nie 'n hond se siek nie' (deel 2)
Embed Size (px)
DESCRIPTION
Hierdie is laaste bladsy van die eerste storie ’n reeks van vier in-diepte artikels wat Willemien Brümmer in 2010 vir Die Burger se Saterdag-bylaag, By, geskryf het in aanloop tot Wêreld-vigsdag, wat op 1 Desember gevier word.TRANSCRIPT

Saterdag 6.11.2010 By|11
In Xhosa sê vroue bloot lendoda ibalekile – hierdieman het weggehardloop.
In ’n tyd van MIV/vigshet dié verhaal al amper ’nsjabloon geword – ’n kulturelenarratief wat in die vroue sekop ingeëts is: Sy wordpositief vir die MI-virusgetoets; haar man blameerhaar dat sy “vigs in die huisgebring het”; hy pak sy goeden loop.
In die pediatriese vigseen-heid van die Groote Schuur-hospitaal in Observatory,waar ek in 2005 ’n navorsings-projek onderneem het, wasnege uit die tien MIV-positie-we ma’s met wie ek ’n onder-houd gevoer het, enkellopend.Toe ek dié eenheid vanjaarweer besoek, het die vroue netsoos die vorige keer vertel vanMIV/vigs en verlating.
Die ligpunt? Van die manskom terug. Een van die vroue,Nombeko (skuilnaam), het inwoede vir die pa van haargestremde seuntjie (toe tweejaar oud) vertel van haar endie kind se status toe sy hommet ’n ander vrou in die bedbetrap het.
“Dis jy en jou baba, ek isnie positief nie,” het hygeskerm. “Bly by jou vigsba-ba,” het hy gesê en geloop.
Toe die seuntjie vier jaaroud was, het die pa egter siekgeword en begin geld bring.“Later het hy gevra: ‘Nombe-ko, mag ek asseblief saam metjulle na die Groote Schuur-hospitaal gaan? Ek wil ook diedokter spreek.’ ”
Sy rol haar oë. “Hy’t steedsvolgehou hy’s negatief, maartoe hy eers hier by ons intrek,het hy sy storie verander. Hy’t‘jammer’ gesê.”
Pumla Tyulu, ’n berader indié pediatriese vigseenheid,reken tot 80% van die ma’swat hul kinders hiernatoebring, is enkellopend.
“Die ma’s vertel dikwels:Toe hulle hul vigsstatusonthul het, het hul man ofkêrel weggehardloop en ’naffair begin of na ’n andergirlfriend gegaan,” sê Tyulu.
“Ná ’n ruk kry die ma virhaar ’n ander maat, maar sysukkel om vir hom te sê sy isMIV-positief, want sy is bangook hý sal weghardloop. Ditword ’n bose kringloop. Dievroue sê altyd ons kindersword sonder ’n pa groot weensMIV/vigs.”
In ’n studie deur dieSinomlando-sentrum virOrale Geskiedenis en Geheue-werk is onderhoude gevoermet 33 families in KwaZulu-Natal wat deur die virusgeraak word. Slegs 27% vandie pa’s in dié verhale hetgereelde kontak met hul
kinders gehad. Sowat 34% vandie pa’s het ’n vorm vanmateriële ondersteuning aandie kinders gegee. Die res?Hulle is bloot nooit genoemnie.
Maar hoekom loop die pa’s?
JJJOm dié vraag te beantwoord,het ek sedert April ’n onder-soek gedoen na hoe mansreageer as hul lewensmaat ofdie ma van hul kinders erkenhulle is MIV-positief. Ek hetonderhoude gevoer met meeras twintig mans en vroue watmet MIV leef, sowel as metkenners, beraders en aktivis-te. Die liefde, sou ek egteragterkom, het nie reëls nie, endie waarheid is ’n grys landiewers tussen die verhale vandie mans en dié van die vroue.
Ek het gepraat met MIV-ne-gatiewe mans wat ten spytevan die samelewing se taboesbly by vroue en kinders watmet die virus leef, en metmans wat glo dié siekte“bestaan slegs in wit mense sekop”.
Dikwels was verhoudingsreeds voor die verlating vandie man wankelrig en wasMIV/vigs slegs die laastehoofstuk in ’n verhoudinggekenmerk deur armoede engeweld.
By plaas in die aanloop totWêreldvigsdag op 1 Desemberweekliks ’n artikel waarin diegevolge van MIV-onthullingondersoek word – veral uit dieperspektief van mans wathierdeur geraak word.JWillemien Brümmer wasvanjaar ’n ontvanger van diejoernalistiekgenootskap van dieprojek MIV/vigs en die Media.Die program word bestuur deurdie Anovagesondheidsinstituuten die Universiteit van dieWitwatersrand se departementjoernalistiek en gefinansier deurUSAID en John Hopkins Healthand Education in SuidAfrika.
Waar is aldie pa’s heen?
ONGENOOIDE GAS
’n Peuter kom vir ’n ondersoek by die pediatriese vigseenheid van die GrooteSchuurhospitaal. Die meeste van dié kinders word deur enkelma’s grootgemaak.
Een van die min kinders wat deursy pa na Groote Schuur sepediatriese vigseenheid gebring isvir sy maandelikse ondersoek.Slegs sowat 1% van die ouers watdie eenheid besoek, is mans.
Sarie Sineli se kinders moet honger skool toe gaan vandat haar man haar verlaathet. Nou moet sy dikwels bakhand staan vir mieliemeel en brood.
<<10is geslag en Sarie het leer waterdra en hout fynmaak.
Terug by hul huis in KTC hetdie probleme begin. Sy lig haarromp op om die merk op haarbeen te wys. “Hy’t my eenkeermet een van die bed se potegeslaan op my regterbeen toe hydronk was. Ek moes hospitaaltoe gaan. My suster het gesê:‘Hierdie man sal jou nog dood-maak,’ maar ek het gesê: ‘Ek’slief vir hierdie man.’”
Sy sug, maar sy hou haar kopomhoog. “Die slaan is beter asdie woorde. Jy’s sommer syvloerlap.”
Kort voor lank het hy haarsaans begin alleen los om by an-der vroue oor te slaap. As sy vraegestel het, het hy haar geslaan.
“Ek wou weet: ‘Hoekom los jymy nie liewer as om my temishandel nie?’ Hy’t gesê: ‘Ekmishandel jou nie. My voorva-ders het baie vroue gehad.’ Dithet seergemaak, maar ek het ditgewoond geraak.”
Sy dink ’n oomblik na. “Ekwas bang vir HIV. As die man soin die rondtes hol, hoe kan ek niedie ding het nie? As ons seks het,het hy nooit condoms gesoek nie.Hy wil so met die vleis gaan.”
Twee jaar gelede is een van dievroue in sy lewe weens vigsver-wante oorsake oorlede. “Ek hetdit by ander mense gehoor. Hy’tdit nie self kom sê nie,” onthouSarie. “Ek het hom gesê ons moetsaam vir ’n toets gaan, maar hy’tgeweier. Hy’t gesê dis ék wat siekis – ek slaap rond.
“Hy sien my elke oggend as ekvir hom die deur oopmaak vanons huis – ek stryk sy klere en ekmaak vir hom kos. Ek slaap nieuit nie, ek kyk na die kinders.”
Sedert haar eie diagnose hetvan sy ander meisies by diekliniek gekry. “Hulle is ook siek,ek het gesien hulle kom haalpille. Gelukkig is my siek nog nieso erg nie. Dis net die hart en diehoë bloeddruk.”
JJJEn toe, uit die bloute, vertel syhaar man se broer was by haaraan huis. Hy’t kom vra: “Hoe-kom het Gerald gehardloop?” sêsy. “Die broer het gesê Gerald isby sy familie in Transkei.”
Sy haal haar skouers op. “Ekhet vir sy broer gesê: ‘Gaan vravir Gerald self hoekom het hygeloop.’”
Sy draai na my. “Ek glo niehy’t al vir ’n toets gegaan nie. Asjy mos gaan vir ’n toets, moet jyvir jou familie sê.”
Dis Oktober toe ek weer op ’nVrydag by Mama Solani aan-doen. Hierdie keer is daar nievroue wat sing en bid by haarvoordeur nie. Die reuk vanvetkoek hang nie soos gewoonlikin die lug nie. “Mama Solani sêdaar’s nie kos nie,” sê ’n bedrem-melde Sarie. Sy’s onvas op haarvoete en sy ruik na drank.
“Dis twee dae dat hier niegekook is nie – gister en van-dag,” sê sy. “Ek kyk na mysuster se kind van ’n jaar en sesmaande, want my suster is byhaar boyfriend. Nou moet ek virdie kind ook kosgee, dis dié datek so loop en vra by die mense.Vanoggend het ek mieliemeelgaan vra by ’n ander vrou, maar
daar’s nou niks in die huis nie.”Sy lyk diep skuldig. “My eie
kinders gaan honger skool toe.My seun sê vir my: ‘Mamma,moenie worry nie, ek sal by dieskool kos kry.’ Die oudste eenwerk ná skool by Steers.”
Sy kyk anderpad. “Ek weet diedrinkery kos geld, maar dit wasby ’n ander vrou se huis. Sy’t myinvite na haar vir die umqombotien die brandewyn. Die vrou hetdie bier gemaak vir die voormen-se wat oorlede is.”
Ja, knik sy, sy soek soms werk.“Vandat my man weg is, gaan eksoms Kaap toe vir die casualjobs, maar ek het nie meer geldvir ’n taxi nie.”
Sy begin huil. “As die manhier was, het ek nie gesukkel nie.Hy’t my nie goed behandel nie,maar ek het darem geëet. En hy
was baie lief vir sy kinders.”Was haar man se broer weer
by haar?Sy knik stadig. “Sy broer sê hy
dink hy sal terugkom en ek moethom verskoon. Moet wees hy’ssiek. Ek weet nie hoe lank gaanhy nog in Transkei bly nie. Eksal maar die Here vra hy moetterugkom. Dis al.”
Sy vee met ’n verslonste mouoor haar oë. “As hy terugkom,sal ek hom aanvaar. Dit help niehy loop by my weg en gaansmeer die siek af by iemandanders nie. Ek en hy moet saamdie ding hanteer.”
Haar stem is sag, skaarshoorbaar. “Ek is lief vir hom.”J Hoekom vlug sommige mans uitverhoudings waar MIV/vigs ’nbedmaat is, terwyl ander bly? Leesvolgende week wat die kenners sê.