kerssangdiens 2013

56
Kerssangdiens 2013 Somerstrand

Upload: cece

Post on 22-Feb-2016

107 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Kerssangdiens 2013. Somerstrand. Verwelkoming. Votum en Seëngroet. In die stad van koning Dawid - gemeente. 1. In die stad van koning Dawid, in die nederige stal, in 'n krip lê daar 'n Kindjie, Koning van die groot heelal. Jesus Christus, God en Heer, - PowerPoint PPT Presentation

TRANSCRIPT

Page 1: Kerssangdiens 2013

Kerssangdiens 2013

Somerstrand

Page 2: Kerssangdiens 2013

Verwelkoming

Page 3: Kerssangdiens 2013

Votum en Seëngroet

Page 4: Kerssangdiens 2013

In die stad van koning Dawid - gemeente

1. In die stad van koning Dawid, in die nederige stal, in 'n krip lê daar 'n Kindjie, Koning van die groot heelal. Jesus Christus, God en Heer, aan U, Koningskind, ons eer.

Page 5: Kerssangdiens 2013

2. Hy kom woon hier onder mense; Hy kom red hul van die dood. Hul wat in Hom glo, Hom aanneem, dié verlos Hy uit hul nood. Jesus Christus, God en Heer, aan U, Koningskind, ons eer.

Page 6: Kerssangdiens 2013

3. Eenmaal sal Hy as die Regter in sy koningsmajesteit weer verskyn vanuit die hemel - in volmaakte heerlikheid. Jesus Christus, God en Heer, aan U, Koningskind, ons eer.

Page 7: Kerssangdiens 2013

Adventskrans

Page 8: Kerssangdiens 2013

Adventskers 1 – Hoop

Page 9: Kerssangdiens 2013

Christus, lank reeds verwag – koor

1. Christus, lank reeds verwag, is gebore die nag.Daarom sing engele bly. Duisternis is nou verby.2. Herders hou daar die nag oor hul skape die wag.Hoor daar die engele sing, wat goeie nuus aan hul bring.

Page 10: Kerssangdiens 2013

3. Wyse manne van ver volg die Betlehemster;bring aan die Kindjie hul eer, kniel in verwondering neer.4. Jesus, ons bring U eer, ons Verlosser en Heer.Saam met die engelekoor wil ons ’n loflied laat hoor.

Page 11: Kerssangdiens 2013

Adventskers 1 word aangesteek

Page 12: Kerssangdiens 2013

Ster – simbool van hoop

Page 13: Kerssangdiens 2013

Gebed

Page 14: Kerssangdiens 2013

Adventskers 2 – Vrede

Page 15: Kerssangdiens 2013

Kniel voor ons Koning – koor

1. Kniel voor ons Koning, laat ons voor Hom buig.Bring aan Hom die ere, laat ons harte juig!In ons donker harte, stuur Hy weer sy ligHy kom na die aarde om ons op te rig!

Page 16: Kerssangdiens 2013

2. Jesus, Verlosser, U daal tot ons neer.Wonderbare Raadsman, U is ewig Heer!Ons buig in aanbidding, neer tot in die stof.O, ontvang ons loflied, aan U al die lof!

Page 17: Kerssangdiens 2013

Adventskers 2 word aangesteek

Page 18: Kerssangdiens 2013

Duif – simbool van vrede

Page 19: Kerssangdiens 2013

Matteus 2: 1 -11

Page 20: Kerssangdiens 2013

Eng'le uit die hoogste hemel – gemeente

1. Eng'le uit die hoogste hemel sing ter ere van 'n Kind, van 'n nuwe tyd wat aanbreek waarin almal vrede vind.Refrein: Sing hosanna! Sing hosanna! Prys Hom, Jesus, Seun van God!

Page 21: Kerssangdiens 2013

2. Waar die wagters waak oor skape hoor hul engele wat sing. Oor die velde klink die lofsang aan 'n Kind wat vrede bring. Sing hosanna! Sing hosanna! Prys Hom, Jesus, Seun van God!

Page 22: Kerssangdiens 2013

3. Sterrekykers uit die ooste bring geskenke tot sy eer. Hy's die nuutgebore Koning - hierdie Kindjie is die Heer. Sing hosanna! Sing hosanna! Prys Hom, Jesus, Seun van God!

Page 23: Kerssangdiens 2013

Adventskers 3 – Vreugde

Page 24: Kerssangdiens 2013

Gaan met die Blye Boodskap – koor (gemeente refrein)

Refrein: Gaan met die blye boodskap oral die wêreld oor. Gaan met die blye boodskap: Ons Christus het gekom! 1. Een donker winternanag het herders wag gehou en skielik in die hemel ’n helder lig aanskou.

Page 25: Kerssangdiens 2013

Refrein: Gaan met die blye boodskap oral die wêreld oor. Gaan met die blye boodskap: Ons Christus het gekom!2. Die herders het gebewe, want uit die donker nag klink duisend engelstemme vol helder lig en krag.

Page 26: Kerssangdiens 2013

Refrein: Gaan met die blye boodskap oral die wêreld oor. Gaan met die blye boodskap: Ons Christus het gekom! 3. ’n Nederige dorpie, ’n doodgewone stal; daar lê die Hemelkoning wat heers oor die heelal.

Page 27: Kerssangdiens 2013

Adventskers 3 word aangesteek

Page 28: Kerssangdiens 2013

Engel – simbool van vreugde

Page 29: Kerssangdiens 2013

Gebed

Page 30: Kerssangdiens 2013

Lukas 2:8-14

Page 31: Kerssangdiens 2013

Kom, almal, besing met 'n vrolike stem – koor

1. Kom, almal, besing met ’n vrolike stem die wonder van God, Vors van vrede! Kom, alle getroues, kom lofsing die Heer, wees vrolik, besing onse Koning!Besing met ’n blye stem, die wonder van God in die stad Betlehem, want daar is die Heiland gebore. Jesuskind, lank verwag.

Page 32: Kerssangdiens 2013

2. ’n Kind is gebore, Hy kom ons verlos: die God van liefde en vrede. Verlos van die sonde, besing ons tesaam, die roem en die eer van ons Koning! Besing met ’n blye stem, die wonder van God in die stad Betlehem, want daar is die Heiland gebore. Jesuskind, lank verwag.

Page 33: Kerssangdiens 2013

3. In need’rige krip is sy bedjie berei: die God van liefde en vrede. Laat ons die gebod van die liefde onthou, die roem en die eer van ons Koning!Besing met ’n blye stem, die wonder van God in die stad Betlehem, want daar is die Heiland gebore. Jesuskind, lank verwag.

Page 34: Kerssangdiens 2013

Adventskers 4 – Liefde

Page 35: Kerssangdiens 2013

Kom ons loof die Jesuskind – Gemeente

1. Kom ons loof die Jesuskind, Hy is waarlik Koning.Ons Verlosser het gekom, maak by ons sy woning.Vir ons sondes kom Hy sterf; só word ons vergewe.Nou kan ons Hom loof en prys - Heer so hoog verhewe.

Page 36: Kerssangdiens 2013

2. Tussen doeke lê die Kind, in 'n krip so need'rig.Laat ons al die lof en dank bring aan Hom vir ewig.Dit is sy geboortedag, daarom sing ons : Ere!Ons sal Hom nou dank en prys - Heer so hoog verhewe!

Page 37: Kerssangdiens 2013

3. Wyse manne kom van vér; buig voor Hom die Koning.Herders bring Hom al die eer; prys Hom in aanbidding.Eng'le in die sterrenag jubel bly in kore.Laat ons saam 'n loflied sing: Jesus is gebore.

Page 38: Kerssangdiens 2013

Adventskers 4 word aangesteek

Page 39: Kerssangdiens 2013

Hart – simbool van liefde

Page 40: Kerssangdiens 2013

1 Johannes 4:8- 10

Page 41: Kerssangdiens 2013

Christuskers

Page 42: Kerssangdiens 2013

Vreugde in die wêreld - koor

Gaudium mundo, Christus natus est. Vreugde in die wêreld,Christus is gebore. Hy is God met ons. Hy het mens geword.

Page 43: Kerssangdiens 2013

Christuskers word aangesteek

Page 44: Kerssangdiens 2013

Kom, alle getroues – gemeente

1. Kom, alle getroues, vrolik en vol vreugde, o kom in die gees nou na Betlehem! Loof daardie Kindjie tot ons heil gebore - kom buig daar in aanbidding, kom buig daar in aanbidding, kom buig daar in aanbidding, voor Jesus, die Heer.

Page 45: Kerssangdiens 2013

2. 'n Kind is gebore; loof die God van liefde! Hy kom ons verlos, Hy is Wonderbaar, Raadsman en Sterke, God en Vors van vrede! Ons buig in blye aanbidding, ons buig in blye aanbidding, ons buig in blye aanbidding, Verlosser en Heer!

Page 46: Kerssangdiens 2013

Kersboom

Page 47: Kerssangdiens 2013

Kerse as simbool van die lig in jou lewe

Page 48: Kerssangdiens 2013

O die goeie tyding, o die blye tyding - gemeente

1. O die goeie tyding, o die blye tyding - helder klink dit met Kersfeestyd: Diep was ons verlore, Christus is gebore. Juig dan, almal, jubel oor die saligheid!

Page 49: Kerssangdiens 2013

2. O die goeie tyding, o die blye tyding kom met krag in die Kersfeestyd: Hy, die Hemelkoning, maak by mense woning - Hy, gebore in die volheid van die tyd!

Page 50: Kerssangdiens 2013

3. O die goeie tyding, o die blye tyding - oral hoor ons: Dis Kersfeestyd. Blye jubelkore loof die Kind, gebore. Juig nou mensdom, prys Hom tot in ewigheid!

Page 51: Kerssangdiens 2013

Slotgebed

Page 52: Kerssangdiens 2013

Stille nag, heilige nag! – gemeente

1. Stille nag, heilige nag! Jesuskind, lank verwag, Lig uit Lig, uit die Vader se ryk, word uit liefde aan mense gelyk. Loof die hemelse Kind! Loof die hemelse Kind!

Page 53: Kerssangdiens 2013

2. Stille nag, heilige nag! Hemelvors, ons gee ag op die lied van die engelekoor. Herders het dit die eerste gehoor: Juig, die Redder is daar! Juig, die Redder is daar!

Page 54: Kerssangdiens 2013

3. Stille nag, heilige nag! Jesus, Heer, voor u mag, voor u ryk moet die duisternis swig; tot in ewigheid bly U die lig - Heer, gebore vir ons! Heer, gebore vir ons!

Page 55: Kerssangdiens 2013

Seën

Page 56: Kerssangdiens 2013

Somerkersfees - gemeente

Refrein : Kersfees kom, Kersfees kom - gee aan God die eer. Skenk ons 'n helder Somerkersfees in hierdie land, o Heer.