nn31 10 web

12
Wat 'n fees! Die Somerfees is verlede naweek aangebied by die Boskroeg buite Lephalale met hope vermaak vir feesgangers. Daar was ‘n ‘dunk tank’, teikenskiet, Boeresport en watersport asook ‘n 4x4-baan vir die entoesiaste wat met hul bestuursvernuf gespog het. Die 4x4-inskrywings het verdubbel met 19 voertuie wat deelgeneem het. Optredes is gehou deur Jaycee Crouse, Cordelia, Marula Boom en PJ Cruz. Ten spyte van ‘n reënstorm wat uitgebreek het, het die vermaak voortgegaan tot laataand. Foto's te sien by www.noordnuus.co.za. (Foto's verskaf deur C&M Events).

Upload: helena-raats

Post on 06-Apr-2016

275 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Limpopo based community newspaper - Lephalale & Mokopane

TRANSCRIPT

Page 1: Nn31 10 web

Wat 'n fees!

Die Somerfees is verlede naweek aangebied by die Boskroeg buite Lephalale met hope vermaak vir feesgangers. Daar was ‘n ‘dunk tank’, teikenskiet, Boeresport en watersport asook ‘n 4x4-baan vir die entoesiaste wat met hul bestuursvernuf gespog het. Die 4x4-inskrywings het verdubbel met 19 voertuie wat deelgeneem het. Optredes is gehou deur Jaycee Crouse, Cordelia, Marula Boom en PJ Cruz. Ten spyte van ‘n reënstorm wat uitgebreek het, het die vermaak voortgegaan tot laataand. Foto's te sien by www.noordnuus.co.za. (Foto's verskaf deur C&M Events).

Page 2: Nn31 10 web

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 31 OKTOBER 20142

Om te adverteer, skakel 014 763 5132 / 015 491 3082

The Colonel

is in you

neighbourhood

and serving

breakfast!

The Lephalale community approached the Northern News and the Lephalale Munici-pality recently, after an incident in which a municipal driver was allegedly seen driving recklessly and ignoring street signs.

“Even worse than the transgression was the fact that the driver sported an arrogant attitude when I asked the driver if she knew that a Stop sign means one should stop!” said local resident Steve Geldenhuys who witnessed the incident.

Resident dies after shack burns downA Mojela Park man died after his dwelling caught fire with him inside. Zamani Sol-lomon Baloyi was taken to Ellisras District Hospital where he received medical treat-ment; but he passed away later the same day.

His neighbour said that he came over and asked if he could borrow some matches to light a candle in his home. The neighbour later smelled smoke and when he went out-side he saw the house was on fire. He called out to Baloyi to see if he was inside – Baloyi came out off the dwelling and collapsed. Po-lice and emergency personnel arrived at the scene shortly after.

An inquest has been opened at Lephalale Police Station.

The Democratic Alliance (DA) in Lephalale demanded an explanation from ANC ward councilor, Vincent Motlokwa, who is ac-cused of stealing wheelchairs.

“The DA will be writing a letter to the speaker of Lephalale municipality, Rosina Boloka, to summon Motlokwa to appear be-fore the rules and ethics committee follow-ing his arrest for allegedly stealing wheel-chairs meant for disabled people,” said DA councilor Steven Manamela in Lephalale in a statement to the press.

Lephalale police has confirmed that Motlokwa was arrested earlier this month for allegedly breaking into a house and stealing some 20 wheelchairs.

Warrant officer Frans Mokoena said that a case of housebreaking and theft has been opened.

It seems that the councilor went to a

Ward councilor accused of stealing wheelchairs

storeroom, allegedly broke the locks and stole the wheelchairs.

The wheelchairs in question were distributed to disabled people at an event attended by Limpopo premier Stan Matha-batha.

According to the DA, the wheelchairs be-longed to the Tshimologo Disability Organisa-tion in Marapong. They were donated to the organisation earlier this year.

Motlokwa, however, told police he had an agreement to take the chairs.

He was arrested and appeared in the Lephalale Magistrate’s Court where he was released on R500 bail.

He was set to appear in court on October 30 (yesterday).

When contacted by Northern News, the Lephalale Municipality declined to comment on the matter at this point.

Municipality warns a reckless driver“Lephalale suffers various accidents daily

and this type of behaviour is simply unacceptable.”

The Lephalale Municipality’s manager of waste, Joshua Hlapa, undertook to talk to his departments’ drivers to encourage them to commit to the rules of the road.

The municipality also confirmed that the driver involved in this incident has been dis-ciplined and was issued a warning. - Mariska Ehlers

The Moko-pane Police has made an-other arrest involving a suspect found with dagga in his possession earlier this week.

Police continued their operation “Duty Calls” over the week-end when they randomly pulled over a

vehicle on the R101 and found it was transporting dagga to the value of almost R45 000. One suspect was arrested and a second suspect fled the scene.

The arrested man appeared in the Moko-pane Magistrates court on Monday. He will appear again on 6 November.

* Police report that the two women and the man arrested last week for possession of dagga appeared in court on Wednesday. The man pleaded guilty while the women were released and cleared of all charges.

Police confiscate R45 000 worth of dagga

Police confiscated more dagga over the past weekend during operation “duty calls”. The accused is yet to appear in court.

Page 3: Nn31 10 web

31 OCTOBER 2014 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 3

For news, photo's, events and the weather, visit: www.noordnuus.co.za

Martie Pretorius ([email protected])

Nog ’n plaasaanval in die provinsie het verlede week deel van statistiek geword toe aanvallers in die Mookgophong/Vaal-water area op 'n vrou en haar jong seun toegeslaan het.

Na verneem word, het vier verdagtes verlede Woensdagaand omstreeks 20:00 ’n vrou wat verkies om anoniem te bly en haar 13-jarige seun in hulle woning aan-geval. Die Spoorsnyers, ’n groep opgeleide polisiereserviste, het berig dat individue van oral gereageer het op ’n noodberig en daar is flink opgetree om die skuldiges vas te trek.

Die aanvallers het met die gesin se voer-tuig op die vlug probeer slaan maar kon glo nie vêr kom nie. Die voertuig is by die won-ing se hek gevind waar die vier klaarblyklik vasgesit het. Die verdagtes het verder te voet gevlug. ’n Reënbui het die toneel be-lemmer maar dit het nie die Spoorsnyers verhoed om verder op te volg nie.

Alhoewel die belemmerde spore ’n uit-daging was, is daar tog afgekom op spore wat gelei het na die berg in die omgewing waar plaasboere die volgende dag op twee

Tweede plaasaanval op gesinverdagtes afgekom het. Beide verdagtes het hulleself met blare en takke bedek. Een van die verdagtes was ge-wond. Hulle is albei in hegtenis geneem.

Die Spoorsnyers het later berig dat die ander twee verdagtes ook in hegtenis geneem is en het hul dank uit-gespreek teenoor ieder en elk wat behulpsaam was tydens en na die voorval.

Die helikopter vlieë-niers asook Modimolle se honde-eenheid en die polisie is in be-sonder bedank vir hulle flink optrede.

Die slagoffers is na verneem word nie ern-stig beseer nie maar herleef die trauma na dit glo ’n tweede aanval was waarvan die eerste meer gewelddadig.

Een van die plaasaanvallers wat vasgetrek is.

A horrific accident due to an overloaded bakkie claimed the life of a six-month-old baby near Tom Burke on Saturday.

Police report that the driver of a 1400 Nissan bakkie allowed 14 Zimbabwean citi-zens onto his bakkie before driving off and losing control – the bakkie overturned injur-ing various passengers and killing the child.

Police reports suggest that while most of

Baby dies in horrific accidentthe passengers suffered minor injuries and was taken to the Ellisras District Hospital for treatment and released, the baby was killed instantly.

Police are looking for the driver of the bakkie as he immediately fled the scene of the accident.

A case of negligent and reckless driving has been opened against the driver.

With 8000 newspapers every week, there is no

better vehicle to promote

your business!

Martie Pretorius ([email protected]

’n Ernstige ongeluk tussen ’n bus en ’n vragmotor op die N1 tussen Mo-kopane en Mookgophong het Sater-dagaand die lewe van een persoon geëis.

Volgens ’n polisie woordvoerder is een van die bus se passasiers uit die bus geslinger toe dit van agter in die vragmotor vasgery het.

Die oorledene is slegs bekend as mnr. Bambi.

Die bestuurder van die vragmotor het na berig word geringe beserings op-gedoen. Hy is in Mokopane Hospitaal opgeneem.

Die oorsaak van die ongeluk is on-bekend.

Bus ongeluk eis een lewe

Seun pleit skuldig aan KieslingmoordMartie Pretorius ([email protected])

Die minderjarige seun wat in Maart vanjaar in hegtenis geneem is vir die moord op die bejaarde egpaar Will (69) en Anje (66) Kiesling wie se liggame in hul plaashuis gevind is, het Vrydag in die Mokopane Streekshof skuldig gepleit op aanklag van moord.

Die seun het voor landdros Gerhard Pretorius agter toe deure verskyn aan-gesien hy steeds minderjarig is.

Die hofsaak word na verwagting op 7 Januarie hervat vir vonnisoplegging.

Page 4: Nn31 10 web

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 31 OKTOBER 20144

Woorde uit die Waterberge

Deur Carina Stander

In sy digbundel, Met die aarde praat, verklap TT Cloete dat die droër dele van ons land hom aantrek vanweë “die wysheid wat gedroog is in klip en kak-tus”. Ook skryf hy: “Die woestyn is ‘n digterlike speelding.”

Digter Daniel Hugo vertel dat winter-landskappe en woestynlandskappe ook sy skrywershart roer: “Ek hou van die strakheid van kaal takke in die winter en die barheid van klipkoppies in die woestyn - die natuur gestroop tot sy ger-aamte.” Net so, sê hy, spreek gestroopte gedigte tot hom.

Dalk kyk ‘n mens meer stip wan-neer daar minder is, meer bewus van lewe wanneer dit skaars is? In my eerste digbundel, die vloedbos sal weer vlieg is ‘n reeks van ses Namib woestynge-digte. Veel later het ek besef dat helfte van daardie gedigte in donderbuie ein-

Waar water is, daar is lewe...dig. Want as ek vir langer as tien dae in die woestyn is, trek my keel toe. Waar is die bome, die water, die swerms?

As plaaskind op Ellisras het ek gesien wat die droogte van 1984 aan mens en dier doen. Hoe my pa langs die slingerfoon gryp na los halms gras, pleit vir weiding by die bure. Snags die beeste se hees gebulk, die tong-teen-verhemelte-dors. Baie boere moes verhongerde diere skiet. My ma se pragtige roostuin wat verstof. Droogte is stil chaos.

Die kleipot op die plaasstoep was in die somer vol koel drinkwater. Ek onthou hoe ek as agtjarige kind die water geskep, gedrink en gedroom het van ‘n vol boorgat en fontein, die Mogolrivier weer in vloed. Met ‘n bekertjie water in my hand is ek uit in die stofbruin tuin – die maroela, kanniedood, ook die blomlose hibiskus en frangipani,en die laaste kaaltakstruik het ek besprinkel-sprinkel met kleipotwater terwyl ek bid vir reën, reën, reën.

Soos julle weet, gaan Waterbergse droog-

tes (statisties min of meer elke tien jaar) soms oor in vloede (statisties min of meer elke agt jaar). Daarom, met die reëns van 1985, was die hemel soos ‘n krip wat kraak, wat blinknat deur die bliksemstrale lek. Blitse wat weer en weer skiet uit gloeiblou kole vuur. Die boere het mekaar gebel, die plaaskinders het onder die geute gestort en in die veld met nat miershoopklei gespeel. Daar was weer waterlelies in die Mogolrivier en seekoeispore in die bure se nartjieboord.

Partykeer, soos met die vloede in Februa-rie vanjaar, sny die water die plase van die buitewêreld af, dan is daar ‘n krisis en bring die weermaghelikopter voorraad. Maar hoe vernietigend ‘n vloed ook al kan wees: waar water is, daar is lewe. ‘n Vloed het nie die doodsheid van ‘n droogte nie.

Oorvloed – dit was destyds die enigste kritiek op my twee digbundels wat andersins goed ontvang is. Te veel weligheid van bos, veld en woud. Te veel goeters wat woel en krioel. Eindelik besef ek waarop dit neerkom: my weersinnige skrywery teen die dorheid van daardie droogtejaar in my kinderjare, drie dekades gelede.

Nadia koop Mokopane se eerste Datsun Go!

BB Auto Mokopane het in Oktober 2014 die nuwe Datsun Go bekendgestel. Die eerste motor in Mokopane is verkoop aan Nadia Kotze deur Daantjie Taljaard, verkoopsverteenwoordiger van BB Auto Mokopane.

PROMOSIE

Water waste in residential areaA resident from Fontein Crescent in Onverwacht, Lephalale, complained to the municipality last Wednesday regarding the wastage of water at the new schools being built in that area. Water has been flooding the street into a drain that’s also full or blocked. The municipality sent out a plumber to temporarily fix the problem until they can repair the water pipes permanently.

Page 5: Nn31 10 web

31 OCTOBER 2014 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 5

Having completed their training, the Lephalale Municipality’s 'honey sucker' team was operational on Monday, clearing a blocked manhole at the pump station on George Avgos Street. The team consists of C J Ngoepe (driver and operator), Cry Montshiwa (operator assistant) and Kate Mphaka (artisan.) The sewage system in Lephalale remains under pressure. Report blockages or spills to cel: 082 306 9446.

Agri Lephalale kies nuwe Vise-voorsitterDouw Pelser is verkies tot die nuwe vise-voorsitter tydens Agri Lephalale se algemene raadsvergadering verlede week.

Deur Dirk Gallowitz

Nissan se derde generasie X-Trail is so pas in SA bekendgestel en spog met ‘n nuwe sportief stylvolle ontwerp, asook nuwe teg-nologie en ‘n 5-ster veiligheidsgradering.

Die X-Trail volg kort op die hakke van die Qashqai en dit is duidelik dat daar sommer heelwat kruisbestuiwing plaasgevind het wat betref ontwerp eienskappe. Verder deel die twee gewilde modelle ook heelwat nuwe teg-nologie en veiligheidstoerusting.

Die X-Trail is soos die Qashqai ook gebou op die Renault-Nissan CMF (Common Mod-ule family) platform en is saam met die Juke, Qashqai en Murano die vierde “Crossover” in die Nissan stal met die X-Trail meer van ‘n Sportnuts as byvoorbeeld die Juke.

Nissan het die X-Trail in drie spesifi-kasievlakke ter plaatse bekendgestel nl, XE, SE en LE met drie enjinopsies (een diesel en twee petrol) nl, ‘n 1.6L diesel, 2.0L en 2.5-liter petrol) terwyl twee- of vierwielaan-drywing beskikbaar is. Die X-Trail is 4.6m lank (5mm langer), 1.8m breed (+30mm breër) en 1.7 hoog. Die afstand tussen voor- en agterwiele is nou 2.7m wat 75mm langer is as die vorige model. Die 1.6dCi turbodies-elenjin lewer 96kW/320Nm en kom met ‘n 6-spoed handratkas en 'n keuse van voor- of vierwielaandrywing. Nissan sê die brand-stofverbruik is gemiddeld 5.3-liters/100km met ‘n CO2 syfer van 134g/km.

Van die twee normaal ge-aspireerde petrolenjins lewer die 2.5-liter petrol SE model 126kW/233Nm se piekkrag en trek deur al die wiele via ‘n Xtronic CVT-ratkas. Kopers het ‘n keuse tussen vyf of sewe sitplekke. Die 2.0-liter XE model kom met ‘n 6-spoed handratkas en bied 106kW/200Nm piekkrag. Brandstofverbruik vir beide mod-elle word aangegee as 8.4L/100km en ‘n

Laat die wiele rol

Derde generasie nuwe Nissan X-Trail

CO2-syfer van 197g/km.Die nuwe Xtrail gebruik Nissan se All-

Mode 4x4i stelsel (2.5 SE 4WD, 1.6dCi SE 4WD en 1.6dCi LE 4WD) en bied drie verstellings nl, 2WD, Outo en 4WD Lock wat via ‘n draaiknop op die middelkonsole geselekteer kan word. Nissan sê die stelsel bied ook vyf onderstel verstellings met etlike aktiewe en passiewe veiligheid- en bestuur-der- hulpstelsels vir die ooppad of wanneer jy met jou X-Trail in die veld wil gaan speel.

Nissan het die nuwe X-Trail omvattend toegerus en daar is selfs in die intreevlak XE modelle heelwat geriefies soos onder meer elektriese vensters en spieëls, ‘n multi-funksie stuurwiel met beheerskakelaars vir ondermeer die radio, CD, MP3/WMA - klank-stelsel asook die spoedbeheer. Lugversorging en ook USB, Aux, Bluetooth –koppeling is standaard.

Nissan se “Techno Pack” is as ‘n op-sionele ekstra beskikbaar vir die SE en LE modelle en voeg die “NissanConnect” –stel-sel by wat satnav op ‘n 7” raakskerm, ver-hitte kantspieëls en 18” allooiwiele insluit.

Die X-Trail het die Europese 5-stêr NCAP veiligheidsgradering behaal en standaard-veiligheidstoerusting sluit in ses lugsakke, ABS remme met elektroniese remver-

spreiding asook Isofix kindersitplek-hegpunte.

Die Nissan X-Trail word verkoop met ‘n 6-jaar/150 000km waarborg en ‘n 5-jaar/90 000km diensplan met ‘n padbystand-diens ingesluit.

‘Honey sucker’ team operational

“Ek juig oor God…Hy is my redder” was die tema vir die jaar se Kers sangaand van Laerskool Ellisras. Die funksie was ‘n pragtige voorbeeld van die skool se waardes en lese. Die verskeie grade het elkeen paar liedjies gekry om te sing en op party plekke het die mense in die gehoor sommer saam begin sing. Die geleentheid het van die mense se harte so geraak dat daar selfs ‘n traan of twee gestort is.

Die geleentheid vind jaarliks plaas en was die jaar ‘n reuse sukses, om 18:00 toe die funksie moes begin was daar nog mense wat buite die saal in rye gestaan het om in te kom en ‘n sitplek te kry, die saal was tot sy maksimum gepak en elkeen het die aand baie geniet.

Die revue groepe het opgetree en die skool se koor het ook gewys wat in hulle steek. Die skool is trots op elke leerder wat teenwoordig was en ook op die ouers wat hulle kinders so goed ondersteun in alles wat hulle doen.

Kerssang in Rassieland

Page 6: Nn31 10 web

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 31 OKTOBER 20146

Page 7: Nn31 10 web

31 OCTOBER 2014 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 7

Page 8: Nn31 10 web

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 31 OKTOBER 20148

Adele Essakow

October is Breast Cancer Awareness month. It is time to sit back, take stock and reconsider your health – this was the idea behind a special ladies’ tea function at the Service Centre for the Elderly to raise funds for the Breast Cancer Foundation.

The ladies’ tea saw women (and a few men) from the area come together and talk about everything from the statistics, early detection to celebrating the survivors among us.

Mokopane specialist ra-diologist, Dr. Kulsum Jhetam answered questions about breast cancer. “Check yourself once a month with a breast self-examination and go for a mammogram once in two

years if you are over 40,” she said. The organisers thanked all the spon-

sors who helped make the day a success and all the attendees who helped raise funds.

Keeping abreast of things for cancer

Hard work and exceptional organisng skills contributed to a successful ladies tea for the Breast Cancer Founda-tion. Here’s Katija Essack, Angelique Mostert (MC), Dr. Kulsum Jhetam, Kerry Marais and Martie Coetzee (absent: Estelle Hartzenberg).

Winning with OK Grocer

Ok Grocer held a 123 Winter competition recently. Reana O’Neale won the competition and walked away with R25 000 cash! Here she is with OK Grocers’ manager Chriso.

Clover and OK Grocer held a special competition for its shoppers. Elizabeth Morake was the winner of a R1000 Clover voucher. Here she is with Filipe Freitas (floor manager).

Die Hulp en Hoop Jeug Gholfdag is Saterdag ten bate van alle jeug- en jeug verwante projekte in die Hulp en Hoop Gemeenskapskerk by die Kameeldoring Buiteklub op Mokopane gehou. Die dag is gewen deur Pottie Potgieter en Freddie van Wyk (in die foto hierbo is hulle saam met met Tony’s Cash & Carry se Louis Congeira). Hulle het 53 punte aangeteken. In die tweede plek was Abby G en Robert Fatana met 50 punte en in die derde plek was Leon Koekemoer en Tienie Koekemoer met 49 punte. Die organiseerders het hulle dank uitgespreek teenoor al die borge. Dit word opreg waardeer, het Erasmus namens die kerk gesê.

Gholfdag vir kerk

Page 9: Nn31 10 web

31 OCTOBER 2014 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za

Oud-HPP leerder presteer JJ van Greunen, ’n oud leerder van Hoërskool Piet Potgieter (HPP) is ’n presteerder op akademiese sowel as op sportgebied.

Van Greunen wat in 2011 gematrikuleer het, hou homself besig met sy B.Sc. Bioche-mie en Fisiologie studies by die Potchefstroom NWU Universiteit sedert 2012. Hy het in Mei ’n Golden Key toekenning verwerf as een van die top 15 akademiese studente.

Dié slimkop weet ook hoe om met ’n boog te skiet. Op 25 Oktober het hy op die Tuks Sport kampus in Pretoria aan die SA National Indoor Archery Kampioen- skappe deelgeneem en ’n algehele sewende plek behaal. Hierdie pres- tasie het gevolg na hy 565 uit 600 punte in die uitdun rondtes aan- geteken het. Met eliminasie het hy deelgeneem teen onder andere Jan Herold wie hy geklop het met 143 teenoor 141punte. Hy het ook teen Seppie Cilliers te staan gekom en hom geklop. Van Greunen is egter deur Riaan Crowther gewen met 145 teenoor sy 141 punte.

Botha, Ruan Hanaczeck-Kruger en GJ Roets) het die goud losgeswem in die 200m Vrys-lagaflos met ‘n tyd van 2:00,57.Hulle was ook tweede in die 200m Wisselslagaflos.

GJ Roets het uitgeblink en 'n derde plek in die 100m vlinderslag, tweede plek saam met die Limpopo aflosspan (200m IM) en 'n eerste plek in die 200m vryslag. Roets kwalifiseer ook om die Limpopo Skole span wat 10-15 Desember aan die SA Skol ekam-prioenskappe in Hill-crest Pretoria deel te neem.

9

Keeping abreast of things for cancerMartie Pretorius ([email protected])

Collin Kortman van Pretoria is ’n volle R50 000 ryker na hy die afgelope naweek ’n 14.04 kg karp by die AP Kerk se visvang bonanza by Doorndraaidam uitgetrek het.

Uit ’n totaal van 180 inskrywings het Kortman se karp die swaarste geweeg. Kort-man het gesê daar is geen geheim nie. Hy het gewone “tiger nuts” as aas gebruik. Baie geduld is die hoof “bestanddeel” het hy by-gevoeg.

Deelnemers van die kompetisie het saamgestem dié twee dae was ’n uitdaging en is van mening dit is nie vir enige Jan-rap-en-sy-maat beskore is om hiér vis te vang nie. Daar is ’n totaal van 84 visse vir die naweek gevang met ’n gesamentlike gewig van 123.64 kg. Die uitslae van die wenners van die vier visspesies in die kompetisie is soos volg:

Dantho van Eyk het vir homself ’n kon-tantprys van R10 000 losgeslaan vir die grootste kurper (0.98kg) en grootste baber (3.46kg). Hy het R5000 in elke kategorie

R50 000 ryker oor 14kg karpgewen.

Louis Kruger het ook R5000 gewen vir die grootste swartbaars. Die vis se gewig was 1.90kg.

In die junior afdeling het Dawie Muller ’n fiets gewen vir die meeste visse gevang tydens die bonanza. Hy het drie kurpers uitgetrek. Zander Oosthuizen het ook ’n fiets gewen vir die grootste vis (2.18kg) in die ju-nior afdeling.

Dawie Maritz se 19 visse het vir hom ’n Blouwildebees karkas besorg vir die meeste vis gevang in die kompetisie (senior afdel-ing). Hy het ook die tweede grootste kurper gevang.

Die AP Kerk het hulle opregte dank uit-gespreek teenoor al die borge wat die dag moontlik gemaak het.

’n Spesiale dank aan Doorndraai Dam – departement van omgewingsake en toerisme, Anglo American nooddienste en paramedici vir hulle bystand en teenwoordigheid en A/O Wessels en sy span van die SAPD vir hul teenwoordigheid en die diens wat hulle ty-dens die kompetisie gelewer het.

Heel links: Die AP Kerk se Visvang Bo-nanza wenner Collin Kortman saam met sy visvang maat Johan Bester.

Links: Dantho van Eyk, die wenner van die grootste kurper en grootste baber.

Middel onder: Dawie Maritz het die eerste prys gewen vir die meeste visgevang tydens die visvang bonanza.

Links: Louis Kruger het die grootste swart bar tydens die visvang bonanza gevang.

Laerskool Krugerpark het Dinsdag ‘n vriendskaplike swemgala aangebied waaraan Laerskole Warmbad, Tzaneen, Ellisras, Julian Muller, Marble Hall, Oos-skool asook Krugerpark self teen mekaar kompeteer het. Gedurende die vriendskaplike byeenkoms is 11 individuele rekords verbreek en Laerskool Tzaneen het ook in die seuns en dogters o/7 wissel aflosse die rekords verbeter. In die individuele swemslae het Laerskool Tzaneen 19 goue medaljes ingepalm, Krugerpark tien, Oos-skool agt, Warmbad sewe, Marble Hall ses en Julian Muller en Ellisras elk vyf. BB Auto Mokopane het die medaljes vir die dag geborg. Die vriendskaplike byeenkoms was ‘n goeie oefen lopie vir die Top 10 Laerskole byeenkoms wat op 12 November in Tzaneen plaasvind.

Die Limpopo Junior swemspan het verlede naweek aan die Junior NTS Inter-provinsiale Gala by die Hillcrest swembad in Pretoria deelgeneem.

Die Junior swemmers (ouderdomme 10 & o, 11, 12 & 13) van Limpopo het algeheel derde geeïndig. Central Gauteng Aquatics het die eerste plek voor die neuse van Northern Tigers Swimming weggeraap met ‘n skamele 19 punte.

Die Limpopo Junior swemmers (wat elk tot twee items per swemmer beperk is) het medaljes huis toe gebring: Karla Grobler (brons), G.J. Roets (brons), Kirstin Lottering (twee goud).

In die aflosse het die Limpopo span drie brons, een silwer en 'n goud gewen. Die seuns 12 jaar (Canseus E Saayman, Franco A

Ons Limpopo swemmers is tops

Skole klief deur die water

Page 10: Nn31 10 web

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 31 OKTOBER 201410

Page 11: Nn31 10 web

31 OCTOBER 2014 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 11

Page 12: Nn31 10 web

oordelike uus orthern ewsN NAitblinkerschievers

U

oordelike uus orthern ewsN NAitblinkerschievers

U

Martie Pretorius ([email protected])

Vir Kinna Wessels, ’n Graad 8 leerder van Hoërskool Piet Potgieter (HPP) sou mens dink dat kultuur vir haar ’n tweede natuur is.

Haar harde werk het vir haar niks minder nie as nege kultuurbekers by die skool se on-langse kultuur prysuitdelingsfunksie verwerf.

Dié raakvatter se talent het vir haar die volgende legio kultuurbekers in die sak ge-bring:

Johan Pistorius, Cherise Mans, Dario Geyser en Vanessa Troskie van Ellisras Hoërskool het Saterdag 18 Oktober in Pietersburg aan die Limpopo swemkampioenskappe deelgeneem. Cherise Mans wen drie goue medaljes, twee silwer medaljes en een brons medalje. Dario Geyser wen twee silwer en nege brons medaljes.

EHS swem verwoed Raakvatter verwerf nege kultuur bekers

Beste Junior Redenaar, Beste prestasie, monoloog, Graad 8 en 9, Beste prestasie, formele werk, Graad 8 en 9, Beste presta-sie, gedramatiseerde werk, Graad 8 en 9, Beste prestasie, bladlees, Graad 8 en 9, Beste bybelvoordrag, algeheel, Beste prestasie in onvoorbereide werk, algeheel, Beste voorbereide mimiek, algeheel en Mees veelsydigste deelnemer tydens die Boveld Kunsfees 2014.

Sien aanstaande week se Noordelike Nuus vir nog uitslae.

Hoërskool Piet Potgieter se Kinna Wessels wys haar nege kultuur bekers wat aan haar oorhandig is by die skool se onlangse kultuur prysuitdelingsfunksie.

By die Potgietersrus CVO-skool het dit tradisie geword vir die Graad 12 leerders om op hulle laaste skooldag teen die res van die skool, leerkragte ingesluit, kragte op die sportveld te meet.

Die foto hierby getuig van die goeie gees wat ty-dens hierdie dag op die net-bal- en hokkieveld geheers het.

Regs: Op die hokkieveld word gesweet om te wys wie is baas.

Goeie gees heers by laaste sportddag

Ellisras Hoërskool het op 22 en 23 Oktober hul spesiale toekennings uitgedeel en hul toppresteerders beloon.

In Graad 8 is Henja Glas die beste presteerder met ‘n gemiddeld van 87.3%. In Graad 9 is dit Cherantè Snyman met 95.2%, Graad 10 Karli von Blommestein met 92%, Graad 11 Kyla Strydom met 92.4% en Graad 12 Nadia Louw met 92.4%.

Verskeie sporttoekennings is ook gemaak soos Dian Pitout beste junior bouler, JD Smit beste junior kolwer veel-sydigste speler en junior krieketspeler, Dario Geyser beste junior seuns swemmer en Gerhard Pepler (Graad 9) as beste gholfspeler van die jaar. Janke Punt is beste junior redenaar en Lerato Ditsela is beste junior Engelse openbare spreker.

Louis Wessels en Pieter du Plessis deel die toekennings van voorspeler en rugbyspeler van die jaar. Die o/16 rug-byspelers het ere pennings ontvang vir die Beeldtrofee wat hulle as wenners Ellisras toe gebring het.

EHS se uitblinkers

Hoërskool Piet Potgieter het met sy onlangse Lourier Prysuitdelingsfunksie, 2015 se hoofleiers voorgestel. Van links is die hoofseun Gideon van der Walt, hoofdogter Soretha Kruger, onderhoofdogter Anél de Vos en onderhoofseun Adie du Toit. Hulle is hartlik gelukgewens.

Waterberg High School held their prize giving function last week and awarded its top achievers for 2014. The school’s new prefects for next year were also introduced (far right).Right: Mahlatse Mokonyane boasts with an impressive trophy for being the school’s senior Victor Ludorum. Bottom right: Gabara Khaedu and Isaac Seabela are boasting with the Blue Bulls Rugby union trophy and sport badge and the Spar trophy and sport badge for being the best junior and senior rugby players for 2014. Daniel Rammutha holds the Best SNR Soccer Player Trophy. He was also awarded with a gold certificate and sport badge for his good achievement as a soccer player.

Spesiale toekennings: Larissa Nel (sportvrou), Christiaan Kruger (sportman), Nandri de Beer (kultuurpersoonlikheid), Charlotte Eckhard (handhawingstrofee) en Nadia Louw, die Duxleerling.Regs: Johan Pitout en Kyla Strydom is verkies is as EHS se hoofleiers vir 2015. Die komiteevoorsitters is Sarel Haasbroek, Johan Ross, Bertus van der Merwe, Johan Pitout, Kyla Strydom, Lindi-Lee van der Merwe, Hilde van Staden en Simond Steenekamp.

Waterberg ’s pride

HPP se nuwe hoofleiers voor