· web viewdaar word en is al baie geskryf oor die geweldige rol en invloed van sogenaamde...

21
Vierde Sondag in Lydenstyd | 14 Maart 2021 | Efesiërs 2:1-10 1 Oorsig..........................................................1 1.1 Ander tekste................................................1 1.2 Sleutelteks: Efesiërs 2:1-10................................3 1.3 Eksegetiese opmerkings......................................3 1.4 Ekstra stof.................................................3 2 Erediens........................................................5 2.1 Tema........................................................5 2.2 PowerPoint agtergrond.......................................5 2.3 Liturgie....................................................5 3 God nooi ons uit en ons kom tot rus.............................6 3.1 Rus.........................................................6 3.2 Liedere.....................................................7 4 God praat met ons en ons luister...............................11 4.1 Familie-oomblik............................................11 4.2 Preekriglyn................................................12 5 God stuur ons om te leef.......................................15 6 Volgende erediens..............................................16 1 Oorsig Hierdie Sondag staan bekend as Laetare ("Wees bly") na aanleiding van Jesaja 66:10: "Wees bly saam met Jerusalem en juig saam met haar, almal wat haar liefhet …" Die Johannesteks verkondig dat God sy enigste Seun vir die wêreld gegee het. Die teks uit Efesiërs 2 neem hierdie tema verder en verklaar dat God die gelowiges saam met 1

Upload: others

Post on 08-Mar-2021

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1:  · Web viewDaar word en is al baie geskryf oor die geweldige rol en invloed van sogenaamde "magte" op die mens se lewe. Daarmee word verskillende dinge soos ideologieë (politieke,

Vierde Sondag in Lydenstyd | 14 Maart 2021 | Efesiërs 2:1-10

1 Oorsig............................................................................................................................................1

1.1 Ander tekste..........................................................................................................................1

1.2 Sleutelteks: Efesiërs 2:1-10...................................................................................................3

1.3 Eksegetiese opmerkings........................................................................................................3

1.4 Ekstra stof.............................................................................................................................3

2 Erediens.........................................................................................................................................5

2.1 Tema.....................................................................................................................................5

2.2 PowerPoint agtergrond.........................................................................................................5

2.3 Liturgie..................................................................................................................................5

3 God nooi ons uit en ons kom tot rus..............................................................................................6

3.1 Rus........................................................................................................................................6

3.2 Liedere..................................................................................................................................7

4 God praat met ons en ons luister.................................................................................................11

4.1 Familie-oomblik...................................................................................................................11

4.2 Preekriglyn..........................................................................................................................12

5 God stuur ons om te leef.............................................................................................................15

6 Volgende erediens.......................................................................................................................16

1 OorsigHierdie Sondag staan bekend as Laetare ("Wees bly") na aanleiding van Jesaja 66:10: "Wees bly saam met Jerusalem en juig saam met haar, almal wat haar liefhet …" Die Johannesteks verkondig dat God sy enigste Seun vir die wêreld gegee het. Die teks uit Efesiërs 2 neem hierdie tema verder en verklaar dat God die gelowiges saam met Christus uit die dood opgewek het. Deur die lens van Numeri 21 word Jesus se kruisiging en opstanding met die uittog uit Egipte in verband gebring. Psalm 107 begrond dit dan in die troue liefde van die Here.

1.1 Ander teksteNumeri 21:4-9

4Om by die gebied van Edom verby te kom, het die Israeliete van Horberg af in die rigting van die Rietsee getrek. Op pad daarheen het die volk ongeduldig geword 5en teen God en Moses uitgevaar:

1

Page 2:  · Web viewDaar word en is al baie geskryf oor die geweldige rol en invloed van sogenaamde "magte" op die mens se lewe. Daarmee word verskillende dinge soos ideologieë (politieke,

“Waarom het U ons uit Egipte laat trek net om in die woestyn te sterwe? Hier is nie brood en water nie, en ons is sat vir hierdie slegte kos.”

6Die Here het toe giftige slange onder die volk ingestuur. Die slange het die mense gepik en baie Israeliete het gesterf. 7Toe kom die volk na Moses toe en bely: “Ons het teen die Here en teen u gesondig met wat ons gesê het. Bid tog tot die Here dat Hy die slange van ons af wegneem.”

Moses het toe vir die volk gebid, 8en die Here het vir Moses gesê: “Maak ’n beeld van ’n giftige slang en sit dit op ’n paal. Elkeen wat gepik is en daarna opkyk, sal lewe.”

9Moses het toe ’n koperslang gemaak en dit op ’n paal gesit. As iemand wat deur ’n slang gepik is, na die koperslang opkyk, het hy bly leef.

Psalm 107:1-3, 17-22

“Loof die Here, want Hy is goed,

aan sy liefde is daar geen einde nie!” 2So moet die mense sê

wat deur die Here bevry is, dié wat Hy uit hulle nood bevry het 3en uit baie lande versamel het, uit die ooste en die weste, die noorde en die suide.

17Party het dwaas opgetree, en deur hulle rebelse optrede,

hulle sonde, het hulle in die ellende beland. 18Alle kos het hulle laat walg, en hulle het by die dood omgedraai, 19maar in hulle nood het hulle

na die Here geroep om hulp, en Hy het hulle bevry

van hulle ellende, 20Hy het hulle met ’n enkele woord

gesond gemaak, hulle aan die dood laat ontkom. 21Hulle moet die Here loof

vir sy troue liefde, vir sy wonderdade

wat Hy aan mense doen. 22Hulle moet dankoffers bring en met blydskap van sy dade getuig.

Johannes 3:14-2114Moses het die slang in die woestyn hoog op ’n paal gesit; so moet die Seun van die mens verhoog word, 15sodat elkeen wat in Hom glo, die ewige lewe kan hê.

16“God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. 17God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word. 18Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie; wie nie glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie in die enigste Seun van God glo nie. 19En so kom die skeiding: die lig het na die wêreld toe gekom, en tog het die mense

2

Page 3:  · Web viewDaar word en is al baie geskryf oor die geweldige rol en invloed van sogenaamde "magte" op die mens se lewe. Daarmee word verskillende dinge soos ideologieë (politieke,

eerder die duisternis as die lig liefgehad, want hulle dade was sleg. 20Elkeen wat kwaad doen, haat immers die lig en kom nie na die lig toe nie, sodat sy dade nie aan die kaak gestel moet word nie. 21Maar wie volgens die waarheid handel, kom na die lig toe, sodat dit duidelik kan blyk dat sy dade in gehoorsaamheid aan God gedoen is.”

1.2 Sleutelteks: Efesiërs 2:1-10In Christus van die dood na die lewe

1 * Julle was dood deur die oortredings en sondes

2 waarin julle vantevore geleef het, volgens die bose lewenswyse van hierdie bedeling, * volgens die heerser oor die mag van die lug * – die heerser van dié gees wat nou aan die werk is onder die seuns van die ongehoorsaamheid. a 3 Ons almal het vantevore soos hulle opgetree toe ons die begeertes van ons sondige aard en van ons gedagtes uitgeleef het. Ook ons, soos al die ander, was van nature kinders bestem vir die oordeel. b 4-5 * Maar God, ryk in barmhartigheid, het ons, alhoewel ons dood was as gevolg van die oortredings, op grond van sy groot liefde waarmee Hy ons liefgehad het, saam met • Christus lewend gemaak * – uit genade is julle verlos!

6 * Ja, Hy het ons in Christus Jesus saam opgewek, en saam laat sit in die hemel, c 7 sodat Hy in tye wat kom, bewys kan lewer van die allesoortreffende rykdom van sy genade * deur sy goedheid aan ons in Christus Jesus.

8 Want uit genade is julle verlos, deur geloof. * En juis dit kom nie uit julle self nie; dit is die gawe van God. * 9 Dit kom nie uit eie werke nie, * sodat niemand op iets mag roem nie. * 10 Ons is immers sy maaksel, geskep in Christus Jesus om goeie werke wat God voorberei het, te doen, * en daarvolgens te leef.

Bible Society of South Africa. Die Bybel 2020-vertaling met Deuterokanonieke boeke (Afrikaans Edition) (p. 3903). Kindle Edition.

1.3 Eksegetiese opmerkingsBybel-Media se Woord en Fees bied uitstekende agtergrond oor teks en konteks. https://missio.org.za. Meegaande preek verwerk materiaal uit Woord en Fees.

1.4 Ekstra stofPaulus skryf sy brief aan die gemeente in Efese tydens sy gevangenskap in Rome, net na hy 'n soortgelyke brief aan die gemeente in Kolosse geskryf het.

Die brief aan die gemeente in Efese is die brief met die duidelikste uiteensetting in die Nuwe Testament van wat die kerk is, en hoe die kerk moet funksioneer. Dit is duidelik dat Paulus alles wat hy by die Here oor die kerk geleer het, en in die praktyk gesien het dat dit werk, aan die gemeente deurgee om hulle te motiveer om as gemeente te groei in volwassenheid, sodat hierdie wêreld kan glo.

Die brief is deur Paulus geskrywe, maar vanweë die meer onpersoonlike aard van die brief (hy noem niemand by die naam nie, behalwe Tigikus wat die brief aflewer) moontlik aan meer gemeentes gerig as net aan Efese. Soos die ander gevangenskap briewe is Rome die meer waarskynlike plek vanwaar hy die brief geskryf het, hoewel Sesarea of Efese ook moontlikhede is.

Die brief val duidelik in twee helftes uiteen:

3

Page 4:  · Web viewDaar word en is al baie geskryf oor die geweldige rol en invloed van sogenaamde "magte" op die mens se lewe. Daarmee word verskillende dinge soos ideologieë (politieke,

'n Teologiese begronding van die evangelie van Christus Jesus wat 'n nuwe mensheid tot stand gebring het oor die grense van nasies heen – hoofstuk 1-3.

Praktiese riglyne oor die eenheid van die kerk, die gebruik van gawes, die uitdagings van dissipelskap, die eise van 'n lewenstyl in die lig, 'n fokus op verhoudinge en 'n oproep tot publieke standvastigheid – hoofstuk 4-6.

Daar is baie raakpunte met veral die brief aan Kolosse, maar selfs ook met die brief aan Filippi (die metafoor van die mense van die lig bv.).

Efesiërs 2:1-22 – God woon in die gemeenskap van gelowiges

Uit die gesprek en gebed van hoofstuk 1 trek Paulus vier gevolgtrekkings in hoofstuk 2-3 wat hy met 'n verskeidenheid beelde inkleur. 'n Mens kan dit so opsom:

1. God gee aan alle gelowiges plek by Hom as getuienis van sy goedheid – Ef. 2:1-10;

2. Joodse en heidense gelowiges is saam een nuwe mensheid in Christus – Ef. 2:11-18;

3. God woon in hierdie gemeenskap van gelowiges as getuienis aan die mensdom – Ef. 2:19-22.

4. Alle mense kan deel word van die Godsvolk deur Christus Jesus – Ef. 3:1-13

Hy sluit dié gevolgtrekkings af met een van die mooiste gebede in die Bybel – Ef. 3:14-21 – waarin hy vra dat hierdie hele gemeenskap van gelowiges heeltemal vervul sal word met die volheid van God, as 'n getuienis aan alle mense dat hulle in Christus Jesus vrede met God kan geniet.

God gee aan alle gelowiges plek by Hom as getuienis van sy goedheid – Efesiërs 2:1-10

Paulus eggo weer die refrein wat 'n mens in hierdie gevangenskap briewe raaksien, dat God aan ons saam met Christus 'n plek in die hemel, dws in Sy teenwoordigheid gegee het. Hy doen dit uiteraard ter wille van ons, omdat ons Sy kinders in Christus Jesus is. Maar Hy doen dit ook om aan die wêreld sy geweldige groot genade ten toon te stel as getuienis van sy goedheid wat vir almal bedoel is. Hy maak van mense wat sy vyande was, sy vriende.

'n Mens kan vers 10 ook as volg vertaal: "Want ons is sy meesterstuk, geskep in Christus Jesus vir uitnemende projekte, wat God voorberei het, dat ons dit sal uitvoer." Dit is 'n baie belangrike perspektief op die geestelike lewe. Ons doen nie maar wat ons wil, of wat een of ander geestelike leier vir ons voorsê nie. Ons hoor by God in Sy Woord en deur Sy Gees watter dinge Hy wil hê ons by betrokke moet raak – en dit is die dinge wat ons dan doen. Dit is presies wat Jesus bedoel het, toe hy aan sy dissipels gesê het (in die verhaal van die Samaritaanse vrou by die put van Jakob): "My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk te voltooi." (Joh. 4:34).

Joodse en heidense gelowiges is saam een nuwe mensheid in Christus – Efesiërs 2:11-18

Paulus kontrasteer hier die "onbesnedenes" – dit is dié nie-Jode wat nie in God geglo het nie – met die "besnedenes" – dit is die Jode wat deel van die Godsvolk was. Christus het die vyandskap wat tussen dié twee groot groepe bestaan het, afgebreek soos 'n mens 'n muur sou afbreek. Daar is nou een nuwe mensheid wat nie net met God nie, maar ook met mekaar versoen is, en nou om vrede met God en mekaar kan (en natuurlik moet) lewe.

Let op dat die mikpunt van hierdie eenheid die onbelemmerde vrye toegang tot die Vader is deur die werk van die een Gees.

God woon in hierdie gemeenskap van gelowiges as getuienis aan die mensdom – Efesiërs 2:19-22

4

Page 5:  · Web viewDaar word en is al baie geskryf oor die geweldige rol en invloed van sogenaamde "magte" op die mens se lewe. Daarmee word verskillende dinge soos ideologieë (politieke,

Paulus gebruik 5 beskrywings van hierdie gemeenskap van gelowiges: 1) medeburgers, 2) huisgesin, 3) gebou, 4) tempel, 5) geestelike huis. Die eerste twee beelde kom uit die samelewing uit: die politieke en nasionale sfeer, en die kleiner familie-kring. Die laaste drie beelde kom uit die boubedryf uit, maar word duidelik geestelik bedoel. Let op dat die gemeenskap van gelowiges nou die tempel is, en nie 'n kerk nie.

Wat my besonderlik tref is dat Paulus hier skryf dat die gemeenskap van gelowiges 'n plek word waar God woon. Soos Hy vir ons 'n plek in Sy teenwoordigheid gegee het, so kry Hy 'n plek by ons, in ons teenwoordigheid. En weereens, dit is nie net ter wille van onsself nie, maar sodat Sy teenwoordigheid sigbaar kan word vir die wêreld (soos in hoofstuk 3 verder gemotiveer sal word). Die kerk, as liggaam van Christus, is in 'n besondere sin nou die beeld van God, die imago Dei, soos die mens dit aanvanklik was (Gen. 1:26). 'n Kerklike gemeenskap wat nie hiervoor leef nie, mis sy doel.

2 Erediens

2.1 Tema

2.2 PowerPoint agtergrondDie “scrapyard” idee soos gebruik in die inleiding is die tema vir die agtergrond. Die grafika is bekom met Google Advanced Search, geen kopiereg. Dit is beskikbaar by

abandoned motor vehicles - Google Search

2.3 LiturgieRUSToetrede VONKK 243 [bekend] of Flam 5 [bekend ] of Lied 379 Votum Psalm 10:7 (kan ook responsories gedoen word)SeëngroetLofsang Flam 33 of Lied 244 Verootmoediging [by doopvont] (Henry Nouwen in “Gebedeboek met Liturgiese Voorstelle”)Genadeverkondiging Lied 329 of Flam 334 of VONKK Geloofsbelydenis [n.a.v. HK]HOORGebedSkriflesing Efesiërs 2:1-10Familie-oomblikLEEFGebedDankofferSlotsang VONKK 79 of VONKK 328 of Lied 504 SeënRespons Lied 329 of VONKK 320

5

Page 6:  · Web viewDaar word en is al baie geskryf oor die geweldige rol en invloed van sogenaamde "magte" op die mens se lewe. Daarmee word verskillende dinge soos ideologieë (politieke,

3 God nooi ons uit en ons kom tot rus

3.1 RusToetredeVONKK 243 Laat my nooit die grond verlaat nie [bekend: Gebed van Koos du Plessis] http://vonkk.kerkmusiek.co.za/product/vonkk-00243/ ofFlam 5 Daar Is Geen Grens [bekend – Steadfast Love] http://flam.kerkmusiek.co.za/product/f005/ ofLied 379 Jesus Christus, Lam van God

VotumPsalm 10:7 (kan ook responsories gedoen word)“Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie!”

Seëngroet

LofsangFlam 33 Halleluja In My Hart http://flam.kerkmusiek.co.za/product/f033-in-d/ ofLied 244 Alles, alles is genade

Verootmoediging[by doopvont]Here Jesus,U dissipel Petrus wou weet wie U sou verraai.U het na Judas gewys, maar 'n rukkie later ook na Petrus wat die vraag gevra het.Judas het U verraai, Petrus het U verloën.Judas het homself om die lewe gebring,Petrus het die apostel geword,wat U die eerste tussen gelykes gemaak het.

Here, gee my tog geloof …geloof in U eindelose genade,geloof in U grenslose vergifnis,geloof in U onpeilbare goedheid.

Laat my tog nie dink dat my sondes so groot is dat hulle nie vergeef kan word nie,te bomenslik dat ek nie geraak kan word deur U genade nie!

Moet tog nie toelaat dat ek van U weghardloop nie,maar keer my sodat ek na U sal terugkom, weer en weer,om U te vra om my Here te wees …my Herder, my Vesting en my Toevlug.Neem my in U hande, o Here,en laat ek weer besef dat U my nie verstoot nie …dat U vergewe solank ek bly vra en bly smeek.

Dalk is my twyfel in U vergifnis 'n groter sonde asdie sondes wat ek as té groot beskou vir u vergifnis.

6

Page 7:  · Web viewDaar word en is al baie geskryf oor die geweldige rol en invloed van sogenaamde "magte" op die mens se lewe. Daarmee word verskillende dinge soos ideologieë (politieke,

Miskien maak ek myself té belangrik en té groot as ek dinkdat ek nie meer deur U omhels kan word nie.

Here, sien my raak, hoor tog my gebed,soos wat U Petrus se gebed gehoor en verhoor het.Laat my nie van U weghardloop soos Judas die nag in nie ...Seën my, Here, op hierdie Goeie Vrydag dagen skenk my U genadesodat ek U liefdevolle teenwoordigheid nog nader sal ervaar.Amen(Henry Nouwen in “Gebedeboek met Liturgiese Voorstelle”)

GenadeverkondigingLied 329 Want so lief het God die wêreld gehad (n.a.v. Joh 3:16)Flam 334 Want So Lief (n.a.v. Joh 3:16) http://vonkk.kerkmusiek.co.za/product/vonkk-0334/ ofVONKK 320 So lief het God die wêreld (n.a.n. Joh. 3:16) http://vonkk.kerkmusiek.co.za/product/vonkk-0320-so-lief-het-god-die-wereld/

Geloofsbelydenis[n.a.v. HK]Liturg: Wat is jou enigste troos in lewe en in sterwe? Gemeente: Dat ek met liggaam en siel in lewe en in sterwe nie aan myself nie, maar aan my getroue Verlosser, Jesus Christus behoort. Hy het met sy kosbare bloed vir al my sondes ten volle betaal en my uit alle heerskappy van die duiwel verlos. Liturg: Wat moet jy weet om in hierdie troos salig te kan lewe en sterwe? Gemeente: Ten eerste, hoe groot my sonde en ellende is; ten tweede; hoe ek van al my sonde en ellende verlos word en ten derde hoe ek God vir so 'n verlossing dankbaar moet wees.

3.2 LiedereVONKK 243 Laat my nooit die grond verlaat nieTeks: Koos du Plessis 1983 Melodie: GEBED – Koos du Plessis 1983 Orrelbegeleiding 1: Albert Troskie 2014 (Pro Deo)Orrelbegeleiding 2: Gerrit Jordaan 2014 © Klavierbegeleiding: Albert Troskie 2014 (Pro Deo)Kantoryverwerking: Albert Troskie 2014 (Pro Deo) Musikale verryking: Anton Esterhuyse 2014 ©© Orrelbegeleidings, klavierbegeleiding, kantory-verwerking en musikale verryking: 2014 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media) © Teks en melodie: Incline House. Met toestemming gebruik. RUBRIEK: Kontemporêr – Gebede / Oggend- en Aandliedere

1.Laat my nooit die grond verlaat nie.Laat my in u skadu bly.Gee dat elke aardse vreugde en vreeseind’lik nietig word vir my.Elke afdraaipaadjie ken ek.Elke keer het ek gedwaal.Elke keer het U my iewers kom haal.Maak dit, Heer, die laaste maal.

2.Elke dag is ’n gedagte,elke kamer net gehuur.

7

Page 8:  · Web viewDaar word en is al baie geskryf oor die geweldige rol en invloed van sogenaamde "magte" op die mens se lewe. Daarmee word verskillende dinge soos ideologieë (politieke,

Elke aardse droom van rykdom en roem,net ‘n skadu teen die muur.Wat ek is, is net genade,wat ek het, is net geleen.Eintlik smag ek na u waters van rus.Lei my, Heer, vanaand daarheen.Lei my, Heer, vanaand daarheen.

F5. Daar Is Geen Grens (RUBRIEK: Flam – Verwondering) Oorspronklike titel: The Steadfast Love Teks en musiek: Edith McNeilAfrikaanse vertaling: 2005 Faani Engelbrecht © 1974, 1975 Celebration (Opgeneem op FLAM, vol 1)(Klaagl 3:22,23)

Daar is geen grens aan u guns en genade.U groot ontferming hou nooit op.Dit is nuut elke môre, nuut elke môre,groot is u trou, o Heer, my God;groot is u trou, o Heer.

F33. Halleluja In My Hart(RUBRIEK: Kruisfuur – Lof) Teks en musiek: Francois Lamprecht © MAR Gospel Music Publishers

1. God van vreugde, God van vrede,God van lewe, bowenal, God oor my.God van gister, God van vandag,God van ewigheid, bowenal, God oor my – God oor my!En die hemel straal van U magtigheid.En my lewe spreek van U waarheid.

Refrein: Halleluja in die hemel. Halleluja in my hart,vir ewig en ewig.Halleluja op die aarde. Halleluja in my hart,vir ewig en ewig.Halleluja! Halleluja!

2. God van almag, God van krag,God oor die nasies, bowenal, God oor my.God van verlossing, God van genade,God van vergifnis, bowenal, God oor my –God oor my.

Slotrefrein: Prys die Here in die hemel. Prys die Here in my hart,vir ewig en ewig.

8

Page 9:  · Web viewDaar word en is al baie geskryf oor die geweldige rol en invloed van sogenaamde "magte" op die mens se lewe. Daarmee word verskillende dinge soos ideologieë (politieke,

Prys die Here op die aarde. Prys die Here in my hart,vir ewig en ewig.

F334. Want So Lief(RUBRIEK: Flam – Diens en Getuienis) Teks en musiek: Louis Brittz Kopiereg: 2009 Urial Publishing(Opgeneem op By die Kruis)

Want so lief,want so lief het God die wêreld.Het God die wêreld gehad.Want so liefwant so lief het God die wêreld,het God die wêreld gehad.Dat Hy sy enigste Seun gegee heten elkeen wat in Hom glonie verlore mag gaan (x3)maar die ewige, die ewige lewe kan hê.

VONKK 320 So lief het God die wêreldJohannes 3: 16 Melodie: ALOE VERA – Francé Ludik 2017 © Orrelbegeleiding: Gerrit Jordaan 2017 © © 2017 VONKK-Uitgewers (admin BybelMedia) RUBRIEK: Meditatief – Epifanie en Kersfees

So lief het God die wêreld,dat Hy sy eie Seungestuur het na die wêreld,sodat almal wat in Hom glodie ewige lewe kan hê.Amen. Amen.

VONKK 328 Alles, alles is genadeNav Efesiërs 2:1-10 Teks: Jacques Louw 2016 © Melodie: NETTLETON – John Wyeth 1812nOrrelbegeleiding: John Wyeth 1812© Melodie en orrelbegeleiding: Openbare besit © Teks: 2016 VONNK -Uitgewers (admin Bybel-Media)RUBRIEK: Klassiek – Openbare belydenis van geloof / Liefde, Dankbaarheid en Diens / Geloof en Vertroue

1. Alles, alles is genade,onverdiende guns alleen.God kom red ons van die sondedeur die liefde van sy Seun.In sy raadsplan lank tevoreis ons uitverkies in Hom.Deur geloof in Jesus Christusis ons nou sy eiendom.

2. God wat ryk is in genade, reik na ons sy vaderhand.Jesus wys ons wat is liefde –liefde ver bo ons verstand.Jesus kom en gee sy lewe;

9

Page 10:  · Web viewDaar word en is al baie geskryf oor die geweldige rol en invloed van sogenaamde "magte" op die mens se lewe. Daarmee word verskillende dinge soos ideologieë (politieke,

laat ons God se liefde sien.Hierdie redding is genadewat ons nooit ooit kan verdien.

3. Hierdie redding is ’n gawewaarop niemand sou kon roem.Bedelaars en sondeslawekan hulself u kinders noem.Ek wil met my hele wesenou my lewe aan U wy.Alles, alles is genade,onverdiende guns aan my.

VONKK 79 Genade, So Oneindig GrootTeks: Amazing grace, how sweet the sound – John Newton 1779 (1725 – 1807); Jacques Louw 2009 © Melodie: AMAZING GRACE – Amerikaanse volksmelodie in Southern Harmony 1831; aangepas Edwin Excell 1900 © Teks: 2009 VONKK Uitgewers (admin Bybel-Media)© Musiek: openbare besit RUBRIEK: Tradisioneel – Geloof en Vertroue

1. Genade, so oneindig groot,gee U, o Heer, vir my.Ook ek, verlore sondaarmens,word van my skuld bevry.

2. Deur swaarkry, hartseer en gevaar,moes ek my pad hier vind. U goedheid, Heer, het my bewaaren my aan U verbind. 3. Al was ek so verhard en blind,al het ek niks verdien,kon ek by U genade vind –geloof, wat my laat sien.

4. Ek loof U vir genade, Heer,so onverdiend aan my.Vergifnis gee U keer op keeras ek my skuld bely.

5. Nou leef ek daagliks uit u hand,my hart na U gekeer.Met al my gawes en verstandwil ek U dien, o Heer.

10

Page 11:  · Web viewDaar word en is al baie geskryf oor die geweldige rol en invloed van sogenaamde "magte" op die mens se lewe. Daarmee word verskillende dinge soos ideologieë (politieke,

4 God praat met ons en ons luisterGebed

SkriflesingEfesiërs 2:1-10

Familie-oomblik

4.1 Familie-oomblikAs jy ‘n storie wil vertel, kan jy gerus kyk na The Dot deur Peter H Reynolds. Beskikbaar op Kindle, of kyk hierdie video.

“10Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.” In The Dot beleef Vashti genade wanneer sy haarself deur haar onderwyseres se oë sien. Hierdie nuwe lewe wat sy ontvang, inspireer haar om op dieselfde genadige gevulde manier ander te inspireer... Toe Vashti se onderwyseres haar as ‘n kunstenaar sien, inspireer dit Vashti om soos een te leef.

Vorige voorstelle:

8–10 'n Mens wonder soms hoekom God ons gered het. Hy het ons gered omdat Hy baie goed is vir ons en omdat Hy ons sy vriende wil maak. Geen mens kan homself van sy sondes red nie. Dit is net God wat dit kan doen. En God red ons ook nie omdat ons gaaf en oulik is nie. O nee! Ons verdien dit glad nie dat Hy ons red nie. Dit maak dat ons ook nie kan loop en spog en dink ons is beter as ander mense nie. Ons het mos nie onsself gered nie. Dit is nou vir ons baie lekker om God se hart bly te maak. Maar dit is God wat ons sy kinders gemaak het. Hy help ons nou om mooi dinge te doen. Ons weet mos dit is wat God wil hê ons moet doen. Joubert, S. (2000). Die Nuwe Testament vir kinders in 'n taal wat hulle verstaan (Eph 2:10). Vanderbijlpark: Carpe Diem.

Opsie 1

Kry vooraf genoeg pryse vir almal – lekkers, plakkers, of wat jy ook al maklik kan kry. Sê dat julle 'n kompetisie gaan hou en wys wat die prys gaan wees. Deel die kinders in twee groepe (of kry 'n paar vrywillige families en verdeel hulle in twee groepe) en hou een of ander kompetisies – dalk 'n vasvra. Wanneer daar duidelike wenners is, gee die prys vir die verloorspan.

Eintlik is ons almal deel van die verloorspan. Ons doen soms goed waarvan God nie hou nie. Maar al doen ons verkeerde goed, gee God elke geval vir ons die prys! Hy maak ons deel van die wenspan – sy kind! Ons teks vanoggend sê ons is uit genade gered – hierdie redding kom nie uit onsself nie, dit is 'n geskenk van God.

Sorg dat almal 'n prys kry!

Opsie 2

Bring iets wat iemand anders vir jou geskenk gegee het. Hulle het dit verniet vir jou gegee, maar moes self betaal daarvoor.

Opsie 3 (wat jy dalk kan bêre vir 'n ander keer wanneer dit beter sal werk)

Bring blou en rooi speelklei.

11

Page 12:  · Web viewDaar word en is al baie geskryf oor die geweldige rol en invloed van sogenaamde "magte" op die mens se lewe. Daarmee word verskillende dinge soos ideologieë (politieke,

Kom ons speel dat ons die blou klei is. Die rooi klei is die bloed van Jesus. Kyk wat gebeur wanneer jy die twee begin meng! Aan die begin nie veel nie, maar soos wat jy die klei knie en vorm – soos wat Jesus ons vorm – kyk wat gebeur… Die klein word pers! Dit word iets heeltemal anders.

Wanneer Jesus ons red, word ons iets heeltemal anders. Pers is die kleur van koninklikes. Ons word prinsesse en prinse – kinders van die Koning! (v 10 van fokusteks: "God het ons gemaak wat ons nou is.")

4.2 PreekriglynHoe sal mens scrap yard in Afrikaans vertaal? Dis 'n rommelhoop van beskadigde, vernietigde, verskeurde metaal. 'n Motorbegraafplaas. Die einde van die pad (letterlik!) vir motorkarre. Die einde van die pad vir elke motor.

Vir mense is die ekwivalent van 'n scrap yard ongeveer 'n lykshuis en 'n begraafplaas. Die einde van die pad hier op aarde.

In Efesiërs 2 het Paulus 'n geestelike, menslike scrap yard of lykshuis in gedagte. Hier gaan dit nie om die dood ad die einde van die pad nie. Hier gaan dit oor 'n geestelike dood. Dit gaan oor 'n lewensstyl wat die ekwivalent van 'n scrap yard, 'n lykshuis, 'n begraafplaas is.

Júlle was dood

Na die aangrypende hoofstuk 1 waarin Paulus jubel oor die liefde en genade wat God in Jesus Christus aan Christene geskenk het, wys hy in hoofstuk 2 op die geweldige teenstelling wat dit met die gelowiges se donker verlede vorm. Daar is eenvoudig net geen vergelyking van die "lewe in Christus" met die "lewe in ongehoorsaamheid" aan God nie!

Om die diepgang en reikwydte hiervan te verduidelik, neem Paulus hulle net eers terug na hulle vroeëre toestand. Hulle moet weet waar hulle was en hoe hulle toe gelewe het. Dit sal hulle help om beter te verstaan waar hulle nou is, hoe hulle hier gekom het en wat dit vir hulle daaglikse lewe inhou. Paulus wil dit by hulle tuisbring dat dit twee lewenswyses is wat radikaal, van die wortel uit, met mekaar verskil!

Terwyl hy in hoofstuk 1 van die geloofsgemeenskap as "heiliges" en "'n gemeenskap wat aan God behoort en in Christus Jesus glo" praat, tref dit hulle soos 'n hou in die gesig as hy na hulle verlede verwys as "julle was dood" (2:1). Dit was 'n uitsiglose en hooplose bestaan.

Indien 'n mens die volle impak van Paulus se beredenering wil volg, moet die digverpakte sleutel-begrippe noukeurig nagegaan word.

Julle was dóód

Anders as sommige paaipredikers wat oor sonde praat asof dit maar ligte foutjies is wat maklik reggestel kan word, draai Paulus geen doekies om oor die werklike geestelike toestand waarin hierdie mense voor hulle ontmoeting met Christus was nie. Hulle verhouding met die Here is verbreek. Immers, dit het nie bestaan nie. Hulle het nie maar net foute gemaak/negatiewe dinge gedoen nie. Nee, hulle verbinding met God as lewensbron is verbreek.

Ten opsigte van God en sy Ryk was hulle dood, dood soos 'n lyk. Dit is 'n baie sterk beeld. 'n Lyk kan nie sien, hoor, proe, praat of doen nie. So is die mens wat geestelik dood is ook nie in staat om op God se Woord en koninkryk te reageer nie. Eintlik bestaan God nie vir mense wat geestelik dood is nie. Hulle dink nooit aan God nie want in hulle werklikheid bestaan Hy nie. Ergste van alles, hulle

12

Page 13:  · Web viewDaar word en is al baie geskryf oor die geweldige rol en invloed van sogenaamde "magte" op die mens se lewe. Daarmee word verskillende dinge soos ideologieë (politieke,

was nie van hulle doodsheid bewus nie. Iemand wie se verhouding met God verbreek is of wat geen bewuste band met die Here gehad het nie, mis dit nie!

Die "dood" waarvan Paulus hier praat, is nie die fisieke of liggaamlike dood nie maar 'n geestelike dood. Mense kan geestelik dood wees terwyl hulle fisiek/liggaamlik springlewendig en bedrywig is en selfs 'n oorvol lewe lei. Geestelike dood tree in as gevolg van "oortredings" en "sondes".

"Oortredings" beteken om bewustelik 'n aangewese grens te oortree. Die gebeure in Genesis 3 waar die verleier die God gestelde grens in sy teendeel ombuig, het rampspoedige gevolge vir Eva en Adam. Die bedoeling met die bevraagtekening van die reël/beperking onthul 'n eiesinnigheid en verset.

Die begrip "sondes" beteken om die doel te mis soos om 'n skyf mis te skiet. Die doel word gemis. Die gebruik van die meervoud wys daarop dat dit herhaaldelik gedoen is, dus 'n gedragspatroon gevorm het.

Die twee begrippe sê dus dat mense nie is waar en wat hulle volgens die bedoeling van die Skepper moet wees nie.

Drie dodelike magte

Volgens Paulus het veral drie magte of kragte op die mense ingewerk; hulle verstand verduister, hulle gewete afgestomp en hulle die lewe wat God gee, ontneem (4:18,19). Hierdie drie magte is die wêreld, die duiwel en sondige begeertes (2:2b-3b).

Eerste mag: Die sondige wêreld

Hulle het gelewe "soos hierdie sondige wêreld." Ons sou dit ook kon vertaal met "gang van die wêreld" of soos die 1933-vertaling "die loop van hierdie wêreld." Die begrippe wat Paulus hier gebruik, verwys na die geheel van sosiale waardes en stelsels, gewoontes en gebruike waarin alle verwysings na God afwesig is. Die horison is dié wêreld. Hulle lewenswyse word bepaal deur die "gees van die tyd." Die norm vir hulle lewe is dan nie die Woord van God nie maar die gewoontes en gebruike/modes van die tyd. Ons verwys vandag na die "tydsgees" wat bepaal hoe ons moet lewe.

Mag twee: die vors van die duisternis

Hulle het hulle "laat meevoer (lei) . . . deur die vors van die onsigbare magte, die gees wat daar nou aan die werk is in die mense wat aan God ongehoorsaam is." Die kollektiewe naam vir dié vors/prins/gees is "duiwel."

Die ironie is dat, terwyl die mense hulle nie aan die gesag en heerskappy van God wil onderwerp nie, hulle slaafs volg waarheen die tydsgees (bose/duiwel) hulle lei (2:2). Die uitkoms is ontstellend. Ten opsigte van God se wil, eindig hulle in "ongehoorsaamheid" wat ten diepste ongeloof is.

Mag drie: sondige begeertes

Die derde mag of krag is die sondige begeertes en luste wat in ons gedagtes opkom. Hier gaan dit oor ons sondige natuur en die begeertes wat van daaruit aangevuur word.

Die onbegryplike is dat dit normale liggaamlike behoeftes en begeertes soos byvoorbeeld vloeistof, kos, oefening, seks, slaap is wat deur ons sondige natuur verander word tot negatiewe en afbrekende kragte. Die behoefte aan kos is noodsaaklik maar ongetemde eetlus is gevaarlik.

13

Page 14:  · Web viewDaar word en is al baie geskryf oor die geweldige rol en invloed van sogenaamde "magte" op die mens se lewe. Daarmee word verskillende dinge soos ideologieë (politieke,

Wanneer begeertes en drange losgemaak word van verantwoordelikheid teenoor God, onsself en ons medemens, word dit afbrekende en vernietigende kragte. Die menslike samelewing betaal duur vir die sondige begeerte na drank, dwelms, seks, rykdom, mag en gemak. Daar word en is al baie geskryf oor die geweldige rol en invloed van sogenaamde "magte" op die mens se lewe. Daarmee word verskillende dinge soos ideologieë (politieke, sosiaal-ekonomiese, kulturele), stelsels, strukture, modes, gebruike, tradisies en persepsies bedoel. Soms word dit aan 'n persoon of groep verbind, meestal is dit onpersoonlik.

Julle wás dood

Met 'n verrassende "maar" beskryf Paulus die karakter van die God van die Bybel. Dié Here wat geen plek het vir die sonde nie, is die God wat "ryk is in barmhartigheid en ons innig lief het" (2:4). Dit bewys Hy aan ons nie omdat ons self sulke deugdelike mense is nie – inherent goed en gaaf nie.

Nee, God deurbreek juis ons wanhoopsituasie. Hy bewys aan ons sy liefde en sluit ons by sy genadewerk in Christus in terwyl ons nog "dood was as gevolg van ons oortredings". Terwyl ons nie kon of wou reageer nie, het God ons "saam met Christus lewend gemaak" (2:5; Rom 5:6-8).

Dit laat Paulus uitroep: "Uit genade is julle gered!" (2:5). In sowel 2:5 as 2:8 word die woord vir "redding" gebruik wat verwys na 'n handeling van God in die verlede wat 'n blywende gevolg het. Ons word deur die geloof ingesluit in 'n voltooide daad van God!

Let op die sleutel uitdrukkings in Paulus se verlossingsbegrip: "saam met Christus", "saam met Hom" en "in Christus Jesus". Deur Christus is ons uit die doodstoestand bevry. In 'n deurlopende refrein hoor die gelowiges dat hulle saam met Hom "lewend gemaak is" (2:5), "opgewek is uit die dood" en "'n plek in die hemel gegee is" (2:6), "sy goedheid aan ons bewys het" (2:7), "ons geskep het om ons lewe te wy aan die goeie" (2:10).

Uit genade gered ...

Wat die geloofsgemeenskap moet weet, is dat hierdie redding nie uit hulleself kom nie (2:8), nog minder "deur julle eie verdienste"(2:9). Dit is 'n gawe (geskenk) van God se "genade", sy "barmhartigheid", sy "innige liefde", sy "goedheid". Die Christelike geloof bely dat God se genade die enigste oorsaak is van die nuwe lewe in en saam met Christus. Al is die oorsaak vir God se genade net in Hom geleë, skakel dit die mens nie uit nie. Inteendeel, die mens moet dit wat deur God aan haar/hom gegee word gelowig aanneem. Selfs hierin kom God ons tegemoet. Kragtens die oorweldigende grootheid van sy genade skenk Hy ons ook die geloof wat nodig is om die genade aan te neem. Die Here bewerk die geloof in ons deur sy Gees (1 Kor. 2:12,14,15. Vgl. ook H K Vr en Antw 65).

Paulus weerlê alle idees en vorme van selfredding. Om gered te word, is 'n genadegeskenk (5, 8). Redding is niks minder as herskepping nie! God het ons gemaak, ons is sy kunswerk in Christus Jesus (2:10; 2 Kor. 5:17-19).

... om ons lewe (hier en nou) aan goeie werke te wy

Die beeldspraak wat tot dusver gebruik is, mag onbedoeld die indruk wek dat die Christelike geloof uitsluitlik op geestelike sake fokus. Veral die uitdrukking dat die geloof ons deel gee aan "'n plek in die hemel" (6) kan die misverstand skep dat dit vir Paulus oor 'n soort vroomheid gaan wat nie met die aardse te doen het nie.

14

Page 15:  · Web viewDaar word en is al baie geskryf oor die geweldige rol en invloed van sogenaamde "magte" op die mens se lewe. Daarmee word verskillende dinge soos ideologieë (politieke,

Die teendeel is egter waar. Die Christengelowiges is as produk van God se herskeppende genade bedoel vir goeie dade/werke wat God tevore voorberei het sodat ons ons lewe daaraan kan wy. Dit gaan nie om werke wat ons kies om te doen nie. Ons lewenswyse staan in diens van die werke (goeie werke) wat God reeds oor besluit het. Wat hierdie lewenswandel inhou, word onvergelyklik uitgestippel in 4:17-6:20. Dit gaan om 'n lewenswyse "in ooreen-stemming met die evangelie van Christus" (Fil 1:27a).

Geen moralisering

Uit hierdie teks blyk hoe gevaarlik moralisering is. Wanneer die Christelike lewe vir ons die gehoorsaamheid word wat ons binne onsself moet skep, het die evangelie daaruit verdwyn. As Christelikheid beteken dat ons onsself uit die scrap yard of die lykshuis moet optel, verstaan ons nie waaroor dit gaan nie.

Tragies genoeg bly moralisering een van die grootste versoekings vir die kerk.

Geen wêreldvreemdheid

Vir baie Christene gaan die geloof daaroor dat ons ván hierdie aarde gered word, vir die ewige lewe. Die geloofskeuse wat ons uitoefen (moralisering), is om te ontsnap aan die straf van God sodat ons toekoms anderkant die dood veilig is.

Paulus beklemtoon in hierdie gedeelte dat ons vír die aarde gered word. God wek ons op om ons lewe te wy aan die goeie werke of dade wat God deur ons doen.

Nuwe lewe, nuwe doel

'n Totaal nuwe lewe het tot stand gekom. Ons bestaan is "in Christus" en voortaan geld van ons hele lewe dat ons "saam met Christus Jesus" opgewek is uit die dood en saam met Hom 'n plek in die hemel gegee is (2:6). Los van Christus Jesus verval alles. Hy omsluit/omvou ons met God se goedheid en liefde.

In Christus is ons 'n nuwe skepping om ons lewe te wy aan goeie dade/werke. Daarvoor het God die gelowiges in Christus bestem (10; 2 Kor 5:17). Wie God se genade in Christus Jesus gelowig aangeneem het, leef deur die Gees op 'n nuwe manier en is volledig in diens van God se heil op alle terreine van die lewe. Wie glo, lewe!

5 God stuur ons om te leefGebed

Dankoffer

SlotsangVONKK 79 Genade, So Oneindig Groot [bekend – Amazing Grace] http://vonkk.kerkmusiek.co.za/product/vonkk-00079/ ofLVONKK 328 Alles, alles is genade [n.a.v. Ef 2:1-10) http://vonkk.kerkmusiek.co.za/product/vonkk-0328/ ofLied 504 Kom, laat ons saam tot Jesus nader

Seën

15

Page 16:  · Web viewDaar word en is al baie geskryf oor die geweldige rol en invloed van sogenaamde "magte" op die mens se lewe. Daarmee word verskillende dinge soos ideologieë (politieke,

Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ’n gawe van God. Daarom is die genade van ons Here, Jesus Christus, die liefde van God ons skepper en die teenwoordigheid van die Heilige Gees, met ons, nou en vir altyd. Amen.

ResponsLied 329 Want so lief het God die wêreld gehad (n.a.v. Joh 3:16) ofVONKK 320 So lief het God die wêreld (n.a.n. Joh. 3:16) http://vonkk.kerkmusiek.co.za/product/vonkk-0320-so-lief-het-god-die-wereld/

6 Volgende erediensJohannes 12:20-33

Liturgie en familie-oomblik: Rethie van Niekerk

Powerpoint: Wicus Wait

Preekriglyn: Danie Mouton

Prosesbestuur en ekstra stof: Chris van Wyk

16