opskrif: rondewurms in herkouers -...
TRANSCRIPT
Opskrif: Rondewurms en kliniese tekens van inwendige parasiete in herkouers
Vraag: Gee asb. vir ons meer inligting oor rondewurms in herkouers.
Antwoord:
Inwendige wurmparasiete in herkouers word in drie groot groepe (filums) nl.
rondewurms, slakwurms en lintwurms, geklassifiseer.
In hierdie antwoord word inligting oor die rondewurmgroep gegee.
‟n Ander naam vir die rondewurms is nematode. Hierdie wurms is langwerpig,
draadvormig, silindries, gepunt aan beide punte en as die wurms deurgesny word, het die
bouvorm van die groep baie in gemeen.
In hierdie antwoord word slegs die mees algemene rondewurmparasiete wat in Suid-
Afrika in herkouers gevind word, bespreek.
Rondewurmsoorte
Skape en bokke
Naam Wetenskaplike naam Waar voorkom
Haarwurm Haemonchus contortus Melkpens
Bruinmaagwurm Teladorsagia circumcincta Melkpens
Maagbankrotwurm Trichostrongylus axei Melkpens
Bankrotwurm Trichostrongylus spp. Dunderm
Haakwurm Gaigeria pachyscelis Dunderm
Langnekbankrotwurm Nematodirus spathiger Dunderm
Witbankrotwurm Strongyloides papillosus Dunderm
Knoppieswurm Oesophagostomum columbianum Dikderm
Grootbekwurm Chabertia ovina Dikderm
Sambokwurm Trichuris spp. Dikderm
Longwurm Dictyocaulus filaria Longe
Beeste
Naam Wetenskaplike naam Waar voorkom
Haarwurm Haemonchus placei Melkpens
Bruinmaagwurm Ostertgia ostertagi Melkpens
Beesbankrotwurm Cooperia spp. Dunderm
Haakwurm Bunostomum phlebotomum Dunderm
Witbankrotwurm Strongyloides papillosus Dunderm
Spoelwurm Toxocara vitulorum Dunderm
Knoppieswurm Oesophagostomum radiatum Dikderm
Sambokwurm Trichuris spp. Dikderm
Longwurm Dictyocaulus viviparus Longe
Parafilaria Parafilaria bovicola Onderhuids
Oogwurm Thelazia rhodesii Oog
Lewensiklus
Alhoewel daar altyd uitsonderings op die reël is, het die groep wurms ‟n direkte
lewensiklus. Dit beteken dat daar nie ‟n tussengasheer vir die parasiet se ontwikkeling
benodig word nie.
Mannetjies en wyfies kom in die dermkanaal van die gasheer voor.
Wyfies lê eiertjies wat in die mis uitgeskei word.
Indien die omgewingstemperatuur optimaal vir die spesifieke wurmsoort is,
ontwikkel daar binne in die eiertjie ‟n eerste stadium larfie.
Die eerste stadium larfie breek uit die eierdoppie, vervel en ontwikkel tot die
tweede larfstadium.
Hierdie tweede larfstadium vervel weer en ontwikkel tot die derde besmetlike
larfstadium. Onder optimale omstandighede (genoeg vogtigheid en temperatuur
bokant 15°C) geskied hierdie ontwikkeling binne 5 tot 7 dae.
Die derde besmetlike larfstadium het ‟n dubbele skede. Hierdie larfie voed nie,
maar het genoeg energie tot sy beskikking om vir ‟n baie lang periode te oorleef
(maande), mits daar genoeg vogtigheid teenwoordig is en die temperatuur nie te
hoog is nie.
Die besmetlike larfies beweeg op en af op die grashalms, afhangende van
vogtigheid en met beweiding neem die gasheer hulle deur die bek in.
Die eerste (L1), tweede (L2) en derde besmetlike larfstadium (L3) word die
vrylewende stadia van die parasiet se lewensiklus genoem.
In die dermkanaal word die larf ontskede en die derde stadium larf kom vry.
Die derde stadium larf groei, vervel en ontwikkel tot die vierde larfstadium.
Die vierde larfstadium groei, vervel en ontwikkel tot die vyfde stadium.
Die vyfde stadium groei en ontwikkel tot die volwasse stadium.
Uitsonderings
Sekere rondewurms soos haakwurms, die bees knoppieswurm en
witbankrotwurms dring die dier deur die vel binne.
Witbankrotwurm en spoelwurms van beeste besmet die gasheer deur die
melk.
By die langnekbankrotwurm ontwikkel die eerste tot die derde
larfstadiums binne in die eiertjie. As die derde larfstadium ten volle
ontwikkel is binne in die eiertjie en dit reën of die weiding word besproei,
ontsnap die larfies uit die eiertjies.
Die besmetlike derde stadium van sambokwurms ontwikkel binne in die
eiers en die eier met die larwes word dan deur die dier ingeneem.
By witbankrotwurm besmetting word eiertjies met larfies daarin, in die
mis uitgeskei.
Die oogwurm het ‟n tussengasheer (vlieë) wat die wurmbesmetting
oordra.
By Parafilaria wat valskneusing veroorsaak, is daar ‟n tussengasheer
(vlieë) wat die eiertjies wat in die bloedstreep op die vel voorkom, inneem.
In die vlieg ontwikkel die larfies tot die derde stadium en hulle word weer
in die oog van die bees vrygestel as die vlieë daar voed.
By witbankrotwurm word slegs wyfies gevind in die besmette dier.
Hierdie parasiet kan ook sy lewensiklus buite die gasheer voltooi.
DEFINISIES
Vrylewende stadia
Die vrylewende stadia bestaan uit die eerste (L1), tweede (L2) en besmetlike derde stadia
(besmetlike L3) parasietlarwes.
Epg
In ‟n miseiertelling (MET) word die telling uitgedruk as wurmeiers per gram mis (epg).
Epidemiologie
Epidemiologie is die studie van faktore wat die gesondheid en siektevoorkoms van
populasies bepaal. Risikofaktore wat siekteuitbreke in die hand werk en optimale
behandeling en voorkoming van siektes word bepaal.
METRED toets
‟n Toets, die miseiertelling reduksietoets, waar eiertellings gedoen word om die
effektiwiteit van ‟n wurmmiddel te bepaal.
Refugia
Daar word bereken dat ongeveer 3% van ‟n parasietpopulasie in sy gashere is terwyl 97%
as eiers en vrylewende stadiums op die weiding is. Na hierdie 97 % word as refugia
verwys.
Hipobiose
Hipobiose is die vermoё van die wurm in sy gasheer om deur vertraagde ontwikkeling
van sy lewensiklus, ongunstige klimaatsomstandighede te oorleef. Voorbeelde hiervan is
haarwurm en bruinmaagwurm wat in die onvolwasse stadium vashaak en eers volwasse
word, as die klimaatsomstandighede vir die uitbroei van hul eiers gedurende die lente,
gunstig raak.
Selfgenesing
• Hipersensitiwiteitreaksie van die melkpensslymvlies teen veral die volwasse
wurms.
• Gesien by haarwurmbesmetting.
• Na verskeie besmettings van haarwurmlarwes swel die maagslymvlies en word
o.a. histamien vrygestel en volwasse wurms word uitgeskei.
• Die larwes wat die reaksie veroorsaak het, kan tot „n nuwe besmetting ontwikkel
en selfs vrektes tot gevolg hê.
• As die reaksie hewig is, kan hierdie larwes ook uitgeskei word.
• Larwes se ontwikkeling mag ook vertraag word (normaal 15-20 dae).
• Selfgenesing in „n skaaptrop kan wissel van volle genesing tot geen reaksie nie.
Om lamtyd verslapping van weerstand (“PPRR - Peri-Parturient Relaxation of
Resistance”) • Dit is die verslapping van weerstand teen inwendige parasiete in die ooi rondom
lamtyd wat verhoogde eiertellings tot gevolg het.
• Oorsake is: óf hormonaal (laktasie) óf verskuiwing van immunoglobiene (IgA)
van die dermslymvlies na die uier.
• PPRR kom vanaf „n paar weke voor, tot „n paar weke na lamtyd, in die ooi voor.
Gasheerweerstand teen rondewurms
Die vermoë van die dier om te verhoed dat die wurm homself vestig en daardeur word sy
lewensiklus onderbreek. Weerstandbiedendheid word gemeet deur „n eiertelling: laer
waardes dui groter weerstand aan.
Gasheerverdraagsaamheid teenoor rondewurms Die vermoë van die dier om produktief te wees ten spyte van „n besmetting met
rondewurms
Nie genetiese faktore wat „n rol speel
• geboortedatum (vroeg enkelinge )
• middeljarige ooie (3 jr) se lam
Genetiese faktore
• h2 0,18 ± 1,0 (Albers - haarwurm)
• h2
0,25 ± 0,13 (Piper-PSV - haarwurm)
• h2 0,3 ± 0,7 (van Wyk – haarwurm)
Daar word vinniger vordering met seleksie vir verdraagsaamheid gemaak as die
parasietdaging hoog is (die seleksiedruk is dan soveel hoër).
Prepatente periode
Die prepatente periode of ontwikkelingsperiode is die tydperk wat verloop vandat die
besmetting van die parasiet in die gasheer plaasgevind het totdat die volwassenes in die
dier voorkom. Daar kan vasgestel word dat volwassenes teenwoordig is deur eiers in ‟n
mismonster of bloeduitloopsel (Parafilaria) te identifiseer.
PREPATENTE PERIODES
Hieronder volg prepatente periodes van ‟n paar inwendige parasiete.
Skape
Wurmspesie Minimum prepatente periode in dae
Witbankrotwurm 9
Langnekbankrotwurm 14-16
Haarwurm 18-21
Bruinmaagwurm 21
Bankrotwurm 21
Longwurm 28-30
Knoppieswurm 32-42
Grootbekwurm 49
Haakwurm 70
Beeste
Wurmspesie Minimum prepatente periode in dae
Beesbankrotwurm 14
Maagbankrotwurm 21
Langnekbankrotwurm 21-26
Haarwurm 22
Bruinmaagwurm 23-25
Knoppieswurm 35-41
Haakwurm 52
EIERPRODUKSIE
Die eierproduksie vermoë van die verskillende wurmspesies verskil. Die volgende
inligting van parasiete in skape is bekend.
Hoë eierproduksie
Haarwurm: 5 000 – 10 000 eiers per wyfie per dag
Medium eierproduksie
Knoppieswurm en grootbekwurm: 3 000 – 5 000 eiers per wyfie per dag
Lae eierproduksie
Bankrotwurm en bruinmaagwurm: 100 – 200 eiers per wyfie per dag
Baie lae eierproduksie
Langnekbankrotwurm: 50 eiers per wyfie per dag
Voorbeeld van ’n proef wat gedoen is om aan te toon hoe wurmeiertellings en wurmladings
verskil tussen skape wat onder dieselfde omstandighede ’n kamp bewei.
Eiertellings, hematokritte (persetasie rooibloedselle in bloed) en haarwurm -
tellings van onbehandelde S.A. vleis merinolammers (8 maande oud), Laaste
behandeling 22/12/1993 (fenbendasool)
Nr
EIERTELLINGS HEMATOKRITTE HAARWURM-TELLINGS (H.CONTORTUS)
23/02/1994 Dag 0 Dag 6 Dag 0 Dag 6
16/02/94 22/02/94 16/02/94 22/02/94 L4 5de Volwasse Totaal
1 76 333 Dood 15 Dood 311 786 14475 15572
2 58533 139933 16 11 878 644 5635 7157
3 54400 57200 21 13 1400 1486 12547 15433
4 38600 25467 23 15 153 850 7097 8100
5 30400 27800 24 13 400 895 5718 7013
6 46000 7667 27 27 2234 167 3600 6001
7 21267 25867 28 21 400 537 4222 5159
8 11733 5400 28 25 800 700 2267 3767
9 17734 12333 30 23 1663 473 4997 7133
10 8333 6667 31 29 632 703 1717 3052
11 1400 6800 33 26 7189 5464 2253 14906
Uit bogenoemde resultate kan gesien word dat daar nie ‟n goeie korrelasie tussen die
hoeveelheid rondewurms in die skape en eiertellings is nie en ‟n mens dus versigtig moet
wees om definitiewe afleidings tussen eier- en wurmtellings te maak.
Eiertellings op dag 0 wissel van 76 333 tot 1 400 wurmeiers per gram mis.
Eiertellings op dag 6 wissel van 139 933 tot 5 400 wurmeiers per gram mis.
Totale aantal haarwurms per skaap wissel van 15 572 tot 3 052.
Let veral daarop dat skaap nommers 6 en 11 „n groot aantal onvolwasse haarwurms het,
wat nie eiers lê nie.
‟n Soortgelyke proef is in beeste gedoen en die resultate word hieronder weergegee.
Eiertellings en herwinning van wurms uit kalwers wat 122 dae op kikoejoe weiding
gewei het en daarna vir 21 dae op sement gehou is voor slagting.
Kalfnommer 1 2 3 4 5 6 7
Aantal
wurms
17 764 4 399 8 399 2 632 1 231 5 365 5 433
Eiertelling
epg
0 100 100 33 33 33 133
Bogenoemde telling dui daarop dat daar nie „n goeie korrelasie tussen eiertellings en die
wurms teenwoordig in die kalwers was nie.
Wurmeiertellings in beeste is „n swak indikator om te bepaal hoeveel rondewurms in die
diere teenwoordig is.
In beeste vind ons dikwels dat hulle lae wurmeiertellings het, maar dit beteken gladnie
dat hulle geen wurms het nie soos uit bg. proef duidelik na vore kom.
EPIDEMIOLOGIE
Dit is die HOE , WANNEER, HOEKOM en WAAR plus die OMVANG van siekte.
Dit is die ekologie wat versteur is.
Die epidemioloog moet hom daarmee besig hou om te soek vir herhaalbare of betroubare
patrone wat in die natuur voorkom, voordat voorspellings, prognoses (vooruitsigte) en
behandeling vir die voorkoming van siektes voorgeskryf kan word.
Elemente wat in berekening gebring moet word tydens ’n uitbreek van siekte a.g.v.
’n wurmbesmetting.
Die spesifieke populasie
Wat is die risikofaktor van die populasie wat geaffekteer word?
Is hulle hoogs vatbaar, weerstandig of immuun?
Is die huidige populasie met parasiete besmet wat „n vatbare populasie
gaan besmet wat in die kudde ingebring word?
Blootstelling aan besmette materiaal
Wat is die omvang van besmetting?
Is dit larwes wat deur die bek ingeneem word; die vel penetreer of deur „n
tussengasheer oorgedra word?
Is die blootstelling lig, medium, swaar of oorweldigend?
Wat is die tydperk van blootstelling – kort of lank?
Is die parasietblootstelling deur „n enkel of deur meertallige spesies?
Watter skade rig die besmetting aan – akuut of kronies?
Wat is die ekonomiese impak?
Die populasie bestaan uit:
Besmette diere – gashere, draers en verspreiders van besmette materiaal
alhoewel hulle dalk self geen tekens van ‟n parasietbesmetting toon nie.
Vatbare diere – sal self gashere word, of verder besmet raak of meer
vatbaar raak deurdat hulle hul weerstand verloor.
Verwyderings – verwydering uit die populasie deur:
Vrektes – tydens ‟n erge parasietuitbreek.
Vermindering – deur verkoop of slagting.
Behandeling – behandeling moet hoogs effektief wees sodat die
status van die dier verander na nie-besmetlik en die dier van die
siekte genees word.
Immuniteit – die ontwikkeling van immuniteit teen parasiete in
‟n populasie is baie wisselvallig. Dit wissel ook tussen
parasietspesies en die voedingstatus van die gasheer speel ook
‟n groot rol.
Die verloop van ‟n parasietuitbreek word bepaal deur:
TYD
- Die lengte van die lewensiklus van die parasiet(e)
- Generasietyd van die parasiet
- Tydperk van infeksie
- Interaksie tussen tyd en ander faktore soos bv. klimaat wat ‟n invloed op die
ontwikkeling van parasiete het
TIPE KONTAK
- Die vorm en graad van blootstelling aan besmette materiaal
- Daar moet onderskei word tussen die aanvanklike besmetting en herbesmetting
Verloop van die siekte na kontak met besmette materiaal
KLINIESE SIEKTE
Hierdie siekte kan makliker gediagnoseer word as daar net een of twee wurmspesies
betrokke is, maar word moeiliker as daar meervoudige spesies betrokke is.
Kliniese tekens van ronde-, lint- en slakwurms word weergegee.
Kliniese tekens Wurmspesies (ronde, slak en
lintwurms)
Akute vrektes Haarwurm (hiper-akuut) ***
Haakwurms *
Lewerslakwurm ***
Vrektes Haarwurm (akuut en kronies) ***
Bankrotwurm ***
Maagbankrotwurm *
Beesbankrotwurm **
Haakwurm * tot***
Langnekbankrotwurm ***
Witbankrotwurm *
Sambokwurm *
Longwurm **
Lewerslakwurm (sub-akuut en kronies) *
Peervormige slakwurm ***
Bilharzia **
Bloedarmoede (anemie) Haarwurm ***
Haakwurm **
Bruinmaagwurm *
Bankrotwurm *
Knoppieswurm (beeste) **
Sambokwurm
Lewerslakwurms ***
Peervormige slakwurm (onvolwasse) **
Bilharzia **
Kwakkeel Haarwurm ***
Bruinmaagwurm *
Bankrotwurm (effens) *
Beesbankrotwurm *
Haakwurm* tot ***
Knoppieswurm *
Lewerslakwurm ***
Peervormige slakwurm (onvolwasse) *
Swelsel van maag en bene Bruinmaagwurm (Angorabokke)
Diarree Bruinmaagwurm ***
Maagbankrotwurm *
Bankrotwurm ***
Beesbankrotwurm ***
Langnekbankrotwurm ***
Knoppieswurm ***
Grootbekwurm *
Witbankrotwurm (veral bokkies) ***
Spoelwurm *
Sambokwurm *
Peervormige slakwurm (projektiele) ***
Lintwurms
Bilharzia (bloedspikkels) ***
Konstipasie gevolg deur diarree Haakwurm
Konstipasie met baie droë mis Witbankrotwurm
Mis swart Haarwurm (akuut)
Mis met bloedspikkels Grootbekwurm
Parsing Bilharzia
Boepens Lintwurms
Koliek Knoppieswurm
Spoelwurm
Sambokwurm
Lusteloosheid Bankrotwurm
Langnekbankrotwurm
Gewigsverlies Haarwurm (kronies)
Bruinmaagwurm
Maagbankrotwurm
Bankrotwurm (kronies)
Beesbankrotwurm
Haakwurm
Knoppieswurm
Langnekbankrotwurm
Grootbekwurm
Spoelwurm
Sambokwurm
Lewerslakwurm
Bilharzia
Anoreksie Haarwurm (kronies)
Bruinmaagwurm ***
Maagbankrotwurm
Bankrotwurm ***
Beesbankrotwurm
Langnekbankrotwurm ***
Knoppieswurm
Peervormige slakwurm
Bilharzia
Melk verdwyn (agalaktie) Haarwurm (akuut)
Irritasie van die vel
Nat ekseem
Haakwurm
Witbankrotwurm
Bloeipunte op vel Parafilaria
Knoppe op bors en agterpote Onchocerca gibsoni
Hoes, asemhalingsprobleme,
neusuitloopsels
Longwurm
Neuswurmvlieg
Skuimerige neusuitloopsel Witbankrotwurm
Verlamming Witbankrotwurm
Wankelrig Bilharzia
Senuweesimptome
Draaisiekte, malkopsiekte
Gedoelstia spp. Vlieg
Taenia multiceps
*** = baie belangrike oorsaak
** = belangrike oorsaak
* = kan teken veroorsaak
SUBKLINIESE SIEKTE
Diagnose hiervan, asook om hierdie siekte van ander siektes te onderskei, mag
problematies wees. Deur diere te behandel en die effek daarna waar te neem, mag dalk
die maklikste uitweg wees om ‟n diagnose te maak, veral as dit nodig is om die
ekonomiese impak van die besmetting te meet.
Die gevolge van ‟n subkliniese wurmbesmetting
Verminderde gewigstoename.
Verminderde karkaskwaliteit
- Verlaagde uitslagpersentasie
- Verlaagde oogspiergewig
- Swakker vetneerlegging
Verlaagde melkproduksie
Verlaagde vrugbaarheid
Onderdrukte immuniteit
Onderdrukte voerinname
Belemmerde opname en vertering van proteïene
- Lekkasie van proteïene
- Beskadigde dermselle
- Slym word geproduseer
Belemmering in energie metabolisme
- Negatiewe energie balans
- Verswakte gewigstoename
Hipersensitiwiteitsreaksie
- Verhoogde deurlaatbaarheid van proteïene
- Versnelde dermbeweging verlaag absorbsie van voedingstowwe
GASHEERWEERSTAND (Definisie)
Die vermoë van die dier om te voorkom dat ‟n wurmpopulasie homself in die dier vestig.
In beesproewe is vasgestel dat beeste weerstand teen parasiete ontwikkel nadat hulle aan
die spesifieke parasiete blootgestel is. Alhoewel die weerstand sterk en volhoubaar is,
ontwikkel 8% van die kudde nie ‟n weerstand nie.
Parasietspesie Periode wat dit neem na besmetting
voordat bees immuun is
Beesbankrotwurm 4 maande
Haakwurm 5 tot 9 maande
Haarwurm 6 tot 12 maande
Knoppiesurm 8 tot 12 maande
Bruinmaagwurm 24 maande
Skape se vermoë om weerstand te ontwikkel is baie swakker as die van beeste.
AANPASBAARHEID of VERDRAAGSAAMHEID (Definisie)
Die vermoë van die dier om saam met parasiete te lewe en die nagevolge van die parasiet
te oorkom.
Die FAMACHA©
sisteem is volgens hierdie vermoё tot aanpasbaarheid ontwikkel. Diere
word geïdentifiseer wat “saam“ met haarwurm kan “lewe“ en produseer.
EVALUASIE VAN WURMBESMETTINGS
Algemene beginsels wat in aanmerking geneem moet word tydens die evaluasie van
inwendige parasietbesmettings
1. Biologiese beginsels
(a) Elke dier is met ‟n sekere aantal inwendige parasiete besmet.
Die vraag moet nou wees: Wat diagnoseer ons nou eintlik?
(b) Die besmetting van die omgewing deur parasiete is voortdurend,
maar die inname van die besmetting is nie konstant nie.
(c) Lewensiklus – elke parasietspesie het ‟n algemene lewensiklus. Die lewensiklus
van elke parasietspesie moet in stadia en fases verdeel word om ‟n algemene patroon
vas te stel sodat ‟n strategie vir die beheer van elke spesie vasgestel kan word. Die
beheer van die stadia (vrylewende en parasitiese) mag staties (voorkomend) wees
terwyl beheer van die fases (besmettings) dinamies (strategies) mag wees. Daar moet
onderskei word tussen natuurlike en mensgemaakte beheermaatreëls.
2. Ekonomiese beginsels
(a) Parasiete is parasities. Parasiete is skadelik en is nie voordelig vir die dier nie.
(b) Siekte wat parasiete veroorsaak, is gekoppel aan die aantal parasiete teenwoordig
en die skade wat hulle veroorsaak. Alle parasiete veroorsaak skade en om die
ekonomiese skade te bereken moet daar geweeg en gemeet word. Maak ‟n
diagnose deur diere te behandel en die verbetering te meet.
(c) Siekte veroorsaak deur parasiete tas die hele kudde aan
Alle diere in die kudde is besmet; alle diere is blootgestel aan besmetting en die
produktiwiteit van diere word aangetas. Behandeling en beheer raak elke dier in
die kudde.
Ekonomiese impak van rondewurmbesmettings
Die volgende faktore, wat gaan bepaal of daar kliniese of subkliniese infeksies in
die diere teenwoordig mag wees, is ter sake:
Die parasietspesie of spesies betrokke
Die getal parasiete teenwoordig in die dier
Vind herbesmetting van parasiete plaas?
Klimaattoestande
Kondisie van die diere
Ouderdom van die diere
Kwaliteit van die weiding
Immuniteit
S O S dra by tot verhoogde parasietprobleme
- Stagnasie
- Oorbevolking
- Stres
Ander siektetoestande teenwoordig bv. BVD.
Bestuur
Die gevolge van ‟n subkliniese wurmbesmetting
Verminderde voerinname
Anoreksie
Verminderde gewigstoename.
Verminderde karkaskwaliteit
- Verlaagde uitslagpersentasie
- Verlaagde oogspiergewig
- Swakker vetneerlegging
Verlaagde melkproduksie
Verlaagde vrugbaarheid
Onderdrukte immuniteit
Onderdrukte voerinname
Belemmerde opname en vertering van proteïene
- Lekkasie van proteïene
- Beskadigde dermselle
- Slym word geproduseer
Belemmering in energie metabolisme
- Negatiewe energiebalans
- Verswakte gewigstoename
Hipersensitiwiteitsreaksie
- Verhoogde deurlaatbaarheid van proteïene
- Versnelde dermbeweging verlaag absorbsie van voedingstowwe
3. Ekologiese beginsels – faktore wat die stadia en fases van die lewensiklus
beïnvloed
(a) Meteorologiese toestande
Vogtigheid en temperatuur speel ‟n groot rol in die voorkoms en oorlewing van
die vrylewende stadia van parasiete.
(b) Weiding
‟n Gunstige mikro-omgewing is baie belangrik vir die oorlewing van die
vrylewende stadia van parasiete.
(c) Gasheer-parasiet interaksie
Van belang is kruisbesmetting van parasiete tussen skaap en bees; die verskil in
reaksie op parasietbesmetting van skape en beeste.
Kruisbesmetting van parasiete is veral van belang as „veilige weidings“ geskep
word deur bees en skaap alternatiewelik op weidings geplaas word. Skaap en bees
„deel“ sekere parasiete soos bv. lewerslak en maagbankrotwurm. Die skaap se
haarwurm besmet beeste, maar veroorsaak gewoonlik nie probleme nie, maar die
beeshaarwurm (Haemonchus placei) kan groot probleme in skape veroorsaak.
(d) Vorm van die mis mag ‟n rol speel in die oorlewing van die vrylewende stadia
van parasiete – korrels, miskoek, slapmis
(e) Voedingstoestande
Voeding het ‟n direkte invloed op weerstand, weidingspatrone en gewoontes van
diere.
4. Ander beginsels
(a) Seisoenale patrone van siektes
Patrone word vasgelê deur klimaat en bestuursfaktore bv. lam en kalfseisoene
asook speentye.
(b) Toepassing vir beheer
Herhaalbare patrone in die voorkoms van parasietuitbreke stel ons in staat om „n
strategiese beheermetode te volg terwyl ‟n onreëlmatige patroon ‟n taktiese
beheerprogram tot gevolg het. Vir “wanneer” om taktiese parasietbeheer toe te
pas, sal epidemiologiese inligting aanduiding kan gee watter omstandighede tot
parasietuitbreke sal lei. Behandeling kan dan betyds gegee word. Periodieke
waardering van omstandighede moet gereeld gedoen word.
(c) Beheer is ‟n kompromismaatreël
Bestuur van vee en weiding moet gekoördineer word om optimale produktiwiteit te
bereik. Om hierdie doel te bereik, mag dalk nie die absolute beheer van parasiete beteken
nie. Die rede hiervoor is dat die onoordeelkundige en oorgebruik van wurmmiddels
daartoe mag lei dat daar vir weerstandbiedende parasiete geselekteer word.
(c) Gebruike van wurmmiddels
Strategiese en taktiese gebruik van wurmmiddels om te verhoed dat
parasietbesmettings parasitiese siektes word.
Genesende gebruik om te verhoed dat diere vrek en ekonomiese verliese gely
word.
Diagnostiese gebruik om die ekonomiese impak van ‟n wurmbesmetting in ‟n
kudde te bepaal.
Spesifieke gebruik van ‟n wurmmiddel om sekere eienskappe van die middel te
benut.
Die immunologiese gebruik van die wurmmiddel bv. levamisool wat ‟n
immunstimulant is.
Eksperimentele gebruik van ‟n middel.
Gebruik van wurmmiddels met ‟n nawerking om ‟n sekere doel te bereik.
DIAGNOSE
Die maak van ‟n diagnose is ‟n onontbeerlike stap in die proses van inwendige
parasietbeheer.
Algemene beginsels
Elke dier is met parasiete besmet
‟n Misondersoek wat net die aanwesigheid van wurmeiers bepaal, is van weinig nut.
Miskulture en larfidentifikasie moet gedoen word om te bepaal watter parasiete
teenwoordig is. Kennis van die lokale epidemiologiese omstandighede sal help om te
voorspel of die teenwoordigheid van die parasiete ‟n bedreiging vir die kudde inhou.
Die besmetting is voortdurend
Soms mag dit nodig wees om die graad van besmetting in ‟n kudde te bepaal, veral as
die klimaatsomstandighede die vrylewende stadia van parasiete bevoordeel. Diere is
ook meer vatbaar gedurende lam- en kalftyd, asook gedurende die speenproses.
Differensiële diagnoses moet altyd in gedagte gehou word. Wanvoeding mag dieselfde
kliniese tekens as ‟n wurmbesmetting gee.
Ekonomiese verliese wat deur parasiete veroorsaak word, moet geskat of bepaal word.
Die maklikste is om ‟n groep diere te behandel en te vergelyk met ‟n onbehandelde
kontrole groep.
Miseiertellings
Soos reeds voorheen gemeld, moet daar met omsigtigheid te werk gegaan word om
miseiertellings te interpreteer.
„n Hoё telling beteken dat daar baie wurms teenwoordig moet wees.
„n Lae telling beteken dat daar min wurms is óf onvolwasse wurms is wat nog nie
eiers lê nie óf dat daar wurms teenwoordig is, maar dat hulle min of geen eiers lê nie.
Onthou dat soos voorheen gemeld verskillende wurmspesies verkil in hulle
eierlêkapasiteit.
Miseiertellings is van groot waarde om die effektiwiteit van wurmmiddels te bepaal.
„n Miseier reduksietoets (METRED) kan deur jou veearts gedoen word.
Miskulture
Miskulture kan gemaak word en die derde besmetlike stadium larfies kan geoes en
geїdentifiseer word. So kan vasgestel word watter wurmspesies in die dier
teenwoordig is, sonder om die dier te slag.
Wurmtellings
Aksie
Met‟n deeglike nadoodse ondersoek word 'n totale en differensiële wurmtellings
gedoen. Onvolwasse en volwasse stadiums van elke wurmspesie word geïdentifiseer.
Opgeleide personeel word benodig om hierdie tellings te doen. Die beste is om ‟n
lewende dier na u veearts te neem om hierdie prosedure te laat uitvoer. ‟n Deeglike
geskiedenis van die kudde, doseerprogram asook meteorologiese gegewens moet
beskikbaar wees.
Interpretasie van tellings
Die patogeniese effek (skade wat aangerig word) van elke spesie wat gevind word,
moet in berekening gebring word. Daar moet ook geёvalueer word watter skade die
onvolwasse stadiums van die parasiete aanrig.
- Daar is ‟n verhouding tussen die grootte en ouderdom van die gasheer en
die effek wat die wurms op die dier sou hê. Bv. 1 000 haarwurms sal ‟n
Merinospeenlam laat vrek terwyl 10 000 van dieselfde soort ‟n volwasse
skaap sal dood.
- Die periode (tyd) wat ‟n dier besmet is, speel ook ‟n rol.
2 x die getal wurms + y dae van besmetting = x + 2y
Uit hierdie vergelyking kan gesien word dat die tydperk van besmetting „n
groot rol speel. Dit is nie altyd maklik om die periode vas te stel nie, maar
as daar in die geskiedenis teruggegaan word, kan uit weersomstandighede
nagegaan word wanneer moontlike besmetting plaasgevind het.
Die teenwoordigheid van onvolwasse wurms beteken nie in alle gevalle dat die
besmetting onlangs verkry is nie. In spesies, waar wurmstadiums in die weefsels
voorkom, bv. bruinmaagwurm en knoppieswurm, mag die onvolwasse wurms wat
gevind word, maande oud wees. Vertraagde ontwikkeling a.g.v. gasheerweerstand
teen parasiete kom in die meeste spesies voor.
Hipobiotiese wurms (vertraagde, geïnhibeerde, hibernerende, dormante) moet ook
aandag geniet.
Wyfiewurms moet ook ondersoek word en vasgestel word of hulle die normale
hoeveelheid eiers bevat. ‟n Afname in eiervorming mag ‟n aanduiding van ‟n baie
jong infeksie óf seniliteit van wurms óf gasheerweerstand wees.
‟n Voorbeeld is waar bankrotwurms gewoonlik 14 tot 16 volle ontwikkelde eiers
bevat, daar in ‟n skaap wat ‟n sekere mate van weerstand het, slegs 6 tot 8 eiers
voorkom.
Kumulatiewe uitwerking
‟n Meervoudige besmetting beteken dat verskeie areas van die dermkanaal betrokke
is.
Bv. 5 000 bruinmaagwurms plus 5 000 bankrotwurms plus 5 000 langnek
bankrotwurms in ‟n skaap het baie dieselfde effek op die skaap as 15 000 wurms van
een van die spesies. Eiertellings kan ook gebruik word om kummulatiewe uitwerking
te bereken. ‟n Milde infeksie van elk van twee bloedsuiende parasiete soos bv.
haarwurm en lewerslakwurm mag eindig in ‟n erge bloedarmoede. Wanvoeding sal
vererger word deur ‟n bankrot-en-knoppieswurmbesmetting wat die eetlus van ‟n dier
demp.
‟n Puntesisteem kan gebruik word om die belang van ‟n meervoudige besmetting in
skape te bereken.
Wurmsoort Aantal wurms Punt
Bruinmaagwurm 3 000 1
Haarwurm 500 1
Maag bankrotwurm 4 000 1
Bankrotwurm 4 000 1
Langnek bankrotwurm 3 000 1
Grootbekwurm 100 1
Knoppieswurm 100 1
Uit bogenoemde syfers kan afgelei word dat 3 000 bruinmaagwurms dieselfde skade sal
aanrig as 500 haarwurms of 4 000 bankrotwurms ens.
Enige telling hoër as 2 in ‟n speenlam moet as betekenisvol beskou word.
Waar knoppieswurm dermletsels veroorsaak, moet hierdie letsels ook in berekening
gebring word.
INTEGRASIE
Dit is die opweging van alle bydraende oorsake om tot ‟n diagnose te kom. Dit sluit in
alle faktore van epidemiologie wat aanleiding tot ‟n parasietuitbreek gaan gee; wat die
verloop gaan bepaal; of wat die herstel van die diere gaan beïnvloed. Evaluasie gaan ook
die onmiddellike aksie (takties) of toekomstige behandeling (strategies) bepaal.
Die bepaling van wurmweerstand teen die verskillende wurmmiddelgroepe is van groot
belang wanneer ‟n strategie van beheer bepaal word.
BEHEER
Wurmmiddels word algemeen gebruik om diere van parasitiese siekte te genees en diere
na normale gesondheid te laat terugkeer. Dit beteken nie noodwendig dat die dier
onmiddellik na sy vorige produksie sal terugkeer nie en dit mag selfs ‟n lang tyd neem
voordat dit gebeur en soms nooit nie. Totdat dit in die toekoms gebeur dat parasiete
uitgeroei of dat diere vroeg in hulle lewe teen parasiete geïmmuniseer kan word, sal die
doel van parasietbeheer wees om die parasietpopulasie op so ‟n vlak te hou dat die
produksie van die dier nie benadeel word nie. Hierdie vlakke sal varieer afhangende van
die intensiteit van die produksiesisteem.
Daar is argumente vir en teen die herhaaldelike gebruik van wurmmiddels. („suppressive
dosing“). Herhaaldelike doserings met dieselfde middel lei tot seleksie van weerstandige
parasiete.
‟n Voorbeeld van so ‟n stam is die Kokstad haarwurmstam.
Groep Middel Dosis (mg / kg) % beheer
(geometries)
1 Moksidektien (verskeie formulasies) 0,2 81 tot 96
1 Ivermektien (verskeie formulasies) 0,2 1 tot 26
1 Abamektien 0,2 10
1 Doramektien 0,2 23
2 Fenbendasool 0,5 6
3 Levamisool 7,5 96
4 Klosantel 5 77
7 Trichloorfon 50 95
Beheer van vrylewende stadia
(a) Weer
Dit is die belangrikste manier van natuurlike beheer. Daar is hoë mortaliteit a.g.v.
uitdroging en direkte sonlig en vir sekere spesies koue. Die weerstandigheid van spesies
varieer:
– langnekbankrotwurm en sambokwurm is veral weerstandig
– bruinmaagwurm is redelik weerstandig
– haarwurm en knoppieswurm is die minste weerstandig
(b) Bestuur
Rus en rotasie van kampe speel ‟n groot rol. Langnekbankrotwurm, bruinmaagwurm en
grootbekwurm kan koue toestande weerstaan terwyl langnekbankrotwurm en
sambokwurm uitdroging weerstaan.
(d) Vernietiging
Chemiese middels wat larwes dood, vernietig ook die weiding en is ook nie koste
effektief nie.
Swamme (Duttingtonia flagrans) val die vrylewende larwes aan en vernietig hulle.
Navorsing is gedoen om die moontlike gebruik van hierdie swamme in parasietbeheer te
evalueer. Tot op hede is die gebruik van swamme nog nie gekommersialiseer nie.
Miskruiers speel ‟n groot rol in die opbreek van miskoeke en korrels. Wurmeiers word
dan aan die weerselemente blootgestel, asook in die grond met misballe begrawe.
Wat is ’n „veilige“ weiding?
Hierdie is weidings wat voorberei word vir wurmvatbare skape (ooie, lammers,
speenlammers) met die doel dat die weiding so min as moontlik besmetlike larwes bevat.
„Veilige“ weidings word bewerkstellig deur die weiding te laat rus. ‟n Rusperiode korter
as 3 tot 4 maande is gewoonlik nie genoeg nie, behalwe as daar tydperke van lang warm,
droë weersomstandighede is. Koue, droë toestande in die winter is ook nie gunstig vir die
eiers van haarwurm en knoppieswurm om te ontwikkel in besmetlike larwes nie. Die
alternatiewe beweiding van weidings deur skape en beeste kan ook ‟n groot rol speel om
„veilige“ weidings te vestig. Alhoewel daar sekere wurmparasiete is wat skape en beeste
deel bv. lewerslakwurms, peervormige slakwurms, beeshaarwurm (H. placei),
maagbankrotwurm, langnekbankrotwurm en sekere beesbankrotwurms. Die bees en
skaap se bruinmaagwurms asook die derm bankrotwurms word nie geredelik tussen
skape en beeste oorgedra nie. Haarwurm van skape (H.contortus) besmet wel beeste,
maar veroorsaak nie ernstige probleme nie. Die haarwurm van beeste (H.placei) besmet
wel skape en veroorsaak dieselfde siekte as die haarwurm van skape. Beeste wat alreeds
weerstand teen rondewurms opgebou het (2 jaar oud), moet in so ‟n rotasiesisteem
gebruik word.
Ouer, meer weerstandbiedende skape (hamels, droë ooie) kan ook gebruik word om
weidings vir vatbare lammers voor te berei.
Lammers wat swak doen, kom algemeen op plase voor en om ‟n presiese diagnose van
die oorsaak te maak is nie altyd maklik nie. Deur diere terapeuties te doseer en diere
daarna te evalueer word dikwels gedoen. Deur spoorelemente toe te dien, help ook
dikwels om die probleem te oorkom. Die toediening van wurmmiddels op ‟n gereelde
basis is heel moontlik baie meer as wat werklik nodig was om die parasiete te beheer.
Geskryf deur:
Dr. Faffa Malan, konsultant; dr. Jan van Wyk en prof. Gareth Bath, Fakulteit
Veeartsenykunde, Universiteit van Pretoria.
Bronne
Reinecke, R.K. 1983. Veterinary Helminthology. Butterworths. ISBN 0 409 11262 3
Refresher course for Veterinarians, Proceedings no. 58. Refresher course on sheep.
August 10-14 1981. University of Sydney.