my veertig jaar in die suid-afrikaanse polisie · 2018. 10. 8. · voorwoord in die loop van...

117
MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE Johan Ferreira

Upload: others

Post on 23-Feb-2021

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

MY VEERTIG JAAR

IN DIE

SUID-AFRIKAANSE POLISIE

Johan Ferreira

Page 2: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

VOORWOORD

In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en

staaltjies wat mens bybly.

Omdat die meeste van hierdie stories oor my persoonlike wedervarings gaan, moet

die leser my maar vergewe as die woord “ek” gereeld in die teks voorkom. Dit is my

manier om die stories te vertel.

Baie van die insidente was komies, sommige dalk ʼn bietjie stout, maar daar was ook

dié wat my aan die hart gegryp het.

In hierdie boekie is ʼn paar insidente oor my lewe in die Suid-Afrikaanse Polisie.

Ek wil die leser by voorbaat waarsku dat ek myself aangematig het om die stories so

hier en daar bietjie “op te sous”, soos ʼn familielid eendag dit beskryf het.

Johan Ferreira

September 2011

--ooOOoo—

Page 3: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

1

DIE BEGIN VAN ‘N LOOPBAAN

In my lewe was ek nog net een maal sonder werk.

Dit was in die tyd vandat ek die skoolbanke vaarwel toegeroep het totdat my aansoek

om indiensneming in die Suid-Afrikaanse Polisie goedgekeur was.

Ek was bevoorreg om net een keer in my lewe aansoek te moes doen vir werk, want

die polisie was al werk wat ek ooit gehad het.

As ʼn jong man wat pas 18 jaar oud geword het, is ek op 20 Maart 1963 opgeroep om

by Kaptein Jack Hurter se kantoor in die Maritime-gebou in Pretoriusstraat, Pretoria

aan te meld.

Ek het in die pak klere waarin ek kort tevore aangeneem en voorgestel is, daar

gerapporteer waar die kaptein my meegedeel het dat my aansoek om indiensneming

in die Suid-Afrikaanse Polisie goedgekeur is. Hy het my na een van die personeellede

verwys waar ek ʼn paar dokumente moes invul, onder meer vir ʼn lewens- en

uitkeerpolis.

Daarna is ek weer voor die kaptein geparadeer. Ek moes op aandag voor hom staan.

Nadat hy die eed aan my voorgehou het, het hy my aangesê om my regterhand in die

lug te steek en te sê: “So help my God.”

Kaptein Hurter het my toe ingesweer. Hy het hy my gelukgewens en in die geledere

van die Suid-Afrikaanse Polisie verwelkom. Die kaptein het my ook vriendelik vertel

dat die polisie ʼn edel beroep is en dat ek altyd moet besef dat ʼn polisieman daar is om

die samelewing te dien. Hy het verder gesê dat ʼn beroep in die polisie vol avontuur

is, maar dat daar ook slaggate en versoekings in my pad sal kom. Dit sal van myself

afhang of ek daarin sal trap en of ek daaraan sal toegee. Hy het ook melding gemaak

dat ʼn polisieman nie altyd onder toesig sal werk nie en dat dit van my eie integriteit

Page 4: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

2

sal afhang of ek die vertroue wat die staat, die polisie en die gemeenskap in my stel,

waardig sal wees. As ek hierdie vertroue eerbiedig, sal my beroep geseën wees. Hy

het ook gesê dat die R85 wat ek aanvanklik per maand gaan verdien, dalk vir ʼn jong

man wat pas uit die skool gekom het, na ʼn klomp geld gaan klink, maar dat ek altyd

versigtig te werk moet gaan hoe ek my geld bestuur. ʼn Polisieman kry nie baie geld

nie, maar sy geld is geseën en hy sal nooit honger hoef te gaan slaap nie. Nog dinge

waarteen hy my gewaarsku het, was om my vriende reg te kies, om nooit gunste en

geskenke by die publiek te aanvaar nie en om elke lid van die publiek, of hy arm of

ryk, wit of swart, eenvoudig of hooggeplaas is, met eerbied en met onpartydigheid te

behandel.

Ek was na die polisie-fotograaf geneem, waar hy ʼn foto vir my aanstellingsertifikaat

geneem het. Daarna is die magnommer 42600 aan my toegeken. Van toe af het my

naam tweede gekom. Ek het ʼn nommer geword.

Nadat hy my van al die moets en moenies in die polisie vertel het, het hy ʼn roetevorm

aan my oorhandig en aangesê om by die Brooklyn polisiestasie in Duxburyweg,

Hillcrest, Pretoria te gaan aanmeld. Ek moes daar as ʼn student-konstabel in

privaatklere werk totdat ek opgeroep word vir my basiese opleiding aan die

Polisiekollege.

By die polisiestasie is ek voor die Stasiebevelvoerder, adjudant-offisier Jonker

geparadeer. Hy het my eers goed deurgekyk en vertel wat hy van my verwag het.

Die eerste wat ek moes verstaan, is wat ʼn student-konstabel, konstabel, sersant en

adjudant-offisier is, waar hulle in die struktuur inpas en dat ek my meerderes en die

publiek altyd moes respekteer en opstaan as hulle met my praat. Ek moes weet hoe

die verskillende rangtekens lyk. As ʼn polisieman sterretjies op sy skouers gehad het,

moes ek weet dat dit ʼn offisier is en as hy medaljelinte op sy bors en goue borduursel

op sy pet gedra het, moes ek weet dat dit ʼn grootkop is en dat ek sover moontlik uit

sy pad moes bly.

Page 5: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

3

Ek is toe in gepos as aanklagtekantoor-reserwe en is op een van die vier aflossings

geplaas, waar ek skofte sou werk. My direkte bevelvoerder was ʼn sersant Kleynhans,

wat my moes oplei om in die aanklagkantoor te werk. Hy was ʼn regte verbitterde ou

korrelkop en baie streng. Hy was al baie naby aan sy aftrede. Ek moes leer om al die

registers in die aanklagkantoor foutloos by te hou en moes later ook leer om

verklarings van die publiek wat een of ander geringe misdaad kom rapporteer het, af

te neem. As dit stil geraak het op die nagskof, het sersant Kleynhans my vertel van sy

omswerwinge in die polisie en hoe hy tydens die Tweede Wêreldoorlog in die Noorde

moes veg, maar dat “hulle” hom na al sy opofferings slegs ʼn sersant gemaak het.

Volgens hom het hy genoeg ondervinding en kennis gehad dat “hulle” hom tenminste

in majoor kon maak. Ek kon dit nie verstaan nie, want hy was bekwaam en streng.

Kaptein Hurter wat my ingesweer het, was nog redelik jonk en hy was al ʼn kaptein,

maar sersant Kleynhans was al ʼn ou man.

Ek het later uitgevind dat sersant Kleynhans nooit in sy lewe aan ʼn

bevorderingseksamen deelgeneem het nie en dat hy maar eintlik self vir sy situasie

verantwoordelik was.

Ek het gou in die roetine van werk in die aanklagkantoor ingeskakel en binne ʼn paar

weke was ek al so vertroud met die werk dat ek al hoe meer verantwoordelike take

begin ontvang het. As ek vandag terugdink aan daardie dae, besef ek dat die ou

sersant maar te gretig was om al die verantwoordelikhede op my af te skuif. Dan kon

hy sit en tob oor die onregte wat die polisie hom aangedoen het.

Ek het verneem dat, as jy in die polisie wou vorder, jy die bevorderingseksamens moes

aflê. ʼn Lid kon na drie jaar ʼn sersant word op voorwaarde dat hy al mondig was.

Twee jaar later was hy geregtig om eksamen te skryf na die rang van adjudant-offisier

en na nog twee jaar na luitenant. Die eksamens was volgens die manne baie moeilik

en bitter min lede het die eksamen met die eerste probeerslag geslaag. Mens moes

Page 6: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

4

ook al agt vakke gelyktydig slaag en die kandidate moes twee vakke op ʼn dag aflê.

Op hierdie manier was die kandidate gesif en net die bestes het geslaag.

Die manne soos sersant Kleynhans, wat nie eksamen kon of wou skryf nie, is

eenvoudig net nie bevorder nie. Hulle moes wag totdat hulle agttien jaar diens (met

ʼn skoon gedragstaat) gehad het voordat hulle in aanmerking kon kom vir

bevordering. Die slotsom was dat die geleentheid daar was, maar dan het dit van

jouself afgehang het of jy dit wil aangryp of nie.

Ek het vir nege maande as ʼn student of Brooklyn gewerk en is in Januarie 1964 na die

polisiekollege gestuur om my basiese opleiding te ontvang. Die nege maande op

Brooklyn was vir my baie aangenaam en ook leersaam. Toe ek by die Kollege

aangekom het, het ek meer van polisiewerk geweet as baie van die instrukteurs by die

Kollege.

Ek het toe al, heel aan die begin van my loopbaan, vir myself voorgeneem dat ek nie

vir ewig ʼn konstabel of ʼn sersant wou wees nie. Ek het vir myself ʼn doelwit gestel

om so gou as moontlik ʼn sersant te word en om daarna elke moontlike geleentheid

wat na my kant toe kom, aan te gryp. Ek wou eendag ʼn bors vol medaljes en ʼn pet

met goue borduursel dra en baie sterretjies op my skouers hê.

Wat hierna volg, is sommige van die insidente en staaltjies wat ek vir die volgende

veertig jaar ervaar het.

--ooOOoo—

Page 7: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

5

MY EERSTE BLAPS

Die polisiestasie in Brooklyn was destyds ʼn ou herehuis, in Duxburyweg – reg oorkant

die bekende Hillcrest Swembad. Vandag staan daar op dieselfde perseel, ʼn pragtige

moderne polisiestasie.

Die woning aan die linkerkant van die polisiestasie, Duxburyweg 123, was die

ampswoning van die Kommissaris van Polisie. Destyds was dit generaal JM Keevy.

Die manne wat nagskof gewerk het, was deurentyd gemaan om so stil as moontlik te

wees, want dit sou ʼn doodsonde wees as ons die Kommissaris en mevrou Keevy se

nagrus versteur het. Daarom was die patrolliewa se radio nooit aangelos as dit by die

stasie “afgestaan” het nie.

As jong student-konstabel het ek maar net geweet dat daar ʼn grootkop langs die

polisiestasie woon en dat ek uit sy pad moes bly.

Een aand, seker omgeveer half-twaalf op die nagskof, terwyl ek in die aanklagkantoor

gesit het, besig om een van die registers by te hou (onder die strenge toesig van sersant

Kleynhans) kom daar ʼn oubaas by die aanklagkantoor in en groet baie vriendelik:

“Naand, kêrels ..... kan julle my dalk help, asseblief? Ek en my vrou kom nou van ʼn

funksie af en die huis se sleutels is weg. Kan een van julle jong manne nie gou ʼn

venster kom oopbreek om die huis oop te sluit nie?”

Ek het die man baie kordaat aangekyk en agteroor op die stoel geleun en geantwoord

dat ons juis daar is om misdaad te voorkom, nie om dit te pleeg nie ....... maar toe ek

om my kyk, sien ek net dat die hele personeel soos besemstokke op aandag staan .....

en die sersant hom boeglam geskrik het vir die simpel student wat nie kan sien hy

praat met generaal John Keevy nie!

Page 8: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

6

Toe ek met ʼn harde gebulder van die sersant op aandag geroep is en hy flink gesalueer

en “Goeienaand Generaal” gesê het, het ek eers besef dis die grootkop van die huis

langsaan .....

Gelukkig was die generaal in ʼn goeie luim en was hy tevrede toe ek met ʼn Okapi mes

die stopverf om een van die vensters verwyder en die venster uitgehaal het.

Die feit dat ek my vinger met die skerp rand van die ruit raak gesny het, het dalk ook

mevrou Keevy se simpatie in my guns laat swaai.

Maar sersant Kleynhans het my daarna baie streng uitgetrap en my vertel dat ek

daardie aand gelukkig was om nie my loopbaan te verwoes nie.

Ek was omtrent vir ʼn maand lank my rusdae kwyt .... maar vir ʼn jong student wat vir

elke oomblik geleef het om aan diens te wees, was dit eintlik ʼn bonus.

--ooOOoo—

Page 9: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

7

PATROLLIEWA-BEMANNING

Vir ʼn jong kêrel wat pas die stof van die skoolbanke afgeskud en hom as ʼn student-

konstabel in die Suid-Afrikaanse Polisie bevind het, was dit maar baie vervelig, dog

leersaam om as aanklagtekantoor-reserwe gepos te word. Veral onder die valkoë van

ʼn baie befoeterde ou sersant. Dit was in die jaar 1963 en ek was agttien jaar oud.

Nadat ek ʼn paar maande in die aanklagtekantoor deurgeworstel het en die manne op

die patrolliewa beny het vir die avontuur wat hulle beleef het, was dit ʼn aangename

verassing om een aand, toe die nagdiens aflossing aangetree het, op die SAP 15 te lees

dat ek vir die volgende veertien dae gepos was as patrolliewa-bemanning, oftewel

“van-crew”.

As ʼn jong student-konstabel, het dit gevoel of ek toe uiteindelik in die Polisie

“gearriveer” het. Dit was nie juis normale praktyk dat ʼn student as bemanning gepos

word nie, maar daar was destyds ʼn nypende mannekragtekort en die wyksersant,

konstabel Willie Van Aswegen, was maar genoodsaak om my as sy bemanning te pos.

Konstabel Van Aswegen het my gelas om saam met hom die patrolliewa, ʼn grysblou

Ford F100, te inspekteer en ek het trots saam met hom om die Ford gestap, die wiele

geskop en gekyk of daar enige gebreke aan die voertuig was.

Nadat ons die voertuig vol brandstof getap het, het ons in die Brooklyn polisiewyk

begin patrolleer. Ek het myself lekker tuisgemaak in die Ford en gedienstig “skoon

links” of “skoon regs” gesê wanneer ons ʼn stopteken of ʼn kruising genader het. Ek

was ook toegelaat om so nou en dan oor die radio te antwoord as “Beheer” wou weet

wat ons ligging was.

In die vroeë oggendure is ons na ʼn adres in Menlopark ontbied om aandag te gee aan

ʼn klagte van ʼn baie ontstelde bejaarde dame, wat gerapporteer het dat haar 1948 Buick

uit die motorhuis vermis was. Die motor het aan haar oorlede eggenoot, ʼn voormalige

Page 10: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

8

advokaat, behoort en was nog in dieselfde toestand as wat dit was toe hulle dit vyftien

jaar tevore aangeskaf het.

Die dame het vermoed dat haar kleinseun en ʼn maat, twee matriek-skoolseuns, die

Buick sonder haar toestemming geneem het.

Die Buicks van daardie era was deftige motors en het met ʼn yslike chroom sierrooster

gespog wat André Rieu se glimlag in die skande sou steek.

Willie en ek en die Ford het die omgewing van Menlopark en omstreke gepatrolleer

en “uitgekyk” vir die Buick.

Om ongeveer twee-uur die oggend, terwyl ons stadig in ʼn oostelike rigting in

Andersonstraat, Menlopark gepatrolleer het, was ons moeite beloon. Die Buick het

vanaf die teenoorgestelde rigting nadergekom. Willie het toe vinnig omgedraai, maar

die Buick se ligte is skielik afgeskakel en het dit weggejaag. Toe Willie uiteindelik die

Ford patrolliewa omgedraai het, kon ons net sien hoe die Buick in die verte verdwyn.

Wat die jong bestuurder van die Buick egter vergeet het, was dat die remligte elke

keer aangekom het as hy sy rem getrap het om sy snelheid by ʼn stopteken of draai te

verminder. Hoewel die ou Buick al taamlik lank in die tand was, was daar nog baie

krag onder die enjinkap. Die Buicks van daardie tyd het ʼn allemintige agsilinder

(straight eight) enjin gehad en hoewel die motor maar swaar en lomp was, kon hulle

steeds oor die aarde seil as die bestuurder dit van hulle gevra het.

Die Ford F100 patrolliewa was maar lomp om in ʼn jaagtog in die oostelike voorstede

betrokke te raak, maar ou Willie het hom heel goed van sy taak gekwyt om die Buick

in te haal. In ʼn woeste jaagtog deur Menlopark en Brooklyn, waar ou Willie ʼn hele

paar jong boompies op die sypaadjie gelyk met die aarde gevee het, het ons die Buick

agternagesit.

Toe die jong manne in die Buick gesien het dat ons hulle dalk gaan inhaal, het hulle

koers gekies na die oostelike buitewyke van Pretoria op die teerpad, wat vandag as ʼn

Page 11: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

9

uitbreiding van Atterburyweg bekend staan en in die rigting van Zwavelpoort gejaag.

Willie kon, weens die Buick se remligte wat kort-kort aangegaan het, die twee

jongmanne volg. Toe ons die reguit-pad aan die buitewyke van Pretoria betree het,

het Willie die Ford se leisels losgelaat en agter die Buick aan gejaag. Maar helaas, die

Buick het soos ʼn wafferse renperd skoon onder ons uitgeseil. Hoe verder ons dit

agterna gesit het, hoe groter het die afstand tussen die Ford en die Buick geraak.

Willie het maar die stryd gewonne gegee en ons het maar in die omgewing van die ou

dame se huis rondgery totdat die twee seuns die motor huis toe gebring het. Gelukkig

was die Buick nog taamlik heel, behalwe vir ʼn paar skrape en graspolle wat tussen die

buiteband en die wielnaaf vasgekleef het.

Ofskoon die ou dame baie vies vir haar kleinseun was, wou sy nie ʼn formele aanklag

teen hom lê nie.

Toe ek die oggend van diens gerapporteer het, het ons nou wel nie ʼn skelm agter die

tralies laat beland nie, maar dit was een van die herinneringe wat my altyd sal bybly.

--ooOOoo—

Page 12: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

10

DIE JAAR IN DIE POLISIEKOLLEGE

Vroeg in Januarie 1964 het ek by die Suid-Afrikaanse Polisiekollege in Pretoria

aangemeld, waar ek vir die volgende twaalf maande moes vertoef.

Saam met my het nog ongeveer 1200 nuwe studente aangemeld. Vir die eerste dag of

twee moes ons elke dag in die bloedige son op die paradegrond staan en wag om in

troepe opgedeel te word.

Die dril-instrukteurs het die manne se name een vir een uitgeskree, waarna hulle in

troepe van 36 studente elk, ingedeel was. Hoe hulle stembande dit gehou het, bly

steeds vir my ʼn raaisel.

Elke troep het ʼn troepsersant gehad, wat vir die duur van die opleiding

verantwoordelik sou wees om ʼn gedissiplineerde polisieman van jou te maak.

Daarna is die woonlokaal, of “bungalow” vir elke troep toegewys. Dit was ʼn lang

saal, waar agttien beddens aan die een kant en ʼn verdere agttien beddens aan die

ander kant gestaan het. Daar was ʼn oop gang tussen die beddens.

Sodra die troepe ingedeel was, is die groep in opruktrokke na die Kwartiermeester in

Jacob Mareestraat, naby die Pretoria-stasie geneem om uitgerus te word. Elke student

is met ʼn volledige uniform, rewolwer en ʼn .303 geweer (sonder ammunisie) uitgereik.

Vir die volgende twaalf maande is ons opgelei in die voorgeskrewe regsvakke,

skietkuns, noodhulp, dril, boks, stoei, liggaamlike opvoeding en selfverdediging.

Voor elke af-naweek was daar ʼn inspeksie by elke troep gehou. As daar ʼn krieseltjie

stof of ʼn vuil kol gevind is, was die hele troep se naweek net daar gekanselleer en

moes ons die naweek, wanneer die ander manne in die stad kon gaan rondloop of by

vriende gaan kuier, strafdiens doen. Op hierdie manier het ons gou agtergekom dat

ons troepmaats op mekaar aangewese was en het ons soos ʼn goed-geoliede masjien

saamgewerk.

Page 13: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

11

Waar ons aanvanklik maar ʼn redelike klomp rou studente was, is ons in die volgende

twaalf maande gevorm tot goed opgeleide, gedissiplineerde jong manne wat gereed

was om die lewe in die polisie aan te durf.

Die jaar wat aanvanklik soos ʼn berg voor ons gelê het, eintlik baie gou verbygeskiet.

Die dag voor ons uitpassering in Desember 1964, is ons ingelig waarheen ons na ons

opleiding verplaas sou word. Omdat ek kon tik, beland ek toe in die telekskantoor by

die Suid-Afrikaanse Polisie se Hoofkantoor in Wachthuis.

Die uitpasseringsparade vir 1200 studente was op die Pilditch Stadion in Pretoria-

Wes.

--ooOOoo--

Page 14: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

12

RONDEDIENS IN POLLEYS DEURLOOP

In 1967 rond, moes ek een nag in Polleys Arcade “beat” stap - om te kyk dat niemand

onwettig om en naby Wachthuis rond drentel nie. Ek was nog ʼn konstabel en die

sersant wat my moes “opcheck”, het iewers op die sewende vloer in ʼn kantoor gesit.

Om ongeveer 04:30 die oggend sien ek ʼn omie wat na my aangestap kom en ek trek

onmiddellik my holster reg en vee die vaak uit my oë.

Die omie, in burgerdrag, kom reguit na my en steek sy hand uit en sê: “Ek is majoor

Grobler.”

Ek steek my hand ook uit, gee hom ʼn stewige handdruk en antwoord: “Aangenaam,

majoor – ek is konstabel Ferreira.”

Hy klap my hand weg en antwoord met ʼn kwaai stem: “Ek kom nie kennis maak nie,

ek wil jou donnerse sakboek hê om jou te besoek!”

Ek het ook maar aanvanklik gewonder waarvoor die majoor my half vyf in die oggend

wou kom ontmoet!

--ooOOoo—

Page 15: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

13

POLISIE-BEVORDERINGSEKSAMENS

In die 70’s, toe die SAP nog interne bevorderingseksamens aangebied het, was daar

sommer gebruik gemaak van offisiere met die nasiening van die vraestelle.

Ek kan nou nog nie sê waarom ek, ʼn melkbaard-luitenantjie wat die jaar tevore die

bevorderingseksamen: Adjudant-Offisier tot Luitenant geslaag het, opgekommandeer

was om ook een van die nasieners te wees nie. Maar dit was iets nuuts en ek kon dit

seker as ʼn klop op die skouer sien om met sulke verantwoordelikheid toevertrou te

word.

Daar het op ʼn goeie dag twaalf offisiere by Wachthuis aangemeld. Ons is behoorlik

deur Kolonel Anker du Toit, Hoof van die Eksamenraad, voorgelig hoe ʼn mens

vraestelle moes nasien. Die manne wat nog destyds aan die eksamens deelgeneem

het, sal onthou dat ʼn vraestel gewoonlik twaalf vrae bevat het, maar dat die kandidaat

ʼn keuse gehad het om net tien vrae te beantwoord. As ek reg onthou was daar tussen

die nasieners ʼn majoor Sadie en ʼn luitenant Quintin Visser van die Kaap, ʼn luitenant

Goosen van die Vaaldriehoek en nog ʼn paar merkers.

Met die Magadministrasie- en regsvakke het dit nogal flink gegaan met die merkery,

maar so hier en daar het ons nasieners ons nogal verwonder oor die kandidate se

gesukkel met die Engelse taal. Dit was ook opvallend dat baie speurders die vak

Ondersoek van Misdaad gedruip het. Heelwat Afrikaanssprekende kandidate het ook

Afrikaans gedruip. Die rede waarom die speurders nie altyd goed gevaar het met

Ondersoek nie, was omdat hulle gedink het dat hulle hul werk geken het en nie nodig

gehad het om die handleiding te bestudeer nie.

Afrikaans was weer ʼn uitvang-vraestel. Die kandidate moes sinne maak met woorde

soos “metterwoon”; allengs”; “kapittel”; klakkeloos” en sulke vreemde woorde. Daar

is die manne van die seuns gewoonlik geskei.

Page 16: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

14

Daar was gewoonlik ʼn begripstoets oor ʼn onderwerp waarvan g’n mens ooit gehoor

het nie en ʼn paar sinne waarin die kandidaat ʼn vertaling uit Engels na Afrikaans moes

doen. Ons het ook lekker gelag toe een van die kandidate ʼn sin moes maak met die

woord “kapittel” Sy poging was: “Die kameel loop deur die woestyn, kapittel,

kapittel, kapittel.”

In die Engelse vraestel het die eksaminator altyd die kandidate se spelvermoë in

Engels getoets. Vir sommige van ons boerseuns, veral uit die Namakwaland

omgewing, was dit een van hul grootste beproewings om Engels deur te kom. Daar

was onder andere, in elke vraestel ʼn klomp woorde wat die kandidate vanuit

Afrikaans na Engels moes vertaal. Een van die vrae was om die Engelse woord vir

“verkleurmannetjie” (chameleon) te gee. Een kandidaat, seker ʼn Namakwalander, se

baie koddige poging was “colourchappy”.

--ooOOoo—

Page 17: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

15

DIE DAG TOE DIE AAP UIT DIE MOU GELAAT IS

Ons polisiemanne word in die wel en weë van ons loopbane telkens met die donker

kant van die lewe gekonfronteer. Genadiglik het die meeste van ons deur die jare

geleer om die stampe en stote van die lewe met humor en soms ʼn bietjie stoutigheid

te versag, dan kon ons later daaroor lag. Op dié manier tree die meerderheid van ons,

enkel uit genade, na ʼn lang loopbaan soms ʼn bietjie gehawend, maar darem taamlik

heel uit die stryd.

In die sewentigerjare van die vorige eeu is ʼn paar polisiemanne van die Pretoria en

Pretoria-Noord distrikte een dag opgekommandeer om na Pietersburg te gaan en op

te tree by ʼn militêre begrafnis. ʼn Gerespekteerde politikus, wat diep spore in Suid-

Afrika gelaat het, moes daar met volle militêre eerbewys begrawe word. Die

oorledene was senator Tom Naudé, politikus, Speaker, Minister, President van die

Senaat en later ook Waarnemende Staatspresident. Omdat dit so ʼn belangrike

staatsbegrafnis was, moes die genomineerdes die dag voor die begrafnis by die

Polisiekollege in Pretoria-Wes aanmeld vir ʼn inoefening. Ons ouer polisiemanne sal

onthou dat dril destyds, ʼn noodsaaklike aspek van enige polisieman se mondering

was. Drilbewegings was op sulke geleenthede met pynlike militêre presisie gedoen.

Bewegings is tot vervelens toe gerepeteer totdat dit uiteindelik die dril-instrukteurs

behaag het.

Destyds het ons nog op die ou manier gesalueer. Met die “op-beweging”, wat

inderdaad uit twee vinnige bewegings bestaan het, is die regterarm eerstens met ʼn

flinke beweging na regs, sover as wat dit kon strek, uitgeskiet en onmiddellik daarna

met ʼn sierlike swaaibeweging na die piek van die pet opgeruk, waar die middel- en

wysvinger met ʼn paar klein rukbewegings presies bokant die regteroog tot stilstand

Page 18: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

16

moes kom. Met die “af-beweging” was die regterarm weer reguit vorentoe uitgeskiet

en onmiddellik met ʼn ratse beweging tot by die regtersy afgeruk.

Die polisie orkes, vuurpeleton en dril peloton is tydens die inoefening deeglik afgerig

en voorberei vir die statige geleentheid.

By die Kollege, waar almal dou voor dag die volgende oggend aangemeld het, is hulle

op die gebruiklike manier geparadeer, geïnspekteer en soos sardientjies in die

opruktrokke geprop, waar hulle styf teen mekaar, in hul volle winteruniforms, in die

pad geval het.

Met die begrafnis het alles goed verloop. Die vuurpeleton het hul bewegings perfek

uitgevoer en het, afgesien van ʼn paar naasbestaandes en roubeklaers wat hulle

boeglam geskrik het vir die loskruitsarsies, ʼn groot indruk op die aanwesiges gemaak.

Die orkes kon darem vir die skrik vergoed met hul meesterlike uitvoering van die

dodemars. Van die dril peloton is agterna gesê dat dit hulle waarlik professioneel en

aandoenlik opgetree het. Die manne was nog jonk genoeg om hul bewegings flink en

korrek uit te voer en mooi genoeg om ʼn blywende indruk op die bedroefde familie en

die inwoners en belangstellendes te laat. Ná die begrafnis is groot lof en waardering

aan die groepie polisiemanne uit Pretoria betuig.

Met tipiese plattelandse-gasvryheid was daar na afloop van die verrigtinge mildelik

voorsiening gemaak vir verversings. Almal was genooi om verversings te kom geniet

- selfs die groepie polisiemanne uit Pretoria.

Omdat hulle al vroeg die oggend in die pad geval en daar nie tyd vir stilhou was nie,

was die manne teen daardie tyd lekker honger en het hulle hul nie nog ʼn keer laat

nooi nie. Die tafels het gekreun onder die borde opgestopte pruimedante,

vleisbolletjies, visvingers, gemengde slaai, vleispasteie, ham, polonie, worsies,

hardgekookte eiers, rooi en groen suuruitjies, souttertjies, melktert, koeksisters en

Page 19: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

17

selfs gekruide samoesas. Ook lekker tee, koffie en koeldrank om die heerlike

verversings mee af te sluk.

Nadat almal goed aan die eetgoed weggelê het en die verrigtinge afgehandel is, is die

lede weer aangetree, geïnspekteer en gereed gemaak vir die rit terug na Pretoria.

Almal is gewaarsku dat hulle hul draaie moes loop voordat hulle in die trokke klim,

want daar sou nie langs die pad stilgehou word nie – die drywers was haastig.

Die opruktrokke was skaars op die pad, toe ʼn paar van die “ou hande” skielik, vanuit

die niet, ʼn paar flesse “polisiekoffie” en ander versterkings te voorskyn bring. Die

versterkings het gou die ronde gedoen en nie lank daarna nie, of die manne het lekker

vrolik begin word – die droewige begrafnis-atmosfeer en die parade in die bloedige

son vergete.

Toe die konvooi deur Potgietersrus beweeg, kon ʼn mens sweer elke polisietrok was ʼn

bewegende hok vol ganse, so deurmekaar, luidrugtig en jolig was daar gesing en

geskerts.

By Naboomspruit het een van die manne, ons het hom Joop den Uyl genoem, begin

agterkom dat die vleisbolletjies, suuruitjies, melktert, samoesas en ander verversings

nie so lekker akkordeer met die polisiekoffie en die gestampery in die bedompige

opdruktrok nie. Koue sweet het op sy bolip uitgebiggel en hy het al stiller en bleker

om die kieue begin word.

By Nylstroom het hy deur die spreekbuis na die bestuurder geroep en hom gesmeek

om asseblief stil te hou – hy voel glad nie lekker nie. Die bestuurder was natuurlik

doof en het net aangehou ry.

Joop het moedig teen die kokende, malende drukking in sy binneste geveg. Hy was

vasberade om Pretoria te haal sonder om skande te maak. Hoe nader hulle aan

Pretoria gekom het, hoe meer het die besef tot hom deurgedring dat hy nie opgewasse

was teen die verskriklike toestand wat hom begin oorweldig het nie. Daar was ook ʼn

Page 20: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

18

ander groot probleem – hy was tussen ʼn klomp makkers in die voortsnellende trok

vasgekeer en daar was ook nie ʼn geskikte hol ding byderhand nie. Tussen

Hammanskraal en Pyramid het hy uiteindelik gekapituleer en moes hy maar

noodgedwonge die regter-mou van sy uniformbaadjie as hol ding aanwend.

Gelukkig was daar net-net genoeg hol plek tussen sy regterarm en die binnekant van

die mou. Plotseling was daar ook meer ruimte in die opruktrok. Aan weerskante van

hom kon sy makkers nie vinnig genoeg van hom wegskuif nie. Hy het toe maar, so in

sy verlatenheid, sy arm omhoog gehou en tot by die eindbestemming die vuil kyke en

onvriendelike aanmerkings getrotseer. Toe die konvooi uiteindelik die

eindbestemming bereik, het die vermoeide manne uit die opruktrokke geklim. Joop

steeds eenkant, met sy ooglopend dikker en klam regterarm versigtig omhoog gehou.

Net toe Joop uit die trok klim, loop hy hom byna tromp-op vas teen sy

distrikskommandant, wat daar gewag het om sy manskappe terug te verwelkom.

Nou-ja, soos dit ʼn gedissiplineerde onder-offisier betaam, moes Joop die nodige

eerbied aan sy distrikskommandant betoon deur hom flink te salueer – sy mou vol

kots ten spyt! ʼn Mens kan maar sê dat hy die aap met ʼn sierlike boog uit die mou

gelaat (of eerder gegooi) het.

Joop den Uyl, wat sy bynaam gekry het na ʼn Nederlandse Eerste Minister van daardie

era, het ten spyte van hierdie skandetjie, ʼn suksesvolle loopbaan in die Mag vir

homself uitgekerf en ʼn taamlike senior offisier geword.

As iemand wil weet wat sy regte naam is, moet ek maar die bekende Engelse gesegde

as antwoord aanbied: “No names – no pack drill”.

--ooOOoo—

Page 21: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

19

AANVAL OP CENTENARY

In die winter van 1975 bevind ʼn klompie SAP-manne hulle in Centenary, aan die

noordooste van die destydse Rhodesië.

Op Saterdagaande was dit die gebruik om, as omstandighede dit toegelaat het, ʼn

“eensydige skietstilstand” te verklaar. Die manne kon dus na die week se patrollies

en oorlog, so ʼn bietjie “R-en-R1”.

Ons het ons kwota van die voorgeskrewe twee biere elk ontvang en kon dan in die

omgewing van die vlugbal (volley ball) baan ontspan. Daar was ook ʼn soort opelug-

teater, waar ʼn stuk witgeverfde weermagtent gespan was en wat heel skaflik as die

rolprent-doek gedien het.

Ofskoon daar ʼn gees van ontspanning in die kamp was, het almal natuurlik steeds hul

alomteenwoordige metgesel - hul R1-geweer - by hulle gehad ... net ingeval die

skietstilstand nie deur die vyand gerespekteer was nie!

Die Bevelvoerder, ʼn majoor Roberts van iewers in Natal, wat deeglik bewus was van

sy pligte en verantwoordelikhede, het wel die nodige voorsorgmaatreëls getref om ʼn

paar gewapende wagte op strategiese plekke om die kamp gepos. (Gewoonlik was

hiérdie wagdiens eintlik strafdiens wat die wagte vir een of ander misstappie opgelê is.)

Watter fliek vertoon is, kan ek nie onthou nie. Die manne het gou verdiep geraak in

die fliek - ongelukkig ook een van die wagte, ʼn kêrel vanaf Rustenburg se wêreld, wat

stilletjies, met sy R1-geweer oor sy skouer, al nader aan die vertoning geskuifel het om

die fliek beter te kan sien.

Wat toe gebeur het, kon die wag nie eintlik bevredigend by die latere ondersoek

verduidelik nie. Dit het tydens die ondersoek aan die lig gekom dat sy duim per

1 Rest and Recreation

Page 22: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

20

ongeluk in die snellerbeuel beland het en hy toe sy magasyn op “snelvuur” leeggeskiet

het. Gelukkig was al die skote die lug ingeskiet.

As ʼn polisieman die gekletter van ʼn outomatiese geweer in die “bos” gehoor het, het

dit net een ding beteken ...... en dit was om dekking te soek.... en vinnig ook!

Die majoor het nogal kop gehou. Hy het onmiddellik beveel dat almal hulle “op die

double” na die sandsak-skuilings moes haas en stelling inneem. Hy het in dieselfde

asem gebulder dat die kamp se ligte afgeskakel word.

In die skielike pikdonkerte het daar pandemonium in die kamp losgebars .... die

manne het teen mekaar vasgehardloop, hier en daar kon mens sien hoe gloeiende

sigaretkooltjies uitmekaar spat.

ʼn Mens met ʼn skerp waarnemingsvermoë, sou ook kon sien dat ʼn paar ouens, terwyl

die ander hulle na die skuilings gehaas het, nog kans gesien het om ʼn paar vinnige

teue te neem van die bier wat hul makkers agtergelaat het.

Die majoor het die hele tyd bevele geskree ... terwyl hy hom self gehaas na sy stelling.

En in die proses in die middel van die “volleyball net” vasgehardloop ..... soveel so

dat die twee pale na binne getuimel het en hom daar vasgewoel het. Niemand sal

seker weet wat in sy gemoed aangegaan het nie, maar aan sy krete kon mens sweer

dat hy gedink het dat die Filistyne op hom was!

--ooOOoo—

Page 23: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

21

16 JUNIE 1976

Die datum 16 Junie bring verskillende herinneringe vir verskillende mense in ons land

mee.

Vir sommige word Jeugdag herdenk, andere onthou weer dat dit die datum aan die

begin van die vorige eeu is toe Lord Roberts opdrag gegee het dat boervrouens en

kinders in konsentrasiekampe aangehou word en dat die boere se plase en alles wat

daarop is, tot die grond toe afgebrand word.

Vir enige polisiebeampte wat daardie tyd in die Suid-Afrikaanse Polisie was, sal

daardie koue winterdag van 16 Junie 1976 onthou word as die dag toe die grootste

onrus ooit in Suid-Afrika losgebars het.

Op 16 Junie 1976 het ek, soos elke werkdag, om 06:00 by die polisiestasie op Silverton

aangekom. My taak was om die selle te besoek, die registers na te sien en toe te sien

dat alles reg was vir die nuwe dag se werksaamhede. Op daardie tydstip was ek al

vier jaar ʼn luitenant.

Op pad na die polisiestasie toe het ek gevoel dat die ergste winter aangebreek het.

Nie lank daarna nie, het Kaptein Buks Loots, die stasiebevelvoerder, ʼn opdrag van die

distrikskommandant in Pretoria-Noord ontvang om ʼn voertuig na Mamelodi te stuur.

Die stasiebevelvoerder van Mamelodi, luitenant Caldwell Mokgosi, het vir

ondersteuning gevra omdat die inwoners in Mamelodi oproerig was en op plekke

saamgedrom het.

Die voertuig het per radio terug gerapporteer dat pandemonium in Mamelodi

losgebars het. Groepe mense het alles met klippe bestook, petrolbomme gegooi en

verskeie winkels, skole en munisipale kantore was in ligte laaie.

Page 24: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

22

Kaptein Loots het gelas dat ek (gewapen met my ou Webley rewolwer en ses rondes

ammunisie) en ʼn paar manne soontoe moes haas om vas te stel wat daar aangaan.

Intussen was die onluseenheid in Pretoria-Noord besig om te mobiliseer.

In my dertien jaar as polisieman het ek nog nooit so-iets gesien nie – duisende mense

het oral saamgedrom, klippe en petrolbomme gegooi, die paaie met brandende

motorbande versper, winkels geplunder en veral die Bantoesake-administrasie se

persele verwoes.

Ek onthou dat besope jeugdiges met kartonne drank op hul koppe, soos miere uit die

drankwinkel gestrompel het.

Ek onthou ook die vernielsug en die uitdrukkings van absolute waansin in die

plunderaars se oë ..... en ook die angs wat ek en die ses of sewe lede onder my bevel

ervaar het – ook ons magteloosheid om enigiets te doen om die duisende plunderaars

tot bedaring te bring.

Vandag, na soveel jare, glo ek steeds dat dit slegs genade van Bo was dat ons daardie

oggend lewendig uit Mamelodi gekom het.

Na wat soos ʼn ewigheid gevoel het, het die onluseenheid uiteindelik gekom om by

my en my spannetjie oor te neem. Ons was aangesê om huistoe te gaan en ons

kamoefleeruniforms te gaan aantrek en weer by die Mamelodi polisiestasie aan te

meld.

Daar het ons van die een oproer-toneel na die ander geskarrel, terwyl die skares en

die geweld al hoe groter geword het. Die media en televisiespanne, van oral oor die

wêreld, het ook vinnig bygekom.

Wat opmerklik was, was die Valiant-taxis wat op die voorpunt van al die aksie was

en wat blykbaar die skares aangepor het. Ek onthou ook die traanrook, die

aanvanklike waarskuwingskote van die polisie – en wat later plaasgevind het.

Page 25: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

23

Wat ek ook kan onthou, is dat ons die hele dag en nag voortgegaan het sonder om

afgelos te word en dat ons sonder kos moes klaarkom.

Dit was ook snerpend koud. Ek onthou toe die son op 17 Junie 1976 opgekom het,

was daar ʼn boom by Waltloo stasie vol yskristalle. Die yskristalle het teen die

opkomende son geskitter soos diamante. Die ys het gevorm van die sproeiwater wat

uit ʼn nabygeleë watertenk oorgeloop het en van die koue wind wat die sproei op die

boom gewaai het.

Die volgende dag het dinge meer georganiseerd geraak. Die vroueverenigings van

die omliggende kerke en later ook die plaaslike tak van die Suiderkruisfonds het

toebroodjies en groot skottels sop vir die verkluimde polisiemanne gebring. In die

pakkies toebroodjies was ook kort handgeskrewe boodskappies en teksverse om die

manne te bedank vir hul opoffering.

Die polisiemanne is toe ook in pelotonne ingedeel, sodat die polisietaak op ʼn meer

geordende wyse voortgegaan het. Die omliggende polisiestasies se reserviste het ook

spontaan by die permanente lede aangesluit.

So het ek in Junie 1976 my werklike vuurdoop in die polisie ontvang – alhoewel ek

toe al dertien jaar diens gehad het en ook al grensdiens in Rhodesië gedoen het, kan

ek ruiterlik verklaar dat ek in daardie paar maande “groot” geword het.

Die ervarings en ontberinge wat ons en seker al die ander kollegas oral in die land

beleef het, sal vir altyd in my geheue bly. In daardie paar maande het ons talle goeie,

maar ook ontstellende ervarings beleef, maar wat my die meeste sal bybly is die

kameraadskap, solidariteit en vriendskappe wat ons daar opgebou het.

Op 19 Augustus 1976 is ek vir die eerste keer toegelaat om huistoe te gaan ... “om bietjie

te gaan uitrus”. Maar daardie selfde aand, die eerste keer in my eie bed en in die

diepste slaap denkbaar, is ek wakker gemaak van ʼn oproep van luitenant-kolonel

André Smith van die Afdelingskommissaris se kantoor. Sy opdrag was dat ek die

Page 26: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

24

volgende oggend by die Kollege moes aanmeld. My kamoefleerdrag moes reg wees

en ek moes R50 kontant by my hê.

By die Kollege is ʼn groterige groep polisiemanne in opruktrokke na die

Waterklooflughawe vervoer, en in ʼn Hercules vliegtuig gelaai – sonder dat ons

meegedeel is waarheen ons op pad was. Toe ek vir adjudant-offisier Johnny Dreyer

gevra het waarheen ons op pad was, het hy net geantwoord: “Êrens tussen

Phalaborwa en Palestina” en weggestap.

Toe die vliegtuig neerstryk, ontdek ons dat ons by die Eros lughawe naby Windhoek

is. Maar dis ʼn ander storie.

--ooOOoo—

Page 27: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

25

GRENSDIENS IN SUIDWES-AFRIKA

In die laat winter van 1976 word ek een aand deur die aanhoudende gelui van die

telefoon wakker gemaak.

Ek word opdrag gegee om die volgende oggend by die Polisiekollege aan te meld, met

my kamoefleerdrag en R50 kontant. Ek sou by die polisiekollege my volledige

instruksies ontvang.

In 1976 was die bedrag van R50 nie iets wat mens sommer in jou beursie of by die huis

rondgedra het nie. Daar was destyds nog nie outobanke nie en ons moes rondskarrel

om die bedrag in die hande te kry. Uiteindelik, met die hulp van my skoonmoeder,

het ons die bedrag bymekaar gekry.

Die volgende oggend by die Polisiekollege ontmoet ek nog ʼn hele aantal

polisiemanne. Almal van ons het al ons kamoefleerdrag en ander benodigdhede in

ons rugsakke. Daar is ʼn paar offisiere en onderoffisiere om vier pelotonne saam te

stel. Ek was destyds ʼn luitenant en ek was aangestel as pelotonleier van een van die

pelotonne.

Ons is inderhaas met R1 gewere uitgereik en in opruktrokke na die Waterkloof

lughawe geneem.

Toe die vliegtuig uiteindelik neerstryk, ontdek ons dat ons op die militêre gedeelte

van die Eros lughawe naby Windhoek is.

In Windhoek het ons ʼn dag of twee oorgebly. Ons is meegedeel dat elke peloton met

ʼn Land Rover na die noorde van Suidwes-Afrika moes vertrek om ʼn klomp terroriste

wat vanuit die noorde die land ingesypel het, te gaan voorkeer. Daar is ook vir ons

gesê dat ons nie in ʼn kamp sou bly nie, maar dat ons vir onsself moes sorg totdat ons

taak afgehandel was.

Page 28: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

26

Met elkeen se R50 wat ons saamgegooi het, het ons ʼn paar sakkies mieliemeel,

kondensmelk, sout, suiker, ʼn driepootpot en al die nie-bederfbare kruideniersware

gekoop wat nodig was om in te veld te kon oorleef. Ons het darem ook ʼn paar

kartondose vol “rat-packs” gekry om van te leef.

Elke peloton was met ʼn TR28-radio uitgereik. Dit was ons enigste

kommunikasiemiddel om met die bevelsgroep in Grootfontein en die ander pelotonne

wat elders spoorgesoek het, te kommunikeer. Ons het ook radio-kontak gehad met

die helikopters wat gereedgestaan het om aan die nodige lugaanvalle te doen as ons

die insypelaars opgespoor het.

My peloton het bestaan altesaam nege lede. Behalwe ekself het die res bestaan uit ʼn

adjudant-offisier, ʼn sersant en ses konstabels.

Ons moes saam met ʼn klomp Suidwes-polisiemanne en ʼn paar spoorsnyers, in die

gebied van Omaruru, Otavi, Outjo en Grootfontein na die insypelaars se spore gaan

soek.

In die loop van ons patrollies het ons by verskeie plase uitgekom waar ons baie gasvry

verwelkom is. Dan het ons weer ʼn slag ʼn lekker bord boerekos gekry en kon ons

vergeet van die “rat-packs” se voorraad.

Oral waar ons gekom het, wou die boere weet of ons al spore gesien het. Hulle was

ook baie hulpvaardig en vriendelik. Ons kon sien dat hulle nie net angstig was dat

ons die insypelaars kry nie, maar ook dat hulle uitgehonger was vir geselskap. Hulle

het ons ook raad gegee oor die omgewing en waar die insypelaars moontlik kon skuil.

Vroeg een oggend word ons per radio gelas om na ʼn sekere plaas te vertrek, om ʼn

patrollie te gaan doen en om die omgewing te “vee” vir spore.

Terwyl ons met die patrollie besig was, het ons op ʼn kamp afgekom waar ʼn trop

boerbokke in was. Daar was ʼn hele paar ooie met hul lammers. Omdat ons almal in

harte boerseuns was, het ons die bokke vir ʼn rukkie bekyk. Een van die manne merk

Page 29: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

27

toe op dat daar ʼn baie swak boklam verwese staan en blêr en dat sy ma hom elke keer

as hy naby haar kom om te suip, weggestoot het. Dit was duidelik dat die boklam nie

lank sou oorleef as hy nie versorg word nie. Die manne het probeer om die lam na

die ooi toe te neem en te kyk of hy nie kan suip nie, maar die ooi het nie melk gehad

nie.

Die manne besluit toe om maar die boklam saam te vat en dat hulle hom sou versorg.

Hulle laai toe die boklam saam met hulle agter in die Land Rover.

Terwyl ons die omgewing met die Land Rover gepatrolleer het, loop ons die

plaaseienaar raak waar hy met sy boerdery aan die gang is. Die boer stop ons en begin

gesels. Terwyl die boer land en sand gesels, begin die boklam skielik agter in die Land

Rover te blêr. Die manne druk die boklam se bek toe, maar so hier en daar kom daar

so ʼn benoude blêr te voorskyn. Ons is vrek verleë en bang dat die boer ons sou

rapporteer, maar gelukkig maak die boer of hy niks hoor nie. Hy maak toe verskoning

vir sy geselsery en sê ons moet seker maar voortgaan met ons werk.

Ek noem graag dat die boklam, ten spyte van ons lewe in die veld, oorleef het.

Hy is uiteindelik in die Hercules teruggesmokkel Republiek toe waar hy later een van

die “mascots” van die Polisie se hondeskool geword het.

Terwyl ons met hierdie ekspedisie in Suidwes-Afrika was, was ons in ʼn hele paar

kontakte en noue ontkomings betrokke. Gelukkig het nie een van ons iets oorgekom

nie.

--ooOOoo—

Page 30: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

28

‘N VADER SE AFWESIGHEID

Hierdie storie het ek by kolonel Frik Stoffberg gehoor. Ons het saam parlementêre

diens verrig.

Frik vertel dat hy ook opgeroep is vir ʼn diensbeurt aan die grens.

Ek kan nie onthou of hy na die Caprivi of Rhodesië van die huis af moes gaan nie,

maar hy het sy vrou en drie klein kinders by die huis gelos. Die jongste was ʼn knaap

wat al goed begin praat het.

Toe Frik na ses maande terug by die huis kom, sien hy dat sy jongste knaap maar bra

skugter is. Hy gaan kniel toe voor die knaap en sê:

“Dag my kind, groet jy dan nie jou pa nie?”

Die outjie kyk hom aan, steek sy hand uit en antwoord:

“Dag oom, my pa is in die Bos!”

--ooOOoo—

Page 31: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

29

TUISKOMS VAN DIE GRENS AF

Om in die jare sestig en sewentig ʼn teleks te ontvang met die opskrif:

TEENINSURGENSIEDIENSTE: SUIDWES-AFRIKA: LIMA KOMPANIE, was vir

sommige lede welkom, maar andere het weer kwaai walgegooi om vir drie of ses

maande van die huis af te moes gaan. Veral die getroude lede.

Dit is ook baie waar dat die vrouens by die huis dit nie ook so lekker gehad het nie.

Sersant Jan, ʼn getroude man met ʼn hele paar kinders, kry toe ook een dag die

instruksies om by TIN-TRANSITO aan te meld vir sy beurt.

Daardie jare het die lede nie eers gedink aan verskonings, of “billike arbeidspraktyke”

en sulke goed nie. Hulle het maar net hul “kit” reggekry en op die bestemde dag vir

die diens aangemeld.

Sersant Jan vind homself toe by die groep “vrywilligers” wat vir ses maande

“grensdiens” in Rhodesië moes gaan doen.

Toe die ses maande uiteindelik verby is, het die uitgebreide familie en vriende ʼn groot

familiefees gehou om die vader terug by die huis te verwelkom.

Die kinders het om hul pa, hul groot “held”, gekloek en met groot oë na sy staaltjies

en die terroriste wat hy beveg het, geluister.

Naderhand word dit tyd om bed toe te gaan en een van die kindertjies vra vir sy ma:

“Maar mamma, waar gaan oom Eddie vanaand slaap?”

---ooOOoo—

Page 32: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

30

NUWEJAARSDAG 1973

Dis Nuwejaarsdag, 1973. Nadat die familie die oujaar met braai, sjampanje en die sing

van “Sal ons ou kennisse ooit vergeet” afgesluit het, gaan ons so teen 02:00 se kant bed

toe.

Die slaap ontwyk my, want ek dink aan my kollegas op Silverton wat hul Ou- en

Nuwejaar in die aanklagkantoor en patrolliewa moet deurbring.

Teen 05:00 staan ek maar op, trek my aan en klim in die motor om die ouens te gaan

besoek. Dan sal ek sommer die nag- en die oggendskof se lede met die omruil van

skofte kan besoek en hulle almal ook ʼn voorspoedige Nuwejaarsdag toewens.

Toe ek om ongeveer 05:30 voor die polisiestasie stilhou, is dit doodstil in die

aanklagkantoor. Ek sien die oop registers op die aanklagkantoor-toonbank, maar die

AK-sersant, Jan Bottel, is skoonveld. Jan Bottel het daardie bynaam nie verniet gekry

nie – hy het hard gewerk om dit te verdien.

Terwyl ek wag vir Jan Bottel om sy verskyning te maak, besluit ek om solank my

besoek in die voorvalleboek aan te teken. Met die lees van die voorvalleboek, merk

ek dat die laaste inskrywing om 03:30 gemaak is.

Vanaf die 23:30 inskrywing, het ek gesien dat die man se skrif stelselmatig

agteruitgegaan het .... naderhand is daar omtrent net twee woorde op ʼn reël en dan is

die woorde sommer so skeef en slordig oor twee reëls geskryf. Daar is ook ʼn

afgryslike swart streep op die VB se bladsy, waar ʼn sigaret homself op die boek

uitgebrand het. En ook die kenmerkende reuk van Red Malmsey wat in die lug hang.

Die ander registers lê versprei op die tafel.

Page 33: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

31

Toe ek die RAA-register nadertrek, sien ek die volgende inskrywing wat eintlik in die

VB moes wees – ook in dieselfde geradbraakte handskrif oor twee bladsye gekrap:

Oordrag: AK Dienste in terme van S.O. 159 (sic) aan Konstabel Landman.

En toe ʼn dik, slordige pennestreep, wat stelselmatig na die onderkant van die bladsy

loop.

En daar sien ek uiteindelik vir Jan Bottel, waar sy voete vanuit ʼn dossierstoor uitsteek

– in ʼn toestand van diepe bewusteloosheid.

In my veertig jaar in die polisie het ek nog net dié een keer gesien hoe ʼn inskrywing

wat eintlik in die VB moes wees, in die RAA geskryf was.

--ooOOoo—

Page 34: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

32

DIE SJEBEEN

Hierdie storie het werklik plaasgevind in my tyd by die Silverton polisiestasie in

Pretoria.

Die DK het van die stasiebevelvoerder verwag dat misdaad in “sy” wyk tot die

minimum beperk moes word.

Die stasiebevelvoerder het vir my, die tweede in bevel by die polisiestasie, in beheer

geplaas van misdaadvoorkoming.

Omdat die polisie, soos altyd, ʼn groot tekort aan personeel gehad het, moes die

administratiewe personeel, benewens hul normale take, ook vir misdaadvoorkoming

aangewend word. Hierdie personeel het bestaan uit ʼn nuut-aangestelde student-

konstabel, wat gewag het om vir sy kollege-opleiding opgeroep te word en ʼn ander

groepie konstabels, sersante en adjudant-offisiere wat gewoonlik kantoorure gewerk

het.

Die gebruik was dat die kantoorpersoneel elke Vrydagoggend geparadeer is en dan

tot laat in die nag in hulle groepies die polisiewyk ingevaar het om al wat rondloper

en leeglêer is, aan te keer. Diegene wat nie ʼn redelike verduideliking vir hulle

teenwoordigheid in die polisiewyk kon gee nie, het gewoonlik die naweek as gaste

van die regering in die polisieselle deurgebring.

In die voorstede Silverton, Weavind Park, Meyerspark en Murrayfield was misdaad,

afgesien van ʼn verspreide inbraak hier en daar en so nou en dan ʼn motorongeluk en

geringe huismoleste oor naweke, redelik onder beheer. Natuurlik te danke aan die

gereelde patrollies wat daar uitgevoer is. Ofskoon daar maar altyd ʼn paar inbrake en

aanrandings oor naweke in die landbouhoewes, The Willows, Tygerpoort en

Zwavelpoort voorgekom het, was daar nie juis kommer oor die misdaadsituasie nie.

Die woongebied Eersterust was ʼn ander storie. Dag na dag, wanneer die registers

Page 35: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

33

nagesien is, moes die stasiebevelvoerder met ontsteltenis aanskou hoe misdaad in

Eersterust handuit ruk. Die wetsgehoorsame inwoners het letterlik gesteier onder ʼn

vlaag moorde, motordiefstalle, ernstige aanrandings, inbrake en bendebedrywighede.

Na ʼn deeglike analise van die misdaadsituasie, is daar tot die gevolgtrekking gekom

dat ʼn sjebeen in die omgewing die bron van al die kwaad was. Die gemene deler by

omtrent elke ernstige misdaad of oortreding was die drank wat onwettig by dié

sjebeen verkoop is.

Die stasiebevelvoerder het my gelas om ʼn plan te maak en om die sjebeen uit te roei.

Enige polisieman wat sy sout werd is, sal weet dat dit nie so maklik is om ʼn sjebeen-

eienaar te betrap wat onwettig handel dryf nie. Hierdie mense was uitgeslaap en het

elke kuns in die boek geken hoe om die polisie te ontwyk. Dit was natuurlik ook nie

onmoontlik dat hulle ook ʼn simpatieke polisieman of twee as beriggewers aan hul

kant gehad het nie. Sodra ʼn groep polisiemanne aangetree het om ʼn lokval op die

sjebeens uit te voer, het die sjebeen-eienaar ʼn wenk van sy polisie-informant ontvang.

Wanneer die polisie dan op sy perseel toegeslaan het, was daar natuurlik geen teken

van drank te bespeur nie. Gevolglik het ʼn hele paar pogings om die sjebeens te betrap,

skipbreuk gely.

Maar ons maak nog ʼn plan ......

Die volgende lokval onder die strengste moontlike geheimhouding gereël. Die

beplanning is net deur die stasiebevelvoerder en sy binnekring van vertrouelinge

gedoen. Tot die laaste oomblik was geen ander persoon by die beplanning betrek nie.

ʼn Misleidingsplan het ook “uitgelek” dat ʼn optrede op ʼn heel ander plek uitgevoer

sou word.

Anders as wat mense dink, is ʼn lokval ʼn hoogs ingewikkelde proses wat binne die

voorskrifte van die reg gedoen moet word. As dit nie gedoen word nie, val die hele

saak in die hof plat. Sonder om in detail op die volledige prosedure in te gaan, word

Page 36: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

34

daar volstaan met ʼn enkele voorskrif: Die nommers van die banknote waarmee die

lokval gestel sou word, moes noukeurig aangeteken en in ʼn geseëlde koevert in die

stasiebevelvoerder se brandkluis bewaar word. Dit was nodig omdat daar later in die

hof getuienis gelewer moes word dat die genommerde note wat in die

dranksmokkelaar se besit gevind is, inderdaad voor die tyd in die teenwoordigheid

van ʼn betroubare getuie aangeteken en verseël was.

ʼn Paar vertrouelinge is op die laaste oomblik bymekaargemaak en het onder dekking

van die nagdonkerte na die sjebeen gegaan en in die nabygeleë struike geskuil. Daar

is besluit dat die jong student-konstabel as die lokvink aangewend sou word. Hy was

vol ywer en hy het gewys dat hy oor die vermoë beskik het om die transaksie

suksesvol deur te voer. Die beste van alles was dat hy heeltemal onbekend in

Eersterust was. Omdat almal bekommerd was dat sy splinternuwe polisie-haarstyl

hom sou verraai, het ons iewers ʼn langhaar-pruik in die hande gekry en op sy kop

gesit. Met ʼn bietjie grimering, donkerbril en verslonste klere, is die student sodanig

opgemaak dat hy presies in die rol van ʼn onwettige drankkoper gepas het.

Die student-konstabel is ʼn entjie van die sjebeen afgelaai en die handhawers van wet

en orde het toe oorkant die pad in die struike vir hom gewag. Daar is gereël dat, sodra

hy met sy bottel brandewyn uit die sjebeen sou kom, hy ʼn teken wat vooraf afgespreek

is, vir die manne in die skaduwee sou gee.

Uiteindelik het die groot oomblik aangebreek en het alles presies gebeur soos dit

beplan is. Uit ons skuilplek is gesien hoe die student ewe kordaat die perseel betree.

Daar was angstig gewag dat hy sy lokval stel en vir die manne die teken gee om toe

te slaan.

Die manne het slaggereed in die skadu gewag, maar die student-konstabel het reguit

na die groep – met ʼn toegedraaide bottel brandewyn in die hand gestap – sonder om

die teken te gee.

Page 37: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

35

Toe die groep onverrigter sake met die student wegry, vra almal hom tegelyk en baie

vies waarom hy nie die teken gegee het nie?

Sy antwoord was dat toe hy vir die bottel brandewyn wou betaal, het die Shebeen-

queen vir hom gesê dat alles in orde is en dat hy nie hoef te betaal nie....... “Vir die

polisie is dit verniet!”

--ooOOoo--

Page 38: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

36

DIE POLISIE SOMERSAULT

Soos op alle polisiestasies in die Pretoria-Noord distrik, het die stasiebevelvoerder van

Silverton ʼn staande opdrag uitgevaardig dat al die personeel – speurders, en

uniformtak, op Vrydagoggende dou voor dag aan diens tree, en dan die wyk “skoon

maak.” As die selle teen die aand nie vol was nie, moes ons voortgaan totdat hulle

vol was.

Sersant Gert Britz het dan ʼn paar manne in die “Kwêla” gelaai, deur die voorstede

gery en dan stelselmatig al die kwaaddoeners en ongewenste elemente ingelaai.

Gewoonlik was die taak teen die laat middag al voltooi en dan het die stasie-

bevelvoerder ons getrakteer met ʼn lekker braai en ʼn paar verversings. Hierdie affêre

het gewoonlik geduur tot na elfuur die aand wanneer die bittereinders een vir een

huiswaarts gekeer het.

My huis was nie te ver van die polisiestasie af nie en ons het ʼn swembad op die erf

gehad. Toe ek op pad huis toe in my truspieël kyk, sien ek ʼn klomp motorligte wat

my agter my aanry. By die huis aangekom, stop al my kollegas, Suiker, Rassie, Gert

Booyse, Thys Naudé, Johan Gericke, Dirk de Geus en nog ʼn paar en peil op die

swembad af. Al die manne duik in hul adamsgewaad in die swembad en dis ʼn

gebaljaar en ʼn gejil en allerhande toertjies wat net manne wat van ʼn lekker party af

kom, kon regkry.

Die volgende oggend gaan maak ek verskoning by my buurman oor die lawaai.

Ek het hom vertel dat ek dit nie so gereël het nie en dat my polisie-kollegas my op die

ingewing van die oomblik (waarskynlik met Suiker en Rassie se aanmoediging),

agtervolg het.

Die buurman was maar effe dikbekkerig, want hierdie gebeure het tot lank na

middernag aangehou.

Page 39: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

37

Hy het darem taamlik teensinnig my apologie aanvaar en ewe droogweg opgemerk:

“Dit lyk vir my julle polisiemanne kan lekker paartie hou. Maar dis eienaardig dat julle nie ʼn

gewone “somersault” kan maak nie .....net ʼn “f....ken somersault!”

--ooOOoo--

Page 40: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

38

DIE BATTERSBY HOED

Ons ouer garde sal nog onthou dat geen ordentlike speurder op straat gesien was sonder 'n

deftige hoed op sy kop nie.

Ongelukkig het hierdie gebruik saam met die omies van daardie era verdwyn.

Al wanneer mens deesdae nog 'n speurder of 'n veiligheidsman met 'n hoed op sy kop sien, is

wanneer hy op 'n medaljeparade sy medalje ontvang – maar selfs hierdie mooi tradisie is besig

om in die vergetelheid te verdwyn.

Ek het hierdie storietjie, met 'n Battersby-hoed in die hoofrol, so 'n paar jaar gelede by een van

my groot mentors, generaal-majoor Chris van Niekerk gehoor:

Ons sal maar nie persoonlik raak en name noem nie en sensitiewe persone moet maar liefs

oorslaan na ʼn ander storie.

'n Jong speurdertjie stel belang om met die mooi dogter van 'n waardige speurder adjudant-

offisier (met 'n Battersby-hoed) uit te gaan ..... hy vra eers toestemming .... die pa sê hy kan

een aand saam met hom, sy vrou en dogter na 'n dans gaan ... by die dans sit die oubaas sy

Battersby agter op die "ledge" van sy ou Chevrolet Fleetmaster (hy wou nie sy mooi Battersby

op die kapstok hang nie, want hy was bang die hoed raak daar weg).

Namate die dans vorder, ontwikkel 'n hartstogtelike romanse tussen die jong man en die mooi

dogter – so sterk dat die twee stilletjies verdwyn het na die agtersitplek van die ou motor. Toe

die hartstog op sy warmste was, kom kyk die pa wat die jong speurder met sy kosbare dogter

aanvang en betrap die twee in 'n baie ongemaklike posisie. Die jong man gryp toe die

Battersby-hoed om sy verleentheid te bedek – met die gevolg dat al sy hartstog in die oom se

Battersby beland het .....

--ooOOoo—

Page 41: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

39

DIE INSIDENT WAT ALTYD BY MY SAL SPOOK

Een dag kom daar 'n vrou van ongeveer 30 jaar oud by die polisiestasie op Silverton

en vra sy wil 'n offisier sien.

Die aanklagkantoorsersant bring haar toe na my.

Nadat ek haar genooi het om te sit, het sy my vertel dat sy bang is vir haar vervreemde

kêrel en dat hy gedreig het om haar dood te maak. Ek het 'n lang beëdigde verklaring

van haar geneem en op die ou end vir haar gesê dat ons nie eintlik die man kan gaan

toesluit nie, want hy het eintlik nog niks aan haar gedoen nie.

Ek het die vangwa na haar woonstel gestuur om die man te gaan waarsku, maar hy

was nie daar nie. Ek het die vrou belowe dat ek opdrag aan die personeel aan diens

sal gee om, indien sy weer kla, onmiddellik aandag aan haar saak te gee. Sy is toe

daar uit, maar het my in die oë gekyk en gesê dat die man haar gaan doodmaak.

Die volgende oggend word 'n klagte van aanranding by die aanklagkantoor

aangemeld en ek hoor die slagoffer is dieselfde vrou wat die vorige dag by my was.

Ek jaag soontoe, net betyds om te sien hoe sy op 'n draagbaar in die ambulans gelaai

word. Sy was verskeie kere met 'n mes gesteek. Ek het haar gevra wat gebeur het en

sy antwoord my: "Sien jy luitenant, ek het jou gesê hy gaan my doodmaak". Sy het in

die ambulans op pad na die hospitaal beswyk.

Vandag, byna veertig jaar later, sien ek nog daardie kyk in haar oë. Ek blameer myself

steeds omdat ek daardie dag nie dalk iets ekstra gedoen het om die tragedie te

voorkom nie.

Snaaks, haar naam kan ek nie onthou nie, maar die verwyt in haar oë sal ek nooit, ooit

vergeet nie.

--ooOOoo—

Page 42: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

40

KRUISONDERVRAGING

Op Cullinan was daar ʼn diamantspeurder, ene Van Niekerk. (Sy seun was later ʼn

offisier by Tin op Hoofkantoor).

Speurder Adjudant-Offisier van Niekerk moes een dag in die streekhof getuig teen ʼn

berugte diamantsmokkelaar wat hy gevang het.

Die prokureur het geweet dat sy kliënt moeilikheid het en het toe alles probeer om vir

Van Niekerk as ʼn getuie te diskrediteer.

Na talle vrae raak die prokureur moedeloos en vra hom ʼn laaste vraag:

“Meneer van Niekerk, van hoeveel diamantspeurders weet jy wat al gevang is vir

diamantsmokkel?”

Maar die speurder was al ʼn ou bobbejaan .... sy ketting het nie geraas nie... Hy het die

prokureur net een kyk gegee en geantwoord:

“Omtrent helfte minder as prokureurs wat gevang was dat hulle bedrog met hul trustgelde

gepleeg het.”

Die prokureur het toe ernstig beswaar gemaak en betoog dat Van Niekerk beledigend

is en ʼn bespotting van die Hof maak.

Die streeklanddros het die prokureur ook ʼn kyk gegee en geantwoord:

“U het hom ʼn vraag gevra en hy het bloot u vraag beantwoord. Beswaar van die hand gewys!”

--ooOOoo—

Page 43: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

41

ʼn BOS GEEL ROSE

In die winter van 1972 het die eerste polisievrouens uitpasseer en so die manswêreld van die

polisie betree.

Brigadier Duveen Botha, die eerste hoof van die vrouepolisie het baie duidelik vir die

stasiebevelvoerders laat verstaan dat ons nie hierdie dames in watte moes toedraai nie. Hulle

was immers opgeleide polisiebeamptes en sy het verwag dat hulle ook vir enige polisietaak

wat die mans moes doen, aangewend moes word. Daar word toe twee polisievrouens op

Silverton geplaas. Twee Hetties nogal – Hettie Rademeyer en Hettie de Beer.

Onder die burgerlike damespersoneel wat op Silverton gewerk het, was daar allerhande

negatiewe persepsies oor hierdie nuwe polisiedames. Dit het gewissel van agterdog dat hulle

hul manne sou afrokkel, dat hulle te mannetjiesagtig is en nog talle ander negatiewe gedagtes.

Negentig persent van hierdie persepsies het gespruit uit afguns, want die polisievroue het

meer geld verdien en ook in die polisie ʼn hoër status beklee.

Ons was maar onseker hoe om hierdie nuwigheid te hanteer. Hettie Rademeyer is by die

vuurwapenregister geplaas en Hettie de Beer het by die Ondersoek en Navrae-eenheid

ingeval. Om vir Hettie de Beer te beskerm, moes sy saam met konstabel Gert werk.

Gert se vrou Maggie, die ma van sy twee kinders, was die speurders se tikster op die tweede

verdieping van die polisiestasie en kon mooi sien wat in Pretoriaweg voor die polisiestasie

aangaan.

Elke keer as Hettie en Gert in die grys Volkswagen geklim het om dagvaardings te gaan dien

of om verklarings te gaan neem, het Maggie die twee gesien – en die wrewel het stelselmatig

in haar gemoed opgelaai, want sy was baie besitlik en jaloers op hom. Daarby was Hettie nog

beeldskoon ook. Maggie het glad nie daarvan gehou dat haar man met hierdie pragtige jong

meisie rondry nie. Haar agterdog het (heel onskuldig) die loop geneem en arme Gert moes

elke dag onder haar toorn deurloop.

Dit was ook nie lank nie of daar het groot onmin tussen Gert en Maggie ontstaan. Soveel so,

dat die Welsynsoffisier ingeroep moes word om die gemoedere te kalmeer.

Page 44: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

42

Die Welsynsoffisier, kaptein Willie Wentzel, (daardie tyd was daar nie maatskaplike werkers

en sielkundiges nie) het hulle ontbied. Gert het hoog en laag gesweer dat daar niks tussen

hom en Hettie was nie. Nadat kaptein Wentzel mooi vir Maggie verduidelik het dat sy niks

hoef te vrees nie en dat dit maar een van die dinge in die polisie is wat sy gewoond aan moes

raak. Hy het uiteindelik daarin geslaag om haar gemoed te kalmeer en die paartjie is weer

ewe liefies by sy kantoor uit.

Kaptein Wentzel het na die “berading” vir Gert eenkant toe geroep en vir hom gesê om ʼn

mooi bos blomme vir Maggie te koop. Dit sou haar hart weer sag maak en die huweliksbootjie

op kalm waters hou.

Gert maak toe so. Hy gaan koop ʼn pragtige bos geel rose en sit ʼn mooi briefie daarby om sy

ewige liefde aan haar te verklaar.

Toe hy by die voordeur instap en net voor hy die trappe bestyg om die blomme vir Maggie te

gee, loop hy toevallig vir Hettie raak. Sy sien toe die bos rose en sê: “Oe, dis mooi rose. Kan ek

een kry?” Voordat Gert kon protesteer, neem sy een van die rose en gaan druk dit in ʼn

blompotjie op haar tafel.

Intussen gaan gee Gert die res van die ruiker vir Maggie. En het sy nie geblom nie! Haar hart

het net daar vermurwe en sy gee vir Gert ʼn stywe drukkie. Sy is so oorstelp, dat sy dadelik

na die ander dames op die grondvloer gaan om te gaan spog oor die pragtige bos geel rose

wat Gert vir haar gegee het.

En daar sien sy die enkele geel roos op Hettie se tafel. Onmiddellik keer al die woede en

jaloesie terug en sy storm terug na haar kantoor, gryp die bos geel rose en kom huil-huil by

my kantoor in.

“Luitenant, vat hierdie blerrie rose!”

Ek probeer haar paai en om haar te kalmeer.

“Luitenant, as jy nie hierdie ff....n rose vat nie, gooi ek hulle in die k....huis!”

--ooOOoo—

Page 45: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

43

Page 46: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

44

‘N MAN SE GEUR

Een Vrydagmiddag, lank gelede, is ek in die kantoor besig om die Ongeluksregister

(OR) na te sien. Saam met die lyfkwitansies en lasbriewe was dit seker van die

verveligste take wat die minste vreugde verskaf het – veral op ʼn Vrydagmiddag.

Terwyl ek tussen die OV-register en die lywige pak ongeluksverslae blaai om te sien

of die partye se rybewys-besonderhede ingevul is, kom konstabel Eddie Appels by

die kantoor ingeskuifel – sonder om te klop.

“Luitlant2 ..... ek vra of ek ʼn ..... bietjie vroëer van diensjh af ..... hik ...... kan gaan.”

Saam met hom kom ook die onmiskenbare walm by die kantoor in.

“My magtig, ou Eddie, jy ruik mos na drank!”

“Nee, Luitlant...... hik ...... ek ruik maar so!”

--ooOOoo—

2 Sommige uitsprake vir die woord “Luitenant”

Page 47: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

45

DIE YSMASJIEN OP NELSPRUIT

Dit is die jaar 1977 en ek bevind my in Nelspruit, waar ek pas aangekom het met my

bevordering tot kapteinsrang.

In daardie tyd was daar by Nelspruit, veral in die polisiekantoor, nog nie juis enige

tegniese vooruitgang te bespeur nie. Dit het vir my gevoel of ek my in ʼn plattelandse

deel van ons land bevind.

Dit was nogal eienaardig om te vind dat daar slegs ʼn onderoffisierskantien by

Nelspruit was. Daar was nie ʼn offisiersklub nie.

ʼn Offisiersklub het destyds ʼn belangrike deel van die sosiale sy van offisierskap

gevorm. Elke offisier moes ʼn tafeltenue hê en daar was ten minste elke ses maande ʼn

deftige offisiersbanket gehou. ʼn Offisier wat sulke geleenthede vermy het, was

informeel gewaarsku dat dit later teen hom gehou kon word.

Sodra ʼn jong offisier tot die geledere van die offisierskorps verhef is, is hy baie gou

deur die ouer garde nadergeroep en is die geheimenisse van offisierskap (wat nie

volledig op die offisierskursus behandel is nie) aan hom oorgedra.

Hy is geleer dat ʼn offisier nie ʼn vrou het nie, maar ʼn gade; ʼn offisier word ook nie

besope nie, hy word vermoeid; ʼn offisier drink nie, hy geniet ʼn verversinkie; dis taboe

vir ʼn offisier om te dikwels informeel met die “manskappe” te assosieer. Dit moes hy

saam met ʼn paar ander belangrike reëls onthou.

ʼn Offisiersklub moes eerstens ʼn behoorlike toonbank, met ʼn geelkoper trapreling vir

ʼn mens se voete hê. Die toonbank moes ten minste van soliede kiaathout gemaak

gewees het en blink gepoleer wees. Daar moes altyd ʼn paar netjiese, bypassende

kroegstoele by die toonbank wees, maar ook ʼn paar opgestopte gemakstoele om in te

gaan sit as die vermoeienis te groot word. Alles vir die offisiere om gemaklik en

Page 48: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

46

gemoedelik met mekaar te kon verkeer en om hul slimstories na werk met mekaar uit

te ruil. ʼn Goue reël was dat werksake nooit in die offisiersklub bespreek was nie.

Die uwe en luitenant Frans Lubbe, wat saam met my na Nelspruit verplaas is, het gou

aan die werk gespring om ʼn behoorlike offisiersklub tot stand te bring.

Die polisiestasie was daardie tyd ʼn ou drieverdieping-gebou in Brownstraat. Op die

derde verdieping was ʼn paar woonstelle vir getroude lede. Ons het gou een van die

leë woonstelle omskep in ʼn offisiersklub. ʼn Veldtog is aan die gang gesit om “borge”

te kry om die plek te omskep in ʼn deftige plek.

Geen koste is ontsien nie. Die kiaat toonbank en kroegstoele is by ʼn reservis gekry, ʼn

groothandelaar het ʼn volvloermat geskenk, die drankhandelaars het ʼn paar mooi

spieëls en yshouers met die logo’s van bekende handelsmerke met ons eerste

bestelling ingegooi, ʼn pylskyf (dartboard in polisie- Afrikaans) en die ander

benodigdhede is een-na-die-ander bekom. Nie lank nie, of ons kon spog met ʼn

pragtige, deftige offisiersklub.

Die enigste tekortkoming, as ʼn mens dit so kon stel, was dat ons in daardie warm deel

van die land nooit genoeg ys bymekaar kon kry nie. Die polisiemanne van Nelspruit

het daardie tyd ook nog nie geweet van ysmasjiene nie. Tydens die eerste

bestuursvergadering is daar besluit dat ʼn ysmasjien aangekoop moes word. Na ʼn

deeglike bespreking het die komitee goedgekeur dat ons die sowat R800 (daardie tyd

ʼn taamlik aansienlike bedrag) kon aanwend vir die installering van ʼn ysmasjien by

die nuwe offisiersklub.

Op ʼn Vrydag arriveer ʼn verteenwoordiger van die ysmasjien-fabriek met die eerste

ysmasjien in Nelspruit. Nie lank nadat die elektriese toevoer en waterpype gekoppel

is en die krane oopgedraai is nie, het die eerste sarsie ysblokkies met ʼn lekker gekletter

in die ysbak geval. Ons gooi die ys in die Oude Meester-ysbakke op die toonbank.

Weldra val ʼn volgende sarsie ys in die yshouer. Weer skep ons en maak al die ysbakke

Page 49: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

47

vol. Teen toemaaktyd werk die ysmasjien volstoom en gooi met gereelde tussenposes

ʼn voorraad ys in die yshouer.

Daar word besluit om die kroegman, ʼn jong konstabel wat in een van die woonstelle

langs die offisiersklub woon, aan te stel om oor die naweek ʼn ogie oor die ysmasjien

te hou. ʼn Mens weet nooit wat met ʼn nuwe, vreemde masjien verkeerd kan gaan nie.

Die volgende Maandag sien ek die kroegman by die offisiersklub uitkom. Hy was

gehawend en sy bek was ook lekker dik. Toe ek hom vra of daar fout met die

ysmasjien is, sê hy vir my dat hy die hele naweek ys uit die masjien moes skep. Hy sê

vir my dat ek moet kom kyk. In sy badkamer is die bad en wasbak tot oorlopens toe

vol ys. In die kombuis is beide die opwasbakke vol ys. In die waskamer is die wastrog

vol ys. Hy sê dat ons maar iemand anders moet kry om die ysmasjien op te pas, want

hy het die naweek nie ʼn oog toegemaak nie – elke keer as hy ʼn bietjie ontspan, hoor

hy net die lawaai van die ysmasjien as die volgende sarsie in die bak val!

Die verkoopsman moes hom dalk vertel het dat ʼn ysmasjien vanself ophou om ys te

maak as die bak vol ys is.

--ooOOoo—

Page 50: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

48

BRIGADIER DUVEEN BOTHA

So nou en dan dink ek aan die kostelike sêgoed uit my polisiedae.

Brigadier Duveen Botha, die eerste bevelvoerder van die vrouepolisie, was

alombekend en 'n baie geliefde mens. Haar spitsvondigheid en humorsin was

alombekend.

As polisie-werwingsoffisier in Middelburg in die vroeë tagtigerjare van die vorige

eeu, moes ek onder meer sorg dat daar geskikte vroulike kandidate vir die polisie

gewerf word. Omdat daar 'n redelike ooraanbod van kandidate was, het brigadier

Duveen dit op haarself geneem om toe te sien dat net die room van die kandidate

aangestel word. Sy het, saam kolonel Elise Visser en kaptein Magda Stander (nou

adjunk-nasionale kommissaris), elke kandidaat persoonlik by elke

afdelingshoofkantoor kom keur.

Met elke besoek van die drie hooggeëerde dames, het ek my ander helfte, Netta,

versoek om 'n bord tuisgemaakte eetgoed, soos melktert en ander snoeperye te

maak. Ons het die drie dames dan saam met die res van die personeel in die teekamer

onthaal wanneer hulle vir 'n blaaskans verdaag het.

Met sulke pouses het brigadier Duveen ons soms vertel van die slimmighede (en

dommighede) wat haar kandidate tydens die onderhoude kwytgeraak het.

Een keer was 'n pragtige jong dame maar erg senuagtig tydens haar onderhoud. Sy

was beslis aanvaarbaar, haar CV was in orde, maar die spanning het duidelik die

oorhand oor haar gekry.

Brigadier Duveen wou haar eers op haar gemak stel en vra haar toe of sy die

(destydse) volkslied se woorde kan opsê. Die kandidaat het begin dink, maar soos dit

maar dikwels onder sulke omstandighede gaan, kon sy nie die woorde onthou nie. Sy

Page 51: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

49

sê toe baie angstig vir Duveen dat die woorde op die punt van haar tong is, maar dat

sy dit net nie kan herroep nie .....

Duveen por haar toe 'n bietjie aan en sê toe die eerste twee woorde: "UIT DIE ........??"

Skielik gaan die lig vir die kandidaat aan.

Haar antwoord: "UIT DIEPTES GA-ANS VERLO-O-O-ORE!"

--ooOOoo—

Page 52: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

50

ʼn MAN IN UNIFORM

Brigadier Duveen het een dag tong in die kies vertel dat sy haar hele lewe 'n man in

uniform begeer het.

Aanvanklik was dit ʼn man in ʼn vloot-uniform, maar toe sy later besef het dat sy nie

een gaan kry nie, sou ʼn man in ʼn lugmag-uniform ook goed gewees het. Ook dit was

haar nie beskore nie.

Toe sy die aanstelling in die Suid-Afrikaanse Polisie gekry het, sy geglo dat sy

uiteindelik ʼn man in uniform gaan kry. Al was dit dan maar ʼn man in ʼn polisie-

uniform.

Toe dit ook nie gebeur het nie, was sy nog steeds vasbeslote om 'n man in uniform

te kry..... Sy het gesê dat sy op daardie stadium selfs sou “settle” vir 'n meterleser of

ʼn buskondukteur.

--ooOOoo—

Page 53: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

51

DIE POSMANDJIE

By die bestuursontwikkelingskursusse was daar gewoonlik een oefening wat die

kursusgangers moes doen. Dit was die "posmandjie" genoem.

In die mandjie is daar ʼn klomp korrespondensie wat die kursusganger moet

hanteer. Daar word veronderstel dat hy of sy die Stasiebevelvoerder op, sê maar

Weltevrede, is.

Die boonste brief was ʼn brief vanaf die Distrikskommandant om jou in te lig dat jy die

volgende dag met spesiale diens moes rapporteer; en onder dit, ʼn klomp ander

korrespondensie. Die korrespondensie was doelbewus só gerangskik om die kursus-

ganger se bestuursvaardighede te beproef.

Die tyd vir die oefening was baie skraps en mens moes kophou om die oefening binne

die bestemde tyd af te handel.

Natuurlik kon dit (na bewering) jou ansiënniteit op die lys verbeter.

Soos jy die briewe van bo na onder moet “afwerk”, is daar allerhande probleme wat

opduik, byvoorbeeld die onderste een is ʼn brief van die persoon aan wie jy al die take

gedelegeer het, dat hy afsiek boek vir die volgende maand.

Die geheim was natuurlik dat mens eers al die briewe moes lees, dan prioritiseer en

dan delegeer.

Een van ons vrouekollegas, ʼn baie gespanne en “gestreste” majoor, wat die seksiehoof

van die taalseksie op Hoofkantoor was, het die klassieke fout gemaak om al die briewe

van bo af te hanteer en dan die nodige delegasies te doen. Totdat sy tot haar

ontnugtering by die laaste brief gekom het: Daarin het die tweede-in-bevel

gerapporteer het dat hy afsiek boek. Sy het verbouereerd geraak, want die tyd vir die

eksamen was byna om. Sy het in haar geestesoog gesien hoe sy die toets druip en haar

Page 54: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

52

bevordering kwyt is. Net daar het sy die hele posmandjie in die lug gegooi het en in

trane uitgebars.

Een van die ander kursusgangers het die mandjie nadergetrek en die boonste brief

begin lees. Dit het begin met: “You are the Station Commander at Weltevrede. You are

hereby instructed to report at the District Commandant’s office ..”

Hy dog toe ..... “Maggies, dis maklik ......” hy antwoord toe: “I am actually the Station

Commander at Malamulele, and this excercise does not apply to me.”

Hy stoot die mandjie terug en verlaat net daar die eksamenlokaal.

--ooOOoo—

Page 55: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

53

KOOS KOKKEROT

Een van ons baie bekende sportmanne en sy drinkebroers kuier een aand bietjie laat

by die Western Hotel, langs Bobby Loftus3 en die ou Slagpale in Mitchellstraat,

Pretoria.

Toe dit toemaaktyd is, klim hulle in die kar om terug te ry na die Polisiekollege.

Niemand weet presies wat gebeur het nie, maar die kar raak die pad byster en jaag

deur Koos Kokkerot4 se venster en stop reg voor die kafee se toonbank.

Koos Kokkerot skrik hom byna uit sy geloof uit, maar toe hy die skade sien, vra hy

briesend kwaad vir die insittendes:

“What the hell is going on here!!”

Ons vriend antwoord deur die stukkende voorruit:

“Three hamburgers, please ..... no onions!”

--ooOOoo—

3 Die Polisie Rugbyklub se oefenveld. 4 ʼn Kafee naby die Polisiekollege, waar die student gereeld uitgeslip het om kos te gaan koop wanneer

die menasie nie hulle aansienlike eetlus kon bevredig nie.

Page 56: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

54

DIE BOEMELAAR

ʼn Polisiebeampte kry vroeër of later in sy loopbaan te doen met dronkbestuurders en

ook boemelaars.

Ongeveer in 1973 op Silverton word ʼn dossier vir ondersoek aan my toegewys. Dis ʼn

dronkbestuursaak. Die bestuurder was ene Leon Riekert. Hy het sy swaer van Jan

Niemandpark se Zephyr geleen, aan die drink geraak en toe agter in iemand se motor

vasgery. Meneer Riekert was so sterk onder die invloed dat die omstanders hom uit

die motorwrak moes help.

Hy is net daar gearresteer en in die polisieselle aangehou tot hy die volgende dag in

die Landdroshof verskyn het, waar sy saak uitgestel is vir die uitslag van die

bloedmonster en die nodige polisie-ondersoek. Riekert kon nie die nodige R50

borggeld bybring nie en hy is in die Pretoriase gevangenis aangehou totdat sy saak

verhoor kon word.

Toe ek Riekert in die gevangenis besoek het om sy “waarskuverklaring” te kry, was

hy natuurlik nugter en baie berouvol. Hy het sy volle samewerking gegee, ʼn

vrywillige verklaring afgelê waarin hy erken het dat hy die motor bestuur het terwyl

hy dronk was.

Aangesien die beskuldigde bekend was, die ander party sy volle samewerking gegee

het, was die ondersoek binne ʼn dag voltooi. Slegs die uitslag van die bloedtoets en

die SAP 69 (vorige veroordelings) het kortgekom.

ʼn Paar dae later laat weet die SAKB dat hulle vasgestel het dat Riekert ʼn hele aantal

vorige veroordelings op sy kerfstok het, onder andere ʼn verdere dronkbestuursaak

saak in Witrivier. Omdat hy daar sy borggeld verbeur het, is ʼn lasbrief vir sy

inhegtenisneming ook uitgereik.

Page 57: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

55

Uiteindelik is Riekert verhoor en skuldig bevind. Toe hy die geleentheid gebied was

om ter strafversagting te getuig, het hy sy hoogswanger vrou geroep om voor die hof

te getuig dat sy en haar vier ander kinders van die honger sou vergaan as hy tronk toe

gestuur moes word. Riekert se vrou het ʼn baie goeie indruk geskep, beslis nie ʼn

verslonste vrou nie. Sy het getuig dat haar broer, die eienaar van die geleende Zephyr,

haar en haar gesin uit die huis geskop en dat haar man haar en haar vier kinders en

die ongebore een se enigste sorg was. Sy het verder ter strafversagting verklaar dat

haar man ʼn goeie man en vader vir sy kinders is, goed gekwalifiseerd is as ʼn diesel-

werktuigkundige en goeie geld verdien. Dis net die drank wat hom soms baasgeraak

het.

Riekert het toe in die getuiebank gaan staan en die hof gesoebat vir net nog een kans.

Hy het belowe dat hy vir behandeling vir sy probleem sou gaan kry en nooit ooit weer

sy lippe aan drank sou sit nie. Hy het sy swanger vrou en vier pragtige kinders

ingeroep en vir die agbare landdros gevra of hy dit oor sy hart sou kon kry om sy

onskuldige vrou en kinders te laat ly as hy tronk toe gestuur word. Beter sou geen

advokaat sy saak kon stel nie....

Wonder bo wonder het die landdros daardie dag besluit om Riekert nog net een

enkele kans te gee en hom gevonnis tot ʼn boete van R500 en agtien maande

gevangenisstraf opgeskort vir drie jaar, op voorwaarde dat hy onmiddellik by

“Staanvas” aanmeld vir behandeling teen alkoholisme.

Maar helaas, daar was nog die kwessie van die uitstaande lasbrief vanaf Witrivier ....

Toe die hof verdaag het, wou ek sy vrou en kinders saamneem en by die broer se huis

gaan aflaai (ons word mos soms welsynsoffisiere ook!). Hy het gevra of hy tog nie

kon saamry nie, sodat hy daar ʼn paar stukkies eiendom kon kry sodat hy dit kon

saamneem na Witrivier. Op pad daarheen het hy weer by my gepleit of hy net tot die

Maandag by sy familie kon bly om ʼn paar “backyard-jobs” te doen om ʼn bietjie geld

vir kos vir sy familie te verdien voordat hy na Witrivier toe moes gaan.

Page 58: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

56

Ek weet nie wat my besiel het nie, maar ek het hom jammer gekry en hom maak

belowe om die Maandag om 07:00 by my te kom aanmeld. Hy vra toe of ek hom nie

ʼn paar rand kan leen tot Maandag toe nie, want hy het niks om vir sy arme vrou en

kinders kos mee te koop nie. Ek gee hom R30-00 (wat in die 70s nogal ʼn aansienlike

bedrag was). “Baie, baie dankie, meneer .... so help my God, meneer .... ek sal

Maandag daar wees, meneer – met die R30-00.”

Toe Maandag aankom, is Riekert skoonveld. Ons het by sy familie gaan navrae doen,

maar hulle het kamtig van geen sout of water geweet nie.

Ek het besef dat ek probleme gaan optel, omdat ek ʼn gevangene, waarvoor daar ʼn

lasbrief uitgereik is, sonder magtiging vrygelaat het. Ook nie lank daarna nie, skakel

luitenant Coetzee van Witrivier en verneem wanneer Riekert daar gaan opdaag. Ek

kom toe met die sak patats uit en vertel hom wat gebeur het. Luitenant Coetzee was

baie ontsteld en rapporteer my summier aan die DK, Pretoria-Noord.

Intussen word daar in aller yl na Riekert gesoek. Die DK skakel my en gee my 24 uur

om hom op te spoor, anders het hy geen keuse om ʼn raad van ondersoek teen my te

belê nie.

Gelukkig kry ons inligting dat Riekert in Delmas is .... ek stuur vir Gert Booyse met

die grys Volkswagen om hom daar te gaan haal.

Na ʼn paar ure kom Gert terug met Riekert. Saam met hom, is sy vrou, vier kinders en

ʼn splinternuwe, pasgebore baba.

Hierdie keer het ek geen genade nie en Riekert word summier met twee geleides op

die trein na Witrivier gesit.

Gelukkig het die DK, destyds kolonel A Moss, my nie aangekla nie, ofskoon hy my

behoorlik die leviete voorgelees het.

In Desember 1976 word ek na Nelspruit verplaas.

Page 59: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

57

Een oggend, terwyl ek besig was om die registers na te sien, ontvang ons ʼn klagte dat

daar ʼn dronk boemelaar op die Hoërskool Nelspruit se gronde lê.

Toe die patrolliewa die boemelaar inbring, is dit ʼn vuil, verwaarloosde man wat seker

dae laas gewas het. Terwyl die aanklagpersoneel hom “deur die boeke” sit, kyk hy na

my en vra: “Meneer, is meneer nie luitenant Ferreira van Silverton nie?” Ek kyk na

die man en ken hom glad nie. Ek antwoord dat ek wel vroeër daar gestasioneer was,

maar dat ek sedertdien na Nelspruit verplaas is. Hy vra: “Ken meneer my dan nie

meer nie? Ek is Leon Riekert ..... wat u destyds vir dronkbestuur aangekla het!”

Ek het hom behoorlik deurgekyk en hom toe eers herken. Ek het hom gevra wat

geword het van die Witrivier saak, waarop hy my vertel het dat hy van 1973 tot

ongeveer twee weke gelede in die gevangenis was. Sedert sy ontslag het hy maar in

Nelspruit rondgehang en in die veld geslaap, want hy het nêrens gehad om heen te

gaan nie.

Ons het hom toe in die polisieselle aangehou totdat hy “uitgedroog” het en toe maar

laat gaan, maar nie voordat hy my gevra het of ek hom nie met ʼn paar rand kan help

nie......hy sal dit vir my teruggee “So help my God, meneer!” Ek haal toe dertig rand uit

my beursie en sê vir hom dat hy my nie hoef terug te betaal nie.

Ek gee dit vir hom “for old times sake”.

--ooOOoo—

Page 60: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

58

VERSLAG AAN DIE DISTRIKSKOMMANDANT

Ek het pas my bevordering tot die rang van Kaptein ontvang.

Met die verhoogde status is ek na Nelspruit verplaas.

Dit is seker maar menslik dat my bevordering na kaptein op ʼn betreklike jong

ouderdom vir ʼn rukkie so effens na my kop gegaan het.

Die lewe het egter sy eie manier om ʼn mens weer terug aarde toe te laat kom.

Op ʼn dag, kort na my aankoms op Nelspruit, moes ek ʼn belangrike verslag vir die

distrikskommandant opstel. Ek wou graag die distrikskommandant beïndruk met die

verslag en het werklik my bes probeer om dit so sinvol en volledig moontlik op te stel.

Destyds was dit nog ʼn klad op jou naam as ʼn verslag waarmee die

distrikskommandant nie tevrede was nie, teruggestuur is.

Die verslag was met die hand geskryf en moes deur die enigste tikster op die

polisiestasie getik word.

Ek het haar taamlik bars beveel om die verslag ordentlik en sonder foute te tik. Ek het

haar vertel dat my verslae aan die distrikskommandant altyd netjies en foutloos getik

moet wees.

Die tikster was al ʼn ouerige dame en sy het nog verlang na my voorganger, wat al ʼn

ouerige man was en nie so veeleisend was op haar tikwerk nie.

Dit was seker ook nie vir haar lekker nou haar instruksies by so ʼn vreemde, arrogante

jong kapteintjie te kry nie.

Toe die verslag klaar getik in sy bruin omslag in my in-hokkie beland het, het ek dit

oopgemaak en opgemerk dat dit ʼn hele paar tikfoute bevat het. Ek was nie tevrede

met die verslag nie en het in my voortvarendheid twee dik potloodstrepe oor die

eerste bladsy getrek en die woorde, KILO ALFA KILO!! tussen die strepe in groot

Page 61: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

59

swart letters geskryf. (Almal wat in die polisie of weermag gedien het, sal weet wat die drie

woorde beteken). Ek het, sonder om met die tikster te praat, die verslag weer in haar

vakkie teruggesit.

Toe die verslag teruggekom het by die tikster, het sy dit oopgemaak en my opmerking

op haar tikwerk gesien. Sy het haar seker bloedig vir my vererg.

Na ʼn rukkie het ek die verslag terug van die tikster ontvang. Sonder dat dit enigsins

gekorrigeer is. Onder aan die bladsy was in net sulke groot letters geskryf: “KILO

ALFA KILO JOUSELF!”

--ooOOoo--

Page 62: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

60

.38 EN 9MM PATRONE

Ons ouer garde in die polisie sal onthou dat ons swart kollegas destyds nie met

vuurwapens uitgereik was nie. Die owerhede van daardie tyd het gedink dat ʼn

assegaai en ʼn kierie voldoende beskerming was.

In die laat sewentigerjare het dinge egter begin gevaarlik raak. Talle van ons swart

polisiemanne is deur hul eie mense vermoor. ʼn Hele paar swart polisiemanne se huise

is met petrolbomme aan die brand gesteek en hulle het saam met hulle huisgesinne ʼn

wrede dood gesterf … bloot omdat hulle polisiemanne was.

Na die terroriste aanval op die polisiestasie op Soekmekaar, as ek dit reg onthou, toe

die polisiestasie aangeval en van al die vuurwapens beroof is, het Hoofkantoor gelas

dat swart lede bewapen moes word. Natuurlik eers nadat hulle behoorlik opgelei was

in die hantering van vuurwapens.

In Nelspruit, waar ek toe gestasioneer was, was daar streng beheer uitgeoefen oor die

.38- en 9mm rondes wat met die aan- en van diens-boekerey uitgereik en ingetrek was.

Daar was ʼn paar 9mm Walther pistole en ook ʼn paar Webley rewolwers wat aan die

ongetroude lede en die swart lede uitgereik was. Die rondes is op die parade in die

manne se hande gesit en hulle moes met ʼn ontlaaide pistool en ʼn geknakte Webley

rewolwer staan, waar die onderskeie rondes elkeen getel was. Op die bevel om die

wapens te laai, is die rondes dan of in die pistole of in die rewolwers gesit. Soos die

ou hande weet, op die oog af lyk ʼn 9mm en ʼn .38 ronde baie na mekaar. Maar ʼn 9mm

ronde pas nie in ʼn Webley nie .... dit gaan net in tot omtrent by die koeëlpunt en dan

steek hy vas.

Toe konstabel Mashigo nie die 9mm in sy .38 Webley kon kry nie, het hy die patroon

blitsvinnig in sy hand toegevou en die Webley slegs met die 5 x .38 patrone gelaai. Hy

was gepos as selwag. Die klomp selsleutels was aan ʼn ou fietspedaal gekoppel, sodat

dit maklik gedra en nie van mekaar geskei word nie.

Page 63: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

61

Toe hy alleen die trappe afgegaan het na die selle, het hy weer probeer om die 9mm

patroon in die rewolwer se kamer te plaas .... maar dit het steeds vasgesteek. Hy neem

toe die fietspedaal en probeer die patroon in die kamer in te moker........

Die aanklagkantoorsersant het ʼn oorverdowende knal gehoor, die trappe

afgehardloop en vir Mashigo daar tussen ʼn swaar reuk van kruit aangetref ....... oë so

groot soos pierings, pet agteroor op sy kop en asvaal geskrik.

Mashigo het, nadat hy weer tot verhaal gekom het, die Webley plegtig teruggegee en

gevra om liewers met ʼn assegaai en ʼn kierie uitgereik te word.

--ooOOoo—

Page 64: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

62

ONE MINUTE MANAGER

Op die Middelvlakbestuurskursus (dis nou om bevorder te word na die rang van

kolonel) moes ons die ONE MINUTE MANAGER van Blanchard en Herschey

behandel.

Die lesings was opgedeel in ONE MINUTE APPRAISALS, ONE MINUTE

REPREMANDS en so aan.

Met die ONE MINUTE REPREMAND het die dosent ons vertel dat jy nooit 'n

ondergeskikte vir langer as 'n minuut moes uittrap nie.

Maar daar was ook 'n ander kuns of twee om die uittrap suksesvol te doen....

Die kernpunt van die storie was dat as jy iemand uittrap, moet jy dit nie langer as 'n

minuut doen nie, ʼn kort pouse van stilte laat terwyl jy hom in die oë kyk, sodat die

boodskap behoorlik kan insink, daarna die slagoffer saggies aanraak en hom met 'n

positiewe boodskap laat gaan.

Nadat die dosent die teorie met die klas behandel het, het hy een van die

kursusgangers gevra om die proses te demonstreer.

Kolonel Paul Brand wat destyds op Pietersburg gestasioneer was, het dadelik sy hand

opgesteek en gesê hy wil 'n werklike voorbeeld wat in sy jonger dae op Louis Trichard

plaasgevind het, as demonstrasie gebruik.

Een van die lede op die stasie het hom kort-kort vergryp aan Vodka, Cane en Jenewer

en dan kwaai huismoles gemaak en sy vrou deur die strate gejaag.

Die SB roep hom in, trap hom goed uit, raak hom aan die skouer en laat die volgende

boodskap in sy midde toe hy hom laat gaan.

Page 65: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

63

“Gert, jy moenie daai wit drank suip nie .... POUSE .......die goed maak jou mal! ...... POUSE

......... Maak soos ek ....... Suip eerder brandewyn en coke ...... POUSE ..... Dit maak mý nie

mal nie! ...... Toe, boggeroff ! ...... RAAK AAN SY SKOUER ...... KYK HOM STIP IN DIE

OË ......en gaan koop vir jou vrou 'n bos blomme!”

--ooOOoo—

Page 66: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

64

RADE EN VERHORE

Ek wonder soms hoeveel polisiemanne het in hul hele loopbaan nie ʼn enkele

departementele verhoor, beseringsraad of geskiktheidsraad gehou nie.

Ek weet van ʼn hele paar van my kollegas wat wye draaie om sulke

verantwoordelikhede geloop het. Ek was een van die jong offisiere wat verhore,

beseringsrade en geskiktheidsrade soos dinges aan ʼn wolkombers na hom getrek het.

Toe ek na die offisierskursus op my nuwe standplaas gerapporteer het, het die spesiale

afvaardiging vir my eerste verhoor al vir my gewag. Gelukkig was die aanklaer ʼn

bekwame sersant, wat my mooi reggehelp het. Die distrikskommandant het my

verhoor sonder enige vrae bekragtig.

Daarna was ek die nie-amptelike verhooroffisier in distrik 86 (Pretoria-Noord). Ek het

later goed behendig daarin geword en myself begin wysmaak dat ek die verhoorkuns

bemeester het.

Toe ek weer as kaptein na Nelspruit verplaas is, het my reputasie my vooruitgeloop.

Dieselfde storie. Die spesiale afvaardiging is reeds in my “inhokkie” om ʼn lid wat

effens afgedwaal het, weer op die regte pad kry.

Dit was een van daardie kort verhore .... ek dink daar was ʼn endossement op die

spesiale afvaardiging, wat min of meer soos volg gelui het: “Indien die lid skuldig

pleit, kan regulasie 68 (12) (a) toegepas word. (as ek reg onthou) Dit kom daarop neer

dat die verhooroffisier, sonder om enige verdere getuienis aan te hoor, die lid skuldig

kan bevind en hom ʼn boete van nie meer as R2-00 nie mag oplê.

Voor die beskuldigde voor my verskyn het, het ek sommer die notule klaar opgeskryf

en die man met die gebruiklike boete van R2-00 (wat by wyse van kortings van die

soldy van die aldus veroordeelde lid verhaal sal word) beboet.

Page 67: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

65

Toe die lid en die aanklaer uiteindelik voor my verskyn, het ek baie saaklik vir die lid

ingelig waarvoor hy aangekla is en dat ek hom skuldig bevind. “Jy word met R2-00

beboet. Jy kan maar gaan!”

Die lid en die aanklaer het nog ewe verstom daar gestaan, toe ek hulle weer eens

meedeel dat hulle maar kan gaan, het hulle my kantoor verlaat.

Terwyl ek nog besig was om die “finale afwerking” aan die notule te doen, klop die

beskuldigde aan my deur ..... ʼn baie bekommerde man ....

Hy vra my:

“Kaptein, wanneer begin die verhoor dan?”

--ooOOoo—

Page 68: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

66

ROOMYS EET EN BESTUUR

Op die afsluitingsfunksies van die Senior Bestuurskursusse op Graaf Reinet was dit

die gebruik om ʼn senior offisier van Hoofkantoor of ʼn Afdelingskommissaris te nooi

om die sertifikate te oorhandig en om as ʼn geleentheidspreker op te tree. Dan het

hulle sommer ook die geleentheid gekry om ʼn paar amptelike kilo’s op hulle BMWs

en Mercedesse te kry en dan nog ook daarvoor ʼn eis in te dien.

Met een so ʼn geleentheid was dit luitenant-generaal Jan Venter se voorreg om hierdie

taak te verrig.

Nadat hy die sertifikate aan die kursusgangers oorhandig het, het hy die verhaal met

die kursusgangers gedeel van ʼn insident wat in die laat veertigerjare op Graaff-Reinet

plaasgevind het.

Die generaal vertel dat die polisiestasie op Graaff Reinet na jarelange vertoë

uiteindelik ʼn nuwe patrolliewa gekry het. Voordat die voertuig egter in ontvangs

geneem kon word, is die sersant en ʼn konstabel op ʼn meganiese kursus gestuur, sodat

hulle behoorlik toegerus kon word om hierdie uiters verantwoordlelike taak te kon

verrig.

Toe die splinternuwe bruin patrolliewa op die stasie aangekom het, was daar

behoorlik gejuig en fees gevier oor hierdie wonderlike gebeurtenis.

Nadat die stasiebevelvoerder die twee streng vermaan het om die kosbare voertuig

op te pas, is die voertuig toe op eg seremoniële wyse aan die twee bevoorregte lede

oorhandig en hulle trek toe statig uit die polisieterrein weg op hul eerste patrollie.

Dit was een van daardie snikhete Karoo-dae wat net ʼn persoon wat al in

Desembermaand in Graaff Reinet vertoef het, sal van kan getuig.

Page 69: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

67

Net voor hulle op die Jansenville-pad gekom het, het die sersant wat die voertuig se

bestuur het, by die kafee stilgehou en vir sy bemanning gevra om vir hulle elkeen ʼn

roomys te gaan koop. Hulle trek toe so lek-lek aan die roomys weg .... by die eerste

draai, begin die sersant se roomys te smelt en val toe van die “cone” af. Die sersant

buk toe af om te keer dat sy broek deur die roomys gevlek word en met dié raak hy

die pad byster en land die splinternuwe “van” op sy sy. Toe die twee manne uit die

voertuig geklouter het, het hulle darem geen beserings opgedoen nie, behalwe dalk

die sersant se ego, wat ʼn verskriklike knou gekry het.

Wanneer ʼn voertuig beskadig is, word daar ʼn skadeverslag en ʼn Raad gehou om vas

te stel wat die oorsaak is en wie daarvoor verantwoordelik gehou moet word.

Die bestuurder moes ʼn beëdigde verklaring indien; wat op die gebruiklike .... “op 12

Desember 1947 was ek die bestuurder van patrolliewa, SAP 1812. Dit was daglig, die

pad was droog en ek was nugter, by my volle verstand en vry van enige beserings.”

Dan die verontskuldigende stukkie: “Terwyl ek bestuur het, het dit skielik swart voor

my oë geword en die volgende oomblik vind ek dat die voertuig die pad verlaat het

en omgeval het.”

Die bemanning moes natuurlik ook ʼn verklaring indien wat min of meer moes staaf

wat gebeur het. Hy het ook begin met: “Op 12 Desember 1947 was ek die bemanning

op voertuig, SAP 1812. Die voertuig was bestuur deur sersant Koos van der Merwe,

wat ʼn behoorlik gemagtigde bestuurder van polisievoertuie is. Dit was droog, die son

het geskyn en beide van ons was aan diens, nugter en vry van beserings.”

Dan die uitklophou: “Terwyl ons nog so gery het, het dit skielik swart voor die sersant se oë

geword .......”

--ooOOoo—

DIE VOOR- EN NADELE VAN EKSAMEN SKRYF

Page 70: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

68

Een van die talle onderwerpe van bespreking in die Suid-Afrikaanse Polisie was nog

altyd of dit die moeite werd is om aan bevorderingseksamens deel te neem, of om

maar te wag vir die “vry” bevorderings wat na ʼn paar jaar se siens na ʼn polisie-

beampte se kant toe kom.

Die pro-bevorderingseksamen aanhangers se argument was dat dit ʼn jou kennis

verbreed; jy darem opwaarts in jou loopbaan beweeg en dat jy, wanneer jou kinders

eendag uit die skool is, hopelik kan bekostig om hulle te laat leer en dat jy eendag,

wanneer dit jou tyd is om af te tree, ʼn fatsoenlike en gemaklike oudag kan geniet.

Die anti-bevorderingseksamen aanhangers se argument was weer dat jy elke keer

verplaas moet word as jy bevorder word en groot finansiële skade ly. ʼn Mens kan

nooit die verlies wat ʼn verplasing meebring inhaal nie. Jy moet elke keer jou huis in

die goedkoop tyd verkoop en dan by jou nuwe standplaas weer ʼn huis ten duurste

koop. Daar is deposito’s wat mens vooruit moet betaal om jou water en ligte te laat

aanskakel, jou motor moet nuwe registrasienommers kry en al die ander klein

jakkalsies wat jou uitroei. Om elke keer nuwe gordyne en alles wat dit kos om jou

kinders in nuwe skole te sit, maak dit net nie die moeite werd om ʼn bevordering, wat

maar ʼn paar rand meer in jou sak beteken, na te jaag nie. Ten minste nie op die kort

termyn nie.

Maar die ambisieuse manne het gedink dat die kort-termyn uitdagings op die lang

termyn uitgeskakel sou word.

Dan was daar ook ander uitdagings wat sommige polisiemanne moes konfronteer. Al

was hulle nie juis gretig om eksamen te skryf nie, was daar van hulle eggenotes wat

hulle gedruk het om te studeer sodat hulle nie vir ewig ʼn konstabel of ʼn sersant se

vrou hoef te bly nie. Veral vir die ambisieuse dames, wat self gewerk en in hul eie

beroepe gevorder het, was dit nie lekker om te kon sê dat haar man al vir jare in een

rang vasgesteek het nie.

Page 71: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

69

Daar was ook die polisiemanne wat in die platteland gestasioneer was en naderhand

ʼn lappie grond met ʼn klompie vee op gehad het. Die lappie grond en bietjie vee het

dan met die tyd so uitgebrei dat ʼn sersant finansieel baie beter daaraan toe was as ʼn

kolonel in die stad. Daar was ook ander faktore wat gehelp het dat die bedryfskoste

van die boerdery redelik laag gehou kon word. Dit was byvoorbeeld nie nodig om ʼn

bakkie vir die boerdery te koop nie. Die polisie vangwa en petrol was mos verniet.

Waarom sou hy dan aan ʼn eksamen wou deelneem om dit alles te verbeur?

Een van my vriende wat ʼn paar jaar gelede in Oudtshoorn gestasioneer was, het my

vertel van ʼn sersant op een van die klein stasies in die Suid-Kaap. Hy het al meer as

twintig jaar diens gehad, was ʼn bekwame en toegewyde stasiebevelvoerder op ʼn

tweemanstasie, maar hy het verseg om aan ʼn eksamen deel te neem. Sy vrou, aan die

ander kant, was ʼn verpleegster wat baie toegewyd aan haar beroep gewerk het. Sy

het met die verloop van tyd al die eksamens wat ʼn verpleegster kon aflê, geslaag. Hoe

beter sy met die studies gevaar het, hoe meer het sy op haar man se nek gelê om saam

met haar te studeer, sodat hy ook vorentoe in sy loopbaan kan beweeg. Maar hy het

net verseg. Hy was gelukkig op sy stasietjie en niks kon hom beweeg om die boeke

nader te trek nie.

Toe die vrou naderhand ʼn doktorsgraad in verpleging behaal het, het sy haar man

weer ernstig aangespreek. As hy nie dadelik ʼn plan maak om aan die bevorderings-

eksamen deel te neem nie, gaan sy aansoek doen om ʼn pos in die Kaap, waar sy na

behore na waarde geskat kan word vir haar kwalifikasies.

Dan het my maar net sy skouers opgetrek en gesê:

“Ai toggie, toggie ...... waarom moes ek benede my stand gaan staan en trou het?”

--ooOOoo--

DIE PIENK SAKKIE

Page 72: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

70

Een van die interessante bure wat in Nonqgaipark oorkant ons gewoon het, was ʼn

kolonel wat ek eerder nie by sy naam gaan noem nie. Die meeste van sy kollegas en

werksgenote het hom sommer “Kolonel Pa” genoem. Waarskynlik omdat sy

voorletters PA was.

Kolonel Pa het hom nie veel aan wêreldsgoed gesteur nie en hy het vir baie jare met

ʼn afgeleefde ou Chevrolet 2500 gery.

Naweke het ʼn mens hom sien werskaf in sy ou blou en oranje polisie-sweetpak, met

sy bruin handdoekslippers, by sy lappie spinasie en ertjies agter sy woonstel. Sy

boesemvriend, “Sir Richard Louw”, oftewel ʼn bottel Richeleau, was sy

alomteenwoordige geselskap, maar hy het niemand gepla nie.

Kolonel Pa was een van daardie saggeaarde, geliefde offisiere wat vir die meeste van

sy ondergeskiktes ʼn ware Pa-figuur was.

Almal by sy werk het na hom gegaan wanneer hulle probleme gehad het.

Een so ʼn dame wat saam met hom by die DK-kantore gewerk het, het een dag haar

lot by hom bekla dat sy en haar man diep in die skuld was en dat die balju hul motor

en ander eiendom in beslag wou neem. Dan het haar man haar boonop nie goed

behandel nie. Om daardie rede kon sy nie meer op haar werk konsentreer nie en het

die lewe geen vreugde meer vir haar gehad nie. Sy het sommer gesê dat sy haar polse

wil sny.

Kolonel Pa het geduldig na haar geluister, haar aangeraai om saam met haar man na

hul skuldeisers te gaan om ʼn plan te maak om die skuld te konsolideer en ook sommer

ook ʼn huweliksberader te gaan sien. (Kolonel Pa het nie geglo aan die kapelane en

maatskaplike werkers wat in die SAP se diens was nie.)

Nie lank daarna nie, is die vroutjie in die senuwee-kliniek opgeneem, waar sy vir drie

weke met die sakkie “pienk moetie” gedokter is. (In die 80s en 90s was dit nogal ʼn

Page 73: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

71

taamlik algemene ding dat die lede wat ʼn “stres-medies” wou trek, so ʼn draai by die

spesifieke kliniek gaan maak het).

Toe die dame na haar behandeling terug by die kantoor was, het sy heel eerste na

Kolonel Pa gegaan.

Kolonel Pa het haar toe gevra of die behandeling gehelp het.

Sy het hom vertel dat sy soos ʼn nuwe mens voel en dat sy nou weer die lewe in die oë

kan kyk.

Hy stel toe sy strikvraag: “En is julle skuld nou ook betaal?”

“Whaaaaaaaaaaa!”, tjank sy.....

--ooOOoo--

Page 74: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

72

DIE DINGE WAT 'N POLISIEMAN IN SY BEROEP

TEEKOM

ʼn Stasiebevelvoerder op die platteland het nogal baie verantwoordelikhede. Een van

daardie verantwoordelikhede is die talle buitedepartementele dienste wat hy moet

nakom. In sommige gevalle, soos ʼn natuurlike sterfte, kon ons selfs namens die

Departement Binnelandse Sake ʼn sterfsertifikaat en ʼn order uitreik om ʼn oorskot van

die een landdrosdistrik na ʼn ander te verwyder en ook dit te laat begrawe. Ons het

sommer van “removal warrants” en “burial orders” gepraat.

In Desember 1979 was ek by die polisiestasie in Phalaborwa besig om kampinspeksie

te doen. Die mense wat daardie wêreld ken, sal weet dat daar in die somer net ʼn

sifdraad tussen Phalaborwa en die hel is, so warm word dit daar.

Terwyl ek met my taak besig was, het daar ʼn wit Mercedes met vier passasiers by die

polisiewerf ingery.

Ek begin myself eers vererg, want mense ry mos nie sommer by die polisie se werf in

nie.

Toe ek mooi kyk, sien ek ʼn jongerige man wat die motor bestuur, met ʼn bejaarde man

wat so skeef op die passasiersitplek langs hom sit. Agter in die motor het ʼn jongerige

vrou en ʼn bejaarde dame gesit. Hulle het duidelik ontsteld gelyk en ek het nader

gestap om te hoor wat die probleem is.

Toe eers, sien ek dat die oubaas in die voorste passasiersitplek dood is.

Die jong man vertel my toe dat hulle in die Kruger-Wildtuin met vakansie was en dat

sy skoonvader in die Letaba-ruskamp skielik aan ʼn hartaanval beswyk het. Hulle

vertel verder dat hy ʼn afgetrede landdros van iewers in die Wes-Rand was.

Page 75: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

73

Weens die trauma, was hulle geskok en hartseer en wou sommer met die oubaas in

die motor huis toe ry. Die familie het net by die polisiestasie aangedoen om te vra vir

ʼn permit om die oubaas se oorskot na Roodepoort te vervoer.

ʼn Mens kry dadelik in so ʼn geval deernis vir sulke mense. Ek het gesien dat hulle

almal erg getraumatiseer was. In sulke omstandighede dink die mense nie altyd

rasioneel nie en ek kon hulle nie toelaat om al die pad vanaf Phalaborwa na

Roodepoort te ry met hul oorlede vader wat so skeef op die sitplek vasgegordel was

nie. Weens die somerhitte kan ʼn mens ook nie onnodig met ʼn lyk sloer

nie. Ontbinding tree binne ʼn paar uur in.

Hulle het gesê dat ʼn familielid van hulle in Machadodorp bly en dat dié ʼn bakkie het,

maar dat hulle hom eers moes vra of hy kans sou sien om die oorskot in Phalaborwa

te kom haal en dan na Roodepoort te vervoer.

Hulle het die familielid uit my kantoor geskakel en hy het dadelik ingestem om die

vier ure se ry na Phalaborwa te onderneem om die oorskot te kom haal.

Ons het intussen die oubaas in die polisie-lykshuis geplaas, waar die nodige geriewe

beskikbaar was om die oorskot koud te hou. Verder is hulle na die Impala Hotel

geneem waar hulle rustig vir die familielid kon wag.

Toe die bakkie met die oorskot en die Mercedes met die drie bedroefde passasiers later

die dag in die pad na Roodepoort geval het, het ek nogal daaraan gedink dat die

polisie dalk nie so verskriklik goed betaal nie, maar dat ʼn polisieman se werk darem

ʼn interessante beroep is.

--ooOOoo—

Page 76: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

74

DIE POACHERS VAN PHALABORWA

Van my beste twee jare in die Mag was toe ek as stasiebevelvoerder na Phalaborwa

verplaas is. Aanvanklik was ek diep beswaard om daardie teleks te kry, maar ons het

baie gou by die myndorp aangepas en ons tydperk daar geniet.

Nou, die mense wat Phalaborwa en omstreke goed ken, sal weet dat dit jagwêreld,

maar vernaamlik ook “poach-wêreld” is. As ʼn mens in die winter op jou stoep gesit

het, het dit soms soos ʼn klein oorloggie na die Wildtuin se kant toe geklink soos die

30-06-skote geklap het. So nou en dan ook ʼn R1-skoot wat uit die polisiestasie se kluis

“geleen” is.

Ja, sommige polisiemanne, regte Nimrods, het ook maar geswig vir die baie koedoes,

rooibokke en ander diere wat oral in die omgewing rondgeloop het. Hulle het hul

jaglus verdedig dat wild aan niemand behoort nie en dat die Liewe Heer dit spesiaal

vir hulle daar gesit het.

Een van die gewilde jagplekke, was Letaba Ranch, ʼn staatsplaas, wat spesiaal vir die

Staatspresident, ander bevoorregte grootkoppe en hulle jagvriende beskikbaar

was. Die bestuurder van Letaba Ranch, was oom Steve Kruger. Uit die aard van sy

taak, het hy gereeld by die polisiestasie aangedoen om klagtes van onwettige jag, stel

van strikke en sulke sake aan te meld. Hy was ʼn regte polisievriend en het ons nou

en dan, seker teen die reëls, genooi om ʼn vlakvark of ʼn rooibok op die Ranch te kom

skiet. Die enigste voorwaarde was dat ʼn mens darem eers ʼn persoonlike uitnodiging

van hom moes kry. Maar die manne het hulle soms tydens patrollies in die

omgewing, onwillekeurig in die rigting van Letaba Ranch gevind. Gewoonlik was

daar ook ʼn R1 geweer agter die patolliewa se sitplek ... net vir selfbeskerming,

natuurlik.

Page 77: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

75

Op een winteraand is dit weer so. ʼn Opperman-kêrel en sy bemanning kom op ʼn

pragtige koedoe af en hy kan die versoeking nie weerstaan nie. Hulle lê aan, die skoot

klap en die koedoe bly lê.

Skielik gaan daar ʼn klomp soekligte van Oom Steve en die manne van Fauna en Flora

aan en hulle hoor net die bevel: “Stop of ons skiet!” Die twee manne skrik hulle

boeglam en jaag in ʼn groot stofwolk weg. Gelukkig word daar nie op hulle geskiet

nie.

Die volgende dag kom kla oom Steve dat een van ons manne met ʼn geel Dodge

vangwa onwettig op die Ranch gejag het. Hy het die twee polisiemanne in die skynsel

van die soeklig gesien en hy wil ʼn saak maak. Dit was redelik maklik om die

verdagtes te identifiseer, want dit was Phalaborwa se Dodge vangwa en net twee lede

was daardie aand op patrolliediens.

ʼn Uitkenningsparade word die volgende dag gehou en die twee verdagtes word op

die parade geplaas.

Oom Steve is die enigste getuie wat die manne kan uitken en hy word ingebring en

verduidelik dat hy eers die manne op die parade mooi moet deurkyk. Dan moet hy

hulle uitwys deur aan hul skouers te raak. Oom Steve het ingekom, heen en weer

verby die manne geloop en voor elkeen gaan staan, eers die een stip in die oë gekyk

en toe die ander een totdat die sweetdruppels van hul gesigte geloop het. Die Engelse

het ʼn goeie spreekwoord” “If looks could kill!” Daarna het hy na die ondersoekbeampte

gekyk en verklaar:

“Nee, ek kan niemand op die parade uitken nie!”

--ooOOoo—

Page 78: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

76

DAGGA STORIE UIT DIE OU DAE

Ek en Netta was ʼn hele ruk gelede by die jaareindfunksie van die generaalsklub,

bestaande uit die afgetrede generaals en hul gades van die ou SAP.

Die meeste van ons is in ons sestiger of sewentigerjare ..... maar daar is ook al 'n paar

van in die tagtig en enkeles selfs in die negentig.

Ofskoon van ons ouer kollegas al hoogs bejaard is, kom hulle nog graag na hierdie

byeenkomste, want daar kan hulle lekker met hulle ou kollegas kuier en oor die ou

dae gesels.

Ons gesels toe met 'n ou tannie McDonald, wie se man, oud-generaal-majoor

McDonald al in die tagtig is. Al het hy al 'n beroerte of twee gehad, het hy nog graag

die byeenkomste bygewoon.

Sy sê toe sy wens hy kon al sy stories van sy loopbaan boekstaaf, want hy kon só lekker

daaroor vertel. Hy het altyd gesê hy sal dit later doen. Nou is hy nie meer met ons

nie en sal al daardie lekker stories helaas verlore gaan. (Almal van ons kan seker dieselfde

sê!).

Sy vertel ons toe een van sy stories wat ek baie geniet het:

Konstabel Mac en 'n makker was in die Kaap op voetpatrollie toe hy twee ooglopende

“gangsters” van die teenoorgestelde rigting sien aankom ..... hy sien toe een van hulle

gooi blitsvinnig iets in die gras toe hy die polisiemanne gewaar.

Hy beveel hom om die pakkie op te tel.

Toe hy dit opgetel het, vra hy hom: "Wat is in daardie pakkie?

Die kêrel sê dat dit net die toedraai-papiere van sy fish en chips is......

Page 79: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

77

Hy word aangesê om die pakkie oop te maak .... en daar's natuurlik dagga in die

pakkie.

Hy vra toe vir die kêrel ..... "Ja en wat sê jy nou??"

Die man antwoord: "My Kroon, dan moes dit seker per ongeluk in die fish en chips winkel

omgeruil gewees het!"

--ooOOoo—

Page 80: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

78

AKASIAPARK

As ek terugdink aan my loopbaan, het die voorsienigheid soms ander planne met ons

gehad as wat ons gedink het.

In 1984 het ons in Middelburg (Transvaal) gewoon. Op daardie stadium het ons twee

kinders, ʼn dogtertjie van drie en ʼn seuntjie van ʼn jaar oud gehad.

Ek was reeds ingelig dat my oorplasing na die destydse tuisland, KwaNdebele,

goedgekeur is. Ons sou na Marble Hall moes verhuis. As sy kon kies, sou sy baie

eerder na Pretoria toe wou gaan. Baie van ons familielede het in Pretoria gewoon, en

ons het nog altyd gehoop om een dag weer soontoe te kon gaan.

Terwyl ons nog gewag het vir die goedkeuring van die tender om ons meubels na

Marble Hall te vervoer, het ons kapelaan, ds. Connie Solms een middag by my kantoor

ingekom. Hy het my baie vertroulik vertel dat die Kommissaris se kantoor in Pretoria

hom versoek het om ʼn geskikte majoor te identifiseer om by die kommissaris se

personeel as sy stafoffisier aan te sluit. Hy het gevra of ek sou belangstel. Dit sou

beteken dat die verplasing na Marble Hall afgelas sou word, en dat ons na Pretoria

toe moes verhuis.

Dit was nie eers vir my nodig om vir Netta te vra of sy eerder Pretoria toe wou gaan

nie.

Die volgende dag moes ek by die Kommissaris se kantoor in kamer 1011, Wachthuis

rapporteer vir ʼn onderhoud. Die onderhoud was gevoer met die destydse luitenant-

kolonel Tertius Calitz, wat op die punt was om bevorder te word tot kolonel. Hy met

ʼn rukkie met my gesels, my ondervra oor my vaardigheid om memoranda op te stel

en my vermoë om mondeling en skriftelik in die Engelse taal te kommunikeer. Die

hoofdoel van die onderhoud was eintlik om my deur te kyk en of hy gedink het dat

ek sou pas by die personeel. Hy het my ook gewaarsku dat ons vir ses maande in die

Kaap en ses maande in Pretoria sou moes woon. Dan het hy my ook by voorbaat

Page 81: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

79

gewaarsku dat ek vir lang ure sal moet werk. By die Kommissaris se kantoor is daar

nie so ʼn ding soos verlof neem wanneer die parlement in sitting is nie.

My verantwoordelikhede sou wees om eerstens as die Kommissaris se stafoffisier op

te tree, maar ook om op die hoogte te bly van alle pos, memoranda, telekse en

telefoonoproepe wat vir die kommissaris bestem sou wees. Sy dagboek, afsprake,

reisreëlings en ook baie van sy persoonlike sakies sou dan my verantwoordelikheid

wees.

Die verplasing sou meebring dat ʼn gerieflike woonstel, Nonqgaipark in Lynnwood,

Pretoria aan ons toegeken sou word en dat ons vir die duur van die parlementsittings

in ʼn gemeubileerde woonstel in Akasiapark, Kaapstad sou bly. Beter as dit kon dit

nie wees nie!

Na die onderhoud het hy my vlugtig aan generaal Johann Coetzee voorgestel. Ons

het vir ʼn rukkie gesels en dit het vir my gevoel of ons dadelik aanklank met mekaar

gevind het. Ek is toe baie opgewonde terug Middelburg toe.

ʼn Dag of twee later het die teleks inderdaad gekom dat my verplasing na KwaNdebele

afgelas en dat my verplasing na Hoofkantoor (Parlementêre Personeel) goedgekeur

is. Die nuwe verplasing moes so gou doenlik uitgevoer word.

Daardie aand was daar groot opgewondenheid in die Ferreira-huis. Ons was baie

dankbaar dat die voorsienigheid dit so bepaal het dat ons eerder Pretoria toe kon gaan.

Netta ek en ons twee kinders het in Oktober 1984 na Pretoria verhuis. Ons het

uitgesien na die nuwe uitdaging om tussen Pretoria en die Kaap te pendel. Vir die

volgende drie maande het ons onsself tuisgemaak in Nonqgaipark en dadelik voor-

bereidings begin tref vir die skuif na Kaapstad. Netta moes sorg dat daar voldoende

huishoudelike artikels, soos ʼn wasmasjien, tuimeldroër, eetgerei en kombuisware

ingepak word om Kaap-toe te neem.

Page 82: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

80

In die eerste week in Januarie het ons per trein Kaap toe vertrek. Met twee woelwaters

moes ons tydens die treinreis bontstaan om hulle op te pas, maar ons het uitgesien na

die nuwe uitdaging. Ons motor is ʼn dag te vore ook per spoor na die Kaap vervoer

en toe ons gesinnetjie by die Kaap aangekom het, het die motor al reggestaan vir ons.

Akasiapark is seker een van die beste plekke in die land om in te bly. Hoewel ons

eerste blyplek nou nie juis van die modernste was nie, was dit goed genoeg vir ons

vier. Dit is ook ʼn paradys vir kinders. Hulle kon vry en veilig in die park speel en

rondbeweeg. Ons was nie bekommerd dat ʼn motor hulle sou raakry nie. Die

inwoners het geweet dat daar baie klein kinders in Akasiapark was en almal het stadig

en versigtig gery.

Die inwoners van die park het onder meer bestaan uit die parlementslede wat al die

kiesafdelings in die land verteenwoordig het. In die park was daar geen nydigheid

tussen die parlementslede van die NP, PFP NRP en die KP oor die verskillende

politieke standpunte wat hulle gehuldig het nie. Die meeste inwoners was natuurlik

die amptenare wat by die onderskeie ministeries en DGs se kantore gewerk het.

In die park was daar ʼn laerskool wat die Transvaalse leerplan gevolg het. Die

skoolhoof en onderwysers het ook, net soos ons, sesmaandeliks tussen Pretoria en die

Kaap gependel. Daar het die kinders, of hulle nou amptenare sʼn of parlementslede

sʼn was; of Afrikaans of Engels was, lekker saam skoolgegaan. Waar hulle pa’s mekaar

dikwels in die parlement in die debatte gekarnuffel het, het hulle ewe gemoedelik

saam met die opposisie hande geklap wanneer die kinders in die skoolkonsert

opgetree het.

Ek onthou dat een van die Engelssprekende en voorste PFP-parlementslede se

dogtertjie heerlik saam met ons boerekinders aan die Voortrekkers behoort het.

Meneer Vause Raw, die NRP-parlementslid was weer die voorsitter van die

Akasiapark rugbyklub. Ek dink nie die manne was juis ernstig oor die rugby nie,

maar die klub was die plek waar hulle lekker gekuier het.

Page 83: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

81

Terwyl ek gewerk het, het Netta betrokke geraak by die damesklub wat uit die

parlementariërs en amptenare se vrouens bestaan het. Sy het ook blywende

vriendskappe gesmee met ander vrouens. Die damesklub, of Lappiesklub, het

allerhande sosiale geleenthede en interessante uitstappies gereël en hulle het die

aktiwiteite baie geniet. Netta het die onderskeiding behaal om die eerste polisieman

se vrou te word wat tot voorsitter van die Lappiesklub verkies is.

Akasiapark het ook elke jaar ʼn burgemeester gekies. Die burgemeesters was om die

beurt ʼn parlementslid en die jaar daarna ʼn amptenaar. Die groot okkasie elke jaar,

was die burgemeesters-onthaal. Die vrouens het ook graag die klerefabrieke en ander

plekke in die Kaap gaan verken.

Op ʼn keer het Netta en twee van haar vriendinne inkopies in die Kaap gaan doen. Toe

hulle by die winkel uitstap, het elkeen ʼn groot plastieksak met papierborde en ander

weggooibare eetgerei in hulle hande gehad. Dit was een van die dae wat die Kaapse

Dokter vir ʼn vale gewaai het. Toe die drie van hulle om ʼn hoek kom, het ʼn rukwind

vir Netta skielik van agter gevat en met plastieksak en al, met ʼn groot spoed vorentoe

gewaai. Terwyl sy met kort treetjies en ʼn stywe rug met haar hakke in die grond

probeer rem het, het die ander twee hulle byna histeries gelag. Nadat Netta omtrent

dertig meter verder tot stilstand gekom het, het ʼn nóg sterker rukwind weer die ander

twee geskep en hulle verby Netta gewaai. Dit het so ʼn gelag afgegee dat hulle maar

huis toe moes kom. Toe ek die aand van die kantoor af gekom het, het Netta haar

steeds gebreek van die lag. Die Kapenaars sê dat die wind kan soms baie sterk en

onvoorspelbaar wees. As ʼn mens in die etensuur gou by Stuttafords wil ingaan, waai

die wind jou sommer by OK Bazaars in!

Dit is insidente soos hierdie wat die vier jaar parlementêre diens so ʼn wonderlike tyd

in ons lewe gemaak het.

In die kantoor was dit baie bedrywig. Die onluste in die land het in felheid toegeneem

en die daaglikse veiligheidsverslae, telekse en vrae in die parlement het ons byna

Page 84: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

82

daagliks tot laataand besig gehou. Maar tussen alles was daar ook dinge wat ons

geniet het.

Een van die senior personeellede was voorheen in die Paarl gestasioneer. Hy het nog

al sy kontakte daar gehad en hy skakel een dag ʼn ou kollega en vra of hy nie dalk ʼn

bietjie droëvrugte vir hom in die hande kan kry nie. Nie lank daarna nie, word ʼn

kartondoos met droë vrugte by die kantoor afgelaai. Een van ons jonger lede begin toe

die kartondose uitpak en verdeel die inhoud eweredig tussen die personeel. Alles

word mooi in pakkies opgemaak en elkeen se naam word op die pakkies geskryf. Met

die uitdelery kry generaal Swart ook sy pakkie droëvrugte en vra waarvandaan dit

gekom het, want hy verwag ook ʼn besending droëvrugte uit die Paarl. Hy sou toe

eers uitvind dat dit sý droëvrugte is wat kaptein Jackson so lekker onder ons almal

uitgedeel het. Die generaal het die arme man se kop vir hom gewas en beveel om alles

weer terug te kry. As ons droëvrugte wou hê, kon ons dit self reël. Die enigste

probleem was dat ons almal toe al lekker weggelê het aan die heerlike droëvrugte!

Die KWV het ook ʼn kwota vir al die ministers en departementshoofde gegee. Hoewel

die KWV-kwota nie “op die huis” was nie, kon die drank teen ʼn spesiale afslag gekoop

word. Daar het ons vir die eerste keer kennis gemaak met 5-jaar KWV, Roodeberg,

Bonne Esperance en al die ander uitvoer-KWV wyne.

Generaal Coetzee het in 1986 afgetree en is opgevolg deur generaal Hennie de Witt.

Hoewel dit twee generaals se persoonlikhede hemelsbreed van mekaar verskil, het ek

baie lekker saam met beide van hulle gewerk.

Generaal Coetzee was ʼn wysgeer wat soms ver bokant ons gewone mense gedink het.

Hy was ʼn sjarmante mens en by uitstek ʼn diplomaat. Generaal De Witt daarenteen,

was ʼn ekstrovert en baie joviale mens.

Toe ek in 1984 by die parlementêre personeel begin werk het, was minister Louis le

Grange die Minister van Polisie. Hy is later opgevolg deur minister Adriaan Vlok.

Page 85: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

83

In die vier jaar wat ek parlementêre diens gedoen het, het baie opsienbarende dinge

gebeur.

As ek aan ʼn paar insidente kan dink, is dit die “Trojaanse Perd” insident in die Kaap,

die vliegtuig van president Samora Machel wat neergestort het; ook die Helderberg

wat neergestort het; die gepoogde staatsgreep in Bophutatswana; die talle

“halssnoermoorde”; die insidente by KwaNobuhle en Langa en al die ander aaklige

dinge wat tydens die onluste plaasgevind het. Dit was interessante tye en ons het

byna elke dag gewerk dat ons byna neergeslaan het. Maar dit was opwindend en daar

was nooit ʼn vervelige oomblik nie.

Tussen al hierdie werkery was ek nog besig om by Unisa te studeer.

In 1985, op veertigjarige ouderdom, is ek ook bevorder tot die rang van luitenant-

kolonel. Ek onthou dat minister Louis le Grange spesiaal na my gekom het om my

hand te skud en geluk te wens. Hy was ʼn ware heer.

Die vier jaar het vir my die insigte gegee wat nie vir almal in die polisie beskore is nie.

Ek het gesien hoe die land se leiers se koppe werk en hoe hulle opgetree het. Ek dink

stellig dat hierdie ondervinding my goed te staan gekom het in my verdere loopbaan

in die Suid-Afrikaanse Polisie.

--ooOOoo--

Page 86: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

84

DIE MIDDELBURG SAGA

In Middelburg (Transvaal) was ek die werwingsoffisier vir die Afdeling Oos-

Transvaal. My primêre taak was om studente vir die Afdeling Oos-Transvaal te werf,

maar ek was ook verantwoordelik om met elke uitpassering, die kwota jong

konstabels wat aan die Oos-Transvaal toegewys is, by die polisiekollege in Pretoria te

gaan haal.

Soos almal weet, was daar ook ʼn dorp met die naam Middelburg in die Afdeling

Suidwestelike Distrikte in die eertydse Kaapprovinsie.

In Middelburg in die Karoo was daar ʼn kaptein. Sy seun Jannie, het by die Mag

aangesluit.

Toe die einde van Jannie se opleiding nadergekom het, het die trotse vader ʼn ou

troepmaat van hom, ʼn adjudant-offisier by die Finansiële Administrasie in

Hoofkantoor, geskakel en verneem of hy dalk ʼn plan kan maak dat Jannie by

Middelburg (K) geplaas word.

Die adjudant offisier het die vader belowe dat hy sal kyk wat hy kan doen. Hy het op

sy beurt weer een van sy kollegas by die verplasingseksie genader en die student se

magnommer, peletonnommer en al die nodige besonderhede aan hom gegee en gevra

dat sy ou troepmaat, ʼn kaptein in Middelburg, hom mooi gevra het of hy nie sy seun

by Middelburg kan uitplaas nie. Die kollega het belowe dat hy ʼn plan sou maak.

Toe ek en my span die dag van die uitpassering by die Kollege aangekom het, het ons

ʼn naamlys van die nuwe konstabels wat aan Afdeling Oos-Transvaal toegeken is,

ontvang. Die jong konstabels het ook die vorige dag gehoor waar hulle geplaas sou

word en het na die parade met hul trommels en toerusting by die opruktrokke

aangemeld. Toe ons die lys kontroleer, kom ons agter dat ons een student kort is.

Page 87: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

85

Jannie se vader, die kaptein van Middelburg (Kaap), het toe met ʼn skok ontdek dat

Jannie na die “verkeerde” Middelburg uitgeplaas is. Hy het naarstigtelik rondgeskarrel

om te probeer verduidelik dat daar iewers ʼn fout ingesluip het. Hy het verduidelik

dat sy ou troepmaat, die adjudant offisier in Hoofkantoor, hom verseker het dat hy na

Middelburg (Kaap) verplaas is.

By die Kollege personeel het die kaptein helaas nie ʼn simpatieke oor gevind wat wou

luister nie. Volgens hulle moes Jannie na Middelburg (Transvaal) gaan. Oor en uit!

Die kaptein het sy ou troepmaat in die hande probeer kry om sy storie te staaf, maar

toe dié hoor wat aan die gang was, het hy soos ʼn groot speld verdwyn.

Die pa was natuurlik bitter ontsteld en het gedreig om maar eerder Jannie se ontslag

te neem, want om sy Karoo-kind na die Hoëveldse steenkoolvelde te sien gaan, was

vir hom ondenkbaar. By die dienskamer kon hulle egter nie regkom om Jannie se

ontslag te koop nie, want hy was toe reeds aan Afdeling Oos-Transvaal toegewys. As

hy sy ontslag wou neem, moes hy dit dáár gaan doen.

Die uiteinde van die saak was dat die ongelukkige vader moes toesien hoe sy taamlik

bedremmelde seun maar agter in die opruktrok geklim en na Middelburg (Transvaal)

vertrek het. Die kaptein het die stomme seun probeer gerusstel dat hy die saak

persoonlik met die Kommissaris sou opneem.

By Middelburg (Transvaal) aangekom, het die Afdelingskommissaris sy nuwe

aankomelinge persoonlik verwelkom en hulle toe na die stasies waar die nood die

hoogste is, uitgeplaas.

Jannie is na die polisiestasie op Ogies verplaas. Teen daardie tyd het Jannie sy lot soos

ʼn lam ter slagting aanvaar en maar gehoop dat sy pa die misverstand uit die weg sou

ruim.

Page 88: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

86

Mens kan maar net wonder hoe die kaptein se kollegas in Middelburg (Kaap) in hul

mou gelag het toe hulle nog moes verneem dat hy boonop op ʼn plek met die koddige

naam, Ogies, beland het!

Kort na hierdie gebeure, is ek na die destydse kommissaris, generaal Johann Coetzee

se personeel verplaas. Toevallig was een van my eerste take om die kaptein van

Middelburg (Kaap) se vertoë in die pos te hanteer.

Die kaptein het ʼn roerende pleidooi aan die generaal gedoen om Jannie asseblief nader

aan sy ouerhuis te plaas. Hy het die generaal beleefd daarop gewys dat hy immers

ook ʼn vader is en sekerlik sou verstaan dat enige ouer maar altyd besorg oor sy

kinders is. Hy het bygevoeg dat die kind se moeder se hart stukkend is en dat sy by

die dag kwyn. Elke oomblik wonder sy hoe haar seun daar in die verre vreemde moet

regkom. Hy het verder gepleit dat die seun nog jonk en onervare is; dat hy hom graag

nader aan die huis wou hê sodat hulle die nodige ouerlike leiding aan hom kon gee

en ook darem nog ʼn ogie oor hom kon hou. (Wie van ons het nie al hierdie storie gehoor

nie?)

Intussen het Jannie omtrent skaars op Ogies aangekom toe hy op sy beurt die een

vertoë na die ander gerig het om na Middelburg (Kaap) verplaas te word.

Diegene van wat generaal Coetzee geken het, het geweet dat hy ʼn simpatieke oor vir

sy mense gehad het en ʼn oplossing vir enige probleem gesoek het. Hy het die vertoë

na generaal Hennie De Witt, destyds die Senior Hoofadjunk-kommissaris, verwys, vir

sy kommentaar en aanbeveling. Generaal De Witt het geantwoord dat Afdeling

Suidwestelike Distrikte totaal oorsterkte was en dat Afdeling Oos-Transvaal, aan die

ander kant, weer totaal ondersterkte was. Hy het aanbeveel dat die kaptein se vertoë

van die hand gewys word. Generaal De Witt het bygevoeg dat hy die aangeleentheid

deeglik oorweeg het en sy aanbeveling (tong in die kies!?) was dat die kaptein eerder

na Middelburg (Transvaal) verplaas kon word, waar daar ʼn nypende tekort aan

Page 89: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

87

bekwame offisiere is. Dan kon hy sommer ook nader aan sy seun wees en ʼn oog oor

hom hou.

Die kaptein kon hierdie aanbod nie gou genoeg van die hand wys nie. Geen

regdenkende mens verruil mos ʼn standplaas in die Karoo vir een in die besoedelde

steenkoolvelde van die Hoëveld nie. Jannie was mos al mooi groot en moes maar self

regkom!

Hierdie verhaal het nogal ʼn interessante kinkel in die kabel gehad. ʼn Paar maande

later is Jannie se vertoë by die verplasingseksie in Hoofkantoor ontvang. Daar is

besluit om hom maar tóg na Middelburg (Kaap) te verplaas.

Toe Jannie hiervan in kennis gestel is, wou hy niks daarvan weet nie. Hy het laat weet

dat hy ʼn jong dame ontmoet het en dat hy baie gelukkig op Ogies was. Hy het verkies

om daar te bly!

--ooOOoo—

Page 90: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

88

DIE KOMMISSARIS SE KANTOOR IN WACHTHUIS

Generaal Johann Coetzee is nie meer met ons nie. Ek glo nie hy sal my verkwalik as

ek hierdie insident met u deel nie. Dit word met groot eerbied aan hom opgedra.

Ons kantore in Pretoria was op die tiende verdieping van Wachthuis. Enigiemand

wat 'n afspraak met hom gehad het, moes eers by my kantoortjie inkom en dan het ek

hom aangekondig.

Die Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisie het 'n baie mooi, deftige kantoor

gehad .... en dit was die enigste kantoor in Wachthuis wat met sy eie aantrekkamer,

wasbak en toilet kon spog.

By Vertroulik se kantore, naby die Kommissaris se kantoor, het daar destyds 'n

hoogswanger jong kaptein gewerk. As ek reg onthou was sy kaptein Sanet

Wolmarans. As sy 'n draai wou loop, moes sy na die toilette op die agste verdieping

gaan. Behalwe dat sy aan engtevrees gely het en geweier het om onnodig in ʼn hysbak

te klim, was die gereelde stap met die trappe af soms net te ver en ongemaklik.

Ons het 'n verstandhouding gehad. Met haar gereelde togte na die agste vloer, het sy

by my ingeloer en gevra of sy gou in Kompol se toilet kon inglip. As hy nie daar was

nie, het ek gesê dis reg en dan het sy gou daar ingegaan.

Nou ..... as 'n man in 'n vergadering vasgevang was en nog boonop in die verkeer en

voor die stadige Wachthuis-hysbakke opgehou is, kan hy partykeer 'n allemintige

nood ontwikkel ...... dit gebeur toe so dat Sanet vir 'n wyle in die kommissaris se toilet

ingeglip het net toe hy daar ingestorm kom met die groot nood. Toe hy al by die deur

ingebars het en besig was om sy rits oop te trek ..... vind hy die verskrikte Sanet op die

troon.

Ek weet nie wie die grootste geskrik het nie .... Sanet, die kommissaris of ek nie ....

maar ons het aldrie later lekker daaroor gelag.

Page 91: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

89

Die generaal, ware heer wat hy was, het darem ingesien dat 'n swanger vrou 'n

kosbare mens is en dat hulle beskerm en gekoester moes word. Hy was glad nie

kwaad nie.

--ooOOoo—

Page 92: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

90

GELEERDHEID

Toe ek as ʼn majoor, in my dertigerjare na die Kommissaris se Parlementêre personeel

verplaas is, het ek onmiddellik ʼn groot bewondering vir generaal Johann Coetzee

gekoester.

Afgesien van die feit dat hy die hoogste sport in sy loopbaan bereik het, het hy reeds

ʼn Magistergraad behaal en was hy besig om aan ʼn Doktorsgraad te werk. Hy het

hierdie akademiese prestasies behaal terwyl hy voltyds ook aan sy loopbaan gewerk

het.

Na mate ek en die generaal mekaar beter leer ken het, het hy my op ʼn persoonlike

vlak ook begin motiveer. Hy het vir my gesê dat hy kon sien dat ek nog jonk is om al

ʼn majoor te geword het, maar dat ek by die rang van kolonel gaan vassteek as ek nie

ʼn plan maak om ook ʼn akademiese kwalifikasie te verwerf nie.

Ek het toe eers werklik besef dat die meerderheid opkomende kolonels, brigadiers en

generaals gegradueerde offisiere was. Die ouer garde, wat top poste sonder

kwalifikasies behaal het, was aan die verdwyn.

Met my eie loopbaan het dit tot op daardie stadium nie te sleg gegaan nie. Ek het al

die bevorderingseksamens so gou as wat ek kon, geslaag en later ook ʼn Diploma in

Polisie-Administrasie by die Departement Nasionale Onderwys behaal. Die diploma

was egter nêrens as ʼn kwalifikasie geakkrediteer nie. As ek een dag ʼn generaal wou

word, sou ek ʼn universiteitsgraad moes kry .... en ook ʼn nagraadse kwalifikasie as ek

werklik geaspireer het om ook ʼn top rang te bereik.

Na ʼn paar dae se tob of ek maar by Unisa moes gaan inskryf, het ek niks daaraan

gedoen nie. Dit was op daardie stadium Oktobermaand en die sperdatum om in te

skryf was vinnig besig om nader te kom. Ek kon myself net nie ver genoeg kry om te

gaan inskryf nie, want ek was nie regtig lus om die volgende drie of vier jaar, daaraan

te wy nie. Weens die misterie wat ʼn graad vir my ingehou het dat net briljante mense

Page 93: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

91

in die wêreld dit kon vermag, was ook nie seker of ek oor die vermoë beskik het om

suksesvol aan ʼn universiteit te studeer nie. Ek het myself wysgemaak dat ek eerder

op my nuwe pos moet konsentreer.

Een aand, kort na my aanstelling by die Kommissaris se Parlementêre personeel, het

een van die senior offisiere op die personeel ons genooi om die aand by hulle te gaan

braai. Hy wou die nuwe aankomelinge op die personeel bietjie beter leer ken en ook

op die personeel verwelkom. Terwyl ons gekuier het, het een van die kollegas se vrou

laat val dat sy en haar man vroeër die dag by Unisa gaan inskryf het.

Toe ons die aand huis toe gery het, het ek vir Netta gesê dat, as dáárdie twee ʼn graad

kan kry, kan ek ook!

Die volgende dag het ek by Unisa gaan inskryf vir die BA-graad in Polisiekunde.

Aanvanklik het dit maar moeilik gegaan met die werk en die studies, maar met die

verloop van die tyd het ek geleer om tyd daarvoor te maak. Omdat ek ook nie meer

ʼn kind was en ek nie ingeskryf het om enigiemand anders te plesier nie, het dit goed

gegaan met my studies. Ek het ook net nodig gehad om die inskrywingsfooi vir my

eerstejaar se vakke te betaal. Vir die res het ʼn studiebeurs van die Suid-Afrikaanse

Polisie gesorg.

Ek was gelukkig om my BA-graad binne die minimum tydperk te voltooi en het

daarna ook ʼn BA-Honneurs (Cum Laude) aan Unisa verwerf.

Die kollega en sy vrou wat die dag voor my ingeskryf het, kon helaas nie hul eerste

studiejaar voltooi nie.

--ooOOoo—

Page 94: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

92

TOESPRAKE VIR DIE KOMMISSARIS EN MINISTER

Terwyl ek parlementêre diens tussen Kaapstad en Pretoria verrig het, was dit onder

meer my taak om die Kommissaris se dagboek te bestuur en te sorg dat al sy toesprake

en dokumente behoorlik in sy besit was voordat hy iewers moes optree. Die man wat

die toesprake moes skryf, was kolonel Jac de Vries, wat ʼn ruk vantevore vanuit die

koerantwese spesifiek vir hierdie doel aangestel was.

Die Senior Stafoffisier op Hoofkantoor, generaal HPM de Villiers, was oorhoofs in

beheer van ons klompie parlementêre polisiemanne. Hy was ʼn uiters bekwame en

skerp SSO. Niks het sy arendsoë ontglip nie.

Op ʼn dag moes die Kommissaris iewers ʼn gasspreker by ʼn belangrike funksie wees.

Ons was op daardie stadium in Pretoria, maar hy moes die toespraak in die Kaap

voordra. Weens een of ander buitengewone rede, was generaal de Villiers nie daar

om seker te maak dat alles wat in die possak moes wees, wel daar was nie.

Toe die kommissaris in die Kaap aankom, ontdek hy dat die toespraak nie in die

possak was nie. Hy was natuurlik vies en het vir my en Jac de Vries die leviete

voorgelees. Gelukkig het hy op sy eie kenmerkende manier, sommer uit die vuis, ʼn

toespraak gehou wat groot byval by die aanwesiges gevind het. Ons het gedink dat

die aangeleentheid vergete was.

Maar helaas, toe kom dit onder die SSO se aandag dat ons die sonde begaan het om

nie toe te sien dat die toespraak voorberei was nie.

Almal van ons wat al onder die deurdringende blik van daardie staal-oë en afgemete

woorde deurgeloop het, sal weet dat geen verskoning goed genoeg was nie. Ons het

ook geweet dat ʼn mens nie kanse met die generaal kon waag nie. Hy het geglo dat ʼn

mens met die waarheid, die volle waarheid en niks anders as die waarheid moes

Page 95: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

93

uitkom nie. Diegene wat kanse met die generaal gevat het, het altyd bedroë daarvan

afgekom, want uit gaan hy jou vang!

Sy reaksie na ʼn so verduideliking was gewoonlik: “Nee, ou Johan ..... dit is nie goed

genoeg nie!” Dan het die skrobbering vir nog ʼn ruk voortgeduur en uiteindelik is jy

met ʼn streng waarskuwing en stert tussen die bene by sy kantoor uit.

Ons is na kamer 1014 ontbied en die generaal het ons kwaai aangekyk en van uiterste

pligsversuim, laksheid, traak-my-nie-agtigheid en sommer alles wat sleg is,

beskuldig. Hy het ons vertel dat ons die vertroue wat in ons gestel was skandelik

misbruik het.

Hy het vir ons gevra wat ons verduideliking was. Hy het nie in verskonings belang

gestel nie. Ons sou ʼn baie goeie verduideliking moes gee.

Omdat Jac die senior van ons twee was, het hy die volgende verduideliking gegee:

“Generaal, ons het groot fout gemaak. Ons is skuldig. Dis onverskoonbaar. Ons is jammer.

Ons sal toesien dat dit nie weer gebeur nie. Ons het die Kommissaris in die steek gelaat. Dis

nie goed genoeg nie, maar dit het nou ongelukkig so gebeur en daar is niks wat ons kan sê om

dit reg te stel nie.”

Generaal de Villiers is vir ʼn oomblik effe uit die veld geslaan, maar hy kyk ons die een

na die ander aan met daardie deurdringende oë en sê: “Nee, my magtig kêrels ..... Dis

NET nie goed genoeg nie!”

--ooOOoo—

Page 96: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

94

LAUBERVILLE

Aan die einde van November 1987 het die destydse minister van Wet en Orde besluit

om die land se top misdaad- en politieke verslaggewers vir ʼn naweek na Lauberville,

naby Walvisbaai te nooi sodat die polisie en die pers in ʼn ontspanne atmosfeer vir ʼn

naweek met mekaar kan praat om “mekaar beter te verstaan.”

Lauberville is in die Namib-woestyn naby Walvisbaai geleë en het destyds onder die

beheer van die Distrikskommandant, Walvisbaai geval. Walvisbaai was destyds ʼn

deel van die grondgebied van die Republiek van Suid-Afrika.

Die Minister is bygestaan deur onder andere, brigadier Leon Mellet en kolonel Tienie

Cronjé.

Die Kommissaris, generaal Hennie de Witt kon self nie gaan nie, maar generaal Johann

van de Merwe en nog een of twee Hoofkantoor-offisiere was die manne wat die SA

Polisie verteenwoordig het. Onder andere ook die uwe.

Die groep mense is in Pretoria opgepik in ʼn DC4 Skymaster, wat daarna Kaap-toe

gevlieg het en die Kaapse groep opgelaai het. Daarna het ons al met die weskus-langs

in die statige ou Skymaster gevlieg tot by die Rooikop Lughawe naby Walvisbaai.

Tydens die vlug het die politici, polisiemanne en persmanne mekaar begin voel-voel

en lekker aan die gesels geraak. Dit was werklik ʼn aangename ervaring om in ʼn

vliegtuig wat toe al seker veertig of vyftig jaar oud was, te kon vlieg. Dit was een van

die SA Lugmag se laaste DC4s en was nog in ʼn perfekte toestand.

Toe ons by Rooikop geland het, het ʼn jong sersant ons met ʼn bus ontmoet en is ons

almal na Lauberville geneem.

Generaal HPM de Villiers, wat destyds die SSO op Hoofkantoor was, was ook die DK

Walvisbaai. Hy was ook een van die polisie verteenwoordigers.

Page 97: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

95

Lauberville is ʼn pragtige oase in die Namib Woestyn. Die administratiewe geboue

was sulke halfronde sinkgeboue en as ek reg onthou, was die woonkwartiere van die

bekende vooraf-vervaardigde geboue wat mens oral by tydelike staatspersele kan

sien. Een van die halfronde sinkgeboue was ingerig in ʼn lesingsaal en daar het die

minister en die generaals kopstukke met die persmanne gesels om “mekaar beter te

verstaan”.

Tussen die lesings, is die groep ook met die bus op uitstappies geneem. Ons het na

die Welwitchia gaan kyk, na die plantjies wat in die Namib groei en ook die duine

gaan klim. Niemand het geweet dat Minister Vlok op daardie tydstip ʼn kwaai aanval

van malaria onder lede gehad het nie, want hy het deurentyd betrokke gebly by al die

doenighede.

Een van die ander sinkgeboue was mooi ingerig as ʼn ander soort oase .... ʼn plek waar

die manne ʼn bietjie kon ontspan en hulle dors kon les.

En was die manne dors! Die sersant wat die bus bestuur het, was ook aangewys as

die kroegman. Hy was nooit een keer gedurende die naweek van sy “oase”

verpligtinge verskoon nie. As hy die mense vertel dis toemaaktyd, dan vra hulle hy

moet asseblief nog ʼn rukkie vasbyt ..... as die dagtaak begin, was hy weer aangesê om

die bus te bestuur ... so hy het daardie hele naweek nie ʼn oog toegemaak nie.

Tydens die naweek het daar ook ʼn ander insident gebeur. Die Helderberg het in die

Indiese Oseaan neergestort.

Toe die naweek uiteindelik verby is, het ʼn taamlike moeë klomp polisie- en

persmanne die bus bestyg om weer na die lughawe geneem te word. As ek sê dat

almal moeg was, moet ek darem sê dat generaal de Villiers, ʼn geheelonthouer, nog

perdfris was. Die bestuurder van die bus, wat toe omtrent half aan die slaap was, het

ongelukkig net buite die kamp in die sand vasgesit en die manne moes maar weer

uitklim om die bus uit die sand te probeer stoot.

Page 98: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

96

Generaal de Villiers het in die bus oor die bestuurder se skouer gaan loer en raad gee.

Hy het eers gesê hy moet die bus in ekstra low sit; om nie die enjin so hoog op te jaag

nie; en verder dat hy moet toesien dat die wiele nie tol nie en dat hy oppas dat die

“klits” oftewel die koppelaar nie uitbrand nie. Maar die bus het soos ʼn steeks donkie

in die sand bly sit.

Terwyl die generaal nog so met die bestuurder gepraat het, het die bestuurder

naderhand net stil agter die wiel bly sit. Die generaal spreek hom toe naderhand in

hoofletters aan, maar hy bly doodstil sit.

Toe hy hom naderhand aan die skouer stamp, kom hy agter die arme man is vas aan

die slaap!

Op die lughawe het ʼn ander verrassing op ons gewag .... hierdie keer moes ons deur

ʼn Hercules opgelaai word, maar die vliegtuig was vol weermag-sportmanne wat nie

plek wou maak vir die klomp polisie- en persmanne nie ..... selfs nie eers vir minister

Adriaan Vlok nie .... maar na ʼn groot gesukkel en ʼn gesoebat het almal darem

uiteindelik in die vliegtuig gekom en het die vlug eers na Pretoria vertrek, die

Pretorianers afgelaai en verder Kaap toe om die Kapenaars af te gaan laai.

--ooOOoo--

Page 99: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

97

DIE VOORRANGLYS VIR OFFISIERE

Die senioriteitslys, of ansiëniteitslys om die korrekte term te gebruik, vir offisiere was

een van die bes bewaarde geheime in die polisie. Maar ʼn geheim bly bloot ʼn geheim

as net een mens daarvan weet. Juis omdat dit so ʼn groot geheim was, het elke offisier

dit sy missie gemaak om uit te vind waar sy naam op die lys verskyn en hoe lank hy

nog sal moet wag vir sy volgende bevordering.

Hierdie lys is net in die kluise van die Vertroulik-seksie en die lede van die

Bevorderingsraad gehou. En die houers hiervan het dit soos broeis henne bewaar.

Die lys is net vir die uitgesoekte mense gegee voor die volgende bevorderingsraad

vergadering.

Daar was natuurlik onder die manne baie gespekuleer oor wie naby bevordering is;

wie vir wie verbygesteek het; wie teruggehou is; en wie uit guns geraak het. Daar was

groot wedywering onder die offisiere en baie van hulle se primêre taak in die lewe

was om voor sy kompetisie geplaas te word.

As senior offisiere ooit lekker onder mekaar kon skinder, was dit oor die einste

ansiëniteitslys.

Toe ek die Kommissaris se stafoffisier was, moes hy een keer iewers heen gaan en hy

het vergeet so die lys saam met hom te neem. Ek het die brandkas se sleutel gehad

om ander hoogs vertroulike dokumente, soos kabinetsmemoranda, notules van die

Staatsveiligheidsraad en ander geheime dokumente op te dateer.

Ek sien toe die ansiëniteitslys en besluit om bietjie te loer .... (ek was toe al omtrent “due”

om 'n luitenant-kolonel te word en wou kyk hoe lank dit nog sou duur). Ek maak toe die

kantoor se deur toe en sprei die groot leer oop op die lessenaar.

Terwyl ek totaal verdiep was in my bestudering van die lys, kom kolonel Calitz skielik

die kantoor in ..... en betrap my “red handed” met die lys.

Page 100: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

98

Dit was byna 'n daad van hoogverraad vir 'n skamele majoortjie om so 'n uiters

geheime dokument te sien. Ek het seker omtrent 'n voet in die lug gewip van die skrik.

Die kolonel het net so effens geglimlag .... ek dink hy het maar te goed begryp dat

niemand so ʼn kans verby sal laat gaan nie.

--ooOOoo--

Page 101: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

99

ONTNUGTERING MET VERPLASING

In 1984 is ek vanaf Middelburg, Transvaal, na die parlementêre personeel van die

destydse Kommissaris, generaal Johann Coetzee verplaas.

Saam met my in die “groot kantoor” was daar ʼn uiters bekwame vroue-luitenant. Sy

het ʼn hele paar jaar vantevore as ʼn jong tikster by die parlementêre personeel

aangesluit en het Kommissarisse soos generaals Gous, Joubert, Crous, Prinsloo, en

Geldenhuys sien kom en gaan. Haar dienste was hoog aangeslaan en sy is in die loop

van die tyd, ek dink in generaal Geldenhuys se tyd, van ʼn hooftikster lateraal

oorgeplaas na die funksionele stroom van die polisie. Ek dink sy is toe as ʼn adjudant-

offisier aangestel. Teen die tyd dat ek daar beland het, was sy al ʼn luitenant. Van al

die personeel wat daar was, was sy een van die staatmakers. Omdat die parlementêre

personeel vir die duur van die parlementêre sessie in Kaapstad en in die reses in

Pretoria gestasioneer was, het die luitenant nooit getrou nie.

Toe dit tyd word dat sy na kaptein bevorder moes word, is daar besluit dat sy haar

pos “ontgroei” het en dat sy in ʼn pos geplaas moes word wat haar rang waardig was.

Daar is toe besluit om haar in een van die seksies by die Veiligheidstak te plaas, waar

sy memoranda aan die kommissaris, minister en die parlement moes opstel. Sy was

nie juis baie angstig om die veiligheid van haar jarelange pos prys te gee nie, maar sy

het ingesien dat sy as ʼn kaptein meer verantwoordelikhede moes aanvaar.

Sy het toe een Maandagoggend by haar nuwe standplaas aangemeld en daar is gereël

dat sy teen die eerskomende Woensdag, wanneer die Kommissaris beskikbaar sou

wees, weer na sy kantoor te kom, waar daar behoorlik van haar afskeid geneem kon

word.

Sy het by haar nuwe pos baie gou agtergekom dat daar ʼn groot verskil in die kuns is

om memo’s wat iemand anders geskryf het, te tik en om self memo’s op te

stel. Sommer die eerste dag het die groot ontnugtering ingetree en was die aanpassing

Page 102: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

100

vir haar uiters traumaties. Sy het as’t ware erg verlang na die spreekwoordelike

“vleispotte van Egipte.”

Toe sy die Woensdag vir haar afskeidgeselligheid van koek en tee, die oorhandiging

van ʼn geskenk en toesprakie deur die Kommissaris aangekom het, was die

ontnugtering op sy hoogtepunt.

Na die Kommissaris se toesprakie is die luitenant gevra om ook iets te sê. Sy het

moedig begin om haar dank vir al die goeie jare uit te spreek, maar haar emosies het

skielik oorgekook. Die ontnugtering het skielik in woede omgekeer en sy het die

generaal en sommer almal sterk verwyt dat “hulle” haar soos ʼn ou stuk lap weggegooi

het.

Nadat die kommissaris haar getroos en moed ingepraat het, is sommer daar en dan

besluit om haar eerder na ʼn ander seksie, waar sy meer gemaklik sou wees, te

verplaas. Sy is toe effe getroos, maar steeds baie ongelukkig daar weg.

Later die middag is ek en Charl Steyn, die generaal se motorbestuurder-regterhand

toevallig saam by hom in sy kantoor. Die generaal sê toe vir ons dat hy nooit kon dink

dat die kaptein só heftig sou reageer nie.

Charl antwoord toe dat hy daardie oggend by ʼn begrafnis was, maar dat dit ʼn baie

joliger affêre as die luitenant se afskeid was.

--ooOOoo—

ENSRETTET

Toe ʼn klompie polisiemanne in 1992 ʼn besoek aan Denemarke gedoen het, was dit die

meeste van ons se eerste besoek aan die buiteland.

Page 103: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

101

Ons besoek het ʼn hele twee maande geduur, naamlik Julie en Augustus. Dit is die

tydperk wanneer die somerseisoen op sy hoogtepunt is en wanneer die strate tot laat

in die aand vol mense is.

Ons was gaste van die Deense regering, wat byna oor hul voete geval het om die

nuwe-Suid-Afrika, wat net om die draai was, te help. Polisie-opleiding was een van

die groot projekte wat hulle saam met die Europese Unie aangepak het. Die Deense

regering het ons in die Komfort Hotel geakkommodeer.

Dit was voorwaar ʼn belewenis om te sien hoe skoon en sindelik die Deense mense

hulle omgewing gehou het. Daar het nooit ʼn papier rondgelê nie en mens het jou

inkopies in papiersakke gedra. Geen plastieksakke of selfs plastiekbottels was êrens

te sien nie. Bier en koeldrank het ʼn mens in glasbottels gekoop – en ʼn deposito op die

bottels betaal – ʼn mens moes dit, net soos in ons kinderdae, weer terugneem as mens

nuwes wou koop, of jy was jou deposito kwyt.

Die Dene was baie gasvry en het ons werklik baie goed behandel. Afgesien van die

kursusse wat ons by hulle polisieskool deurloop het, het hulle ons ook oral heen

geneem om die Deense leefwyse en besienswaardighede sien. Wat vir ons nogal

snaaks was, was dat daar in die pouses tussen die klasse, ʼn bottel of twee Carlsberg

bier vir elke kursusganger beskikbaar was. Volgens hulle word ligte bier as koeldrank

gereken, al is daar ʼn paar persentasiepunte alkohol in. Ons het ook besoeke gedoen

aan ʼn hele paar ander eilande en stede in Denemarke, maar het telkens teruggekeer

na die Komfort Hotel.

Dit was ook nogal interessant dat baie van die Deense kennisgewingborde net sowel

in Afrikaans kon gewees het. Woorde soos melk, parkering en lekker is maar net soos

die ooreenstemmende Afrikaanse woorde, behalwe dat hulle dit heel anders

uitgespreek het.

Oor die naweke, wanneer ons “at our own disposal” was, het ons die strate platgeloop

en ons verkyk aan die pragtige ou geboue en die snaakse dinge wat ons nie in ons eie

Page 104: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

102

land geken het nie. Oral was daar gragte waar plesierbote die toeriste op plesiervaarte

geneem het. Feitlik op elke straathoek was daar ʼn gebou met ʼn klok wat elke kwartier

geslaan het. Wanneer die klokke begin beier het, het dit nogal ʼn lawaai afgegee, maar

mens het dit nie eers agtergekom nie. Dit was natuurlik eienaardig om te sien dat die

verkeer daar aan die regterkant beweeg en ons moes kophou as ons die strate wou

oorsteek. Ons moes na die ander kant as wat ons in Suid-Afrika gewoond was, uitkyk

vir aankomende verkeer.

Dit was ook ʼn belewenis om te sien hoe doeltreffend die busse en treine geloop het.

Mens het nooit langer as ʼn paar minute gewag vir ʼn bus of trein nie.

Op ʼn Vrydagmiddag, is ons na die Folketing, die Deense Parlement, geneem. Ons het

gesien hoe die geboue en die binnekant van hulle parlement lyk. Weens die vakansie-

seisoen, was die parlement ongelukkig in reses. Na die besoek het ons gashere gesê

dat ons hotel nie te ver daarvandaan was nie en dat ons sommer soontoe kon loop.

Ons was maar te bly vir die geleentheid om bietjie oefening te kry, want die Dene het

ons lojaal getrakteer met “Danish Pastries”, “light beer” en heerlike kos. Hulle het vir

ons beduie dat mens al langs die kanaal afstap, dan by ʼn kerk regs moet draai en dan

verder loop tot by ʼn McDonald’s en dan sal ons maklik die hotel kry.

Ons het in groepe die strate aangedurf en probeer onthou hoe ons moes stap. Dit was

egter nie lank nie, of die klomp kerkklokke, kanale en vreemde padtekens het ons

heeltemal verwar. Ons het na ʼn ruk besef dat ons verdwaal het.

So met die stappery, sien ek gelukkig ʼn straat-teken met die naam “Ensrettet” ... dit

val my by dat dieselfde straatteken reg voor die hotel is. Met die paar Deense woorde

wat byna soos ons eie taal is, besef ek “Ensrettet” is die straat waarin die hotel ook is.

Ons volg die rigting van die pyl op die kenteken en nie lank nie, of ons sien by een

van die volgende straathoeke ook “Ensrettet” en die pyl wys in ʼn ander rigting. Ons

begin die pyle volg en kort-kort sien ons sulke borde met duidelike pyle waarheen

Page 105: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

103

ons moet loop. Ons het helaas, naderhand besef ons dat ons al hoe verder van die

hotel af begin loop het.

Na ʼn gesukkel om iemand te kry om vir ons die pad na die hotel te beduie, kom ons

uiteindelik by die hotel uit. Ek is steeds verward. Voor die hotel is tóg ʼn duidelike

kennisgewing “Ensrettet”.

Toe eers vind ons uit dat “Ensrettet” eintlik “One Way” beteken en dat die pyl eintlik

die rigting aandui waarin die verkeer moet beweeg.

-ooOOoo—

Page 106: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

104

DIE HUURMOTORBESTUURDER IN KOPENHAGEN

'n Klomp van ons polisiemanne is in Kopenhagen om by die Dene te leer hoe om

polisiemanne op te lei.

Op 'n Saterdagaand gaan die hele groep na die Tivoli Gardens waar ons baie lekker

kuier en sien hoe die Dene hul Saterdagaande geniet .... en hulle KAN! Op een of

ander onverklaarbare manier dwaal ek van die res van die groep af .... en toe ek my

weer kom kry, is ek stoksielalleen in die Tivoli Gardens ...

Ek loop in die strate rond en soek na die hotel, maar ek is skielik baie alleen en benoud

in die vreemde stad waar min mense Engels verstaan.

Ek het geen idee waar die Komfort Hotel was waar ons tuisgaan nie. Om die waarheid

te sê ... met al die kerkklokke wat elke kwartier beier, is ek totaal verdwaal.

Gelukkig het ek darem 500 Krone oor en ek keer toe maar 'n taxi voor. Op daardie

stadium was ʼn Deense Kroon en ʼn Suid-Afrikaanse Rand omtrent ewe veel werd.

Ek maak die fout en vertel hom dat ek na die Komfort Hotel toe moet gaan, maar al

wat ek het, is K500. Ek hoop dit sal genoeg wees om my daar af te laai.

Die taximan kyk my met groot jammerte aan en sê toe hy sal maar 'n plan maak, siende

dat ek van Nelson Mandela se land af kom.

Ek klim toe in die taxi en die man ry omtrent 150 meter en laai my net om die hoek

voor die hotel af ....

--ooOOoo—

Page 107: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

105

OM SONDER JOU EGGENOTE NA ʼn POLISIE-FUNKSIE TE

GAAN

Toe ons in 1995 in Pietersburg beland het, was dit die begin van die nuwe politieke

era in die land.

Die mense wat die ou Afdeling Verre-Noord Transvaal geken het, sal weet dat die

afdeling gestrek het vanaf Pienaarsrivier in die suide tot by Messina in die noorde.

Van Oos na Wes het die gebied weer gestrek vanaf Hoedspruit tot by die grens van

Botswana.

Binne die grense van Afdeling Verre-Noord-Transvaal was daar behalwe die gebied

wat deur die Suid-Afrikaanse Polisie bedien was, ook drie ander polisiemagte,

naamlik Lebowa, Gazankulu en Venda.

Toe ek daar as adjunk-provinsiale kommissaris (generaal-majoor) aangestel is, was

een van die nuwe bestuur se eerste prioriteite om die gebiede en personeel van die ou

SAP, Lebowa, Venda, en Gazankulu in een mag te integreer. Dit was nogal ʼn baie

ingewikkelde taak, want elkeen van hierdie polisie-instellings het sy eie personeel en

kommissaris gehad. As iemand van byvoorbeeld Gazankulu in ʼn senior pos aangestel

is, was die kandidate vanuit die SAP, Venda en Lebowa ongelukkig. Dit was ʼn

moeilike proses en ons was maar te bewus van die feit dat daar altyd ontevredenheid

sou wees.

Die eerste LUR van Veiligheid en Sekuriteit, advokaat Seth Nthai het dit sy taak

gemaak om toe te sien dat die verskillende groepe so gou en met so min pyn as

moontlik geïntegreer word.

Page 108: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

106

Om dit te doen, het hy gereël dat ʼn deftige funksie in Pietersburg gehou word, wat

deur al die offisiere en hul vrouens van die verskillende polisiemagte bygewoon moes

word.

Tydens die funksie het die LUR opgemerk dat daar so min van die offisiere se vrouens

daar was. Hy het ʼn beroep op die offisiere gedoen om in die toekoms hulle vrouens

saam te bring, want dit was al manier hoe die mense mekaar sou leer ken. Hy was

van mening dat dit nie bevorderlik vir samehorigheid was as die manne alleen na die

funksies kom nie.

Na sy toespraak was dit my taak om die LUR te bedank. Ek het gewonder wat ek kon

sê as ʼn gepaste repliek op sy standpunt dat die offisiere nie hul vrouens saamgebring

het nie.

Dit het my laat dink aan ʼn geleentheid ʼn paar jaar vantevore toe ek in my amptelike

hoedanigheid ʼn gradeplegtigheid vir die polisiestudente by die Akademie in Graaff

Reinet bygewoon het. My vrou het my na hierdie geleentheid vergesel en ons het in

die Drostdy Hof tuisgegaan.

Na die plegtigheid het my goeie Unisa vriende, professor Ben Smit, Professor Coen

Marais en Toffie van Vuuren, almal oud-polisiemanne, my genooi om saam met hulle

by die karavaanpark waar hulle tuisgegaan het, te gaan braai. Ek het gevra dat hulle

my maar moet verskoon, want my vrou het saam met my gekom en ek kon haar nie

alleen in die hotel los terwyl ek saam met hulle kuier nie.

Professor Coen Marais het droogweg geantwoord dat dit maar moeilik is as ʼn mens

se vrou ook saam met hom by ʼn geleentheid is, want – “As jy jou vrou saambring, is dit

dubbeld so duur, maar net helfte so lekker.”

Toe ek Professor Marais se “wysheid” in my bedankingswoorde aangehaal het, het

advokaat Seth Nthai sy kop agteroor gegooi en geskater van die lag.

--ooOOoo--

Page 109: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

107

ONDERHOUDE VIR GEADVERTEERDE POSTE

In die nuwe Suid-Afrika, was dit my twyfelagtige voorreg om in Pietersburg te

beland.

Dit was die tyd van transformasie, equity, representivity en affirmative action en vir

die eerste jaar van my tyd in Pietersburg, was ek omtrent voltyds besig om poste te

adverteer, kortlyste en onderhoudspanele saam te stel en onderhoude met applikante

te voer

Dit is maar ʼn vervelige werk, maar iemand moes verantwoordelik daarvoor wees.

Wat vergoed het vir die sleurwerk, was die talle komiese insidente tydens sulke

onderhoude, veral as die kandidaat geen benul gehad het wat hy moes antwoord nie.

Op ʼn dag is die keuringspaneel besig om onderhoude vir ʼn pos ʼn Lebowakgomo te

voer.

Toe die eerste kandidaat voor die paneel gaan staan, ruik ons sommer dadelik lont.

Die man is nie alleen nie. Om hom het die geure van gisteraand se brandewyn en

vanoggend se russians en chips gehang.... en die regmakers wat hy “gevat” het net

voor die onderhoud. Hy is ook so vriendelik en glimlaggend soos ons almal se beste

maatjie.

Om alles te begin, heet die voorsitter die kandidaat welkom en bedank hom vir sy

teenwoordigheid.

Hy val toe in met ʼn vraag oor die skorsingsbeleid, watter prosedure gevolg moet word

en watter ampsbekleër bevoeg is om iemand te skors en om watter redes.

Page 110: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

108

Die kandidaat lyk soos ʼn gans wat na die swaar weer kyk, stotter en stamel en kyk

ons beskuldigend aan oor ons hom so ʼn lelike strikvraag gevra het.

Tydens sulke onderhoude sien mens baie soorte kandidate, dié wat bars van

selfvertroue, die gladdebekke en ook die manne wat met stomheid geslaan word.

Hierdie een was met stomheid geslaan.

Een van die paneellede kon dit nie langer verduur nie en vra vir die kandidaat:

Vraag: “Do you take a drink?”

Antwoord: “Yes, Sir, I do.”

Vraag: “When did you take your last drink?”

Antwoord “I think early this morning.”

Vraag: “How many times a night do you take a drink .... once or twice?”

Antwoord: “Thrice.”

--ooOOoo--

Page 111: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

109

PAKKETTE WORD AANGEBIED

Toe die nuwe regime in 1994 oorgeneem het, is polisiebeamptes die geleentheid

gebied om ʼn uitdienstredingspakket te aanvaar.

Hierdie stelsel was eintlik bedoel om van die blanke lede, wat nie kans gesien het om

verder onder die nuwe regering te dien nie, ontslae te raak.

Hoewel die ouer blanke lede eintlik in gedagte was met hierdie bedeling, het ʼn groot

aantal swart lede ook daarvan gebruik gemaak.

Die enigste voorwaarde om ʼn pakket te aanvaar, was dat die lid meer as tien jaar diens

moes voltooi.

As ʼn konstabel byvoorbeeld na tien jaar diens ʼn pakket aanvaar het, het die taamlike

groot enkelbedrag baie aanloklik gelyk, maar dit sou nooit genoeg wees om vir langer

as ʼn jaar of twee daarvan te leef nie – en dan moes die ontvanger ook baie versigtig

daarmee te werk gegaan het.

Dit was nogal tragies om te sien hoe dwaas die meeste pakket-ontvangers was

wanneer hulle hul pakkette ontvang het. Ek weet van heelwat van hulle wat dit binne

ʼn jaar verkwis het en dat hulle dan maar weer van voor af moes gaan werk. En dit in

ʼn tyd toe werk al hoe skaarser begin word het.

ʼn Klassieke geval waar ʼn pakket net een dag gehou het, is die verhaal van ʼn oud-

konstabel van Thohoyandou wat ʼn kontantbedrag van ongeveer R450 000 ontvang

het.

Hy het gereken dat hy daarmee twee Hi-Ace bussies kontant kon koop en dat hy dan

met dié geld ʼn taxi-onderneming kon begin. Hy het sy sommetjies gemaak en

uitgewerk dat hy met die twee taxi’s net soveel soos ʼn generaal kon verdien. Hy het

dadelik na die Toyota-agent in Pietersburg gegaan en twee sestien-sitplek Hi-Aces

bestel.

Page 112: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

110

Hy kon nie wag vir die oproep dat die twee Hi-Aces afgelewer word nie.

Toe die oproep uiteindelik kom dat sy twee taxi’s gereed is, kry hy en sy tweede

bestuurder ʼn geleentheid vanaf Thohoyandou na Pietersburg om die voertuie te kom

haal. Saam met hulle is ook ʼn Sangoma om die voorvaders se seën vir die onder-

neming te vra en om te sorg dat die voertuie baie geld sal maak en natuurlik ook om

te verhoed dat die verkeerspolisie hulle sou “sien”.

By die motorhawe aangekom, betaal hy kontant vir die twee taxi’s. Toe hy hoor wat

dit sou kos om hulle te verseker, besluit hy dat die voorvaders sou sorg dat alles reg

sal loop. Alles loop mos altyd reg met Toyota! Hy sou eers ʼn bietjie later aan

versekering dink wanneer sy kontantvloei verbeter.

Die nuwe Taxi-tycoon se splinternuwe Hi-Ace was eerste gereed en hy het dadelik in

die pad geval Thohoyandou-toe.

Die tweede taxi sou eers oor sowat ʼn uur gereed wees om af te lewer.

Toe die eienaar in Thohoyandou aankom, ontvang die hy die skokkende nuus dat die

tweede Hi-Ace by Louis Trichardt in ʼn ongeluk betrokke was. Die voertuig was ʼn

wrak.

Hy het net daar besluit om na die toneel te jaag om te gaan kyk wat gebeur het.

Raai wat?

Hy skryf ook die eerste Hi-Ace af op pad soontoe!

Hy het toe maar by die huis gaan sit en elke dag aan die twee wrakke geploeter om te

kyk of hy hulle weer met tweedehandse onderdele op die pad kon kry.

Hy het die voorvaders ook erg verkwalik omdat hulle so wreed met hom kon wees.

--ooOOoo—

Page 113: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

111

SUMMIERE ONTSLAG.

In Oktober 1999 het ek ʼn oproep van die toenmalige nasionale kommissaris, George

Fivaz ontvang. Hy het my ingelig dat die Kabinet my bevordering en aangestelling

as die Afdelingskommissaris: Opleiding goedgekeur het. Ek was op daardie stadium

die Adjunk Provinsiale Kommissaris in die Limpopo Provinsie.

Terwyl ons nog besig was om tenders vir die vervoer van ons besittings in te win en

al die ander reëlings vir die verhuising terug na Pretoria te doen, het generaal Fivaz

my versoek om ʼn vergadering in Kaapstad met ʼn aantal Sweedse regeringsamptenare

te gaan bywoon.

Die vergadering het gegaan oor die Swede se hulpprogram rakende polisie-opleiding

en menslike hulpbronbestuur. Ander opleidingsinstellings, soos die Universiteite van

Kaapstad, Stellenbosch en Wits, sou ook die vergadering bywoon. Die geselskap het

bestaan uit die uwe, die pas aangewese nasionale kommissaris, Jackie Selebi, die

aangewese afdelingskommissaris van loopbaanbeplanning, Mala Singh en

kommissaris Chris Botha, wat al ʼn rukkie in die Afdeling: opleiding werksaam was.

Ons sou met die polisie se korporatiewe straler na Kaapstad vlieg.

Jackie Selebi was versoek om saam te gaan sodat hy formeel aan die Sweedse

afvaardiging, een van die polisie se grootste skenkerlande, voorgestel kon word.

Chris Botha was die “ou hand” by die Afdeling: Opleiding en was inderdaad die

enigste offisier wat op daardie stadium werklik ʼn bydrae oor die strukture en

programme van die Afdeling by die vergadering kon lewer, omdat ek en Mala Singh

nog nie eers diens in ons nuwe poste aanvaar het nie.

Chris het onderneem om ons almal tydens die vlug in te lig waaroor alles sou gaan.

Hy en die Sweedse donateurs het reeds ʼn tentatiewe program saam met die

universiteite opgestel.

Page 114: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

112

By die Wonderboomlughawe het ek vir die eerste keer kennis gemaak met Jackie

Selebi en Mala Singh. Die ontmoeting het heel gemoedelik geskied en ons het oor die

nuwe uitdagings gesels terwyl die polisie se tiensitplek Beechcraft Citation-straler

voorberei was vir die vlug Kaap-toe.

Die vliegtuig het skaars van die grond af opgestyg toe Chris sy aktetas oopgemaak en

ʼn program aan ons voorgelê en ons ingelig het hoe die program vir die dag sou

verloop.

Onder andere moes die Universiteit van Kaapstad (wat as gasheer vir die vergadering

opgetree het) die intreerede lewer, terwyl Selebi die bedanking of iets dergeliks moes

doen.

Jackie Selebi het vir ʼn rukkie na die program gekyk. Voordat die vliegtuig nog sy

kruishoogte bereik en skaars oor Midrand gevlieg het, het hy in ʼn woedebui ontplof

en beveel dat die vliegtuig net daar moes omdraai. Hy het vir my, Mala en Chris

sommer net daar in die vliegtuig “gefire”.

Hy was glad nie geneë om slegs die bedankings te doen na ʼn toespraak van ʼn

“bogsnuiter-universiteitsdosent” nie....

Vir ʼn oomblik was ons stom van verbasing ...... en hoe meer ek en Mala probeer

verduidelik het dat ons nog nie eers ons nuwe aanstellings aanvaar het nie, hoe

moeiliker het hy geword en aangedring om terug te keer na die Wonderboom

lughawe.

Die vlieënier het gesê dat hy nie goedsmoeds kon omdraai nie en dat sy vlugplan na

Kaapstad reeds aanvaar is. Ons het maar aangevlieg Kaap-toe.

Mala was baie ontsteld en het tydens die vlug hard probeer om vir Jackie Selebi te

kalmeer, maar die twee-uur vlug het verder in ʼn ysige stilte voortgegaan. Ek en Chris

het haar stilletjies en ongemerk probeer gerusstel, want ons het geweet dat ons nie

sommer so “gefire” kan word nie.

Page 115: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

113

Toe ons in die Kaap aangekom het, het die vergadering sonder enige voorval

plaasgevind. Jackie Selebi sy toespraak afgelê en uit die vuis heelwat uitgebrei op die

konsep-toespraak. Na ʼn middagete in die Mount Nelson hotel, wat deur die Swede

aangebied is, is ons na die Ysterplaat lughawe vir die vlug terug na Wonderboom.

Die terugvlug het darem in ʼn meer gemoedelike, dog steeds koel atmosfeer

plaasgevind. Die koelkas met die gebruiklike versnaperinge was op pad terug nie

eers oopgemaak is nie.

Toe ek later die aand terug by die huis in Pietersburg gekom het, het Netta

belangstellend gevra hoe die dag afgeloop het.

Ek het ewe droogweg vir haar vertel dat die vergadering heel goed afgeloop het, maar

dat Mala, Chris en ek geskiedenis in die nuwe Suid-Afrika gemaak het ....... skaars

nadat die vliegtuig opgestyg het, is ons sommer net daar in die vliegtuig “gefire”!

Sy het lam in die knieë geword en my geskok met haar groot blou oë aangekyk .......

Ek het uiteindelik vier jaar en ʼn paar maande later self besluit om, na ʼn dienstyd van

veertig jaar, met pensioen uit die Suid-Afrikaanse Polisie te tree. Vrywillig. Die tyd

wat ek in die Suid-Afrikaanse Polisiediens se topbestuur onder Jackie Selebi gedien

het, was dalk interessant, maar dit was die ondankbaarste en slegste tydperk van my

loopbaan........ maar ek dink darem dat ek heel anderkant uitgekom het!

Ek het besluit om hierdie storie doelbewus terug te hou totdat Selebi se verhoor

afgehandel en hy skuldig bevind was aan korrupsie. (Hy is intussen oorlede.) Ten spyte

van die hardvogtige manier waarmee hy my en sommige van my blanke kollegas

behandel het, kan ek dit nie help om nogal jammer vir hom te voel nie ..... maar ook

nie te veel nie!

--ooOOoo—

‘N KYKIE IN DIE TRUSPIEËL

Page 116: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

114

As ʼn mens jonk is en pas sy volwasse lewe betree het, dink hy nie eers aan die dag

wanneer sy tyd sal aanbreek om af te tree nie.

Wanneer die tyd egter wel aanbreek om die tuig na ʼn lang en goeie loopbaan neer te

lê, voel die dag wat ek my hande opgesteek en gesê het “So help my God”, soos gister.

Dan maak dit nie meer saak dat ek en my gesin talle kere verplaas moes word nie. Al

moes ons nege keer ons huis verkoop en ʼn ander huis op ʼn nuwe standplaas vind;

ons kinders kort-kort in nuwe skole moes aanpas; my vrou ʼn paar keer haar werk

moes bedank; was dit nie so belangrik nie. Wat dan belangrik is, is dat die Suid-

Afrikaanse Polisie op die ou end vir ons ʼn goeie en fatsoenlike lewe en ʼn redelik

sorgvrye oudag gebied het.

Hierdie dinge was slegs moontlik omdat ek steeds, al vir 50 jaar, geseën is met ʼn lojale

en wonderlike metgesel. Sy het nooit gekla as ek verplaas moes word nie. Sy moes

dikwels vir lang tye alleen klaarkom as ek van die huis moes weggaan.

Van die begin van ons jong getroude lewe saam, toe ek my salaris van R85 per maand,

by haar ewe klein salaris gegooi het en sy ons rekeninge langs mekaar op die

dubbelbed neergesit en die geld daarvoor uitgesit het, het sy vir ons finansies gesorg.

Sy het van die eerste dag van ons huwelik gesorg dat daar altyd genoeg was om van

te lewe. Danksy haar bystand, liefde en ondersteuning het sy my hande hoog gehou

en gesorg dat ons kinders ordentlik grootgemaak word.

Sy het haar eie belange telkens opsy geskuif as dit in belang van my loopbaan of ons

kinders was.

Ofskoon ons self feitlik kinders was toe ons in 1967 getroud is, was sy deur al die jare

my skouer om op te leun en die een wat my bemoedig het as dinge moeilik geraak

het.

Page 117: MY VEERTIG JAAR IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIE · 2018. 10. 8. · VOORWOORD In die loop van veertig jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie is daar talle insidente en staaltjies wat

115

Deur die onverdiende genade van ons Hemelse Vader was ek ook behoed en bewaar

om na al die jare met goeie gesondheid en ongeskonde uit die stryd te tree.

--ooOOoo—