nn10 6 issuu

8
Deur Martie Le Grange ([email protected]) MOKOPANE – 'n Babadogtertjie wat in die Mokopane Hospitaal behandel word vir hialienmembraansiekte, ’n toestand wat die suurstofgebruik van vroeggebore babas aantas, veg 'n dapper stryd. “As daar geloof in jou hart is, kan jy vandag enige probleem die hoof bied,” skryf haar ma, Amelia Visser (19) van Lephalale op haar Facebook-blad. Haar dogtertjie is op 31 Mei sowat drie maande te vroeg gebore. Amelia en haar man, Shaun, was tot einde verlede week baie bekommerd en onseker of hulle 1.4kg baba gaan oorleef omdat haar liggaampie aan- vanklik die medikasie verwerp het. Noordelike Nuus het dié bekommerde mamma Dinsdag by die Mokopane Hospi- taal se kraamafdeling besoek en is welkom geheet met ’n glimlag. “Dit gaan baie beter met Shanika,” het Amelia laat weet. Shanika is in die neona- Vroeggebore baba se dapper stryd tale eenheid waar sy aan suurstof gekoppel is. Die suurstof is sedert haar opname vandeesweek verminder so- dat sy minder afhanklik kan wees daarvan en eerder op haar eie kan asemhaal. Shanika kon eers nie enige melk gegee word nie, want dit het haar sieker gemaak en volgens Amelia het die voeding met die medikasie gebots. Sy het egter vroeër dié week goed gereageer op die medikasie en kry drie uurliks borsmelk. Amelia was heel in haar skik omdat sy haar poppie Dinsdagmiddag vir die eerste keer in haar arms kon vashou. Volgens die dokter gaan Amelia en haar baba heel waarskynlik vir ten minste nog ’n maand by die hospitaal moet aan- bly. Bo: Shanika Visser kort na haar geboorte in die Ellisras Hospitaal en voor haar oorplasing na die Mokopane Hospitaal. Links: Amelia Visser wie se babadogtertjie op 25 weke, met ’n siekte gebore is wat haar suurstofgebruik aantas, sê sy is hoopvol nadat haar eers baie siek baba nou goed vorder.

Upload: helena-raats

Post on 01-Aug-2016

276 views

Category:

Documents


16 download

DESCRIPTION

Limpopo-based community newspaper for Mokopane and Lephalale.

TRANSCRIPT

Page 1: Nn10 6 issuu

Deur Martie Le Grange ([email protected])

MOKOPANE – 'n Babadogtertjie wat in die Mokopane Hospitaal behandel word vir hialienmembraansiekte, ’n toestand wat die suurstofgebruik van vroeggebore babas aantas, veg 'n dapper stryd.

“As daar geloof in jou hart is, kan jy vandag enige probleem die hoof bied,” skryf haar ma, Amelia Visser (19) van Lephalale op haar Facebook-blad. Haar dogtertjie is op 31 Mei sowat drie maande te vroeg gebore. Amelia en haar man, Shaun, was tot einde verlede week baie bekommerd en onseker of hulle 1.4kg baba gaan oorleef omdat haar liggaampie aan-vanklik die medikasie verwerp het.

Noordelike Nuus het dié bekommerde mamma Dinsdag by die Mokopane Hospi-taal se kraamafdeling besoek en is welkom geheet met ’n glimlag.

“Dit gaan baie beter met Shanika,” het Amelia laat weet. Shanika is in die neona-

Vroeggebore baba se dapper stryd

tale eenheid waar sy aan suurstof gekoppel is. Die suurstof is sedert haar opname vandeesweek verminder so-dat sy minder afhanklik kan wees daarvan en eerder op haar eie kan asemhaal. Shanika kon eers nie enige melk gegee word nie, want dit het haar sieker gemaak en volgens Amelia het die voeding met die medikasie gebots. Sy het egter vroeër dié week goed gereageer op die medikasie en kry drie uurliks borsmelk.

Amelia was heel in haar skik omdat sy

haar poppie Dinsdagmiddag vir die eerste keer in haar arms kon vashou.

Volgens die dokter gaan Amelia en haar baba heel waarskynlik vir ten minste nog ’n maand by die hospitaal moet aan-bly.

Bo: Shanika Visser kort na haar geboorte in die Ellisras Hospitaal en voor haar oorplasing na die Mokopane Hospitaal. Links: Amelia Visser wie se babadogtertjie op 25 weke, met ’n siekte gebore is wat haar suurstofgebruik aantas, sê sy is hoopvol nadat haar eers baie siek baba nou goed vorder.

Page 2: Nn10 6 issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 10 JUNIE 20162

Deur Amanda Basson ([email protected])

LEPHALALE – Die onlangse dood van een van Laerskool Bosveld Primary se spog-leerders weens meningokokkale meningi-tis het die dorp geruk en ouers rasend van bekommernis gelaat oor die moontlikheid dat daar nog kinders kan wees wat die siekte opgedoen het.

Roelf Uijs (11) was ‘n gewilde Graad 6 leerder wat goed presteer het in sport en akademie voordat hy siek geword het. “Ons het die Saterdag vir Roelfie na die noodeen-heid by Mediclinic geneem omdat hy gekla het van hoofpyn en die dokter het gesê dat dit moontlik ‘n sinusinfeksie kan wees waarna hy huistoe gestuur is, maar toe hy Sondag nogsteeds kla van hoofpyn het ons geweet dat iets skort en het ons hom weer teruggevat hospitaal toe,” vertel Aske Uijs (23), Roelf se niggie wat by hulle woon.

Roelf se ogie was toegeswel en die dokter het vermoed dat hy dalk deur ‘n spinnekop gebyt is. “Daar is besluit om hom Maandag-oggend na ‘n hospitaal in Pretoria te vervoer.”

Met hul aankoms is verdere toetse gedoen en daar is bevind dat Roelf meningokokkale meningitis het. Kort na sy opname het Roelf se toestand vererger en het sy niere begin ingee. Hy is Maandagaand in die hospitaal oorlede en sedertdien is daar ‘n wolk van hartseer wat oor sy maats en mede-leerders hang.

Die departement van gesondheid het dadelik met die skool in verbinding getree en het besluit watter kinders medikasie moes ontvang. “Die medikasie is deur die departement toegedien en elke leerder het die korrekte medikasie ontvang volgens hul gewig en ouderdom - daar is absoluut geen waarheid in die aantygings wat gemaak word dat daar nie genoeg medikasie was nie,” het ‘n woordvoerder van die skool gesê.

Dorp treur na meningitis sterfte

Daar is geen inentings by die skool ge-doen nie en die medikasie wat gegee is was slegs as voorkomende maatreël. “Ouers is self verantwoordelik om hul kinders se inent-ings op datum te hou.”

Roelf is Dinsdagoggend in Alldays be-grawe. “As skool het ons bussies beskikbaar gestel vir die kinders wat die begrafnis wou bywoon en het saam met sy ouers getreur oor die wonderlike kind wat ons verloor het.”

Intussen kon Noordelike Nuus nie bevestig hoeveel kinders tans met brein-vliesontsteking gediagnoseer is nie vanweë die vertroulike aard van dié aansteeklike siekte, maar twee ouers het wel aangedui dat hul kinders die minder gevaarlike virale tipe meningitis opgedoen het.

“Dit is belangrik dat ouers bewus moet wees daarvan dat hul kinders ingeënt kan word teen hierdie siekte, want dit wat ons as familie deurgemaak het wens ek vir niemand toe nie,” het Aske Woensdagoggend gesê.

Volgens suster Martie Coetzee van

Mokopane is kinders min of meer beskerm teen sekere bakterieë wat breinvliesontste-king veroorsaak. “Daar het onlangs ‘n ent-stof, genaamd Menactra, teen meningokok-kale meningitis uitgekom wat ongeveer tien jaar effektief bly. Kinders ouer as twee jaar ontvang slegs een dosis en jonger kinders moet twee dosisse ontvang wat omtrent R800 per dosis kos.”

Indien ‘n kind as baba met Prevenar in-geënt is behoort jou kind beskerm te wees, maar indien dit nie toegedien is nie kan die entstof by die meeste apteke bekom word en kos tussen R790 en R900. Daar is ook ‘n eenmalige pil beskikbaar by staatsklinieke.

Indien jou kind enige simptome wat met meningitis verband hou toon is dit beter om eerder ‘n dokter te besoek.Roelf saam met Aske en sy sussie Elize (9).

Man dies after being hit by truckMOSETJANE – A case of culpable homicide is being investigated following the death of a man (40) after being hit by a truck at Ma-lepetleke Village Monday evening.The victim died on the scene after being knocked down near Mosetjane.

Car thieves on the moveMOSHATE – Lawrence Malesela Kekana reported his Mazda 323 that was parked outside his apartment in Moshate, missing on Sunday morning. The car is valued at R85 000. The stolen vehicle’s registration is CHX364L. Anyone with information in this regard are requested to contact the police station at (015)483 5032.

Deur Amanda Basson ([email protected])

LEPHALALE – Na sowat vier jaar en ver-skeie operasies het ‘n gewas in Mikayla Robertse (9) se linkerhand genoodsaak dat haar middelvinger geamputeer moet word.

Mikayla was in Desember 2011 in die hospitaal opgeneem nadat ‘n Mosambiekse kobra haar op die plaas, waar hulle buite Lephalale gebly het, gebyt het. Alhoewel sy teengif behandeling ontvang het, het die gif baie skade aangerig. Na talle veloorplant-ings en operasies het Mikayla nie net baie pyn verduur nie, maar ook terugslae.

Verlede jaar het Mikayla en haar gesin na Pretoria verhuis waar sy baie goed in haar nuwe skool aangepas het. “Kayla se juffrou het my twee weke terug geskakel en gesê dat haar handjie nie goed lyk nie en ek het met haar na Steve Biko hospitaal ge-haas waar die dokter eers gedink het dat die middelvingertjie reeds geamputeer was so erg was die swelling,” het Charmain Robertse, Mikayla se ouma, gesê.

Daar was egter infeksie in die hand en die dokters het besluit om haar eers met antibiotika te behandel voordat ‘n operasie gedoen kon word. “Dit is vir my hartver-skeurend om te hoor hoe my meisiekind huil van die pyn, sy was nog altyd ‘n moedige klein dogtertjie wat haar deur niks laat onderkry nie, maar die afgelope paar dae

Mikayla se vinger moet afgesit word

kan ek sien dat sy regtig baie seer het.”Mikayla is op ‘n waglys by die hospitaal

om ‘n noodoperasie te ondergaan en teen Dinsdagoggend was haar handjie swart verkleur en geswel. “Kayla het vir haar nefie vertel dat die dokter haar vinger gaan afhaal maar dit maak nie saak nie want sy kort dit nie regtig nie!”

Dinsdagmiddag het Mikayla se ouma laat weet dat die infeksie in die vinger steeds erg is en dat die amputasie eers Vrydag gedoen kan word. “Die dokters moet sorg dat haar liggaam reg is vir die operasie voordat hulle kan voortgaan om die vinger te verwyder.”

Mikayla in Steve Biko Hospitaal terwyl sy wag vir haar operasie.

Page 3: Nn10 6 issuu

10 JUNE 2016 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 3

By Morakhu Kekae ([email protected])

MOKOPANE – Ivanplats’ Platreef project is not only becoming a major mining operation but is contributing significantly to job creation, skills training and eco-nomic development opportunities, thereby impacting positively on the socio-economic landscape in which it operates.

This was the response of Ivanplats vice president of communications and public affairs, Jeremy Michaels after Aubrey Langa, a community representative, called for the shutdown of the mine during a peaceful protest last Friday. Langa claims that Ivanplats "failed to facili-tate a coherent engagement with the residents" and that

Peaceful protest against Platreef project

they are "operating illegally and without all the neces-sary permits."

“The protesters do not properly understand Ivan-plats position on these issues,” said Michaels. “We respect the South African constitution and the law, and we’re operating legally and we’re open for dialogue with any of our stakeholders.”

“We actually had more than 200 meetings with the community. We’re creating jobs, but the important thing is to discuss a way forward, battling with one another will not help,” said Michaels. Mining will start in 2019. At steady-state production, the mine will create more than 5 000 direct and indirect jobs, 70% of them for locals.

MOKOPANE - Community members who found employ-ment through Office Angels, will know the lovely financial and payroll administrator Violet Mathonsi who sadly passed away in a fatal car accident in May.

Violet worked at the com-pany for eight years doing the payroll, financial work and all manner of statutory documen-tation required in the industry. She left to take up an HR posi-tion at Aveng at the Platreef Project in 2015, but was plan-ning to return to Office Angels - as its new owner. Violet and her husband, Noel Mathonsi, a town planner in Mokopane, had purchased the shares of Office Angels from Retha Eastes.

Condolences to Noel and the family, as she is missed by all. Noel has decided to continue running Office Angels. The Mokopane community would like to wish him well as he continues along the path that Vio-let started off on. Any enquiries can be directed to Noel Mathonsi on 015 491 3600.

Accident claims Mokopane business woman

LEPHALALE – Die Hervormde Kerk Eben-haeser het weer gewys hoe lekker die boere kan kuier met hul Boererumoer verlede Saterdag, maar die gemeente is die trotste daarop dat hulle die AP Kerk gewen het in die toutrek kompetisie! Nog ‘n groot sukses was die veiling van ‘n Blou Bul trui wat deur Morné Steyn geteken is en R5000 ingepalm het. Daar was genoeg om om kinders en groot mense besig te hou.

Heerlike boere rumoer

Page 4: Nn10 6 issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 10 JUNIE 20164

Deur Amanda Basson ([email protected])

LEPHALALE – Gedurende ‘n raadsvergadering Dins-dagoggend het verteenwoordigers van Eskom ‘n projek aan die Lephalale munisipaliteit voorgelê waarin die bamboes plantjie dalk die antwoord kan wees op die dorp se ekonomiese ontwikkeling wanneer die Medupi projek tot ‘n einde kom.

Daar was nog nooit twyfel oor die ekonomiese hup-stoot wat die bou van Medupi aan Lephalale en die om-liggende omgewing gegee het nie, maar inwoners het al begin kopkrap oor wat gaan gebeur as die bouwerk aan Medupi klaar is.

‘n Voorstel is deur Nyosi Tshabalala, die uitvoer-ende hoof van Eskom, en Sifiso Mazibuko, Medupi se projek bestuurder, gemaak dat een moontlikheid is dat bamboes aangeplant kan word in samewerking met FMT, ‘n internasionale maatskappy wat betrokke is by die vermindering van munisipale afvalstowwe, in die omgewing. “Ons sal die projek begin, die werkers oplei en dan stelselmatig onttrek totdat die hele projek aan die inwoners behoort,” het Jill Varrie van FMT gesê.

Volgens Varrie word die waarde van bamboes grootliks onderskat. “Die plant kan gebruik word om swaelvrye diesel en industriële waks te maak, word ge-reeld gebruik in die konstruksie van geboue en kan ook as aanvulling in veevoer gebruik word.”

Daar is meer as 1 500 bamboes spesies wat in som-mige lande gebruik word om oppervlakwater te suiwer.

Kan bamboes Lephalale se ekonomie red?“Hierdie plant kan in besoedelde water groei en help ook om lugbesoedeling te bekamp.”

Dit kan dalk ‘n oplossing vir die rioolprobleem in Lephalale wees waar die mangate gereeld oorloop. “Ons het die finansiële steun om pyplyne aan te lê van die rioolwerke na die bamboes plantasies en gaan ons ook daarop toespits om ons werkers op te lei in omgewings-bewaring.”

Behalwe vir die positiewe implikasies vir die omgewing is die volhoubaarheid van bamboes planta-sies nog een van die voordele wat die projek kan inhou. “Bamboes is een van die plante wat die vinnigste in die wêreld groei en kan vir ongeveer 60 jaar geoes word voordat dit herplant moet word wat beteken dat eien-aars van die projek vir ‘n baie lang periode nie uitgawes hoef aan te gaan om te saai nie.”

FMT sal na bewering slegs vir die aanvangsfase van die projek betrokke bly by die plantasies. “Ons uiteinde-like doel is om die hele projek aan die werkers en bestu-ur van die plantasies te oorhandig om self te bedryf.”

Varrie voer aan dat die bamboes projek onmiddellik kan begin as die munisipaliteit dit goedkeur. “Ons is be-sig om areas te identifiseer waar die plantasies geplant kan word en verkies om dit so naby as moontlik aan die mense te bou wat daar gaan werk.”

Die projek is oor die algemeen positief deur die raadslede by die munisipaliteit ontvang maar daar is sterk klem gelê dat ‘n noukeurige omgewingsimpak studie gedoen moet word voordat die proses kan begin.

MOKOPANE – Danksy Krugie ouers kon Comanche Spur tien persent van sy skole inisiatief opbrengste vir Meimaand terug-ploeg in Laerskool Krugerpark se koffers.

Persone wat R300 of meer by Coman-che Spur spandeer en hulle betaalstrokie in ’n betrokke skool se strokie houer (by die Spur) plaas en die meeste verkope het vir die betrokke maand, verdien tien persent van daardie maand se verkope vir hulle skool. “Laerskool Krugerpark se ouers het beslis hulle ondersteuning ge-bied. Baie dankie daarvoor,” sê Marietjie Venter van die Comanche Spur.

Venter daag ander skole se ouers uit om ook by dié inisiatief betrokke te raak.

Johann Vertongen, Laerskool Krugerpark se hoof neem die skole inisiatief kontant skenking in ontvangs by Comanche Spur se Marietjie Venter.

Spur se skole inisiatief ploeg weer terug

LEPHALALE - A mixed crowd of local resident gathered at the first ever Gospel Sunday event hosted by SrixZone Health and Fitness on June 5. More than 500 people of all races and ages gathered to view local singers, dancers and speakers to worship God. The goal of the day was to break down the barriers between local churches, residents and neighbours. AGS El-Betel, PPK Lighuis, Living Faith and Fire, Living Waters and Agape were actively involved in the event while many members of the other churches in the area also attended the event. The main act, gospel singer Ghapi, encouraged more of these events and saying that it would create unity in the community. “This was the first gathering of its kind and we plan on having more of these events. We encourage more churches and individuals to get involved,” said Gerhardt Theron, SrixZone Marketing Manager. Photo: Pastors from different local churches praying for the local community, business and farmers during Gospel Sunday hosted by SrixZone Health and Fitness.

Gospel Sunday in Lephalale unites churches

Bosveld sluit rugby af met ‘n traanMOKOPANE - Laerskool Bosveld Primary het in hul laaste ligawedstryde teen Laerskool Krugerpark te staan gekom op 2 Junie. Dit was hartseer om sonder een van hul staatmakers in die eerste span, Roelf Uijs, hierdie wedstryd aan te pak. Roelf is minder as drie dae voor die wedstryd in die hospitaal oorlede aan breinvliesontsteking. Al die spanne van Bosveld het swart armbande gedra uit meegevoel vir Roelf se familie. Die Bossies het ‘n heldhaftige poging aangewend om deur te dring na die uitspeelrondtes van Limpopo Laerskole maar na ‘n kwaai stryd kon nie een van die spanne deur dring nie. - Jimmy du Plessis

Page 5: Nn10 6 issuu

10 JUNE 2016 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 5

Deur Helena Raats ([email protected])

MOKOPANE – Met ‘n splinternuwe Graad in kommunikasie was Imogen van Wyk sowat drie jaar gelede reg om die lewe vierkantig in die oë te kyk. Haar hart het terug na haar tuisdorp toe getrek en dit is haar voorreg om nou hier ‘n verskil in baie jong mense se lewens te maak.

Dié dinamiese 23-jarige vrou aan die hoof van ‘n nie-winsgewende organisasie, Moko-pane Gold. Sy is die projekbestuurder maar tree ook as hoof fasiliteerder op.

Mokopane Gold is daarop gemik om hoër-skoolkinders te help om hul volle potensiaal te bereik, diensbare leiers te wees en ‘n voor-beeld te stel vir ander.

“Ek het besef dat vandag se jongmense doelloos deur die lewe gaan en dit is vir my ‘n passie om hulle te help om hulle lewens-doel te ontdek en hulle toe te rus om dit te bereik,” verduidelik Imogen. “Vandag se kinders – nes hul ouers – is onseker oor die toekoms en ‘n program soos Gold kan hulle

Om hoop vir die toekoms te saai

toerus en bemagtig om keuses te maak wat ‘n blink toekoms vir hulle en die gemeenskap kan skep .”

“Met die Gold program leer ons skool-

kinders dat daar hoop is vir die toekoms en dat elkeen van hulle ’n rol kan speel in hul gemeenskappe,” sê Imogen. “Ons begin met die leerders in Graad 9 en en lei hulle op om leiers te word wat ’n positiewe bydra lewer in hul omgewing.”

Vir Imogen is die Mokopane Gold pro-gram ’n hartsaak – sy trek geen salaris nie en maak ‘n bestaan uit die HIIT Revolution Fitness (Bootcamp) wat sy vroegoggend en laatmiddag aanbied. “Mense se oë rek ge-woonlik as hulle besef dat ons werklik geen inkomste verdien uit die Gold program nie, maar eerder iets terugploeg in ons gemeen-skappe. Die beste belegging wat mens kan maak is in ander se lewens en dit is waar ek kies om te belê.”

“Ek glo dat ek presies is waar God my wil hê,” sê sy, “hierdie is belangrike werk wat ek glo sal uitkring en jongmense sal help om betekenisvolle besluite te maak ten opsigte van hul toekoms.”

Die volgende stap in die program is om meer fasiliteerders op te lei sodat hulle meer skole kan betrek. Tans werk hulle in onder meer Hoërskole Piet Potgieter, Mmadikana (Moshate) en Tji-Tjila (Ga-Matlou).

Imogen glo dat hierdie fasiliteerders dan

sal kan help om kinders se gedragspatrone te verander wanneer dit kom by boelies, ge-sondheidskwessies, dwelm gebruik en ander sosiale probleme. “So lei hulle dan weer nuwe fasiliteerders op sodat die program aanhou uitkring en ons ‘n jeug daarstel wat ‘n verskil in die toekoms kan maak,” sê sy.

Die Gold program maak gebruik van ‘n spesifieke kurrikulum wat reeds 10 jaar in gebruik is in verskeie provinsies. Aangesien dit onder die vaandel van ’n nie-winsgewende organisasie bedryf word, is die projek af-hanklik van vrywilligers (soos Imogen) wat bereid is om hulself vir ten minste drie jaar te verbind tot die program.

Imogen bedank die besighede wat reeds bygedra het tot die program, maar hoop om met die samewerking van die Compass Academy of Learning (CAL) in die toekoms ‘n studie geleentheid aan hierdie fasiliteerders te bied. “Besighede wat bereid sal wees om ’n studiebeurs te borg kan ’n groot verskil maak in nie net die fasiliteerder se lewe nie, maar ook in die kinders wat sy of hy mee werk,” sê sy.

Besighede, skole of individue wat in enige manier wil bydra of betrokke raak, is welkom om Imogen te skakel by 015 491 7968.

Regs is Mokopane Gold projek bestuurder Imogen van Wyk en bo is van die hoërskoolkinders wat deur Imogen (middel) opgelei word om ’n verskil onder hul vriende te maak.

Deur Amanda Basson ([email protected])

LEPHALALE – Ten spyte daarvan dat die kankerlyertjie Nathan Hogan (6) ongeloof-like pyn verduur en selfs vir ‘n rukkie nie kon loop nie, glo hy vas dat hy nie ernstig siek is nie, het sy ma, Nolene Hogan, Dins-dagoggend aan Noordelike Nuus vertel.

Nathan is op vierjarige ouderdom met ‘n rare tipe kanker bekend as graad vier neuro-blastoom kanker gediagnoseer. ‘n Suksesvolle gesinsdag is ten bate van Nathan gehou in 2014 en die geld wat ingesamel is is gebruik om van sy se mediese kostes te delg. “Ons het Nathan na ‘n deskundige in Richardsbaai geneem wat ‘n gespesialiseerde tipe bestra-ling kan doen omdat die kanker so naby aan sy hart en longe gelê het,” vertel Nolene.

Sedertdien was die kanker dormant en het hy vir ‘n rukkie geen simptome gehad nie. Met ‘n onlangse doktersbesoek is daar egter bevind dat die kanker weer aggressief begin versprei het.

“Oorspronklik was daar net drie gewasse in Nathan se bors, nek en rugstring en het dit ook na sy beenmurg versprei, maar hierdie keer is daar gewasse op van sy kliere, bors-been, skouerbeen en een knie.”

Die pyn het Nathan vir omtrent twee weke platgetrek en hy moes in die bed bly, maar teen Maandagoggend het die klein vegtertjie net besluit hy gaan opstaan. “Hy het net eenvoudig besluit hy gaan weer begin loop en selfs al kan ek sien dat hy baie seer het weier hy om stil te sit.”

Dit is vanselfsprekend dat hierdie tipe siekte ook sy tol op die ander gesinslede eis. “Nathan se boetie, Jordan (8), verstaan nie altyd hoekom hy (Nathan) ekstra aandag moet kry nie en ek probeer om vir hom die minimum te sê oor presies hoe siek sy boetie is.”

“Hy weet nie hoe siek hy is nie”

Nathan het ook ‘n ousus, Kaylen (15), wat baie beskermend teenoor haar boeties is. “Dis makliker om vir haar te verduidelik om-dat sy al ouer is en verstaan wat aangaan en sy sit ook gereeld handjie by as dinge bietjie dol raak.”

“Ek wil vir Nathan weer na die spesialis in Richardsbaai neem vir bestraling maar dit sal ongeveer R80 000 kos en ek het regtig nie soveel geld nie,” het Nolene gesê. Die behandeling is enig in sy soort in Suid-Afrika en word gedoen wanneer die kankergewasse naby interne organe lê wat deur tradisionele bestraling aangetas kan word.

Ongelukkig is tyd nie aan Nathan se kant nie. “Ons moet die geld voor 10 Junie in-betaal sodat hy Maandagoggend opgeneem kan word.”

Enigiemand wat ‘n donasie wil maak kan ‘n inbetaling maak aan NW Hogan, Nedbank Spaarrekening: 2002466319. Takkode: 144547.

Suspected burglar attackedMARAPONG – An angry mob of commu-nity members allegedly assaulted a man suspected of committing housebreakings in Marapong on Tuesday morning.

According to warrant officer Frans Mo-koena of the Lephalale police the man who is linked to four cases of housebreaking sustained injuries on his legs and face after he was allegedly attacked by the commu-nity members.

“On our arrival at the scene there was a large number of community members in the man's shack who accused him of steal-ing a plasma-screen television, clothes, two laptops, blankets, cell phones, gro-ceries, cosmetics, a generator, two beds and two amplifiers that were found in his shack.”

The property was confiscated by the police and a case of assault is being inves-tigated.

Page 6: Nn10 6 issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 10 JUNIE 20166

Page 7: Nn10 6 issuu

10 JUNE 2016 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za

LEPHALALE - Die afgelope naweek het Hardekool Akademie se leerlinge deelgeneem aan die Noord Trans-vaalse streek redenaars kompetisie in Lephalale. Daar was 144 sprekers van-uit nege skole wat deelgeneem het.  Hardekool se leerlinge het egter nie op hul louere gerus nie en spog met drie eerste plekke, vier tweede plekke en een derde plek. Agt van hul leerlinge het ook deurgedring na die landswye rondte wat in Augustus in Groblersdal sal plaasvind. Tessa du Toit en WJ Ellis het ook die besonderse prestasie behaal as fase wenners. Tessa (Graad twee) was die fase-wenner by Graad 1-3 en WJ (Graad 5) was fase-wenner by Graad 4-6. Voor is Liam Ellis Graad 1 (tweede), middel: Zana Buhrmann Graad 2 (tweede), Maria Kriel Graad 2 (derde) en Tessa du Toit (eerste en fase-wenner). Agter is WJ Ellis Graad 5 (eerste en fase-wenner), Wian Lewies (tweede), SH van Zyl Graad 1 (eerste) en Eleana Ellis Graad 2 (tweede).

7

Please send all vacancies and notices through to [email protected] or call 015 491 3082 (Mokopane) or

014 763 5132 (Lephalale)Niks stuit Hardies redenaars

MOKOPANE – Zelda Genis van die Potgie-tersrus CVO Skool het op 28 Mei tydens ’n uitnodiging luggeweer skietkompetisie teen 41 skuts van ander skole meegeding en be-hoorlik skoonskip gemaak.

Dié skut het eerste plekke in die 3p lê- staan- en kniel posisies behaal. Sy het ook goue medaljes verwerf in die 3p totaal, 3m Olimpies sowel as ’n algehele eerste plek in die o/21 sporter afdeling met ’n telling van 862 uit 1 000 punte.

Hier is sy saam met Potgietersrus CVO Skool se hoof Jan Harmse wat haar geluk wens met haar onlangse lug geweer skiet prestasies.

Mokopane skut maak skoonskip

MOKOPANE – Destiny Alive’s Adopt-a-Spot campaign is aimed at creating a safe environ-ment for the children of Mokopane Primary opposite the school in the block between Thabo Mbeki and Hooge street. Ria Owens kindly donated the unused jungle gym set in her garden to assist in setting-up a play area. The area was cleaned up and the ground levelled this week. The bulldozer was paid for by Destiny Alive and Mokopane Primary contributed towards the costs. The next gath-ering at the site between Hooge and Thabo Mbeki street will take place at 07:00 on 11 June. Anyone can join in. Call Charmaine O’Kennedy to donate old tyres or playground equipment on 076 872 1324.

Help to create a safe area

HPP gholfmanneMOKOPANE – Hoërskool Piet Potgieter wens graag hul gholfspanne geluk – die A-span is as Limpopo wenners in IPS Liga en Medalje Liga gekroon en die B-span het die B-liga gewen. HPP is aangewys as die beste gholf skool. Bo in die wit hemde is A liga van links na regs: Johnty Darvall, Cobus van Wyk, Bradley Pieterse, Kurt Kruger, Keagan Ross. Regs in die die blou hemde is B liga van links na regs:  Kaylen Deysel, Lené Kruger, Bradley Pieterse, Justin Nel, CG Kruger

Page 8: Nn10 6 issuu

oordelike uus orthern ewsN NAitblinkerschievers

U

Mogol ringbal kampioeneSASOLBURG – Die Mogol mans ringbalklub-kampioenskappe het Saterdag op Sasolburg plaasgvind. Die span het die B-poel gewen en deurgedring na die semi-finale, maar het naelskraap met ‘n telling van 30-40 die aftog geblaas teen Kemptonpark. Op die foto is Driaan Erasmus, Zander Stroh, Tom van der Westhuizen, Apie Higgo (kaptein), Vleis Nortje (spanbestuurder), Quintin Prin-sloo, Tyron Hiepner, Johan Kruger, Luander Prinsloo en Jacques Erasmus.

MOKOPANE - Excited for their first com-petition for 2016, gymnasts from Marshall Gymnastics Academy (MGA) set out to Pre-toria to compete against 13 other clubs and 530 gymnasts last weekend.

This competition, hosted by Tshwane School of Gymnastics in Gezina, saw level 4-8 gymnasts compete on Friday, while level 1-3 competed on Saturday. With the Olym-pic Games drawing closer, the South African Gymnastics Federation introduced new routines and requirements which made the competition challenging.

MGA’s rising starsMGA was represented by three judges,

two coaches, and 16 gymnasts. The gym-nasts performed very well. Juandré Ruyten-berg (level 6) - first on rings, third on high bar and fifth overall; Luan du Plessis (level 6) - fourth on pommel horse and fifth on parallel bars; Marnus Ruytenberg (level 5) - second on floor, pommel horse, rings, parallel bars and high bar, first on vault and second overall. Jan van der Baan (level 5) - third on floor, fourth on pommel horse, rings, parallel bars, and

high bar, first on vault and fourth overall. Hannes Raats (level 3) - sixth on parallel bars; Basson Wolmarans (lev-el 2) - second on parallel bars; Keanu Potgieter (level 2) - fifth on floor; Mathew van Heerden (level 1) - fifth on vault; Juan van Staden (level 1) - first on vault; and Rudolf Brittz (level 1) - sixth on floor. Lize Janse van Rensburg (level 5) finished first on vault, U-bar,

beam, and floor and first overall; Miqayla Venter (level 4) - first on vault, fourth on U-bar, second on beam, sixth on floor and fourth overall; Lesedi Mashishi (level 4) - first on vault, second on U-bar, fourth on beam, first on floor and first overall; Lungile Mahlangu (level 4) - fourth on vault and U-bar, first on beam, second on floor and third overall; Melody Raats (level 4) - first on vault, fifth on U-bar, fourth on beam, third on floor and fourth overall; and Jennezee Vermeulen (level 3) - first on floor.