ontwikkel die kind as geheel fisiese ontwikkeling ... · dr melodie de jager & liz victor ’n...

7
Dr Melodie de Jager & Liz Victor ’n Kind is ’n mens in wording SPEEL LEER SLIM Inhoud INLEIDING 5 HOOFSTUK 1 –  Ontwikkel die kind as geheel 6 HOOFSTUK 2 –  Fisiese ontwikkeling 16 HOOFSTUK 3 –  Emosionele ontwikkeling 100 HOOFSTUK 4 –  Sosiale ontwikkeling 130 HOOFSTUK 5 –  Kognitiewe ontwikkeling 152 INDEKS 190 BRONNELYS 192

Upload: others

Post on 13-Sep-2019

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Dr Melodie de Jager

& Liz Victor

’n Kind is ’n mens in wording

SpeelleerSlim

Inhoud InleIdIng 5

Hoofstuk 1 –  Ontwikkel die kind as geheel 6

Hoofstuk 2 –  Fisiese ontwikkeling 16

Hoofstuk 3 –  Emosionele ontwikkeling 100

Hoofstuk 4 –  Sosiale ontwikkeling 130

Hoofstuk 5 –  Kognitiewe ontwikkeling 152

Indeks 190

bronnelys 192

FIsIese ontwIkkeLIng4FIsIese ontwIkkeLIng3

AAnrAkIng

Om te leer, moet ’n kind aan goed kan raak en goed kan ontdek. Babas en kleuters leer die beste deur middel van aanraking, reuk en smaak omdat hul meer gevorderde gehoor- en gesigsintuie nog nie heeltemal ontwikkel is nie. ’n Baba se gehoor is reeds by geboorte ontwikkel, maar dit verg meer tyd en konsentrasie om te verstaan wat hy hoor as wanneer hy aan iets raak, dit ruik en proe deur sy hande en mond te gebruik.

leer uit ervaringHoe moet jou kind weet wat warm beteken as hy dit nog nooit ervaar het nie? Die meeste kleuters leer wat warm beteken deur aan die stoof of jou warm tee te raak. Dan eers verstaan hy wat warm beteken en sal hy na alle waarskynlikheid nie die ervaring wil herhaal nie. Tog sê ons gereeld vir kleuters ‘Moenie vat nie!’ Hoe moet hy egter weet waaraan om te raak en waaraan nie as hy nog nooit die sensasie of die gevolge daarvan ervaar het nie? As ’n volwassene het jy al soveel ervarings as gevolg van aanraking opgedoen dat jy dadelik kan sê of iets hard, sag of stekelrig is wanneer jy daarna kyk. Kleintjies beskik nog nie oor al daardie inligting nie – dit moet nog ontwikkel word, wat beteken dat jy as liefdevolle ouer soveel ervarings as moontlik moet voorsien wat aanraking betref.

Wat is die vel se funksie?Die vel se funksie is om:• te beskerm• bande te smee• te help om ’n verhouding met die self te vorm•’n liggaamskaart en selfbeeld te vorm •’n verhouding met die omgewing te vorm• liggaamsposisie te bepaal in verhouding met

ander liggaamsdele en die ruimte• ruimtelike oriëntasie te ontwikkel• balans te ontwikkel• motoriese vaardighede te ontwikkel• onderskeid te tref en te sê waar hy eindig

en die wêreld begin• veilig en beskerm te voel.

die tasstelselSelle in die vel stuur inligting oor aanraking, pyn, temperatuur en druk na die brein. ’n Kind leer deur aanraking – en nie deur daarna te kyk nie – van vorms, groottes, gewig en teksture. Dit is ook deur aanraking dat ’n kind leer om te onderskei tussen sensasies soos lig of swaar, koel of warm, grof of glad en dik of dun. Voor ’n kind egter ’n onderskeid tussen sensasies kan tref, moet hy eers veilig in sy eie vel voel, want die vel se heel belangrikste plig is om die kind ‘in een stuk’ te hou sodat hy veilig en beskermd kan voel voordat hy die wêreld betree. Die vel is soos die beskermende mure van ons ontwikkelingshuis – die kind sal eers vriende maak wanneer hy self veilig genoeg asook veilig in sy vel voel.

Jou kind kan ook met sy hande sien. Laat hom toe om aan goed te raak. Laat hom aan jou gesig, die sjampoe, die ontbytkos, die TV, die hond, die ertjies, die gras, die glasvaas en selfs hitte (natuurlik matige hitte) raak. In plaas daarvan om te sê ‘Moenie vat nie’, sê eerder: ‘Kan jy voel dit is koud, swaar en dat dit van glas gemaak is? Dit kan breek. Dit is myne, los dit asseblief uit ...’ – en bedoel dit wanneer jy dit sê. As dit kosbaar is, sit dit eerder op die boonste rak of pak dit weg.

Aanraking gaan daaroor om kontak te maak – eers fisies, dan emosioneel, dan sosiaal en laastens op ’n geestesvlak. Dit beteken dat aanraking die eerste bousteen is om akademiese vaardighede te ontwikkel. Aanraking is belangrik, maar grense is net so belangrik. Laat ’n kind toe om as baba met sy mond en as kleuter en kind met sy hande te ontdek. Sê dadelik nee as iets dalk gevaarlik kan wees of onvanpas is. Die woord ‘Nee’ leer hom grense en grense laat kinders veilig voel. Dink bietjie aan ’n roosboom – hoe meer jy dit snoei, hoe meer blomme dra dit. Dieselfde geld ook vir jou kind – hoe meer konsekwent jy is met redelike grense, hoe meer sal hy floreer.

Het jy geweet?• Die vel is die grootste orgaan in die

liggaam en maak sowat 16% van die

liggaamsgewig uit. • Die vel is waterdig.

• Daar is meer tasreseptore in die mond en

hande as op enige ander plek in die liggaam.

• wanneer ’n baba se vel hipersensitief is,

voed die baba moeiliker. Die moontlikheid van

koliek en refluks is ook groter.

Moenie alles in ’n geveg verander nie. kies jou gevegte – en maak

seker dat jy wen!

en primitiewe sig

Aanraking isprimitiewe gehoor

FIsIese ontwIkkeLIng 6FIsIese ontwIkkeLIng5

Die voetsole bevat ’n kaart van die hele liggaam.

oog-Voet-koörDInAsIe

Oog-voet-koördinasie is die vermoë om aksies met die voete uit te voer wat deur die oog gelei word. Die oë skat die posisie, rigting, afstand en spoed en lei dan die voete om te reageer. ’n Kind met swak oog-voet-koördinasie sal makliker oor sy voete val of fisiese speletjies en sport vermy.

AktIwIteIteAlgemene Aktiwiteite vir oog-voet-koördinASie • Skop balle van verskillende groottes.• Tel speelgoed met die tone op en

laat dit in die speelgoedkis val.• Frommel snesies met die tone op

en laat dit in ’n houer val. Plaas die houer dan aan die teenoorgestelde kant van die liggaam.

• Loop kaalvoet op verskillende oppervlakke – teer, plaveisel, keistene, ’n houtbrug, sand en deur water.

• Klim op ’n metaal- en ’n houtklim-raam en voel die verskil tussen die teksture en die groottes van die stawe.

• Klim teen ’n touleer uit.

Stop ’n bewegende teikenRol ’n bal stadig na jou kind toe en moedig haar aan om dit met haar voet te stop. Dit verg oefening omdat dit balans en koördinasie behels. Gebruik ’n tennisbal sodra sy ’n groot bal kan stop.

MInD MoVe: VoetMAsserIngVryf liggies tussen die bene van elke voet, vanaf die enkels na die tone toe. Maak sirkelbewegings met die duim op die voetsole en maak die voet oop van die hak af na die tone toe. Maak dan klein sirkelbewegings met die duim bo-op elke toon en eindig deur op elke toonnael te druk.

trApklippeTrapklippe kan van talle soorte materiale gemaak word. Sny papier in vorms of gebruik skuurpapier-vorms. Vir ’n ouer kind kan jy strandballe gebruik wat afgeblaas is – moet dit egter nie heeltemal afblaas nie om balansering ’n bietjie moeiliker te maak. Jy kan ook balanseertrapklippe aanskaf by mense wat terapeutiese toerusting verkoop, maar vir speeldoeleindes sal dit dalk te duur wees. Plaas die trapklippe in ’n reguit lyn en daarna in ’n gekromde lyn. Jy kan dit laastens ook in ’n sigsaglyn sit as ’n ekstra toets vir jou kind se ontwikkelende oog-voet- koördinasievaardighede.

leerloopSit ’n leer plat op die vloer neer en moedig jou kind aan om tussen die sporte te loop. Hy moet sy voete hoog genoeg oplig sodat hy nie oor ’n sport val nie. Sodra hy dit regkry, kan ’n ouer kind dalk tussen die sporte van die leer spring met twee voete bymekaar. Later kan hy selfs van sport tot sport loop terwyl hy sy balans behou.

Skop ’n teikenVul 2 liter-plastiekbottels met sand en sit dit in ’n ry neer. Moedig jou kind aan om ’n bal na die bottels toe te skop. Hy moet probeer om soveel bottels moontlik met een slag om te skop.

eenbeentjieMerk ’n eenbeentjiepatroon op jou plaveisel of inrit met kryt uit. Spring op twee maniere: met albei voete in een blok en dan in twee blokke met ’n voet in elke blok, of gooi ’n boon-tjiesak in ’n blok en spring dan van blok tot blok om dit weer op te tel.

Het jy geweet?• Die voet bevat 26 bene,

33 gewrigte, meer as 100 spiere,

senings en ligamente. • Die voete

en tone is noodsaaklik vir beweging.

• Hulle dra en stoot die gewig van die

liggaam vorentoe wanneer jy loop en

hardloop. • Voete en tone help om

balans te behou.

FIsIese ontwIkkeLIng 8FIsIese ontwIkkeLIng7

Verf stempelsSny ’n A3-vel papier in 15 cm-stroke. Skep patrone met stempels met verskillende vorms en teksture: ’n lap, botteldoppe van verskillende groot-tes, sponse, ensovoorts. Dit laat die kind toe om vorms en kleur te ontdek terwyl dit beweging van links na regs aanmoedig en lateraliteit verbeter.

knIp Met ’n skêr

Om iets te knip of sny, is ’n gevorderde fynmotoriese vaardigheid. Kinders moet eers iets teken, dan papier skeur, legkaarte bou en met deeg en boublokke speel om die vingers te versterk voordat hulle begin om goed uit te sny. Maak seker dat jy ’n stomppuntskêr het vir kinders wat links sowel as en regs is, net ingeval jou kind links is.

stappe om te leer knip• Wys jou kind hoe om die skêr se

lemme oop en toe te maak.• Laat haar die lemme oop- en

toemaak en in die lug weg van haar af sny.

• Sny speeldeeg of enigiets wat ferm is, maar maklik om te sny – en help jou kind om sukses te behaal.

• Hou nou die papier vir haar vas en laat haar dit vrylik sny, maar nie op die lyne nie.

• Tel haar op jou skoot of laat haar met haar rug na jou toe staan. Sit jou hande oor hare, hou die skêr en papier saam met haar vas en sny dit vrylik.

• Teken ’n paar dik, reguit lyne en moedig haar aan om op die lyne te sny. Dit help haar as jy ’n storie vertel van ’n honger krokodil wat baie lief is daarvoor om lyne te eet. Sit die krokodil aan die einde van die aktiwiteit in ’n hok deur stroke papier oor ’n prent van ’n krokodil te plak.

• Sny op dun lyne uit.• Sny vorms met reguit rande uit.• Sny sirkels uit en wys haar hoe om

die papier te draai terwyl sy sny.• Sny langs die buitelyn van ’n

eenvoudige prent.• Gebruik die uitknipsels om ’n

collage te skep.

kinders moet hul vingers met ander aktiwiteite versterk voor hulle begin knip.

MAAk ’n steMpeLkussIng VIr VerF

sny ’n ou vadoek of klein handdoekie so groot soos ’n klein polistireenvleisbakkie. plaas dit in die bakkie en deurdrenk dit met verf. Dit is nie so morsig nie en die kind het meer beheer daaroor.

ideeS vir StempelS

Jy kan stempels uit ’n groot verskeidenheid alledaagse items maak: • stapelbare koppies • vorms van vormsorteerders • vorms wat uit aartappels gesny is • blare • vorms wat uit sponse gesny is.

Jy kan ook talle kommersiële stempels koop – bly dus op die uitkyk daarna in goeie speelgoedwinkels.

AktIwIteIterollerStempelSSny sponsvorms uit EVA-sponsvelle en plak dit op ’n speelgoedrolstok vas. Moedig jou kind aan om stempelpatrone met die rolstok te maak. Dit is ook ’n wonderlike bilaterale aktiwiteit.

duimAfdrukdiereGebruik ’n kommersiële of tuisgemaakte stempelkussing om duimafdrukke te maak en jou kind te help om dit in diere te omskep.• Swart-en-wit plastiekogies sal

die kunswerk verfraai.• Voeg vlerke en strepe by vir ’n by.• Voeg twee stelle langwerpige

vlerke by om ’n naaldekoker te maak.

• Voeg drie pare bene en oë vir ’n mier by.

• Voeg bene, arms en ’n hoed sowel as oë by om ’n mens te maak.

eMosIoneLe ontwIkkeLIng 10eMosIoneLe ontwIkkeLIng9

Verstaan die basiese beginselsEmosionele (en sosiale) vaardighede vorm nie net die kind se persoonlikheid en selfvertroue nie, maar is ook die hoofbestanddele wat skoolgereedheid betref omdat dit die kind se vermoë versterk om stil te sit, aandag te skenk, aan te pas, gemaklik van een aktiwiteit na ’n ander oor te slaan en om met ander saam te werk. Om die ontwikkeling van hierdie vaardighede te fasiliteer, moet jy – as ouer of versorger – egter die basiese beginsels van jou kind se persoonlike ontwikkeling verstaan en hoe kwessies soos onafhanklikheid, impulsbeheer en selfdissipline en konsentrasie haar siening van die wêreld en hoe sy daarop reageer, beïnvloed.

OnafHanklikHeiD

Kan die kind na homself, sy klere en sy speelgoed omsien as Ma, Ouma of die versorger gedurig goed vir hom optel en hom daaraan herinner dat hy sy skoene onder die swaai moet gaan haal en nie in die huis moet hardloop nie? Doen hy goed vir homself of het hy ’n hele span wat dit vir hom doen? As laasgenoemde die geval is, kan hy op pad na aangeleerde hulpeloosheid wees. Staak dit.

Onafhanklikheid loop selfvertroue vooruit. Namate ’n kind ontdek wat hy kan en nie kan doen nie, bou hy sy selfvertroue en motivering om te leer.

onAfHAnklIke gedrAg AfHAnklIke gedrAg

onafhanklik van ouerHy het sy ouer se aanwesigheid en aanmoediging nodig

sorg self vir sy besittingsHy verloor sy besittings of pak dit nie weg nie

wil graag verken en leer Hy huiwer om te verken en te leer

Voltooi take onafhanklikHet hulp en versekering nodig om take te voltooi

ontmoet nuwe mense met groot gemakonseker wanneer hy nuwe mense ontmoet

Hy vra vol selfvertroue vir iets wat hy wil hêskaam of vra iemand anders om te praat

Wanneer ons emosionele ‘knoppies’ gedruk word, reageer ons asof ons twee jaar oud is, selfs al is ons volwasse.JILL BOLTON TAyLOR

sosIALe ontwIkkeLIng 12sosIALe ontwIkkeLIng11

kreatiewe spelDit is die soort spel wat kinders begin speel as die volwassenes gesels en hulle hulself moet vermaak omdat daar nie ’n TV is nie. ’n Bal kan ’n missiel word en rotse en klippe kan doele word. Die reëls van die spel word opgemaak terwyl hulle speel. Interessant genoeg bestee kinders meer tyd aan reëls en wie wat moet doen as om die spel te speel. En dan dink ouers dikwels dat hul kinders nie van reëls hou nie ...

Mededingende spelDie doel van hierdie speletjie is om te wen. Dit is ’n tipiese manier van speel as dit binne ’n spesifieke tyd of volgens vasgestelde reëls – nie die kind se reëls nie – gedoen moet word. Dit sluit speletjies in wat ’n dobbelsteen, kaarte of sport behels.

konstruktiewe spelTydens konstruktiewe spel begin die kind met ’n doel speel – hy wil dit self begin en klaarmaak en is heel tevrede om basiese reëls te volg om dit te doen. Al wat vir hom belangrik is, is dat hy dit self en sonder enige hulp doen. Dit is tipiese gedrag vir ontwikkelende kinders.

gemeenskaplike spelWanneer ’n kind se sosiale vaardighede begin verbeter, begin hy aan gemeenskaplike spel deelneem waar twee kinders met mekaar speel, maar die spel het geen reëls nie en niemand hoef beurte te maak nie. Dit is soos twee vriende wat met blokkies bou en met karretjies in en om die blokkiesgeboue speel. Behalwe om met mekaar te speel, is daar geen spesifieke doelwit nie.

samewerkende spelTwee of meer kinders speel saam en het dieselfde doelwit voor oë. Hulle maak die reëls soos hulle aangaan en as die een nie volgens die reëls speel nie, hoor hy die aaklige woorde: ‘Jy’s nie meer my maatjie nie.’ Die hoofdoel is om saam te werk.

Parallelle spel Parallelle spel is baie soos twee mans wat gaan visvang en byna geen woord met mekaar praat nie, maar bloot net mekaar se teenwoordigheid in stilte geniet; of twee vroue wat net ’n paar meter van mekaar af ’n massering geniet. Dieselfde geld vir kinders wat aan parallelle spel deelneem – elke kind speel alleen, maar hulle is bewus van mekaar en geniet mekaar se teenwoordigheid. Hulle sal mekaar selfs ‘maatjie’ noem.

fantasiespelFantasiespel en drome gaan alle reëls van die werklikheid en logika te bowe – in hierdie spel is enigiets moontlik: diere kan praat, mense kan vlieg, feetjies kan goed toor en die goeie ouens wen altyd. Rekwisiete en uitrustings maak dikwels deel uit van fantasiespel wat ’n noodsaaklike deel van emosionele en sosiale ontwikkeling uitmaak. Hierdie spel het geen reëls of perke nie en kan te eniger tyd verander sonder om enigeen te ontstel.

’n Kind moet die lewe ervaar om deel daarvan te word. Help jou kind só om die lewe deur haar daaglikse roetine te ervaar: • benoem alles waaraan jy raak • verduidelik wat om julle gebeur • wys haar hoe dinge werk en • gee haar hope geleenthede om te ontdek en te leer, te beweeg en vrae te vra.

Jy hoef nie al die antwoorde te ken nie – leer jou kind van kleins af om self die antwoorde te vind.

Hierdie boek is nie ’n afmerklys wat jy arbitrêr moet invul of voltooi nie. Dis ’n padkaart om jou op jou kind se ontwikkelingsreis te begelei. Daar is nie ouderdomsaanduidings nie, want elke kind ontwikkel teen haar eie tempo. ’n Kind se ontwikkeling is nie ’n wedloop wat gewen moet word nie. Dit is ’n reis op pad na skoolgereedheid waartydens vaardighede ontwikkel, kennis ontdek en duisende ervarings beleef moet word.

Moenie geflous word deur die spelerigheid nie. ’n Kind wat SPEEL is hard aan die WERK. Waaraan? Die bou van ’n beter brein! Geniet hierdie reis saam met jou kind.

dr melodie de jager is ‘n gekwalifiseerde kleuterskoolonderwyser met ‘n meestersgraad in wetenskap- en wiskundeprogramme, en ‘n doktorsgraad in die rol van neurologiese integrasie in die leerproses. sy bied verskeie slypskole aan, is ‘n gereelde gas op tV- en radioprogramme, en is uiters gewild as sleutelspreker. sy is die skrywer van onder meer Mind Dynamics, kopskuiwe en Babygim, en is op die Amrikaanse Biografiese instituut se lys Merkwaardige Vroue van die 21ste eeu.

liz victor is ‘n gekwalifiseerde onderwyser met ‘n nagraadse diploma in remediërende onderwys. sy het die toptots-program vir Ma-en-kind-klasse as franchise ontwikkel en is steeds voortdurend betrokke by navorsing om die gehalte van die programinhoud waarvoor toptots bekend is, te handhaaf en verbeter. sy is ‘n gereelde aanbieder van en spreker by seminare en skryf artikels oor kleuterontwikkeling vir die natal Mercury.

dit is Melodie en liz se eerste gesamentlike boek.

sPeel leer slIMKinders ontwikkel voortdurend en gedy as daaglikse roetine ’n interaktiewe speletjie word. Speel Leer Slim is ’n gids om Ma en Pa (en ideaal alle versorgers) te help om hulle kind se liggaam, hart en verstand met weldeurdagte ingryping te help vorm. Dit bevat hope idees vir eenvoudige speletjies om komplekse vaardighede te ontwikkel.

METZ PRESSwww.metzpress.co.za

Speel leer Slim’n Kind is ’n mens in wordingDr melodie de Jager & liz Victor

260 x 210 mm192 ppFlexi-bindingrrp: r220.00iSBN 978 1 920479 59 6publikasiedatum: Januarie 2013Beskikbaar in engels: play learn Know

iSBN 978 1 920479 58 9

metz press is an independent publisher of high quality information booksand illustrated non-fiction for the local market as well as the internationalco-edition market. We have sold rights to our books in countries all overthe world, having impressed reputable international companies with ourquality of content and production and our ability to deliver.

publisher: Wilsia metzTel: +27 (0)21 913 7557mobile: +27 (0)83 424 6662Fax: +27 (0)21 913 5102email: [email protected]: www.metzpress.co.zapostal address: pO Box 7322, Welgemoed, 7538, South AfricaStreet address: 1 Cameronians Avenue, Welgemoed, 7535, South Africa

Ook beskikbaar by meTZ preSS