romans part 2 4th edition 5-09 sa [afrikaans] - vers 3.0 sb · voorskrif op voorskrif inhoud iii...

22
VOORSKRIF OP VOORSKRIF Romeine DEEL 2 bevry van die mag van sonde (hoofstuk 6–8)

Upload: others

Post on 15-Aug-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Romans Part 2 4th Edition 5-09 SA [Afrikaans] - vers 3.0 SB · VOORSKRIF OP VOORSKRIF INHOUD iii BLADSY LESSE 1 LES EEN: Oorsig 17 LES TWEE: Fundamentele Leerstellings 31 L ES DRIE:

VOORSKRIF OP

VOORSKRIF

Romeine

DEEL 2

bevry van die mag van sonde

(hoofstuk 6–8)

Page 2: Romans Part 2 4th Edition 5-09 SA [Afrikaans] - vers 3.0 SB · VOORSKRIF OP VOORSKRIF INHOUD iii BLADSY LESSE 1 LES EEN: Oorsig 17 LES TWEE: Fundamentele Leerstellings 31 L ES DRIE:

ii

ROMEINE DEEL 2 bevry van die mag van sonde

(Hoofstuk 6-8) Voorskrif op voorskrif

A translation of the book:

ROMANS PART 2@ freed from sinÊs power

(chapters 6-8) Published by Precept Ministries International

© 1986, 1995, 2004, 2008 Precept Ministries International 4th Edition

© 2009 Precept Ministries SA. Alle regte voorbehou. Hierdie materiaal word gepubliseer deur, en is die alleenbesit van, Precept Ministries of Reach Out, Inc. of Chattanooga, Tennessee. Geen deel van hierdie publikasie mag gereproduseer,

vertaal of elektronies, meganies of in enige vorm geberg of versend word sonder die skriftelike toestemming van die uitgewer nie. Hierdie beperking sluit in fotokopiëring, skandering of die berging van enige stof op enige inligtingbergingstelsel.

© Aanhalings uit die Bybel in Afrikaans (1953-Afrikaans): Uitgegee deur die

Bybelgenootskap van Suid-Afrika.

4de Uitgawe (200) Gedruk in Suid-Afrika

Februarie 2010

Gedruk deur: Precept Ministries (SA)

Posbus 539 HOWARD PLACE

7450 SUID-AFRIKA

www.precept.org.za Tel./Faks +27 (0)21 531 1836

Page 3: Romans Part 2 4th Edition 5-09 SA [Afrikaans] - vers 3.0 SB · VOORSKRIF OP VOORSKRIF INHOUD iii BLADSY LESSE 1 LES EEN: Oorsig 17 LES TWEE: Fundamentele Leerstellings 31 L ES DRIE:

VOORSKRIF OP

VOORSKRIF INHOUD

iii

BLADSY LESSE

1 LES EEN: Oorsig

17 LES TWEE: Fundamentele Leerstellings 31 LES DRIE: Waarnemingswerkblad: Hoofstuk 6 35 LES VIER: Hoofstuk 6

47 LES VYF: Waarnemingswerkblad: Hoofstuk 7/Die Wet 53 LES SES: Hoofstuk 7

65 LES SEWE: Waarnemingswerkblad: Hoofstuk 8

71 LES AGT: Hoofstuk 8:1-17

77 LES NEGE: Hoofstuk 8:18-39

BYLAE

85 Waarnemingswerkblaaie 141 Omtrent Precept Ministries

Page 4: Romans Part 2 4th Edition 5-09 SA [Afrikaans] - vers 3.0 SB · VOORSKRIF OP VOORSKRIF INHOUD iii BLADSY LESSE 1 LES EEN: Oorsig 17 LES TWEE: Fundamentele Leerstellings 31 L ES DRIE:
Page 5: Romans Part 2 4th Edition 5-09 SA [Afrikaans] - vers 3.0 SB · VOORSKRIF OP VOORSKRIF INHOUD iii BLADSY LESSE 1 LES EEN: Oorsig 17 LES TWEE: Fundamentele Leerstellings 31 L ES DRIE:

VOORSKRIF OP

VOORSKRIF NUTTIGE STUDIEHULPMIDDELS

v

NUTTIGE STUDIEHULPMIDDELS

ARTHUR, KAY How to Study Your Bible Eugene, Oregon: Harvest House Publishers, 1994 Woordstudiehulpmiddels Kommentare oor Romeine

AANBEVOLE KOMMENTARE

MACARTHUR, JOHN The MacArthur New Testament Commentary (2 Volumes) Chicago, Illinois: Moody Press, 1991 LLOYD-JONES, D.M. Romans (6 Volumes) Grand Rapids, Michigan: Zondervan Publishing House, 1971-1976 THOMAS, ROBERT L.; EARLE, RALPH; HIEBERT, D. EDMOND The Expositor’s Bible Commentary Grand Rapids, Michigan: Zondervan Publishing House, 1996 THOMAS, W. H. GRIFFITH St. Paul’s Epistle to the Romans Grand Rapids, Michigan: Zondervan Publishing House, 1974

AANBEVOLE SAGTEWARE

Logos Bybelsagteware Kragtige soekenjins met tot 4,000 elektroniese studiehulpmiddels (kommentare, leksikons, Bybelse ensiklopedieë, ens.) maak vinnige, eenvoudige en gevorderde naslaan van veelvoudige bronne moontlik in ’n sistematiese en ordelike aanbieding – ideaal vir woord- en tematiese studies, gebaseer op die oorspronklike Hebreeuse en Griekse teks. Beskikbaar by www.logos.com.

Page 6: Romans Part 2 4th Edition 5-09 SA [Afrikaans] - vers 3.0 SB · VOORSKRIF OP VOORSKRIF INHOUD iii BLADSY LESSE 1 LES EEN: Oorsig 17 LES TWEE: Fundamentele Leerstellings 31 L ES DRIE:
Page 7: Romans Part 2 4th Edition 5-09 SA [Afrikaans] - vers 3.0 SB · VOORSKRIF OP VOORSKRIF INHOUD iii BLADSY LESSE 1 LES EEN: Oorsig 17 LES TWEE: Fundamentele Leerstellings 31 L ES DRIE:

VOORSKRIF OP

VOORSKRIF Precept Ministries SA Romeine 2 Posbus 539 Les 1: Oorsig Howard Place, 7450, Suid-Afrika

© 2010 Precept Ministries International 1

LES EEN Oorsig Die les sluit in

Waarnemingswerkblaaie van Romeine, agter in Bylae Woordstudies Daar is geen hoofstukke in die Woord van God wat meer insiggewend en bevrydend is as Romeine 6, 7 en 8 nie – hoofstukke wat verduidelik wat dit beteken om in Christus te wees. Ons kan egter nie aan die diep kant inspring en ons studie begin sonder om eers die boek in sy geheel te bestudeer nie. Daarom is dit nodig dat ons hierdie studie afskop met ’n oorsig van die boek. Sommige van julle het moontlik nuut by hierdie studie van Romeine aangesluit, terwyl ander reeds die eerste vyf hoofstukke Voorskrif-op-Voorskrif voltooi het. Daarom deel ons die eerste les in twee dele: die eerste deel is vir nuwe studente en die tweede vir hulle wat reeds Deel 1 voltooi het. Doen slegs die gedeelte wat op jou betrekking het. Studente wat Deel 1 voltooi het, se tuiswerk begin op bladsy 10. Ons het vir jou gebid, liewe student!

TUISWERK VIR VOORSKRIF-NUWELINGE

DAG EEN 1. As dit jou eerste Voorskrifstudie is, lees die hoofstukke “The Joy and Value of Inductive

Study,” “The rule of Context – Context Rules!” en “Getting the Big Picture” in How to Study Your Bible.

2. Dit is nodig om die boek Romeine in sy kronologiese- of historiese tydvak te plaas om

die historiese- en kulturele konteks daarvan te verstaan. Dit is dus noodsaaklik om te weet wanneer die boek geskryf is. Sodra ons weet wanneer dit geskryf is, kan ons navors wat in daardie tyd in Rome, die wêreld en die Christendom plaasgevind het.

Daar is ’n hele aantal metodes waardeur ons kan vasstel wanneer ’n boek geskryf is. Die

beste metode is om die betrokke boek wat ons bestudeer, hiervoor te gebruik en te let

Page 8: Romans Part 2 4th Edition 5-09 SA [Afrikaans] - vers 3.0 SB · VOORSKRIF OP VOORSKRIF INHOUD iii BLADSY LESSE 1 LES EEN: Oorsig 17 LES TWEE: Fundamentele Leerstellings 31 L ES DRIE:

VOORSKRIF OP

VOORSKRIF

Romeine 2 Les 1: Oorsig

© 2010 Precept Ministries International 2

op name, plekke, gebeurtenisse, ensovoorts. Hierdie metode noem ons induktiewe studie. Induktiewe studie begin altyd met die onderwerp of voorwerp wat bestudeer word, eerder as boeke daaroor. Nadat ons die teks self waargeneem het, kan ons kommentare of Bybelwoordeboeke raadpleeg vir bykomende inligting wat nie in die teks duidelik is nie. Dit is dus van onskatbare waarde om by die teks self te begin, aangesien naslaanbronne oor die teks dikwels van mekaar kan verskil.

a. Lees Romeine 15:18-28 vir leidrade oor wanneer Paulus hierdie brief geskryf het. b. Let op waar hy homself bevind, wat hy graag wil doen en waarom hy dit wil doen.

3. Mense wat in die teks genoem word, gee dikwels ’n aanduiding van wanneer of

waarvandaan ’n brief geskryf is. In Romeine 16:1-4 noem Paulus byvoorbeeld dat Fébé, Pricílla en Áquila sy medewerkers was.

a. Indien jy tyd en ’n konkordansie het, slaan hierdie name na en soek ander tekste wat

na hulle, en hul verbintenis met Paulus, verwys. Skryf neer wat jy waarneem. Indien jy nie ’n konkordansie het nie, gaan voort met “b”.

Page 9: Romans Part 2 4th Edition 5-09 SA [Afrikaans] - vers 3.0 SB · VOORSKRIF OP VOORSKRIF INHOUD iii BLADSY LESSE 1 LES EEN: Oorsig 17 LES TWEE: Fundamentele Leerstellings 31 L ES DRIE:

VOORSKRIF OP

VOORSKRIF Romeine 2

Les 1: Oorsig

© 2010 Precept Ministries International 3

b. Romeine 16:21-23 gee ’n aanduiding wie Paulus se medewerkers was toe hy die brief geskryf het. Wie was in daardie tyd saam met hom?

4. Die leidrade tot dusver stel ons in staat om die volgende afleidings te maak:

a. Paulus het Rome op daardie stadium nog nooit besoek nie (Romeine 15:23 [Romeine 1:13]).

b. Paulus het beplan om dit te doen na sy terugkeer van Jerusalem, waar hy ’n

liefdegawe aan die gemeente sou oorhandig (Romeine 15:24-26).

c. Paulus sou Rome op pad na Spanje besoek (Romeine 15:24, 28).

d. Paulus het die verkondiging van die evangelie in hierdie omgewing afgehandel en wou sy bediening na ander landstreke uitbrei. (Romeine 15:19, 20, 23). Dit gee ons ’n tydsaanduiding van wanneer die brief geskryf is - aan die einde of naby die einde van sy derde sendingreis.

e. Paulus het in die verlede met Priscílla en Áquila saamgewerk (Romeine 16:3-5

[vergelyk met Handelinge 18:2-3]). Hy noem ook ander medewerkers, maar ons is die beste bekend met Priscílla en Áquila, uit die boek Handelinge.

f. Paulus bly by Gajus. Hy noem ook ander wat by hom is (Romeine 16:21-23).

5. As jy Handelinge bestudeer het, sal jy die tyd wanneer Romeine geskryf is beter kan

plaas (Handelinge 19:21 is ’n goeie leidraad). Ons gaan egter nie nou tyd daaraan bestee nie. Geleerdes is dit eens dat Romeine uit Korinthe geskryf is (vergelyk Gajus en 1 Korinthiërs 1:14), iewers tussen 56 en 58 n.C. Tydens sy derde sendingreis het Paulus Griekeland besoek en drie maande in Korinthe gebly (Handelinge 20:3)

6. Tydens hierdie tyd in die kerkgeskiedenis was daar veral twee faksies wat die evangelie

verdraai het. Hul onderskeie leerstellings het bekend geword as Antinomianisme en Judaïsme. ’n Kort oorsig hieroor sal jou help verstaan waarom Paulus bepaalde vraagstukke aangespreek, en die ware evangelie so breedvoerig verduidelik het, omdat kennis van die waarheid dwaling aan die lig bring.

Page 10: Romans Part 2 4th Edition 5-09 SA [Afrikaans] - vers 3.0 SB · VOORSKRIF OP VOORSKRIF INHOUD iii BLADSY LESSE 1 LES EEN: Oorsig 17 LES TWEE: Fundamentele Leerstellings 31 L ES DRIE:

VOORSKRIF OP

VOORSKRIF

Romeine 2 Les 1: Oorsig

© 2010 Precept Ministries International 4

Antinomianisme was ’n dwaling wat teen (anti) die wet (nomos) gestaan het. Hierdie dwaling het geleer dat die mens kan leef soos hy wil, omdat hy deur genade gered word, en nie deur die onderhouding van die wet nie. Hoe meer die mens sondig, hoe oorvloediger sou God se genade gedemonstreer word, deurdat Hy daardie sondes sou vergewe! Judaïsme, daarenteen, het geleer dat die mens deur genade gered word, maar deur onderhouding van die Wet “bewaar” word. Daarom het hulle by die geloof in Christus, die besnydenis en onderhouding van die werke van die wet bygevoeg.

7. Terwyl ons die geskiedkundige en kulturele konteks vasstel, moet ons ook let op die

etniese groepe waarna Paulus verwys. Dit help ons om beter te verstaan waarom hy na die besondere onderwerpe in die brief verwys. Onthou dat die kerk in Rome uit sowel Jode as heidene bestaan het. Jy sal dit leersaam vind om die volgende dinge te weet:

a. Die Grieke het die mensdom in twee groepe verdeel: Grieke en barbare

(onbeskaafdes).

b. Die Romeine het die mensdom ook in twee groepe verdeel: burgers en

vreemdelinge.

c. Die Jode het die mensdom in twee groepe verdeel: Jode en heidene.

8. Alhoewel Romeine ’n persoonlike brief van Paulus aan gelowiges was, het jy moontlik

reeds opgemerk dat slegs die eerste gedeelte van hoofstuk 1 en die laaste gedeelte (vanaf Romeine 15:14 tot die einde) van die brief soos ’n gewone brief lyk. Die grootste gedeelte verskil heeltemal van gewone briewe; daarom word na Romeine as ’n leerstellige verhandeling verwys. ’n Verhandeling is ’n dokument wat oor ’n bepaalde onderwerp handel. Dit is gewoonlik meer formeel en sistematies as ander dokumente. Ons wil graag vasstel wat die boodskap van Romeine is.

9. Kom ons kyk of ons uit die brief self Paulus se doel met die skryf daarvan kan vasstel.

Lees Romeine 1:1-17 en Romeine 15:14 – 16:27. Skryf neer wat jy waarneem.

Page 11: Romans Part 2 4th Edition 5-09 SA [Afrikaans] - vers 3.0 SB · VOORSKRIF OP VOORSKRIF INHOUD iii BLADSY LESSE 1 LES EEN: Oorsig 17 LES TWEE: Fundamentele Leerstellings 31 L ES DRIE:

VOORSKRIF OP

VOORSKRIF Romeine 2

Les 1: Oorsig

© 2010 Precept Ministries International 5

DAG twee 1. Daar is absoluut geen plaasvervanger vir die lees en herlees van God se Woord nie. Die

probleem is vandag egter dat ons so min tyd as moontlik aan die Woord bestee en dan ure lank met behulp van kommentare probeer om dit te verstaan.

Indien jy kan leer om hierdie proses om te keer, sal jy verstom wees oor wat God jou gaan wys. Dan eers kan jy jou kommentare lees, wat belangrik is op die regte tyd, en sal jy opgewonde wees om te ontdek dat God aan jou dieselfde waarhede gewys het as aan die teoloë. Jy sal ontdek dat God nie ’n aannemer van die persoon is nie, maar dat Hy die waarheid, deur sy Gees, openbaar aan die wat Hom ywerig soek!

2. Die volgende riglyne sal jou help om, terwyl jy deur die boek lees, die doel, tema en

struktuur van Romeine raak te sien.

a. Kies ’n spesifieke kleur vir elk van die volgende woorde. Merk hierdie woorde deur die hele brief op die Waarnemingswerkblaaie, agter in die Bylae. 1) geregtigheid

2) glo

3) regverdig (geregverdig)

4) Wet (wet)

b. Op bladsy 7 vind jy die Romeine Opsommingswerkblad. Vul soveel inligting as

moontlik op hierdie bladsy in terwyl jy elke week se opdragte voltooi. c. Ons gaan ook Paulus se boodskap in elke hoofstuk van Romeine probeer vasstel. As

jy nog nooit ’n Oorsigwerkblad gesien het nie, lees die artikel “Getting the Big Picture” in “How to Study Your Bible.” Lees dit deur om jou van die inhoud te vergewis.

Sodra jy ’n hoofstuk voltooi het, skryf ’n opsommende stelling vir die hoofstuk, of tema van die hoofstuk, op die Romeine Oorsigwerkblad op bladsy 9. As dit lyk asof daar meer as een tema is, som die temas so bondig moontlik op en skryf dit neer.

3. Jou opdrag vandag is om Romeine 1-5 te lees. Gebruik die Waarnemingswerkblaaie in die Bylae en volg die instruksies in nommer 2.

Page 12: Romans Part 2 4th Edition 5-09 SA [Afrikaans] - vers 3.0 SB · VOORSKRIF OP VOORSKRIF INHOUD iii BLADSY LESSE 1 LES EEN: Oorsig 17 LES TWEE: Fundamentele Leerstellings 31 L ES DRIE:

VOORSKRIF OP

VOORSKRIF

Romeine 2 Les 1: Oorsig

© 2010 Precept Ministries International 6

DAG drie Lees Romeine 6-8 en volg dieselfde stappe as in DAG TWEE, nommer 2.

DAG vier Lees Romeine 9-11 en volg dieselfde stappe as in DAG TWEE, nommer 2.

DAG vyf 1. Lees Romeine 12-16 en volg dieselfde stappe as in DAG TWEE, nommer 2. 2. Wat dink jy, op hierdie stadium, is die hooftema van Romeine? Skryf jou antwoord in

die ruimte voorsien op die Romeine Oorsigwerkblad. Moenie vergeet om die woorde wat jy gemerk het, in ag te neem nie. Ingeval jy nie weet wat ons met die “hooftema” bedoel nie, verduidelik ons vir jou: Die “hooftema” is die tema of onderwerp wat die meeste deur die boek, of die grootste deel van die boek, herhaal word.

Raak jy meer vertroud met die boek Romeine? Wonderlik ... jy is nou maar by die begin. Ons wens ons kon met jou deel watter vreugde jy sal ervaar wanneer jy die studie voltooi!

Page 13: Romans Part 2 4th Edition 5-09 SA [Afrikaans] - vers 3.0 SB · VOORSKRIF OP VOORSKRIF INHOUD iii BLADSY LESSE 1 LES EEN: Oorsig 17 LES TWEE: Fundamentele Leerstellings 31 L ES DRIE:

VOORSKRIF OP

VOORSKRIF Romeine 2

Les 1: Oorsig

© 2010 Precept Ministries International 7

Romeine: opsommingswerkblad Literatuurtipe: Skrywer: Ontvangers: Doel van skrywer: Hooftema: Sleutelwoorde en -frases:

Page 14: Romans Part 2 4th Edition 5-09 SA [Afrikaans] - vers 3.0 SB · VOORSKRIF OP VOORSKRIF INHOUD iii BLADSY LESSE 1 LES EEN: Oorsig 17 LES TWEE: Fundamentele Leerstellings 31 L ES DRIE:

VOORSKRIF OP

VOORSKRIF Romeine 2

Les 1: Oorsig

© 2010 Precept Ministries International 8

Geskiedkundige verwysings: Godsdienstige- en kulturele verwysings:

Page 15: Romans Part 2 4th Edition 5-09 SA [Afrikaans] - vers 3.0 SB · VOORSKRIF OP VOORSKRIF INHOUD iii BLADSY LESSE 1 LES EEN: Oorsig 17 LES TWEE: Fundamentele Leerstellings 31 L ES DRIE:

VOORSKRIF OP

VOORSKRIF Romeine 2

Les 1: Oorsig

© 2010 Precept Ministries International 9

Romeine: Oorsigwerkblad Boektema:

Hoofstuktemas 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16

Skrywer:

Page 16: Romans Part 2 4th Edition 5-09 SA [Afrikaans] - vers 3.0 SB · VOORSKRIF OP VOORSKRIF INHOUD iii BLADSY LESSE 1 LES EEN: Oorsig 17 LES TWEE: Fundamentele Leerstellings 31 L ES DRIE:

VOORSKRIF OP

VOORSKRIF Romeine 2

Les 1: Oorsig

© 2010 Precept Ministries International 10

TUISWERK VIR VOORSKRIF-OUDSTRYDERS

DAG EEN TOT dag vyf 1. Die van julle wat reeds Romeine Deel 1 voltooi het, moet eers vasstel hoeveel julle van

Romeine onthou, voordat julle met jul oorsig begin. Moenie ’n pretbederwer wees nie – wees eerlik! Beantwoord die volgende vrae so goed jy kan, sonder om jou Bybel te raadpleeg:

a. Wie het Romeine geskryf?

b. Aan watter twee groepe is Romeine geskryf?

c. Wat is die sleutelvers(e) van die boek?

d. Teen ongeveer watter tyd is dit geskryf?

e. Noem twee of meer redes wat Paulus aangespoor het om die brief aan die Romeine te skryf:

f. Wat is die hooftema van Romeine?

Page 17: Romans Part 2 4th Edition 5-09 SA [Afrikaans] - vers 3.0 SB · VOORSKRIF OP VOORSKRIF INHOUD iii BLADSY LESSE 1 LES EEN: Oorsig 17 LES TWEE: Fundamentele Leerstellings 31 L ES DRIE:

VOORSKRIF OP

VOORSKRIF Romeine 2

Les 1: Oorsig

© 2010 Precept Ministries International 11

g. Wat is die hooftema van elkeen van die volgende segmentverdelings in Romeine:

1) Romeine 1-3:20 2) Romeine 3:21-5 3) Romeine 6-8 4) Romeine 9-11 5) Romeine 12-16

h. Kom ons kyk of jy die hooftemas van die eerste vyf hoofstukke van Romeine kan onthou.

1) Romeine 1: 2) Romeine 2:

Page 18: Romans Part 2 4th Edition 5-09 SA [Afrikaans] - vers 3.0 SB · VOORSKRIF OP VOORSKRIF INHOUD iii BLADSY LESSE 1 LES EEN: Oorsig 17 LES TWEE: Fundamentele Leerstellings 31 L ES DRIE:

VOORSKRIF OP

VOORSKRIF Romeine 2

Les 1: Oorsig

© 2010 Precept Ministries International 12

3) Romeine 3: 4) Romeine 4: 5) Romeine 5:

2. Lees Romeine en doen een van die volgende:

a. Toon aan hoe die afdelings van Romeine by mekaar aansluit. Jy kan die segmentverdelings, soos in 1(g) aangedui, hiervoor gebruik.

Page 19: Romans Part 2 4th Edition 5-09 SA [Afrikaans] - vers 3.0 SB · VOORSKRIF OP VOORSKRIF INHOUD iii BLADSY LESSE 1 LES EEN: Oorsig 17 LES TWEE: Fundamentele Leerstellings 31 L ES DRIE:

VOORSKRIF OP

VOORSKRIF Romeine 2

Les 1: Oorsig

© 2010 Precept Ministries International 13

b. Verduidelik hoe Paulus die tema van geregtigheid deur geloof in sy brief aan die Romeine ontwikkel.

3. Waar is ek in Romeine? – Skryf die hoofstuknommer in langs elkeen van die volgende verse of stellings:

a. _____ soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde

die dood

b. _____ Christus (het) vir ons gesterf toe ons nog sondaars was

c. _____ wat elkeen sal vergeld na sy werke

d. _____ Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is ’n krag van God tot redding

e. _____ hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper

f. _____ almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God

g. _____ Abraham het in God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken

h. _____ die Naam van God word om julle ontwil onder die heidene gelaster

Page 20: Romans Part 2 4th Edition 5-09 SA [Afrikaans] - vers 3.0 SB · VOORSKRIF OP VOORSKRIF INHOUD iii BLADSY LESSE 1 LES EEN: Oorsig 17 LES TWEE: Fundamentele Leerstellings 31 L ES DRIE:

VOORSKRIF OP

VOORSKRIF Romeine 2

Les 1: Oorsig

© 2010 Precept Ministries International 14

i. _____ God het hulle oorgegee aan ’n slegte gesindheid

j. _____ deur die wet is die kennis van sonde

k. _____ ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk

l. _____ wat dan is die voordeel van die Jood?

m. _____ ons het tevore al Jode sowel as Grieke beskuldig dat hulle almal onder die sonde is

n. _____ die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtig- heid die waarheid onderdruk

o. _____ Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie

p. _____ met krag verklaar is as die Seun van God deur die opstanding uit die dode, Jesus Christus, onse Here

q. _____ Want nie hy is ’n Jood wat dit in die openbaar is nie

r. _____ Want soos deur die ongehoorsaamheid van een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word.

s. _____ Want as ons, terwyl ons nog vyande was, met God versoen is deur die dood van Sy Seun, veel meer sal ons deur sy lewe gered word noudat ons versoen is.

t. _____ sodat Hy self regverdig kan wees en regverdig maak wie uit die geloof in Jesus is

u. _____ Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus

v. _____ hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is

4. Wel, hoe het jy gevaar? Onthou dat die oorsig ’n belangrike deel van die leerproses is.

Soms, wanneer jy in ’n toets ’n sekere feit nie kan herroep nie, word dit juis in jou verstand vasgelê! Indien jy iets vergeet het, slaan dit na en maak seker dat jy dit nooit weer vergeet nie. Vul die antwoorde wat jy nie kon onthou nie met ’n ander kleur in. Soek die antwoorde in Romeine of jou aantekeninge.

Page 21: Romans Part 2 4th Edition 5-09 SA [Afrikaans] - vers 3.0 SB · VOORSKRIF OP VOORSKRIF INHOUD iii BLADSY LESSE 1 LES EEN: Oorsig 17 LES TWEE: Fundamentele Leerstellings 31 L ES DRIE:

VOORSKRIF OP

VOORSKRIF Romeine 2

Les 1: Oorsig

© 2010 Precept Ministries International 15

Wel, jy is op pad! Die geestelike stryd wat in die volgende paar weke voorlê, gaan moeilik wees, aangesien die Satan, die vader van leuens, jou graag wil verblind sodat jy nie die evangelie van Jesus Christus ten volle begryp nie. Dit is immers die evangelie wat ons geheel en al van die Satan se mag en heerskappy verlos. Pas op vir die Satan se strategie. Waak en bid en onthou dat die gees gewillig is, maar die vlees swak. Gee geen ruimte aan die duiwel of die vlees nie. Lê jou daarop toe om jouself beproef voor God te stel as ’n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wanneer jy jou Here van aangesig tot aangesig aanskou. Volhard … wees bewus van die konflik, maar ook vol vertroue in die heerlikheid van volharding wanneer jy die wedloop voltooi. Mag ons volhard sodat 2 Timótheüs 2:7 van ons almal waar kan wees.

Page 22: Romans Part 2 4th Edition 5-09 SA [Afrikaans] - vers 3.0 SB · VOORSKRIF OP VOORSKRIF INHOUD iii BLADSY LESSE 1 LES EEN: Oorsig 17 LES TWEE: Fundamentele Leerstellings 31 L ES DRIE: