squared2 up€¦ · nuusbrief van die fakulteit natuur- en landbouwetenskappe uitgawe 1 julie 2014...

53
SQUARED 2 UP Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 www.up.ac.za Baie studies het getoon dat Suid- Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel moet dringend daaraan aandag skenk om die, per capita uitset van doktorale graduandi te laat toeneem. Een van die mees betekenisvolle maniere waarop ’n navorsingsintensiewe universiteit ’n bydrae lewer tot ontwikkeling, is deur middel van sy graduandi, meer spesifiek op die hoogste vlak, naamlik doktorale studie. Die ontwikkeling van die volgende generasie navorsers, is ’n prioriteit vir die Universiteit van Pretoria. Dit is daarom uitermate bevredigend dat UP weereens verlede jaar die grootste aantal meesters- en doktorale graduandi van alle Suid-Afrikaanse universiteite opgelewer het. Fakulteit lewer met trots die meeste PhD- grade Alhoewel nie die grootste fakulteit van die Universiteit nie, lewer die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe jaarliks die meeste doktorale kandidate van al die fakulteite. Tydens die onlangse herfsgradeplegtigheidseremonies in April, is 37 uit ’n totaal van 127 doktorsgrade aan graduandi uit die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe toegeken. Die menigte doktorale graduandi het deur hul goudmyn van navorsing opwindende en baanbrekerswerk gedoen. Dit sluit onder andere in die ondersoek na die skade wat 4 x 4-voertuie aan grond aanrig, ’n in-diepe-ondersoek na die Weskus se eie Heaviside-dolfyne, en hoe metabolomiese tegnieke met behulp van KMR-tegnieke aangewend kan word om die proses vir die opspoor van middele teen siektetoestande soos MIV, te bespoedig. Lees meer oor die verskillende navorsingsbevindings op bladsy 4 van hierdie Nuusbrief. Heaviside se dolfyne is inheems tot die Suider- Afrikaanse kuslyn en kom slegs vanaf Tafelbaai tot by Suidelike Angola voor. Foto: Ryan Reisigner

Upload: others

Post on 21-Feb-2021

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

SQUARED2 UP Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Jul ie 2014

www.up.ac.za

Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika-streek as in geheel moet dringend daaraan aandag skenk om die, per capita uitset van doktorale graduandi te laat toeneem. Een van die mees betekenisvolle maniere waarop ’n navorsingsintensiewe universiteit ’n bydrae lewer tot ontwikkeling, is deur middel van sy graduandi, meer spesifiek op die hoogste vlak, naamlik doktorale studie.

Die ontwikkeling van die volgende generasie navorsers, is ’n prioriteit vir die Universiteit van Pretoria. Dit is daarom uitermate bevredigend dat UP weereens verlede jaar die grootste aantal meesters- en doktorale graduandi van alle Suid-Afrikaanse universiteite opgelewer het.

Fakulteit lewer met trots die meeste PhD-grade

Alhoewel nie die grootste fakulteit van die Universiteit nie, lewer die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe jaarliks die meeste doktorale kandidate van al die fakulteite. Tydens die onlangse herfsgradeplegtigheidseremonies in April, is 37 uit ’n totaal van 127 doktorsgrade aan graduandi uit die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe toegeken.

Die menigte doktorale graduandi het deur hul goudmyn van navorsing opwindende en baanbrekerswerk gedoen. Dit sluit onder andere in die ondersoek na die skade wat 4 x 4-voertuie aan grond aanrig, ’n in-diepe-ondersoek na die Weskus se eie Heaviside-dolfyne, en hoe metabolomiese tegnieke met behulp van KMR-tegnieke aangewend kan word om die proses vir die opspoor van middele teen siektetoestande soos MIV, te bespoedig. Lees meer oor die verskillende navorsingsbevindings op bladsy 4 van hierdie Nuusbrief.

Heaviside se dolfyne is inheems tot die Suider- Afrikaanse kuslyn en kom slegs vanaf Tafelbaai tot by Suidelike Angola voor. Foto: Ryan Reisigner

Page 2: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

2 SQUARED2 UP

Boodskap van die Dekaan

Boo

dsk

ap

va

n d

ie D

eka

an

Vele studies het aangetoon dat Suid-Afrika, en in-derdaad die Afrika-streek as geheel, dringend aan-dag daaraan moet skenk om die per capita uitset van doktorale graduandi te vermeerder. Hoewel nie die grootste fakulteit van die Universiteit nie, lewer die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe jaarliks die meeste doktorale kandidate van al die fakulteite. Tydens die onlangse herfsgradepleg-tigheidseremonies in April was 37 uit ’n totaal van 127 doktorale grade aan graduandi uit die Fakulteit toegeken (Lees meer hieroor op bladsy 1).

Prof Zander Myburg, Direkteur van die Bosbou Molekulêre Genetikaprogram in die Departement Genetika, was die hoofnavorser in ’n wêreldwye projek om die genetiese bloudruk van die Eucalyp-tus grandis, ’n spesie van ’n genus van vinnig-groeiende bome, in Suid-Afrika algemeen bekend as bloekombome, te ontrafel. Die suksesvolle opeenvolging van die boom se genome is op 19 Junie 2014 in die gesaghebbende, hoë impak wetenskaptydskrif, Nature, gepubliseer (bladsy 20).

Omdat navorsing deel is van die Fakulteit se kernbesigheid, het die amptelike bekendstelling van die Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoel- inisiatief (SARChl) in Volhoubare Malariabe-heer in die Departement Biochemie, as ’n poging om malaria, wat steeds een van Afrika se dodelik-ste siektes is, te elimineer, die belangrikheid van voortgesette transdissiplinêre navorsing herbe-klemtoon (bladsy 27).

Drie UP-navorsers van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe was wenners in hul onder-skeie kategorieë by die NSTF-BHP Billiton-toe-kennings wat onlangs by Emperor’s Palace gehou is – prof Brenda Wingfield, prof Don Cowan en prof Wanda Markotter (bladsy 3).

Een van die meer interessante navorsingsprojekte in die Fakulteit is dié van twee wetenskaplikes van die Departement Chemie, prof Egmont Rohwer en dr Yvette Naudé, wat koffiestyl pinotagewyn ondersoek het ten einde vas te stel watter verbin-dings verantwoordelik is vir die hedendaagse pro-

Wees deel van die toekoms van wetenskapfiel (bladsy 34). Meestersgraadstudente, onder die supervisie van prof John Taylor by die Departe-ment Voedselwetenskap by UP, het “super koekies” ontwikkel wat ryk is aan essensiële voedingstowwe (bladsy 31).

Die Universiteit se verbintenis tot die stryd teen honger was herbevestig toe die Hoëvlak Paneel van Deskundiges op Voedselsekerheid en Voeding van die Komitee op Wêreldvoedsel-sekerheid gedurende April by die Universiteit bymekaar gekom het (bladsy 39).

Die Universiteit van Pretoria en die Universiteit van die Wes-Kaap, tesame met hulle Konsortia vennote sal gesamentlik die Sentrum van Uitnemend-heid vir Voedselsekerheid aanbied en dit sal ’n opwindende geleentheid bied aan die Instituut vir Voedsel, Voeding en Gesondheid by UP om hulle werk uit te brei (bladsy 26).

Soos gewoonlik, is ons baie trots op die uitstaande prestasies wat ons personeel van ons Fakulteit ver-mag het. Prof Brenda Wingfield, Adjunkdekaan: Navorsing en Nagraadse Studies, is in 2014 met ’n A-gradering van die Nasionale Navorsingstigting beloon (bladsy 17). Prof Namrita Lall, ’n deskun-dige op die gebied van Medisinale Plantwetenskap het die hoogste Suid-Afrikaanse eer, die Orde van Mapungubwe (Brons), ontvang vir haar uitstaande bydrae in die veld van mediese wetenskappe (bladsy 18).

Die International Union of Forest Research Organizations Scientific Award is aan prof Jolanda Roux van die Instituut vir Bosbou- en Landboubio-tegnologie toegeken (bladsy 15). Gebaseer op die aantal kere wat hy aangehaal is, is prof Kenneth Ozoemena, ’n Buitengewone Professor in die Departement Chemie, gegradeer as een van die wêreld se beste 1% chemici (bladsy 16).

Twee navorsers in die Departement Dierkunde en Entomologie was prominent tussen die onlangs aangekondigde wenners van die 2013 Suider-Afrikaanse Wetenskapslens-kompetisie. Dr Morgan Trimble het die eerste prys gewen in die Wetenskap in Gemeenskap-kategorie, terwyl PhD-kandidaat, mnr Ryan Reisinger, tweede plek behaal het met sy foto in die Wetenskap in Aksie-kategorie (bladsy 22).

Die Departement Versekering en Aktuariële Weten-skap is trots op Werner Pansegrouw wat die Visekanselier en Rektor-medalje vir Uitnemende Voorgraadse Akademiese Prestasie as die beste student in die Fakulteit Natuur- en Landbouweten-skappe ontvang het, met ’n aangepaste gemiddeld van 92% gedurende sy drie jare van studie (bladsy 47).

Stefan de Bruin, ’n BSc (Hons) (Geoïnformatika)-

Redakteur

Martie Meyer

Redaksie:Martie Meyer (Redakteur)

[email protected] 420 5498 (kantoor)012 420 5895 (faks)

Kamer 8-9,LandbouwetenskappegebouFakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

Layout:Kim ZimmermanReDzign084 766 5656 of [email protected]

Taalversorging en vertaling:Melodie Veldhuizen Stuur gerus kommentaar en terugvoer oor die fakulteitsnuusbrief en idees/voorstelle vir artikels na [email protected]

Die Fakulteit is nou ook op Facebook. Besoek asb die bladsy en “like” ons.

student van die Departement Geografie, Geoïnfor-matika en Meteorologie het die eerste prys gewen in die kategorie Beste Studenteprojek, tydens die eerste jaarlikse “Isibalo Award Evening” (bladsy 47).

Vele meer uitstaande prestasies deur ons perso-neel, studente en geaffilieerdes, op wie ons baie trots is, kan genoem word. Die doel van hierdie nuusbrief is om sommige van hierdie prestasies ten toon te stel en ons vertrou dat u die jongste verwik-kelinge in ons Fakulteit sal geniet.

Aangesien hierdie die laaste nuusbrief sal wees waarin ek as Dekaan ‘n boodskap aan die Fakul-teit sal lewer voordat ek die pos van Viserektor: Institusionele Beplanning opneem, sal ek graag my opregte dank wil betuig en benadruk dat dit vir my ’n eer was om die Fakulteit tien jaar lank te lei. Hier-die Fakulteit is een van die top-wetenskapfakulteite in die land, en ek vertrou dat dit sal voortgaan om te groei en voorspoed sal beleef onder die nuwe leierskap. Prof Brenda Wingfield sal die Waar-nemende Dekaan wees vanaf 15 Augustus. Ek wens haar alles van die beste toe en vertrou dat sy dieselfde ondersteuning van u almal sal geniet.

Prof Anton StröhDekaan: Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

Page 3: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

Drie UP-navorsers van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe was wenners in hul onderskeie kategorieë by die NSTF-BHP Billiton-toekennings wat op 3 Julie 2014 by Emperor’s Palace gehou is.

Hulle is die “boomdokter” prof Brenda Wingfield, genomikakenner prof Don Cowan en vlermuisnavorser prof Wanda Markotter. Die jaarlikse NSTF-BHP Billiton-toekenningsplegtigheid word wyd erken as Suid-Afrika se “Wetenskap-Oscars”, waar presteerders in wetenskaplike navorsing en verbandhoudende aktiwiteite vereer word. Vanjaar was sewe van die 48 finaliste afkomstig van UP.

Prof Brenda Wingfield se werk fokus op boomsiektes wat deur fungusse veroorsaak word. Deur die genetiese samestelling van hierdie mikro-organismes te ontrafel, help sy die bosboubedryf om boompatogene te bestry wat kommersiële plantasies kan uitwis. Benewens verskeie ander leiersposisies in die wetenskapgemeenskap is sy ook Adjunkdekaan van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe aan UP. Prof Wingfield het gewen in die kategorie vir ’n uitstaande bydrae tot wetenskap, ingenieurswese, tegnologie en innovasie (WITI) deur navorsingskapasiteit wat oor die afgelope vyf tot tien jaar ontwikkel is, ’n toekenning wat deur Eskom geborg word.

Prof Don Cowan, Direkteur van UP se Sentrum vir Mikrobiese Ekologie en Genomika en die Genomika Navorsingsinstituut, was ’n finalis in drie

Drie wenners van NSTF-BHP Billiton-toekennings uit Natuur- en Landbouwetenskappe

kategorieë maar het uiteindelik die eerste plek in die kategorie kapasiteitbou met prof Wingfield gedeel. Sy navorsing fokus op mikrobiese lewe in ekstreme omgewings, en hy het uitgebreide werk in Antarktika en die Namib gedoen.

Prof Wanda Markotter het gewen in die kategorie waar ontluikende navorsers vereer word wat ’n uitstaande bydrae tot wetenskap, ingenieurswese, tegnologie en innovasie (WITI) oor ’n tydperk van tot ses jaar na verkryging van ’n PhD gelewer het. Sy is gefassineer deur vlermuise en die rol wat hulle in ekosisteme en in die verspreiding van siektes speel. Haar navorsing help ons om te verstaan waar en hoe lyssavirusse – ’n tipe virus wat deur vlermuise gedra word – voorkom.

Die NSTF-BHP Billiton-toekennings is uniek in Suid-Afrika deurdat die versoek vir benoemings in die openbaar geskied, die keuringsproses en toekenningsplegtigheid samewerkend is en die toekennings erkenning gee vir ’n verskeidenheid uitstaande bydraes deur individue en spanne tot WITI. Toppresterende leerders in wiskunde en wetenskap in Graad 12 word ook erken as deel van die “Brilliants”-program vir toekomstige innoveerders. Die toekennings, onder beskerming van die Minister van Wetenskap en Tegnologie, het gegroei tot die mees gesogte openbare WITI-toekennings in Suid-Afrika.

Prof Brenda Wingfield Prof Don Cowan Prof Wanda Markotter

3 SQUARED2 UP

Page 4: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

4 SQUARED2 UP

Do

kto

rsg

rad

e

Al die Heaviside-dolfyne (Cephalorhynchus heavisidii) wat aan die westelike kusstreek van Suider-Afrika voorkom, is verwant en behoort aan een van twee hoofbevolkings. Dit is een van die bevindings van die eerste diepgaande genetiese studie oor hierdie endemiese dolfynspesie wat slegs vanaf Tafelbaai tot by suidelike Angola gevind word. Die spesie is moontlik sensitief vir oormatige vangs van stokvis.

Die studie is deur dr Keshni Gopal, ʼn bewaringsgenetikus van Kaapstad onderneem, as deel van haar doktorale navorsing in Dierkunde. Die Universiteit van Pretoria het tydens die Herfsgradeplegtigheid in April vanjaar die PhD-graad aan haar toegeken.

Sy het verskeie sensitiwiteitsanalises uitgevoer om te bepaal hoe veranderings in lewensgeskiedenis of omgewingsvariasies die herstelvermoë van bevolkings kan beïnvloed.

Dieselfde tegnieke is ook gebruik om die uitwerkings van verskillende bestuursbenaderings

te toets. In die loop van die analises het dit aan die lig gekom dat die verwydering van so min as 15 individue uit ʼn klein bevolking van 10 000 lede katastrofiese gevolge vir die totale bevolkingsgrootte van Heaviside-dolfyne (Cephalorhynchus heavisidii) kan inhou.

Deur die genetiese verwantskap tussen verskillende bevolkings te bepaal, het dr Gopal gehelp om kleiner bevolkingseenhede te identifiseer. Kennis van sulke eenhede is deurslaggewend om doeltreffende bewaringsbestuurstrategieë te verseker. Haar data sal van groot waarde wees wanneer die bewaringstatus van die spesie op datum gebring word.

Heaviside-dolfyne word tans as “Data-gebrekkig” in die IUCN se Rooilys van Bedreigde Spesies geklassifiseer, aangesien so min bekend is oor hul bevolkingsgrootte, lewensgeskiedenis en direkte en indirekte bedreigings vir hul voortbestaan.

Heaviside-dolfyne is endemies aan suidwestelike kuslyn van Afrika en kom slegs voor van Tafelbaai tot by suidelike Angola. Foto: Dr Ryan Reisigner

Dr Keshni Gopal tydens ‘n ekskursie langs die weskus.

Eerste diepgaande studie oor Weskus se eie Heaviside-dolfyne

4 SQUARED2 UP

Page 5: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

SQUARED2 UP 5

“Ek het nog altyd ʼn groot passie vir die marinewêreld gehad en die gebruik van dolfyne as studieonderwerp in die uitvoering van genetiese analises was ʼn droom wat bewaarheid is,” sê dr Gopal, wat soortgelyke studies oor rotskrewe gedoen het.

Die waarneming van ʼn albino Heaviside-dolfyn by Hondeklipbaai tydens een van haar monsternemingsekskursies is iets wat sy altyd sal koester. Hondeklipbaai is een van sewe kusgebiede langs die Weskus wat sy dikwels in die loop van vier warm somers besoek het. Sy het biopsie-weefselmonsters geneem van 395 dolfyne wat hul tuiste het in Tafelbaai, St Helenabaai, Lambertsbaai, Hondeklipbaai, Port Nolloth, en in die omgewing van Lüderitz en Walvisbaai in Namibië.

Foto: NanaTakanawa

Verwysing: Gopal, K. 2014. “A genetic study of two inshore dolphin species (Cephalorhynchus heavisidii and Tursiops aduncus) found along the coast of South Africa”. Ongepubliseerde doktorale proefskrif, Universiteit van Pretoria.

Dr Gopal het haar genetiese analises in die Leslie Hill Molekulêre Laboratorium van die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut (SANBI) in Kaapstad gedoen, waar sy as wetenskaplike werk.

“’n Onverwagte, maar positiewe ondervinding was die geleentheid om my navorsingsinligting met plaaslike vissermanne in sommige van die vissersdorpies aan die Weskus te deel,” onthou dr Gopal.

“Die vissersgemeenskappe in daardie gebiede het die dolfyne as hul eie aangeneem en ek ontvang nog dikwels boodskappe waarin hulle my inlig oor ‘hulle dolfyne’ en oor nuwe aankomelinge in hulle gebied.”

Do

ktorsg

rad

e

Page 6: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

6 SQUARED2 UP

’n Inheemse struik met vaalgrys blare en trosse klein heuninggeurige bloeisels het aan dr Heino Heyman, navorser in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, voldoende bewys gelewer dat kernmagnetiese-resonansietegnieke (KMR-tegnieke) die toetsing van ’n verskeidenheid verbindings kan bespoedig om dié te selekteer wat die beste ontwikkelingsmoontlikhede het met die oog op die lewering van MIV-medisynes.

Dr Heyman het in April sy doktorsgraad van die Universiteit van Pretoria in mediese plantwetenskap ontvang vir navorsing waardeur hy aangetoon het hoe metabolomiese tegnieke met behulp van KMR-tegnieke aangewend kan word om die proses vir die opspoor van middele teen siektetoestande soos MIV, te bespoedig. Sy doktorale navorsing is ’n voortsetting van werk wat hy reeds in 2009 gedoen het, as deel van sy MSc-graad, waartydens hy begin het met die gebruik van KMR-ondersteunde metabolomiese tegnieke om te toets vir eienskappe van Helichrysum spesies wat teen MIV aangewend kan word.

Navorsers wêreldwyd besef die dringendheid daarvan om geneesmiddels te vind wat aangewend kan word om die siektetoestande wat met MIV-infeksie gepaard gaan, met positiewe resultate te behandel. Sodoende kan die epidemiese afmetings van verspreiding van dié infeksie, aan bande gelê word. ʼn Groot aantal verbindings en aftreksels moet egter eers aan chemiese ondersoek onderwerp word ten einde uiteindelik ʼn paar te identifiseer wat die potensiaal het om die virus uit te wis of te onderdruk.

“Die proses verbonde aan die ontdekking van middels teen siektetoestande is eentonig, tydrowend en duur,” aldus dr Heyman. “Ons het dus ’n metode nodig wat die doeltreffendheid van fraksionering, suiwering en isolering van verbindings kan bevorder.” Met die oog hierop het hy hom daarop toegelê om ’n vinnige en doeltreffende metode te vind wat ander navorsers kan help om die selekteerproses te bevorder.

Nuwe tegniek lê anti-MIV-verbindings in inheemse plantgenus bloot

Dr Heino Heyman in the laboratorium, besig met plantekstrasie.

Dr Heyman het besluit om hom toe te lê op die aanwending van KMR-tegnieke om spesifieke metaboliete te identifiseer. KMR-spektrometers kan aangewend word om ’n besondere eienskap van ’n molekule te bepaal. Metaboliete is klein molekules wat gedurende selmetabolisme voortgebring word en wat by die lewering van energie, of die vervaardiging van selstrukture, of

die verskaffing van verdedigingsmeganisme aan ’n sel betrokke kan wees.

Alle metaboliete het hul eiesoortige stelle “vingerafdrukke”, wat ontleen is aan die chemikalieë waaruit hulle opgebou is. Elkeen van dié metaboliete straal ’n spesifieke en dus duidelik herkenbare frekwensie uit wanneer dit met behulp van ‘n KMR-spektrometer ondersoek word.

Do

kto

rsg

rad

e

Page 7: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

SQUARED2 UP 7

Dr Heyman het gevind dat KMR-gebaseerde metabolomika en multivariasie-dataontleding met vrug saam aangewend kan word om die chemiese gedrag van ’n groot aantal monsters op grond van hul soortlike gewig met dié van MIV te vergelyk.

“Die inligting wat so verkry is, kan gebruik word om verskille en ooreenkomste tussen monsters, gegrond op hul besondere werking teen MIV, uit te wys,” sê dr Heyman.

Die bepaling van die gemene chemiese faktore of ‘vingerafdrukke’ van ’n verskeidenheid monsters wat besonder vyandige eienskappe teenoor MIV openbaar, was geslaagd. Hierná het dr Heyman van die “vingerafdrukke” wat verkry is, gebruik gemaak om te bepaal of sy metode ook gebruik sou kon word om verbindings wat die virus teenwerk, onder Suid-Afrika se inheemse plantbevolking uit te wys – en om dit vinnig en doeltreffend te vermag.

Hy het sy navorsing gefokus op plante van die genus Helichrysum, weens hul tradisionele gebruike in die behandeling van hoesaandoenings, verkoues, koors, infeksie, hoofpyn en menstruasiepyn. Die plante is ook per geleentheid aangewend as verbandmateriaal op wonde op grond van hul antivirale eienskappe. Studies het getoon dat Helichrysum aureonitens oor eienskappe beskik wat aangewend kan word om die herpes-virus te beveg, terwyl ander Helichrysum-spesies moontlik aangewend sou kon word om MIV te beveg.

Nadat hy 30 spesies ondersoek het, het dr Heymans inderdaad verbindings in Helichrysum populifolium ontdek wat as teenmiddel teen MIV gebruik sou kon word. Hierdie struik wat in sy volwasse stadium ʼn hoogte van twee meter kan bereik, word die algemene of generiese populierheliochrysum genoem omdat sy grys blare soos dié van ʼn populier lyk.

Helichrysum populifolium, of algemene of generiese populierheliochrysum.

Verwysing: Heyman, HM (2014).“Identification of anti-HIV compounds in Helichrysum species (Asteraceae) by means of NMR-based metabolomic guided fractionation”. Ongepubliseerde PhD-verhandeling, Universiteit van Pretoria.

Do

ktorsg

rad

e

Page 8: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

8 SQUARED2 UP

Grondbeskadiging deur 4x4-voertuie word onderskat, dit is langtermynskade – tussen vyf en eenduisend jaar – en is meesal onomkeerbaar. As gevolg van hierdie negatiewe omgewingsimpak moet mense nie toegelaat word om in die veld in beskermde gebiede te ry nie. Streng wetlike maatreëls moet toegepas word om 4x4-gebruik in sulke gebiede te reguleer, en baie sensitiewe gebiede soos vleilande moet as absoluut verbode gebiede geklassifiseer word.

Bogenoemde is die gevolgtrekking van dr Gerhard Nortjé, ʼn grondkundige, gebaseer op bevindings uit sy doktorale navorsing oor natuurlewebestuur, wat hy deur die Universiteit van Pretoria se Sentrum vir Wildbestuur gedoen het. Hy het vroeër vanjaar sy PhD-graad in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe ontvang.

”Hoewel dit dalk lyk of veldryery nie negatiewe impakte op die omgewing het nie, veral op die grond en plantegroei, is die risiko van skade wesenlik,” sê dr Nortjé. “Dit is nie ’n ekologies volhoubare praktyk nie en moet dus nie toegelaat word nie.” Hy sê verhoogde gronderosie, skade aan plantegroei en habitatvernietiging is net enkele van die sigbare negatiewe impakte van hierdie gewilde sogenaamde ‘ekotoerisme-aktiwiteit’.

Dr Nortjé, wat sy navorsing op die Makuleke Kontraktuele Park in die noordelike Pafuri-deel van die Nasionale Krugerwildtuin toegespits het, voer aan dat SANParke sy bestuurstrategieë vir veldryery in beskermde gebiede deeglik moet heroorweeg.

Studie vra verbod op 4x4’s in beskermde gebiede

SANParke se bestepraktykriglyne erken tans die potensiaal van veldryery om ’n negatiewe impak op natuurlike hulpbronne te hê, maar maak nie spesifiek van grondskade melding nie. Voor dr Nortjé se studie is sommige van die huidige veldryriglyne nooit getoets of wetenskaplik geverifieer nie. So byvoorbeeld bepaal een riglyn dat voertuie nie in mekaar se spore in die veld moet ry nie. Dit is presies die teenoorgestelde van wat dr Nortjé se navorsing toon, naamlik dat tot 90% van die skade veroorsaak word die eerste keer wanneer ’n voertuig oor ’n gebied beweeg, ongeag die grondtipe of die banddruk van die voertuig. As daar ‘n paar keer in dieselfde spore gery word, veroorsaak dit dus baie minder skade as wanneer daar net een keer op verskillende spore gery word.

“Voertuie moet in die veld in dieselfde spore ry as ’n vorm van verkeerbeheer, en laer banddruk moet gebruik word,” sê dr Nortjé.

Hy sê in wildreservate word daar dikwels in die veld op onversteurde grond gery. Wilde diere trek gewoonlik saam in gebiede met die voedsaamste en smaaklikste plantegroei. Gevolglik is dit ook die gebiede waar roofdiere waarskynlik aangetref sal word en die gebiede waar veldryery die meeste sal plaasvind om toeriste nader aan die diere te bring.

“Toeriste se onkunde en onverskilligheid oor die omgewing – of die grond, wat dit betref – tesame met operateurs en grondeienaars se behoefte om geld te maak, is gewoonlik die redes waarom veldryery toegelaat word,” sê dr Nortjé.

Dr Gerhard Nortjé het ’n 4x4, maar gebruik dit net in aangewese gebiede soos amptelike 4x4-roetes, waar skade aan padoppervlakke tot die minimum beperk word. Foto: Gerhard Nortjé.

’n Wildkykvoertuig waarop 10 sandsakke van 70 kg elk gelaai is, is gebruik om toestande na te boots waarin ’n voertuig volgelaai met toeriste (totale gewig ongeveer 3 795 kg) in verskillende toestande sal ry.Foto: Gerhard Nortjé

Do

kto

rsg

rad

e

Page 9: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

9 SQUARED2 UP

Geweefde matte kan einde van dongas beteken

Geweefde matte, gemaak van palmblare, mag dalk net die oplossing wees vir die probleem van grond-erosie in baie dele van Suid-Afrika en kan aanleiding gee tot die vestiging van verskeie matweef-ondernemings.

Dit is die bevinding van dr Garry Paterson ná sy navorsing oor die effektiewe gebruik van natuurlike geotekstiele om grond-erosie te beheer. Paterson, ’n grondwetenskaplike by die Instituut vir Grond, Klimaat en Water van die Landbounavorsingsraad, het in April sy doktorsgraad by die Universiteit van Pretoria ontvang.

As ’n ervare grondwetenskaplike is die gevolge van swak grondgebruikpraktyke in baie Suid-Afrikaanse streke vir hom baie opvallend. “Wanneer die grondoppervlakte blootgelê word, word waardevolle bogrond maklik weggespoel tydens swaar reën,” verduidelik dr Paterson. “Dit lei uiteindelik tot die vorming van riwwe en slote, ook bekend as dongas.”

Die beste manier om dit te voorkom, is om die oppervlakte met ’n tipe materiaal te bedek wat die reën sal opvang en die wegvloei van oppervlakte-water, wat grondverwydering tot gevolg het, sal beheer. Geotekstiele, vervaardig uit plastiek of draad, word dikwels vir die doel gebruik, maar kan duur wees. Omdat dit sinteties van aard is, is dit ook nie die voorkeur-oplossing vir die omgewing nie. (Geotekstiele is materiale wat op die grondoppervlakte geplaas of oopgerol kan word.)

’n Moontlike oplossing is om plaaslike plantmateriaal te gebruik wat in netagtige, dog

buigsame 50 x 50 cm matte geweef kan word. Hierdie wafelweefwerkmatte word aan die grondoppervlakte vasgeheg om die verlangde beskerming te verleen. Die doeltreffendheid van sulke matte, gemaak van Borassus palmboomblare, wat van Gambië afkomstig is, is aanvanklik deur navorsers van die University of Wolverhampton in die Verenigde Koninkryk, getoets.

Daarna het dit, tussen 2005 en 2009, tot ’n tot ’n projek gelei wat deur die Europese Kommissie befonds is. Hierdie projek het die doeltreffendheid van die matte in tropiese en subtropiese gebiede getoets en versyfer. Tien lande was daarby betrokke, insluitend die Verenigde Koninkryk, België, Hongarye en Litaue, asook Brasilië, Gambië, Thailand, China, Suid-Afrika en Viëtnam. Dr Paterson was verantwoordelik vir die evaluering van die matte in Suid-Afrikaanse toestande en het die voordele van die matte op verskeie terreine in KwaZulu-Natal, die Vrystaat, Gauteng en Limpopo getoets.

Sy bevinding was dat die matte ’n praktiese, natuurlike alternatief vir sintetiese geotekstiele is, en in verskeie omgewings gebruik kan word om die skade van gronderosie te verminder. Die resultate was baie positief, met ’n beduidende vermindering van die hoeveelheid oppervlakte-afvloei, asook van die sediment wat deur die water weggevoer word. Die matte het die grond gestabiliseer, wat die hervestiging van plante tot gevolg gehad het. Die feit dat die matte van natuurlike materiaal gemaak is, beteken dat dit stadig in die bogrond verrot. Nog ’n voordeel is dat die matte vervaardig kan word met

Dr Garry PatersonPalmmatte

laevlak-tegnologie, deur die weefvaardighede van die inwoners in baie van die landelike gebiede in te span. Volgens dr Paterson geniet gemeenskappe wat hierdie tegniek gebruik, die voordele van grondbewaring, asook inkomste-generering. Hy voeg by dat die organisasie “Werk vir Vleilande” belangstelling getoon het in die gebruik van hierdie tegniek in sommige van die areas waar hulle werksaam is.

Hy glo dat, met basiese borgskappe en die samewerking tussen die plaaslike strukture van verskeie provinsiale departemente, kan ’n samewerking wat die moeite loon, gevestig word om weefmateriaal aan die deelnemers te voorsien. Hy reken ook dat die matte dan gebruik kan word op terreine in die plaaslike omgewing.

Dr Paterson is van Skotse afkoms, maar was sedert 1981 as grondwetenskaplike by die Instituut vir Grond, Klimaat en Water van die Landbounavorsingsraad in Pretoria werksaam. Hy het regdeur Suid-Afrika aan verskeie grondklassifikasie-, ondersoek- en karteringsprojekte gewerk. Dit sluit die Gautrein-projek en die oprigting van Eskom se kragdrade in afkomstig van. Hy het ook opnames vir mynbou, behuising, paaie, pyplyne en bosbou gedoen.

Dr Paterson is die voormalige President van die Vereniging vir Grondwetenskappe in Suid-Afrika (SSSSA), en is die huidige Visevoorsitter van die Suid-Afrikaanse Tak van die International Erosion Control Association en Sameroeper van die Suid-Afrikaanse Grondklassifikasie-werkgroep.

Do

kto

rsg

rad

e

Page 10: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

10 SQUARED2 UP

Toe

kenn

ing

s &

Pre

sta

sie

s

Die Universiteit van Pretoria het onlangs hulde gebring aan sy akademici uit verskeie studievelde vir hul uitmuntende navorsing en onderrig- en leerpogings.

Pryse vir Uitnemende Akademiese Presteerders, Uitnemende Jong Navorsers en die Laureaattoekennings vir Uitnemendheid en Innovasie in Onderwys is toegeken. Navorsers en doserende personeel in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe het uitstekend presteer en het baie van die toekennings opgeraap by die 2014-toekenningseremonie wat in Mei vanjaar plaasgevind het.

Tydens ’n gala-dinee is die Universiteit se slimkoppe vereer. Die nuwe Nasionale Navorsingstigting (NNS)-gegradeerde navorsers is aangekondig, en meer as 60 akademici het tydens die geleentheid erkenning ontvang. Prof Don Cowan en prof Brenda Wingfield, beide van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, het hul NNS A-graderings ontvang, en baie ander het B, C en Y-graderings van die NNS ontvang. Twee B-graderings, 24 C-graderings, en 12 Y-graderings is toegeken.

Tydens hierdie geleentheid het die Universiteit van Pretoria formeel hulde gebring aan die vlak van toegewydheid van sy akademici om die Universiteit se visie om ’n leidende navorsingsintensiewe universiteit in Afrika te wees.

Toppresteerder-akademici inspireer met hul toekennings

Nuwe A-gegradeerde navorsers

Prof Don Cowan Prof Brenda Wingfield

Page 11: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

11 SQUARED2 UP

Uitnemende Akademiese Presteerders

Prof Roumen Anguelov Prof Marthan Bester Prof Jaco Greeff

Prof Lise Korsten Prof Zander Myburg Prof Jolanda Roux

In die kategorie Uitnemende Akademiese Presteerders het die volgende akademici van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe erkenning ontvang vir hul navorsing: Prof Roumen Anguelov (Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde), prof Marthan Bester (Soogdiernavorsingsinstituut en Departement Dierkunde en Entomologie), prof Jaco Greeff (Departement Genetika), prof Lise Korsten (Departement Mikrobiologie en Plantpatologie), prof Zander Myburg (Departement Genetika – Leerstoel in Bosbougenomie en Biotegnologie) en prof Jolanda Roux (Instituut vir Bosbou- en Landboubiotegnologie en Departement Mikrobiologie en Plantpatologie).

Toe

kenn

ing

s &

Pre

sta

sie

s

Page 12: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

SQUARED2 UP 12

Die Uitnemende Jong Navorsers in die Fakulteit is: Prof Wanda Markotter (Virale Soönose Navorsingsgroep, Departement Mikrobiologie en Plantpatologie), prof Ferdinand Meyer (Buro vir Voedsel- en Landboubeleid, Departement van Landbou-ekonomie, Voorligting en Landelike Ontwikkeling) en dr Chris Weldon (Departement Dierkunde en Entomologie).

Die Laureaattoekenning vir Uitnemendheid en Innovasie in Onderwys is toegewys aan die projek Organic chemistry practicals: paradigm shift. Twee van die drie personeellede wat by hierdie projek betrokke was, dr Darren Riley en dr Lynne Pilcher, is verbonde aan die Departement Chemie.

Die gasspreker en President van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en bekleër van die Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoel in Berekeningsmeganika aan die Universiteit van Kaapstad, prof Daya Reddy, het die gehoor geïnspireer deur verdiende hulde te bring aan die gehalte en belangrikheid van navorsing en navorsingsintensiewe universiteite. Hy het die presteerders gelukgewens en gesê: “Van een ding kan ons seker wees: hierdie land het jou nodig, het top-studente nodig, waarin ook al jou belangstelling op die spektrum van toepaslikheid gesetel is. Jy moet geïnspireerd wees, en as ’n suksesvolle student, moet jy ook ’n inspirasie wees. Om die waarheid te sê, verlei die jonger geslag van slimmes na ’n wêreld van navorsing, wat die naam waardig is.”

Uitnemende Jong Navorsers

Prof Wanda Markotter

Prof Ferdinand Meyer

Dr Chris Weldon

Wenners van die Laureaattoekennings vir Uitnemendheid en Innovasie in Onderwys

Kgadi Mathabathe, dr Darren Riley en dr Lynne Pilcher

Toe

kenning

s & Pre

stasie

s

Page 13: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

13 SQUARED2 UP

Prof Anton Ströh (49), Dekaan van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe sal vanaf 15 Augustus 2014 die pos as die nuwe Viserektor: Institusionele Beplanning by die Universiteit, beklee.

Hierdie aanstelling bevestig sy voortgesette lys van prestasies en is ook ’n weerspieëling van sy lewe en loopbaan – gekenmerk deur ’n lang lys van persoonlike, asook professionele hoogtepunte en prestasies.

Prof Ströh sê: “Hierdie pos sal aan my die geleentheid bied om ’n bydrae te lewer tot die vorming van die toekoms van die Universiteit, en om by wyse van gemeenskaplike leierskap

Prof Ströh as Viserektor: Institusionele Beplanning aangestel

Prof Anton Ströh

die Universiteit van Pretoria (UP) te stuur in die bereiking van sy doelwitte, soos uiteengesit in die Strategiese Plan. Die omvangryke aard van hierdie pos is besonder interessant, aangesien ek nou sal saamwerk met ander bestuurslede, die dekane van fakulteite en direkteure van ondersteuningsdepartemente, om die strategiese beplanning wat nodig is vir die vorming van die toekoms van die Universiteit te integreer en te optimaliseer.”

Hy was nie slegs die jongste persoon wat ooit as Dekaan van hierdie Fakulteit aangestel is nie, maar was ook in Junie 2012 die eerste Dekaan wat vir ’n derde agtereenvolgende termyn aangestel is.

Prof Ströh sal beslis ’n nalatenskap van uitnemendheid agterlaat wanneer hy sy nuwe amp gaan beklee. Gedurende sy termyn as Dekaan het die Fakulteit daarin geslaag om tot ’n groot mate sy internasionale navorsingsprofiel te versterk. Publikasie-uitsette het die afgelope vyf jaar aansienlik toegeneem, van 235 DHET-eenhede in 2007 tot 335 eenhede in 2013. By wyse van ’n goed-gedefiniëerde personeelontwikkelingsprogram wat onder sy rentmeesterskap bekendgestel is, het die aantal NNS-gegradeerde wetenskaplikes met 65% toegeneem, tot ’n totaal van 150, wat meer as 40% van die UP as instelling

Toe

kenn

ing

s &

Pre

sta

sie

s

Page 14: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

SQUARED2 UP 14

Prof Anton Ströh en Derek Hanekom, voormalige Minister van Wetenskap en Tegnologie.

beloop. Daarbenewens het die persentasie van akademiese personeel met PhD as die hoogste kwalifikasie gedurende die afgelope vier jaar vanaf 60% tot 73% gestyg. Navorsingspublikasies het, wat betref getalle en gehalte, wesenlik verbeter, en tans word 95% van ons publikasies in ISI -vaktydskrifte gepubliseer. Die Fakulteit se aantal PhD-studente het toegeneem, deurdat die aantal nuwe inskrywings per jaar verdubbel het, terwyl die aantal postdoktorale navorsers met meer as 50% toegeneem het. Die diversiteitsprofiel van ons studente het aansienlik verbeter en studente uit die toegewysde groep verteenwoordig tans meer as 50% van die totale aantal studente.

“Mense is die belangrikste bate van ’n universiteit en ek glo dat ek deur die uitleef van uitsonderlike leierskap en menseverhoudingsvaardighede daarin geslaag het om akademiese en ondersteuningspersoneel regdeur die Fakulteit te inspireer tot uitnemendheid in hul werk,” het prof Ströh geantwoord toe daar aan hom gevra is waarom die Fakulteit so goed presteer het.

Prof Ströh het sy PhD op die ouderdom van 24 behaal en regdeur sy lewe het hy, van nature ’n navorser en probleemoplosser, sy passie vir wiskunde uitgeleef.

In 1988 is hy as Lektor in die Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde aangestel en in 1990 is hy tot Senior Lektor bevorder. In 1994 het die welbekende Banach Sentrum in Warsaw hom uitgenooi om vir ’n tydperk van ses maande daar te gaan navorsing doen. Tydens sy besoek het prof Ströh, saam met prof L Zsido van Rome, Italië, daarin geslaag om ’n volledige Riesz-ontbindingsteorie te ontwikkel, wat in noue verband staan tot geslote ideale in operator-algebras, deur in sy mees algemene vorm die probleem van ideale strukture van operator-algebras op te los. In Julie van dieselfde jaar het hy die Universiteit se Jong Navorser van die Jaar-toekenning ontvang en in 1996 is prof Ströh tot Medeprofessor bevorder.

In Januarie 2000 is hy tot die pos van Professor bevorder en in Oktober 2000 is hy as Hoof van die Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde aangestel. In dieselfde jaar is hy as die Voorsitter van die Skool

vir Wiskundige Wetenskappe aangestel, wat die Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde, Statistiek en Versekering en Aktuariële Wetenskap insluit. Sy eerste termyn as Dekaan het in 2004 in aanvang geneem en hy is in 2008 heraangestel vir ’n verdere termyn van vier jaar. In 2008 is hy ook deur die Senaat as lid van die Universiteitsraad verkies. In 2010 het die Raad hom verkies om op die staande Komitee van die Raad te dien. Daarbenewens is prof Ströh ook in 2009 verkies as Voorsitter van die Nasionale Forum vir Wetenskapsdekane.

Prof Ströh het die Fakulteit as een van die top-wetenskapfakulteite in Suid-Afrika gevestig. Hy het voortdurend daarna gestreef om die Fakulteit as voorste wetenskapfakulteit op die Afrika-kontinent te posisioneer. Die Fakulteit lewer, by wyse van sy nagraadse navorsing, ’n betekenisvolle bydrae tot die oplos van sommige van die groot uitdagings wat die kontinent bedreig, met betrekking tot armoede, voedsel-, energie- en watersekerheid, klimaatsverandering en die impak daarvan op landbou, diere- en mensgesondheid, asook ekonomiese volhoubaarheid.

Prof Ströh het verskeie lesings by plaaslike en internasionale konferensies aangebied en was ook ’n mede-organiseerder van vyf internasionale konferensies. Hy is die outeur van verskeie navorsingsartikels wat in internasionaal-erkende vaktydskrifte gepubliseer is. In 2001 het hy ’n goue medalje van die Suid-Afrikaanse Wiskundevereniging ontvang vir sy bydrae tot die uitbou van navorsingsvermoëns en in 2003, 2006, 2009 en 2012, het hy ’n Toekenning vir Buitengewone Presteerders van die Universiteit van Pretoria ontvang. Hy word tans deur die internasionale gemeenskap op sy vakgebied erken vir sy betekenisvolle akademiese bydrae tot sy navorsingsveld en het van 2009 tot 2013 ’n B-gradering van die Nasionale Navorsingstigting gehad.

Prof Ströh is met Ronel getroud en hulle het twee seuns, Werner en Reinhardt.

Prof Brenda Wingfield, tans Adjunkdekaan: Navorsing en Nagraadse Studies, sal vanaf 15 Augustus 2014 as Dekaan waarneem, totdat ’n aanstelling gemaak is.

Toe

kenning

s & Pre

stasie

s

Page 15: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

15 SQUARED2 UP

Prof Jolanda Roux van die Instituut vir Bosbou- en Landboubiotegnologie (FABI) in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe het die Wetenskaptoekenning van die International Union of Forest Research Organizations (IUFRO) ontvang.

Hierdie toonaangewende toekenning, die hoogste wat aan bosbounavorsers toegeken word, sal aan haar geskenk word tydens die volgende IUFRO Wêreldkongres in Oktober vanjaar. Een toekenning word elke vyf jaar in elk van die nege kategorieë gemaak en prof Roux sal die toekenning vir navorsingsprestasie op die gebied van Boomgesondheid ontvang.

In 2012 het prof Roux ook die NWTF-BHP-Billiton toekenning (deur Eskom geborg) in die kategorie Vrouenavorser wat ’n uitmuntende bydrae gelewer het tot WITI (SETI) deur Wetenskapkapasiteitsontwikkeling oor die laaste

Prof Jolanda Roux ontvang IUFRO Wetenskaptoekenning

Prof Jolanda Roux

vyf tot tien jaar. In 2011 het sy die Queen’s Award for Forestry van die Commonwealth Forestry Association ontvang, waartydens sy Koningin Elizabeth II ontmoet het. Prof Roux is ook op vele ander maniere erken vir haar werk. Die vernaamste hiervan was die Departement Wetenskap en Tegnologie se Toekenning, Uitnemende Jong Vroue in Wetenskap, ook in 2011.

Prof Roux is ’n professor in die Departement Mikrobiologie en Plantpatologie, ’n lid van die bestuurskomitee van FABI en die bestuurder van die Boombeskermingsamewerkings-program se veld- en voorligtingsdienste.

Haar navorsing fokus op boomsiektes en sy het ’n besonderse passie vir boomgesondheid in die algemeen en meer spesifiek, vir fungi wat boomsiektes op die Afrika-kontinent veroorsaak. Sy werk saam met navorsers in baie ander

dele van die wêreld en het wyd gereis om haar navorsing te onderneem .

Prof Roux het meer as 120 artikels op haar navorsingsgebied gepubliseer en was ook studieleier vir ’n groot aantal PhD- en MSc-studente. Sy dien op ’n aantal internasionale komitees en is tans die koördineerder vir die Afdeling-navorsingsgroep oor Bospatologie van die International Union of Forestry Research Organisation.

Sy is tans die Visepresident van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plantpatologie, dien op die redaksiekommissies van die South African Journal of Science, Forestry en Forest Pathology, en is ’n ereprofessor in die Chinese Academy of Forestry.

Toe

kenn

ing

s &

Pre

sta

sie

s

Page 16: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

16 SQUARED2 UP

Prof Kenneth Ozoemena, ’n Buitengewone Professor in die Departement Chemie is op grond van die aantal kere wat hy aangehaal is, op die ranglys van die top 1% chemici in wêreld gelys. Dit is volgens die Essensiële Wetenskapsaanwysers (Essential Science Indicators) van ISI Thomson Reuters en is gebaseer op die aantal verwysings na sy artikels in vaktydskrifte.

Teen Februarie 2014, het hy 125 artikels in toonaangewende vaktydskrifte gepubliseer (onder meer ChemComm, J Mater Chem, Energy Environ Sci, PCCP, ACS Appl Mater Interfaces, Langmuir, Electrochem Commun, en Electrochim Acta), asook ses hoofstukke in boeke. Hy is 2 674 keer aangehaal en het ’n H-indeks van 30 en ’n i10-indeks van 74 (wat aandui dat elk van sy 74 referate minstens 10 keer aangehaal is). Vanaf 2006 en 2010 is vier van sy publikasies deur die Royal Society of Chemistry en Elsevier Uitgewers as “top-mees stimulerende artikels” erken.

Prof Ozoemena is die Hoofnavorser en Navorsingsgroepleier van die Elektrochemiese Energie-tegnologieë by die Afdeling Materiaalwetenskap en -vervaardiging van die WNNR. Sy navorsing is hoogs interdissiplinêr van aard en strek oor verskeie aspekte van Materiaalwetenskap en Elektrochemie. Dit sluit onder andere sintetiese anorganiese chemie en elektrochemiese bewustheid van elektrokatalise en elektrochemiese energiestelsels in. Sy navorsing fokus tans op die elektrochemie van nano-gestruktureerde materiaal en redoks-aktiewe N4-makrosikliese metaalsamestellings met die oog op die vestiging van die moontlike toepassings daarvan in die ontwikkeling van elektrochemiese energiestelsels (bv brandstofselle, elektrochemiese kapasitors, en litium/sodium ioonbatterye), asook kleurstofsensitiewe sonselle.

Hy het sy PhD-graad in Chemie in 2003 aan Rhodes Universiteit verwerf, waarna hy ook nagraadse kwalifikasies in Bestuursontwikkeling (MDP), asook in Hoër Onderwys (PGCHE) aan die Universiteit van Pretoria verwerf het. Hy is

Prof Kenneth Ozoemena op ranglys van top 1% van chemici in wêreld

ook ’n Buitengewone Professor by die Universiteit van Wes-Kaap. Prof Ozoemena is tans ’n B-2-gegradeerde NNS-navorser. Afgesien van die toekenning as “Uitmuntende Jong Navorser” deur UP in 2009, het hy ook die “Uitmuntende Jong Akademikus”-toekenning van Nigerië (Kantoor van die Hoë Kommissaris in Suid-Afrika) in 2009, en die WNNR se “Toekenning vir Navorsingsuitnemendheid” vir 2012 ontvang.

Prof Ozoemena is toegelaat as ’n navorsingsgenoot van die Royal Society of

Prof Kenneth Ozoemena

Chemistry (FRSC) (VK) in Mei 2011 en het die status van Geoktrooieerde Chemikus (CChem) van die Royal Society of Chemistry (VK) in Februarie 2008 verkry. Hy het ook die kwalifikasie as Geoktrooieerde Wetenskaplike (CSci) van die Science Council (VK) in 2008 verkry. Hy is ’n redaksielid van verskeie vaktydskrifte (insluitend Electrochemistry Communications), en ook Mederedakteur van Materials Focus, en het as gasredakteur van Electrochemical Acta en Journal of Porphyrins en Phthalocyanines gedien.

Toe

kenn

ing

s &

Pre

sta

sie

s

Page 17: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

17 SQUARED2 UP

Prof Brenda Wingfield, ’n navorser met hoë internasionale aansien, het ’n A-gradering van die Nasionale Navorsingstigting (NNS) ontvang, effektief vanaf 2014. Sy is ook die eerste vrou in die Fakulteit om hierdie gradering te ontvang.

Hierdie prestasie is nog meer buitengewoon omdat beide sy en haar man, prof Mike Wingfield, Direkteur van die Bosbou en Landbou Biotegnologie Instituut (FABI) nou A-gegradeerde wetenskaplikes in dieselfde fakulteit is.

Prof Wingfield is die Adjunkdekaan vir Navorsing en Nagraadse Studies in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe. Sy is verkies tot die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap (SAfAW) vir die 2012 tot 2016 siklus. Sy is ook die sekretaris-generaal van die Internasionale Vereniging vir Plantpatologie (IVPP).

Sy het meer as 300 eweknie-geëvalueerde artikels gepubliseer. Prof Wingfield is een van die leiernavorsers by die Departement Wetenskap en Tegnologie (DWT)/NNS se Sentrum vir Uitnemendheid in Boomgesondheidbiotegnologie, voormalige voorsitter van die Nasionale Wetenskap en Tegnologieforum (NWTF) en voormalige visevoorsitter van die Kuratorium van PlantBio, een van die nasionale biotegnologie- innovasiesentrums.

Prof Wingfield het die Departement Waterwese en Bosbou se Vrou vir Water-, Sanitasie- en Bosnavorsing se toekenning in 2007, die Departement Wetenskap en Tegnologie se Uitnemende Vroue in Wetenskaptoekenning in 2008 en die Afrika-unie se Vrou in Wetenskapstreekstoekenning (Suidelik) in 2009 verower. Voordat sy hierdie toekenning verower het, is sy vier keer erken as ’n Buitengewone Akademiese Presteerder. Sy het ook die Kanselierstoekenning vir Navorsing in 2012 ontvang.

Haar navorsingsbelangstellings sluit in fungale populasiegenetika en fungale filogenetika. Bo en behalwe haar internasionaal-erkende navorsingsprogram oor die molekulêre filogenetika en taksonomie van boompatogeniese fungi, ontwikkel sy nou

Prof Brenda Wingfield ontvang A-gradering van NNS

Prof Brenda Wingfield

’n fungale genomieprogram. Prof Wingfield se navorsingspan het onlangs hulle eerste genomienavorsingsverslag gepubliseer. Die titel is First fungal genome sequence from Africa: Consequences scientific and regional. Haar navorsingspan het reeds die opeenvolging van ’n addisionele twintig fungale genome aangeteken. Hierdie tsoenasmi van opeenvolgingdata lewer ’n betekenisvolle bydrae tot die navorsing wat by die Universiteit van Pretoria plaasvind.

Die Fakulteit Natuur -en Landbouwetenskappe is trots om prof Brenda Wingfield se naam by te voeg tot die lys van bestaande A-gegradeerde navorsers in die Fakulteit. Hierdie navorsers is prof Nigel Bennett, prof Don Cowan, prof Robert (Bob) Millar, prof Brian Rand en prof Mike Wingfield.

Toe

kenn

ing

s &

Pre

sta

sie

s

Page 18: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

18 SQUARED2 UP

Prof Namrita Lall, ’n deskundige in Medisinale Plantwetenskappe in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, het die hoogste Suid-Afrikaanse eretoekenning, naamlik die Orde van Mapungubwe (Brons), ontvang vir haar uitmuntende bydrae op die gebied van die Mediese Wetenskappe.

Die amptelike toekenningseremonie het in April by die Presidensiële Gastehuis plaasgevind. Volgens dr Cassius Lubisi, direkteur-generaal in die Presidensie en Sekretaris van die Kabinet, gee prof Lall se navorsing hoop aan baie mense wat geteister word deur die kastyding van tuberkulose.

Die Orde van Mapungubwe gee erkenning aan Suid-Afrikaners wat uitmuntend en uitsonderlik presteer het tot die voordeel van Suid-Afrika en oor grense heen.

Prof Lall was baie opgewonde oor die toekenning en het gesê dat sy hoogs geïnspireerd en gemotiveerd is en dat sy graag haar navorsingsaktiwiteite met groter entoesiasme sal wil voortsit. Sy het verder gesê dat sy die potensiaal van hierdie land se plantverskeidenheid benut tot voordeel van die mensdom.

“Die ondersteuning van die Universiteit van Pretoria, befondsingsorganisasies, die Nasionale Navorsingstigting, die Departement Wetenskap en Tegnologie en bowenal, my kollegas, in besonder, prof Marion Meyer, en nagraadse studente word grootliks erken. My sukses sou nie moontlik gewees het sonder hul ondersteuning nie.”

Prof Lall het ook in 2011 die toonaangewende Suid-Afrikaanse Vroue in Wetenskap-toekenning van die Departement Wetenskap en Tegnologie ontvang vir haar uitmuntende wetenskaplike bydraes tot die bevordering van wetenskap en die bou van die kennisbasis op die gebied van Inheemse kennisstelsels. Sy het ook talle ander toekennings ontvang, insluitend die gesaghebbende “UNESCO-L’Oréal for Women in Science” toekenning in 2002.

Sy het nuwe ondersoeke ontwikkel vir die aanwending in dwelmtoetsing en ontledings van botaniese bronne. Prof Lall word internasionaal erken vir haar bydraes tot bio-ondersoeke uit tradisionele kennis oor medisinale plante. Haar navorsing het gefokus op die wetenskaplike

Prof Lall ontvang Presidensiële Toekenning vir uitmuntende navorsing in Mediese Wetenskappe

Prof Namrita Lall

bevestiging van die gebruike van plante vir siektes soos TB, kanker, hiperpigmentasieversteurings en periodontale siektes. In hierdie verband het sy ook haar betrokkenheid by verskeie gemeenskappe regoor die land laat blyk deur hulle te begelei tot ’n beter begrip van inheemse kennis en deur die bevordering van fitogeniese medisyne (plantmedisyne) tot konvensionele farmaseutiese produkte.

Prof Lall dien tans op die redaksionele rade van verskeie akademiese vaktydskrifte en is ’n resensent vir meer as 15 plaaslike en internasionale navorsingsvaktydskrifte. Haar akademiese rekord spreek vanself, met meer as 100 ewekniebeoordeelde gepubliseerde artikels. Sy is ook mede-uitvinder van 11 internasionale en nasionale patente. Daarbenewens het sy ook sewe boekhoofstukke geskryf.

“Ek is gefassineer deur Suid-Afrika se plantverskeidenheid en die grootliks onbenutte

potensiaal in die gebruik daarvan op medisinale en kosmeseutiese gebied. Met ongeveer 25 000 bekende spesies, is ons land derde, naas Brasilië en Indonesië, wat betref biodiversiteit. Dit verteenwoordig ongeveer een tiende van alle plantspesies in die wêreld. ”

Prof Lall het bygevoeg dat meeste mense onbewus is van die feit dat ’n aansienlike persentasie van die aktiewe bestanddele wat in hedendaagse medisyne gebruik word, van plante afkomstig is. Byvoorbeeld, kinien, wat tot redelik onlangs die mees algemene behandeling vir malaria was, word uit die bas van die Cinchona plante onttrek, terwyl aspirien uit wilgebas-ekstrak ontwikkel is. Daarom is ons doelwit om Suid-Afrikaanse inheemse plante wetenskaplik te ondersoek om te bepaal wat daarvan moontlik chemiese samestellings kan voorsien wat tot die voordeel van die mensdom aangewend kan word.

Toe

kenn

ing

s &

Pre

sta

sie

s

Page 19: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

19 SQUARED2 UP

Debra Deel, ʼn televisieprogram wat ten doel het om wetenskap meer toeganklik vir Jan Alleman te maak, het op 9 Julie om 20:30 op KykNET begin.

Die program is die idee van prof Debra Meyer, bekroonde navorser en Hoof van die Departement Biochemie in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe. Sy is ook die programaanbieder.

Prof Meyer is geen onbekende op televisie nie – sy was meer as twaalf jaar lank ʼn weeraanbieder op SABC 2.

“Die wetenskap is deel van alles en goeie navorsing is die rede waarom die kwaliteit van lewe vir die moderne mens voortdurend verbeter. Met hierdie program gaan ons probeer om aktuele sake wat met die wetenskap verband hou, op ʼn eenvoudige manier te verduidelik,” sê prof Meyer.

Van die onderwerpe wat in hierdie reeks bespreek word, sluit onder meer in hidrobreking en watter implikasies dit vir die Karoo inhou, wat biobrandstof is en of ons dit nodig het, waarom leefstylsiektes al hoe meer voorkom, groot data-projekte soos die SKA, innoverende tegnologie, tuisrate of wetenskap in alledaagse dinge en hoe infektiewe siektes beheer kan word.

“Baie dinge wat ons elke dag gebruik, het in ʼn laboratorium ontstaan en die gewone mens weet dit nie altyd nie.”

Prof Meyer het ook beklemtoon dat daar nie standpunt ingeneem gaan word oor die spesifieke onderwerpe nie, maar dat die program poog om net die belangrikste aspekte van elke onderwerp uit te lig. “Dan kan kykers self verdere ondersoek instel en hulle eie mening daaroor vorm.”

Die program word vervaardig deur Khaki Productions en bestaan uit dertien episodes. KykNET (Kanaal 144) en KykNET en Kie (Kanaal 145) is op die betaalkanaal DSTV.

Debra Deel-wetenskapprogram op die kassie

Prof Debra Meyer

Toe

kenn

ing

s &

Pre

sta

sie

s

Page 20: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

20 SQUARED2 UP

Sindisiwe Nondaba

ʼn Navorser aan die Universiteit van Pretoria, prof Zander Myburg, was die hoofnavorser in ʼn wêreldwye projek om die DNA-volgorde van die genoom van Eucalyptus grandis, ʼn spesie van ʼn genus vinnig-groeiende bome, algemeen bekend as “bloekombome”, te bepaal. Prof Myburg is die Direkteur van die Bosbou Molekulêre Genetika-program in die Departement Genetika in die Fakulteit Natuur- en Landbouetenskappe.

Die suksesvolle DNA-volgordebepaling van hierdie genoom is op 19 Junie 2014 in die hoog aangeskrewe wetenskaplike vaktydskrif, Nature, gepubliseer.

“Noudat ons die komplekse Eucalyptus-genoom beter verstaan, kan ons daaraan werk om bome te kweek wat vinniger sal groei, beter hout sal lewer, klimaatsverandering beter sal kan hanteer en grond en water meer doeltreffend sal gebruik,” sê hy. Dit eindig nie net by hierdie bome nie.

UP-wetenskaplike lei internasionale navorsingsprojek en publiseer in Nature

“Wanneer ons die groei- en hout-eienskappe van Eucalyptus verbeter, kan dieselfde tegnieke op ander houtagtige plante met potensiaal as biobrandstof en biomateriaal voerstofspesies vir die post-petroleumekonomie toegepas word.”

Bloekombome is hoogs aanpasbaar en groei baie vinnig. Terwyl hulle inheems aan Australië is, word hierdie bome wêreldwyd aangeplant, hoofsaaklik vir soliede hout- produkte en die vervaardiging van pulp en papier, maar toenemend ook vir “chemiese sellulose” – ʼn vorm van suiwer sellulose wat in ʼn wye verskeidenheid nywerheidsprodukte, insluitende tekstiele en farmaseutiese produkte, gebruik word.

Die projek om die Eucalyptus grandis-genoom te ontrafel, het 80 navorsers van 30 instellings in 18 lande betrek. Dit het hulle vyf jaar geneem om die volgorde van 640 miljoen basispaar genoom te bepaal en te analiseer.

Terwyl hulle die meer as 36 000 gene wat in Eucalyptus aangetref word noukeurig nagegaan het, het die navorsers gekonsentreer op dié wat moontlik die ekonomiese waarde van die bome kan verhoog deur die vervaardiging van sellulose-grondstof wat tot pulp, papier, biomateriaal en bio-energie toepassings verwerk kan word, te beïnvloed.

“As een van die leidende navorsingsorganisasies in hierdie projek, is die Universiteit van Pretoria baie beïndruk met die positiewe resultate en opgewonde oor die nuwe geleenthede vir ons genoom-navorsingsprogram,” sê prof Anton Ströh, Dekaan van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe aan UP.

Vooraanstaande medeleiers van die projek sluit in: Prof Dario Grattapaglia van die Brasiliaanse Landbounavorsingskorporasie (EMBRAPA) en Katolieke Universiteit van Brasilië; dr

Prof Zander Myburg

Toe

kenn

ing

s &

Pre

sta

sie

s

Page 21: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

SQUARED2 UP 21

Gerald Tuskan van die Oak Ridge Nasionale Laboratorium en die BioEnergy Science Centre en die US Department of Energy Joint Genome Institute (DOE JGI), prof Dan Rokhsar van die DOE JGI en dr Jeremy Schmutz van die DOE JGI en die Hudson Alpha Institute for Biotechnology.

Die US Department of Energy was ʼn belangrike befondser via sy Joint Genome Institute (JGI) in Walnut Creek, Kalifornië, waar die meeste van die DNA-volgordebepaling gedoen is.

Suid-Afrika se Departement Wetenskap en Tegnologie (DWT), tesame met die bosboumaatskappye Sappi en Mondi, het prof Myburg en sy span ondersteun deur die opstel van die genoomkaart wat as raamwerk vir genoomsamestelling gebruik is, te finansier, asook met die volgordebepaling van uitgedrukte gene wat vir die annotasie van die genoom gebruik is.

“Die ontwikkeling van nuwe kennis en vaardighede in boomgenomika, en die toepassing van daardie kennis om bedryfsmededingendheid te verhoog, is in direkte ooreenstemming met die DWT se visie van ʼn bio-ekonomie,” sê dr Phil Mjwara, direkteur-generaal van die Departement vir Wetenskap en Tegnologie. “Dit is ʼn uitmuntende voorbeeld van volledige waardeketting-denke, en dus ʼn belangrike belegging vir die departement.”

Prof Myburg se span by UP het gene wat 18 finale ensimatiese stappe vir die vervaardiging van sellulose en die hemisellulose xilaan enkodeer, geïdentifiseer, beide koolhidrate wat in houtveselselle verryk word en vir die vervaardiging van biobrandstof gebruik kan word. “Deur hulle evolusionêre herkoms en uitdrukking in houtvesels na te gaan, het ons ʼn kernstel gene vir die vervaardiging van biopolimere gedefinieer, wat tot ʼn hoë mate in die ontwikkeling van xileem – die houtselle wat help om water dwarsdeur die plant te kanaliseer – uitgedruk word en wat help om die boom te versterk,” verduidelik prof Myburg.

Spanlede, dr Carsten Külheim en prof Bill Foley, beide verbonde aan die Australiese Nasionale Universiteit, het ook bevind dat van al die plante waarvan die genome reeds gekarteer is, Eucalyptus die meeste diversiteit van gene vir gespesialiseerde metaboliete soos terpene getoon het. Hierdie koolwaterstofverbindings

dien as chemiese selfverdediging teen peste en patogene en verskaf ook die bekende aromatiese essensiële olies wat in medisinale hoesmedisyne en in bedryfsprosesse gebruik word.

Onder die familie terpeenverbindings wat op ’n natuurlike wyse in plante vervaardig word en wat besonder volop in bloekombome is, is derivate van seskwiterpene wat 15 koolstofatome bevat, belowende alternatiewe vir petroleumgebaseerde brandstowwe. (Dieselbrandstof bevat gewoonlik

10 tot 24 koolstofatome). Navorsers het alreeds belangrike deurbrake gemaak ten opsigte van ingenieursaspekte van terpeenbiosintese in mikrobe soos bakterieë en gis.

“Dit beteken dat ons in die toekoms bakterieë en giste in biofabrieke kan omskakel om hierdie gevorderde biobrandstowwe op ʼn groot skaal te vervaardig,” sê prof Myburg. “Dalk sien ons nog eendag hoe groot passasiersvliegtuie opstyg met Eucalyptus-gebaseerde brandstof in hulle tenks.”

SQUARED2 UP 21

Toe

kenning

s & Pre

stasie

s

Page 22: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

22 SQUARED2 UP

Wenfoto’s demonstreer bydrae wat wetenskap lewer

Al die wen-foto’s van die 2013 SAWl-kompetisie, asook van vroeëre kompetisies kan op die NNS se SAASTA- webtuiste besigtig word: http://www.saasta.ac.za

nog wenfoto’s op volgende bladsy...

Kategorie: Internasionale Jaar vir Watersamewerking

Titel: Water-oorvloedDie doel van die Internasionale Jaar vir Watersamewerking is om ’n bewustheid te skep vir die noodsaakliklikheid van konkrete samewerkingsaksies om waterhulpbronne te bestuur tot voordeel mense, ekostelsels, en die biosfeer as geheel. Wetenskaplikes het ’n belangrike rol om te vertolk in die bepalinge van hoe sodanige samewerking bewerkstellig kan word. Die doel is om vrede, sekuriteit, volhoubare ontwikkeling, omgewingsvolhoubaarheid en die verligting van armoede, asook algemene toegang tot water, te bevorder. Watersamewerking is meer as net watervoorsiening – dit sluit ook die voorsiening van dienste wat deur water ondersteun word in, byvoorbeeld voedselvervaardiging, soos wat op die foto uitgebeeld word. Hierdie foto is geneem tydens ’n wetenskaplike studie van die struktuur van visserye in die Bangweulu Moeraslande van noordelike Zambië. In hierdie projek het navorsers met plaaslike vissermanne samesprekings gevoer om die hoeveelheid en grootte van die verskillende visspesies wat uit die unieke moerasvissery gevang is vas te stel, om sodoende ’n beter begrip te kry van die volhoubaarheid van die stelsel. Hierdie area is interessant, omdat dit as bewaringsarea bestuur word, maar gemeenskappe word tog toegelaat om voort te gaan met hul tradisionele visvangpraktyke wat deur plaaslike bejaardes bestuur word. (Foto: Dr Morgan Trimble)

Toe

kenn

ing

s &

Pre

sta

sie

s

Page 23: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

23 SQUARED2 UP

Kategorie: Wetenskap Nabyskoot

Titel: SoerdoringblomHierdie nabyskoot is met ’n makro-lens geneem en vertoon ’n interessante patroon van Akasia-karooblomme, wat nie vir die gewone kyker sigbaar is nie. Hierdie foto is geneem as deel van ’n ondersoek na die biodiversiteit in die herstellende kuswoude in Suid-Afrika nadat die woude vir mynbou uitgeroei is. Kuswoude is ’n skaars tipe habitat, wat beperk is tot ’n klein, reguit strook langs die ooskus van Suider-Afrika en wat ’n ryke verskeidenheid spesies oor verskillende taksonomiese groepe huisves. Deur die monitering van spesie-gemeenskappe in dele van woude wat al vir ’n uiteenlopende aantal jare besig is om te herstel, kan navorsers ’n begrip kry van die trajektors van herkolonisering van spesies namate die woude verouder en meer soos ou woude begin lyk. Hierdie vinnig-groeiende boom, ook bekend as Soetdoring, is ’n pionierspesie wat volop is in die vroeë stadia van woud-herstel. Uiteindelik, na baie jare, begin enkele bome ineenstort en bome, eie aan lank-bestaande woude, groei in die opening van die blaredak wat ontstaan het. (Foto: Dr Morgan Trimble)

Twee navorsers by die Departement Dierkunde en Entomologie het uitgestaan tussen die wenners van die 2013 Suider-Afrikaanse Wetenskapslens (SAWl)-kompetisie, wat onlangs aangekondig is.

Dr Morgan Trimble het die eerste prys verower in die Wetenskap in die Samelewing-kategorie. Haar wen-foto beeld wetenskaplikes uit waar hulle met plaaslike handelaars onderhandel, ten einde vas te stel wat die hoeveelheid en markwaarde van gedroogde vis is wat gedurende een seisoen in die Bangweulu Moeraslande van noordelike Zambië gevang is. Benewens hierdie wen-foto, is drie van haar ander foto’s geklassifiseer as “hoogs aan te beveel” in die kategorieë Wetenskap in Aksie, Wetenskap Nabyskoot, en Internasionale Jaar vir Watersamewerking.

PhD-kandidaat, mnr Ryan Reisinger, het die tweede plek behaal in die Wetenskap in Aksie-kategorie vir sy foto van ʼn volwasse vroulike moordwalvis en haar driejaar-oue kalf wat probeer om ’n olifantrob van ’n lysie af te trek by Marion-eiland in die Suidelike Oseaan.

Die kompetisie moedig wetenskaplikes, wetenskapkommunikeerders, wetenskap-entoesiaste, asook professionele fotograwe en amateurs aan om asemrowende en dramatiese foto’s te neem wat verband hou met Wetenskap en Tegnologie en in te skryf. Foto’s in die SAWl-kompetisie kan in een van vyf kategorieë ingeskryf word: Wetenskap in Aksie, Wetenskap Nabyskoot, Wetenskap as Kuns, Internasionale Jaar vir Watersamewerking, en Wetenskap in die Samelewing.

Hierdie toekennings sit die tradisie van die Departement Dierkunde en Entomologie voort wat erkenning gee aan persone vir die wetenskaplike waarde en openbare aantrekkingskrag van hulle foto’s.

Die SAWl-kompetisie word twee keer per jaar georganiseer en geborg deur die Suid- Afrikaanse Agentskap vir Wetenskap en Tegnologiebevordering (South African Agency for Science and Technology Advancement (SAASTA)), die besigheidseenheid van die Suid- Afrikaanse Nasionale Navorsingstigting. SAASTA wy hom daaraan toe om mense by Wetenskap en Tegnologie betrokke te kry.

Toe

kenn

ing

s &

Pre

sta

sie

s

Page 24: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

SQUARED2 UP 24

Tweede prys Kategorie: Wetenskap In AksieTitel: Moordaanslag Moordwalvisse (Orcinus orca) is die toppunt van see-roofdiere. Meer as 140 spesies van seewerweldiere is aangemeld as die prooi van moordwalvisse. Hul status as die toppunt van see-roofdiere en eklektiese dieet, tesame met hul hoë energiebehoeftes, beteken dat moordwalvisse ’n groot invloed kan hê op marine-ekostelsels. In die Suidelike Oseaan het die olifantrob (Mirounga leonina) getalle drasties gedaal tussen die 1950s en 1990s. Omdat baie moordwalvisse jag maak op olifantrobbe, is sommige navorsers van mening dat moordwalvisse moontlik verantwoordelik is vir die afname in getalle (’n bo-na-onder-verklaring), terwyl ander die standpunt huldig dat omgewingsveranderinge die hoofoorsaak vir die drastiese vermindering van die getalle is (’n onder-na-bo-

Kategorie: Wetenskap In Aksie

Titel: Bestryding van die StropingskrisisVeeartseny- en wetenskaplike personeel van die Nasionale Krugerwildtuin het byeengekom in ’n poging om renosters te verskuif. Hier is wetenskaplikes besig om bloedmonsters te neem van die oor, vir latere ontleding in die laboratorium en om die horing te meet van ’n enkele wit renoster wat met ’n pylgeweer geskiet is, sodat hy verskuif kan word vanaf ’n stropery-intensiewe area na ’n veiliger gebied. Renosterstropery het eksponensieel toegeneem sedert 2008, aangevuur deur die begeerte na tradisionele Asië-medisyne en versiering in Asië. Bewaringsbioloë en bewaringspersone moes skarrel om ’n strategie voor te berei om die aanslag af te weer. Hierdie en ander voetsoolvlak-pogings om die vyf nie-uitgestorwe renosterspesies te beveilig, moet gesien word teen die agtergrond van ’n vlaag van wetenskaplike pogings onder sosiale wetenskaplikes, ekonome en bewaringsbioloë om ’n beter begrip te kry van die sosiale dryfvere van die handel in renosterhoring, en die vraag na hoeveelheid, aanbod en aanvraag vir horingprodukte. Hulle poog om die doeltreffendheid van afskrikmiddels vir onwettige doodmaak van renosters te bepaal. Daarbenewens is forensiese wetenskaplikes en kriminoloë besig met ’n poging om die waarskynlikheid van suksesvolle wetstoepassing te verbeter, byvoorbeeld by wyse van genetiese vingerafdrukke van renosters. (Foto: Dr Morgan Trimble)

verklaring). By Marion-eiland in die Suidelike Oseaan, is byna 15 000 olifantrobbe gemerk en tydens hul lewens weer waargeneem ten einde te begryp hoedat die omgewing verander. Navorsers het onlangs begin om moordwalvisse daar te bestudeer (wat individueel uitgeken kan word aan hulle dorsale vinne) om te verstaan hoe hulle ander spesies kan beïnvloed. In hierdie foto probeer ’n volwasse vroulike moordwalvis – M002 (regs) – en haar driejaar-oue kalf – M027 (links) – om ’n eenjaar-oue olifantrob – GR346 – van ’n lysie af te trek. Die gekleurde ‘etikette’ wat gebruik word om die rob uniek te identifiseer, is sigbaar in sy agterste vinpote. Die foto illustreer roofdier-prooi-verhoudings en hoe die datastelle van twee spesies met mekaar verband hou. (Foto: Ryan Reisinger)

Wen-foto Kategorie: Wetenskap in die Samelewing

Titel: Hulpbronne in die SamelewingEen manier waarop wetenskaplikes die samelewing kan ondersteun is by wyse van aanbevelings, gerig op die bestuur van natuurlike hulpbronne. Hierdie foto is tydens ʼn wetenskaplike studie van die struktuur van visserye in die Bangweulu Moeraslande van noordelike Zambië. In hierdie projek het navorsers met plaaslike vissermanne onderhandel ten einde vas te stel wat die hoeveelheid en markwaarde van gedroogde vis is wat gedurende een seisoen gevang is, ten einde ’n beter begrip te kry van die volhoubaarheid van die stelsel. Hier vergader navorsers met plaaslike handelaars om te bepaal wat die hoeveelheid en die markwaarde is van ’n seisoen se hoeveelheid gedroogde vis wat uit die moeras gevang is, terwyl kinders nuuskierig vanuit die ander vertrek toekyk. Die Bangweulu ekosisteem is interessant, omdat dit as bewaringsarea, wat noodsaaklik is vir baie spesies, bestuur word, maar gemeenskappe word tog toegelaat om voort te gaan met hul tradisionele visvangpraktyke wat deur plaaslike bejaardes bestuur word. Wetenskaplikes kan nogtans ’n bydrae lewer tot die bestuur van die hulpbron deur aanbevelings te maak om te verseker dat gedeelde hulpbronne, soos visserye, nie in gevaar gestel word nie en die ondersteuningstelsel vir die gemeenskap in stand gehou word. (Foto: Dr Morgan Trimble)

Toe

kenning

s & Pre

stasie

s

Page 25: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

25 SQUARED2 UP

Dr Wayne Truter van die Departement Plantproduksie en Grondkunde aan die Universiteit van Pretoria het onlangs die “Wetenskap vir ’n Beter Lewetoekenning” vir 2014 van die Suid- Afrikaanse Nasionale Saadorganisasie (SANSOR)-Bayer ontvang.

Met hierdie toekenning is erkenning aan dr Truter verleen vir sy groot moeite met en positiewe bydrae tot die Suid-Afrikaanse Saadnywerheid.

Dr Wayne Truter is ’n Grondrehabilitasie- en Weiveldwetenskapspesialis en is al die afgelope 15 jaar betrokke by hierdie vakgebied, as navorser en in ’n raadgewende hoedanigheid.

Sy navorsingsbelangstellings sluit aspekte van mynrehabilitasie in, soos die gebruik van gips-ysteragtige water vir besproeiing, diereproduksie op gerehabiliteerde myngrond en die versagting van saamgeperste myngrond. Ander navorsing wat op aangeplante weivelde fokus, sluit besproeiingskedulering vir raaigras en Kikuyu in, asook navorsing in saadbedekkingstegnologie en die invloed daarvan op weiveld-vestiging.

Dr Truter is ook betrokke by professionele verenigings, byvoorbeeld die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Grasvelde, Suid-Afrikaanse Vereniging vir Steenkool-as, die Instituut vir Omgewingsbestuur en -evaluering, die American Society for Mining and Reclamation en die Canadian Land Reclamation Association. Hy was ook die eerste President van die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Grondrehabilitasie, wat in 2012 gestig is.

’n Eretoekenning is onlangs deur die Internasionale Vereniging vir Plantkwekers (Plant Propagators’ Society (IPPS) aan prof Hannes Robbertse (82), ’n Emeritusprofessor in die Departement Plantproduksie en Grondkunde toegeken. Prof Robbertse het hierdie toekenning ontvang vir sy buitengewone en onderskeidende diens aan die Vereniging en vir sy uitstaande prestasies op die gebied van plantteling.

Gedurende sy loopbaan was prof Robbertse ook ’n professor in Plantkunde aan die Universiteit van Pretoria, het die Louis Botha-leerstoel in Plantkunde beklee en was ook die Direkteur van die Margaretha Mes Instituut vir Saadnavorsing.

Afgesien van die navorsing wat hy op ’n kontrakbasis doen, en die ondersteuning wat hy aan nagraadse meesters- en PhD-studente bied, staan hy ook aan die stuur van die weefselkultuur-laboratorium op die Hatfieldproefplaas.

Dr Wayne Truter ontvang toekenning vir bydrae tot SA Saadindustrie

Dr Wayne Truter

Internasionale toekenning vir prof Hannes Robbertse

Prof Hannes Robbertse

Prof Robbertse se hoofnavorsingsareas is die reproduktiewe biologie van blommende plante: struktuur en funksionering van reproduktiewe dele, bestuiwing, vrugspeentyd en vrugontwikkeling. Hy stel ook baie belang in algemene plantstruktuur en -funksie, asook plantteling en tonnelproduksie.

Hy was die skrywer of medeskrywer in 117 gesubsidieerde wetenskaplike vaktydskrifte en ook skrywer of medeskrywer in 60 ander wetenskaplike vaktydskrifte. Prof Robbertse het ook in 60 algemene wetenskaplike verslae geskryf en het 162 lesings by konferensies gelewer.

Tot op hede was prof Robbertse studieleier vir 41 MSc- en 16 PhD-studente en hy is steeds studieleier vir twee meestersgraad- en twee PhD-studente.

Hy was ook betrokke by die beplanning, uitleg en instandhouding van die Manie van

der Schijff Botaniese Tuin, asook by die beplanning en konstruksie van damme en die plant van bome tydens die ontwikkeling van die Hartebeesspruitprojek by die LC de Villierssportgronde.

Vanaf 1994 tot 1997 was prof Robbertse die President van die Broodboomvereniging van Suid-Afrika en vanaf 1999 tot 2001 was hy die President van die Internasionale Vereniging vir Plantkwekers (International Plant Propagators Society), Suider Afrika Potensiële Streek (nou bekend as die Suid-Afrikastreek).

Toe

kenn

ing

s &

Pre

sta

sie

s

Page 26: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

26 SQUARED2 UP

“Alle Suid-Afrikaners moet in staat wees om hulle volle potensiaal te ontwikkel en dit kan nie op ’n leë maag geskied nie. Dit is die rede waarom die nuwe Sentrum vir Uitnemendheid (SvU) in Voedselsekerheid so uniek is – dit moet lei tot ingrypings wat persone se lewens positief sal verander en wat voedselonsekerhede in ons land sal beveg.”

Dit was die sentrale boodskap van die Minister van Wetenskap en Tegnologie, Derek Hanekom, by die amptelike opening van die SvU in Voedselsekerheid by die Universiteit van die Wes-Kaap (UWK). Die Universiteit van Pretoria (UP) is die mede-gasheer van die SvU, saam met die UWK.

Die Voedselsekerheidsentrum vir Uitnemendheid is die eerste SvU wat gehuisves word deur, of in samewerking met ’n histories-swart universiteit, sedert die Departement Wetenskap en Tegnologie (DWT) - Nasionale Navorsingstigting (NNS) Sentra vir Uitnemendheid Programme 10 jaar gelede in aanvang geneem het. Mnr Derek Hanekom het gesê hy hoop dat hierdie die begin van ’n tendens sal wees.

Mnr Hanekom het dit benadruk dat voedselsekerheid hoog op die land se lys van prioriteite is. “Indien daar enige twyfel hieroor bestaan – die bekendstelling verlede jaar van die Suid-Afrikaanse Nasionale Gesondheid en Voeding se Ondersoekende Opname het bevestig dat te veel van ons mense ondervoed, oorvoed, of beide is. Die feit dat dit in ’n relatief gegoede nasie plaasvind, ten spyte van genoegsame plaaslike voedselproduksie, is ’n realiteit waarvan almal van ons wat vandag hier teenwoordig is, maar al te goed van bewus is.”

“Dit is vanselfsprekend dat voedselsekerheid ’n onderwerp is wat omvangryke hantering nodig het. Dit is natuurlik waar van die meeste belangrike sosio-ekonomiese kwessies, maar voedselsekerheid is verseker ’n ekstreme geval, omdat dit kwessies van landbouproduksiestelsels, markdinamika, voeding, mense se gewoontes en voorkeure, ons maatskaplike sekuritietsisteem, ensovoorts, behels. Dit is een rede waarom die bereiking van voedselsekerheid so ’n uitdaging is, en waarom die sentrum vir uitnemendheid-benadering so toepaslik is om hierdie uitdaging die hoof te bied.

Dr Romilla Maharaj, Waarnemende Uitvoerende Direkteur: Navorsingleerstoele en Sentra vir Uitnemendheid by die NNS, het in haar toespraak

Sentrum vir Uitnemendheid in Voedsel-sekerheid by UP en UWK amptelik geopen

Van links: Dr Thomas Auf der Heyde (Adjunkdirekteurgeneraal, DWT), prof Brian O’Connell (Rektor, UWK), minister Derek Hanekom, prof Stephanie Burton (Viserektor: Navorsing en Nagraadse Studies, UP), dr Romilla Maharaj (Waarnemende Uitvoerende Direkteur: NNS), prof Sheryl Hendriks (Mededirekteur: SvU, UP), dr Phil Mjwara (Direkteurgeneraal: DWT), prof Julian May (Direkteur:SvU, UWK) en prof Ramesh Bharuthram (Adjunkvisekanselier: UWK).

Minister Derek Hanekom

verwys na lande soos Indië en Japan wat SvU geskep het om uitnemendheid in spesifieke velde te bevorder. “Die SvU is een van die NNS se strategiese stukke gereedskap om navorsingsuitnemendheid mee te bestuur en om inter-institusionele samewerking en multidissiplinêre navorsing wat ’n verskil op die samelewing in die land mag hê, te bevorder.”

Prof Julian May verbonde aan die UWK en die Direkteur van die SvU, het die belangrikheid van voedselsekerheid benadruk toe hy ’n vergelyking getref het tussen die breingroottes van ʼn ondervoede en ’n normale drie-jarige kind – laasgenoemde se brein was baie groter. “In Suid-Afrika beleef meer as twintig persent van Suid-Afrikaners voedsel onsekerheid en dit moet drasties verander. Ons sal ’n verskil in voedselsekerheid kan maak deur innoverende wetenskap aan kritiese ondersoek te koppel,” het prof May gesê.

Prof Sheryl Hendriks, Mededirekteur van die SvU en ook Direkteur van die Instituut vir Voedsel, Voeding en Gesondheid by UP, het verduidelik dat die navorsingsaktiwiteite van die SvU in vier tematiese areas uitgevoer sal word, naamlik Voedselskepping, wat produksie, verwerking en bewaring behels; Voedselverspreiding, wat markte, bestaansvorme en waardekettings insluit; Voedselinname, wat gesondheid, voeding, keuses en gedrag insluit; en Voedselbestuur, wat fokus op sekerheid, standaarde,

beleid en regte. Sy het ook bygevoeg dat die nuwe SvU ’n opwindende geleentheid vir navorsers skep om ’n betekenisvolle verskil te maak in die oplos van sommige van die komplekse probleme betreffende die hantering van armoede, hongersnood en ongelykhede.

Die Departement van Wetenskap en Tegnologie van die Nasionale Navorsingstigting se Sentrum vir Uitnemendheid in Voedselsekerheid sal ’n groep van deskundiges en navorsers van 19 Suid-Afrikaanse en internasionale instansies byeenbring om die sistemiese en strukturele faktore te bestudeer wat die toegang tot voedsel en dieetkeuses bepaal, asook voedselsekerheidstrategieë, keuses en besluite vir arm en kwesbare mense. Dit sal nie landbouproduksie in isolasie ondersoek nie, maar sal ’n “plaas na vurk” tot die voedselsisteem volg.

Toe

kenn

ing

s &

Pre

sta

sie

s

Page 27: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

27 SQUARED2 UP

“Malaria is ’n baie komplekse siekte. Om te probeer om dit te beëindig is soos om te probeer om duisende tennisballe met ’n teelepel raak te slaan.” Deur die gebruik van hierdie vergelyking het prof Lyn-Marie Birkholtz van die Departement Biochemie en ’n lid van die Sentrum vir Volhoubare Malariabeheer by die Universiteit van Pretoria (UPSVMB) die belangrikheid beklemtoon van voortgesette, transdissiplinêre navorsing, in ’n poging om malaria, wat steeds een van Afrika se dodelikste siektes is, uit te wis.

Prof Birkholtz, ’n leier op die gebied van antimalaria teikenontdekking, en Hoof van die Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoel (SARChl-leerstoel) vir Volhoubare Malariabeheer, wat op 24 April, op die vooraand van Wêreld-malariadag bekendgestel is.

SARChI-leerstoel in Volhoubare Malariabeheer om SA se enigste omvattende malarianavorsings-poging te versterk

Met ’n begroting van R1.5 miljoen per jaar, befonds deur die Departement van Wetenskap en Tegnologie (DWT), met bemiddeling van die Nasionale Navorsingstigting (NNS), sal die Leerstoel UP se erkende en unieke geïntegreerde fokus op malariaparasietbiologie, funksionele genomie, geneesmiddeluitvindingspogings, innoverende muskietbeheerstrategieë, asook openbare gesondheid en gemeenskapsbetrokkenheid versterk. As Voorsitter sal prof Birkholtz haar kundigheid oor die parasiet gebruik om ondersoek in te stel na volhoubare tegnieke om die parasiet self, asook die muskiet, wat die draer daarvan is, na te vors.

“Wanneer daar gepraat word van die Groot Vyf van die gevaarlikste organismes op ons planeet, is drie daarvan muskiete. Wat meer is, hierdie

Prof Lyn-Marie Birkholtz

Toe

kenn

ing

s &

Pre

sta

sie

s

Page 28: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

SQUARED2 UP 28

Prof Ansie Harding het die gesaghebbende Toekenning vir Uitnemendheid in Onderrig vir 2013 in die Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde ontvang. Prof Izak Broere, Voorsitter van die Onderrigtoekenningskomitee, het die aankondiging tydens die Departement se jaarlikse Bosberaad, aan die einde van 2013 gemaak.

Hierdie toekenning gee erkenning aan prof Harding wat baie groot klasse onderrig het, met vurige terugvoer van haar studente. Sy het baie groot modules, koördineer, met net sulke waarderende terugvoer van haar kollegas. Prof Harding word beskou as ’n leier in onderrig en die vernuwing van onderrigpraktyke in die Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde, en op ander gebiede.

Prof Harding beloon met Toekenning vir Uitnemendheid in Onderrig

Prof Ansie Harding ontvang die toekenning van die Viserektor: Akademie, prof Tyrone Pretorius.

drie spesies – Anopheles gambiae, Anopheles arabiensis, en Anopheles funestus – is die mees doeltreffende draers van die vierde van die Groot Vyf ‘moordenaars’: die malariaparasiet self,” verduidelik prof Leo Braack, ’n spesialis in muskiet-ekologie. Sy nuut-gevestigde Navorsingsinisiatief in geïntegreerde Vektorbestuur (Draerbestuur) (IVM) is ook op 24 April bekendgestel.

Prof Birkholtz, in samewerking met wetenskaplikes van Wits en die WNNR, is die lede van die Gautengse Malaria-oordragblokkeringsplatform. Hierdie platform fokus spesifiek op die identifisering, bevestiging en karakterisering van chemiese entiteite met moontlike oordragblokkeringsvermoëns. Die effek van moontlike antimalaria medikasie op die totale lewensiklus van die P. falciparum -parasiet sal ondersoek word.

Malaria is ’n komplekse parasitiese siekte wat hoofsaaklik tot tropiese gebiede beperk is en deur vroulike Anopheles- muskiete oorgedra word. Daar is jaarliks ’n geraamde 250 miljoen kliniese gevalle van malaria, wat meer as ’n half miljoen sterftes tot gevolg het, waarvan die meeste gevalle kinders jonger as vyf jaar is, en wat hoofsaaklik in sub-Sahara-Afrika voorkom. Malaria-endemiese lande staan voor die uitdaging van die hoë koste verbonde aan die voorkoming en behandeling van die siekte.

Van links: Minister Derek Hanekom, prof Lyn-Marie Birkholtz en Adjunkpresident Kgalema Motlanthe (Voormalige Adjunkpresident van Suid-Afrika) tydens die Department Wetenskap en Tegnologie se amptelike bekendstelling van die SARChl-leerstoel in Volhoubare Malariabeheer.

Malaria word deur die vroulike Anopheles muskiet oorgedra..

Toe

kenning

s & Pre

stasie

s

Page 29: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

29 SQUARED2 UP

Een van die maniere om die konsentrasies van kweekhuisgasse in die atmosfeer te verminder, is om te verseker dat koolstof sover moontlik op die aardoppervlak geberg word. Maar hoe kwantifiseer mens die potensiaal van landskappe om koolstof te berg? Navorsers van Aarhus Universiteit, Denemarke, die Universiteit van Pretoria en die Wetenskaplike Nywerheids- en Navorsingsraad (WNNR) bied nou die eerste kontinentaleskaal-beoordeling van watter gebiede die grootste direkte en indirekte voordele kan bied uit koolstofberging deur middel van her-bosaanplantingsprojekte in Afrika.

Volgens dr Michelle Greve van die Departement Plantkunde, wat die projek gelei het as deel van haar PhD by Aarhus Universiteit, word daar toenemend erken dat klimaatsveranderinge die potensiaal het om mense en die natuur te bedreig. Dit is noodsaaklik dat die oorsake van klimaatsveranderinge, naamlik kweekhuisgasse, aangespreek word. Een manier om klimaatsveranderinge te vertraag, is om die hoeveelheid bome op Aarde te vermeerder, omdat bome deur middel van fotosintese die kweekhuisgas, koolstofdioksied, opneem, en dit omskakel na koolstofprodukte en suurstof, wat in die plantegroei (in die vorm van hout, wortels, blare) voorkom.

Nuwe woude gaan vir honderde jare voort om koolstof op te neem. Daarom is bosaanplantingsprojekte een manier om ‘koolstofkrediete’ op te bou, wat verhandelbare eenhede op die koolstofmark is. Hoe meer koolstof in plantegroei geberg word, hoe voordeliger is sodanige projekte. Die hervestiging van woude behoort besonder hoë koolstofopbrengste te bied in gebiede waar plante vinnig groei en baie groot word.Waar vorige versteurings soos ontbossing, brande en aftakeling van die omgewing tot gevolg gehad

Na

vors

ing

Groot dataprojek maak bekend waar koolstofvoorraadprojekte in Afrika grootste opbrengste biedKoolstofbosaanplantingsprojek in Patako, Senegal. Die projek is gekoördineer via die EU-befondsde Undesert Project. Dit behels die aanplant van inheemse bome in ’n gedegradeerde gebied en die verkryging van koolstof krediete hieruit. (Foto: Fatimata Niang-Diop).

het dat baie van die plantegroei vernietig is, is daar ook ’n groot verskil tussen die koolstof wat daar huidiglik is en wat moontlik daar kan wees. Daar bestaan egter min inligting oor waar daar sulke gebiede is en hoe groot die koolstofbergingspotensiaal is.

Navorsers het nou ’n metode ontwikkel om die verskil te bereken tussen die hoeveelheid koolstof wat moontlik in plantegroei geberg kan word indien daar geen versteurings sou wees nie, en die koolstof wat tans in plantegroei in tropiese Afrika geberg word.

Die navorsers se analise is gebaseer op ’n satelliet-afgeleide kaart van die hoeveelheid koolstof wat tans in plantegroei geberg word. Deur hierdie data te kombineer met data oor omgewingsfaktore wat plantegroei beïnvloed, soos byvoorbeeld klimaat en grond, kan hulle ’n voorstelling maak van die maksimum hoeveelheid koolstof wat moontlik in plantegroei regoor tropiese Afrika geberg kan word. Deur die werklike hoeveelheid koolstof wat tans in plantegroei geberg word van hierdie totaal af te trek, kan hulle aantoon waar in Afrika koolstofbergingsprojekte besonder voordelig sal wees.

In werklikheid is so ’n kaart (as dit op sy eie gebruik word) van waar die meeste koolstof geberg kan word, waarskynlik van beperkte waarde in die besluit oor waar om koolstof projekte te beplan, aangesien daar ’n aantal beperkings mag wees in die vestiging van bosaanplantingsprojekte om koolstof te berg. Só ‘n kaart, het egter baie waarde as dit tesame met ander noodsaaklike en aanvullende inligting aangewend word. Byvoorbeeld, sal ’n digbevolkte landbou-area met hoë reënvalvlakke en temperature moontlik

Page 30: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

SQUARED2 UP 30

hoe koolstofopbrengste tot gevolg hê. Dit is egter onwaarskynlik dat dit winsgewend sal wees, omdat die waarde van grond in hierdie gebiede hoog is, en omdat dit moeilik sal wees om mense te verskuif. Daarom moet sulke beperkings in ag geneem word wanneer koolstofwoude beplan word. Verder mag dit ’n goeie idee wees om te kyk of daar nie ’n wyer spektrum van opbrengste verbonde is aan die vestiging van sodanige projekte nie.

“Ons het ons kaart gebruik wat aandui waar koolstofwoude hoë opbrengste kan bied, ten einde te vra waar koolstofberging deur bosaanplantings nie slegs winsgewend kan wees nie, maar waar dit ook konflik met mense kan verminder en tot voordeel van biodiversiteit en mense kan wees,” het dr Greve gesê.

“Daarom het ons ’n metode aangewend om die beste gebiede te selekteer wat nie slegs hoë koolstofopbrengste sou bied nie, maar wat ook natuurlike biodiversiteit sou bewaar en ekostelseldienste sou ondersteun, met ander woorde, dienste wat die omgewing bied tot voordeel van die mens. Die gebiede moes ook ’n lae grondwaarde en menslike bevolkingsdigtheid hê om sodoende konflik met mense te verminder, en hoë vlakke van staatsbestuur, omdat die vestiging van projekte in gebiede met hoë vlakke van korrupsie te riskant kan wees en te lae suksessyfers kan hê,” verduidelik dr Greve.

Daarom kon dr Greve en haar kollegas gebiede identifiseer waar koolstofprojekte meer addisionele voordele sou inhou. ’n Voorbeeld van ’n gebied wat hoë koolstofopbrengste aangedui het, maar wat minder belangrik was toe die ander faktore oorweeg is, was die streek by die Victoria-meer in Oos-Afrika. Hierdie gebied het tans min plantegroei- biomassa, as gevolg van erge degradering, maar die klimaat is uitstekend vir boomgroei en het daarom ’n hoë potensiaal vir koolstofberging deur middel van woude. Dit ondersteun egter nie so ’n hoë biodiversiteit soos sommige ander gebiede nie en meer belangrik, dit is ook digbevolk deur mense wat intensiewe landbou in die gebied beoefen. Daarom is dit nie aan te beveel om grond hier opsy te sit om koolstofwoude te plant nie.

Streke van die Bo-Guinese Reënwoude van Wes-Afrika, en die Laer-Guinese Reënwoude aan die kus van Nigerië en Kameroen, is geïdentifiseer as gebiede wat meer optimale kombinasies van hoë koolstofbergingspotensiaal, baie addisionele voordele vir wildbewaring en mense, en ook hoë haalbaarheid het.

“Daar is ’n groot behoefte aan die vermindering van die hoeveelheid kweekhuisgasse in die atmosfeer. Ons benadering illustreer hoe strategieë geteiken kan word om die haalbaarheid en addisionele voordele vir biodiversiteit en mense te optimaliseer,” het prof Jens-Christian Svenning, van Aarhus Universiteit en studieleier van die PhD-projek gesê.

Die artikel Spatial optimisation of carbon stocking projects across Africa integrating stocking potential with co-benefits and feasibility is in 2013 in Nature Communications gepubliseer.

Dr Michelle GreveAs deel van die bosaanplantingsprojek in Patako, Senegal, is die plaaslike gemeenskap onderrig in die voordele wat hulle uit die projek sal ontvang deur die koolstofakkreditasieskema (Foto: Anne Mette Lykke).

Na

vorsing

Page 31: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

31 SQUARED2 UP

Kan daar dalk ’n enkele oplossing vir Afrika se stryd teen armoede, hongersnood en werkloosheid wees? Meestersgraadstudente onder leiding van prof John Taylor van die Departement Voedselwetenskap by UP het ’n “superkoekie” ontwikkel wat ryk is aan noodsaaklike voedingstowwe,.

Proteïenenergie-wanvoeding is ’n tekortsiekte wat weens ondervoeding ontstaan en kom algemeen onder kinders in ontwikkelende lande voor. Ná byna tien jaar se navorsing het die UP-span met ’n eenvoudige formule vir ’n koekie wat uit voedingstowwe bestaan wat noodsaaklik is vir jong kinders, vorendag gekom. Die meel in die koekie is van plaaslik gekweekte sorghum met ’n hoë voedingswaarde gemaak, waarby swartbekboontjies (cowpea) gevoeg is om die proteïeninhoud van die formule te verhoog. Slegs twee koekies per dag kan in tot 20% van ’n jong kind se daaglikse energiebehoeftes voorsien.

Van die begin af was een van die doelstellings van die projek om slegs bestanddele te gebruik wat deur kleinskaalse voedselvervaardigers in Suid-Afrika vervaardig is, sodat sakegeleenthede daardeur geskep kan word. Die vervaardiging van hierdie koekies kan ’n lewensvatbare onderneming vir kleinskaalse voedselvervaardigers, plaaslik, en in Afrika wees. Aanvanklik het studente die moontlikheid van die gebruik van sorghum en soja vir die

’n Koekie bring hoop

Nagraadse studente by prof John Taylor (heel regs) wat by die ontwikkeling van sorghumkoekies betrokke is.

koekies ondersoek, maar soja word nie algemeen in Afrika verbou nie. Pam Dovi, ’n meestersgraadstudent in die Departement, het die resep verfyn tot ’n eenvoudige laekosteformule waarvolgens swartbekboontjies in plaas van soja gebruik word. Swartbekboontjies is ’n Afrika-peulplant wat ryk aan proteïen en kalorieë is en ook minerale en vitamine bevat.

Studente van regoor Afrika was by hierdie navorsing betrokke, wat ten doel het om vele plattelandse gemeenskappe in Afrika te bevoordeel. Studente kan die formule in hul lande, byvoorbeeld in Rwanda en Kenia, gaan bekendstel, sodat die voedselprobleme wat daar ondervind word aandag kan geniet.

Die doel is om die koekies aan kinders by skole beskikbaar te stel. Die koekie hou verskeie voordele in: daar is byvoorbeeld geen voorbereidingsvereistes soos in die geval van ander skoolmaaltye nie, en omdat slegs ’n klein hoeveelheid water (dit het ’n voggehalte van minder as 3%) daarin gebruik word, is dit ryk aan voedingswaarde en het dit ook ’n lang rakleeftyd. Verder bied die verkoop van die koekies baie moontlikhede vir straatverkopers. Volgens prof Taylor is og ’n aspek wat hierdie koekie gewild kan maak, is die feit dat kos ’n begeertefunksie vervul, en omdat kinders die eet van Westerse kos as “koel” kan beskou, kan die koekie vir hulle aanloklik wees.

Na

vors

ing

Page 32: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

SQUARED2 UP 32

Die UP-span het die koekies onder werklike markomstandighede op UP se Mamelodi-kampus getoets. Die koekies is gunstig ontvang, veral in vergelyking met ʼn goedkoop basiese “suiker-en-meel”-koekie, wat die lewensvatbaarheid van eersgenoemde bevestig het. Die span het in samewerking met die Universiteit van Limpopo se Limpopo-agrovoedseltegnologiestasie (LATS), ʼn inisiatief van die Departement Wetenskap en Tegnologie, kleinskaalse entrepreneurs by die Howard G Buffett-stigting se Ukulima-navorsingsplaas in Limpopo opgelei om die koekies te vervaardiging.

Prof Taylor sê hulle hoop dat die koekie uiteindelik deur provinsiale owerhede onderskryf sal word, sodat dit deel van skoolvoedingsprogramme in die hele Suid-Afrika sal uitmaak omdat dit werklik die potensiaal het om ’n verskil te maak. Die eenvoudige koekie bied ’n paar uitdagings die hoof: dit is maklik om te vervaardig, dit het hoë voedingswaarde, dit is aanloklik vir die teikengroep, dit bekamp hongersnood en die probleme wat daarmee gepaardgaan en dit hou die belofte van winsgewende kleinskaalse produksie in. Hy benadruk die feit dat ‘voedings- en kleinskaalse ondernemings hand aan hand behoort te gaan’ en dat kleinskaalse ondernemings baie meer aandag moet geniet as wat tans die geval is.

Pam Dovi van Rwanda.

UP se Ion Torrent™ volgordebepalingsfasiliteit, tans in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, neem drie van die boonste agt internasionale graderingsposisies vir data-uitsette vanaf ‘n Ion Torrent™ PGM™ DNA volgordebepalingslopie in. Dit verleen aan die fasiliteit die hoogste algehele profiel op die graderingslys vir enige enkele laboratorium.

Die Ion Torrent™ volgordebepalingsfasiliteit is in 2012 gestig met die doel om navorsers in lewenswetenskappe by die Universiteit van groter toegang tot kleinskaal volgende geslag DNA volgordebepaling te voorsien. Die omdraaityd vir dataskepping en projekvoltooiing is hierdeur versnel, terwyl amplikon volgordebepalingsprojekte op die bewese Ion Torrent™ Ampliseq™ platform meer bekostigbaar geword het. Projekte tot op datum sluit in die volgordebepaling van bakteriële, swamagtige en virale genome, menslike kanker genotipering, fosmied biblioteek kloon volgordebepaling en meta-genomiese identifisering. Ten einde verwerking en koste-effektiwiteit te optimaliseer, kan verskeie DNA-monsters onafhanklik van mekaar gestaaf-kodeer word en die volgorde bepaal word tydens dieselfde reaksie.

Gebruikers van die fakulteite Gesondheidswetenskappe, Natuur- en Landbouwetenskappe en Veeartsenykunde het reeds van die fasiliteit se dienste gebruik gemaak en verskeie publikasies het reeds uit die navorsing voortgespruit. Bykomend tot die drie hoë graderingsposisies, het die fasiliteit ook vyf weeklikse en drie maandelikse pryse vir die gehalte en hoeveelheid data gewen.

Medebestuurders van die fasiliteit is Renate Zipfel (Departement Genetika) en Nicky Olivier (Departement Plantkunde), terwyl dr Elritha van Zyl en Busi Zondi die tegnici is wat verantwoordelik is vir DNA-biblioteekvoorbereiding en volgordebepaling.

Ion Torrent™ Volgordebepalings-fasiliteit maak sy merk

Vir navrae betreffende volgordebepalingsprojekte, stuur gerus’n e-pos aan Renate ([email protected]) of Nicky ([email protected]).

PGM chip

Na

vorsing

Page 33: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

33 SQUARED2 UP

Die MARTI (Mycolic Acid Antibody Real-Time Inhibition / Mikoliese Suur Teenliggaam Intydse Inhibisie) Tuberkulose diagnostiese span was die wenners van die Gautengse Versnellerprogram (GVP) Innovasie-kompetisies vir nuwe tegnologieë en innovasies in die Biowetenskappe vir 2013. Hulle het R500 000 beleggings- en ontwikkelingskapitaal vir hierdie projek ontvang.

Die MARTI Diagnostiek fokus op ’n diagnostiese metode wat ’n bloedmonster gebruik – slegs een druppel word benodig – om Tuberkulose (TB) by die beginpunt van versorging op te spoor, ongeag wat die pasiënt se HIV-status is.

Volgens mnr Carl Baumeister, mede-uitvinder van die MARTI-TB Diagnostiek, is sputum-insameling skadelik vir gesondheidswerkers en vir medepasiënte. Dit is ook problematies vir HIV-positiewe pasiënte en kinders om sputum-monsters te produseer. Die MARTI- tegniek is akkuraat by HIV-positiewe TB-pasiënte en spoor aktiewe TB op, ongeag of dit aan die binnekant of aan die buitekant van die longe is.

Die diagnose-tegnologie is hoofsaaklik deur prof Jan Verschoor, ’n senior navorser by die Departement Biochemie in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe ontwikkel, met die vaardige bystand van talle nagraadse studente en kollegas deur die jare heen. Prof Verschoor het meer as 51 wetenskaplike verslae in hierdie vakgebied gepubliseer en is die hoofuitvinder van sewe TB-verwante patente. Die huidige MARTI-tegnologie is die onderwerp van vier nuwe patentetoepassings, waarvan die eerste reeds sedert 2005 gedateer is en die jongste gedurende 2014 as ’n Patentsamewerkingsooreenkoms (PSO) geliasseer sal word.

Nuwe diagnostiese metode om TB op te spoor verower toekenning

Die MARTI-TB Diagnostiekspan wat die GVP Biowetenskappesakeplankompetisie gewen het. Van links: prof Jan Verschoor, prof Anton Stoltz en mnr Carl Baumeister.

Die Raad die Universiteit van Pretoria het die stigting van ’n nuwe maatskappy goedgekeur wat die MARTI-tegnologie sal bemark. Een van prof Verschoor se afgestudeerde studente en mede-uitvinder, mnr Carl Baumeister, is gewerf om aan die hoof van hierdie onderneming te staan, wat bekendstaan as MARTI-TB Diagnostics Pty Ltd. Hierdie onderneming is gekies om Suid-Afrika in die Switsers-Suid-Afrikaanse Ondernemingsleiersprogram in Switserland te verteenwoordig gedurende Junie 2014.

Die span se eerste hoofdoel is om voldoende fondse in te samel waarmee hulle die verlangde kliniese geldigheidsproefneming kan uitvoer. Die oorkoepelende doel is om ’n positiewe beleidsdirektief vanaf die Wêreldgesondheidsorganisasie te bekom om die internasionale bekendstelling van die tegnologie te ondersteun. Die verowering van die GVP Biowetenskappetoekenning te midde van strawwe kompetisie, wat deur ’n paneel van internasionale beoordelaars beoordeel is, het ’n groot bydrae gelewer tot die verhoging van die profiel van die projek, wat tot voordeel van die fondsinsamelingspoging is.

Die ontwikkeling van die MARTI-TB Diagnostiek het reeds ver gevorder onder leiding van prof Verschoor, maar ’n lang pad lê nog voor alvorens hierdie produk suksesvol bemark kan word. In 2013, het die GVP Innovasiekompetisies meer as 200 inskrywings gewerf en meer as R3 miljoen in beleggings- en ontwikkelingskapitaalsteun aan 13 beginnermaatskappye in die rekenaarbedryf, groen ekonomie, mediese en biotegnologiesektore toegeken.

Na

vors

ing

Page 34: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

34 SQUARED2 UP

“Is die geheel groter as die som van die dele daarvan?”, het die wel-bekende filosoof, Aristoteles gevra. Wanneer ’n mens die samestellings wat verantwoordelik is vir die koffiegeur in pinotage-wyn, ondersoek, mag dit wel waar wees.

Vir baie jare is pinotage-wyn met ’n eiesoortige koffiegeur deur verskeie Suid-Afrikaanse wynkelders vervaardig. Twee wetenskaplikes verbonde aan die Departement Chemie, prof Egmont Rohwer en dr Yvette Naudé, het koffie-styl pinotage-wyn ondersoek ten einde te bepaal watter samestelllings verantwoordelik is vir hierdie eietydse profiel. Dit is gedoen deur gebruik te maak van hulle interne vrystaande olfaktometer wat die mens se neus in staat stel om reuke op ’n gekontroleerde wyse te tipeer.

In hul navorsing het prof Rohwer en dr Naudé onverwags gevind dat dit ’n kombinasie van twee samestellings, furfuraal en 2-furaanmetanol was, wat aanleiding gegee het tot ’n koffieagtige ondertoon. “Dit was nogal interessant, aangesien furfuraal ’n soet en amandelagtige reuk het, terwyl 2-furaanmetanol as ’n onaangename brandreuk beskryf word. Hierdie waarneming van ’n koffiereuk wat voortkom uit ’n mengsel van twee samestellings, blyk die gevolg te wees van sinergistiese effek, waarin geen enkele samestelling verantwoordelik is vir die koffie-aroma nie.”

“’n Eenvoudige vergelyking sou wees die meng van twee kleure om ’n

Wat is die oorsprong van koffiegeur in pinotage-wyne?

derde, nuwe kleur te verkry. Deur byvoorbeeld geel en blou te meng, ontstaan ’n totaal nuwe kleur, naamlik groen. Dus, die hersamevoeging van aromasamestellings het tot gevolg dat die som van die dele ’n totaal verskillende geur het, vergeleke met die individuele komponente.

Furfuraal in wyn is die resultaat van die blootstelling aan eikehout. In wyn kan furfuraal chemies of mikrobiologies in 2-furaanmetanol verander. Dit is interessant dat furfuraal en 2-furaanmetanol blykbaar van die sleutelgeure is wat spesifiek verantwoordelik is vir die koffie-aroma in ’n moerkoffie.

In tradisionele olfaktometrie sal ’n analis die samestellings ruik en die geure neerskryf namate die samestellings by die uitlaatpunt van ’n gas-chromatograaf (GC) vrygestel word. Chromatografie is ’n tegniek wat gebruik word om die komponente van ’n mengsel te skei deur die mengsel oor ’n medium te laat vloei waarin die komponente teen verskillende tempo’s beweeg, wat suiwer komponente toelaat om op ’n gegewe tydstip uit die apparaat uit te laat beweeg. Die navorsers het die vrystaande olfaktometer gebruik om geure terug te kaats na die mens se neus toe om sodoende die chromatografiese area te identifiseer waar die koffie-aroma voorkom. Die koffie-area is verder gedekonstrueer, wat tot die ontdekking gelei het dat geen enkele samestelling verantwoordelik was vir die koffie-aroma van koffie-styl pinotage-wyn nie.

Na

vors

ing

Page 35: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

SQUARED2 UP 35

Hierdie werk is gepubliseer in: Naudé, Y. en Rohwer, E.R., 2013.Investigating the coffee flavour in South African pinotage wine using novel offline olfactometry and comprehensive gas chromatography with time of flight mass spectrometry. Journal of Chromatography A 1271, 176-180. http://ac.els-cdn.com/S0021967312017499/dx.doi.org/10.1016/j.chroma.2012.11.019

Dr Yvette Naudé ruik die geur wat voortkom uit ’n hersamevoeging van spesifiek-geselekteerde samestellings van koffie-styl pinotage-wyn in ’n intern-ontwikkelde vrystaande olfaktometer.

Volgens prof Rohwer en dr Naudé kan die gedrag van samestellings in mengsels nie met tradisionele olfaktometrie geëvalueer word nie, omdat enkelsamestellings gebruik word. Hulle benadering laat die dekonstruksie van die aromaprofiel in sy geheel toe, asook die hersamevoeging van gekose geursamestellings, deur die insluiting of uitsluiting van geselekteerde samestellings, ten einde te bepaal watter enkele samestellings, of kombinasie van samestellings verantwoordelik is vir ’n spesifieke geur. Op hierdie wyse is ’n chromatogram van koffie-styl pinotage-wyn in dele “opgekap” en elke deel is in die eiesoortige olfaktometer (’n alleenstaande apparaat wat nie aan ’n GC gekoppel is nie) geruik.

Omdat die byvoeging van koffie by wyn verbied word, word ’n koffieagtige aroma gewoonlik doelbewus geskep deur ’n spesifieke kombinasie van pinotage, alternatiewe geroosterde houtprodukte (geroosterde eikehoutsplinters en -stokkies) en malolaktiese gisting. ’n Verlangde geurprofiel kan verkry word, afhangend van die mate waartoe dit gerooster is en die tipe eikehoutproduk wat vir die veroudering van die wyn gebruik word. So byvoorbeeld kan medium-geroosterde Amerikaanse eikehoutsplinters ’n vanieljegeur aan die wyn oordra, terwyl medium-geroosterde Franse eikehoutsplinters ’n subtiele rokerigheid en koffie-kenmerke aan wyn kan oordra.

Na

vorsing

Page 36: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

36 SQUARED2 UP

Hoe effektief is die spysverteringstelsel van leeus werklik?

Volgens prof Eddie Webb, Hoof van die Departement Vee- en Wildkunde in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe en sy medenavorsers, wat onlangs navorsing vir die internasionaal-bekroonde program, National Geographic, gedoen het, beskik leeus oor ’n baie effektiewe spysverteringstelsel.

“Leeus vreet meestal net een maal per week en moet dan op hierdie kos oorleef vir etlike dae. Om te bepaal of ʼn dier sy kos effektief verteer, is daar twee belangrike elemente waarna gekyk moet word, naamlik die nutriënte/voedingstowwe in die kos, sowel as die verteerbaarheid daarvan.”

Prof Webb verduidelik dat die een manier om die verteerbaarheid van kos te bepaal, is deur die diere se mis te ontleed. “Deur vas te stel hoeveel van die voedingstowwe geabsorbeer is en as’t ware verdwyn het, kan bepaal word hoeveel van die kos werklik opgeneem en verteer is. Daar is sekere parameters soos die bruto energiewaarde, proteïeninhoud, asook minerale soos fosfor en kalium in die mis wat kan aandui wat die oorblywende voedingswaarde is en hoeveel van die kos verteer is,” verduidelik prof Webb.

Navorsing vir National Geographic -program oor leeus se spysverteringstelsel

Van links: Dr André Botha, prof Eddie Webb en wyle prof Woody Meltzer.

“Leeus is enkelmaagdiere en verteer hulle kos (prooi, meestal vars dierkarkasse) baie goed. Nog ʼn rede waarom die leeus hul kos so effektief verteer, is omdat die voginhoud van die karkasse baie hoog is – 60 tot 70 %. Voorts vreet die leeus nie net die spierweefsel, vet en die bene nie, maar ook die lewer en longe en selfs ook dit wat die prooi verteer het, byvoorbeeld die gras in die prooi se verteringstelsel.

Vee- en wildkundiges is in staat om die samestelling van ʼn karkas effektief te kan ontleed en bepaal op grond daarvan byvoorbeeld die beeninhoud, proteïene en minerale. By leeus word daar uiteindelik baie min van bogenoemde gevind, wat daarop dui dat die diere geweldig effektiewe spysverteringstelsels het.

Die navorsingsprojek vir National Geographic se Inside the Giants-program vorm deel van die oorhoofse navorsingsfokus in die Departement, aangesien die voedingsmodelle wat op mak diere soos byvoorbeeld skape, beeste en hoenders gebruik word, met sukses as basis gebruik word op wild, met aanpassings vir die verskillende spesies.

Na

vors

ing

Page 37: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

37 SQUARED2 UP

’n Lid van die Genoomnavorsingsinstituut, prof Dave Berger van die Departement Plantkunde in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, het onlangs ná drie maande studieverlof teruggekeer. Hy het die 2013 Norman E Borlaug-studiebeurs vir Internasionale Landbouwetenskap- en -tegnologienavorsing, toegeken deur die Verenigde State se Departement Landbou (VSDL) ontvang.

Hierdie studiebeurse is ter ere van Norman Borlaug, ontvanger van die Nobelvredesprys in 1972, totstand gebring vir sy rol in die kweek van verbeterde mielievariëteite, wat dan ook tot die Groen Rewolusie gelei het. Die studiebeurse bied aan landbounavorsers oor die hele wêreld heen die geleentheid om vir ’n tydperk van tot drie maande saam met VSA-wetenskaplikes te werk.

Prof Berger het drie maande van sy studieverlof, as gas van dr Burt Bluhm, in die Departement Plantpatologie by die Universiteit van Arkansas, Fayetteville, spandeer. Dr Bluhm is ’n vooraanstaande internasionale navorser in die genetika van funguspatogene van gewasse. Prof Berger het tydens sy besoek grysblaarvleksiekte by mielies, wat wêreldwyd en ook in sub-Sahara-Afrika ’n beperkende faktor in mielieproduksie is, nagevors.

Prof Berger se Navorsingsgroep vir Molekulêre Plantpatogeeninteraksies spits hul toe op die fungus Cercospora zeina, ’n kousale agent van hierdie siekte in Afrika. Genoomopeenvolging van ’n Afrika-isolaat van die fungus word tans gedoen, wat gedeeltelik deur die Genoomnavorsingsinstituut by UP befonds word, terwyl bykomende fondse van ’n Nasionale Navorsingstigting (NNS)-toekenning vir Bio-informatika en Funksionele Genoomnavorsing bekom word.

Tydens sy studieverlof het prof Berger ook ’n besoek gebring aan die genoomnavorsingsfasiliteit by die Purdue Universiteit in die VSA, asook die Yale-sentrum vir genoomanalise in New Haven, Connecticut, wat oor ’n moderne PacBio-enkelmolekule-opeenvolgingsbepaler beskik. Die voordeel van hierdie tegnologie bo huidige volgende-generasie opeenvolgingsbepalingsmetodes is die direkte opeenvolgingsbepaling van die fungus-DNS en die lewering van langer DNS-opeenvolgingslopies.

Van links: Karen Utrecht (Afrika-programbestuurder van Borlaug and Scientific Exchange Programs, VSA Departement van Landbou), prof Berger en dr Burt Bluhm (Universiteit van Arkansas).

Prof Berger in die laboratorium by die Universiteit van Arkansas.

Genoomnavorsing oor mieliesiekte bespoedig deur internasionale samewerking

Dié besoek het aanleiding gegee tot die besluit om die C.zeina-genoomopeenvolging deur die gebruik van PacBio te verbeter. Genoomsamestelling en -annotasie word tans in samewerking met prof Yves van der Peer gedoen. Hy is Professor in Bio-informatika en Genoombiologie en Groepleier van Bio-informatika en Stelselbiologie aan Gent Universiteit, België en beklee ook ’n medeaanstelling by die Universiteit van Pretoria. Prof Van der Peer het in 2013 as gasheer vir Nicky Olivier, ’n PhD-student aan UP, opgetree en die C. zeina-genoomsamestelling is vervolgens verbeter. Hierdie besoek is deur die NNS, die Departement Plantkunde, die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, die GNI en die NNS befonds. Die Gent-groep het UP in April vanjaar

besoek, en ’n opvolgbesoek deur prof Berger aan Gent word vir later vanjaar beplan.

Verdere uitkomste van die VSDL-Borlaug-studiebeurs is die beplande besoek van ’n student van dr Bluhm se laboratorium aan UP in Mei 2014 en ’n VSDL-befondsde opvolgbesoek deur dr Bluhm aan prof Berger se laboratorium in die middel van 2014. Hierdie samewerkingsnavorsing, waarby dr Bridget Crampton van die Departement Plantkunde en IBLB ook betrokke is, ondersoek die patogenetiese meganismes en populasiegenetika van C. zeina en het die langtermyndoelwit om die swak plekke in die arsenaal van die fungus te vind wat uitgebuit kan word om nuwe beheerstrategieë te ontwikkel.

Na

vors

ing

Page 38: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

38 SQUARED2 UP

“Die geleentheid om na Antarktika te reis was die verwesenliking van ’n lewenslange droom en is verseker nou iets op my wenslysie wat ek kan afmerk! Dit was werklik asemrowend om drie weke in Antarktika te bestee. Om in die Droë Valleie te wees gee vir mens ’n verstommende perspektief en begrip van die omgewing en het baie vrae vir toekomstige navorsing aangewakker.”

Dr Thulani Makhalanyane, ’n postdoktorale studiegenoot van die Sentrum vir Mikrobiese Ekologie en Genomika by die Departement Genetika, wat onlangs van ’n monsterinsamelingsekspedisie na Antarktika teruggekeer het, het hierdie gedagtes gedeel. Hierdie besoek, wat ’n multidissiplinêre span navorsers vanaf Duitsland, Kanada, Australië, en die Verenigde State byeengebring het, is deur prof Craig Cary van die International Centre for Terrestrial Antarctic Research by die University of Waikato in Nieu Zeeland gelei. Dr Makhalanyane het drie weke in Antarktika deurgebring, waar hy in die Taylor Vallei gekampeer het.

“Om deel te wees van so ’n multidissiplinêre span, wat bestaan het uit geoloë, ingenieurs en mikrobioloë het aan my die geleentheid gebied om nuwe vaardighede aan te leer,” het dr Makhalanyane gesê.

Die hoofdoel van hierdie navorsingsgeleentheid was om die biokompleksiteit in Droë Vallei-ekostelsels te voorspel ten einde die verwagte effek van klimaatveranderinge op die biologiese verskeidenheid in Antarktika te bepaal. As deel van prof Don Cowan se navorsingsgroep, het dr Makhalanyane die mikrobiese ekologie van hipolitiese gemeenskappe (dit is mikrobiese gemeenskappe wat onder rotse voorkom) van Antarktika vir die afgelope ses jaar bestudeer. Hierdie projek was besonder suksesvol en het aanleiding gegee tot die publikasie van verskeie artikels in gerespekteerde internasionale

Opwindende navorsing in Antarktika gedoen

Dr Thulani Makhalanyane in Antarktika

‘n Blik op Antartka

vaktydskrifte. Die mees onlangs artikel is in ’n tydskrif van ’n natuur-uitgewersgroep, ISME J., die toonaangewende mikrobiese ekologie vaktydskrif gepubliseer. Klik op hierdie skakel om te artikel te lees: http://www.nature.com/ismej/journal/v7/n11/full/ismej201394a.html).

Tydens hierdie besoek het dr Makhalanyane die geleentheid gehad om hipoliete te versamel, ’n aantal kilometers van die hoofkamp af. “Die staptogte was opwindend; ons het staptogte van 10 tot 15 kilometers (opdraand) onderneem wat baie groot uitdagings was, veral die terugkomslag, met swaar monsters. Maar die uiterste toestande was als die moeite werd, want ons het uitstekende monsters teruggebring, wat die grondslag sal vorm vir toekomstige meesters- en doktorale grade. Ek is dankbaar teenoor prof Cowan vir die geleentheid, en teenoor die NNS vir die befondsing van my reiskoste,” het dr Makhalanyane bygevoeg.

Na

vors

ing

Page 39: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

39 SQUARED2 UP

Die Hoëvlakpaneel van Kundiges (HLPE) op die gebied van Voedselsekuriteit en Voeding van die Komitee oor Wêreldvoedselsekuriteit (CFS) het onlangs by die Universiteit vergader en was ook die gaste van die Rektor en Visekanselier, prof Cheryl de la Rey.

Die paneel van 17 lede bestaan uit internasionale kundiges uit 17 lande, wat aangestel is om referate oor voedselsekuriteitsvraagstukke voor te berei, om beleidsbesluite en programme te rig en lei.

Prof De la Rey het verduidelik dat die aanbieding van die paneel uiters belangrik vir die Universiteit is, veral aangesien die Universiteit se navorsingstrategie-ontwikkelingsproses in 2010, voedselsekuriteit as een van ’n stel strategiese transdissiplinêre navorsingstemas geïdentifiseer het.

Die Instituut vir Voedsel, Voeding en Gesondheid (IFNuW) is tot stand gebring om die werk op hierdie gebied te koördineer en sodoende die Universiteit se navorsing toe te spits op die nasionale en internasionale noodsaaklikheid om hongerte en armoede te verminder en Millenniumontwikkelingsdoelwit 1 op omvangryke en innoverende wyses te bereik.

UP gasheer vir Hoëvlakpaneel van Kundiges op Voedselsekuriteit en Voeding

Prof Sheryl Hendriks, Direkteur van die IFNuW, (middelste ry, heel regs) saam met haar kollegas van die Hoëvlakpaneel van Kundiges (HLPE) op die gebied van Voedselsekuriteit en Voeding van die Komitee oor Wêreldvoedselsekuriteit (CFS) tydens hulle besoek aan UP.

Die Universiteit het besef dat, ten einde aandag aan die kontraste en teenstellings in Afrika te kan skenk, geïntegreerde benaderings tot navorsing, wat van ’n verskeidenheid kundighede gebruik maak, vereis word.

Prof Per Pinstrup-Andersen, Voorsitter van die Paneel, het verduidelik dat dit die werk van die paneel is om strategiese leiding aan die CFS te gee deur vas te stel watter navorsing oor elk van die onderwerpe, soos opgedra, gedoen is en deur dit tot ’n strategiesebeleidshandleiding vir die CFS-lidlande te verwerk ten einde hulle by te staan om aandag aan voedselsekuriteit te gee. Die paneel neem hierdie verantwoordelikheid baie ernstig op. Die uiteenlopende ervaring en kundigheid van die paneellede is uniek aan die HLPE. Prof Pinstrup-Andersen het opgemerk dat die werk wat die HLPE doen dieselfde kwessies aanroer as dié waaraan die Instituut vir Voedsel, Voeding en Gesondheid aandag gee.

Prof Sheryl Hendriks, Direkteur van die IFNuW, is ’n lid van dié paneel en het haar waardering uitgespreek vir die geleentheid om by wyse van die paneel die wêreldwye voedselsekuriteitsagenda tot diens te wees.

Na

vors

ing

Page 40: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

40 SQUARED2 UP

Die Universiteit van Pretoria sal baanbrekerswerk kan verrig danksy ’n aansienlike belegging in uiters gevorderde navorsingsinstrumente, waarvan sommige nog nie voorheen in Suid-Afrika of elders op die Afrika-vasteland beskikbaar was nie.

Die Universiteit sal gedurende 2014 gevorderde navorsingstoerusting ter waarde van meer as R55 miljoen bekom ná die goedkeuring van ses finansieringsaansoeke wat aan die Nasionale Navorsingstigting (NNS) voorgelê is. Die NNS sal net meer as R37 miljoen bydra, en die res van die finansiering sal deur UP gedra word.

Verskeie wetenskaplike instrumente wat hieronder genoem word, sal van die eerste in hul soort in die land wees (en in een geval, ʼn eerste vir Afrika) en daarom sal dit vir UP moontlik wees om op hierdie gebiede leiding te neem.

Drie van die navorsingsinstrumente is aan departemente in die Fakulteit Natuur-en Landbouwetenskappe toegeken.

Die allermodernste enkelmolekule-spektroskoop, bestem vir die Departement Fisika, sal die eerste van sy soort op die Afrika-vasteland wees. Dr Tjaart Krüger en sy span sal dit gebruik om prosesse wat tussen enkele molekules in lewende selle plaasvind, te bestudeer. “Ons sal ongelooflik gedetailleerde inligting omtrent wisselwerkinge en

Massiewe hupstoot vir navor-singstoerusting by UP

Dr Tjaart Kruger

Prof Chris Theron

Prof Zander Myburg

Gedurende die afgelope jaar het die Afrikasentrum vir Geentegnologieë (ACGT), wat by die Hatfield Proefplaas gehuisves word, ’n belangrike rol gespeel in die daarstel van nuwe inisiatiewe ter waarde van meer as R25 miljoen.

“Hierdie inisiatiewe sluit die Universiteit van Pretoria (UP) en sy vier vennoot-instellings in, naamlik die Landbounavorsingsraad (LNR), die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR), die Universiteit van Johannesburg (UJ) en die Universiteit van die Witwatersrand (Wits). Dit sluit die opstel van twee befondsingsvoorstelle aan die Carnegie Corporation (New York) en die Afrika, Karibiese en Stille Oseaan Groep van State (ACP-groep) van die Europese Unie in,” het dr John Becker, Direkteur van die ACGT gesê.

Die ACP-inisiatief hanteer ingeligte besluitneming

ACGT verkry substansiële internasionale befondsing

Dr John Becker (Direkteur van die ACGT)

energieoordragprosesse in lewende selle bekom deur na een molekule op ʼn keer te kyk – iets wat tevore nie op gedetailleerde vlak moontlik was nie,” verduidelik hy. “Hierdie nuwe tegniek sal ons help om te ontsyfer hoe lewende selle hulself teen strestoestande soos intense lig of siekte beskerm.”

Die Departement Fisika ontvang ook ʼn nuwe molekulêrestraal-epitaksiestelsel – die eerste van sy soort in Suid-Afrika. “Ons sal dié toerusting gebruik om kristalle, een atoomlagie op ʼn keer, in ʼn hoogs gekontroleerde en suiwer omgewing te bou,” verduidelik prof Chris Theron. “Ons uiteindelike doel is om elektrone in spesifieke dele van die kristal in te perk, sodat ons kwantum-effekte kan bestudeer.”

Die kwantitatiewe polimerasekettingreaksiestelsel, met hoë verwerkingskapasiteit in reële tyd, wat by die Departement Genetika geïnstalleer sal word, is ʼn kragtige analitiese instrument wat navorsers sal gebruik om die uitdrukking van gene en genetiese variasie vir honderde gene in sel- en weefselmonsters van mense, diere, plante en mikrobe te verken. “Dit is ʼn belangrike belegging in postgenomika-navorsing wat op begrip van die molekulêre basis van komplekse biologiese stelsels en identifisering van nuwe biotegnologieteikens gemik is,” sê prof Zander Myburg.

betreffende Geneties Gemodifiseerde Organismes en betrek, bo en behalwe die WNNR en ACGT-vennote, ook universiteite in Denemarke, Zimbabwe en Namibië. Befondsing ter waarde van EURO 868 000 (meer as R13 miljoen) is verkry.

Die Carnegie Corporation-befondsde inisiatief sluit die WNNR, UP, Wits en entiteite in Namibië, Malawi en Tanzanië in en bied opleiding aan die volgende kader akademici wat aktief is in Natuurlike Produksienavorsing. Fondse ter waarde van $1.2 miljoen (meer as R13 miljoen) is verkry vir die tydperk 2014 tot 2016.

Die ACGT het ook ’n bydrae gelewer tot vaardigheidsontwikkeling in hierdie vennootskap. Bioïnformatika is ’n skaars vaardigheid-vakgebied en die Sentrum het ’n Bioïnformatika vaardigheidsopleidingsprogram geïnisieer. ’n

Totaal van 223 navorsers is deur oorsese kundiges op hierdie vakgebied opgelei met fondse wat vroeër deur die Departement van Wetenskap en Tegnologie geskenk is.

Die Sentrum het ook nasionale werkswinkels en forums gestig en gaan steeds voort daarmee. Dit trek toenemend nasionale en internasionale sprekers. Die Nasionale Proteomika-werkswinkel, gefasiliteer deur ’n kundige van die Cambridge University, georganiseer in samewerking met die WNNR en in Kaapstad en Pretoria aangebied, is werd om genoem te word.

Na

vors

ing

Page 41: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

41 SQUARED2 UP

Aa

nste

lling

s

’n Ervare aktuaris, met ’n uitstekende akademiese rekord is as die nuwe Hoof van die Departement Versekering- en Aktuariële Wetenskap in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe aangestel, met ingang van Januarie 2014. Prof Anton Ströh, Dekaan van die Fakulteit, was die afgelope twaalf jaar Waarnemende Hoof.

Voordat sy hierdie pos by die Universiteit van Pretoria aanvaar het, was me Marli Venter ’n senior aktuaris by ABSA en het vir langer as tien jaar bestuursposte binne die aktuariële industrie beklee. In hierdie hoedanigheid het sy energieke spanne junior aktuarisse en statistici op hoë vlak, onder moeilike omstandighede betreffende produkontwikkeling bestuur. Sy het ook volhoubare risikobestuur binne die afdeling verseker. Verder het sy erkenning ontvang van die Aktuariële Vereniging ontvang vir haar hoë vlak van kundigheid en het op die op die kurrikulumkomitee gedien wat toesien dat kurrikula van hoë standaard by universiteite implementeer word.

Me Venter was jare lank betrokke by die Departement Versekering- en Aktuariële Wetenskap en het kursusse op gespesialiseerde vlakke aangebied vir die Universiteit se honneursstudente in Lewensversekering en Beleggings. Sy is ook deur die Aktuariële Vereniging aangestel om professionele eksamens vir hierdie kursusse op nasionale vlak op te stel.

Sy het in 1987 ’n BSc-graad en in 1988 ’n honneursgraad in Wiskundige Statistiek aan die voormalige Randse Afrikaanse Universiteit verwerf. Daarna verwerf sy in 1989 ’n BCom (Honneurs) in Aktuariële Wetenskappe aan die Universiteit van Kaapstad. Sy het, terwyl sy in die aktuaris industrie werksaam was, haar akademiese kwalifikasies verbeter en in 2008 ’n MBA-graad aan die Universiteit van die Witwatersrand verwerf, asook ’n nagraadse sertifikaat in Hoër Onderwys (ook 2008) aan die Universiteit van Pretoria.

Sy is sedert 1994 ’n professionele lid van die Faculty of Actuaries (FFA), Skotland, asook die Actuarial Society of South Africa (FASSA).

As Hoof, wil me Venter sien dat die Departement ’n belangrike rol speel in die ondersteuning van die Universiteit se visie om ’n leidende navorsingsintensiewe universiteit in Afrika te wees. Verder wil sy graag sien dat die Departement internasionaal erken word vir sy gehalte, toepaslikheid en impak, asook vir sy ontwikkeling van mense, skep van kennis en die verskil wat hy plaaslik en wêreldwyd maak.

Me Venter wil ook daarna streef om toe te sien dat die Departement plaaslik en internasionaal erkenning geniet. Dit sal weerspieël word in die aanvraag vir ons graduandi, as eerste-keuse kandidate, deur potensiële werkgewers. Sy wil ook daarna streef om ’n aanvraag vir die Departement se kundigheid te skep, in terme van nuwe navorsingsuitsette, die gemagtigde navorsing in toepaslike areas, en ook ander tegniese aktuariële raadpleging.

Prof Vinesh Maharaj, ’n chemikus in natuurlike produkte, wat in die ontdekking van nuwe geneesmiddelleidrade, gebaseer op biodiversiteit-voorbeelde opgelei is, is onlangs as ʼn Professor in Chemie in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe aangestel.

Voor sy aanstelling by die Universiteit van Pretoria was hy die Tegnologiebestuurder en Hoofwetenskaplike in Biowetenskappe by die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsings-raad (WNNR).

Prof Maharaj het sy PhD in Chemie in 1998 aan die Universiteit van Suid-Afrika voltooi. Die onderwerp van sy navorsing was Investigations into the structure and synthesis of a naturally occurring appetite suppressant from an indigenous plant species. Hy het sy honneurs- en meestersgrade aan die Universiteit van Pretoria behaal.

Sy hoofareas van kundigheid sluit in die chemie van natuurlike produkte, biologiese evaluering van ekstrakte en natuurlike bestanddele, in noue samewerking met molekulêre bioloë/biochemici/aptekers, isolasie, struktuurtoeligting van samestellings, sintese en biosintese.

Prof Maharaj se vorige ondervinding is ook op die gebied van die chemie van natuurlike produkte by die WNNR, in die besonder op die gebied van isolasie, struktuurtoeligting van samestellings en die biosintese van Mikotoksien. Sy hoofverantwoordelikhede het die sistematiese ondersoek van 24 000 inheemse plante ingesluit, as deel van ’n 10 jaar-projek, gemik op die ontdekking van geneesmiddels en neutraseutiese en kosmoseutiese middels in Suid-Afrika se inheemse plante, met die fokus op die genesing van MIV, malaria, TB, kanker en diabetes.

Hy was tot ’n groot mate betrokke by samewerkingsprogramme met besitters van inheemse kennis, soos byvoorbeeld tradisionele gesondheidspraktisyns. Prof Maharaj het ook aan die onderhandelings deelgeneem wat aanleiding gegee het tot die wêreldbekende ooreenkoms tussen die WNNR die San-mense betreffende die deel van voordele van die Hoodia-plant. Hy is een van die hoofuitvinders van die patent waarvan die WNNR die eienaar is, en wat op die ontdekking van ’n unieke eetlusonderdrukker in die Hoodia-plant gebaseer is.

Prof Maharaj het ook deelgeneem aan die onderhandelings met die internasionale farmaseutiese en voedselindustrie-vennote betreffende die kommersialisering van Hoodia en ’n natuurlike versoeter wat in ’n inheemse plant geïdentifiseer is. Ondervinding is opgedoen as deel van die bestuur van die Suid-Afrikaanse komponent van die belangrike internasionale ontwikkelings, in samewerking net Phytopharm plc, Pfizer Inc en Unilever, gemik op die kommersialisering van die WNNR se ontdekking van die natuurlike middel teen vetsug. Hierdie werk het alle aspekte van die geneesmiddelontwikkelingsproses ingesluit, met die uitsondering van die toesighouding oor kliniese toetse.

Marli Venter as Hoof van Versekering- en Aktuariële Wetenskap aangestel

Me Marli Venter

Kundige in die Chemie van Natuurlike Produkte aangestel

Prof Vinesh Maharaj

Page 42: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

42 SQUARED2 UP

’n Gegradueerde van die Universiteit van Cambridge, dr Precious Motshwene, is onlangs ’n senior dosent in die Departement Biochemie in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe aangestel.

Dr Motshwene doseer voor- en nagraadse kursusse, is toesighouer vir meesters- en PhD-studente en doen ook navorsing oor die strukturele biologie van die aangebore immuunstelsel. Hy het sy honneursgraad in Biochemie en ook sy meestersgraad in Molekulêre en Selbiologie aan die Universiteit van Kaapstad verwerf.

Na die voltooiing van sy PhD aan die Universiteit of Cambridge in 2008, was dr Motshwene ’n postdoktorale medenavorser by die Universiteit en was deel van ’n span wat vir vier jaar lank ’n BBSRC-beurs ontvang het. Gedurende hierdie tydperk was hy ook studieleier vir twee PhD-studente.

Dr Motshwene se navorsing fokus op die menslike immuunstelsel. Hy werk spesifiek op die aangebore immuunstelsel, wat bakterieë wat siektes veroorsaak, herken en beveg deur gebruik te maak van proteïne, bekend as klepagtige reseptors. Klepagtige reseptors is in die selmembraan geleë. Dit beteken dat een deel van die reseptor binne-in die sel voorkom (intra-sellulêr), een deel kom in die membraan voor, en ’n derde deel steek bo die oppervlakte van die sel uit (ekstra-sellulêr). Die ekstra-sellulêre deel van ’n klepagtige reseptor sal dele van bakterieë wat verbyswem en stuur dan ʼn sein oor die membraan na die intra-sellulêre deel, wat die alarm aktiveer. In selle gebeur dit deur proteïne wat aan die reseptor vasheg en op hul beurt self aanskakel. Dit heg op hul beurt weer aan nog meer proteïene vas, wat dit dan ook aanskakel. Die aanvanklike alarm word dus versterk, wat ’n immuun-respons inisieer. Dr Motshwene ondersoek tans ’n verbindingsproteïn, bekend as MyD88, wat die eerste proteïen is wat die klepagtige reseptors aan mekaar vasheg. MyD88 verbind met ’n ensiem, bekend as IRAK-4, wat ’n groot geheel vorm, bekend as die Myddosome. “Ons het verskillende tegnieke gebruik om die Myddosome te ondersoek. Ons probeer tans verstaan watter stappe betrokke is by die vorming van hierdie geheel. Ek sal betrokke wees by hierdie projek in die Departement Biochemie, in samewerking met die groep van Prof Wolf-Dieter Schubert.”

Malaria is as ’n strategiese navorsingsarea by die Universiteit van Pretoria geïdentifiseer. Op grond van die uitmuntende navorsing wat reeds op hierdie gebied uitgevoer is, is ’n NNS/DWT Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoel in Volhoubare Malariabeheer aan UP toegeken. Hierdie Leerstoel is in die Departement Biochemie gesetel.

Dr Jandeli Niemand is onlangs as dosent by die Universiteit aangestel om die navorsingsaktiwiteite van die Leerstoel te versterk en te ondersteun en om die vereiste opvolgingsplan te implementeer. Die navorsingsprogram fokus op biochemiese en molekulêre aspekte van malariaparasiet-biologie, wat lei tot die ontdekking van medikasie vir malariabeheer, asook oordragblokkering-strategieë. Sy het op hierdie gebied bydraes gelewer tot die begrip van biochemiese en metaboliese prosesse wat kenmerkend is van die malariaparasiet.

Dr Niemand het ook in die farmaseutiese nywerheid gewerk en is ook kundig betreffende die fases van medisyne-ontwikkeling en kliniese toetse in Suid-Afrika. Dr Niemand sal ’n volle lid van die malarianavorsingspan wees. Sy sal ook aanvullende en ooreenstemmende navorsingsprojekte van stapel stuur en lei wat verband hou met die ontdekking van oordragblokkeringsmedikasie. Dit sal gebaseer word op die begrip van die onderliggende biochemie en biologie van die parasiet. Verder sal sy betrokke wees by die opleiding van nagraadse studente in voorpunt-tegnologieë, asook by die onderrig van voorgraadse en nagraadse kursusse in die Departement Biochemie.

Nuwe navorser in Biochemie aangestel

Dr Precious Motshwene

Jandelie Niemand in Leerstoel vir Malarianavorsing verwelkom

Dr Jandeli Niemand

Aa

nste

lling

s

Page 43: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

43 SQUARED2 UP

Goue Medalje in 1983, die Ernst Oppenheimer-navorsingsbeurs in 1984, die SA Akademie se Havenga- prys in 1986, die Alexander von Humboldt-navorsingsprys in 1993, die Merck- medalje in 2004, en UP se Eeufees Denkleier in 2008.

Prof Boeyens se nuwe boek, The Chemistry of Matter Waves, is nog ʼn mylpaal in sy lofwaardige loopbaan. ʼn Resensie van die boek, wat aan die einde van 2013 op Amazon se webwerf verskyn het, beskryf die opvattings in die boek as revolusionêr. Dit noem verder dat prof Boeyens se vermoë om bekende sowel as nuwe probleme vanuit ʼn onkonvensionele en soms verstommende hoek te benader deur die gebruik van baie eenvoudige modelle, uitstekende resultate opgelewer het. In sy soeke na verduidelikings vir die waargenome periodisiteit in materie het hy afgekom op nuwe verhoudinge, verskynsels en toepassings van die syferteorie in die natuur, asook nuwe interpretasies van die natuur.

Hoewel hierdie boek vir ʼn akademiese gehoor geskryf is, werk prof Boeyens tans daaraan om hierdie komplekse idees ook vir ʼn lekegehoor aan te bied en toeganklik te maak. “My doelwit is om binne ʼn jaar of wat ʼn handboek oor dieselfde onderwerp, gemik op Wetenskap- en Fisikastudente, te voltooi.”

Ge

be

ure

& K

onf

ere

nsie

s

Die Universiteit se Sentrum vir Mikrobiese Ekologie en Genomika (CMEG) en die Genomika Navorsingsinstituut (GRI), onder leiding van prof Don Cowan, was gasheer vir een van die wêreld se mees befaamde navorsers op die gebied van mikrobiese plant-polisakkaried-degradasie en bio-omskakeling van plantbiomassa.

Prof Peter Biely, wat by die Slowaakse Wetenskap-akademie werksaam is, is een van Slowakye se mees gerespekteerde wetenskaplikes. Hy is ongeveer 6 000 maal aangehaal en het 210 artikels en hoofstukke gepubliseer. Prof Biely se navorsing fokus op die raakvlak tussen basiese en toegepaste navorsing op die gebied van lignosellulotiese degradasie, met die klem op die ontdekking en gebruik van nuwe biokatalisators wat in die afbreek van komplekse koolhidrate gebruik kan word.

Prof Jan Boeyens, Buitengewone Professor by die Universiteit van Pretoria (UP) se Sentrum vir die Bevordering van Vakgeleerdheid, het ʼn revolusionêre sprong in Fisika geneem met die bekendstelling van sy nuutste boek, getiteld The Chemistry of Matter Waves, by UP se Sci-Enza-ouditorium.

Prof Boeyens sê sy nuwe boek onthul algemene beginsels wat tot nou toe oor die hoof gesien is. Hy verduidelik dat hy die boek geskryf het omdat hy vertroue verloor het in die wyse waarop Fisika vandag geïnterpreteer word. “Die vakgebied word gereeld oorvereenvoudig. Ek glo dit is hoog tyd vir verandering en om te herevalueer hoe ons Fisika verstaan,” sê prof Boeyens.

Daar word aanvaar dat die kwantum- en relatiwiteitsteorieë van Fisika die wetenskap as ʼn geheel omskryf. Hierdie monografie argumenteer teen hierdie stelling, hoofsaaklik op grond van die teenstrydighede van die twee teorieë, sowel as sekere onverdedigbare filosofiese implikasies van die kwantummodel.

Volgens prof Boeyens is die mees kommerwekkende aspek van kwantummeganika as ʼn teorie van Chemie die totale onvermoë om die fundamentele konsepte van elektronwenteling, molekulêre struktuur en die periodieke tabel te verklaar, ondanks onbevestigde aansprake tot die teendeel. Boeyens bied in sy boek oplossings vir al hierdie gebreke deur die herformulering van albei teorieë as nie-lineêre golfmodelle in vierdimensionele ruimte-tyd.

Prof Boeyens het sy DSc-graad in Fisiese en Teoretiese Chemie (cum laude) aan die Universiteit van Pretoria verwerf en postdoktorale studies aan die Stanford-Universiteit in Kalifornië, sowel as die Universiteit van Sussex onderskeidelik, onderneem.

Onder die talle toekennings wat Prof Boeyens gedurende sy akademiese loopbaan onvang het, is die Suid-Afrikaanse Chemiese Instituut (SACI)

Vooraanstaande internasionale gasdosent besoek UP

Prof Don Cowan (links) en prof Peter Biely in CMEG

Nuwe boek maak ‘n revolusionêre sprong in Fisika

Prof Jan Boeyens

Tydens sy besoek aan die Universiteit van Pretoria het prof Biely as gasspreker drie lesings oor die onderwerp mikrobiese en ensimatiese degradasie van plantbiomassa aangebied. Hy was ook mentor vir ʼn aantal nagraadse navorsers by CMEG. Daarbenewens het hy inligting gedeel oor die samevoeging van meta-genomika en mikrobiese ensimologie en biochemie om nuwe, bedryfsrelevante biokatalisators wat in die natuur voorkom, te ontdek. Sy besoek het ook gelei tot ʼn gesamentlike oorsig van die deelname van mikrobiese ensieme in die afbreek van plant-polisakkariede.

Prof Biely se navorsing vorm die grondslag van toegepaste navorsing op die gebied. Toepassings van sy navorsing is te vind in talle bedryfsektore, soos die papier-en-pulpvervaardigingsbedryf, die bakbedryf en die landbousektor.

Page 44: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

44 SQUARED2 UP

Dr Mabel Mphahlele, ’n postdoktorale navorser in die Departement Chemie is deur die Japan Society for the Promotion of Science genomineer om die gesaghebbende sesde HOPE-vergadering saam met Nobelpryswenners en ander vooraanstaande wetenskaplikes by te woon, wat vroeër vanjaar in Tokio, Japan, aangebied is. Die titel HOPE dui op die belofte en optimisme vir ’n blink toekoms vir jong wetenskaplikes in die Asië-Stille Oseaan en Afrikastreek.

Die onderwerp van haar navorsing was One-Pot three component C-S coupling reactions for the synthesis of thioethers over highly active nanostructured CuO-WO3 oxide catalyst.

Die Nasionale Navorsingstigting (NNS) het Innovasie-postdoktorale navorsingsgenote genooi om hul aansoeke vir die sesde HOPE-vergadering by die Japan Society for the Promotion of Science in te dien. Slegs twee NNS-befondsde navorsers uit Suid-Afrika is gekies om saam met ander navorsers, uit lande van die Asië-Stille Oseaanstreek, aan die vergadering deel te neem.

Dr Mphahlele het gesê dat dit vir haar ’n eer was om Suid-Afrika, en belangriker nog, die Universiteit van Pretoria, by hierdie gesaghebbende vergadering te verteenwoordig. Sy het haar waardering uitgespreek vir die geleentheid wat aan haar gegun is om haar persoonlike horisonne te verbreed deur die Nobelpryswenners, wêreldklas-navorsers en eweknieë uit verskeie oorde te ontmoet en met hulle te meng tydens die verskillende programme van die vergadering. Die hoogtepunt van haar besoek was die geleentheid wat sy gehad het om met prof Ei-ichi Negishi, die 2010 Nobelpryswenner vir ‘Palladium catalysed cross-coupling in organic synthesis’ te gesels. Sy het talle van sy Negishi kruiskoppel-reaksies aangehaal tydens haar PhD-studies aan die Universiteit van Suid-Afrika. Sy het gesê dat sy aangedaan was deur prof Negishi se menslikheid en deursettingsvermoë. Hy het in ’n minderbevoorregte gemeenskap grootgeword, wat hom aan finansiële en akademiese uitdagings blootgestel het, en hom gehelp het om die waarde van onderwys te besef.

Volgens dr Mphahlele was hierdie ervaring ’n bron van stimulasie vir die bevordering van haar toekomstige navorsing en dit het aan haar die geleentheid gebied om iets nuuts binne haarself te ontdek. Sy het gesê dat sy daarna uitsien om nuwe mylpale in wetenskaplike vooruitgang te bereik en om die grense van menslike kennis te verskuif. Dit was vir haar ’n gulde geleentheid om die Departement Chemie van die Universiteit van Pretoria as ’n wetenskaplike navorsingsentrum in eie reg binne die wêreldwye wetenskaplike gemeenskap ten toon te stel.

Twee kundiges in die onderwys het onlangs lede van die Forum vir Wetenskaponderrig en -Leer van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe (SCITAL) oor die Raad vir Hoër Onderwys (CHE) se voorstel vir voorgraadse verandering in Suid-Afrika toegespreek.

Prof Ian Scott (Universiteit van Kaapstad) en dr Denyse Webbstock (CHE) het ’n paneelbespreking gelei oor die inhoud van die CHE-voorstel. Die gassprekers het die implikasies van die voorstel op Wiskunde en Wetenskap gedeel en ook die reaksie van die tersiêre gemeenskap op die voorstel, aangesien dit ’n effek het op almal wat by die onderrig van voorgraadse programme betrokke is.

Die SCITAL-forum (Forum vir Wetenskaponderrig en -Leer van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe) is ’n professionele gemeenskap wat personeel byeenbring met ’n spesifieke belangstelling in die onderrig en leer van Wiskunde en Wetenskap op tersiêre vlak.

Geleentheid om Nobelpryswenner te ontmoet

Dr Mabel Mphahlele en die 2010 Nobelpryswenner vir Chemie, prof Ei-ichi Negishi.

SCITAL-forum bespreek voorgraadse verandering

Van links: Prof Marietjie Potgieter (Adjunkdekaan: Onderrig en Leer, Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe), prof Ian Scott (UK) en dr Denyse Webbstock (CHE).

Ge

be

ure

& K

onf

ere

nsie

s

Page 45: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

45 SQUARED2 UP

Die eerste Science Education for New Civic Engagements and Responsibilities (SENCER)-simposium is vroeër vanjaar deur die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe aangebied. Die stigters van die program, prof David Burns, professor verbonde aan Harrisburg University en Direkteur van die National Centre for Science and Civic Engagement (Washington, VSA) en prof Karen Oates, Dekaan van Kuns en Wetenskappe, Worcester Polytechnic (Massachusetts, VSA) was die gassprekers tydens hierdie simposium.

Prof Garon Smith verbonde aan die Departement Chemie, University of Montana-Misoula, VSA en ’n SENCER-alumnus het ook ’n lesing aangebied oor die onderwerp, Effective teaching in large introductory Chemistry classes.

SENCER is ’n fakulteitbemagtigings- en kurrikulumhervormingsprogram wat ontwerp is om tersiêre wetenskaponderrig te verbeter en spog met bewyse van beter behoud van inligting en die genieting van wetenskap. Dit is ontwerp vir daardie wetenskaplikes wat aanvanklik as laboratoriumnavorsers opgelei is tydens hulle PhD-studies, maar wat uiteindelik in loopbane beland het wat kundigheid in onderrig en navorsing vereis. SENCER is ’n voorstaander van die onderrig van wetenskap deur middel van die lens van ’n onopgeloste maatskaplike probleem, wat by wyse van wetenskaplike maniere van insig, opgelos kan word.

Vir meer inligting, besoek die webtuiste, www.sencer.net.

“Addressing socioeconomic challenges through space”, was die onderwerp van ’n onlangse openbare lesing wat by die Departement Geografie, Geoïnformatika en Meteorologie aangebied is. Die lesing was ’n gesamentlike projek deur die Universiteit van Pretoria, die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimteagentskap (SANRA) en die Duitse Lugruimsentrum (DLS). Dr Sandile Malinga (Hoofuitvoerendebeampte: SANRA) en prof dr (Ing) Johann-Dietrich Wörner (Voorsitter van die Uitvoerende Raad: DLS) was die gassprekers.

Eerste SENCER-simposium deur Fakulteit aangebied

Van links: Prof Marietjie Potgieter (Adjunkdekaan: Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe), me Bianca Verlinden (Departement Biochemie), prof Karen Oats (SENCER), prof Garon Smith (SENCER), prof Debra Meyer (Hoof: Departement Biochemie), prof David Burns (SENCER) en me Lungi Sithole (Departement Biochemie).

Hoe kan die buitenste ruimte help met sosio-ekonomiese uitdagings?

Voor: Dr Lee-Anne McKinell (Besturende Direkteur: SANRA Ruimtewetenskap). Agter van links: Mnr Martin S Owuor (Politieke Tweede Sekretaris: Kenia Hoë Kommissariaat), prof Hannes Rautenbach (Hoof: Departement Geografie, Geoïnformatika en Meteorologie), dr Jane Olwoch (Besturende Direkteur: SANRA Aardwaarneming), dr Sandile Malinga (SANRA), prof dr (Ing) Johann-Dietrich Wörner (DLS) en dr Joel Botai (Departement Geografie, Geoïnformatika en Meteorologie).

Ge

be

ure

& K

onf

ere

nsie

s

Page 46: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

46 SQUARED2 UP

’n Werkswinkel oor Teoretiese en Wiskundige Epidemiologie is in Maart vanjaar gesamentlik deur Unisa en die Universiteit van Pretoria, by die Wetenskappe-kampus van die Universiteit van Suid-Afrika in Florida, aangebied.

Die Teoretiese en Wiskundige Epidemiologie Werkswinkel was die eerste in ’n reeks van drie werkswinkels wat jaarliks vir die volgende drie jaar aangebied sal word. Die doel van die werkswinkels is om ’n groep plaaslike kundiges op te lei wat in staat is om voldoende response op nuwe en ouer vorme van siektes – soos byvoorbeeld tuberkulose, MIV/VIGS en ander oordraagbare siektes – te identifiseer wat ’n massiewe bedreiging inhou vir die ontwikkeling van Suid-Afrika en verder.

Vir hierdie eerste byeenkoms kon deelnemers wiskundige modelle vir epidemiologiese prosesse bou, kwalitatiewe, analitiese en rekenkundige analise uitvoer en hul modelle staaf.

Die werkswinkel is deur prof Mamokgethi Phakeng (Viseprinsipaal: Navorsing en Innovasie,

Eerste gesamentlike werkswinkel oor Teoretiese en Wiskundige Epidemiologie

Michael LiPauline van den Driessche

Unisa) en prof Jean Lubuma (DWT/NNS Leerstoel in Wiskundige Modelle en Metodes in Bioingenieurswese en Biowetenskappe, Universiteit van Pretoria) befonds.

Internasionale sprekers wat aan vanjaar se werkswinkel deelgeneem het, was onder andere Julien Arino (University of Manitoba, Kanada),

Anuj Mubayi (Northeastern Illinois University, Chicago, VSA), Michael Li (Wiskundige en Statistiese Wetenskappe, University of Alberta, Kanada) en Pauline van den Driessche (University of Victoria, Kanada).

Die volgende werkswinkel in 2015 sal deur die Universiteit van Pretoria aangebied word.

Eve

nts

& C

onf

ere

nce

s

Page 47: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

47 SQUARED2 UP

Werner Pansegrouw het die Departement Versekering en Aktuariële Wetenskap trots gemaak toe hy die Visekanseliers- en Rektorsmedalje vir Uitmuntende Voorgraadse Akademiese Prestasie as die beste student in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe verower het.

Werner het sy BSc-graad in Aktuariële en Finansiële Wiskunde tydens die April gradeplegtighede ontvang, met ’n aangepaste gemiddelde prestasie van 92% gedurende sy drie St

ude

nte

Die eerste prys in die kategorie Beste Studenteprojek is tydens die eerste jaarlike Isibalo-toekenningsaand, in Desember 2013, aan Stefan de Bruin, ʼn BSc (Hons) (Geoinformatika)-student van die Departement Geografie, Geoinformatika en Meteorologie in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, toegeken.

Die toekenning spruit voort uit die Isibalo-verbruikersgroepsimposiums wat onlangs bekendgestel is, waartydens gebruikers van statistiese data wat deur Stats SA voorsien word, genooi is om aanbiedings te doen oor hoe hulle amptelike statistiek in getuienis-gebaseerde besluitneming gebruik. Stefan se prys is deur African Bank geborg en sluit onder meer ʼn ten-volle-betaalde reis na Gaborone in waar hy die Afrika-simposium oor Statistiese Ontwikkeling (ASSD) bygewoon het.

Aktuariële studente presteer uitstekend

Werner Pansegrouw en prof Anton Ströh (Dekaan: Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe).

Geoinformatika-student wen gesaghebbende Isibalo-toekenning

Stefan de Bruin

Die doel van Stefan se projek, onder leiding van me Sanet Eksteen, was om ʼn metodologie te bepaal waarmee daar gemeet kan word hoe bevoorreg ʼn gemeenskap is in terme van wat hulle as belangrik beskou, teenoor dit wat hulle van regeringsinstansies ontvang. Die persepsies van wat respondente as belangrik beskou is bepaal aan die hand van ʼn vooraf-gedefinieerde lys van goedere en dienste. Die beste statistiese metode vir die bepaling van ʼn bevoorregte-indeks is geïdentifiseer en geëvalueer met behulp van verskeie statistiese metodes. Alle datastelle vir die projek is deur Stats SA vasgelê en voorsien.

Die Departement Geografie, Geoinformatika en Meteorologie en die Sentrum vir Geoinformatika (CGIS) betuig graag sy dank teenoor Stats SA, SAS, ESRI Suid-Afrika en African Bank vir die geleentheid wat hulle aan die student gebied het om deel te wees van hierdie gebeurtenis.

jaar van studie. Hy het ook die Outsurance-prys vir die mees belowende Aktuariële en Finansiële Bestuur-gegradueerde ontvang.

Brendon Thorpe, wat tydens dieselfde plegtigheid sy honneursgraad in Aktuariële Wetenskap ontvang het, het vele toekennings opgeraap. Hy het die PPS-prys vir die mees belowende Aktuariële Wetenskap-gegradueerde, die Prudential-prys vir die beste student in Aktuariële Wiskunde, die Momentum Groep-prys vir die beste student in Lewensversekering, asook

die Discovery Holdings-prys vir die beste honneursnavorsingsprojek.

Die uitstekende akademiese prestasies van die studente in Departement Versekering en Aktuariële Wetenskap word ook weerspieël in die gradering op die Dekaan se Merietelys (vir studente met ’n gemiddeld van 75% en meer). ’n Totaal van 14 studente van die Departement is onder die Top 30 op hierdie lys en vyf van hulle tel onder die Top 10.

Page 48: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

48 SQUARED2 UP

Stud

ent

e

“Hierdie is waarskynlik tans die grootste konsentrasie van IK in Pretoria,” het prof Zander Myburg glimlaggend gesê tydens die Jaarlikse Toppresteerdersfunksie vir studente van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, wat op 8 Mei 2014 gehou is.

Prof Myburg, wat die Leerstoel in Bosbougenomie en Biotegnologie in die Instituut vir Bosbou en Landbou beklee en wat ook ’n professor in die Departement Genetika is, was die gasspreker en het sommige van die lesse geleer en suksesverhale van sy akademiese loopbaan gedeel. “Jy moet ’n passie hê vir wat jy doen en jouself omring met eendersdenkende mense – medestudente wat jou passie en jou visie deel, mense wat saam met jou sal groei en wat uiteindelik jou akademiese familie al word. Dit is ook belangrik om ’n gebalanseerde lewe te lei en om tyd in te ruim vir jou geliefdes en gesin.”

Prof Myburg het nie slegs betekenisvolle nuwe kapasiteit vir bosbougenomie en biotegnologie in Suid-Afrika ontwikkel nie. Die artikel deur hom en sy span oor die Eucalyptus-genoom is boonop onlangs aanvaar vir publikasie in die gesaghebbende vaktydskrif, Nature.

Brendon Thorpe het die meeste van die toekennings tydens die geleentheid opgeraap.

Toppresteerders beloon vir hul prestasies

Brendon Thorpe en me Marli Venter (Hoof: Departement Versekering en Aktuariële Wetenskap).

Drie PhD-studente en ’n postdoktorale navorsingsgenoot van die Instituut vir Voedsel, Voeding en Gesondheid (IFNuW) het gedurende Maart aan die Vennootskapsplatform van die Omvattende Afrika-landbouontwikkelingsprogram (OALOP) by die Internasionale Konferensiesentrum (IKK) in Durban deelgeneem.

Die tema van die geleentheid was Jaar van Landbou en Voedselsekerheid in Afrika en dit was van groot belang omdat dit ook die tiende herdenking van die aanvaarding van die OALOP was. Hierdie geleentheid was rondom tien werksgroepe georganiseer. Prof Sheryl Hendriks, Direkteur van die IFNuW, se opdrag was om die werksgroep oor Voedselsekerheid en Voeding te fasiliteer. Die uitsette van die vergadering het die grondslag gevorm vir besprekings tydens die onlangse Gesamentlike Konferensie van Ministers van die Afrika-unie-kommissie (AUK).

Die AUK OALOP-koördineerder, Boaz Keizire het die bydrae van die jong navorsers verwelkom en gesê: “Julle hoort hier; die OALOP benodig jongmense.” Jongmense maak byna 30 persent van die wêreldbevolking uit. Die betrokkenheid van die jeug noodsaaklik vir ontwikkelingsbesluitneming en vir die implementering van programme soos die OALOP, vir die volhoubaarheid van enige projek.

Die vier jong navorsers is genooi om die geleentheid te ondersteun wat aan hulle ‘n unieke leerervaring gebied het, hul kennis verbreed het en aan hulle ’n holistiese prentjie verskaf het van eietydse uitdagings waarmee Afrika-regerings en boere te make het.

Jong navorsers neem deel aan vorming van toekomstige Afrika-voedselsekerheidsbeleide

Van links: Me Tima Munthali, dr Njabu Mngidi en me Eliza Mkandawire.

Hy het die PPS-prys vir die mees belowende Aktuariële Wetenskap-gegradueerde, die Prudential-prys vir die beste student in Aktuariële Wiskunde, die Momentum Groep-prys vir die beste student in Lewensversekering, asook die Discovery Holdings-prys vir die beste honneursnavorsingsprojek.

Lukas Radman de Soto het tydens die geleentheid drie pryse ontvang: die Departement Fisika-prys vir die beste eerstejaarstudent in Fisika, die Jan F Cilliers-boekprys vir die beste eerstejaarstudent in Geologie, asook die Departement Chemie-prys vir die beste eerstejaarstudent in Chemie.

Werner Pansegrouw het die Outsurance-prys vir die mees belowende Aktuariële en Finansiële Bestuur-gegradueerde ontvang, asook die Visekanseliers- en Rektorsmedalje vir Uitmuntende Voorgraadse Akademiese Prestasie as die beste student in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe. Hy het sy BSc-graad in Aktuariële en Finansiële Wiskunde in April ontvang, met ’n aangepaste gemiddelde prestasie van 92% gedurende sy drie jaar van studie.

Vanjaar se Funksie vir Uitmuntende Presteerders was nog meer besonders as die vorige geleenthede. Die Dekaan se Merietelys is aangekondig (die lys sluit studente in met

’n gemiddeld van hoër as 75%) en die Top 30 voorgraadse studente op hierdie lys (met gemiddelde van 85% en hoër) het ook tydens hierdie geleentheid erkenning ontvang. Die Dekaan het ook in besonder al die kandidate wat hul doktorsgrade tydens die onlangse herfsgradeplegtigheidseremonie ontvang het, vermeld en aangekondig dat hulle ook in die Dekaan se Merietelys ingesluit sal word.

Die onderstaande was enkele van die opmerkings deur die opgewonde studente:“Dit is ’n voorreg om deel te wees van die proses wat die toekoms van Afrika-ontwikkeling bepaal.” “Hierdie vergadering was werklik ’n leerkurwe – daar was net soveel om in te neem van die groep kundiges van regoor die wêreld. “Kan nie glo dat ek deel van so ’n geleentheid saam met die Voorsitter van die Afrika-unie, me Nkosazana Dlamini-Zuma was nie; om hand te skud met die AUK se Kommissaris van Landbou en Landelike Ontwikkeling; om te meng met die meesterbreins agter die OALOP-inisiatief; en om te meng met die leiers van internasionale organisasies soos FAO, IMWI, NEPAD, AU, USAID.

Page 49: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

49 SQUARED2 UP

Wanneer finalejaar kulinêre studente hul Baccalaureusgrade in Verbruikerswetenskap (Gasvryheidsbestuur) in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe voltooi, het hulle voldoende opleiding en ervaring om feitlik enige geleentheid te kan hanteer. As deel van die bestuurskomponent van die graad word daar van elke student verwag om ’n funksie vir ’n regte betalende kliënt te beplan en te bestuur.

Studente kry die geleentheid om die daaglikse beproewings van ’n geleentheidsbeplanner eerstehands te ervaar en die spanningsvolle situasie agter die skerms te leer ken, ’n situasie wat in skrille kontras staan teenoor die professioneel-geklede en oënskynlik onverstoorbare toonbeeld van tyds-, begrotings- en personeelbestuur.

Die realiteit is dat geleentheidsbeplanners dikwels met gaste en kliënte se versoeke, wat van matig eienaardig tot stapelgek kan wissel, te doen kry. Hierdie versoeke word soms vanaf die aanvanklike onderhoud tot lank na die geleentheid verby is, gerig.

Geleentheidsbestuurders in wording by UP

Stud

ent

e

”Oor die afgelope vyf of ses jaar het die finalejaarstudente in Gasvryheidsbestuur hul kwota eienaardige versoeke en dramas, wat gewoonlik met elke funksie gepaardgaan, beleef,” sê mnr Hennie Fisher, kursusdosent. ”Hierdie studente het sommige geleenthede bestuur waarop hulle werklik trots kan wees – van voorafbereide middagetepakkies vir 600 rugby-ondersteuners by die nabygeleë Loftusstadion tot intieme en elegante middagetes vir die Rektor, prof Cheryl de la Rey, en buitelandse hoogwaardigheidsbekleërs by Kya Rosa. Die blootstelling en ervaring wat deur hierdie geleenthede opgedoen word, is van onskatbare waarde, en studente wat dit op hul CVs meld, het gevind dat dit hul voornemende werkgewers die meeste beïndruk.”

Die geleentheidsbestuurder wat aan die hoof van ’n funksie staan, moet sy of haar klasmaats skeduleer om as kombuisbestuurders, eetkamerbestuurders, spensbestuurders, en so meer, op te tree. Elke rol maak ’n vername deel van die beplanning uit, om toe te sien dat die geleentheid betyds is en binne die begroting bly en dat die hoogste

Finalejaar kulinêre student

Page 50: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

SQUARED2 UP 50

standaarde volgens die kliënte se verwagtinge gehandhaaf word. Die geleentheidsbestuurder hou toesig oor die ontwerp van die spyskaart, die kosteberekening van al die uitgawes en die byhou en rekonsiliasie van die begroting. Juniorstudente help ook met ondersteuningswerk, soos tafelbediening en opruiming. Die doel is dat studente alle aspekte waarmee ’n opgeleide, ervare geleentheidsbestuurder elke dag in die werklike lewe te doen kry, sal ervaar.

Aan die einde van Maart het Glenfiddich Whisky ’n kos-en-whisky-ete van ’n besondere hoë standaard by die eat@UP-restaurant in die Ou Landbougebou aangebied. Sewentig gaste is op ’n fynproewers-

Een van die nageregte

Hoewel sommige geleenthede deur private kliënte gereël word, is ander geleenthede oop vir die publiek. Eat@UP funksioneer nie as ’n a la carte-restaurant nie, maar groepe van 12 tot 200 gaste kan dit vir ’n middag- of aandete met ’n vaste spyskaart, bespreek. Studente berei individuele spyskaarte vir elke geleentheid voor en indien dit gedurende klastyd plaasvind, kan spyskaarte selfs ontwerp word om by die geleentheid te pas.

Belangstellendes kan mev Raine Smit van die Departement Verbruikerswetenskap kontak by [email protected] om meer inligting te bekom.

viergangmaal getrakteer en elke gang is noukeurig gekonseptualiseer om ’n spesifieke whisky van hierdie befaamde Skotse handelsmerk aan te vul. By hierdie geleentheid kon studente met hul voornemende kliënte skakel en ook voor die tyd ’n private whisky-proegeleentheid bywoon. Dit het hulle van die kompleksiteite en fyner nuanses van die individuele whiskies bewus gemaak, wat hulle tydens die ontwikkeling van die verskillende gange in gedagte moes hou om te sorg dat die kos en die whisky mekaar aanvul.

Stude

nte

Page 51: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

51 SQUARED2 UP

Stud

ent

e

Sci-Enza, die wetenskapsentrum by die Universiteit van Pretoria (UP), is gekies as ontvanger van die WeTech-aanvangsfondstoekenning, om die ICT: Girls who dare to be there!-projek in Pretoria te ondersteun.

Die doel van die projek is om dogters en vroue aan loopbane, geleenthede, rolmodelle en die jongste neigings in die inligtingstegnologie, rekenaarbedryf en tegnologie-verwante vakgebiede bloot te stel. Basiese opleiding in rekenaarvaardighede vir hoërskoolleerders uit minderbevoorregte skole sal ook deel uitmaak van hierdie inisiatief. Hierdie is een van 17 projekte in Afrika wat deur Women Enhancing Technology (WeTech) (Vroue Verbeter Tegnologie) gekies is, met die ruim ondersteuning deur die leier-vennoot, Google. Hierdie projekte sal toekennings van $2,000 tot $20,000 ontvang om hul indrukwekkende werk te ondersteun om meer vroue en dogters betrokke te maak by rekenaarwetenskap-verwante geleenthede.

Sci-Enza het die toekenningsaktiwiteite afgeskop met ’n Vroue in Inligtingskommunikasietegnologie (IKT)-rolmodeldag in wat in Meimaand aangebied is by die Mae Jemison VSA Wetenskapsleeskamer op die UP Mamelodikampus.

Blinkoogdogters vanaf verskeie hoërskole in die woongebied het die inligting ingedrink wat die drie inspirerende vroulike rolmodelle gedeel het oor hul passie vir tegnologie en die rekenaarwese.

Eleanor Harding, ’n kreatiewe strateeg, speletjie-ontwerper en finalejaar multimedia-student aan UP, het die dogters geïnspireer met haar storie oor die veldtog wat sy gevoer het sodat IT as vak by haar hoërskool waar sy skoolgegaan het, aangebied kan word. Sy het verskeie ontwerpkompetisies gewen en na Singapoer en die VSA gereis as deel van haar toekenningspakket. Haar mees onlangse speletjie, Orbit, was die was die wenner van die Suid-Afrikaanse Nasionale Uitdunne van die Microsoft Verbeeldingstrofee.

Leerders het die lewendige aanbieding deur Jade Abbot, ’n sagteware ingenieur, ’n meestersgraadstudent in Rekenaarwetenskap aan UP, en musikant, terdeë geniet. Sy het gepraat oor hoe ’n mens te werk moet gaan

Vroue in rekenaarbedryf – UP-personeel en studente inspireer dogters

Tendani Mawela Jade Abbot

om te doen waarvoor jy lief is, dat jy moet aanhou om nuwe dinge te leer en nooit bang moet wees om IT en programmering te probeer nie. Haar huidige navorsing fokus op modelle wat deur miere en bye geïnspireer is om swerms robotte te beheer.

Tendani Mawela, ’n dosent in Informatika en PhD-student aan UP, het vertel hoe sy ’n mediese dokter wou word, totdat sy besef het dat sy nie die aanskoue van bloed kan hanteer nie. Sy het beklemtoon hoe belangrik dit is om hard te werk op skool, om nie lui te wees nie, om te lees en nuwe dinge te leer sodat jy suksesvol kan wees in wat jy ook al doen. Haar huidige navorsing fokus op inligting- en kommunikasietegnologie binne die staatsdiens.

Ná die aanbiedings was daar ’n lewendige besprekingsessie waartydens die leerders die kennis van die drie passievolle sprekers verder kon tap. Elke dogter het ʼn IKT-inligtingspakkie ontvang met inligting oor toelatingsvereistes vir studie aan verskeie instansies, nuus oor neigings in die tegnologie en ’n soet eetdingetjie. Lerato Mokwena, ’n 17-jarige leerder van Gatang Sekondêre Skool, wat die aanbieding bygewoon het, het gesê: “Ek is baie geïnspireer deur wat ek by die IT-werkers gehoor het en ek sal baie graag eendag soos hulle wil wees.” ’n Ander leerder, Lebogang Senong, van Lehlabile Sekondêre Skool het gesê dat sy IT by haar lys van loopbaankeuses sal voeg.

“Ons is verheug oor hoe die Rolmodeldag afgeloop het. Dogters uit minderbevoorregte gebiede oorweeg selde rekenaarwese of tegnologie as lewensvatbare loopbaankeuses. IKT is tans so ’n opwindende vakgebied en bykans elke loopbaan maak deesdae tot ’n mate gebruik van tegnologie en rekenaars. Ons sien daarna uit om dogters en vroue bloot te stel aan geleenthede binne hierdie vakgebied, met die ondersteuning van die WeTech-toekennings,” het Irene Schoeman, wetenskapkommunikeerder en projekleier van die Sci-Enzaprojek, ”ICT: Girls who dare to be there!” gesê.

Sci-Enza is die oudste interaktiewe wetenskapsentrum in Suid-Afrika en streef daarna om wetenskap op ’n prettige en vermaaklike wyse toeganklik te maak vir leerders van alle ouderdomme, en om op die wyse die bewuswording van wetenskap te verhoog.

Page 52: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

52 SQUARED2 UP

Stud

ent

e

Die Crypto Giants is die inisiatief van ’n groep voorgraadse wiskundiges, met as lede, jong, entoesiastiese, uiteenlopende en wiskundig-denkende individue wat passievol is oor die komplekse kenmerke van syfers, asook Wiskunde in die algemeen en die toepassing daarvan in die alledaagse lewe. Hulle onderneem ’n probleemoplossingsreis waarin hulle verskeie wiskundige probleme en navorsingsprojekte aanspreek, wat hulle sal help om hulle wiskundige vaardighede en analitiese denkprosesse te verbeter en terselfdertyd verskillende benaderings tot voor die hand liggende probleme te ontdek.

Die program is so gestruktureer dat dit studente voorberei vir Wiskunde op honneursvlak en daar word van hulle verwag om literatuuroorsigte oor individuele projekte vir die groep aan te bied en waar van toepassing, ook hul eie voorbeelde voor te lê.

In Maart het die Crypto Giants die Kollege van die Suid-Afrikaanse Reserwebank besoek, waar hulle aanbiedings oor die toepassing van Wiskunde in die finansiële wêreld bygewoon het. Die doel van die uitstappie

Crypto Giants besoek die Suid- Afrikaanse Reserwebank

Studente saam met hul gashere van die Suid-Afrikaanse Reserwebank.

was om die studente aan ’n omgewing bloot te stel waar Wiskunde in ons alledaagse lewe toegepas word. Daar is talle toepassings van Wiskunde, maar nie een daarvan is so interessant en aanloklik as die finansiële toepassings daarvan nie. Lesings oor aspekte van Toegepaste Wiskunde is deur verskeie persone aangebied: Finansiële Markte deur Ziets Botha, Finansiële Risikobestuur deur Puben Govender, en Ekonometriese Modellering deur Melvin Khomo.

Die studente het meer te wete gekom oor die hooffunksies van die Reserwebank en het ook ’n beter begrip gekry van die wiskundige vaardighede wat vereis word in die daaglikse bestuur van die bank. Die groep het ook die geleentheid gehad oor die tipes loopbane wat hulle as wiskundiges in die bankwese sal kan beoefen.

Hoewel die ondervinding by die bank van korte duur was, het die studente die besoek as vrugbaar ervaar en wil hulle hul dank uitspreek teenoor hul entoesiastiese en passievolle gashere.

Page 53: SQUARED2 UP€¦ · Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Julie 2014 Baie studies het getoon dat Suid-Afrika, en inderdaad die Afrika- streek as in geheel

53 SQUARED2 UP

Alles in ’n dag se werk… Reik uit na minderbevoorregte gemeenskappe, tree op as tutors vir medestudente en help met loopbaanuitstallings…

Hierdie is maar enkele van die aktiwiteite waarby NATHouse, die amptelike studentehuis van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, betrokke is.

Die belangrikste fokusarea van die Fakulteithuis is die akademiese welstand van studente. In November 2013 het NATHouse ’n Tutordag aangebied waartydens hulle lektore uit gekose modules genooi het om studente met die voorbereiding vir hul eksamens by te staan. Hierdie sessies het aan studente die geleentheid gebied om dele van die werk waarmee hulle sukkel, te hersien deur ’n vorige eksamenvraestel saam met die lektor deur te werk. Dit het ook aan die studente ekstra selfvertroue gegee wat hul sou nodig hê om te kan eksamen skryf.

Volgens Boiketlo Mphahlele van NATHouse is een baie belangrike en voordelige verhouding in studente se akademiese reis dié met die Studenteadviseur van die Fakulteit. Gedurende die vorige semester het hulle saam met die Studenteadviseur gewerk om onder andere sessies oor tydsbestuur, studiemetodes en eksamenvoorbereiding aan te bied. Die Studenteadviseur is beskikbaar vir al die studente in die Fakulteit en studente kan persoonlike afsprake met hulle maak.

Dit is bewys dat akademiese geleenthede ook prettig kan wees! Die Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde het ’n Wiskundevasvra-aand by Oom Gert se restaurant aangebied. NATHouse het ook deelgeneem, en die tema van hul span was Mathematicians in the Corporate World. Die aand was gevul met wiskundige logika, raaiskote, peusel en vraende kyke na jou spanmaats. Studente op alle akademiese vlakke het gevoel dat dit ’n uitdaging was en dit het almal daaraan herinner hoe interessant wiskunde kan wees.

NATHouse sien nie slegs om na die studente in die Fakulteit nie, maar reik ook uit na minderbevoorregte gemeenskappe. Gedurende Mei het hulle ook

NATHouse-studente aktief op kampus en in gemeenskap

’n motiveringspraatjie vir die beste 30 leerders van Reitumetse Secondary School aangebied. Twee studente en verteenwoordigers van JuniorTukkie het met die leerders gesels en vir hulle meer vertel oor JuniorTukkie, hoe om ’n universiteitstudent te word en ook vir hulle ’n paar woorde van bemoediging gegee. Hierdie jaar het, NATHouse ook aan die Fakulteit se loopbaanuitstallings by verskeie skole in Gauteng deelgeneem. Boiketlo het beklemtoon dat dit belangrik is dat hulle help om te verseker dat daar ’n voortdurende toeloop van nuwe wetenskaplikes is wat die huidige studente by die Universiteit sal opvolg.

Kgomotso Kindersentrum is een van die grootste gemeenskapsuitreikprojekte van die jaar. Met die hulp van befondsing van die Fakulteit en die Verteenwoordigende Studenteraad se Gesamentlike Projekfonds was dit vir NATHouse moontlik om die fasiliteite van die Sentrum uit te brei, ’n nuwe dak te voorsien en om die hele Sentrum te verf. Die Sentrum bied ’n ruimte waar kinders na skool kan bly, waar hulle met hul huiswerk gehelp word, aan groepsaktiwiteite kan deelneem en waar hulle ook ’n ete ontvang.

In Desember 2013 het NATHouse ook die Danville Liggiehuis besoek. Hierdie huis word elke jaar met Kersfeesliggies versier, met die doel om geskenke in te samel vir die minderbevoorregtes. NATHouse, met die hulp van studente, het items soos inkleurboeke, kleurkryte en speelgoed vir kinders geskenk.

NATHouse is tans besig met ’n projek waar alle studente wat Chemie-stelle het wat hulle nie meer gebruik nie, gevra word om dit asseblief aan NATHouse te skenk. Dit sal aan skole met wetenskaplaboratoriums geskenk word om onderrig te verbeter. Die stelle kan by die Landbou-anneks, Kamer 2-8 afgelewer word. Of stuur ’n e-pos aan [email protected] om te reël dat dit afgehaal word.

Om op hoogte te bly met die jongste NATHouse-inligting en -gebeure, volg NATHouse op Twitter en Facebook.

NATHouse-lede neem deel aan die Wiskundevasvra-aand.Kgomotso Kindersentrum is een van NATHouse se grootste gemeenskapsuitreikprojekte.

Stud

ent

e