afdeling a: die grondwet van commercia 1. inleiding 1.1 ... · 2. die bestuur van commercia 2.1 die...

21
1 AFDELING A: DIE GRONDWET VAN COMMERCIA 1. INLEIDING 1.1 Die missie en visie van Commercia Commercia het ontstaan in die jaar 1994. Die Vereniging verteenwoordig die Ekonomiese en Bestuurswetenskappe studente op alle moontlike vlakke op die basis van die Christelike karakter van die NWU. Deur uitlopende projekte bied Commercia aan elke B.Comm student die geleentheid om sy/haar intellektuele, sosiale en geestelike potensiaal optimaal en as gebalanseerde individu te ontwikkel. Die missie van die vereniging is as volg: Om in die eerste plek die beginsels van die Christelike lewens –en wêreldbeskouing op die vlak van wetenskapsbeoefening onder die studente van die Ekonomiese en Bestuur Wetenskappe te bevorder; Om probleme en voorstelle van die studente by die departementele, fakulteits en akademiese raadvergaderings op te neem; Om studente van hulp te wees met akademiese probleme, beursaansoeke, vakansiewerk en enige anderprobleme wat hul mag ondervind, of om sodanige studente te kanaliseer na persone wat hul moontlik van hulp kan wees. Om sprekers en ander beroepsverwante funksies te reel; Om sodanige geleenthede te skep waar B.Comm studente saam kan verkeer. Die visie van die vereniging is as volg: Proaktiewe dienslewering deur doelgerigte betrokkenheid

Upload: others

Post on 19-May-2020

4 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: AFDELING A: DIE GRONDWET VAN COMMERCIA 1. INLEIDING 1.1 ... · 2. DIE BESTUUR VAN COMMERCIA 2.1 Die samestelling van die bestuur Die bestuur bestaan uit die volgende portefeuljes

1

AFDELING A: DIE GRONDWET VAN COMMERCIA 1. INLEIDING

1.1 Die missie en visie van Commercia

Commercia het ontstaan in die jaar 1994. Die Vereniging verteenwoordig die

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe studente op alle moontlike vlakke op die

basis van die Christelike karakter van die NWU. Deur uitlopende projekte bied

Commercia aan elke B.Comm student die geleentheid om sy/haar intellektuele,

sosiale en geestelike potensiaal optimaal en as gebalanseerde individu te

ontwikkel.

Die missie van die vereniging is as volg:

• Om in die eerste plek die beginsels van die Christelike lewens –en

wêreldbeskouing op die vlak van wetenskapsbeoefening onder die

studente van die Ekonomiese en Bestuur Wetenskappe te bevorder;

• Om probleme en voorstelle van die studente by die departementele,

fakulteits en akademiese raadvergaderings op te neem;

• Om studente van hulp te wees met akademiese probleme,

beursaansoeke, vakansiewerk en enige anderprobleme wat hul mag

ondervind, of om sodanige studente te kanaliseer na persone wat hul

moontlik van hulp kan wees.

• Om sprekers en ander beroepsverwante funksies te reel;

• Om sodanige geleenthede te skep waar B.Comm studente saam kan

verkeer.

Die visie van die vereniging is as volg:

• Proaktiewe dienslewering deur doelgerigte betrokkenheid

Page 2: AFDELING A: DIE GRONDWET VAN COMMERCIA 1. INLEIDING 1.1 ... · 2. DIE BESTUUR VAN COMMERCIA 2.1 Die samestelling van die bestuur Die bestuur bestaan uit die volgende portefeuljes

2

1.2 Kleure van Commercia:

• Swart simboliseer die professionaliteit waarmee die vereniging se komitee

die mede B.Comm studente hanteer.

• Maroon simboliseer ons verbintenis met die universiteit.

• Lemmetjie Groen simboliseer die entoesiasme waarmee ons na mede

B.Comm studente se belange en versoeke luister.

1.3 Patronaat

• Commercia stel homself onder die patronaat van die Studenteraad van die

NWU ingevolge die Grondwet van die Studenteraad, onder die vaandel van

die SR-Akademiese Raad.

2. DIE BESTUUR VAN COMMERCIA

2.1 Die samestelling van die bestuur

Die bestuur bestaan uit die volgende portefeuljes naamlik:

• Voorsitter

• Ondervoorsitter

• Sekretaresse

• Penningmeester

• SJGD

• Skakeling

• Bemarking

• Akademie

• Sosiaal (2 persone)

• Publikasies

• Borge

Page 3: AFDELING A: DIE GRONDWET VAN COMMERCIA 1. INLEIDING 1.1 ... · 2. DIE BESTUUR VAN COMMERCIA 2.1 Die samestelling van die bestuur Die bestuur bestaan uit die volgende portefeuljes

3

2.2 Die verkiesing van die bestuur

2.2.1 Die tyd van die verkiesing

Die verkiesing van ‘n nuwe Commercia komitee geskied ‘n week na die

Studenteraad se verkiesing.

2.2.2 Kandidaatvereistes

a. Enige persoon mag genomineer word vir die Commercia-

bestuursverkiesing mits hul aan die volgende vereistes voldoen:

I. Die kandidaat moet ‘n ingeskrewe lid van die ekonomiese en

bestuurswetenskappe fakulteit wees en moet aan die lidmaatskap

vereistes, soos uiteengesit in die Huishoudelike Reglement, voldoen

en so ook sy gelde betaal het ten opsigte van lidmaatskap.

II. Die kanidaat moet die gepaste nominasievorm invul.

III. Alle nominasies moet onderteken word deur die voorsteller, twee

sekondante en genomineerde. Kandidate kan hulself voorstel met

die ondersteuning van sekondante.

IV. Nominasies open twee weke voor die verkiesingsdatum.

V. Die nominasies sluit twee dae voor die verkiesing en moet

ingehandig word by die voorsitter.

VI. Die kandidate moet voor die verkiesingskomitee verskyn vir ‘n

onderhoud. Die verkiesingskomitee het die volmag om na aanleiding

van die onderhoud ‘n kandidaat af te wys vir verkiesing tot die

bestuur.

VII. Saam met die nominasievorm moet daar ook deur die kandidaat ‘n

volledige akademiese rekord en beleidsverklaring ingehandig word.

Page 4: AFDELING A: DIE GRONDWET VAN COMMERCIA 1. INLEIDING 1.1 ... · 2. DIE BESTUUR VAN COMMERCIA 2.1 Die samestelling van die bestuur Die bestuur bestaan uit die volgende portefeuljes

4

VIII. Twee dae voor die verkiesing word die kandidate se CV’s en

beleidsverklarings gefotostateer en elke lid van die bestaande

komitee ontvang ‘n vorm om dit sorgvuldig deur te gaan.

IX. Nominasies vir die voorsitter: slegs persone wat reeds op die

bestuur vir ‘n volle ampstermyn dien, mag vir die portefeuje voorsitter

staan.

2.2.3 Die wyse van stem

a. Stemming vind plaas per geslote stembrief.

b. Die voorsitter, Commercia se voog, Prof Renier van Rensburg, sowel as

die voog op die UK moet monitor dat die verkiesing regverdig geskied.

2.2.4 Die tel van stemme

a. Alle stembriewe moet deur die voorsitter getel word.

b. Die tel van die stembriewe moet deurlopend deur die voog gemonitor

word en sorg gedra word dat daar nie omgerymdhede voorkom nie.

c. Indien die kandidaat alleen staan vir ‘n portefeulje, moet hy/sy twee

derdes van alle stemme verwerf om wel op die bestuur te dien. Indien dit

nie verwerf word nie, moet die portefeulje weer oopgestel word vir enige

student.

2.2.5 Die bekendmaking van die stemme BELANRIK!! Die verkiesingskomitee mag geen verandering aanbring aan die

uitslae van die verkiesing nie. Die verkiesing van die bestuur moet ten volle

demokraties geskied.

a. Die uitslae van die verkiesing word bekend gemaak op die aand van

die B.Com dinee

Page 5: AFDELING A: DIE GRONDWET VAN COMMERCIA 1. INLEIDING 1.1 ... · 2. DIE BESTUUR VAN COMMERCIA 2.1 Die samestelling van die bestuur Die bestuur bestaan uit die volgende portefeuljes

5

b. Die uitslae wat die aand voorgehou word is finaal en geen verandering

sal gemaak word nie tensy daar onteensegtlik bewys kan word dat

daar onreëlmatighede plaasgevind het.

c. Indien daar sou bevind word dat daar ongerymdhede plaasgevind het

met die verkiesing, moet die verkiesing herhaal word en moet die

Dekaan van die Ekonomiese wetenskappe ‘n nuwe verkiesingskomitee

aanwys.

2.2.6 Interne Dispuuthantering

a. In alle gevalle moet daar gekyk word of ‘n dispuut wat intern ontstaan, nie

onderling gehanteer kan word nie (nie net dispute wat ontstaan a.g.v. die

verkiesing nie).

b. Indien die dispuut nie intern hanteer kan word nie, moet die hulp van die

Akademiese Raad Voorsitter ingeroep word as fassiliteerder.

c. Indien die proses nie die saak oplos nie, moet die een of albei partye die

ander skriftelike kennisgewing oorhandig aan die ander party dat hul na

die volgende vlak van gesag gaan: die lede moet dit met die Dekaan van

die Ekonomiese Wetenskappe opneem.

2.2.7 Vakturevulling

a. Indien die voorsitter bedank of afgedank word, sal die ondervoorsitter wat

vir die nuwe termyn verkies is die leiding oorneem. Indien die voorsitter

bedank moet die betrokke persoon ‘n skriftelike kennisname indien.

b. Die voorsitter moet ‘n vergadering roep waar al die betrokke bestuurslede

teenwoordig is. Gedurende die vergadering sal die voorsitter sy/haar

omstandighede verduidelik en dan die leiding oorgee aan die

ondervoorsitter.

c. “n Nuwe kandidaat(e) sal vanuit die huidige bestuur genomineer word om

die vakante portefeulje, ondervoorsitter, in te neem. Elke betrokke

Page 6: AFDELING A: DIE GRONDWET VAN COMMERCIA 1. INLEIDING 1.1 ... · 2. DIE BESTUUR VAN COMMERCIA 2.1 Die samestelling van die bestuur Die bestuur bestaan uit die volgende portefeuljes

6

bestuurslid op die komitee sal een gelyke stem hê. Die stemproses sal op

‘n demokratiese manier hanteer en getel word deur die vorige voorsitter

sowel as die nuut verkose voorsitter. Hier geld al die kanidaatvereistes

sowel as die vereistes vir die verkiesing.

d. Indien ‘n vakture ontstaan anders as voorsitter en ondervoorsitter, moet

die bestuur terugverwys na die verkiesingsuitslae van die vorige

verkiesing om te bepaal wie die persoon is wat die tweede meeste van die

stemme verwerf het vir die spesifieke portefeulje, dus moet al die

aansoeke, suksesvol en onsuksesvol, bewaar word deur die voorsitter.

e. Indien geen eenstemmigheid bereik kan word of 2 kandidate ewe veel

stemme het, het die voorsitter die finale sê.

3. DISSIPLINE EN TUG

3.1 Die samestelling van Commercia se Tugkomitee

Commercia se Tugkomitee bestaan uit die volgende lede:

• Die Commercia Voorsitter

• Die Commercia Onder-voorsitter

• Commercia se Sekretaresse

• Commercia se voog

• Commercia se verteenwoordiger op die Akademiese UK

• Die Sekretaresse het nie stemreg in die verhoor nie, maar is net

daar om die notule en tugboek van die vereniging op datum te

hou.

• Indien die Voorsitter getug word moet die Dekaan die verrigtinge

oorneem en hanteer.

• Indien die Onder-voorsitter getug word, word hy/sy nie vervang

met ander persone nie. Die posisie op die tugkomitee is dan net

vakant, so ook met die sekretaresse.

Page 7: AFDELING A: DIE GRONDWET VAN COMMERCIA 1. INLEIDING 1.1 ... · 2. DIE BESTUUR VAN COMMERCIA 2.1 Die samestelling van die bestuur Die bestuur bestaan uit die volgende portefeuljes

7

3.2 Die Tugbevoegdhede van die Commercia–Tugkomitee.

a. Die bevoegdhede van die tugkomitee word bepaal deur die voorskrifte van

bylaag D van die Statuut van die Universiteit en die reëls van die

Grondwet en reglement asook die Gedragskode vir B.Comm studente.

3.4.2 Prosedure tydens verhoor

a. Die Voorsitter hanteer die verrigtinge tydens die verhoor.

b. By die aanvang van die verhoor moet die voorsitter toesien dat die

tugkomitee saamgestel is soos in afdeling 3.1.

c. Geen bespreking van die meriete van die saak, geloofwaardigheid van die

getuies en vonnis mag voor die aanvang van die verhoor plaasvind nie.

d. Die aangeklaagde moet in kennis gestel word dat hy homself kan verweer

of van die hulp gebruik kan maak van ‘n verteenwoordiger.

e. Wanneer die aangeklaagde voor die komitee verskyn moet die voorsitter

dit aan die aangeklaagde bekend maak dat die saak nou ondersoek

word tydens die verhoor en moet hy ook die prosedure aan die

aangeklaagde verduidelik.

f. Die klag word deur die Commercia-sekrataresse voorgelees aan die

aangeklaagde. Die aangeklaagde kry nou die geleentheid om die aanklag

te erken/ontken.

g. Vrae mag nou deur die Tugkomitee gevra word ten opsigte van die

uitklaring van moontlike onduidelikhede ten opsigte van die persoon se

ontkenning/erkenning.

h. Indien die aangeklaagde die beweerde oortreding erken, kan die

tugkomitee die aangeklaagde skuldig bevind en ‘n vonnis opgelê word

sonder om getuienis aan te hoor. (Getuienis mag aangehoor word ten

opsigte van die versagting of die bepaling van ‘n geskikte straf.)

Page 8: AFDELING A: DIE GRONDWET VAN COMMERCIA 1. INLEIDING 1.1 ... · 2. DIE BESTUUR VAN COMMERCIA 2.1 Die samestelling van die bestuur Die bestuur bestaan uit die volgende portefeuljes

8

i. Indien die beskuldigde die bewerings ontken moet die komitee die

getuienis van albei kante aanhoor.

j. Die komitee mag getuies ondervra, kruis ondervrae en ook terugroep vir

ondervraging.

k. Buiten die mondelinge getuienis wat gebruik word, mag daar ook

skriftelike dokumente gebruik word.

l. Die tugkomitee verleen aan die aangeklaagde en sy verteenwoordiger

redelike en billike tyd om getuies te ondervra asook om vrae te stel t.o.v.

dokumentêre bewyse asook reële bewyse.

m. Nadat daar namens die tugkomitee getuig is, kry die aangeklaagde

getuies in sy/haar verweer, met die volgende voorbehoude:

I. Die aangeklaagde moet nie voor sy getuies getuig nie en die

aangeklaagde se getuies nie voor mekaar nie. Indien ‘n persoon

klaar getuig het, mag hy wel die verhoor verder bywoon.

II. Die tugkomitee mag die aangeklaagde en sy getuies ondervra.

n. Nadat die tugkomitee die getuienis namens die aangeklaagde aangehoor

het, mag die tugkomitee van die getuies herroep en ondervra. Die

aangeklaagde mag die getuies kruis ondervra.

o. Hierna moet die voorsitter die aangeklaagde die geleentheid gee om

vertoë te lewer t.o.v. of die klag bewys is of nie.

p. Nadat vertoë gelewer is, moet die Tugkomitee d.m.v. ‘n twee-derde

meerderheid stem bepaal of die aangelaagde skuldig of onskuldig is. Die

aangeklaagde en sy verteenwoordiger mag nie hier teenwoordig wees nie.

q. Die voorsitter maak die bevindinge mondelings bekend aan die

aangeklaagde. Indien skuldig bevind word moet die aangeklaagde tyd

gegee word om getuienis te lewer of om getuies te roep ter straf

versagting.

r. Die tugkomitee neem die bg. getuienis in punt ‘s’ in ag, asook die

getuienis aangaande die akademies en dissiplinêre rekords van die

persoon.

Page 9: AFDELING A: DIE GRONDWET VAN COMMERCIA 1. INLEIDING 1.1 ... · 2. DIE BESTUUR VAN COMMERCIA 2.1 Die samestelling van die bestuur Die bestuur bestaan uit die volgende portefeuljes

9

s. Die tugkomitee besluit nou in die afwesigheid van die persoon en sy

verteenwoordigers op ‘n gepaste straf.

t. Die voorsitter van die tugkomitee deel die persoon mondelings sy straf

mee of skriftlik en verduidelik aan die persoon hoe daar geappèleer kan

word teen die straf.

3.5 Strawwe

a. Oplegging van enige straf, kombinasie van strawwe of opgeskorte straf

wat opvoedkundig van aard is en binne die Universiteit se institusionele

kultuur regverdigbaar is en onder die omstandighede regverdigbaar is.

b. Berispe sonder om ‘n boete op te lê.

c. Geldboete wat nie meer is as die bedrag wat die Raad voorskryf vir sy

koshuistugsake nie.

d. Beëindiging van die student se lidmaatskap van die vereniging mits:

I. Die Dekaan van die Ekonomiese Wetenskappe Fakulteit deel was

van die tugkomitee OF

II. Die bg. persoon saamgestem het met die straf.

3.6 Die tugboek

a. Die tugboek moet die volgende bevat:

I. Datum en die tyd waarop die verhoor plaasgevind het asook die

name van die Tugkomitee lede.

II. Die volle name en van die aangeklaagde asook sy/haar

studentenommer.

III. ‘n Beskrywing van die aard van die oortreding met die vermelding

van waar, die tyd en datum van die oortreding asook die

aangeklaagde so pleit.

IV. Die name en vanne, asook hul studentenommers van die getuies.

V. Die bevinding van die tugkomitee.

Page 10: AFDELING A: DIE GRONDWET VAN COMMERCIA 1. INLEIDING 1.1 ... · 2. DIE BESTUUR VAN COMMERCIA 2.1 Die samestelling van die bestuur Die bestuur bestaan uit die volgende portefeuljes

10

VI. Die vonnis wat opgelê is en indien ‘n boete opgelê is, asook die

kwitansienommer t.o.v. betaling daarvan, wat die aangeklaagde

binne sewe dae na strafoplegging aan die Tug-voorsitter moet

toon.

b. Die tugboek moet ter insae altyd by die Commercia-sekretaresse

beskikbaar wees.

b. Die persoon kan vir die doeleindes van die appèl bygestaan word deur

‘n ander persoon.

c. Die prosedure word bepaal deur die tugkomitee.

d. Die Tugkomitee kan suiwer sy beslissing maak op die dokumente wat

ingedien is.

e. Afwesigheid van die aangeklaagde by die verhoor maak nie die

verhoor ongeldig nie.

3.7 Verandering aan die Grondwet van Commercia

a. Indien ‘n lid of lede van die vereniging ‘n verandering wil voorstel aan die

Grondwet van Commercia moet die volgende prosedure gevolg word:

I. Die verandering moet op skrif gestel word.

II. Dit moet sewe dae voor ‘n Commercia-bestuursvergadering ingedien

word.

III. Die Commercia-sekretaresse moet die saak gaan ondersoek

ingevolge die Studenteraad Grondwet.

IV. Indien die veranderinge geen botsings het met die bepalings van die

Studenteraad en Commercia-Grondwet nie, moet dit op ‘n

bestuursvergadering voorgelê word. Indien die bestuur nie ‘n fout

kan vind met die veranderings nie, kan die bestuur stem oor die

aangeleentheid.

Page 11: AFDELING A: DIE GRONDWET VAN COMMERCIA 1. INLEIDING 1.1 ... · 2. DIE BESTUUR VAN COMMERCIA 2.1 Die samestelling van die bestuur Die bestuur bestaan uit die volgende portefeuljes

11

V. Die bestuur besit stemreg t.o.v. veranderinge aan die Grondwet

omdat hul verteenwoordigend gekies is deur die studente.

VI. Die stemming wat behaal moet word om ‘n verandering geldig te

maak, is ‘n twee-derde meerderheid stem.

VII. Die commercia-voorsitter het nie stemreg nie tensy daar ‘n staking in

stemme is.

VIII. Die hele bestuur moet teenwoordig wees indien daar tot stemming

oorgegaan word.

IX. Indien dit wel gebeur dat ‘n bestuurslid nie die stemming kan bywoon

nie, moet die twee-derde meerderheid daarvolgens aangepas word.

X. Die sekretaresse moet die besluit notuleer en indien die verandering

goedgekeur word, moet hy/sy dit aanbring op die Grondwet.

AFDELING B: DIE HUISHOUDELIKE REGLEMENT

111... DIE PLIGSTAAT VAN DIE COMMERCIA-BESTUUR

1.1 Die Voorsitter

Dit is die pligte van die Voorsitter om:

1. As uitvoerende hoof van die vereniging op te tree.

2. Alle Commercia vergaderings te lei.

3. Sorg te dra dat alle B.Comm studente die gedragskode vir B.Comm

studente nastreef en nakom.

4. As voorsitter van die Commercia-tugkomitee op te tree en ook alle appèl

aansoeke in ontvangs te neem.

5. Die Comercia-verkiesings te reël, koordineër en as voorsitter op te tree

van die verkiesingskomitee.

6. As skakel op te tree tussen Commercia, die Dekaan van die Ekonomiese

wetenskappe, Commercia se voog, en die SR-Akamiese Raad.

Page 12: AFDELING A: DIE GRONDWET VAN COMMERCIA 1. INLEIDING 1.1 ... · 2. DIE BESTUUR VAN COMMERCIA 2.1 Die samestelling van die bestuur Die bestuur bestaan uit die volgende portefeuljes

12

7. Die voorsitter moet saam met die penningmeester beheer uitoefen oor die

finansies van die vereniging en die maandelikse balansstate kontroleer.

8. Die voorsitter moet ook die grondwet en huishoudelike reglement van

Commercia op ‘n jaarlikse basis hersien.

9. Die voorsitter het die finale sê indien die bestuur nie tot ‘n besluit kan kom

nie.

10. Die weeklikse vergadering gereël deur die Akademiese Raad bywoon en

Commercia daar verteenwoordig.

11. ‘n Beplanningskamp koordineer waar die Commercia komitee beplanning

vir die nuwe termyn doen.

1.2 Die Ondervoorsitter

Dit is die Ondervoorsitter se plig om:

1. Gesamentlik saam met die Voorsitter sorg te dra dat die bestuur hul pligte

uitvoer en samehorigheidsgevoel tussen bestuurslede te bevorder en

instand te hou.

2. Die voorsitter op alle gebiede te ondersteun.

3. Alle Commercia-vergaderings te lei indien die Voorsitter nie teenwoordig

is nie.

4. Beheer uit te oefen oor die klerasie van die bestuur en fakulteitsbaadjies.

5. Vergaderings by te woon wat die voorsitter nie kan bywoon nie.

6. Verantwoordelik vir die instandhouding en opgradering van die kantoor

1.3 Sekretaresse

Dit is die pligte van die Sekretaresse om:

1. Alle administratiewe skakeling tussen Commercia en ander instansies te

beheer.

Page 13: AFDELING A: DIE GRONDWET VAN COMMERCIA 1. INLEIDING 1.1 ... · 2. DIE BESTUUR VAN COMMERCIA 2.1 Die samestelling van die bestuur Die bestuur bestaan uit die volgende portefeuljes

13

2. Notules van alle vergaderings te hou en beskikbaar te stel aan die res van

die bestuur binne sewe dae na die vergadering.

3. Alle administratiewe aangeleenthede te hanteer bv. die maak van

briefhoofde.

4. Alle bestuurslede te verwittig t.o.v. vergaderings wat gehou, asook

verandering van datums, vier-en-twintig uur voor die tyd.

5. Om te help met die tik van alle verslae en korrespondensie van die

bestuurslede.

6. Bywoning van funksies te koordineër.

7. ‘n Openingslys vir vergaderings opstel.

8. Alle administratiewe rondom enige Commercia-funksie/aksies te koördiner

in samewerking met die onder-voorsitter.

1.4 Penningmeester

Dit is die Penningmeester se plig om:

1. Alle finansiële transaksies namens die vereniging te hanteer.

2. Sorg te dra dat die verskeie portefeuljes binne die raamwerk van die

begroting vir die funksies wat hulle gaan aanbied, bly.

3. Toe te sien dat die finansies verantwoordelik gehanteer word en dat die

boeke van die vereniging op datum is en dat daar geen ongeruimdhede

ontstaan nie.

4. Ten alle tye toe te sien dat daar verantwoording gedoen kan word van alle

geld van Commercia.

5. Maandelikse balansstate aan die Voorsitter voor te lê.

6. Toe te sien dat alle gelde deur die Commercia-rekening gaan.

1.5 SJGD

Dit is die bestuurslid vir Gemeenskapsdiens se plig om:

Page 14: AFDELING A: DIE GRONDWET VAN COMMERCIA 1. INLEIDING 1.1 ... · 2. DIE BESTUUR VAN COMMERCIA 2.1 Die samestelling van die bestuur Die bestuur bestaan uit die volgende portefeuljes

14

1. Die SJGD-subkomitee te verkies en aan hulle opleiding verskaf (in

samewerking met PUK-SJGD) m.b.t. wat hul funksie binne die raamwerk

van die vereniging is.

2. Alle subkomitee-vergaderings van SJGD te lei.

3. As skakel te dien tussen die SJGD-subkomitee en Commercia-bestuur

4. Alle behoeftige studente te identifiseer in samewerking met Finansiële

Steun Dienste

5. Aan al die behoeftige studente in die B.Com Fakulteit te ondersteun d.m.v

aankoop van handboeke, studiemateriaal ens.

6. Om die Commercia boekwinkel in stand te hou, asook rekord te hou van

alle boeke en skenkings wat inkom, en boeke wat uitgaan.

7. Die boeke se rekords op die rekenaar te sit en dit gereeld op dateer

1.6 Bemarking

Dit is die plig van die Bemarkings- bestuurslid om:

1. Alle bemarking aangeleenthede van Commercia te hanteer. Dit beteken

dat die persoon verantwoordelik is vir die maak en opsit van reklame-

materiaal en die afhaal daarvan.

2. Sorg te dra dat die portefeulje binne die raamwerk van die begroting van

die vereniging bly.

3. Die glaskas in die Ekonomiese Fakulteit in stand te hou met gepaste

inligting, fotos van die komitee en bemarking van aksies asook ‘sterkte

met die eksamen’ en ‘welkom terug boodskappe’.

4. Om beheer te neem van die Commercia fiets wat daagliks op kampus ry

1.7 Akademie

Dit is die Akademie-bestuurslid se plig om:

Page 15: AFDELING A: DIE GRONDWET VAN COMMERCIA 1. INLEIDING 1.1 ... · 2. DIE BESTUUR VAN COMMERCIA 2.1 Die samestelling van die bestuur Die bestuur bestaan uit die volgende portefeuljes

15

1. Terugvoer aan studente gee oor akademiese aangeleenthede.

2. Aan akademiese presteerders erkenning te gee tydens die Prestige-aand.

Daar moet ook deurlopend aan akademiese presteerders erkenning

gegee word na die afloop van semestertoetse en eksamens m.b.v.

Reklame en die Sekretaresse.

3. Besoeke aan maatskappye te reël vir die bestuurslede.

4. As spreekbuis op te tree vir die nagraadse studente wat hul

verteenwoordig by die dosente en Commercia.

5. Om nagraadse studente te betrek by alle toepaslike Commercia-

aangeleenthede.

6. Saam met die onder-voorsitter industriële toere te reël.

7. Voorgraadse studente bewus maak van projekte en nagraadse studie.

8. Die akademiese klagtevorms op ‘n daaglikse basis SR kantoor toe te vat

1.8 Sosiaal

Dit is die Sosiale-bestuurslede so plig om:

1. Alle sosiale aksies van die vereniging te inisieer en te koordineer.

2. Sorg te dra dat alle aksies binne die raamwerk van die Christelike karakter

van die Universiteit dra 1.9 Publikasies

Dit is die publikasies bestuurslid se plig om:

1. ‘n Eerstejaarsboekie saam te stel wat die telefoon en kantoor nommers

van die dosente van die vier verskillende skole in die Ekonomiese fakulteit

bevat.

2. Die ontwerp en druk van die eerstejaarsboekie.

3. Om ten minste 4 publikasies van die Commercrantjie te publiseer wat

fotos, vakansiewerk en onderhoude bevat.

Page 16: AFDELING A: DIE GRONDWET VAN COMMERCIA 1. INLEIDING 1.1 ... · 2. DIE BESTUUR VAN COMMERCIA 2.1 Die samestelling van die bestuur Die bestuur bestaan uit die volgende portefeuljes

16

4. Om Commercia se webtuiste te twee-weekliks te hersien en aan te vul

met nodige inligting en fotos sodat die inligiting op datum bly.

1.10 Skakeling

Dit is die skakelings bestuurslid se plig om:

1. Te skakel met die dosente en akademiese raad in verband met ‘n funksie

of aksie wat gehou word.

2. Om verjaardag en gelukwens kaartjies aan die dosente van die

Ekonomiese Wetenskappe uit te deel.

1.11 Borge

Dit is die borge bestuurslid se plig om:

1. Borge te werf vir akademiese en sosiale aangeleenthede van Commercia.

2. “n Professionele borgvoorlegging op te stel volgens die standaard van die

Puk

2. VERGADERINGS

2.1 Bestuursvergaderings

1. Alle bestuurslede moet die vergaderings bywoon.

2. Die tyd en dag van die vergadering word aan die begin van die termyn

bepaal en is ‘n ad-hoc reëling vir die jaar.

3. Indien ‘n lid nie ‘n vergadering kan bywoon nie, moet hy skriftelik

verskoning maak by die Sekretaresse en mondelings by die Voorsitter.

Dit moet egter vier-en-twintig uur voor die vergaderings gedoen word en

aan die Sekretaresse oorhandig word. Dit is die bestuurslid se eie

verantwoordelikheid om uit te vind watter besluite geneem is gedurende

die vergadering.

Page 17: AFDELING A: DIE GRONDWET VAN COMMERCIA 1. INLEIDING 1.1 ... · 2. DIE BESTUUR VAN COMMERCIA 2.1 Die samestelling van die bestuur Die bestuur bestaan uit die volgende portefeuljes

17

4. Daar moet daarop gelet word dat indien ‘n bestuurslid versuim om

verskoning te maak vir ‘n betrokke aksie of vergadering en afwesig is, kan

hy voor die tugkomitee van Commercia gedaag word en indien ‘n lid

versuim om twee en meer vergaderings by te woon sonder verskoning

kan hy outomaties van sy pligte onthef word. Appèl teen so ‘n vonnis

moet direk aan die Voorsitter gerig word, waar hy/sy dit met die Dekaan

van die Fakulteit en ook Commercia se voog sal bespreek.

5. Die Sektretaresse en die Voorsitter stel saam die agenda van die

vergadering op en die vergadering moet streng daarvolgens geskied. Die

agenda vir die vergadering sluit twee ure voor die vergadering.

6. Daar moet van elke bestuursvergadering notule gehou word, naamlik:

• Getikte notule wat aan al die bestuurslede ge-epos word

7. Die getikte notule van die vergadering moet goedgekeur word deur die

vergadering en moet deur die Voorsitter en die Sekretaresse geteken

word.

8. Die notules moet beskikbaar wees ter insae vir bestuurslede indien daar

na vorige besluite gekyk moet word.

9. Nie notules is amptelik en indien nodig geag kan dit gebruik word in

tugsake as bewyse.

10. Indien ‘n bestuurslid laat is vir ‘n funksie of vergaderings of dit nie bywoon

nie, het die Voorsitter die reg om hom te tug en ‘n geldelike boete uit te

deel. Die bedrae vir so ‘n boete moet aan die begin van die termyn

vasgestel word. Geldelike boetes geld ook indien selfone gedurende

vergaderings lui of daar van kru-taal gebruik gemaak word.

11. ‘n Verteenwoordiger van SAIPA en Excursio moet elke vergadering van

Commercia bywoon.

2.2 Algemene vergaderings

1. Daar moet ten minste een algemene vergadering gehou word per

semester.

Page 18: AFDELING A: DIE GRONDWET VAN COMMERCIA 1. INLEIDING 1.1 ... · 2. DIE BESTUUR VAN COMMERCIA 2.1 Die samestelling van die bestuur Die bestuur bestaan uit die volgende portefeuljes

18

2. Alle bestuurslede en subkomitee-lede moet teenwoordig wees.

3. Enige B.Comm lid is welkom om die vergaderings by te woon.

4. Daar moet amptelik notule gehou word soos by bestuursvergaderings.

5. Die agenda sluit twee ure voor die vergadering.

6. Die voorsitters van die subkomitees besluit self wanneer hulle sal

vergader. Een vergadering per kwartaal is verpligtend.

2.3 Kantoordiens en die instandhouding van die kantoor

1. Elkeen van die komitee lede doen weekliks kantoordiens, wat bespreek en

beplan word sodra almal hulle klas roosters vir die nuwe jaar het.

2. Kantoor ure geskied vanaf 8h30 tot en met 14h00 en vanaf Maandae tot

Donderdae.

3. As ‘n bestuurslid kantoordiens gedoen het, moet hy/sy die kantoor skoon

en netjies laat.

4. Die telefoon in die kantoor mag nie misbruik word nie, dit mag slegs vir

Commercia verwante aangeleenthede gebruik word.

5. Die lid op diens moet enige B.Comm student van hulp wees en verwys

indien nodig.

6. Indien ‘n bestuurslid nie sou opdaag vir sy/haar kantoordiens nie, sal hulle

‘n skriftelike waarskuwing ontvang.

2.4 Die bekleeing van ‘n posisie as ‘n Commercia bestuurslid

1. ‘n Bestuurslid mag nie met sy/haar Commercia drag rook of drink nie.

2. Die Commercia bestuurslede moet almal hulle formele drag dra op die

ooreengekome dag wat weekliks geskied.

3. Die Commercia bestuurslede moet altyd vriendelik en behulpsaam wees

teenoor ander B.Comm Studente.

4. Indien ‘n B.Comm student alreeds op ‘n Uitvoerende Komitee of ‘n Huis

Komitee dien, sal hul nie toegelaat word om vir Commercia te staan nie.

Page 19: AFDELING A: DIE GRONDWET VAN COMMERCIA 1. INLEIDING 1.1 ... · 2. DIE BESTUUR VAN COMMERCIA 2.1 Die samestelling van die bestuur Die bestuur bestaan uit die volgende portefeuljes

19

5. Indien hulle vir bv. ‘n Uitvoerende Komitee en Commercia staan en hy/sy

altwee posisies kry, moet die persoon kies tussen die twee posisies, dit is

teen Commercia se Huishoudelike Regelement dat ‘n Commercia

bestuurslid op ‘n HK of UK ook dien.

3. OORDRAGSPROSEDURE NA VERKIESING

1. Na die afloop van die verkiesing moet die nuwe bestuur saam met die

uittredende bestuur ‘n vergadering belê. Dit moet binne twee weke

geskied na die afloop van verkiesing van die nuwe bestuur.

2. Skriftelik portefeuljeverslae: Elke portefeulje draer moet op die

oordragsvergadering ‘n skriftelike portefeulje-verslag aan die betrokke

opvolger oorhandig. Die verslag moet ‘n evaluering van die

werksaamhede bevat en pertinente aanbevelings.

3. Gesag en verantwoordelikheid: Die nuwe bestuur dra die bestuurs

verantwoordelikheid vanaf die oordragsdatum.

Page 20: AFDELING A: DIE GRONDWET VAN COMMERCIA 1. INLEIDING 1.1 ... · 2. DIE BESTUUR VAN COMMERCIA 2.1 Die samestelling van die bestuur Die bestuur bestaan uit die volgende portefeuljes

20

Page 21: AFDELING A: DIE GRONDWET VAN COMMERCIA 1. INLEIDING 1.1 ... · 2. DIE BESTUUR VAN COMMERCIA 2.1 Die samestelling van die bestuur Die bestuur bestaan uit die volgende portefeuljes

21