slingervel maart lusmaker

6

Upload: anneke-van-der-walt

Post on 19-Mar-2016

253 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Slingervel maart lusmaker

TRANSCRIPT

Page 1: Slingervel maart lusmaker
Page 2: Slingervel maart lusmaker

2 slingervel maart 2013

REDAKTEUR

Dr Nico vd Merwe

e-pos: [email protected]

Tipografi e en uitleg

Joey Fourie

e-pos: [email protected]

MEDEWERKERS

Dr. Nico van der Merwe

Oordenkings vir tieners en

laerskoolkinders

Marina Kotze

Junior Rubrieke en Penmaats

Riana Jonker

Verjaardaghoekie

Susan Lourens

Boekeblad

Tersia van der Merwe en Rina

Myburgh

Blokkiesraaisels en Kopkrappers

Attie Venter

Wetenskap-Artikels

Rika du Plessis en Sophia van der

Walt

Stories

Artikelskrywers dié uitgawe

Dr. Nico van der Merwe

Basjan

Eienaars en uitgewers

Deputate vir Kerklike Tydskrifte

Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika

Posbus 20008, Noordbrug 2522

Drukkers

V & R Drukkery

Tel. 012 333 2462

Intekening

Administratiewe Buro

Afdeling Publikasies

Posbus 20008, Noordbrug 2522

Tel: 018 297 3986

Intekengeld

R177,00 per jaar

(posgeld en BTW ingesluit)

Advertensietarief

Op aanvraag beskikbaar

by Wymie du Plessis, tel. 018 297

3986

Die Redakteur

Posbus 6433, Flamwood 2572

Bydraes en briewe

Posbus 6433,

Flamwood 2572

Jaargang 54

Nommer 943,

Februarie 2013

ISSN 0037 685 X

3 Die redakteur skryf

4 Verjaardaghoekie

6 Spreuke vir die

tiener verklaar

7 Bybelleesrooster vir

April

8 Oordenkings vir

laerskoolkinders

10 Dankie tog vir

macaroni en kaas!

12 Skommelraaisel

Lewendmaking in

Handelinge

13 Ons Pretblad

14 Rondomtalieraai

Plante-anagram

15 Die lekker taai toffi e

TONG in Afrikaanse

idiome

Dol Defi nisies

Vierkantraaisel

16 'n Wonderlike

estuarium (2)

18 Blokkiesraaisel 445

19 Het jy geweet?

20 Boekeblad

22 Oordenkings vir

tieners

24 Sonder die son kan

lewe op aarde nie

bestaan nieSlingervel, Jaargang 54

Nommer 944, Maart 2013

in hierdie uitgawe ...

Page 3: Slingervel maart lusmaker

6 slingervel maart 2013

dr. nico van der merwe

Steel, verduister, korrupsie,oneerlikheid

Spreuke vir die tiener verklaar

Die spreuke in 10:1-5 vorm ’n eenheid om die tema die regte

en verkeerde manier om te lewe.

Die saak in vers 1 word in 10:23-27 herhaal.

Die saak in vers 2 word in 12:1-4 herhaal.

Die inhoud van vers 3 kom in 14:1-4 weer aan die orde.

Die inhoud van vers 4-5 kom in 15:2-7 weer aan die orde.

Spreuke 10:2 wys op mense wat ongeluk oor hulleself

bring omdat hulle ’n verkeerde lewenswyse kies. Hier in vers 2

gaan dit in die besonder oor mense wat aardse goedere op ’n

onregverdige wyse bekom.

Ons het in die geskiedenis van Suid-Afrika voorbeelde

daarvan. Ag, daagliks gebeur hierdie onregmatighede rondom

ons. Daar is so baie onregverdige of skelm maniere om geld

en goed te kry dat ’n mens nie eens alles sal kan oproep nie.

Diefstal en korrupsie is seker die twee maniere wat die gewildste

is by skelms.

Korrupsie verwys na die skelm manier van geld bekom, veral

by wyse van dreigemente of omkopery.

Die Here verwag van die mens om “deur harde werk op ’n

eerbare manier self in sy lewensonderhoud te voorsien” (Ef.

4:28). Diens aan God is belangriker as enige ander faset van

jou lewe. Christus se verlossing beteken ook dat Hy die dors na

goed verander het na ’n dors na God. Wie geld en aardse goed

as die hoogste doel in die

lewe sien, word deur geld en

besittings besit.

Jou geld en jou besittings !

moet jy verkry deur getrou

jou werk te doen. Teenoor

die harde werker, die

eerlike arbeider, staan

die mens wat sy geld en

besittings op ’n onwettige

manier verwerf.

God se oë sien rowers en !

diewe onder ons mense

wat vir ons as doodeerlike

mense voorkom.

Dink maar hoe het !

Jesus die sakemanne

wat voorgee dat hulle

goeddoen, uit die tempel

gedryf en hulle rowers

genoem het (Matt. 21).

In positiewe sin leer die

Here in Spreuke 10:2 “om te

lewe volgens die wil van God,

red ’n mens van die dood.” SV

Spreuke 10:2

Page 4: Slingervel maart lusmaker

14 slingervel maart 2013

RINA

Vul die blokkies in die rondte in (kloksgewys), sodat die laaste letter van nommer 1 ook die eerste letter van nommer 2 is.

1 God sal die tyd inkort ter wille van hulle

(Matt. 24:22).

2 Die mense se skerp tonge is ______ (Ps.

64:4).

3 Een van Abraham se seuns (Gen. 25:25).

4 Hy was Batseba se man (2 Sam. 11:3).

5 Hulle het Jesus eers na hom toe gevat

(Joh. 18:13).

6 Hy het na Timna toe gegaan (Rigt. 14:1).

7 Een van Bilha se seuns (Gen. 35:25).

8 Hulle is getel in Rigters 20:17.

9 Die Woord van die Here het tot hom

gekom (Eseg. 1:3).

10 Hy was uit die geslag van Nahor (Gen.

29:5).

11 Hy was 'n profeet in die tyd van Dawid (1

Kron. 29:29).

TERSIA

Soek die name van die plante wat in die Bybel

genoem word, op met die hulp van die volgende teksverse. Skommel dan die letters van die anagramme om die korrekte woorde te kry:

Matt. 6:28 Gen. 21:33 Gen. 6:14 Pred. 12:5 (2 name) Lev. 14:4 (2 name) 1 Kon. 6:31 Ps. 45:9 (3 name) Jona 4:6

Page 5: Slingervel maart lusmaker

22 slingervel maart 2013

dr. nico van der merwe

33. God ken jou gedagtes deur en deurLees: Psalm 139:1-12 Teks: Psalm 139:2

Psalm 139 prys God wat alles van jou weet. Hy weet of jy op sy pad

loop. Omdat God alwys, alomteenwoordig en alwetend is, weet Hy

alles en is daar niks wat jy vir Hom oor jouself kan wegsteek nie. Dawid,

die digter van Psalm 139, skryf dat die alwetendheid van God in direkte

ver band met jou persoonlike lewe staan. God weet wat in jou gedagtes, in

jou verbeelding, in jou denke, in jou verstand aangaan. God ken die planne

wat jy maak en Hy ken die mo ewe waarom jy sekere dinge doen soos jy

dit doen. Omdat dit die geval is, moet jy waaksaam wees met wat in jou

hart aangaan (Spr. 4:23). Omdat die Here jou in en deur Jesus Christus

ver los het van jou sonde, moet jy jou hart oopmaak dat die Heilige Gees

daar in kan kom en jou gedagtes en planne reinig.

34. God ken die geheime van jou hartLees: Psalm 44:1-27 Teks: Psalm 44:21-22

Al die wonderdade van God aan die Israeliete se voorouers word in vers

1-9 in herinnering geroep. Daarna word die haglike situasie waarin die

volk verkeer, genoem (vs. 10-17). Nogtans word die volk daarop gewys

dat hulle vertroue in God nog behoue is. As getuie van die egtheid van

hulle geloofsvertroue op God, word die alwetendheid van God ingeroep.

Vir die mens wat in sonde en afvalligheid leef, is die gedagte aan God se

alwetendheid ’n verskrikking. Vir die mens wat opreg is, is die alwetendheid

van God ’n troos. Jy kan nie in die geheim van God afvallig wees en tussen

ander mense maak asof alles in jou hart reg is nie. God ken jou diepste

geheime, ook jou weggesteekte sondes en jou oortredinge van die Here

se wet. Hy roep jou tot bekering!

35. God ken die bedoeling van elke gedagteLees: 1 Kronieke 28:1-10 Teks: 1 Kronieke 28:9a

Ons lees van Dawid se optrede aan die einde van sy lewe. Hy maak

voor siening vir die bou van ’n tempel vir God in Jerusalem. Hy erken

dat God Salomo aangewys het om hom as koning op te volg. Hy vermaan

die volk om getrou en gehoorsaam aan God te wees. Hy doen ’n beroep op

Salomo om God te ken en Hom as ’n werklikheid in sy lewe te ervaar. Eers

dan sal hy God met oorgawe kan dien. Hy moet met ’n rein en gewillige

hart aan God gehoorsaam wees en openhar g met God wees.

Jy kan nie ge dagtes en dade vir God wegsteek nie. Dit is ’n waarheid

wat ook vandag vir jou geld. “Die Here ondersoek alle harte en ken die be-

doeling van elke gedagte” (vs. 9). Dit moet jou opmerksaam maak vir alles

wat jy in jou hart koester en in jou gedagtes beplan.

36. Die Here is ’n God van onpeilbare kennisLees: 1 Samuel 2:1-12 Teks: 1 Samuel 2:3b

Hanna is vol vreugde en blydskap, want God het haar gebed verhoor.

Sy het God gevra om aan haar ’n seuntjie te gee. God doen soos sy in

a! anklikheid van Hom gevra het. Daarom sing Hanna ’n loß ied van dank.

Sy eer God ter wille van sy heiligheid, sy almag, sy regverdigheid en sy

alwysheid: “’n God van diepe kennis, dade word deur Hom getoets” (vs.

3b). God onderskei die beweegredes van die mens se hart. Hy gee kennis

en wysheid aan dié wat Hom daarom vra, om dit in sy diens en tot sy

eer te gebruik. Teenoor die Here mag jy nie hoogmoedig en aanma gend

wees nie. Vir God kan jy nie jou gedagtes, jou voornemens, jou planne

weg steek nie. In jou gedagtes en in jou hart moet jy met eerbied omgaan

met die dinge wat God raak.

37. Die Here weet wat in die duisternis isLees: Daniël 2:1-23 Teks: Daniël 2:22

In Daniël 2 lees ons van koning Nebukadnesar se droom, en Daniël se

verklaring daarvan. Die droomuitleggers van Babel kon dit nie doen nie.

Om dit te kan doen, het Daniël en sy vriende tot God gebid (vs. 17-18).

God antwoord en maak die droom vir Daniël bekend, en ook die uitleg

daar van (vs. 19). Niks is te diep of te geheim vir God om te weet nie. Al is

iets ook diep weggesteek in die duisternis, weet God daarvan. Aan elkeen

wat Hom daarom vra, gee God insig om ondeurgrondelike en verborge

din ge te ken, want die Here weet van alles.

Kennis en wysheid en lig kan jy dus nêrens anders soek as by die Here

nie. Namate jy jou verdiep in die Woord van God, word dinge vir jou dui-

deliker en bekend. Bybellees en bid as onvervangbaar in jou godsdiens.

38. God bevry jou van paniekLees: Johannes 14:1-3, 25-31 Teks: Johannes 14:27

Jesus se gevangeneming en kruisiging kom al nader. In Johannes 14

maak Christus as ’t ware sy testament bekend. Geld en besi" ngs het

Jesus nie. Hy laat egter iets agter wat goud en silwer nie kan koop nie,

dit is vrede. Die vrede wat Jesus gee, is anders as dié wat die wêreld gee.

Die wêreld bou sy vrede op vrees. Omdat die een land meer wapentuig

as die ander land het, is daar vrede op grond van vrees. Vrede kom nie

ou toma es nie. ’n Mens moet nie die skuld vir haat, oorlog en wraak by

God soek nie. Dit is die mens wat in sy sonde vrede weggooi en sy lewe in

stryd voer. As paniek jou beetpak in die lig van alles wat in ons tyd gebeur

– moor de, kapings, verkrag ngs, geweld – dan troos Jesus jou dat jy by

Hom vrede sal vind en by elke mens wat Hom opreg aanbid.

39. God bevry jou van die oordeelLees: Psalm 139:1-2; Romeine 8:1-17 Teks: Rom. 8:1

Met Christus breek ’n nuwe tydperk vir die mens aan. Ons leef vandag

in daardie tyd. Dit is ’n tydperk vir jou as Christen ener wat vrede

met God bring. In die ou tydperk voor Jesus het jy onder die ou bedeling

van wetsvoorskri# e gestaan, en op grond daarvan was jy tot die dood toe

skuldig voor God (Rom. 7:24). Maar in die nuwe tydperk is daar vir jou geen

veroordeling nie (vs. 1). God het sy oordeel oor die sonde uitgespreek.

Elke mens staan skuldig voor God en verdien die oordeel. Maar Jesus het

die oordeel vir jou gedra. Psalm 139 sê God omsluit jou van alle kante (vs.

5). In jou plek het Jesus jou sondeskuld a$ etaal en jou sondestraf het Hy

vir jou gedra. Christus het aan jou verlossing en vrede gegee, en deur sy

Heilige Gees die sekerheid van die ewige lewe in Hom.

40. God bevry jou van die wetLees: Psalm 119:97-104 Teks: Romeine 6:14

Sommige mense dink God het sy wet gegee sodat elkeen wat die wet

na kom, verlos kan word. Die Fariseërs en die wetsgeleerdes het dit

in Jesus se tyd verkondig. Hulle sê hoe meer jy die wet van God nakom,

hoe sekerder word jou verlossing. Paulus sê dit is nie so nie: “Julle staan

nie onder die wet van Moses nie, maar onder die genade” (vs. 14b). As

Paulus sê dat ons nie meer onder die wet staan nie, beteken dit dat ons

die verlossing uit genade kry. Ons is verlos van die wet en staan onder

die genade van Christus. Jy moet dus nie die wet van God nakom sodat

God jou kan verlos nie. Jy kom die wet van God na omdat God jou reeds

verlos het. Omdat jou verlossing uit genade is, beteken dit dat jy nie vir

jou verlossing hoef te werk nie – jy ontvang dit uit genade.

Page 6: Slingervel maart lusmaker

slingervel maart 2013 23

41. God bevry jou van onsekerheidLees: Johannes 10:22-30 Teks: Johannes 10:27-28

Uit ondervinding sal jy as ener weet dat ons tyd meer vraagtekens

het as uitroeptekens. Daar is meer twyfel as sekerheid. Mense leef

in skynsekerhede. Hulle dink dat hulle seker is, en lewe dan houtgerus

in hulle sonde voort. Die ander kant is ook waar – dat mense in totale

onsekerheid lewe. Hulle sê dat jy van God en jou verlossing nooit reg g

seker kan wees nie. As Jesus sê dat Hy die Goeie Herder is en die gelowiges

is die skape, dan lê die sekerheid in die Herder en nie in die skape nie.

Geloofsekerheid lê daarin dat Christus sy skape ken en hulle vir Hom. Sy

skape luister na en volg Hom. Hy gee die sekerheid vir die ewige lewe deur

te waarborg dat niemand hulle uit sy hand sal ruk nie. As geloofstwyfel jou

oorval, luister dan na sy versekering en die waarborg wat Hy gee.

42. God bevry jou van jou skuldLees: Johannes 9:1-12 Teks: Johannes 9:2

Mense soek ’n direkte verband tussen sonde en siekte, sonde en ram-

pe, skuld en lyding. Mense sê ’n sekere sonde lei tot ’n sekere siekte,

of ramp of lyding. Dit was ook die dissipels se standpunt toe hulle die

blindgebore man sien. Jesus korrigeer egter hulle verkeerde standpunt.

Daar is ’n ander rede vir die man se blindheid. Dit is sodat die werke wat

God doen, in hom gesien kan word. As Jesus hierdie blinde man genees, is

dit ’n bewys dat God die tekens van die sonde en dood in hierdie wêreld

kan oorwin. Dit is nie om ’n sekere sonde van die man of sy ouers dat hy

blind is nie. In hierdie wêreld met sy baie vrae en soeke na antwoorde

oor die skuld en gevolge van die sonde, hoor jy dat God jou sondeskuld in

Christus weggeneem het.

43. God bevry jou van jou persoonlike skuldLees: 2 Samuel 12:1-10 Teks: 2 Samuel 12:7

As jy ontken hoe diep jou sondeskuld is, dan sê jy die mens is volmaak.

Die pyn wat veroorsaak word as jy jou sondeskuld bely, wil jy dan ver-

doof deur die inspui ng dat almal tog in die algemeen skuld het aan die

sonde. Nadat Dawid owerspel met Batseba, die vrou van Uria, gepleeg

het en veroorsaak dat Uria daarna sneuwel, kom die profeet Natan en laat

Dawid sy persoonlike aandeel in hierdie sonde erken deur vir hom te sê:

“Jy is die man!” (vs. 7). Jy is persoonlik skuldig! Jou sondes wil jy gedurig

weg steek, vir jouself, vir jou medemens en vir God. Maar dit werk nie.

In hierdie wêreld met sy baie vrae en soeke na antwoorde oor die

skuld en gevolge van die sonde, hoor jy dat God jou sondeskuld in Christus

weg geneem het.

44. God lei Moses op vir sy roepingLees: Eksodus 2:1-15 Teks: Eksodus 2:15

Moses is gebore toe die Israeliete die Egiptenare se slawe was. Ten

spyte hiervan, en die farao se pogings om die volk van God uit te

wis, word Moses op ’n wonderbaarlike wyse bewaar. Moses se geboorte

en bewaring is ’n teken van die verlossing wat God gaan skenk. Sy groot-

wordjare in die paleis van die farao is deur God beskik. Daardeur berei

God hom voor om eendag Israel se leier te wees. Toe hy 40 jaar was

(Hand. 7:23), wil hy sy volk red. Dit eindig vir Moses in die moord wat hy

pleeg en die farao se voorneme om hom dood te maak (vs. 15). Moses

vlug na Midian waar hy die volgende 40 jaar skape in die woestyn oppas.

Soms gebeur daar dinge in die lewe wat jy nie weet hoekom nie. Ont-

hou, God is voortdurend besig om jou vir jou roeping op te lei.

45. God maak Homself aan Moses bekendLees: Eksodus 2:23 – 3:9 Teks: Eksodus 3:5

Moses het al 40 jaar vee opgepas in die woestyn toe God op ’n dag

aan hom verskyn in die vorm van ’n brandende doringbos wat nie

uit brand nie. Dit is ook ’n beeld van Israel wat in die hi% e van die slawerny

is en nie ondergaan nie. Dit is ’n teken van God se wonderlike beskerming.

Maar dit is ook ’n teken van die heiligheid van God se liefde. As erkenning

van God se heiligheid moet Moses sy skoene ui% rek. Die geloofslewe van

die mens het twee fase% e: eerbied en vertroue. God se ontmoe ng met

Moses bring hom tot aanbidding. Verskyn God in sy heiligheid aan jou

ook? Ja! Dit is die ervaring van die geloof dat ons heilige God in Jesus

Chris tus tot ons kom en sê: Ek is jou God! In die Naam van God is vir jou

die verlossing van die sondeverdrukking en die ewige lewe.

46. God maak Moses se roeping aan hom bekendLees: Eksodus 3:10 – 4:17 Teks: Eksodus 3:10

Dit was vir Moses ’n verrassing dat God besluit om Israel uit die slawerny

te red. Dit was vir hom ook ’n skok dat God hóm roep om Israel se leier

te wees tydens die verlossing. Toe Moses 40 jaar oud was, wou hy sy volk

verlos, toe wil God nie. Nou wil God sy volk verlos, maar nou wil Moses nie.

Moses het vyf keer vir die Here gesê dat hy nie die opdrag kan uitvoer nie,

maar God het nie sy opdrag gekanselleer nie. God staan vas by die roeping

wat Hy vir Moses het en los elke beswaar van Moses op. As Moses die werk

nie wil doen nie, sê hy vir God dat dit nie vir hom soos ’n roeping voel nie.

Hy voel anders oor die saak. Maar God staan by die opdrag: Jy gaan!

As God vir jou ’n sekere opdrag gee, sal Hy ook sorg dat jy die nodige

gawes het om die opdrag uit te voer.

47. God se reguit hou met ’n krom stokLees: Psalm 51:1-21 Teks: Psalm 51:15

Dat God ’n reguit hou met ’n krom stok slaan, gee ons nie die reg om die

krom stok reg te praat nie. Krom is krom en reg is reg. Ons mag ook

nie God se reguit hou krom noem nie. Wat Dawid met Batseba en Uria

ge doen het, is méér as krom. Erger en krommer kan Dawid se optrede

nie wees nie. ’n Mens wil Dawid sommer afskryf. Gooi die krom stok op

die vullishoop en verbrand dit. God sê egter, hoe diepgaande en erg jou

sonde ook al is, daar is vergifnis moontlik. Dawid sê wat hy gaan doen:

“Dan sal ek oortreders leer wat U van ’n mens verwag; dat die sondaars

hulle tot U sal bekeer” (vs. 15). Jy moet tot God bid om jou die pad van

be vrydende genade te wys waarop jy aan God diensbaar kan wees en ’n

ge tuie van sy groot liefde en regverdigheid kan wees.

48. Een wat nie sy kop verloor nieLees: Handelinge 27:13-44 Teks: Hand. 27:35-36

Die nood van die kaptein en die matrose was só hoog dat hulle al die

vrag en die skip se toerus ng oorboord gegooi het (vs. 18-19). Op die

skip was die paniek hoog en het hulle vir ’n lang ruk nie geëet nie (vs.

21). Onder al hierdie omstandighede het Paulus kop gehou. Hy kalmeer

en bemoedig die mense aan boord. Hy vertel ook dat ’n engel van God

na hom gekom het met die boodskap dat hulle nie sal omkom nie. Vanuit

hier die bevrydende geloofsekerheid sê hy dat hulle iets moet eet.

’n Mens wat deur ware geloof aan God gebind is, sal in staat wees om

in die oomblik van ’n groot krisis of ’n ramp kop te hou en kalm op te tree.

Dit is darem erg as iemand wat sê dat hy ’n gelowige is, in tye van ongeluk

of gevaar kop verloor en in wanhoop versink.