kurrikulum direktoraat: aoo€¦ · aoo kurrikulum / 1 kurrikulum direktoraat: aoo lesplan kwartaal...

8
AOO KURRIKULUM / 1 Kurrikulum Direktoraat: AOO LESPLAN KWARTAAL 2 - 2020 VAK en GRAAD AFRIKAANS HUISTAAL – GRAAD 4 KWARTAAL 2 Week 3 SKAKEL MET ONDERRIG- EN ASSESSERINGSPLAN Luister en Praat WEEK 1: Luister en praatstrategieë. Luister vir begrip na ’n Volksverhaal Verduidelik strategieë van die luister- proses. Skriftelike beantwoording van vrae. Lees en Kyk WEEK 1: Lees ’n Volksverhaal: Fokus op letterkundige tekskenmerke. Wys leesbegrip deur ontwikkeling van intrige en konflik, karakterisering, keerpunt, agtergrond, milieu, rol van verteller, tema, afsluiting en slot. Volg leesproses. Skryf en aanbied WEEK 1 Skryf: Resensie oor ‘n ongesiene volksverhaal: Fokus op die skryfproses: Korrekte formaat Doel, Kern en ondersteunende gedagte, Taalgebruik, Register Logiese opeenvolging van sinne. Taalstrukture en Konvensies WEEK 1: Woordvlakwerk: Werkwoorde (hoofwerkwoorde, infinitief) Basisvorme, voorvoegsels en agtervoegsels Sinsvlakwerk: saamgestelde sinne, veralgemenings, direkte/indirekte rede DOELSTELLINGS VAN LES Leerders gaan na ‘n fabel luister en hul opinie daaroor gee. Hulle gaan morele- en kulturele waardes bespreek; tekste op hul eie lees en in verband bring met hul eie ervarings. Hulle gaan ‘n storie of ‘n fabel skryf. INLEIDING Stel tema bekend: Verduidelik aan leerders dat hulle na ‘n fabel gaan luister. Dis ‘n storie met diere as karakters wat kan praat. Die titel “Die skilpad en die haas”. Waar dink jy gaan hierdie storie afspeel? Voorspel inhoud met verwysing na visuele leidrade en titel. Verduidelik die doel van die les (vir genot? inligting oor te dra? Jou te oorreed?) VAARDIGHEDE Luister & Praat - Luister na 'n fabel (DBO werkboek, bladsy 105/106- slegs die leser het die teks). (Week 3: Aktiwiteit 1) Leerders moet luister baie fyn na storie luister sodat hulle die vrae kan beantwoord. Moedig leerder aan om te visualiseer (sien) terwyl gelees word. Gesels oor en bespreek die kenmerke van teks - fabels. Leerders deel hul eie ervarings en beantwoord vrae skriftelik. Uitknipstorie: Bl. 9 Knip uit, rangskik storie in regte volgorde en vertel storie. Lees en Kyk - Lees 'n fabel: DBO, bladsy 105 en106. (Uitskeurstorie – skeur bladsye uit, knip en bind boekie). (Week 3: Aktiwiteit 2) Hersien vorige dag se les om seker te maak of hy/sy die teks verstaan het. Hersien ook tekskenmerke. Ouer lees die storie hard-op voor aan leerder (self), met die korrekte uitspraak, vlotheid en gevoel. Moedig leerder aan om te visualiseer (sien) dit wat jy lees. Die manier waarop jy lees, kan bydra tot begrip van die teks. Vra vrae terwyl jy lees. Leerders volg leesproses: voorspel inhoud, vluglees (algemene idee); soeklees (spesifieke besonderhede), maak afleidings en beantwoord vrae skriftelik. Hulle formuleer hul eie antwoorde. Voltooi ook: DBO. Bl.107 Skryf en aanbied: (Week 3: Aktiwiteit 3 op aangehegte blad- skryfraam): Beplanning: Pre-skryf aktiwiteite: Voltooi ook eenvoudige storie (vul woorde in plek van prentjies). Begeleide skryf (Saamskryf): Bespreek storie met leerder en voltooi skryfraam of skep eie storie. Taalstrukture en Konvensies: Taalfokus 1: Direkte- en indirekte rede DBO bl.110 Taalfokus 2: Samestellings/Afleidings DBO bl. 109 AKTIWITEITE / ASSESS. Luister-, Leesbegrip, Skryf- en Taaloefeninge aangeheg: Sien aktiwiteite. KONSOLIDASIE Skakel met die lesdoelstellings Leerders doen hersiening en konsolidasie in die opvoglesse. BRONNE (indien nodig) Papiergebaseerde bronne: DBO Werkboeke Storie: skryfraam Tekskenmerke Digitale bronne Direkte en Indirekte: https://www.youtube.com/watch?v=peVl7dly5Rk Afleidings: https://www.youtube.com/watch?v=tlMYPGfQu-0 Samestellings: https://www.youtube.com/watch?v=WsnoLUc4om0 Gr.4 DBO boek vir die Huistaal. Onderwysers kan ook self geskikte tekste kies, volgens hul beskikbare bronne. Digitale bronne, bv. skakels op die WKOD ePortal, insluitend DBE- werkboeke. https://wcedeportal.co.za/

Upload: others

Post on 02-Oct-2020

55 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Kurrikulum Direktoraat: AOO€¦ · AOO KURRIKULUM / 1 Kurrikulum Direktoraat: AOO LESPLAN KWARTAAL 2 - 2020 VAK en GRAAD AFRIKAANS HUISTAAL –GRAAD 4 KWARTAAL 2 Week 3 SKAKEL MET

AOO KURRIKULUM / 1

Kurrikulum Direktoraat: AOO

LESPLAN KWARTAAL 2 - 2020

VAK en GRAAD AFRIKAANS HUISTAAL – GRAAD 4

KWARTAAL 2 Week 3

SKAKEL MET

ONDERRIG- EN

ASSESSERINGSPLAN

Luister en Praat WEEK 1: Luister en praatstrategieë. Luister vir begrip na ’n Volksverhaal Verduidelik strategieë van die luister-proses. Skriftelike beantwoording van vrae.

Lees en Kyk WEEK 1: Lees ’n Volksverhaal: Fokus op letterkundige tekskenmerke. Wys leesbegrip deur ontwikkeling van intrige en konflik, karakterisering, keerpunt, agtergrond, milieu, rol van verteller, tema, afsluiting en slot. Volg leesproses.

Skryf en aanbied WEEK 1 Skryf: Resensie oor ‘n ongesiene volksverhaal: Fokus op die skryfproses: Korrekte formaat Doel, Kern en ondersteunende gedagte, Taalgebruik, Register Logiese opeenvolging van sinne.

Taalstrukture en Konvensies WEEK 1: Woordvlakwerk: Werkwoorde (hoofwerkwoorde, infinitief) Basisvorme, voorvoegsels en agtervoegsels Sinsvlakwerk: saamgestelde sinne, veralgemenings, direkte/indirekte rede

DOELSTELLINGS VAN

LES

• Leerders gaan na ‘n fabel luister en hul opinie daaroor gee.

• Hulle gaan morele- en kulturele waardes bespreek; tekste op hul eie lees en in verband bring met hul eie ervarings.

• Hulle gaan ‘n storie of ‘n fabel skryf.

INLEIDING

• Stel tema bekend: Verduidelik aan leerders dat hulle na ‘n fabel gaan luister. Dis ‘n storie met diere as karakters wat kan praat. Die titel “Die skilpad en die haas”. Waar dink jy gaan hierdie storie afspeel? Voorspel inhoud met verwysing na visuele leidrade en titel.

• Verduidelik die doel van die les (vir genot? inligting oor te dra? Jou te oorreed?)

VAARDIGHEDE

Luister & Praat - Luister na 'n fabel (DBO werkboek, bladsy 105/106- slegs die leser het die teks). (Week 3: Aktiwiteit 1) Leerders moet luister baie fyn na storie luister sodat hulle die vrae kan beantwoord. Moedig leerder aan om te visualiseer (sien) terwyl gelees word. Gesels oor en bespreek die kenmerke van teks - fabels. Leerders deel hul eie ervarings en beantwoord vrae skriftelik. Uitknipstorie: Bl. 9 Knip uit, rangskik storie in regte volgorde en vertel storie. Lees en Kyk - Lees 'n fabel: DBO, bladsy 105 en106. (Uitskeurstorie – skeur bladsye uit, knip en bind boekie). (Week 3: Aktiwiteit 2) Hersien vorige dag se les om seker te maak of hy/sy die teks verstaan het. Hersien ook tekskenmerke. Ouer lees die storie hard-op voor aan leerder (self), met die korrekte uitspraak, vlotheid en gevoel. Moedig leerder aan om te visualiseer (sien) dit wat jy lees. Die manier waarop jy lees, kan bydra tot begrip van die teks. Vra vrae terwyl jy lees. Leerders volg leesproses: voorspel inhoud, vluglees (algemene idee); soeklees (spesifieke besonderhede), maak afleidings en beantwoord vrae skriftelik. Hulle formuleer hul eie antwoorde. Voltooi ook: DBO. Bl.107

Skryf en aanbied: (Week 3: Aktiwiteit 3 op aangehegte blad- skryfraam): Beplanning: Pre-skryf aktiwiteite: Voltooi ook eenvoudige storie (vul woorde in plek van prentjies). Begeleide skryf (Saamskryf): Bespreek storie met leerder en voltooi skryfraam of skep eie storie.

Taalstrukture en Konvensies: Taalfokus 1: Direkte- en indirekte rede DBO bl.110 Taalfokus 2: Samestellings/Afleidings DBO bl. 109

AKTIWITEITE / ASSESS. Luister-, Leesbegrip, Skryf- en Taaloefeninge aangeheg: Sien aktiwiteite.

KONSOLIDASIE ▪ Skakel met die lesdoelstellings ▪ Leerders doen hersiening en konsolidasie in die opvoglesse.

BRONNE

(indien nodig)

Papiergebaseerde bronne: DBO Werkboeke Storie: skryfraam Tekskenmerke

Digitale bronne Direkte en Indirekte: https://www.youtube.com/watch?v=peVl7dly5Rk Afleidings: https://www.youtube.com/watch?v=tlMYPGfQu-0 Samestellings: https://www.youtube.com/watch?v=WsnoLUc4om0

Gr.4 DBO boek vir die Huistaal. Onderwysers kan ook self geskikte tekste kies, volgens hul beskikbare bronne.

Digitale bronne, bv. skakels op die WKOD ePortal, insluitend DBE-werkboeke. https://wcedeportal.co.za/

Page 2: Kurrikulum Direktoraat: AOO€¦ · AOO KURRIKULUM / 1 Kurrikulum Direktoraat: AOO LESPLAN KWARTAAL 2 - 2020 VAK en GRAAD AFRIKAANS HUISTAAL –GRAAD 4 KWARTAAL 2 Week 3 SKAKEL MET

AOO KURRIKULUM / 2

NOTAS VAK AFRIKAANS HUISTAAL KWARTAAL 2

AKTIWITEITE VIR DIE

ONDERWYSER

GRAAD 4 WEEK 3 VAARDIGHEDE

(WAT ek gaan onderrig / begelei / ondersteun ...)

ONDERRIGMETODOLOGIEË / BENADERING

(HOE ek gaan onderrig / begelei / ondersteun ...)

Hulpbronne / LOOM

(WAT ek gaan gebruik om te

onderrig / begelei / ondersteun ...)

Luister en Praat Volgens die Aangepaste Leer en Onderrigplan

bv. vir Gr 4 Afrikaans HT

Slegs die leser het die storie

Aktiveer voorafkennis

Vra vrae binne leerders se ervaringsveld om as aanknopingspunt vir die teks te dien.

Werk met woorde en ontwikkel woordeskat

Verduidelik moeilike woordeskat in konteks

Gee aan die leser ‘n luisterdoel: Wie is die karakters/ Hoe lyk hulle/wat dink hulle…

Leerders maak notas terwyl hulle na die voorlesing luister om die inligting op te som. Onderrig eers hoe om notas te maak.

Luister & Praat - Luister na 'n fabel

Bron: Die haas en die skilpad DBO, bl.105/106.

Pre-lees: Voorspel inhoud van teks n.a.v. titel en prente. Gedurende lees: Moedig leerders aan om te visualiseer, terwyl jy lees. Lees 1: Lees die storie hard-op voor aan leerder (self), met die korrekte uitspraak, vlotheid en gevoel. Maak gebruik van hand- gebare en aksies. Die manier waarop jy lees kan bydra tot die leerder se begrip van die teks. Lees 2: Lees weer die storie hard-op; soos jy lees, STOP, vra mondelingse vrae. Verduidelik moeilike woordeskat in konteks. Bespreek titel, karakters, agtergrond, plot en atmosfeer van gedig. Waaroor gaan storie? (Hoofgedagte)? Was jy al in so ‘n situasie? Deel ervaringe. Wat is die probleem en oplossing? Enige les/boodskap wat skrywer wil oordra? (Tema). Lees 3: Lees nou deur die vrae, sodat leerder weet waarna om te luister. Leerder maak notas. Lees weer die teks aan leerder. Leerder beantwoord vrae skriftelik. Hervertel storie: 5 sinne.

DBO-werkboek Bl.105/106

➢ Flitskaarte met woordeskat Tekskenmerke

➢ Werkkaart met vrae ➢ Uitknipstorie

https://wcedeportal.co.za/

Lees en Kyk

Volg die leesproses: Pre-, gedurende en postlees

Aktiveer voorafkennis

Vra vrae binne leerders se ervaringsveld om as aanknopingspunt vir die teks te dien.

Werk met woorde en ontwikkel woordeskat

Onderwyser/Leerder identifiseer nuwe uitdagende woorde en onderstreep/skryf. Verduidelik moeilike woordeskat in konteks

Elke les het ‘n lesdoel.

Wat wil jy graag weet? Waarom gaan jy die teks lees? Die leesdoel bepaal watter leesstrategie gebruik gaan word.

Lees & Kyk: - Lees ‘n fabel Bron: Die haas en die skilpad: DBO, bl. 105/106

Pre-lees: Lees en bespreek die titel en kyk na prente in die teks. Maak voorspellings deur kontekstuele leidrade te gebruik. Vluglees/Soeklees/ Onderstreep moeilike woorde. Tel paragrawe. Lees eerste sin. Bespreek kenmerke van teks.

Gedurende lees: Identifiseer en bespreek die volgorde van gebeure, agtergrond, karakters, beskrywing van karakters, probleme/uitdagings van die karakters, hulle gevoelens en redes vir hul optredes, oplossings van hul propleme asook die les geleer uit die teks. Deel eie ervaringe. Post-lees om begrip vas te lê: Voltooi ‘n begripsleesoefening – Vrae volgens kognitiewe vlakke. Sien werkkaart aangeheg. Voltooi aktiwiteit: DBO, bl. 107

DBO-werkboek Bl.105/106/107

➢ Flitskaarte met woordeskat ➢ Tekskenmerke

Werkkaart met vrae Uitknipstorie Woordeboek

Page 3: Kurrikulum Direktoraat: AOO€¦ · AOO KURRIKULUM / 1 Kurrikulum Direktoraat: AOO LESPLAN KWARTAAL 2 - 2020 VAK en GRAAD AFRIKAANS HUISTAAL –GRAAD 4 KWARTAAL 2 Week 3 SKAKEL MET

AOO KURRIKULUM / 3

Skryf en Aanbied

▪ Verduidelik die skryfproses. ▪ Skryf is ‘n proses ▪ Leerders kan dit nie op een dag doen nie. ▪ Hulle het hulp nodig met woordeskat en ‘n skryfraam. ▪ Gee ook ‘n kontrolelys en of rubriek vooraf aan die leerders.

Skryf & Aanbied Skryf jou eie fabel volgens die Skryfproses. Begelei die leerders deur ‘n skryfraam te voorsien.

Beplanning: Pre – Skryfaktiwiteite. Voltooi storie in regte volgorde – gebruik vloeidiagram (Sien uitknipstorie, bl. 8). Skryf storie oor in die regte volgorde.

Gedeelde skryf: Begelei leerder… skryf leerder se sinne/idees neer.

Kontrolelys Kenmerke van ‘n storie Storie – skryfraam / uitknipstorie (Bl. 8)

Taalstrukture en Konvensies Direkte en Indirekte: https://www.youtube.com/watch?v=peVl7dly5Rk https://slideplayer.nl/slide/15004116/ Afleidings: https://www.youtube.com/watch?v=tlMYPGfQu-0 Samestellings: https://www.youtube.com/watch?v=WsnoLUc4om0

Woordvlakwerk: Werkwoorde (hoofwerkwoorde, infinitief) Basisvorme, voorvoegsels en agtervoegsels

Sinsvlakwerk: saamgestelde sinne, veralgemenings, direkte/indirekte rede

Taalfokus 1: Direkte- en indirekte rede DBO bl.110 Taalfokus 2: Samestellings/Afleidings DBO bl. 109

DBO werkboek Werkblaaie TydskrifteKoerante Woordeboek

AKTIWITEITE VIR DIE

OUER

Net soos wat onderwysers sal onderrig, ens. Soos hierbo aangedui - dit kan 'n herhaling van die inligting vir die onderwyser wees - net sodat ouers bewus is van die inhoud.

Wenke/Aktiwiteite vir ouers om hul kind te help: ▪ Skep ‘n leerruimte vir u kind om elke dag te werk ▪ Help hom/haar om gefokus te werk vir ten minste 30-minute voordat hy/sy opstaan. ▪ Lees die storie vir die luisteroefening vir u kind. ▪ Gaan deur die voorgestelde vrae en voeg ook u eie by. ▪ U kind moet elke dag vir ten minste 30-minute lees. ▪ Laat toe dat u leerder die digitale bronne op u selfoon of

rekenaar doen.

Bronne aan wat u tuis kan vind: tydskrifte, koerante, woordeboek, DBE-werkboek, ens. https://wcedeportal.co.za/

AKTIWITEITE VIR DIE

LEERDER

Leerderaktiwiteite: stap vir stap, prakties, hou dit eenvoudig. Uiteensetting van werk – sien Week 3: Aktiwiteite 1-4, asook skakels na videogreep, ens. Luister en kyk na videogrepe soos wat lesse ontwikkel. Sien skakels hieronder. 1. Luister na die storie wat aan jou voorgelees gaan word. 2. Beantwoord die vrae. 3. Lees die gedig en volg leesproses. 4. Beantwoord die begripsvrae. 5. Skryf ‘n storie volgens die skryfproses – Voltooi skryfraam. 6. Maak ‘n lys van 5 nuwe woorde wat jy geleer het. Maak sinne met woorde. 7. Taalfokus: Doen die taaloefeninge: Taalfokus 1 en 2. Kyk eers na die videogrepe.

Skakels vir video’s Direkte en Indirekte: https://www.youtube.com/watch?v=peVl7dly5Rk https://slideplayer.nl/slide/15004116/ Afleidings: https://www.youtube.com/watch?v=tlMYPGfQu-0 Samestellings: https://www.youtube.com/watch?v=WsnoLUc4om0

Page 4: Kurrikulum Direktoraat: AOO€¦ · AOO KURRIKULUM / 1 Kurrikulum Direktoraat: AOO LESPLAN KWARTAAL 2 - 2020 VAK en GRAAD AFRIKAANS HUISTAAL –GRAAD 4 KWARTAAL 2 Week 3 SKAKEL MET

AOO KURRIKULUM / 4

Week 3: Dag 1: Aktiwiteit 1: Luister en Praat

Jy gaan nou na ‘n fabel luister, Die Haas en Skilpad, DBO Bl. 105 / 106. Vraag: Wat is ‘n fabel en wat is die kenmerke/ elemente van ‘n fabel? Bespreek die onderstaande inligting…

Uitknipstorie, bl. 9: rangskik en vertel storie in die regte

volgorde. Gee beurte of elkeen vertel wat op sy kaart gebeur.

Luister na die storie oor die Haas en die Skilpad wat vir jou voorgelees word en beantwoord die volgende vrae. 1. Waaroor handel die teks/storie? ________________________________________________________

________________________________________________________

2. Wat, dink jy, het …

…Haas na die wedren gesê?

…Skilpad na die wedren gesê?

… die diere na die wedren gesê?

3. Watter les, dink jy, kan ons uit die storie leer? ________________________________________________________

________________________________________________________

4. Het jy die storie geniet? Motiveer. ____________________________

_______________________________________________________

Page 5: Kurrikulum Direktoraat: AOO€¦ · AOO KURRIKULUM / 1 Kurrikulum Direktoraat: AOO LESPLAN KWARTAAL 2 - 2020 VAK en GRAAD AFRIKAANS HUISTAAL –GRAAD 4 KWARTAAL 2 Week 3 SKAKEL MET

AOO KURRIKULUM / 5

Week 3: Dag 2: Aktiwiteit 2: Lees en Kyk

Lees nou die fabel, Die Haas en die Skilpad, aandagtig deur, omkring al die moeilike woorde. (Knip die storie op bl. 105/106 uit en vou jou boekie,

soos aangedui op bl. 104)

Nadat jy die storie gelees het, voltooi die onderstaande tabel.

Wat beteken die uitdrukking: “Slim vang sy baas”?

Woordeskat: (Gee die betekenis van die woorde. Jy kan jou woordeboek gebruik.

1. wedren ___________________________________________ 2. juig _____________________________________________ 3. aanhoudend _______________________________________ 4. beampte __________________________________________ 5. Iemand wat dink hy is beter as ander, is… (beskryf persoon)

__________________________________________________

Beantwoord nou die volgende vrae.

DBO, Bl. 107

Rolspel die storie.

Page 6: Kurrikulum Direktoraat: AOO€¦ · AOO KURRIKULUM / 1 Kurrikulum Direktoraat: AOO LESPLAN KWARTAAL 2 - 2020 VAK en GRAAD AFRIKAANS HUISTAAL –GRAAD 4 KWARTAAL 2 Week 3 SKAKEL MET

AOO KURRIKULUM / 6

Week 3: Dag 4: Aktiwiteit 4: Taalstrukture en Konvensies

Kyk eers na die videogreep oor direkte en indirekte rede, indien moontlik, of bestudeer en bespreek die onderstaande inligting.

Direkte en Indirekte: https://www.youtube.com/watch?v=peVl7dly5Rk

(Bron: Internet: https://slideplayer.nl/slide/15004116/

Kom ons oefen eers… Skilpad sê: “Ek is nie bang vir jou nie”. Skilpad sê dat _____________________________________________________

_________________________________________________________________

Voltooi nou die oefening: DBO, bl. 110 (Antwoord: Skilpad sê dat hy nie bang vir my is nie.)

Page 7: Kurrikulum Direktoraat: AOO€¦ · AOO KURRIKULUM / 1 Kurrikulum Direktoraat: AOO LESPLAN KWARTAAL 2 - 2020 VAK en GRAAD AFRIKAANS HUISTAAL –GRAAD 4 KWARTAAL 2 Week 3 SKAKEL MET

AOO KURRIKULUM / 7

Week 3: Dag 3: Aktiwiteit 3: Skryf

Voltooi nou die storie deur die regte woorde

by die prentjie in te vul.

(Hierdie is slegs ‘n pre-skryf aktiwiteit, sodat jy die ritme kan kry om jou

storie oor die Skilpad en die Slak te skryf en sommer jou woordeskat te toets).

Eendag het ………………… vir ……………….……………

uitgedaag vir `n …………............ . Al die ……………………… het kom ……………………… . . ………………………………. het vinnig weggespring en ………………………………. het stadig aangeloop. Langs die ……………… het …………………… onder `n ………………… aan die ………………….……... geraak. …………………………….. het saggies verbygeloop.

Toe ………………... wakker word, was ….………………….…. al by die wenpaal! Dit wys jou net: Slim vang sy ……………………….….!

Gesels nou met jou maat oor die strokiesprent. Die storie het dieselfde storielyn as die Haas en die Skilpad. Kyk na die prentjies, vind uit waar- oor die storie handel en vertel eers die storie vir mekaar. Skryf dan die storie…voltooi skryfraam. Jy kan ook jou eie weergawe van storie skryf, indien verkies. DBO bl. 112.

Titel: __________________________________________ Eendag het _____________________ vir ____________________ uitgedaag vir ‘n _____________________________. Padda het Slak uitgejou en gesê: “ Jy is so _____________________________________________________________________”. Slak het besef dat hy _____________________________________________ as hy vir Padda wil wen. Toe hulle by die huis kom, besef __________________dat die tuin se ___________ toe is en dat _________________________________________ ! Gelukkig vir Slak ____________________________________________ en het hy stadig maar ___________________ oor die hek geklim. Hy was _________________ by die huis! Dit wys jou net: ________________ vang sy baas! (Jy kan die storie aanpas soos dit jou pas…dit is slegs ‘n riglyn…)

Page 8: Kurrikulum Direktoraat: AOO€¦ · AOO KURRIKULUM / 1 Kurrikulum Direktoraat: AOO LESPLAN KWARTAAL 2 - 2020 VAK en GRAAD AFRIKAANS HUISTAAL –GRAAD 4 KWARTAAL 2 Week 3 SKAKEL MET

AOO KURRIKULUM / 8