presidensiële oorsig 2015/16 · die jaar 2015/16 was vir my as individu 'n ervaring van...
TRANSCRIPT
Presidensiële Oorsig 2015/16
Inleiding
Die jaar 2015/16 was vir my as individu 'n ervaring van 'n leeftyd.
Dit was inderdaad 'n groot voorreg om deel te kon wees van en
diens te kon lewer aan hierdie uitmuntende besigheids-
organisasie met sy ryke besigheidsgeskiedenis wat oor 'n
periode van 74 jaar strek.
Die AHI se diensaanbod en relevansie was weereens voor 'n
uitdaging gestel. Ek kan egter sonder twyfel sê dat ons
organisasie die mees gerespekteerde besigheidsorganisasie in
die land is en dat dit deur die regering in die breë en
korporatiewe (groot besighede) erken word as 'n organisasie wat
objektief is, besighede dien en, meer spesifiek, steeds die
mondstuk is van klein en medium besighede wat deel vorm van
die breër ekosisteem van besigheid bedryf, werk skep en ons
ekonomie aan die gang hou.
Besigheidsbeginsels
Die wêreld beleef stormagtige tye, gesien vanuit 'n
politieke, ekonomiese en sosiale perspektief. Alles
wat in die afgelope jare/dekades as stabiel en gevestig
voorgekom het, word uit verskillende hoeke voor 'n
uitdaging gestel. Individue is konstant besig om van
gedagte te verander en basiese beginsels word ook
die hele tyd uitgedaag. Dit veroorsaak 'n
vertrouensbreuk onder individue, groeperinge van
mense, nasies en die samelewing in die breë.
Dit is nodig dat ons 'n kultuur inskerp waar gefokus
word op basiese waardes en beginsels soos integriteit,
eerlikheid, betroubaarheid, ekonomiese meriete,
respek vir menswaardigheid en omgee vir mekaar. Ek
het al dikwels gewonder of die huidige ekonomiese en
politieke uitdagings unieke leierskapsvaardighede
vereis. Ek dink egter nie so nie, want leierskap verg
bloot die uitleef van kernwaardes wat veronderstel is
om diep binne-in jou as mens gesetel te wees, met
eksterne faktore, positief sowel as negatief, wat jou
gedurig toets ten opsigte van hierdie kernwaardes.
Jou optrede as 'n besigheidseienaar en -leier moet
altyd in die beste belang van almal wees, sonder dat
jou kernwaardes gekompromitteer word. Indien jy
begin toegee aan druk, behoort jy nie 'n
besigheidseienaar en -leier te wees nie, want jy bewys
'n ondiens aan jouself en aan die samelewing in die
breë. Dit is in daardie tye wat alles onderhandelbaar
lyk dat ons rotsvas moet staan vir dit wat reg is.
Globale vooruitsigte
Die globale vooruitsigte begin al meer onseker lyk.
Ons sien hoe voorspellings ten opsigte van
ekonomiese groei in die wêreld afwaarts aangepas
word tot 'n beskeie groeivlak van 3.1% vergeleke met
die gemiddelde 3.7% voor die globale ekonomiese
krisis van 2008. Die onsekerheid, teweeggebring deur
die Verenigde Koninkryk se besluit om die Europese
Unie te verlaat en 'n nuwe Eerste Minister wat daardie
besluit uitvoer, asook faktore soos terreuraanvalle in
verskeie oënskynlik "stabiele" stede soos Parys, Nice
en Istanbul, die VSA se presidensiële
verkiesingswedloop, die krisis in die Midde-Ooste met
vreemde alliansies, die skuldkrisis in die EU wat nog
nie verby is nie, en China se gestadigde groeikoers
dra alles by tot hierdie onsekerheid.
Mr. Christo Botes
AHI President
Trevor Manuel Goolam Kader &
Ernest Boateng
Suid-Afrika Beperk se hoofuitdagings
Sonder om 'n verhandeling te skryf en ons nie veel
hoop te gee nie, het ek probeer om die top tien
uitdagings van ons mooi land te lys, in geen spesifieke
prioriteitsorde nie:
1. Te lae BBP-groei vir te lank
2. Te veel politieke onsekerheid en 'n gebrek aan
sterk leierskap
3. Te min entrepreneursaktiwiteite
4. 'n Te hoë vlak van werkloosheid met lae
vaardigheidsvlakke
5. 'n Lae kredietgradering en die konstante risiko
van 'n afgradering
6. Regeringsbesteding nog nie onder beheer in
alle departemente nie
7. Die “fees must fall”-veldtog deur studente aan
tersiêre instellings
8. Steeds te veel burokratiese rompslomp
9. Steeds nie voldoende ekonomiese hervorming
nie
10. Unies steeds suksesvol met kollektiewe
bedinging selfs al is hulle lidmaatskap verdeel
Hierdie uitdagings kan oorwin word deur gesamentlike
pogings en met behulp van die platforms wat geskep is
om hierdie kwessies aan te spreek. Die AHI en sy
belanghebbendes is almal verbind tot die
implementering van aksieplanne, want vir die meeste
van hierdie uitdagings is daar eenvoudig nie meer tyd
oor om te debatteer nie.
Is daar 'n silwer randjie vir Suid-Afrika Beperk?
Wat is die top tien positiewe dinge van die afgelope
jaar wat beskou kan word as die silwer randjie in die
donker wolke wat ons geneig is om raak te sien, veral
wat die afgelope 12 maande betref?
1. Die Regering het deur die Nasionale Tesourie
met Besigheid en Arbeid begin saamwerk, en
dit sou tot ekonomiese groei, werkskepping en
die voorkoming van 'n kredietafgradering kon
lei.
2. Die beter as verwagte ekonomiese groeikoers
in die tweede kwartaal van 2016 wat lyk asof
dit op 'n ommeswaai dui.
3. Die Rand as geldeenheid vaar nou heelwat
beter teen die geldeenhede van ons
vernaamste handelsvennote vergeleke met
ses tot nege maande gelede.
4. Die stygende rentekoerssiklus wat lyk asof dit
tot stilstand gekom het met selfs sprake van
die begin van koersverlagings.
5. Die Nasionale Tesourie se sukses met die
verkryging van oorsese lenings in die afgelope
tyd.
6. Die skynbare stabilisering van
kommoditeitspryse.
7. Suid-Afrika se handelstekort is besig om af te
neem.
8. Die beperkings ten opsigte van
elektrisiteitsvoorsiening is nie meer 'n
bedreiging nie, altans vir die huidige.
9. Die positiewe en vreedsame afloop van die
demokratiese plaaslike verkiesing van die 3de
Augustus.
10. Suid-Afrika se 47ste posisie uit 138 lande in die
Globale Mededingsindeks is twee plekke
beter as die vorige meting.
Hoogtepunte in die beskouing van die afgelope jaar
My prioriteite vir die jaar was, onder andere, om meer
op 'n nasionale, provinsiale en plaaslike vlak te
kommunikeer en om meer met ons gewaardeerde
korporatiewe lede, regeringsdepartemente en ook
ander besigheidsorganisasies in interaksie te tree. Dis
vir my aangenaam om opsommenderwys te kan
rapporteer oor die hoogtepunte van die jaar soos wat
ek dit ervaar het:
Die Nelson Mandela Gedenklesing was weer deur
die AHI aangebied en wel op 4 Desember 2015.
Hierdie jaarlikse geleentheid is bygewoon deur die
presidente, voorsitters en uitvoerende hoofde van
die meeste sakekamers en sakebewegings. Almal
het 'n geleentheid gehad om hul herinneringe aan
die ikoon van ons jong demokrasie te deel. Die
hoofspreker was die nou afgetrede Regter Richard
Thuli Madonzela at the BMF Dr. Zweli Mkezi by ‘n
Sanlam geneleentheid
Saam met SACCI in George
Goldstone. Watter wonderlike herinneringe van sy
persoonlike interaksie met wyle Madiba het hy nie
met ons gedeel nie.
Met behulp van ons HUB, dr. Ernest Messina,
kon ons al ons korporatiewe lede en die meeste
van ons silwer besigheidslede besoek. Dit sluit
in besoeke aan Sanlam, ABSA, Naspers,
Remgro, Auto & General, RCL Foods,
Vodacom, Sasol, Eskom en Business Partners.
Talle besoeke aan provinsies en plaaslike
sakekamers staan uit as hoogtepunte. Almal
doen naamlik hul uiterste bes om
entrepreneurskap en besigheid in die algemeen
te verbeter en 'n betekenisvolle rol te speel in
die maatskaplike opheffing van hul onderskeie
gemeenskappe.
Teen die einde van September het my
interaksies met die verskillende
belangegroepe van die AHI reeds op meer as
140 intervensies gestaan.
Die SA Raad vir Sakevroue vorm 'n integrale
deel van die AHI en word dikwels ons 10de
provinsie genoem. Hulle energie, dryfkrag en
passie blyk uit hulle talle aktiwiteite. Dit was 'n
eer om deel te wees van 'n aantal van hulle
aktiwiteite.
Dit was ook 'n voorreg om op BUSA (Business
Unity South Africa) te dien en om in Junie
2016 op hul direksie gekies te word. Die
hoogtepunt van my vergaderings met hulle
was toe ons met beide Minister Gordhan en
Adjunk-minister Jonas ontmoet het om
vordering met die drie vlakke van interaksie
tussen besigheid en die regering te bespreek.
Die drie HUB-werkgroepe is:
1. Om alles moontlik te doen om 'n
beleggingsafgradering te verhoed.
2. Om sektorspesifieke planne te ontwikkel om
sukkelende sektore om te draai, en om
groeiende sektore te stimuleer tot verdere
groei ten einde 'n algehele hoër ekonomiese
groeikoers te bereik.
3. Om 'n KMMO-fonds te skep gemik op die
stimulering van entrepreneurskap en die
daarstelling en uitbreiding van nuwe
besighede; en die R1.5 bn wat alreeds vir
hierdie doel gewerf is.
Die webtuiste asook 'n hoogs aktiewe sosiale
media-platform wat vroeg in 2016 geloods is.
Voorsiening is gemaak om ook die provinsiale
strukture van die AHI en die individuele
sakekamers en hul lede te akkommodeer. Die
interaktiewe en buigsame aard van hierdie
ontwikkeling maak dit 'n besonderse platform
vir die toekoms.
Die trekkrag na Africa Business Connect
(ABCONN) het nie na verwagting gerealiseer
nie, maar groot vordering word gemaak om
verdere waarde te bied deur dit te koppel aan
'n voorsieningsketting-netwerkfasiliteit wat van
groot betekenis vir al ons lede kan wees.
Ons het vroeg in 2016 'n baie meer aktiewe
bedingingsrol vervul as in die afgelope jare.
Verskeie persverklarings is gedurende die jaar
uitgereik en talle mediakommentare is gelewer
SA Raad vir Sakevroue leierskap
BUSA President – Jabu Mabuza
via die pers, radio en televisie. Baie was ten
opsigte van kwessies van nasionale belang vir
besigheid. Plaaslike sakekamers het ons ook
van tyd tot tyd versoek om hulle te help deur
standpunt in te neem in 'n plaaslike krisis en
om namens besighede druk uit te oefen in
hulle area. Selfs al het ons ons opinie meer
aktief gelug, is daar nie genoeg gedoen nie.
Dit is dus 'n gebied waar ons 'n prominenter rol
kan speel deur namens besigheid te praat oor
kwessies relevant vir besigheid en op die
voorgrond van die openbare debat.
Ons hoop om binnekort die loodsing van 'n
diensleweringindeks vir plaaslike regeringsvlak
te kan aankondig. Dit is 'n inisiatief wat 'n jaar
gelede begin is en nou uiteindelik begin
realiseer.
Entrepreneurskapsopleiding en -ontwikkeling
het in verskeie areas plaasgevind met behulp
van vennootskappe, gesamentlike projekte en
skenkings. Ons is ingenome met die werk wat
gedoen is om potensiële en bestaande
entrepreneurs beter toe te rus deur middle van
opleiding en ontwikkeling.
Op die Plaaslike Ekonomiese
Ontwikkelingsfront was ons ook aktief in
verskillende sakekamers en hul onderskeie
plaaslike owerhede. Ek is ingenome met die
nuwe kontakte wat deur beide COGTA en
SALGA gemaak is.
Die AHI Werkgewersorganisasie bly 'n
belangrike diens wat ons aan ons lede bied.
Ons is ook ingenome met die nuwe formaat
van die AHI-konferensie wat deur 'n interne
span gekonseptualiseer en op 'n bekwame
wyse deur Marieta van Zyl geïmplementeer is.
Ons is vol vertroue dat die nuwe formaat 'n
basis sal vorm vir 'n baie meer gesogte
jaarlikse konferensie waar relevante nasionale
kwessies/onderwerpe wat 'n beduidende
impak op besigheid het, gedebatteer en
praktiese oplossings gevind kan word. Dit
behoort besighede beter toe te rus om hierdie
kwessies/onderwerpe te hanteer.
Ter afsluiting
Dis met groot genoeë dat ek die knap AHI-
kantoorpersoneel, wat onder die leiding van dr. Ernest
Messina van krag tot krag gegaan het, te erken en
bedank. Die Provinsiale Raad onder leiding van
Hettienne von Abo Moolman het uitsonderlike werk
gelewer. Die baie aktiewe span het uitstekende idees
gegenereer wat nog tot talle positiewe en volhoubare
projekinisiatiewe sal lei. Winda-Austin Loeve het die
10 Kundigheidslessenaars op 'n bekwame wyse gelei
en was ook instrumenteel in die toevoeging van 'n
elfde lessenaar, die Ekonomiese Lessenaar. Die
Nasionale Raad was 'n belangrike klankbord, wat my
gehelp het om die Raad se funksionering te verbeter
deur 'n meer gefokusde benadering. Laaste, maar nie
die minste nie, wens ek my mede-direksielede te
bedank. Julle is 'n uitstaande span wat my deurgaans
ondersteun het. Dankie dat ek my te eniger tyd tot
julle kon wend en dat ons selfs in uitdagende tye die
spandinamika verder kon versterk. Ek het my tyd as
president terdeë geniet en is dankbaar vir die
geleentheid wat my gegun is om so 'n wonderlike
organisasie te dien.
Christo Botes
Oktober 2016
Kaapstad Sakekamer – Die Burger Sakeleier geleentheoid
BUSA President: Jabu Mabuza
Mabusa
AHI HOOF UITVOERENDE BEAMPTE
OORSIG 2015/2016
‘n Kenmerk van die huidige tydsgewrig is die geweldige spoed
waarteen verandering plaasvind. Wat eens as normaal bestempel
was, bestaan nie meer nie. Die nuwe normaal het weinig kans om
gevestig te word. Dan is daar weer nuwe uitvindings wat die
bestaande situasies totaal verander.
Hierdie toedrag van sake vereis intellektuele en emosionele
soepelheid. Daardeur kan ‘n mens steeds ‘n bydrae maak tot die
ontwikkeling en relevante voortbestaan van organisasies.
Die AHI is ‘n gevestigde organisasie wat volgende jaar
75 jaar oud is – een van die langsbestaande
georganiseerde instellings in Suid-Afrika. Oor die
afgelope aantal dekades het die AHI onder die leiding
van verskeie presidente baie verander. Tog word
gereeld gevra wat die relevansie van de AHI vandag
is, gegewe die spesifieke historiese en kulturele
agtergrond waaruit die AHI onstaan het.
As ‘n sakeorganisasie was die AHI se gesamentlike
bydrae tot Suid-Afrika se ekonomie in dié tyd
beduidend. In sekere opsigte was die afgelope jaar ‘n
opwindende en merkwaardige jaar. In lyn met die AHI
visie en strategie het die Direksie, Uitvoerende Hoof
en res van die personeel ‘n hele paar fokuspunte
gehad en nagestreef. Ons kan met genoeë verslag
doen oor goeie vordering wat gemaak is. Gegewe die
snel veranderende nasionale en internasionale
omgewing waarbinne die AHI haar bevind, sal daar
voortdurend heerlike nuwe uitdagings wees om aan te
pak.
Die vertrekpunt vanjaar was die AHI se visie naamlik
Saam Skep Ons Volhoubare Welvaart. Daar is werklik
gepoog om nuwe inhoud, betekenis en substansie aan
die visie te gee. Verder is voortgegaan om te bly fokus
op:
Plaaslike Ekonomiese ontwikkeling
Charl du Plessis
Entrepreneurskapsontwikkeling & Opleiding:
Nadia Carolissen
Netwerk
Marieta van Zyl
Dr. Ernest Messina
AHI Uitvoerende Hoof
Die Werkgewersorganisasie:
Lorraine Lefyedi
AHI webwerf en Sosiale media:
Leandre du Plessis
Finansies – Sandra Rousseau, en,
Theo van Wyk wat as COO toegesien het dat die
administratiewe aspekte rondom die inisiatiewe belyn
is.
Met al hierdie aktiwiteite is vordering gemaak en ons
het in die loop van die jaar tot nuwe insigte gekom.
Projekte soos hierdie verg voortdurend nuwe denke en
aanpassing. Van die belangrikste fokusareas na
gelang van die visie en die uitrol daarvan is die
volgende:
1. Saam – daar was sterk klem daarop geplaas om
saam met ander rolspelers ‘n beskeie dog aktiewe
bydrae tot die bou van die land se ekonomie te lewer.
Baie tyd en energie is bestee aan die verstewiging van
verhoudinge met nasionale, provinsiale en plaaslike
regerings. Hierin lê groot uitdagings, maar ons
ingesteldheid is om aan te hou.
2. Ons – Om die AHI op alle vlakke van die
organisasie meer inklusief te maak is ‘n
noodsaaklikheid. Of skoon ons geskiedenis een is van
‘n homogene groep mense, is die AHI goed op pad om
‘n inklusiewe organisasie vir alle Suid-Afrikaanse
besigheidsmense te raak. As voorbeeld noem ons
graag dat op aanbeveling van voormalige AHI
President Matthews Phosa, die National Black
Contractors & Allied Traders (Nabcat) na die AHI
verwys is. Na drie gesprekke het die Nasionale Raad
van Nabcat besluit om by die AHI aan te sluit. Dit
word nou na al die provinsies deurgevoer. Ons wag
met groot belangstelling op die uitslag van hierdie
konsultasieproses. Gesprekke is ook gehou met die
besigheidseienaars van die Nuwe Apostoliese Kerk in
Kaapstad. Baie van hulle is nou gereed om by die AHI
aan te sluit. Verdere gesprekke word gevoer om aan
die kwessie van inklusiwiteit die aandag te gee wat dit
verdien en intussen het sakemense wat tradisioneel
nie deel van die AHI se voedingsbron is nie, vanjaar
aangesluit.
3. Volhoubare welvaart –
Volhoubaarheid is een van die wagwoorde van ons tyd, veral finansiëel. Met die oog op die toekoms is begin om meer jongmense by die AHI te betrek. Vir die komende jaar gaan dit ‘n belangrike fokus van ons strategie wees. Die opwindende geleentheid van hierdie fokus gaan wees om wysheid en ervaring met jeugdigheid te verbind. Dit kan wondere vir die AHI beteken as deel van die vorming en skep van ‘n verjongingskultuur. Verder is die verhouding met korporatiewe lede beduidend anders benader. Die klem het geval op die skep van wedersyds voordelige verhoudinge. By die meeste, indien nie almal nie, is daar rede tot optimisme oor die pad vorentoe met die AHI. Daar word egter duidelik besef dat die breër Suid-Afrikaanse ekonomie groot uitdagings inhou. Om hierdie uitdagings te trotseer en enigsins ‘n kans te staan om sukses te behaal, is dit veel beter om dit saam aan te pak as elkeen op eie stoom.
4. Verstewig die verhouding met die provinsies.
Die meeste van ons provinsiale strukture beskik nie
oor voltydse personeel nie. Dit bied groot
administratiewe en organisatoriese uitdagings vir
beide die provinsie en die Hoofkantoor. Planne word
beraam om betroubare en effektiewe strukture in plek
te kry om groter impak te maak. Hierdie proses word
deur die provinisiale strukture self gedryf.
5. Verstewig die verhouding tussen hoofkantoor
en sakekamers. Aangesien baie tyd en energie aan
korporatiewe bestee is, is minder as die helfte van die
sakekamers individueel besoek. Elke besoek het
egter elke keer nuwe feite en insigte aan die lig
gebring. Die meeste sakekamers het ‘n aktiewe
program wat deur die loop van die jaar uitgerol word.
Sommige sakekamers doen geweldig baie moeite om
die sakekamers te laat floreer.
Gesprek met Tshwane Burgermeester Solly Msimanga
Ontmoeting met Media 24 noordelike redakteure
6. Bou goeie verhoudinge met die media en wees
meer sigbaar. Die Direksie het in die afgelope jaar ‘n
mediabeleid aanvaar. Die oogmerk is om stewige
bande met die media te sluit en sodoende toegang vir
die AHI en al ons strukture te vergemaklik. Ons
behoort ook gereeld indien daar kontensieuse
vraagstukke van nasionale belang of in belang van die
lede opduik, uitsprake daaroor te maak. Op hierdie
stadium het ons baie goeie bande met Media24 wat ‘n
korporatiewe lid is.
7. Finansiële volhoubaarheid is die
enkele grootste uitdaging vir die AHI. Sonder
genoegsame befondsing kan ‘n organisasie nie
voortbestaan nie. Hierdie is nie uniek aan die AHI nie,
want ander georganiseerde sakeorganisasies word
met dieselfde uitdagings gekonfronteer. Een van die
mees netelige kwessies is dat Suid-Afrika steeds in
gebreke bly om een verteenwoordigende liggaam vir
besigheid te hê wat met een stem praat. Amper almal
nader dieselfde instansies vir finansiële ondersteuning.
Boonop behoort korporatiewe op hul beurt aan
industrie-organisasies wat dit moeilik maak om by
verskillende organisasies te affilieer. In die afgelope
jaar het sekere korporatiewe besluit om hul
betrokkenheid by sakeorganisasies te verminder. Ten
spyte van die besluit het die AHI korporatiewe lede by-
of teruggekry. Korporatiewe en individue met wie
gedurende die jaar ontmoet is, sluit in:
EXXARO – Sipho Nkosi
Santam – Lizé Lambrechts, John Lomberg,
Themba Mvusi
Kumba – Fani Titi
Vodacom – Shameel Joosub, CEO
RCL Foods – John du Plessis, MD
Auto & General – John October,
Remgro – Jannie Durand en Neville Williams
ABSA – Maria Ramos, Gavin Ellis en die KZN
provinsiale hoof
Media24 – Esmaré Weideman, CEO, Anika
Abrahams
Engen – Tasneem Suliman-Bray
Transnet – kontak gemaak met CEO
Siyabonga Gama
Nedbank – Goolam Kader
Sasol – Nolitha Fakude, Justice Magagula en
Brenda Nkosi
Standard Bank – Sim Tshabalala CEO,
Joshua Zwane Gauteng Hoof
Eskom – Brian Molefe, Chose Choeu en
Marion Huges
Bestmed – Chris van Wyk en Natalie
Hendricks
Business Leadership South Africa – Saki
Macozoma
Old Mutual – Savario Arendse
Automobile Association – Linda Evans
Ryk Neethling – Bemarkingshoof Val de Vie
Andrew Golding – Voorsitter van die Pam
Golding groep
Sanlam – Desmond Smith, voorsitter, Ian Kirk,
CEO, Sana-Ullah Bray, Group Company
Secretary, Ainsley Moos, Jan Steenkamp
Pepkor – Christo Wiese
Naspers – Ton Vosloo en Koos Bekker
Investec – Hendrik du Toit
Videovision – Anant Singh
African Rainbow Capital – Johan van Zyl
Het Jan Marais Fonds – Niel Krige
Telkom – Tsholotele Molefe
Verhoudingsbou is ‘n lang proses, maar ons het baie
ver gevorder in die afgelope jaar. Enersyds was die
ontmoetings daarop gemik om die bande te verstewig,
en andersins om te verseker dat die korporatiewe
betrokke bly en groter waarde uit die lidmaatskap kry
vir beide die AHI en die lid.
Sanlam / Business Partners
EOY toekenninhgs
Besoek van Eskom
By ABSA Barclays Met Sana-Ullah Bray en Desmond
Smith. Sanlam
Met dr. Matthews Phosa
Die oplossings vir finansiële volhoubaarheid is nie voor
die hand liggend nie en ons sukkel om volhoubaarheid
effektef aan te spreek. Daar is nie uniformiteit ten
opsigte van lidmaatskapgelde nie en die kultuur van
sakekamer-outonomiteit is ‘n verdere belemmerende
faktor. Wat bepalend is om die situasie aan te spreek
is die hele model van lidmaatskap, die
waardeproposisie. Verder is die ingesteldheid van
maatskappye oor of hulle die AHI nodig het of alleen
wil staan faktore wat bepaal hoe sterk die organisasie
is. Oor die afgelope aantal jaar het groot maatskappye
byvoorbeeld hulle vlerke internasionaal gesprei. Groot
korporatiewe het ook direk toegang tot die nasionale
regering. Die behoefte by hulle om by ‘n AHI aan te
sluit is dus nie meer so sterk soos in die verlede nie.
Korporatiewe en kleinsake is egter interafhanklik van
mekaar en behoort ‘n eenheid te vorm om sodoende
die beeld uit te dra dat klein en groot saam met die
regering op alle vlakke saamwerk in die beste belang
van die AHI en die land se ekonomiese groei. Sulke
verenigde pogings sal baie doen om moraal te
verhoog en vertroue in te boesem. Om saam te werk
is beter as om teen mekaar of in isolasie te werk.
Tans is die hoof inkomstestrome van die AHI: • Korporatiewe lede • Silwer sakelede • Gewone sakelede • Werkgewersorganisasie • Sakekamer-bydraes • Buitelandse fondse vir spesifieke projekte • Bydraes vir die jaarlikse konferensie. Befondsing uit hierdie bronne is nie naasteby
genoegsaam om die AHI op ‘n volhoubare wyse te
bedryf nie. Dit is dus ‘n werklike krisis en drastiese
stappe sal geneem moet word om die situasie te
beredder. En, tog is daar maatskappye wat AHI-lede
is wat van die grootste markkapitalisasie op
effektebeurse soos die JSE het. Gesamentlik besit die
AHI-lede bates wat miljarde rande beloop. Tog sukkel
die moedermaatskappy. Een van die pogings wat van
stapel gestuur is, is om ‘n trustfonds te stig. Die
gedagte is dat verskeie potensiële befondsers ‘n
bedrag oormerk, dit dan self te belê en die rente
daarop aan die AHI bemaak vir die uitvoer van
spesifieke programme.
Die werf van korporatiewe en kleiner sakelede alleen
gaan nie die uitdaging aanspreek en blywend oplos
nie. Die oplossing lê ook nie alleen in die stig van
nuwe sakekamers nie. Pogings om passiewe inkomste
te genereer neem ook langer om te realiseer as wat
gehoop is.
Vennootskappe
Heelwat aanvoorwerk is vanjaar gedoen om
vennootskappe te vestg of te verstewig. Een van die
voordele is dat ‘n wye spektrum van kundiges betrek
kan word by die werksaamhede van die AHI. Op
hierdie manier word kostes bespaar en kapasiteit
verhoog sonder om sulke kundiges in diens te neem.
Munisipale Indeks vir dienslewering op Plaaslike
Regeringsvlak. Hier werk ons saam met die
Universiteit van Stellenbosch Sakeskool se Good
Governance Forum onder leiding van Professor Erwin
Schwella en sy span. Dawie Roodt van die Efficient-
groep is ook betrokke. Die oogmerk is om deur middel
van die Indeks aan te dui hoe munisipaliteite vaar en
watter beleggingsmoontlikhede munisipaliteite bied.
Nedbank toon ook groot belangstelling om betrokke te
wees.
Etiek Instituut
‘n Formele ooreenkoms is met die Instituut gesluit. Die
AHI is nog meer formeel daartoe verbind om etiese
norme en praktyke te handhaaf en uit te bou. Alle
AHI-lede word derhalwe verder aangemoedig om die
hoogste standaarde ten opsigte van etiek te handhaaf
om sodoende ‘n voorbeeld te stel oor die morele
hoëgrond in ons land.
Besoek aan Vryemark stigting Besoek aan NABCAT
Dr. Zweli Mkize, ANC Tesourie - General
Met Deon Roussouw
SALGA
Die ooreenkoms met Salga en die Departement van
Samewerkende Regering en Tradisionele
Aangeleenthede wat ‘n paar jaar gelede onderteken
was, sukkel om werklik van die grond af te kom. Die
Departement van Minister Des van Rooyen bly in
gebreke om hulle deel van die ooreenkoms te
eerbiedig, selfs met ‘n ontmoeting. Ons het egter met
Salga in twee munisipaliteite ‘n proses aan die gang
gekry om kwessies gesamentlk aan te spreek in plaas
daarvan dat die verskillende partye mekaar in die hof
moet uitdaag en dan daarna weer met mekaar moet
saamwerk. Alle aanduidings is dat alhoewel die
proses stadig verloop, daar tog vordering is. Ook hier
kan en durf ons nie moeg raak om die heel beste vir
ons onderskeie dorpe na te streef nie. Ons
gewilligheid om by te dra tot die ontwikkeling van ons
dorpe en sukses wat ons uiteindelik gaan bereik al dan
nie word ons nalatenskap.
Ons 100 plus sakekamers het ‘n verpligting en ‘n
grondwetlike en morele verantwoordelikheid om seker
te maak dat die dorpe reg funksioneer. In die woorde
van die 32-jarige voorsitter van Hoedspruit
Sakekamer, Patrick Jordan, oor hoekom hy die
sakekamer dien – “Ek doen dit omdat ek my dorp
liefhet.” Na die verkiesing is ‘n indringende werksessie
met amptenare van Cogta gehou en daar is beslis
belowende geluide wat gemaak word oor hoe om
plaaslike ekonomiese ontwikkeling en bestuur op ‘n
peil te kry wat aanvaarbaar en nastrewenswaardig is.
Georgia Business Chamber in South Africa
Na verskillende gesprekke tussen die AHI is die MOU
formeel onderteken deur onsself en Ambassadeur
Dvali. Voortaan kan ons spesifiek kyk na samewerking
vir ons lede en hoe om geleenthede met die staat
Georgia te ontsluit. Ondertussen het Georgia die AHi
begin voorstel aan ander ambassades met wie hulle
goeie bande het. Dit kan werklik baie beteken vir AHI-
lede en uiteindelik vir die land se ekonomie, indien
hierdie vehoudinge begin vrugte afwerp.
Kontak Met Die Regering
Tesourie: Kontak word gereeld gemaak met
amptenare van die Tesourie. Wanneer ons versoeke
rig om met hulle te ontmoet, word ons feitlik altyd te
woord gestaan. Op dié manier bou ons nie net
verhoudinge nie maar inligting word gedeel, beter
begrip word ontwikkel sonder dat die AHI bo ander
bevoordeel word. Die beeld wat hierdeur uitgedra
word, is dat die regering en die besigheidsektor
saamwerk. Dit kan net bevorderlik wees vir alle
betrokke partye asook vir die beeld van ons land.
Openbare Werke: ‘n Ontmoeting is met dr Stanley
Henderson gehou waartydens maniere bespreek is oor
hoe om met die Departement Openbare Werke saam
te werk. Daar is beslis baie goeie gronde om
gesamentlik armoede, werkskepping en ongelykheid
aan te spreek en op te los. Die Department wil nou
graag in die toekoms met die AHI saamwerk.
Staatsbeheerde ondernemings: Minister Lynne Brown
het die AHI Nasionale Raad op 10 Maart toegespreek.
Ofskoon daar nie tasbare resultate uit die interaksie
voortgekom het nie, is waardevolle kontak
bewerkstellig. Ons wag steeds op die Department vir
antwoorde op van ons versoeke.
Dirco: Deur bemiddeling van Suid-Afrika se nuwe
Ambassadeur in Duitsland Stone Sizane is die AHI
versoek om dit te oorweeg om betrokke te raak by die
ontsluiting van geleenthede wat die tientalle bilaterale
ooreenkomste tussen Suid-Afrika en die onderskeie
lande bied. Daar was ‘n gesprek met Adjunk
Ambassadeur Dvali van Georgia in die middel
Saam met dr. Stanley Henderson By die Duitse Ambassade
Direkteur-Generaal Yolisa Maya en ‘n verbintenis is
gegee om saam met die AHI hieraan te werk. Die
moontlikhede is baie belowend vir uitruil, uitvoer en die
ontwikkeling van jongmense.
DTI: Al was die kontak beperk, het ons vanjaar goeie
kontak met die DTI gehad. Dit het onder meer daartoe
gelei dat ons ‘n baie konstruktiewe ontmoeting tussen
een van die DTI-amptenare en ons BEE-komitee kon
reël. Dit was die eerste formele kontak tussen die AHI
en DTI in meer as twee jaar.
Kommunikasie
Effektiewe, gereelde en impakvolle kommunikasie bly
’n groot uitdaging. Ons ondersoek verskillende vorme
van kommunikasie. Een van die vorme waarmee ons
reeds vordering gemaak het, is die sosiale media.
Ons wil graag alle sakekamers op Facebook kry. Die
idee is om met almal kontak te maak en deur
Facebook met sakekamers te skakel bo en behalwe
met e-pos en sms.
Die webblad raak toenemend een van die belangrikste
vorme van kommunikasie. Die AHI moet aan die
voorpunt van hierdie verwikkeling wees en ek kan met
reg sê ons het hierdie jaar ver gevorder om deur
middel van sosiale media groter deelname en
kennisgewing te bevorder van al die aktiwiteite wat in
die verskillende fasette van die AHI plaasvind.
Die kanale na die koerante, radio- en TV-stasies is
oop. Ons kan en moet kwessies lug sodat ons dit
wyer bekend kan maak. Die gedagte is steeds om die
verhouding met die mediagroepe te vestig sodat die
verhouding tussen hulle en die AHI bestaan en nie
gesentreer is in individue nie. Om kontinuïteit te
verseker is dit belangrik. Daar was verskeie radio-,
televisie- asook koerantberigte oor die AHI. DIe
meeste hiervan is op ons webblad geplaas. Ons het
ondertussen met ons vennoot Media24 oor ‘n baie
belangrike projek ooreengekom, naamlik om van ons
lede se profiele te plaas. eNCA het ‘n soortgelyke
versoek gerig, en ons ontmoet eersdaags met
Ontbytsake om die AHI weer groter prominensie te
gee.
75 Jaar Koffietafelboek
Volgende jaar bestaan die AHI vir 75 jaar. Om die
geleentheid te vier, is ons besig met ‘n projek om ‘n
publikasie die lig te laat sien. Daarin sal vervat wees
bydraes van leiers op verskillende vlakke
van die organisasie, sakekamer-
aktiwiteite asook hoogtepunte en
laagtepunte van die AHI. Inligting, foto’s
en ander kosbare bronne is reeds
ontdek en sal daartoe bydra dat die
geskiedenis van die AHI op ‘n besondere
manier opgeteken sal word. By Vrystaat
Universiteit is 66 meter rakspasie van
leêrs met inligting oor die AHI. Ons doen ‘n verdere
beroep op al ons lede en voormalige lede om inligting
wat sekere aspekte van die AHI sal toelig, vir ons
beskikbaar te stel vir moontlike insluiting in die
publikasie.
Ten Besluite
Die AHI bevind haarself binne ‘n omgewing waar
veranderinge baie snel gebeur. Om te oorleef en
relevant te bly, moet ons almal intellektueel en
emosioneel rats wees om aan te pas by hierdie
veranderinge. Dit is die groot suurtoets. Ons moet nie
net reageer nie, maar inderdaad aan die voorpunt
wees om leiding te neem en pro-aktief te wees. Sulke
optrede sal bepaal of die AHI 20 jaar van nou af en
daarna nog ‘n beduidende rol in ons land en
georganiseerde besigheid gaan speel. Die utdagings is
groot, dog opwindend. Die AHI is in ‘n unieke posisie
om ‘n wesenlike bydrae te lewer tot elke dorp en stad
waar ons 'n teenwoordigheid het. Kom ons gryp
hierdie geleenthede aan. Die tyd is ryp om dit met
oorgawe te doen en sodoende ‘n nalatenskap te bou
wat prysenswaardig en tasbaar is. Ons het werklik
spreekwoordelik ‘n groot deel van die toekoms in ons
hande. Kom ons gaan oor tot aksie en maak só ‘n
verskil waarop ons, ons kinders en ons landsgenote
met reg trots op kan wees. ‘n Opregte woord van dank
word aan elkeen gerig wat die AHI vanjaar positief en
Saam met Anwar Jakoet in die middel Met Tom Vorster
konstruktief op ‘n wenpad geplaas en gehou het. Elke bydrae word werklik opreg waardeer.