met 'n moerse gejuig. afrikaans staan sterk in sy indo-europese wortels
TRANSCRIPT
-
7/28/2019 Met 'n Moerse Gejuig. Afrikaans staan sterk in sy Indo-Europese wortels.
1/16
1
Afrikaans staan sterk in sy
Indo-Europese wortelsPieter Uys
n Sin- en diachroniese analise van n greep uit die spreektaal soos in
Junie 2013 deur n vriend van my by n kafee aan die Wes-Rand
aangehoor. Die spreker het op sy selfoon gepraat terwyl hulle toustaan
om by die toonbank bedien te word. n Beskrywing van die spreker se
voorkoms en kleredrag verskyn aan die einde op bladsy 15.
-
7/28/2019 Met 'n Moerse Gejuig. Afrikaans staan sterk in sy Indo-Europese wortels.
2/16
2
Hier volg eerstens n woord-analise met identifisering van die Proto-
Indo-Europese (vereenvoudig tot Indo-Europese) stamwoord sowel
as enkele opmerkings oor verwante woorde in sustertale,
leenwoorde uit Engels, eufemisme en modaliteit deur die
aanwending van kragwoorde.
Tweedens identifiseer ons elemente van die Indo-Europese potika
in die alliterasie- en assonansiestruktuur van die teks, en derdens kyk
ons na die opbou, klimaks en afname van beskrywende intensiteit. Al
die voorvermelde eienskappe is reeds minstens 8 000 jaar aktief in
Indo-Europees en haar afstammelinge.
Wat gebeur het is hyt sy gat gewip by
die party toe fok hy daar weg met n
moerse gejuig, toet hy iewers uitgeswaai
vir n anner kar en die veld ingedonner,
wat ok alright sou wees maar daar was n
klein muurtjie toe rol hy die bakkie.
-
7/28/2019 Met 'n Moerse Gejuig. Afrikaans staan sterk in sy Indo-Europese wortels.
3/16
3
ANALISE: WOORDE EN FRASES
gat [hier gebruik as eufemisme vir boude]
Ons neem kennis van Dr Lariza van Niekerk se bevinding:
Wanneer hierdie eufemismes die woord anus, asook die plat woorde gat en
hol vervang, het hulle 'n sterker effek van versagting en verbloeming. Word
hulle gebruik as eufemismes vir boud of boude, is hul funksie eintlik geestigheid
of spot, en slegs tot 'n mindere mate werklik versagting, aangesien die woord
boud(e) nie werklik as plat, aanstootlik of onfatsoenlik beskou word nie.*1
Daar bestaan twyfel oor die Indo-Europese oorsprong omdat dit onwaarskynlik
is dat so n skaamwoord se semantiese spektrum ook die neutrale opening of
gat in grondsou aanneem. Indien die woord by die uitgestorwe Waskoniese
taal van Europa geleen is, hou dit verband met Baskies ate = deur, poort.
gatzn. opening; achterwerk
Mnl. ut den nese gaten(mv.) uit de neusgaten *1236; CG I, 23+, clene gatenkleine (keel)gaten
[1276-1300; CG II, Nat.Bl.M], so crupet dor .i. nouwe gatdan kruipt hij door een nauwe
opening *1287; CG II, Nat.Bl.D], op u gat ghevenop je achterwerk geven *1481-83; MNW]. Os.
gatoog van een naald (mnd. gatholte, breuk > nhd. Gatt(zee)gat); ofri. gat,jet(nfri. gat);
oe. geat, gt(ne. gate deur, poort); on. gathol, opening (nzw. (dial) gatgat, daarnaast gatt
in bijv. Kattegattuit mnd. of mnl.); < pgm.*gata-opening, passage. Ook wordt gatwel in
verband gebracht met Gotisch bi-gitanbevatten.
Verdere etymologie onzeker. Er wordt wel gedacht aan verwantschap met Grieks khzein
schijten, khdanos, achterste en Armeensjetstaart, waarbij ook Sanskrit hadatischijten,