nuusflitse 11 maart

4
Bid asseblief saam met ons vir die volgende mense: Cas Castelyn wat steeds ernstig siek is in die hospitaal. Nicolene Bouwer wat aansterk na ‘n rugoperasie. Daleen Wessels se pa, Dolf Nel, wat ernstig siek is met kanker. Hennie Kaltwasser wat in versorgingseenheid is. Danie McLachlan se kanker is in remissie en hy sterk tuis aan. Tienie van Niekerk en Ronnie van Deventer wat met kanker worstel. Baba Albert Krüger wat aansterk na operasie . Manie du Plooy wat in die hospitaal opgeneem is. NUUSFLITSE ’n Mens kan maklik jou volgelingskap van Christus romantiseer. Dit kan soetsappig word, ’n manier van ontvlugting, waar dit inderdaad gevaarlik raak—alles moet verloop soos ek dit wil hê. Hierteenoor vertel die Evangelies ons dat daar baie pyn naby die kruis ervaar word. Ons is nie goed daarmee nie, maar om ’n volgeling van Jesus te wees, is nie maklik nie. Ons dra maklik kruise op ons klere en sit dit as simbole in ons huise, maar ons dra nie graag ons kruis, Jesus se kruis nie. Om jouself te verloën gaan nie bloot oor die opoffering van sjokolade, sigarette of iets lekkers tydens Lydenstyd nie, maar is ten diepste ’n keuse om nie jou eie weg te volg nie, maar dié van Christus. Selfverloëning is om te aanvaar dat jy soms op plekke gebring sal word waar jy nie wil wees nie (Joh. 21:18), dat jy pyn sal ervaar wat jy liewer sou wou vermy. Maar dit is juis in hierdie oorgawe van jouself dat die lewe betekenis kry. God vra nie vir ons of ons in staat is om Sy lyding te hanteer nie, maar of ons beskikbaar is om gebruik te word. Wanneer ons beskikbaar is, maak Hy van ons swakheid ’n sterk punt ter wille van ander. Is jy beskikbaar om naby Christus te lewe? Dink aan 1 Petrus 4:13 wat ons help: “Wees liewer bly hoe meer julle in die lyding van Christus deel, want dan sal julle ook oorloop van vreugde by Sy wederkoms...” WAT GEBEUR VANDAG 08:00 : Erediens - DOOP (Jan Venter) 08:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3) 09:00 : Junior Geselsgroepe (Gr 4–7) 10:00 : Erediens (Jan Venter) 10:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3) 13:00 : Afrikatale Erediens 17:00 : Senior Geselsgroepe (Gr 8–11) 18:30 : Erediens (Jan Venter) KERKKANTOOR OP SONDAE 09:00—10:00 CD VERKOPE Plaas gerus ’n bestelling vir oudio opnames van die eredienste. Kontant by bestelling Hy wat bid soos hy moet, sal alles doen om te leef soos hy bid - B. Franklin - Lydenstyd—Om naby Christus te lewe

Upload: riana-janse-van-rensburg

Post on 29-Mar-2016

235 views

Category:

Documents


6 download

DESCRIPTION

Nuusflitse

TRANSCRIPT

Page 1: Nuusflitse 11 Maart

Bid asseblief saam met ons vir die volgende mense:

• Cas Castelyn wat steeds ernstig siek is in die

hospitaal. • Nicolene Bouwer wat aansterk na ‘n

rugoperasie.

• Daleen Wessels se pa, Dolf Nel, wat ernstig siek is met kanker.

• Hennie Kaltwasser wat in versorgingseenheid is.

• Danie McLachlan se kanker is in remissie en

hy sterk tuis aan.

• Tienie van Niekerk en Ronnie van Deventer wat met kanker worstel.

• Baba Albert Krüger wat aansterk na

operasie . • Manie du Plooy wat in die hospitaal

opgeneem is.

NUUSFLITSE

’n Mens kan maklik jou volgelingskap van Christus romantiseer. Dit

kan soetsappig word, ’n manier van ontvlugting, waar dit inderdaad gevaarlik raak—alles moet verloop soos ek dit wil hê. Hierteenoor vertel die Evangelies ons dat daar baie pyn naby die kruis ervaar word. Ons is nie goed daarmee nie, maar om ’n volgeling van Jesus te wees, is nie maklik nie. Ons dra maklik kruise

op ons klere en sit dit as simbole in ons huise, maar ons dra nie graag ons kruis, Jesus se kruis nie. Om jouself te verloën gaan nie bloot oor die opoffering van sjokolade, sigarette of iets lekkers tydens Lydenstyd nie, maar is ten diepste ’n keuse om nie jou eie weg te volg nie, maar dié van

Christus. Selfverloëning is om te aanvaar dat jy soms op plekke gebring sal word waar jy nie wil wees nie (Joh. 21:18), dat jy pyn sal ervaar wat jy liewer sou wou vermy. Maar dit is juis in hierdie oorgawe van jouself dat die lewe betekenis kry. God vra nie vir ons of ons in staat is om Sy lyding te hanteer nie, maar of ons

beskikbaar is om gebruik te word. Wanneer ons beskikbaar is, maak Hy van ons swakheid ’n sterk punt ter wille van ander. Is jy beskikbaar om naby Christus te lewe? Dink aan 1 Petrus 4:13 wat ons help: “Wees liewer bly hoe meer julle in die lyding van Christus deel, want dan sal julle ook oorloop van vreugde by Sy wederkoms...”

WAT GEBEUR VANDAG

08:00 : Erediens - DOOP (Jan Venter)

08:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3)

09:00 : Junior Geselsgroepe (Gr 4–7)

10:00 : Erediens (Jan Venter)

10:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3)

13:00 : Afrikatale Erediens

17:00 : Senior Geselsgroepe

(Gr 8–11)

18:30 : Erediens (Jan Venter)

KERKKANTOOR OP SONDAE

09:00—10:00

CD VERKOPE

Plaas gerus ’n bestelling vir oudio opnames van die

eredienste.

Kontant by bestelling

Hy wat bid soos hy moet, sal alles doen om te leef soos hy bid

- B. Franklin -

Lydenstyd—Om naby Christus te lewe

Page 2: Nuusflitse 11 Maart

‘n OGGEND met Nataniël

Plek: PvR Gemeenskapskerk Tyd: 09h30 vir 10h00 Koste: R120 (verversings ing.)

KAALKOP DEUR DIE LEWE!

Geen onder 15-jariges? Nataniël se voorwaarde : Hy gebruik geen vuil

taal of grappies - kinders is vir hom steurend. Manne/Vroue welkom.

Nataniël items te koop. Kaartjies by die kerkkantoor beskikbaar.

MANNEBEDIENING "IETS ANDERS" 2012

Jagter of nie-jagter. Jy word genooi om deel te word van

die jag! Jag self of stap net saam en deel in die ervaring.

27 April tot 1 Mei. Kom "skouer-skuur" saam en word deel van die stories.

Kontak Dewald (0833259307) of Deon (0836459326) vir info. HALFTYD Elke Woensdag so teen 05:30 is daar ‘n baie spesiale ervaring saam met ‘n groep

manne. Ons vat mekaar vas, luister na mekaar se swaar en vreugdes en inspireer mekaar om as dissipels van Jesus te lewe. Ons vertrek so teen 06:15, so jy sal betyds wees vir

werk. Kom kuier saam!

ONTHOU OM JOU SWART LINT TE GEBRUIK AS HERINNERING AAN LYDENSTYD EN PLAAS “N SWART DOEK/LAP/LINT BAIE

SIGBAAR BY DIE INGANG VAN JOU HUIS.

OP OPSTANDINGSONDAG VERVANG ONS DIE SWART SIMBOOL MET IETS WIT, WAT DIE NUWE BEGIN SIMBOLISEER

Die afgelope naweek was dit weer tyd vir ons jaarlikse GEMEENTEKAMP. Weereens ’n heerlike

ervaring!

Jubaweni is ’n pragtige stukkie bosveld met baie netjiese geriewe en heerlike, veilige speel en

swemplek vir die kinders.

Ons het die naweek saam met Jan, Henk en Ryno gekuier uit die Woord oor hoe om Christus

te Ontdek en Leef. Ons het veral probeer kyk na hoe ons die “3 V’s” (Verwondering, Volgeling en Verhoudings) meer en dieper ’n deel van ons lewens kon maak. Selfs ’n “gesteelde en ge-vinde” fiets was ’n ervaring van die Here!

Man, maar het ons gekuier. Letterlik van huis tot huis en kampplek tot kampplek. Dis altyd lekker om tydens die kamp te beleef hoe mense wat

net “gesigte” was, skielik “name en stories” word. Ons het lekker skouers geskuur en harte gedeel om die kampvuur en by die kospotte. Party van ons kan die “Master Chef’s” opdraend gee!

En natuurlik ook saam rugby gekyk en geniet. Sommige van ons (veral sekere Doomse) het maar swaar geleef met die rugbytellings, maar prêt was dit beslis!

Watter fees was dit nie! Ons hoop ons sien jou volgende keer daar!

Page 3: Nuusflitse 11 Maart

SINODESITTING – 18 TOT 20 MAART 2012

Dit is vir ons ‘n voorreg om die Oostelike Sinode in die Gemeentesentrum te akkommodeer vanaf volgende Sondag tot Dinsdag.

Die volgende hulp word verlang:

Manne wat na afloop van die tweede oggenddiens (±11:15) kan help met die inrig van die ouditorium. Hoe meer manne hoe vinniger kan ons hierdie taak afhandel.

Vroue wat met die voorbereiding van die eetsaal en dek van tafels kan help.

Tydens die verloop van die Sinode (2½ dag)

Vroue wat tydens die verloop van die Sinodesitting vir Riana met die volgende kan bystaan:

Opdien van voedsel / Afdek en bediening tydens teetye. As jy beskikbaar is skakel Riana by (012) 662 1708

Wat is ‘n Skolliekamp?

Dis ‘n skoolverlaterskamp wat vir matrieks aangebied word. Wat gebeur op Skolliekampe? Jy leer JOUSELF KEN, Jy maak baie vriende, Jy vind uit wat 2013 vir jou kan inhou, Jy leer GOD ken, Jy ervaar die beste week van jou lewe. Een ding wat dit nié is nie, is ‘n Reeks Skool lesings! Kostes? R900 vir 7 dae (kan afbetaal word in 3 paaiemente) be-ginnende met R500 deposito. Kom kry meer inligting by die jeugkantoor of skakel Lizette 0780779394.

Page 4: Nuusflitse 11 Maart

Loop katvoet….

Ons word daagliks gekonfron-teer deur ander se broosheid. Veral in berading. Ek verstom my altyd hoe mense die moed het om hul

diepste seer met jou te kom deel, in die beradings-gesprek. Hoe hulle broosheid my so

diep raak, dat ek amper te bang is om normaal te praat…ek wil sagter praat, meer luister en meer stilbly. Bloot om die verhaal respek-

vol kans te gee om te ontvou. Ek wil meer katvoet loop oor ander se seer en pyn. Ek kyk gisteraand na ‘n dokumenter oor die Gert v Rooyen sage

jare gelede. Die onderhoud met een van die mammas raak my diep. Die broosheid, die rouheid, die louter wreed-heid is nog alles daar.

Dan wonder ek wie gee my die reg om in ander se brooshied te gaan trap met my moddervoete van beter-weterigheid. Moddervoete

van ‘ag weet jy sit dit agter jou’ of ‘dit sal more beter wees’…sal dit?

NGK Pierre van Ryneveld

ABSA Lyttelton

Rek no.: 600 591 355

Takkode: 335 045

Stuur betalingsbewys na:

(012) 662 0104

[email protected]

SELGROEPE is waar ons

mekaar ondersteun en saam

groei.

As jy/julle graag meer wil uit-

vind, of wil deel word van ‘n

selgroep, stuur asb kontakbe-

sonderhede na

[email protected] of skakel

Louise by 0833488304 .

Sondae: Skoolkwartale

08:00 - Erediens (Ouditorium)

08:00 - Kinderdiens (3j-Gr.3)

09:00 - Groepe (Gr.4 – Gr.7)

10:00 - Erediens (Ouditorium)

10:00 - Kinderdiens (3j – Gr.3)

13:00 - Erediens (Afrikatale)

17:00 - Groepe (Gr.8 – Gr.11)

18:30 - Aanddiens

Kerkkantoor: Ma: 11:00–16:00

Di–Do: 08:00–16:00 Vr: 08:00–13:00

Tel: 012 662-1708

[email protected]

BANKBESONDERHEDE

www.pvr.co.za

www.facebook.com/pvrgeloofsfamilie www.twitter.com/PvRGeloofsfam

Ons mag nooit goedkoop hoop uitdeel asof dit trooslek-

kers is nie. Pleistertjies opplak

en se dis nie so erg nie. Here leer my om katvoet te

loop waneer ek toegelaat word binne mense se seer en pyn.

Dis Heilige Grond

In ONS DANK DIE HERE VIR ONS GELOOFSFAMILIE SE

VRYGEWIGHEID.

ONS LEEF IN UITDAGENDE TYE EN HET ELKE SENT NODIG OM GOD SE DROOM VIR ONS

GELOOFSFAMILIE TE LAAT REALISEER.

DANKIE!

Ons nooi jou graag uit na ons WEEKLIKSE BYBELSTUDIE

Dinsdag oggende van 09:00–10:00 onder leiding van

Sampie Niemand.

Ons kyk saam na die tema

van geestelike groei.

Kom word deel van hierdie ervaring.

Een van ons HOËRSKOOL MENTORS se getuienis: “Ek was op

breekpunt in my lewe, en het inmekaar gesak en huil. Die Here sê

toe duidelik dat ek moet Sondagskool gee en dat dit ‘n verskil in

my lewe gaan maak. En dit het!

So, maak nie saak wat gebeur, ek sal bly want dit is waar die

Here my wil gebruik.” Die mentor maak nou al vir 4 jaar ‘n on-

gelooflike verskil in jongmense se lewens, net omdat sy haar

roeping verstaan en uitleef. WOW! Wat ‘n storie.

Hanlie Boshoff (Jeugleier)