studie van romeinekarelnel.co.za/skryfwerk/studies/2004/romeine notas.doc  · web viewdis egter...

25
Studienota’s oordie Brief aan die Romeine Agtergrond. Briewe belangrik in N.T. Tyd - min ander kommunikasiemiddele - groei van die kerk noodsaak kommunikasie tussen verspreide gelowiges - baie vrae wat die kerk konfronteer. Deur briewe aangespreek - om jou teenwoordigheid sigbaar te maak Inhoud van die brief - adres en groete } - liggaam } Voorbeeld : Hand. 15:23-29 - slot } - Baiekeer is briewe nie self geskrywe nie, maar ge-dikteer - Soms is die persoon wat die brief afgelewer het ook vermeld Romeine is nie ‘n sistematiese teologiese uiteensetting nie, maar het enorme invloed uitgeoefen deur die eeue. (Persone soos Augustinus, Clavyn, Luther, Wesley, ens.) Omstandighede: 57 nC; Einde van 3e sendingreis, in Korinthe; op pad na Jerusalem met gawes vir armes in Judea. Hy beplan om daarna af te reis na Spanje via Rome Draaipunt in Paulus se bediening. Lewendige kerke in oostelike Meditereense streek. Het geglo sy werk daar was klaar Situasie in Rome: - Kerk waarskynlik deur Joodse pelgrims gestig n.a.v. Petrus se boodskap op Pinksterdag. Sien Hand. 2:10 - Keiser Claudius het Jode uit Rome verban oor Godsdienstige twiste (oor die Messiasskap van Christus?) In 49 nC is Joodse Christene ook uitgeban. Sien Hand. 18:1,2 - Teen 54 nC was die Jode weer terug in Rome. Sien Rom. 16: 3,4 - Christene uit die heidendom in beheer van die kerk - Brief gerig aan ‘n gemengde Joods-heidense Christen gehoor - Die feit dat Paulus sy apostleskap aan die heidene voorhou beteken dat Christene uit die heidene dominant was Redes - Wou homself en sy standpunt voorstel - Want hy wou hulle besoek

Upload: others

Post on 13-Aug-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Studie van Romeinekarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2004/Romeine notas.doc  · Web viewDis egter ‘n eindtyd gebeurtenis. (13-14) Sy apostelskap is deel van die poging om sy volk

Studienota’s oordie Brief aan die RomeineAgtergrond.

Briewe belangrik in N.T. Tyd- min ander kommunikasiemiddele- groei van die kerk noodsaak kommunikasie tussen verspreide gelowiges- baie vrae wat die kerk konfronteer. Deur briewe aangespreek- om jou teenwoordigheid sigbaar te maak

Inhoud van die brief- adres en groete }- liggaam } Voorbeeld : Hand. 15:23-29- slot }

- Baiekeer is briewe nie self geskrywe nie, maar ge-dikteer- Soms is die persoon wat die brief afgelewer het ook vermeld

Romeine is nie ‘n sistematiese teologiese uiteensetting nie, maar het enorme invloed uitgeoefen deur die eeue. (Persone soos Augustinus, Clavyn, Luther, Wesley, ens.)

Omstandighede: 57 nC; Einde van 3e sendingreis, in Korinthe; op pad na Jerusalem met gawes vir armes in Judea. Hy beplan om daarna af te reis na Spanje via Rome

Draaipunt in Paulus se bediening. Lewendige kerke in oostelike Meditereense streek. Het geglo sy werk daar was klaar

Situasie in Rome:- Kerk waarskynlik deur Joodse pelgrims gestig n.a.v. Petrus se boodskap op Pinksterdag.

Sien Hand. 2:10- Keiser Claudius het Jode uit Rome verban oor Godsdienstige twiste (oor die Messiasskap

van Christus?) In 49 nC is Joodse Christene ook uitgeban. Sien Hand. 18:1,2- Teen 54 nC was die Jode weer terug in Rome. Sien Rom. 16: 3,4- Christene uit die heidendom in beheer van die kerk- Brief gerig aan ‘n gemengde Joods-heidense Christen gehoor- Die feit dat Paulus sy apostleskap aan die heidene voorhou beteken dat Christene uit die

heidene dominant was Redes

- Wou homself en sy standpunt voorstel- Want hy wou hulle besoek- Kon opsomming wees van sy evangelie wat hy met Korinthe deurworstel het- Kon die inhoud wees wat hy in Jerusalem wou gaan meedeel- Om valse gerugte te bestry (Rom. 3:8) (Dat hy anti-Joods en anti-wet was)- Om verskille tussen Jode en heidene in die kerk by te lê (Ons wat sterk is en hulle wat

swak is) (Rom. 16:15) Tema:

- Brief toon die kontinuïteit aan tussen God se ou en nuwe verbonde Sentrale tema

- “Die Evangelie van God. Sleutelteks Rom. 1:16- Ander opsomming

Die regverdiging van sondaars Die heiliging van regverdiges Die verheerliking van geheiligdes deur die geloof en die krag van God

Brief se verdeling

Page 2: Studie van Romeinekarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2004/Romeine notas.doc  · Web viewDis egter ‘n eindtyd gebeurtenis. (13-14) Sy apostelskap is deel van die poging om sy volk

- Opening (1:1-17)- Die Evangelie en geregtigheid van God deur geloof (1:18-25)- Die Evangelie en die krag van God tot redding (5:1 - 8:39)- Die Evangelie en Israel (9:1 – 11:36)- Die Evangelie en die veranderde lewe (12:1 – 15:13)- Slot (15:14 – 16:27)

1. Inleiding1.1 Opskrif en Groet (1:1-7) Groet meer gedetailleerd as normal Sy roeping (Damaskus ervaring) as apostel

- waarvandaan sy gesag en gawes?- Wat is ‘n apostel? Gestuurde

Heb. 3:1 Jesus as eerste Apostel: gestuur deur die VaderJud. 17:18 Die twaalf: gestuur deur die SeunHand. 13:2 Ander apostels: gestuur deur die Heilige Gees

Sy Evangelie (2-4)- Vooraf verklaar deur die Skrifte (Kontinuïteit)- Gaan oor ‘n persoon

+ menslike oogpunt: Dawid se seun+ Goddelike oogpunt: God se Seun+ Deur Vader erken: Opstanding

- Hierdie verheerlikte Here het hom geroep as apostel, om heidene tot geloofsgehoorsaamheid te bring

- Hulle is geliefdes van God – God se mense1.2 Danksegging en Geleentheid. (1:8-15)

- Dankie vir hulle reputasie- Wou hulle lankal besoek het- Wou hulle kom bemoedig- Wou vrug kom insamel. Watter? (Bekeerlinge)- Was dit vir eie gewin? Hoekom nie? (Sien vers 14)- Wat sê dit vir ons?

1.3 Tema van die brief (1:16-17) : Die Evangelie Trots daarop : Hoekom Betekenis : Evangelie? (Goeie Nuus) Redding : redding van sondaar van die straf van sonde Jode en Grieke : Jode eerste adreseerdes Evangelie openbaar God se geregtigheid

+ God se regverdigheid+ God se regverdigmaking

“Wanneer mense reageer in geloof as evangelie verkondig word, tree God op om die sondaar in nuwe regte verhouding met Hom te bring” Berus end-uit op geloof (“Uit geloof tot geloof”)

2. Evangelie en die gergtigheid van God deur die geloof. (1:18 – 4:25)- In diè deel word die posisie van heidene en Jode aangespreek- Die tema is God se lankbeloofde reddende geregtigheid in Christus Jesus – en geloof as

die enigste wyse waarop dit aanvaar kan word- Hy begin deur die omvang van almal se sondeprobleem te beskrywe- Die geloof in Christus is dus vir almal die enigste redding

Page 3: Studie van Romeinekarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2004/Romeine notas.doc  · Web viewDis egter ‘n eindtyd gebeurtenis. (13-14) Sy apostelskap is deel van die poging om sy volk

2.1 God se toorn oor die heidene (1:18-32)- Vs. 18 + 19: Opskrif vir die res- God se toorn oor die mense wat nie Sy openbaring wil volg nie- God se toorn nie ‘n emosie – vaste en absolute teenstand teen boosheid. Sy essensiële

karakter- (20-23): Die keuse van die heidene- (24-32): God se reaksie daarop- Die heidene het nie die skrifte nie, maar hulle het tog ‘n openbaring van Hom in die

natuur. (Ewige krag en Goddelikheid)- Daar is heidene wat ten spyte hiervan hulle wend tot afgodery- Mense kan nie iets van die openbaring verstaan aangesien hulle in die beeld van God

geskape is - As hulle van die openbaring wegdraai is hulle sonder verontskuldiging (20)- Menslike verwerping van God se openbaring lei tot God se straf oor hulle- God gee hulle oor aan die sondes wat hulle gekies het- Dit bring die mense onder vernietigende booshede- As mens iets anders in God se plek stel – lei dit tot allerhande tipes sondes en ellendes

2.2 (2:1 – 3:8) God se toorn oor die Jode- Literêre tegniek – adresseer denkbeeldige opponent- (2:1-16) God se onpartydige oordeel : Om die Jode se skuld te bewys word 3 argumente

gebruik : (1-5) Hulle doen dieselfde oortredinge (6-11) God is onpartydig Besit van wet red nie – doen van wet wel (12-16)

- Die Jode verstaan God se goedentierenheid verkeerd as hulle dink dat hulle outomaties van God se oordeel uitgesluit is. Hy is net verdraagsaam en lankmoedig

- As hulle hul nie bekeer nie vergader hulle vir hulle toorn op die oordeelsdag- God gaan onpartydig oordeel – volgens elkeen se werke : Wat mense doen is

deurslaggewend- (7) Dui oënskynlik daarop of daar redding deur die werke van die wet kan wees. (12-16)

dui daarop dat dit onmoontlik is- Die besit van die wet beteken niks – die uitvoer van die wet wel (13)- Die heidene het in ieder geval iets van die wet in hulle, as hulle sommige dinge van die

wet doen: Die verskil tussen Jood en heiden is dus nie so groot nie. (14,15)- Elkeen se gewete het ‘n elementêre kennis van God (15) en dit sal tot getuienis dien in

die oordeel2.3 (2:17-29) Die wet en die Besnydenis

Identifiseer sy denkbeeldige gespreksvennoot as ‘n Jood Hy toon aan dat die Jood nie op die wet of besnydenis kan vertrou om hom van God se

oordeel te beskerm nie Jode het geglo dat wet en besnydenis as spesiale verbondstekens vir hulle regverdiging

waarborg Hulle het ‘n spesiale verhouding met God, maar dit beteken nie redding nie Spesiale voordele van die Jood: (19-20)

+ Titel Jood : van Juda – God se uitverkore volk+ Voller openbaring van God se wil in die wet+ Kan Sy wil en belangrike dinge onderskei+ Kan andere daarin onderrig

Met vrae ontbloot hy die oortredinge van die wet : (21-24)

Page 4: Studie van Romeinekarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2004/Romeine notas.doc  · Web viewDis egter ‘n eindtyd gebeurtenis. (13-14) Sy apostelskap is deel van die poging om sy volk

+ steel+ owerspel+ tempelroof+ daarom word God se naam onder die heidene gelaster

Besnydenis is nutteloos as die volle wet nie gehou word nie (25) Teoreties kan die onbesnedene wat volgens die wet leef as besnedene beskou word (26,27) Besnydenis van die hart maak mens ‘n Jood en nie Joodse verbond nie (28-29)

2.4 (3:1-8) God se getrouheid en die Jode- Verduidelik nou die Joodse voorregte en beperkings daarvan : Hulle staan nie in

reddende verhouding nie- Die woorde van God is aan hulle toevertrou (2)- Jode se ontrouheid maak nie God se getrouheid tot niet nie. Al is ‘n mens ‘n leuenaar –

God bly Waaragtig (3,4)- As ons ongeregtigheid juis God se geregtigheid bewys (getrouheid) – is die straf dan nie

onregverdig nie? Nee, God se oordeel regverdig! 2.5 (3:9-20) Skuld van die hele mensdom

- In diè deel bewys Paulus dat die hele mensdom onder die mag van die sonde is- Aanhalings uit die Psalms word gebruik om te toon dat almal skuldig is- (19-20) verwys terug na die wet : En as die volk van God skuldig is, is almal skuldig- Wet maak ons bewus van die sonde. Gee God se wil weer en maak dit duidelik dat ons

God aantas wanneer ons sondig (20)2.6 (3:21-26) Die geregtigheid van God

- (21-22) Praat van geregtiigheid van God as aktiwiteit (regverdigmaking) – apart van die wet : nuwe era in God se plan het aangebreek

- Tog is daar kontinuïteit : “Wet van die Profete”- Hierdie regverdiging is van universele aard want almal het gesondig (23) – vir almal

beskikbaar (24)- Genadewerk (24)- Versoening verwys na ‘Mercy seat’. Jesus is die vervulling van die O.T. ‘Mercy seat’/

versoendeksel (25)- God het tevore sonde oorgesien en dit nou gestraf. Daardeur is God se geregtigheid

bewys- God is hierdeur regverdig en maak ons regverdig deur die geloof in Jesus Christus (26)- Die integriteit van God se karakter word behou

2.7 (3:27 – 4:25) Deur geloof alleen Regverdiging deur geloof alleen word hier ontwikkel Dit word eers in die algemeen aangespreek en dan m.b.t. Abraham Die Jode het gemeen hul werke bring hul in verhouding met God. Hulle het egter niks om op

te roem nie Omdat regverdiging deur die geloof is, behoort God aan almal – en al die mense moet

toegang tot Hom hê God regverdig op dieselfde manier besnedenes en onbesnedenes (30) (31) verhoed ekstremisme : Geloof vervul die vereistes van die wet. Die wet word bevestig

In (4:1-25) word Abraham as voorbeeld gebruik om die beginsel van “deur geloof alleen” te illustreer. Hy was ‘n belangrike pionier in Judaisme. Hy het God verbly met sy gehoorsaamheid.

Die leiers in Paulus se tyd het die vroeëre ooreenkoms tussen God en Abraham verwaarloos deur te veel te fokus op die Mosaïse verbond

Page 5: Studie van Romeinekarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2004/Romeine notas.doc  · Web viewDis egter ‘n eindtyd gebeurtenis. (13-14) Sy apostelskap is deel van die poging om sy volk

Paulus bewys hierdeur dat regverdiging deur geloof nie ‘n nuwe saak is nie. Hy illustreer ook wat geloof is

(1) se vraag word beantwoord in (3) deur te verwys na Gen. 15:6 : Abraham het God geglo en dit is hom tot geregtigheid gereken

(4-5) kontrasteer geloof en werke : as iemand werk ontvang hy vergoeding daarvoor. Geloof is egter ‘n daad van nederige aanvaarding van God se vrye gawe. God is nie verplig om te gee nie – dis genade

In (6-8) haal Dawid uit Psalms aan wat sê seëninge kom nie van prestasies nie, maar God se vergifnis

(9-11) dui aan dat die seën van regverdigverklaring nie afhang van besnydenis nie. Abraham se regverdigverklaring was ongeveer 29 jaar voor sy besnydenis. Besnydenis was dus nie die basis van geregtigheid nie – maar die teken daarvan

So word Abraham die voorvader van almal wat glo (13-17) verduidelik dat Abraham die gergtigheid nie deur die wet verkry het nie – dit het eers

eeue later gekom. As die wet nodig is, is die geloof nutteloos/onnodig. Die wet vergroot die sondaar se verantwoordelikheid

(15) Geen wet geen oortreding (17) “Vader van baie nasies” – belofte uit Gen. 15:5 kan slegs waar wees as erfenis nie meer

op Mosaïse wet gebaseer is nie (18-21) beskryf die aard van Abraham se geloof. Dit was sterk t.s.v. getuienis tot die

teendeel Calvyn :”Gaan met geslote oë by jouself en alle dinge verby sodat niks jou verhinder om te

gllo dat God waaragtig is nie” (22-25) maak die argumente van toepassing op elke gelowige : Elkeen wat glo dat God vir

Jesus opgewek het (25) Tweeledige aard van Jesus se werk oorgelewer a.g.v. ons misdade opgewek met die

doel van ons regverdiging3. (5:1 - 8:39) Die Evangelie en die krag van God tot redding

- Die evangelie verseker nie net osn aanvanklike aanvaarding deur die Here nie, maar ook ons finale verlossing op die dag van oordeel

- Twee dinge wat ons kan beïnvloed is sonde en wet3.1 (5:1-11) Die hoop van heerlikheid

Fokus skuif van “geloof” na lewe (1-2) beantwoord die vraag of die geloof sal stand hou in die oordeelsdag Die wat deur geloof geregverdig is het vrede met God en word nie bedreig deur Sy torn nie.

Ons het ook toegang tot Hom Ons verdrukking word deur God gebruik om ons karakter te bou en daarom kan ons daarin

bly wees (3,4) (5-8) plaas ons hoop op die vaste fondament van God se liefde:

- Die innerlike ervaring deur die Heilige Gees (5)- Die objektiewe feit van Christus se sterwe aan die kruis

Dis anders as ander liefde (8) want Christus was bereid om vir sondaars te sterwe. Dis genade

(9,10,11) noudat ons geregverdig is kan Hy ons ook red van die komende toorn (9). Die regverdiging toe ons nog sondaars en vyande was, was ‘n groter saak. Dis nou makliker om ons vry te maak in die dag van oordeel

Daarom kan ons roem. (Rejoice!)3.2 (5:12-21) Die Heerskappy van Genade en Lewe

Page 6: Studie van Romeinekarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2004/Romeine notas.doc  · Web viewDis egter ‘n eindtyd gebeurtenis. (13-14) Sy apostelskap is deel van die poging om sy volk

Die tema is : Hoe die weg van Christus se gehoorsaamheid Adam se ongehoorsaamheid oorkom het

Adam en Christus was verteenwoordigende figure, wie se optrede dìe wat aan hulle behoort se lotsbestemming bepaal- Adam het gesondig en so die dood gebring- Christus was gehoorsaam en het so geregtigheid en lewe gebring

(12) die sonde en die dood het deur een mens ingekom vir almal. Argument word vervat in (18)- Dood : fisies : sterf as teken van God se oordeel op sonde

Geestelik : Skeiding van God- Almal het gesondig :

~ Korrupte natuur ge-erf~ Biologies was ons in Adam en hy ons verteenwoordiger~ A.g.v. ons verhouding met Adam is ons almal onder die oordeel van die dood

(13) sonde was daar voor die wet – daarom het die mense voor Moses ook gesterwe (15-17) Christus se daad van regverdigmaking is groter as Adam se misdaad /

ongehoorsaamheid (18-19) herhaal die argument dat Adam se misdaad lei tot veroordeling en Christus se

gehoorsaamheid lei tot vryspraak en geregtigheid (20-21) die wet kon die probleem nie oplos nie – maar vererger : dit het sonde ge-openbaar

as ongehoorsaamheid aan God se opdragte. Tog was die genade groter as dit. So is die heerskappy van die dood verplaas deur die heerskappy van die lewe

3.2. (6:1-23) Vryheid van die slawerny van die sonde- Christen is onherroeplik gered. Kan sonde die redding in die wiele ry?- Paulus antwoord deur te sê dat die sondaar nie net van die straf van sonde gered is nie,

maar ook van die mag daarvan. (Geregverdig en geheilig.)- Sondaar gaan oor van een heerskappy na die ander- (1 & 2) ons kan nie in die sonde bly nie, want ons het dit afgesterf- (3-5) die wyse waarop ons vir sonde gesterf het :

Die doop plaas ons in verhouding met Christus se dood. Dis nie ‘n mistieke versmelting nie, maar ‘n identifikasie waarin God ons in kombinasie met Sy Seun sien en daarom Sy voordele aan ons toereken

Ons is saam met Hom begrawe : Nie net soos Hom nie. Doop dus nie net simbolies nie. Deur ons doop – as simbool van ons geloof kom ons in ‘n bepaalde verhouding tot Christus na die begrafnis

Paulus voel die begrafnis is ‘n sleutelelement van die evangelie Christene se vereniging met Christus is so werklik dat hulle Sy dood, begrafnis en

lewe saam ervaar Hierdie sleutelgebeurtenisse plaas die Christen in ‘n nuwe verhouding tot sonde

se krag (6) (10) (3) Hy het vir die sonde gesterf, daarom ons ook Doop is die wyse waarmee ons in verhouding met die gebeurtenisse gebring word In die N.T. word doop as fundamentele deel van die bekering beskou. Slegs met

egte geloof het doop betekenis Deelname aan Sy dood beteken ook deelname aan Sy opstanding (5)

- (6-7) A.g.v. ons kruisiging is die oue mens wat deur die krag van sonde gedomineer is kragteloos gemaak sodat ons nie meer slawe van sonde hoef te wees nie. (Gewoontesonde toon die tirannie van sonde en daarvan word ons bevry)

Page 7: Studie van Romeinekarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2004/Romeine notas.doc  · Web viewDis egter ‘n eindtyd gebeurtenis. (13-14) Sy apostelskap is deel van die poging om sy volk

- (8-10) beklemtoon die verbintenis met Christus se dood en lewe- (11-13) ons identifikasie met Christus moet aangegryp word om effektief te wees in die

heerskappy oor sonde in ons lewe: Ons moet herken wie ons in Christus is Ons moet die nuwe identiteit in werking stel deur sonde te onttroon in ons

daagliks gedrag- (14) ons is nie meer onder die sonde en wet se regime nie – maar onder die genade- (15) begin weer met ‘n vraag : Is daar nou geen reëls en geen straf nie?- (16-17) ons is nou vrygemaak van sonde-slawerny- (18 & 19) daar is nou ‘n nuwe “slawerny”, dìe aan geregtigheid- (22) werklike vryheid word slegs gevind in ‘n verhouding met God wat ons geskape het- (23) die uitkoms is die ewige lewe

3.3 (7:1-25) Vryheid van die slawerny van die wet- Verduidelik hoe die gelowige deur vereniging met Christus se liggaam sterf vir die wet

en verwant word aan Christus sodat hulle vrug kan dra- Die Mosaïse wet is ‘n regime met mag waarvan die gelowige bevry moet word- (7:1-6) oorgang van die gelowige van die domein van die wet na die domein van Christus

: die wet heers oor mense so lank hulle lewe – die dood verbreek die verbintenis met die wet

- Wanneer mens vrygestel is van die verbintenis met die wet, kan mens aan iemand anders verbind word

- Deur ons verbintenis met Christus in Sy dood, het ons gesterf vir die wet – dus vrygestel van die heerskappy/slawerny daarvan

- Die wet het gehoorsaamheid vereis, maar nie die krag tot gehoorsaamheid gegee nie – dit het daarom die effek gehad van om mense op te sluit onder die sonde

- Deur vrygemaak te word van die regime van die wet word ons ook vrygemaak van die regime van die sonde en aan Christus verbind te word

- In die ou dae het die wet gehelp om sondige begeertes en rebellie op te wek – het ons vir die dood vrugte gedra

- Noudat ons gesterf het vir die wet lewe ons onder die nuwe heerskappy van die Heilige Gees – en kan ons tot eer van God vrugte dra

- In (7:7-25) word die ervaring van die Jode onder die wet beskrywe. Hoewel hy negatiewe dinge van die wet sê, verdedig hy die wet en sê die negatiewe gevolge daarvan is a.g.v. die mag van sonde en menslike swakheid

- (7-12) : Hy sê die wet is goed en verduidelik die verhouding van die wet tot die sonde Ons ken sonde net deur die wet (7) Deur sonde duidelik te beskrywe gee die die wet die geleentheid tot rebellie teen

God- Aangesien Paulus persoonlike terme gebruik voel party mense hy skryf oor sy ervarings

voor bekering- In (9) praat hy egter van “toe die gebod kom”, wat dui op die ervaring van die volk Israel- Die wet het vir hulle die dood gebring en nie die lewe nie – dit openbaar hulle

verwydering van God- (13-25) Hy sê dat die wet geestelik is maar dat dit mense nie van die binding kan verlos

nie- Paulus skryf in die teenwoordige tyd – sê dat hy die ondervinding van die volwasse

gelowige beskrywe- Dit sou beteken dat die gelowige nie die mag van sonde kan ontsnap nie. Sien 14b & 23 –

slaaf en gevangene van die sonde. Dit klop nie met Hfstk 6 nie

Page 8: Studie van Romeinekarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2004/Romeine notas.doc  · Web viewDis egter ‘n eindtyd gebeurtenis. (13-14) Sy apostelskap is deel van die poging om sy volk

- Hierdie deel sien dus op sy lewe voor bekering of dìe van die Jood wat nog onder die wet leef

- (15-20) God se wil en dit wat gedoen word staan hier teenoor mekaar- (18) sê dat daar niks goeds in hom woon nie – verwys na die manier waarop die

ongelowige verhinder word om God te dien- (21) Die begeerte om God te dien en Sy wil te doen word ge-opponeer deur ‘n ander

kragtige wet – die mag van sonde- Hy beskryf himself as slaaf van die sonde – as Jood onder die wet- (24) Wanhopige uitroep - Wie sal my verlos? Jood wat nie die wet kan hou nie se

frustrasie – dan kondig hy die verlossing in Jesus Christus aan3.4 (8:1-30) Versekering van die Ewige Lewe in die Heilige Gees

Romeine 8 is bekend vir die fokus op die Heilige Gees.Hoeveel keer kom Gees voor? (21 keer waarvan 19 verwys na Heilige Gees)

Tog is die Heilige Gees nie die hoofonderwerp nie – maar die versekering van die ewige lewe wat deur die Heilige Gees vasgemaak word

Begin met : “Geen veroordeling”} Hoofstuk behandel die gawes en aktiwiteite wat Eindig met : “Geen veroordeling”} Heilige Gees aan gelowige gee vir sekerheid

(8:1-13) Die Gees van die Lewe- (1) verwys na die einde van hoofstuk 5 – geen veroordeling vir dìe in Christus Jesus nie.

In 5:12-21 verduidelik dat die Christen se verlossing van die dood plaasvind deur ons vereniging met Christus

- (2-4) : Wys dat die verlossing deur God bewerk is- Die Vader het die Seun as ‘n sonde-offer gestuur (3)- Op dìe grond maak die Gees ons vry van die mag van sonde en dood- (4) dit verseker die vervulling van die wet in ons- (2) verwys na 2 wette : Mag van die Gees en die mag van sonde en dood. Deur Jesus

Christus stel die Gees ons vry van die ou regime- Die wet kon die sonde nie breek nie – maar God het dit wel gedoen deur die sonde se

mag te breek deur die Seun te stuur om met ons te identifiseer en Homself as sonde-offer te gee

- (4) bedoel nie dat Christene in staat gestel word om die wet te vervul nie – maar dit word deur God beskou asof hulle ten volle die wet se vereistes vervul het deur Christus se gehoorsaamheid (Christus het ten volle die vereistes van die wet namens ons vervul)

- (5-8) Kontraste tussen Gees en vlees:# Dood vs. lewe en vrede# Vyandskap teen God# Onderwerp nie aan God nie# Kan God nie behaag nie

- (9) Die wat aan Christus behoort is oorgeplaas na die nuwe domein waar die Gees heers- (10-11) Dui aan dat huidige besit van geestelike lewe uiteindelik ook sal lei tot die

opstandingslewe van die liggaam deur die krag van die Gees- (12-13) Ons kan egter nie passief bly nie. As ons aan die Gees gehoor gee sal ons

wegdraai van ons ou lewenstyl. Onderwerp jou an die Heilige Gees(8:14-17) Die Gees van Aanneming

- Kindskap word hier aangespreek- Om gelei te wees deur die Heilige Gees beteken nie om deur Hom in elke besluit gelei te

word nie, maar om onder Sy oorheersende invloed te wees. Sulkes is kinders van God (14)

- (16) Die Gees plant in ons die intimiteit van kindskap

Page 9: Studie van Romeinekarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2004/Romeine notas.doc  · Web viewDis egter ‘n eindtyd gebeurtenis. (13-14) Sy apostelskap is deel van die poging om sy volk

- Aanneming – die wetlike aksie waardeur mens ‘n kind kan aanneem en al die natuurlike regte van ‘n kind aan hom kan laat toekom. Die Bybelse begrip is dat God die Een is wat mense kies om Sy eie te wees

- (17) Ons word terselfdertyd opgeroep om bereid te wees om saam met Christus te ly(8:18-30) Die Gees van Heerlikheid

- Heerlikheid kom voor aan die begin en einde van die gedeelte- (18-22; 29-30) Hoewel ons mag deur lyding gaan kan ons verseker weet dat Hy ons in Sy

erfenis inbring- (23) Die Gees is die waarborg (“eerstelinge”)- Paulus ag nie die lyding van die dag gering nie – maar dit weeg nie op teen die komende

heerlikheid nie (18) – dit sal wees wanneer ons getranssformeer is na die beeld van die Seun

- Hierdie verandering van ons liggaam bring op die laaste dag ons aandeel aan die heerlikheid aan die lig

4. (9:1 – 11:36) Die Evangelie en Israel- Gaan oor die plek van Israel in God se plan- Paulus wil die kontinuïteit van die Evangelie met die O.T. aantoon- Die koms van Jesus was nie ‘n nuwe innovering nie, maar die bedoelde volbringing van

God se plan- Die ongeloof van die Jode skep egter ‘n hindernis, aangesien God se beloftes tog aan

hulle gemaak is: sal Hy getrou wees aan die Kerk?- Daar is 4 antwoorde op die Jode se dilemma:

God het nie redding vir elke Jood beloof nie Jode is self verantwoordelik a.g.v. ongeloof God se beloftes word steeds vervul in ‘n oorblyfsel Uiteindelik sal God die hele Israel red

- Ons moet die beloftes van God reg verstaan om ons O.T. wortels opreg te waardeer4.1. (9:1-6(a)) Paulus se droefheid oor Israel

Dis vir Paulus ‘n emosionele saak want hy identifiseer steeds met die Jode – droefheid en Smart

Bereid om sy eie saligheid op te offer soos Moses (Ex. 32:31-34) En dit ten spyte van hulle voordele :

# Hulle is Israeliete (Verbondstatus)# Het die aanneming tot kinders (Later verduidelik)# Die Messias het uit hulle voortgekom. Dit het hulle laat dink hulle word outomaties gered: Dit is egter nie so nie6(a) Dit beteken nie die Woord van God het verval nie!

4.2. (9:6(b) – 29) Israel se verlede.Paulus argumenteer dat God se redding nog altyd net behoort het aan die wat Hy soewerein gekies het. Hy gebruik voorbeelde uit die geskiedenis om dit te bewys.

(6(b) –13) Israel binne Israel- Daar is ‘n geestelike Israel binne Israel(i) Fisiese afkoms is nie die basis nie – want Israel was die draer van die belofte en nie

Ismael nie(ii) In die volgende geslag ‘n Jakob verkies bo Esau(iii) Jakob se seën het niks met sy dade te doen gehad nie maar met God se soewereine

verkiesing

Page 10: Studie van Romeinekarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2004/Romeine notas.doc  · Web viewDis egter ‘n eindtyd gebeurtenis. (13-14) Sy apostelskap is deel van die poging om sy volk

- Die gebruik van die woorde ‘liefhê’ en ‘haat’ dui skerp aan God se verkiesing tot redding of uitsluiting daarvan

(9:14-23) Besware teen die vrymagtigheid van God.- God se soewereiniteit bring natuurlikerwys argumente- Is God nie onregverdig nie?- Paulus bied nie ‘n logiese argument aan om God se soewereiniteit en Sy regverdigheid

te versoen nie. Dis ‘n geheimenis. God se aksies kan nie deur mense be-oordeel word nie – net deur Homself.

- (16) dui daarop dat God se keuses nie berus op menslike aksies nie.- Farao se rol in die geskiedenis was deur God bepaal. Hy gee genade of verhard wie Hy

wil.- Onthou dat mense reeds in sonde verlore is en die uitsluiting van redding ‘n bevestiging

van hul keuse teen God.- God sal egter niemand uitwerp wat Hom soek nie.- (19) vra hoe Hy sulke mense kan blameer? Paulus gee geen rasionele verklaring nie.

Niemand is in ‘n posisie om God te be-oordeel nie. Hy is die Pottebakker.- Hy het geduld oor die voorwerpe wat geskep is vir vernietiging. Dit illustreer juis die

grootheid van Sy genade oor dié wat gered word.(9:24-29) God se roeping vir ‘n nuwe volk.

God se roeping het nou ‘n nuwe mensheid geskep – uit heidene en oorblyfsel van die Jode. Aanhaling uit Hosea demonstreer die roeping van die heidene. (25,26) Uit Jesaja haal hy aan om te illustreer dat:

# Israel se ongeloof is nie verrassend nie aangesien net ‘n oorblyfsel gered word.# Die oorblyfsel word deel van die nuwe volk van God.# Dis die Here wat die werke doen:

Hy laat die oorblyfsel oorbly.4.3. (9:30 – 10:21) Israel se huidige toestand. Ongehoorsaamheid.Dit is een van ongehoorsaamheid. Paulus dui aan dat Israel self gefaal het aangesien hulle regverdiging gesoek het deur die werke van die wet. Hulle verlorenheid het nie te make met God se verkiesing nie, maar ook met hulle ongeloof.

(9:30 – 10:!3) Die geregtigheid van God en die geregtigheid van die wet.- Kontras tussen die 2 tipes geregtigheid: geregtigheid deur geloof en deur die wet.- A.g.v. hul beheptheid met die werke van die wet het Israel God se geregtigheid in

Christus gemis.- (30-31) Reisiesterminologie: Die heidene wat nie eers aan die resies deelgeneem het nie,

het geregtigheid deur geloof verkry. Israel wat dit nagejaag het, het dit nie verkry nie.- Aangesien die wet nie ware geregtigheid kan verskaf nie, was Israel verkeerd – hulle het

dit op die verkeerde wyse nagejaag – deur die werke van die wet. Hulle hardloop dus na die verkeerde eindstreep.

- Hulle wou hulself nie onderwerp in die geloof aan God se metode van regverdiging nie. Hulle beheptheid met die wet was hulle probleem.

- (4) Die wet het nog altyd na Christus gewys en noudat Christus gekom het is die doel bereik. Daarmee kom ook vervulling van God se voorneme om geregtigheid te gee aan almal wat glo.

- (5-13) Gebruik O.T. aanhalings om die verskil tussen die 2 tipes geregtighede aan te dui: Moses sê: Die wat die wet doen sal lewe. Deuteromium word gebruik om te sê dat die woord van geloof baie naby is. God het Sy Woord naby gebring in die dood en opstanding van Christus.

Page 11: Studie van Romeinekarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2004/Romeine notas.doc  · Web viewDis egter ‘n eindtyd gebeurtenis. (13-14) Sy apostelskap is deel van die poging om sy volk

- (9-13) Aangesien God die werke reeds gedoen het, is al wat nodig is om gedoen te word om net te glo – dit geld vir Jode en heidene.

(10:14-21) Israel se gebrek aan verskoning.- (14-15) dui aan dat Israel wel die Evangelie gehoor en verstaan het- (16) dui an dat Israel ongehoorsaam was- In 19 + 20 bespreek hy die struikelblok vir die Jode, nl. Dat God heidene in die Kerk

opneem.- (21) Herbevestig Israel se ongehoorsaamheid

4.4. (11:1 –10) Israel se huidige posisie: oorblyfsel deur genade.- Hoewel die grootste deel van die Joodse volk verhard is , is daar ‘n getroue oorblyfsel –

uit genade gekies – die Jode wat in Christus glo- Paulus wil nie dat sy lering verkeerd verstaan word nie – God het Sy volk wat Hy vooruit

geken het, nie verstoot nie. God se verkieseing werk deur die oorblyfsel.- Hy illustreer dit aan die hand van Elia se tyd toe daar 7000 getroues oorgebly het. Netso

was daar ‘n oorblyfsel (5)- Sommige het genade gevind – ander is verhard- Hoewel Israel self ongehoorsaam was is dit duidelik dat God op een of ander wyse

betrokke is.4.5. (11:11 – 32) Israel se toekoms – Redding

- Die verharding van Israel is nie volkome nie- Israel se redding word voorspel- God gebruik die Jode se verharding om Sy plan van redding na die wêreld te neem

(11:11-24) Jood en Heiden in God se plan:- Israel se struikeling was nie finaal nie- Hulle struikeling het ‘n proses in werking gestel waardeur hulle uiteindelik jaloers

gemaak sal word en uiteindelik gered sal word- Die tussen stadiuim is die redding van die heidene. Dit was deel van God se soewereine

reddingsplan- Wanneer die Jode die heidene sien redding geniet sal hulle jaloers word en terugkeer.

Dis egter ‘n eindtyd gebeurtenis.- (13-14) Sy apostelskap is deel van die poging om sy volk jaloers te maak en die

terugkeer van Israel te verhaas- Paulus gebruik die beelde van die Olyfboom (17-24) om die heidense Christene aan te

spreek oor hulle trots, en ook om aan te toon dat die Jode weer ingeplant sal word as hulle nie in ongeloof volhard nie

- Die Jode het hul plek verloor deur ongeloof. Die heidene kan maklik in dieselfde posisie beland.

(11:25-32) Die hele Israel sal gered word.- Verborgenheid word meegedeel (25)- Israel net verhard tot die volheid van die heidene ingegaan het- Dit sal gebeur in die eindtyd wanneer Christus terugkeer (26)- Die basis hiervan is God se soewerine verkiesing van Sy volk

4.6. (11:33-36) Die wonderlike doel en plan van God.- sluit af met ‘n loflied- God se weë en begrip hoër as ons s’n.- God se wysheid en kennis verwys na Sy doelstellings in Christus met die Jode en heidene- Ons verstaan nie die detail van Sy plan nie – maar ons is nie in staat om te kritiseer nie- God die Bron, Onderhouer en Doel van alle dinge

Page 12: Studie van Romeinekarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2004/Romeine notas.doc  · Web viewDis egter ‘n eindtyd gebeurtenis. (13-14) Sy apostelskap is deel van die poging om sy volk

5. (12:1-15 – 15:13) Die Evangelie en die veranderde Lewe.- Daar is getoon dat die Evangelie ons oorbring van sonde en dood na gergtigheid en lewe- Hoewel dit aan ons geskenk is, moet ons dit uitleef- God werk in ons om te verander – ons moet die verandering uitwerk in ons lewe- Nuwe lewenswyse is nie net gevolg van die Evangelie nie – dis deel daarvan- Paulus verduidelik die kern van die saak en doen dan beroepe tot eenheid, liefde, houding

teenoor die regering. Sluit af met redenasie oor sterkeres en swakkes in die ker5.1 (12:1-2) Kern van die saak – ‘n Vernieude gemoed.

Ons kan getransformeer word a.g.v. die ontferminge van God (Vorige hoofstukke) Derhalwe net logies dat ons onsself as lewende offers aan God wy

- Deur God gemaak (6:11)- Hele lewe as lewende aanbidding- Totale transformasie van wêreldbeskouing nodig

# Moenie na die lewe kyk in wêreldse terme nie (Heerskappy van sonde en dood)# In terme van die nuwe heerskappy (Geregtigheid en die hherskappy van die Heilige Gees)

Suksesvolle Christelike lewe lê in vernieude gemoed – so kan ons God se wil verstaan Ons moet God se wil vir elke situasie herken en beoefen God het ons egter nie ‘n stel gedetailleerde opdragte gegee nie Sy Gees verander ons v an binne sodat ons gehoorsaamheid aan Hom natuurlik en spontaan

sal wees.5.2. (12:3-8) Nederigheid en Gawes.

Eenheid onder Christene moet bewerk word deur nederigheid en respek vir mekaar Ons moet nie baie van onsself dink nie, maar onsself objektief en eerlik beskou Meet jouself aan jou hoeveelheid gellof en nie teen ander gelowiges nie Ons moet die Goddelike wonder van die verskeidenheid raaksien Almal moet hul gawes energiek aanwend en hul nie bekommer oor ander se gawes nie

# Profesie: Om ge-openbaarde waarheid oor te dra# Om te dien:# Lering: Oordra van Christelike leer# Bemoediging: Verbale bedieninge

# Uitdeel5.3. (12:9-21) Liefde.

(9-16) Verantwoordelikhede van Christene teenoor mekaar en (17-21) verantwoordelikhede teenoor diê buite die kerk

Onthou dis steeds elemente van die goeie en welgevallige wil van God Ongeveinsde liefde – eg en sonder voorgee – kom uit die hart en verstand

# Beskou ander as hoer as jouself# Ywer vir die Here moet kenmerkend wees# Laat Heilige Gees toe om jou aan die brand te steek (Vurig van Gees)# Verbly# Wees gelukkig# Volhard

(13) Help ander gelowiges. Seën dié wat julle vervolg Voeg julle by die nederiges (armes, geen sosiale status) (17-21) Toon dieselfde liefde teenoor ons teenstanders Moenie weerwraak neem nie – doen iets wat positief is Handhaaf positiewe vreedsame betrekkinge met almal – ons is daarin egter beperk deur

ander se houdings. (Ons kan nie ons Chrsitelike integriteit komprommiteer nie)

Page 13: Studie van Romeinekarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2004/Romeine notas.doc  · Web viewDis egter ‘n eindtyd gebeurtenis. (13-14) Sy apostelskap is deel van die poging om sy volk

(19) het tweede vermaning om ons nie te wreek nie – God is soewerein en sal self vergeld. Moenie die rol van wreker inneem nie – los ruimte vir God om op te tree

Vurige kole:# Kan beteken dat God se oordeel sal erger wees

# Beteken eerder persoon sal skaam word en tot inkeer kom# Egiptiese ritueel – was sondes weg deur bak met brandende kole op jou kop te dra

5.4. (!3:1-7) (Die Christen se Verantwoordelikheid teenoor die regering.- Onderwerping aan die owerheid is deel van die goeie welgevallige wil van God- Om belasting te betaal is deel van onderwerping. (Dit mag wees dat daar Jode was in

Rome wat nie belasting betaal nie)- God stel regerings aan om die goeie te behou en die slegte te vervolg.

(Owerhede=Romeinse amptenare in dié geval. Dit beteken om hulle gesag oor die lewe van die gelowiges te erken

- Dit sluit verskillende gesagsvorme in: slawerny, huwelik, familie, kerk en ook menslike regering

- Gelowiges moet regering gehoorsaam omdat hulle God daaragter sien- Paulus se streng stellings skep probleme vir sommige Christene. N.T. het voorbeelde van

die ongehoorsaamheid aan heersers. (Hand. 4:19,20)- Sommige argumenteer dat ons slegs die regering moet gehoorsaam as hulle God se wil

uitvoer. Paulus maak nie Christene se gehoorsaamheid daaraan onderhewig nie.- Ander sê dat die gelowige die regering bloot moet erken as een van die owerhede in die

hierargie en God heelbo. As die regering dan God se wil oortree moet ons dit teenstaan. Dit doen egter afbreuk aan die streng betekenis hier.

- Beste is om dit as ‘n algemene stelling te sien oor hoe Christene teenoor die regering moet optree, met uitsonderings nie hier bespreek nie.

5.5. (13:8 -10) Liefde en die wet. Wees aan niemand iets verskuldig nie – verwys terug na (2) Een tipe kan ons nie terugbetaal nie – liefde (8-10) Liefde ‘n samevatting en vervulling van die wet van Moses Dit beteken nie:

# Dat ons kan ‘liefhê’ en dan maar maak soos ons wil nie# Dat ons die wet in die gees van liefde moet onderhou

Dit beteken: Onderhou die hele wet want die liefde lê aan die fondasie van die wet van Christus

5.6. (13:11 –14) Om die tye te herken.- Gelowiges moet die tydsomstandighede verstaan aangesien die dag van die Here enige

tyd te wagte is.- Ons redding is eers voltooi wanneer ons finaal verlos is van God se torn by die oordeel.- Hierdie dag kom nader en gooi Sy lig op ons lewens- Gelowiges moet daarom lewe soos in die lig en nie in die duisternis nie- Ons moet ons omring met Jesus en nie ons besig hou met sondige dinge nie

5.7 (14:1 – 15:13) Pleitdooi vir eenheid Hy spreek nou ‘n probleem in die gemeente van Rome aan: Die verhouding tussen die wat

‘sterk’ is en die wat ‘swak’ is Die twee groepe verskil/twis oor:

- mag hulle vleis eet (afgodsoffers)- Godsdienstige dae- Wyn drink

Page 14: Studie van Romeinekarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2004/Romeine notas.doc  · Web viewDis egter ‘n eindtyd gebeurtenis. (13-14) Sy apostelskap is deel van die poging om sy volk

Hy verwys waarskynlik na Joodse wettiese beperkings. Jode in Rome het waarskynlik besluit dat hulle sou wegbly van vleis of wyn om niks met afgodery te doene kry nie. Joodse gelowiges kon hulleself beter ag as dié wat wel daarvan gebruik het. (14:3)

Christene uit die heidene, wat geen waarde aan sulke praktyke geheg het nie, kon weer spog met hulle vryheid. Hulle kon neerkyk op dié wat deur die praktyke gebonde was en hulle as ‘swak’ beskou.

Paulus sien himself as een wat ‘sterk’ is (15:1) en reken dat geen voedsel onrein is nie Paulus probeer nie die ‘swakkeres’ oortuig dat hulle verkeerd nie, maar moedig die

‘sterkeres’ aan om hulle te aanvaar. (14:1, 15:7) en nie hulle geloof seer te maak nie. (13:22) Die swakkes moet ook hul veroordeling staak en die ander as medegelowiges aanvaar. (14:3,

13, 15:7) Paulus beskou hierdie as aanvegbare sake waarvan verlosde Christene mag verskil – hy wil

verdraagsaamheid en eenheid kweek.(14:1-12) Bestraffing van die oordeelsgesindheid

- Paulus bestraf die sterkes en swakkes vir hulle veroordelende gesindheid aangesien hulle geen reg het om dié wat God aangeneem het te verwerp nie.

- (1-2) Beskryf iemand swak in die geloof: nie net ‘n gebrek aan geloof in Christus nie, maar sy geloof laat hom nie toe om aan sekere praktyke deel te neem nie: oorgevoelig vir sekere dinge.

- ‘Sterkes’ in die meerderheid daarom spreek Paulus hulle eerste aan.- (4) Elkeen staan voor die Here in beoordeling- (5 & 6) Elkeen moet “dae” waarneem soos sy gewete hom lei. Met danksegging.- (7-9) Ons is egter nie outonoom nie: ons moet ons vryheid uitwerk in terme van ons diens

aan God.- (10-12) Die Here is ons regter. (Ons is nie mekaar se regters nie) Dit maak ons vry

daarvan om altyd krities te wees en mense te ‘kap’(14:13 – 23) Beperkings van ons vryheid.

(13) Oproep om nie te verander nie. Sterkeres nie ‘n struikelblok wees nie. (14) Paulus voel geen voedsel is onrein – netsoos Jesus se lering (Mrk. 1: 17-19) (Rituele

onreinheid) Joodse rituele wette nie meer geldig.Hy erken Jode kan dit nie sonder meer weggooi nie.

Swakkes se gewete kan aangetas word. Spreek die ‘sterkeres’ aan. Hulle oortree die wet in liefde.- Swakke se geloof kan vernietig word. (Geestelike skade)

(16-18) Sulke gedrag bring die kerk in onguns by buite praktyke- Daar moet eerste geregtigheid/vrede en blydskap wees.

(19-21) Herhaling. Die sterkes moet nie die eerstes wees wat sulke praktyke opgee.- Christelike vryheid is waardevol: maar ondergeskik aan die behoeftes van ander.

Luther: Christen : Wees vrye Heerser: ondergeskik aan niemand : Wees gedienstige kneg: onderworpe aan almal

(22-23) Sterkere: Hou jou opinie vir jouself(15:1-13) Finale oproep tot eensgesindheid

4 Dele: (1-4) Paulus ook ‘n ‘sterke’. Naaste behaag – help in liefde. Christus as voorbeeld van die

liefdesgebod. (5-6) Gebed in eensgesindheid

lydsaamheidbemoediging

Page 15: Studie van Romeinekarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2004/Romeine notas.doc  · Web viewDis egter ‘n eindtyd gebeurtenis. (13-14) Sy apostelskap is deel van die poging om sy volk

om God te verheerlik6. (15:14 – 16:27) Afsluiting van die brief.

- Slotgedeelte langer as ander briewe- Gee redes vir brief se skrywe- Gee oorsig van sy planne- Gee gebedsversoek- Gee vredeswens- Aanbevelings en groet- Finale groet van medewerkers

6.1. (15:14-33) Paulus se bediening en planne. (14) Vir goeie verhoudinge dui Paulus daarop dat hy nie weens probleme onder hulle

geskrywe het nie: dui daarop dat die Kerk in Rome stabiel was.Hulle was vol goedheid in staat om hulleself te leer

(15) Hy wil nie baasspeel nie – wil hulle net herinner Die woord vir dienaar (leitourgos ) Doen openbare diens of in die kerk

-‘n staatsamptenaar- Christus, engele,Paulus (dienende priester)-aardse heerser

-word baiekeer gebruik vir priester. (16) Heidense bekeerlinge ‘n offer aan hierdie bediening O.T. priesterskap het vervulling

gevind in die verkondiging van die Evangelie. (17) Hy roem op die genade van die bediening wat God hom gegee het. (15b) (19) Sy werk is gekenmerk deur wonders en tekens in die krag van die Heilige Gees.

Voltooi in ‘n boog van Jerusalem tot Illirikon: (Albanië en Joegoeslawië)Werke volbring = ten volle geproklameer.

(20) Sy taak: Verkondig evangelie waar dit nie bekend was nie. (21) Aanhaling uit Jes. 52:15 om bediening te bevestig (22) Hierdie taak het hom verhinder om in Rome te kom. (23,24,28) Hy reis daarvan af na Spanje: goed bevolkte streek. (24) Materiële en logostieke steun verlang en brief moes hulle voorberei (26,27) Moes eers ‘n taak gaan afhandel

- Geld op derde sendingreis gaan aflewer- Slegte ekonomies toestand in Judea- Paulus voel dis reg dat heidene ‘n bydrae maak tot Jode in Jerusalem- Dit dui op ‘n hegter verbintenis tussen heidene en Joodse gelowiges.

(30-32) Vra gebed:- verlossing van die ongehoorsames in JudeaOns ken die Jode se vyandigheid teen hom weens sy standpunt om heidene tot die volk van God toe te laat sonder besnydenis of wet. Dit was verraad vir fanatiese Jode. Hy is juis daarvoor gevange geneem.- Tweede gebed: Dat die Jode nie so agterdogtig sou wees dat hulle nie die gawe sou

aanneem nie. (33) Bid dat God se vrede met hulle sou wees.

6.2. (16:1-16) Aanbevelings en groete. Groet ‘n verbasende groot groep mense. 27!!! (1 & 2) Febe dienaars (diakens): Kenchree 8km oos van Korinthe. Het waarskynlik daar

amp van diaken gehad. Geen 1ste eeuse getuienis van vrouens as diakens, maar wel later. Sorg vir arm en swak lede van die kerk.

Page 16: Studie van Romeinekarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2004/Romeine notas.doc  · Web viewDis egter ‘n eindtyd gebeurtenis. (13-14) Sy apostelskap is deel van die poging om sy volk

‘Beskermster’ = sponsor (welgestelde mense) Sy is op pad na Rome an dra waarskynlik die brief.

(3 & 4 & 5) Priscilla en Acquilla: Paulus het hulle in Korinthe ontmoet toe hulle deur Edik en Claudius uit Rome geban is. Hulle was medewerkers van Paulus in Efese. (Hand. 18:18,26) Waarskynlik met die opstand dat hulle hul lewe vir hom gewaag het.Hier in Rome het hulle ‘n huisgemeente gehad.

(5b) Epenetus: Eerste bekeerling in die Romeinse provinsie Asië word nie vermeld nie.

(6) Weet niks van Maria nie (7) Andronicus en Junias: mede-Jode gaan in gevangenis – egter nie as apostels beskou nie. (8) Amplias: Nie weer genoem in N.T.:moontlik welvarende vrou, nie koninklike familie. (9,10) Urbanus, Stachis en Apollos onbekend. (10) Aristobulus: Dalk broer van Koning Agrippa (Koning van Judea 41-33vC) (11) Herodion: Slaaf of vryman van die familie van Herodus (11) Narcissus: Dalk ‘n persoon wat beroemdheid verwerd het onder keiser Claudius. (12) 3 Vroue: Trifena, Trifosa enPersis onbekend. PAULUS noem 9 vroue as medewerkers.

Belangrike rol wat vroue in eerste eeuse kerk gespeel het. (13) Rufus: Markus is ook in Rome geskrywe (Mrk 15:21) Dalk sy vader wat die kruis gedra

het. (15) Filologus,Julia, Nereus, Olimpas: onbekend. (16) Heilige Kus: Kerklike vorm van die amptelike groet.

6.3. (16:17-20) Waarskuwing teen valse leraars. Nie duidelik teen wie gerig nie:

- Mense wat verdeel en hindernisse in die pad lê- Vleiers gebruik vleitaal- Gelowiges moet nie naïef wees nie- Wees wys teenoor goeie/onskuldig teenoor slegte. Dan sal God triomfeer

6.4. (16:21-27) Finale groete en lofsang. (21)Timotheus: getroue medewerker sedert 2e sendingresi, nou saam in Korinthe

Lucius : Kan Lukas wees maar onwaarskynlikJason: Kan Jason wees wat Paulus gehuisves het in Thessolonika (Hand. 17:5-9)Sosipater: Sosipater van Hand. 20:4?

Tertius: Het brief geskrywe: word nêrens weer vermeld nie. (23)Gajus: Vermeld in 1 Kor. ?

Erastus: Stad se direkteur van openbare werke (25-27) Doksologie. Vat belangrike tema’s saam

# Paulus se verduideliking van die Evangelie. Prediking van Jesus Christus# Hy is magtig om ons te versterk/bevestig in ons geloof.# Evangelie is getuienis wat eers onlangs ge-openbaar is# Dit herinner aan hoe God se geregtigheid ge-openbaar is in die kruis# Hierdie Evangelie/openbaring is volgens die bevel van God# Doel:Dat al die mense in Hom glo en Hom gehoorsaam# Uiteindelik slegs tot Sy heerlikheid!