· web viewdie 16 junie 1976-opstand wat in soweto begin en landwyd versprei het, het die...

13
Page | 1 KAAPSE WYNLAND ONDERWYSDISTRIK KURRIKULUMKOÖRDINERING EN ADVIES GESKIEDENIS GRAAD 12 VRAESTEL 1- ADDENDUM EKSAMEN: SEPTEMBER 2016 Tydsuur: 3 uur

Upload: dodieu

Post on 19-Jul-2018

214 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

P a g e | 1

KAAPSE WYNLAND ONDERWYSDISTRIKKURRIKULUMKOÖRDINERING EN ADVIES

GESKIEDENIS

GRAAD 12

VRAESTEL 1- ADDENDUM

EKSAMEN: SEPTEMBER 2016

Tydsuur: 3 uur

Totaal:150 punte

P a g e | 2

VRAAG 1: WAAROM WAS DIE SOWETO-ONLUSTE ‘N UITDAGING VIR DIE REGERING IN DIE 1970S?

BRON 1A

In die uittreksel hieronder sien ons hoe verskeie rolspelers die jeug beïnvloed het om polities bewus te word van die rol van die Swartbewussynsbeweging in die 1970’s.

In Soweto het jong onderwysers van Fort Hare, Turfloop en Zoeloeland se universiteite leiding aan skoolstudente gegee. Hulle is dikwels verbind aan SASO. Sommige van hierdie politiekbewuste onderwysers was ook gegradueerdes van verskeie onderwys-opleidingskolleges.

Vir Fikile Ngcobo, ‘n Engels-onderwyseres by Orlando-Wes Junior Sekondêre Skool in 1976, wat aan een van die onderwys-opleidingskolleges gegradueer het, het politieke bewusmaking so ver terug as haar grootwordjare in Sophiatown gestrek:

“Ek het grootgeword in ‘n omgewing waar ek soms politici van die ANC, Mandela self en Oliver Tambo gesien het toe hulle nog prokureurs was. Ek het hulle by byeenkomste in Sophiatown gesien … en daar was ‘n koerant, New Age genoem, en ek het die New Age gelees … Wanneer die ANC sy vergaderings gehou het, het ons as klein kindertjies die massas gevolg na die plein waar hulle vergader het en ons sou luister na hierdie ‘Mayibuye iAfrika’ en al die dinge wat hulle gesê het …

“En natuurlik, hoe mense uit Sophiatown verwyder is … So ek dink vir my het dit eintlik in daardie dae reeds begin. Maar die groter politieke invloed het saam met die Steve Biko’s van die laat 1960’s en vroeë 1970’s gekom. Alhoewel ek nie ‘n lid van die Swartbewussynsbeweging was nie, het ek sterk in hul beginsels geglo …

“Ek het die politiek verstaan; ek het die geskiedenis gelees … ek was toe al ‘n onderwyseres. Ek kon die behoefte verstaan om trots op myself te wees, om trots te wees, in staat om myself te aanvaar soos ek is en dinge vir myself te doen en betrokke te wees. So Biko se filosofie het ‘n groot invloed op my gehad en op hoe ek myself begin handhaaf het as ‘n werkende persoon, as onderwyseres wat in staat was om te luister na wat studente te sê gehad het, wat jonger mense te sê gehad het, watter rigting hulle ingeslaan het, of hulle in hulself as Swartmense geglo het.”

Uit: The Soweto Uprising deur Sifiso Mxolisi Ndlovu

P a g e | 3

BRON 1B

Die uittreksel hieronder lig die gebeure uit wat tot die Soweto-opstand in 1976 gelei het en die reaksie van die apartheidsregering daarop.

Die 16 Junie 1976-opstand wat in Soweto begin en landwyd versprei het, het die sosiaal-politieke landskap in Suid-Afrika radikaal verander. Die gebeure wat die opstand voorafgegaan het, kon teruggevoer word na beleide van die apartheidsregering wat gelei het tot die instelling van die Wet op Bantoe-onderwys in 1953. Die opkoms van die Swartbewussynsbeweging (BCM) en die vorming van die Suid-Afrikaanse Studente-organisasie (SASO) het die politieke bewustheid van baie studente verhoog, terwyl ander by die golf van anti-apartheidsentiment in die studentegemeenskap aangesluit het.

Toe Afrikaans in 1974 saam met Engels verpligtend gemaak is as onderrigmedium in skole het swart studente hulself begin mobiliseer. Op 16 Junie 1976 het tussen 3 000 en 10 000 studente wat deur die Suid-Afrikaanse Studentebeweging se Aksiekomitee gemobiliseer is, ondersteun deur die BCM, vreedsaam opgeruk om teen die regering se besluit te protesteer. Dit was beplan dat hierdie optog by ‘n byeenkoms in die Orlando Stadion sy hoogtepunt sou bereik en daar sou eindig.

Op pad soontoe is hul egter ingewag deur swaar-gewapende polisielede wat traangas en later lewendige ammunisie na hul gevuur het. Dit het gelei tot wydverspreide opstande (rebellie) wat in ‘n groot opstand teen die regering ontaard het. Alhoewel die opstand in Soweto begin het, het dit regoor die land versprei en tot die volgende jaar voortgeduur.

Die nadraai van die gebeure van 16 Junie 1976 het aaklige gevolge vir die apartheidsregering gehad. Beelde van die polisie wat op die vreedsame studente skiet, het internasionale afkeer teen Suid-Afrika laat ontstaan weens die brutaliteit van die optrede. Intussen het die verswakte en verbanne bevrydingsorganisasies nuwe rekrute ontvang wat van politieke vervolging tuis gevlug het. Dit het nuwe krag (energie) aan die stryd teen Apartheid gegee.

Uit: http://www.sahistory.org.za/topic/june-16-soweto-youth-uprising [Toegang verkry op 1 Augustus 2016]

P a g e | 4

BRON 1C

In 2016 het Suid-Afrika die 40ste herdenking van die Soweto-opstand gevier. Die herdenking – soos die beroemde foto – het ‘n verskeidenheid reaksies ontlok, waarvan nie almal versoenbaar is nie. Die foto toon aan hoe Umbiswa Makhubo die liggaam van Hector Pieterson op 16 Junie 1976 dra.

Foto: Sam Nzima/Argiewe

P a g e | 5

VRAAG 2: WAS DIE AMNESTIEPROSES VAN DIE WAARHEIDS- EN VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) SUKSESVOL IN HUL

POGING OM SUID-AFRIKA SE WONDE VAN DIE VERLEDE TE GENEES?

BRON 2A

Die uittreksel hieronder verduidelik waarom die Waarheids- en Versoenings-kommissie gevorm is.

Na die einde van Apartheid, die vrylating van politieke gevangenes in die vroeë 1990’s en die land se oorgang vanaf onderdrukkende oorheersing tot demokrasie in 1994, het Suid-Afrika die stigting van die Waarheids- en Versoeningskommissie in 1995 aanskou, wat ‘n belangrike komponent gevorm het van die oorgang na ‘n totale en vrye demokratiese land. Die WVK is gevestig deur die eerste demokraties-verkose president, Nelson Mandela, onder die Wet op die Bevordering van Nasionale Eenheid en Versoening van 1995, en Aartsbiskop Desmond Tutu en Dr Alex Boraine is onderskeidelik as voorsitter en ondervoorsitter aangewys.

In totaal het die WVK uit sewentien kommissarisse bestaan: nege mans en agt dames wat in drie komitees verdeel is (Menseregteskendingskomitee, Amnestiekomitee, en Reparasie- en Rehabilitasiekomitee). Die Menseregte-skendingskomitee het getuienis oor polities-gemotiveerde growwe menseregte-skendings versamel; die Amnestiekomitee het amnestie verleen aan oortreders wat “volle onthullings” gemaak het rakende gruweldade wat hulle gepleeg het om politieke redes; laastens het die Reparasie- en Rehabilitasiekomitee voorstelle aan die regering gemaak rakende ‘n beleid oor langtermyn herstelprosedures vir slagoffers, sowel as korttermyn betalings as vergoeding.

Die doel van die WVK was om straffeloosheid te bekamp (beveg) en ‘n kultuur van aanspreeklikheid te hervestig, maar meer nog om die waarheid oor growwe menseregteskendings te ontbloot en families van die slagoffer by te staan om afsluiting te kry. Kortliks was die WVK ‘n verstandige (wyse) stap om die Suid-Afrikaanse gemeenskap te verenig.

http://www.sahistory.org.za/article/truth-and-reconciliation-commission-trc-1995

P a g e | 6

BRON 2B

Die volgende uittreksel lig Benzien se getuienis by sy amnestieverhoor op 14 Julie 1997 uit. Die verhoor is by die Universiteit van Wes-Kaap gehou.

… Benzien het volgehou dat hul voorneme was om Kriel te arresteer, nie dood te maak nie. Hy sê dat Kriel per ongeluk geskiet is.

Benzien het toegegee (saamgestem) dat hy die pistool kon laat val het sodat dit buite Kriel se bereik was, maar hy het dit nie gedoen nie, omdat hy in ‘n stryd gewikkel was met ‘n terroris (politieke aktivis in stryd met ander om die regering omver te werp)en geglo het dat dit geen doel sou dien om die pistool te laat val nie. Hy het gesê dat hy die pistool nie gespan het nie, aangesien dit alreeds gespan was toe hy dit by Kriel afgeneem het. Hy het erken dat hy Kriel onder beheer kon bring deur hom met die vuurwapen oor die kop te slaan, maar hy kon nie onthou of so ‘n gedagte wel op daardie tydstip by hom opgekom het nie. Hy het toegegee dat dit baie waarskynlik was dat hy op een of ander stadium die vuurwapen op Kriel gerig het en dat sy vinger op die sneller was toe die skoot afgegaan het. Hy het volgehou dat hy nie bewustelik die sneller getrek het nie, maar het erken dat die skoot afgevuur is terwyl die vuurwapen in sy hande was, dus aanvaar hy volle verantwoordelikheid vir Kriel se dood.

Benzien se bewyse het nie ‘n duidelike prentjie van die gebeure of die volgorde waarin dinge plaasgevind het, geskets nie. Daar is onreëlmatighede en selfs teenstrydighede oor sommige aspekte. Byvoorbeeld, dit is onduidelik of Kriel geskiet is terwyl hy probeer het om op te staan of terwyl hy gestaan het. Dit is ook nie duidelik of Benzien op Kriel se rug geklim het toe die skoot afgegaan het nie. ‘n Gedeeltelike verklaring hiervoor mag wees omdat Benzien rekenskap moes gee van ‘n insident wat baie vinnig tien jaar vantevore gebeur het.

… Kriel se familie het die aansoek teengestaan. Hul regsadviseur het aangevoer dat Afdeling 22 van die Wet vereis dat die kommissie waarvoor amnestie verleen mag word, as “‘n misdaad of misdryf” beskou moet word. Hy het gesê volgens Benzien se weergawe was Kriel se dood ‘n ongeluk. Indien dit wel so is, word sy optrede nie as ‘n misdaad of misdryf beskou nie en is hy dus nie geregtig op amnestie nie.

… Met oorweging van al die bewyse het die Komitee tot die gevolgtrekking gekom dat die oortredings waarvoor die applikant om amnestie aansoek doen, plaasgevind het tydens en ontstaan het uit die konflik van die verlede tussen die Staat en die Bevrydingsbeweging.

… Aan Benzien word VERLEEN: amnestie vir1. Die onregmatige moord op Ashley Kriel op 15 Julie 1987…

http://sabctrc.saha.org.za/documents/decisions/58788.htm?t=%2Bvan+%2Bzyl+%2Bjp&tab=hearins [Toegang verkry op 20Augustus 2016]

P a g e | 7

BRON 2C

Die spotprent hieronder toon Desmond Tutu waar hy ‘n wortel voor die neus van die oortreders hou indien die waarheid by die WVK-verhore vertel word. Dullah Omar toon aan dat geen vervolging afgedwing sal word as die waarheid vertel word nie.

https://www.ucd.ie/ibis/filestore/wp2003/35_ver.pdf [Toegang verkry op 12 Augustus 2016]

P a g e | 8

VRAAG 3: WAT WAS DIE IMPAK VAN STRUKTURELE AANPASSINGS-PROGRAMME OP DERDEWêRELD LANDE?

BRON 3A

Die bron hieronder, getiteld “SAPing the Third World” deur Mike Davis, redakteur van die New Left Review koerant in Kalifornië, VSA, fokus op die impak van die Strukturele Aanpassingsprogramme (SAP’s) op ontwikkelende lande.

In “SAPing The Third World” ondersoek Mike Davis die ellendige gevolge van die “Strukturele Aanpassingsprogramme” (SAP’s) wat deur ‘n mandaat van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) ontstaan het. Dit het bestaan uit algemene rigsnoere soos privatisering, deregulering en liberalisering. Die SAP, ‘n “een-grootte-pas-almal” program wat in die laat 1970’s / vroeë 1980’s ingestel is, bevat ekonomiese beleide wat skuldbelaste Derdewêreld lande moet volg om vir lenings van die IMF en Wêreldbank te kwalifiseer. Hierdie lenings moes die lande help om hul vorige lenings aan kommersiële banke, regerings en die Wêreldbank af te betaal. Volgens Davis was die IMF en Wêreldbank die dryfkrag agter die ontstaan van moderne krotbuurte. “Die 1980’s – toe die IMF en Wêreldbank die mag van skuld gebruik het om die ekonomieë van die meeste Derdewêreld lande te herstruktureer – was die jare toe krotbuurte ‘n onverbiddelike (genadelose) toekoms geword het, nie net vir arm plattelandse immigrante nie, maar ook vir miljoene tradisionele stedelinge wat deur die geweld van ‘aanpassing’ ontwortel of in ellende gelaat is.” Davis verduidelik dat, alhoewel die platteland steeds die meerderheid van die wêreld se armes huisves, hierdie onderskeiding nie later nie as 2035 die stedelike krotbuurte te beurt sal val.

In die eerste afdeling, “Urban Poverty’s Big Bang”, noem Davis hoe die Baker Plan van 1985 ‘n manier was om die Derdewêreld se skuldkrisis aan te spreek. Dit “het vereis dat die 15 grootste Derdewêreld skuldenaars staats-geïnisieerde ontwikkelingstrategieë laat vaar in ruil vir nuwe leningsfasiliteite en voortgesette lidmaatskap van die wêreld-ekonomie”. Verder het hierdie Plan die Wêreldbank gevestig as “die langtermyn bestuurder van die talle strukturele aanpassings-programme wat die dapper nuwe wêreld van die sogenaamde ‘Washington Konsensus’ gevorm het”. Afrika en Latyns-Amerika is spesifiek baie kwaai hierdeur getref. Tydens die 1980’s, met die “stygende pryse, rentekoerse wat toeneem, en dalende kommoditeitspryse” was die ekonomiese impak van die SAP’s “baie erger en meer langdurig as die Groot Depressie”. Byvoorbeeld, in Abidjan (hoofstad van die Ivoorkus) – een van die min tropiese Afrikastede met ‘n groot vervaardigingsektor en moderne stedelike dienste – het deïndustrialisasie, ‘n ineenstorting van konstruksie, en ‘n snelle agteruitgang in openbare vervoer en sanitasie plaasgevind weens die SAP-regime.

[Uit: https://howdoyouquoteapirate.wordpress.com/2009/02/17/saping-the-third-world-mike-davis/ Toegang verkry op 01 Augustus 2016]EPISODE 2: EPISODE 2

P a g e | 9

BRON 3B

Hierdie uittreksel deur E Loots fokus op hoe skuld deur Lae Inkomste Lande deur die Internasionale Monetêre Fonds as wapen gebruik is om die ekonomieë van daardie lande te beheer.

In Julie 2001 het die spitsberaad van die G8 (G7 + Rusland) in Genoa plaasgevind. 300 000 mense het teen die spitsberaad en die globalisering wat dit verteenwoordig, betoog. In die betoging en in baie van die seminare wat daaraan gekoppel is, is die verarming wat deur globalisering veroorsaak word, uitgelig. Susan George en ander navorsers naby aan die beweging het verduidelik wat heersende globalisering in die praktyk beteken: Deur skuld as ‘n wapen te gebruik, het die IMF en Wêreldbank, wat deur die G7 beheer word, Strukturele Aanpassingsprogramme (SAP’s) op meer as 150 lande afgedwing. (In 1999 is die naam verander na “Armoedeverligtingstrategie Dokumente” of AVSD’s. Dit het geblyk dat die nuwe naam in die meeste gevalle nie veel aan die inhoud verander het nie.) In die praktyk het dit ‘n vermindering in openbare spandering op gesondheidsorg- en opvoedings-infrastruktuur beteken. Pryse van voedsel en ander noodsaaklikhede styg weens die subsidies van ryk lande, wat binnelandse voedselproduksie vervang en ‘n groot aantal mense werkloos laat …

Wanneer die SAP’s die mans van hul werk ontneem het, soek die vrouens in arm gesinne enige werkgeleenthede wat beskikbaar is in die formele en informele sektor, ongeag hoe laagbesoldig, gevaarlik, uitputtend en vernederend dit is. Terwyl die moeders weg is van die huis, moet kinders die huishoudelike take doen tot ‘n baie groter mate as wat tradisioneel die geval is. Dikwels kan ‘n gesin nie op die moeder se karige verdienste oorleef nie en hulle stuur dan die kinders ook uit om te gaan werk. In gevalle van uiterste desperaatheid word kinders as slawe verkoop.

[Uit: Globalization and Economic Growth Evidence from Emerging Market Economies and South Africa deur E Loots]

P a g e | 10

BRON 3CHierdie spotprent handel oor die impak wat die beleid van Strukturele Aanpassingsprogramme (SAP’s) op ontwikkelende lande gehad het.

[Bron onbekend]

[OPSKRIF VAN SPOTPRENT: TERUGBETALING VAN SKULD

Woorde aan regterkant:Maatskaplike spanderingGeletterdheidGoedkoop arbeidNatuurlike hulpbronne]