aardklop program 2010

20
Aardklop 2010 28 September – 2 Oktober, Potchefstroom Kaartjies beskikbaar by Computicket. Vir meer inligting kontak die Aardklop-kantoor by (018) 294 7509 of [email protected] . Die feesprogram sal ook vanaf 24 Julie op die Aardklop-webwerf beskikbaar wees – www.aardklop.co.za . Die Aardklop verblyfkantoor kan geskakel word by (018) 294 7508 of [email protected] . Verblyf kan ook aanlyn bespreek word by www.aardklop.co.za . Klassifikasies A (Almal), OB (Ouerbegeleiding), V (Volwassenes), T (Taal), G (Geweld), S (Seks), N (Naaktheid), D (Diviniteit), VO (Vooroordeel) Classifications A (All), PG (Parental guidance), AO (Adults only), L (Language), V (Violence), S (Sex), N (Nudity), B (Blasphemy), P (Prejudice) Toneel As die broek pas (Afr.) (Geen o/16: T) Antoinette Kellermann is Ella Gericke wat ter wille van oorlewing haar man se identiteit en werk as huiskraanoperateur oorneem gedurende die opbloei van Nazisme in Duitsland. Geskryf deur die Duitse dramaturg Manfred Karge, vertaal deur Willem Anker en met regie en ontwerp deur Marthinus Basson. ’n Meesterlike vertolking en produksie, wat reeds etlike pryse gewen het. Aangebied deur TEATERteater. Ko-produksie tussen Absa KKNK, Woordfees en National Arts Festival. Absa Mooirivier – 75 min. – R90. 28 Sept. – 20:30, 29 Sept. – 11:00, 30 Sept. – 20:30, 1 Okt. – 09:00, 2 Okt. – 17:30 As ek maar geweet het (Afr.) (Komedie) (A) Shaleen Surtie-Richards het ’n lang pad gekom en in almal se harte ingekruip as Nenna van Egoli. Sy het pryse ingeryg vir Shirley Valentyn. Vanjaar is sy terug met ’n splinternuwe solovertoning, geregisseer deur Casper die Vries. Première. Aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys. Girls High – 65 min. – R95. 28 Sept. – 20:30, 29 Sept. – 09:00, 30 Sept. – 17:30, 1 Okt. – 20:30, 2 Okt. – 09:00 ATKV-tienertoneel: Finaal (Afr.) (OB) Kom kyk hoe jong talent ontpop. Tien uiteenlopende stukke uit tien nasionale streeksfeeste ding teen mekaar mee. Porselein, opgevoer deur die Hoërskool Brackenfell van Kaapstad, was in 2009 die wenstuk. ’n Besonderse ervaring vir jonk en oud.

Upload: janisbrits

Post on 22-Oct-2014

133 views

Category:

Documents


1 download

TRANSCRIPT

Page 1: Aardklop Program 2010

Aardklop 2010 28 September – 2 Oktober, Potchefstroom

Kaartjies beskikbaar by Computicket. Vir meer inligting kontak die Aardklop-kantoor by (018) 294 7509 of [email protected]. Die feesprogram sal ook vanaf 24 Julie op die Aardklop-webwerf beskikbaar wees – www.aardklop.co.za. Die Aardklop verblyfkantoor kan geskakel word by (018) 294 7508 of [email protected]. Verblyf kan ook aanlyn bespreek word by www.aardklop.co.za. Klassifikasies A (Almal), OB (Ouerbegeleiding), V (Volwassenes), T (Taal), G (Geweld), S (Seks), N (Naaktheid), D (Diviniteit), VO (Vooroordeel) Classifications A (All), PG (Parental guidance), AO (Adults only), L (Language), V (Violence), S (Sex), N (Nudity), B (Blasphemy), P (Prejudice) Toneel As die broek pas (Afr.) (Geen o/16: T) Antoinette Kellermann is Ella Gericke wat ter wille van oorlewing haar man se identiteit en werk as huiskraanoperateur oorneem gedurende die opbloei van Nazisme in Duitsland. Geskryf deur die Duitse dramaturg Manfred Karge, vertaal deur Willem Anker en met regie en ontwerp deur Marthinus Basson. ’n Meesterlike vertolking en produksie, wat reeds etlike pryse gewen het. Aangebied deur TEATERteater. Ko-produksie tussen Absa KKNK, Woordfees en National Arts Festival. Absa Mooirivier – 75 min. – R90. 28 Sept. – 20:30, 29 Sept. – 11:00, 30 Sept. – 20:30, 1 Okt. – 09:00, 2 Okt. – 17:30 As ek maar geweet het (Afr.) (Komedie) (A) Shaleen Surtie-Richards het ’n lang pad gekom en in almal se harte ingekruip as Nenna van Egoli. Sy het pryse ingeryg vir Shirley Valentyn. Vanjaar is sy terug met ’n splinternuwe solovertoning, geregisseer deur Casper die Vries. Première. Aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys. Girls High – 65 min. – R95. 28 Sept. – 20:30, 29 Sept. – 09:00, 30 Sept. – 17:30, 1 Okt. – 20:30, 2 Okt. – 09:00 ATKV-tienertoneel: Finaal (Afr.) (OB) Kom kyk hoe jong talent ontpop. Tien uiteenlopende stukke uit tien nasionale streeksfeeste ding teen mekaar mee. Porselein, opgevoer deur die Hoërskool Brackenfell van Kaapstad, was in 2009 die wenstuk. ’n Besonderse ervaring vir jonk en oud.

Page 2: Aardklop Program 2010

ATKV Laerskool President Pretorius – 100 min. – R50. ATKV-tienertoneel 1: 28 Sept. – 09:00 en 29 Sept. – 14:30; ATKV-tienertoneel 2: 28 Sept. – 11:30 en 30 Sept. – 09:00; ATKV-tienertoneel 3: 28 Sept. – 14:30 en 30 Sept. – 11:30; ATKV-tienertoneel 4: 29 Sept. – 09:00 en 30 Sept. – 14:30; ATKV-tienertoneel 5: 29 Sept. – 11:30 en 30 Sept – 17:30; ATKV-tienertoneel: Finaal-wenner: 1 Okt. – 09:00 en 2 Okt. – 11:30 (45 min.) Autopsy (Eng.) (A) Award-winning Jennie Reznek and Faniswa Yisa (Every Year, Every Day, I Am Walking) team up again in Magnet Theatre’s latest production – a multimedia physical theatre feast. Directed by Mark Fleishman and also featuring Dann-Jaques Mouton, Autopsy is a magical thriller with some realism – an African story of land, love and money. Supported by Distell Foundation. Première. Central Primary School – 60 min. – R85. 30 Sept. – 11:30, 1 Oct. – 17:30, 2 Oct. – 18:00 Govan Mbeki Hall – 60 min. – Free. 28 Sept. – 12:00 Bloemers & roemers (Afr.) (Improvisasie-komedie) (OB: T) Aangewys as die gewildste produksie by die Absa KKNK. Gooi die talent van Shaleen Surtie-Richards, Marion Holm, Karen Wessels en Casper de Vries saam in een pot, voeg ’n knippie skerpsinnigheid en perfekte komiese tydsberekening daarby en jy gaan nie anders kan as om te skaterlag nie. Daag hulle uit en sit terug vir die Caspernades. Girls High – 65 min. – R125. 28 Sept. – 17:30, 29 Sept. – 17:30, 30 Sept. – 14:30, 1 Okt. – 11:30, 2 Okt. – 17:30 Die Francois Toerien Show 7: BEE Kompliant (Afr. komedie) (OB: T) Hoe “swart” is ons en is ons gestremd? Die “BEE scorecard” word ingevul. ’n Fopdosser-paartjie verken Die ander kant. Julius Malema erken dat daar ’n lobotomie op hom uitgevoer is en die Russiese karakter Klara van 7de Laan-faam verdwaal en beland in Die FT Show 7! “Die toneelspel is briljant… ek het lanklaas so hard en aanhoudend gelag…” – News 24 Absa Mooirivier – 80 min. – R85. 28 Sept. – 09:00, 29 Sept. – 14:30, 30 Sept. – 17:30, 1 Okt. – 20:30, 2 Okt. – 09:00 Die laaste Afrikaanse superhero (Afr. komedie) (Geen o/10: T) Van kleins af droom alle mans om eendag ’n held te wees, maar soos die lewe aangaan, laat vaar hulle die droom... Nie Pieter Cronjé nie. Die laaste Afrikaanse superhero is ’n handleiding vir die moderne man met outydse waardes. Die akteurs Leon Kruger en Esther von Waltsleben span die eerste keer kragte saam. Mans wil soos hy wees en vrouens wil hom hê! Geskryf deur Leon Kruger. OFM Huis Eikelaan – 70 min. – R85. 28 Sept. – 14:30, 29 Sept. – 20:30, 30 Sept. – 09:00, 1 Okt. – 17:30, 2 Okt. – 11:30 Die proponentjie (Afr. klug) (A) Wanneer die nuwe predikant sy intrek neem, is daar vele gewillige, vlytige, versiende ma’s en dogters wat vir ds. Gaffie wil help om die pastorie reg te ruk. En natuurlik gaan hy ’n pastoriemoeder moet kry, maar nie sonder die huishoudster, Rachel, se goedkeuring nie. ’n Klug deur Pieter Fourie met o.a. Deon Lotz, Susan Beyers, Erica Wessels en Ilse Oppelt. Regie: Paul Eilers. Ko-produksie: Aardklop en Absa KKNK. Sanlam-ouditorium – 90 min. – R95. 28 Sept. – 18:30, 29 Sept. – 13:30, 30 Sept. – 21:00, 1 Okt. – 09:00, 2 Okt. – 21.00 Die vreemdeling (Afr.) (A)

Page 3: Aardklop Program 2010

Magnet Theatre se bekroonde regisseur Mark Fleishman keer terug met nog ’n klein juweel wat TV-ster David Johnson insluit, asook Ephraim Gordon en Dann-Jaques Mouton. Die verhaal van ’n dorp omring deur ’n heining en ’n jong meisie wat die hek oopmaak vir ’n vreemdeling van die anderkant. Boys High – 75 min. – R75. 29 Sept. – 11:30, 30 Sept. – 17:30, 1 Okt. – 09:00, 2 Okt. – 11:30. Govan Mbeki-saal – 75 min. – Gratis. 28 Sept. – 15:00 Dinsdae by Morrie (Afr.) (A) Dié trefferproduksie vertel die storie van Tiaan wat kontak verloor met Morrie, sy gunstelingprofessor. Sestien jaar later vind Tiaan sy pad terug as hy hoor sy oud-prof is gediagnoseer met ’n terminale motorneuronsiekte. So begin Morrie se laaste lesings – deur sy geleidelike aftakeling wys hy vir Tiaan hoe om te lewe. Met Chris van Niekerk en Pedro Kruger. Regie: Hennie van Greunen. Beeld Totiussaal – 100 min. – R90. 28 Sept. – 14:00, 29 Sept. – 20:30, 30 Sept. – 09:00, 1 Okt. – 16:30, 2 Okt. – 14:30 Dood van ’n verkoopsman (Afr.) (A) Willie Loman ken van tussenin – dis waar hy homself sy hele lewe lank nog bevind. Ná 36 jaar kyk hy terug op die langpad, terwyl sy wiele plek-plek die gruis vang. Dié universele, tydlose en ontroerende drama (geskryf deur Arthur Miller) het gehore by die Absa KKNK gaande gehad. Grootse teater waarin Ben Kruger en Bettie Kemp skitter as die Loman-egpaar, ondersteun deur ’n uitstaande rolverdeling. Moontlik gemaak deur die Feestrust en die Dagbreek Trust. Sanlam-ouditorium – 150 min. – R100. 29 Sept. – 09:00, 30 Sept. – 17:00, 1 Okt. – 13:00, 2 Okt. – 13:30 Dowwe Dolla 007: Geskud, nie gepluk nie (Afr. komedie) (OB) Eers was daar Plenty O’Toole, Honey Ryder, Pussy Galore en nou Dolla, Dowwe Dolla – 007. Dolla se 2010 gaan besig wees. Want Dr No het uitgevind you don’t live(r) twice, Shabir gaan duidelik Die Another Day, Mike Bolhuis het sy License to Kill by die Spar gekoop en as Amor haar kaarte reg speel, gaan sy Moerryker wees. Dowwe Dolla 007: license to tril! Girls High – 70 min. – R85. 28 Sept. – 11:30, 29 Sept. – 20:30, 30 Sept. – 09:00 Draadwerk (Afr.) (V) Daleen Kruger, 2009 se Nagtegaal-tekspryswenner, se roerende drama oor die Uilhuis, die bejaarde Helen Martins en die jong Koos Malgas wie se vriendskap verby die grense van tyd en samelewing gestrek het. “As jy hier in die Karoo bly en jy wil in die Vallei van Verlatenheid survive, dan bid jy die Here het ’n paar ekstra knope in jou wiring gemaak…” – Koos Malgas. Met Aletta Bezuidenhout en Denver Vraagom. Regie: André Stolz. ATKV Laerskool President Pretorius – 75 min. – R90. 28 Sept. – 20:30, 29 Sept. – 20:30, 1 Okt. – 17:30, 2 Okt. – 09:00 Draaijakkalse! (Afr. komedie) (Almal) ’n Splinternuwe klug oor sport en sports deur Nico Luwes. Jou kêrel is rugbymal. Jy hou van ballet. Nie een is al uitgejag met die liefde saam nie. Hier kom sports van ’n ander water. Met Dirk Gouws en Lindy-Lee Kleynhans. Ondersteun deur Het Jan Marais Nationale Fonds. Première. Aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys. kykNET Gimmies – 40 min. – R75. 28 Sept. – 14:00, 29 Sept. – 20:30, 30 Sept. – 09:00, 1 Okt. – 17:00, 2 Okt. – 11:30 Dubbelloop (Afr. komedie) (OB: T) (Studente)

Page 4: Aardklop Program 2010

Pro20 vir die verhoog! Dié twee halfuur-komedies, Couchmate en Lulu Labuschagne, verken die studentelewe, verhoudings, vriendskap en iewers is ’n gesteelde poedel betrokke. En Lulu, die vrou wie se naam op almal se lippe is. OFM Huis Eikelaan – 70 min. – R75. 28 en 30 Sept. – 17:30, 29 Sept. en 1 Okt. – 14:30 Genoeg, die gat is vol (Afr. komedie) (A) Twee families is bekommerd oor die sosiale en politieke lewe van gewone Suid-Afrikaners. Hulle besin oor vigs en misdaad en besluit sommer dis tyd om ’n nuwe president te kies. Sang, dans en mimiek word lustig ingespan. Geskryf deur Themba Ndimande en geregisseer deur Calvin Ngcaku. Première. Aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys. NG Kerk Noord-saal – 60 min. – R55. 28 Sept. – 17:30, 29 Sept. – 20:30. Hoërskool Promosa-saal – 60 min. – Gratis. 30 Sept. – 19:00 god van chaos (Afr. komedie) (Geen o/12: T) In dié Afrikaanse weergawe van die wêreldtreffer-komedie (drie Tony-pryse) besluit twee paartjies om ’n geveg tussen hul onderskeie seuns uit te sorteer – algemeen beskaafd. Die ontmoeting begin stil, maar ontaard dan in ’n voorstedelike burgeroorlog met appeltert, brandewyn, sarkasme en vlymskerp humor as wapens. Met Anna-Mart van der Merwe, Johann Nel, Martelize Kolver en Leon Kruger. Regie: Hennie van Greunen. Ko-produksie: Absa KKNK en Innibos. kykNET Gimmies – 120 min. – R100. 28 Sept. – 20:30, 29 Sept. – 09:00, 30 Sept. – 20:30, 1 Okt. – 12:00, 2 Okt. – 20:30 Goeie Giel! (Afr. komedie) (OB) Ná die wegholsukses van verlede jaar se KK’s (kort komedies) is Hélène Truter (as regisseur én skrywer) terug met nog ’n kraakvars KK. Goeie Giel! ploeg onbeskaamd met die buitengewone talente van Anthea Thompson (Deeltitel Dames) en Leon Kruger. Die geheimsinnige Fanna, Panga (sy Bal is Blou) en selfs Tom Jones maak ’n draai (sowaar!). Ondersteun deur Het Jan Marais Nationale Fonds. Première. Aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys. kykNET Gimmies – 40 min. – R75. 28 Sept. – 11:30, 29 Sept. – 15:30, 30 Sept. – 16:30, 1 Okt. – 20:30, 2 Okt. – 09:00 Grootseun (Afr. komiese storievertelling) (A) Stel jou voor ’n dominee van so in sy dertigs, met ’n besondere humorsin en die vermoë om ’n storie te vertel soos min. Grootseun is vir die verhoog verwerk en geregisseer deur Marion Holm uit rubrieke van Barend Vos wat in LIG verskyn het. Met Pierre Breytenbach. Ondersteun deur LIG. OFM Huis Eikelaan – 60 min. – R70. 28 Sept. – 20:30, 29 Sept. – 17:30, 30 Sept. – 14:30, 1 Okt. – 11:30, 2 Okt. – 09:00 Hoe ’n man se kop werk (Afr. komedie) (Geen o/16: T) Altus Theart (Getroud met rugby/Bakgat) is Bobby – hy maak staat op obskure ouens uit sy verlede om te help uit-figure wat dit is wat ’n vrou wil hê... met skreeusnaakse gevolge. “Ek gaan die wenke in my huwelik toepas.” – Marius (66) “Dit was fantasties! Ek het nou ’n ander perspektief.” – Danie (24) – Krit Hoër Volkskool – 80 min. – R100. 28 Sept. – 11:30, 29 Sept. – 20:30, 30 Sept. – 09:00, 1 en 2 Okt. – 17:30 Is It Because I’m Jack? (Eng. dark comedy) (No u/16: L/D/N)

Page 5: Aardklop Program 2010

As provocative as Die generaal. As politically incorrect as Green Man Flashing. As irreverent as Bafana Republic. Combining elements of these award-winning works, Mike van Graan’s dark comedy about life, friendship and loyalty features four hot young male acting talents. Première. Central Primary School – 75 min. – R85. 28 Sept. – 20:30, 29 and 30 Sept. – 17:30, 1 Oct. – 14:00, 2 Oct. – 11:30 Korte mette met Die Versamelde Werke van William Shakespeare (Afr./Eng. komedie) (A) 3 akteurs! 37 toneelstukke! 154 sonnette! 2 lang gedigte in NET 99 minute! 9 suksesjare op Broadway! Nou 5 vertonings op Potch… in Afrikaans (wel, gedeeltelik). ’n Verwerking en vertaling van The Reduced Shakespeare Company se The Complete Works of William Shakespeare [abridged] geskryf deur Adam Long, Daniel Singer en Jess Winfield. Met Waldemar Schultz! Eben Genis! Wessel Pretorius! Regie: Hugo Theart. Aangebied deur TEATERteater. Première. Hoër Volkskool – 99 min. – R90. 28 Sept. – 20:30, 29 Sept. – 09:00, 30 Sept. – 17:30, 1 Okt. – 14:30, 2 Okt. – 20:30 Leopards, Love Potions and Other Marico Tales (Eng. comical storytelling) (A) Eric Nobbs takes up the mantle of the late great Patrick Mynhardt as Oom Schalk Lourens. Nobbs brings these wonderfully humorous and touching stories by Herman Charles Bosman to a new generation of theatre lovers. NG Kerk Noord Hall – 60 min. – R85. 28 Sept. – 20:30, 29 Sept. – 17:30, 30 Sept. – 17:30, 1 Oct. – 20:30, 2 Oct. – 17:30 Magspel (Afr.) (V) Daar is geen reëls nie, moreel of andersins... net mag en die manipulasie van mag. Die sterkste, die slinkste kry alles. Machiavelli en die De’ Medici’s het dié magspel maar alte goed verstaan. Ons verstaan dit vandag nog net so goed. Hertzogpryswenner Deon Opperman se Magspel keer terug na die verhoog ná elf jaar en die kommentaar wat dit lewer is nog net so geldig, selfs meer so. ’n Kragtoer met o.a. Sandra Prinsloo en André Odendaal. Première. Sanlam-ouditorium – 115 min. – R100. 28 Sept. – 09:00, 29 Sept. – 17:30, 30 Sept. – 13:00, 1 en 2 Okt. – 17:30 Mara wie? (Afr.) (OB) Nadia Valvekens en Sarahann Doherty van Binnelanders-faam maak hul buiging in die verhoogdebuut van Mara wie? – Kobus Burger se drama wat onder die topvyf van 2009 se Nagtegaal-teksprys getel het. ’n Jong joernalis voer ’n onderhoud met ’n geliefde, ouer aktrise. ’n Oënskynlik onskuldige gesprek oor glanskultuur, verhoudings en die vervlakking van die media neem dan ’n dramatiese wending. ’n Spieël vir ons samelewing – soms snaaks, soms skokkend. Première. Aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys. Hoër Volkskool – 55 min. – R95. 28 Sept. – 09:00, 29 Sept. – 15:30, 30 Sept. – 12:30, 1 Okt. – 20:30, 2 Okt. – 11:30 Maskermaan (Afr.) (OB) “Gerben Kamper lewer in Maskermaan ’n kragtoer as Eugène Marais en Peter Taljaard as Louis Leipoldt staan geen tree terug nie.” – Charles Smit, Volksblad. Maskermaan het homself reeds bewys as ’n dramatiese trefferstuk by die Volksbladfees, Woordfees en Absa KKNK 2010. Cecilia du Toit se drama was een van die topvyf van die Nagtegaal-teksprys in 2009. Regie: Nico Luwes. Absa Mooirivier – 95 min. – R90. 30 Sept. – 14:30, 1 Okt. – 12:00, 2 Okt. – 20:30 Met die HOLM gebore (Afr. komedie) (A)

Page 6: Aardklop Program 2010

Om met die helm gebore te wees is een ding, maar om met die HOLM gebore te wees, is nie net EEN ding nie... dis nóg ’n ding en vier ander goed saam met ’n stuk watsenaam en sewe uitroeptekens! Julle ken vir Sussie... ontmoet nou vir Marion!!!!!!! Girls High – 60 min. – R85. 28 Sept. – 09:00, 29 Sept. – 14:30, 30 Sept. – 11:30, 1 Okt. – 17:30, 2 Okt. – 15:00 Oupa en Ouma sit op die stoep en raak romanties (Afr. komedie) (A) Hoe raak getroudes nog romanties ná 42 jaar? Kom leer by Johan en Lida Botha se Oupa en Ouma! Dit was volgepak by die Absa KKNK en plattelandse gehore is mal daaroor. Kom geniet Leon Kruger se aweregse kyk na die ou getroude lewe. OFM Huis Eikelaan – 70 min. – R80. 28 Sept. – 09:00, 29 Sept. – 11:30, 30 Sept. – 20:30, 1 Okt. – 09:00, 2 Okt. – 17:30 Pregnant Pause (Eng. comedy) (A) Pregnant Pause explores the joyous highs and challenging lows of pregnancy and parenthood. It is a journey fraught with complexities and challenges on every level, resulting in a hilarious but always truthful and detailed exploration of life as a parent. Directed by the award-winning Sylvaine Strike with acclaimed actors Michael Richard and Charmaine Weir-Smith. A show for everybody – those who are parents; those who have parents; those who would like to, or are about to be parents; and even for those who could think of nothing worse than being parents. Central Primary School – 80 min. – R85. 1 Oct. – 11:00, 2 Oct. – 14:30 Proesstraat (Afr. improvisasie-komedie) (OB) kykNET se weghol-sukseskomedie is in lewende lywe by Aardklop. Kom kyk hoe die talentvolle akteurs van Proesstraat op hulle voete dink (of oor hulle val), sweet en die kluts heeltemal kwytraak. Onder andere met Waldemar Schultz en Wikus du Toit en talle verrassende gaste. Elke vertoning is ’n unieke ervaring. Kom lag en proes saam! kykNET Gimmies – 45 min. – R95. 28 Sept. – 09:00, 29 Sept. – 13:30, 30 Sept. –14:30, 1 Okt. – 09:00, 2 Okt. – 16:30 Rian van Heerden: Bols (Afr. skerpskertskomedie) (Geen o/16: T) In Bols ondersoek Rian van Heerden die een (twee) dinge wat ons nodig het om hier te oorleef. Meer as genoeg strafkaarte word uitgedeel. Daar is onder andere kaarte vir haaie, Afrikaanse tokkelossies, Zuma, die grotmandieet, dronk polisiemanne en bos dominees. Nie vir sensitiewe gehore nie. kykNET Konservatorium – 60 min. – R85. 29 Sept. – 09:00, 30 Sept. – 11:30, 1 Okt. – 20:30, 2 Okt. – 15:30 Sing (Afr. komedie) (Geen o/14: T) Dit is die 1600’s aan die Franse hof van koning Lodewyk XIV, die sonkoning. Toon (Terence Bridgett) en Tril (Tobie Cronjé) wag vir die koning se minnares, Madame Ratuur (Lizz Meiring), om te arriveer vir ’n sangles. Dan kom die opdrag van koning Lodewyk: “Ratuur is oorbodig en moet van kant gemaak word.” Moord met musiek? Hoër Volkskool – 75 min. – R120. 28 Sept. – 14:30, 29 Sept. – 12:30, 30 Sept. –20:30, 1 Okt. – 09:00, 2 Okt. – 09:00 Skollies (Afr. komedie) (OB) William is opgesluit omdat hy ’n roofkyker is wat net SuperSport, BBC Food en 7de Laan kyk, maar hy weier al vir jare om sy TV-lisensie te betaal. Hy is behep met die destydse Vyfster en wens hy was Skollie. Abel sit agter tralies, want volgens die regter is hy ’n voyeur, hoewel dit sy eie vrou was wat hy

Page 7: Aardklop Program 2010

afgeloer het. Gooi twee mans in ’n sel wat mekaar glad nie ken nie en hopeloos te veel tyd het om op mekaar se senuwees te werk en jy kry ’n andersoortige komedie waar seuns manne word en manne vriende. Dis vinnig, soms onwettig en heeltyd opwindend. Geskryf deur Leon Kruger, met Stian Bam en Brendon Daniels. Ondersteun deur Het Jan Marais Nationale Fonds. Première. Aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys. kykNET Gimmies – 40 min. – R75. 28 Sept. – 16:30, 29 Sept. – 17:30, 30 Sept. – 11:30, 1 Okt. – 15:00, 2 Okt. – 14:30 Slap Koejawel [adj. SLACK noun GUAVA] & Other Tit Bits (Eng. comedy) (PG: L) This absurdly funny and touching play brings two great actresses of stage and television together again – Annelisa Weiland of 7de Laan fame and Vanessa Cooke, best known for her work at the Market Theatre. The action finds two stressed-out actresses in a tatty dressing room, preparing for the first preview of an untried new play. Directed by Robert Whitehead (Isidingo’s Barker Haines). Première. Central Primary – 60 min. – R85. 28 Sept. – 11:30, 29 Sept. – 14:30, 30 Sept. – 14:30, 1 Oct. – 20:30, 2 Oct. – 09:00 Spyt (Afr.) (Geen o/16: T/S) Te laat, te laat, altyd te laat. Manne en meisies en waarop dit afstuur. Brose harte, begerige lywe, ai. En dan daarna. Spyt. ’n Verhoudingsdrama met ’n verskil: tragi-komiese opset, donker humor, eiesoortige dialoog. So verskriklik vermaaklik, so verskriklik verskriklik. Nie vir fyngevoeliges of preutses nie. Ingrid Winterbach is wenner van die Hertzogprys. Spyt is haar eerste verhoogstuk. Awesome. Ondersteun deur Het Jan Marais Nationale Fonds en Aardklop21. Première. Aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys. Absa Mooirivier – 90 min. – R90. 28 Sept. – 13:30, 29 Sept. – 20:30, 30 Sept. – 09:00, 1 Okt. – 17:00, 2 Okt. – 11:30 Take 5 Comedy – Die Comedy-revolusie (Afr./Eng. skerpskertskomedie) (OB: T) Die revolusie-komediante kom van oral oor – party jonk en sjarmant, ander hardebaarde. Staan nader vir die gedreun van gelag. Met Mel Miller, Melt Sieberhagen, Pierre Breytenbach, Jan B en die White Warrior. Boys High – 60 min. – R75. 29 Sept. – 20:30, 30 Sept. – 14:30, 1 Okt. – 11:30, 2 Okt. – 20:30 Woordkuns Baby as ek verby ry... (Afr.) (OB) Dana Snyman en Klopjag span kragte saam in Baby as ek verby ry… en neem die gehoor op reis na ’n wêreld van agterpaaie, gastehuise, klein kroegies en vreemde dorpies met hul unieke karakters en stories. Dit is ’n wêreld wat oënskynlik net beskore is vir reisjoernaliste en musikante op toer, maar as jy mooi luister kom jy agter jy ken elke karakter – dalk net met ’n ander naam, iewers in ’n ander dorp. Boys High – 60 min. – R80. 30 Sept. – 09:00, 1 Okt. – 20:30, 2 Okt. – 09:00 en 14:30 Boegoe vannie liefde (Afr.) (A)

Page 8: Aardklop Program 2010

Hans du Plessis en Lize Beekman gee saam nuwe lewe aan die bekende digbundel met Griekwa-gedigte, Boegoe vannie liefde. Die pragtige teks, lirieke en musiek voer die gehoor weg tot diep, diep in die rooi Kalahari en na die verhaal van die twee geliefdes in Hooglied. Aangebied deur Die Kaalbeer-kunstenaarsgroep. Regie: Adri Breed. Musikale regie: Franco Prinsloo. Boys High – 60 min. – R85. 28 Sept. – 09:00, 29 Sept. – 14:30, 30 Sept. – 20:30, 1 Okt. – 14:30, 2 Okt. – 17:30 Rapport Boeke-oase Danksy die ondersteuning van die Naspers Voorsittersfonds word die teatergesprekke vanjaar gratis aangebied. Die skrywers, regisseurs en lede van die rolverdeling gesels oor die onderskeie produksies. Vind uit wat maak teater uniek en vra vrae. En onthou om dit in jou program in te werk. Teatergesprek 1: Spyt (Afr.) (OB) Almal ken van spyt, van hoe dit te laat kom. Ingrid Winterbach het die eerste keer pen op papier gesit en ’n drama aangedurf: woordryk, dramaties en by tye snaaks. Kom luister na hoe die oorgang gemaak word van romanskrywer na dramaturg, die uitdagings van verskillende genres en hoe daar met universele temas gewoeker word. Rapport Boeke-oase – 60 min. – Gratis. 29 Sept. – 14:30 Teatergesprek 2: Die kortstondige raklewe van Anastasia W (Afr.) (OB) Nie in jare het daar so ’n uitdagende, waagmoedige werk op die verhoog verskyn nie. Marlene van Niekerk en regisseur Marthinus Basson het vir die eerste keer saamgespan en die eindproduk is soos ’n vuishou in die maag. Moet teater ’n mens vertroos of wakker skud? Rapport Boeke-oase – 60 min. – Gratis. 30 Sept. – 10:00 Teatergesprek 3: Magspel (Afr.) (OB) Deon Opperman se Magspel word ná elf jaar weer opgevoer en dit lewer steeds snydend kommentaar op die samelewing. Hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde. Die universele tema rondom mag word bespreek en hoe die mens nie uit die geskiedenis leer nie. Rapport Boeke-oase – 60 min. – Gratis. 1 Okt. – 11:00 Ander Die Aardklop Lang Tafel (OB) Iets besonders hier teen die einde van Aardklop 2010 – ’n lang tafel, keurig gedek en versier, met ’n viergangmaaltyd (vaste spyskaart) wat voorgesit word. Die prys sluit drinkgoed in. Kuier lekker saam en stap dan oor na die Sanlam-ouditorium om die uitmuntende Britse violis Daniel Rowland te sien in Eight Seasons (sien klassieke musiek). Lovers’ Lane, Puk-kampus – 120 min. – R235. 3 Okt. – 11:45

Page 9: Aardklop Program 2010

Whisky en sjokolade – ’n Smulpaap-fantasie! (V: geen o/18) Staan nader om vyf verskillende Skotse enkelmoutwhiskies te proe, elkeen in kombinasie met ’n Lindt-sjokolade wat perfek daarby pas. Kom leer alles oor die maak van whisky en sjokolade en bederf jouself met ’n gastronomiese ervaring. Aangebied deur Chris Koch. “Chris Koch se omgang met whisky en sjokolade is performance-teater uit die boonste rakke.” – Johan Myburg, Beeld Kunstegebou F2 – 90 min. – R95. 28 Sept. tot 2 Okt. – 11:30 en 15:30 Sol Plaatje Diskoers-reeks Ondersteun deur die Puk-Kanselierstrust van die NWU Kom kuier saam by Ziets@Rapport – ’n heerlike restaurant spesiaal ingerig vir die fees. By die Diskoers-gesprekke is koffie, ’n koerant en ’n kontinentale ontbyt ingesluit. By die laatmiddaggesprekke kry elkeen ’n glas wyn in die hand. Diskoers 1: Die stembus vs. die rubberkoeël Volgende jaar word daar munisipale verkiesing gehou. Dit volg op ’n jaar wat gekenmerk is deur betogende massas wat hul ontevredenheid oor dienslewering te kenne gegee het. Gaan die wind wes waai? Rapport-kombuis – 90 min. – R70. 28 Sept. – 07:30 Diskoers 2: Wit olifante of ware infrastruktuur? Majestueuse sokker-stadions het opgereis, ’n nuwe lughawe is gebou en oral is verbeterings aangebring. Nou sit Suid-Afrika met die rekening. Is dit die geld werd? Rapport-kombuis – 90 min. – R70. 29 Sept. – 07:30 Diskoers 3: Jou makarapa en my bloubulhoringhoed Die Bulle het Soweto blou geverf. Bafana Bafana het ’n geel golf ontketen. Wat maak ons wat ons is? Hoe definieer jy jou kultuur? Is ons ’n trotse nasie of vele volke saamgegooi aan die suidpunt van Afrika? Rapport-kombuis – 90 min. – R70. 30 Sept. – 07:30 Diskoers 4: Jy is wat jy eet Groot maatskappye word aangekla van monopolis-tiese gedrag, party span saam en stel pryse vas. Politiek en kos is lankal nie meer van mekaar te skei nie. En praat nie eens van GM kosse nie: word ons aan die neus rondgelei? Rapport-kombuis – 90 min. – R70. 1 Okt. – 07:30 In gesprek 1: Ons is ’n vloekende volk Etlike jare gelede met die Jaar van die Leser het Antjie Krog geskryf: ons is ’n vloekende volk. Maar ons kan darem ook lekker lag. In ligte luim word daar gesels oor ons kragwoorde en ons eiesoortige grappies. Rapport-kombuis – 60 min. – R50. 29 Sept. – 16:30

Page 10: Aardklop Program 2010

In gesprek 2: Ad Destinatum Persequor Tuks sien gans anders daaruit as vyftien jaar gelede. Wat beteken dié Latynse uitdrukking vir hedendaagse studente: “Pursuing towards destiny.” Kom luister na studente uit verskillende oorde oor hoe húlle die toekoms sien. Rapport-kombuis – 60 min. – R50. 30 Sept. – 16:30 Kinderteater Boer Manie se melk word suur! (Afr.) (A) ’n Tandetrekkery met skreeunaakse gevolge. Ver op die Vrystaatse vlaktes is daar ’n plaas: Madeliefievlei. Die eienaar van die pragtige plasie is Boer Manie. Wat as die tandemuis eendag verdwyn en Boer Manie se koeitjie, Bella, se melk suur word? Wat voer die haasbekheks, Tersia Tandeheks, in die mou? NG Kerk Noord-saal – 50 min. – R50. 28 Sept. – 14:30, 29 Sept. – 11:30, 30 Sept. – 09:00, 1 Okt. – 14:30, 2 Okt. – 11:30 Koddige kinderverse (Afr.) (A) Riana Scheepers se gevierde kinderversebundel word planke toe gebring met die mooiste poppe denkbaar – gemaak en geregisseer deur poppemeester Swannie Swanevelder. Skrik, die groen bullebak, soek na die geheim van die lewe en ontmoet ’n oranje vissie, Tante Haas en Oom Olifant, wat hom alles vertel wat hulle in die lewe geleer het – in versformaat natuurlik. NG Kerk Noord-saal – 45 min. – R50. 28 Sept. – 09:00, 29 Sept. – 14:30, 30 Sept. – 11:30, 1 Okt. – 09:00, 2 Okt. – 14:30 Die reus se tuin (Afr.) (A) (Studente) ’n Kleurvolle kinderproduksie vol aksie en avontuur. Anders as wat mense mag vermoed, het reuse ook maats nodig. En so begin Meneer Reus nuwe vriende maak, maar die hekse en die trolle probeer sy planne in die wiele ry. ’n Storie oor liefde en uithouvermoë wat ’n mens die waarde van goeie vriendskap leer. Moontlik gemaak deur die Universiteit van Pretoria. NG Kerk Noord-saal – 50 min. – R50. 28 Sept. – 11:30, 29 Sept. – 09:00, 30 Sept. – 14:30, 1 Okt. – 11:30, 2 Okt. – 09:00 Pakkette Met die pakkette spaar teatergangers ’n gawe klompie geld (tot 12%). Daar is egter ’n beperkte aantal kaartjies per pakket beskikbaar en die spesiale aanbod is net geldig vir kaartjies wat vóór 27 September bespreek word. ATKV-pakket ATKV-tienertoneel: Finaal 1 tot Finaal 5 (28 Sept. – onderskeidelik 09:00, 11:30 en 14:30 en 29 Sept. – 09:00 en 11:30) – R220 Klassieke musiek-pakket

Page 11: Aardklop Program 2010

2 Cellos Recital (28 Sept. – 11:30), Handel’s Messiah: A Cappella (29 Sept. – 21:00), Zorada in orreltaal (30 Sept. – 11:30), TOEAC (2 Okt. – 09:00) en Eight Seasons with Daniel Rowland and COSA (3 Okt. – 14:00) – R440 Komediepakket: Dinsdag 28 September Goeie Giel! (11:30), Draaijakkelse! (14:00) en Skollies (16:30) – R200 Komediepakket: Woensdag 29 September Goeie Giel! (15:30), Skollies (17:30) en Draaijakkelse! (20:30) – R200 Musiekpakket Die kortstondige raklewe van Anastasia W (28 Sept. – 09:00), Vergenoeg (29 Sept. – 11:30), Glorious! (1 Okt. – 21:00) en Konsertina 11430 (2 Okt. – 09:00) – R340 Proesstraat-pakket Sien al vyf en kyk hoe dit verskil! (28 Sept. – 09:00, 29 Sept. – 13:30, 30 Sept. –14:30, 1 Okt. – 09:00, 2 Okt. – 16:30) – R425 Toneelpakket ’n Kombinasie van een klug, een komedie en drie dramas. Magspel (28 Sept. – 09:00), Die proponentjie (28 Sept. – 18:30), Dood van ’n verkoopsman (29 Sept. – 09:00), Spyt (29 Sept. – 20:30) en god van chaos (30 Sept. – 20:30) – R430 Theatre Package Pregnant Pause, Is It Because I’m Jack? and Autopsy (1 Oct. – respectively 11:00, 14:00 and 17:30) – R225 Dans & Ruimtelike Teater Betésda (Afr./veeltalig) (Geen o/14: T) Dié ruimtelike teaterproduksie – uit die pen van Nicola Hanekom en met o.a. Neels van Jaarsveld en Stian Bam – het gehore gaande gehad en is met drie Kannas bekroon (beste produksie, beste debuutwerk en beste regie). Met ’n goeie dosis drama, choreografie en musiek word feesgangers op ’n apokaliptiese reis geneem: soms snaaks, soms ontroerend en altyd opwindend. Van Loveren Die Dam-swembad – 60 min. – R90. Van 28 Sept. tot 2 Okt. – 19:00 Ripped (A) A theatrical dance explosion of rhythm, athleticism, artistry and entertainment, which could be paralleled to the likes of a racing action-thriller film or a wildly colourful, form-inspired Kandinsky. A celebration of South African choreography, including works by Kelsey Middleton and Supa Zungu. Presented by Kmad.com. Beeld Totius Hall – 90 min. – R100. 28 Sept. – 20:30, 29 Sept. – 09:00, 30 Sept. – 16:30, 2 Oct. – 11:30

Page 12: Aardklop Program 2010

Musiek & Musiekteater Afri-Frans (Afr./Frans) (A) Afri-Frans is terug! Ná die uiters suksesvolle landswye toer keer die ongelooflike Myra Maud terug na Suid-Afrika om gehore te betower met haar Franse verwerkings van ons musiekskatte. Sy deel die verhoog met Anna Davel en Matthys Maree en die gehoor kan hulle voorberei vir ’n betowerende en emosionele ervaring. Beeld Totiussaal – 75 min. – R120. 28 Sept. – 17:30, 29 Sept. – 17:30, 30 Sept. – 20:30, 1 Okt. – 09:00, 2 Okt. – 20:30 Amanda Strydom – Diva (Afr.) (Geen o/13) Tussen die kantoorblokke van ’n groot stad staan die Diva – eertyds ’n glansryke teater, vandag ’n skadu van wat dit vroeër was. In die kleedkamer sit die chanteuse, Beatrice le Seur, voor die spieël en deel haar herinneringe. Amanda Strydom delf diep in die Suid-Afrikaanse teatergeskiedenis en kyk na die verganklikheid van die lewe en die kosbaarheid van die estetiese. POK-hoofsaal – 70 min. – R120. 28 Sept. – 20:30, 29 Sept. – 12:30, 30 Sept. – 18:00, 1 Okt. – 09:30, 2 Okt. – 15:00 Chris Chameleon: Noot vir brood (Afr./Eng.) (A) Chris Chameleon verduidelik op skerpsinnige wyse die pad na sukses in die Afrikaanse musiekbedryf. Hy steek die draak met konvensies en skep terselfdertyd stof tot nadenke oor die aard van Afrikaanse musiek, die wyse waarop gehore se voorkeure die musiek bepaal en hoe die musiek gehore se voorkeure voorskryf. Verwag ’n goeie dosis humor, gevatte kommentaar en natuurlik die pragtige musiek wat van hom een van die bakermatte van Afrikaanse musiek gemaak het. Ook met Johrné van Huyssteen en Riaan van Rensburg. Klipdrift Elgrosaal – 80 min. – R85. 28 Sept. – 11:00, 29 Sept. – 18:00, 30 Sept. – 15:00, 1 Okt. – 12:30, 2 Okt. – 18:00 Cutt Glas en hul beste vriende (Afr./Eng.) (A) Ter viering van Cutt Glas se 20 jaar in die musiekbedryf stel hulle gehore bekend aan hul beste vriende oor die jare heen. Die immergewilde a cappella-groep lig die sluier oor hul beginjare, oorsese toere, hoogtepunte en spesiale geleenthede wat hulle op koers gehou het sedert 1990. Vriende soos Amanda Strydom en Jannie Moolman sluit by hulle aan en ’n musikale dokumentêre DVD bied toeligting. ’n Eenmalige, uitsonderlike gebeurtenis! Sanlam-ouditorium – 70 min. – R100. 2 Okt. – 10:00 Die kortstondige raklewe van Anastasia W (Afr.) (Geen o/18: S/T/D/G) Die gevierde skrywer Marlene van Niekerk (Triomf, Agaat) pak saam met regisseur Marthinus Basson ’n vlymskerp satire aan. Musiekteater met ’n tikkie van die absurde, ’n dwarsklap swart humor en ’n gesonde porsie sosiale kommentaar. Musiek: Braam du Toit en Mr Cat and the Jackal. Met o.a. Nicole Holm en Eben Genis. Aangebied deur TEATERteater. Ko-produksie: Aardklop en Absa KKNK. Ondersteun deur die Hiemstra Trust en Het Jan Marais Nationale Fonds. Première. Aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys. Beeld Totiussaal – 105 min. – R95. 28 Sept. – 09:00, 29 Sept. – 14:00, 30 Sept. – 12:00, 1 Okt. – 20:30, 2 Okt. – 09:00

Page 13: Aardklop Program 2010

Elzabé Zietsman: En op ’n ligter noot (Afr./Eng.) (Geen o/18) Elzabé Zietsman en dieselfde span – Janine Neethling, Maralin Vanrenen en Emma Bekker – van Agter glas, wat in 2008 die Kanna-prys gewen het, is terug met En op ’n ligter noot. Veroudering is onomkeerbaar! Hoe mans dié werklikheid ervaar en aanvaar, word bepaal deur die oog waarmee jy daarna kyk. Elzabé en kie kyk met satiriese en komiese oë en gee die gehoor ietsie om oor te dink en te lag. POK-hoofsaal – 75 min. – R100. 28 Sept. – 17:30, 29 Sept. – 10:00, 30 Sept. – 15:00, 1 Okt. – 15:00, 2 Okt. – 12:30 Flip a Coin: A cappella vir Dummies (Afr.) (A) Is die doedelsak die hoofinstrument in ’n a cappella-orkes? Is beat boxing ’n kontaksport wat op SuperSport uitgesaai word? Is Flip a Coin algemeen bekend vir die treffer Aitsa Bets jou lekke ding? Indien jy “ja” op bogenoemde vrae geantwoord het, is dit noodsaaklik dat jy Flip a Coin se A cappella vir Dummies kom kyk. Kom leer in ligte luim belangrike a cappella-feite wat prakties toegepas word en verlustig jou in vyf sexy jong mans. Boys High – 70 min. – R90. 28 Sept. – 11:30 en 17:30 Glorious! (Afr./Veeltalig) (OB) Glorieryke stemme gaan gehoor word. Ongelooflike pryse gaan uitgedeel word. Sluit aan by Aardklop se pryswenneraand. Maar moenie bevrees wees nie – die musiek gaan die botoon voer, die woorde gaan kort en kragtig wees. Kom luister na Jannie Moolman (ook seremoniemeester), Gloria Bosman, die Afrika Mamas en die AngloGold Ashanti-koor, begelei deur ’n vyfstukorkes. Met musikale regie deur Janine Neethling en regie deur Bondina Osterhoff. Die pryse wat toegeken gaan word, is die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys, Beeld se Aartvark-prys en die Absa-pryse vir die beste manlike en vroulike kunstenaar. Kom deel in die glans en glorie. Moontlik gemaak deur Aardklop, Absa, AngloGold Ashanti en Beeld. Sanlam-ouditorium – 80 min. – R100. 1 Okt. – 21:00 Huisgenoot Musiekplaas in samewerking met ATKV (A) Sluit aan by die ATKV se gratis dagverhoog en Huisgenoot Musiekplaas se betaalde vertonings met al jou gewildste kunstenaars. Feesterrein Huisgenoot Musiekplaas met Juanita, Bobby, Emo en meer (A) Feesterrein – 330 min. – R95 (bespreek) en R75 (onbespreek). 28 Sept. – 17:00 Huisgenoot Musiekplaas met Eden, DJ Ossewa, Izak en meer (A) Feesterrein – 330 min. – R70 (onbespreek). 29 Sept. – 17:00 Huisgenoot Musiekplaas: Treffer na treffer (A) Feesterrein – 300 min. – R95 (bespreek) en R75 (onbespreek). 30 Sept. – 17:00 Huisgenoot Musiekplaas met Arno, Fredi, Sorina en meer (A) Feesterrein – 570 min. – R70 (onbespreek). 1 Okt. – 13:00

Page 14: Aardklop Program 2010

Huisgenoot Musiekplaas met Die Campbells, Lianie, Jakkie en meer (A) Feesterrein – 570 min. – R70 (onbespreek). 2 Okt. – 13:00 Jak de Priester: Brood (Afr.) (A) Brood is Jak de Priester se eerste woordkunsmusiekboek en musiekproduksie met dieselfde titel. Lirieke van al sy liedjies, bladmusiek, stories, veertig nuwe gedigte, animasie, fotografie en meer vorm als deel van die musiekkunsboek. Saam met Jak op die verhoog is Danny Smoke (kitare) en Lucas Heinen (trekklavier en klawers). Die produksie is landswyd ’n treffer en die boek ’n aanwins vir jou versameling. Klipdrift Elgrosaal – 90 min. – R90. 28 Sept. – 20:30, 29 Sept. – 10:00, 30 Sept. – 12:30, 1 Okt. – 15:00, 2 Okt. – 15:00 Konsertina 11430 (Afr.) (A) Kom saam op ’n ontdekkingsreis deur die lewensdagboek van ’n Wheatstone-konsertina uit 1862. Beleef sy bydrae tot die versagting van leed, tot aanbidding, sy rol in die Afrika-volksdanskultuur, uitsonderlike uitdrukking van die liefde, sy toejuiging van uitbundige vreugde en verheffing tot die ikoon van ’n vurige, uitsonderlike volkseie-kultuurmusiekinstrument. Met Ollie Viljoen (musikale regisseur en musikant), Ian Roberts (verteller en musikant) en Niël Rademan (regisseur). Vervaardiger: Ingrid Howard. Première. POK-hoofsaal – 80 min. – R100. 29 Sept. – 17:30, 30 Sept. – 12:30, 1 Okt. – 19:00, 2 Okt. – 09:00 Lize Beekman: Ek was al daar (Afr.) (A) Met haar eerste DVD, Ek was al daar, bring Lize Beekman van haar liedjies – oud en nuut – byeen, saamgestel uit haar loopbaan van dertien jaar. Sy word erken as een van ons land se talentvolste liedjieskrywers en aanhangers, musici en resensente vind vreugde in haar musikale reis, wat sowel universele en dieperliggende temas ondersoek. Ook met Jaconell Mouton (klavier). Boys High – 80 min. – R100. 28 Sept. – 14:30, 29 Sept. – 17:30, 30 Sept. – 11:30 Mathys Roets – Droomvrouens (Afr./Eng.) (A) Droomvrouens se musiek is geskryf deur ’n paar mans wat kan sê hoe hulle voel. Geskryf deur mans óór en vír vrouens. Bekende vroue ter sprake is Delilah, Caroline, Lisa en Karla; nuwes heet Madeleine, Marica, Mariëtte. En dan is daar die geïdealiseerde naamloses – Liefling, Meisie… selfs ’n Loslappie. Maar al die vroue het een ding in gemeen: hulle word hartstogtelik toegespreek, toegesing en besing – soos net Mathys kan. Ook met Matthys Maree (klavier) en Rozelle Blackie (stem). Tekskonsultant: Alexa Strachan. Klipdrift Elgrosaal – 60 min. – R90. 28 Sept. – 14:00, 29 Sept. – 12:30, 30 Sept. – 10:00, 1 Okt. – 18:00, 2 Okt. – 13:00 Medumo Jazz Fountain (Eng./Multilingual) (A) Cool vibes and the newest and best acts of African contemporary jazz, brought to you by OppiKoppi Productions. Log on to www.oppikoppi.co.za for more information. Supported by Vodacom. Senwes Cricket Stadium – 600 min. – R80. 3 Oct. – gates open at 12:00, show starts at 13:00 MK-sessies Gaan luister elke aand na van die gewildste MK-bands by Bourbon Street. Hou MK dop vir meer inligting. Kaartjies slegs beskikbaar by die deur. MK Bourbon Street – 28 Sept. – 1 Okt (deure open 18:00).

Page 15: Aardklop Program 2010

Navi Redd (Afr./Eng.) (A) Net toe almal dink dit kan nie beter nie, is die manne terug in Potchefstroom met hul splinternuwe produksie. Vanjaar kan aanhangers uitsien na treffers van Neil Diamond, Elvis Presley, The Killers, Laurika Rauch asook ’n hele paar verrassings. Geen backtracks of musiekinstrumente nie – ’n mengsel van stem, klank, humor en energie. Navi Redd het onlangs ’n splinternuwe Afrikaanse CD, Totaal in ons taal, uitgereik. Klipdrift Elgrosaal – 90 min. – R100. 29 Sept. – 20:30, 30 Sept. – 20:30, 1 Okt. – 20:30, 2 Okt. – 10:00 Nianell: Sand & Water (Afr./Eng.) (A) Met talle internasionale moontlikhede wat wink, is Nianell se Sand & Water dié vertoning om nie mis te loop nie. Sy oortref die wêreld se bestes met haar verstommende virtuose stem en uiteenlopende style – aangevul deur haar vaardigheid op klavier en kitaar en met ’n kwinkslag of twee. Klipdrift Elgrosaal – 90 min. – R120. 28 Sept. – 17:00 One Act – With Four Scenes (Afr./Eng.) (A) Elzabé Zietsman – aktrise, sangeres, kostowenaar – en Rocco de Villiers – pianis, vervaardiger, cocktail-snob – saam op die verhoog ná vyftien jaar! In One Act – With Four Scenes doen Elzabé en Rocco dít wat vir hulle tweede natuur is: vermaak gehore! Hulle herbesoek die towerkrag van die vertonings van vyftien jaar gelede; hulle vier hul afsonderlike suksesse; hulle skep, speel en leef in die hede; en hulle wonder oor wat die toekoms gaan inhou. Ontwerp en beligting: Kosie Smit. POK-hoofsaal – 80 min. – R120. 28 Sept. – 10:00, 29 Sept. – 20:30, 30 Sept. – 09:00, 1 Okt. – 13:00, 2 Okt. – 19:00 Vodacom OppiAarde (Afr./Eng.) (A) Met onder andere Jack Parow en Die Heuwels Fantasties. Moenie dié hoogtepunt op die rockkalender misloop nie. Vanjaar is daar weer ’n line-up wat die jong generasie (en waagmoediger ouer generasie) uit hul kassies gaan hê. Vir die jongste inligting besoek www.oppikoppi.co.za. Senwes-krieketstadion – 660 min. – R100 (by Computicket) en R120 (by die hekke). 2 Okt. – hekke open 12:00, vertoning begin om 13:00 Persreën (Afr./Eng./Nederlands) (A) ’n Musikale viering van Johannes Kerkorrel se musiek. Ralph Rabie se grootste treffers kry nuwe lewe soos uitgevoer deur die Puk-simfonieorkes, Puk-koor en verskeie talentvolle soliste onder leiding van Pieter de Bruin en Awie van Wyk. Met gaskunstenaars Amanda Strydom en Jan Blohm. Sanlam-ouditorium – 80 min. – R75. 28 Sept. – 14:30, 30 Sept. – 09:00 Ses Snare 2 (Afr./Eng.) (A) Die legende van die Ses Snare leef voort! Uiteenlopende kunstenaars Mathys Roets, Mel Botes, Blackie Swart, Leon Ecroignard, Wouter van de Venter en Théan Kotzé sing en speel dat die stof staan. Kom luister na treffers van onder andere Queen, Dire Straits, Bob Dylan en Sting, wat afgewissel word met spitsvondighede. Spring gou – Ses Snare se vertonings veroorsaak gewoonlik ’n stormloop. Klipdrift Elgrosaal – 90 min. – R90. 29 Sept. – 15:00, 30 Sept. – 18:00, 1 Okt. – 10:00, 2 Okt. – 20:30 Vergenoeg (Afr.) (Geen o/14: T)

Page 16: Aardklop Program 2010

Ná haar ongekende sukses met Die naaimasjien lewer Sandra Prinsloo ’n kragtoer in dié verwerking van Marita van der Vyfer se roman. Adèle is sterwend aan kanker. Haar een dogter versorg haar; die ander dogter maak moeilikheid en krap dinge deurmekaar. Sommige dinge moet gesê word, ander moet verswyg bly. Menslik, tydloos, met patos en fyn humor. Ook met Milan Murray en Alexa Strachan. Regie: André Odendaal. ’n Absa KKNK- en Sanlam-produksie. Girls High – 85 min. – R95. 28 Sept. – 14:30, 29 Sept. – 11:30, 30 Sept. – 20:30, 1 Okt. – 09:00, 2 Okt. – 11:30 Vivere (Veeltalig) (A) Jannie Moolman en Joseph Clark neem jou op ’n musikale reis met ligte klassieke musiek, opera, rock, pop en jazz en verstom met hul verskeidenheid en vokale veelsydigheid. Vivere het staande toejuigings in Pretoria, Bloemfontein en by die Absa KKNK ontvang. “Vra maar hoe oorrompel was dié wat Vivere bygewoon het.” – Volksblad. Beeld Totiussaal – 90 min. – R120. 1 Okt. – 13:30, 2 Okt. – 17:30 Klassieke Musiek 2 Cellos Recital (PG) Polina Burdukova and Carel Henn, accompanied by Kerryn Wisniewski (piano), explore the wonderful world of the cello – the most versatile string instrument. The beautiful programme includes works by Vivaldi, Handel, Tortelier, Albeniz, Piatti and Paganini. Made possible by the Rupert Music Foundation. kykNET Conservatoire – 70 min. – R85. 28 Sept. – 11:30 Acis and Galatea (OB) Barok-opera op sy beste. Die meesleurende, tragiese liefdesverhaal van Acis en Galatea, soos gekomponeer deur Handel, word vir die eerste keer in Suid-Afrika met oorspronklike instrumente uitgevoer. Daar word gelag, gehuil, en selfs gesterf vir die liefde. ’n Moderne verhoogproduksie deur Kobie van Rensburg met sangstudente van die Noordwes-Universiteit en die Nederlandse Barok-ensemble Furor Musicus. kykNET Konservatorium – 160 min. – R80. 28 Sept. – 17:30, 29 Sept. – 19:00 Blondes, Verdi & Lloyd Webber (OB) Die Blondes (Zorada Temmingh en Elna van der Merwe) se nuwe tweeklavier-produksie bring bekende arias uit Verdi-operas (La Traviata, Il Trovatore, Aida, Rigoletto, Nabucco) bymekaar: dramaties, romanties, nostalgies. Die Andrew Lloyd Webber-keurspel laat die klaviere ruk en rol op maat van die tromme met treffers uit Joseph and the Amazing Technicolor Dreamcoat, Jesus Christ Superstar, Evita, Cats, The Phantom of the Opera en sy koraalwerk Requiem. kykNET Konservatorium – 60 min. – R85. 30 Sept. – 20:00, 1 Okt. – 11:30 Concerto delle donne (OB) Pragtige jong stemme wat liefde, leed en jaloesie trompop pak. Ná verlede jaar se sukses met Il Caro Sassone begelei die Nederlandse Barok-ensemble Furor Musicus, onder leiding van Antoinette Lohmann, die jong Suid-Afrikaanse soprane Lente Louw, Linda van Coppenhagen en Elsabe Louw in ’n konsert met virtuose vokaalmusiek uit die 18de eeu. kykNET Konservatorium – 80 min. – R70. 1 Okt. – 14:30

Page 17: Aardklop Program 2010

Crème Chopin (OB) Vanjaar is die 200ste herdenking van die verjaarsdag van die Poolse komponis Frédéric Chopin. In Crème Chopin word van die gewildste en mooiste van sy klavier- en kamermusiek deur Zanta Hofmeyr (viool), Susan Mouton (tjello) en Charl du Plessis (klavier) uitgevoer. kykNET Konservatorium – 70 min. – R85. 29 Sept. – 11:30 Die Boulevard Harmoniste (OB) Die Boulevard Harmoniste se program sluit vanjaar hoofsaaklik madrigale uit die klassieke musiekskat in, maar meer populêre en volksmusiek sal ook gehoor word. Dié gemengde sesstemmige akoestiese ensemble beloof om soos altyd musiek van die boonste rak vir gehore te bied. kykNET Konservatorium – 60 min. – R60. 29 Sept. – 15:00, 1 Okt. – 17:30, 2 Okt. – 17:30 Eight Seasons with Daniel Rowland and COSA (OB) “Unforgettable Seasons – The visiting Rowland caused a stir in our concert halls with his absolute immersion in the music, always completely at the service of the composer.” The brilliant London-born violinist Daniel Rowland and COSA will combine Astor Piazzolla’s Four Seasons with the Vivaldi work of the same name: perhaps the best-known piece of classical music there is. Sanlam Auditorium – 120 min. – R120. 3 Oct. – 14:00 Handel’s Messiah: A Cappella (PG) Handel conducted his Messiah many times and often altered the music to suit the needs of the singers and orchestra available for each performance. The consequence: no single version can be regarded as the “authentic” one. Many more variations and rearrangements were added in the subsequent centuries. This version, arranged by Janine Neethling (also the musical director) with assistance from Jaconell Mouton, Roelof Colyn, Fanie Fouché and Mariëtte Labuschagne, is the latest variation. The orchestra is replaced by a 5-piece vocal ensemble. Soloists: Zanne Stapelberg (soprano), Minette du Toit-Pearce (mezzo-soprano), Siyabonga Maqungo (tenor) and Rouel Beukes (bass). Featuring the Puk Choir, conducted by Awie van Wyk. Produced by The Oude Libertas Amphitheatre. Made possible by the Rupert Music Foundation. Sanlam Auditorium – 70 min. – R110. 29 Sept. – 21:00 Parlando Furioso (OB) Dié Barokmusiek praat met woede en bewys hoe vars, opwindend en hartroerend vroeë musiek kan wees in ’n gemengde program van instrumentale en vokale musiek. Met die Nederlandse Barok-ensemble Furor Musicus, en soliste Linda van Coppenhagen en Jaco Klopper in die Handel-kantate Apollo e Dafne. kykNET Konservatorium – 80 min. – R70. 2 Okt. – 13:00 TOEAC – Klassieke akkordeonduo uit Nederland (OB) Die uitsonderlike Nederlandse akkordeonduo TOEAC, Renée Bekkers en Pieternel Berkers, slaan mense se asems weg met hul virtuose en gevoelvolle vertolkings van musiek uit die klassieke, avant-garde- en wêreldmusiekstyle. “Net soos twee dansende swane vertolk die akkordeonduo TOEAC musiekkomposisies soos ’n grasieuse ballet waar die taal van musiek, gees en liggaam optimaal vervloei.” – BN De Stem, Nederland. Moontlik gemaak deur die Rupert-musiekstigting. kykNET Konservatorium – 60 min. – R100. 30 Sept. – 14:30 en 2 Okt. – 09:00

Page 18: Aardklop Program 2010

Zorada in orreltaal (OB) Uitnemende orrelimproviseerder Zorada Temmingh speel uittreksels uit haar nuwe (derde) CD. Sy vertel die storie agter elke improvisasie: van inspirasie, ontdekking, simboliek, teksskildering en musikale struktuur. Liedere wat ingesluit word, is Vader, Seun, Heilige Gees, Loof die Here al wat lewe, Alle volke, klap jul hande, Psalm 23, As Hy weer kom en Heilig, heilig, heilig. Moontlik gemaak deur die Rupert-musiekstigting. Gereformeerde Kerk Noord – 60 min. – R85. 30 Sept. – 11:30 Visuele Kunste Feeskunstenaar: Angus Taylor: KLONT – ’n Dialoog met grond Angus Taylor beskryf sy werk as volg: “Kuns is vir my die interaksie met die materiële wêreld. Vir Aardklop maak ek gebruik van talle verskillende materiale – van saamgeperste grond, klip, gras en metale. Ek poog om ’n ruimte te skep waar vloeibare verbande gemaak kan word tussen diskoerse, dissiplines en allerlei gedagtes.” KLONT bestaan uit twee bene: tydelike publieke beelde, wat ’n nuwe idee is waarmee Taylor woeker; en die uitstalling in die galery – opsommend van sy werk en projekte oor die laaste drie jaar, wat ook nuwe werke sal insluit. Hoofgalery, Puk-kampus; openbare ruimtes in Potchefstroom. Gratis Bronze Age Bronze Age is a multifunctional art foundry that specialises in casting sculptures in bronze. Artists around the world use their services. The design studio produces a wide range of products – lights, interior accessories, bowls and exclusive, once-off furniture pieces. Alumni Hall, Puk Campus. Free CQ-Fest Die Creative Quotient Festival is ’n vertoonvenster vir die beste werk uit die advertensie- en ontwerpmilieu, insluitend die wenners van die Cannes Gold Lions en die Loeries. Dit gee ook aan verskeie instansies wat grafiese ontwerp aanbied die geleentheid om studentewerk ten toon te stel. Kunstegebou (F2), Puk-kampus. Gratis Guest Curator: Paul Boulitreau – L’Origine du monde – This Is Not a Porn Song The title is borrowed from Gustave Courbet’s famous 18th century painting The Origin of the World. Diane Victor, Judith Mason, George Setshedi, Pontsho Sikhosana, Leora Farber and many more offer their own approach to the problematic fine line between eroticism and pornography, projection and introspection. Snowflake. Free A verbis ad verbera – From Words to Blows In Richardt Strydom’s work the notion of cultural masochism as a step towards symbolic self-mortification becomes a hall of mirrors where the image of self becomes lost in a myriad of displays – often distorted, grotesque or vain. The violence that is portrayed is self-inflicted. The scars and injuries represent psychological scars that manifest physically and may be perceived as both metaphorical and real. Snowflake. Free

Page 19: Aardklop Program 2010

Dreamer on the Other Side Kudzanai Chiurai is an exciting young artist from Zimbabwe, currently living and working in Johannesburg, who studied fine arts at the University of Pretoria. He mainly uses painting and photography to comment on our present-day society. Snowflake. Free Painters Who Print Over the past twenty years of pioneering lithography in South Africa, Mark Attwood has noticed that artists who are primarily painters tend to make the most exceptional prints. South African painters who have worked at The Artists’ Press reveal their vision in print form, including monoprints. Alumni Hall, Puk Campus. Free Portrette en ander weergawes Ingrid Winterbach se reeks portrette fokus op mense wat sy ken sowel as op vreemdelinge, maar die keuse van ’n bepaalde gesig is selde of ooit arbitrêr. Die gesigte/portrette is in ’n meerdere of mindere mate verteken – soms nét af van heeltemal realisties en soms veel meer verwronge. Winterbach se gunsteling-medium is pastel. Alumni-saal, Puk-kampus. Gratis Skilder met woorde Werk uit die ATKV se kunsversameling word gekompleteer deur ’n kort gedig, kwatryn of haikoe deur ’n woordkunstenaar wat ’n spesifieke kunswerk as inspirasie of vertrekpunt gebruik het. Aangevul deur stemopnames van die gedigte word dit vir die kyker ’n visuele sowel as ouditiewe ervaring. Perskor-galery, Puk-kampus. Gratis Spier Contemporary 2010 The winners from Spier Contemporary 2010, South Africa’s biggest biennale exhibition, will be showcased at Aardklop for the first time. This extraordinary exhibition reflects on the depth and breadth of the South African experience. Sanlam Auditorium, Puk Campus. Free Streek Streek dien as ’n platform om die verskeidenheid van oud- en huidige kunstenaars van die Potchefstroom-omgewing ten toon te stel. Vanjaar se genooide erekunstenaar, Marianna Booyens, neem in haar uitstalling In die middel van al ons wêrelde die toeskouer op reis deur werke wat sy die afgelope agt jaar in Stellenbosch geskilder het. Die Potchefstroomse Hoofmuseum. Gratis Stand Pauline Gutter ondersoek die spanning tussen die visuele vergestalting – in olieverf, houtskool of rou pigment – en die konseptuele opbou van beelde. Die merkgebruik as tegniek spreek van smartvolle gewelddadigheid, skending en intense gedagtes oor voortbestaan. Stemlose slagoffers getuig stilswyend van onuitspreeklike afgryse.

Page 20: Aardklop Program 2010

Alumni-ingang, Puk-kampus. Gratis Stasis Steven Bosch uses doves as a cultural metaphor – evoking ideas of freedom, peace, hope, love, purity, innocence, knowledge, sacrifice or migration. But it also illustrates how society is in stasis – in a state of apathy or constant feud. Intellectually the artist takes the viewer on a semiotic journey. Snowflake. Free The Paris-Jozi Collection Supported by the Rendezvous Art Project six South African artists had the opportunity to travel to Paris and be part of a workshop on lithography at the Atelier Pons, with master lithographer Elisabeth Pons offering assistance. Works of Hanneke Benade, Johann Louw, Lehlogondo Mashaba, Musha Neluheni and Pontsho Sikhosana will be on display. Botanical Garden Gallery, Puk Campus. Free Kunssafari (OB: Geen o/12) Die kunsuitstallings word geopen met ’n safari. Dié geleentheid sluit ’n wyntjie en iets om te eet in. Botaniese tuin, Puk-kampus (beginpunt) – 240 min. – R70. 27 Sept. – 16:00 Kunstoere (OB: Geen o/12) Begeleide kunstoere word daagliks deur Theo Kleynhans aangebied. Sanlam-ouditorium (beginpunt) – 90 min. – R55. 28 Sept. tot 2 Okt. – 09:30