stronk 12/7

8
VOLG ONS OP TWITTER @StronkKoerant vir die nuut- ste feesnuus LEGENDES Drie aktrises onder vier oë gespreek BL. 4 Weergids Donderdag 12 Julie 2012 GRATIS Die geliefde akteur Frank Opperman kuier weer op die Vryfees. Vanjaar is hy Kaptein Blitz wat enige kind in ’n superhero kan verander. Lees artikel op bl. 2. Foto: WILLEM VAN DER BERG Super-Frank weer op fees

Upload: mj-lourens

Post on 20-Apr-2015

1.445 views

Category:

Documents


8 download

DESCRIPTION

Derde uitgawe van die amptelike feeskoerant van die Vryfees.

TRANSCRIPT

Page 1: Stronk 12/7

VOLG ONS OP TWITTER

@StronkKoerantvir die nuut­ste feesnuus

LEGENDES

Drie aktrisesonder vier oëgespreek BL. 4

Weergids

Donderdag 12 Julie 2012 GRATIS

Die geliefde akteur Frank Oppermankuier weer op die Vryfees. Vanjaar ishy Kaptein Blitz wat enige kind in ’nsuperhero kan verander. Lees artikelop bl. 2. Foto: WILLEM VAN DER BERG

Super­Frank weer op fees

Page 2: Stronk 12/7

2 BYLAE TOT VOLKSBLAD, Donderdag 12 Julie 2012

Kontak ons!

Redakteur:Vicus BürgerProduksie:Charles SmithReza van RooyenMadelein VenterFotograwe:Lize van den BergWillem van der BergVerslaggewers:Leandré BlumeRuan BruwerHenry CloeteTheuns du BuissonJan GerberSimoné HaggardMargo OlivierFrancois Theart

Stronk-span

Bel die Stronk­kantoor by 051­401­9878/9880/9878/9418. Die Stronk­kantoor is vir die duur van die feesin die gazellie van die koshuis HuisKestell op die kampus van die Uni­versiteit van die Vrystaat. Bel die re­dakteur, Vicus Bürger, by 083­704­0950 of stuur ’n e­pos na vicus.bur­[email protected]. Stronk is ’npublikasie van die Volksblad­groep.

Blêrkas Dagprogram08:3008:30 Kreatiewe joernalistiek(Naln­ouditorium)09:0009:00 S11 (Self, kykNET­Scae­na)09:0009:00 Die Tam Tams hou ta­lentkonsert (Koowee­Repte­ater)09:0009:00 Wilma Adriaanse: ’nKlein lewe (UV­Sakeskool, lo­kaal 1)09:3009:30 Oskar en die pienk tan­nie (ATKV­Wynand Mouton­teater)10:0010:00 verSKRIKKElik snaaks(Sand du Plessis­teater)10:0010:00 Mis (Eunice­teater)10:3010:30 A French affair (Kun­stetrust­Odeion)11 1:001:00 Jou eie keuse (UV­Sake­skool, lokaal 1)11:3011:30 SMS: Babakoors! (Koo­wee­Repteater)12:0012:00 Boksballade (kykNET­Scaena)12:0012:00 Zomerhitte (fliek, UV­Sakeskool, lokaal 2)11 2:002:00 Jannie Putter: Wenplanvir die lewe (UV­Sakeskool,lokaal 2)13:0013:00 The F­word (Kampus­toneel, Eunice­teater)13:0013:00 Diskoers 2 (UV­Sake­skool, lokaal 1)13:3013:30 Die vrou vantevore(ATKV­Wynand Mouton­tea­ter)13:3013:30 Klawers en pype (Kuns­tetrust­Odeion)

13:3013:30 Lollos (Eunice­hoër­skoolsaal)13:3013:30 Robin Hood (Koowee­Repteater)13:3013:30 Kaptein Blitz en dieskool vir superheroes (Euni­ce­laerskoolsaal)14:0014:00 Kopstukke (Mango­An­dré Huguenet­teater)14:0014:00 Piet Botha (Aasvoël­klub)14:0014:00 Kaapse Wynland­flieks,prog A (UV­Sakeskool, lokaal3)14:0014:00 Ivan Vladislavi : Therestless supermarket (UV­Sakeskool, lokaal 2)14:3014:30 2 Blondes 2 tango(Sand du Plessis­teater)15:3015:30 Ou blare (kykNET­Scae­na)16:0016:00 Op God sevoete (Kampusto­neel, Eunice­tea­ter)16:0016:00 Nirgendwoin Afrika (fliek,UV­Sakeskool, lo­kaal 3)16:0016:00 Deon Meyer:7 Dae (UV­Sake­skool, lokaal 1)16:3016:30 Die Vagina­monoloë (Eunice­

hoërskoolsaal)17:0017:00 More beautiful piano(Kunstetrust­Odeion)17:0017:00 Blue rain on a Tuesday(Aasvoëlklub)17:0017:00 Dowwe Dolla (Eunice­laerskoolsaal)17:3017:30 Putsonderwater (ATKV­Wynand Mouton­teater)18:0018:00 Draaitafel met diekunste (Eksamenlokaal 4)18:3018:30 Die Bram Fischer­wals(kykNET­Scaena)11 9:309:30 Romanz en Nianell(Sand du Plessis­teater)20:0020:00 Labirint (Eunice­hoër­skoolsaal)22 0:000:00 Grieta kry geleerdheid(André Huguenet­teater)20:0020:00 Jan Blohm (Aasvoël­klub)20:0020:00 Holmakiesie (Eunice­laerskoolsaal)20:3020:30 Duelling guitars (Kun­stetrust­Odeion)

20:3020:30 Elnoraen Nirvana(Koowee­Rep­teater)20:20: 33 00 Beatrix(Eunice­tea­ter)21:3021:30 S11 (Self,kykNET­Scae­na)21:3021:30 Adapt ofFly (Sand duPlessis­teater)

13:00 Wolfgang Marrow14:00 Dirk Somers15:00 Luhann16:00 MarsmoerasToegang R90 (kaartjies slegs van17:00 by die deur)17:00 Wilmien18:00 Henning Joubert19:00 Emo Adams20:00 Die Heuwels Fantasties21:00 All Will Fall22:00 Blueprint23:00 Brian Thompson

Kaptein Blitzmaak helde(nou Super) Theuns du Buisson

KAPTEIN BLITZ is vinnig.Kaptein Blitz is sterk. Hyskilder in sy vrye tyd. Hy islankal oor die muur. Of ishy?

Dit is sommer vroeg alduidelik dat Kaptein Blitz(vertolk deur Frank Opper-man) en die skool vir super-heroes enige iemand in ’n su-perhero kan verander.

Stronk het een van sy ver-slaggewers gister na KapteinBlitz in die Eunice-laerskool-saal gestuur.

Voordat hy gegaan het,was hy maar ’n treurigevent. Dalk meer van ’n super-luiaard as ’n superheld. Metdie verslaggewer se terug-keer, kon hy egter sy stories,insluitend hierdie een, teendie spoed van wit lig lewer.Alles te danke aan KapteinBlitz. As jy Kaptein Blitz seskool vir superheroes by-woon, moet jy nie verwag omdieselfde uit te stap nie.

Jy kan moontlik een vandie gelukkiges wees watvorentoe geroep word om jousuperkragte te ontsluit. Al-mal wat daar teenwoordigwas, het byvoorbeeld gesienhoe ’n klein meisietjie deurKaptein Blitz vorentoe ge-neem word. Sy het geleer hoeom ’n super-skop te lewer.Met slegs haar derde pro-beerslag was die skop sohard dat dit ’n indrukwek-kende byklank oor die luid-sprekers laat dreun het.

Nee kyk, as sy die wind

voor haar kan skop dat ditbreek, kan ’n mens net raaiwat haar skoppe aan iets vanvaste stoffasie sou doen.

Kaptein Blitz bewys ookdat hy steeds die man met dieplan is. Hy het immers in dieverlede van talle maaifoe-dies ontslae geraak. Daarwas Mizz, Die Hoendermanen Dokter Breinboks.

Iemand wat ontploffendeeiers lê, mag dalk erg klink,amper so erg soos DokterBreinboks wat mense met syJack Parow-style hipnoti-seer. Maar geen kan ergerwees as Mizz nie. Nie net kansy onsigbaar word nie, maarhaar soene laat mense seharte tjoklits klop. Dit is im-mers hierdie boosheid watook Gerhard Steyn aan onsgeskenk het.

Maar is Kaptein Blitz noggoed genoeg om vir Mega-byte aan te vat?

Megabyte was vroeër sysidekick, maar toe KapteinBlitz alle eer vat vir hulheldedade het hy hom ver-erg. Hy het toe vir hom’n elektriese pak gebou enskoolhoof van die Laerskool-Booswig geword. KapteinBlitz was vreesbevange,maar op die ou end het hy togsy vrees oorkom en vir Mega-byte verslaan deur die kragaf te sit. Eskom doen dus ookgereeld sy deel om elektriesesuperhelde te bekamp.) Kaptein Blitz en die skool virsuperheroes is vandag om13:30 en Saterdag om 17:00 indie Eunice­laerskoolsaal.

‘Anna’ keer terugHenry Cloete

SY het skuldig gevoel oor sy Annanet so gelos het met bloed op haarhande, het die skrywer AnchenTroskie, oftewel Elbie Lotter, gesêoor haar besluit om ’n opvolg virhaar uiters suksesvolle eerste ro-man, Dis ek, Anna, te skryf.

Elbie Lotter is die skuilnaamwaaronder sy dié roman, wat ge-baseer is op haar eie ervaringeoor seksuele molestering, geskryfhet.

“Toe ek my naam bekend ge-maak het en boeklesings begindoen het, het mense na my gekomen gesê, goed, ons weet nou watvan jou geword het, maar wat hetvan Anna geword?”

Die eerste roman eindig im-mers waar Anna haar stiefpa ver-moor. Die opvolg, Die staat teen

Anna Bruwer, vertel die verhaalvan hoe sy haar oorgee aan diepolisie en die uitgerekte hofsaakwat daarop volg.

Hoewel die moord op die stiefpaen die opvolgroman fiktief is, lêdie temas en die ervaringe watgelei het tot die skryf van die ro-mans vlak. Troskie het dikwelsmet haar hande oor haar wangeen deur haar hare gevee tydensdie gesprek, wat deur dr. Anettede Wet gelei is. Toe ’n gehoorlidopgemerk het dat dit voorkom ofdit vir Troskie steeds moeilik isom oor die onderwerp te praat,het sy geknik en gesê dat dit weldie geval is.

Sy het gesê sy het lank gewik engeweeg oor of sy haar werklikeidentiteit bekend moet maak, tot-dat sy een oggend “skottelgoed ge-was het en na die radio geluister

het”. Sy het toe gehoor hoe RenéBurger na vore gekom het en ge-praat het oor hoe sy ontvoer enverkrag is. René is die suster vandie Springbok Schalk Burger.

“Dit was vir my ’n absolute te-ken,” het Troskie gesê.

As haar stiefpa nog geleef het,sou sy waarskynlik nooit die gutsgehad het om die eerste boek teskryf nie, het sy erken. En dan sousy beslis nooit haar naam bekendgemaak het nie.

Sy het hom nog nie vergewe nie,het sy gesê. “Ek hoop regtig ekkan eendag . . .”

De Wet het gevra waarom dieverhaal in Bloemfontein af-speel.

“Bloemfontein is waar dit allesbegin het,” het sy geantwoord.“Dit het gevoel soos ’n kringloop.Anna moes hier eindig.”

Dr. Anette de Wet(links) gesels met dieskrywer AnchenTroskie. Foto: WILLEMVAN DER BERG

Page 3: Stronk 12/7

BYLAE TOT VOLKSBLAD, Donderdag 12 Julie 2012 3

Bygeloweaan ’t uitsterf. . . behalwe Macbeth en ’n gefluitRuan Bruwer

OFSKOON van die jonger ak-teurs dalk nie meer so vertroudmet die bygelowe in die teater isnie, sal van die ouer spelers jouaanraai omdit liefsnie tehard sênie, veral nie “daai Skotse playnie”.

Van die bekendste teater-tra-disie lui dat dit ongelukkig is omop die verhoog te fluit, of om dienaam Macbeth (die gelyknamigekarakter in ’n William Shake-speare-toneelstuk) in die teaterte sê. Dit sal glo rampspoedbring, sal die aktrise NicolaHanekom jou vertel.

Hanekom, te sien in die stukHol, sê buiten die ongeskrewereël oor Macbeth, is sy nie by-gelowig nie.

“Ek was nog jonk en het ’nklein rol in ’n toneelstuk gehad.Ek het toe ’n bietjie skoor gesoeken al die medespelers aangesêom ‘Macbeth’ te sê.

“Dinge het verskriklik skeef-geloop daardie aand. Die spelershet in goed vasgeloop, een vandie uitrustings (dié van ’n perd)was vol rooimiere en dit het dieaand hard gereën. Die spelerswas almal agterna baie vies virmy. Ná daardie ervaring glo ekverbete aan Macbeth se vloek.Dis real hoor,” het sy gesê.

Die akteur en komponis NiëlRademan wat in 2 Blondes 2 tan-go speel, sê hy fluit graag op dieverhoog. “Ek het nog nooit teë-spoed opgetel nie. Ek heg welbaie waarde aan my Superman-onderbroek. Ek dra dit wanneerek op die verhoog gaan. Ná tweejaar is dit al voos gedra,” erkenhy. Hy gee ook toe dat hy ietwatmoedswillig is wat bygeloweaangaan.

Volgens Stian Bam, wat hierin Die rebellie van Lafras Verweyen Die vrou vantevore op die ver-hoog is, het hymeestalmaarnog

net gehoor van hierdie by-gelowe. “Jy probeer maar daar-die ongeskrewe reëls eerbiedig.Ek onthou as student sou jy ge-slaan word indien jy op die ver-hoog fluit. Ek het dit (bygelowe)nog nie op die proef gestel nie,”het hy gesê.

Baie van die bygelowe is vol-gens die akteur Chris vanNiekerk aan die uitsterf.

“Dit is deur die generasiesoorgedra, maar ek dink nie ditword meer vir die akteurs ge-leernie.Dismoontlik toe te skryfaan die teater wat so veranderhet. Ek weet baie akteurs glo nogaan die fluit-ding.

“Ek sit byvoorbeeld nie myskoene op die tafel nie, nie uitvrees nie, maar omdat ek so ge-leer is.”

Van Niekerk glo nie aan “Mac-beth se vloek” nie. “In Grieta krygeleerdheid word die woord baiegebruik, tog was daar nog nierampspoed vir ons nie.”

Margit Meyer-Rödenbeck sêsy het ek nie eintlik tyd om aanbygelowe voor vertonings tedink nie.

Die teaterregisseur Marthi-nusBassonsêhyhetal tweenareervarings met Macbeth gehad.“Dit was hel en onaangenameproduksies om te doen,” het hydit verduidelik. “Ek probeer omnie regte blomme op die verhoogte gebruik nie en is bang vir diekleur groen, maar verder glo eknie juis aanhierdiegoednie en isvan mening dis aan die uitsterf.”

BygeloweVan die meer algemenebygelowe in die teater is:V Akteurs moet nie in blou ofgroen op die verhoog gekleewees, tensy dit met ietssilwers gekombineer word nie.V Jy moet nooit voor ’nvertoning vir iemand ’n ruikergee nie, jy moet dit eers metjou spel verdien.V Daar moet liefs nie pouvereof ’n spieël op die verhoogwees nie. Indien wel, sal chaosvolg.V Daar moet altyd ’n lig in ’nleë teater brand. Dis om diespoke weg te hou.V Dit word as slegte gelukbeskou om op die verhoog tefluit.V Jy moet nie iemand sterktetoewens nie. Sê eerder “breaka leg”.V Om die woord “Macbeth” tegebruik gaan ekstremeteespoed bring. Indien jy perabuis wel die woord gebruikhet, moet jy drie maal in dierondte draai en die lelikstevloekwoorde opsê wat jy kenof alternatiewelik spoeg nájou drie rondomtalies.V Party akteurs glo indien jymet die teks onder jou kussingslaap, jy jou woorde maklikersal leer.V Daar moet nie regte geld opdie verhoog gebruik word nie.

‘‘Ek heg baie waarde aan my Superman­onderbroek. Ek dra dit wanneer ek op dieverhoog gaan. Ná twee jaar is dit al voosgedra . . .— NIËL RADEMAN, AKTEUR EN KOMPONIS

Mario Lategan vertolk die rol van Maria Maraia Malan, die nare stief­ma, in die produksie Sneeuwitjie. Foto: LIZE VAN DEN BERG

Sneeuwitjie ontlokgemengde gevoelensLeandré Blume enLize van den Berg

DIE produksie Sneeuwitjie, watop die Vryfees vertoon word, het’n feesganger die josie in.

Hanlie Saaiman (46), ’n inwo-ner van Bloemfontein, sê dieproduksie is die vulgêrste ver-toning wat sy nog gesien het.Volgens haar bevat dié verto-ning “onsmaaklike homosek-suele ondertone”. Volgens haarbehoort dit ’n ouderdoms-beperking van 18 te hê. Sjoe, tan-nie Hanlie . . .

“Dis die eerste keer wat ek myskoonma na ’n vertoning toe vaten ek het my kop in skaamte laatsak tydens die vertoning,” sê sy.

Hanlie sê sy is self gay. Sy wasso teleurgesteld in die vertoningdat sy haar geld wil terugeis.

Sneeuwitjie en die 4 dwergies(die ander 3 het geëmigreer) is ’nLionHeart-produksie saam metdie Oranje-Blomme-Unie watvroeër in die Mango-André Hu-guenet-teater opgevoer is.

Dit is ’n pantomime-produksiewat met blommeteater saamge-voeg is om ’n skreeusnaakseweergawe van dié sprokie uit te

beeld en is die eerste blompanto-mime wat in Suid-Afrika opge-voer is.

Niel van Niekerk, die regis-seur van die toneelstuk, sêmense wat aanstoot neem, misdie hele idee agter pantomime.

Daar is glad nie ’n doelbe-wuste bespotting met homosek-suele mense nie, maar daar iswel ’n homoseksuele ondertoonteenwoordig, soos in die meesteander pantomimes.

Die opkoms vir dié produksiewas goed.

“Ons het nog net goeie terug-voer gekry,” sê Niel.

Nie almal voel dieselfde oorSneeuwitjie as Hanlie nie.

Leana Lategan (57) en RenéLombard (87) het die produksiegeniet omdat dit ’n plaaslike énuniversele hoek het. Oor diekommentaar sê hulle: “Dit is nienodig om ’n ouderdomsbeperk-ing in te stel nie, kinders se on-skuld beskerm hulle.”

In die produksie word gespotmet onder meer rugby en poli-tiek. Die Mangaung-metromuni-sipaliteit, pres. Jacob Zuma enJulius Malema het ookdeurgeloop.

Page 4: Stronk 12/7

4 BYLAE TOT VOLKSBLAD, Donderdag 12 Julie 2012

Politieke riller na aan die werklikheidJan Gerber

DIE openbare belang versus ’n politiekeparty se belange. Politieke inmenging.’n Leierskapstryd. Die terme “comrade”en “bloody agents”.

Dit is die agtergrond waarteen Mikevan Graan se politieke riller Green ManFlashing afspeel. ’n Mens kan dink ditis op onlangse nuusgebeure gegrond,maar jy sou verkeerd wees. Dit is reedsin 2004 vir die eerste keer opgevoer,nog lank voordat pres. Jacob Zuma vanverkragting verdink is.

In ’n geval waar die werklikheid fiksienaboots, is dit juis op Zuma wat diekarakter waarom die intriges in die dra­ma afspeel, gegrond is, het WisemanSithole, een van die hoofkarakters, gis­ter tussen happies jogurt vertel kort nádie eerste vertoning onder Hennie vanGreunen se regie op die Vryfees.

Sithole het kort voordat hy op diekykNET­Scaena­teater se verhoogmoes wees in Bloemfontein aangekomnadat hy Shakespeare se MidsummerNight’s Dream in Grahamstad opge­voer het.

“Ek was bang ek sê Shakespeare­dialoog!” het hy gelag, maar bygevoegdit is darem nie baie moeilik om so tus­sen rolle te verwissel nie.

“Ek is al ’n paar keer om die blok. Ekhet in 1997 by die Universiteit vanKaapstad graad gevang.”

Hy het gesê hy hoef nie veel navor­sing te gedoen het nie vir sy rol as poli­tieke apparatchik Aaron Matshoba nie,omdat Van Graan se teks so sterk engoed nagevors is.

“Mike het in KwaZulu­Natal gewoonin ’n tyd toe daar baie politieke span­ning was,” het hy bygevoeg.

Godfrey Manenye van die Kovsie­dramadepartement wat die toneelstukgekyk het, het gesê dié drama is baierelevant vir die hede.

“Dit is nogal goed – ’n interessanteverwerking van wat ek vantevore ge­sien het,” het hy gesê.

Verfilmde dele van die storielyn isagter die verhoog vertoon.

Manenye het gesê gewoonlik is hynie baie entoesiasties oor projeksiesnie, maar hier het dit goed gewerk.

Ook Braam Muller van Bloemfontein

het ’n vorige speelvak gesien en hymeen die projeksies het gehelp om diestorie­elemente te bind.

“Baie boeiend, interessant gedoen,”het hy die toneelstuk beskryf.) Green Man Flashing word nog

môre 20:30 in die kykNET­Scaena­teater op die Kovsie­kampus opge­voer.

Hier is Charlton George en Anthea Thompson met die vertoning van Green Man Flashing. Foto: JAN GERBER

Brümilda van Rensburg, JoanieCombrink en Illse Roos hetbaie gemeen.

Eersgenoemde twee is in die-selfde jaar ’n maand uit me-kaar gebore, Illse en Brümildahet in die sepie Egoli om die-selfde man (Chris Edwards)baklei; al drie is onder die breëpubliek meer vir hul gesig opdie kassie bekend as vir hulspel op die verhoog; al drie seskoonheid is steeds opvallendná al die jare; en al drie wasmaar nog selde voorheen op dieVryfees op die verhoog.

Al drie is vanjaar hier op dieplanke – Brümilda in Die vrouvantevore, Joanie in Ou blareen Illse in Labirint.

Ruan Bruwer het hulle dievolgende vrae gevra.

) Wanneer laas was jy op dieverhoog?) Wat het jou weer terug ver-hoog toe gelok?) Wat het jy die meeste vandie teater gemis?) Hoeveel keer vantevore hetjy al op dié fees opgetree?) Wat is jou indruk(ke) vandie Vryfees?) Wat is jou gunsteling-kunste-fees?) En jou gunsteling-teater indie land?) Hoe staan jy in die bedryf ofonder jou kollegas bekend?) Wat is die beste verhoogtekswaarmee jy nog gewerk het?) As watter TV-karakter wordjy die meeste herken?) In watter mate is jou tele-visie-bekendheid ’n voordeelom teatergangers na ’n verton-ing te trek?) Wat was jou heel eerste pro-fessionele verhoogwerk?) Wat was jou eerste keer optelevisie?) Wat doen jy vyf minute voor-dat jy op die verhoog gaan?) Het jy enige bygelowe in dieteater?

Dié drie onder vier oë

Van links is Illse Roos, Brümilda van Rensburg en Joanie Combrink. Foto: Willem van der Berg

– In 2006 in die musiekteaterproduksie Bloukafee.– Die stuk (Labirint) het met my gepraat. Ekwou boonop ’n bietjie wegkom van televisie-werk.– Die lengte van die werkproses – dis nie so in-stant soos met die sepies nie. Jy kan jouself indie teks ingrawe en lank daaraan repeteer.– Nog nooit. Ek het laas in Bloemfontein in diedestydse (en lieflike) Sterrewag-teater opge-tree.– Feesgangers is warm en gemoedelik.– Daar is een fees wat ’n spesiale plek in myhart het – die Kalfiefees op Hermanus.– Die Sand du Plessis-teater, die ou Sterre-wag, wat baie spesiaal en wonderlik vir kaba-ret was sowel as die HB Thom-teater op Stel-lenbosch (waar ek my voete gevind het).– Net as Ilse of Illie.– Anton Chekhov se Drie susters.– Lynette Strydom in Egoli en Isabelle in 7deLaan.– Ja dit help. Veral as die mense jou werk opdie televisie geniet.– Brecht on Brecht deur Bertolt Brecht in 1989.– Adam in 1989.– Ek drink rooibostee met heuning. Ek haaldiep asem vir genoeg suurstof en vra my gu-ardian angel om met my te wees op die ver-hoog.– Kom ons sê net ek eerbiedig die geeste vandie green room.

– Agt jaar gelede in Pieter Fourie se Die koggel-manderman.– Marthinus Basson (regisseur, Die vrou vante-vore).– Die adrenalien.– Nee, dis my eerste keer hier op die verhoogtydens die fees. Ek het wel al in Bloemfonteingespeel.– Die warm hartklop van die mense hier is op-vallend.– Nee, ek kan nie een uitsonder nie.– Die Kunstekaap-teater in Kaapstad. Ek hetvir drie jaar daar dag en nag toneel gespeelhet.– Brüms.– The Merchant of Venice, ’n tragiese-komediedeur William Shakespeare sowel as Tennes-see Williams se A streetcar named Desire watin Afrikaans vertaal is as Trem se naam Be-geerte.– Louwna in Egoli.– Ja, dis dalk tog voordelig.– Die Plaasvervangers deur Pieter Fourie in1979. Dit moes weens die politieke ondertoonná twee weke van die planke afgehaalword.– Nie vanweë die duisternis in 1981.– Nadat ek klaar gebid en dankie gesê het, salek myself so ’n bietjie sielkundig opwerk en inkarakter gaan.– Nee, niks nie.

– Baie onlangs, op die Woordfees in Die gras isgroener.– In Ou blare is dit die saamwerk met Leon Kru-ger wat my tot die stuk aangetrek het.– Omdat ek nie so lank afwesig was nie, is hier-die nie regtig van toepassing nie. Ek geniet welbaie die repetisies van ’n toneelstuk en die tydtot jou beskikking om die teks deur te werk.– Twee keer. In 2007 in Bestemmings en in 2001in Dalk is ons almal só.– Die Vrystaatste vriendelikheid is opvallend.– Ek hou van die Vry- en Woordfees (op Stellen-bosch). Veral die verskeidenheid van dieWoordfees en dat dit naby aan die huis is.– Die Klein Libertas-teater op Stellenbosch. Diedestydse Sterrewag-teater was ook wonderlik.– Net as Joanie.– Yerma deur Federico García.– As Sterretjie in die reeks met die gelyknamigetitel en as Jakoba in Namakwalanders.– Dié sepie-akteurs lok vir seker mense na dieteaters.–Susannadie geliefde indie laat 1990’s. SusanneBeyers het hierin gespeel.– In Gazette in 1981.– Ek raak ongelooflik benoud en moes aleen keer letterlik tot op die verhoog gestootword. Ek hou myself eenkant, haal diepasem en praat myself moed in. Dis vir myswaar.– Nee, net my roetines wat in ’n sekere volgordemoet gebeur.

Illse Brümilda Joanie

Page 5: Stronk 12/7

BYLAE TOT VOLKSBLAD, Donderdag 12 Julie 2012 5

Twiets oor die#Vryfees

@ATKVSA: Alles is beter in Afrikaans! Bougees by die fees! #vryfees@cathydelange: Vanoggend Die VrouVantevore gesien. Ongelooflik.@volksbladnuus #Vryfees@chris10ferreira: #vryfees saam goeievriende , lekker weer en trots in ons harte!@luciatempel: Hierdie #vryfees vibes loopsoos ’n haai op ’n haai katrol.@juffrou_visser: @MargoOlivier@StronkKoerant. Dankie vir die smartartiekel! #Vryfees@UFS_SRC: @ATKVSA @Vryfees BlêrKasdalk? Hehehe! ATKVSA Wie het gesê dis netmense wat @Vryfees hou.... #vryfees@ChristoffBeukes: Wimpy breakfast oppadBloem toe! #Vryfees hier kom ons...ChristoffBeukes en die Bywoners! 15:30 by die Blerkas!

Kom speel met Oz­diereTheuns du Buisson

“DIE hele ding is oorspronklik gemaakvir dronkmense by die Splendour in theGrass-fees in Australië, maar dit lyk da-rem of die kinders dit ook baie geniet.”

Só sê Matt Ditton, die hoof aan dietegniese kant van Curious Creatures watdie eerste keer in Suid-Afrika aangebiedword en nogal op die Vryfees.

Curious Creatures is ’n interaktieweproduksie. Dit behels ’n trop oulike, togvreemde, diertjies wat as skadubeelde op’n groot skerm geprojekteer word. Wan-neer ’n mens dan voor ’n sensor verby-

loop, verskyn jou basiese vorm op dieskerm. Die oulike gedroggies kom dannader, as jy stadig beweeg, maar wan-neer jy enige skielike bewegings uitvoer,sal hulle weghardloop.

Volgens een van die spanlede sal ditmoontlik wees vir ’n mens om op diediertjie te klim, sou jy hom kon mak-maak, waarna hy sal begin dans.

Stronk kon nog niemand opmerk watdit reggekry het nie. ’n Stronk-ver-slaggewer het self ook probeer, maarsonder enige sukses.

Op die Splendour in the Grass-fees soudie diertjies blykbaar met mekaar paar

as jy hulle streel, maar hierdie is ’ngesinsfees en hulle sal maar hul drangein die Vrystaat in toom moet hou.

Die Curious Creatures-projek is begindeur ’n klomp kunstenaars wat in ’n la-boratorium in Nieu-Suid-Wallis byme-kaargekom het. Splendour in the Grasshet toe 40 000 Australiese dollar vir dievervaardiging daarvan gegee.

Rigardo Peach, ’n oud-Suid-Afrikanervan die interkunskantoor van die Aus-traliese kunste, was ook deurgaans bydie projek betrokke. Hy het vertel dat hybaie trots is om hierdie unieke kunswerkna sy geboorteland te kon bring.

Feesgangers “speel” met die vreemde diertjies van Curious Creatures. Foto: CHARL DEVENISH

Jan Gerber

“DIS koud. Baie koud,” dink DieKapenaar, kort nadat hy inBloemfontein aangeland het.

Hy en sy kameraad het al diepad uit Kaapstad gery om dieVryfees by te woon.

Hulle wou met ’n rooi af-slaankap-Cadillac gereis het. Aandie regte kant van die Hexrivier-berge (die kant naaste aan diesee) het dit gereën, so hulle souin elk geval die afslaankap moesopslaan, wat so half die puntmis.

Maar die hoofrede hoekom hulkoets ’n wit Golf was, is omdathulle arm joernaliste is.

Op sy tweede aand in Bloem,Maandagaand, sleep Die Kape-naar se kameraad en ’n Bloem-fonteiner hom na die MysticBoer. Hulle ry van die Kovsie-kampus af na die kuierplek.

“Dit lyk soos Bellville,” dinkDie Kapenaar, en wonder hoe-kom hier nie cool bands uitBloemfontein kom nie.

Hulle ry deur Tweede Laan, endaar word verduidelik dit iswaar al die kuierplekke is.

“O, soos Langstraat,” sê DieKapenaar en kyk by die motor-ruit uit. “Net anders . . .” voeg hytoe by.

In Mystic Boer is die enigsteander mense (behalwe die kroeg-man en kelnerin) drie jong mei-sies.

Later kom daar nog mense, enDie Kapenaar besef sy jeans sitdie styfste in die hele plek.

“A,” dink Die Kapenaar. “Ditverklaar die gebrek aan coolbands.”

Die musiek in Mystic Boer ont-stel Die Kapenaar. Dit is meesalcovers van liedjies wat groot wastoe Die Kapenaar kort ná diedraai van die eeu ’n Stellenbossevoorgraadse student was.

Die Kapenaar ontmoet ook ’nmeisie wat ruiterlik erken dat sy’n geswore Vryheidsfront Plus-ondersteuner is.

Dié klas van ding gebeur nie inDie Kaap nie.

In die paar dae wat volg, hoorDie Kapenaar die verskriklikstemusiek, die mees ontstellende iscovers van Green Day-songs.Steeds is sy jeans die styfste.

Hy verlang so ’n bietjie naKaapstad, waar die koue nie sodeur jou bene sny nie en hyvoel hy hoort.

Later vra ’n Bloemfonteiner:“Wat dóén ’n Kapenaar in Bloem-fontein?”

“Hulle gebruik Kaapse slengwat ons nie volg nie, soos ‘bum’n entjie daar’. Wat? En hullewens die heeltyd hulle kan terug-gaan Kaap toe. Die heeltyd,”beantwoord die Bloemfonteinersy eie vraag.

Die Kapenaar weet darem niehiervan nie.

Hy kan nog ’n dag of twee hierbly, al moet hy heeltyd covershoor en die styfste jeans dra.

En al is dit koud.Só baie koud.

’n Pot vol stronk

’n Kapenaar in Bloem

Page 6: Stronk 12/7

6 BYLAE TOT VOLKSBLAD, Donderdag 12 Julie 2012

Fischer anders uitgebeeldKalmer slaag daarin om ’n ander sy van Bram te wysJan Gerber

AGTER die Marxistiese dok-trines, die advokaat van die ANC-leiers tydens die Rivonia-ver-hoor, die James Bond-agtigevoortvlugtige en die Vrystaatseboerseun wat as volksverraaieruitgekryt is, was Bram Fischer ’nmens.

’n Mens wat gelukkig was wan-neer hy vir sy kinders saans kla-vier gespeel of hardop die wals-ritme uitgetel het terwyl hy metsy vrou, Molly, dans.

Dit is die mens wat Harry Kalm-er in sy nuwe toneelstuk, DieBram Fischer-wals, wou uitbeeld.

Kalmer het gister ná die dramase eerste vertoning in die kyk-NET-Scaena-teater vertel hy is“oud genoeg” om te onthou toe ’nvermomde Fischer ondergrondsmoes gaan om die apart-heidsowerhede te ontglip en “daaiJames Bond-lewe” gelei het.

Kalmer was gefassineerd. Laterhet hy op die Tube in Londen ’ntoespraak van Fischer gelees (watook in die toneelstuk te hoor is) enbegin huil. Hy het nóg oor Fischerbegin lees.

“Ek het dit in die apartheidjareprobeer doen, maar dit was tecomplicated,” het hy gesê.

Later het hy kans gekry om met

Fischer se mede-kommuniste tegesels, asook met sy dogter, Ilse.So kon hy ’n prentjie van die mensagter die karakter in geskiedenis-boeke kry.

“Dit was goeters wat nêrensaangeteken is nie,” sê hy oorbrokkies soos dat Fischer vir sykinders klavier gespeel en hardopgetel het wanneer hy met sy vrouwals.

Hy was ’n bietjie bang, hetKalmer gebieg.

“Hier was dalk vandag mensewat vir Bram onthou. Sy broers-kinders woon nog in Bloemfon-tein,” het hy gesê.

Dit was ook ’n doelbewustebesluit dat die eerste speelvakhier in Bloemfontein – Fischer segeboorteplek – sou wees, voordatdit na Stellenbosch se Woordfeesen hopelik na Europa gaan.

“Hy verteenwoordig diewaardes van die ou ANC. Hy wasdeel van hulle.”

“Ek was bang dat mense gaandink dit is irrelevant, so ek is baiebly daar was so baie mense,” hetKalmer gesê.

David Butler, wat Fischer ver-tolk het, het vertel ’n tannie het nádie vertoning na hom gekom enhom bedank, want sy het vir Fis-cher geken en hy het hom aanhaar herinner.

Kalmer het eenkeer vir Butlerraakgeloop en besef hy lyk nogalbaie na Fischer.

Butler wil egter nie vir Fischernaboots nie. “Jy probeer die per-soonlikheid herskep. Dis exciting.Jy moet al die navorsing doen en

‘n karakter skep uit die skrywerse woorde,” het Butler gesê.

Hy meen dit is jammer dat Fis-cher se rol in die struggle miskenword, siende dat hy onder meervir Nelson Mandela verteenwoor-dig het in die beroemde Rivonia-

verhoor.“Dit is nie genoeg dat daar net

’n paar strate na hom genoemword nie,” het hy gesê.) Dié drama word weer vandag om18:30 en Saterdag om 13:30 in diekykNET­Scaena­teater opgevoer.

David Butler as Bram Fischer in Harry Kalmer se toneelstuk Die Bram Fischer­wals. Foto: Jan Gerber

Stalletjie met luukseware ‘fees in ’n fees’Jan Gerber

DIE niksvermoedende Vryfees-ganger wat by Sonnedou se gazel-lie instap, sal waarskynlik die stal-letjies daar betrag en dink: “Hmm-mmm, dié stalletjies lyk nie soosdie ander op die fees nie.”

Jy gaan nie daar Chip ’n Dip kankoop nie. Die snuisterye lyk luuksen die oorsprong is duidelik nieChina nie.

“Dit is presies wat ons wil hê,” sêElsabé Scholtz, een van die uit-stallers daar saam het haar susterJeanetta Burger.

Burger vertel hulle kry nogal ’n

goeie reaksie van die feesgangers.“Al die ouens kom hier en sê dit

lyk anders. Ons teiken ’n nismark,dis nie elkeen wat hou van wat onshier het nie,” sê sy.

Die stalletjies is onder die vaan-del van Iewers Nice, ’n Bloemfon-teinse restaurant. Een van die eie-naars, Andries Coetzee, vertel aldie kunstenaars in die Sonnedou-gazellie stal ook hul ware in dierestaurant uit.

Hy sê ook hul doel is om pret tehê. “Dis ’n fees binne ’n fees om ’nbietjie atmosfeer te skep.

“Ons is verbaas oor hoe goed ditgaan,” het Coetzee gesê.

Jeanetta Burger, een van die uitstallers by Iewers nice in die Sonnedou­gazellie, vertel sake verloop flink. Foto: JAN GERBER

Page 7: Stronk 12/7

BYLAE TOT VOLKSBLAD, Donderdag 12 Julie 2012 7

Kindersmet projekgehelpStalletjie boonop besteSimoné Haggard

DEUR ’n verskeidenheid vanprodukte met hul eie hande temaak, bly kinders met gedrag- enleerprobleme, asook dié wat afhank-lik aan dwelms en drank is, uit diekwaad.

Die Donkiekar Mieks “grill”, watverlede jaar en boonop vanjaar weeras die beste buitestalletjie op dieVryfees aangewys is, is vanjaarweer op Kovsie-kampus te sien.

Uitdagende kinders tussen 8 en 17jaar (“mix grill”) uit die Xhariep-distrik maak onder meer lapverf,mosaïek, tuisgebakte koekies en an-der handgemaakte produkte wat bydié stalletjie verkoop word. Dieprodukte is ook van uitstaande ge-halte.

Van die kinders in die groep hetfisieke probleme. Die wins van diestalletjie word aan 14 verskillendeskole van die betrokke leerlinge indie Xhariep-distrik geskenk.

Dié unieke projek is deur Erna

Liebenberg en Dorian Ben Attarvan die onderwysdepartement be-gin.

Erna het verduidelik waar diestalletjie se naam vandaan kom.

Volgens haar ry van die leerlingein Xhariep met donkiekarre skooltoe. Erna sê die donkiekar is ook ’nsimbool van die platteland.

“Mieks ‘grill’ verteenwoordig diemengsel van diverse leerlinge van’n wye spektrum . . .”

Die doel van die projek, volgensErna, is om “ ’n droom (by diekinders) wakker te maak’’.

Sy sê hulle wil die kinders laatbesef hulle is tot meer in staat enkan beter op skool vaar.

“Dit leer hulle selfvertroue.”Ashaan Booysen (12) is ’n gr. 6-leer-ling van Middelbare Skool Oran-jekrag by Gariepdam. Hy maakharte en kruise uit draad vir diestalletjie.

“Die projek help baie mense,” sêhy. Hy geniet die fees baie en houook van die naam Vryfees.

Elvis Blue steel harte op Vryfees. Hier is Elvis Dinsdagaand in die Aasvoëlklub buite Bloemfontein. Ditis die eerste keer wat hy op die Vryfees te sien was. Hy het ook gisteraand in die Blêrkas opgetree.Foto: LIZE VAN DEN BERG

Feeskos meer as ’n mondvolmondvolFrancois Theart

HIERDIE jaar op die Vryfeeskan jy byna enige soort koskoop waaraan jy kan dink –van lippe-aflek-lekker koeken vars seekos tot regteegte braaikos en ’n reuse-ver-skeidenheid aartappel-geregte.

Stronk het ’n bietjie op diefeesterrein rondgeloop engaan uitvind wat alles daar isom aan te smul. Hier is vandie plekke waar mense heer-like kos kan koop.VV Iewers Nice verkoop lamkerrie,pap en kaiings, stampmielies enselfs beesstert. Daar is ’n koffie­kroeg en ’n klein deli met soetge­bak. Daar is ook heelwat sitplekmet musiekgroepe wat gereeldoptree.VV By Lig­restaurant kan jy rustigaan muffins, omelette, crois­sants en selfs quiche smul. Hullehet ’n sop­van­die­dag, asook la­sagne en hoenderpastei. Wat van’n sny koek? Hier is enige geurwat jou hart begeer.VV Die Mondvol het heerlikeboereworsrolle, vleispasteie enroosterkoeke.VV Die NG kerk Ooshoek se kos­stalletjie verkoop jaffels, panne­koeke en sosaties.VV Sausage Twister verkoop dietradisionele “chip twister”, maarmet ’n worsie binne. Klink lekker,nè?VV By een van twee Chip ’n Dip­

stalletjies kan jy vars tjips metheerlike souse koop.VV Daar is ook verskeie stalletjieswat die beroemde “chip twis­ters” verkoop.VV Wat van piesangs gedoop inkaramelsous? Caramel Bananassal 'n mens se smaak­sintuig be­hoorlik prikkel.VV Colin’s Kudu Stall verkoopkoedoeburgers, koedoesosaties,koedoesteaks – alles met regtekoedoevleis.VV Hier in die hartjie van die Vry­staat is ook seekos. Gaan maak’n draai by Fish ’n More. Hier kanjy kies tussen vis, calamari, rys entjips of selfs ’n groot combo vanalles.VV Calamari Safari verkoop nie

net calamari nie. Hier kry jy ook ’ncorma­stick (’n kaasworsie be­dek met blokkies aartappels).Hulle verkoop ook seekosburgers.VV Stirfry Queen dis onder meerhoender, bees en selfs prawnsmet groente en noedels op.VV Something Sweet is ’n soet­tant se droom. Hier wordspookasem, slushies, roomyse enmelkskommels verkoop.VV Country Kitchen verkoopsampioene, skilpadjies en ’ngroot verskeidenheid burgers.VV En dan is daar natuurlik Kobusse Gat. Daar kan jy onder meerontbyt en potjiekos eet.

En daar het jy dit. Niemandhoef op die Vryfees honger tely nie.

Ruben van Zyl (12) van Bloemfontein hap ’n worsbroodjie opdie Vryfees. Foto: LIZE VAN DEN BERG

Julle sê

‘‘Ek het nie een een ysbeer in die Kruger­wildtuingesien nie – hulle is almal in Bloemfontein . . .— ’N ANONIEME FEESGANGER

‘‘Kyk hoe lelik is jy. Dis seker net ’n ketel wat virjou sal fluit.— AANHALING UIT DIE PRODUKSIE SNEEUWITJIE

Page 8: Stronk 12/7

8 BYLAE TOT VOLKSBLAD, Donderdag 12 Julie 2012

Krieketspelers van die Chevrolet­Knights­krieketspan kom stil hul honger op die Vryfees. Gerhardus Lieben­berg (links) en Morné van Wyk het gister heerlik by De Vette Mossel op die Vryfees geëet.Foto: WILLEM VAN DER BERG

‘Ek islief virmy taal’Skrywer tuis op feesMargo Olivier

DIE Tshwane-universiteit vanTegnologie het ná drie jaar weerAfrikaanse produksies op dieplanke en een daarvan word opdie Vryfees opgevoer.

Op God se voete wat op die feeste sien is, is een van die oud-Bloemfonteiner Kingdom Mo-shounyane se nuwe skeppings.Dit is die onder regie van Oba-keng Kgwasi.

Kingdom het in 2001 sy graadin drama en teaterkuns aan dieUniversiteit van die Vrystaat(UV) voltooi.

Daarna het hy sowat twee jaarlank by Pacofs as ’n ontwikkel-ingsbeampte gewerk. Kingdomwas ook van 2003 tot 2009 ’n deel-tydse lektor by Kovsies voordathy Bloemfontein vir Pretoriaverruil het om anderteatergeleenthede te gaan onder-soek.

Hy hou daarvan om nuweproduksies te vervaardig.

Kingdom beskou homself as ’nreisiger en wil homself nielanger as vyf jaar tot een plekbind nie.

Op God se voete word deur ’ngroep TUT-studente opgevoer.Obakeng het die choreografiegedoen.

Hierdie verhaal gaan oor ’nAfrikaanse digter wat terugkeeruit die dood en wil wraak neemop ’n dorpie en die mense wat virsy dood verantwoordelik was.

Nog ’n Afrikaanse produksievan Kingdom, Aasvoëls, isvroeër vanjaar by TUT opge-voer.

Hy sê hy doen meestal dieAfrikaanse produksies op aan-vraag van sy studente en omdathy ’n sterk Afrikaanse agter-grond het.

Hy het immers in Bloemfon-tein grootgeword.

Kingdom sê hy is lief vir dietaal en geniet dit om op Afri-kaanse feeste soos die Vryfeesop te tree.

Kingdom Moshounyane Foto: LIZE VAN DEN BERG

Henry Cloete

“DAAR bestáán nie iets soos gay-kuns nie,” het die bekende akteurChris van Niekerk gister gesê opdie bespreking ’n Gay kunstenaar:Is daar dan gay-kuns ook?

“Jy kan dit nie so klassifiseernie. As jy dit doen, sluit jy soveelmense uit, so ’n groot gehoor,” hetVan Niekerk gesê tydens diegesprek, wat deur Hennie vanColler gelei is en waaraan die fo-tograaf en skrywer Renéy War-rington ook deelgeneem het.

Van Niekerk het deur diegesprek volstaan met dié punt.

“Maar wat van environmentalart?” het Warrington in ’n sta-dium aan Van Niekerk gesê oordie klassifisering van kuns in diésoort kategorieë. “It’s still art!”was die antwoord.

“En proteskuns?” het Van Col-ler bygevoeg. “Dis steeds kuns!”het Van Niekerk beklemtoon.

Algaande is daar egter eerderverwys na “kuns met ’n gay-tema” as “gay-kuns”.

Van Coller het daarop gewys

dat sommige lesers steeds “afge-sit” word deur die werk van skry-wers soos Koos Prinsloo, JeanneGoosen en Hennie Aucamp, al isdit allermins nuwe werke.

“Ek het nog nooit aan HennieAucamp gedink as ’n gay kunste-naar nie,” het Van Niekerk ge-brom.

Volgens Warrington is daarhard agter die skerms gestry oordie bemarking van haar romanOktober en of dit bemark moesword as ’n “gay”-roman. Daar isdaarteen besluit. “Soos jy sê, dit

sluit mense uit,” het sy gesê.Daar is “lankal” ’n groot aan-

vaarding van gays in Suid-Afrika,het Van Niekerk gesê en bygevoegdat die Waarheid-en-versoenings-kommisie ’n rol daarin gespeelhet. “Mense het besef hoe daar virhulle gelieg is, hoe daar gelieg isoor politiek. Toe mense besef hetdit is leuens, het hulle ook besefdit is ’n leuen dat moffies ver-keerd is en hel toe gaan.”

Uit die gehoor, wat die lokaalvolgesit het, is opgemerk dat kunsmet gay-temas wel nodig is. War-

rington het genoem dat sy al ap-plous ontvang het wanneer sy oppraatjies genoem het dat sy ’n ro-man met ’n gay-tema geskryf het.

Van Niekerk het teruggekeerna sy punt oor “gay-kuns”.

“Is ’n skildery van ’n kaal man‘gay-kuns’?” het hy gevra.

Nee, het Warrington en ledevan die gehoor kopgeskud.

“Wat van twee kaal mans?” hetiemand in die gehoor geroep.

“Dan’s dit nie meer kuns nie,”het Van Niekerk gelag. “Dan’s dit’n andervormvan entertainment!”

‘Gay­kuns’ onder die vergrootglas

Geldtekort ‘bevorderkreatiwiteit in ’n mate’Ruan Bruwer

DIE gespreksgenote in gisterse eerste diskoersreeks hethoofsaaklik met mekaarsaamgestem dat ’n gebrek aangenoegsame finansiering virnuwe Afrikaanse rolprente enverhoogstukke ’n negatiewe in-vloed op kreatiwiteit het.

Mike van Graan, uitvoerendedirekteur van die Afrikakunste-instituut, het soos sy mede-gespreksgenote sy frustrasiemet beperkte geld uitgespreek,maar glo dis nie noodwendignét ’n slegte ding nie.

Hy reken dit bevorder in ’ngroot mate kreatiwiteit onderkunstenaars.

Van Graan het die voorbeeldgenoem van Artscape wat metvyf stukke na die Grahamstadse

kunstefees is en dieselfde stelvir almal gebruik het om so geldte spaar.

Volgens hom is daar nou eint-lik meer geld beskikbaar asvroeër jare, hoofsaaklik danksydie Lotto, maar dit word niegoed en eweredig versprei nie.

Ofskoon die Australiese re-gering ruim tot dié land sekunste bydrae, is dit volgensdr. Ricardo Peach, waarne-mende direkteur: Inter-Kuns,van die Australiese kunsraad,steeds nie genoeg nie. “Daar isook maar probleme in Austra-lië. Ons kunstenaars is steedsin ’n groot mate verplig om ’naddisionele bron van inkomstete hê.”

Hy sê die moontlikheid moetnie uitgesluit word dat Suid-Af-rikaners oorsee vir finansie-

ring moet aanklop nie. “Onge-lukkig sal jy vir hulle iets moetbied om in jou produk te belê.”

Volgens die akteur Deon Lotzis die publiek geneig om ’n fliekas ’n “kunsfliek” te bestempelsodra dit nie op die breër pu-bliek gemik is nie. Hier het hydie voorbeeld van Roepmanen Skoonheid (waarin hygespeel het) genoem.

“Sulke flieks word net by ge-selekteerde plekke en teatersvertoon. Ek twyfel of Skoonheidooit ’n wins gemaak het. Onsmoet kyk hoe ons ons rolprentebeter kan bemark. Wat is die Os-cars anders as ’n bemarkings-geleentheid vir hul rolprente?

“Ons moet onsself ook dievraag afvra of ons ’n mooi filmwil maak of een waarvan diemark gaan hou en ondersteun.Dis ’n dilemma,” het hy gesê.

Hy dink nie daar is baieruimte om te waag met nuweidees vir nismarkte sonder fi-nansiële waarborge nie. Diemin bemarkingswaarde wat ’nproduksie bied én die minspeelvakke wat gebied word,bemoeilik volgens hom sakenet verder.

‘‘Ons moet onsself afvra of ons ’n mooi filmwil maak of een waarvan die mark gaanhou en ondersteun. Dis die dilemma.— DEON LOTZ, AKTEUR