w4903 woordfees gids - litnet · thina dube marinda du toit. 228 229 diek grobler vers tot film...

7
225 224 ‘Elke vloerblokkie wat as boekomslag ingespan is, het eens nederig diens gedoen in ’n woonhuis.’ Emma Willemse se omvattende kunsprojek van 101 kunstenaarsboeke het vyf jaar geneem om te voltooi en spreek van ervarings wat nóg langer neem om te verwerk – van verskuiwing en die verlies van ’n woning, iets wat miljoene Suid-Afrikaners deur eeue heen beleef het. Die boeke het ou parketvloerblokkies as omslae en is gevul met tekeninge, drukkuns en collages wat die ervaring van jou huis verloor dokumenteer en verwerk. Elke blokkie wat as boekomslag ingespan is, het eens nederig diens gedoen in ’n woonhuis, die plek waar so baie mense en gesinne se intieme lewenservarings plaasvind. Die stukkies hout is fragmente, maar verbeeld nogtans ’n magdom ervarings en is, soos die prente en illustrasies in die boeke, die sleutel tot ’n baie groter verhaal van lief en leed. Die boeke vorm as’t ware ’n (onvolledige) argief van herinneringe en die omslae en prente vertel nie volledige stories van voor tot agter nie. Dit is los versamelings oorblyfsels, ’n gebroke, onvolledige opgawe wat wys dat kennis en geheue, wat trauma en verlies probeer verwerk, gewoonlik broos, kompleks en veranderlik is. Interaktiewe kunstenaarsvertoning: 2 - 11 Maart 09:30 120 min | US Museum (grondvloer) | Gratis Uitstalling: 2 - 11 Maart 09:00 - 18:00 | US Museum (grondvloer) | Gratis Kunstenaarsrondleiding: 3 en 7 Maart 14:00 60 min | US Museum (grondvloer) R 50 | R60 by die deur DISPLACED Regisseur: Victor van Aswegen Vollengte dokumentêre film Die Verenigde Nasies raam dat 65.6 miljoen mense tans ontheem is weens vervolging, konflik en geweld, meer as ooit tevore. Emma Willemse werk dekades reeds akademies én skeppend met die temas van ’n tuiste, die verlies daarvan en ontheemding. Displaced is tegelyk ’n intense meelewing met almal wat dié trauma ervaar en ’n retrospektiewe blik op haar werk. 3 Maart 09:30, 7 Maart 17:00 en 9 Maart 17:00 90 min | HB Thom-seminaarkamer | R40 | R50 by die deur Emma Willemse VISUELE KUNS FEESKUNSTENAAR EMMA WILLEMSE Argiewe van verlies en verlange Oorspronklike KENNIS-onderwerp: Boumetodes

Upload: others

Post on 07-Oct-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: W4903 Woordfees Gids - LitNet · Thina Dube Marinda du Toit. 228 229 DIEk GROBlER Vers tot film Oorspronklike KENNIS-onderwerp: Die rolprent ... verskeie media – papier, hout, digitale

225224

‘Elke vloerblokkie wat as boekomslag ingespan is, het eens nederig diens gedoen in ’n woonhuis.’Emma Willemse se omvattende kunsprojek van 101 kunstenaarsboeke het vyf jaar geneem om te voltooi en spreek van ervarings wat nóg langer neem om te verwerk – van verskuiwing en die verlies van ’n woning, iets wat miljoene Suid-Afrikaners deur eeue heen beleef het.

Die boeke het ou parketvloerblokkies as omslae en is gevul met tekeninge, drukkuns en collages wat die ervaring van jou huis verloor dokumenteer en verwerk. Elke blokkie wat as boekomslag ingespan is, het eens nederig diens gedoen in ’n woonhuis, die plek waar so baie mense en gesinne se intieme lewenservarings plaasvind. Die stukkies hout is fragmente, maar verbeeld nogtans ’n magdom ervarings en is, soos die prente en illustrasies in die boeke, die sleutel tot ’n baie groter verhaal van lief en leed.

Die boeke vorm as’t ware ’n (onvolledige) argief van herinneringe en die omslae en prente vertel nie volledige stories van voor tot agter nie. Dit is los versamelings oorblyfsels, ’n gebroke, onvolledige opgawe wat wys dat kennis en geheue, wat trauma en verlies probeer verwerk, gewoonlik broos, kompleks en veranderlik is.

Die boeke vorm as’t ware ’n (onvolledige) argief van herinneringe en die omslae en prente vertel nie volledige stories van voor tot agter nie. Dit is los versamelings oorblyfsels, ’n gebroke, onvolledige opgawe wat wys dat kennis en geheue, wat trauma en verlies probeer verwerk, gewoonlik broos, kompleks en veranderlik is.

Interaktiewe kunstenaarsvertoning: 2 - 11 Maart 09:30 120 min | US Museum (grondvloer) | GratisUitstalling: 2 - 11 Maart 09:00 - 18:00 | US Museum (grondvloer) | GratisKunstenaarsrondleiding: 3 en 7 Maart 14:00 60 min | US Museum (grondvloer) R 50 | R60 by die deur

DISPlAcEDRegisseur: Victor van AswegenVollengte dokumentêre film

Die Verenigde Nasies raam dat 65.6 miljoen mense tans ontheem is weens vervolging, konflik en geweld, meer as ooit tevore. Emma Willemse werk dekades reeds akademies én skeppend met die temas van ’n tuiste, die verlies daarvan en ontheemding. Displaced is tegelyk ’n intense meelewing met almal wat dié trauma ervaar en ’n retrospektiewe blik op haar werk.

op haar werk wat dit binne die konteks van wêreldgebeure plaas.3 Maart 09:30, 7 Maart 17:00 en 9 Maart 17:00 90 min | HB Thom-seminaarkamer | R40 | R50 by die deur

emma Willemse

VISUElE kUNSfEESkUNSTENAAREmmA WIllEmSEArgiewe van verlies en verlangeOorspronklike KENNIS-onderwerp: Boumetodes

Page 2: W4903 Woordfees Gids - LitNet · Thina Dube Marinda du Toit. 228 229 DIEk GROBlER Vers tot film Oorspronklike KENNIS-onderwerp: Die rolprent ... verskeie media – papier, hout, digitale

227226

SOlO-UITSTAllINGS THINA DUBEThe last HarvestOriginal KENNIS topic: ‘Die ontkieming van sade’

Thina Dube is a printmaker who specialises in monotypes on paper he makes himself and imbeds with plant material, text, string and other matter. After drawing and painting on it, he tears up the paper and stitches it back together again to integrate the imagery with the paper.

Through this creative process Dube investigates his identity and how it is constructed and communicated, whether it happens in isolation or is determined by his surroundings. It includes examining the ancestors’ role and whether they still are relevant in the African diaspora and the information age.

2 - 11 March 09:00 - 18:00 SU Museum (first floor) | Free

mARINDA DU TOITIDOorspronklike KENNIS-onderwerp: Die mens as chemiese fabriek

Uit gevonde voorwerpe, uitgediende weggooigoed wat sy op skrootwerwe en elders vind, skep Marinda du Toit beeldhoufigure wat onverwagte en nuwe betekenisse kry, veral saam met die kreatiewe woordspel van hul titels. Sy ondersoek met woord en beeld die menslike psige en veral hoe chemiese wanbalanse tot sielkundige toestande lei.

Ou meesters soos Goya, Dürer, Hieronymus Bosch en Edvard Munch inspireer haar om mense se eiesoortige persoonlikhede te verbeeld. Die skrootmateriaal en haar aweregse titels vorm saam ’n humoristiese maar empatiese viering van die randfigure in die samelewing.

2 - 11 Maart 09:00 - 18:00 US Museum (eerste vloer) | Gratis

kURATORSREDE 2018AlEX HAmIlTON

’n Kennis van kuns en die kuns van kennis

Die ‘oorspronklike kern’ van die leerproses en die oordra van inligting as kreatiewe ontlading is vanjaar die fokus van die Woordfees se visuele-kunsprogram.

Met behulp van uiteenlopende visuele en fisieke materiaal, kreatiewe denke en talent skep kunstenaars nuwe maniere om inligting te kommunikeer deur selfuitdrukking – universeel én hoogs persoonlik. Kunstenaars het nog altyd kennis op oorspronklike maniere oorgedra en sosiale, politieke en wetenskaplike inligting kreatief vasgevang. So skep hulle nie net ’n nuwe visuele ensiklopedie nie, maar dra elkeen sy kennis van kuns oor terwyl die probleme van ons komplekse samelewing visueel tuisgebring word. Ons liefde vir leer en die insameling van kennis (asook kuns) word daarom konseptueel en visueel saamgevat in vanjaar se uitstallings.

Al hierdie aspekte word weerspieël in die merkwaardige uitstelling deur ons feeskunstenaar, Emma Willemse, wat hulde bring aan boeke as inligtingsbron. Sy wys in ’n visuele feesmaal vir die oog, brein en hart hoe materiale nostalgies is en hoe dit die onreg en vernietiging van sosiale ontwrigting simboliseer.

fEESUITSTAllINGkENNIS Kurator: Alex HamiltonDeelnemende kunstenaars: Jaco Benade, Lien Botha, Chris Diedericks, Gordon Froud, Marike Kleynscheldt, MJ Lourens, Madelein Marincowitz, Luan Nel, Malose Pete, Stephen Rosin, Henk Serfontein, Hannalie Taute, Barbara Wildeboer en andere

Vanjaar se feesuitstalling is geïnspireer deur Kennis, die eerste volkleurensiklopedie in Afrikaans, wat in die vroeë sewentigerjare die Suid-Afrikaanse jeug, myself inkluis, betower, verlei en nuuskierig gemaak het. Die helderkleurige illustrasies, eksotiese onderwerpe en (nou ooglopend eensydige) Suid-Afrikaanse geskiedenis het almal laat wonder oor al die nuwe dinge in die reeks.

Vandag het navorsing en lees baie verander, maar die impak en genot van visuele stimulasie maak dit steeds een van die doeltreffendste maniere om te kommunikeer. Daarom is verskeie kunstenaars gevra om historiese en wetenskaplike ensiklopediese informasie te vernuwe. Hulle lewer kommentaar, gee eie menings en gebruik ou onderwerpe as metafore om nuwe idees op oorspronklike visuele wyse te kommunikeer.

2 - 11 Maart 09:00 - 18:00 Galery Universiteit Stellenbosch (GUS) | Gratis

Thina Dube Marinda du Toit

Page 3: W4903 Woordfees Gids - LitNet · Thina Dube Marinda du Toit. 228 229 DIEk GROBlER Vers tot film Oorspronklike KENNIS-onderwerp: Die rolprent ... verskeie media – papier, hout, digitale

229228

DIEk GROBlER Vers tot film Oorspronklike KENNIS-onderwerp: Die rolprent

Animasie ontmoet gedig, stap vir stap. Dié installasie is ’n teenstuk vir Afrique Mon Désir (Afrika my verlange), Laurinda Hofmeyr se opvoering, en Diek Grobler het animasiefilms vir 12 gedigte uit Franssprekende Afrika en Afrikaans hiervoor geskep.

Saam bied hulle ’n blik op die kreatiewe proses tydens die skepping van ’n geanimeerde poësiefilm – van die teks tot die kunswerke wat dit visueel lewe gee. Grobler wys ook tekeninge en skilderye wat ná afloop van die films in verskeie media – papier, hout, digitale drukke en video – geskep is en daar is ’n animasietafel waar jy self jou hand aan animasie kan waag.

2 - 11 Maart 09:00 - 18:00 Stadsaal | Gratis

PIERRE lE RIcHESwerfgoedOorspronklike KENNIS-onderwerp: Houtsoorte van die wêreld

Die uiteenlopende werke, wat ’n kunstenaarsboek insluit, fokus op hoe die wit bevolking van Suid-Afrika met die land ná apartheid omgaan, veral met die verlies van die bevoorregting wat hulle onder die vorige bedeling geniet het.

Pierre Le Riche kyk na die veranderende blanke identiteitspolitiek op verskeie vlakke, insluitend materiële welvaart en veral migrasie. Hy ondersoek die gedagte dat baie witmense in die nuwe Suid-Afrika ’n tipe sielkundige verplasing ervaar ná afloop van die vorige bestel. Dié werke maak deel uit van sy tesis vir sy meestersgraad aan die Michaelis-kunsskool van die Universiteit van Kaapstad.

2 - 11 Maart 09:00 - 18:00 SMAC-galery (eerste vloer) | Gratis

mANyATSA mONyAmANEUntitledOriginal KENNIS-topic: ‘Mode’

This photographic project celebrates our elders – their beauty, style, strength and resilience. It examines the origins of trends and what defines the boundaries and measures of style.

Manyatsa Monyamane set out to capture the essence of the timeless beauty of young people in the ’60s and ’70s, and explored how they define themselves 50 years later. Are they as stylish today as they were when they fought an oppressive system as teenagers? Through her lens, Monyamane reaches an affirmative conclusion.

2 - 11 March 09:00 - 18:00 SU Museum (first floor) | Free

NHlANHlA NHlAPOSelf (and) IOriginal KENNIS-topic: ‘Dingaan, Shaka, Mosjesj’

In a mini-show of seven works in mixed media, such as watercolours, acrylics and oils on paper, Nhlanhla Nhlapo investigates aspects of his identity against the backdrop of history, mainly by working with images from history books, articles and encyclopedias.

By reworking original entries, Nhlapo tries to negotiate meaning by examining symbols and images of various South African events and spaces, past and present. The process required him to excavate the subconscious or, as Nhlapo says, ‘question my own angst’.

2 - 11 March 09:00 - 18:00 SU Museum (first floor) | Free

Nhlanhla NhlapoWilna Strydom

‘No thief, howeverskilful, can rob one ofknowledge, and thatis why knowledge is

the best and safesttreasure to acquire.’

– The Lost Princess of Oz, L. Frank BaumManyatsa MonyamanePierre le Riche

Page 4: W4903 Woordfees Gids - LitNet · Thina Dube Marinda du Toit. 228 229 DIEk GROBlER Vers tot film Oorspronklike KENNIS-onderwerp: Die rolprent ... verskeie media – papier, hout, digitale

231230

lEANNE OlIVIER m(AS)kersOorspronklike KENNIS-onderwerp: Maskers

Maskers het talle betekenisse en speel eeue reeds ’n belangrike rol in rituele.

Leanne Olivier stel belang in die spel van bedekking en ontbloting, en vir hierdie projek het sy mense bedek met as, ’n medium vol betekenis wat geassosieer word met die dood, afsluiting en suiwering. Beskilderde dansers beweeg rond tydens ’n ritualistiese seremonie.

Vir Olivier is ’n masker nie net iets wat verberg nie, maar wat ironies ook meer essensiële aspekte van ’n persoon, ’n dieper sielkundige waarheid, openbaar.

2 - 11 Maart 09:00 - 18:00 Galery Universiteit Stellenbosch (GUS) | Gratis

mIcHElE ROlSTONE Subliminale SubliemeOorspronklike KENNIS-onderwerp: Orgideë

Michele Rolstone gebruik verskeie vorms van drukkuns om hulde te bring aan ou Nederlandse stillewe-kunstenaars wat dikwels blomme gebruik het om emosies uit te druk en boodskappe oor te dra. Sy herbesoek hierdie eeue oue benadering egter ook om te besin oor menswees in die midde van die hedendaagse inligtingsontploffing.

Haar benadering is obsessief en op detail gefokus. Sy verwys na die insameling van kennis oor die wêreld, maar ook hoe ons vervreemd geraak het van ons plek in die natuur. Rolstone kombineer verskillende drukprosesse van ets- tot linosneewerk om nuwe toepassings vir drukgrafika in eietydse kuns te vind.

2 - 11 Maart 09:00 - 18:00 US Museum (eerste vloer) | Gratis

Riaan van ZylWilna StrydomMichele Rolstoneleanne Olivier

e cWIlNA STRyDOmBewustheidOorspronklike KENNIS-onderwerp: Die brein en sy dele

Wilna Strydom is ’n keramiekkunstenaar wat met dié uitstalling ondersoek instel na die menslike brein as die plek waar emosie en ingesamelde kennis ontmoet. Dis waar ’n eiesoortige manier van kyk en ’n eie ervaring van die wêreld ontstaan en waar hoe ons onsself aan ander voorhou, gevorm word.

Strydom glo daar is te veel somberheid in die wêreld en sê, ‘Kuns moet emosie ontlok en vir my moet dit genot wees.’ Sy beskou haarself as ’n medium tussen klei en kuns en laat die materiaal toe om tot haar te spreek en omvorm te word in werke wat vreugde bring.

2 - 11 Maart 09:00 - 18:00 US Museum (eerste vloer) | Gratis

RIAAN VAN ZylVerontrus f r nt’rœsOorspronklike KENNIS-onderwerp: Klank

Klank is ’n kragtige sleutel tot die geheue, die onthou van ervarings en belewenisse. Dis daarom ironies dat die mens so dikwels betekenis vind in melankoliese en treurige klanke.

Riaan van Zyl glo ons is geneig om aangename klanke te verkies, maar dat ons, as rustelose wesens, dikwels ook gedy op gevoelens van verdriet en heimwee wat aangevuur word deur somber, morbiede klanke.

Dié onnatuurlike versugting na die onrustige is ’n belangrike dryfveer in die kunste – deur ongemak en weemoed te ervaar, vind die mens ’n manier om kalm en bedaard na die wêreld te kyk.

2 - 11 Maart 09:00 - 18:00 US Museum (eerste vloer) | Gratis

Page 5: W4903 Woordfees Gids - LitNet · Thina Dube Marinda du Toit. 228 229 DIEk GROBlER Vers tot film Oorspronklike KENNIS-onderwerp: Die rolprent ... verskeie media – papier, hout, digitale

233232

DIE BOU VAN DIE OOGOorspronklike Kennis-onderwerp: Die bou van die oog

Kurator: SMAC-galeryDeelnemende kunstenaars: Peter E. Clarke en Lionel Davis

Dié oorsiguitstalling vier die lewe en werk van en vriendskap tussen Lionel Davis en wyle Peter E. Clarke.

Die fokus is op drukgrafika, ’n medium wat sinoniem is met albei kunstenaars, en strek oor sowat ses dekades se toegewyde kunsproduksie. Hoewel Clarke en Davis hoofsaaklik as visuele kunstenaars bekend is, was beide ook onderwysers, anti-apartheidaktiviste, politieke gevangenes en digters.

Die uitstalling bied nie net ’n rekord van Suid-Afrika se talle politieke transformasies nie, maar ondersoek en vier terselfdertyd verskeie aspekte van die lewe.

2 - 11 Maart 09:00 - 18:00SMAC-galery (eerste vloer) | Gratis

THE ENDlESS HORIZONOriginal Kennis-topic: ‘Die drukpers’

Curator: Judy WoodborneParticipating artists: Michele D’Argent,Eleanora Hofer, Theo Kleynhans, JohanLouw, Ian Marley, Wonder Marthinus, XolileMtakatya, Paul Painting, Sophie Peters,Kobus Rossouw, Lyn Smuts, Johan Louw Stegmann and Judy Woodborne

The Endless Horizon is a compilation of print works using images by 13

invited artists to create a single large-format artwork. The individual works all have landscapes as their theme and use a distinct horizon to link them visually. The artists were given the freedom to interpret the theme as they liked and were not in any way limited to a conventional depiction of landscapes.

2 - 11 March 09:00 - 18:00 SU Museum (first floor) | Free

SkRIfOorspronklike Kennis-onderwerp: Skrif

Kurator: Bibi SlippersDeelnemende kunstenaars: Louise Kritzinger, Elsabé Milandri, Richard James Myburgh, Daniel Rautenbach, Renée Rossouw, Paul Senyol, Bibi Slippers, Michael Smith en Nina Torr

Skrif is ’n metode om kennis op te teken, oor te dra en uit te brei. Maar kennis verander deurlopend en skrif moet daarby aanpas. Binne hierdie konteks skep dié groep kunstenaars elk ’n alternatiewe alfabet waarmee hulle ’n eie, unieke kennis kan oordra.

Daar word gekyk na dit wat nie deur tradisionele skrif uitgebeeld kan word nie. Wat kan kleur ons leer? Is daar ’n alfabet vir slapeloosheid, of ’n spesiale taal wat net tussen geliefdes bestaan? Skrif soek dus na nuwe maniere om te vertel wat ons weet, en hoe ons weet.

2 - 11 Maart 09:00 - 18:00 US Museum (eerste vloer) | Gratis

DIE kUNS VAN kUNSBElEGGING

Gesprekleier: Aspire-kunskenner Marelize van ZylMet: Stefan Hundt, kurator van die Sanlam-kunsversameling en hoof van Sanlam Private Beleggings se kunsadviesdiens, en Herman Steyn, stigter en hoof van die Scheryn-kunsversameling

Kan jy waarlik wins maak uit kuns? Twee swaargewigkunskenners gesels oor kuns koop as ’n belegging en die suksesvolle bestuur van ’n kunsversameling om jou opbrengs te optimaliseer. Drankies en verversings word na die tyd bedien.

6 Maart | 18:00 45 min | HB Thom-seminaarkamer | Gratis

VISUElE kUNS

VONkPROPOorspronklike Kennis-onderwerp: Die binnebrandenjin

Deelnemende kunstenaars: Cobus Haupt, Setlamorago Mashilo en Martyn Schickerling

Hierdie beeldhouprojek, wat uit nuwe werke bestaan, kyk na die oorsprong van kreatiewe energie en hoe dit ’n vonk verskaf vir nuwe idees en artistieke uitdrukking. Die kunstenaars, wie se wortels al drie in Pretoria lê, kombineer die organiese en die meganiese in ’n proses wat begrip vir die ontstaan van kuns en tegniek toon. Hulle gebruik tradisionele tegnieke en materiale, maar plaas beeldhouwerk in ’n meer eietydse omgewing en uitdrukking sodat kykers op nuwe, meer emosionele en eietydse maniere daarna kan kyk.

2 - 11 Maart 09:00 - 18:00 US Museum (eerste vloer) | Gratis

GROEPSUITSTAllINGS

ASPIRE-kUNSkONTEkSAANGEBIED DEUR ASPIRE ART AUCTIONS

IRmA STERN – RONDlEIDING

Met: Prof. Sandra Klopper

Irma Stern se skilderye is van Suid-Afrika se waardevolste kunsskatte. Leer meer van haar unieke benadering tydens dié tematiese rondleiding van die legendariese kunstenaar se skilderye in die permanente versameling van die Rupert-museum. Prof. Klopper se aanbieding is gegrond op haar pas verskene boek, Are You Still Alive? Irma Stern’s life and art seen through her letters to Richard and Freda Feldman, 1934-1966.

3 Maart | 10:30 60 min | Rupert Museum | Gratis

Page 6: W4903 Woordfees Gids - LitNet · Thina Dube Marinda du Toit. 228 229 DIEk GROBlER Vers tot film Oorspronklike KENNIS-onderwerp: Die rolprent ... verskeie media – papier, hout, digitale

235234

kUNSklETSE & RONDlEIDINGS

RONDleIDING Stap saam met kurator, Alex Hamilton, deur die Woordfees-uitstallings by die US Museum.

Vrydag 2 Maart 10:00US Museum (grondvloer)

90 min R 30 | R40 by die deur

KUNSKleTS Feeskunstenaar, Emma Willemse, bespreek die kunstenaarsmedium as metafoor.

Vrydag 2 Maart 12:00 GUS 60 min R 30 | R40 by die deur

RONDleIDING Stap saam met kurator, Alex Hamilton, deur die uitstallings by GUS en SMAC-galery.

Saterdag 3 Maart 10:00 GUS 90 min R 30 | R40 by die deur

RONDleIDING Feeskunstenaar, Emma Willemse, gesels oor haar uitstalling, Argiewe van verlies en verlange.

Saterdag 3 Maart 14:00US Museum (grondvloer)

60 min R 50 | R60 by die deur

RONDleIDINGStap saam met kurator, Alex Hamilton, deur die uitstallings by GUS en SMAC-galery.

Sondag 4 Maart 10:00 GUS 90 min R 30 | R40 by die deur

RONDleIDINGStap saam met kurator, Alex Hamilton, deur die Woordfees-uitstallings by die US Museum.

Maandag 5 Maart 10:00US Museum (grondvloer)

90 min R 30 | R40 by die deur

ART TAlKPrintmakers, Judy Woodborne and Michele Rolstone, explain various printmaking methods and the value of prints.

Tuesday 6 March 12:00 GUS 60 min R 30 | R40 at the door

RONDleIDING Bring die kinders saam en kom kyk na die uitstallings by die US Museum, aangebieddeur Ilana Maree en moontlik gemaak deur die Vriende van Afrikaans.

Dinsdag 6 Maart 15:00US Museum (grondvloer)

45 min R 30 | R40 by die deur

kUNSmARk-ASPIRASIES

Met: Aspire-kunskenners Emma Bedford, Ruarc Peffers en Marelize van Zyl

Wat is die rol van kunsveilings en hoe werk dit? Hoe word waarde vir kopers en verkopers in die sekondêre kunsmark bepaal? Kom luister na dié leersame gesprek en vind meer uit oor hoe die kunshandel verloop. Ikoniese kunswerke en belangrike kunstenaars word bespreek en toegelig met ‘n terugblik op veilinghoogtepunte en rekordpryse.

3 Maart | 12:00 45 min | HB Thom-seminaarkamer | Gratis

kEN DIE WAARDE VAN kUNS

Nuuskierig oor ‘n kunswerk? Kom ontmoet Aspire se kunskenners wat hul breë kennis gaan deel en raad gee oor die koop en verkoop van kuns. Kunswaardasies word ook behartig en hulle sal beskikbaar wees vir informele gesprekke.

5 Maart | 17:00 45 min | HB Thom-seminaarkamer | Gratis

VERSAmEl VIR DIE TOEkOmS

Gesprekleier: Senior Aspire-kunskenner en -direkteur Emma Bedford

Emma Bedford gesels met direkteurs van museums en kurators oor die rol van kunsmuseums as openbare ruimtes vir sosiale betrokkenheid, die opbou en toekoms van kunsversamelings asook museumleierskap in Suid-Afrika. Drankies en verversings word na die tyd bedien.

8 Maart | 17:00 45 min | HB Thom-seminaarkamer | Gratis

WAlTER BATTISS – RONDlEIDING

Herontdek die kleurryke, speelse kuns van Walter Battiss en vind uit waarom hy as een van Suid-Afrika se voorste abstrakte kunstenaars gereken word. Hy was aanvanklik geïnteresseerd in argeologie en stamkuns voor hy sy kunsstudies aangepak het. Kom kyk of jy dié oerinvloede in sy kuns kan raaksien.

10 Maart | 10:30 60 min | Rupert Museum | Gratis

‘ ‘n Kunstenaar skep om van homself bevry te raak.’– Irma Stern

Page 7: W4903 Woordfees Gids - LitNet · Thina Dube Marinda du Toit. 228 229 DIEk GROBlER Vers tot film Oorspronklike KENNIS-onderwerp: Die rolprent ... verskeie media – papier, hout, digitale

236

RONDleIDING Feeskunstenaar, Emma Willemse, gesels oor haar uitstalling, Argiewe van verlies en verlange.

Woensdag 7 Maart 14:00US Museum (grondvloer)

60 min R 30 | R40 by die deur

RONDleIDING Stap saam met kurator, Alex Hamilton, deur die uitstallings by GUS en SMAC-galery.

Donderdag 8 Maart 10:00 GUS 90 min R 30 | R40 by die deur

RONDleIDINGStap saam met kurator, Alex Hamilton, deur die Woordfees-uitstallings by die US Museum.

Vrydag 9 Maart 10:00US Museum (grondvloer)

90 min R 30 | R40 by die deur

KUNSKleTS Kurator, Alex Hamilton, gesels oor opkomende kuns en tien jong kunstenaars om dop te hou.

Vrydag 9 Maart 12:00 GUS 60 min R 30 | R40 by die deur

RONDleIDING Stap saam met kurator, Alex Hamilton, deur die uitstallings by GUS en SMAC-galery.

Saterdag 10 Maart 10:00 GUS 90 min R 30 | R40 by die deur

RONDleIDING Bring die kinders saam en kom kyk na die uitstallings by die US Museum, aangebieddeur Ilana Maree en moontlik gemaak deur die Vriende van Afrikaans.

Saterdag 10 Maart 10:00US Museum (grondvloer)

45 min R 30 | R40 by die deur

kUNSkAPTEINEUitstallings en kuns word so toeganklik as moontlik aangebied en daarom betrek die visuele-kunsprogram bemarkingstudente van Universiteit Stellenbosch as ‘kunskapteine’ om feesgangers by te staan met inligting en verkope. So leer hulle meer van kuns, die skeppingsproses en die bestuur van uitstallings en kry dié lekker span geesdriftige studente waardevolle kreatiewe en beroepsondervinding.

The University Museum is a leading museum of the 21st century. The museum is located in the old Bloemhof school for girls. Built in 1907, this charming building is a declared provincial heritage site. The museum houses and exhibits the rich artistic and cultural heritage collection of Stellenbosch University. The museum is open to members of the public and is well worth a visit. In the spirit of making visual arts and heritage accessible to all, entrance is free.

Open: 09h00-16h30, Monday to Saturday52 Ryneveld Street, Stellenbosch

021 808 3695 [email protected]

wwwo.sun.ac.za/museum

The University Museum is a leading museum of the 21st century. The museum is located in the old Bloemhof school for girls. Built in 1907, this charming building is a declared provincial heritage site. The museum houses and exhibits the rich artistic and cultural heritage collection of Stellenbosch University. The museum is open to members of the public and is well worth a visit. In the spirit of making visual arts and heritage accessible to all, entrance is free.

Open: 09h00-16h30, Monday to Saturday52 Ryneveld Street, Stellenbosch

021 808 3695 [email protected]

wwwo.sun.ac.za/museum