nasionale sertifikaat (beroepsgerig die menslike …

13
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief DIE MENSLIKE LIGGAAM EN GEES NKR VLAK 3 (9020083) 26 Februarie 2019 (X-Vraestel) 09:0012:00 Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye. NASIONALE SERTIFIKAAT (BEROEPSGERIG

Upload: others

Post on 23-Apr-2022

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: NASIONALE SERTIFIKAAT (BEROEPSGERIG DIE MENSLIKE …

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

DIE MENSLIKE LIGGAAM EN GEES

NKR VLAK 3

(9020083)

26 Februarie 2019 (X-Vraestel) 09:00–12:00

Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

NASIONALE SERTIFIKAAT (BEROEPSGERIG

Page 2: NASIONALE SERTIFIKAAT (BEROEPSGERIG DIE MENSLIKE …

(9020083) -2- NC2830(A)(F26)V

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

TYD: 3 UUR PUNTE: 180

INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. 2. 3. 4.

Beantwoord AL die vrae. Lees AL die vrae aandagtig. Nommer die antwoorde volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. Skryf netjies en leesbaar.

Page 3: NASIONALE SERTIFIKAAT (BEROEPSGERIG DIE MENSLIKE …

(9020083) -3- NC2830(A)(F26)V

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 1

1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf net die letter letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDBOEK neer.

1.1.1 Die grootste orgaan van die liggaam is die … A

B C D

lewer. pankreas. vel. brein.

1.1.2 Die bene van die polsgewrig is … A

B C D

falankse. metakarpale. tarsale. karpale.

1.1.3 Die volgende is alles funksies van spiere, behalwe … A

B C D

sensasie. fleksie. ekstensie. adduksie.

1.1.4 Die bloedvat wat deoksigeneerde bloed van die onderlyf na die

hart neem, noem ons …

A

B C D

pulmonêre arterie. inferior vena cava. Jugulêre aar. hepatiese aar.

1.1.5 Die senuwee wat die diafragma beheer is die … senuwee. A

B C D

iskiatiese laringeale vagus- freniese

1.1.6 Die grootste deel van die brein is die … A

B C D

serebellum. serebrum. breinstam. verlengde rugmurg.

Page 4: NASIONALE SERTIFIKAAT (BEROEPSGERIG DIE MENSLIKE …

(9020083) -4- NC2830(A)(F26)V

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

1.1.7 Kraniale senuwees ontstaan in die … A

B C D

spinale murg. vertebrale kolom. skelet. brein.

1.1.8 Iemand wat op die punt is om die pad oor te steek het hulle …

nodig om aankomende verkeer te sien.

A

B C D

gesig gehoorsin tassin reuksin

1.1.9 Die … stadium van Sigmund Freud word gekenmerk deur ’n kind

wat geboei word deur sy/haar ontlasting.

A

B C D

orale latensie anale genitale

1.1.10 … is welbekend vir sy studies oor drome. A

B C D

Sigmund Freud Carl Jung B.F Skinner Jean Piaget

(10 × 1) (10) 1.2 Bestudeer die beelde hieronder en beantwoord die vrae.

[Source: https://www.google.com/search]

FIGUUR 1

A

B

C F

E

G

D

Page 5: NASIONALE SERTIFIKAAT (BEROEPSGERIG DIE MENSLIKE …

(9020083) -5- NC2830(A)(F26)V

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

1.2.1 Noem die merkers A–E deur net die antwoord langs die letters (A–E) in die ANTWOORDBOEK neer te skryf.

(5)

1.2.2 Noem die opening in die been gemerk F. (2) 1.2.3 Noem die been gemerk G en verduidelik die posisie van die been.

(1 + 2 × 1)

(3)

1.2.4 Noem die speekselklier wat voor die opening geleë is wat in VRAAG 1.2.2 genoem word.

(1)

1.3

[Source: https://www.google.com/]

1.3.1 Noem die struktuur gemerk A. (2)

1.3.2 Wat sou die gevolge wees indien die struktuur wat A gemerk is versuim om sy funksie te verrig? (4 × 1)

(4)

1.4 Hoe kan ’n swanger vrou ’n gesonde swangerskap en die geboorte van ’n gesonde baba verseker? (3 × 1)

(3)

[30]

Respiratory structures in the lung

A

B

Page 6: NASIONALE SERTIFIKAAT (BEROEPSGERIG DIE MENSLIKE …

(9020083) -6- NC2830(A)(F26)V

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 2 2.1 Kies ’n woord uit KOLOM B wat by ’n beskrywing in KOLOM A pas. Skryf net

die letter (A–J) langs die vraagnommer (2.1.1–2.1.7) in die ANTWOORDBOEK neer.

KOLOM A KOLOM B

2.1.1 2.1.2 2.1.3 2.1.4 2.1.5 2.1.6 2.1.7

Skimmel op brood wat muf word Abnormale hoë koors Voorbeeld van ’n parasiet Tweedevlakbeskerming Voorbeeld van ’n virus Eerstevlakbeskerming Opportunistiese infeksie

A

B

C

D

E

F

G

H I J

inentings HIV hipotermie pneumonie fungus hipertermie vel wurms griep vlieë

(7 × 1) (7)

Page 7: NASIONALE SERTIFIKAAT (BEROEPSGERIG DIE MENSLIKE …

(9020083) -7- NC2830(A)(F26)V

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

2.2 Verduidelik watter sensoriese orgaan en sintuig kan beskerming in elk van die

volgende situasies bied. Jy kan ’n sensoriese orgaan/sintuig NET een keer gebruik.

[Source: https://www.google.com/] [Source: https://www.google.com/]

[Source: https://www.google.com/] [Source: https://www.google.com/]

(4 × 2) (8) 2.3 Teken ’n vloeidiagram om die vloei van sperms van produksie tot ejakulasie

te demonstreer. (5 × 1)

(5) 2.4 Bestudeer die beeld hier onder en beantwoord die vrae.

[Source: https://www.google.com/search?client=firefox-] 2.4.1 Noem die orgaan wat A gemerk is. (1)

(a)

(d)

(c)

(b)

A

Page 8: NASIONALE SERTIFIKAAT (BEROEPSGERIG DIE MENSLIKE …

(9020083) -8- NC2830(A)(F26)V

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

2.4.2 Verduidelik hoe die struktuur A met ’n bevalling kan inmeng. (2)

2.4.3 Noem die struktuur bo-op die niere. (2)

2.4.4 Verduidelik hoe die strukture bo-op die niere jou kan help as jy deur ’n hond gejaag word.

(2)

2.4.5 Noem die struktuur waardeur urien uitgeskei word. (1)

2.4.6 Dink jy dit is ’n probleem as die pH van urien alkalies is? (2) [30]

VRAAG 3

3.1 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf net die woord/term langs die vraagnommer (3.1.1–3.1.10) in die ANTWOORDBOEK neer.

3.1.1 ’n Reaksie wat nie aangeleer is nie

3.1.2 Strukture in bloedvate wat voorkom dat bloed terugvloei

3.1.3 Orgaan wat in die torakale holte geleë is

3.1.4 ’n Olierige stof wat deur die sebumkliere uitgeskei word

3.1.5 ’n Infeksie veroorsaak deur ’n virus, bekend as koorsblare

3.1.6 ’n Pigment geproduseer deur selle in die epidermis

3.1.7 ’n Infeksie van die longe

3.1.8 ’n Toestand wat spruit uit verlamming van die fasiale senuwee

3.1.9 Terugvoer wat mense ontmoedig en keer dat hulle selfvertroue ontwikkel

3.1.10 Die liggaam se vermoë om indringende stowwe te weerstaan (10 × 1)

(10)

3.2 Verduidelik VIER redes waarom jy altyd ’n dokter moet inlig oor die presiese plek in die abdominale holte waar jy pyn ervaar. (4 × 1)

(4)

3.3 Teken ’n kopkaart om die strukture in die dermis van die vel te illustreer en

sluit die funksie van elk van die strukture in. (5 × 2)

(10)

Page 9: NASIONALE SERTIFIKAAT (BEROEPSGERIG DIE MENSLIKE …

(9020083) -9- NC2830(A)(F26)V

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

3.4 Lees die gevallestudie hier onder en beantwoord die vrae.

Amanda is 3 jaar oud en haar ma probeer haar leer om ’n potjie te gebruik. As sy die potjie gebruik, gee sy haar ’n lekker. As sy haar doek natmaak, kry sy nie ’n lekker nie. Haar ma skree en berispe haar baie kwaai.

3.4.1 Verduidelik EEN soort versterking wat deur Amanda se ma gebruik

word

3.4.2 In watter ontwikkelingstadium van Erik Erikson is die peuter? 3.4.3 Verduidelik die moontlike gevolge waartoe Amanda se ma se

geskree en kwaai berisping wanneer Amanda haar doek natmaak kan lei.

(3 × 2) (6) [30] VRAAG 4 4.1 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Kies die antwoord en

skryf net ‘Waar’ of ‘Onwaar’ langs die vraagnommer (4.1.1–4.1.10) in die ANTWOORDBOEK nee.

4.1.1 Die peritoneum bedek en beskerm abdominale organe. 4.1.2 Mense in vroeë volwassenheid wil net met hul portuur sosialiseer. 4.1.3 Om soggens dieselfde tyd wakker te word (voor die wekker lui) is

’n voorbeeld van klassieke kondisionering.

4.1.4 Inflammasie is ’n voorbeeld van eerstevlakbeskerming. 4.1.5 Die sklera is die buitenste bedekking van die oog. 4.1.6 Peuters vind hul ontlasting boeiend in die genitale stadium. 4.1.7 Breinbesering kan tot bewusteloosheid lei. 4.1.8 Die hepatiese arteries verskaf oksigeneerde bloed aan die niere. 4.1.9 Erge uitputting van witbloedselle kan anemie tot gevolg hê. 4.1.10 Die niere word deur die swewende ribbe beskerm.

(10 × 1)

(10)

Page 10: NASIONALE SERTIFIKAAT (BEROEPSGERIG DIE MENSLIKE …

(9020083) -10- NC2830(A)(F26)V

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

4.2 Bestudeer die beelde hier onder en beantwoord die vrae.

[Source: www.google.com] [Source: www.google.com]

FIGUUR A FIGUUR B

4.2.1 Identifiseer EEN endokriene orgaan in FIGUUR A en EEN endokriene orgaan in FIGUUR B.

(2)

4.2.2 Noem die hormone wat deur die endokriene organe uitgeskei word

wat jy in VRAAG 4.2.1 genoem het.

(3) 4.2.3 Verduidelik hoe die endokriene kliere wat jy in VRAAG 4.2.1

genoem het van mekaar afhanklik is vir voortplanting.

(2) 4.3 Verduidelik die verskil tussen outo-immuniteit en anafilaktiese skok. Gee ’n

voorbeeld van elk. (3 × 2)

(6) 4.4 Rangskik die volgende frases in die regte volgorde. Skryf SLEGS die letters

(A–G) in die ANTWOORDBOEK neer.

A

Suurstofhoudende bloed vloei van die linkeratrium deur die bikuspidale klep na die linkerventrikel.

B

Die pulmonêre arteries vervoer suurstofarme bloed na die longe om suurstof te ontvang.

C

Suurstofhoudende bloed vloei van die linkerventrikel na die aorta deur die aortaklep.

D Die superior en inferior vena cava vervoer suurstofarme bloed in die regteratrium in.

E

Na suurstofverkryging vervoer die pulmonêre are suurstofhoudende bloed van die longe na die linkeratrium.

F Die aorta vervoer suurstofhoudende bloed na die hele liggaam.

G

Suurstofarme bloed vloei van die regteratrium na die regterventrikel. (7 × 1)

(7)

[30]

MANLIKE VOORTPLANTINGSTELSEL

VROULIKE VOORTPLANTINGSTELSEL

Page 11: NASIONALE SERTIFIKAAT (BEROEPSGERIG DIE MENSLIKE …

(9020083) -11- NC2830(A)(F26)V

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 5 5.1 Voltooi die volgende sinne deur ’n woord uit die lys hier onder te kies. Skryf

SLEGS die antwoord langs die nommer (5.1.1–5.1.10) in die ANTWOORDBOEK neer.

pariëtale bene; reaksie; aksillêre limfnodes; diafragma; popliteale arterie; temporaal; servikale limfnodes; maturasie; rooiheid;

servikale plexus; aksillêre arterie; pupil; sintuie

5.1.1 Immuunstelselstrukture wat geswel en pynlik sal wees as die

borste beseer word

5.1.2 Senuwees wat impulse aan die nekstrukture verskaf 5.1.3 Bene wat die brein sydelings beskerm 5.1.4 Keer dat te skerp lig in die oog skyn 5.1.5 Bene wat die dak van die kranium uitmaak 5.1.6 Gee beskerming aan die liggaam teen omgewingsgevare 5.1.7 ’n Teken van inflammasie 5.1.8 Struktuur wat die bors en abdominale areas skei 5.1.9 ’n Sleutelkonsep van behaviourisme 5.1.10 Bloedvat wat oksigeneerde bloed aan die onderbeen voorsien

(10 × 1)

(10) 5.2 Verduidelik die beskerming van die sentrale senuweestelsel. (5 × 1) (5) 5.3 Namate ons ouer word (65 jaar en ouer) en senior burgers word, is ons

geneig om ons produktiwiteit te verminder en die lewe as afgetrede persoon te verken. Dit is gedurende hierdie tyd dat ons nadink oor wat ons bereik het.

5.3.1 Identifiseer die stadium van die Erik Erikson-ontwikkelingstadiums

waarin ’n 65-jarige persoon is.

(2) 5.3.2 Bespreek kortliks die stadium geïdentifiseer in VRAAG 5.3.1(4 × 1) (4)

Page 12: NASIONALE SERTIFIKAAT (BEROEPSGERIG DIE MENSLIKE …

(9020083) -12- NC2830(A)(F26)V

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

5.4 Kelly is ’n 13-jarige meisie wat in graad 8 is. Sy sit elke dag gedurende pouse

en kyk hoe haar portuurgroep met mekaar in groepe sosialiseer. Dit pla haar nie dat niemand probeer om haar te bevriend nie. Sy hou nie daarvan om aandag te trek nie.

5.4.1 Identifiseer Kelly se persoonlikheidseienskap. (2) 5.4.2 Bespreek VIER ander trekke van die persoonlikheidseienskap wat

jy in VRAAG 5.4.1 genoem het. (4 × 1)

(4) 5.5 Verduidelik DRIE trekke van iemand met ’n veroordelende

persoonlikheidstipe.

(3) [30] VRAAG 6

6.1 Definieer die volgende terme:

6.1.1 Paraplegie

6.1.2 Hemotoraks

6.1.3 Mastektomie

6.1.4 Meningitis

6.1.5 Ektopiese swangerskap

6.1.6 Besnyding (6 × 2) (12)

6.2 Noem DRIE immuun-organe. (3 × 1) (3)

6.3 Jy reis elke dag per trein na die kollege. Sommige mense hoes sonder om hul hand voor hul mond te hou. Daar is geen ventilasie nie omdat die treinvensters toe is.

Beskryf hoe jou immuunstelsel bedreig word. (2 × 2) (4)

6.4 Bestudeer die beeld hier onder en beantwoord die vrae.

[Source: www.google.co.za]

FIGUUR 1

Page 13: NASIONALE SERTIFIKAAT (BEROEPSGERIG DIE MENSLIKE …

(9020083) -13- NC2830(A)(F26)V

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

6.4.1 Identifiseer die proses wat in die illustrasie gedemonstreer word. (2) 6.4.2 Watter soort immuniteit is die proses wat jy in VRAAG 6.4.1

geïdentifiseer het?

(1) 6.4.3 Gee TWEE funksies van makrofage. (2) 6.5 ’n Verandering in gedrag is die gevolg van ’n individu se reaksie op ’n

stimulus.

6.5.1 Noem TWEE behaviourisme-teoretikusse en die teorieë waarvoor

hulle goed bekend is.

(4) 6.5.2 Gee EEN praktiese voorbeeld van ’n aangeleerde reaksie. (2) [30]

TOTAAL: 180