laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · web...

74
Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH JAARVERSLAG 2017 1. PERSONEEL SKOOLHOOF: Mnr. Hawkie de Villiers ADJUNKHOOF: Mnr. Jacques Horne ADJUNKHOOF: Me. Johannita Kruger DEPARTEMENTSHOOF: SENIOR FASE Me. Carine Mocke DEPARTEMENTSHOOF: SPORT Mnr. Renaldo Payne DEPARTEMENTSHOOF: GRONDSLAGFASE Me. Barbara Greeff DEPARTEMENTSHOOF: GRONDSLAGFASE Me. Adiska du Preez Eekh. 1 Me. Marlie Goldie Sport Me. Carine Comerma Eekh. 2 Me. Rozelle Koch Finansies Me. Liza Venter Eekh. 3 Me. Marlene Bouwer Finansies Me. Elmarie Stoeder Eekh. 4 Me. Marilie Carpenter Ontvangs Me. Sunette Marais Gr. R1 Me. Shani Visagie Ontvangs Me. Leana Russouw Gr. R2 Me. Elzeth Truter Musiek Me. Paula Smit Gr. R3 Me. Noeline Southey Musiek Me. Marelize Moller Gr. R4 Me. Martlé Smith Musiek Me. Annalene Kemp Gr. 1A Me. Anneri Naude Musiek Me. Riana de Wet Gr. 1B Me. Johannita Kruger Musiek Me. Juliana Du Toit-Truter Gr. 1C Me. Heidi Such Leerondersteunin g Me. Anéle Erasmus Gr. 1D Me. Erena Kurger ASSISTENTE Gr. 2A Me. Barbara Greeff Eekh. 1 Me. Shirley Forbes Gr. 2B Me. Jolande Botha Eekh. 2 Me. Denise Snyders Gr. 2C Me. Jeanri du Plessis Eekh. 3 Me. Stef Maart

Upload: others

Post on 25-Jan-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

JAARVERSLAG 2017

1. PERSONEEL

SKOOLHOOF: Mnr. Hawkie de VilliersADJUNKHOOF: Mnr. Jacques HorneADJUNKHOOF: Me. Johannita KrugerDEPARTEMENTSHOOF: SENIOR FASE Me. Carine MockeDEPARTEMENTSHOOF: SPORT Mnr. Renaldo PayneDEPARTEMENTSHOOF: GRONDSLAGFASE Me. Barbara GreeffDEPARTEMENTSHOOF: GRONDSLAGFASE Me. Adiska du PreezEekh. 1 Me. Marlie Goldie Sport Me. Carine ComermaEekh. 2 Me. Rozelle Koch Finansies Me. Liza VenterEekh. 3 Me. Marlene Bouwer Finansies Me. Elmarie StoederEekh. 4 Me. Marilie Carpenter Ontvangs Me. Sunette MaraisGr. R1 Me. Shani Visagie Ontvangs Me. Leana RussouwGr. R2 Me. Elzeth Truter Musiek Me. Paula SmitGr. R3 Me. Noeline Southey Musiek Me. Marelize MollerGr. R4 Me. Martlé Smith Musiek Me. Annalene KempGr. 1A Me. Anneri Naude Musiek Me. Riana de WetGr. 1B Me. Johannita Kruger Musiek Me. Juliana Du Toit-TruterGr. 1C Me. Heidi Such Leerondersteuning Me. Anéle ErasmusGr. 1D Me. Erena Kurger ASSISTENTEGr. 2A Me. Barbara Greeff Eekh. 1 Me. Shirley ForbesGr. 2B Me. Jolande Botha Eekh. 2 Me. Denise SnydersGr. 2C Me. Jeanri du Plessis Eekh. 3 Me. Stef MaartGr. 2D Me. Margo Lamprecht Eekh. 4 Me. Rosaline TolobisaGr. 3A Me. Adiska du Preez Gr. R1 Me. Rosie FortuinGr. 3B Me. Madelize de Vries Gr. R2 Me. Wounie September

Page 2: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

Gr. 3C Me. Ilze-Marie Götze Gr. R3 Me. Esmerelda AbelseGr. 3D Me. Lana Aucamp Gr. R4 Me. Yolande van der MerweGr. 4A Mnr. Cornel Smuts Gr. R4 Me. Esmerelda Abelse/Stef MaartGr. 4B Me. Menanteau Bester Gr. 1 Me. Lorraine du ToitGr. 4C Mnr. Henco Bindeman Gr. 1 Me. Cathrine CoetzeeGr. 4D Me. Glenize van Rooyen Gr. 1 Me. Danélle BlaineGr. 5A Mnr. Francois Gerber Gr. 2 Me. Christel HuysamenGr. 5B Me. Carlien Fourie Gr. 2 Me. Emma-Leigh BeetsGr. 5C Me. Renika Stramrood Gr. 3 Me. Carike SmithGr. 6A Mnr. Dawie de Vries Gr. 3 Me. Chanel SchoonhovenGr. 6B Mnr. Renaldo Payne Snr fase Me. Chrizanne van BredaGr. 6C Me. Danelle Meintjes Snr fase Mnr. Jan PrinslooGr. 7A Me. Carine Mocke Snr fase Mnr. Gregory NelGr. 7B Mnr. Werner Truter Drama Me. Winnie NelGr. 7C Me. Susan Combrinck Arbeids Me. Tania du ToitWisk Me. Johlene Fourie Arbeids Me. Jeanne-Marie MeyerWisk Me. Christa Neethling Arbeids Me. Annaré AgenbachAfr Me. Anize Koetsier Spraak Me. Ronelle SlabbertIT/Bib Me. Lelanie van der Berg Nasorg Me. Carina OppermanKuns Me. Liezl de Kock Snoepie Me. Riana HayTERREINWERKERS

Terrein Mnr. Stemmet Hector Assistent Me. Joeline van NiekerkTerrein Mnr. Donovan Williams Assistent Me. Gerty DuimpiesTerrein Mnr. Malibongwe Bojana Assistent Me. Lucy MguzulwaTerrein Mnr. Sipho Mpongwana Assistent Me. Ulin NonzingiSekuriteit

Mnr. Brian Michau Snoepie Me. Theresa Martin

Page 3: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

2. AKADEMIES

2.1 GRAAD RAan die einde van 2017 kyk ons met dankbaarheid terug op ‘n uiters suksesvolle jaar. Dit is vir ons belangrik om ‘n veilige omgewing te skep waarin leerders kan leer deur te ontdek en sodoende hul volle potensiaal kan ontwikkel.

Tydens die graadvergadering aan die begin van die jaar is belangrike inligting met die ouers gedeel. Die vier onderwyseresse is: gr. R1 - Shani Beineke, gr. R2 - Elzeth Truter, gr. R3 - Noeline Southey en gr. R4 - Martlé Smith. Gedurende die eerste kwartaal het ons geleer hoe uniek elkeen is en ons het meer geleer oor ons skool, die hantering van boeke en hoe om gesond te leef. Ons het Lanzerac Wynkelder besoek om meer van die parsproses te wete te kom.

Gedurende die tweede kwartaal was ons by die brandweer waartydens die vriendelike brandweermanne vir ons gewys het hoe hulle ons help en veilig hou. Die Vredenheim Grootkatpark waar ons van sintuie geleer het, was ‘n hoogtepunt.

Die derde kwartaal het op ‘n hoë noot begin, toe ons as deel van ons wintertema die restaurant, Gino’s, besoek het. Die leerders het elkeen hul eie pizza gemaak en die hele bakproses gevolg. Hulle is ook deur die vriendelike personeel met koeldrank bederf. Ons het Rosen Castle in Durbanville besoek en die verskillende beroepe eerstehands ervaar.

Vroeg in die vierde kwartaal was die gr. 1-dag waartydens die gr. R’e hul nuwe klasse vir volgende jaar besoek het. Die week daarna was daar ook ‘n gr. R- en Eekhorinkiedag vir die nuwe leerders van 2018. Die vierde kwartaal was so opwindend, want ons het van die wonderlike wêreld van insekte, reptiele, amfibieë, spinnekoppe, dinosourusse, wilde diere en voëls geleer. Ons besoek ook die Dierebeskermingsvereniging om deernis vir diere te bevorder.

Die jaarlikse gr. R- en Eekhorinkiekonsert is hierdie jaar vir die eerste keer in die skoolsaal gehou en dit was ‘n reuse sukses! Ons uitstappie na Monkeytown was nog ‘n hoogtepunt. Die leerders kon met die wilde diere en reptiele kennis maak.

Die jaar is afgesluit met ‘n graadpiekniek op Bon Esperance, die plaas van een van ons leerders.

Baie dankie aan elke ouer vir samewerking, ondersteuning en hulp met vervoer tydens uitstappies.

Gr. R vorm ‘n baie belangrike deel van die res van die skool!

EEKHORINKIES

Page 4: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

Op 11 Januarie 2017 het 88 nuwe Eekhorinkies opgewonde by hulle vier klassies opgedaag. Vir sommiges was die afskeid maar moeilik, terwyl ander weer nie kon wag om te begin speel en ontdek nie. Gelukkig was die trane van korte duur en sommer vinnig het almal tuis gevoel. Geen uitstappies word gewoonlik vir die eerste kwartaal beplan nie, aangesien dit ‘n groot aanpassingstydperk vir die leerders is. Aan die einde van die eerste kwartaal was ons groep Eekhorinkies behoorlik uitgeput en almal het na die vakansie uitgesien.Ons het die tweede kwartaal sommer weggeval met ‘n uitstappie op die skoolterrein. Al die bome en plante is gefynkam om die eerste tekens van herfs in die natuur te bespeur. In Meimaand het ons die Universiteit se melkplaas besoek. Dit was ‘n besonderse ervaring vir elke Eekhorinkie, juffrou en assistent. In aansluiting by ons tema ‘Mense wat ons help’ het dr. Renscha ons kom vertel en wys wat ‘n dokter alles doen. Toe ons later oor reptiele gesels het, het sy hulle troeteldier, ‘n koringslang vir ons kom wys. Die brandweer het ons ook weer hierdie kwartaal by die skool kom besoek. Na ‘n leersame kwartaal van 11 weke het die wintervakansie uiteindelik aangebreek. Na ‘n heerlike lang wintervakansie het die Eekhorinkies sommer merkbaar groter terug- gekeer skool toe. Die leerders was teen hierdie tyd al tuis in hulle klasse en ook baie geheg aan hulle onderwyseresse. Ons eerste uitstappie was na die Jan Marais Park waar ons leerders meer geleer het oor skilpaaie en die verskillende slangsoorte. Daarna het ons paddavissies in die dam gaan vang en hulle teruggeneem klasse toe sodat ons hulle lewensiklus kon waarneem. Aan die einde van die kwartaal is al die paddatjies weer veilig in die dam terugbesorg. Toe ons die lentetema behandel het, het ons deelgeneem aan die skool se lenteloop en saam met die gr. R’e gaan piekniek hou by Mostertsdrift se parkie. Ons laaste uitstappie van die kwartaal was na die Universiteit Stellenbosch se insektemuseum. Dit was ‘n opgewonde groep Eekhorings wat die oggend by die museum opgedaag het. Daar is hulle in twee groepe verdeel. Terwyl die een groep na interessante insekte onder ‘n mikroskoop gekyk en ‘n byepak aangepas het, het die ander groep prentjies van insekte ingekleur. Mev. Lizelle Moses van die Verskeersdepartement het ons weer in die week kom besoek om ons meer oor padveiligheid te leer. Elke klas het die geleentheid gekry om deur middel van rolspel die padreëls te oefen. Ons het ‘n lang kwartaal afgesluit met die temas ‘Die lewe is ‘n fees’ en ‘Vakansietyd’.Ons het ‘n kort maar besige vierde kwartaal afgeskop met ‘n beertjiepiekniek by Mostertsdrift se parkie. Met beertjies styf onder die arms, piekniekmandjies, kombersies en verkykers wat hulle self gemaak het (om nog beertjies in die park te soek) was dit vir elke Eekhorinkie ‘n piekniek wat hulle sal onthou. ‘n Week later, tydens die gr. R-opedag kon die Eekhhorinkies hulle nuwe gr. R-juffrouens ontmoet en sommer ook ‘n bietjie in hulle nuwe klasse gaan kuier.Gedurende week vier en vyf was dit omtrent ‘n gewoel om almal gereed te kry vir ons jaarlikse konsert. Hierdie jaar was ons tema ‘Mense wat ons help’. Ons het ‘n pragtige konsert op die planke gebring en almal het dit terdeë geniet. Net daarna, in aansluiting

Page 5: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

by ons watertema, het ons die ekosentrum in die Jan Marais Park besoek. Daar het ons ‘n leersame praatjie oor waterbesparing bygewoon. Ons Chinese ete was soos altyd ‘n groot hoogtepunt. Elke leerder het soos ‘n klein Chinesie aangetrek en heerlik aan ‘n roerbraai gesmul (met hulle Chinese stokkies, natuurlik). Ons het die jaar afgesluit met ‘n feestelike klaspartytjie. Daar is gespeel, geëet en gelag. Na ‘n geseënde jaar en met groot dankbaarheid in ons harte, kon ons almal uitsien na ‘n lekker somervakansie wat voorlê.

2.3 INTERMEDIêRE EN SENIOR FASEMnr. Gregory Nel is as die gr. 4/5-assistent aangestel en me. Chrizanne van Breda vir gr. 6 en 7. Hulle was verantwoordelik vir alle administratiewe pligte vir gr. 4 tot 7. Dit sluit vorderingskedules, leerderverslae, optekeningskaarte, afwesigheidsvorms, afrolwerk en kopiëring is. Mnr. Nel is ‘n onderwysstudent en hy help met sportafrigting en waarneming in die klasse. Me. Van Breda is ‘n gekwalifiseerde onderwyseres en het NW in gr. 6 onderrig.Leerlinge van gr. 4 tot 7 het vanjaar vir die sesde keer aan die WOW-spelfees deelgeneem. Na interne klaskompetisies het ‘n paar leerlinge uit elke graad aan die eerste rondte (kring) deelgeneem. Hulle is: Carmen Bonsma en Lian Bell (gr. 7), Marise Kriel, Therese Button en Saskia Rohwer (gr. 6), Braam van der Westhuizen, Jana Koekemoer en Nisha Norval (gr. 5) en Juné Theron en Cebella Morris (gr. 4), asook Lizé Buys (gr. 1). Marise, Therese, Jana, Nisha, Juné, Cebella en Lizé het na die Distriksrondte deurgedring. Hierdie leerlinge het baie ekstra tyd spandeer om voor te berei en was sowaar ware ambassadeurs van die skool.E-leer is vanjaar in gr. 7 geïmplementeer. Die onderwysers is opgelei, maar die leerders was reeds vertroud met die stelsel, aangesien dit reeds in 2016 in gr. 6 ingestel is. Spesiale veiligheidsmaatreëls is ook in die gr. 7-klasse in plek gestel. Die stelsel het vanjaar baie glad verloop. Volgens KABV-voorskrifte het ons vanjaar ‘n toetsreeks in die eerste en derde kwartaal (week 9) geskryf. Gedurende Junie en November word ‘n volwaardige eksamen volgens die voorskrifte van die WKOD geskryf. Die personeel is weer volgens die GGBS-stelsel geëvalueer en daarna is vergaderings gehou waartydens elkeen se evaluering bespreek is. Die skoolhoof en adjunkhoof besoek ook elke onderwyser een keer per jaar vir lesevaluering. Dit vorm deel van die GGBS-evaluering. Mnr. Goliath van die WKOD het ons vanjaar besoek en ons GGBS-stelsel geëvalueer. Die intersenfase vergader elke Maandagmiddag vir ongeveer ‘n uur waartydens waardevolle inligting bespreek word. Terugvoering van vergaderings van die WKOD word ook gegee en vakvergaderings geskied ook tydens dié geleentheid. Mes. Carine Mocke, Susan Combrinck en Anize Koetsier het vanjaar drie van mnr. Joey Klaaste-Salmans se Engelse en Afrikaanse vakvergaderings bygewoon. Me. Renika Stramrood het ook gereeld NW-vakvergaderings bygewoon.

Page 6: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

‘n Leierskapskursus vir al die gr. 6-leerlinge is aan die einde van die derde kwartaal aangebied. Mnr. Francois Gerber is in beheer en van die onderwysers het hom gehelp met die aanbiedings. Die nuwe hoofleiers en verskillende komitees sal nou na die kursus gekies word en tydens die laaste dag se saalperiode aangekondig word.

Al die gr. 6-leerders is ook vanjaar in Oktober deur die WKOD in Afrikaans en Wiskunde geassesseer as deel van die sistemiese evaluering. Die skool het nog nie die uitslae ontvang nie. Me. Danelle Meintjes, mnr. Jan Prinsloo, me. Carine Mocke, mnr. Jacques Horne en me. Menanteau Bester het gedurende die eerste naweek van Junie die leiersbyeenkoms by die Protea Hotel in Stellenbosch bygewoon. Hulle het die intersenfase verteenwoordig.Me. Carine Mocke het aan die einde van Augustus saam met mes. Adiska du Preez, Johannita Kruger en Barbara Greeff die SAOU se Bestuurskongres in Port Elizabeth bygewoon. Hulle het die leierspan van die skool verteenwoordig.

2.4 Biblioteek

Laerskool Stellenbosch is met ‘n uitstekende biblioteek toegerus. Dit is ons doel om ‘n liefde vir lees en navorsing aan te moedig deur die biblioteek aanloklik te maak. Ons skool se kinders word aangemoedig om te lees en daarom het ons ook ’n biblioteekperiode vir leerders vanaf gr. 1 – 6. Leerders mag een boek uitneem vir ‘n leentydperk van twee weke. ’n Verlore of beskadigde boek sal vervang of betaal moet word teen die huidige vervangingswaarde van die boek. Ons gr. 7-biblioteekleiers is tussen twee semesters verdeel. Hierdie leerders het opleiding ontvang oor hoe die biblioteekstelsel werk. ‘n Nuwe rooster is opgestel en medialeiers werk nou net 1 – 2 dae per week in die mediasentrum. Aansteekborde met foto’s van die verskeie leerders is opgerig om hulle aan al die leerders wat die biblioteek gebruik, bekend te stel.Me. Lelanie van der Berg was in 2017 die onderwyseres betrokke by die biblioteek.Twee verskillende uitgewers, Bargain Books en Lapa, het boeke by die skool uitgestal en verkoop. Die skool ontvang 10% van die boekverkoopsyfer. Biblioteektye:

Die biblioteek is op Maandae, Dinsdae, Woensdae en Donderdae tot 14:30 vir leerders oop. Leerders kan hul take en klaswerk gedurende hierdie tye kom navors of voltooi. Die biblioteek is ook oop gedurende 1ste en 2de pouse, behalwe op ‘n Vrydag. Aanwins en uitneem van boeke:

Page 7: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

Boeke word gereeld deur die jaar aangekoop. Daar is dus jaarliks nuwe leesstof vir die grondslagfase en senior fase. Ons maak grotendeels van Exclusive Books, Bargain Books, Bookbox en Lapa-uitgewers gebruik. Biblioteekstelsel:

Die biblioteek maak gebruik van die Lipwin-biblioteekstelsel. Hierdie jaar het ons ook die stelsel gebruik vir die uitgee van elke kind se handboeke. Alle handboeke is op die stelsel gelaai. Die leerders het in klasverband hul handboeke op hul biblioteekkaartjie uitgeneem en aan die einde van die jaar word die handboeke ingeneem. As daar enige rekord van ‘n verlore boek of ‘n boek in ‘n slegte toestande op die stelsel is, sal die kind daarvoor verantwoordelik gehou word. Die stelsel stuur outomaties ‘n rekening aan leerders wat ‘n handboek verloor het.

Skenkings:Dankie aan al die ouers wat deur die loop van die jaar vir ons boeke geskenk het. Dankie ook aan die betrokke ouers wat ons help met die instandhouding en oortrek van die boeke in die biblioteek.

2.5 ONDERWYSSTUDENTE

Gedurende die eerste twee weke van die eerste kwartaal het tien B.Ed. II- en B.Ed. III-studente van die Universiteit van Stellenbosch hul waarneming by ons skool (slegs by gr. R, 1 en 4) kom doen. Die doel van die waarneming was dat studente moes ervaar wat alles aan die begin van ‘n jaar by ‘n skool gebeur.By die gr. R-klasse het daar gedurende die eerste twee kwartale elke Donderdag vier B.Ed. II- studente van die Universiteit van Stellenbosch ons skool besoek. Die personeel moes help met die evaluering van hierdie studente. Daar het ook ‘n derdejaarstudent van die Kaapse Technikon (Wellington-kampus) lesse by ‘n gr. 7-klas aangebied. Gedurende die derde kwartaal het sewe studente van die Universiteit van Stellenbosch en ses studente van die Kaapse Technikon (Wellington-kampus) ons skool besoek. Alle vierdejaarstudente moes lesse aanbied wat deur sowel dosente as onderwysers geëvalueer is. Die doel van hierdie besoeke was, dat die studente die geleentheid kon kry om die onderwysberoep in klasverband, sowel as op buitemuurse gebied te beleef. Ons het ook vanjaar sewe studente van UNISA toegelaat om gedurende kwartale twee en drie hul prakties by ons te doen. Klasonderwysers was vir die evaluering van hierdie lesse verantwoordelik.

2.6 E-Leer

2017 is die tweede jaar waarin Stellies e-leer van gr. 5 tot gr. 7 gebruik.

Page 8: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

Die leerders kry so die geleentheid om kennis te maak met die veranderende wêreld van tegnologie en hoe om die leerproses daardeur te verryk.

Aan die einde van die leerders se gr. 4-jaar ontvang ouers die spesifikasies waaraan die leerders se toestelle moet voldoen. Alle boeke en notas word saamgevat in een program, nl. MiEbooks. MiEbooks is geskryf deur IT Schools Innovation (ITSI). Hierdie program ondersteun ‘n verskeidenheid platforms waaruit leerders kan kies wanneer hulle op ‘n toestel moet besluit. Alhoewel die program Android, IOS, macOS, Windows en Chromebooks ondersteun, verkies ons dat leerders Android- of IOS-toestelle gebruik. Hierdie toestelle is maklik om te gebruik, aangesien dit van dieselfde platforms as die meeste slimfone gebruik maak. Deur MiEbooks te gebruik kan leerders hulle handboeke en notas op een plek berg. In 2017 is daar meer as 880 bykomende bronne en notas vir die leerders gelaai. Deur bronne en notas vir leerders te laai het ons 134 000 bladsye gespaar en so ook ons koolstofvoetspoor kleiner gemaak.Leerders kry die skool se WiFi-kode. Hierdie kode gee nie vir leerders toegang tot die internet nie, maar wel tot ‘n interne bediener. So het onderwysers volle beheer oor die materiaal wat die leerders sien. Die klasse waarin daar van e-leer gebruik gemaak word, het Ruckus R500 AP’s in. Om seker te maak dat die leerders so gou as moontlik inligting kan aflaai, word daar in 2018 nog vier Ruckus R700 AP’s bygevoeg. Elke klas het óf ‘n projektor óf ‘n 65”-televisieskerm waarop handboeke en opvoedkundige video’s aan leerders gewys word. In elke klaskamer waar leerders tablette gebruik, is daar kameras geïnstalleer sodat daar kontrole oor leerders se tablette kan wees.Om die leerders se Wiskunde op te skerp het ons elke leerder vir CAMI op hulle tablette geregistreer. So kan leerders nou Wiskunde oefen wanneer hulle huiswerk reeds voltooi is, of indien hulle klaar is met hulle klaswerk. Dit maak die toegang tot die program ook vir leerders maklik, omdat hulle nou nie ‘n rekenaar nodig het nie. Leerders kan ook meeding om verskillende bekers en hulle resultate teen ander skole se leerders van hulle ouderdom meet.Deur van e-leer gebruik te maak verseker ons dat geen inhoud waarmee leerders werk, verouderd is nie. Dit gee leerders ook die geleentheid om tegnologie te gebruik om hulle leerproses te verryk. Gaan kyk gerus na die video oor Laerskool Stellenbosch en e-leer op youtube (https://youtu.be/r1uyQscIosQ ).

Page 9: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

3. KULTUUR

3.1 DRAMAEerste KwartaalInskrywings vir die dramaskool vir 2017:

Die Eekhorings en die gr. R-groep het 7 leerders ingeskryf. Van gr. 1 - 3 het daar in Januarie 32 leerders ingeskryf. Van gr. 4 - 7 het daar 34 leerders ingeskryf. Ons het die jaar met altesaam 73 leerders begin.

Tydens die eerste kwartaal het ons gewerk aan spraaktegnieke, asook die kies van gepaste gedigte vir elke kind. Die leerders is geleer hoe om ‘n gedig, prosa of monoloog te interpreteer. Klem is ook geplaas op artikulasie en projeksie.Inskrywings vir die Kunswedstryd moes reeds in Februarie in wees. Daar het altesaam 44 leerders vir die Kunswedstryd ingeskryf wat teen die einde van Mei en begin van Junie sou plaasvind.In die laaste week van die kwartaal het almal hul voordragstukke voor ‘n gehoor voorgedra. Tweede Kwartaal.Die 44 leerders wat vir die Kunswedstryd ingeskryf het, het hard geoefen aan hulle voordragstukke en ons skool het baie goed gevaar in die Kunswedstryd wat teen die einde van Mei en begin van Junie plaasgevind het.

Cum laudes – 13 leerders A+ - 19 leerders A - 9 leerders B+ - 2 leerders 1 onttrekking

Die senior dramagroep het begin met die rolverdeling van hul toneelstuk, “Die Lewe in Laaf.”Gr. 1 - 3 het begin werk aan “Die wereld wag.”Die gr. R-groep het begin werk aan “Laat spat, laat spat die wolf is op pad”. Ons het gefokus op emosies en die kinders het geleer om taal en uitdrukking te gee aan hulle eie emosies.Derde KwartaalTydens die derde kwartaal het al drie groepe baie hard begin fokus op die konsert wat in die 4de kwartaal op 25 Oktober plaasgevind het.

Page 10: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

Die aand van die konsert was die verhoog gevul met vrolike, entoesiastiese kinders wat almal pragtig gelyk het met mooi kostuums en grimering. Die aand was ‘n feesviering van kindertalent. Die kinders het geskitter. Daar is daardie aand baie sterre gebore en die ouers het met trots die saal verlaat. Na sewe jaar van toneelspel en konserte het Laerskool Stellenbosch ‘n sterk dramakultuur gevestig.Ons is baie trots op ons dramaleerders. Met speel en lag, leer ons elke dag.

3.2 MUSIEK 1 KUNSWEDSTRYDBaie geluk aan elke leerder wat hierdie jaar aan die Kunswedstryd deelgeneem het.

Ons leerders het in die volgende kategorieë deelgeneem: sang,klavier, junior koor en senior koor

Baie geluk met die pragtige uitslae.Senior koor: A en A

Junior koor: A en A+

Bekerwenners:

Milla Harris en Alana Lourens: Klavierduet, 10 jaar.Lian Bell: Spesiale prys vir Sang, 12 jaar.

2 KULTUURAAND

Die Kultuuraand vind plaas op 25 Mei. Ons leerders spog weereens met hul talente op verskeie gebiede. Albei ons kore tree op, asook die djembe-dromgroepe, slagorkeste en leerders van graad 4 – 7.

Veels geluk aan elke leerder wat ons skool op kultuurgebied verteenwoordig!

4 UNISA-, ROYAL SCHOOLS- en ALMSA-MUSIEKEKSAMENSUnisa-uitslae 2017

Elizabeth Joubert: gr. 1-klavier, 82%, LOF; Juné Theron: gr. 1-klavier, 70%, EERVOLLE VERMELDING; Nisha-Marie Norval: gr. 1-klavier, 78%, EERVOLLE VERMELDING; Isabella Eksteen, gr. 2-klavier, 81%, LOF; Catrien Müller: gr. 2-klavier, 75%, EERVOLLE VERMELDING; Mea Smit, gr. 4-klavier, 76%, EERVOLLE VERMELDING.

Page 11: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

Royal Schools Kornelius Holm: gr. 1-klavier, 87%, LOF; Alma Human: gr. 5-klavier, 81%, LOF.

TrinityNina Fourie: gr. 4, saksofoon, 83%, LOF.

AlmsaTian-Henry Ferreira: inisiaal (klavier), 94%, GOUE EREROL; Annebelle Spies: inisiaal (klavier), 94%, GOUE EREROL; Hannah de Villiers: inisiaal (klavier), 93%, GOUE EREROL; Kayli Janse van Rensburg: inisiaal (klavier), 93%, GOUE EREROL; Karla Sandrock: inisiaal (klavier), 95%, GOUE EREROL; Lara Stemmet: inisiaal (klavier), 95%, GOUE EREROL; Alana Lourens: inisiaal (klavier), 93%, GOUE EREROL; Jacqueline Theron: inisiaal (klavier), 93%, GOUE EREROL; Jeannie Myburg: inisiaal (klavier); 92%, GOUE EREROL; Gareth Davidse: inisiaal (klavier), 93%, GOUE EREROL; Louise van der Merwe: inisiaal (klavier), 93%, GOUE EREROL; Bouwer van Niekerk: inisiaal (klavier), 93%, GOUE EREROL; Brian Victor: inisiaal (klavier),92%, EREROL; Luke van Lill: inisiaal (klavier), 92%, EREROL; Anja van Rooyen: gr. 1-klavier, 88%, LOF; Sebastiaan Celliers: voor-gr. 1 (klavier), 87%, LOF; Jana Barnard: voorgr. 1 (klavier), 90%, EREROL; Lara Rohlandt: voorgr. 1 (klavier), 94%, GOUE EREROL: Odelia Krige: voorgr. 1 (klavier), 92%, EREROL; Marina van Niekerk: voorgr. 1 (klavier), 90%, EREROL; Louis Fourie: voorgr. 1 (klavier), 90%, EREROL; Jurie Wessels, voorgr. 1 (klavier), 88%, LOF; Adriaan Brink: voorgr. 1 (klavier), 90%, EREROL; Nashita Vermeulen: voorgr. 1 (klavier), 90%, EREROL; Reuben de Villiers: voorgr. 1 (klavier), 89%, LOF; Chris Janse van Rensburg: voorgr. 1 (klavier), 90%, EREROL; Stefan de Villiers: voorgr. 1 (klavier), 91%, EREROL; Juan Mouton: gr. 1-klavier, 89%, LOF; Jean Retief: gr. 1-klavier, 93%, GOUE EREROL; Christiaan Heyns: gr. 1-klavier), 91%, EREROL; Joshua Moller: gr. 1-klavier, 93%, EREROL; Liela-Marie van Zyl: gr. 1-klavier, 93%, GOUE EREROL; Katrien Booysen: gr. 1-klavier, 90%, EREROL; Marise Kriel: gr. 2-klavier, 83%, LOF; Anna-Belle van Zyl: gr. 2-klavier, 83%, LOF; Johan Beyers: gr. 2-klavier, 84% ,LOF.

Unisa-teorie Markus van Aswegen: gr. 1, 96%, EREROL; Elizabeth Joubert: gr. 1, 91%, LOF; Catrien Müller: gr. 2, 100%, EREROL; Mea Smit: gr. 3, 91%, EREROL; Kyanti Greyling: gr. 3, 94%, EREROL; Alma Human: gr. 5

Royal Schools-teorieKaspar Holm: gr. 2, 92%, LOF.

5 JUNIOR KOORDie Junior koor het ‘n genotvolle en suksesvolle jaar beleef. Daar is by verskeie funksies en koorfeeste opgetree. Daar is ook vir die eerste keer tweestemmig gesing.Optredes in 2017

Stellenbosch Kunswedstryd Kultuuraand van Laerskool Stellenbosch Gr. 1-opedag Akkedissie-koorfees op Villiersdorp

Page 12: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

Rhenish Girls’ High Koorfees

Die koor behaal ‘n A+ en A by die Stellenbosch Kunswedstryd. Die koor word afgerig deur Jolande Botha en begelei deur Annalene Kemp. Verskeie lede van die musiekpersoneel help deur die jaar met begeleiding. 6 SENIOR KOORDie jaar 2017 was ’n rustiger jaar vir die senior koor in terme van optredes. Die eerste helfte van die jaar was ons druk besig met voorbereiding vir die meeste van ons optredes, terwyl ons in die tweede helfte van die jaar meer gewerk het aan ons tegniek ter voorbereiding vir ons 2018-program. Die koor het hierdie jaar tegnies baie gegroei, alhoewel die koor slegs uit 55 lede bestaan het.Stellies se senior koor was in 2017 onder leiding van Christo Viljoen (dirigent), Annalene Kemp (begeleier) en Lelanie van der Berg (administratief). Bo en behalwe hierdie span, is die koor gereeld begelei deur verskeie lede van die musiekpersoneel, nl. Paula Smit, Riana de Wet, Marilize Möller, Juliana du Toit, asook ’n paar buitepersone, nl. Estelle Kemp en Linda de Villiers.Stellies se senior koor het aan die volgende geleenthede deelgeneem:

Stellenbosch Kunswedstryd (Hulle het in twee kategorieë deelgeneem en in beide kategorieë ‘n A ontvang)

Jaarlikse kultuuraand Akkedissiefees, saam met Nedine Blom CD-opname vir die Shofar-orkes US-Woordfees, saam met Annemarie van Eeden en Lizanne Barnard

Ons het in Februarie een dagkamp gehad ter voorbereiding vir ons 2017-program. Die koor het twee maal per week op Maandae en Vrydae geoefen. Alma Human, een van die leerders in die koor, verteenwoordig Laerskool Stellenbosch in die Tygerberg Kinderkoor en twee van ons leerders het deelgeneem aan die oudisies vir die Tygerberg Kinderkoor van 2018.Oudisies vir 2018 vind teen die einde van November 2017 plaas en ons gaan, op versoek van Mnr. H. de Villiers, poog om die koor tot 80 lede uit te brei.

7 DJEMBE-DROMGROEPEDjembe-groepe bestaan uit die senior dromgroep (gr. 6 – 7), senior dromgroep (gr. 4 -5) en die junior dromgroep (gr. 1, 2 en 3).Die twee senior groepe het beide aan die Stellenbosch Kunswedstryd deelgeneem. Die gr. 4-groep behaal ‘n A, die gr. 5-groep ‘n A+ en die gr. 6 - 7-groep ‘n cum laude. Hulle het ook deelgeneem aan die jaarlikse Kultuuraand. Die gr. 6 – 7-groep sluit die viole, kontrabas, trekklavier, saksofoon, outoharp en marimbas in.

Page 13: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

Die gr. 1-groep tree tydens die gr. 1-opedag op.

3.3 Revue 2017 – Poplap, die storie van Nichola

Leerders, ouers en onderwysers sien elke tweede jaar met groot opwinding uit na die revue. Om 750 leerders op die verhoog te kry is egter nie speletjies nie en verg ‘n spanpoging van almal. Nichola is ‘n gr. 7-dogter wat voel of sy nêrens inpas nie. Haar ma en pa is so bedrywig met hulle eie dinge dat sy voel of hulle nie genoeg aandag aan haar gee nie. By die skool voel sy soos ‘n buitestaander en steek sy haar sangtalent vir almal weg. Die “Cool Kids Club” maak dinge nog moeiliker en die busrit van en na die skool is aaklig. Nichola se twee beste vriende, Hannah en Lee, maak dit so ‘n bietjie beter. By die huis is Zen-Zen, die huishulp, gelukkig Nichola se skouer waarop sy kan huil. Die lentebal is om die draai en Nichola worstel daarmee of sy moet gaan of nie, en ook of sy vir Lee moet vra om saam met haar te gaan.Die regisseur van 2017 se revue was Stefanie Hough. Teater is glad nie vir haar vreemd nie en sy het die hoofkarakters vinnig aan die werk laat spring. Liz en haar span van “The Stellenbosch Academy of Dance” het al die danspassies vir die leerders aangeleer. Altus Tolken en sy span van Tolken-media het die foto’s en die DVD-opname gemaak, sodat leerders die revue weer kan beleef. Pieter en sy span by Creative Gear het die klank en die beligting hanteer.Nie minder nie as vyf vertonings was binne 36 uur na die oopmaak van die kaartjieverkope uitverkoop. Dat 2 240 kaartjies so vinnig uitverkoop het, wys net dat Laerskool Stellenbosch se revue beslis vir almal ‘n hoogtepunt is. Voor elke aand se vertoning kon almal die heerlike stalletjies besoek. Nie net kon jy die lekkerste eet- en drinkgoed koop nie, maar ook sommer sit en na elke aand se gaskunstenaar luister. Die feestelike atmosfeer van die stalletjies was beslis ‘n trekpleister vir almal, al het jy nie vir daardie aand ‘n kaartjie gehad nie. Elke leerder van gr. 1 tot gr. 7 het met hulle klas se dans gehelp om Nichola se storie te vertel. Van die kleinste gr. 1 tot die grootste gr. 7 het met groot passie en energie gedans. Die gr. 1 – 4-klasse is in twee groepe verdeel, sodat leerders aande gehad het waarop hulle nie hoef op te getree het nie en kon rus. Rolverdeling – Poplap 2017:Hoofrolle 2017 Nichola: Ninke Theron Carla: Iané Marx Cat: Olge Scholz Koekemoer: Carmen Bonsma Chris: Wimpie Dörnbrack Kraai: Divan Willer

Page 14: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

Hannah: Abigail Reynolds Liam: Jack Brugman Lester: Dirk Guelpa Luca: Chris Janse van Rensburg Lazarus: Cara Kilian Lee: Herman Lourens Mr. Brown: Sebastiano Sola

Sub-rolle 2017  Prom freaks: Cara Lombard                     Fleur Esterhuisen                     Minke Joubert                      Marina van Niekerk                     Olivia Hendrikse  Skool se stoeikampioenne: Jack van der Merwe                                            Dinand Venter                                            Daniël Sutherland  Onderwysers: Timon Viljoen                       Christian Cloete   Teacher’s pet: Lisa de Wet                           Funk master 1 and 2: Robin Wyngaardt                                  Isaac King  Lester se vriende: Peter Lückhoff                          Lukas Botha                          Ian Botha                           Hannah se vriende : Lila Swart                             Camilla Haasbroek                             Alma Human                             Mea Smit 

Page 15: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

Hoofmeisie/prefekte : Kyanti Greyling                                Zonika van Zyl                                Helena Swart  Meisies in die bus : Lian Bell                          Nina Fourie

Die leerders van Laerskool Stellenbosch het verseker dat revue 2017 ‘n reusesukses was. Ons sien uit na 2019 se revue, aangesien Laerskool Stellenbosch dan 50 jaar oud is.

3.3 REDENAARSOns kyk met dankbaarheid in ons harte terug op die jaar. Dankbaarheid en tevredenheid dat daar vir leerders geleenthede geskep word om hulle vaardighede uit te bou en hulself te verryk.Ons het verlede jaar, tydens die vierde kwartaal, begin om die gr. 3-leerders touwys te maak met redenaarstoesprake. Daar was heelwat belangstelling en ons het vanjaar nege gr. 4-deelnemers gehad.Tydens die eerste kwartaal het ons in die sportperiode ons redenaarsvaardighede ingeoefen. Die groepe is in gr. 4 – 5 en 6 – 7 ingedeel. Ons hou ‘n dinkskrum oor die temas en almal lewer insette. Daarna begin ons met die rowwe raamwerk van die toesprake. Daar word gelees en doodgetrek totdat ons tevrede is.In die eerste kwartaal vind die intergraadredenaarskompetisie plaas, waaraan redenaars in graadverband deelneem. Wenners in elke graad word aangekondig. Vanjaar se wenners was:Gr. 4: Liela van ZylGr. 5: Ivan RadleyGr. 6: Marise KrielGr. 7: Hugo RadleyDie ATKV-kompetisie vind in die tweede kwartaal plaas. Ons het vanjaar vir die eerste keer redenaars van gr. 4 en 5 laat deelneem sodat hulle ondervinding kon opdoen. Die eerste twee in elke graad skryf vir die ATKV-kompetisie in. Ons het niemand gehad wat na die semi-finale rondte deurgedring het nie.Ons het weer ‘n uitnodiging na Gimnasium se Interskole-redenaarskompetisie gekry. Hugo Radley en Marise Kriel het deelgeneem.Vanjaar het ons vir die eerste keer ook interkleure-redenaars gehad. Dit was lekker informeel en baie leerders het belangstelling getoon. Elke graad het uitdunne gehou en slegs twee leerders van elke kleur (rooi, groen en wit) het voor hulle graadgroep

Page 16: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

deelgeneem. Die klasonderwysers was die beoordelaars. Die volgende kleure in elke graad het gewen:Gr. 4: Rooi Gr. 6: WitGr. 5: Wit Gr. 7: GroenAs gevolg van die revue kon die Redenaarsfees nie ook in die derde kwartaal plaasvind nie. Ons het dit dus in die vierde kwartaal aangebied. Lochnerhof, Somerset-Wes Primêr, De Hoop en Hendrik Louw het deelgeneem. Ons redenaars het vanjaar besonder goed gevaar. Ivan Radley het tweede gekom in die gr. 4 - 5-afdeling. Carmen Bonsma het die gr. 6 - 7- afdeling gewen, Daniël Sutherland en Hugo Radley het onderskeidelik tweede en derde gekom. Ons is klaar weer besig om die nuwe belangstellendes in gr. 3 vir volgende jaar voor te berei.Ons kyk met trots terug op nog ‘n suksesvolle jaar. ‘n Groot dankie aan elke persoon wat op een of ander manier by die redenaars betrokke was. Nuwe mikpunte vir 2018 is om weer ‘n borg te kry vir ons eie Redenaarsfees en om die gr. 3’s meer betrokke te kry.

3.5 ENTREPRENEURS

Doel van die Klub:

Die Entrepreneursklub se doel is om aan leerders die geleentheid te bied om hulle besigheidsvaardighede te ontwikkel. Omtrent 40 leerders het by die Entrepreneursklub aangesluit.Juf. Lelanie van der Berg en mnr. Werner Vermeulen was die betrokke onderwysers.Tye:

Tydens die eerste, tweede en vierde kwartaal kry hierdie gr. 4- tot gr. 7-leerders ’n beurt om hulle produkte elke Woensdag tydens eerste pouse te verkoop. Hiervoor moet leerders ’n volledige besigheidsplan indien en hulle betaal R10 per kwartaal per produkreeks wat hulle verkoop. Aan die einde van die jaar ontvang die leerders ‘n sertifikaat vir hul deelname aan die Entrepreneursklub. Tydens die derde kwartaal kry die gr. 7-leerders die geleentheid om produkte te verkoop. Elke leerder moet dus ‘n sakeplan, advertensie en balansstaat opstel. Hierdie geleentheid is ’n verlenging van die leerarea Ekonomiese en Bestuurswetenskappe waarvan entrepreneurskap ’n uitkomste is. Leerders se entrepreneursprojekte word ook deur mnr. Werner Vermeulen geassesseer. Die leerders stel hul kreatiwiteit en besigheidsvaardighede ten toon en pak hierdie projek gewoonlik met groot entoesiasme aan. Die senior leerders moet egter onafhanklik werk. Elke leerder is verantwoordelik vir sy eie advertensie en kleingeld. Die

Page 17: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

entrepreneurs vermaak ons gewoonlik met hul interessante advertensies en dit is verblydend om te sien met hoeveel entoesiasme die leerders hierdie dae aanpak.

3.6 LEERDERRAAD

In 2017 het ons dieselfde stelsel as in 2016 toegepas met twee groepe leerderraadslede wat vir ‘n semester verantwoordelik was. Die enigste twee portefeuljes wat werklik baie gedoen gekry het, was die biblioteek- en die rekenaarportefeulje. Ons beoog om in 2018 die personeel wat verantwoordelik is vir ‘n portefeulje, meer te betrek sodat ons meer verantwoordelikheid aan ons leerderraad kan gee.

Ons hoofleiers was:Semester 1

Hoofseun: Hugo RadleyOnderhoofseun: Herman Lourens

Hoofdogter: Kyanti GreylingOnderhoofdogter: Cara Kilian

Semester 2

Hoofseun: Carl BekkerOnderhoofseun: Luca ReuterHoofdogter: Carmen BonsmaOnderhoofdogter: Iané Marx

Die vier hoofleiers het elke Woensdagoggend in juffrou Carlien Fourie se klas bymekaargekom om ons fondsinsamelings, leerderraadhulp en dienspunte te bespreek.Nie alle lede het altyd mooi saamgewerk nie. Semester twee se groep was meer stiptelik met blommediens as wat semester een se groep was. Ons het in semester een komberse ingesamel wat ons vir die Moederkerk geskenk het om aan minderbevoorregtes in die dorp uit te deel. Ons het ook ‘n lekker verjaardagviering vir mnr. Hawkie se verjaarsdag gereël. Die leerderraadslede moes uithelp by die swemgalas en by die Neelsie Atletiekbyeenkoms. Tydens semester twee het ons weer aan die Wildlands klereprojek deelgeneem en ons het 186 sakke klere met ‘n gewig van 1 216 kg ingesamel.

Page 18: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

3.7 BYBELVASVRAOns streef elke jaar daarna om leerders se Bybelkennis te verbeter en sodoende ‘n liefde vir God, asook Bybelstudie, te kweek. Ons glo dat dit op ‘n jong ouderdom kan geskied en probeer om so veel as moontlik leerders hierby betrokke te kry. Hierdie jaar se Bybelvasvra is deur Adriana Scholtz gelei. Die deelname was hierdie jaar minder as ander jare. Ons het gesukkel om ‘n gr. 7-groep te vorm, maar die gr. 6- groep was baie sterk, wat ‘n positiewe vooruitsig vir 2018 is. Die leerders het aan die Nasionale Rapportryerskompetisie deelgeneem. Daar het 113 spanne deelgeneem wat deel vorm van 49 skole waarvan slegs die top-10-spanne deurdring na die finale ronde. Tydens die kompetisie het Laerskool Stellenbosch ‘n 4de plek in die Wes-Kaap behaal en ‘n 52ste plek in Suid-Afrika. Ons beoog om die betrokkenheid by Bybelvasvra verder te verhoog en leerders opgewonde te maak oor die kennis wat hulle tydens die sessies opdoen.

3.8 BOSCHPRAATJIESDie jaar het afgeskop met ‘n splinternuwe span in beheer van die Boschpraatjies. Die redaksie bestaan uit drie onderwysers en 14 leerders. Die redaksie het die hele jaar dieselfde gebly en nie na ‘n semester verander soos in vorige jare nie. Dit het goed gewerk dat die span dieselfde bly.Leerders en onderwysers is ingedeel volgens die verskeie afdelings/bladsye. Aan die begin van elke kwartaal het die onderwysers ‘n vergadering en daar word besluit wat die betrokke kwartaal se nuus is. Die redaksie kom dan bymekaar en bespreek die artikels wat gedoen moet word en ruil idees uit. Daar is sperdatums vir artikels. Ons het van ‘n buitepersoon gebruik gemaak om die Boschpraatjies te proeflees, maar het vanaf die derde kwartaal besluit dat ons dit intern gaan hou. Dit bespaar kostes en plaas minder druk op die redaksie om die koerant nog vroeër klaar te hê. Wanneer alle artikels geproeflees is, word dit aan die leerders teruggestuur en moet dit op die Publisher-bladsye geplaas word. Leerders werk dan saam met hul betrokke onderwyser aan die bladsye (foto’s word bygevoeg, ens.) en dit word alles voor die sperdatum deur die koördineerder saamgevoeg en na die drukkers toe gestuur.Aan die einde van die tweede kwartaal het die Boschpraatjies vir ‘n kompetisie (Media24 se beste skoolkoerantkompetisie) ingeskryf. Ons het die eerste plek gekry vir die beste gedrukte laerskoolkoerant in die Wes-Kaap. Alles het nie altyd glad verloop nie – soms vries ‘n rekenaar of die leerders se programme is so vol dat hul nie hul volle samewerking gee nie, maar dit was ‘n goeie jaar. Die Boschpraatjies is elke kwartaal suksesvol aan al die leerders en onderwysers van Laerskool Stellenbosch uitgedeel.Voorstelle vir 2018

Page 19: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

Ons oorweeg om moontlik van volgende jaar af slegs twee uitgawes te hê – een elke semester.

3.9 BUITELUGOPVOEDINGSKAMPEDie leerders van die senior fase (gr. 4 - 7) het die opvoedingskampe baie geniet. Dit was soos in die verlede weer een van die hoogtepunte van die jaar. Die kampe vir gr. 5 - 7 het vanaf 1 tot 3 Maart plaasgevind. Die leerders het die volgende kampterreine besoek:Gr. 7 – BettiesbaaiGr. 6 – Karmel, FranschhoekGr. 5 – Bainskloof, Wellington

Die volgende personeel het die leerders vergesel:

Me. C. Mocke, mnr. W. Verweulen en me. S. Combrinck – gr. 7Mnr. D. de Vries, me. D. Meintjes en me. M. van der Westhuizen – gr. 6Me. R. Stramrood, me. C. Fourie en mnr. F. Gerber – gr. 5

Die gr. 4-leerders het vir een aand uitgeslaap en die wonderlike geleentheid het op 2 en 3 Februarie by die Simonsberg Kampterrein in Stellenbosch plaasgevind. Me. M. Bester, me. G. van Rooyen, mnr. H. Bindeman en mnr. C. Smuts het die leerders vergesel.

Dankie aan elkeen wat die geleentheid moontlik gemaak het.

4. SPORT

4.1 SWEM

1. INLEIDINGHierdie was weer eens vir Laerskool Stellenbosch ‘n opwindende jaar in die swembad. Ons het vir die eerste keer die Joe Grindlay Gala in ons eie swambad aangebied, asook ‘n vriendskaplike gala, die Drie-akker-gala, waarby Welgemoed en Hugo Rust ons gasskole was. In die 4de kwartaal was ons baie opgewonde oor ons nuwe Stellies-swembroeke en ons swemmers het omtrent spoggerig vertoon.

Page 20: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

2. OEFENINGE (Eerste en vierde kwartaal)In die eerste kwartaal was daar heelwat geleenthede vir oefening en die kinders het in groot getalle opgedaag, veral by die grondslagfase. Tydens die vierde kwartaal was die weer effens onplesierig; dus kon ons nie baie oefen nie. Die seniors moes maar die ysige water en koue wind trotseer en wel oefen. Ons grondslagfaseswemmers het op die ou end vir twee weke die geleentheid gehad om te swem. Die huidige groep-indelings is soos volg:

3. INDELING VAN GROEPEGr. R: Hulle word afgerig deur hulle eie klasonderwysers. Leerders word in

twee groepe, wat onderskeidelik op Dinsdae en Donderdae oefen, ingedeel.

Gr. 1 – 3: Beginnerswemmers in gr. 1 – 3 swem in dié groep.

GEVORDERD: Leerders in gr. R – 3 wat reeds ‘n lengte kan swem, maar nog nie die korrekte styl swem nie.

Gr. 4 – 5: Leerders in gr. 4 – 5 wat reeds ‘n lengte kan swem, maar nog nie die korrekte styl swem nie.

Gr. 6 – 7: Leerders in gr. 6 – 7 wat reeds ‘n lengte kan swem, maar nog nie die korrekte styl swem nie.

JUNIOR SWEMSPAN: Leerders in gr. 1 – 3 wat reeds gereed is om aan ‘n gala deel te neem.

SENIOR SWEMSPAN: Leerders in gr. 4 – 7 wat reeds gereed is om aan ‘n gala deel te neem.

4. GRONDSLAGFASE-PRETGALA

HIerdie gala bied die geleentheid vir ons jonger en minder ervare swemmertjies om deel te neem aan ‘n informele gala, sodat hulle met meer selfvertroue die interkleuregala kan aanpak. Alle leerders van gr. 1 tot gr. 3 is welkom om in te skryf. Leerders in gr. 3 wat reeds o.10 is, mag in hul toepaslike ouderdomsgroep aan die gala deelneem. Hierdie gala word addisioneel tot die Interkleuregala gehou. Die gala is geskeduleer vir die 24ste Januarie, maar a.g.v. baie hoë temperature, moes ons dit na Woensdag die 1ste Februarie skuif.

Page 21: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

5. INTERKLEUREGALAOns 25 m-interkleuregala is op Maandag die 30ste Januarie gehou. Met die gala poog ons om massadeelname te bevorder. Enige leerder van gr. 1 – 7 wat ‘n lengte in die korrekte styl kan swem, is welkom om aan die gala deel te neem. Elkeen wat swem, verdien ‘n punt vir sy kleurspan. Swempette is by die klerebank beskikbaar. Donkerblou of swart swembroeke moet deur die swemmers gedra word. Geen tweestukke is toelaatbaar nie. Verversings kan gedurende die gala by die snoepie gekoop word. Verskeie rekords is deur die volgende swemmers verbeter: Trofee-wenners 2017:Junior Victor Ludorum – Simon de RoubaixJunior Victrix Ludorum – Olivia Schwartz Senior Victor Ludorum – Johan van der Merwe Senior Victrix Ludorum – Iané MarxTweede beste swemmers: Sophia Schwartz en Reuben van der MerweWenspan – RooiIn 2017 vind daar ongelukkig geen Bolandgalas plaas nie. Ons swemmers ontvang in November die geleentheid om by WP-swem in te skakel. 6. JOE GRINDLAY GALA

Dit vind hierdie jaar op 14 Februarie plaas en dit is ook die eerste keer dat ons die gala tuis aanbied. Dit was ‘n baie lekker geleentheid en Stellies neem die meeste eerste plekke by die gala met Courtrai wat die tweede meeste eerste plekke behaal. Reuben van der Merwe, Johan van der Merwe en Hugo Radley laat elkeen verskeie rekords spat.

7. BRIDGE HOUSE GALADit vind plaas op Vrydag 24 Februarie en ons neem ‘n groot groep swemmers om aan hierdie groot dag deel te neem. Die deelnemende skole is: Bridge House, Eikestad, Curro Durbanville, Reddam House, Rhenish, Elkanah House en Parklanks. Bridge House se personeel tree self as beamptes op en ons juffrouens sit lekker as ondersteuners op die wal. Die gala word afgesluit met ‘n gesamentlike seun-en-dogter-leeraflos (o.9 - o.14). Stellenbosch behaal ‘n pragtige tweede plek. Rekords word verbeter deur Johan van der Merwe, Reuben van der Merwe en Olivia Schwartz.

8. KENDRIDGE AFLOSGALA Op 20 Februarie neem ons aan Kenridge se 25m-aflos deel. Swemmers van o.10 – o.14 mag deelneem. Elke span bestaan uit twee dogters en twee seuns. Ander skole wat deelneem, is Welgemoed en Sunridge Primary. Ons skool behaal ‘n algehele 2de

Page 22: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

plek by die gala. Ons is self daarvoor verantwoordelik om ons swemmers en die baan te beheer. Die gala verloop lekker vinnig.

Hulle tweede aflosgala vir die jaar vind plaas op Donderdag 19 Oktober. Hierdie keer kry ons die geleentheid om twee spanne in te skryf, sodat ons derde- en vierdeplekswemmertjies ook kan gaan deelneem. Die hele formaat is presies dieselfde as toe ons in Februarie daar was. Die spanne word vergesel van juff. Carlien Fourie, Shani Beineke, Ilze Götze, Rozelle Koch en Bokkie Bester. Die A-span behaal ‘n 2de plek by die gala. Dit is ’n baie lekker gala wat weer eens vlot verloop en binne ’n uur afgehandel word. Dit was lekker om meer van ons swemmers by ’n gala te kon betrek.

9. RHENISH AFLOSGALADit word ongelukkig gekanselleer a.g.v. waterbeperkings.

10. DRIE-AKKER-GALAOp Maandag 30 Oktober bied ons vir die eerste keer hierdie gala aan. Ons nooi Welgemoed en Hugo Rust en elke skool kan twee spanne inskryf. Stellenbosch staan byna met elke item op die podium, alhoewel die ander twee skole goeie kompetisie was. Die terugvoering van heelwat ouers van al drie skole is goed en die feit dat die klem geval het op ’n vriendskaplike byeenkoms, was beslis positief. Dit skep ’n rustiger atmosfeer. Marelize van Sotherby’s borg ons medaljes en ons laat maak pragtige Drie-akker-medaljes vir die gala.

11. VINSURE GALA Ons gaan swem op Dinsdag 31 Oktober by De Hoop se Vinsure Gala. Die son

verdwyn agter die wolke en ons word verras met reuse druppels reën. Nietemin hou ons aan met swem. Die gala bied baie strawwe kompetisie met die volgende skole wat deelneem: De Hoop (2 spanne), Kenridge, Eikestad en Eversdal. Die swemmers mag nie aan meer as twee items deelneem nie (aflos en wisselslag-ope uitgesluit); dus moet ons mooi beplan hoe ons gaan inskryf. Ons dogters se leeraflosspan word ongelukkig gediskwalifiseer, maar die seuns maak daarvoor op en skop water in die ander skole se oë om die eerste plek te behaal. Ons skool eindig naelskraap 4de agter Eversdal met slegs 8 punte minder as hulle. Johan en Reuben van der Merwe verbeter rekords in beide hulle items. Die o.7’s – o.11’s swem 25 m en die o.12’s, asook o.14’s, 50 m tydens elke item.

11. STELLIES-HELDERBERG-GALAOns het gedurende die jaar ‘n voorstel gekry om ‘n Stellies-Helderberg-gala te begin. Dit sal soos volg werk: Ons, Eikestad, Bridge House en Rhenish swem uit vir die Stellenboschspan terwyl De Hoop, Somerset House, Somerset College, Beaumont en Lochnerhof uitswem vir die Helderbergspan. Daarna neem die topdrie van elke item uit beide streke deel aan ‘n groter kampioenskap. Die doel van hierdie gala is om leerders die gevoel van progressie te laat ervaar. Dit is ‘n uitstekende idee en alle

Page 23: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

skole stem daartoe in. Ons het wel saam besluit dat hierdie gala sal moet wag tot 2019, aangesien ons nie seker is of swemgalas in 2018 sal kan plaasvind met die watertekort wat ons tans ervaar nie.

12. Uitswem vir nuwe groepering

Ons het besluit om die groepering vir 2018 te verander; dus sal ons op Woensdag 29 November in klasverband na die swembad kom en met Judy-Lynn se hulp die kinders soos volg klassifiseer:

Gr. R-groep Gr.1-3, beginners AGr.1-3, beginners BGr. 1 – 3, gevorderdGr. 4 – 7, beginnersGr. 4 – 7, gevorderdJunior swemspan AJunior swemspan BSenior span: Leerders wat al vier style kan swem.

4.2 ATLETIEKStellies kan baie tevrede op 2017 se atletiekjaar terugkyk. Dit was ‘n jaar vol opwinding met vele nuwe uitdagings, waar nuwe rekords, medaljes en gelukkige atlete wat alles vir hulle skool sal gee, geseëvier het.Ons begin die jaar met die grondslagfase se byeenkoms waar die eerste agt seuns en dogters by elke ouderdomsgroep in beide die items na die Interkleurebyeenkoms deurdring. Hier neem waarlik die hele grondslagfase deel en daar hardloop slegs ses atlete per wedloop en die eerste drie ontvang die welbekende vissie! Alle velditems word die Woensdag voor die Vrydag se Interkleure afgehandel, sodat daar op die Vrydag ten volle op die baanitems gekonsentreer kan word. Die Interkleurebyeenkoms was weer eens ‘n hoogtepunt, waar massadeelname aangemoedig word. Die drie kleurspanne ding mee om vir ‘n jaar lank die spreekwoordelike kroon te dra. Die hoogtepunt van die week was die nuwe rekords wat opgestel is. Joshua Snyders: 80 m, seuns o.8Nicola van der Merwe: 80 m, dogters o.8Reuben van der Merwe: Gewigstoot, seuns o.10.Morné Noble: 1 200 m, seuns o.10

Page 24: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

Jaden Steyn: 70 m-hekkies, seuns o.11Elle Olivier: Spiesgooi, dogters o.12Daniël Heyns: Spiesgooi, seuns o.13Die Rooi-, Wit- en Groenspan is deurgaans in ‘n taai stryd gewikkel. Die spanne het met groot gees deelgeneem.  Die Rooispan wen die byeenkoms en hulle verower ook die geesbeker.Die volgende atlete ontvang spesiale toekennings vir hulle pragtige prestasies:Nicola van der Merwe: Beste Dogtersatleet, grondslagfaseJoshua Snyders: Beste Seunsatleet, grondslagfase Lise de Villiers: Junior Victrix LudorumReuben van der Merwe: Junior Victor Ludorum en beste veldatleetElle Olivier: Beste veldatleet, dogtersCecilia Willer: Beste baanatleet, dogtersMarkus van Aswegen: Beste baanatleet, seunsSophia Schwartz: Senior Victrix LudorumJohannes Jacobs: Senior Victor Ludorum Die hele atletiekopset verander en die Seksie 1- en Stellenbosch-kampioenskappe vind op Dinsdag 7 Februarie plaas. Ons reël inderhaas op Vrydag 3 Februarie ‘n nuwe, baie geslaagde oefenbyeenkoms by Hoërskool Stellenbosch. Ons eie Neelsie Mini-prestigebyeenkoms waaraan sewe skole hier by ons kom deelneem, was ook baie geslaagd. Ons behaal 17 eerste, 14 tweede en 12 derde plekke.

Stellenbosch Seksie 1- en Stellenbosch-kampioenskappe

Die byeenkoms waaraan al 19 laerskole in Stellenbocsh deelneem, vind op Dal Josaphat plaas. Na ‘n baie lang dag dring 67 van ons atlete deur om op Saterdag 11 Februarie aan die Boland-Sentraal Kampioenskappe deel te neem. 

Boland-Sentraal kampioenskappe

Op ‘n baie warm Saterdag, 18 Februarie, vind die byeenkoms plaas. Hier neem ons 67 atlete teen Paarl, Wellington en Drakenstein deel. 27 van ons atlete kwalifiseer om aan die Boland Kampioenskappe deel te neem. Voorwaar ‘n trotse prestasie!

Page 25: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

Boland Kampioenskappe

Met uiters strawwe kompetisie in elke item word 10 van ons atlete in die Bolandspan opgeneem om op 25 Februarie aan die WP-kampioenskappe deel te neem. Ons het vir die soveelste jaar, die meeste atlete van alle laerskole in die Boland in die Bolandspan.

Die atlete is:

Cecilia Willer: 200 m, dogters o.13 Helena Swart: 75 m-hekkies, dogters o.13 Kyanti Greyling: 200 m-hekkies, dogters o.13 Markus van Aswegen: 1 200 m, seuns o.12 Elle Olivier: Gewigstoot, spiesgooi en diskus, dogters o.12 Jaden Steyn: 70 m-hekkies, seuns o.11 Lindi Edom: gewigstoot, dogters o.11 Reuben van der Merwe: 70 m-hekkies, seuns o.10 Christopher Steyn: 1 200 m, seuns o.10 Lise de Villiers: 70 m-hekkies, dogters o.10

WP-kampioenskappe: 11 Maart Vir die 4de keer dié jaar reis ons na Dal Josaphat vir die byeenkoms. Baie warm weer bly ons gasheer. Die atlete van SWD, WP en Boland neem teen mekaar deel vir ‘n plek in die WP-span. By die byeenkoms moet jy ‘n medalje wen om vir die span gekies te word. Die volgende ses Stellies word vir die elitespan gekies om aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Potchefstroom te gaan deelneem.

Markus van Aswegen: 1 200 m, seuns o.12 Jaden Steyn: 70 m-hekkies, seuns o.11 Elle Olivier: spiesgooi en diskus, dogters o.12 Reuben van der Merwe: 70 m-hekkies, seuns o.10 Christopher Steyn: 1 200m, seuns o.10

Page 26: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

Suid Afrikaanse Laerskole-atletiekkampioenskappeDie SA's het op Vrydag en Saterdag, 17 en 18 Maart in Potchefstroom plaasgevind. Ons atlete sukkel maar met die lugdruk en omstandighede so ver van die huis. Die absolute hoogtepunt van die seisoen en atletiekjaar is die silwer medalje wat Reuben van der Merwe in die 70 m-hekkies vir seuns o.10 met ‘n fantastiese tyd van 11,59 sekondes verower het. Die wenner van Gauteng verbeter die Suid-Afrikaanse rekord. Lochnerhof-top-12 27 skole neem deel en 107 Stellies-atlete tree met ywer vir die byeenkoms aan. Ons atlete presteer baie goed met Lindi Edom wat teen die einde van die byeenkoms as een van die top-12-atlete aangewys word. Dit is vir haar pragpoging in die gewigstoot vir dogters o.11.Driehoekbyeenkoms Hierdie jaar vind die derde LSW-byeenkoms by Welgemoed plaas. Lochnerhof, Stellenbosh en Welgemoed ding mee en weer val die klem op massadeelname. Ons behaal 25 eerste, 37 tweede en 27 derde plekke.

Courtrai-aflosbyeenkomsHier neem die Stellies teen vyf ander skole van die Paarl-omgewing deel. Die o.13-dogters wen ‘n pragtige wedloop en ons wisselaflos-dogterspan wen ook hul wedloop op indrukwekkende wyse. Ons bou hierop voort en wen drie silwer en twee brons medaljes.

Ons is bevoorreg om te kan terugkyk op ‘n jaar vol opwinding en goeie prestasies. Dit maak ons baie opgewonde vir die 2018-atletiekseisoen.

4.3 TENNISLaerskool Stellenbosch het ‘n baie suksesvolle jaar op die tennisbaan beleef. Tennis word dwarsdeur die jaar beoefen en verskeie spanne het aan ligawedstryde en nasionale toernooie deelgeneem.Verandering van oefenstruktuurOefening het op Maandae, Dinsdae en Woensdae en ligawedstryde op Donderdae gedurende die eerste en vierde kwartale plaasgevind. Ons het ons skool en Hoërskool Stellenbosch se tennisbane vir oefening gebruik. Mev. Carine Comerma het aan die begin van die seisoen ‘n voorlegging gedoen, waarin sy voorstelle maak vir hoe ons die oefentye en groepe spelers beter kan struktureer,

Page 27: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

sodat ons ons oefeninge kan optimeer en meer spelers kan akkommodeer. Die implementering van hierdie nuwe strukture kon eers in die vierde kwartaal plaasvind, nadat alle tennisouers in die derde kwartaal in ‘n vergadering hieroor ingelig is. Afrigters, spanne, ligawedstryde en kommunikasieDie afrigters en spanbestuurders wat by tennis betrokke is, is Cornel Smuts (seuns se afrigter), Carine Comerma (sportorganiseerder en dogters se afrigter), Renika Stramrood (organiseerder), Lelanie van den Berg, Marilie Carpenter en Erena Kruger. ‘n Paar o.11- en o.13-spelers se ouers het by sommige ligawedstryde as spanbestuurders ingestaan, aangesien daar nie genoeg persone vir al die wedstryde is nie. Ligawedstryde begin om 14:45; hierdie tye word deur Boland bepaal en word so aan alle skole deurgegee. Spelers wat buite Stellenbosch speel, mag reeds om 13:45 verdaag. Vyf dogter- en ag seunspanne het dié jaar aan die liga deelgeneem. Die briefie-stelsel het nie effektief gewerk nie, omdat kinders en ouers nie almal met bedagsaamheid opgetree het as dit kom by die terugvoer oor spelers se deelname nie. Dus het ons begin om WhatsApp-groepe vir elke span te maak. Ouers van betrokke spelers word op die groep gesit, asook die spanbestuurder vir die betrokke week. Alle inligting oor deelname, tye, spanne en vervoer is effektief gekommunikeer. Spelers moet voor die Dinsdag van die betrokke week laat weet, indien hulle nie kan speel nie, sodat reëlings vir ‘n plaasvervanger getref kan word. Spanbestuurders is self verantwoordelik vir die deurgee van inligting oor die betrokke week se spel. Dit moet voor Dinsdag geskied. Die stelsel werk tot op hede baie beter. Al ongerief is dat die organiseerder meer selfoonboodskappe as gewoonlik moet stuur om ouers se vrae te beantwoord of te help om ‘n probleem op te los.

Klereborge, klerekas en fondsinsamelings

Voor die Eikestad Dubbelstoernooi het mevv. Essie Liebenberg en Elsa van der Walt nog ‘n stel klere vir die o.13-dogters laat maak. Hierdie ouers het ook aan die begin van die jaar die tennisklerekas se organisering en hantering oorgeneem. Hulle het die klere uitsorteer, gewas, verpak en aan die betrokke spelers uitgedeel. Elke speler moes die stelle klere wat hy/sy vir die jaar gaan gebruik, uitteken en hulle word verantwoordelik gehou vir die terugbesorging daarvan aan die einde van die jaar. Mev. Buys neem in 2018 die klerekas oor.

Mev. Carine Comerma het ook inisiatief geneem en op 28 Maart is daar ‘n pretdag vir tennis gereël, waarby die eerste agt seuns en dogters spanne gevorm het met van die onderwysers en in ‘n mini-rondomtalietoernooi deelgeneem het. Die ouers wat betrokke wou raak, het lootjies verkoop en ‘n houer lekkers kon gewen word. Daar was ook ‘n paar verversings te koop. Elke graad het ‘n kans gekry om die dag te kom bywoon en hul onderwysers in aksie te sien. Dit was groot pret!

Tennistoernooie

Page 28: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

Eikestad DubbelstoernooiDie o.11- en o.13-spelers het op 24 en 25 Februarie aan hierdie toernooi deelgeneem. Spelers is deur Cornel Smuts (o.13’s) en Carine Comerma (o.11’s) vergesel. Die seuns en dogters het in gemengde spanne in hul onderskeie ouderdomsgroepe deelgeneem. Graadkampe was nie vanjaar ‘n probleem nie, maar ongelukkig het die Boland-Sentraal-atletiekbyeenkoms veroorsaak dat ons nie ons volledige spanne aan die toernooi kon laat deelneem nie. Ons moes plaasvervangers vir die Saterdag reël. Nietemin het beide die o.11- en o.13-spanne vierde in die toernooi geëindig.0.13-span 0.11-spanSebastiano Sola en Carisa LiebenbergMorkel van der Westhuizen en Kara SteynLeonardo Sola en Janeke van der WaltKruger Steyn en Lian Bell (Willemien

Botha)

Gus Jansen en Zanne RoothmanJuan Mouton en Katrien BooysenStian Buys en Shayna Truter(Charl Henning) en Martinic Basson Jaden Steyn en (Delia Giliomee)(Marthinus Fourie)

Truida Kestell-toernooiOns het nie aan hierdie toernooi deelgeneem nie, aangesien ons in 2016 te min o.11-dogters gehad het wat wou gaan. Vanjaar was daar genoeg spelers, maar ons moes al in 2016 vir die toernooi inskryf. Ons het ook nie vir die 2018-toernooi ingeskryf nie.

Amanda Coetzer-toernooiDie Amanda Coetzer-toernooi het vanaf 17 tot 21 Mei in Bloemfontein plaasgevind. Die vyf dogters wat ons verteenwoordig het, was Carisa Liebenberg, Kara Steyn, Janeke van der Walt, Lian Bell en Willemien Botha. Juffrou Renika Stramrood en mevrou Carine Comerma het die dogters vergesel. Ons het ‘n sesde plek in die toernooi behaal.

CR van der Merwe-toernooiOns het nie vanjaar aan hierdie toernooi deelgeneem nie, as gevolg van die revue wat vroeër as verlede jaar gehou is en op dieselfde datum geval het. Ons sal wel in 2018 aan die toernooi deelneem.

Oude Post Bistro Swellendam-toernooiDrie seuns en drie dogters uit die o.13-span het op 8 en 9 September aan die toernooi deelgeneem. Stellies het die toernooi gewen. Die spelers is deur mev. Carine Comerma en mnr. Cornel Smuts vergesel. Ons beoog om weer in die toekoms aan hierdie toernooi deel te neem.

Seunspan DogterspanSebastiano Sola Carisa Liebenberg

Page 29: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

Leonardo Sola Morkel van der Westhuizen

Kara SteynJaneke van der Walt

Page 30: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

KFC-gemengdedubbelstoernooiOp 13 en 14 Oktober het ons aan die KFC-toernooi deelgeneem. Ons kon nie vanjaar ‘n B-span inskryf nie, omdat ons nommer 2- en nommer 3-spelers reeds ander verpligtinge gehad het. Ons A-span het uit Carisa Liebenberg en Sebastiano Sola bestaan; hulle het die toernooi gewen. Mev. Marilie Carpenter en Erena Kruger het die leerders vergesel.

Gerrie Berner-toernooiDie Gerrie Berner-toernooi is vanaf 26 tot 28 Oktober in die Paarl gehou en sewe 0.13-seuns en sewe dogters het daaraan deelgeneem. Die spelers is deur mev. Carine Comerma en mnr. Cornel Smuts vergesel. Die seuns het vanjaar ‘n derde plek behaal en die dogters ‘n vyfde plek. Katrien Booysen en Zanne Roothman is albei o.11-spelers wat ook aan hierdie toernooi deelgeneem het.

Jocelyn Marais Matchpoint-toernooiDie Graaff-Reinet-toernooi het van 2 tot 5 November plaasgevind. Vanjaar het ons die geleentheid gehad om ‘n seun- en dogterontwikkelingspan na die toernooi te neem. Na strawwe naelbytkompetisie het die A-spanne weer ‘n keer geseëvier. Die seunsontwikkelingspan het derde geëindig. Sebastiano Sola is as nommer een van die toernooi aangewys en mnr. Jacques was die afrigter van die toernooi. A-span (seuns) A-span (dogters)Sebastiano Sola Leonardo Sola Morkel van der Westhuizen Kruger Steyn

Carisa LiebenbergKara SteynJaneke van der WaltLian Bell

Seunsontwikkelingspan DogterontwikkelingspanCarl BekkerJack van der Merwe

Katrien Booysen Zanne Roothman Willemien Botha

Seunspan DogterspanSebastiano SolaLeonardo SolaMorkel van der WesthuizenKruger SteynCarl BekkerIan PansegrouwDirkie Aldrich

Carisa LiebenbergKara SteynJaneke van der WaltLian BellWillemien BothaKatrien BooysenZanne Roothman

Page 31: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

Ingemar Scholtz Krynauw van der Sandt

Jani van der Merwe (Volkskool)

2. Boland- en SA-spelers en individuele prestasiesVerskeie spelers het ook aan provinsiale en individuele toernooie deelgeneem.

Boland vs. WP op 25 Maart 2017o.11-dogters: Zanne Roothman, Katrien Booysen.o.12-seuns: Ingemar Scholtz, Simon Booysen, Ian Pansegrouw.o.13-seuns: Carl Bekker, Morkel van der Westhuizen.o.13-dogters: Janeke van der Walt, Carisa Liebenberg, Lian Bell.

Interstreekwedstryde op 10 en 11 Novembero.10-seuns: Charl Henning, John Jansen, Ruben van der Merwe, Louis Kriel, Daniel Kriel.o.10-dogters: Lara Rohlandt, Larissa Scholtzo.11-dogters: Katrien Booysen, Zanne Roothman, Shayna Truter, Delia Giliomee (reserwe).o.12-seuns: Leonardo Sola, Ian Pansegrouw, Simon Booysen, Norman Celliers, Ingemar Scholtz, Johan van der Merwe (reserwe).o.12-dogters: Willemien Botha, Luné Scheffer (reserwe)

Kavaliers-uitnodigingstoernooi (30 November – 2 Desember)o.10-seuns: Charl Henning, John Jansen, Louis Kriel, Daniel Kriel.o.10-dogters: Lara Rohlandt.o.11-dogters: Katrien Booysen, Zanne Roothman, Shayna Truter.o.12-seuns: Leonardo Sola, Ian Pansegrouw, Simon Booysen, Norman Celliers, Ingemar Scholtz.o.12-dogters: Willemien Botha.

Individuele prestasiesHier volg ‘n kort oorsig van individuele toernooie waaraan ons nr. 1-seun en nr. 1-dogter deelgeneem het.

Sebastiano Sola WP Mini 3 (o.14): tweede in enkels, eerste in dubbels. WP One Ranking 3 (o.14 – o.18) Sportsmans Warehouse Mini: vierde plek (o.16)

Page 32: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

Carisa Liebenberg

Al die onderstaande toernooie was o.14-toernooie

Boland Wilson Stellenbosch (3de) TSA Rondebosch (10de) TSA Somerset-Wes (4de) TSA Strand (5de) TSA George (9de) TSA Paarl (10de) TSA Somerset Masters (5de)

4.4 KRIEKETLaerskool Stellenbosch begin alreeds van gr. 1 af met krieket. Die spelers neem van 0.7 tot 0.9 aan die sagtebalweergawe van die spel, nl. mini-krieket, deel. Vanaf o.10 begin leerders om met die harde bal te speel.Mini-krieketLaerskool Stellenbosch het gedurende die eerste en die vierde kwartaal skitterende mini-krieket gespeel. Die wedstryde vind plaas op Donderdae en daar is ook ‘n paar Saterdag-sportdae waaraan ons deelgeneem het. Die doel van die geleenthede is om ‘n liefde vir die sport te kweek. Die afgelope jaar het drie o.8-, drie o.9- en drie o.7-spanne die skool verteenwoordig. Ons het vanjaar in die vierde kwartaal begin om die o.9-spelers aan hardebalkrieket bloot te stel. Die doel hiervan was om die seuns beter voor te berei vir die volgende jaar.Senior krieketOns senior spanne (o.11 en o.13) speel in die Helderberg-krieketliga. Dit was ons tweede jaar in die liga en ons o.13A-span het deurgedring na die semi-finale rondte van die jaar. Vanjaar spog ons met ses spelers in die Boland-Sentraal II-span en een speler in die Boland-span. Die blootstelling wat die leerders op skoolvlak, sowel as op streeks- en provinsiale vlak opdoen, is ongelooflik gesond vir hul verdere ontwikkeling. Ons hoop om volgende jaar hierdie gesonde krieketkultuur voort te sit en meer spelers die geleentheid te gee om in krieketspelers van formaat te ontwikkel.

Presteerders 2017:Boland-Sentraal II: Jack Brugman, Francois Groenewald, Lukas Heyns, Wynand Horn, Mori Viljoen en Adeeb Boraine.

Page 33: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

Boland o.11: Adeeb Boraine.

Herman Lourens teken 142 lopies aan teen Somerset-Wes Primêre Skool.Jack Brugman teken in sewe wedstryde 50 lopies aan.

Afrigters 2017:o.7 – Dawie de Vries.o.8 – Gregory Nelo.9 – Jan Prinslooo.11 – Werner Vermeulen en Henco Bindeman (Werner Truter vanaf Juliemaand).o.13 – Francois Gerber, Jacques Horne.

Laerskool Volschenk se ses-aan-’n-kant-toernooi

Laerskool Volschenk se ses-aan-‘n-kant toernooi het nou al ‘n permanente instelling op ons skool se kalender geword en een waarna die seuns baie uitsien. Elke span ontvang tien beurte om onderskeidelik te kolf en te boul. Daar is twee groepe van vier spanne wat rondomtaliewedstryde teen mekaar speel en daarna speel die wenners van die twee groepe in die finaal teen mekaar. Die toernooi het op die 14de en 15de Oktober geskied. Na afloop van die Vrydag se wedstryde is daar ‘n geselligheid vir die spelers en afrigters by die skool se klubhuis gehou en die spelers het oorgeslaap in die koshuis van Hoërskool Langenhoven Gimnasium. Die toernooi word in ‘n fantastiese gees gespeel en ons sal volgende jaar weer poog om die toernooi te wen.

Laerskool Stellenbosch se ses-aan-’n-kant toernooi

Laerskool Stellenbosch se negende ses-aan-‘n-kant-toernooi het vanjaar op 4 November plaasgevind. Ses skole het vanjaar aan ons toernooi deelgeneem. Die skole speel in twee groepe van drie spanne en in dié formaat kry elke span net vyf beurte om onderskeidelik te kolf en te boul. Ons spelers het beide hulle uitspeelwedstryde gewen, maar ongelukkig in die finaal vasgeval teen Laerskool Paarl Gimnasium.

Die volgende leerders het die afgelope jaar Laerskool Stellenbosch se eerste span verteenwoordig:Jack Brugman, Herman Lourens, Jack van der Merwe, Phillip Groenewald, Ian Pansegrouw, Dinand Venter, Norman Celliers, Reuben Noble, Jesse Myburg, Krynauw van der Sandt, Luca Reuter, Dirkie Aldrich, Louis Fourie en Michael Prins.

Ons het die jaar afgesluit met die pa-en-seun-krieketdag. Hierdie jaar het ons dit so ‘n bietjie anders gedoen. Ons het vier spanne van ses spelers elk (drie seuns en drie pa’s of onderwysers) gekies. Die wedstryde was ‘n ses-aan-‘n-kant-formaat en die spanne het rondomtalie teen mekaar gespeel. Na afloop van die wedstryde het almal saam gebraai.

Page 34: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

So ’n seisoen gebeur nie net vanself nie en die afrigters verdien erkenning vir die prestasies van ons spelers. Dankie aan die afrigtingspan vir al die tyd in die son. Ons sien baie uit na die 2018-seisoen.

4.5 NETBALLaerskool Stellenbosch het in 2017 ‘n baie belowende netbaljaar beleef met nie minder nie as 37 netbalspanne – uitgesluit die gr. R’e! Die oorweldigende deelname het veroorsaak dat die spanne op verskillende tye moes oefen, maar dit was ‘n baie sinvolle besluit. Nou kry meer speelsters die geleentheid om op die baan te oefen en posisionele spel aan te leer. ‘n Groot groep gr. R’e het twee keer ‘n week met balvaardighede begin om hulle vir mini-netbal voor te berei. Die o.11-, o.12- en o.13-dogters het die geleentheid gehad om aan die Stellenbosch Soneproewe deel te neem. Laerskool Stellenbosch was verantwoordelik vir die organisasie van die o.12-proewe, alhoewel dit steeds by Laerskool Eikestad plaasgevind het. Ongelukkig is geen netbalspeelster in enige provinsiale span opgeneem nie. Die o.12A- en o.13A-netbalspanne het elk tot by die tweede rondte van die Topskole-netbalkompetisie in Hermanus gevorder. Die o.13A-netbalspan het gedurende die Aprilvakansie aan die Rooikat-toernooi in Clanwilliam deelgeneem en baie goed gevaar.Die Wintersportdag was weer eens ‘n groot sukses. Ons spanne het baie goed gevaar. Dit was heerlik om die sportdag in aangename weersomstandighede aan te bied. Die besoekende skole het dit baie geniet en ons het baie komplimente vir die organisasie, sowel as die terrein ontvang.Die o.13A- en o.13B-netbalspanne het tydens die sporttoer in Augustus by George aan Laerskool Blanco se sportdag deelgeneem en baie goed gevaar. Mes. Erena Stofberg en Jeanri du Plessis het in die vierde kwartaal ‘n vlak 1-afrigtings-en-keuringskursus in die Paarl bygewoon. Hierdie kursus, wat oor ‘n naweek gestrek het, het hulle goed toegerus met kennis en praktiese evaring en is deur Millie van der Ross aangebied.Sotheby’s Stellenbosch het vir ons sewe pragtige telborde geskenk. Dit is nou ‘n groot plesier om die tellings by die bane te sien. Die seisoen is afgesluit met die interkleure-wedstryde waaraan elke netbalspeelster deelgeneem het. Baie dankie aan elke afrigter vir haar tyd, moeite, geduld, motivering en entoesiasme. Dit word opreg waardeer en mag elke afrigter en netbalspeelster in 2018 ‘n wonderlike netbalseisoen beleef. ‘n Spesiale woord van dank aan die volgende buite-afrigters:Zerilda Wessels gr. RDanélle Blaine o.7C en o.7DSanet Joubert o.9E en o.9FMarinda Koch o.10E en o.11ECathrine Coetzee o.12C en o.12D

4.6 RUGBY

Page 35: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

Laerskool Stellenbosch se rugbyspelers het gedurende die 2017-seisoen op verskeie terreine uitgeblink en uitgestaan as ware sportmanne met uitsonderlike sportmangees. Ons het aan verskeie toernooie en wedstryde deelgeneem en was deurentyd uitstekende ambassadeurs van ons skool. Vanjaar het Reuben Noble die o.13-WP-akademiespan gehaal. Ons is besig om ‘n nuwe benadering ten opsigte van rugby by Laerskool Stellenbosch in plek te stel. Hou maar dop, met die langtermynplan, doelwitte en groter getalle spelers sal ons beslis van krag tot krag kan gaan.Gr. R-rugbyDie gr. R-seuns het vanjaar die basiese begrippe en vaardighede van rugby geleer en hulle het dit baie geniet om weekliks aan rugby-oefeninge deel te neem. Dankie aan mnr. Hawkie wat sy kosbare tyd afstaan om hierdie manne touwys te maak.o.7-rugby‘n Positiewe gesindheid en liefde vir die spel. Dit som vanjaar se o.7-spelers deeglik op. Ons kon vanjaar drie spanne in die veld stoot en die seuns se vaardigheidsontwikkeling was van ‘n hoë standaard. Dankie aan mnr. Dawie de Vries en sy mede-afrigters vir die hoë vlak van afrigting en die liefde vir rugby wat op daardie ouderdom gekweek word.o.8-rugbyDie groep seuns het hulle rugby vanjaar terdeë geniet. Hulle het baie in statuur en selfvertroue gegroei, veral vanweë die feit dat hulle vaardighede so goed ontwikkel het. Dankie aan mnre. Jan Prinsloo en Gregory Nel vir die enorme aandeel in die opbou van hierdie seuns as rugbyspelers.o.9-rugbySjoe, wat ‘n span! Hierdie manne gaan ons nog groot genot langs die veld verskaf. Die samespel en inklimrugby was ‘n riem onder die hart. Aan vaardighede, spoed en entoesiasme is daar nie einde nie! Dankie aan mnre. Renaldo Payne en Henco Bindeman vir die toegewyde en positiewe benadering. o.11-rugbyOns o.11-rugbyspelers het vanjaar soms besonder goed presteer en ons het gereeld in opgewondenheid gekyk hoe hulle hul opponente met vaardighede en deursettingsvermoë troef. Ons is geweldig trots op hierdie groep seuns se toewyding en vasberadenheid. Hulle het bewys dat wanneer jy val, jy weer kan opstaan, uithou en sukses behaal. Dankie aan mnre. Francois Gerber, Gregory Nel en Wimpie Steyn en die mede-afrigters vir die manier waarop die seuns afgerig en bestuur is.

o.13-rugby: Stellies Tigers

Page 36: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

Dit was ‘n besondere jaar met baie spesiale herinneringe, veral vir die gr. 7-seuns. Ons was vanjaar bevoorreg om genoeg spelers vir drie baie goeie spanne te kon hê. Die C-span het, wanneer daar wel vir hulle wedstryde was, baie goed gespeel en dit terdeë geniet. Die o.12’s wat in die C-span gespeel het, het baie goeie ervaring opgedoen en sal dit in 2018 goed kan gebruik. Die B-span, wat vanjaar oorwegend uit o.12-spelers bestaan het, was vanjaar baie sterk en ons sien daarna uit om hierdie manne aanstaande jaar op die veld te sien. Die Stellies Tigers het vanjaar ‘n onvergeetlike seisoen beleef. Hierdie spelers is saamgesnoer tot ‘n hegte eenheid wat baie effektiewe en aanskoulike rugby gespeel het. Hulle het deurentyd gewys oor watter groot mate van vaardighede, vasberadenheid en strewe tot die span se sukses hulle beskik. Laerskool Stellenbosch was vanjaar bevoorreg om hierdie seuns as ambassadeurs te kon hê. Dankie aan die afrigters, mnre. Jacques Horne en Jan Prinsloo vir die toegewyde werk. Rooikatsporttoernooi, ClanwilliamDie o.13A-rugby en –netbalspanne het gedurende die Aprilvakansie aan hierdie toernooi deelgeneem. Dit is ‘n toernooi wat vir die eerste keer aangebied is en dit was baie suksesvol. Die 16 skole wat deelgeneem het, was kompeterend en ons spanne het gemengde welslae behaal.Die dogters is deur mes. Danelle Meintjes en Glenize van Rooyen vergesel en die seuns deur mnre. Jacques Horne en Jan Prinsloo.4.7 SPORTTOERVanjaar se sporttoer vir die senior spanne het gedurende die naweek van 25 tot 27 Augustus plaasgevind. Die o.13’s se rugby-, netbal- en hokkiespanne het aan Laerskool Blanco se sporttoernooi in George gaan deelneem. Ons het met al die leerders in Hartenbos tuisgegaan. Die kompetisie was besonder sterk, maar ons spanne het hul man gestaan en die wintersport op ‘n hoë noot afgesluit. Een van die hoogtepunte was toe al die ouers en ondersteuners op die Saterdagaand saam kom braai het. Ons leerders se gedrag en gesindheid was baie goed en ons was deurentyd trots op hulle.

4.8 HOKKIELaerskool Stellenbosch het ‘n suksesvolle jaar op die hokkieveld gehad.Bolandhokkie-jaarvergadering vir hoër- en laerskoleHierdie vergadering is op Dinsdag 15 Maart om 15:00 by die Hoër Meisieskool in die Paarl gehou. SkoolproeweProewe vir o.13-spanne vind reeds in die eerste kwartaal plaas om die leerders wat in April aan die streekproewe moet gaan deelneem te identifiseer. Die o.13’s se proewe is meer informeel en eksterne afrigters word genader om die proewe saam met die huidige afrigters te doen. Hierdie proewe strek oor twee dae. Proewe vir die laer spanne vind vroeg in die eerste kwartaal plaas.

Page 37: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

Oefeninge op Maandae en WoensdaeHokkie-oefeninge vir gr. 2 tot 7 vind plaas tydens die tweede en derde kwartaal. Gr. 2-leerders speel geen wedstryde nie, maar oefen elke Maandag en Woensdag. Gr. 3-leerders speel nie in die tweede kwartaal wedstryde nie, maar slegs in die derde kwartaal.Oefentyeo.8 – o.13 (seuns en dogters)Maandae: 15:00-15:45 o.8 – o.11 (seuns en dogters)

15:45-16:30 o.13C (seuns en dogters)16:30-17:30 o.13A (seuns en dogters) – Astro (Maties)

Woensdae: 14:00-14:45 o.8 – o.9 (seuns en dogters)

14:15-15:15 o.10 – o.11 (seuns en dogters)15:15-16:15 o.13C (seuns en dogters)16:15-17:15 o.13A (seuns en dogters)

(Wedstryde is ook vir Woensdae en Saterdae geskeduleer.)Ons soek voortdurend gekwalifiseerde afrigters en maak van die dienste van ‘n hele paar assistente en studente gebruik. Ons poog om vir elke span sy eie afrigter te voorsien, sodat intense afrigting kan plaasvind.AstroDie o.13A- en B-spanne (seuns en dogters) oefen op Maandae op die Astro by Maties teen R650.Spanne en afrigterso.13A-seuns: Marlie Carpentero.13B-seuns: Christel Huysameno.13C/D-seuns: Carine Comermao.13A-dogters: Anne-Marie Uys, Lana Aucampo.13B-dogters: Anne-Marie Uys, Lana Aucampo.13C/D-dogters: Nikita Smito.11A/B-seuns: Cornel Smuts o.11C/D-seuns: Dylan van Dyko.11A/B-dogters: Renika Stramroodo.11C-dogters: Chrizanne van Breda

Page 38: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

o.10A/B-seuns: Leoné Verstero.10C/D-seuns: Adri Lochnero.10A/B-dogters: Menanteau Bestero.10C-dogters: Tanel du Plooyo.9 -seuns: Heidi Such, Christel Huysameno.9-dogters: Anneri Naude, Nikita Smito.8-seuns: Marlene Bouwer, Gregory Nelo.8-dogters: Danelle Meintjies, Marlie Carpenter

AfwesighedeBy elke oefening en wedstryd word noukeurig van leerders se teenwoordigheid rekord gehou. Leerders wat die oefening nie kan bywoon nie, moet direk by die afrigter verskoning maak.WedstrydeLigawedstryde vir die seisoen is deur die Bolandbestuur geskeduleer en aan die betrokke skole deurgegee. Ons skeduleer deurentyd ons eie vriendskaplike wedstryde om die leerders soveel moontlik blootstelling aan wedstryde te gee. Streek- en BolandproeweStreekproewe het vanaf 27 Maart tot 24 April plaasgevind en Bolandproewe is vanaf 3 tot 8 Mei op Hoër Meisieskool Gimnasium en Bridge House se astrobane gehou. Ons leerders het R20 aan die Bolandbestuur betaal om aan die proewe deel te neem. Spelers wat deelneem, mag nie in hul skool se sportklere speel nie. Die spanne se oefeninge is verpligtend. Die Bolandspanne neem in die Junievakansie aan ‘n toernooi by Potchefstroom deel. Die seunspanne eindig vyfde in die A-afdeling en die dogterspanne eindig eerste in die B-afdeling van hierdie toernooi.Bolandspan 2017:Mariska GoliathCarl Bekker

HokkiedagHierdie is beslis een van die hokkieseisoen se hoogtepunte. Dit het op Saterdag 29 Julie op ons sportvelde plaasgevind. Die wedstryde het om 08:00 begin en was om ongeveer 14:00 klaar. Elke span het ‘n medalje vir hul speler van die dag ontvang. Stalletjies met heerlike kos was beskikbaar en koffie, tee en kospakkies is vanuit die aktiwiteitsentrum aan afrigters verskaf. Die hoofborg van die dag was De Jagers. Tien skole se A- en B-spanne neem aan die toernooi deel.

Page 39: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

InterskoleDie interskole het vanjaar op 11 Augustus teen Welgemoed plaasgevind. Ons spanne het goed gevaar en goeie sportmangees geopenbaar.

SporttoerOns o.13A-spanne het saam met die rugby- en netbalspanne ’n toer na George meegemaak.

ToerustingElke span is voorsien van bakens, “bibs” en ‘n wedstrydbal. Elke leeder moes dus hul eie hokkiestok en hokkiebal voorsien. Die spanne van o.11 tot o.13 het ook doelwagtertoerusting, gesigmaskers en waterbottels ontvang. Die o.13A-spanne (seuns en dogters) se klere word deur mnr. Delarey Brugman (Global Events) geborg.

Afrigtingskursus en reëlveranderingKursusse en klinieke is deur die seisoen aangebied en afrigters en spelers is aangemoedig om dit by te woon. Reëlveranderings is gemaak en alle afrigters het ‘n vergadering hieroor bygewoon. Dit is belangrik dat afrigters hul kwalifiseer en op hoogte bly met die reëls.

4.9 SKAAKOefentye, wedstyde en toernooieDaar was hierdie jaar min seniorfaseleerders by skaak, maar ons is opgewonde oor die groot deelname by die grondslagfase. Daar het heelwat leerders in gr. R en 1 met skaak begin. Oefeninge vind elke Dinsdag vanaf 16:00 tot 17:00 in die biblioteek plaas. Die leerders word deur me. Margo Lotz, me. Jolande Botha en me. Lorraine du Toit afgerig. Ons is baie bevoorreg om mnr. Sarel Steel as buite-afrigter te hê. Leerders van alle grade is welkom om hierdie oefeninge by te woon. Gedurende die tweede en derde kwartaal word ligawedstryde en vriendskaplike wedstryde op Vrydaemiddae gespeel. Ons moedig leerders aan om deur die loop van die jaar aan soveel skaaktoernooie as moontlik deel te neem. Ons eie skaaktoernooi in die derde kwartaal was ‘n hoogtepunt. Ongeveer vyftig leerders van verskeie skole het aan die toernooi deelgeneem. Die spelers van Laerskool Stellenbosch het baie goed gevaar. Prestasies by Laerskool Stellenbosch se Skaaktoernooi:o.7 – Tweede plek: Louis Hammanno.8 – Tweede plek: Schalk van Zyl Eerste plek: Liam Pietersen

Page 40: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

o.9 - Tweede plek: Annika Hammann Eerste plek: Steyn de VosDie volgende leerder het Boland verteenwoordig:Steyn de VosSteyn is ook gekies vir die o.10-WP-span wat in Januarie 2018 in Johannesburg gaan deelneem aan die Suid-Afrikaanse Junior Skaakkampioenskappe.

4.10 BUITESPORTOns leerders het vanjaar verskeie buitemuurse sporte beoefen. Dit sluit onder andere perdry, tweekamp, waterpolo, gimnastiek en kleiduifskiet in.

Ons noem graag van die uitsonderlike prestasies:

Iané Marx het in Februarie aan die WP-tweekampproewe deelgeneem en eerste geëindig vir dogters o.13. Sy dring dus deur tot die SA Tweekampkampioenskappe en het WP verteenwoordig by die SA Tweekampkampioenskappe en ‘n 3de plek behaal.Thomas Swart het vir WP-kleure in artistieke gimnastiek (vlak 6) gekwalifiseer. Hy het deelgeneem aan die SA Gimnastiekkampioenskappe. Hy was deel van die WP-span vir gimnastiek en tuimel en het ook deelgeneem aan die mini-trampolienkompetisie. Thomas het 'n brons medalje vir tuimel (seuns o.11, vlak 6) behaal.Kamilla Haasbroek – GimnastiekElle Olivier is verkies tot die WP-saalperdruiterkuns-span vir driegang en sy gaan in Februarie 2018 aan die Nasionale Protea-ruiterkunsproewe deelneem.

Larissa Scholtz is gekies as die WP-kampioen in die afdeling Plesierperdruiter: stap/draf (o.10).Sy is ook aangewys as reserwe in die afdeling Ruiterkuns.

Ingemar Scholtz het die afgelope naweek ‘n silwer medalje ontvang in die WP-kleiduifskiet-kampioenskappe vir laerskoolleerders.Christopher Steyn het deelgeneem aan die Gun Run 5 km-wedloop (2017). Hy het die ope-afdeling (alle ouderdomme) gewen wat uitstekend is. Hy is maar net 10 jaar oud en het meer as 1000 deelnemers uitgestof.Johan Beyers en Johannes Jacobs is gekies vir die 0.13-Boland-waterpolospan. Anne-Isabel Scheltema is ‘n kranige gholfspeelster en neem gereeld deel aan SA Kids se gholfkompetisies. Sy het twee eerste plekke by die toernooie behaal.Morne Noble het vanjaar individueel deelgeneem aan die WP-landloopkampioenskappe en is verkies tot die o.10-WP-landloopspan.

Page 41: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

Lara Steyn (Scorpions) en Emma Uys (Wildcats) is gekies vir die Boland PSi (binnenshuise hokkiespan). Hulle gaan van 7 tot 15 Desember aan die nasionale toernooi in Kaapstad deelneem. Elle Olivier is gekies vir die Boland-o.13-aksienetbalspan wat in Maart 2018 aan die SA kampioenskappe in Edenvale gaan deelneem.Hano Krige het sy WP-judokleure gekry en het in Oktober vanjaar teen die Oos-Kaapse span deelgeneem. Ons is trots om te sê dat baie van Stellies se leerders baie talentvol is wat ‘n verskeidenheid sportsoorte betref end at hulle nie net ten opsigte van binnemuurse sportkodes presteer nie.

4.11 LO-PRAKTIESDie praktiese LO-klasse bly steeds opwindend vir elke leerder. Leerders sien daarna uit om uit die klaskamers te kom en fisieke aktiwiteite te doen. Ons oorhoofse doel is om leerders se motoriese vaardighede te ontwikkel en te verbeter. Kinetic Kids se LO-program is ‘n aanwins vir die beplanning van die lesse, alhoewel ons baie aanpassings maak om by ons skool se rooster aan te pas.

Die uiteensetting van die klasse werk baie goed. Die skeiding van die meisies en seuns is ‘n groot pluspunt, veral tydens swem by die LO-klasse. Die beplanning en assessering is elke kwartaal deeglik gedoen, alhoewel daar beperkte tye vir assessering is tydens die tweede en vierde kwartaal. Daar word elke kwartaal op twee sportsoorte gefokus en leerders se vaardigede en fiksheidsvlak word gemeet.

Sommige leerders het baie goeie vordering getoon en by ander leerders kon ons duidelike leemtes sien. Ons het vanjaar meer gebruik gemaak van die “Boot camp” wat ons ook vir die toekoms sterk aanbeveel. Dit stel leerders bloot aan verskeie vaardighede en oefeninge. Ons het leerders se soepelheid, krag, vlugvoetigheid en balans getoets deur gebruik te maak van die “Boot camp”.

Ons sal graag wil sien dat daar aandag gegee word aan sekere kommerwekkende aspekte wat by die leerders geïdentifiseer is. Leerders, veral in die senior fase, vergeet hulle LO-klere met geen of baie swak verskonings. Die gedrag van sommige leerders is kommerwekkend. Basiese respek vir die onderwyser kom nie regtig voor nie. Daar is beperkte lokale vir die LO-klasse wanneer dit reën. Die vooruitsig van die sportsentrum bring groot opgewondenheid mee, omdat dit ook gebruik kan word vir die LO-klasse wanneer dit reën.

Page 42: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

Saam met die leerders se vordering en groei deur die jaar het ons as instrukteurs ook gegroei en meer geleer oor die aanbieding van die LO-klasse. Ons glo dat die LO-periodes ‘n goeie basis vorm vir elke leerder se blootstelling aan sport en die ontwikkeling van motoriese vaardighede. Ons streef daarna om elke jaar nog doelwitte te stel en te bereik sodat LO-klasse by Laerskool Stellenbosch verder kan verbeter.4.12 SKIETKLUBDie Skietklub van Laerskool Stellenbosch se gewildheid neem jaarliks toe. Skuts oefen elke Maandag van 16:45 tot 17:45 in die skoolsaal. Die WP-skoleskietvereniging (WKSSV) bied vyf kompetsies per jaar aan waaraan skuts kan deelneem. Leerders wat belangstel om aan die kompetisies deel te neem, moet geaffilieer word en hulle word dan in aanmerking geneem om in die WP-skoleskietspan te kom.Daar was vanjaar ses tot 10 leerders wat skietoefeninge bygewoon het. Leerders begin deur te lê en skiet, daarna volg kniel en dan staan. Ons het vanjaar baie op die lê-skietstyl gefokus, omdat al die deelnemers relatief nuut t.o.v. dié sport is.Baie dankie aan mnre. Francois Gerber en Jan Prinsloo vir hulle moeite met die afrigting.

5. ALGEMEEN

5.1 SEKSUALITEITSPROGRAM

‘n Seksualiteitsprogram is op 24 Maart vir die gr. 7’s in die musieklokaal aangebied. Francois Esterhuyse, ‘n berader, het die program aangebied en van die onderwerpe was groepsdruk, partytjies, verhoudings en God het ons verskillend gemaak. Die program is afgesluit met ‘n vraag-en-antwoord-geleentheid. Gedurende die pouses het die leerders saam met Francois sjokolades en warm sjokolade geniet.

5.2 LEERONDERSTEUNING

1. SKOOLGEBASEERDE ONDERSTEUNINGSPAN (SGOS)Die doel van hierdie span is hoofsaaklik om na die vordering van die leerders om te sien, maar ook om aan die onderwysers hulp en leiding te bied.Hierdie span bestaan uit die volgende lede:

Hoof Hawkie de Villiers

021 887 6934 [email protected]

SGOS-Koördineerder Leerondersteuning, gr.1 – 7

Anéle Erasmus 021 887 6934 [email protected]

Page 43: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

Departementshoof Intermediêre fase

Carine Mocke 021 887 6934 [email protected]

Departementshoof Grondslagfase

Johannita Kruger

021 887 6934 [email protected]

Arbeidsterapeut Annaré Agenbag

072 449 9050 [email protected]

Arbeidsterapeut Jeanne-Marie Meyer 083 321 7349 [email protected]

Spraakterapeut Ronelle Slabbert 073 172 3780 [email protected]

Opvoedkundige sielkundige Tania du Toit 072 238 0241 [email protected]

Leerondersteuning, gr. R Marli Goldie 021 887 6934 [email protected]

2. WAT BEHELS LEERONDERSTEUNING?

By Laerskool Stellenbosch behels leerondersteuning die koördineerding van alle fasette van ondersteuning ten opsigte van leerders se emosionele, gedrags- en skolastiese probleme en uitdagings.

Gedurende 2017 is die besluit geneem dat leerders wat leerhindernisse ervaar, grotendeels individuele aandag en, in kleiner groepe, ondersteuning sal ontvang. Hierdie leerders sal nie noodwendig daagliks onttrek word uit klasse nie, maar eerder twee tot drie keer per week vir langer tye op ‘n slag.

Dit sal geskied deur die verwysingsprodesure wat gevolg moet word ter insluiting van leerders by die leerondersteuning.

Verdere inligting oor die verwysingsprosedure is beskikbaar op die skool se webtuiste. Leerders wat by leerondersteuning ingesluit word, sal deur die loop van die hele jaar ondersteun word en nie net van kwartaal tot kwartaal ondersteuning ontvang nie.

Die leerder se unieke leerbehoeftes word bepaal deur middel van die volgende:

informele assessering, die leerder se skoolboeke en leerderverslag en gesprekke met die leerder se ouers, betrokke onderwyser(es) en terapeute.

Tydens leerondersteuning word aandag gegee aan die leerder se spesifieke leerbehoeftes, bv. leesvermoë, leesbegrip, spelling, vaslegging van taalkonsepte. Vir Wiskunde word daar hoofsaaklik klem gelê op getalle, bewerkings en verwantskappe en ander Wiskundige begrippe. Sodoende word die agterstande wat die leerder mag beleef, ingehaal en die basiese beginsels (klanke, spelreëls en getalbegrip) weer vasgelê.

Page 44: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

3. VERWYSINGSPROSEDURE1. Onderwyser bespeur ‘n hindernis en teken hierdie hindernis aan.

a. Neem die leerder binne en buite klasverband waar en maak volledige aantekeninge van gedrag. Doen die nodige intervensies en vul intervensievorms in.

b. Bestudeer die volgende:o leerderprofiel (inskrywingsvorms, kliniekrekord, rapporte, Inligting van ouers,

inligting van vorige grade se onderwysers)o vorige werkboekeo vorige jaar se vorderingskedules

c. Kontak ouers. Bespreek die probleem/bekommernis met die ouers en vra hul bystand en samewerking.

d. Skep ‘n individuele ondersteuningsplan (IOP) vir die leerder om in die klas te volg. Hierdie plan moet ook die volgende stappe insluit wat in die proses saam met die ouers gevolg gaan word.

e. Leerder moet by didaktiese klasse inskakel, indien die hindernis van ‘n spesifieke aard is en die nodige intervensie moet in klasverband gedoen word.

f. Voltooi SNA1 in wat die ouer moet teken.g. Klasonderwyser bespreek weer die hindernis met die ouers.h. Indien die ondersteuning in die klas en tuis nie ‘n impak het nie, verwys die

opvoeder die saak verder na die SGOS en voltooi die verwysingsvorm.2. SGOS-koördineerder bestudeer die verwysingsvorm.

a. SGOS-vergadering met die onderwyser wat die leerder verwys het.b. Spanlede hou ‘n deeglike gevallebespreking en betrek alle betrokke rolspelers.c. Verdere aanbevelings word aan die onderwyser gemaak.

3. Onderwyser voer aanbevelings uit.4. Die SGOS volg op en hersien aanbevelings, indien nodig. Leerder sluit by

leerondersteuning aan, as dit is wat rolsprelers besluit het.5. Indien die SGOS se aanbevelings nie na ‘n redelike tydperk ‘n verandering bring nie, word

die saak verder na die Distriksgebaseerde Ondersteuningspan (DBOS) verwys. (Sien inligting op die webwerf.)

4. INTERVENSIESAmptelike WKOD-intervensievorms word kwartaalliks deur elke vakonderwyser ingevul. Die vorms is verpligtend vir leerders wat nie aan die slaagvereistes voldoen nie en leerders wat ingeskakel word by leerondersteuning.Intervensievorms behels die rekord van intervensie wat deur die klasonderwyser uitgevoer is om die leerder te ondersteun.

5. DIDAKTIESE KLASSEVakonderwysers is verplig om didaktiese klasse aan te bied vir leerders wat leerhindernisse ervaar en nie aan die slaagvereistes voldoen nie. Die klasse word in ‘n tydgleuf ingepas wat die onderwyser, sowel as die leerder, genoegsame tyd gun om by verpligte buitemuurse aktiwiteite betrokke te wees. Die leerder en ouer(s) word deur die vakonderwyser in kennis gestel, indien die leerder didaktiese klasse moet bywoon. Ouers se samewerking ten opsigte hiervan word verwag.

Page 45: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

6. HULPVERLENINGHulpverlening word deur die assistente van gr. R tot gr. 3 verskaf. Die assistente staan die leerders in skooltyd by en hindernisse word uit die weg geruim. Assisstente neem leerders in kleiner groepies vir vaslegging van konsepte.

7. LEERDERS MET SPESIALE VERGUNNINGS VIR TOETSE EN EKSAMENSVanjaar het nege van ons leerders die nodige dokumentasie en toestemming van die WKOD ontvang om die eksamen met vergunning te skryf. Hierdie akkommodasies sluit in leerders wat in aparte lokale skryf, ekstra skryftyd en voorlesing. Daar word slegs gebruik gemaak van fasiliteerders wat deur die WKOD opgelei is. Hierdie fasiliteerders ondersteun leerders gedurende toetsreekse en eksamens volgens die voorskrifte wat die skool uiteengesit het.Die toekenning van fasiliteerders aan leerders hang af van die beskikbaarheid van fasiliteerders en lokale. Die volgende onderwysers en assistente wat by die skool betrokke is, beskik oor die nodige opleiding: Noeline Southey, Elmarie Stoeder, Gregory Nel, Jan Prinsloo, Chanel Schoonhoven, Christel Huyseman, Lorraine du Toit, Carina Opperman en Anele Erasmus.

8. LEERDERS MET VOLTYDSE FASILITEERDERSDie voltydse fasiliteerder is vir die grootste deel van die skooldag saam met die betrokke leerder in die klas. Die gebruik van ‘n voltydse fasiliteerder is onderhewig aan voorvereistes en slegs die skoolhoof kan toetstemming daarvoor gee. Die nodige prosedures word ook gevolg om toestemming hiervoor van die WKOD te ontvang. Die fasiliteerders word deur die ouers aangestel en bly die ouers se verantwoordelikheid. Fasiliteerders moet by die skool se beleide en dissiplines hou. Elke fasiliteerder ontvang ‘n ‘Beleid vir fasiliteerders’ wat as ‘n ooreenstemming tussen die skool en fasiliteerder dien. Fasiliteerders moet sover moontlik met die klasonderwyser kommunikeer. Die leerondersteuningkoördineerder verseker dat die nodige intervensies in klasverband geskied. Daar is tans drie leerders van gr. 1 tot 7 met voltydse fasiliteerders.

9. SGOS-VERGADERINGSDie ondersteuningspan vergader ten minste een keer ‘n maand. Tydens hierdie vergadering word leerders of onderwysers se behoeftes rakende leerhindernisse bespreek en ‘n plan van aksie word opgestel om die betrokke partye by te staan. Terapeute maak ook voorstelle en volledige notules word gehou.

10. DIENSTE WAT OP DIE SKOOLTERREIN AANGEBIED WORDDie volgende dienste word op die skoolterrein aangebied:

Arbeidsterapie, Spraakterapie en Spelterapie. Ouers kan gebruik maak van hierdie terapeute wat leerders op die terrain vir terapie uit die klasse onttrek. Hierdie terapeute is in noue samewerking met leerondersteuning.

Leesterapie

TINA COWLEY LEESSENTRUM

Page 46: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

Die Tina Cowley Leessentrum Stellenbosch is vanaf 2015 op ons skoolterrein. Elke leerder in die skool ontvang ‘n aanvanklike gratis leesevaluasie. Die leesprogram is in 2017 aan 63 leerders van gr. 2 tot 7 by die skool aangebied. Ons het goeie vordering in die kinders se lees, begrip, spelling en taaltoepassing waargeneem.

StudiemetodesSAMI – SOUTH AFRICAN MEMORY INSTITUTEDie SA Instituut vir Geheue-ontwikkeling onder die leiding van Danelle van der Westhuizen, bied leerders die geleentheid om hul studietyd te verkort en hul studievaardighede te verbeter. Hierdie kursus is vir leerders van gr. 4 tot 7. Vyf van ons leerders het vanjaar die kursus voltooi.

Wiskundige vaardighede

A+ STUDENTSBied Wiskunde-ondersteuning aan vir leerders van die Eekhorinkies tot en met gr. 3.Basiese beginsels van optel en aftrek word behandel.

11. OPLEIDING- EN INLIGTINGSESSIESOpleiding- en inligtingsessies wat die afgelope jaar voltooi en bygewoon is deur Anéle Erasmus van leerondersteuning, sluit onder andere in:

ADHD is not Child’s Play – Prof. André Venter Skoolgereedheidskursus – Dr. Erna van Zyl LEGGS-praatjies oor:

Angs in kindersDiagnose, dieet en aanvullings in kinders – Me. Janine Glannini

Professional Minds: ‘Insight into Intelligence’ Verskeie WKOD-werkswinkels Noodhulp en mond-tot-mond-asemhaling Verwerf Remediërende Ondersteuningsdiploma (Damelin) ‘Leef intensioneel’ – Dr. Johan Smith Bywoning van Summit 2017

12. INTERESSANTE LEESSTOFGedurende 2017 het ons op ‘n gereelde basis interessante inligtingstukke op die Kommunikeerder geplaas. Hierdie inligtingstukke handel oor onderwerpe wat van toepassing is op alle leerders. Die inligtingstukke word deur die span geskryf en onderwerpe word kwartaalliks bepaal.Interessante leesstof wat in 2017 geplaas is:

Die vestibulêre sisteem Ervaringsboeke Selfvertroue Wie is Tania du Toit Vakansie - wat nou?

Page 47: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

13. LEERDERPROFIELEDie afgelope jaar is die proses afgehandel om alle leerderprofiele elektronies te stoor.

ANÉLE ERASMUSLeerondersteuning en SGOS-koördineerder

5.3 NASORGDie nasorgfasiliteit van Laerskool Stellenbosch word deur 142 betalende leerders gebruik en 10 leerders van die personeel maak ook van die nasorg gebruik. Die getal leerders wissel per dag tussen 40 en 100 leerders, afhangende van hulle buitemuurse aktiwiteite.Dit is vir ons baie belangrik dat ‘n huislike atmosfeer geskep word waarin die leerders veilig en geborge voel. Ouers word versoek om te alle tye afwesighede en die bywoning van buitemuurse skoolaktiwiteite aan Carina Opperman deur te gee. Dit kan persoonlik of per sms gedoen word. Die nasorgfasiliteit is beskikbaar vanaf 12:30 tot 17:30 daagliks, behalwe op Vrydae wanneer die nasorg om 17:00 sluit. Die nasorg is tydens vankansies gesluit.Middagete word nie voorsien nie, maar die leerders bring hulle eie kos of daar kan van die skool se snoepie gebruik gemaak word vir hulle middagete. Middagete word deur almal saam geniet.Die leerders kan gebruik maak van ‘n groot verskeidenheid opvoedkundige speelgoed en immergewilde skaakstelle, blokkies, UNO-kaarte en vingerbord. Die leerders het ure se plesier hiervan. Dit is vir ons baie belangrik dat die leerders saam buite speel; dus moedig ons buitespel aan. In die somer sal die nasorg ook mag gebruik maak van die swembad wanneer daar ‘n tydgleuf beskikbaar is. Gedurende die wintermaande word daar gebruik gemaak van die DVD-fasiliteit om die leerders besig te hou, maar hulle word steeds aangemoedig om eerder met die verskeidenheid opvoedkundige speelgoed en speletjies, te speel of ‘n boek te lees.Die leerders mag ook gebruik maak van die sportvelde die naaste aan die nasorgfasiliteit. Die junior nasorg het die voorreg om die gr. 1’s en 2’s se speelarea te gebruik. Nasorgleerders speel graag rugby, sokker of krieket. Die meisies speel graag netbal in die winter. Sokker is definitief hierdie jaar die leerders se gunsteling om by die nasorg te speel en selfs die meisies speel saam. Die leerders speel ook graag handjie-tennis. Tennis word ook gespeel wanneer die tennisbane beskikbaar is.Die nasorg se getalle het so gegroei dat ons vir juf. Stef Maart by die nasorg welkom geheet het. Juf. Lorraine du Toit help met die gr. 1’s se huiswerk. Juf. Rosie Fortuin help net op Woensdae en Vrydae by die junior nasorg, aangesien sy op Maandae, Dinsdae en Donderdae by ‘n ander nasorg uithelp. Ons wens juf. Rosie Fortuin baie geluk met haar babaseun. Sy is tans met kraamverlof en ons sê dankie aan juf. Daniele Jacobs wat ons kan ui help. Juf. Anele Erasmus het ons ook kom uithelp met huiswerk by gr. 5 – 7.

Page 48: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

Vir studiedoeleindes is die leerders in drie studieklasse verdeel, sodat die nasorgpersoneel hulp met huiswerk kan verleen.Verdeling van studieklasse:Eekhorinkies en gr. R’e: Wounie + RosalineGr. 1: Stef + Lorraine (huiswerk)Gr. 2: DeniseGr. 3 - 4: CarinaGr. 5 - 7: Anele (huiswerk) Studietye: Maandae tot Donderdae: Gr. 1’s – 13:00 Gr. 2’s – 13:00 Gr. 3’s – 13:30 Gr. 4’s – 14:00 Gr. 4 tot 7 – 14:30

Op Vrydae is daar geen studietyd nie.Daar word ekstra tyd gegee vir leerders wat van sportoefeninge af kom.Gedurende die eksamentye word een uur afgestaan vir die leerders van gr. 4 tot 7 om te studeer.Op Maandae voor studietyd kom tannie Marietjie vir die kinders ‘n storie uit die Bybel lees en dit bespreek. Die leerders sien baie daarna uit en 14:00 kan nie vinnig genoeg aanbreek nie.Die Nasorgleerders het ook op Vrydaemiddae by Tannie Tea aangesluit vir haar koffiekroeg. Die leerders geniet Vrydae se koffiekroeg baie, want Tannie Tea speel speletjies en leer hulle uit die Bybel. Die speletjies pas gewoonlik aan by die tema van die middag. Die leerders word in twee spanne ingedeel en daar is ‘n beloning vir goeie samewerking en bywoning. Ek glo en vertrou dat die leerders heelwat by tannie Tea en tannie Marietjie sal leer gedurende die jaar se besoeke. Mag hierdie voorreg nie van hulle ontneem word nie. Al onthou hulle dalk nie in die eerste paar minute wat hulle geleer het, sal hulle eendag wanneer hulle groter is, hierdie oomblikke onthou. 2017 was ‘n jaar van getalle en om dié rede is die gr. 2’s na juf. Jolande Botha se klas verskuif. Leerders van gr. 3 tot 7 is na hulle eie opslaanklas naby die tennisbane verskuif.

5.4 ARBEIDSTERAPIE Afsprake met ‘n totaal van 36 kinders by Laerskool StellenboschAnnare Aggenbach

Page 49: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

Eekhorinkies: 4Gr. R: 5Gr. 1: 5Gr. 2: 7Gr. 3: 3Gr. 6: 1Buitekinders: 10Kursusse bygewoon: 2 aanlyn kursusse van Impact Learning Dynamics

Divorce Dynamics Law and Ethics

Jeanne-Marie MeyerEekhorinkies: 2Eekhorinkies (groepe): 7Gr. R: 14Gr. R (groepe): 27Gr. 1: 7Gr. 2: 6Gr. 4: 1Buitekinders: 10Kursusse bygewoon: Floortime 201(aanlyn kursus van 3 maande lank met drie-uurlikse sessies en prakties per week)‘Professional minds’-kursus

5.5 GEBEDSGROEPSoos gebruiklik het ‘n groep ouers hierdie jaar weer eens aangebied om vrywillig te bid vir die skool, personeel, leerders, asook die breër gemeenskap. Ontmoetings vind elke Vrydagoggend (7:40 tot 8:30) plaas. Individuele gebedsontmoetings vind ook al om die ander week met die hoof en onderhoof afwisselend plaas. Hierdie jaar het daar ook in toevoeging tot hierdie reeds bestaande geleenthede, ‘n weeklikse gebedsontmoeting vir geestelike bemoediging tussen ‘n paar ouers en onderwysers plaasgevind.

Page 50: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

Tydens die Stellenbosch Gebedsnetwerk se gebedsweek (8 tot 12 Mei 2017) is daar ‘n gebedsruimte by die skool ingerig waar kinders vrywillig gedurende pouses, as deel van ‘n Waardeweek kon bid oor die uitlewing van die waardes van die skool. Ons geloof, asook gebed, help ons ook om die waardes van die skool uit te leef.Dit bly van jaar tot jaar ‘n groot voorreg om op hierdie wyse by Laerskool Stellenbosch betrokke te wees. Ons is dankbaar vir hierdie geleentheid wat aan ons gegee word. Dit is ‘n groep wat in stand gehou word deur ‘n Lewende God. Ons eer Hom vir elke gebed wat beantwoord word. Enige persone wat betrokke wil raak by hierdie groep kan Lenore Retief vir meer inligting kontak by 082 770 3553.

5.6 OUERVERENIGING

OV-LEDE: Nuwe lede vir 2017 Ou lede van 2016

Estelle Goosen Natasha HaasbroekCharl Cillie Eileen de BeerKoti Bezuidenhoud Estelle LourensShana Williams Ingrid RouxGayle MeyeridricksJeanine MyburghChantelle Janse van RensburgIllezy Scheepers

Daar is reeds vir 2018 lede gewerf, maar daar is nog plek vir entoesiastiese ouers. Lede wat ons gaan verlaat, is: Ingrid Roux, Estelle Lourens, Gayle Meyeridricks.

‘BUDDY’-STELSELDie ‘Buddy’-stelsel is hierdie jaar weer geïmplementeer ten einde nuwe ouers welkom te heet en leiding te bied om die oorgang van ander skole en provinsies te vergemaklik.

Ons het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’ te wees vir die volgende jaar se nuwe ouers. Nog vrywillige ouers word ook uit elke graad aangemoedig om ‘n ‘buddy’ te wees. Die projek is elke jaar ‘n groot sukses.

OUERBETROKKENHEIDOuers het, soos al die jare, hul betrokkenheid en hulp by die verskillende sportdae en fondsinsamelingsprojekte aangebied. Dit is duidelik dat vroegtydige kommunikasie en inligting as basis dien vir betrokkenheid. ‘n Kort bespreking en verduideliking, asook omsendbriewe, is tydens ouervergaderings van elke graad uitgedeel, ten einde ouers ‘n aanduiding te gee van die verskillende sportdae en projekte. Sodoende is voorbrand gemaak vir belangrike geleenthede en ouers kon gemaklik inskakel by die projekte.

KLASVERTEENWOORDIGERSTwee klasverteenwoordigers en een revueverteenwoordiger is gedurende 2017 per klas aangewys. Daar is met e-posse, sms’e en WhatsApp-groepe met hulle gekommunikeer.

Page 51: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

Daar is ook aanbeveel dat elke verteenwoordiger ‘n WhatsApp-groep vir die klas skep, ten einde kommunikasie te vergemaklik.

Die klasverteenwoordiger wat dien as skakel tussen die OV en die ouers, is uiters belangrik. Elke OV-lid het ‘n spesifieke graad wat hy/haar verantwoordelikheid is en hulle moet alle inligting en klagtes van ouers hanteer. Daar is ‘n kaas-en-wyn-aand gehou om klas- en revueverteenwoordigers te bedank vir hul opoffering en tyd.

KONTANTVLOEI TYDENS SPORTBYEENKOMSTE (SNOEPIE SE VERKOPE UITGESLUIT) (BEAMPTES EN PERSONEEL INGESLUIT)Rekord is gehou van beplanning, verkope, hoeveelhede en die lesse geleer tydens elke byeenkoms. Sodoende is verseker dat historiese inligting beskikbaar bly vir toekomstige OV-spanne.

Die grondslagfase-ouers moet meer ingelig word oor die OV se verwagtinge om sodoende “nuwe bloed” in die ouerwerkerskorps te genereer.

Die volgende sportdae is gehou:

Interkleure by MarkötterInterkleuregalaNeelsie Prestige-byeenkomsWintersportdagSwartland InterskoleHokkiedagMikro se rugby-en-netbaldagWelgemoed se hokkie-en-netbaldagRenish se rugby-en-netbaldagMY SCHOOLMa-en-dogterdag

Totale uitgawes: R69 192.38 Totale inkomste: R166 067.46

Tot en met September 2017 Totale wins: R96 875.08

Hierdie jaar was daar geen tyd vir ‘n Kontreifees/trapkar/potjiekos-byeenkoms nie, maar dit gaan definitief volgende jaar realiseer op 10 Maart 2018.

VERVERSINGS VIR PERSONEEL/BEAMPTES TYDENS SPORTBYEENKOMSTE EN ANDER GELEENTHEDEDaar is by die bogenoemde sportbyeenkomste verversings verskaf. Ons het nietemin aan beamptes koskaartjies gegee, sodat hulle self kon besluit wat hulle as middagete wou hê van die verskeidenheid wat tydens die sportdae aangebied is. Dit is meer koste-effektief en was baie suksesvol.

By ander geleenthede, soos die gr. 1-dag, is verversings aan onderwysers en gaste verskaf.

Page 52: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

Die OV het ook hierdie jaar vir Onderwyserdag vir elke onderwyser en onderwyseres, asook die sekretaresses, elk ‘n presentjie gegee.

PROJEKTE IN KLASVERBAND: BROODJIES & BLOMMEDie ouers van Laerskool Stellenbosch onderneem reeds vir die afgelope paar jaar twee klein projekte in klasverband. Die eerste is om tydens elke skooldag vir ‘n paar leerders wat vertroulik deur die opvoeders geïdentifiseer is, kospakkies te voorsien. Die tweede is om weekliks vars blomme in die skool se voorportaal te plaas. Soos in die verlede, is ‘n rooster opgestel waarvolgens elke klas van gr. 1 tot gr. 7 hoogstens twee weeklange beurte per jaar hiervoor kry.Klasverteenwoordigers administreer dit onder leiding van Marle Fourie en ‘n groot aantal ouers is betrokke. Daar was slegs 10 kinders wat hierdie jaar geïdentifiseer is. Die rooster begin by gr. 7, aangesisen hulle reeds met die proses vertroud is.

MA-EN-DOGTER-DAGHierdie jaar was dit ‘n teemaaltydpiekniek (“high tea”) by Uitkyk Wynlandgoed. Dit was ‘n groot sukses en almal het dit baie geniet.Kaartjies is teen R150 per persoon verkoop en 177 persone het die funksie bygewoon. Daar was sprekers, sangers, onderwysers en kinders wat musiek gemaak het. Daar was baie borge, blomme en pryse te wen. Daar is ook vir toekomstige OV-spanne verslag gehou van die inligting en beplanning hiervoor.

Page 53: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

SNOEPIEDie snoepie en die OV werk lekker saam en ondersteun mekaar met elke funksie. Die finansies word wel apart gehou.

KONTINUïTEIT IN DIE OUERVERENIGINGOns gaan voort om soos in vorige jare beter kontinuïteit in die OV te bewerkstellig deur jaarliks nuwe lede te werf wat dan beskikbaar sal wees om vir ‘n tweejaarperiode op die OV te dien. Indien ‘n OV-lid binne sy/haar tyd wil bedank, moet hy/sy iemand in sy/haar plek kry.

FACEBOOK-GROEPDie Facebook-groepe gaan van krag tot krag met 502 lede. Ouers neem die vrymoedigheid om foto’s te plaas en woorde van inspirasie en ondersteuning te gee.

Dit is ‘n geslote blad en toestemming moet verkry word om deel te neem. Slegs ouers van die skool word toegelaat.

Geen advertensies en bemarking word toegelaat nie.

POTENSïELE PROJEKTE Oupa-en-ouma-dag vir die grondslagfase.Opelugfilm op die sportterrein.Paaseierprojek per senior graad.

DANKIEDie OV van 2017 was sowaar ‘n wenspan. Niemand kon vir beter gevra het as dié puik span nie. Hulle was uiters positief en ondernemendd. Die OV-lede het elke taak met nuwe insig en entoesiasme aangepak. Dit was lekker om saam te werk en byeenkomste wat by skool aangebied is, is so aangenaam as moontlik vir die gaste gemaak.Die OV dien as kommunikasiekanaal tussen ouers en die skool. Daar is bevind dat ouers meer betrokke is, indien hulle meer inligting en terugvoering ontvang oor skoolwerksaamhede.

Die OV nooi ouers heelhartig uit om nuwe idees of projekte met ons te deel.

Baie dankie vir elke ouer se bydrae tot ons skool hierdie jaar. Ons kinders geniet dit om hulle ouers by die skool werksaam te sien, aangesien dit ‘n gevoel van geborgenheid en veiligheid skep.

5.7 SPRAAK- EN TAALTERAPIE Spraak- en taalterapie word deur Ronelle Slabbert (spraak- en taalterapeut; praktyknr. 0544566) by Laerskool Stellenbosch aangebied. Die terapeut het ‘n verskeidenheid kursusse deur die jaar bygewoon, wat die volgende insluit:

- Opleiding in die assessering en intervensie van disleksie.- ‘n Werkswinkel oor ADHD.

Page 54: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

- Ondersteuning van die ontwikkeling van geletterdheid by skoolgaande leerders (gr. 2-7).

- Samewerking van die multi-dissiplinêre span.Terapie het plaasgevind op Dinsdae, Woensdae en Vrydae. Die leerders word in die meeste gevalle een keer per week vir terapie gesien. Van die leerders het egter minder of meer gereeld terapie ontvang, afhangende van individuele behoeftes. Die leerders word individueel of in klein groepies vir terapie gesien.Leerders word hoofsaaklik deur hulle klasonderwyser(es) vir spraak- en taalterapie verwys. Na afloop van ‘n assessering word daar aanbevelings gemaak betreffende intervensie. Daar word nou saamgewerk met ander lede van die multi-dissiplinêre span, insluitende arbeidsterapeute, sielkundiges en remediërende onderwysers.Die gevallelading bestaan hoofsaaklik uit taalontwikkelingsagterstande, artikulasie-probleme, ouditiewepersepsieprobleme, pragmatiese (sosiale) taalafwykings en vlotheidversteurings (hakkel). Die gevallelading het gewissel van pre-gr. R tot gr. 7 leerders.

5.8 SNOEPIEDie snoepie het ‘n uitstekende 2017 agter die rug en het weer voortgebou op sy doelwitte van kwaliteit, gesondheid en bekostigbaarheid. Ons maak steeds staat op ma’s wat elke oggend kom help met die voorbereiding van kosse. Sommiges kom help ook tydens pouses, besige middae, asook op Saterdae tydens groot sportdae. Ons vrywillige ma’s is ‘n groot steunpilaar vir die bereiking van ons doelwitte, asook die suksesvolle vloei van ons verkope.Ons toegeboude kuier-area is steeds ‘n groot aanwins vir die skool. In die oggende is dit ‘n gesellige kuier-area vir ons kinders en in die middae verander dit in ‘n koffie- en huiswerkhoekie vir ouers en hulle kinders. Ons is baie opgewonde oor die vooruitsig van ons nuwe kontantlose vingerafdruk-sisteem. Ons doelwit is om vir elke leerder by die skool die opsie te bied om aankope te doen met sy/haar vingerafdruk. Sodoende word die onveiligheid van kontant, en alles wat daarmee gepaard gaan, totaal uitgeskakel.

Page 55: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

5.9 VOORSITTERSVERSLAG Dit was die afgelope nege jaar my voorreg om betrokke te wees by die Beheerliggaam van Laerskool Stellenbosch, die afgelope ses jaar ook as Voorsitter. My termyn as voorsitter verstryk in Maart 2018 en die tyd het aangebreek om die leisels oor te gee.Die jare “tot diens” van my alma mater was ‘n verrykende ervaring, ons strategiese fokus was die opgradering van infrastruktuur, tegnologie en personeel en verskeie hoogtepunte is bereik:

- die bou van die kultuursentrum, swembad, personeelbehuising en binnenshuise aktiwiteitsentrum in wording,

- die opgradering van die skool se sekuriteit, tennisbane, sportvelde en snoepie,- die digitale e-leer-projek,- die skep van die Ondersteun Kennis Trust,- die verdubbeling van die bedrysfbegroting in 5 jaar en die aanbou van verskeie nuwe

klaskamers,- bekwame finansiële bestuur en- verbeterde personeelvoordele.

Die bogemelde sou nie moontlik gewees het, indien ons skool nie oor ‘n sterk leierspan, toegewyde en bekwame opvoeders en deelnemende ouers beskik het nie.Onder die bekwame leierskap van mnr. Hawkie de Villiers het verskeie drome realiteit geword; weer eens ‘n bewys van wat goeie spanwerk kan bereik!Ek was ook bevoorreg om met bekwame, diensingestelde en betrokke Beheerliggaamlede te kon dien, wat my taak vergemaklik het. Ek dank elkeen van julle vir julle onbaatsugtige diens en bydraes, opoffering van tyd en die entoesiasme waarmee bedrywighede aangepak word, asook die aanbied van kundigheid om ons skool tot verdere hoogtes uit te bou.Ek stel dit met oortuiging dat ons skool met trots kan meeding met enige skool in ons land, op alle terreine - van akademie, kuns en kultuur tot sport. Verder is die fasiliteite vir ons leerders en opvoeders van hoogstaande gehalte, wat bydra tot die uitsonderlike prestasies van ons leerders op akademiese en sportgebied.Ons leerders se ingesteldheid, potensiaal en talente is ons skool se grootste bate. Ons wil graag voortbou op ons skool se grondslag, wat reeds in 1969 gelê is, in ons strewe na uitnemendheid deur:

leerders toe te rus met die vermoë tot selfstandige denke, lewensvaardighede, kommunikasievermoëns en kreatiwiteit ter voorbereiding vir die eise van 'n voortdurend veranderende en kennisgedrewe wêreld.

leerkragte wat die geskikte leeromgewing en geleenthede skep deur leerders te stimuleer, te bemagtig met kennis en die toepassing daarvan, sodat leerders tot hulle volle potensiaal kan ontwikkel.

ouers wat, in deelgenootskap met die skool, aktief betrokke is by 'n verskeidenheid van aktiwiteite en ook bydraes lewer, sodat leerders en leerkragte op hulle take kan fokus.

Page 56: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

Verantwoordelikheid – Ek is aanspreeklik vir my dade.

Respek – Ek gee om vir ander.

Integriteit – My woord is my eer.

Voortreflikheid – Ek gee elke dag my beste.

Dienslewering – Ons help mekaar.

Onvoorwaardelike aanvaarding – Ek is uniek.

FinansiesOns skool se finansies is gesond en ons skoolfonds vir 2018 is in lyn met dié van ons portuurskole en selfs minder, te wete ‘n 8,2 %-verhoging op dié van 2017.Die volledige begroting wat reeds deur die ouers en die Beheerliggaam goedgekeur is, kan op navraag by Liza Venter by die finansiële kantoor besigtig word. Vir mnr. Hawkie de Villiers en sy hele span het ek die hoogste agting en respek. Julle loop voor en leef ons leuse van “Vandag my plig!”Ek wens al ons opvoeders, leerders en ouers ’n welverdiende ruskans toe en vertrou almal sal 2018 met nuwe energie en ’n gesonde lewensuitkyk tegemoetgaan!Marthinus FourieVoorsitter: Beheerliggaam, Laerskool Stellenbosch

Baie dankie ...

♦ aan elke leerder wat ‘n bydrae maak tot die sukses van ons skool;♦ aan Stemmet Hector en die span werkers wat sorg dat die skoolterrein so netjies is;♦ aan elke lojale en betrokke ouer vir hul ondersteuning;♦ aan die OV onder leiding van me. Natasha Haasbroek, vir ure se onbaatsugtige

diens; asook ouers wat broodjies skool toe gestuur het;♦ mnr. Marthinus Fourie en sy dinamiese Beheerliggaam; ♦ Piet Steenkamp en die Gholfkomitee vir die baie ure wat hulle ingesit het;♦ al die afrigters vir die uitstekende werk wat hulle verrig het;♦ aan die ma’s van die omgee-gebedsgroep, onder leiding van me. Lenore Retief;♦ aan al die ouers o.l.v. me. Yasmine Celliers en me. Riana Hay vir werk in die

Page 57: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2017/12/... · Web viewOns het hierdie jaar die klasverteenwoordigers van elke graad gevra om ‘n ‘buddy’

Jaarverslag 2017 | LAERSKOOL STELLENBOSCH

gesondheidsnoepie;♦ me. Carin Viljoen vir die uitstekende diens van die Klerebank;♦ me. Karlien Sigge en haar span vir die bestuur van die Skatkamer;♦ al die ouers wat gesorg het dat die voorportaal altyd so pragtig lyk en vir die

kospakkies wat elke dag getrou afgelewer word;♦ me Stefanie Hough en haar span vir ‘n uitstekende Revue;♦ me. Leana Russouw en al haar helpers van die Ina Paarman-

fondsinsamelingsprojek;♦ ouers wat help met vervoer;♦ mnr. Carine Comerma vir die uitstekende bestuur van sport;♦ ons sekretaresses, me. Sunette Marais, me. Leana Russouw, me. Liza Venter en

me. Elmarie Stoeder♦ my regterhande, mnr. Jacques Horne en me. Johannita Kruger (adjunkhoofde);♦ ons departementshoofde, mnr. Renaldo Payne, me. Carine Mocke, Adiska du Preez

en Barbara Greeff;♦ die personeel!!! Ons kinders is bevoorreg om opvoeders van sulke kwaliteit te hê.

ONS DANK AAN ONS HEMELSE VADER WAT HIERDIE SKOOL SO MILDELIK SEëN!!’n Geseënde Kersfees en voorspoedige nuwe jaar word u toegewens.

Hawkie de Villiers