefte aan geestelike en emosionele versorging, dra tot die mense se nood by.

• MES fokus daarom op gesondheidsdienste, behuising, opleiding en ontwikkeling, maatskaplike dienste en geestelike

Page 4: JaarverslagDr T Maarschalk 11 Mei 2006 2 Me R Appelo 11 Mei 2006 2 Die volgende direkteure het gedurende die afgelope finansiële jaar bedank: Naam Datum bedank Mev. Z Nel 11 Mei 2006

2

6. Vaste bates

Daar was geen wesenlike veranderings in die vaste bates gedurende die afgelope jaar nie, of veranderings in die beleid ten opsigte van die gebruik daarvan nie. Daar is 4 deeltitel woonstelle verkoop.

7. Gebeurlikhede wat op die jaareinde gevolg het

Daar was geen feite of gebeurlikhede van ‘n wesenlike aard wat plaasgevind het tussen die rekenpligtige datum en die datum van die verslag nie.

8. Direkteure

Die direkteure van die maatskappy gedurende die verslagperiode en tot op datum van hierdie verslag, was die volgende:

Naam Aanstelling Bywoning Mnr. TL de Beer (Voors) 12 Aug 1999 3

Ds H Windell (O/Voors) 15 Feb 2000 1

Mnr JD Snyman 15 Feb 2000 4

Ds PJ Maseko 14 Junie 2000 2

Mnr J Nyathi 14 Junie 2000 3

Prof AC Redlinghuis 4 Mei 2000 2

Dr C van der Merwe 31 Jan 2002 2

Me J Bassingthwaighte 29 Jan 2004 2

Ds PES Smith 29 Jan 2004 3

Mnr M Hendricks 15 Julie 2004 2

Mnr Callie van Biljon 12 Mei 2005 3

Mnr M Khaile1 1 Mei 2006 3

Dr T Maarschalk 11 Mei 2006 2

Me R Appelo 11 Mei 2006 2

Die volgende direkteure het gedurende die afgelope finansiële jaar bedank:

Naam Datum bedankMev. Z Nel 11 Mei 2006

Mnr. P van Vuuren 11 Mei 2006

Me. M E Lourens 11 Mei 2006

Hoof Uitvoerende Beampte Ds Johan Krige 1 Januarie 2000

9. Oudit en vergoedingskomitee

‘n Ouditkomitee vergader afsonderlik van die Voorsitterskomitee en sien om na die begroting, salarisse en risikobestuur van die organisasie. Hulle het 4 keer vergader. Die komitee bestaan uit die volgende lede:

Naam: Mnr JD Snyman (Voorsitter) Aanstelling: 12/5/05 Bywoning: 4

Naam: Mnr Callie van Biljon Aanstelling: 12/5/05 Bywoning: 2

Naam: Mnr Izak de Villiers Aanstelling: 12/5/05 Bywoning: 4

10. Ouditeure

MES het De Villiers en Myburgh Ingelyf as statutêre ouditeure op 18 Maart 2005 aangestel. De Villiers Myburgh Ingelyf lewer dienste in ooreenstemming met Artikel 270 (2) van die Maatskappyewet.

11. Dank

Die direkteure wil graag hul dank oordra aan die bestuur, personeel en vrywilligers vir hul uitstaande en onbaatsugtige werk.

Johannesburg

11 Mei 2007

Page 5: JaarverslagDr T Maarschalk 11 Mei 2006 2 Me R Appelo 11 Mei 2006 2 Die volgende direkteure het gedurende die afgelope finansiële jaar bedank: Naam Datum bedank Mev. Z Nel 11 Mei 2006

3

baie mense ‘n sentrum van hoop geword. Dit is hier waar aan mense die kans gebied word om lewensveranderinge te maak en dan ‘n ondersteuningstelsel te hê vir die reis wat hulle aanpak. 3. Doelwitte en resultate van die organisasie• MES het die afgelope jaar sy

diversiteitskomponent volgens die verwagte regeringsvereistes vir Swart Ekonomiese Bemagtiging aangespreek.

• ‘n Uitgebreide bestuursplan, met geskrewe doelwitte en ‘n gepaste metingsproses vir elke werknemer, het daartoe bygedra dat die strategiese proses effektief bestuur kon word.

• Die afgelope jaar is deur ‘n metingsproses bepaal dat 75% van die doelwitte bereik is. Die doelwitte wat nie voltooi is nie, word weer herformuleer en ingevoeg in die nuwe bestuursplan.

4. Finansiële bestuur• Die Finansiële departement van

MES, onder leiding van mnr. Francois Pienaar, word op gesonde basis bestuur. Behoorlike finansiële stelsels, gerugsteun deur ‘n streng finansiële beleid, het tot gevolg gehad dat die finansies die afgelope jaar met 24% gegroei het.

• Die finansiële groei van die organisasie is verblydend en is ‘n aanduiding van die vertroue wat daar by die regering, die besigheidsektor, die kerke en indiwidue in MES is.

• ‘n Gesonde finansiële stelsel, wat met die vereistes van die algemene aanvaarde rekeningkundige praktyk en die maatskappyewet ooreenstem, is in plek. ‘n Interne oudit is ook die afgelope jaar gedoen en dra by tot deursigtigheid en vertroue.

• MES het vanaf 1 Oktober 2004 18A belastingvrystelling status bekom wat tot voordeel van ons donateurs is.

• MES is finansieel likied, maar ondervind van tyd tot tyd kontantvloeiprobleme. Dit is te wyte daaraan dat regerings- en maatskappyfondse soms baie laat oorbetaal word. Die Hoëveld Sinode van die NG Kerk het in sulke tye al oorbruggingskapitaal aan MES beskikbaar gestel, waaroor ons baie dankbaar is.

5. Menslike hulpbronne• MES se Departement Menslike

Hulpbronne onder leiding van mnr. Johan Robyn het die afgelope jaar baie sterk ontwikkel. Die opleiding en ontwikkeling van die personeel het hoë prioriteit geniet. Bykans 70% van ons personeel kom vanuit die gemeenskap self.

• Vandag is daar 148 voltydse personeellede en 15 jongmense wat as vrywilligers werk.

• Die behoeftes van elke personeellid is van groot belang. Daar word ook hard gewerk om die personeel se vergoedingspakkette te verbeter. Die salarisskale van permanente personeel word voortdurend hersien en daar word ook nou met organisasies soortgelyk aan MES saamgewerk om vir die bedryf ‘n aanvaarbare en bekostigbare raamwerk op te stel.

6. Ontwikkelingsprogramme• Die sewe ontwikkelingsprogramme

vorm die ruggraat van MES se aktiwiteite. Die programme word elkeen in eie reg bestuur deur ‘n bekwame progambestuurder. Onder die bekwame leiding van me. Delene van Wyk, Hoofbestuurder Programme, is daar elke dag reuse werk gedoen. Sy het egter ‘n pos elders aanvaar en is onlangs vervang deur me. Ella Angus.

1. Inleiding

As Hoof Uitvoerende Beampte van MES (Metro Evangeliese Sorg) doen ek graag verslag van die afgelope jaar se werksaamhede.Ons kyk terug op ‘n hoogs suksesvolle jaar waarin MES buitengewoon goed presteer het. MES het as gemeenskapsgerigte, Christelike organisasie sy visie, nl. om die hart van die stad te verander, gestand gedoen deur ‘n beduidende rol in die stad Johannesburg te speel.

MES het sy 20ste diensjaar die afgelope jaar tydens die volgende geleenthede gevier: Verjaarsdagpartytjie vir die Terugvoersessie, MES Reünie, Gemeenskapskarnaval, Gospelkonsert en ‘n Dankseggingsdiens.

Die werk onder hawelose en arm mense is van deurslaggewende belang om volhoubare groei in ons land te help vestig. MES is daarom verbind om armoede te help verlig, om mense op te lei om selfstandigheid en volhoubaarheid in hul eie lewens te bereik en om persepsies te verander. Die evangelie speel hierin ‘n deurslaggewende rol.

2. ‘n Omvattende sentrum van hoop

MES, ‘n geregistreerde Artikel 21 maatskappy, is daarop gerig om ‘n omvattende holistiese diens te lewer. In ons 21ste bestaansjaar is ons een van min maatskappye sonder winsmotief wat so ‘n omvattende, gefokusde, eenstopdiens lewer. MES het daarom deur die jare vir

Verslag van die Hoof Uitvoerende Beampte Algemene jaarvergadering 10 Mei 2007

Page 6: JaarverslagDr T Maarschalk 11 Mei 2006 2 Me R Appelo 11 Mei 2006 2 Die volgende direkteure het gedurende die afgelope finansiële jaar bedank: Naam Datum bedank Mev. Z Nel 11 Mei 2006

4

• Die ontwikkelingsprogramme kry baie ondersteuning van die staat en die sakesektor. Vier fokuspunte is ontwikkel, wat meebring dat die organisasie op sy kernbesigheid gefokus bly. Hierdie fokuspunte is: (1) Basiese sorg en maatskaplike dienste (2) Behuising (3) Gesondheid (4) Opleiding en werkskepping.

• Die ontwikkelingsprogramme van MES het effektiewe strukture in plek, en die monitering van goed geformuleerde doelwitte het positiewe resultate meegebring.

• Gedurende die afgelope jaar het Tswelopele as werkskeppingsprojek ook as ‘n volwaardige program ontwikkel. Die program moet uiteindelik onafhanklik as besigheid funksioneer met die byvoeging van ander werkskeppingsinisiatiewe.

• Die program in Randburg het nie gerealiseer nie, maar daar is reeds gesprekke aan die gang oor nuwe opsies.

• Die Roly Poly program is omskep in ‘n Vroëe Kindontwikkeling en Voorskoolse Program met die ontwikkeling van ‘n derde voorskool, nl. Dinaledi.

7. Bediening• Die Bedieningsdepartement van MES

vorm die kern van die organisasie se werk. Ons glo dat die evangelie ‘n lewensveranderende rol in mense se lewens speel.

• Daar is saam met die NG Kerk ‘n model ontwikkel vir middestadsbediening, wat die planting van nuwe geloofsgemeenskappe insluit.

• Die departement het die afgelope tyd aansienlik verander. Ds. Nicodemus Setshedi van die Verenigende Gereformeerde Kerk is die nuwe hoofbestuurder. Di. Pieter Bosch en Piet Smith het begin met ons eie Teologiese Kollege onder die beskerming van Mukhanyo Teologiese Kollege wat geakkrediteer is by die Universiteit van Noordwes. Ds. Pieter Bosch is ook besig om ‘n multi-media biblioteek vir MES te ontwikkel sodat dit kan bydra tot die uitdra van die evangelie.

• Die gemeentes Parkkruin, Jhb. Noord Andrew Murray, Weltevredenpark en Bonaeropark het hulle daartoe verbind om betrokke te raak, met ‘n besondere fokus op die ontwikkeling van geloofsgemeenskappe.

• Die ontwikkeling van ‘n Bybelskool, die effektiewe bediening van kinders en die inskakeling van mense van die straat af, hoewel nie in reuse getalle nie, is ‘n bron van vreugde. Na die voorbeeld van Jesus word die evangelie van hoop bedien aan arm en hooplose mense.

8. Samewerking met Madulamoho

• Die samewerking met Madulamoho, MES se sustermaatskappy, gaan van krag tot krag. Die samewerking bring mee dat daar baie geleenthede vir MES oopgaan. Sekere dienste word gedeel, wat dit vir beide maatskappye koste-effektief maak.

• Madulamoho het reeds 3 geboue ontwikkel en nog 3 bygekry. Hulle spits hulle toe op laekostebehuising, terwyl MES die ondersteunende dienste lewer. Dit sluit in

opleiding, maatskaplike dienste en versorgingsdienste.

9. Effektiewe skakelwerk• Die sukses van MES hou direk

verband met die uitdra van die MES-storie na buite.

• Dit is voorheen gedoen deur personeel self en deeltydse bemarkingspersoneel. Die afgelope jaar het MES egter ‘n voltydse bemarkingspan ontwikkel om die organisasie se beeld na buite te bou en ook broodnodige fondse in te samel.

• Die span, bestaande uit me. Leona Pienaar, Hilke Erasmus, Zerilda Nel en Elmari Swart was daarvoor verantwoordelik dat die fondse beskikbaar gekom het en het ook verslag gelewer oor alle aktiwiteite wat befonds word.

• Uit die privaatsektor is daar etlike maatskappye wat MES ondersteun. Die rol wat kerke en indiwidue speel, bly steeds belangrik. Tersiêre inrigtings soos universiteite lewer baie positiewe ondersteuning met verskeie programme en studente is van tyd tot tyd betrokke by MES as deel van hul opleidingsprogramme.

• Daar is ‘n gesonde verhouding met die media wat aan MES baie positiewe blootstelling in die middestad gee. Gereelde beriggewing in koerante, asook oor die radio en televisie, het baie vir ons beeld na buite gedoen. Daar is egter nog baie ruimte vir verbetering betreffende ons blootstelling aan die Engelse media.

• Die doelwit is om die werkskapasiteit uit te brei deur die aanstelling van

Page 7: JaarverslagDr T Maarschalk 11 Mei 2006 2 Me R Appelo 11 Mei 2006 2 Die volgende direkteure het gedurende die afgelope finansiële jaar bedank: Naam Datum bedank Mev. Z Nel 11 Mei 2006

5

‘n skakelbeampte, aangesien die openbare geleenthede en die publiek se betrokkenheid toeneem. Hubert Mogaecho sluit in Maart 2007 by die span aan om hierdie rol te vervul.

• Dit is met hartseer dat ons van Elise Bosch afskeid neem. Sy wil haar aandag op haar skryfwerk toespits, maar ons is dankbaar dat sy altyd een van MES se vriende sal wees. Ons verwelkom Mathilda Myburgh as ons nuwe Skakelbeampte vir Kerke.

• MES het sy webblad hierdie jaar bekendgestel en ons is opgewonde oor hierdie nuwe geleentheid om met die publiek te kommunikeer. Besoek ons by www.mes.org.za om die nuutste inligting rakende gebeure, geleenthede en hoogtepunte te lees.

10. Voortgaande strategiese ontwikkeling vir 2007/08

• Die ontwikkeling van die nuwe Dinaledi voorskool in die BG Alexander gebou.

• Uitbou van ons bemarkingsdepartement om die groeiende finansiële en handelsmerkbehoeftes te hanteer.

• Verlenging van ons vennootskap met die Departement van Maatskaplike Dienste, asook verstewiging van ons band met Departement van Gesondheid.

• Die ontwikkeling van ‘n interne databasis vir MES se kliënte.

• Die ontwikkeling van ‘n privaat hotelgebou, Hospital Hill, vir die behuisingsbehoeftes binne MES.

• Die ontwikkeling van ‘n nuwe gemeenskaplike salarisstruktuur en nouer samewerking met ander organisasies soos PEN.

• Die uitbouing en vestiging van ons nuwe Teologiese Kollege.

• Die stabilisering van ons nuwe werkskeppingsprogram Tswelopele is ‘n belangrike prioriteit.

• Die uitbou van ons vennootskappe met oorsese maatskappye.

• Die voortgaande proses om MES as ’n stabiele, volhoubare finansiële organisasie te vestig en verder uit te bou. ’n Realistiese begroting wat rekening hou met die organisasie se vermoëns en groei is in plek.

• Die voortgaande proses om personeel se vergoedingspakkette te verbeter en om meer geleenthede vir ontwikkeling en opleiding te skep. Die hersiening en uitbouing van die Maldep Program is ‘n prioriteit.

11. Toekennings

Die eer het MES te beurt geval om deur die Departement van Maatskaplike Dienste en Bevolkingsontwikkeling genomineer te word om aansoek te doen vir die Premier se Toekennings vir Uitstaande Diens vir 2006. Hierdie toekennings erken die pogings van spanne om bo en behalwe die normale pligte uitstekende dienste aan die mense van Gauteng te lewer deur die implementering van die Batho Pele Beginsels. Gedurende die aansoek moes MES toon dat hulle goeie diens lewer, behoorlike prosesse en beleide in plek het wat in lyn is met hul strategieë en doelwitte en met dié van die Departement en ook die gemeenskap se behoeftes in ag neem. MES moes ook bewys dat hulle goeie finansiële en ander hulpbronbestuur toepas en dat die resultate wat behaal word ooreenstem met hulle strategieë en doelwitte. Hierby ingesluit is kliënttevredenheid.

Die beginsels is as volg: Konsultasie, Diensstandaarde, Hoflikheid, Beste Dienslewering. Drie beginsels bygevoeg, naamlik: Beloning vir Uitstaande Diens & Aanmoediging van Innovasie, Diensleweringsimpak en Leierskap. Dit was bemoedigend om te sien dat MES die Batho Pele Beginsels in al hulle aktiwiteite toepas om te verseker dat die gemeenskap in die middestad se behoeftes bevredig word.

MES was een van 6 genomineerdes wat die kortlys gehaal het. Alhoewel ons nie as wenners uit die stryd getree het nie, het ons baie positiewe terugvoer van die beoordelaars t.o.v. ons werk in die middestad gekry. Ons is baie trots op en dankbaar teenoor ons personeel wat so hard werk om die gemeenskap in die middestad te bedien. 12. Dankwoord• Baie dankie aan elke medewerker wat

die afgelope jaar bygedra het tot die werk en die groei van MES.

• Baie dankie aan maatskappye, kerke en indiwidue vir volgehoue steun.

• Die rol van die regering en die vertroue wat hulle in ons stel, beteken vir ons baie en ons werk hard om die vertroue gestand te doen.

• Ons dank aan ons Hemelse Vader, in wie se diens ons staan, vir Sy genade wat ons in staat gestel het om ons doel na te streef, nl. om die hart van die stad te verander.

Johan Krige Hoof Uitvoerende Beampte

Page 8: JaarverslagDr T Maarschalk 11 Mei 2006 2 Me R Appelo 11 Mei 2006 2 Die volgende direkteure het gedurende die afgelope finansiële jaar bedank: Naam Datum bedank Mev. Z Nel 11 Mei 2006

6

Verslag van die Hoofbestuurder: Ontwikkelingsprogramme 2006/2007

Hiermee ‘n paar voorbeelde van hoe die Batho Pele Beginsels binne die programme toegepas word:

Konsultasie

Deur die hulptoonbank, daaglikse uitreike, assesserings- en gevallebesprekings word die gemeenskap en individue gekonsulteer om hul behoeftes en die gepaste intervensie te bepaal. Ouer/onderwyser-, huis- en pasiënt/personeel-vergaderings bied geleentheid aan die gemeenskap om insae te lewer in die diens wat verskaf word.

Diensstandaarde

Die Zaziwe Hoop vir Lewe Sorgsentrum is in die proses om deur COHSASA geakkrediteer te word. Die rekenaarsentrum word deur die Universiteit van Johannesburg gemonitor en waar moontlik word gebruik gemaak van opleidingsmateriaal en diensverskaffers wat geakkrediteer is.

Hoflikheid

MES se kernwaardes bepaal die wyse waarop ons na die gemeenskap uitreik. Verskeie briewe van pasiënte, studente en huurders toon waardering vir die wyse waarop individue bygestaan is.

1. Inleiding

Dit is met vreugde dat ons by MES terugvoer gee oor die aktiwiteite van die ontwikkelingsprogramme gedurende die afgelope jaar. Een van die jaar se hoogtepunte was MES se benoeming as een van 6 finaliste vir die Gautengse Premier se Toekennings vir Uitstaande Diens. Dit is ‘n groot eer vir ons organisasie en het gedien as bevestiging dat die werk wat ons doen, groot waarde het. Nog ‘n hoogtepunt was die feit dat ons ons twintigste bestaansjaar kon herdenk. Ons is dankbaar dat ons die stad van diens kon wees gedurende die afgelope twintig jaar en sien daarna uit om dit nog vir baie jare in die toekoms te doen.

Hillbrow het gedurende die afgelope jaar negatiewe publisiteit ontvang weens die hoë misdaadsyfer, soos aangedui deur die land se misdaadstatistiek.

Ons by MES wil met die SAPS saamwerk om misdaad aan te spreek deur ons ontwikkelingsprogramme. Ons bied ‘n veilige hawe vir kinders in ons kleuterskole en naskoolsentrums en voorsien veilige akkommodasie vir sagte teikens. Deur ons opleidings- en indiensplasingsprogramme help ons mense om werk te kry en verminder sodoende die nodigheid om deur misdaad aan die lewe te bly. Deur konstruktiewe ontspanningsprogramme en naskoolsorg bied ons aan die straatjeug en skoolgaande kinders ‘n alternatief vir die straatlewe.

Die strategieë en aktiwiteite van die programme volg die Bato Pele Beginsels, soos uiteengesit deur die regering, om uitstaande diens aan die gemeenskap te lewer. Die beginsels is: Konsultasie, Diensstandaarde, Hoflikheid, Toeganklikheid, Inligting, Oopheid & Deursigtigheid, Hantering van klagtes en Gee van beste waarde.

Toeganklikheid

Die meeste van MES se aktiwiteite vind binne die middestad plaas. Waar nodig word vervoer bv. voorsien na opleidingsprogramme, hospitale en die sorgsentrum.

Inligting

Die gemeenskap is bewus van die verskillende dienste by MES danksy uitreike, die hulptoonbank en assesserings deur maatskaplike werkers. Spesiale aktiwiteite word binne die programme geadverteer en die Gemeenskapskarnival was ‘n besonderse geleentheid waartydens die gemeenskap oor MES ingelig is.

Oopheid en deursigtigheid

Terugvoer word op ‘n gereelde grondslag aan MES se donateurs gegee. Die finansiële state word jaarliks geoudit.

Hantering van klagtes

Geval-evaluerings met kliënte verseker dat hul vordering gemonitor en klagtes hanteer word. Voorstellehouers en klagteboeke is ook in verskeie fasiliteite beskikbaar. Die voorstelle en klagtes word dan op toepaslike wyse aangespreek.

Waardevolle bydrae in dienslewering

Deur MES se verskillende programme kan ons ‘n holistiese diens aan elke kliënt bied. Die programme deel hulpbronne en vennootskappe word met ander diensverskaffers gesmee om dienste wat gebied word, uit te brei. Streng finansiële beleid word in al die programme toegepas. Strategiese beplanningsessies word jaarliks gehou waartydens programme hulle aktiwiteite kan evalueer en vir die komende jaar kan beplan om sodoende te verseker dat hulle toepaslike dienste aan die gemeenskap bied.

Ons prys ons personeel wat onder moeilike omstandighede werk om die behoeftige mense in ons gemeenskap te bereik.

Toekomstige ontwikkelinge vir hierdie ontwikkelingsprogramme sluit in:

• Herstrukturering van Tswelopele werkverskaffingsprojek in ‘n afsonderlike program van MES wat werkskeppingsprojekte sal ontwikkel. Dit sal nie meer deel van die Entuthukweni Program wees nie.

Page 9: JaarverslagDr T Maarschalk 11 Mei 2006 2 Me R Appelo 11 Mei 2006 2 Die volgende direkteure het gedurende die afgelope finansiële jaar bedank: Naam Datum bedank Mev. Z Nel 11 Mei 2006

7

• Uitbou van die kapasiteit en herstrukturering van die maatskaplike werkers, versorgers en straat-uitreik werkers binne MES, om te verseker dat die uitreik- en assesseringsvorms gestandardiseer is binne die organisasie en dat dieselfde prosedure met elke kliënt by al die programme gevolg word.

Dit is ook opwindend om terugvoer te gee oor die MES Joshua Jeugontwikkelingsprogram se eerste jaar. Hierdie nuwe program het sy stempel afgedruk en is nou deel van die ontwikkelingsprogramme.mmes.

2. Ontwikkelingsprogramme ‘n Bespreking van al die ontwikkelingsprogramme volg.

2.1 Roly Poly Voorskool en Ekuthuleni Dagsorgsentrum (Programbestuurder: Radha Pillay)

Missiestelling

Om kinders in ‘n skoon, veilige en gesonde omgewing te onderrig en om hulle te bemagtig om hulle volle potensiaal te ontwikkel.

Strategiese aktiwiteite

Bestuur tans Roly Poly Voorskool (150 kinders) en Ekuthuleni dagsorgsentrum (35 kinders). • Fisiese sorg

o Om die voorskool en dagsorgsentrum van 06:30 tot 18:00 in die week oop te hou om kinders tussen die ouderdomme van 3 maande tot 6 jaar te akkommodeer.

o Om basiese sorg te verskaf deur twee voedsame etes per dag, toegang tot die klerestoor, kospakkies en komberse.

o Voorsien toegang vir die kinders tot die MES Impilo Siekeboeg en

ander gespesialiseerde mediese dienste.

o Om opgeleide personeel te hê om gevalle van kinderverwaarlosing te identifiseer en hulle te verwys na die maatskaplike werker om te verseker dat die sake aangespreek word.

• Persoonlike ontwikkeling

o Om ‘n opvoedkundige program aan te bied wat aktiwiteite insluit wat o.a die ontwikkeling van visuele bevoegdheid, gehoor en luistervaardighede, kommunikasie en motoriese vaardighede verseker.

o Kinders word onderrig deur gebruik te maak van die Early Childhood Development (ECD) onderrigsmetode deur die Smile Education kurrikulum.

o Aktiwiteite op toegeruste speelgrond om spierontwikkeling te bevorder.

o Evalueer elke kind se vordering om te verseker dat die kinders volgens hulle vermoëns ontwikkel en skoolgereed raak.

o Om uitstappies vir die kinders te reël, asook ‘n gradeplegtigheid aan die einde van die jaar.

o Fondsinsameling om ten minste 20 beurse per jaar aan behoeftige kinders in die gemeenskap, wat deur ‘n maatskaplike werker geassesseer is, te verskaf.

• Bemagtiging van ouers

o Om ‘n ouerkomitee te stig.

o Om drie ouer/onderwyser-vergaderings per jaar te hou.

o Om werkswinkels vir ouers in verband met bv. goeie voeding vir kinders en kindermishandeling aan te bied.

Jaar se hoogtepunte• Die Ekuthuleni Dagsorgsentrum is in

die Roly Poly program geïnkorporeer.

• Die Graad R klas het die Louw Geldenhuys Laerskool besoek om hulle voor te berei vir volgende jaar wanneer hulle “groot skool” toe gaan.

• Ons gradeplegtighede en jaareindkonserte.

• Die besoek van die radiostasie 94.7 en die Equal Health mediese span van Australië.

• Uitstappies na die dieretuin en Rhodes Park.

• Skenking van windbaadjies aan die kinders by die Ekuthuleni Dagsorgsentrum.

Beplanning vir volgende jaar

• Voortgaande herstrukturering van die Roly Poly program om al die ECD-programme in een program te inkorporeer.

• Om ons dienste uit te brei deur nog ‘n Voorskool te open, naamlik die MES Dinaledi Voorskool.

• Om swem- en rekenaarklasse aan te bied.

Page 10: JaarverslagDr T Maarschalk 11 Mei 2006 2 Me R Appelo 11 Mei 2006 2 Die volgende direkteure het gedurende die afgelope finansiële jaar bedank: Naam Datum bedank Mev. Z Nel 11 Mei 2006

8

2.2 Entuthukweni Opleiding en Indiensplasingsprogram (Programbestuurder: Siphiwe Dlamini)

Missiestelling

Om ons kliënte met ‘n volhoubare en betekenisvolle lewe te bemagtig deur middel van ‘n holistiese benadering, programme en kursusse wat op hul fisiese, emosionele, geestelike en intellektuele ontwikkeling fokus.

Strategiese aktiwiteite• Assesseringsentrum

o Om in-diepte assessering van al ons kliënte te doen. Dit sluit die ontwikkeling van ‘n individuele ontwikkelingsplan in.

o Om gereelde multidissiplinêre gevallekonferensies met die kliënte en alle betrokke personeel te hou om te verseker dat daar op toepaslike wyse in ons kliënte se behoeftes voorsien word.

• Basiese sorg

o Verspreiding van kospakkies aan leerders wat daarvoor kwalifiseer.

o Om waar nodig tuisbesoeke te doen om vas te stel wat ons leerders se huislike omstandighede is.

o Akkommodasie vir leerders.

• Vaardigheidsontwikkeling en opleiding

o Ons bied die volgende opleiding: Lewensvaardighede: Free to grow (selfontwikkeling), Money Sense (finansiële bestuur), Ultimate Choice (gesondheid). Beroepsopleiding: Rekenaaropleiding; Mikro MBA (besigheid); oproepsentrum; sekuriteitsopleiding; sekretariëel; kindersorg; stoffering/houtwerk; sweiswerk; bou- en steenwerk en huiswerk.

o Al ons kliënte is ook betrokke by ‘n geestelike program.

• Opvolg

o Werksvoorbereiding.

o Indiensplasing.

o Plasing van beginners in indiensopleidingsprogramme.

Jaar se hoogtepunte

• Ons het 444 jeugdiges in verskillende werke geplaas.

• Elkeen in die opvolgprogram het ‘n werksvoorbereidingswerkswinkel bygewoon.

• Vestiging van die opleidings- en assesseringsentrum by Europa.

• Versterking van ons verhouding met die Universiteit van Johannesburg betreffende die kontrolering van ons rekenaaropleidingsprogramme. Dit stel ons in staat om ons programme voortdurend te verbeter en aan te pas om te verseker dat dit aan die behoeftes van die gemeenskap en die vereistes in die arbeidsmark voldoen.

• Ons het twee gradeplegtighede vir sekretariële opleiding, een vir rekenaaropleiding en een vir oproepsentrumopleiding gehad.

• Meer as 100 mense het die Voorkoming van Huishoudelike Geweld Bewusmakingsveldtog bygewoon.

• 882 jongmense en families het kospakkies ontvang.

Beplanning vir volgende jaar

• Samewerking met Madulamoho om bekostigbare akkommodasie vir ons studente en dié wat begin werk, te verseker.

• Uitbreiding van ons beroepsopleidingsgeleenthede vir ons studente.

• Uitbreiding van die program se versorgingsplanstrategie om studente wat in die opleidingsprogramme is, te monitor.

2.3 Gemeenskapsorg (Programbestuurder: Charles Hahn)

Missiestelling

Om basiese sorg aan die behoeftige gemeenskap van Johannesburg te bied, met spesifieke klem op die behoeftes van haweloses (25 jaar en ouer), families en bejaardes.

Strategiese aktiwiteite• Bejaardesorg

o Besoek weekliks ouetehuise (Park Cottages, Bertha Solomons en Millennium).

o Vervoer die bejaardes om hul pensioen te kry, die hospitaal te besoek of vir ander behoeftes.

o Fasiliteer ontspanningsaktiwiteite soos die sportdag vir bejaardes, jaarlikse seekamp en Helpmekaar klub een maal per maand.

o Uitstappies op uitnodiging na verskeie kerke.

o Daarstelling van ‘n databasis van die bejaardes wat in die Bertrams omgewing en middestad bly. Deur die databasis bepaal ons wat die bejaardes se behoeftes is om te verseker dat ons aktiwiteite steeds toepaslik is.

• Hawelosesorg

o ‘n Daaglikse voedselsekuriteitsprogram gekombineer met ‘n geestelike ontmoeting.

o Lewensvaardigheidsopleiding op ‘n weeklikse basis.

o Omgeegroepe (selgroep) op Vrydae.

o Mediese bystand is weekliks by die mobiele kliniek beskikbaar.

o Hulp met die skryf van CVs en die kry van werk deur verwysings na Entuthukweni.

o Fasiliteer ontspanningsaktiwiteite, soos twee kampe per jaar en die

Page 11: JaarverslagDr T Maarschalk 11 Mei 2006 2 Me R Appelo 11 Mei 2006 2 Die volgende direkteure het gedurende die afgelope finansiële jaar bedank: Naam Datum bedank Mev. Z Nel 11 Mei 2006

9

gereelde vertoning van inspirende films.

o Uitreike saam met deelnemende kerke op Donderdagaande.

• Ekhaya oornagskuiling

o Skuiling word aan 100 mense per nag gebied.

o Wasfasiliteite vir inwoners.

o Kerkdienste word op weeklikse basis aangebied.

o Hulp met CVs en kry van werke deur verwysings na Entuthukweni.

• Hulptoonbank

Hierdie eerste kontakgeleentheid met die gemeenskap skep ons die geleentheid om hulp oor ‘n wye spektrum te bied: verwysings na die opleidingsdepartement, vervoer, ID- en skooltoelae aansoeke, kospakkies en berading.

• Ekuthuleni

o Verskaf bekostigbare deurgangsbehuising aan ± 120 mense.

o Kerkdienste word op ‘n weeklikse basis aangebied.

o Bou ‘n band met die gemeenskap deur ‘n ete een maal per week te voorsien.

• Genesis Om hierdie fasiliteit as basis te gebruik om na die Bertrams gemeenskap uit te reik.

Jaar se hoogtepunte• By die kamp vir haweloses, New

Beginnings, het 6 mense Christus as Verlosser aangeneem.

• Ons bejaardes het tweede gekom in die sportdag vir bejaardes.

• Die seekamp vir bejaardes was ‘n uitstaande belewenis.

• BATSA se opgradering van Genesis huis in ‘n noodskuiling vir mishandelde vroue en kinders.

Strategiese aktiwiteite

Buite-pasiënte eenheid• Primêre gesondheidsorg

o Om maandeliks primêre gesondheidsorg- en nooddienste aan ± 600 (7 200 per jaar) behoeftige mense te bied.

o Open die siekeboeg daagliks en besoek verskillende areas in die gemeenskap in die middae deur gebruik te maak van die mobiele kliniek.

o Doen opvolgwerk met pasiënte wat in die hospitaal opgeneem is.

o Evaluering en verwysings vir VCT (“volunteer testing & counselling”), “Wellness Clinic” en Sorgsentrum.

• Tuisversorging

o Drie uitreike per week na die hawelose gemeenskap.

o Identifiseer, assesseer en verwys risikopasiënte.

o Verskaf verskillende dienste aan pasiënte, soos versorging van wonde, gesondheidsonderrig en DOT (“direct observed treatment”) vir tuberkulose pasiënte.

• Gesondheidsonderrig en VCT

o Bied minstens 10 gesondheidsbewusmakingsveldtogte per jaar aan.

o Bied minstens 4 gesondheidsverwante werkswinkels per jaar aan.

o Fasiliteer ondersteuningsgroepe in die gemeenskap.

o Fasiliteer onderrig aan spesifieke fokusgroepe.

o Bied VCT aan 50 individue per maand.

• “HIV Wellness” en anti-retrovirale behandeling

o Volg die HIV positiewe pasiënte op.

• Die kalmering van Ekuthuleni se inwoners ná baie drama. Daar is ‘n proses van versoening en ‘n samewerkingsoorkeenkoms tussen die bestuur en die inwoners van Ekuthuleni gefasiliteer.

• ‘n Ondersteuningsgroep vir individue met dwelm- en alkoholverwante probleme is op die been gebring.

• Vennootskappe met kerke en korporatiewe maatskappye wat die program ondersteun, is versterk en uitgebrei.

Beplanning vir volgende jaar

• Die hulptoonbank sal by Genesis huis in Bertrams gedupliseer word.

• Noodakkommodasie vir mishandelde vroue en kinders by Genesis.

• Inkorporeer die maatskaplike werker wat aan die program toegewys is, se kapasiteit deur die herstrukturering van die maatskaplike werkerskorps by MES.

• Begin ‘n kantoor by Ekhaya en voorsien ‘n rekenaarfasiliteit aan die haweloses.

• Kos-op-wiele vir bejaardes.

• Stel ‘n versorger aan om na die bejaardes om te sien.

• Moontlike vennootskap met Maatskaplike Dienste om gedurende die winter sop aan die kinders in Bertrams te voorsien.

2.4 MES Impilo Gesondheidsorgprogram (Programbestuurder: Leona Pienaar)

Missiestelling

Die MES Impilo Gesondheidsorgprogram beoog om ‘n professionele en holistiese gesondheidsorgdiens aan die hawelose en behoeftige gemeenskap in die Johannesburgse middestad te bied.

Page 12: JaarverslagDr T Maarschalk 11 Mei 2006 2 Me R Appelo 11 Mei 2006 2 Die volgende direkteure het gedurende die afgelope finansiële jaar bedank: Naam Datum bedank Mev. Z Nel 11 Mei 2006

10

o Monitor hierdie pasiënte se gesondheid en CD4-tellings.

o Voorsien die nodige bloedtoetse om te verseker dat pasiënte op die mees gepaste medikasie is.

o Identifiseer geskikte kandidate vir anti-retrovirale behandeling en voorsien die nodige berading en ondersteuning.

Binne-pasiënte (Zaziwe Hoop vir Lewe Sorgsentrum)

o Om ‘n fasiliteit vir VIGS-verwante pasiënte uit die hawelose gemeenskap beskikbaar te stel waar 24-uur pallitatiewe sorg aan al die pasiënte voorsien word. Vir 2007/8 sal 35 tot 40 beddens beskikbaar gestel word.

o Om die dienste van maatskaplike werkers aan al die pasiënte beskikbaar te stel.

o Om pastorale sorg aan al die pasiënte te voorsien.

o Om steun te werf vir die regte van die hawelose gemeenskap ten opsigte van gesondheidsaspekte.

Jaar se hoogtepunte• 60 pasiënte het sedert die opening van

die “Wellness Clinic” in Oktober 2006 anti-retrovirale behandeling ontvang.

• Ongeveer 4 mense voltooi maandeliks die in-diepte beradingsproses en begin met hulle anti-retrovirale behandeling.

• Die Equal Health span van Australië het MES Impilo in September 2006 besoek. Ongeveer 1 020 hawelose pasiënte is binne 2 weke deur verskeie tandheelkundige en mediese personeellede besoek.

• MES Impilo het 87% op sy basislyn ondersoek deur COHSASA (Council of Health Services Accreditation for South Africa) behaal.

• Die jaarlikse MES Impilo Spinnathon het dekking op ETV se Morning Edition gekry.

• Wêreldvigsdag is saam met Rand Water gevier.

• Die sterftesyfer in die hospitum het van 85 in 2004 na 20 in 2005 en 19 in 2006 gedaal.

Beplanning vir volgende jaar• Om die aantal operasionele beddens

in die Zaziwe Hoop vir Lewe Sorgsentrum na tussen 35 en 40 te vermeerder.

• Om die akkrediteringsproses by COHSASA te voltooi.

• Om die tuisversorgingsprogram na die Jeppestown gebied uit te brei.

• Om die verhoudings met al die plaaslike klinieke en vennote te verbeter.

• Om die vennootskap met ons tweeling hospitum in die VSA, Mercy Hospice, verder te ontwikkel.

• Om die vennootskappe met Madulamoho Housing Association, Big Shoes, Hospice Wits en Heartbeat verder te ontwikkel.

2.5 Joshua Jeugontwikkelings- en Diensprogram (Programbestuurder: Esther van Niekerk)

Missiestelling

Hierdie program se missie is tweevoudig:

• Om ‘n veilige omgewing vir skoolgaande kinders en jongmense uit die gemeenskap by jeugontwikkelingsentrums (naskoolsentrums) te skep, waar lewensvaardighede en ander aktiwiteite gefasiliteer word wat die totale mens bemagtig om ‘n betekenisvolle lewe te lei.

• Om ‘n geleentheid vir hierdie jongmense, wat onervare in die werkplek is, te skep waar hulle opleiding in ‘n verskeidenheid van vaardighede kan ontvang, terwyl hul gemeenskapsdiens verrig.

Strategiese aktiwiteite

• Jeugontwikkelingseenheid

o Help met huiswerk en skooltake. o Jeugklubs bied dans-, drama-,

musiek- en kunsaktiwiteite aan. o Rekenaargeletterdheid.o Kampe, staptoere en

vakansieprogramme.o Sportaktiwiteite.o Geestelike aktiwiteite.

• Jeugdienseenheid

o Basiese sorg.o Vaardigheidsontwikkeling.o Gemeenskapsorg.o Volhoubare uitplasingstrategieë.o Bystand aan die Johannesburgse

Nooddienste.

Page 13: JaarverslagDr T Maarschalk 11 Mei 2006 2 Me R Appelo 11 Mei 2006 2 Die volgende direkteure het gedurende die afgelope finansiële jaar bedank: Naam Datum bedank Mev. Z Nel 11 Mei 2006

11

Jaar se hoogtepunte• Die jeugontwikkelingseenheid het 120

leerders by 3 ontwikkelingsentrums bygestaan met huiswerk, skooltake, asook kuns-, musiek-, spel- en sportaktiwiteite.

• 478 kinders is by 15 jeugklubs bereik met Bybelstudie en gesprekke oor aktuele onderwerpe.

• Daar is 5 kampe/toere, 2 vakansieprogramme, asook 3 pieknieks aangebied en die gemeenskapskarnaval is bygewoon.

• Die jeugdienseenheid het 32 gematrikuleerde jongmense tussen 18 en 27 jaar ontvang, gehuisves en van kos, uniforms en ‘n toelaag voorsien. Gedurende die jaar het die Joshuas opleiding ontvang in persoonlike ontwikkeling (Free to Grow), finansiële bestuur (Money Sense), NACCW (module 1 – jeugontwikkeling), nooddienshantering (Brandweer van Johannesburg) en basiese rekenaargeletterdheid. Werkwinkels is bygewoon in basiese didaktiek en traumaberading, asook afhanklikheidsvormende middels (SANCA). 20 Joshuas wat reeds hul leerlinglisensie verwerf het, het bestuurslisensies ontvang.

• Gedurende die jaar was daar verskillende geleenthede vir dienslewering o.a. by die jeugontwikkelingsentrums, Mes-programme en ander sentrums soos Walter Sisulu, Hamletskool en Diversity Hoërskool.

• Spanne het uitbeweeg tydens noodsituasies. In digbevolkte areas is 451 slagoffers tydens 5 brande met 298 komberse, klere vir 118, voedsel vir 318 en 72-uur-noodbehuising vir 152 bygestaan.

• Die opleiding, studie- en vaardigheidsontwikkeling en dienslewering in die gemeenskap het die jeugdiensgroep voorberei vir die arbeidsmark. Van die 25 Joshuas wat die diensjaarprogram voltooi het, het

14 ‘Call centre’- opleiding voltooi en kan deur hul in diens geneem word, 4 het sekuriteitsopleiding voltooi en is deur Stallion Security in diens geneem, Jumbo Cash and Carry het 1 in diens geneem, MES bied ‘n geleentheid aan 1 persoon en 4 ander het begin werk, terwyl 1 verder gaan studeer. Die res het die program gedurende die jaar verlaat weens persoonlike redes.

Beplanning vir volgende jaar• Inname van 15 Joshuas wat opgelei

sal word en diens sal lewer in die gemeenskap.

• Om ‘n nooddiensspan op te lei wat leerders by skole in die omgewing kan begelei in die voorkoming van en optrede tydens noodsituasies.

• Om ‘n dans- en lofprysingspan op te lei wat by skole en kerke kan optree.

• Om ‘n bussie vir die Joshuas beskikbaar te stel.

• Om kampe vir die Joshuadiensjaargroep, sowel as kinderkampe en uitstappies en vakansieprogramme uit te bou.

• Om ‘n rekenaarsentrum vir die leerders by elke jeugontwikkelingsentrum op te rig.

2.6 Othandweni Straatkind/Jeug Program (Programbestuurder: Wilson Nxumalo)

Missiestelling

Om ‘n holistiese en ontwikkelingsdiens aan die straatkinders/-jeug binne die Johannesburg omgewing te bied deur middel van verskillende projekte wat hulle in staat stel om selfstandige lede van die gemeenskap te word.

Strategiese aktiwiteite• Basiese diens en die bevordering van

menseregte

o Daaglikse voedselsekuriteitsprogram en voorsiening van stortgeriewe.

o Uitreike om nuwe jeugdiges op straat te identifiseer en verhoudings te bou.

o Tree tydens hofprosedures as voogde vir jeugdiges op.

o Ondersteun die kinders/jeugdiges wat tronkstraf uitdien.

o Familiehereniging. o Implementeer ‘n in-diepte

assessering en multidissiplinêre strategie met elke jeugdige wat deel van die opleidingsprogram wil word.

• Entrepreneursopleiding

o Informele oorbruggingsopleidingsprogram bied o.a geletterdheidsopleiding en syferkennis.

o 10 maande formele opleidingsprogram bestaande uit ‘n lewensvaardigheids- en beradingsperiode, gevolg deur ‘n beroepsopleidingsperiode.

o Opvolg en indiensplasing.

• Sport en ontspanning

o Bevordering van sport as konstruktiewe ontspanning. Sokker- en krieketontwikkeling, as ‘n integrale deel van kinder- en jeugontwikkeling, is hoog op ons prioriteitslys.

Jaar se hoogtepunte• 80 herenigings van kinders en

jeugdiges met hulle families.

• Ons het die aantal tuisbesoeke deur die maatskaplike werker aansienlik vermeerder.

• Ons het akkommodasie aan 91 jongmense voorsien.

• 23 leerders het die 10 maande opleiding suksesvol voltooi en 34 nuwe studente het met die nuwe program begin.

• Daar was ‘n toename in verwysings na die opleidingsprogramme wat deur Entuthukweni aangebied word.

• 263 kospakkies is aan verdienstelike families voorsien.

• Ons het noodakkommodasie aan 26 jeugdiges voorsien ná ‘n brand in ‘n verlate ondergrondse parkering.

Page 14: JaarverslagDr T Maarschalk 11 Mei 2006 2 Me R Appelo 11 Mei 2006 2 Die volgende direkteure het gedurende die afgelope finansiële jaar bedank: Naam Datum bedank Mev. Z Nel 11 Mei 2006

12

• Judy Westwater van Skotland het Othandweni drie keer besoek om musiekinstrumente aan die kulturele dansgroep, bestaande uit 12 jongmense, te oorhandig. (Die groep het voorheen musiekinstrumente uit afvalmateriaal gemaak. ‘n Soektog na musiek- en danstalent met die oog daarop om die jeug te ontwikkel en aan professionele groepe bloot te stel, is steeds ‘n droom.)

Beplanning vir volgende jaar

Ons sien uit na ‘n opwindende 2007/2008. Ons sal op die volgende areas fokus:

• Om ons diversifiseringsprogram te intensifiseer deur gesinsorgkonferensies te hou en deur akkommodasie te verskaf aan dié gevalle wat deur die hof verwys word. Dit is omtrent 15 gevalle per jaar.

• Om akkommodasie en geletterdheidsopleidingsinisiatiewe met 30 mans en 20 vrouens in die oorbruggingsklas te fasiliteer deur die informele opleidingsprogram.

• Om deur middel van die Gesinsbeskermingsprogram interaksie met 60 risiko-families te hê en dié hulpmiddel te gebruik om die aantal kinders wat straatkinders word ná hereniging, te verminder.

• Om die behoeftige families wat kinders in die program het te assesseer en te identifiseer en hulle te help met kospakkies en vaardigheidsopleiding waar nodig.

• Om vir diegene in die program vakansie- en naweekbesoeke te fasiliteer om familiebande in stand te hou.

• Die herinstelling van ‘n Menseregtekamp om jeugdiges oor hul regte en verantwoordelikhede in te lig. Nasionale misdaadstatistiek het getoon dat die areas wat deur hierdie jongmense besoek word hoë misdaad gebiede is.

• Om ‘n kamp aan te bied vir die seuns wat getrou by die sokkerprogram ingeskakel het.

• Om ons kapasiteit om met jongmense wat met die gereg bots, te verhoog (diversifiseringsprogram).

• Om meer geleenthede aan jong ma’s te bied om aan die program deel te neem deur teen die einde van Mei ‘n tehuis vir hulle te open.

• Om personeellede te bemagtig om professionele en effektiewe diens aan kinders en jeugdiges te bied deur ontwikkeling deur die NACCW (Nasionale Vereniging vir Kinderversorgers) se opleiding in Kinder- en Jeugversorging.

3. Afsluiting

Aangesien hierdie my laaste verslag as Hoofbestuurder: Ontwikkelingsprogramme is, wil ek graag van die geleentheid gebruik maak om my dank te betuig aan die Direksie, Uitvoerende Komitee en die Programbestuurders vir hulle ondersteuning.

Aan al die goeie vriende wat ek gemaak het, ‘n woord van dank vir jul liefde en sorg. Mag God julle seën.

Loof die Here die Almagtige, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie. (Jer. 33:11)

Delene van Wyk

Page 15: JaarverslagDr T Maarschalk 11 Mei 2006 2 Me R Appelo 11 Mei 2006 2 Die volgende direkteure het gedurende die afgelope finansiële jaar bedank: Naam Datum bedank Mev. Z Nel 11 Mei 2006

13

Statistiek vir jaarverslag 2006/2007

BEHUISING 2005/2006 2006/2007 KommentaarGemiddelde aantal persone per nag in Ekahya. 100 100 Ekahya is elke aand vol.Gemiddelde aantal persone per maand in Ekuthuleni. 138 122 Verminderde getalle om oorbevolking te bekamp. Gemiddelde aantal persone wat per maand deur Othandweni geakkommodeer word. 45 42 Olwazlini, Bertrams Huis en Ekuthuleni.

Gemiddelde aantal persone wat per maand in Zaziwe Sorgsentrum geakkommodeer word. 20 28

Gemiddelde aantal persone wat per maand in Genesis geakkommodeer word. 10 11

Gemiddelde aantal persone wat per maand deur Entuthukweni geakkommodeer word. 18 31 By Europa, Ekahya en Ekuthuleni

GESONDHEIDGemiddelde aantal persone wat per maand by die siekeboeg behandel word. 217 166

Gemiddelde aantal persone wat per maand by die mobiele kliniek behandel word. 207 197

Aantal persone wat dié jaar vrywillig vir HIV/VIGS getoets is en wat berading ontvang het. 17 172

Aantal persone wat die “wellness” kliniek hierdie jaar besoek het. 166 773

OPLEIDING EN INDIENSPLASINGGemiddelde aantal persone wat per maand by Tswelopele werk. 13 13

Aantal persone wat dié jaar in diens geplaas is. 235 380Insluitend diegene wat hul eie besighede

begin het (wegspringpakkette): Othandweni, Entuthukweni.

Gemiddelde aantal persone per jaar in formele opleiding. 365 411 Othandweni & EntuthukweniAantal persone per jaar wat informele opleiding (oorbruggingsprogramme) bygewoon het. 29 71

Gemiddelde aantal kinders wat per maand in crèches versorg word. 175 185

Gemiddelde aantal kinders per maand in die naskoolsorgsentrums. 52 120Aantal Joshuas wat die program voltooi het. 25

BASIESE SORGAantal etes wat per dag deur MES voorsien word. 520 542 Othandweni, Roly Poly, Gemeenskapsorg.Aantal komberse wat gedurende die jaar aan behoeftiges verskaf is. 2 467 851 Gemeenskapsorg en rampslagoffers.

Aantal rampsituasies gedurende die jaar waar MES behulpsaam was. 6 6

Aantal persone gehelp gedurende rampsituasies. 1 230 920

BEDIENINGMense betrokke by weeklikse Bybelstudie 200 200Mense betrokke by dissipelskap-opleiding 20 15Personeel betrokke by omgeegroepe 88 90Jeugbywoning van Bybelklubs 300 500Jongmense betrokke by uitstappies, kampe en staptoere 134 150Jongmense wat deelgeneem het aan evangelisasie-uitreik 20 15Aantal hospitaalbesoeke per week 3 2Mense betrokke by weeklikse kleingroepbesprekings 90 90Bybelskoolkursusse vir personeel gedurende die jaar 10 7Bywoning van Sondag Kerkdienste 230 220

MEDIAAantal publikasies in koerante en tydskrifte 26 33Aantal radio onderhoude gehad 4 17Televisiedekking 7 5

Page 16: JaarverslagDr T Maarschalk 11 Mei 2006 2 Me R Appelo 11 Mei 2006 2 Die volgende direkteure het gedurende die afgelope finansiële jaar bedank: Naam Datum bedank Mev. Z Nel 11 Mei 2006

14

Sukses-stories

Joseph jou doring!

Joseph Jabu Masenye is in Soweto gebore en getoë en het in 2003 in die Johannesburgse middestad aangekom. Ek het hom leer ken in die laaste kwartaal van 2006 toe hy my kliënt geword het en ek hom by ons Stallion Security opleidingsprogram ingeskryf het. Hy het die program suksesvol voltooi en in November 2006 vir Stallion begin werk. Sedertdien is hy twee keer bevorder: eers na onderkorporaal en nou onlangs na korporaal. Joseph is ook besig met sy graad “B” sekuriteitstudies en ons is baie trots op hom. Hy is ‘n sprekende voorbeeld van wat bereik kan word as mens hart en siel in ‘n saak is. Ons wens jou net die beste vir die toekoms, Joseph, en mag God jou elke dag seën.

Greg Berhens, opvolgkoördineerder – Enthuthukweni

Die Hoop Beskaam Nie

Nomsa is ‘n twaalfjarige meisie wat ‘n honger na kennis het. Sy is in September 2006 by die Zaziwe Hoop vir Lewe Sorgsentrum opgeneem. Sy is vir die grootste deel van die dag afhanklik van suurstof, wat tot gevolg gehad het dat sy nie skool kon bywoon nie. In die oggende het sy verlangend na die ander kinders gekyk wat skool toe gegaan het. Haar begeerte om te leer was so groot dat sy selfs begin het om die jonger kinders by Zaziwe te onderrig. “Reik na ‘n droom” het vir haar ‘n skootrekenaar gegee net voordat sy by die Sorgsentrum opgeneem is. Só het sy elke dag ure spandeer om tutoriale klasse uit te werk en sodoende haar eie kennis te verbreed. In die laaste paar maande van 2006 het haar gesondheid sodanig verbeter dat die moontlikheid bestaan het dat sy skool sou kon bywoon, indien spesiale reëlings rondom suurstof getref kon word. Aan die begin van 2007 het Zaziwe se personeel ‘n potensiële borg genader om fondse beskikbaar te stel sodat Nomsa met Graad 8 kon begin. ‘n Skool wat bereid was om Nomsa met haar swak gesondheid te aanvaar, moes ook gevind word. Die onderhanderlinge was… uiters geslaagd!

Aberdare Cabelling Group, ‘n maatskappy naby Zaziwe Hoop vir Lewe Sorgsentrum, het geld beskikbaar gestel sodat Nomsa se skoolklere gekoop kon word. Jules Hoërskool was bereid om Nomsa en haar suurstofsilinder te aanvaar en sy kon Graad 8 by hulle begin. Die skool het verder ook nog besluit om haar skoolgeld te borg! Nomsa is buite haarself van vreugde. Sy word elke oggend by die skool afgelaai en in die middae weer gaan haal. Nomsa se droom is bewaarheid en sy kan nou leer soos sy lekkerkry.

‘N Moderne Feëverhaal

Op 5 Februarie 2007 het Merriam, die jeugwerker by Bediening, vir Princess Adams, ‘n 27-jarige werklose ma van ‘n tweeling ontmoet. Die tweeling is drie jaar oud. Princess is oorspronklik van Eldorado Park, naby Soweto, en het op vroeë ouderdom die huis verlaat ná haar ma se dood. Sedertdien bly sy in Hillbrow. Sy het saam met die kinders se pa in die verlate gebou in Albertstraat gebly. Die kinders se pa is oorspronklik van Welkom in die Vrystaat en hy het die kinders Welkom toe gevat om daar by sy werklose ouers te gaan bly.

Merriam het ingespring en tot Princess se redding gekom. Sy het haar met finansiering gehelp om die kinders in die Vrystaat te gaan haal, waar hulle swaar gekry het en onder slegte omstandighede gebly het. Sy het egter eers toegesien dat Princess verblyf in Bertrams en ‘n pos by IH Harris Voorskool kry. Nou is sy en haar kinders herenig en versorg. Mag dit ‘n geval wees waar Princess lank en gelukkig by IH Harris Voorskool werk en saam met haar tweeling bly...

Page 17: JaarverslagDr T Maarschalk 11 Mei 2006 2 Me R Appelo 11 Mei 2006 2 Die volgende direkteure het gedurende die afgelope finansiële jaar bedank: Naam Datum bedank Mev. Z Nel 11 Mei 2006

15

Doodskoot vir doeke

Die Oranje klas (3-jariges) by Roly Poly Voorskool is met die hulp van hul onderwyseresse van die doeke af. Ná baie harde werk deur die onderwyseresse het die kinders eindelik geleer hoe om die toilet te gebruik. Om hierdie prestasie te vier het ek besluit om vir hulle ‘n partytjie te hou. Hierdie was ‘n eerste by Roly Poly Voorskool. Ouers was so in hul noppies dat hulle ons kom vertel het hoeveel geld hulle nou spaar omdat hulle nie meer weggooidoeke hoef te koop nie.

Wanneer Michelle in die oggend by die voorskool kom, wys sy graag vir juffrou Evelyn dat sy nou ‘n broekie dra. Evelyn plesier haar dan deur vir haar te vertel wat die kleur van die broekie is. Vir ‘n kind is hierdie mylpaal ‘n groot prestasie. Nkululeko se ma sê hy was so trots op homself dat hy sommer ook wil hê sy bababoetie moet nou ophou doeke dra. Hy dring daarop aan dat daar met dié geleentheid dan ook partytjie gehou word!

Ouers bemark nou die voorskool aan vriende wat ook kinders het wat nog doek dra. Dis ‘n baie opwindende oomblik in die lewens van die kinders en ouers as die doek die doodskoot kry. Die ouers voel veral dat ons hulle help om op dié manier uitgawes te besnoei, en dit beteken baie vir ouers wat finansieël sukkel.

Radha Pillay Hoof: Roly Poly Voorskool

Tswelopele

Ester de Villiers, Thulani Philaphi en Phanual Ratlotlong van Tswelopele is deur Absa Handelsmerk, Borgskappe en Funksiebestuur genooi om die Ontwerp-Indaba by te woon wat van 23 – 25 Februarie 2007 by die Kaapstad Konvensiesentrum aangebied is.

Absa het 2 000 rooi en wit notebeurse en 600 rooi en wit Thulani skouersakke, wat uit hul eie advertensieborde gemaak is, bestel. Die Tswelopele-span het slegs 18 werksdae gehad om hierdie bestelling te voltooi. Ons het saamgespan en 600 unieke skouersakke, met ‘n foto van die oorspronklike advertensiebord daaraan vasgeheg, gemaak.

Die Tswelopele-span moes Absa ook by hulle stalletjie verteenwoordig met ons sakke, 8 kontinentale kussingoortreksels in Absa advertensiebord-materiaal asook ‘n unieke stoel oorgetrek in… ja, rooi en wit Absa advertensiebord-materiaal en ook ons pryslose bank oorgetrek met ‘n foto van die betonpad naby Willomore in die Karoo.

Vanuit ‘n menslike ontwikkelingsperspektief was dit ‘n reuse sukses en ‘n voorreg om saam met Thulani Philaphi en Phanuel Ratlotlong in Kaapstad te wees. In die eerste plek het hulle nog nooit gevlieg nie en boonop het hulle nog nooit Kaapstad gesien of ooit in ‘n bed-en-ontbyt plek gebly nie. Hulle het hul gate uit geniet!

Hulle het die geleentheid gehad om plaaslike en internasionale kopers en ander kreatiewe, artistieke mense te ontmoet en blootstelling by ‘n Ekspo van dié omvang te kry.

Die Absa personeel het ons genooi om by hulle in die BBP-sitkamer aan te sluit. Dié geleentheid was ‘n hoogtepunt, aangesien ons soos ware vakmanne behandel is.

Nog ‘n hoogtepunt was om die Jong Ontwerpers wat die werkswinkel bygewoon het, te sien spog met hulle rooi Thulani skouersakke gemaak uit die Absa advertensiebord: “Thank you for voting for us ….”

Thulani en Phanuel het my altwee verseker dat hierdie ‘n lewensveranderende ervaring was. Dit was vir my ‘n voorreg om die ondervinding met hulle te kon deel.

Hierdie was inderdaad ‘n onvergeetlike en historiese besoek vir die genoemde lede van die talentvolle span by Tswelopele.

Met die volgende Ekspo sal ander lede van ons span die geleentheid gegun word om te sien hoe ons produkte mense fassineer.

Page 18: JaarverslagDr T Maarschalk 11 Mei 2006 2 Me R Appelo 11 Mei 2006 2 Die volgende direkteure het gedurende die afgelope finansiële jaar bedank: Naam Datum bedank Mev. Z Nel 11 Mei 2006

16

Verslag van die Hoofbestuurder: Bediening1. Inleiding

Dit is met groot genoeë dat ek oor Bediening se aktiwiteite vir die finansiële jaar 2006/2007 verslag lewer. Ons is opgewonde om oor voortgaande aktiwiteite en nuwe ondernemings terugvoer te gee. Een nuwe onderneming is die samewerking tussen MES, Madulamoho en verskeie kerke in die Groter Johannesburg Area. Madulamoho is ‘n behuisingsmaatskappy wat bouvallige geboue opknap en dit vir lae koste behuising aanwend. Danksy ‘n vennootskap met Madulamoho het Bediening die geleentheid om geestelike aktiwiteite aan die huurders in hierdie lae koste behuisingsgeboue te bied. Dit is opwindend dat Madulamoho verskeie geboue naby mekaar bekom het. Dit voel vir Bediening asof God beskik het dat ons toegelaat kan word om die Hart van die Stad te Verander deur by een strategiese punt te begin.

Die volgende kerke is by die nuwe onderneming betrokke: NG Parkkruin, Franse Baptiste Kerk Jhb, Jhb NGK, Zambiese Kerk in Jhb en die Verenigde Gereformeerde Kerk Jhb. Hulle werk saam om twee doelwitte te bereik. Die eerste is om ‘n hoofdiens op ‘n Sondag te hê om dié kliënte en personeellede van MES te bereik wat nie by ‘n kerk ingeskakel is nie. Die volgende doelwit is om selgroepe in al die MES- en Madulamoho-geboue te begin. Natasha Felix-Maketekete is aangestel om hierdie aktiwiteite te koördineer.

Gedurende 2006/2007 is die MES personeel en kliënte in die gemeenskap in hul geestelike ontwikkeling en groei gehelp. Hulle het ondersteuning gekry deur betrokkenheid in geestelike aktiwiteite.

Bediening het deur ‘n proses van meer gefokusde en gedetaileerde beplanning in die jaar gegaan. Nuwe doelwitte en strategieë is vir 2007/2008 daargestel. Strategiese bestuur en toegewyde personeel het hierdie ‘n jaar van vordering gemaak.

2. Bediening:

Missiestelling

Om die harte van mense deur die Evangelie van Jesus Christus te verander.

Strategiese Aktiwiteite• Om mense in hul verhouding met Christus te help deur

Evangelisasie en Dissipelskap.

• Om die jeug deur leierskapontwikkeling te bemagtig om volhoubare lewens te lei.

• Om pastorale ondersteuning en sorg aan die gemeenskap in die middestad en MES personeel te gee.

• Om deur die Bybelskool en leierskapontwikkeling geestelike leierskap binne die gemeenskap en die kerk verder te ontwikkel.

• Om gereelde aanbiddingsdienste in verskeie tale te hê.

• Die MES Teologiese Kollege beoog om predikante in die gemeenskap deur middel van ‘n 3 jaar teologiese opleidingskursus te bemagtig.

• Veertig persent van die mense in die middestad is buitelanders. Buitelandse studente wat die Teologiese Kollege bywoon sal MES help om buitelandse gemeenskappe in die middestad met die Evangelie te bereik. Die uiteindelike doel is om hulle toe te rus met ‘n basis waarmee hulle na hul land van oorsprong kan terugkeer om die Evangelie van Jesus te verkondig.

Jaar se hoogtepunte• Die personeel en gemeenskap het aan die Paasmars

deelgeneem. Dit was ‘n wonderlike manier om die boodskap van Christus se Kruis aan die Johannesburgse middestad oor te dra.

• Aan die einde van 2006 is ‘n serenade gehou waartydens daar deur die strate van Hillbrow geloop is en Kersliedere gesing is. Die doel was om die boodskap van hoop van Christus aan die Johannesburgse gemeenskap oor te dra en om hulle aan die ware betekenis van Kersfees te herinner.

• Daar is verskeie kere deur middel van tuisbesoeke, traktaatjiebediening en besoeke aan Zaziwe Hoop vir Lewe Sorgsentrum na die kliënte binne die MES programme uitgereik.

• Weeklikse Bybelstudies vir MES se kliënte is by Ekuthuleni, Roly Poly Voorskool, Zaziwe Hoop vir Lewe Sorgsentrum, Othandweni, Olwazini, Tswelopele, Europa Huis en Irene kerk gehou.

• Ses jeugklubs is gereeld by verskillende plekke gehou.

• Deur die jaar is die jeug op staptoere geneem waar hulle leierskapsvaardighede geleer het en gehelp is met hul geestelike groei.

• Pastorale sorg is aan gemeenskapslede en MES personeel gegee. Dit is deur individuele beradingsessies gedoen. Traumaberading en sterwensbegeleiding is ook aangebied.

• Weeklikse Bybelskoolsessies het aan MES personeel die geleentheid gebied om geestelik te groei. Onderwerpe soos die Toets van jou Geloof, Intersessie, Love Talk en Portrait of a Marriage was onder bespreking.

Page 19: JaarverslagDr T Maarschalk 11 Mei 2006 2 Me R Appelo 11 Mei 2006 2 Die volgende direkteure het gedurende die afgelope finansiële jaar bedank: Naam Datum bedank Mev. Z Nel 11 Mei 2006

17

• Omgeegroepe het weekliks vergader. Dit het die geleentheid aan MES se personeel gebied om in kleiner groepe vir mekaar te sorg. Die Bybelboek Jakobus het die fokuspunt van die omgeegroep-besprekings gevorm.

• Daar is weekliks drie Sondagdienste in Engels/Afrikaans, Zulu en Frans aangebied.

• Die MES Teologiese Kollege het in Februarie 2007 met 7 studente begin. Die Kollege word aangebied in samewerking met die Mukhanyo Teologiese Kollege van die Gereformeerde Kerk. Die kursus is geakkrediteer deur die Noordwes-Universiteit.

• ‘n Konferensie is gehou oor misdaadvoorkoming en sekularisasie. Lede van die SAPS, predikante en gemeenskapslede was teenwoordig om oor misdaadvoorkoming in die Johannesburgse middestad te praat.

Beplanning vir volgende jaar

• Om ‘n hoofdiens op ‘n Sondag te hê om MES se kliënte en personeel te bereik wat nie lede van ‘n kerk is nie.

• Om selgroepe in al die MES- en Madulamoho-geboue te begin.

• Om ‘n netwerk met die ander kerke in die middestad te vorm om so die Hart van die Stad te verander.

• Om kwartaalliks ‘n gesamentlike Sondagdiens saam met die ander kerke in die middestad te hou.

• Om gereeld met die SAPS te vergader om aan ‘n strategie te werk om misdaad in die middestad te verminder en te voorkom.

• Om meer skole te identifiseer waarna uitreike gedoen kan word.

• Om ‘n swart sielkundige aan te stel om met die berading van gemeenskapslede te help.

• Om voort te gaan om Bybelstudies en omgeegroepe vir die MES personeel aan te bied.

• Om evangelisasie-uitreike na die verskillende programme binne MES te hê.

Afsluiting

Elke individu behoort die geleentheid te kry om die Evangelie te hoor en ‘n ingeligte besluit te neem. Die Bedieningsdepartement wil die gelowige vir ‘n lewe van geloof toerus. Ek wil van die geleentheid gebruik maak om al ons donateurs te bedank wat hulpbronne beskikbaar gestel het en Bediening sodoende in staat gestel het om die Goeie Nuus in verband met Jesus aan die gemeenskap te bring.

Programbestuurder Ds Nicodemus Setshedi

Page 20: JaarverslagDr T Maarschalk 11 Mei 2006 2 Me R Appelo 11 Mei 2006 2 Die volgende direkteure het gedurende die afgelope finansiële jaar bedank: Naam Datum bedank Mev. Z Nel 11 Mei 2006

18

MES het nog ‘n suksesvolle finansiële jaar gehad, met sterk groei in bykans all die donateur-kategorieë. Hiervoor wil ons allereers aan God die eer gee omdat Hy so getrou voorsien. MES is ook verheug oor sy verhouding met die Departement Maatskaplike Dienste. Die vennootskap met hierdie Departement met die Geïntigreerde Strategie vir Gemeenskapsontwikkeling as sentrale fokus lewer die resultate wat ons nagestreef het. Die feit dat meer as 30% van die inkomste egter van een bron afkomstig is, is terselfdertyd ook ‘n bron van kommer, aangesien die Departement se verbintenis van drie jaar volgende jaar verstryk. MES is egter vol vertroue dat daar ‘n sterk moontlikheid is dat hierdie verbintenis hernu sal word as die trefkrag teen die oorspronklike doelwitte gemeet sal word. Ons glo dat dit in almal se belang sal wees.

Met ‘n inkomstegroei van byna R2,5 miljoen is die vraag hoe MES daarin slaag om sy inkomste te verhoog terwyl dit blyk dat ander nie-regeringsorganisasies sukkel om kop bo water te hou.

Finansiële sukses

Daar is geen eenvoudige antwoord op hierdie vraag nie, aangesien selfs die nie-regeringsorganisie-sektor baie divers en mededingend geword het. Bedrog en korrupsie in hierdie sektor is in die mediakollig en daarom wil donateurs betrokke raak by organisasies soos MES wat met integriteit en deursigtigheid optree

en ‘n goeie rekord het. Donateurs sien hul sosiale belegging ook toenemend as ‘n strategiese besluit wat hulle eie waardes en strategieë moet weerspieël.

Dit verg harde werk en gereelde interaksie met die verskillende donateur-tipes om die nodige waarborge aan hulle te verskaf. As enige nie-regeringsorganisasie oor die langtermyn suksesvol wil wees, moet gesonde leiding en bestuurstrukture bestaan, terwyl die organisasie se lede passievol en toegewyd moet wees. In dié verband moet MES sy 150 voltydse personeellede en die 30 vrywilligers van harte bedank. Hulle toewyding en lojaliteit strek baie verder as die vereiste werksure en verpligte take.

Analise van finansiële state

Soos genoem het die totale donateur-inkomste met R2,5 miljoen gestyg, hoofsaaklik vanwee sterk groei in Regerings- en Korporatiewe befondsing.

In verhouding met die inkomste het die bedryfskoste ook aansienlik gestyg, met die bedryfsurplus van R263 854 wat basies die netto kapitale toevoegings van R276 250 gefinansier het.

Met R955 530 wat op 28 Februarie 2007 in verskeie bankrekenings beskikbaar was, is MES net onder die kontantvloei doelstelling om een maand se bedryfskoste in die bank te hê. Met slegs R206 284 wat aan krediteure betaal

moet word en die debiteurerekening op R234 142, is MES vol vertroue dat die kontantvloei op die kort- tot mediumtermyn op volhoubare vlak is.

Verder het Madulamoho (MES se naby verwante behuisingsmaatskappy) ‘n totale omset van meer as R3 miljoen rand vir 2006/2007 gehad. Saam met Madulamoho se vinnige uitbreiding is MES goed geposisioneer om die droom te verwesenlik om die Hart van die Stad te Verander.

Uitsluitings

Die state weerspieël die gekonsolideerde finansiële posisie wat alle opgelope finansiële transaksies van die MES-programme se kant met aandeelhouers van buite insluit. Ongelukkig sluit die finansiële state alle nie-monitêre skenkings soos kos, klere, toerusting en vrywilligers se tyd uit. Hierdie skenkings is deurslaggewend in ons diensleweringstrategie aan die behoeftiges en MES is besig om ‘n verbeterde erkenningsisteem te ontwikkel, aangesien selfs hierdie skenkings ook 18A belastingaftrekbaar is.

Bedanking

Hartlike dank aan al ons donateurs, werknemers, vrywilligers, vennote, verskaffers en die gemeenskap waarin ons werk. U ondersteuning is van onskatbare waarde in die groot werk wat verrig word.

Finansiële Bestuurder se Verslag

Inkomste Verdeling Finansiele Groei

Page 21: JaarverslagDr T Maarschalk 11 Mei 2006 2 Me R Appelo 11 Mei 2006 2 Die volgende direkteure het gedurende die afgelope finansiële jaar bedank: Naam Datum bedank Mev. Z Nel 11 Mei 2006

19

Verslag van die onafhanklike ouditeure

Aan die lede van MES

Ons het die finansiële jaar state van MES vir die jaar geëindig 28 Februarie 2007 wat op bladsye 5 tot 15 uiteengesit word, geoudit. Die finansiële jaar state is die verantwoordelikheid van die entiteit se direkteure. Dit is ons verantwoordelikheid om op grond van ons oudit ’n mening oor die finansiële jaar state uit te spreek.

Omvang

Ons het ons oudit ooreenkomstig Internasionale Ouditstandaarde opgestel. Dié standaarde vereis dat ons die oudit beplan en uitvoer om redelike sekerheid te verkry dat daar nie enige wesenlike wanverklarings in die finansiële jaar state is nie. ’n Oudit behels die ondersoek, op ’n toetsgrondslag, van bewyse wat die bedrae en openbaarmakings in die finansiële jaar state ondersteun. ’n Oudit behels ook die evaluering van die rekeningkundige beleid wat gebruik word, wesenlike ramings deur die bestuur, sowel as die evaluering van die algehele aanbieding van die finansiële jaar state. Ons is van mening dat ons oudit ’n redelike grondslag vir ons mening bied.

Kwalifikasie

In soortgelyke organisasies is dit nie lonend vir die organisasie om rekenkundige kontrole oor kontant ontvangstes vanaf donasies en inkomstes te bewerk voordat enige teboekstellings van die inkomstes in die rekenkundige rekords gedoen word. Gevolglik is dit onprakties vir ons om ons ondersoek uit te brei verder as inkomste ontvang betref.

Gekwalifiseerde mening

Na ons mening, behalwe vir die uitwerking van die feit genoem in die voorafgaande paragraaf, is die finansiële jaar state op 28 Februarie 2007 ooreenkomstig Suid-Afrikaanse Standpunte oor Algemeen Aanvaarde Rekeningkundige Praktyk en op die wyse wat deur die Maatskappywet van 1973 vereis word in alle wesenlike opsigte ’n redelike weergawe van die finansiële stand van die maatskappy en die resultate van sy bedrywighede en kontantvloei vir die jaar wat op daardie tydstip geëindig het.

De Villiers Myburgh Ingelyf Per: IJ De Villiers Geoktrooieerde Rekenmeesters (S.A.) Meyersdal Geregistreerde Rekenmeesters en Ouditeure 10 Mei 2007

Page 22: JaarverslagDr T Maarschalk 11 Mei 2006 2 Me R Appelo 11 Mei 2006 2 Die volgende direkteure het gedurende die afgelope finansiële jaar bedank: Naam Datum bedank Mev. Z Nel 11 Mei 2006

20

Finansiële State

Page 23: JaarverslagDr T Maarschalk 11 Mei 2006 2 Me R Appelo 11 Mei 2006 2 Die volgende direkteure het gedurende die afgelope finansiële jaar bedank: Naam Datum bedank Mev. Z Nel 11 Mei 2006

21

Page 24: JaarverslagDr T Maarschalk 11 Mei 2006 2 Me R Appelo 11 Mei 2006 2 Die volgende direkteure het gedurende die afgelope finansiële jaar bedank: Naam Datum bedank Mev. Z Nel 11 Mei 2006

22

Page 25: JaarverslagDr T Maarschalk 11 Mei 2006 2 Me R Appelo 11 Mei 2006 2 Die volgende direkteure het gedurende die afgelope finansiële jaar bedank: Naam Datum bedank Mev. Z Nel 11 Mei 2006

23

Page 26: JaarverslagDr T Maarschalk 11 Mei 2006 2 Me R Appelo 11 Mei 2006 2 Die volgende direkteure het gedurende die afgelope finansiële jaar bedank: Naam Datum bedank Mev. Z Nel 11 Mei 2006

24

Page 27: JaarverslagDr T Maarschalk 11 Mei 2006 2 Me R Appelo 11 Mei 2006 2 Die volgende direkteure het gedurende die afgelope finansiële jaar bedank: Naam Datum bedank Mev. Z Nel 11 Mei 2006

25

Page 28: JaarverslagDr T Maarschalk 11 Mei 2006 2 Me R Appelo 11 Mei 2006 2 Die volgende direkteure het gedurende die afgelope finansiële jaar bedank: Naam Datum bedank Mev. Z Nel 11 Mei 2006

26

Page 29: JaarverslagDr T Maarschalk 11 Mei 2006 2 Me R Appelo 11 Mei 2006 2 Die volgende direkteure het gedurende die afgelope finansiële jaar bedank: Naam Datum bedank Mev. Z Nel 11 Mei 2006

27

Page 30: JaarverslagDr T Maarschalk 11 Mei 2006 2 Me R Appelo 11 Mei 2006 2 Die volgende direkteure het gedurende die afgelope finansiële jaar bedank: Naam Datum bedank Mev. Z Nel 11 Mei 2006

Erkenning en bedanking

Platinum (R500 000+)

Aurum Health Institute Cordaid Department of Social Services and Population

Development

Goud (R100 000 – R499 999)

Anglo American Chairman’s Fund BATSA De Beers Fund Department van Gesondheid DG Murray Trust Protestantse Diaconie Amsterdam Discovery Fund FirstRandFoundation Homeless Talk Jumbo Cash & Carry Madulamoho Housing Association Mergon Trust Rand Water RB Hagart Trust

Silwer (R50 000 – R99 999)

AngloGold Ashanti Beeld Kinderfonds Blue Horison Properties MassMart Mar Molenaar - RCN Campsite Eppe NG Aasvoëlkop NG Randburg Old Mutual Othandweni Netherlands C Van Buuren Walk thru the Bible

Brons (R20 000 – R49 999)

Bidvest Stadsraad van Johannesburg Equal Health Australië Exportos AT Ferreira (Boedel) Jackson Khumalo Hein & Marietjie Kruger PA Louw MS Parker Trust JA Neethling RF Nel NG Constantiakruin NG Fochville Noord NG Kempton Kruin NG Lindenpark NG Parkkruin Familiekerk NG Sinode Suid Transvaal NG Weltevredenpark PDC - Bernard Venter Lion Pienaar Sasfin JP Smith B & M Strydom The Diageo Foundation Pieter van Jaarsveld BF Van Waveren G Van Wyk S Venter Wartenweiler Trust Workgroup World Travel Medical Consultants

28

Baie dankie ook aan die vele, vele ander individue, kerke, korporatiewe instansies wat ons in staat stel om voort te gaan met ons dienslewering!

Page 31: JaarverslagDr T Maarschalk 11 Mei 2006 2 Me R Appelo 11 Mei 2006 2 Die volgende direkteure het gedurende die afgelope finansiële jaar bedank: Naam Datum bedank Mev. Z Nel 11 Mei 2006

29

94.7 Highveld Stereo

ABSA

AGS Aucklandpark

AIDSLink

Assosiasie vir die Fisiese Gestremdes

Aurum Health

Basadi Pele

Ben Rheeder

Berea Brandweer

Bethesda Fellowship Gemeente

BIDVest Wits Universiteit Voetbalklub

Carne Deli

Central Community Fellowship Gemeente

Christian Development Trust

CHOMP

Craighill Leke-Broederkring

Creative World

Debonairs

Dorethea Sending

Duits Lutherse Kerk Uitreik-projek

Fontainebleau Gemeenskapskerk

Free to grow

G & A Sekuriteit

Gauteng Alliansie vir Straat Kinders

Gold Reef City

Hamlet Skool vir Verstandelik en Fisiese Gestremdes

Heartbeat

Helen Joseph VIGS Kliniek

Hillbrow Gemeenskapsentrum

Homeless Talk

Hongaarse Assosiasie

Hospies Palliatiewe Sorg Assosiasie van SA

Jeppe Kliniek

Johannesburg Algemeen VIGS Kliniek

Johannesburg Brandweer

Johannesburgse Alliansie vir Straatkinders

Joubert Park Kliniek

Kelly

Lakeside Verenigende Gereformeerde Gemeente

Light House Christian Fellowship Gemeente

Lizelle Bekker

Louw Geldenhuys Laerskool

Marts Kriek

Masasane Begrafnisondernemers

Mikro MBA - Trident Instituut

Millenium Ouetehuis

NACCW

Nando’s

Nasionale Alliansie vir Straatkinders

Nazareth Huis

NG Fontainebleau

NG Kempton-Kruin

NG Linden

NG Northam

NICRO-Johannesburg

No.17 Esselen Street Kliniek

Not Bread Alone

PAG

Parkview Polisieforum

Pick ‘n Pay

Pirates Krieket Klub

Qantas Kajuitspan

Quest

RAR Sentrum Johannesburg

Rave Europe Foto Studio

Rembrandt Slaghuis

Rhema Hands of Compassion

Riverlea Verenigende Gereformeerde Gemeente

SANCA Johannesburg

SANTA

Selbypark Hospitaal

Skills to Furnish

Smith & Harggat

St. Mary’s TB Kliniek

Stallion Sekuriteit

Stocks and Stocks

TAC

The House

TMI

Twilight Skuiling

Universiteit van die Witwatersrand

Universiteit van Johannesburg

Up Country Tuisnywerheid

Urban Kliniek

Ushaka Marine World

VIGS Konsortium

Wits Hospies

Yahweh Shamma Gemeente

Vennote

Page 32: JaarverslagDr T Maarschalk 11 Mei 2006 2 Me R Appelo 11 Mei 2006 2 Die volgende direkteure het gedurende die afgelope finansiële jaar bedank: Naam Datum bedank Mev. Z Nel 11 Mei 2006

Bankbesonderhede:

ABSAParktown

Takkode: 514205Rekeningnommer: 3240140208

Adres:

Privaatsak X33Hillbrow

2038

Kontakbesonderhede:

Tel: 011-725 6531Faks: 011-725 6572

E-pos: [email protected]

Registrasie:

NPO nr: 023-603-NPOArtikel 21 Maatskappy: 1989/004921/08

PBO nr: 930003011 18 A Reg nr: RG/0012/09/04