leef die goeie lewe met platinum bankdienste van absa€¦ · geld by 'n otm te trek of om aankope...

17
Platinum Bankdienste Platinum e-Tydskrif Uitgawe #63 November 2014 Leef die goeie lewe met Platinum Bankdienste van Absa In Hierdie Uitgawe Wees kommervry oor jou geldsake met jou buitelandse reis Spesiale aanbod van Kasha Boetiek Hotel, Zanzibar Wat is Fairtrade Suid- Afrika? Die belangrikheid van gesonde eetgewoontes Sibusiso Vilane - 'n ware baanbreker en hedendaagse avonturier Wen een van 3 dubbelkaartjies vir Kamers vol geskenke in Irene! Hoe verskil winsdeling van rente? Wees bewus van jou opsies as dit by krediet kom Gaan na Platinum Bankdienste Kontak Ons Meer Platinum Nuus

Upload: others

Post on 27-Jan-2021

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • Platinum Bankdienste

    Platinum e-Tydskrif Uitgawe #63 November 2014

    Leef die goeie lewe met Platinum Bankdienste van Absa

    In Hierdie Uitgawe

    Wees kommervry oor jou geldsake met jou buitelandse reis

    Spesiale aanbod van Kasha Boetiek Hotel, Zanzibar

    Wat is Fairtrade Suid-Afrika?

    Die belangrikheid van gesonde eetgewoontes

    Sibusiso Vilane - 'n ware baanbreker en hedendaagse avonturier

    Wen een van 3 dubbelkaartjies vir Kamers vol geskenke in Irene!

    Hoe verskil winsdeling van rente?

    Wees bewus van jou opsies as dit by krediet kom

    Gaan na Platinum Bankdienste

    Kontak Ons Meer Platinum Nuus

  • “Hoewel dit 'n goeie idee is om 'n klein hoeveelheid kontant byderhand te hou vir onverwagse uitgawes soos taxi's, moet die grootste deel van jou geld in 'n ander formaat gehou word.”

    Wees kommervry oor jou geldsake met jou buitelandse reis

    Die beplanning van 'n buitelandse reis is dikwels terselfdertyd opwindend en stresvol. Met 'n magdom takies om af te handel, is geld die laaste ding waaroor jy jou wil bekommer. Sonder behoorlike finansiële beplanning kan 'n droomreis egter in 'n nagmerrie ontaard.

    Om finansiële probleme in 'n ander land te voorkom, beteken dit dat jy jou huiswerk moet doen voor jy vertrek.

    Slim reisigers weet hoe om probleme te voorkom. Hulle soek die beste transaksie by die aankoop van buitelandse valuta, hulle hou die valutabeheerregulasies in gedagte, en hulle verstaan veiligheids- en sekuriteitsaspekte van gerieflike besteding en die vermindering van die risiko van verlies of diefstal.

    Wees op die uitkyk vir die

    beste transaksie

    'n Goeie beginpunt by die aankoop van buitelandse valuta is om van 'n geldeenheidomsetter op die internet gebruik te maak (probeer www.exchange-rate.com). Sleutel die bedrag geld wat jy vir die reis opsy gesit het in, en skakel dit om na die geldeenheid wat jy benodig. Dit sal jou die interbankmarkkoers gee wat internasionale banke op 'n daaglikse basis bied. Die omsettingskoers wat deur die omsetter bereken word, sal verskil van die koers wat deur plaaslike en aanlyn-verskaffers soos banke, reisagente en buro's gebied word, aangesien hulle bykomende koste en kommissie hef. Jou doel is om die koers te kry wat die naaste aan die standaard interbankkoers is.

    As 'n gereelde reisiger, sê Peter Chalder-Wood van valuta-rate.com dat hy dikwels die beste wisselkoerstransaksies by aanlynverskaffers (maar jy moet wag vir die geld), en die swakste transaksies by lughawens se buro's kry. Doen jou eie huiswerk en nader ook jou bank vir 'n bevredigende transaksie.

    Ken die reëls

    Jy wil nie voor jou reis of met jou terugkeer met die gereg bots nie. Dit is belangrik om te weet dat alle buitelandse valuta-transaksies in Suid-Afrika aan valutabeheerregulasies soos bepaal deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank onderhewig is. Absa se afdeling vir internasionale bankwese beklemtoon sommige van die belangrike punte:

    • Die SA Reserwebank stel 'n jaarlikse bedrag vas wat volwassenes, kinders en sakelui na die buiteland mag neem. Vind by jou bank uit wat die huidige beperking is.

    • Ooreenkomstig die huidige plaaslike regulasies mag jy nie jou buitelandse valuta meer as 60 dae voor jou vertrek ontvang nie.

    • Jy sal slegs jou reistoelae ontvang as jy in besit van 'n geldige passasierskaartjie, e-kaartjie of elektroniese vlug-koopbewys en 'n paspoort is.

    • Volgens wet moet reisigers met hul terugkeer na Suid-Afrika hul buitelandse valuta omruil. (Met die "sagte" geldeenhede van Oos-Europa en die meeste Afrika-lande sal hierdie banknote waardeloos of byna onmoontlik wees om uit te ruil met jou terugkeer van jou reis. Absa International Banking stel voor dat jy dit spandeer of na 'n sterk geldeenheid soos die Amerikaanse dollar omskakel voor jy na Suid-Afrika terugkeer.)

    Hou dit gerieflik en veilig

    Geen ervare reisiger wil met 'n beursie vol kontant rondloop nie. Hoewel dit 'n goeie idee is om 'n klein hoeveelheid kontant byderhand te hou vir onverwagse uitgawes soos taxi's, moet die grootste deel van jou geld in 'n ander formaat gehou word – en om die risiko te verminder, verkieslik in meer as een formaat.

    Daar is 'n verskeidenheid produkte beskikbaar, soos die tradisionele en veilige reisigerstjeks wat geredelik in sekere lande deur agente aanvaar word (maak seker dat jy op hoogte bly van die nuutste opdaterings by www.americanexpress.com/useTC). Sommige agente verhandel die reisigerstjeks op 'n kommissie-vrye basis en bied redelike wisselkoerse. Reisigerstjeks verval nooit nie en in die geval van verlies of diefstal kan hulle binne 24 uur terugbetaal word.

    Deesdae is reisigers egter geneë om meer gerieflike opsies soos vooruitbetaalde reiskaarte te kies. Dit word soos 'n debietkaart gebruik, en Absa se Cash Passport is 'n goeie voorbeeld hiervan. Die buitelandse valuta word vooraf op die kaart gelaai, gereed om 24 uur per dag gebruik te word om geld by 'n OTM te trek of om aankope by winkels, restaurante en hotelle te doen. Jy kan ook saldonavrae doen om te monitor hoeveel jy spandeer het en hoeveel geld nog beskikbaar is. Hierdie kaarte bied oor die algemeen beter wisselkoerse en laer fooie as reisigerstjeks. Die ondersteuningsdienste wat jy geniet terwyl jy in die buiteland is sal jou ook die nodige gemoedsrus gee.

    Om jou debiet- en kredietkaarte (gekoppel aan jou bankrekenings by die huis) saam te neem is 'n derde opsie, maar moet verkieslik slegs in nood gebruik word, as gevolg van swak wisselkoerse en 'n hoë koste in die buiteland.

    Toeriste in die buiteland is dikwels 'n teiken vir misdadigers. Hulle word as welgesteld beskou omdat hulle kan bekostig om te reis. Hier is 'n paar praktiese wenke om te voorkom dat jy 'n slagoffer word:

    • Dra jou geld, tjeks of kaarte in 'n geldband om jou lyf en bedek dit onder jou klere.

    • Neem net die bedrag wat jy verwag om daardie dag te gebruik op jou daaglikse uitstappies – en moenie ten toon stel wat jy het nie. Maak seker die res is in jou hotelkamer se kluis toegesluit.

    • Wees bedag op vervalste note.

    • Gaan altyd jou kleingeld na. Sommige handelaars probeer toeriste kul wat gewoonlik onbekend met die plaaslike geldeenheid is.

    • Maak afskrifte van jou paspoort, vlug/reisdokumente, bankkaarte en die aankoopooreenkoms vir jou reisigerstjeks ‒ dit sal sake aansienlik vergemaklik in die geval van diefstal, verlies of noodgevalle.

    Foto's - iStock

  • “Die hotel is op die rotse geleë wat op die oseaan uitkyk en dit waarborg absolute privaatheid en onvergeetlike, eindelose uitsigte oor die Indiese Oseaan.”

    Spesiale aanbod van Kasha Boetiek Hotel, Zanzibar

    Ervaar die uiterste elegansie, intimiteit, rustigheid en ontspanning wat hierdie unieke toevlugsoord as wegbreekplek op 'n tropiese eiland bied. Zanzibar, bekend as die 'Spesery-eiland', roep beelde op van 'n eksotiese paradys met wit strande omsoom met palms en turkoois inhamme, dromerige klein bootjies met wapperende wit seile en antieke Islamitiese ruïnes.

    Dit kombineer Arabiese stegies en historiese monumente met koraalriwwe en uitstekende duik- en snorkelgeleenthede.

    Zanzibar het eeue lank handelaars, avonturiers, plunderaars en ontdekkingsreisigers na sy kus gelok. Vooraanstaande Europese ontdekkers reisigers Burton, Speke, Krapf, Reubman, Stanley en Livingstone het hul ontdekkingsreise na die vreemde aan die strande van Zanzibar-eiland afgeskop. Dit het begin by die Assiriërs, Chinese en later die Portugese, Nederlanders en die Engelse, maar uiteindelik sou die Perse en Omaan-Arabiere hier nesskop en vandag steeds die eiland regeer.

    Zanzibar is ’n onweerstaanbare aantrekking vir diegene wat ’n hemelse strandvakansie of ’n verkenning van sy eksotiese herkoms - of ’n bietjie van beide - soek. Zanzibar is 35km vanaf die ooskus van Tanzanië geleë en is ’n groep eilande wat uit die hoofeiland Unguja (algemeen bekend as Zanzibar), Pemba-eiland, bekend vir sy diepseehengel, en ongeveer 50 kleiner omliggende eilande en koraalriwwe bestaan.

    Zanzibar is geseënd met skitterende wit strande, met die warm turkoois waters van die Indiese Oseaan wat daaroor spoel. Saam bied dit die perfekte plek om te ontspan, loslit te raak en deurweek te word met die hitte van die son. Die strande, wat as ‘die paradys’ beskryf word, word onderbreek met ouwêreldse vissersdorpies waar die lewe oor vele jare onveranderd gebly het. In die noorde van Zanzibar groei piesangpalms, mangoboorde en kokosneutbome aan die kante van die paaie. Dit is ook dié plek in Zanzibar waar die kenmerkende klein bootjies gebou word en hierdie tradisionele bootjies met hul groot wit seile kan oraloor gesien word.

    Toere in en om Zanzibar is ’n lonende ervaring met beide natuurlike skoonheid en kulturele besienswaardighede in oorvloed. Stone Town is een van die hoogtepunte. Dit is die ou stad van Zanzibar en die kulturele hart waar bloedweinig die afgelope 200 jaarverander het. Dit is ’n plek van kronkelende stegies, lewendige markte en swierige geboue en moskees en dit spog met die huis van wonders, die paleismuseum, Dr Livingstone se huis en ’n Arabiese vesting.

    Kasha Boetiek Hotel

    Die Kasha Boetiek Hotel is geleë in die noord-ooste van Zanzibar met ’n uitsonderlike uitsig op die Mnemda Atoll, en die Indiese Oseaan in die agtergrond. Kasha Boetiek Hotel het 11 uitsonderlike villas in Swahili-Arabies styl, elk met ’n baraza (buitelugsitkamer),

    plasswembad en ’n panoramiese see-uitsig met net die geluide van die koel wind en branders wat liggies teen die koraalrif klots om die kommer van die alledaagse lewe weg te streel.

    Gedurende laagwater is die witsandstrand toeganklik met trappe en gedurende hoogwater kan die oseaan met ’n houtwandelpad bereik word. Die hotel is op die rotse geleë wat op die oseaan uitkyk en dit waarborg absolute privaatheid en onvergeetlike, eindelose uitsigte oor die Indiese Oseaan.

    Elke luukse kamer is elegant versier in stylvolle Niru-bybehore en Islamitiese teëls wat die tipies Swahili-styl huise wat in Stone Town geleë is, uitbeeld. Die kalm kleure, smaakvolle bybehore en sjiek atmosfeer bied ’n rustige ervaring, ideaal vir vakansiegangers wat op soek is na ’n eksklusiewe oomblik van kalmte. Koningsgroottebeddens, en-suite badkamers, kluise in die kamers, koffie- en teefasiliteite, ’n klein yskas en ’n platskerm TV is maar ’n paar van die geriewe wat in die kamers beskikbaar is.

    Aangesien dit ’n klein hotel is, bied Kasha verpersoonlikte en vriendelike diens van die hoogste gehalte en elke gas kry daardie huis-weg-van-die-huis-af-ervaring. Die bestuur sowel as die personeel is daartoe verbind om gaste se welstand en tevredenheid ten alle tye te verseker.

    Die Sama-restaurant bied ’n spyskaart wat al die smake en geure van Zanzibar weergee en gebruik al die plaaslike produkte wat op die eiland beskikbaar is. Die hotel glo dat kos ’n belangrike deel is van mens se vakansie-ervaring en die hotel se kookkuns neem gaste op ’n kosreis deur Zanzibar en die Swahili-kultuur.

    Die hotel se swembad en kroeg wat aan die seekant geleë is, bied ’n ongelooflike panoramiese uitsig oor die strandmeer en die dosyne visbootjies wat elke dag verby Kasha vaar verseker ’n unieke daaglikse gesig. Middagtee/-koffie en drankies in die maanlig word by die swembad bedien.

    Die Lala-spa bied lyfkure, gesigsbehandelings, masserings en holistiese behandelings met olies wat plaaslik vermeng word vir uiterste ontspanning en liggaamlike welstand. Alle behandelings word in ’n oop omgewing gedoen wat deur koel seebriesies, tjirpende voëls en die klots van water teen die rotse gedefinieer word. Hierdie harmonie met die natuur maak hierdie ervaring beide natuurlik en vervullend.

    www.kasha-zanzibar.com

    *Besonderhede van spesiale aanbiedinge

    Pakket 1

    • Betaal vir 3 nagte en bly vir 4• R15 328 per persoon wat deel vir 4 nagte• Aanbod geldig tot 19 Desember 2014• Skakel asseblief die Traveldesk by 087 285 3601 vir besprekings

    Pakket 2

    • Betaal vir 3 nagte en bly vir 4• R19 293 per persoon wat deel vir 4 nagte• Aanbod geldig vanaf 7 Januarie 2015 tot 16 Maart 2015• Skakel asseblief die Traveldesk by 087 285 3601 vir besprekings

    Beide pakkette sluit die volgende in:

    • Retoervlugte op Mango wat van OR Tambo vertrek – pakkette is geldig vir vertrek op ’n Dinsdag en terugkeer op ’n Saterdag

    • Retoer vervoer tussen die lughawe en die hotel• Akkommodasie• Ontbyt, middagete en aandete, plus gratis gebottelde water, tee en koffie gedurende die dag

    Vir navrae en besprekings, skakel Good Taste Travel by 086 111 1120

    *Standaardbepalings en -voorwaardes geld en kan gekry word by www.goodtastetravel.co.za.

    Foto's - www.kasha-zanzibar.com

  • “Ek vergelyk altyd die tydperk voor Fairtrade met die huidige en dit is soos dag en nag.”

    Wat is Fairtrade Suid-Afrika?

    Fairtrade is 'n etiese sertifiseringstelsel met die doel om gelykheid en volhoubaarheid in die landbousektor te bevorder. Plaaslike verkope van Fairtrade-etiketprodukte het met 'n rekord 22% tot R287 miljoen in 2013 gegroei en volgens Arianna Baldo, Uitvoerende Direkteur van Fairtrade Label in Suid-Afrika, is hierdie dubbelsyfergroei hoofsaaklik die resultaat van wyer ondersteuning van die bedryf en breër verspreidingsnetwerke.

    Baldo verduidelik dat ʼn produk wat die Fairtrade-etiket vertoon aan streng Fairtrade-standaarde voldoen, wat fokus op die verbetering van arbeid- en lewensomstandighede van plaasgemeenskappe en die bevordering van boerderypraktyke wat nie die mens of omgewing skade berokken nie.

    Fairtrade Suid-Afrika sertifiseer landboukommoditeite soos wyn (ongeveer twee derdes van alle Fairtrade-wyne wat internasionaal verkoop word, kom uit Suid-Afrika), koffie, tee, suiker, kakao, katoen, vars vrugte, heuning en neute, en werk tans daaraan om die produkreeks wat aan die plaaslike mark beskikbaar is, uit te brei. ‘Ons fokus in Suid-Afrika is plaaslike produkte en produkte uit Afrika wat dus die aandeel van suid-suid handel op Fairtrade-voorwaardes verhoog. Ons werk tans aan suikerriet en ons verwag dat Fairtrade-suiker teen die einde van die jaar beskikbaar sal wees. Hierdie suiker sal van ʼn koöperasie van 600 kleinskaalboere in KwaZulu-Natal kom’ sê Baldo.

    Fairtrade Labelling Organisations International (FLO), nou bekend as Fairtrade International, is in 1997 in Bonn (Duitsland) gestig om verskeie etiket-inisiatiewe onder een sambreel te verenig en om wêreldwye standaarde en sertifisering te vestig. Fairtrade International het in 2002 die Fairtrade-sertifiseringsmerk bekendgestel om sigbaarheid op supermarkrakke te verbeter, oorgrenshandel te fasiliteer en uitvoerprosedures vir produsente en uitvoerders te vereenvoudig. Fairtrade Label South Africa (FLSA) is in 2009 gestig en vir die eerste keer bevorder ʼn produsentland Fairtrade aktief in die plaaslike mark.

    Fairtrade is ʼn alternatiewe handeldryfmodel wat handel met bemagtiging en volhoubare ontwikkeling kombineer. Daar is 1 139 produsentorganisasies en meer as 2 000 handelsvennote in die wêreld wat Fairtrade-gesertifiseer is. Alle boere en handelaars word jaarliks geoudit deur FLO-Cert, die onafhanklike sertifiseringsliggaam vir Fairtrade, gestig in 2004 en is ISO65-geakkrediteer. ‘Met Fairtrade word die totale aanbodketting nagegaan – van die landery tot wanneer die produk verpak word en gereed is vir verbruik’ sê Baldo.

    Uniek aan Fairtrade, benewens sy streng sosiale en omgewingstandaarde, is die Fairtrade Development Premium (FDP). Die FDP is ʼn bemagtigingsmiddel wat gebruik word om meer gelykheid en volhoubaarheid in die

    landbousektor te bereik. Benewens hul Fairtrade-aankoop, betaal die handelaars ook die FDP. Dit word ontvang en gebruik deur die eind-begunstigdes van Fairtrade; die kleinhoewelidboere in die geval van ʼn koöperasie (wat bv, koffie of rooibos produseer), of plaaswerkers in die geval van ʼn kommersiële plaas (wat wyn, ens. produseer).

    Hierdie begunstigdes besluit demokraties hoe om die FDP te bestee, gebaseer op die unieke behoeftes van die gemeenskap. FDP’s is ʼn sterk ontwikkelingsmiddel, wat gemeenskapslede bemagtig om in sosiale en ekonomiese projekte te investeer om hulle eie lewens te verbeter. Van opvoeding tot oogsorg, tot mikro-uitlening en sokkervelde, help die FDP om boerderygemeenskappe regoor Suid-Afrika te transformeer.

    Volgens ʼn navorsingsverslag deur Fairtrade is meer as R12 miljoen deur Fairtrade-gesertifiseerde plase in 2013 via FDP’s in Suid-Afrika ontvang, met ongeveer 120 projekte wat ingestel is om die lewens van ongeveer 6 000 direkte begunstigdes te verbeter. Uitgebreide families en gemeenskappe van laasgenoemde, wat ongeveer 30 000 beloop, is ook direk bevoordeel.

    Die voordele van Fairtrade aan klein produsente word deur Barend Salomo, die Besturende Direkteur van die Wupperthal Oorspronklike Rooibos Koöperasie naby Clanwilliam in die Wes-Kaap opgesom: ‘Sonder Fairtrade was daar geen toekoms vir ons in rooibosboerdery in Wupperthal nie. Fairtrade waarborg ons ʼn minimumprys vir ons produk wat beduidend hoër is as die algemene markprys. Trouens, al ons kliënte betaal ons tans omtrent twee keer soveel of meer as die markprys. Mense glo ons dikwels nie as ons sê daar is geen regeringsbefondsing in ons gebou, ons teehof of ons ko-op nie. Dit is as gevolg van Fairtrade dat ons dit bereik het. Ek vergelyk altyd die tydperk voor Fairtrade met die huidige en dit is soos dag en nag.’

    Foto's - iStock

  • “Volhoubare gewigsverlies kan bereik word deur spesifieke negatiewe aspekte van jou eetgewoontes te identifiseer en te teiken.”

    Die belangrikheid van gesonde eetgewoontes

    Volgens Shelly Meltzer, 'n geregistreerde dieetkundige by Shelly Meltzer and Associates, 'n dieetkundige praktyk wat aan die Suid-Afrikaanse Instituut vir Sportwetenskap verbonde is, is meer as die helfte van die Suid-Afrikaanse bevolking oorgewig of vetsugtig. Die tempo van vetsug neem toe, plaaslik en internasionaal, met die voorkoms van die toestand in adolessente seuns wat die afgelope ses jaar verdubbel het.

    Susan Scharf ʼn geregistreerde dieetkundige by Susan Scharf and Associates sê dat 56% van vroue en 29% van mans van alle rassegroepe in Suid-Afrika oorgewig of vetsugtig is. Vetsugtigheid by kinders is ʼn groot bekommernis, met 23% van meisies en 10% van seuns in die ouderdomsgroep 10-14, en 27% van meisies en 9% van seuns in die ouderdomsgroep 15-17 wat oorgewig of vetsugtig is.

    Die algemeenste maatstaf van vetsugtigheid is die liggaamsmassaindeks (LMI), gedefinieer as gewig in kilogram gedeel deur lengte in vierkante meter, dus LMI = gewig (kg) / lengte (m²). ’n LMI van 18,6 tot 24,9 is in die normale omvang, ʼn LMI van 25 tot 29,9 dui oorgewig aan terwyl ʼn LMI van meer as 30 ʼn aanduiding van vetsugtigheid is. Meltzer verduidelik dat terwyl LMI ʼn nuttige maatstaf van vetsugtigheid is, moet dit slegs as ʼn gids gebruik word wanneer individuele gevalle gemeet word aangesien dit nie die persoon se liggaamsamestelling ooreenkomstig vet- of spierweefsel in ag neem nie. Meting van omtrek van die middellyf en velvoudikte en bio-elektriese skynweerstandanalise (BSA), wat liggaamsvetpersentasie meet, is ander maniere waarvolgens oorgewig gemeet kan word. ʼn Vrou se liggaamsvetpersentasie behoort minder as 30% te wees, terwyl die van mans onder 24% behoort te wees.

    Vetsug werk nadelig in op jou gesondheid deur jou risiko van koronêre hartsiekte, hipertensie, diabetes en sekere tipes kanker, slaap-apnee, osteoartritis en sielkundige kwale te verhoog. Scharf voeg rug-, heup-, voet-, gewrig- en vrugbaarheidsprobleme by hierdie lys. ‘Die risiko van hierdie probleme begin wanneer ʼn persoon slegs effens oorgewig is, en die waarskynlikheid verhoog hoe meer gewig bygesit word’ sê Meltzer.

    Die hoofoorsaak van vetsug is ʼn wanbalans tussen die hoeveelheid energie wat ingeneem word en die hoeveelheid energie wat gebruik word. ‘Alle kos bevat energie en ʼn persoon se liggaam gebruik energie om te funksioneer. Wanneer ʼn persoon meer kos eet as wat hulle nodig het om te funksioneer, word die ekstra energie as vet gestoor wat vetsug tot gevolg

    het. In die algemeen eet mense te veel van meeste kosse, veral kosse met oormaat vet en suiker,’ sê Scharf.

    Volgens Meltzer het elke individu ʼn unieke genetiese samestelling wat hulle vatbaar maak vir vetsug: ‘Jy dra ʼn groter risiko van oorgewig as een of beide van jou ouers oorgewig is. Dit kan vererger word deur ʼn ongesonde huishoudelike omgewing en aangeleerde leefstylgedrag.’ Leefstylgewoontes wat die risiko van vetsug verhoog, sluit in die gereelde inname van suikerdrankies, kitskos eet, tekort aan fisiese aktiwiteit en verhoogde sittende tyd, ooreet as gevolg van emosionele kwessies, alkoholverbruik, stres en slaaptekort.

    Meltzer sê dat algemene mites oor vetsug en gewigsverlies is dat jy gewigsverlies in ʼn bottel kan koop: ‘Daar is geen so ʼn toweroplossing in ʼn produk wat oor die toonbank gekoop word nie,’ en dat jy gewig kan verloor deur oefening sonder om jou eetgewoontes te verander. ʼn Energietekort word makliker bereik deur dieet in vergelyking met oefening; om egter die verlies van lenige liggaamsmassa te voorkom en jou metabolisme te verhoog, moet jy oefeninge doen.

    Volhoubare gewigsverlies kan bereik word deur spesifieke negatiewe aspekte van jou eetgewoontes te identifiseer en te teiken. Die byhou van ʼn kosdagboek om probleemareas te identifiseer is veral nuttig. Dit is noodsaaklik dat ʼn plan prakties is en kosaankope, begrotingbeperkings, kosvoorbereiding, voorkeure en begroting, sosiale verpligtinge, mediese en dieetgeskiedenis, werk en sportaktiwiteite asook reis in ag neem. ‘Dit vereis gedragsverandering, gereelde fisiese aktiwiteit en ʼn ondersteunende omgewing, wat alles belangrike faktore is om ʼn gesonde liggaamsgewig te bereik en in stand te hou. Gewigverliesdoelwitte behoort realisties te wees – stadiger gewigverlies ondersteun deur oorkoepelende leefstylveranderings is meer geneig om volhoubaar te wees. '’n Geregistreerde dieetkundige kan jou dieet beoordeel en ʼn plan vir jou verpersoonlik' sluit Meltzer af.

    Foto's - iStock

  • “Die ekspedisie het genoeg geld ingesamel om 300 opwen- en sonkraggedrewe radio’s aan huishoudings in Mpumalanga, waar kinders aan die hoof staan, te verskaf.”

    Sibusiso Vilane - 'n ware baanbreker en hedendaagse avonturier

    Sibusiso Vilane is 'n uitsonderlike rolmodel wat eenvoudig geweier het om toe te laat dat sy beskeie begin hom daarvan weerhou om een van die grootste avonturiers in die wêreld te word. Nadat hy die Sewe Kruine-uitdaging voltooi het deur die hoogste kruine op al die kontinente te verower, is hy deur sy vriend, die Britse avonturier, Sir Ranulph Fiennes aangemoedig om die veeleisende Three Poles-uitdaging aan te durf.

    Toe hy in vroeg 2012 tot by die Noordpool gestap het, het dit beteken dat Vilane, ’n motiveringspreker, bergklimmer en ekspedisiegids en -leier een van die min mense ter wêreld geword het wat Berg Everest geklim, en sonder hulp na beide die Noord- en Suidpool gestap het en ysige temperature van minus 40 grade en verwoede sneeustorms in die proses getrotseer het.

    Hierdie pa van vier wat in 2012 ’n volwaardige lid van die British Alpine Club geword het en in Desember van daardie jaar aangestel is as Hoof Padvinder van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Padvinders, noem as een van die vele hoogtepunte van sy loopbaan dat hy tydens ’n spesiale funksie wat gehou is ter ere van diegene wat by bergklimmery, avontuur en verkenning betrokke is, aan die Koningin van Engeland voorgestel is.

    Vilane, wat ook ’n hele paar Comrades agter die rug het, is gebore in Shongwe Mission, in Mpumalanga, voordat hy saam met sy ma en suster Swaziland toe getrek het. Vilane het daar vir sy familie gesorg deur bokke op te pas. Hy het eers op die gevorderde ouderdom van 11 skool toe gegaan. Sy ervaring as bokoppasser het hom gehelp om in 1993 werk te kry as wildwagter in die Malolotja Natuurreservaat in Swaziland. Dit is waar hy die voormalige Britse Hoë Kommissaris, John Doble ontmoet het wat sy vriend en weldoener geword het nadat Vilane hom op ’n begeleide staptog vergesel het.

    Doble het Vilane aan bergklim voorgestel deur hom in 1996 uit te nooi om saam met hom in die Drakensberge te klim. Deur sy toedoen is die nodige borgskappe verkry vir Vilane se eerste poging in 2003 om Everest te klim. Toe Suid-Afrikaanse President, Thabo Mbeki, het Vilane in 2006 op sy prestasie en uithouvermoë gelukgewens. Mbeki het genoem dat Vilane hierdeur bewys het watter hoogtes ons almal in die lewe kan bereik as ons skouer aan die wiel sit en werk sonder om te laat slaplê. Hy het gesê dat Sibusiso ons trots gemaak het en aan hom die Orde van Ikhamanga (Brons) toegeken. Dit beteken dat Vilane die eretitel ‘OIB’ agter sy naam kan skryf.

    In 2005 het Vilane weer die kruin van Everest bereik saam met Sir Ranulph Fiennes en mede

    Suid-Afrikaanse bergklimmer Alex Harris. Hierdie keer het hulle van die North Ridge-kant af tot by die kruin geklim. Dit is die moeiliker en statisties minder suksesvolle roete. Hierdie tweede ekspedisie was baie meer veeleisend as Vilane se eerste poging. Slegte weer en verwoede winde het die ekspedisie vir bykans twee maande gestrand, maar hulle het uiteindelik die kruin bereik. Hierdie prestasie het beteken dat Vilane die eerste swart Afrikaan geword het om die wêreld se hoogste kruin twee maal te bestyg en langs twee verskillende roetes. Drie liefdadigheidsorganisasies vir kinders het voordeel getrek uit hierdie poging - die Birth to Twenty-navorsingsprogram by Wits Universiteit, die Afrika Stigting en die SOS Children's Village in Swaziland.

    As Vilane in sy outobiografie To the Top from Nowhere, sy afklim na die basiskamp tydens sy tweede suksesvolle poging beskryf, onthul hy dat hy baie na aan die dood gekom het. Nadat sy kos, water en suurstof opgeraak het, het Vilane agter geraak maar gelukkig het die ekspedisieleier opgelet dat Vilane besig was om agter te raak en ’n Sjerpa gestuur om na hom te gaan soek. Die Sjerpa het hom gevind en vir hom water en kos gegee en daardeur sy lewe gered. Hy noem dat 'die duiwel se musiek' baie duidelik geklink het en dat die berg hom geroep het om vir ewig by haar te kom lê. Sy (die berg) het soveel energie gehad, het so lewendig gevoel, asof sy hom, soos soveel ander klimmers, gaan verteer, skryf Vilane in sy boek. Hy verduidelik dat hy toe verstaan het dat die oorweldigende begeerte om te rus en slaap die einde beteken het vir baie wat op die hange van die berg gesterf het.

    Vilane, wat sedert 1995 met Nomsa getroud is, is sedert 2006 die Afrika ambassadeur vir die NRO Lifeline Energy (www.lifelineenergy.org) en het die 1 113 kilometers wat hy tot by die Suidpool getrek het, aan die kinders van Suid-Afrika opgedra. Die ekspedisie het genoeg geld ingesamel om 300 opwen- en sonkraggedrewe radio’s aan huishoudings in Mpumalanga, waar kinders aan die hoof staan, te verskaf. Vilane sê dat die toekoms ten volle afhang van kinders se opvoeding en hul toegang tot inligting om hulle denke en begrip van die voortdurend veranderende en uitdagende wêreld te verbreed.

    Foto's - Bo: www.firstascent.co.za; middel en onder: iStock

  • Wen een van 3 dubbelkaartjies vir Kamers vol geskenke in Irene!

    Kamers is in sy twaalfde jaar van besigheid doen, word ten volle deur vroue bedryf en maak elke jaar 'n groter impak op SA ontwerp en ondernemerskap. In 2013 het Kamersnasionaal 41 600 besoekers na drie uitstallings gelok.

    Besoekers het die kreatiewe vertoon van 250 uitgesoekte plaaslike uitstallers geniet. Benewens ontwerp, is smullekker kos, wyn en lewendige musiek ook 'n sterk komponent van die Kamers-ervaring.

    Pas terug van die hoogs suksesvolle geleentheid in November by Webersburg in Stellenbosch, is Kamers vanaf 2 tot 7 Desember terug in Irene, Pretoria by die Open Window School of Visual Communication.

    Moenie Suid-Afrika se kosbare skat van handgemaakte kreatiwiteit misloop nie en kom geniet ’n keur van Suid-Afrika se beste, oorspronklik-ontwerpte ware vanaf juweliersware, fynproewer-kosprodukte, keramiekware en sagtestoffeerstowwe tot dekor bybehore, tuintoerusting en ontwerpersklere en -bybehore van verskaffers wat vir hierdie geleentheid uitgesoek is.

    Die Kamers-span is welbekend vir hul innoverende keuse van kreatiewe talent en varsprodukte-idees en stal werk van onafhanklike ontwerp- en handwerkskeppers uit in die vorm van ’n grootskaalse opwip kleinhandelsgeleentheid. ’n Baie belangrike aspek van die uitstalling is om produkte te ondersteun en ontwikkel en om skeppers en jong ondernemers te bevorder. Kamers skep ’n platform wat aan uitstallers maksimum blootstelling bied vir toekomstige besigheid en vestig dus so hul handelsmerke in die mark. Die Kamers-ervaring inspireer ook besoekers om hul eie kreatiewe potensiaal te verken.

    Kom en ervaar ontwerp uit die hande van SA se nuutste talent, kos en wyn van die beste vakmanne en lewendige musiek uit die hart uit.

    Die eerste drie lesers om ’n e-pos na [email protected] te stuur, sal elk ’n dubbelkaartjie ontvang om die Irene-geleentheid by te woon.

    Besonderhede van die geleentheid

    • Plek: Open Window, Irene, Pretoria• Dinsdag, Woensdag, Donderdag en Saterdag van 09:00 – 17:00, en Vrydag tot 19:00• Sondag is uitverkopingdag en die geleentheid eindig om 15:00• Toegang: R60 by www.facebook.com/kamersvol en R75 by die hek

    Foto's - www.facebook.com/kamersvol; Geneviève Fundaro

  • “Die keuse van watter bankrekening om te gebruik is aan enigeen beskikbaar en baie nie-Moslems kies Islamic Banking. ”

    Hoe verskil winsdeling van rente?

    Baie mense is verward oor hoe die proses van winsdeling-uitbetalings op Islamitiese bankdiensterekenings van die proses van rente-uitbetalings op konvensionele rekenings verskil. Hoewel die eindresultaat feitlik dieselfde is, is die proses totaal verskillend.

    As ons ’n 32-Dae Kennisdeposito Spaarrekening as voorbeeld gebruik, is die verskille soos volg:

    Waarborge

    By die konvensionele rekening word die rentekoers aan die begin van die finansiële jaar vasgestel. Dit is onmoontlik om wins te voorspel, dus kan geen waarborge gegee word ten opsigte van hoeveel wins aan die einde van elke finansiële jaar op Islamitiese rekenings betaal gaan word nie. In plaas daarvan, kan Islamitiese banke aan kliënte die geskiedenis wys van die winsdeling wat oor die afgelope jare op daardie spesifieke tipe rekening uitbetaal is. Dit bied aan die kliënt ’n redelike idee van wat hy of sy kan verwag om as winsdeling te ontvang.

    By die konvensionele rekening word beide kapitaal en rente gewaarborg. By die Islamitiese rekening word nóg die kapitaal nóg die wins gewaarborg. Islamitiese Reg vereis dat die vennootskap tussen die bank en die kliënt ten opsigte van spaarprodukte gedeelde risiko en beloning insluit. Daar is verskeie lae van oorsig om te verseker dat die bank en die kliënt se beleggings veilig is, maar volgens Islamitiese Reg kan kapitaal nie by ’n spaarrekening gewaarborg word nie.

    Betaling

    Rente word maandeliks by die konvensionele rekening inbetaal, terwyl wins slegs aan die einde van die finansiële jaar bereken en uitbetaal kan word. Dit beteken dat konvensionele rekenings enige tyd gesluit kan word sonder dat die belegger enige van die betaalbare rente verbeur. Die Islamitiese rekening moet oopbly tot die betalingsdatum vir winsdeling. In die geval van Absa Islamic Banking is dit 25 Januarie elke jaar.

    Die konvensionele rekening betaal rente op grond van ’n glyskaal waar mense wat groter beleggings het ʼn hoër rentekoers kry as diegene met kleiner beleggings. Die Islamitiese rekening gebruik nie ’n glyskaal nie. Ongeag hoe groot of klein die bedrag is wat die kliënt spaar, die winsdelingspersentasie is altyd dieselfde.

    Beleggingsbeleid

    Konvensionele banke kan geld belê waar hulle ook al meen hulle die beste opbrengs kan kry. Islamitiese banke belê slegs fondse in daardie beleggings wat aan Islamitiese Reg voldoen. Dit beteken geen beleggings in industrieë wat moontlike gevare vir die mensdom in hou nie soos, onder andere, die alkohol-, tabak- en dobbelbedryf. Islamitiese banke word ook verbied om in maatskappye te belê wat ’n hoë skuld-ekwiteit-verhouding het. Dit is deel van die waarborg wat as deel van hul verhouding met die bank aan kliënte gebied word.

    Deursigtigheid

    Wanneer kliënte geld in die konvensionele rekening belê, weet hulle hoeveel rente hulle gaan ontvang, maar hulle sal nooit weet hoeveel wins die bank uit hul geld maak nie. Islamitiese Reg vereis algehele deursigtigheid. Islamitiese banke kom in die bepalings en voorwaardes met die kliënt ooreen dat indien sodanige kliënt die rekening open, die kliënt volgens ’n spesifieke verhouding winste met die bank sal deel. In die geval van ’n 32-Dae Kennisrekening van Absa Islamic Banking is dit 60/40 met die bank, wat die aktiewe vennoot in die verdien van winste is, wat die grootste deel van die wins neem. Aangesien die kliënt weet wat die winsdelingsverhouding is, kan sodanige kliënt bereken hoe groot die bank se deel van die wins is.

    Voordeel vir die kliënt

    As mens na die 2013 finansiële jaar kyk, het Absa se konvensionele rekening ’n gemiddelde van 3% rente betaal. Die Islamic 32-Dae Kennisrekening het nog altyd hoër as ’n 5% winsdeel aan die kliënt betaal. Vir die 2013 finansiële jaar was die winsdeling wat betaal is, 5,25% gewees.

    Hierdie artikel maak dit duidelik dat hoewel die belê van geld dieselfde is, die proses van rente op konvensionele rekenings en winsdeling van Islamic Banking heeltemal verskil. Die keuse van watter bankrekening om te gebruik is aan enigeen beskikbaar en baie nie-Moslems kies Islamic Banking.

    Foto's - iStock

  • “’n Oortrekkingsfasiliteit het die bykomende voordeel dat dit nie nog ’n rekening byvoeg wat jy moet bestuur en op hoogte van moet bly nie.”

    Wees bewus van jou opsies as dit by krediet kom

    Ongeag hoe versigtig jy begroot of hoe goed jy jou persoonlike finansies hanteer, ons almal benodig toegang tot fondse in 'n noodgeval of wanneer onvoorsiene uitgawes opduik.

    Verder kry jy ook waardevolle gemoedsrus as jy weet jy kan noodsaaklike debietorders aan die einde van die maand betaal wanneer jou inkomste- en uitgawesiklusse nie met mekaar ooreenkom nie.

    Sharon Foyn, Hoof van Transaksieprodukte by Absa, sê dat hoewel daar baie opsies beskikbaar is om bykomende fondse te verskaf wanneer mens dit nodig het, byvoorbeeld kredietkaarte, persoonlike lenings of wentelkrediet is dit van onskatbare waarde as mens ’n fasiliteit het wat kan help om jou kredietrekord waaraan jy so lank gebou en bestuur het, te beskerm wanneer jy weer vir krediet, ’n winkelkaart, voertuigfinansiering of ’n huislening moet aansoek doen.

    Met die vinnige pas van ons lewens deesdae, is dit nie altyd boaan ons doenlysie om op hoogte te bly van hoeveel geld ons in ons tjekrekening oorhet nie en ’n oortrekkingsfasiliteit op jou tjekrekening bied aan jou ’n veiligheidsnet om te help dat jy jou finansiële verpligtinge op ’n maand-tot-maandbasis kan nakom.

    Foyn verduidelik dat ’n oortrekkingsfasiliteit van Absa ’n buigsame opsie is wat jou die vryheid bied om die tipe fasiliteit te kies wat die beste by jou spesifieke finansiële behoeftes en verwagtings pas:

    • ’n Vaste fasiliteit met ’n wentellimiet wat jaarliks hersien word. Jy kan die fondse tot op jou ooreengekome oortrekkingslimiet gebruik, solank jy gereelde betalings doen. Jou limiet word aan die einde van jou kontrakjaar heronderhandel.

    • ’n Verminderende fasiliteit met ’n limiet wat verminder soos wat jy dit elke maand afbetaal. Dit is’n goeie opsie as jy weet dat jy slegs vir ’n kort rukkie hoef te leen en verkies om nie wentelkrediet te hê nie.

    • ʼn Onbepaalde fasiliteit met ’n limiet wat vir ’n ongespesifiseerde tydperk wentel. Jy kan aanhou om die fondse tot by jou ooreengekome oortrekkingslimiette gebruik, solank as wat jy gereelde betalings doen.

    Volgens Foyn is nog ’n rede waarom jy ’n oortrekkingsfasiliteit moet kies, die feit dat dit ’n koste-effektiewe en een van die goedkoopste kredietopsies is, aangesien rente slegs op die daaglikse saldo van die fasiliteit bereken word.Omdat die toepaslike rentekoers risikogebaseerd is, kan jy ’n laer koers kry aangesien die beoordeling op jou primêre transaksierekening, naamlik jou tjekrekening, gebaseer is.

    ’n Oortrekkingsfasiliteit het die bykomende voordeel dat dit nie nog ’n rekening byvoeg wat jy moet bestuur en op hoogte van moet bly nie en enige deposito’s en krediete in jou tjekrekening dien as terugbetaling op die fasiliteit, en dit sluit jou maandelikse deposito van jou salaris ook in. Foyn sluit af deur te sê dat jy met elke deposito in jou tjekrekening, outomaties weer toegang tot jou volle oortrekkingsfasiliteit het.

    Vir meer inligting of om aansoek te doen vir ’n oortrekkingsfasiliteit, besoek

    www.absa.co.za, kontak die Platinum Lyn by 0860 109 085, stuur ’n e-pos na

    [email protected] of praat met jou Platinum-bankier.

    Foto's - iStock

  • “Deur ons vennootskap met Property24, die grootste eiendomversamelaar in die land, gee die Absa Homeowner App gebruikers toegang tot die grootste verskeidenheid beskikbare eiendomme in die mark wat te koop of te huur is.”

    Platinum Nuus

    Vind jou droomhuis met die nuwe slimfoontoepassing van Absa

    Huiskopers se soekpatrone het die afgelope paar jaar meer op tegnologie begin staatmaak met 'n bestendige toename in die gebruik van slimfone of tablette om geskikte eiendom te kry.

    Die meeste bemarkte huise word nou aanlyn gelys waar kopers alles oor ʼn huis te wete kan kom voor hulle dit nog betree. Wanneer hulle voor die huis stilhou, het hulle waarskynlik reeds ʼn virtuele toer geneem of foto’s van al sy eienskappe gesien en wil net kyk of dit in die werklike lewe net so goed daar uitsien as wat dit aanlyn lyk.

    Met die bekendstelling van die Absa Homeowner App kan voornemende huiskopers met behulp van die toepassing eiendomme soek, eiendomme gradeer, huisleningsterugbetalingskoste, verhuisingskoste en oordragkoste bereken. Die Absa Homeowner App kan op iOS- en Android-slimfone asook op iPads (kies die “iPhone only”-opsie in die App Store) afgelaai word.

    Die toepassing is in noue samewerking met Barclays se bekroonde digitale ontwikkelingspan doelgemaak en sluit die meeste van die jongste funksies in wat by die Barclays VK App ingesluit is. “Die Absa Homeowner App is ʼn ware voorbeeld van die mag van ‘Een Barclays’ – om globale digitale bates tot voordeel van ons kleinhandelskliënte in Suid-Afrika doel te maak,” sê Carel Grӧnum, Hoof van Absa Huislenings.

    “Volgens die Mobility 2014-navorsingstudie het die gebruik van toepassings op slimfone van 24% in middel 2012 tot 43% in laat 2013 gestyg. In ons sektor het die toepassing die enkel mees beduidende hulpmiddel geword wat eiendomverkope in Suid-Afrika dryf. Ons beskou ons Homeowner App as ʼn gulde geleentheid om die lewens van ons kliënte te vergemaklik namate ons daarna streef om die 'Go-To' bank en die voorkeurbestemming vir alle voornemende huiskopers te word.”

    “Deur ons vennootskap met Property24, die grootste eiendomversamelaar in die land, gee die Absa Homeowner App gebruikers toegang tot die grootste verskeidenheid beskikbare eiendomme in die mark wat te koop of te huur is. Kliënte kan van enige plek af na hulle droomhuis soek en dit vergemaklik kontak met ʼn eiendomsagent of die bank direk van selfoontoestelle. Daarbenewens stoor die toepassing, met intuïtiewe gebruikerraakvlakke, al die eiendomme wat die gebruiker besigtig en by hulle lys van gunstelinge gevoeg het. Hulle kan later sonder om aan die internet te verbind toegang tot dié gestoorde eiendomme verkry,” sê Carel. “Huissoekers sal in wese ʼn unieke profiel skep wat gebruik kan word om te besluit watter eiendom om te kies, en uiteindelik met ʼn enkele oproep vir finansiering by die bank aansoek doen. Ons wou hierdie toepassing so gerieflik en gebruikervriendelik moontlik maak.”

    JP Farinha, HUB van Property24, sê, "Die Absa Homeowner App was ʼn uitstekende geleentheid vir beide besighede om saam te werk aan ʼn hulpmiddel wat Absa se kliënte deur die huiskoopproses sal ondersteun. Die kombinasie van finansiële hulpmiddels met selfooneiendomsoektogte is net nog ’n manier waarop digitale tegnologie huiskoop geriefliker maak vir verbruikers. Ons glo hierdie geïntegreerde toepassing sal vir verbruikers van groot waarde wees en is opgewonde om Absa se vennoot te wees in hierdie opwindende inisiatief.”

    Die Absa Homeowner App kan verkry word deur op die skakels hieronder te klik:

    • Apple App Store-skakel itunes.apple.com

    • Android-skakel play.google.com

    Foto's - Absa

  • “Soos om hul kwalifikasies te verbeter, bied die oopmaak van ’n Silwer Studenterekening aan jong volwassenes ’n soliede basis vir toekomstige groei.”

    Silwer Student bied aan jong volwassenes die begin wat hulle verdien

    Kinders groei so vinnig en voor mens dit besef, is hulle besig met verdere opleiding na Graad 12.

    Het jy al ooit daaraan gedink om jou kinders te laat studeer en so die grondslag vir hul toekoms te lê, terwyl jy dit aan ons oorlaat om na hul bankdienstebehoeftes om te sien met ’n bekostigbare, Silwer Studenterekening met velerlei kenmerke?

    Een van die eerste stappe om jou kinders hul vlerke te laat sprei soos wat hulle jong volwassenes word, is om hulle aan te moedig om ’n nuwe bankrekening te open; ’n rekening wat hulle op hul eie kan bestuur, terwyl jy steeds die gemoedsrus het dat hulle enige plek, enige tyd banksake veilig kan doen, en as die behoefte opduik, geld kan onttrek by een van die grootste OTM-netwerke landswyd.

    As hulle geld aan ’n vriend op kampus moet stuur sonder dat hulle kontant hoef te onttrek – ons het reeds daarvoor voorsiening gemaak; so ook as hulle ’n handboek moet koop, vir elektrisiteit moet betaal, of lugtyd moet koop en hulle het nie geld byderhand nie – ons het daarvoor ook voorsiening gemaak.

    Vir slegs R17 per maand bied die Silwer Studenterekening ’n volledige transaksiebankdienstefunksionaliteit wat ’n onbeperkte kombinasie van daaglikse transaksies insluit as dit op enige van Absa se digitale kanale gedoen word. Dit sluit kontantonttrekkings en deposito’s by Absa OTM’e, saldonavrae en ministate, elektroniese fondsoorplasings en aanlyn rekeningbetalings en onbeperkte maandelikse debietkaartgebruik by betaalpunte in. Ons maak dit selfs makliker om die maandelikse fooie te bestuur deur gratis toegang tot Absa Online, selfoon- en telefoonbankdienste. Silwer Studenterekeninghouers geniet ook gratis toegang tot NotifyMe, ’n SMS-rekeningaktiwiteitwaarskuwingsdiens.

    Klasdraf, byhou met sosiale aktiwiteite en tyd inruim om te studeer kan nogal tydrowend wees so ons maak dit maklik vir Silwer Studenterekeninghouers om lugtyd te koop, vinnige CashSend-transaksies te doen, rekenings te betaal en debietorders en geskeduleerde betalings te bestuur – alles deur Absa se gerieflike digitale kanale – of dit nou ’n OTM, Absa Online of die innoverende nuwe app vir slimfone is. Sekuriteit word verder versterk met die skyfie- en PIN-debietkaart wat studente toelaat om direk by ’n verkooppunt vir goedere te betaal sonder dat hulle kontant by hulle hoef te hou. Indien hulle koue, harde randelas in die hand nodig het, kan hulle verseker wees dat hulle nooit sal sukkel om ’n Absa OTM te vind met meer as 9 000 OTM’e wat oral in Suid-Afrika versprei is nie.

    Om vir die Silwer Studenterekening te kwalifiseer, moet aansoekers as voltydse studente geregistreer wees en vir ’n voor- of nagraadse graad of diploma of kwalifikasies van ’n jaar of langer studeer.

    Soos om hul kwalifikasies te verbeter, bied die oopmaak van ’n Silwer Studenterekening aan jong volwassenes ’n soliede basis vir toekomstige groei – gee aan u kinders die voorsprong wat hulle verdien en moedig hulle aan om ’n Absa Silwer Studenterekening te open.

    Foto's - iStock

  • “Al hierdie innoverende huisfinansieringsoplossings maak deel uit van ons strategiese doelwit om ons kliënte te help om hul droom om hul eie huis te besit, werklikheid te maak.”

    Ons lei jou huis toe met 'n reeks huisleningsoplossings

    Innoverende huisfinansieringsoplossings om ons die huisleningsbank van keuse in Suid-Afrika te maak.

    Volgens die onlangse sensus het Suid-Afrika 53 miljoen mense en 15 miljoen huishoudings, maar net 6 miljoen residensiële eiendomme. Elkeen het die reg tot ’n behoorlike lewenstandaard en ’n noodsaaklike deel van hierdie reg tot meer as blote oorlewing is toegang tot toereikende behuising.

    As bank besef ons dat huiseienaarskap meer as net ’n dak oor jou kop is; dit verbind gesinne, bied ’n plek waar mense bymekaar kan kom in ’n sosiale milieu en dra tot mense se welsyn by.

    Absa Huislenings (AHL) is daarom voortdurend op soek na geleenthede om die huisleningsmark deur innoverende huisfinansieringsopsies te laat groei. Hierdie finansiële oplossings is ontwerp om kliënte in staat te stel om hul droomeiendom te koop - ’n plek wat hulle hul tuiste kan noem.

    Dit strook met AHL se strategiese “bank van keuse”-doelwit om seker te maak dat ons eenvoudige en toeganklike finansiële oplossings aan ons kliënte bied. Ons weet dat ons kliënte se behoeftes besig is om in die digitale era te verander namate hulle op soek is na bankdiensteoplossings wat op daardie oomblik of in ’n sekere lewenstadium, en op ’n platform van hulle keuse, in hulle behoeftes kan voorsien.

    “Ons stel die kliënt voorop in alles wat ons doen. Absa is daartoe verbind om seker te maak dat ons toegang tot huiseienaarskap uitbrei terwyl ons terselfdertyd kennis aan voornemende kopers oordra,” sê Carel Gronum, Absa Huislenings se Bestuurshoof.

    AHL het boonop die groeiende segment vir eerstekeerhuiskopers (EKHK) as belangrike mark raakgesien en ’n innoverende en eerste-van-sy-soort finansiële oplossing - Family Springboard - bedink.

    Family Springboard is ’n aanbod aan jong EKHK’s waarin familielede (of vriende) mekaar kan help om hul droomhuis te koop. Jong EKHK’s nader dikwels nabye familie, gewoonlik hulle ouers of vriende van die familie, om hulle te help om ’n deposito te betaal en dikwels wil die familie of vriende help maar hulle wil nie hulle spaargeld verloor nie. Family Springboard is hiervoor ontwerp aangesien dit vorm aan hierdie verhouding gee.

    Grönum voeg by, “Ons weet dat die koop van eiendom die grootste en belangrikste enkele belegging is wat mense in hul leeftyd doen. Tog was baie eerstekeer-huiseienaars nog nooit aan huiseienaarskap en finansiële bestuur blootgestel nie - grotendeels as gevolg van Suid-Afrika se historiese erfenis ten opsigte van die besit van eiendom, toegang tot finansiering en onderwys. Ons glo dat ons ’n rol het om te speel deur seker te maak dat kliënte behoorlik ingelig en onderrig is oor hulle beleggings.”

    Absa het kennis geneem van die inligtingsgaping in die mark en het in samewerking met die French Development Agency die First-time Home Buyers (FTHB)-opleidingsprogram in die lewe geroep met die oordrag van kennis oor die proses wat met die koop en besit van eiendom gepaardgaan as enigste doel.

    Die FTHB-program beoog om 17 000 eerstekeerkopers teen die einde van Desember 2014 op te lei. Sommige van die onderwerpe wat deur die program gedek word, is finansiële bestuur, volhoubare huiseienaarskap, terugbetalingsopsies en alle ander aspekte wat met die koop van eiendom verband hou.

    AHL het boonop onlangs ’n aanlynopsporingsvermoë bekendgestel wat dit vir kliënte moontlik maak om op gerieflike wyse die stand van hulle huisleningsaansoek enige tyd, enige plek na te gaan.

    Al hierdie innoverende huisfinansieringsoplossings maak deel uit van ons strategiese doelwit om ons kliënte te help om hul droom om hul eie huis te besit, werklikheid te maak.

    Foto's - Shutterstock

  • “Jou kaart is met die hoogste moontlike sekuriteitsmaatreëls toegerus, dus kan jy dit by enige OTM of enige verkooppunt wêreldwyd gebruik.”

    Bring die vakansie met jou Platinum-kredietkaart deur

    Jou Platinum-kredietkaart is jou kaartjie om jou vakansie onvergeetlik te maak. Gebruik dit om vir vlugte, vervoer, akkommodasie en meer te betaal.

    Met gratis basiese reisversekering en toegang tot Bidvest Premier-lughawesitkamers is dit jou perfekte vakansiegenoot.

    Dit is amper vakansietyd en ons is seker jy sien daarna uit om gehaltetyd saam met vriende en familie deur te bring. Indien jy ʼn plaaslike of internasionale reis beplan, is jou Platinum-kredietkaart jou kaartjie na ʼn fantastiese vakansie.

    Dis die perfekte manier om al jou reisreëlings te hanteer, van vliegkaartjies tot akkommodasie te bespreek, met spesiale aanbiedings van die Visa luuksehotel-versameling, Visa Privileges en MasterCard Moments asook afslagmotorhuur van Hertz.

    Van vertrek tot aankoms

    Indien jy beplan om na jou perfekte bestemming te vlieg, onthou dat jou kredietkaart jou toegang tot enige Bidvest Premier-lughawesitkamer gee. Om vir gratis toegang te kwalifiseer, moes jy ʼn totaal van R5 000 op verkooppuntaankope met jou Platinum-kredietkaart gedurende die maand van jou sitkamerbesoek spandeer het. Anders kan jy R15 000 op verkooppunttransaksies oor drie agtereenvolgende maande voor of gedurende die maand van jou besoek spandeer. Jy kan ook gaste teen ʼn afslagtarief nooi.

    Jy is gedek

    Wanneer jy jou kredietkaart gebruik om vir internasionale vliegkaartjies te betaal, kry jy outomaties gratis basiese reisversekering wat nood mediese en verwante uitgawes, persoonlike-ongelukdekking en Absa Travel Assistant insluit. Jy kan selfs kies om na omvattende dekking op te gradeer volgens jou persoonlike vereistes.

    Jy het ook gratis Verlorekaartbeskerming. As jou kaart dus verlore raak of gesteel word terwyl jy op vakansie is, sal jy nie aanspreeklik gehou word vir bedrieglike transaksies wat mag plaasvind nadat jy dit gerapporteer het nie.

    Ons vakansiegeskenk aan jou

    As ʼn Platinum-kredietkaarthouer betaal jy nie fooie op jou reisverwante transaksies nie en jy kry tot 57 dae se rentevrye krediet op jou aankope, insluitende vakansiepakkette. Natuurlik, as ʼn Absa Rewards-lid kry jy ook geld in jou sak terug vir al jou vakansie-aankope en op enige brandstof wat jy by Sasol koop.

    Ons sal daarvoor sorg

    Jou kaart is met die hoogste moontlike sekuriteitsmaatreëls toegerus, dus kan jy dit by enige OTM of enige verkooppunt wêreldwyd gebruik. Jy is selfs aanlyn veilig wanneer jy by ʼn 3D Secure-aanlynhandelaar koop wat deur Verified by Visa™ en Mastercard SecureCode™ beskerm is.

    Iets vergeet?

    As jy jou PIN vergeet as jy op die punt is om te betaal, moenie bekommerd wees nie. Skakel slegs 0860 109 085 en volg die instruksies om jou kode te herwin, of jy kan 24/7 op Absa Onlineaanteken.

    Onthou, jy kan ons altyd op ons toegewyde 24-uur Platinum Lyn by 0860 109 085 of 011 501 5006 internasionaal skakel en ons is daar om jou enige hulp te bied wat jy nodig het.

    Wanneer jy dus begin pak vir hierdie jaar se vakansie, moenie vergeet om jou Platinum-

    kredietkaart eerste in te pak nie.

    • Vir meer inligting oor die Platinum-kredietkaart besoek www.absa.co.za/platinumcreditcard

    • Vir meer inligting oor Bidvest Premier-lughawesitkamers besoek www.bidvestlounge.co.za

    • Vir meer inligting oor Visa Privileges besoek www.visaplatinum.co.za

    • Vir meer inligting oor MasterCard Moments besoek www.pricelessafrica.com

    Reis van A tot Z met jou Platinum-kredietkaart

    • Toegang tot Platinum MasterCard Moments

    • Toegang tot Visa Privileges

    • Toegang tot Bidvest Premier-lughawesitkamers

    • Kontant terug op brandstof by Sasol met Absa Rewards

    • Afslagmotorhuur van Hertz

    • Gratis basiese reisversekering met die opsie om op te gradeer

    • Visa luuksehotelversameling-aanbiedings

    Bepalings en voorwaardes geld.

    Foto's - iStock

  • Subaru selfvertroue - joune vanaf slegs R4 252 per maand

    Kry die Subaru XV met 'n 5-jaar/120 000km instandhoudingsplan vanaf slegs R4 252 per maand.

    Foto's - Absa

  • Avios en die British Airways Executive Club

    In 2013 is die Avios Travel Rewards Programme in Suid-Afrika van stapel gestuur, in 'n vennootskap met van die grootste handelsmerke in die land - Absa, Pick n Pay, BP, en Lew Geffen Sotheby's International Realty, om net 'n paar te noem.

    Oor ʼn tydperk van meer as twee dekades het Avios innoverende maniere ontwikkel om belonings in samewerking met 'n paar van die grootste verbruiker-handelsmerke soos British Airways, American Express, Tesco, Chase, Avis en HSBC in te samel.

    Avios is in 2011 van stapel gestuur, die begin van 'n nuwe reis na meer opwindende, meer buigsame belonings. Avios is die gemeenskaplike, globale beloningsgeldeenheid wat deur International Airlines Group (IAG) se beloningsprogramme gebruik word: die Avios Travel Rewards Programme in die Verenigde Koninkryk en Suid-Afrika, British Airways Executive Club, en Iberia Plus.

    Vandag bedryf Avios beloningsprogramme in reis en ontspanning, tesame met versamelingsgeleenthede in markte regoor die wêreld, insluitend die Verenigde Koninkryk, Europa, Noord-Amerika, die Midde-Ooste, Asië, Afrika en die Karibiese Eilande.

    Avios het meer as 5,5miljoen aktiewe lede wat Avios met die Avios Travel Rewards Programme, British Airways Executive Club en Iberia Plus versamel.

    Meer as 50 000 mense vlieg elke maand met hul Avios. Jy kan een van hulle wees!

    Absa Rewards-lede kan hul Cash Rewards in

    Avios omskep voor 30 November 2014 en 25%

    meer kry! Dit is 125 Avios vir R10 Cash Rewards.

    Aanbod besonderhede

    Absa Rewards-lede wat hul Cash Rewards tussen 1 en 30 November 2014 omruil vir Avios sal 25% meer waarde kry. Kry 125 Avios vir elke R10 Cash Rewards geruil.

    Foto's

  • Absa Rewards - eksklusiewe aanbiedinge van Sekonda en Waltons

    Bederf jouself en jou geliefdes met hierdie eksklusiewe aanbiedinge van Sekonda en Waltons, aan jou gebring deur Absa Rewards.

    Koop vir jouself of daardie spesiale persoon in jou lewe die geskenk van tyd teen hierdie ongelooflike afslagpryse, eksklusief aan Absa Platinum-kliënte beskikbaar.

    Kry joune by www.sekonda.co.za, en gebruik die promosiekode wanneer jy betaal.

    Aanbod besonderhede

    • Promosiekode: APLAT

    • Aanbod geldig van 1 tot 30 November 2014

    • Onderhewig aan beskikbaarheid

    • Die aanbod geld slegs vir die promosietydperk

    • Gratis aflewering binne 3-4 werksdae

    • Absa Rewards-lede sal 20% Cash Back op alle aankope verdien

    • Slegs vir Absa Platinum-kliënte

    Vermy die Back2School stormloop met Waltons

    Koop jou skryfbehoeftes vir 2015 by Waltons tussen 1 en 30 November — nie net sal jy 7% Cash Back verdien nie, jy kan een van 5 wenners per winkel wees wat jou aankoop verniet kry, of jy kan ‘n afslag op jou aankope in die winkel wen!

    Aanbod besonderhede

    • Aanbod geldig van 1 November - 30 November 2014

    • Absa kredietkaart-kliënte sal outomaties vir die trekking ingeskryf word vir aankope wat tussen 1 November en 15 Desember 2014 gedoen is.

    • Die krapkaartkompetisie is van toepassing op kontant-, tjek-, en kredietkaartaankope in die winkel, en net op aankope vanuit die Back2School-katalogus se goedere (uitsluitend aanlynaankope en stelselaankope deur deelnemende skole).

    • Die winkel se krapkaart-elemente is nie eksklusief vir Absa-kliënte nie, en sal deur Waltons bestuur word.

    • Absa Rewards-lede sal die volgende verdien: 7% Cash Back vir aankope vanaf 1 – 30 November, en hul gewone Partner-verdienste van 3.5% vanaf 1 Desember vorentoe

    Foto's - Absa; www.sekonda.co.za; www.waltons.co.za

  • Eksklusiewe aanbod van The South African Gold Coin Exchange

    Spandeer R10 000 of meer op versamelstukke, en ontvang 'n GRATIS GESKENK ter waarde van R1 400.

    Goud is die een kommoditeit waarmee daar wat vir meer as 6 000 jaar handel gedryf is en dit word vandag nog universeel gewaardeer soos wat dit destyds was. Aandele, eiendom, valuta en goud is almal soortgelyk in dat dit almal waarde het vir die wat daarin 'n belang het.

    Die vraag wat jy jouself moet afvra is – is jy ʼn waardeversamelaar, waardebelegger, ʼn skansfondsspeler, spekulant of opgaarder? Sekeres sê goud is net vir gekke maar met ʼn geskiedenis van meer as 6 000 jaar het dit bewys dat dit resultate lewer wat nie maklik deur globale beleggers afgeskryf sal word nie.

    Dus, waar begin jy? Hier is sewe sleutelwenke vir almal:

    • Begin klein: Of dit R5 000, R10 000 of R15 000 is, na gelang van wat jy kan bekostig – maar begin. Eikebome groei uit akkers.

    • Begin vandag en koop net een item – moenie al jou spaargeld vandag in goud belê nie.

    • Oor ʼn tydperk sal jy meer en meer munte koop soos jy meer gemaklik en vertroud raak met die proses en jy sal die voordele van randkostevergemiddeling ervaar.

    • Koop waarvan jy hou. As jy daarvan hou, koop dit en sluit dit toe. Of dit vir die Liliesleaf Raid se 50ste herdenking is, die Koningin se Diamantjubileum of die herdenking van Nelson Mandela se wen van die Nobelprys. Moenie al jou geld op een perd verwed nie. ʼn Gebalanseerde versameling van munte is interessant om bymekaar te maak en uiteindelik winsgewend.

    • Omdat dit ʼn proses is en jy nou moet begin, stel ʼn rooster op vir wanneer jy gaan koop, of dit maandeliks, kwartaalliks of halfjaarliks is – dit sal verseker dat jou versameling dienooreenkomstig groei. Koop, ongeag die prys – soos hulle sê – doen dit net.

    • Versprei jou versameling tussen goud (soos Krugerrande wat wêreldwyd ruilbaar is) en versamelbare munte en medaljons (beperkte gedrukte munte wat ʼn persoon of gebeurtenis soos die Olimpiese Spele of Mandela se prestasies herdenk) of ander numismatiese of baie skaars munte, byvoorbeeld, die ZAR-muntstuk.

    • Versamel met ʼn doel. Of dit nou vir jou kinders of kleinkinders is, vir beter of slegter tye of vir ʼn nuwe eiendom in die toekoms, oor die afgelope dekade het goud veral goed presteer deur in waarde te vervierdubbel.

    Koop vir die genot daarvan. Dit is belangrik om te weet dat ʼn versameling wat jy vir die genot daarvan versamel het, altyd in geld omgesit kan word indien dit nodig is. Indien jy koop om

    binne drie maande teen ʼn wins te verkoop, sal dit nie werk nie. In tyd en oor tyd kan jy finansieel voordeel trek maar selfs muntversamelings moet stof vergader, soos wynbottels. Voordat hulle hul ware waarde onthul. Versamelaars maak gewoonlik meer wins as beleggers – versamelaars se ambisie is om hulle versamelings te voltooi.

    Aanbod bepalings en voorwaardes

    • Promosiekode: ABSARewardsNov2014• Die gratis geskenk is ‘n 1oz Mandel Silver Medalje• Aanbod by Kaapstad en Johannesburg se streekkantore van South African Gold Coin

    Exchange en alle plaaslike Scoin-winkels beskikbaar• Geldig vanaf 1 November 2014 tot 30 November 2014• Een per kliënt• Nie geldig vir enige ander promosies of verkope van Krugerrande nie• Slegs vir Platinum-kliënte geldig• Absa Rewards-lede sal 2.5% Cash Back verdien• Besoek www.scoinshop.com of www.sagoldcoin.com vir bepalings en voorwaardes

    Foto's - www.sagoldcoin.com