0001.2s afrikaans.hg.eerste taal 2007wcedmis.pgwc.gov.za/.../0001_2_afrikaans_1ste_taal_hg_v2.pdf5.3...

21
0001.2S AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) (VRAESTEL 2) MAART 2007 TYD: 3 UUR PUNTE: 100 SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN 2007 Skryf op die buiteblad van jou antwoordboek, teenoor die woord “Vak” – AFRIKAANS EERSTE TAAL HOëRGRAAD (PRIMêRE TAAL) VRAESTEL 2 Hierdie vraestel bestaan uit 21 bladsye.

Upload: others

Post on 28-Feb-2021

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 0001.2S Afrikaans.HG.Eerste Taal 2007wcedmis.pgwc.gov.za/.../0001_2_afrikaans_1ste_taal_hg_v2.pdf5.3 Haal drie afsonderlike woorde uit die eerste strofe van die gedig aan wat op die

0001.2S

AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) (VRAESTEL 2) MAART 2007

TYD: 3 UUR PUNTE: 100

SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN 2007

Skryf op die buiteblad van jou antwoordboek, teenoor die woord “Vak” –

AFRIKAANS EERSTE TAAL HOëRGRAAD (PRIMêRE TAAL) VRAESTEL 2

Hierdie vraestel bestaan uit 21 bladsye.

Page 2: 0001.2S Afrikaans.HG.Eerste Taal 2007wcedmis.pgwc.gov.za/.../0001_2_afrikaans_1ste_taal_hg_v2.pdf5.3 Haal drie afsonderlike woorde uit die eerste strofe van die gedig aan wat op die

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 (0001.2S) AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V2

(PRIMêRE TAAL)

2

VOORSKRIFTE 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE AFDELINGS. 2. Beantwoord VYF VRAE:

AFDELING A: Vraag 1 (Verpligtend) Kies enige twee van die volgende: Vraag 2, Vraag 3, Vraag 4, Vraag 5 AFDELINGS B EN C: Kies een van die volgende kombinasies: Vraag 6 en Vraag 11 of Vraag 6 en Vraag 13 of Vraag 7 en Vraag 10 of Vraag 7 en Vraag 12 of Vraag 8 en Vraag 11 of Vraag 8 en Vraag 13 of Vraag 9 en Vraag 10 of Vraag 9 en Vraag 12

3. Begin die antwoord op elke nuwe vraag boaan 'n nuwe bladsy. 4. Skryf die nommer van die vraag bo die antwoord. 5. Laat 'n reël oop na die beantwoording van elke onderafdeling van 'n vraag. 6. Beantwoord die vrae volgens die voorskrifte. 7. Skryf netjies en leesbaar.

Page 3: 0001.2S Afrikaans.HG.Eerste Taal 2007wcedmis.pgwc.gov.za/.../0001_2_afrikaans_1ste_taal_hg_v2.pdf5.3 Haal drie afsonderlike woorde uit die eerste strofe van die gedig aan wat op die

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 (0001.2S) AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V2

(PRIMêRE TAAL)

3

AFDELING A: POëSIE In hierdie afdeling is Vraag 1 verpligtend. Kies dan enige twee van die volgende: Vraag 2, Vraag 3, Vraag 4, Vraag 5 VRAAG 1 ONGESIENE GEDIG (Hierdie vraag is verpligtend.) Lees die volgende gedig aandagtig deur en beantwoord die vrae.

Askarman 1 hy loop 2 in my slaap 3 die morsjurkman 4 snipperland se optelkind 5 hinkepink gestewel 6 agter die leisels van sy swartdrom-wa 7 en ryg verslaafd 8 aan die skerpkant van sy kierie 9 sosaties 10 van lappies 11 en papier Kobus Lombaard

1.1 Gee twee moontlike betekenisse vir “in my slaap”. [2] 1.2 'n Morsjurk is die kledingstuk wat babas en kleuters oor hulle klere

dra om te verhoed dat hulle klere vuil word. Skryf nog twee woorde uit die eerste strofe van die gedig neer wat herinner aan die leefwêreld van 'n kleuter. [2]

1.3 Gee twee moontlike betekenisse vir die woord “optelkind”. [2] 1.4 Watter woord in strofe 2 impliseer dat die man 'n geroetineerde

bestaan voer en niks anders kan doen nie? [1] 1.5 Skryf een woord neer wat suggereer dat die askarman nie meer jonk is nie. [1] 1.6 Hoekom is die gebruik van die woord “sosaties” hier ironies? [2] /10/

Page 4: 0001.2S Afrikaans.HG.Eerste Taal 2007wcedmis.pgwc.gov.za/.../0001_2_afrikaans_1ste_taal_hg_v2.pdf5.3 Haal drie afsonderlike woorde uit die eerste strofe van die gedig aan wat op die

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 (0001.2S) AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V2

(PRIMêRE TAAL)

4

VRAAG 2 (Keuse) Lees die volgende gedig aandagtig deur en beantwoord die vrae.

Digter

1 Ek is gevang en met die stryd êrens in die ewigheid op 'n Ceylon verban

5 waar al my drange na 'n verlore vaderland my dag na dag geëiland hou met horisonne en verlange,

en in die geel gloed van die kers 10 snags deur die smal poort

van die wonder elke woord laat skik tot klein stellasies vers wat groei tot boeg en mas en takelwerk – en die uiteindelike

15 reis met die klein skip geslote agter glas. D. J. Opperman Versamelde poësie 1987

2.1 Wie is die spreker in die gedig? [1] 2.2 Met wie vergelyk die spreker homself? [1] 2.3 Verduidelik die implikasie van die afwesigheid van 'n lidwoord in die titel. [1] 2.4 Waarom gebruik die spreker “'n Ceylon” en nie slegs “Ceylon” nie? [1] 2.5 Wat doen die krygsgevangene om uiting te gee aan sy begeerte om in sy

verbeelding terug te reis na sy vaderland? [1] 2.6 Wat doen die digter om te ontvlug? [1] 2.7 Waarna verwys die “klein stellasies vers wat groei tot boeg en

mas” (versreëls 12 en 13)? [1] 2.8 Haal 'n frase aan wat bewys dat dit nie 'n werklike reis is nie. [1]

Page 5: 0001.2S Afrikaans.HG.Eerste Taal 2007wcedmis.pgwc.gov.za/.../0001_2_afrikaans_1ste_taal_hg_v2.pdf5.3 Haal drie afsonderlike woorde uit die eerste strofe van die gedig aan wat op die

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 (0001.2S) AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V2

(PRIMêRE TAAL)

5

2.9 Verwys na die slotstrofe. 2.9.1 Noem die stylmiddel wat in die slotstrofe voorkom. (1) 2.9.2 Watter funksie verrig dit hier? (1) [2] 2.10 Gee by elk van die volgende beelde twee moontlike betekenisse daarvoor: 2.10.1 “horisonne van verlange” (versreël 8) (2) 2.10.2 “die smal poort van die wonder” (versreëls 10 en 11) (2) [4] 2.11 Wat is die funksie van die enjambemente in die gedig? [1] /15/ VRAAG 3 (Keuse) Lees die volgende gedig aandagtig deur en beantwoord die vrae.

Vroegherfs Die jaar word ryp in goue akkerblare,

in wingerd wat verbruin, en witter lug wat daglank van die nuwe wind en klare son deurspoel word; elke blom word vrug,

5 tot selfs die traagstes; en die eerste blare val so stilweg in die rook-vaal bos en laan, dat die takke van die lang populiere al teen elke ligte môre witter staan. O Heer, laat hierdie dae heilig word:

10 laat alles val wat pronk en sieraad was of enkel jeug, en vér was van die pyn; laat ryp word, Heer, laat U wind waai, laat stort my waan, tot al die hoogheid eindelik vas en nakend uit my teerder jeug verskyn.

N.P. van Wyk Louw Versamelde gedigte 1988

3.1 Verwys na die sonnetvorm. 3.1.1 Watter soort sonnet is hierdie? (1) 3.1.2 Motiveer jou keuse deur na die innerlike bou van die gedig te verwys. (2) [3] 3.2 Hoe verskil die rymskema van die oktaaf van dié van die tradisionele

sonnetvorm van hierdie aard? [2] 3.3 Skryf 'n woord uit die eerste versreël neer wat op verandering dui. [1] 3.4 Watter woord in die eerste versreël word idiomaties gebruik om die

volwassenheid van mense te beskryf? [1]

Page 6: 0001.2S Afrikaans.HG.Eerste Taal 2007wcedmis.pgwc.gov.za/.../0001_2_afrikaans_1ste_taal_hg_v2.pdf5.3 Haal drie afsonderlike woorde uit die eerste strofe van die gedig aan wat op die

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 (0001.2S) AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V2

(PRIMêRE TAAL)

6

3.5 Wat beteken “klare son” (versreëls 3 en 4)? [1] 3.6 Waarom staan die takke van die populiere elke môre “witter” teen die lug? [1] 3.7 Gee een bewys dat ons met 'n gebed te doen het in hierdie gedig. [1] 3.8 Wat is die funksie van die dubbelpunt aan die einde van versreël 9? [1] 3.9 Wat verstaan jy onder God se “wind” in die digter se smeekbede “laat U wind waai”? [1] 3.10 Waarom gebruik die spreker nou die woord “stort” eerder as “val”? [2] 3.11 Hoe word die woord “stort” in die gedig beklemtoon? [1] /15/ VRAAG 4 (Keuse) Lees die volgende gedig aandagtig deur en beantwoord die vrae.

Woonstelbewoner

1 Laat ek my seëninge tel. 2 Byvoorbeeld, wat hoor ek nou, wat kan 3 my trillende aandag my vertel? 4 Gesuis van verkeer op straat; 5 die hartbreekroep van 'n inkblou voël 6 waarvan ek die naam nog moet leer; 7 die klein klikgeluidjie by tussenpose 8 van my stoof wat my herinner 9 dat iets daarop prut. En, dat die energieke dag 10 nou nag toe staan. 11 Saam net welkom in my oor 12 en wat ek knersend kalm probeer om skoon te hoor 13 dwarsdeur, bo-oor 14 die beleg van my sinne tot in my skedel 15 van daardie TV-ding langsaan.

Sheila Cussons Die heilige modder 1988 4.1 Wie is die spreker in hierdie gedig? [1] 4.2 In die eerste versreël vermaan die spreker haarself om haar seëninge

te tel. Wat is jou omstandighede as jy jouself daaraan herinner om jou seëninge te tel? [2]

4.3 Wat laat die spreker onvergenoeg voel? [1] 4.4 Wat is die funksie van die alliterasie in versreël 4? [1]

Page 7: 0001.2S Afrikaans.HG.Eerste Taal 2007wcedmis.pgwc.gov.za/.../0001_2_afrikaans_1ste_taal_hg_v2.pdf5.3 Haal drie afsonderlike woorde uit die eerste strofe van die gedig aan wat op die

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 (0001.2S) AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V2

(PRIMêRE TAAL)

7

4.5 Noem drie dinge wat die spreker as “seëninge” beskou. [3] 4.6 Noem twee dinge waaraan die “klikgeluidjie by tussenpose” die

spreker herinner. [2] 4.7 Haal 'n sinsdeel aan om te bewys dat die geluide wat die spreker hoor

nie vir haar onaangenaam is nie. [1] 4.8 Wat word bedoel met “sinne” in versreël 14? [1] 4.9 Waaruit kan jy aflei hoe die spreker oor die televisie voel? [2] 4.10 Wat bereik die spreker met die woorde “dwarsdeur, bo-oor” in reël 13? [1] /15/ VRAAG 5 (Keuse) Lees die volgende gedig aandagtig deur en beantwoord die vrae.

1 jou brief is wonderlik, nog groter en ligter

as die gedagte aan 'n blom wanneer die droom tuingrond is, jou brief gaan oop iets ontvou en van buite kom daar lug kom daar woorde kom ruimte,

2 ek het in groen weivelde geslaap ek het op die rand van die dal van doodskaduwee in die laaste nagwaak gelê en luister hoe die veroordeeldes deur gange in die grond gelei word, hoe hulle sing,

3 met die asems in die monde soos inwoners wat op vertrek staan omdat die stad brand, hoe hulle sing met die asems soos boeie, hoe hulle sing, hulle wat van die donker in die lig gaan spring hulle wat gepos gaan word na 'n bestemminglose adres, en ek het die onheil gevrees

4 die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders is leeg, ek het as op my hoof, my beker is leeg,

Page 8: 0001.2S Afrikaans.HG.Eerste Taal 2007wcedmis.pgwc.gov.za/.../0001_2_afrikaans_1ste_taal_hg_v2.pdf5.3 Haal drie afsonderlike woorde uit die eerste strofe van die gedig aan wat op die

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 (0001.2S) AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V2

(PRIMêRE TAAL)

8

5 en ek het na jou brief gevlug en gelees van die lemoenboompie oortrek van wit bloeisels wat oopgaan met die son, ek kon dit ruik op die balkon, ek kan jou ruik

6 nog heerliker en ligter as die gedagte aan 'n blom in hierdie donker nag,

7 ek sal aan jou woorde aan die lug hang, gee dat ek in jou brief mag woon in lengte van dae

8 envoi, jou brief is wonderlik, nog groter en ligter as die gedagte aan 'n blom wanneer die droom tuingrond is, jou brief gaan oop iets ontvou en van buite kom daar lug kom daar woorde kom onthou, Breyten Breytenbach Voetskrif 1976

5.1 Wat het aanleiding gegee tot die skryf van hierdie gedig? [2] 5.2 Waarmee vergelyk die spreker die brief? [1] 5.3 Haal drie afsonderlike woorde uit die eerste strofe van die gedig

aan wat op die volgende dui: 5.3.1 Die eerste vereiste vir lewe (1) 5.3.2 Kontak met die medemens (1) 5.3.3 Onbekrompenheid, vryheid (1) [3] 5.4 Skryf twee woorde uit strofe twee neer wat geassosieer kan word met

'n lewe in die tronk. [2] 5.5 Gee 'n bewys uit die gedig dat die veroordeeldes neurie. [1] 5.6 Waarvan is die boeie in strofe 2 simbolies? [1] 5.7 Verduidelik wat bedoel word met “gepos gaan word na 'n

bestemminglose adres” in strofe 3. [2] 5.8 Watter teks is as agtergrondsteks gebruik vir hierdie gedig? [1] 5.9 Gee 'n moontlike verklaring vir die gebruik van die komma aan die

einde van die gedig. [2] /15/ /40/

Page 9: 0001.2S Afrikaans.HG.Eerste Taal 2007wcedmis.pgwc.gov.za/.../0001_2_afrikaans_1ste_taal_hg_v2.pdf5.3 Haal drie afsonderlike woorde uit die eerste strofe van die gedig aan wat op die

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 (0001.2S) AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V2

(PRIMêRE TAAL)

9

AFDELING B: DRAMA Hierdie afdeling bestaan uit Vraag 6, 7, 8 en 9. Vraag 6 en Vraag 7 handel oor Periandros van Korinthe en Vraag 8 en Vraag 9 oor Die Keiser. Beantwoord EEN vraag uit hierdie afdeling. Indien jy die kontekstuele vraag (Vraag 6 OF Vraag 8) in Afdeling B kies, moet jy die opstel-/paragrawevraag (Vraag 11 OF Vraag 13) in Afdeling C doen. Indien jy die opstel-/paragrawevraag (Vraag 7 OF Vraag 9) in Afdeling B kies, moet jy die kontekstuele vraag (Vraag 10 OF Vraag 12) in Afdeling C doen. VRAAG 6 PERIANDROS VAN KORINTHE (Kontekstueel) Lees die volgende uittreksel uit Periandros van Korinthe deur D.J. Opperman en beantwoord die vrae:

PERIANDROS: Dis onnodig dat ek die besonderhede noem, 1720 jy lei die leër al lank en weet presies wat jy moet doen!

Maar ek gaan twee opdragte aan jou gee. Nommer een: soldate moet die sederkis nou na Olumpos vir my neem. Nommer twee: ja, ek het nogal baie vyande in dié gewes! Stuur daarom drie sluipmoordenaars en, los van hulle, later ses. Leier af. Periandros loop heen en weer. Hy sien later Kuupselos raak.

1725 Kuupselos, ou seun, kom hier. KUUPSELOS: E ... ê ... ê.

Hy kom met kou. PERIANDROS: Jou vader word nou oud.

Periandros haal doek af van ’n goue kou. Kyk hier, ek het vir jou dié kou laat maak van goud.

KUUPSELOS: E ... ê ... ê. Kuupselos vat stralend aan die kou van goud. Plaas stadig en bang weer die doek daaroor. Hy wil loop met die ou kou.

PERIANDROS: Wag, eers, laat ek sien. Of het my oë my bedrieg? Hy kyk na die ou koutjie. Die kou se deur is oop? Die kwarteltjie het uitgevlieg?

KUUPSELOS: E ... ê ... ê. Kuupselos af. Periandros kyk hom lank agterna.

PERIANDROS: Ja, Korinthe en my hele ryk is niks nou met die klein 1730 geluk van man en vrou en kind, en van die huisgesin verdwyn.

Oor my wit reeks handelstede raak 'n Arioon vervoer, maar dis 'n takkie peerboombloeisels wat teen 'n blou lug roer! Hoe moes ek dan as digter of denker heers in dié gebied sodat die meeste reg aan elkeen in my huis en staat geskied?

1735 Thrasuboelos, jy het die middag deur jou koringveld gestap en die hoogste koringare met jou kierie afgeknak; maar koringare is van nature nie eenders of gelyk, en wie sy mededingers afmaai, moet na homself eers kyk. Hoe kan die enkeling, Thrasuboelos, ooit suiwer heers?

Page 10: 0001.2S Afrikaans.HG.Eerste Taal 2007wcedmis.pgwc.gov.za/.../0001_2_afrikaans_1ste_taal_hg_v2.pdf5.3 Haal drie afsonderlike woorde uit die eerste strofe van die gedig aan wat op die

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 (0001.2S) AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V2

(PRIMêRE TAAL)

10

1740 Hy is gebonde aan homself, aan die beperktheid van sy gees. Al sien jy ook die lug en berge om jou groot en blou, elkeen bly maar gevange tussen die tralies van sy kou. Nee, Ganguloon was reg: 'n heerser wat aansien begeer, moet bedank en sorg dat 'n vrye volk homself regeer.

1745 Ja, die mens is oral boos, maar die boosheid van die enkeling word deur die heers met mede-enkelinge tog bedwing.

6.1 Hierdie uittreksel word onmiddellik voorafgegaan deur twee besoeke. 6.1.1 Wat het Barakos kom sê? (2) 6.1.2 Wat het die leier van die leër vir Periandros kom sê? (2) [4] 6.2 Noem drie beelde wat op die koringkis uitgekerf is en verduidelik

watter simboliese waarde elkeen het. [6] 6.3 Hoe verander die simboliek van die koringkis as dit na Olumpos

geneem word? [1] 6.4 Hoekom is dit ironies dat die koringkis na die tempeltjie van Hera

geneem word? [1] 6.5 Waarvan is die kwarteltjie in die kou 'n simbool? [2] 6.6 Tot watter besef bring die koutjie met die oop deur (en sonder die

kwarteltjie) vir Periandros ? [2] 6.7 “Ja, Korinthe en my hele ryk is niks nou met die klein

geluk van man en vrou en kind, en van die huisgesin verdwyn.” 6.7.1 Hoe lewer hierdie reëls kommentaar op Periandros as vader

en eggenoot? (2) 6.7.2 Tot watter besef kom hy oor die rol van die gesinslewe? (2) [4] 6.8 Haal die kernvraag van Periandros se lewe uit die uittreksel aan. [2] 6.9 Waarom het Periandros die leier van die leër gevra om drie

sluipmoordenaars na hom te stuur? [2] 6.10 Na wie verwys die “hoogste koringare”? [1] 6.11 Hoe moet Thrasuboelos se optrede in die koringland geïnterpreteer word? [2] 6.12 Wat is die verwantskap tussen Periandros en Thrasuboelos? [1] 6.13 Van watter regeringstelsel was Ganguloon 'n voorstander? [1] 6.14 Beskryf die verhouding tussen Ganguloon en Periandros. [1] /30/

Page 11: 0001.2S Afrikaans.HG.Eerste Taal 2007wcedmis.pgwc.gov.za/.../0001_2_afrikaans_1ste_taal_hg_v2.pdf5.3 Haal drie afsonderlike woorde uit die eerste strofe van die gedig aan wat op die

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 (0001.2S) AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V2

(PRIMêRE TAAL)

11

VRAAG 7 PERIANDROS VAN KORINTHE (Opstel/Paragrawe) Beperk jou antwoord op elk van die volgende vrae tot tussen 150 en 200 woorde. 7.1. Bespreek die rolle van die volgende vrouekarakters in Periandros

van Korinthe:

• Melissa • Hermionee • Sappho [10]

7.2. Bespreek die verhouding tussen Periandros en Lukophroon. [10] 7.3 Bespreek die simboliek van die volgende:

• wildevark • gevlerkte hings • wraakvoëls [10]

/30/

Page 12: 0001.2S Afrikaans.HG.Eerste Taal 2007wcedmis.pgwc.gov.za/.../0001_2_afrikaans_1ste_taal_hg_v2.pdf5.3 Haal drie afsonderlike woorde uit die eerste strofe van die gedig aan wat op die

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 (0001.2S) AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V2

(PRIMêRE TAAL)

12

VRAAG 8 DIE KEISER (Kontekstueel) Lees die volgende uittreksel uit Die Keiser deur Bartho Smit en beantwoord die vrae: 1 TIENGELIENG: Die brief is vertroulik, o Keiser ... KEISER: Ons het geen geheime vir ons Kabinet nie. HOFNAR: Dis net ons Kabinet wat geheime vir ons het. KEISER: Lees. TIENGELIENG: (lees al vertalende): Aan hul deurlugtige Majesteite, die 5 Keiser en die Keiserin van Ekwator. Gegroet en bedank vir

die uitnodiging na u halfeeufees. As blyk van hulde aan die Groot Bevryder en Beskawer stuur ons vir u hiermee saam ons Groot Magiër en Wonderwewer. (Die Wewer maak ’n stywe buiging.) Hy sal vir u, vir die groot geleentheid, die

10 mooiste en merkwaardigste kostuum maak wat die wêreld nog gesien het. Sien u in u uur van

glorie. Grootkeiser en Grootkeiserin van Utopia. KEISERIN: Hoe dierbaar! Ek kan nie wag om hulle te ontmoet nie. DIPLOMAAT: Hulle ís dierbaar, Majesteit. 15 KEISER: Is hy genooi? KULTUUR: Sy naam verskyn nie op ons gastelys nie. DIPLOMAAT: Ek het hulle genooi, U Majesteit – met u verlof, natuurlik.

Ná die Grootkeiser se wonderlike gebaar ... KEISERIN: Natuurlik. 20 TIENGELIENG: Hier’s nog 'n Nota Bene ... HOFNAR: Taal. KEISER: Laat ons hoor. TIENGELIENG: (ongemaklik): Dis regtig baie vertroulik ... KEISER: Lees. 25 TIENGELIENG: (lees): Nota Bene: Daar is van u Ministers wat u nie moet vertrou nie. KEISER: En hoe weet julle Grootkeiser dít? TIENGELIENG: Dit weet ons nie, o Keiser. Ons Grootkeiser het seker maar

'n spioen aan u Hof. Hy’t orals spioene. 30 KEISER: Maarskalk? MAARSKALK: As daar 'n spioen in hierdie Hof is, U Majesteit, kan dit net die Nar wees. KULTUUR: Hy’t vanoggend nog weer probeer om 'n geheime

Kabinetsvergadering af te luister, U Majesteit. 35 DIPLOMAAT: Dit kan ek bevestig, U Majesteit. KEISER: Nar ... HOFNAR: Hier’s ek, my Kroon. KEISER: Is jy 'n spioen? HOFNAR: Hoe kan my Kroon dan nou so vra? My Kroon wéét mos ek 40 is 'n spioen. Ek is dan my Kroon se ore. En ek wil nou nie skinder nie, maar vanmôre het my Kroon se ore properlie getuit; hulle het gesíng ... KULTUUR: Noudat ek daaraan dink, U Majesteit – die enigste een wat

in aanraking was met dié mense is ons nuwe Buitelandse 45 Sake.

Page 13: 0001.2S Afrikaans.HG.Eerste Taal 2007wcedmis.pgwc.gov.za/.../0001_2_afrikaans_1ste_taal_hg_v2.pdf5.3 Haal drie afsonderlike woorde uit die eerste strofe van die gedig aan wat op die

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 (0001.2S) AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V2

(PRIMêRE TAAL)

13

MAARSKALK: Natuurlik. DIPLOMAAT: (verontwaardig): U Majesteit ...! KEISER: Genoeg. DIPLOMAAT: Dis 'n lae, gemene insinuasie, U Majesteit, en ek eis ... 50 KEISER: Genoeg, het ek gesê! (Aan die Wewers): Wat sal so merkwaardig wees aan dié kostuum? KULTUUR: Dit sal ék ook graag wil weet. TIENGELIENG: Ons Grootkeiser het opdrag gegee dat die wêreld u moet

sien vir wat u werklik is. 55 KEISER: So? TIENGELIENG: Ja, o Keiser. 8.1 Hoekom is “Ons het geen geheime vir ons Kabinet nie” ironies? [1] 8.2 Watter tema in die drama word deur die Nar aangeroer wanneer hy sê: “Dis net ons Kabinet wat geheime vir ons het.” (reël 2)? [1] 8.3 Uit watter taal vertaal Tiengelieng die brief? (reël 4) [1] 8.4 Wat beteken die woord “deurlugtige” in reël 4? [1] 8.5 Wie is die “Groot Bevryder en Beskawer” na wie verwys word in reël 7? [1] 8.6 Wat beteken die naam “Utopia” in reël 12? [1] 8.7 Wat beteken “Nota Bene” (reël 20)? [1] 8.8 Hoekom sê die Hofnar hier “Taal” (reël 21)? [1] 8.9 Wat beteken die woord “vertroulik” (reël 23)? [1] 8.10 Hoekom is Tiengelieng se woorde in reëls 28 en 29 ironies? [1] 8.11 Hoekom wou die Keiser juis by Maarskalk weet of daar 'n spioen is? [1] 8.12 Hoekom is dit ironies dat Maarskalk die Nar beskuldig dat hy 'n spioen is? [1] 8.13 Watter ministersportefeulje beklee Diplomaat? [1] 8.14 Wat is Kultuur se houding oor kleredrag? [1] 8.15 Wat is die funksie van die beletselteken (ellips) aan die einde van reël 47? [1] 8.16 Watter gevoel word weergegee in die Keiser se “So?” (reël 55)? [1] 8.17 Watter TWEE rolle vertolk die Wewer benewens die rolle van die

Groot Magiër en Wonderwewer (reël 8)? [2]

Page 14: 0001.2S Afrikaans.HG.Eerste Taal 2007wcedmis.pgwc.gov.za/.../0001_2_afrikaans_1ste_taal_hg_v2.pdf5.3 Haal drie afsonderlike woorde uit die eerste strofe van die gedig aan wat op die

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 (0001.2S) AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V2

(PRIMêRE TAAL)

14

8.18 Verduidelik hoekom die sin “Sien u in u uur van glorie.” later as ironies beskou kan word (reëls 11 en 12). [2]

8.19 “Daar is van u Ministers wat u nie moet vertrou nie.” (reëls 25 en 26). Noem drie Ministers wat hy nie vertrou nie, en verduidelik wat elkeen

verkeerd gedoen het. (3x2) [6] 8.20 Wat het die Nar wel gehoor toe hy hom op die Keiser se troon verskuil het? [2] 8.22 Verduidelik hoekom Tiengelieng se woorde in reëls 53 en 54 baie ironies is. [2] /30/ VRAAG 9 DIE KEISER (Opstel/Paragrawe) Beperk jou antwoord op elk van die volgende vrae tot tussen 150 en 200 woorde. 9.1 Bespreek die Nar deur te verwys na

• humor in die drama • sy verhouding met die Keiser • sy rol as martelaarsfiguur. [10]

9.2 Bespreek die ironiese implikasie van die Diplomaat se naam of titel en

verwys na die dubbele rol wat hy speel. [10] 9.3 Bespreek die simboliek van die volgende:

• goud • klere [10]

/30/

Page 15: 0001.2S Afrikaans.HG.Eerste Taal 2007wcedmis.pgwc.gov.za/.../0001_2_afrikaans_1ste_taal_hg_v2.pdf5.3 Haal drie afsonderlike woorde uit die eerste strofe van die gedig aan wat op die

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 (0001.2S) AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V2

(PRIMêRE TAAL)

15

AFDELING C: ROMAN Hierdie afdeling bestaan uit Vraag 10, 11, 12 en 13. Vraag 10 en Vraag 11 handel oor Toorberg en Vraag 12 en Vraag 13 oor Kringe in 'n bos. Beantwoord EEN vraag uit hierdie afdeling. Indien jy die kontekstuele vraag (Vraag 6 OF Vraag 8) in Afdeling B gekies het, moet jy die opstel-/paragrawevraag (Vraag 11 OF Vraag 13) in Afdeling C doen. Indien jy die opstel-/paragrawevraag (Vraag 7 OF Vraag 9) in Afdeling B gekies het, moet jy die kontekstuele vraag (Vraag 10 OF Vraag 12) in Afdeling C doen. VRAAG 10 TOORBERG (Kontekstueel) Lees die volgende uittreksel uit Toorberg van Etienne van Heerden noukeurig deur en beantwoord die vrae. 1 Terwyl StamAbel so oor sy lewe heen dwaal, het Druppeltjie weer begin

klae. Abel het vorentoe gestaan en met hom gepraat, maar opgehou toe ganse oor die bos vlieg. 'n Rukkie was Druppeltjie stil. Almal het geweet hy luister na die ganse. Maar toe Posmeester Moolman, Koevert en Amy O’Leary die oopte uitasem inkom en Koevert die sleepkabels van sy skouer af op die grond gooi, het die gekerm weer begin. Amy het vasgesteek toe sy Abel sien, maar haar toe vorentoe gehaas om by die gat op haar maag te gaan lê. “Noag! Noag!” het sy geroep.

2 Ouma Magtilt het haar hand op StamAbel se arm geplaas. Posmeester Moolman het vorentoe gekom en Abel die hand gegee. Hy’t oorgestap en Ella se hand geskud, toe dié van DwarsAbel. Na Kaatjie Danster het hy geknik en toe na sy vrou, op haar maag by die gat, gekyk.

3 “Ek het al die busse gestop,” het hy gesê. “Die halte is gesluit vir die middag.”

4 Abel het geknik en een van die sleepkabels opgetel. Hy’t die krag daarvan getoets. Hy was tevrede en het die een punt aan die trekker se windas vasgewoel.

5 StamAbel was tevrede met sy kleinseun se knap hande: die knoop was so goed soos 'n matroos s’n. Uit die trekker se gereedskapskis het Abel ’n hamer gehaal en die kop met sy stewel afgetrap. Almal het sy hande gevolg. Sweet het by sy oë ingeloop. Die skaduwees van die ankerpale was al langer as die pale self. Abel het die ander punt van die sleepkabel om die steel van die hamer geknoop. Die drywer het die trekker aangeskakel en Abel het twintig tree weggestaan en toe vasgetrap. Die man op die trekker het die windas in rat gesit en Abel se voete het begin skuif soos die kabel hom intrek. Toe hy tevrede was, het hy by die gat gaan buk.

Page 16: 0001.2S Afrikaans.HG.Eerste Taal 2007wcedmis.pgwc.gov.za/.../0001_2_afrikaans_1ste_taal_hg_v2.pdf5.3 Haal drie afsonderlike woorde uit die eerste strofe van die gedig aan wat op die

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 (0001.2S) AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V2

(PRIMêRE TAAL)

16

6 “Noag!” skree hy. Almal verstar 'n oomblik. Hulle besef dat dit die eerste keer is dat Abel Moolman sy kleinkind op sy naam noem. “Noag!” roep Abel in die gat af. “Hier kom ’n kabel en 'n stok na jou af. Ek sal dit stadig laat sak. Noag, kyk of jy die stok kan vasvat, ons gaan jou optrek. En hou jou kop eenkant as die tou insak, hy moet verby jou kop sak sodat jou hande dit kan vat. Hou vas hom styf, moenie los nie. Hoor jy my, Noag?”

7 Druppeltjie du Pisani antwoord nie. Abel sit op sy hurke en vee weer sweet uit sy oë. Hy knik vir die bestuurder en terwyl die windas stadig tru draai, voer hy die kabel in die gat af, hand oor hand, versigtig. Uiteindelik beduie hy dat dit ver genoeg is.

8 “Noag!” roep Abel weer. “Kan jy die stok bokant jou voel?” Daar kom geen geluid nie. “Bring die flits,” beveel hy. Hy tuur met die flits af in die gat. Dan skud hy sy kop. “Sy arms sit langs sy sye vas. Hy kan nie die kabel vasvat nie.”

9 Ella laat haar gesig in haar hande sak. Abel kyk om na haar. “Gaan huis toe, Ella,” beveel hy. Maar sy skud haar kop.

10 Nogmaals roep hy na Noag. Toe daar geen antwoord is nie, draai hy ergerlik na Ella.

11 “Ek blý,” sê sy beslis. 12 “Katrol op!” beduie Abel na die bestuurder. Die kabel wen stadig op tot

die hamersteel verskyn. “Ons sal hom moet haak,” sê Abel. Hy kyk na Ella, toe na Kaatjie Danster. “Vat jou motorfiets, DwarsAbel,” sê hy dan. “Bring een van die slaghake in die koelkamer.”

13 “Daar moet 'n ander manier wees,” kom Posmeester tussenbeide. 14 Abel stof sy hande teen sy heupe af. “Daar is nie,” sê hy kortaf. “Daar is

stof daar onder. Die kind gaan verstik. Ons moet hom uitkry voor sy asem op is.”

15 DwarsAbel skop sy fiets aan die brand en verdwyn in die voetpaadjie. Die blou uitlaatdampe hang tussen die bome. StamAbel kyk hoe Abel oor sy oë vee, hoe Amy haar hand bekommerd op Koevert se arm sit. Kaatjie Danster het nie versit nie, maar sy lyk nou nóg ouer met die skaduwees wat oor haar val.

16 En StamAbel en Ouma Magtilt dwaal verder. Hulle weet wat die lewendes nie weet nie: Toorberg se aarde gee nie terug wat hy geneem het nie.

10.1 Wat is vreemd omtrent StamAbel se teenwoordigheid hier? [1] 10.2 Waarvandaan het Koevert die sleepkabels gebring? [1] 10.3 Benoem die beeldspraak in die eerste sin van paragraaf 5. [1] 10.4 Gee 'n voorbeeld van Abel se kragdadigheid uit paragraaf 5. [1] 10.5 Van watter ankerpale is daar sprake in paragraaf 5? [1] 10.6 Gee 'n bewys uit paragrawe 9 tot 12 dat Ella nie onderdanig aan haar

man is nie. [1]

Page 17: 0001.2S Afrikaans.HG.Eerste Taal 2007wcedmis.pgwc.gov.za/.../0001_2_afrikaans_1ste_taal_hg_v2.pdf5.3 Haal drie afsonderlike woorde uit die eerste strofe van die gedig aan wat op die

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 (0001.2S) AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V2

(PRIMêRE TAAL)

17

10.7 Verwys na die naam Druppeltjie of Noag. 10.7.1 Wat het daartoe aanleiding gegee dat die kind die naam Druppeltjie

gekry het? (1) 10.7.2 Wie het die naam Noag aan die seuntjie gegee? (1) 10.7.3 Hoekom het hy/sy juis op die naam Noag besluit? (1) [3] 10.8 Verwys na die kolganse in paragraaf 1. 10.8.1 Waarvan is die roep van die kolganse simbolies? (1) 10.8.2 Watter rol het die kolganse, volgens die Toorder, gespeel die

dag toe Druppeltjie in die boorgat geval het? (2) [3] 10.9 Hoekom sou Amy “vasgesteek” het toe sy Abel sien (paragraaf 1)? [2] 10.10 Hoekom maak Amy soveel bemoeienis met die kind (paragraaf 1)? [2] 10.11 Hoekom het Posmeester Moolman die Halte gesluit vir die

middag (paragraaf 3)? [2] 10.12 Hoekom is dit ironies dat StamAbel tevrede is met sy kleinseun se hande? [2] 10.13 In paragraaf 6 lees ons dat StamAbel sy kleinseun op sy naam noem. By watter ander geleentheid het hy Noag op sy naam genoem? [2] 10.14 Hoe verskil Abel en Posmeester se persoonlikhede? Vergelyk paragraaf 13. [2] 10.15 Het Abel die slaghaak gebruik, of nié? Verduidelik. [2] 10.16 Wat het DwarsAbel by ander geleenthede met die motorfiets gedoen om sy

kragdadigheid te bewys? [2] 10.17 Elders in die roman lees ons dat Waterwyser du Pisani van Abel Moolman sê:

“Ja, u Edelbare, hulle sê oom Abel, met sy stoepboerhande wat nooit aan 'n

graaf of 'n trekker se stuurwiel gevat het nie, het self die boorkop op sy Land Rover gelaai en hy’t stowwerig en die hel in teruggekeer ...” Hoekom is die verwysing na sy “stoepboerhande” ironies in hierdie aangehaalde

uittreksel uit Toorberg? [2] /30/

Page 18: 0001.2S Afrikaans.HG.Eerste Taal 2007wcedmis.pgwc.gov.za/.../0001_2_afrikaans_1ste_taal_hg_v2.pdf5.3 Haal drie afsonderlike woorde uit die eerste strofe van die gedig aan wat op die

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 (0001.2S) AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V2

(PRIMêRE TAAL)

18

VRAAG 11 TOORBERG (Opstel/Paragrawe) Beperk jou antwoord op elk van die volgende vrae tot tussen 150 en 200 woorde. 11.1 “Hierdie plaas moet nooit opdroog nie,” het StamAbel aan OuAbel gesê. “Nie met 'n Oog wat die soetste water noord van die Hottentots-Holland spu nie. Sulke water kom direk van die Here – hy het ons hier 'n roeping gegee.” Bespreek die rol van water in Toorberg. [10] 11.2 Die roman Toorberg handel oor 'n stuk van die Suid-Afrikaanse geskiedenis.

Diskriminasie teen ander is deel van hierdie geskiedenis.

Bespreek hoe die Moolmans teen ander diskrimineer op grond van hulle

• geloof • herkoms • aanleg/talent. [10]

11.3 “Dit lyk,” skryf die magistraat daardie aand aan sy vrou, “of die Moolmans deur legendes wil ontsnap na 'n wêreld waar die normale reëls nie geld nie.” Watter legendes word rondom die volgende mense vertel?

• Die Toorder • StamAbel • Druppeltjie [10]

/30/

Page 19: 0001.2S Afrikaans.HG.Eerste Taal 2007wcedmis.pgwc.gov.za/.../0001_2_afrikaans_1ste_taal_hg_v2.pdf5.3 Haal drie afsonderlike woorde uit die eerste strofe van die gedig aan wat op die

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 (0001.2S) AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V2

(PRIMêRE TAAL)

19

VRAAG 12 KRINGE IN 'N BOS (Kontekstueel) Lees die volgende uittreksel uit Kringe in 'n bos van Dalene Matthee noukeurig deur en beantwoord die vrae. 1 Op die onderpunt van Groot Eiland, waar sy ma en Sara en sy pa

begrawe lê, gaan staan hy 'n oomblik stil. Oor sy pa bult die aarde nog effens en hy kan die plek uitken; oor sy ma en Sara het die onderbos oorgeneem. Waar hulle naastenby moet lê, is die onderbos uitgekap en daar lê die vars graf van Jozef se kind. 'n Handvol varklelies hang verlep in 'n verroeste blik.

2 Kort voor halfdag is hy terug op Oupoot se spoor en sukkel hy met 'n skuldgevoel wat al dieper in hom invreet. 'n Skuldgevoel teenoor al die Sannas van die Bos, al die Jozefs, die Anneriese en die Maskas. Skuldgevoelens waaroor?! skree dit hom later tot besinning. Hulle het hom as verraaier in hierdie bos besweer, soos hulle Oupoot as moordenaar besweer het! Saul Barnard skuld niemand nie en niemand skuld hom nie!

3 Waarom het hy dan teruggekom Bos toe? Veronderstel die skip was aan die anker lig toe Maska kom sê het van Jozef se kind en dat Freek vir Oupoot kom skiet, sou hy dan nog steeds omgedraai het? Dis 'n onredelike vraag, skerm hy vir homself en ruk terselfdertyd sy baadjie uit 'n doringbos los. Op plekke is die onderbos oopgekneus waar Oupoot deur is; halfgevrete takke en blare hang in die ruigtes en verraai die pad waar hy vooruit is. Dis duidelik dat hy tydsaam geloop en vreet het …

4 'n Uur later loop die spoor in 'n sleeppad in en 'n entjie verder kry hy die bol mis: gesond en nog nie heeltemal koud nie. Oupoot is dus nog lank nie op die laaste tand in sy bek nie, vir hom het die stadige hongerdood van die ouderdom nog nie begin nie ... En hy kan nie te ver voor wees nie ...

5 Veronderstel die Pictor was aan die anker lig? kom koggel die vraag weer by hom. Sou hy sy rug op Maska gedraai het? Op Oupoot?

6 Toe hy 'n man geword het en seunstyd se drome vervaag het, het 'n soort respek, 'n intensiewe bewustheid van die ou patriarg van die Bos die plek van drome ingeneem. Nee – dit was meer: daar was iets tussen hom en Oupoot wat die grootste nugterheid van denke nie kon ontken nie. Geen houtkapper of sy kind of enige bewoner van die Bos onderskat ooit die gevaar wat in 'n grootvoet skuil nie. Eeue se haat vir die mens skuil in elkeen van hulle; vir die mens wat die geweer dra wat die warm lood in die skurwe lyf laat inkwes om daar te sweer totdat hy besete van die pyn na die diepste klowe vlug en daar in vernedering gaan sterf. Soms heel die wonde. Soms is die lood genadig en tref dit waar die dood gouer kom.

Page 20: 0001.2S Afrikaans.HG.Eerste Taal 2007wcedmis.pgwc.gov.za/.../0001_2_afrikaans_1ste_taal_hg_v2.pdf5.3 Haal drie afsonderlike woorde uit die eerste strofe van die gedig aan wat op die

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 (0001.2S) AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V2

(PRIMêRE TAAL)

20

12.1 Hoe oud was Saul toe sy ma dood is? [1] 12.2 Wat is die verwantskap tussen Saul en Sara? [1] 12.3 Watter verbintenisse het Saul met elk van die volgende mense gehad? 12.3.1 Sanna (1) 12.3.2 Oom Anneries (1) 12.3.3 Maska (1) [3] 12.4. In paragraaf 2 sê Saul dat hulle hom as verraaier bestempel het.

Noem nog VIER brandmerke wat die bosmense op Saul geplaas het. Skryf die vier woorde onder mekaar neer. [4]

12.5 Haal SEWE opeenvolgende woorde uit paragraaf 3 aan wat aansluit

by die tema van kringe. [1] 12.6 Gee 'n bewys uit paragraaf 3 dat Saul die Bos ken. [2] 12.7 Verwys na die Pictor in paragraaf 5. 12.7.1 Wat was Saul se voorneme rakende die Pictor? (1) 12.7.2 Wat het verhoed dat hy dié voorneme uitgevoer het? (1) [2] 12.8 Wat is 'n patriarg? (paragraaf 6) [1] 12.9 “Nee – dit was meer: daar was iets tussen hom en Oupoot ...” (paragraaf 6)

Noem vier ooreenkomste tussen Saul en Oupoot. Skryf die vier ooreenkomste onder mekaar neer. [4]

12.10 Verwys na Oupoot se dood (paragraaf 6). 12.10.1 Vir wie het Jozef gevra om Oupoot te skiet? (1) 12.10.2 Wie het op die ou end vir Oupoot geskiet? (1) 12.10.3 Wat het Saul met Oupoot se tande gedoen? (1) [3] 12.11 Verduidelik kortliks hoe Joram Barnard dood is. [2] 12.12 Verduidelik hoe Jozef se kind dood is (paragraaf 1). [2] 12.13 Hoekom wou Saul nie hê dat Freek vir Oupoot kom skiet nie (paragraaf 3)? [2] 12.14 Hoekom gebruik die houtkappers die benaming “grootvoet” i.p.v. “olifant”? [2] /30/

Page 21: 0001.2S Afrikaans.HG.Eerste Taal 2007wcedmis.pgwc.gov.za/.../0001_2_afrikaans_1ste_taal_hg_v2.pdf5.3 Haal drie afsonderlike woorde uit die eerste strofe van die gedig aan wat op die

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 (0001.2S) AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V2

(PRIMêRE TAAL)

21

VRAAG 13 KRINGE IN 'N BOS (Opstel/Paragrawe) Beperk jou antwoord op elk van die volgende vrae tot tussen 150 en 200 woorde. 13.1 Verduidelik hoe die dood van die volgende persone Saul se lewe beïnvloed het:

• sy ma • Arend • sy pa • Jozef se seun [10]

13.2 Bespreek die verhouding tussen Saul en Oupoot. [10] 13.3 Verduidelik hoekom Saul die bloubokkie se kop oopgekap het. Wat was die resultaat, en hoe het dit sy siening van die grootmense verander? [10] /30/ GROOTTOTAAL: /100/