matthew dane haal ’n paar muntstukke uit sy baadjie se · atthew dane haal ’n paar muntstukke...
TRANSCRIPT
5
1
Matthew Dane haal ’n paar muntstukke uit sy baadjie se
sak terwyl die hysbak by die sesde verdieping van die
Bismarck-hotel in Atlanta, Georgia, tot stilstand kom.
Die deure gly oop. Die gang voor hom is doodstil. Die meeste
konferensiegangers woon steeds sessies op die grondvlak by.
Hy gaan staan by die muntoutomaat en koop vir hom ’n yskoue
koeldrank.
Hy voel baie tevrede met hoe sy aanbieding verloop het.
Hy het met die gehoor gepraat oor die beste benadering tot
gesprekke tussen die polisie en die familie van die slagoffer. Hy
het eers gedink sy inleidende gedagtes is dalk te lank, want die
meeste mense by hierdie nasionale wetstoepassingskonferensie
het hom al hieroor hoor praat en het nie regtig al die agtergrond
nodig gehad nie. Die skyfi es wat hy gewys het, het egter die
aanslag heelwat ligter gemaak en die gehoor spontaan laat lag.
Hy kon sê wat hy wou sê sonder om enigiemand met sy raad te
verveel of te oorweldig. Noudat sy aandeel aan die konferensie
oor en verby is, kan hy ontspan en die laaste twee dae as deel
van die gehoor geniet.
Vriende het hom genooi om later vanaand saam met hulle
te gaan eet. Hy weet hulle gaan ’n vrou saamnooi sodat hy nie
978-1-4316-1326-7.indd 5978-1-4316-1326-7.indd 5 7/6/2015 4:04:20 PM7/6/2015 4:04:20 PM
6
Die losprys
soos ’n vyfde wiel aan die wa sal voel nie. Sy vriende is so voor-
spelbaar. En nou sal hy die hele aand moeite moet doen om ’n
onbekende vrou op haar gemak te laat voel.
Hy sal die situasie met baie geduld moet hanteer. Hy hoop net
sy ken reeds sy verhaal sodat hy dit nie tydens die ete met haar
hoef te deel nie. Sy vrou, Jessica, het op ’n baie jong ouderdom
gesterf. Hy sal weer trou – hy weet Jessica sou dit wou gehad
het – en hy dink nou en dan daaroor. Maar hy word vanjaar twee
en veertig, en in sy lewe is daar reeds genoeg onafgehandelde
hoofstukke. Hy het nie nog meer komplikasies nodig nie.
’n Jong vrou sit in die gang reg voor sy hotelkamer op die
vloer. Sy staan nie op toe hy naderstap nie. Sy kyk net na hom.
Sy lyk … moeg en effens nuuskierig. Haar wit kortbroek laat
haar lang bene nog meer bruingebrand lyk, en hy sien haar fyn
voete met die geverfde toonnaels in haar oop sandale raak. Haar
helderpienk hemp is opvallend vroulik en helder in teenstelling
met die wit kortbroek. Die klerestyl pas haar en herinner hom
aan sy dogter. Daarom, meer as om enige ander rede, praat hy
met haar. “Soek jy na my?”
Sy maak ’n koevert oop, haal ’n koerantuitknipsel uit en hou
dit na hom toe. “Is dit jy?”
Hy neem die berig by haar. Die berig met die foto daarby is
oud en verweer. Dit begin al skeur waar dit gevou is. Dit was in
die Boston Globe, dink hy toe hy die foto herken. Hy onthou die
dag toe dit geneem is nog baie goed. Sy arm is om sy dogter se
skouers, haar kop geboë onder die kappie van ’n sweetpakbaad-
jie met die polisiewapen daarop. Hy stap saam met haar by die
polisiestasie se trap af.
Sy het so pas sestien geword – skaam, bang, lenig en maer.
Die foto is geneem die dag toe hulle haar gered het, net voordat
hy haar huis toe kon neem. Dit was die heel beste dag van sy
lewe sedert sy verdwyn het toe sy agt jaar oud was. “Ek en my
dogter,” bevestig hy.
Die foto verteenwoordig vir hom en sy dogter die begin van
’n reis wat hulle in ’n pa-dogter-verhouding gedwing het wat
tot vandag toe baie moeilik is om in woorde uit te druk. Becky
978-1-4316-1326-7.indd 6978-1-4316-1326-7.indd 6 7/6/2015 4:04:21 PM7/6/2015 4:04:21 PM
Dee Henderson
7
was afwisselend selfvernietigend en woedend, bang en manies,
oorstelp van vreugde oor haar vryheid, volkome vasbeslote om
haar lewe weer op te bou en om alles wat in daardie verlore agt
jaar met haar gebeur het agter haar te sit. Hy was elke oomblik
daar vir sy dogter. Hy het haar deur daardie heelwordjare gedra,
en hy is nou nog daar vir haar. Vandag is sy merkwaardig ge-
sond en gelukkig, al is sy nog nie volkome heel nie. Ten minste
is sy wys en standvastig, heeltemal in staat om die verlede op ’n
regdenkende manier te hanteer wanneer ander daarna verwys.
“Sy is amper klaar met haar eerste jaar op universiteit,” sê hy
en glimlag toe hy aan Becky dink en aan die vorige naweek wat
hulle saam deurgebring het. Sy het wydsbeen oor die kombuis-
stoel in hulle huis in Boston gesit tydens ’n kort besoek om nog
klere en plakkate te kom haal. Sy het aan ’n wortel gekou en
hom herinner dat hy tog net sy hare moet laat sny. En asseblief,
asseblief, asseblief, kan hy ont hou om van daardie ou leerbaadjie
ontslae te raak voordat hy haar kamermaat se familie kom ont-
moet? Hulle dink al klaar hy is soos ’n tawwe privaatspeurder in
’n TV-reeks. As hy homself as ’n afgetrede polisieman voorstel,
sal dit oukei wees. Maar privaatspeurder impliseer hy hou daar-
van om goed uit te snuffel.
Hy het net gelag vir haar versoek en daardie aand vir haar
mosselsop gemaak. Hy het belowe om sy heel beste voet voor
te sit wanneer hy haar kamermaat se familie ontmoet. Hy was
weereens dankbaar dat sy dogter uit ’n enkelkamer na ’n dub-
belkamer getrek het en dit nou met ’n vriendin deel. Eintlik hét
hy ’n bietjie snuffelwerk gedoen. Hy weet waarskynlik meer van
haar nuwe kamermaat as wat die meisie se ouers van haar weet,
en hy het tot die gevolgtrekking gekom dat sy dogter veilig by
haar sal wees. Die meisie hou van partytjies en uitgaan, maar
sy drink glad nie, bly weg van dwelms en is getrou in haar ver-
houding met haar vriend. Sy is die ekstrovert teenoor Becky se meer teruggetrokke geaardheid, dink Matthew. ’n Baie oulike meisie.
Een van die redes hoekom hy op die nippertjie ingestem
het om as spreker vir iemand anders by hierdie konferensie in
Atlanta in te staan is omdat sy dogter nou goed gevestig is by
978-1-4316-1326-7.indd 7978-1-4316-1326-7.indd 7 7/6/2015 4:04:21 PM7/6/2015 4:04:21 PM
8
Die losprys
die universiteit en beplan om in die vakansie op die kampus te
bly om ekstra klasse te neem.
Matthew kyk weer na die berig en foto in sy hand voordat hy
dit toevou. Hy wonder hoekom hierdie vrou so ’n ou berig by
haar het. Hy gee dit vir haar terug.
“Kan ek jou nog iets wys?”
“Natuurlik.”
Sy haal nog ’n artikel uit die koevert. Hy gaan sit op sy hurke
langs haar sodat hy nie so bokant haar uittroon nie, en laat rus
dan sy een arm gemaklik op sy knie, die koeldrank steeds in sy
hand. Hy neem die tweede koerantberig by haar.
Dit gaan oor ’n vermiste persoon in Chicago, geskryf deur
Associated Press. Nog ’n berig wat in die Boston Globe verskyn
het, besef hy. Shannon Bliss, sestien jaar oud, word saam met
haar motor vermis. Sy het nie huis toe gekom nadat sy die
langnaweek van Memorial Day by vriende gaan kuier het nie. ’n
Beloning van vyf en twintig duisend dollar word aangebied vir
enige inligting. Die foto lyk of dit uit ’n hoërskooljaarboek kom.
’n Mooi meisie, dink hy. Hy kyk na die datum van die artikel.
Dit het elf jaar gelede gebeur. Hy kyk na die vrou voor hom en
sien dadelik die ooreenkoms tussen haar en die meisie raak.
Hy raak nie meer betrokke by soektogte na vermiste persone
nie. Becky het hom ’n paar jaar gelede al gevra om dit nie
meer te doen nie, om liewer net weer ’n speurder te wees wat
rooftogte hanteer of by die polisiekollege klas gee. Sy het hom
gesmeek om sy personeel te bemagtig om sy maatskappy, Dane
Investigations, te bestuur. Ten minste die daaglikse sake. ’n
Vermiste suster is dalk die rede hoekom hierdie vrou spesifi ek
na hom kom soek het. Hy ken wel mense in Chicago wat haar
miskien kan help. ’n Paar van hulle is juis by hierdie konferensie.
Hy hoef maar net ’n paar oproepe te maak om haar met mense
in aanraking te bring. “Jou suster?” vra hy.
“Dit is ek.” Die stilte bly swaar tussen hulle hang ná haar sag-
te woorde. “Ek wil graag huis toe gaan,” fl uister sy.
Hy sien hoe haar kneukels wit word soos sy die koevert vas-
klou; haar ander hand is plat teen die mat gedruk. Sy vermy sy
978-1-4316-1326-7.indd 8978-1-4316-1326-7.indd 8 7/6/2015 4:04:21 PM7/6/2015 4:04:21 PM
Dee Henderson
9
oë en staar in die leë gang af. Hy voel hoe sy spiere ontspan.
“Het jy weggeloop?”
Sy bly so lank stil dat hy nie seker is of sy hom sal antwoord
nie.
“Nee.” Dis meer ’n sug as ’n woord, maar hy hoor dit.
Hy voel hoe sy hart namens haar begin breek. Die regte nuanses
is nou uiters belangrik. Om dit te sien, te hoor. Want hy deel nie
’n geskiedenis met hierdie vrou wat hom sal help om haar te
verstaan nie. “Wat is jou naam nou?”
“Shannon White.”
“Het jy met die polisie gepraat?”
Sy skud haar kop vinnig. Hy laat homself nie toe om op hier-
die erkenning te reageer nie; hy neem dit bloot in. Daar is baie
dinge wat sy werk en sy ervarings met sy dogter hom geleer
het, ’n bewussyn wat ontstaan het uit so baie gesprekke met
mense die afgelope tien jaar. Alles het saamgesmelt en in sy hart
en gedagtes nes geskop. Hy kan dit nie bekostig om nou die
verkeerde aannames te maak of iets verkeerds te projekteer nie.
Die kans dat sy werklik Shannon Bliss is, is skraal, maar daar is
genoeg rede om die waarheid te probeer uitvind. Dit lyk of sy
vir hom die waarheid vertel soos sy dit ken. Here, help my. Hy
stuur die stilgebed op na sy Vader. Dan haal hy diep asem en
blaas dit weer uit.
’n Gang is nie die regte plek om hierdie gesprek te voer nie,
maar ’n onderbreking kan haar dalk laat besluit sy wil nie meer
met hom praat nie. Hy bly dus net daar op sy hurke sit. Daar is
dinge wat hy moet weet sodat hy haar nie verder sal seermaak
nie; daarom kies hy sy volgende woorde uiters versigtig. “Elf
jaar is ’n baie lang tyd. Wanneer het … ?”
Sy laat rus haar hand baie liggies, baie huiwerig, op sy arm en
skud haar kop. “Moet asseblief nie vra nie.”
Sy kyk hom skielik vas in sy oë. Hy kan letterlik sien hoe sy
veg om haar selfbeheersing te behou. Hy sien die wilskrag wat
dit van haar verg om weer kalm voor te kom. Dit sal sy taak be-
sonder moeilik maak as sy sou kies om stil te bly eerder as om al
die besonderhede oor wat gebeur het in een emosionele vloed-
978-1-4316-1326-7.indd 9978-1-4316-1326-7.indd 9 7/6/2015 4:04:21 PM7/6/2015 4:04:21 PM
10
Die losprys
golf met hom te deel. Hy het immers die storie nodig. Maar sy
hanteer haar situasie. Eintlik wys sy vir hom hoe sy gekies het
om haar omstandighede te oorkom, en hy moet dit respekteer.
Sy het geleer om weg te kruip. Die gedagte tref hom diep, met so
’n oortuigende sekerheid dat hy vermoed God het dit aan hom
geopenbaar. Dit klink waar. Wat hy nou by haar sien, is die beeld
wat sy wil hê hy moet sien. Alles is baie doelbewus gekies, tot by
die geverfde toonnaels en die oulike sandale.
Iets in hom ontspan toe hy dit besef. Hy sien haar innerlike
krag. Sy sal dit nodig hê, hoe hierdie verhaal ook al uiteindelik
eindig. “Kom in,” sê hy en staan op. “Ek moet gou ’n paar oproe-
pe maak en ’n ete-afspraak kanselleer. Of wil jy my liewer in die
restaurant hier onder kry? Ons kan vra vir ’n privaat tafel … ”
“Ek wil liewer nie ondertoe gaan nie.”
Sy oë vernou toe hy haar vinnige antwoord hoor. Is daar
iemand in die hotel wat haar bekommerd maak? Hy gebruik sy
kaart om die kamerdeur agter haar oop te maak en staan dan
opsy. Hy bied nie aan om haar van die vloer af op te trek nie. Sy
dogter het hom tog ’n paar dinge geleer. Sy staan grasieus op.
Sy is nie uitsonderlik lank nie, sien hy, en sy lyk gesond. Haar
oë is helder, haar vel egalig bruingebrand, en sy is nie be nerig nie,
wat wys sy is nie te maer nie. Eintlik impliseer haar gespierde
arms en bene dat sy baie atleties is. Daar is klein littekens op
haar sonbruin vel – aan die binnekant van haar een been, op
haar knie, op haar voorarm en op haar pols. Dit herinner hom
aan ’n paar van sy eie littekens van al die jare op die viswaters
en op die boot, van die toue wat opgetrek moet word, van
hardloop oor die strand en klim oor die rotse wat die kuslyn van
Massachusetts tussen die uitgerekte strande ken merk.
Die feit dat daar nie nog meer sigbare littekens is nie, veral nie
om haar polse en enkels nie, is ’n klein bietjie goeie nuus.
Sy kyk in sy hotelkamer rond. Dit is ’n mooi kamer, al is dit
onpersoonlik. Dit is in twee dele verdeel – ’n sitkamer en ’n
slaapkamer. In die sitkamer is daar ’n tweesitplekbank, ’n diep
gemakstoel en ’n klein lessenaar met twee hoërugstoele oor kant
die TV, wat in enige rigting in die vertrek gedraai kan word. Sy
978-1-4316-1326-7.indd 10978-1-4316-1326-7.indd 10 7/6/2015 4:04:21 PM7/6/2015 4:04:21 PM
Dee Henderson
11
tas lê oop op die tweede bed in die slaapkamergedeelte. Hersiene
weergawes van sy lesing lê op die lessenaar.
“Het jy ’n knipmes by jou?” vra sy.
Daar is een aan sy sleutelring. Hy grawe dit uit sy sak, haak
die knipmes af en gee dit vir haar. Sy neem ’n skoon servet van
die tafel met eetgoed om die mes se lem skoon te vee. Dan prik
sy haar vinger en gebruik ’n ander servet om die bloeding te
stop.
Sy vou die servet toe en hou dit saam met die knipmes na
hom toe uit. “’n DNS-toets sal nodig wees om te bewys wie ek
is. En vingerafdrukke. Wat moet ek daarvoor gebruik?”
Hy tel twee velle papier van die lessenaar af op, asook die kof-
fi ebeker op die bedkassie. Dan stap hy badkamer toe. Hy gooi
die koue koffi e, wat hy die oggend nie klaar gedrink het nie, oor
die wasbak oor die een vel papier uit en skud die meeste van
die vloeistof af. Dan sit hy die nat papier saam met die skoon
vel papier op die wasbak se rand neer. “Sprei jou vingers uit
en druk dit op die nat bladsy. Druk dit dan weer op die droë
bladsy.”
Sy doen wat hy vra. Dan spoel sy haar hande in die wasbak
af en droog dit af aan die handdoek wat hy vir haar aangee.
Haar vingerafdrukke raak op albei bladsye sigbaar namate dit
droog word. Die groefi es in haar vel is duidelik genoeg om ’n
bruikbare stel afdrukke vir haar te skep. Hulle stap terug na die
sitkamer.
“Mag ek ’n foto van jou neem?” vra hy en haal sy foon uit sy
sak.
Sy kyk vinnig in die spieël bokant ’n kassie, en hy kan byna
sien hoe sy met haarself redeneer oor hoe haar hare lyk en of dit
oukei is dat sy geen grimering aanhet nie. Hy kan nie help om
te glimlag nie.
“Die sagteware wat ons gebruik, maak dit eintlik makliker
om ’n foto van die jong jy en die ouer jy te vergelyk as jy nie
grimering dra nie.”
“Neem jou foto.”
Hy doen dit so vinnig en pynloos moontlik vir haar en neem
978-1-4316-1326-7.indd 11978-1-4316-1326-7.indd 11 7/6/2015 4:04:21 PM7/6/2015 4:04:21 PM
12
Die losprys
binne sekondes ’n hele reeks foto’s van haar. Hy wys almal vir
haar. “Watter een verkies jy?”
“Die derde een.”
Hy wis die ander uit. “Jy het my kom soek oor my dogter.”
“Ja.”
“Enige spesifi eke rede buiten die feit dat ek al voorheen hier-
die pad gestap het?”
“Wat bedoel jy?”
“Was jy in Boston?”
Sy glimlag effens en systap dan net die vraag. “Geen kom-
mentaar.”
“Volgens daardie artikel is jy nou sewe en twintig. Wanneer
verjaar jy?”
“Die agtste Mei.”
“Regtig? Ek verjaar die tiende Mei. Geluk met jou verjaarsdag,
al is dit ’n bietjie laat.” Hy tel die velle papier met die afdrukke
op – die een waarop hy die koffi e uitgegooi het se hoeke begin
al omkrul – en sit dit in ’n omslag. Dan vou hy die servet netjies
op en bêre dit in sy broeksak. “Ek gaan gou af ondertoe sodat
ek die hotel se faksmasjien kan gebruik en jou vingerafdrukke
na ’n vriend kan stuur. Hy kan dit vergelyk met wat hy in die
databasis met vermiste persone kry. Jy kan solank na die spys-
kaart kyk en vir ons iets bestel om sommer hier in die kamer te
eet – steak en aartappel vir my, asseblief, en enigiets waarvan jy
hou vir jou. Kyk of daar iets op die TV is wat jy graag wil kyk. Ek
sal dalk ’n halfuur of langer weg wees. Ek moet ’n paar oproepe
maak en my planne vir die aand kanselleer terwyl my vriende
hieraan werk.”
“Jy gaan my net hier los met jou skootrekenaar en al jou ander
goed?”
“Shannon … ek en jy sal mekaar die een of ander tyd moet
begin vertrou. Ons kan netsowel nou al begin.”
“Ann.” Matthew sien die vrou wat hy gehoop het om te vind die
978-1-4316-1326-7.indd 12978-1-4316-1326-7.indd 12 7/6/2015 4:04:21 PM7/6/2015 4:04:21 PM
Dee Henderson
13
oomblik toe sy by die deur uitstap ná ’n lesing oor FBI-onder-
soeke in oorvleuelende gebiede, volgens die kennisgewing by
die deur. Hy weet haar man was deel van die paneel wat vrae
beantwoord het.
“Hallo, Matthew.” Sy tree uit die stroom konferensiegangers
sodat hulle kan gesels.
“Kan jy vanaand ’n ou saak in Chicago vir my nagaan en so
gou moontlik vir my ’n opsomming daarvan deurstuur?” Sy het
uit die polisie bedank toe sy getroud is, maar haar kontakte in
Chicago en oor die hele Midde-Weste strek dieper en wyer as
die meeste mense s’n.
Sy stemtoon vang dadelik haar aandag, net soos sy versoek.
Sy kyk met nuwe belangstelling na hom. “Watter saak?”
“Shannon Bliss, sestien, vermis geraak tydens ’n Memorial
Day-naweek.” Hy gee vir haar die datum toe sy verdwyn het.
“Theo behoort die inligting te hê. Hy hanteer die meeste van
die onopgeloste sake oor vermiste persone. Ek sal ’n paar oproe-
pe maak.”
Hy skryf ’n direkte nommer vir haar agter op ’n visitekaartjie
neer. “Ek sal nog laat wakker wees met hierdie saak.”
Sy bêre die kaartjie in haar handsak. “Gee my drie uur. Ek sal
jou bel wanneer ek die inligting het.”
Haar antwoord en haar glimlag herinner hom aan die vele
aangename aande wat hy met haar gedeel het. “Herinner my
weer die een of ander tyd hoekom ek toegelaat het dat Paul jou
voor my neus wegraap.”
Sy lag. “Net Paul het die geaardheid om met my uit te hou.”
“Bly julle die hele naweek hier?”
“Ons gaan ná môre se heel eerste sessie terug Chicago toe.”
“Ek sal dalk met Paul ook moet gesels.”
“Ek sal hom waarsku.” Sy het nog nie gevra waar sy skielike
belangstelling in die saak vandaan kom nie. Ann weet beslis hoe
om ’n geheim te hou en dit te respekteer wanneer inligting nog
nie bekendgemaak kan word nie. Tog kyk sy skalks op na hom
toe sy weer praat. “Gaan hierdie saak interessant genoeg wees
dat ek nie spyt sal wees ek offer my aandete op om binne ’n paar
978-1-4316-1326-7.indd 13978-1-4316-1326-7.indd 13 7/6/2015 4:04:21 PM7/6/2015 4:04:21 PM
14
Die losprys
uur vir jou al die inligting te kry nie?”
Hy weet die kans dat die vrou bo in sy kamer Shannon Bliss is,
is skraal, maar hy vertrou sy instink. “Jy sal nie spyt wees nie.”
Hulle besef skielik hulle staan in die pad van die mense wat
by die saal wil in- en uitgaan. Matthew staan dus vinnig eenkant
toe. “Ons gesels later weer,” sê hy met ’n glimlag vir haar, maar
sy steek haar hand na hom toe uit. Matthew gaan staan.
Haar nuuskierigheid verander in ’n skerp belangstelling.
“Matthew, jy herken tog seker die van, nie waar nie? Haar broer,
Jeffery Bliss, is ’n kandidaat in die goewerneursverkiesing.”
“Ek volg mos nie eintlik die Illinois-verkiesings nie. Gaan hy
een persent van die stemme kry, of staan hy ’n goeie kans om te
wen?”
“Ek stem vir hom,” antwoord sy sag.
Hy krimp innerlik ineen. “Ek wens eintlik jy het dit nie vir my
gesê nie. Grawe asseblief vanaand so diep in hierdie saak as wat
jy kan. Bel my. Ek sal na jou toe kom.”
“Jy sal oor ’n paar uur van my hoor.”
“Dankie, Ann.”
Matthew stap terug voorportaal toe. Hy weet Ann sal vir hom
al die inligting kry wat hy nodig het. Hy weet ook wie hom sal
kan help om die volgende klip uit sy pad te rol. As hy die man
net in hierdie groot groep mense kan kry … Hy dink ’n oomblik
en stap dan na die hotel se kroeg toe.
“Tom.” Matthew gaan sit op die kroegstoeltjie langs die sheriff
wat die konferensie gereël het. Dit lyk of sy vriend hoop die
koeldrank wat hy drink, sal anders proe as wat hy dink dit gaan
proe. “Wie in die laboratorium skuld jou ’n guns?” vra Matthew.
“Ek het ’n paar name op ’n lysie iewers. Wat het jy nodig?”
Matthew vou die servet oop. “’n DNS-profi el van dié bloed.
Vanaand nog.”
“Is dit persoonlik of professioneel?”
“Professioneel, maar nie-amptelik totdat ek sê dis amptelik.
978-1-4316-1326-7.indd 14978-1-4316-1326-7.indd 14 7/6/2015 4:04:21 PM7/6/2015 4:04:21 PM
Dee Henderson
15
Dit help nie ek gooi die jakkals sonder rede in die hoenderhok
nie.” Matthew en die man by hom kom al langer as tien jaar
saam en sy antwoord is voldoende in die lig van die werk wat
hy dikwels doen.
Tom knik. “Toevallig skuld die plaaslike FBI-laboratorium my
’n groot guns.” Hy haal ’n notaboekie uit sy hempsak, skryf iets
neer, skeur die blaadjie af en vou dit toe. Dan klap hy sy vingers
in die lug en wink vir ’n polisiebeampte wat by die deur staan.
“Dis Collins,” sê die sheriff toe die man haastig nader stap. “Hy
is uitstekend wanneer dit kom by rompslomp wat omseil moet
word.”
Hy gee die nota en die servet vir Collins. “Gaan gee dit vir
Elizabeth Perkins by die FBI-laboratorium,” sê hy vir die polisie-
beampte. “Wag sommer ’n paar uur daar totdat sy vir jou die
geheuestokkie met die uitslae kan gee.”
“Maak so, Sheriff.”
Matthew skryf ’n telefoonnommer agter op ’n visitekaartjie
neer. “Bel my asseblief wanneer jy die inligting het, Collins. Ek
sal dan vir Elizabeth ’n ander DNS-profi el stuur sodat sy dit kan
vergelyk. Vra haar dan om die servet met die bloed en die uitslae
te vernietig. Die geheuestokkie moet in ’n kluis gebêre word,
met sheriff Tom se naam daarop.”
Collins neem die kaartjie en stap weg.
“Enigiets anders wat ek vir jou kan doen?” vra Tom met ’n
skewe glimlag.
Matthew klap die sheriff op die skouer toe hy van sy stoel af
gly. “Bel my voor die konferensie klaar is. Ek het dalk oor ’n paar
dae iets vir jou om te doen.”
“Iets interessants?”
“Het ek al ooit vir jou ’n vervelige saak gegee?” kap Matthew
terug en lag. “Dankie, Tom.”
“My plesier. Elizabeth is uitstekend. Jy behoort jou inligting
oor drie uur te hê.”
“Ek sal jou laat weet wat aangaan.”
Matthew stap terug na die voorportaal om uit te vind waar
die hotel se kommunikasiesentrum is. Daar is nou mense wat
978-1-4316-1326-7.indd 15978-1-4316-1326-7.indd 15 7/6/2015 4:04:21 PM7/6/2015 4:04:21 PM
16
Die losprys
aan twee van sy dringendste behoeftes aandag gee.
Die kommunikasiesentrum is oorvol polisiebeamptes wat kri-
sisse in hulle onderskeie gebiede moet hanteer. Toe Matthew
uiteindelik toegang tot ’n faksmasjien kry, bel hy vir Gregory
by vermiste persone. Hy antwoord die oproep met ’n bars hallo.
“Ek het gedink ek sal jou nog by die werk kry.”
“Jy ken my, Matthew. Vrydagaande is wanneer die chaos los-
bars. Ek sien jy is in Atlanta. Wat het jy vanaand vir my?”
“Ek stuur vir jou vingerafdrukke deur.”
“Ek sien die bladsye kom al deur, ja. Wag net gou … ” Die
stem aan die ander kant verdwyn ’n oomblik. “Wat op aarde is
dit? Koffi e? Tee?”
“Koffi e. Die oomblik het kreatiwiteit geverg.”
“Ek sien so, ja. Die afdrukke is … nie te sleg nie. Goed genoeg
om mee te kan werk. Ek sal dié tegniek moet onthou.”
Matthew stap by die besige kommunikasiesentrum uit, vind
’n stil hoekie en blaai deur die foto’s op sy foon. “Ek stuur ook
vir jou ’n foto.” Hy stuur die foto na Gregory se direkte e-pos-
adres toe.
“Goed … ek het dit. Wie is ons mooi meisie?”
“Sê jy vir my of dit Shannon Bliss is of nie. ’n Ou saak van
Chicago.”
“Jy is nie ernstig nie.” Gregory se stem verklap sy verbasing.
“Regtig? Die pers kontak ons steeds elke nou en dan oor hierdie
saak. Seker oor die verkiesing wat nou aan die gang is. Hou
gou aan. Ek kan binne minute vir jou die inligting oor die
vingerafdrukke gee. Die foto gaan langer neem omdat dit ’n ou
saak is.”
“Moenie die foto en afdrukke in die databasis registreer nie.
Hierdie navraag moet nou eers nie-amptelik bly … en nét vir jou
aandag.”
“Dis nie ’n probleem nie. Hulle werk die sagteware op die
oomblik by. Ek kan in elk geval niks op die stelsel laai nie, al sou
978-1-4316-1326-7.indd 16978-1-4316-1326-7.indd 16 7/6/2015 4:04:21 PM7/6/2015 4:04:21 PM
Dee Henderson
17
ek wou. Ek sien hierdie foto is minder as ’n uur gelede geneem.
Is sy nou by jou in Atlanta?”
“Geen kommentaar.”
“O, een van daai … Goed, kom ons kyk. Ek skandeer gou
die afdrukke. Die rekenaar sal die res doen. En die vergelyking
sê vir ons … Ek hoop jy weet hoe om hierdie vrou weer in die
hande te kry, want sy is beslis Shannon Bliss. Ek het ’n positiewe
uitslag vir al tien vingerafdrukke.”
Matthew voel hoe die spiere in sy rug styf trek van spanning
toe hy die positiewe antwoord kry. Dit is goeie nuus, maar dit
sit ook ’n dringende reeks stappe aan die gang wat die lewe vir
hom baie moeilik kan maak. “Daar is geen twyfel nie? Die af-
drukke stem ooreen?”
“Geen twyfel nie,” verseker Gregory hom. “Gee my twee uur
vir die foto. Hoe lank is dit nou? Elf jaar? Dit is heelwat ver-
oudering om in ag te neem. Ek kyk juis nou na die lêer. Daar
is drie foto’s waarmee ek joune kan vergelyk … die een uit ’n
skooljaarboek, dink ek. Die ander twee foto’s saam met vriende.
Ek het dus ’n goeie grondslag om vanaf te werk. As ek na die
foto’s kyk, lyk dit of dit sy is. Maar sy het nogal baie verander
die afgelope elf jaar.”
“Stuur vir my ’n SMS wanneer jy die uitslae het. Hoe lyk die
lêer wat jy oor haar het?”
“Dik, baie dik. Ek sal vir jou die toegangskode stuur sodat jy
kan inlog en die besonderhede kan lees. Daar is veertien mense
wat al oor die saak navraag gedoen het. Chicago se polisie, die
FBI van die Midde-Weste, familie, twee privaatspeurders, lyk
dit my, en drie speurders wat aan soortgelyke sake gewerk het.
Wil jy almal se besonderhede hê?”
“Asseblief.”
“Ek stuur dit nou aan. Die huidige foto … sy lyk gesond. Het
sy destyds weggeloop?”
“Ek kan nie nou al sê nie. Ek sal jou môre meer inligting kan
gee en jou laat weet of ons gereed is om dit ’n amptelike onder-
soek te maak. Maar dit sal waarskynlik ’n hele ruk net tussen ’n
paar mense moet bly.”
978-1-4316-1326-7.indd 17978-1-4316-1326-7.indd 17 7/6/2015 4:04:21 PM7/6/2015 4:04:21 PM
18
Die losprys
“Ek sal niks sê voordat jy my die groen lig gee nie.”
“Kan jy vir my toegang gee tot haar DNS-profi el sodat ons dit
kan vergelyk met wat ons het?”
“Ek het nou net vir jou die FTP-kode gestuur. Ons het sekere
protokol in plek geplaas vir feitlik elke DNS-toetsfasiliteit in die
land. Jy kan nou haar DNS-profi el direk vir ’n lab van jou keuse
stuur.”
“Dankie. Luister … as dit uitlek, as die pers jou bel, of iemand
in die familie of die polisie … ”
“Ek sal my beste ‘waarvan praat jy?’-antwoord gee. As ek met
die data gekonfronteer word, sal ek net sê ek het dit anoniem
ontvang, totdat jy vir my ’n ander opdrag gee. Ek kan sien wat-
ter storm dit in die publiek kan laat losbars. Ek sal liewer daar-
van wegbly, dankie. Ek hou van my stil Vrydagaande agter my
lessenaar.”
“Ek waardeer dit, Gregory.”
“Dis mos waarvoor vriende daar is. Ek is bly vir jou, Matthew.
Jy het ’n wensaak nodig.”
“Dis nie een van my sake nie. Hierdie een het eintlik net in
my skoot geval.”
“Werk aan ’n saak, hoe jy dit ook al kry. En kyk mooi na haar.”
“Ek sal probeer.”
Matthew druk die foon dood. Die vingerafdrukke het be-
vestig wie sy is. Die res van die inligting is dan eintlik net ’n
formaliteit. Sy is Shannon Bliss. En die naweek wat voorlê, het
so pas baie meer opwindend geraak.
Hy vryf oor die agterkant van sy nek en wens hy het laas
nag meer slaap ingekry in plaas daarvan om nog verder aan sy
lesing te werk. Shannon het nogal baie in beheer gelyk toe sy
hom genader het, maar dit was waarskynlik ’n goed geoefende
skans. Wanneer haar storie in die media bekend word, sal hy die
lae onder daardie uiterlike kalmte na vore sien kom. Hy durf nie
nou fokus verloor omdat hy moeg is nie. Hy weet hy sal die een
wees wat haar, op vele maniere, regop moet hou terwyl hierdie
saak ontvou.
Matthew bel sy vriende om hulle ete-afspraak te kanselleer.
978-1-4316-1326-7.indd 18978-1-4316-1326-7.indd 18 7/6/2015 4:04:21 PM7/6/2015 4:04:21 PM
Dee Henderson
19
Hy sê bloot daar het ’n saak opgeduik wat al sy aandag verg.
Hy sal vir Shannon deur die volgende paar dae moet dra, maar
hy sal ook vir haar ruimte moet skep om asem te haal. Anders
gaan hierdie ervaring vir haar net so traumaties wees as toe sy
destyds ontvoer is. Dit is uiters noodsaaklik dat hy haar identi-
teit beskerm so lank as wat hy kan. Hy sal dit egter nie alleen kan
regkry nie. Hy sal hulp nodig hê, hulp wat hy uiters versigtig sal
moet kies. Ann en Paul Falcon – hulle het die kontakte in Chicago
en die invloed om sake wat haar familie raak eers geheim te hou.
Die Falcons gaan môre terug Chicago toe, waarskynlik met ’n
privaat vliegtuig aangesien Ann ’n ervare vlieënier is. Sy het
vir haar studies betaal deur as vlieënier te werk. Dalk kan hy
Shannon oorreed om saam met hulle Chicago toe te gaan.
Hy kyk hoe laat dit is. Hy is al byna vyftig minute uit die
kamer. Dit is te lank. Hy moet die DNS-uitslae kry sodat dit
saam met die vingerafdrukke kan bevestig wie sy is. Dan kan hy
die laaste balle aan die rol sit. Hy stap hysbak toe.
Shannon sal vanaand vir die volgende twintig jaar onthou.
Dit is sy verantwoordelikheid om toe te sien dat alles vir haar
ten goede uitwerk, dat sy nie verder seerkry nie. God het im-
mers belowe om alles ten goede te laat meewerk vir dié wat
Hom liefhet, selfs die tragedies van die lewe. Matthew besef hy
leef nou in een van daardie oomblikke.
Hy besef skielik dat God die tragedie van wat met sy dogter,
Becky, gebeur het, gebruik het as die rede waarom Shannon hom
gekies het. Sy sal voordeel trek uit wat hy uit Becky se ontvoe-
ring geleer het. Dit sal vir haar makliker wees om na haar ou
lewe terug te keer op grond van die ervaring wat hy opgedoen
het.
Goed, laat die pret begin, dink hy. Hy sal sorg dat hy hierdie
keer alles reg doen.
978-1-4316-1326-7.indd 19978-1-4316-1326-7.indd 19 7/6/2015 4:04:21 PM7/6/2015 4:04:21 PM