grondwet - klipfonteyn  · web view2020. 11. 16. · 2.6.1 die vereniging kan die magte uitoefen...

72
1 GRONDWET VAN DIE KLIPFONTEYN HUISEIENAARS VERENIGING

Upload: others

Post on 21-Aug-2021

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: GRONDWET - klipfonteyn  · Web view2020. 11. 16. · 2.6.1 Die Vereniging kan die magte uitoefen wat ingevolge hierdie dokument aan dit verleen . word, en sodanige magte sluit in

1

GRONDWET

VAN DIE

KLIPFONTEYN HUISEIENAARS VERENIGING

Page 2: GRONDWET - klipfonteyn  · Web view2020. 11. 16. · 2.6.1 Die Vereniging kan die magte uitoefen wat ingevolge hierdie dokument aan dit verleen . word, en sodanige magte sluit in

2

KLIPFONTEYN HUISEIENAARS VERENIGING

SERTIFIKAAT VAN GOEDKEURING

HIERMEE WORD GESERTIFISEER DAT DIE GRONDWET VAN DIEKLIPFONTEYN HUISEIENAARS VERENIGING VANDAG GOEDGEKEUR IS SOOSVEREIS INGEVOLGE ARTIKEL 29 (2) (B) (111) VAN DIE ORDONNANSIE OPGRONDGEBRUIK-BEPLANNING, 1985 (NR 15 VAN 1985).

GETEKEN TE Hermanus OP HIERDIE 30 ste DAG VAN April 2015

_Signed___________________MNR. RIAAN KUCHARSENIOR BESTUURDER STADSBEPLANNINGOVERSTRAND MUNISIPALITEIT

Page 3: GRONDWET - klipfonteyn  · Web view2020. 11. 16. · 2.6.1 Die Vereniging kan die magte uitoefen wat ingevolge hierdie dokument aan dit verleen . word, en sodanige magte sluit in

3

VERDELING VAN GRONDWET Bl NoHierdie grondwet is soos volg ingedeel:

DEEL 1: OMSKRYWING EN INLEIDING 5

1.1 Omskrywing 51.2 Uitleg 71.3 Inleiding 8

DEEL 2: HUISEIENAARS VERENIGING 8

2.1 Inlywing van Vereniging 82.2 Benaming en Regstatus 82.3 Lidmaatskap 92.4 Doelstellings 92.5 Bevoegdhede 102.6 Magte van die Vereniging 112.7 Gedragsreëls 122.8 Bou en Estetiese Handleiding 12

DEEL 3: RAAD VAN TRUSTEES 12

3.1 Verteenwoordiging deur trustees 123.2 Samestelling van die Raad 123.3 Bevoegdhede en pligte 133.4 Vertrouensverhouding 143.5 Aanspreeklikheid 143.6 Verrigtinge 153.7 Kworum 153.8 Skriftelike besluite 163.9 Voorsitter en Sekretaris 163.10 Ontruiming van amp 163.11 Notules 173.12 Vergoeding 18

DEEL 4: VERGADERINGS 18

4.1 Algemene vergaderings 184.2 Kennisgewing van vergadering en vergaderplek 184.3 Agenda 194.4 Prosedure 204.5 Kworum 214.6 Stemming deur eienaars 21 4.7 Berekening van stemme 224.8 Volmagte 224.9 Notules 22

Page 4: GRONDWET - klipfonteyn  · Web view2020. 11. 16. · 2.6.1 Die Vereniging kan die magte uitoefen wat ingevolge hierdie dokument aan dit verleen . word, en sodanige magte sluit in

4

DEEL 5: GEMEENSKAPLIKE EIENDOM 23

5.1 Eienaarskap 235.2 Handelinge met 235.3 Instandhouding 23

DEEL 6: Finansiële AANGELEENTHEDE 24

6.1 Begroting 246.2 Heffings 246.3 Berekening van heffings 256.4 Versekerbare belang 256.5 Verhaling van verskuldigde of agterstallige gelde 256.6 Boekhouding 266.7 Finansiële verslae 266.8 Uitgawes en ouditering 276.9 Munisipale rekeninge 27

DEEL 7: EIENAARS 27

7.1 Pligte van eienaars 277.2 Verpligtende bevele 287.3 Nie-nakoming 287.4 Lederegister 28

DEEL 8: DIVERSE MAGTE 29

8.1 Reg van toegang 298.2 Hou van ondersoeke 298.3 Baken en Grens ooreenkomste 29

DEEL 9: ARBITRASIE 29

DEEL 10: VRYWARING 30

DEEL 11: ALGEMEEN EN AANVULLEND 31

11.1 Bewaring van dokumente 3111.2 Betekening van dokumente en prosesstukke 31

DEEL 12: WYSIGING VAN GRONDWET 32 AANHANGSEL 1 GEDRAGSREËLS 33

AANHANGSEL 2 BOU EN ESTETIESE HANDLEIDING 42

Page 5: GRONDWET - klipfonteyn  · Web view2020. 11. 16. · 2.6.1 Die Vereniging kan die magte uitoefen wat ingevolge hierdie dokument aan dit verleen . word, en sodanige magte sluit in

5

DEEL 1: OMSKRYWING EN INLEIDING

1.1 OMSKRYWING:

In hierdie Grondwet, tensy uit die samehang anders blyk, sal die volgende woorde die betekenisse hê soos wat hieronder aan hulle toegeskryf word:

"Algemene vergadering" beteken 'n algemene jaarlikse vergadering of spesiale algemene vergadering ooreenkomstig die bepalings van Deel 4.

“Bates” verwys na toerusting en implemente wat die Vereeniging van tyd tot tyd mag aanskaf vir die instandhouding van die Klipfonteyn ontwikkeling.

"Bou-en Estetiese Handleiding" beteken die handleiding uitgereik deur die Raad van Trustees waarin voorskrifte met betrekking tot bouwerk en estetiese riglyne uiteengesit word; opgestel ooreenkomstig die bepalings van klousule 2.8.

"Buitelandse bankrekening" beteken 'n bankrekening by 'n erkende finansiële instelling waarvan die geregistreerde kantoor buite die grense van die Republiek van Suid-Afrika is.

"Eenparige besluit" beteken 'n besluit eenparig geneem deur al die stemgeregtigde lede van die Vereniging wat teenwoordig of verteenwoordig is deur volmag of 'n stemgeregtigde verteenwoordiger erken deur regsweë op 'n algemene vergadering, waarvan minstens 21 dae skriftelik kennis gegee is, waarin die voorgestelde eenparige besluit gemeld word en by welke vergadering ten minste 75% van alle stemgeregtigde lede teenwoordig of verteenwoordig is of alternatiewelik 'n besluit wat skriftelik deur elke stemgeregtigde lid of sy of haar gevolmagtigde of verteenwoordiger erken deur regsweë aanvaar word.

"Eienaar" beteken met betrekking tot 'n grondeenheid geleë in die ontwikkelingskema die persoon in wie se naam daardie eenheid geregistreer is in die Aktekantoor (Afdeling Kaapstad) of by wie eienaarskap berus kragtens enige wet en mag insluit enige opvolger in titel van sodanige persoon of die persoon by wie die administrasie van sodanige grondeenheid berus as eksekuteur, trustee, beredderaar, kurator, likwidateur of geregtelike bestuurder, na gelang van die geval.

"Eiendom" beteken die eiendom beskryf as Gedeelte van Gedeeltes 12 en 27 van die plaas Klipfonteyn Nr. 711 geleë in die afdeling Caledon en waarop 'n groep behuisings-ontwikkeling uitgevoer is.

"Finansiële jaar" beteken die tydperk wat strek vanaf die eerste dag van Julie in elke jaar tot en insluitende die dertigste dag van Junie van die daaropvolgende jaar.

Page 6: GRONDWET - klipfonteyn  · Web view2020. 11. 16. · 2.6.1 Die Vereniging kan die magte uitoefen wat ingevolge hierdie dokument aan dit verleen . word, en sodanige magte sluit in

6

"Gedragsreëls" beteken die reëls opgestel ooreenkomstig die bepalings van klousule 2.7.

"Gemeenskaplike eiendom" beteken enige grond in die betrokke onderverdeling wat nie deel vorm van 'n grondeenheid nie en ten opsigte waarvan eienaarskap by die Vereniging berus ingevolge klousule 5.1.

"Gewone besluit" beteken 'n besluit geneem deur 'n gewone meerderheid van die lede teenwoordig of verteenwoordig deur volmag of 'n verteenwoordiger erken deur regsweë, en geregtig om te stem of 'n besluit wat skriftelik deur 'n gewone meerderheid van die lede, persoonlik of deur 'n gevolmagtigde of deur 'n verteenwoordiger erken deur regsweë, aanvaar word. 'n Onthouding van stemming sal nie gereken word as 'n stem vir of teen die betrokke besluit nie.

"Grondeenheid" beteken 'n residensiële erf wat ontstaan deur die onderverdeling van 'n gedeelte van die Eiendom en geregistreer of vatbaar vir registrasie in 'n Aktekantoor met inbegrip van enige verbeterings wat daarop aangebring mag word.

“Heffings” beteken gelde jaarliks betaalbaar aan die Vereniging dienooreenkomstig bepaling 6.2 van hierdie grondwet en word aangewend om die verskeie kostes wat die Vereeniging deur die jaar moet aangaan, te dek.

"Hierdie dokument" beteken die Grondwet en enige aanhangsels.

"Lid" beteken 'n eienaar wat ingevolge artikel 29(2)(c) van Ordonnansie outomaties lidword van die vereniging by registrasie van 'n grondeenheid in sy of haar naam.

"Munisipaliteit" beteken die Overstrand Munisipaliteit (Gansbaai Administrasie).

"Ouditeur" beteken die Ouditeur aangestel deur die Raad van Trustees.

"Ontwikkelingskema" beteken 'n groep behuisingsontwikkeling soos beoog in die Provinsiale Administrasie se Groepbehuisingskode en ingevolge waarvan residensiële geboue op die eiendom opgerig moet word.

"Onderhou" sluit herstelwerk, hernuwings, vervangings, skoonmaak en verwydering in en instandhouding het 'n ooreenstemmende betekenis.

"Ordonnansie" beteken die Ordonnansie op Grondgebruik beplanning, Nr. 15 van 1985, soos gewysig.

"Raad" beteken die Raad van Trustees tot stand gebring ooreenkomstig Deel 3 van hierdie document.

"Rekenmeester" beteken 'n Rekenmeester soos van tyd tot tyd deur die Raad aangestel, synde 'n persoon wat bevoeg is vir aanstelling as 'n rekenkundige beampte van 'n Beslote Korporasie ingevolge die Wet op Beslote Korporasie, Nr. 64 van 1984.

Page 7: GRONDWET - klipfonteyn  · Web view2020. 11. 16. · 2.6.1 Die Vereniging kan die magte uitoefen wat ingevolge hierdie dokument aan dit verleen . word, en sodanige magte sluit in

7

"Spesiale besluit" beteken 'n besluit geneem deur nie minder as 66% (twee derdes) van die stemgeregtigde lede van die Vereniging, bereken in getal, wat teenwoordig of verteenwoordig is deur volmag of 'n verteenwoordiger erken deur regsweë, op 'n algemene vergadering, waarvan minstens 21 dae skriftelik kennis gegee is, waarin die voorgestelde spesiale besluit gemeld word.

"Stemgeregtigde lid" beteken 'n lid wat al sy of haar heffings tot op datum betaal het; (6.2.3., 6.2.5 en 6.2.6 moet hiermee saamgelees word).

"Troeteldiere" beteken enige dier, reptiel of voël.

"Trustee" beteken 'n trustee verkies ooreenkomstig die bepalings van Deel 3.

"Vereniging" beteken die Klipfonteyn Huiseienaars vereniging wat ingevolge artikel 29(1) van die Ordonnansie gelees met klousule 2.1 van hierdie dokument tot stand gekom het.

"Voorsitter" beteken die voorsitter van die Raad van Trustees verkies en as sodanig aangestel ooreenkomstig die bepalings van hierdie document.

"Wooneenheid" beteken 'n selfstandige inter-toeganklike stel kamers met voldoende sanitêre en kombuis geriewe, wat slegs as woonplek vir en die huisvesting van 'n gesin (in breër vorm) gebruik word, met dien verstande dat ‘n woonhuis nie meer as twee kombuise mag he nie, insluitend die buitegeboue, motorhuise en stoepe wat gewoonlik daarmee saam gebruik word. Buitegeboue kan los wees of vas wees aan die hoofwoning.

1.2 UITLEG

1.2.1 By die uitleg van die bepalings van hierdie Grondwet, tensy uit die samehang anders blyk:

(i) sluit woorde wat slegs die enkelvoud aandui, ook die meervoud in en omgekeerd;

(ii) sluit woorde wat die manlike geslag aandui, ook die vroulike en onsydige geslag in en sluit die onsydige geslag ook die manlike en vroulike geslag in; en

(iii) sluit trustee ook 'n gekoöpteerde of plaasvervangende trustee in.

1.2.2 Vir doeleindes van die omskrywing van "Spesiale Besluit" en "Eenparige Besluit" in klousule 1.1, sal geag word dat 'n kennisgewing soos beoog in daardie omskrywing voldoende gegee is indien: -

(i) Dit met die hand afgelewer is aan 'n lid nie minder nie dan 21 dae voor die betrokke algemene vergadering; of

(ii) Dit per vooruitbetaalde geregistreerde pos afgestuur is nie minder nie dan 21 dae voor sodanige vergadering aan die adres van 'n lid se grondeenheid in die Vereniging of sodanige ander adres as wat 'n lid vooraf skriftelik mag aangedui

Page 8: GRONDWET - klipfonteyn  · Web view2020. 11. 16. · 2.6.1 Die Vereniging kan die magte uitoefen wat ingevolge hierdie dokument aan dit verleen . word, en sodanige magte sluit in

8

het vir doeleindes van sodanige kennisgewings; of

(iii) Dit per elektroniese pos (e-pos) of faks gestuur is aan 'n lid nie minder nie dan 21 dae voor die betrokke algemene vergadering, aan die adres of faksnommer as wat 'n lid vooraf skriftelik mag aangedui het vir doeleindes van sodanige kennisgewing.

1.3 INLEIDING

(i) Vertolking

Die opskrifte bo die onderskeie bepalings van hierdie dokument word slegs geriefshalwe verstrek en vorm nie deel van die Grondwet nie. Gevolglik moet dit nie by die uitleg en vertolking van die bepalings in aanmerking geneem word nie.

(ii) Berekening van tydperke

Waar enige getal dae voorgeskryf is in hierdie dokument, sal die dae bereken word met uitsluiting van die eerste dag en insluiting van die laaste dag, tensy die laaste dag val op 'n Saterdag, Sondag of Publieke Vakansiedag in die Republiek van Suid-Afrika, in welke geval die laaste dag die eerste daaropvolgende dag sal wees wat nie 'n Saterdag, Sondag of Publieke Vakansiedag is nie.

DEEL 2: HUISEIENAARS VERENIGING

2.1 INLYWING VAN VERENIGING

Met ingang van datum waarop enige ander persoon as die ontwikkelaar 'n eienaar word van 'n grondeenheid, sal daar geag word dat 'n Vereniging vir die ontwikkelingskema gestig is waarvan die ontwikkelaar en sodanige ander persoon die lede is.

2.2 BENAMING EN REGSTATUS

2.2.1 Die Vereniging sal bekend staan as die Klipfonteyn Huiseienaars vereniging.

2.2.2 Die Vereniging bestaan onafhanklik van sy lede en is 'n afsonderlike regsentiteit en regspersoon met ewigdurende opvolging.

2.2.3 Alle aksies of regsgedinge, geregtelike stappe of enige arbitrasie deur of teen die Vereniging ten opsigte van enige kontrak deur die Vereniging gesluit, enige skade aan die gemeenskaplike eiendom, enige aangeleentheid ten opsigte van die grond waarvoor die Vereniging aanspreeklik is of waarvoor die eienaars gesamentlik aanspreeklik is en enige aangeleentheid voortspruitend uit die uitoefening van die Vereniging se magte of uitvoering of nie-uitvoering van enige van sy pligte ingevolge hierdie Grondwet, moet in naam van die Vereniging ingestel word, en die Vereniging kan enige persoon of persone magtig om namens die Vereniging op te tree en om alle dokumente te onderteken en al die stappe te doen wat in verband met sulke verrigtinge vereis mag word. 2.2.4 Geen lid sal enige eis teen die Vereniging se bates hê nie. Sodanige bates sal vestig in

Page 9: GRONDWET - klipfonteyn  · Web view2020. 11. 16. · 2.6.1 Die Vereniging kan die magte uitoefen wat ingevolge hierdie dokument aan dit verleen . word, en sodanige magte sluit in

9

die Vereniging en sal deur die Raad beheer en bestuur word ooreenkomstig die bepalings van hierdie dokument.

2.2.5 In die algemeen kan die Vereniging sodanige stappe en dinge doen as wat regspersone regtens mag doen en uitvoer. 2.3 LIDMAATSKAP

2.3.1 Elke persoon wat 'n eienaar word van 'n grondeenheid sal 'n lid word van die Vereniging. 'n Persoon wat daarop geregtig is om 'n sertifikaat van geregistreerde titel ten opsigte van enige sodanige grondeenheid te bekom sal vir doeleindes van hierdie dokument geag word die geregistreerde eienaar daarvan te wees. Waar 'n grondeenheid die voorwerp van mede-eienaarskap is, sal na die geregistreerde eienaars van daardie bepaalde grondeenheid geag word een lid van die Vereniging te wees.

2.3.2 Die ontwikkelaar sal ophou om 'n lid van die Vereniging te wees sodra hy nie meer eienaarskap van 'n grondeenheid in die ontwikkelingskema het nie. 'n Eienaar mag nie bedank as lid van die Vereniging nie en enige sodanige lid sal slegs ophou om 'n lid van die Vereniging te wees wanneer hy of sy ophou om 'n eienaar van 'n grondeenheid in die ontwikkelingskema te wees. Die registrasie van oordrag van 'n grondeenheid in die naam van 'n oordragnemer sal ipso facto die oordragnemer 'n lid maak van die Vereniging.

2.3.3 'n Lid wat vir enige rede ophou om 'n lid van die Vereniging te wees (en ook sodanige

lid se eksekuteur, kurator, trustee of likwidateur) sal nie enige aanspraak hê op of teen die fondse of eiendom van die Vereniging nie, maar hierdie klousule doen geen afbreuk aan die Vereniging se reg om van sodanige lid of sy boedel enige agterstallige ledebydraes of ander gelde deur hom of haar aan die Vereniging verskuldig op die tydstip waarop hy of sy ophou om lid van die Vereniging te wees, te verhaal nie en ten opsigte waarvan sodanige verhaling van gelde verskuldig, geld die bepalings van hierdie dokument steeds asof sodanige persoon nog 'n volle lid van die Vereniging is.

2.3.4 Die regte en verpligtinge van 'n lid sal nie oordraagbaar wees nie en elke lid sal na die beste van sy of haar vermoë die doelstellings en oogmerke van die Vereniging bevorder en die Gedragsreëls ooreenkomstig hierdie Grondwet gemaak, nakom: Met dien verstande dat niks in hierdie dokument vervat 'n lid daarvan sal weerhou om sy of haar regte ingevolge hiervan te sedeer as sekuriteit aan die Verbandgewer van 'n lid se grondeenheid nie.

2.4 DOELSTELLINGS

2.4.1 Die Vereniging sal as sy hoofoogmerk hê die beheer oor en die instandhouding van strukture, dienste en geriewe wat uit die betrokke onderverdeling ontstaan: insluitend die gemeenskaplike eiendom

2.4.2 In die algemeen is die doelstellings van die Vereniging, wat handel deur die Raad:

Page 10: GRONDWET - klipfonteyn  · Web view2020. 11. 16. · 2.6.1 Die Vereniging kan die magte uitoefen wat ingevolge hierdie dokument aan dit verleen . word, en sodanige magte sluit in

10

(a) om die estetiese, argitektoniese en ekologiese standaarde vir alle geboue en strukture binne die Vereniging te bevorder.

(b) om die gemeenskaplike- en groepsbelange van die lede in die algemeen te bevorder en te beskerm;

(c) die bevordering van sekuriteit;

(d) die vorderings van heffings; en

(e) enige verdere noodsaaklike en redelike stappe wat nodig is vir die verwesenliking van die doelstellings van die Vereniging, soos vervat in die bepalings van hierdie dokument.

2.4.3 Die Vereniging word nie ingelyf vir wins nie, maar tot voordeel van sy lede. 2.5 BEVOEGDHEDE

2.5.1 Die Vereniging sal die bevoegdhede uitoefen wat aan dit toevertrou word ingevolge of kragtens die bepalings van hierdie dokument en/of Gedragsreëls en sodanige bevoegdhede sal insluit-

(a) om vir administratiewe uitgawes 'n fonds te stig wat na die mening van die Vereniging toereikend is vir die herstel, instandhouding, beheer, bestuur en administrasie van die gemeenskaplike eiendom (insluitende 'n redelike voorsiening vir toekomstige instandhouding en herstelwerk), vir betaling van belastings, diensgelde en ander plaaslike owerheid heffings vir die verskaffing van elektrisiteit, water, sanitasie en ander dienste aan die grondeenhede en gemeenskaplike eiendom tot die mate waarvoor die Vereniging vir sodanige belastings, diensgelde en heffings aanspreeklik gehou mag word, en enige versekerings premies, vir die uitvoering van enige bevoegdheid of nakoming van enige verpligting van die Vereniging;

(i) om van eienaars te vereis, wanneer ook al nodig, om bydraes tot sodanige fonds te maak vir doeleindes daarvan om enige verpligtinge van of eise teen die Vereniging uit te voer of te bevredig;

(ii) om van tyd tot tyd die bedrae te bepaal wat gehef moet word vir die voormelde doeleindes;

(iii) om die bedrae aldus vasgestel te hef, deur heffings bydraes op die eienaars in verhouding tot hulle deelnemers kwotas van hulle onderskeie grond eenhede soos bepaal ooreenkomstig deel 6 hiervan.

(b) om 'n rekening of rekenings by ‘n bankinstelling of bouvereniging te open te open;

(c) om, indien die Vereniging aldus sou besluit in algemene vergadering, die grond eenhede te verseker en dit verseker te hou volgens vervangingswaarde teen vuur

Page 11: GRONDWET - klipfonteyn  · Web view2020. 11. 16. · 2.6.1 Die Vereniging kan die magte uitoefen wat ingevolge hierdie dokument aan dit verleen . word, en sodanige magte sluit in

11

en sodanige ander risiko's as wat die Vereniging in algemene vergadering mag besluit;

(d) om teen sodanige ander risiko's te verseker as wat die eienaars by spesiale besluit in algemene vergadering;

(e) om versekeringsgeld ontvang ten opsigte van skade aan 'n gebou of geboue, aan te wend ter herbouing of herstel van die gebou of geboue vir sovêr dit uitgevoer kan word;

(f) om die premies te betaal op enige polis of versekering deur die Vereniging hierkragtens uitgeneem;

(g) om behoorlik die gemeenskaplike eiendom in stand te hou;

(h) om te voldoen aan enige kennisgewing of opdrag van enige bevoegde owerheid wat herstelwerk of ander werk ten opsigte van die tersaaklike grond of geboue vereis;

(i) om die Stadsraad in kennis te stel van sy domicilium citandi et executandi, welke adres die Vereniging se adres sal wees vir die betekening van enige prosesstukke of kennisgewings;

(j) om voldoening te verseker aan enige wetsbepaling met betrekking tot die gemeenskaplike eiendom of enige verbetering wat op die gemeenskaplike eiendom aangebring is;

(k) om die masjinerie, toerusting, aanhegtings en toebehore wat in verband met of vir doeleindes van die gemeenskaplike eiendom gebruik word, in 'n behoorlik werkende, bruikbare en veilige toestand te hou;

(l) onderhewig aan die regte van die Stadsraad, om pype, drade, kabels, en hulse wat op, onder of oor die grond bestaan en vatbaar is vir gebruik in verband met die genieting of tot die voordeel van meer as een grondeenheid of vir die gemeenskaplike eiendom of tot die voordeel is van een grondeenheid asook die gemeenskaplike eiendom, te herstel en te onderhou (insluitende om te hernu, waar redelik nodig); en

(m) in die algemeen, om die gemeenskaplike eiendom te ontwikkel, te beheer, te bestuur en te administreer tot die voordeel van al die eienaars.

2.6 MAGTE VAN DIE VERENIGING

2.6.1 Die Vereniging kan die magte uitoefen wat ingevolge hierdie dokument aan dit verleen word, en sodanige magte sluit in die mag om: -

(a) sodanige agente en werknemers aan te stel as wat dit mag goed dink;

(b) enige van die fonds waarna in klousule 2.5.1 verwys word te belê;

(c) 'n ooreenkoms aan te gaan met die plaaslike owerheid of enige ander liggaam om dienste aan die Vereniging te lewer; (d) 'n ooreenkoms met enige eienaar of bewoner van 'n grondeenheid aan te gaan vir die verskaffing van geriewe of dienste deur die Vereniging aan die betrokke

Page 12: GRONDWET - klipfonteyn  · Web view2020. 11. 16. · 2.6.1 Die Vereniging kan die magte uitoefen wat ingevolge hierdie dokument aan dit verleen . word, en sodanige magte sluit in

12

eienaar of bewoner; en

(e) alle dinge te doen wat redelikerwys nodig is vir die toepassing van die bepalings van hierdie dokument en die Gedragsreëls vir die beheer, bestuur en administrasie van die gemeenskaplike eiendom.

2.7 Gedragsreëls

2.7.1 'n Volledige uiteensetting van die gedragsreëls word vervat in Aanhangsel 1 en vorm deel van hierdie grondwet in soverre die wetlike toepassing daarvan

2.7.2 Gedragsreëls sal by wyse van 'n spesiale besluit deur die lede gemaak word en die Vereniging mag van tyd tot tyd sodanige Gedragsreëls wysig, herroep of daaraan toevoeg, ook by wyse van 'n spesiale besluit.

2.7.3 Enige Gedragsreël gemaak deur die Vereniging sal redelik wees en sal op gelykwaardige wyse van toepassing wees op alle eienaars of bewoners van grond eenhede.

2.7.4 Die Vereniging, sal op aansoek van die eienaar of enige ander persoon skriftelik daartoe gemagtig deur sodanige eienaar, die reëls dan van krag vir inspeksie beskikbaar stel vir sodanige eienaar of gemagtigde persoon.

2.8 BOU EN ESTETIESE HANDLEIDING

2.8.1 'n Volledige uiteensetting van die bou en estetiese Handleiding word vervat in Aanhangsel 2 en vorm deel van hierdie grondwet, in soverre die wetlike toepassing daarvan.

2.8.2 Bou en Estetiese Handleiding sal by wyse van 'n spesiale besluit deur die lede saamgestel word en die Vereniging mag van tyd tot tyd die Bou en Estetiese Handleiding wysig, herroep of daaraan toevoeg, ook by wyse van 'n spesiale besluit.

2.8.3 Die Bou en Estetiese Handleiding sal redelik wees en sal op gelykwaardige wyse van toepassing wees op alle eienaars of bewoners van grond eenhede.

2.8.4 Die Vereniging, sal op aansoek van die eienaar of enige ander persoon skriftelik daartoe gemagtig deur sodanige eienaar, die Bou en Estetiese Handleiding dan van krag vir inspeksie beskikbaar stel vir sodanige eienaar of gemagtigde persoon.

2.8.5 Die Bou en Estetiese Handleiding mag nie sonder vooraf toestemming van die munisipaliteit gewysig word nie.

DEEL 3: RAAD VAN TRUSTEES

3.1 VERTEENWOORDIGING DEUR TRUSTEES

Vanaf en na datum van inlywing van die Vereniging en onderhewig aan die bepalings van hierdie dokument en besluite van die Vereniging by 'n algemene vergadering, sal

Page 13: GRONDWET - klipfonteyn  · Web view2020. 11. 16. · 2.6.1 Die Vereniging kan die magte uitoefen wat ingevolge hierdie dokument aan dit verleen . word, en sodanige magte sluit in

13

die Vereniging beheer, bestuur en verteenwoordig word deur 'n Raad van Trustees soos saamgestel ooreenkomstig die bepalings van klousule 3.2 en alle handelinge van sodanige Raad sal geag word die handelinge van die Vereniging te wees.

3.2 SAMESTELLING VAN DIE RAAD

3.2.1 Die Raad sal bestaan uit vyf (5) tot sewe (7) lede wat jaarliks by die Algemene Jaarvergadering verkies sal word. Die Trustees dien vir ‘n termyn van een jaar, maar is her verkiesbaar met dien verstande dat sodanige amp ipso facto ontruim sal word deur 'n trustee op die tydstip waarop hy of sy ophou om 'n eienaar te wees. Tensy die lede anders bepaal in 'n algemene vergadering, mag enige toevallige vakature wat op die Raad ontstaan, deur die Raad gevul word, maar die trustee aldus aangestel sal onderhewig wees aan uittrede by die volgende Algemene Jaarvergadering, tensy herverkies by daardie geleentheid.

3.3. BEVOEGDHEDE EN PLIGTE

3.3.1 Die bevoegdhede en pligte van die Vereniging sal, onderhewig aan die bepalings van hierdie dokument, die Gedragsreëls en enige beperkinge opgelê of voorskrifte gegee by 'n algemene vergadering deur die lede, uitgevoer en uitgeoefen word deur die Raad.

3.3.2 Die Raad sal die reg hê om enige van sy besluite van tyd tot tyd te wysig te herroep of aan te pas.

3.3.3 'n Gekoöpteerde lid sal dieselfde regte geniet en onderhewig wees aan al die verpligtinge van 'n aangestelde trustee, behalwe dat dit nie noodwendig sal wees dat hy ‘n eienaar is nie.

3.3.4 Die Raad mag, indien dit so sou besluit, enige vermoedelike of beweerde oortreding deur 'n eienaar of bewoner van die bepalings van hierdie dokument of Gedragsreël, ondersoek ooreenkomstig die bepalings van die Gedragsreël.

3.3.5 Behalwe vir sovêr spesifiek anders bepaal word in hierdie dokument, sal die Raad te alle tye by magte wees om namens die Vereniging sodanige werknemers en/of kontrakteurs aan te stel en die dienste van Rekenmeesters, Advokate, Prokureurs, Argitekte, Ingenieurs of enige ander professionele lui soos wat deur die Raad nodig geag word, aan te stel op sodanige bedinge en voorwaardes soos wat dit van tyd tot tyd mag besluit.

3.3.6 Die Raad mag in sy naam en ten behoewe van die Vereniging kontrakte sluit vir enige doel nodig of wenslik vir of insidenteel, aanvullend of bykomend tot of in verband met die magte, pligte en bevoegdhede van die Vereniging. Die waarde van sodanige kontrak moet jaarliks by ‘n Algemene Jaarvergadering bepaal word.

3.3.7 Alle kontrakte wat ingevolge klousule 3.3.6 gesluit word sal op skrif wees en onderteken wees deur die voorsitter en twee trustees.

Page 14: GRONDWET - klipfonteyn  · Web view2020. 11. 16. · 2.6.1 Die Vereniging kan die magte uitoefen wat ingevolge hierdie dokument aan dit verleen . word, en sodanige magte sluit in

14

3.4 VERTROUENSVERHOUDING

Elke trustee van die Vereniging sal in 'n vertrouensposisie teenoor die Vereniging staan. Sonder om afbreuk te doen aan die algemeenheid van die uitdrukkings "vertrouensverhouding", sal die bepalings hiervan impliseer dat 'n trustee: -

3.4.1 teenoor die Vereniging eerlik en te goeder trou sal optree en in die besonder

(a) sodanige magte as waaroor hy of sy beskik om die Vereniging te bestuur en te verteenwoordig, sal uitoefen in die belang van en tot voordeel van die Vereniging; en

(b) nie sal optree sonder die voormelde magte of dit sal oorskry nie.

3.4.2 enige wesenlike botsing tussen sy of haar persoonlike belange en dié van die Vereniging sal vermy, en in die besonder –

(a) nie enige persoonlike ekonomiese voordeel van die Vereniging of van enige ander persoon sal trek waarop hy of sy nie vanuit sy of haar amp as trustee van die Vereniging geregtig sal wees nie, in omstandighede waarin daardie voordeel verkry word in stryd met die belange van of ten koste van die Vereniging; en (b) elke ander trustee sal inlig, by die eerste praktiese geleentheid in die omstandighede, van die aard en omvang van enige direkte of indirekte wesenlike belang wat hy of sy in enige kontrak met die Vereniging mag hê.

3.5 AANSPREEKLIKHEID

3.5.1 Indien 'n trustee se mala fide of grof nalatige doen of late enige verbreking daarstel van sy of haar verpligtinge voortspruitend uit sy of haar vertrouensverhouding, sal hy of sy teenoor die Vereniging aanspreeklik wees vir

(a) enige verlies wat die Vereniging as gevolg daarvan gely het; of

(b) enige ekonomiese voordeel deur die trustee verkry uit hoofde daarvan.

3.5.2 Wanneer 'n trustee nalaat om te voldoen aan die bepalings van klousule 3.4.2(a) en dit tot die kennis van die Vereniging kom dat die trustee 'n belang het soos waarna in daardie sub-klousule verwys word, sal die onderhawige kontrak na keuse van die Vereniging, vernietigbaar wees.

3.5.3 Met uitsondering van sy plig waarna in sub-klousule 3.4.1(a) verwys word, sal enige besondere gedrag van 'n trustee nie 'n verbreking van sy vertrouensverhouding teenoor die Vereniging uitmaak nie, indien sodanige gedrag vooraf gegaan is of gevolg word deur die skriftelike toestemming van al die lede van die Raad van Trustees mits alle sodanige raadslede vertroud is met al die wesenlike feite.

Page 15: GRONDWET - klipfonteyn  · Web view2020. 11. 16. · 2.6.1 Die Vereniging kan die magte uitoefen wat ingevolge hierdie dokument aan dit verleen . word, en sodanige magte sluit in

15

3.6 VERRIGTINGE

3.6.1 Die Raad mag vergader vir die afhandeling van besigheid, verdaag en andersins hulle vergaderings reël soos wat hulle mag goedvind. Vrae wat by enige vergadering van die Raad ontstaan sal, tensy anders in hierdie dokument bepaal, beslis word by wyse van 'n meerderheid stemme van trustees teenwoordig. In geval van 'n staking van stemme, sal die Voorsitter 'n tweede of beslissende stem hê.

3.6.2 Alle trustees teenwoordig by enige vergadering van die Raad sal stem, en enige trustee wat weier of versuim om te stem ten opsigte van enige aangeleentheid sal, wanneer aldus gelas deur die Voorsitter, hom- of haarself onttrek van die vergadering en die vertrek waarin die vergadering gehou word verlaat totdat die stemming ten opsigte van daardie aangeleentheid afgehandel is. 3.6.3 ‘n Vergadering van die Raad sal minstens een maal elke kwartaal gehou word met dien verstande dat indien al die trustees skriftelik afstand doen van die vereiste ten opsigte van 'n bepaalde kwartaal, geen vergadering van die Raad gedurende daardie kwartaal gehou hoef te word nie.

3.7 KWORUM

3.7.1 Die kworum nodig vir die afhandeling van besigheid deur die Raad is drie (3) trustees indien die raad uit vyf (5) lede bestaan en vier (4) trustees indien die raad uit ses (6) of sewe (7) lede bestaan.

3.7.2 Indien na vyftien minute na die tyd bepaal vir die vergadering 'n kworum nog nie aanwesig is nie en 'n eienaar nie genomineer is in ooreenstemming met omstandighede voorsien in gevolge van klousule 3.7.4 nie, sal die vergadering verdaag word vir ten minste een dag, maar nie nie meer nie as veertien (14) dae na die datum van eersgenoemde vergadering en indien by sodanige hervattend vergadering 'n kworum nie binne vyftien minute na die bepaalde tyd vir die vergadering aanwesig is nie, sal die trustees teenwoordig 'n kworum uitmaak vir doeleindes van die Grondwet. 3.7.3 Wanneer 'n vergadering verdaag is soos voormeld, sal die Voorsitter so gou moontlik na die verdaging 'n kennisgewing aan elke trustee stuur waarin vermeld word:

(a) die datum, tyd en plek waartoe die vergadering verdaag is;

(b) die aangeleentheid wat voor die vergadering gedien het toe dit verdaag het en die gronde vir die verdaging.

3.7.4 Indien daar te eniger tyd nie 'n genoegsame aantal trustees teenwoordig is of bevoeg is om op te tree as trustees nie, vir doeleindes om 'n kworum te vorm, of indien daar geen trustees is nie, mag enige drie (3) eienaars 'n algemene vergadering belê en die Vereniging sal by magte wees om by sodanige vergadering trustees aan te stel ten einde die bepalings van hierdie Grondwet te bevredig.

Page 16: GRONDWET - klipfonteyn  · Web view2020. 11. 16. · 2.6.1 Die Vereniging kan die magte uitoefen wat ingevolge hierdie dokument aan dit verleen . word, en sodanige magte sluit in

16

3.8 SKRIFTELIKE BESLUITE

'n Skriftelike besluit, geteken deur die trustees, wat ooreenkomstig klousule 3.7.1 'n kworum uitmaak, sal so geldig en effektief wees as 'n besluit geneem by 'n vergadering van trustees wat behoorlik belê en gehou is.

3.9 VOORSITTER EN SEKRETARIS

3.9.1 Binne sewe (7) dae na die Algemene Jaarvergadering sal die Raad vergader en sal daar vanuit eie geledere 'n trustee as Voorsitter aangewys en 'n Sekretaris aangestel word, wat sodanige ampte sal beklee tot en met datum van die volgende Algemene Jaarvergadering: Met dien verstande dat die amp van Voorsitter of Sekretaris, na gelang van die geval, ipso facto vakant sal raak sodra die ampsbekleër ophou om 'n trustee te wees of die Raad sy of haar aanstellings as Voorsitter of Sekretaris herroep. Indien 'n vakature in die voormelde ampte te eniger tyd ontstaan, sal die Raad so gou doenlik vergader om een van die trustees in die betrokke amp aan te stel.

3.9.2 Behalwe vir sovêr anders bepaal in hierdie Grondwet, sal die Voorsitter by alle vergaderings van die Raad en algemene vergaderings as Voorsitter optree: Met dien verstande dat indien die Voorsitter nie by 'n vergadering van die Raad teenwoordig is binne vyftien (15) minute na die tyd bepaal vir die hou daarvan nie, die trustees teenwoordig deur stemming 'n Voorsitter vir daardie bepaalde vergadering sal aanwys, laasgenoemde wat daaropvolgend al die magte en bevoegdhede van die Voorsitter met betrekking tot die betrokke vergadering sal uitoefen.

3.9.3 Die Voorsitter sal alle pligte insidenteel tot die amp van Voorsitter uitoefen en mag weier of toelaat dat genooides by vergaderings deelneem aan besprekings: Met dien verstande dat sodanige genooides egter nie daarop geregtig sal wees om by sodanige vergaderings te stem nie.

3.9.4 Die Raad mag van tyd tot tyd aan die Voorsitter en/of Sekretaris en/of 'n Trustee sodanige magte of magtiging waaroor die Raad self beskik oordra of verleen as wat hulle mag goedvind, en mag sodanige magte en magtigings oordra of verleen vir sodanige tyd en om uitgeoefen te word vir sodanige doeleindes en op sodanige voorwaardes en onderhewig aan sodanige beperkings as wat die Raad mag bepaal. Die Raad mag van tyd tot tyd enige of al die magte en magtigings aldus verleen of oorgedra, herroep of wysig.

3.10 ONTRUIMING VAN AMP

3.10.1 Behalwe soos uiteengesit in klousule 3.10.2 hieronder, sal elke trustee sy/haar amp beklee vanaf datum van verkiesing tot en met datum van die Algemene Jaarvergadering wat op sodanige aanstelling volg, by laasgenoemde vergadering waarop die trustee geag sal word te bedank het vanuit sy of haar amp as trustee, maar hy of sy mag by daardie geleentheid vir herverkiesing tot die Raad beskikbaar wees.

3.10.2 Die amp van trustee sal vakant word sodra: -

Page 17: GRONDWET - klipfonteyn  · Web view2020. 11. 16. · 2.6.1 Die Vereniging kan die magte uitoefen wat ingevolge hierdie dokument aan dit verleen . word, en sodanige magte sluit in

17

(a) sy of haar boedel gesekwestreer word, hetsy tydelik of finaal, of in geval van vrywillige boedeloorgawe; of

(b) hy of sy 'n daad van insolvensie pleeg soos beoog in artikel 8 van die Insolvensie wet; of

(c) hy of sy skuldig bevind word aan enige misdaad wat oneerlikheid insluit; of

(d) hy of sy swaksinnig raak of geestelik versteurd bevind word; of

(e) 'n skriftelike bedanking uit die amp by die Voorsitter of Sekretaris inhandig; of

(f) hy of sy sterf of ophou om eienaar van 'n grondeenheid te wees; of

(g) hy of sy sonder sonder indiening van ‘n aanvaarbare verskoning afwesig is by twee opeenvolgende trusteevergaderings; of

(h) bevind word dat hy of sy in gebreke is wat betref sy vertrouensposisie teenoor die Vereniging: Met dien verstande dat enige iets deur 'n persoon te goeder trou gedoen is in sy of haar hoedanigheid as lid van die Raad nadat hy of sy vanweë die voorafgaande bepalings opgehou het om 'n trustee te wees en totdat die feit dat hy of sy nie langer 'n lid van die Raad is nie, aangeteken is in die Notuleboek van die Raad, volkome geldig sal wees asof verrig deur 'n trustee.

3.11 NOTULES

3.11.1 Die Raad sal deur middel van die Sekretaris notules hou van al sy verrigtinge en in die besonder:

(a) van en name van trustees teenwoordig by elke vergadering van die Raad; en

(b) van die aanstelling van amptenare en werknemers; en

(c) van alle uitgawes goedgekeur; en

(d) alle besluite geneem.

3.11.2 Sodanige notules sal, na bevestiging van die korrektheid daarvan, deur die Voorsitter by die daaropvolgende vergadering onderteken word. Gesertifiseerde notules sal deur die Sekretaris bewaar word in 'n Trustee Notuleboek en sal te alle redelike tye ter insae wees van 'n trustee, die Rekenmeester en Ouditeur.

3.11.3 Alle bevoegde besluite aangeteken in die notule van enige Raadsvergadering sal geldig en van volle krag en uitwerking wees soos daarin opgeteken met ingang vanaf datum waarop die besluit geneem is totdat gewysig of herroep deur die Raad, maar geen besluit of beweerde besluit sal van enige krag of effek wees nie, tensy dit 'n bevoegde besluit binne die magte van die Raad is.

Page 18: GRONDWET - klipfonteyn  · Web view2020. 11. 16. · 2.6.1 Die Vereniging kan die magte uitoefen wat ingevolge hierdie dokument aan dit verleen . word, en sodanige magte sluit in

18

3.12 VERGOEDING

Trustees sal geregtig wees op terugbetaling van alle redelike en bona fide uitgawes onderskeidelik deur hulle aangegaan in of in verband met die uitvoering van hulle pligte as lede van die Raad, maar behalwe soos voormeld sal genoemdes nie geregtig wees op enige ander vergoeding, fooie of salaris ten opsigte van die uitvoering van hulle pligte of bevoegdhede as trustees nie.

DEEL 4: VERGADERINGS

4.1 ALGEMENE VERGADERINGS

4.1.1 Die Vereniging sal jaarliks ‘n Algemene Jaarvergadering hou: Met dien verstande dat nie meer as vyftien (15) maande mag verstryk tussen die datum van een algemene jaarvergadering en die volgende nie en dat die algemene jaarvergadering gehou sal word binne nege (9) maande vanaf die verstryking van die Vereniging se finansiële jaar.

4.1.2 Alle algemene vergaderings behalwe die algemene jaarvergadering sal spesiale algemene vergaderings genoem word.

4.1.3 Die Raad mag egter wanneer hulle dit goed dink, en is verplig wanneer hulle skriftelik daartoe versoek word deur die meerderheid lede, 'n spesiale algemene vergadering belê.

4.1.4 Indien die Raad versuim om die vergadering aldus aangevra ooreenkomstig subreël 4.1.3 te belê binne 14 dae na ontvangs van sodanige versoek, kan die betrokke eienaars self die vergadering belê. Die bepalings van klousule 4.2 sal mutatis mutandis op sodanige vergadering van toepassing wees.

4.2 KENNISGEWING VAN VERGADERING EN VERGADERPLEK

4.2.1 'n Algemene vergadering sal gehou word na minstens 21 dae skriftelike kennisgewing welke kennisgewing gegee sal word aan:

(a) elke eienaar geregistreer soos vereis ingevolge klousule 7.4 van hierdie dokument en met 'n adres binne die Republiek van Suid-Afrika, of ‘n e-pos adres wat hy/sy verskaf het;

(b) aan die ouditeur wat op daardie tydstip die Vereniging dien; en

(c) alle houers van geregistreerde verbande oor grond eenhede wat die Vereniging van hulle belange in kennis gestel het. Geen ander persoon sal daarop geregtig wees om kennisgewing van 'n algemene vergadering te ontvang nie.

4.2.2 Die skriftelike kennisgewing verwys na in sub-reël 4.2.1 sal die volgende besonderhede van die vergadering spesifiseer:

Page 19: GRONDWET - klipfonteyn  · Web view2020. 11. 16. · 2.6.1 Die Vereniging kan die magte uitoefen wat ingevolge hierdie dokument aan dit verleen . word, en sodanige magte sluit in

19

(a) Plek;

(b) Datum;

(c) Tyd soos bepaal deur die Raad;

(d) In die geval van spesiale besigheid, die algemene aard van sodanige besigheid;

(e) In die geval van 'n eenparige en/of spesiale besluit moet die bepalings en uitwerking van die besluit(e) en die redes daarvoor uiteengesit word op sodanige wyse, indien enige, soos wat die Vereniging mag voorskryf.

4.2.3 'n Algemene vergadering van die Vereniging kan belê word met korter kennis as dié vereis in klousule 4.2.1 mits:

(a) in die geval van 'n algemene jaarvergadering, al die lede geregtig om kennis te ontvang en geregtig is om te stem aldus skriftelik so ooreenkom; of

(b) in die geval van 'n spesiale algemene vergadering, die meerderheid van die lede geregtig om kennis te ontvang en geregtig is om te stem aldus skriftelik so ooreenkom.

4.2.4 Die toevallige versuim om kennis van 'n vergadering of van enige besluit te gee, of om enige ander inligting te verstrek of dokument voor te lê of af te stuur soos vereis ingevolge hiervan, of die nie-ontvangs van enige kennisgewing, mededeling of dokument deur 'n lid of persoon wat geregtig is om dit te ontvang, maak nie die verrigtinge of enige besluit geneem by sodanige vergadering, ongeldig nie. 4.3 AGENDA

4.3.1 Die volgende aangeleenthede moet bespreek word by elke Algemene Jaarvergadering:

(a) oorweging van die Voorsittersverslag soos gelewer deur die Raad;

(b) verkiesing van die trustees;

(c) oorweging van die balansstaat van die Vereniging vir die finansiële jaar wat die datum van sodanige vergadering voorafgaan;

(d) oorweging van die Rekenmeester se verslag;

(e) oorweging van die totale beraamde inkomste en uitgawe vir die huidige en komende finansiële jaar, na gelang van die geval, vir doeleindes van Deel 6 van hierdie dokument;

(f) oorweging van en vasstelling van die vergoeding van die Ouditeure vir die Vereniging se finansiële jaar wat die Algemene Jaarvergadering voorafgaan.

Page 20: GRONDWET - klipfonteyn  · Web view2020. 11. 16. · 2.6.1 Die Vereniging kan die magte uitoefen wat ingevolge hierdie dokument aan dit verleen . word, en sodanige magte sluit in

20

4.4 PROSEDURE

4.4.1 Die Algemene Jaarvergadering sal alle aangeleenthede deur die Grondwet voorgeskryf oorweeg en afhandel, en mag handel met aangeleenthede wat voor dit gelê word vir oorwegings: Met dien verstande dat stemming slegs gehou mag word ten opsigte van daardie aangeleenthede wat in die agenda uiteengesit is wat die kennisgewing waarkragtens die vergadering belê is, vergesel het.

4.4.2 Indien die Voorsitter van die Raad nie binne vyftien (15) minute na die tyd bepaal vir die aanvang van die vergadering teenwoordig is of nie in staat is nie of onwillig is om as Voorsitter op te tree, sal die lede teenwoordig en geregtig om 'n stem uit te bring, deur stemming 'n voorsitter vir daardie bepaalde vergadering aanwys. Laasgenoemde sal daaropvolgend al die magte en bevoegdhede van die Voorsitter met betrekking tot die betrokke vergadering uitoefen.

4.4.3 Die Voorsitter mag, met die toestemming van enige vergadering waarby 'n kworum wel teenwoordig is (en sal, indien so gelas deur die vergadering) die vergadering van tyd tot tyd en van plek tot plek verdaag, maar geen besigheid mag afgehandel word by laasgenoemde vergadering nie behalwe daardie besigheid wat by eersgenoemde vergadering nie afgehandel is nie. Wanneer 'n vergadering verdaag word, sal die bepalings van klousule 3.7.3 mutatis mutandis op sodanige verdaging van toepassing wees.

4.4.4 Behalwe waar anders bepaal in hierdie dokument of die Gedragsreëls hierkragtens uitgevaardig, sal die verrigtinge by 'n algemene vergadering op sodanige redelike wyse en vorm plaasvind as wat die Voorsitter by die vergadering sal besluit en ook in ooreenstemming met algemeen aanvaarde praktyk.

4.4.5 By enige algemene vergadering word oor 'n besluit gestem by wyse van opsteek van hande, tensy voor of na aanleiding van 'n verklaring deur die Voorsitter van die uitslag van sodanige stemming, 'n stemming per stembrief voorgestel en gesekondeer word deur persone wat daarop geregtig is om by sodanige vergadering te stem.

4.4.6 Tensy enige lid teenwoordig of verteenwoordig by 'n algemene vergadering beswaar gemaak het teen enige verklaring deur die Voorsitter gemaak ten opsigte van die uitslag van enige stemming by die vergadering of korrektheid of geldigheid van die prosedure by sodanige vergadering, sal sodanige verklaring deur die Voorsitter geag word die ware en korrekte verklaring van die stemming te wees. 4.4.7 Enige aantekening in die notule tot die effek dat enige mosie aanvaar of verwerp is, met of sonder aantekening van die aantal stemme uitgebring vir of teen sodanige mosie, sal as afdoende bewys dien van die stem aldus aangeteken, indien sodanige aantekening ooreenstem met die verklaring wat deur die Voorsitter gemaak is betreffende die uitslag van die stemming by die vergadering.

4.5 KWORUM

4.5.1 Geen aangeleentheid mag by 'n algemene vergadering afgehandel word nie tensy 'n

Page 21: GRONDWET - klipfonteyn  · Web view2020. 11. 16. · 2.6.1 Die Vereniging kan die magte uitoefen wat ingevolge hierdie dokument aan dit verleen . word, en sodanige magte sluit in

21

kworum van lede teenwoordig is wanneer die vergadering met sake voortgaan. Die kworum nodig vir die hou van 'n algemene vergadering is sodanige getal lede as wat tesame op daardie stadium, een helfte (50%) verteenwoordig van die totale aantal lede van die Vereniging wat daarop geregtig is om te stem, hetsy persoonlik of by wyse van 'n volmag of 'n verteenwoordiger.

4.5.2 Indien binne tien (10) minute vanaf die tyd aangewys vir die hou van 'n algemene jaarvergadering nie 'n kworum teenwoordig is sal die vergadering verdaag vir tien (10) minute en indien by die tweede vergadering soos hierbo beoog nie 'n kworum teenwoordig is binne tien (10) minute nie, sal die lede persoonlik teenwoordig of verteenwoordig by wyse van volmag 'n kworum uitmaak vir doeleindes van hierdie Grondwet.

4.5.3 Indien binne tien (10) minute vanaf die tyd aangewys vir die hou van 'n spesiale algemene jaarvergadering nie 'n kworum teenwoordig is sal die vergadering verdaag.

4.6 STEMMING DEUR EIENAARS

4.6.1 Elke lid teenwoordig of verteenwoordig by 'n algemene vergadering sal geregtig wees om een stem uit te bring vir elke grondeenheid in sy of haar naam geregistreer. In geval van mede-eienaarskap sal die stem van die eienaar wie se naam eerste in die betrokke titelakte verskyn en 'n stem aanbied, hetsy persoonlik of by wyse van volmag, aanvaar word met die uitsluiting van die stem van enige ander mede-eienaar.

4.6.2 Behalwe vir sovêr uitdruklik anders bepaal word in hierdie dokument, sal geen ander persoon as een wat 'n behoorlik geregistreerde lid van die Vereniging is en wat alle heffings en ander gelde (indien enige) wat verskuldig en betaalbaar is aan die Vereniging ten opsigte van of voortspruitend uit sy lidmaatskap betaal het, geregtig wees om by 'n algemene vergadering te stem oor enige aangeleentheid hetsy, persoonlik of verteenwoordig by wyse van volmag nie.

4.6.3 Nieteenstaande die bepalings van klousule 4.4.5, sal stemming (indien nodig) oor die verkiesing van 'n Voorsitter van 'n algemene vergadering of die kwessie van verdaging, beslis word by wyse van 'n gewone besluit deur die opsteek van hande van die lede persoonlik teenwoordig of verteenwoordig by wyse van volmag, en geregtig om te stem.

4.6.4 Elke voorgestelde besluit en wysiging daarvan wat by 'n algemene vergadering vir aanname voorgestel word, sal by die vergadering gesekondeer word, indien nie gesekondeer nie, geag word te verval het.

4.6.5 Behalwe waar anders bepaal sal alle vrae of aangeleenthede voor 'n vergadering van die Vereniging by wyse van gewone besluit beslis word.

4.6.6 Die herroeping van 'n gewone besluit binne ses (6) maande vanaf datum waarop dit geneem is moet geskied by wyse van 'n spesiale besluit. Die herroeping of wysiging van 'n spesiale of eenparige besluit mag onderskeidelik slegs by wyse van 'n spesiale of eenparige besluit geskied.

Page 22: GRONDWET - klipfonteyn  · Web view2020. 11. 16. · 2.6.1 Die Vereniging kan die magte uitoefen wat ingevolge hierdie dokument aan dit verleen . word, en sodanige magte sluit in

22

4.7 BEREKENING VAN STEMME

Vir doeleindes van 'n eenparige of spesiale besluit, sal ‘n stemgeregtigde lid wat weier om te stem, geag word as ten gunste van sodanige besluit te gestem het.

4.8 VOLMAGTE

4.8.1 'n Lid mag, tensy anders bepaal, verteenwoordig word by 'n algemene vergadering by wyse van volmag. Die volmag dokument waarkragtens 'n verteenwoordiger aangestel word, moet op skrif wees en onderteken wees deur die aansteller of sy agent wat behoorlik skriftelik daartoe gemagtig is. In geval van mede-eienaars sal die stem van die persoon wie se naam eerste in die betrokke titelakte verskyn, soos per die register gehou ingevolge klousule 7.4 en wie sy stem aanbied, hetsy persoonlik of by wyse van volmag, aanvaar word met die uitsluiting van die stem van enige ander mede-eienaar.

4.8.2 Die houer van 'n volmag verleen deur 'n lid, hetsy die houer self 'n lid is al dan nie, sal geregtig wees om vergaderings by te woon en aan verrigtinge van die vergadering deel te neem insluitende om te stem oor aangeleenthede wat voor die vergadering geplaas word, indien behoorlik ingevolge die betrokke volmag gemagtig is om die verrigtinge van sodanige vergadering by te woon en daarop te stem.

4.8.3 Die dokument waarkragtens 'n gevolmagtigde aangestel word en die volmag of ander magtiging, indien enige, waarkragtens dit geteken word of 'n notarieel gesertifiseerde afskrif van sodanige volmag of magtiging sal by die Voorsitter se kantoor afgelewer word, of soos aan die lede bekend gemaak in die kennisgewing van die vergadering, minstens 48 uur voor die tyd bepaal vir die vergadering waarby die persoon vermeld in die volmag van voornemens is om te stem en waar genoemde versuim om hieraan te voldoen, sal die volmag dokument as ongeldig beskou word.

4.8.4 Geen dokument waarvolgens 'n gevolmagtigde aangestel word sal geldig wees na verstryking van ses (6) maande vanaf die datum van ondertekening daarvan nie, tensy uitdruklik anders bepaal in die dokument self, en geen volmag sal wanneer 'n vergadering verdaag is en alle sake volgens die agenda afgehandel is, by ‘n volgende vergadering gebruik kan word.

4.8.5 Die dokument waarkragtens 'n gevolmagtigde aangestel word, sal in die vorm wees of so naby as wat in die onderhawige omstandighede daaraan prakties moontlik is, soos in Aanhangsel 3 tot hierdie dokument vervat.

4.9 NOTULES Die bepalings van klousules 3.11 sal mutatis mutandis van toepassing wees op notules wat gehou moet word ten opsigte van algemene vergaderings van die Vereniging.

Page 23: GRONDWET - klipfonteyn  · Web view2020. 11. 16. · 2.6.1 Die Vereniging kan die magte uitoefen wat ingevolge hierdie dokument aan dit verleen . word, en sodanige magte sluit in

23

DEEL 5: GEMEENSKAPLIKE EIENDOM

5.1 EIENAARSKAP

Die gemeenskaplike eiendom en al die geboue en strukture daarop is die eiendom van die Vereniging.

5.2 HANDELING MET

5.2.1 Nie die geheel of enige gedeelte van die gemeenskaplike eiendom sal: -

(a) verkoop, verhuur, vervreem of andersins oor beskik, onderverdeel of oorgedra word nie; of

(b)met 'n verband beswaar word; of

(c) onderwerp word aan enige regte, hetsy geregistreer in 'n Aktekantoor al dan nie, vir gebruik, okkupasie of serwituut (behalwe dié geniet deur die lede van die Vereniging ingevolge hierdie dokument); of (d) op gebou word of verbeter word of in waarde vermeerder word deur die konstruksie van geboue, op rigtings, fasiliteite of aantreklikhede waarvan die koste, hetsy direk of indirek, vir die Vereniging meer as R10 000,00 (Tien Duisend Rand) bedrae nie, behalwe met goedkeuring verleen by wyse van eenparige besluit van die Vereniging en daarop sal die Vereniging die mag hê om met sodanige gemeenskaplike eiendom of enige gedeelte daarvan te handel ooreenkomstig sodanige besluit en om enige akte vir die doel vereis mag word te verly.

5.2.2 Enige transaksie aangegaan in navolging van 'n besluit waarna verwys word in klousule 5.2.1 sal vergesel gaan van 'n afskrif van die tersaaklike besluit, gesertifiseer deur twee (2) trustees van die Vereniging: Met dien verstande dat wanneer vereis word dat die betrokke transaksie notarieel verly moet word, sodanige besluit aldus gesertifiseer aan die notaris vertoon moet word en deur hom in protokol bewaar moet word.

5.3 INSTANDHOUDING

Die Vereniging is verantwoordelik vir die instandhouding van alle strukture op die gemeenskaplike eiendom. Die verbetering en bestuur van publieke oop ruimtes, en onderhoud van hout-geplaveide toegangsroetes na die strandgebied.

Page 24: GRONDWET - klipfonteyn  · Web view2020. 11. 16. · 2.6.1 Die Vereniging kan die magte uitoefen wat ingevolge hierdie dokument aan dit verleen . word, en sodanige magte sluit in

24

DEEL 6: Finansiële AANGELEENTHEDE

6.1 BEGROTING

Die Raad moet voor elke algemene jaarvergadering 'n gedetailleerde begroting maak van die verwagte inkomste en uitgawes van die Vereniging wat verband hou met die onderhoud en instandhouding van die gemeenskaplike eiendom, betaling van dienste gelewer aan die Vereniging, en in die algemeen vir die betaling van alle redelike uitgawes aangegaan met betrekking tot die bestuur van die Vereniging, die gemeenskaplike eiendom en die Vereniging se sake, vir die daaropvolgende finansiële jaar. Daar moet ook redelike voorsiening vir onvoorsiene uitgawes, asook vir verwagte toekomstige uitgawes wat nie op 'n jaarlikse grondslag vereffen word nie en vir enige beraamde tekort vir die voorafgaande finansiële jaar, welke begroting saam met die kennisgewing van die algemene jaarvergadering aan die lede versend moet word, en daarna op die algemene jaarvergadering voorgelê moet word vir die lede se goedkeuring met of sonder wysigings.

6.2 HEFFINGS

6.2.1 Die Raad sal 'n totale heffing op al die lede maak gelykstaande so na as redelikerwys moontlik aan die beraamde bedrag bepaal in klousule 6.1. Die Raad mag by sodanige heffings insluit 'n bedrag wat in reserwe gehou moet word. Enige sodanige heffing sal jaarliks, binne 2 maande na uitreiking van die rekening, vooruitbetaalbaar wees of in gelyke maandelikse paaiemente per debiet order vir die oorblywende kalendermaande van die betrokke jaar betaalbaar wees vooruitbetaalbaar op die eerste dag van iedere en elke daaropvolgende maand van sodanige jaar.

6.2.2 Die betaling van heffings per debiet order is slegs van toepassing op diegene wat 'n bankrekening by 'n erkende finansiële instelling in Suid-Afrika het.

6.2.3 Lede met 'n buitelandse bankrekening: (a) mag slegs hul heffing en/of ander verskuldigde bedrae per debiet order betaal indien dit 'n eenmalige jaarlikse oorbetaling is; en

(b) wat verskuldigde bedrae na die rekening van die Vereniging oorplaas, is verantwoordelik vir die bankkoste(s) verbonde aan sodanige oorplasing en die Vereniging kan sodanige koste by die eienaar se heffings voeg waarvoor hy of sy ingevolge die bepalings van klousule 6.2.1 verantwoordelik is, en mag deur die Raad gevorder word as deel van die jaarlikse heffings wat deur die eienaar verskuldig is.

6.2.4 Die Raad se besluit ooreenkomstig klousule 6.2.1 moet genotuleer word en heffings word wetlik opeisbaar op die datum van die besluit deur die Raad.

6.2.5 Indien die begroting onvoldoende is, of indien daar onvoorsiene uitgawes is, of wanneer die Raad van Trustees dit nodig ag, die Raad spesiale heffings van eienaars verg en sodanige heffings mag in totaal of in sodanige paaiemente gemaak word as wat die

Page 25: GRONDWET - klipfonteyn  · Web view2020. 11. 16. · 2.6.1 Die Vereniging kan die magte uitoefen wat ingevolge hierdie dokument aan dit verleen . word, en sodanige magte sluit in

25

Raad van tyd tot tyd mag bepaal.

6.2.6 Enige bydrae gehef ingevolge enige bepalings van hierdie dokument, sal verskuldig en betaalbaar wees sodra 'n besluit tot dien effekte deur die trustees van die Vereniging geneem is. Enige bedrag verskuldig deur 'n lid by wyse van heffing sal 'n skuld wees wat aan die Vereniging verskuldig is. Die verpligting van 'n lid om verdere heffings te betaal sal verval sodra hy ophou om 'n lid van die Vereniging te wees, maar dit doen geen afbreuk aan die Vereniging se reg om agterstallige bydraes by wyse van aksie in 'n bevoegde hof te verhaal van persone wat eienaars van grond eenhede was op die stadium toe sodanige heffings gemaak en verskuldig geraak het nie.

6.2.7 Geen heffing betaal deur 'n lid sal onder enige omstandighede deur die Vereniging terugbetaalbaar wees indien sodanige persoon ophou om 'n lid te wees nie. 'n Lid se opvolger in titel sal vanaf datum waarop hy 'n lid raak voortspruitende uit die oordrag van die grondeenheid gekrediteer word met enige heffings. Geen lid sal sy grondeenheid oordra tot tyd en wyl die Vereniging gesertifiseer het dat die lid met verwagte datum van oordrag al sy finansiële verpligtinge teenoor die Vereniging ingevolge hierdie dokument verskuldig nagekom het nie.

6.2.8 Geen eienaar of sy of haar gevolmagtigde sal geregtig wees op die voorregte van lidmaatskap nie tensy hy of sy elke heffing en enige ander bedrag (indien enige) wat aan die Vereniging verskuldig is ingevolge die bepalings van hierdie dokument, betaal het nie. Voorregte wat geassosieer word met lidmaatskap sluit die volgende in, maar is nie beperk tot

(a) die reg om op algemene vergaderings te stem; (b) die reg op goedkeuring en ondertekening van bouplanne; en (c) die reg tot gebruik en genot van die Vereniging se fasiliteite (indien enige).

6.3 BEREKENING VAN HEFFINGS

Die heffing betaalbaar deur 'n bepaalde lid sal die totale heffing wees wat op alle lede gemaak word verdeel deur die aantal grond eenhede op die Eiendom vermenigvuldig met die aantal grond eenhede in sodanige eienaar se naam geregistreer.

6.4 VERSEKERBARE BELANG

Die Vereniging sal vir doeleindes van verkryging van versekering ingevolge klousule 2.5.1 geag word 'n versekerde belang te hê tot die vervangingswaarde van die betrokke struktuur, verbetering of gebou en sal, vir doeleindes daarvan om enige ander versekeringsdekking ingevolge daardie klousule te bekom, geag word 'n versekerde belang te hê in die voorwerp van sodanige versekering.

6.5 VERHALING VAN VERSKULDIGDE OF AGTERSTALLIGE GELDE

6.5.1 'n Eienaar is aanspreeklik vir die betaling van alle regs kostes, insluitende prokureur- en kliënt kostes, invorderingskommissie, uitgawes, boetes en ander kostes aangegaan deur

Page 26: GRONDWET - klipfonteyn  · Web view2020. 11. 16. · 2.6.1 Die Vereniging kan die magte uitoefen wat ingevolge hierdie dokument aan dit verleen . word, en sodanige magte sluit in

26

die Vereniging met die verhaal van alle agterstallige heffings of enige ander agterstallige bedrae deur sodanige eienaar aan die Vereniging verskuldig, of met die afdwing van nakoming van die bepalings van hierdie Grondwet of Gedragsreëls.

6.5.2 Die Raad is geregtig om rente en aanmanings kostes op agterstallige bedrae te vorder teen 'n koers wat hulle van tyd tot tyd bepaal: Met dien verstande dat sodanige rentekoers en ander kostes skriftelik aan die eienaars bekend gemaak word.

6.5.3 Indien 'n eienaar versuim om sy naam en erf nommer op sy oorbetaling of deposito strokie aan te dui, sal sodanige eienaar aanspreeklik wees vir die bankkoste verbonde aan die navraag. Sodanige koste sal by die eienaar se heffings gevoeg word waarvoor hy of sy ingevolge die bepalings van klousule 6.2.1 verantwoordelik is, en mag deur die Raad gevorder word as deel van die maandelikse of jaarlikse heffings wat die eienaar verskuldig is.

6.6 BOEKHOUDING

6.6.1 Die trustees is verantwoordelik om toe te sien dat behoorlike rekenpligtige boeke bygehou word soos wat nodig mag wees om 'n gedetailleerde rekord van al die Vereniging se bates, laste en finansiële transaksies daar te stel, wat onder die kapitaal en inkomste transaksies afsonderlik aantoon. Daar sal nie geag word dat behoorlike rekenpligtige boeke bygehou is nie indien daar nie sodanige boeke bygehou is nie as wat redelikerwys nodig is om 'n getroue weergawe van die stand van die Vereniging se geldelike transaksies te gee en die transaksies en die finansiële stand van die Vereniging te verstrek nie.

6.6.2 Die rekenpligtige boeke sal in die bewaring van die rekenmeester gehou word of op sodanige ander plek as wat die Raad mag goedvind, en sal ter insae van die trustees beskikbaar wees te alle redelike tye gedurende gewone besigheid sure. Geen lid (wat nie 'n trustee is nie) sal enige inspeksie reg van die rekenpligtige rekords of ander dokumente van die Vereniging hê nie behalwe vir sovêr hy of sy daartoe gemagtig is deur die Voorsitter of die Vereniging in 'n algemene vergadering, onderhewig aan sodanige redelike voorwaardes as wat deur sodanige Voorsitter of algemene vergadering opgelê mag word.

6.7 Finansiële VERSLAE

Die Vereniging sal by elke Algemene Jaarvergadering 'n behoorlike inkomste en uitgawerekening voorlê vir die onmiddellik voorafgaande finansiële jaar van die Vereniging, of in die geval van die eerste algemene vergadering, 'n rekening vir die tydperk sedert inlywing van die Vereniging, tesame met 'n behoorlike balansstaat opgestel soos op die laaste finansiële jaareinde van die Vereniging. Elke sodanige balansstaat sal vergesel gaan van behoorlike en uitvoerige verslae van die Raad en Rekenmeester. Afskrifte van sodanige rekeninge, balansstate en verslae (almal opgestel in ooreenstemming met die bepalings van die Wet op Beslote Korporasies, Nr. 69 van 1984), asook enige ander dokumente soos wat deur regsweë vereis mag word, moet aan die kennisgewing van die Algemene Jaarvergadering geheg word.

Page 27: GRONDWET - klipfonteyn  · Web view2020. 11. 16. · 2.6.1 Die Vereniging kan die magte uitoefen wat ingevolge hierdie dokument aan dit verleen . word, en sodanige magte sluit in

27

6.8 UITGAWES EN OUDITERING

6.8.1 Die eienaars van grond eenhede wat ontstaan uit die betrokke onderverdeling sal gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik wees vir die uitgawes aangegaan in verband met en deur die Vereniging.

6.8.2 Minstens een maal per jaar sal die rekeninge van die Vereniging nagegaan word en die korrektheid van die inkomste en uitgawe rekeninge en balansstaat bepaal word deur die Rekenmeester. Die pligte van die Rekenmeester sal gereguleer word in ooreenstemming met die bepalings van die Wet op Beslote Korporasies Nr. 69 van 1984.

6.9 MUNISIPALE REKENINGE

6.9.1 Die Munisipaliteit sal rekeninge vir dienste en belasting aan die individuele eienaars stuur en die individuele eienaar is verantwoordelik vir die betaling van die genoemde rekening.

6.9.2 Die Munisipaliteit sal namens die Vereniging die nodige water- en elektrisiteitsmeters se lesing neem teen die ooreengekome fooi en dit sal vir die individuele eienaars se koste wees.

DEEL 7: EIENAARS

7.1 PLIGTE VAN EIENAARS

'n Eienaar sal -

7.1.1 die Munisipale owerheid te alle redelike ure na kennisgewing (behalwe in 'n noodgeval, wanneer geen kennisgewing nodig is nie) toelaat om enige herstel- en/of instandhoudingswerk op sy of haar erf te verrig soos wat hul nodig ag;

7.1.2 enige persoon skriftelik daartoe gemagtig deur die Raad te alle redelike tye toelaat om na kennisgewing (behalwe in 'n noodgeval wanneer geen voorafgaande kennisgewing vereis word nie) die betrokke grondeenheid te betree vir doeleindes van inspeksie en die instandhouding, herstel of vernuwing van pype, drade, kabels en buise wat in of op die grondeenheid bestaan en vatbaar is vir gebruik met betrekking tot die genieting van enige grondeenheid of gemeenskaplike eiendom, of om toe te sien dat die Grondwet en die Gedragsreëls nagekom word;

7.1.3 onmiddellik alle werk wat deur 'n bevoegde owerheid vereis mag word om uitgevoer te word ten opsigte van sy grondeenheid, uitvoer;

7.1.4 sy grondeenheid herstel en in 'n goeie staat in stand hou en dit in skoon en netjiese toestand hou;

Page 28: GRONDWET - klipfonteyn  · Web view2020. 11. 16. · 2.6.1 Die Vereniging kan die magte uitoefen wat ingevolge hierdie dokument aan dit verleen . word, en sodanige magte sluit in

28

7.1.5 die gemeenskaplike eiendom gebruik en geniet op sodanige wyse as wat nie onredelik inbreuk sal maak nie op die gebruik en genieting daarvan deur ander eienaars of persone wettiglik op die gemeenskaplike eiendom;

7.1.6 nie sy grondeenheid gebruik of toelaat dat dit gebruik word op sodanige wyse of vir sodanige doel as wat 'n oorlas vir enige bewoner van enige grondeenheid in die ontwikkelingskema sal uitmaak nie;

7.1.7 sy of haar huurder(s) van 'n kopie van die Gedragsreëls voorsien.

7.2 VERPLIGTENDE BEVELE

Indien die Raad van oordeel is dat enige weiering of versuim deur 'n eienaar om te voldoen aan die bepalings van klousule 7.1 'n onregverdiglik nadelige, onbillike of onaanvaarbare uitwerking het teenoor enige ander eienaar of bewoner, mag dit binne twee (2) weke na skriftelike kennisgewing aan die beweerde oortreder van sy voorneme, by 'n bevoegde Hof aansoek doen vir 'n bevoegde bevel en alle kostes deur die Vereniging in die verband aangegaan sal vir die rekening van die beweerde oortreder wees en sal by die eienaar se heffings gevoeg word waarvoor hy of sy ingevolge die bepalings van klousule 6.2.1 verantwoordelik is, en mag deur die Raad gevorder word as deel van die maandelikse of jaarlikse heffings wat die eienaar verskuldig is.

7.3 NIE-NAKOMING

Enige lid wat nalaat om sy maandelikse of jaarlikse bydrae of enige ander bedrag deur sodanige lid aan die Vereniging verskuldig op die verskuldigde datum te betaal, of wat andersins in gebreke bly of nalaat om enige bepalings van hierdie Grondwet of Gedragsreëls daar kragtens uitgevaardig, na te kom, mag ooreenkomstig die bepalings van Gedragsreël 22 deur die Raad van Trustees beboet word met so 'n bedrag as wat van tyd tot tyd deur die Vereniging bepaal is op 'n algemene vergadering by wyse van 'n gewone besluit.

7.4 LEDEREGISTER

7.4.1 Die domicilium citandi et executandi van elke eienaar is die adres van die erf wat in sy of haar naam geregistreer is: Met dien verstande dat sodanige eienaar geregtig is om van tyd tot tyd genoemde domicilium te verander maar dat enige nuwe domicilium wat hy of sy kies, in die Republiek van Suid-Afrika geleë moet wees en dat die verandering eers in werking tree by die ontvangs van die skriftelike kennisgewing daarvan deur die Vereniging by sy domicilium.

7.4.2 Die domicilium adres waarna in klousule 7.4.1 verwys word is die adres waarheen enige mededelings, kennisgewings en/of dokumente gestuur sal word, soos vereis ingevolge die bepalings van hierdie dokument.

7.4.3 Elke eienaar sal die Raad skriftelik van kontak besonderhede binne die Republiek van Suid-Afrika, soos deur die Raad vereis, voorsien.

Page 29: GRONDWET - klipfonteyn  · Web view2020. 11. 16. · 2.6.1 Die Vereniging kan die magte uitoefen wat ingevolge hierdie dokument aan dit verleen . word, en sodanige magte sluit in

29

7.4.4 Die Vereniging sal 'n lederegister van die Vereniging byhou en die domicilium adres van 'n eienaar in sodanige register aanteken.

7.4.5 In die geval van mede-eienaars sal slegs die tersaaklike inligting van die eienaar wie se naam eerste in die betrokke titelakte verskyn, in die register opgeteken word.

DEEL 8: DIVERSE MAGTE

8.1 REG VAN TOEGANG

Enige trustee daartoe gemagtig deur die Raad kan, nadat kennisgewing op die eienaar of bewoner van enige grondeenheid beteken is, van sodanige eienaar of bewoner vereis om op die dag en tyd gespesifiseer in sodanige kennisgewing toegang te verleen tot 'n grondeenheid aan 'n persoon gemagtig vir die doeleindes om vas te stel of die bepalings van klousule 7.1.1 nagekom word.

8.2 HOU VAN ONDERSOEKE

Enige ondersoek, van 'n beweerde oortreding van die bepalings van hierdie dokument of Gedragsreëls hiervolgens opgestel, teen 'n trustee, eienaar of bewoner in die Vereniging, mag deur die Raad of deur persone deur die Raad gemagtig en aangewys ingestel word, hetsy in die algemeen of spesifiek, en sodanige persoon sal 'n verslag van sy of haar bevindinge en aanbevelings in elke geval aan die Raad voorlê vir oorweging.

8.3 BAKEN EN GRENS OOREENKOMSTE

Vir doeleindes van 'n ooreenkoms ten opsigte van bakens en grense van die gemeenskaplike eiendom vereis ingevolge die Opmetings wet, Nr. 8 van 1997, sal die Raad geag word die eienaar van die grond te wees.

DEEL 9: ARBITRASIE

9.1 Enige geskil, vraag of meningsverskil wat te eniger tyd ontstaan tussen lede onderling of tussen lede en die Raad uit of in verband met:

(a) enige aangeleentheid voortspruitend uit hierdie dokument; of

(b) die regte en verpligtinge van enige van die partye vermeld in hierdie dokument; of

(c) die vertolking van enige bepaling van hierdie dokument of die Gedragsreëls sal verwys word na en beslis word by wyse van arbitrasie na skriftelike kennisgewing daarvan deur een party aan die ander betrokke party.

9.2 Arbitrasie sal informeel te Gansbaai gehou word en andersins in ooreenstemming met die bepalings van die Arbitrasiewet, Nr. 42 van 1965 (soos gewysig van tyd tot tyd), die bedoeling synde dat indien moontlik dit moet plaasvind en afgehandel word binne 21

Page 30: GRONDWET - klipfonteyn  · Web view2020. 11. 16. · 2.6.1 Die Vereniging kan die magte uitoefen wat ingevolge hierdie dokument aan dit verleen . word, en sodanige magte sluit in

30

weeksdae vanaf datum waarop die skriftelik aangevra is.

9.3 Behalwe vir sovêr spesifiek anders bepaal is in hierdie Grondwet, sal die Arbiter 'n persoon wees, wat, indien die vraagstuk een is wat primêr :

(a) 'n rekeningkundige aangeleentheid is -'n onafhanklike ouditeur is;

(b) 'n regsaangeleentheid is -'n onafhanklike praktiserende prokureur is wat reeds minstens vir tien jaar vir eie rekening of as vennoot in 'n regsfirma praktiseer; (c) handel oor 'n ander aangeleentheid - 'n onafhanklike en toepaslik gekwalifiseerde persoon is, soos waarop tussen partye tot die geskil ooreengekom mag word.

9.4 Indien binne 7 dae nadat arbitrasie vereis is daar nie 'n ooreenkoms bereik kan word oor die vraagstuk of die dispuut een is wat onder klousule 9.1(a), (b) of (c) geklassifiseer moet word nie of oor welke persoon as arbiter ingevolge klousule 9.3 aangestel moet word nie, dan sal die President van die Wetsgenootskap van die Kaap van Goeie Hoop op versoek van enige van die partye op daardie stadium:

(a) bepaal of die dispuut onder klousule 9.1(a) - (c) val; en/of

(b) 'n arbiter nomineer ingevolge klousule 9.3 binne 7 dae nadat die partye in gebreke gebly het om aldus ooreen te kom sodat die arbitrasie gehou, en indien moontlik, binne 21 weeksdae soos beoog in klousule 9.2 afgehandel kan word.

9.5 Die arbiter sal sy toekenning maak binne sewe (7) dae na voltooiing van die arbitrasie en wanneer hy sy toekenning maak, behoorlik die beginsels soos neergelê in hierdie Grondwet en die Gedragsreëls en die Bou- en Estetiese Handleiding hiervolgens uitgevaardig, in aanmerking neem. Die arbiter mag bepaal dat die koste van arbitrasie betaal moet word deur die een of die ander party of deur die Vereniging of gesamentlik, welke bevel hy ook al in sy diskresie billik en regverdig ag.

9.6 Die beslissing van die arbiter sal finaal en bindend wees en mag 'n Bevel van die Hooggeregshof (Provinsiale Afdeling Kaap die Goeie Hoop) gemaak word op aansoek van enige party tot die arbitrasie.

9.7 Nieteenstaande enige iets tot die teendeel vervat in klousule 9.1 tot 9.6, sal die Raad daarop geregtig wees om regstappe namens die Vereniging te doen by wyse van aansoek, dagvaarding of andersins in 'n Hof wat die nodige jurisdiksie het om 'n verbiedende en/of gebiedende interdik te verleen vir enige verbreking of oortreding van bepalings van hierdie dokument of Gedragsreëls daar kragtens gemaak.

DEEL 10: VRYWARING

10.1 Elke trustee, agent of ander amptenaar of werknemer van die Vereniging word deur die Vereniging gevrywaar teen alle koste, verliese, uitgawes en eise wat hy of sy aangaan of waarvoor hy of sy aanspreeklik raak vanweë enige handeling of late deur hom of haar in die uitvoering van sy of haar pligte verrig, tensy sodanige koste, verliese, uitgawes of

Page 31: GRONDWET - klipfonteyn  · Web view2020. 11. 16. · 2.6.1 Die Vereniging kan die magte uitoefen wat ingevolge hierdie dokument aan dit verleen . word, en sodanige magte sluit in

31

eise veroorsaak is deur die mala fide- of grof nalatige optrede of versuim van sodanige persoon. 10.2 Dit is die plig van die Raad om sodanige vrywaring uit die fondse van die Vereniging te betaal.

10.3 'n Raad sal nie aanspreeklik wees vir die handelinge, ontvangstes, nalate of versuim van die Rekenmeester of enige van die ander trustees nie, hetsy in hulle hoedanigheid as trustees of as Voorsitter, of vir die verlies gely of uitgawe aangegaan deur die Vereniging vanweë die ontoereikendheid of gebrek aan titel oor enige eiendom aangeskaf deur die Raad vir of ten behoewe van die Vereniging, of vir die ontoereikendheid of gebrek aan enige sekuriteit in of op sterkte waarvan enige van die gelde van die Vereniging belê mag word nie, of vir verlies of skade voortspruitend uit die insolvensie of deliktueel handeling van enige persoon by wie enige gelde, sekuriteit of effekte gedeponeer mag word, of vir enige verlies of skade veroorsaak deur 'n oordeelsfout of oorsig aan sy kant, of vir enige verlies, skade of ongeluk wat ook al gebeur of plaasvind in die uitvoering van enige van sy ampspligte of in verband daarmee nie, tensy dit gebeur vanweë gebrek aan bona fides of nie-nakoming van sy plig of verbreking van sy vertrouensverhouding.

DEEL 11: ALGEMEEN EN AANVULLEND

11.1 BEWARING VAN DOKUMENTE

Behalwe vir sovêr elders anders bepaal, sal alle amptelike rekords en dokumente van die Vereniging in bewaring gehou word deur die Voorsitter of sy gevolmagtigde en geen persoon sal, sonder die vooraf verkreë skriftelike toestemming van die Raad, toegang hê tot of geregtig wees om enige sodanige rekords of dokumente na te gaan nie.

11.2 BETEKENING VAN DOKUMENTE EN PROSESSTUKKE

11.2.1 Onderhewig aan die bepalings van klousule 1.2.2, wanneer ook al kragtens die Grondwet magtiging verleen word vir of vereis word dat enige kennisgewing, bevel, aanmaning of ander dokument op 'n persoon beteken moet word sal dit geag word effektief en behoorlik beteken te wees op sodanige persoon

(a) wanneer dit aan hom of haar persoonlik afgelewer is;

(b) wanneer dit per geregistreerde of gesertifiseerde pos aan hom of haar gepos is aan sy of haar adres in die Republiek van Suid-Afrika geregistreer ingevolge klousule 7.4 hiervan en 'n ontvangserkenning van die posstukke van die Departement van Pos en Telekommunikasiewese voorgelê word;

(c) indien sy of haar adres binne die Republiek van Suid-Afrika onbekend is, dit geheg of geplak is in 'n opsigtelike plek op die grondeenheid waarop dit betrekking het;

(d) dit per elektroniese pos (e-pos) of faks gestuur is aan 'n lid aan die adres of faksnommer as wat 'n lid vooraf skriftelik mag aangedui het vir doeleindes van sodanige kennisgewing.

Page 32: GRONDWET - klipfonteyn  · Web view2020. 11. 16. · 2.6.1 Die Vereniging kan die magte uitoefen wat ingevolge hierdie dokument aan dit verleen . word, en sodanige magte sluit in

32

DEEL 12: WYSIGING VAN GRONDWET

12.1 Die bepalings van hierdie dokument kan slegs deur 'n spesiale besluit deur die lede aangevul, gewysig of herroep word.

12.2 Enige sodanige wysigings moet aan die betrokke Munisipaliteit voorgelê word vir goedkeuring.

Page 33: GRONDWET - klipfonteyn  · Web view2020. 11. 16. · 2.6.1 Die Vereniging kan die magte uitoefen wat ingevolge hierdie dokument aan dit verleen . word, en sodanige magte sluit in

33

AANHANGSEL 1GEDRAGSREËLS

1. Inleiding

Hierdie Gedragsreëls het ten doel om die vredevolle, harmonieuse en aangename gemeenskapslewe van alle eienaars en bewoners van Klipfonteyn te bevorder, en om te verseker dat goeie standaarde gehandhaaf word wat die voorkoms van wonings, tuine en sypaadjies betref en om enige gedrag te voorkom wat die gemeenskapslewe of lewensgehalte van eienaars of bewoners sal versteur of benadeel of wat die waarde van wonings nadelig sal beïnvloed.

2. Bindende Aard

Die bepalings van hierdie Gedragsreëls is bindend op die eienaar en bewoner van 'n woning en dit is die plig van die eienaar om te verseker dat die bewoners van sy woning en sy of hul werknemers, kontrakteurs, huishulpe, besoekers, gaste of familielede hierdie Gedragsreëls nakom.

3. Woordomskrywing

By die uitleg van hierdie Gedragsreëls, tensy uit die samehang anders blyk:

3.1 het woorde en uitdrukkings waarin die Grondwet van die Klipfonteyn Huiseienaars vereniging 'n betekenis geheg is, die betekenisse wat aldus daaraan geheg is;

3.2 Sluit woorde: (i) wat slegs die enkelvoud aandui, ook die meervoud in en omgekeerd;

(ii) wat die manlike geslag aandui ook die vroulike en onsydige geslag in en sluit die onsydige geslag ook die manlike en vroulike geslag in;

3.3 sluit 'bewoner' ook 'huurder' in;

3.4 sluit trustee ook 'n plaasvervangende trustee in;

3.5 word die opskrifte van die onderskeie reëls slegs geriefshalwe verstrek en moet dit nie by die uitleg van hierdie reëls in aanmerking geneem word nie;

Page 34: GRONDWET - klipfonteyn  · Web view2020. 11. 16. · 2.6.1 Die Vereniging kan die magte uitoefen wat ingevolge hierdie dokument aan dit verleen . word, en sodanige magte sluit in

34

3.6 Waar enige aantal dae voorgeskryf is in hierdie reëls, moet die dae bereken word met uitsluiting van die eerste dag en insluiting van die laaste dag, tensy die laaste dag val op 'n Saterdag, Sondag of publieke vakansiedag in die Republiek van Suid-Afrika, in welke geval die laaste dag die eerste daaropvolgende dag sal wees wat nie 'n Saterdag, Sondag of publieke vakansiedag is nie.

4. Voorskrifte

Die Raad van Trustees mag van tyd tot tyd voorskrifte betreffende enige Gedragsreël uitreik ten einde die praktiese toepassing van die Gedragsreël uit te stip en inligting te verstrek ten opsigte van die interpretasie en praktiese toepassing van die Gedragsreëls.

5. Verslapping van reëls

Geen toegewing of verslapping in die toepassing van hierdie reëls sal kwytskelding of toestemming daarstel nie, of die Raad van Trustees verhoed om dit toe te pas nie.

6. Troeteldiere (Diere, reptiele en voëls)

Die aanhou van troeteldiere moet te alle tye aan die Munisipale regulasies voldoen.

7. Vullisverwydering

7.1 Huishoudelike vullis 'n Eienaar of bewoner van 'n woning moet:

(a) op sy erf in 'n houer vir vullis (vullisdrom) in 'n higiëniese en droë toestand hou;

(b) sy vullis op die aangewese plek soos bepaal deur die Raad van Trustees plaas vir verwydering deur die munisipaliteit;

(c) verseker dat vullis, goed toegedraai is in sterk vullissakke of, in die geval van blikke en ander houers, dit vry van vloeistof is en in die geval van kartonne, platgedruk is, alvorens dit in vullissakke geplaas word;

(d) verseker dat sy of haar vullissakke nie oorvol is nie.

7.2 Tuinvullis

(a) Eienaars en bewoners moet hul erwe op eie onkoste laat skoonmaak,

Page 35: GRONDWET - klipfonteyn  · Web view2020. 11. 16. · 2.6.1 Die Vereniging kan die magte uitoefen wat ingevolge hierdie dokument aan dit verleen . word, en sodanige magte sluit in

35

insluitend die verwydering van Tuinvullis (soos boomtakke, ongewenste plantegroei, gras snysels en ander groter los items;

(b) Onder geen omstandighede mag enige Tuinvullis of Boumateriaal op 'n ander erf of op die gemeenskaplike eiendom gestort word nie.

7.3 Bourommel

Eienaars en bewoners moet self toesien tot die verwydering van hul bourommel ooreenkomstig die voorskrifte van die Raad van Trustees en die Munisipaliteit (indien van toepassing). Boumateriaal en bourommel moet binne 30 dae na voltooiing van die projek verwyder word van oop ruimtes en leë erwe.

8. Voertuie

(1) 'n Eienaar of bewoner mag nie 'n voertuig op die gemeenskaplike eiendom parkeer of laat staan of toelaat dat 'n voertuig op die gemeenskaplike eiendom geparkeer of laat staan word nie.

(2) Eienaars, bewoners, hul werknemers, kontrakteurs, gaste of besoekers mag hul voertuie op die spesifieke gedeeltes van die gemeenskaplike eiendom parkeer soos aangewys deur die Raad van Trustees.

(3) Geen eienaar, bewoner, sy werknemer, kontrakteur, gas of besoeker mag 'n voertuig in 'n deurstraat in Klipfonteyn parkeer nie of 'n voertuig op so 'n wyse parkeer dat dit die vrye deurgang van padgebruikers of toegang tot of uitgang van 'n motorhuis of oprit belemmer nie.

(4) Geen eienaar of bewoner mag binne die Klipfonteyn ontwikkeling enige voertuig uitmekaar haal of groot herstelwerk daaraan doen nie.

9. Skade, veranderinge, toevoegings, verbeterings of strukture op die gemeenskaplike eiendom en strukturele veranderinge aan wooneenheid

(1) 'n Eienaar moet skriftelik by die Munisipaliteit aansoek doen en sy of haar aansoek moet vergesel word van 'n skriftelike beskrywing van die beplande verbetering, verandering of aanbouing. Die Munisipaliteit sal die Raad van Trustees daarna in kennis stel waarna die Raad die planne sal nagaan en onderteken indien dit aan die riglyne van die Bou en Estetiese Handleiding voldoen, waarna die Munisipaliteit die planne mag wysig en/of goed- of afkeur.

(2) Die Raad van Trustees moet binne twee werksdae nadat hulle die aansoek van die

Page 36: GRONDWET - klipfonteyn  · Web view2020. 11. 16. · 2.6.1 Die Vereniging kan die magte uitoefen wat ingevolge hierdie dokument aan dit verleen . word, en sodanige magte sluit in

36

Munisipaliteit ontvang het, die aansoek oorweeg, en 'n besluit neem en die Munisipaliteit verwittig van hul besluit. As die Raad van Trustees hul toestemming weier, moet hulle skriftelik redes vir hul weiering verskaf ooreenkomstig die riglyne vervat in die Bou en Estetiese Handleiding. Die Raad van Trustees mag enige redelike voorwaardes aan hul toestemming koppel.,

(3) Enige bouwerk moet voldoen aan die vereistes soos vervat in die Bou en Estetiese Handleiding.

(a) Die eienaar aanvaar verantwoordelikheid en sal aanspreeklik wees teenoor die Vereniging (en/of die ander eienaars na gelang van die geval) vir enige skade wat hy/sy of sy/haar werksmense of kontrakteurs aan die gemeenskaplike eiendom (en/of ander wonings) mag veroorsaak. (b) Die eienaar moet toesien dat sy of haar bouperseel gedurende die bouwerk skoon en netjies gehou word. Na voltooiing van die bouwerk moet die eienaar toesien dat alle bourommel van sy of haar erf verwyder word en dat sy of haar erf so gou doenlik gerehabiliteer word.

10. Estetiese voorkoms

(1) Die Raad van Trustees het die bevoegdheid om te bepaal wat die aanvaarbare bou standaarde en argitektoniese standaarde vir die Klipfonteyn ontwikkeling is.

(2) Die eienaar of bewoner van 'n woning mag nie iets op enige gedeelte van sy of haar erf of woning of gemeenskaplike eiendom doen of daarop plaas wat na oordeel van die Raad van Trustees esteties onaangenaam of ongewens voorkom nie.

11.Tekens en Kennisgewings

'n Eienaar of bewoner van 'n wooneenheid wat van voornemens is om enige teken, kennisgewing, aanplakbord of advertensie op sy of haar erf of gemeenskaplike eiendom aan te bring, moet skriftelik by die Raad van Trustees aansoek doen daarvoor. Die aansoek moet vergesel word van die volle besonderhede van sodanige teken, kennisgewing, aanplakbord of advertensie. Sodanige item mag nie sonder die Raad van Trustees se skriftelike toestemming opgerig word nie. Alle munisipale regulasies moet ook nagekom word.

12. Wasgoed

(1) 'n Eienaar of bewoner van 'n woning mag nie enige wasgoed of ander items op die gemeenskaplike eiendom hang nie.

Page 37: GRONDWET - klipfonteyn  · Web view2020. 11. 16. · 2.6.1 Die Vereniging kan die magte uitoefen wat ingevolge hierdie dokument aan dit verleen . word, en sodanige magte sluit in

37

(2) 'n Eienaar of bewoner van 'n woning moet voorsiening maak vir 'n wasgoedlyn wat sovêr as moontlik nie van die straat af sigbaar is nie. Enige wasgoed of enige ander items moet sovêr as moontlik nie oor balkonne of mure gehang word nie of by vensters uithang nie.

13. Bewaring van ontvlambare stowwe en ander gevaarlike optredes

'n Eienaar of bewoner van 'n woning mag nie op sy of haar erf enige ontvlambare stof bewaar of enige ander gevaarlike handeling verrig of laat verrig of toelaat dat dit verrig word wat teenstrydig is met munisipale regulasies nie.

14. Verhuur van wonings en bewoning (sien wysiging onder)

(1) Alle eienaars en huurders van wonings en ander persone aan wie die reg tot okkupasie deur enige eienaar van 'n betrokke woning verleen is, moet hierdie Gedragsreëls nakom, ondanks andersluidende bepalings vervat in enige huurooreenkoms of die toestaan van 'n reg tot okkupasie.

(2) In die belang van alle eienaars word die aantal persone wat 'n woning permanent mag bewoon, beperk tot 'n gesin/uitgebreide gesin.

(3) Geen vorm van tyddeel of soortgelyke reëling waarvolgens 'n persoon, behalwe die Eienaar, sy onmiddellike familie of gaste, 'n woning gebruik vir 'n spesifieke kort tydperk of tydperke, mag op ooreengekom word met betrekking tot 'n woning nie.

KLIPFONTEYN, OVERSTRAND MUNICIPAL WYSIGING VAN GRONDWET GOEDKEURING GEDATEER 13 August 2019 OVERSTRAND MUNISIPALITEIT (SW van der Merwe Senior Town Planner)

: Gedragsreëls 14 word as volg gewysig:

14. Verhuur van wonings en bewoning

Page 38: GRONDWET - klipfonteyn  · Web view2020. 11. 16. · 2.6.1 Die Vereniging kan die magte uitoefen wat ingevolge hierdie dokument aan dit verleen . word, en sodanige magte sluit in

38

14.1 Alle eienaars en huurders van wonings en ander persone aan wie die reg tot okkupasie deur enige eienaar van I n betrokke woning vereen is, moet hierdie Gedragsreëls nakom, ondanks andersluidende bepalings vervat in enige huurooreenkoms of die toestaan van n reg tot okkupasie

14.2 In die belang van alle eienaars word die aantal persone wat 'n woning permanent mag bewoon, beperk tot 'n gesin/uitgebreide gesin.

14.3 'n Maksimum van 2 kamers per woning mag verhuur word; met die volgende voorwaardes:14.3.1 Goedkeuring van gastekamers sal onderhewig wees aan die indiening van 'n

uitlegplan vir rekorddoeleindes en om nakoming van die toepaslike voorwaardes te illustreer,

14.3.2 'n Maksimum van 2 kamers (5 persone) per eiendom mag verhuur word aan betalende gaste of loseerders

14.3.3 Gastekamers mag nie omskep of gebruik word as aparte wooneenhede nie-14.3.4 Maaltye mag slegs deur die eienaar voorsien word aan gaste of huurders wat op die

eiendom woonagtig is.14.3.5 Geen advertensieborde sal aangebring word sonder skriftelike toestemming van die

HEV en die Munisipaliteit nie. Dit sal 'n enkel onbeligte inligting bord wees in ooreenstemming met die voorskrifte van die toepaslike Overstrand advertensiebord bywet.

14.3.6 Een parkeerruimte per kamer sal aangebring word op die perseel en sal onderhewig wees aan die indiening van 'n plan van die parkeer uitleg.

14.3.7 Geen kook fasiliteite; behalwe 'n ketel mag aangebring of voorsien word in die gastekamers nie

15. Koop en Verkoop van eiendomme

(1) Enige koper of oordragnemer sal onderhewig wees aan die Grondwet, Gedragsreëls en Voorskrifte van die Vereniging en daar sal van hom/haar verwag word om dit te eerbiedig en aanspreeklikheid te aanvaar vir die betaling van heffings teenoor die Vereniging vanaf datum van registrasie van oordrag van die erf op sy naam.

(2) 'n Verkoper moet so spoedig moontlik nadat registrasie van oordrag van eiendom op 'n koper se naam plaasgevind het, die Vereniging verwittig van die datum van registrasie.

(3) 'n Eienaar sal die Vereniging onmiddellik in kennis stel van enige verandering van eienaarskap of regshandeling betreffende sy grondeenheid.

16. Geraas en oorlas

Page 39: GRONDWET - klipfonteyn  · Web view2020. 11. 16. · 2.6.1 Die Vereniging kan die magte uitoefen wat ingevolge hierdie dokument aan dit verleen . word, en sodanige magte sluit in

39

(1) Eienaars en bewoners van wonings moet spesifiek tussen die ure 23h00 tot 07h00 redelike stilte op hul erwe en op die gemeenskaplike eiendom handhaaf.

(2) 'n Eienaar of bewoner van 'n woning mag nie enigiets in sy woning of op die gemeenskaplike eiendom doen wat na oordeel van die Raad van Trustees, 'n onnodige of onredelike geraas of steurnis vir ander bewoners meebring nie.

(3) Alle radio's, hoëtroustelle, televisies en musiekinstrumente moet op redelike klank vlakke gehou word . In die geval van spesiale funksies kan die volume van die musiek, met die vooraf goedkeuring van omliggende inwoners, harder gestel word, en die duur daarvan onderhandel word.

(4) Geen vuurwerke of klappers mag op persele of op die gemeenskaplike eiendom afgevuur of geskiet word nie, weens onder meer die brandgevaar en die effek wat dit op diere mag hê.

(5) Geen vuurwapen mag in 'n woning of op die gemeenskaplike eiendom afgevuur word nie, behalwe in die geval van selfverdediging of vir verwante doeleindes.

(6) Noodsaaklike aktiwiteite wat met geraas gepaard gaan, moet op 'n Maandag tot Vrydag (uitsluitend openbare vakansiedae) tussen 08h00 en 17h00 geskied en tussen 08h00 en 13h00 op 'n Saterdag.

(7) Eienaars en bewoners van wonings moet behoorlike beheer en toesig oor hul kinders uitoefen om te verseker dat hulle nie 'n geraas, oorlas of steurnis aan ander bewoners van wonings veroorsaak nie. Indien 'n kind skade aan die gemeenskaplike eiendom of aan privaat eiendom veroorsaak, sal die betrokke eienaar of bewoner wie vir die kind verantwoordelik is, teenoor die Vereniging of ander eienaar na gelang van die geval aanspreeklik wees vir die betaling van skadevergoeding.

17. Uitwis van plae

'n Eienaar of bewoner van 'n woning sal alle nodige stappe neem om te verseker dat die aktiwiteite binne sy woning en op die gemeenskaplike eiendom voldoen aan munisipale gesondheidsregulasies en dat dit nie 'n gevaar of risiko vir ander bewoners veroorsaak nie.

18. Gebruik van gemeenskaplike eiendom en privaat wonings (sien Wysiging Onder)

(1) Behalwe vir geregtelike verkopings, mag geen veilings of soortgelyke verkopings of uitstallings in 'n woning of op die gemeenskaplike eiendom gehou word, sonder die skriftelike toestemming van die Raad van Trustees nie.

Page 40: GRONDWET - klipfonteyn  · Web view2020. 11. 16. · 2.6.1 Die Vereniging kan die magte uitoefen wat ingevolge hierdie dokument aan dit verleen . word, en sodanige magte sluit in

40

(2) Geen losies- en/of gastehuise of hotelle mag vanuit enige woning(s) bedryf word of op enige erf gebou word nie.

KLIPFONTEYN, OVERSTRAND MUNICIPAL WYSIGING VAN GRONDWET GOEDKEURING GEDATEER 13 August 2019 OVERSTRAND MUNISIPALITEIT (SW van der Merwe Senior Town Planner)

: Gedragsreëls 18 word as volg gewysig:

18. Gebruik van gemeenskaplike eiendom en privaat wonings

18.1 Behalwe vir geregtelike verkopings, mag geen veilings of soortgelyke verkopings of uitstallings in 'n woning of op die gemeenskaplike eiendom gehou word, sonder die skriftelike toestemming van die Raad van Trustees nie.

18.2 Geen losies of gastehuise (anders as die 2 kamers gespesifiseer in 14.3 van die gedragsreëls), AirB&B's of hotelle mag vanuit enige woning(s) bedryf word of op enige erf gebou word nie.

19. Plantegroei

Geen plantsoort wat volgens die Wet op Bewaring van Landbouhulpbronne,1983, tot 'n onkruid of indringerplant verklaar is, mag aangeplant word nie.

20. Risiko en skade

(1) Die Vereniging is nie aanspreeklik vir enige eis deur 'n eienaar of bewoner van 'n woning of sy werkmense, kontrakteur, huishulp, besoeker, gas of familielid of enige ander persoon uit hoofde van 'n besering, mediese uitgawe, verlies aan lewe, skade of verlies aan eiendom of andersins, wat plaasvind in 'n woning op die betrokke erf of op die gemeenskaplike eiendom, en wat voortspruit weens brand, diefstal, 'n strukturele gebrek aan 'n gebou of fasiliteit, of veroorsaak is deur 'n mens, dier, natuurverskynsel of andersins. Die Vereniging is nie aanspreeklik vir enige handeling deur of enige versuim van die Raad van Trustees, of die werknemers, agente of kontrakteurs van

Page 41: GRONDWET - klipfonteyn  · Web view2020. 11. 16. · 2.6.1 Die Vereniging kan die magte uitoefen wat ingevolge hierdie dokument aan dit verleen . word, en sodanige magte sluit in

41

die Vereniging nie.

(2) Indien 'n eienaar of bewoner van 'n woning enige skade van welke aard ook al aan die gemeenskaplike eiendom veroorsaak, sal hy/sy aanspreeklik wees om skadevergoeding aan die Vereniging te betaal.

21. Klagtes

Eienaars en bewoners van wonings moet die Raad van Trustees skriftelik verwittig van enige klagtes, versoeke of probleme wat hulle ten aansien van die gemeenskaplike eiendom of ander bewoners van wonings, ondervind.

22. Oplegging van boetes

(1) Indien die gedrag of optrede van 'n eienaar of bewoner van 'n grondeenheid of sy werksmense, kontrakteur, huishulp, besoeker, gas of familielid 'n oorlas veroorsaak volgens die trustees se diskresie, of indien 'n eienaar, bewoner of besoeker die bepalings van die Grondwet of Gedragsreëls verbreek of verontagsaam, mag die trustees die eienaar en bewoner (indien van toepassing) van 'n skriftelike kennisgewing voorsien, wat na oordeel van die trustees per hand of per geregistreerde pos gelewer mag word. In die kennisgewing moet die spesifieke optrede of nalate wat 'n oorlas of verbreking of nie-nakoming van die bepaling van die Grondwet of Gedragsreël daarstel, voldoende beskryf word en, waar toepaslik, moet die bepaling van die Grondwet of Gedragsreël wat verbreek of verontagsaam word, duidelik aangedui word, en die oortreder moet gewaarsku word dat indien sy of haar optrede of nalate voortduur, die eienaar van die grondeenheid 'n boete opgelê sal word ingevolge hierdie artikel.

(2) Indien die eienaar of bewoner nietemin voortgaan met die veroorsaking van 'n oorlas, of die verbreking of nie-nakoming van die bepaling van die Grondwet of die bepaalde Gedragsreël, mag die trustees 'n dissiplinêre komitee aanstel om die saak te bespreek en te oorweeg, en om 'n boete op te lê.

(3) 'n Skriftelike kennisgewing waardeur die eienaar of bewoner (indien van toepassing) ingelig word omtrent die doel van die vergadering en genooi word om die vergadering by te woon, moet aan hom of haar of hulle gestuur word ten minste veertien (14) dae voordat die vergadering plaasvind. Tydens die vergadering moet die eienaar en/of bewoner (indien van toepassing) of sy/haar/hul verteenwoordiger die geleentheid gegun word om:

(a) sy of haar of hul saak te stel;

(b) getuienis aan te bied, insluitende om getuies te roep en te betoog;

Page 42: GRONDWET - klipfonteyn  · Web view2020. 11. 16. · 2.6.1 Die Vereniging kan die magte uitoefen wat ingevolge hierdie dokument aan dit verleen . word, en sodanige magte sluit in

42

(c) enige persone wat deur die trustees genooi is aangaande die beweerde oorlas of oortreding, te ondervra; en

(d) insae te hê in enige relevante dokumente.

(4) Nadat die eienaar en/of bewoner (indien van toepassing) die geleentheid gehad het om sy of haar saak te stel, en die vergadering verlaat het, mag die dissiplinêre komitee besluit om 'n aanvanklike boete op te lê vir 'n eerste oortreding, of 'n verdere boete ten opsigte van 'n verdere oortreding van 'n soortgelyke aard.

(5) Die eienaar en/of bewoner het die reg tot appel waarna die saak of aangeleentheid deur die Raad van Trustees bestaande uit 'n minimum van vier raadslede aangehoor moet word. Die uitslag van die appèlverhoor sal bindend geag word vir beide partye. (6) Enige boete opgelê ingevolge sub-artikel (4) mag, nadat die eienaar en/of bewoner (indien van toepassing) skriftelik van die oplegging van die boete in kennis gestel is, en die boete na 14 dae onbetaald bly, by die eienaar se heffings gevoeg word waarvoor hy of sy ingevolge die bepalings van artikel 6.1.1 van die Grondwet verantwoordelik is, en mag dit deur die Raad van Trustees gevorder word as deel van die maandelikse en/of jaarlikse heffings wat die eienaar verskuldig is.

(7) Die Vereniging kan van tyd tot tyd by wyse van 'n gewone besluit op 'n algemene vergadering, die bedrag bepaal van 'n aanvanklike boete en van 'n verdere boete. Indien geen bedrae op hierdie wyse vasgestel is nie, mag die Raad van Trustees self die bedrae bepaal.

(8) Indien die eienaar wat beboet word of die oortreder 'n trustee is, of die eggenoot, ouer of kind van 'n trustee, sal daardie trustee nie deelneem aan die verrigtinge hierin beskryf nie, maar mag die Raad van Trustees 'n plaasvervangende trustee aanstel ingevolge die bepalings van die Grondwet vir die doeleindes van daardie verrigtinge alleenlik.

Page 43: GRONDWET - klipfonteyn  · Web view2020. 11. 16. · 2.6.1 Die Vereniging kan die magte uitoefen wat ingevolge hierdie dokument aan dit verleen . word, en sodanige magte sluit in

43

AANHANGSEL 2BOU EN ESTETIESE HANDLEIDING

1. Grootte van wooneenhede

Die minimum grootte van 'n wooneenheid is 150 m2 (sien wysiging)

KLIPFONTEYN, OVERSTRAND MUNICIPAL WYSIGING VAN GRONDWET GOEDKEURING GEDATEER 13 August 2019 OVERSTRAND MUNISIPALITEIT (SW van der Merwe Senior Town Planner)

1. Grootte van wooneenhede Die minimum grootte van 'n wooneenheid is 200 m2.

2. Hoogte van wooneenhede(1) Die maksimum toelaatbare hoogte van 'n wooneenheid is 8m, gemeet vanaf die gemiddelde grondvlak tot by die nok van die dak en

plat dakke vanaf die gemiddelde grondvlak tot by die muurplaat.

(2) Afwykings ten opsigte van die hoogtebeperking van 'n wooneenheid mag deur die Raad van Trustees oorweeg word. EIke saak moet egter op eie meriete oorweeg word en aan die munisipaliteit vir oorweging en finale goedkeuring voorgelê word.

3. Verf spesifikasies Slegs neutrale siersteen afwerkings of neutrale verfkleure word aanvaar bv.

Beige, roomkleur of skakerings daarvan.

4. Grensmure(1) Alle grensmure moet dieselfde tekstuur as die wooneenheid he

(2) Die hoogte van 'n grensmuur mag hoogstens 2.1m wees. Dit sluit goedgekeurde gegalvaniseerde staal heinings in.

(3) Die oprigting van gegalvaniseerde staal heinings, is onderworpe aan die skriftelike goedkeuring van die Raad van Trustees en die Munisipaliteit.

Page 44: GRONDWET - klipfonteyn  · Web view2020. 11. 16. · 2.6.1 Die Vereniging kan die magte uitoefen wat ingevolge hierdie dokument aan dit verleen . word, en sodanige magte sluit in

44

(4) Geen konstruksies van vooraf vervaardigde beton word toegelaat nie

(5) Die spesifikasies en planne van alle voorgestelde omheinings en/of mure moet aan die Raad van Trustees voorgelê word vir goedkeuring. Laasgenoemde sal dit na die Munisipaliteit verwys vir oorweging en statutêre goedkeuring.

5. Tydperk vir voltooiing van konstruksie Die oprigting van 'n wooneenheid en gepaardgaande buitegeboue en strukture moet binne 'n tydperk van twee (2) jaar na aanvang van die bouwerk daarvan tot bevrediging van die Raad van Trustees en Munisipaliteit voltooi wees. 6. Erfgrense

Erfpenne en die handhawing van bou lyne en die gepaardgaandeontwikkelings parameters is die verantwoordelikheid van die eienaar van 'ngrondeenheid/erf.

7. Goedkeuring van bouplanne'n Eienaar of voornemende eienaar, na gelang van die geval, moet bouplanne ten opsigte van nuwe wonings en buitegeboue of wysigings en/of toevoegings daaraan in drievoud aan die Raad van Trustees voorlê vir goedkeuring.

Indien die planne aan die vereistes van die Huiseienaars vereniging voldoen, volgens voorskrifte vervat in die Bou-en Estetiese Handleiding, sal die betrokke trustee(s) die planne onderteken en met die stempel van die Vereniging daarop aan die Munisipaliteit voorlê vir oorweging en statutêre goedkeuring. Goedkeuring van bouplanne deur die Raad is onderhewig aan klousule 6.2.8 (b) van die Grondwet.

8. Bourommel en Materiaal

Na voltooiing van die bouprojek of aanbouings op die perseel mag daar na 30 dae geen bourommel of boumateriaal op die perseel of aangrensende erwe wees nie.

Page 45: GRONDWET - klipfonteyn  · Web view2020. 11. 16. · 2.6.1 Die Vereniging kan die magte uitoefen wat ingevolge hierdie dokument aan dit verleen . word, en sodanige magte sluit in

45

AANHANGSEL 3

VOLMAGVORM

KLIPFONTEYN HUISEIENAARS VERENIGING

Ek _______________________woonagtig te Poskode:__________

synde die geregistreerde eienaar van erf/erwe nommer(s) ___________________________

stel hiermee vir _______________________________________of, indien hy of sy in

gebreke bly, vir _______________________________________as my gevolmagtigde aan

om deel te neem aan die verrigtinge van die vergadering en om namens my te stem by die

vergadering van die Vereniging wat gehou sal word op die _____________________ dag

van _________________________ en by enige hervatting van daardie vergadering, indien

verdaag, en wel soos volg (dui instruksie aan gevolmagtigde aan by wyse van kruise in die

toepaslike spasie voorsien):

ONDERWERP TEN GUNSTE VAN TEEN BUITE STEMMING

Tensy anders opdrag gegee, of buite stemming aangedui, mag my gevolmagtigde stem na sy of haar goeddunke.

Geteken hierdie __________________ dag van _____________________ 20____

Page 46: GRONDWET - klipfonteyn  · Web view2020. 11. 16. · 2.6.1 Die Vereniging kan die magte uitoefen wat ingevolge hierdie dokument aan dit verleen . word, en sodanige magte sluit in

46

Handtekening