limpopo departement van onderwys - laerskool … vir graad 7...ma sê: “oefen jou toonlere,...

4
1 LIMPOPO DEPARTEMENT VAN ONDERWYS - LAERSKOOL WARMBAD INSTRUKSIES: 1. Voltooi al die afdelings. 2. Lees die vrae behoorlik deur voordat jy dit antwoord. 3. Jy kry 5 minute om die vraestel deur te lees. Moenie gedurende hierdie tyd skryf nie. 4. Skryf duidelik en netjies. 5. Jy moet al die vrae antwoord! _______________________________________________________________________________________________ AFDELING A: LEESBEGRIP Vraag 1: Lees die leesstuk en beantwoord dan die vrae. 1. Die spreker in die storie praat van die vier groot S’e van eksamenskryf. Waarvoor staan dit? (2) 2. Gee twee woorde uit paragraaf 3 wat sê dat die spreker bang was vir die Tegnologie-vraestel. (2) 3. Waarom word die woord “Spur” met ‘n hoofletter geskryf? (1) 4. 1) Wat beteken die uitdrukking “vir ‘n ses slaan” in paragraaf 2? (1) 2) In watter sportsoort word dié uitdrukking gewoonlik gebruik? (1) 5. Joker is ‘n eienaardige naam vir ‘n kind. Gee die Afrikaans vir “joker”. (1) SUMMATIEWE ASSESSERING LEERAREA: AFRIKAANS HT GRAAD: 7 (Me. C Enslin) MODERATOR: Me. A Botha TYD: 90 minute PUNTE: 80 DATUM 1 JUNIE 2016

Upload: others

Post on 19-Jan-2020

7 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

1

LIMPOPO DEPARTEMENT VAN ONDERWYS - LAERSKOOL WARMBAD INSTRUKSIES:

1. Voltooi al die afdelings. 2. Lees die vrae behoorlik deur voordat jy dit antwoord. 3. Jy kry 5 minute om die vraestel deur te lees. Moenie gedurende hierdie tyd skryf nie. 4. Skryf duidelik en netjies. 5. Jy moet al die vrae antwoord! _______________________________________________________________________________________________ AFDELING A: LEESBEGRIP Vraag 1: Lees die leesstuk en beantwoord dan die vrae.

1. Die spreker in die storie praat van die vier groot S’e van eksamenskryf. Waarvoor staan dit? (2) 2. Gee twee woorde uit paragraaf 3 wat sê dat die spreker bang was vir die Tegnologie-vraestel. (2) 3. Waarom word die woord “Spur” met ‘n hoofletter geskryf? (1) 4. 1) Wat beteken die uitdrukking “vir ‘n ses slaan” in paragraaf 2? (1)

2) In watter sportsoort word dié uitdrukking gewoonlik gebruik? (1) 5. Joker is ‘n eienaardige naam vir ‘n kind. Gee die Afrikaans vir “joker”. (1)

SUMMATIEWE ASSESSERING

LEERAREA: AFRIKAANS HT GRAAD: 7 (Me. C Enslin) MODERATOR: Me. A Botha TYD: 90 minute PUNTE: 80 DATUM 1 JUNIE 2016

2

6. “Twee ure later weergalm haar stem deur die eksamenlokaal.” (par. 4). Wat beteken die

woord “weergalm” in bogenoemde sin? (1) 7. Waarom slaan die spreker herhaalde kere sy arm teen die tafelpoot? (1) 8. 1) Wat noem ons die kolletjies ná Leon (par. 5)? (1)

2) Wat is die doel van dié leesteken? (1) 9. “As ek terugdink aan ons avonture die afgelope jaar, wens ek …” (par. 6)

Voltooi bostaande sin in jou eie woorde. (2) Vraag 2: Lees die onderstaande koerantberig en beantwoord die vrae.

1. Waarom is die Du Plessis-gesin trots op hulle seun? (1) 2. Hoe oud is Jantjie? (1) 3. Waarom was die visdam gevaarlik? (2) 4. Wat was die twee du Plessis-kinders besig om te doen toe Jantjie in die visdam val? (1) 5. Waarmee het Jantjie gespeel voordat hy ingeval het? (1) 6. Watter twee dinge het Delano se reddingspoging moeilik gemaak? (2) 7. Wie het vir Delano gehelp om Jantjie te red? (1) 8. Wat was Mev. Malate se reaksie toe sy hoor wat gebeur het? (2)

[25]

3

AFDELING B: TAALSTRUKTURE EN –KONVENSIES Vraag 3: Teken die tabel hieronder oor in jou antwoordboek en skryf dan die onderstreepte woorde in die korrekte kolom onder die gepaste woordsoort.

1. Die moeë atleet het die uitmergelende padwedloop baie strategies gehardloop. (2) 2. Die kranige swemmer swem vlinderslag puik. (2) 3. Die Bulle is aggressief en vertoon energiek. (2)

Selfstandige naamwoord

Byvoeglike naamwoord Werkwoord Bywoord Lidwoord Voegwoord

Vraag 4: Lees die sin en beantwoord die vrae.

Ashope: plekke waar sommige mense baklei ________ te oorleef.

1. Skryf die verkleinwoord van “ashope” neer. (1) 2. Vul die ontbrekende woord by die oop spasie in. (1) 3. Voltooi die vetgedrukte woord in die sin hieronder.

As jy moet baklei vir oorlewing, voer jy ‘n oorlewings … (1)

Vraag 5: Lees die onderstaande gedeelte en beantwoord die vrae.

1. Skryf een samestelling uit sin 4 neer. (1) 2. Gee die trappe van vergelyking van “laag” (sin 1). (2) 3. Gee ‘n sinoniem (woord met min of meer dieselfde betekenis) uit die leesstuk vir “apart”. (1) 4. Skryf sin 1 oor in die verlede tyd. (2) 5. Skryf die volgende sin oor in die toekomende tyd:

Die diskantsleutel word vir die hoër note gebruik. (2)

4

6. Skryf die volgende sin oor in die indirekte rede:

Ma sê: “Oefen jou toonlere, Susan!” (2) 7. Ontleed die volgende sin en benoem die verskillende dele soos in die tabel.

Die renjaer, met sy bloedrooi sportmotor, jaag om die renbaan en die baanbeampte steek sy vlag uit. (5)

Onderwerp Voorwerp Gesegde Byvoeglike bepaling Bywoordelike bepaling

Vraag 6: Gee die intensiewe vorm van die woorde tussen hakies. Die blaaie van my stokou storieboek is al 6.1 (baie dun) gelees maar ek is nog steeds gek daaroor. Daar is natuurlik ‘n 6.2 (baie breed) verskil tussen ‘n sommer-so-storie en MY spesiale storieboek! (2) Vraag 7: Gee die korrekte vorm van die byvoeglike naamwoord tussen hakies. Die storie wat ek skryf, handel oor ‘n man met 7.1 (goud) hare en 7.2 (lank) bene. (2) Vraag 8: Lees die volgende teks en voltooi die tabel met die volgende woordsoorte: (1) Die pianiste het haar klavierstoel agteruit gestamp en woedend opgespring. (2) Sy het die beoordelaar aangegluur en hom van onmenslikheid beskuldig. (3) “Onder jou haredos wat soos ‘n versameling voëlneste lyk, skuil niks anders as ‘n mossiebrein nie!” skreeu sy betraand. “Juffrou jy is op die verkeerde plek met jou beperkte talent. (4) Jou optrede is soos ‘n vrotterige kinderverhaal.” (5) Terwyl hy dit sê, het hy met dik potloodstrepe sy kommentaar oor haar klavierspel deurgehaal en ewe sarkasties vir haar ‘n piksoentjie met sy linkerhand gewaai toe sy snikkende van die verhoog af struikel.

Sin 1 Sin 2 Sin 3

1. Soortnaam 1. Hulpwerkwoord van tyd 1. Byvoeglike naamwoord (Attributief) 2. Bywoord van manier (wyse) 2. Abstrakte selfstandige naamwoord 2. Persoonlike voornaamwoord 3. Hoofwerkwoord 3. Bepaalde lidwoord

(8) Kies nou woorde uit bogenoemde leesstuk en “bou” woorde wat die volgende bevat: Sin 1: stam + stam Sin 2: premorfeem + stam Sin 3: stam + stam + postmorfeem Sin 6: stam

(4) [40]

AFDELING C: Ontwerp ‘n advertensie waarin jy ‘n nuwe produk aan jou teikenmark bekendstel.

[15]

TOTAAL: 80