manna issuu sep okt 2015

15
GEESTELIKE KOS VIR JOU SIEL September - Oktober 2015 R31.00 Volume 003

Upload: manna-tydskrif

Post on 23-Jul-2016

237 views

Category:

Documents


9 download

DESCRIPTION

Geestelike kos vir jou siel!

TRANSCRIPT

Page 1: Manna issuu sep okt 2015

GEESTELIKE KOS VIR JOU SIELSeptember - Oktober 2015 R31.00 Volume 003

Page 2: Manna issuu sep okt 2015

Soms is daar vyande wat teen jou opstaan en dit voel asof jy heeldag met ’n oorlog besig is. So al asof jy op jou agtervoet is en net

aanhoudend moet vure doodslaan. Tog is dit God se wil dat ons in oorwinning sal leef deur met groot vrymoedigheid grond in besit te neem.

In God se koninkryk werk dinge net heeltemal andersom. Wanneer jy swak is, dan is jy sterk, wanneer jy bevordering wil hê moet jy dien, wanneer jy eerste wil wees, wees die minste! Net so met geestelike oorlogvoering: ons dink dit behels intensiewe en lang gebede. Dit is egter belangrik dat ons net seker maak hoeveel van dit spruit voort uit angs vir ons situasie en nie uit ’n vaste vertroue in wie God in jou lewe is nie.

Ons veg nie vanuit ’n posisie van vrees of benoudheid nie, maar wel vanuit die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan. So al maak dit nie sin nie, ons wéét dat ons reeds die oorwinning het. Dit bring groot kalmte om jou plek in Christus te ken en te weet dat Hy reeds die wêreld oorwin het!

God is ’n goeie Vader en Hy maak dit nie vir ons moeilik om insig te kry nie. Hy het dit so eenvoudig gemaak dat selfs ’n kind dit kan verstaan. Alles wat ons nodig het, het Hy vir ons in Sy

Woord kom gee. Kyk nou maar na Psalm 8:3 – Kinders en suigelinge besing die magtige werk wat U tot stand gebring het. So word u teëstanders, die vyande en wraakgieriges, tot swye gebring.

Hy praat hier van drie verskillende tipes aanslae. Eerstens is daar teëstanders, dit is iemand wat teen jou optree. Dan is ’n vyand iemand wat jou haat en probeer om in dade daaraan uiting te gee. Die derde een is wraakgieriges wat straf op jou wil uitoefen. Sien jy dat dit elke keer ’n aksie is wat teen jou geloods word? Maar God noem hulle almal sý vyande want enige iemand wat een van sy kinders aanval, val eintlik Hom aan.

Hier sien ons iets wonderliks gebeur!. Hy sê só word sy vyande stilgemaak. Hoe lyk hierdie krygsmanne van God wat sy vyande se monde snoer? Kinders en babas wat lofl iedjies sing aan God! Mens sou nou regtig gedink het dat sulke kleintjies enige krag teen enige tipe vyand sou kon uitoefen nie, maar God werk anders. Die laaste ding wat by jou opkom as jy aan klein kindertjies dink is sterk vegters!

Die ou vertaling sê dat uit die mond van kinders en suigelinge het U sterkte gegrondves. Die woord “sterkte” hier word ook vertaal as lof. Jesus self demonstreer hierdie skrif in Matteus 21:16 toe die Fariseërs hoogs ontsteld Hom teëstaan toe hulle hoor hoe die kinders sy Naam grootmaak. Hy vra hulle: Het julle nooit gelees nie: Uit die mond van kinders en suigelinge het U vir U lof berei nie? En dadelik was hulle monde stil.

Dit is wanneer ons soos kinders Jesus grootmaak sonder enige vertwyfeling en met totale oorgawe, dat die sterkte en krag vrygestel word wat God se vyande stilmaak. Wie sou kon dink dat mens ’n oorlog kan wen deur opregte, kinderlike lofl iedere? Haal dit nie sommer dadelik al die moeite uit oorlogvoering nie? Wanneer ons God verheerlik en net besig bly met Hom, gebeur hierdie dinge vanself sonder enige eie poging.

Gary & Rhona Kieswetter

Maak jou vyande

stil!

Van die Redakteurs

Page 3: Manna issuu sep okt 2015

28 32 Aangename kennis, Here 36 Ma-wees met

selfvertroueGod bepaal die tye en seisoene!

2216 26Om God in ’n hoek in te glo

Kies die regte gedagtes

Wenke vir moeilike emosies

06 Wat om te bid...Soeke na iets dieper10

GEESTELIKE KOS VIR JOU SIEL

September - Oktober 2015

Gebede uit Die Groot Gebede Boek deur Piet Naudé

God reageer en luister wanneerChristene op hul knieë is

Dit lyk partykeer vir ons asof God baielank vat om iets te doen

Jy moet besluit om jou gedagtes tevestig op die dinge daarbo

Getuienisse: Hoe God mylewe verander het

Hoe moet jy God hoor as jou siel nie versorg word nie?

Woede, hartseer en frustrasieis nie lekker nie

Hy sal by ons wees terwyl ons moeilike kinders grootmaak

MANNAwww.mannatydskrif.co.za

Tel: 086 111 2329Inskrywings: [email protected]

Redakteurs: Gary en Rhona KieswetterUitgewer: Ingrid Stegmann

[email protected]

Grafiese ontwerp & uitleg: Adri de BruyneAdvertensies: Marietjie Roux-Spangenberg

074 411 5711 / [email protected]

Page 4: Manna issuu sep okt 2015

As ek om my rondkyk, Here, sien ek die tekens van U grootheid en goedheid; die inkomende gety in Algoabaai, die volmaan oor die see by Swakopmund, die melkweg helder oor ons plaas, La Mascotte, in die Oos-Kaap. Dit is die magtige werk wat U gedoen het. Maar ook in die klein wonders blyk U sorgsame hand: swaeltjies onder die stoepdak in die lente, erdwurms in die nat sooi van ’n omgeploegde land, en vuurvliegies wat helder skyn.

Nou kyk ek na myself: Ek is ’n spikkel in die groot heelal. Maar tog dink U aan my. Met wetenskap en kultuur voer ek saam met ander heerskappy: God se waters oor die wêreld – in dié opsig byna soos engele. Help my Here, om U weer in die alledaagse raak te sien. Here, my Here hoe wonderbaar is U Naam oor die hele aarde!

Tekens van U grootheid

Here Jesus, U sit aan die regterhand van God. Dit is die eerste en laaste ding wat regtig saak maak vir my bestaan. Watter voorspoed ek vandag ook al beleef, of watter teenspoed my ook mag tref, wát ook al op my lewenstoneel verskyn of uit my lewe mag verdwyn: Eén ding staan onveranderlik vas, een saak kan nooit verander nie en dit sal my vandag en altyd troos. En dit is, Here, dat U aan die regterhand van die Vader sit. Wat U

aan die kruis gedoen het, is genoeg. Vir vandag, vir more, vir altyd.

O Here, maak my so duidelik bewus van U stralende teenwoordigheid dat vandag vir my ’n dag van lig sal word. ’n Dag waarin ek die hemel geopen sien en sal ervaar hoe bietjie van U glans op ons donker aarde skyn en ’n vrede laat neerdaal. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus, ons Here.

Dit is my troosKar l Barth

Piet Naudé

Lux Verbi

Wat om te bid...

06

Page 5: Manna issuu sep okt 2015

O hemelse Vader, ek loof en dank U vir die rus van die nag wat verby is. Ek loof en dank U vir die nuwe dag wat gebreek het. Ek loof en dank U vir U eindelose goedheid en trou dwarsdeur my lewe. U het my so ryklik geseën tot nou toe.

Gee my nou die moed om ook spanning en hartseer te hanteer. U sal my nie bo my kragte laat versoek nie. U laat alle dinge ten goede meewerk vir ons, U kinders.

Ek loop die pad saam met U, o God. Op my reis deur die lewe is U my gids en reisgenoot. Soos vir Israel in die woestyn, lei U my na die beloofde land. Maar die pad na melk en heuning is nie altyd gelyk nie. Die bergpaaie is steil, die dale is donker. Alleen is die pad te lank. Alleen kan ek dit nie doen nie.

Maar U is my gids en reisgenoot. Saam met U, o God, loop ek aan. Soos ’n moeder haar kind se honger stil, so voed U my liggaam en siel met daaglikse

manna; voorsien U alles wat ek nodig het; word U die Brood van die Lewe vir my.

U bring selfs water op die onmoontlike plekke – uit die harde rots laat U water bruis. Dit voed my siel en les my dors. U is my lewensbron. U beskerm my teen gevare. U hou U hand oor my, U is my skadu en skuilplek. Selfs al moet ek in die nag reis, is U my lig in die donker. U hou my hand as ek nie meer kan nie. U tel my op as ek val. U is my gids en reisgenoot. Saam met U, o God, loop ek aan.

God se eindelose trou

Woestynreis saam met God

Dietr ich Bonhoeffer

Jul ie Claassens

Hierdie gebede verskyn in Die Groot Gebede Boek

deur Piet Naudé. 07

Page 6: Manna issuu sep okt 2015

Die wêreld se sug is – dringender en dringender – na verdieping.

’n soeke na ietsdieper...

Hoe lyk voluit leef? Ons is konstant besig met pogings om te verbeter, of

skuldig te voel omdat ons dit nie doen nie. “Voluit leef” is vir ons méér doen. Raak jy benoud oor jou “lysie van 50moet-doens-voor-ek-doodgaan” waarby jy nie gaan uitkom nie? Dit is nie wat voluit menswees beteken nie. Ons het nie méér en nóg nodig nie. Ons het dieper nodig!

Die meeste van ons leef ’n baie gewone lewe – sommige sal dit selfs as saai beskryf. Gebeur daar niks in ons lewe nie, voel ons vaal en vervelig. Doen ons te veel, voel ons oorstuur en buite beheer. Ons dink graag aan onsself as individualiste, tog meet die meeste van ons onsself en mekaar aan die standaard wat ander stel. Die meeste mense wat ek ken, is bolangs heel gelukkig, maar krap so bietjie

aan die oppervlak lagie, dan is daar by baie ’n ontevredenheid. Ons wil graag ’n betekenisvolle lewe leef, maar ou leefpatrone is soms so gevestig dat ons aanhou wens dinge kon anders wees, sonder om die ongemak aan te durf van nuwe gewoontes aan te leer om sinvolheid te ervaar.

Sou dit waar wees dat mense se grootste potensiaal nie opgesluit is in hul intellektuele vermoëns nie, maar wel in hul verbeeldingskrag? Dalk is dit wat Richard Forster dan bedoel as hy in sy klassieke boekie, Celebration of Discipline, skryf dat die wêreld nie ’n behoefte aan slimmer of begaafder mense het nie. Daarvan is daar baie! Die wêreld het ’n dringende behoefte aan “dieper” mense. Ons wil graag vooruitgaan, en dit is waarvoor stewige dosisse intellek nodig is, maar vooruitgang is nie ons dringendste nood nie. Die wêreld se sug is – dringender en dringender – na verdieping.

Kyk ek om my dan weet ek dit is waar. Oppervlakkigheid is die strik waarin ons almal

Iets skort en ons kan net nie ons

vinger daarop plaas nie

Ronel l Bezuidenhout

10

Page 7: Manna issuu sep okt 2015

11

Page 8: Manna issuu sep okt 2015

se enkels verstrengel raak; kitsbevrediging is die struikelblok waarteen ons met toe-oë onsself nerfaf stamp. Kits-kos; kits-winkeldienste; kits-antwoorde; kits-verligting. Ons hou van vinnige, maklike, geriefl ike, self help-idees. Dit moenie te

moeilik wees nie, want dan verloor ons belangstelling: “Tien maklike treetjies he-mel toe. Sukses moet gewaarborg wees, want deursettingsvermoë en geduld is nie juis ons sterk punt nie.

Hoog vlieg! Hard leef!Tussendeur word ons gebombardeer met suikerlagie beloftes van gemaklik, lekker, suksesvol, dinamies. Tog, daar is oral protesterende stemme wat ons waarsku

dat hierdie leefstyl nie op die lange duur vir ons (en vir die wêreld waarin ons leef) volhoubaar is nie. ’n Leefstyl van selfgerigtheid en selfverryking hou sy eie ondergang in hom opgesluit. Wat ons vooruitgang noem, is subtiele ondergang.

Iemand gaan die een of ander tyd die prys vir ons selfgerigte leefstyl betaal – al is dit dan die geslagte ná ons wat swaar gaan dra aan ons swak besluite.

In my spreekkamer hoor ek mans én vroue, volwassenes én tieners, welaf én hulpbehoewend, gereeld sinne gebruik soos:

“Dit voel asof ek myself nie ken nie.”;“Bolangs dink my kollegas ek is so kalm,

maar as hulle net weet … ”;

“My deurmekaar lewe is eintlik net ’n metafoor van my deurmekaar binneste.”;

“Ek voel buite beheer.”Alles gaan eintlik oor ’n enkele sug:

Daar moet tog méér wees aan die lewe as dít! Wanneer iemand met soveel klem daardie

woordjie “dít” uitspreek, weet ons gewoonlik instinktief wat die persoon bedoel, al het ons nie dadelik ’n naam daarvoor nie. Ons almal ken die “dít”; ons almal kla daaroor. Iets . . . “dít” . . . is besig om, soos ’n parasiet, die lewe uit ons te suig. Wat die “méér as dit” moet wees, daaroor krap ons kop! Die wete dat ons nie die méér as dit het nie, laat ons met ’n leë, onvervulde gevoel. Ons voel verneuk. Iets skort en ons kan net nie ons vinger daarop

12

Page 9: Manna issuu sep okt 2015

plaas nie. Luister bietjie na hoeveel keer mense om jou hul ontvlugtingsbehoeftes verwoord: “Dalk moet ons platteland toe trek?” Kom mense op die platteland, dan sit “dít” hulle en inwag op die voorstoep. “As ek maar net ’n jaar kon afvat om by myself uit te kom.”

Die idee dat my waarde deur my produktiwiteit

bepaal word, verlei my om net altyd nog besiger te moet wees; die

idee dat ’n besige lewe ’n vol lewe is, maak van my

iemand wat geluk in dinge buite myself soek

’n Soeke na ... wakker weesInderdaad het iemand al selfs vir my, heel tongklikkend, gesê: “Dit is omdat jy nie genoeg sports (opwinding?) in jou lewe het nie, dat jy so broei oor die lewe. Get a life!” Tog wil dit nie vir my lyk asof “genoeg sports” aan mense die regte sleutel gee waarmee hulle die deur na vervuldheid kan oopsluit nie. Dit is juis waarmee ek my besig hou in my daaglikse nadenke as ’n teoloog en ’n medereisiger op hierdie pad genaamd Lééf. Die vraag oor hoe ’n lewe van heelheid en dieper welsyn dan lyk. Hoe lyk “vervuldheid”? Wat my interesseer (en ek beskou dit as my roeping) is om na te dink, en mense te

begelei wat daarna vra, oor wat Johannes se woorde sou kon beteken dat Jesus gekom het om vir ons die lewe te gee, “... en dit in oorvloed”. Hoe lyk so ’n lewe? Sê nou maar net ons sou nie tevrede wees met oppervlakkigheid nie? Hoe sou ’n lewe lyk waar ons nie met slaapwandelaarstatus tevrede is nie, maar werklik wakker is om die volle lewe te ervaar?

Mense wat asemhaal maar nie werklik leef nie, is nie ’n moderne probleem nie. Gaan blaai in die Ou Testament rond. Jesaja skryf etlike kere: “Word wakker, Israel!” Elke keer met sulke groot uitroepe. Klaarblyklik was dit nie net die Jode, en later die Christene, wat met hierdie slapende wakkerwees sukkel nie. Om die geheim van die lewe te verstaan, het duidelik iets te make met ontwaking. Net ’n eeu of wat, nadat Paulus ’n bekende liedjie van sy tyd in ’n brief vir ’n groepie Christene aanhaal: “Kom, kom, kom, Efese, word wakker julle wat slaap en staan op uit die dood,” skryf die biskop van Lyon, Irenaeus, hierdie wysheid: “God word verheerlik deur iemand wat werklik leef.” Baie mense ken die woorde van Irenaeus in Engels: “The glory of God is a human fully alive”. Waarom sou Irenaeus dit gesê het? Dit is seker ’n logiese afl eiding dat Irenaeus met hierdie woorde sy tydgenote wou wakker maak deur hulle te herinner dat die manier waarop hulle leef, ’n refl eksie is van hoe hulle oor God dink. Dit moes sekerlik tog as ’n aanmoediging dien vir die mense van sy tyd om te verstaan dat God se verheerliking nie deur ’n “halwe lewe” kan gebeur nie, nie waar nie?

Dit is ’n menslike probleem, ongeag waar jy leef. Dalk ken jy hierdie woorde van Rumi, ’n dertiende-eeuse digter en fi losoof: ‘Waarom, as God se wêreld so groot is, het jy in ’n tronk - van alle plekke- aan die slaap geraak?’

Dit is asof ’n mens die verbasing van iemand hoor wat uitroep, waarom is

jy met tweede beste (of selfs derde of vierde) tevrede as jy die beste aangebied is? Hoekom is jy dan nog boonop uit vrye keuse – ’n gevangene in ’n selfgemaakte tronk? En dít terwyl God se hele skepping tot jou beskikking is om jou lewe in uit te kan leef!

Ek wil my eie altstem by die dreunsang voeg; al helder wordende uit die vuur: Dit is nie hoe dit bedoel is om te wees nie! Ons kan nie ons vaal lewe verryk met korttermynkragtoertjies nie. Ons het nie meer “sports” nodig nie. Ons het nie méér en groter en suksesvoller nodig nie. Ons het dieper nodig!

Hoe moet jy God hoor as jou siel nie versorg word nie?

’n Soeke na … die verlore sielDiepte het klaarblyklik nie met dinge van buitekant af te make nie. Diepte is iets wat van binnekant af kom. Dit het met “sielsdinge” te make. Sommer op die heel eerste bladsy van die bekende werk van Thomas Moore, Care of the Soul, skryf hy: “Die groot siektetoestand van die twintigste eeu waaruit al ons probleme spruit, wat ons, nie net as individue nie, maar ook as samelewing raak, is dat ons ons siel verloor het.” Thomas Moore waarsku ons dat wanneer sielsdinge afgeskeep word, sterf dit nie maar net ’n stille dood nie. Dit is nie maar soos ’n ledemaat wat nie gebruik word nie en dan mettertyd net slap en nutteloos langs jou lyf hang nie. ’n Afgeskeepte “siel” laat haarself nie so maklik fl ous nie, sy manifesteer op verskeie ander plekke as simptome om te wys iets is fout: as obsessies, verslawings, geweld, en ja, ook in die gevoel van betekenisloosheid. Ek hoef jou sekerlik nie daarvan te

13

Page 10: Manna issuu sep okt 2015

probeer oortuig dat ons “die verlies van siel” daagliks om ons sien nie. Self hoef ek nie eens aan voorbeelde uit ander se lewe te dink nie, ek kan sommer na my eie kyk: Die idee dat my waarde deur my produktiwiteit bepaal word, verlei my om net altyd nog besiger te moet wees; die idee dat ’n besige lewe ’n vol lewe is, maak van my iemand wat geluk in dinge buite myself soek. En so sou ek kon aanhou ...

Dit is nie net individue wat sielskrisisse beleef nie. Die samelewing verloor ook sy siel. Dekades gelede het die bekende teoloog Paul Tillich reeds gewaarsku dat die moderne Westerse kultuur die “gees van ’n masjien” het. ’n Masjien vra nie vrae nie, ’n masjien werk net ... ritmies, dag en nag, op dieselfde manier as gister en eergister. Die masjien is nie bekommerd oor sielsdinge nie, die masjien het net een funksie: produksie. Die masjien word deur die verstand uitgedink en deur die verstand bestuur. As die masjien gister soveel produkte kon lewer, dan kan die masjien verbeter word om vandag bietjie meer uit te spoeg.

Hoe stiller die lewe om jou raak,

hoe stiller kan jou gemoed raak; hoe dieper kan die teenwoordigheid

van God in jou insak

Ons is meer as masjien, met ander woorde, ons is veel meer as net dit wat ons kan doen en dink; ons is siel. Vergeet vir ’n oomblik eers die kritiese vrae oor wat is die siel nou en hoe verskil siel van gees . . . en al daardie tipiese vrae wat ons

moderniste bedink. Wat ons wel weet, is dat daar iets in ons binneste is wat ander vrae bedink as die verstand wat die masjien uitdink. Die verstand wil oplossings kry en aanbeweeg. Voorwaarts mars, want ons kan, ons het dan die breinkrag. Die siel vra stilte en versorging. Die siel vra kwaliteittyd. Die besige verstand het juis te min daarvan. Die besige mens jaag teen die horlosie, en as jy moeite doen om jou oor teen die klok te hou, hoor jy: rand, sent, rand, sent ...

Hoe moet jy God hoor as jou siel nie versorg word nie? Hoe besiger jou lewe raak, hoe minder kan jy God se stem hoor. Fénelon, het eenmaal opgemerk dat God nie opgehou het om met ons te kommunikeer nie, dit is net die ewige geraas om ons, en ons eie passies van binne, wat ons doof maak en ons daarvan weerhou om God te hoor. Daarom skryf hy dat ons elke onnodige klank moet afskakel, ons moet onsself stil kry, selfs ons omgewing stilmaak waar ons kan, dan sal ons die fl uistering in ons siel hoor. Stilword konfronteer jou met jou eie binne-geraas. Die woestynmoeder en -vaders van ouds het geweet, hoe stiller die lewe om jou raak, hoe stiller kan jou gemoed raak; hoe dieper kan die teenwoordigheid van God in jou insak.

Ek sien dit in myself en in baie ander se lewe: Ons verwar “besige” lewens met “betekenisvolle” lewens. Ons weet nie hoe om ons sielshongerte te versadig nie, daarom verdoof ons die sug met allerhande kunsmatige afl eidings. In plaas daarvan dat ons ons diepste behoeftes vervul, laai ons ons vurk net nog voller. En raak ons nog meer uit balans.

Ons het verbruikers van godsdiens geword in plaas van versorgers van ’n geestelike lewe, ons het ’n hele industrie van Christelike kitsch geskep en boekwinkels vol spirituele ‘junk food’ wat ons versadig, maar oorgewig laat. ’n Godsdiens van entertainment kan jou

besig hou, maar ek is besig genoeg, ek soek nie entertainment nie, ek soek diepte.

Dan is iets mos beslis fout. Soos menige mens wat in spreekkamers beland jou sal kan sê, as jy dit nie reeds self al ervaar het nie, die siel praat nie so duidelik Afrikaans nie. Hoe minder ons aandag aan die siel se sugte gegee het, hoe minder sal ons in voeling wees met die oorspronklike “moedertaal” van ons binneste, die taal van ons siel.

Ons het verbruikers van godsdiens geword in plaas

van versorgers van ’n geestelike lewe

As dit waar is van die individu, is dit waar van die samelewing. Ook die samelewing se siel roep uit: “Dit kan nie so aanhou nie!” As ek luister na die mense saam met wie ek leef en werk, as ek na my eie hart se taal luister, en as ek die magdom boeke lees wat hieroor gesels, dan weet ek: Ons soek iets meer! Ek soek iets meer! Jare lank al.

Manna

Hierdie is ’n verwerking uit Woestynwysheid deur Ronell Bezuidenhout.

Sien bladsy 42 vir meer detailsasook ’n resensie.

14

Page 11: Manna issuu sep okt 2015

Kom luister na Joshua na die Reën en gasspreker Ronell Bezuidenhout, skrywer van

Woestynwysheid

Wanneer: 31 Oktober 2015Waar: Encore Teater 1217 Kerk Str, Pretoria, 0028Tyd: 9vm - 13nmKaartjies: R200

’n Soeke na méér...Hoe lyk voluit leef? Leef ek voluit? Ons is konstant besig met pogings om te verbeter, of skuldig te voel omdat ons dit nie doen nie. “Voluit leef” is vir ons méér doen. Jy raak benoud oor jou “lysie van 50 moet-doens-voor-ek-doodgaan” waarby jy nie gaan uitkom nie. Dit is nie wat voluit menswees beteken nie. Ons het nie méér en nóg nodig nie. Ons het nie méér en groter

en suksesvoller nodig nie. Ons het dieper nodig!

Ons verwar besige lewens met betekenisvolle lewens. Ons weet nie hoe om ons sielshongerte te versadig nie, daarom verdoof ons die sug met allerhande kunsmatige afleidings. Ook die

samelewing se siel roep uit: “Dit kan nie so aanhou nie!”

Ons het verbruikers van godsdiens geword in plaas van versorgers van ’n geestelike lewe, ons het ’n hele industrie van Christelike kitsch geskep en boekwinkels vol spirituele ‘junk

food’ wat ons versadig, maar oorgewig laat.

~ Woestynwysheid

Merk in jou dagboek! 31 Oktober 2015

9vm-13nm

Vir kaartjies:Door twenty two publishing

Rekeningnommer: 4078572902ABSA Tjek

Verwysing: Tee/Naam + VanStuur bewys van betaling aan: [email protected]

Joshua na die Reën

Page 12: Manna issuu sep okt 2015

16

Page 13: Manna issuu sep okt 2015

Volhardende geloof wat jou desperaat op jou knieë voor God laat neerval en daar hou,

beweeg sy hart en hand.

Om God in ’n hoek in te

glo!

Baie mense word groot met die opvatting dat dit ver-keerd is om te veel ernstige

vrae oor die sin van die lewe te vra. “Aanvaar eenvoudig wat oor jou lewenspad kom en berus daarby, want daar is ’n doel met alles,” is min of meer die raad wat ’n mens gewoonlik moet aanhoor as jy deur die een of ander krisis worstel. Terselfdertyd word dit ook as taboe beskou om vrae oor God se wil te vra of met Hom swaarde te kruis oor jou probleme. Hierdie soort uitsprake het natuurlik groot byval in die volksmond gevind en as’t ware deel van die populêre evangelie onder baie mense geword.

Natuurlik rym hierdie soort uitsprake nie regtig met die Bybel se inhoud nie. Ten eerste is God se wil nie so vas en onbuigsaam dat Hy glad

nie daaraan kan verander nie. Ons as mense is nie deel van ’n vooraf vervaardigde hemelse videoprogram wat nou willoos afspeel nie. Die Bybel wemel van voorbeelde waar God sy planne op kort kennisgewing ingrypend verander het. So het Hy byvoorbeeld in reaksie op Hiskia se gelowige gebed sy sterfdatum met ’n volle 15 jaar uitgestel (Jes 38). God het ook sy klaar aangekondigde doodstraf oor Nineve opgehef ná hulle hartgrondige berou (Jona 4). Dinge soos gebed en bekering het dus ’n groot uitwerking op sy wil.

Benewens die feit dat God se wil kan verander, is dit ook waar dat Hy mense toelaat om van Hom te verskil en selfs sake met Hom te bespreek. Kom ons kyk na ’n paar aspekte in hierdie verband. In Matteus 15 lees ons van ’n Kanaänitiese vrou wat op ’n goeie dag met Jesus paaie kruis en toe die moed gehad het om radikaal van Hom te verskil. So het sy boonop iets reggekry wat die meeste mense as ondenkbaar sou beskryf: Sy het Jesus op die

Hy is nooit so besig om die wêreld te bestuur dat Hy nie kan

tyd inruim vir sy kinders se gebede nie

Stephan Joubert

17

Page 14: Manna issuu sep okt 2015

ouend in ’n hoek ingepraat en geglo sodat Hy uiteindelik geen ander keuse gehad het as om haar haar sin te gee nie.

Kom ons begin heel voor. Matteus vertel vir ons in sy Evangelie dat Jesus se aardse sending hoofsaaklik op die verlore skape van Israel gerig was. Hy wou die verbondsvolk teruglei na die Bron van die lewe toe. Daarom het Jesus in die verskillende dorpies in Galilea vir die Jode vertel dat Hy sélf God se koninkryk na hulle toe gebring het.

Wanneer die lewe jou soms in ’n

hoek vasdruk en dit vir jou voel asof daar ’n besettoon na die hemel toe is, moet jy nie te gou die handdoek

ingooi nieOp ’n dag, terwyl Hy hiermee besig was, het Hy deur die gebied van Tirus en Sidon gereis toe ’n Kanaänitiese vrou onverwags op Hom afkom. Sy was van heidense afkoms, maar dit het haar nie gekeer om tog na Jesus toe te kom nie. Sy het die goeie berigte oor Hom gehoor, en vanweë die krisis met haar duiwelbesete dogter het sy geglo dat Hy haar kon help.

Haar pleitredes tot Jesus dat Hy haar kind moes bevry, het aanvanklik op dowe ore geval en Jesus het haar heeltemal geïgnoreer. Die dissipels, hoogs ontsteld oor die feit dat ’n vrou (en nogal ’n onrein heidense vrou daarby) dit gewaag het om in die openbaar met Jesus te kom praat, wou haar dadelik verwilder. Maar selfs dít het haar nie afgeskrik nie. Hierop het

Jesus van haar gesê dat Hy slegs na die verlore skape van Israel toe gestuur is. Hy kon nie op kort kennisgewing sy sending ter wille van een heidense vrou wysig nie. Maar steeds het sy nie die handdoek ingegooi nie: “Help my, Here,” het sy pleitend gesmeek.

Hierop het Jesus haar skerp aan-gespreek deur te sê dat sy as heiden nou die brood (dit wil sê, die evangelie wat Jesus bring) uit die kinders van Israel se monde wil vat, en dat dit nie reg is nie. Sy het ’n laaste desperate troefkaart gereed gehad: “Here, gee maar net vir my die krummeltjies wat van die tafel afval.” Sy was tevrede met net ’n krieseltjie van God se genade. Jesus kon maar voortgaan met sy sending aan Israel, solank Hy net so ’n ietsie van sy genade na haar kant toe aangee.

Ná hierdie woorde was Jesus in ’n hoek. Hy het nie meer teenantwoorde gereed gehad nie. Daar en dan het Hy haar geloof aangeprys en haar wens toegestaan. Jesus was bereid om ter wille van die geloof van een vrou, wat Hom in ’n hoek in geglo het, sy sending te wysig. Natuurlik het Hy dwarsdeur sy aardse optrede die deur na die koninkryk van God vir die heidene oopgehou. Maar nou doen Hy dit ‘amptelik’ deur in die openbaar te wys dat sy koninkryk ook vir hulle bedoel is.

Volhardende geloof wat jou desperaat op jou knieë voor God laat neerval en daar hou, beweeg sy hart en hand. Wanneer die lewe jou soms in ’n hoek vasdruk en dit vir jou voel asof daar ’n besettoon na die hemel toe is, moet jy nie te gou die handdoek ingooi nie. Geloof beteken om in sulke omstandighede juis met God te bly praat, om as’t ware die lyn weer oop te bid. God is nooit doof vir opregte gebed nie. Hy is bereid om na enige saak te luister wat meriete het. Jesus het dit duidelik uitgebeeld en bewys deur sy bereidwilligheid om omgepraat

18

Page 15: Manna issuu sep okt 2015

en omgeglo te word deur ’n vrou wat so desperaat om hulp gesoek het dat sy nie nee vir ’n antwoord wou aanvaar nie. Wil jy nie ook ’n slag so dapper begin glo nie?

Sommige mense aanvaar eenvoudig net nie nee vir ’n antwoord nie. As hulle iets wil hê, sal hulle bly karring totdat hulle sin kry. Sulke mense kan jou nogal uitput as jy die slag in hulle visier is. Jy voel partykeer sommer lus om jou deur te sluit as jy hulle sien aankom, of om te maak asof jy hulle glad nie raaksien nie. Tog is dit juis hierdie knaende mense wat dikwels hulle doelwitte bereik. Hulle weet wat hulle wil hê, en doen alles in hulle vermoë om dit uiteindelik te kry.

As dit waar van die lewe in die algemeen is dat ’n mens hard moet werk en soms selfs knaend moet wees om iets reg te kry, dan is dit sekerlik ook waar van ons geloofslewe. Trouens, dit is eintlik verstommend dat ons met oogklappe hieroor rondloop. Miskien is dit omdat baie van ons iewers in ons agterkop die idee koester dat God ’n kwaai en onbeweeglike God is wat nie juis in ‘avontuurlike’ gelowiges belangstel nie. Dalk dink ons dat Hy net na gebede luister wat op die ‘regte’ maniere gebid word met al die nodige frases en uitdrukkings. Hierdie soort opvattings lei ongelukkig daartoe dat godsdiens ’n formele aangeleentheid word waar jy net al die nodige geestelike reëls moet nakom. Dit maak ook van God ’n veraf Persoon wat jy op stereotiepe maniere moet dien.

Ware geloof is egter heel anders. Dit is juis bedoel om ’n avontuur te wees. Ons dien nie ’n starre God nie. Nee, Hy is dinamies met ons deur die geskiedenis op pad na sy Seun se wederkoms. Hy is die God wat tyd maak om na ons te luister en positief op ons gebede te reageer. Omdat hierdie ‘anderkant’ van ons verhouding met God dikwels onderbeklemtoon en Christenskap in veilige bane gekanaliseer word waar dit gemonitor en beheer

kan word, is baie mense se geloofslewe ongelukkig ’n saai affêre. Baie gelowiges weet nie eens dat hulle dinge openlik, ja, selfs knaend, met God kan bespreek nie. Die Bybel vertel oor en oor dat God bereid is om na enigiets te luister waarmee ons na Hom toe kom, van ons maandelikse begroting af wat net nie wil klop nie, tot by ons keuse van ’n beroep of ons vrese oor die toekoms. Niks is vir Hom te groot of te klein nie. Inteendeel, Hy is nooit so besig om die wêreld te bestuur dat Hy nie kan tyd inruim vir sy kinders se gebede nie. En die beste nuus is dat God ook nie so onbeweeglik is dat Hy nie in ’n hoek ingeglo kan word nie. Trouens, Hy is selfs bereid om van standpunt te verander as sy kinders se saak regtig geldig is.

God reageer en luister wanneer Christene op hulle knieë is, veral wanneer hulle sonder ophou daar bly. Hy sal in sulke gevalle uitkoms gee. Hy sal regtig help wanneer mense hulle geloof so ernstig opneem dat hulle bereid is om dapper tot in die allerheiligste teenwoordigheid van God te tree en hier eerbiedig met Hom te bly praat. Dit raak God se hart wanneer sy kinders swaar kry. Maar die beste nuus van alles is dat dit Hom boonop in beweging bring wanneer hulle Hom dag en nag smeek om hulle te help.

Geloof is ’n vaste vertroue in die drie-enige God. Dit is ’n vertroue dat Hy die God van liefde is wat die moeite doen om te luister en te reageer wanneer sy kinders met Hom praat. Sulke geloof verander ’n mens se verhouding met God tot ’n avontuur omdat dit alles van Hom verwag. Is dit waar van jou geloof?

Manna

Hierdie is ’n verwerking uitDit kos guts om te bly glo deur

Stephan Joubert.

Sien bladsy 42 vir meer detailsasook ’n resensie.

19