· web viewas dit meer as 1 punt tel moet jy meer as 1 ding noem. lees die begripsteks deur....

16
Afrikaans huistaal Graad 6 – Dit is presies wat in die klas gedoen is Week 6-10 Julie Maandag: Behandel die stappe om ‘n begripsoefening/toets te beantwoord Stappe om 'n begripsoefening/toets te beantwoord: Stap 1: Lees die begripsoefening se leesstuk. Stap 2: Lees jou vrae. Stap 3: Onderstreep HOE jy moet antwoord en omkring WAT jy moet antwoord. HOE: noem / dui aan / onderstreep / omkring / haal aan Stap 4: Soeklees die woorde van die WAT van jou vraag in die leesstuk. Stap 5: Beantwoord nou die hele VRAAG op die manier wat jou HOE onderstreep is. Stap 6: Lees die vraag en antwoord saam. Maak seker jou antwoord pas by die vraag. ONTHOU: as hulle vra vir 1 (een) woord mag jy NET 1 (een) WOORD skryf. as hulle sê haal aan MOET jy “aanhalingstekens “ gebruik en REG SPEL! as hulle waar / onwaar, ja / nee vragies vra MOET jy 'n rede bygee. ALTYD!!! kyk altyd hoeveel punte 'n vraag tel. As dit meer as 1 punt tel moet jy meer as 1 ding noem. Lees die begripsteks deur. Slegs drie pote, maar niks stuit die optelhond Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) is hoopvol oor hul geliefde Leo nadat hy onlangs met terapie begin het om die toekoms op slegs drie pote aan te pak. Leo is sowat twee maande gelede deur die DBV se Waltloo-tak in Pretoria ingeneem nadat hy verwaarloos in die Erasmia-woongebied in Pretoria aangetref is. Een van sy agterpote was ernstig beseer en was met 'n enkele stuk vel aan die res van sy lyf vas. Elsa Daniels, woordvoerder van die DBV Tshwane, vermoed hy is deur 'n ander hond aangeval.

Upload: others

Post on 21-Jul-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1:   · Web viewAs dit meer as 1 punt tel moet jy meer as 1 ding noem. Lees die begripsteks deur. Slegs drie pote, maar niks stuit die optelhond. Die Dierebeskermingsvereniging (DBV)

Afrikaans huistaal Graad 6 – Dit is presies wat in die klas gedoen is

Week 6-10 Julie

Maandag:

Behandel die stappe om ‘n begripsoefening/toets te beantwoord

Stappe om 'n begripsoefening/toets te beantwoord:

Stap 1: Lees die begripsoefening se leesstuk.Stap 2: Lees jou vrae.Stap 3: Onderstreep HOE jy moet antwoord en omkring WAT jy moet antwoord. HOE: noem / dui aan / onderstreep / omkring / haal aanStap 4: Soeklees die woorde van die WAT van jou vraag in die leesstuk.Stap 5: Beantwoord nou die hele VRAAG op die manier wat jou HOE onderstreep is.Stap 6: Lees die vraag en antwoord saam. Maak seker jou antwoord pas by die vraag.

ONTHOU: as hulle vra vir 1 (een) woord mag jy NET 1 (een) WOORD skryf.as hulle sê haal aan MOET jy “aanhalingstekens “ gebruik en REG SPEL!as hulle waar / onwaar, ja / nee vragies vra MOET jy 'n rede bygee.

ALTYD!!!kyk altyd hoeveel punte 'n vraag tel. As dit meer as 1 punt tel moet jy meer as 1 ding noem.

Lees die begripsteks deur.

Slegs drie pote, maar niks stuit die optelhond

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) is hoopvol oor hul geliefde Leo nadat hy onlangs met terapie begin het om die toekoms op slegs drie pote aan te pak.

Leo is sowat twee maande gelede deur die DBV se Waltloo-tak in Pretoria ingeneem nadat hy verwaarloos in die Erasmia-woongebied in Pretoria aangetref is. Een van sy agterpote was ernstig beseer en was met 'n enkele stuk vel aan die res van sy lyf vas. Elsa Daniels, woordvoerder van die DBV Tshwane, vermoed hy is deur 'n ander hond aangeval.

'n Lid van die publiek, Leon Fourie, was laat die middag op pad na sy woonstel toe hy Leo in die straat opgemerk het. “Hy het op drie pote rondgespring en 'n deel van sy agterpoot agterna gesleep," vertel Daniels.

Fourie het egter met 'n motorfiets gery en kon nie vir Leo saamneem nie. Hy het dadelik begin rondbel en planne beraam om die driepotige te red, sê Daniels. Leo is na 'n lang reddingspoging na die DBV se Waltloo-tak geneem waar hy dadelik mediese hulp ontvang het.

Dr. Marianna Berg, 'n veearts by die Waltloo-tak, het besluit om eerder Leo se agterpoot te amputeer aangesien dit erg beseer was. "Die operasie was 'n sukses en Leo kon 'n dag later reeds op drie pote loop;” vertel Daniels.

Heather Whitfield, eienaar van Paws-itive Paws-abilities-terapiesentrum

vir diere in Centurion, het gratis terapie vir Leo aangebied. Leo het reeds in November met sy rehabilitasieprogram begin waar hy elke dag ‘n kort entjie gaan stap om sy pote te versterk. Die terapie help hom ook om sy balans en koördinasie te verbeter.

Vir Whitfield is dit baie bevredigend om te sien hoe Leo se toestand die afgelope maand verbeter het. Sy glo hy sal volgende week al gereed wees vir aanneming.

[Verwerk uit maroelamedia.co.za - 2019/12/05] 350 woorde

Page 2:   · Web viewAs dit meer as 1 punt tel moet jy meer as 1 ding noem. Lees die begripsteks deur. Slegs drie pote, maar niks stuit die optelhond. Die Dierebeskermingsvereniging (DBV)

1.7 Haal vyf (5) opeenvolgende woorde uit paragraaf drie (3) aan wat aandui dat Leon Fourie nie vir die DBV werk nie. (2)

______________________________________________________________________________

1.8 Waarom kon Leon Leo nie saam met hom neem nie? (1)

______________________________________________________________________________

______________________________________________________________________________

______________________________________________________________________________

1.9 Omkring die korrekte antwoord. Watter tyd van die dag het hierdie reddingspoging afgespeel? (1)

A vroeg die oggend B laatmiddag

C laat die aand D vroeg die middag

1.10 Verduidelik wat bedoel word met die onderstreepte woord. “... Het besluit om eerder Leo se

agterpoot te amputeer . ..” (1)

_____________________________________________________________________________

_____________________________________________________________________________

_____________________________________________________________________________

Page 3:   · Web viewAs dit meer as 1 punt tel moet jy meer as 1 ding noem. Lees die begripsteks deur. Slegs drie pote, maar niks stuit die optelhond. Die Dierebeskermingsvereniging (DBV)

1.11 Pas kolom A by Kolom B. Skryf die korrekte letter by elke nommer. (3)

Kolom A Kolom B Antwoord

1.11.1 Whitfield A eienaar: DBV 1.11.1 ____

1.11.2 Daniels B eienaar: terapiesentrum 1.11.2 ____

1.11.3 Berg C veearts 1.11.3 ____

D woordvoerder DBV

1.12 Dink jy, jy sal ‘n hond aanneem wat net drie bene het? Verduidelik hoekom jy so sê. (2)

______________________________________________________________________________

______________________________________________________________________________

______________________________________________________________________________

______________________________________________________________________________

1.13 Waarom dink jy die terapiesentrum se naam word as volg geskryf: (1)

Paws-itive Paws-abilities-terapiesentrum?

______________________________________________________________________________

______________________________________________________________________________

TOTAAL AFDELING A: (20)

MEMORANDUM

1.1 Erasmia 1.2 Leon Fourie Hy het dadelik begin rondbel 1.3 Hulle dink hy is deur ‘n ander hond aangeval. 1.4 Oktober (die artikel is in Desember geskryf en hulle sê ongeveer 2 maande gelede)1.5 verwaarloos een van sy agterpote was ernstig beseer was met 'n enkele stuk vel aan die res van sy lyf vas. 1.6 C. behandeling van ‘n liggaamlike probleem 1.7 “'n Lid van die publiek” (een punt vir die aanhalingstekens en een punt vir die 5 woorde.1.8 Hy het op ‘n motorfiets gery. 1.9 B laatmiddag 1.10 Hulle het die been afgesny / afgesit. 1.11 Kolom A Kolom B Antwoord1.11.1 Whitfield A eienaar: DBV 1.11.1 _B_ 1.11.2 Daniels B eienaar: terapiesentrum 1.11.2 _D_ 1.11.3 Berg C veearts 1.11.3 _C_

D woordvoerder DBV1.12 Ja / Nee Leerling se eie antwoord / verduidelik wat sin maak en by die ja/nee pas. 1.13 Dit staan vir engelse woorde, maar die ‘paws’ verwys na diertjies se pote wat oulike woordspeling is.

Page 4:   · Web viewAs dit meer as 1 punt tel moet jy meer as 1 ding noem. Lees die begripsteks deur. Slegs drie pote, maar niks stuit die optelhond. Die Dierebeskermingsvereniging (DBV)

Dinsdag:

Byvoeglike naamwoorde:Byvoeglike naamwoorde vertel jou meer van of beskryf die selfstandige naamwoord of voornaamwoord.

Dit is ‘n byvoeging tot die selfstandige naamwoord.

Die ongerepte natuur laat almal in verwondering.Hy is aantreklik.

Byvoeglike naamwoorde kan op twee maniere gebruik word. Attributief en Predikatief.

Attributief – Die byvoeglike naamwoord staan voor die selfstandige naamwoord.

Bv. Die taai boomgom klou aan my hande vas.

Predikatief – Die byvoeglike naamwoord staan na die selfstandige naamwoord.

Bv. Die boomgom is taai.

‘n Verbuiging kom baie keer voor as ‘n byvoeglike naamwoord attibutief gebruik word. (Dit word ook die e-verbuiging genoem, omdat die b.nw gewoonlik op ‘n “e” eindig.)Bv. Die vrou is goed. Predikatief Dit is ‘n goeie vrou. Attributief

Oefening:Vul nou telkens die korrekte vorm van die byvoeglike naamwoord wat tussen hakies verskyn, in die spasie in:

1. Sy het geleer hoe noodsaaklik _____________________________ (goed) diens is.2. Sy het ‘n _______________ (nuut) gastehuis geopen.3. Gereeld word mense deur ______________ (slyp) skelms by kitsbanke beroof.4. Lanie is ‘n _______________________ (beeldskoon) dame.5. In daardie omgewing is daar _______________ (asemrowend) natuurtonele.6. Ons het ‘n ________________ (fluks) Pappa wat ons tuin netjies hou.7. Die ________________ (pragtig) meisie het die kompetisie gewen.

MEMORANDUM

1. Sy het geleer hoe noodsaaklik goeie diens is.2. Sy het ‘n nuwe gastehuis geopen.3. Gereeld word mense deur geslepe skelms by kitsbanke beroof.4. Lanie is ‘n beeldskone dame.5. In daardie omgewing is daar asemrowende natuurtonele.6. Ons het ‘n flukse Pappa wat ons tuin netjies hou.7. Die pragtige meisie het die kompetisie gewen.

Doen ook die Woordeboekoefening op bl.82 en 83 in die Dept. boek

Doen ook op Bl.84 in die Dept. boek die storie van “’n Ongelooflikke nag” en voltooi daarna die volgorde van die verhaal op bl. 85

Page 5:   · Web viewAs dit meer as 1 punt tel moet jy meer as 1 ding noem. Lees die begripsteks deur. Slegs drie pote, maar niks stuit die optelhond. Die Dierebeskermingsvereniging (DBV)

Woensdag:

Voltooi die volgende werkkaart terwyl dit stap vir stap deur middel van skyfies aan hulle verduidelik word.

Afrikaans HuistaalGraad 6 Werkkaart Die Opsomming

Feite oor krokodille.Krokodille is amfibies wat beteken hulle kan op land en water lewe. Krokodille woon in damme, mere en riviere. Hulle spandeer die meeste van hulle tyd in water maar kan ook op land rondloop. Krokodille kan nie onder die water asemhaal nie, maar hulle kan hulle asems baie lank onder die water ophou.

Daar is twee soorte krokodille. In 2018 het wildbewaarders in Australië ń 600 kilogram soutwater-krokodil gevind. Die sout-water krokodil is baie gevaarlik vir mense en diere. Die soutwater-krokodil is gewoonlik groter as die varswater-krokodil. Die varswater-krokodil is nie so aggresief nie.

Krokodille is karnivore wat beteken hulle is vleiseters. Die krokodil vreet groot en klein gewerwelde diere soos wildsbokke, buffels, seekoeie, visse en selfs mense. Krokodille lê in die water en wag vir

hul prooi. Die krokodil gryp die prooi met hul kake en sleep dit die water in. In die water rol hul die prooi totdat dit verdrink, en dan vreet die krokodil dit op.

Krokodille het baie sterk kakebene. Wanneer die krokodil se kakebeen sluit kan dit twee ton krag bereik. Dit is genoeg om die bene van groot diere maklik te breek.

Alhoewel krokodille al miljoene jare op die aarde woon, word hulle bedreig. Daar is ń groot mark vir krokodilleer en krokodilvelle. Hulle word ook gejag en dan opgestop. Omdat waterbesoedeling toeneem kan dit krokodille se getalle laat afneem. Krokodilvleis is ook gewild. Ons moet hierdie belangrike dier beskerm omdat dit belangrik is vir ekosisteem.

(Bron: Artikel aangepas en vertaal uit News and Society, Nature, 2018.)

Page 6:   · Web viewAs dit meer as 1 punt tel moet jy meer as 1 ding noem. Lees die begripsteks deur. Slegs drie pote, maar niks stuit die optelhond. Die Dierebeskermingsvereniging (DBV)

Feite oor krokodille.1.

2.

3.

4.

5.

Voordat jy jou finale paragraaf skryf, moet jy dit eers met potlood of rof skryf. Dit moet ‘n paragraaf wees. NIE PUNTSGEWYS NIE. Sodra jy daarmee klaas is, kan jy dit redigeer en sorg dat dit tussen 60 en 70 woorde het. Dan mag jy dit oorskryf.

Page 7:   · Web viewAs dit meer as 1 punt tel moet jy meer as 1 ding noem. Lees die begripsteks deur. Slegs drie pote, maar niks stuit die optelhond. Die Dierebeskermingsvereniging (DBV)

Feite oor krokodille.

Hoeveel woorde het jy?_________________

Donderdag :

Skryf nou jou eie opsomming:

Page 8:   · Web viewAs dit meer as 1 punt tel moet jy meer as 1 ding noem. Lees die begripsteks deur. Slegs drie pote, maar niks stuit die optelhond. Die Dierebeskermingsvereniging (DBV)

Lyf kinders sò in fietsry in

Fietsry het voordele. Dit leer ‘n kind van jongs af balans en koördinasie. As die driewiel gebêre en die tweewiel se stutwiele afgehaal word, moet die kind leer om teen alle snelhede en hoeke te balanseer. Die kind leer ook om afstand te skat, betyds te rem en om te konsentreer waar hy of sy ry.

Die kind se eerste fiets moet sy of haar liggaam pas. Die fiets moet verstelbaar wees sodat die kind se voete die grond kan raak en die been amper reguit is met die verste afwaartse punt van die trap. Die fiets moet ook goeie en gemaklike remme en ratwisselaars hê.

Koop dadelik vir die kind ‘n valhelm. Jou kind moet nooit daarsonder ry nie, nie eers om die straatblok nie. In ‘n stryd tussen ‘n kop en ‘n randsteen wen die randsteen. Laat die kind gemaklike klere dra wat uit kettings bly en nie lastig wapper nie.

Leer die kind van die begin af om alle padreëls te gehoorsaam. Ry voor en stel die voorbeeld. Verduidelik die handtekens vir stop, links of regs draai, ry nader aan mekaar, oppas vir ‘n gevaar op die pad en draai uit. Leer die kind om egalig en voorspelbaar te ry. Waarsku voortdurend oor konsentrasie, nie rondkyk nie en om nooit aan die wiel voor jou te raak nie.

Laat kinders beurte maak om voor te ry, en om veilig eenkant toe te skuif om weer agter in te val. Hierdie lesse is goud werd – nie net vir fietsry nie, maar uiteindelik ook vir motor bestuur. Leer hulle van geduld, bedagsaamheid, waaksaamheid en padsin.

Leer hulle hoe om ‘n wiel te pomp, ‘n lek reg te maak, die fiets te was, op te pas en die ketting te olie. Dis vormend.

Maak die eerste fietsritte pret. ‘n Fietsrit met ‘n piekniekrugsak na ‘n gunstelingspeelplek is groot pret. Baie gou kan die hele gesin langer afstande saamry en die buitelug geniet.

(Verkort en aangepas van: www.dutoitcycles.co.za)

Skryf nou ‘n opsomming van tussen 60 en 70 woorde van die teks.Gebruik ‘n gewone A4 lyntjies papier om die hele oefening op te doen.

Page 9:   · Web viewAs dit meer as 1 punt tel moet jy meer as 1 ding noem. Lees die begripsteks deur. Slegs drie pote, maar niks stuit die optelhond. Die Dierebeskermingsvereniging (DBV)

1. Lees die teks “Lyf kinders so in fietsry in” noukeurig deur sodat jy ‘n idee het waaroor die teks handel.

2. Lees die teks ‘n tweede keer en onderstreep elke paragraaf se hoofgedagte

3. Skryf nou elke paragraaf se hoofgedagte neer. Let op die volgende:- Alle hoofgedagtes moet volsinne wees.- Daar moet slegs een volsin by elke nommer wees.- Jy moet die sinne in jou eie woorde skryf

4. Skryf nou die eerste poging van jou finale paragraaf met potlood rofweg neer.

5. Tel die aantal woorde en bring enige veranderinge aan. Byvoorbeeld: voeg woorde by of laat onnodige woorde uit. Maak ook seker dat elke sin met ‘n hoofletter begin en met ‘n punt eindig.

6. Skryf nou jou finale opsomming netjies oor.

7. Onthou om jou eerste poging dood te trek.

8. Tel nou die finale aantal woorde wat jy gebruik het en skryf die korrekte getal tussen hakies onderaan die opsomming neer.

Vrydag:

Luisteroefening

Platinum Bl. 74 ( 2 a-j)

MEMORANDUM

2a) 27 Junie 1951 2b) Worcester

2c) blikkitaar en bekfluitjie 2d) “Hak hom Blokkies”

2e) Leeds universiteit in Engeland 2f) Bakgat

2g) Taliep Petersen 2h) Kat and the kings

2i) West End en Broadway 2j) die visuele

Taal – Tye van die werkwoord BL.141 en 201

Tye van die werkwoord.

Page 10:   · Web viewAs dit meer as 1 punt tel moet jy meer as 1 ding noem. Lees die begripsteks deur. Slegs drie pote, maar niks stuit die optelhond. Die Dierebeskermingsvereniging (DBV)

Daar word tussen drie tydvorme onderskei:

Die teenwoordige tyd dui 'n handeling in die hede aan. (vandag)Bv. Die kinders speel.Die verlede tyd dui 'n handeling in die verlede aan. (gister)Bv. Die kinders het gespeel. Die toekomende tyd dui 'n handeling in die toekoms aan. (môre)Bv. Die kinders sal speel.

Hoe om 'n sin in die verlede tyd te skryf:Identifiseer die hoofwerkwoord.Plaas 'n “het” in die plek van die hoofwerkwoord.Skuif die hoofwerkwoord na die einde van die sin en plaas 'n “ge” voor die hoofwerkwoord.

KWISM-Woorde - Hierdie woorde verander in die verlede tyd:kan → kon Pieter kan die aflos wen. → Pieter kon die aflos wen.wil → wouEk wil roomys koop. → Ek wou roomys koop.is → wasDit is koud → Dit was koud.sal → souOns sal 'n fliek kyk. → Ons sou die fliek kyk.moet → moesEk moet vir die toets leer. → Ek moes vir die toets leer.

Onthou:Werkwoorde wat met be-, ge-, her-, er-, ont- en ver- begin kry nie ge- in die verlede tyd nie.

Is verhoog; Is erken; Is hersien; Is ontken

Let op: net die eerste werkwoord kry ‘nge- as twee dinge gelyk gebeur. (Jy kan ook verkies om geen ge- te gebruik nie.)Elke werkwoord kry 'n ge- as twee dinge na mekaar gebeur.

Hoe om 'n sin in die toekomende tyd te skryf:Identifiseer die hoofwerkwoord.Plaas 'n “sal” in die plek van die hoofwerkwoord.Skuif die hoofwerkwoord na die einde van die sin.

Doen die volgende oefeninge in jou boek: Platinum bl.141 (1 en 2 tot by i ) en bl. 201 (2,3,4)

MEMORANDUM

Page 11:   · Web viewAs dit meer as 1 punt tel moet jy meer as 1 ding noem. Lees die begripsteks deur. Slegs drie pote, maar niks stuit die optelhond. Die Dierebeskermingsvereniging (DBV)

Bl. 1411 a) Die meisie het onder die boom (ge)lê en lees.

b) Die taxi het mense opgelaai en stad toe gery.c) Die passasiers het in die taxi (ge)sit en lees.d) Die bestuurder het by die winkel (ge)parkeer en vir sy passasiers gewag,e) Die passasiers het op die sypaadjie (ge)staan en wag.

2 a) Elke mens het keuses gehad.b) Jou gedagtes het jou optrede beïnvloed.c) Hoe het jy daaroor gevoel?d) Jou gevoelens het bepaal hoe jy opgetree het.e) Jy het na aanleiding van jou gevoelens opgetree.f) Jy kon die situasie op verskillende maniere hanteer het.g) Ek moes my humeur beteuel het.h) Ek het my humeur meestal goed beteuel.i) Sy het die robottegniek beoefen.

Bl. 2012 a) Ek het die boek nou net hier.

b) Sy neem die boek by die biblioteek uit.c) Ek wil jou vertel dat ek die storie klaar begin lees het.

3 a) Ek sal die boek by die huis hê.b) Ons sal met die boek besig wees.c) Sy sal die storie binne 'n dag klaar kan lees.d) Wie sal die boek uitneem?e) Waar sal die storie plaasvind?

4. a) Jy kon vir my vertel wat gebeur het.b) My ma het die boek by die boekwinkel bestel.c) Ons het onder die boom (ge)lê en lees.d) Sy het die boek gekoop en dadelik met plastiek oorgetrek.e) Dit was lekker om 'n goeie boek in die vakansie te lees.f) Wanneer is die program oor tienerboeke uitgesaai?g) Ek sou die boek uitneem. OF Ek het die boek uitgeneem.

Week 13-17 Julie

Maandag:

Page 12:   · Web viewAs dit meer as 1 punt tel moet jy meer as 1 ding noem. Lees die begripsteks deur. Slegs drie pote, maar niks stuit die optelhond. Die Dierebeskermingsvereniging (DBV)

Inleiding: Roman – Jeugverhaal Bl. 97 in LG . Gesels oor die inleidingsprent en die kitaar. Gesels oor die kenmerke van ‘n jeugverhaal, plak die kenmerke in jou boek.

Dinsdag:Lees en kyk Lees die uittreksel uit Suurlemoen en beantwoord die begripsvrae so goed as moontlik. Leesbegrip Bl. 101 -102

Woensdag:Behandel na aanleiding van skyfie 16-18 deelwoorde met die leerders .Ook bl 67 in Platinum Leerdergids gee ‘n goeie uiteensetting. Voltooi dan die oefening op bl 67 in Platinum Leerdergids

MEMORANDUM

a) Die werkende leerders is in die laboratorium.b) Skryf verduidelikende aantekeninge oor die eksperiment.c) Die lig van die ondergaande son verhit die appels.d) ‘n Mens gebruik ‘n gevoude tertpan vir die sonverwarmer.e) Jy kan die sonverwarmer gebruik om gebakte appels te maak.f) Ons wag met ingehoue asem om te sien wat in die eksperiment gebeur.g) Ek is baie opgewonde oor die resultate.h) Selfs die bedorwe kinders geniet die eksperiment.i) ‘n Mens sien die hangende pypskoonmaker in die fles.j) Die gedroogde pypskoonmakers is pragtige versierings.k) Die staande fles moet versigtig hanteer word.l) Die water moet kokend warm wees.m) Die geknoopte tou is aan ‘n potlood vas.

Donderdag: Formatiewe assessering: Luistertoets

Vrydag: Let op die volgende:

Hoe om ‘n verhalende opstel te skryf.

‘n Verhalende opstel is ‘n opstel in die vorm van ‘n storie. Sodra jy die onderwerp gekry het waaroor jy moet skryf, kan jy ‘n breinkaart gegruik om idees te versamel

vir waaroor jy jy gaan skryf. Die eerste idee vir ‘n goeie storie wat by jou opkom is waarskynlik ook die eerste idee wat by die res van die leerders opgekom het, so dink altyd nog bietjie verder.

Besluit of jou hoofkarakter ‘n mens of ‘n dier gaan wees. Jy moet die hoofkarakter ontwikkel en ook op die tipe persoonlikheid besluit. Jy hoef nie die persoonlikheid te beskryf nie, maar mens moet uit die karakter se optrede kan agterkom watter tipe persoonlikheid dit is.

Teen watter agtergrond speel die storie af? Soms speel ‘n storie op meer as een plek af. Maak seker dat die leser sal kan agterkom van waar na waar die storie skuif.

Bou ‘n storielyn in jou storie in. Besluit in watter tyd jou storie gaan wees en bly daarby. Jy kan nie een deel in die teenwoordige tyd skryf en

dan weer oorslaan na die verlede tyd nie. Jy mag jou storie versterk deur van die direkte rede gebruik te maak, maar moenie ‘n dialoog skryf nie. Redigeer goed. Lees dit hardop vir jouself. Kyk na sinsorde, spelfoute, hoofletters en ander leestekens.