slim studie - cvodankbaar.co.za · inleiding hierdie gids sal jou help met: • beplanning van jou...

32
SLim studie - ’n gids vir ’n beter en vaardiger student Ontwerp en Versprei deur Edumedia (WKOD) Stasieweg 3, Mowbray Posbus 13266, Mowbray, 7705 Tel.: (021) 689-9536 Faks: (021) 685-7421 E-pos: [email protected] ©2005 Edumedia (WKOD)

Upload: others

Post on 29-Oct-2019

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: SLim studie - cvodankbaar.co.za · Inleiding Hierdie gids sal jou help met: • beplanning van jou studie, • hoe om te studeer, • die onthou van wat jy gestudeer het,en • die

SLim studie - ’n gids vir ’n beter en vaardiger student

Ontwerp en Versprei deur

Edumedia (WKOD)

Stasieweg 3, MowbrayPosbus 13266, Mowbray, 7705

Tel.: (021) 689-9536Faks: (021) 685-7421

E-pos: [email protected]

©2005 Edumedia (WKOD)

Page 2: SLim studie - cvodankbaar.co.za · Inleiding Hierdie gids sal jou help met: • beplanning van jou studie, • hoe om te studeer, • die onthou van wat jy gestudeer het,en • die
Page 3: SLim studie - cvodankbaar.co.za · Inleiding Hierdie gids sal jou help met: • beplanning van jou studie, • hoe om te studeer, • die onthou van wat jy gestudeer het,en • die

INHOUD

Stap 1: Hoe om te beplan

Skedule . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 2

Hersiening. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 4

Werkstukke . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 5

Stap 2: Hoe om te studeer

Voorbereiding . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 7

Neem van notas . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 11

Studiegereedskap . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 14

Stap 3: Hoe om vir Toetse en Eksamens voor te berei

Stres . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 24

Tegnieke . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 24

Page 4: SLim studie - cvodankbaar.co.za · Inleiding Hierdie gids sal jou help met: • beplanning van jou studie, • hoe om te studeer, • die onthou van wat jy gestudeer het,en • die

Stu

die

vaard

igh

ed

eT

yd

best

uu

r=b

ep

lan

nin

g=

sukse

s

Vo

ora

f•

bep

lann

ing

- as

sess

eer

vere

iste

s

- sk

ep s

kedu

le

- he

rsie

ning

sreë

ls 1

– 4

- pro

jekt

e/op

drag

te

Stad

ia 1

– 4

Stu

die

• vo

orbe

reid

ing

wan

neer

, waa

r, w

at, h

oe

- o

ntsp

anni

ng

- ko

nsen

tras

ie

- pro

jekt

e/op

drag

te

Stad

ia 1

– 4

To

ets

• st

res

Na d

ie t

yd

• he

rsie

n vr

aest

el

- ef

fekt

iew

e ne

em v

an n

otas

• C

orne

ll-si

stee

m1. O

pso

m

2. V

erm

inde

r

3. V

oord

ra

4. R

efle

ktee

5. H

ersien

- St

udie

inst

rum

ente

1. F

litsk

aart

e

2. G

rafie

se O

rg.

Geh

euek

aart

e, h

iëra

rgie

ë, t

ydly

n, g

eheu

ebrû

e

- ritm

es

- le

tter

vers

e (a

cros

tics)

- as

sosias

ie

- sp

otpre

nte

- ak

roni

emet

hie

rd

ie d

iag

ram

so

m d

ie g

idsi

nh

ou

d o

p:

Page 5: SLim studie - cvodankbaar.co.za · Inleiding Hierdie gids sal jou help met: • beplanning van jou studie, • hoe om te studeer, • die onthou van wat jy gestudeer het,en • die

InleidingHierdie gids sal jou help met:

• beplanning van jou studie,• hoe om te studeer,• die onthou van wat jy gestudeer het, en• die herroeping van kennis wanneer jy dit tydens eksamens en toetse nodig het.

Daar is geen resep vir kitssukses nie, maar jy het nie nodig om ’n genie te wees om in toetse eneksamens goed te vaar nie. Jy het egter nodig om met toewyding en erns die nodige studievaardighedeaan te leer en dit gereeld te oefen.

Indien jy ’n tipiese leerder is, het jy behalwe vir skoolwerk ook ander belangstellings - soos sport,stokperdjies, jou gesin en vriende en selfs ’n deeltydse werk. Een ding waarvan jy nie genoeg sal hênie, is vrye tyd. Daarom, ongeag die aanvanklike ongemak, sal jy moet leer hoe om jou tyd te bestuur.Jou eerste stap tot sukses is dus TYDSBESTUUR. Deur jou aktiwiteite te skeduleer sodat daar tydis vir studieblokke, hersiening, werkstukke en so meer, sal jy ’n duidelike prentjie hê oor hoe jy joulewe moet organiseer om jou doelwitte te bereik.

Dit is nodig om die tyd wat jy studeer maksimaal te gebruik sodat jy die grootste sukses kan behaal.Daarom is die tweede stap na sukses STUDIEMETODES. In hierdie gids is daar wenke oor hoe omvir studie voor te berei, hoe om inligting te selekteer en te verwerk, hoe om effektiewe notas te maaken hoe om studiegereedskap soos flitskaarte, grafiese organiseerders en geheuebrûe te gebruik. Leesdeur die gids vir ’n oorsig oor die inhoud, gaan dan terug en lees deur daardie gedeeltes wat jy dinkjou die meeste sal help.

Jou derde stap op die pad na sukses is hoe om jouself vir toetse en eksamens VOOR TE BEREI. Inhierdie gids is daar voorstelle oor hoe om die stres te hanteer, asook effektiewe toets- eneksamentegnieke.

Begin jou reis na sukses vandag, skryf jou doelwitte in kleur op ’n groot stuk papier neer en plaas ditwaar dit jou aandag gereeld sal trek. Begin dan om te beplan wat jy gaan doen om hul te bereik.

1 Slim Studie

n t

d

TYDSBESTUUR begin met ’n PLAN wat ’n BALANS tussen die eise van skool, insluitendGEREELDE studieperiodes en hersiening, en ander aktiwiteite reflekteer.

TYDSBESTUUR = BEPLANNING = SUKSES

Page 6: SLim studie - cvodankbaar.co.za · Inleiding Hierdie gids sal jou help met: • beplanning van jou studie, • hoe om te studeer, • die onthou van wat jy gestudeer het,en • die

STAP 1: HOE OM TE BEPLAN...

1. Skedule:

1.1 Hoe om te met ’n tydbestuursplan te beginJy sal ’n almanak van die kwartaal nodig hê - groot genoeg sodat jy elke dag se aktiwiteite kan inskryf.Indien so iets nie beskikbaar is nie, kan jy maklik een op ’n A4 folio natrek.Wanneer jy dit voltooi het,plak dit op waar jy studeer sodat jy maklik daarna kan verwys. Gebruik eers ’n potlood totdat jytevrede is met al jy tydtoewysings, dan kan jy verskillende kleure gebruik om die verskillendeaktiwiteite uit te lig. Sodoende sal jy sommer met ’n vinnig blik kan sien hoeveel keer jy, byvoorbeeld,swemoefening het.

Begin deur die eise van elke vak/leerarea te assesseer. Jy maak kortliks notas waar jy:

1. die leerdoelstellings (uitkomstes) van elke vak/leerarea identifiseer - wat jy verwag om te leer.

2. antisipeer hoe jy geassesseer sal word - hoe jou studie ‘gemeet’ gaan word, byvoorbeeld toetse (hoegereeld?), eksamens (wanneer?), projekte en/of werkstukke (hoeveel?) en so meer.

Voorbeeld:In Graad 12-Lewenswetenskappe moet jy die konsepte wat

opgesluit is, in die onderstaande temas kan ondersoek, verstaan en

begryp sowel as kan toepas. Ook moet jy die toepassing van

wetenskaplike en inheemse kennis in Suid-Afrika en elders kan

evalueer ten opsigte van hierdie temas.

Temas

1. Voortplanting en verwante siektes,2. Omgewingstudies,3. Genetika, en4. Evolusie.

2Slim Studie

Beheer jou lewe, beplan vandag!

Aan die begin van elke skoolkwartaal stel jy ’n tydbestuursplan op. Dit is ’n skedule wat aantoon hoejy van voorneme is om jou tyd gedurende die kwartaal te spandeer. Daar is natuurlik tye wat vas en nie-onderhandelbaar is, byvoorbeeld jou lesure by die skool. Maar wat jy wel kan beheer, is die tyd wat jyspandeer om skoolwerk, studie en hersiening te doen; asook die tyd wat nodig is vir ander skoolverwanteaktiwiteite soos sport; en dan natuurlik die belangrikste: tyd om te ontspan en vir ander sosialeaktiwiteite. Jou bestuursplan moet ’n balans tussen al hiedie verpligtinge reflekteer.

Page 7: SLim studie - cvodankbaar.co.za · Inleiding Hierdie gids sal jou help met: • beplanning van jou studie, • hoe om te studeer, • die onthou van wat jy gestudeer het,en • die

Dit sal jou help om te besluit hoeveel studietyd jy vir elke vak of leerarea nodig het. In die gegewevoorbeeld, sal ’n toets elke tweede week gereelde studie en hersiening vereis. Uiteindelik sal dit dielas van van die drie eksamens verlig. Indien jy jouself goed vir die toetse voorberei, sal jou studie virdie eksamen slegs intense hersiening vereis. Jy moet so gou as moontlik uitvind wat die vereistes vandie werkstukke is, sodat jy dit in jou tydbestuursplan kan inwerk.

1.2 Wenke vir tydbestuursplan:1. Skat hoeveel tyd jy vir elke vak of leerarea nodig het2. Studeer wanneer jy in die dag die wakkerste is (oggend? aand?) 3. Gebruik studieblokke van 50 mintue met 10 minute breke tussenin indien jy meer as een vak per dag

gaan studeer4. Sorg dat jy ten minste een studieblok per dag van die week het5. Moenie meer as drie ure aanhoudend studeer nie

Jy sal studiemetodes moet ontwikkel wat jou pas - jou beperkinge (tyd, familie- en ander verpligtinge)en jou natuurlike neigings (wanneer jy op jou beste werk, watter tipe leerder jy is). Jy het nodig omverskillende studiepatrone te toets sodat jy kan ervaar hoe jy die meeste uit jouself kan kry en wattermetode jou die beste pas. Daarom,

1. Werk in toestande wat vir jou pas2. Beplan om gereeld te werk deur van hierdie metode gebruik te maak, onthou: studievaardighede en

strategieë word eers studiegewoontes indien hul gereeld geoefen word.

Voorbeeld:Vir Lewenswetenskappe:

Ten minste 1 uur per week, hersien 10 minute die volgende dag en 20 minutedie dag voor die toets.

Voorbeeld: Assessering in graad 12 Lewenswetenskappe kan die volgende

insluit:

1. Twee eksterne eksamens aan die einde van die jaar;2. Septembereksamen: twee eksamenvraestelle3. Junie-eksamen (Een vraestel)4. Opsomming van die jaar se formele assesering:

• Kwartaal 1: Kontrole toets en praktiese taak• Kwartaal 2: Navorsingsprojek en Junie-eksamen• Kwartaal 3: Kontrole toets, praktiese taak en Junie-eksamen• Kwartaal 4:Twee eksterne vraestelle

5. Daaglikse assessering:Toetse en/of take elke twee weke

3 Slim Studie

Page 8: SLim studie - cvodankbaar.co.za · Inleiding Hierdie gids sal jou help met: • beplanning van jou studie, • hoe om te studeer, • die onthou van wat jy gestudeer het,en • die

1.3 Hoe om jou Tydbestuursplan te voltooi:1. Skryf die vasgestelde aktiwiteite vir die kwartaal neer, byvoorbeeld lesure;2. Skryf vasgestelde studietyde vir vak of leerareas per dag neer (ook oor naweke);3. Voeg korter daaglikse periodes vir hersiening by (die verskil tussen studie en hersiening word onder

die opskrif Gereelde Hersiening verduidelik);4. Voeg ander verantwoordelikhede soos sport en huiswerk by, en5. Skeduleer tyd vir ontspanning, sosiale afsprake, en so meer.

voorbeeld van Tydbestuursplan

2. Gereelde Hersiening:Hersiening beteken om die materiaal wat jy reeds gestudeer het, weer te studeer. Hersiening is:gereeld en onophoudelik; die hoeksteen van leer; en ’n voordurende proses - die hersiening voor ’neksamen is die einde van die proses.

Reël 1:

Hersien elke dag. Hersien vandag wat jy gister geleer het.Voorbeeld: Studeer Geskiedenis vir 1 uur op Maandag, hersien die gedeelte vir 10 minute Dinsdag.

Reël 2:

Aan die einde van die week hersien die hele week se werk. Dit behoort nie veeleisend te wees indienjy elke dag 10 minute hersien het nie. Hierdie weeklikse hersiening behoort nie meer as 15 - 20minute te neem nie.

Reël 3:

Aan die einde van die maand wanneer jy oor jou tydbestuursplan en beplanning terugkyk, spandeerten minste ’n uur om alles te hersien wat jy tot dan gestudeer het.

Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Saturday Sunday

1 2 3 4 5 6

7 8 9 10 11 12 13

14 15 16 17 18 19 20

21 22 23 Skole heropen!UGGGGH!!

24 Skool: 8 - 2.30Swem: 3 - 4Huiswerk: 5 - 7Swot Wet: 8 - 9

25 Skool: 8 - 2.30Drama: 2.45 - 4.30Huiswerk: 5 - 7Swot Bio: 8 - 9

26 Werk ingeskenkwinkel: 9 - 1Fliek: 3 - 5Hersien Wet en Bio:7 - 8

27 Swot Gesk:6.30 - 7.30Bad hondFamiliepiekniekKerk

28 Skool: 8 - 2.30Swem: 3 - 4Huiswerk: 5 - 7Swot Aard: 8 - 9Hersien Gesk

29 Skool: 8 - 2.30Tandarts: 3.30 - 4Huiswerk: 4.30 -5.30Ouma verjaar: 7

30 Skool: 8 - 2.30Swemgala: 3 - 5Huiswerk: 6 - 7.30Hersien Aard: 20 minSwot Eng.Toets

31 Skool: 8 - 2.30Swem: 3 - 4Huiswerk: 5 - 7Begin Bio projek:8:30 – 9:30

4Slim Studie

Page 9: SLim studie - cvodankbaar.co.za · Inleiding Hierdie gids sal jou help met: • beplanning van jou studie, • hoe om te studeer, • die onthou van wat jy gestudeer het,en • die

3. HANTERING VAN PROJEKTE EN WERK-STUKKE:

Daar mag van jou verwag word om werkstukke of projekte gedurende die kwartaal in te gee. Hierverwys ons na hul bloot as werkstukke. Hier is ’n paar wenke wat jou sal help om werkstukke tebeplan en te skeduleer:

Skep ’n Meesterwerkstukplan, al het jy net een werkstuk vir die hele kwartaal. Die moontlikheidis groter dat jy aan verskeie werkstukke terselfder tyd sal moet werk.

3.1 Beplanning van verskeie werkstukke1. Identifiseer die werkstukke wat gelyktydig aangepak moet word.2. Skeduleer take wat nodig is om die werkstukke teen die sperdatum te voltooi.

Die vier stadiums van beplanning:1. Skryf die werkstuktitels neer en die tyd wat jy sal nodig het om elkeen te voltooi.2. Vir elke werkstuk, maak ’n lys van die belangrikste take wat nodig is om elkeen te voltooi. Plaas hierdie

in die regte volgorde.3. Stel ’n rooster op. Skryf die sperdatums in. Dupliseer die lys van take (2 hierbo) hier en gee aan elkeen

’n datum.4. Skryf hierdie datums in jou tydbestuursplan in. Maak aanpassings om ’n bottelnek teen die einde te

verhoed.

3.2Defineer die Taak• Hanteer elke werkstuk afsonderlik:• Hoe moet dit uiteindelik lyk en watter kriteria gaan gebruik word om dit te assesseer.• Vra vrae indien iets onduidelik is.

Voorbeeld: Lewenswetenskappe-werkstuk vir eerste kwartaal:

Identifiseer ’n kind, ’n tiener en ’n volwassene wie se diëte jy oor twee wekekan volg. Stel ’n grafiek op waarin jy voedsaamheid van elkeen se dieet kanontleed. Stel vas of elkeen voldoende voedingswaarde ontvang, hou ingedagte hul ouderdom, geslag en aktiwiteite. Indien die voedingswaarde nieideaal is nie, stel moontlike veranderinge voor.Sperdatum: 16 Maart

5 Slim Studie

Stel doelwitte en bestuur tyd

Page 10: SLim studie - cvodankbaar.co.za · Inleiding Hierdie gids sal jou help met: • beplanning van jou studie, • hoe om te studeer, • die onthou van wat jy gestudeer het,en • die

3.3 Beplanning van jou Tyd:1. Breek die werkstuk in individuele stappe / beheerbare take op2. Identifiseer ’n uitkoms vir elke taak3. Bepaal hoeveel tyd vir elke taak nodig is4. Verdubbel die geskatte tyd nodig5. Gebruik ’n almanak om die sperdatums op in te vul6. Begin NOU!!!

Voorbeeld van ’n meesterwerkstukplan:

Skryf hierdie datums in jou Tydbestuursplan.Probeer om so ver as moontlik by die plan te

hou. Onthou dat behalwe vir die werkstukke is daar nog toetse en eksamens waarvoor jy

deeglik sal moet studeer.

Ure x2 Sperdatum

1. Leers die werkstukinstuksies. Maak ’n lys van alles wat nodig is. Leesinstruksies, identifiseer deelnemers, versamel inligting oorvoedingswaardes, ens.

1 = 2 30/01

2. Vind uit wat in die biblioteek beskikbaar is, en so meer.Verwys ook na die handboek.

3 = 6 2/02

3. Lees die naslaanbronne wat jy gekies het, maak notas.Notes oor die deelnemers se diëte: 4 - 18 Februarie, asookvolgehou naleeswerk

15 = 30 4 - 24/02

4. Organiseer notas in ’n raamwerk Stel ’n grafiek op, analiseer, maak berekenings, en so meer.

5 = 10 26/02 -3/03

5. Skryf eerste konsepdokument 6 = 12 3 - 9/03

6. Proeflees en hersien 3 = 6 11 - 14/03

7. Voeg die bibliografie en omslag by 1 = 2 15/03

6Slim Studie

Page 11: SLim studie - cvodankbaar.co.za · Inleiding Hierdie gids sal jou help met: • beplanning van jou studie, • hoe om te studeer, • die onthou van wat jy gestudeer het,en • die

STAP 2: HOE OM TE STUDEER ...

1. VOORBEREIDING VIR STUDIE:

1.1 Beplan tyd• wanneer werk jy die beste - vroegoggend, saans?• waar hou jy daarvan om te werk - biblioteek, tuis?• wanneer kan jy ongehinderd werk?• sal jy met ander mense moet werk? Indien wel, saam met wie?

1.2 Identifiseer jou Leerstylvoorkeure:Hoe onthou jy inligting?

• Visueel – prente, kleure, grafieke, geheuekaarte, en so meer;• Ouditief – jy het nodig om die inligting te hoor om dit te onthou; en• Kineties – jy is ’n aktiewe leerder, jy het nodig om rond te beweeg terwyl jy leer.

Verder in die gids is daar inligting oor verskillende studietegnieke wat jy by jou leerstylvoorkeure kanaanpas, ofskoon jy ’n visuele, ouditiewe of kinetiese tipe leerder is. Maar maak nie saak watter tipeleerder jy is nie, gebruik ’n bietjie tyd ter voorbereiding van jou studiesessie:

1.3 Geestelik gereed vir Studie• Gebruik ontspanningstegnieke om jou gedagtes te kalmeer• Orden jou doelwitte en prioriteite vir die studieblok• Visualiseer dat jy jou volle konsentrasie kan gee• Gevoelswoorde vir sukses: inspanning, entoesiasme, energie, gewilligheid• Gebruik positiewe self-gesprekke om jou houding positief te hou

Om konsentrasie te verbeter :

Ontwikkel gekonsentreerde luistervaardighede, noodsaaklik vir die neem van notastydens lesings, die volg van besprekings en kommunikasie met ander.Voorbereiding van die fisiese omgewing: volumevlak van musiek, tafel, stoel, netjiesewerksoppervlakte, goeie beligting, hulpbronne byderhand.

7 Slim Studie

Page 12: SLim studie - cvodankbaar.co.za · Inleiding Hierdie gids sal jou help met: • beplanning van jou studie, • hoe om te studeer, • die onthou van wat jy gestudeer het,en • die

2 HOE OM TE STUDEER :Twaalf Geheuebeginsels

1. Leer om selektief te wees wanneer jy studeer, konsentreer op die betekenisvolle inligting. Jy kan nieelke detail, voorbeeld en woord onthou nie.

2. Assosieer nuwe inligting met dit wat jy reeds ken. Sodoende sal jy vinniger en ’n meer omvattendebeeld van jou studies kry.Vra jouself af:Wat weet ek regtig van hierdie vak of leerarea? Het ek ietssoortgelyk hieraan al gesien? Hoe pas dit in met dit wat ek voorheen geleer het?

3. Visualiseer wat jy geleer het. Dit neem oefening en is die moeite werd, want dit lei tot betergeheuevaardighede. Deur visualisering te gebruik, verwerk jy inligting deur jou hele brein te gebruik:woorde word in die linker hemisfeer gestoor, terwyl beelde in die regter hemisfeer gestoor word. Jykan ook probeer om ‘stories’ of ‘rolprente’ in jou geheue te stoor; begin deur ’n sin te leer, maak jouoë toe en kyk hoe die inligting wat jy nou net gelees het oor die ‘skerm’ beweeg asof ’n ‘rolprent’.Nadat jy die sin gevisualiseer het, doen dieselfde met konsepte, paragrawe, afdelings en die heleleerarea / vak.

4. Studie vereis inspanning; dit vereis motivering en vasberadenheid om inligting in te neem, te repeteeren dit te herroep. Skep jou eie studiegereedskap, span jouself in en met deeglike studie sal jou punteverbeter en sal jy beter oor jouself voel.

5. Konsentreer terwyl jy studeer. Jy sal kosbare tyd moet gebruik om te studeer, moet dus nie tyd morsdeur toe te laat dat jou gedagtes maklik van jou taak afgelei word nie.Wees wakker en gefokus.

6. Dra inligting voor terwyl jy studeer; gebruik volsinne en jou eie woorde, gee voor dat jy dit aan ’nvriend verduidelik. Gaan terug en maak seker dat jy reg is en voeg detail by.Voordrag hou jou gefokusop begrip eerder as op pappegaaiwerk, want jy maak die inligting jou eie. Jy aktiveer jou ouditiewesintuigpersepsie wat jou langtermyngeheue versterk.

8Slim Studie

’n Paar ontspanningstegnieke

Strelende Masker – gebruik jou vingers om liggies oor jou gesig te vee, van jou voorkop tot by jou ken en weer terug;

Ontspanningskombers – maak jou oë toe en verbeel dat jy ’n warm kombers stadig oorjou liggaam trek, van jou voete tot by jou bors, dan

Haal in 3’e asem – trek stadig asem op ’n telling van 3 in, asem stadig uit op ’n telling van 3, doen dit verskeiekere, of

Haal diep asem – haal diep asem, hou dit verskeie sekondes, en asem stadig uit totdat jou longe leeg is.

Met ’n oop, kalm gemoed sal jy gereed wees om jou

studiesessie te begin.

Page 13: SLim studie - cvodankbaar.co.za · Inleiding Hierdie gids sal jou help met: • beplanning van jou studie, • hoe om te studeer, • die onthou van wat jy gestudeer het,en • die

7. Stel belang in wat jy moet leer. Jy kan hierdie belangstelling skep deur vir ’n eie doel of waarde indie inligting te soek. Hoekom is die inligting vir jou belangrik? Waarvan hou jy die meeste in die vakof leearea? Versterk en beklemtoon die positiewe eerder as die negatiewe. Neem jou houding inoënskou en kyk of jou gebrek aan belangstelling te doen het met ’n vorige ervaring of insident in dieklas. Spreek dit dit aan!

8. Sien die ‘groot’ en die ‘klein’ prentjie. Studie wat op begrip gebaseer is, vereis die gebruik van tenminste twee vlakke van inligtingontsluiting. Op die eerste vlak is die ‘groot prentjie’ die algemenekonsep of kategorie; terwyl die ander vlak die ‘kleiner prentjie’ is, met ander woorde dit waaruit die‘groter prentjie’ bestaan . Hier kan jy visuele geheuekaart gebruik: plaas die ‘groot beeld’ (konsep ofkategorie) in die middel van die bladsy en omring dit met die besonderhede wat met die hierdiekonsep verband hou.

9. Verskaf aan jouself terugvoering en toets jouself met self-toetsing en self-ondervraging. Dra dieinligting voor, skryf opsommings (moenie na jou notas kyk nie!), teken geheuekaarte en prente. Gaanterug na die oorspronlike en maak seker dat jy reg is.

10. Organiseer inligting in betekenisvolle groepe. Rangskik jou inligting in die gepaste volgorde waarindit voorkom. Gebruik ’n tydlyn. Groepeer inligting in betekenisvolle kategorieë: identifiseer dit wat‘saam hoort’ weens hul gemeenskaplike karaktertrekke. Gebruik visuele geheuekaarte.

11. Gebruik tyd tot jou voordeel. Beplan jou studie effektief, mik vir blokke van 50 minute vangekonsenteerde inspanning. Om elke dag ’n vak of leerarea vir 50 minute te studeer is meer effektiefas om alles op een dag vir verskeie ure te probeer inprop.

12. Gebruik voortdurende hersienning om die herwinning van inligting te oefen. Moenie voor ’n toetsof eksamen alles probeer inprop nie. Hersien gereeld! Sodoende sal die inligting met jou bly.

3 OPROEP VAN DIT WAT JY GELEER HET:Om te verseker dat jy dit onthou wat jy geleer het,• Moet jy gereeld hersien.• Wanneer jy probeer onthou wat jy geleer het, dink in kategorieë.• Oefen verskillende metodes om inligting te herwin. Dit kan voordrag, opsomming, teken of

herskepping insluit, of bring dit in verband met ander inligting wat jy reeds geleer het.

Die volgende is ’n paar metodes om inligting te herwin. Die 2O2VLH-metode verduidelik hoe ominligting te selekteer en te verwerk, terwyl die Cornell-sisteem ’n bruikbare en effektiewe metode omnotas te neem, verduidelik.

9 Slim Studie

Page 14: SLim studie - cvodankbaar.co.za · Inleiding Hierdie gids sal jou help met: • beplanning van jou studie, • hoe om te studeer, • die onthou van wat jy gestudeer het,en • die

3.1 2O2VLH – ’n Metode om inligting te selekteer en te verwerkLees sistematies jou studiemateriaal en/of handboeke en pas die 2O2VLH-metode toe:1. Ondersoek die hoofstuk2. Skryf vrae vir elke opskrif en sub-opskrif neer3. Lees die inligting paragraaf vir paragraaf4. Optekenning van inligting: selekteer ’n metode om notas aan te teken en teken inligting aan (sien

Cornell-sisteem hieronder)5. Voordrag van belangrike inligting in die paragraaf 6. Hersien hoofstukinligting

1. Ondersoek:

Lees versigtig: . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Die titel van die hoofstukDie inleidingHoofstukdoelwitteOpskrifte en Onderopskrifte

Kyk : . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Na visuele hulpmiddels (geheuekaarte, grafieke, ens.)Lees: . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . KantlynnotasKyk vlugtig: . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Na vetgedrukte en kursiewe vakterme Lees: . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Vrae oor hoofstuk en opsomming

Ondersoek is ’n opwarmingsaktiwiteit en fokus jou gedagtes en berei jou voor vir jou werk.

2. Vrae:

Vrae soos wie, wat, waarom, watter, wanneer, waar en hoe stel ’n doelwit vir lees, help jou om tekonsentreer; en ’n verskerping van konsentrasie beteken verhoogde begrip.

3. Lees met versigtigheid:

Een paragraaf op ’n slag. Bly gefokus en konsentreer. Lees paragrawe hardop; soek onbekende woordeen definisies; soek die onderwerpsin waarin die hoofgedagte is; soek vir detail wat die onderwerpuitbrei en ondersteun en hersien die vorige paragraaf se notas.

4. Opneem van inligting:

Gekonsentreerde vorm van inligting, om te skryf beteken jy is aktief by die leerproses betrokke.

5. Voordrag:

Dra die notas hardop voor, in vol sinne.Wanneer jy jou eie woorde gebruik, verskerp jy jou begrip.Gaan terug om akkuraatheid te toets; nou is jy besig met aktiewe leer. Om ’n hoofstuk op hierdie wysete lees, beteken dat jy nie hoef terug te gaan om dit weer te lees nie.

6. Finale stap: Hersienning

Antwoord vraeMaak opsommingStudeer en dra jou notas voor.

10Slim Studie

Page 15: SLim studie - cvodankbaar.co.za · Inleiding Hierdie gids sal jou help met: • beplanning van jou studie, • hoe om te studeer, • die onthou van wat jy gestudeer het,en • die

3.2Effektiewe opsomming: die Cornell-sisteemDie doel van opsomming is dat dit so akkuraat en gedetaileerde is dat jy nie nodig het om na die boekterug te gaan nie. Opsomming is vir verskeie redes belangrik:• Sodoende word jy ’n aktiewe leerder deurdat jy belangrike inligting soek en dit neerskryf.• Dit fokus en organiseer die inligting logies.• Sodoende selekteer jy belangrike inligting en verminder jy dit in ’n formaat wat maliker is om te

studeer en hersien.• Jy het dus minder notas vir toekomstige hersienning.

Vir die Cornell-sisteem, trek ’n 10cm kantlyn aan die linkerkant van jou notapapier of notaboek.Allenotas wat jy neem doen jy net op die voorkant van die papier, die agterkant word vir ander doeleindesgebruik.Aan die bokant van eerste bladsy, skryf die vak of leerarea se naam, die hoofstuknommer endie datum. Op die volgende bladsye, skryf slegs die hoofstuknommer en die bladsynommer van jounotas.

11 Slim Studie

Vak / Leerarea, hoofstuknommer, datum Hoofstuknommer en bladsy

bladsy een van notas bladsy twee van notas

Page 16: SLim studie - cvodankbaar.co.za · Inleiding Hierdie gids sal jou help met: • beplanning van jou studie, • hoe om te studeer, • die onthou van wat jy gestudeer het,en • die

1. Maak notas/opsommings in die regterkantste kolom:

Lees elke paragraaf deeglik, besluit wat is belangrik en maak notas. Jou opsomming moet ’nverminderde weergawe van jou studiemateriaal wees, anders mors jy tyd. Skryf eers die opskrif neeren onderstreep dit. Lees die eerste paragraaf. Identifiseer die belangrikste punte, skryf hul neer ennommer hul. Hou so vol , paragraaf vir paragraaf. Voordat jy ’n nuwe opskrif skryf, laat twee reëlstussen afdelings oop; net vir ingeval jy wil inligting byvoeg. Skryf die bladsynommer neer indien daarin die studiemateriaal belangrike grafieke of sketse is waarna jy moet verwys, anders kopieer dit.

2. Verminder:

Nadat jy die inligting klaar opgesom het, maak die handboek (of ander leermateriaal) toe en begin omjou opsomming in die linkerkantste kolom, die herroepkolom, te verminder. In Stap 1 het jy dus dieinligting in die regterkanste kolom tot net die belangrikste verminder. Nou in Stap 2 verminder jy ditselfs verder. Kopieer die opskrif van jou notas in die herroepkolom. Lees weer deur jou opsommingin die regterkantste kolom. Reg teenoor elke belangrike punt, skryf vir jouself in die herroepkolomiets om jou aan die punt te herinner. Skryf dit as ’n studievraag neer: Waarom? Hoeveel tipes …?Noem die … . Of jy kan net sleutelwoorde neerskryf. Hierdie woorde moet jy met die inligting inverband kan bring.Wees kort!

3. Voordrag:

Maak die notas in die regterkantste kolom toe. Begin aan die bokant van die herroepkolom. Lees dieopskrif en die eerste sleutelwoord of studievraag.Verduidelik die inligting en beantwoord die vraag.Praat hardop en in volledige sinne. Indien jy die inligting nie onthou nie, vergewis jou van dit in dieregterkantse kolom. Lees weer deur die inligting. Maak dit toe en dra die weer voor. Gaan op hierdiewyse deur jou opsommings.Verander jou notas in die herroepkolom indien nodig.

4. Reflekteer:

Neem tyd om oor die inligting in jou opsommings te dink. Kry ’n globale prentjie van die hoofstuk sestruktuur deur al die herroepkolomme te visualiseer.Trek verbande tussen die inligting, en ook vorigeinligting, met jou persoonlike ervaring. Skryf jou eie opsomming neer. Gebruik nou die agterkant vandie notapapier of bladsy in jou boek om lyste van die inligting en die vrae te maak; gebruikgeheuekaarte of ander studiehulpmiddels byvoorbeeld flitskaarte.Vat jou tyd om te dink – wat is diehoofgedagtes in die hoofstuk? Wat was vir jou interessant?

5. Hersien:

Inligting bly deur hersienning in jou geheue lewendig.Voordat jy jou boeke wegpak, doen onmiddellikehersienning van jou herroepkolomme.Verdere hersiening sal nodig wees indien jy deur die jaar meeren meer inligting in jou langtermyngeheue wil berg. Jy moet seker maak dat die ‘ou’ inligting geoefenword. Deur voortdurende weeklikse hersienning sal jy tyd op die lange duur spaar. Jy sal uiteindeliknie nodig hê om voor toetse en eksamens inligting in te prop nie.

Die Cornell-sisteem1. Maak notas/opsommings in die regterkantste kolom2. Verminder jou notas in die herroepkolom aan die linkerkant3. Dra hardop voor vanaf die herroepkolom4. Reflekteer oor dit wat jy studeer5. Hersien jou notas gereeld en onmiddellik

12Slim Studie

Page 17: SLim studie - cvodankbaar.co.za · Inleiding Hierdie gids sal jou help met: • beplanning van jou studie, • hoe om te studeer, • die onthou van wat jy gestudeer het,en • die

Opsomming van die Cornell-sisteem:

1. Selekteer belangrike inligting en som dit in die regterkantste kolom op.2. Verminder die inligting tot sleutelpunte en studievrae in die linkerkantste kolom.3. Maak die regterkantste kolom toe en dra die inligting die volsinne voor; gebruik die linkerkanste

kolom as ’n gids.4. Reflekteer oor die materiaal, soek verbande en skep studiegereedskap.5. Gebruik onmiddellike en voordurende hersienning om die inhoud te herhaal.

Example:

13 Slim Studie

Gevolge van Franse Rewolusie Gevolge van Franse Rewolusie

Die gevolge is …. 4)

1. Wat word vervang?Vryheid van … (3)Veranderinge in staatsdiens: (2)Stem …

2. Gelyke …

3. Wat word afgeskaf? (3)Wat van belasting?

4. Wat gebeur met die volk?(3)

1. Politiek: Republikeinse regeringsvorm vervang koningskap; volksreg vervang goddelike reg; stemreg; vryheid van spraak, pers en godsdiens; enkele regstelsel; suiwer staatsdiens van korrupsie, eenvormigheid

2. Maatskaplik: alle mense gelyk, gelyke geleenthede

3. Ekonomie/Finansieel: almal betaal belasting; tolgrense afgeskaf; gildes afgeskaf; feodale afgeskaf.

4. Nasionalisme: patriotisme; verpligte militêre diens, volkssimbole

Jy sal oplet dat die klem op voordurende hersienning lê. Om hierdie taak makliker te maak, is dieskep van eenvoudige studiegereedskap uiters waardevol. Hier word die volgendestudiegereedskap beskryf: flitskaarte, grafiese organiseerders en geheuebrûe.

Page 18: SLim studie - cvodankbaar.co.za · Inleiding Hierdie gids sal jou help met: • beplanning van jou studie, • hoe om te studeer, • die onthou van wat jy gestudeer het,en • die

4 SKEP STUDIEGEREEDSKAP:4.1 Flitskaarte: bou aan jou woordeskat:

Woordeskat en vakterme is die basis van begrip vir enige vak of leerarea, daarom moet jysleutelvakterme deeglik ken. Flitskaarte is effektief omdat dit aan jou onmiddellike terugvoering gee;hulle is kompak en maklik om tydens studie en vir blitsige hersienning te gebruik.

Hoe om ’n flitskaart te maak:

1. Gebruik ’n A4 karton en sny dit in vier ewe groot stukke. Jy kan verskillende kleure vir verskillendevakke gebruik.

2. Op die voorkant van die kaart skryf die woord of konsep neer, en skryf die definisie of verduidelikingop die agterkant neer.

3. Wanneer jy die kaarte vir studie gebruik, maak ’n stapel sodat die woorde/konsepe met hul gesigtena bo lê. Sê die woord hardop.

4. Sê dit wat jy weet omtrent die woord/konsep hardop. Moenie agterop kyk nie.5. Wanneer jy klaar met jou voordrag is, draai die kaart om. Indien jy reg was, plaas dit in die ‘Ja, ek is

reg!’ hopie.6. Indien dit vir jou duidelik is dat jy nie die woord/konsep kan omskryf nie, lees die definisie of

verduideliking stadig en hardop. Dink na oor die inligting. Probeer om dit te visualiseer. Plaas dit in die‘Ek moet nog meer leer’ hopie.

7. Hersien die ‘‘Ek moet nog meer leer’ hopie.8. Gebruik die flitskaarte vir voortdurende hersienning.

Studeer van agter af:

1. Lees die definisie of verduideliking op die agterkant van die kaart.2. Identifiseer die woord of vakterm wat jy dink by die definisie pas.3. Op ’n stukkie papier skryf die woord of vakterm neer.4. Draai nou die kaart om en kyk of jy reg is en of jy dit reg gespel het.5. Maak weer twee hopies – een vir dié wat jy reg het, en vir dié waaroor jy onseker is.6. Hersien die kaarte waarna jy weer moet kyk.7. Gebruik voordurende hersienning vir die volledige stel kaarte.

4.2 Grafiese Organiseerders: Waardevolle gereedskap vir die beplanning, begrip, onthou en assessering van kennis:Daar is vier basiese patrone van kennisorganisasie:• Konseptueel • Hiërargies • Sekwentueel • Silindries.Grafiese organiseerders kan vir enige van hierdie vier ontwerp word:

14Slim Studie

Page 19: SLim studie - cvodankbaar.co.za · Inleiding Hierdie gids sal jou help met: • beplanning van jou studie, • hoe om te studeer, • die onthou van wat jy gestudeer het,en • die

4.2.1 Konseptueel: Hierdie patroon sluit in ’n sentrale idee, kategorie of klas. Rondom hierdie sentrale idee wordondersteunende inligting soos karaktertrekke, voorbeelde, beskrywings (sien geheuekaartehieronder), probleem/oplossing, vergelyking/kontras, en so meer georganiseer.

basiese struktuur

Voordele van Grafiese Organiseerders:

- Om aandag op sleutelelemente fokus - dit is nodig om tussen die ‘groot idees’,‘klein idees’ endie ondersteunende besonderhede te onderskei.

- Om vorige kennis met nuwe inligting te integreer.Verskaf ’n raamwerk vir die bywerking vannuwe kennis. Jy kan nuwe inligting dus met ou kennis in verband bring, die leer van nuweinligting is dus makliker.

- Om konsepontwikkeling versterk - die voorstelling van kernidees d.m.v. gepaste woordeskathelp om die kenmerke van die konsepte te onderskei. Dit help met begrip en leer, want jygebruik woordeskat wat omskrywend is, duidelikheid gee en die inligtingstruktuur van diekonsep illustreer.

- Om te help met ondersteuning, beplanning en hersienning. Grafiese organiseerders is ’neffektiewe manier om dit wat jy skryf te dinkskrum, beplan en organiseer.

15 Slim Studie

Tema

����������

����������

����������

����������

sleutelwoord

sleutelwoord sleutelwoord

sleutelwoord

sleutelwoord sleutelwoord sleutelwoord sleutelwoord

Page 20: SLim studie - cvodankbaar.co.za · Inleiding Hierdie gids sal jou help met: • beplanning van jou studie, • hoe om te studeer, • die onthou van wat jy gestudeer het,en • die

Jy kan geheuekaarte maak van:

1. ’n paragraaf of ’n groep paragrawe onder een opskrif2. ’n onderwerp of ’n leerarea/vak wat in verskillende hoofstukke opgebreek is3. jou lesingnotas4. inligting wat jy vir ’n toets moet hersien5. elke hoofstuk wat jy gestudeer het6. idees wat jy vir ’n opdrag of ’n toespraak gedinkskrum het

Hoe om geheuekaarte te skep:

1. Skryf neer die ondewerp in die middel van die bladsy2. Skryf neer die hoofgedagtes of hoofopskrifte en verbind hul met lyne met die onderwerp3. Voeg by belangrike inligting om die hoofgedagtes te ondersteun4. Voeg by enige nodige minder belangrike besonderhede

Skryf iets oor of teken ’n prent in die middel van die bladsy wat die hoofonderwerp voorstel.Trek ’ngekleurde rand of patroon rondom dit. Rangskik dan die hoofgedagtes rondom die hoofonderwerp.Om hul te laat uitstaan, kan jy ook om hul ’n rand trek, natuurlik verskillend van die hoofonderwerp.Die hoofgedagtes word gewoonlik kloksgewys rondom die hoofonderwerp gerangskik – laat genoegspasie tussen hul toe. Verbind met lyne die hoofgedagtes met die hoofonderwerp. Nou kan jy diebelangrikste ondersteunende besonderhede onder elke hoofopskrif in ’n ander kleur neerskryf. Skryfslegs sleutelwoorde neer wat vir jou sal help om die inligting in volsinne te kan voordra. Diesleutelwoorde is gewoonlik ’n selfstandige naamwoord – mense, plekke en dinge; asook werkwoorde,handelings. 90% wat in sinne gebruik word, is onnodig. Sleutelwoorde spaar tyd, maar geheuekaarteverbind al die inligting duidelik. Jou brein trek verbande tussen sleutelwoorde, nie sinne nie, en daaromis die begrip en herroep van inligting meer.Wees selektief, sluit net soveel besonderhede as wat nodigis om belangrike inligting te onthou, in. Indien nodig, voeg minder belangrike besonderhede by; gebruikdieselfde prosedure as vir die hoofgedagtes.Hersien 10 minute na studie. Jou geheue vir besonderhede is dan die skerpste, jou eerste hersienningis om die inligting vas te lê. Hersien weer, 24 uur later. Dan hersien jy elke 2 – 3 dae, dan elke week,en dan elke twee weke.Geheuekaarte sal jou tyd bespaar – kaarte kan vinnig gelees word, sonder om tyd te verspil deur niebelangrike woorde te lees. Nadat jy die inligting ’n paar keer hersien het, sal dit in jou geheue vasgelêwees.

Voordele van geheuekaarte:

- Gebruik albei dele van die brein (die hele brein)- Werk d.m.v. ’n reeks verbande en assosiasies- Maak onthou makliker- Laat toe dat idees vloei- Kan weer gelees word en kan maklik en vinnig hersien word- Gebruik slegs een sleutelwoord, wat die geheue versterk en tyd bespaar- Hou jou op die hoofgedagte gefokus- Maak dit maklik om gedagtes te verbind- Maak dit maklik om byvoegings te maak- Vang al die inligting op een bladsy vas, soos ’n kaart- Gebruik die brein se potensiaal ten volle

16Slim Studie

Page 21: SLim studie - cvodankbaar.co.za · Inleiding Hierdie gids sal jou help met: • beplanning van jou studie, • hoe om te studeer, • die onthou van wat jy gestudeer het,en • die

Hier is ’n paar voorbeelde van konseptuele organiseerders:

1. Geheuekaart

2. venn-diagram: vergelyk tipes sonette

17 Slim Studie

Oorsake van Franse Rewolusie

Onbekwaamheid van heersers

Finansiële bankrotskap

Denkers en skrywersverkondig nuwe ideologieë

Amerikaanse Vryheidsoorlog

Montesquieu

Voltaire

Rousseau

Ensiklopediste

Fisiokrate

Struktuur:3 kwartryne; koeplet

Rymskema:abab, cdcd, efef,

Wending:Voor koeplet

Struktuur: 1 oktaaf +1 sekstet

Rymskema:abba, abba, cdc, dcd

Wending: Tussenoktaaf en sekstet

14 reëls

5-voetig en jambies

Italiaanse Sonnet Engelse Sonnet

Page 22: SLim studie - cvodankbaar.co.za · Inleiding Hierdie gids sal jou help met: • beplanning van jou studie, • hoe om te studeer, • die onthou van wat jy gestudeer het,en • die

Hoe om geheuekaarte te bestudeer:

Geheuekaarte is kragtig en effektief omdat hulle op geheuebeginsels wat jou met die leer van nuweinligting help, gebaseer is. Die inligting op hierdie kaarte is logies georganiseer, toon verbande en helpjou om een gedagte met ’n ander te assosieer. Konsentrasie en belangstelling vermeerder omdat jyjou werk kreatief voorstel; soos wat jy voordra, hersien, terugvoering ontvang en visualiseer, word dieleerproses versterk.

1. Visualiseer en dra die onderwerp in die middel van die bladsy voor.2. Visualiseer en dra die hoofgedagtes voor.3. Toets die akkuraatheid van jou voordrag deur na jou kaart te kyk.4. Gaan terug na die eerste hoofgedagte. Sonder om na die papier te kyk, dra die belangrike en minder

belangrike besonderhede van die hoofgedagte voor.5. Toets die akkuraatheid van jou voordrag deur na jou kaart te kyk.6. Gaan so voort totdat jy al die hoofgedagtes, belangrike en minder belangrike inligting voorgedra het.7. Gebruik reflekteringsaktiwiteite soos om die geraamte van die die kaart te trek en dan, sonder om

na die oorspronklike kaart te kyk, die woorde van die onderwerp en hoofgedagtes in te vul. Ofprobeer om die kaart oor te trek met soveel moontlik belangrike en minder belangrike inligting,sonder om na die kaart te kyk of jou eers ’n geraamte te gee. Herhaal die proses van visualisering envoordrag vir die hele kaart.

8. Gebruik voordurende hersienning.

Onthou wanneer jy geheuekaartegebruik:- Gebruik slegs sleutelwoorde sodat jou kaart nie volgeprop en

deurmekaar is nie- Skryf horisontaal- Trek patrone of raampies om elke vlak sodat dit kan uitstaan- Gebruik kleure indien jy wil.

18Slim Studie

Page 23: SLim studie - cvodankbaar.co.za · Inleiding Hierdie gids sal jou help met: • beplanning van jou studie, • hoe om te studeer, • die onthou van wat jy gestudeer het,en • die

4.2.2 Hiërargies: Hierdie patroon organiseer die hoofgedagtes, of verskillende vlakke of sub-konsepte onder diehoofonderwerp.

Basiese struktuur

Hiërargieë en hoe om hul te skep:

Met hiërargieë word inligting in vlakke van belangrikheid van bo na onder georganiseer. Indiengeheuekaarte met lyne wat dwarsoor die bladsy strek vir jou moeilik is om te leer, mag dit vir joumakliker wees om dit hiërargies te organiseer. Die stappe om ’n hiërargie te skep is baie dieselfde soosdie van geheuekaarte, dieselfde vlakke van inligting word gebruik: hoofgedagte, belangrike inligting,minder belangrike inligting.

1. Skryf vlak een inligting (die onderwerp) bo-aan die hiërargie2. Trek lyne afwaarts van die onderwerp na vlak twee inligting (die hoofgedagtes)3. Onder elke hoofgedagte, trek vertakkings na vlak drie inligting (belangrike inligting)4. Voeg ’n vlak vier inligting by (minder belangrike inligting) indien nodig

Soos met geheuekaarte moet hiërargieë ook gevisualieer, voorgedra en hersien word om effektief tekan werk.

Voorbeeld van ’n hiËrargiese organiseerder

VRUGTE

Sagte

Appels

Granny Smith, Starking, ens

Lemoen Veselperskes

Seville, Jaffa, ens Pappegaaibek, Veselloos,ens

Sitrus Sub-tropies/tropies

Tema

Hoofgedagte

sleutelwoord

sleutelwoord

sleutelwoord sleutelwoord

sleutelwoord sleutelwoord

Hoofgedagte Hoofgedagte

19 Slim Studie

Page 24: SLim studie - cvodankbaar.co.za · Inleiding Hierdie gids sal jou help met: • beplanning van jou studie, • hoe om te studeer, • die onthou van wat jy gestudeer het,en • die

4.2.3 Sekwentueel: Hierdie patroon organiseer gebeure in ’n chronologiese orde, bv. ’n tydlyn. Dit is baie bruikbaar omgebeure wat ’n spesifieke begin en einde, ’n oorsaak/effek, chronologie, proses/produk ofprobleem/oplossing het, te organiseer.

Basiese struktuur

Om tydlyne te trek:

’n Tydlyn is ’n visuele voorstelling van ’n reeks gebeure in chornologiese orde (in die volgorde waarindit gebeur het) en word dikwels in geskiedeniskursusse gebruik.

Hoe om tydlyne te skep:

1. Tydlyne verskil in lengte, so kies ’n gepaste grootte papier2. Trek ’n horisontale lyn en vul die datums in3. Skryf die gebeure bo-aan die datums4. Jy kan die visuele aard van die tydlyn verder beklemtoon deur prente wat die gebeure voorstel, te

teken of te plak.

Hoe om ’n tydlyn vir studie te gebruik:

1. ’n Tydlyn gee vir jou konstante visuele input as jy dit teen die muur waar jy studeer, vasplak. Hoe meerjy daarna kyk en daaroor dink, hoe sterker sal die beeld in jou geheue wees.

2. Maak die onderste deel van die lyn toe en dra die datums voor. Maak die boonste deel toe en dra diegebeure voor.

3. Maak geskrewe of verbale opsommings.4. Gebruik voordurende hersienning.

Voorbeeld van ’n tydlyn

Napoleon Bonaparte

Gebôre Hoof van Franse leer 1ste Italiaanse Veldtog Egiptiese Veldtog Coup d’état van Brumaire

1769 1795 1796-1797 1798 1799, ens.

TEMA

Hoofgedagte

sleutelwoordsleutelwoord

sleutelwoord sleutelwoordsleutelwoord sleutelwoord

Hoofgedagte Hoofgedagte

sleutelwoord sleutelwoord sleutelwoord

20Slim Studie

Page 25: SLim studie - cvodankbaar.co.za · Inleiding Hierdie gids sal jou help met: • beplanning van jou studie, • hoe om te studeer, • die onthou van wat jy gestudeer het,en • die

4.2.4 SilindriesHierdie patroon beeld ’n reeks gebeure wat in ’n proses gebeur in ’n sirkelformasie uit. In ’n silindreisepatroon is daar geen begin en ’n einde nie, net ’n voordurende sekwens van gebeure. Hierdie tipeorganiseerder stel ’n reeks, opeenvolging of ’n siklus voor.

Basic structure

voorbeeld van silindriese organiseerder

HOOFGEDAGTE1. sleutelwoord2. sleutelwoord3. sleutelwoord

HOOFGEDAGTE1. sleutelwoord2. sleutelwoord3. sleutelwoord

HOOFGEDAGTE1. sleutelwoord2. sleutelwoord3. sleutelwoord

HOOFGEDAGTE1. sleutelwoord2. sleutelwoord3. sleutelwoord

4

3

2

21 Slim Studie

Lente

Herfs

Winter Somer

Page 26: SLim studie - cvodankbaar.co.za · Inleiding Hierdie gids sal jou help met: • beplanning van jou studie, • hoe om te studeer, • die onthou van wat jy gestudeer het,en • die

4.3 Die skep van geheuebrûe (mnemonics):

Geheuebrûe help om assosiasies in jou geheue te sneller.

Van die vele tipes geheuebrûe word net vyf hier beskryf:Akronieme - woorde wat opgemaak word uit die eerste letters van die sleutelwoordeLetterverse (acrostics) - sinne wat opgemaak word uit die eerste letters van sleutelwoordeRitmes, rympies en slagspreuke - opgemaakte sêgoed, veral vir verbale leerdersAssosiasies - twee idees wat met mekaar verbind wordSpotprente/prente - prente vir meer visuele leerders

• Akronieme:’n Akroniem is ’n woord of woordgroep wat opgemaak word uit die eerste letters van ’n lys items.Die volgende is stappe om akronieme te maak:- Maak ’n lys van al die items wat jy wil onthou, bv. ’n inkopielys:

Piesangs,Suiker,Eiervrug,Tee en Eiers

- Skryf die eerste letter neer, P, S, E, T, E

- Skommel die woorde rond totdat dit ’n woord of ’n groep woorde vorm, bv. PESTE

- Memoriseer jou geheuebrug, en oefen dan waarvoor elke letter staan.

Onthou om slegs een letter vir elke item te kies, anders mag jy dalk dink dat die verskillende lettersverskillende items verteenwoordig , bv. met ‘gebruik ys’, moenie die g en die y gebruik nie, maar netdie y.

• Letterverse (acrostics):Letterverse is sinne wat opgemaak word uit die eerste letters van sleutelwoorde.- maak ’n lys van items wat jy moet onthou, bv. die bogenoemde inkopielys;

Piesangs,Suiker,Eiervrug,Tee en Eiers

- indien daar meer as een woord per item is, kies slegs een woord wat jou die hele item sal laat onthou

- skryf die eerste letter van elke item neer en laat spasie tussen elkeen oop:P… S … E … T… E…

Maak ’n sin deur die letters in daardie orde te gebruik. Dit is makliker om te onthou indien dit snaaks of vir jou betekenis het. ’n Lettervers in die geval sal wees: Piet Sous eet twee

eiers.

Deur van geheuebrûe gebruik te maak, kan jy:

- inligting onthou wat andersins moeilik sou wees- ekstra leidrade hê wat jou sal help om inligting in jou geheue te sneller- ’n element van belangstelling en genot by jou studie voeg.

22Slim Studie

Page 27: SLim studie - cvodankbaar.co.za · Inleiding Hierdie gids sal jou help met: • beplanning van jou studie, • hoe om te studeer, • die onthou van wat jy gestudeer het,en • die

- Memoriseer die sin, en oefen dan waarvoor elke letter staan.• Ritmes, rympies en slagspreuke:

Hierdie word geskep deur te luister na woorde wat rym, soos byvoorbeeld die taalreël: Dieagtervoegsel –te word gebruik by werkwoorde wat op –k, -p en –t en gewoonlik by werkwoorde watop ’n –g, -f en –s eindig en voorafgegaan word deur ’n kort beklemtoonde klinker, gebruik die rympie:Koos Pappegaai gaap saans te fraai! Of die spelling van ‘difficulty’: Mr D Mr I Mr F F I, Mr C, Mr U,Mr L T Y!

• Assosiasie: ’n Item kan gewoonlik onthou word wanneer dit met iets bekends of iets wat ’n soortgelyke kenmerkhet, verbind word.

• Spotprente en prente: Visuele sleutels kan jou help onthou. Sleutelwoorde en besonderhede kan langs aan of binne die prentgeskyf word, bv. Is die Steenbokkeerkring noord of suid van die ewenaar? Dink aan waar ‘stene’ is, opdie grond – so is dit bo (noord) of onder (suid)?

��

23 Slim Studie

Page 28: SLim studie - cvodankbaar.co.za · Inleiding Hierdie gids sal jou help met: • beplanning van jou studie, • hoe om te studeer, • die onthou van wat jy gestudeer het,en • die

5. HERSIENNING:Die belangrikste van hersienning is om herhaaldelik na iets te kyk sodat dit in jou geheue vasgelê word.Indien jy vaardighede soos geheuekaarte, groepering, kategorisering en etikettering, sleutelwoorde ofenige ander tegniek gebruik, dan word hersienning maklik en vinnig.Wanneer jy voor ’n toets of ’n eksamen die inhoud deur en deur moet ken, gebruik die volgende formule:studeer die inhoud, vra vrae, lees weer daar deur, dra die hoofpunte voor en toets om te sien of jy reg is.

Vir gereelde daaglikse, weeklikse en maandelikse hersienning, gebruik die volgende formule:- kry ’n oorsig van die inhoud en probeer om dit in ’n kaart of ’n diagram voor te stel- vluglees dit, merk belangrike punte soos wat jy deur dit gaan, merk die bladsynommers op jou

kaart- selekteer wat jy regtig moet studeer- konsentreer regtig op hierdie gedeeltes deur studie, voordrag en toetsing vir akkuraatheid- som op, maak gebruik van jou kaart en maak notas van jou notas.

STAP 3: MINDER STRES IN EKSAMENS EN TOETSE

Angstigheid oor toetse kan verminder word en jou prestasie kan verhoog word deur jou emosioneel,fisies en geestelik vir ’n toets of ’n eksamen voor te berei.Om jou met jou emosionele voorbereiding by te staan, vra jou gesin en vriende om jou te ondersteun.Praat jouself moed in, vertel jouself hoe goed jy gaan vaar en gebruik visualiserings – verbeel jy is suksesvolen dat jy kan weergee wat jy geleer het.Vertel vir jouself: ‘Ek het gestudeer, ek is gereed, ek het hersien,ek het genoeg tyd en inspanning gebruik’.Gebruik ontspanningstegnieke soos diep asemhaling om jou voor ’n toets te kalmeer.Wees fisies vir die eise van die toets gereed deur ’n goeie nagrus te hê, jouself genoeg tyd vir ’n voedsameontbyt te gee, maak seker dat jy al die nodige byderhand het – penne, potlode, liniaal, sakrekenaar en weesbetyds by die skool sodat jy enige paniek kan verhoed.Jou geestelike voorbereiding is van uiterste belang. Behalwe vir jou basiese studievaardighede, is hier ’npaar ander voorstelle:

• Organiseer jou studiemateriaal; tuiswerkopdragte, materiaal wat uitgehandig is, notas, ou toetse,flitskaarte of enige studiegereedskap wat jy geskep het.

• Stel ’n spesiale studieskedule vir jou toets/eksamenvoorbereiding op.• Maak ’n spesiale stel notas met opsommings wat jy spesifiek moet goed ken – fokus die meeste

van jou studietyd op hierdie notas.• Gebruik studiemetodes wat genoegsame terugvoering gee; vra iemand om vir jou vrae te vra

sodat jy areas kan identifiseer wat jy beter moet leer.• Antisipeer toets/eksamenvrae, oefen dit om dié vrae te antwoord. Kry soveel moontlike inligting

omtrent die toets/eksamen, bv. watter tipe vrae gevra gaan word (veelkeusig, langvrae, ens.), hoelank is die toets/eksamen, hoeveel vrae is daar, watter werk word beskou as besonders belangrik,toets dit net die inhoud of sal jy moet toepassings moet kan maak, ens.

24Slim Studie

Page 29: SLim studie - cvodankbaar.co.za · Inleiding Hierdie gids sal jou help met: • beplanning van jou studie, • hoe om te studeer, • die onthou van wat jy gestudeer het,en • die

Effektiewe tegnieke vir die skryf van Toetse en Eksamens

- ’n Goeie Begin:- arriveer betyds en wees gereed om te begin- skryf enige belangrike inligting wat jy moet onthou, neer- lees die instruksies met omsigtigheid- vluglees deur die hele toets voordat jy begin- begroot jou tyd – hoeveel tyd het jy vir wat nodig

Nou gaan terug en lees versigtig die instruksies en elke vraag.Onderstreep sleutelwoorde/vaktermein die instruksies en die vrae. Fluister die vrae saggies aan jouself, of maak dit met jou mond na.Fokus op een vraag op ’n slag. Ignoreer die ander studente en omgewingsinvloede. Moenie uit diekamer storm sodra jy klaar is nie. Lees deur jou antwoorde, jy mag dalk inligting onthou wat jy kanbyvoeg; moenie paniekerig antwoorde verander nie, behalwe as jy oortuig daarvan is! Indien jy te mintyd het, skryf vinnig ’n paar punte neer wat ten minste vir jou ’n paar punte kan gee as om ’n leëantwoordstel in te handig. Baie belangrik!!! Ontleed jou antwoordstel wanneer dit aan jouteruggegee word en pas jou studietegnieke aan – leer uit jou toetse/eksamens!

SLOT

Lees deur hierdie gids ’n paar keer en reflekteer daaroor. Begin met ’n tydbestuursplan vir diekwartaal, organiseer jou studieruimte. Jy het nodig om met die verskillende studiemetodes teeksperimenteer totdat jy ’n kombinasie kry wat vir jou en jou vakke en leerareas werk.Probeer om by jou tydbestuursplan te bly, verfyn dit indien nodig. Wanneer jy georganiseerd engefokus op jou doelwitte is, sal jy meer in beheer wees; jou selfvertroue in jou vermoëns en jouverbeterde prestasie sal genoegsame beloning wees.Voorspoed!!!

25 Slim Studie

Baie Belangrik!

1. Toets- en eksamenangstigheid en oordrewe stres is weens swak voorbereiding.2. Angstigheid verminder jou vermoë om te konsentreer, om inligting te herroep en om goed te doen.3. Daar is strategieë (sien bo) wat jy kan gebruik om jouself emosioneel, fisies en geestelik vir toetse

en eksamens voor te berei.4. Begin goed, wat beteken dat jy na die instruksies luister en die vraestel lees.5. Soos wat jy deur die toets/eksamen werk, volg die volgende vier stappe om die vrae te beantwoord:

• Beantwoord ontmiddellik die vrae wat jy ken, dan• Antwoord die wat jy nie onmiddellik kon antwoord nie,• Vir die vrae waaroor jy onseker is, gebruik ander dele van die vraestel om jou te help om die

korrekte antwoorde te vind, en• Gebruik ingeligte raaiskote as ’n laaste uitweg om die vrae te beantwoord waaroor jy regtig nie

seker is nie.

Page 30: SLim studie - cvodankbaar.co.za · Inleiding Hierdie gids sal jou help met: • beplanning van jou studie, • hoe om te studeer, • die onthou van wat jy gestudeer het,en • die

BIBLIOGRAFIE

Brain power for kids: How to become an instant genius: Lana Israel with Tony Buzan: 1999: Hippopublications

Essential Study Skills: Linda Wong: 1991: Hougton Mifflin Company

Graphic organisers – Visual strategies for active learning: Karen Bramley, Linda Irwin-de Vitis andMarcia Modlo: 1995: Scholastic Inc.

How to mangae your study time: Roger Lewis: 1994: Harper Collins Manufacturing, Glasgow

Power Learning – A student’s guide to success: Gwen Gawich:1991: Mills Publications

26Slim Studie

Page 31: SLim studie - cvodankbaar.co.za · Inleiding Hierdie gids sal jou help met: • beplanning van jou studie, • hoe om te studeer, • die onthou van wat jy gestudeer het,en • die

Notas:____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

27 Slim Studie

Page 32: SLim studie - cvodankbaar.co.za · Inleiding Hierdie gids sal jou help met: • beplanning van jou studie, • hoe om te studeer, • die onthou van wat jy gestudeer het,en • die

Notas:____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

28Slim Studie