westcliffschool.co.za · web viewdie woord materie word gebruik vir alles wat massa besit en ‘n...
TRANSCRIPT
Natuur-wetenskappe
2de JaarKwartaal 2
Fases van Materie
Metale en Nie-metale Verwerking van materiale
Naam en Van: ________________________________________Jaargroep: ____________________
Inleiding: MaterieDatum:___________________
Jy het al dikwels in die verlede gehoor dat ons van materie praat. Die woord
materie word gebruik vir alles wat massa besit en ‘n ruimte inneem. Letterlik alles
wat jy om jou kan waarneem, is vorms van materie. Die meubels in die klaskamer,
die voorwerpe op die tafel of op die vloer, die blomme daar buite, die voëls en die
diere, water en alle ander vloeistowwe; ja, alles is materie.
Meubels Tafel met voorwerpe. Blomme in ‘n tuin.
Voëls en diere. Water soos ‘n rivier. ‘n Koppie tee.
Maar nou moet jy onthou dat daar ook materie is wat jy nie kan sien nie. Dink maar
aan die gasse in die lug waarvan jy al geleer het. Hulle is nou wel nie sigbaar nie,
maar omdat hulle ook ruimte beslaan en ‘n massa besit, moet ons hulle ook as
voorbeelde van materie beskou.
Om saam te vat, kan ons dus sê dat materie die stof is waaruit dinge om ons opgebou is.
2
So waarvan word materie gemaak? Alle materie bestaan uit atome. Atome is die
kleinste deeltjie van materie. Hulle is so piepklein dat jy dit nie met die blote oog of
‘n standaard mikroskoop kan waarneem nie.
Atome Mikroskoop
Kom ons kyk eers na ‘n paar konsepte:
Vastestowwe
Vastestowwe is stewige en stabiele voorwerpe. Hulle behou hul vorm en
kan hard, sag, groot of klein wees. Bv. ‘n stoel, wanneer jy ‘n stoel na ‘n
ander plek skuif, sal dit steeds dieselfde vorm hê.
Vloeistowwe
Vloeistowwe kan vloei en neem die vorm van die houer waarin dit is aan. Daarom
kan ons sê dat dit nie ‘n vaste vorm het nie. Bv. gebottelde water.
Gasse
Kan jy nog onthou dat ons in die eerste kwartaal gepraat het oor asemhaling as een
van die sewe prosesse van lewende dinge? Wanneer ons asemhaal, neem ons
gasse in en blaas ons gasse uit. Maar ons kan nie die gasse sien nie. Gasse is
orals om ons. Hulle is vry-vloeiend en jy kan maklik jou hand daardeur sit. Bv. die
lug wat ons inasem.
Gasse is ‘n bietjie moeiliker om te verstaan aangesien ons nie gewoonlik gasse kan
sien nie. Ons kan wel die plekke waar gasse gebruik word en houers waarin ‘n gas
gestoor word sien.
in.
3
‘n Gasstoof word gebruik vir kook. ‘n Pasiënt met ‘n suurstofmasker.
Ballonne gevul met helium of lug. ‘n Skubaduiker met suurstof op sy rug.
Verdamping
Die proses vind plaas wanneer hitte tot vloeistof toegevoeg word. Dit
beteken dat die water van die vloeistoffase na die gasfase verander.
Dink daaraan as jy jou klere in die son hang om droog te word. Hulle
word droog soos die water verdamp.
Kondensasie
Die stoom wat uit die ketel kom is verskriklik warm en jy kan dit nie sien nie. Die
stoom koel vinnig af en vorm klein druppeltjies in die lug. Hierdie klein druppeltjies is
sigbaar en vorm die ‘wolk’ wat jy sien. Wanneer hierdie klein druppeltjies die spieël
tref, koel hulle nog meer af en vorm groter druppels wat ‘n mens op die spieël kan
sien. Ons sê die stoom het gekondenseer om water te vorm. Die fase-verandering
is vanaf gas na vloeistof.
Bevriesing / Solidifisering
Die proses vind plaas wanneer ‘n vloeistof in ‘n vastestof verander as dit afgekoel
word. Bv. ‘n koeldrankysie word met vloeistof gemaak. Die vloeistof word ‘n
koeldrankysie vorm gegiet en dan afgekoel om te vries.
Smelting
Die proses vind plaas wanneer ‘n vastestof in ‘n vloeistof verander na dit verhit is.
Bv. wanneer koeldrankysies in die son gelos word.
Aktiwiteit 11. Benoem die volgende voorwerpe.
4
___________________ ______________________
2. _____________________ is voorwerpe wat hul vorm behou en is stewig en
stabiel.
3. Die proses wat plaasvind wanneer ‘n vloeistof in ‘n gas verander as hitte
toegevoeg word, staan bekend as __________________________.
4. ______________ is oral rondom ons. Hulle is vry-_____________________.
5. Die proses wat plaasvind wanneer ‘n vastestof in ‘n vloeistof verander as hitte
toegevoeg word, staan bekend as _______________________.
6. Die proses wat plaasvind wanneer ‘n gas afkoel en ‘n vloeistof vorm, staan
bekend as _______________________.
7. _______________________ kan vloei en neem die vorm van die houer
waarin dit is aan.
8. Die proses wat plaasvind wanneer ‘n vloeistof in ‘n vastestof vernader na dit
afgekoel is, staan bekend as _________________________.
Fases van MaterieDatum:___________________
5“Tom het jy geweet…? ‘n Watermolekule word deur twee
waterstofatome en een suurstofatoom gevorm…”
Ons het gesien dat materie gewoonlik in een van drie fases voorkom: vastestof,
vloeistof of gas. Die stoel waarop jy sit is ‘n vastestof, die water wat jy drink, ‘n
vloeistof en die lug wat jy inasem, ‘n gas. Materie verander van fase wanneer meer
energie toegevoeg word. Energie word in die vorm van hitte of druk toegevoeg.
Gedurende die vorige periode het ons gesê dat vastestowwe voorwerpe is wat
stewig en stabiel is. Hulle behou hul vorm en kamertemperatuur; hulle kan hard,
sag, groot of klein wees. Hierdie materie bestaan uit atome wat dig teenmekaar
gepak is. Jy sal nie deur ‘n soliede muur kan loop nie. Die materie is so dig gepak
wat verhoed dat jy deur dit kan beweeg. Dink hieraan; die potlood wat jy op jou
skoolbank gelos het by die skool sal steeds dieselfde vorm môre hê. Voorbeelde
van vastestowwe: tafel, stoel, deur, muur, venster, kar, blom, boom, huis,
skryfbehoeftes, asblik ens.
Vloeistowwe kan vloei en neem die vorm van die houer waarin dit is aan. Hulle
behou nie hul vorm in kamertemperatuur nie. Daar is spasie tussen die atome van
vloeistowwe en hulle beweeg die heeltyd effens. Dit laat jou toe om jou vinger in
6
“Wat word bedoel met kamertemperatuur? Dit verwys na die lugtemperatuur wanneer dit
nie verhit of afgekoel is nie.”
water te steek en dit weer uit te haal, die water spoel dan weer in die spasie in waar
jou vinger was. Maar wanneer jy deur die swembadwater stap, mag jy dalk die
water uit die pad moet stoot – dit beteken dat jy die swaarte van die water kan
voel. Vloeistowwe kan nie van een persoon na ‘n ander oorhandig word nie.
Verbeel jou jy gaan na ‘n restaurant en vra vir limonade. Wat as die kelner net
die limonade in jou hande gooi – geen glas of koppie? Sal jy die limonade op
die tafel kan sit om dit later te drink? Selfs rivierwater of damme het houers – die
oewer, die bodem, die wal – dit vorm die houer. Voorbeelde van vloeistowwe:
water, oseaan, tee, koffie, sap, gaskoeldrank, reën, melk, medisyne-stroop ens.
Gasse is oral om ons. Hulle is vry-vloeiend (beweeg altyd) en mens kan maklik jou
hand daardeur steek. Hulle behou nie hul vorm in kamertemperatuur nie en staan
ook nie stil nie. Daar is so baie spasie tussen die atome in gas dat jy maklik
daardeur kan beweeg. Wanneer jy van eenkant van die vertrek na die ander
kant beweeg, loop jy deur talle gasse waaruit ons lug bestaan. Jy weet
skaars dat hulle teenwoordig is. Voorbeelde van gasse: suurstof, stikstof,
waterdamp, wolke, stoom ens.
Aktiwiteit 2
1. Kyk na die prente hieronder. Besluit of dit ‘n ‘vastestof’, ‘vloeistof’ of ‘n ‘gas’
is?
__________________ ___________________ ___________________
7
__________________ ___________________ ___________________
__________________ ___________________ ___________________
Materie: Verandering van FaseDatum:___________________
Kom ons bestudeer die opsomming hieronder, voordat ons na die verandering van
materie kyk.
Vastestof Vloeistof GasHet ‘n defnitiewe vorm. Het geen defnitiewe vorm nie. Het geen defnitiewe vorm nie.
Neem defnitiewe spasie op. Neem defnitiewe spasie op. Neem enige/alle spasie
beskikbaar op.
Kan nie vloei nie. Kan vloei. Kan vloei.
Gedurende die inleiding tot materie het ons gesien dat materie van een fase na ‘n
ander fase kan verander. Bv. wanneer ys smelt; ‘n vastestof verander in ‘n vloeistof.
8
Dink oor die volgende:
As jy kraanwater in ‘n ysbakkie giet en dit in die vrieskas plaas, wat sal met
die water gebeur?
As jy ysblokkies neem en dit in die son plaas, wat sal met die ysblokkies
gebeur?
Die verskil tussen die vrieskas en die son daar buite is dat die een warm is en die
ander een koud. So wanneer ons water in ‘n plek plaas wat koud genoeg is sal dit
vries. En wanneer ons ysblokkies in ‘n plek plaas wat warm is, sal dit smelt.
Bestudeer die illustrasie hieronder oor die fase-verandering van materie.
Neem kennis, wanneer gas kondenseer (klein druppeltjies water) verander dit
in vloeistof en wanneer vloeistof verdamp (verander in stoom) verander dit in
gas.
Neem kennis, wanneer vastestowwe smelt (voeg hitte by) verander dit in
vloeistowwe en wanneer vloeistowwe gevries (baie lae temperatuur) word
verander dit in vastestowwe.
Sommige stowwe smelt baie maklik, terwyl ander eers vir ‘n rukkie verhit moet word.
Elke stof begin smelt by ‘n sekere temperatuur. Dit word die stof se smeltpunt
genoem. Temperatuur word gemeet in grade Celsius (ºC), met ‘n instrument wat ‘n
9
termometer genoem word.
Hier is ‘n opsomming van die verskillende fase-veranderings:
Fase-verandering ‘Verhitting’ of ‘Afkoeling’ Ons noem die proses…..Vastestof na ‘n vloeistof Verhitting Smelting
Vloeistof na ‘n gas Verhitting Verdamping
Gas na ‘n vloeistof Afkoeling Kondensering
Vloeistof na ‘n vastestof Afkoeling Bevriesing
Aktiwiteit 3
Lees die volgende storie en beantwoord die vrae wat volg.
Giovanni se Les
Giovanni Blaauw is 'n seun in Graad 1 in 'n laerskool in 'n klein dorpie waar dit in die somer baie warm word. Hy is mal daaroor om sokker te speel. Na skool gaan hy gereeld na die Thunderbolt Skool om met die Thunderbolt Kinders te speel. Hulle hou baie daarvan dat Giovanni saam met hulle speel, al is hy 'n paar jaar jonger, is hy baie talentvol en ook baie pret en saggeaard. Giovanni hou veral van Johnique, en hulle speel baie goed as 'n span saam.
Eendag na skool besluit Giovanni hy wil iets goeds vir sy vriende die Thunderbolt Kinders doen, deur hulle te verras met koeldrankysies vir wanneer hulle klaar gespeel het. Giovanni koop toe 5 koeldrankysies, een vir homself, en een vir elkeen van die Thunderbolt Kinders. Hy plaas die koeldrankysies in 'n bak en plaas ysblokkies om hulle, om dit koud te hou. Toe hardloop Giovanni om saam met die ander te gaan sokker speel.
Na die spel hardloop Giovanni terug na die bak om die koeldrankysies te gaan haal, maar toe hy daar kom is hy geskok. Die ysies is almal weg! Hy is so ontsteld dat hy begin huil. Die Thunderbolt Kinders sien toe dat Giovanni ontsteld is en hardloop na hom om uit te vind wat verkeerd is.
"Haai Giovanni, wat is verkeerd? Het jy jouself seergemaak terwyl ons gespeel het?", vra Johnique.
"Nee, ek het nie. Ek het vir almal van julle koeldrankysies gekoop as 'n verrassing, maar toe ek nou terugkom om hulle te kom haal was hulle almal weg! Ek dink iemand het hulle gesteel en opgeëet, en net die stokkies gelos! Kyk!", roep Giovanni uit.
"O nee, moenie huil nie, Giovanni. Dis nie jou skuld nie, en niemand het hulle gesteel of geëet nie", sê Wharick terwyl hy Giovanni se rug vryf.
"Ja, Giovanni, ons het eintlik vandag in die klas geleer wat met jou koeldrankysies gebeur het", sê Devon, "en ek kan dit aan jou ook verduidelik. Kan jy sien dat jou bak eintlik nie leeg is nie? Daar is 'n vloeistof in dit en dit het 'n rooi kleur, wat die kleur van jou koeldrankysies was."
"Ja, ek sien dit", antwoord Giovanni, "maar hoe het dit dan gebeur?"
10
Denise antwoord, "Jou koeldrankysies het gesmelt as gevolg van die hitte in die lug om ons. Selfs as die son nie so warm was nie, sou hulle gesmelt het! Vir iets om gevries te bly moet dit by 'n baie koue temperatuur wees, soos in 'n vrieskas.”
"Ja, smelting is wanneer hitte die koeldrankysies in 'n vloeistof verander", antwoord Devon, "so niemand het die koeldrankysies gesteel nie, hulle het net gesmelt."
"O, nou verstaan ek", sê Giovanni, "Ek is regtig dom om dit nie te geweet het nie!"
"Nee, glad nie, Giovanni! Ons het dit eers vandag in die klas geleer, en ons is al in Graad 4!", lag Wharick.
"Ek weet wat ons moet doen!", skree Johnique. "Kom ons gaan dadelik na die snoepie toe. Ek het nog kleingeld en ons kan daarmee weer vir ons almal gevriesde koeldrankysies koop!"
Almal hou sommer baie van hierdie plan, veral Giovanni, wat nou weer begin lag het. Die Thunderbolt Kinders en Giovanni gaan dadelik snoepie toe, koop weer koeldrankysies en sit onder 'n boom terwyl hulle almal opeet.
VRAE:
1. Wat is die naam van die hoofkarakter in hierdie storie?
__________________________________
2. In watter graad is hy?
______________________
3. In watter graad is die Thunderbolt Kinders?
______________________
4. Watter spel speel die kinders saam na skool?
______________________
5. Wanneer die ysies gevries is, is hulle ‘n vastestof, vloeistof of ‘n gas?
11
______________________
6. Verduidelik in jou eie woorde wat met die ys en die ysies gebeur het terwyl
hulle in die son gelos is.
______________________________________________________________
______________________________________________________________
7. Wat noem ons hierdie proses?
__________________________
8. Dink jy die smeltingsproses kan omgekeer word? Hoe?
______________________________________________________________
9. Wat is jou gunsteling geur as dit kom by roomys of koeldrankysies?
___________________________
10.As jy iets gaafs vir jou vriende wil doen, wat sal dit wees?
______________________________________________________________
______________________________________________________________
Metale en Nie-metaleDatum:___________________
Hoe weet ek of ‘n voorwerp van ‘n metaal of ‘n nie-metaal gemaak is? Hoe besluit
ons watter materiaal om te gebruik wanneer ons iets wil maak of bou? Hierdie is
sommige van die vrae waarna ons gaan kyk.
Metale en nie-metale is twee verskillende tipes materiale. Elke tipe het sy eie unieke
eienskappe. Eienskappe is die dinge wat daardie voorwerp of materiaal spesiaal
maak. Ons kan die eienskappe van ‘n materiaal gebruik om dit te beskryf. Wanneer
ons ‘n nuwe produk wil maak moet ons eers besluit wat die doel van die produk sal
wees. Miskien wil ons ‘n stuk gereedskap maak om in die tuin mee te grawe, of ‘n
hondehok bou vir ons nuwe baba-hondjie. Die doel van die produk sal ons help
besluit wat die beste materiaal sal wees, wanneer ons die voorwerp maak.
12
Wat sal die beste materiaal wees vir ‘n instrument waarmee ons wil grawe? Die
instrument sal sekerlik sterk en bestendig moet wees; met ‘n skerp kant wat deur die
grond kan grawe.
Kom ons kyk eers na ‘n paar konsepte:
Natuurlike materiaalDit is materiaal wat natuurlik op Aarde voorkom, dit kan verkry word vanaf diere,
plante, klippe of die grond.
Sintetiese (vervaardigde) materiaalWanneer iets mensgemaak is, word dit sinteties genoem.
MetaleMetale is sterk, blink en hard. Dit is ‘n natuurlike samestelling. Dit is ook ‘n goeie
geleier van hitte en kan gevorm word sonder om te breek of te kraak. Bv. koper,
aluminium, sink, goud, silwer, brons, lood, yster, tin, titaan ens.
PolimereBaie moderne produkte is polimere. Dit is ‘n sintetiese (mensgemaak) samestelling.
Bv. nylon, poliëster, polistireën, teflon, plastiek, wol, sy, rubber ens.
KeramiekHierdie produkte word blootgestel aan uiters hoë temperature. Dit word vervaardig
vanaf enige nie-metaalagtige produkte soos klei, dus is dit ‘n sintetiese
(mensgemaak) samestelling. Bv. porselein, teëls, bakstene, glas,
erdewerk (klip) ens.
Kyk na die volgende tabel om te sien hoe materiale geklassifiseer word.
13
Natuurlike materiaal Sintetiese materiaal Wol
Katoen
Hout
Sy
Leer
Olie
Goud
Steenkool
Sand (grond)
Plastiek
Glas
Papier
Verf
Nylon
Porselein
Bakstene
Teëls
Aktiwiteit 4
Bestudeer die twee prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
1. Watter materiaal is gebruik om huis A te bou?
______________________________________________________________
2. Watter materiaal is gebruik om huis B te bou?
______________________________________________________________
3. As jy ‘n huis langs die see moes bou, watter een sou jy kies EN hoekom?
______________________________________________________________
14
______________________________________________________________
4. Skryf drie ander materiale wat ook gebruik kan word om ‘n huis mee te bou
neer.
__________________________
__________________________
__________________________
5. Wat is ‘n ‘natuurlike materiaal’?
______________________________________________________________
6. Waar kom natuurlike materiale vandaan?
__________________________
__________________________
__________________________
7. Wat beteken dit as iets ‘sinteties’ is?
______________________________________________________________
8. Noem twee voorbeelde van ‘n metaal.
__________________________
__________________________
9. Noem twee voorbeelde van ‘n polimeer.
__________________________
__________________________
10.Noem twee voorbeelde van ‘n keramiek.
__________________________
__________________________
Eienskappe: MetaleDatum:___________________
15
Noudat ons na die verskillende tipes materiale gekyk het wat gebruik kan word om ‘n
huis mee te bou, kan ons na die verskillende eienskappe van metale en nie-metale
kyk. Onthou ons het gesê dat eienskappe die kenmerke is wat iets spesiaal of
anders maak as ander.
Goeie vraag Tom! Kom ons kyk na die eienskappe van metale.
Metale blink gewoonlik. Die skynsel wat ons sien wanneer lig op
die oppervlakte van metaal reflekteer word die glans (blink
voorkoms) van metaal genoem.
Meeste metale is hard en voel baie swaar.
Ons kan sê dat metale dig is, want hulle het deeltjies wat baie na aan mekaar
gepak is. (Onthou julle vroeër in die kwartaal het ons gepraat van
vastestowwe.)
Metaal gelei elektrisiteit en hitte baie goed. Dit beteken dat jy kan skok as
metaal aan elektrisiteit raak en jy kan baie erge brandwonde opdoen,
wanneer ‘n metaal verhit is.
Metale is smeebaar en buigbaar (kan maklik in ander vorms omskep
word).
Meeste metale kan verhit word teen hoë temperature sonder om te
smelt of van vorm te verander, dit is een van die redes waarom potte en
panne van metaal gemaak word.
Metale word uit die Aarde uit gemyn.
Aktiwiteit 5: Ondersoek
16
“So hoe weet ons of iets van metaal gemaak is?”
Jou onderwyser sal die volgende voorwerpe reghê in die klaskamer. Dit sal jou help
om die eienskappe van metale te ervaar. Die doel van hierdie ondersoek is om die
eienskappe van metale te identifiseer.
Materiaal voorsien deur onderwyser:
Muntstukke
Metaal lepel
Metaal skerpmaker
Metaal spyker of -skroef
Skuifspeld or duimspyker
Staalwol
Metaal bottelproppie
‘n Paar metaal voorwerpe is op die onderwyser se tafel geplaas. Neem kennis van
al die verskillende vorms.
1. Skryf die naam van elke voorwerp in die tabel.
2. Hou elke voorwerp in jou hand. Voel dit warm of koud? Grof of glad?
3. Kyk versigtig na elke voorwerp. Blink dit of is dit dof? Kan jy die kleur beskryf?
4. Laat val elke voorwerp op die vloer of tik dit teen die tafel. Watter geluid maak dit?
5. Skryf jou observasies in die tabel hieronder. (jy mag gebruik maak van die woorde in die
woordbank hieronder)
blink, dof, grof, hard, glad, koud, warm, swaar, onbuigbaar, skerp, buigbaar, sag, lig
Prent Naam van voorwerp Hoe voel die voorwerp as jy daaraan raak?
Hoe lyk die voorwerp?
17
18
Eienskappe: Nie-metaleDatum:___________________
Noudat ons na die eienskappe van metale gekyk het, is dit tyd vir die eienskappe
van nie-metale. Onthou dat eienskappe die kenmerke is wat voorwerpe spesiaal of
anders as ander maak.
Dit is maklik, Kim! Nie-metale is materiale wat nie dieselfde eienskappe as metale
het nie. Kom ons kyk na die eienskappe van nie-metale.
Nie-metale blink nie, hulle neig om dof te wees.
Baie nie-metale is nie buigbaar nie, maar breekbaar. Dit beteken dat dit sal
breek as jy dit met genoeg krag probeer buig.
Sommige nie-metale kan sag of buigbaar wees soos rubber.
Nie-metale het nie die vermoë om te kan roes nie.
Nie-metale gelei nie elektrisiteit of hitte nie. Ons noem hulle isoleerders. Dit
is een van die redes waarom potte en panne, plastiek- of houthandvatsels
het.
Die kettel is gemaak uit metaal
en het ‘n plastiek-handvatsel.
19
“Hoe weet mens wanneer iets uit ‘n nie-metaal gemaak
is?”
Aktiwiteit 6: Ondersoek
Jou onderwyser sal die volgende voorwerpe reghê in die klaskamer. Dit sal jou help
om die eienskappe van nie-metale te ervaar. Die doel van hierdie ondersoek is om
die eienskappe van nie-metale te identifiseer.
Materiaal voorsien deur onderwyser:
Papier or karton
Watte
Lap (materiaal)
Plastiek lepel
Kurk
Spons
Stuk glas
‘n Paar metaal voorwerpe is op die onderwyser se tafel geplaas. Neem kennis van
al die verskillende vorms.
1. Skryf die naam van elke voorwerp in die tabel.
2. Hou elke voorwerp in jou hand. Voel dit warm of koud? Grof of glad?
3. Kyk versigtig na elke voorwerp. Blink dit of is dit dof? Kan jy die kleur beskryf?
4. Laat val elke voorwerp op die vloer of tik dit teen die tafel. Watter geluid maak dit?
5. Skryf jou observasies in die tabel hieronder.
20
“Tom, maak ons metale en nie-metale op dieselfde manier skoon?”
“Dit is ‘n interessante vraag, Kim. Die metode sal verskil afhangend van die materiaal. Metale kan blink gemaak word met ‘n sagte lappie of met ‘n smeersel wat gemaak word van puimsteen- (silwer-grys klip)
poeier en water. Nie-metale kan met ‘n sagte lappie of met seep en water skoongemaak word.”
Prent Naam van voorwerp Hoe voel die voorwerp as jy daaraan raak?
Hoe lyk die voorwerp?
21
Verwerking van materialeDatum:___________________
Wanneer materiale gekombineer word, word nuwe materiale gemaak. Die
eienskappe van nuwe materiale verskil baie keer van die materiale waarmee ons
begin het. Onthou dat eienskappe die dinge is wat die voorwerp uniek en anders as
ander maak. Daar is baie maniere om materiale in nuwe materiale te omskep. Daar
is ook talle redes waarom ons materiale na nuwe materiale verwerk.
Wanneer daar ‘n koek gebak word, verwerk ons koekmeel, eiers en ander
bestanddele (wat dalk nie so lekker op hul eie proe nie) na ‘n koek wat baie
aangenaam proe!
Ons verwerk materiale om hulle sterker, of meer bestendig (bly in ‘n goeie kondisie),
of waterdig, of selfs net ‘n aangename of interessante voorkoms te gee. Nuwe
materiale wat geskep word, nadat verskeie materiale gemeng is word ‘n mengsel
genoem.
Kom ons kyk eers na ‘n paar konsepte:
MengDit vind plaas wanneer twee of meer stowwe saamgevoeg word.
Kombinasie
Om iets te kombineer is om ‘n nuwe stof te skep, deur verskeie stowwe te meng.
Stolling
22
Mmmm… Lekker! Ek dink ek gaan van hierdie afdeling hou as ons
koeke gaan bak!
Dit is wanneer die mengsel kans gegee word om af te koel ná ‘n sekere proses.
Kook/VerhittingWanneer die temperatuur van die mengsel toeneem.
AfkoelWanneer die temperatuur van die mengsel afneem.
UitdrogingDit beteken dat alle vog of vloeistof uit die mengsel verdamp deur verhoogde
temperature soos sonlig, wind of verhitting.
Kom ons kyk na ‘n paar verwerkte materiale en die redes daarvoor.
Vlekvrye StaalOns het geleer dat yster met tyd roes, en dat die proses bespoedig word wanneer
yster met water in kontak kom. Het jy al ooit roes op jou messe of vurke by die huis
waargeneem? Seker nie! Dit is omdat dit nie gemaak is uit yster nie, maar vlekvrye
staal. Maar wat is vlekvrye staal?
Vlekvrye staal word gemaak deur yster met ander metale te kombineer om dit
sterker te maak en roes te voorkom. Deur yster met ander metale te verwerk om dit
in vlekvrye staal te omskep, beteken dat ons dit in nat-omgewings kan gebruik.
Krane en waterpype word dikwels gemaak van vlekvrye staal. Sommige instrumente
wat dokters gebruik om op siek mense te opereer word ook van vlekvrye staal
gemaak, en so ook die potte en panne waarin ons voedsel voorberei.
Vlekvrye staal-krane. ‘n Blink pot gemaak van vlekvrye staal.
Jellie
23
Het jy al ooit jellie geproe? Om jellie te kan maak, moet jy die jellie-poeier in warm
water oplos. Wanneer die oplossing van jellie-poeier in die water afgekoel het,
gebeur iets spesiaal… Die oplossing stol, en verander in ‘n heerlike wiebelende,
soet lekkerny! Die jellie-poeier is verwerk na iets nuut!
BetonHet jy al ooit bouers gesien wat sement meng wanneer hulle ‘n muur of ‘n huis wil
bou? Die mense in die prent hieronder meng sand en water met bou-sement. Die
mengsel van sand, water en sement word beton genoem. Beton is soos modder as
dit nat is, maar wanneer dit droog word versteen dit in ‘n harde, sterk materiaal.
Beton kan gebruik word om bakstene en plaveisel te maak, of om mure mee te
pleister.
Meng van beton deur grawe te gebruik.
In hierdie eerste prent gebruik die mense grawe om die beton te meng. Hulle
gebruik die grawe soos wat ons ‘n lepel sal gebruik om suiker in ons koffie of tee in
te roer. Hulle maak gebruik van hul spiere om die beton te meng. In die volgende
prent noem ons die masjien ‘n sementmenger. Die masjien meng al die bestanddele
24
deur meganies in die rondte te draai, net soos ‘n elektriese voedselmenger.
Elektriese energie doen die werk wat vereis word vir die meng van beton op die
manier.
‘n Sementmenger.
KookOm te kook of om voedsel voor te berei is ook ‘n vorm van verwerking. Het jy al ooit
‘n rou eier gesien? Dieselfde eier lyk baie anders wanneer dit gekook of gebak is.
Neem kennis hoe die eierwit deurskynend is as dit rou is, en hoe dit wit word nadat
dit gekook is. Wanneer die eier rou is, is dit loperig soos ‘n vloeistof. Wanneer dit
gekook is, is dit solied, maar sag soos rubber of plastiek. Kyk na die voorbeeld.
‘n Rou eier. ‘n Gebakte eier (gaar).
Aktiwiteit 7
1. Lys twee redes waarom ons materiale verwerk.
______________________________________________________________
______________________________________________________________
2. Skryf ‘n definisie vir ‘meng’ neer.
______________________________________________________________
3. Wat is vlekvrye staal?
______________________________________________________________
______________________________________________________________
25
4. Waarom dink jy word eetgerei uit vlekvrye staal gemaak?
______________________________________________________________
5. Nadat jellie-poeier met warm water gemeng en in die yskas geplaas is,
________________ die mengsel in ‘n heerlike, wiebelende lekkerny.
6. Waaruit bestaan beton?
_______________________
_______________________
_______________________
7. Benoem die volgende voorwerp.
________________________
Verwerking van materiale (vervolg)Datum:___________________
Wanneer materiale nog nie verwerk is nie noem ons dit grondstowwe. Grondstowwe
word omskep in ander dinge. Wanneer grondstowwe uit die natuur onttrek word in
hul natuurlike vorm, noem ons dit natuurlike materiale. ‘n Natuurlike materiaal is
enige materiaal wat afkomstig is vanaf plante, diere of die grond.
Ons het geleer dat daar baie verskillende maniere is om materiale te verwerk, om
sodoende vir hul nuwe eienskappe te gee. Nadat dit verwerk is kan hulle anders lyk,
ruik, voel of proe. Dit sal dalk nog vir ‘n heel ander doel gebruik word, as voorheen.
26
Verwerkte materiale, is materiale wat gelouter of deur mense gebou is uit
grondstowwe. Sommige voorbeelde is papier, staal en glas.
Materiale wat verwerk is, is vir ons baie nuttig, omdat dit oor spesiale eienskappe
beskik. Ons weet reeds dat verwerkte materiale sterk en bestendig is. Maar watter
ander eienskappe het dit? Kyk na die volgende voorbeelde:
Rubberskoene is waterdig. ‘n Sambreel is waterdig. Verf het verkillende kleure.
Veiligheidstewels is vir beskerming. Brood word verwerk vanaf koring. Wyn word verwerk vanaf druiwe.
Ons weet dat mense al vir duisende jare materiale verwerk. In die ou dae was daar
net natuurlike materiale beskikbaar, maar die mense het baie slim maniere gevind
om hierdie materiale meer bruikbaar te maak.
Die eerste mense wat in ons land gewoon het, het maniere gevind om hout en been
te verhard, om sodoende gereedskap en wapens te maak vir jag. Hulle het ook
maniere gevind om die modder wat hulle gebruik het, om hul hutte mee te bou, te
versterk. Hulle het geweet watter materiale maak die beste klere, komberse en
watter gras maak die sagste beddens. Hulle het ook presies geweet watter riete
(plante) die beste matte maak, wat hul voor hul mure kon hang en hoe om die beste
huise te bou vir hul klimaat en leefstyl.
27
Kyk na die lys van verwerkte materiale:
Brood
Rys
Mieliemeel
Tandepasta
Heuning
Vleis
Wors
Metaal – en houtmeubels
Leerskoene
Brandstof
‘n Skulp-hangertjie
Papier
Verf
Instrumente
Skryfbehoeftes ens.
Aktiwiteit 8
1. Wat is ‘n ‘natuurlike materiaal’?
______________________________________________________________
2. Lys twee voorbeelde van natuurlike materiaal.
_______________________
_______________________
3. Wat is ‘verwerkte materiaal’?
______________________________________________________________
4. Lys twee voorbeelde van verwerkte materiale.
_______________________
_______________________
28
5. Wat het rubberskoene, ‘n sambreel en reënjas in gemeen?
______________________________________________________________
6. Watter unieke eienskap het verf?
______________________________________________________________
7. Wat is die doel van veiligheidstewels?
______________________________________________________________
8. Waarvan word brood hoofsaaklik verwerk?
__________________________
9. Waarvan word wyn hoofsaaklik verwerk?
__________________________
10.Waarvan dink jy is die volgende huise gemaak?
__________________________________ _________________________________
_________________________________ _______________________________
*****
29