graad 2 gekombineerde hoofstukke - g-sential theory of...
TRANSCRIPT
Inhoud
Dankbetuiging .............................................................................................................ii
Voorwoord ................................................................................................................ iii
HOOFSTUK 1 ............................................................................................................ 1Sleutels, nootwaardes en toonhoogtes ...................................................................... 1
HOOFSTUK 2 ............................................................................................................ 9Tydmaattekens ........................................................................................................... 9
HOOFSTUK 3 .......................................................................................................... 18Groepering ............................................................................................................... 18
HOOFSTUK 4 .......................................................................................................... 31Toonsoorte en toonsoorttekens ................................................................................ 31
HOOFSTUK 5 .......................................................................................................... 38Transposisie ............................................................................................................. 38
HOOFSTUK 6 .......................................................................................................... 46Toonlere ................................................................................................................... 46
HOOFSTUK 7 .......................................................................................................... 55Intervalle................................................................................................................... 55
HOOFSTUK 8 .......................................................................................................... 62Drieklanke ................................................................................................................ 62
HOOFSTUK 9 .......................................................................................................... 70Solfa-notasie ............................................................................................................ 70
HOOFSTUK 10 ........................................................................................................ 76Musiekuitdrukkings ................................................................................................... 76
BIBLIOGRAFIE ....................................................................................................... 85
© 2015 EP Hellberg 2
1.2 Toonhoogtes
In Graad 2 word toonhoogtes tot en met die derde hulpspasie bokant en onderkant die notebalk behandel:1
Vb. 1.2
Oefening 1.2
Skryf onder elke noot sy letternaam.
1 Die ABRSM –en Trinity Guildhall leerplan vereis slegs kennis van toonhoogtes tot en met die tweede lyn bokant en onderkant die notebalk.
Vb. 1.1
© 2015 EP Hellberg 3
Oefening 1.3
Skryf onder elke noot sy letternaam. Herskryf die gegewe note in die teenoorgestelde sleutels en behou die toonhoogte. Die eerste een is as voorbeeld gegee.
B
© 2015 EP Hellberg 9
HOOFSTUK 2
Tydmaattekens
Afbakening van die verskillende leerplanne
UNISA �, �, � , � en �ABRSM �, � , �, �, , � en Trinity Guildhall �, � , �, �, en �
2.1 Enkelvoudige tydmaattekens
In Graad 1 het jy geleer dat ‘n tydmaatteken se boonste getal (teller) die aantal maatslae en die onderste getal (noemer) die waarde van ‘n maatslag aandui. Die betekenis van die nuwe tydmaattekens is dus as volg:
� Twee halfnootmaatslae per maat. Die onderste “2” word van die breuk, �afgelei, omdat ‘n halfnoot aan die helfte van ‘n heelnoot gelyk is. Hierdie tydmaatteken staan ook as alla breve bekend.
� Drie agstemaatslae per maat. Die “8” word van die breuk, � afgelei, omdat ‘n agstenoot aan ‘n agste van ‘n heelnoot gelyk is.
Drie halfnootmaatslae per maat. Die “2” word van die breuk, � afgelei, omdat ‘n halfnoot aan die helfte van ‘n heelnoot gelyk is.
Vier halfnootmaatslae per maat. Die onderste “2” word van die breuk, � afgelei, omdat ‘n halfnoot aan die helfte van ‘n heelnoot gelyk is.
Oefening 2.1
Voorsien die volgende voorbeelde van maatstrepe:
© 2015 EP Hellberg 10
Oefening 2.1 (vervolg)
Oefening 2.2
Voltooi die volgende tydmaattekens deur die korrekte getal in die blokkie te vul.
© 2015 EP Hellberg 19
3.2 Enkelvoudige tydmaat: opsomming van Graad 1 groepring reëls
3.2.1 Note
Reël VoorbeeldAlgemeen
Alles wat deel van dieselfde maatslag is, moet saam gegroepeer word.
In tweeslag- en vierslagmaat is die middel van die maat gewoonlik “sigbaar”.
In drieslagmaat is die verdeling 2+1 of 1+2 meestal sigbaar.
Wanneer ‘n maat in tweeslag- of drieslagmaat uit agstenote of 'n kombinasie van agstenote en sestiende-note bestaan, word die note saam gegroepeer.
Sestiende-note word in aparte maatslae gegroepeer.
Indien drie maatslae deur een noot beslaan word, word ‘n gepunteerde noot in plaas van gespande note gebruik. Verbindingsboë moet sover as moontlik vermy word.
Nadat die groepering verbeter is moet die ritme en melodie steeds dieselfde klink.
Maatslag 1 en 2 Note moet sover as moontlik saam gegroepeer word. Hierdie reël is nie van toepassing wanneer die die twee maatslae se ritme verskil nie.Maatslag 1 en 2 kan uit ‘n enkel nootwaarde bestaan, moenie gespande note gebruik nie.
Maatslag 2 en 3 Drieslagmaat: Note moet sover as moontlik saam gegroepeer word. Hierdie reël is nie van toepassing wanneer die ritme van maatslag 2 van maatslag 3 verskil nie. ‘n Enkel nootwaarde kan oor beide maatslae strek, verbindingsboë moenie nie gebruik word nie..
Vierslagmaat: Maatslae kan slegs saam gegroepeer word as dit deur ‘n enkel nootwaarde beslaan word.
Maatslag 3 en 4 Note moet sover as moontlik saam gegroepeer word. Hierdie reël is nie van toepassing wanneer die die twee maatslae se ritme verskil nie.
Maatslag 3 en 4 kan uit ‘n enkel nootwaarde bestaan, moenie gespande note gebruik nie.
© 2015 EP Hellberg 27
3.5 Voltooiing van ‘n vier-maat ritme9
Die eerste maat van ‘n 4-maat ritme word gegee, waarna die ritme voltooi moet word. Note en rustekens moet korrek gegroepeer wees.
Verskillende maniere om die 4-maat ritme te benader:
3.3.1 Enige kombinasie van ‘n ABAB-vorm wat met ‘n gevoel van finaliteit eindig:
Vb. 3.3
Vb. 3.4
3.3.2 Enige kombinasie van ‘n ABC-vorm waarvan een van die seksies herhaal. Dit moet ook met ‘n gevoel van finaliteit eindig.
Vb. 3.5
3.3.3 Vrye benadering: Deel die voorbeeld in twee 2-maat frases. ‘n Frase is ‘n musikale sin en word deur ‘n uitgestrekte legato-boog aangedui. Die eerste twee mate is soos ‘n vraag en die laaste twee mate soos ‘n antwoord. Die laaste maat moet verkieslik uit een tot twee note of ‘n noot en ‘n rusteken bestaan sodat ‘n gevoel van finaliteit geskep word (Vb. 3.6).
Fraseringsboog
Gegee Bygevoeg
Vb. 3.6
9 Slegs in die ABRSM leerplan voorgeskryf.
© 2015 EP Hellberg 38
HOOFSTUK 5
Transposisie
5.1 Definisie
Musiek wat van een toonhoogte na 'n ander toonhoogte verskuif.
5.2 Afbakening van die verskillende leerplanne
UNISA Transponering van ‘n melodie ‘n oktaaf hoër of laer in dieselfde sleutel en tussen die G-sleutel en die bassleutel.
Trinity Guildhall Transponering van ‘n melodie ‘n oktaaf hoër of laer in dieselfde sleutel. ABRSM Nie in die leerplan voorgeskryf nie.
5.3 Toepassing
5.3.1 In dieselfde sleutel
Vb. 5.1
5.3.2 Tussen die G- en die F-sleutel
Vb. 5.2
© 2015 EP Hellberg 44
Hersiening
1. Skryf die volgende note onder die notebalk. Gebruik die aangeduide nootwaardes.
2. Skryf een rusteken onder elke maat wat gelyk is aan die hele maat. Beide note en rustekens moet in aggeneem word.
3. Skryf die toonsoortteken van die volgende toonsoorte:
C mineur E mineur B majeur D majeur F mineur
4. Skryf die volgende drieklanke met toonsoortteken. Trinity Guildhall: demonstreer ook op- en afgaande arpeggios.
© 2015 EP Hellberg 46
HOOFSTUK 6
Toonlere
Afbakening van die verskillende leerplanne
UNISA Majeur –en mineur toonsoorte tot en met 3 kruise en 3 molle.
ABRSM Majeur –en mineur toonsoorte tot en met 3 kruise en 3 molle.
Trinity Guildhall
Majeur –en mineur toonsoorte tot en met 1 kruis en 1 mol.
� Toonlere kan met –of sonder toonsoortteken geskryf word. � Indien ‘n mineur toonleer met toonsoortteken geskryf word, moet onhou word om
die nodige skuiftekens voor die betrokke note aan te bring.� Halftone word met legato-boë bokant die note aangedui. � Die halftone van ‘n majeur toonleer kom tussen die 3de en 4de, asook die 7de en
8ste toontrappe voor.� Dit word aanbeveel om note te nommer om onnodige foute uit te skakel.
6.1 Mineur toonlere
Daar is drie tipes mineur toonlere:
6.1.1 Die harmoniese mineur
Soos reeds bespreek, het die harmoniese mineur dieselfde toonsoortteken as sy verwante majeur. Die leitoon (7de toontrap) van ‘n harmoniese mineur word met ‘n halftoon verhoog (Vb. 6.1). Dit geld vir beide die op- en die afgaande toonleer. Belangrik: Die verhoogde leitoon vorm nie deel van die toonsoortteken nie.10
Halftone kom tussen die 2de en 3de, die 5de en 6de, asook die 7de en 8ste toontrappe voor.
Leitoon word met ‘n halftoon verhoog � �
Vb. 6.1 A mineur
10 Wanneer ‘n noot nie deel van ‘n spesifieke toonsoort is nie, word dit ‘n chromatiese noot genoem. Note wat deel van ‘n spesifieke toonsoort is word diatoniese note genoem.
© 2015 EP Hellberg 49
Oefening 6.1
Voeg die nodige skuiftekens by sodat die verlangde toonlere gevorm word. Dui ook die halftone aan.
STAP 6
Dui die halftoneaan.
STAP 5
Voeg chromatiese wysigings by indien
nodig.
STAP 4
Skryf die toonsoortteken:
met/sonder toonsoortteken.
STAP 3
Skryf die note en nommer hulle.
Spasiëer die note eweredig.
STAP 2
Neem kennis van die rigting: opgaande of
afgaande.
STAP 1
Skryf die sleutel.
SKRYF VAN ‘N
TOONLEER
© 2015 EP Hellberg 55
HOOFSTUK 7
Intervalle
Afbakening van die verskillende leerplanne
ABRSM Alle enkelvoudige intervalle bokant die tonika in die voorgeskrewe toonsoorte.
UNISA Alle enkelvoudige intervalle bokant die tonika in die voorgeskrewe toonsoorte. Die afstand (kwantiteit) en soort (kwaliteit) word vereis.
Trinity Guildhall Die interval van ‘n unisoon, sekunde, terts, kwart, kwint en oktaaf bokant die tonika in die voorgeskrewe toonsoorte. Die afstand en die soort word vereis.
7.1 Verskillende tipes intervalle
In Graad 1 is daar op die afstand of kwantiteit van 'n interval klem gelê. In Graad 2 word die kwaliteit van intervalle bokant die tonika van majeure en mineure behandel.
7.1.1 Die volmaakte (rein) interval
Slegs die interval van ‘n 1ste (ook bekend as ‘n unisoon, eenklank of priem), 4de, 5de en 8ste word as volmaakte intervalle geklasifiseer. Volmaakte intervalle kom bokant die tonika van beide majeur en mineur toonsoorte voor (Vb. 7.1). Hulle is “volmaak” omdat hulle in beide die majeur en die mineur voorkom.
Volmaakte Volmaakte Volmaakte Volmaakte unisoon kwart kwint oktaaf
Vb. 7.1
7.1.2 Die majeur interval
Slegs die interval van ‘n 2de, 3de, 6de en 7de word as majeur intervalle geklasifiseer. Majeur intervalle kom kom hoosaaklik bokant die tonika van majeur toonsoorte voor (Vb. 7.2).
© 2015 EP Hellberg 56
Majeur Majeur Majeur Majeur sekunde15 terts sekst septiem
Vb. 7.2 Intervalle bokant die tonika van G majeur 7.1.3 Die mineur interval
Op die oomblik word slegs die volgende mineur intervalle behandel: 3de, 6de en 7de.Mineur intervalle kom bokant die tonika van mineur toonsoorte voor (Vb. 7.3).
Mineur Mineur Mineur terts sekst septiem16
Vb. 7.3 Intervalle bokant die tonika van G mineur
Die mineur interval is ‘n halftoon kleiner as die majeur interval (Vb. 7.4). Vergelyk ook Vb. 7.2 en 7.3 met mekaar. Uit Vb. 7.4 kan afgelei word dat dit onnodig is om eers die toonsoort, hetsy majeur of mineur, te bepaal voordat die kwaliteit van die interval bereken word. Die kwaliteit van, byvoorbeeld, ‘n mineur interval kan volgens sy verhouding tot die majeur interval bepaal word: ‘n halftoon kleiner.
7.2 Opsomming van die intervalle in majeur en mineur toonlere
Rein Majeur Majeur Rein Rein Majeur Majeur Rein priem sekunde terts kwart kwint sekst septiem oktaaf
Vb. 7.5 Intervalle in ‘n majeur toonleer, byvoorbeeld A majeur
15 Die majeur sekunde kom ook bokant die tonika van ‘n mineur toonsoort voor. 16 Let daarop dat die diatoniese leitoon nie verhoog is nie. Indien die leitoon verhoog word, soos in die geval van die harmoniese mineur, is die interval ‘n majeur septiem.
Vb. 7.4
© 2015 EP Hellberg 59
Oefening 7.2 (vervolg)
Oefening 7.3
Benoem die aangeduide melodiese intervalle volgens afstand en soort. ABRSM kandidate: noem slegs die afstand.
© 2015 EP Hellberg 62
HOOFSTUK 8
Drieklanke
Afbakening van die verskillende leerplanne
ABRSM Slegs die tonika drieklank in grondposisie is voorgeskryf. UNISA Primêre drieklank in grondposisie is voorgeskryf. Trinity Guildhall Slegs die tonika drieklank in grondposisie en eerste omkering is voorgeskryf.
8.1 Die majeur drieklank
In Graad 1 is die primêre drieklanke, naamlik die tonika, subdominant en dominant drieklank behandel. In die majeur en harmoniese mineur is hierdie drieklanke almal majeur drieklanke Vb. 8.1 dien as hersiening van die majeur drieklank.
Vb. 8.1
8.1 Die mineur drieklank
Die mineur drieklank bestaan uit ‘n mineur derde en ‘n volmaakte vyfde bokant die grondnoot (Vb. 8.2). In die mineur kom hierdie drieklank op die tonika en subdominant voor.
Vb. 8.2
8.2 Besyfering
8.2.1 Metode 1
‘n Majeur toonsoort word deur n hoofletter gevolg deur ‘n dubbelpunt, byvoorbeeld “C:”, afgekort. ‘n Mineur toonsoort word deur ‘n kleinletter, gevolg deur ‘n dubbelpunt, byvoorbeeld “c:”, afgekort.
© 2015 EP Hellberg 71
Dubbelpunte word gebruik om tussen maatslae te onderskei.
Balknotasie Solfa-notasie
‘n Koppelteken word gebruik om note wat langer as ‘n maatslag is aan te dui.
Balknotasie Solfa-notasie
9.2 Nuwe nootwaarde: gepunteerde halfnoot
‘n Gepunteerde halfnoot neem die spasie van drie maatslae in:
s : – : –
Vb. 9.2
9.3 Rustekens
Rustekens word deur leë spasies aangedui:
�
� :
Vb. 9.3
9.4 Voorbeeld van solfa-notasie
Doh is C
d : – : s : f : m f : – :t dI : :
Vb. 9.4