solidariteit tydskrif uitgawe 2 - 2016

76
DIS ‘N RAMP! VAKBOND BEVEG LANDWYE AFLEGGINGSKRISIS NOMMER 2 VAN 2016 www.solidariteit.co.za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede HELPENDE HAND TEKORT AAN PLEEGSORG- OUERS DIE HOOF GEBIED AFRIKAANS SÓ LYK SOLIDARITEIT SE PRAKTIESE PLAN VIR TAAL SOL-TECH TWEE DOWE STUDENTE SE KAMERAADSKAP SKEP HOOP CHRIS CHAMELEON skryf rubriek vir ons NUUT bladsy 54 * ILLEGAL MINING: IT’S A WAR ZONE SPECIAL REPORT SPREEKWOORD: WEN ‘N BRAAIER WEN! page 36 bladsy 23 WEN EEN VAN DRIE BEURSE OM BY AKADEMIA TE STUDEER bladsy 46 AKADEMIA GEE GROOT TREE MET TEGNOLOGIE +

Upload: solidariteit

Post on 28-Jul-2016

311 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

 

TRANSCRIPT

Page 1: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

www.solidariteit.co.za1Issue 2 of 2016

DIS ‘N RAMP!VAKBOND BEVEG LANDWYE AFLEGGINGSKRISIS

NOMMER 2 VAN 2016www.solidariteit.co.zaR16,95 (BTW ingesluit)

Gratis aan lede

HELPENDE HANDTEKORT AAN PLEEGSORG-

OUERS DIE HOOF GEBIED

AFRIKAANSSÓ LYK SOLIDARITEIT SE

PRAKTIESE PLAN VIR TAAL

SOL-TECHTWEE DOWE STUDENTE SE KAMERAADSKAP SKEP HOOP

CHRIS CHAMELEON

skryf rubriek vir onsNUUT

bladsy 54

*

ILLEGAL MINING:IT’S A WAR ZONE

SPECIAL REPORT

SPREEKWOORD:WEN ‘N BRAAIER

WEN!page 36

bladsy 23

WEN EEN VAN DRIE BEURSE

OM BY AKADEMIA TE STUDEER

bladsy 46

AKADEMIA GEE GROOTTREE METTEGNOLOGIE+

Page 2: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016
Page 3: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016
Page 4: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

inhoudNOMMER 2 VAN 2016

10 Kampusgeweld: Solidariteit waarsku teen tweede Marikana12 Brief aan Afrikaanse jongmense: Die toekoms is Afrikaans!14 Hoe lyk Afrikaans se toekoms in 201616 Solidariteit borg 20 woorde vir Moedertaaldag17 Lesers sê waarom hulle trots Afrikaans is18 WEN! Afrikaanse spreekwoorde: Kort, maar kragtig!18 Besigheidsredding enigste uitweg vir Lily-myn, werknemers20 Solidariteit-beroepsgildes: Ons help mekaar21 Economy needs less interference and spending22 “Skrap SAPD se regstelaksieplan” – Solidariteit23 VN-kompetisie: Wie gaan ons ambassadeur wees?24 Geslote brief aan wit linkses26 Akademia gee tegnologiese tree vorentoe

28 Witbank-afleggingstragedienounasionaleprioriteit30 Solidariteitbeveglandwyeafleggingskrisis31 Noose tightens around necks of Aurora looters32 De Beers, Anglo sny poste, wil sake wêreldwyd afskaal32 Minerresponsibleforfivedeaths36 Illegal mining: It’s a war zone40 Telkom waging war against own employees

42 Afrikaans-Vriendelik gee sake hupstoot44 AfriForum versterk bande opnuut in die buiteland46 Wen beurs om aan Akademia te studeer48 Afrikaanse skole onder loep geneem49 Helpende Hand pak pleegsorgkrisis50 Sol-Tech: Dít is wat kampus laat klop52 Jy en die reg: Dienskontrak: Moet dit op skrif wees?53 ANC speel rassepolitiek en verkeerdelike wetstoepassing 54 Verkleurmannetjie se Groot Les oor Stilbly56 Kom ons bou voort op trotse geskiedenis57 Hoe gemaak met al die onsekerheid?58 Vrywillige skeidingspakket: Neem of nie?60 Doen gerus sake in die taal van jou hart61 Kriminele se aanlynmaskers62 Roetine vir jou kind: 4 nuttige wenke63 What makes a courageous leader?64 Bucketsfullofbenefitsforourmembers66 Smul en lees lekker in Afrikaans @ Maroela Media67 Hoe meet ‘n mens “trots Afrikaans”?68 Nuwe perspektief op keuses van verlede70 Solidariteit-dienskantore: Diens op jou voorstoep72 Winston Churchill en die “Magtige Apies”73 In retrospek: Oor steriele kamertjies en lang naalde

NUUSWAARDIG

BEDRYFSNUUS

IN BEWEGING

spreekBuysAfrikaans is op verskeie fronte onder beleg.

Solidariteit werk egter aktief om die TAAL en sy sprekers te BESKERM deur praktiese en

uitvoerbare planne, skryf Flip Buys.

ILLEGAL MINING is an ongoing problem and current trends indicate that it’s fast becoming a war zone, which impacts on rescue services. Read our SPECIAL REPORT!

Ons noem onsself graag “trots Afrikaans”, maar baie van ons is, helaas, bloot toevallig Afrikaans en kwalik “trots” daarop.IS JY TROTS AFRIKAANS?

AFRIKAANSEN TROTS DAAROP!

NASIONALE AFLEGGINGSKRISISSOLIDARITEIT VEG OM DUISENDE POSTE TE RED

Page 5: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016
Page 6: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

www.solidariteit.co.za6

Ongelukkig was Afrikaans meestal nie om positiewe redes op mense se lippe nie. Ons is bekommerd oor wat van ons taal gaan word, en ons sien met

watter toewyding daar geveg word om Afrikaans weg te vat uit ons skole en universiteite. Maar sulke situasies is soms al wat ʼn mens nodig het om jou te laat besin oor wat jy kan doen om die situasie te verbeter. Ons verval tog te maklik in ʼn gemaksone waar ons amper apaties raak teenoor alles wat om ons aangaan en vir ons saak maak. ʼn Ligte stootjie in die regte rigting kan ʼn groot verskil maak om ons betrokke te kry.

In die eerste kwartaal van 2016 het ek opnuut besef: Ek is trots Afrikaans! Dit maak my nie ʼn rassis nie en dit beteken ook nie dat ek geen ander taal- of kultuurgroep dieselfde geleenthede gun as wat ek het nie. Inteendeel, dit gee my die passie om te bou aan ʼn toekoms vir my taal en kultuur en om dit só te doen dat dit as voorbeeld kan dien vir ander kulture wat net so passievol voel oor hul taal en kultuur se voortbestaan soos ek oor myne voel. Lees

gerus Flip Buys se praktiese plan vir Afrikaans op bladsy 8 van hierdie propvol uitgawe.

Daarbenewens beveg Solidariteit met die hulp van Helpende Hand die tragiese nagevolge van die eens suksesvolle Highveld Steel wat vandag toe en leeg staan. Honderde gesinne in Witbank en omgewing gaan gebuk onder die moeilike toestande waarin hulle gedompel is. Lees meer hieroor op bladsy 28.

En as jy veg vir wat reg is, is die oorwinning onvermydelik, al neem dit soms lank. Ná ʼn stryd van ses jaar het Solidariteit ʼn oorwinning behaal teen ʼn paar van die individue wat betrokke was by die Aurora-skandaal. Dié individue moet nou ʼn gedeelte van die geld terugbetaal. Lees meer op bladsy 31.

Ons moet soos die blinde man van Jerigo glo dat ons Vader ons hoor in ons gebede wanneer ons vra vir hulp en hoop, ongeag hoe groot die probleem lyk.

Lukas 18:35-42: Jesus het in die omgewing van Jerigo aangekom. ʼn Sekere blinde man het langs die pad gesit en bedel. Toe hy die skare hoor wat verbyloop, het hy probeer uitvind wat

aan die gang is. Hulle het hom toe vertel dat Jesus van Nasaret besig is om verby te loop.

Die blinde het hard uitgeroep: “Jesus, Seun van Dawid, kry my asseblief jammer!” Die mense wat vooruit geloop het, het hom voor stok gekry dat hy moet stilbly, maar hy het eerder nog harder uitgeroep: “Seun van Dawid, kry my asseblief jammer!”

Jesus het gaan staan en opdrag gegee dat die man na Hom toe gebring moes word. Soos hy naderbeweeg, vra Jesus vir hom: “Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?” Sy antwoord was: “Meneer, dat ek net weer kan sien!” Jesus het hom geantwoord: “Sien weer! Jou geloof het jou gered.”

Eensklaps het die man weer gesien; hy het Jesus gevolg en God geloof. Die hele volk wat dit gesien het, het aan God die eer gegee.

CILLESTE VAN DYK REDAKTEUR

Trots Afrikaans en propvol hoopAs ʼn mens so vinnig terugkyk op die eerste kwartaal wat verby is, het daar reeds genoeg dinge gebeur om al 365 dae van die jaar te vul. Die uitskieter van die eerste kwartaal, wat ons almal op ʼn manier geraak of besig gehou het, was Afrikaans.

Cilleste

Foto

’s: Re

int D

ykem

a &

isto

ckph

oto

.com

Redakteursbrief

Uitgawe 2 van 2016

Page 7: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

www.solidariteit.co.za7Issue 2 of 2016

BESKOU JY JOUSELF AS TROTS AFRIKAANS? Ja, ek is baie trots daarop om Afrikaans te wees. Ek weet nie so mooi nie. Soms is ek trots en soms nie. Nee, ek is nie trots daarop om Afrikaans te wees nie.

Seepkis Word deel van die gesprek by www.blog.solidariteit.co.za of op een van die sosiale netwerke. Of skryf aan: Seepkis, Posbus 11760, Centurion 0046; of stuur e-pos na [email protected]

SolidariteitSolidarity

SOLIDARITEIT-HOOFKANTOORSOLIDARITY HEAD OFFICEH.v. DF Malan- & Eendrachtstraat, KloofsigTel: 012 644 4300 0861 25 24 23 www.solidariteit.co.za

REDAKTEUR | EDITORCilleste van Dyk

WEBREDAKTEUR | ONLINE EDITORDaleen Gouws

ADVERTENSIES | ADVERTISEMENTSDenise Viljoen – tel: 082 352 [email protected]

ADVERTENSIE-ONTWERP | ADVERTISEMENT DESIGNMartie Maree

INTEKENARE | SUBSCRIPTIONSHeleen Nortjé

REKENINGE | ACCOUNTSElna Botes

MEDEWERKERS | CONTRIBUTORSDr. Eugene Brink, Flip Buys, Leandré Buys, Chris Chameleon, Gideon du Plessis, Reint Dykema, Susan Lombaard, Marietha Malan, Ilze Nieuwoudt, Appie Pienaar, Alet Rademeyer, Francois Redelinghuys, Francois Smit, Inge Strydom, Bertus Swanepoel, Cilleste van Dyk, Marlien van der Westhuizen, Rozier van Tonder en Hendrik van der Merwe.

UITLEG, ONTWERP, REDIGERING, REPRO |LAYOUT, DESIGN, EDITING, REPRODUCTION

Tel: 082 445 4513 | [email protected]

DRUKWERK | PRINTINGPaarl Media Gauteng

VERSPREIDING | DISTRIBUTIONProsort

Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo van Sirkulasie en word uitgegee deur die Solidariteit Beweging, Posbus 11760, Centurion, 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake wat deur adverteerders gemaak word nie.

ONS BESKERM JOU WERKBELANGE DEUR DIK EN DUN!

Sluit maklik by Solidariteit aan deur ’n SMS te stuur. Soli dariteit se vriendelike diens sentrum agente sal jou terug-skakel en jou vinnig help aansluit. Al wat jy hoef te doen, is om die woord “Lid” na 34802 te stuur. SMS’e kos R2. Ons be skerm nie net jou werk nie, maar maak ’n daadwerklike verskil sodat ons lede en hul geliefdes vry, veilig en voorspoedig kan wees – net hier aan die suidpunt van Afrika! Verander jou adres by [email protected].

Gekelder deur politieke gewin

MENINGSPEILING

abc

myn

Foto

’s &

Voo

Rbla

DFo

to: h

enD

Rik V

an D

eR m

eRw

e (m

agic

al m

emo

Ries

ph

oto

gRa

phy)

• a

nD

eR Fo

to’s:

isto

ckph

oto

.co

m

Allan Hoole: Dit is onaanvaarbaar. Die politieke stryd wat ons tans in ons land ervaar, is die ondergang van alles. Ons mense moet nie gaan lê onder die politieke geding van die huidige regering nie. Ons is kinders van God en ons is oorwinnaars en ons is duur gekoop.

Koos Botha: Dis die plan om Highveld Steel te laat vou, sodat die Guptas dit weer kan begin. Tyd dat hierdie gunsies deur die parlement aan die Chinese en die Guptas nou moet stop.

Jacobus Troskie: Rede hoekom die staat

oorgeslaan het na Chinese staal is die goeie “bribes” wat deur Chinese betaal word.

Susan Maree: Dankie Solidariteit en Helpende Hand vir julle omgee en hulp.

Marthie Verheem: ’n Mens voel so ’n magtelose woede dat een man ’n land so kan lamlê.

Rina Prinsloo: Dit is verskriklik hoe baie mense hul werk verloor en dit raak so baie mense. Sjoe, sterkte aan almal wat geraak word.

SMS “Tydskrif A”, “Tydskrif B” of “Tydskrif C” na 34802. Of stem by www.tydskrif.solidariteit.co.za

Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, skryf oor die afleggings by Highveld Steel: “Die emosionele ervaring om te moet aanskou hoe hierdie hoogs geskoolde werknemers nou in rye moet staan om kospakkies van Solidariteit Helpende Hand te ontvang, het omgesit in woede oor die rede vir die sluiting van die 60-jaar oue aanleg wat tot onlangs toe regstreeks werk aan 2 224 werkers verskaf het.” Lees meer op https://solidariteit.co.za/highveld-steel-deur-gierigheid-en-politieke-gewin-gekelder/. Só sê julle:

SolidariteitBeweging

Page 8: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

www.solidariteit.co.za8Uitgawe 2 van 2016

AFRIKAANS

Kom ons kyk eers vinnig na die probleem voordat die oplossing uiteengesit word. Die redes waarom Afrikaans tans in ʼn netelige situasie is, kan kortliks soos volg opgesom

word:• Die getalleverhoudings en landwye

verspreiding van die verskillende taalgroepe in die land;

• Ontoereikende wetlike voorsiening vir veeltaligheid;

• Die regering se lippediens aan veeltaligheid en sy voorkeurhantering van Engels;

• Engels-gedrewe globalisering en oorheersing van die Engelse media, kultuurmag en die Engelse sakereuse wat die proses dryf; en

• Die onvermoë van Afrikaanssprekendes om doeltreffend op die probleem te reageer en die onwilligheid van sprekers van die ander inheemse tale om hul eie tale te bevorder.

Die meervoudige en ingewikkelde oorsake van die probleem beteken dat ʼn oplossing nie eenvoudig is nie. Die gevaar bestaan dat die omvang van die probleem so oorweldigend

is dat dit vir mense verlammend begin raak, en dat hulle in die praktyk maar die Engelse taaloorheersing begin aanvaar.

Afrikaans orals en vir almalDie doel van ons taalstrategie is om Afrikaans as ’n volle funksionele taal te laat blom. Met hierdie strategie wil ons die Afrikaanse leefwêreld en leefruimte vergroot en ʼn Afrikaanse herlewing help bewerkstellig. Hierdie praktiese benadering kom daarop neer dat ons elke moontlike kanaal en metode inspan om ons taal te bevorder. Ons taalplan, “Afrikaans orals en vir almal,” kan in ʼn neutedop soos volg opgesom word:• Die bevordering van die Afrikaanse media

en die Afrikaanse taal en kultuur;• Die ontwikkeling van ʼn netwerk van sterk

“selfhelp-”taalinstellings en -organisasies as taalvermenigvuldigers op belangrike lewensterreine;

• Die beskerming van Afrikaanssprekendes en Afrikaners se breë belange;

• Die bevordering van goeie betrekkinge

onder alle sprekers van Afrikaans;• Omvattende ondersteuning aan Afrikaanse

skole;• Bevordering van Afrikaans in die ekonomie

en op ander belangrike terreine;• Die mobilisering van Afrikaanse koopkrag

ten bate van Afrikaans;• Die verdediging en bevordering van wetlike

taalregte;• Die bevordering van Afrikaanse

opleiding deur die vestiging van ʼn Afrikaanse universiteit en kolleges en massastudieskemas vir Afrikaanse studente en werknemers;

• Buitelandse steunwerwing vir Afrikaans;• Bevordering van die toeganklikheid van

Afrikaans deur vertaling van publikasies en wye verspreiding deur middel van elektroniese kommunikasie;

• Taalnavorsing vir algemene gebruik van almal wat ons taal wil bevorder;

• Die verlening van maatskaplike hulp aan behoeftige Afrikaanssprekendes; en

• Die bevordering van Afrikaanse musiek.

Só lyk Solidariteit se praktiese taalplanOns meningspeilings toon dat Solidariteit se lede baie sterk oor Afrikaans voel en dat hulle van ons verwag om Afrikaans te bevorder. Daarom het ons ’n omvattende, praktiese plan vir die bevordering van Afrikaans in werking gestel. Hierdie plan sluit verskeie praktiese aksieplanne in wat só geformuleer is dat ons ons Engelssprekende lede se taalregte ook respekteer, skryf FLIP BUYS.

spreekBuysFo

to’s:

Rein

t Dyk

ema

& ist

ock

pho

to.co

m

Page 9: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

www.solidariteit.co.za9Issue 2 of 2016

FLIP BUYSis voorsitter van die

Solidariteit Beweging

Praktiese planneHierdie plan word prakties in werking gestel deur die volgende projekte:

TydskrifOns tydskrif se oplaag is al oor die 114 000, wat dit amptelik (ABC-syfers) een van die Afrikaanse “Groot Vyf” maak.

Elektroniese mediaOns taalstrategie word sterk in die nuwe media gedryf deur verskeie elektroniese nuusbriewe. Meer as 500 000 nuusbriewe word maandeliks aan ons 350 000 aktiewe lede in die Solidariteit Beweging uitgestuur. Die Beweging maak omvattend gebruik van die nuwe elektroniese media soos internetblogs, Facebook, Twitter en ander media – met ʼn gesamentlike leserstal van sowat 500 000 lesers. Ons doel is om te sorg dat die Afrikaanse markaandeel op die internet en in die nuwe media groei.

Maroela MediaMaroela Media is die grootste gratis Afrikaanse nuusdiens met byna ’n miljoen lesers per maand. Maroela gaan van krag tot krag!

Beskerming van sprekersAfrikaanssprekendes se belange moet doeltreffend genoeg beskerm word sodat hulle nie na Engelse lande uitwyk nie. Daarom is ons visie om ʼn toekoms te skep waarin Afrikaners en Afrikaanssprekendes ook vry, veilig en voorspoedig kan wees sodat hulle ʼn blywende bydrae tot die welstand van die land en al sy inwoners kan maak. Talle projekte word van stapel gestuur om dit reg te kry. Afrikaans se toekoms gaan hier in Suid-Afrika beslis word, nie in Australië nie.

“Taalfabrieke” (instellings)ʼn Taal word deur sterk instellings op elke terrein gedra en geleef. Daarom vestig en ondersteun ons Afrikaanse instellings op sleutelgebiede soos die onderwys; op kultuur-, taal- en maatskaplike gebied; in die media en op erfenis- en ander gebiede.

Afrikaans in die werkplekDie vakbond Solidariteit beskerm Afrikaans en sy sprekers in die werkplek, die handel en die ekonomie.

TaalregteAfriForum bedryf ʼn taalregtekantoor en tree gereeld op om Afrikaanse taalregte te beskerm. Talle sake is al gewen en skikkings bereik.

Afrikaanse opleidingDie Solidariteit Beweging bedryf Sol-Tech, die enigste Afrikaanse tegniese kollege in die land. Sol-Tech is vanjaar al tien jaar oud en het 1 200 ingeskrewe studente. Akademia, ons universiteit, is al vyf jaar aan die gang en groei sterk. Daar is ook verskeie veldtogte om Afrikaans by ander universiteite te beskerm. Daar word jaarliks meer as 1 200 rentevrye studielenings aan Afrikaanssprekende studente toegeken en ons wil dit binne vyf jaar na 5 000 studente uitbrei.

Afrikaanse onderwysHelpende Hand se Skoleondersteuningsentrum (SOS) ondersteun tans meer as 500 skole. Dit sluit projekte in soos die Skooltassieprojek waarmee skryfbehoeftes en boeke aan honderde graadeens per jaar verskaf word; die Kosblikkie-voedingsprojek; die vestiging van vakverenigings soos die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW) en die Genootskap van Regte Afrikaanse Taalonderwysers (GeRAT), asook ander vorme van hulpverlening aan skole. Ons werk graag saam met onderwysinstellings soos die SA Onderwysunie (SAOU) en die Federasie vir Beheerliggame, Fedsas.

Buitelandse steunwerwingDie Beweging werf aktief steun in Europa vir Afrikaans en Afrikaanssprekendes.

Afrikaanse koopkrag Afrikaanse koopkrag word gemobiliseer met projekte soos die Virseker-trust waarvan die opbrengs in Afrikaanse opleiding teruggeploeg word. Die Virseker-trust het onlangs bykans R10 miljoen aan Akademia geskenk.

TaalburoDie Beweging het ʼn taalkantoor wat op ʼn wesenlike skaal vertaalwerk doen om te verseker dat Afrikaans tot sy reg kom en dat wette en ander dokumente vertaal word.

Kraal UitgewersKraal Uitgewers gee Afrikaanse boeke van gehalte uit en het reeds sy merk in die boekewêreld gemaak.

Afrikaanse TaalraadDie Solidariteit Beweging is goed verteenwoordig op die Afrikaanse Taalraad en werk deur dié raad aan goeie betrekkinge met alle Afrikaanssprekendes.

Afrikaanse taal en kultuurDie FAK is nou ʼn selfstandige lid van die

Solidariteit Beweging en ʼn omvattende reeks projekte om taal en kultuur te bevorder, word onderneem. Die grootste hiervan is die Afrikaanse Ekspo wat in honderde skole bedryf word, die Geskiedenis-internetmuseum, en Afrikaanse musiek. Die Beweging is ook ’n lid van die Erfenisstigting wat kosbare erfenisse soos die Voortrekkermonument en standbeelde help bewaar.

MusiekDie FAK se bekende sangbundel is weer uitgegee en is steeds baie gewild. Verskeie ander musiekprojekte word ook deur die FAK bedryf.

Afrikaanse navorsingOmvattende navorsing oor Afrikaans en die sprekers van die taal word jaarliks gedoen. Die FAK se NP van Wyk Louw-sentrum publiseer jaarliks verskeie gesaghebbende publikasies deur die voorste denkers in die land. Die FAK beplan om ʼn jaarlikse spieël van die Afrikaanse wêreld uit te gee.

Maatskaplike hulpSolidariteit Helpende Hand verleen ʼn wye reeks maatskaplike dienste aan die Afrikaanse gemeenskap landwyd.

Afrikaanse radioDie Beweging sluit graag vennootskappe met Afrikaanse gemeenskapsradiostasies en glo dat dit ʼn belangrike deel van ʼn Afrikaanse strategie moet vorm omdat dit ʼn groot vermenigvuldiger van Afrikaans is. Pretoria FM is suksesvol bygestaan en uitgebou tot die grootste onafhanklike gemeenskapstasie in die land. Maroela Media voorsien ook reeds programme aan 44 gemeenskaps- en internetstasies in Suid-Afrika en die buiteland.

Dit is maar enkele van ons taalprojekte, opgesom in ’n neutedop. Ons lede en ondersteuners kan gerus inskakel by projekte waarby hulle aanklank vind. Alle Afrikaanssprekendes het ’n belangrike verantwoordelikheid om Afrikaans te bevorder.

ToekomsblikOm Afrikaans se “markaandeel” te beskerm en verder te vergroot, sal hierdie taalplan vergroot en versnel moet word. Ons sal ook voorwaardes vir die oorlewing en groei van Afrikaans moet instel en doen tans verdere navorsing daaroor. Die toekoms van Afrikaans gaan bepaal word deur wat ons almal vandag doen. S

SPREEKBUYS

Page 10: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

www.solidariteit.co.za10Uitgawe 2 van 2016

NUUSWAARDIG

Sedert verlede jaar se #feesmustfall-aksies en hierdie jaar se veldtogte rakende uitkontraktering het die vreedsame kampuslewe soos die meeste oudstudente dit ken, drasties

ontaard in gewelddadige betogings en grootskaalse ontwrigting op verskeie kampusse regoor Suid-Afrika. Al die onderskeie aspekte wat “moet val”, insluitende Afrikaans, is slegs dekmantels vir iets groters.

Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, meen die vlaag studente-protesaksies op kampusse het tot dusver dieselfde aanloop as dié van Marikana en dat daar direkte ooreenkomste is met die voorval wat in Augustus 2012 plaasgevind het.

Universiteit van PretoriaDie Universiteit van Pretoria (UP) het vanjaar baie erg deurgeloop. Registrasieprosesse en klasse is onder meer deur betogende studenteleiers ontwrig en bedrywighede op kampus is opgeskort.

Die betogings het onder meer verband gehou met universiteitsbestuur se uitkontraktering van sekere dienste en later oor die taalbeleid, meer spesifiek Afrikaans. Solidariteit, wat werknemers van die UP verteenwoordig, het ʼn referendum oor die voorgestelde wysiging aan die UP se taalbeleid van stapel gestuur.

Die EFF het onder meer gesê hulle sal die kampus onregeerbaar maak. Deur te sê dat ’n instansie onregeerbaar gemaak sal word, word daar geïmpliseer die instansie sal deur die gebruik van geweld gedwing word om sy bedrywighede te staak. Solidariteit het in reaksie op die EFF se dreigemente die UP-bestuur skriftelik versoek om die veiligheid van sy lede daar te verseker, anders sal die lede versoek word om nie werk toe te gaan nie.

By ’n mediakonferensie wat in samewerking met AfriForum en die ANC-alliansie in Gauteng gehou is, is planne uiteengesit sodat die UP weer akademiese verrigtinge veilig sou kon voortsit. Die partye het saamgestem dat sake van gemeenskaplike belang wat die bilaterale ontmoeting genoop het, tot drie kritiese sake beperk kon word. Die ooreenkoms wat die betrokke partye aangegaan het, het dié drie kritiese sake aangepak: Die onvoorwaardelike veroordeling van intimidasie, ontwrigting, geweld en pogings om die universiteitsgemeenskap op grond van rassegrondslag te polariseer; transformasie van die universiteit en die taalbeleid; en die heropening van die universiteit.

Universiteit van die VrystaatGrootskaalse ontwrigting en plundering het ook op die Kovsie-kampus plaasgevind. Geboue en monumente is beskadig en studente is uit koshuise

ontruim. Die kersie op die koek was egter die Universiteit van die Vrystaat se raadsbesluit dat Engels vanaf 2017 die enigste onderrig- en administratiewe taal van die universiteit sal wees. Solidariteit, AfriForum en AfriForum Jeug het met hul regspan hieroor gekonsulteer.

Die instellings is van mening dat die verwydering van Afrikaans nie die einde van transformasie beteken nie, maar ʼn voorwaarde vir die begin van transformasie is. Kovsies se radikale transformasie en ontwrigting begin dus nou eers.

Universiteit van StellenboschSolidariteit het ʼn mosie van wantroue teen die bestuur van die Universiteit van Stellenbosch ingestel nadat twee Maties-studente, wat valslik deur die Open Stellenbosch-beweging van rassisme beskuldig is, geskors is nadat hulle hulself vir ʼn koshuispartytjie pers geverf het. Die groep het valslik beweer die studente het hulself swart geverf om met swart mense die spot te dryf.

Daar word ook op Maties ʼn stryd vir die behoud van Afrikaans voortgesit wat telkens deur die drukgroepe geteiken word.

Die Mafikeng-kampus van die Noordwes-Universiteit, die Universiteit van Kaapstad en Wes-Kaap, Unisa en die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het ook onder grootskaalse geweld en ontwrigting gebuk gegaan.

KampusgeweldSolidariteit waarsku teen tweede Marikana

Foto

’s: Ro

zieR

Van

to

nD

eR; a

FRiFo

Rum

AFRIKAANSEN TROTS DAAROP!

Page 11: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

NUUSWAARDIG

Só vergelyk geweld met Marikana“Betogers word deur oproerige individue oortuig dat oproer, en nie vreedsame onderhandelings nie, die enigste uitweg is,” verduidelik Gideon du Plessis in sy vergelyking van kampusgeweld met die Marikana-slagting. “Die EFF en die Workers and Socialist Party (WASP) is redelik sentraal tot die huidige gebeure op die verskeie kampusse. Die ‘wenners’ ná Marikana was juis militante groeperings wat agter die skerms werksaam was en van agter hul verskuilde agendas op die voorgrond getree het ná die tragiese gebeure wat wêreldnuus geword het.”

Die huidige verskynsel op kampusse, waar edele eise voorgehou word maar onstabiliteit die einddoel is, wek die meeste kommer, aangesien dit onherstelbare skade tot gevolg het, sê Du Plessis. “Die Marikana-onrus het vir 18 maande voortgeduur soos wat sy vernietigende uitwerking en verskuilde agendas aan die lig gekom het.”

Hy verduidelik dat gewelddadige protesaksie uiteindelik diegene wat vir die verskuilde

agendas geval het, die meeste benadeel. Die Marikana-stryders word tot vandag toe negatief geraak deur die krimpende mynbedryf, werkloosheid, die afname in mynboubeleggers, onophoudelike onbestendigheid, ’n toename in misdaad en die fisiese vernietiging van infrastruktuur, om net ʼn paar voorbeelde te noem.

Raakpunte met MarikanaProses by universiteite tot op hede:1. Oorspoel van ʼn dispuut na soortgelyke

omgewing2. Eise kom edel en regverdig voor3. “Slagoffers” word vaandeldraers van die eis4. Verskuilde politieke agenda agter die eis5. WASP (Workers and Socialist Party) en

EFF in die agtergrond6. Onwettige oproerige byeenkomste word

nie verhinder nie en geweld volg ná elke byeenkoms

7. Oproerigheid versprei en eskaleer8. Atmosfeer vir onderhandelde skikking nie

meer gunstig nie

Marikana-gebeure wat moontlik by universiteite kan volg:9. Tragiese gevolge10. Populistiese groeperings tree op die

voorgrond en verklaar oorwinning11. Verdere onstabiliteit volg12. Permanente negatiewe gevolge vir

hoofstroom-rolspelers13. Atmosfeer geskep vir volgende eis14. Die parallelle tussen Marikana en die geweld

van die afgelope ruk is ook duidelik sigbaar in dié sin dat buitestanders met ʼn sterk politieke agenda poog om individue wat regstreeks by die konflik betrokke is, te oortuig dat hulle vir ʼn edele saak veg, sê Du Plessis.

Hy waarsku voorts indien die studente-protesleiers voortgaan om kwaad te stook en om geweld en anargie te verromantiseer, dieselfde tragiese gebeure as tydens die Marikana-insident ook op kampusse kan afspeel. Tydens die Marikana-optogte het geweld en plundering ná elke massabyeenkoms uiteindelik opgebou tot op die punt waar dit nie meer vreedsaam ontlont kon word nie. S

Page 12: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

www.solidariteit.co.za12Uitgawe 2 van 2016

Beste Afrikaanse jongmens,

Die media wemel die afgelope tyd met aanvalle op Afrikaans by skole en op universiteitskampusse. Baie van julle wonder seker of daar nog ’n toekoms vir Afrikaans

is, en of jou taal op skool en universiteit nog enigsins belangrik is. Daarom het ek met hierdie brief twee doelwitte. Eerstens wil ek kortliks agtergrond oor die taalkwessie aan julle gee. Tweedens wil ek “sewe toekomskaartjies” van Afrikaans met julle deel om my siening te regverdig dat die toekoms steeds Afrikaans is.

In 1976 was die swart jeug se kreet: “Óns wil nie in Afrikaans leer nie”. Vandag, 40 jaar later,

is dit: “Júlle mag nie in Afrikaans studeer nie”. Dis óns wíl nie, teenoor júlle mág nie. Hierdie twee krete is wêrelde van mekaar verwyder. Die een was op die oog af ’n stryd vir demokrasie, die ander is ’n openlike stryd teen ander se demokratiese regte. Die 1976-geslag het in die naam van hul eie vryheid geveg; die 2016-geslag veg teen Afrikaanse leerders en studente se vryheid om hul taal en kultuur uit te leef.

Die eerste kreet was die voorspel van “Liberation before Education”. Dit het ’n groot rol gespeel om die onderwys en indiensneembaarheid van ’n hele geslag jong swartmense te ondermyn. Vandag is die kreet “Transformation before Education”, waardeur

die volgende geslag hul eie toekoms ondergrawe. Dit lyk of nóg ’n groep ANC- en EFF-aktiviste die boot wil sink waarin hulle self moet vaar.

As ons kyk na wat die ANC se “1976-geslag” intussen met die land aangevang het, blyk dit terugskouend dat 1976 meer oor mag as oor taal gegaan het – nie oor politieke regte nie, maar oor politieke mag. Soos Breyten Breytenbach in sy kritiek op dr. Van Zyl Slabbert gesê het: “[Slabbert] did not realise that the ANC is neither about building a new nation nor about reconstruction and development, but about divvying up the spoils of victory.” ’n ANC woordvoerder, Smuts Ngonyama, het dit reguit gestel: “Ek het nie gestruggle om arm te wees nie.”

Brief aan Afrikaanse

jongmense: Die toekoms is AFRIKAANS!

Foto

’s: ist

ock

pho

to.co

m

Page 13: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

www.solidariteit.co.za13Issue 2 of 2016

NUUSWAARDIG

AFRIKAANSEN TROTS DAAROP!

Vryheid deur Afrikaans!Die feit is dat daar ’n nuwe stryd gevoer word teen Afrikaans, studiekanse vir Afrikaanse studente en die oorblyfsel van ’n Afrikaanse leefwyse op die histories Afrikaanse kampusse. Soms is die stryd openlik teen Afrikaans en sy sprekers, soos dié van die EFF by Tukkies. Meermale is die rassetransformasie van die universiteit die doelwit, en is perke op die toegang vir Afrikaanse studente en ’n stadige dood vir Afrikaans die voorspelbare gevolge.

Die vraag is: Wat moet Afrikaanse jongmense se reaksie hierop wees? Die regte strategie is een van “Vryheid deur Afrikaans”, oftewel “Vryheid deur Afrikaanse onderwys en opleiding”. Die rede is dat goeie onderwys en opleiding vandag meer as ooit tevore die sleutel tot sukses is. Dit maak jong Afrikaners betreklik vry van drakoniese rassewette en is die oorsaak dat werkloosheid onder wit jongmense teen 12% steeds ’n breukdeel van die werkloosheid van 43% onder swart jongmense is.

Met goeie onderwys en opleiding kan en gaan Afrikaanse jongmense altyd vir julself kan sorg – deur werk te kry of deur selfindiensname soos ’n eie sakeonderneming. Julle moet net moed hou, want ’n ekonomie werk uiteindelik nie op ras nie, maar op kennis, vaardighede en harde werk. By hierdie werklikheid kan niemand verbykom nie, ook nie radikale politieke jeugdiges nie.

Sewe toegangskaartjies van AfrikaansAfrikaanse universiteite is ’n “broodsaak”, omdat dit oor baie meer as bloot taal gaan. Afrikaans gee aan jou die volgende sewe noodsaaklike toegangskaartjies op jou lewenspad:

Toegangskaartjie tot studiesBy Engelse “getransformeerde” instellings is Afrikaanse studente in die praktyk nie meer welkom nie. Kyk maar wat het reeds by die Universiteit van Johannesburg en tegniese universiteite en kolleges gebeur. Natuurlik is toegang vir swart studente belangrik, maar toegang vir Afrikaanse studente is ook.

Indien Tukkies verengels, beteken dit dat daar in die hele Gauteng nie meer een openbare instelling oorbly waar Afrikaanse studente in hul eie taal kan studeer nie. Dit help nie dat die een groep se insluiting lei tot die ander groep se uitsluiting nie!

Enigste skans teen AfrikaniseringAfrikaans is jou kaartjie na akademie en ’n lekker studentelewe sonder politieke inmenging. Rasseteikens wat die bevolkingsamestelling moet weerspieël, verander in die praktyk ’n universiteit in ’n politieke instelling. Afrikaans is ook die enigste volhoubare waarborg vir die loopbane van Afrikaanse dosente en personeel, wat andersins deur rasseteikens uitgedun gaan word. Dis juis die verstaatliking van universiteite in Afrika wat tot hul ondergang gelei het.

Kaartjie tot die beste opleidingGenoeg studies het al bewys dat die beste opleiding in jou moedertaal gebeur. Dit stel jou in staat om jou kennis, waar nodig, in ’n tweede taal toe te pas. Duisende Afrikaners wat net in Afrikaans studeer en geleef het, beklee daarom nou topposte in Engelse lande. Moderne Afrikaanse jongmense se Engels is danksy die media, rekenaars en handboeke in elk geval baie goed. Jy sal dus maklik in die wêreld van werk aanpas.

Kaartjie tot hoë standaardeDie verengelsing van instellings lei daartoe dat dosente en studente eerstens op grond van ras aangestel en gekeur word, in plaas van suiwer op meriete. Natuurlik is daar baie top- swart akademici en -studente, maar gedwonge rasseteikens word baie hoër gestel as hulle beskikbaarheid. Wanneer dit gebeur, bly standaarde in die slag, soos al by so baie ander staatsinstellings gebeur het. Daarom bly Afrikaans baie belangrik vir hoë standaarde.

Jou “tuisvoel”-kaartjieDie ondervinding by getransfor-meerde instellings het gewys dat Afrikaanse studente dáár nie net so tuis, veilig en welkom voel nie. Hierdie plekke se kultuur word al hoe meer onvriendelik vir Afrikaanse studente. Julle het net soveel reg op ruimtes waar julle kan tuis voel, wêreldklasopleiding kan kry, én ’n onvergeetlike Afrikaanse studentelewe kan geniet.

Dit kos minder en jy leer meer!Dr. Fernand de Varennes, die internasionale taalregtekenner van Kanada, se navorsing wys dat moedertaalonderrig gemiddeld 27% minder kos, omdat kinders beter daarin leer. Die hoër koste is te wyte aan die swakker prestasie wat herhaling van onderrig of van studiejare noodsaak. Dan is daar ook die prys wat betaal word vir taalverwaarlosing, kulturele vervreemding en ontkenning van mense se kulturele vryheid, gelykheid en menswaardigheid, wat onberekenbaar hoog is en nie in geld uitgedruk kan word nie.

Jou toekomskaartjieAfrikaanse opleiding was nie verniet nie. Jy het dit dalk verniet gekry, maar jou ouers en grootouers het dit met baie opofferings opgebou. Dis jou voorreg om dit nou te help bewaar en weer vir die volgende geslag aan te gee, sodat hulle dieselfde sewe kaartjies na sukses kan hê as wat jy kan kry.

Hierin staan jy nie alleen nie. Daar is ’n hele span sterk Afrikaanse organisasies wat saam met jou staan. Ons werk vir die toekoms van Afrikaanse universiteitsopleiding in die openbare én privaat sektor. Jy kan dus seker wees van (onder andere) AfriForum, Solidariteit, Helpende Hand, Akademia en Sol-Tech se steun vir jou toekoms – in Afrikaans!

Groete,

Flip Buys

“Julle moet net moed hou, want ’n ekonomie werk uiteindelik nie op ras nie, maar op

KENNIS, VAARDIGHEDE en HARDE WERK. By hierdie werklikheid kan niemand verbykom

nie, ook nie radikale politieke jeugdiges nie.”

Page 14: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

www.solidariteit.co.za14Uitgawe 2 van 2016

NUUSWAARDIG

Die aanslag op Afrikaans het die afgelope paar weke weer opnuut begin kop uitsteek. Die woorde “Afrikaans Must Fall” is gedreunsang en teen mure van

geboue gespuitverf. Daarmee saam het klippe, bakstene en rubberkoeëls deur die lug getrek. “Doen weg met Afrikaans of ons maak dié plek onregeerbaar!” is gedreig. Die manne in rooi het taalstryders en liefhebbers van Afrikaans warm onder die kraag gehad.

Dat die toekoms van Afrikaans veral by universiteite bedreig word, is duidelik. Die meerderheid van die Universiteit van die Vrystaat se senaat het reeds vir die afskaffing van Afrikaans as onderrigtaal gestem. By die Universiteit van Pretoria hang die toekoms van Afrikaans as onderrigtaal in die weegskaal. Die bestuur van die Universiteit van Stellenbosch dreig ook kort-kort dat hulle Afrikaans as onderrigtaal gaan afskaf.

’n Mens kan nie help om te wonder hoe die nuutste politieke aanslag teen Afrikaans die toekoms van Afrikaans, veral as wetenskapstaal, bedreig nie. Die vraag is dus: In hoe ’n mate word die toekoms van Afrikaans as wetenskapstaal bedreig deur die (potensiële) afskaffing van Afrikaans as onderrigtaal by tradisioneel Afrikaanse universiteite?

Prof. Anne-Marie Beukes, voorsitter van die Afrikaanse Taalraad, is van mening dat daar in die onderwysdomein drastiese veranderings vir Afrikaans as medium van onderrig voorlê. “Afrikaans is ’n baie sterk taal, ook as onderrigmedium en as ’n wetenskapstaal. Dit blyk egter dat ons taal se sprekers besonder flink oorskakel na Engels as medium van onderrig. Die redes hiervoor is algemeen bekend, soos dat Engels ’n wêreldtaal, die taal van die werkplek en ook die taal van moderniteit is,” het Beukes gesê.

Daar bestaan egter min twyfel by Beukes dat Afrikaans ’n toekoms in Suid-Afrika het – mits Afrikaanssprekendes aanhou om vir hul taal te veg. “Na my mening moet ons as Afrikaanse taalgemeenskap besin oor hoe ons ander mense se sienings van ons taalgemeenskap kan probeer beïnvloed. Ons moet houdings kan verander oor die ongelooflike prestasies van Afrikaans as wetenskapstaal. Ons moet voorts met taalbewussynsprogramme oortuig dat Afrikaans ’n waardevolle bydrae in die skool en op universiteit maak,” het sy gesê.

Beukes meen die Afrikaanse taalgemeenskap

kan help om die voortbestaan van Afrikaans as wetenskapstaal te verseker. “Ons moet op beduidende skaal fondse inwin om privaat skole en universiteite, soos Akademia en Sol-Tech, lewensvatbaar te maak. Ons moet voorts die taalgemeenskap oor alle grense heen oortuig om hierdie moedertaalinstellings te benut,” het sy gesê.

Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van taal en kultuur by AfriForum, meen Afrikaans het as taal tot op ’n indrukwekkende hoë vlak ontwikkel. “Met meer as 6 miljoen moedertaalsprekers is Afrikaans een van die 150 grootste tale in die wêreld. Afrikaans is ongetwyfeld ’n hoëfunksietaal wat vir alle doeleindes gebruik kan word,” het Bailey gesê.

Volgens Bailey is Afrikaans op alle gebiede – van wetenskapsbeoefening tot letterkunde – van internasionale gehalte. “Afrikaans word tersiêr onderrig in die VSA, Rusland, België, Nederland, Pole en in ander lande. Dit is ’n nasionale bate en sleutel tot die kultuur en geskiedenis van die sprekers daarvan,” het Bailey gesê.

Wat die toekoms van Afrikaans betref, twyfel Bailey geensins dat Afrikaans, ongeag die nuutste aanslae teen die taal, hier is om te bly nie. “Tans is daar geweld op kampusse en enkele mense glo dit gaan oor Afrikaans. Nee, Afrikaans is maar een verskoning daarvoor ... Die stryd is teen ’n Westerse akademiese etos, nie teen ’n bepaalde taal nie,” volgens Bailey.

Bailey waarsku egter dat indien die aanslag teen Afrikaans nie bestuur word en Afrikaans nie beskerm word nie, sal internasionale standaarde en akademiese uitnemendheid helaas ook nie meer ’n plek in die land hê nie. “Daarom moet ons die status van Afrikaans ten alle koste behou,” het sy gewaarsku.

Bailey meen Afrikaanssprekendes kan soos volg tot die behoud en bevordering van Afrikaans bydra:• Deur hul reg op Afrikaanse moedertaal-

onderrig op alle vlakke ferm, maar waardig te eis;

• Deur hul werkstukke, publikasies en ander akademiese werk in Afrikaans te doen;

• Deur hulle nie te steur aan mites oor Engels wat die sleutel tot internasionale sukses is nie. Afrikaans het nie dr. Japie van Zyl van ’n suksesvolle loopbaan by NASA weerhou nie, dit het nie prof. Chris Barnard daarvan weerhou om ’n hart oor te plant nie, en dit het ook nie vir Deon Meyer van internasionale roem as skrywer weerhou nie;

• Deur Afrikaanse produkte en sake-ondernemings te steun sodat die Afrikaanse wêreld ook kan werk bied aan mense wat in Afrikaans studeer; en

• Deur hulself en mense om hulle bewus te maak van wat “taalregte” beteken en waarom dit belangrik is. S

Hoe lyk Afrikaans se toekoms in 2016?Deur Inge Strydom

AFRIKAANSEN TROTS DAAROP!

Foto

: isto

ckph

oto

.com

Page 15: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016
Page 16: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

www.solidariteit.co.za16Uitgawe 2 van 2016

NUUSWAARDIG

AFRIKAANSEN TROTS DAAROP!

Solidariteit het vanjaar ter viering van Internasionale Moedertaaldag op 21 Februarie twintig woorde in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) geborg. Die woorde is

spesifiek op grond van hul sterk verbintenis met die vakbond se waardes en toekomsplanne gekies. Die volgende woorde is deur die vakbond geborg: Veilig, voorspoedig, bou, reg, beskerm, groter, beter, sterker, werk, saamdoen, gemeenskap, groei, toekoms, opleiding, bewaar, roeping, waardig, bymekaarstaan, onafhanklik en ophef.

Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het elk van die woorde ’n besonderse betekenis vir die vakbond. “Die woorde beskryf die kern van Solidariteit se waardes en ideale, en gee ook ʼn goeie opsomming van ons strategie en toekomsplanne vir die volgende vyf jaar. Boonop is ons by die Solidariteit Beweging baie lief vir Afrikaans, wat die meerderheid van ons lede se moedertaal is,” sê Hermann.

Hermann verduidelik om hierdie positiewe woorde onder Solidariteit se naam te borg, is betekenisvol omdat Solidariteit homself oor die volgende vyf jaar wil ontwikkel en versterk. “Ons doel is en was nog altyd om ons lede na

die beste van ons vermoë te beskerm en om, gegewe die groeiende politieke en ekonomiese druk in die land, vir onsself en ons kinders ʼn vry, veilige en voorspoedige toekoms te skep. Die woorde en begrippe wat ons geborg het, beskryf die boustene waarmee ons hierdie toekomsideale bou,” sê Hermann.

Hermann sê die vakbond steun graag die WAT se “Borg ’n Woord”-projek omdat dit ter behoud en bevordering van Afrikaans is. “Afrikaans word toenemend vanuit verskeie oorde, veral by universiteite, aangeval en verdryf. Ons kan eenvoudig nie toekyk hoedat ons pragtige taal met sy unieke ontstaan tot niet gaan nie. Ons as die Afrikaanse taalgemeenskap moet daarom moeite doen om alle inisiatiewe wat ter behoud of bevordering van die taal is, te steun,” sê Hermann.

Dr. Willem Botha, hoofredakteur en uitvoerende direkteur van die WAT, verduidelik dat die “Borg ʼn Woord”-projek, wat reeds in 2010 ontstaan het, Afrikaanssprekendes opnuut bewus maak van die skoonheid van Afrikaans. “Mense dink na oor woorde wat vir hulle ʼn besonderse betekenis het en dan borg hulle daardie woorde,” sê Botha.

Botha sê die WAT word vanjaar 90 jaar oud en dit word onder meer met ʼn “Borg ʼn

Woord”-bonusjaar gevier. Dit behels onder meer dat twee deelnemers aan die projek elkeen ʼn Sanlamprys van R25 000 kan wen.

“Elkeen wat ʼn woord borg, kry vir ses maande gratis toegang tot die aanlynweergawe van die WAT en indien jy ʼn woord eksklusief teen R5 000 borg, kry jy vir vyf jaar gratis toegang. Deon Meyer, die huidige beskermheer van die projek, het reeds die woorde spanning en nugter teen R5 000 elk geborg. Vorige beskermhere en -vroue was David Kramer, Charlene Truter (Lackay), Marita van der Vyver, Nataniël en Dave Pepler,” sê Botha.

Botha verduidelik die fondse wat deur middel van die projek ingesamel word, is noodsaaklik vir die voortbestaan van die woordeboek. “Die WAT se subsidie deur PanSAT is drasties ingekort van R2,3 miljoen in 2003 tot R1,6 miljoen in 2015. Die WAT se jaarlikse begroting bedra tans R5 miljoen. Dit beteken R3,4 miljoen moet elke jaar deur die WAT geïn word om die begroting te laat klop. ‘Borg ʼn Woord’ is een van die projekte waarmee hierdie fondse gegenereer word,” vertel hy.• Enigiemand kan ‘n woord in die WAT se Borg

‘n Woord-projek borg of gedeeltelik borg. Besoek www.wat.co.za en klik op die “Borg ‘n Woord”-skakel vir meer inligting. S

Solidariteit borg 20 woorde vir MoedertaaldagDeur Inge Strydom

Foto

: isto

ckph

oto

.com

VEILIGSAAMDOENBOUREGBESKERMGROTERBETERSTERKERWERKVOORSPOEDIG

OPHEFGROEI

TOEKOMSOPLEIDING

BEWAARROEPING

WAARDIGONAFHANKLIK

GEMEENSKAPBYMEKAARSTAAN

Page 17: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

www.solidariteit.co.za17Issue 2 of 2016

NUUSWAARDIG

AFRIKAANSEN TROTS DAAROP!

Lesers sê waarom hulle trots Afrikaans isDeon Kotze: Afrikaans is definitief al wat my nog in Suid-Afrika geanker hou. Ons moet net poog om ons taal se hoë funksies verder uit te bou. Ons wil nie opeindig soos die Afrikaners in Patagonië nie!

Anniekie Allison: Kosbaar is my taal – die enigste taal met ʼn geskiedenis! Die enigste taal met bloed gekoop! Afrikaans vloei deur my are – dis geanker in my denke en my drome. Ek het lief in Afrikaans. Afrikaans is my hart se punt! Ek is trots in Afrikaans en ek is trots Afrikaans!

Annemarie Folkerts: Afrikaans is ʼn mooi taal. Afrikaans laat my dink aan braai, kuier, visvang, koeksisters, melktert en afval. Dit is my kultuur, my volk en my vaderland.

Hans Human: My voorouers het Duits en Nederlands gepraat. Afrikaans het in die Kaap as ʼn sogenaamde “kombuistaal” ontstaan. Ek het Afrikaans by my ouers leer praat en het in die skool Engels leer praat. Ek is ʼn trotse Afrikaan en tweetalig.

Johanna Cronje: Ek vra myself die afgelope tyd dié vraag gereeld af! Ek is die dogter van ʼn Afrikaans ma en ʼn Skotse pa. Ons het Engels

en Afrikaans gepraat in my ouerhuis. Nou, as volwassene, is ek met ʼn Afrikaanse man getroud en ons dogters is na ʼn Afrikaanse skool gestuur. Ons doen dit dus op die Afrikaanse manier: Respek vir volk en vaderland; dissipline met jouself, werk, huis, familie, skole en ander mense en hul dinge; geloof in ons God en ons medemens; liefde vir jouself, jou familie, en jou medemens; barmhartigheid – weer eens vir jouself, familie, vriende en medemens. Ek glo dié vyf punte is dit wat die Afrikaner maak wat hy is!

Hannetjie du Preez: Afrikaans is die taal wat ek praat, wat ek voel en wat ek verstaan. Dis die taal waarmee ek vir my mense vertel hoe lief ek hulle het en die taal waarmee ek my Hemelse Vader prys, dank en verheerlik, die taal waarin my ouers en voorouers gekommunikeer het. Dis ʼn gelukkige taal, ʼn liefhê-taal en ook ʼn huiltaal wanneer ander dit probeer doodmaak. Vir my is die taal net so soet en belangrik as wat Zoeloe vir Tsepo is en Engels vir die Queen. Moet dit nie doodmaak nie, asseblief.

Benru Zelie: Ons tradisie, biltong, braaivleis, rugby, gekookte kos, ons hoë standaarde en mooi land.

Regina Botha: Afrikaans is ʼn mooi taal. Die verskillende uitrukkings, idiome, vergelykings is ontelbaar, maar tog so beskrywend.

John Gouws: Dit mag seker simpel klink, maar ek kan met ordentlike vleis braai, wanneer ek wil. Daar is sonskyn, biltong, en in Afrikaans lag en sing. Nou wat kan my meer Afrikaans maak as dít?

Cornelius du Plessis: Ek is trots Afrikaans omdat dit my taal is. Ek het daarmee grootgeword en dit is in my bloed en are. Dit is deel van my erfenis en dis ons geskiedenis. Ek is nie skaam vir my taal nie en leer dit met graagte vir my kinders, kleinkinders en vriende. Afrikaans is wie en wat ek is. Ek is trots Afrikaans en lief vir my taal.

Quintin Jonck: Eenvoudig: Afrikaans is my geboortetaal. Afrikaans maak my nie rassisties nie, maar uniek. Alle nasies van alle kulture is uniek en deur God gemaak. God hou van diversiteit en sal dit beskerm.

Danie de Vries: Dis die mooiste, mooiste taal waarin jy kan lag en huil, werk en droom. Dis ʼn jong taal, met momentum, wat groei en aanpas en nooit sal uitsterf nie! S

Foto

:’s ist

ock

pho

to.co

m

Page 18: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

www.solidariteit.co.za18Uitgawe 2 van 2016

NUUSWAARDIG

AFRIKAANSEN TROTS DAAROP!

Solidariteit het gesê dat die Lily-myn se aansoek om besigheidsredding, wat in April deur die maatskappy aan werknemers

gekommunikeer is, tans die enigste uitweg vir die myn en sy werknemers is. Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, sê gegewe die feit dat produksie sedert die insinking van die myn op 4 Februarie vanjaar opgeskort is, en die myn na alle waarskynlikheid nie binnekort weer operasioneel sal wees nie, blyk besigheidsredding nou die myn se beste uitweg te wees.

“Hoewel ʼn aansoek om besigheidsredding dikwels net ʼn voorloper van ʼn likwidasieproses is, hou dit verskeie voordele vir die maatskappy en sy werknemers in. Boonop beskerm dit die maat- skappy teen krediteure en kan dit help verseker dat werknemers se diensvoorwaardes onveran-derd bly, tensy dit met die betrokke vakbonde heronderhandel word,” sê Du Plessis.

Du Plessis sê ʼn verdere voordeel van die aansoek om besigheidsredding is dat alle vak-bonde nou onmiddellik as ʼn betrokke party tot die proses geag sal word. “Dus bied dit ook nou

aan Solidariteit direkte toegang tot ons lede – ʼn reg wat die maatskappy ons lede tot op hede ontneem het,” sê Du Plessis.

Intussen is Solidariteit se hoofprioriteit nou om sy lede se werk te beskerm. “Ons sal daarom ook die beginsels ingevolge die departement van arbeid se aflegging-opleiding-skema as ʼn moont-likheid aan die besigheidspraktisyn voorhou om werkgeleenthede te beskerm. Daarvolgens sal werknemers met oordraagbare vaardighede ook bemagtig word totdat die myn hopelik weer in volle produksie is,” sê Du Plessis.

Du Plessis het nietemin die bestuur van die myn gekritiseer omdat die vakbond nie vooraf oor die aansoek om besigheidsredding ingelig is nie. “Bestuur het vroeër onderneem dat geen proses wat werkers se werksekuriteit raak, geïnisieer sal word voordat Solidariteit nie eers in kennis gestel is nie. Bestuur het glo reeds op 4 April om besigheidsredding aansoek gedoen, sonder om Solidariteit daarvan in te lig,” sê hy.

Ingevolge die besigheidsreddingsproses word die magte van die direkteure en bestuur van die

maatskappy nou ingeperk en vir tyd en wyl sal die besigheidsreddingpraktisyn verantwoorde-likheid vir die bestuur van die maatskappy neem.

“Sodra die besigheidsreddingpraktisyn aange-stel is, sal Solidariteit poog om ʼn konstruktiewe verhouding met die praktisyn te vestig om so gesamentlik te poog om die myn weer volhou-baar te kry en werkgeleenthede te beskerm,” sê Du Plessis.

Solidariteit sê hy sal verder met die departe-ment van mineralebronne skakel om sodoende die verhoorondersoek ingevolge die rede vir die mynongeluk te vervroeg sodat die vakbond die inligting rakende die oorsaak van die insinking van die myn so gou moontlik kan bekendmaak.

“Tans word talle werknemers geviktimiseer, daarvan beskuldig dat hulle moontlik die fluitjie-blasers is, en gedreig. Fluitjieblasers word deur wetgewing beskerm en die maatskappy moet sy heksejag en viktimisering onmiddellik staak, anders sal Solidariteit genoodsaak wees om die nodige regstappe teen individue in die maatskap-py te doen,” sê Du Plessis. S

Besigheidsredding enigste uitweg vir Lily-myn en werknemers

Ons soetste taal, Afrikaans, word deesdae as baie verskillende dinge bestempel, maar ’n kombuistaal is dit vir seker nie. Afrikaans is kleurryk en kan

stories al te maklik optooi met sy beskrywende woorde, spreekwoorde en idiome. Boonop word Afrikaans al meer as 100 jaar lank erken as een van die onderrigtale in Suid-Afrika, en met goeie onderwys en opleiding gaan Afrikaanse mense altyd vir hulself kan sorg – deur werk te kry of deur selfindiensname soos ’n eie sakeonderneming. ’n Ekonomie werk op kennis, vaardighede en harde werk. Antwoord hierdie vraag en staan die kans om ’n groot prys te wen: Wat is ’n smulpaap?

Hoe neem jy deel?SMS Tydskrif-kompetisie, jou naam, van en jou antwoord na34802. SMS’e kos R2.

Wat is op die spel?Jy staan die kans om ’n Cadac-skottelbraai met ’n 5 kg-gasbottel, ’n lamp en kookblad ter waarde van bykans R2 000 te wen.

SluitingsdatumDie sluitingsdatum is 31 Mei 2016. S

Afrikaanse spreekwoorde: Kort, maar kragtig!

WEN!WEN!WEN!

Foto

: isto

ckph

oto

.com

Page 19: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

HONGEROM TEHELP?

SolidariteitHelpende Hand

®

STUDIE ONTHUL: Daar is ’n gemiddelde

gewigsverlies van 2% of 300g by kleuters ná die skoolvakansie.

Ná deeglike voeding deur Solidariteit Helpende Hand se Kosblikkieprojek

het die gemiddelde massa weer met 4,3% gestyg. Die tydperk waarin

die kleuters hulself bevind is hul heel belangrikste tyd vir optimale ontwikkeling – fisiek,emosioneel,sosiaalenveralkognitief.

Helpende Hand verskaf daagliks ‘n gesonde bord kos aan meer as 4 500 kleuters.

SMS “BORD” na 38969

en dra R10 by tot ’n

gesonde bord kos vir

’n behoeftige kleuter

Solidariteit Helpende Hand is ’n geregistreerde handelsmerk en deel van die Solidariteit Beweging

0861 25 24 23www.helpendehand.co.za

Page 20: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

www.solidariteit.co.za20Uitgawe 2 van 2016

NUUSWAARDIG

Beroepsgildes is ’n eeue oue konsep wat ten doel het om lede van ’n professie onderling aan mekaar te bind sodat hulle mekaar kan help om suksesvol in die professie te wees.

Die gilde dien as netwerk, opleidingsplatform, hulpbron vir vordering in lede se professie, en as toegangspunt vir jongmense.

Gildelede is trotse mense wat streef na uitnemendheid en om meesters van hul vak te wees. Hulle help mekaar onderling.

Solidariteit het besluit om die gildekonsep te laat herleef. Daar word beplan om mettertyd vir elke beroepsrigting ’n Afrikaanse gilde te skep. Die gildes gaan saamgebind word in ’n nuwe Solidariteit Federasie vir Afrikaanse Beroepsgildes.

Tradisioneel het Solidariteit mense volgens hul werkplekke georganiseer. Nou gaan Solidariteit selfs verder en word mense ook volgens hul werk georganiseer.

Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, is die Solidariteit-gildes se doel om in onsekere ekonomiese en politieke tye vir mense ’n veilige tuiste te skep.

“Ons voorsien gildes in die mediese sektore, vir regslui, ingenieurs, ambagslui, finansiële beroepe en nog vele meer. Die gildes gaan mense uit spesifieke beroepe dwarsoor Suid-Afrika aan mekaar bind,” het Hermann gesê.

Die Solidariteit-gildes sal ook as drukgroep vir die beroep dien en sal as waghond optree in geval van wetswysigings of onregmatige transformasievereistes.

Die gilde sal ook as netwerk funksioneer. Mense sal beste praktyke by mekaar kan leer, maar sal ook met mekaar kan kontrakteer.

In die gildes sal daar groot klem gelê word op opleiding. Die gildes sal opleiding aanbied oor nuwe tegnieke, wetswysigings en algemene beroepsopleiding. Waar ’n spesifieke beroep professionele punte moet verdien, sal die gilde dit ook teen groot afslagpryse aan lede bied.

Die gildes sal ook poog om ’n deur tot die beroep vir jongmense te wees. Gildelede sal vakansiewerk aan jongmense gee, asook help met internskappe en mentorprogramme. Die gildes sal ook sover moontlik studiefondse stig om jongmense te help om opgelei te word.

Die gildes sal voorts baie nou saamwerk met Solidariteit se kollektiewe sy, waar mense volgens hul werkplekke georganiseer word. Die doel is om mense suksesvol in hul beroepe

te maak. Die Solidariteit-gildes sal sover moontlik in bondgenootskap met Solidariteit se opleidingsinstellings soos Akademia en Sol-Tech tree.

“Ons mense word te maklik in die werkplek geboelie. As ons omgewing negatief raak, moet ons mekaar beskerm. Die gildes se doel is om

die beroep en die mense in die beroep te beskerm,” het Hermann gesê.• Beroepsgroepe wat belangstel om ’n

Solidariteit-gilde vir hul professie te stig, kan ’n e-pos stuur aan Moira Kloppers,

Solidariteit se bestuurder vir Beroepsgildes, by [email protected]. S

Solidariteit-beroepsgildes: Ons help mekaar

Nuut by Solidariteit

Foto

: isto

ckph

oto

.com

Solidariteit het besluit om die gildekonsep te laat herleef. Daar word beplan om mettertyd vir elke

beroepsrigting ’n Afrikaanse gilde te skep. Die gildes gaan saamgebind word in ’n nuwe

Solidariteit Federasie vir Afrikaanse Beroepsgildes.

Page 21: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

www.solidariteit.co.za21Issue 2 of 2016

NEWSWORTHY

pho

tog

Raph

: isto

ckph

oto

.com

Yet another budget speech has come and gone, but South Africa’s economy can still only start recovering once Government drastically curbs its interference and spending.

“We consider the continuation of centralisation and interference by Government to be the wrong medicine that will hinder the economy even more. Our view is that real reforms of legislation and policy are necessary to reflect the principles of true economic freedom,” said Gerhard van Onselen, economic researcher at the Solidarity Research Institute (SRI).

Van Onselen pointed out that it would be extremely difficult for the State to stabilise debt at a level below 50% of the gross domestic product, a psychologically important warning level.

“In conditions of weak economic growth, Government will view higher tax rates as

unavoidable to bring its debt under control, but owing to the discouraging effects of higher taxation on participants in the economy, this will not necessarily guarantee an increase in revenue. Higher tax rates could in fact weaken the capital base of the economy even further. The only sustainable solution is to decrease expenditure, which could be accomplished in many ways, such as abolishing irrelevant government departments, institutions and projects,” van Onselen said.

These are Solidarity’s directives to stimulate economic growth:• Free capital formation versus government

expenditure. Productive people and businesses should be allowed to spend their savings according to their own judgement and expertise, rather than increasingly paying it to Government in the form of tax for the

latter to spend it as it deems fit.• Real decrease in government expenditure.

A real decrease in spending is required, not only a lowering of the rate at which government expenditure grows. To achieve this, irrelevant government departments and projects could be abolished.

• Revision of policy regarding government institutions. Institutions such as the SAA and the SABC should be sold on the free market. This should be accompanied by a revision of the legal frameworks that favour these institutions and prohibit fair competition in their fields.

• Policy reforms. Laws and policies on expro-priation, land ownership, black economic empowerment and affirmative action that are harmful to the economy should be reversed to boost production and investments. S

Economy needs less interference and spending

Page 22: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

www.solidariteit.co.za22Uitgawe 2 van 2016

NUUSWAARDIG

Solidariteit het op 23 Maart die arbeidshof in Johannesburg versoek om die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se huidige regstellendeaksieplan (vir die tydperk

2015-2019) ongeldig te verklaar. Solidariteit meen dié plan kom, soos die polisie se vorige regstellendeaksieplan wat reeds ongeldig verklaar is, op ’n kwotastelsel neer.

Volgens Johan Kruger, adjunkhoof van Solidariteit, sal die uitkoms van die hofsaak teen die SAPD oor sy huidige regstellendeaksieplan duisende poste in die polisie raak. Solidariteit het ook onder meer in ’n dringende hofaansoek gevra dat meer as 5 000 poste wat in Februarie vanjaar geadverteer is, nie ingevolge die doelwitte van die polisie se huidige regstellendeaksieplan gevul moet word nie.

Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, het gesê Solidariteit wil deur middel van sy hofaksie verhoed dat daar verder onbillik teen enige persoon in die SAPD gediskrimineer word. “Die SAPD se regstellendeaksieplanne sal, indien dit toegepas word, op onbillike diskriminasie neerkom. Ons meen die planne is net ’n rookskerm vir die polisie om kwotas volgens die nasionale rassedemografie toe te pas. Sodoende word ervaring misken en dienslewering trek aan die kortste ent,” het Van der Bijl verduidelik.

Kruger het gesê dat die SAPD geappelleer het teen die arbeidshofuitspraak van Januarie vanjaar, waarin die polisie se regstellendeaksieplan van 2010-2014 ongeldig en ongrondwetlik verklaar is. Dié uitspraak maak

dit vir Solidariteit moontlik om sy lede met regsaksie by te staan indien hulle gedurende die onlangse rondte van bevorderings aan die begin van 2016 weens die rassekwotas in die ongeldige plan nie bevorder is nie.

“Ons hofaansoek teen die polisie het ’n tweeledige doel: Eerstens wil ons verhoed dat die SAPD enige bevorderings en aanstellings op grond van ras of geslag maak alvorens die appèlproses teen die vorige plan nie afgehandel is nie. Tweedens vra ons dat die SAPD se huidige regstellendeaksieplan vir die tydperk van 2015 tot 2019 ook ongeldig verklaar moet word, en dat geen aanstellings en bevorderings ingevolge dié plan moet plaasvind totdat die hofsaak afgehandel is nie,” het Kruger gesê.

Die partye het hul betoog gelewer en daar word op die uitspraak gewag. S

“Skrap SAPD se regstelaksieplan” – Solidariteit

Foto

: isto

ckph

oto

.com

“Ons meen die planne is net ’n rookskerm vir die polisie om kwotas volgens die

NASIONALE RASSEDEMOGRAFIE toe te pas. Sodoende word ervaring misken en

dienslewering trek aan die kortste ent,”

Page 23: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

NUUSWAARDIG

Solidariteit se kompetisie waarin een gelukkige Solidariteit-ondersteuner gekies word om as ambassadeur saam te vlieg na die Verenigde Nasies (VN) in Genève, Switserland, het op 4 April

gesluit. Die paneel het ’n kortlys saamgestel uit ʼn duisend motiverings wat ontvang is, en is tans besig om onderhoude met hierdie kandidate te voer. Die vakbond neem in Augustus vanjaar een ondersteuner as ambassadeur saam om die algemene publiek in die stryd teen onbillike diskriminasie te verteenwoordig.

Die vakbond het die klag in September verlede jaar ingevolge die internasionale konvensie vir die uitskakeling van alle vorme van rassediskriminasie by die VN in Genève ingedien. Suid-Afrika is ʼn ondertekenaar en lidland van die konvensie en moet elke twee jaar oor die land se voldoening aan die konvensie verslag doen.

Burgerlike organisasies kan ʼn skaduverslag in reaksie op ’n regering se verslag indien. Die

waghondkomitee in die konvensie kan dan aanbevelings aan die lidland doen. Dié aanbevelings moet geïmple-menteer word en die betrokke land moet oor die implementering verslag doen. Solidariteit se klag neem die vorm van ʼn skaduverslag aan, na aanleiding van die regering se verslag wat in Desember 2014 ingedien is. Die regering het sy

verslag agt jaar laat ingedien.Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van

Solidariteit, verduidelik dat Solidariteit as deel van die klagteprosedure sy skaduverslag aan die genoemde komitee van die VN gedurende die komitee se sitting in Augustus vanjaar sal voorlê.

“Ons sal onder meer aandui dat die Suid-Afrikaanse regering die internasionale reg in verskeie opsigte oortree. Ons sal voorts daarop wys dat dit ons demokratiese plig is om dit onder die aandag van die tersaaklike forums te bring,” sê Hermann.

Die klag volg onder meer op Renate Barnard se nege jaar lange stryd teen rassekwotas in die Suid-Afrikaanse Polisiediens wat sy uiteindelik in die konstitusionele hof verloor het. Die Solidariteit-klag fokus egter ook op die regering se gebruik van rassekwotas wat op grond van die land se nasionale rassedemografie gemeet word.

Die ambassadeur sal in die volgende Solidariteit Tydskrif bekendgestel word. S

VN-kompetisie: Wie gaan ons ambassadeur wees?

WEN!WEN!WEN!

Foto

: isto

ckph

oto

.com

Page 24: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

www.solidariteit.co.za24Uitgawe 2 van 2016

Aangesien dit deesdae so fatsoenlik geraak het om ope briewe oor of aan mense te skryf, gaan ek nou ook my eerste een probeer. Hierdie brief word egter nie slegs

aan een persoon gerig en so wyd moontlik versprei soos ’n ope brief nie, maar aan ’n hele groep met wie ek meer intiem wil gesels. Daarom noem ek dit eerder ’n geslote brief, want dis ’n soort siekebedgesprek tussen mense wat vertroud is met mekaar. Geen seepkis word dus benodig nie.

My geslote brief is gerig aan die linkse wit groepering van goed opgevoede, swakker opgevoede en totaal onopgevoede Afrikaanse mense (omdat hulle die term Afrikaner haat, sal ek dit nie gebruik om na hulle te verwys nie) wat hulle die reg aanmatig om namens alle witmense en Afrikaners in Suid-Afrika te praat of om ongekwalifiseerde, ongesofistikeerde en haatdraende stellings oor witmense en hul rol in die land te maak.

Julle skuil oral in obskure én prominente rolle by universiteitsdepartemente en probeer julle eie bestaan daar regverdig deur haatspraak jeens witmense en spesifiek Afrikaners in openbare forums te pleeg. Sommige van julle is kunstenaars en werk ook in die media en by uiters irrelevante denkskrums en eien daarmee vir julle die reg toe om die monopolie op kennis te hê. Julle hoop om eendag onthou te word en begenadig te word wanneer die EFF en ander skurk-organisasies die land en sy universiteite in vlamme laat opgaan en wit gesigte met swart gesigte vervang word.

Julle sit in ivoortorings en kyk as’t ware neer op almal in die land – wit én swart – en preek

dan vanuit ’n hoogte na die “gepeupel” wat nog nie die “ware lig” gesien het nie. Ek weet nie of julle werklik altruïstiese bedoelinge met julle dade het nie, maar dit kom tot uiting op ’n manier wat niemand baat nie. Dit het beslis nie die gewenste uitwerking om hierdie land met sy tallose probleme op te bou en te rehabiliteer nie.

Julle is die filosowe van hierdie wêreld, of so dink julle. Julle leef in totaal abstrakte ruimtes waar daar geen waarheid behalwe jul eie is nie. Feite maak ook kwansuis nie saak nie, want hoekom sal feite dan nou ’n lekker storie (sofisme?) bederf? Julle bepleit enersyds die uitwissing of ten minste die verdrywing van alle wit mense in Suid-Afrika, maar julle het self slegs wit vriende en julle het nog nooit ’n enkele weldaad of liefdadigheidsgebaar op jul eie of deur middel van ’n organisasie soos ’n kerk of weldoenorganisasie onderneem nie. Nee, dis benede julle. Julle “opium” is polities korrekte gemeenplase of haatspraak teenoor wittes. Dit gaan natuurlik mos die land red of die wêreld ’n beter plek maak, of hoe? En dis dan boonop die breedste weg, want die wittes gaan jou nie in jou kantoor vaskeer en jou met die dood dreig as die volgende betoging uitbreek nie. Hulle is mos vergewende Christene wat glo in orde en vrede. Hoe gerieflik!

Vir julle maak dit nie saak dat duisende swartmense in Suid-Afrika vir Afrikaanse sakelui met ondernemings van tussen 1 en 50 werknemers werk nie. Nee wat, julle is te besig om in julle regeringskantore (ja, universiteite is deesdae regeringskantore) te sit en koerant te lees, politiek korrekte konferensies by te woon, baie min werk te doen en aan julle volgende stuk antiwit-hoon te dink. Julle mors en teer tog te lekker op witmense se belastinggeld (die

geld vir universiteite moet van iewers af kom) waar julle as “tenured bureaucrats” tog so bang is julle eie witheid ontstel dalk die rektore en dekane. Ek is jammer om julle dit mee te deel, maar abstrakte en totaal bespotlike teorieë en drogredenasies gaan nie swartmense se armoede en uitdagings oplos of hul woede wegneem nie. Dit gaan slegs gebeur deur nog te bou en te skep, nie deur afbreek en haat nie.

As julle beveel dat alle witmense kulturele selfmoord moet pleeg en die land verlaat omdat daar nie ’n plek vir ons in Afrika of Suid-Afrika is nie, kan ek voorstel dat julle self jul eie advies eerste volg? Dit moet sleg wees om so skuldig oor jou bestaan te voel dat jy jou eie uitwissing of verwydering sal voorstaan. Daarom die vraag: Wat maak julle nog hier? Julle is tog immers wit en praat Afrikaans. Kan julle die eerstes wees om julle goed te vat en te trek sodat die res van ons in die land kan aangaan om aan iets beters te bou? Ek weet ek sal bly wees dat my belastinggeld nie verder op julle “werk” gemors word nie.

Julle monde skuim omtrent wanneer julle uitasem verklaar dat AfriForum nie namens julle praat of optree nie. Dis julle keuse. Niemand het gesê AfriForum tree namens alle wit Afrikaanssprekendes op nie, maar julle kan dit nie vinnig genoeg ontken nie en beskryf dit as “’n gevaarlike en gewelddadige organisasie” – en dit sonder enige bewyse. Die feit is dat AfriForum wel optree namens ’n groot groep mense wat ons hulp versoek, terwyl talle ander onwetend (en onbetalend) die vrugte daarvan pluk. Die chaos sou nou nog by die Universiteit van Pretoria geheers het as Solidariteit en AfriForum nie op ’n hoë vlak met

Geslote brief aan WIT LINKSES

Deur dr. Eugene Brink

Foto

: isto

ckph

oto

.com

Page 25: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

NUUSWAARDIG

Issue 2 of 2016 www.solidariteit.co.za25

Telkom wil 6 000 poste snySolidariteit sê hy sal nie skroom om regsaksie teen Telkom te neem oor sy planne om sy werkmag met sowat 6 000 te sny nie. Telkom wil onder meer 300 poste by sy Corporate Centre herstruktureer en ’n verdere 1 600 poste as deel van ’n artikel 197-besigheidsoordragproses na Business Connexion (BCX) oordra. Volgens Telkom voorsien hy dat sy kernwerksmag van 13 895 uiteindelik teen einde 2016 uit slegs 8 000 werknemers sal bestaan.

Solidarity welcomes ArcelorMittal CEOSolidarity welcomed the recent appointment of Wim de Klerk as the new CEO of ArcelorMittal South Africa (Amsa). Marius Croucamp, Deputy General Secretary of the Metal Industry at Solidarity, said the union was positive that de Klerk’s appointment would be advantageous to the future of ArcelorMittal. “His previous exposure to the company and the industry, together with his financial and strategic background, makes him an ideal candidate to take over the company at a difficult time.”

7,5%-verhoging by Paarl MediclinicSolidariteit het onlangs ’n 7,5%-salarisverhoging vir sy lede by Paarl Mediclinic beding. Daar is ook ooreengekom op ’n 12%-verhoging in uniformbydraes en ’n 6%-styging in mediesefondsbydraes.

7%-verhoging by PPECB National’n Salarisverhoging van 7% is vir lede by PPECB onderhandel waarby ’n R3 000-motortoelaag plus ’n kilometertoelaag beding is. Verder kry lede ook ’n R250-selfoontoelaag.

KORTLIKS • BRIEFLY

die ANC beraadslaag en die chaos ontlont het nie. Dit sal moontlik nie vir julle as “kenners” van menseregte en dergelike konsepte saak maak nie, maar vryheid van assosiasie is ’n grondwetlike en internasionaal erkende reg. Die feit is Solidariteit en AfriForum het baie steun om te doen wat ons doen en niemand kan sê dat ons hulle op enige manier te na kom nie.

Julle kognitiewe dissonansie verstom my en dit is een van die skreiendste swakplekke in jul monderings. Sommige van julle vertel hoe lief julle vir jul taal en kultuur is en bepleit dan terselfdertyd die afskaffing daarvan buite die huis. Hoe maak dit op enige planeet sin en hoekom nog die skyn wek dat julle vir Afrikaans en sy mense omgee? Dis soos om te sê: “Ek is mal oor koek en kan nie genoeg daarvan kry nie, maar moet dit tog om hemelsnaam net nie verkoop of bak nie!” Dink julle regtig die huidige vlaag van geweld en die uitwissing van die Afrikaanse taal en kultuur gaan Afrikaans bevorder? Dink julle dit gaan net oor Afrikaans en dat die volgende eise deur die boewe nie jul eie poste in die gedrang sal bring nie? Kou gerus aan hierdie vrae, maar ek dink nie ek gaan ’n eerlike of bevredigende antwoord kry nie.

Ek wil afsluit deur te sê dat ek bekommerd is oor julle invloed by universiteite en in die openbare domein. Jul inkruiperige gedrag as sikofante en jul gebrek aan enige vorm van kritiese denke dra by om universiteite sentra van onuitnemendheid te maak en die land in middelmatigheid en selfs ’n rassekrisis te dompel. Waar universiteite, koerante en openbare debatte kritiese denke moet aanspoor en ruimte vir afvallige menings moet

skep, is julle besig om die teenoorgestelde te bewerkstellig. Eerder as om jul geliefde “diversiteit” in die hand te werk, werk julle hard om die wêreld in ’n monolitiese, grys en steriele eenheid te smee waar daar geen debat, meningsverskil of alternatiewe stemme gehoor kan word nie.

Moet my asseblief net nie daarby insluit nie, want julle is geensins my gevolmagtigdes nie en ek het baie meer selfrespek as dit. En moet my asseblief nie weer bel of kontak – soos etlike van julle al telkens gedoen het – as julle vir jul wit studente, vriende of familielede werk by die Solidariteit Beweging soek weens regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging nie. En as julle julself vir geen klasgelde beywer en op meer sosialisme aandring, begin dan om eerste jul eie inkomste op te offer. Ek was eerlikwaar my hande in onskuld aan julle aandadigheid.

Ek kan nog baie skryf, maar kom ons los dit daar. Glo dit of nie, ek het eintlik regte werk om te doen: werk wat nou ’n positiewe en tasbare verskil aan mense se lewens maak en iets wat die Here (ja, Hy bestaan) my geroep het om hier en in hierdie tydvak te doen. S

“Julle leef in totaal abstrakte ruimtes waar daar geen WAARHEID behalwe jul eie is nie.

Feite maak ook kwansuis nie saak nie, want hoekom sal feite dan nou ’n lekker storie(sofisme?)bederf?”

Page 26: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

www.solidariteit.co.za26Uitgawe 2 van 2016

NUUSWAARDIG

Sedert Donderdag 25 Februarie draf studente van Akademia vinniger en beter klas danksy die ingebruikneming van optieseveseltegnologie. Die oorskakeling van ADSL-verbindings

na nuwe optiesevesellyne verbeter die gehalte van beeld en klank binne en buite Akademia se sewe klaslokale landwyd.

Waldemar Blanché, hoof van opvoedkundige tegnologie by Akademia, het gesê die oorskakeling hou Akademia aan die voorpunt van die tegnologie-omwenteling wat wêreldwyd in hoër onderwys plaasvind: “Optiese vesel maak groot verbeterings in die gehalte, stabiliteit en betroubaarheid van studente se interaktiewe klaservaring moontlik. Dosente kan nou ook regstreeks YouTube-video’s en ander multimediavoere in klasse gebruik.

“Ons is besig om ’n groot deurbraak te maak: om volstrek met hoër onderwys te gaan waar iemand nog gegaan het nie,” het Blanché gesê.

Al is hoësnelheid-ADSL steeds die gewildste breëbandkommunikasietegnologie in Suid-Afrika, het Akademia dié tegnologie nou vir selfs meer gevorderde optiese vesel verruil.

Akademia se onderrigmodelAkademia se onderrigmodel kombineer ’n klaservaring met afstandsonderrig. Studente woon klas by, maar kan kies by watter van die sewe studiesentrums landwyd hulle dit wil doen.

Alle klasse is regstreeks in verbinding met mekaar en met een van vier professionele ateljees by Akademia se hoofgebou, waar die dosent gesetel is. Studente sien op een groot skerm die notas en op ’n tweede skerm die dosent.

Soos die meeste klasse by ander universiteite duur die sessies 50 minute en kan studente aan die klas deelneem deur eenvoudig ’n hand op te steek en ’n vraag te vra. Die student word dan met behulp van sagteware outomaties na die voorgrond van die video in die ander klasse gebring, byna asof die vraag in dieselfde lokaal gevra is. Net so kan die dosent vrae aan enige student in enige van die klasse landwyd rig en word die antwoord en bespreking regstreeks oor studiesentrums heen gedeel en ervaar.

Die ateljees vanwaar die dosente klasse aanbied, is toegerus met gevorderde tegnologie. Daar is groot TV-skerms voor die dosente waarop al die klasse verskyn en waar hulle

studente kan identifiseer aan wie hulle vrae wil stel en opdragte wil gee. Met behulp van digitale penne kan dosente die notas wat hulle op papier maak, na die skerms in die studiesentrums oordra. Klank, video en ander tegnologiese aspekte word deurentyd deur klank- en videoingenieurs in die beheerkamer gemonitor.

Ná afloop van die klasse word die opnames geredigeer en binne dae aan studente beskikbaargestel op Akademia se digitale leerruimte, die Spens. Hier kan studente video-opnames van die klasse aflaai, argiefmateriaal bestudeer, of selfs net die klankbaan op hul selfone laai om weer op pad werk toe as ’n potgooi daarna te luister. S

Akademia gee tegnologiese tree vorentoe’n Lugfoto van Akademia se kantore. Onder: Optiesevesellyne verbeter die gehalte van beeld en klank binne en buite Akademia se sewe klaslokale landwyd.

Page 27: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

www.solidariteit.co.za27Issue 2 of 2016

Page 28: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

www.solidariteit.co.za28Uitgawe 2 van 2016

Nuus oor al die bedrywe waarin die vakbond Solidariteit funksioneer asook kwessies wat jou in die wêreld van werk regstreeks raak.Bedryfsnuus

Die afleggingstragedie in Witbank (Emalahleni) waardeur sowat 2 187 mense geraak word, is nou ʼn nasionale prioriteit. Só het dr. Danie Brink, uitvoerende

hoof van Solidariteit Helpende Hand, vroeër vanjaar aan sowat 300 Solidariteit-lede wat deur die afleggings geraak word, tydens ʼn ledevergadering gesê.

Die lede het by ʼn plaaslike kerk bymekaar gekom om ʼn ledevergadering te hou waartydens ʼn noodplan van die vakbond en Helpende Hand bespreek is. Die vakbond het lede met CV-opdaterings ondersteun en Helpende Hand het kospakkies uitgedeel om gesinne se nood te verlig. Die kospakkies bevat genoeg nie-bederfbare voedsel om ʼn gesin van vier vir twee weke te voed.

Van die 2 187 mense wat deur die afleggings geraak word, is 1 753 van Highveld Steel en 434 van Vanchem Vanadium Products in die Witbank-omgewing.

Benewens die uitdeel van kospakkies en hulp met die opstel van CV’s, bied Helpende Hand ook bystand aan verskeie skole in Witbank. “Helpende Hand het aan vyf verskillende skole in Witbank elk R5 000 geskenk as deel van ’n voedingskema. Daarmee saam sal ons deur middel van ons Tuisgenoot-projek sorg dat bejaardes steeds die nodige sorg ontvang,” het Brink tydens die ledevergadering aan Solidariteit-lede gesê.

“Wat studiehulp betref, sal ons ook fondse uit ons rampgebiedstudiefonds, wat tydens die stakings in Rustenburg tot stand gekom het, aan skole in die Witbank-omgewing beskikbaar stel. Helpende Hand beplan om vanjaar R30 miljoen aan studiehulp uit te betaal, wat uiteraard ook aan Solidariteit-lede wat deur die afleggings geraak word en wie se kinders wil studeer, beskikbaar gestel sal word,” verduidelik Brink.

Intussen het Helpende Hand voortgegaan om skenkings vir lede in Witbank in te samel en is daar weer op 4 Maart vanjaar kospakkies aan lede uitgedeel.

Highveld Steel se opdraande padHighveld Steel is sedert April verlede jaar onder besigheidsredding geplaas, waarna die maatskappy sy werknemers op ’n opleiding-

Witbank-afleggingstragedie nasionale prioriteit Deur Inge Strydom

Foto

’s: Re

int D

ykem

a

Page 29: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

www.solidariteit.co.za29Issue 2 of 2016

BEDRYFSNUUS

afleggingskema (“Training Layoff Scheme” of TLS) geplaas het. Die maatskappy moes egter ná vier maande die opleiding staak.

Derek Pienaar, projekbestuurder by Highveld Steel wat ook in beheer van die opleiding-afleggingskema by die maatskappy was, verduidelik dat die maatskappy R38 miljoen uit sy eie sak betaal het sodat werknemers vir ʼn tydperk van vier maande aan die skema kon deelneem. “Die departement van arbeid het verskeie kere skriftelik ooreengekom dat hulle die geld weer aan ons sal terugbetaal. Ons is egter op 10 Februarie ingelig dat die werkloosheidversekeringsfonds nie meer sy deel van dié ooreenkoms sal nakom nie. Gevolglik moes ons die opleiding dadelik stop en lede huis toe stuur,” verduidelik Pienaar.

Piers Marsden, Highveld Steel se besigheidsreddingspraktisyn, meen die situasie is rampspoedig. “Ons weet ons kan nie van die

regering verwag om elke sukkelende besigheid te red nie. Highveld Steel is egter ʼn volhoubare besigheid wat van strategiese belang vir die Suid-Afrikaanse ekonomie is. Hierdie is nie ’n onderneming wat maklik weer opgebou sal kan word as dit eers tot niet gegaan het nie,” sê hy.

Marsden sê Highveld Steel het die afgelope paar maande al sy beskikbare fondse gebruik om werknemers se salarisse te betaal. “President Zuma het in sy staatsrede gemaan dat werkgewers alle ander alternatiewe naas afleggings moet oorweeg. Hier is nou vir die regering die geleentheid om 2 000 hoogs gekwalifiseerde mense se werk te red. Tog blyk dit dat die regering verkies om anderkant toe te kyk,” sê Marsden.

Highveld Steel het tot die einde gehoop die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK), met wie hy ʼn goeie verhouding het, sou aan hom ʼn reddingsboei van R150 miljoen

bied. Dit sou die maatskappy in staat stel om ’n strategiese deel van die aanleg weer aan die gang te kry en om sowat 500 van sy werknemers in diens te hou. “Gegewe die waarde van Highveld Steel se bates, wat sowat R50 miljard beloop, is R150 miljoen relatief min,” het Pienaar gesê.

Die NOK kon einde ten laaste nie dié hulp aan Highveld Steel bied nie. Die maatskappy is gevolglik gedwing om al sy werknemers af te lê.

Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, sê die staatskas verloor R20 miljoen per maand aan belastinginkomste weens Highveld Steel se sluiting. “Daarby gaan die werknemers gesamentlik meer geld van die WVF eis as wat die NOK-leningsaansoek was – dit terwyl die NOK onlangs aangekondig het dat hulle R45 miljard saam met Chinese beleggers gaan spandeer om vyf staalmeulens in Suid-Afrika op te rig,” sê Du Plessis. S

Page 30: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

www.solidariteit.co.za30Uitgawe 2 van 2016

BEDRYFSNUUS

Solidariteit is sedert die begin van 2016 by 57 afleggingsprosesse in verskeie bedrywe regoor die land betrokke. Meer as 37 000 werknemers word deur die afleggings geraak. Werknemers in

die mynboubedryf word die swaarste getref, met 30 maatskappye wat tans met afleggings besig is en 20 591 werknemers in die mynboubedryf wat werkloosheid in die gesig staar.

Die metaal-en-ingenieursbedryf word die tweede swaarste getref, met 13 maatskappye en 8 475 werknemers wat tans afleggingsprosesse ondergaan, terwyl vyf maatskappye in die chemiese bedryf sedert die begin van die jaar afleggingsprosesse aangekondig het. Nagenoeg 435 werknemers word deur die afleggings in die chemiese bedryf geraak.

In die informasie-en-kommunikasietegnologie-bedryf word meer as 300 werknemers by twee maatskappye deur afleggings geraak, terwyl 4 162 lede by individuele maatskappye ook tans voor afleggings te staan kom. Vier maatskappye in die professionele bedryf (waaronder verdediging en bankwese) ondergaan tans afleggingsprosesse wat 3 315 werknemers raak.

Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, het die afleggingskrisis in die land betreur. Hy het bygevoeg dat Solidariteit alles in sy vermoë doen om sy lede wat deur die afleggings geraak word, se werk te red. “Solidariteit poog altyd om die impak van afleggings op ons lede te versag deur onder meer toe te sien dat maatskappye die regte prosedure tydens afleggings volg. Ons beywer ons ook daarvoor om, gegewe die maatskaplike impak van afleggings, toe te sien dat maatskappye afleggings as die heel laaste uitweg oorweeg.

“Daarby bied ons aan ons lede finansiële en emosionele bystand gedurende die proses, en onderhandel ons met werkgewers vir ander alternatiewe naas afleggings. Dit behels byvoorbeeld om werknemers wat afgelê is, elders in die maatskappy op te neem. Ons probeer ook, waar moontlik, om ons lede wat afgelê word met ander potensiële werkgewers in verbinding te bring,” het Du Plessis verduidelik.

Volgens Statistieke Suid-Afrika se kwartaallikse indiensnemingsyfers wat in Maart vanjaar uitgereik is, het sowat 29 000 werknemers in die mynboubedryf tussen Desember 2014 en Desember 2015 hul werk verloor. Nagenoeg die helfte van dié afleggings het tussen September en Desember 2015 plaasgevind. S

Solidariteit beveg landwye afleggingskrisisDeur Inge Strydom

Foto

: isto

ckph

oto

.com

20 591 werknemers in die mynboubedryf staar

werkloosheid in die gesig.

Page 31: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

Issue 2 of 2016 www.solidariteit.co.za31www.solidariteit.co.za • ISSUE 4 OF 2014 37

BEDRYFSNUUS

olidariteit het onlangsná drie rondesonderhandelings byonderskeidelikMediclinic Paarl en

Mediclinic Emfuleni ’n loonoor -eenkoms van tussen 7,1 en 7,5%vir sy lede daar bereik. Solidariteitverteenwoordig 122 lede byMediclinic Paarl en 116 lede byMediclinic Emfuleni. Die oor -eenkoms, wat vroeg in Julie bereikis, behels die volgende:• ’n Gemiddelde verhoging van

7,5% vir verpleegpersoneel.• ’n Gemiddelde verhoging van 7,1% vir administratiewe personeel.• ’n Verhoging van 9,4% vir die aankoop van uniforms. Die nuwe

toelaag is R1 630 om sodoende ook vir die aankoop van skoenevoorsiening te maak.

• Die werkgewer se mediesefondsbydrae het met 9% verhoog, watreeds geïmplementeer is.

• ’n Totaal van 12 studieverlofdae (18 skofte) sal toegestaan wordaan werknemers wat deeltyds studeer om voor te berei vireksamens, take of projekte.

• Verskeie forums is gestig waar lede se besware en enige anderkwessies bespreek kan word. S

Gesonde verhogingby Mediclinic beding

SDeur Inge Strydom

Werkplekforum by ATNS eerste van soortie bestuur van Air Travel andNavigation Systems (ATNS) hetonlangs ingewillig om ’n werkplek -

forum vir werknemers by die maatskappy testig. Die doel van die forum is om werkne -mers ’n stem in die werkplek te bied engroter deursigtigheid rakende werkaange -leenthede en werkkwessies te verseker.

Volgens Derek Mans, organiseerder indie lugvaartbedryf by Solidariteit, is die forum anders as normalewerkgewer- en vakbondkomitees.“Die doel van die forum is omdie werkgewer te dwing om beleide en praktyke te oorweeg inoorleg met die forumlede, waarvan Solidariteit een is. Waarbeleide, soos dié oor diensbillikheid, in die verlede bloot deur diebestuur van die maatskappy geïmplementeer is, mag Solidariteitnou insae daarin hê voordat dit in werking tree.”

Die forum, waaroor daar in Junie 2014 ooreengekom is, salnasionaal by al die takke van die maatskappy ingestel word.Solidariteit verteenwoordig meer as 1 000 werknemers by diemaatskappy. S

D

FOTO

’S: IS

TOC

KPH

OTO

.CO

M

2014 Uitgawe4 p27-50:Layout 1 8/7/14 4:18 PM Page 37

INDUSTRY NEWS

Noose tightens around necks of Aurora looters

By Inge Strydom

Six members of the Bhana family, as well as two other individuals involved in the Aurora debacle, are now forced to cough up millions in compensation for their involvement in the Aurora looting scandal dating back to 2009.

In terms of a recent agreement reached with the liquidators of Aurora Empowerment Systems, the Bhana family must pay back approximately R6 million to the liquidators, while Mohamed Firoze Limbada and Zeenat Ebrahim Laher must repay R4 million by the end of the year.

Solidarity General Secretary Gideon du Plessis said although it was considered a victory, the R10 million in damages obtained after a six-year legal battle was only a drop in the ocean. “Almost R180 million simply ‘disappeared’ from the bank account of the former Pamodzi mines during the time that Aurora Empowerment Systems managed the Pamodzi mines. In addition, the Pamodzi mining assets suffered damages to the amount of R1,7 billion during this time,” Du Plessis explained.

This agreement is the second effort by the liquidators to get the Bhanas to compensate for their involvement in the Aurora debacle. “In terms of a previous agreement, the Bhanas should actually have repaid R7 million, but they did not comply. The Bhanas did however indicate that they would not oppose the latest agreement and they also agreed to sequestration if they failed to comply with the agreement,” Du Plessis said.

Du Plessis added that the judicial process is steadily progressing as the noose around the guilty parties’ necks is tightening. “Every small victory is another step closer to justice for the Aurora employees. The above agreements are just a consequence of many judicial processes currently running,” Du Plessis said.

David Swartz, a lawyer for the Bhana family, confirmed the agreement to Fin24 in February this year. “It’s a good settlement. While it brings an end to the claim against the family, the main Aurora case, which involves Solly and Fazel Bhana, continues,” said Swartz.

Aurora Empowerment Systems is the parent company which was appointed earlier by the Pamodzi Liquidators to manage the Pamodzi mines in Springs and Orkney. The directors of the company however destroyed the mines through ransacking and mismanagement.

In 2015, the High Court in Pretoria ruled that the former directors of Aurora were responsible for R1,7 billion in compensation due to ransacking and mismanaging of the mines, but the directors appealed this ruling. Judgment in this case is expected in the near future. S

Court dismisses Amcu gold strike appeal

The Labour Court has dismissed an appeal by Amcu relating to a dispute during the 2013 wage negotiations, according to the Chamber of Mines, which represents mining companies. The

court agreed with AngloGold Ashanti, Harmony Gold Mining and Sibanye Gold that unions could only embark on a strike if they repre-sented the majority of employees at the companies. Amcu had argued that they should be allowed to strike if they were the majority union at individual mines. The dispute arose after Amcu increased its membership in the gold mining industry in 2013, following its success in displacing the NUM as the majority union in the platinum sector. S

Page 32: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

www.solidariteit.co.za32Uitgawe 2 van 2016

BEDRYFSNUUS

Solidariteit is onlangs deur De Beers meegedeel dat dié mynreus eersdaags met ’n grootskaalse artikel 189-afleggingsproses sal begin. Die maatskappy, wat deur Anglo American

besit word, beplan om 152 poste by sy Venetia-myn buite Musina af te skaf. Daarby beoog die maatskappy om sowat 214 poste by van sy ander myne in Suid-Afrika af te skaf.

Volgens Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, is hierdie aankondiging gemaak kort voor Anglo American se inligtingsessie waartydens die maatskappy gesê het dat sy finansiële posisie die afgelope ruk geweldig verswak het. “Anglo American en De Beers wil hul 53 myne wêreldwyd tot slegs 16 verminder. Daarby wil Anglo American sy platinummyne in Suid-Afrika tot slegs vyf verminder, en beplan die maatskappy om Kumba Iron Ore te verkoop. Voorts wil die maatskappy ook al nege sy steenkoolmyne in Suid-Afrika verkoop,” het

Du Plessis gesê.Du Plessis het ’n beroep gedoen op die

maatskappye wat Anglo American se myne gaan koop, om die maatskappy se goeie standaarde en diensvoorwaardes op ’n verantwoordbare wyse te eerbiedig. “Ons doen ook ’n beroep op die nuwe eienaars van die myne om tydens die oornameproses toe te sien dat daar geen afleggings by die myne sal wees nie,” het Du Plessis gesê.

Du Plessis het Anglo American en soortgelyke mynmaatskappye gevra om eerlik te wees oor die werklike redes vir die afskaling van hul Suid-Afrikaanse bedrywighede. “Indien Anglo American se afskaling eintlik met die ongunstige politieke en ekonomiese klimaat in Suid-Afrika te make het, moet die bestuur van die maatskappy dit openlik verklaar. Dit is hoog tyd dat die regering tot verantwoording geroep word vir hul aandeel in groot internasionale maatskappye se afskaling in Suid-Afrika,” het Du Plessis gesê. S

Miner responsible for five deaths

Safety measures and regulations in the workplace are there for a reason, and complying with these is in the best

interest of everyone involved. Failure to do so could result in imprisonment.

A miner of the Phakisa mine outside Odendaalsrus was found guilty earlier this month on five charges of culpable homicide. The court decided that he was responsible for the deaths in 2010 of five emergency rescue workers, four of whom were members of Solidarity, in a fatal explosion during a fire at the mine.

Solidarity assisted the Department of Mineral Resources with its investigation into the cause of the accident and also supported the next of kin of the deceased with claims for injuries on duty.

According to Adv. Hanlie van Vuuren of Solidarity’s Occupational Health and Safety Division, the convicted miner admitted in court that he had illegally concealed explosives underground and had performed irregular blasting. He further admitted that this had caused the fire.

“The concealed explosives exploded during the fire while the emergency rescue team was investigating the fire. To aggravate matters, the miner did not take the necessary care by warning the rescue team against the danger posed by the concealed explosives,” said Van Vuuren.

The regional magistrate’s court in Kroonstad sentenced him to a fine of R40 000 or eight years’ imprisonment, of which R20 000 or four years’ imprisonment were suspended for a period of five years.

Van Vuuren called on all employers and employees to comply at all times with safety measures and regulations in the workplace. “Fatal accidents such as these are so unnecessary and can be prevented. It is therefore crucial to maintain health and safety measures in the workplace and to take strict action against violators,” Van Vuuren said. S

De Beers, Anglo sny poste,wil sake wêreldwyd afskaal

Deur Inge Strydom

Foto

’s: ist

ock

pho

to.co

m &

haR

mo

ny.c

om (t

eR il

lust

Rasie

)

Page 33: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016
Page 34: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016
Page 35: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016
Page 36: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

www.solidariteit.co.za36Uitgawe 2 van 2016

INDUSTRY NEWS

Illegal mining

The likely causes and impact of illegal mining as well as possible solutions, achievements and challenges in combatting illegal mining were discussed in an article in Solidarity Magazine last year (4/2015). It’s an ongoing problem, though, and current trends indicate that it’s fast becoming a war zone, which impacts on rescue services. It is therefore vital to report information about illegal mining to the mine management or the SAPS.

IT’S A WAR ZONE

Page 37: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

www.solidariteit.co.za37Issue 2 of 2016

INDUSTRY NEWS

The business of illegal mining is developing into a “war”, not only amongst illegal miners but also in the communities where these illegal mining activities are taking place.

Illegal miners often contribute to and commit other serious crimes in the surrounding areas, including murder, attempted murder, assault with intent to do grievous bodily harm and rape.

Current trendsLegal miners are at risk of being confronted, specifically underground, by illegal miners who are usually armed with anything from knives to R1, R4 or R5 automatic assault firearms. Illegal miners also steal our scarce resources such as water, electricity and even mining equipment. Unfortunately, reports suggest that illegal miners are collaborating with corrupt security personnel at the mines and with members of the SAPS. The SAPS are investigating these reports and allegations.

Although much has been done by the various key role players to combat this problem, illegal mining and the related crimes continue. The SAPS are investigating the deaths of 15 suspected illegal miners killed in September 2015 in Springs, east of Johannesburg. They believe the men were from rival gangs who were illegally mining gold in abandoned shafts. Several police units and other law enforcement officers have been deployed to the area to monitor the situation. Police say the victims were shot dead using different calibres of guns. Authorities fear the body count of the illegal miners – known as “amazama-zama”, meaning those who hustle – will rise as they continue to work on the scene. The violence underground appears to be part of a growing problem with which Government and the mining industry are battling to cope, said the BBC’s Nomsa Maseko in Johannesburg. Johannesburg is dotted with disused mine shafts, which attract locals and men from as far as Lesotho, Mozambique and Zimbabwe with the promise of discovering remaining gold deposits.

These abandoned shafts then become war zones when rival gangs clash – they sometimes throw home-made bombs at each other and open fire with machine guns.

In 2014, the bodies of six illegal miners (five men and one woman) were found near an abandoned gold mine in Roodepoort, west of Johannesburg. “It looks as if they were brought to the surface by their colleagues, because we found the bodies outside the shaft,” Emergency Management Services spokesman Robert Mulaudzi told the AFP news agency. Their deaths came a week after the high-profile rescue of more than 20 illegal miners trapped underground at an old mine east of Johannesburg. They were arrested after they emerged and are facing charges related to illegal mining.

Impact on Mines Rescue ServicesMines Rescue Services (MRS) is an organisation that rescues miners who are trapped underground. We all saw the rescue team members in their white overalls on TV recently, assisting with the Lily mine disaster. They are the “brigadesmen” of South Africa’s 91-year-old MRS. There are 900 rescue workers in the country, who make up 133 rescue teams. Their work is voluntary.

Funded by 120 member mines, MRS is a non-profit company which employs 46 permanent staff at four rescue stations in South Africa’s major mining areas, namely Carletonville, Steelpoort, Welkom and Evander. These scarce skill resources now have to be used to also assist with the rescue of illegal miners.

According to an article on Sheqafrica.com on 29 February 2016 (“The men who save trapped miners”) sources in the mining industry estimate that MRS spends about half its time (and budget) on accidents involving illegal miners.

Although the main purpose of the rescue teams is to assist member mines during emergencies, they are more frequently being called upon to recover the bodies of illegal miners in abandoned mines or to conduct rescue operations involving illegal miners.

MRS does horrific and high-risk work, but the rescue workers are also heroic! The dangerous and difficult task of rescuing miners or recovering the bodies of mineworkers trapped underground is indeed challenging.

There is some good news, though: There has been a downward trend in rescue operations for legal miners in recent years thanks to the substantial improvements in mine safety. Unfortunately, it now seems that the scourge of illegal mining will have an impact not only on this good news but also on the challenges faced by MRS.

Help by reporting illegal miningThe South African Chamber of Mines’ report of 2012 stated that minerals and metals accounted for 60% of all export revenue, that mining contributed close to 10% of South Africa’s GDP and that South Africa was the world’s biggest platinum producer, with 80% of the world’s reserves as well as 50% of known global gold reserves.

Ongoing illegal mining activities are however depriving South Africa of millions of dollars in export revenue.

Solidarity participates in the illegal mining forum hosted by the Department of Mineral Resources and we urge our members to report information about illegal mining immediately to the mine management or the SAPS. You can phone Crime Stop on 08600 10111 and remain anonymous if you prefer. S

Page 38: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

38Uitgawe 2 van 2016

Making an impact protecting hearing

FOR MORE INFORMATION, PLEASE CONTACT US ON:

Tel: 012 348 9350

Fax: 012 348 9251

[email protected]

www.noiseprotection.co.za

pho

tog

Raph

s: is

tock

pho

to.co

m

Noise-induced hearing loss (NIHL) has since been established as a major occupational and social concern for decades now. Efforts to reduce the incidence of NIHL in

the workplace, particularly the mines, have been ineffective thus far – failing to completely eradicate the incidence of occupational NIHL cases.

Currently statistics from the Department of Mineral Resources (DMR) indicate that, on average, 1 600 cases of new hearing loss cases are reported each year. In particular, NIHL in the mining sector appears to be most prominent. Suggestions are that this is a result of action plans that are perhaps not comprehensive, hence ineffective. There is therefore a need for far more comprehensive & integrated programs to establish successful efforts of combating NIHL – besides the generic fitment of custom hearing protection devices alone.

Interesting to note is the role that social noise exposure plays in the whole battle against NIHL. While programs implemented in the workplace to combat incidence of occupational NIHL may be effective and thorough, these efforts are often fruitless as long as there is a chance of social noise exposure among employees. These included, but are not limited to, rock concerts, target shooting sports and hunting; loud music from car stereos and personal music players. It becomes a problem trying to separate NIHL from occupational or

social noise exposure as individuals are often exposed concurrently.

As such, comprehensive hearing conservation programs must not only be aimed at occupational noise exposure, but should include efforts targeted at social noise exposure as well so the “risk” is addressed from all angles. Such efforts are often lacking in most hearing conservation programs as emphasis is mainly placed on the custom hearing protective devices, and not the social aspect. As long as efforts towards combating NIHL are centred on occupational noise exposure, but exclude social noise exposure, the battle against NIHL is one that may never be won. At Impact Noise Protection, our Protec program attempts to address the issue of NIHL from both the occupational and social perspective.

How can Protec Program assist you?

The protect program consists of five different aspects targeted at first identifying a possible risk – both occupationally and socially, then devising means to address and eliminate the risk.

Risk identificationRisk for each employees will be identified through annual noise surveys and annual hearing screenings.

Risk eliminationThrough careful selection, Impact Noise Protection will fit your employees with our Ukuthula custom hearing protective devices to attenuate the noise employees are exposed to a level that is not detrimental to their hearing. These devices are moulded on site, and made custom for each individual ear. The devices will be serviced annually.

Addressing of social risks of NIHLThis aspect aims to address possible situations where employees may be exposed to hearing loss socially, so that their social behaviours do not counteract the employer’s efforts to ensure there is no incidence of NIHL in the workplace. This process will involve informative sessions, trainings, and distribution of brochures for all employees to raise awareness and promote better social behaviour. Each of the 5 aspects will be discussed in greater detail, allowing you, the employer, to have a more successful hearing conservation program for your employees.

The Protec Program – A customised, comprehensive solution to the battle against NIHL

ADVERTORIAL

Page 39: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016
Page 40: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

www.solidariteit.co.za40Uitgawe 2 van 2016

INDUSTRY NEWS

Telkom is waging a war against its own employees and the trade union Solidarity accused them of, among other things, leaving no room for proper consultation about

its current retrenchment process with trade unions. Moreover, the way in which Telkom is dealing with this year’s wage negotiations is not fair in the least.

“At the moment, four different labour processes are under way at Telkom, namely a section 189 retrenchment process, wage negotiations, two section 197 business transfer processes and a process concerning voluntary severance packages. If Telkom gets its way, each of these processes holds negative consequences for employees,” Marius Croucamp, Deputy General Secretary for the Communications Industry at Solidarity, warned.

Croucamp says Telkom is trying its best to undermine trade unions by, among other things, enforcing four processes simultaneously and by failing to provide unions with sufficient information. “Telkom is clearly trying its best to make life difficult for trade unions. Delegates of the various trade unions have to stretch themselves to be able to attend all the meetings about the various processes. Telkom is exploiting the situation,” Croucamp says.

Croucamp says Solidarity is already in the process of obtaining legal advice should Telkom continue to enforce the above mentioned processes without the necessary consultation.

Wage negotiationsIn its opening offer during this year’s wage negotiations, Telkom proposed no increase

in terms of fixed earnings. This means that employees’ salary increases will be linked to their performance.

“We believe that the latter is unfair because in terms of an agreement between trade unions and Telkom, workers should have received a salary increase on 1 April this year. Therefore, it is also not clear whether the employees’ increase will be linked to last year’s performance. If that is the case, employees were unaware of this arrangement and could therefore not adjust their performance accordingly,” Croucamp said.

In addition, Telkom postponed this year’s negotiations for several months. In terms of its recognition agreement with Telkom, Solidarity declared a dispute with Telkom in this regard.

Section 189 retrenchment processCroucamp says it appears as if Telkom does not want to consult properly with trade unions about the company’s retrenchment process which affects 300 employees, and that it wants to rush it through.

“Telkom’s actions are unfair in the sense that the company’s time frame within which it wants to conclude the process does not correspond with that of the trade unions. We have only one goal in mind and that is to protect the work of our members. To do that we need all the relevant information and there has to be sufficient consultation with Telkom about the process,” Croucamp says.

Meanwhile, Telkom has already started to finalise three new operating models which are believed to be the rationale for the retrenchment process. Telkom is, however,

refusing to disclose information about this to trade unions.

“It is clear that Telkom wants to impose an irrational retrenchment process at all cost without consulting with trade unions in a proper way about the rationale of the process. This comes while the negative effects of Telkom’s previous retrenchment processes are already being felt and the company now has to hire contract employees to do the work of those who have been retrenched previously,” Croucamp said.

Voluntary packages As was the case last year, Telkom made voluntary severance packages available to employees without consulting with the unions on this issue in any way. “Telkom is exploiting the fact that employees are now vulnerable and uncertain about their future at the company. It is a fact that no-one can take well-considered, rational decisions about their future when they are emotionally traumatised,” Croucamp said.

Section 197 business transfer processBy May this year, Telkom wants to transfer 260 employees in its Shared Services Division to WNS SA, an outsourcing company. “Solidarity is by no means in accordance with Telkom’s decision to transfer employees to WNS. Former Telkom employees transferred in October last year, are currently working in adverse and uncertain working conditions. Several of the 255 Telkom employees who were transferred last year have subsequently been retrenched,” Croucamp said. S

Telkom waging war against own employees

pho

tog

Raph

: isto

ckph

oto

.com

“Telkom is exploiting

the fact that employees are now vulnerable and uncertain

about their future at the

company.”

Page 41: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016
Page 42: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

www.solidariteit.co.za42Uitgawe 2 van 2016

in Beweging Nuus oor al die organisasies wat deel van die Solidariteit Beweging vorm.

AfriForum het in Maart vanjaar ʼn nuwe projek, Afrikaans-Vriendelik, bekendgestel wat Afrikaans in die sakewêreld sal bevorder deur erkenning en gratis bemarking aan

Afrikaanse ondernemings en diensverskaffers te gee. “Afrikaans is meer as net ons taal – dit is deel van ons identiteit. Daarom wil ons deur Afrikaans-Vriendelik ons taal op ʼn positiewe en proaktiewe manier in die sakewêreld bevorder,” het Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, in Pretoria gesê.

Dié projek behels ook die deurlopende uitbou van ʼn databasis van ondernemings wat in Afrikaans dienste lewer.

Volgens Sanderien van der Walt, koördineerder van die Afrikaans-Vriendelik-veldtog, kan enige lid van die publiek toegang tot die databasis verkry wanneer hulle na Afrikaanse dienste of produkte op soek is, of ondernemings wat Afrikaans bevorder vir insluiting wil nomineer.

AfriForum se navorsing toon sowat 30% van die Suid-Afrikaanse sakewêreld is Afrikaans. Dié burregteorganisasie wil deur die projek vir daardie 30% ʼn platform skep waar hulle gemaklik kan kommunikeer met hul kliënte in die taal wat hulle almal die beste verstaan en waarin hulle hulself die duidelikste kan uitdruk.

“Die webtuiste gradeer die ondernemings op grond van al die wyses waarop hulle Afrikaans gebruik en uitbou en is nie net vir 100% Afrikaanse ondernemings nie, maar vir almal wat hul dienste of produkte in Afrikaans aanbied,” het Van der Walt gesê.

“Dié platform is nie net tot voordeel van verbruikers en ondernemings regoor Suid-Afrika nie, maar tot voordeel van Afrikaans.”

Waldimar Pelser, redakteur van Rapport en aanbieder van die nuus-aktualiteitsprogram Insig op kykNet, het by die geleentheid gesê Afrikaans word onderbenut in die sakewêreld. Hy het die belangrike verband tussen taal en dienslewering in die land beklemtoon.

“Jy kan betalende kliënte soveel gelukkiger maak as jy onverwags hul behoefte om in hul taal bedien te word, kan antisipeer.” Hy meen ondernemings kan hulself beter onderskei deur al hoe meer kliënte in hul moedertaal te bedien.

“Dit het niks met ons regte as Afrikaans-sprekendes uit te waai nie – dit maak bloot

sakesin. Sakeondernemings kan veral Afrikaanse harte, wat baie lojaal is, maklik wen deur hul dienste ʼn bietjie meer persoonlik te maak en mense in hul hartstaal te bedien.”

Henk Schalekamp, voorsitter en direkteur van verskeie maatskappye in die Solidariteit Beweging, het gesê dit is belangrik is vir Afrikaanse sakeondernemings om mededingend te wees juis deur hul uniekheid. Hy het spesifiek verwys na die suksesvolle versekeringsmaatskappy, Virseker, wat sy dienste in Afrikaans lewer.

“As ons vandag kies om Afrikaans te bevorder in die sakewêreld, hoef ons nie om verskoning daarvoor te vra nie. Afrikaans moet egter nie reageer met ʼn weerstandsbeweging nie, maar eerder met vertroue aanspraak maak op sy plek in die ekonomie. Afrikaans kan in die kantoor, per e-pos, per kontrak en deur produkte en dienste sy plek in die mark volstaan.”

Hy meen egter daar word van Afrikaanssprekende sakelui selfvertroue en

deursettingsvermoë geverg. “Afrikaans is ʼn draer van geweldige kulturele energie en daardie energie moet juis gebruik word om die sakewêreld meer doeltreffend te maak.”

Dawie Roodt, direkteur en hoofekonoom van die Efficient Groep en aanbieder van Ontbytsake, het gesê Afrikaanssprekendes het meer sukses in die sakewêreld bereik ná 1994. “Afrikaanssprekende mense is suksesvol en kan baie goed verder vaar in die sakewêreld.”

Hy het gesê sy gunsteling-ekonoom, Marco Paulsen, het ’n teorie wat relevant is vir Afrikaanssprekendes in die sakewêreld.

“Volgens Paulsen is kleiner groepies mense wat spesifieke ideale en doelwitte deel, beter in staat om hulself te organiseer en sukses te behaal. Ek dink ons as Afrikaners is ʼn goeie voorbeeld van hierdie teorie.”• Enigiemand wat ’n onderneming wil nomineer om

deur die Afrikaans-Vriendelik-projek erkenning te geniet, kan vir Sanderien van der Walt ’n e-pos stuur by [email protected]. S

Afrikaans-Vriendelik gee sake hupstootDeur Jhua-Nine Wyrley-Birch

AfrikAAns-Vriendelikis ’n inisiAtief

VAn Afriforum

Afrikaans-Vriendelik bevorder Afrikaans in die sakewêreld deur

gratis ondersteuning en bemarking aan Afrikaanse

diensverskaffers en produkte te gee.

RegistReeR jou ondeRneming:w w w . a f R i k a a n s v R i e n d e l i k . c o . z a RegistReeR jou ondeRneming:

w w w . a f R i k a a n s v R i e n d e l i k . c o . z a

AfrikAAns-Vriendelikis ’n inisiAtief

VAn Afriforum

Afrikaans-Vriendelik bevorder Afrikaans in die sakewêreld deur

gratis ondersteuning en bemarking aan Afrikaanse

diensverskaffers en produkte te gee.

Page 43: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016
Page 44: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

44Uitgawe 2 van 2016 www.solidariteit.co.za

IN BEWEGING

Sedert 2009 neem AfriForum gereeld aan gesprekke oor Suid-Afrika en die toekoms van Afrikaans in Europa deel. ʼn Hoogtepunt was ʼn konferensie oor burgerregte wat AfriForum in

2012 in Nederland aangebied het. Deur die jare is stewige bande gebou met instansies en meningsvormers buite Suid-Afrika. In Desember 2015 is hierop voortgebou met ʼn besoek van Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum verantwoordelik vir internasionale skakeling, aan Nederland en België.

Die besoek het begin met ʼn referaat wat Bailey gelewer het oor die stand van sake wat onderwys, taal (Afrikaans) en kultuur in Suid-Afrika betref. Sy het dié referaat op 9 Desember gelewer het by ʼn seminaar met die tema Vlaanderen en Zuid-Afrika: Nieuwe kansen en vennootschappen? Dit is aangebied deur Stichting South African Monitor en die Universiteit van Leuven op die universiteitskampus in Antwerpen. Die seminaar is deur meer as 50 hoogs ingeligte, invloedryke Vlaamse belangstellendes en belanghebbendes bygewoon, afkomstig uit regeringstrukture, die akademie, pro-Suid-Afrikaanse organisasies, politieke partye en die media. Hulle het indringende vrae oor die politieke en ekonomiese situasie in die land gevra.

Die seminaar het uitstekende netwerkgeleenthede gebied. Vlaams/Suid-Afrikaanse verhoudings en samewerking hou baie potensiaal in – van terreine soos akademiese skakeling en toerismebemarking, tot selfs gesamentlike infrastruktuurprojekte. Die Vlaminge is passievol oor die toekoms van Afrikaans en steun ook graag aksies ter bevordering van die taal.

Die volgende dag het Bailey besoek afgelê by die Afrika Studiesentrum (ASC), waar sy die Stephen Ellis-gedenklesing bygewoon het. Ellis,

wat in 2015 oorlede is, is bekend vir sy kritiese ontledings van die ANC se geskiedenis.

Op 11 Desember het Bailey kontak gemaak met die leier van ʼn meertaligheidstudieprojek van die Europese Unie (EU). Sy het ook die Huizinga-gedenklesing van die Universiteit van Leiden bygewoon, wat gehandel het oor geskiedkundige herdenkings, ʼn tema wat tans ook uiters aktueel in Suid-Afrika is.

Insiggewende gesprekke is gevoer met verteenwoordigers van die Universiteit van Gent en die Vlaamse Vredesinstituut. By eersgenoemde word Afrikaans as vak met meer as 70 ingeskrewe studente aangebied. Die universiteit beskik oor die grootste versameling Afrikaanse letterkundige werke buite Suid-Afrika.

Die Vlaamse Vredesinstituut (ʼn struktuur van die Vlaamse Parlement) se doelstelling is om geweld binne gemeenskappe te voorkom. Navorsing word gedoen oor die sosiale prosesse wat vrede op beide plaaslike en internasionale vlak bevorder. Die wyse waarop omstrede erfenis en historiese herdenkings hanteer word, is een van hulle fokuspunte, en gesprekke het tot ʼn groot mate hieroor gehandel. Met die debat oor erfenis in Suid-Afrika is dit nodig om die beste konflikwerende praktyke te ondersoek waarmee erfenis internasionaal hanteer word.

Verdere gesprekke het ingesluit kontak met Vlaamse en Nederlandse jeugleiers, organisasies wat AfriForum goedgesind is en ʼn navorser wat die regering se gebrek aan optrede betreffende plaasaanvalle bestudeer.

Tans staar Nederland en België groot uitdagings in die gesig, veral wat ekonomiese probleme, terreur en migrasie betref. Weens ʼn gedeelde verlede, taalbande en bestaande handelsbelange is daar talle terreine waarop met dié lande met AfriForum kan saamwerk. Sulke kontak en geleenthede word steeds met meer sukses uitgebou. S

AfriForum versterk bande opnuut in die buiteland

AfriForum borg die woord “enkelmedium” in WAT

AfriForum het die woord “enkelmedium” eksklusief geborg as deel van die Woordeboek van

die Afrikaanse Taal (WAT) se Borg ’n Woord-fondsinsamelingsprojek.

Dié woord is gekies omdat AfriForum besonder sterk voel oor die voortbestaan van enkelmedium- Afrikaanse moedertaalinstellings as poort tot gehalteonderrig.

Volgens Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum verantwoordelik vir taalkwessies, is dit ʼn voorreg om die WAT – die kroonjuweel van Afrikaanse woordeboeke – op hierdie wyse te ondersteun en ook simbolies ʼn sterk standpunt ten gunste van enkelmediumskole in te neem.

“Ons gee graag erkenning aan die uitnemende werk wat enkelmedium- Afrikaanse skole doen en dra die woord aan hulle op as blyk van ons waardering daarvoor.”

Bailey het beklemtoon enkelmedium- Afrikaanse onderrig is tans onder groot druk in die land. “In plaas daarvan dat owerhede die waarde van enkelmedium-moedertaalonderrig in inheemse Suid-Afrikaanse tale soos Afrikaans erken en aan meer Suid-Afrikaanse kinders die geleentheid bied om daaraan deel te hê, word enkelmedium- Afrikaanse skole deesdae dikwels geteiken en onder druk geplaas om dubbel- of parallelmedium-instellings te word. Studies bewys dat dit byna sonder uitsondering op die lang duur tot verengelsing lei, ten koste van die leerders se taalregte en gehalte-onderrig. Die bevordering en verskansing van Afrikaanse taalregte is ʼn prioriteit vir AfriForum. Dit geld ook wat die uitbreiding en beskerming van moedertaalonderrig betref.”

AfriForum moedig die publiek aan om ook die WAT te ondersteun deur woorde waaroor hulle sterk voel, te borg (besoek die webtuiste www.wat.co.za).

Die WAT dokumenteer die Afrikaanse woordeskat in sy wydste omvang en is die grootste projek ooit rondom Afrikaans. Om hierdie groot taak voort te sit, is duur, en daarom word die Borg ʼn Woord-projek gebruik om fondse in te samel vir dié instansie se werksaamhede. Enigeen kan ʼn woord eksklusief borg vir R5 000, of nie-eksklusief vir so min as R100. S

AfriForum

Foto

’s: ist

ock

pho

to.co

m

Page 45: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

KRAG VAN DIE WET KRY VANDAG NOG ’N PROKUREUR AAN JOU KANT!

SolidariteitFinansiële Dienste

SolidariteitBeweging

Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste FSP-nommer: 15556

SolidariteitFinansiële Dienste

Kry die KRAG van die WET aan jou kant!

Legal X is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 5277

SolidariteitBeweging

Skakel ons vandag nog by

0861 10 10 05

REGSHULPVERSEKERING

Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffervan finansiële dienste • FSP-nommer: 15556

Daarom bied Solidariteit Finansiële Diensteregshulpversekering in samewerking metLegal X om jou te help om die krag van die wetaan jou kant te kry. Kry vandag nog ’n prokureurin jou diens teen slegs R82 per maand.*

• Telefoniese regshulp – 24 uur per dag.• Regsverteenwoordiging ter waarde

van R45 000 per jaar.• Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie.• Afslagtariewe op eiendomsoordragte.

• Skakel 0861 765 734 of besoek www.legalx.co.za

* Bepalings en voorwaardes geld

SFD_LegalXBW:Layout 1 7/24/13 11:01 AM Page 1

Legal X is ’n gemagtigde verskaffer vanfinansiële dienste • FSP-nommer: 5277

REGSHULPVERSEKERING

Solidariteit Finansiële Dienste bied regshulpversekering in samewerking met Legal X.

Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen

slegs R105 per maand.*

Telefoniese regshulp –

24 uur per dag

Regsverteenwoordiging ter waarde van

R45 000 per jaar

Onbeperkte toegang tot

regsdokumentasie

Afslag op eiendomsoordragte

3

4

1

2

* Bepalings en voorwaardes geld

0861 765 734www.legalex.co.za

Page 46: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

www.solidariteit.co.za46Uitgawe 2 van 2016

IN BEWEGING

Solidariteit stel vanjaar weer drie beurse beskikbaar aan voornemende studente om hul studies aan die Solidariteit Beweging se eie tersiêre opleidingsinstelling, Akademia, te

voltooi. Voornemende studente kan vanaf 15 Maart 2016 aansoek doen om een van drie volledige studiebeurse by hierdie tegnologies hoogs gevorderde instelling te bekom. Akademia is die plek om te wees, maar jy hoef ons nie te glo nie – lees hier wat sê die studente wat verlede jaar beurse ontvang het:

Was Akademia hoe jy gedink het dit gaan wees?Alicia Groenewald: “Ja en nee. Ek het geweet die werk gaan baie wees, maar die fisieke ervaring om in ’n sentrum te studeer as ’n eerstejaarstudent het my ongelooflik baie opgehef. Al my medestudente is ook ewe ernstig oor hul studies, wat jou wil om te presteer en goed te doen net soveel meer versterk. Maar soms vind ek dit stresvol om ’n balans tussen my deeltydse werk en my studies te vind.”

Hoe het jy die eerste kwartaal van studie ervaar?Elisha Pienaar: “Dit was ’n groot aanpassing, veral om in die aand klas te loop.”Alicia Groenewald: “My eerste kwartaal by Akademia was ’n warrelwind van take en

voorbereiding vir lesse, en ek het agtergekom dat ek vir niemand anders as myself die werk moes doen nie. Ironies genoeg was my eerste kwartaal van deeltydse studies by Akademia baie besiger as op skool waar ek elke dag voltyds klas gehad het!”

Wat is jou lekkerste herinnering tot dusver?Alicia Groenewald: “Die pouses tussen lesse waar almal saam gesels en mekaar leer ken.”Lindy Steyn: “Gedurende my Bedryfs-kommunikasieklas moes ek ’n vraag antwoord en net toe ek wou begin praat, skakel die mikrofoon af as gevolg van ’n pap battery. Ek was behoorlik gered deur die battery (klok).”Elisha Pienaar: “Om die studente te leer ken en die klasse by te woon.”

Die beurs sluit die volgende in:1. Alle klasse aangebied deur Akademia ter

voltooiing van jou studies.2. Alle studiegidse en handboeke wat

Akademia verskaf vir jou studies. Dit sluit handboeke vir die graadkursus uit.

3. ’n Tabletrekenaar waardeur jy toegang tot die e-studenteondersteuningstelsel, die aanlyn biblioteek en al jou toetse en werkopdragte asook ondersteunende studiemateriaal kry. Een tabletrekenaar word beskikbaar gestel vir elke kwalifikasie

waarvoor jy inskryf.

Wat is Akademia?Akademia is ’n inisiatief van die Solidariteit Beweging en is geposisioneer as ’n privaat verskaffer van hoëronderwyskwalifikasies wat daarop gerig is om mense gekwalifiseerd en diensbaar vir ’n groeiende ekonomie te maak. Op dié manier lewer Akademia ’n belangrike bydrae tot die vooruitgang van Suid-Afrika en sy mense.

Akademia is geakkrediteer deur die Hoëronderwyskwaliteitskomitee van die Raad op Hoër Onderwys. Dit is die statutêre akkreditasieliggaam wat alle hoëronderwysprogramme en -instellings in Suid-Afrika akkrediteer.

Om in aanmerking te kom vir hierdie geleentheid, voltooi bloot die vorm aanlyn by https://solidariteit.co.za/vorm-toets/. Vir meer inligting oor die beursprogram, besoek gerus https://solidariteit.co.za/solidariteit-beurskompetisie/

Rigtings wat gevolg kan word• Grade: BCom Ondernemingsbestuur, BCom

Bestuursrekeningkunde en BCom Ekonomie en Regte.

• Gevorderde diploma: Projekbestuur• Hoër sertifikate: Rekeningkunde en

Kantooradministrasie. S

Wen beurs om aan Akademia te studeer

Foto

: isto

ckph

oto

.com

Page 47: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016
Page 48: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

www.solidariteit.co.za48Uitgawe 2 van 2016

IN BEWEGING

Afrikaans sal nie sommer verdwyn nie. Dít is die mening van onderwyskenners wat by die Solidariteit Helpende Hand Skoleondersteuningsentrum

(SOS) se bekendstelling in die Atterbury Teater gepraat het. Volgens hierdie vooraanstaande onderwyskenners sal daar nog teen 2036 Afrikaanse skole in Suid-Afrika wees solank Afrikaanse organisasies verantwoordelikheid vir hul eie toekoms neem.

Paul Colditz van Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) was een van die gassprekers van die aand wat Afrikaanse onderwysers en skoolhoofde bemoedig het. “Ons moet onthou dat die kleinste bosluis die grootste, hardkoppigste os kan plattrek. Hy moet net op die os wees en hy moet byt! Danksy organisasies soos die SOS en Fedsas is Afrikaanse skole op die os en is hulle reg om te byt.”

Helpende Hand het die SOS tot stand

gebring om in die groeiende behoefte aan onderwysbystand vir Afrikaanse skole te voorsien. Armoede raak alle mense in die samelewing en kinders word juis die meeste daardeur geraak. Helpende Hand is van mening dat armoede voorkom en verbreek kan word deur opleiding en onderwys van hoogstaande gehalte. Aangesien Helpende Hand se fokus die voorkoming, verligting en verbreking van armoede is, is die SOS betrokke by opleiding van onderwysers en leerlinge.

Tans fokus die SOS-opleiding op Wiskunde en Afrikaans Huistaal, algemene opvoedkundige beginsels soos leierskap en dissipline, asook onderwysers se rekenaarvaardighede en aanwending van tegnologie ter bevordering van leer in die klaskamer. Hierdie dienste is almal breedvoerig op die bekendstelling verduidelik.

Volgens dr. Danie Brink, uitvoerende hoof van Helpende Hand, bring die SOS graag hulde aan Afrikaanse skole wat goed presteer: “SOS het ’n punt daarvan gemaak om aan die bes-presterende Afrikaanse skole erkenning vir

hul prestasies te gee. Afrikaanse skole lewer topprestasies in wiskunde en wetenskap en doen feitelik 500% beter as ander openbare skole.”

By die geleentheid is Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria beloon met ’n toekenning vir die meeste onderskeidings in Afrikaans Huistaal en Hoërskool Menlopark het die toekenning ontvang vir die meeste onderskeidings in Wiskunde. Die tien skole met die meeste onderskeidings ontvang elkeen ‘n sertifikaat van erkenning van die SOS.

Volgens prof. Theuns Eloff, oudrektor van die Noordwes Universiteit, is daar vraagtekens oor die voortbestaan van Afrikaans op universiteitsvlak, maar volgens hom het Afrikaans op skoolvlak nog ʼn belangrike rol om te speel. Hy het verder gesê dat die voortbestaan van Afrikaanse skole verseker kan word indien ouers steeds, soos in die verlede, hul kinders in Afrikaanse openbare skole sal plaas en hulself beskikbaar sal stel om in die skool se beheerliggaam te dien. S

Afrikaanse skole onder loep geneem

AFRIKAANSEN TROTS DAAROP!

Prof. Theuns Eloff, Paul Colditz en dr. Danie Brink.

Deur Marlien van der Westhuizen

Page 49: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

www.solidariteit.co.za49Issue 2 of 2016

SolidariteitHelpende Hand

IN BEWEGING

Die afgelope drie jaar het die aantal pleegouers in die land drasties afgeneem. Sedert 2013 was daar ʼn landwye afname van 10%. Solidariteit Helpende Hand het

ʼn spesiale platform geskep om die tekort aan pleegouers die hoof te bied deur die proses vir potensiële pleegouers makliker te maak.

Potensiële pleegouers worstel met baie vrae oor pleegsorg en dit verhinder hulle om hulself as pleegouers beskikbaar te stel. Dit is een van die redes waarom Helpende Hand die platform www.pleegsorg.co.za geskep het waar hierdie vrae beantwoord word. Voornemende pleegouers of persone wat hul huis as plek van veiligheid wil beskikbaar stel, kan op dié webblad registreer. Hul gegewens word dan versprei aan die onderskeie geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies wat die keuringsproses hanteer.

Volgens Isabel Faurie, Helpende Hand se maatskaplike werker, word daar veral in Gauteng ʼn groot tekort ervaar aan pleegouers en gesinne wat hul wonings as plek van

veiligheid in ʼn krisis kan aanbied. Dié situasie het dringend aandag nodig. “In 2013 was daar meer as 510 000 pleegouers landwyd wat toelaes ontvang het. Dit het in 2016 tot 450 000 gedaal. Honderde kinders is op soek na ʼn liefdevolle huis en voornemende pleegouers moenie bang wees om in te spring en ʼn verskil te maak nie.”

Hoewel Helpende Hand nie oor die statutêre magte beskik om kinders in pleegsorg te plaas nie, is hulle vanweë hul betrokkenheid by armoede onder wit mense bewus van gebreke in die stelsel. Pleegsorg.co.za verduidelik in diepte wat pleegsorg behels en bied ’n uiteensetting van die regte van die pleegouer, die biologiese ouers en die pleegkind. Voornemende pleegouers kan hulself op dié webwerf beskikbaar stel vir pleegsorg.

Pleegsorg behels dat ʼn kind by gekeurde pleegouers geplaas word nadat hy of sy deur die Kinderhof, ingevolge die Kinderwet, sorgbehoewend bevind is.

Redes vir die verwydering van kinders uit ouerlike sorg hou verband met onder meer

fisieke, seksuele en/of emosionele mishandeling, fisieke en/of emosionele verwaarlosing, ernstige gesinskonflik en gesinsgeweld, alkohol- en dwelmmisbruik deur die ouers, en onstabiele maatskaplike funksionering.

“Die uitdagings van pleegsorg moet nie gering geskat word nie. Dis dus uiters noodsaaklik dat voornemende pleegouers deeglik gekeur moet word om seker te maak daar word holisties in die behoeftes van die betrokke kind voorsien,” verduidelik Faurie. “Al die noodsaaklike inligting oor die proses is op www.pleegsorg.co.za beskikbaar.”

Lede van die publiek wat belangstel om pleegouers te word of hul huis as ʼn plek van veiligheid beskikbaar te stel, kan op die Pleegsorg-platform registreer en só in aanraking gebring word met maatskaplike organisasies wat dringend op soek is na pleegouers.• Indien jy en jou gesin graag ‘n verskil in ‘n

getraumatiseerde kind se lewe wil maak deur aan hom of haar ‘n liefdevolle en stabiele huishouding te bied, lees gerus verder daaroor by www.pleegsorg.co.za. S

Helpende Hand pak pleegsorgkrisis

Foto

: isto

ckph

oto

.com

Page 50: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

Sol-Tech

IN BEWEGING

Uitgawe 2 van 2016 50 www.solidariteit.co.za

Sol-Tech: Dít is wat kampus laat klop

Die Solidariteit Beweging se tegniese kollege, Sol-Tech, het in 2013 sy kinderskoene vir grootmensskoene verruil toe hy die huidige groter kampus in gebruik geneem het.

Vandag, drie jaar later en in sy tiende bestaansjaar, is dit een van die suksesvolste kampusse in Suid-Afrika, wat met trots kan sê: “Ons kampus werk!”

“Daar is verskeie uitstaande kenmerke wat maak dat Sol-Tech so goed funksioneer”, sê Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech. Sukses lê in gehalteopleiding, goed opgeleide personeel, goeie opleidingstoerusting en deeglik gekeurde en toegewyde studente. Die verdere kombinering van belangrike elemente soos kameraadskap onder studente, die vooruitsig van ʼn seker toekoms ná voltooiing van studies, en die aanvraag vanuit verskeie industrieë, om maar net enkele voorbeelde te noem, dra verder by tot die sukses en langtermynvolhoubaarheid. “Saam met harde werk en genade van Bo is dit wat ’n kampus suksesvol laat werk”, verduidelik Van Deventer.

Van die uitstaande kenmerke wat Sol-Tech op geoliede ratte laat loop, sluit in:

Toegewyde personeelSol-Tech se hoof, Philip Minnaar, reken: “Een van Sol-Tech se uitstaande kenmerke is beslis ons span goed opgeleide en toegewyde personeel. Elkeen is onmisbaar, goed gekwalifiseerd en met hope toewyding, ervaring en ʼn passie vir studente en tegniese opleiding. Elkeen is ʼn kenner en ʼn mentor

wat wil help om die jongmense wat by Sol-Tech instap, tot selfversekerde jong volwassenes te begelei.

KampuskameradeKameraadskap onder studente is iets wat gereeld op Sol-Tech se kampus opgemerk kan word. Die kampus se studente funksioneer as ’n hegte gemeenskap en help mekaar waar nodig. ʼn Onlangse voorbeeld van so ʼn kameraadskap wat met deursettingsvermoë as gemene deler ontstaan het, is tussen twee studente wat gehoorgestremd is.

Sol-Tech is nie werklik ingerig vir studente wat gehoorgestremd is nie, maar in Marcus en David se geval was hul deursettingsvermoë en die rigting waarin hulle wou studeer, van so ʼn aard dat hulle wel geakkommodeer kon word.

Marcus Maartens kan liplees (een van die voorvereistes om genoegsame vordering tussen horende studente te maak), maar David Nkosi kan feitlik glad nie liplees nie en het ʼn tolk benodig om hom met gebaretaal te help. David is weer akademies baie sterk. Uit die aard van albei studente se deursettingsvermoë en vasberadenheid om by Sol-Tech te studeer, ondanks hul gebrek, het Marcus en David se paadjies gekruis.

Marcus help vir David deur alles wat in die klas gesê word, deur gebaretaal te tolk en David help vir Marcus met die akademie. Sodoende is albei in staat om hul studies by Sol-Tech met

sukses voort te sit. Op kampus is Marcus en David egter deel van die res van die studente en dra hul kameraadskap by tot ’n kampus wat werk, gee dit hoop vir studente met uitdagings, en wys dit dat al die studente saamwerk vir ’n gemeenskaplike doel – ’n toekoms in Suid-Afrika.• Vir die volledige storie oor Marcus en David, soek

gerus die sleutelwoorde: Sol-Tech-studente op www.solidariteit.co.za.

Studente staan uitSol-Tech is ʼn gerespekteerde instansie wat gehalteopleiding aan al die studente bied en loopbaangeleenthede skep deur sy goeie naam en goeie verhoudinge in verskeie industrieë. Talle groot maatskappye het al toerusting vir die kollege geskenk om sodoende vir studente praktykgerigte blootstelling te gee, asook om deure oop te maak vir praktiese indiensopleiding en uiteindelike aanstelling van studente binne die maatskappy.

“Instansies soos Sol-Tech is egter net so doeltreffend soos wat gemeenskappe en industrieë se betrokkenheid is. Deur terug te ploeg in die gemeenskap, help ons mekaar om suksesvol te wees,” verduidelik Van Deventer.

As voorbeeld van so ’n betrokkenheid het CNC Clear Cut verlede jaar ’n massiewe skenking aan Sol-Tech gemaak, naamlik ’n plasma-snymasjien ter waarde van R750 000. Die stuk masjinerie bevat uiters gevorderde tegnologie wat metaalprofiele vinnig, uiters akkuraat en netjies kan uitsny.

Kameraadskap onder studente is eie aan Sol-Tech. Die kampus se studente funksioneer as ’n hegte gemeenskap en help mekaar waar nodig. ’n Sprekende voorbeeld hiervan is Marcus Maartens en David Nkosi, twee gehoorgestremde studente wat mekaar bystaan en hoop bied vir studente met uitdagings.

Page 51: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

IN BEWEGING

Groot en bekende maatskappye in Suid-Afrika stel al hoe meer Sol-Tech-studente aan en wil ook graag ’n bydrae tot opleiding maak. So het die bekende ZZ2-boerdery onlangs Sol-Tech-studente aangestel en sommer dadelik een van hul trekkers ook geskenk vir verdere opleiding.

Welstand geniet voorkeurBuiten die hoëgehalteopleiding wat Sol-Tech bied, voeg hulle bykomende waarde toe tot die welstand van elke student. Spesiale dienste word beding met maatskappye soos onder andere Capitec en Medihelp. Studenterekeninge word kosteloos op die kampus deur Capitec oopgemaak en studente kry ook goedkoper bankkoste. Boonop bied Medihelp bekostigbare mediese dekking.

Werktoekoms ná studieSol-Tech se “diens” aan die studente stop egter nie die dag wanneer hy of sy klaar gestudeer het nie. Ajani is ʼn onafhanklike plasingsmaatskappy wat uitsluitlik Sol-Tech-studente by goedgekeurde werkgewers plaas om praktiese indiensopleiding te doen. Ajani is in hierdie stadium waarskynlik die enigste maatskappy wat hierdie tipe diens lewer, met meer as 230 studente wat net in 2015 vir indiensopleiding in die industrie geplaas is.

Aangesien Sol-Tech seker maak dat studente by ʼn erkende instansie geplaas word om praktiese ervaring op te doen, kry 56,7% van die kollege se afgestudeerde studente ná voltooiing van hul vaktoets dadelik werk by dieselfde instansies waar hulle hul prakties gedoen het omdat hul kennis, vaardigheid en werketiek van beter gehalte is.

Buiten die afgestudeerde studente van Sol-Tech wat in ʼn loopbaan instap, kry ʼn verdere 35,4% van afgestudeerde studente binne ses maande ’n vaste werk, wat ’n suksessyfer van 92,1% gee.

(Trekker)wiele rol ʼn Goeie kwalifikasie is een van die beste maniere waarop werksoekers hulself beter vir die huidige arbeidsklimaat kan toerus. Tydens ʼn onlangse opname onder Sol-Tech-studente het 83% aangedui dat Sol-Tech goeie waarde vir geld bied en dat hul opleiding ver bo dié van ander opleidingsinstellings uitstaan.

Sol-Tech bly op hoogte van die jongste tegnologie en nuwe kursusse word aanvullend tot die reeds gevestigde kursusse aangebied. Die nuutste toevoeging tot die kollege se lys is ’n kursus in trekkerwerktuigkunde. Met hierdie stap begin Sol-Tech om ook na die groterwordende behoeftes van die landbousektor om te sien. S

Page 52: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

www.solidariteit.co.za52Uitgawe 2 van 2016

Stuur jou regsvrae na: Jy & die reg, Posbus 11760, Centurion, 0046;stuur ‘n e-pos na [email protected]; of faks na 012 664 1102.jy & die Reg

Eerstens is dit belangrik om ’n “dienskontrak” in breë terme te omskryf. ’n Dienskontrak –1. is ’n vrywillige ooreenkoms;2. ontstaan tussen twee partye (die werkgewer

en die werknemer) waarvolgens – a. een party (die werknemer) onderneem

om sy/haar persoonlike dienste aan te bied en ondergeskik te stel aan die ander party (die werkgewer);

b. in ruil vir ’n vasstelbare vergoeding wat in geld of in waarde kan wees.

Nêrens word vereis dat daar ’n geskrewe kontrak moet wees nie. ’n Dienskontrak kom tot stand sodra die partye ooreenkoms oor die bogenoemde punte bereik het. Die ooreenkoms kan dus ook mondelings of stilswyend wees (dit word by wyse van gedrag afgelei) en hoef nie noodwendig op skrif te wees nie.

Die gemeenregtelike vereistes vir die geldigheid van ’n kontrak bly egter steeds van toepassing. Dié vereistes is soos volg:• Albei partye moet wilsooreenstemming

bereik het – daar moet dus konsensus wees;• Albei moet handelingsbevoeg wees, met

ander woorde in staat om ’n regtens gebonde handeling (soos om ’n kontrak te sluit) te kan verrig;

• Die ooreenkoms druis nie in teen enige bepaling van ’n wet of teen die goeie sedes nie;

• Die regte en verpligtinge van die ooreenkoms is uitvoerbaar; en

• Indien enige spesifieke formele vereistes deur wetgewing vereis word, moet daar aan hierdie vereistes voldoen word.

Hoewel ’n geskrewe kontrak nie ’n vereiste vir die totstandkoming van ’n geldige dienskontrak is nie, is dit beslis raadsaam om so ’n ooreenkoms op skrif te stel. Dit kan gedoen word ter wille van duidelikheid sowel as om latere moontlike geskille te vermy of makliker op te los. ’n Werknemer kan ’n werkgewer egter nie dwing om ’n geskrewe kontrak te verskaf nie.

Indien daar nie ’n geskrewe kontrak tussen

die partye bestaan nie, is die Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997 steeds van toepassing en word die diensverhouding binne hierdie raamwerk gereguleer. Daarom is kennis van hierdie en ander arbeidswetgewing baie belangrik vir ons lede.

Artikel 29 van bogenoemde wet bepaal dat die werkgewer verplig is om sekere besonderhede aan ’n werknemer te verskaf by die aanvang van sy/haar dienstydperk. Dit sluit in besonderhede oor vergoeding, verlof waarop die werknemer geregtig is, die datum waarop die diens begin is en oortydbetaling. Verwarring kan ontstaan omdat hierdie verpligte besonderhede soms as gelykstaande aan ’n geskrewe dienskontrak geag word.

Hoewel dit op ’n dienskontrak kan neerkom, moet egter onthou word dat artikel 29 ’n verpligting op slegs die werkgewer plaas en dat dit nie deur ’n vrywillige wedersydse ooreenkoms tussen twee partye tot stand kom nie. Dit is dus nie ’n dienskontrak nie. S

Dienskontrak: Moet dit op skrif wees?Mense wil dikwels weet of ’n dienskontrak tussen ’n werkgewer en ’n werknemer steeds geldig is as dit nie ’n geskrewe ooreenkoms is nie. Anders gestel: Verhinder die feit dat ’n dienskontrak nie op skrif is nie dat dit geldig is?

Foto

: isto

ckph

oto

.com

Page 53: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

Issue 2 of 2016 www.solidariteit.co.za53

IN BEWEGING

Die regerende party moet homself eerder daarop toespits om werk te skep en om sy beleidsrigtings wat die ekonomie kniehalter, te staak in plaas daarvan om ras as politieke instrument te gebruik om sy vervreemde kiesers se stemme te wen.

Dit volg nadat dit aan die lig gekom het dat die sogenaamde Wetsontwerp op die Voorkoming en Bestryding van Haatmisdade en Haatspraak opgestel is en binnekort aan die kabinet voorgelê sal word.

Volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, word die reeds bestaande wetgewing teen rassisme verkeerdelik geïmplementeer en toegepas. “Ons veroordeel enige vorm van rassisme ten sterkste. Die bestaande wetgewing word egter subjektief baie selektief geïnterpreteer ten einde politieke veld te wen ten koste van sekere individue en groepe,” het Van der Bijl gesê.

“Alvorens nuwe wetgewing oorweeg word, moet alle Suid-Afrikaners eers besef dat rassisme universeel is en nie slegs by sekere individue en/of groepe bestaan nie, en die nodigheid en effektiwiteit van huidige wette moet eers behoorlik bestudeer word,” het Van der Bijl verduidelik.

Van der Bijl het ook verduidelik dat daar reeds baie onsekerheid bestaan oor wat as rassisme en haatspraak gedefinieer kan word en dat die instelling van tronkstraf die onsekerheid net verder sal verhoog. “Wat in die wetgewing bedoel word met ‘enige handeling wat apartheid verheerlik’ is ook onseker en dit skep die moontlikheid dat subjektiewe polities-gedrewe menings daartoe kan lei dat persone onregverdig tronk toe gestuur kan word,” het Van der Bijl gesê. S

ANC speel rassepolitiek en die verkeerdelike toepassing van wette

Deur Francois Redelinghuys

Foto

: isto

ckph

oto

.com

Page 54: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

www.solidariteit.co.za54Uitgawe 2 van 2016

IN BEWEGING

Uitvoerende kunstenaars het maar elkeen hul eie stelletjie reëls. Persoonlik dink ek ek is redelik ongekompliseerd. Of ek hou ten minste daarvan om so te dink. ’n

Bord doodgewone boerekos, baie water en twee rooi appels is al wat ek agter die skerms nodig het. Op die verhoog is my vereistes ook maar min.

Wat ek wel waardeer, is ’n aandagtige gehoor. Ek gaan maar moeilik om met mense wat tydens die vertoning klets of vergeet om hul selfone af te skakel. En dis nou nie om moeilik te wees nie, dis bloot ʼn gevolg van een van my min, effens eksentrieke skete: ek is ouditief obsessief. Hiermee bedoel ek dat ek eenvoudig nie klanke kan ignoreer nie. Klank trek my in en suig my aandag weg van wat ook al anders aan die gang is of waarmee ek besig is. Ek kan byvoorbeeld nie ontspanne in ʼn restourant eet waar daar musiek speel nie: die musiek trek my aandag so erg af dat ek nie na die mense aan my tafel kan luister of met hulle kan praat nie. Dit kom al ʼn lang pad saam met my – reeds op skool kon ek byvoorbeeld nooit leer terwyl daar musiek speel nie, want dan neem ek niks anders as die musiek in nie.

Om hierdie rede tree ek ook nooit in ʼn gesprek met mense in my gehoor nie. Want wanneer ʼn mens dit eers doen, begin jy mos ʼn ding wat kon gebly het. Daar sal altyd iemand wees wat dink “gehoor” beteken dat jy “gehoor” moet word. Iemand wat graag ʼn hele hoop klippe in die bos wil gooi, ʼn leeftyd se gespaarde stuiwers in die armbeurs wil werp. En dis hierdie gehoorlid wat ek nie wil uitlok nie. Ek hou my dus uit beginsel uit so ʼn gedoente uit.

Maar soms breek ʼn mens mos ook jou eie reëls... Soos nou die aand in ʼn dorpie daar doer in die noorde. Tydens die vertoning roep ek my medekunstenaar op die verhoog; ʼn sangeres wat ook onlangs die rol van ʼn feeks in 7de Laan vertolk het. Terwyl sy vorentoe stap, maak ʼn man in die gehoor grappenderwys ʼn opmerking teenoor haar.

Nou moet ek in hierdie stadium verduidelik dat ʼn mens niks en niemand van die verhoog af kan raaksien nie. Die ligte is op só ʼn manier op jou gerig dat jy heeltemal verblind word. Die gehoor is maar meestal ʼn onsigbare massa in die swart oneindigheid agter die gluur van die kollig.

Nietemin, ek sê toe vir hom hy moet versigtig wees, want hy sal eers deur my

moet kom. Ek is hopeloos te klein om haar te beskerm, hap hy terug. Dan is ek seker ook te klein vir sy vrou, haak ek toe maar af.

Toe daar ʼn kollektiewe “oooeeeeeiiiiii” uit die gehoor opklink, weet ek: Daar het sopas iets baie verkeerd geloop...

Ek het die vertoning klaargemaak en met die buiging aan die einde, toe die ligte aangaan, soek my oë na die plek waar die opmerkings vandaan gekom het. En daar sit ʼn skraal man

langs ʼn besonder groot vrou. Later, by die uitgang, het ek nog ewe

probeer om die dame te paai met ʼn bietjie vriendelikheid, maar sy het geen aptyt vir my soetpraatjies gehad nie.

Nou ja… Jou eie reëls is iets waarvoor jy reeds die prys van ervaring betaal het. Dit lyk my dis nie net donkies nie, maar ook verkleurmannetjies wat soms hul koppe twee keer teen dieselfde klip moet stamp. S

Verkleurmannetjie se Groot Les oor Stilbly

Splinternuwe rubriek

Foto

: isto

ckph

oto

.com

“Ek gaan maar moeilik om met mense wat tydens die vertoning klets of vergeet om hul selfone af te skakel. En dis nou nie om moeilik teweesnie,disblootʼngevolg van een van my min,effenseksentriekeskete: ek is OUDITIEF OBSESSIEF.”

CHRIS CHAMELEON

Page 55: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016
Page 56: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

www.solidariteit.co.za56Uitgawe 2 van 2016

Vir iemand wat nog altyd ’n voorliefde vir geskiedenis gehad het, het my skuif na ’n organisasie wat ryk is aan indrukwekkende geskiedkundige stories my op

merkwaardige wyse geïnspireer – tot so ʼn mate dat ek myself ook meer begin vergewis het van ons as Afrikaanse gemeenskap se ware geskiedenis. My reis om meer van my geskiedenis te leer, het begin by prof. Herman Giliomee se boek Die Afrikaners. Dit het egter nie hier geëindig nie.

Dr. Dirk Hermann, uitvoerende hoof van Solidariteit, is bekend vir die stories wat hy op gereelde wyse vertel oor die geskiedenis van Afrikaans, Afrikaners en sy familie se geskiedenis hier op eie bodem. Om ’n deel van hierdie storie te vertel, skryf hy op ’n keer ’n brief aan sy moeder, Afrika. In die brief skryf Hermann Afrika is sy tuiste en dat dit nie anders kan of moet wees nie.

Kort ná 1652 het die eerste Vryburgers hul rûe op Europa en hul gesigte na Afrika gedraai. Só het die geboorte van my, Afrikaner, begin. Dit was ’n pynlike geboorte met swaarkry en smart, maar ek het myself na Ma vernoem, ”Afrikaner”. Ek het begin praat en ’n taal ontwikkel en dit na Ma vernoem, “Afrikaans”.

Ma, ek wou nie gedienstig wees aan Europese kolonialiste nie en ek het dieper in jou ingetrek. Ek het nie teruggetrek nie; ek het ingetrek. My trek was vir ’n plek in Afrika.

In die bogenoemde paragraaf beskryf Hermann seker die mees kardinale deel van ons geskiedenis hier en ons liefde vir die land, met

dié dat ons taal na die kontinent vernoem is. Hermann vertel op ’n keer in ’n artikel wat

op Maroela Media gepubliseer is meer oor sy geskiedenis. Hy vertel hoe sy oupagrootjie aan die Eerste en Tweede Vryheidsoorloë en ook aan die Slag van Majuba deelgeneem het. Om ’n staanplek hier in Afrika te verseker en om die land te help beskerm, is sy plaas afgebrand, sy vrou en seun in haglike omstandighede in ʼn konsentrasiekamp oorlede en is hy as banneling na Ceylon weggestuur. Na my mening is die volgende hoofstuk in die geskiedenis seker een van die stories wat die Afrikaner se vermoë om op te staan en oor te begin, die beste uitbeeld. Dit kan weer aan die hand van Hermann se oupagrootjie uitgebeeld word:

Oupagrootjie het weer sy plaas begin opbou en daarmee saam betrokke geraak by verskeie projekte om ná die oorlog weer op te staan. Dit was nie regeringsprojekte nie; inteendeel, die Engelse (soos tipiese kolonialiste) wou ons by die meerderheid inlyf en alles wat Afrikaans en Afrikaner was, vernietig. Ons het ten spyte van die regering ná die oorlog weer opgestaan. Marthinus Nicolaas het die Rebellie van 1914 gesteun en weerstand gebied teen die Empire se pogings om sy koloniale belange na die destydse Duitswes-Afrika uit te brei. Die prys wat ons mense hiervoor moes betaal, was hoog. Die opstaanaksies in daardie tyd was egter vanuit die gemeenskap, ten spyte van die regering se onderdrukking daarvan. Sentraal tot die opstaan was moedertaalonderrig. Moedertaalonderwys was in my verhaal ’n instrument tot bemagtiging.

Om by Hermann aan te sluit, sê prof. Giliomee dat die suksesvolle opstaan van Afrikaners veel eerder aan gehalteonderwys as apartheid te danke is. Volgens Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, wys die sosioloog Lawrence Schlemmer uit dat die roepingsbesef van die Afrikaanse onderwyser die groot dryfveer was agter die ontwikkeling van Afrikaners binne een geslag, vanaf landelike kleinboere tot ’n moderne stedelike volk.

Hierdie suksesstorie, ondanks al die politieke struikelblokke, mag nie vergeet word nie, want dit is hierdie besef wat ons gaan dryf om steeds voort te bou en aan te hou om op te staan. Dit is om hierdie rede wat Buys skryf die verlede wys dat daar altyd ’n toekoms is. “Die fout wat mense maak, is om te glo dat die toekoms vir ewig nag is en dat die son nie weer sal skyn nie. Die geskiedenis staan egter nooit stil nie en ʼn nuwe môre verskyn altyd weer.”

Ons geskiedenis wys uit dat daar tydens die opstaantydperk ná die Anglo-Boereoorlog selfhelpinstansies soos Nasionale Pers, Volkskas, Sanlam, Santam, Die Burger, Volkskas die ATKV en baie ander deur die gemeenskap gevestig is – alles met klein bydraes deur ’n saambou-, saamstaangemeenskap.

Ons kan en mag nie hierdie geskiedenis vergeet nie, en dit is ook om hierdie rede dat ons nie kan ophou veg vir die behoud van Afrikaans nie. Ek glo oom Paul Kruger se woorde is vandag steeds van toepassing: “Neem die goeie uit die verlede en bou die toekoms daarop voort.” S

Kom ons bou voort op trotse geskiedenisSedert ek sowat ’n jaar gelede by die Solidariteit Beweging aangesluit het, het ek met aandag my ore gespits wanneer daar, by watter geleentheid ook al, goeie stories oor ons geskiedenis hier aan die suidpunt van Afrika vertel is. Hoewel dit nooit eintlik my bedoeling was om dié stories uit te soek nie, het hulle elke nou en dan my pad gekruis, skryf FRANCOIS REDELINGHUYS.

Foto

: isto

ckph

oto

.com

Page 57: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

www.solidariteit.co.za57Issue 2 of 2016

IN BEWEGING

Baie van ons sukkel om doeltreffend om te gaan met ons eie onsekerheid oor dinge, veral wanneer daar groot besluite geneem moet word wat verreikende gevolge mag hê. Ons wil

graag altyd die regte besluite neem en wil tog net nie terugkyk en besef dat dit ʼn verkeerde besluit was nie. Maar hoe weet jy dit gaan die regte besluit wees? Geeneen van ons kan die toekoms sien nie en daarom voel ons baie keer vasgeval.

Dit is asof ons gedagtes nie ophou om “Wat as?”scenario’s uit te speel nie.

“Wat as ek later spyt gaan wees?”“Wat as ek nie oor die weg kom met die

mense nie?”“Wat as my kinders nie aanpas nie?” en so

meer.Die probleem met hierdie alewige gespook

en gespartel met onsekerheid is dat dit baie kere hoër vlakke van angs meebring wat die onsekerheid net meer aanvuur. Jy raak later onseker oor jou onsekerheid!

Dit is belangrik dat ek en jy ʼn paar dinge verstaan van onsekerheid:

Dit is onmoontlik om 100% seker te wees oor besluite aangesien ons “Wat as?”-gedagtes altyd moontlike alternatiewe uitwys.

Maak dus vrede daarmee dat onsekerheid deel van die besluitnemingsproses is en moenie dit jou vyand maak nie. Onsekerheid sal ons altyd vergesel tydens groot besluite en ons moet eerder leer om ʼn ander vraag saam met onsekerheid te vra.

Hierdie ander vraag is om vas te stel wat vir my en jou belangrik is. Watter waardes wil jy in jou lewe eerbiedig?

Waardes is die dinge in jou lewe wat prinsipieel altyd voorrang kry in jou gedrag en wat jou altyd trots maak indien jy dit eerbiedig.

As jou besluit nie indruis teen enige waardes wat jy vir jouself belangrik ag nie, behoort jy in staat te wees om makliker tot ʼn besluit te kom – al is jy onseker.

As ons in ons lewe dit regkry om al hoe meer na ons waardes te beweeg in besluitneming en minder weg te beweeg van dit wat vir ons belangrik is as gevolg van ongemaklike emosies (soos onsekerheid) behoort ons almal meer vervuld te wees.

Dit sal dalk vandag ʼn goeie oefening wees indien jy meer moeite doen deur vir jouself te vra wat die waardes is waarvolgens jy wil lewe en dalk bietjie met jou familie en kollegas daaroor gesels. S

Hoe gemaak met al die onsekerheid?Deur Bertus Swanepoel

Page 58: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

www.solidariteit.co.za58Uitgawe 2 van 2016

IN BEWEGING

’n Skeidingspakket mag dalk met die eerste oogopslag soos die ideale oplossing vir ’n FINANSIËLE VERKNORSING lyk. Dit mag dalk lyk of die pakket meer as genoeg geld bied om jou en jou gesin vir baie maande te onderhou. Ongelukkig is dit nie altyd die geval nie, skryf FRANCOIS SMIT, besturende direkteur van Solidariteit Finansiële Dienste.

Enige onderneming kan weens bedryfs-vereistes genoodsaak word om te herstruktureer of personeel af te lê. Daar kan baie redes hiervoor wees, maar die mees algemene een hou

gewoonlik met die werkgewer se finansiële situasie verband. Hierdie proses van herstruk tu-rering of aflegging vind binne die raamwerk van artikel 189 van die Wet op Arbeidsverhoudinge (Wet no. 66 van 1995) plaas.

Een van die maniere om afleggings te beperk, is deur vrywillige skeidings pakkette aan werkne mers te bied. Wanneer hierdie opsie gevolg word, kan enige van die onderneming se werk nemers ’n skeidingspakket neem, selfs al is hul werk nie in gedrang nie.

Volgens Ruan Schröder, beleggingspesialis by Solidariteit Finansiële Dienste (SFD), is dit belangrik om onafhanklike finansiële advies in te win voordat ’n besluit oor die aan vaar ding van ’n vrywillige skei-dings pakket, skei dings pakket of vroeë-aftredepak-ket geneem word.

Talle implikasies moet oorweeg word. Vrae wat SFD dikwels ontvang, sluit in:• Wat is die belastingimplikasies van my besluit?• Hoe sal ek weet of my geld lank genoeg sal

hou as ek die pakket aanvaar? • Watter beleggingsopsies is daar en hoe werk

dit presies? • Op hoeveel kommissie is die makelaar,

beleg gingsbestuurder en versekeraar geregtig?

• Watter voordele is aan die aanvaarding van die pakket verbonde?

• Watter voordele is daaraan verbonde om nie die pakket te aanvaar nie?

“Solidariteit Finansiële Dienste kry gereeld met hierdie vrae te make en dit kan in een basiese vraag saamgevat word: ‘Moet ek die pakket aan vaar of nie?’,” sê Schröder.

Jy moet slim te werk gaan met jou finansies, vooruit beplan en seker maak dat jy genoeg geld het om die toekoms wat jy vir jouself beplan, te laat realiseer. Weeg al die voor- en nadele teen mekaar op deur ’n lys op te stel. Moenie net die geldelike aspek in ag neem nie. Laaste maar nie die minste nie, raadpleeg jou finansiële adviseur voor jy tot die drastiese stap oorgaan om ’n vrywillige skeidingspakket te aanvaar. SFo

to: is

tock

pho

to.co

m

Vrywillige skeidingspakket – neem of nie?

Page 59: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

www.solidariteit.co.za59Issue 2 of 2016

SolidariteitBeweging

0861 10 10 05www.solidariteit.co.za

Solidariteit Finansiële Dienste sal antwoorde op al u vrae kan verskaf, ontledings doen, aanbevelingsmaak en dit rugsteun met die regte produkte wat u sak en profiel sal pas. Skakel ons vandag nog!

IS U:

> bates beskerm teen brand, diefstal of ongelukskade?

> lewe verseker om uself en u gesin te versorg in die gevalvan ’n lewensveranderendegebeurtenis?

> seker u kan eendag onafhanklik aftree?

PROFESSIONELEFINANSIËLE

ADVIES

MOTOR- ENHUISINHOUD-VERSEKERING

RISIKODEKKING

BELEGGINGS

> brand> diefstal> ongelukskade

> lewens> ongeskiktheid> inkomste-

beskerming

> doelgerigte beleggings

> spaar vir aftrede

> inkomste ná aftrede

> hulpbronne> ontledings> oplossings

SolidariteitFinansiële Dienste

akse

nt m

edia

• 08

2 44

5 45

13

2014 Uitgawe4 p27-50:Layout 1 8/7/14 4:13 PM Page 31

Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556

Page 60: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

www.solidariteit.co.za60Uitgawe 2 van 2016

IN BEWEGING

Die onrus op verskeie van ons universiteitskampusse het die nuus die afgelope paar maande oorheers. Die sogenaamde #FeesMustFall-veldtog is

aangewys as 2015 se Nuusmaker van die Jaar. Verskeie redes vir die protesaksie is aangevoer, waaronder die gebruik van Afrikaans as onderrigtaal. Dit was veral by die histories Afrikaanse universiteite waar Afrikaans onder skoot gekom het.

Wie regtig agter die protes sit en wat die werklike redes daarvoor is, is ’n debat vir ’n ander dag. Wat egter in gesprekke opval, is dat dit dikwels Afrikaners self is wat Afrikaans as onderrigtaal bevraagteken. Die argument is gewoonlik dat die besigheidstaal deesdae Engels is. Die ironie is dat dieselfde Afrikaners dikwels uiters suksesvolle mense is wat self in Afrikaans studeer het en wat vandag hul plek in ’n multikulturele samelewing volstaan. Die kritici van Afrikaans as universiteitstaal is in lewe dikwels ’n wandelende weerspreking van hul eie argument.

In Suid-Afrika is daar sowat 5 miljoen mense wat Engels as eerste taal gebruik – sowat 10% van die totale bevolking. Dit beteken dat 90% van ons inwoners, studente maar ook dosente, in ’n tweede of selfs derde taal

binne die tersiêre akademiese omgewing moet funksioneer. Die vraag kan tereg gevra word of studente universiteit toe gaan om hul vakgebied te bemeester of om hulle Engels te verbeter. Die risiko bestaan ook dat dosente hulle nie werklik tegnies so goed in ’n tweede taal kan uitdruk as in hul huistaal nie, en dit strek uiteindelik ook tot studente se nadeel.

Daar is verskeie tekortkominge in die argument dat Engels die besigheidstaal is en dat almal om daardie rede in Engels behoort te studeer:• Dit is gewoon nie waar dat Engels

deurlopend as besigheidstaal gebruik word nie. Waar Afrikaners sake met mekaar doen, word dit in Afrikaans gedoen. Dieselfde geld vir die ander taalgemeenskappe in ons land. Die Afrikaanse tandarts en dokter verduidelik vir ons in Afrikaans wat fout is met ons en hoe behandeling toegepas gaan word. ’n Professionele persoon wat in ’n oorwegend Afrikaanse omgewing soos Pretoria of Stellenbosch werk, gaan baie moeilik funksioneer indien hy of sy nie die vaktaal in Afrikaans bemeester het nie.

• In die sakeomgewing is waardes soos integriteit, eerlikheid en vertroue veel belangriker in die bou van ’n sakeverhouding as die vermoë om

Engels sonder aksent te praat.• In ’n omgewing waar 90% van die bevolking

’n ander taal as Engels as huistaal het, verwag niemand van ons om perfekte, foutlose en aksentlose Engels te praat nie. Trouens, in sommige kringe word taamlik smalend verwys na persone wie se Engels te gesofistikeerd klink. Dink maar aan die EFF-lid wat tydens ’n onlangse parlementêre sitting die versoek aan ’n DA-lid gerig het om Engels “soos ’n swart man” te praat!

• Mense word in ’n professionele hoedanigheid aangestel vanweë hul tegniese vermoë en kennis, nie noodwendig vanweë hul taalvaardigheid nie: Die ingenieur se struktuur moet bly staan; die regsgeleerde moet sy saak wen; die mediese dokter se pasiënt moet gesond word. ’n Akademikus wat gevra is na die gebruik van Engels in sy lesings, het die volgende oor sy studente kwytgeraak: “Ek stel nie belang in hulle Engels nie, ek stel belang in hulle begrip van mikrobiogenetika.” Uiteindelik lyk dit of daar ’n baie sterk saak uit te maak is dat hierdie tegniese kennis in die moedertaal vasgelê moet word, en dat die individu met die regte basis homself enige plek ter wêreld sal kan handhaaf. S

Doen gerus sake in taal van jou hartDeur Appie Pienaar

Foto

’s: ist

ock

pho

to.co

m

MY GELD

AFRIKAANSEN TROTS DAAROP!

Page 61: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

www.solidariteit.co.za61Issue 2 of 2016

IN BEWEGING

Die persoon is eenvoudig perfek. Dit is iemand saam met wie jy jouself vir die res van jou lewe kan sien. ’n Sout van die aarde-tipe mens, met ’n standvastige

beroep, wat op soek is na ’n eerlike, opregte persoon saam met wie hy of sy ’n pad kan stap. Jy, of dalk iemand wat jy ken, mag dalk net tans in ’n aanlynverhouding met hierdie persoon wees. Maar onthou, dinge is nie altyd soos dit voorkom nie…

Die werklikheid is dat baie mense wat hulself as die “ideale maat” op die internet voordoen, kriminele is, op soek na hul volgende slagoffer. Ongelukkig leen die tyd waarin ons nou leef – die kuber-era – hom tot sulke skelmstreke. Dit is hartseer om te dink sulke mense kan met die hulp van ’n “aanlynmasker” emosie en romanse gebruik om jou om die bos te lei en jou geld te steel. Hierdie mense is ervare aanlynjagters. Hulle identifiseer sekere eienskappe in hul prooi se profiel voordat hulle besluit om toe te slaan.

Enigiemand ouer as as 40 jaar, wat onlangs geskei is, of wat ’n weduwee, ’n bejaarde of selfs ’n gestremde is, is ’n maklike teiken vir ’n kuberkrimineel. Hierdie kriminele gebruik enige onsekerhede of swakhede tot hul voordeel.

Só het die internetverneukspul ontwikkel. In plaas van e-posse wat jou laat weet jy het ’n belaglike bedrag geld by ’n onbekende familielid geërf, teiken hierdie kriminele enkelmans en -vroue wat op die internet op soek is na liefde. Hulle gebruik sielkundige truuks om slagoffers te lok, en selfs gedigte en geskenke word ingespan. Sodra jy die “persoon” vertrou, word daar na jou beursie gegryp terwyl hulle hul onsterflike liefde aan jou verklaar. Met behulp van die vertrouensverhouding wat die persoon dan opgebou het, vra hy of sy gewoonlik vir jou om ’n bedrag geld vir hom of haar iewers heen oor te betaal omdat hy of sy tans ”landuit” is en dit nie self kan doen nie, of soms is daar geen skaamte nie en vra die skelm direk vir ‘n klein bietjie geld omdat dit ”dié maand finansieel baie

swaar gaan”. Daar was ook al gevalle waar die “persoon” ’n eerste ontmoeting reël (aangesien dit ’n aanlynverhouding is) en ’n paar uur voor die tyd laat weet hy of sy het motorprobleme en het dringend ’n paar rand nodig vir herstelwerk.

Die hartseer waarheid is dat een uit elke tien aanlynprofiele vals is. Hierdie profiele se foto’s word gewoonlik van ander sosialemediaplatforms of selfs modelagentskappe se webtuistes gesteel. Die persone wie se foto’s gesteel word, is ongelukkig net soveel van ’n slagoffer as die persoon wat hom- of haarself in die middel van die verneukspul bevind. Valse kuberromanses en ander soortgelyke misdade vernietig lewens regoor die wêreld.

Die beste wapen waarmee jy jouself kan toerus, is om ingelig te wees. Hoe meer mense van hierdie tipe verneukspul weet en hulself kan opvoed en inlig daaroor, hoe moeiliker is dit vir die kriminele wat agter hul aanlynmaskers sit om onskuldige mense se swaarverdiende geld te steel. S

Kuberkriminele se aanlynmaskersDeur Leandré Buys

Foto

’s: ist

ock

pho

to.co

m

WEB-WYS

Page 62: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

www.solidariteit.co.za62Uitgawe 2 van 2016

IN BEWEGING

Roetine is ’n noodsaaklike deel van kinders se lewens omdat dit hulle help om veilig en standvastig te voel terwyl hulle selfvertroue ontwikkel. In ’n artikel op education.com beskryf

Lisa Medoff die belangrikheid van ’n gesonde roetine in die ontwikkeling van jou jong kind. Volgens Medoff verstaan jong kinders nie altyd die begrip van tyd nie en dus orden hulle nie vanself hul lewens volgens ure en minute nie, maar eerder volgens gebeurtenisse.

Wanneer hierdie gebeurtenisse op dieselfde tyd elke dag plaasvind, skep dit ’n gevoel van standvastigheid by jou kinders omdat hulle weet wat om te verwag en voorbereid is op dit wat voorlê. As jong kinders weet wat om te verwag, kweek dit selfvertroue en begin hulle van vroeg af al verantwoordelikheid neem vir take.

Dit is egter nie altyd maklik om ’n vaste roetine in jou gesinslewe te handhaaf nie.

Hierdie vier wenke kan die taak vergemaklik:

Beplan ten minste een maaltyd per dag wat die hele gesin saam kan geniet. Dit hoef nie noodwendig aandete

te wees nie – ’n ontbyt waar almal saam hul dag bespreek en bekommernisse deel, kan net so doeltreffend wees. Dit is ’n goeie idee om die televisie en selfone tydens die maaltyd af te skakel. Dit is ook ’n gulde geleentheid vir kinders om roetine aan te leer en verantwoordelikheid vir klein takies te aanvaar.

Stel ’n slaaptydritueel in. Só ’n ritueel help kinders om af te skakel en rustig te raak voordat hulle gaan slaap en

kan ’n storie, sagte musiek of ’n warm bad wees. Maak seker dat jy hierdie ritueel altyd in dieselfde volgorde uitvoer. Vra tydens die ritueel vir jou kinders hoe hulle dag was. Hierdie

oefening help om hul geheue te versterk en om hul dag te oriënteer.

Maak voorbereidingstyd deel van die roetine. Herinner jou kinders so 10 minute voor die tyd aan die

aandritueel sodat hulle kan voorberei en gereed wees daarvoor.

Hoewel roetine baie belangrik vir jong kinders is, moet jy nie rigied wees nie. Kinders moet ook leer hoe om klein

veranderings in hul roetine te hanteer. As daar dus ’n verandering in die gewone roetine is, sê vir jou kind: “Ek weet ons doen dit gewoonlik so, maar vandag doen ons dit anders (om welke rede) en ons sal môre weer die normale doen.” As die grootste deel van hul dag voorspelbaar is, sal jong kinders klein veranderings kan hanteer, veral as jy ook kalm in die situasie optree. S

Roetine vir jou kind: nuttige wenke

MY GESIN

As jong kinders weet wat om te verwag, kweek dit SELFVERTROUE en begin hulle van vroeg af alVERANTWOORDELIKHEID neem vir take.

Foto

: isto

ckph

oto

.com

Deur Francois Redelinghuys

Page 63: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

www.solidariteit.co.za63Issue 2 of 2016

MY WORK

IN BEWEGING

Many jobs today demand strong leadership, whether to lead a team of people or a specific project. But it’s not always that easy to come across as a courageous and inspirational leader who is in control. Susan Tardanico wrote in Forbes magazine that courage should certainly be a key trait of a good leader.

She said fearless and courageous leaders are able to manage problems effectively in situations where fear prevails in an organisation. By following the nine tips below you can become a more courageous leader:

Confront the realities in your organisation head-onYou will only be able to be a leader if you know what the true state of affairs is.

Ask for feedback and listenWe all have blind spots that impact the way we interact with others. Although it is not always easy to listen to critical feedback, it is necessary to heed it.

Say what needs to be saidAt times such conversations can be awkward, especially when conflict is involved. Having crucial conversations helps to get down to the real issues. This also means that your own opinion would need to be aired, even if unpopular.

Invite constructive differences and debateMany leaders experience pressure to have all the answers. By encouraging constructive dissent and healthy debate you reinforce the strength of the team and demonstrate that a better answer lies in diverse opinions.

Communicate openlyAlways keep communication lines between you and your team open, even when you do not have the answers. Do not hide behind buzzwords. Courageous leaders are straight talkers and are not afraid to admit: “I don’t know.”

Motivate changeWhen in trouble, people often tend to fall back on what they know. It is important that you should promote change so better solutions can be found.

Take decisions and move forwardThis is arguably one of the most important tips. Although there is a feeling of insecurity about having to take concrete decisions, it is important to break free from the known and what is safe and to take a decision rather than remain stuck in one place.

Give credit to othersLet go of the need for praise and share the credit with those around you. Good leaders take more blame and less credit than they deserve.

Hold others and yourself accountableExpect people to achieve according to the commitment they have given and don’t be afraid to tell them when they are failing to do so. Also remember that accountability begins with you. S

What makes a courageous leader?

Fearless and courageous leaders are able to MANAGE

problems EFFECTIVELY in situations where fear

prevails in an organisation.

pho

tog

Raph

: isto

ckph

oto

.com

By Francois Redelinghuys

Page 64: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

www.solidariteit.co.za64Uitgawe 2 van 2016

This is a summary of the BENEFITS attached to Solidarity membership. The benefits are subject to the constitution and policies of the union as well as the rules as contained in the rule book, and may be amended by the Executive Council of Solidarity without prior notice. New members who can provide proof that they belonged to another trade union in a collective company immediately prior to joining Solidarity will immediately be entitled to benefits, on the understanding that in instances where such members are, upon acceptance by Solidarity, engaged in litigation or a dispute, benefit limits may be imposed by the Executive Council at its discretion.

Buckets full of benefits for our members

Page 65: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

www.solidariteit.co.za65Issue 2 of 2016

Independent Financial AdviceSolidarity Financial Services has an in-dependent financial advice department who can assist clients with various financial advice topics. This include basic budgeting and tax planning, risk and retirement planning as well as investment planning in general. The department has trained professionals that will assist with all your needs.• Phone 0861 101 005

R105 per

IN BEWEGING

15 and under20 years – R1 500R1 620. All claims must be submitted within

R1 350 is paid for each

Page 66: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

mar elamedia

Het jy al die lekkerste Afrikaanse kuierplek op die internet ont-dek? By Maroela Media kan jy (gratis) nuus lees, op die hoogte bly met wat in die Afrikaanse musiekwêreld gebeur en selfs jou gunsteling rugbyspan ondersteun. Daar is eg Suid-Afrikaanse resepte, vuurwarm debatte en nuus oor Afrikaanse boeke. Skop jou skoene uit en smul saam by maroelamedia.co.za!

Toets jou taalkennisTurksvyBETEKENIS & OORSPRONG’n Probleem. Na aanleiding van die dorinkies van die turksvy wat dit pynlik maak om te hanteer: Hanteer jy liewer hierdie turksvy, jy is meer diplomaties as ek.

LEWER 4 TOT 6 PORSIES

BESTANDDELE

6 hoenderborsiesEen 500 g-pakkie gemengde botterskorsie-en-patatblokkiesEen 400 g-bottel Napolitaanse sous500 g kersietamatiesSout en varsgemaalde swartpeper na smaak’n Handvol roketblare vir garnering

METODE1. Voorverhit die oond tot 180 °C.2. Rangskik die hoender, botterskorsies en patats in ’n

enkellaag in ’n oondvaste bak.3. Giet die Napolitaanse sous oor die hoender en bak vir 40 minute.4. Verwyder die hoender uit die oond, voeg die tamaties by

en bak vir nog 40 minute.5. Geur na smaak en garneer met die roketblare. Bedien met ’n groenslaai.

Uit: Koskaskos deur François FerreiraUitgewer: Lapa UitgewersPrys: R255,00 S

Smul en lees lekker inAfrikaans @ Maroela

VLEES EN BLOEDRiette Rust (met Eileen de Jager en Roelien Schutte)

“Maar julle is dan vroumense! Dink julle regtig júlle kan bloederige tonele skoonmaak? Baie mense begin sulke

besighede, maar dit hou nie lank nie.”Dít was die reaksie van skeptiese polisielede en

veiligheidsbeamptes toe hulle destyds met Eileen de Jager (39) en Roelien Schutte (37) te doen gekry het. Maar 15 jaar en sowat 7 000 misdaadtonele later floreer Crime Scene Clean-up, die Bloedsusters se sakeonderneming. Hulle het boonop nog nooit ’n ontevrede kliënt gehad nie.

Eileen en Roelien staan nie net as die Bloedsusters bekend omdat hulle natuurlike susters is nie, maar ook omdat hulle daagliks bloederige tonele skoonmaak. Dit sluit in gevalle van selfdood, moord en die heel wreedste plaasmoorde. Hulle werk nie altyd net op misdaadtonele nie. Soms ruim die susters opgaarders se huise op – wat dikwels tot die plafon toe volgepak is – en ander kere help hulle met opruimingswerk ná vloedwaters of ’n brand.

Vlees en bloed (Lapa Uitgewers; R200) is die vervolg op die topverkoper Bloedsusters (deur Ilse Salzwedel), maar lesers hoef nie eers Bloedsusters te lees om dié boek te waardeer nie. Vlees en bloed verskaf antwoorde op vrae soos:• Waarom vind ons misdaad so fassinerend?• Watter gevare hou bloed in?• Waarom sterf soveel Suid-Afrikaanse bejaardes alleen?• Waarom word sommige mense opgaarders?• Hoe hanteer ’n mens die trauma nadat jy alles in ’n brand of vloed

verloor het?• Waarom is daar so baie plaasmoorde in Suid-Afrika en wat kan

plaasinwoners doen om hulself te beskerm?• Wat loop verkeerd in kinders se lewens dat hulle later misdadigers word?• Waarom wend soveel Suid-Afrikaanse tieners hulle tot selfdood?• Waarom misbruik mense alkohol en wat is sommige van die gevaartekens?• Wat moet ons weet om gewelddadige verhoudings te kan vermy?• Waarom is dit belangrik om behandeling vir posttraumatiese stres te kry?

IN BEWEGING

www.solidariteit.co.za66Uitgawe 2 van 2016

GEBAKTE

TAMATIEHOENDER

Page 67: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

www.solidariteit.co.za67Issue 2 of 2016

Wat maak ’n mens “trots Afrikaans”? Is dit wanneer jy die taal suiwer praat? Is dit as jy al Dalene Matthee se boeke op jou boekrak

het of indien jy SMS-taal vermy en mooi Afrikaanse uitdrukkings gebruik?

Dit is waarskynlik al bogenoemde, maar selfs meer nog: Dit is ’n hartsding wat gestalte kry in die woorde wat ons kies en die sinne wat ons saamflans. Ons taal is immers veel meer as ’n kommunikasiemiddel: Dis ’n kultuur, ’n geskiedenis, ’n klomp nostalgie en ’n blink toekoms. Dis iets wat jy net verstaan as jy ’n spreker daarvan is.

Indien jy kies om iemand “oom” te noem, sê jy: “Ek het respek vir jou ouderdom en wysheid.”

Indien jy sê: “Wanneer braai ons weer?” bedoel jy: “Ek geniet jou geselskap en ek wil my duur vleis met jou deel.”

As jy “lekker” sê in min of meer enige konteks, sal net ’n mede-Afrikaanssprekende weet presies hoe om dit tot in die fynste nuanse te interpreteer.

Indien jy as Afrikaanssprekende in die buiteland woon en in Suid-Afrika kom kuier, kom jy “huis toe”. Daarmee bedoel jy die grond van die land waarop jy grootgemaak is, donderstorms, Tafelberg, jou ma se kookkos, die Karoo se ooptes en die gul harte van die land se mense. Net Suid-Afrikaners kom altyd “huis toe”.

Jy is trots Suid-Afrikaans as jy ’n rits woorde en uitdrukkings gebruik om die weer-uiterstes eie aan ons land te beskryf: snikheet, snerpend, versengend, bibber, die kraaie gaap, dit reën katte en honde, jakkals trou met wolf se vrou.

Wanneer jy jou liefde wil verklaar maar jou eie woorde laat jou in die steek, kan jy kies en keur uit die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte, soos dié een van Boerneef:

Die berggans het ’n veer laat valvan die hoogste krans by Woeperdal

my hart staan tuit al meer en meerek stuur vir jou die berggansveer

mits dese wil ek vir jou sêhoe diep my liefde vir jou lê.

Jy gebruik idiome wat eie is aan ons taal, ons land en ons herkoms: Jy ploeg met ’n ander ou se kalwers; jy span die wa voor die perde in; jy lyk soos ’n splinternuwe sikspens; jy is ’n laatlammetjie; die agteros kom ook in die kraal.

Jou grappies is deurspek met woordspelings en jy dink nommerpas-byname vir jou vriende en kollegas uit in die mooiste Afrikaans.

Is dit jy, hierdie? Dan is jy trots Afrikaans.• Lees gerus verklarings vir Afrikaanse idiome

en uitdrukkings asook die betekenis van ongewone of minder bekende Afrikaanse woorde by maroelamedia.co.za/afrikaans. S

IN BEWEGING

Hoe meet ‘n mens “trots Afrikaans”? Ons noem onsself graag “trots Afrikaans”, maar baie van ons is, helaas, bloot toevallig Afrikaans en kwalik “trots” daarop, skryf SUSAN LOMBAARD, uitvoerende hoof van Maroela Media.

Foto

’s: ist

ock

pho

to.co

m

AFRIKAANSEN TROTS DAAROP!

Page 68: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

www.solidariteit.co.za68Uitgawe 2 van 2016

Die volgende stop is ’n prettige, lag-tot-jy-lê- bordspeletjie vir die hele gesin en is nou beskikbaar by Kraal Uitgewers teen slegs

R280 (R40-posgeld uitgesluit). Reis Suid-Afrika van hoek tot kant plat met hierdie unieke speletjie waarin jou beste stomstreektegnieke, algemene kennis en blitsverduidelikings van eiesoortige en eg Suid-Afrikaanse plekke, idees en selfs spreekwoorde nuttig te pas sal kom. Dis die ideale tydverdryf vir almal wat 10 jaar en ouer is, of hul nou ervare reisigers of tuisblyers is. Dié duursame bordspel sluit 300 aktiwiteits- en vraagkaarte in vir ure se speelgenot. Maak seker dat die pret selfs nóg langer hou deur Die volgende stop: Reeks 2-aktiwiteits- en vraagkaarte aan te skaf (beskikbaar teen R120, R20-posgeld uitgesluit). Met 300 nuwe vrae en aktiwiteite sal jy selfs meer kopkrap en skater.

IN BEWEGING

Kruispaaie: Afrikanerkeuses in die 19de en 20ste eeu deur die gesoute skrywer en historikus dr. Leopold Scholtz plaas die grootste besluite wat die Afrikaner in die afgelope sowat 150 jaar

geneem het, onder die vergrootglas. In hierdie merkwaardige publikasie oor die Afrikaner se verlede sal hedendaagse Afrikaners ’n uitsonderlike perspektief oor verskeie rigtinggewende besluite vind. Hierdie besluite het nie net die verloop van die geskiedenis vir die Afrikanergemeenskap in ’n sekere rigting gestuur nie, maar ook die geskiedenis van Suid-Afrika in geheel onherroeplik verander.

Die Afrikaner se keuse om tot stand te kom en om enduit in die uitmergelende en verwoestende Anglo-Boereoorlog te veg, is van die eerste keuses wat in Kruispaaie ondersoek word. Scholtz beklemtoon dat hierdie pertinente besluit om tot die bittereinde te veg ’n bepalende rol in die oorlewing van die Afrikaner gespeel het en Afrikaners met ’n trots vervul het wat jare later nog gevoel is – ’n trots waarsonder die Afrikaner waarskynlik andersins sou wegkwyn.

Latere keuses soos die instelling van apartheid, die radikalisering van Afrikanernasionalisme en die uiteindelike keuse vir hervorming skets ’n noodsaaklike prentjie van omstandighede, keuses en gevolge uit hierdie tydperk in die Afrikaner se geskiedenis.

Hoewel Kruispaaie nie poog om partydig te staan teenoor besluite wat deur die dekades heen geneem is nie, bied dit ’n waardevolle ontleding

van die geskiedenis wat die Afrikaner van vandag ’n beter begrip van dié besluite sal gee.

Kruispaaie is ’n bondige publikasie wat die grootste keerpunte in die Afrikaner se geskiedenis ondersoek en selfs brandende vrae oor die Afrikaner se toekoms prontuit stel.• Kruispaaie: Afrikanerkeuses in die 19de en

20ste eeu is beskikbaar by Kraal Uitgewers. Besoek www.kraaluitgewers.co.za of skakel 012 644 4329 om dié boek te bestel. S

BESTEL DIÉ BY KRAAL!

Anglo-Boereoorlog, 1899-1902 is ’n onontbeerlike DVD vir elkeen wat in die Boereoorlog-geskiedenis belangstel. ULULA-produksies se DVD bied ’n blik op dié geskiedkundige oorlog soos jy dit nog nie gesien het nie. Uitsonderlike videomateriaal en foto’s skep ’n realistiese beeld van dié wrede oorlog. Dit vertel van die dae van angs en onsekerheid, maar wys ook die ligter oomblikke gevul met musiek. Teks en aanbieding word gedoen deur prof. Fransjohan Pretorius met die medewerking van talle ander prominente ABO-historici, insluitend proff. Andries Raath, André Wessels, Hermann Giliomee en dr. Jackie Grobler. Anglo-Boereoorlog, 1899-1902 is beskikbaar by Kraal Uitgewers teen R140 (R20-posgeld uitgesluit).• Besoek www.kraaluitgewers.co.za, stuur

e-pos na [email protected] of skakel 012 644 4329 om jou bestelling te plaas. S

Nuwe perspektief opkeuses van verlede

Deur Ilze Nieuwoudt

Foto

’s: ist

ock

pho

to.co

m &

VeR

skaF

Page 69: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016
Page 70: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

www.solidariteit.co.za70Uitgawe 2 van 2016

Ettienne Pio (litigant), Deon de Jager (junior litigant), Anton Gerretsen, Raymond Holland-Chapman, Bennie Harmse• Administratiewe beampte: Nicole Harmse• Tel: 021 946 4440/4418• Faks: 021 949 4259• E-pos: [email protected]• Adres: Du Toitstraat 18, Bellville

BELLVILLE

Adele Rossouw• Administratiewe beampte: Jaatjé Sherman• Tel: 053 723 1604• Faks: 053 723 1407• E-pos: [email protected]• Adres: Winkel 1B, Prosperitasgebou, Rietbokstraat, Kathu

KATHU

John Smith• Administratiewe beampte: Karin van der Watt• Tel: 035 753 1935 / 035 753 1936• Faks: 035 753 1937• E-pos: [email protected]• Adres: Anglers Rodstraat 12, Meerensee, Richardsbaai

RICHARDSBAAI

Pieter Burger• Administratiewe beampte: Ingrid Papenfus• Tel: 051 430 6152/3• Faks: 051 430 6163• E-pos: [email protected]• Adres: Kellnerstraat 58C, Westdene, Bloemfontein

BLOEMFONTEIN

Quintus Sliep• Administratiewe beampte: Bianka Broodryk• Tel: 013 235 3698 / 013 235 4985• Faks: 013 235 1814• E-pos: [email protected]• Adres: Versekeringsforumgebou, H.v. Viljoen- en Maasdorpstraat, Lydenburg

LYDENBURG

Eric Schoeman, Tommy Wedderspoon, Johan Nell (litigant), Lucindi van Zyl ( junior litigant)• Administratiewe beampte: Carisma Breet, Jumarie Palm• Tel: 014 592 4336• Faks: 014 592 4371• E-pos: [email protected]• Adres: H.v. President Mbeki- en Heystekstraat, Total Garage, Kantoor 4, Rustenburg

RUSTENBURG

Francois van Heerden, Hennie Vosloo, Amanda Hattingh, Fanie Vosloo, Derek Mans, Herman de Jongh, Thinus Jacobs, Dana Viljoen (litigant), Gibbs du Toit (litigant) • Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden en Elize Pohlman• Tel: 011 913 0783/1101/1105 • Faks: 011 913 3850• E-pos: [email protected]• Adres: Rondebultweg 232, Libradene, Boksburg

BOKSBURG

• Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst• Tel: 034 312 9711/9917• Faks: 034 312 5170• E-pos: [email protected]• Adres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle

NEWCASTLE

Andy O’Toole, Leandri Streit (litigant)• Administratiewe beampte: Sandra Scheepers• Tel: 017 634 5296• Faks: 017 634 5297• E-pos: [email protected]• Adres: Eerste vloer, h.v. Joe Slovo- en Moorstraat, Uitbreiding 22, Secunda

SECUNDA

Riaan Visser, Coenie Rheeder• Administratiewe beampte: Petro Watson• Tel: 018 788 4861/018 786 2785• Faks: 011 388 9854/018 788 5102• E-pos: [email protected]• Adres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville

CARLETONVILLE

Jaco van den Berg, Johan Venter, Francois Calldo, Gerhard Cloete, JJ Fernandes, Lee Coetzee, Nadia Coetzee• Administratiewe beamptes: Saretha Jacobs en Chanell van Gent• Tel: 016 931 3160• Faks: 016 931 3171 / 016 981 6718• E-pos: [email protected]• Adres: Rossini-boulevard 130, Vanderbijlpark

VAALDRIEHOEK

Hennie Kommer• Administratiewe beampte: Sue Nel• Tel: 057 352 6839• Faks: 057 357 2072• E-pos: [email protected]• Adres: Winkel nr. 5, Eerste vloer, The Strip, Metro Village, Staatsweg 312, Welkom

WELKOM

Cornelius van Leeuwen, Jan du Plessis• Administratiewe beamptes: Irma Oberholzer, Sonja Bekker• Tel: 013 656 3871• Faks: 013 656 6846• E-pos: [email protected]• Adres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11

WITBANK

Deon Viviers• Administratiewe beampte: Mariaan Pretorius• Tel: 014 763 1174• Faks: 014 763 1264• E-pos: [email protected]• Adres: Winkel 4A, Marula Mile Winkelsentrum, Louis Bothaweg 35, Ellisras

ELLISRAS

Coenie Rheeder, Danny Schutte• Administratiewe beampte: Leanne Meyer• Helpende Hand-kliëntediensbeampte: Vakant• Tel: 018 468 8533/9• Faks: 018 468 8563• E-pos: [email protected]• Adres: Buffelspark, Eenheid 2, Buffeldoornlaan 48, Flamwood, Klerksdorp• Posadres: Posbus 15440, Flamwood Walk, 2571

KLERKSDORP

Wynand Strydom• Administratiewe beampte: Yvette Stroebel• Tel: 041 364 3219 / 2925 / 3225• Faks: 041 364 2927• E-pos: [email protected]• Posadres: Posbus 63788, Greenacres, Port Elizabeth, 6057• Adres: Sesdelaan 52, Newton Park, Port Elizabeth

PORT ELIZABETH

Chris Roodt, Schalk de Bruin, Willie Venter, Jahni Cowley, Helgard Cronje,Inge Labuschagne, Sta-Sia Engelbrecht• Administratiewe beamptes: Christa Louw, Anke Cloete• Tel: 012 644 4442/8• Faks: 012 349 8880• E-pos: [email protected]• Adres: H.v. DF Malanrylaan en Eendrachtstraat, Kloofsig, Centurion

PRETORIA (CENTURION)

Solidariteit-kantore: Diens op jou voorstoep

IN BEWEGING

SolidariteitSolidarity

Page 71: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016
Page 72: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

www.solidariteit.co.za72Uitgawe 2 van 2016

Die ontsnappingsverhaal van die oorlogskorrespondent en latere Britse premier, Winston Churchill, bevat al die romantiek en aksie van ʼn moderne Hollywood-

rolprent. In die afgelope bykans 120 jaar sedert Churchill se aanhouding in die Staatsmodelskool in Pretoria gedurende die Anglo-Boereoorlog is dié verhaal vertel, oorvertel en aangedik. Die ontsnapping, wat volgens die legendes daaroor ’n heldhaftige swemtog oor die sogenaamde “magtige Apies” ingesluit het, is egter ʼn kleurvolle verhaal met een van die grootste name in die geskiedenis as hoofkarakter.

Op 11 Oktober 1899 kom die nuus: oorlog is verklaar tussen die magtige Brittanje en die twee klein Boererepublieke in Afrika. Skaars drie dae later, op 14 Oktober 1899, vertrek die 24-jarige Churchill as joernalis van die Londense Morning Post aan boord van die Dunnotar Castle na die oorlogsone. Sy plan is eenvoudig: “As far as you can, as quickly as you can, must be the motto of the war correspondent.”

Hy bereik Durban teen 4 November en kies dadelik koers na die front in die rigting van Estcourt. Hier wag hy tien dae lank vir aksie – tot en met sy gevangeneming op 15 November. In ʼn artikel oor Churchill se tyd in Natal wat in 1987 in die Military History Journal verskyn het, word vertel dat hy in dié tyd £200 aangebied het vir enigeen wat hom tot in die belegde Ladysmith kon lei. Hy kon egter nie daarin slaag om dit tot in Ladysmith te maak nie.

Op 15 November kom hy wel tot midde-in die oorlogsaksie toe die gepantserde trein waarmee die Britse magte die gebied naby Frere en Colenso bespied het, by Chieveley ontspoor word deur rotse wat deur Boere op die spoor geplaas is. In die skermutseling wat daarop volg, word vier Britse soldate doodgeskiet, 34 gewond en 69 gevange geneem. Dieselfde lot val Churchill te beurt, al is hy nie ʼn vegtende soldaat nie. Tydens dié voorval help hy self ook om die treinwrak los te maak van die lokomotief sodat gewonde soldate na Estcourt kan ontsnap.

Churchill word saam met gevange offisiers na die Staatsmodelskool op die hoek van Skinner- en Van der Waltstraat in Pretoria geneem vir aanhouding. Sy tyd in aanhouding beskryf hy in sy boek London to Ladysmith via Pretoria as “the most monotonous and among the most miserable of my life”.

Die gevangenes word deurlopend deur nege

wagte bewaak en hoewel die staalheining slegs sowat 10 voet hoog is, is die wagte daarlangs gewapen. “No walls are so hard to pierce as living walls,” meen Churchill. Hy beraam planne om saam met ʼn medegevangene te ontsnap en op 12 Desember, ná drie mislukte pogings, slaag hy daarin om oor die heining te klouter in ʼn oomblik toe die wagte se rug na die heining gekeer is. Hy kom in die aangrensende erf se tuin te lande gekom en wag bykans ʼn uur op sy kameraad, maar dié daag nooit op nie.

Ná ʼn gewag sluip hy uit die tuin en met vier stafies sjokolade en £75 in sy sak vaar hy omstreeks 20:00 die strate van Pretoria al fluitende in. Die kompas, kaart, opiumtablette en “meat lozenges” wat vir die ontsnapping bedoel was, is nog by sy vriend in die Staatsmodelskool

en nou moet hy daarsonder. Van ʼn geswemmery oor die “magtige” Apiesrivier, soos die legende vertel, is daar in Churchill se eie beskrywing van die ontsnapping egter geen sprake nie.

In die ure te voet uit die stad neem sy plan vorm aan – om die Delagoa-spoorlyn te vind en in ʼn oostelike rigting te beweeg. Ná sowat twee ure bereik hy ʼn treinstasie (na bewering die Koedoespoort-stasie oos van Pretoria). Hier spring hy ongesiens op ʼn koolwa en ry die vreemde in. Die vreemde pad lei hom uiteindelik wel na Komatipoort en Delagoabaai soos hy gehoop het.

Sy pad lei later weer na die gevegsfront en minder as ʼn jaar later word dié oorlogskorrespondent as lid van die Britse parlement ingehuldig. S

Winston Churchill en die “magtige Apies”

Foto

’s: ist

ock

pho

to.co

m &

VeR

skaF

IN BEWEGING

Deur Ilze Nieuwoudt

Churchill (heel regs) saam met lede van die 1st Royal Dublin Fulisiers wat op 15 Desember 1899 naby Colenso in Natal gevange geneem is. Onder: ‘n Standbeeld van die eertydse Britse premier in London.

Page 73: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

www.solidariteit.co.za73Issue 2 of 2016

in Retrospek MARIETHA MALANis ’n onderwyser by Alma-skool, ’n skool vir gestremdes, en is ‘n ma van vyf.

Vrolik dartel die tandarts binne, modieus geklee in ’n noupassende romp en ’n korterige wit mediese baadjie met groot sakke. Sy gesels innemend terwyl sy die stoel ’n

bietjie verstel en haar instrumente orden. Aan die ander kant van die stoel staan die assistent, onheilspellend stil, wagtend met haar masker klaar oor haar mond en neus.

Dan word die lang, baie lang spuitnaald nader gebring. “Net ʼn klein stekie,” jok die innemende tandarts. Die skerp metaal klief in my sagte tandvleis, diep, so diep dat dit voel of dit my borsbeen enige oomblik gaan tref. “Amper klaar,” paai haar heuningstem, terwyl die naald heen en weer gewikkel word. Ek voel hoe die naald weer pynlik uitgly, en oomblikke later begin fyn prikkies in die mishandelde wang opvlam. Dit voel of die een kant van my gesig grotesk begin hang. Vrolik wikkel die modieuse tandarts na die wagtende buurman om hom waarskynlik dieselfde dosis pyn toe te dien.

Toe die morsdooie gevoel min of meer my oor bereik, kom die twee gemaskerde vennote terug. Behendig word kodetaal en instrumente bo-oor my kop verwissel. Dan begin die boordery. Zieeeeee…! Die dun boortjie gaan gepaard met baie water, wat in ’n dammetjie net duskant my sagte verhemelte gaan lê. Ek het ’n onbedaarlike behoefte om te sluk, maar

die pyp in my keel maak dit onmoontlik. Twee gesigte bokant my kop wedywer vir plek. Die assistent suig fluks met haar pypie, maar ’n paar stukkies dreig om in my keel af te glip. “Haag …” beduie ek intelligent, maar die boodskap dring nie deur nie.

Dan is dit tyd vir die dik boor. Garrrr … Die dik boor wikkel grotesk tot omtrent in die middel van my kakebeen. “’n Bietjie groter oop, asseblief,” maan die heuningstem van die pragtige, welriekende tandarts. Ek probeer. “Dankie,” kom dit beleefd. Eindelik begin die mengery. Die assistent meng haar sementjies, en die tandarts stop dit in. “Skuur jou tande op mekaar,” beveel sy. Gehoorsaam maak ek so. En eindelik kan ek my verweerde skoene met die lelike tone van die gladde plastiek laat afglip. Ek spoel my mond uit in die wasbak. ’n Straaltjie loop oor my ken en teen my nek af. My dom lip kan dit nie binnehou nie.

Onopreg sleeptong ek ’n dankie en ’n totsiens voordat ek die buitewêreld met ’n dik mond en ’n hangwang aandurf. Maar die volgende dag, met die pyn vergete, voel ek dankbaar met my tong oor my netjies herstelde tand en kou vir die eerste keer in ’n lang tyd gemaklik. Ek belowe myself om volgende keer nie so lank uit te stel voor ek tandarts toe gaan nie, maar soos die tandarts met die spuit gedoen het, jok ek natuurlik lekker vir myself.

Hande op, wie geniet ’n tandartsbesoek? Miskien hier en daar ’n afwykende masochis. Tog is dit nodig. Dis tot jou beswil. Daarsonder wag groter ellendes vir seker.

So dikwels ervaar ons fisieke of psigiese pyn en ongemak. Ons verstaan dit nie. Ons haat dit. Ons bid om daarvan verlos te word. “Here, hoekom ek?” kla jy. Jy kyk na ander mense wat genoeg geld het, kinders wat uitermate talentvol is en nooit op skool sukkel nie, ander huwelike wat blom as joune ’n slagveld is. Of jy worstel met ’n chroniese siekte, aanhoudende pyn of ’n loodswaar lewensmoegheid wat soos boeie om jou enkels hang.

Jakobus skryf só oor hierdie swaarkry: “My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, tel dit julle in staat om te volhard. En die volharding moet end-uit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige tekortkoming.” (Jak. 1:2,3) Ons geestelike tande word as’t ware gestop, volmaak en glad gemaak. Dis pynlik, maar nodig … en dis so seker deel van die lewe as die son wat elke oggend opkom.

Net so seker as wat ek weer daardie wit kamertjie sal binnestap, op die gladde plastiek van die uitskopstoel sal sit en my lelike voete sal beskou. Maar aan daardie naald dink ek liewer nie nou nie … S

Oor steriele kamertjies en lang naaldeEk stap by die nou reeds bekende wit, steriele kamertjie in en gaan sit op die gladde plastiek van die uitskopstoel. Ek lê agteroor met my kop op die gemaklike kopstuk en beskou my voete. My naellak dop af en die punte van my sandale lyk effe verweerd. Ek kruis my voete om die lelikste voet te verberg en sug. Nou is daar niks meer wat ek kan doen behalwe om te wag nie. Ek is ’n weerlose pasiënt.

Foto

: isto

ckph

oto

.com

Page 74: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

PROMOSIEARTIKEL

Uitgawe 2 van 2016 www.solidariteit.co.za74

Belangrik• Alle hospitaalopnames, insluitend opna-

mes in psigiatriese fasiliteite, moet vooraf goedgekeur word. Behandelingsprotokolle en gevallebestuur sal verseker dat jy in die mees gepaste fasiliteit behandel word. Dit geld ook vir opnames in subakute fasiliteite of hospiese, as alternatief vir hospitalisasie.

• Lede van ons netwerkopsies moet sorg dat hulle in ’n netwerkhospitaal opgeneem word sodat die opname vir voordele kwalifiseer.

• Noodopnames hoef nie vooraf goedgekeur te word nie, maar wel op die eerste werkdag ná die opname. Jy kan ook op jou tablet of slimfoon voorafgoedkeuring vir hospitaal- opnames versoek deur die Medihelp-app te gebruik. Jy sal per SMS of e-pos terugvoer op jou versoek ontvang.

• Hoewel daar geen oorhoofse jaarlikse limiet vir hospitalisasie is nie, kan prosedure-

spesifieke bybetalings en maksimum voordelebedrae (limiete) van toepassing

wees, afhangende van jou voordele-opsie.

As deel van ons strewe om ’n beter ervaring aan lede te bied wanneer hulle met ons skakel, het ons ’n outomatiese goedkeuringsproses vir jou gerief ontwikkel. Jy kan nou dadelik elektronies goedkeuring vir hospitalisasie kry vir verskeie prosedures, 24 uur per dag, sewe dae per week.

Voltooi dan die besonderhede van jou opname en dien in. Jy benodig net die prosedure- en ICD10- kodes wat jou dokter voorsien het. Jy sal binne sekondes besonderhede van die voorafgoedkeuring per SMS of e-pos ontvang, asook ’n e-pos met ’n verwysingsnommer ter bevestiging. Kyk gerus na ’n video oor hospitalisasie of lees die pamflet hieroor op Medihelp se webtuiste by www.medihelp.co.za.

Standaard prosedures wat tans deur e-goedkeuring op die webblad gedek word:• Adenoïdektomie• Appendektomie• Besnydenis• Cholesistektomie• Dilatasie en kurettasie• Gastroskopie• Histerektomie• Histeroskopie• Intra-uteriene toestelle• Keisersnee• Kolonoskopie• Laparoskopie• Miomektomie• Miringotomie• Normale geboorte• Sisto-uretroskopie• Sterilisasie• Tonsillektomie• Vasektomie

Volg dié maklike stappe: Teken aan op die beveiligde webblad

vir lede, www.medihelp.co.za, deur “Lede” by “Teken in” te kies.

Klik op “Voorafgoedkeuring”. Kies “Hospitaalvooraf- goedkeuring”.

1

2

3

NUUT

Outomatiese hospitaalgoedkeuring via web

Foto

: isto

ckph

oto

.com

Page 75: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016
Page 76: Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 - 2016

Uitgawe 2 van 2016