saterdag 3 junie forum geheime van die heelal …2006/06/03  · geheime van die heelal tussen...

1
Saterdag 3 Junie 2006 FORUM Die Burger, bl. 17 Laat almal net ‘mense’ wees EK verwys na die Kulturasies-rubriek (DB, 1/6) deur Willem Fransman jr. Een van die ergerlike vloeke van apartheid was dat ek, my ouers en “die hele blêddie spul” (soos Piet Botha sing), mense in benoemde bokse geplaas het. Vandaar is ek ’n wit man, Fransman ’n bruin man en sê maar Khumalo ’n swart man. ’n Mens sou glo dat die aanbreek van die demo- krasie ons van hierdie etiketteringsjuk sou verlos. Toe nie. Wanneer gaan die dag kom dat daar wetge- wing uitgevaardig word wat Suid-Afrikaners ver- bied om na mense in terme van kleur te verwys? As ek my hand teen my wit laken hou, dan won- der ek waar die benaming “wit” vandaan kom. Ek is nie ’n spook nie. As ek ’n goeie vriendin van my se hand teen my swart motor hou, dan is sy ook allermins “swart”. In hemelsnaam, waarom kan ons nie net bloot as “mense” bekend staan nie? Ek dink as ons die Skep- per hieroor sou kon uitvra, sou hy soos Fransman antwoord: “En dit maak seer, baie seer!” ANDRÉ POTGIETER Woodstock Hier lê ware identiteit OP ’n aardse manier was Pappa Beets, die geskiede- nisonderwyser van Willem Fransman jr., reg toe hy dit by sy leerders ingeprent het “om trotse bruin mense te wees, want bruin mense is die ras van die toekoms”(DB, 1/6). Fransman betoog dat hy nie weet waar bruin mense behoort nie, want wit mense wil hulle nie hê nie en swart mense ook nie. Die denkfout is om in terme van groep te dink en nie mense as indivi- due te waardeer nie. Jy is my broer wanneer ek jou as individu erken, ’n mens wat nie van minder US het voluit gehelp MET verwysing na die berig “Matie hang homself” (DB, 1/6), vermoed ek dat talle lesers net so gerea- geer het soos André-Pierre du Plessis X wat dit dan ook verwoord het in “Lees geel kennisgewing” (Brieweblad, 2/6). Du Plessis het net so min soos ander lesers die konteks gehad van die kommentaar “hoe sleg dit Bokke is g’n ‘outjies’ EK wens die Springbok-afrigter, Jake White, wil besin oor sy gewoonte om na die Springbokspelers te verwys as “die outjies” in radio- en TV-onder- houde. Genugtig, die spelers is in hul twintigerjare en sommige is reeds ouer as dertig jaar. “Outjies” vind jy in ’n laerskoolspannetjie. Selfs in die geval van ’n hoërskoolspan sou ek al die verkleinvormpie lie- wer vermy het. White bedoel dit seker nie sleg nie maar dit klink regtigwaar nie van pas nie. BOK-ONDERSTEUNER Strand Sal staat US vernietig? AS mens so na prof. Anton van Niekerk luister, lyk dit of die onderrigmetode bekend as die T-opsie die allerlaaste skans teen algehele verengelsing is, of, anders gestel, dat dit die US se heel beste idee (en allerlaaste een) is om “African blacks” te akkom- modeer en terseldertyd iets vir Afrikaans te red. Hy postuleer ook dat as die opvattings van die voorstanders van Stellenbosch as Afrikaanse uni- versiteit die dominante denke word, dit die uni- versiteit se hele bestaan (voortbestaan?) in gevaar sal stel. Bedoel hy daarmee dat die universiteit ge- dwing sal word om sy deure te sluit? As dit so is, waar kom hy aan dié gedagte? Prof. Chris Brink het dan ’n paar jaar gelede nog bewys dat die US die top-universiteit in die land is. Wil Van Niekerk te kenne gee dat hierdie inlig- ting as van so min waarde deur die regering geag word dat hy nie sal skroom om tot so ’n drastiese stap oor te gaan nie? En dit net omdat die universi- teit nie genoeg verengels het nie en daar nog te veel in Afrikaans klasgegee word deur te veel wit Afri- kaanssprekende (spesifiek Afrikaner-) dosente aan ’n studentekorps wat nog gekenmerk word deur ’n te groot onderverteenwoordiging van “Africans blacks”? Berus Van Niekerk se donker “voorstelling” op ’n konkrete waarskuwing van regeringskant aan die universiteit oor hoe daar met die US gehandel sal word as hy nie vinniger transformeer nie? Of is dit ’n gevolgtrekking wat hy uit die duim gesuig het en nou gebruik om voorstanders van Afrikaans mee af te skrik van verdere optrede met die aantygings dat as hierdie, myns insiens fik- tiewe, katastrofe die US sal tref, dit hulle is wat (met hul verstandelose weerstand teen verengel- sing en aandrang op Afrikaans) daarvoor verant- 30% 70% JA NEE Sou ’n uitvoe- rende burgemees- terstelsel beter gewees het vir die Stad Kaapstad? Geheime van die Heelal Geheime van die Heelal tussen skottels tussen skottels Duisende ge- sofistikeerde skottels op ’n Karoo-vlakte sal die geheime van die Heelal se geboorte kan ontsluit, mits Suid- Afrika sy mededingers in ’n sterrekunde-wedloop kan klop, skryf Elsabé Brits ’n besoek aan die voorge- stelde terrein vir ’n reuseZ radio-teleskoop (SKA) en sy kleiner boetie (KAT). “DAAR is niks nie. Nie eens skape nie. Julle sal sien as ons by die terrein kom.” Die huurvliegtuig van Kimberley na Carnarvon land op ’n grond-aanloopbaan. Die pad na die voorgestelde terrein vir die wêreld se grootste radioteleskoop is ook ’n grondpad – liefs aangepak met ’n viertrek- voertuig. Die rit van sowat 100 km duur byna twee uur. Die terrein K3 is op die plaas Blou- puts. En daar ís niks, net vlaktes en die koue winterlug. Ideaal vir ’n radio-teleskoop, want die sterrekundiges soek nie seine wat met hul waarnemings sal inmeng nie. Dr. Adi Paterson, adjunk-direkteur-ge- neraal van die departement van weten- skap en tegnologie se eenheid vir kundige dienste, was reg: hier is nie eens ’n skaap in sig nie. Suid-Afrika, Australië, Argentinië en China het onlangs elk ’n bod ingedien om die wêreld se grootste teleskoop tot nog toe te huisves, die Square Kilometre Array (SKA). In September sal die lande aanbe- velings hoor oor wie se terreine geskik is. En in 2008 word die aankondiging gedoen oor wie die teleskoop van meer as R8,5 miljard (1 miljard euro) sal bou – hoofsaaklik met geld van die Europese Unie en die VSA. “Met dié teleskoop sal ons gaan na plekke in die Heelal waar ons nog nooit was nie,” sê Paterson. Indien Suid-Afrika die bod kry, sal dit die land, saam met Salt (die Suider-Afri- kaanse Groot Teleskoop) op Sutherland op die voorgrond van sterrekunde stoot, om- dat die twee teleskope in sinergie kan werk. Dan is daar nog die Hess-teleskoop, wat oor veral gammastrale in Na- mibië navorsing doen waarby Suid-Afrikaanse navorsers ook betrokke is. Salt is ’n optiese tele- skoop wat sover terug as een tot twee miljard jaar ná die Oerknal kan “sien”. Met ’n radioteleskoop word elektromagnetiese straling wat deur hemel- liggame afgegee word, be- speur. Dit “sien” radio- golwe deur middel van skottels (antennas). Die wetenskap van Salt is ge- baseer op lig wat hemelligame uitstraal, en vorm só beelde van hulle. SKA sal tweehonderd miljoen tot drie- honderd miljoen jaar ná die Oerknal kan sien. Dit verteenwoordig ’n era toe net so- wat 2% van die Heelal, soos ons dit vandag ken, gevorm was. Dit is baie verder terug as wat enige tele- skoop tans kan sien, sê dr. Bernie Fana- roff, projekbestuurder van SKA. Die skottels stuur nie self ’n sein uit nie, maar ontvang dit net. Al die seine saam vorm dan ’n beeld van ’n hemelliggaam. Die boetie KAT Met R300 miljoen van die departement van wetenskap en tegnologie sal ’n kleiner weergawe van SKA genaamd die Karoo Array Telescope (KAT) gebou word. Nie net sal dit bewys ons is in staat om die teg- nologie te ontwikkel en toe te pas nie, maar bepaalde wetenskap sal ook daar- mee gedoen word. Dié projek staan onder leiding van me. Anita Loots, ’n ingenieur. ’n Prototipe- skottel word reeds teen ’n koste van sowat R18 miljoen vervaardig. KAT sal bestaan uit 20 skottels, elk tus- sen 15 m en 20 m in deursee. Hulle sal waarskynlik sowat 15 km van die be- plande terrein vir SKA opgerig word. KAT sal ’n opvangskapasiteit hê wat ge- lykstaande aan 1% van SKA sal wees. Tog sal hy ’n top-instrument uit eie reg wees. Selfs met KAT sal ’n mens tot ’n fak- tor van 10 verder kan sien as met enige an- der radioteleskoop wat vandag bestaan. Suid-Afrika hoop om binnekort met die uni- versiteite van Oxford, Cambridge en Manches- ter die knoop deur te hak om hulle betrokke te kry by KAT as wetenskap- en geldelike vennote. On- derhandelings het reeds ver gevorder en daar word gehoop dat hulle sowat R150 miljoen tot die projek sal bydra. Konstruksie van KAT op K3 sal teen 2008 begin en hy sal teen 2010 klaar wees. Só werk SKA Maak jou oë toe en dink aan 2 500 reuseZ skottels (byna soos ’n DStv-skottel) wat op die vlaktes opdoem, en na die verste uit- hoeke van die Heelal gedraai is. Dít is hoe die kern van SKA sal lyk – gerangskik in ’n sentrale area wat sistematies uitspi- raal. Die kern sal bestaan uit skottels, wat op een gegewe oomblik in 40 verskillende rig- tings kan “kyk”, asook plat antennas op die grond wat reg in die middel sal lê. Daar sal ook buitestasies wees, elk die grootte van KAT en ’n bietjie (sowat 30 skottels), sê Fanaroff. Die stasies sal in die omgewing versprei wees, asook oor die res van Suid-Afrika. SKA sal altesame sowat 4 500 skottels hê. Die res van die buitestasies sal in Nami- bië (3), Botswana (4), Mosambiek (1), Ghana (1), Madagaskar (1), Mauritius (1) en Kenia (1) wees. Deur die stasies te versprei, gee dit aan die teleskoop ’n lang basislyn. Saam sal hulle ’n opvangsgebied van ’n miljoen vierkante meter hê. Fanaroff verduidelik die sensitiwiteit van die teleskoop berus op die aantal skot- tels wat daar is. ’n Mens kan dus met meer skottels verder in die Heelal insien (terug in tyd). Deur die skottels oor ’n groot gebied te versprei, gee aan die teleskoop sy hoë re- solusie, vandaar die besluit om die lang basislyn te hê. Al die skottels en die plat antennas sal gekoppel wees deur middel van ’n splin- ternuwe optiese kabel wat die data kan vervoer. ’n Nuwe substasie sal buite Carnarvon gebou word om elektrisiteit afkomstig van Mpumalanga te ontvang. Daar sal ook ’n nuwe pad na die terrein gebou word. Volgens Fanaroff sal SKA ’n “super- rekenaar nodig hê om die data te verwerk. Dit sal die grootste rekenaarnetwerk in die wêreld wees.” Al die data wat inkom, moet verwerk en saamgevoeg word om uiteindelik een beeld te vorm. Die plan is om daardie rekenaarnetwerk in Kaapstad in te rig. Indien Suid-Afrika se bod suksesvol is, sal SKA al in 2014 10% in bedryf wees en in 2020 heeltemal voltooi wees. Om te bepaal of K3 geskik is, het tegnici van SKA en die Hartebeeshoek-radioster- rewag (HartRAO) drie mobiele eenhede gebou wat tot in die Karoo vervoer moes word. Die radiofrekwensieZinmengings- eenhede (RFI) is in hul geheel plaaslik ver- vaardig. Metings is ’n jaar lank gedoen om te be- paal watter plek die beste is, sê prof. Justin Jonas, die projekwetenskaplike. K3 word van drie kante af beskerm deur heuwels en die enigste inmenging is van ’n TV-sender buite Carnarvon. Dit kan op- gelos word deur die toring se sender af te skakel en vir almal DStv te gegee. Dit sal egter net gedoen word indien die bod suk- sesvol is. Die terrein sal vry van radioseine wees, maar dit is onmoontlik om dit heeltemal geruisloos te hou. Die radio-stil sone wat beplan word, is sowat 100 km om die ter- rein, maar dit hang af wat die betrokke diens is. Selfoontorings het ’n ander in- vloed as TV-senders. Om die terrein teen radioseine en Salt teen ligbesoedeling te beskerm, sal ’n nuwe wet aanvaar word. Die minister van wetenskap en tegnolo- gie, mnr. Mosibudi Mangena, en sy depar- tement het al ver gevorder met die Wet op Astronomie en Geografiese Voordele. Dit sal die minister die mag gee om te keer dat bepaalde ontwikkelings wat met weten- skap sal inmeng, kan plaasvind. Mangena het aan Die Burger gesê: “SKA is al ’n baie lang tyd in my verbeelding. Dit sal sorg dat baie wetenskaplikes en tegnici vir ’n baie lang tyd hierheen sal kom. Dit sal mense in baie diverse velde byeenbring en plaaslike talent ontwikkel. Ek dink ons kanse is baie goed om die bod te kry,” het hy gesê. Mnr. Jan Louw, eienaar van Blouputs en nog ’n plaas, Losberg, sê hy het nie ’n probleem met die voorgestelde ontwikke- ling op sy plaas nie. Die skottels sal sowat 40 ha beslaan en hy is bereid om daardie area te verhuur of te verkoop. Die wetenskap van SKA Met SKA sal ’n mens minstens tot ’n faktor 100 verder kan sien as met enige ander radioteleskoop op Aarde. Hoe verder ’n mens in tyd terug kan sien, in die sogenaamde Donker Era van die Heelal (kort ná die Oerknal), hoe beter vir radiosterrekundiges. Hulle stel belang in onder meer neutrale waterstof (’n bou- blok van die Heelal). Met ’n goeie radioteleskoop kan die neu- trale waterstofstrukture wat tot die vor- ming van die eerste sterre gelei het, gesien en gemeet word. Die waterstof tussen sterrestelsels kan ook gekarteer word om te sien of daar enige verbintenis is. Anders as met ’n op- tiese teleskoop kan ’n radioteleskoop dié verskynsels “sien” en beelde daarvan vorm. Paterson sê wanneer sterre en later ster- restelsels vorm, vorm kolle van die water- stof. “Hoe het die sterre en sterrestelsels ge- vorm, wat is hul dinamika en waar lê die magnetiese velde? Dít alles sal gesien kan word. Dit is basies die oorblyfsels van die vorming van die Heelal,” sê Fanaroff. SKA het ses bepaalde wetenskaptake: . Die studie van algemene relatiwiteit. Dit kan onder meer getoets word deur dui- sende pulsars te karteer. ’n Pulsar, ’n neu- tronster wat baie vinnig ronddraai, is ’n baie akkurate horlosie. Hulle stuur radio- seine uit. Albert Einstein het gesê indien ’n gravi- tasiegolf deur pulsars beweeg, sal hulle stadiger roteer. Indien ’n mens dus ’n netwerk van pul- sars karteer en hulle monitor, sal jy die eerste keer kan sien wanneer ’n gravita- siegolf deur hulle beweeg, en of hulle wel stadiger draai, en of Einstein reg was. “Dit sal vir seker ’n Nobelprys wen,” sê Fana- roff. . Die studie van kosmiese magnetisme. . Die evolusie van sterrestelsels. Dit is die studie van hoe die Heelal ná die Oerknal ontwikkel het. Dit sal ook die studie van donker materie en donker energie insluit. Net sowat 5% van wat ons in die Heelal kan sien, is aan ons bekend; die res is don- ker materie en donker energie, wát pre- sies dit is, is nog ’n raaisel. . Die studie van die Donker Era. Dit behels navorsing oor die eerste sterre en sterre- stelsels. . Die onverwagte. Die ontdekking van die onbekende in die Heelal wat tot nuwe na- vorsing sal lei . . Die wieg van lewe. Dit sal die soeke na ander vorme van moontlike lewe wees. Die oorkoepelende doelwit is: Hoe ver- staan ons ons kosmiese oorsprong en ver- duidelik ons die verskynsels wat die Heelal vandag aan ons bied? Vrae wat gevra sal word, is: Hoe het die Heelal begin? Hoe het die Heelal ontwik- kel? Wat is donker materie? Wat is die aard van donker materiaal? Is daar meer aan Einstein se teorie oor gravitasie? Wat is die massa van neutrino’s en hoe het hulle tot die ontwikkeling van die Heelal bygedra? (Neutrino’s kom in drie tipes voor en hulle het ’n neutrale lading. Dit is subatomiese deeltjies wat teen die spoed van lig trek. Duisende neutrino’s beweeg elke dag reg deur ons elkeen son- der dat ’n mens dit eens weet). Wat is die oorsprong van magnetisme in die Heelal? Hoe het die eerste sterre, ster- restelsels en planete gevorm? Is daar an- der vorme van lewe? Die vliegtuig styg weer laatmiddag van Carnarvon af op terug na Kimberley, en die rooi grond en KarooZbossies onder ons word vinnig een groot, leë landskap. ’n Mens wonder hoe sal 2 500 skottels, ge- draai na die hemelruim, uit ’n vliegtuig lyk. Sal dit hiér wees waar van die grootste vrae oor die Heelal uitgepluis sal word? ‘‘ Met dié teleskoop sal ons gaan na plekke in die Heelal waar ons nog nooit was nie. ’’ ook al is . . . dit is tegnies nie ’n universiteitsaange- leentheid nie”. Dit was bedoel as agtergrondkom- mentaar oor waarom die universiteit nie die media in kennis gestel het van die selfmoord en self- moordpoging nie. Ons beskou dit juis nie as ’n institusionele saak waaroor die universiteit ’n mediaverklaring be- hoort uit te reik nie. Dit is ’n private aangeleent- heid wat die betrokke student en sy/haar gesin raak. Wat interne aksies betref, word dit absoluut as ’n universiteitsaangeleentheid beskou en tree daar talle prosesse gelyktydig in werking om studente en/of hul ouers en vriende te ondersteun. In die hartseer voorvalle van die afgelope naweek was die kantoor van die studentedekaan, die sielkundiges van die die sentrum vir studentevoorligting en -ontwikkeling (insluitende die 24-uur-krisisdiens), die US se beskermingsdienste en huidige en voor- malige inwonende hoofde almal betrokke by ver- skillende uitvloeisels van die gebeure. Verskillende personeellede het op enige manier wat hulle moontlik kon, die Gerstner-gesin byge- staan. ’n Lid van die huiskomitee en die inwonende hoof het die nag saam met die vroue-student in die hospitaal deurgebring. Nadat sy ontslaan is, was administratiewe afdelings behulpsaam met die skedulering van hereksamen-geleenthede. Die in- wonende hoof bly steeds met die vroue-student in kontak hoewel sy reeds huis toe is. Dit is vir die US ’n groot slag om ’n student in die fleur van sy lewe te verloor, en daar word moeite gedoen om studente wat in krisissituasies verkeer, te ondersteun. Die indruk van “ongevoe- ligheid” wat in die betrokke berig gelees sou kon word, is werklik onbillik teenoor hierdie personeel en die universiteit as geheel. Die sentrum vir studentevoorligting en -ontwik- keling (SSVO) bied ’n 24-uur-krisisdiens op die Stel- lenbosch- en Tygerbergkampus, en ’n ontwikke- lingsdiens om studente toe te rus met vaardighede om trauma, hoë stres, verhoudingsprobleme en ek- samen-angs te kan hanteer. Ons doen graag ’n beroep op ouers, kamermaats en vriende om studente aan te moedig om van hier- die beskikbare dienste gebruik te maak. SUSAN VAN DER MERWE Hoof, bemarking en kommunikasie: US Stellenbosch woordelik gehou sal moet word? Ek verstaan X dalk X wat Van Niekerk sê, maar ek sal die skrikwekkende moontlikheid van die vernietiging van Stellenbosch as Afrikaanse universiteit net aanvaar as hy my kan oortuig dat daar bewyse is dat die regering ernstig daarom- trent is, asook dat daar rede is om te glo dat die US-bestuur weens sy eie verbintenis tot transfor- masie (en nie dit wat hy as oëverblindery onder die naam transformasie aan die publiek probeer ver- koop nie) nie ’n vinger sal verroer om hom daar- teen te verset nie. CAROLUS HEYDENRYCH Velddrif Sygnus A soos gesien deur ’n radioteleskoop. Op die voorgrond is die voorgestelde terrein vir SKA.  Grafika: HANLIE MALAN waarde is nie. Ons broederskap lê nie daarin dat ek en jy gebore is in verskillende rasse, etniese groepe en kulture nie. Só ’n broederskap is opper- vlakkig en berus op verbygaande bevordering van eie en dus botsende belange. Dis waarom bruin mense nie langer as swart “comrades’’ geag word nie en destyds ook nie as wit “broeders’’ geag is nie, behalwe waar hulle as groep deur die ander groep gebruik kon word vir die bevordering van eie belange. Miskien het Pappa Beets nie bedoel “ras” van die toekoms nie, maar “mens” van die toekoms, wie se identiteit nie gesetel is in biologiese oorsprong nie, maar in sy geestelike wesenskenmerke. Gees is vorm- en kleurloos en kan dus nie die uiterstes van wit en swart wees nie. Fransman besef dis waar die ware antwoord lê as hy verwys na die Groot Boek wat ons oproep om broers te wees. Is dié opdrag dalk die sogenaamde bruin mense se ware roeping in die land: om ons wittes en swar- tes se gewetes wakker te maak? Dat ons leer dat ons in God één is, mede-erfgename van Sy konink- ryk as Sy seuns in Jesus Christus die Here. Dat ons identiteit daarin lê dat ons broers in Christus is. Ons moet mekaar voortdurend daaraan herin- ner, want ons word so maklik verlei om halsstarrig vas te klou aan eie belange. Die onvermoë van die NG Kerk-familie om van die sonde van geskeiden- heid af te sien en die eenheid in Christus sigbaar te bely en in die kerk te manifesteer, is ’n goeie be- wys dat mens nie groepsdenkers kan vertrou nie. GEERT DE BOON Blaauwberg

Upload: others

Post on 24-Mar-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Saterdag 3 Junie 2006 FORUM Die Burger, bl. 17

Laat almal net‘mense’ wees

EK verwys na die Kulturasies-rubriek (DB, 1/6)deur Willem Fransman jr.Een van die ergerlike vloeke van apartheid was

dat ek, my ouers en “die hele blêddie spul” (soosPiet Botha sing),mense in benoemde bokse geplaashet. Vandaar is ek ’n wit man, Fransman ’n bruinman en sê maar Khumalo ’n swart man.’n Mens sou glo dat die aanbreek van die demo-

krasie ons van hierdie etiketteringsjuk sou verlos.Toe nie.Wanneer gaan die dag kom dat daar wetge-wing uitgevaardig word wat Suid-Afrikaners ver-bied om na mense in terme van kleur te verwys?As ek my hand teen my wit laken hou, dan won-

der ek waar die benaming “wit” vandaan kom. Ekis nie ’n spook nie. As ek ’n goeie vriendin van myse hand teen my swart motor hou, dan is sy ookallermins “swart”.In hemelsnaam, waarom kan ons nie net bloot as

“mense” bekend staannie?Ekdinkas ons die Skep-per hieroor sou kon uitvra, sou hy soos Fransmanantwoord: “En dit maak seer, baie seer!”

ANDRÉ POTGIETERWoodstock

Hier lê ware identiteitOP ’n aardsemanierwasPappaBeets, die geskiede-nisonderwyser van Willem Fransman jr., reg toehy dit by sy leerders ingeprent het “om trotse bruinmense te wees, want bruinmense is die ras van dietoekoms”(DB, 1/6).Fransman betoog dat hy nie weet waar bruin

mense behoort nie, want wit mense wil hulle niehê nie en swart mense ook nie. Die denkfout is omin terme van groep te dink en nie mense as indivi-due te waardeer nie. Jy ismy broer wanneer ek jouas individu erken, ’n mens wat nie van minder

US het voluit gehelpMET verwysing na die berig “Matie hang homself”(DB, 1/6), vermoed ek dat talle lesers net so gerea-geer het soos André-Pierre du Plessis Xwat dit danook verwoord het in “Lees geel kennisgewing”(Brieweblad, 2/6).Du Plessis het net so min soos ander lesers die

konteks gehad van die kommentaar “hoe sleg dit

Bokke is g’n ‘outjies’EK wens die Springbok-afrigter, Jake White, wilbesin oor sy gewoonte om na die Springbokspelerste verwys as “die outjies” in radio- en TV-onder-houde.Genugtig, die spelers is in hul twintigerjare en

sommige is reeds ouer asdertig jaar. “Outjies” vindjy in ’n laerskoolspannetjie. Selfs in die geval van’n hoërskoolspan sou ek al die verkleinvormpie lie-wer vermy het.White bedoel dit seker nie sleg niemaar dit klink

regtigwaar nie van pas nie.BOK­ONDERSTEUNER

Strand

Sal staat US vernietig?ASmens so na prof. Anton vanNiekerk luister, lykdit of die onderrigmetode bekend as die T-opsie dieallerlaaste skans teen algehele verengelsing is, of,anders gestel, dat dit die US se heel beste idee (enallerlaaste een) is om “African blacks” te akkom-modeer en terseldertyd iets vir Afrikaans te red.Hy postuleer ook dat as die opvattings van die

voorstanders van Stellenbosch as Afrikaanse uni-versiteit die dominante denke word, dit die uni-versiteit se hele bestaan (voortbestaan?) in gevaarsal stel. Bedoel hy daarmee dat die universiteit ge-dwing sal word om sy deure te sluit? As dit so is,waar komhy aan dié gedagte? Prof. Chris Brinkhetdan ’n paar jaar gelede nog bewys dat die US dietop-universiteit in die land is.Wil Van Niekerk te kenne gee dat hierdie inlig-

ting as van so min waarde deur die regering geagword dat hy nie sal skroom om tot so ’n drastiesestap oor te gaan nie? En dit net omdat die universi-teit nie genoeg verengels het nie en daar nog te veelin Afrikaans klasgegee word deur te veel wit Afri-kaanssprekende (spesifiekAfrikaner-) dosente aan’n studentekorps wat nog gekenmerk word deur ’nte groot onderverteenwoordiging van “Africansblacks”?Berus Van Niekerk se donker “voorstelling” op

’n konkrete waarskuwing van regeringskant aandie universiteit oor hoe daar met die US gehandelsal word as hy nie vinniger transformeer nie?Of is dit ’n gevolgtrekking wat hy uit die duim

gesuig het en nou gebruik om voorstanders vanAfrikaans mee af te skrik van verdere optrede metdie aantygings dat as hierdie, myns insiens fik-tiewe, katastrofe die US sal tref, dit hulle is wat(met hul verstandelose weerstand teen verengel-sing en aandrang op Afrikaans) daarvoor verant-

30%

70%

JA

NEE

Sou ’n uitvoe­rende burgemees­terstelsel betergewees het vir dieStad Kaapstad?

Geheime van die HeelalGeheime van die Heelaltussen skottelstussen skottels

Duisendege­sofistikeerdeskottelsop’nKaroo­vlaktesaldiegeheime

vandieHeelalsegeboortekanontsluit,mitsSuid­Afrikasymededingers in ’nsterrekunde­wedloopkanklop,skryfElsabéBritsná’nbesoekaandievoorge­steldeterreinvir ’nreuseZradio­teleskoop(SKA)ensykleinerboetie (KAT).

“DAAR is niks nie. Nie eens skape nie.Julle sal sien as ons by die terrein kom.”Die huurvliegtuig van Kimberley na

Carnarvon land op ’n grond-aanloopbaan.Die pad na die voorgestelde terrein vir diewêreld se grootste radioteleskoop is ook ’ngrondpad – liefs aangepakmet ’n viertrek-voertuig.Die rit van sowat 100 kmduurbyna twee

uur. Die terrein K3 is op die plaas Blou-puts.En daar ís niks, net vlaktes en die koue

winterlug. Ideaal vir ’n radio-teleskoop,want die sterrekundiges soek nie seinewat met hul waarnemings sal inmeng nie.Dr. Adi Paterson, adjunk-direkteur-ge-

neraal van die departement van weten-skap en tegnologie se eenheid vir kundigedienste, was reg: hier is nie eens ’n skaapin sig nie.Suid-Afrika, Australië, Argentinië en

China het onlangs elk ’n bod ingedien omdiewêreld se grootste teleskoop tot nog toete huisves, die Square Kilometre Array(SKA). In September sal die lande aanbe-velings hoor oor wie se terreine geskik is.En in 2008 word die aankondiging gedoenoor wie die teleskoop van meer asR8,5 miljard (1 miljard euro) sal bou –

hoofsaaklik met geld van die EuropeseUnie en die VSA.“Met dié teleskoop sal ons gaan na

plekke in die Heelal waar ons nog nooitwas nie,” sê Paterson.Indien Suid-Afrika die bod kry, sal dit

die land, saam met Salt (die Suider-Afri-kaanseGrootTeleskoop) opSutherland opdie voorgrond van sterrekunde stoot, om-dat die twee teleskope in sinergie kanwerk. Dan is daar nog dieHess-teleskoop, wat oorveral gammastrale in Na-mibië navorsing doenwaarby Suid-Afrikaansenavorsers ook betrokke is.Salt is ’n optiese tele-

skoop wat sover terug aseen tot twee miljard jaarná die Oerknal kan “sien”.Met ’n radioteleskoopword elektromagnetiesestraling wat deur hemel-liggame afgegee word, be-speur. Dit “sien” radio-golwe deur middel vanskottels (antennas). Diewetenskap van Salt is ge-baseer op lig wat hemelligame uitstraal,en vorm só beelde van hulle.SKA sal tweehonderd miljoen tot drie-

honderd miljoen jaar ná die Oerknal kansien. Dit verteenwoordig ’n era toe net so-wat 2%vandieHeelal, soos ons dit vandagken, gevorm was.Dit is baie verder terug aswat enige tele-

skoop tans kan sien, sê dr. Bernie Fana-roff, projekbestuurder van SKA.Die skottels stuur nie self ’n sein uit nie,

maar ontvang dit net. Al die seine saamvorm dan ’n beeld van ’n hemelliggaam.

Die boetie KATMetR300miljoenvandiedepartementvanwetenskap en tegnologie sal ’n kleinerweergawe van SKA genaamd die KarooArray Telescope (KAT) gebou word. Nienet sal dit bewys ons is in staat om die teg-nologie te ontwikkel en toe te pas nie,maar bepaalde wetenskap sal ook daar-mee gedoen word.Dié projek staan onder leiding van me.

Anita Loots, ’n ingenieur. ’n Prototipe-skottel word reeds teen ’n koste van sowatR18 miljoen vervaardig.

KAT sal bestaan uit 20 skottels, elk tus-sen 15 m en 20 m in deursee. Hulle salwaarskynlik sowat 15 km van die be-plande terrein vir SKA opgerig word.KAT sal ’n opvangskapasiteit hê wat ge-

lykstaande aan 1% van SKA sal wees.Tog sal hy ’n top-instrument uit eie reg

wees. Selfs met KAT sal ’n mens tot ’n fak-tor van 10 verder kan sien asmet enige an-der radioteleskoop wat vandag bestaan.

Suid-Afrika hoop ombinnekort met die uni-versiteite van Oxford,Cambridge en Manches-ter die knoop deur te hakom hulle betrokke te krybyKATaswetenskap- engeldelike vennote. On-derhandelings het reedsver gevorder en daarword gehoop dat hullesowat R150 miljoen totdie projek sal bydra.Konstruksie van KAT

op K3 sal teen 2008 beginen hy sal teen 2010 klaarwees.

Só werk SKAMaak jou oë toe en dink aan 2500 reuseZskottels (byna soos ’n DStv-skottel) wat opdie vlaktes opdoem, en na die verste uit-hoeke van die Heelal gedraai is. Dít is hoedie kern van SKA sal lyk – gerangskik in’n sentrale area wat sistematies uitspi-raal.Die kern sal bestaan uit skottels, wat op

een gegewe oomblik in 40 verskillende rig-tings kan “kyk”, asook plat antennas opdie grond wat reg in die middel sal lê.Daar sal ook buitestasies wees, elk die

grootte van KAT en ’n bietjie (sowat 30skottels), sê Fanaroff. Die stasies sal in dieomgewingverspreiwees, asookoordie resvan Suid-Afrika. SKA sal altesame sowat4 500 skottels hê.Die res van die buitestasies sal in Nami-

bië (3), Botswana (4), Mosambiek (1),Ghana (1), Madagaskar (1), Mauritius (1)en Kenia (1) wees.Deur die stasies te versprei, gee dit aan

die teleskoop ’n lang basislyn. Saam salhulle ’n opvangsgebied van ’n miljoenvierkante meter hê.Fanaroff verduidelik die sensitiwiteit

van die teleskoop berus op die aantal skot-tels wat daar is. ’nMens kan dusmetmeerskottels verder in die Heelal insien (terugin tyd).Deur die skottels oor ’n groot gebied te

versprei, gee aan die teleskoop sy hoë re-solusie, vandaar die besluit om die langbasislyn te hê.Al die skottels en die plat antennas sal

gekoppel wees deur middel van ’n splin-ternuwe optiese kabel wat die data kanvervoer.’n Nuwe substasie sal buite Carnarvon

gebouwordomelektrisiteit afkomstig vanMpumalanga te ontvang. Daar sal ook ’nnuwe pad na die terrein gebou word.Volgens Fanaroff sal SKA ’n “super-

rekenaar nodig hê omdie data te verwerk.Dit sal die grootste rekenaarnetwerk indie wêreld wees.” Al die data wat inkom,moet verwerk en saamgevoeg word omuiteindelik een beeld te vorm. Die plan isom daardie rekenaarnetwerk in Kaapstadin te rig.Indien Suid-Afrika se bod suksesvol is,

sal SKA al in 2014 10% in bedryf wees enin 2020 heeltemal voltooi wees.Om te bepaal of K3 geskik is, het tegnici

van SKA en die Hartebeeshoek-radioster-rewag (HartRAO) drie mobiele eenhedegebou wat tot in die Karoo vervoer moesword. Die radiofrekwensieZinmengings-eenhede (RFI) is inhul geheel plaaslik ver-vaardig.Metings is ’n jaar lank gedoen om te be-

paalwatter plekdie beste is, sê prof. JustinJonas, die projekwetenskaplike.K3word van drie kante af beskerm deur

heuwels en die enigste inmenging is van’n TV-sender buite Carnarvon. Dit kan op-gelos word deur die toring se sender af teskakel en vir almal DStv te gegee. Dit salegter net gedoen word indien die bod suk-sesvol is.Die terrein sal vry van radioseine wees,

maar dit is onmoontlik om dit heeltemalgeruisloos te hou. Die radio-stil sone watbeplan word, is sowat 100 km om die ter-rein, maar dit hang af wat die betrokkediens is. Selfoontorings het ’n ander in-vloed as TV-senders.Om die terrein teen radioseine en Salt

teen ligbesoedeling te beskerm, sal ’nnuwe wet aanvaar word.Die minister van wetenskap en tegnolo-

gie, mnr. MosibudiMangena, en sy depar-

tement het al ver gevorder met die Wet opAstronomie en Geografiese Voordele. Ditsal dieminister diemag gee om te keer datbepaalde ontwikkelings wat met weten-skap sal inmeng, kan plaasvind.Mangena het aanDie Burger gesê: “SKA

is al ’n baie lang tyd in my verbeelding.Dit sal sorg dat baie wetenskaplikes entegnici vir ’n baie lang tyd hierheen salkom. Dit sal mense in baie diverse veldebyeenbring en plaaslike talent ontwikkel.Ek dink ons kanse is baie goed om die bodte kry,” het hy gesê.Mnr. Jan Louw, eienaar van Blouputs

en nog ’n plaas, Losberg, sê hy het nie ’nprobleem met die voorgestelde ontwikke-ling op sy plaas nie. Die skottels sal sowat40 ha beslaan en hy is bereid om daardiearea te verhuur of te verkoop.

Die wetenskap van SKAMetSKAsal ’nmensminstens tot ’n faktor100 verder kan sien as met enige anderradioteleskoop op Aarde.Hoe verder ’n mens in tyd terug kan

sien, in die sogenaamde Donker Era vandie Heelal (kort ná die Oerknal), hoe betervir radiosterrekundiges. Hulle stel belangin onder meer neutrale waterstof (’n bou-blok van die Heelal).Met ’n goeie radioteleskoop kan die neu-

trale waterstofstrukture wat tot die vor-ming vandie eerste sterre gelei het, gesienen gemeet word.Die waterstof tussen sterrestelsels kan

ook gekarteer word om te sien of daarenige verbintenis is. Anders as met ’n op-tiese teleskoop kan ’n radioteleskoop diéverskynsels “sien” en beelde daarvanvorm.Paterson sêwanneer sterre en later ster-

restelsels vorm, vorm kolle van die water-stof.“Hoe het die sterre en sterrestelsels ge-

vorm, wat is hul dinamika en waar lê diemagnetiese velde? Dít alles sal gesien kanword. Dit is basies die oorblyfsels van dievorming van die Heelal,” sê Fanaroff.SKA het ses bepaalde wetenskaptake:

.Die studie van algemene relatiwiteit. Ditkan onder meer getoets word deur dui-sende pulsars te karteer. ’n Pulsar, ’n neu-tronster wat baie vinnig ronddraai, is ’nbaie akkurate horlosie. Hulle stuur radio-seine uit.Albert Einstein het gesê indien ’n gravi-

tasiegolf deur pulsars beweeg, sal hullestadiger roteer.Indien ’n mens dus ’n netwerk van pul-

sars karteer en hulle monitor, sal jy dieeerste keer kan sien wanneer ’n gravita-siegolf deur hulle beweeg, en of hulle welstadiger draai, en of Einstein regwas. “Ditsal vir seker ’n Nobelprys wen,” sê Fana-roff..Die studie van kosmiese magnetisme..Die evolusie van sterrestelsels.Dit is diestudie van hoe die Heelal ná die Oerknalontwikkel het. Dit sal ook die studie vandonkermaterie en donker energie insluit.Net sowat 5% van wat ons in die Heelal

kan sien, is aan ons bekend; die res is don-ker materie en donker energie, wát pre-sies dit is, is nog ’n raaisel..Die studie van die Donker Era.Dit behelsnavorsing oor die eerste sterre en sterre-stelsels..Die onverwagte. Die ontdekking van dieonbekende in die Heelal wat tot nuwe na-vorsing sal lei ..Die wieg van lewe. Dit sal die soeke naander vorme van moontlike lewe wees.Die oorkoepelende doelwit is: Hoe ver-

staan ons ons kosmiese oorsprong en ver-duidelik ons die verskynsels wat dieHeelal vandag aan ons bied?Vrae wat gevra sal word, is: Hoe het die

Heelal begin? Hoe het die Heelal ontwik-kel? Wat is donker materie? Wat is dieaard van donker materiaal? Is daar meeraan Einstein se teorie oor gravitasie?Wat is die massa van neutrino’s en hoe

het hulle tot die ontwikkeling van dieHeelal bygedra? (Neutrino’s kom in drietipes voor en hulle het ’n neutrale lading.Dit is subatomiese deeltjies wat teen diespoed van lig trek. Duisende neutrino’sbeweeg elke dag reg deur ons elkeen son-der dat ’n mens dit eens weet).Wat is die oorsprong vanmagnetisme in

die Heelal? Hoe het die eerste sterre, ster-restelsels en planete gevorm? Is daar an-der vorme van lewe?Die vliegtuig styg weer laatmiddag van

Carnarvon af op terug na Kimberley, endie rooi grond enKarooZbossies onder onsword vinnig een groot, leë landskap.’nMenswonderhoe sal 2500 skottels, ge-

draai na die hemelruim, uit ’n vliegtuiglyk.Sal dit hiér wees waar van die grootste

vrae oor die Heelal uitgepluis sal word?

‘‘Met dié teleskoopsal ons gaan na

plekke in dieHeelal waar ons

nog nooit was nie.

’’

ook al is . . . dit is tegnies nie ’n universiteitsaange-leentheid nie”. Dit was bedoel as agtergrondkom-mentaar oorwaaromdie universiteit nie diemediain kennis gestel het van die selfmoord en self-moordpoging nie.Ons beskou dit juis nie as ’n institusionele saak

waaroor die universiteit ’n mediaverklaring be-hoort uit te reik nie. Dit is ’n private aangeleent-heid wat die betrokke student en sy/haar gesinraak.Wat interne aksies betref, word dit absoluut as

’n universiteitsaangeleentheid beskou en tree daartalle prosesse gelyktydig in werking om studenteen/of hul ouers en vriende te ondersteun. In diehartseer voorvalle van die afgelope naweekwas diekantoor van die studentedekaan, die sielkundigesvan die die sentrum vir studentevoorligting en-ontwikkeling (insluitende die 24-uur-krisisdiens),die US se beskermingsdienste en huidige en voor-malige inwonende hoofde almal betrokke by ver-skillende uitvloeisels van die gebeure.Verskillende personeellede het op enige manier

wat hulle moontlik kon, die Gerstner-gesin byge-staan. ’n Lid van die huiskomitee en die inwonendehoof het die nag saammet die vroue-student in diehospitaal deurgebring. Nadat sy ontslaan is, wasadministratiewe afdelings behulpsaam met dieskedulering van hereksamen-geleenthede. Die in-wonende hoof bly steeds met die vroue-student inkontak hoewel sy reeds huis toe is.Dit is vir die US ’n groot slag om ’n student in

die fleur van sy lewe te verloor, en daar wordmoeite gedoen om studente wat in krisissituasiesverkeer, te ondersteun. Die indruk van “ongevoe-ligheid” wat in die betrokke berig gelees sou konword, is werklik onbillik teenoor hierdie personeelen die universiteit as geheel.Die sentrum vir studentevoorligting en -ontwik-

keling (SSVO)bied ’n 24-uur-krisisdiens opdieStel-lenbosch- en Tygerbergkampus, en ’n ontwikke-lingsdiens om studente toe te rus met vaardighedeom trauma, hoë stres, verhoudingsprobleme en ek-samen-angs te kan hanteer.Ons doen graag ’n beroep op ouers, kamermaats

en vriende om studente aan temoedig om van hier-

die beskikbare dienste gebruik te maak.SUSAN VAN DER MERWE

Hoof, bemarking en kommunikasie: USStellenbosch

woordelik gehou sal moet word?Ek verstaan X dalk X wat Van Niekerk sê, maar

ek sal die skrikwekkende moontlikheid van dievernietiging van Stellenbosch as Afrikaanseuniversiteit net aanvaar as hy my kan oortuig datdaar bewyse is dat die regering ernstig daarom-trent is, asook dat daar rede is om te glo dat dieUS-bestuur weens sy eie verbintenis tot transfor-masie (en nie dit wat hy as oëverblindery onder dienaam transformasie aan die publiek probeer ver-koop nie) nie ’n vinger sal verroer om hom daar-teen te verset nie.

CAROLUS HEYDENRYCHVelddrif

Sygnus A soos gesien deur ’n radioteleskoop. Op die voorgrond is die voorgestelde terrein vir SKA.                                                                                                                 Grafika: HANLIE MALAN

waarde is nie. Ons broederskap lê nie daarin datek en jy gebore is in verskillende rasse, etniesegroepe en kulture nie. Só ’n broederskap is opper-vlakkig en berus op verbygaande bevordering vaneie en dus botsende belange.Dis waarom bruin mense nie langer as swart

“comrades’’ geag word nie en destyds ook nie aswit “broeders’’ geag is nie, behalwe waar hulle asgroep deur die ander groep gebruik kon word virdie bevordering van eie belange.Miskien het Pappa Beets nie bedoel “ras” van die

toekoms nie, maar “mens” van die toekoms, wie seidentiteit nie gesetel is in biologiese oorsprong nie,maar in sy geestelike wesenskenmerke. Gees isvorm- en kleurloos en kan dus nie die uiterstes vanwit en swart wees nie. Fransman besef dis waar dieware antwoord lê as hy verwys na die Groot Boekwat ons oproep om broers te wees.Is dié opdrag dalk die sogenaamde bruin mense

se ware roeping in die land: om ons wittes en swar-tes se gewetes wakker te maak? Dat ons leer datons in God één is, mede-erfgename van Sy konink-ryk as Sy seuns in Jesus Christus die Here. Dat onsidentiteit daarin lê dat ons broers in Christus is.Ons moet mekaar voortdurend daaraan herin-

ner, want onsword somaklik verlei omhalsstarrigvas te klou aan eie belange. Die onvermoë van dieNG Kerk-familie om van die sonde van geskeiden-heid af te sien en die eenheid in Christus sigbaarte bely en in die kerk te manifesteer, is ’n goeie be-wys dat mens nie groepsdenkers kan vertrou nie.

GEERT DE BOONBlaauwberg