matriek reünie 1971 - hoërskool pretoria noord

96

Upload: susan-brett

Post on 08-Mar-2016

488 views

Category:

Documents


24 download

DESCRIPTION

Samevatting van stories van oorlewende matrieks 1971-2011

TRANSCRIPT

Page 1: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord
Page 2: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

2

Page 3: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

3

MATRIEK AFSKEIDS PROGRAM

KONTAKTELYS - MET FOTOS

ONNIE FOTO LYS

RIPLYS - MET FOTOS

FOTOS - TOEKA TOT NOU

PERSOONLIKE INLIGTING/STORIES

STORIES VAN OUD-ONNIES

REüNIE FOTOS

Ons bedank die reëlingskommitee vir hulle harde, deuglike werk, wat hierdie reünie ‘n reuse sukses gemaak het.

Susan, Hennie , Karin, Robbie en Sonia

Boek saamgestel deur: Susan Brett

Page 4: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

4

Page 5: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

5

Page 6: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

6

Kontaktelys

  

’71 MATRIEKS REAKSIE EN BYWONING

Agatha J. van Schaik x der Merwe [email protected] 0843880103

A Botha Knoetze

Annette de Waal

Anna M. Fouche Du Plessis Faks 012 546 8710 083 310 7820 012 546 5648

Annemarie Hoffmann 2 De Wet [email protected] 072 727 3377

Ansa M. Pretorius 2 Coetsee [email protected] 082788 8866. 012 5676570

Antoinette Bierman x Reitz [email protected] 078 458 7498 012 998 2424 w

Anton Hattingh 2 [email protected] 072 973 0419

Bartel Aucamp.  

B Fourie De Jager?

Babsie Snyman 1 Burger [email protected] 0829240237 012 335 3505

Cattie Meintjies Gouws [email protected]

Charles C.E. Francis x [email protected] 072 191 4431

Corrin Fourie 2 [email protected] 083567 0159 018 299 8863 (w)

Page 7: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

7

Dirk Brink 2 [email protected]

Estelle Barnard Dannhauser? Kon volgens Karin se 13 jaar lys by Johan Dannhauser Saadmakelaar van RSA Saad in Bethal 01361 3257 huis gekontak word.

Elsa Malan

Elma du Plooy Van der Westhuizen [email protected]

E Schoeman

Flip Benade Nommer ‘n probleem (014) 772 2350

Fred (C.F.) Oberholzer 2 [email protected] 082 367 3653 012 339 5090 w 0125469230 (h)

Hannelie Schuster Scheepers?

Hannetjie du Preez 1 [email protected] 0726525776

Hendrika Human x Cilliers ([email protected]) 0849753905

Hennie Hough 2 [email protected] 083 4448343

Hennie D. Mouton 2 [email protected]

[email protected]

012 671-1299 w

Herman F. Van Rensburg x [email protected]

J Smit

Jan F. Labuschagne 2 [email protected] 0834912919

Jakkie H. Pieters 2 [email protected] 083 376 6764 042 293 2940

Johan Kleynhans 2 Wife: Andrea [email protected] 082 850 7986 012 529 6000(w)

Page 8: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

8

Johan Malan [email protected] 072 686 0456 012 5464971

J. H. Engelbrecht

Johann Smith 2 [email protected] 076977381 012 428 3223

Justa Coetzee x Kruger [email protected] 012546 4834 012 304 9745

Karin G.A. Kaiser 1 Hambrock [email protected] 016 428 2929

Kobus Billingham 2 [email protected] 0825783455 012 428 2980

Louise Kruger x Walles [email protected] 0839584419 012 804 8856 -

L. Annette Van Zyl x Wolmarans [email protected]@gmail.com

L Veldthuysen

Louise Viviers 2 Venter [email protected] 0842401624

Martie Herholdt 2 Susan Brett 007susan [email protected]

[email protected]

0723134784 012 546 3495

M Gerber

M Bester Geyer?

Michael de Jager x [email protected] 0835647227 021 903 8063

Marietjie Janse van Rensburg 2 Danzfuss [email protected] 011 826 1394

Mariëtte Bronkhorst 1 Short

Page 9: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

9

Mariël J. Badenhorst 1 Vrou oorlede Het nie epos adres nie 072 996 0259 (012) 565 6763

Marius van Wyk x [email protected] 082 823 5091 012 653 3490 (h)

Nico Roets 1 [email protected] 072 318 6130

Narina de Beer 2 De Klerk [email protected] 0829032212

Philip Nel x (voorlopig op as hy dit kan maak)

[email protected]

Patrick H. Venter 2 [email protected] 0827826908

Petro de Beer Windell /

Pieter Fourie

P Rademeyer x [email protected] 083 2514827

Pieter Roberts Geen epos 0847122593

Pierre Rossouw 2 [email protected]

Rina Bosch 2 van Dyk 012 376 1799 Faks by die werk 0825658989 012 546 1254

Ronel du Plessis 1 Niezen [email protected] 012 998 7067

Rosa Kruger Gouws [email protected]

R. J. de Beer

Sonia Du Buisson 2 Venter [email protected] 0822918288 012 421 3360 012 546 6382

Ria du Toit x Rademeyer [email protected] 0827833093

Page 10: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

10

Sheryl Snyman x [email protected] 0799155624

Susan Scott Schuster?

T Prinsloo x [email protected] 084 2456601 051 633 2184. 

Tryna Nortje 1 van der Westhuizen [email protected] 082 4620404 021 913 8666

Willie (Robbie) Robbertze 2 [email protected] 082 6581675 012 5671675

Wilma Malan x De Jongh [email protected]. 082 5775324.

W Lourens

Willem van Niekerk 2 [email protected] 0824425999 012 428 3192

Yvonne Buys 1 Veeck [email protected] 0825033873

55  

        

Page 11: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

11

  

  

    Mev S de Klerk           

  

    Mnr. F Grobler           

      Mnr. W P Uys           

      Mnr W Gronum      0126640031 0824447885 in wit bladsye      

      Mnr. Wybenga      ?oorlede?     

      Mej. L S le roux           

      Mnr. J L Botha      Daar is 81 J L Bothas in die wit bladsye     

      Mnr . W Pretorius       012 5464298 0732811170     

      Mnr. D Theron      012 5431266    

      Mev . E Williams           

      Mnr. J Visser           

      Mnr. M J Prins      Iewers by die kus     

      Mnr. C Bezuidenhout           

      Mnr. L S Ueckermann       0726373930     

      Mej. G E van Staden           

      Mnr. M J Ras      In Groblersdal     

      Mnr . R Heyns           

      Mev. Pistorius (Swanepoel)      Iewers by die kus     

Page 12: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

12

RIP Ansa Rossouw Ansa is so 2 jaar gelede oorlede aan ‘n brein tumor

AP Groenewald AP is blykbaar in ‘n motor ongeluk oorlede

Dick van Zyl Dick se dood is bevestig deur Dirk

Elize Jacobs Elize is oorlede aan borskanker

Pieter Moll Jan het bevestig dat Pieter oorlede is (Catie Meintjies se hy is aan kanker oorlede).

W. J. Brits Dankie aan Hennie wat by WJ Brits se neef uitgevind het hy is oorlede.

Sarel Scholtz Jakkie bevestig dat Sarel oorlede is.

Mnr Esterhuizen

Mnr De Beer Oorlede 25 September 2010

Mnr P J Cilliers

Page 13: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

13

Foto gallery

PNHS Foto: Tryna

TOE....1969/70

VOOR IN DIE WAPAD BRAND ‘N LIG

Page 14: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

14

Skooltoer - Sabie. Hennie, Nico en Robbie Foto: Tryna

Marietjie, Karin, Hannetjie, Annette en Mariette Foto: Tryna

Skooltoer - Pretoriuskop Foto: Tryna

Louise en Karin Foto: Karin Karin en Tryna Foto: Karin

Tryna, Marietjie, Skim en Annemarie Lyk soos Sarel in agtergrond en kan

nie uitmaak wie sit voor Annemarie nie. ... Robbie?

Foto: Karin

Page 15: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

15

Johan Foto: Jan

Wilma Foto: Karin

Karin Foto: Karin

M Gerber Foto: Karin

Pieter & Sarel Foto: Karin

Terrence, Pieter, Antoinette, Sarel Foto: Karin

Petro Foto: Karin

Ronel Foto: Karin

Trofi eëkas by ingangsportaal Foto: Karin

1971/72

Page 16: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

16

Rugby - Mnr Esterhuizen Foto: Jan Rugby tussen Onnies en Skoliere: Oorhandiging van die trofee - iets met ‘n asblik te doen Foto: Jan

Elbe Swart - st 8 onderwyseres -Aardrykskunde Anna Botha, Cattie Meintjies en Jeanette Smit

Page 17: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

17

NOU... 2011

Page 18: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

18

Page 19: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

19

Page 20: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

20

Geniet elkeen, hulle is almal spesiaal!

Susan Brett (nèe Herholdt)Willie Robbertze

Dirk BrinkJohann Smith

Fred OberholzerHennie Mouton

Hendrika Cilliers (nèe Human)Yvonne Veeck (nèe Buys)

Karin Hambrock (nèe Kaiser)Jan Labuschagne

Ansa Coetzee (nèe Pretorius)Cecilia Burger (nèe Snyman)

Michaal de JagerRosa Gouws (nèe Kruger)

Agatha van der Merwe (nèe van Schaik)Tryna van der Westhuizen (nèe Nortje)

Marietjie Danzfuss ( nèe Janse van Rensburg)Patrick Venter

Antoinette Reitz (nèe Biermann)

Jakkie PietersHerman van Rensburg

Nerina de Klerk (nèe de Beer)Louise Kruger (nèe Walles)

Kobus BillinghamCorrin Fourie

Pieter RademeyerW G van Niekerk Hennie Hough

Cattie Gouws (nèe Meintjies) Pierre Rossouw

Louise Venter (nèe Viviers) Philip Nel

Annatjie du PlessisJohan KleynhansPierre Rossouw

Hannetjie du Preez(Juff rou) Tertia Jacobs (nèe van der Schyff )

Mnr Wouter Pretorius

Page 21: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

21

Susan Brett(nèe Herholdt)

My skool loopbaan het begin toe ek 5 jaar oud was. Dit voel soos gister toe ek agter my ma se rok weggekruip het uit skone vrees vir die

gedaante voor my. Op daardie jeugdige ouderdom is ek in ‘n Kloosterskool gedompel en hierdie snaakse gedaante voor my was ‘n non, en omdat dit Januarie was, was sy van kop tot tone in wit getooi. In die winter was hulle rokke gewoontlik swart. Ek is vroeg-oggend, party oggende so vroeg as 5:30 by die skool afgelaai; in die winter is dit nog pik donker daardie tyd. Ek het daar gebly tot laat namiddag, so om en by 18:00 wanneer my ouers my weer kom haal het. Dit was ook in hierdie vormingsjare wat my ouers ook besluit het om ‘n plot te koop, daar vêr in die gramadoelas.

As enigste kind kon ek op daardie stadium in my lewe sekerlik heelwat hanteer. Maar op 5 jarige ouderdom kon ek nie met ‘n mes en vurk eet nie. Dit is een gesig wat nou nog gereeld by my spook is my eerste maaltyd saam met die koshuiskinders. Hulle het ‘n etenstyd ritueel gehad wat normaalweg glad verloop het, totdat hierdie Afrikaanse klein dogtertjie daar beland het. Ek kon op daardie stadium ook nog nie Engels praat nie en daar sit ek toe my eerste maaltyd deur en kyk hoe die ander ouens eet en het groot raas gekry omdat ek so kos mors. Natuurlik het ek in trane uitgebars en met baie gebare uiteindelik die punt tuisgebring dat ek ‘n klein lepel nodig het om mee te eet. Hulle bring toe vir my ‘n teelepel. Ek het vreeslik skaam gekry hieroor, en glo my, ek het vinnig geleer om met mes en vurk te eet.

Vir die volgende 8 jaar van my lewe het dit nie veel beter gegaan nie. Teen die tyd wat ek st. 4 bereik het, het ek ‘n totale blokasie teen enigiets wat ‘n nommer was, opgebou en ‘n vak soos geskiedenis was net hopeloos te veel vir my om te onthou. Maar ek kon teen die ouderdom van 10 jaar dele uit The Parsons Tale (Canterbury Tales van Geoff rey Chaucer) woord vir woord weergee, of die ellelange The Winged Horse volledig resiteer. Ek is in st. 4 teruggehou omdat die nonne gedink het ek het nie psigies so goed ontwikkel soos dit moes nie. En daar sit ek toe weer. Die vriendekring wat my so lank geneem het om op te bou was nou ‘n jaar voor my, en my beste vriendin, Jeanette

McDonald was so briljant en het sommer st. 5 oorgeslaan en direk hoërskool toe gegaan. En, om die kersie op die koek te sit halfpad deur my 2e jaar in st. 4 moes ek hoor dat ek ‘n boetie gaan kry. Skielik was ek nou nie meer die enigste kind nie en moes pad oopmaak vir ‘n seun. My pa was natuurlik ekstaties hieroor, hy sou iemand hê wat hom kan help op die plot. Mmmmm, was dit nie genoeg dat ek geleer het om ‘n stel van 6 donkies in te span nie, en om hulle al die pad te hanteer tot by die meule wat ‘n goeie 8 km ver was nie. Of dat ek my vingers deur gewerk het om te help om die lande klipvry te kry nie. :o) En ek het myself geleer om ou Freddie, ons swart voorman se fi ets te ry, sommer so skuins onderdeur die bopyp. Ek was ook so donker bruin gebrand en het op die skoolfotos soos een van die swart kinders wat in ons skool was, gelyk. Daardie dae was daar heelwat swart kinders uit Afrika in die skool. Ek moet darem een ding sê van hierdie baba, hy was die oulikste lewendige speelding wat enige kind ooit sal kan begeer. Ek het toe maar aanvaar dat ek nie meer die appel van my pa se oog was nie. Dit het nie gekeer dat ek my pa se eerste trekker, die ou gryse vaaljapie baie gou leer bestuur het nie. Ag tog as julle net kon sien hoeveel keer my pa sy drade moes regmaak omdat ek my draai te wyd gevat het en die ploeg ewe gemaklik die drade saamgetrek het - selfs al op hoërskool kon ek dit nie altyd regkry nie. Die einde van daardie jaar het my ouers my meegedeel dat ek die volgende jaar na die plaasskool sou gaan.

Teen daardie tyd was ek heel verengels en, al was ons huistaal Afrikaans, was al my skoolwerk in Engels gedoen om nie eers te praat van my tafels nie. Al was Wiskunde nou nie binne my begrype nie, het ek my tafels tot en met die 13x vreeslik goed geken, in engels!! en tot vandag toe doen ek alle berekenings in Engels. Al my redenasie aangaande skoolwerk was in Engels en wanneer ek dit in my kop moes oorvertaal in Afrikaans, het van die dele weggeraak en als het nie so goed uitgekom nie. My onnie Mnr Retief was vol begrip en het soveel gedoen om my deur hierdie moeilike tyd in my lewe te kry.

Die einde van daardie jaar het ons st. 5 afskeid gehad en ek wou so graag met die oulikste ou in die klas na die afskeid gaan maar hy het toe reeds iemand anders gevra.

Page 22: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

22

Toe nader hierdie ou met die sproete en groot bakore my. Ek was baie skaam, maar dit was geen verskoning vir my gedrag nie. Die uitgaan, en dit nog met ‘n seun was eintlik iets nuut vir my en alles was buite my sielkundige beheer. Ek onthou die jong seun het vir my iets gegee soos ‘n corsage of ‘n blom wat ek aan my arm moes dra, en ek het dit deur die aand afgehaal en sommer iewers laat lê, en toe ek by hom moes sit, het ek hom mooi laat verstaan dat ek nie wil nie en het by my ander vriende gaan sit. Ag tog, ek weet hy gaan hierdie lees en ek voel ek skuld hom ‘n verskoning, nou 46 jaar later. Plegtig sê ek, jammer Jan.

Na laerskool is ons oor na Hoërskool Gerrit Maritz, en dit was vir my ‘n hele nuwe lewe. Ek het skielik agter gekom dat ek mal oor vakke soos Latyn en Duits was. Skool was nou lekker en ek het selfs in st. 7 ‘n 3e plek op Pilditch behaal met spiesgooi. Almal weet tog, om net een van die eerste 3 plekke te haal, moes jy vreeslik goed wees aangesien daar soveel as 8 skole op ‘n slag deelgeneem het. Ja nee, my lewe was great. Toe tref nog ‘n yslik groot slag my. Die begin van die nuwe jaar in st. 8, laai die bus ons klomp ma-plotters by Hoërskool Pretoria Noord af. Sommer net so. Sonder om ons te vra. Daar bly al my vriende, en skoolsvreugde toe agter by die ou skool en vir die soveelste maal in my lewe moes ek van nuuts af begin en nuwe vriende maak. Vir iemand so skaam en teruggetrokke soos ek was dit amper ‘n onmoontlike taak. Maar toe kom daar ‘n klein engeltjie in die vorm van Ansa Rossouw oor my lewe. Die van julle wat haar nie so goed geken het nie moet weet sy was “great” en ek was vreeslik lief vir haar. Matriek was nie vir my maklik nie ek kan nie veel onthou nie, behalwe dat ek nogal ‘n “crush” gehad het op die biologie onderwyser, ou Wiel. Die dag toe hy diep in my oë gekyk het om te wys hoe die pupil verander in lig toestande, was ek heeltemal uitgeboul.

Ek sal ook nooit vergeet hoe skaam ek gekry het as my ouers my by die skool moes kom oplaai na een of ander na-skoolse aktiwiteite nie. Ons het ‘n ou, roomgeel, kombi gehad wat ek van vêr af kon hoor aankom en het altyd gesorg dat ek ‘n hele ent van die skool hek was om opgelaai te word. Dis ook met hierdie swaar herrinnering wat my misrabele skoolloopbaan afgesluit is. Maar teen

hierdie tyd was enige gedagte aan ‘n verdere akademiese loopbaan reeds heel verlore. Na matriek was ek so doelloos en rigtingloos, dat my ma my uit desperaatheid by die HF Verwoerd hospitaal as leerling verpleegster ingeskryf het. Uit pure rebellie het ek my hele persona verander en het heeltemal verengels en my naam verander na Susan (Engelse weergawe). Een troos, my getroue ou maat, Ansa, was darem daar.

Verpleging is nog ‘n belewenis wat ek nooit weer wil meemaak nie. My eerste dag by die werk, vroegoggend, moes ek ‘n demonstrasie bywoon oor hoe om ‘n bedlêende patient te bedwas. Dit was ‘n baie groot, ou tannie wat in ‘n koma was, en met ‘n gestoei het die jong verpleegsters haar van kant tot kant gerol terwyl sy gebad is. En dis net daar wat ek skielik in ‘n beswyming die grond tref. Weet nie veel meer van daardie insident nie behalwe dat ek in trane met my eerste af naweek. Ek het my ouers gesmeek het om my uit verplegingskollege te neem. Hulle het nie.

My gelukkigste tye in verpleging was toe ek in die Oor, Neus en Keel teater gewerk het. Ongelukkig moes ons gereeld roteer en my 6 maande van “absolute bliss” het te gou tot ‘n einde gekom (3 maande dagskof in teater en 3 maande nagskof in saal). Daar was goeie tye - Kerstyd in ‘n hospitaal was vir ons altyd ‘n uitdaging om seker te maak meeste mense voel nie heeltemal vergete nie. Nadat ek vir ‘n paar jaar siek mense verpleeg het, en ‘n kollege opleiding ontvang het, het ek besluit hierdie ding is nie vir my nie. Die geswottery was OK, ek was mal oor anatomie en sielkunde en als wat ons moes meemaak, maar om ‘n naald in iemand te steek, of om met babatjies en siek kinders te werk was nou nie iets wat ek vir die res van my lewe wou doen nie. O, ja ek het vergeet om by te sê dat ek ‘n ewige vrees vir dokters en naalde gehad het, sommer van kleintyd af, en dit was een van die redes hoekom ek nie kon verstaan dat my ouers so onsensitief kon wees om my by ‘n hospitaal opset in te skryf nie. Ek het toe uiteindelik my ouers se handtekening vervals en myself uit “geteken”. Ek moes want ek was nog nie 21 nie, en ek het geweet hulle sou dit nie doen nie.

Ek het toe uiteindelik by Onderstepoort Veterinêre Instituut

beland. Dit was net ‘n paar kilometer van my ouerhuis af en daar was geen siek mense in sig nie. Vir eers het ek met die produsering van virus en bakteriese entstowwe gewerk en is toe later oor na die afdeling Entomologie (insekte studie). En dis ook hier waar ek agtergekom het dat die lewe lekker kan wees. Ek het my man ontmoet en ons het vir ‘n ruk saamgewerk voordat ek, so heel onverwags een middag toe hy op die bus klim en reguit op my afstap, my hart heeltemal verloor het. Ons is getroud en in die volgende 3 jaar het ek geboorte geskenk aan altwee my dogters, Wendy en Debby. Ek het wel vir ‘n jaar lank Onderstepoort verlaat en as tekenaar vir ‘n privaatmaatskappy gaan werk wat elektriese minisubstasies vervaardig het, en het selfs bevordering gekry tot bestellingsbeplanner maar die hunkering na Onderstepoort was te veel en ek is terug soontoe.

Die werk wat ek toe gedoen het was ‘n ongeloofl ike uitdaging. Ek het op die in vitro kweking van Cowdria ruminantium gewerk wat hartwater, ‘n bosluisoorgedraagde siekte, veroorsaak het in beeste en skape. My lewe was volmaak en as gevolg van harde werk en ‘n paar deurbrake is ek landuit gestuur om tegnieke te gaan demonstreer, eers in Zimbabwe waar ek vir ‘n maand lank by die staatslaboratorium in Salisbury/Harare gewerk het en toe vir ‘n maand lank na die Ecole Centrale Paris, ‘n baie prestige universiteit in Parys, Frankryk. Dit is toe waar ek ‘n liefde vir Europa ontwikkel het. Hierdie was ook die tyd was Ansa en my paadjies geskei het en ons kontak met mekaar verloor het.

Gedurende hierdie periode was ek mede-outeur van verskeie publikasies en het die uitleg van heelwat boeke gedoen (in daardie stadium, op ‘n baie outydse rekenaars -soos almal seker weet) so tussen die navorsing deur. Nie lank hierna nie het ek agter gekom dat ek meer wil hê van die lewe en wou gaan studeer. My baas wou my nie op daardie stadium van sy loopbaan afgee om te gaan studeer nie en ek het toe maar onoffi sieël myself by Unisa ingeskryf en my studies in ‘n kunsrigting begin.

Dis nou hier waar ek moet bylas dat hiedie navorsing ook op die lange duur, nie goed was vir my psige. Dit wat ek

Page 23: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

23

nagevors het, moes ek op een of ander tyd in diere toets, en al het ek ‘n groot prys en medalje ontvang van die “Anti-Cruelty towards Animals Assosiation” , het dit nie verhoed dat ek wel diere moes siek maak om hulle weer gesond te kry nie. Hier het ek agter gekom dis makliker om met siek mense te werk as siek diere. Mense kon ten minste sê waar hulle seer het. Die pyn om so met diere te werk het naderhand hand uit geruk en ek het geweet ek moes iets drasties doen (kan vandag nog glad nie beseerde diere op bv. TV of in fl ieks, aanskou nie, dit maak my letterlik siek). Na 13 jaar het ek navorsing opgegee en is die geleentheid gegee om die Onderstepoort Veeartsenykunde Museum te ontwikkel. My 4e jaar universiteits disertasie het ek gedoen op die ontwikkeling van hierdie museum. My eerste taak was die herstel van die gebou na die oorspronklike boustyl. Dit was oneindig interessante navorsing in die geskiedenis van die gebou, en die boustyl, en om bouers te kry om dit op die korrekte manier te herstel. Kort hierna het ek fi naal besluit om “af te tree” . Dit was nie maklik om op daardie ouderdom so ‘n stap te motiveer nie maar na amper ‘n jaar se gesukkel tree ek toe af. Vir die volgende paar jaar het ek gewerk om my studies by Unisa probeer voltooi. Ek was ook mede outeur van ‘n boek Protecting your farm animals through immunisation - a practical guide to better animal health en het ook al die illustrasies daarvoor gedoen. Heelwat opleidings pamfl ette het ook in hierdie tyd die lig gesien asook verskeie tydskrifte. Iemand het my toe genader het en gevra het of ek haar 8 jarige dogter kuns klasse sou gee. Hier het my huidiglike werk posgevat. Dis nou al ‘n hele paar jaar wat ek hierdie kunsklasse aanbied aan veral tuisskool-onderrigte kinders en so ‘n paar ouer persone. In 2008 het ek nog ‘n mylpaal in my lewe bereik, en dit was om na al die jare my studies aan Unisa te voltooi. My twee dogters het ook al teen hierdie tyd hulle grade ontvang, en my man is nog besig met sy BSc en sal seker eers na hy fi naal afgetree het, dit voltooi. Ek kry nog heelwat geleenthede om illustrasies te doen of om portrette te teken/skilder, daar is ook nie genoeg ure in die dag om tyd aan my eie skilderye te bestee nie.

Ons woon nou in Pretoria Noord, nie baie vêr van die hoërskool af nie. My man het afgetree maar werk weer

by Deltamune en lyk my sal seker nooit aftree nie. My oudste dogter en haar familie, ( my kleinkinders is Abigail (7) Joshua (5) en Nathan (3)) woon in die tweede huis op ons perseel en my jongste woon in ‘n pragstuk van ‘n klein dorpie net buite Frankfurt, Bad Soden am Taunus, op die 14e verdieping van hulle beroemde spa. Ons kry heelwat geleentheid om vir haar te gaan kuier en ek kan gewoontlik nie wag om meer van Europa te ervaar nie, veral in die winter wanneer die wêreld om my wit is van die sneeu en om nie eers te praat van hulle kleurvolle en gesellige kersmarkte nie.

Met hierdie skrywe wou ek so ‘n bietjie nadink oor waar my lewe vandaan gekom het en waarheen ek nou beweeg. Dit is ‘n tipe van terapie. Ek deel dus hierdie met al die ander wat 40 jaar gelede ook hulle “skoolboeke” toegemaak het en ek dra hierdie ou herinneringe op aan my vriendin, Ansa. Dit is dalk nie die interessantste storie nie, maar hierdie was my lewe en as ek nou terugkyk voel ek dat ek heelwat bereik het waarop ek trots is. Ek is gelukkig. My kinders is deur universiteit ek ek word tyd gegun om saam met my man nuwe dinge te ervaar en saam oud te word.

Behalwe vir die kunsklasse wat ek aanbied hou ek my deesdae ook baie besig met fotografi e. My oogpunt is om ‘n makro lens vir my Canon 600D te koop, maar die goed is vreeslik duur.

As ek weer ‘n kans gegun sou word om my lewe weer oor te hê wonder ek of ek enigiets sou verander het. Mmmm, ek dink ek sou beslis meer aandag aan my mede skoliere gegee het.

Ek sluit af met ‘n klein bietjie wysheid wat ek vir my kinders, letterlik saam met hulle maaltye, gevoer het: Life is what happens, it is what you make of it that counts.

My verplegings jare: Dis ek wat my beskuit daar in die tee dompel

My kleindogter, Abigail, en ek in die sneeu in Duitsland

Ek ontvang ‘n toekenning 1985

Page 24: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

24

My kleinkinders Joshua, Abigail en Nathan. Die ouer twee het medaljes vir swem ontvang en Nathan tel toe ‘n platgetrapted koeldrank doppie

op en hou dit toe ook, vreeslik trots, in die lug.

Owen en ek - 2011 by Eifel Toring, ParysLinks is Debby, my jongste dogter en regs, Wendy, afgeneem tydens hulle

gradeplegtigheids funksies.

My nuut gevonde stokpertjie, ... so ‘n paar fotos uit my versameling

Ek en my ma op my 3e verjaarsdag - die pop wat ek gekry het

Ek en Owen in 2006

Page 25: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

25

Willie Robbertze

Ek is 1953 in Pretoria gebore, die vierde van vyf kinders – drie ouer susters en ‘n jonger broer. Van die vyf leef twee van ons nog, naamlik ek en my suster Gertrude.

My ouers is ook reeds geruime tyd oorlede.

Ek het my skoolloopbaan in 1960 by Laerskool President in Klerksdorp begin, en ek is in 1963 na Laerskool President Kruger in Pretoria Wes oorgeplaas, waar ek ook my hoërskool-loopbaan begin het. Ons het daar met die trein skool toe gery, wat nogals ‘n aardigheid was. Middel-in 1967 het ek in Pretoria Noord aangekom, nadat my ouers daar huis gekoop het.

Die bykans vyf jaar in PNHS was van die beste jare in my lewe. Ek het deelgeneem aan alles wat die skool aangebied het, volkspele en al, alhoewel ek op die beste maar ‘n gemiddelde sportman was. Ek was ook ‘n bietjie van ‘n stoutgat – as ek reg onthou was ek twee weke in die leerlingraad totdat ek geskors is oor die een of ander ding wat ek aangevang het.

Nietemin, na skool is ek Weermag toe by die Leërgimnasium in Heidelberg, waar ek vir offi siersopleiding gekeur is. Ek was die eerste drie jaar van my opleiding slegs twee keer by die huis – ek het nie ‘n kar gehad of ‘n geleentheid vanaf Oudtshoorn en later die Militêre Akademie in Saldanha huis toe kon kry nie. Iewers daardie tyd het ek die bynaam Robbie opgetel.

In 1976 is ek en Alta in Potchefstroom getroud, waar sy grootgeword het. Ons het mekaar in die Weermag ontmoet toe beide van ons in Voortrekkerhoogte gewerk het. Ek het ‘n groot “Hi-Fi” en ‘n klein karretjie op my naam gehad, en sy ‘n paar kleiner goedjies. Ek onthou goed dat ons saam ongeveer R300 per maand netto verdien het, ‘n woonstel in Sunnyside teen R108 per maand kon huur, en nogtans meubels op huurkoop kon bekostig.

Ons is in 1979 na Katima Mulilo in die Oos Caprivi Zipfel van Namibië verplaas, waar sy swanger geraak het met ons eersteling Ferdi. Omdat hulle nie by die hospitaal daar ‘n eersteling wou vang nie is sy op sewe maande na haar ouers toe (die SA Lugmag het daardie jare nie swanger

vrouens later as sewe maande laat vlieg nie), en Ferdi is in die militêre siekeboeg in Potchefstroom gebore.

Dit was heerlik in Katima Mulilo, behalwe dat daar naas die klein koöperasie geen winkels was nie. Ek is byvoorbeeld met ‘n toevallige geleentheid op ‘n vragvliegtuig Windhoek toe om vir haar kraamrokke te gaan koop. Sy kon vanweë werk die dag nie saamgaan nie, en ek het toe maar ‘n verkoopsdame (wat Alta se bou en grootte gelyk het) gevra om my te help om die regte grootte rok te kry. So het hulle ook ons kruideniersware een maal per maand op bestelling ingevlieg, en groente en vrugte op Vrydae. Die Sondagkoerante het ons Woensdae gekry.

Na Katima Mulilo is ons Grootfontein in die Noorde van Namibië toe verplaas, wat vir ons hemel op aarde was. Die plek het winkels, ‘n kafee met gepasteuriseerde melk en ‘n swembad gehad. Die sosiale lewe het maar rondom die militêre basis gewentel, en ons het menige Vrydagaand by die klub in die basis gebraai. Saterdag oggende het die vrouens gaan inkopies doen, en die manne het dan by die Nord Hotel ingeval vir ‘n Duitse broodjie met rookvleis en ‘n paar biere. Uiteraard het dit die vrouens se inkopies maar bietje aan bande gelê!

Ons is in 1982 terug Pretoria toe en het ons eerste huis in Garsfontein gekoop. Ons tweede seun Michal is in 1986 gebore, en twee jaar later ons dogter Jana. Beide van hulle is in in 1 Militêre Hospitaal gebore. Met Jana se koms het die huis te klein geraak, en ons het toe ‘n groter maar ouer huis in Sinoville gekoop. My hart het maar altyd terug na die Noorde toe getrek, en ons is baie gelukkig hier.

Ferdi is nou ‘n senior rekenaartegnikus, Michal ‘n fi nale jaar vakleerling elektrisiën, en Jana ‘n debiteureklerk in Sunnyside. Ferdi hulle woon in Waterkloof Glen, net ‘n klipgooi ver van waar ons gewoon het, en die jongste twee woon nog by ons. Ons het geen kleinkinders nie.Ek tree DV in Maart 2011 vroeg af en ek het reeds vir ‘n soort van stokperdjie deeltyds begin klasgee by Tukkies. Ek hoop om daarmee vol te hou solank as wat dit vir my beskore is.

Page 26: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

26

Ferdi agter met Michal en Jana voor, (1990) by hulle tante, Brechi.

Tydens my werksbesoek in Duitsland in 2004.

Alta afgeneem saam met ‘n begeleidingoffi sier en lyfwagte tydens my werksbesoek aan Duitsland in 2004..

Alta en ek, terwyl ek gestasioneer was op Katima Mulilo

Die jaar 2011 is dus ‘n mylpaal jaar vir ons: ek tree af, Alta en ek vier ons 35e huweliksherdenking, alles bo-en-behalwe die 40 jaar skool reünie. Met die gesondheid gaan dit ook goed, en ek hoop dat ons van volgende jaar af tyd sal kan vind om bietjie rond te ry. Sy werk tans nog en ons is nie seker wanneer sy wil aftree nie. Tyd sal leer.En dit is dit.

Page 27: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

27

Dirk Brink

Gebore in die St Vincents Hospitaal Warmbad Transvaal op 04-08-1953, sonder enige ander ernstiger komplikasies of gevolge as die lewe tot

op hede.

Laerskool Warmbad besoek van 1960 tot 1964, waarna my pa verplaas is na Pretoria en my laerskool-loopbaan is voortgesit in Laerskool Danie Malan in Pretoria Noord, waar ek baie van my latere matriek klasmaats ontmoet het, van 1965 tot 1966.

My grootwordjare is dus geslyt op Emmarentia Geldenhuys skool se gronde, waar my pa skoolgehou het en Pretoria Noord en sekerlik pas na skool met die diensplig wat ons destyds moes verrig, wat meestal in Voortrekkerhoogte afgespeel het en m.i. slegs ‘n voorreg was om aan onderwerp te word.

Vriende van die laerskooltyd is Phillip Nel, Martin Mulder, Johan Swanepoel en Piet Botha.

My pa is in 1999 oorlede en my ma lewe nog en het pas 90 jaar oud geword, sy bly nog onafhanklik in haar eie huis en doen meeste van haar sake self [bestuur darem nie meer ‘n motorvoertuig nie], alhoewel ek dink sy kon so ‘n paar taxis van ons paaie verdryf het.

My susters, wat ook albei in Pretoria Noord matrikuleer het, leef nog , is albei onderwyseresse, getroud , het elk 3 kinders en is ook reeds oumas. My broer was net tot in standerd 7 in Pretoria Noord, het in Witrivier se Rob Ferreira Skool matrikuleer , aan Tukkies en RAU studeer en rekenaarwese bedryf tot op hede, veral op bestuursvlak hier in SA en in Engeland , waar hy 4 jr gewoon het.

Dinge wat uitstaan in my skoolloopbaan het besonder min met die akademie te doen, moontlik weens die swak kwaliteit van of kommunikasie met ons onderwysers oor die algemeen, behalwe mnr Kloppers, mev Verwoerd, mnr de Lange, Mnr Kramer en Mnr Steyn. Die dinge wat ek regtig geniet het was die sport en hier het ons darem ‘n beter afrigter gehad in die persoon van Mnr Esterhuyzen.My rugby en atletiekmaats het ek ook meestal geniet en

ek dink ek en Phillip Nel het ‘n spesiale verstandhouding gehad, veral by die lynstane, waar hy seker 9 uit 10 keer die bal gewen het wanneer dit my ingooi was [toe vleuels nog daardie takie verrig het]. Vrydagaande se speletjies was ook goed om aan deel te neem en so ook die Voortrekkers. Die tyd in die kadet-orkes was interessant, al was dit totaal sonder kundige afrigting.

Lesse wat ek daaruit geleer het en die gevolglike raad wat ek aan jongeres sou kon gee sal wees om elke liewe geleentheid aan te gryp wat na jou kant toe kom en ten volle daaraan deel te neem en te leer daaruit soveel as watjy maar moontlik kan inneem, maar om glad nie die akademie agterweë te laat nie en net soveel energie indien nie meer nie, daar in te sit nie. Maar nou ja , soos ons almal teen hierdie tyd weet, wil elke mens al die foute eers self maak en dan tot die besef kom dat die oumense tog gedeeltelik reg was.

Ek dink ons is so geprogrammeer in ons DNA. Na skool was dit eers diensplig te Voortrekkerhoogte, TDK, Diensvakskool, regiments kantore en toe Regiment Hoëveld Middelburg met kampe meestal te Messina oor Desembermaande, waarvan die laaste een in 1980 plaasgevind het.

Studeer mikrobiologie aan Technicon Pretoria en werk by die WNNR se Waternavorsings Instituut te Pretoria , voltooi sertifi kaat in water en rioolwater suiwering, begin 1976 met BMedSci aan Universiteit Pretoria en volg op met> MbChb wat ek in 1982 voltooi, doen huisdokters jaar te Garankuwa Hospitaal naby Pretoria en begewe my vanaf 03-12-1983 in privaat praktyk te Suiderstraat, 469 , Pretoria Noord, waar ek tot Junie 1995 werk en toe my praktyk verskuif na Burgerstraat 291, waar ek in assosiasie met 5 kollegas praktiseer tot op hede.

Ek is ook in Ierland geregistreer en probeer elke jaar ten minste 4 weke daar werk as Algemene Praktisyn.

Ek doen klein chirurgiese prosedures onder lokale verdowing en help met veral spinaal operasies en brein operasies en algemene ortopediese operasies op ‘n gereelde basis sedert 1983 en minder algemeen

Page 28: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

28

Dirk Brink Magdaleen Brink

urologiese, ginekologiese en algemeen chirurgiese operasies. ek gee self min algemene narkoses, maarwil binnekort ‘n kursus in bewuste sedasie bywoon. ek doen veral swangerskap sonars, wat sonartegnologie aangaan.

Ek woon te Suiderstraat 469, Pretoria Noord en Villa Algarve, Jeff reysbaai, om die beurt, meestal tot nie-amptelike aftrede by eersgenoemde adres.

Getroud met Magdaleen du Preez en het saam 4 kinders, 3 seuns en 1 dogter, waarvan 3 ook te Pretoria Noord gematrikuleer het. Belangstellings omvang ‘n wye veld van die oorsprong van die mens en inmenging met ons DNA, ou beskawings en wat hulle vooraf gegaan het, verklarings van fenomene en tot op hede onverklaarbare bouwerke en ingeneursprestasies, natuurlewe, veral voels en soogdiere en die vislewe wat ek met scubaduik raakloop [duik], staproetes soos die Otter- en Visrivier in SWA/Namibië. Gholf- lekker maar ek oefen nog [te min], reis oorsee en in ons eie land, geselskap van onvervangbare goeie vriende, lees veral ou geskrifte en Afrikaanse literatuur van die vorige eeu. Konstrutiewe politiese kritiek jeens die huidige en vorige regering sonder om bang te wees vir sg politiekekorrektheid.

Page 29: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

29

Is in Pretoria gebore en was by Wonderboom Laerskool in Annlin tot st. 4 en daarna na Laerskool Eeufees net in st. 5. Daarna al die pad in Pta Noord tot matriek. Het maar

aan die noordekant grootgeword. En al die skoolmaats het daar in die omgewing gewoon. Skoolmaats van laerskool het meestal na Gerrit Maritz toe gegaan, maar twee wat al die pad tot 4 jaar na skool nog saam beweeg het was Andre Schoombie en Jan Lappies . Ek en Jan was eweneens nog saam in die Lugmag vir diensplig ook gewees.

Ek is in 1975 getroud en het 4 kinders en 3 kleinkinders. Ek was skoon uit die veld geslaan toe Fred Oberholzer, Susan en Robbie op die toneel verskyn en daarvandaan het die kontakte begin vloei. Ek, Kobus Billingham en Willem van Niekerk werk al jare saam by Krygkor en gesels nou en dan oor skooldae as ons toevallig saam te lande kom.

Beide ouers en jonger broer is al oorlede, maar my suster en jongste broer wat ook in Noord skoolgegaan het is nog met ons. Kan ook baie van die onderwysers en my skoolmaats onthou. My jongste broer het ‘n kat boerdery (Cattey) in Cullinan en suster woon Wonderboom-Suid. Dus het ons nie vêr in Pretoria geskuif nie.

Dinge wat in die höerskool uitgestaan het was die kameraadskap wat ons met sekere maats gesmee het en dat dit oor al die jare nooit verfl ou het nie. Ons het net bietjie weggedryf van mekaar maar nie vergeet nie.

Ek en ʼn paar ander ouens het ʼn Debataand verongeluk deur die deelnemers met die brandslang op eerste vloer by die saal nat te spuit toe hulle vir pouse gebreuk het. Verder gereeld (jaarliks) deelgeneem aan atletiek en rugby want dis mos waarvoor ons seuns gestaan het. Kon mos dan die girls van die ander skole gaan uit “check” . Het ook baie ander kattekwaad aangejaag en “skoolfi ghts” plenty. Skoolparty’s en lekker kuier by mekaar se huise was ook mos die inding.Het by destydse Bophuthatswana Transport Holdings in Brits begin werk as Transport toesighouer en in 1978 na Krygkor veskuif waar ek tot vandag toe nog werksaam is. Het in al die jare by Krygkor in drie verskillende afdelings kontrakbestuur gedoen, hoofsaaklik met ammunisie en

verwante aspekte. Let wel my aftrede is om die draai. Nog net drie jaar (2013).

Wat my stokperdjies en belangstellings betref was vir 9 jaar die sekretaris van Pretoria se skaalmodel klub (Mini Auto Pretoria – MAP) wat in 1981 in Pretoria Noord gestig is en hierdie jaar al 30 jaar oud is. Ek het tot en met 1999, 2500 modelle (Dinky Toys) versamel wat van so vêr as Vladivostok in Rusland gekom het, maar later weens ʼn bergingsprobleem en ʼn belangsteling verskuiwings dit afgeskaal het tot 300 . Ek het verder met ou motors (1/1 skaal) gespeel en 5 ou karre oor die jare opgebou, rondgery en geniet – was ook lid van Pretoria Ou Motor Klub. Was ook van die eerste groep entoesiaste in SA (Phantom Slot Car Club) wat ʼn 24 uur , 9 uur en 6 uur uithou werdrenne met SCALEXTRIC karre meegemaak het. Was verder deur die ATKV vereer met ʼn toekenning vir die bevordering en uitbou van Afrikaans in die versamelwêreld van skaalmodelle en is vir die afgelope 20 jaar ʼn aktiewe lid van SAMTA (Suid Afrikaanse Model Trekker Assosiasie) en 14 jaar al die Voorsitter van ʼn skaalmodel uitstal groep (Collectors Corner). Moontlik het van julle ons al by die Pretoria Skou gesien waar ons die afgelope 7 jaar uitstallings doen reg langs die Skilpadsaal. Dus hou Pretoria my baie besig soos julle kan sien. Lekker om aan die klubs te behoort maar dit neem baie van jou vrye tyd in beslag.

Het nadat ek getroud is in 1975, 12 jaar in Mountain View gewoon en in 1987 na Garsfontein verhuis om nader aan die nuwe Krygkor gebou te kom. Bly tans nog in Garsfontein maar die besige stadslewe het hier ook sy tol geeis. Dis nou al soos in ʼn middestad hier. My gesondheid is uitstekend en ek gym nog. Het ook deur die jare ʼn marathon(42km), half marathon(21km), 21km stap, Roodeplaat swem, Noord Transvaal liggaamsbou en bergfi ets uithou wedren voltooi. Kon net nie by alles uitkom nie. Hoop dit gee julle ʼn idee wat als met my lewe gebeur het sedert ek skool verlaat het.

Johann Smith

Page 30: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

30

Johan en sy vrou Stefnie

Charles Frederick OBERHOLZER - Gebore: 27 April 1953, Kaapstad

Getroud: Ansie Aletta. Lektor: Soshanguve Technical College

Kinders: • Lorrianne (30) Manager HR, Manager

Communications, BOSCH se fabriek in Brits. Lorrianne is getroud met Ettienne die eienaar van die Merry-go-round wat by al die skole in Pretoria te sien is. Klein dogter: Giselle.

• Charles Johannes (27) Asst Site Engineer (IT Systems) SIMBA, Kemptonpark. Nog nie getroud nie (available).

Groot geword oral deur die land maar meeste van die tyd in en om Pretoria: Kaapstad Messina Pretoria: Gezina 14de Laan Laerskool Eben Swemmer 1959 Voorpos Laerskool: 1960-61 Louis Trichard: Louis Trichard Laerskool 1961 Soutpansberg Laerskool 1962 Kroonstad: Suidrand Volksskool 1963/64 Pretoria: Derdepoort Laerskool 1965 Irene Laerskool 1965 Brits: Brits Hoërskool 1966 Brits Landbouskool 1967/69 Pretoria Noord: Pretoria Noord Hoërskool 1970/71

Aangesien ons so baie rond getrek het, my pa was in die SA Polisie, was dit baie moeilik om vriende te maak en vir lank te behou. Hulle sê ons het so baie getrek dat wanneer die trek lorrie voor die huis stop gaan lê die hoenders op hulle rug met die pote in die lug. Al my ma se potplante het so skuins gegroei van die wind agter op die lorrie.

Fred Oberholzer

Johan

Page 31: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

31

My suster Marthie was so twee jaar na my op skool en het in 1973 op PNHS gematrikuleer. In ons matriek jaar (1971) het my jounger suster as St.6 in PNHS begin. Die jongste een was toe nog op Rooiwal Laerskool noord van Pretoria. My moeder leef nog en woon in Dannabaai, een van die voorstede van Mosselbaai in die Suid-kaap. My pa is in Desember 2009 op die ouderdom van 89 oorlede.

Skool was nie regtig een van my mees gesogde tydverdrywe nie. Het tydens my termyn aan PNHS op die Honeyvale plotte noord van Onderstepoort gewoon. Elektrisiteit het eers daar aangekom nadat ek matriek geskryf en uit die huis getrek het. Die beste was maar die plaaslewe, boer en die perde. Ons het drie perde gehad en ons het die aarde, wat toe nog nie toegespan was nie, plat gery.

Nie noodwendig aan sport deelgeneem nie want dit was nogal moeilik om na skool by die huis te kom as jy met die bus moes ry. Die atletiek bywoning op Saterdag was ook nie so groot aantrekking nie en ek het dan gou oor die berg gestap na my nefi es wat in Ulundilaan, Mountain View gebly het. Net voor huistoe gaan tyd was ek terug om die fi nale uitslae te sien. Dan was ek mos daar.

Johan Smit praat iets van rugby op skool en fotos saam met ou Wiel. Nou ja daarvan onthou ek niks. Hy sal maar die fotos wat hy het moet naspeur en sien of dit rerig ek was. Miskien het daai Duitse vriend van ons almal, ou Altz, dalk al vroeg sy eerste buiging gemaak.

Ek onthou wel dat ek na skool vir Wonderboom Onder 21 gespeel het. Terwyl ek in die Brandweer in Pretoria was het ons Brandweer Liga gespeel vir die Stadsraad. Later het ek ook vir Pietersburg Dorpspan gespeel. Nooit regtig tyd gehad om by N Tvl te gaan oefen nie.

Na skool het ek daai studeer ding probeer by Pretoria Tecnikon maar na ses maande besluit dit is nie vir my nie. Pieter Fourie se swaer het my aan die Brandweer voorgestel en ek het toe besluit om dit te probeer. Na 39 jaar in die Brandweer meen ek dat dit die beste besluit in my lewe was en kan ek net met opgewondenheid terug kyk:

• Begin as brandweerman in Pretoria• Brandweerman – Brakpan Stadsraad• Senior Brandweerman – Pretoria Stadsraad• Brandveiligheidsbeampte – ESCOM – Komatie

Kragsentrale• Brandvoorkomingsoffi sier – Pietersburg

Stadsraad• Behaal die Nasionale Diploma in Brandweer-

tegnologie• Assistent Brandweerhoof – Pietersburg Stadsraad• Brandweerhoof – Republiek van Venda• Staf Offi sier Brandweer – SA Leër• Senior Staf Offi sier Brandweer: SANW• Behaal die Meesters Graad Brandweertegnologie

(M-Tech) aan TUT in 2004• Dien tans op verskeie Werkskommitees in die

Staatsdiens, Ingenieurs Raad, Tshwane Universiteit van Tegnologie, Suider Afrikaanse Nooddienste Instituut, ens.

My adrenalien kom maar uit:• Motorfi ets ry. Swartkopsrenbaan. Oos Transvaal se

berge, Transkei, Suidkus, Zoeloeland, Noord Kaap, Limpopo

• Duik. Binnelandse damme, See – Sodwana, Suidkus, Valsbaai.

• Alles wat jy al ooit gesien het wat die brandweer doen, geniet ek.

Ons woon in Pretoria-Noord en sal seker maar daar oud word. Het nie rerig planne om op ‘n ander plek te gaan oud word nie. Sal dit oorweeg om iemand se huisie by die see te gaan oppas.

Ek het wel die uitnodiging gekry vir die 10 jaar re-unie maar dit was nie moontlik om dit by te woon nie. Ek hoop net nie ons gaan weer so lank wag voor daar weer ernstig fees gehou gaan word nie.

Groete aan almal

Growing old gracefully

Fred en Ansie by ‘n amptelike funksie

Fred en Ansie op ‘n motorfi ets rit

Fred en sy kitaar

Page 32: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

32

As mens terugkyk oor jou lewe en bietjie daaroor dink, kan dit soos ’n tipe legkaart lyk – een waarvan jy self nie die prentjie vooruit kan sien nie, maar

waar sekere dinge uiteindelik bymekaar kom op ’n manier dat jy besef dis nie jy wat eintlik in beheer was nie. Die Here berei mens dikwels op ’n sekere tyd in jou lewe voor vir iets wat baie later eers iets gaan beteken.

Ek vertel hieronder meer van myself as waarmee ek gemaklik is, maar dis tog maar waaroor elkeen se eie storie gaan – jouself. Hopelik sal hierdie ’n paar ander oortuig om ook bietjie meer oor hulself te vertel as wat hulle aanvanklik wou.

Op hoërskool was my plan om eendag ’n advokaat te word. Gelukkig het mnr. De Beer (ons skoolhoof, Nerina se pa en toe ook ons Voorligtingonderwyser) aan my voorgestel om ingenieurswese te oorweeg. Ek het elektriese ingenieurswese gaan swot omdat dit vir my geklink het of mens baie wiskunde daar sou kon toepas – die vak waaroor ek eintlik mal was. Mnr. Heyns het in sy geskiedenisklas geweet dat ek gesit en Wiskunde doen het – hy het dit in later jare aan sy ander klasse vertel. Die huiswerk op skool wat ek die meeste gehaat het was opstelskryf – my opstelle het letterlik te voorskyn gekom deur sinnetjie vir sinnetjie met moeite uit te dink, en elke keer die woorde te tel om te sien of dit nie dalk al naby genoeg aan die vereiste lengte was nie. Al wat my in tale geïnteresseer het, was die struktuur daarin (Latyn is die ene struktuur) – die letterkunde was vir my iets wat mens maar net moes deurworstel.

Op universiteit was die ingenieurswesestudie vir my ook maar ’n nagmerrie in baie opsigte – nie net omdat dit ’n geweldig volgepakte kursus is nie, maar omdat, alhoewel ek redelik gedoen het in die teoretiese vakke, ek met die praktiese vakke klippe gekou het. ’n Goeie ingenieur behoort immers ’n gesonde balans tussen praktyk en teorie te hê.

Genadiglik was ek onsuksesvol om ’n beurs by die Spoorweë te kry in my eerste jaar, al was my punte goed genoeg. Dit was allesbehalwe lekker op daardie tydstip,

maar met my teoretiese inslag sou dit nooit vir my in die Spoorweë gewerk het nie – die Here het dit geweet. Van my 2de jaar af het ek ’n beurs by die WNNR se NIVN (Nasionale Instituut vir Verdedigingsnavorsing) gekry, en ek werk nou nog vir die maatskappy Denel (Dynamics) (vir baie jare Kentron genoem), wat daaruit ontwikkel het. Toe ek begin werk het, het ek ook Toegepaste Wiskunde en Sterrekunde by Unisa gaan swot – ook iets wat later eers van nut geword het. Die kombinasie van Toegepaste Wiskunde en ingenieurswese se Beheerstelsels het enkele jare later in my werk van waarde geword, en dit het ook gelei tot my verdere kwalifi kasies en die spesifi eke kundigheidsveld waarin ek vandag ’n tipe tegniese spesialis is – modellering en beheerstelsel-ontwikkeling van en vir missielvolgkoppe (vir dié wat dit interessant mag vind).

Ek is in 1982 met Ellison getroud, en 9 jaar later het ons 4 dogters gehad. Vandag is die 2de en 3de al getroud en op 24 Februarie vanjaar is ons eerste kleinkind – ’n meisiekind – gebore. Ons is saam ook al vir baie jare betrokke by ds. Sors en Lida Geldenhuys se lewensverrykingseminare waar die Here in huwelike en enkellopendes se lewens verstommende dinge doen. Ellison is ’n onderwyseres by ’n Christelike skool, en doen ook private Christelike beradingswerk, maar dat ek enigsins van nut kan wees by iets soos lewensverrykingseminare is ’n wonderwerk op sy eie. Die geheim in eintlik nie regtig moeilik om te begryp nie – God doen die werk – ons is op die beste maar net Sy regtig onvolmaakte instrumente.

In 1994 het ek en ’n kollega ‘n groot belangstelling begin ontwikkel in die hele saak van skepping en (die leuen van) evolusie. Ons het baie daaroor gelees en videos gekyk, en later besluit om praatjies daaroor te doen. Ter voorbereiding van sulke praatjies moet mens baie lees, en dit wat jy gelees het opsom, om later die hoofgedagtes daaruit te onttrek. Om wat jy weet in ’n boekvorm saam te stel, het heel gou daaruit gevolg. Die uiteindelike gevolg was dat ek, wat opstelle op skool gehaat het, ’n deeltydse skrywer geword het – kan jy glo! Vandag het ek al 4 boeke geskryf en was medeskrywer van ’n 5de boek wat die afgelope jaar taamlike opslae in heelwat kerke in Suid-Afrika gemaak het. Maar ongelukkig het dit my meer berug as beroemd

Hennie Mouton

Page 33: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

33

gemaak. Selfs my aanvanklike skoolbelangstelling in die regsprofessie het hierin indirek ter sprake gekom, want meestal gaan die skepping-evolusie-saak en talle ander teologies-wetenskaplike kwessies oor logiese beredenering, argumente en debatte. Die tragiese ironie deesdae is dat sommige ingenieurs en wetenskaplikes vir die waarheid van die Bybel argumenteer terwyl sommige predikante en heelwat teoloë hul lewe daaraan wy om die Boek waarop hul studies behoort te staan, te verdraai of selfs af te skiet. Omdat die skeppingsaak omtrent alle wetenskapsvelde betrek, het my sterrekunde-opleiding hierin van belang geword. As ek dit nou maar kon bekostig, sou ek graag wou aftree en ’n hele paar ander oorsprongwetenskaplike vakke wou bemeester. Of ek nog die energie daarvoor sou hê, is natuurlik ’n ander vraag.

As ek so terugkyk oor my lewe, is daar baie om voor dankbaar te wees, en ek weet mens moet jouself nie blindstaar teen jou aanvanklike belangstellings en vermoëns nie. Maar ’n rasende sukses was my lewe geensins nie. Genadiglik word mens se ewige toekoms deur God se genade in Christus bepaal – nie deur enige verdienste nie.

Hennie en vrou, Ellison

My boek: Verken Lewenswetenskappe verder

Ons pragtige kleinkind van Anja

Ek, my vrou Allison en ons 4 dogters en skoonseun

Ander boeke wat ek geskryf het

Ek en Pierre Rossouw het saam begin skoolgaan in sub A in Alexander-baai in die Noord-Kaap, en het saam in std. 10 op PNHS klaargemaak.

Tussenin was ons in heel verskillende skole en plekke.

Page 34: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

34

Van kleintyd werk die mens aan herinneringe iets wat jy onthou of jy wil of nie. Soms bêre mens dit so vêr weg dat jy daarna moet soek. Soms vat dit jou

sommer so, wanneer jy dit nie verwag nie.

Party van my herinneringe wat ek met julle wil deel, is nie net “onthou jy nog’s”, nie maar het ook geskiedenis gemaak. So het ek vier kinders en vyf agter kleinkinders.

Die mans in my lewe... Ja, daar is net twee mans wat rêrig ‘n verskil gemaak het in my lewe. My pa wat ek verloor het toe ek sestien was, en my man, Braam, wat ‘n nuwe verloop aan my lewe gegee het.

In 1984 het my lewe drasties verander to ek besluit het dat Jesus Christus nou maar die leisels van my lewe kon oorneem. Soms kan ek sê “Wat ‘n fees” en soms (as ek dinge moet leer) “wat ‘n gemors” - al die kante toe wen ek gelukkig. Kortom - ek is gelukkig soos ek is en sien uit na ‘n “goue oudag” as ek dit mag hê.

My oudste seun Albie is getroud met Sonja en hulle het twee kinders, C.J. en Sonique. Elani, my oudste dogter, is getroud met Andrè en het twee kinders Leanè en Andre. Lourens my jongste seun is getroud met Donnè en hulle het een kind, Tristan. Dan is daar my laatlammetjie, Lenke wat volgende jaar klaar maak met skool.

Hendrika en Braam Cilliers - op ons troudag

Hendrika Cilliers (nèe Human)

Page 35: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

35

Yvonne Veeck (nèe Buys)

Ek het by Laerskool Danie Malan begin skoolgaan op ‘n baie vroeë ouderdom van 5 jaar (het 20 November 5 jaar oud geword en die volgende jaar begin skool

gaan). In daardie dae het ons mos jonk begin skoolgaan.

Ek het in Pretoria-Noord groot geword. Antoinette Biermann en Babsie Snyman het langs ons gewoon en ons was vriende vanaf omtrent 4 jaar oud. Ons is nog steeds vriende en sien mekaar miskien 1 keer ‘n jaar. Ek is ook nog vriende met Liza Coetzee – sy het in standerd 9 uit die skool gegaan. Ek was ook bevriend met Wilma Malan in hoërskooldae en sien haar ook so nou en dan. Ek het juis toe ek 50 jaar oud word ‘n byeenkoms gereël (ek is die oudste van die groep en het die tradisie toe begin) en daarna het Antoinette, Babsie en Wilma ook 50 jaar gevier en ons almal was daar.

Ek was getroud met ‘n Duitser en later geskei. Ons het 2 (wonderlike) dogters wat nou, Tanja 26 jaar, en, Karin 23, jaar oud is. Karin is nou verloof maar albei is nog ongetroud – dus nog geen kleinkinders nie (die kleinkinders kan maar nog wag!).

Ek was ‘n paar keer in Duitsland toe ek nog JONK was en ook met die kinders toe hulle nog klein was – het Oupa en Ouma en familie in Duitsland besoek.

Ek bly nog steeds in Patata Noord (Amandasig). Ek het op ‘n stadium in Kaapstad gewerk voor ek getroud was.

Ek werk op die oomblik vir die Departement Justisie (nog steeds in die Staatsdiens!).

Ongelukkig is albei my ouers oorlede. Ek het nog 2 broers en 2 susters. My oudste suster Jeanette is in NZ met haar man en al haar familie – sy het 3 seuns, en 6 kleinkinders. My ander suster Rina woon ook nog in Pretoria en het 2 dogters, broer Johan - 2 dogters en 1 seun, broer Pieter – 1 dogter en 1 seun. Daar is tussen ons almal nog net 7 kleinkinders.

Yvonne

Karin en vriend

Tanya en vriend

Page 36: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

36

Ek is ‘n getoë en gebore Vaaldriehoeker. Is die jongste van 5 kinders. Het nog 2 broers en 2 susters. Ons is bevoorreg dat almal nog lewe en selfs al die

aangetroudes. My 2 susters is met 2 broers getroud en een suster bly 35 jaar al in Duitsland. Ek het op n plaas/plot naby Vereeniging grootgeword en was dus op ‘n baie klein plaasskool in Vereeniging nl. Laeskool Unitaspark. (Bygesê my oudste seun was sy eerste twee jaar ook in die skool, natuurlik die ou gebou afgebreek en nuwes is opgerig en veel groter)

My pa was destyds Metallurgiese bestuurder by Yskor en het ‘n groot verantwoordelikheid op hom gedra. My ma het die plaas/plot aan die gang gehou. Ongelukkig het my pa ‘n hartprobleem gehad weens newe eff ekte van rumatiekkoors wat hy as kind opgedoen het. So is hy dan Januarie 1963 op 45 jaar oorlede en moes ons die plaas verkoop.

Middel van my standerd 3 jaar het ons na Vanderbijlpark verhuis. Ek was toe tot en met my st. 5 jaar in Laerskool DF Malherbe. My ma het as bibliotekaresse by Yskor gaan werk en tot einde van my standerd ses jaar het ons daar gebly. Ek was dus 1 jaar in Transvalia Hoërskool.

In my eerste jaar op skool-graad 1, het ek ‘n vriendin ontmoet wat in Nederland gebore is en as 3 jarige saam met haar ouers na Suid-Afrika geëmigreer het. Ek as Duitssprekende en sy as Hollandssprekende het boesemvriendinne geword. Op skool het ons ook as Duitsertjie en Hollandertjie bekend gestaan. Ons het deur al die jare vriendinne gebly, alhoewel ons na Vanderbijlpark en Pretoria verhuis het, het die vrienskap geblom.. Sy het op Potchefstroom studeer en ek in Pretoria. Ons was op mekaar se troues en ek is later saam met my man na Vereeniging en ‘n jaar later het sy en haar man gevolg. Ons het steeds ons vrienskap gekoester en so was my jongste seun en haar tweede kind, ‘n seun, ook boesem vriende. Ons verskil 2 maande in ouderdom en ons twee seuns verskil ook 2 maande. Ongelukkig is haar man in 1996 in ‘n rooftog op hulle boerdery vermoor ( hy was 44 jaar oud) . Sy het binne 9 maande daarna na Nieu – Zeeland geëmigreer. Wou nie meer hier bly nie-was ook aangehou en toegesluit en alles was net te traumaties vir haar). Ons

Karin Hambrock (nèe Kaiser)

vrienskap gaan steeds voort en ons skype en e-mail elke week. Sy is 10 jaar daarna met n Suid-Afrikaner (Jan van der Merwe nogal) getroud en bly nog steeds baie gelukkig in Nieu –Zeeland. Soms kom sy na SA en dan word ‘n hond uit n bos gekuier. Ons vrienskap bestaan al 52 jaar, ‘n heel besondere vrienskap waarvoor ek ontsettend dankbaar is.Vanaf my standerd 7 jaar het ons na Pretoria verhuis en sedertdien was ek in Pretoria –Noord Hoërskool . As n vreemde en nuweling in die skool, is ek baie dankbaar teenoor Annemarie Hoff man, wat my tuis laat voel het en in haar vriendekring opgeneem het. Dit beteken nogal baie as mens so vreemd voel. Ek het dit opreg waardeer, dankie Annemarie! Dit was vir my wonderlike jare daar en ek koester mooi herinneringe. Veral na die hartseer jare na my pa se dood.

Ek dink nog so baie aan ons Voortrekkerspan en wat ons alles gedoen het, veral toe ons met die seunsspan bo op die Magaliesberg gaan braaivleis hou het en dit met die mooiste uitsig oor Pretoria. Daar bo het ons op sulke groot rotse gesit en die pragtige Pretoria met sy Jakarandas bewonder.

Ons nagmarse by die Wonderboom en ook by die Hoekie was ‘n belewenis op sigself. So in die donker nag die berg op en so veel opwinding en avontuur daarby. Die pragtige sterrehemel was onvergeetlik mooi. Middernag daar by die Wonderboom se ou fort het warm koffi e op ons gewag en kon ons maters heerlik kuier.

Ek onthou by die Hoekie was die weermag weer daar. Die onderwysers het hulle gehuur om bietjie opwinding onder ons jong klomp te maak. Wanneer ons na die volgende leidraad in die donker moes soek om na die volgende plek te beweeg, het skielik iets hier langs jou ontplof met ‘n oorverdowende lawaai. Wat ‘n groot skok en tog so veel plesier. Hoe versigtig het ons in die donker nag gesluip om nie weer so groot te skrik nie, maar onverwags….. en ons was yskoud van die skok. Te lekker gelag na die tyd.Die onderwysers het so veel moeite gedoen en ek is so dankbaar vir al die geleenthede wat hulle ons gegee het.

Al die heerlike leierskampe by die Hoekie en Broederstroom.

Page 37: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

37

Het mens onvoorwaardelik gevorm en geslyp. Die kampeerdery en tentopslanery was altyd soveel plesier.

Die heerlike treinreis na Lunsklip – Potgietersrus se kant. Met alle bagasie het ons ‘n hele ent gestap tot by ons tente en na die kamp. Ons meisies moes so wag staan in die nag, want die seuns wou ons tente afbreek en kwajongstreke aanvang. ‘n Klomp wat mekaar gevind het en op die terugreis in die trein so skelmpies handjies gehou het. Dis darem lekker om jonk en verlief te wees!

Ag, ons speletjies en volksspele aande op Vrydae was ook altyd besonders en spesiaal. Het altyd so uitgesien daarna! So lekker saam gekuier met al jou maats. Met elke begin van ons vakansies is ‘n hele klomp van ons klas, seuns en meisies, na die skaatsbaan. Het dan soveel pret gehad. Dit was altyd so lekker na ‘n harde kwartaal se werk.

Een skoolbasaar, dit was in ons st 8 jaar, sal ek ook nooit vergeet nie. Met haar mooi woonwa het die fortuinsoekster haar opwagting gemaak. Almal het na haar gaan luister, sy praat tog te snaaks met haar hollandse aksent, maar ek wou nie - glo tog nie daaraan nie. Met vriendinne wat my uiteindelik oorreed het sit ek voor die beroemde vrou met die glasbal. Wil my doodlag oor haar aksent waarmee sy praat, maar na ‘n ruk is niks meer snaaks nie. Sy weet my naam, my familie geskiedenis- van al my ouer broers en susters, dat my pa oorlede is en soveel meer feite wat waar is. Skielik wil ek net daaruit, wil niks meer weet nie, maar sy hou my terug en vertel net meer en wat in die toekoms op my wag. Dit voel of ek benoud wil word, maar hoe langer ek luister hoe meer word die stem vertroud… sowaar nou weet ek wie dit is. Dit is die einste Annette Hamman wat 2 jaar ouer as ons is. Sy was saam met my broer in matriek en het natuurlik by die ouer broers en susters voor die tyd alle inligting gekry. Daarna moes ek heerlik lag en kon ons almal nie oor haar wonderlike toneelspel uitgepraat raak nie. Eers die vrees en verbasing en uiteindelik die groot oplossing!!!!

In standerd 8 het Elbe Swart (sy het vir ons Aardrykskunde gegee) ‘n klein groepie van ons afgerig in so ‘n paar klein konserte wat ons moes opvoer-wat die rede was kan ek nie

meer onthou nie, maar ek weet nog ek moes ‘n kwaai pa speel wat nie wou gehad het sy dogter moes die jongman trou nie. Op die groot aand is ek so kwaai en raas en daar val my hoed van my kop af. Ek voel hoe rooi ek word, wat nou… skielik gryp ek my hoed ergelik, sit dit op my kop en stap uit. Gelukkig ‘n noodsituasie gered, niemand het gedink dit moes nie so wees nie, maar vir my ‘n verleentheid. Snaaks dat mens aan so klein eenvoudige dingetjies nog terugdink, maar dit steek seker iewers vas.

Die ander stukkie moes ek soos n swartman praat oor n radiostasie. Die gesukkel om dit reg te kry, ons gelag en oefen, en nogmaals oefen…tog ons plesier by die situasie en die vreeslike lekker pret daarby. Gelukkig vir die groot aand het alles perfek geloop en was ek ‘n ware swarte.

Die einste juff rou Elbe Swart (Minnaar) het ek weer raakgeloop. Ons soek ‘n huis om te koop en wie is die agent…..juff rou Elbe Swart! Sy het my nie herken nie, maar ek vir haar. Ons het heerlik daarna gesels. Haar man is Tandarts en my man dokter en hulle werk saam in dieselfde gebou. Ons sien mekaar nog so af en toe by funksies. So loop mens altyd weer iemand raak wat uit jou verlede opduik.

Mnr de Lange wat vir ons Natuur en Skeikunde in st 7 & 8 gegee het , het ek ook jare terug hier in Vereeniging raak geloop. Hy het by ‘n Hoërskool hier onderwys gegee. Dit was die eerste en laaste keer wat ek hom gesien het. Weet nie of hy nog hier in die omgewing tuis is nie.

In my matriekjaar was natuurlik my hoofmeisieskap n baie groot hoogtepunt in my lewe en ‘n besondere eer wat my toegeval het, veral die wete dat die onderwysers my die verantwoordelikheid toevertrou het. My en Philip se besoek aan Libertas was ‘n ander hoogtepunt in my matriekjaar. Alle hoofmeisies en seuns van Pretoria was na Min. John Vorster se huis uitgenooi vit ‘n ete , besigtiging en ‘n persoonlike ontmoeting met hom en sy vrou. Dit was werklik ‘n besondere jaar, vol van mooi herinneringe.

Die afskeidsgroetery by die skool aan die einde van ons skoolloopbaan was gekombineer deur hartseer en

vreugdes. Dit was wonderlik om te weet die skool is klaar en daar wag ‘n nuwe toekoms voor ons, maar aan die anderkant was ‘n gedeelte van ons lewenspad wat afgesluit het. Ons meisies het met die groetery almal mnr Wybenga ‘n soen gegee en hy het so bloedrooi geword en maar net geglimlag.... Ai, wat het ons tog aan hom gedoen, die arme man. Hy is op 39 jaar toe oorlede aan kanker-dit het my nogal omvergegooi toe ek die nuus hoor. Ek het baie van hom as onderwyser gehou.

Na ons laaste matriekvak is die meeste van ons met ons fi etse na die Padkaff ee by Tileba om die laaste lafenis te geniet as skolier. Dit was ook iets besonders. So het ons skoolloopbaan dan afgesluit. Wat ‘n heerlike tydjie!! Die mooiste herinneringe!! Vir baie van ons was dit ook “Vaarwel”……

Annette van Zyl ( Wolmarans) was darem nog die volgende drie jaar saam met my op Onderwys Kollege en was ons ook ‘n tydjie in dieselfde koshuis. Het kamers langs mekaar gehad.

Ronelle du Plessis( Niezen) het weer saam met my in 1981 in dieselfde Kraaminrigting “Little Company of Mary” gelê. Sy met haar tweede dogter en ek met my derde seun. So het ons darem nog na skool bietjie kontak gehad.

Petro de Beer(Windell) en ek het weer af en toe geskryf, sy het in Wellington gaan studeer, maar na ‘n paar maande weer terug na Pretoria gekom. Sy was nog op my troue en het nog kontak gehad toe ons albei reeds twee seuns gehad het. Daarna het ons vriendskap om die een of ander rede doodgeloop.

Na skool het ek onderwys studeer en het net ‘n halwe jaar onderwys gegee toe ek in 1975 getroud is. Daarna nooit terug in die onderwys gegaan nie. My man is ook soos ek in SA gebore, maar duitsprekend groot geword. Om daardie rede was ons huistaal ook duits en het ons kinders Duitsprekend opgegroei. Ons is ook in die Duitse Lutherse kerk op Vanderbijlpark, ‘n gemeente wat deur die toedien van my ouers, sy ontstaan te danke het. Hulle het geld ingesamel en basare gehou om die kerk daar op te rig.

Page 38: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

38

Destyds het ‘n Duitse predikant uit Duitsland gekom en gehelp om die gemeente op die been te bring. Sedertdien bestaan hy en is ek daar voorgestel. My drie seuns is daar gedoop en voorgestel . My man se broer was vir 10 jaar predikant in daardie gemeente.

Ek was dus tot en met my troue in 1975 in Pretoria. Vir die volgende drie en ‘n halwe jaar het ek en my man in Johannesburg gebly waar hy ‘n mediese praktyk gehad het . Vanaf 1979 het ons na Vereeniging verhuis , my ou tuiste. So sluit die kringetjie weer . Was dus 11 jaar uit die Vaaldriehoek en lewe al alles saam 46 jaar weer hier, die meeste tyd van my lewe gebore en getoë Vaaldriehoeker! Al is ek die meeste van my jare hier, verlang ek nog steeds na Pretoria, maar is ook baie gelukkig hier met my man.

Soos ek reeds gesê het, het ek na my troue nie weer terug onderwys toe gegaan nie. Eers het ek maar kinders groot gemaak. Uit ons huwelik is 3 pragtige seuns gebore, Norbert, Thomas en Bernard, waarop ons baie trots is. Al drie ons seuns was op dieselfde Hoërskool as my oudste 3 broers en susters. Ons oudste seun het Tandarts geword en het sy eie praktyk in Vriesland, Nederland, al vir die afgelope 8 jaar. Hy is baie suksesvol en gelukkig. My tweede seun het medies geswot en het nog ‘n doktorsgraad bygedoen aan die Universiteit in Nijmegen, Nederland. Op die oomblik spesialiseer hy in Radiologie aan dieselfde Universiteit en is baie gelukkig met wat hy doen. Kry baie geleenthede om oral in die wêreld toesprake te lewer oor sy werk en navorsing wat hy doen. Ons derde seun het Bcom Regte geswot, klaar gemaak en besluit dis nie wat hy wil nie. Hy het toe nog verder geswot en sy BCom Rek graad voltooi met Honeurs daarna en 3 jaar geartikel. Nou is hy ‘n gekwalifi seerde CA (Geoktrooieerde rekenmeester). Werk tans vir Price Water House Cooper. Na so vele jare ook gelukkig in wat hy doen.Hy is darem nog hier in SA, in Pretoria.

Ek het al die jare my man in sy praktyk gehelp, sy boeke en rekeninge gedoen. Op die oomblik doen ek nog steeds sy boeke en kontrole werk. Doen dit van die huis af en kan my tyd indeel soos dit my pas, wat my baie vryheid gee. Neem ook kunsklas wat natuurlik my ontvlugting van

die daaglikse werk is en n goeie tonikum. Mis my klasse vir geen geld in die wêreld nie. Ek en my drie seuns skuba duik ook. Was al in Mozambiek en die noord kus van Natal, Sordwana. In Europa het ek eenkeer ook die koue mere daar aangedurf en wonderlike dinge belewe. My seuns het al by Egipte in die Rooi See gaan duik. Vir ‘n week op ‘n boot gebly. Dalk doen ek dit ook nog eenmaal. My man is nie ‘n duiker nie. Het probeer, maar met sy ore te veel probleme. Hy stap weer daarvoor graag in die berge en is n groot liefhebber van die natuur. Met sy 4x4 ry ons dikwels na die Okavango moerasse, Chobe, Moremi, Victoria Watervalle, Kalahari en Namibia. Dis plekke wat al ons tweede tuistes is.

Ek was ook ‘n baie groot waterskiër op my tyd. Hier op die Vaalrivier en Vaaldam het ons wonderlike ure deurgebring en daar is dit waar ek my liefde vir waterski ontwikkel het. Die gevoel van n voël wat oor die water vlieg. Ongeloofl ik!Is ook baie oorsee by my kinders en toer baie saam met hulle, my suster en my man. Dan het ek nog my vriendinne wie se vriendskappe ek koester en terdeë geniet. Gaan dikwels saam koffi e drink , ietsie eet, fl iek of net saam in die winkels rond loop. Deur dik en dun staan ons mekaar by.

So lewe ek heel gelukkig en tevrede met my man, 35 jaar al saam, hier in Vereeniging, die plek waar ek my eerste lewenslig aanskou het.! My man het nou pensioen ouderdom bereik,maar dink nog nie aan aftree nie. Is te gesond en bedrywig, maar sal skielik op n dag net sê, dis genoeg, wat daarna sal ons maar moet sien………..

Ek sluit af met ‘n baie dankbare, gevulde lewe vol seën en genade van ons Hemelse Vader. Alle eer kom Hom toe.!!.Dankbaar dat ek en my gesin styf in Sy geborge Hande bewaar word. Vir ‘n gelukkige huwelik wat Hy my geskenk het en vir ons pragtige gesonde kinders wat Hy my toevertrou het.

Wil graag paar insidente noem wat my gevorm en baie in my geloofslewe beteken het:

1. My middelste seun, Thomas, het in sy standard een jaar ‘n bloedsiekte opgedoen (sy bloedplaatjies het ontsettend

laag gedaal na ‘n erge maselvirus wat hy opgedoen het, het ook vreeslik gebloei) wat hom baie siek en moeg gemaak het. Dit was ‘n tyd van gebede en op ons knieë bly. Snags het ek dikwels wakker geword en net tyd aan gebed gewy. Tog ons seun het nie beter geword nie. Baie bleek met ogies wat hang het hy stil maar seker agteruit gegaan, alhoewel hy hoë kortisone gekry het. Een nag terwyl my blondekop en blou oog seuntjie so styf langs my lê, en die slaap my ontwyk en ek met Here praat, dring dit tot my deur dat my kind vir my geleen is en aan die Here behoort. Die besef ek moet hom laat gaan. Die Here verlang seker meer na hom as wat ek kan. Die storie van Abraham en Isak het deur my kop gegaan. Hy was bereid om sy seun te off er en ek moet ook. Met krag en genade van Bo, kon ek bid, dat die Here hom maar kan neem, maar ek het Hom gevra om my Sy goddelike krag te gee, want alleen sal ek die pad nie kan stap nie. Na die gebed het ‘n tevredenheid oor my gekom en ek het aan die slaap geraak. Immers het ek geweet waarheen my kind gaan en dat ek wel eendag sal volg. Ek het geweet die Here sal my hierdeur dra.

Tot my verbasing het my kind skielik begin genees en uiteindelik heeltemaal gesond geword. Ek het die Here geloof en geprys. Ek moes in die proses leer om los te laat. Besef, niks behoort aan my nie. Dit kom alles van die Here en is net genade, Hy gee en Hy neem en ek moet dankbaar vir elke dag wees soos Hy kom. Hy wou seker ook net my toets of ek bereid daartoe was. Vandag is my seun so gesond, ‘n mediese dokter, het al Mount Everest gaan klim, asook die Trans Drakensberge (oor die kruin van die Drakensberge vir 2 weke) en wil hy volgende jaar die Andes aan durf. Soveel om voor dankbaar te wees.!

2. In 2002 het ek weer baie siek geword. Ek het maande lank nie goed gevoel nie, maar skielik uit die bloute het my bloedplaatjies onder 2000 gedaal. (Normaal is 150,000 tot 250,000. Die rede weet ons nie, dit kon n virus gewees het). Orals het ek begin bloei, uit alle openinkies , neus ens,. Later soos een blou massa gelyk. Is natuurlik in die hospitaal opgeneem en omdat my weerstand so laag was het ek n lewensgevaarlike bakterieë (Staphylococcus aureus) ook daarby opgedoen. Die stryd om my lewe het begin. Die medikasie van die bakterieë het teen die

Page 39: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

39

bloedingsmedikasie gewerk en omgekeerd. My internis moes baie mooi werk en oppas sodat ek kon beter word. Soos hy sê, as ek net een van die 2 gehad het, was dit baie makliker om te behandel. My lange stryd in die hospitaal het begin en het ek uiteindelik ses weke daar gebly voor ek weer huistoe kon gaan. Daarna moes my man nog vir verdere 6 weke my elke dag antibiotika deur binneaarse infusie gee. Mondelings sou geen eff ek gehad het nie.

Ses maande daarna het ek eers weer begin my ou self word. Ek het heeltemaal genees en niks oorgehou nie. Mense sterf van hierdie bakterieë, verloor ledemate of is verstandelik nie meer teenwoordig nie. Weereens was die genade van die Here so groot en ek is so dankbaar. Tydens my siekbed het ek geen vrees gehad nie. Die Here het vrede in my hart geplaas en ek het so veel kere die Hande van Hom voor my gesien met iemand wat in Sy Hande lê. Die iemand was ek en ek het dit gevoel en ervaar. Die prentjie het telkens voor my oë verskyn en dan het n kalmte en vrede oor my gekom. Hy het my gedra en my daardeur gelei. Dit was n ongeloofl ike wonderlike ervaring wat ek kon maak.Tot vandag gaan hierdie Hande nie uit my gedagtes nie en met alle dinge wat daarna met my gebeur het, het hierdie Hande my gedra. Dit het my geloofslewe ontsettend baie versterk. My kinders was dag en nag langs my bed, hulle kon, want dit was Kersvakansie. Vir my was hulle engele wat die Here op my siekbed gestuur het. My man was natuurlik soveel as moontlik daar, maar moes ook met sy praktyk aangaan. Die nadeel was dat ek in Pretoria in die hospitaal was en hy in Vereeniging moes werk. Tog het hy dikwels deurgery, selfs net vir ‘n aand, maar ek weet hy het baie in gebed aan my gedink.

Die derde en die laaste gebeurtenis wat ek graag met julle wil deel, is die voorreg wat ek gehad het om my ma se hande vas te hou terwyl sy gesterf het. Ek kon die Here se teenwoordigheid voel, toe Hy haar daar kom haal het. Kortliks- sy was die naweek met Moedersdag 2000 by ons.Die nag wou sy opstaan en met n beweging wat sy gemaak het, het sy haar heup gebreek. Sy is hier in Vereeniging geopereer. Na hospitaal het ons haar in n herstelkliniek (‘n blok van waar ons woon) laat opneem. Ek het haar gereeld daar besoek. Die laaste middag saam met haar was

wonderlik. Ek het n fl es met koffi e en koek na haar geneem en 2 ure saam met haar gekuier. Haar been was seer en my man sou die aand na haar kom kyk. Sy het stories op band geluister en het hulle my die middag vertel. Dit was ‘n wonderlike kuiertjie saam. Sy begin toe oefeninge met haar bene doen en die bloedklont skiet los. Ons het haar gou op die bed laat lê, ek het haar voorkop wat natgesweet was afgevee en haar hand vasgehou. Sy het met soveel liefde na my gekyk en gesê dat sy nou gaan sterf. Ek moet my broers en susters groet en dat sy baie lief is vir my. Met liefdevolle oë het sy na my gekyk. Ek het ‘n soen op haar kop gegee en ook gesê hoe lief ek haar het. Daarna het sy haar laaste asem uitgeblaas. Ek het geweet sy sterf en tog was daar ‘n sprankie hoop dis tog nie so nie, maar dit was haar dag. Die Gees van ons Vader was teenwoordig en ek kon voel hoe Hy haar kom haal. Daar was so n kalmte en tevredenheid in die vertrek- mens kan dit nie beskryf nie.Ek is so dankbaar vir die voorreg om haar op haar laaste lewensuur te begelei het. Vir my geestelike lewe het dit ook baie beteken. Vir my is daar geen vrees vir die dood nie. Ek kon sien hoe wonderlik dit is wanneer ons Vader Sy kinders kom haal. My moeder het 84 jaar oud geword.

Die week daarna het ek so gehuil tot na haar begrafnis. Ek was voor die TV (my man het al gaan slaap) en het ‘n musiek program gekyk, wat sy ook altyd geniet het. Trane het weer gerol. Skielik staan my ma voor my. Haar gesig duidelik soos in die ware lewe, maar haar liggaam deurskynend. Kon net die profi el daarvan erken. Van skok het ek regop gesit. Sy het na my gekyk en gesê, ek moenie meer hartseer wees nie. Sy is baie gelukkig waar sy nou is en net so weer verdwyn. Ek het aanvaarding gekry, maar die insident sal ek nooit vergeet nie.

Al drie die gebeurtenisse het my sterker in die geloof gemaak en ontsettend baie vir my beteken. Ek is regtig dankbaar daarvoor.

Karin by die see

Thomas en sy vriendin Nadia

Page 40: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

40

Karin en vriendin

Karin en haar man Eckehard

Schumi

NorbertBernard

Karin Karin Karin

Page 41: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

41

Jan Labuschagne

My laerskool loopbaan het ek begin by Silverton Laer in 1966. Ons het later getrek na Waterval en ek is na die Laerskool Univees vir standerd 5. Later is ek oor na Hoërskool Gerrit Maritz vir standerd 6 en 7 en toe oor na Hoërskool Pretoria-Noord middel standerd 7 - matriek.

Ek het vir die Mielie Raad begin werk direk na skool.

Johann Smit en ek was toe saam Lugmag toe op 6 Julie 1972 en het klaargemaak op 15 Junie 1973.

Op 20 December 1975 ontmoet ek vir Annette Stoltz in Burgers Park en ons is toe getroud en het verhuis na Nelspruit waar ons nou die afgelope 36 jaar woon. Hier het ek vir die Stadsraad van Nelspruit gewerk.

In 1977 het ek begin stoei en in 1978 was ek Suid Afrikaanse kampioen in ‘n stryd teen Wes Duitsland en Switzerland.

My oudste seun, Pieter Johannes is op 7 Februarie 1980 gebore. Ons dogter is gebore op 30 Augustus 1982 en ons jongste seun, Johan, is op 3 April 1986 gebore. Hy was die grootste baba gebore in Nelspruit en het ingeweeg teen 5,58 ( ).

1980-87 was ek Administratiewe bestuurder by Steward & Lloyds (‘n besproeiings maatskappy). Hierna het ons ‘n slaghuis op Nelspruit geopen. Tans het ek ‘n sekuriteits maatskappy wat spesialiseer in omheining, pallisade en elektriese heinings.

In hierdie tyd het ek ook met duiwe geboer en in 2005 het ek Nationale kleure gekry van die South African Fancy Pigeon Association. Hierdie jaar, 2011, het my duiwe die “1st reserve to champion” prys behaal, die eerste keer in 18 jaar.

My oudste Pieter, is getroud met Charlotte en ons kleinkind is gebore die dag na die reünie op 2 Oktober 2011. My dogter is getroud met Johan Joubert en my jongste Johan is steeds by die huis.

Page 42: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

42

Ek is getroud met Jannie Coetsee en het twee dogters. Michelle is getroud met Stephan Kriel. Hulle woon in Torbay naby Auckland in Nieu Seeland . Albei werk as

rekenaar programmeerders by die grootste handelsbank in Nieu Seeland.

Chrystal is getroud met Charles Noakes. Sy is ‘n tekstiel verkoopsteenwoordiger. Sy gee belly dans klasse en dans ook by funksies in Suid-Afrika en Afrika lande. Charles is ‘n chemiese analitikus.

Ek is ‘n bestuurderes by die grafi ese afdeling van Trudon (Geelbladsye). Ons kantore is reg oorkant East Gate winkelsentrum inBedfordview.

Jannie werk by ‘n Amerikaanse saad maatskappy en tree af einde Augustus. Hy het ‘n geregistreerde besigheid en doen belasting opgawes

Ons woon in Sinoville met 3 honde – ‘n Yorkie, Boerbul/Bull Mastiff en ‘n Duitse Herdershond.

My stokperdjies is musiek en dans. Ek het 11 jaar Sosiale dansklasse geneem en het ‘n sertifi kaat in Goud en Internasionaal I. Verder het ek 2 jaar Belly danse gedoen.

My pa, Wouter (Pepe) Pretorius was ‘n Duitse onderwyser by Pretoria-Noord Hoerskool. Hy is nou 82 en woon nog steeds in dieselfde huis net onderkant die skool.

My broer Wouter is getroud met Ems Wannenburg en het 2 kinders.

My pa Wouter Pretorius

Ansa

Ansa Coetzee(nèe Pretorius)

Page 43: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

43

My dogter, Michelle en Stephan Kriel

My ander dogter, Chrystal en Charles Noakes

Chrystal besig met ‘n belly dans

Michelle My man, Jannie Coetsee

Page 44: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

44

Cecilia Burger (nèe Snyman)

Graad 1 begin by die plaasskkool Laerskool Heuningnestkrans. In dieselfde jaar gesluit toe die nuwe Uniefees Laerskool geopen is. Enigste

herinnering aan die hele jaar was toe ek ‘n sertifi kaat vir getroue skoolbesoek moes ontvang het. Terwyl ek langs stoele afstap na die verhoog het die mense so gelag want my kop het nie bokant die stoele uitgesteek nie.

Ons verhuis na die “dorp”, Pretoria Noord was op daardie stadium nog onafhanklik en het ‘n eie burgemeester gehad, wat ook die skoolhoof by Danie Malan Laerskool was, voor oom Zet oorgeneem het. Dis hier waar ek lewenslange, so glo ek, vriendskappe begin het. Ons bure was die Buyse, ja Yvonne en die Biermans, Antoinette. Ons het ook ‘n gedugte bende gehad en het die Magaliesberg agter ons huise gefynkam, dit was ons “territory”. Later is ons groep versterk toe Wilna Malan bygekom het. Hierdie jeugvriende was bevoorreg om ook ons onderskeie 50ste verjaarsdae saam te kon vier.

Ons is almal saam na Pretoria-Noord Hoërskool. My mooiste herinneringe is van die Jakarandas in Oktober, pragtig sigbaar as mens so uit die boonste geboue se klaskamers gekyk het. Standerd 6 was mnr. Rautenbach my hero; ons het liedjies in die saal gesing, “Die Oukraalliedjie” van Groep 2 was nogals op die top 10 en een van die liedjies wat die skool gesing het. Ook die Volkspele, veral Vrydagaande en die speletjiesaande was vir my baie lekker, mag net nie gewys het dat ek dit geniet het nie.

Ons matriekafskeid het ek 80% omgegiggel, dit was baie lekker, ek dink ek het soos iets uit Starwars gelyk, sulke bollatjies langs my kop, waarom ek op die styl besluit het, kan ek nie meer onthou nie, behalwe dat niemand my forseer het nie.

‘n Ander herinnering was so voor die eksamens en Sarel Scholtz en die Kommando-trawante het op besems deur die binneplein gery.

Na skool is ek koshuis toe, Vergeet My Nie, by Tuks. Met geringe onderbrekings werk ek steeds by die Stadsraad van Pretoria (Tshwane)

Vier kinders: Jaco woon saam sy vrou Mia in Singapoer; Jasper, een van ‘n tweeling woon nou in New York, Elro, ander tweeling woon by my asook my dogter Andri. Die 5 is my lewe en my trots. Oppad om Ouma te word.Sien baie uit om jul almal te sien.

My tweeling

Ons familie saam

Cecilia en seun

Page 45: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

45

Op 30 Maart 1954 , na drie ouer susters, word ek in die Ou Moedersbond Pretoria gebore. Die vyfde Michaal Cornelius Frans de Jager wat die

stamboom sou laat voortleef en die ou familiebybel kon erf. Vir my oupa en pa was dit belangrik en ek is gereeld daarop gewys dat dit ook my verantwoordelikheid sou wees om die stamnaam te laat voortleef !

My eerste treetjies gee ek in Dunwoodielaan 99, Waverley, Pretoria waar ek dan ook die eerste dertien jaar van my lewe sou woon. Ek was 4 jaar oud toe ons gesin met nog ‘n tweelingboetie en -sussie uitbrei. Altesame ses kinders wat sekerlik meer as ‘n handvol vir my ouers was. Vir my hele laerskool-loopbaan is ek in Laerskool Voorpos, Waverley. Op laerskool het ek nogal in atletiek uitgeblink. My akademie was toe ook nog heel skafl ik. Skoolmaats wat ek onthou is Wessel Lourens, Johan Oosthuizen en Dawid Marx. Skoolkyse was Alta Odendaal en die pragtige Andrea Marx vir wie ek jare later na my weermag-opleiding weer ontmoet het . Ons het ons ‘ verhouding’ vir ‘n ruk voortgesit totdat ek die vrou wat my lewe met my sou deel, ontmoet het.

Gedurende standerd 3 tref ‘n ramp ons as gesin. My pa gaan as gevolg van ‘n besering op vervroegde ongeskiktheidspensioen. Waarskynlik in ‘n poging om inkomste aan te vul begin my ouers ‘n kafee in Moregloed. Of dit wanbestuur was, of bloot omdat die ses kinders die profyt in die vorm van lekkergoed en roomys verslind het, weet ek nie, maar die kafee was binne ‘n jaar of twee gesluit. My pa verkoop ons huis in Waverley en koop ‘n plot net duskant Rietgat op die Soutpan-pad.

‘n Skryfster wat ek ken en op ‘n plot woon, verwys graag na haarself as ‘n “plotseling” . Plotseling word ek toe ‘n “ plotseling”!! En dit nogal in die middel van ‘n skooljaar. Gedurende die derde kwartaal van st 6 beweeg ek van Hoërskool C R Swart na Gerrit Maritz . Wat hierna volg is ‘n mengsel van trauma en lekker tye. Ons trek na ‘n bouvallige huis sonder water en elektrisiteit. Die huis moet reggeruk en die omgewing moet getem word. Ongerief en harde hande-arbeid is aan die orde van die dag.

Tog is die vryheid in die natuur besonders. Die plot is tussen twee klipkoppies geleë met raasblaar- en anysbome, aalwyne en suikerbos met ‘n lekker groot gronddam om in te swem. Die plot grens aan ‘n reservaat met kleinwild en jakkalse wat saans tjank. Ek en my broer geniet die omgewing maar in die proses doen ek bilharzia op. Met bilharzia onder lede, sowel as die feit dat ek naskoolse aktiwiteite as gevolg van die afstand moeilik kon bywoon , laat vaar ek atletiek.

Tussen alles deur het ek ook begin hakkel wat ‘n ernstige remskoen vir my sou wees tot nadat ek skool verlaat het en dit ‘n ruk daarna kon afskud.

Begin standerd 8 word ons skoolbus se inhoud sak en pak na PNHS oorgeplaas. In die registerklas sit ek voor Kobus Billingham en hy begin met my gesels (Dankie Kobus!). Hy word dan ook my eerste vriend in PNHS saam met Pieter Roberts , Tokkie van Heerden, Kloppers en later Herman van Rensburg en Pieter Moll. Benewens Afrikaans en Engels was my ander vakke Wiskunde, Duits, Biologie en Handel. Duits was my gunsteling-vak omdat ek by Pêppie kon wegkom sonder om huiswerk te doen! Wat akademie betref was ek ongelukkig uiters lui en nalatig.

Tussen al die ontberinge, werk en pret op die plot slaag ek tog matriek . Na matriek begin ek as personeelklerk in die staatsdiens werk. Pieter Moll se pa het die onderhoud vir die werk sommer by hulle huis, terwyl ek by Pieter gekuier het, gevoer! Hy het my daar en dan aangestel. My vriend se pa was dan sommer ook my eerste baas.

Maart 1973 word ek weermag toe opgeroep. Ligte Lugafweer Regiment (LLA) by Youngsfi eld, Wynberg, Kaapstad. Na basies se aftjop beman ek die destydse 4mrk7 radar. Hier verrig ek my take in die heerlike lugverkoelde radar-binneruim terwyl die ander ouens kanonne skiet en sweet.

Tydens my naweke af kuier ek al te lekker by my suster wat in ‘n heerlike huis teen die berg by Kalkbaai gewoon het.

Michaal de Jager

Page 46: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

46

Die Kaap se karakter en natuurskoon maak ‘n blywende indruk op my en ek belowe myself dat ek eendag na die Kaap wil verhuis.

Terug in Pretoria begin ek op ‘n deeltydse basis Argitektuur by die ou Tegniese Kollege Pretoria studeer. Die fi nale jaar doen ek voltyds en werk deeltyds as deurman by Sterland ysskaatsbaan om myself te onderhou. Een aand by Sterland ontmoet ek ‘n oulike meisie wat fotografi e by die einste tegniese kollege studeer. Die mooiste meisie met ‘n sonnige, positiewe geaardheid. Vars uit die Karoo , maar as sy ‘opdress’ lyk sy asof sy uit ‘n modeboek stap! Ek raak teesinnig verlief. Hoewel ek van voorneme was om eers na dertig te trou, neem ek die een baie goeie besluit in my lewe! Ek trou op 2 Januarie 1977 as 23jarige met Engela (née Van der Merwe.).

Terwyl ek en Engela ‘n hele paar sakke sout saam verorber, raak ons drie pragtige, kunssinnige en begaafde kinders ryker . Michelle wat haar as Biokinetikus by Maties bekwaam het en nou die mamma is van ons enigste oulikste baba-kleindogter (ook Engela) . My oudste seun is Michaal .C.F. de Jager. Hy is ook deeglik ingelig dat hy die 6de is en die verpligting het om die stamnaam te laat voortleef !! . Is darem al getroud en het B.Arch by UCT gedoen. Ons jongste is Franco wat tans fi nale jaar BSc (Rekenaarwetenskap) by Maties studeer.

Desember 1991 het ons uiteindelik Kaap toe verhuis en was nog nooit spyt nie. Tans is ek Snr Argitekstegnoloog wat met ‘n CAD-operateur my eie argitek-praktyk bedryf.

As stokperdjie skilder ek graag en kon al ‘n paar redelik suksesvolle uitstallings van stapel stuur. Toe ek jonger was is ‘n paar van my kortverhale in tydskrifte geplaas en dit is iets wat ek graag verder sou wou voer wanneer ek die dag meer tyd het en aftree.

Ek sou baie graag met ‘n paar uitsonderlike prestasies wou spog!! ...helaas...geen....

Tog besef ek op hierdie oomblik, waar ek op my lewe terugkyk, dat ek eintlik baie geseënd is. ‘n Gesonde oupa

met ‘n besonder mooie ouma aan my sy!!

Ons troue

Ons dogter se troueMike

Mike en sy broer

Page 47: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

47

Rosa Gouws (nèe Kruger)

Ek is kort na matriek April 1972 getroud, geseënd met twee seuns en ‘n dogter uit die huwelik.

Ons het vir 18 jaar op ‘n plaas naby De Wildt gewoon en die kinders het die voorreg gehad om as plaasjapies groot te word en op die platteland te kon skool gaan.

Ek het ‘n kat telery bedryf en met Siamese en Persiese katte geteel, ook met hulle geskou; al my katte hetsy opreg of sommer gewone huiskatte (wat ek ook gehad het) het met eerste plekke op katskoue weggestap.

Die kat boerdedery het aanleiding gegee dat ek vir baie jare die eienares was van Rosberti Cattery en Kennels op De Wildt, ek en my kinders het gedurende vakansietye ons half dood gewerk om al ons “gaste” te versorg, want glo my, mense wat nie lief is, en omgee vir hulle diere nie, bring nie hulle troeteldiere kennels toe nie, so bederfde brokkies was meeste van die tyd ons voorland!

1992 trek ons Hartbeespoort toe.

1994 was ‘n baie donker jaar vir my. Ek word na amper meer as 22 jaar van getroude lewe gedurende Maart ook deel van Suid-Afrika se egskeidings statistiek en en vier maande later gedurende die Julie wintervakansie sterf my jongste seun Fanie, toe in sy matriekjaar, onverwags aan ‘n hart aneurisme.

In 1995 begin ek fi ets ry om weer rigting in my lewe te kry.1998 ontvang ek my Gauteng Noord kleure in fi etsry, en 1999 Gauteng Noord ere kleure. Die daarop volgende jare tot 2006 onvang ek elke jaar my ere kleure balkies. Ten spyte van my “ouderdom” was ek die enigste lid van ons fi etsryklub wat ere kleure balkies ontvang het.

Ek en my vriendin Annette (wat tans in Namibië woon) was ook die twee oudste dames wat kans gesien het om die Kremetart wedren (2008) in Louis Trichardt te ry. Die wedren is nie ‘n vulletjie nie en is 180km ver wat oor vier stages strek. Ons twee het Otto’s bult, wat sterk jong manne uit gestap het, uitgery sonder om af te klim en het die wedren binne die toegelate tyd voltooi.

Ek en Annette en nog ‘n vriendin het ook aan ‘n gemengde driekamp deelgeneem, jonges lekker ore aangesit want wat hulle nie geweet het nie, ons drie het elkeen die afdeling waarin ons uitblink en sterk was deelgeneem en sodoende algeheel 6de klaargemaak en eerste in die gemengde afdeling .

Beroepe:Stoel assistent by ‘n tandarts in Brits vir meer as 8 jaar, intussen het ek geswot vir ‘n Prokureurs assistent en nadat die tandarts pad gevat het Engeland toe, het ek vir ‘n tyd lank by ‘n prokureurs fi rma gewerk as akte en litigasie tikster.

Tans werk ek vir ‘n fi rma, Cpac Imaging, die enigste fi rma in Afrika wat foto chemikalië vervaardig vir foto ontwikkeling, asook x-strale chemie. Ons bou ook foto kiosk’s vir die digitale mark en voer dye sublimation papier, printers en toerusting in. Ons nuutste produk is die Jet Lab, hy kan op fyn sy (silk) tot dik seil die mooiste printwerk doen. Van so klein as ’n poskaart tot groot afdrukke om teen ‘n muur te hang.

Ander stokperdjies – Voetslaan , bergklim, tuin, naaldwerk en brei.

Danksy fi etsry, ontmoet ek vir Neels en ons is in 2003 getroud. Ons twee, al is hy in ‘n rolstoel, het amper al die hele Suid-Afrika van die noorde in Limpopo tot onder in die Kaap (Die Argus) met ons fi etse platgetrap.

Hoogtepunt was in 2009 toe ons in Namibië vanaf Aus tot in Luderitz (128km) aan ‘n wedren deelgeneem het, Neels was die eerste handcycle wat dit aangepak het in die wedren se tien-jarige bestaan.

Dit was absoluut ‘n belewenis om so tussen die duine te kon ry, en mense van Namibië wat orals by staan om te help, jy’t skaars langs die pad gestop of ‘n kar is langs jou, met koue water en koeldrank en om te hoor of alles reg is en jy nie dalk hulp nodig het nie. (Langs die roete is daar geen formele waterpunte nie).

Page 48: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

48

Dink net, ons spring ses uur in die oggend weg in snerpende koue, dik aangetrek en soos die dag loop word die lae klere uitgetrek, elke keer stop ‘n kar langs jou, jy gee wat onnodig is op die fi ets vir wildvreemde mense in die kar, en dit het ons alles terug gekry in Luderitz in die ontspannings saal waar ons ‘n heerlike middag ete geniet het, elke ryer wat die wedren voltooi het, het ook sy medalje daar persoonlik aan hom oorhandig, ontvang.

Neels tree einde April af. Hy was werksaam by Necsa (Ou Pellindaba) se noodbeheersentrum en hy sluit sy loopbaan op ‘n redelike hoogtepunt af met Japan se aardbewing en Tsunami oorstromings. Die beheerkamer kry omtrent elke twee ure fakse vanaf die IAEA (Incident and Emergency Centre) in Switserland wat die kern reaktors monitor. Die inligting moet dan verwerk word en na die ander lid lande toe aangestuur word.

My dogter Estelle is nog ongetroud, sy’s ‘n Payrol Administrator by International Business Intelligence, en my seun Bertie het sy eie besigheid, OFT wat in optical fi bre en instrumentasie spesialiseer. Hy is getroud met Anélia wat as Occupational Health Practioner naby Lanseria werk.

Ek het twee pragtige kleinseuns, Johan, ses jaar oud, hy is hierdie jaar skool toe, en Stephan vier jaar. Bertie en sy gesin woon tans op die plaas en Estelle nog by ons.

Een van my Argus foto’s by die eindpunt 2008. Ek het al ses van hulle gery.

Op die voorraand van Comrades 2007, my vriendin Annette besig om haar groen nommer op haar klere vas te spelt, ek het my provinsiale

fi etsry baadjie aan.

Ons laaste bult in Luderitz net voor ons oor die eindpunt gegaan het. Dit was ‘n belewenis want omtrent die hele

Luderitz se gemeenskap het ons daar ingewag en verwelkom!

Ek en Neels by Samcor 2005 nadat ons aan ‘n 65km wedren deelgeneem het.

Page 49: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

49

Rosa saam met my twee Blou Bulletjies! 1 April 2011

Agatha van der Merwe (nèe van Schaik)

Ek en Neels in die hartjie van die winter by Bekker skole (Magaliesburg) 2006.

Na matriek, het my pa ‘n werk aanvaar in Margate op die Suidkus, en ons het toe aan die begin van die volgende jaar verhuis soontoe. Ek wou

maatskaplike werk gaan studeer, maar die verplanting het so vinnig gebeur, dat ek nie so gou ‘n beurs kon kry om daardie droom te verwesenlik nie. Ek het ‘n pos by Standard Bank gekry, en was vir die volgende 3 jaar ‘n “bankmeisie”! Die Suidkus was op daardie stadium maar arm aan jongmense, en ek was ontsettend eensaam en het moeilik daar tussen al die “ou mense” aangepas. Ek het toe besluit om terug te trek te trek Pretoria toe, en het vir ‘n paar jaar in ‘n jeugtuiste in Sunnyside, Pretoria gebly, waar ek my man, Willem ontmoet het. Ek het destyds ‘n pos by Sanlam aanvaar, waar ek vir ‘n paar jaar gewerk het. Hierdie stap om alleen terug te kom Pretoria toe, was vir my ‘n woeste brawe stap, want ek was maar my hele lewe ‘n baie skaam, en onseker mens, en het nie veel blootstelling aan enige stadslewe gehad nie. Ek het nie eers geweet hoe om op ‘n bus te te klim en weer af te klim nie, en die gedagte om in ‘n hysbak te ry, het my nagmerries gegee!

Ek is in 1977 met Willem getroud, en hy het daardie selfde jaar begin om deeltyds te studeer by Tukkies, terwyl hy bedags gewerk het by Nedbank in Johannesburg. Ek het derhalwe my volle gewig agter sy studies ingegooi, waar hy sy B.Com in Personeelbestuur behaal het. My begeerte om my uit te leef in maatskaplik/geestelike werk het ek maar uitgeleef deur baie te lees oor hierdie onderwerpe. Ons het in 1984 verhuis na die Wesrand toe ter wille van my man se werk. Ek het myself in daardie jare uitgeleef deur te skilder, wat ek sedert skooldae so op die “sideline” gedoen het, en meestal gewerk op aanvraag en opdragte.

Ek het deeltyds verskeie kursusse bygewoon in berading, veral pastorale berading en evangelisasie. My man het aangehou om homself verder te kwalifi seer in die hantering van Post Traumatiese Stress, Neurolinguistiese programering en sielkundige berading, en so kon ons saam ons belangstellings uitleef en betrokke raak in die gemeentes, en gemeenskap waar ons ons bevind het. Ons het twee kosbare seuns, waarvan die oudste nou 25 word, en die jongste nou 22 word. Rudi, die oudste, woon

Page 50: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

50

nog by ons in die huis, en het sy eie drukkersbedryf, en Corne, ons jongste, het ‘n paar maande gelede vertrek vir ‘n twee jaar kontrak met Pro-track, waar hy in Hoedspruit omgewing opleiding ontvang het in die opsporing van “poachers”, wildplaas patrollering en natuurbewaring ens.

In die laat tagtigerjare is ek deur ‘n paar erge traumatiese ervaringe, waar ek baie dinge omtrent myself, die samelewing, en my Skepper geleer het. My pa was baie siek met longkanker, en die laaste 5 weke van sy lewe, het ek in Pretoria-Noord gebly met ons 1ste kind wat toe ‘n jaar en 3 maande oud was, sodat ek my pa kon verpleeg en my ma kon bystaan, waar sy die bestuur van my pa se matfi rma skielik moes oorneem, en nie voltyds by my pa kon wees nie. Ek het geen verplegingsopleiding of agtergrond nie, en het dit as my laaste liefdesdaad aan my vader met my hele hart gedoen, maar moes emosioneel geweldig afsny om die kompleksiteit en trauma rondom sy tuisverpleging te kon hanteer. Dit was ‘n geweldige voorreg om daardie tyd met hom te kon hê, en ek was ook by hom toe hy gesterf het, maar die emosionele pyn van hierdie hele proses het ek eers jare daarna kon deurwerk.

Weens verskeie traumatiese omstandighede wat mekaar opgevolg het na my pa se afsterwe, het ek in 1992 heeltemaal uitgebrand, en vir 4 jaar was ek in ‘n “tuimeldroër” met hospitale, dokters, verkeerde diagnoses, intense allergiese reaksies op medikasie, en my hele immuunsisteem het platgeval. Daar is uiteindelik na ongeveer 4 jaar vasgestel dat ek ‘n gewas op my pituitêre klier het, en in April 1995 het ek ‘n groot breinoperasie ondergaan, waarin die gewas verwyder is. Hierdie was een van die grootste leerskole van my lewe, en vandag weet ek dat ons Hemelse Vader dit toegelaat het, sodat ek myself kon leer ken, genesing vir baie dinge uit my verlede kon kry, en die getrouheid van die God van Abraham, Izak en Jakob in die donkerste tyd van my lewe kon leer ken, en ook balans kon aanleer, met al die eise wat die lewe aan ons stel. Hierdie was ‘n leerskool wat ek nooit weer wil oorhê nie, maar ek is oneindig dankbaar vir dit wat ek daardeur geleer het! Dit het ook mense en geleenthede op my pad gebring, wat ek nooit andersinds sou gehad het nie. Ek is deur beraders en psigiaters gevra om te probeer beskryf hoe ek dit ervaar

het, en ek deel hierdie skamele poging met julle, met groot erkentlikheid aan ons Skepper.

“DIE BEGIN VAN MY EINDE EN ‘N NUWE BEGIN

Na ‘n leeftyd van te veel perfeksionisme, van swaar aanslae van buite, deurweef met jare van traumas, het ek ‘n pad betree, wat net afdraand kon loop.

Gepaardgaande daarmee, had ek ‘n karakter as sulks: vanuit ‘n vaste oortuiging, ‘n onwrikbare geloof in die Allerhoogste God. ‘n Oormaat van liefde, as mens so iets kan sê, vir my man en my kinders, wat dikwels daartoe gelei het, dat ek my vir hulle laat leegloop en voortdryf het, vêr bo die grense van gesonde verstand! Ek had ‘n empatie vir die wêreld daarbuite, wat skreeu vanuit hul nood, gewond deur die lewe en gevul met soveel pyn. En binne die 24 uur van my kleine dag, het ek probeer uitreik na almal wat wag. Ek had ‘n liefde vir die snoesigheid van my huis en tuin, en ongeloofl ik had ek nog ‘n uurtjie om my daarin te verbly. Ek had ‘n veelsydigheid van talente, deur die Vader aan my gegee, wat ek ook wou beoefen en tyd aan bestee. Tesame met kerkwerk, bybelstudie, huiswerk en sloerwerk en inkopies daarmee. En onder dit alles, was ‘n selfbeeld, so min, dat ek nou wonder, hoe ek destyds my dag kon begin. Dit was die ek op die pad na benede.

En soos ek toe stap op dié afdraande pad, word die pas al hoe vinniger, die geroep om my aandag, die word al hoe harder, die nood daarbuite, die word al hoe groter, die tyd vir my liefdes, die word al hoe minder, en my arms word al korter om my liefde te gee! Tot helaas ek die dag nie meer met God kon begin, want sien, my tyd was veels te min!

HERE, EK WIL, MAAR EK IS SO ONTSETTEND MOEG!!

Een nag word ek wakker, met ‘n angs o, so groot! Ek gryp na my Bybel, maar verstaan geen woord. My brein word ‘n bak, my gedagtes rondgeklits, wat onsamehangend, onverstaanbaar rondfl its! Ek roep na my man, en hy probeer help, maar ek is totaal deur dié skrikwekkendheid oorstelp!

En so, begin my pad nog verder na beneë, waar ek begin

verdrink in dié onbekende, donker see. Ek roep op na God, en ek roep, en ek roep …! En God swyg! Die arms van geliefdes, vriende en bure, probeer dapper om my regop te hou. Maar soos die maande aanstap, en ek nog verder afgly, bly net ‘n paar oor, wat bly aan my sy. Van die een dokter na die ander, van die een pil op die ander, van terapie tot nóg terapie, van die een hospitaal na die ander. En binne in my, bly ek veg, probeer en verstaan, van dié vreemde pad waarop ek al só lank moet gaan! Ek huil oor dié vreemdeling hier diep binne in my, oor die ander wat probeer help, en nog steeds bly ek gly.

Ek roep na my Here, wat al hoe verder weggaan! Ek roep na Hom snags, as my man rustig slaap, ek roep deur die dag, besig met my daaglikse taak, as ek stap deur die huise, winkels en strate. Bloot soos ‘n robot gaan ek my gang, want sien, baie diep, binne in my, het iets kosbaars doodgegaan!

Die ek wat ek was, dié bestaan nie meer, en dié een in wording, die kan ek nie keer!

Ek sien in die oë van dié rondom my, dat hul nie kan verstaan, waarom ek nog verder afgly. En my magteloosheid en pyn, dié word net nog groter, want ek weet ek wíl, ek weet hoe ek beur, terug op die pad na daarbowe.

Die lente kom en ek word bietjie bly, want nou is die barre winter daarbuite ook verby. Ek loop deur die strate, weer roepend tot God, sien groenigheid en bloeisels, en daarbuite lyk alles goed. En ek wil … wil hoop, dat dié nuwe lewe, sal vasskop ook in my gemoed! Maar dit bly leeg, sonder vreugde, al is alles mooi, die donkerte binne in my, nog swarter getooi! En ek roep, en ek veg, en ek roep en ek veg, eindeloos, eindeloos, eindeloos …

Ek neem die ander nie kwalik as hul nie verstaan, want hul leef nie in die detail van my wanhopig, duistere bestaan. Maar my oë sê iets anders: “Hê my tog net bietjie lief, al is ek nie meer ek nie? Kan jul nie sien, dat ek doen en wéér doen, om myself weer met my, en jul te versoen?”

Tot op laas ek, so eindeloos moeg van veg en van doen, van roep en probeer leef, liewer die dood as die lewe wou hê. Om

Page 51: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

51

na dié vreeslike stryd na my Vader te gaan. Nie omdat ek vir julle nie meer lief kon hê, daar was net nie meer krag vir dié soort van bestaan. En vir oulaas het ek na my Bybel gegryp, omdat ek, ten spyte van die stilswye van God, tog nóg bly hoop het, alleen daar in my donker grot! En my Bybel val oop, waar wis ek toe nie, al wat ek toé hoor, was die antwoord van God! Dat Hy nie sou toelaat, dat ek nou al vergaan, want Sy liefde is met my, ook in hiérdie bestaan! En stadig, huiwerig, beur ek terug na die lewe. God sal ook hierdie sonde vergewe! Erens, baie klein, in die donker tonnel voor my, begin ‘n liggie te fl ikker, want Hy is tóg aan my sy! O Here, vergewe my, my geloof is so klein. Maar tog, tóg is daar iewers binne nog lewe in my!

En baie versigtig, tree vir tree, val en opstaan, beur en nog beur, beweeg ek oor maande, weer terug na die lewe. En deur Sy genade beland ek by hom, ‘n dokter wat verstaan van die pyn in my oë. Empatie in sy oë, sy stem só sag, met ‘n liefde vir my, nét soos ek is. Ek hoef nie te doen, te beur, te veg, ek kan nou maar eers rus, totdat ek krag het om weer te begin lewe.

En so het ons saam, die Here, ek en hy, begin om te skaaf aan die verkeerde my. En saggies, só versigtig, amper sonder dat ek kon sien, het ek weer begin om die Here te dien. En toe ek op ‘n dag, dit waag om terug te kyk, toe sou ek sien, die liefdevolle arms van Sy kinders, wat my het bedien. EN EK KON HOM WEER PRYS!

Versigtig het ek weer begin om te vertrou., hande uitgesteek na die geliefdes om my. Dit is ‘n pynlike proses om jouself weer te vind. Want ‘n voorvereiste is, om doodeerlik, jou spieëlbeeld te vind. Die minder mooi in jou, te erken vir wat dit is, die pyn in jou binneste versigtig bloot te lê, en Hom eers toe te laat om die wonde te verbind. Om dan te konsentreer op die meer mooi wat jy vind!

Nooit was my perfeksionisme, om roem te verwerf. Vanweë my swak selfbeeld, wou ek alleen aanvaarding vind. Vir my man en my kinders wou ek net die beste wees, maar ek het nou geleer dat 90% ook soms aanvaarbaar kan wees. Vir die mense om my, vol ellende en nood, wou ek heeldag lank met liefde omvou. Hul ellende herstel, hul redder word. Maar nou weet ek dit, dat van my word verwag, om myself te gee vanuit

my aardse krag, gevul met Sy Gees, my gebede te rig tot my Vader daarbo, en die res te laat in die hande van God. Ek was tog so bekommerd oor wat die mense sou sê, maar nou weet ek dat hul my soos ek is, óók lief kan hê. Wat my gawes en talente aan my gegee betref, dit mag ek geniet, sover my tyd dit my bied.

En so is ek besig om stadig te leer, van balans in die lewe, en vertrou in die Heer. Selfs al sou ek wéér sit in ‘n donkere nag, dáár ook sit Hy met ope arms en wag! Daar is nog ‘n paar rowe, van die pyn van my verlede, maar met God aan die hand, sien ek al kans vir die hede. En die toekoms moet ek vir eers laat in vrede.

Daar lê egter gevaar, deur te véél terug te wil kyk, want dalk open ek weer die deur, na wanhoop en ongeloof, na bitterheid en onvergeefl ikheid. Net om weer te beland in die donker, modderige slyk.

Tog is ek nie spyt oor die wonde van gister, want die oorwinning daarvan, maak mens net meer paraat, om die wonde van môre, ook met Hom deur te praat.

En so, met ‘n Vader, so liefdevol soos Hy, kan ek die stryd van die lewe weer stry!

(Junie 1995 – geskryf na ‘n baie intense en onverwerkte verdriet met die afsterwe van my pa aan kanker, waar ek die laaste 5 weke hom verpleeg het, en by was met sy afsterwe, en vier jare van ‘n totale uitbranding, verkeerde diagnoses, allergiese reaksie op vele medikasie en ‘n daaropvolgende baie diepe depressie, gevul met tye van liefdeloosheid, verwerping en die grootste eensaamheid, en die trauma van ‘n groot breinoperasie, nadat ‘n gewas op my pituitêre klier ontdek is, en in April 1995 verwyder is. Maar ek het ook die liefde en trou van God ondervind, wat onvoorwaardelik ons deel bly, nieteenstaande van wat ons doen, verstaan en dink! Dat te midde van ‘n stukkende, gejaagde wêreld soos dié, daar nog die enkeling is wat onselfsugtig uitreik na ons in ons nood, gedryf deur hul liefde vir ons albei se God!)

Ek het sedert 1996 betrokke geraak by die Krugersdorp

Gevangenis, waar ek deur die regering aangestel is as deeltydse maatskaplike berader, met gevangenes en hulle gesinne. Ek het hiermee volgehou tot ongeveer 1999, waarna ek vir ‘n tyd ‘n oggendpos weer by Sanlam hier aan die Wesrand gehad het.

Verder het my man en ek beide ‘n paar jaar gestudeer in ‘n Bybelskool van die gemeente waar ons destyds lidmate was.

Sedert ongeveer 2000 het ek betrokke geraak by navorsing i.v.m. die Joods/Hebreeuse geskiedenis en fondasie van die Skrif, en die profetiese ontplooiing van die Midde Oosterse situasie, veral sover dit Israel betref.

In 2006 het my man, Willem, nadat hy sy diens by Nedbank beeindig het, begin om van die huis af sy eie beradingspraktyk te vestig, en ook opleidingskurskusse aan te bied as “Life coach”, persoonlike besigheidsmentor, en is ook betrokke by verskillende Trauma sentrums.

Ongeveer 5 jaar gelede het ek betrokke geraak by ‘n beweging in Israel wat hulle toespits op die terugkeer van afstammelinge van die 12 stamme van Israel in die verstrooiing van die nasies, en die eindtyd vervulling en die rol van Israel in die Bybelse eskatologie, en die samewerking van Christene, Messiaanse gelowiges en Jode, binne die geestelik/politieke raamwerk van die tyd waarin ons leef. Hierdie afgelope 5 jaar se blootstelling, kontak met individue in verskillende lande, eerstehandse ervaring van situasies binne in Israel, en vriendskappe en toegang tot inligting wat vir my so naby aan die hart is, is van die mees bevredigendste ervarings van my lewe sover.

Verder het ek myself besig gehou met stokpertjies, soos naaldwerk, houtsneewerk, “quilting” ens. en BAIE LEES! En vir die res …. Life happened to me too!!!! All the usual ups and downs …. Tye van huil, en lag …. Traumatiese tye en “boring” tye … en tye van sommer net wees …. fyngeskaaf en woes gesnoei deur die Universiteit van die Lewe! En ek leer nog elke dag van my lewe ….. en ek koester die verhoudings met diegene waar ek net ek kan wees, waar

Page 52: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

52

WillemAgatha

My twee seuns Rudi en Corne

hulle my aanvaar met my goorgeit en my beter kant … net soos ek is!

Nou ja …. Dis nou hoe dit verloop het in ‘n neutedop!

Oktober 2009 op die “settlement” genaamd Ithamar, in Samaria, Israel

Page 53: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

53

Tryna van der Westhuizen (nèe Nortjè)

Maandag 4 Mei 1964

Datum in my lewe wat my altyd sal bybly.

Nie net was dit my 10e verjaarsdag nie, maar ook my eerste dag in ‘n nuwe skool: Danie Malan laerskool.

Ek het dadelik die gevoel gekry dat ou juff rou Strauss nie te gelukkig was met ‘n nuwe kind in haar klas wat sal moet inhaal en opvang nie.

Die kinders in die klas was egter ‘n heel ander saak. Babsie en Antoinette was pouse dadelik by en het gevra of ek wou kom saamspeel.

Overs, hasie, bok in die hok, S T O P spel stop, koning koning mag ek reis…… Wens ek kon alles onthou wat ons gespeel het.

Natuurlik soggens voor skool gou huiswerk by mekaar afgeskryf op die houtbankies by die korfbalbane. My Somme Sonder Sukkel was gewoonlik gedoen, maar die ander vakke……

Ons het van ‘n klein bosveldse dorpie af gekom waar ek alles behalwe gelukkig was. Dus was die nuwe skool met kinders wat my dadelik betrek het en tuis laat voel het, ‘n welkome verandering.

1967 toe ons hoërskool toe is, het vele ander van julle bygekom. So ook ‘n jaar of twee later met die herverdeling van skool zones - waarvan ek nou eers regtig gehoor het. Ek besef vandag dat dit vir julle baie moeilik moes wees om sommer net so by ‘n ander skool gedrop te geword het, maar vandag is ek bly ek het julle ook leer ken.

Op daardie stadium nie besef nie, maar dit was my vormingsjare en ek was tussen ‘n wonderlike groep mense (julle) wat deel gevorm het daarvan.

Wat was ons beroepskeuses? Aangesien beroepsvoorligting ons skoolslip periode was, het dit sake ook nie juis bevorder nie.

Ek en Willem

Page 54: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

54

kar teruggekom met proviant vir die klompie gesinne wat vasgekeer was. Bo by Carmel gestop waar werkers hom ingewag en help afdra het. Vir weke so gegaan voordat die owerhede weer die pad kon oopkry.

Daar het ons vir 9 gelukkige jaar gebly en vriende gemaak met wie ons vandag nog kontak het. Ek het so tussen die kinders kry deur van tyd tot tyd in die provinsiale hospitaal gewerk. Nog 2 seuns in 1984 en 1987 bygevoeg.

Van daar was ons vir 3 jaar in Queenstown en toe in 1993 Port Elizabeth toe.

Einde ‘76 was ons ‘n jaar getroud en nog in Pretoria, toe ons so toer-toer af is Kaap toe en ek vir die eerste keer vir PE ontmoet het. Met die terugkom in Pretoria het my kollegas by die werk gevra wat ek van die Kaap en veral PE gedink het. Weet nie van julle nie, maar in my lewe het ek op daardie stadium toe nog nie so dikwels in die Kaap gekom nie.

Ter agtergrond, Hennie was sy hele hoërskool loopbaan in Port Elizabeth op skool en wou sy wêreld met hierdie Vaalpens deel.

My indruk van die Kaap was dat dit nie so sleg plek is nie maar dat PE die laaste plek was waar ek sou wou bly. Toe ons sowaar tog soontoe trek in 1993, sê Hennie dis mos die laaste plek waar ek sou wou wees, daarom het hy my maar soontoe gevat.

Ek het toe begin voel dat my gebeendere nie meer die fi siese harde werk kon hanteer nie, en het dus my laaste radiografi e dae in Queenstown gehad. Onthou daardie klein plekke was primitief. Mobiele eenhede het met menskrag geloop. Daarby het ek ook agter geraak met tegnologie wat so vinnig ontwikkel het al die tye wat ek in George en Queenstown was.

Ons het letterlik binne stapafstand van die see afgebly en was baie gelukkig in daardie Oos Kaapse stad, maar 2 dinge het begin pla. Hennie het daar begin klas gee in 1993 en het gevoel dat hy begin stagneer.

Daarby het hulle salarisse nie tred gehou met die tyd nie, ons kinders het groter geword en moes Universiteit toe, wat baie geld gevra het.

Toe hulle hom dus vra om aansoek te doen vir die Departementshoof pos hier by die nuut geamalgameerde Kaapse sSkiereilandse Universiteit van Tegnologie (ou technikons), het hy dit gedoen maar nie gedink in die nuwe bedeling sou hy regtig in aanmerking kom vir die pos nie. Hy’t tog die pos gekry, en Oktober 2007 hier begin.

Toe vir ‘n familie krisis. Die kinders het mens geword in PE en hulle skoolbande was nog daar, al was hulle reeds op universiteit (die laaste 2). Hulle is toe taamlik vies oor hulle ouers se omverwerping van hulle bekende en ek belowe toe dat ek nie dadelik saam sou saamkom Kaap toe. Beplan toe dat hulle nog daardie Desember “huistoe” wat toe Port Elizabeth was, kon kom. Ondertussen kruip die resessie nader en almal maan ons om nie dadelik te koop nie, huispryse val.

Op die ou einde ook nie dadelik huis gekry wat na ons sin was nie en so heen en weer gependel tussen Kaap (waar Hennie ‘n lekker gemeubileerde woonstel gehuur het in die Gardens sentrum) en PE. Op die ou einde eers ‘n jaar later in ons huis getrek waar ons nou is.

Spoedig het die kinders die voordeel wat die skuif ook vir hulle ingehou het besef en ons is heel “gesettle”.

Tot later hierdie jaar! Maar dis nog die dinge van die toekoms.

Die wat al dik gelees is kan maar stop want ek gaan net bietjie verder vertel van die wel en weë wat so tussen alles deur gevleg het.

Ietsie oor ons kinders Henri het sy MCom in ekonometrika en werk as ‘n energie konsultant in Londen. Hy was as uitruil-student in 2004 vir die jaar in Duitsland waar hy die liefde van sy lewe ontmoet

Ek het dus met ‘n onderwysbeurs begin swot. Halfpad deur die kursus het ek besef dat ek iets doen waarin ek glad nie belangstel nie. (My ouers was wonder-bo-wonder nie eers vies toe ek opskop nie.) Daarna het ek by die RAK gaan werk. Die werk was lekker maar die omgewing was baie geïsoleerd en ek het eff e vereensaam. Die enigste kontak met jong mense was toe Sondagaande se KJV. Ja, daar het ek toe vir Hennie ontmoet.

Steeds het ek my nie bevind op die plek waar ek graag sou wou wees nie.

So op ‘n dag pak ek my kas reg en kom op ‘n verouderde advertensie af. Ek het dit in my skooldae al uitgeknip maar nooit opgevolg nie. Radiografi e. Na baie wik en weeg, het ek aansoek gedoen en nadat ek gehoor het ek is gekeur was dit weer baie wik en weeg of ek dit moes aanvaar. Ek het egter tog. Daardie jare was dit net ‘n 2 jaar diploma kursus en aan die einde van my eerste jaar is ek en Hennie getroud. (Die man wou net nie langer wag nie!!!)

In my 2e jaar het hulle ‘n nuwe junior dosent pos geskep waarin ‘n liefl ike mens, Lorraine Odendaal, in aangestel was. Sy’t egter kwalik ‘n jaar later noodlottig verongeluk en ek was so gelukkig om daarna die pos te kon kry. Dit het egter nie lank gehou nie. Hennie het vir die staat gewerk en bevordering was meestal gelykstaande aan verplasing. Ons was toe vir 2 jaar in Bellville waartydens ek by Tygerberg in die Kardiologie afdeling gewerk het.

25 Desember 1980 is ons oudste seun gebore en pas daarna is ons George toe.

Januarie 1981 was die jaar van Laingsburg se vloed. Die hele Wes Kaap het egter daardie jaar omtrent verspoel. Ons het tydelik op Victoriabaai net buite George ‘n huis gehuur terwyl ons eie in aanbou was. Dit het egter so hewig gereën deur die jaar dat die arme bouer amper nooit sy werk kon doen nie EN ons toegangspad na Vicbaai was op stadium totaal toe onder modder a.g.v grondverskuiwing. Hennie het opgestap en geleentheid ingekry tot in die dorp om te kon gaan werk. Die eerste middag met GG

Page 55: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

55

het. Sonja het saam met hom teruggekom vir die 2 jaar wat hy aan sy meestersgraad kom werk het. Julle ken ons land se situasie, nie een van die 2 kon werk kry nie en het toe besluit om hulle heil in Londen te gaan soek.

Marinus het na matriek in Amerika op ‘n ski-oord gaan werk totadat die sneeu gesmelt het. Daarna vir paar weke in New York rondgedwaal tot sy geld opgeraak het. Gelukkig het Hennie ‘n neef daar wat hom oor die ou ontferm het en hy’t by hulle gebly vir ‘n paar dae totdat hy teruggekom het.

Die volgende jaar het hy begin medies swot en doen tans sy huisdokter “stunt” hier by Tygerberg hospitaal. Op die oomblik werk hy sy alie af, maar vir hom behoort daar altyd werk hier in Suid-Afrika te wees.

Christo het in sy matriekjaar na ‘n ingenieursweek hier op Stellenbosch gekom. Ek dink die berge het hom so aangegryp dat hy op ‘n kursus besluit het wat hy net in die Bosch sou kon kom doen. Hy’t elektroniese ing studeer, waarna hy ‘n jaar gewerk het maar besluit het om terug te gaan. Hierdie jaar het hy begin met sy meestersgraad in ‘n (elektronies)biomediese rigting.

Die krisisse in ons omswerwinge. Dis nou buiten vir die daaglikse kleine katastrofes en die ewige gesukkel om bankbalanse te laat klop (het nie boekhou op skool gehad nie)

1983 het ek geelsug gehad. Daarvan kan ek nie veel vertel nie, was te siek om te geweet het wat om my aangegaan het. Al wat ek kan onthou was toe ek beter word, dat ek net papaja wou hê en my arme pa die hele George platgery het op soek na papajas.

2004 is Henri weg Duitsland toe. Daardie Paassondag net uit die kerk gekom en saam met vriende sit en tee drink toe die foon lui. Swaar aksent wat praat. Was hy in ski-ongeluk in Frankryk. Die sneeu het gesmelt en weer verys en hy’t teen een van die sement pilare van die kabelkarretjies vasgegly. Sy regter bo-arm gebreek gehad. Ons was op die punt om Engeland toe te gaan, toe sommer dadelik

visums gekry vir Duitsland ook. Agterna het hy vertel dat hy die wonderlikste kans gehad het om met ‘n helikopter oor die Alpe te vlieg, maar dat hy beneweld gelê en staar het na die blou lug.

2005 was Marinus saam met mede studente oppad Port Elizabeth toe, toe foon lui terwyl ons in Servi Star ronddwaal. Outjie wat bestuur het het die kar gerol. Almal OK, maar Marinus het ligte harsingskudding en lelike sny aan sy een arm. Doen weefselontsteking op en lê vir ‘n week in hospitaal vir binneaarse antibiotika.

2009 Hennie se beurt. Weet nie of iemand van julle belang stel in motorwedrenne nie en of julle weet van Charl Wilken se 2 tegnici wat verkool het net buite Laingsburg nie. Hennie was betrokke in daardie ongeluk. Sy regter hand en pols is vergruis deurdat die lugsak sy arm teen die raam van die kardeur vasgeslaan het. Agv baie swak diens van die plattelandse hospitaal was dit touch & go vir hom of hy’t sy hand verloor. Na 4 operasies het hy darem redelike gebruik van sy hand, maar fynvat is hom nie meer beskore. Maar sy kop makeer niks en Septembermaand gaan hy België toe waar hy vir 10 maande navorsing gaan doen. Ek gaan NATUURLIK eers in Oktober na die reünie

Hennie en Tryna

Ek, Hennie, Morag Pieterse and Christoff Bester in ‘n pragtige kroeg by Mountain Shadow’s hotel, Barkleypas, Oos-Kaap

Page 56: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

56

Henri links agter saam met klasmaats Hennie en Christo Marius en sy verloofde

Page 57: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

57

Marietjie Danzfuss(nèe Janse van Rensburg)

Dis nie maklik om 40 jaar in ‘n paar woorde vas te vat nie, maar laat ek probeer:• Na matriek studeer ek aan die Universiteit

van Pretoria en behaal my BSc Dieetkunde graad en die volgende jaar my Diploma in Hospitaaldieetkunde.

• Ek begin werk as dieetkundige by die H F Verwoerd hospitaal se ortopediese afdeling. Ons het baie navorsing daar gedoen om geregte op groot skaal te maak en dit dan te vries. Pasiente kon dan self kies watter geregte hulle wou eet. Vandag kan mens amper nie glo dat daar ‘n tyd was, wat sulke geregte nie algemeen verkrygbaar was nie. Verder was ons afhanklik van die WNNR se rekenaarafdeling om ons voorraad op ‘n databasis vir ons te hou! Geen Rekenaar vir elkeen in die werkplek nie – vandag ondenkbaar!

• Gedurende heerlike studentejare het ek vir Theo Danzfuss ontmoet. Met so ‘n van was my ma oortuig dat hy een of ander ‘uitlander’ moes wees, maar was baie verlig toe sy agterkom hy praat Afrikaans! Desember 1975 is ons getroud terwyl hy nog met sy teologiese studies besig was – so ons was brandarm, maar baie verlief en dolgelukkig !

• 1977 word hy as predikant bevestig in die NG Kerk Pongola en ons woon en werk in die platteland vir 4 wonderlike jare.

• 1981 trek ons na Witfi eld in Boksburg aan die Oosrand en hier is ons nou al 30 jaar lank werksaam in die NG Kerk Witfi eld. Ons bly so 7km van die Jan Smuts /Johannesburg /OR Tambo Internasionale Lughawe af – baie vliegtuie wat opstyg of land vlieg reg oor ons huis – maar glo my, na 30 jaar hoor mens hulle skaars !

• Vandat Theo as predikant begin werk het, het ek hom al die jare gehelp en nie self ‘n eie professionele loopbaan gehad nie – en glo my dit ook nie verlang nie. My lewe is elke dag baie besig

- daar is Bybelstudies wat ek hou; administratiewe take; verskeie funksies en konferensies en ander geleenthede wat gereël moet word; ek is gewoonlik verantwoordelik vir die maak van die kos met ons jeugkampe,gesinskampe ens.; verder staan ons huis enige tyd oop vir mense met probleme of vreugdes wat hulle wil deel – ek het seker al ‘n paar duisend koppies tee geskink deur die jare en net soveel keer die telefoon beantwoord! Gelukkig is ek nie ‘n skrywer nie, want glo my ek het al baie interressante dinge met mense deur die jare ervaar!

• Ek het ook altyd een of ander stokperdjie wat ek beoefen. Ek het al leer weef, porseleinpoppe gemaak, klere gemaak; materiaalverwerk gedoen en ook laslappie en kwiltwerk (op die huidige oomblik) Ek het al ‘n paar keer uitstallings gehou en gee ook gewoonlik klas vir volwassenes.

• In 1989 het ons ook ‘n rekenaarbesigheid begin en BAIE rekenaars aanmekaar gesit en verkoop!

• Ons is so bevoorreg om die ouers van 3 seuns te kan wees. Die oudste, Ferdie, en die jongste, Theo, is albei getroud en woon in Pretoria. Die middelste seun Hannes is nog ongetroud en woon in Boksburg. Aldrie het ook aan die Universiteit van Pretoria gestudeer. Ferdie en Theo in die BSc Rekenaarwetenskap rigting en Hannes het ‘n BCom Hotel en toerisme graad, maar ook fotografi e kursusse geloop en dit sy beroep gemaak.

• In 2010 is ons eerste kleinkind , Jandre Theo Danzfuss, gebore en dit is ‘n heerlikheid van ‘n ander aard om ouma en oupa te wees.

• Wat vir my baie vreugde verskaf in die lewensfase waarin ons nou is, is dat ek weer meer kans kry om te lees en dat ek en Theo dit ook baie geniet om in ons land en ook elders te reis. Ek sal julle nie verveel met al die detail nie, maar ons was al op die wonderlikste en interressantste plekke

Page 58: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

58

waaraan ‘n mens kan dink.

• My ma is al in 2003 oorlede, maar my pa is nou 84 jaar oud. Hy kon nie aanpas in die ouetehuis nie, so nou trek hy terug na Erich Mayerstr 135, waar hy al die jare gewoon het! Ons het intussen die huis gekoop en opgeknap en hoop om na aftrede daar te gaan woon.

• So, na 40 jaar se lief en leed is ons nou ook op die ‘brille, pille en grille’ stadium met die besef dat ‘aftrede’ vinnig naderkruip, en die wete dat dit weer ‘n nuwe lewensfase met sy eie uitdagings sal bring.

• Intussen sien ons uit na die reunie in Oktober 2011. Groete van Marietjie Danzfuss (Janse van Rensburg)

1971. ‘n Waterskeidings jaar vir almal wat in matriek is. Nie alleen lê die onbekende voor nie, maar daar is ook so baie wat agtergelaat word. Vriende (en ja,

ook vyande – maar wat weet ons tog ook van vyande op die ouderdom!), familiekennisse en vele wat ons gesien het maar nie bewus van was (of werklik geken het) nie. Kantoorpersoneel, die tuinwerkers en skoonmakers en noem maar op.

Hoe anders is die lewe tog nie op 18 nie! Vir sommige ‘n baie onbekende tyd. Ander weer het presies geweet wat die lewe inhou vir hulle in die onmiddelike toekoms. Sommige het geweet hulle gaan deurkom, ander het maar baie “geworry”. Maar, ek dink nie iemand was werklik voorbereid op die toekoms nie. Almal het gedink dat die verhoudings wat gesmee is vir ewig gaan hou.

Die herinneringe het wel die verhoudings oorleef! Hoeveel van my vriende is daar wat ek tog vandag ‘n meer vaste vriendskaps ou wou hê. Kon ek tog maar meer moeite doen? Of het dinge maar verloop soos dit moes? Die vraag bly natuurlik: sou hulle nog met my vriende wou wees?

Dis lekker om terug te dink aan daardie jare. Die dag toe ek en Phillip na ‘n debats aand terug loop huis toe en klippe op mnr Swanepoel se dak gooi. Hoeveel ander het dit nie ook gedoen nie! Ons het laat spaander (natuurlik lekker gelag) en gedink ons is veilig toe die kar skielik op ons afpeil. Mnr De Beer het daardie aand by mnr Swanepoel gekuier en hulle het saam in die kar gespring om die kerjakkers te probeer vang. Wat hulle toe reggekry het! Natuurlik het ons dit ontken. Maar ‘n rukkie later het Phillip se gewete hom begin ry en het hy toe maar erken dat dit ons was. Die volgende dag het ons ‘n goeie skrobering gekry en nooit weerklippe op mnr Swanepoel se dak gegooi nie!

So dink ek ook aan die dag dat Hennie Hough my nooi vir tennis (ek het natuurlik gegaan al kon ek hom nooit klop op die tennisbaan nie!) en daarna my uitdaag om te kyk wie kan die meeste eet! Gelukkig kon ek hom darem daarmee klop en het 14 snye brood ge-eet teenoor sy 12!

Ja, die Voortrekkerkampe. Die keer toe ons die

Patrick Venter

Page 59: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

59

kondensmelk gesteel het by Lunsklip. Of sommer net die lekker skaatsery op die saal se vloer op die stoele (wat ook ge-eindig het met ‘n paar warm houe). En wie van ons sal vir Robbie vergeet, toe hy na ‘n skrobbering oor ons lang hare sy kop gaan kaal skeer het. En die rot wat teen ou Rot se deur vasgespyker is. En die versies wat mnr Prins vir ons gelees het as iemand verjaar het (regtig verjaar het of nie). Of die stem van mnr Steyn wat sy nuutste ‘rugby song’ oor die luidsprekers uitbasuin!

Wat my die meeste vreugde verskaf het in my matriek jaar, was om vir Wiel (mnr Esterhuizen) in die grond in te kon hardloop in die middae as ons oefen. Ek was top fi ks en het myself as die fi ksste seun in die skool beskou in daardie jaar. Twee keer ‘n week het ek en Wiel van die skool af deur die klein duikweggie gedraf oor die Wonderboomnek en ander kant om, terugdeur die Poort en dan op met die berg en ‘n hele ent op op die kruin van die berg. Vele kere moes ek vir hom wag dat hy eers inhaal. En die vreugde het nie gekom van die feit dat ek hom gewen het nie. Maar, van die feit dat ek as kind ‘n lekhart gehad het en ook tussen 8 en 12 jarige ouderdom rumatiekkoors gehad het. Ek kon dus nooit voltyds aan sport deelneem nie, wat ek wel kon doen in my laaste twee-en-’n-half skooljare en daarom het ek alles ingesit om so fi ks te kon raak.

So asof ek alles wou inhaal wat ek voorheen nie kon doen nie.Gaan dit nie maar so aan deur ons lewe nie?

Na matriek Potchefstroom se Universiteit vir CHO toe. Swot toe aptekerswese. My pa kry beroerte en trombose en ek is gedwing om op te skop. Net om ‘n paar jaar later die roeping te kry om predikant te word. Doen toe my BA en BD by Tukkies, voltyds (terwyl ek getroud is met twee kinders), ‘n bietjie Sielkunde ook en doen my meesters met my verhandeling getiteld: “Die Kerklike Bediening aan die Depressiewe Adolossent”. Loop klas bedags en werk snags vir ‘n inkomste.

Raak betrokke in die besigheids wereld en ….Later doen ek slukdermkanker op en word ‘n deel van my slukderm en maag verwyder en raak ek toe weer meer besadig.

Getroud 6 maande na matriek met Sonia (my eerste en enigstemeisie op skool) en twee jaar later word ons seun gebore en 3 jaar later ons dogter. Twintig jaar na matriek in die skeihof en weer 8 jaar daarna getroud. Vier klein kinders vandag en ons voel dat ons lewe vol was. Vandag nog gelukkig etroud met Rentia, en saam met haar vier klein kinders sien ons uit na ons ou dag (wat gelukkig nog vêr is).

Baksteen (mnr Schoeman wat Geskiedenis gegee het) trek so paar jaar gelede langs my in en wanneer ons kon het ons gesels oor die ouskooldae. ‘n Jaar gelede verhuis hy Natal toe en is vandag 80 jaar oud. Gaan goed. Rook nog en dit voel vir my soos gister toe hy die sigaret in sy sak steek in die klas toe die hoof instap en jy sien net rook uit sy baadjiesak borrel! Wonder wie dit nog kan onthou (std 6 dink ek?).

Die wereld vol gereis (meer as 3 000 vliegure) en vandag is ons lekkerste tye die met ‘n daktent iewers in Afrika om ‘n braaivleisvuur. En dan wonder ons wat het van ons matriek maats geword. En watter reise hulle in hulle lewens deur gemaak het. Watter vreugdes en watter pyne? Dan besef ons dat die lewe sy eie manier het om jou mee te sleur en jou op reise te neem wat jy beslis niei n jou matriek jaar eers van sou gedroom het nie. Dan kan ons net met dankbaarheid dink aan ‘n 40 jaar reunie, waar lewens, wat elkeen sy eie draai geloop het, vir ‘n kort tydjie weer bymekaar kom om iets te deel wat hulle nog steeds oor al hierdie jare saam gebind het. ‘n Matriek jaar vol herinneringe wat onlosmaaklik deel van elkeen van ons se lewens is en sal bly!

Voor in die Wapad Brand ‘n Lig!

Onvervuld(Afskeidswoordeaan 71’S matriek)

Die SeilestaanbolOnsglyna ‘n blinkend en verreverskietGedryfdeur ‘n onbekendetoekomsSoos ‘n tolboswatrol

Elkeen met ‘n droomGeboreuiteiedrif‘nStrewenasuksesSonderskrik, sonderskroom

OntvoudeureieomstandighedeStap die JareaanDoelwitte word bereikAnder stortnabenede

Verspreid, kontakverloorMet die verlede, die toekoms en hedeBesig met die nouBepaaldelkeen op ‘n eie spoor

Die toekoms word die verledeMore nog ‘n dagSo stuonsvoortSomssonderverstand, sonderrede

Ja, dit is ons liedDie eindenognie in sigWant, Die seilebol

Onsglyna ‘n blinkend en verreverskiet

Page 60: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

60

Antoinette Reitz (nèe Biermann)

Waar begin ‘n ou met jou eie biografi e? Veral as jou skryf vernuf nie juis een van jou sterk punte is nie!

57 jaar is inderdaad ‘n lang tyd maar ek sal dit kort en kragtig hou.

Ek is in 1954 in Windhoek, toe nog Suid Wes Afrika genoem, deesdae Namibia, gebore.

Ons het in Pretoria Noord aan die voet van die Magalies berg gaan woon toe ek drie jaar oud was en van my beste kinderdae het ek daar spandeer.

Die lekker ou dae voor televisie, soos julle almal sal weet, voor cell fone, “ipods” en “laptops”.

Laerskool Danie Malan en die baie lekker herinneringe van alles daar wat bygedra het om n mens te begin vorm en bou.

Ek onthou so goed my eerste naelloop wedren in graad 1, toe ek losvoor hardloop dat die biesies bewe en die skare mense gil en skree en arms vir my waai, net om by die wenstreep alleen aan te kom en te hoor dat 2 geweer skote beteken: STOP en begin weer…….my eerste ontnugtering oor hoe dit voel om verneder te voel……..hoekom het niemand dit ooit vir my verduidelik nie???

Met kermis hou by die skool was ek die heel bangste vir die spookhuis agter in die saal, en het altyd ewe braaf lank in die tou teen die trappies op gewag vir my beurt om in te gaan net om die grootste papbroek te wees as n nat rubber hand my aan die nek vat reg by die ingang en ek skeeuend die trappe afhardloop om volgende jaar maar net weer die proses te herhaal….ai tog!

Waar ons, ek , Babsie en Yvonne die strate van Pretoria Noord plat gejaag het met ons fi etse tot laat-aand,

En waar ek dan gereeld in die moeilikheid was as my gesin om die eetkamer tafel vergader vir aandete en ek nog met my maters in die bome rondklouter salig onbewus dat die son al sterk skemer trek.

Die warm dae in standard 4, in mnr. Delport se klas….(ou padda) soos ons hom genoem het, met die allermooiste geluid van die Watersproeier wat “szic… szic… szic.. szic…die rugby veld natspuit en ‘n mens die geur van varsgesnyde gras tot vandag toe kan ruik as jy jou oë toe maak.

My wonderlike herinneringe van die beste vakansies ooit op die familieplaas in Thabanchu in die Vrystaat saam met my niggies en nefi es sal altyd diep in my hart ‘n warm gevoel laat.

En ‘n plek waarheen ek telkemale terug na toe gaan in my gedagtes as ek begin verlang na almal wat so na aan my was vir so baie jare!

Ek kry nou die dag my st. 2 skoolfoto, met twee groot mieliepit tande, grinnik ek vir die kamera, my hare so styf vasgestrek agter op my kop in ‘n dun velgseltjie dat jy net ore sien!!!....Ma, hoe kon jy my so skool toe gestuur het???

Toe kom die tienerjare en Pretoria Noord Hoërskool.

Die “sixties” musiek… met die die klein transistor radiotjie styf teen jou oor laat nag om die “hit parade” te luister sonder dat ma of pa hoor.

Die “giggle”-gogga wat ‘n mens beet kry wat net ‘n standard 6 meisie perfek kan doen. Hoe onthou ek nie die briefi es, en prentjies wat ons in die klas rondgestuur het en telke male in fl oute amper beswyk het aan onderdrukkende giggelende geluide as die onderwyser wat ‘n snaakse bynaam gekry het jou met ‘n kwaai oog aangluur nie. My groot vrees vir mnr. ….was sy naam mnr. Steyn??? Die wetenskap onderwyser…, groot man met kort rooi hare wat as hy vir my kyk, my tot trane toe kon dryf…Mev. Kramer, die wiskunde onderwyser, ek was vir haar so bang dat ek kan nou nog nie weet hoeveel is 1 maal 1 as jy my vining vra nie!!!, en net daar en dan het ek ‘n besluit geneem dat as ek ooit ‘n onderwyser sou word, ek die “nice”te een in die hele wereld sou wees!!!

Die tienerjare waar ek met vlinders in my maag met n

Page 61: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

61

pienk strik daarom gegee, en kom ek die bus ryery vir altyd vaarwel roep en het ek my groot olieverf skilderye met trots in my MG gelaai en vreeslik windgat rondgejaag. Ek het op die stadium ook ballet klasse gegee en in Greatermans gewerk gedurende die vankansies vir petrol geld en my geluk het geen perke geken nie!

‘n Paar maande later het ek vir my pa, een oggend koebaai gewaai het en hom nooit weer gesien het nie. Hy is die oggend opslag in ‘n motor ongeluk oorlede. Ek en my pa was baie baie na aan mekaar en dit het my seker meer as 20 jaar geneem op hierdie hartseer en gemis in my hart weer gesond te maak. Ek het vir 21 jaar met my klein MGB GT gery en altyd altyd gevoel dat my pa daar by my was wanneer ek bestuur.

Self later jare toe my twee klein baba seuntjies in hulle stoeltjies agter in die MG vasgegespe was tot hulle oppad hoërskool toe, agter op die “two seater” soos 2 sardiens met krieketkolf , skooltasse en “togbags”, neuse, plat teen die vensterruit gepleit het dat dit nou tyd was dat ma ‘n ander kar kry.

In die somer van die volgende jaar my fi nale jaar, besluit my ma en ek om op ‘n Europese vakansie te gaan om van al die harsteer te vergeet en ook om by my, toe Italiaanse kerel van 2 jaar, se ouers wat by Lago Maggiore in die Noorde van Italië gewoon het, te gaan kuier.

Ons was op ‘n groot skip om die Griekese eilande toe die nuus kom dat my ma se ma, my geliefde ouma, wat ook ‘n groot deel van my lewe was op die stadium, ook toe oorlede is. Met ‘n hart aan fl arde was dit vir my ‘n baie moeilike tyd.

Genoeg nou oor die hartseer periode in my lewe, maar as ek so terug dink, was dit deel van God se plan om my sterk te maak vir die toekoms, en om soveel onduidelike hede oor my eie swakhede te bou en krag te gee om sterk te staan in sy naam.

Op universiteit was ek mal verlief op ou Snys en ‘n paar ander oulike Afrikaanse manne, maar dit was die andersheid van

‘n vreemdeling, ‘n Italianer met ‘n Amekikaanse aksent, ‘n skerp sin vir humor maar veral ‘n groot respek en liefde vir familie wat my hart gesteel het.

Hy het destyds vir Afl a Romeo gewerk en was op kontrak hier vanuit Milaan. Ek kon hom eers nie verdra toe my broer hom aan my voorstel nie, gedink hy was te arrogant, en vol van homself, maar sy uithouvermoë het my laat lag en toe stadig maar seker was die koeël deur die kerk en ek het geweet hy is die een vir my.

Toe ons terug keer van Europa af, daardie Desember in 1977 is ek getroud met my Italianer, Ferdinando Roberto Reitz (nie van die Vrystaat nie maar ‘n oorspronklike Italianer vanuit Florense). Weereens het ek my pa op die dag baie gemis.

Ek wou so graag toe ‘n lugwaardin word, maar nou was ek pas getroud en ons het ‘n splinter nuwe huis gehad om af te betaal. My huistaal is nou Engels want my liefste “spaghetti” kan nou nog nie lekker Afrikaans praat nie.

My eerste onderwys pos was in Johannesburg Forest High School, en daardie dae ‘n statige “high English” skool waar ons nog met swart togas voor die klas gestaan het. Ek het kuns en Afrikaans gegee, van std. 6 tot std. 10. Die matrieks was net ‘n bietjie jonger as ek in daardie eerste paar jaar en soos alle matrieks vol dinge. Dit was harde werk om myself te regverdig as ‘n ferm tog “nice” juff rou, (my belofte aan myself gedurende my hoërskool jare) en ek het met passie en ‘n groot liefde vir die saak vir die volgende 21 jaar in die opleiding en onderwys van duisende seepneuse gestaan. Ons het hard gewerk, maar ook altyd baie pret gehad. Hieroor alleen kan ek ‘n boek skryf, maar dis iets vir my ou dag!

In 1980 is my eerste seuntjie gebore, Arturo (sy oupa se stamboom naam) was ‘n groenoog kind met blonde krulle wat soos vir alle ma’s vir my die mooiste dingetjie op aarde was, en twee jaar later in 1982 weer ‘n seun, Andrea, ook die ene krulle en groen oë. Met ‘n bruinoog ma omring met al die mooi Itanianers was ek die gelukkigste ooit, maar die afwesigheid van hulle oupa, by al die mylpale in

groot liefde (van daardie maand) oor die telefoon moes praat wat prominent in die sitkamer gestasioneer was en die hele familie die ene ore was en aandagtig maar kamma ongeintreseerd aan elke woord gehang het……hoe lekker het die jongklomp van vandag dit tog nie nè?!

Die wonderlike vakansies elke jaar in Xai Xai, Mosambiek, met my niggies en later ook Wilna, was weereens van die beste tye gedurende my vormingsjare.

Ek het ook op die stadium my hoogte punt in ballet bereik, om op 16, die beker te wen vir die hoogste toekenning vir al die fasette in Senior klassieke ballet by die jaarlikse kunswedstryd in die stadsaal van Pretoria. “Payback” vir al daardie jare en ure se oefening en eksamens!!!!

Na matriek het ons Meyerspark toe getrek om dit makliker te maak vir my om by die Universiteit van Pretoria uit te kom waar ek deel van die eerste groep studente was wat die Hoër Nationale Onderwys Diploma vir 4 jaar studeer het, wat nou die BA Ed graad genoem word. Ek onthou nog in daai dae het ek met twee busse gery om klas by te woon en dan weer twee terug, om huis toe te kom, in die reën en winter wind. My pa wou niks weet daarvan om sy enigste meisiekind in die koshuis te sit nie, iets wat ek so graag wou doen!

My hoofvakke was Kuns en Bybelkunde, my twee groot liefdes, maar die 4 jaar was ook die 4 moeilikste jare met die mees emosienele uitdagings ooit! En as ek terug dink is dit met groot hartseer dat ek onthou hoe in my tweede jaar, ek moes aanskou hoe my oudste broer stadig maar seker aan kanker weggekwyn het, en toe hy op 27 jaar oorlede is, hoe dit my geloof hard geruk het. Ek wat so begeesterd was, wat tussen die tokkelokke in my 2de jaar met hulle gedebateer het dat my sterk geloof, hom sou red, ek moet net glo!.

Na baie jare eers het ek vrede gemaak met dit en alles wat daarop gevolg het, en geleer het dat dit nie gaan oor wat ek wil nie, maar dat ek God se wil nooit moet beproef of betwyfel nie. In my derde jaar het my pa vir my 21 ste verjaarsdag n “racing green MGB GT” karretjie met n vet

Page 62: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

62

hulle lewens het my nog steeds baie ontstel. My ma was gelukkig nog altyd daar en deel van hulle lewens. Ek het steeds skool gehou nadat hulle gebore is, en kon al die jare saam met hulle skool toe gaan en het ons almal saam buitemuurse aktiviteite bygewoon en huiswerk gedoen doen langs die swembad by die huis of tennisbaan. Ek en Fred het ons seuns met liefde en baie lag groot gemaak en vandag is hulle wonderlike respekvolle jong manne met die mooiste maniere op wie ons so trots is!!

In 1984 to 1986 het ons in Italië gaan woon vir 2 jaar nadat Alfa Romeo onttrek het uit SA. Dit was ‘n onvergeetlike ervaring om deel van die Europese leefwyse te word. Die voorreg om net vir ‘n naweek Duitsland toe te gaan, vir ‘n paar dae na net af in die pad ‘n paar dae in Parys en in die suide van Frankryk te gaan vakansie hou. Ons het baie na aan Switzerland se grens gebly en altyd daar gaan petrol ingooi omdat dit goedkoper daar was as in Italië. Dan gaan ski ons in die Switserse Alpe of loop op die strand van Monako rond. Maar ek was ook sooo “homesick”, en het vinnig aarde toe gekom toe ek self gou gou moes leer hoe om hemde te stryk, vloere te was, en alles te doen wat ons wit bedorwe brokke altyd so vanselfsprekend hier in SA geneem het.

Dit het ook maar woes gegaan want ek kon toe nog nie ‘n woord Italiaans verstaan nie en kon net hier en daar iets sê in Italiaans, maar dit was ook ‘n lekker “learning curve”. Ons seuns was in die Internationale skool in Varese en het toe al op 3 en 5 jarige ouderdom Engels, Italiaans en Duits gepraat net omdat hulle met die klasmaats van daardie lande saam in die klas was en dit al op kleuterskool geleer het. Hier het my belangstelling in lekker Italiaanse cuisine ook begin en ek en Fred kook ewe gretig lekker geregte saam, veral nou dat ons ouer word. Ek versamel die resepte en hy die wyn……en wat ons kook moet ons eet en drink…..la dolce Vita!! Wat nou ‘n instelling is wat elke Sondag as my twee seuns en hul gades en meisie en my kleinkinders kom vir middag ete, wat ‘n voorreg.

En wat ‘n voorreg om ‘n ouma te wees of soos ek in Italiaans genoem word: Nonna! Soos julle almal weet wat in dieselfde posisie is, hulle vul my my vreugde en liefde

as daardie gesiggies by die oop deur inhardloop en hulle armpies om jou gooi!!!

Ek het vir baie jare ook Bybelkunde, Afrikaans , Kuns, “Design & Technology” gegee by Jeppe Boys High, Bryanston High, Sandton High en Wendywood High en dit was van my beste ervaringe gewees om in so baie fasette deel van jong mense se opvoeding en ontwikkeling te wees. Ek hoor steeds van tyd tot tyd as ek in ‘n winkel sentrum is “Hello mam” en dan staan hier so groot man met ‘n baard en afkyk na my!!!! My oud leerlinge….

In 1997, nadat my seuns klaar matriek gekryf het het ek toe besluit, daar moet tog ander dinge daar buite wees om te doen en het bedank om nuwe loopbaan te begin.

Weereens het ‘n deel van my gelapte hart ‘n knou gekry toe my enigste oorlewede broer, Andre in 2002 homself deur die hart geskiet het…….. lang storie en iets wat my nou nog tot trane bring net om daaroor te skryf.

Na my onderwysloopbaan het ek eers vir 6 maande vir PAG gewerk in recruitment, hoofsaaklik om te bepaal watter bydra kan ek nou eintlik iewers kan lewer, voordat ek vir 4 jaar ‘n bemarker vir ‘n tersiëre rekenaar opleidings Instituut geword het. Steeds maar betrokke met matrieks en hulle loopbaan keuses in opleiding en ontwikkeling. Ek het vir 6 maande daarna korporatiewe konsultasie gedoen vir maatskappy en Industrie vir grade en diplomas voodat ek in 2003 fi naal my voete gevind het en by CTU Training Solutions, nog ‘n tersiëre rekenaar opleiding Instituut/Acadamy, waar ek steeds werk en eendag sal aftree.

Ons spesialiseer in rekenaar loopbane met kwalifi kasies en Internasionale sertifi seering. Netwerke, programeering; Cisco ens. Ek het begin as skole bemarkter en het die volgende jaar die eerste CTU Career Campus geopen. Ons gaan vanjaar ons 17de kampus oop maak. Ek was daarna ‘n korporatiewe bestuuder vir die korporatiewe tak, toe ‘n bestuurder van die Menlyn Career Campus. In 2008 het ek ‘n direkteur van die maatsakppy geword waar ek die “QA” van die Akademie program van al ons kampusse landwyd bestuur het. In 2011 het ek “COO” van die maatskappy

geword wat nou na die operationele rol van al ons bestuurders en kampusse landwyd oorsien. Ek is daarom nogal baie op die pad, met ons hoofkantoor in Garsfontein, en ons 17 kampusse van Stellenbosch, Kaapstad in die suide tot in Polokwane in die Noorde, Durban in die Ooste en Potchefstroom aan die weste. Ek is ook bevoorreg om jaarlikes na die Microsoft World Partner Conferences in Amerika te gaan en Cisco in Dubai. Ons neem ook een keer per jaar ons studente op ‘n studente toer na Google, Microsoft, Cisco in San Francisco, Seatle en Los Angelos toe om hulle en aan die eeste-wêreld-tegnologie bloot te stel. Fred se ma en familie woon nou almal in Amerika, so dan kan ons gelukkig tussen deur ook by hulle ‘n draai maak van tyd tot tyd.

Opleiding en onderrig is maar nog deel van my DNA maar ‘n ander passie van my is steeds “property development”, wat ek so op n klein skaal doen. !!! Daar is net nie genoeg tyd vir alles nie want wat ek eintlik nog altyd wou word is ‘n argitek! So van aftree is daar nie sprake nie en ek hoop om nog baie jare my bydra te lewer en sien uit na nog ‘n paar pienk en blou voetjies wat in die toekoms deel van my lewe gaan word!!! :)

Intussen het Arturo vir ‘n jaar na matriek in Amerika gaan tennis speel en daarna n BSC graad in IT behaal. Hy is hierdie jaar 31 en werk tans vir Accenture in Johannesburg as ‘n “Business Analyst” en is getroud met Lauren Waldick , ‘n pragtige skoondogter wat enige skoonma vir haar seun wil hê. Die twee het vir ons die grootouers gemaak van twee pragtige dogtertjies , Graziella 3 en Gianna 6 maande. Sien die foto’s! Uiteindelik het ek na al die jare van testosterone en tyres, twee stelle pienk voetjies!!! Wat plesier gee hulle vir my, hulle is inderdaad die lig in my lewe!!! Hulle woon net 15 minute weg van ons af.

Andrea is vanjaar 29, vry nog in die bondel soos hy sê, is ‘n innoverende programmeerder bedags en het ‘n “band” Voodoo child wat oral speel in die aande. Hulle het ‘n CD uitgereik, werk aan hul tweede een het al 2 keer oorsee gaan speel. Hy is my kreatiewe kind wat ook ‘n fotograaf van formaat is!! Hy woon ook in Johannesburg, so ons is baie geseënd dat ons kinders naby ons is.

Page 63: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

63

My mammie, wat nog tot verlede jaar op en wakker was op 89 jarige ouderdom, het oral nog rond gery en bestuur maar het verlede November geval en haar heup gebreek, en na 3 groot operasies het sy nou baie verswak. Sy woon in Kingwood Village in Pretoria, ‘n lifestyle village soos hulle dit noem maar ek gaan haal haar elke naweek om by ons deur te bring in Johannesburg. Ek kan sien dat sy die ook nou in die begin stadium van Alzheimers is, so daar is weereens ‘n groot uitdaging wat vir my voorlê, maar ek moet mos nou al sterk genoeg wees om dit ook te kan verwerk as die tyd kom?

So het ek/ons vir die afgelope 32 hier in Sandton gebly en moet se, ek sal en wil die plek vir niks verruil nie.

Mens raak gewoond aan die pols en die spoed van die groot stad, en die diversiteit van dinge wat ‘n mens hier kan doen en die interessante mense wat deel van jou lewe geword het is nou so ingewortel in my sige dat ek so gefrustreerd raak met die stadige spoed van Kaapstad, Durban en nog ‘n paar ander plekke (waarvoor ek ook seker houe kry as ek dit noem). Ons vriende is meestal almal hier, ons kinders en ‘n groot deel van ons lewe.

My visie en droom is tog om uiteindelik eendag, my huisie op ‘n heuwel by die see te kan hê om te skilder , in my eie groete tuin alles te kweek en plant om in al my resepte te gebruik en al my pragtige kleinkinders en kinders te bederf as hulle kom kuier en as die son sak aan die einde van die dag, op die stoep oor die see te kyk met ‘n glas wyn in die een hand en ‘n stukkie kaas (van Woolies) in die ander !

En dit in ‘n neutedop is waar ek nou is.

Page 64: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

64

My familie in 2008 : My seuns Andrea, ek, klein Gracie om my skoot, Fred, Lauren en Arturo.

Princess Gracie

My ma, Sarah en klein Gianna Sarah op haar skoot.Klein Gianna voor, my splinternuwe kleindogtertjie, (6 mde) en Gracie in

die agtergrond

Gracie (3) geneem op 25 Junie 2011

Page 65: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

65

40 JAAR LATER

Dit is verbasend wat deur jou gedagtes gaan in-dien jy vir ‘n wyle stilstaan en byna nie kan glo dat jy veertig jaar gelede die skoolbanke vaarw-el geroep het nie. Die persepsie van ’n 55 jarige

plus op daardie tydstip, was iemand wat half oor die muur is. Gelukkig is die teenoorgestelde waar en is die foto’s wat Susan reeds ontvang het, ‘n sprekende bewys daarvan. Die dames het natuurlik ‘n voorsprong met alles op die mark tot hulle beskikking jonger te lyk, terwyl onse manne maar tevrede moet wees met die gryshare, geen hare en “bo-epie” in sommige gevalle.

My werksmilieu begin by die destydse SAS&H, verskuif later na die motor vervaardigings bedryf en Krygkor afi liale, in wapen vervaardiging en die rekenaarbedryf. Ek is getroud met Renee en ons 31 jarige dogter Jeane is in 2010 met Marco Jacobs getroud. Renee en Jeane was ook albei leerlinge van Hoërskool Pretoria-Noord.

‘n Ernstige motor ongeluk in 1985 het my lewe drasties verander, maar terselfdertyd ook vir my ‘n tweede kans ge-bied. Na ‘n periode van ses maande in die destydse HF Ver-woerd Hospitaal se Rehabilitasie-eenheid, het ek genoeg-saam herstel om ontslaan te word. Die daarop veertien maande, met hulp van BO en ondersteuning van vriende en familie, het my toestand tot so ‘n mate fi sies en psigies verbeter dat ek weer in dieselfde betrekking as voor die ongeluk by Infoplan (Nou SITA) aangestel is.

Ek was gelukkig om in diens van Infoplan te wees tydens my ongeluk. Die ondersteuning van die organisasie se bestuur en kollegas het my ’n geleentheid gebied wat nie almal te beurtval nie. Dit het my in staat gestel of die ”dis-” uit ”dis-ability” te haal en net op ”ability” te fokus.

Dit het ‘n nuwe wêreld oopgemaak met geleenthede en al die uitdagings wat daarmee gepaard gaan. Nou neem jy kennis en ervaar jy die impak van die ontoeganklike en soms onwillige samelewing. Skielik moet jy beter beplan, meer tyd toelaat om betyds te wees, en bewus te wees van wat om te verwag by die eindbestemming.

Jakkie Pieters

Om meer bewus te word oor die leefwêreld van die ges-tremde, raak ek betrokke by sport- en organisasies wat die omstandighede en regte van die gestremde bevorder.

Begin om in 1994 aan atletiek deel te neem en stig Rolstoel rugby saam met twee rolstoel vriende in 1997. Ek was bevoorreg om op Nasionale- en Internasionale vlak teen verskeie sportmanne in die twee sportsoorte deel te neem en kennis te maak met verskeie sport-administrateurs in die buiteland. Twee jaar gelede het ek betrokke geraak by die ”Vereniging vir Persone met Fisiese Gestremdhede” in die Oos-Kaap en is tans die Voorsitter van die Provinsie.

Na vier-en-vyftig jaar in die Noorde het ons besluit om ons wortels uit te trek en het drie jaar gelede na Jeff reysbaai in Oos-Kaap verhuis. My ondersteuning vir die “Blou-Bulle” bly onveranderd, ongeag die teleurstellende 2011 seisoen.

EK sien werklik daarna uit om die groep weer na veertig jaar te sien. Dankie aan Susan, Robbie, Hennie, en die an-der almamaters wat die inisiatief geneem het en betrokke is by die organisering daarvan.

Jakkie

Page 66: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

66

Die dag na skool het ek by die department van gevange-nisse begin werk met ‘n plan. Ek wou nie twee jaar mors met diensplig nie. Ek moes egter vir 6 maande Kroonstad toe vir my opleiding. Met my terugkeer na Pretoria sen-traal gevangenis het ek gevra vir permanente nagdiens en het ingeskryf by Tukkies in 1973 vir metallurgiese ing-neurswese. Bietjie gesukkel om in die nag te werk en in die dag klas te loop maar ons was nog jonk. In 1974 het ek my vrystelling van diensplig brief gekry en by die Raad op Atoomkrag by Pelindaba begin werk in hulle metalurgiese afdeling. Die tye was nou omgeruil aangesien ek in die dag gewerk het in in die aand klas geloop het. Ek moes vir 3 jaar by RAK werk om die geld terug te werk wat hulle vir my studies betaal het.

Die gelukkigste dag in my lewe In 1977 het ek my vrou Maude van Niekerk ontmoet en ons is dieselfde jaar deur Dr. Murrey Janson getrou. Ek het werk verander na Yskor en huis gebou in my spaartyd in Garsfon-tein. Ek het baie betrokke geraak met die rekenaar in Yskor en eventueel my bevind in ‘n agterkamer waar ek gesit het en prosses kontrole programme vir die prossesering van staal geskryf het. Daardie dae was daar nog nie iets soos persoonlike rekenaars nie en het my weer eens bevind om nagte om te sit by die werk besig met die programme.

Na die geboorte van die tweede een het ek die werk be-dank en ‘n konsultasie besigheid in proses kontrole met die naam van Syscor gestig. Dit was oorspronklik bedoel so-dat ek meer tyd met my gesin kan spandeer. Die besigheid was egter bo verwagting suksesvol hoofsaaklik omdat daar nog nie ander sulke besighede in SA was nie. Ek het werk gedoen vir 30 veskillende staal fabrieke in SA oor 15 jaar. In 1999 het ek konsultasie werk in Engeland gedoen vir ‘n paar maande en die besigheid vir wie ek die werk gedoen het het my gevra of ek nie permanent vir hulle wil kom werk nie aangesien hulle verskeie fabrieke in Britanje besit. Ek en my gesin het op daardie stadium op die Shere plotte in Pretoria Oos gebly en ons bure is beroof (die man geski-et en die vrou vieslik aangerand). Ek en Maude het dit toe bespreek en ek het die pos in Engeland aanvaar op voor-waarde dat die Britse regering vir ons burgerskap gee. Dit is toe gedoen maar ons het ons SA burgerskap ook behou.

Herman van Rensburg

Ons woon in Wallis waar alles maar oor staal gaan en dit al-tyd reën. Om bietjie sonskyn te kry het ek vir my ‘n plasie in die Suide van Frankryk gekoop waar ek elke maand ‘n paar dae gaan spandeer. In 2005 het ek besluit dat ek genoeg tyd gespandeer het om vir ander mense fabrieke op te sit en het met behulp van die Walliese plaaslike regering my eie staalfabriek opgesit. Dit het goed gegaan maar die geweldige druk wat “Credit Crunch” in 2008 op my gesit het, het my laat besluit om die besigheid te verkoop en bietjie te rus. Ek kan nie terugkom SA toe nie want daar is al Engelse kleinkinders wat ek geweldig geniet. Ek tree op die oomblik deeltyds op as algemene bestuurder by ‘n staal fabriek wat my genader het maar probeer om so veel doenlik van my tyd op die plasie in Frankryk te spandeer.

Ek probeer so twee keer ‘n jaar SA toe te kom wanneer die verlange na die weer en die mense te groot raak. Indien die Afrikaans bietjie lomp klink is dit omdat ek dit net hoor op die geleenthede in SA.

Sterkte vir almal, lekker reunie hou en geniet Suid Afrika want daar is nie nog so ‘n plek in die wêreld nie.

Maud en ek op ons troudag, die gelukkigste dag van my lewe

Page 67: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

67

Maud en ek in Frankryk, 2006, nou net so oud soos julle

Ons dogters Tanya en Izelle is gebore Desember 1979 en Julie 1983.

Nerina de Klerk (nèe de Beer)

My skooldae was ‘n fees. Ek het my gate uit geniet met al die sport en drama en stout wees en veral die vriende wat ek gehad het. Gelukkig het ek nog

kontak met ,n paar maar ons sien mekaar net te min.

Na matriek het ek BA LO gaan swot op Tukkies, daarna gaan verpleeg by die HF Verwoerd Hospitaal. Ek het ook gewerk by die Dept. van Buitelandse Sake waar ek oplei-ding gekry om in ‘n buitelandse missie te gaan werk. Ek het my huidige man, Frans, op ‘n “blind date” ontmoet en alles net so gelos, binne 3 maande verloof geraak en getrou. Dit was 36 jaar gelede en so waar nou nog bymekaar! Ons het 2 kinders, Anouska en Johan.

Hulle het by Tukkies geswot en is nog in SA, ongetroud en lyk nie of daar enige vooruitsigte is van enige kleinkinders nie!

Frans het gewerk vir Colgate Palmolive en ons het die geleentheid gekry om in New York, Amerika te gaan bly vir n tydperk van 3 jaar. Met die hele huis en 2 kinders is ons sak en pak na Westport, Connecticut. Dis was nog ‘n fees in my lewe. Baie rondgereis en wonderlike vriende gemaak.

Terug in SA het hy begin werk by Chet Chemicals, ‘n ver-vaardiger van waspoeiers en huishoudelike skoonmaak-middels. So 10 jaar gelede het ek het hom gehelp om ‘n fabriek winkel te begin. Dit het nou ‘n groot winkel geword wat alles verkoop wat ek in die hande kan kry, ek dink ek werk heeltemal te hard en kan nie wag om bietjie by die see op die stoep te gaan sit nie.

My pa is baie skielik Sept. ’10 oorlede en ek dink hy sou so graag by die reunie wou gewees het. Hy het altyd gesê dit was van die lekkerste matrieks wat hy nog gehad het!

Dankie aan al die ouens wat hard gewerk het om alles te reël.

Viva Pta-Noord

Page 68: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

68

Nerina

Louise Kruger (nèe Walles)

N a matriek het ek by die Universiteit van Pretoria gewerk as laboratorium assistent by departement Entomologie, vir tien jaar. Hier kruis my pad met die

bekende Prof. Erik Holm. Hy stel my bekend aan waterverf sketse en ek help hom illusteer aan sy publikasie van n veldgids vir vrugtetorre.

Op 26 trou ek met Johan en saam het ons twee kinders, ‘n seun, nou 29 en ‘n dogter, nou 27.

Ek kon toe ‘n tuisbly mamma wees vir vier jaar en begin daarna ‘n dagsorgsentrum by my huis. Vinnig groei die sentrum tot klein kleuterskooltjie en vir die volgende 22 jaar is ek voltyds ma, versorger en jufrou vir 27 kindertjies. ‘n Wonderlike voorreg.

Ons gesin het in skoolvakansies deur die land getoer met ‘n karavaan en wonderlike tye saam gehad in veral die Krugerwildtuin en Stilbaai.

Ek en my man het albei so 3 jaar gelede afgetree en het nou baie tyd vir ons rondtoer en sit ons tradisie voort deur elke winter vir ‘n maand Kruger toe te gaan en Desember na Stilbaai. Tussendeur besoek ons ander plekke landswyd.

Ek hou myself besig met naaldwerk en olieverfskilderye en my grootste tydverdryf is om ouma te wees vir ‘n skattige klein 10 maande oue dogtertjie van my dogter-hulle.

Ons is tans besig om ‘n uitgebreide toer vir 2012 te beplan deur Namibië.

Ek en my dogter Jeanine op haar troueJohan, Narina, Anouska, Frans

Page 69: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

69

Johan, ek Clinton en Jeanine

My kleindogter Jinieke

Kobus Billingham

Na 1971 het ek by die Departement van Landbou begin werk .

Gedurende 1972/73 het ek diensplig gedoen en 1974-1978 met n staatsbeursl andbou gaan studeer.

Intussen is ek in 1975 getroud en uit die huwelik is twee pragtige dogters gebore.

Februarie 2009 het ek oupa geword van ‘n kleindogter. In1979 het ek van werk verander en as laboratoruim hoof in Wesselsbron by NCD gaanwerk. In 1982 is ek terug Pretoria toe waar ek by Krygkor begin werk het. Sederdien is ek nog steeds by Krygkor werksaam as projekbestuurder.

In 2006 het ek n hartomleidings-operasie ondergaan en met alle eer en dank aan ons Hemelse Vader ‘n tweede kans op lewe gekry.

In 2008 is ek en my vrougeskei. My gebede is verhoor en ek het so jaar later die wonderlikste vrou ontmoet – Euodia. Ons het intussen verloof geraak en beplan om iewers in hierdie jaar te trou. Dit in kort my lewensverhaal!

“In the depths of winter I fi nally learned there was in me an invincible summer”

Kobus en Euodia

Page 70: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

70

Na skool het ek vakleerlingskap by die spoorweë gedoen en het later gekwalifi seer as ‘n dieselelek-triese tegnikus. In die tyd het ek ook my 9 maande

weermag opleiding voltooi en het ek steeds by my ouers gebly. Later, voor ek getroud is, was ek vir 3 maande op die grens. In 1978 het ek as instrument tegnikus by Naschem (‘n afdeling van Denel) in Lenasia begin werk. Ek het met ‘n goeie “Hi-Fi”, ‘n dubbelbed, ‘n R25 se tweedehandse ys-kas (ons het die yskas steeds en dit werk nog uitstekend in die lapa!) en ou stoele in my eie woonstel in Roodepoort ingetrek. Ek en Carla was toe al verloof en is vroeg 1979 getroud. Carla het in Bloemfontein verpleegkunde gestu-deer sy het middel 1979 graad gekry en as algemene, ver-loskundige en psigiatriese verpleegsuster gekwalifi seer.

Ons het huis gekoop en terwyl Carla van die groot kombuis gehou het, was die groot werkplek agter die huis vir my die beste deel van die huis. Daar het ek menigte motorfi etse herstel.... Ek het vir my ‘n Suzuki 450 cc gekoop en hoewel Carla nie baie beïndruk was nie, het sy besluit om my maar te “join” en ons het heerlik motorfi ets gery en selfs met die motorfi ets met vakansie gegaan – Carla se voorstel. Na die vakansie het ek die 450 ingeruil op ‘n 1000 cc en na 2 keer se val eers die ware krag van die fi ets besef. Met die sneeu van 1981 in Johannesburg en omgewing was ek met die motorfi ets by die werk en het die middag met gevriesde hande tuis gekom. Dit het my darem nie gekeer om ‘n sneeuman te bou nie. Behalwe die motorfi ets was die lekker van daardie dae die CB radio’s. Wie onthou nog “’n maatjie vir ‘n praatjie”?

In 1983 is ons oudste dogter Corika gebore – ‘n pragtige witkoppie met bruin ogies en ‘n maklike glimlag. Voor haar geboorte het Carla twee miskrame gehad en sy moes ophou werk toe sy uitvind sy is swanger. Die fi nansiële druk was maar daar, maar ons het reggekom en na Corika se ge-boorte het Carla tuis gebly om eers kind groot te maak.

In 1985, toe ek na die vakansie by die werk kom is ek ingelig dat ek na Potchefstroom verplaas is. Carla was 7 maande swanger met ons tweede dogter Christelle, en was glad nie beïndruk met die nuus nie. Ek het uitstel vir die trek-kery gekry en ons het gaan huis koop in Potch. Einde

Maart daardie jaar is ons Potch toe met die 2 jarige Corika en 3 weke oue Christelle, ‘n fyn, skraal dingetjie met hel-der blou ogies en bruin haartjies. Dit was maar moeilik vir Carla daardie eerste tyd in Potch – die kleppies in Christelle se magie en dunderm het nie goed gewerk nie en sy het aanhoudend gehuil en gebraak. Ten spyte van die aan-vanklike moeilike tyd het ons gou aangepas op Potch en vriende gemaak. Nou, na meer as 26 jaar, is ons steeds in dieselfde huis en bly baie lekker in Potch.

By die werk het ek instrumentasie gelos en is by die ontwikkelings afdeling as hoëspoed fotograaf opgelei. Ek is steeds daar werksaam en hoewel die werk baie fi sies van aard is, is dit vir my beter as om byvoorbeeld in ‘n kantoor te wees.

Na so 3 jaar in Potch het ek met ‘n seer hart die 1000 cc verkoop en het ons ‘n Caravette 6 karavaan gekoop. Ons het heerlike vakansies met die karavaan gehou en ons hele gesin is nou nog kampeerders. Verlede jaar het ek die kara-vaan verkoop en ‘n boswa gekoop. Ek het die waentjie self ingerig (volgens Carla se voorskrifte!) en ons kamp al heer-lik met die wa. Ons het Namibië en Botswana getoer met tente en die gedagte is om vorentoe met die wa te toer en kamp. Ons is baie lief vir die natuur en kamp graag, veral op meer afgeleë plekke. Ek hou veral van die bosveld en Carla is baie lief vir die berge. So het ons al die Sanipas gery en was ons af na die Hel (Gamkaskloof ).

Met die dogters se opvoeding het ons altyd gesê as hulle eendag sosiaal goed aangepaste, gelukkige volwassenes is wat die Here ken, het ons in ons opvoeding geslaag. Ek is baie dankbaar dat dit wel so is. Corika is ‘n fi nansiële reken-meester en is in Mei 2009 getroud met Johan Swanevelder ‘n IT spesialis. Hulle woon in Johannesburg. Christelle is ‘n bedryfsielkundige en is in Desember 2009 getroud met Otto Taute ‘n elektries/elektroniese ingenieur. Hulle bly in Middelburg. Ja, dis reg – dit was 2 troues (van dogters) in 1 jaar en in die tyd was Carla besig met haar PhD in fi siolo-gie. Sy het verlede jaar graad gekry.

So die kinders is getroud en dis weer net ek en Carla by die huis – en natuurlik Julius die bedorwe hond. Nadat die

Corrin Fourie

Page 71: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

71

kinders uit die huis (en ons sakke) is het ek ‘n werksplek langs die huis ingerig waar ek al my masjiene en toerusting het. Daar kan ek nou na hartelus houtwerk en allerhande ander werkies doen.

Die meeste goed in en om die huis doen ek self en ek het vir Carla houtkaste in die kombuis gemaak. Dit het baie goed gekom en sy is baie gelukkig en tevrede daarmee. Ek hou my graag besig met my hande en ons selgroep vriende (ons is al jare in ‘n selgroep), bure, vriende en familie kom vra gereeld hulp en raad met dit of dat. Ek help graag.

So dit is dan my lewe in ‘n neutedop.

Ek en Carla

Christelle en Otto

Corika en Swannie

Page 72: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

72

Ek is gebore in Port Elizabeth en my laerskool loopbaan begin aan Dr. Viljoen laerskool in Port Elizabeth.

Die Rademeyers is oorspronklik van P.E. en Dr. Viljoen laer-skool het ʼn ryk geskiedenis van Rademeyer familielede wat daar geskool is. So iets wat van ʼn tradisie.

Aan die einde van standerd 3 verhuis ons na Pretoria en ek voltooi standerd 4 en 5 aan die Laerskool Anton Van Wouw. Van beide skole het ek net goeie herinneringe. Man, die blou bul bloed het by Anton Van Wouw begin vloei.

My hoërskool loopbaan het begin by Afrikaans Seuns Hoër. Aan die einde van standerd 7 is my pa oorlede en trek ek en my ma na Rietgat ‘n klein plasie so 15km noord van Onder-stepoort en so beland ek in Pretoria Noord Hoër.

Rietgat hou baie goeie herinneringe in, die naweke op die plaas met nuwe maats, Jakkie Pieters, Phillip Benade, Saai Scholtz en Terrence Prinsloo. Met perde na Pre-toria Noord om vir die “girls” te gaan kuier en vele eska-pades oor naweke waaroor ons vandag nog baie gesels en goeie herinneringe het. Saai (Sarel), ons goeie ou pel, is ons vooruit, maar ek het nog gereelde kontak met die res.

Hoogte punte was om die swart trui te dra vir die eerste rugby span.

Die akademie het maar altyd ʼn tweede plek geneem en die pelle en sport was die belangrikste prioriteite. Soos vele van ons seker sê, as die kinders die helfte aanvang van wat ons gedoen het, bliksem ons hulle stukkend. Gelukkig was dit altyd in goeie gees en het nooit die spreekwoordelike “lyn” oortree nie.

Vroeg na matriek stel Jakkie my voor aan ‘n uitsonderlike Italiaanse nooi, Nunzia. Word smoor verlief en na ‘n bietjie meer as ʼn jaar is ons verloof en’n jaar later getroud. Op die rype en wyse ouderdom van 21 en Nunzia 19 is ons eerstel-ing Rens op pad en slegs 11 maande later volg Gina. Die laat lam, Shaun, volg eers 6 jaar later.

Daar moet nou groot verantwoordelikheid aan die dag gele

word, maar die pelle is nog ongetroud en deel nie graag my nuwe verantwoordelikhede nie. Nie dat ek omgegee het nie, dit was heerlik om nog met die pelle so nou en dan weg te breek.

Gelukkig was Nunzia in die begin heel inskiklik, maar het gou besef dat daar ‘n balans moet wees en is ek ‘n bietjie in die bek geruk. Weereens lag ons vandag nog baie oor die palawes met die pelle, wat almal ook nou gesinsmanne is, en kyk ons terug met baie goeie herinneringe.

Aan die loopbaan kant het dit redelik voorspoedig gegaan. Begin na skool by Chrysler Motors as ‘n personeel klerk sluit later by Leyland aan waar ek vorder tot Personeel Di-rekteur. In 1987 besluit British Leyland om te desinvesteer en onttrek uit Suid Afrika. Ek word deel van ’n bestuurs oorname span wat Leyland Suid Afrika vanaf die Britse re-gering koop en neem verantwoordelikheid as Besturende Direkteur Land Rover.

Dit was werklik een van daardie situasies waar jou werk jou passie was en sekerlik van die beste jare in my loopbaan. Met die oorname van Land Rover deur Ford besluit ek dit is tyd om ʼn breuk te vat. Vestig ons permanent op die plaas maar besef na twee jaar die enigste manier om ʼn klein for-tuin uit boerdery te maak is om met ‘n groot een te begin.

Die beste oplossing is om terug te val op wat jy die beste ken, na soveel jare begin daar petrol in jou are vloei.Ek bekom die MG/Rover agentskap in SA en in vennootskap met die Imperial groep stig ons Pearl Automotive. Later voeg ons die Bentley, Lotus en Proton agentskappe by, en baie onlangs ook Lamborghini..

Tans dien ek as voorsitter van die maatskappy. Probeer vir almal vertel “When we were there”....

As ek terug kyk oor die jare is die grootste seening die vrou en familie wat die Vader vir my gegee het. Ek het drie wonderlike kinders, Rens 36, Gina 35 en Shaun 28. Die grootste geskenk van hulle is ses pragtige kleinkinders, 5 seuns en 1 dogter wat hulle binne 4 jaar vir Oupa en Ouma gegee het.

Pieter Rademeyer

Page 73: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

73

Kyk, ek het altyd meer net geluister en so half skepties geraak wanneer Oupas en Oumas gesels oor die verander-ing wat kleinkinders in jou lewe bring. Ek loop darem nie met die foto’s in die wallet rond nie, maar die van julle wat geseënd is met kleinkinders sal saam stem dit is die mees wonderlikste gevoel op aarde. Amper beter as seks ( Sien nog nie te oud nie).

So ses maande terug het ons die dorp weereens verlaat en permanent plaas toe getrek. Die plaas is al so 20 jaar in ons besit en is die katalises wat ons familie geheg het. My dogt

er, Gina, bly al 13 jaar op die plaas en haar drie seuns 6, 4 en 2 het ʼn wonderlike voorreg om hier groot te word. Die dorpsjapies geniet dit ook en gryp elke oomblik aan om te kom kuier.

Om die pot aan die kook te hou, bedryf ek al my besighede vanaf die plaas en behalwe my motor belange, bestuur ek ook ʼn swart bemagtiging maatskappy, Vuka Forestry Hold-ing, vanaf die plaas.

Die jare het baie ondervindinge, hoogtepunte, laagte-punte, uitdagings, emosies gehad, maar as ek terug kyk is daar niks wat ek graag sal verander nie.

Met elke ondervinding leer mens iets en glo ek dat dit jou ʼn bietjie wyser maak. Wysheid wat jy kan deel met jou klein-kinders en hopelik voorkom as ʼn wyse Oupa. Soos hulle sê dit is belangrik dat ʼn mens herinneringe skep en sonder uitdagings is daar geen moontlikheid vir herinneringe nie.

In my lewe so ver was ek geseënd met baie en hopelik nog baie wat voorlê. Ek sal ʼn boek moet skryf as ek alles wil beskryf.

Elke dag bring nog steeds baie uitdagings, maar is baie dankbaar vir die seëninge wat ons so sonder verdienste van die Vader ontvang.

WG van Niekerk

Goeie..dag,..“Seventy..ones”..

Wou nie van my styl afwyk nie, soos op skool was my opstelle nooit eerste in nie , na skool was my take ook nie eerste in nie, nou is my storie ook nie eerste in nie. Hoop ek is betyds, voor die pers sak. My storie kan ek eintlik baie kort skryf.

Laerskool – by klein pouse was my toebroodjies klaar, toe is ek huistoe. Hoërskool – het ek aan hoogtevrees gelei en is ook huistoe.

Liewer die ware weergawe. My skoolstorie begin 4 Janu-arie 1960, sommige van ons ken mekaar nou al langer as ‘n half eeu. Die kleiossies was lekker om te bou, ons het darem ook geleer om te lees, te skryf en somme te maak (en droog te maak). Ook met musiek kennis gemaak in std 3 toe ek ‘n LP “vinyl” (Sonbrilletjies) by Patrick geleen het om onskuldig te luister, net daar was ek “gehook” so elke bloumaan as my gemoed bietjie af is, dan is dit net oldies wat my weer in ritme kry.

Ek gebruik tot vandag nog die geheime kode (WG) wat juff rou van der Schyff in std 6 aan my toegedeel het. Dit kom handig te pas wanneer ek in ‘n hoek geverf word of wanneer ek belasting ontduiking pleeg. Darem ‘n hou ingekry op Cattie en Wilma in std 7, teen pouse was my toebroodjies altyd gesteel, ek en Johan Kleynhans bedink toe ‘n meester plan, dik peper op ‘n avo toebie, en ons het hulle in ‘n sak, maklikste wat ons ooit girls gevang het. Tot op hede nog nie kans gehad om met Pieter Rademeyer, man tot man te gesels nie. Die wiskunde klasse wat ons in die kolekamer geslip het, het nie vir my gewerk nie. Ek het later in my loopbaan duur skoolgeld daarvoor betaal, duidelik vir jou gewerk, op veertig afgetreë, ‘n paar plase, baie koeie en, en ….. ons het darem op diè ouderdom een ding in gemeen – ons is albei besig met ons tiende miljoen, behalwe vir ‘n baie, baie klein verskilletjie ek kon my eerste nege nie maak nie, sal liewer ‘n “return fi ght” op jou doen en ‘n paar van jou bokke skiet vir biltong.

Kan ook nog onthou, wanneer die eer jou tebeurt geval het en jy vriendelik, via die interkom ‘n persoonlike uit-

Page 74: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

74

nodiging na die hoof se kantoor ontvang het om by hom aan te sluit vir ‘n hofl ikheids besoek. Kêrels help my reg, ek kan nie onthou van ‘n enkele keer dat daar tee en koekies vir ons gereed gestaan het nie. Wat hulle darem van gas-vryheid geweet het............ Dit was altyd baie onpersoonlik, min is gesê, slegs die rottang het gepraat. Ons “luck”, die onderwysers daardie jare kon net tot ses tel. As jy dan by sy kantoor uitstap skreeu jou gat Londen vir ‘n halfuur lank. Een hele periode.

Net ietsie interessants, ek vermoed dit al van skool af. Nou dat ek die laaste paar jaar die sterre bestudeer, het ek klaar-heid en berusting daarmee gevind. Ja dit is wel ‘n feit,die onderwysers kom uit die weste want die wysemanne het uit die ooste gekom.

Na die 1971 vurk in die pad, pak ek drie jaar se studies in en speel oorlog (diensplig) vir ‘n jaar. As ‘n “side show’ swot ek fotomeganika, in die tyd ontmoet ek vir Adri. Met my fotografi ese kennis toe, kon ek mooi foto’s neem van die naakte waarheid. Twee jaar later het die trou by ons oë begin uithang, uit die trouery word drie afstammelinge gebore, met die opvoeding wou ons graag die sielkun-dige model volg maar buite ons beheer het dit ontaard in streng kinders en gehoorsame ouers. Sonder om ‘n verdere seminar by te woon of ‘n kursus te volg is ons status tans oupa en ouma van ses.

‘n Eff ense hartseer storie – presies 36 jaar gelede het ‘n gladdebek ontwikkelaar vir ons ore aangesit, ek onthou nog sy woorde ‘koop Oos, bou Oos, en bly Oos” . Na daardie fl ater kon ons tot hede nie weer bekostig om terug te trek na die beskawing nie.

Pendel nog daagliks per motofi ets, soos skooljare, darem nie meer met ‘n “fi fty” nie maar ‘n cruiser – (ek hou van die “beat”)

Speel nog sonder ophou, my toys word net duurder, trek so ‘n kort koppie agter Johan Smith as dit kom by ons versamelings van Dinky en Corgi model motortjies, as ons twee eers begin karretjies speel, dan sien jy net spoeg spat. Van die oudstes is vooroorlogs ± 1938 (very collectable),

miskien nog nader aan my hart, my 285 “slotcars” (scalec-trix), die oudste ‘n 1958 Lister-Jaguar. Almal loop en in ‘n uitstekende toestand, van hulle is “race –tuned” in klub en 24 uur uithou renne meegeding. Groot pret op 1/32 skaal. Nog het einde niet! Die laaste paar jaar slaan ek my hand aan klassieke sport motors, bou, restoureer en skou hulle, ja ek is “old school” so what.

Nou min of meer ‘n kwart eeu dat ek Johann Smith en Ko-bus Billingham vir dieselfde maatskappy sweet, gebeur dikwels dat ons om die tafel sit met belangrike besluite, en sommer ook ons lot bekla, dan herinner ek hulle altyd aan die lig wat voor in die wapad brand – hou goeie moed kollegas, hulle kan ons nie “fi re” nie, slawe moet verkoop word. Wanneer die “nine to fi ve” vir my en vroulief te veel raak, net voor ons mekaar vermoor, het ons ‘n beproefde stres uitlaatklep wat werk, laai ons “quad bikes” en gaan woed onsself uit in Mosambiek – wheely al die agressie uit in die sand, snorkel in die see en kom terug fris en lus. Ons ruil graag idees uit, miskien het van julle ‘n beter voorstel soos dalk ‘n trip na Mars.

Terug op aarde, miskien nog net ‘n laaste, Hoërskool was tops! Ek moes miskien net meer gehoër het, maar die par-ties, girls en gatskuur op die motorbikes was lekkerder. Miskien verkeerde maats, nee ek was die verkeerde maat, alle grappies op ‘n stokkie, ek glo nog steeds soos daardie Clint Eastwood movie dit uitspel, - “you only live twice”

Julle “seventy ones” ek laaik julle stukkend.

‘n Groot dankie aan diè wat die reunie vir ons gereël het, al hulle “mails” en geduld met die skoliere.

Page 75: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

75

My Laerskool loopbaan was begin en voltooi in Laerskool Danie Malan. en ek was in die Hoër-skool Pretoria-Noord van standerd 6 tot matriek.

Direk na skool het ek gaan werk as Profi nsiale Audit Noord Transvaal vir elf jaar. Daarna by Zeerust Munisipaliteit as Adjunk Tessourier en is na 4 jaar bevorder tot Tessourier.

Ek is getroud met Theana Swarts op 5 December 1982. Theana het ‘n Rekenmeester besigheid en dis waar ek my-self deesdae besig hou. Ons het geen kinders nie. Deesdae spandeer ek ook baie tyd aan lees.

Iets wat my altyd sal bybly is die “onnodige” politieke toespraak wat deur Pik Botha gelewer is op ons matriek afskeid. Ons was so vies daaroor dat ons, dis nou ek, Jo-han Kleynhans, Patric Venter en Phillip Nel, later, by Tryna se huis portugese wyn gedrink het. Die storie het natuurlik by die hoof uitgekom en toe hy my pa aanspreek hieroor was diè se reaksie: “Ja, ek sal maar teleurgesteld gewees het as hy (Hennie) dit nie geproe het nie”.

Daar is ook herinneringe van eiers in die son vrot maak om te gebruik op politieke vergaderings. Tryna se ma was hoeka bekommerd dat die eiers in hulle huis so gereeld “verdwyn” het.

Ons by Hoërskool Pretoria-Noord mag nooit krieket gespeel het nie maar ons het wel “skelm” sokker gespeel, daar agter die saal waar die onnies ons nie kon sien nie. Ons mag nooit kaalvoet by die skool rondgeloop het nie maar sokker het ons wel kaalvoet gespeel.

Daar was die tyd toe ons in die voorligting klas, waar daar natuurlik nooit toesig was nie, eendag ‘n vreeslike lawaai gemaak het terwyl almal papier vliegtuigies rond gegooi het. Een van die vliegtuigies het natuurlik deur die ven-ster gegaan en ons is baie vinnig aangespreek deur een van die onderwysers wat op daardie stadium wou weet “wat de hel” aangegaan het in die klas en wie die die pa-pier vliegtuigies rond gegooi het Hannetjie het ewe kalm en sonder om te skroom geklik deur te sê: “Al die seuns, Meneer, ... en Tryna”.

Hennie Hough

Page 76: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

76

Hennie

Theana met ‘n yslike arbei sap

Cattie Gouws(nèe Meintjies)

My hele laerskool loopbaan was in Laerskool Voor-trekker Eeufees en dit is hier waar ek en Ansa Ros-souw groot beste maatjies geword het. Ek was

toe ook al baie lief vir korfbal. My hoërskool loopbaan was by Hoërskool Pretoria Noord. Steeds maar in die korfbal ding gebly. Bygesit is ‘n foto van my, Anna Botha en Jeanette Smit, uitgetooi in ons kort korftal rokkies. Wat ek goed kan onthou is die toebroodjie stories. Van die ouens het nie geskroom om akkedisse op hulle brood te sit net sodat ons kon ophou het om dit vas te lê. O ja, ons rokke was altyd so kort die ouens het graag onder by die trappe gestaan en geselsies met ons aangeknoop, ons het eers later besef hoekom ons skielik so gewild was. Met die ont-groenning het Pieter Rademeyer altyd die nuwe outjies my been met ‘n vuurhoutjie laat meet en as hulle so bokant die knie kom het hy hulle weg geklap. Ek was ook altyd die een wat kywie gehou het sodat die ouens kon rook.

Ek het Tinus al op laerskool ontmoet toe hy vir my sussie kom kuier het maar later het hy meer oogies vir my ge-maak, maar aanvanklik het ek niks van hom gehou nie. Toe ek in st. 8 was het hulle langs ons ingetrek en dit was nogal ‘n storie om die vryery van my pa af weg te steek (lag ek nou lekker).

Ek het na skool gaan werk vir “Telkom” as administratiewe beampte. In 1973 is ek getroud met Tinus en was vir 4 jaar lank ‘n tuiste skepper. Later het ek by die SANRA kliniek gaan werk, en dit was nogal vir my ‘n “eye opener” om te sien hoe ‘n vreeslike siekte alkoholisme regtig is. Daarna het ek vir SSA gaan werk waar ek bevolkings admin ge-doen het en daarna het ek oorgaan en as PA vir die hoof van die Regs afdeling gaan werk, vir 20 lange jare.

Ek het 2 seuns, Jean en Tinus. Jean het vir my ‘n pragtige kleindogtertjie, Leané gegee en Tinus twee pragtige seuns, Aiden en Dylan. My dogter Lizelle is getroud maar het nog geen kinders van haar eie nie.

Tinus en my seun Jean het ‘n besigheid saam en die ad-ministratiewe gedeelte daarvan hou my vreeslik besig.

Page 77: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

77

My drie pragtige kinders, Jean, Lezelle en Tinus jnr.

Ek en Tinus snr

Heel links staan Tinus jnr., regs van hom my man Tinus snr, my seun Jean tweede van regs agter en Lizelle voor links almal met hulle gade en my klein kinders. My ma (middel voor) is nou einde 2011 oorlede.

Die drie in die middel, Anna Botha, ek (Cattie Meintjies) en Jeanette Smit, uitgetooi in ons kort korfbal rokkies.

Ek as laerskool dogter (en nee, dis nie Tinus daardie nie)

Page 78: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

78

Een van my matriek fotos

Ons heerlike vakansie, hier ry ek lekker op ‘n olifant in Phuket

Louise Venter (nèe Viviers)

Vir my was Mike Prins die vreemdste onderwyser in die skool. Van humor het hy weinig geweet.

Wanneer ons opstelboeke ingeneem is om nagesien te word, was daar dikwels dooie motte in die boeke.

Wat van die dag toe van die seuns ‘n duif in die klas losge-laat het en hy homself in ‘n papie wou lag.

Die tyd toe hy verlief was en pouses op die trappe gesit het en ver in die toekoms gedroom het.

Of wat van die blou gekookte eiers wat niemand wou eet nie, wat hy geëet het net om nie die kos te mors nie.

Ek wonder wat van hom geword het. Het iewers gehoor dat hy aan die Universiteit van die Vrystaat klas gegee het.

Louise

Page 79: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

79

Philip Nel

Na Matriek is ek Stellenbosch toe waar ek Filosofi e studeer het (MA in 1978). Ek weermag toe vir 4 jaar, en in 1982 weer terug Stellenbosch toe vir ‘n

doktorsgraad. Ek was navorser en dosent op Stellenbosch tot 2002 waarna my huisgesin en ek almal Dunedin toe getrek het. Ek werk by die University of Otago, die oudste universiteit in Nieu-Seeland (1869 gestig). Woon in Wanaka (kyk foto), ‘n dorpie in die Suid-Eiland met minder as 10,000 inwoners.

Ek is getroud met Dirkie Badenhorst, voormalige Springbok-netbalspeelster, en ons het twee kinders: Rudolph en Marna. Albei is nog ongetroud en woon in Nieu-Seeland.

Ek ondersteun nog altyd die Stormers (wyle Sarel Scholtz en ek was die enigste twee WP-ondersteuners in Pretoria-Noord, dink ek), maar is opgewonde oor die Crusaders en All Blacks se hardlooprugby.

Tussendeur boeke skryf en klasgee spandeer ek baie graag tyd langs Nieu-Seeland se baie pragtige riviere om forelle met kunsaas te vang. NS is ‘n “fl y-fi sherman’s paradise”.

Vir die wat wil kom groet, my adres is 12B Winders Street, Wanaka, Tel. +64-3-4432352.

Wanaka, Nieu-Seeland (Foto deur Gilbert van Rooyen , ‘n plaaslike kunsfotograaf: http://www.cleangreen.co.nz/gallery1/wanaka/1.htm)

Philip en Dirkie in Marburg, Duitsland (2010)

Page 80: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

80

Annatjie du Plessis (nèe Fouchè)

KORT LEWENSSKETS –

Ek seker een van die min matrieks wat na 1971 ‘n “rustige” lewe in Pretoria-Noord gelei het!

Ek is hier gebore en getoë en steeds dood gelukkig om hier aan die noorde kant van die Magaliesberge te woon. Ons wortels is diep hier ingeplant.

Na matriek het ek ‘n tyd lank by die Departement van Justisie (Biblioteek) gewerk, en toe by die Stadsraad van Pretoria tot 1994. Daar was ek deel van die Uitvoerende komitee van die Bestuurskomitee van die kantoor van die stadsklerk, as senior sekretaresse.

Na skoolse opleiding was my sekretariële diploma, en diploma – Besighede.

1978 is ek en Jan du Plessis getroud, hy was toe in die motorbedryf en my neef het hom aan my voorgestel, ons seun Miles is nou 24 jaar oud en werksaam by Necsa, hy is tans ook besig met verdere studie by Unisa.

Jan is tans in die gelukkige posisie om reeds op pensioen te wees en ek werk nog op ‘n vryskut basis vir ‘n dieetkundige.

Verder hou ek my besig met pretloop, (ek’s mal oor die natuur). Blokkiesraaisels, lees en fl iek. Dan woon ons ook graag musiek en toneel opvoerings by en kuier graag om ‘n braaivleis vuurtjie.

Teedrink saam vriendinne is baie belangrik want dan eet ons wortelkoek (ek’s verslaaf daaraan).

Laaste maar nie die minste: Natuurlik is ons volbloed BLOU

BULLE!

Annatjie

Page 81: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

81

Johan Kleynhans

Johan Paul Kleynhans is op 17 Maart 1954 in Pretoria gebore. Nadat hy sy skoolloopbaan aan die Hoërskool Pretoria-Noord voltooi het, het hy Bemarking geswot

aan die Universiteit van Pretoria

Johan is passievol oor die motorbedryf. Sy loopbaan as konsultant óf werknemer in bemarking, verkope en na-verkope het hom geneem van BMW, Fiat, Alfa Romeo en Nissan.

Johan is al vir 16 jaar werksaam by Nissan Suid-Afrika en beklee tans die posisie as direkteur van bemarking, verkope en na-verkope. Sy liefde vir die motorbedryf strek verder as die kantoor en hy is ‘n vurige motorsport-ondersteuner, nie net voor die TV nie, maar ook langs die renbaan of op die stofpad by veldrenne.

Maar as volbloed Suid-Afrikaner kyk hy ook graag rugby en sokker, en is ‘n kranige gholfspeler en lid by die Woodhill klub.

Johan geniet heerlike, dog, smulkos en ‘n glas goeie plaas-like wyn. Na ‘n besige dag op kantoor ontsnap hy met ‘n boeiende speurverhaal, Jeremy Clarkson se nuutste boek of die musiek van Queen, Dire Straights, die Beatles of in-telligente Afrikaanse musiek.

Johan spandeer graag spesiale gesinstyd met sy vrou en twee kinders en die twee worshonde wat vasglo hulle is rottweilers. Hy is ook lid van PRISA (Public Relations In-stitute of South Afrika en die Gilde van Motorjoernaliste (SAGMJ)

Ons twee worsies wat vas glo hulle is rotweilers

Ek en my hele familie

Ek en my vrou

Page 82: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

82

Het BSc. (Boubestuur) Universiteit Pretoria gestudeer en 20 jaar by Habitech in Pta gewerk.

Later my eie fi rma begin in Pta Oos. Verhuis na Somerset Wes 1994.

Ons bly hier in Somerset Wes die afgelope 16 jaar en is ons in die woningboubedryf, tans meesal vir mense wat van Gauteng hierheen verhuis.

My eerste vrou is in 1987 oorlede en ons het 3 kinders.

Later weer getroud met Karina, geen verdere kinders nie....net 2 kleinkinders, seuntjie 4 en half jaar en dogtertjie 5 maande.

Pierre Rossouw

Ek en my vrou.

Page 83: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

83

Annemarie de Wet(nèe Hoff mann)

My skool loopobaan begin by Laerskool Danie Malan en ek is toe na Hoërskool Pretoria-Noord. Na skool het ek gaan studeer vir Kleuterskool

onderwyseres by Tuks maar verander toe studie rigting na sekretarieël en studeer PA in IT. Ek het toe vir Van Wyk & Louw (nou Eurocon) gaan werk. Later oor na Q Data.

Ek is toe getroud met Andries de Wet en ons het saam twee dogters eers Carina en toe Mia. Ek het ook ‘n stiefseun, Pierre.

My en Andries se paaie het geskei en ek is toe na Zeerust in die Noordwes. Later oor na Ellisras waar ons ‘n plaas gehuur het (toe gekoop het). Daar het ek ‘n Arts & Craft besigheid begin met ‘n gallery en tee tuin. Omdat daar net een goeie hotel op die dorp was het ons besluit om ‘n Lodge te begin. Ek het ook die plaas langsaan uitgekoop.

Ek het ‘n suster Bernice, en ‘n broer Eddie asook 3 halfbroers, Deon, Bernard wat tans in Amerika woon en Stefan.

My suster Bernice, het twee seuns. Haar seun, Johannes, wat getroud is met Jini het 2 klein kinders Nathan en Cayla. Haar seun Thys gaan op die oomblik uit met Anè en hoop om binnekort met haar te trou.

My pa is in 2011 oorlede.

Annemarie

Page 84: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

84

Na matriek aan die Hoërskool Pretoria-Noord het ek die lang pad Matieland toe geneem om daar tussen die eikebome en berge te studeer. Tydens die lang

somervakansies het ek vakansiewerk by ʼn ingenieursfi rma in Pretoria gedoen as tegniese tekenaar. In 1975 behaal ek ‘n B A Beeldende Kunste-graad met Tekstielontwerp, Tekstiel-, Kuns- en Kultuurgeskiedenis as hoofvakke. Deel van ons praktiese opleiding het elke Vrydag in Kaapstad by die Nasionale Kultuurhistoriese Museum plaasgevind en dit het aanleiding gegee dat ek in 1976 een van die eerste Matie-studente was wat ‘n Professionele Nagraadse Diploma in Museumkunde aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf het.

In 1977 begin ek by die destydse Departement van Natuurbewaring en Museums van die Kaaplandse Provinsiale Administrasie werk waar ek ondermeer verantwoordelik was vir die samestelling van die boek Museums van Kaapland (gepubliseer in 1981) en ander publikasies. Die kombinasie van kultuur- en natuurbewaring was lekker interessant en het ʼn holistiese benadering tot ons werk bevorder wat tot vandag deurslag gee aan my lewensbenadering.

In Oktober 1981 verhuis ek terug na Pretoria waar ek as museumbeplanner by die Provinsiale Museumdiens ‘n paar wye draaie in die ou Transvaal gaan maak het. Hoewel dit interessante werk was, keer ek in 1983 terug Kaap-toe en om by die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede te werk. Daar was ek betrokke by die bestuur, bewaring, sensitiewe ontwikkeling en restourasie van nasionale gedenkwaardighede en ander historiese terreine in veral die Wes-Kaap. Dit het my in aanraking gebring met interessante mense en die mooiste plekke in die provinsie. In later jare was ek verantwoordelik vir die koördinering van die streekkantore van die organisasie en dit het meegebring dat ek die land platgery het.

Na die demokratisiering van ons land, het ek in 1996 by die Wes-Kaapse Provinsiale Regering aangesluit as hoof van ʼn nuwe diens waar verskeie kultuurdienste van staatsdepartemente van die ou regeringstrukture na provinsiale vlak verskuif is in ooreenstemming met die

bepalings van die Suid-Afrikaanse Grondwet. Kultuursake is verantwoordelik vir die lewering van dienste deur die Kaapse Museumdiens aan geaffi lieerde museums in die Wes-Kaap, die Kaapse Biblioteekdiens, kultuurbevordering, die bevordering van die drie amptelike tale van die Wes-Kaap asook gemarginaliseerde inheemse tale van die Wes-Kaap en sedert 2003 is ook erfenishulpbronbestuursdienste en die Kaapse Argiefbewaarplek ook by die dienste wat hierdie Direktoraat aan die inwoners van die Wes-Kaap lewer.

As projekbestuurder was ek oor die jare by heelparty grootskaalse restourasieprojekte betrokke, onder meer van die Bien Donné-opstal in die Franschhoek-vallei, die hoofkantore van die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede en die historiese kern van Genadendal, die oudste sendingnedersetting suid van die Sahara-woestyn in Afrika. Laasgenoemde projek is in samewerking met kollegas van die Tegniese Universiteit van Delft in Nederland en die Ontwikkelingsbank van Suid-Afrika onderneem. Ek verteenwoordig ook die Wes-Kaap Provinsie op die Suid-Afrikaanse Wêrelderfenis-konvensie Komitee.

Ek was jarelank deeltydse dosent in Museumkunde by die Universiteit van Stellenbosch, die Kaapse Skiereilandse Tegniese Universiteit en ook by Tukkies tydens my twee jaar-verblyf in Pretoria. Benewens my werk as Hoofdirekteur Kultuursake vir die Wes-Kaapse Provinsiale Regering, reis ek redelik gereeld en gee nog as besoekende dosent klas – verlede jaar by die Universiteit van Minnesota in Minneapolis in die VSA. En tussendeur doen ek ook werk vir UNESCO, die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kultuurorganisasie wat in Parys, Frankryk gesetel is.

Hannetjie du Preez

Page 85: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

85

Hannetjie en Andre

Worcester 2009

Bien Donne

Great Wall of China. 2004

Page 86: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

86

Juff rou van der Schyf – nou Mev. Jacobs

Oud onderwyseres: Tertia Jacobs(nèe van der Schyff )

Na ‘n graad en onderwysdiploma, kry ek ‘n aanstelling by die Hoërskool Pretoria-Noord in Januarie 1963. Op 21-jarige ouderdomkom ek toe daar aan - skaars ouer as sommige van die leerlinge.

Met sterre in die oë stel ek my ten doel om letterkundiges van gehalte in die Afrikaans-klasse te produseer en uitgelese musiekwaardeerders in die “sang”klasse te kweek . Doerie jare was Pretoria-Noord nog platteland en gou is ek sommer opgeneem in die gemeenskap aldaar , om van my aangenaamste onderwysondervindings daar te beleef.

Die kinders het plante , blomme en vrugte aangedra uit die geil tuine daar “noord van die berg.”

Natuurlik het so ‘n jong juff ertjie baie deurgeloop – daar was poetse en partytjies en pieknieks , alles natuurlik in ‘n baie goeie gees.En was daar nie sangtalent nie – talle sertifi kate is op die kunswedstryde verower ! En o , die twee operettes wat groot hoogtepunte was . Maar dis die liefde vir daardie spesiale kinders wat nou nog die hart warm maak - sout van die aarde was hulle. En was dit nie lekker om te verneem wat van sommige geword het nie . Akademies , sosiaal en geografi es is die vlerke wyd gesprei . Ja , sommiges is dan al self grootouers!

Wanneer ek my oë toemaak , hoor ek julle nog sing in die saal en hoor ek die alombekende woorde “Voor in die wapad brand ‘n lig” – ‘n uitdrukking wat vir my ‘n anker geword het in moeilike tye. Ek sal hierdie mooi herinneringe diep in my hart koester – ja , ryk is ek aan herinneringe aan die “goeie ou dae” by die die Hoërskool Pretoria-Noord!

My allerbeste wense vir julle almal.

”Juff rou van der Schyf” – nou Mev. JacobsE-pos : [email protected]

Page 87: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

87

Oud onderwyser : Wouter Pretorius

Ek het in Augustus 1953 na die Hoërskool Pretoria-Noord gekom. Mnr JJN Kruger (Oom Japie) was daardie tyd hoof by PNHS. Mnr JAV Swanepoel was toe vise-hoof.

Ek het sedert Augustus 1953 Duits onderrig vanaf St 6 tot 10. Ek het ook deurentyd Godsdiensonderrig gegee vir standerds 9 en 10. ‘n Kort rukkie het ek ook Afrikaans gegee vir ‘n st 6 klas.

Op ‘n stadium was ek verantwoordelik vir die biblioteek.

My bynaam by die skool was “Peppie”. Van die oud-leerlinge noem my vandag nog “Oom Peppie”. Ook van die ouers van destydse leerlinge noem my nog “Oom Peppie”.

‘n Noemenswaardige prestasie op sportgebied was dat my jukskeispanne gesorg het dat Hoerskool Pretoria-Noord die eerste skool in Noord-Transvaal geword het wat die gesogte Administrateurs-trofee verower het. Ek het ook vir jare die skietspan afgerig.

Tot my aftrede in Junie 1989 (36 jaar verbonde aan PNHS) het ek verskillende hoofde gehad. Na Oom Japie se aftrede het mnr. Johan Steyn hoof geword. Daarna was daar verskillende hoofde, onder andere mnr Johan Kleynhans, mnr Herman Venter (tydelik vanaf Gerrit Maritzskool) en mnr Oosthuizen. Mnr Hansie de Beer was ook geruime tyd hoof.

Oud-leerlinge wie se name ek kan onthou wat dokters of predikante geword het, is Francois Hitchcock (dokter en lid van prof. Chris Barnard se hartspan), Willem Theron (dr), Andre van Coller (dr), Dirk Brink (dr), Johan du Toit (predikant), Gerrit Velthuysen (predikant).

Ten slotte noem ek graag, behalwe my eie bynaam van “Peppie”, met eerbied die byname van onderwysers waarvan die meeste reeds oorlede is. Kollegas waarvan ek die byname geken het, was “Piet Pyp” (Piet Celliers), “Pappa Drake” (mnr Drake wat houtwerk gegee het en ouerig was en korfball afgerig het), “Cooky deLuxe” (mev de Klerk wat huishoudkunde gegee het) en “Oom Swarrie” (mnr Jan Lombard) wat manspersone altyd as “Swarrie” aangespreek

het.

Enkele staaltjies om die lagspiere te prikkel, is die volgende: Voor ons ‘n eie woning laat bou het, het ons geruime tyd by Theo Scheepers (‘n St 9 leerling) se ouers in Oosstraat loseer. My motor (1946 Chevrolet) was slegs deur hessian beskerm teen die son. Een middag is my vrou en ek stad toe. Nadat ons parkeer het, kyk ek ‘n slag terug en sien toe dat ek ‘n paar ekstra “kopligte” aan die motor het. Hierdie “kopligte” was niks anders nie as twee ou “bedkose” wat met draad voor aan die motor vasgemaak was. (Ek neem aan dat Theo en sy maats daarvoor verantwoordelik was).

By die skool het wyle mnr Johan Steyn my die taak gegee om die reelings ivm die aktiwiteitsperiode oor die interkom aan te kondig. Daar was ‘n nuwe dame op die personeel met die van van Lukas. Ek het ‘n assosiasie gemaak met die Bybelboekname, en kondig toe af dat mev Markus asb na mnr Steyn moet kom.

Maar mnr Steyn het ook assosiasies gemaak. Daar het ‘n nuwe dame op die personeel gekom, met die van van Lazenby. Mnr Steyn het die van met die naam van die worcestershiresous assosieer, maar in plaas van mev

Lazenby te roep, roep hy toe mev Holbrook om asb na die kantoor te kom. Opgestel deur W Pretorius(PNHS 1953-1989)

Mnr Pretorius

Page 88: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

88

Page 89: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

89

JAN ROSA ANNATJIENERINA

ANSA KOBUS FREDWONDERLIK DAT GADES OOK DIE GELEENTHEID BYGEWOON HET

Page 90: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

90

WG TRYNA

JAKKIE JOHANYVONNE

BAPSIE

SUSAN

Gades van oud-matrikulante

Page 91: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

91

LOUISE PIERRE

RONEL

JOHAN

KOBUS

KOBUS ANSA ANNATJIE ROSA

TRYNA NERINA JOHAN PIERRE

Page 92: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

92

DIRK ROBBIETRYNA HANNETJIE

DIRK

ROBBIE

DIRK

Page 93: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

93

BAPSIE TRYNA HANNETJIE

NICO JOHAN JAN FRED

JAN SUSAN FRED MIKE AFWESIG : DIE MAPLOTTERS

JARE EN JARE SAAM OP SKOOL

Lekker gesellig saamGades, lekker gesellig saam

JAN ANSA

Page 94: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

94

KARIN Lê DIE GESKIEDENIS

VAN PNHS VOOR JARE EN JARE SAAM OP SKOOL

CATTIE

JARE EN JARE SAAM OP SKOOL

Page 95: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

95

JOHAN YVONNE

DIE MUSIEK MAN

Gades geniet hulself gate uit

KARIN HENNIE

RONELHANNETJIE

ROBBIE JOHAN

ANNEMARIE ANSA

Page 96: Matriek Reünie 1971 - Hoërskool Pretoria Noord

96