‘n kritiese ondersoek na die aard en inhoud van … proefskrif jp coetzee.pdf · ‘n kritiese...

469
‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE REG deur JACOB PETRUS COETZEE voorgelê luidens die vereistes vir die graad DOCTOR LEGUM aan die UNIVERSITEIT VAN SUID-AFRIKA PROMOTOR: PROF RCD FRANZSEN APRIL 2006

Upload: others

Post on 27-Apr-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN

TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE

SUID-AFRIKAANSE REG

deur

JACOB PETRUS COETZEE

voorgelê luidens die vereistes

vir die graad

DOCTOR LEGUM

aan die

UNIVERSITEIT VAN SUID-AFRIKA

PROMOTOR: PROF RCD FRANZSEN

APRIL 2006

Page 2: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

I

A Critical Investigation into the Nature and Content of the Rights of Beneficiaries in terms of the South African Law of

Trusts

by

J P COETZEE

DOCTOR LEGUM

PROMOTER: PROF RCD FRANZSEN

SYNOPSIS

Although the trust figure has been recognised in South Africa since the 19th century and

can be characterised as a proper trust, uncertainty still prevails regarding the scope and

acknowledgement of the rights of some trust beneficiaries. The main reason for this is

the over-emphasis of the manner in which trusts are created, and the under-emphasis

of the unique fiduciary nature of the trust once it has been established. In England,

Scotland, Sri Lanka, Louisiana and Quebec where the proper trust figure is also applied,

there is no possibility, contrary to the apparent legal position in South Africa, of trust

beneficiaries without rights. In these jurisdictions the instrument used to create a trust

plays a subordinate role and the rights of trust beneficiaries originate ex lege by virtue of

the trust itself as a relationship of trust sui generis. Although South African trust law

acknowledges the fiduciary nature of the relationship between trustee and trust

beneficiary, the nature and extent of the rights that should emanate from this

relationship are not adequately acknowledged by the courts.

Page 3: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

II Fiduciary relationships, from which rights and duties emanate ex lege, are known to

the common law and are currently found in various subject disciplines in South African

law, such as company law. Furthermore the proper trust figure inevitably results in a

relationship of trust which is meant to protect the rights of trust beneficiaries. The

opinion is thus expressed that all trust beneficiaries in South Africa have rights ex lege.

It is suggested that the rights of trust beneficiaries do not emanate solely from the

relevant founding act, but that unique rights emanate from the underlying fiduciary

relationship which comes into being when the trust is founded, irrespective of how it was

created. In short: The fiduciary relationship should be acknowledged as an

independent source of possible rights a trust beneficiary have against the trustee in

case of a breach of trust.

Not only is it a logical step in the development of our common law, it will also place the

protection of trust beneficiaries in South African trust law on the same footing as trust

beneficiaries in the other jurisdictions which were researched. Such a step would

contribute to legal certainty and would not cause a veritable revolution in South African

trust law and administration.

KEY TERMS Trust beneficiaries; Fiduciary rights of trust beneficiaries; Rights of trust beneficiaries;

Trust and trust beneficiary; Trust figure; Trusteeship; Core elements of the trust;

Fiduciary obligations of trustees; Trust fiduciary relationship; Amendment of trust deed;

Proper trust

Page 4: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

Studentenommer 391-864-5

VERKLARING Ek verklaar hiermee dat

“‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE

SUID-AFRIKAANSE REG” my eie werk is en dat ek alle bronne wat ek gebruik of aangehaal het deur

middel van volledige verwysings aangedui en erken het.

April 2006 HANDTEKENING DATUM (Jacob Petrus Coetzee)

Page 5: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

I

DANKBETUIGING

By die voltooiing van hierdie studie, rig ek graag ‘n besondere woord van dank

aan:

My Hemelse Vader, vir Sy groot Genade.

My promotor, professor R C D Franzsen vir sy geduld, leiding en aanmoediging.

Die verdieping in my lewe as juris en respek vir detail, wat hy by my

aangewakker het, kan nie in woorde omskryf word nie.

My vrou Nella. Sonder haar geduld, begrip, aanmoediging en liefdevolle

ondersteuning sou ek hierdie studie nooit kon voltooi nie. Haar hulp met die lees

en finale afronding was onontbeerlik.

Professore R R M Paisley en G Gretton van onderskeidelik die Universiteite van

Aberdeen en Edinburgh in Skotland, vir hulle gasvryheid en waardevolle advies.

Dankie ook aan professor A D Smith van die Universiteit van Suid-Afrika, vir die

hulp met die reëlings om Skotland te besoek.

Die Universiteit van Suid-Afrika vir finansiële steun.

My pa, Japie Coetzee, vir sy voorbeeld en stille aanmoediging.

My kinders, Japie en Cecile, vir julle verstaan en ondersteuning. Sterkte ook met

julle onderskeie regsloopbane!

April 2006

Page 6: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

II

OPSOMMING

Alhoewel die trustfiguur reeds sedert die 19e Eeu in Suid-Afrika erken word,

en as ‘n suiwer trustfiguur tipeer kan word, is die hantering van die regte van

sekere trustbegunstigdes steeds in onsekerheid gehul. Die hoofrede hiervoor

is die oorbeklemtoning van die wyse waarop trusts tot stand kom en die

onderbeklemtoning van die unieke fidusiêre aard van die trust na oprigting

daarvan. In Engeland, Skotland, Sri Lanka, Louisiana en Quebec, waar die

suiwer trustfiguur ook aanwending vind, bestaan, in teenstelling met die

oënskynlike regsposisie in Suid-Afrika, die moontlikheid van trustbegunstigdes

sonder regte glad nie. In hierdie jurisdiksies speel die oprigtingsinstrument ‘n

ondergeskikte rol en ontstaan die regte van trustbegunstigdes ex lege uit

hoofde van die trustfiguur as ‘n vertrouensverhouding sui generis. Alhoewel

die Suid-Afrikaanse trustreg die fidusiêre aard van die verhouding tussen

trustee en trustbegunstigde erken, word die aard en omvang van die regte wat

hieruit voort behoort te vloei nog nie voldoende deur die howe erken nie.

Vertrouensverhoudinge waaruit regte en verpligtinge ex lege voortspruit, is

bekend aan die gemenereg en word steeds hedendaags aangetref in verskeie

ander vakdissiplines binne die Suid-Afrikaanse reg, waaronder die

maatskappyereg. Die suiwer trustfiguur stel verder noodwendig ‘n

vertrouensverhouding daar wat juis daarop gemik is om die regte van

trustbegunstigdes te beskerm. Die standpunt word dus ingeneem dat alle

trustbegunstigdes in Suid-Afrika derha lwe oor ex lege regte beskik. Daar

word aan die hand gedoen dat trustbegunstigdes se regte nie uitsluitlik

voortvloei uit hoofde van die tersaaklike oprigtingshandeling nie, maar dat

unieke regte ontstaan as gevolg van die onderliggende fidusiêre verhouding

wat tot stand kom wanneer, maar ongeag hoe, die trust opgerig word.

Kortom: Die fidusiêre verhouding behoort erken te word as eie, onafhanklike

bron van trustbegunstigdes se moontlike regte teen die trustee in die geval

van trustbreuk.

Deleted: e

Page 7: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

III

Nie net is dit ‘n logiese stap in die ontwikkeling van die gemenereg nie, maar

sal dit ook die beskerming van trustbegunstigdes in die Suid-Afrikaanse

trustreg op dieselfde voet plaas as trustbegunstigdes in die ander jurisdiksies

wat nagevors is. So ’n stap sal bydra tot regsekerheid en nie tot ‘n wesentlike

omwenteling in die Suid-Afrikaanse trustreg en -administrasie lei nie.

Page 8: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

IV

SYNOPSIS

Although the trust figure has been recognised in South Africa since the 19th

century and can be characterised as a proper trust, uncertainty still prevails

regarding the scope and acknowledgement of the rights of some trust

beneficiaries. The main reason for this is the over-emphasis of the manner in

which trusts are created, and the under-emphasis of the unique fiduciary

nature of the trust once it has been established. In England, Scotland, Sri

Lanka, Louisiana and Quebec where the proper trust figure is also applied,

there is no possibility, contrary to the apparent legal position in South Africa,

of trust beneficiaries without rights. In these jurisdictions the instrument used

to create a trust plays a subordinate role and the rights of trus t beneficiaries

originate ex lege by virtue of the trust itself as a relationship of trust sui

generis. Although South African trust law acknowledges the fiduciary nature

of the relationship between trustee and trust beneficiary, the nature and extent

of the rights that should emanate from this relationship are not adequately

acknowledged by the courts.

Fiduciary relationships, from which rights and duties emanate ex lege, are

known to the common law and are currently found in various subject

disciplines in South African law, such as company law. Furthermore the

proper trust figure inevitably results in a relationship of trust which is meant to

protect the rights of trust beneficiaries. The opinion is thus expressed that all

trust beneficiaries in South Africa have rights ex lege. It is suggested that the

rights of trust beneficiaries do not emanate solely from the relevant founding

act, but that unique rights emanate from the underlying fiduciary relationship

which comes into being when the trust is founded, irrespective of how it was

created. In short: The fiduciary relationship should be acknowledged as an

independent source of possible rights a trust beneficiary have against the

trustee in case of a breach of trust.

Page 9: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

V

Not only is it a logical step in the development of our common law, it will also

place the protection of trust beneficiaries in South African trust law on the

same footing as trust beneficiaries in the other jurisdictions which were

researched. Such a step would contribute to legal certainty and would not

cause a veritable revolution in South African trust law and administration.

KEY TERMS

Trust beneficiaries; Fiduciary rights of trust beneficiaries; Rights of trust

beneficiaries; Trust and trust beneficiary; Trust figure; Trusteeship; Core

elements of the trust; Fiduciary obligations of trustees; Trust fiduciary

relationship; Amendment of trust deed; Proper trust.

Page 10: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

454

WOORDINDEKS AFFATOMIE (Sien SAALMAN-BEGINSEL) BEMAKINGSBEVOEGDHEID (Sien POWER of APPOINTMENT) BEWINDTRUST

Betekenis.................................................................................................................114, 120 Gevestigde Regte............................................................................................................120 Saaklike Regte.................................................................................................................320 Trust in die Eng Sin..........................................................................................................133 Trust in die Wye Sin.........................................................................................................131

BONA FIDES (Sien VERTROUENSVERHOUDING) CESTUI QUE TRUST (Sien TRUSTBEGUNSTIGDE(S)) CEYLON (Sien SRI LANKA) CHANCELLOR (Sien ENGELAND) DISKRESIONÊRE TRUST

Betekenis....................................................................................................114 e.v., 119 e.v. Power of Appointment................................................................................................94, 115 Trust in die Eng Sin..........................................................................................................133 Uitoefening van ‘n Diskresie............................................................................................406

Vertrouensverhouding................................................................................................408 Bona fides...................................................................................................................408

Voorwaardelike Regte......................................................................................................291

DUAL OWNERSHIP (Sien ENGELAND) DUITSE REG

Treuhand-Beginsel.................................................................................................25, 54, 68 Stigting...............................................................................................................................31

EIENDOMSTRUST (Sien DISKRESIONÊRE TRUST) ENGELAND

Chancellor...............................................................................................46 e.v., 60, 63, 219 Chancery Howe...................................................................................45 e.v., 57, 59, 60, 62 Common Law....................................................................................45 e.v., 60, 68, 87, 208

Medieval Procedural Constraints..................................................................................46 Common Law Howe............................................................................45 e.v., 49, 57, 60, 61 Common Law Trust..................................................................................................209, 236 Common Law Trustfiguur.....................................................................................................9 Dual Ownership..........44, 53, 57, 66 e.v., 86, 140, 167, 169, 170, 183, 189, 208, 213, 225

Ratio vir Dual Ownership-Beginsel.............................................................................140 Equity......................................................... ............................37, 47, 48, 49, 51, 57, 63, 140

Page 11: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

455

Estates .........................................................................................................................40, 41 Equitable....................................................................................44, 48, 53, 169, 218 e.v. Freehold........................................................................................................................41 Legal............................................................................…….44, 48, 53, 61, 169, 219 e.v. Less than Freehold.......................................................................................................41

Feudal Dues.................................................................. .........................................47, 48, 58 King’s Chancellor...............................................................................................................45 Ownership..............................................................................................................39, 43, 61 Proprietary Interest..................................................................................................220, 221

Real Right..................……….......................... ............................................217, 218, 224 (Ius in Rem)

Onstoflike Sake........………...................................................................................217 Absoluutheid..........……….............................................................................217, 218

Romeinse Invloed..................................................................................................38, 48, 49

EQUITABLE ESTATES (Sien ENGELAND) EQUITY (Sien ENGELAND) ESSENTIALIA (Sien TRUSTFIGUUR Essensiële Elemente) FEODALISME.................................................................................................16, 38, 39, 58, 63 FIDEICOMMISSUM

Fideicommissum purum..................................................................... ..............20, 27, 92, 96 Fideicommissum residui....................................................................................................21 Verskille ten opsigte van Trustfiguur..........................................................................53, 181

FIDUSIÊRE VERHOUDING (Sien VERTROUENSVERHOUDING) FRANSE REG

Fiducie.............................................................................................................................168

GERMAANSE REG..........................................................................................................14, 54

Gesamenderhandse-Eiendomsreg..............................................................................43, 58 Invloed op

Engelse Reg.................................................................................................................42 Romeinse Reg..............................................................................................................14

Saalman-Beginsel............................................................................................24, 25, 54, 68 Testeervryheid...................................................................................................................23

LEGAL ESTATES (Sien ENGELAND) LOUISIANA

Geskiedkundige Ontwikkeling Land.....................................................................................................................184 e.v.

Louisiana Purchase...............................................................................................185 Regstelsel

Cival Law...............................................................................................................187 Dual Ownership.............................................................................................195, 196 Equity.....................................................................................................................189 Franse Reg................................... .................................................................184, 188

Page 12: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

456

Kodifikasie.............................................................................................188, 191, 196 Patrimonium...........................................................................................................192 Romeinse Reg.......................................................................... .............................185 Spaanse Reg.................................................................................................185, 188 Amerikaanse Reg……………................................................. ...............................186

MIXED LEGAL SYSTEM........................................................................................................84 POWER OF APPOINTMENT...................................................................................94, 115 e.v. QUEBEC

Geskiedkundige Ontwikkeling Land.....................................................................................................................198 e.v. Regstelsel............................................................................................................198 e.v.

Engelse Reg....................................................... ............................................199 e.v. Franse Reg.....................................................................................................198 e.v. Kodifikasie.............................................................. .........................................201 e.v.

PROPRIETARY INTEREST (Sien ENGELAND) ROMEINSE REG..............................................................................................................14, 16

Dubbeleiendomsreg...................................................................................67, 194, 195, 203 Ius in Rem........................................................................................................................217 Trustfiguur........................................................................................................................166 Trust-Like Devices ....................................................... ....................................................166 (Soortgelyke Figure)

ROMEINS -HOLLANDSE REG.........................................................................................14, 26

Beding ten Behoewe van ‘n Derde Sien Stipulatio Alteri Stigting...............................................................................................................................30

Erkenning......................................................................................................................31 Regspersoonlikheid......................................................................................................30

Stipulatio Alteri...................................................................................................................27 Ontstaan van Regte................................................................................27, 28, 103, 112

Trust-Like Devices ......................................................................................................26 e.v. (Soortgelyke Figure)

SAALMAN-BEGINSEL (Sien GERMAANSE REG) SKOTLAND

Geskiedkundige Ontwikkeling Land...................... ...............................................................................................146 e.v. Regstelsel

Engelse Invloed.................................................. ...................................150, 151, 153 Feodalisme............................................................................................................147 Fideicommissum....................................................................................................157 Gemenereg............................................................................................148, 149, 150 (Civil Tradition) Jus Quaesitum Tertio.............................................................................................153 (Stipulatio Alteri) Kanonieke Reg......................................................................................................149 Romeinse Invloed..................................................................................................148

Page 13: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

457

Stipulatio Alteri...............................................................................................152, 155 (Jus Quaesitum Tertio)

Regte................................................................................................................156

SRI LANKA

Geskiedkundige Ontwikkeling Land.....................................................................................................................172 e.v. Regstelsel

Engelse Invloed..............................................................................................173 e.v. Gemeenregtelik....................................................................... ..............................172 Kodifikasie.......................................................................172, 173, 176, 178, 180 e.v. Romeins-Hollandse reg..................................................................................173 e.v.

SUID-AFRIKA

Geskiedkundige Ontwikkeling Land............................................................................................. .................................82 Regstelsel...............................................................................................................73, 82

Hibriede Regstelsel..............................................................................................14, 88, 209 Term “Regte”.......................................................... ..........................................278, 298, 299

Absoluutheid.......................................................................................................281, 283 Belang.................................................................................. ...............................277, 278 (Ook genoem Aanspraak of Verwagting) Beskermingswaardige Belange..................................................................278, 281, 288 Inhoud.........................................................................................................293, 297, 307 Objektiewe Reg..................................................................................................278, 288

Privaatreg.…..........................................................................................................279 Publiekreg.......................................................................... ....................................279

Relatief........................................................................................................................281 Subjektiewe Reg.........................................................................................................280

Klassifikasie Aard van Regsobjek.........................................................................................280 Objekte.............................................................................................................280

Saaklike Regte.......................................... ..........................................280, 282 (Ius in Rem) Vorderingsregte...................................................................................281, 282 (Ius in Personam)

Term “Regte” in Trustverband...............................................................310 e.v., 323 e.v. Beskerming van Regte

Actio Pauliana...................................................................................................325 Interdik......................................................................... .....................................325 Kennisleer.........................................................................................................325 Mandament van Spolie.....................................................................................327 Rei Vindicatio....................................................................................................327 Skadevergoeding..............................................................................................324 Verryking................................................................. .........................................324 Vervulling..........................................................................................................324

Bron van Regte......................................................................................................313 Ex Contractu.....................................................................................................313 Quasi ex Contractu.................................................. .........................................313 Testamentêre Geskrif................................................................................313 e.v. Vertrouensverhouding (Sien VERTROUENSFIGURE in die SUID-AFRIKAANSE REG)

Diskresionêre Trust en Regte................................................................................320 Gevestigde Regte............................. .....................................................314, 315, 316 Persoonlike Regte.........................................................................................318, 319 Saaklike Regte.......................................................................................................320

Bewindtrust.......................................................................................................321 Voorwaardelike Regte...................................................................................314, 317

Term “Gevestigde Regte”...................................................................................293, 306 Erfreg..............................................................................................................284 e.v.

Page 14: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

458

Dies cedit..........................................................................................................286 Dies venit..........................................................................................................287 Onsekere Toekomstige Gebeurtenis.................................. ..............................285 Termynbepalings......................................................................................285, 295

Verbintenisreg.....................................................................................................293 Tydsbepalings........................................................................................294, 295 Voorwaardes..................................................................................................295

Ontbindend...............................................................................................298 Opskortend...............................................................................................295

Koopkontrak.................................................. ...............................296, 297 Wet op Hereregte..................................................................................................301

Datum van Verkryging....................................................................................301 Verkryging..................................................................... .................................301 Vestiging................................................. .......................................................302

Inkomstebelastingreg.............................................................................................299 Onvoorwaardelikheid.....................................................................................300 Toevalling.......................................................................................................299 Vestiging......................................................................... ...............................301

Voorwaardelike Regte...................................................................287, 288, 293, 306 Diskresionêre Trustbegunstigde.......................................................................291 Ontbindend.......................................................................................................292 Opskortend.......................................................................................................292

Spes................................................ ...............................................................303, 307 Fideicommissum................................. ..............................................................303

Regte...........................................................................................................305

TREUHAND-BEGINSEL (Sien DUITSE REG Treuhand-Beginsel) TRUSTBEGUNSTIGDE(S)

Engeland Aard van Regte

Persoonlik......................................................................214, 218, 220, 224, 225, 231 (Ius in Personam) Saaklik...........................................................................217, 220, 224, 225, 231, 232 (Proprietary Rights)

Certainties...........................................................................................................210, 308 Certainty of Objects...............................................................................................210

Cestui Que Trust.......................................... .................................................................61 Diskresionêre Trustbegunstigdes........................................................210, 222, 232 e.v.

Regte..................................................................... ................................233, 234, 235 Identifiseerbare Trustbegunstigdes............................................................210, 211, 212

Met Regte......................................................................................67, 211, 212, 216 Fidusiêre Aard..................................................................................................214

Ex Lege.........................................................................................................56 Remedies

Persoonlik teenoor Trustee....................................................................................226 Saaklik...................................................................................................................226

Constructive Trust....................................................................................229, 230 Mala Fide Koper/Besitter..........................................................................224, 229 Tracing......................................................................................224, 227, 228, 229

Louisiana Aard van Regte

Persoonlik......................................................................................................264, 265 (Ius in Personam) (Moontlik) Saaklik.......................................................... ................................263, 266

Beskerming van Regte Sekerheidstelling...................................................................................................266

Diskresionêre Trustbegunstigdes........................................ ...............................262, 263

Page 15: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

459

Identifiseerbare Trustbegunstigdes............................................................................261 Met Regte......................................................................................................261, 264

Fidusiêre Aard..................................................................................................264 Remedies

Afdwing van Trustbepalings teenoor derdes.........................................................266 Persoonlik teenoor Trustee............................................................................265, 266 Wetgewing.............................................................................................................266

Quebec Aard van Regte

Persoonlik......................................................................................271, 272, 273, 274 (Ius in Personam) Equitable Title........................................................................................................269

Beskerming van Regte Mala Fide Koper/Besitter...............................................................................273, 274 Patrimonium...........................................................................................................270 Sekerheidstelling...................................................................................................273

Identifiseerbare Trustbegunstigdes............................................................................269 Met Regte..............................................................................................269, 270, 272

Fidusiêre Aard..........................................................................................272, 274 Remedies

Mala Fide Koper/Besitter........ ...............................................................................273 Persoonlik teenoor Trustee....................................................................................272 Posisie soortgelyk aan gewone Krediteur.................. ............................................273 Wetgewing......................................................................................................273 e.v.

Skotland Aard van Regte

Persoonlik..............................................................................................241, 242, 246 (Ius in Personam)

Ius Quaesitium..........................................................................................237, 239 Jura Crediti...............................................................................238, 242, 243, 244

Quasi Saaklik.................................................................................................243, 244 Certainties.................................................... ...............................................................308 Diskresionêre Trustbegunstigdes........................................... ....................................249

Regte.....................................................................................................................250 Identifiseerbare Trustbegunstigdes............................................................................236

Met Regte......................................................................................170, 236, 238, 247 Fidusiêre Aard..........................................................................................240, 247

Ex Lege...............................................................................................164, 239 Ratio vir Identifiseerbaarheid.................................................................................239

Remedies Persoonlik..............................................................................................................247 Quasi Saaklik

Mala Fide Koper/Besitter.................................................................................248 Constructive Trust............................................................................241, 246, 249 Patrimonium.............................................................................................245, 246 Subrogasie...............................................................................139, 169, 246, 248

Sri Lanka Aard van Regte

Persoonlik......................................................................................................253, 255 (Ius in Personam)

Certainties...................................................................................................180, 182, 251 Diskresionêre Trustbegunstigdes...............................................................................251

Page 16: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

460

Identifiseerbare Trustbegunstigdes....................................................................251, 252 Met Regte......................................................................................................252, 253

Fidusiêre Aard..........................................................................176, 253, 255, 259 Remedies

Mala Fide Koper/Besitter.......................................................................................258 Opvolgremedie......................................................................................181, 257, 258 Persoonlik teenoor Tustee.....................................................................................253 Wetgewing......................................................................................................253 e.v.

Suid-Afrika Aard van Regte

Persoonlik.......................................................................................................318 e.v. (Ius in Personam) Saaklik............................................................................................................320 e.v. (Ius in Rem)

Diskresionêre Trustbegunstigdes........................................................................115 e.v. Regte......................................................................................................291 e.v., 320

Identifiseerbare Trustbegunstigdes....................................................................143, 307 Met Regte......................................................................................142, 309, 310, 321

Fidusiêre Aard...........................................................................................350 e.v. Ex Lege.................................................................................................350 e.v.

Ratio vir Identifiseerbaarheid..........................................................................309 e.v. Remedies

Persoonlik teenoor Trustee.................... .........................................................324 e.v. Saaklik

Mala Fide Koper/Besitter...........................................................................325 e.v. Rei Vindicatio....................................................................................................322

Wetgewing.............................................................................................................326 TRUSTFIGUUR

Engeland Dual Ownership-Idee....….................................. ................................66, 67, 69, 86, 140

(Sien ENGELAND) Oorsprong/Beïnvloeding

Use-figuur................................................................................................................61 (Sien USE)

Regsfiguur Sui Generis.................................................................................................68 Suiwer Trustfiguur...............................................................................................134, 236 Vertrouensverhouding..................................................................................69, 216, 225

Louisiana Oorsprong/Beïnvloeding

Civil Law-Beginsels........................................................................................192, 193 Engelse Trustfiguur................................................................................189, 194, 197 Fideicommissum............................................................................................190, 193

Regsfiguur Sui Generis...............................................................................................266 Suiwer Trustfiguur................................................................................................266 e.v. Vertrouensverhouding........................................................................260, 264, 265, 266

Quebec Oorsprong/Beïnvloeding

Engelse Invloed.............................................................................................202, 268 Engelse Reg..........................................................198, 199, 200, 201, 204, 268, 273 Equity.....................................................................................................................205 Europese Civil Law........................................................................................200, 201 Fiducie...........................................................................................................205, 268 Franse Reg............................................................................................198, 199, 201 Kodifikasie.............................................................................................199, 201, 204 Patrimonium...........................................................................................................206 (Separate Estates) Romeinse Reg...............................................................................................200, 205

Regsfiguur Sui Generis....................................................................................... ........272 Regspersoonlikheid....................................................................................206, 271, 274 Suiwer Trustfiguur.......................................................................................................274

Page 17: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

461

Vertrouensverhouding........................................................................................272, 274 Skotland

Klassifikasie................................................................................................................170 Oorsprong/Beïnvloeding

Engelse Invloed................................................................153, 155, 161 e.v., 240 e.v. Equity................................................................................................................164

Fideicommissum....................................................................................157, 159, 160 Gemenereg.....................................................................................................157 e.v. (Civil Law Tradition) Patrimonium.............................................................................159, 165 e.v., 168 e.v. Romeinse Regsbeginsels.............................................................157, 158, 159, 160

Trust-Like Devices ..................... ............................................................................159 Regsfiguur Sui Generis.............................................................................……….66, 171 Suiwer Trust........................................................................................166, 170, 171, 236 Trustee

Eienaar..................................................................................................................240 Ius in Rem.............................................................................................................240

Trust Inter Vivos..........................................................................................162, 171, 237 Trust-Like Devices ......................................................................................................166 Trust Mortis Causa.....................................................................................162, 171, 237 Vertrouensverhouding................................158, 159, 164, 165, 170, 171, 240, 247, 250 Wesenskenmerke...............................................................................................167, 247

Sri Lanka Oorsprong/Beïnvloeding.....................................................................................174, 175

Engelse Invloed.....................................................173, 174, 176, 177, 182, 183, 254 Equity........................................................................................................177, 182

Engelse Trustfiguur........................................................................................180, 183 Fideicommissum............................................................................................178, 183 Ex Quasi Contract..................................................................................................179

Regsfiguur Sui Generis.......................................................................................175, 183 Suiwer Trustfiguur...............................................................................................181, 159 Vertrouensverhouding................................................176, 180, 183, 253, 255, 256, 259

Suid-Afrika Aanwendingsmoontlikhede.............................................................................................3 Aard..............................................................................................................................89

Trust Inter Vivos.......................................................................................................80 Stipulatio Alteri.......................................................................80, 98 e.v., 112, 123 Vertrouensverhouding (Sien VERTROUENSFIGURE in die SUID-AFRIKAANSE REG)

Trust Mortis Causa...................... ............................................................................79 Fideicommissum.....................................................................................79, 89, 90 Sui Generis...........................................................................................79, 93, 109 Vertrouensverhouding (Sien VERTROUENSFIGURE in die SUID-AFRIKAANSE REG)

Core Elements.....................................................................................................139 e.v. Definisie.......................................................................................................127 e.v., 134

Statutêr..................................................................................................................132 Trust in die Eng sin.....…........................................................................127 e.v., 133 Trust in die Wye sin........................................................................................128 e.v.

Essensiële Elemente.............................................................134 e.v., 136, 142 e.v., 309 (Core Elements)

Totstandkoming.....................................................................................................136 Voortbestaan.................................. .................................................................137 e.v.

Ontstaansbron............................................................................121, 123, 124, 134, 135 Oorsprong/Beïnvloeding

Britse Immigrant.......................... .........................................................................9, 84 Common Law Trustfiguur..........................................................................................9 Engelse Reg................................................................................80, 81, 92, 102, 104 Gemenereg..................................................................................................17, 20, 73 Regspraak...............................................................................................................76 Wetgewing...............................................................................................................74

Regspersoonlikheid......................................................................................................89

Page 18: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

462

Suiwer Trustfiguur.................................................................37, 134, 135, 141, 170, 309 Trustee

Openbare Amp......................................................................130, 131, 137, 139, 143 Vertrouensverhouding..........................................................................137, 139, 350 e.v.

TRUST INTER VIVOS.....................................................................118, 119, 122 e.v., 135 e.v.

TRUST-LIKE DEVICES............................................................................37, 66, 135, 139, 166 (Ook genoem So-Called Trusts) TRUST MORTIS CAUSA....................................................2, 90, 105, 116, 121, 122, 124, 135

Toepassing van Erfregtelike Beginsels............................................................118, 122, 124

USE- FIGUUR

Aanwending...........................................................................................................52, 54, 58 Vermyding van Feudal Dues ......…..............................................................................43,

47 Beskerming van begunstigdes se regte.............................................................................50 Betekenis...........................................................................................................................52 Cestui Qui Use...................................................................................................................59 Erkenning...........................................................................................................................55 Oorsprong..........................................................................................................................52

Saalman-Beginsel...................................................................................................25, 68 Treuhand-Beginsel.......................................................................................................68

Persoonlike aard van Regte.....................................................................................219, 220 Proprietary Rights..............................................................................................................57 Romeinse Invloed..............................................................................................................56 Tweede use.................................................................................................................61, 62 (Use upon Use) Vertrouensverhouding..........................................................................................55, 56, 216 Voorloper tot Engelse Trustfiguur......................................................................................51

VENNOOTSKAP

Engelse Reg......................................................................................................................33 Romeins-Hollandse Reg....................................................................................................33 Vertrouensverhouding........................................................................................................33

VERTEENWOORDIGING

Romeins-Hollandse Reg....................................................................................................32 Romeinse Reg.....................…...........................................................................................32 Vertrouensverhouding.............................................................................. ..........................32

VERTROUENSFIGURE in die SUID-AFRIKAANSE REG

Trust.................................................................................129, 131, 133, 134, 209, 215, 308 Aard en Inhoud...................................................................................337, 338, 357, 358

Aantasting van ‘n ander se Regte..........................................................................338 Diskresie................................................................................................................338 Ontleding van Trustakte.........................................................................................358 Optrede in Belang van Trustbegunstigde..............................................................358

Bona Fides.......................................................................................................359 Vermy Konflik...................................................................................................359

Regte van Begunstigde van Vertrouensverhouding...................................................338 Erkenning.......................................................................................351, 352, 354, 355 Ex Lege..........................................................................................................338, 339 Trustbegunstigdes.........................................................................................355, 356 Wetgewing.....................................................................................................353, 354

Page 19: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

463

Remedies Deliktueel...............................................................................................................364 Interdik...................................................................................................................368 Sui Generis....................................................................................................366, 367 Tersydestelling.......................................................................................................368

Uitoefening van ‘n Diskresie.......................................................................................338 Maatskappyereg

Begunstigde............................................................. ............................................343 e.v. Aandeelhouers...............................................................................................344, 345 Andere...................................................................................................................344 Maatskappy...................................................................................................343, 344

Regte van Begunstigde van Vertrouensverhouding Aard en Inhoud..............................................................................................346, 347

Bona Fides.......................................................................................................346 Vermy konflik....................................................................................................346

Ex Lege..................................................................................................................348 Remedies

Deliktueel........................................................... ....................................................345 Sui Generis............................................................................................................345

Vertrouensverhouding................................................................................................343 Oorsprong

Engelse Equity Reg..........................................................................................343 Engelse Trustreg......................................................................................343, 347

Kontraktereg Bona Fides..................................................................................................339, 342, 343 Regte van Begunstigde van Vertrouensverhouding...................................................340

Aard en Inhoud......................................................................................................342 Ex Lege..........................................................................................................340, 343

Verteenwoordigingsreg Regte van Begunstigde van Vertrouensverhouding...................................................334

Aard en Inhoud......................................................................................................336 Bona Fides.......................................................................................................333 Vermyding van Konflik......................................................................................334

Ex lege...................................................................................................................336 Regte van Prinsipaal......................................................................................334, 335

Aantasting van Prinsipaal se Regte.................. ................................................333 Diskresie...........................................................................................................333

VERTROUENSVERHOUDINGS

Definisie...........................................................................................................................330 Equity.......................................................................................................................140, 214 Erkenning.............................. .............................................................................15, 330, 341

Engeland.....................................................................................................................214 Louisiana.......................... ..........................................................................................264 Quebec.......................................................................................................................272 Skotland......................................................................................................................240 Sri Lanka.....................................................................................................................176 Suid-Afrika......................................................................................................50, 56, 143

Inhoud........................................................................................................................56, 215 Regte Ex Lege as Teenpool..................................................56, 164, 216, 239, 350 e.v.

Oorsprong/Erkenning Engelse Reg...............................................................................................................330 Equity..........................................................................................................................335 Engelse Trustreg........................................................................................330, 332, 348 Romeinse Reg........................................................................17, 33, 214, 215, 216, 330

Bona Fides.............................................................................................................330 Fideicommissum......................................................................................................19 Fiducia.....................................................................................................................21 Modus......................................................................................................................22 Testamentum per Aes et Libram.............................................................................18

Page 20: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

464

Romeins-Hollandse Reg.................................................................................15, 33, 330 Bona Fides...............................................................................................................33 Fideicommissum............................................................................. .........................26 Modus......................................................................................................................32 Vennootskap..........................................................................................................337 Verteenwoordiging.................................................................................................332

Regsfiguur Sui Generis....................................................................................................209 Wesenskenmerke............................................................................................................331

VESTIGINGSTRUST (Sien BEWINDTRUST) WYSIGING VAN TRUSTAKTE(S)

Engeland Begunstigdes se Samewerking..................................................................................213 Hof..............................................................................................................................213 Reg voorbehou deur Oprigter.....................................................................................213

Louisiana Hof................................................................................................. .............................262 Reg voorbehou deur Oprigter.....................................................................................262

Quebec Begunstigdes se Medewete........................................................................................272 Hof..............................................................................................................................272

Skotland Begunstigdes se Samewerking..........................................................................237, 238 Hof.................................................... ..................................................................237, 238

Sri Lanka Begunstigdes se Toestemming..................................................................................252 Hof.................................................... ..........................................................................252

Suid-Afrika Oprigter en Trustees............................................................................................102 e.v. Sonder Begunstigdes se Samewerking...............................................................102 e.v. Hof................................................................................... ....................................102 e.v.

Page 21: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

451

LYS VAN WETTE (Kronologies)

Suid-Afrikaanse Wette

Maatskappywet 46 van 1926……..........................................................

75

Trustgelde Beskermingswet 34 van 1934…….......................................

75

Insolvensiewet 24 van 1936……............................................................

75

Naturelletrust en -grond Wet 18 van 1936……......................................

75

Registrasie van Aktes Wet 47 van 1937..…….......................................

76

Wet op Hereregte 40 van 1949.......……................................................

3, 76

Artikel 2..........................................…………...........................................

301, 352

Wet op Testamente 7 van 1953.......……...............................................

135

Boedelbelastingwet 45 van 1955

Artikel 3(2)(a)...................................……….............................................

305

Artikel 5(1)(b)................................…................................... ....................

305

Inkomstebelastingwet 58 van 1962.....……............................................

76, 299

Artikel 25B.........................................………...........................................

3

Wet op die Onderverdeling van Landbougrond 70 van 1970.…….........

297

Wet op Vervreemding van Grond 68 van 1981......................................

125

Wet op die Beheer oor Trustgoed 57 van 1988.....................................

76, 131, 135, 139

293, 326, 352 Artikel 1..............................................................................................…..

132

Artikel 3...................................................................................................

411

Artikel 4...................................................................................................

2, 411

Artikel 5...................................................................................................

411

Artikel 6...................................................................................................

2, 139, 143, 381

411

Page 22: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

452

Artikel 7...................................................................................................

411

Artikel 9...................................................................................................

352, 375, 382

410, 412 Artikel 12.................................................................................................

326

Buitelandse Wette

Engeland Statute of Uses van 1535.......................................................................

60, 65

Statute of Wills van 1540........................................................................

59

Charitable Uses Act van 1601................................................................

65

Statute of Frauds van 1677....................................................................

65, 162

Aliens Act van 1705…………………………………………………………

150

Charitable Uses Act van 1735................................................................

65

Trustees Appointment Act van 1850.............................................…......

65

Trustee Act van 1888.............................................................................

65

Trustee Act van 1893…………………....................................................

65

Law of Property Act van 1925................................................................ (ook bekend as Lord Birkenhead’s Act)

43

Trustee Act van 1925........................…..................................................

65

Trustee Act van 2000................................…..........................................

65

Louisiana Digest of the Civil Laws now in Force.................................................... in the Territory of New Orleans van 1808

188

Louisiana Civil Code van 1825......…………………................................

188

Louisiana Trust Estates Act 81 van 1938.........….…..............................

196

Louisiana Trust Code 338 van 1964......................................................

196

Page 23: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

453

Quebec Quebec Act van 1774..................................…………………..................

199

Quebec Civil Code van 1991..................................................................

201

Skotland Blank Bonds and Trusts Act van 1696................................................…

161

Sri Lanka Ceylon Charter van 1801.......................................................................

177

Trust Ordinance van 1917......................................…............................

181

Page 24: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

VI

INHOUDSOPGAWE

DANKBETUIGING……………………………………………………………..

OPSOMMING…………………………………………………………………..

SYNOPSIS…….………………………………………………………………..

INHOUDSOPGAWE…………………………………………………………...

HOOFSTUK 1: INLEIDING………………………………………………….. 1.1 INLEIDING………………………………………………………………

1.2 PROBLEEMSTELLING………………………………………………..

1.3 WERKSWYSE………………………………………………………….

1.3.1 Regshistoriese Ondersoek……………………………………

1.3.2 Regsvergelykende Ondersoek………………………………..

HOOFSTUK 2: ‘N HISTORIESE OORSIG VAN DIE TRUSTFIGUUR IN

DIE KONTEKS VAN DIE SUID-AFRIKAANSE GEMENEREG………….

2.1 INLEIDING………………………………………………………………

2.2 ROMEINSE REG………………………………………………………

2.2.1 Testamentum per Aes et Libram…………………….……….

2.2.2 Fideicommissum……………………………………….………

2.2.3 Fiducia…………………………………………………….…….

2.2.4 Modus……………………………………………………..…….

2.3 GERMAANSE REG……………………………………………………

2.3.1 Saalman-Beginsel……………………………………………...

2.4 DUITSE REG…………………………………………………………...

2.4.1 Treuhand-Beginsel…………………………………………….

2.5 ROMEINS-HOLLANDSE REG……………………………………….

2.5.1 Fideicommissum….……………………………………………

2.5.2 Stipulatio Alteri………………………………………………….

2.5.3 Stigting…………………………………………………………..

2.5.4 Modus…………………………………………………….……..

2.5.5 Verteenwoordiging……………………………………….…….

2.5.6 Vennootskap………………….………………………………...

I

II

IV

VI

1

1

5

7

8

9

13

14

16

18

19

21

22

23

24

25

25

26

26

27

30

32

32

33

Page 25: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

VII

2.6 BONA FIDES EN FIDUSIÊRE VERHOUDINGS

IN DIE ALGEMEEN….………………………………………………...

2.7 SAMEVATTING………………………………………………….……..

HOOFSTUK 3: DIE ONTWIKKELING VAN DIE TRUSTFIGUUR IN

ENGELAND…………………………………………………………………….

3.1 INLEIDING………………………………………………………………

3.2 EIENAARSKAP IN DIE VROEëRE ENGELAND…………….……..

3.2.1 “Estates” in die vroeë Engelse Reg…………………………..

3.2.2 Die Twee “Estates”………………………………………………...

3.2.3 Common Law en Chancery-Howe…………………………....

3.3 FIDUSIÊRE VERHOUDINGS IN DIE VROEË ENGELAND………

3.4 DIE “USE”…………………………………………………………………....

3.5 DIE ENGELSE TRUST……………………………………………………

3.5.1 Gemeenregtelike Ontwikkeling………………………………….

3.5.2 Statutêre Ontwikkeling…………………………………………

3.6 SAMEVATTING EN VOORUITSKOUING…………………………..

HOOFSTUK 4: DIE ONTWIKKELING VAN DIE TRUSTIDEE IN DIE

SUID-AFRIKAANSE REG……………………………………………………

4.1 INLEIDING………………………………………………………………

4.2 MOONTLIKE ONTSTAANSBRONNE EN MATE VAN

BEÏNVLOEDING……………………………………………………….

4.2.1 Die Suid-Afrikaanse Gemenereg……………………………….

4.2.2 Engelse Invloed………………………………………………...

4.2.3 Gevolgtrekking………………………………………………….

4.3 DIE TRUSTFIGUUR IN DIE SUID-AFRIKAANSE REG…………...

4.3.1 Die Regsaard van die Trust…………………………………...

4.3.2 Klassifikasie van Suid-Afrikaanse Trusts……………………

4.3.3 Definisie en Essentialia van ’n Suid-Afrikaanse

Trust……………………………………………………………..

33

34

36

36

39

41

44

45

50

51

61

61

65

66

71

71

72

73

81

85

88

89

114

126

Page 26: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

VIII

HOOFSTUK 5: ’N REGSVERGELYKENDE OORSIG VAN DIE

ONTWIKKELING VAN DIE TRUSTFIGUUR IN ENKELE ANDER

JURISDIKSIES………………………………………………………………...

5.1 INLEIDING………………………………………………………………

5.2 SKOTLAND……………………………………………………………..

5.2.1 Die Geskiedkundige Ontwikkeling van die Skotse

Regstelsel en Trustreg……………………………..….………

5.2.2 Die Ontwikkeling van die Trustfiguur in Skotland…………..

5.3 SRI LANKA……………………………………………………………..

5.3.1 Die Geskiedkundige Ontwikkeling van die

Sri Lankaanse Regstelsel en Trustreg………………………

5.3.2 Die Ontwikkeling van die Trustfiguur in Sri Lanka………….

5.4 LOUISIANA……………………………………………………………..

5.4.1 Die Geskiedkundige Ontwikkeling van Louisiana se

Regstelsel en Trustreg………………………………………...

5.4.2 Die Ontwikkeling van die Trustfiguur in Louisiana………….

5.5 QUEBEC………………………………………………………………..

5.5.1 Die Geskiedkundige Ontwikkeling van Quebec se

Regstelsel en Trustreg………………………………………...

5.5.2 Die Ontwikkeling van die Trustfiguur in Quebec……………

HOOFSTUK 6: DIE REGTE VAN TRUSTBEGUNSTIGDES IN DIE

ENGELSE REG EN ENKELE ANDER GEKOSE JURISDIKSIES………

6.1 INLEIDING………………………………………………………………

6.2 ENGELAND…………………………………………………………….

6.2.1 Bestaan van Identifiseerbare Begunstigdes……………...…

6.2.2 Begunstigdes met Regte………………………………………

6.2.3 Die Aard van die Begunstigde se Regte…………………….

6.2.4 Die Inhoud van die Regte……………………………………..

6.2.5 Die Regte van ’n Begunstigde ingevolge

'n Diskresionêre Trust………………..………………………..

144

145

146

146

153

172

172

176

184

184

189

198

198

202

207

208

210

210

211

213

225

232

Page 27: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

IX

6.3 SKOTLAND……………………………………………………………..

6.3.1 Bestaan van Identifiseerbare Begunstigdes………………...

6.3.2 Begunstigdes met Regte………………………………………

6.3.3 Die Aard van die Begunstigde se Regte…………………….

6.3.4 Die Inhoud van die Regte……………………………………..

6.3.5 Die Regte van ’n Begunstigde ingevolge

’n Diskresionêre Trust…………………………………………

6.4 SRI LANKA……………………………………………………………..

6.4.1 Bestaan van Identifiseerbare Begunstigdes………………...

6.4.2 Begunstigdes met Regte………………………………………

6.4.3 Die Aard van die Begunstigde se Regte…………………….

6.4.4 Die Inhoud van die Regte……………………………………..

6.5 LOUISIANA……………………………………………………………..

6.5.1 Bestaan van Identifiseerbare Begunstigdes………………...

6.5.2 Begunstigdes met Regte………………………………………

6.5.3 Die Aard van die Begunstigde se Regte…………………….

6.5.4 Die Inhoud van die Regte……………………………………..

6.6 QUEBEC………………………………………………………………..

6.6.1 Bestaan van Identifiseerbare Begunstigdes………………...

6.6.2 Begunstigdes met Regte………………………………………

6.6.3 Die Aard en die Inhoud van die Begunstigde se regte……..

HOOFSTUK 7: DIE AARD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE

VOORTSPRUITEND UIT DIE ERF- EN VERBINTENISREG VOLGENS

DIE SUID-AFRIKAANSE REG…………………………………….…………

7.1 INLEIDING………………………………………………………………

7.2 DIE BEGRIP “REGTE”………………………………………………...

7.2.1 Objektiewe Reg………………………………………………...

7.2.2 Subjektiewe Reg……………………………………………….

7.2.3 Absoluutheid van Regte……………………………………….

7.2.4 Saaklike of Persoonlike Regte………………………………..

236

236

236

239

246

249

251

251

252

253

257

260

261

261

262

265

268

268

269

272

275

276

277

277

280

281

282

Page 28: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

X

7.3 GEVESTIGDE OF VOORWAARDELIKE REGTE

EN ’N SPES…………………………………………………………….

7.3.1 Die Erfreg………………………………………………..……...

7.3.2 Die Verbintenisreg………………………………………..……

7.3.3 Die Inkomstebelastingreg………………………………..……

7.3.4 Die Wet op Hereregte…………………………………..……..

7.3.5 Spes……………………………………………………………..

7.3.6 Samevatting…………………………………………………….

7.4 TRUSTBEGUNSTIGDES EN REGTE……………………………….

7.4.1 Identifiseerbare Trustbegunstigdes…………………………..

7.4.2 Die Begrip “Regte” in die Suid-Afrikaanse Trustreg………..

7.4.3 Bron van Regte Ooreenkomstig die Trustkonstruksie……..

7.4.4 Begrip Gevestigde en Voorwaardelike Regte in

die Konteks van die Trustreg……………………………..…..

7.4.5 Regte Voortspruitend uit die Trustkonstruksie………………

7.4.6 Begunstigdes se Remedies ten opsigte van Regte

Voortspruitend uit Trustverbintenisse………………………..

HOOFSTUK 8: DIE AARD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE

VOORTSPRUITEND UIT ’N FIDUSIÊRE VERHOUDING VOLGENS

DIE SUID-AFRIKAANSE REG…….…………………………………………

8.1 INLEIDING………………………………………………………………

8.2 DIE BESTAAN EN INHOUD VAN

VERTROUENSVERHOUDINGS…………………………..…………

8.2.1 Verteenwoordigingsreg………………………………………..

8.2.2 Vennootskapsreg…………………………………….………...

8.2.3 Kontraktereg………………………………………….…………

8.2.4 Maatskappyereg...……………………………………………..

8.2.5 Samevatting…………………………………………………….

8.3 DIE ERKENNING VAN FIDUSIÊRE VERHOUDINGS IN DIE

SUID-AFRIKAANSE TRUSTREG..…………………..……………...

8.4 DIE BEGUNSTIGDE VAN DIE FIDUSIÊRE VERHOUDING IN

DIE SUID -AFRIKAANSE TRUSTREG………………………………

283

284

293

299

301

303

306

307

307

310

313

314

318

324

329

330

332

332

336

339

343

348

350

354

Page 29: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

XI

8.5 DIE AARD EN INHOUD VAN FIDUSIÊRE REGTE

VOORTSPRUITEND UIT DIE TRUSTREG……………………..….

8.6 BEGUNSTIGDES SE REMEDIES VOORTSPRUITEND UIT

FIDUSIÊRE VERHOUDINGS EN DIE GRONDSLAG

DAARVAN………………………………………………………………

8.7 DIE HOWE SE STANDPUNT EN FIDUSIÊRE REGTE…………...

8.8 SAMEVATTING………………………………………………………...

HOOFSTUK 9: FINALE GEVOLGTREKKINGS EN ‘N

TOEKOMSBLIK………………………………………………………………..

9.1 INLEIDING………………………………………………………………

9.2 FIDUSIÊRE VERHOUDINGS…………………………….…………..

9.3 ALTERNATIEWE BENADERING…………………………………….

9.4 GEVOLGE VAN DIE ALTERNATIEWE BENADERING …………..

9.4.1 Hantering van die Regte………………………………………

9.4.2 Trustees…………………………………………………………

9.4.3 Wysiging van Trustaktes………………………………………

9.4.4 Meesterskantore………………………………………………..

9.5 SLOT…………………………………………………………………….

AANHANGSEL A……………………………………………………………...

AANHANGSEL B……………………………………………………………...

BIBLIOGRAFIE………………………………………….…………………….

VONNISREGISTER…………………………………………………………...

LYS VAN WETTE..…………………………………………………………….

WOORDINDEKS………………………………………………………………

357

364

370

382

384

384

391

398

402

402

404

409

411

413

415

416

419

440

451

454

Page 30: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

1

HOOFSTUK 1

INLEIDING

1.1 INLEIDING.............................................................................................................1

1.2 PROBLEEMSTELLING.......................................................................................5

1.3 WERKSWYSE......................................................................................................7

1.3.1 Regshistoriese Ondersoek .........................................................................8

1.3.2 Regsvergelykende Ondersoek...................................................................9

1.1 INLEIDING

Die trustfiguur geniet reeds sedert 1833 erkenning in Suid-Afrika.1 Volgens Van

der Westhuizen2 is veral die inter vivos trust hedendaags ‘n gewilde regsfiguur.

Om vas te stel hoe gewild die tipe trust werklik is, is navraag by sommige

meesterskantore in Suid-Afrika gedoen om te bepaal hoeveel inter vivos trusts

1 Hierdie aspek word volledig in hoofstuk 4 behandel. 2 Van der Westhuizen “Trusts” in Pace en Van der Westhuizen Wills and Trusts (2005) 1.

Die verskillende tipes trusts (waaronder mortis causa/inter vivos/diskresionêr/bewind) wat in Suid-

Afrika benut word, word in hoofstuk 4 bespreek.

Page 31: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

2

daar al gedurende die afgelope dekade geregistreer is.3 Die inligting, aldus

bekom, staaf Van der Westhuizen se siening. Geen eenvoudige manier kon

ongelukkig gevind word om te bepaal wat die posisie is ten opsigte van trusts

mortis causa nie, maar dat die tipe trust ook vrylik aangewend word, staan vas.4

Daar kan dus aanvaar word dat daar tans duisende inter vivos en mortis causa

trusts in Suid-Afrika bestaan en dat sulke trusts steeds geregistreer word.5

Uit gesprekke met juriste en ander persone wat trusts vir kliënte oprig asook uit

eie ondervinding, blyk dit dat trusts kollektief oor bates ter waarde van miljarde

rande beskik. Nie net is die trustfiguur dus getallegewys ‘n faktor om mee

3 Artikel 4 van die Wet op die Beheer oor Trustgoed 57 van 1988, bepaal dat

trustdokumente by ‘n meesterskantoor ingedien moet word en volgens artikel 6 mag trustees eers

optree as hulle deur die meester daartoe gemagtig is. Die aangeleentheid het ree ds heelwat

aandag van die howe geverg - Reichel v Wernich 1962 2 SA 155 (T) 161 - 162; Simplex (Pty) Ltd

v Van der Merwe 1996 1 SA 111 (W); Kropman v Nysschen 1999 2 SA 567 (T); Van der Merwe v

Van der Merwe 2000 2 SA 519 (C); Kriel v Terblanche 2002 6 SA 132 (NC). In die praktyk word

‘n magtigingsbrief met onder andere ‘n datum en nommer aan die trustees uitgereik.

Meesterskantore het dus rekords van hoeveel trustaktes ontvang word en ook hoeveel

magtigingsbriewe uitgereik is. Gegewens en inligting wat van die meesterskantore bekom is,

word aangeheg as Aanhangsel A. 4 Navrae by meesterskantore dui daarop dat daar nie, soos wat die geval is ten aansien

van trusts inter vivos, aparte rekordhouding bestaan nie. Uit persoonlike ondervinding en ook uit

gesprekke met ander boedelbeplanners en -beredderaars landwyd, kan die afleiding egter

gemaak word dat laasgenoemde tipe trustkonstruksie vrylik gebruik word veral waar minderjarige

erfgename ter sprake is, of waar boedelbates beskerm moet word teen moontlike nadelige

gevolge van toekomstige verdere huwelike van langslewende eggenote. Ook waar kontinuïteit

van boedelbates en behoud van eenheid van bates belangrik is, word dikwels van die trust mortis

causa gebruik gemaak. 5 Vanaf die begin van 1995 tot aan die einde van 2005 is daar alleen in Kaapstad, Pretoria,

Bloemfontein, Grahamstad, Bisho en Pietermaritzburg 249 319 inter vivos trusts geregistreer - ‘n

gemiddeld van om en by 87 inter vivos trusts per werksdag (sien Aanhangsel A).

Page 32: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

3

rekening te hou nie, maar dit speel ook op ekonomiese gebied ‘n baie belangrike

rol in Suid-Afrika.6

Trusts in Suid-Afrika word tans aangewend vir verskillende doeleindes of vir ‘n

kombinasie daarvan. Die aanwendingsmoontlikhede kan in die breë in vier

kategorieë verdeel word, naamlik:

(1) om kontinuïteit te bewerkstellig;

(2) om bates teen risiko’s te beskerm;

(3) om boedelgroei te beperk; en

(4) om belasting van een of ander aard te bespaar.

Van der Westhuizen7 wys daarop dat

“it is unwise to select the trust (or any other entity) merely for its possible

tax (and duty) benefits, because, with changing tax legislation, such

benefits may not last long. It is, therefore, important not to create trusts on

an ad hoc basis … features of the trust, such as protection of

beneficiaries, continuity and limited liability, should rather determine the

objective for creating the trust.”

6 Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se belangstelling in trusts die afgelope tyd

staaf hierdie punt verder. ‘n Groot aantal wysigings aan die belastinghantering van trusts het die

afgelope jare meegebring dat die trustfiguur as ‘n inkomstebelastingbesparings- of

vermydingsinstrument sy aantrekkingskrag grootliks verloor het. Hier word onder andere gedink

aan artikel 25B van die Inkomstebelastingwet 58 van 1962, die inkomstebelastingkoers op

trustinkomste, die wysiging van die Wet op Hereregte 40 van 1949 ingevolge waarvan trusts

hereregte teen ’n hoër koers as individue moet betaal (naamlik ’n eenvormige 8% (en tot onlangs

10%) in plaas van ‘n glyskaal met ’n marginale koers van 8%) en kapitaalwinsbelasting wat die

hoogste op trusts is (netto ongeveer 22% teenoor individue van ongeveer 10% en regspersone

ongeveer 15%). 7 Van der Westhuizen 1.

Page 33: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

4

Dit is nie die doel van hierdie navorsing om aandag te skenk aan die

aanwendingsmoontlikhede van trusts in Suid-Afrika nie, behalwe in soverre

hiermee aangetoon word dat dit legio is. Wat wel reeds op hierdie vroeë stadium

belangrik is om na op te let, is Van der Westhuizen8 se opmerking dat die

beskerming van begunstigdes ‘n belangrike oorweging behoort te wees wanneer

dit kom by trustoprigting.

Alhoewel die sogenaamde “bewindtrust” (ook bekend as “vestigingstrust”)

voorkom, is die diskresionêre trust by verre die mees populêre tipe trustfiguur

wat in Suid-Afrika benut word.9 Die onderskeid tussen hierdie twee tipe

trustfigure is juis geleë in die aard van die regte van die trustbegunstigdes en ook

hier bestaan oënskynlik verwarring in die Suid-Afrikaanse reg.10

Omdat trusts in Suid-Afrika so populêr is en ook omdat ‘n groot batewaarde in

trusts opgesluit lê, is dit noodsaaklik dat regsekerheid heers wat hierdie

regsfiguur betref. Voeg hierby nog Van der Westhuizen se siening dat een van

die primêre oogmerke met trustoprigting juis die beskerming van

trustbegunstigdes is, dan word regsekerheid en in die besonder die vraag of

8 Van der Westhuizen 1. 9 Dit blyk uit persoonlike navrae wat onder praktisyns gedoen is en ook uit eie

ondervinding. Tydens seminare deur Van der Westhuizen (die mede-outeur van Wills and

Trusts) vir praktiserende regslui, beklemtoon hy dan ook die besondere voordele van hierdie

trusttipe veral weens die nie-vestiging van regte in trustbegunstigdes van die soort trusts. Die

verskillende trusttipes (waaronder testamentêr/ inter vivos/diskresionêr/bewind) wat in Suid-Afrika

benut word, word in hoofstuk 4 bespreek. Juis, onder andere, die belastingvoordele wat die tipe

trusts inhou en die feit dat sodanige begunstigdes klaarblyklik nie beskik oor vermoënsregte

voordat ‘n diskresie uitgeoefen word nie, maak die tipe trust by uitstek geskik waar dit gaan om

beskerming van bates teen byvoorbeeld insolvensie van ‘n begunstigde of ander aansprake

teenoor die vermoë van so ‘n begunstigde. Van der Westhuizen 1 en 88, verwys ook na die

populariteit en nuttigheid van hierdie besondere trusttipe. 10 Hierdie aspek word volledig ondersoek in hoofstukke 4, 7 en 8.

Page 34: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

5

sodanige begunstigdes inderdaad oor (genoegsame) beskerming binne

trustverband beskik, ononderhandelbaar.

1.2 PROBLEEMSTELLING

‘n Ondersoek na die trustfiguur in verskeie regsjurisdiksies toon aan dat ‘n trust

sonder begunstigdes met regte onbestaanbaar is.11 Met die eerste oogopslag is

dit egter nie die posisie in Suid-Afrika nie. Die Suid-Afrikaanse Appèlhof12 (soos

dit voorheen geheet het) het spesifiek met betrekking tot sogenaamde inter vivos

trusts op die oog af bevind dat trustbegunstigdes wat nog nie voordele onder

sodanige trusts aanvaar het nie, nog geen regte verkry het nie. Soos sal blyk uit

hoofstuk 7, is die regsposisie in Suid-Afrika verder dat diskresionêre

trustbegunstigdes (testamentêr en inter vivos) ook moontlik nie oor regte beskik

nie.13 Indien dit die geval is, ontstaan die vraag of, in die lig van die siening in

sekere ander regsjurisdiksies, sodanige trusts in Suid-Afrika dan nie moontlik

onbestaanbaar is nie. So ‘n moontlikheid hou uit die aard van die saak

dramatiese gevolge in vir ‘n regsfiguur wat, soos reeds aangetoon, baie populêr

is en waarin baie bates in Suid-Afrika opgesluit lê. As een van die grondliggende

redes vir trustvorming verder die beskerming is van (dikwels

handelingsonbevoegde) begunstigdes, is die blote moontlikheid dat sodanige

begunstigdes soms geen regte het nie en dus sonder regsbeskerming is of dat

die trustfiguur ongeldig kan wees en dus sodanige begunstigdes moontlik

onbeskermd laat, juridies en sosio-ekonomies onhoudbaar.

Die kernprobleem wat ondersoek gaan word in hierdie studie is of dit inderdaad

so is dat daar in Suid-Afrika trustbegunstigdes is wat oor geen regte beskik nie.

11 Hierdie aspek geniet aandag in hoofstuk 6. 12 Crookes v Watson 1956 1 SA 277 (A). 13 Hierdie aspek word bespreek in hoofstukke 7, paragraaf 7.3.1.2 en ook 8, paragraaf

8.2.4.

Page 35: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

6

Verskeie studies oor die trustfiguur in die Suid-Afrikaanse reg het hierdie

aangeleentheid tot ‘n mindere of meerdere mate aangespreek. Reeds in 1948

het Coertze14 ‘n ondersoek geloods na die trustfiguur in Suid-Afrika. Alhoewel hy

aandag geskenk het aan die aard van die regte van trustbegunstigdes, het hy in

sy navorsing die klem meer laat val op die moontlike ontstaansbronne van en die

erkenning van die trustfiguur in die Suid-Afrikaanse reg. In 1982 het Olivier15 die

Amerikaanse trustreg ondersoek, maar ook vergelykend na die Suid-Afrikaanse

posisie gekyk. Hy vind dit onaanvaarbaar dat ‘n geldige trust begunstigdes

sonder regte kan hê en doen toe reeds aan die hand dat die regte van

trustbegunstigdes moontlik uit ‘n ander bron, naamlik die trustee se fidusiêre

pligte, kan voortspruit. Laasgenoemde aspek he t hy egter nie in besonderhede

ondersoek nie. In 2001 het Strydom16 weereens ondersoek ingestel na die

moontlike aansprake van trustbegunstigdes ingevolge die Suid-Afrikaanse reg.

Hy laat egter die klem val op die aard van begunstigdes se aansprake met

betrekking tot verskillende tipes belasting. Hy doen geen regsvergelykende

studies nie, maar ondersteun ook in die algemeen ‘n siening dat dit

onaanvaarbaar is dat ‘n geldige trust begunstigdes sonder regte kan hê. Hy

suggereer ook dat die basis van die begunstigdes se regte moontlik geleë kan

wees in die vertrouensverhouding17 tussen begunstigde en trustee. Strydom

vors nie hierdie moontlikheid in diepte na nie omdat hy die klem op

belastingaangeleenthede plaas en dit vir daardie doel klaarblyklik nie nodig was

nie.

14 Coertze Die Trust in die Romeins-Hollandse Reg (LLD-proefskrif 1948 US). 15 Olivier Aspekte van die Reg insake Trust en Trustee met besondere verwysing na die

Amerikaanse Reg (LLD-proefskrif 1982 UP). 16 Strydom Die Aansprake van ‘n Trustbegunstigde in die Suid-Afrikaanse Trustreg (LLD-

proefskrif 2001 PU vir CHO). 17 Voortaan sal die terme “fidusiêre verhouding(s)” en “vertrouensverhouding(s)” in hierdie

verhandeling as sinonieme beskou en aangewend word.

Page 36: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

7

Dit word aan die hand gedoen dat alvorens die kernprobleem, soos hierbo

gestel, behoorlik beantwoord kan word, ‘n deeglike ondersoek na die trustee se

fidusiêre pligte as moontlike selfstandige bron van die regte van

trustbegunstigdes in die Suid-Afrikaanse reg belangrik is.

Ten einde ‘n behoorlik beredeneerde antwoord op die kernvraag te kan verskaf,

is dit verder ook nodig om te bepaal of dit wat ingevolge die hedendaagse Suid-

Afrikaanse reg as ‘n trust bekend staan, inderdaad wesentlik dieselfde regsfiguur

is as die trustfigure (waarvan een van die essensiële vereistes ‘n begunstigde

met regte is) wat uit die Engelse trustreg voortspruit.18 Hier gaan dit dus om te

bepaal of dit wat in Suid-Afrika as ‘n trust bekend staan, inderdaad in terme van

die essensiële vereistes wat ingevolge die Engelse reg vir hierdie regsfiguur

vereis word, ‘n suiwer trust is. Dit mag immers so wees dat dit waarna in Suid-

Afrika verwys word as ‘n trust, nie ‘n “suiwer” trust (volgens Engelse standaarde)

is nie en moontlik ander essensiële vereistes het as dié van die “suiwer”

trustfiguur in ander regsjurisdiksies oor die wêreld.

1.3 WERKSWYSE

Om te bepaal wat die huidige stand en regsgevolge is van enige regsfiguur in ‘n

bepaalde regsjurisdiksie is dit vanselfsprekend dat die ontstaan en ontwikkeling

van so ‘n figuur histories nagevolg moet word. Die feit dat dit vir doeleindes van

hierdie studie ook nodig is om te bepaal of dit wat ingevolge die hedendaagse

Suid-Afrikaanse reg as ‘n trust bekend staan, inderdaad wesentlik dieselfde

18 Vir doeleindes van hierdie navorsing word aanvaar dat die trustbeginsels wat binne die

common law (en meer spesifiek Engeland) ontwikkel het, die “suiwer” vorm van hierdie beginsels

is. Waar daar dus hierna van die term “suiwer” gebruik gemaak word, is dit op hierdie

veronderstelling en in hierdie konteks. Verder word aanvaar dat alle trustfigure, soos wat dit

voorkom in ander jurisdiksies, aan die Engelse trust gemeet en beoordeel moet word om te

bepaal wat die stand van ‘n land se spesifieke trustregstelsel is.

Page 37: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

8

regsfiguur is as die trustfigure wat aan ander jurisdiksies bekend is, dui daarop

dat so ‘n ondersoek noodwendig ook regsvergelykend sal moet wees.

1.3.1 Regshistoriese Ondersoek

Met hierdie ondersoek gaan gepoog word om vas te stel waaraan die trustidee in

Suid-Afrika sy ontstaan te danke het19 en hoe dié trustidee oor die jare ontwikkel

het.20 Dit is van belang om sover moontlik te bepaal welke regsfigure uit die

gemenereg moontlik ‘n rol in trustontwikkeling kon speel21 en wel tot watter mate.

Net so sal dit ook van belang wees om die werklike invloed van die Engelse

trustreg22 op dié van Suid-Afrika te probeer bepaal.23 Die wyse waarop die

trustfiguur histories ontwikkel het, moes noodwendig ‘n rol gespeel het in die

ontstaan en ontwikkeling van die regte van trustbegunstigdes. Hierdie

ondersoek sal net bevredigend gedoen kan word as daar tergelykertyd ook gelet

word op ontwikkeling van en die betekenis wat in die Suid-Afrikaanse reg geheg

word aan onder meer begrippe soos “regte”, “gevestigde regte”, “voorwaardelike

regte”, “absoluutheid van regte”, “persoonlike regte”, “saaklike regte” en

“fidusiêre verhoudings”24 - terme wat, soos later in die studie gesien sal word, ‘n

belangrike rol speel as dit kom by ‘n ondersoek na die regte van

trustbegunstigdes.

19 Die doel is dus om die werklike oorsprong van die trustfiguur in Suid-Afrika te probeer

bepaal. 20 Veral die Suid-Afrikaanse regspraak is hier van belang. 21 Hierdie navorsing word weergegee in hoofstuk 2. 22 Dit geld ook enige ander regstelsel wat ‘n moontlike invloed op trustontwikkeling in Suid-

Afrika kon uitoefen. 23 In hoofstuk 3 word hierdie aangeleentheid bespreek. 24 Hoofstuk 4 handel met die historiese ontwikkeling van trustreg in Suid-Afrika en

hoofstukke 7 en 8 met die ontwikkeling van en betekenis wat aan die verskillende begrippe geheg

word.

Page 38: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

9

1.3.2 Regsvergelykende Ondersoek

Sommige skrywers huldig die mening dat suiwer trusts net in common law

jurisdiksies kan voorkom. Kaplan en Ogden25 stel dit soos volg:

“Trust is a legal institution, which can only be found in the legal systems of

the common law countries. In the legal systems of most of the other

countries the trust is unknown.”

Volgens Olivier26 is die trust in ons regstelsel ‘n Britse immigrant en in alle

opsigte ‘n wêreldburger. Gretton27 wys ook daarop dat daar ‘n algemene siening

bestaan dat die trustfiguur ‘n unieke produk is van die common law-tradisie. De

Waal en Paisley28 erken die besondere Engelse invloed op trustregontwikkeling

wêreldwyd as hulle opmerk:

“Traditionally the trust has been used as an example of an institution that

can be found only in jurisdictions principally based on the English common

law - the trust is a special child of the English common law …”

Uit die voorgaande blyk dat ‘n ondersoek na enige trustontwikkeling sonder om

ag te slaan op die Engelse common law-trustfiguur, nooit volledig en

bevredigend sal kan wees nie. Engelse beïnvloeding ook op die Suid-Afrikaanse

25 Kaplan en Ogden Trusts in Prime Jurisdictions (2000) 3. 26 Olivier Trustreg en Praktyk (1989) 1. 27 Gretton “Trusts without Equity” 2000 International and Comparative Law Quarterly 599. 28 De Waal en Paisley “Trusts” in Mixed Legal Systems in Comparative Perspective:

Property and Obligations in Scotland and South Africa (reds. Zimmermann, Visser en Reid)

(2004) 819.

Page 39: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

10

trustfiguur is ‘n gegewe.29 Dit is daarom belangrik om byvoorbeeld 30 spesifieke

ontwikkelings op die gebied van begunstigdes se regte en die

vertrouensverhouding tussen trustee en begunstigde (om maar enkeles te noem)

in die Engelse reg te vergelyk met die van Suid-Afrika.31 In die lig van die feit dat

die Engelse trustreg skynbaar so ‘n besondere invloed op algemene

trustontwikkeling wêreldwyd uitgeoefen het, mag dit wees dat dieselfde ook

gebeur het spesifiek ten opsigte van die ontwikkeling van die aard en inhoud van

die regte van trustbegunstigdes. In die verband sou dit ook goed wees om te let

op die invloed van die Engelse trustreg op sommige ander regsjurisdiksies ten

einde te probeer vasstel wat die gevolge van sodanige beïnvloeding in daardie

jurisdiksies was en of daar tendense te bespeur is wat weer ‘n rol kan speel in

Suid-Afrika.

As aanvaar word dat die kernprobleem, soos geïdentifiseer vir hierdie navorsing

nie net regshistories nie, maar noodwendig ook regsvergelykend benader moet

word, is die volgende vraag: Hoe wyd moet die regsvergelyking strek? Om elke

trustregstelsel in die wêreld na te vors en te ontleed, is ‘n onbegonne taak.

Omdat dit noodsaaklik is om in ‘n studie van die onderhawige aard beperkings

daar te stel, moes sekere kriteria dus gebruik word ten einde te bepaal welke

regstelsels vir doeleindes van regsvergelyking gebruik sou word.

Aangesien hierdie navorsing hoofsaaklik gerig is op die trustfiguur in Suid-Afrika,

29 Hierdie aspek word in hoofstuk 4 behandel. 30 Weens die spesifieke kernprobleem wat vir hierdie studie geïdentifiseer is, sal die

besondere ontwikkeling ten opsigte van enersyds die erkenning van en andersyds die aard en

inhoud van die regte van trustbegunstigdes in die verskillende lande, altyd besondere aandag

geniet. 31 Hierdie ondersoeke word gedoen in hoofstukke 6, 7 en 8.

Page 40: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

11

synde ‘n oorwegend civil law land, met ‘n hibriede regstelsel, 32 is besluit om die

volgende jurisdiksies by hierdie navorsing te betrek:

(1) Engeland: Dit is uit die voorgaande vanselfsprekend dat ‘n ontleding van

die ontwikkeling van die trustregstelsel in Engeland gemaak moet word.

(2) Sri Lanka, Louisiana (in die Verenigde State van Amerika) en Quebec (in

Kanada): Dit is nodig om te bepaal hoe trustreg ontwikkel het in

jurisdiksies waar Engelse trustreg nie heelhuids oorgeneem is nie omdat

dit met civil law-beginsels bots, maar waar die trustreg in sulke jurisdiksies

uiteindelik gekodifiseer is.

(3) Skotland: Dit is insiggewend om te let op die ontwikkeling van die trustreg

in ‘n jurisdiksie waar civil law-beginsels die oënskynlike oorname van

Engelse trustregbeginsels verhinder het, maar waar trustreg tog uit ‘n civil

law-groeimedium ontwikkel het en nie gekodifiseer is nie.

Al bovermelde jurisdiksies gaan ondersoek word deur eers te let op die betrokke

jurisdiksie se trustregontwikkeling.33 Daarna word in die besonder aandag

geskenk aan die ontwikkeling en aard van die regte van die trustbegunstigdes in

elkeen van bovermelde jurisdiksies.

32 De Waal “The Core Elements of the Trust: Aspects of the English, Scottish and South

African Trusts Compared” 2000 SALJ 555 e.v.; De Waal “In Search of a Model for the

Introduction of the Trust into a Civilian Context” 2001 Stellenbosch Law Review 76 e.v.; De Waal

en Paisley “Trusts” in Mixed Legal Systems in Comparative Perspective: Property and

Obligations in Scotland and South Africa (reds. Zimmermann, Visser en Reid) (2004) 819 e.v.

Sien ook hoofstuk 2 paragraaf 2.1. 33 Daar moet altyd in gedagte gehou word dat die ontwikkeling van die trustfiguur

noodwendig onlosmaaklik verbonde is aan so ‘n jurisdiksie se algemene regsontwikkeling.

Page 41: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

12

Nadat die trustfiguur in die algemeen teen hierdie regshistoriese en

regsvergelykende agtergrond in die verskillende gekose regsjurisdiksies

bespreek is,34 word die aandag in groter besonderhede gevestig op die

kernprobleem,35 naamlik die aard en inhoud van die regte van trustbegunstigdes

ingevolge die hedendaagse Suid-Afrikaanse trustreg. In die lig van die

bevindinge van hierdie ondersoek word daar ten slotte enkele gevolgtrekkings en

afleidings gemaak in die hoop dat dit ‘n bydrae tot regsontwikkeling in Suid-Afrika

kan lewer.

34 Hierdie ondersoeke geskied in hoofstukke 3, 4, 5 en 6. 35 Hierdie aspekte sal aandag geniet in hoofstukke 7 en 8.

Page 42: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

13

HOOFSTUK 2

‘N HISTORIESE OORSIG VAN DIE TRUSTFIGUUR IN DIE KONTEKS VAN

DIE SUID-AFRIKAANSE GEMENEREG

2.1 INLEIDING..................................................................................................... 14

2.2 ROMEINSE REG .........................................................................................16

2.2.1 Testamentum per Aes et Libram .......................................................18

2.2.2 Fideicommissum...................................................................................19

2.2.3 Fiducia.................................................................................................... 21

2.2.4 Modus..................................................................................................... 22

2.3 GERMAANSE REG .....................................................................................23

2.3.1 Saalman-Beginsel................................................................................24

2.4 DUITSE REG................................................................................................25

2.4.1 Treuhand-Beginsel ...............................................................................25

2.5 ROMEINS-HOLLANDSE REG ................................................................. 26

2.5.1 Fideicommissum...................................................................................26

2.5.2 Stipulatio Alteri ......................................................................................27

2.5.3 Stigting ................................................................................................... 30

2.5.4 Modus..................................................................................................... 32

2.5.5 Verteenwoordiging ...............................................................................32

2.5.6 Vennootskap .........................................................................................33

2.6 BONA FIDES EN FIDUSIÊRE VERHOUDINGS

IN DIE ALGEMEEN .............................................................................................33

2.7 SAMEVATTING............................................................................................34

Page 43: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

14

2.1 INLEIDING

In hierdie hoofstuk word ondersoek ingestel na die moontlike oorsprong van

die Suid-Afrikaanse trustfiguur vanuit die gemenereg. Die doel van hierdie

hoofstuk is nie om ‘n uiteensetting te gee van die Suid-Afrikaanse gemenereg

en veral die kenbronne daarvan nie. 1 Vir doeleindes hiervan word die

volgende aanvaar:

(1) Die Romeins-Hollandse regstelsel het sy wortels in die Romeinse reg

(onder meer die Corpus Iuris Civilis), maar die Germaanse reg het

weer die Romeinse reg beïnvloed. 2

(2) Die Romeins-Hollandse reg (in die breë sin, naamlik dié van die

Europese ius commune en nie slegs die reg van die provinsie Holland

nie3) vorm die basis van die Suid-Afrikaanse gemenereg.

(3) Die Suid-Afrikaanse regstelsel is ‘n hibriede regstelsel. Hiermee word

bedoel dat die Suid-Afrikaanse regstelsel nie ‘n suiwer civil law-stelsel

is nie, maar duidelike beïnvloeding toon vanuit common law-stelsels en

ook vanuit inheemse regsbeginsels (alhoewel nie noemenswaardig

nie). Die invloed van die Engelse regstelsel is hier veral van belang.4

1 Vir die leser wat verder belangstel kan die volgende bronne geraadpleeg word:

Bosman, Kleyn en Viljoen Beginnersgids vir Regstudente (1996); Van Zyl Geskiedenis van

die Romeins -Hollandse Reg (1979); Hahlo en Kahn The South African Legal System and its

Background (1973) en Du Plessis An Introduction to Law (1999) (3e uitgawe). 2 Wanneer dit kom by Germaanse en ander stelsels se invloed op en kruisbestuiwing

van die destydse Romeinse reg in trustverband, toon Coertze Die Trust in die Romeins-

Hollandse Reg (LLD-proefskrif 1948 US) 1 e.v. aan dat die Duitse Treuhand- en die

Germaanse Saalman-beginsels waarskynlik ‘n noue verband met trustontwikkeling in die

algemeen het. 3 Van Zyl 498. Regstelsels van Wes-Europese lande soos Duitsland en Frankryk het

dus ook ‘n invloed op die Suid-Afrikaanse gemenereg uitgeoefen. 4 Bosman, Kleyn en Viljoen 87 e.v.

Page 44: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

15

Soos later in hierdie hoofstuk sal blyk, was die trustfiguur as sodanig aan die

gemenereg onbekend, maar is erkenning wel verleen aan sogenaamde

vertrouensverhoudings. Cameron et al5 begin hulle ondersoek na en

bespreking van die Suid-Afrikaanse trustfiguur deur juis aan te toon dat dié

figuur in wese ‘n vertrouensverhouding meebring waaruit fidusiêre regte en

verpligtinge voortspruit. In dieselfde trant merk Olivier6 op dat daar in die

algemeen gesê kan word dat “trust” ‘n begrip is wat na ‘n

vertrouensverhouding verwys. De Waal7 stem met hierdie sienings saam

waar hy opmerk dat die verhouding tussen trustee en trustbegunstigde ‘n

fidusiêre verhouding daarstel. By die trustfiguur gaan dit dus onder meer oor

verhoudings en meer spesifiek oor vertrouensverhoudings. Wanneer die

trustfiguur dus regshistories ondersoek word, moet in besonder ook gelet

word op moontlike ander regsfigure waarby vertrouensverhoudings ‘n rol

speel.

‘n Ondersoek van die gemenereg, in trustverband, is egter nie net vir Suid-

Afrika van belang nie. Verskeie skrywers huldig die mening dat trustreg nie

net in Suid-Afrika nie, maar ook elders deur sekere universele regsfigure

beïnvloed is en waarvan heelwat spruit uit die Romeinse ius commune, soos

oorgeneem in die Romeins-Hollandse reg en ander Wes-Europese

regstelsels. Zimmermann8 wys byvoorbeeld daarop dat trustreg, soos dit

vandag in die algemeen bestaan, beslis deur sekere Romeinse regsfigure

beïnvloed is.

5 Cameron, De Waal, Wunsh, Solomon en Kahn Honoré’s South African Law of Trusts

(2002) (5e uitgawe) 3 e.v. 6 Olivier Trustreg en Praktyk (1989) 2. 7 De Waal “The Core Elements of the Trust: Aspects of the English, Scottish and

South African Trusts Compared” 2000 SALJ 557. 8 Zimmermann Roman Law, Contemporary Law, European Law: The Civilian Tradition

Today (2001) 165.

Page 45: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

16

Vervolgens word regshistories, chronologies gelet op die regsfigure uit die

gemenereg 9 waarby vertrouensverhoudings betrokke is wat moontlik trustreg,

as ‘n vertrouensverhouding, op een of ander wyse kon beïnvloed.

2.2 ROMEINSE REG

Die Romeinse regstelsel het stelselmatig sedert 753 v.C. ontwikkel. Die

Romeinse reg is die eerste keer in 450 v.C. gekodifiseer in die sogenaamde

Wet van die Twaalf Tafels.1 0 Tydens die klassieke tydperk11 het nie net die

Romeinse beskawing nie, maar ook die Romeinse reg ‘n hoogtepunt bereik.

Aan die einde van die 4e eeu n.C. verdeel die magtige Romeinse wêreldryk in

twee, naamlik ‘n Oos-Romeinse Ryk met Konstantinopel (die huidige Istanbul

in Turkye) as hoofstad en ‘n Wes-Romeinse Ryk met Rome as hoofstad.

Die Wes-Romeinse Ryk verswak en word algaande deur Germaanse stamme

ingeneem tot die uiteindelike val van die eens magtige Romeinse Ryk in 476

n.C. Feodalisme is nou aan die orde van die dag en die Rooms-Katolieke

kerk, met die pous aan die hoof, vorm gedurende hierdie tydperk die enigste

ware sentrale gesagstruktuur. In die ooste bly die reg op ‘n hoër vlak

voortbestaan. Veral onder keiser Justinianus word die Romeinse reg in om

en by 533 n.C . omvattend gekodifiseer in die vorm van die Corpus Iuris Civilis.

Na die dood van Justinianus vervaag sy invloed ook op die gebied van

regsontwikkeling en in 1453 n.C. kom die Oos-Romeinse Ryk ook tot ‘n val.12

Onder leiding van die Glossatore vind daar sedert die twaalfde eeu ‘n

oplewing in die bestudering van die Romeinse Corpus Iuris Civilis plaas in so

‘n mate dat die Romeinse reg weldra die ius commune van Wes-Europa sou

9 Hiermee word bedoel figure wat in die Romeinse reg, die Romeins -Hollandse reg, of

gedurende die daaropvolgende ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse gemenereg te voorskyn

getree het. 10 Bosman, Kleyn en Viljoen 24. 11 Dit was gedurende die eerste twee eeue van die Christelike jaartelling. 12 Bosman, Kleyn en Viljoen 24 e.v.

Page 46: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

17

word. 13 Dit het geskied deur middel van die proses van sogenaamde

“resepsie”. Deur middel van resepsie is die Romeinse reg - soos beliggaam

in die Corpus Iuris Civilis - grootskaals oorgeneem en het dit vermeng geraak

met die Germaanse reg van Wes-Europa, soos weer in die leges Barbarorum

neergelê.14

Die trustfiguur as ‘n onafhanklike regsfiguur was onbekend aan die Romeinse

reg.15 Uit ‘n trustverhouding spruit daar, soos reeds hierbo vermeld, weens

die onderliggende vertrouensverhouding, egter fidusiêre regte en verpligtinge

voort. 16 Sou die trustfiguur op sterkte hiervan as ‘n “fiduciary concept”17

beskou word, het daar tog soortgelyke Romeinse regsfigure bestaan wat

moontlik ‘n invloed op trustontwikkeling in regstelsels met die Romeinse reg

as basis kon uitoefen. 18 Die volgende Romeinsregtelike regsfigure waarby ‘n

vertrouensverhouding inbegrepe is, verdien in hierdie konteks vermelding:19

13 Bosman, Kleyn en Viljoen 33. 14 Wat onder andere die Lex Salica ingesluit het. Bosman, Kleyn en Viljoen 26; Joubert

Die Stigting in die Romeins -Hollandse Reg en die Suid-Afrikaanse Reg (1951) 50. 15 Zimmermann 165. 16 Corbett “Trust Law in the 90’s: Challenges and Change.” 1993 THRHR 267. 17 Zimmermann 165, doen aan die hand dat ‘n trustfiguur so ‘n fidusiêre konsep behels.

Soos later in hierdie verhandeling sal blyk, word met hierdie standpunt saamgestem. 18 Die Suid-Afrikaanse regstelsel is uit die aard van die saak so ‘n stelsel. 19

Daar word nie voorgegee dat die figure wat hierna bespreek gaan word die enigste

sodanige figure is nie. Die figure wat wel bespreek word, is daardie wat dikwels na vore kom

tydens bespreking van die trustidee in literatuur. Weens die feit dat die stigting ook dikwels

ter sprake kom in literatuur oor die onderwerp, word volledigheidshalwe ook daarna verwys.

Hiermee word egter nie voorgehou dat die betrokke regsfiguur die trustfiguur wesentlik

beïnvloed het nie. Volgens Cameron et al 64, is die stigting in elk geval nie werklik gebaseer

op ‘n vertrouensverhouding nie.

Page 47: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

18

2.2.1 Testamentum per Aes et Libram

Testate en intestate erfreg was reeds sedert die Twaalf Tafels aan die

Romeinse reg bekend.20 Testate erfregreëls was aanvanklik baie formalisties

en eng.2 1 Met verloop van tyd het testate erfopvolging (in teenstelling met

intestate erfopvolging) sodanig toegeneem dat spoedig daarop geroem kon

word dat slegs enkele oningeligte Romeine intestaat te sterwe gekom het.22

Die vroegste vorm van ‘n testament wat aan die Romeine bekend was, het as

die testamentum calatis comitiis bekend gestaan.23 Namate testeerbehoeftes

toegeneem en meer gesofistikeerd geraak het, het ander verskyningsvorme

van die testament in die Romeinse reg hul verskyning gemaak.

Een so ‘n verskyningsvorm was bekend as die testamentum per aes et

libram.24 Aanvanklik was hierdie tipe testament ‘n mondelingse opdrag ten

opsigte van die beskikking oor boedelbates, maar mettertyd het die gewoonte

ontstaan om sodanige opdragte skriftelik uiteen te sit en in die

teenwoordigheid van getuies te verly. Kragtens hierdie tipe testament, het die

Romeinse boedeleienaar reeds in lewe sy boedel per mancipationem25 aan ‘n

vertrouensman of dan familiae emptor oorgedra - met aanwysing van die

persone aan wie die bates na sy dood oorgedra moes word. Watson26 wys

daarop dat, alhoewel daar dikwels aanvaar is dat eiendomsreg in die bates

20 Van Warmelo An Introduction to the Principles of Roman Civil Law (1976) 123 e.v.;

Watson Roman Law and Comparative Law (1991) 77. 21 Van Warmelo 128 e.v. So kon sekere testamente slegs twee maal per jaar tydens

samekomste van die comitia verly word. Sekere erfgename sou ook outomaties erf behalwe

indien hulle uitdruklik in die testament onterf is. 22 Van Warmelo 128; Van der Merwe en Rowland Die Suid-Afrikaanse Erfreg (1990) (6e

uitgawe) 116 e.v. Teen die laat-Republikeinse tydvak is intestate erfreg deur testate erfreg

oorskadu. 23 Van Warmelo 128. 24 Van Warmelo 128. 25 Van Warmelo 95. Die skrywer gee hier ‘n volledige beskrywing van die werking van

hierdie regsbeginsel volgens die Romeinse reg. 26 Watson 78.

Page 48: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

19

van die boedeleienaar onmiddellik op die familiae emptor oorgegaan het, dit

nie die geval was nie. Die boedeleienaar het gedurende sy lewe steeds

eiendomsreg en die volle gebruik en genot van die bates behou. Dié regte op

die boedelbates en -laste sou eers by die dood van die boedeleienaar

oorgaan op die familiae emptor om oor te beskik in terme van die

boedeleienaar se wense ten voordele van begunstigdes soos deur die

boedeleienaar aangewys.27 Vir hierdie regsfiguur om suksesvol te werk, was

‘n fidusiêre verhouding tussen boedeleienaar en die familiae emptor

onontbeerlik.28

Namate erfreg in die Romeinse tyd ontwikkel het, het die regsposisie van die

familiae emptor ook ‘n verandering ondergaan tot so ‘n mate dat die familiae

emptor uiteindelik as eksekuteur van die testament beskou is en deur

begunstigdes verplig kon word om gevolg te gee aan die bepalings van die

betrokke testament.29

2.2.2 Fideicommissum

In die Romeinse reg was hierdie figuur oorspronklik ‘n versoek deur die

boedeleienaar wat gerig was tot erfgename om ‘n erfenis of ‘n bepaalde

gedeelte daarvan oor te dra aan ‘n ander persoon wat deur die erflater

aangewys is. Aanvanklik het hierdie versoek nie deur middel van ‘n testament

geskied nie, maar later merendeels deur middel daarvan.30 Ook hierdie figuur

het sterk gesteun op die vertrouensverhouding tussen die betrokkenes om

daaraan gevolg te gee.31 Volgens Watson32 was sodanige opdragte

aanvanklik slegs moreel van aard en indien die erfgenaam troubreuk sou

27 Watson 78. 28

Van Warmelo 129, waar hy onder andere opmerk: “Of course, everything depended

on the trustworthiness of the familiae emptor.” Watson 78, dui aan dat hierdie

vertrouensregte in die tyd van Cicero deur die begunstigdes afdwingbaar geword het. 29 Van Warmelo 129. 30 Lee An Introduction to Roman-Dutch Law (1953) (5e uitgawe) 374. 31 Van Warmelo 141. 32 Watson 79.

Page 49: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

20

pleeg, was die begunstigde remedieloos. Aan die begin van die Christelike

jaartelling het Keiser Augustus die posisie van die uiteindelike begunstigde

(dit is die fideicommissarius) verstewig deur sy regte afdwingbaar te maak.33

Swanepoel34 haal Joubert aan waar laasgenoemde aantoon dat die

Romeinse fideicommissum hoofsaaklik ‘n beskikking mortis causa was.

Watson35 gebruik die term (testamentêre) “trusts” en fideicommissa as

sinonieme en doen aan die hand dat hierdie regsfiguur reeds 169 jaar voor

Christus aangewend is om testamentêre voorskrifte te omseil.3 6 Alhoewel

Watson na hierdie regsfiguur verwys as ‘n “trust”, kan nie daardeur afgelei

word dat die trustfiguur per se aan die Romeinse reg bekend was nie. Hierdie

vermenging van terme dui waarskynlik eerder op Watson se eie siening dat

die trust ‘n spesie is van die Romeinse fideicommissum, juis vanweë die

vertrouensverpligtinge wat in beide gevalle geld.

In die Romeinse reg kon die fideicommissum verskillende verskyningsvorme

aanneem. Een so ‘n verskyningsvorm was waar die erfgenaam aangestel is

op die basis dat hy eienaar geword het, maar geen nut of voordeel uit die

saak kon trek nie. Hy moes dadelik die saak aan die begunstigde oormaak.

Hierdie spesifieke verskyningsvorm staan as ‘n fideicommissum purum

bekend.37

33 Van Warmelo 142. Sodra so ‘n fideicommissarius dus regte bekom, kon hy dit

afdwing. 34 Swanepoel Oor Stigting, Trust, Fideicommissum, Modus en Beding ten behoewe van

‘n Derde (1961) 8. 35 Watson 80. 36 Watson 80. Op hierdie wyse kon, byvoorbeeld vrouens, wat nie direk kon erf nie, tog

bevoordeel word deur gebruik te maak van ‘n manlike tussenganger. 37 Coertze 11. Daar word later in hierdie hoofs tuk tydens die bespreking van die

Romeins-Hollandse reg aangetoon dat hierdie verskyningsvorm van die fideicommissum

waarskynlik nie in die Romeins-Hollandse reg oorgeneem is nie.

Page 50: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

21

Van hierdie verskyningsvorm sê Corbett:38

“The respective rights of fiduciary and fideicommissary are thus so

coextensive and simultaneous that the fiduciary is a mere transitory

conduit pipe for the immediate handing over of the property to the

fideicommissary.”

Die meer algemene verskyningsvorm van die fideicommissum was waar die

fiduciarius tot die aanbreek van die termyn of die vervulling van die

voorwaarde van die fideicommissum, al die genots - en gebruiksregte van ‘n

eienaar gehad het.39 ‘n Verdere spesie van hierdie regsfiguur was bekend as

die fideicommissum residui waar die fiduciarius, soos by die algemene

verskyningsvorm van die fideicommissum, al die genots- en gebruiksregte van

‘n eienaar gehad het, maar in teenstelling met die algemene vorm, slegs ‘n

sekere gedeelte van die erflating uiteindelik aan die fideicommissarius moes

oorhandig. 40

‘n Belangrike algemene kenmerk van die Romeinse fideicommissum was dat

die fiduciarius eers eienaar geword het tot uitsluiting van die

fideicommissarius en dat laasgenoemde se eiendomsregte afhanklik was van

die beëindiging van die regte van eersgenoemde.41

2.2.3 Fiducia

Hierdie regsfiguur is in die Romeinse reg aangewend om sekuriteit oor bates

aan skuldeisers te verskaf. Die figuur het die oordrag van eiendomsreg in

bates na ‘n krediteur behels, op voorwaarde dat die eiendomsreg slegs

oorgedra is om ‘n bepaalde doel te dien en daarna weer terug gelewer moes

38 Corbett, Hofmeyr en Kahn The Law of Succession in South Africa (2001) (2e

uitgawe) 336. 39 Corbett 336 e.v. 40 Corbett 328. 41 Lee 374. Sodra die regte egter verkry is, was dit afdwingbaar.

Page 51: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

22

word aan die oorspronklike eienaar.42 Sodra die onderliggende skuldoorsaak

dus uitgewis is, moes die bate teruggegee word aan die oorspronklike

skuldenaar. Die onderliggende vertrouensverhouding tussen die partye is

weereens duidelik sigbaar - die skuldeiser word oënskynlik volle eienaar met

alle regte daaraan verbonde en die skuldenaar kan hom slegs op die

skuldeiser se goeie trou en moontlike troubreuk beroep as die skuldeiser nie

sy verpligtinge teenoor die skuldenaar nakom nie.43

Uit hierdie algemene Romeinse regsfiguur het mettertyd sekere spesifieke

regsfigure ontwikkel waarvan die fiducia cum amico een was. Volgens hierdie

Romeinse regsinstelling sou ‘n saak in eiendomsreg aan ‘n vriend gegee word

onder omstandighede waar die bate in die hande van die vriend veiliger sou

wees as in die hande van die werklike eienaar. Alhoewel die vriend regtens

eienaar geword het, was die onderliggende bedoeling dat die bate onmiddellik

en op aanvraag aan die oorspronklike eienaar teruggelewer moes word.

Weereens is die onderliggende vertrouensverhouding tussen die partye

duidelik en sou die vriend troubreuk pleeg, was hy selfs strafbaar.44 In die

Romeinse reg lei hierdie instelling weer mettertyd tot die contractus

depositum45 - nog steeds ‘n geval wat aanvanklik op vertroue gebaseer was,

maar met verloop van tyd meer omvattende regsbeskerming begin geniet het.

2.2.4 Modus

Die Romeinse reg was bekend met die gedagte dat ‘n bemaking of geskenk

onderworpe aan ‘n kwalifikasie (voorwaarde) kon geskied. In die Romeinse

reg het dit bekend gestaan as ‘n modus.46 In die Justiniaanse tydperk is ‘n

42 Van Warmelo 113. 43 Byvoorbeeld as die skuldeiser nie die bate aan die skuldenaar terug lewer nadat die

skuldoorsaak uitgewis is nie. 44 Van Warmelo 114. 45 Van Warmelo 157. 46 Van Warmelo 254; Cameron et al 44.

Page 52: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

23

onderskeid tussen ‘n modus en ‘n opskortende voorwaarde getref. ‘n

Bemaking of geskenk wat onderworpe was aan ‘n modus, was dadelik

effektief. In die geval van ‘n bemaking was die beginsel bekend as ‘n legatum

sub modo en by ‘n skenking as ‘n donatio sub modo.

Wat hier veral opval is dat die erfgenaam of legataris, erfgenaam of legataris

word op die gewone wyse, maar dat van so ‘n erfgenaam of legataris verwag

is om ‘n verpligting na te kom in ooreenstemming met die wens van die

testateur.47 Hieruit blyk dat ‘n fideicommissum inderwaarheid ‘n

verskyningsvorm van ‘n modus is, maar dat nie alle modii, fideicommissa

daarstel nie.48 Aanvanklik berus die sukses van hierdie model weereens bloot

op vertroue en is dit regtens onafdwingbaar. Namate die regstelsel ontwikkel,

verkry die begunstigdes egter afdwingbare vorderingsregte.49 Selfs waar die

verpligtinge ‘n onpersoonlike doel (soos om ‘n fontein of kerk te onderhou)

nagestreef het, kon nakoming in die Romeinse reg onder andere deur middel

van die actio popularis afgedwing word.50

2.3 GERMAANSE REG

Soos reeds vermeld, het die Germaanse regstelsel ‘n besliste invloed op die

ontwikkeling van die Wes-Europese ius commune gehad.

Volgens die Germaanse reg was dit aanvanklik vir ‘n persoon onmoontlik om

by sy dood, na eie wense, oor sy nalatenskap te beskik aangesien die

Germane geen testament geken het nie en intestate erfopvolging in daardie

vroeëre tye derhalwe ‘n gegewe was.51 Sekere vasgestelde reëls het gegeld

47 Van Warmelo 254. 48 Cameron et al 46. 49 Cameron et al 46. 50 Jamneck “Die onderskeid tussen voorwaardes, modus, fideicommissum en trust in

die Suid-Afrikaanse erfreg” 2001 THRHR 86. 51 Coertze 12; Van der Merwe en Rowland 21 e.v.

Page 53: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

24

en daarvolgens is bates, intestaat, van geslag tot geslag oorgedra. Vir

uitsonderings of afwykings was daar aanvanklik nie ruimte nie.52

2.3.1 Saalman-Beginsel

Van tyd tot tyd het omstandighede tog uitsonderings op dié reël genoodsaak.

Om hierdie leemte te vul, het die gebruik mettertyd ontstaan om, in lewe, deur

gebruikmaking van ‘n goeie vriend as tussenpersoon, oor bates na dood te

beskik. Hiervolgens sou die beskikker sy bate(s) aan ‘n vertrouensman

oordra, maar met ‘n aanwysing na wie die goed uiteindelik moes gaan.

Volgens hierdie metode sou die beskikker gedurende sy leeftyd steeds die

gebruik en genot van die bate of bates vir homself behou, maar die

vertrouensman moes binne twaalf maande na die dood van die beskikker aan

die beskikker se aanwysing of dan opdragte voldoen. Hierdie regsfiguur het

aanvanklik in die Germaanse reg as die affatomie bekend gestaan en sedert

ongeveer 500 n.C. word die vertrouensman bekend as die Saalman wat

mettertyd dan ook regtens eienaar geword het, egter nie vir homself nie, maar

ten behoewe van ‘n ander.5 3

Namate die Germane met die Romeinse testament vertroud geraak het, word

dit ook volgens Germaanse reg ‘n aanvaarde instelling.5 4 Die kerk van

daardie tyd het ‘n groot rol gespeel in die aanvaardingsproses van

testeervryheid. Dit was vir die kerk en sy behoud noodsaaklik om bemakings

ad pias causas aan te moedig en daar is besef dat die erkenning van

testeervryheid die kerk in die bereiking van hierdie doel sou versterk.55

Die Saalman word nou die testamentêre eksekuteur en hy word later ook die

waarborg vir die onpartydige uitoefening van die bepalings van die testament.

Dit is interessant dat hy soms ook die reg gehad het om die grootte van legate

52 Coertze 12. 53 Coertze 12. Dit kom so voor in die 46e titel van die Lex Salica. 54 Coertze 12. 55 Zimmermann 160.

Page 54: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

25

te verander. Selfs in hierdie opsig handel die Saalman steeds nie in sy eie

belang nie, maar in belang van ‘n ander. ‘n Trouplig word aan die Saalman

opgelê.56

Namate die aanvanklike doel van die Saalman-instelling57 verwater het, het

die noodsaaklikheid daarvoor ook vervaag. Die instelling, as regsmiddel in

die afwesigheid van testeervryheid, het dus in onbruik verval namate meer

erkenning aan testeervryheid verleen is. Gedurende die Middeleeue sterf die

Saalman-instelling op die Europese vasteland in sy gedaante van

saakwaarnemer uit.58

Sommige skrywers59 is egter die mening toegedaan dat die Engelsregtelike

instelling bekend as “use”60 uit die Saalman-beginsel voortspruit en dus vanuit

die Germaanse reg ontstaan het. Ander skrywers verskil hiervan en verklaar

die ontstaan van die Engelsregtelike trustfiguur vanuit ander hoeke.61

2.4 DUITSE REG

Die Suid-Afrikaanse gemenereg is ook, soos reeds vermeld, deur regsfigure

in van die Wes-Europese regstelsels beïnvloed. Een so ‘n figuur wat aandag

verdien is die Duitse Treuhand-beginsel .

2.4.1 Treuhand-Beginsel

Die Treuhand-beginsel spruit voort uit die Duitse reg. Vry vertaal beteken

Treuhand: reghebbende wees nie vir jouself nie, maar ten behoewe van ‘n

ander of vir ‘n bepaalde onpersoonlike doel.

56 Coertze 13. 57 As tussenpersoon by gebreke aan testeervryheid. 58 Zimmermann 161. 59 Hierdie aspek word bespreek in hoofstuk 3 paragraaf 3.4. 60 Soos in hoofstuk 3 paragraaf 3.4 bespreek, is die ”use” moontlik die voorloper van die

hedendaagse trust in Engeland. 61 Hierdie aspek word verder ondersoek in hoofstuk 3 paragraaf 3.4.

Formatted: Bullets andNumbering

Page 55: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

26

Volgens Coertze 62 het hierdie beginsel wêreldwye erkenning geniet al het dit

uit die vroeë Duitse reg ontstaan. Die vertrouensverhouding wat spruit uit

hierdie beginsel blyk duidelik en dit vorm juis die gemene deler van al die

betrokke figure.

2.5 ROMEINS-HOLLANDSE REG

Die trust was as onafhanklike verskyningsvorm aan die Romeins-Hollandse

reg, net soos in die geval van die Romeinse reg, onbekend.63 Die Romeins-

Hollandse reg het egter ook oor vertrouensfigure beskik wat die trustidee,

soos wat dit vandag daar uitsien, kon beïnvloed. Hierdie figure is uit die

Romeinse reg oorgeneem met of sonder aanpassings of dit het uit die

destydse Hollandse reg self ontstaan.

2.5.1 Fideicommissum

Die fideicommissum, soos bekend aan die Romeinse reg, is in die Romeins-

Hollandse reg opgeneem.64 Waar die Romeinse fideicommissum bykans

sonder uitsondering testamentêr geskep is,6 5 was dit egter nie die geval in die

Hollandse reg nie. Kragtens laasgenoemde regstelsel kon ‘n fideicommissum

ewe suksesvol testamentêr of inter vivos tot stand kom. Swanepoel66 haal

byvoorbeeld Joubert aan waar laasgenoemde aantoon dat die Romeins-

Hollandse fideicommissum nie slegs ‘n beskikking mortis causa was nie, maar

ook inter vivos kon ontstaan.

62

Coertze 9. 63

Johnston The Roman Law of Trusts (1988) 1. 64 Lee 375. 65 Laurens, R.C. “Fideikommis oor onroerende goed: aard van die fideicommissarius se

reg” 1983 THRHR 29 wys daarop dat fideicommissa inter vivos egter wel erkenning geniet

het. 66 Swanepoel 8 en 9.

Formatted: Bullets andNumbering

Page 56: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

27

Alhoewel Lee67 opmerk dat dit nie ongewoon is vir juriste om te verwys na ‘n

fideicommissum as ‘n testamentêre trust nie, toon hy tog duidelik aan dat daar

besliste verskille tussen hierdie figure bestaan.

Die fideicommissum purum, as een van die verskyningsvorme van die

Romeinse fideicommissum, is skynbaar nie in die Romeins-Hollandse reg

opgeneem nie en het in onbruik verval.68

Wat die aard van die regte van die verskillende rolspelers betref, is dit

belangrik om daarop te let dat die fiduciarius by ontvangs van fidusiêre bates

die eienaar daarvan word. Hierdie eiendomsreg is egter beperk in die sin dat

daar ‘n beperking rus op vervreemding van die betrokke bates en ook ‘n

verpligting om by beëindiging van dié reg, die bates aan die fideicommissarius

te laat toekom. Wat die regte van die fideicommissarius betref, is die posisie

nie so duidelik nie.69 Dié regte het egter beslis meer as blote verwagtings of

’n spes behels. Die regte het ontstaan uit die vertrouensverhouding, wat die

basis vorm van die fideicommissum, sodra ’n fideicommissum ontstaan het en

dan daarna ex lege voortgeduur vir die duur van die fideicommissum.70

2.5.2 Stipulatio Alteri

Dié regsfiguur behels ‘n ooreenkoms tussen twee persone waardeur die een

(genoem die promittens) hom teenoor die ander (genoem die stipulans) en ‘n

derde persoon (begunstigde) wil verbind om aan die derde ‘n reg te laat

67 Lee 375. 68 Braun v Blann and Botha 1984 2 SA 850 (A); Olivier Aspekte van die Reg insake

Trust en Trustee met besondere verwysing na die Amerikaanse Reg (LLD-proefskrif 1982

UP) 18; Corbett 337. 69 Hierdie aspek word ook verder bespreek in hoofstuk 7 paragraaf 7.3.5. 70 Hierdie aspek word ondersoek in hoofstuk 7 paragraaf 7.3.5.

Page 57: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

28

toekom. Slegs die stipulans en die promittens is handelende partye. Die

derde persoon neem glad nie deel aan die onderhandeling nie. 71

Dit is onseker of hierdie regsfiguur in die Romeinse reg toegepas is. Wanneer

De Wet72 hieroor ‘n mening wil uitspreek, antwoord hy die vraag positief en

negatief. Volgens De Wet was die algemene reël in die Romeinse reg alteri

stipulari nemo potest. Hy merk egter op dat daar tog enkele uitsonderings op

dié reël bestaan het. Een so ‘n uitsondering het min of meer ooreengestem

met die inhoud van die hedendaagse regsfiguur bekend as die beding ten

behoewe van ‘n derde. Hoe dikwels hierdie uitsondering in die Romeinse tyd

benut is, is egter onseker. In die Romeins-Hollandse reg, alhoewel nie sonder

teenstand nie,73 is dié regsfiguur in algeme ne terme erken.74

Volgens De Wet75 het drie teorieë onder die Romeins -Hollandse juriste

bestaan wat betref die oomblik waarop die regte van veral die begunstigde

ingevolge die stipulatio alteri ontstaan:

(1) Glossatore soos Bartolus en Gomezius76 het geleer dat die derde

onmiddellik uit die ooreenkoms tussen die promittens en die stipulans

‘n onherroeplike reg verkry.

(2) Andere soos Jason en moontlik ook Gutierrez77 huldig die opvatting dat

die derde geen regte uit die aanvanklike ooreenkoms verkry nie.

71 De Wet Die Ontwikkeling van die Ooreenkoms Ten Behoewe van ‘n Derde (LLD-

proefskrif 1940 Leiden) 1; Olivier 307. In Crookes v Watson 1956 1 SA 277 (A) 286A e.v. is

die figuur ook ontleed. 72 De Wet 140. 73 De Wet 145. 74 De Wet 145; Lee 244. 75 De Wet 141. 76 De Wet 141 verwys na hierdie juriste. 77 Juriste uit die glossatore tydperk waarna De Wet 141 verwys.

Page 58: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

29

Volgens hulle moet die reg wat die promittens78 vir die derde van die

stipulans wil beding, beskou word as ‘n skenkingsaanbod wat die

promittens aan die derde maak. Eers as die aanbod deur die derde

aanvaar word, verkry die derde ‘n ius perfectum teenoor die stipulans.

(3) Die meerderheid Romeins -Hollandse juriste hang egter, volgens De

Wet, ‘n tussenteorie aan wat daarop neerkom dat die derde sonder

meer uit die aanvanklike ooreenkoms tussen promittens en stipulans ‘n

reg verkry. Die derde se reg is egter afhanklik van die wil van die

promittens wat die stipulans kan kwytskeld van die verpligting om aan

die derde te lewer, mits dit geskied voordat die derde enige regte

aanvaar. Hulle beskou ook die reg wat die derde teen die stipulans

verkry as ‘n skenkingsaanbod wat die promittens aan die derde maak.

Tot tyd en wyl die derde die aanbod van die promittens aanneem, kan

die promittens die aanbod herroep deur die stipulans te ontslaan. Die

aanname deur die derde is egter ‘n saak tussen hom en die promittens,

sodat die stipulans hom nie teenoor die derde kan beroep op die

afwesigheid van aanname nie.79

Die oorheersende Romeins-Hollandse siening ten opsigte van die derde is

volgens De Wet dat die derde dadelik regte behoort te hê. Groenewegen80

toon byvoorbeeld in dié verband aan dat niemand tog so onsinnig sou wees

om vir ‘n ander iets te beding as laasgenoemde nie daarby belang het nie.81

78 Wanneer skrywers en regters die aangeleentheid bespr eek, gebruik hulle

verskillende benamings vir die betrokke partye. Die promittens word ook die oprigter of

skenker genoem. Die stipulans die trustee of donataris en die derde die begunstigde. 79 De Wet 141 haal Zasius aan waar hy hierdie verhouding opsom deur aan te toon dat

die promittens en derde uit die ooreenkoms tussen promittens en stipulans elkeen ‘n reg

verkry teen die stipulans , maar dat die derde hieruit nog geen reg teen die promittens kry nie. 80 Soos bespreek deur De Wet 129. 81 Hierdie belang is waarskynlik ‘n belang in die nakoming van die beding ten voordele

van die derde.

Page 59: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

30

Wat die aard van die regte van die begunstigde betref, blyk die Romeins-

Hollandse skrywers dit eens te wees dat dit persoonlik van aard is. Blykbaar

is die posisie van die begunstigde by die beding ten behoewe van ‘n derde

soortgelyk aan dié van die begunstigde van ‘n fideicommissum inter vivos.82

2.5.3 Stigting

Die stigting is volgens Joubert83 ‘n vermoënskompleks met ‘n bepaalde

voortdurende doel wat as regsubjek aan die regsverkeer deelneem deur sy

beheerders, administrateurs, bestuurders of verteenwoordigers. Die stigting

as regsfiguur is dus beklee met regspersoonlikheid en is self eienaar van die

stigtingsgoedere. Die bestuurders of beheerders van die stigting het

hoegenaamd geen eiendomsreg op die stigtingsgoedere nie. 84

Aanvanklik was die uitgangspunt van die Romeinse ius civile dat slegs die

civis Romanus ten volle regsbevoeg was. Reeds tydens die Republikeinse

tydperk is regsbevoegdheid aan figure anders dan die mens toegeken.85 Die

Romeinse kenbronne bevat ongelukkig nie behoorlike en sistematiese

beskouinge oor die regspersoon nie. Joubert86 toon aan dat die heersende

mening is dat geen figure soortgelyk aan die hedendaagse stigting tydens die

klassieke Romeinse reg bekend was nie. Ten tyde van die heerskappy van

Justinianus verkry kerkinstellings regspersoonlikheid en mettertyd word

regspersoonlikheid ook aan sekere liefdadigheidsinstellings verleen. Joubert

doen aan die hand dat hierdie instellings waarskynlik die voorlopers van die

hedendaagse stigting was.87

82 De Wet 136. 83 Joubert 13. 84 Joubert 13. 85 Joubert 18. 86 Joubert 19. 87 Joubert 35.

Page 60: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

31

Joubert,88 in sy behandeling van veral die liefdadigheidsinrigting in Holland en

Wes-Friesland, voer aan dat hierdie instelling reeds ooreenstem met die

moderne stigting. Hy gee egter toe dat die Romeins-Hollandse reg van die

16e, 17e en 18e eeu nie daarin geslaag het om die stigting as ‘n afsonderlike

kategorie van die regspersoon te klassifiseer nie. Hy is die mening toegedaan

dat hulle baie naby daaraan gekom het.

In Duitsland word die stigting, of iets soortgelyks, sedert 1797 as afsonderlike

kategorie van die regspersoon aanvaar. 89 In Frankryk bestaan ook so ‘n

regsfiguur.90 In hierdie lande word toestemming deur die staat normaalweg

verlang vir oprigting van dié regsinstellings.

Alhoewel daar ‘n mate van getuienis bestaan dat dié regsfiguur erkenning in

Suid-Afrika verkry het,91 word die figuur beslis nie vry algemeen in die Suid-

Afrikaanse regstelsel aangetref nie.92

Die begunstigdes by ‘n stigting, byvoorbeeld die wese of die siekes, verkry, as

algemene reël, geen regte teenoor die stigting nie. 93 So ‘n begunstigde verkry

eers regte as hy in ‘n bepaalde regsverhouding teenoor die stigting te staan

kom.94 Die stigting, as regspersoon word volle eienaar van die

stigtingsgoedere en sal in eie naam optree om die goedere te beskerm.

88 Joubert 158. 89

Joubert 186. 90

Cameron et al 62. 91 Hier dink mens aan, byvoorbeeld, die Stedelike Stigting en die Stigting Simon van der

Stel. 92 Cameron et al 62 e.v. 93 Swanepoel 70 e.v. verskil hiervan. 94 Joubert 162.

Page 61: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

32

2.5.4 Modus

Die Romeinse regsfiguur, bekend as die modus, is in die Romeins-Hollandse

reg oorgeneem.95 Die belangrike onderskeid tussen ‘n modus en ‘n

voorwaarde lê daarin dat eiendomsreg by eersgenoemde onmiddellik vestig in

die begunstigde onderworpe egter aan ‘n persoonlike verpligting om die

bepalings van die modus na te kom.96

2.5.5 Verteenwoordiging

Die Romeinse reg het nie die beginsels van verteenwoordiging, soos wat dit

hedendaags in moderne regstelsels aangetref word, geken nie. Volgens die

Romeinse reg is weliswaar nie vereis dat elkeen altyd sy eie sake moes

behartig nie, maar indien iemand namens ‘n ander sou optree, het die

gevolge van sodanige optrede vir eersgenoemde persoonlik ingetree.97

Sedert die 18e eeu is aan dié beginsel van direkte verteenwoordiging

erkenning verleen in die Romeins-Hollandse reg.98 Ook hierdie beginsel het

van oudsher af as basis die beginsel van goeie trou tussen prinsipaal en

verteenwoordiger. 99

95 Corbett 144. 96 Corbett 144 e.v. 97 Joubert Die Suid-Afrikaanse Verteenwoordigingsreg (1979) 8 e.v. Op hierdie reël het

egter algaande uitsonderings ontwikkel vanweë die besondere behoeftes van ‘n

ontwikkelende handelsverkeer. Sien ook Bloom’s Woollens (Pty) Ltd v Taylor 1961 3 SA 248

(N) 253 - 254. 98 Van Jaarsveld in Suid-Afrikaanse Handelsreg (red. Van Jaarsveld) (1988) (3e

uitgawe) (Vol. 1) 207 e.v. Verteenwoordiging word verder bespreek in hoofstuk 8 paragraaf

8.2.1. 99 Joubert Die Suid-Afrikaanse Verteenwoordigingsreg 215 e.v. Hierdie aspek geniet

verdere aandag in hoofstuk 8 paragraaf 8.2.1.

Page 62: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

33

2.5.6 Vennootskap

Anders as die meeste ander vertakkings van die Suid-Afrikaanse Handelsreg,

is vennootskapsreg1 0 0 van bykans suiwer gemeenregtelike oorsprong.101

Vennootskappe was aan die Romeins -Hollandse reg bekend.102 Ongelukkig

het Romeins-Hollandse skrywers hierdie onderwerp baie oorsigtelik behandel

en het die Suid-Afrikaanse howe dikwels meer omvattende werke deur

Engelse en Franse skrywers oor die onderwerp geraadpleeg.103 Ook binne

hierdie regsfiguur word altyd erkenning verleen aan die vereiste van goeie

trou tussen die partye wat in ‘n vertrouensverhouding met mekaar verkeer.104

2.6 BONA FIDES EN FIDUSIÊRE VERHOUDINGS IN DIE ALGEMEEN

Die algemene beginsel van goeie trou, trouplig of dan fidusiêre verhoudings

was reeds aan die Romeinse reg bekend en is ook opgeneem in die

Romeins-Hollandse reg.105 Dit vorm dan ook die hoeksteen van verskeie

regsfigure wat aan die gemenereg bekend was. Belangrik is ook om daarop

te let dat hierdie beginsel in die meeste van hierdie regsfigure ontwikkel het

van bloot ‘n morele verpligting na uiteindelik ‘n regtens afdwingbare reg. Die

begrip “vertroue” loop hand aan hand met die beginsel van bona fides. Van

Warmelo106 wys daarop dat hierdie begrip reeds aan die klassieke juriste

bekend was en deur hulle onderskryf en mettertyd as beskermingswaardig

geag is. Met hierdie begrip is dan van oudsher af verwys na iemand se

100 Vennootskapsreg word verder bespreek in hoofstuk 8 paragraaf 8.2.2. 101 De Wet en Van Wyk De Wet en Yeats Die Suid-Afrikaanse Kontrakte en Handelsreg

(1978) (4e uitgawe) 378. 102 De Wet en Van Wyk 378 e.v. verwys na verskeie Hollandse skrywers wat na die

regsfiguur verwys. 103

Du Plessis in Suid-Afrikaanse Handelsreg (red. Van Jaarsveld) (1988) (3e uitgawe)

(Vol. 2) 250. 104 Die aspek geniet verdere aandag in hoofstuk 8. 105 Vinter A Treatise on the History and Law of Fiduciary Relationship and Resulting

Trusts (1938) (2e uitgawe) 3. 106 Van Warmelo 271 e.v.

Page 63: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

34

verpligting om teenoor ‘n ander ooreenkomstig goeie trou te presteer. Soos

later aangetoon sal word 107 is die konsep van fidusiêre verhoudings ‘n

wêreldwye verskynsel wat erkenning geniet het sedert menseheugenis.108

Wat hierdie verhouding inderdaad behels is die neerlegging van norme van

aanvaarbare gedrag wat een party van ’n ander party kan verwag waar

laasgenoemde weens sy verhouding teenoor die ander ‘n verantwoordelikheid

het om die ander se belange te beskerm. 109

2.7 SAMEVATTING

Die onderliggende idee van “nie vir jouself nie, maar namens iemand anders”

en die gepaardgaande vertrouenspligte wat altyd, ex lege, daaruit voortspruit,

geld vir al die figure wat hierbo bespreek is.110 Soos later sal blyk, waar die

trustfiguur in meer besonderhede bespreek word, vorm hierdie algemene

beginsel ook ‘n onontbeerlike deel van die trustidee.111

Volgens Cameron et al kan dié instellings, soos in hierdie hoofstuk bespreek,

analities beskou word as die voorgangers van die trustidee in lande met ‘n

Romeins-Hollandse tradisie.112 Indien dit die geval is, is dit net logies dat

Suid-Afrikaanse juriste en howe hulle tot die inhoud van hierdie instellings (of

107 In hoofstuk 6, wanneer die ontwikkeling van begunstigdes se regte in ander

regsjurisdiksies bespreek word, geniet die aangeleentheid verdere aandag. 108 De Waal 2000 SALJ 557. 109 Youdan Equity, Fiduciaries and Trusts (1989) 2. 110 Die stigting uitgesluit, soos reeds aangedui. Die vertrouensverhouding onderliggend

aan ‘n kontrak, wat die stipulatio alteri tog is, geniet aandag in hoofstuk 8 paragraaf 8.2.3. 111 Keeton en Sheridan The Comparative Law of Trusts in the Commonwealth and Irish

Republic (1976) 6. Of die Engelse trust nou uit die “use” ontstaan het of nie, die feit bly staan

dat dieselfde onderliggende idee - naamlik nie vir jouself nie, maar namens iemand anders

ook in die Engelse trustreg geld. 112 Cameron et al 23. Die skrywers huldig die siening dat die trustfiguur, analities

beskou, ooreenstemming toon met hierdie regsfigure, maar dat die trust, histories gesien, in

Suid-Afrika ontwikkel het uit Engelse, Romeinse en eie Suid-Afrikaanse regsbeginsels.

Page 64: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

35

sommige daarvan) sou wou wend om die trustidee wat as sodanig aan die

gemenereg onbekend was, te beoordeel en te definieer.113

Wanneer die trustidee en ontwikkeling daarvan in Suid-Afrika weldra bespreek

word, sal hierdie aspek meermale na vore tree. Of dit ten goede of ten kwade

was en in welke mate hierdie gemeenregtelike regsfigure trustontwikkeling in

veral Suid-Afrika beïnvloed het, sal mettertyd blyk.

113 Sodoende behoort die howe ook geredelik die trust as ‘n vertrouensverhouding te

beskou waaruit regte en verpligtinge ex lege voortspruit en voortduur.

Page 65: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

36

HOOFSTUK 3

DIE ONTWIKKELING VAN DIE TRUSTFIGUUR IN ENGELAND

3.1 INLEIDING..................................................................................................... 36

3.2 EIENAARSKAP IN DIE VROEëRE ENGELAND .................................... 39

3.2.1 “Estates” in die vroeë Engelse Reg................................................... 41

3.2.2 Die Twee “Estates”............................................................................... 44

3.2.3 Common Law en Chancery-Howe..................................................... 45

3.3 FIDUSIÊRE VERHOUDINGS IN DIE VROEË ENGELAND ................. 50

3.4 DIE “USE”...................................................................................................... 51

3.5 DIE ENGELSE TRUST............................................................................... 61

3.5.1 Gemeenregtelike Ontwikkeling .......................................................... 61

3.5.2 Statutêre Ontwikkeling ......................................................................... 65

3.6 SAMEVATTING EN VOORUITSKOUING ............................................... 66

3.1 INLEIDING

‘n Ondersoek na die ontwikkeling van trustreg in enige jurisdiksie in die

wêreld, sou onvolledig wees indien daar nie met die moontlike invloed van

Engelse trustregbeginsels op so ‘n jurisdiksie se trustreg rekening gehou word

nie.

Page 66: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

37

Maitland1 merk op:

“If we were asked what is the greatest and most distinctive

achievement performed by Englishmen in the field of jurisprudence, I

cannot think that we should have any better answer to give than this,

namely, the development from century to century of the trust idea.”

Daar bestaan selfs die siening onder sommige juriste 2 dat ‘n trust “(is) an

example of an institution which can only be found in jurisdictions based on

English common law”. Juriste wat hierdie siening huldig,3 is van oordeel dat

“jurisdictions based on civil law cannot have the trust in its ‘proper’ or ‘real’

form”. Hierdie juriste voer aan dat daardie regsfigure wat in civil law-lande

bekend staan as trusts, hoogstens “trust-like devices” of “so-called trusts” kan

wees. Gretton,4 ‘n Skotse juris, merk in hierdie verband op: “The trust is a

legal device developed in England whereby ownership of property is split …”

Hy5 vra homself die vraag af of ‘n trust bestaansreg kan hê sonder die

Engelse equity-beginsels.

Opmerkings en standpunte van hierdie aard noop die civil law-juris, wat die

ontwikkeling van trustreg in lande met ‘n civil law-tradisie ondersoek, om

deeglik kennis te neem van die geskiedkundige ontwikkeling en moontlike

invloed van Engelse trustreg op sodanige regstelsels.

1 Maitland Essays 129, aangehaal in Olivier Aspekte van die Reg insake Trust en

Trustee met besondere verwysing na die Amerikaanse Reg (LLD-proefskrif 1982 UP) 7;

Maitland Equity and The Forms of Action at Common Law (reds. Chaytor en Whittaker)

(1929) 23, verwys weer daarna dat “(o)f all the exploits of Equity the largest and the most

important is the invention and development of the Trust”. 2 De Waal “In Search of a Model for the Introduction of the Trust into a Civilian Context”

2001 Stellenbosch Law Review 63 verwys daarna. 3 De Waal 2001 Stellenbosch Law Review 63, verwys na hierdie standpunt. 4 Gretton “Trusts without Equity” 2000 (Vol 49) International and Comparative Law

Quarterly 599. 5 Gretton 2000 International and Comparative Law Quarterly 599 e.v.

Page 67: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

38

‘n Ondersoek na die ontwikkeling van hierdie regsfiguur in Engeland kan nie

in isolasie beskou word nie, want elke land se algemene geskiedkundige

ontwikkeling speel, in ‘n meerdere of mindere mate, ‘n rol in die ontwikkeling

van so ‘n land se regstelsel en in besonder ten aansien van sekere regsfigure.

‘n Baie breë oorsig van die Engelse geskiedenis is dus hier van pas, maar

met die volgende toepaslike voorbehoud soos verwoord deur Plucknett:6

“Legal history is a story which cannot be begun at the beginning.

However remote the date at which we start, it will always be necessary

to admit that much of the still remoter past that lies behind it will have

to be considered as directly bearing upon the later history.”

Tot ongeveer 400 n.C. was die destydse Engeland onder Romeinse

heerskappy. Hierna volg ‘n tydperk van Saksiese en uiteindelik Anglo-

Saksiese beheer tot ongeveer 1100 n.C.7 Die Sakse was deel van die

Germaanse volke wat oor die destydse Europa versprei was. Hierna volg

Deense en Noorweegse invalle op Engelse grondgebied. Gedurende hierdie

tyd is die beginsel van feodalisme in die Engelse reg van destyds deur Willem

die Veroweraar ingevoer.8

Nieteenstaande ‘n geruime tyd van Romeinse heerskappy, was die Romeinse

invloed op die regsontwikkeling in Engeland skynbaar gering.9 Tog het

Romeinse tradisies deur middel van die kerk van daardie tyd meegebring dat

die Romeinse testament, wat aanvanklik aan die Germane 10 onbekend was,

in Engeland gebruik is. Hierdie testamente was baie primitief en dit is

onseker in welke mate dit op grond toepassing gevind het.11 Dit wil eerder

6 Plucknett A Concise History of the Common Law (1956) (5e uitgawe) 3. 7 Plucknett 6. 8 Plucknett 13. In hoofstuk 5, waar die Skotse reg bespreek word, word hierdie aspek

ook behandel. Sien ook paragraaf 3.2 net hierna. 9 Maitland The Constitutional History of England: A Course of Lectures Delivered

(1926) (Herdruk 1993) 5. 10 Dus ook aan die Anglo-Saksiese volkere van die destydse Engeland. 11 Potter en Kiralfy Potter’s Outlines of English Legal History (1958) (5e uitgawe) 243.

Page 68: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

39

voorkom asof die gemenereg van daardie tyd, as dit toe al so genoem kon

word, geen erkenning aan testamentêre beskikkings oor grond verleen het

nie.12 Die reg van ‘n eienaar om oor grondregte te kon beskik, het eers

werklik met die aanvaarding van die Engelse “use”-figuur ontstaan.13

3.2 EIENAARSKAP IN DIE VROEëRE ENGELAND

Feodalisme het sy ontstaan in Engeland te danke aan die verowering van

Engeland in 1066 deur Willem I van Normandië.14 Selfs voor die verowering

deur Willem I is grond in Engeland, soos trouens bykans in alle vroeëre

jurisdiksies, nie individueel besit nie.15 Alhoewel hierdie vroeëre stelsel dus

ook feodaal van aard was, was daar tot 1066 geen sprake van

gesentraliseerde feodalisme16 in Engeland nie. Toe Willem I egter Engeland

in 1066 binneval en verower, konfiskeer hy alle grond “and subsequently

allowed it to be held (and often redeemed) only from the Crown (directly by

overlords), in exchange for money or services. So all land came to be held

from the crown.”17 Feodalisme in Engeland was nou gesentraliseer en in die

hande van die Engelse koning.

Voortspruitend uit die beginsel van feodalisme was die Engelse koning nou

die absolute eienaar van alle grond in Engeland en eiendomsreg in grond

het ampshalwe van koning tot koning oorgegaan. Eiendomsregtelike

12 Potter en Kiralfy 244. 13 Hierdie figuur word in paragraaf 3.4 bespreek. 14 Of soos hy ook bekend gestaan het, Willem die Veroweraar. 15 Van der Merwe Die Suid-Afrikaanse Erfreg (1990) (6e uitgawe) 119; Potter en Kiralfy

9. Die hoofrede hiervoor volgens Todd en Wilson Textbook on Trusts (2003) (6e uitgawe) 5,

was dat

“landowners collectively and for their mutual protection, bound themselves to an

overlord, who was often a military expert, offering service (often of a military nature)

or produce to the overlord in exchange for protection. Eventually the land became

held on condition that services or produce was provided, and tenure of land became

the exclusive bond between overlord and tenant.” 16 In die sin van die koning as enigste grondeienaar teenoor sy onderdane. 17 Todd en Wilson 6.

Page 69: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

40

verhoudings sou voortaan slegs op die verhouding tussen heer en

ondergeskikte gegrond wees.18 ’n Individu kon dus geen grond in volle

eiendomsreg in Engeland bekom en besit nie. Hy kon slegs ‘n belang daarin

bekom na gelang van sy verhouding met die koning of dan “lord”,19 welke

verhouding as ‘n verhouding tussen “lord” en “tenant”20 bekend gestaan het.

Mettertyd kon die “tenant” weer aan sy ondergeskikte(s) regte verleen en so

kon ‘n hele reeks lyn-“tenants” ontstaan, maar met die koning altyd as hoof of

“paramount lord”. Die verhouding tussen ‘n “lord” en “tenant” of “tenant” en

“subtenant” het in die Engelse reg as ‘n “tenure” en die belang van die

“tenant” as “estate” bekend gestaan.21

Insiggewend was die feit dat daar in die Engelse reg soms na die “tenant” as

‘n “owner” of selfs “landowner” verwys is.22 Die verklaring wat skrywers soos

Cheshire23 hiervoor verskaf, is dat die “tenant” eienaar is van sy belang, dit wil

sê sy belang in grond en nie van die grond as sodanig nie. Olivier24 doen aan

die hand dat in gedagte gehou moet word dat die term “ownership” in die

Engelse reg nie dieselfde betekenis het as die Romeinsregtelike begrip

“eiendomsreg” nie. Ter stawing van sy siening haal Olivier25 die Engelse

skrywer, Lawson aan wat meld dat ‘n “...owner is a person who has

something more than mere possession. But no technical significance

attaches to the term.” Op grond hiervan stel Olivier voor dat aanvaar moet

18 Scrutton The Influence of the Roman Law on the Law of England (1885) 63 e.v. Ook

Coertze Die Trust in die Romeins-Hollandse Reg (LLD-proefskrif 1948 US) 16. 19 Of diegene aan wie die koning regte oorgedra het, welke verhouding as ‘n verhouding

tussen “lord” en “tenant” (oftewel vasal) bekend gestaan het. 20 Ook bekend as ‘n vasal. 21 Coertze 16. 22 Die beskouing dat so ‘n “tenant” ‘n eienaar of selfs ‘n grondeienaar kon wees (van

iets wat nie stoflik is nie), val vreemd op vanuit ‘n Romeins-Hollandse perspektief. Sien ook

hoofstuk 6 paragraaf 6.2.3.2 vir ‘n bespreking van die Engelse siening met betrekking tot

eiendomsreg en “real rights”. 23 Burn Cheshire and Burn’s Modern Law of Real Property (2000) (16e uitgawe) 32. 24 Olivier Aspekte van die Reg insake Trust en Trustee met besondere verwysing na die

Amerikaanse Reg (LLD-proefskrif 1982 UP) 16. 25 Olivier 17.

Page 70: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

41

word dat dit in die vroeë Engelse reg in die geval van “ownership” nie gaan

oor wie eienaar van die hele corpus is nie, maar oor wie welke belang in die

corpus het. Potter en Kiralfy26 merk in hierdie verband op dat elke houer van

sodanige belang (oftewel “estate”) “ownership” in en ten opsigte van die

spesifieke “estate” het.

Om die Engelsregtelike beskouing van “ownership” beter te verstaan, is dit

vervolgens nodig om die verskillende tipes “estates” van die ou Engelse reg

kortliks in oënskou te neem.

3.2.1 “Estates” in die vroeë Engelse Reg

Potter en Kiralfy definieer ’n “estate” as: “An estate in land is the quantity of

interest which the owner enjoys.”27

Die ou Engelse common law onderskei tussen “estates less than freehold” en

“estates of freehold”. Hierdie onderskeid was gebaseer op die duur van die

regte voortspruitend uit die “estate”. “Estates of freehold” het gegeld waar die

duur van die regte seker was (soos byvoorbeeld ‘n vaste termyn

huurooreenkoms). Indien die duur onseker was, was gepraat van “estates

less than freehold”. Onder onsekere duur is bloot verstaan dat geen vaste

termyn neergelê was nie.

Onder “estates of freehold” is drie tipes “estates of freehold” te onderskei,

naamlik “estates in fee simple”, “estates in fee tail” en “estates for life”.28

26 Potter en Kiralfy 222 en 223 soos aangehaal deur Olivier 17. 27 Potter en Kiralfy 222. 28 Sien ook Potter en Kiralfy 223 e.v. Al drie tipes is egter seker wat betref die duur

daarvan.

Page 71: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

42

q Die “estate in fee simple” kom volgens Coertze 29 in die praktyk neer op

absolute eiendomsreg (in die sin van die Engelse “ownership”). Dit is ‘n

reg (“fee”) wat aan ‘n persoon en sy erfgename verleen word. Die eienaar

van ‘n “estate in fee simple” kon tydens sy lewe gedeeltes van sy reg

vervreem.30 Alhoewel die reghebbende tydens sy lewe oor sy “fee” of

gedeeltes daarvan kon beskik, het hy nie dieselfde mag gehad om na sy

dood daaroor te beskik nie. As gevolg van die Germaanse invloed op die

Engelse regstelsel, was testeervryheid in Engeland, soos reeds vermeld,

aanvanklik onbekend en ongehoord.31 Die Romeinse testament is wel in

Engeland benut, maar waarskynlik slegs in ‘n beperkte mate ten opsigte

van roerende bates. Testeervryheid ten opsigte van grond of regte daarin

het dus nie bestaan nie. Juis dit het veroorsaak dat daar gesoek moes

word na wyses om hierdie rigiede erfregreëls in geval van grond en

grondregte te omseil. Een so ‘n moontlikheid was om op een of ander

wyse die beskikbare reg om tydens ‘n persoon se lewe oor dié regte te

beskik, te benut met die oog op latere dood.32

q Die “estate in fee tail” het aan die reghebbende en sy direkte

afstammelinge gekleef. By die dood van die reghebbende sonder direkte

afstammelinge, sou die regte na die aanvanklike oordraggewer terugval.

Die reg kon “general” of “special” wees. In geval van eersgenoemde sluit

dit alle direkte afstammelinge in. As dit “special” is, val dit net bepaalde

direkte begunstigdes toe, byvoorbeeld seuns of dogters.

29 Coertze 20, maar sien die uitsonderings, “in fee simple absolute, in fee simple on

condition, [and] in fee simple subject to some qualification”. Sien ook Potter en Kiralfy 223

e.v. 30 Hierdie vervreemde regte het weer onderskeidende name gehad byvoorbeeld

“estates in fee tail” en “estates for life”. 31 Van der Merwe en Rowland 21. Ook Plucknett 712 e.v. 32 Coertze 19.

Page 72: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

43

q Die “estate for life” sou weer eindig en terugval na die oordraggewer by die

dood van die begunstigde - dit kon nie aan afstammelinge oorgedra word

nie.33

’n Eienaar volgens Engelse common law kon eienaar van enige van

bogemelde regte (“estates”) wees: óf as “tenancy in common” óf as “joint

tenancy”. “Tenancy in common” stem wesenlik ooreen met die Romeins-

Hollandse begrip van mede-eiendomsreg terwyl “joint tenancy” voortspruit uit

die Germaanse beginsel van gesamenderhandse-eiendomsreg. Een van die

belangrikste kenmerke van hierdie laasgenoemde tipe eiendomsreg was dat

by dood van enige van meerdere reghebbendes, daardie belang nie op so ‘n

oorlede reghebbende se erfgename oorgegaan het nie, maar deur

regswerking by die regte van die oorlewende reghebbendes aangewas het.

Wanneer die “use” later bespreek word as figuur waarkragtens sogenaamde

“feudal dues” vermy kon word, sal aangetoon word dat juis hierdie wyse van

besit nuttig te pas gekom het.34

In ‘n poging om hierdie ingewikkelde gedeelte van die Engelse reg te

vereenvoudig en om die reg aangaande grond sover moontlik in

ooreenstemming te bring met die reg aangaande ander eiendom, is die “Law

of Property Act”35 in 1925 afgekondig.

Vanaf 1926 sou slegs twee “estates”, nou bekend as “legal estates” kragtens

die Engelse common law erkenning geniet, naamlik “a fee simple” en “a fee

for a term of years”. Hedendaags staan hierdie twee “legal estates” in die

Engelse reg as “freehold property” en “leasehold property” bekend.36 Die

“estates” bekend as “fee tail” en “fee for life” en ook alle ander belange wat

33 Hierdie reg is vergelykbaar met die Suid-Afrikaanse regsfiguur van vruggebruik (d.i.

usufructus). 34 Sien paragraaf 3.4 hieronder. 35 Ook bekend as die Lord Birkenhead’s Act. 36 Todd An Introduction to the Law of Trusts (1986) 20.

Page 73: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

44

nie kon klassifiseer onder die bogemelde twee “legal estates” nie, is deur die

benaming “equitable interests/estates” vervang.37

3.2.2 Die Twee “Estates”

Die beginsel van aanvanklik meerdere en uiteindelik net twee “estates” (legal

en equitable), soos aan die Engelse reg bekend, is baie belangrik by die

bestudering van Engelse trustreg. Hierdie beginsel vorm die basis van dit wat

vandag in die omgangstaal as die Engelse stelsel van dual ownership bekend

staan. Juis hierdie stelsel is benut om die hoeksteen van die ontwikkeling van

die Engelse trustfiguur te vorm. Smith stel dit soos volg: 38

“Though the English do not lay exclusive claim to having discovered

God, they do claim to have invented the trust with two natures in one.”

Net so belangrik as wat hierdie beginsel van dubbeleiendomsreg vir die

Engelse juris is wanneer dit gaan oor die trustfiguur - “wherever legal and

equitable title to the same asset are held separately it is axiomatic that there

will be a trust”39 - net so problematies is dié beginsel vir die civil law-juris vir

wie hierdie beginsel geen sin maak nie. Juis hierdie Engelse beginsel van

dubbeleiendomsreg is dan ook die grootste oorsaak vir die afkeer wat baie

juriste in civil law-jurisdiksies aan die aanvaarding van die Engelse

trustregbeginsels het.

Volgens die Engelse reg beteken dubbeleienaarskap nie mede-eiendomsreg

nie; dit beteken ook nie dat die fisiese corpus twee eienaars het nie. Dit

beteken eerder dat verskillende persone verskillende regte (“estates”) in die

corpus het. In die Engelse reg is aanvanklik aan die regte van die

37 Potter en Kiralfy 231. 38 Smith International Encyclopaedia of Comparative Law vol. V1 hoofstuk 2 paragraaf

262, soos aangehaal deur Gretton 2000 (Vol 49) International and Comparative Law

Quarterly 599 voetnota 9. 39 Watt Trusts and Equity (2003) 33.

Page 74: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

45

reghebbendes van die verskillende “estates” beskerming verleen deur

verskillende regstelsels. Die Engelse common law het ”legal estates” en die

die equity law “equitable estates” beskerm. Hierdie twee regstelsels verdien

vervolgens verdere aandag.

3.2.3 Common Law en Chancery-Howe

Die Engelse begrippe common law en equity law hou verband met die

ontwikkeling van twee afsonderlike howe, naamlik common law-howe en

Chancery-howe.

Weens primitiewe kommunikasiemiddele gedurende die vroegste tye was

daar net een uitweg vir die koning van Engeland om ‘n behoorlike regering in

stand te hou en dit was om kruis en dwars oor sy koninkryk te trek en

persoonlik met sy onderdane kontak te hou. Tydens hierdie togte is

belastings40 geïn, reg gespreek en algemene koninklike take verrig. Die

koning kon uit die aard van die saak nie alleen by alles uitkom nie en dus het

hy gebruik gemaak van raadsmanne om hom by te staan. Die sogenaamde

“King’s Chancellor” was een van die belangrikste lede van die koning se

raadspan.41

Die Engelse vors was opperheerser42 van sy/haar koninkryk. Soos reeds

vermeld, was die vors ook eienaar van alle grond binne die koninkryk. Hy

alleen was verder ook die bron van die regsprekende gesag in Engeland.43

Met die koning as regsprekende gesag is die “King’s Chancellor” as

bewaarder van die koning se gewete beskou, veral in dié opsig dat hy

billikheidshalwe moes ingryp in gevalle waar geregtigheid sou skipbreuk ly

40 Wat onder andere “feudal dues” ingesluit het. 41 Watt 4 stel dit soos volg: “He was a learned cleric, usually a bishop, whose role was

to advise the King as a member of his private council.” 42 Hy is ook genoem “Lord Paramount”. 43 Olivier Trustreg en Praktyk (1989) 11. Uit die aard van die saak is dié plig mettertyd

oorgeneem deur die common law-howe.

Page 75: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

46

weens die feit dat ‘n aangeleentheid nie binne die onbuigsame reëls van die

Engelse common law sou val nie.44

Todd en Lowrie wys daarop dat:45

“However, although this is a simple and uncomplicated way of looking at

equity and its origins, it is again far from straightforward. Indeed, the very

idea that equity was not originally a substantive system to be contrasted

with the law must be read alongside the fact that equity only truly started to

exist as such from the sixteenth century, 46 and also the state of the

common law at this time. According to Milsom: ‘There was no common

law, no body of substantive rules from which equity could be different’.”

Die Engelse common law waarna hier verwys word, was dan eerder daardie

onbuigsame “medieval procedural constraints” waaruit die hedendaagse

Engelse common law sy oorsprong het.47 In terme van Middeleeuse gebruike

kon die koning nie afwyk van hierdie onbuigsame en gevolglik soms onbillike

“medieval procedural constraints” nie. Die enigste wyse om die uitwerking

van sodanige reëls te kon versag of te omseil, was om ‘n beroep op die

koning se gewete, naamlik die “Chancellor”, te doen. Soos Maitland dit stel:

“To do what is right for the love of God.”48

Die onbuigsame en dikwels onverbiddelike Engelse common law-howe het

reg gespreek suiwer volgens hul persepsie van streng afgebakende

regsbeginsels.49 ‘n Klaer wie se probleem of klagte nie streng binne die

raamwerk van sodanige regsreëls geval het nie, is summier weggewys weens

44 Maitland The Constitutional History of England A Course of Lectures Delivered 5. 45 Todd en Lowrie Textbook on Trusts (2000) (5e uitgawe) 9. 46 Min of meer dieselfde tyd as wat die “use” figuur, wat hierna bespreek word, behoorlik

begin ontwikkel het. 47 Todd en Lowrie 9. 48 Maitland The Constitutional History of England A Course of Lectures Delivered 5. 49 Beginsels wat sedert die 16e eeu uit die reeds vermelde “medieval procedural

constraints” ontwikkel het.

Page 76: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

47

die feit dat die howe, in vandag se regstaal, nie jurisdiksie gehad het nie. Dit

het dikwels gelei tot onbillike resultate, spesifiek ook in gevalle waar die “use”-

figuur, wat later bespreek word, ter sprake was.50

Die beperkings wat in terme van die common law op oordrag van grond

geplaas is en ook die “feudal dues” wat betaalbaar was, het veral baie onbillik

ingewerk op koninklike onderdane in Engeland. Om hierdie onbillike toedrag

van sake te ondervang, het ‘n prosedure ontstaan om toe te laat dat so ‘n

verontregte hom kon wend tot die “King-in-Council” of “King’s Council.51 Die

voorsitter hiervan was die “Chancellor” self.

Mettertyd het ‘n stelsel ontwikkel waarkragtens die “Chancellor” en sy

persoonlike personeel, bekend as die Chancery, sonder hulp of tussenkoms

van die groter “King’s Council”, sake begin afhandel het.52

Om die taak as bewaarder van die koning se gewete en dus die handhawer

van billikheid en regverdigheid na buite te laat blyk, het die “Chancellor” reg

gespreek. Dit was nie gebaseer op die rigiede Engelse common law nie,

maar ooreenkomstig met dit wat hy as reg en billik beskou het (equity). Waar

die “Chancellor” aanvanklik nie ’n juris was nie, maar eerder ‘n volksleier of

kerklike, is reg gespreek wat nie noodwendig op regsbeginsels gebaseer was

nie, maar eerder op wat billik en regverdig in die oë van die “Chancellor” was.

Sake wat na die “Chancellor” verwys is, het in twee hoofkategorieë geval,

naamlik óf die waar die gemenereg gebrekkig was, óf die waar daar in

beginsel ‘n remedie in die gemenereg was, maar waar die aansoeker om een

of ander rede verhoed is om daarvan gebruik te maak. Laasgenoemde

gevalle het aanvanklik die meerderheid uitgemaak, maar mettertyd het

50 Paragraaf 3.4. 51 Pettit Equity and the Law of Trusts (2001) (9e uitgawe) 2. Hierdie figuur was die

voorloper van die Engelse parlement se “House of Lords” en dus die Engelse “Privy Council”. 52 Pettit 2.

Page 77: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

48

gevalle waar daar leemtes in die common law voorgekom het al meer aandag

begin geniet.

Hierdie stelsel is aanvanklik hoofsaaklik aangewend “to avoid the restrictions

placed on transfers by the common law, and to avoid feudal dues”.53

Mettertyd ontwikkel die “Chancery Court”, ‘n hofstelsel wat parallel met die

erkende common law-howe sou funksioneer, maar wat in teenstelling met

laasgenoemde wat reg gespreek het, suiwer ooreenkomstig die Engelse

onbuigsame gemenereg, hul regspraak op billikheidsbeginsels (equity) sou

baseer.

Watt54 verduidelik die verskil tussen die Engelse common law en equity law

soos volg:

“The function of the common law is to establish rules to govern the

generality of cases, the effect of those rules being to recognize that

certain persons will aquire certain legal rights and powers to exercise in

certain circumstances. Legal rules allow the holders of legal rights and

powers to exercise them in confidence that they are entitled to do so.

The function of equity is to restrain or restrict the exercise of legal

rights and powers in particular cases, whenever it would be

unconscionable for them to be exercised in full. It is also said that

equity ‘supplements’ the shortcomings of the common law … but only

when it can prevent unconscionable reliance on the shortcomings of

the common law.”

Waar die common law dus met “legal estates/rights” gehandel het, het equity

law met “equitable estates/rights” gehandel.

53 Todd 7. 54 Watt 13. (My onderstreping).

Page 78: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

49

Maitland55 is die mening toegedaan dat die Romeinse reg geen invloed op

hierdie Chancery-howe uitgeoefen het nie. Scrutton56 verskil van Maitland.

Scrutton57 wys spesifiek daarop dat die Romeinse fideicommissum juis deur

die Romeine ontwikkel is om ook te ontkom aan die onbuigsame

erfopvolgingsbeginsels wat aanvanklik by hulle gegeld het en waarskynlik

Engelse equity regspraak oor trusts beïnvloed het.

Alhoewel daar aanvanklik geen wrywing tussen die common law en equity law

in Engeland bestaan het nie, het wrywing tog mettertyd begin intree namate

die gevoel begin posvat het dat die twee stelsels op mekaar se gebied begin

oortree het.58

Die dualistiese hofstelsel (naamlik common law-howe en equity-howe) is in

1873 in Engeland afgeskaf.59 Dit het egter nie beteken dat equity law

verdwyn het nie. Aanvanklik is hierdie gedeelte van die Engelse regspleging

as afsonderlike vleuel van die bestaande hofstelsel opgeneem en bedryf. Met

verloop van tyd is billikheidsregspraak by bestaande regspraak geïnkorporeer

en het afsonderlike regspraak in dié verband verdwyn. Die beginsels daarvan

het bly bestaan en sou voortaan onlosmaaklik deel van een regbank vorm.

So merk Maitland 60 op:

“Equity had come not to destroy the law, but to fulfill it. Every jot and

every tittle of the law was to be obeyed, but when all this had been

done something might yet be needful, something that equity would

require.”

55 Maitland The Constitutional History of England A Course of Lectures Delivered 8. 56 Scrutton 152 e.v. 57 Scrutton 156 e. v. - veral bo aan 157. 58 Todd 7. 59 Hayton Underhills’ Law relating to Trusts and Trustees (1979) (13e uitgawe) 19. 60 Maitland The Constitutional History of England A Course of Lectures Delivered 17.

Page 79: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

50

3.3 FIDUSIÊRE VERHOUDINGS IN DIE VROEË ENGELAND

Die term “fidusiêre verhouding” as sulks het eers teen die middel van die 19e

eeu werklik beslag gevind in die Engelse regsliteratuur.61 Dit beteken egter

nie dat die beginsels onderliggend daaraan nie heelwat vroeër toepassing

gevind het nie. Finn62 doen aan die hand dat die ontwikkeling van equity in

die Engelse reg die voorloper was van daardie beginsels wat vandag bekend

staan as fidusiêre verhoudings. Hiermee stem Shepherd63 saam. Hy64 toon

aan dat die toepassing van dit wat vandag bekend staan as fidusiêre regte en

verpligtinge teruggevoer kan word na die gronde vir beskerming 65 van die

cestui que se regte voortspruitend uit die destydse Engelse “use”-figuur wat

net hierna ondersoek gaan word. Uit die voorgaande is die afleiding dus dat

equity-beginsels vandag in die Engelse reg ook bekend staan as fidusiêre

beginsels wat die basis vorm van die verpligtinge, enersyds en die regte

andersyds van respektiewelik die trustees en begunstigdes van die

hedendaagse Engelse trustfiguur.66

Steun vir hierdie siening is te vinde by Finn67 as hy opmerk:

“One of the major preoccupations of the Chancery courts over the

centuries has been to ensure that a person who has had trust or

confidence reposed in him by another, does not abuse that trust or

confidence either for his own benefit or to the detriment of that other

relying upon him. The trustee and the agent, for example, have long

felt the force of Equity’s dictates of ‘conscience’ in this regard. By the

turn of the nineteenth century this protective jurisdiction began to

assume the form of a distinct, though ill-defined, body of law

61 Finn Fiduciary Obligations (1977) 1. 62 Finn 2. 63 Shepherd The Law of Fiduciaries (1981) 12 e.v. 64 Sheperd 18. 65 Deur die “Chancellor in Equity”. 66 Hierdie aspek word bespreek in hoofstuk 6 paragraaf 6.2.2. 67 Finn 3 e.v.

Page 80: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

51

prescribing minimum standards of acceptable conduct for those bound

by ‘fiduciary ties’.”

Juis daardie regte wat aanvanklik deur equity as beskermingswaardig beskou

is, is uiteindelik in die Engelse reg deur “equity” omvorm tot “a new and

coherent head of law”.68

3.4 DIE “USE”69

Juriste huldig vandag die opvatting dat die Engelse trust se ontstaan terug

herlei kan word na ‘n Middeleeuse regsfiguur, naamlik die “use”.70 Die vraag

is egter waaruit die “use” sy ontstaan te danke het? Volgens Sheridan71 is

hierdie vraag steeds kontroversieel onder juriste.

Die bepaling van die oorsprong van die “use”-figuur is belangrik aangesien die

moontlikheid bestaan dat beide common law- en civil law-lande se trustfiguur

‘n gemeenskaplike “voorvader” mag hê.

Die ontstaan en benutting van die “use” dateer sover terug as die middel van

die 13e eeu. Geestelikes van daardie tyd was verbied om rykdom (eiendom)

te versamel. “The rule of their order prescribe(d) the most perfect poverty.”72

Ondanks hierdie reël was dit tog nodig vir geestelikes om op een of ander

wyse bates te bekom, soos onder andere ‘n klooster of ander wyse van

68 Finn 2, naamlik die van “fiduciary obligations” wat wel verskille toon na gelang van die

geval of dit toegepas word op byvoorbeeld die trustreg of verteenwoordigingsreg, maar tog

altyd as basis het die plig om belange (regte) van ‘n ander te beskerm en te bevorder. 69 Keeton en Sheridan The Comparative Law of Trusts in the Commonwealth and Irish

Republic (1976) 4 e.v. 70 Maitland The Constitutional History of England A Course of Lectures Delivered 23

e.v.; Plucknett 580 e.v.; Sheridan Keeton and Sheridan’s The Law of Trusts (1993) (12e

uitgawe) 28 e.v.; Cameron, De Waal, Wunsh, Solomon en Kahn Honoré’s South African Law

of Trusts (2002) (5e uitgawe) 24. 71 Sheridan 19. 72 Maitland The Constitutional History of England A Course of Lectures Delivered 25.

Page 81: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

52

verblyf. Om hierdie doel te bereik, het die gebruik ontstaan dat die bate deur

‘n buitestaander bekom word, maar tot voordeel en gebruik van die

geestelikes. Juis hierin setel die betekenis van die “use”, naamlik nie vir

jouself nie, maar tot voordeel van ‘n ander.

Natuurlik het die aanwending van hierdie figuur nie net gebly by die

versorging van geestelikes nie. Gou is nuwe aanwendingsmoontlikhede

gevind en ontgin. So merk Maitland 73 op:

“But at any rate I must ask you not to believe that either the mass of

the nation or the common lawyers of the fourteenth and fifteenth

centuries looked with disfavour upon uses. No doubt they were

troublesome things, things that might be used for fraudulent purposes.

But I have no doubt that they were very popular.”

Maitland74 wys daarop dat die “use”-figuur op die oog af reeds in die 14e eeu

gebruik is om persone in staat te stel om in ‘n beperkte mate te testeer. Deur

middel van hierdie regsfiguur sou die eienaar dan sy bates in lewe aan

iemand anders kon oordra, wat dit sou hou, nie vir homself nie, maar vir

iemand anders. Aanvanklik was dit uiteraard namens die oordraggewer en

dan, na sy dood, sy erfgename.75

Daar bestaan verskeie teorieë oor die oorsprong van die “use”:

q Sommige skrywers76 is van mening dat die “use” die Engelsregtelike

common law se teenpool van die Romeinse usus, usufructus of

fideicommissum is. Hierdie benadering oortuig volgens Maitland 77 nie,

omdat die “use”, volgens hom, uit die ad opus spruit en nie uit die ad usus

73 Maitland The Constitutional History of England A Course of Lectures Delivered 7. 74 Maitland The Constitutional History of England A Course of Lectures Delivered 26. 75 Wat hy nie testamentêr kon benoem nie aangesien testeervryheid baie beperk was. 76 Scrutton 157; Plucknett 575. 77 Maitland soos aangehaal deur Sheridan 19; Maitland The Constitutional History of

England A Course of Lectures Delivered 23 e.v.

Page 82: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

53

nie. Maitland78 skroom nie om daarop aanspraak te maak dat hierdie

regsfiguur van “great elasticity and generality” waarskynlik “the most

distinctive achievement of English lawyers” self is nie.

Sheridan79 verwys na die beslissing van Abdul Hameed Sitti Kadija v De

Saram80 waar die “Privy Council” reeds op die verskille tussen ‘n

fideicommissum en ‘n trustfiguur wys. Die hof het spesifiek op drie

verskille klem gelê: Eerstens die beginsel van “legal and equitable

estates” wat vreemd was aan die Romeinse reg en in besonder aan die

regsvorm bekend as die fideicommissum. Tweedens het legal-

eiendomsreg en equitable-eiendomsreg gelyktydig bestaan in die Engelse

reg81 terwyl in die geval van die fideicommissum die fideicommissarius

eers saaklike regte verkry wanneer die regte van die fiduciarius eindig.

Derdens verskil die aard van die regte van die begunstigde in die geval

van die Engelse trust in vergelyking met fideicommissum . Ten spyte

daarvan dat hierdie uitspraak op belangrike verskille tussen “use” en

fideicommissum wys, verskaf dit ongelukkig nie duidelikheid oor die

oorsprong van die “use” as sodanig nie.

q Maitland82 se standpunt is dat die “use” sy ontstaan te danke het aan die

beginsels van agentskap toe dit op onroerende eiendom van toepassing

gemaak is. Dus is dit ‘n unieke Engelse ontwikkeling.

78 Maitland The Constitutional History of England A Course of Lectures Delivered 23

e.v. 79 Sheridan 21. 80 Abdul Hameed Sitti Kadija v De Saram 1946 AC 208 217 soos na verwys deur

Sheridan 21. 81 Sien hoofstuk 6 paragraaf 6.2.3.2 vir ‘n bespreking van die Engelse siening met

betrekking tot eiendomsreg en “real rights”. 82 Maitland The Constitutional History of England A Course of Lectures Delivered 24.

Page 83: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

54

q Anders as Maitland huldig Holmes83 die mening dat die “use” uit die

Saalman- en Treuhand-modelle ontstaan het.

q Ames84 voel ook dat die “use” ‘n logiese uitvloeisel is van die spreuk

“equity acts on the conscience” en dus deur middel van die Engelse

regsgeskiedenis uit eie bodem ontstaan het. Sy siening is dat die

“Chancellor” met inagneming van oeroue gebruike in Engeland, die “use”

op billikheidsgronde erken het.

q Cameron et al 85 wys daarop dat die gebruik om eiendom in “use” oor te

dra reeds sedert die 11e eeu in Engeland, uit eie bodem, ontwikkel het en

sedert die 13e eeu algemeen in gebruik was. Van die redes waarna hulle

verwys wat die “use” nodig gemaak het, is die gebruik van kruisvaarders

om hul belange aan ander oor te dra voordat hulle op langdurige

kruistogte vertrek het. Soos hierbo gemeld, het monnike ook van hierdie

regsfiguur gebruik gemaak, alhoewel hulle nie eiendom in hulle eie naam

kon besit nie, is hulle wel toegelaat om die “use” daarvan te hou. Ook die

burgeroorloë van die 15e eeu het volgens Cameron et al die magtige

grondeienaars genoop om van die “use”-beginsel gebruik te maak om hul

eiendom te beskerm deur dit aan ‘n ander oor te dra. Soos wat Cameron

et al 86 dit stel “most great landowners were at one time or another

engaged in possibly treasonable enterprises, risking the forfeiture of their

land”.

q Sheridan87 wys daarop dat, ongeag wat die werklike ontstaansbron van

die “use” is, dit inhoudelik algemeen aangewend is. So merk hy op:

83 Soos aangehaal in Sheridan 19. Sien ook Plucknett 575. 84 Soos aangehaal deur Sheridan 20. Daar word later in hierdie hoofstuk aangetoon dat

die “Chancellors” waarskynlik weer deur die Romeinse reg beïnvloed is. 85 Cameron et al 24; Parker en Mellows The Modern Law of Trusts (1979) 1. 86 Cameron et al 25. 87 Sheridan 20.

Page 84: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

55

“Where certain persons cannot hold the more important forms of

property at all and others can hold it only with difficulty or

disadvantageously, the lawyer must find a way out. The Roman lawyer

in the time of Augustus evolved the fideicommissum ; the medieval

landowner or his legal adviser evolved the use and then looked to

some official to protect him.”

Deurdat die rigiede common law regters nie met sekerheid kon bepaal of

“uses” suiwer Engelsregtelik ontstaan het en wat die aard was van die regte

wat daaruit voortgespruit het nie, het hulle hierdie regsfiguur nie aanvaar

nie.88

Gelukkig het die “Chancellor” ingegryp:

“Their loss was the Chancellor’s gain… the ecclesiastical Chancellor of

the Middle Ages was the proper person to prevent a serious breach of

an obligation of faith such as was involved in undertaking the execution

of a use.”89

Cameron et al 90 wys daarop dat omrede oordragte van eiendom “for defined

purposes occur everywhere and notions of good faith and conscience are

prominent in most legal systems”, dit net natuurlik vir die “Chancellor” sou

wees om regte voortspruitend uit die “use”-figuur as “equitable rights” te erken

en te beskerm, waar ander vorme van beskerming ontbreek het.

Waaruit die “use” ook al sy ontstaan te danke het, blyk dit duidelik dat die

“use” uit ‘n vertrouensdaad ontstaan het - vertroue soos wat trouens ook

onderliggend is aan die regsfigure waarmee die “use” pas vergelyk is.

88 Sheridan 21. 89 Sheridan 21. 90 Cameron et al 25.

Page 85: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

56

Scrutton91 wys in dié verband ook daarop dat die “Chancellors” van destyds

ten minste deur die Romeinse fideicommissum beïnvloed moes gewees het.

Die gevolgtrekking wat uit die voorafgaande gemaak kan word is dat alhoewel

die “use” nie noodwendig uit Romeinse regsbeginsels ontstaan het nie, beide

stelsels een gemenedeler het, naamlik ‘n vertrouensverhouding gebaseer op

die spreuk: “Nie vir jouself nie, maar ten behoewe van ‘n ander,”92 dit wil sê ‘n

verhouding waaruit regte en verpligtinge ex lege voortgespruit het en wat op

een of ander aanvaarbare en effektiewe wyse beskerm moes word. In die

Engelse reg is beskerming bekom deur middel van die Engelse equity-

regstelsel.93 Nadat die “use”-figuur erkenning en dus beskerming “in equity”

ontvang het, het die gebruik daarvan aansienlik toegeneem.

Die erkenning van die “use in equity” het egter onvoorsiens gelei tot

“the view that the beneficiary94 was entitled to a type of ‘equitable

ownership’ or proprietary interest in the land, not called by that name

but governed by many of the same rules as the ‘legal estate’

recognized by the English common law”.95

Soos later aangetoon sal word,96 word aan die hand gedoen dat hierin nie

veel meer gelees moet word as bloot die feit dat hierdie ontwikkeling gesien

moet word as die unieke Engelse metode om beskerming te verleen aan

trustbegunstigdes se regte wat andersins nie deur die common law beskerm

91 Scrutton 157. Nie alleen weens die Romeinse besetting van vroeër nie, maar ook die

invloed wat die Romeinse kanonieke reg deur die kerk in Engeland op die regstelsel gehad

het. 92 Hieruit moet dan ook noodwendig volg dat aangesien ‘n verhouding van vertroue

voortspruit uit hierdie figuur, die regte en verpligtinge dus beheer en beskerm moet word deur

middel van dit wat vandag bekend staan as fidusiêre regte en verpligtinge gebaseer op bona

fides van die Romeins-Hollandse reg of “loyalty and fidelity” van die Engelse reg. 93 Omdat die common law-howe die figuur nie wou erken nie. 94 Van die “use”. 95 Cameron et al 25. (My onderstreping). 96 Hierdie aspek word bespreek in hoofstuk 4 paragraaf 4.3.3.2.

Page 86: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

57

sou word nie en op billikheidsgronde op beskerming geregtig was. Dubbel

eiendomsreg in die Engelse reg is dus eerder ‘n beskermings-

meganisme/metode as ‘n wesenskenmerk van die Engelse trustfiguur.97

Hierdie unieke ontwikkeling in die Engelse reg is juis moontlik gemaak deur

die besondere Engelse siening van “ownership” en weens die bestaan van

equity-reg. Hierdie toedrag van sake sou, volgens Cameron et al, 98 nooit

plaasgevind het as dit nie was vir die gelyktydige bestaan van beide common

law- en chancery-howe in Engeland nie.” Watt99 vra homself ook af hoe dit

moontlik was dat die begunstigde uiteindelik met “proprietary rights” beklee is:

“It is something of a mystery how and why a mere personal right

against a particular defendant, based upon his possession of a thing

and the corresponding burden on his conscience, became a proprietary

right in the thing enforceable by the beneficiary against the whole world

apart from the bona fide purchaser for value of a legal estate without

notice. The answer may lie in the pragmatism and economy of the

equity judges… They were hopelessly overburdened … they could not

have failed to appreciate the savings on their time that could be

achieved if, instead of having to examine the conscience of each

alleged trustee or recipient of trust property on a case-by-case basis,

they were to protect trust beneficiaries generally by recognizing them to

have proprietary rights in trust assets.”

Uit voorgaande blyk dit dus dat die dual ownership-beginsel na alle

waarskynlikheid ontwikkel is om op ‘n eenvoudige en spoedeisende wyse

beskerming te bied aan die regte van begunstigdes van die “use”-figuur.100

97 Die wesenskenmerk is dan eerder die noodsaaklikheid dat die regte van

trustbegunstigdes na behore beskerm moet word. 98 Cameron et al 25. 99 Watt 10. (My onderstreping). 100 Hierdie aspek geniet verdere aandag in hoofstukke 4 paragraaf 4.3.3.2 en 6

paragraaf 6.2.

Page 87: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

58

Die “use” is spoedig aangewend in ‘n groot verskeidenheid van gevalle,

sommiges wettig en ander onwettig:101

♦ Soos reeds vermeld, was al die grond in Engeland aanvanklik in feodale

besit en hierdie besit is hoofsaaklik gekenmerk deur die verhouding tussen

“lord” en “tenant”.

Die feodale grondslag van die Engelse grondbesit het onder andere

meegebring dat ‘n “tenant” by oordrag van ‘n “estate” verplig was om elke

keer “feudal dues” aan sy heer102 te betaal. Die gebruik het toe ontstaan

om die betaling van hierdie “dues” te omseil deur van die “use” figuur

gebruik te maak.103

Deur die Germaanse beginsel van gesamenderhandse-besit, wat ook in

Engeland erken is, te kombineer met die “use”, is eiendom deur ‘n

feoffor104 aan meerdere feoffees105oorgedra in gesamenderhandse-

eiendomsreg, maar in “use”, ten behoewe van homself. Sou enige van die

meerdere feoffees dan sterf, gaan die eiendom outomaties, in terme van

die Germaanse gesamenderhandse-regsfiguur, oor op die oorblywende

feoffees, sonder dat daar formeel oordrag hoef te geskied en gevolglik

“dues” betaal moet word.106 Die “use” is dus vroeg reeds gebruik as

middel om feodale heffings te vermy.

101 Maitland The Constitutional History of England A Course of Lectures Delivered 27

e.v. 102 Die persoon van wie hy die “tenure” ontvang. 103 Keeton en Sheridan The Comparative Law of Trusts in the Commonwealth and Irish

Republic (1976) 5. 104 Die oorspronklike “tenant”. 105 Wat nou in wese “subtenants” was. 106 Todd en Lowrie 11.

Page 88: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

59

♦ Sheridan107 verwys na ‘n verdere aanwending van die “use” as ‘n soort

inter vivos testament - juis omdat testeervryheid, soos reeds gesien, aan

die ou regstelsels onbekend (of dan ten minste beperk) was. Todd en

Lowrie108 wys daarop dat ‘n feoffor byvoorbeeld hierdie regsfiguur ingespan

het as hy nie noodwendig sy oudste seun wou bevoordeel nie,109 maar

eerder van sy ander kinders. Selfs na die Statute of Wills in 1540, toe

erkenning vir die eerste keer aan die reg om testamentêr oor bates te

beskik, verleen is, is steeds voortgegaan om van hierdie regsfiguur gebruik

te maak in gevalle waar die wetgewing geswyg het. So is die “use” steeds

nuttig aangewend waar die wetgewing nie erflating aan die langslewende

toegelaat het nie.110 Met behulp van hierdie regsfiguur kon die feoffor nou

oor sy bates na sy dood beskik, deur dit in lewe oor te dra aan ‘n

vertroueling met die afspraak dat die feoffee dit ten behoewe van die

feoffor hou en na dié se dood die bates sou oordra aan die aangewese

persone. Hierdie “afspraak” en die regte daaruit voortspruitend het

regserkenning en beskerming geniet deur middel van die Chancery-howe.

Die persone ten behoewe van wie so ‘n oordrag sou geskied, sou voortaan

ook as die cestui que use bekend staan.

♦ Twyfelagtige aanwendingsgebruike het nie agterweë gebly nie. Deur

gebruik te maak van die “use”-regsfiguur, kon ‘n eienaar ook van sy

krediteure wat beslag op goed wou lê, ontslae raak omdat die goed nie

meer aan hom behoort het nie. Welgestelde grondeienaars wat wou keer

dat die staat hul eiendom bekom indien hulle moontlik betrokke sou raak by

verraderlike dade, kon ook van hierdie regsfiguur gebruik maak.111

107 Sien ook Maitland The Constitutional History of England A Course of Lectures

Delivered 26 e.v. 108 Todd en Lowrie 10. 109 Wat noodwendig van common law regsweë na sy dood sou gebeur. 110 Sheridan 21. 111 Paragraaf 3.4.

Page 89: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

60

In terme van die Engelse common law is die persoon aan wie die “tenant”

(feoffor) die regte in “use” oorgedra het (die “subtenant” of feoffee), beskou as

die enigste reghebbende van die saak. Die ooreenkoms of pactum tussen die

feoffor en die feoffee, naamlik dat die feoffee die eiendom ten behoewe van

die feoffor sou hou, is nie in die common law-howe erken en gehandhaaf nie.

Indien die feoffee die pactum sou skend, was die feoffor dus sonder remedie!

Hierdie pactum is mettertyd erken en gehandhaaf in die “court of chancery”

omdat die verbreking van die pactum as “scandalous, dishonesty, (and a)

disregard of trust” beskou is112 en dus op grond van billikheid op beskerming

geregtig was.113 Die “Chancellor” het selfs nie geskroom om in gevalle van

beweerde troubreuk die skuldiges onder eed te ondervra en sodoende die

inhoud van die “use” vas te stel nie. Dit het ook gegeld al is die “use”

mondelings verleen. Sou die feoffee nie sy troubreuk regstel nie, is hy selfs

met gevangenisstraf gedreig.114

Aangesien die koning, en dus die staatskas, die meeste sou ly onder die

gebruik van die “use”, deurdat hy, byvoorbeeld “feudal dues” van die

opvolgende “tenants” verloor het, is verskeie pogings aangewend om die

gebruik van die “use”-figuur te onderdruk.115

In 1535 vaardig Hendrik VIII, deur middel van die Statute of Uses, ‘n

omvattende dekreet uit om klaarblyklik die koning se probleme met die “use”

te ondervang. Alhoewel die statuut “uses” nie verbied het nie, het dit gepoog

om die aanwendingsmoontlikhede daarvan te beperk. Hierin is tydelik

geslaag. Volgens Sheridan116 het hierdie wetgewing meegebring dat geag is

dat eiendomsreg in die onderliggende bate in die begunstigde gevestig het by

112 Coertze 26. 113 Sheridan 21. Hierdie beskerming was gebaseer op beginsels wat hedendaags

bekend staan as die beginsels van fidusiêre regte en verpligtinge, soos aangetoon in

paragraaf 3.3. 114 Cameron et al 25. 115 Sheridan 24. 116 Sheridan 28 e.v.

Page 90: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

61

oordrag en dat hy daardeur die “legal estate” daarin verkry het. Die common

law-howe het die Statute of Uses egter sodanig uitgelê dat, na die eerste

“use”, die wet sy volle werking gehad het. Coertze 117 wys daarop dat al wat

dus nodig was om dié regsfiguur te laat voortleef, was om ‘n “use upon a use”

te ontwikkel. ’n Persoon wat dus steeds van die “use”-beginsel gebruik wou

maak, moes eiendom aan iemand oordra en ‘n tweede “use” op die eerste

laat volg het. Hierdie tweede “use” is ‘n trust genoem en hierna sou die

feoffee ‘n trustee heet en die cestui que use word cestui que trust en later,

“beneficiaries”.

3.5 DIE ENGELSE TRUST

3.5.1 Gemeenregtelike Ontwikkeling

Alhoewel skrywers verskil oor die oorsprong van die “use”, soos reeds hierbo

bespreek,118 is die oorheersende siening onder juriste dat die Engelse trust sy

ontstaan aan die Middeleeuse “use” te danke het.

Alhoewel die Engelse trust deur die “use” geïnspireer is,119 verskil die trust en

die “use”-figuur tog van mekaar. Hierdie verskil is deur Lord Mansfield in

Burgess v Wheate120 uitgelig. Volgens hierdie uitspraak blyk dit dat die

grootste verskil daarin geleë is dat die regte onderliggend aan “uses”

aanvanklik as meer persoonlik van aard beskou is as dié ten opsigte van

trusts. Kragtens die “use”-figuur het die cestui que use in ‘n persoonlike

verhouding tot die feoffee gestaan en was hul regte aanvanklik ook persoonlik

van aard. Soos spoedig sal blyk het die cestui que trust se regte ‘n saaklike

kleur.

117 Coertze 27. 118 Sheridan 28 e.v.; Cameron et al 24. 119 Sheridan 31. 120 Burgess v Wheate 1759 1 Eden 177, soos aangehaal deur Sheridan 31.

Page 91: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

62

Keeton en Sheridan121 wys daarop dat:

“The law of trusts, like the common law, owes its shape and content to

judicial decisions, and although it was developed by the Court of

Chancery, it is English and owes almost nothing to continental

inspiration.”

Vir ongeveer twee en twintig jaar na die afkondiging van die Statute of Uses,

het dit gelyk asof Hendrik VIII se pogings om “uses” na sy smaak te beperk,

geslaag het.

In 1557 kom die regsvraag na die posisie en gevolge van tweeledige “uses”

weer voor die howe in die Jane Tyrell-saak.122 Die hof bevind dat die tweede

passiewe “use” ongeldig en onafdwingbaar was en hierdeur is die inherente

doel van die Statute of Uses gehandhaaf.

Hierdie beginsel is aanvanklik deur die howe aanvaar en toegepas, maar in

1595 in die Girland-beslissing,123 verleen die Chancery erkenning aan die

tweede “use” van ‘n passiewe trust - welliswaar slegs ‘n liefdadigheidstrust.

Verdere erkenning vir die tweede “use”, of - soos Coertze124 verduidelik - die

trust, volg in die 1634 Sambach-saak.125

In die jare 1675 tot 1682 was Heneage Finch, Lord Chancellor van

Engeland.126 Die regsposisie was toe dat die tweede “use”, of dan trust,127

behalwe in die geval van passiewe liefdadigheidstrusts, onafdwingbaar was.

121 Keeton en Sheridan 3. 122 Jane Tyrrel 1557 2 Dyer 155a ER 336 soos aangehaal deur Sheridan 28. 123 Keeton en Sheridan 28. 124 Coertze 27. 125 Sheridan 28. 126 En voor dié tyd prokureur-generaal. Watt 6. 127 Pettit 13.

Page 92: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

63

Feodale invloed128 op eiendom, was aan die kwyn. Dit is ook interessant om

daarop te let dat waar “Chancellors” tot op daardie stadium dikwels

godsdienstige leiers of staatsmanne was, die aanstelling van Finch as “Lord

Chancellor”, die begin was van ‘n era waarin slegs juriste voortaan as

“Chancellor” sou dien.

Vir die volgende tweehonderd en vyftig jaar sou equity ontwikkel in ‘n stelsel

van reëls, gebaseer, net soos in die geval van die common law, op

presedente. Gewete en rede sou al minder en minder ‘n rol speel, terwyl

neergelegde beginsels algaande ‘n groter rol sou speel. Juis binne hierdie

nuwe stelsel van equity129 het Engeland se trustreg algaande begin ontwikkel.

Keeton en Sheridan130 stel dit soos volg:

“In this changed environment a law of trusts developed, derived from

the medieval conception of the use, but freed from the limitations

imposed by the necessity to operate alongside the feudal land law.”

Daar kan tereg gesê word dat die aanstelling van Heneage Finch in 1675 as

Lord Chancellor131 die ware beginpunt van die geskiedenis van die moderne

equity en dus trustreg132 in Engeland was. So merk Sheridan133 op:

“The modern law of trusts was made possible by the enlightened

development initiated by Lord Nottingham. The trust (in Engeland)

128 Een van die groot struikelblokke op die ontwikkelingspad van die trustfi guur weens

die persepsie dat juis hierdie figuur die suksesvolle verhaling van “feudal dues” belemmer. 129 Of, soos hierbo aangetoon, “fidusiêre verhoudings”. 130 Keeton en Sheridan 9. 131 ‘n Aanstelling wat hy - ampshalwe bekend as Lord Nottingham - tot 1682 by sy dood

beklee het. 132 Keeton en Sheridan 9; Sheridan 31. 133 Sheridan 31.

Page 93: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

64

owed its inspiration to the medieval use, but in Nottingham’s hands it

aquired a different character.”

Lord Notthingham se reuse bydrae tot die ontwikkeling van Engelse trustreg

het ook Lord Mansfield se aandag in die Burgess v Wheate 134 geniet waar hy

opmerk:

“… trusts were not on a true foundation till Lord Nottingham held the

great seal. By steadily pursuing, from plain principles, trusts in all their

consequences, and by some assistance from the legislature, a noble,

rational, and uniform system of law has since been raised. Trusts are

made to answer all the exigencies of families, and all purposes, without

producing one inconvenience, fraud, or private mischief …”

Waarskynlik die vernaamste trustbeslissing van Lord Nottingham is Cook v

Fountain135 waarin hy uitdruklik daardie trusts wat in equity erkenning sou

geniet, soos volg klassifiseer:

“Perhaps the most fundamental question answered by Lord

Nottingham was the establishment of the true foundations of the law of

trusts. Those he defined in historic terms in 1676 in Cook v Fountain, 3

Swanst 585. He divided trusts into express trusts, ‘which are raised

and created by acts of the parties’ and implied trusts ‘which are raised

or created by act or construction of law’. Express trusts, he explained,

are created either by word or writing.”136

In sy bespreking van die Cook-beslissing wys Sheridan daarop dat Lord

Nottingham toe reeds bepaal het dat die bestaan van ‘n trust nie ligtelik

aanvaar kan word nie -

134 Burgess v Wheate 1759 1 Eden 177 223. 135 Cook v Fountain 1676 3 Swanst 585, soos behandel deur Keeton en Sheridan 11 en

Sheridan 32. 136 Sheridan 32.

Page 94: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

65

“for if the Chancery do once take liberty to construe a trust by

implication of law, or to presume a trust unnecessarily, a way is opened

to the Lord Chancellor to construe or presume any man in England out

of his estate…”.137

3.5.2 Statutêre Ontwikkeling

Namate die gebruik van die “use”-figuur en later die trust toegeneem het en

erkenning daarvan in regspraak gevolg het, is dit verstaanbaar dat wetgewing

insake die “use” en latere trustfigure nie agterweë sou bly nie.

Daar is reeds verwys na die Statute of Uses van 1535 en die gevolge daarvan

op die “use”-figuur.

Die Charitable Uses Act van 1601 het verligting aan bejaarde en behoeftige

persone probeer bring. Dit het reëlings bevat ten opsigte van onderhoud van

siekes en gewondes en het in die algemeen gehandel oor wat - in

hedendaagse konteks - binne die sfeer van liefdadigheidstrusts val.

Die Statute of Frauds van 1677, soos die naam aandui, het gepoog om

sekere bedrieglike handelings ten opsigte van trustaangeleenthede uit te

skakel.

Die Charitable Uses Act van 1735 het weereens die klem op reëlings by

liefdadigheidstrusts laat val.

Die Trustees Appointment Act van 1850 was die eerste stuk Engelse

wetgewing wat gepoog het om trustreg in die algemeen in Engeland beter te

reguleer. Hierdie wet is in 1869 gewysig en in 1890 herroep deur die Trustee

Act van 1888 wat weer op sy beurt in 1893 deur ’n nuwe Trustee Act herroep

is. In 1925 word weereens ‘n heel nuwe Trustee Act afgekondig wat in 2000

deur die huidige Trustee Act van 2000 herroep is.

137 Sheridan 33.

Page 95: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

66

3.6 SAMEVATTING EN VOORUITSKOUING

Soos dikwels uit hierdie studie sal blyk, is die (moontlike) invloed van Engelse

trustreg ‘n belangrike faktor om in gedagte te hou wanneer die geldende

trustregbeginsels van ander jurisdiksies beoordeel word. Of dit inderdaad so

is dat in die afwesigheid van die suiwer Engelse common law-trust gebaseer

op equity, daar slegs plek is vir “so-called trusts” of “trust-like devices” en nie

volwaardige trustfigure nie, is ‘n vraag wat in die loop van hierdie navorsing

deeglik oorweeg sal word.

Die Engelse begrip van twee estates by eiendomsreg bots lynreg met die

Romeinse begrip van “enkelvoudige” eiendomsreg, gevolglik het enige poging

om die Engelsregtelike trustidees in veral civil law-jurisdiksies oor te plant en

te implementeer, hewige teenkanting veroorsaak.

Of hierdie teenkanting in alle gevalle geregverdig is, is ‘n goeie vraag. Waar

die equity-howe in Engeland in dual ownership die besondere beskerming van

trustbegunstigdes se regte gesien het,138 kan die vraag tereg gevra word of

die Engelse regstelsel nie net so maklik kon ontwikkel het in die rigting van

bloot besondere beskermingsreëls, sonder spesifiek dual ownership, vir

regsonderdane met besondere behoeftes nie. Interessant is Reid se

opmerking in hierdie verband: “Even in English law the legal/equitable duality

may no longer be the most important characteristic of the trust.”139

Watt140 som die huidige Engelse situasie soos volg op:

138 In plaas van om van die begin af bloot fidusiêre beginsels korrek toe te pas. 139 Reid “Patrymony(sic) not Equity: the Trust in Scotland” in Privaatrecht Trusts in

Mixed Legal Systems (reds. Milo en Smits) (2001) 19. 140 Watt 33 en 35.

Page 96: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

67

“Although it is the author’s contention that wherever legal and equitable

title to the same asset are held separately it is axiomic that there will be

a trust”, maar “it is possible for a person to hold an asset … as trustee,

without any separation of legal and equitable title to the asset.”

Hayton141 beklemtoon ook eerder die belangrikheid van begunstigdes se

regte as hy opmerk dat die belange van die trustbegunstigde die belangrikste

aspek van die trustverhouding is en dat juis dit veroorsaak het dat equity so ‘n

groot waarde heg aan die behoorlike beskerming van hierdie regte.

Uit die voorgaande wil dit dus voorkom asof die klem eerder val op die

beskerming van begunstigdes en dual ownership as ‘n metode om die

spesifieke doel te bereik, in stede van dual ownership as ‘n wesenskenmerk

van ‘n trustfiguur. Dit blyk dus dat dit altyd gaan om die beskerming van

begunstigdes se regte en juis omdat dié regte, en die beskerming daarvan, so

‘n onmisbare deel uitmaak van die Engelse trustfiguur, is dual ownership as ‘n

metode ontwerp om hierdie beskerming te verleen en te verseker.

Aan die ander kant is daar volgens Olivier142 ‘n saak uit te maak dat

dubbeleiendomsreg tog ook moontlik aan die Romeinse reg bekend was.

Olivier143 voer aan dat die beginsel van ‘n enkeleiendomsreg volgens die

klassieke Romeinse reg, na die klassieke tydperk, ook nie onbesproke was

nie. Daar is volgens hom duidelike standpunte te bespeur dat ‘n vorm van

gelyktydige eiendomsreg ook in die Romeinse reg bestaan het. Coertze144

verskil egter hiervan.

141 Hayton Hayton and Marshall Cases and Commentary on the Law of Trusts (1991) (9e

uitgawe) 4 en 5. 142 Olivier 18 e.v. 143 Olivier 18. 144 Coertze 18.

Page 97: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

68

Alhoewel dit dus moontlik is dat die dubbeleiendomsreg nie meer ‘n conditio

sine qua non vir alle Engelse trusts is nie, moet tog aanvaar word dat die

Engelse trust “a creature of equity and not common law” is.145

Of die “use” nou uit die Treuhand- of Saalman-regsfigure ontwikkel het en of

dit die teenpool is van die Romeinsregtelike fideicommissum, die feit bly

staan: Die “use”-idee was van oudsher af ook gesetel in die vertrouensidee

van “nie vir jouself nie, maar ten behoewe van ‘n ander”,146 ‘n idee wat

besondere wysheid vereis as dit kom by die beskerming van die belange van

die begunstigdes.147

Die Engelse trustontwikkeling het swaar gekry onder die rigiede toepassing

van die common law. Juriste het aanvanklik moeilik aanvaar dat die “use”

deel van die Engelse regstelsel gevorm het. Gelukkig vir die trustfiguur het

geestelike en volksleiers al vroeg ingesien dat billikheid en regverdigheid

vereis het dat die “use” en mettertyd die trust moes seëvier en is erkenning

aan die “use” en later aan die trust in equity verleen. Wat ook belangrik is, is

die feit dat die Engelse trustreg ontwikkel het tot die punt waar dit nie nodig is

om dié figuur in die Engelse regstelsel oor die boeg van ‘n ander (Engelse

regsfiguur) te gooi en te beoordeel nie. Die Engelse trustfiguur is dus ‘n figuur

sui generis wat op eie bene staan en beoordeel word ooreenkomstig unieke

eie reëls en beginsels 148 - beginsels wat deur equity ontwikkel is en vandag

vervat is in die Engelsregtelike reëls van “fiduciary obligations” wat dien as

145 Hayton en Marshall 6. 146 Keeton en Sheridan 6. 147 Juis omdat ‘n begunstigde uit die aard van die besondere verhouding waarin hy of sy

verkeer, in ‘n ondergeskikte en oënskynlik benarde posisie kan verkeer. 148 Dit is in teenstelling met byvoorbeeld Suid-Afrika waar ander regsfigure op die

trustfiguur afgedwing word. Hierdie aspek word verder bespreek in hoofstuk 4.

Page 98: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

69

basis vir beskerming van die regte van die Engelse trustbegunstigde.149

Weens die Engelse dual ownership-idee het hierdie regte soms ’n saaklike

kleur.

Die belangrikste rede waarom die Engelse trustfiguur aanvanklik moeilik in

ander regstelsels aanwending kon vind of na dié stelsels kon oorwaai, was

waarskynlik juis die feit dat die dualistiese aard van die Engelse reg aan

ander lande, veral die met ‘n civil law-tradisie, vreemd was en daarmee saam,

die gedagte dat juis hierdie ”dual ownership”-idee ’n wesenskenmerk van die

Engelse trustfiguur was. Namate die trust egter mettertyd binne die

tradisionele common law van Engeland gevestig geraak het,150 kon dit

makliker aanklank en toepassing vind in veral ander common law-stelsels en

moontlik selfs ook in lande met ‘n civil law-tradisie wat aan die imperialistiese

149 Todd en Wilson 368 merk in die verband op:

“What relationships are fiduciary and what is their nature? The nature of a trustee’s

duty towards a beneficiary is fiduciary. In this book we are primarily concerned with

the duties of trustees, but you should appreciate that actually, the trustee-beneficiary

relationship is one of a number of so called fiduciary relationships which the law

recognises. For example the relationship between agent and principal in the law of

agency is fiduciary, as is the relationship between co-partners in a partnership and

another can be found in the relationship between company director and his company.

Indeed, many of the cases considered in this section relate to fiduciary relationships

other than trustee-beneficiary, and a number of them are actually ‘company -director’

illustrations. Nevertheless, all these cases are also authoritative on the position of

trustees.” 150 En standpunte ontwikkel het dat ”dual ownership” nie soseer ’n onmisbare

wesenskenmerk van die Engelse trustfiguur is nie, maar eerder ’n unieke

beskermingsmeganisme van die regte van trustbegunstigdes is en dat die regte van

trustbegunstigdes ook op ander wyses beskerm kan word sonder om afbreuk te doen aan die

trustidee - sien hoofstuk 4 paragraaf 4.3.3.2, waar De Waal se standpunt in die verband

ondersoek en ondersteun word.

Page 99: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

70

invloed van Engeland blootgestel was. Uiteindelik het dit wêreldwyd op so ‘n

dramatiese wyse versprei dat Sir Maurice Amos151 kon opmerk:

“The English trust has everywhere planted itself like a cuckoo in the

nest of the civil law, and this is, as you will agree, a remarkable

circumstance.”

151 Amos “The Common Law and the Civil Law in the British Commonwealth of Nations”

1937 Harvard Law Review 1263, (sic) soos aangehaal deur Olivier 2. (Volgens nasoeke het

die artikel verskyn in die Journal of the Society of Comparative Legislation in Februarie 1939

pp 57 - 65, welke Joernaal nie in Suid-Afrika beskikbaar is nie.)

Page 100: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

71

HOOFSTUK 4

DIE ONTWIKKELING VAN DIE TRUSTIDEE IN DIE

SUID-AFRIKAANSE REG

4.1 INLEIDING..................................................................................................... 71

4.2 MOONTLIKE ONTSTAANSBRONNE EN

MATE VAN BEÏNVLOEDING .............................................................................72

4.2.1 Die Suid-Afrikaanse Gemenereg .......................................................73

4.2.2 Engelse Invloed ....................................................................................81

4.2.3 Gevolgtrekking ......................................................................................85

4.3 DIE TRUSTFIGUUR IN DIE SUID-AFRIKAANSE REG........................88

4.3.1 Die Regsaard van die Trust ................................................................89

4.3.2 Klassifikasie van Suid-Afrikaanse Trusts .......................................114

4.3.3 Definisie en Essentialia van ’n Suid-Afrikaanse Trust..................126

4.1 INLEIDING

Soos aangetoon in hoofstuk 1 word die trustfiguur algemeen aangewend in

Suid-Afrika, maar bestaan daar twyfel oor aspekte soos die regte van

trustbegunstigdes en die vraag of die Suid-Afrikaanse trust inderdaad ‘n

suiwer trustfiguur is.1 Regte van trustbegunstigdes en die sogenaamde

suiwerheid van die regsfiguur kan nie in isolasie ondersoek word nie en

1 In hoofstuk 1 (gelees met Aanhansel A) is aangetoon dat daar reeds duisende trusts

geregistreer is asook wat die aanwendingsmoontlikhede van dié figuur in Suid-Afrika is. Daar

is ook kortliks gewys op die problematiek wat bestaan rondom die regte van

trustbegunstigdes. Ook in hoofstuk 1 is aangetoon dat die Engelse trust vir doeleindes van

hierdie proefskrif aanvaar gaan word as die suiwer trustmodel en dat slegs trustfigure wat

wesentlik met die Engelse trustfiguur ooreenstem as suiwer trustfigure beskou sal word.

Page 101: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

72

daarom is dit noodsaaklik om eers die ontwikkeling en regsaard van die

trustfiguur in die algemeen in Suid-Afrika te ondersoek. Dit is verder ook

belangrik om te bepaal welke erkenning regtens in Suid-Afrika aan die figuur

verleen word, veral as die kommersiële waarde wat in trusts in Suid-Afrika

opgesluit lê en die daaglikse meedoening van trusts aan die Suid-Afrikaanse

kommersiële verkeer in ag geneem word.

In hierdie hoofstuk word ondersoek ingestel na hoe die Suid-Afrikaanse

trustfiguur moontlik regshistories ontwikkel en uiteindelik erkenning verkry

het.2 By die erkenning van die trustfiguur gaan hoofsaaklik op wetgewing en

die regspraak gekonsentreer word. Die hoofstuk word afgesluit deur aan te

toon wat die moontlike aard van die Suid-Afrikaanse trustfiguur volgens die

Suid-Afrikaanse regspraak is. Van die verskillende klassifikasies van trusts in

Suid-Afrika asook ‘n moontlike definisie en die essensiële elemente van ‘n

trust in Suid-Afrika word onder die loep geneem.3

4.2 MOONTLIKE ONTSTAANSBRONNE EN MATE VAN BEÏNVLOEDING

Na aanleiding van dit wat reeds daaroor in hoofstukke 2 en 3 gesê is, kan die

afleiding gemaak word dat die ontwikkeling van ‘n Suid-Afrikaanse trustfiguur

ontstaan het uit en/of beïnvloed is deur een of meer van die volgende bronne:

♦ Die Romeins-Hollandse gemenereg, soos gedefinieer in hoofstuk 2 en

soos verder ontwikkel deur wetgewing en regspraak.

♦ Die Engelse reg.

2 Die mate waarin spesifieke bronne die ontwikkeling beïnvloed het, is belangrik omdat

sodanige bronne en die mate waarin dit reeds in Suid-Afrika toepassing vind, weer as

hulpmiddel kan dien wanneer die essensiële elemente van die Suid-Afrikaanse trust en ook

die aard en inhoud van die regte van begunstigdes van trusts later ondersoek word. 3 Dit is noodsaaklik om regsekerheid te hê ten opsigte van hierdie aspekte aangesien

dit ‘n direkte invloed het op die aard van trustbegunstigdes se regte en ook ‘n vergelyking van

die Suid-Afrikaanse trustfiguur met soortgelyke figure in ander regsjurisdiksies moontlik maak.

Page 102: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

73

In hierdie hoofstuk word aandag gegee aan die Suid-Afrikaanse gemenereg4

en die Engelse reg as moontlike bronne van beïnvloeding. In hoofstuk 5 word

ondersoek ingestel na sekere ander regstelsels.

4.2.1 Die Suid-Afrikaanse Gemenereg

4.2.1.1 Romeins-Hollandse reg

Alhoewel die opvatting mag bestaan dat Van Riebeeck die Romeins-

Hollandse regstelsel na Suid-Afrika ingevoer het, is dit nie heeltemal so

eenvoudig nie. Die Romeins -Hollandse regstelsel is nooit formeel as

regstelsel in die destydse Kaapse gemeenskap gesanksioneer nie. Van

Riebeeck se eie sienswyse was bloot dat die regstelsel van die Verenigde

Oos-Indiese Kompanjie, soos toegepas op sy Indiese gebiede,

vanselfsprekend ook op die Kaap van toepassing sou wees. Van Riebeeck

se sienswyse is by implikasie bekragtig deur sy oppergesag in Holland.5

Romeins-Hollandse reg het dus beslag in die destydse Kaap gekry by wyse

van stilswyende aanvaarding deur die destydse leierskap dat die stelsel

eenvoudig hier te lande toepassing moes vind.

Die Romeins-Hollandse regsfigure, soos die fideicommissum , modus, beding

ten behoewe van ‘n derde, verteenwoordigingsreg, vennootskapsreg en

beginsels soos bona fides en fidusiêre verhoudings is dus kragtens die

gemenereg in die Suid-Afrikaanse reg opgeneem.6

Die trustfiguur as sodanig, synde ‘n vreemde verskynsel aan die Romeins-

Hollandse reg, 7 kon nie gemeenregtelik in Suid-Afrika opgeneem word nie.

Die vraag wat nou ontstaan, is waar die hedendaagse trustfiguur in die Suid-

4 Soos verder ontwikkel deur wetgewing en regspraak. 5 De Wet Die Ou Skrywers in Perspektief (1988) 21. 6 Hierdie aspek is reeds behandel in hoofstuk 2. Sien verder Corbett, Hofmeyr en

Kahn The Law of Succession in South Africa (2001) 260 e.v.; Swanepoel Oor Stigting,Trust,

Fideicommissum, Modus en Beding ten behoewe van ‘n Derde (1961) 3 e.v.; De Wet 1 e.v. 7 Braun v Blann and Botha 1984 2 SA 850 (A) 858H.

Formatted: Bullets andNumbering

Page 103: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

74

Afrikaanse reg dan vandaan kom? Moontlike antwoorde vir hierdie vraag is

dat die trustfiguur óf ontwikkel het uit een of meer van die ander erkende

Romeins-Hollandse regsfigure, wat, soos die trustfiguur, ook

vertrouensverhoudings meegebring het, óf doodeenvoudig oorgeneem is uit

’n ander regstelsel soos byvoorbeeld die Engelse regstelsel. Om hierdie

vraag te beantwoord moet onder meer gelet word op plaaslike

regsontwikkeling en veral op hoe die wetgewer en die howe die

aangeleentheid hanteer het.

4.2.1.2 Wetgewing

Reeds voor Uniewording het die wetgewer, aanvanklik eers in die vroeëre

Kaapkolonie en later in die Vrystaat, en Natal, wetgewing oor trusts

afgekondig.

Die Engelse kerk in Kaapstad is reeds in 1829 deur middel van Ordonnansie

4 van 1829 gemagtig om bates in ‘n trust te hou.8

In 1836 is die Kaapse Stadsbiblioteek se bestuur deur middel van ‘n trust

gereorganiseer en min of meer dieselfde gebeur met die destydse South

African College. Daarna en sedert 1837 is met reëlmaat van hierdie

regsverskynsel in gevalle van kerke, biblioteke en kolleges gebruik gemaak,

nie net in die Kaapkolonie nie, maar ook in Natal en in die destydse Vrystaat.9

In 1846 het die destydse Natalse regering besluit om ‘n trust te skep vir

armlastiges en persone wat verliese gely het weens die optrede van die

blanke besetters van Natal.10 Sedert 1850 was daar verskeie wette in Natal

8 Artikel 14 en 15 van Ordonnansie 5 van 1832. Coertze Die Trust in die Romeins-

Hollandse Reg (LLD-proefskrif 1948 US) 60 e.v. Coertze wys daarop dat selfs die hoofregter

van destyds meegewerk het aan die trustskema vir die kerk. 9 Coertze 61 e.v. 10 Coertze 64 e.v.

Page 104: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

75

wat oor trusts handel. So, byvoorbeeld was die kerkraad van die Hervormde

Kerk sedert 1850 die trustee van ‘n trust.11

Volgens Coertze 12 kon hy geen vroeë trustwetgewing in die Transvaal

opspoor nie. Die Vrystaatse wetgewer, aan die ander kant, het trusts sedert

1892 erken.13

Na Uniewording in 1910 is erkenning ook deur middel van wetgewing aan

trusts verleen.14 Enkele voorbeelde hiervan is:

(1) Die Maatskappywet15 waarkragtens ‘n trust, tipies Engelsregtelik, by

die uitgifte van obligasies aangewend is.

(2) Die Insolvensiewet16 waarkragtens die meester van die hooggeregshof

die trustee sou wees totdat ‘n kurator vir ‘n insolvente boedel aangestel

is. Daarna sou die kurator trustee wees soos hy trouens ook in die

Engelse reg is. Die meester en daarna die kurator word dus

reghebbendes van die insolvente boedel - egter nie vir hulself nie,

maar ten behoewe van krediteure. 17

(3) Die Naturelletrust en -grond Wet18 waarvolgens ‘n naturelletrust

opgerig is.

(4) Die herroepe Trustgelde Beskermingswet19 wat in sy geheel handel oor

registrasie van trusts, bevoegdhede van trustees, die rol van die

11 Coertze 61 e.v. 12 Coertze 61 e.v. 13

Soos, byvoorbeeld kragtens Wet 4 van 1892 waarna Coertze verwys op 69. 14 Coertze 72. 15 Wet 46 van 1926, soos gewysig en later vervang. 16 Wet 24 van 1936, soos gewysig. 17 Coertze 73. 18 Wet 18 van 1936. 19 Wet 34 van 1934.

Page 105: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

76

meester en strawwe vir trustees.

(5) Algaande word verwysings na trusts en trustinstellings in wetgewing

meer algemeen. Dit sluit onder andere die Registrasie van Aktes

Wet,20 die Wet op Hereregte,21 die Inkomstebelastingwet22 en dan baie

belangrik die Wet op die Beheer oor Trustgoed23 in.

Net soos aanvanklik met die regspraak, 24 het die onderskeie wetgewers die

trustfiguur statutêr in Suid-Afrika ingevoer, sonder ’n poging om dit spesifiek

op een of ander Romeins-Hollandse beginsel te baseer en dit terwyl die

trustidee as sodanig gemeenregtelik ‘n vreemde regsbegrip was.

4.2.1.3 Regspraak

Die trustfiguur het oor ‘n lang tydperk in die Suid-Afrikaanse reg ontwikkel en

daarom is dit haas onmoontlik om die erkenning van die trustfiguur aan ‘n

bepaalde datum te koppel.2 5

In Suid-Afrika het die hof, vir die eerste keer sover vasgestel kon word, op 28

Februarie 1833 in die beslissing van Twenty Man v Hewitt 26 erkenning aan die

trustfiguur as regsinstelling gegee. Die feite van hierdie saak was dat Hewitt

‘n ooreenkoms met drie ander persone gesluit het waarin hy onderneem het

20 Wet 47 van 1937. 21 Wet 40 van 1949. 22 Wet 58 van 1962. 23

Wet 57 van 1988. 24 Soos net hierna sal blyk in paragraaf 4.2.1.3. 25 Olivier Aspekte van die Reg insake Trust en Trustee met besondere verwysing na die

Amerikaanse Reg (LLD-proefskrif 1982 UP) 54. Soos reeds aangetoon in die vorige

paragraaf, is trustwetgewing opgespoor tot so ver terug as 1829. 26 Twenty Man and Another v Hewitt 1833 Menzies Reports 1828 - 1849 Vol. 1 156.

Sien ook Coertze 54.

Page 106: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

77

om sekere eiendom aan sy toekomstige vrou oor te dra. Toe Hewitt nalaat

om aan die bepalings van die ooreenkoms gevolg te gee, bevind die hof op

aandrang van sommige van die ander kontrakspartye dat die ooreenkoms in

effek tot die ontstaan van ‘n trust aanleiding gegee het en dat die trustees die

kontraksbepalings kon afdwing. Alhoewel die meriete van die saak vir die

onderhawige verhandeling onbelangrik is, is die feit dat ‘n trust deur die hof

erken en afgedwing is, wel van geskiedkundige belang.

In 1835 moes die hof in Buissine and Another v Mulder et Uxor 27 besin oor

die moontlike erkenning van ‘n trust, meer spesifiek ‘n inter vivos trust. Nie

net bevind die hof dat mevrou Johanna Pezo inderdaad ‘n trust opgerig het

nie, maar ook dat dit na oprigting nie sonder meer herroep kon word nie.28

In 1843 kry die howe weereens die geleentheid om oor ‘n trust uitspraak te

lewer.29 In hierdie saak handel dit oor ‘n skikking in ‘n egskeidingsgeding en

is daar beslis dat nie net een nie, maar meerdere trusts tot stand gekom het.

Hierdeur verleen die hof verdere erkenning aan die trustfiguur in Suid-Afrika.

In 1868 kom ‘n trust weer ter sprake in Trustees of South African Bank v

Chiappini.30 Alhoewel dit hier gaan oor regte van krediteure, word weereens

erkenning aan die trustfiguur gegee. Hierna volg verdere beslissings wat

erkenning aan trusts verleen met reëlmaat,31 nie net in die destydse

27 Buissine and Another v Mulder et Uxor 1835 Menzies Reports 1828 - 1849 Vol. 1

162. Sien ook Coertze 55. 28 ‘n Tipies Engelsregtelike benadering omrede begunstigdes volgens die Engelse reg

dadelik regte verkry wat hulle nie sonder meer ontneem mag word nie. 29 Devenish v Peacock and Josef 1843 Menzies Reports 1828 - 1849 Vol. 3 503. 30 Trustees of South African Bank v Chiappini 1868 Buch Reports 1868 - 1870 143.

Sien ook Coertze 57. 31 Sien Coertze 58 e.v. vir ‘n meer volledige uiteensetting.

Page 107: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

78

Kaapkolonie, soos hierbo aangetoon nie, maar ook in Natal 32 en heelwat later

in die Transvaal33 en die Vrystaat.34

In 1912 word daar vir die eerste keer deur die destydse Appèlhof na die

trustfiguur verwys.35 Alhoewel dit in die beslissing nie oor die trustfiguur as

sodanig gehandel het nie, word daar met goedkeuring na hierdie regsfiguur

verwys en klaarblyklik gemaklik omgegaan met terme soos “trustee”, “in trust”

en “beneficiaries”.

So merk appèlregter Solomon36 byvoorbeeld op:

“The defendant is the present trustee, and she holds all this property

on behalf of the beneficiaries named in the deed of transfer, and

subject to the trusts …”

Die eerste uitdruklike appèlhof -erkenning van ‘n trust volg in 1913 met die

beslissing in Sherriff v Greene and Another37 waar appèlregter De Villiers

opmerk:

“… (I)t is not a contract of mortgage at all, but an agreement by the

defendants to hold a mortgage … in trust for the plaintiff.”

In Robertson v Robertson’s Executors 38 verwys appèlregter Innes39 ook met

32 In Natal begin die hofverslae eers in November 1879. Coertze 63 e.v. verwys in

hierdie verband na onder andere Testate Estate J E Fradd 1880 1 NLR 125 en The Estate of

Richard P King 1891 12 NLR 200. 33 Coertze 68 e.v. verwys in hierdie verband na onder andere Lucas’s Trustee v Ismail

and Amod 1905 TS 239 en Ex parte Marks and Nellmapius 1907 TS 24. 34

Ex parte Kerr 1911 OPD 12. 35 Van der Plank v Otto 1912 AD 353. 36 Van der Plank v Otto hierbo 359. 37 Sherriff v Greene 1913 AD 240 249. (My onderstreping.) 38 Robertson v Robertson’s Executors 1914 AD 503. 39 Robertson v Robertson’s Executors hierbo 507.

Page 108: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

79

goedkeuring na die trustfiguur waar hy opmerk:

“The naked ownership has been vested in the trustees, subject to the

plaintiff’s life interest, and the property will in due course be passed on

by them to future beneficiaries …”

Dit is insiggewend om daarop te let dat die Suid-Afrikaanse howe tot op

hierdie stadium sonder skynbare probleme die beginsel en bestaan van ‘n

trustfiguur40 as deel van ons reg aanvaar het, sonder om veel aandag aan die

fundamentele aspekte en oorsprong van die verskynsel te skenk.

In 1915 in Estate Kemp v McDonald’s Trustee41 word die trustfiguur

voortspruitend uit ‘n testament ondersoek en gelyk gestel aan die Romeins-

Hollandse fideicommissum.42

Eers in 1984, bykans 70 jaar later, verwerp die Appèlhof die siening in die

Estate Kemp-uitspraak, waarin ‘n trust met ‘n fideicommissum gelyk gestel

word. Die Appèlhof kom toe tot die gevolgtrekking dat die Suid-Afrikaanse

testamentêre trust in wese ‘n regsverskynsel sui generis is en erken dit dan

ook as sodanig.43

Na ‘n historiese ondersoek na die trustfiguur merk appèlregter Joubert44 op:

“Admittedly, many of the functions which the fideicommissum, either by

itself or in conjunction with other devices of the Roman law performed,

could have been performed by the trust had the latter been known to

the Romans, but the fact remains that historically and jurisprudentially

40 Wat, soos reeds vermeld, as sodanig aan die Romeins-Hollandse reg onbekend was. 41 Estate Kemp v McDonald’s Trustee 1915 AD 491. 42 Hierdie beslissing word in besonderhede bespreek in paragraaf 4.3.1.1. 43 Braun v Blann and Botha 1984 2 SA 850 (A). 44 Braun v Blann and Botha hierbo 859B.

Page 109: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

80

the fideicommissum and the trust are separate and distinct legal

institutions, each of them having its own set of legal rules.”

Net soos die Estate Kemp-saak spesifieke erkenning vir die trust mortis causa

ingelui het, kan die beslissing in Crookes v Watson45 beskou word as die

eerste werklike stap om regserkenning aan die inter vivos trust te verleen.46

Met verwysing na die beslissing in CIR v Estate Crewe 47 erken die Appèlhof in

die Crookes-saak ‘n trust inter vivos in die Suid-Afrikaanse reg, maar bevind

dat ‘n trust inter vivos deur ‘n kontrak tussen die oprigter en trustee ten

behoewe van die begunstigde tot stand kom en dus in wese ‘n beding ten

behoewe van ‘n derde (stipulatio alteri ) is. Hierdie benadering het van die

begin af onder kritiek deurgeloop.48

Net soos dit die geval was met die testamentêre trust, het die hof hom

geroepe geag om ‘n eweknie in die Romeins-Hollandse reg te vind om

sodoende regserkenning aan die trust inter vivos te gee. Olivier49 maak die

opmerking dat hierdie gedwonge aanmerk van die trust as ‘n beding ten

behoewe van ‘n derde hopelik in die toekoms verkeerd bewys sal word en dat

die trust inter vivos waarskynlik eendag op sy eie bene sal kan staan sonder

om op kunsmatige wyse in een of ander spesifieke regsfiguur van die

Romeins-Hollandse reg in geforseer te word.

Die Suid-Afrikaanse howe was deurentyd baie beslis in hul siening dat die

erkenning van die trustfiguur in die Suid-Afrikaanse reg nie op ’n heelhuidse

oorname van die Engelse trustreg neergekom het nie. In Lukas’ Trustee v

Ismail and Amod50 stel hoofregter Innes sy siening duidelik dat

45 Crookes v Watson 1956 1 SA 277 (A). 46 Hierdie beslissing word in besonderhede bespreek in paragraaf 4.3.1.2. 47 CIR v Estate Crewe 1943 AD 656. 48 Olivier 19. Sien ook paragraaf 4.3.1.2. 49 Olivier 20. Hierdie aspek word verder bespreek as die aard van die trustfiguur net

hierna ondersoek word. 50 Lukas’ Trustee v Ismail and Amod 1905 TS 239 244.

Page 110: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

81

“if the word trustee is employed as somehow vaguely introducing the

English doctrine of trusts, whether express or constructive and as such

implying the existence of some real right in the cestui que trust which

would not be conferred by our law, then it is a dangerous word and

would be very strictly scrutinised”.

In latere jare bevestig hoofregter Innes sy vroeëre siening wanneer hy in

Estate Kemp v McDonald’s Trustee 51 opmerk dat

“…the English law forms, of course, no portion of our jurisprudence,

nor have our courts adopted it”.

Hiermee het appèlregter Solomon52 saamgestem waar hy verklaar:

“But though we have adopted the terms trust and trustee, it does not by

any means follow that we have also taken over the whole or any part of

the English law on the subject.”

4.2.2 Engelse Invloed

Nieteenstaande duidelike standpunte deur ons howe, bly die vraag na

moontlike Engelse beïnvloeding steeds relevant as die historiese ontwikkeling

van Suid-Afrika in gedagte gehou word.

In September 1795 is die Kaap deur Engeland verower en die bewind van die

Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC), soos aan die Kaap deur Jan van

Riebeeck gevestig, het tot ‘n einde gekom. Die Kaap het nou Engelse

grondgebied geword en onder seggenskap van die Engelse koning te staan

gekom.53

51 Estate Kemp v McDonald’s Trustee hierbo 499. 52 Estate Kemp v McDonald’s Trustee hierbo 508. 53 De Wet 29.

Page 111: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

82

In beginsel kon Engeland nou die Engelse reg en regsinstellings op die

Kaapse inwoners afdwing as hy wou. In Engeland het egter ‘n ou gebruik

bestaan54 om ter wille van die handhawing van goeie administrasie die

verowerdes soms toe te laat om hulle bestaande reg en regsinstellings te

behou.55 Hierdie gebruik is aan die Kaap toegepas. Op sterkte hiervan is

Romeins-Hollandse reg as regstelsel dus aan die Kaap behou.56

Kragtens die Verdrag van Amiens 57 is die Kaap in 1802 aan die Bataafse

Republiek terugbesorg.58 Tot en met die tweede verowering van die Kaap

deur Engeland het die regstelsel nie wesentlik verander van wat dit in 1795

was nie.59 Die Kaap is in 1806 vir die tweede keer deur Engeland beset en dit

het formeel ‘n Engelse kolonie geword. 60 As deel van die destydse

vredesverdrag is ooreengekom dat die Romeins-Hollandse reg as die

amptelike regstelsel behou sou word.61 Desnieteenstaande het daar tog

gaandeweg ‘n geleidelike aanvaarding van Engelse regsbeginsels in die

Kaapkolonie plaasgevind.62

In 1826 het ‘n kommissie, bestaande uit majore Colebrooke en Bigge,

aanbeveel dat, alhoewel die Engelse reg nie summier ingevoer moet word ter

vervanging van die Romeins-Hollandse reg nie, daar wel ‘n geleidelike

assimilasie van Engelsregtelike instellings en beginsels in die Kaapkolonie

54 Hierdie gebruik het tot ‘n vaste reël van die Engelse staatsreg ontwikkel. De Wet 29.

Sien ook Van Jaarsveld in Suid-Afrikaanse Handelsreg (red. Van Jaarsveld) (1988) (3e

uitgawe) (Vol. 1) 3. 55 De Wet 29; Wessels The History of the Roman-Dutch Law (1908) 30. 56 De Wet 29 e.v. Spesifiek in terme van ‘n proklamasie gedateer 11 Oktober 1795. 57

27 Maart 1802. 58 De Wet 31. 59 De Wet 31. 60 Van Zyl Geskiedenis van die Romeins-Hollandse Reg (1979) 448. 61 De Wet 32; Van Zyl 448. 62 Van der Westhuizen “Trusts” in Pace en Van der Westhuizen Wills and Trusts (2005)

1; Otto in Suid-Afrikaanse Handelsreg (red. Van Jaarsveld) (1988) (3e uitgawe) (Vol. 1) 3.

Page 112: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

83

moes plaasvind.63 Ook wat betref regsadministrasie, merk Van Zyl64 op dat

die substantiewe reg soos dit op die datum van oorname in 1806 gegeld het,

onverhinderd sou bly voortbestaan. Wat betref die regspleging sou dit egter

‘n ander saak wees.

Die Voortrekkers het met hul uittog uit die Kaapkolonie65 die Romeins-

Hollandse reg66 met hulle saamgeneem die binneland in. In 1844 is Natal tot

Britse kolonie verklaar en so ook die destydse Boere republieke van die

Vrystaat en die Transvaal gedurende 1848. Indien die volgende aspekte ook

nog in ag geneem word, kan aanvaar word dat, nie net die destydse

Kaapkolonie nie, maar ook die ander destydse Engelse kolonies in Natal, die

Vrystaat en die Transvaal onder Engelse beïnvloeding deurgeloop het:67

♦ Die algemene historiese feit dat die Engelse die hedendaagse Suid-Afrika

vir ‘n geruime tyd beset het.

♦ Tydens die Engelse besetting is regters en landdroste wat in die Engelse

reg geskool was, vanuit Engeland ingevoer.

♦ Plaaslike juriste het in Engeland gaan studeer.

♦ Engelse hofbeslissings is dikwels geraadpleeg.

♦ Talle post-1910 Suid-Afrikaanse wette is op ooreenstemmende Engelse

wette gebaseer.

63 Van Zyl 451. 64 Van Zyl 448 en 449. 65 Veral sedert 1836. 66 Toe sekerlik reeds in ‘n sekere mate deur Engelse reg beïnvloed. 67 Otto 3. Ook De Wet 37 e.v.

Page 113: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

84

De Waal68 bevestig dat:

“Perhaps one should first say something about the nature of modern

South African Law. South Africa has a so-called ‘mixed legal system’.

In other words, it is a legal system ‘at the intersection of civil and

common law’. By this is meant that, although the foundations of South

African law are Roman Dutch (i.e. a civilian system), it has been

significantly influenced by English law.”

As Engelse beïnvloeding van die Suid-Afrikaanse regstelsel dan plaasgevind

het, ontstaan die vraag nou of die Suid-Afrikaanse trustreg, in besonder, ook

deur Engelse regsbeginsels beïnvloed is. Kan daar nie byvoorbeeld gepraat

word van ‘n totale oorname van Engelse trustreg nie of is ‘n eie Suid-

Afrikaanse trustreg slegs deur Engelse beginsels beïnvloed?69

Soos reeds in hoofstuk 1 aangetoon, is Olivier die mening toegedaan dat die

trust in ons regstelsel ‘n Britse immigrant is en in alle opsigte ‘n wêreldburger

is.70 Daar is ook reeds verwys na Sir Maurice Amos7 1 se siening dat die

Engelse trust wêreldwyd as regsfiguur gevestig is. Vir De Waal en Paisley72

is die Suid-Afrikaanse trustfiguur

68 De Waal “The Uniformity of Ownership, Numerus Clausus and the Reception of the

Trust into South African Law” in Privaatrecht Trusts in Mixed Legal Systems (reds. Milo en

Smits) (2001) 43. 69 Soos reeds bespreek in hoofstuk 1 paragraaf 1.3.2 glo Kaplan en Ogden byvoorbeeld

dat die trustfiguur ‘n regsfiguur is wat slegs in common law-lande aangetref kan word. Waar

die common law nie geld nie, is die trustfiguur volgens hulle onbekend. As Kaplan en Ogden

reg is, volg dit dat daar in elke regstelsel waar die trustidee voorkom, Engelse beïnvloeding

moes plaasgevind het. 70

Hoofstuk 1 paragraaf 1.3.2; Olivier Trustreg en Praktyk (1989) 1. 71 Soos aangehaal deur Olivier Aspekte van die Reg insake Trusts en Trustees met

besondere verwysing na die Amerikaanse Reg (LLD-proefskrif 1982 UP) 2. 72 De Waal en Paisley “Trusts” in Mixed Legal Systems in Comparative Perspective:

Property and Obligations in Scotland and South Africa (reds. Zimmermann, Visser en Reid)

(2004) 821.

Page 114: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

85

“a transplant from English Law … When English and Scottish settlers

arrived at the Cape in the early nineteenth century they brought the

trust with them as part of their legal and intellectual baggage. These

settlers started introducing the trust institution into South African

practice. … When the courts finally pronounced on the matter, it

transpired that the English transplant was substantially transformed in

accordance with civilian principles. The South African trust thus

became a substantially indigenous institution that, paradoxically, shows

considerable less English influence than its Scottish counterpart.”

4.2.3 Gevolgtrekking

As gelet word op die wyse waarop die trustfiguur aanvanklik statutêr en deur

die regspraak aanvaar en toegepas is, sonder om ’n poging aan te wend om

die figuur te baseer op of gelyk te stel aan een of ander erkende

gemeenregtelike regsfiguur, moet De Waal73 gelyk gegee word waar hy die

geskiedkundige ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse trustreg soos volg

opsom:

“One of the most fascinating examples of the introduction of a common

law institution into a civilian legal environment is provided by the South

African trust. The trust that was introduced into South African law by

73 De Waal “Authorisation of Trustees in terms of the Trust Property Control Act” 2000

THRHR 472. Ander skrywers verskil egter van hierdie sienswyse. Coertze 34 en 75, vors die

trust in die Romeins-Hollandse reg na in sy proefskrif wat in 1948 verskyn het. Volgens hom

kan die ontwikkeling van trustreg teruggevoer word na die Romeins-Hollandse reg, maar hy is

van mening dat die trust nie onder ‘n fideicommissum tuisgebring kan word nie. Van der

Merwe en Rowland Die Suid-Afrikaanse Erfreg (1990) (6e uitgawe) 357 deel die siening dat

die trustfiguur uit Romeins-Hollandse regsbeginsels ontwikkel het en kom tot die

gevolgtrekking dat die fideicommissum mortis causa en die trust mortis causa moontlik op

dieselfde grondslag berus. Hull e probeer aantoon dat die fideicommissum en trust spesies is

van dieselfde genus, naamlik die modus , maar nie binne die trefwydte van die beding ten

behoewe van ‘n derde val nie. Hulle voel egter dat, hoewel juridies na aan mekaar, dit nie

bevorderlik vir suiwer insigte is om, sonder behoorlike wetenskaplike motivering, die trust

eenvoudig as ‘n verskyningsvorm van die fideicommissum te bestempel nie.

Page 115: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

86

British settlers towards the end of the nineteenth century was, without

doubt, the trust as it had developed in English law. It is clear, however,

that the English law of trusts, with its dichotomy of legal and equitable

ownership, was not (indeed could not be) received into our law. What

has happened is that our courts have developed, and are still in the

process of developing, a uniquely South African law of trusts by

adopting the basic ‘trust idea’ to the principles of our law.”

Dit word aan die hand gedoen dat daar dus onderskei moet word tussen die

Engelse trustreg en die Engelse trustfiguur en as dit dan blyk dat die oorname

van die Engelse trustreg in Suid-Afrika verwerp is, is dit steeds nie te sê dat

die Suid-Afrikaanse trustfiguur nie vanuit die Engelse reg afkomstig is nie.

Net soos in ander civil law-tradisies was die probleem nie soseer om die

trustfiguur te aanvaar nie, maar hoe om dit, weens die afwesigheid van die

“dual ownership”-beginsel, of iets soortgelyks, in ‘n civil law- jurisdiksie te

verduidelik.74

Die korrekte benadering is dus dat die Engelse trustfiguur in die Suid-

Afrikaanse reg oorgeneem is vanuit die Engelse reg, maar nie hier te lande

ontwikkel het ooreenkomstig uitsluitlik suiwer Engelse trustregbeginsels nie. 75

74 Gretton “Trusts without Equity” 2000 International and Comparative Law Quarterly

599 e.v. doen in Sk otland die gedagte van patrimonium aan die hand. Daar is egter ook

ander menings: In Louisiana en Quebec dwing ekonomiese omstandighede juriste om die

figuur statutêr te aanvaar en oë toe te knyp vir enige moontlike tweeslagtige

eiendomsregtelike gedagtes wat daarmee mag saamkom. In Suid-Afrika word die

fideicommissum uitverkies, maar later laat vaar. Hierdie aangeleentheid word in meer

besonderhede bespreek in paragraaf 4.3.1.1. 75

Dit is waarna De Waal “The Core Elements of the Trust: Aspects of the English,

Scottish and South African Trusts Compared” 2000 SALJ 555 verwys as hy opmerk dat

“…the trust that first appeared in South Africa was, therefore, the English trust. But

the trust that eventually emerged was something quite different. The introduction of

the trust institution into South African practice happened by way of incorporation of

trusts (as the notion was then conceived) and the use of the words ‘trust’ and ‘trustee’

in wills, deeds of gift, antenuptial contracts and land transfers.”

Page 116: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

87

Civil law-groeimediums 76 is deur die Suid-Afrikaanse howe gesoek en gevind

en die Engelse trustfiguur het ontwikkel vanuit hierdie mediums sonder

algehele oorname van Engelse trustregbeginsels op hierdie gebied.77

Of dit ten goede of ten kwade is, word hieronder78 bespreek. Hierdie

eiesoortige ontwikkeling het reeds tot aansienlike polemiek gelei, veral

wanneer dit gaan oor die aard van die regte van trustbegunstigdes, soos later

in hierdie hoofstuk sal blyk.

Die regsposisie volgens die uitspraak deur Suid-Afrika se destydse hoogste

hof79 is dus waarskynlik eerder dat die Engelse trustreg nie deur Suid-Afrika

oorgeneem is nie, maar dit beteken beslis nie dat Engelse beïnvloeding op

hierdie gebied glad nie plaasgevind het nie.80 Juis die feit dat ons eie

regstelsel sy ontstaan uit die civil law-tradisie het, maar tog beskik oor ‘n

regsfiguur wat as ‘n trust bekend staan, dui reeds op Engelse beïnvloeding

van een of ander aard.

Volgens Van der Westhuizen81 is die ontstaan van trustreg in Suid-Afrika ‘n

goeie voorbeeld van hoe ‘n civil law-land aspekte van die common law kan

aanvaar, dit kan aanpas ooreenkomstig eie behoeftes en dit dan mildelik

76 Die fideicommissum vir die trust mortis causa en die stipulatio alteri vir die trust inter

vivos. 77 Hierdie standpunt is ook in ooreenstemming met dié van hoofregter Innes in Lukas’s

Trustee v Ismail and Amot 1905 TS 239 244 waar hy reeds in 1905 opmerk:

“Now the word ‘trustee’ used in that way is a term derived from the English law and I

think it must be used with considerable caution. If by trustee is meant a man

occupying some capacity recognized by our law, and undertaking some obligation

known to our law, to hold property for another and not for himself, then the expression

is a convenient one and may be safely applied.” 78 In hoofstukke 7 en 8. 79 Estate Kemp and Others v McDonald’s Trustee, 1915 AD 491. 80 Soos reeds aangetoon, is die Engelse trustfiguur waarskynlik oorgeneem, maar

sonder die suiwer Engelse trustreg. 81 Van der Westhuizen 4 e.v.

Page 117: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

88

aanwend oor ‘n breë front. So merk hy op dat

“…unlike in other civil law jurisdictions such as Switzerland, the trust,

therefore, experienced no undue problems in making itself acceptable

in the somewhat foreign South African surroundings”.

Cameron et al 82 se gevolgtrekking dat die Suid-Afrikaanse trustreg uniek is

alhoewel dit tog ‘n deeglike mengsel van Engelse, Romeins-Hollandse en

suiwer Suid-Afrikaanse beginsels bevat, is ook in ooreenstemming met dié

siening.83

Vanuit ‘n Suid-Afrikaanse perspektief moet dus aanvaar word dat die Engelse

trustreg inderdaad ‘n wêreldburger is wat sy invloed wêreldwyd en ook in ons

hibriede regstelsel deeglik laat geld het.84 Wat egter vasstaan, is dat daar

geen algehele oorname, sonder enige unieke aanpassings of toevoegings,

van die Engelse trustreg in Suid-Afrika plaasgevind het nie.

4.3 DIE TRUSTFIGUUR IN DIE SUID-AFRIKAANSE REG

‘n Regsfiguur, soos die trust, kan nie net verdra word omdat dit reeds deeglik

in gebruik is nie. Dit is van kardinale belang vir alle betrokkenes (in dié geval

oprigters, trustees en begunstigdes, maar ook die breër gemeenskap) dat ‘n

regsfiguur wat in gebruik is, tog staan op vaste fondamente en ook

fundeerbaar is wat betref die werklike aard en nie net die oorsprong daarvan

nie. As die aard onseker of wankelrig is, volg dit tog noodwendig dat

82 Cameron, De Waal, Wunsh, Solomon en Kahn Honoré’s South African Law of Trusts

(2002) (5e uitgawe) 23. 83 Cameron et al 23 en 24 maak dan ook die opmerking dat Suid-Afrikaanse trustreg

“(is) genuinely South African, not an English or Roman-Dutch law of trust. … It is source-wise

ius tripertitum but in its end product ius civile.” 84 Op sekere gebiede van ons statutêre reg was die Engelse invloede groter en selfs

meer onbeskaamd as op andere. Veral op die gebied van die Suid-Afrikaanse handelsreg het

die Engelse reg ‘n groot invloed uitgeoefen. Hier kan daar na die maatskappyereg,

insolvensiereg, inkomstebelastingreg, wissel- en tjekreg verwys word. Sien ook Otto 3.

Page 118: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

89

byvoorbeeld die onderliggende regte en verpligtinge van so ‘n figuur onseker

is en dat dit in die algemeen negatief mag inwerk op regsekerheid.85

4.3.1 Die Regsaard van die Trust

De Waal en Theron86 merk op:

“Om die ware aard van die trust in die Suid-Afrikaanse reg te

verduidelik, is nie ‘n eenvoudige taak nie. Al wat met ‘n mate van

selfvertroue gedoen kan word, is om sodanige verduideliking aan die

hand van ‘n aantal negatiewe stellings te bied.”

Dié skrywers gaan dan voort en dui aan dat ‘n trust, byvoorbeeld nie oor

regspersoonlikheid beskik nie,87 nie bloot ‘n verskyningsvorm van die

fideicommissum is nie en ook nie met die Engelse trust gelykgestel kan word

nie.88

Theron89 merk op dat, wanneer die hedendaagse trustfiguur ontleed word, dit

tog blyk dat hierdie figuur dieselfde voordele as regspersoonlikheid meebring,

naamlik beperkte aanspreeklikheid, ewigdurende voortbestaan, regte en

verpligtinge afsonderlik van die deelnemers en geen herregistrasie wanneer

daar ‘n wisseling van trustees of begunstigdes plaasvind nie.

85 Dit is presies wat tans gebeur met die trust inter vivos. Sien veral paragraaf 4.3.1.2. 86 De Waal en Theron “Die Aard van die Trust in die Suid-Afrikaanse Reg” 1991 TSAR

499. 87 Hiervoor bestaan heelwat gesag in die regspraak - CIR v MacNeillie’s Estate 1961 3

SA 833 (A) 840F - G; Grundall Brothers (Pty) Ltd v Lazarus 1991 3 SA 812 (Z); Friedman v

CIR In Re Phillip Frame Will Trust v CIR 1991 2 SA 340 (W); CIR v Friedman 1993 1 SA 353

(A); Mariola v Kaye-Eddie 1995 2 SA 728 (W) 731C; Van der Westhuizen v Van Sandwyk

1996 2 SA 490 (W). Daar is egter ‘n neiging om in die rigting van regspersoonlikheid te

beweeg. Hierdie aspek is egter nie van verdere belang vir die onderhawige navorsing nie. 88 De Waal en Theron 1991 TSAR 499 e.v. 89 Theron “Enkele Gedagtes oor die Regsaard van ‘n Trust” 1991 De Jure 323.

Page 119: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

90

As die howe hulle uitlaat oor die aard van die trustfiguur, tref hulle ‘n

onderskeid tussen die aard van die mortis causa en inter vivos trusts.90 Op

sterkte hiervan sal dit raadsaam wees om, wanneer ve rder oor die aard van

die Suid-Afrikaanse trust besin word, eerstens op hierdie onderskeid te let.91

4.3.1.1 Trusts Mortis Causa

Voor die Estate Kemp-beslissing9 2 was daar, soos reeds vermeld, verwysings

na trusts in ons reg, maar die aard daarvan is nooit ondersoek nie.

In die Estate Kemp-saak93 is vir die eerste keer werklik aandag gegee aan die

moontlike aard van die testamentêre trust. In hierdie uitspraak bevind die

Appèlhof94 dat die testamentêre trust ‘n verskyningsvorm is van die

fideicommissum (en dus dié Romeins-Hollandse regsfiguur as basis het).95

Die feite van dié saak was dat JW Kemp, wat in 1868 oorlede is, ‘n testament

in Engeland laat opstel het waarin ‘n Engelsregtelike testamentêre trust mortis

causa geskep is. Die vraag wat in 1915 voor die Appèlhof gedien het, is of

een van die kleinkinders van die erflater wat ‘n trustbegunstigde was - naamlik

Susannah McDonald wat in 1905 insolvent geraak het en in 1913 kinderloos

en as ‘n ongerehabiliteerde insolvent gesterf het - ‘n vorderingsreg op sekere

trustbates gehad het wat haar skuldeisers kon benut.

90 Paragrawe 4.3.1.1 en 4.3.1.2. 91 Daarmee word egter nie toegegee dat so ‘n onderskeid korrek en aanvaarbaar is nie

- die teendeel is eerder waar: Juis deur hierdie onderskeid te bly handhaaf lei tot

onbevredigende resultate, soos later in hierdie hoofstuk gesien sal word. 92 Estate Kemp v McDonald’s Trustee 1915 AD 491. 93 Estate Kemp v McDonald’s Trustee hierbo 491. 94 Soos dit destyds geheet het. 95 Die gelykstelling met die fideicommissum is in latere sake nagevolg, byvoorbeeld in

In Re Estate Grayson 1937 AD 96.

Page 120: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

91

Dit gaan dus in hierdie saak eerstens oor ‘n oorweging van die aard van die

trustfiguur in Suid-Afrika en daarna oor die regte van trustbegunstigdes.

Hoofregter Innes96 sien die saak soos volg:

“This is a will drawn by an English lawyer and expressed in English

phraseology, but the testator, both at the date of execution and at the

date of his death was domiciled in the Cape Colony; and his

dispositions must be interpreted in the light of our own law. The

outstanding feature of the document and the one which gives rise to

the main difficulties surrounding the present inquiry is the direct

bequest to persons who are not intended by the testator to have any

enjoyment of the subject matter, but are directed to possess and to

administer it on behalf of successive sets of beneficiaries. Not only is

the sole administration given to the parties, but the bequest carries with

it the legal ownership.”

Vanuit ‘n Engelsregtelike oogpunt blyk dit vir hoofregter Innes 97 dat

“... the trustees to whom the estate is directly bequeathed, are vested

with the legal ownership in the assets. That is clear - but it is also clear

that the testator never intended that they should have any beneficial

interest; they were instituted not to enjoy but to administer the

property.”

Gesien vanuit ‘n Suid-Afrikaanse perspektief, merk hoofregter Innes op:

“The provisions of our law with regard to fidei -commissary and other

substitutions and to conditional substitutions are so comprehensive and

elastic that … there are scarcely any dispositions of property, which

even the caprice of its owner could suggest, which might not be

96 Estate Kemp v McDonald’s Trustee hierbo 498. 97 Estate Kemp v McDonald’s Trustee hierbo 499.

Page 121: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

92

affected by substitutions fidei -commissa and conditions. The English

law of trusts forms, of course, no portion of our jurisprudence: nor as

pointed out … have our Courts adopted it; but it does not follow that

testamentary dispositions couched in the form of trusts cannot be given

full effect to in terms of our own law.”98

In ooreenstemming met sy ondubbelsinnige uitlating dat die onderhawige

feitestel dus in Suid-Afrika aan die hand van eie regsbeginsels beoordeel

moet word, stel hy die testamentêre trust gelyk aan ‘n fideicommissum:99

“The duties of such a trustee are administrative and he corresponds no

doubt in many respects to administrator, but a testamentary trust is in

phraseology of our law a fideicommissum and a testamentary trustee

may be regarded as covered by the term fiduciary.”100

Om die probleem van gelyktydige regte soos aan die Engelse reg bekend (die

“legal owner” en “beneficial owner”) in die Suid-Afrikaanse regstelsel op te los,

wend hoofregter Innes hom spesifiek na die fideicommissum purum.101

Volgens die spesifieke verskyningsvorm van die fideicommissum het die

fiduciarius nét opgetree as geleibuis terwyl die onderliggende bates

onmiddellik in die begunstigde gevestig het. Deur van hierdie figuur gebruik

te maak kan die regter nou tot die gevolgtrekking kom dat gelyktydigheid van

regte ook by die fideicommissum-figuur gevind word en dat dit dus

geregverdig is om die testamentêre trust gelyk te stel aan ‘n

fideicommissum.102

98 Estate Kemp v McDonald’s Trustee hierbo 498 en 499. 99 Wat volgens sy bogenoemde opmerking heeltemal wyd genoeg is om die Engelse

trustbegrip te hanteer. 100

Estate Kemp v McDonald’s Trustee hierbo 499. 101 Hierdie regsfiguur is ook bespreek in hoofstuk 2 paragrawe 2.2.2 en 2.5.1. 102 Die gesag waarop die regter hom beroep om aan te toon dat die fideicommissum

purum in die Romeins-Hollandse reg toegepas is, is egter sedertdien verkeerd bewys.

Coertze 124 e.v. Sien ook hoofstuk 2 asook die behandeling van Braun v Blann and Botha

1984 2 SA 850 (A ) net hierna.

Page 122: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

93

Appèlregter Solomon is meer versigtig as hoofregter Innes om ‘n

testamentêre trust en ‘n fideicommissum gelyk te stel. Hy gee toe dat trusts

in ons reg erken word. Hy wys in sy uitspraak op die onderskeid tussen ‘n

trust en ‘n fideicommissum, maar kom tog uiteindelik - sonder veel verdere

verduideliking - tot die gevolgtrekking dat, omdat alle fiduciarii103 nie

noodwendig ‘n persoonlike belang in die onderliggende bates het nie, ‘n trust

‘n verskyningsvorm van die fideicommissum kan wees.

Die Appélhof se besluit om die trustfiguur in die Suid-Afrikaanse regstelsel

gelyk te stel met die Romeins-Hollandse fideicommissum, in welke

verskyningsvorm ook al, is deur Suid-Afrikaanse juriste gekritiseer.104

In 1984 volg die uitspraak van die Appèlhof in Braun v Blann and Botha. 105

Hierdie uitspraak is van kardinale belang - nie net weens die verandering wat

die uitspraak teweeggebring het ten opsigte van die aard van die

103 Weereens waarskynlik ingevolge ‘n fideicommissum purum. 104

Estate Watkins-Pitchford v CIR 1955 2 SA 437 (A) 460B - D; Greenberg v Estate

Greenberg 1955 3 SA 361 (A) 368G. Skrywers soos Malherbe WMR, soos aangehaal deur

Olivier Aspekte van die Reg insake Trusts en Trustees met besondere verwysing na die

Amerikaanse Reg (LLD-proefskrif 1982 UP) 23; Joubert “Boekbespreking Percival Frere-

Smith Manual of South African Trust Law” 1954 THRHR 301 en 303; Joubert

“Vonnisbespreking Crookes v Watson” 1956 THRHR 150 en Jamneck “Die onderskeid tussen

voorwaardes, modus, fideicommissum en trust in die Suid-Afrikaanse erfreg” 2001 THRHR

89, verwerp die howe se standpunt om die trust as ‘n fideicommissum te beskou. Andere

soos Coertze 75, Honoré The South African Law of Trusts (1976) (2e uitgawe) 13 e.v. en

Olivier Aspekte van die Reg insake Trusts en Trustees met besondere verwysing na die

Amerikaanse Reg (LLD- proefskrif 1982 UP) 294 e.v., verwerp nie net die howe se benadering

nie, maar doen aan die hand dat die trustfiguur in Suid-Afrika ‘n unieke ontwikkeling gehad

het. Tog is daar skrywers soos Hahlo “Revocation of Trust: Vonnisbespreking Ex parte

Orchison 1951 2(sic) SA 550 (T)” 1952 SALJ 349 en Van der Merwe en Rowland Die Suid-

Afrikaanse Erfreg (1990) (6e uitgawe) 365 e.v., wat die howe se standpunt aanvaar, maar

Hahlo is tog van mening dat trustontwikkeling in Suid-Afrika in sy kinderskoene staan. 105 Braun v Blann and Botha 1984 2 SA 850 (A).

Page 123: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

94

testamentêre trust en die toepassing van die reëls van die erfreg op die

trustfiguur nie, maar ook oor die toepassing van die “power of appointment”-

reëls by diskresionêre trusts. Die hof lewer ’n eenparige uitspraak by monde

van appèlregter Joubert.

Die feite van hierdie saak is kortliks die volgende: Annie Marie Botha, die

testatrise, sterf op 4 Maart 1981. Sy word onder andere oorleef deur haar

twee kinders, Helen Vilma Braun en Frederick Christian George Botha, asook

‘n aantal kleinkinders. In haar testament het die testatrise haar seun,

Frederick, en ‘n sekere Basil Edward John Blann as haar eksekuteurs en

trustees benoem.

Ingevolge klousule 4 van haar testament moes ‘n trust opgerig word. Hierdie

klousule het soos volg gelees:

“I give, devise and bequeath the whole of the rest, residue and

remainder of my estate whether movable or immovable and

wheresoever situate, and whether the same be in possession,

reversion, remainder, expectancy or contingency, unto and in favour of

my administrators, to be held by them in trust for the following intents

and purposes, and upon the following terms and conditions:

(a) My administrators shall have the widest and most unrestricted

powers of investment and reinvestment of the capital (which

expression when used in this will shall include any income

added to the capital), including the power to mortgage, pledge,

hypothecate or otherwise encumber any asset forming part of

the capital.

(b) My administrators shall apply such portion as they deem fit of

the net income accruing from the capital held in trust in such

proportions as they shall from time to time determine for the

benefit and advantage of one, more or all of:

(i) Frederick;

Page 124: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

95

(ii) Helen;

(iii) Faith Botha (born Fisher), the present wife of Frederick

for so long as she is married to him, or during widowhood,

before remarriage, if she shall survive him and the

marriage between them shall not have been dissolved at

the date of his death;

(iv) The lawful issue of Frederick;

(v) The lawful issue of Helen; and shall add such portion of

the net income as is not so applied to the capital held in

trust.

(c) The trust herein created shall terminate:

(i) as to one-half of the then capital on the death of the first

dying of Frederick or Helen or on 31 December 1984,

whichever event shall be the later;

(ii) as to the capital still held in trust after the application of

the provisions of subclause (c)(i) of this clause on the

death of the last dying of Frederick or Helen or on 31

December 1984, whichever event shall be the later;

provided that my administrators shall be empowered,

notwithstanding the aforegoing, to postpone the

termination of the trust in whole or in part for such period

and on such conditions as they may determine.

(d) On the determination of the trust as to the one-half referred to in

subclause (c)(i) of this clause and as to the complete trust as

provided in subclause (c)(ii) of this clause, or on any postponed

termination in terms of the proviso to subclause (c) of this

clause, the capital concerned shall be paid to one, more or all of

the persons referred to in subclauses (b)(iv) and (v) of this

clause in such proportions as my administrators shall determine

provided that if any of the said persons be deceased leaving

lawful issue surviving him or her my administrators shall be

empowered to apply such portion of the capital as they

Page 125: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

96

determine to the creation of a trust for such lawful issue for such

period and subject to such terms and conditions and under the

control of such trustees as my administrators shall determine.”

Helen Brown was die applikant in die hof a quo en die eerste respondente

was die eksekuteurs in hul amptelike hoedanigheid. Die meester van die

hooggeregshof was die tweede respondent, maar dit is van geen verdere

belang nie.

Wat die oorsprong van die trustfiguur betref, merk appèlregter Joubert 106 op

dat

“… the trust was unknown to Roman-Dutch law. It was also unknown

to Roman law. Uses and trusts were introduced into England shortly

after the Norman conquest. The trust was developed by the English

Court of Chancery from the Germanic Saalman or Treuhand institution

rather than from the Roman fideicommissum or other judicial

institutions of Roman law.”

Appèlregter Joubert wend hom vervolgens tot ‘n ondersoek van die

belangrikste twee moontlikhede waarop hoofregter Innes in die Kemp-

beslissing sy uitspraak baseer het, naamlik:

(1) “… that the testamentary fideicommissum could be so constituted as

forthwith to confer upon the fideicommissary vested rights

transmissible to his heirs. In support of this proposition he relied upon

the fideicommissum purum which, according to him, was recognised by

Roman-Dutch law.”

Appèlregter Joubert wys dan daarop dat die aanwending van die

fideicommissum purum so uitsonderlik skaars geraak het, dat hy kan

sê dat regter Innes “availed himself of a rather obscure form of the

106 Braun v Blann and Botha hierbo 858H - 859A.

Page 126: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

97

fideicommissum in Roman-Dutch law as authority in support of his

proposition”.

(2) “that a testamentory fideicommissum could also be so constituted as to

separate the legal ownership from the beneficial enjoyment of the

bequest, vesting the legal ownership in the fiduciary and a right to the

beneficial enjoyment in the fideicommissary.”

Na ‘n ondersoek van die ou skrywers waarop appèlregter Innes hom

beroep, kom appèlregter Joubert egter tot die gevolgtrekking dat

appèlregter Innes foutiewelik ‘n vergelyking hier tref tussen verskillende

regsfigure en dat geen gesag in die Romeins -Hollandse reg gevind kan

word om hierdie benadering te fundeer nie.

Appèlregter Joubert107 kom dan tot die gevolgtrekking:

“I am of the view that it is both historically and jurisprudentially wrong to

identify the trust with the fideicommissum and to equate a trustee to a

fiduciary. In order to avoid confusion these legal concepts should

technically be applied correctly.”

Alhoewel die Suid-Afrikaanse testamentêre trustreg binne die fideicommissum

as groeimedium “ontkiem” het (nie sonder kritiek nie) en vir baie jare op

sterkte van hierdie regsfiguur gegroei en ontwikkel het, sou die testamentêre

107 Braun v Blann and Botha hierbo 866B. Volledigheidshalwe kan gemeld word dat die

uiteinde van appèlregter Joubert se uitspraak was dat alhoewel dit verkeerd is om die trust

met ’n fideicommissum gelyk te stel, dit, in die lig van die howe se plig om by veranderende

omstandighede aan te pas, in orde is om die gemeenregtelike beginsel van “special power of

appointment” ook uit te brei na trustees en aan hulle die reg te verleen om sekere inkomste-

en kapitaalbegunstigdes aan te wys uit ’n voorafbepaalde groep van moontlike begunstigdes.

Die hof bevind egter dat daardie gedeelte van die oorledene se testament wat aan die

trustees die mag gee om ’n verdere trust op te rig sonder dat die testateur minstens self

toekomstige trustees aanwys en die wesentlike inhoud van die verdere trustakte voorskryf, te

wyd is en neerkom op delegering van testeerbevoegdheid en dus ongeldig is.

Page 127: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

98

trust sigself losmaak van die fideicommissum en voortaan sui generis

ontwikkel. Dit bly tog belangrik om altyd in gedagte te hou dat hierdie

besondere regsfiguur alhoewel nou sui generis en, onder andere, die regte

wat daaruit mag voortspruit, steeds primêr beoordeel sou word aan die hand

van erkende Suid-Afrikaanse erfregbeginsels.108 Die ontstaansbron van die

trust sou dus steeds ‘n baie belangrike rol in dié verband speel, selfs al is die

figuur nou as ‘n regsfiguur sui generis beskou…

4.3.1.2 Trusts Inter Vivos

Die feit dat, in die geval van die inter vivos trust, daar kontrakterende partye

teenwoordig is, het waarskynlik die Suid-Afrikaanse howe daartoe oorreed om

reeds sedert so vroeg as 1912109 na hierdie figuur te begin kyk vanuit die

oogpunt van die kontraktereg.110

Net soos by die testamentêre trust, is dit ook hier belangrik om van die

relevante uitsprake te bestudeer ten einde ‘n beter begrip te kan vorm vir die

redes waarom die aard van ‘n inter vivos trust as kontraktueel en meer

spesifiek as ooreenstemmend met ‘n beding ten behoewe van ‘n derde gesien

word.

In 1943 in die beslissing van CIR v Estate Crewe 111 som appèlregter

Watermeyer112 die vorige standpunte oor hierdie onderwerp soos volg op:

“It may be that the series of decisions of the Appellate Division

culminating in the case of McCullogh v Fernwood Estate Limited

108 Hierdie aspek word verder ondersoek in hoofstuk 7. 109 Van der Plank v Otto 1912 AD 353. Sien ook McCullogh v Fernwood Estate Limited

1920 AD 204. 110 ‘n Benadering wat vandag nog geld en verder ondersoek sal word in hoofstuk 7. 111 CIR v Estate Crewe 1943 AD 656. 112 CIR v Estate Crewe hierbo 674 e.v.

Page 128: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

99

precludes this court from accepting his113 contention, but, be that as it

may, even assuming that a right of some kind is aquired by the

benificiary, what is its nature? It is clearly inchoate because, until the

benefit stipulated for has been accepted by the beneficiary, he can be

deprived of it by agreement between the contracting parties (see Van

der Plank v Otto 1912 AD 353).”

Dié beslissing het gehandel met ‘n inter vivos trust wat die oorledene, Sir

Charles Crewe, in 1930 opgerig het. Die saak het hoofsaaklik verband gehou

met boedelbelasting en vroeëre erfopvolgingsbelasting (oftewel suksessie-

regte).

Aanvanklik verwys die regter met goedkeuring na Pollock114 waar hy die

grondslag van trusts bespreek en opmerk dat “the complex relations involved

in trusts cannot be reduced to the ordinary elements of contract. Trust, in

fact, is a legal category sui generis.” Nieteenstaande hierdie opmerking neem

hoofregter Watermeyer standpunt in dat daar geen rede is waarom die

probleme rondom trusts in ons regstelsel nie opgelos kan word deur middel

van die beginsels van kontraktereg nie en meer in besonder die beginsels van

toepassing op die sogenaamde beding ten behoewe van ‘n derde.115 Daar

moet aanvaar word dat, omdat die regter nie kon fout vind met die reeks

voorafgaande beslissings nie, hy hom uiteraard daaraan gebonde geag het,

nieteenstaande enige persoonlike sentimente wat hy moontlik kon gehad het.

In 1956 volg die Appèlhof uitspraak van Crookes v Watson.116 Die uitspraak

geld tot op hede as gesag vir die huidige standpunt dat in Suid-Afrika die trust

inter vivos soortgelyk is aan die stipulatio alteri en ‘n begunstigde wat nog nie

113 Dit is De Wet se standpunt met betrekking tot die ontstaan van regte by die beding

ten behoewe van ‘n derde wat ook reeds in besonderhede bespreek is in hoofstuk 2

paragraaf 2.5.2. 114 Pollock On Contracts 205 soos na verwys in CIR v Estate Crewe hierbo 673. 115 CIR v Estate Crewe hierbo 673. 116 Crookes v Watson 1956 1 SA 277 (A).

Page 129: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

100

voordele aanvaar het nie, geen regte verkry uit hoofde van die ooreenkoms

nie.

Die feite van die saak was dat ‘n sekere JJ Crookes (die oprigter) ‘n notariële

trustakte wat ook in die Natalse Akteskantoor geregistreer is, verly het. In

terme van klousule 1 van dié akte het die oprigter weens sy liefde vir sy

dogter sekere aandele in trust aan twee trustees (waarvan die oprigter een

was) oorgedra. Klousule 3 van die akte het soos volg bepaal:

“The settlor shall have no power wholly or partly to revoke, cancel or

annul any of the trusts or provisions hereby declared or to declare any

new or other trusts of and concerning the same or any part thereof, but

the settlor may from time to time add to the trust fund hereby

created.”117

In terme van die verdere trustbepalings moes die trustees die trustbates in

trust hou op sekere voorwaardes: Hulle moes die inkomste volgens hulle

diskresie aanwend vir die opvoeding, onderhoud en ondersteuning van die

oprigter se dogter, Elaine, totdat sy die ouderdom van 25 jaar bereik. Daarna

sou die trustees verplig wees om vir haar lewensduur die netto inkomste van

die trust (tot ‘n maksimum van £1 000 per jaar) aan haar oor te betaal. Na

Elaine se dood moes die trustbates gelykop verdeel word onder haar wettige

afstammelinge of by gebreke aan sodanige afstammelinge gelykop tussen

haar oorblywende broers en afstammelinge van enige vooroorlede broers. By

gebrek aan enige sodanige erfgename, sou die trustbates verdeel moes word

tussen Elaine se ander naasbestaandes. Die trustees het in terme van die

trustakte die trustbates in trust aanvaar.

In 1945 het Elaine die ouderdom van 25 bereik. Die trustees het Elaine die

£1 000 per jaar uit die trustfonds begin betaal en die res van die inkomste

gekapitaliseer - soveel so dat die trustfonds ten tye van die hofsaak £60 000

werd was. Die oprigter wou die trustakte wysig deur aan Elaine eenmalig

117 Crookes v Watson hierbo 282D.

Page 130: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

101

£5 000 uit te betaal en haar jaarlikse vergoeding te verhoog tot die volle netto

inkomste van die trust. Klaarblyklik sou die ander potensiële begunstigdes

hierdeur benadeel word, aangesien hierdie wysiging minstens die

toekomstige groei van die trustfonds sou beperk.

Die trustees het die hooggeregshof genader om ‘n bevel dat die trustakte

aldus gewysig kon word. In hulle aansoek voer die trustees aan dat hulle

geregtig is op die bevel omdat:

(1) “(T)here has been no acceptance by or on behalf of the ultimate

beneficiaries of the benefits conferred by the trust deed;

(2) the acceptance by Elaine of the limited benefit conferred upon

her is not, in law, an acceptance on behalf of such beneficiaries

nor is it sufficient, in law, to render such acceptance

unnecessary;

(3) the acceptance by the trustees of the property for the purposes

of the said trust is not, in law, an acceptance on behalf of such

beneficiaries, nor is it sufficient in law to render such acceptance

unnecessary;

(4) the gift in favour of such ultimate beneficiaries, not having been

accepted by them or on their behalf, may accordingly be revoked

and/or amended by mutual agreement between the settlor or

donor and the said trustees.”118

Alhoewel die hof a quo by monde van regter-president Broome 119 aanvaar het

dat die ware aard van die onderhawige trust ‘n kontrak ten behoewe van

derde partye was en dat sodanige derde partye geen regte bekom voordat

hulle dit nie aanvaar nie, bevind hy op sterkte van die perezius-uitsondering

118 Crookes v Watson hierbo 283C - D. 119 Soos aangehaal deur appèlregter Centlivres in Crookes v Watson hierbo 283G - H.

Page 131: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

102

(“that in the case of the settlement of property in a family the acceptance of

the first donee ensures for the benefit of and is considered an acceptance by

all the donees”) dat Elaine se aanvaarding voldoende was om te veroorsaak

dat die trust in die onderhawige geval nie gewysig kon word nie.

Op appèl dien hierdie saak voor appèlregters Centlivres, Schreiner, Van

Heerden, Fagan en Steyn.

Omdat hierdie uitspraak so belangrik is vir die Suid-Afrikaanse trust inter vivos

word sekere beginsels - wat veral vir doeleindes van hierdie verhandeling van

belang is - verder in besonderhede bespreek aan die hand van die

verskillende regters se uitsprake:

♦ Appèlregter Centlivres

Appèlregter Centlivres begin sy ondersoek by die vraag na welke Romeins-

Hollandse beginsel moontlik ter sprake kan wees.120 Die regter vra die vraag

waarskynlik op sterkte van sy benadering dat die Engelse trustreg nie deel

van die Suid-Afrikaanse trustreg uitmaak nie. Hierdie benadering blyk

duidelik as hy voortgaan en opmerk dat “we are not concerned with the

English law of trusts which has never to my knowledge been held to be

applicable in South Africa”.121

Die regter verwys na die Estate Crewe-beslissing, meer spesifiek die

gevolgtrekking dat die onderhawige tipe trust ‘n beding ten behoewe van ‘n

derde is (wat hy aanvaar). Hy ondersoek dan verder die siening van De Wet

in sy proefskrif122 waarin die skrywer aantoon dat daar drie moontlike

benaderings met betrekking tot die regte van die derde bestaan, naamlik dat:

120 Crookes v Watson hierbo 285E. 121 Crookes v Watson hierbo 285E. 122 De Wet Die Ontwikkeling van die Ooreenkoms Ten Behoewe van ‘n Derde (LLD-

proefskrif 1940 Leiden). Hierdie aangeleentheid is ook reeds bespreek in hoofstuk 2.

Page 132: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

103

1. Sodra so ‘n ooreenkoms ontstaan, die begunstigde onmiddellik

onherroepli ke regte bekom;

2. Die begunstigde geen regte verkry totdat hy aanvaar nie, waarna hy ‘n

ius perfectum verkry jeens die trustees;

3. Die begunstigde wel regte bekom wanneer die ooreenkoms gesluit

word, maar dat hierdie regte afhanklik is van die bedoeling van die

oprigter wat die regte voor aanvaarding kan herroep.123

Ten spyte daarvan dat De Wet en die meeste kritici van sy tyd voorstanders

van die derde moontlikheid is, bevind appèlregter Centlivres dat die tweede

moonlikheid die werklike regsposisie in Suid-Afrika weergee.124 Hy baseer sy

uitspraak op vorige uitsprake wat op sterkte van die stare decisis-beginsel in

ons reg nagevolg moet word. Hy voeg by dat hy in elk geval geen

oorredende argument (“compelling reason”)125 kon vind om daarvan af te wyk

nie.126 Indien sy bevinding foutief is, so voer die regter aan, lê dit nou op die

weg van die wetgewer om die regsposisie te wysig.

♦ Appèlregter Schreiner

Ook dié regter1 2 7 begin sy uitspraak met ‘n verwysing na die vraag of die

Engelse trustreg in Suid-Afrika oorgeneem is. Na aanleiding van appèlregter

Solomon128 se siening dat

123 Crookes v Watson hierbo 286A - C. 124

Sodoende verskil die regter ook van die benadering in Skotland wat in hoofstukke 5

en 6 behandel word. Sien ook Joel Melamed and Hurwitz v Cleveland Estates (Pty) Ltd 1984

3 SA 148 (A). 125 Crookes v Watson hierbo 287B. 126 Crookes v Watson hierbo 287C. 127 Wat die minderheidsuitspraak lewer. 128 Estate Kemp v McDonald’s Trustee hierbo 508.

Page 133: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

104

“… it is thought by many writers that the trusts of English Law took their

origin from the fideicommissa of Roman Law”,

merk appèlregter Schreiner129 op:

“The correctness or otherwise of the view referred to in the last

sentence may be left to the historians of English Law; if it is correct,

that is no reason why we should treat the whole of the English Law of

trusts as part of our law, while if it is incorrect, that is no reason for not

using the English Law of trusts as a valuable field from which, in proper

cases, we may gather suggestions for the development of our own law.

What is of greater importance, however, is that our modern law of

trusts should not be unduly hampered by views regarding its

association with other branches of our own law which may not be

historically justified and which, in any event, should not govern, though

they may sometimes assist, the development of the law of trusts.”

Uit hierdie aanhaling wil dit voorkom asof appèlregter Schreiner die indruk

wek dat hy nie vyandiggesind is teenoor die Engelse trust nie en asof hy nie

noodwendig die trust in ‘n bestaande Romeins-Hollandse regsfiguur wil

inforseer nie.

Wat die basis van die inter vivos trust betref, wys appèlregter Schreiner

daarop dat dit gevaarlik en verkeerd is om ‘n trust inter vivos as ‘n beding ten

behoewe van ‘n derde te beskou:

“Care must be exercised not to force a legal instrument of great

potential efficiency and usefulness into a mould that is not properly

shaped for it.”130

129 Crookes v Watson hierbo 290B - D. 130 Crookes v Watson hierbo 291A.

Page 134: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

105

Appèlregter Schreiner onderskei tussen ‘n trust en ‘n beding ten behoewe van

’n derde. Hy wys daarop dat aanvaarding deur ‘n begunstigde van ‘n trust nie

wesentlik is nie “since he can only be the gainer”. Hy is van mening dat,

alhoewel ‘n ooreenkoms die ontstaansbron van ‘n trust is, dit nie noodwendig

volg dat die trust nou ‘n ooreenkoms is nie. Volgens hom is die trust ‘n

selfstandige regsinstelling wat ‘n eie bestaan kan voer.

Op sterkte hiervan is appèlregter Schreiner die mening toegedaan dat

“where property has been delivered by a settlor to a trustee under an

agreement of trust in favour of third persons, and where there is no

provision for acceptance by such persons but the agreement is

expressly or by necessary implication made irrevocable, there is no

power in the settlor, acting alone or with the concurrence of the trustee,

to cancel or amend the trust agreement.”1 3 1

♦ Appèlregter Van den Heever

Appèlregter Van den Heever sien nie die nodigheid daarin om die trustfiguur

in die Suid-Afrikaanse konteks te erken nie. Hy vind die trustgedagte

onaanvaarbaar en voel dat die figuur nie ‘n selfstandige bestaan regverdig

nie. Hy132 merk in die verband op:

“Shorn of verbiage the trust deed amounts to no more than this: it is a

contract between the settlor on the one side and himself and his by no

means independent nominee on the other, pursuant to which he takes

money out of his one pocket, places it in the other and proceeds to

dictate laws unto himself as to what the fate of that money shall be.”

Appèlregter Van den Heever is gediend met die trust mortis causa, skynbaar

131 Crookes v Watson hierbo 296E. Dit is baie in ooreenstemming met die Skotse model

wat in hoofstuk 6 bespreek word. 132 Crookes v Watson hierbo 297C.

Page 135: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

106

omdat dit reeds kragtens die Twaalf Tafels van die Romeinse reg erken word

in die sin dat gevolg aan die wettige bedoelings van ‘n erflater gegee moet

word.133 Die inter vivos trust staan hom egter glad nie aan nie:

“I can think of no principle in our law according to which the individual

can during his lifetime unilaterally sequester a portion of his estate and

dedicate it to certain ends. I have special difficulty in seeing how he

can in that manner irrevocably benefit persons not as yet conceived. If

he performs an act purporting to do these things I have some difficulty

in seeing how he himself can inhibit his autonomy. It is obvious that a

man may jettison his assets, whereupon they become res nullius at the

mercy of the first occupant. But before someone else has acquired a

right to them he may change his mind and recover his quondam (sic)

property.”134

Op sterkte van dié besondere standpunt kom hy tot die gevolgtrekking dat ‘n

individu nie eensydig ‘n gedeelte van sy bates kan afsonder om sodoende ‘n

“frozen fund which is beyond his reach” 135 te skep nie. Gebaseer op

bestaande kontraktuele beginsels kom hy verder tot die finale gevolgtrekking

dat die “donor” gedurende sy lewe en voor aanvaarding deur die

begunstigdes, sy skenking kan herroep. Wat die trustfiguur betref, voel hy “it

is for Parliament, if so advised, to alter the law”.136 Appèlregter Van den

Heever stem saam met appèlregter Centlivres dat die onderhawige appèl dus

moet slaag.

Olivier137 wys daarop dat appèlregter Van den Heever se probleem eerder

daarin geleë is dat die oprigter ook meteens ‘n trustee is en dat die regter die

133

Crookes v Watson hierbo 297F. 134 Crookes v Watson hierbo 298B. 135 Crookes v Watson hierbo 302D. 136 Crookes v Watson hierbo 303B. 137 Olivier Aspekte van die Reg insake Trusts en Trustees met besondere verwysing na

die Amerikaanse Reg (LLD-proefskrif 1982 UP) 318 e.v.

Page 136: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

107

oprigter en die oprigter wat trustee is, as dieselfde persoon sien. As gevolg

hiervan volg ‘n confusio, letterlik en juridies gesproke.1 3 8 Olivier voer egter

aan dat dit by ‘n trust belangrik is om te onthou dat die identiteit van die

ampsbekleër vir die oomblik nie belangrik is nie. Hy is van mening dat

appèlregter Van den Heever nie die bogemelde gewraakte stellings sou kon

gemaak het as die oprigter van die trust nie een van die trustees was nie.

♦ Appèlregter Fagan

Appèlregter Fagan stem saam met die siening van appèlregter Schreiner en

is ook van mening dat die appèl van die hand gewys moet word.

♦ Appèlregter Steyn

Appèlregter Steyn stem saam met appèlregters Centlivres en Van den Heever

dat die appèl moet slaag. Alhoewel Appèlregter Steyn toegee dat die trust en

die beding ten behoewe van ‘n derde twee regsfigure is wat nie identies is nie,

is hy tog van mening dat, vir doeleindes van die toepaslike beginsels vir

wysiging van ‘n trust, die twee figure oor dieselfde kam geskeer kan word.

Die Appèlhof se uiteindelike meerderheidsuitspraak wat die trustfiguur

gelykgestel het met ’n beding ten behoewe van ’n derde en De Wet se

interpretasie van wanneer regte ten gunste van die derde ontstaan, verwerp

het, het sterk reaksie onder ander juriste ontlok. Daar was diegene wat die

hele gedagte van ’n trust as ’n stipulatio alteri geheel en al verwerp het. Dan

was daar juriste wat met dié idee kon vrede maak. Andere weer kon ook met

die algemene gedagterigting van die hof saamleef, maar nie met die hof se

138 In Van der Merwe v Nedcor Bank BPK 2003 1 SA 169 (HHA) 174G e.v. is bevind dat

’n algemene standpunt van hierdie aard inderdaad verkeerd is. Sien ook Vaal Reefs

Exploration and Mining Co Ltd v Burger 1999 4 SA 1161 (HHA) 1170F - G en 1171B.

Page 137: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

108

interpretasie van die ontstaan van regte van die derdes nie.139 Die

verskillende standpunte verdien verdere aandag.

(1) Teen die gelykstelling met die stipulatio alteri

Olivier140 se standpunt is dat ‘n gepoogde gelykskakeling van ‘n trust met ‘n

beding ten behoewe van ‘n derde slegs tot ‘n bevredigende logiese gevolg

deurgevoer kan word as albei begrippe en die regsposisie van al die partye

vooraf deeglik ontleed is (wat volgens Olivier nie deur die Appèlhof gedoen is

nie). Volgens Olivier het die wesentlike dispuut in die betrokke saak gegaan

oor die moontlike wysiging van ‘n trustakte. Die spesifieke probleem is

benader uit die oogpunt van die kontraktereg en dit kan dus nie bloot afgelei

word dat Crookes v Watson gesag is daarvoor dat ‘n trust en ‘n beding ten

behoewe van ‘n derde in alle opsigte identies is nie. In hierdie verband wys

Olivier dan ook spesifiek op appèlregter Steyn se benadering in sy uitspraak

waar hy toegee dat die twee figure nie identies is nie, maar tog, vir doeleindes

van die toepaslike beginsels vir wysiging van ‘n trust, oor dieselfde kam

geskeer kan word. Olivier voel dat ‘n trust veel meer is as ‘n beding ten

behoewe van ’n derde. Vir Olivier lê die oplossing in appèlregter Van den

Heever se standpunt met betrekking tot ‘n legataris.

“The oft -repeated saying that a legatee does not acquire a legacy

unless he accepts it, misplaces the stress; it would be more correct to

say that he acquires a right to the subject-matter of the bequest unless

he repudiates it.”

Olivier voer verder aan:

“Tensy ‘n mens die posisie van die begunstigde by die inter vivos-trust

139 Sommige juriste was weer van mening dat die hof se siening nie die einde van die

wêreld beteken het vir veral die regte van trustbegunstigdes nie. 140 Olivier Aspekte van die Reg insake Trusts en Trustees met besondere verwysing na

die Amerikaanse Reg (LLD-proefskrif 1982 UP) 325 e.v.

Page 138: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

109

ook die voordeel van ‘n legataris of selfs ‘n begunstigde by ‘n

testamentêre trust gee, is die begunstigde by ‘n inter vivos-trust veel

slegter daaraan toe as sy eweknie of ‘n legataris by ‘n trust mortis

causa of testament. Dit is besli s onbillik, onrealisties en onlogies

omdat die begunstigde van ‘n trust se posisie identies behoort te wees

ongeag wat die ontstaansbron van die trust is.” 141

Dit wil voorkom asof Olivier 142 dus ‘n negatiewe konstruksie voorstaan,

naamlik ‘n reg wat outomaties alle begunstigdes toekom, maar wat ‘n

begunstigde kan weier. Olivier143 doen in elk geval aan die hand dat daar

sedert die Braun-beslissing geen rede bestaan waarom die hof se siening dat

die trust mortis causa nou ‘n regsfiguur sui generis is, nie ook aan die hand

van die Treuhand-beginsel na die trust inter vivos deurgetrek kan word nie.144

Verskeie ander skrywers 145 ondersteun die standpunt dat nie elke trust inter

vivos noodwendig ‘n beding ten behoewe van ‘n derde kan wees nie. Kerr146

is van mening dat die inter vivos trust nie ‘n beding ten behoewe van ’n derde

141 Olivier Aspekte van die Reg insake Trusts en Trustees met besondere verwysing na

die Amerikaanse Reg (LLD-proefskrif 1982 UP) 327. 142 Olivier Trustreg en Praktyk 97 e.v. 143 Olivier Aspekte van die Reg insake Trusts en Trustees met besondere verwysing na

die Amerikaanse Reg (LLD-proefskrif 1982 UP) 21. 144 Gesag vir hierdie opvatting kan ook verkry word uit appèlregter Joubert se standpunt

in Braun v Blann and Botha 866H dat “it is one of the functions of our law to keep pace with

the requirements of changing conditions in our society… The approach of our Courts is to

apply the principles of our law to the development of our law of trusts.” 145 Van der Merwe en Rowland 375; Pollak “Vonnisbespreking Crookes v Watson 1956 1

SA 277 (A)” 1956 Annual Survey 180; Bayer “Vonnisbespreking Crookes v Watson 1956 1

SA 277 (A)” 1956 SALJ 255; Murray “The Nature of a Trust in South African Law” 1958 Acta

Juridica 64. Joubert 1956 THRHR 157 is van mening dat die beginsel, soos in Crookes v

Watson vasgelê, naamlik dat die begunstigde geen regte voor aanvaarding verkry nie,

toepassing vind op beide die fideicommissum inter vivos en die trust inter vivos. Hy is tog die

mening toegedaan dat dit onnodig is om die trust as ‘n beding ten behoewe van ‘n derde te

beskou. Hy voel dat al drie figure liewer afsonderlik hanteer moet word. Hy vra homself die

vraag af of die tyd nie aangebreek het om óf die Engelse trustreg by wyse van wetgewing in

te voer nie, óf die trust alternatiewelik as ‘n regsfiguur uit ons regsbedeling te verwyder nie. 146 Kerr “The Juristic Nature of Trusts Inter Vivos” 1958 SALJ 84 e.v.

Page 139: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

110

is nie, maar moontlik ‘n spesie van dieselfde genus147 is. Kerr148 wys daarop

dat deur hierdie konstruksie na te volg, die Suid-Afrikaanse trust nie net op ‘n

later stadium as die Engelse trust onherroepbaar word nie, maar ook dat

“greater protection is granted in English law to the beneficiary”.

Hahlo149 wys op twee kommerwekkende gevolge voortspruitend uit die

uitspraak in Crookes v Watson. Die eerste verwys na die onmoontlikheid om

ab initio ‘n onherroeplike trust te skep. Sy siening in hierdie verband is dat,

alhoewel die oprigter nie op sy eie die trust na oprigting kan herroep nie, dit

wel kan geskied met “concurrence of the trustee, but in practice the trustee is

almost invariably a creature of the settlor”.150 Sy tweede probleem hou

verband met die moontlike insolvensie van ‘n trustee omdat sy insolvensie

kragtens die stipulatio-konstruksie moontlik kan meebring dat die trustgoedere

in sy insolvente boedel val (behalwe indien die trustee sekerheid gestel het).

Beide gevolge waarna Hahlo verwys, het primêr te make met die regte van

trustbegunstigdes en staaf die punt dat onsekerheid bestaan oor die aard en

inhoud van die betrokke regte.

(2) Ten gunste van die Appèlhof se interpretasie

Ander juriste kon hulle weer vereenselwig met die Appèlhof se siening:151

Swanepoel152 is oortuig dat die trustfiguur - ongeag of dit inter vivos of mortis

causa tot stand kom - in effek ‘n beding ten behoewe van ‘n derde is.

Volgens hom is enige trust uiteindelik gebaseer op twee ooreenkomste,

eerstens die oordrag van die regte van die stigter aan die trustee en tweedens

147 Kerr 1958 SALJ 92. 148 Kerr 1958 SALJ 93. 149

Hahlo “The Trust in South African Law 1961 SALJ 204. 150 Hiermee impliseer Hahlo dat die trustee sal doen wat die oprigter van hom verlang. 151 Laurens “Fideikommis oor onroerende goed: aard van die fideicommissarius se reg”

1983 THRHR 31; Klopper “Sekere Probleme in verband met Inter Vivos Trusts en Getroude

Persone” 1990 SALJ 706. 152 Swanepoel 7 e.v.

Page 140: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

111

die lasbepaling wat by die eerste ingevoeg word om die wyse waarop die

trustgoedere aangewend moet word, te omskryf. Swanepoel sien ook die

fideicommissum inter vivos as ‘n beding ten behoewe van ‘n derde. 153

Vir Swanepoel154 is die saak dus doodeenvoudig:

“Laat ons aanneem dat die beding ten behoewe van ‘n derde dieselfde

is as ‘n fideicommissum inter vivos; dat ‘n trust inter vivos dieselfde is

as ‘n beding ten behoewe van ‘n derde.”

Wat betref die regte van begunstigdes, verskil Swanepoel van De Wet.

Swanepoel155 is die mening toegedaan dat by die inter vivos trust die

begunstigde eers (enige) regte verkry nadat hy aangeneem het en niks

wanneer die ooreenkoms aanvanklik aangegaan word nie. Swanepoel gaan

nog verder en voer aan dat die posisie dieselfde is by ‘n trust mortis causa.

Dit doen hy omdat hy beide tipes trusts sien as bedinge ten behoewe van ‘n

derde.156

(3) Ten gunste van De Wet se interpretasie

Olivier157 se siening is dat ‘n trustbegunstigde op die oomblik van die sluiting

van die trustooreenkoms ‘n aanbod ontvang. Die voordeel wat die

trustbegunstigde kry, is die reg om, as hy wil en so besluit, ‘n kontraktuele

band met die oprigter en/of trustees tot stand te bring. Die keuse wat hy na

eie goeddunke kan uitoefen of afwys, is die voordeel wat ten behoewe van

153 Swanepoel beskou ook die modus en stigting as bedinge ten behoewe van ‘n derde.

Swanepoel 25, 40 en 54. 154 Swanepoel 54. 155 Swanepoel 78. 156 Swanepoel 78. 157 Olivier Aspekte van die Reg insake Trusts en Trustees met besondere verwysing na

die Amerikaanse Reg (LLD-proefskrif 1982 UP) 308.

Page 141: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

112

hom beding word. 158 Hy verkry eers ‘n vorderingsreg as hy aanvaar. 159

Olivier aanvaar dus De Wet se interpretasie van die beding ten behoewe van

‘n derde, maar is van mening dat dit in die lig van die reeds behandelde

regspraak, waarskynlik net van akademiese belang is.

In sy bespreking van die stipulatio alteri wys De Waal160 daarop dat

“(d)ie korrekte teoretiese aard van hierdie soort kontrak is ongelukkig

steeds effens omstrede. In beginsel behoort ‘n stipulatio alteri

gekonstrueer te word as ‘n regshandeling waardeur die kontrakterende

partye, op grond van consensus tussen hulle, vir die begunstigde regte

skep. In die algemeen is die howe egter ten gunste van ‘n konstruksie

ingevolge waarvan die kontrak nie as sodanig regte vir die begunstigde

skep nie; die kontrak is bedoel om die begunstigde die geleentheid te

gee om as ‘n party tot die kontrak toe te tree en so regte te verwerf.”

In Hofer v Kevitt 161 het die Hoogste Hof van Appèl weer geleentheid gekry

om te besin oor die trust inter vivos en die moontlike regte van

trustbegunstigdes. Regter Van Coller162 som die relevante regsvraag waaroor

die hof sig moes uitlaat, met verwysing na Crookes v Watson163 soos volg op:

“The first question to be decided in this appeal is whether a settlor,

having executed a trust deed and having handed over the subject

matter of the trust to two trustees appointed in terms of the deed, one

158 Olivier 308 doen verder aan die hand dat net so min as wat dit nodig is om te sê dat

die geadresseerde by ‘n gewone aanbod ‘n subjektiewe reg tot aanvaarding daarvan verkry,

is dit nodig om binne die raamwerk van die howe se konstruksie van die beding ten behoewe

van ‘n derde, daarvan te praat. 159

Van der Merwe, Van Huysteen, Reinecke, Lubbe en Lotz Kontraktereg Algemene

Beginsels (1994) 188 e.v. 160 De Waal “Die Wysiging van ‘n Inter Vivos Trust” 1998 TSAR 2 328. 161 Hofer v Kevitt 1998 1 SA 382 (SCA). 162 Hofer v Kevitt hierbo 386H. 163 Crookes v Watson hierbo 284B - D.

Page 142: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

113

of whom is himself and the other of whom holds his office during the

pleasure of the settlor, is entitled to amend the deed with the

concurrence of his co-trustee and of the only beneficiary who has

accepted any benefit under the deed, if the result of such amendment

will be to prejudice the rights of other beneficiaries who have not

notified their acceptance of any benefit and who have not agreed to the

amendment.”

Hierdie vraag word bevestigend beantwoord omdat regter Van Coller bevind

dat daar geen rede bestaan om af te wyk van die hof se standpunt in die

Crookes-beslissing nie.

Die regsposisie in Suid-Afrika is dus dat ‘n trust inter vivos ‘n beding ten

behoewe van ‘n derde is. Die begunstigde verkry geen kontraktuele 164 regte

voordat hy nie aanvaar nie. Dit bring mee dat die oprigter en trustee die akte

kan herroep en wysig voor aanvaarding sonder tussenkoms van die

begunstigde.165 Die benadering bring mee dat daar ten opsigte van (ten

minste kontraktuele) regte by die trust inter vivos verder onderskei moet word

tussen die posisie voor aanvaarding deur ‘n trustbegunstigde en die posisie

na aanvaarding.166 Dit is jammer dat die howe, toe hulle die geleentheid

daartoe gehad het, nie ook die inter vivos trust as ’n regsfiguur sui generis

erken het nie! Nie alleen bring die howe se standpunt mee dat die inter vivos

trustbegunstigdes se posisie aansienlik verskil van dié van die mortis causa

trustbegunstigdes nie, maar ook van alle trustbegunstigdes in die ander

regsjurisdiksies wat ondersoek is.

164 In hoofstuk 8 word standpunt ingeneem dat die begunstigde wel ander regte bekom

en die aspek word daar in meer besonderhede bespreek. 165 Selfs al sou die trustakte ‘n duidelike bepaling bevat dat die trustakte nie gewysig

mag word nie, kan die oprigter en die trustee(s) steeds ooreenkom om dit te wysig - Ex Parte

Orchison 1952 3 SA 66 (T); CIR v Estate Merensky 1959 2 SA 600 (A). 166 Hierdie aspek geniet verdere aandag in hoofstuk 7 paragrawe 7.4.4.1 en 7.4.5.3.

Page 143: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

114

4.3.2 Klassifikasie van Suid-Afrikaanse Trusts

Die term “trust” kan in die Suid-Afrikaanse konteks, op ‘n verskeidenheid

konstruksies dui. Dit gee aanleiding tot verskillende benamings vir dieselde

basiese regsfiguur. So ‘n situasie gee verder aanleiding tot verwarring as alle

rolspelers dit nie eens is met presies wat met elke afsonderlike benaming

bedoel word nie. Hierdie verskillende klassifikasies is verder nie bevredigend

nie aangesien verskillende aspekte van die trustfiguur aangewend word om

die trust op ‘n spesifieke wyse te klassifiseer. Veral sommige van die

klassifikasiemetodes van ‘n trust is van wesentlike belang wanneer dit

spesifiek gaan oor die vraag na die aard van die regte van ‘n

trustbegunstigde. Klassifikasie kan onder andere geskied:167

(1) in terme van die aard van die diskresie, al dan nie, wat aan trustees

kragtens ’n trustakte verleen word; en

(2) op sterkte van die ontstaansbron van die trust.

4.3.2.1 Klassifikasie op Grond van Diskresie van Trustees

Hierkragtens word trusts in twee hoofgroepe verdeel, naamlik óf diskresionêre

trusts óf bewindtrusts. 168 Die benamings word primêr afgelei uit die vestiging

al dan nie van regte.

167 Wat hierdie aspek verder bemoeilik, is die moontlikheid dat ‘n enkele trustkonstruksie

verskillende benamings mag hê afhangende van welke aspek van die trust beklemtoon word.

‘n Enkele trust kan so byvoorbeeld ‘n inter vivos diskresionêre besigheidstrust genoem word.

Dit moet ook in gedagte gehou word dat die moontlike klassifikasies wat hier voorgehou word

nie die enigstes is nie. Trusts kan verder ook nog geklassifiseer word op sterkte van die doel

van ’n trust, byvoorbeeld ’n besigheidstrust of ’n familietrust. In hierdie verhandeling word

egter net aandag gegee aan klassifikasie metodes wat die regte van trustbegunstigdes direk

beïnvloed. 168 Stander “Hoe Veilig is Bates in ‘n Trust” 1999 TRW 146.

Page 144: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

115

4.3.2.1.1 Diskresionêre Trusts

In die breë sin169 dui dié term daarop dat daar ingevolge die trustakte aan die

trustee of trustees die bevoegdheid verleen word om ‘n absolute

onbelemmerde170 diskresie uit te oefen om óf begunstigdes aan te wys óf

toedelings aan begunstigdes te maak of te weerhou. ‘n Kombinasie van die

twee aspekte is ook moontlik.171

Nie alleen is die verlening van diskresionêre magte aan trustees, in die

konteks van die trustreg, onlosmaaklik verbonde aan die regsreëls van

toepassing by vestiging van regte in ‘n begunstigde nie,172 maar ook aan die

reëls van toepassing op die sogenaamde “power of appointment”, ook bekend

as bemakingsbevoegdheid. 173

Die leerstuk van bemakingsbevoegdheid spruit voort uit die erfreg en bepaal

dat ‘n testateur sy testament self moet opstel en nie sy testeerbevoegdheid

aan iemand anders mag delegeer nie.174 Hierdie beginsel is soos volg

uiteengesit deur appèlregter Van den Heever:175

“The general policy of our law is that a testator must himself make his

will and cannot commit the discretion as to who shall be beneficiaries

under his will to others.”

169 Daar sal later aangetoon word dat ‘n enger betekenis aan hierdie begrip in die Suid-

Afrikaanse trustreg gekoppel word. 170 Wanneer die regte wat betrokke is by die uitoefening van ‘n diskresie in hoofstuk 9

paragraaf 9.4.2 bespreek word, sal weer na die terminologie verwys word. 171

Olivier Trustreg en Praktyk 114. Sien ook CIR v Sive’s Estate 1955 1 249 SA . 172 Hoofstuk 7 paragraaf 7.4.3. 173 Die onderwerp word onder andere volledig behandel in Corbett et al 357 e.v.; Olivier

Trustreg en Praktyk 114; Cameron et al 583. 174 Corbett et al 357; Olivier Trustreg en Praktyk 115. 175 Estate Watkins-Pitchford v CIR 1955 2 SA 437 (A) 458.

Page 145: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

116

Dié leerstuk moet altyd in gedagte gehou word wanneer die omvang en

geldigheid van ‘n trustee se diskresie oorweeg word. 176 Hierdie reël word

streng deur die howe toegepas en daar bestaan slegs enkele uitsonderings

op die algemene reël.177 Een so ‘n uitsondering is waar ‘n trustee van ’n trust

mortis causa die bevoegdheid ontvang om die inkomste en/of

kapitaalbegunstigdes te kies uit ‘n groep persone wat vooraf deur die

testateur aangedui is.178 Dié uitsondering spruit voort uit die Romeins-

Hollandse beginsel dat ‘n “power of appointment” toelaatbaar was by ‘n

fideicommissum-situasie en wat die appèlhof goedgevind het om ter wille van

regsontwikkeling uit te brei na trusts mortis causa.179

In Braun v Blann and Botha180 het die applikant juis beswaar gemaak teen die

geldigheid van die diskresionêre magte van die trustees:

“The gist of the argument on behalf of the appellant is that a

discretionary trust of the nature contained in clause 4 is invalid since

our law does not allow the conferment of such discretionary powers on

trustees who have no beneficial interests in the property in question.”

Appèlregter Joubert bevestig dat volgens die Romeinse reg, as algemene reël

176 In veral die geval van ‘n trust mortis causa wat aanstons verder bespreek word.

Alhoewel dit volgens Van der Westhuizen 14 en 43 e.v. asook Olivier Trustreg en Praktyk 162

e.v. onseker is of ‘n testamentêre trust volgens die beginsels van die trustreg óf die erfreg

beoordeel moet word, word aan die hand gedoen dat in die lig van die beslissing in Braun v

Blann and Botha hierbo, dit veilig sal wees om ten minste aan die bepalings van die erfreg te

voldoen. 177 Braun v Blann and Botha hierbo; Corbett et al 357 e.v.; Estate Orpen v Estate

Atkinson 1966 4 SA 589 (A). 178 Braun v Blann and Botha hierbo. 179 Braun v Blann and Botha hierbo. 180 Braun v Blann and Botha hierbo 856G.

Page 146: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

117

vereis is dat ‘n testateur sy testament persoonlik moes uitvoer. Appèlregter

Joubert gee egter toe dat:181

“There is, however, an important exception to the rule against the

delegation of will-making power. According to Roman law it was not

necessary that the testator himself should appoint his

fideicommissaries. He could leave to his fiduciary heir or legatee the

task of determining the fideicommissaries by conferring on him a

potestas vel facultas eligendi (a power of appointment or selection) to

select in his discretion the fideicommissary or fideicommissaries from a

specified class of persons (certum genus personarum) designated as a

group by the testator.”182

Die hof wys daarop dat hierdie “power of appointment” kragtens Romeinse

reg slegs by wyse van ‘n fideicommissum geskep kon word.183 Die hof

ondersoek voorts die moontlikheid “to extend to trustees… our common law

powers of appointment”.1 8 4 Die regter wys dan daarop dat die vroeëre

kanonieke reg reeds hierdie magte aan ‘n eksekuteur toegeken het wat ook

geen “beneficial interest” in die bates van die testateur gehad het nie, maar

dan net met betrekking tot bemakings ad pias causas. Die regter kom

uiteindelik tot die gevolgtrekking dat

“(i)t is one of the functions of our law to keep pace with the

requirements of changing conditions in our society. To recognize the

validity of conferring our common law powers of appointment on

trustees to select income and/or capital beneficiaries from a designated

group of persons would be a salutary development of our law of trust

and would not be in conflict with the principles of our law. The

181 Braun v Blann and Botha hierbo 857F. 182 Braun v Blann and Botha hierbo 857G. 183 Die maatstaf was skynbaar dat die persoon aan wie die “power of appointment”

verleen is, ‘n “beneficial interest” in die onderliggende bates moes hê. 184 Braun v Blann and Botha hierbo 866D.

Page 147: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

118

approach of our Courts is to apply the principles of our law to the

development of our law of trusts.”185

Dat hierdie mag om te delegeer egter steeds streng deur ons howe toegepas

sou word, blyk reeds uit appèlregter Joubert186 se slotopmerkings in hierdie

verband:

“(S)he left the appointment of the trustees of such trust and the vital

terms of such trust as regards determination of payment of income

and/or capital entirely to the discretion of her administrators. In my

opinion this amounts to the delegation of will -making power which

exceeds the scope of a mere power of appointment of income and/or

capital beneficiaries from a specified group of persons.”

Omdat hierdie beslissing gehandel het oor ‘n testamentêre trust, kan die

afleiding nie bloot gemaak word dat die beginsels soos neergelê daarin, ook

toepassing sal vind op trusts inter vivos nie.187 Klassifikasie van trusts op

grond van ontstaansbron, wat weldra bespreek sal word, speel dus ook hier ‘n

belangrike rol. Volgens ons regspraak ontstaan inter vivos trusts uit hoofde

van ‘n kontrak en nie ‘n testamentêre instrument nie. 188 Die Braun-uitspraak,

soos reeds gemeld, het suiwer gehandel oor ‘n testamentêre trust. Olivier189

huldig die siening dat die beginsels in verband met testeervryheid, soos

neergelê in die Braun-beslissing, nie per se toepassing behoort te vind op

trusts inter vivos-gevalle nie. Hy doen tog aan die hand dat gewaak moet

word teen vaagheid of afwesigheid van duidelike norme vir ‘n

beskikkingsbevoegdheid by trusts inter vivos aangesien dit weer die

geldigheid van so ‘n trust in gedrang kan bring in terme van die

185 Braun v Blann and Botha hierbo 866H. 186 Braun v Blann and Botha hierbo 867E. 187 Van der Westhuizen 14 e.v. ook 35 e.v.; Olivier Trustreg en Praktyk 118 e.v. 188 Van der Westhuizen 15 e.v. 189 Olivier Trustreg en Praktyk 118 e.v.

Page 148: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

119

geldigheidsvereistes van ‘n kontrak. Olivier190 doen dan aan die hand dat die

riglyne wat by die testamentêre trust neergelê is, dus ook nagevolg behoort te

word by inter vivos trusts, alhoewel nie voortspruitend uit testamentêre

vereistes nie, maar weens neergelegde geldigheidsvereistes vir kontrakte in

Suid-Afrika.

Onderhewig aan die algemene “power of appointment”-reëls kan ‘n oprigter

kragtens ‘n trustakte mortis causa191 aan ‘n trustee een of meer van die

volgende diskresies verleen: 192

(1) Die bevoegdheid om te bepaal watter begunstigdes uit ‘n spesifieke

groep bevoordeel moet word.193

(2) Die bevoegdheid om te bepaal wat die omvang, die wyse en die tydstip

van die uitkering moet wees.194

In die Suid-Afrikaanse konteks verwys die benaming “diskresionêre trust”195

normaalweg slegs na daardie trusts waarvan die trustees die bevoegdhede

190 Olivier Trustreg en Praktyk 118 e.v. 191 Volgens Olivier geld dieselfde ook vir trusts inter vivos. 192 Hierdie aspek word ondersoek en bespreek deur Strydom Die Aansprake van ‘n

Trustbegunstigde in die Suid-Afrikaanse Trustreg (LLD-proefskrif 2001 PU vir CHO) 106 e.v. 193 Hier gaan dit oor die trustee se reg om ‘n bepaalde persoon of persone, uit ‘n vooraf

omskrewe groep, aan te dui as uiteindelike begunstigdes. Indien die trustee oor hierdie

bevoegdheid beskik, sal ‘n begunstigde nooit seker wees of hy enige bevoordeling uit die

trust sal ontvang totdat die trustee ‘n diskresie daaroor uitgeoefen het nie. Word die diskresie

uitgeoefen (of indien die trustakte die begunstigde spesifiek aanwys), vestig ‘n begunstigde

se regte. Soos in besonderhede bespreek in hoofstuk 7 paragraaf 7.4.4.1 vestig regte as

sekere vereistes teenwoordig is, naamlik ‘n bepaalde lewende persoon wat beskik oor ‘n

onvoorwaardelike reg. 194 Hierdie diskresionêre bevoegdheid raak nie die vestiging van die begunstigde se

regte nie. Hier gaan dit slegs oor die uitstel van genot en hierdie diskresie sal veral

toepassing vind by die bewindtrust of by ‘n kombinasie van reeds uitgeoefende diskresies en

die inhoudelike bepalings van die trustakte. 195 Na hierdie trusts word ook verwys as “eiendomstrusts”.

Page 149: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

120

het soos in (1) hierbo vermeld.196 In terme van hierdie omskrywing val trusts

waar die trustees slegs ‘n diskresie het ten opsigte van die omvang, die wyse

en die tydstip van verdeling van voordele, nie onder die beskrywing

“diskresionêre trust” nie.

4.3.2.1.2 Bewindtrusts

Onder hierdie tipe trust197 word verstaan dat die begunstigde asook die

voordele wat hom toeval, finaal en duidelik in die trustdokument neergelê

word. Die trustee het geen diskresie ten opsigte van keuse van begunstigde

of toekenning van voordele nie. Hier is die bedoeling duidelik dat die

begunstigde gevestigde regte verkry. Die genot van hierdie regte word egter

kragtens trusteemagte uitgestel met betrekking tot omvang, die wyse en die

tydstip van verdeling van die voordele voortspruitend uit die gevestigde

regte.198

4.3.2.2 Klassifikasie op Grond van Ontstaansbron

Soos vroeër in hierdie hoofstuk aangetoon en net soos elders in die ander

regsjurisdiksies wat bespreek word, erken die Suid-Afrikaanse reg ook dat

trusts óf by wyse van testament (dus mortis causa) óf inter vivos opgerig kan

word. In die Suid-Afrikaanse konteks word egter beslis meer gewag gemaak

196

Die vraag of ‘n trustee oor ‘n algeheel onbelemmerde en absolute diskresie beskik,

sal beantwoord moet word aan die hand van die inhoud van die trustakte - sien ook in die

verband hoofstuk 9 paragraaf 9.4.2. 197 Na hierdie tipe trusts word ook verwys as “vestigingstrusts”. 198 Alhoewel trustees ook oor ‘n diskresie beskik, val hierdie tipe trusts egter nie onder

die “definisie” van die enger begrip “diskresionêre trusts” nie, aangesien die diskresie in die

geval van ‘n bewindtrust nie vestiging van regte kan beïnvloed nie.

Page 150: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

121

van die verskil in ontstaansbron en vind verskillende regsreëls toepassing na

gelang die geval of ‘n trust testamentêr of inter vivos opgerig is.199 Wanneer

‘n trust op hierdie wyse geklassifiseer word, word tussen trusts onderskei op

grond van die vraag of die trust geskep is in ‘n testamentêre geskrif, of

andersins in terme van ‘n oprigtingshandeling van die trustoprigter tydens sy

lewe.

4.3.2.2.1 Testament as Ontstaansbron

‘n Testateur kan as algemene reël, onderworpe aan sekere duidelik

omskrewe uitsonderings,200 volgens die Suid-Afrikaanse reg deur middel van

sy testament regsverhoudings in die lewe roep soos dit hom behaag. 201 Een

so ‘n verhouding, wat reeds vir jare in die Suid-Afrikaanse reg erkenning

geniet, is 'n trustverhouding.202 In die geval van ‘n testamentêre trust203 is die

oprigtingshandeling deel van ‘n eensydige en vrywillige wilsuiting wat regtens

en op voorgeskrewe wyse plaasvind en waardeur ‘n persoon bepaal wat met

sy nalatenskap na sy dood moet gebeur.204

Dit staan die testateur vry om sy eie woorde te gebruik om aan sy wense205

uitdrukking te gee. Om gevolglik ‘n testamentêre trust uit te lê of te

199 ‘n Enkele voorbeeld hiervan is die feit dat die regsbeginsel bekend as “power of

appointment” volgens die Appèlhof in Braun v Blann and Botha hierbo beslis geld in die geval

van testamentêre trusts, maar volgens skrywers soos Olivier en Van der Westhuizen nie

noodwendig toepassing vind by trusts inter vivos nie. Vergelyk ook Van der Westhuizen 14 en

Olivier Trustreg en Praktyk 20 en 37 e.v. 200 Van der Merwe en Rowland 481. 201 Van der Merwe en Rowland 250 e.v. en 481; Bydawell v Chapman 1953 3 SA 514

(A); Ex Parte Jewish Colonial Trust Ltd: In Re Estate Nathan 1967 4 SA 397 (N); Ex Parte

Hugo 1960 1 SA 773 (T); Ex Parte Adamson 1960 3 SA 204 (N). 202 Die erkenning van die trustfiguur mortis causa is bespreek in paragraaf 4.2.1.3. 203 Hierdie tipe trust staan ook bekend as ‘n “trust mortis causa”. 204 Van der Merwe en Rowland 481. 205 Hierdie wense kan insluit die oprigting van ‘n trust vir al of sommige van die erflater

se bates, en ten opsigte van een of meer van sy erfgename.

Page 151: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

122

interpreteer, moet die primêre reël wat by testamentuitleg geld, gevolg word,

naamlik:

“…to ascertain the wishes of the testator from the language used. And

when these wishes are ascertained, the court is bound to gi ve effect to

them, unless we are prevented by some rule of law from doing so.” 206

Trusts mortis causa word primêr beoordeel aan die hand van die reëls van die

erfreg. 207

4.3.2.2.2 Oprigtingshandeling in Lewe as Ontstaansbron

‘n Trust wat opgerig word deur ‘n trustoprigter op ‘n ander wyse as deur

middel van sy testament, staan bekend as ‘n inter vivos trust.208 By die trust

inter vivos geskied die oprigtingshandeling daarvan prakties gesproke ook

deur ‘n eensydige optrede van die oprigter.209 Die oprigter bepaal eensydig of

hy ‘n trust wil oprig, welke bates daarin opgeneem sal word, wie die

begunstigde(s) is, hoe en wanneer laasgenoemde(s) voordele uit die

trustbates en inkomste sal kry, wat die aard en omvang van die voordele sal

wees, welke magte die trustee(s) het en al die ander gewone

trustbepalings.210 Die aanvaarde regsposisie is egter dat ‘n inter vivos trust

206 Waarnemende hoofregter Innes in Robertson v Robertson’s Executors 1914 AD 503

507; Corbett et al 447 e.v. 207 Paragraaf 4.3.1.1; Braun v Blann and Botha hierbo. Gesien vanuit die standpunt wat

in die verhandeling ingeneem word, dat ‘n trust inter vivos nie net suiwer kontraktueel van

aard is nie, maar ook fidusiêr van aard is, kan die afleiding gemaak word dat dieselfde ook

geld vir die trust mortis causa. In laasgenoemde geval behoort testamentêre

trustbegunstigdes se regte ook beoordeel te word vanuit die oogpunt van hierdie sui generis

fidusiêre verhouding tussen trustee en begunstigde. Hierdie aspek word bespreek in

hoofstuk 8. 208 Trusts kan ook opgerig word in terme van hofbevele en ook mondelings. Sodanige

trusts is welliswaar in die minderheid in Suid-Afrika. 209 Olivier Trustreg en Praktyk 29. Net soos die geval is met ‘n trust mortis causa. 210 Olivier Trustreg en Praktyk 30.

Page 152: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

123

by wyse van ‘n kontrak tussen oprigter en trustee tot stand kom. 211 ‘n

Meersydige oprigtingshandeling (’n kontrak) word dus veronderstel.212 Die

gewone konstruksie- of interpretasiereëls wat vir kontrakte geld, behoort dan

ook vir ‘n inter vivos trust te geld.2 1 3 Dié reëls kan, in navolging van Cinema

City (Pty) Ltd v Morgenstein Family Estates (Pty) Ltd ,214 soos volg uiteengesit

word:

“…the ‘golden rule’ of interpretation, which was enunciated by Innes J

in this Court almost 70 years ago: The golden rule applicable to the

interpretation of all contracts is to ascertain and to follow the intention

of the parties; and, if the contract itself, or any evidence admissible

under the circumstances, affords a definite indication of the meaning of

the contracting parties, then it seems to me that a court should always

give effect to that meaning.”

4.3.2.2.3 Samevatting

Die Suid-Afrikaanse regspraak onderskei duidelik tussen die trust mortis

causa en die trust inter vivos aan die hand van hul ontstaansbronne en die

gevolg daarvan is ‘n duidelike verskil in hantering van hierdie verskillende

tipes trusts na die ontstaan daarvan.215 Die trust inter vivos word tans (na

ontstaan) as ‘n beding ten behoewe van ‘n derde deur die regspraak

beskou.216 Die algemene uitlegreëls vir kontrakte geld vir trusts inter vivos

omdat, soos reeds aangedui, dit in die Suid-Afrikaanse reg aanvaar word dat

211 Crookes v Watson 1956 1 SA 277 (A); CIR v Estate Crewe 1943 (AD) 656 674. Sien

hoofstuk 4 paragraaf 4.3.1.2 hierbo. 212 Olivier Trustreg en Praktyk 31. 213

Sea Plant Products Ltd v Watt 2000 4 SA 711 (C) 720G. Sien ook Moosa v Jhavery

1958 4 SA 165 (D & CLD) 169D e.v. asook Mohamed v Ally 1999 2 SA 42 (SCA) 46 e.v. 214 Cinema City (Pty) Ltd v Morgenstein Family Estates (Pty) Ltd 1980 1 SA 796 (A) 804. 215 Die verskil in hantering geld egter nie noodwendig met betrekking tot alle

aangeleenthede nie. 216 Paragraaf 4.3.1.2.

Page 153: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

124

die ontstaansbron van die trust inter vivos ‘n kontrak is.217 Trusts mortis

causa (alhoewel ‘n regsfiguur sui generis) word, soos reeds aangetoon,

beoordeel aan die hand van die reëls van die erfreg omrede, in hierdie geval,

die ontstaansbron van die trust mortis causa ‘n testament is.218

Olivier219 betoog dat daar geen rede bestaan waarom hierdie twee tipes trusts

van mekaar onderskei moet word net vanweë die feit dat die ontstaansbronne

van elkeen verskil het nie. Hiermee stem Strydom220 saam.

Die howe wou (nog) nie erkenning gee aan die Engelse trustidee as ’n

onafhanklike regsfiguur wat, soos elders in die jurisdiksies wat hierin

ondersoek word, op verskillende wyses kan ontstaan, maar na ontstaan

daarvan aan dieselfde reëls onderworpe is nie. 221 Elders was dit maklik om

eenvormigheid te behou omdat alle trusts, na oprigting daarvan op welke

wyse ook al, beskou word as ’n vertrouensverhouding sui generis waaruit

bepaalde regte en verpligtinge spruit en dus op ’n bepaalde wyse beoordeel

en bedryf moet word.222 Nadat ’n trust elders opgerig is, ontstaan ’n unieke

regsfiguur met besondere eienskappe en een stel reëls wat dit beheers. In

Suid-Afrika word egter op die oog af geleer dat, selfs na die ontstaan van die

trustfiguur, verskillende reëls geld na gelang ’n trust testamentêr of inter vivos

217

Aspekte soos wilsooreenstemming, bedoeling en duidelikheid van terme kom ook

hier ter sprake. 218 Paragraaf 4.3.1.1. 219 Olivier Trustreg en Praktyk 39. 220 Strydom 119. 221 Hierdie aspek word in hoofstukke 3, 5 en 6 bespreek. 222 Hierdie aspek word bespreek in hoofstuk 6.

Page 154: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

125

ontstaan.223 Die afleiding hieruit kan selfs wees dat twee verskillende

regsfigure ter sprake is - dit is tog onsinnig.

Om te leer dat die oprigtingshandeling van ’n trustfiguur, na oprigting daarvan,

so ’n beslissende rol speel is verkeerd. Elders in die Suid-Afrikaanse

regstelsel geld hierdie benadering tog nie. Of ’n vennootskapsooreenkoms of

lasgewingskontrak 224 tog mondelings of skriftelik opgerig is affekteer nie so ’n

kontrak se werking na oprigting nie. ’n Koopkontrak van roerende goedere

word tog aan dieselfde reëls onderwerp nadat dit óf mondelings óf skriftelik

opgerig is. ’n Testamentêre voorkoopsreg word tog na uitoefening van die

voorkoopsreg oor dieselfde kam geskeer as ’n voorkoopsreg wat inter vivos

verleen word en daarna uitgeoefen word. Daar is niks verkeerd daarmee om

voorskrifte neer te lê vir die geldigheid van ’n oprigtingshandeling nie,225 maar

nadat die oprigting dan geldig plaasgevind het, behoort ’n eenvormige stel

reëls vir die betrokke regsfiguur te geld, ongeag hoe dit opgerig is.226

Toegepas op die trustfiguur word dus aan die hand gedoen dat dit in orde is

om reëls neer te lê betreffende die geldige oprigting van dié figuur. Dit sal

ook nie verkeerd wees om verskillende oprigtingsreëls neer te lê afhangende

van die vraag of ’n trust, byvoorbeeld inter vivos of mortis causa opgerig word

223 Tot dusver het die howe hierdie standpunt hoofsaaklik gehuldig waar dispute bestaan

het oor die geldigheid van wysiging van trusts en beslis moes word oor die vraag of

begunstigdes enige sê in die verband behoort te hê. Soos reeds aangetoon, geld die basiese

vereiste van identifisering van begunstigdes egter vir alle trusts. Terminologies word in

gevalle van trusts mortis causa verwys na die beginsel van “power of appointment” en by

trusts inter vivos na sekerheid van kontraksterme, maar die vereistes is dieselfde. Trouens

dit is ‘n vereiste wat in al die ander jurisdiksies wat ondersoek is, bestaan. Die onderliggende

rede vir hierdie vereiste is die siening dat een van die wesenskenmerke van ‘n suiwere trust,

identifiseerbare begunstigdes met regte is in wie se guns die howe nakoming van

trustbepalings kan gelas. 224 Hierdie aangeleentheid word verder bespreek in hoofstuk 8 paragrawe 8.2.1 en 8.2.2. 225 Hier word byvoorbeeld gedink aan die formaliteite wat voorgeskryf word vir ‘n

koopkontrak van grond in terme van die Wet op Vervreemding van Grond 68 van 1981.

Nadat dit nagekom is, geld dieselfde kontraktuele beginsels as, byvoorbeeld by ‘n mondelinge

koopkontrak van vee. 226 Dit is immers wat in die ander regsjurisdiksies gebeur.

Page 155: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

126

nie.227 Sodra ’n trust egter ontstaan, is dit verkeerd om dieselfde regsfiguur

daarna aan verskillende reëls te onderwerp, wat steeds afhang van die aard

van die oprigtingshandeling.228

4.3.3 Definisie en Essentialia van ’n Suid-Afrikaanse Trust

In ’n poging om die wesenskenmerke, oftewel essentialia, van die trustfiguur

te identifiseer, is dit nodig om eers die trust na behore te definieer. Op hierdie

wyse kan moontlik vasgestel word wat die aard en omvang van enige regte is

wat uit die trustfiguur voortspruit en wie die begunstigdes van die verskillende

regte is. So ‘n ondersoek is essensieel ten einde duidelikheid te verkry

omtrent die kernvraagstuk van hierdie verhandeling, naamlik die aard en

omvang van die regte van trustbegunstigdes in Suid-Afrika.

Daar is reeds vasgestel dat trusts, volgens die Suid-Afrikaanse reg,

diskresionêr of vestigend (bewindtrusts) kan wees. Trusts kan ook mortis

causa of inter vivos opgerig word. Hierdie verskillende trustklassifikasies

bring klaarblyklik verskillende resultate mee wat betref die aard van regte

voortspruitend daaruit en ook die regsreëls waarvolgens dié figure beoordeel

moet word. Die vraag wat nou weens hierdie verskillende trustklassifikasies

ontstaan, is of ‘n eenvormige definisie vir die trust moontlik is.

227 So kan byvoorbeeld bepaal word dat ‘n trust mortis causa net geldiglik tot stand kan

kom mits die trustdokument voldoen aan die normale geldigheidsvereistes van ‘n testament

en eers ontstaan en dus afdwingbaar word na die dood van die oprigter. In die geval van die

trust inter vivos kan byvoorbeeld bepaal word dat die trustdokument altyd op skrif moet wees

en altyd gewysig of herroep kan word tot voordat ‘n trust ontstaan - volgens die huidige

regsposisie dus voor uitreiking van die magtigingsbrief. 228 As verskillende reëls steeds moet geld, welke reëls sal dan geld vir ‘n trust wat

opgerig is kragtens ‘n hofbevel of kragtens wetgewing?

Page 156: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

127

4.3.3.1 Definisie van ‘n Trust

As gelet word op die verskeie pogings van skrywers om die trustfiguur te

definieer, is De Waal229 reg waar hy opmerk:

“One can hardly write on the law of trusts without first defining ‘trust’.

This, however, is surprisingly difficult. As Hayton has perceptively

remarked: ‘Like an elephant, a trust is difficult to describe but easy to

recognize.’”

Hiemstra en Gonin230 definieer ‘n trust as ‘n afgesonderde vermoënsdeel

waaraan ‘n bepaalde bestemming gegee word. Hulle verwys ook daarna as

‘n vertrouensverhouding.

Volgens appèlregter Solomon:231

“The underlying conception in these and other cases is that while the

legal dominium of property is vested in the trustees, they have no

beneficial interest in it but are bound to hold and apply it for the

purpose of some persons or for the accomplishment of some purpose.”

Volgens Olivier232 verwys ‘n trust in die enge sin na die regsverskynsel waar

‘n tussenpersoon, ‘n trustee genoem, in ooreenstemming met die uitgesproke

wense van ‘n ander persoon, die oprigter of skenker genoem, goed as

eienaar hou, nie vir die trustee se eie persoonlike voordeel nie, maar ten

behoewe van bepaalde of bepaalbare persone of vir ‘n onpersoonlike doel.

229 De Waal 2000 SALJ 548. 230 Hiemstra en Gonin Drietalige Regswoordeboek (1992) (3e uitgawe) (6e druk (2005)). 231 Estate Kemp v McDonald’s Trustee hierbo 508. 232 Olivier Trustreg en Praktyk 4 en 5.

Page 157: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

128

Volgens De Waal233 is ‘n trust

“…in the most general sense an arrangement under which one person

is bound to hold or administer property on behalf of another person or

for an impersonal object and not for his own benefit”.

Oor hierdie aangeleentheid laat Cameron et al234 hulle soos volg uit:

“In the wide sense a trust exists whenever a person is bound to hold or

administer property on behalf of another or for some impersonal object

and not for his own benefit. Such a person has at the minimum a duty

to keep the property he administers separate from his own and to avoid

a conflict between his own interest and that of the other person or

object. In this wide sense a trustee is any person so holding or

administering property. Such trustees include tutors administering their

pupils’ property, curators of mental patients or prodigals and agents

who hold money or goods for their principals.”

’n Trust kan dus skynbaar in algemene terme of, soos reeds uit Olivier se

omskrywing hierbo blyk, in enger terme omskryf word. Dit is nou belangrik

om eers vas te stel of daar dan ‘n trust in ‘n wye of losse sin bestaan teenoor

‘n trust in ‘n engere of meer beperkte sin en of die laasgenoemde tipe trust

bloot ‘n onderafdeling uitmaak van die eersgenoemde tipe trust.235

Uit die pas aangehaalde aanhaling van Cameron et al blyk dit dat ‘n trust in

die wye sin te make het met aangeleenthede waar die trustee van so ‘n trust

moontlik nie noodwendig reghebbende van die goed onder sy beheer hoef te

233 De Waal 2000 SALJ 3 548. 234 Cameron et al 3. 235 Nie net mag dit wees dat die essensiële vereistes verskil nie, dit mag ook wees dat

statutêre erkenning en beskerming nie noodwendig aan beide soorte verleen word nie - sien

net hierna.

Page 158: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

129

wees nie, maar hy kán ook reghebbende wees.236 Joubert 237 is van mening

dat ‘n trustee in die wye sin nooit eienaar of reghebbende van bates onder sy

beheer kan wees nie (in die eng sin moet hy wees). Joubert2 3 8 merk dan ook

op:

“Die kenmerk van die gebruikmaking van die woord ‘trustee’ in wye sin

is dat dit dui op iemand wat iemand anders se vermoënsregtelike

belange behartig sonder om reghebbende ten opsigte daarvan te hoef

te wees.”

Die trust in die engere sin word soos volg deur Honoré en Cameron239

beskryf:

“In the strict or narrow sense a trust exists when the creator of the trust,

whom we will call the founder, has handed over or is bound to hand

over to another the control of property which, or the proceeds of which,

is to be administered or disposed of by the other (the trustee or

administrator) for the benefit of some person other than the trustee as

beneficiary, or for some impersonal object. A trust in this sense

creates a fiduciary obligation and is a species of the genus ‘trust’ in the

wide sense. Its special feature is that the trustee or administrator acts

not in his private but in an official capacity other than one of the

nominate official capacities (tutor, curator, executor, public official)

referred to above.”

Hieruit volg dat Honoré, en later Cameron et al die trust in die engere sin

beoordeel na aanleiding van die hoedanigheid waarin die trustee optree en

nie noodwendig wie reghebbende van die trustbates is nie. Volgens hierdie

236 Soos net hierna sal blyk, is dit alles behalwe ‘n algeheel aanvaarbare stelling. 237 Joubert 1968 THRHR 124. 238 Joubert 1968 THRHR 125. 239 Honoré en Cameron Honoré’s South African Law of Trusts (1992) 3. Dit word ook

bykans woordeliks so herhaal in Cameron et al 4. (My onderstreping).

Page 159: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

130

skrywers is die trust in die engere sin, net soos voogdyskap of

eksekuteurskap, ‘n spesie van die trust in die wye sin, ongeag waar die

eienaarskap gesetel is.

Joubert240 verwys in die verband na Honoré se “verbysterende stelling” as hy

na Honoré se siening verwys dat ‘n trustee in die eng sin nie eienaar van die

trustbates hoef te wees nie. Vir Joubert241 volg dit noodwendig dat ‘n trustee

in die eng sin te alle tye reghebbende van die trustbates moet wees. Hy merk

op dat

“Die grondidee by ‘n bestaande trust in enge sin … is dat die trustee

qua trustee eienaar of reghebbende van die trustbates is, nie vir sy eie

voordeel nie, maar om die trustbates, met inbegrip van die inkomste of

opbrengs daarvan, aan te wend ten behoewe van ‘n bepaalde of

bepaalbare begunstigde of ter vervulling of bevordering van ‘n

onpersoonlike doel.”242

Ook ander skrywers verskil van Honoré en Cameron.243 In teenstelling met

Honoré en Cameron se siening is Olivier244 van mening dat by die trust in die

engere sin, die trustee die reghebbende of eienaar van die trustbates moet

wees. Olivier verskil dus van Honoré en Cameron se standpunt dat die

openbare amp van die trustee die onderskeidende kenmerk is. Hy laat die

klem val op waar die beheer van die trustbates lê. Olivier kritiseer egter nie

die feit dat ‘n trustee ‘n openbare amp beklee nie. Vir hom is dit egter nie die

absolute onderskeidende kenmerk tussen die trust in die wye en die trust in

die eng sin nie.

240 Joubert 1968 THRHR 129 en 131. 241 Joubert 1968 THRHR 124 e.v. 242 Joubert 1968 THRHR 130. 243 Van der Merwe en Rowland het aanvanklik verskil - sien byvoorbeeld hul 4e uitgawe

337, maar in hulle 6e uitgawe 333 e.v. stem hulle nou saam met Cameron. Olivier Trustreg

en Praktyk 111. 244 Olivier Trustreg en Praktyk 111.

Page 160: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

131

Volgens Honoré245 asook Cameron et al2 4 6 vorm die trust in die engere sin

bloot ‘n onderafdeling van die trust in die wye sin. Die openbare amp en die

fidusiêre posisie van die trustee by die trust in die engere sin onderskei die

trust in die engere sin van die trust in die breë sin. 247 Volgens Honoré is ‘n

trust in die engere sin dus deel van ‘n trust in die wye sin, maar ‘n trust in die

wye sin is nie deel van ‘n trust in die engere sin nie. Volgens hierdie skrywer

en ook Cameron kan die trustee in die engere sin óf slegs ‘n administrateur óf

dan nie-reghebbende bewindvoerder óf ‘n reghebbende wees. So ‘n trustee

beklee egter te alle tye ‘n openbare amp wat lei tot ‘n fidusiêre verhouding.248

Anders gestel, is ’n trust sonder ’n fidusiêre verhouding, nie ’n trust in die

engere sin nie.

Olivier249 en Joubert250 kan glad nie insien dat die trust in die engere sin ‘n

onderafdeling van die trust in die wye sin kan uitmaak nie. Hulle ontken die

moontlikheid van ‘n sambreelbegrip. Volgens hulle is daar doodeenvoudig

twee kategorieë trusts wat nie kan oorvleuel nie en wat bepaal word aan die

hand van die inhoud van die trustee se aansprake. Joubert 251 is van mening

dat die trustee in die wye sin die enigste nie-reghebbende van trustgoed kan

wees. Volgens hom is dit in die geval van die trust in die eng sin eenvoudig

so dat die trustee altyd reghebbende van die trustgoed moet wees.252 Vir

Olivier is die trust in die wye sin sinoniem met die bewindt rust.253

In 1988254 het die Suid-Afrikaanse wetgewer ‘n definisie vir ‘n trust neergelê.

245 Honoré The South African Law of Trusts (1976) (2e uitgawe) 199 e.v. 246 Cameron et al 5. 247 Honoré 2; Honoré en Cameron 3. 248

Sien verder hoofstuk 8. 249

Olivier Trustreg en Praktyk 2. 250 Joubert 1968 THRHR 124 e.v. 251 Joubert 1968 THRHR 126 e.v. 252 Joubert 1968 THRHR 130. 253 Olivier Trustreg en Praktyk 111 e.v. 254 Wet op die Beheer oor Trustgoed Wet 57 van 1988.

Page 161: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

132

Hiervolgens is ‘n trust gedefinieer as:

“die reëling waardeur een persoon se goed uit hoofde van ‘n

trustdokument -

(a) aan iemand anders, die trustee, in die geheel of gedeeltelik in

eiendom oorgemaak of nagelaat word om ooreenkomstig die

voorskrifte van die trustdokument geadministreer te word of oor

beskik te word tot voordeel van die persoon of klas van persone

in die trustdokument omskryf; of

(b) aan die bevoordeeldes in die trustdokument aangewys in eiendom

oorgemaak of nagelaat word, welke goed ingevolge die

trustdokument onder die beheer gestel word van iemand anders,

die trustee, om ooreenkomstig die voorskrifte van die

trustdokument geadministreer te word of oor beskik te word tot

voordeel van die persoon of klas van persone in die trustdokument

aangewys of ter bereiking van die doel in die trustdokument

omskryf, maar nie ook die geval waar iemand die goed van ‘n

ander moet administreer as eksekuteur, voog of kurator ingevolge

die bepalings van die Boedelwet, 1965 (Wet No. 66 van 1965),

nie.”255

Uit die woordomskrywing blyk dit dat die wetgewer beide trusts waar die

trustee eienaar256 van die trustgoed is en waar die trustee nie eienaar is

nie,257 maar bloot bewindvoerder van die trustbates is, binne die omvang van

die algemene beskouing van ‘n trust wil insluit.

255 Wet op die Beheer oor Trustgoed Wet 57 van 1988, artikel 1 definisie van ‘trust’. 256 Hier word verwys na die diskresionêre trust ook bekend as die “eiendomstrust’. 257 Hiermee word bedoel die bewindtrust ook genoem die “vestigingstrust”.

Page 162: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

133

Die vraag wat presies onder die definisie van ‘n trust tuisgebring kon word,

het al die aandag van ons howe geniet. 258 In hierdie verband merk regter

Friedman259 op:

“In our judgement, the term ‘trust’ as defined in the TPC Act relates to a

trust in the strict or narrow sense.”

Die hof ondersteun dus klaarblyklik Honoré en Cameron et al se standpunt

dat net die trust in die engere sin statutêre regulering geniet.260

‘n Trust in die engere sin, in die Suid-Afrikaanse reg, omvat twee tipes

konstruksies. Die eerste konstruksie behels dat die trustee eienaar van die

trustbates word, maar ten behoewe van die trustbegunstigdes. Na hierdie

tipe trust word in die algemeen verwys as ‘n diskresionêre of

“eiendomstrust”.261 Ingevolge die tweede konstruksie word die trust-

begunstigde eienaar van die trustbates en neem die trustee bloot die beheer

en administrasie van die bates waar. Hierdie tipe trust staan as ‘n

“bewindtrust” of “vestigingstrust”, bekend. In beide gevalle ontstaan ‘n

fidusiêre verhouding sodra die trust tot stand kom en daarsonder kan ‘n trust

in die engere sin dus nie tot stand kom nie.

Waar voortaan van die term “trust” gebruik gemaak word, word bedoel die

trust in die engere sin soos deur Cameron en die wetgewer beskryf en waar

258 Conze v Masterbond Participation Trust Managers (Pty) Ltd 1996 3 SA 786 (K). Ook

Olivier “The Law of Trusts: Some Reflections on Recent Decisions” 1997 TSAR 770 e.v. 259 Conze v Masterbond Participation Trust Managers (Pty) Ltd hierbo 794G. Hoe

presies die hof tot hierdie gevolgtrekking gekom het, is moeilik om te bepaal aangesien dit

aanvanklik blyk dat Olivier se konstruksie gevolg word naamlik dat by ‘n trust in die engere sin

“the trustee becomes owner” op 794E. 260 Sien ook Honoré “On Fitting Trusts into Civil Law Jurisdictions” Geen Datum 4 e.v. -

http://users.ox.ac.uk/~alls0079/chinatrusts2.PDF - 6 Maart 2006. 261 Hierdie tipe trust word ook genoem ‘n diskresionêre trust.

Page 163: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

134

te alle tye ‘n fidusiêre verhouding ontstaan.262 Olivier263 verwys ook in

algemene terme na die trustbegrip as sou dit altyd op ‘n vertrouensverhouding

met betrekking tot goed en bevoordeeldes of begunstigdes dui.

Behalwe vir algemene opmerkings, soos hierbo aangehaal, is dit vir skrywers

oor hierdie onderwerp dus moeilik om die Suid-Afrikaanse trust duidelik te

definieer - dieselfde probleem bestaan ook in die ander jurisdiksies wat

ondersoek is.264 In Engeland doen Hayton265 aan die hand dat dit juis vanweë

die buigsaamheid en aanpasbaarheid van hierdie figuur so moeilik is om dit in

een definisie te vervat. Waarskynlik is van die ander redes vir die probleme

wat met die behoorlike definiëring van ‘n trust in Suid-Afrika ondervind word,

geleë in die feit dat ‘n behoorlike onderskeid nie tussen die oprigtingsproses

van ‘n trust en die voortbestaan en administrasie daarvan gemaak word

nie.266 Twyfel omtrent die aard van die regte van elke trustparty dra sekerlik

ook tot die problematiek van ‘n volledige definisie by. Dit blyk uit die

voorgaande baie moeilik indien nie onmoontlik nie, om die Suid-Afrikaanse

trust behoorlik te definieer. Een belangrike aspek wat egter elke keer na vore

tree wanneer Suid-Afrikaanse skrywers poog om die trustfiguur te definieer, is

dat die kenners dit doen sonder verwysing na oorsprong, maar eerder met

verwysing na moontlike essensiële elemente wat vir alle trustfigure geld.

Hiermee word dan bedoel, daardie elemente of eienskappe wat fundamenteel

is tot alle trustfigure en wat ‘n trustfiguur onderskei van ander regsfigure. De

Waal en Honoré verwys in dié verband na besondere wesenskenmerke (“core

elements”) wat volgens hulle, binne die algemene begrip “trustfiguur”, suiwer

262 Cameron et al 4. 263 Olivier Trustreg en Praktyk 2. 264 So merk Pettit Equity and the Law of Trusts (2001) (9e uitgawe) 25 op dat “it is

commonly observed that no one has succeeded in producing a wholly satisfactory definition

of a trust, although the general idea is not difficult to grasp.” Ook Sheridan Keeton and

Sheridan’s The Law of Trusts (1993) (12e uitgawe) 2. 265 Hayton Hayton and Marshall Cases and Commentary on the Law of Trusts (1991) (9e

uitgawe) 2 e.v. 266 Honoré 1.

Page 164: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

135

trusts nog verder onderskei van ander “trust-like devices”.267 Uit die aard van

die saak moet enige trustfiguur ook voldoen aan sekere geldigheids-

vereistes268 alvorens dit regsgeldig tot stand kan kom. Hierdie vereistes, wat

te make het met geldige totstandkoming (inter vivos of ex testamentu of ex

lege) moet egter nie verwar word met die essentialia van die trustfiguur wat

aanwesig moet wees ongeag op welke wyse die trust ontstaan het nie.

4.3.3.2 Essentialia van die Suid-Afrikaanse Trust

Net soos in die geval van ‘n definisie vir ‘n trust, blyk daar ook ongelukkig nie

eenstemmigheid te bestaan onder juriste oor presies wat al die essensiële

vereistes vir ‘n Suid-Afrikaanse trust is nie. Verskeie redes word hiervoor

aangevoer waarvan die belangrikstes waarskynlik is:

♦ Die verwarring tussen vereistes wat vir die geldige totstandkoming van ‘n

trust gestel word en daardie vereistes wat vir die geldige voortbestaan of

funksionering van ‘n trust geld.2 6 9 Olivier voer in die verband aan dat

“die verwarri ng wat bestaan en wat meebring dat een stel elemente by

die totstandkoming en ‘n ander stel elemente op die oomblik waarop

trustadministrasie begin, genoem word, is kunsmatig.”270

♦ Die verskillende vereistes wat klaarblyklik by trusts mortis causa en trusts

inter vivos gestel word.

Weens die feit dat die trust inter vivos, in teenstelling met die trust mortis

causa as ‘n kontrak, meer spesifiek ‘n beding ten behoewe van ‘n derde

267 Hierdie aspek word net hierna in besonderhede bespreek. 268 Hiermee word byvoorbeeld bedoel aspekte soos wilsooreenstemming,

handelingsbevoegdheid, spesifieke voorskrifte in terme van, byvoorbeeld die Wet op

Testamente 7 van 1953 en die Wet op die Beheer oor Trustgoed 57 van 1988. 269 Cameron et al 117 e.v.; Honoré 2. 270 Olivier Trustreg en Praktyk 38.

Page 165: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

136

bestempel word, bring dit mee dat een van die essensiële elemente van ‘n

trust inter vivos, in teenstelling met ‘n trust mortis causa, skynbaar die

vereiste is dat vir eersgenoemde tipe trust ‘n trustee as een van die partye

tot die “kontrak” vereis word naas die trustoprigter, terwyl dit nie die geval

is by die trust mortis causa nie.271

Wat betref die verdere vereistes wat gestel word vir totstandkoming en

voortbestaan van die trustfiguur, word kortliks stilgestaan by dit wat sommige

skrywers neerlê.

Coertze272 stel die volgende drie vereistes vir die totstandkoming van ’n

testamentêre trust:

(1) Die ernstige bedoeling om ’n trust te skep.

(2) Die aanwysing van trustgoedere.

(3) Die aanwysing van begunstigdes.

Cameron et al273 asook Van der Westhuizen274 en Du Toit275 lê byvoorbeeld

die volgende vereistes neer vir ‘n trust om geldig tot stand te kom:

(1) Die bedoeling van ‘n oprigter om ‘n trust op te rig.

(2) Die oprigtingshandeling moet ‘n verpligting oplê.

(3) Bepaalbare trustgoedere.

(4) Bepaalbare trustbegunstigdes.

(5) Regmatige trustoogmerk.

271 Coertze 79; Strydom 28. 272 Coertze 79. 273 Cameron et al 117 e.v. Hierdie standpunt is in ooreenstemming met dié soos

ingeneem in die vorige publikasie van Honoré en Cameron Honoré’s South African Law of

Trusts (1992) 96. 274

Van der Westhuizen 33 e.v. 275 Du Toit South African Trust Law Principles and Practice (2002) 27.

Page 166: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

137

Corbett276 stel die volgende vereistes vir die totstandkoming van ‘n

testamentêre trust:

(1) ‘n Bedoeling om ‘n trust op te rig.

(2) Die oprigter moet die bedoeling duidelik in gepaste woorde uiteensit.

(3) Die oprigter moet begunstigdes en trustbates met redelike sekerheid

aandui.

(4) Die trustdoel moet wettig wees.

Vanaf die oomblik wat die trust ontstaan vereis Honoré277 dat:

(1) Die oprigter die aangewese trustbates moet oordra of onder verpligting

moet wees om dit oor te dra aan die trustee(s).

(2) Die trustee(s) onder verpligting moet wees om die trustbates ten

behoewe van andere (die begunstigdes) te administreer.278

(3) Die trustee as bekleër van ‘n amp, oor ‘n mate van onafhanklikheid

moet beskik.

(4) Omrede die amp van trustee ‘n openbare amp is, een of ander

openbare liggaam (soos die howe) beheer moet uitoefen oor

behoorlike trustadministrasie.

Vir Olivier279 is die minimum vereistes vir die geldige totstandkoming en

voortsetting van ‘n trust ‘n duidelike bedoeling van die stigter om ‘n trust te

skep, trustgoedere, trustee(s) in ‘n fidusiêre verhouding teenoor die

276

Corbett, Hofmeyr en Kahn The Law of Succession in South Africa (2001) (2e

uitgawe) 394. 277 Honoré 2. Hiermee stem Cameron et al 4 e.v. saam. 278 Cameron et al 4 verwys na dié verpligting van die trustee as ‘n fidusiêre verpligting. 279 Olivier Aspekte van die Reg insake Trusts en Trustees met besondere verwysing na

die Amerikaanse Reg (LLD-proefskrif 1982 UP) 259 e.v.

Page 167: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

138

trustbegunstigdes en trustbegunstigdes.280 By implikasie blyk dit dat

Theron281 ook tevrede is met een stel minimum vereistes (wat dus die

ontstaan en voortbestaan insluit) waar sy aan die hand doen dat daar vir die

geldige oprigting en funksionering van ‘n trust ten minste die volgende vereis

word:

(1) ‘n Bedoeling om ‘n trust op te rig.

(2) Genoegsame woorde om trustbegunstigdes en trustbates met redelike

sekerheid vas te stel.

(3) ‘n Trustee (onafhanklik).

(4) ‘n Regmatige trustoogmerk.

Strydom282stel die volgende vereistes vir die totstandkoming en voortbestaan

van ’n trust:

(1) ’n Trustoprigter met die bedoeling om ’n trust op te rig.

(2) Die kommunikering van hierdie bedoeling op ’n behoorlike wyse.

(3) Die aanwesigheid van ’n trustee(s) wat sekere verpligtinge opgelê

word.

(4) Genoegsame woorde om die trustbegunstigdes en trustgoedere met

redelike sekerheid vas te stel.

Die vasstelling van die bogemelde essensiële elemente van die trustfiguur in

Suid-Afrika dra wel by tot regsekerheid ten opsigte van die spesifieke

vereistes waaraan voldoen moet word om ‘n geldige trustfiguur daar te stel,

maar volgens De Waal en Honoré nie noodwendig om te onderskei tussen

280

Daarby voer Olivier 259 e.v. aan dat ‘n essensiële element van ‘n trust verder is dat

trustgoedere in die trustee vestig, maar nie vir die trustee se persoonlike voordeel nie.

Hiemee stem skrywers soos Honoré en Cameron et al nie saam nie, soos reeds hierbo

aangetoon. 281 Theron Die Besigheidstrust (LLM-Verhandeling 1990 Randse Afrikaanse Universiteit)

30 e.v. 282 Strydom 33.

Page 168: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

139

“trust-like devices” en suiwer trusts nie.283 Om laasgenoemde onderskeid te

kan tref, sal dit, volgens hierdie skrywers, nodig wees om te bepaal wat die

wesenskenmerke van ‘n suiwer trust is en wat dit van ander “trust-like

devices” onderskei.284 Hierdie onderskeid is belangrik omrede dit weer die

onderlinge vergelyking van suiwer trustfigure in verskillende jurisdiksies kan

regverdig en in besonder ook ’n vergelyking van die aard en omvang van die

betrokkenes se regte.

Volgens De Waal bestaan daar vier wesenskenmerke oftewel essentialia wat

’n suiwer trustfiguur van soortgelyke figure onderskei. Hierdie kenmerke is:

(1) ’n Trustee wat ’n fidusiêre posisie beklee,285

(2) Aparte boedels,286

(3) Behoorlike subrogasie,287

(4) Trusteeskap as ’n amp.

283 Soos reeds aangetoon dien die common law-trust as die basis van ‘n suiwer

trustfiguur. 284 De Waal “In Search of a Model for the Introduction of the Trust into a Civilian Context”

2001 Stellenbosch Law Review 66. 285 Hierdie aspek word verder in hoofstuk 8 bespreek, maar dit word nou reeds aan die

hand gedoen dat die trustverhouding in Suid-Afrika so ‘n verhouding daarstel. 286 In die Skotse reg word gepraat van aparte “patrimonies” ten opsigte van trust- en

ander bates. Hierdie aspek word in Suid-Afrika selfs statutêr bevestig in die Wet op die

Beheer oor Trustgoed 57 van 1988. 287 Volgens De Waal 2000 SALJ 564 e.v. behels subrogasie by die trustfiguur,

eenvoudig gestel, dat die opbrengs van trustbates, indien dit verkoop sou word, of

vervangende trustbates, indien dit vervang sou word, ook binne die trustboedel moet val. De

Waal toon op 565 aan dat Suid-Afrika in die verband reeds goed op pad is, maar dat die

Skotse reg, wyer strek as die Suid-Afrikaanse reg deurdat eersgenoemde regstelsel

subrogasie ook toepas op “unlawful replacement of trust assests”, maar nie so ver gaan soos

die Engelse reg met hul gekompliseerde regsreëls ten opsigte van “tracing” nie. De Waal

toon egter op 566 aan dat Suid-Afrikaanse trustbegunstigdes verder beskerm kan word deur

gebruik te maak van die vereiste van sekuriteitstelling kragtens artikel 6 van die Wet op die

Beheer oor Trustgoed 57 van 1988.

Page 169: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

140

Honoré 288 is van mening dat die essentialia van ’n suiwer trust die volgende

is:

(1) Aparte trustboedel,

(2) Trusteeskap as ’n amp,

(3) Identifiseerbare trus tdoelstelling anders as die bevoordeling van die

trustee,

(4) ’n Hof of ander administratiewe outoriteit wat behoorlike nakoming van

trustvoorwaardes ten gunste van begunstigdes kan verseker.289

De Waal en ook Honoré wys daarop dat die Engelse dual ownership-beginsel

die grootste oorsaak is vir standpunte dat regstelsels wat nie oor Engelse dual

ownership-beginsels beskik nie, 290 nie ‘n suiwer trustfiguur in hul regstelsel

kan hê nie. De Waal voer aan dat die ratio vir die Engelse dual ownership-

beginsel by trustreg die beskerming van trustbegunstigdes is. Een van die

wesenskenmerke van ‘n suiwer Engelse trust is dus nie dual ownership nie,

maar behoorlike beskerming van trustbegunstigdes. Daarmee word in hierdie

navorsing saamgestem waar in hoofstuk 3 reeds aangetoon is dat equity-reg

in wese die hedendaagse beginsels van fidusiêre verhoudings weerspieël en

die beskerming, op ‘n besondere wyse en onder besondere omstandighede,

van brose regte van begunstigdes ten doel gehad het.

De Waal se siening is dat indien ‘n trustfiguur, as deel van sy essensiële

elemente voldoen aan al bovermelde wesenskenmerke, waarvan een die

behoorlike beskerming van trustbegunstigdes is, die trustfiguur ‘n suiwer

trustfiguur is291 en nie net ‘n “soortgelyke” figuur nie. Soos reeds aangetoon

is die behoorlike beskerming van trustbegunstigdes nie die enigste

288 Honoré “On Fitting Trusts into Civil Law Jurisdictions” Geen Datum 4 e.v. -

http://users.ox.ac.uk/~alls0079/chinatrusts2.PDF - 6 Maart 2006. 289 Behoorlike beskerming van begunstigdes is ook vir Honoré essensieel, net soos vir

De Waal. 290 Uit die aard van die saak is dit dan die civil law-lande. 291

Hiermee stem Honoré “On Fitting Trusts into Civil Law Jurisdictions” Geen Datum 3

e.v. - http://users.ox.ac.uk/~alls0079/chinatrusts2.PDF - 6 Maart 2006, klaarblyklik saam.

Page 170: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

141

wesenskenmerk wat suiwer trustfigure van soortgelyke figure onderskei nie.

Vir doeleindes van hierdie navorsing is hierdie betrokke wesenskenmerk egter

van besondere belang aangesien dit handel oor die regte van begunstigdes

wat immers die kernprobleem is wat in hierdie verhandeling ondersoek

word. 292

Na ’n bespreking van al die wesenskenmerke, kom De Waal293 tot die

gevolgtrekking dat die Suid-Afrikaanse trustfiguur inderdaad ’n suiwer

trustfiguur is. Op sterkte van die standpunt wat in hierdie navorsing ingeneem

word dat trustbegunstigdes altyd beskik oor regte en mits Suid-Afrikaanse

trusts voldoen aan die voorgestelde essensiële vereistes, waarby die

spesifieke essentialia vir 'n suiwer trustfiguur ingesluit is,294 word met De Waal

saamgestem. Dit sal dan meebring dat dit in orde is om die twee suiwer

trustfigure2 9 5 met mekaar te vergelyk, ook wat betref die aard en omvang van

begunstigdes se regte in die verskillende regsjurisdiksies.296

Word De Waal se standpunt in verband met die ratio van die Engelse dual

ownership-beginsel vanuit ’n ander hoek beskou, blyk dit duidelik dat ook

hierdie standpunt dien as bevestiging van die feit dat Engelse

trustbegunstigdes oor regte beskik. Om tog te leer dat die onderliggende

rede vir dual ownership, beskerming is vir trustbegunstigdes sonder dat

sodanige begunstigdes iets het wat beskerm moet word, is onlogies. Op

sterkte van hierdie argument word dan aan die hand gedoen dat dit korrek is

om te beweer dat die Engelse dual ownership-meganisme ontstaan het om

292 In hierdie navorsing gaan dit primêr oor die regte van trustbegunstigdes en alhoewel

kortliks, ter wille van algemene begrip en volledigheid, na die ander wesenskenmerke verwys

word, word geensins voorgegee dat die ander wesenskenmerke deeglik ondersoek of krities

hierin ontleed word nie. Van belang is De Waal se siening dat een van die wesenskenmerke

van ‘n suiwer trust, behoorlike beskerming van die begunstigde (se regte) moet wees en sy

siening dat hieraan in die Suid-Afrikaanse konteks voldoen word. 293 De Waal 2000 SALJ 569 e.v. 294 Hierdie vereistes word uiteengesit aan die einde van hierdie paragraaf. 295 Die Engelse en Suid-Afrikaanse trustfigure. 296 Dieselfde sal dan ook geld in geval van ander suiwer trustfigure.

Page 171: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

142

die regte van trustbegunstigdes te beskerm. Indien de Waal gelyk het297 dat

hierdie wesenskenmerk ook in die Suid-Afrikaanse trustfiguur voorkom, is die

logiese gevolgtrekking dat ook Suid-Afrikaanse trustbegunstigdes dus altyd

oor regte beskik.298

Met inagneming van die verskillende omskrywings van die trustfiguur in

paragraaf 4.3.3.1 en die essensiële vereistes vir ‘n trustfiguur in die algemeen

asook die besondere wesenskenmerke vir ‘n suiwer trustfiguur soos hierbo

bespreek, word aan die hand gedoen dat ‘n gekonsolideerde lys van

essensiële vereistes2 9 9 vir alle suiwer trusts in Suid-Afrika, nie net ten opsigte

van totstandkoming nie, maar ook vir funksionering, soos volg behoort te

wees:300

(1) ‘n Oprigter wat bedoel om ‘n trust in die engere sin vir ‘n regmatige

oogmerk op te rig en dit ook behoorlik moet kommunikeer. Die oprigter

moet onder verpligting wees om beheer oor die trustbates af te staan

ten gunste van ‘n ander301 op so ’n wyse dat trustbates nie met ander

nie-trustbates vermeng nie en beskerming geniet primêr ten gunste

van die begunstigdes.

297 De Waal is van mening dat dit wel die geval is - De Waal 2000 SALJ 569 e.v. 298 In Skotland bestaan hieroor nie twyfel nie, soos aangetoon in hoofstuk 6. In Suid-

Afrika blyk so ‘n standpunt in stryd te wees met die howe se siening. Hierdie aspek geniet

aandag in hoofstukke 7 en 8. Daar sal standpunt ingeneem word dat dit inderdaad verkeerd

is om te aanvaar dat trustbegunstigdes nie oor regte beskik nie. Nie alleen sal dit in stryd

wees met De Waal se pas gestelde standpunt dat die Suid-Afrikaanse trust ‘n suiwer trust is

nie, maar daar sal verder aangetoon word dat dit ook in stryd is met die algemeen geldende

posisie van vertrouensverhoudings en ook die hele trustidee onlogies maak as diegene in wie

se guns trustbepalings behoort te geld, regteloos is. 299

Met inagneming van die verskillende skrywers wat bespreek is se standpunte en

veral inaggenome die standpunt dat ‘n begunstigde sonder regte onbestaanbaar is. Hierdie

aspek word bespreek in hoofstukke 7 en 8. 300 Die vereiste dat die begunstigde regte moet hê, word bygevoeg. In die verband sien

die bespreking in hoofstukke 7 en 8. 301 The Master v Edgecombe’s Executors 1910 TS 263; Goodricke and Son (Pty) Limited

v Registrar of Deeds, Natal 1974 1 SA 404 (N).

Page 172: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

143

(2) ‘n Trustee of trustees wat ‘n openbare amp beklee en waaruit ‘n

fidusiêre verhouding (waaruit regte en verpligtinge spruit) ex lege

ontstaan by trustoprigting en daarna onafhanklik voortduur.302

(3) ‘n Trustbegunstigde(s) wat met redelike sekerheid vasgestel kan word

met regte en in wie se guns howe nakoming van trustbepalings en

fidusiêre pligte kan gelas.303

(4) Trustgoed wat met redelike sekerheid bepaalbaar is.304

Vir doeleindes van die onderhawige verhandeling, verdien veral die vereiste

ten opsigte van die trustbegunstigdes en hul gepaardgaande regte beslis

verdere aandag.305

302 In die praktyk verwag meesters dat trustees hulle aanstellings moet aanvaar voordat

‘n magtigingsbrief in terme van artikel 6 van die Wet op die Beheer oor Trustgoed 57 van

1988 uitgereik word. Die trustee of trustees moet beskik oor opgelegde regte en verpligtinge,

nie net kragtens die spesifieke trustakte nie, maar ook ex lege in terme van ’n algemene

fidusiêre verhouding. Hierdie aspek geniet verdere aandag in hoofstuk 8. 303 Hierdie apek word bespreek in hoofstukke 7 en 8. 304 Estate Shahmahomed v Trustees Shahmahomed Academy 1932 CPD 33; Deedat

and Others v The Master and Others 1995 2 SA 377 (A). 305 Hierdie aspek word ondersoek in hoofstukke 7 en 8.

Page 173: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

144

HOOFSTUK 5

’N REGSVERGELYKENDE OORSIG VAN DIE ONTWIKKELING VAN DIE

TRUSTFIGUUR IN ENKELE ANDER JURISDIKSIES

5.1 INLEIDING.........................................................................................................145

5.2 SKOTLAND .......................................................................................................146

5.2.1 Die Geskiedkundige Ontwikkeling van die Skotse

Regstelsel en Trustreg ........................................................................................146

5.2.2 Die Ontwikkeling van die Trustfiguur in Skotland................................153

5.3 SRI LANKA........................................................................................................172

5.3.1 Die Geskiedkundige Ontwikkeling van die

Sri Lankaanse Regstelsel en Trustreg..............................................................172

5.3.2 Die Ontwikkeling van die Trustfiguur in Sri Lanka ..............................176

5.4 LOUISIANA .......................................................................................................184

5.4.1 Die Geskiedkundige Ontwikkeling va n Louisiana

se Regstelsel en Trustreg...................................................................................184

5.4.2 Die Ontwikkeling van die Trustfiguur in Louisiana ..............................189

5.5 QUEBEC............................................................................................................198

5.5.1 Die Geskiedkundige Ontwikkeling van Quebec

se Regstelsel en Trustreg...................................................................................198

5.5.2 Die Ontwikkeling van die Trustfiguur in Quebec .................................202

Page 174: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

145

5.1 INLEIDING

In die vorige hoofstukke is die ontstaan, ontwikkeling en regsaard van die

trustfiguur in die Engelse en Suid-Afrikaanse reg in oënskou geneem as

grondslag vir ‘n omvattende ondersoek na die aard en omvang van

trustbegunstigdes se regte ingevolge die Suid-Afrikaanse reg. Alvorens die aard

van die regte van trustbegunstigdes egter in besonder beskou kan word, is dit

nodig en insiggewend om te let op die ontwikkeling daarvan in enkele ander

spesifiek gekose regsjurisdiksies. Eerstens mag so ‘n vergelykende ondersoek

moontlik verdere lig werp op die aard en omvang van die regte van begunstigdes

in die Suid-Afrikaanse reg, en tweedens mag dit sekere karaktertrekke van en

gebreke in die Suid-Afrikaanse reg uitwys en verklaar.1

Alvorens die regte van begunstigdes in die gekose regsjurisdiksies in meer

besonderhede bestudeer kan word, is dit nodig om - soos in die geval van die

Engelse en die Suid-Afrikaanse reg - die ontstaan en ontwikkeling van die

trustfiguur in daardie regsjurisdiksies in historiese konteks na te speur.

Soos reeds in hoofstuk 1 aangetoon, gaan die volgende regsjurisdiksies in die

verband ondersoek word: Skotland, Sri Lanka, Louisiana (in die Verenigde State

van Amerika) en Quebec (in Kanada).2

1 In hoofstuk 4 is standpunt ingeneem dat die Suid-Afrikaanse trustfiguur ‘n suiwer

trustfiguur is en juis die standpunt beklemtoon enersyds die noodsaak van vergelyking met ander

suiwer trustfigure en andersyds regverdig dit ook so ‘n vergelyking. 2 In hoofstuk 1 is reeds aan die hand gedoen dat hierdie jurisdiksies ondersoek behoort te

word omdat dié jurisdiksies, soos Suid-Afrika, voorbeelde van hibriede regstelsels is wat tot ‘n

meerdere of mindere mate deur die Engelse reg beïnvloed is, maar waarvan die historiese

regsontwikkeling - ook wat die trustfiguur betref - wyd uiteenlopend en uniek is. So, byvoorbeeld,

is die siviele reg in sommige van hierdie jurisdiksies uiteindelik bykans heeltemal gekodifiseer en

in ander het dit weer grotendeels ongekodifiseerd gebly. Die mate van veral Engelse invloed op

hierdie verskillende regstelsels verskil ook.

Page 175: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

146

‘n Ondersoek van hierdie jurisdiksies sal na verwagting lig kan werp op die

ontwikkeling van die trustfiguur asook die aard van die regte van

trustbegunstigdes binne jurisdiksies wat nie suiwer Engelsregtelik van oorsprong

is nie.3 Omdat die jurisdiksies ook onderling verskil wat betref die mate van

kodifisering en Engelse invloed, sou dit ook belangrik wees om vas te stel wat

die invloed van die Engelse reg was op die ontwikkeling van die trustfiguur (en

regte van begunstigdes).

In hierdie hoofstuk word derhalwe slegs gelet op die breë ontwikkeling van die

trustfiguur in die gekose jurisdiksies as voorloper tot die meer gedetailleerde

ondersoek na die aard van die regte van die trustbegunstigdes in die verskillende

regsjurisdiksies in hoofstukke 6, 7 en 8 hierna.

5.2 SKOTLAND

5.2.1 Die Geskiedkundige Ontwikkeling van die Skotse Regstelsel en

Trustreg

Die geskiedkundige ontwikkeling van Skotland word gekenmerk deur die sterk

invloed wat sy inwoners self daarop gehad het,4 die rol wat die Christelike geloof

gespeel het en ‘n stryd van meer as sewehonderd jaar tussen Skotland en

Engeland.5

3 Hierdie jurisdiksies beskik egter waarskynlik tog oor suiwer trustfigure. 4 Walker A Legal History of Scotland (1988) 10. 5 Hierdie stryd, wat vandag nog sy merk laat, was een van die hoofoorsake waarom

Engelse regsbeginsels, nie sonder meer in totaliteit in die Skotse reg opgeneem is nie.

Formatted: Bullets andNumbering

Formatted: Bullets andNumbering

Page 176: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

147

Volgens Cairns 6 het die vorming en ontwikkeling van die inheemse Skotse reg

vanaf 1000 tot 1832 plaasgevind. Dit is gedurende hierdie tydperk hoofsaaklik

beïnvloed deur drie gebeurtenisse wat binne ‘n bestek van 100 jaar plaasgevind

het:

5.2.1.1 Koning Willem I van Normandië se Inval

In 1066 het koning Willem I van Normandië, Engeland binnegeval. Saam met

hom het hy die beginsels van feodalisme gebring wat spoedig ook in Engeland

aanklank gevind het. Die werking en opset van die Normandieërs se

regeringstrukture het ook ‘n invloed op die siening van die Engelse ten opsigte

van hul eie strukture uitgeoefen. Hierdie invloede het, teen ongeveer 1200, tot

die ontstaan van ‘n unieke Engelse common law gelei.7

Tydens hierdie tydperk van Normandiese invloed op Engeland, was David I8 ‘n

ridder van die Engelse koningshuis en hy is beïnvloed deur gebeure in Engeland.

Dit was daarom allermins verrassend dat Koning David I, en later ook sy seuns,

gedurende hul regeringstydperk, feodalisme na Skotland uitgebrei het. “…The

transformation from Celtic state to feudal kingdom was effectively complete.” 9

Saam met die invoer van feodalisme het die Anglo-Normandiese beginsels van

die sogenaamde “royal justice” ook na Skotland oorgespoel. Hierkragtens sou

die koning en sy curia regis10 die bron van alle reg wees. Die gevolg hiervan was

6 Cairns “Historical Introduction” in A History of Private Law in Scotland (reds. Reid en

Zimmermann) (2000) (Vol. 1) (Hoofstuk 2) 18. 7 Cairns 18. 8 Wat later koning van Skotland sou word. 9 Tabraham The Illustrated History of Scotland (2003) 56. 10 Vryvertaal sou dit waarskynlik verwys na die Koninklike adviesraad.

Formatted: Bullets andNumbering

Page 177: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

148

dat die Skotse gemenereg algaande meer en meer aan koninklike inmenging en

dekrete onderwerp sou word. 11 Tabraham12 stel dit soos volg:

“He created a national justice system and a new local government

structure administered by sheriffs. He reorganised the church… He

transformed land -tenure by introducing the feudal system…”

5.2.1.2 Romeinse Reg

Teen ongeveer 1100 het Irnerius begin om Romeinse reg (gebaseer op

Justinianus se Corpus Iuris Civilis) in Bologna te doseer.13 Dit het veroorsaak

dat universiteite wat die ius civile gedoseer het, populêr geraak het en teen die

einde van die 13e eeu, oral in Suid-Europa verskyn het. Algaande word meer en

meer juriste met ‘n kennis van die Romeinse regstekste aangetref, juis tydens ‘n

tydperk in die Skotse geskiedenis wat gekenmerk is deur die afwesigheid van

gevestigde plaaslike Skotse juriste.14

Alhoewel die Skotse reg vasgeklou het aan sy Anglo-Normandiese herkoms kan

daar van hierdie tydvak gesê word dat die Skotse gemenereg meer vatbaar

geraak het vir beïnvloeding deur die algemene ius commune . Cairns15 meld dat

11 Cairns 21 e.v. 12 Tabraham 56. 13 Hierdie aspek is ook hanteer in hoofstuk 2. 14 Waar die Romeinse besetting van gedeeltes van Skotland in ongeveer 79 n.C. geen

noemenswaardige invloed op die ontwikkeling van die Skotse regstelsel uitgeoefen het nie, het

Skotse juriste met hulle kennis van die Romeinse reg eeue later inderdaad die ontwikkeling van

die regstelsel beïnvloed. 15 Cairns 45. Hy wys daarop dat “…the learning of the jus commune was to some extent

starting to penetrate Scot’s common law. As the text of Quoniam developed through copying and

revising some provisions of Roman law became imbedded in it.”

Formatted: Bullets andNumbering

Page 178: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

149

“...[t]he evidence is too slight for any definite conclusion, but, through the

14th century, the royal courts seemed to have placed increasing reliance

on the jus commune in dealing with land rights”.

Die bestaan van die tradisionele Skotse gemenereg is egter nie hiermee

ongedaan gemaak nie. In die 15e eeu is wetgewing weereens afgekondig

waarkragtens die tradisionele gemenereg van Skotland herbevestig is.16

Die tydperk van die Renaissance en Hervorming17 is gekenmerk deur ‘n steeds

groter wordende behoefte aan kennis en verdere studie. Verdere studie van die

Romeinse ius commune word onderneem en gevolglik het opgeleide juriste in

Skotland, as gevolg van hulle al groter kennis van die ius commune, die invloed

daarvan al meer en meer op die bestaande Skotse gemenereg laat geld.

Cairns18 stel dit soos volg:

“With that … came the Romano-canonical procedure and lawyers trained

in the jus commune; the lack of a common law legal profession meant that

the old institutions could not resist the impact of the jurists with their

academic training and coherent body of legal knowledge in accessible and

sophisticated sources. The stage was set for an increase in reception of

the rules of the jus commune into Scot’s law…”

5.2.1.3 Kanonieke Reg

Gedurende ongeveer die middel van die 12e eeu is die eerste belangrike

versameling van kanonieke reg binne die Katolieke Kerk beskikbaar gestel.

Kanonieke reg as regstelsel, binne die Rooms-Katolieke Kerk, tree in hierdie tyd

16 Cairns 49. 17 Sedert 1500. 18 Cairns 74.

Formatted: Bullets andNumbering

Page 179: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

150

sterk na vore. Selfs universiteite begin om kanonieke regslui op te lei. Alhoewel

hierdie tipe juriste hoofsaaklik op die agtergrond was, kan aanvaar word dat ook

hulle die ontwikkeling van die Skotse gewoontereg help slyp het. 19 Hierdie juriste

het hoofsaaklik godsdienstige aangeleenthede hanteer en het selfs oor

sogenaamde “ecclesiastical courts” beskik. Alhoewel die twee regstelsels

meerendeels as twee aparte sisteme sy aan sy binne elkeen se eie sfeer

gefunksioneer het, het dit tog gebeur dat “canonical norms were woven into the

fabric of secular law”.20 Met verloop van tyd het daar dus vermenging tussen die

twee stelsels plaasgevind.

Teen die einde van die 17e eeu, bestaan die Skotse gemenereg dus uit die

oeroue Keltiese gewoontereg, maar soos beïnvloed deur feodalisme (vanuit

Normandië), koninklike inmenging deur middel van dekrete, die ius commune

(weens die toename van kennis van die Romeinse reg) en die kanonieke reg.

Van suiwer Engelse common law beïnvloeding, bestaan weinig bewyse op

hierdie stadium. Dit is egter onwaarskynlik dat daar hoegenaamd geen invloed

deur Engelse reg plaasgevind het nie; daarvoor was daar net eenvoudig te veel

Engels-Skotse kontak gedurende hierdie tyd. Wat wel vasstaan, is dat daar

beslis, op hierdie stadium, geen oorname of wesentlike opname van die Engelse

regsbeginsels in die Skotse reg te bespeur is nie.

Na die dood van koning William van Engeland in 1702, volg ‘n stormagtige tyd

waarin Skotland sy verhouding met Engeland moet heroorweeg. Moes Skotland

sy eie paadjie volg, of moes hy op een of ander wyse met Engeland verenig?

Toe Engeland in 1705 sy Aliens Act promulgeer, moes Skotland vinnig besluit.

Skotland kon óf deel word van ‘n unie met Engeland óf andersins as

onafhanklike staat voortgaan, maar dan, kragtens die Aliens Act, as

vreemdelingstaat teenoor Engeland. Dit sou geweldige negatiewe kommersiële

19 Cairns 30. 20 Cairns 30 e.v.

Page 180: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

151

gevolge vir Skotland inhou. Dit het die Skotse parlement met weinig van ‘n

keuse gelaat en in 1705 word besluit om saam met Engeland ‘n unie te vorm.

Op 16 Januarie 1707 word Skotland amptelik deel van die Verenigde Koninkryk

van Groot-Brittanje.21

Verskeie faktore het daartoe aanleiding gegee dat die Skotse reg sedert die 18e

eeu wesentlik deur Engelse regsbeginsels beïnvloed is:

♦ Tydens die inskakeling van Skotland by die Verenigde Koninkryk van Groot-

Brittanje in 1707 is ooreengekom dat, behalwe vir wetgewing oor handel,

doeane en uitvoere (wat dieselfde as die in Engeland sou wees), alle ander

wette in gebruik binne die Skotse koninkryk na Uniewording van krag sou bly,

maar dat dit wel in die toekoms deur die parlement van Engeland gewysig

sou kon word.

♦ Alhoewel die Skotse benutting van die ius commune gedurende die eerste

helfte van die 18e eeu voortgeduur het, het dit mettertyd begin afneem ten

gunste van Engelse beïnvloeding. “As civil law was seen as less significant

and connections with English law emphasized, the tradition of legal study

abroad ended, so that Scot’s lawyers lost their links with the jus

commune.”22

♦ Veral gedurende die laaste gedeelte van die 18e eeu “the shift from reliance

on the jus commune to borrowing from England took place in the third quarter

of the 18th century”.23

21 Tabraham 124. 22 Cairns 165. 23 Cairns 167.

Page 181: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

152

Skotland se gevoel van nasionale identiteit het egter bly voortbestaan.

“The reality of Scotland’s national identity had not been expunged by

Union with England; it was merely stifled for a time. Despite a

determination by Whitehall to rewrite the constitution by inventing the

concept of ‘North Britain’, Scotland would not go quietly into history.”24

In Skotland het die nasionaliteitsgevoel algaande gegroei en dit was mettertyd

duidelik dat die Skotse behoefte aan eie identiteit onvernietigbaar sou wees. Die

Engelse regering het besef dat een of ander vorm van selfstandige regering aan

Skotland gegee sou moes word. In 1999 sit die Skotse parlement weer vir die

eerste keer in 288 jaar.

Alhoewel gesê kan word dat die Skotse reg veral sedert die 18e eeu algaande

meer en meer deur die Engelse reg beïnvloed is, geld dit nie vir elke faset van

die Skotse reg nie. So merk Gretton25 op:

“Whilst Scot’s private law is mixed in the sense that it rise both from the

jus commune and from the English traditions, the degree of mixture varies

from area to area and Scot’s property law, both movable and immovable is

for the most part unmixed and belongs to the jus commune.”

Reid26 wys daarop dat die Skotse reg, soos wat dit vandag bestaan, die

potensiaal het om as model vir die nuwe Europese ius commune te dien. Nie

alleen word ‘n hele aantal ooreenstemmende karaktertrekke met ander civil law

regstelsels in Europa gevind nie (waaronder byvoorbeeld die beding ten

24 Tabraham 210. 25 Gretton “Trusts” in A History of Private Law in Scotland (reds. Reid en Zimmermann)

(2000) (Vol. 1) (Hoofstuk 12) 483. 26 Reid “The Development of Legal Doctrine in a Mixed System” in A History of Private Law

in Scotland (reds. Reid en Zimmermann) (2000) (Vol. 1) (Hoofstuk 1) 7.

Page 182: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

153

behoewe van ‘n derde (wat erken word as jus quaesitum tertio) en die bevel vir

spesifieke nakoming (in die Skotse reg genoem “specific implement”), maar aan

die ander kant is daar ook Engelse common law-elemente binne die Skotse

regstelsel te vinde (byvoorbeeld die wyse waarop kontrakbreuk,

verteenwoordigingsreg en ander aangeleenthede veral op die kommersiële front

hanteer word).

Dit is vandag gemeensaak dat die Skotse reg uit die sogenaamde “civil law

tradition” in Skotland ontwikkel het en dat die Engelse reg eers sedert die 18e

eeu ‘n wesentlike invloed op hierdie ontwikkeling uitgeoefen het. Soos wat

Reid27 aantoon:

“If priority of time determines priority of right, civil law (supplemented of

course by home grown law) can be presented as the ‘true’ law of

Scotland, later to be polluted by the unwelcome attentions of English law.

‘The common law cuckoo’ wrote TB Smith has ‘laid too many eggs in the

eagle’s nest’; and, as the metaphor implies, the eagle was there first. This

outlook may explain why civil law has received the greater attention from

legal historians. There has been no book celebrating the common law

tradition in Scot’s law.”

5.2.2 Die Ontwikkeling van d ie Trustfiguur in Skotland

Daar bestaan heelwat polemiek omtrent die moontlike oorsprong van die Skotse

trustfiguur.28 Veral die mate waarin die Engelse trustreg die Skotse trustreg

beïnvloed het, is ‘n kwelvraag vir die Skotse juriste:

27 Reid 10. 28 Net soos in Suid-Afrika - ‘n aspek wat behandel word in hoofstuk 4.

Formatted: Bullets andNumbering

Page 183: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

154

“The trust, we are told, is English in origin; and its central feature is the

division of ownership between trustee and beneficiary. At those words a

lawyer from the civil law system is likely to be impressed but also

discouraged.”29

Tog merk Reid30 op dat “trust law need not be like this. Indeed the argument …

is that trust law is not like this”. Reid gaan verder en maak die volgende baie

belangrike opmerkings wat toepassing vind op “mixed legal systems”:

“Mixed systems do not have a separate system of equity, and do not

acknowledge the distinction between legal and beneficial ownership. And

yet all mixed systems have the trust. This suggests an alternative model

of the trust.” 31

En:

“It is equally interesting to see that both Scotland and South Africa have

developed, in different ways, civilian versions of the trust and that the

Scots model has exercised considerable influence on a first set of

‘Principles of European Trust Law’.” 32

Walker33 weer sien die ontwikkeling van trustreg in Skotland soos volg:

“Scottish Trust Law, though an indigenous development, has borrowed

much from English principles, but it does not regard the trust as an

29 Reid “Patrymony (sic) not Equity: the Trust in Scotland” in Privaatrecht Trusts in Mixed

Legal Systems (reds. Milo en Smits) (2001) 19. 30 Reid “Patrymony not Equity: the Trust in Scotland” 19. 31 Reid “Patrymony not Equity: the Trust in Scotland” 19. 32 Reid 8. 33 Walker Principles of Scottish Private Law (1975) (2e uitgawe) (Vol. II) 1774.

Page 184: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

155

instance of concurrent legal equitable ownership, but rather of legal

ownership, qualified by the rights of parties having jura crediti.”

Soos in die geval van die Engelse reg gaan dit dus vir Walker ook hier oor die

regte van begunstigdes en ‘n effektiewe beskermingsmeganisme in stede van

dual ownership as wesenskenmerk van die trustfiguur.

In een van die weinige Skotse hofbesli ssings waarin aandag geskenk is aan die

moontlike oorsprong van die Skotse trustfiguur, merk Lord Read in Allan’s

Trustees v Lord Advocate34 op: “We cannot seek enlightenment from the Law of

England, because the origin of trusts in Scotland is very different from its origin in

England.”

Die Skotse trustreg kon moontlik sy oorsprong en ontwikkeling te danke hê aan

een of meer van die volgende bronne:

♦ Die Skotse jus quaesitum tertio; of

♦ Die Romeinse regsfigure van deposito, mandaat en fideicommissum; of

♦ Die Engelse reg; of

♦ Die Romeinse beginsel van patrimonium.

5.2.2.1 Die Skotse Jus Quaesitum Tertio

Die beding ten behoewe van ‘n derde word ook in die Skotse reg erken en staan

bekend as die jus quaesitum tertio.35 Dit is onseker waaruit hierdie regsfiguur in

34 Allan’s Trustees v Lord Advocate 1971 S.C. (H.L.) 45 53 soos aangehaal deur Gretton

486. 35 McBryde The Law of Contract in Scotland (2001) 239.

Formatted: Bullets andNumbering

Page 185: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

156

Skotland ontwikkel het.36 Volgens Stair37 het die begunstigde tydens sluiting van

die ooreenkoms reeds regte verkry, waarvan net hy kon afstand doen. Die

promittens en stipulator kon nie sonder toestemming van die begunstigde, sy

regte herroep of wysig nie. Volgens Skotse regspraak38 kom dit voor asof daar

slegs sprake kan wees van ‘n jus quaesitum tertio indien die ooreenkoms

onherroepbaar is. McBryde voer egter aan dat dit nie korrek is nie. Volgens

hom kan daar steeds ‘n ooreenkoms jus quaesitum tertio wees al sou die

ooreenkoms herroepbaar wees deur die promittens en stipulator.39 Die vraag of

die ooreenkoms inderdaad herroepbaar is, sal afhang van die inhoud van die

ooreenkoms. Volgens Skotse reg verkry die begunstigde egter onmiddellik

regte, sonder om eers te aanvaar. Afhangende van die inhoud van die

ooreenkoms kan die regte egter soms met en soms sonder sy medewerking

herroep word.40

Alhoewel hierdie regsfiguur aan die Skotse reg bekend is, kon geen gesag

gevind word wat daarop dui dat die Skotse trustfiguur op enige wyse verband

36 McBryde 239 wys daarop dat dié regsfiguur slegs in uitsonderlike gevalle in die

Romeinse reg aanwending gevind het. Dit wil voorkom asof die figuur in Stair se tyd (teen die

einde van die 17e eeu) ontwikkel het omdat daar ‘n behoefte aan so ‘n regsfiguur bestaan het en

dié figuur ook elders in Europa en Engeland aangewend is. Die figuur is aanvanklik veral gebruik

in gevalle van lewenspolisse waar die opbrengs sou uitbetaal aan iemand anders as die

versekerde. Die Skotse reg beskik ook oor sy ou skrywers of, soos hulle in Skotland bekend

staan, “institutional writers.” Net soos wat Grotius die Romeins-Hollandse reg (gedurende die

17e eeu) te boek gestel het, het James Dalrymple Stair (1s t Viscount) die Romeins-Skotse reg

teen die einde van die 17e eeu gevestig (deur dit te vervat in The Institutions of the Law of

Scotland (1693)). Waar voortaan na Stair verwys word, word bedoel ‘n verwysing na die

“institutional writers”. Raadpleeg Reid 6 e.v. indien meer inligting omtrent die skrywers verlang

word. 37 Soos aangehaal deur McBryde 248 e.v. 38 Blumer & Co v Scott & Sons 1874 1 R 379; MacDonald v City of Glasgow Bank 1879 6 R

621 soos behandel deur McBryde 250. 39 McBryde 250 e.v. 40 McBryde 250 e.v.

Page 186: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

157

hou met die Skotse jus quaesitum tertio nie. Dit is seker moontlik dat hierdie

figuur op een of ander wyse ‘n invloed op trustontwikkeling in Skotland kon

gehad het, maar van enige noemenswaardige beïnvloeding (om nie eens van

gelykskakeling te praat nie) kon geen spoor gevind word nie.

5.2.2.2 Deposito, Mandaat of Fideicommissum

Volgens Burgess41 het die Skotse “institutional writers” aanvanklik die Skotse

trustfiguur in terme van bekende Romeinse regsfigure (soos mandaat, deposito

en fideicommissum ) probeer definieer. Hy is die mening toegedaan dat dit nie

werklik ‘n poging was om die oorsprong van die trust binne die Skotse regstelsel

te verklaar nie, maar eerder om die trust in vergelyking met ander bekende

regsverskyningsvorme te bespreek en te probeer verduidelik.

Burgess is van mening dat Romeinse regsbeginsels die trustfiguur in Skotland

beswaarlik kon beïnvloed het. Burgess42 merk op:

“The early cases point to the fact that the trust already existed as an

institution in Scots law although not in any advanced form before the

reception of Roman principles into the substantive law of Scotland had

gathered force. It would seem strange, if Roman law and ideas were

really the source from which the Scots law trust derived, tha t the early

cases make no mention of it.”

Burgess doen aan die hand dat die verwysing na trusts in Romeinsregtelike

41 Burgess Thoughts on the Origins of the Trust in Scots Law (1974) 197. 42 Burgess 200 e.v.

Formatted: Bullets andNumbering

Page 187: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

158

terme waarskynlik teruggevoer kan word na Stair.43 Burgess44 stel die volgende

voor:

“The suggestion is that the feudal law of Scotland had thrown up a series

of fiduciary, or trustlike, situations and that until probably the early years of

the seventeenth century in Scotland the trust was still a situation rather

than an institution.”

Weereens word melding gemaak van die fidusiêre onderbou van die trustfiguur,

ook in Skotland.

Forsyth (soos aangehaal deur Burgess45) wat tydens die middel van die 19e eeu

kommentaar lewer, is van mening dat “the origin of trusts is co-eval with the law

of the land”. Burgess weer meen dat “perhaps the earliest example of such a

situation of feudal law is to be found in the method of alienation by substitution

known as resignatio in favorem”.46

Gretton is nie oortuig van Burgess se bykans totale verwerping van die

Romeinse beïnvloeding op hierdie gebied nie. Hy voer aan dat daar nie met reg

gesê kan word dat die Romeinse invloed eers vanaf die einde van die 17e eeu

plaasgevind het nie.47 Gretton toon aan dat alhoewel daar in die Skotse reg tot

sover terug as die 15e eeu voorbeelde bestaan van en verwysings na

ooreenkomste (wat trusts kon wees), dié betrokke ooreenkomste óf trusts kon

wees óf ander tipe ooreenkomste. 48 Dit sal volgens Gretton egter moeilik wees

43 Burgess 201. 44 Burgess 212. 45 Burgess 204. 46 Burgess 205. 47 Gretton 491. 48 Gretton 487.

Page 188: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

159

om hierdie tipe ooreenkomste as werklike (hedendaagse) trusts aan te merk - op

die beste moontlik “trust-like devices”.49 Wat wel belangrik is, is dat die

gemenedeler tussen al hierdie figure die vertrouensverhouding is wat voortspruit

uit al hierdie situasies.50

Alhoewel Burgess nie saamstem nie, doen Gretton aan die hand dat dit tog wil

voorkom asof trustbeginsels in Skotland kon voortspruit uit die16e eeuse

benutting van die Romeinse beginsels.51 Alhoewel die fideicommissum nooit

werklik in die Skotse reg opgeneem is nie,52 het dit tog waarskynlik, soos die

ander Romeinse regsfigure, die trustontwikkeling in Skotland beïnvloed.53 Soos

later sal blyk, is Gretton van mening dat die Romeinse beginsel van patrimonium

makliker gebruik kan word om die Skotse trust te verduidelik.

Alhoewel Gretton toegee dat die Skotse trust moontlik, wat oorsprong betref,

onafhanklik van Romeinse idees kon ontstaan het, doen hy aan die hand dat

“fideicommissum was one of the sources of the trust. Whether its role was

marginal or something more substantial would be hard to say.” Elders merk hy

op: 54

“In the 17th, 18th and 19th centuries one often encounters the statement

that trust is a form of the contract of deposit, or mandate or a combination

49 Gretton 488. Sien ook Reid 6. 50 Burgess 212, soos hierbo aangehaal. 51 Gretton 489. Daar is egter dié een belangrike verskil naamlik dat besef moet word dat

die beginsel van deposito hier aangepas moet word deurdat eienaarskap oorgaan op die

ontvanger. 52 Burgess 203. 53 Gretton 491; De Waal en Paisley “Trusts” in Mixed Legal Systems in Comparative

Perspective: Property and Obligations in Scotland and South Africa (reds. Zimmermann, Visser

en Reid) (2004) 821 e.v. 54 Gretton 506.

Page 189: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

160

thereof ... This is an interesting attempt to reconcile the trust with civilian

categories, and it is not without merit.”

Om egter die Skotse trustmodel af te maak as eenvoudig ‘n verskyningsvorm van

een van bogemelde Romeinse regsfigure is vir Burgess totaal en al verkeerd! Hy

wys daarop dat enige poging om die Skotse trust in te forseer binne die

raamwerk van die Romeinsregtelike fideicommissum, mandaat of deposito, nie

reg kan laat geskied aan die trustbeginsels van die Skotse reg nie.55

Hiermee stem Gretton56 klaarblyklik saam as hy opmerk:

“This, in other words, is an acknowledgement, if any were needed, that the

trust in Scotland had an origin and development independent of Roman

ideas and institutions.”

Dit bewys egter nie dat daar geen of selfs aansienlike Romeinse beïnvloeding

was nie.

Gretton doen aan die hand dat aanvaar moet word dat alhoewel daar ‘n skrale

moontlikheid bestaan van vroeëre trustgebruike57 in Skotland, die trust na alle

waarskynlikheid sedert die 17e eeu in Skotland in gebruik was, in min of meer sy

huidige vorm.58

55 Burgess 197. Sien ook Gretton 491. 56 Gretton 491. 57 Wat volgens hom net so wel onder ‘n ander regsfiguur geklassifiseer kon word. 58 Gretton 486.

Page 190: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

161

5.2.2.3 Engelse Reg

Histories moet in gedagte gehou word dat die Skotse reg nie voor di e 18e eeu

wesentlik deur die Engelse reg beïnvloed is nie. Die feit dat die wortels van die

Skotse trust na alle waarskynlikheid in die 16e eeuse Romeinse gebruike

gevestig is en ook in elk geval reeds sedert die 17e eeu as ‘n erkende regsfiguur

in Skotland bekend was, bevestig weereens dat die Skotse trustreg nie bloot uit

Engeland ingevoer is nie. Skotse juriste gee egter toe dat “...the pre-1600

examples might themselves reflect English influence, and to some extent they

probably do”. 59 Die Engelse invloed, indien enige, was egter destyds gering.60

Die eerste gerapporteerde hofbeslissing in Skotland oor trusts was Williamson v

Law61 waarin erkenning aan die bestaan van ‘n trust verleen is. Daarna volg die

beslissing van Lady Stanipath v Her Creditors62 waar weereens bevind is dat ‘n

trust ontstaan het.

Gretton wys daarop dat die Williamson-beslissing moontlik nie werklik van groot

belang is nie, aangesien die beslissing eers aan die einde van die 17e eeu

opgeteken is toe die trustbeginsel reeds goed in Engeland gevestig was. Dit het

moontlik die terminologie in die Williamson-saak beïnvloed.63 Gedurende die

17e eeu het die meeste hofbeslissings met betrekking tot trusts of soortgelyke

reëlings gehandel oor die bewys van die bestaan van sodanige regsmodel. Juis

na aanleiding van die beslissing in Higgins v Callander64 word die Blank Bonds

and Trusts Act 1696 in Skotland gepromulgeer. Weereens vra Gretton homself

59 Gretton 489 e.v. 60 Gretton 490. 61 Williamson v Law 1623 Durie 54 soos aangehaal deur Gretton 491 e.v. 62 Lady Stanipath v Her Creditors 1624 Durie 141, soos aangehaal deur Gretton 492. 63 Gretton 492. Gretton vra die vraag of die redakteur van die hofverslag nie moontlik

skuldig is aan ‘n “conceptual anachronism” nie. 64 Higgins v Callander 1696 Mor 16182 soos aangehaal deur Gretton 496.

Formatted: Bullets andNumbering

Page 191: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

162

die vraag af of hierdie wetgewing nie moontlik beïnvloed was deur die Engelse

Statute of Frauds van 1677 nie.

Gretton skroom nie om toe te gee dat daar gedurende die Cromwell -besetting in

die 1650’s asook tydens die regering van koning James VI van Skotland 65

Engelse beïnvloeding van hierdie regsmodel in Skotland kon gewees het nie.

Alhoewel hy beïnvloeding toegee, bly hy van mening dat die beïnvloeding nie

wesentlik was nie.66

Trusts is skynbaar nie dikwels tydens die 17e en die 18e eeue aangewend in die

Skotse reg nie en die aanwendingsgebied was gedurende hierdie tyd hoofsaaklik

in gevalle van insolvensie. Gedurende die 19e eeu is trusts veral aangewend in

huweliksooreenkomste wat dan ook een van die hoof aanwendingsgebiede van

die trust in Skotland geword het.67

Dit blyk asof die verdeling van trusts tussen inter vivos en mortis causa ook eers

in die 19e eeu begin plaasvind het aangesien trusts mortis causa voor daardie

tydperk onbekend was. Ook in die 19e eeu is algaande meer gebruik gemaak

van trusts in gevalle wat in die vroeëre dae as vruggebruike gehanteer sou word

sodat

“... instead of ownership being vested in the fiar and a sub-ordinate real

right being vested in the life renter (usufructuary), a three handed

arrangement was devised, with ownership being vested in the trustees

and the rights of fiar and beneficiary being personal rights against the

trustees”.68

65 Wat ook koning James I van Engeland was. 66 Gretton 490 e.v. 67 Gretton 498. 68 Gretton 498.

Page 192: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

163

Waar Engelse outoriteite op trustreg bykans glad nie voor die 1840’s aangehaal

is nie, verander die posisie sedert 1844 toe The Principles and Practice of the

Law of Trusts and Trustees in Scotland deur Charles Forsyth verskyn het. Dit

bring mee dat “whereas before 1844 English authorities were not sited by

authors, of the 1 600 or so decisions sited by Forsyth, about 890 are English” 69.

Gretton merk verder op dat “the book was a tidal wave from a calm sea”.70 Hy

doen aan die hand dat daar selfs van ‘n gedeeltelike aanvaarding van Engelse

trustreg in Skotland gedurende die 19e eeu gepraat kan word.

Alhoewel die vloed van Engelse verwysings algaande weer begin afneem het,

het die Engelse invloed tog sy merk gelaat op die Skotse trustreg, maar alhoewel

“it would be natural to conclude that there was a sort of 19 th century

reception of English trust law and that it began with Forsyth. (But)

doctrinal history maddeningly refuses to do what you expect it to do. The

strange fact is that in the courts English authorities have played a

surprisingly small roll: a much smaller roll than they have played in the

Scottish text books.”71

Gretton72 merk in hierdie verband op:

“.... (T)he difficulty should not been overstated; the second half of the 19th

century is clearly a period in which English authority is influencing the

Scottish courts in trust cases, and that influence continued well into the

20th century. The influence of English law has been extensive.”

69 Gretton 502. 70 Gretton 502. 71 Gretton 503. 72 Gretton 503.

Page 193: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

164

De Waal en Paisley stem saam dat daar wesentlike Engelse beïnvloeding sedert

die 19e eeu plaasgevind het, maar benadruk weereens dat “(in) major respects

the law of trusts is a wholly native Scottish phenomenon”.73

Dit blyk dat die Engelse invloed op trustreg beperk was tot spesifieke

onderwerpe. Een daarvan was die erkenning van ‘n trust as ‘n fidusiêre

verhouding.74 Dit moet dus aanvaar word dat die beginsel van ‘n trust as ‘n

fidusiêre verhouding in Skotland - met die regte en verpligtinge wat ex lege

daaruit voortspruit, ui t die Engelse reg oorgeneem is en in ooreenstemming

daarmee ontwikkel het.75

Wat interessant is, is die feit dat gedurende die latere gedeelte van die 20e eeu

en ook aan die begin van die 21e eeu, dit blyk dat die Engelse invloed op Skotse

trustreg begin kwyn het. In hierdie verband haal Gretton die beslissing van

England Revenue v Clark’s Trs76 aan, waarin beslis is dat “a beneficial right (is)

simply a type of personal right”. Gretton wys verder daarop dat ‘n belangrike

saak van die House of Lords naamli k Barclay’s Bank v Quistclose Investments77

sedert uitspraak in 1970 in ‘n tydperk van 30 jaar net by een geleentheid nog in

‘n Skotse hof aangehaal is.

Die belangrikste aspek ten opsigte van die moontlike oorname van die Engelse

reg in ‘n regstelsel soos die van Skotland, bly egter die vraag: “Wat van equity?”

Hierop antwoord Gretton:78

73 De Waal en Paisley 821. 74 Gretton 504. 75 Hierdie aspek word net hierna in paragraaf 5.2.2.4 ondersoek. 76 England Revenue v Clark’s Trs 1939 SC 11 soos aangehaal deur Gretton 506. 77 Barclay’s Bank v Quistclose Investments 1970 AC 567 soos aangehaal deur Gretton 506. 78 Gretton 506.

Page 194: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

165

“I have left to the last what is perhaps the most important question: Did

English influence bring about an English understanding of the trust? Did

equity arrive? One reason for the importance of the question is that the

legal/equitable division is difficult or impossible to integrate with a civilian

system of property law. The answer is, in general, negative as can be

seen from the case just sited, England Revenue v Clark’s Trs .”

5.2.2.4 Fidusiêre verhoudings

Alhoewel dit volgens Gretton dus duidelik is dat equity vir soverre dit op dubbel-

eiendomsreg dui, nie deel vorm van die Skotse reg nie, word aan die hand

gedoen dat dit nie beteken dat equity as bousteen van fidusiêre regte en

verpligtinge binne die trustverhouding nie erken kan word nie.79 Gretton80 self

wys daarop dat die beginsel van fidusiêre pligte van ‘n trustee (en dus die

konsep van ‘n fidusiêre verhouding) een van die aanvaarde Engelse

invoerprodukte by die Skotse trustreg is. Soos reeds tydens die bespreking van

die Engelse trustontwikkeling 81 aan die hand gedoen, het hierdie verhouding juis

vanuit equity-beginsels gestalte gekry.

5.2.2.5 Patrimonium

‘n Vraag wat nou gevra kan word is dat as die Skotse trust nie bevredigend

verduidelik kan word aan die hand van die Romeins-regtelike beginsels wat

vroeër aangehaal is nie, maar ook nie oorgeneem is van die Engelse reg nie, wat

dan die basis daarvan is.

79 Daar is so pas daarop gewys dat die beginsel van fidusiêre verhoudings juis een van die

Engelse invoerprodukte van die Skotse trustreg was. 80 Gretton 504. 81 Hoofstuk 3.

Formatted: Bullets andNumbering

Page 195: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

166

Volgens Walker82 is die Skotse trustfiguur gebaseer daarop, “that certain

property is legally vested in one of more persons, but though nominal owners,

they are not absolute or beneficial owners. Trust is in fact a triangular

relationship, quite sui generis.” Elders merk Walker83 op:

“A trust is not a corporation and the trustees, not the trust, own the assets.

The full legal right of property vests in the trustees and may be held by

them against all parties … they are not, however, entitled to the benefit

and enjoyment of the property.”

Die groot rede vir die problematiek rondom pogings om ‘n trust te verduidelik

binne ‘n civil law-stelsel, is daarin geleë dat daar steeds die opvatting bestaan

dat slegs van ‘n (suiwer of ware) trust sprake kan wees in regstelsels waar

eiendomsreg verdeel kan word. 84 De Waal wys daarop dat daar selfs ‘n

gedagterigting bestaan dat in civil law-jurisdiksies daar nie sprake van suiwer

trusts kan wees nie, maar bloot “trust-like devices” of “so called trusts”.85

Dit is waar dat trusts aan die Romeinse reg onbekend was.86 Tog bestaan daar

getuienis van “trust-like devices” in hierdie regstelsel. Hiermee bedoel De Waal

figure soos die fideicommissum en fiducia. De Waal se standpunt is “that there

are indeed connections between the English trust and Continental institutions

such as fideicommissum, fiducia and Treuhand”.87 De Waal verwys na Lupoi

82 Walker Principles of Scottish Private Law (1975) (2e uitgawe) (Vol. II) 1773; Walker

Principles of Scottish Private Law (1989) (4e uitgawe) (Vol. IV) 3. 83 Walker (Vol. II) 1774. 84 “The trust is a special child of the English common law”, aldus De Waal en Paisley 819

waar hulle aanhaal uit Helmholz en Zimmermann “Views of Trust and Treuhand, An introduction”

1998 Iterna Fiduciae; De Waal “In Search of a Model for the Introduction of the Trust into a

Civilian Context” 2001 Stellenbosch Law Review 63. 85 De Waal 2001 Stellenbosch Law Review 63. 86 Hierdie aspek is bespreek in hoofstuk 2. 87 De Waal 2001 Stellenbosch Law Review 65.

Page 196: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

167

waar hy selfs verder gaan en die mening huldig dat die “civil law trusts (of dan

“trust-like devices”) (van die 16e en 17e eeu) are the foundation of the English

trust”.88

Die vraag is dus of daar sprake kan wees van ‘n “ware” trust sonder

sogenaamde “divided title”. De Waal is van mening dat dit tog die geval kan

wees en noem dan sekere wesenskenmerke wat noodwendig teenwoordig moet

wees in ‘n ware trustmodel.89 Een van die wesenskenmerke is die van “aparte

boedels”. In die verband toon De Waal aan dat geleer word dat slegs as

onderskei kan word tussen die trustbates en private bates van ‘n trustee, kan die

civil law-stelsels ‘n antwoord hê op die Engelsregtelike idee van dubbele

eiendomsreg. Hoe anders kan trustbegunstigdes in civil law-jurisdiksies dan

behoorlik beskerm word?90 Vir ‘n suiwer trust vereis Lupoi weer “the lack of

‘commingling’ between trust property and the trustee’s own estate”.91

Indien ‘n “trust-like” regsfiguur binne ‘n civil law-jurisdiksie kan voldoen aan al die

wesenskenmerke, voel De Waal dat so ‘n figuur ‘n trustfiguur in die “ware” sin

van die woord is.92 Die vernaamste probleem wat oorkom moet word is dus die

vraag na ‘n aanvaarbare civil law-alternatief vir die Engelse beginsel van dubbele

eiendomsreg, nie as selfstandige wesenskenmerk van ‘n suiwer trustfiguur nie,

maar as metode om die regte van trustbegunstigdes na behore te kan

beskerm.93

88 De Waal 2001 Stellenbosch Law Review 66. 89 Hierdie aspek asook die besondere wesenskenmerke is ook bespreek in hoofstuk 4

paragraaf 4.3.3.2. 90 Wat volgens De Waal die ratio is van die Engelse dual ownership -idee. Sien in die

verband verder hoofstuk 4 paragraaf 4.3.3.2. 91 De Waal 2001 Stellenbosch Law Review 67 waar hy Lupoi aanhaal. 92 Juis op sterkte hiervan huldig De Waal die siening dat die Skotse trustfiguur ‘n suiwer

trustfiguur is. 93 Hierdie aspek is ook bespreek in hoofstuk 4 paragraaf 4.3.3.2.

Page 197: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

168

De Waal verwys na die navorsing wat veral Lepaulle gedoen het ten einde

hierdie probleem in die Meksikaanse regstelsel te oorbrug. Lepaulle was van

mening dat die idee van ‘n aparte trustboedel (dit is “separate patrimony”) hierdie

vraagstuk bevredigend sou kon oplos. Lepaulle voer aan dat die trustboedel nie

aan die trustee behoort ni e; volgens hom het trustbates hoegenaamd geen

eienaar nie. Alhoewel sy gedagte van ‘n aparte “patrimony” in Meksikaanse

trustreg aanklank gevind het, is sy idee van geen eienaarskap egter verwerp en

word die trustee tog eienaar, maar wesentlik soos ook in Panama, “im eigenen

Namen als selbständiger Rechtsträger”. Dit wil sê “the trustee becomes owner of

the trust property. But again this ownership is subject to its obligations towards

the trust beneficiary.”94

Aan die Franse reg was ‘n regsfiguur genaamd fiducie lank voor die aanvaarding

van die Franse Code Civil in 1804 bekend. Hierdie figuur is gebaseer op die

Romeinse fiducia en het ook binne die sogenaamde “trust-like devices” geval.

Alhoewel die Franse fiducie in onbruik verval het, wys De Waal95 daarop dat

hierdie regsfiguur, van Romeinse oorsprong, op die konsep van “two separate

estates” gebaseer was (“a personal estate and that of the fiducie, both vesting in

the fiduciare”).

Gretton doen aan die hand dat daar in Skotland met vrug gekyk kan word na die

Romeinse beginsel, bekend as patrimonium, in ‘n poging om die Skotse

trustmodel te verduidelik.96 Met hierdie term bedoel hy “patrimony is that of the

totality of a person’s assets, and, in its broader sense, his liabilities also”. Hy

toon aan dat hierdie beginsel niks vreemds is aan die vroeëre Romeinse reg

nie.97 Alhoewel die algemene beginsel is dat “one person, one patrimony,” toon

94 De Waal 2001 Stellenbosch Law Review 70. 95 De Waal 2001 Stellenbosch Law Review 75. 96 Gretton “Trusts without Equity” 2000 International and Comparative Law Quarterly 606

e.v. 97 Gretton 2000 International and Comparative Law Quarterly 606 e.v.

Page 198: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

169

hy aan dat die siviele regstradisie tog afwykings hierop toegelaat het. Bo en

behalwe sy gewone “patrimony” kon ‘n persoon ook ‘n “special patrimony” hê. In

hierdie verband verwys Gretton na die Romeinse beginsels van dos of peculium

en ook na sogenaamde “special patrimonies” in geval van huwelike waar sekere

bates buite die partye se gewone “patrimony” val.

Gretton doen aan die hand dat “real subrogation is the key to the doctrine of

patrimony, and patrimony is the key to the trust. In other words a trust is a

special patrimony.”98 Hy vind dit heel logies dat die probleme wat civil law-juriste

met die verduideliking en begrip “trust” het, soos wat dit wil oorspoel vanuit die

common law-jurisdiksies, aan die hand van “patrimonium” opgelos kan word:

“With the explanation of trust as patrimony everything falls into place. The

rights of beneficiaries are personal rights. They are personal rights

against the trustee, but they are (subject to certain exceptions)

enforceable only against the special patrimony and not the general

patrimony. Conversely, personal rights enforceable against the trustee in

his personal capacity are not (in general) enforceable against the special

patrimony. There is thus no need to seek to classify the right of

beneficiaries as being in some way privileged or quasi-real or as in some

way (trumping) the rights of the creditors of a trustee in his personal

capacity. There is no need to resort to duality of ownership. Instead of

duality of ownership there is duality of patrimony.”99

Die hoofrede waarom in die Engelse trust onderskei word tussen die

sogenaamde “legal” en “equitable estates”, was geleë in die noodsaak om die

regte van Engelse trustbegunstigdes te kon beskerm binne ‘n stelsel waar

sodanige beskerming aanvanklik nie gegeld het nie. Hierdie

98 Gretton 2000 International and Comparative Law Quarterly 607. 99 Gretton 2000 International and Comparative Law Quarterly 612.

Page 199: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

170

beskermingsvereiste het wêreldwyd so belangrik geword dat dit dan ook een van

die wesenskenmerke van ‘n “ware suiwere” trustfiguur geword het. Die

persepsie bestaan dat omdat dual ownership die enigste erkende wyse sou wees

waarop aan die begunstigde regsbeskerming gebied kon word, civil law-stelsels

slegs ware trustmodelle sou kon hê, indien hulle die Engelse regsmodel net so in

hul stelsels invoer. Hierdie siening word egter in Skotland verkeerd bewys. In

die Skotse stelsel vind ons ‘n “ware” trustmodel wat aan al die wesenskenmerke

voldoen, maar “instead of duality of ownership there is duality of patrimony”. Die

trustbegunstigde se beskerming van sy regte is dus in Skotland daarin geleë dat

hy hom in Skotland kan beroep op sy sui generis fidusiêre regte voortspruitend

uit die fidusiêre trustverhouding en deurdat die trustboedel as “special patrimony”

buite die beheer geplaas word van die trustee se alledaagse krediteure.100

De Waal101 merk in dié verband op:

“The central conclusion, which can now be stated with confidence, is this:

the Scottish and South African trusts are not so-called trusts …”

Volgens Skotse reg, kan trusts hedendaags soos volg geklassifiseer word:

100 Gretton 504, stel dit baie duidelik dat fidusiêre verpligtinge deel uitmaak van die Skotse

gemenereg sedert so vroeg as 1712 en beslis in ooreenstemming is met die Engelse beginsels

sedert 1795; Gretton 2000 International and Comparative Law 612. 101 De Waal “The Core Elements of the Trust: Aspects of the English, Scottish and South

African Trusts Compared” 2000 SALJ 569.

Page 200: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

171

♦ Diskresionêre trusts;

♦ Eenvoudige en spesiale trusts;

♦ Inter vivos en testamentêre trusts;

♦ Publieke en private trusts;

♦ Liefdadigheidstrusts of ander trusts; en

♦ Vrywillig opgerigte trusts of trusts wat volg weens regswerking.

‘n Trust kan binne meer as een van bogemelde klassifikasies val. So kan ‘n trust

byvoorbeeld ‘n inter vivos diskresionêre private trust wees.102 Skotse reg

onderskei ook tussen spesiale trusts (waar die doeleindes van die trust spesifiek

uiteengesit word in die trustakte) en eenvoudige trusts (waar die trustee bloot ‘n

verpligting het om die trustbates in trust te hou en dit aan die oprigter of sy

genomineerde terug te lewer wanneer hy opgeroep word om so te doen).103

Alhoewel die Skotse trustfiguur dus verklaarbaar is aan die hand van

Romeinsregtelike beginsels met moontlike latere Engelsregtelike beïnvloeding,

kan die stelling na aanleiding van die voorafgaande bespreking gemaak word dat

die Skotse trust vandag ‘n suiwer trustfiguur is wat gebaseer is op ‘n unieke

vertrouensverhouding en dat dit ‘n regsfiguur sui generis is.

102 Paisley Law Basics Trusts (1999) 9. 103 Walker (Vol. IV) 5.

Page 201: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

172

5.3 SRI LANKA104

5.3.1 Die Geskiedkundige Ontwikkeling van die Sri Lankaanse Regstelsel

en Trustreg

In 1505 is die eiland wat vandag as Sri Lanka bekend staan, deur die Portugese

beset.105 Sedert 1658 het die Hollanders stelselmatig die beheer oor Sri Lanka

by die Portugese oorgeneem en mettertyd het die Hollandse besetting van Sri

Lanka uitgebrei en het die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC) sy invloed

aldaar versterk. 106 De Silva107 merk ten aansien van die Hollandse besetting op

dat “Roman-Dutch law was the most lasting contribution of the Dutch to Sri

Lanka”.

In 1802 verkry die Engelse kragtens die verdrag van Amiens eers gedeeltelike

beheer, en sedert 1815 volle beheer, oor Ceylon (d.i. Sri Lanka).108 Tydens die

Engelse besetting het die gemenereg in Sri Lanka grotendeels uit Romeins-

Hollandse regsreëls109 bestaan.110 Volgens die publiekregtelike beginsel wat

destyds deur Engeland as koloniale moondheid toegepas is by kolonialisasie “the

lex loci continue(d) in force, subject to certain qualifications, until changed by the

104 Tot en met 22 Mei 1972 het Sri Lanka as Ceylon bekend gestaan. 105 Winius The Fatal History of Portuguese Ceylon (1971) 3 e.v. 106 Die VOC, synde die handelsarm van die destydse Holland, het ook in Suid-Afrika

gefunksioneer soos uit hoofstuk 4 blyk. 107 De Silva A History of Sri Lanka (1981) 194. 108 De Silva 133 e.v.; Keeton en Sheridan The Comparative Law of Trusts in the

Commonwealth and Irish Republic (1976) 234 e.v.; Cooray The reception in Ceylon of the English

Trust: an analysis of the case law and statutory principles relating to trusts and trustees in Ceylon

in the light of the relevant foreign cases and authorities (1971) 1 e.v. 109 Soos wat dit bestaan het in Sri Lanka teen ongeveer 1800. 110 Keeton en Sheridan 234.

Formatted: Bullets andNumbering

Page 202: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

173

deliberate act of the new sovereign”.111 Hiervolgens het die Romeins-Hollandse

regstelsel derhalwe van krag gebly na die kolonialisasie van Sri Lanka deur

Engeland. Sri Lanka was egter onder Engelse bewind vir ’n tydperk van 133

jaar. Dit is dus verstaanbaar dat die Engelse invloed op verskeie terreine

(waaronder die reg) in Sri Lanka oor so ‘n lang tydperk aansienlik moes wees.

Nie alleen het die Engelse taal algaande inslag op die eiland gevind nie, maar

studente het ook toenemend in Engeland gaan studeer. Cooray wys daarop dat

“the introduction of English legal principles and judicial concepts during this

period reshaped the legal framework of the land”.112 Keeton en Sheridan sluit

aan by Cooray waar hulle daarop wys dat die howe wat in 1815 daargestel is net

eenvoudig verskeie reëls en beginsels vanuit die Engelse reg ingevoer het.113

Die aanvaarding van Engelse regsbeginsels het in Sri Lanka op ‘n subtiele en

lukraak wyse plaasgevind. Die hoofrede hiervoor kan toegeskryf word aan die

destydse bestaan en toepassing van die Romeins-Hollandse regstelsel in Sri

Lanka. Cooray114 som dit soos volg op:

“The introduction of English law into most British colonies was virtually

total - the laws in force in England at a particular date being adopted. In

Sri Lanka a different pattern was followed because of the existence of

Roman Dutch law. The English law relating to certain subjects was

selectively incorporated by statute and by judicial action.”

Die invoering van Engelse reg in Sri Lanka het op een van vier maniere

plaasgevind:

111 Cooray 2. Hierdie beginsel is in Campbell v Hall 1764 Cowp 204 neergelê soos

aangehaal deur Cooray 2. 112 Cooray 3. 113 Keeton en Sheridan 234. 114 Cooray 3.

Page 203: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

174

♦ Engelse wetgewing wat uitdruklik ook op Sri Lanka van toepassing verklaar

is;

♦ Beginsels voortspruitend uit Engelse regspraak wat eenvoudig deur plaaslike

wetgewing115 in Sri Lanka van toepassing gemaak is;

♦ Engelse reg wat eenvoudig heelhuids deur plaaslike wetgewing 116 in Sri

Lanka van toepassing gemaak is;

♦ Voorsiening wat deur middel van wetgewing gemaak is vir die toepassing van

Engelse reg waar die Sri Lankaanse reg in bepaalde situasies geswyg het.

Bo en behalwe hierdie vier metodes, bestaan daar verskeie voorbeelde in Sri

Lanka waar Engelse beginsels doodeenvoudig, en sonder dat dit geskied het in

terme van een of meer van die bogemelde metodes, as basis gebruik is vir

regspraak in Sri Lanka. Hierdeur is die Romeins-Hollandse gemenereg dikwels

onder druk geplaas. Soos ook in ander jurisdiksies, is die redes vir hierdie

toepassing veelvuldig. Baie regters en ander regslui in Sri Lanka was van Britse

afkoms en derhalwe noodwendig meer vertroud met die Engelse reg as met die

plaaslike pluralistiese gemenereg- en gewoonteregsisteem. Nie net was

sodanige juriste onbekend met die plaaslike inheemse regstelsels nie, maar ook

met die Romeins-Hollandse regstelsel. Regslui het verder hul optrede probeer

regverdig deur soms aan te dui dat die Romeins-Hollandse reg nie vir spesifieke

gevalle voorsiening gemaak het nie, of dat die regsreëls wat spesifiek bedoel

was vir Holland, nie in Sri Lanka toegepas behoort te word nie. 117

Wat belangrik is vir doeleindes van hierdie studie, is weereens die vraag in

hoeverre die beginsel van equity118 in Sri Lanka ingevoer is?

115 Dus by wyse van kodifikasie. 116 Weereens dus by wyse van kodifikasie. 117 Cooray 6. 118 Deur middel van Engelse beïnvloeding.

Page 204: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

175

Die Ceylon Charter (soos aangehaal deur Keeton en Sheridan) bepaal soos volg:

“(The High Court of Ceylon) shall also be a Court of equity and shall and

may have full power and authority to administer justice ... as nearly as

may be, according to the rules and proceedings of the High Court of

Chancery in Great Britain.”119

Alhoewel daar in wetgewing verwys is na die reëls van equity, is die onderskeid

tussen ‘n “legal estate” en ‘n “equitable estate” nooit in Sri Lanka aanvaar en

toegepas nie120 - ook nie wat betref trusts nie.121 In Sri Lanka is die reg

deurentyd as een sisteem geadministreer.122 Die feit dat die beginsels van

billikheid (equity) egter vanuit Engeland oorgeneem is en as deel van die

regsbasis van Sri Lanka erken is (welliswaar nie as afsonderlike sisteem soos

aanvanklik in Engeland nie) regverdig ‘n afleiding dat die beginsel van fidusiêre

regte en verpligtinge voortspruitend uit ‘n vertrouensverhouding ook erkenning

sou geniet in Sri Lanka.123 Dat dit inderdaad so was blyk uit die siening van

skrywers soos Cooray124 en ook uit wetgewing125 wat in Sri Lanka aanvaar is.

119 Keeton en Sheridan 234. Die Ceylon Charter is in 1801 gepromulgeer om beperkte

selfregering aan Sri Lanka te gee. 120 Keeton en Sheridan 234; Cooray 9. 121 Cooray 9. 122 Keeton en Sheridan 234. 123 In hoofstuk 3 is reeds standpunt ingeneem dat equity-regte die voorloper was van wat

vandag as fidusiêre regte bekend staan. 124 Cooray 141 e.v. 125 Byvoorbeeld artikel 9 van “The Trust Ordinance of 1917”.

Page 205: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

176

Cooray126 som die posisie in Sri Lanka met betrekking tot eiendomsreg,

verbintenisreg in die breë en kontraktereg in die besonder, asook die reg wat

betref erfopvolging, soos volg op:

“The reception of English law has not generally affected the basic

concepts of the Roman Dutch law relating to persons, property,

succession and obligations. Thus we shall see in Article 73, the nature of

the trustees interest in the trust property is determined according to

Roman Dutch rules of ownership.”

Hy gee egter toe dat die Engelse invloed op ander gebiede van die reg in Sri

Lanka aansienlik was.

Die gemenereg van Sri Lanka is hedendaags bykans ten volle gekodifiseer en

daar word deesdae selde verwys na die ou Romeins-Hollandse skrywers.127 Die

bronne van die reg in Sri Lanka bestaan tans grotendeels uit wetgewing,

hofuitsprake en (gekodifiseerde) gewoontereg.

5.3.2 Die Ontwikkeling van die Trustfiguur in Sri Lanka

Trustreg was waarskynlik onbekend aan Sri Lanka se regsgemeenskap tot in die

19e eeu. Die feit dat ‘n behoorlike indeks van vroeë hofbeslissings ontbreek,

maak dit vir navorsers bykans onmoontlik om met sekerheid vas te stel presies

wanneer die trust as regsfiguur in Sri Lanka erken is. 128

126 Cooray 10. Hou ook in gedagte dat baie juriste in Sri Lanka nie Hollands magtig was nie

en dat navorsing in Sri Lanka oor Romeins -Hollandse reg ontbreek het. 127 Cooray 11. 128 Cooray 19.

Formatted: Bullets andNumbering

Page 206: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

177

Die aanvanklike afwesigheid van hierdie regsfiguur in Sri Lanka kan toegeskryf

word aan die algemene siening van destyds dat trustreg geen bestaansreg

sonder equity-reg gehad het nie.129 Waar equity-reg geen onafhanklike

bestaansreg in Sri Lanka gehad het nie,130 was die nie-toepassing van trustreg

dus te verstane.

Cooray131 merk in hierdie verband op:

“Since the law of trusts falls within the exclusive jurisdiction of equity, it is

difficult to envisage how a Ceylon appellate court, administering justice in

a summary manner as provided for by clauses 39 and 40 of the Charter,

bound to apply the Roman-Dutch law and the customary laws, could give

effect to an English trust.”

Sedert die 19e eeu verskyn daar algaande verwysings na trusts, of dan

instellings soortgelyk daaraan, in Sri Lanka. Blykbaar het hierdie meer

genaakbare houding jeens trusts sy oorsprong in die Ceylon Charter132 wat

onder meer bepaal het dat howe in Sri Lanka reg kan toepas in ooreenstemming

met die reëls en prosedures van die destydse Engelse High Court of Chancery.

Alhoewel die oorspronklike Ceylon Charter in 1833 herroep is en die nuwe

Charter nie weer ‘n verwysing bevat het na die Chancery howe nie, het die Sri

Lankaanse howe voortgegaan met die toepassing van “equitable jurisdiction”

soos dit aan die “Chancery” howe in Engeland bekend was. 133 Keeton en

Sheridan wys ook daarop dat die toepassing van die Engelsregtelike equity in Sri

Lanka spesifiek ook op trusts van toepassing was. Die skrywers verwys selfs na

129 Reid “Patrymony not Equity: the Trust in Scotland” 19. 130 Keeton en Sheridan 234. 131 Cooray 20. 132 Artikel 39 van die Ceylon Charter van 1801. 133 Keeton en Sheridan 234.

Page 207: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

178

wetgewing gedurende die 19e eeu wat bewys dat trusts in Sri Lanka in hierdie

tyd bestaan het.134

Keeton en Sheridan135 stel dit soos volg:

“The principles governing the law of trusts and many of the particular rules

were, before 1917, the creation of the courts alone, the English law of

trusts being closely followed.”

Cooray136 wys daarop dat Engelse regspraak oor trusts in Ceylon nagevolg is

sonder om eers vooraf aandag te skenk aan die vraag of trustreg in Ceylon

gegeld het. Tog wys Keeton en Sheridan daarop dat daar in sommige van die

vroeëre hofuitsprake dikwels daarop gewys is dat die trustfiguur soos dit

ontwikkel het in Engeland (en soos toegepas in Sri Lanka) herlei kon word na die

Romeinsregtelike fideicommissum.137

Soos hierbo vermeld is die Romeins -Hollandse reg in Sri Lanka as gemenereg

behou. Een van die gevolge hiervan was dat juriste in die land dus verder as die

Engelse regstelsel moes gaan soek vir ‘n basis waarop trustreg in Sri Lanka

verduidelik kon word. Suiwer Engelse equity kon dit nie wees nie. Die gevolg

hiervan was dat die geringe (gemeenregtelike) trustontwikkeling wat in Sri Lanka

plaasgevind het, plaasgevind het oor die boeg van die Romeins -Hollandse

beginsels soos fideicommissum en die beginsels van die kontraktereg, sonder

134 Keeton en Sheridan 234. 135 Keeton en Sheridan 235. Soos later sal blyk, is 1917 die jaar waarin trustreg in Sri Lanka

gekodifiseer is. Sien ook Cooray 22. 136 Cooray 22. 137 Keeton en Sheridan 235.

Page 208: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

179

om egter onomwonde aan te voer dat trustreg ontwikkel het uit Romeins-

Hollandse reg.138

Die howe het ‘n testamentêre trust aan die hand van die Romeinse

fideicommissum verduidelik en die inter vivos trust as ’n verbintenis ex quasi

contractu beskou.139 Tog het die howe dan voortgegaan en Engelsregtelike

beginsels op hierdie Romeins -Hollandse instelling begin toepas, sonder om te

verduidelik waar dié reg om dit te doen vandaan kom!140

Keeton en Sheridan141 verwerp die teorie van ‘n fideicommissum en quasi

contract as bronne van die Sri Lankaanse trust. Hulle142 is van mening dat die

regsposisie op daardie stadium143 in Sri Lanka waarskynlik was dat:

“It was not alleged in any decision of the Ceylon courts that the trust in

Ceylon was derived from the Roman-Dutch law, although several Judges

showed some disposition to attempt an assimilation of the two institutions,

resembling in this respect the development in South Africa.”144

138 Cooray 23. Hy wys daarop dat die siening dat die trust uit die fideicommissum ontstaan

het onder verdenking is. 139 Ibrahim Saibo v The Oriental Banking Corporation 1874 3 CNLR 148 151 soos

aangehaal deur Cooray 22 en 23. 140 Cooray 23. Soos egter reeds aangetoon, sou dit nie moeilik wees om in Sri Lanka

regverdiging te vind vir die invoering van die Engelse beginsel van fidusiêre regte en verpligtinge

as uitvloeisel van ‘n vertrouensverhouding nie. Die trustverhouding was immers te alle tye

minstens dit. 141 Keeton en Sheridan 235. 142 Keeton en Sheridan 235. 143 Dus voor kodifikasie. 144 Keeton en Sheridan 235. My kursivering.

Page 209: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

180

Hieruit blyk dus dat die trustfiguur in Sri Lanka waarskynlik ‘n oorname was van

die Engelse trustfiguur eerder as ‘n Romeins-Hollandse ontwikkeling. Aan die

einde van die 19e eeu het die benutting van trusts verder verminder weens die

feit dat plaaslike juriste die Engelse juriste in Sri Lanka toenemend begin vervang

het. Hierdie juriste was uiteraard op hulle beurt weer minder bekend met die

beginsels van Engelse law of equity. ‘n Verdere rede wat aangevoer kan word,

is die gebrek aan gepubliseerde hofverslae en toepaslike teksboeke.145

Cooray146 som die regsposisie in Sri Lanka, net voor die promulgering van die

Trust Ordinance in 1917, soos volg op:

“This statement147 highlights the three significant characteristics of the law

of trusts at that time: (i) The gradual nature of the reception, (ii) the

difficulty of defining the law of trusts, which flowed from the fact that (iii)

the reception of English law was partial.”

Die skrywer dui egter aan dat daar met sekerheid aangevoer kan word dat die

Engelse trustreg in Sri Lanka minstens gegeld het wat betref:

♦ Die drie essentialia-vereistes148 (wat deur regspraak ingevoer is);

♦ Die beginsels onderliggend aan ‘n fidusiêre verhouding;149

145 Cooray 27. 146 Cooray 24. 147 ”Statement” verwys hier na ‘n verklaring deur die destydse prokureur-generaal van Sri

Lanka toe hy die Trust Ordinance bekend gestel het. 148 Hierdie aspek word behandel in Hoofstuk 6. Die Engelse reg vereis vir die geldige

totstandkoming van ‘n trust; sekerheid van bedoeling, sekerheid van trustbates en sekerheid van

begunstigdes. 149 Wat volgens Cooray 142, selfs wyer strek as in die Engelse reg.

Page 210: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

181

♦ Die Engelse regsbeginsels ten opsigte van liefdadigheidstrusts;

♦ Die begunstigde se regte om trustbates op te volg.150

Daar moet in gedagte gehou word dat die trustfiguur en die fideicommissum in

Sri Lanka sy aan sy en as afsonderlike regsfigure bestaan het.151 Juis die verskil

tussen dié twee instellings was die onderwerp vir ondersoek deur die Geheime

Raad in die beslissings van Abdul Hameed Sitti Kadija v De Saram152 en

Abeyawardene v West.153 Keeton en Sheridan154 stel dit soos volg:

“These two decisions sufficiently emphasize that trusts and fideicommissa

are distinct institutions, and indeed the Trust Ordinance 1917 was passed

in order to facilitate the separate development of the two institutions in

Ceylon.”

Trustreg in Sri Lanka is in 1917 gekodifiseer deur middel van die sogenaamde

Trust Ordinance155 wat op 16 April 1918 in werking getree het. Net soos die

Indiese Trust Act van 1882 het die Trust Ordinance sy oorsprong te danke aan

die 19e eeuse Engelse Trustee Acts (waarna vroeër verwys is)156 asook die

hofuitsprake van die Chancery howe in Engeland.157 Engelse trustreg is egter in

Indië opgeneem binne ‘n regstelsel waarvan die kontraktereg en eiendomsreg

geskoei was op Engelse reg terwyl dit nie in Sri Lanka die geval was nie.158 Een

150 Cooray 26. 151 Keeton en Sheridan 236. 152 Abdul Hameed Sitti Kadija v De Saram 1946 AC 208 soos aangehaal deur Keeton en

Sheridan 236. 153 Abeyawardene v West 1957 AC 176 soos aangehaal deur Keeton en Sheridan 237. 154 Keeton en Sheridan 237. 155 “The Trust Ordinance of 1917”. 156 Sien hoofstuk 3. 157 Cooray 28; Keeton en Sheridan 238. 158 Cooray 29.

Page 211: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

182

van die belangrike bepalings van die Trust Ordinance van Sri Lanka was dat

waar dié ordonnansie oor ‘n bepaalde regsaspek insake trusts sou swyg, die

Engelse trustreg toepassing moes vind.159

Die ordonnansie van 1917 bevat artikels wat heelhuids uit die Engelse reg

afkomstig is, terwyl dit ook artikels bevat wat bestaan uit kodifisering van

beginsels van sekere regspraak. In Sri Lanka het die wetgewer egter verder

gegaan en vir die eerste keer die sogenaamde trust “certainties” 160 statutêr

vasgelê en alhoewel in ooreenstemming met Engelse beginsels, is dit nie eens in

Engeland in wetgewing vervat nie. Die ordonnansie verskil ook van soortgelyke

wetgewing in Indië deurdat die Sri Lankaanse ordonnansie onder andere

spesifiek voorsiening maak vir die toepassing van Engelse equity-beginsels waar

die ordonnansie oor bepaalde regsaspekte mag swyg.161 Dit moet in gedagte

gehou word dat “the Indian Trust Act was … the extension of English law to

India. In Ceylon, trusts were fitted into a non-English and still developing

system.”162

In terme van die Trust Ordinance sou Engelse regsbeginsels, soos vervat in

regspraak, slegs geld waar die ordonnansie swyg.163 Engelse gesag sou egter

wel van oorredende krag kon wees as die ordonnansie wel bepalings bevat,

maar slegs as die bepalings gebaseer is op identiese Engelse wetgewing of op

beginsels van equity.164

159 Artikel 2 van die The Trust Ordinance. 160 Hierna genoem “essentialia”. Die aspek sal verder aandag geniet in hoofstuk 6. 161 Hierdie aspek, gelees met artikel 90 van die Trust Ordinance, bevestig nogmaals die

bestaan van fidusiêre regte en verpligtinge as basis van die trustbegunstigde se regte en die

trustee se verpligtinge. 162 Keeton en Sheridan 239. 163 Artikel 2 van die Ordonnansie. 164 Cooray 37.

Page 212: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

183

Ongeag hierdie beginsels, moet altyd in gedagte gehou word dat die vroeëre

regters en juriste van Sri Lanka, meesal in die Engelse reg geskool was. So,

byvoorbeeld, blyk dit uit ‘n opname van Ceylonse hofbeslissings, kort voor en na

die inwerkingtreding van die 1917 Trust Ordinance, dat regters tot ‘n groot mate

op Engelse gesag en beginsels gesteun het vir hulle uitsprake in

trustaangeleenthede. 165

Opsommenderwys kan gesê word dat die ontwikkeling van trustreg in Sri Lanka,

uit die oogpunt van die civil law-juris interessant is. Alhoewel Sri Lanka se

gemenereg gebaseer is op Romeins-Hollandse regsbeginsels en alhoewel

sekere vroeëre hofbeslissings die trust vergelyk met die Romeins -Hollandse

fideicommissum, kan tereg gesê word dat die Engelse trustreg en in besonder

ook die Engelse beginsels rakende fidusiêre verhoudings binne trustverband, tot

‘n groot mate in Sri Lanka uiteindelik deur wetgewing ingevoer en gekodifiseer is.

Die unieke ontwikkeling aldaar impliseer egter dat die trustfiguur in Sri Lanka ‘n

regsfiguur sui generis is. Daar is geen moeite gedoen om die dubbelslagtigheid

van die eiendomsbegrip - wat so tipies van die Engelse trustreg is - in die Sri

Lankaanse reg te regverdig nie of in verband met trusts op te klaar of te

verduidelik nie. Soos Olivier166 egter opmerk, pla die afwesigheid van ‘n

verduideliking of verklaring van die regsbeginsels in hierdie verband in Sri Lanka

skynbaar glad nie in die praktyk nie. Indien De Waal se algemene standpunt,167

dat dual ownership in wese gerig is op beskerming van begunstigdes, in ag

geneem word en ook gesien in die lig van die feit dat in Sri Lanka sodanige

beskerming verleen word in terme van wetgewing,168 word aan die hand gedoen

dat daar in elk geval geen rede bestaan waarom juis die aan- of afwesigheid van

dual ownership die trustfiguur in ‘n spesifieke jurisdiksie behoort te beïnvloed nie.

165 Keeton en Sheridan 235. 166 Olivier Aspekte van die Reg insake Trust en Trustee met besondere verwysing na die

Amerikaanse Reg (LLD-proefskrif 1982 UP) 7. 167 Soos reeds hierbo asook in hoofstuk 4 paragraaf 4.3.3.2 bespreek. 168 Wat in hoofstuk 6 bespreek word.

Page 213: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

184

5.4 LOUISIANA

5.4.1 Die Geskiedkundige Ontwikkeling van Louisiana se Regstelsel en

Trustreg

In 1682 eis die Fransman De la Salle die gebied rondom die Mississippirivier op

vir Frankryk. Hy vernoem koning Louis XIV van Frankryk en vandaar verkry die

gebied sy naam, Louisiana. 169

As gevolg van die groeiende belangstelling in hierdie gebied170 ontstaan

mettertyd verskeie Franse handelsposte wat later tot nedersettings en nog later

tot dorpe en stede sou ontwikkel. Die nedersettings het ‘n sterk Franse kultuur

gehad.171 Die vroeëre Franse het hul eie regstelsel met hulle saamgebring.172 In

1712 het Frankryk formeel burgerlike regering in Louisiana ingestel173 en die

“Custom of Paris”174 het wet geword in Louisiana.175 Volgens ‘n publikasie van

die Tulane Law School was “the Royal proclamations of France and the custom

of Paris … the law of the territory”.176

169 http://www.crte.state.la.us/crt/profiles/history.htm - 23 Julie 2004. 170 Veral weens die handelsmoontlikhede met die inboorlinge. 171 Banner Legal Systems in Conflict: Legal History of North America (1963) 15. 172 Banner 20. 173 Haas Louisiana’s Legal Heritage. An Introduction (1983) 1; Tulane Law School

Publikasie The Louisiana Civil Code: A Humanistic Appraisal (1981) 21. 174 ‘n Kode bestaande uit 16 titels en 362 artikels en gebaseer op die Romeinse tradisie. 175 Haas 1. 176 Tulane Law School Publikasie 21.

Formatted: Bullets andNumbering

Page 214: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

185

In 1762 skenk koning Louis XV van Frankryk ‘n gedeelte van sy grondgebied177

aan sy neef, koning Charles III van Spanje.178 Die Verdrag van Parys in 1763 -

wat ‘n einde gemaak het aan die sewejarige Frans-Indiaanse oorlog in die gebied

- het die oordrag van die westelike gedeelte van Groter-Louisiana aan Spanje

herbevestig.179 Aanvanklik het die Spaanse besetting nie ‘n wesentlike invloed

op die Franse regstradisies gehad nie.180 In 1769 word die Spaanse reg egter

formeel deur goewerneur O’Reily afgekondig en daar word weggedoen met die

Franse reg.181 Aangesien die Spaanse reg egter ook in die Romeinse reg

gewortel was,182 het daar heelwat ooreenstemming bestaan tussen die Franse

en Spaanse regstelsels. So merk Haas op: “The customs and traditions that

had evolved over the years did not succumb to shifts in sovereignity.”183

In 1800 gee Spanje die westelike gedeelte van Groter-Louisiana aan Frankryk

terug, 184 maar die Verenigde State van Amerika koop hierdie gebied, by name

Louisiana, by Napoleon van Frankryk vir $15 000 000 ingevolge die sogenaamde

“Louisiana Purchase”.185

177 Die New Orleans-gebied en daardie gedeelte van die Groter-Louisiana ten weste van die

Mississippirivier. 178 Kragtens die geheime Verdrag van Fontainebleau waarvan die inwoners eers sowat 23

maande later te hore gekom het - sien http://www.crte.state.la.us/crt/profiles/history.htm - 23 Julie

2004. 179 http://www.crte.state.la.us/crt/profiles/history.htm - 23 Julie 2004. In terme van dieselfde

verdrag word beheer oor die oostelike gedeelte van die gebied aan Engeland oorgedra. 180 Banner 21. 181 Banner 36. 182 Haas 3. 183 Haas 3. 184 Kragtens die geheime verdrag van San Ildefonso. Frankryk neem egter eers in 1803

werklik herbesit van die gebied. 185 Ingevolge die ”Louisiana Purchase” het die VSA nie net Louisiana bekom nie, maar ook

die hedendaagse Missouri, Arkansas, Iowa, Nebraska, South Dakota, North Dakota en

Oklahoma en daarmee die grondgebied van die destydse VSA bykans verdubbel - Webster’s

New World Encyclopedia (1990) (9e uitgawe) 679.

Page 215: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

186

Ten opsigte van die geldende regsbeginsels in Louisiana in vergelyking met dié

van die Verenigde State van Amerika, merk Banner op dat die regstelsel wat die

Verenigde State van Amerika van Engeland geërf het in verskeie opsigte verskil

het van die regstelsels van Spanje en Frankryk.186

Baie Amerikaanse regslui het na die aankoop van Louisiana hul weg gevind na

Louisiana om aldaar ‘n lewe te probeer maak. ‘n Swak regstelsel met bykans

geen geskrewe bronne nie, was in hierdie gebied aan die orde van die dag en dit

het die teelaarde geskep vir die invoer van Anglo -Amerikaanse regsbeginsels.

Haas187 stel dit soos volg:

“The coming of the Americans produced a vitriolic clash of legal traditions.

Clairborne as governor had instructions from president Thomas Jefferson

to institute American law and practices in the new land.”

Een van die eerste Amerikaanse doelwitte na die aankoop van Louisiana, was

om ‘n behoorlike regstelsel daar te stel.188 Die inwoners van die gebied was

egter nie almal heeltemal te vinde vir die invoer van die Amerikaanse regstelsel

nie. So word in die Tulane-monografie opgemerk:

“During a formative period in Louisiana’s history shortly after the Louisiana

Purchase of 1803, the local Spanish and French minorities stubbornly

resisted attempts of American authorities to replace the social vision of

their civil law with common law perspectives that other states were

importing from England. Their resistence permanently influenced the

shape and substance of Louisiana’s law, which today remains as different

186 Banner 85. 187 Haas 3. 188 Banner 122.

Page 216: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

187

from the rest of American law as the metric system is from the English

system of measurement.”189

Met betrekking tot hierdie tydvak kom Haas 190 tot dieselde gevolgtrekking:

“Law reflects the culture of a people. History, traditions, religion and the

various other components that make up the cultural mileu of a society

influence the development of the law. In Louisiana this cultural mileu has

a distinctly Latin flavour. So too does the law. Louisiana is the sole solid

inclave of civil law in the United States. It is a unique legal system based

fundamentally on Roman law, derived from the lengthy colonial rule of

France and Spain. Despite the incursions of common law principles and

procedure since the Great Purchase of 1803, the civilian tradition remains

strong in Louisiana. The law that France and Spain transmitted to

Louisiana in the 18th century had its roots in the civil codes of imperial

Rome and differed significantly with the English tradition of Common Law

that Great Britain imported to its thirteen colonies on the Atlantic Coast.”

Haas191 meld verder dat -

“(although) the native population eventually accepted certain portions of

Anglo American law, they remained true to their preference for the civilian

tradition”.

Polities was die leierskap in Amerika van oordeel dat dit goed sou wees om

teenoor die inwoners van hierdie gebied toe te gee ten opsigte van hul

189 Tulane Law School Publikasie 3. 190 Haas 1. 191 Haas 4.

Page 217: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

188

regstradisies en hopelik daardeur die basis te vorm vir die bevolking se

aanvaarding van permanente Amerikaanse regering.192

In 1808 word die “Digest of the Civil Laws now in Force in the Territory of New

Orleans” 193 deur die Amerikaanse wetgewer goedgekeur en erkenning verleen

aan die beginsel dat Louisiana se regstelsel inderdaad gebaseer is op Franse en

Spaanse reg en dat die wetgewer nie wetgewing sal aanvaar wat in die

algemeen hierdie beginsel sou skaad nie.194

Die gevolg hiervan was “a strange hybrid with some characteristics of both the

old Legal system of Upper Louisiana and the Anglo American system that …

could not completely replace it”.195

In 1812 word Louisiana formeel die 18e staat van die Verenigde State van

Amerika. William Charles Cole word verkies as die eerste goewerneur van

Louisiana. In 1850 verskuif Louisiana se hoofstad van New Orleans na Baton

Rouge.

In 1822 word ‘n komitee in Louisiana op die been gebring om die Digest van

1808 te hersien en die gevolg hiervan was uiteindelik die Louisiana Civil Code

van 1825 - soos gewysig in 1870 - ‘n vermenging van Franse reg, Spaanse reg

en gemenereg 196 en gebaseer op sy voorganger die Franse Civil Code.197 Die

doel van kodifisering in Louisiana was, soos in Frankryk om die reg duidelik

192 Haas 4. 193 Hierdie kode was die voorloper van Louisiana se huidige Civil Code. 194 Haas 4. 195 Banner 96. 196 Haas 4. 197 Tulane Law School Publikasie 10.

Page 218: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

189

uiteen te sit en dit sodoende meer toeganklik te maak. ‘n Civil law-basis is

duidelik waarneembaar in die kode. 198

5.4.2 Die Ontwikkeling van die Trustfiguur in Louisiana

Soos reeds aangetoon, is Louisiana gesteld op sy Romeins-regtelike erfenis wat

deur middel van die Napoleontiese kode die grondslag van sy regstelsel vorm.

Die howe in Louisiana was teen die trust gekant juis weens die juridiese erfenis

van Louisiana. In Buck v Larcade199 stel die hof hierdie standpunt onomwonde

soos volg:

“There are no trust estates recognised under our laws, with such tenures

of property as legal title in one person or entity and equitable title in

another person or entity.”

In ooreenstemming met ’n civil law-tradisie, was die Engelse dual ownership-

beginsel dus onaanvaarbaar in Louisiana. So merk die verhoorregter in Buck v

Larcade200 verder op dat

“… titles ‘legal’ and ‘equitable’ alien to the civil law, will not be permitted to

be established thereby and vested in different persons”.

198 Tulane Law School Publikasie 10. 199 Buck v Larcade 183 LA 1935 570 578, soos aangehaal in Wisdom “A Trust Code in the

Civil Law, based on the Restatement and Uniform Acts: The Louisiana Trust Estates Act” 1938 -

1939 Tulane Law Review 75 voetnota 20. 200 Buck v Larcade 183 LA 1935 570 578 soos aangehaal deur Wisdom 1938 - 1939 Tulane

Law Review 75 voetnota 20.

Formatted: Bullets andNumbering

Page 219: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

190

Dit is dan ook nie vreemd vir Wisdom om, soos ander juriste waarna reeds

verwys is, 201 te beklemtoon dat in terme van die civil law geen twee persone

gelyktydig “legal” en “equitable” eienaar van dieselfde saak kan wees nie.202

Dieselfde skrywer wys daarop dat tot voor 1920 trusts in Louisiana ongeldig

was.203

Dit is interessant om daarop te let dat die wetgewer van destyds so vasbeslote

was om toe te sien dat hierdie vreemde common law-verskynsel nie hul eie

regstelsel besoedel nie, dat selfs die fideicommissum, wat ‘n Romeinse

regsfiguur is, uit die Louisiana stelsel geban is as synde ongeldig. Wisdom

spreek die mening uit dat die baba hier saam met die badwater uitgegooi is,

hoofsaaklik omdat die fideicommissum as civil law-figuur gesien is as die

voorloper of selfs dieselfde as die Engelse trust.204

Nie net die wetgewer nie, maar ook die howe het trusts ongeldig verklaar.205

Waar Wilson die regspraak bespreek, doen hy weereens aan die hand dat daar

ook nie aan fideicommissa erkenning verleen is nie, omdat “what the Supreme

Court of Louisiana seemed to fear was not a fideicommissum, an institution

familiar to French law and common in the Roman law, but the unknown English

trust”.206

Louisiana is mettertyd as gevolg van ekonomiese druk van buite gedwing om

oorweging te skenk aan die aanvaarding van die trustfiguur.207 In hierdie

201 Waaronder Gretton soos bespreek in hoofstuk 5 en Olivier soos bespreek in hoofstuk 4,

om maar net enkeles te noem. 202 Wisdom 1938 - 1939 Tulane Law Review 70. 203 Wisdom 1938 - 1939 Tulane Law Review 71 waar na Artikel 1520 van die Louisiana

Siviele Kode verwys word. 204 Wisdom 1938 - 1939 Tulane Law Review 73. 205 Wisdom 1938 - 1939 Tulane Law Review 74 waar hy na die gesag verwys. 206 Wisdom 1938 - 1939 Tulane Law Review 74. 207 Yiannopoulos Civil Law in the Modern World (1965) 9.

Page 220: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

191

verband merk Yiannopoulos op dat dit twyfelagtig is of ‘n siviele tradisie

onbepaald en onaangeraak kon bly oorleef waar dit, soos in die geval van

Louisiana, omring was deur sterk common law-invloede.

Trusts word in 1920 in Louisiana wettig verklaar.208 Van hierdie wetgewing sê

Wisdom:

“This act almost died a-borning. It was adopted without regard to

doctrines and it is impossible to say how it fitted into the framework of the

civil law.”209

Alhoewel Wet 107 van 1920 in 1935 herroep is, was dit tog ‘n belangrike mylpaal

in die geskiedkundige ontwikkeling van trustreg in Louisiana. Wat dié wetgewing

meegebring het, was die gewaarwording dat “to the surprise of the purists, trusts

were administered without a shock to civil law traditions”.210 Na die herroeping

van Wet 107 van 1920, het Louisiana se trustreg in ‘n lugleeg te verkeer. Vir die

verdere voortbestaan daarvan was die trustfiguur afhanklik daarvan om aan die

hand van een van die volgende drie moontlikhede geregverdig te kon word,

naamlik:

♦ Deur die gebruikmaking van erkende civil law-beginsels; of

♦ deur die trustreg te kodifiseer aan die hand van die Romeinse modelle soos

byvoorbeeld mandaat en/of fideicommissum ; of

208 Wet 107 van 1920. Louisiana het egter reeds in 1882 die eerste stap geneem op die

weg na erkenning van trusts, toe Wet 124 van 1882 skenkings aan trustees vir opvoedkundige,

liefdadigheids - en letterkundige doeleindes erken het en daarna ook aan die begin van die 20e

eeu statutêre ingrepe gemaak is ten aansien van die bankwese en trusts. 209 Wisdom 1938 - 1939 Tulane Law Review 76. 210 Wisdom 1938 - 1939 Tulane Law Review 76.

Page 221: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

192

♦ deur die trustreg te kodifiseer aan die hand van die beginsels van die

common law trust soos bekend in die Anglo-Amerikaanse regstelsel.

Die geldigheid van elk van hierdie drie moontlikhede word nou vervolgens in

oënskou geneem:

♦ Gebruikmaking en toepassing van (gemeenregtelike) civil law-beginsels.

Wisdom wys daarop dat die struikelblok ter erkenning van civil law-trusts

histories daarin geleë is dat “its essence has always seemed to be the

separation of the legal ownership from the equitable ownership”.211

Dat daar egter verskeie regsfigure in civil law-lande bestaan, wat sterk

ooreenkomste toon met die Engelsregtelike trust, is volgens Lapaulle nie te

betwyfel nie. Wisdom,212 met verwysing na Lapaulle, meld die volgende:

“If one ceases to explain trusts by using the difference between the

jurisdiction of common law and equity courts, legal title and equitable title,

rights in rem and in personam, many fallacious explanations may be

avoided.”

Volgens Wisdom213 is Lepaulle dan ook een van die voorstanders van die

patrimonium gedagte wat (soos reeds hierbo aangetoon) ook deur van die

211 Wisdom 1938 - 1939 Tulane Law Review 77. 212 Soos aangehaal deur Wisdom 1938 - 1939 Tulane Law Review 77, spesifiek met

verwysing na geskrifte van Lepaulle wat sedert 1927 die lig gesien het. 213 Wisdom 1938 - 1939 Tulane Law Review 79.

Page 222: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

193

Skotse juriste aangehang word.214 Bo en behalwe patrimonium, kan die

figure van fiducia, mandaat, die beding ten behoewe van ‘n derde en

fideicommissum volgens hom ook “trust-like devices” uitmaak, maar dat al

hierdie Romeinsregtelike figure “still (remain) distinguishable from a trust”.

♦ Kodifisering van die trust in die konteks van die civil law-tradisie

Volgens Wisdom, verskil Alfaro, die vader van die trustidee in Latyns-

Amerika,215 van Lepaulle. Alfaro is die mening toegedaan dat geen een van

die Romeinsregtelike regsfigure ‘n plaasvervanger of alternatief vir die

Engelse trustfiguur kan daarstel nie.

Alfaro 216 doen aan die hand dat die trustmodel in Louisiana ingevoer moes

word deur wetgewing, maar dat die gekodifiseerde beginsels gebaseer moes

word op erkende Romeinse modelle soos byvoorbeeld die fideicommissum.

Volgens Wisdom is dit ‘n denkrigting wat “another illustration of the workability

of trustoid schemes without the support of equity jurisdiction” daarstel.217

♦ Kodifisering van die trust aan die hand van die Anglo-Amerikaanse common

law trust.

Die derde moontlikheid wat vir Louisiana bestaan het, was om heelhuids die

trustfiguur, soos bekend in die common law, statutêr oor te neem. ‘n

214 Wisdom 1938 - 1939 Tulane Law Review 78. Sien ook Gretton 2000 International and

Comparative Law Quarterly 607. 215 Wisdom 1938 - 1939 Tulane Law Review 81. Wisdom meld verder dat die Latyns-

Amerikaanse trust “doctrinally” nie identies aan die “Anglo-Saxon trust” is nie. Wisdom verwys

hier na ‘n ongepubliseerde toespraak van Dr Alfaro in 1925. 216 Wisdom 1938 - 1939 Tulane Law Review 80 verwys hier na ‘n artikel van Dr Alfaro van

1920. 217 Wisdom 1938 - 1939 Tulane Law Review 82.

Page 223: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

194

Voorstander van hierdie benadering was Lee wat al in 1915218 die volgende

stelling gemaak het: “There is only one thing to do - to capitulate.”219

Van hierdie moontlikheid sê Wisdom: “Louisiana happily, it is believed, …

chose the course of capitulation.”220 Hy is van mening dat die keuse ‘n

eerbare en verdedigbare keuse was en merk op dat alhoewel Louisiana

“has gone the full way and adopted the common law trust with no local

trappings, no subterfuges, or restrictions that cut the ground from under

the trustee as holder of the legal title, it works, whether it is necessary to

resort to judicial rationalization (Scotland) or legislative legerdamain

(Panama). It works because it fills an insistent economic and social need,

a conspicuous legal triumph over verbalism in the law.”221

Volgens Olivier222 het juriste in Louisiana op ‘n vreemde manier vrede gemaak

met die trust-idee: Die mening het mettertyd posgevat dat die idee van ‘n

“equitable interest” tog in die Romeinse reg bestaan het, veral in die voor-

klassieke tydperk en ook later in die Justiniaanse tydperk. Na meningsverskille

tussen juriste oor die “dual ownership”-begrip van die Engelse reg, kom skrywers

soos Oppenheim en Ingram223 tot die gevolgtrekking dat die Romeinse reg “dual

ownership” geken het. Olivier wys tereg daarop dat hierdie skrywers in ‘n sekere

sin onder taamlike dwang verkeer het om hierdie vreemde regsbeginsel te erken,

218 Toe druk op Louisiana aan die oplaai was om die trustfiguur te aanvaar. 219 Wisdom 1938 - 1939 Tulane Law Review 82. 220 Wisdom 1938 - 1939 Tulane Law Review 82. Let daarop dat Lee die mening toegedaan

is dat Suid-Afrika die Engelse trustreg op dieselfde wyse oorgeneem het. Oor hierdie aspek is

daar in diepte uitgebrei in hoofstuk 4. 221 Wisdom 1938 - 1939 Tulane Law Review 84. 222 Olivier 9. 223 Oppenheim “Why a Revision of the Louisiana Trust Estates Act” 1957 - 1958 (18)

Louisiana Law Review 599; Oppenheim en Ingram Louisiana Civil Treatise (1977) 64 e.v. waarna

verwys word in Olivier 10.

Page 224: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

195

juis vanweë die feit dat Louisiana op daardie tydstip nie meer die trust uit hulle

regstelsel kon weer nie. Tog kom die kommissie wat aangestel is om die hele

kwessie rondom trusts in Louisiana te ondersoek en aanbevelings daaromtrent te

maak, uiteindelik tot dieselfde bevinding, naamlik dat die beginsel van dual

ownership ook in die Romeinse reg bestaan het.224

Alhoewel Louisiana nooit die beginsel van dubbeleiendomsreg as sodanig

aanvaar het nie, is op die oog af besluit dat dual ownership geen onoorbrugbare

probleem daarstel om die trustfiguur in hul midde te aanvaar nie. Hierdie

beginsel kon eenvoudig aangepas word by ‘n regstelsel wat Romeinsregtelik

georiënteerd is.225

Aan die begin van die 20e eeu was Louisiana die enigste Amerikaanse staat wat

nie erkenning aan trusts 226 verleen het nie. Juis hierdie feit, het dit vir Louisiana

ekonomies bykans onmoontlik gemaak227 om onbepaald te bly wegskram van die

gebruik van trusts. ‘n Oplossing moes dus gevind word en of dit nou alle juriste

tevrede sou stel, was nie ter sake nie -

“There is an immense advantage in this state’s adopting a law uniform

with or analogous to the law of the other forty-seven states - does this

mean an equity jurisdiction? Not any more than Louisiana has already.”228

224 Olivier 9. 225 Net soos in die geval van Sri Lanka, waar De Waal se standpunt bespreek is, geld dié

standpunt ook vir Louisiana as verdere regverdigingsgrond vir die erkenning van die trustfiguur

sonder erkenning of aanvaarding van die dual ownership-idee van die Engelse reg (as

beskermingsmaatreël vir die regte van trustbegunstigdes). Hierdie aspek is ook behandel in

hoofstuk 4 paragraaf 4.3.3.2. 226 Al die ander state het toe reeds erkenning verleen aan die Engelsregtelike trust. 227 ‘n Bepalende faktor wat die owerheid in Louisiana se besluit beïnvloed het, was juis die

kapitaalverlies wat teweeggebring was om voordeel te trek uit beleggings deur middel van trusts

in ander jurisdiksies. 228 Wisdom 1938 - 1939 Tulane Law Review 83.

Page 225: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

196

In stede daarvan om in te sien dat dual ownership bloot maar ‘n unieke (Engelse)

metode was om die regte van trustbegunstigdes te beskerm en ‘n aanvaarbare

civil law alternatief229 daarvoor te implementeer, het juriste in Louisiana gepoog

om erkenning vir die beginsel van dual ownership in die Romeinse reg te vind.

Olivier wys daarop dat toe die juriste in Louisiana eers ‘n verskoning in die

Romeinse reg gekry het wat hulle tevrede gestel het dat Engelsregtelike dual

ownership nie iets unieks aan die Engelse reg was nie en ook in die Romeinse

reg toepassing gevind het, kon hulle met ‘n skoon gewete en om praktiese

oorwegings aanbeveel dat Louisiana se trustreg in navolging van die

Amerikaanse Restatement of Trusts gekodifiseer word.230 Dit is gedoen deur die

Louisiana T rust Estates Act.231 Volgens Oppenheim232 het die meeste probleme

met hierdie wetgewing gesentreer juis om die feit dat dit “a creature of the

common law” was en ook omdat dit nie ‘n behoorlike geïntegreerde geheel

gevorm het met die Louisiana Civil Code nie. Juis hierdie faktore het

meegebring dat juriste weggeskram het van die gebruik van trusts. Alhoewel

wysigings aan dié wetgewing in 1952 verligting gebring het aan sekere van die

probleme, was ‘n volledige nuwe ondersoek na die statutêre hantering van die

trustfiguur in Louisiana steeds onontbeerlik233 en in 1964 word die huidige

Louisiana Trust Code gepromulgeer.234

229 Soos, byvoorbeeld in Skotland met “patrimony” en “real subrogation”. 230 Olivier 13. 231 Wet 81 van 1938. Wat betref trustaangeleenthede wys Wisdom 1938 - 1939 Tulane Law

Review 82 daarop “that the act follows substancially the language of the Restatement …” 232 Oppenheim “Why a Revision of the Louisiana Trust Estates Act is Necessary” 1957 -

1958 Louisiana Law Review 599. 233 Oppenheim 1957 - 1958 Louisiana Law Review 608; Nabors “The Shortcomings of the

Louisiana Trust Estates Act and some Problems of Drafting Trust Instruments Thereunder” 1938 -

1939 Tulane Law Review 178 e.v., bespreek ook volledig waarom die 1938 Wet hersien moes

word. 234 Wet 338 van 1964.

Page 226: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

197

Die erns waarmee sommige regspuriste in Louisiana in hul pogings is om steeds

gevolg te gee aan hul siviele regstradisie, blyk uit Yiannopoulos se opmerking

dat “in this Code an effort has been made to fit the Louisiana trust into the

framework of the prevailing law,”235 terwyl, soos hierbo aangetoon, daar ‘n

duidelike oorname oftewel kodifikasie van die common law trust in Louisiana

plaasgevind het. Wat ook al die aanloop daartoe was, het die trust in Louisiana

uiteindelik statutêr gestalte gekry as afsonderlike regsfiguur wat verder statutêr

beheer en beoordeel sou moes word.

235 Soos aangehaal deur De Waal 2001 Stellenbosch Law Review 79.

Page 227: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

198

5.5 QUEBEC

5.5.1 Die Geskiedkundige Ontwikkeling van Quebec se Regstelsel en

Trustreg

In 1500 eis Jacques Cartier van Frankryk die gebied aangrensend aan die

noordelike oewer van die St Lawrence-rivier in die noord-ooste van Noord

Amerika (in die hedendaagse Kanada) as Franse grondgebied op.

Franse setlaars en hul afstammelinge het hulle sedert die begin van die 17e eeu

toenemend begin vestig in daardie gedeelte van Kanada wat vandag as Quebec

bekend staan. Kanada is in 1633 as provinsie van Frankryk verklaar. Die

Franse wat in Quebec woonagtig was, het geleef ingevolge die regstelsel

waarmee hulle tradisioneel bekend was, dit wil sê die Franse reg.236 Smith en

Kerby wys daarop dat hierdie reg waarvolgens geleef is, daardie gedeelte van

die reg in Frankryk was wat meer bepaald toegepas was in die omgewing van

Parys.237 Smith en Kirby 238 verduidelik:

“The outstanding difference between the law of the region of Paris and

that of England is that the former was soaked in the spirit of Roman law

taught in the medieval universities. This Romanist inspirations was

shared with other laws then in force in France and on the continent of

Europe. English law which has given birth to another family of modern

systems belongs itself to no earlier family, it has sprung from the soil of

England in the same way as Roman law at Rome.”

236 Smith en Kerby Private Law in Canada. A Comparative Study (1985) 1; Castel The Civil

Law System of the Province of Quebec. (Notes, Cases and Materials) (1962) 14. 237 Smith en Kerby 1. 238 Smith en Kerby 8.

Formatted: Bullets andNumbering

Page 228: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

199

Intussen het die Engelse ook algaande hul invloed in Kanada laat geld. Dit was

net ‘n kwessie van tyd voordat konflik tussen die Franse en die Engelse

kolonialiste sou opvlam. In 1754 breek die Sewejarige Oorlog tussen Frankryk

en Engeland op Kanadese grondgebied dan ook uit. Die uiteinde van hierdie

oorlog was dat, kragtens die sogenaamde Treaty of Paris van 1763, Kanada

(waarby Quebec ingesluit was) formeel aan Engeland oorhandig is.239 Kragtens

die Quebec Act van 1774 is erkenning egter verleen aan die Frans-Kanadese se

reg tot ‘n eie godsdiens, die gebruik van hul eie Franse siviele reg en sekere

politieke regte. Die behoue Franse siviele reg het ‘n lewendige en ontwikkelende

regstelsel gebly totdat dit in 1866 gekodifiseer is.240 Die opvallende en

verreikende kultuurverskille tussen die Franse en Engelse in Kanada het

eenwording baie bemoeilik.

Alhoewel die Franse aanvanklik Kanada gekolonialiseer het en daarna beheer

daaroor ten gunste van die Engelse verloor het, het die provinsie van Quebec

deurentyd sy Franse karakter behou241 terwyl die res van Kanada inderdaad ‘n

Engelse karakter verkry het. As gevolg van die Engelse betrokkenheid was dit

egter te wagte dat ‘n sekere mate van Engelse beïnvloeding ook ten opsigte van

die regstelsel van die provinsie van Quebec sou plaasvind. Dit was dan ook

veral die geval met betrekking tot die strafregstelsel. Die regstelsel sou voortaan

bestaan uit ‘n mengsel van Engelse strafreg en Franse siviele reg.242

In sogenaamde “Upper Canada” waar die Franse invloed bykans geheel en al

ontbreek het, is die Engelse common law toegepas, maar in “Lower Canada”

(oftewel die latere Quebec) was dit nie die geval nie. Daar het die Franse met

239 http://www.collectionscanada.ca/confederation/h18_2002-e.html - 15 Julie 2004. 240 Keeton en Sheridan 252; Castel 14 e.v. 241 Soos reeds vermeld, het die Quebec Act van 1774 erkenning verleen aan die Frans-

Kanadese se reg tot ‘n eie godsdiens, die gebruik van hul eie Franse siviele reg en sekere

politieke regte. 242 http://www2.marianopolis.edu/quebechistory/readings/1774act.htm - 15 Julie 2004.

Page 229: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

200

hulle eie regstradisie meegebring dat wat siviele reg betref, die Europese civil

law dominant gebly het. Castel243 som die posisie in Quebec soos volg op:

“The background of the legal system of the Province of Quebec is

essentially French and civil and therefore strongly influenced by the

Roman law. The Quebec civil law system in the North American

environment has followed its own evolution and in many instances

developed rules which differ considerably from those prevailing in France.”

Uit Castel se opmerking is die logiese afleiding dat nie alle reg in Quebec

gebaseer is op die siviele tradisie nie. Sommige vertakkings van die reg is baie

meer geskoei op die basis van die Engelse common law.244

Die langdurende stryd tussen die Engelse en Franse en ook die onsekerheid wat

geskep is met die oor en weer oordrag van eienaarskap in Kanada en veral

“Lower Canada”, noop Castel om tot die volgende gevolgtrekking te kom: 245

“There was nothing more uncertain and more confused than the laws of

Lower Canada by the middle of the 19 th century and many lawyers looked

with envy at the Code Napoleon and the Civil Code of Louisiana that had

made order out of chaos. Codification it was said would also enable

lawyers, notaries and judges to know the exact state of law in Canada

when it was becoming more and more difficult since the enactment of the

Code Napoleon to obtain copies of commentaries on the law of France.”

Uit voorgaande blyk dat, alhoewel daar probleme ondervind was om ouer bronne

oor die Franse reg uit die pre-Code Napoleon era te bekom, daar nie in beginsel

243 Castel 1. 244 Castel 1. Voorbeelde hiervan is interdikte, versekeringsreg en die lewering van getuienis

in kommersiële aangeleenthede. 245 Castel 23.

Page 230: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

201

weerstand teen die Franse reg as basis van die reg in Quebec te bespeur was

nie.

In navolging van kodifikasie van die gemenereg in sowel Frankryk as Louisiana,

aanvaar Quebec reeds in 1857 wetgewing wat die weg baan vir kodifikasie van

die gemenereg in “Lower Canada”. Die Quebec Code was aanvanklik net in

Frans beskikbaar, maar is spoedig ook in Engels vertaal. Dit is interessant om

daarop te let dat van Skotse regsterminologie gebruik gemaak is “in order to

overcome the difficult problem of translating French legal terms into English.”246

Die kode word op 1 Augustus 1866 wet in Quebec.247 Dit is noemenswaardig dat

artikel 2613 daarvan bepaal dat “the civil code does not purport to abrogate all

the old law”. Quebec was nou die enigste provinsie in Kanada “where the law is

stated comprehensively in general principles to be found in a civil code and a

code of civil procedure. It is also the only province wherein the common law

does not prevail.”248

In 1980 word die kode hernu en weer in 1987. So onlangs as 1991 sien ‘n nuwe

Quebec Civil Code die lig. Die regstelsel in Quebec ontwikkel dus vanuit ‘n

Franse regstradisie wat deur die vroegste Franse setlaars die gebied binne

gebring is. Die tradisie is met verloop van tyd beïnvloed (maar nooit oorheers

nie) deur Engelse common law-beginsels, veral op sekere gebiede van die reg.

Sivielregtelik het die Europese civil law egter bly voortbestaan. Weens die

kodifikasie van veral die Franse reg, maar ook Louisiana se regstelsel, was

kodifikasie (gebaseer op die Code Napoleon ) ‘n logiese gevolg om orde te skep

in ‘n jurisdiksie waar regsonsekerheid in die pre-kodifikasie fase die botoon

gevoer het. 249

246 Castel 29. 247 Wat op daardie tydstip steeds bekend was as “Lower Canada”. 248 Castel 1. 249 Sien die aanhaling van Castel 23, hierbo na verwys.

Page 231: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

202

5.5.2 Die Ontwikkeling van die Trustfiguur in Quebec

Soos in ander hoofsaaklik civil law-jurisdiksies, was die aanvaarding van die

trustfiguur in Quebec ook uiters problematies. Die Engelse trustbegrip was vir

juriste in Quebec ook baie vreemd selfs al was Quebec, soos Louisiana, omring

deur common law-jurisdiksies waar die trust nie alleen sonder meer aanvaarding

gevind het nie, maar ook baie suksesvol aangewend was. Veral die ekonomiese

aanwendingsmoontlikhede van die trusts in die omringende jurisdiksies, het groot

druk op Quebec geplaas om op een of ander wyse beslag te gee aan die

trustfiguur.

In die afwesigheid van enige plaaslike wetgewing ten opsigte van die trust, het

veral die Engelse inwoners van Quebec begin om die trust in verskeie vorms aan

te wend - ten spyte daarvan dat daar, juridies gesproke, weinig sprake was van

‘n geskikte teelaarde om trusts te ontwikkel ooreenkomstig die common law-

vereistes.250 Waters 251 merk in hierdie verband soos volg op:

“The civil law ultimately encountered the trust in a number of ways. It was

its flexibility which led Europeans to debate whether and, if so, how it

should be introduced into the civil system, but not a little of the debate was

fostered by common lawyers. They proclaimed it as possibly the jewel of

the common law crown, and took it for granted that the civilians would not

only be anxious to adopt it, but to adopt it in the exact pattern which it had

in the common law. If anything, this attitude has proved counter-

productive; civilians have often resented it, especially when it is wed to an

incomplete understanding of the civil law system. Another and more

compelling incentive for some civil law jurisdictions to adopt the trust, or

something approximate to it, was the importance of trade and commerce

250 Waters Law of Trusts in Canada (1974) 929. 251 Waters 930.

Formatted: Bullets andNumbering

Page 232: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

203

with common law jurisdictions and the constant and varying number of

ways in which they were meeting with it as a result.”

Vir juriste in Quebec om die trust doodeenvoudig vanuit die common law-

jurisdiksies te aanvaar, was bykans ondenkbaar. Waters252 wys daarop dat daar

hoofsaaklik drie hoofredes vir hierdie weersin onder juriste in Quebec bestaan

het:

♦ Eerstens het die Napoleontiese Kode van 1804 bepaal dat eiendomsreg

absoluut is.253 Dieselfde beginsel het ook gegeld in terme van die Romeinse

Corpus Iuris Civilis van Justinianus in die 4e eeu - tog wys Waters daarop dat

selfs die Romeinse owerhede voor die Justuniaanse tydperk bereid was om

te eksperimenteer met beginsels wat nie noodwendig in ooreenstemming met

die suiwere enkel-eiendomsreg idee van latere tydperke was nie.254

Waters255 merk in dié verband op:

“In a sense the civil law’s development is the expected and logical course;

the common law’s development the curious aberration. But it has had

profound results. The doctrine of estates at common law rather than a

principle of absolute ownership, and the co-existence of a distinct equity

modifying the effect of common law decisions, using common law doctrine

with which to do so, were the necessary breeding ground for the trust as

the common lawyer understands that concept.”

252 Waters 931. 253 Waters 932. 254 Waters 932. 255 Waters 933.

Page 233: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

204

♦ ‘n Tweede rede vir die weersin was die common law-juriste se gemaklike

omgang met die saaklike aard van die regte van begunstigdes ten aansien

van trusteiendom. Die feit dat die regte van trustbegunstigdes volgens die

common law-siening meer omvat het as blote in personam regte, was nie vir

die civil law-juris aanvaarbaar nie. Deur die common law-trustidee dus te

aanvaar, het die Quebecse civil law-juriste gevrees dat hulle daardeur

erkenning sal verleen aan ‘n sterker klas in personam regte, wat vir hulle

onaanvaarbaar was. 256

♦ Die derde rede vir die weersin is geleë in die vraag waar, in die konteks van

die civil law, die trust sou inpas; sou dit wees binne die personereg, of

eiendomsreg, of die verbintenisreg? In elk van hierdie gevalle was die civil

law-juris van mening dat genoegsame civil law-beginsels en -regsfigure

bestaan om gevolg te gee aan die trustgedagte. Die Europese civil law-juris

sou dus waarskynlik die mening huldig dat die trust as eiesoortige regsfiguur

onnodig is weens die feit dat ander reeds bestaande figure net so goed aan

dieselfde doel kan voldoen.

Vir die civil law- juris in Quebec was dit nie maklik nie. Praktiese omstandighede

en veral die oorvloedige teenwoordigheid van common law en dus die Engelse

trustfiguur in die regsmileu in daardie tyd het dit doodeenvoudig vir hierdie

jurisdiksie onmoontlik gemaak om die trust, soos deur die Engelse in Kanada

aangebring, langer te ignoreer. As gevolg van druk om gevolg te gee aan hierdie

vreemde, maar tog ekonomies noodsaaklike “euwel”, het Quebec reeds in 1879

wetgewing aangeneem ten opsigte van die trustfiguur. 257 Of hierdie wetgewing

veroorsaak het dat die common law trust in Quebec heelhuids oorgeneem is, en

of daar alternatiewelik statutêre gevolg gegee is aan bestaande civil law-

meganismes, was en is steeds ‘n twispunt onder juriste.

256 Waters 934. 257 Waters 931; Smith Introduction to the Canadian Law of Trusts (1979) 149 e.v.

Page 234: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

205

Aangesien ‘n groot gedeelte van die Engelse reg in Quebec deur middel van die

gekodifiseerde bepalings oorgeneem is, was een van die grootste probleme in

die geval van Quebec se trustreg om te bepaal tot welke mate die reëls en

beginsels van Engelse equity op trusts van toepassing sou wees. Wetgewing in

Quebec het die hele kwessie van dual ownership van die Engelse reg net

eenvoudig geïgnoreer. Die Franse weergawe van die teks praat van de la

Fiducie wat moontlik ‘n poging is om terug te val op die fiducia van die Romeinse

reg. 258 In Quebec word daar geensins na “legal title” en “equitable title” verwys

nie.

De Waal verwys na gesag te dien effekte dat hierdie wetgewing nie sonder meer

die trustfiguur in die regstelsel van Quebec opgeneem het nie, maar dat dit veel

eerder die bevordering van ‘n bestaande civil law-model, by name die Franse

Fiducie, was.259

Waters 260 weer verwys na die denkrigting dat hierdie wetgewing eenvoudig die

common law trust in Quebec ingevoer het. Faribault het oor hierdie vraagstuk

navorsing gedoen en die resultate van sy navorsing is in 1936 gepubliseer in ‘n

verslag bekend as La Fiducie ou Trust de Droit Civil dans la Province de

Quebec. Selfs na Faribault se verslag was daar steeds nie eensgesindheid oor

hierdie vraag nie. Die Geheime Raad het in Laverdure v Du Tremblay261 bevind

dat die Engelse sisteem van equity nie in Quebec ingevoer is nie.

In 1976 is ‘n verslag deur die Committee on the Law on Trust uitgebring waarin

voorgestel is dat

258 Olivier 14. 259 De Waal 2001 Stellenbosch Law Review 80. 260 Waters 931 e.v. 261 Laverdure v Du Tremblay 1937 AC 666 soos aangehaal deur Waters 931.

Page 235: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

206

“as long as the trust lasts, the beneficiary has no real rights over the

property of the trust. He has only a personal right to demand payment of

the revenue or the capital. He may however dispose of his right as he

may dispose of any other property.” 262

Die 1879 statuut het van krag gebly totdat dit in 1991 deur die nuwe Quebecse

Civil Code vervang is.263

Volgens De Waal264 is trustontwikkeling in Quebec nóg uitsluitlik op ‘n civil law-

regsfiguur nóg uitsluitlik op die common law-voorbeeld gebaseer, maar eerder op

Lepaulle se konsep van sogenaamde “separate estates”. Waar, volgens

Lepaulle se model, die trustboedel egter geen eienaar het nie, is dié aspek in

Quebec ‘n stap verder geneem en is die trust self beklee met regspersoonlikheid

en die eienaar van die trustboedel volgens die Quebecse kode.

262 Paragraaf 9 van die Report on Trusts, Civil Code deur die Revision Office Montreal

(1976) en soos deur Olivier 15 aangehaal. 263 Artikels 1260 e.v. 264 De Waal 2001 Stellenbosch Law Review 83. Vergelyk ook Gretton se siening van

patrimonium by die Skotse trustfiguur - soos hierbo bespreek.

Page 236: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

207

HOOFSTUK 6

DIE REGTE VAN TRUSTBEGUNSTIGDES IN DIE ENGELSE REG EN

ENKELE ANDER GEKOSE JURISDIKSIES

6.1 INLEIDING...................................................................................................208

6.2 ENGELAND.................................................................................................210

6.2.1 Bestaan van Identifiseerbare Begunstigdes ..................................210

6.2.2 Begunstigdes met Regte ...................................................................211

6.2.3 Die Aard van die Begunstigde se Regte .........................................213

6.2.4 Die Inhoud van die Regte .................................................................225

6.2.5 Die Regte van ’n Begunstigde ingevolge ’n

Diskresionêre Trust........................................................................................232

6.3 SKOTLAND .................................................................................................236

6.3.1 Bestaan van Identifiseerbare Begunstigdes ..................................236

6.3.2 Begunstigdes met Regte ...................................................................236

6.3.3 Die Aard van die Begunstigde se Regte .........................................239

6.3.4 Die Inhoud van die Regte .................................................................246

6.3.5 Die Regte van ’n Begunstigde ingevolge ’n

Diskresionêre Trust........................................................................................249

6.4 SRI LANKA..................................................................................................251

6.4.1 Bestaan van Identifiseerbare Begunstigdes ..................................251

6.4.2 Begunstigdes met Regte ...................................................................252

6.4.3 Die Aard van die Begunstigde se Regte .........................................253

6.4.4 Die Inhoud van die Regte .................................................................257

6.5 LOUISIANA .................................................................................................260

6.5.1 Bestaan van Identifiseerbare Begunstigdes ..................................261

6.5.2 Begunstigdes met Regte ...................................................................261

6.5.3 Die Aard van die Begunstigde se Regte .........................................262

6.5.4 Die Inhoud van die Regte .................................................................265

Page 237: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

208

6.6 QUEBEC......................................................................................................268

6.6.1 Bestaan van Identifiseerbare Begunstigdes ..................................268

6.6.2 Begunstigdes met Regte ...................................................................269

6.6.3 Die Aard en die Inhoud van die Begunstigde se Regte ...............272

6.1 INLEIDING

In die vorige hoofstukke is aangetoon dat die ontwikkeling van die trustfiguur

in verskillende regsjurisdiksies beslis beïnvloed is deur dié spesifieke

jurisdiksies se blootstelling aan ander regstelsels. So is bevind dat waar die

common law oorheers het, die trustontwikkeling in sodanige land suiwer

gebaseer was op die dual ownership-beginsel van die Engelse reg. Engeland

self is ‘n voorbeeld van hierdie tipe ontwikkeling.1 Afhangende, aan die ander

kant, hoe sterk die civil law-invloed op ‘n land was, is meer of minder Engelse

invloed op die ontwikkeling van die trustfiguur in daardie jurisdiksie te

bespeur. In Skotland blyk dit asof die trustfiguur aanvanklik met min common

law-invloed ontwikkel het, maar algaande meer en meer daardeur beïnvloed

is. In Suid-Afrika wil dit voorkom asof die proses weer omgekeerd was. Die

Engelse trustidee is in Suid-Afrika opgeneem, maar ‘n eie unieke stel reëls is

1 Australië en Nieu-Seeland is verdere voorbeelde. Alhoewel Australië en Nieu-

Seeland nie in besonderhede behandel word in hierdie verhandeling nie, is heelwat nagevors

oor die ontwikkeling van trustreg in daardie lande. Sien byvoorbeeld Barnard A History of

Australia (1963) (2e uitgawe) (1967 herdruk); Chalmers Introduction to Trusts (1998); Dal

Pont en Chalmers Equity and Trusts in Australia and New Zealand (2000) (2e uitgawe);

Denoon, Mein-Smith en Wyndham A History of Australia, New Zealand and the Pacific

(2000); Jacobs, Meagher en Gummow Jacobs’ Law of Trusts in Australia (1997) (6e uitgawe);

Hardingham en Baxt Discretionary Trusts (1984); Ong Trust Law in Australia (2003) (2e

uitgawe); Sinclair A History of New Zealand (1980); http://www.about-australia.com/brief.htm -

25 Mei 2004 en http://www.pacificiislandtravel.com /new_zealand/about_destin/history2.asp -

24 Mei 2004.

Page 238: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

209

met verloop van tyd daarop van toepassing gemaak.2 In lande met hibriede

regstelsels en waar kodifikasie plaasgevind het, was die verskillende

ontwikkelingsprosesse ook uniek. Jurisdiksies soos Sri Lanka en Louisiana

het hul trustfiguur baseer op die Engelse common law trust, maar sonder om

gewag te maak van die “dual ownership” idee. Quebec aan die ander kant

weer het oënskynlik3 hul trustfiguur baseer op die civil law-beginsel van

afsonderlike patrimonia. In al die ander regsjurisdiksies wat ondersoek is, het

egter geblyk dat die trustfiguur uiteindelik ontwikkel het tot ‘n regsfiguur sui

generis.

Wat ook soos ‘n goue draad deur al hierdie jurisdiksies loop, is die universele

erkenning van die beginsel van fidusiêre regte en verpligtinge, waar

vertrouensverhoudings teenwoordig is en in besonder die erkenning van die

trustverhouding as een so ‘n vertrouensverhouding. Dit word aan die hand

gedoen dat in elke regsjurisdiksie waar die trustfiguur as regsfiguur sui

generis beskou word,4 die basis van die trustees van sodanige trusts se regte

en verpligtinge5 juis hierdie fidusiêre verhouding is.6

Die belangrike vraag wat nou beantwoord moet word is hoe die

trustontwikkeling in elke jurisdiksie die aard van trustbegunstigdes se regte in

2 De Waal en Paisley “Trusts” in Mixed Legal Systems in Comparative Perspective:

Property and Obligations in Scotland and South Africa (reds. Zimmermann, Visser en Reid)

(2004) 821 e.v. 3 Soos sal blyk uit hoofstuk 5 paragraaf 5.5.2, bestaan daar verskil van opinie tussen

juriste hieroor. 4 Dit sluit in al die jurisdiksies, behalwe Suid-Afrika, wat in hierdie verhandeling

ondersoek is. 5 En dus as teenpool die regte en verpligtinge van begunstigdes. 6 Die standpunt word ingeneem op sterkte van die gevolgtrekkings wat reeds gemaak

is dat equity, as ondersteuningsbasis van die trustidee juis ontwikkel het tot wat vandag die

“law of fiduciary obligations” in Engeland uitmaak en die feit dat hierdie beginsels universeel

aangetref word, ten minste in al die jurisdiksies wat in hierdie proefskrif ondersoek is.

Page 239: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

210

so ‘n jurisdiksie beïnvloed het. Die verskillende jurisdiksies word vervolgens

afsonderlik in hierdie verband ondersoek.

6.2 ENGELAND

Kragtens die Engelse reg word drie absolute vereistes (sogenaamde

“certainties”7) vir die totstandkoming van ‘n geldige trust vereis. Een daarvan

is “certainty of objects”.8 Met “certainty of objects” word bedoel dat “the

persons or objects intended to be benefited must … be certain”,9 soos net

hierna bespreek sal word.

6.2.1 Bestaan van Identifiseerbare Begunstigdes

In terme van die vereiste van “certainty of objects” moet die

trustbegunstigde(s) bepaal of bepaalbaar wees of, soos gestel in die

regspraak, aan hierdie vereiste word voldoen “if it can be said with certainty

that any given individual is or is not a member of the class”.10 As voortaan

verwys word na die “object(s)” van ‘n trust, word daarmee bedoel die

begunstigde(s) van die betrokke trust en nie die doelstelling(s) (“purpose”)

van die trust nie.11 Hierdie vereiste van sekerheid ten opsigte van

begunstigdes geld vir beide diskresionêre en “fixed trusts”.12

7 Hierna essentialia genoem. 8 Todd en Wilson Textbook on Trusts (2003) (6e uitgawe) 116. Die ander twee

vereistes is duidelikheid van bedoeling en sekerheid ten opsigte van bates. 9 Oakley Parker and Mellows: The Modern Law of Trusts (2003) (8e uitgawe) 46. 10 McPhail v Doulton 1971 AC 424 soos aangehaal deur Thurston A Practitioner’s

Guide to Trusts (2001) (3e uitgawe) 5. 11 Volgens The Concise Oxford Dictionary of Current English kan “object” ook beteken

“purpose”, maar in Engelse trustterminologie word die term “object” nie in hierdie sin gebruik

nie. 12 Re Gulbenkian’s Settlement Trust 1970 AC 508. Sien ook Pettit Equity and the Law

of Trusts (2001) (9e uitgawe) 52; Oakley 62 e.v.

Page 240: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

211

In die Engelse reg staan dit dus vas dat, behalwe vir liefdadigheidstrusts13 en

sogenaamde “purpose trusts”,14 trusts onbestaanbaar is “without one or more

beneficiaries (or cestuis que trust) for whose benefit the property is held”.15

Hierdie beginsel is soos volg verwoord deur die verhoorregter in Morice v

Bishop of Durham :16 “There must be someone in whose favour the court can

decree performance.”

6.2.2 Begunstigdes met Regte

Dié beginsel van die Engelse reg soos neergelê in Morice v Bishop of Durham

is belangriker vir die onderhawige studie as wat dit met die eerste oogopslag

mag blyk. Dit blyk veral die geval te wees as dié beginsel beoordeel word

vanuit ‘n ander hoek, naamlik dat die posisie volgens die Engelse reg dus is

dat ‘n trust sonder begunstigdes onbestaanbaar is omdat daar dan niemand is

wat die trustdoelstellings kan afdwing en dus oor regte beskik nie. 17

13 Die posisie volgens die Engelse reg is dat in geval van ‘n liefdadigheidstrust dit geag

word dat die publiek die begunstigdes van so ‘n trust is - Edwards Trusts and Equity (2004)

(6e uitgawe) 15. Die prokureur-generaal is dan die persoon wat moet waak oor die regte van

die breë publiek, aldus Oakley 74. 14 Oakley 74 e.v. Met “purpose trusts” word verwys na trusts wat eerder opgerig is om

‘n bepaalde doel te dien (soos om bome in ‘n park te beskerm), in al sodanige gevalle het die

howe egter steeds begunstigdes van sodanige “purpose trust” geïdentifiseer uit die konteks

van die trustdoelstellings. So byvoorbeeld in die geval van die bome, is bevind dat die

eienaar(s) van die park die begunstigdes is en dus die trustbepalings kan afdwing. Die

algemene beginsel volgens die Engelse reg dat trusts net geldig is as daar begunstigdes

bestaan in wie se guns die howe trustbepalings kan afdwing, vind dus ook op hierdie wyse

toepassing op die gevalle van liefdadigheidstrusts en trusts vir ‘n onpersoonlike doel. 15 Oakley 18. Hierdie standpunt word ondersteun deur Thomas en Hudson The Law of

Trusts (2004) 101 e.v. 16 Morice v Bishop of Durham 1804 9 Ves. 399 op 405, aangehaal deur Oakley 74. 17 Oakley (7e uitgawe) 106 en Oakley (8e uitgawe) 75 waar die skrywer ‘n lang lys

gesag aanhaal om te staaf dat dit “unquestionably represents English law”. Die aspek van

trusts om grafte of diere te versorg, is nie nou ter sprake nie. Dié tipe trusts is sogenaamde

“anomalous cases” wat op ‘n ander wyse beoordeel word - Oakley 82 e.v.

Page 241: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

212

Die onderliggende rede vir die vereiste dat daar identifiseerbare begunstigdes

met regtens afdwingbare regte vir ‘n geldige trust moet wees,18 is klaarblyklik

dat daar vanaf die ontstaan van die trust, iemand moet wees in wie se guns ‘n

(Engelse) hof nakoming van die trustdoelstellings kan afdwing. Volgens die

Engelse reg verkry die trustbegunstigde regte vanaf datum waarop ‘n trust tot

stand kom.19 Die belangrike aspek hier is dan dat alle trustbegunstigdes

onmiddellik by ontstaan van ‘n trust, regte verkry.20 Dié regte lê, as teenpool,

verpligtinge op aan diegene teenoor wie die regte verkry word21 en kan op die

een of ander wyse afgedwing word deur die begunstigde(s). ‘n Trust sonder

regte ten gunste van begunstigdes is onbestaanbaar.22 In die 8e uitgawe van

sy boek herbevestig Oakley23 in 2003 hierdie standpunt waar hy weer opmerk

dat “a further essential ingredient for the effectual creation of a trust is

18 Die spesifieke reëls in verband met sekerheid van begunstigdes en hoe hulle

identifiseerbaar moet wees, word nie nou behandel nie - dit gaan hier oor die algemene reël. 19 Pettit 51. Dit stem ook ooreen met De Waal se wesenskenmerke van ‘n trust wat

volledig bespreek is in hoofstuk 4 paragraaf 4.3.3.2. 20 Soos aangetoon in hoofstuk 3 het die Engelse trust sy ontwikkeling te danke aan die

Engelse equity-beginsels. Hierdie beginsels op hulle beurt het weer ontwikkel op sterkte van

die feit dat dit net billik sou wees om sekere partye (sonder beskerming volgens die Engelse

common law) wat in besondere vertrouensverhoudings teenoor mekaar gestaan het, se

onderskeie regte en verpligtinge te reël. Regte en verpligtinge wat volgens die Engelse

konstruksie ontstaan het gelyktydig met die ontstaan van die besondere verhouding. 21 Soos later sal blyk, word hiermee onder andere bedoel die trustee se fidusiêre

verpligtinge. Soos in hoofstuk 3 paragraaf 3.4 aangedui, is sommige Engelse juriste van

mening dat die beginsel van ”dual ownership” niks meer is as bloot ’n metode om die regte

van trustbegunstigdes op ’n eenvoudige en eenvormige wyse te beskerm nie. Sien weereens

Watt Trusts and Equity (2003) 10 waarna verwys word in paragraaf 3.4. 22 Oakley Parker and Mellows: The Modern Law of Trusts (1998) (7e uitgawe) 106. 23 Oakley Parker and Mellows: The Modern Law of Trusts (2003) (8e uitgawe) 74. (My

onderstreping). Iemand kan tog net iets afdwing as hy ‘n reg daartoe het!

Page 242: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

213

that there should be some beneficiary capable to enforce it.”24

Op sterkte van die voorgaande word die standpunt dus ingeneem dat aanvaar

kan word dat alle identifiseerbare trustbegunstigdes regte verkry sodra ‘n

Engelse trustverhouding ontstaan of sodra sulke begunstigdes identifiseer-

baar word. Hierdie standpunt is dan ook in ooreenstemming met De Waal se

siening dat die hele Engelse konsep van dual ownership in wese juis gesien

moet word as die Engelse metode om begunstigdes (se regte) so goed

moontlik te beskerm.25 Die vraag wat nou verder ondersoek moet word, is

wat die aard van hierdie regte is en teen wie dit geld.

6.2.3 Die Aard van die Begunstigde se Regte

Volgens die Engelse beskouing het elke vorderingsreg twee kante. Aan die

een kant bestaan daar die verhouding tussen krediteur en debiteur en aan die

ander kant die verhouding tussen die krediteur en derdes.26

24 Die onmiddellike bestaan van regte ten gunste van begunstigdes word verder

beklemtoon as gelet word op die Engelse regsreëls van toepassing by wysigings van

trustaktes. Ingevolge die Engelse reg is dit juis weens die feit dat trustees gebonde is aan die

nakoming van trustoprigters se wense soos beliggaam in ‘n betrokke trustakte (dus die

nakoming van trustbepalings weens die besondere fidusiêre verhouding), dat afwykings

daarvan op troubreuk neerkom en ter wille van trustbegunstigdes derhalwe nie geduld sal

word nie, aldus Todd en Wilson 424. Omstandighede mag egter voorkom dat wysiging van

die inhoud van trustbepalings weens verskeie oorwegings nodig is. In dié verband bepaal die

Engelse reg dat wysigings, sonder tussenkoms van begunstigdes slegs toelaatbaar is indien

die trustakte die wysigings inderdaad spesifiek toelaat of indien die wysigings van

administratiewe aard is en nie die regte van begunstigdes aantas nie. Indien die regte van

begunstigdes aangetas sou word, kan enige wysiging slegs met hul samewerking plaasvind.

Die howe sal laasgenoemde wysigings slegs toelaat indien hulle oortuig is dat die betrokke

wysigings klaarblyklik tot die voordeel van sodanige trustbegunstigde(s) is. Todd en Wilson

424 e.v.; Oakley 741 e.v. 25 Hierdie aspek is bespreek in hoofstuk 4 paragraaf 4.3.3.2. 26 Coertze Die Trust in die Romeins-Hollandse Reg (LLD-proefskrif 1948 US) 46.

Page 243: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

214

6.2.3.1 Persoonlike Aard

Die eerste verhouding tussen krediteur en debiteur word behandel as ‘n

onstoflike saak wat, inter partes, in personam is.

Hierdie in personam-reg bring (in die trustverhouding) vir die begunstigde

(krediteur) mee dat die regsubjek teen wie die begunstigde sy regte kan

afdwing, die trustee(s) (as debiteur(e)) van die trust is. Die inhoud van hierdie

reg (bekend as die trustee se “equitable obligation”)27 sal afhang van die

inhoud van die trustakte, maar kom in breë daarop neer dat die trustees die

bepalings van die trust moet uitvoer en hul fidusiêre pligte ten volle moet

nakom.28

Die nakoming van fidusiêre pligte veronderstel die bestaan van ‘n fidusiêre

verhouding.29 In die Engelse reg spruit fidusiêre verhoudings voort uit hulle

“equity” -reëls en -beginsels wat volgens Vinter30

“… connotes an obligation by those placed in certain positions of trust

from entering into transactions with those with whom the relationship

arises which would enable them to take advantage of such positions for

their own profit”.

Volgens Vinter31 is hierdie reëls egter nie van unieke Engelse herkoms nie.

Hy wys daarop dat die Engelse reg op verskeie gebiede deur die Romeinse

27 Wat volgens skrywer se standpunt gelyk gestel kan word aan ‘n “fiduciary obligation”

met fidusiêre regte en verpligtinge daaruit voortspruitend. 28 Pettit 499; Todd en Wilson 368 e.v. 29 Finn Fiduciary Obligations (1977) 1 e.v.; Shepherd The Law of Fiduciaries (1981) 13

e.v. 30 Vinter A Treatise on the History and Law of Fiduciary Relationship and Resulting

Trusts (1938) (2e uitgawe) 1. 31 Vinter 6 e.v.

Page 244: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

215

reg beïnvloed is. Een so ‘n gebied is juis die van fidusiêre verhoudings.32

De Waal wys daarop dat hierdie konsep van ‘n fidusiêre verhouding tussen

trustee en begunstigde ‘n bykans universele verskynsel is.33

Volgens Youdan34 veronderstel die bestaan van fidusiêre regte en verpligtinge

die neerlegging van aanvaarbare gedrag van een party jeens die ander. Die

rede hiervoor is juis geleë in die feit dat die een teenoor die ander ‘n

verantwoordelikheid het om die ander se belange te beskerm en om nooit in

stryd met sy fidusiêre verpligtinge op te tree nie.

Uit Finn35 se bespreking van spesifiek fidusiêre regte en verpligtinge in die

trustfiguur, blyk een aspek baie duidelik en dit is dat so ‘n verhouding slegs

bestaan tussen partye met regte.36 Finn37 maak die volgende stelling:

“At the moment that a beneficiary ceases to have any real interest38 in

the fiduciary’s exertions, he ceases to have any claim on Equity’s

protection.”

32 Vinter 2. 33 De Waal “The Core Elements of the Trust: Aspects of the English, Scottish and

South African Trusts Compared” 2000 SALJ 557. 34 Youdan Equity, Fiduciaries and Trusts (1989) 2. 35 Finn 17. 36 In hoofstuk 7 word die onderskeid tussen die begrippe “aansprake” (“interests”),

“belange” en “regte” bespreek. Die term “regte” geld waar dit gaan oor beskermingswaardige

belange. Dit is dus ‘n engere begrip wat inbegrepe is by die breër begrip ”aansprake”. Die

feit dat fidusiêre verhoudings regtens erkenning geniet, regverdig die afleiding dat belange

daaruit voortspruitend dus deur die reg as beskermingswaardig beskou word en dus “regte”

genoem kan word. 37 Finn 17. 38 Sien voetnota 36 hierbo, waar kortliks verwys is na die verskillende begrippe.

Page 245: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

216

Shepherd39 sluit hierby aan as hy opmerk:

“A fiduciary relationship exists whenever any person acquires a power

of any type on condition that he also receives with it a duty to utilize

that power in the best interests40 of another, and the recipient of the

power uses that power. The essence of this theory of fiduciary

relationships is that powers are a species of property, which can be

beneficially owned by one person while being exercised by another

person who may be referred to as the legal owner of the power.”

Uit die voorgaande word aan die hand gedoen dat fidusiêre verpligtinge die

teenpool is van regte en juis bedoel is om voorskrifte neer te lê om sodanige

regte na behore te beskerm. ’n Fidusiêre verhouding impliseer dus die

bestaan van regte. Die Engelse trustverhouding is juis so ’n fidusiêre

verhouding en die trustbegunstigdes moet noodwendig oor regte beskik in

terme van die onderliggende fidusiêre verhouding - verdere stawing dus vir

die standpunt dat alle Engelse trustbegunstigdes van meet af aan oor regte

beskik. As gevolg van die besondere aard van die regte en die meestal

ongelyke posisie van die partye teenoor mekaar, was dit nodig dat nie net in

die Romeinse reg nie, maar ook in die Engelse reg, besondere reëls ontwikkel

moes word om dié regte te beskerm wat voortspruit uit besondere

vertrouensverhoudings in die regsverkeer wat andersins nie na behore

beskerm sou kon word nie.41 Aan die ander kant, waar geen regte (van

hierdie besondere delikate aard) bestaan nie, is geen besondere beskerming

dus nodig nie en bestaan fidusiêre regte en verpligtinge dus nie omdat daar

dan in wese nie sprake kan wees van ’n vertrouensverhouding en dus regte

nie.42

39 Shepherd 35 e.v. 40 Die verskillende terminologie is hierbo bespreek. 41 Dit word aan die hand gedoen dat hierdie standpunt ook ooreenstem met De Waal se

siening dat die dual ownership-idee voortspruitend uit die Engelse reg, ontwikkel is juis om

begunstigdes se regte na behore te beskerm. Die aspek is bespreek in hoofstuk 4 paragraaf

4.3.3.2. 42 Dit is in ooreenstemming met Finn 35 se siening.

Page 246: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

217

6.2.3.2 Saaklike Aard

Soos reeds gemeld, bestaan die krediteur (begunstigde) se reg in terme van

die Engelse beskouing van vorderingsregte egter nie net teen die debiteur

(trustees in personam) nie, maar ook teenoor derdes waar dit ‘n saaklike kleur

het.

Om die Engelse vorderingsregte en veral hulle “real right” (die Engelse term

vir wat hulle as ‘n “saaklike vorderingsreg” beskou) te beoordeel vanuit ‘n

Romeinsregtelike standpunt en volgens Romeinsregtelike beginsels, is

problematies. ‘n Ius in rem (die Romeinse term vir hul saaklike reg) beteken

volgens die Romeinsregtelike beginsels iets anders as die term “real right” in

die Engelse reg. In die Romeinse reg en later die Romeins-Hollandse reg val

die klem op die feit dat ‘n saaklike reg aan ‘n stoflike saak kleef en dat die reg

absoluut is in die sin dat alle derde partye die saaklik-geregtigde se reg ten

aansien van die bepaalde regsobjek te alle tye moet respekteer.43

Die Engelse common law is op die Germaanse reg gebaseer en

laasgenoemde regstelsel het ‘n saaklike reg ook op onstoflike sake erken.44

In die Engelse reg kan ‘n “real right” dus ook bestaan in ‘n saak wat nie stoflik

van aard is nie.45 Hiervolgens word die saaklike aard van ‘n reg nie bepaal

met verwysing na die aard van ‘n saak nie, maar met verwysing na wié die

betrokke reg moet respekteer.46 Verder dien ook daarop gelet te word dat

absoluutheid van regte Germaansregtelik nie ‘n vereiste was om so ‘n reg as

saaklik te erken nie.47 Hierdie benadering het, weens die Germaanse invloed,

43 Olivier Aspekte van die Reg insake Trust en Trustee met besondere verwysing na die

Amerikaanse Reg (LLD-proefskrif 1982 UP) 196. 44 Olivier 196. 45 Coertze 42 e.v. 46 Austin soos aangehaal deur Olivier 193 en 194, staaf so ‘n argument. 47 Coertze 42.

Page 247: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

218

ook oorgespoel na die Engelse reg.48 Volgens die Engelsregtelike beskouing

kan ‘n reg dus steeds saaklik wees al het dit byvoorbeeld nie teen die bona

fide verkryger vir waarde gegeld nie, maar solank dit nie net teenoor die

debiteur self gegeld het nie.

6.2.3.3 Samevatting ten opsigte van die Aard

Opsommenderwys kan gemeld word dat die Engelse trustbegunstigde op

sterkte van die bestaan van die “equitable obligation” tussen hom en die

trustee(s) van die trust, ‘n persoonlike reg (ook genoem ‘n vorderingsreg)

teenoor die trustee(s) het op nakoming van hierdie “equitable obligation” later

van tyd bekend as “fiduciary obligation”. Die begunstigde het egter

Engelsregtelik ook ‘n “real right” wat teen ander regsubjekte (nie net sy

trustee nie) geld.49

Sheridan50 merk in hierdie verband op dat

“… every beneficiary under a trust has not only access to remedies

against the trustee to compel due performance, but also an equitable

property”.51

Ingevolge Engelse reg kan trustees én begunstigdes in beginsel elkeen

eienaar wees van ‘n (afsonderlike) saaklike reg.52 Aan elk van hierdie groepe

se regte word onderskeidende benamings gegee. Die spesifieke benamings

is in ooreenstemming met die spesifieke gedeelte van die Engelse regstelsel

waaruit beskerming van die regte voortspruit. So word dan onderskei tussen

48 Coertze 42 e.v. 49 Coertze 46. 50 Sheridan Keeton and Sheridan’s The Law of Trust (1993) (12e uitgawe) 376. 51 Die regte wat hy dus teen derdes kan beskerm. 52 In die sin dat hulle verskillende belange (nie noodwendig stoflik van aard nie) in

dieselfde objek het wat nie net teen die debiteur geld nie.

Page 248: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

219

die “legal estate” (ingevolge common law) van die trustee en die “equitable

estate” (ingevolge equity law) van die begunstigdes.53

Histories is dit wel bekend dat, met die ontwikkeling van ‘n trust uit die use,54

die Chancellors oorspronklik die “use” slegs as ‘n persoonlike verhouding

tussen die feoffee en die cestui que trust 55gesien het.56

Soos reeds aangedui,57 word aanvaar dat die aanstelling van Heneage Finch

as “Lord Chancellor” ‘n belangrike rol gespeel het in die ontwikkeling van die

Engelse trustreg en in besonder die aard van die regte van

trustbegunstigdes.58 In sy vroeëre uitsprake in beide die Chudleigh- en Coke-

beslissings59 bevind Finch, later Earl of Nottingham, dat die regte van

begunstigdes persoonlike regte is. In sy latere uitsprake vind ‘n

klemverskuiwing egter plaas ten opsigte van die aard van die begunstigde se

regte en dit word meer en meer saaklik. Hy gaan later so ver en stel die regte

selfs tot beskikking van die krediteure van die begunstigde.60

53 Indien die “real right” waarvan so pas gepraat is, beoordeel word vanuit ‘n

Romeinsregtelike siening, blyk dit dat die begunstigde se regte tekortskiet aan die vereistes

van ‘n (Romeins-Hollandse) saaklike reg, naamlik die stoflikheid en ook die absoluutheid.

Wat stoflikheid betref, faal die reg van ‘n begunstigde die toets van die Romeins-Hollandse

reg deurdat die begunstigde se reg persoonlik van aard is in plaas van slegs stoflik. Wat

absoluutheid betref skiet die reg ook te kort omdat die trustbegunstigde magteloos staan

teenoor die bona fide besitter vir waarde, soos sal blyk wanneer die remedies van die

trustbegunstigde hierna bespreek word. Inhoudelik verskil die Engelse “real right” dus van die

Romeins-Hollandse ius in rem deurdat verskillende vereistes geld vir so ‘n saaklike reg om te

kan ontstaan in die verskillende regsjurisdiksies. 54 Hierdie term moet nie verwar word met die Romeinse ius nie. Met die term “use” word

verwys na die Engelse regsfiguur waaruit die Engelse trust moontlik histories ontwikkel het. 55 ‘n Term wat histories gebruik is om die begunstigde van die regsfiguur te omskryf. 56 Todd en Lowrie Textbook on Trusts (2000) (5e uitgawe) 15. 57 In hoofstuk 3. 58 Keeton en Sheridan The Comparative Law of Trusts in the Commonwealth and Irish

Republic (1976) 9; Sheridan 31. 59 Keeton en Sheridan 10; Sheridan 29 e.v. 60 Keeton en Sheridan 11.

Page 249: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

220

Todd en Lowrie61 wys daarop dat:

“Nevertheless, as equity developed it acted not only against the original

owner of the property, but also against subsequent owners in certain

circumstances. ... As a result of this it is reasonable to describe certain

equitable rights as property rights, and to talk about equitable title to

land, and equitable ownership of goods.”

Bogert62 verduidelik dat die aard van die begunstigde se reg aanvanklik slegs

‘n persoonlike reg teen die trustee was, maar dat die regte algaande ‘n

saaklike kleur verkry het teenoor ander derdes sodat dit uiteindelik

gelykstaande sou wees aan die “equitable ownership of the trust res”.

Alhoewel Finch in 167063 opmerk dat “the trust is now the same that uses

were before”,64 blyk dit tog dat, as gevolg van die ontwikkeling van trustreg,

“the emphasis shift(ed) rather to the beneficiary’s interest with its increasingly

proprietary tinge, from the relationship to the equitable right, from power to

property”.65

Aanvanklik het daar onder die Engelse skrywers groot meningsverskil

geheers oor juis hierdie ontwikkeling. Aan die een kant was daar diegene wat

verklaar het dat die cestui que trust slegs ‘n ius in personam besit het.66 Aan

die ander kant was daar weer dié wat die standpunt gehuldig het dat die

cestui que trust se regte ‘n ius in rem is.67 Onder hierdie laaste groep

61 Todd en Lowrie 15; Shindler en Hodkinson Law of Trusts (1984) 15 e.v.; Sheperd

115. 62 Soos aangehaal deur Olivier 195. 63 Toe hy nog net prokureur-generaal was aldus Keeton en Sheridan 9 en 10. 64 Keeton en Sheridan 10. 65 Keeton en Sheridan 10. Gesien vanuit ‘n historiese perspektief, het hierdie

klemverskuiwing waarskynlik plaasgevind in ‘n poging om beter beskerming te bied aan die

regte van begunstigdes. 66 Coertze 37 waar hy in voetnotas 127 tot 133 na hierdie skrywers verwys. 67 Coertze 37 waar hy in voetnotas 134 tot 139 na hierdie skrywers verwys.

Page 250: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

221

skrywers het verder nog verdeeldheid bestaan oor die vraag waarin die ius in

rem dan geleë sou wees:68

“The true basis of liability of third persons to the cestui is not a property

right which the cestui has in the equitable claim in the trust res at all,

but it is rather the property right which the cestui que has in the

equitable claim in personam against the trustee. This right may or may

not be invaded by interference with the trust res.”69

Vir Maitland is dit swaar om toe te gee dat ‘n trustbegunstigde se regte bloot

persoonlik van aard kan wees. Hy stel voor dat alhoewel nie suiwer saaklik

nie, die regte tog op een of ander wyse sterker moet wees as suiwer

persoonlik van aard.70

In die Engelse reg word daar steeds met hierdie aangeleentheid geworstel.

Oakley71 wys byvoorbeeld daarop dat

“…[t]he precise nature of the interest of a beneficiary in trust property

has always been difficult to define. On the one hand, the beneficiary

has a proprietary interest in the subject matter of the trust because he

can recover it from anyone into whose hands it passes other than a

bona fide purchaser for value … without notice … On the other hand,

given that the property does reach the hands of such a person it cannot

be recovered by the beneficiary, whose only option will then be to bring

a personal action against his trustees for breach of trust. The best

68 Coertze 46. Die vraag was of dit gesetel was in die stoflike trustbate self of

alternatiewelik in die begunstigde se vorderingsreg wat deur andere gerespekteer moes word. 69 Coertze 47. 70 Coertze 40, waar Coertze daarna verwys dat Maitland waarskynlik stelling sou wou

inneem tussen ‘n ius in personam en ‘n ius in rem. 71 Oakley 18.

Page 251: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

222

view is that the interest of a beneficiary is a true hybrid - substantially

more than a right in personam but substantially less than a right in

rem.”

Oakley doen aan die hand dat laasgenoemde dan ook die hedendaagse

benadering is wat die Engelse howe volg.72

Hayton73 merk in die verband op dat

“(t)here has been much controversy over the nature of a beneficiary’s

interest under a trust based upon the differences between in personam

rights against trustees and in rem rights against property. However,

much depends on the meaning in context of in personam and in rem

and whether one is dealing with a bare trust (A holds on trust for X

absolutely) or a fixed trust (A holds on trust for X for life, remainder to Y

for life, remainder to Z absolutely) or a discretionary trust (A holds on

trust to distribute the income and capital between such of X, Y or Z or

their spouses and issue as he sees fit). In all cases X has an equitable

chose in action, a right in personam against the trustee to compel due

administration of the trust…”

Hayton74 merk egter verder op:

“To conclude, in order to understand the working operation of a trust it

is better to regard the interest of a beneficiary as an in personam right

to compell the trustees to perform the trust. However, where things

have gone wrong and trust property finds its way wrongly into the

hands of a third party (other than equity’s darling 75) then it is

72 Oakley 18. 73 Hayton Hayton and Marshall Cases and Commentary on The Law of Trusts (1991)

(9e uitgawe) 10. (Hierna verwys as “Hayton en Marshall”.) 74 Hayton en Marshall 13. 75 “Darling” verwys na die bona fide verkryger, sonder kennis, maar vir waarde.

Page 252: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

223

appropriate to regard the interest of a beneficiary … as an … in rem

right. One thus distinguises internal aspects of the trust from external

aspects.”

Die skrywers Todd en Wilson sluit aan by hierdie siening. Hulle stel dit so:

“To conclude this discussion, equity began by acting in personam

without affecting Common law title or ownership. This is similar to the

situation today. Equity developed, however, as contract has not, to

allow wide-ranging enforcement against subsequent legal owners. It is

therefore not a full description of equitable rights to say that they are

merely rights in personam. Some undoubtedly are merely rights in

personam, but others have many of the properties of rights in rem.”76

Dieselfde skrywers wys ook daarop dat ‘n soortgelyke afleiding geredelik

gemaak kan word uit die bewoording wat gevind kan word in verskeie

Engelse wette.77 Die Engelse howe vind hierdie idee van altyd persoonlik,

maar soms ook saaklik, aanvaarbaar.78

As Hayton79 die verskil tussen saaklike en persoonlike regte van

trustbegunstigdes behandel, merk hy as vertrekpunt op:

“It has often been said that legal interest are rights in rem while

equitable interests are rights in personam.”

Hy verduidelik hierdie opmerking deur daarop te wys dat “equitable rights”

persoonlik van aard is omdat “equitable rights prevail against a limited group

76 Todd en Wilson 26. 77 Todd en Wilson 26. 78 Baker v Arche-Shee 1927 AC 844 en ander gesag soos deur Todd en Wilson 26

aangehaal. 79 Hayton Underhills’ Law relating to Trusts and Trustees (1979) (13e uitgawe) 21.

(Hierna verwys as “Hayton”.)

Page 253: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

224

of persons”.80 Die beperkte groep waarna Hayton verwys, het bestaan uit die

trustee(s) (om hul pligte behoorlik na te kom). Om egter beter beskerming

aan trustbegunstigdes te verleen, is die beskerming uitgebrei na derdes wat

nie bona fide-kopers van die “legal estate” vir waarde en sonder kennis, was

nie. Om dit te kon doen, was dit nodig om aan begunstigdes se regte ‘n

saaklike kleur te verleen sodat hulle deur middel van ’n opvolg remedie

trustbates kon beskerm.81 Hierdie saaklike remedie van die begunstigde het

tog verskil van dié van die eienaar van ’n Engelse ”legal estate”. Hayton82

verduidelik dat

“… the difference between legal and equitable estates is not merely of

theoretical interest. A legal title prevails against the whole world unless

statute-barred whilst an equitable title does not prevail against a bona

fide purchaser of a legal estate for value without notice of the equitable

interest effecting the legal estate or against a purchaser of the legal

estate who complies with the over reaching provisions of the law of

property Act No 25 or the Settled Land Act 1925 or the Land

Registration Act 1925.”

Dit word weereens beklemtoon dat die enigste regverdiging vir bogemelde

skrywers om hoegenaamd na die trustbegunstigde se regte as saaklik of dan

beperk saaklik te verwys, geleë is in die Engelse algemene siening van wat ‘n

“real right” is.83

Die regte van ’n trustbegunstigde is dus te alle tye in personam, maar in

gegewe omstandighede kan dit ook in rem wees.84 Die regte is in personam

in soverre dit die verhouding tussen trustee en begunstigde en eersgenoemde

80 Hayton 21. 81 Hayton 21. 82 Hayton 19. 83 Naamlik enige reg (nie net stoflik van aard nie) wat nie net deur die debiteur van die

regte erken moet word nie. Dit is juis om hierdie aspek na behore te begryp dat heelwat

aandag vooraf gegee is aan die Engelsregtelike beskouing van “real rights”. 84 Behalwe vir wat reeds hierbo vermeld is, sien ook Olivier 201.

Page 254: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

225

se verpligting om die trustbepalings na te kom, behels.85 Dié regsverhouding

is in wese ‘n vertrouensverhouding:

“The terms ‘trust’ and ‘trustee’ imply an obvious but very fundamental

truth: the position of the trustee is one of trust. In the language of the

law of trusts this truth is almost universally expressed by saying that

the trustee is in a fiduciary position or that the relationship between the

trustee and the beneficiary is a fiduciary relationship.”86

Om die beste moontlike beskerming aan trustbegunstigdes se vorderings-

regte te verleen, was dit vir die Engelse nodig om aan begunstigdes wyer

beskerming as net teen trustees alleenlik te bied. Om die wyer reg te

regverdig is dit as ‘n “real right” getipeer - wat Engelsregtelik gedoen kon

word. Hierdie “real right”-idee het weer meegebring dat aanvaar is dat ‘n

trustbegunstigde dus eienaar van iets moes wees. Dit het uitgeloop op die

Engelse dual ownership idee - ‘n konsep wat uitsluitlik bedoel was om die

beste moontlike beskerming aan begunstigdes se regte te bied.87

6.2.4 Die Inhoud van die Regte

6.2.4.1 Persoonlike Reg

Dit wat volgens Engelse reg van ‘n trustee (“somebody who is a trustee is in a

fiduciary position” 88) verwag word, is “the same degree of diligence that a man

of ordinary prudence would exercise in the management of his own affairs”.89

Sou ‘n trustee hierdie fidusiêre pligte nie nakom nie, pleeg hy/sy troubreuk

85 Oakley 794 e.v., wys daarop dat die in personam eis ook geld teen derdes en as

regsbasis het die feit dat sodanige begunstigdes trustbates op onregmatige wyse bekom het.

So ‘n persoonlike eis beteken egter nie veel indien die betrokke derde insolvent is nie. 86 De Waal 2000 SALJ 557. 87 Sien in die verband die bespreking in hoofstuk 4 paragraaf 4.3.3.2 hierbo. 88 De Waal 2000 SALJ 557. 89 Rae v Meek 1889 14 App 558 569, soos aangehaal deur Oakley 574.

Page 255: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

226

teenoor sodanige begunstigdes aan wie hy/sy hierdie fidusiêre plig verskuldig

is.90 Sheridan91 wys daarop dat:

“A breach of trust is committed when a trustee departs from the terms

of the trust instrument, a principle of equity or a statutory provision. It

consists of some ultra vires or improper act, neglect, default or

omission in respect of the trust property or of a beneficiary’s interest in

it … There are many kinds of breach of trust.”

Wanneer daar sprake van troubreuk is, is die vraag welke remedies die

benadeelde begunstigde dan het. In hierdie verband meen De Waal dat “[t]he

point of departure … would appear to be personal liability of the trustee for

any loss resulting from a breach of trust”.92

6.2.4.2 Saaklike Reg

Omdat die begunstigde se troubreukeis teen die trustee, soos reeds by

herhaling aangetoon, van persoonlike aard of dan in personam is, is die

gevolg daarvan dat enige vonnis teen so ‘n trustee “is of little use if he is

thoroughly insolvent”.93 Sou iemand egter kragtens die Engelse common law

onregmatig van ‘n “real right” (in teenstelling met slegs ‘n persoonlike reg)

ontneem word, kon die benadeelde deur middel van die Engelse remedie

90 De Waal 2000 SALJ 559. Sien ook die bespreking van fidusiêre regte en verpligtinge

paragraaf 6.2.3.1 hierbo. 91 Sheridan 435. 92 De Waal 2000 SALJ 559. Volgens Sheridan 488 en byvoorbeeld in gevalle van

diefstal of bedrog, staan dit ‘n begunstigde verder ook vry om te versoek dat strafregtelik teen

‘n skuldige trustee opgetree word. Voorkomende/verbiedende optrede soos, byvoorbeeld ’n

verbiedende interdik is ook ’n moontlike opsie. 93 Hayton en Marshall 531. Behalwe as die begunstigde dus ander remedies het, sal sy

persoonlike eis teen die trustee vir skade dus nutteloos wees in sulke omstandighede.

Page 256: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

227

bekend as “tracing” teen die skuldige persoon optree en sy regte deeglik

beskerm.94

Die common law-remedie “tracing” staan ook bekend as ‘n “proprietary

tracing” remedie. Om met hierdie remedie te kon slaag, was vereis dat die

eiser sy/haar eiendom in die hande van die onregmatige besitter moes kon

identifiseer. Dit was egter nie nodig dat die eiendom die oorspronklike

eiendom hoef te wees nie, solank bewys kon word dat die huidige eiendom ‘n

“substitute or product” van die oorspronklike eiendom was, was dit

voldoende.95 Dit volg ook nie noodwendig dat die eiser deur middel van

hierdie remedie sy/haar spesifieke bate kon terugvorder nie. Onder gepaste

omstandighede kon die hof gelas dat die eiser bloot vergoed word vir die volle

waarde van sy/haar verlies in plaas daarvan dat die bate in specie aan

hom/haar terugbesorg word. In beginsel was dit ook, kragtens hierdie

remedie, moontlik om geld van ‘n verweerder terug te eis.96 Van belang is dat

die eiser in sodanige gevalle beter beskerming geniet selfs in geval van

insolvensie van ‘n verweerder omdat die trustbate(s) dan nie deel vorm van

so ‘n verweerder se insolvente boedel nie.97

Die grootste struikelblok om met hierdie common law-remedie te kon slaag,

was die streng vereiste dat die trustbate identifiseerbaar98 moes wees en dat

die remedie dus verval het wanneer sodanige bate met ander bates vermeng

sou raak. Afgesien van hierdie beperking van “tracing”, was dit verder ook net

tot beskikking van die eienaar van ‘n “legal estate” en dus nie ‘n

trustbegunstigde nie. Pettit99 stel dit soos volg:

94 Todd en Lowrie 422 e.v. 95 Todd en Lowrie 423. 96 Todd en Lowrie 424 e.v. 97 De Waal 2000 SALJ 569. Hierdie aspek word net hierna verder toegelig wanneer

“constructive trusts” in die Engelse reg bespreek word. 98 Onderworpe egter aan wat reeds gesê is ten opsigte van substitusie. 99 Pettit 529.

Page 257: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

228

“There was, however, an inevitable limitation at common law as the

common law did not recognise equitable interests in property. A

beneficiary under a trust could not at law follow the property in the

hands of the trustee …”

Om die verontregte trustbegunstigde se regte beter te beskerm, is in equity

aan die reg van die begunstigde ‘n saaklike100 karakter toegedig101 en

daardeur dan die Engelse “common law tracing rights” ook tot beskikking van

die trustbegunstigde gestel.102 In terme van equity is die common law

”tracing”-remedie dus uitgebrei, deur dit verder tot beskikking te stel van

diegene wat in ‘n fidusiêre verhouding 103 met mekaar sou staan, soos

begunstigdes en trustees van ‘n trust en om die strenge vereiste van

identifisering van ‘n bate te verslap en “tracing” selfs toe te laat in gevalle van

vermenging van bates. Om hierdie doel sinvol te kon bereik is gesofistikeerde

reëls in equity ontwikkel om ‘n eiser se regte beter te beskerm.104

Die “equity tracing”-remedie was egter beperk in die sin dat dit nie kon slaag

teen ‘n bona fide besitter, vir waarde nie. 105 Hierdie beginsel het nie gegeld

in geval van “common law tracing” nie.106 Volgens Todd en Wilson is hierdie

“equity” -remedie in wese niks anders as die toepassing van die leerstuk van

kennisleer nie.107

100 Hayton en Marshall 532 e.v. 101 Wat hulle kon doen in die lig van die Engelse beskouing van saaklike regte. 102 Vir die Engelse juris is dit nie moeilik nie omdat, soos reeds aangetoon, ‘n

vorderingsreg saaklik va n aard is indien dit beskerming geniet teen buitestaanders, alhoewel

dit nie absoluut hoef te wees nie. Sien weer in hierdie verband Pettit 19. Gesien vanuit ‘n

Romeinsregtelike standpunt is hierdie benadering onhoudbaar omdat die begunstigde nooit

eienaar van 'n stoflike saak was nie en die vereiste van algehele absoluutheid ook ontbreek. 103 Todd en Lowrie 431 e.v. 104 Hayton en Marshall 534 e.v. 105 Todd en Lowrie 430. 106 Todd en Lowrie 430. 107 Todd en Wilson 462.

Page 258: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

229

Die algemene beginsels waarop die begunstigde se “tracing”-regte (in

“equity”) gebaseer is, soos neergelê in die beslissing van Re Diplock’s

Estate108 is volgens Pettit109 naamlik, dat

“whenever there is an initial fiduciary relationship, the beneficial owner

of an equitable proprietary interest in property, can follow or trace it into

the hands of anyone holding the property, except a bona fide

purchaser for value without notice” .

Pettit110 wys daarop dat:

“The expressions ‘tracing claim’ and ‘the tracing remedy’ are commonly

used to describe the proprietary claim and the proprietary remedy

which equity makes available to the beneficial owner who seeks to

recover …”

De Wulf111 som die beperking wat die kennisleer op hierdie remedie plaas,

soos volg op:

“In English law the ‘doctrines of notice’ have been elaborated in order

to determine whether or not the third aquirer may take the property free

of trust. On the facts of each case the courts decide whether a third

acquirer knew or ought to have known that property was sold to him in

breach of trust.”

In die praktyk word die “equity tracing” remedie toegepas met behulp van die

Engelse figuur bekend as ‘n “constructive trust”. Hiervolgens word derde

partye in wie se hande trustbates op onregmatige wyse beland,

108 Re Diplock’s Estate 1948 2 All ER 318. Sien ook Pettit 530. 109 Pettit 530. 110 Pettit Equity and the Law of Trusts (1997) (8e uitgawe) 505. 111 De Wulf The Trust and Corresponding Institutions in the Civil Law (1965) 37.

Page 259: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

230

doodeenvoudig geag ‘n trustee te wees van die begunstigde in terme van die

trust,112 maar

“(t)he English system of notice does not protect the beneficiary when

the third party has acted as a reasonable man, and this may often be

the case. Neither does it offer much protection to the beneficiary when

movable property is involved, to which the rules of presumed or

constructive notice do not apply”.113

Die begunstigde se regte word aansienlik versterk weens die feit dat, volgens

Engelse reg, die “tracing” van ‘n bate effektief meebring dat sodanige bate in

trust vir die begunstigde teruggeplaas word. So bring hierdie werkswyse mee

dat ‘n begunstigde selfs beskerming geniet in geval van die insolvensie van

die derde omdat die trustbate dan nie deel vorm van sy insolvente boedel

nie.114 Daar moet egter in gedagte gehou word dat ‘n “tracing claim” in equity

teen ‘n derde slegs sou kon slaag indien die derde nie ‘n bona fide besitter vir

waarde was nie. Die begunstigde se opvolgremedie was nie net beperk tot

derdes nie, maar het ook gegeld teenoor die trustee(s) van die trustbates.115

Die Engelse “constructive trust”-idee het hier weer toepassing gevind.

Daarkragtens sou enige bate waarmee trustbates deur die trustee vervang

word, geag word trustbates te word in die plek van die oorspronklike

trusteiendom, sodat die begunstigde weer dieselfde regte op sodanige

vervangende bate sou verkry as wat hy aanvanklik op die oorspronklike

trusteiendom sou gehad het.

Maitland is van mening dat die Engelse reg moontlik te ver gegaan het in sy

poging om die begunstigde teenoor algemene krediteure te beskerm. Hy116

stel dit soos volg:

112 De Wulf 38. Hierdie besondere remedie is aan die Suid-Afrikaanse reg onbekend. 113 De Wulf 57. 114 De Waal 2000 SALJ 569. 115 De Wulf 97 e.v. 116 Soos aangehaal deur De Wulf 59.

Page 260: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

231

“It may be hard that a cestui que trust should not have his property, but

it is also hard that creditors should go unpaid. Courts of Equity which

in this matter have had the upper hand, have thought a great deal of

the cestui que trust, much less of creditors.”

De Wulf meld egter dat

“… English law is on the whole little concerned that general creditors

may be deceived by the apparent wealth of their debtor. Unsecured

creditors have an actio in personam. If they do not feel the need to

stipulate for real security ... they have no one to thank but

themselves.”117

Volgens Pettit118 mag ‘n benadeelde begunstigde ook nog ‘n persoonlike eis

in equity teen onskuldige ontvangers van trustfondse hê. Hy baseer hierdie

siening op die uitspraak van Re Diplock’s Estate 119 met betrekking tot die

naasbestaandes se alternatiewe eis, maar waarsku dat daar geen gesag

bestaan dat die beginsels wat geld by boedeladministrasie (soos wat die

situasie in Re Diplock’s Estate was) ook in “equity” sal geld vir

trustadministrasie nie. Dit wil verder voorkom asof hierdie eis in elk geval

slegs moontlik sou wees indien die primêre remedie teen die trustee en die

aksie in rem teen derdes, nie reeds die benadeelde begunstigde in sy posisie

quo ante geplaas het nie.

Die Engelse regsposisie is dus dat die trustbegunstigde se regte in wese

persoonlik van aard is, maar wel met sekere saaklike kenmerke.

Laasgenoemde kwalifikasie is in ooreenstemming met die Engelse siening

117 De Wulf 61. 118 Pettit 538. 119 Re Diplock’s Estate 1948 2 All ER 193. Sien Pettit 538.

Page 261: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

232

van ”real rights” en is noodsaaklik120 om die begunstigde se regte om in

sekere gevalle bates by derdes op te volg, te verduidelik.

6.2.5 Die Regte van ’n Begunstigde ingevolge ’n Diskresionêre Trust

Noudat die aard van ‘n trustbegunstigde se regte in die algemeen volgens die

Engelse reg ontleed is, ontstaan die vraag of die posisie van die diskresionêre

trustbegunstigde verskil van dié van ander trustbegunstigdes.

Onder hierdie tipe begunstigde word verstaan, aldus Todd en Wilson,121

begunstigdes van ‘n trust waar

“… the trustees are given a discretion as to how the property is to be

distributed, usually within a defined class of possible beneficiaries.

This type of trust is usually termed a discretionary trust, although the

term ‘trust power’ is also sometimes used. Obviously, nobody within

the class of possible beneficiaries (such people are referred to as

‘objects’) can claim a defined interest, or indeed any interest at all,

unless and until the trustees’ discretion is exercised in his favour.”

Die begunstigde, in die geval van ‘n diskresionêre trust is

120 Dit word aan die hand gedoen dat die saaklike karakter juis ook in die Engelse reg

aan die begunstigde se regte gegee is om dit meer omvattend te beskerm. As steeds in ag

geneem word dat die Engelse “real right” nie dieselfde betekenis het as die Romeins-

Hollandse ius in rem nie, blyk dit dus dat met hierdie saaklike regte in die Engelse reg bloot

maar gepoog is om die regte van begunstigdes so omvattend moontlik te beskerm en nie om

daardeur te veroorsaak dat trustbegunstigdes sonder saaklike regte onbestaanbaar is nie - dit

gaan dus om die beskerming van die regte van begunstigdes op die bes moontlike wyse en

nie om die saaklikheid al dan nie van die regte nie. Op hierdie wyse word egter verder ook

erkenning verleen aan die standpunt wat in hierdie navorsing ingeneem word, naamlik dat ‘n

trust sonder begunstigdes met regte, meteens ‘n absurditeit is! 121 Todd en Wilson 70.

Page 262: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

233

“… dependant upon the exercise by the trustees of their power of

selection in his favour. A discretionary beneficiary could not be said to

be entitled to any quantifiable share.”122

Diskresionêre trusts in die Engelse reg kan “exhaustive” wees in welke geval

die trustees verplig is om die totale inkomste te verdeel, maar steeds ‘n

diskresie het oor hoe die verdeling tussen begunstigdes moet plaasvind.

Alternatiewelik kan ‘n diskresionêre trust “non-exhaustive” wees in welke

geval die trustees nie alleen ‘n diskresie het wat betref die wyse van verdeling

nie, maar ook tot welke mate verdeling (indien enigsins) moet geskied.123 ‘n

Belangrike beslissing in hierdie verband is Gartside v IRC124 wat gehandel het

oor ‘n sogenaamde “non-exhaustive” trust. Lord Read maak dit duidelik dat

die begunstigdes van ‘n diskresionêre trust geen konkurrente belange in die

inkomste gehad het nie, en ook nie ‘n groepsbelang nie. Elk van hulle het

individuele regte in kompetisie met die ander. Na aanleiding van verdere

beslissings125 blyk dit dat die individuele belange van die begunstigdes in die

onderhawige tipe trusts nie kwantifiseerbaar is nie en verder van ‘n beperkte

aard is. Dit is egter nie te sê dat hulle geen regte het nie. Pettit126 stel dit so:

“What he has is a right to be considered as a potential beneficiary, a

right to have his interest protected by a court of equity and a right to

take and enjoy whatever part of the income the trustees choose to give

him … He could accordingly go to the court if the trustees refused to

exercise their discretion at all, or exercised it improperly.”

122 Martin Hanbury & Martin Modern Equity (2001) 209. 123 Pettit 73. 124 Gartside v IRC 1968 AC 553 soos na verwys deur Pettit 73. 125 Pettit 74. 126 Pettit 74.

Page 263: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

234

So ‘n begunstigde het volgens Pettit127 ook die reg om te eis dat die trust

behoorlik bestuur word en dat die trustee verslag lewer van sy/haar bestuur.

Van belang is Pettit128 se verdere opmerking dat

“… perhaps the true view is that the beneficial interest is in suspense

until the trustees exercise their discretion. The rights of a potential

beneficiary under a discretionary trust are in fact similar to those of the

objects of a mere power129 given to the trustees in their fiduciary

capacity. He has merely a hope not an entitlement that it will be

exercised in his favour. The main difference lies in the fact that the

object of a mere power has no ground of complaint if, after due

consideration,130 the trustees decide not to exercise the power at all.”

Martin131 voer aan dat

“… whether the trust is exhaustive or non-exhaustive, an individual

beneficiary is not regarded as having any proprietary interest in the

trust property”.

Die moderne en waarskynlik mees korrekte benadering in hierdie verband,

kom van Todd en Wilson132 waar hulle die volgende mening huldig:

127 Pettit 74. 128 Pettit 74. 129 Die Engelse regsfiguur bekend as ‘n “power”, en die Engelse diskresionêre trust moet

nie verwar word nie. Dit is twee verskillende regsfigure met eiesoortige kenmerke… Dit is so

dat namate trusts en dan veral diskresionêre trusts in populariteit in Engeland toegeneem het,

die Engelse “power” algaande meer op die agtergrond geskuif is, veral ook nog sedert 1971

toe die “certainty” toets vir beide regsfigure gelykgestel is. Sien in dié verband Todd en

Wilson 72 e.v.; Todd Textbook on Trusts (1996) (3e uitgawe) 53 e.v. 130 ‘n Beginsel wat wesentlik ooreenstem met die Suid-Afrikaanse posisie soos bespreek

in hoofstuk 8 paragraaf 8.2.4. 131 Martin 212. 132 Todd en Wilson 73.

Page 264: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

235

“So far as discretionary trusts are concerned, though members of the

class of possible beneficiaries have no defined interest in the property

unless and until the trustees’ discretion is exercised in their favour,

nevertheless, they have sufficient locus standi to come to court to

enforce the trust. Clearly the degree to which enforcement is possible

is limited by the discretionary nature of the arrangement, but the courts

will restrain the trustees from acting contrary to the terms of the trust

instrument.”

Om te sê dat die diskresionêre trustbegunstigde geen regte het nie, is dus

verkeerd. Duidelik het so ‘n begunstigde dadelik in personam regte teen die

trustees, net soos in die geval van nie-diskresionêre trusts. Hierdie regte is

weereens gebaseer op die onderliggende fidusiêre verhouding. Die

inhoudelike aard van hierdie regte hang egter saam met die inhoud van die

trustakte. Die begunstigde van ’n diskresionêre trust beskik egter (totdat ‘n

diskresie in sy guns uitgeoefen word), in teenstelling met die ander

begunstigdes, nie oor enige in rem regte in sy/haar guns nie.

Page 265: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

236

6.3 SKOTLAND

In die vorige gedeelte van hierdie hoofstuk is aangetoon dat ‘n suiwer

common law trust beskik oor identifiseerbare begunstigdes met regte. In

hoofstuk 5 is aangetoon dat die Skotse trustfiguur nie ‘n oorname was van die

common law trust nie, maar nogtans ‘n suiwer trust genoem kan word. Die

vraag wat nou ontstaan, is of die wyse waarop die Skotse trust erken en

ontwikkel het ‘n invloed uitgeoefen het op die aard en omvang van die regte

van Skotse trustbegunstigdes.

6.3.1 Bestaan van Identifiseerbare Begunstigdes

Paisley133 wys daarop dat, vir ‘n Skotse trust om geldig tot stand te kom, daar

onder andere identifiseerbare begunstigdes moet wees. Volgens dié skrywer

is dit nie nodig dat die begunstigdes by oprigting van die trust hoef te bestaan

nie, maar hulle moet egter dan reeds identifiseerbaar wees.134 ‘n Vraag wat

dadelik ontstaan, is of hierdie begunstigdes regte het en indien wel, wanneer

hulle dit bekom?

6.3.2 Begunstigdes met Regte

Met die eerste oogopslag wil dit voorkom asof daar ’n siening in Skotland

bestaan dat ’n trust onder sekere omstandighede eensydiglik deur die oprigter

daarvan herroep kan word. Hierdie siening dui daarop dat in sodanige

gevalle trustbegunstigdes moontlik geen regte het nie. Hierdie aangeleentheid

word hieronder verder ondersoek.

133 Paisley Law Basics Trusts (1999) 2 en 3. Net soos in ander regstelsels bestaan

daar wel uitsonderings op hierdie reël deurdat trusts ook opgerig kan word vir die voordeel

van byvoorbeeld diere of om grafte te bewaar - ook aan hierdie tipe trusts word erkenning

verleen volgens Skotse reg. 134 Paisley 3.

Page 266: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

237

Volgens Skotse reg is ‘n testamentêre trust altyd herroepbaar tot tyd en wyl

die oprigter (testateur) te sterwe kom.135 Daarteenoor is ‘n inter vivos trust

slegs herroepbaar indien dit blyk dat die oprigter bloot ‘n testamentêre

bemaking in gedagte gehad het, of soos dit gestel word in Bertram’s Trustees

v Bertram,136 indien dit lyk na ‘n bepaling van ‘n bloot testamentêre aard.

Dit is dus nie so dat die Skotse reg ‘n trust as eensydiglik herroepbaar beskou

nie - wat wel herroepbaar is, is ‘n testamentêre instrument. Testamentêre

bepalings kan uit die aard van die saak eensydiglik herroep word deur die

testateur gedurende sy/haar lewe. Na die dood van die testateur (wanneer

die testamentêre trust tot stand gekom het) of in gevalle van inter vivos trusts

(wat nie bloot op ‘n testamentêre geskrif neerkom nie), geld eensydige

herroeping nie.

Volgens Skotse trustreg het die herroepbaarheid, al dan nie, van ‘n trust, in

wese te make met regte van trustbegunstigdes. So word dan geleer dat ‘n

trust onherroepbaar is sodra ‘n begunstigde beskik oor ‘n ius quaesitium (‘n

sogenaamde “immediate beneficial interest”).137 Sodra ‘n begunstigde beskik

oor ‘n ius quaesitium, word sy/haar belange beskerm en kan ‘n trust nie meer

herroep word sonder sy/haar samewerking nie.138 ‘n Trustbegunstigde verkry

‘n ius quaesitium sodra daar nie meer sprake is van ‘n suiwer testamentêre

bepaling deur ‘n testateur wat steeds in lewe is nie. Hierdie ius quaesitium

kan ‘n gevestigde reg of bloot ‘n voorwaardelike reg wees.139

Juis omrede begunstigdes regte verkry, geld streng reëls in die Skotse reg as

dit kom by die wysiging van trustbepalings. Slegs terwyl ‘n trust herroepbaar

135 Chalmers Trusts: Cases and Materials (2002) 258. Eers by dood verkry ‘n

begunstigde ‘n ius quaesitium. Regstegnies kom ‘n trust in elk geval dan eers tot stand. 136 Bertram’s Trustees v Bertram 1909 SC 1238; 1909 2 SLT 86 soos na verwys deur

Chalmers 264. 137 Chalmers 261. 138 Chalmers 261. 139 Chalmers 261.

Page 267: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

238

is, kan dit sonder medewerking van die begunstigdes gewysig word.140 Sodra

die begunstigde ‘n ius quaesitium verkry het, kan hierdie regte nie sonder sy

(of in sekere gevalle, die hof se) toestemming gewysig of teruggetrek word

nie.141 Ook volgens die Skotse trustreg is die posisie dus dat regte van

begunstigdes nie sonder die begunstigdes of, in sekere besondere gevalle,

die howe se samewerking aangetas mag word nie.142

Die regte (ius quaesitium of “an immediate beneficial interest”) van die

begunstigdes, staan volgens Skotse terminologie in die algemeen bekend as

jura crediti en ontstaan sodra die trust opgerig is en onherroepbaar geword

het.143 Dit vestig dan onmiddellik in die begunstigdes.144

Die afleiding wat uit voorgaande gemaak kan word is dat ‘n trust, sodra dit nie

meer bloot ’n testamentêre bemaking is wat herroepbaar is nie, nie geldiglik in

Skotland kan voortbestaan sonder identifiseerbare begunstigdes met regte

nie.145 Hierdie standpunt word ingeneem op sterkte van die feit;

♦ dat vir ’n Skotse trust om geldig te wees, identifiseerbare begunstigdes

vereis word;

140 Chalmers 223. 141 Chalmers 227 en 261. 142 Paisley 75 e.v.; Wilson en Duncan Trusts, Trustees and Executors (1995) (2e

uitgawe) 182 e.v. wys daarop dat die howe hierdie aangeleentheid benader vanuit die

oogpunt en in terme van beginsels van toepassing by kuratorskappe. 143 By die trust mortis causa val dit saam met die datum van dood van die oprigter

(testateur). 144 Walker Principles of Scottish Private Law (1970) (Vol. II) 1585. 145 Een uitsondering op die algemene stelling is dat wanneer ‘n trust opgerig word vir

toekomstige kinders, die trust ook herroepbaar is deur die oprigter, maar slegs totdat die

eerste kind gebore is - aldus Paisley 3.

Page 268: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

239

♦ dat ’n Skotse trust, sodra ‘n begunstigde beskik oor ‘n ius quaesitium, nie

meer herroep kan word sonder so ‘n begunstigde se medewerking nie;

♦ dat dit nie sin maak om identifiseerbare begunstigdes te vereis, sonder wie

se samewerking trustwysiging nie moontlik is nie, maar standpunt in te

neem dat sodanige begunstigdes nie oor regte beskik nie.

In die Skotse reg is die ratio vir die vereiste van begunstigdes met regte

volgens Walker146 sodat “every trust must have one or more objects147 in

whose favour the court can enforce performance, though the interests may be

contingent or remote”.148

6.3.3 Die Aard van die Begunstigde se Regte

Die vraag wat nou ontstaan, is wat die aard van hierdie regte van

trustbegunstigdes is? Afgesien van die algemene beginsels van toepassing,

moet steeds in gedagte gehou word dat die inhoud van die regte ook sal

afhang van die presiese bepalings van die trustakte self, veral wat betref

enige diskresionêre magte van trustees.149

Volgens hedendaagse Skotse reg ontstaan die onderlinge regte van die

trustpartye (veral die van die begunstigde) nie ex contractu nie, maar ex lege

weens die totstandkoming van die trust per se.150 Hiermee stem Gretton151

146 Walker Principles of Scottish Private Law (1975) (2e uitgawe) (Vol. II) 1794. 147 Waarmee bedoel word begunstigdes van die trust. 148 In hierdie opsig stem die Skotse trustreg dus ooreen met die Engelse trustreg. 149 Hierdie aspek word net hierna verder bespreek. 150 Wilson en Duncan 14. 151 Professor Gretton - persoonlike gesprek Mei 2004.

Page 269: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

240

saam. Soos reeds aangetoon, is die beginsel van fidusiêre verhoudings, in

Skotland erken en aanvaar. Een so ’n verhouding is juis die unieke

trustverhouding met sy inherente fidusiêre regte en verpligtinge.

Reeds van oudsher af is daar in Skotland aanvaar dat die trustees eienaars

van die trusteiendom is. Stair152 merk in hierdie verband op dat “the property

of the thing intrusted be it land or moveables, is in the person of the intrusted,

else it is not a proper trust”. Bell,153 aan die ander kant, verklaar weer dat “in

order to make an available trust, the subject154 of it must be legally vested in

the trustee”. Dit is immers vandag een van die essensiële elemente van ‘n

Skotse trust dat die trustee in alle omstandighede155 eienaar van die

trustbates moet wees.156

6.3.3.1 Persoonlike of Saaklike Aard van die Regte

As die trustees, volgens Skotse reg, eienaars is van trustbates impliseer dit

dat slegs hulle, en nie die begunstigdes nie, oor ‘n ius in rem beskik ten

opsigte van dié bates, indien daar in gedagte gehou word dat Skotse reg nie

dual ownership erken nie.157 Die vraag wat beantwoord moet word bly egter

steeds wat die aard van die begunstigde se regte dan is?

152 Chalmers 53 waar hy Stair aanhaal. 153 Chalmers 53 waar hy Bell aanhaal. 154 Synde die trustbates. 155 In teenstelling met byvoorbeeld Suid-Afrika waar die vereiste nie absoluut is nie. Die

aspek word bespreek in hoofstuk 4. 156 Walker Principles of Scottish Private Law (1989) (4e uitgawe) (Vol. IV) 4; De Waal “In

Search of a Model for the Introduction of the Trust into a Civilian Context” 2001 Stellenbosch

Law Review 77 en 83. 157 Soos reeds hierbo aangetoon. Sien Norrie en Scobbie Trusts (1991) 6 e.v.

Page 270: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

241

Norrie en Scobbie158doen aan die hand dat die enigste en belangrikste verskil

tussen Skotse en Engelse trustreg waarskynlik juis in die aard van die

begunstigde se regte ten opsigte van trustbates geleë is. Norrie en

Scobbie159 wys daarop dat kragtens Skotse reg daar nog nooit erkenning

verleen is aan die beginsel dat ‘n begunstigde saaklike regte in trusteiendom,

soos in die geval van die Engelse reg, kon hê nie. Volgens hulle is dit

gevestigde reg dat die saaklike reg ten opsigte van trusteiendom uitsluitlik

berus by die trustee. Die begunstigde, aan die ander kant, het bloot ‘n

persoonlike reg teenoor die trustees. Daar moet in gedagte gehou word dat

die beginsel van ‘n konstruktiewe trust, soos in die Engelse reg, ook in die

Skotse reg bestaan en toepassing vind.160 Dit blyk dat ook in die Skotse reg

hierdie beginsel uitsluitlik toepassing vind om gevolg te gee aan die

beskerming van die begunstigde se regte wanneer trustbates onregmatiglik

vervreem word. Op hierdie wyse kan ’n begunstigde tog trusteiendom opvolg

tot die mate waarin bepaal kan word dat die persoon in besit van die

trusteiendom ‘n konstruktiewe trustee sou wees (dit wil sê mala fide is).

Gretton161 is egter glad nie daarvoor te vinde dat hierdie Engelsregtelike

model toepassing moet vind in die Skotse reg nie en stel dit onomwonde soos

volg:

“There is a great deal to be proud of in Scots law, but also, alas, much

not to be proud of. One may be proud of the way in which Scots law

has been able to absorb and develop the trust without damage to the

basic principles of property law, and without adopting English

conceptions of equity. But when one turns to the constructive trust, all

is in confusion.”

158 Norrie en Scobbie 6. 159 Norrie en Scobbie 6 e.v. 160 Chalmers 38 e.v. 161 Soos aangehaal deur Chalmers 38.

Page 271: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

242

Paisley162 wys daarop dat:

“Although the right of the beneficiaries may be classified as a personal

right, it has certain attributes which gives it greater strength than other

personal rights such as contractual rights. So strong is the

beneficiaries’ right that some commentators view it as ‘anomalous in

nature’ and state that it can be categorized neither as a purely personal

right nor as a real right of property.”

Twee Skotse uitsprake teen die einde van die 19e eeu het bygedra tot

verwarring ten opsigte van die aanvanklike Skotse eiendomsteorie van

trustbates. Uit sy uitsprake in die beslissings van Hay’s Trustees v Hay163 en

Govan New Bowling-Green Club v Geddes164 wil dit voorkom asof Lord

McLaren ‘n teorie voorstaan waarvolgens beide trustee en begunstigde regte

van eienaarskap in die trustboedel het.165 Alhoewel die Skotse reg166

erkenning verleen daaraan dat eienaarskap gedeel kan word (gemeen-

skaplike eiendom), verwerp dit egter die leerstuk van aparte, dualistiese

eiendomsreg (dual ownership) in dieselfde saak op dieselfde tyd.

Chalmers167 wys daarop dat in bogemelde twee beslissings nie werklik

gepoog is om dual ownership in trustbates te propageer nie. Wat wel waar is,

is dat die verwysing na die begunstigde se reg as ‘n ius crediti (dus ‘n suiwer

persoonlike reg) nie deur die verhoorregter Lord McLaren as tiperend van die

begunstigde se regte beskou is nie. Hy het, volgens Chalmers, waarskynlik

gepoog om aan te dui dat die begunstigde iets sterkers het as net ‘n ius

crediti. Die begunstigde was volgens Lord McLaren nie eenvoudig net nog ‘n

krediteur van die trustee nie. Hy was in ‘n sterker posisie as ‘n (“gewone”)

162 Paisley 22. 163 Hay’s Trustees v Hay 1890 17 R 961 soos bespreek deur Chalmers 54. 164 Govan New Bowling-Green Club v Geddes 1898 25 R 485 soos bespreek deur

Chalmers 54. 165 Chalmers 54. 166 Soos ook die Suid-Afrikaanse reg. 167 Chalmers 54.

Page 272: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

243

krediteur van die trustee omdat die trustboedel nie beskikbaar is om

persoonlike skulde van die trustee te bevredig nie en (”gewone”) krediteure

van die trustee dus nie trustbates vir hierdie doel in beslag kon neem nie.

Waarskynlik onder die invloed van die Engelse reg het Lord Hope in 1995 nog

verder gegaan en die mening uitgespreek dat trusteiendom volgens Skotse

reg nie in die trustee vestig nie, maar wel in die begunstigde.168 Hierdie

benadering het egter nie lank oorleef nie en is in elk geval tans in Skotland nie

geldende reg nie.169

Die aard van die begunstigde se reg, volgens die Skotse siening, is dus dié

van ‘n persoonlike reg as krediteur (ius crediti), maar met iets sterkers teen

die trustee en derdes daaraan gekoppel. Juis die quasi-saaklike aard van

hierdie persoonlike reg, veroorsaak probleme vir die Skotse juriste. De

Wulf170 merk in hierdie verband op dat “in addition to a ius in personam

against the trustee, the beneficiary is also possessed of some sort of a ius in

rem on the trust property”. Hier verwys hy na die begunstigde se reg om

trustbates in sekere gevalle te kan opvolg - ‘n reg wat volgens hom veral van

belang is in geval van die trustee se insolvensie - “because the beneficiary

may then exercise a ‘real’ claim on the property to which the general creditors

have no rights”.171 Later verwys De Wulf172 weer na die eiendomsregtelike

aard van ‘n begunstigde se regte as hy opmerk:

“The position of the intermediary party or fiduciary is essentially similar

to that of a trustee: he is quasi-owner of the property which is subject

to the beneficiary’s proprietary interest.”

168 Soos in die geval van die bewindtrust in Suid-Afrika. 169 Sharp v Thomson 1995 SC 455 waarvan die uitspraak ter syde gestel is in 1997 SC

(HL) 66 en soos bespreek deur Chalmers 55. 170 De Wulf 30. 171 De Wulf 31. 172 De Wulf 32.

Page 273: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

244

Norrie en Scobbie173 som die beginsel rakende die aard van die regte van

begunstigdes in Skotse regsverband soos volg op:

“In Scots Law the fundamental characteristics of the trust, is that a real

right to the trust property vests in the trustees, while a personal right

vests in the beneficiaries which they can enforce against the trustees to

ensure that the purposes are carried out.”

Norrie en Scobbie gaan dan verder en wys daarop dat “this is however a very

peculiar personal right since it is one that can, in some circumstances, defeat

a real right”.174 Dit is juis hierdie unieke aard van die begunstigde se

vorderingsreg waarna Olivier175 verwys as hy sê dat hierdie reg meer is as net

‘n vorderingsreg omdat dit bly kleef aan die goed waarop dit betrekking het.

Wilson weer wys daarop dat die “ius crediti, however, is frequently applied to

a mere contractual right and the benificiary’s right is higher than this.”176

Dat die regte van trustbegunstigdes iets meer om die lyf het as dié van

gewone krediteure, skyn dus gemeensaak te wees onder Skotse juriste. Om

die verskil egter te kon verklaar aan die hand van die Skotse eiendomsteorie

was problematies en het meegebring dat allerhande kunsmatige omskrywings

van hierdie reg177 gebruik is. Die hoofrede hiervoor word deur Norrie en

Scobbie178 soos volg gestel:

“The rights of beneficiaries do not behave like ordinarily personal

rights, but at the same time they do not behave like real rights either.”

173 Norrie en Scobbie 3. 174 Norrie en Scobbie 4. 175 Olivier 4. 176 Wilson en Duncan 144. 177 Persoonlik, maar met ‘n ”saaklike kleur”. 178 Norrie en Scobbie 4.

Page 274: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

245

Chalmers179 doen aan die hand dat om hierdie regte bloot as ius crediti te

sien, ‘n oorvereenvoudiging is van die aard daarvan. Aan die ander kant is dit

ook terminologies verkeerd om te praat van ‘n (sterker of sakeregtelike) ius

crediti. Chalmers180 gee Gretton gelyk dat ‘n suiwerder verduideliking van die

aard van die regte van trustbegunstigdes veel eerder geleë is in die

sogenaamde “special patrimony” leerstuk.

Soos reeds in meer besonderhede behandel,181 behels hierdie leerstuk dat ‘n

trustee beskik oor twee afsonderlike vermoëns (“patrimonies”). Aan die een

kant sy eie bates as een aparte “patrimony” en aan die ander kant die

trustbates waarvan hy as trustee eienaar is. Net soos die trustee se

persoonlike krediteure geen reg of aanspraak teenoor sy trustvermoë het nie,

net so is begunstigdes slegs aangewese op die trustee se trustvermoë en

niks anders nie. Volgens Gretton is dit dan nie nodig om enige kunsmatige

toevoegings tot die begunstigde se persoonlike regte te probeer maak nie.

Die begunstigde se persoonlike regte bied voldoende beskerming 182

aangesien die Skotse leerstuk van subrogasie altyd meebring dat trustbates

wat onregmatig uit die trustee se aparte trustvermoë verwyder of vervang

word, outomaties weer in dié vermoë teruggeplaas word. Vir die beginsel van

‘n aparte trustvermoë (afsonderlike “patrimonies”) om suksesvol te wees,

179 Chalmers 57 waar hy Gretton aanhaal. 180 Chalmers Trusts 57. 181 Hoofstuk 5 paragraaf 5.2.2.5. 182 Gretton “Trusts without Equity” 2000 International and Comparative Law Quarterly

612 e.v. stel dat “… with the explanation of trust as patrimony … The rights of beneficiaries

are personal rights. They are personal rights against the trustee, but they are (subject to

certain exceptions) enforceable only against the special patrimony and not the general

patrimony. Conversely, personal rights enforceable against the trustee in his personal

capacity are not (in general) enforceable against the special patrimony. There is thus no

need to seek to classify the right of beneficiaries as being in some way privileged or quasi-

real or in some way ‘trumping’ the rights of the creditors of a trustee in his personal capacity.

There is no need to resort to duality of ownership. Instead of duality of ownership, there is

duality of patrimony.”

Page 275: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

246

moet die leerstuk van subrogasie egter ten volle toepassing vind. De Waal183

stel dit so:

“Real subrogation simply means that the proceeds of a trust asset (if

the asset has been sold) or the substitute asset (if the proceeds have

been used to buy something else) will also be subject to the trust …

Real subrogation, therefore, ensures the continuity of the trust estate.”

Die huidige regsposisie in Skotland is waarskynlik dat die regte van

begunstigdes suiwer persoonlike regte teen die trustee is184 en afdwingbaar is

teen die “special patrimony” van die trustee.185 Dié gedeelte van die

begunstigde se regte waaraan Skotse juriste ‘n saaklike kleur wou gee, is dan

onnodig aangesien die Skotse reg die beginsels van “real subrogation” en

”constructive trust” in hul regstelsel erken en toepas.186

6.3.4 Die Inhoud van die Regte

Die inhoud van die persoonlike reg van die begunstigde behels dan dat die

trustee verplig word om die trustbates aan te wend in ooreenstemming met

die bepalings van die trustakte.187 As gevolg van die beginsel van aparte

“patrimonies” is die trustbates ook geen ander krediteur terwille nie en indien

trustbates onregmatig vervreem sou word, sal daardie bates of die

183 De Waal 2000 SALJ 564. 184 Gebaseer op die fidusiêre of vertrouensverhouding wat ex lege spruit uit

trustoprigting. 185 Behalwe vir Gretton en Paisley soos reeds aangehaal, sien ook Reid “Patrymony not

Equity: the Trust in Scotland” in Privaatrecht Trusts in Mixed Legal Systems (reds. Milo en

Smits) (2001) 22 e.v. 186 Waar die Skotte dus werk met persoonlike regte aangevul en ondersteun deur hul

regsfiguur bekend as “real subrogation”, werk die Engelse met “real rights” (wat nie

noodwendig dieselfde is as Romeins-Hollandse in rem-regte nie), soos aangevul deur hulle

“tracing rights”. 187 En verder ooreenkomstig die erkende beginsels van vertrouensverhoudings wat

uitkristalliseer het in bepaalde fidusiêre regte en verpligtinge.

Page 276: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

247

vervangende bates, steeds in terme van die leerstuk van subrogasie nie tot

beskikking van ander krediteure wees nie.

Paisley188 som die onderlinge verhouding tussen trustpartye soos volg op:

“A trust is a fiduciary relationship. This means that it is founded upon

good faith and this has significant effects on the relationship of the

parties to the trust inter se.”

Net soos in die Engelse reg blyk dit dus dat in die Skotse reg die teenpool van

begunstigdes se bestaande regte geleë is in die fidusiêre pligte van die

trustees. De Waal189 gaan sover om die fidusiêre verhouding tussen trustee

en begunstigde tot een van die wesenskenmerke van die trust te verhef. Dit

doen hy juis omdat

“… this truth is almost universally expressed by saying that the trustee

is in a fiduciary position or that the relationship between the trustee and

the beneficiary is a fiduciary relationship.”190

Weereens word gevind dat hier verwys word na die verhouding

(“relationship”) tussen trustee en begunstigde. Daar word dus aan die hand

gedoen dat ook in die Skotse reg hierdie verhouding verwys na die

begunstigde wat regte het aan die een kant en die trus tee met

ooreenstemmende fidusiêre pligte teenoor die begunstigde aan die ander

kant. Fidusiêre verpligtinge en regte van begunstigdes is dus interafhanklik

van mekaar. Die een is die teenpool van die ander. Fidusiêre verpligtinge

behels ‘n stel unieke beskermingsmaatreëls vir ‘n unieke regsverhouding wat

geld tussen ‘n begunstigde met regte en die trustee(s) van die trust.191

188 Paisley 1. 189 De Waal 2000 SALJ 558. 190 De Waal 2000 SALJ 558. 191 Walker (Vol. IV) 69.

Page 277: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

248

Addisioneel tot die begunstigde se persoonlike regte beskik hy, soos reeds

vermeld, volgens Skotse reg egter tog ook oor iets sterker as persoonlike

regte ten opsigte van die trusteiendom. Hierdie “sterker as” regte, kan nie

saaklike regte wees nie aangesien die vereistes wat die Skotte aan ‘n

saaklike reg heg, ooreenstem met die Romeinse vereistes van stoflikheid en

absoluutheid. Die groter beskerming van hierdie regte lê nie in die

saaklikheid al dan nie van hierdie regte nie, maar die Skotse beginsels van

subrogasie, of soos hulle dit stel, “real subrogation”.192 Juis die feit dat die

eiendom193 deel uitmaak van die trustee se aparte trustvermoë of “patrimony”,

veroorsaak dat sodanige bates beskerming teenoor die trustee, hetsy solvent

of insolvent, se ander krediteure geniet.194 Soos wat die Engelse dus die

beginsels van dual ownership (en “real rights” daarin) en “tracing” aanwend

om begunstigdes se regte maksimaal te beskerm, doen die Skotte dit met

behulp van “separate patrimonies” en “real subrogation” - op hierdie wyse is

die verlening van saaklike regte, in welke formaat ook al, in Skotland onnodig,

maar die trustfiguur bly suiwer omrede onder andere genoegsame

beskerming gebied word aan die regte van begunstigdes.195

Wat betref die begunstigde se moontlike regte teenoor derdes, word ook in

die Skotse reg onderskei tussen bona fide en mala fide derdes. In die geval

van bona fide verkrygers vir waarde, het ‘n trustbegunstigde (soos sy Engelse

192 De Waal 2000 SALJ 567 e.v.; De Wulf 97 e.v.; Keeton en Sheridan 108. Soos hierbo

vermeld, word volgens hierdie beginsel geag dat indien ‘n trustbate, hetsy regmatiglik of

onregmatiglik, deur ‘n trustee vervreem sou word, die opbrengs van die vervreemding - die

geld of ander bate, outomaties in die plek van die oorspronklike bate weereens ‘n trustbate

vorm. 193 Die oorspronklike trusteiendom of die vervangende eiendom wat in terme van die

beginsels van subrogasie in die plek van die oorspronklike eiendom geplaas word. 194 De Waal 2000 SALJ 568. 195 Dit is ondenkbaar dat beide die Engelse en die Skotte soveel moeite sou doen om

begunstigdes te beskerm indien laasgenoemdes oor geen regte beskik het nie! Volgens De

Waal se siening soos in paragraaf 4.3.3.2 bespreek, sou daar ook nie van ‘n suiwer

trustfiguur sprake wees indien daar geen regte bestaan het om te beskerm nie - een van die

wesenskenmerke van ‘n suiwer trust is juis volgens De Waal behoorlike

beskermingsmeganismes vir die regte van trustbegunstigdes.

Page 278: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

249

eweknie) geen aksiegrond teenoor so ‘n derde nie. ‘n Skotse trust-

begunstigde kan wel ‘n aksie instel teenoor ‘n mala fide derde.196 So ‘n aksie

sal egter nie gebaseer wees op enige saaklike reg wat die begunstigde mag

hê nie, maar op sterkte van verryking of in terme van die leerstuk van

kennis.197 Soos reeds gesien, word ten minste beperkte erkenning verleen

aan die “constructive trust” figuur in Skotland.

Noudat vasgestel is wat die algemene regsposisie is wat betref die regte van

trustbegunstigdes, is dit nodig om volledigheidshalwe stil te staan by die

posisie van die diskresionêre trustbegunstigde in die Skotse reg.

6.3.5 Die Regte van ’n Begunstigde ingevolge ’n Diskresionêre Trust

Daar bestaan geen spesiale kategorie in die Skotse trustreg vir hierdie tipe

trusts nie.198 ‘n Diskresionêre trust kan, volgens Paisley,199 van ander trusts

onderskei word deurdat

“… the trustees will (be) require(d) to exercise some element of

discretion… The discretion afforded to trustees in a trust deed can

make a trust a very flexible device … The trustees may be given

discretion in relation to administrative matters … In other cases the

discretion may extend to matters such as who is to benefit from the

trust, the size or nature of their shares and the timing of the vesting of

the benefits.”

196 Wilson en Duncan 147. 197 De Waal 2000 SALJ 569. 198 Paisley 9. 199 Paisley 9.

Page 279: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

250

Alhoewel die regte van begunstigdes van diskresionêre trusts dus addisioneel

ook nog onderworpe is aan die uitoefening van ‘n diskresie,200 bring dit nie

mee dat dié tipe begunstigdes geheel en al sonder regte is nie. So merk

Paisley201 op dat “in this sense, the exercise of discretion is more properly

classified as a duty rather than a power to the trustees”. ‘n Diskresionêre trust

word dus, wat algemene beginsels betref, oor diesefde kam as ander tipe

trusts geskeer en diskresionêre trustbegunstigdes beskik wel oor regte

alhoewel die inhoud daarvan kan verskil na gelang van die bepalings van die

trustakte202 - ‘n soortgelyke posisie dus as die Engelse diskresionêre

trustbegunstigde.

200 Ter verduideliking van wat onder die omstandighede van ‘n trustee verwag kan word,

merk Lord Wilburforce in McPhail v Doulton 1971 AC 424 op 449 soos ook bespreek in

Wilson en Duncan 437 op:

“… he would examine the field, by class and category; might indeed make diligent

and careful enquiries, depending on how much money he had to give away and the

means at his disposal, as to the composition and needs of particular categories and

of individuals within them, decide upon certain priorities or proportions and then

select individuals according to their needs or qualifications. If he acts in this matter,

can it really be said that he is not carrying out the trust?” 201 Paisley 9. 202 Paisley 9.

Page 280: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

251

6.4 SRI LANKA

6.4.1 Bestaan van Identifiseerbare Begunstigdes

In 1840 het regspraak203 in Sri Lanka reeds bevestig dat die drie essentialia

wat vir ‘n Engelse trust geld 204 ook vereis word vir ‘n geldige trust in Sri Lanka.

Hierdie vereistes is herbevestig in Artikel 6 van die Sri Lanka Trust Ordinance

van 1917 wat lui:

“Subject to the provisions of sections 5 and 107, a trust is created

when the author of the trust indicates with reasonable certainty by any

words or acts - (a) an intention on his part to create a trust, … (c) the

beneficiary, (d) the trust property …”

Afgesien van die feit dat sekerheid ten opsigte van die identiteit van

begunstigdes vereis is, wys Cooray daarop dat die begunstigde(s) boonop

reeds moes bestaan het tydens die ontstaan van ‘n trust. Nie net moes die

begunstigde(s) reeds bestaan het nie, hulle moes boonop reeds regsbevoegd

wees205 en ook in staat wees om eiendom te kon besit - dit volgens die reg

van Sri Lanka beteken dat die begunstigde ‘n “living person” of ‘n “corporation

or company” moes wees.206 Cooray voer aan dat hierdie vereiste meegebring

het dat ‘n trust vir toekomstige begunstigdes of selfs toekomstige lede van 'n

groep begunstigdes nie aan hierdie strenge vereistes voldoen het nie.207

In Sri Lanka word ‘n beperkte mate van diskresie vir trustees toegelaat by die

toedeling van trustbates. Sodanige diskresie verydel nie die strenge vereiste

203 Knight v Knight 1840 9 LJ Ch 397 soos aangehaal deur Cooray The Reception in

Ceylon of the English Trust: an analysis of the case law and statutory principles relating to

trusts and trustees in Ceylon in the light of the relevant foreign cases and authorities (1971)

80. 204 Naamlik sekerheid van bedoeling, van trustbates en van begunstigdes. 205 Cooray 78. 206 Cooray 80. 207 Cooray 85.

Page 281: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

252

met betrekking tot sekerheid van begunstigdes nie. Cooray208 onderskei in

die verband tussen “uncertainty of beneficiaries”, wat fataal is en “uncertainty

of beneficial interests” wat deur middel van die uitoefening van ‘n diskresie

aangespreek kon word en as sodanig toelaatbaar is.

6.4.2 Begunstigdes met Regte

Uit die voorgaande is dit duidelik dat in Sri Lanka vereis word dat vir die

geldige totstandkoming van ‘n trust209 daar duidelike identifiseerbare

begunstigdes moet wees. In Sri Lanka strek hierdie vereiste egter nog wyer

en word daar ook vereis dat sodanige begunstigde(s) reeds by ontstaan van

‘n trust regsbevoeg moet wees. Trustbegunstigdes bekom onmiddellik by die

totstandkoming van ‘n trust regte. Dit blyk uit verskeie artikels van die Trust

Ordinance. So verwys artikel 3(a) byvoorbeeld na “the right to the beneficial

enjoyment of the property is vested … concurrently with the owner …” terwyl

artikel 9(2) bepaal dat “a proposed beneficiary may renounce his interest210

under the trust …” Net soos in Engeland en Skotland, kan ‘n bestaande trust

slegs gewysig word met die toestemming van al die begunstigdes (indien

hulle regtens bevoeg is om op te tree) of waar die hof namens sodanige

onbevoegde begunstigdes instem tot wysiging.211 Die feit dat begunstigdes

se toestemming in verband met trustwysiging vereis word, is nogeens

208 Cooray 87. 209 In Sri Lanka kan ‘n trust waarvan die bates bestaan uit onroerende eiendom volgens

artikel 5 van die Trust Ordinance slegs testamentêr of deur middel van ‘n notariële trustakte

inter vivos verly word. In die geval van roerende goedere word notariële verlyding nie vereis

nie en blyk dit dat ‘n mondelingse trust toelaatbaar is mits lewering egter geskied. Die

volledige Trust Ordinance is beskikbaar by http://www.lawnet.lk/con/pdf/ch87.pdf - 6 Maart

2006. 210 Soos reeds hierbo aangetoon, gaan terminologie soos onder andere “interest” en

“rights” bespreek word in hoofstuk 7. In wese is belange of aansprake, regte as dit

beskermingswaardig is. Fidusiêre verhoudings word deur die reg erken en die aansprake

daaruit voortspruitend is beskermingswaardig en dus regte. 211 Arikel 80 van die Trust Ordinance. Sien Wikramanayake “Philanthropy and Law in Sri

Lanka” Geen Datum 355 e.v. - http://www.asianphilanthropy.org/pdfs/law_south/6-sri-

lanka.pdf - 6 Maart 2006.

Page 282: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

253

bevestiging vir die standpunt dat sodanige begunstigdes dus oor regte beskik.

Om iemand se toestemming te verlang ten opsigte van ‘n aangeleentheid

waarin hy/sy geen regte het nie, is tog onlogies.

6.4.3 Die Aard van die Begunstigde se Regte

Ook in Sri Lanka is die regte van ‘n trustbegunstigde tweeledig van aard. Aan

die een kant behels die regte nakoming van die trustbepalings deur die

trustee en aan die ander kant respektering daarvan deur buitestaanders.

Hierdie regte verdien verdere aandag.

Artikel 58 van die Trust Ordinance bepaal:

“The beneficiary is entitled to have the intention of the author of the

trust specifically executed to the extent of the beneficiary’s interest …”

Volgens Cooray212 is hierdie bepaling ‘n suiwere navolging van Engelse

regsbeginsels en kan dus aanvaar word dat hierdie reg van ‘n

trustbegunstigde ooreenstem met die persoonlike reg van die Engelse

trustbegunstigde teen die trustee vir nakoming van die trustbepalings -

weereens gebaseer op die trust as ‘n fidusiêre verhouding met bepaalde regte

en verpligtinge wat daaruit voortspruit.

Volgens Cooray213 beskik begunstigdes oor regte, maar is dit onnodig om te

vra

212 Cooray 177. Sien ook Wikramanayake “Philanthropy and Law in Sri Lanka” Geen

Datum 366 e.v. -http://www.asianphilanthropy.org/pdfs/law_south/6-sri-lanka.pdf - 6 Maart

2006. Ook Honoré “On Fitting Trusts into Civil Law Jurisdictions” Geen Datum 3 e.v. -

http://users.ox.ac.uk/~alls0079/chinatrusts2.PDF - 6 Maart 2006. 213 Cooray 188 (my onderstreping). Hierdie aspek word ook behandel deur Cooray “The

Reception of the English Trust in the Roman-Dutch Jurisprudence of Ceylon” 1969 SALJ 75

e.v.

Page 283: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

254

“… whether a beneficiary under a trust … has an equitable interest.

The distinction between law and equity is not part of the Law of Sri

Lanka. The beneficiary under a trust in England has an equitable

interest. The whole concept of the trust in Sri Lanka resembles and

was copied from the English concept. But the content of the Law of

Trusts in Sri Lanka, including the beneficiaries’ rights, is statutory and

to be found in the trust ordinance.”

Die volle aard van ‘n trustbegunstigde se regte in Sri Lanka is, as sodanig,

nog nie deur regspraak ontleed nie.214 Die howe was tevrede om bloot

hierdie regte te beskerm binne die bepalings van die ordonnansie, sonder om

hulself af te vra wat die aard van die regte behels.215 In ‘n poging om die

begunstigde se regte te verduidelik, het regslui 216 al daarna verwys as

“beneficial interests”, “beneficial ownership”, of slegs “obligation(s) attached to

the trust property”. Soms is die trustees se regte ook al genoem “a legal

estate” of “legal ownership”. Cooray doen aan die hand dat egter nie te veel

gelees moet word in die gebruik van Engelse terminologie in hierdie verband

nie.217 Aan die ander kant, so voer hy aan, is die gebruik van Romeins-

Hollandse terminologie soos nuda proprietas of “bare title” vir die beskrywing

van ‘n trustee se regte ook onbevredigend en verkeerd. Hy wys daarop dat

dit erkende reg in Sri Lanka is dat ‘n trustee volle eiendomsreg aan ‘n bona

fide koper van trustbates kan oordra en dat dit slegs regtens moontlik is indien

die trustee oor volle eindomsreg in die trustbates beskik.218

Stokes,219 een van die opstellers van die 1917 Trust Ordinance, wys daarop

dat hierdie ordonnansie juis daargestel is “to prevent the possible introduction

by pendantic lawyers of conceptions resembling the English legal estate and

214 Valliyammai v Abdul Majeed 1947 48 NLR 289 asook ander uitsprake aangehaal

deur Cooray 187 voetnota 4 e.v. 215 Keeton en Sheridan 243. 216 Keeton en Sheridan 243. 217 Cooray 188. 218 Cooray 189. 219 Soos aangehaal deur Cooray 187.

Page 284: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

255

equitable ownership”. Indien verder op Stokes se kommentaar gelet word, wil

dit voorkom asof die Sri Lankaanse wetgewer volstaan het met die skepping

(ten gunste van die begunstigde) van ‘n reg teenoor die trustee as eienaar

van die trustbates.220

Of die reg saaklik of persoonlik moes wees, het die wetgewer skynbaar nie

aangegaan nie en volgens Olivier,221 nog minder die juriste in Sri Lanka. Die

verhouding was egter, soos reeds vermeld, gebaseer op ‘n vertrouens-

verhouding met inherente fidusiêre verpligtinge aan die een kant en regte aan

die ander kant.

Alhoewel die begunstigde se regte dus uit ‘n Romeins-Hollandse oogpunt as

persoonlike regte 222 beskou en behandel moet word, is die inhoud van die

regte soortgelyk aan die Engelse “beneficial ownership”.223 Terminologies

skram juriste weg van die gedagte dat ‘n trustbegunstigde eienaar is van die

Engelse “equity rights” in trustbates, maar in wese is die begunstigde se regte

inhoudelik dieselfde as sy Engelse eweknie.

So merk Cooray224 op:

“Though the beneficiary under the law of Ceylon does not have an

equitable interest, the content of his rights are similar to his English

counterpart.”

Volgens Cooray is die suiwerste posisie in Sri Lanka waarskynlik dat die

trustee die (Romeins-Hollandse) eienaar is van trustbates, maar dat die

eiendomsreg gekwalifiseer word deur die bepalings en inhoud van die Trust

220 Sien ook Wikramanayake “Philanthropy and Law in Sri Lanka” Geen Datum 355 e.v. -

http://www.asianphilanthropy.org/pdfs/law_south/6-sri-lanka.pdf - 6 Maart 2006. 221 Olivier 7. 222 Die eiendomsreg setel immers in die trustee en dubbeleiendomsreg bestaan nie in

die Romeins -Hollandse reg nie. 223 Cooray 177. 224 Cooray 190.

Page 285: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

256

Ordinance in soverre dié ordonnansie regte skep ten gunste van die

trustbegunstigde en pligte vir die trustee oplê. Cooray225 gee egter toe dat

“[t]his is not a conclusion which would please the analytical jurist who

would wish to categorise the nature of the interests of the beneficiary

and the trustee in conceptual te rms”.

Juis omdat die trustfiguur ‘n skepping is van die Engelse law of equity is

suiwere identifisering van regte uit die oogpunt van die civil law juris volgens

Cooray226 onmoontlik en veroorsaak dit oneindige frustrasies vir die analitiese

juris terwyl die dubbelslagtigheid van regte in die praktyk in Sri Lanka egter

nie probleme veroorsaak nie.

In Sri Lanka word die trustee se fidusiêre pligte statutêr beliggaam in artikel

15 saamgelees met artikel 63 van die Trust Ordinance. Artikel 15 bepaal:

“A trustee is bound, subject to the provisions of the instrument of trust,

to deal with the trust property as carefully as a man of ordinary

prudence would deal with such property if it were his own …”

Artikel 63 bepaal:

“The beneficiary has a right to require that his trustee shall be

compelled to perform any particular act of his duty as such and

restrained from committing any contemplated or probable breach of

trust.”

Weereens moet in gedagte gehou word dat begunstigdes in Sri Lanka dadelik

regte bekom en dat artikel 15 dus daargestel is om as teenpool vir die

beskerming van hierdie regte te dien deur verpligtinge aan trustees op te lê

juis ter beskerming van hierdie reeds bestaande regte.

225 Cooray 189. 226 Cooray 189.

Page 286: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

257

6.4.4 Die Inhoud van die Regte

Die tweeledigheid van die begunstigde se regte waarna hierbo verwys word,

is daarin geleë dat die ordonnansie nie alleen aan die trustbegunstigdes regte

verleen teenoor die trustee om navolging van trustbepalings af te dwing nie,

maar dat dit ook sekere statutêre regte teenoor derde partye skep wat in besit

kom van trustbates227. Ook hierdie “uitbreiding” van die begunstigde se

persoonlike regte is nie meer vreemd nie.228

Die statutêre beskerming wat aan begunstigdes in Sri Lanka verleen word,

kan saamgevat word onder twee afdelings, naamlik:

(1) Die opvolging van trustbates in die hande van die trustee; en

(2) Die opvolging van trustbates in die hande van ‘n derde.

♦ Die opvolging van trustbates in die hande van die trustee

Waar ‘n trustee onregmatig trustbates aangekoop het, of waar ‘n trustee

onregmatig trusteiendom vervreem het en die opbrengs van die

vervreemding of bates wat daarmee aangekoop is, is identifiseerbaar, het

die begunstigde die reg dat sodanige bates as deel van die trustfonds

verklaar word.229

227 Die reg om bates op te volg het in Sri Lanka bestaan voor die inwerkingtreding van

die Trust Ordonnansie. In Muttiah Chetty v Somasunderam 1910 5 Bala Rep 14, (soos na

verwys deur Cooray 178) is die reg reeds erken. Die regte word tans beliggaam in die Trust

Ordonnansie van 1917, artikels 65 tot 69. 228 Om die wyer regte te regverdig, gee die Engelse aan die regte van die begunstigde ‘n

saaklike kleur en verleen daaraan beskerming deur middel van hul “tracing rights”. Die Skotte

regverdig hierdie wyer as persoonlike regte aan die hand van ‘n “separate patrimony” en

onderskraag die regte deur middel van hulle beginsels van “real subrogation”. 229 Artikels 64 en 65.

Page 287: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

258

Waar die bates nie meer identifiseerbaar is nie, of vermeng geraak het,

verloor die begunstigde sy reg om op te volg en is hy aangewese op slegs

sy eis vir troubreuk teenoor die trustee.

♦ Die opvolging van trustbates in die hande van ‘n derde

Waar trusteiendom in die hande van ‘n derde beland, kan ‘n begunstige

versoek dat ‘n bevel verleen word wat verklaar dat sodanige bate steeds

onder die bepalings van die trust val. Hierdie reg stem ooreen met die

gedagte van ‘n Engelse “constructive trust”, dit volg egter nie outomaties

nie, maar slegs as die begunstigde dit versoek.230

Die regte van ‘n begunstigde geld egter nie teenoor ‘n bona fide verkryger van

trustbates (met ander woorde sonder kennis van die trustbepalings) wat

vergoeding daarvoor gegee het nie.231

Cooray232 beklemtoon by verskeie geleenthede dat dit belangrik is om daarop

te let dat alhoewel Engelse beginsels van “tracing” baie nou ooreenstem met

die opvolgregte van die trustbegunstigde in Sri Lanka, dit nie onder alle

omstandighede toegepas mag word op die posisie in Sri Lanka nie. Slegs

waar die Trust Ordinance swyg mag Engelse beginsels toegepas word. Waar

die ordonnansie egter uitdruklike bepalings bevat, sal dit altyd geld en veral

dan moet gewaak word teen, soms slegs subtiele, maar tog belangrike

verskille tussen die twee jurisdiksies.

In Sri Lanka word begunstigdes se regte dus beskerm deur wetgewing, welke

wetgewing wesentlik ooreenstem met die Engelse ”tracing rights” in

samewerking met die beginsel van ”constructive trust”. Op sterkte hiervan

230 Artikel 65 en Cooray 183. 231 Artikel 66. Hierin stem die reg van Sri Lanka ooreen met die Engelse reg. In terme

van artikels 65 en 66 kan die begunstigde bo en behalwe sy reg om die trustee aan te spreek

vir trustbreuk ook nog die bates opvolg in die hande van sodanige ander begunstigdes. 232 Cooray 180 e.v.

Page 288: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

259

blyk dit dus dat die trustfiguur in Sri Lanka ook as suiwer trustfiguur erken kan

word. Nie net word behoorlike beskerming aan trustbegunstigdes se regte

verleen nie, maar die fidusiêre verhouding tussen trustees en begunstigdes is

ook alom teenwoordig en vorm die basis van die regte en verpligtinge tussen

trustees en begunstigdes.233

233 Die wesenskenmerke van suiwer trustfigure is bespreek in hoofstuk 4 paragraaf

4.3.3.2. Sommige van hierdie wesenskenmerke is dat trustbegunstigdes se regte na behore

beskerm moet wees en dat die openbare amp van trustee op ‘n fidusiêre verhouding moet

berus.

Page 289: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

260

6.5 LOUISIANA

In Louisiana is trustreg volledig gekodifiseer.234 In sy verslag wat die

voorgestelde Louisiana Trust Code vergesel het, maak die Louisiana State

Law Institute die interessante aanname dat “underlying the law of trusts are

some basic conceptions that are not in essence much different from civil

law”.235 Omdat, volgens hierdie verslag,

“… the relationship created by a trust authorized by this code is that of

a fiduciary charged with administration of property entrusted to him for

the benefit of another. In its essence that relationship is no different

from the relationship of an administrator or executor to the heir or

legatee, of a tutor to a minor, of a curator to an interdict, or from the

relationship created by the fiducie of French law.”

Derhalwe volg dit dat wanneer dit kom by die beoordeling van die trustfiguur

in Louisiana, gesteun kan word op die algemene beginsels van toepassing op

die ander regsfigure waarna verwys word in die verslag van die Louisiana

State Law Institute.

‘n Trust in Louisiana kan testamentêr of inter vivos geskep word.236

Eersgenoemde tipe trust ontstaan op datum van dood van die testateur 237 en

laasgenoemde op datum van verlyding van die trustakte.238

234 Louisiana Trust Code 1964 soos wat dit tans voorkom as Titel 9 van die Revised

Statutes of 1950, artikels 1721 tot 2347. 235 Report by the Louisiana State Law Institute 3. Die verslag is elektronies op 12 April

2005 aan skrywer beskikbaar gestel deur die Law Library of Louisiana, verw Catherine

Lemann. 236 Artikel 1732. 237 Artikel 1821. 238 Artikel 1822.

Page 290: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

261

6.5.1 Bestaan van Identifiseerbare Begunstigdes

As algemene reël vereis trustreg in Louisiana dat alle begunstigdes van ‘n

trust “must be designated and vested from the inception of the trust”.239

6.5.2 Begunstigdes met Regte

Die feit dat begunstigdes in die algemeen dadelik regte verkry staan vas.

Verskeie statutêre bepalings van die Trust Code staaf hierdie stelling. So

bepaal artikel 2001 dat ‘n begunstigde, in die algemeen, van sy regte kan

beswaar of oordra - dit kan tog slegs geskied indien ‘n begunstigde reeds

regte bekom het. Soortgelyk laat artikel 1981 ‘n begunstigde toe “to refuse an

interest at any time after creation of a trust” - hieruit is die gevolgtrekking dus

weereens dat ‘n begunstigde vanaf die oprigting van ‘n trust, regte moet

verkry waarvan hy afstand kan doen. Die duidelikste aanduiding van die

regte word egter gevind in artikel 1971 wat ondubbelsinnig bepaal dat

“… the interest of a principal beneficiary is acquired immediately upon

the creation of a trust …”.

Hiermee saam bepaal artikel 1808:

“A beneficiary need not accept the benefit conferred on him; his

acceptance is presumed.”

239 Yiannopoulos “Trust and the Civil Law: The Louisiana Experience” in Privaatrecht

Trusts in Mixed Legal Systems (reds. Milo en Smits) (2001) 68. Dit is ook in ooreenstemming

met artikel 1803. Hierop bestaan wel spesifieke toelaatbare uitsonderings soos byvoorbeeld

artikel 1891, waar dit gaan om die identifisering van ‘n klas van begunstigdes bestaande uit

kinders, kleinkinders en ander naby verwante persone. In so ‘n geval word aan die vereiste

van sekerheid van begunstigdes voldoen indien ten minste een lid van die klas by

trustoprigting reeds bestaan. ‘n Verdere uitsondering op hierdie algemene reël dat

begunstigdes onmiddellik met regte beklee word, word gevind in artikel 2023, saamgelees

met artikel 2022, waarkragtens ‘n trustoprigter, as hy vir homself so ‘n reg in die trustakte

voorbehou het, die trust kan herroep of wysig sonder tussenkoms van trustbegunstigdes.

Page 291: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

262

Wat betref die wyse waarop ‘n trustakte gewysig mag word, maak die

Louisiana Civil Code240 voorsiening vir twee moontlikhede, naamlik óf waar

die oprigter tydens oprigting uitdruklik so ‘n reg vir homself voorbehou het óf

waar die hof, weens veranderde omstandighede, sodanige verandering

magtig.241 Weereens is die enigste afleiding wat uit hierdie streng maatreëls

gemaak kan word, dat dit nogeens bewys is van die feit dat begunstigdes oor

regte beskik, welke regte nie goedsmoeds aangetas mag word nie.

Die afleiding wat uit die voorgaande gemaak kan word, is dat in Louisiana nie

net sekerheid van trustbegunstigdes by trustoprigting vereis word nie, maar

ook dat regte (wat die aard daarvan ook al mag wees) onmiddellik vestig in

sodanige begunstigdes.242

6.5.3 Die Aard van die Begunstigde se Regte

Kragtens artikel 1899 kan die regte wat aan die begunstigdes verleen word

absoluut of voorwaardelik (“conditionally”) wees.243 Hierdie artikel handel oor

240 Artikels 2021 en 2027. 241 Geen statutêre magtiging vir trustwysiging in geval van toestemming deur

begunstigdes kon opgespoor word nie. Dit word aan die hand gedoen dat die rede hiervoor

daarin geleë is dat die siening moontlik in Louisiana mag bestaan dat trusts juis opgerig word

om begunstigdes te beskerm en deur hulle toe te laat om tot trustwysiging toe te stem, kan

juis hierdie oogmerk ongedaan gemaak word. Geen gesag kon egter opgespoor word vir

hierdie siening nie. Wat wel belangrik is vir hierdie navorsing is die feit dat trusts glad nie

goedsmoeds gewysig mag word nie. Dit word aan die hand gedoen dat dit juis ‘n verdere

aanduiding is van die feit dat begunstigdes regte het wat beskerm moet word. 242 Hierdie afleiding is dan ook in ooreenstemming met die algemene beginsels van

toepassing op die civil law-regsfigure waarop, soos reeds hierbo gesien, die trustfiguur in

Louisiana gefundeer word. 243 Artikel 1899 saam gelees met artikel 1961.

Page 292: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

263

die diskresionêre magte wat aan trustees verleen kan word, maar beïnvloed

nie die algemene beginsels soos neergelê in die trustkode nie.

Die presiese aard van die regte van trustbegunstigdes, verg verdere aandag.

Artikel 1781 van die Louisiana Trust Code244 bepaal dat “… the title to the

trust property is transferred to the trustee …”. Hieruit sou die afleiding

gemaak kon word dat eiendomsreg, in ooreenstemming met die civil law-

regstradisie in die trustee vestig en die trustee dus eienaar van die trustbates

word tot uitsluiting van enige saaklike reg ten gunste van die begunstigde op

enige trustbates.245 As dit die geval is, kan die vraag gevra word wat die aard

van die regte wat in die begunstigde vestig, dan is.

Volgens Yiannopoulos246 is die interpretasie van artikel 1781 egter nie so

eenvoudig nie. Volgens hom is die effek van artikel 1781 nie om

eiendomsreg aan die trustee oor te dra nie, maar eerder net die spesifieke

regte van administrasie en vervreemding van trustbates. Hy huldig die

siening dat “despite the broad legislative formulation, the ownership of the

trust property is vested in the principal beneficiary”. Volgens Yiannopoulos247

het die trustee ‘n

“… real right that permits him to manage and dispose of the trust

property. The beneficiary likewise has a real right-ownership subject to

trust, that is ownership without power of administration and

disposition.”248

244 Louisiana Trust Code van 1964. 245 Yiannopoulos soos aangehaal deur De Waal 2001 Stellenbosch Law Review 79. 246 Yiannopoulos 67. 247 Yiannopoulos 67. 248 Die bewindtrust in die Suid-Afrikaanse reg stem baie ooreen met dit wat

Yiannopoulos hier voorstaan.

Page 293: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

264

Volgens De Waal249 is dié siening van Yiannopoulos nie die enigste as dit

kom by ‘n ondersoek na die aard van die regte van trustbegunstigdes in

Louisiana nie. Hy verwys na Martin250 wat, byvoorbeeld die volgende stelling

maak:

“The Trust Code accepts the common law dichotomy of ownership:

title to the property is in the trustee, but benefits of ownership are owed

to the beneficiary.”

Olivier251 se siening is dat, alhoewel die begunstigdes dadelik gevestigde

regte verkry, die aard van hierdie regte nie eiendomsregtelik en dus in rem is

nie. Waarskynlik is hierdie die korrekte benadering veral ook as die

inleidende opmerkings van die Louisiana State Law Institute in gedagte gehou

word, naamlik dat trustreg in Louisiana gefundeer is op die civil law-beginsels

van “administrator or executor to the heir or legatee, of a tutor to a minor, of a

curator to an interdict, or from the rela tionship created by the fiducie of French

law …”252

In Louisiana bestaan daar nie eenstemmigheid oor die aard van die regte van

die begunstigde nie. Wat wel algemeen aanvaar word, is dat

trustbegunstigdes onmiddellik regte verkry. Oor die vraag of hierdie regte

saaklik of persoonlik van aard is, bestaan onduidelikheid. Dit word aan die

hand gedoen dat, soos reeds geargumenteer, dié regte persoonlik van aard

is.

Ook in Louisiana word altyd erkenning verleen aan die universele fidusiêre

verpligtinge van die trustee. So bepaal artikel 1781:

249 De Waal 2001 Stellenbosch Law Review 79. 250 De Waal 2001 Stellenbosch Law Review 79. 251 Olivier 13. 252 Report by the Louisiana State Law Institute 3.

Page 294: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

265

“A trustee is a person to whom trust property is transferred to be

administered by him as fiduciary.”

Artikel 2081253 bepaal:

“A violation by a trustee of a duty he owes to a beneficiary as trustee is

a breach of trust.”

Hiermee saamgelees verbied artikel 2062 enige “provision of the trust

instrument that purports to limit a trustee’s duty of loyalty to the beneficiary”.

De Waal254 merk in die verband op dat:

“But even if one accepts that the trustee is not owner of the trust

property, he still fills a fiduciary position vis-à-vis the trust beneficiary.

This entails that the trustee ‘owes the highest loyalty’ to the beneficiary

…”

Uit hierdie fidusiêre verhouding spruit die begunstigde se regte voort en word

dit ook beskerm. Dit is nie ‘n aparte losstaande verhouding nie, maar ‘n

verhouding wat dien as basis van die regte van die begunstigde, wat uit die

aard van die verhouding tussen begunstigde en trustee ‘n besondere wyse

van beskerming noodsaak.

6.5.4 Die Inhoud van die Regte

Die begunstigde het ‘n persoonlike reg teenoor die trustee tot nakoming van

die trustbepalings en die trustee het ‘n fidusiêre plig om hierdie bepalings

teenoor die begunstigde na te kom. Die trustbegunstigde is geregtig om

(voorkomend) teen ‘n trustee aksie in te stel om hom te verplig om sy pligte

na behore na te kom, om hom te verbied om trustbreuk te pleeg, of om so ‘n

253 Louisiana Trust Code 1964. 254 De Waal 2001 Stellenbosch Law Review 79.

Page 295: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

266

trustbreuk reg te stel, of om so ‘n trustee as trustee te laat verwyder uit sy

amp.255 Sou ‘n trustee egter wel troubreuk pleeg kan, as algemene reël, van

so ‘n trustee skadevergoeding geëis word, maar ook enige winste wat hy

weens die troubreuk gemaak het.256

Wat betref die begunstigde se regte teenoor derdes, bepaal artikel 2222 die

volgende:

“A trustee is the proper plaintiff to sue and enforce a right of the trust

estate, except that a beneficiary may sue to enforce such a right, in

order to protect his own interest … if the trustee improperly refuses,

neglects, or is unable for any reason, to bring an action …”

Weereens is hier stawing vir die standpunt dat ‘n begunstigde dus nie oor in

rem regte beskik nie, maar aan die ander kant oor ietwat sterker as suiwer

persoonlike regte beskik.

Addisionele beskerming wat aan ‘n begunstigde in Louisiana verleen word, is

die reg om in terme van artikel 2172 by ‘n hof aansoek te doen dat ‘n trustee

verplig moet word om sekuriteit te stel vir die behoorlike beskerming van so ‘n

begunstigde se belange in die trust.257

Soos in Sri Lanka word begunstigdes se regte dus in Louisiana beskerm deur

wetgewing. Nie net verleen die wetgewing aan die begunstigde ’n

persoonlike reg teenoor die trustees nie, maar verleen dit ook die, nou reeds

“sterker as karakter”, aan die persoonlike regte van die begunstigdes deurdat

dit ook onder sekere omstandighede beskerming teenoor derdes verskaf. Die

fidusiêre verhouding tussen trustees en trustbegunstigdes word verder ook

statutêr beliggaam. Op sterkte hiervan blyk dit dus dat ook die trustfiguur in

Louisiana as suiwer trustfiguur sui generis erken kan word. Ook in hierdie

255 Artikels 2221 en 2232. 256 Artikel 2201. 257 Artikel 2172.

Page 296: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

267

jurisdiksie word behoorlike beskerming aan trustbegunstigdes se regte

verleen en die fidusiêre verhouding tussen trustee en begunstigdes is ook

teenwoordig en vorm die basis van die regte en verpligtinge tussen trustees

en begunstigdes.

Page 297: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

268

6.6 QUEBEC

In Quebec is die belange van trustbegunstigdes van die begin af ook anders

hanteer as wat die geval in common law-jurisdiksies was. Dit is verstaanbaar

in ‘n land waar die beginsels van equity en die onderskeid tussen “legal

ownership” en “equitable ownership” nie bestaan nie.

6.6.1 Bestaan van Identifiseerbare Begunstigdes

Na aanleiding van die eerste statutêre erkenning van die trustfiguur in 1879258

was die oorheersende siening in Quebec aanvanklik dat volle eiendomsreg in

die trustbates deur middel van die trustfiguur aan die trustee(s) oorgedra is.

Cumyn259 doen aan die hand dat hierdie benadering die gevolg was van

Quebecse juriste wat met alle mag wou toesien dat die trustfiguur gegiet word

in civil law-beginsels en om te verhoed dat die Engelse dual ownership-

beginsels in Quebec vastrapplek kry. Quebecse juriste het hul siening in

hierdie verband grootliks gebaseer op die Romeinse fiducia-model, wat aan

hulle bekend was.260 Volgens Cumyn261 het hierdie benadering meegebring

dat geen aandag gegee is aan die regte van begunstigdes nie en dat selfs die

bestaan van begunstigdes en hul aanvaarding van enige trustvoordele nie ter

sprake was nie. Na kodifisering van trustreg in Quebec262 het hierdie posisie

verander. Artikel 1267 bepaal nou (my onderstreping):

258 De Waal 2001 Stellenbosch Law Review 80 wys daarop dat die trustfiguur nie skielik

deur hierdie wetgewing in Quebec ingevoer is nie. Dit was volgens hom eerder deel van ‘n

deurlopende proses van stelselmatige ontwikkeling van ‘n historiese figuur wat reeds bekend

was en nou algaande meer georden is. 259 Cumyn “The Quebec Trust: A Civilian Institution with English Law Roots” in

Privaatrecht Trusts in Mixed Legal Systems (reds. Milo en Smits) (2001) 74 e.v. 260 De Waal 2001 Stellenbosch Law Review 80; Cumyn 75. 261 Cumyn 75. 262 Kragtens die Civil Code van 1991 wat op 1 Januarie 1994 in werking getree het.

Page 298: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

269

“A personal trust is constituted … for the purpose of securing a benefit

for a determinate or determinable person.”

Hieruit is dit duidelik dat, net soos in die ander jurisdiksies wat tot dusver

ondersoek is, trustbegunstigdes bepaal of bepaalbaar moet wees.

6.6.2 Begunstigdes met Regte

Die regte van trustbegunstigdes voor en na die implementering van die Civil

Code van 1991 is verskillend hanteer:

6.6.2.1 Trustbegunstigdes en Regte voor 1991

Volgens Cumyn263 was die aanvanklike standpunt in Quebec “to grant

ownership to the trustee, … to give him the most extensive title one may claim

as property, but without the controls provided by an Equity jurisdiction”.

Volgens die common law siening was ‘n trustbegunstigde se “equitable title”

egter onontbeerlik waar dit gaan oor die beskerming van trustbegunstigdes

omdat:

“It is a well known fact that the development of an equitable title in the

beneficiary occurred to provide a check on the legal title of the trustee,

to ensure that his title is exercised in accordance with the intent of the

settlor and the purpose of the trust.”264

Dié ontkenning van ‘n trustbegunstigde se “equitable title” in Quebec het

volgens Cumyn265 meegebring dat trustreg in Quebec aanvanklik te kort

geskiet het waar dit kom by beskerming van die belange van

263 Cumyn 75. 264 Cumyn 75. 265 Cumyn 75.

Page 299: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

270

trustbegunstigdes. Juis, onder andere, vanweë die negering van die belange

van trustbegunstigdes was die hantering van die trustfiguur in Quebec

problematies en moes ander moontlikhede ondersoek word om hierdie

probleem te oorkom.

McClean,266 na ‘n ondersoek van die Quebecse regspraak, wys daarop dat

daar ook ander sienings bestaan het ten opsigte van die posisie van

trustbegunstigdes in Quebec, veral as dit kom by die aard van begunstigdes

se regte met betrekking tot trustbates. Van hierdie sienings was:

(1) Dat dit dieselfde is as in common law-lande;

(2) Dat die begunstigde regte het teen die trust as ‘n onafhanklike

regsentiteit wat die trusteiendom besit, (hiervan was Lepaulle ‘n

voorstander, soos net hierna gesien sal word); of

(3) Dat die begunstigde die eienaar van die trustbates is.

Wat ook al die historiese siening was wat voor 1991 gegeld het ten opsigte

van die aard van die regte van trustbegunstigdes in Quebec, blyk dit tog dat

daar nie algehele eenstemmigheid bestaan het nie en dat, indien die

begunstigde regte gehad het, dit onbevredigend hanteer was.

6.6.2.2 Trustbegunstigdes en Regte na 1991

Voordat oorgegaan word tot ‘n bespreking van die posisie sedert 1991, is dit

belangrik om kennis te neem van die siening van die Franse skrywer Lepaulle

wat betref die trustfiguur en meer spesifiek die regte van die trustpartye.

Lepaulle kan volgens De Waal267 gesien word as die vader van die idee van

266 “The Common Law and the Quebec Trusts” 1967 University of British Colombia Law

Review 333, waarna verwys word in Keeton en Sheridan 255. 267 De Waal 2001 Stellenbosch Law Review 68.

Page 300: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

271

‘n afsonderlike trustvermoë (patrimonium).268 Lepaulle se siening was dat die

trustvermoë nie aan die trustee behoort nie, maar ook nie aan die

begunstigde nie. Hy het selfs so ver gegaan as om aan te voer dat die

trustboedel geen eienaar gehad het nie.269 Volgens hierdie skrywer sou

begunstigdes slegs beskik oor persoonlike regte, nie teenoor die trustees nie,

maar teenoor die trust self. Netso sou trustees verpligtinge hê teenoor die

trust self, maar nie teenoor die begunstigdes nie.

Waarskynlik beïnvloed deur Europese juriste soos Lepaulle en onder druk om

aan begunstigdes een of ander vorm van beskerming te verleen, het die

Quebecse wetgewer in 1991 ingegryp en is trustreg verder en meer volledig

gekodifiseer.270 Voortaan sou die regsposisie van trustbegunstigdes bepaal

word aan die hand van artikel 1261 van die 1991 Civil Code:

“The trust patrimony, consisting of the property transferred in trust,

constitutes a patrimony by appropriation, autonomous and distinct from

that of the settlor, trustee or beneficiary and in which none of them has

any real right.”

In terme van hierdie bepaling is die Quebecse trust nou self die eienaar van

die trustbates. Kodifisering van trustreg in Quebec het meegebring dat daar,

in ooreenstemming met die siening van Lepaulle, in Quebec ‘n aparte

trustboedel ontstaan het, of soos dit in Quebec gestel word ‘n “patrimoine

d’affectation”.271

268 Sien ook in dié verband die bespreking van patrimonium by die Skotse trustreg in

hoofstuk 5 paragraaf 5.2.2.5. 269 De Waal 2001 Stellenbosch Law Review 68. Alhoewel hierdie siening vandag nie

meer nagevolg word nie, is Lepaulle se idee van ‘n aparte trustboedel baie wesentlik. 270 Civil Code 1991. 271 Cumyn 74. Aan hierdie aparte trustboedel is waarskynlik selfs regspersoonlikheid

verleen alhoewel daar twyfel oor die aspek bestaan. De Waal wys daarop dat alhoewel die

Kode nie uitdruklik regspersoonlikheid aan die trust toeken nie, die statutêre bepaling in effek

tog daarop neerkom - De Waal 2001 Stellenbosch Law Review 80 e.v.

Page 301: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

272

Dat trustbegunstigdes geensins regteloos was nie, blyk uit verskeie artikels

van die Civil Code.272 Wat wysiging van die trust betref, blyk uit die Civil

Code273 dat dit slegs mag geskied met tussenkoms van die hof en mits kennis

van aansoek van wysiging vooraf aan begunstigdes gegee is - weereens

bewys van erkenning van die regte van begunstigdes. Dit sou tog immers

sinneloos wees om te vereis dat begunstigdes in kennis gestel word van iets

ten opsigte waarin hulle geen beskermingswaardige belang het nie.

6.6.3 Die Aard en die Inhoud van die Begunstigde se Regte

Die Kode maak dit nou duidelik dat die begunstigde geen reg of titel in die

trustbates self het nie, maar wat hy of sy wel het, “is a personal right against

the trustee as administrator of the trust in terms of which the trustee can be

obliged to carry out the terms of the trust”.274 As teenpool van hierdie regte

van die begunstigdes word die trustees as beheerders en administrateurs van

die trustvermoë belas met ‘n fidusiêre verpligting “to act … in the interest of

the beneficiaries and in accordance with the purpose of the trust”.275 Die

fidusiêre onderbou van die trustfiguur as ‘n regsfiguur sui generis, blyk steeds

duidelik.

272 So bepaal artikel 1265, byvoorbeeld:

“Acceptance of the trust divests the settlor of the property, charges the trustee with

seeing to the appropriation of the property and the administration of the trust

patrimony and is sufficient to establish the right of the beneficiary with certainty.”

Artikel 1267 bepaal:

“A personal trust is constituted gratuitously for the purpose of securing a benefit for a

determinate or determinable person.”

Artikel 1284 bepaal:

“While the trust is in effect, the beneficiary has the right to require, according to the

constituting act, either the provision of a benefit granted to him or the payment of both

the fruits and revenues and the capital or of only one of these.” (My onderstreping). 273 Soos bepaal deur artikels 1294 en 1295. 274 De Waal 2001 Stellenbosch Law Review 81. 275 Cumyn 79; De Waal 2001 Stellenbosch Law Review 81.

Page 302: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

273

Wat betref die regte van trustbegunstigdes teenoor derdes (die sogenaamde

saaklike gedeelte van begunstigdes se regte), is die posisie in Quebec dat

indien trusteiendom onregmatig aan ‘n derde vervreem word, die

begunstigde, in ooreenstemming met die algemene posisie van ‘n krediteur,

wat hy volgens Quebecse reg is, geen magte het om sodanige trustbates op

te volg nie, behalwe indien so ‘n derde mala fides is.276 So ‘n begunstigde het

wel die reg om die trustee te dagvaar ten einde hom/haar te verplig om

sy/haar trustverpligtinge na te kom,277 maar ook om namens die trust ’n aksie

in te stel om die transaksie nietig te laat verklaar.278

Bo en behalwe die persoonlike regte van die begunstigde teenoor die trustee

en sy/haar statutêre magte om teenoor die trustee en derdes op te tree, bevat

die Kode ook verdere beskermingsmeganismes ten gunste van die

begunstigde.279 Hierdie meganismes sluit onder meer die reg op sekuriteit

deur die trustees in, asook die reg dat die begunstigdes “can supervise the

trustee in the administration of the trust”.280 Alhoewel dus in Quebec

ondubbelsinnig statutêr weggedoen word met enige sprake van dual

ownership en daar geen sprake bestaan van ‘n saaklike reg ten gunste van ‘n

trustbegunstigde nie, beskik die begunstigde tog te alle tye oor persoonlike

276 Keeton en Sheridan 258. Hier stem die posisie dus ooreen met die regsposisie in

Louisiana. 277 Artikel 1290 bepaal:

“The settlor, the beneficiary or any other interested person may, notwithstanding any

stipulation to the contrary, take action against the trustee to compel him to perform

his obligations …” 278 Artikel 1290 bepaal verder:

“He may also impugn any acts performed by the trustee in fraud of the trust patrimony

or the rights of the beneficiary.”

Saam hiermee bepaal artikel 1291:

“The court may authorize the settlor, the beneficiary or any other interested person to

take legal action in the place and stead of the trustee when, without sufficient reason,

he refuses or neglects to act or is prevented from acting.” 279 De Waal 2001 Stellenbosch Law Review 81. 280 Artikel 1287.

Page 303: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

274

regte wat hy kan aanwend om sy belange te beskerm nie net teenoor die

trustee nie, maar ook teenoor mala fides derdes.

Op sterkte van die voorgaande word aan die hand gedoen dat begunstigdes

ook in Quebec oor genoegsame beskerming beskik om die trustfiguur as ’n

suiwer trustfiguur te beskou. Bo en behalwe die beskerming van

begunstigdes, is die fidusiêre verhouding tussen trustees en begunstigdes

ook in dié jurisdiksie statutêr beliggaam en vorm die vertrouensverhouding,

soos in die ander jurisdiksies wat ondersoek is, die basis van die regte van

die trustbegunstigdes.281 Van al die jurisdiksies wat ondersoek is, het Quebec

se trustontwikkeling waarskynlik die verste gevorder waar dit gaan om

regspersoonlikheid toe te ken aan die trust.282

281 Die wesenskenmerke van suiwer trustfigure is bespreek in hoofstuk 4 paragraaf

4.3.3.2. 282 Hierdie aspek is reeds in hoofstuk 5 asook in paragraaf 6.6.2.2 hierbo bespreek.

Page 304: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

275

HOOFSTUK 7

DIE AARD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE VOORTSPRUITEND

UIT DIE ERF- EN VERBINTENISREG VOLGENS DIE SUID-AFRIKAANSE

REG

7.1 INLEIDING...................................................................................................276

7.2 DIE BEGRIP “REGTE” ..............................................................................277

7.2.1 Objektiewe Reg ..................................................................................277

7.2.2 Subjektiewe Reg .................................................................................280

7.2.3 Absoluutheid van Regte ....................................................................281

7.2.4 Saaklike of Persoonlike Regte .........................................................282

7.3 GEVESTIGDE OF VOORWAARDELIKE REGTE

EN ’N SPES ........................................................................................................283

7.3.1 Die Erfreg.............................................................................................284

7.3.2 Die Verbintenisreg..............................................................................293

7.3.3 Die Inkomstebelastingreg .................................................................299

7.3.4 Die Wet op Hereregte........................................................................301

7.3.5 Spes......................................................................................................303

7.3.6 Samevatting ........................................................................................306

7.4 TRUSTBEGUNSTIGDES EN REGTE ....................................................307

7.4.1 Identifiseerbare Trustbegunstigdes .................................................307

7.4.2 Die Begrip “Regte” in die Suid-Afrikaanse Trustreg .....................310

7.4.3 Bron van Regte Ooreenkomstig die Trustkonstruksie..................313

7.4.4 Begrip Gevestigde en Voorwaardelike Regte in die

Konteks van die Trustreg ..............................................................................314

7.4.5 Regte Voortspruitend uit die Trustkonstruksie...............................318

7.4.6 Begunstigdes se Remedies ten opsigte van

Regte Voortspruitend uit Trustverbintenisse..............................................324

Page 305: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

276

7.1 INLEIDING

In hoofstuk 6 is aangedui dat in al die ander regsjurisdiksies wat ondersoek is,

’n trust slegs bestaanbaar is indien so ’n trust beskik oor identifiseerbare

trustbegunstigdes. In dieselfde hoofstuk is aangetoon dat die trustfiguur in al

die betrokke regsjurisdiksies aanleiding gee tot ’n fidusiêre verhouding waaruit

daar regte vir trustbegunstigdes voortspruit. Die gevolgtrekking waartoe

gekom is, was dat die onderliggende rede vir die vereiste van identifiseerbare

trustbegunstigdes daarin geleë is dat die howe presies kon bepaal wie die

begunstigdes van die regte was in wie se guns hulle nakoming van die

trustbepalings moes gelas, waar nodig.1 Hoofstuk 4 is afgesluit deur aan te

toon dat een van die essensiële vereistes van ’n Suid-Afrikaanse trust ook die

bestaan van identifiseerbare trustbegunstigdes is. Daar is ook aan die einde

van dié hoofstuk gewys op De Waal se siening dat ’n suiwer trust altyd

behoorlike beskerming moet bied aan trustbegunstigdes en dat De Waal van

oordeel is dat die trust in Suid-Afrika so ’n suiwer trust is. Indien De Waal

korrek is,2 is aan die hand gedoen dat dit noodwendig meebring dat

trustbegunstigdes ook in Suid-Afrika altyd oor regte beskik.

In hierdie en die volgende hoofstuk gaan gepoog word om die standpunt dat

alle trustbegunstiges3 oor regte 4 beskik, te motiveer. Op die oog af wil dit, uit

wat in hoofstuk 4 bespreek is, voorkom asof so ‘n stelling teenstrydig is met

die Suid-Afrikaanse regspraak oor die onderwerp. In die volgende twee

hoofstukke gaan die Suid-Afrikaanse regspraak verder ontleed word in ’n

poging om vas te stel of daar enigsins ruimte bestaan vir so ’n algemene

1 Anders gestel beteken die vereiste van identifiseerbare begunstigdes dat die howe

sodanige begunstigdes terwille kan wees (soos in hoofstuk 6 aangetoon) en dat sulke

persone dus met een of ander reg(te) bekleë moet wees. 2 Standpunt is reeds ingeneem dat De Waal wel korrek is. 3 Dit word aan die hand gedoen dat die liefdadigheidstrust op dieselfde wyse hanteer

behoort te word as in die Engelse reg. Die leser word in die verband verwys na hoofstuk 6

paragrawe 6.2.1 en 6.2.2. 4 Die betek enis wat aan die begrip geheg word, gaan juis ook in hierdie hoofstuk

ontleed word.

Page 306: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

277

stelling. In die proses gaan ook ondersoek ingestel word na verskillende

moontlike bronne waaruit regte vir trustbegunstigdes kan voortspruit. Ten

einde die ondersoek sinvol te maak, is dit egter nodig om eers te bepaal wat

met die algemene begrip ”regte” in die Suid-Afrikaanse konteks bedoel word

en dan hoe die begrip ”regte” in trustverband toegepas word.

7.2 DIE BEGRIP “REGTE”

Om hierdie begrip na behore te begryp, is dit nodig om ondersoek in te stel na

sekere algemene beginsels in die Suid-Afrikaanse reg soos onder andere die

objektiewe en subjektiewe regsbeskouing, die beginsel van absoluutheid van

sekere regte en die vraag wanneer regte saaklik of persoonlik van aard is.

Die betekenis wat in Suid-Afrika geheg word aan begrippe soos “gevestigde”

en “voorwaardelike” regte en ook aan die term “spes”, sal ook aandag moet

geniet.

Die algemene begrip “regte” kan enersyds vanuit die objektiewe regsleer of

andersyds vanuit die subjektiewe regsleer beskou word.

7.2.1 Objektiewe Reg

In enige samelewing bestaan daar verhoudings en verwagtings tussen

verskillende lede van die betrokke samelewing, nie net onderling nie, maar

ook teenoor die samelewing as ‘n geheel. Elke lid van ‘n samelewing het as

vertrekpunt die hoop en vertroue dat daar aan al sy verwagtings, aansprake

en belange binne sy samelewingsverhouding voldoen sal word en dat al sy

verwagtinge, aansprake en belange in die algemeen beskerm sal word. 5

Dit is egter so dat alle verwagtings en belange van elke lid van ‘n samelewing

nie altyd beskerm kan word nie omdat sodanige verwagtings en belange van

tyd tot tyd sal bots met verwagtings en belange van ander lede van die

5 Wanneer in hierdie verhandeling in die algemeen na “aansprake” of “interests”

verwys word, word daarmee bedoel al hierdie verwagtinge wat ‘n persoon koester.

Page 307: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

278

samelewing of selfs met die samelewing as ‘n geheel. Om hierdie probleem

in ‘n samelewing te oorbrug, moet die betrokke samelewing besluit welke van

hierdie botsende verwagtings en belange beskerming verdien en welke nie.

Dit geskied deur middel van belange-afweging tussen lede van ‘n

samelewing.6

‘n Verwysing na die term “regte” in die konteks van die objektiewe regsleer is

dan ‘n verwysing na daardie gedeelte van iemand se verwagtings en belange

wat deur die samelewing as beskermingswaardig beskou word (na aanleiding

van ‘n proses van belange-afweging) en dus daardeur gereguleer word.7

Waar die term ”regte” dus in hierdie verhandeling gebruik word, word altyd

daarmee bedoel ”beskermingswaardige belange”. Die term ”belang(e)” of

”interest(s)” dui dan op die breë begrip, naamlik alle verwagtings of aansprake

wat nie alles noodwendig beskermingswaardig is nie en waarvan ”regte” dan

’n onderdeel vorm.

Om orde te skep tussen ‘n uiteenlopende aantal verwagtings en belange

binne ‘n verskeidenheid van verhoudings in ‘n samelewing, is dit nodig dat so

‘n samelewing moet beskik oor verordeninge en reëls. Elke samelewing

beskik om hierdie rede, in die algemeen, oor ‘n eie regstelsel8 ter vreedsame

ordening van die spesifieke samelewing.9 Na hierdie regstelsel kan as ‘n

geheel verwys word as die objektiewe reg van die betrokke samelewing. Dit

omvat dan al die gedragsreëls (regsreëls) wat dien ter vreedsame ordening

en beskerming van beskermingswaardige regte (as onderdeel van die

algemene begrip “verwagtings en belange” ook genoem ”interests”) van die

betrokke samelewing en al die regsubjekte binne ‘n spesifieke samelewing.10

6 Sonnekus en Neels Sakereg Vonnisbundel (1994) (2e uitgawe) 6.

7 Bosman en Hosten Inleiding tot die Suid-Afrikaanse Reg en Regsleer (1979) 291 e.v.

Sonnekus en Neels 1 verwys ook na “beskermingswaardige regte”. 8 Wat die betrokke verordeninge en reëls omvat. 9 Sonnekus en Neels 1. 10 Sonnekus en Neels 1; Bosman en Hosten 291 e.v.

Page 308: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

279

Die betrokke reëls is altyd gebaseer op ‘n belange-afweging tussen al die

regsubjekte van die samelewing.11 Hierdie afgeweegde verwagtings en

belange binne ‘n gemeenskap word dan op ‘n spesifieke wyse (in terme van

regsreëls) teen aantasting beskerm (as bevind word dat dit

beskermingswaardig is) en dit bring regsekerheid in ‘n gemeenskap mee. Die

aard van die belange (die regte) wat beskerm moet word (óf dit

gemeenskapsbelange ten koste van privaatbelange óf slegs privaatbelange

ten koste van ander privaatbelange is) sal bepaal of die regsbeskerming

binne die publiekreg of die privaatreg val. Die betekenis wat aan die begrip

”regte” toegedig word, bly egter onveranderd ongeag of daar binne die sfeer

van die privaatreg of die publiekreg beweeg word.12

In die publiekreg gaan dit om die verhouding tussen ‘n regsubjek en die

samelewing (staat) aan die ander kant. Die publiekreg sal byvoorbeeld die

verhoudings reël tussen die bekleër van ‘n openbare amp en die ander

regsubjekte binne die betrokke samelewing.13 In die privaatreg handel dit

weer oor die verhouding tussen persone (subjekte) onderling. In die

privaatreg word verder onderskei tussen personereg, familiereg, sakereg,

erfreg, verbintenisreg, ensovoorts. So, byvoorbeeld sal die verbintenisreg die

persoonlike verhoudings op die gebied van verbintenisse voortspruitend uit

kontrakte reël en die erfreg die verhoud ings met die oog op en na dood.

11 Sonnekus en Neels 1. 12 Of dus na regte voortspruitend uit die kontraktereg, erfreg of selfs ‘n

vertrouensverhouding verwys word, die betekenis wat in die Suid-Afrikaanse reg aan die

begrip “regte” geheg word, bly dieselfde. 13 Soos in hoofstuk 4 bespreek, word aan die hand gedoen dat ‘n trustee so ‘n bekleër

van ‘n openbare amp is.

Page 309: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

280

7.2.2 Subjektiewe Reg

As bevind word dat ‘n regsubjek dus oor beskermingswaardige belange (nou

genoem “regte”) volgens die objektiewe reg beskik, reguleer die subjektiewe

reg van ‘n samelewing op sy beurt al die verhoudinge waarin ‘n bepaalde

regsubjek teenoor die regsobjek en teenoor ander regsubjekte staan. 14

Afhangende van die aard van die regsobjek ten opsigte waarvan ‘n regsubjek

regte het, word subjektiewe regte soos volg geklassifiseer:

• saaklike regte

• immateriële goedereregte

• persoonlikheidsregte

• vorderingsregte 15

Volgens Van Zyl en Van der Vyver maak hierdie subjektiewe regte die wese

uit van die reg, want die reg vervul sy ordeningsfunksie onder meer deur die

verlening van spesifieke subjektiewe regte.16

In die Suid-Afrikaanse reg word die objekte waarop subjektiewe regte kan

geld, ook in vier kategorieë opgedeel,17 naamlik:

(1) Liggaamlike sake.18 Die subjektiewe reg wat ten opsigte van hierdie

tipe objekte geld, staan as “saaklike regte” (ius in rem) bekend, wat

weer uit onderverdelings kan bestaan soos onder andere eiendomsreg,

pandreg en serwitute.

14 Van Zyl en Van der Vyver Inleiding tot die Regswetenskap (1982) (2e uitgawe) 415.

Hiemstra en Gonin Drietalige Regswoordeboek (1992) (3e uitgawe) (6e druk (2005)) definieer

dan ook die term “regte” as “subjektiewe reg”. 15 Van Zyl en Van der Vyver 421 e.v. 16 Van Zyl en Van der Vyver 412. 17 Bosman en Hosten 291. 18 Waarna ook verwys word as res (soos grond, tafel of ‘n motor).

Page 310: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

281

(2) Prestasieverpligtinge. 19 Die subjektiewe reg wat ten opsigte van

hierdie tipe objekte geld, staan as “vorderingsregte” of “persoonlike

regte” (ius in personam) bekend.

(3) Persoonlikheid en liggaamlike integriteit (byvoorbeeld, ‘n persoon se

goeie naam, reputasie en privaatheid). Die subjektiewe reg wat ten

opsigte van hierdie tipe objekte geld, staan as “persoonlikheidsregte”

bekend.

(4) Skeppinge van ‘n persoon se gees (byvoorbeeld uitvindings). Die

subjektiewe reg wat ten opsigte van hierdie tipe objekte geld, staan as

“immateriële goedereregte” of ”intellektuele goederegte” bekend.

7.2.3 Absoluutheid van Regte

Regte kan in beginsel absoluut of relatief wees. Absolute regte kan teenoor

die hele wêreld20 afgedwing word. Relatiewe regte kan slegs teenoor ‘n

bepaalde persoon afgedwing word - slegs die skuldenaar (byvoorbeeld ’n

ander kontraksparty) moet presteer. Laasgenoemde regte is egter ook

absoluut in ‘n ander sin, deurdat alle ander hierdie persoonlike

regsverhouding (nie die reg op die onderliggende objek nie) moet respekteer

indien hulle daarvan bewus is.21 Absolute regte is byvoorbeeld saaklike regte.

Relatiewe regte is vorderings- of persoonlike regte.22 Omdat alle verhoudings

altyd in die eerste plek ondergeskik is aan belange-afwegings binne ‘n

spesifieke samelewing, kan dit gebeur dat sodanige belange-afwegings

19 Dit is regte op prestasie of handeling deur ‘n ander (soos die koper se reg op

lewering deur ‘n verkoper of die trustee se verpligting om die bepalings van ’n trustakte na te

kom). 20 Regstegnies is dit meer aanvaarbaar om in so ‘n geval daarna te verwys dat so ‘n reg

teenoor “derdes” geld. 21 ‘n Persoon wat dus wetende van die persoonlike reg, daarop inbreuk maak, is mala

fide en dus aanspreeklik - sien onder andere Du Plessis An Introduction to Law (1999) (3e

uitgawe) 147 e.v. 22 Bosman en Hosten 292.

Page 311: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

282

veroorsaak dat die absoluutheid van regte daardeur aangetas of beperk

word. 23

7.2.4 Saaklike of Persoonlike Regte

Soos so pas bespreek,24 word subjektiewe regte, afhangende van die aard

van die regsobjek ten opsigte waarvan ‘n subjek regte het, geklassifiseer as

onder andere saaklike regte of vorderingsregte.25

Indien die objekte waarop die subjektiewe reg geld, liggaamlike sake (soos

eiendomsreg op grond, ‘n tafel, of ‘n motor) is, word hierdie regte saaklike

regte genoem. Gebaseer op die dominium-beginsel van die klassieke

Romeinse reg, word in die Suid-Afrikaanse reg geleer dat ten opsigte van

eiendomsreg:26

“There cannot be two ownerships or two kinds of ownership in one and

the same thing at one and the same time …”27

Regte op prestasie of ‘n handeling deur ‘n ander (byvoorbeeld ‘n koper se reg

op lewering deur ‘n verkoper of die nakoming van verpligtinge kragtens ’n

23 Olivier Aspekte van die Reg insake Trust en Trustee met besondere verwysing na die

Amerikaanse Reg (LLD-proefskrif 1982 UP) 18. Toegepas, byvoorbeeld op die Suid-

Afrikaanse samelewing, kan iemand dus eiendomsreg op grond hê (‘n absolute saaklike reg

wat in beginsel dus deur alle derdes erken moet word), maar belange-afweging verg dat die

staat sodanige absolute reg regsgeldig mag versteur deur die eiendom te onteien (weliswaar

teen vergoeding) in die openbare belang (bv. om ‘n openbare pad of opgaardam te bou, of

ten einde gevolg te gee aan die nasionale grondhervormingsbeleid). 24 Paragraaf 7.2.2. 25

Van Zyl & Van der Vyver 421 e.v. 26 Wat die mees omvattende vorm van saaklike reg is. 27 Hahlo “Trust in South African Law” 1961 SALJ 195. Vergelyk met die Engelse reg se

“dual ownership” soos bespreek in hoofstukke 3 en 6. Soos in hoofstukke 4 en 5 aangedui, is

juis hierdie beskouing van die civil law lande lynreg in stryd met die common law lande se

dual ownership-gedagte en waarskynlik een van die vernaamste redes waarom baie civil law

juriste so ‘n hekel aan die Engelse trustfiguur in civil law lande het.

Page 312: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

283

verbintenisskeppende handeling soos byvoorbeeld ’n kontrak) word weer

vorderingsregte of persoonlike regte genoem.

Die aard van die beskerming wat elk van hierdie klassifikasies teen

inbreukmaking geniet, verskil aansienlik. Hierdie verskil spruit voort uit die

beginsel van absoluutheid van regte.28 ‘n Vorderingsreg is verder gewoonlik

tydelik van aard. Dit is bestem om deur voldoening uitgewis te word.29

Wanneer die term “regte” gebruik word, word dikwels gevind dat dié term

geklassifiseer word as gevestig of voorwaardelik. Soms word die vraag ook

gevra of ’n blote verwagting op iets in die toekoms (spes) ook ‘n reg kan

uitmaak. Dit is belangrik om ’n goeie begrip van hierdie besondere

“klassifikasie” van “regte” te hê sodat dit behoorlik ten aansien van die

trustreg toegepas kan word wanneer die aard van trustpartye se regte

ondersoek word.

7.3 GEVESTIGDE OF VOORWAARDELIKE REGTE EN ’N SPES

Hierdie begrippe kom voor in verskeie vakdissiplines en word aanvanklik in

hierdie gedeelte aan die hand van sommige van hierdie vakdissiplines

bespreek.30 Alhoewel dit, met die eerste oogopslag, blyk asof daar moontlik

verskille in betekenis kan bestaan, afhangende vanuit welke vakdissipline dié

aangeleentheid benader word, word aangetoon dat dit nie in wese so is nie.

Die oënskynlike verskille is eerder terminologies van aard.

28 Paragraaf 7.2.3. 29 De Wet Die Ou Skrywers in Perspektief (1988) 3. 30 Byvoorbeeld die erfreg, die verbintenisreg, die belastingreg en die reg insake

fidusiêre verhoudings, om maar net sommiges te noem. Soos in hoofstuk 4 en ook later weer

in paragraaf 7.4.5 aangedui, is trusts mortis causa onderworpe aan die regsreëls wat geld by

erfreg en trusts inter vivos aan die reëls wat geld vir die verbintenisreg. Juis omdat die trust

mortis causa as algemene reël vanuit die erfreg beoordeel word en die trust inter vivos vanuit

die verbintenisreg, is dit belangrik om hierdie onderwerp vanuit veral hierdie oogpunte te

benader. Aan die ander kant gaan later in hoofstuk 8 ondersoek ingestel word na die

moontlike bestaan van fidusiêre regte van trustbegunstigdes.

Page 313: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

284

7.3.1 Die Erfreg

7.3.1.1 Gevestigde Regte

Austin31 vereis twee essensiële elemente waaraan voldoen moet word

alvorens ’n reg gevestig kan wees, naamlik:

(a) “A determinate person or persons presently existing, in whom the right

resides or in whom it is vested”; en

(b) “that the title, mode of acquisition, or investitive fact, to which the law

annexes the right, be presently consummate or complete.”

Volgens Cowen32 is ’n reg gevestig indien

“all of the investitive facts which are necessary to create a right have

occurred, then, in what is commonly regarded as the strictly technical

sense of the term, the right is said to be ‘vested’ - a vested right in the

technical sense being, simply, one the title of which is complete and

unconditional”.

‘n Reg is dus gevestig indien dit onvoorwaardelik is. Volgens Cowen33 kan

regte ook gevestig wees selfs al is dit nog nie onvoorwaardelik nie, maar dit is

seker dat aan al die uitstaande voorwaardes in die toekoms voldoen sal word

31 Austin Lectures on Jurisprudence (1879) 886. 32 Cowen “Vested and Contingent Rights” 1949 SALJ 406. Sien ook Strydom Die

Aansprake van ‘n Trustbegunstigde in die Suid-Afrikaanse Trustreg (LLD-proefskrif 2001 PU

vir CHO) 153 e.v. 33 Cowen 1949 SALJ 406; Strydom 158 e.v.

Formatted: Bullets andNumbering

Page 314: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

285

en die reg dus onvoorwaardelik sal word.34 Strydom3 5 wys daarop dat daar

met laasgenoemde standpunt bedoel word dat, al is so ’n toekomstige

bepaling opskortend of ontbindend van aard, moet dit vasstaan dat die

gebeurtenis seker sal plaasvind. Dit gaan dus hier om ’n toekomstige, maar

sekere gebeurtenis. Al wat onseker kan wees, is wanneer presies die

gebeurtenis sal plaasvind. Dié tipe gevestigde regte waarna Cowen verwys

staan bekend as regte onderworpe aan ’n termynbepaling.36 As voorbeeld

hiervan word ‘n bepaling dat betaling sal geskied in die loop van die volgende

jaar, genoem. Die termynbepaling 37 moet en sal verseker in die toekoms

plaasvind of verdwyn. Strydom38 wys daarop dat, behalwe indien ‘n bedoeling

tot die teendeel duidelik uit die dokument blyk, byvoorbeeld die noodwendige

uiteindelike dood van ‘n begunstigde,39 nie ‘n rol speel by die beoordeling van

die vraag of ‘n toekomstige feit seker sal intree al dan nie. Die blote feit dat ‘n

begunstigde dus kan sterf in afwagting op die plaasvind van ‘n andersyds

sekere toekomstige gebeurtenis sal, as algemene reël, nie veroorsaak dat so

‘n gebeurtenis onseker raak en regte nie vestig nie, behalwe indien die partye

dit duidelik so bedoel. In laasgenoemde geval,40 verkry ’n party nie ‘n

gevestigde reg nie omrede die toekomstige gebeurtenis (om byvoorbeeld nog

in lewe te wees) onseker is en die ooreenkoms uitdruklik daaraan onderworpe

34 Soos net hierna aangetoon gaan word, word hiermee bedoel ‘n reg onderworpe aan

‘n termynbepaling. 35 Strydom 199 e.v. 36 Strydom 199 e.v. Sien ook De Wet en Van Wyk 131 e.v.; Christie The Law of

Contract in South Africa (2001) (4e uitgawe) 151 e.v. en 157 e.v.; Kerr The Principles of the

Law of Contract (1980) (3e uitgawe) 270 e.v. en Joubert in Suid-Afrikaanse Handelsreg (red.

Van Jaarsveld) (1988) (3e uitgawe) (Vol. 1) 128. 37

Hierdie term moet nie verwar word met die term “voorwaardelike” reg nie. Hierdie

aspek word net hierna behandel. 38 Strydom 201 e.v. 39 Die beginsel is nie net beperk tot dood nie, dieselfde beginsel geld ten opsigte van

ander gebeure waaroor nie gekontrakteer word nie, maar tog kan plaasvind soos

aardbewings, verandering in wetgewing, ensovoorts. 40 Wat, soos net hierna sal blyk, ’n voorwaardelike reg is.

Page 315: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

286

is. Volgens Cowen4 1 ontstaan ’n gevestigde reg in beide gevalle 42 onmiddellik

sodra die verbintenis tot stand kom.

Vogens Black’s Law Dictionary,43 is ‘n gevestigde reg “a right that so

completely and definitely belongs to a person that it cannot be impaired or

taken away without that person’s consent.”44

Die Romeins-Hollandse erfregtelike beskrywing wat gebruik word om aan te

toon dat ‘n reg in iemand gevestig het,45 is dies cedit.46 Dies cedit val

normaalweg saam met die erflater se dood tensy dit uitgestel is.4 7 Anders

gestel is die dood van die erflater die vroegste oomblik waarop die

begunstigde gevestigde regte op ‘n testamentêre bevoordeling kan verkry. In

hierdie verband moet egter altyd in gedagte gehou word dat geen persoon

gedwing kan word om as bevoordeelde iets van ’n erflater te erf nie. So ’n

bevoordeelde het die keuse om so ’n voordeel óf te adieer óf te repudieer. In

die praktyk word aanvaar dat, tensy ’n bevoordeelde repudieer, hy geadieer

41 Cowen 1949 SALJ 405 e.v. en soos bespreek deur Strydom 158. 42 Dus waar die reg reeds onvoorwaardelik is of waar die reg onderworpe is aan ‘n

termynbepaling. 43 Black’s Law Dictionary 7e uitgawe (red. Garner) (1999) 1324. 44 Juis omrede trustbegunstigdes in die ander jurisdiksies wat ondersoek is oor

gevestigde regte beskik, kan trustaktes nie sonder hulle samewerking gewysig word nie

aangesien dit mag meebring dat begunstigdes van regte ontsê word sonder hulle

toestemming. 45 Volgens Cowen se beskouing hierbo bespreek. 46 Ook genoem delatio. Corbett, Hofmeyr en Kahn The Law of Succession in South

Africa (2001) (2e uitgawe) 121 e.v; Botha v Botha 1979 3 SA 792 (T); Braun v Blann and

Botha 1984 2 SA 850 (A); Webb v Davis 1998 2 SA 975 (HHA) 982G. 47 Botha v Botha hierbo 794A-D.

Page 316: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

287

het.48 Op die vroegste kan ’n bevoordeelde dus ’n gevestigde vorderingsreg

verkry by dies cedit en mits die bevoordeelde sy regte aanvaar het. 49

In die erfreg beteken die feit dat ‘n vorderingsreg gevestig het, nie dat die reg

ook noodwendig opeisbaar en afdwingbaar is nie. Erfregtelik word onderskei

tussen die oomblik waarop die vorderingsreg vestig (dies cedit) en die tydstip

waarop die reg afdwingbaar word.50 Die tydstip waarop die reg afdwingbaar

word, staan as dies venit bekend.51 In navolging van Cowen se verduideliking

wat hierbo bespreek is, kan dies venit dus gelyk gestel word aan die oomblik

van vervulling van die sekere toekomstige gebeurtenis of anders gestel

vervulling van die termynbepaling waaraan die gevestigde reg onderworpe

gestel was. Dies venit kan erfregtelik op die vroegste plaasvind na die

afhandeling van die beredderingsproses en mits die bemaking andersins

geheel en al onvoorwaardelik is.52

7.3.1.2 Voorwaardelike Regte

Die eerste vraag wat beantwoord moet word, is of hierdie term bestaansreg in

die Suid-Afrikaanse reg het.

Sommige juriste huldig die siening dat iets soos ‘n “voorwaardelike reg” geen

bestaansreg het nie. Sulke juriste is van mening dat iemand of ’n reg het of

nie. Austin53 se siening in verband hiermee is dat

48 Corbett et al 17 e.v. 49 Estate Smith v Estate Follett 1942 AD 364 383; Greenberg v Estate Greenberg 1955

3 SA 361 (A) 365; Wessels v De Jager 2000 4 SA 924 (HHA) 928. 50

Corbett et al 121 e.v.; Van der Merwe en Rowland Die Suid-Afrikaanse Erfreg (1990)

(6e uitgawe) 274 e.v. 51 Olivier Trustreg en Praktyk (1989) 142; Corbett et al 121 e.v.; Van der Merwe en

Rowland 274 e.v. 52 Van der Merwe en Rowland 273; Corbett et al 7 e.v. 53 Austin 887.

Page 317: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

288

“… we are not, I apprehend, opposing a right of one class to a right of

another class, but we are rather opposing a right to the chance or

possibility of a right”.

Volgens Austin54 is elke reg eenvoudig “presently vested in a present and

determinate party”. Iets soos ‘n voorwaardelike reg bestaan nie vir hom nie.

In Jewish Colonial Trust v Estate Nathan stel appèlregter Watermeyer 55 net

soos Austin, ‘n voorwaardelike reg gelyk aan ‘n spes.56 Ook Van der Merwe57

huldig die siening dat iets soos ‘n “voorwaardelike reg” nie kan bestaan nie -

óf ‘n reg bestaan óf dit bestaan nie.

Strydom58 wys daarop dat daar tog juriste is wat van mening is dat iets soos

‘n “voorwaardelike reg” kan bestaan.59 Wanneer die begrip “voorwaardelike

reg” bespreek word, behoort volgens Strydom60 eers onderskei te word

tussen voorwaardelike aansprake (verwagtinge) en voorwaardelike regte.

Strydom61 wys daarop dat alle aansprake of verwagtings nie regte genoem

word nie.62 Aan die ander kant, so argumenteer Strydom, kan sekere van

hierdie verwagtings of aansprake wel as “regte” geklassifiseer word. Strydom

voer aan dat met die term “regte” in dié konteks dan ook onderskei word

tussen aansprake wat nie as beskermingswaardig deur die objektiewe reg

beskou word nie en daardie aansprake (dan regte genoem) wat die

objektiewe reg as beskermingswaardig beskou. In die konteks van

“voorwaardelike regte” het die begrip “regte” dan steeds dieselfde betekenis

54 Austin 887. 55 Jewish Colonial Trust v Estate Nathan 1940 AD 163 175. 56 Sien bespreking hieronder. 57 Van der Merwe “Spes Fideicommissi of Ius in Personam ” 1965 THRHR 138 - 139. 58

Strydom 161. 59 Daar is ook al in die regspraak daarna verwys. Sien in die verband, byvoorbeeld die

beslissing van Smit v Carniasaad 1998 4 SA 877 (HHA) 882J. 60 Strydom 161. 61 Strydom 161 e.v. 62 Hierbo is reeds aangetoon dat die wesentlike verskil tussen aansprake en regte geleë

is in die beskermingswaardigheid daarvan.

Page 318: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

289

as wat hierbo in die algemeen aan dié begrip toegedig is. Word die term

“voorwaardelik” tweedens ondersoek, blyk dit dat dit ‘n wye en eng betekenis

kan hê.

In die wye sin beteken die term “voorwaardelik” volgens die beslissing in

Durban City Council v Association of Building Societies: 63

“In the large and vague sense any right to which anybody may become

entitled is contingent so far as that person is concerned, because

events may occur which create the right and which may vest it in that

person.”

In die wye sin dui die term dus op enige belang of verwagting wat ‘n persoon

kan koester, maar waarvan dit nooit seker is of daardie verwagting tot iets

meer sal realiseer nie.64

In die engere sin dui die term op die feit dat sekere konstituerende feite wat

vir die juridiese reg vereis word, reeds ingetree het alhoewel dit steeds

onseker is of die addisionele feite ooit sal intree. Volgens Austin65 beteken

die begrip in die engere sin dat:

“The contingent rights which are the subjects of legal rules, are those

which are inchoate: i.e. the title to which has begun, although (being a

complexed title, or consisting of several incidents) it is not

consummate, and never may be: i.e. some of the incidents necessary

to complete it have not happened.”

63 Durban City Council v Association of Building Societies 1942 AD 27 33. 64 Strydom 163. 65 Austin 898.

Page 319: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

290

In dié verband merk Strydom66 op:

“Skrywer is egter van mening dat die verwagtings, na gelang van die

reeds ingetrede konstituerende feite al dan nie, van mekaar onderskei

kan word. Indien daar reeds konstituerende feite vir ‘n reg ingetree het

en die regstelsel dan iemand se sodanige aanspraak of verwagtings as

beskermingswaardig ag, behoort sulke aansprake volgens skrywer as

regte getipeer te word. Die feit dat dit voorwaardelike regte genoem

word onderskei dit dan van gevestigde regte en kwalifiseer die inhoud

of omvang van die aanspraak. Dit is volgens skrywer egter foutief om

alle verwagtinge as voorwaardelike regte te tipeer.”

Geen absolute voorskrifte of vereistes is al in hierdie verband in ons

regspraak neergelê nie en elke geval sal uit die aard van die saak op eie

meriete hanteer en beoordeel moet word. As ‘n voorbeeld van hierdie

onderskeid, gebruik appèlregter Watermeyer 67 in Durban City Council v

Association of Building Societies die volgende voorbeeld: Niemand het

volgens appèlregter Watermeyer ‘n voorwaardelike reg op sy buurman se

huis net omdat hy hoop en vertrou dat hy eendag die huis van sy buurman sal

erf nie (‘n blote droom of ongegronde verwagting). Aan die ander kant mag

iemand se spesifieke verhouding teenoor sy buurman of die terme van ‘n

ooreenkoms wel sodanige regte skep al is dit “imperfect at the time, but

capable of becoming perfect on the happening of some event”.68

In Stern and Ruskin v Appleson 69 beskryf regter Millin ‘n voorwaardelike reg

soos volg:

66 Strydom 161. (My onderstreping). 67 Durban City Council v Association of Building Societies hierbo 33. 68 Hier kan gesê word dat die verwagting gegrond is op iets konkreets wat daarvan iets

meer as ‘n droom maak. 69 Stern and Ruskin v Appleson 1951 3 SA 800 (W) 805.

Page 320: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

291

“It is something which might ripen into a vested right on the happening

of an event, but it must be such that the happening of the event,

without more, gives the vested interest … There is ample authority for

the view that the bare possibility of getting something in future is not a

contingent interest.”

Volgens Stander70 is die afleiding uit regter Millin se opmerking dat ’n

aanspraak van ‘n trustbegunstigde wie se moontlike bevoordeling uit ‘n trust

onderworpe is aan die uitoefening van ‘n diskresie deur ‘n derde ten gunste

van hom, nie as ‘n voorwaardelike reg ten gunste van die begunstigde sal

kwalifiseer nie. Hierdie standpunt kan nie onderskryf word nie. Volgens

Strydom, met wie saamgestem word, bestaan ‘n voorwaardelike reg indien

daar reeds konstituerende feite vir ‘n reg ingetree het (ongeag of al die ander

voorwaardes in die toekoms vervul sal word ) en sodanige aanspraak of

verwagtings as beskermingswaardig beskou word. Oor laasgenoemde

vereiste kan geen twyfel bestaan in die lig van die beskermingswaardige

vertrouensverhouding waaraan ons reg erkenning verleen nie.71 Wat

eersgenoemde vereiste betref, is ’n trustakte reeds opgerig, die verhouding

tussen trustee en begunstigde bestaan reeds en al wat oorbly is die

uitoefening van ’n diskresie.72 Sodra die diskresie tog uitgeoefen word sal die

voorwaardelike reg ”ripen into a vested right”.73 As verder nog gelet word op

die wye betekenis wat, veral in die erfreg, aan die begrip “voorwaardelike

regte” geheg word - in die sin van alle verwagtings of belange wat nie onder

die versamelnaam “gevestigde regte” tuisgebring kan word nie,74 word aan

die hand gedoen dat die aansprake van diskresionêre trustbegunstigdes wel

voorwaardelike regte is. Met die term “voorwaardelik” in dié konteks, sou dan

aangetoon word dat die regte nog nie gevestig is nie, maar ook nie net “mere

70 Stander “Hoe Veilig is bates in ‘n Trust” 1999 TRW 155 en 156. 71 Hierdie aspek word in besonderhede bespreek in hoofstuk 8. 72 Volgens die regspraak word vereis dat die uitoefening van ‘n diskresie, as algemene

reël, moet geskied aan die hand van goeie trou en hoegenaamd nie sonder aansien des

persoons nie. Hierdie aspek geniet verdere aandag in hoofstuk 9 paragraaf 9.4.2. 73 Stern and Ruskin v Appleson hierbo 805. 74 Strydom 162.

Page 321: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

292

expectations” is nie omrede daar tog reeds konstituerende feite ingetree het

wat aan die verwagtings iets meer konkreet toedig.

Volgens Black’s Law Dictionary is ‘n voorwaardelike reg (“contingent right”)

“depending on something else; conditional.”

Voorwaardelik, in die eng sin, behels dus twee aspekte. Aan die een kant die

feit dat sekere konstituerende feite reeds ingetree het om dit te onderskei van

’n blote innerlike veronderstelling, 75 maar aan die ander kant onsekerheid76 of

al die voorwaardes ooit vervul sal word.

‘n Voorwaardelike reg is of opskortend of ontbindend en dit beïnvloed die

tydstip waarop voorwaardelike regte oorgaan in gevestigde regte of dié regte

tot ‘n einde kom.77 By die opskortende voorwaarde word vestiging van regte 78

opgeskort tot by die nakoming of vervulling van die voorwaarde.79 By die

ontbindende voorwaarde80 vind vestiging van regte dadelik plaas, maar die

voortbestaan daarvan is afhanklik van die plaasvind al dan nie van ‘n

gespesifiseerde, onsekere, toekomstige gebeurtenis.

75 Of dan van die term “voorwaardelik” in die breë sin. 76 In teenstelling met sekere toekomstige gebeurtenisse in die geval van ‘n tyds- of

termynbepaling. 77 ‘n Reg bestaan reeds, maar kan oorgaan in ‘n gevestigde reg, deurdat die

onsekerheid dan verdwyn. Die wesentlike verskil is eerder geleë in die inhoud van die regte

soos net hierna aangetoon word. 78 Sien egter die bespreking hiervan in paragraaf 7.3.2 en die moontlikheid dat so

iemand steeds oor regte - voorwaardelike regte, in teenstelling met gevestigde regte mag

beskik. 79

Jewish Colonial Trust Ltd v Estate Nathan 1940 AD 163 176. ’n Voorbeeld van ’n

opskortende voorwaarde is waar ‘n testateur sy plaas aan sy seun bemaak op voorwaarde

dat hy 'n landbougraad verwerf. 80 ’n Voorbeeld van ’n ontbindende voorwaarde is waar die testateur sy plaas aan sy

weduwee nalaat, op voorwaarde dat indien sy sou hertrou, die plaas aan sy seun oorgedra

moet word.

Page 322: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

293

7.3.1.3 Samevatting

Die feit dat regte, soos reeds aangetoon, beskermingswaardige belange is en

gevestig of voorwaardelik kan wees, beteken dus dat beide gevestigde regte

en voorwaardelike regte, regte (onder andere vorderingsregte) is. Die verskil

tussen gevestigde regte en voorwaardelike regte is geleë in die inhoud van

die betrokke regte.81 Met die term “inhoud” word bedoel dat, byvoorbeeld die

prestasieverpligting in terme van ’n vorderingsreg kan verskil. Prestasie

impliseer immers om iets te gee, te doen, of iets nie te doen nie. Juis dit kan

van geval tot geval tog verskil. So kan die prestasieverpligting, byvoorbeeld

verskil na gelang van die inhoud van die verbintenisskeppende dokument, 82

na gelang van die feit of die vorderingsreg gevestig of voorwaardelik is83 en

selfs ook na gelang van die feit of daar enige spesifieke statutêre bepalings is

wat die verpligting beheers of beïnvloed.84 Gebaseer op hierdie standpunt, is

die noodwendige implikasie dat ‘n vorderingsreg, voortspruitend uit ‘n

vertrouensverhouding wat ex lege ontstaan ook, vanaf die ontstaan daarvan,

noodwendig aanleiding sal gee tot prestasieverpligtinge. Dié vorderingsregte

kan gevestig of voorwaardelik wees en die inhoud daarvan sal uniek wees en

afhang van die besondere regte en verpligtinge wat uit die besondere

vertrouensverhouding (fidusiêre verhouding) voortspruit.

7.3.2 Die Verbintenisreg

Volgens die verbintenisreg is ‘n verbintenis ‘n verhouding tussen minstens

twee persone met as inhoud dat die een, die skuldenaar, teenoor die ander,

die skuldeiser, gebonde is om te presteer (dit wil sê om iets te maak, te doen

81 Strydom 161. 82 Byvoorbeeld om geldelik te presteer in terme van ’n kontrak, of om ’n bate beskikbaar

te stel in terme van ’n huurooreenkoms, of om bloot ’n kontrak in stand te hou, ens. 83 Waar dit by ‘n voorwaardelike reg hoofsaaklik sal gaan om die plig om die kontrak in

stand te hou, sal dit by die gevestigde reg weer gaan om die plig op lewering/betaling, ens. 84 Soos byvoorbeeld die Wet op die Beheer oor Trustgoed 57 van 1988.

Formatted: Bullets andNumbering

Page 323: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

294

of nie te doen nie).85 Een van die bronne van so ‘n verbintenis is ‘n kontrak.86

Uit die aard van die saak bestaan daar verskeie vereistes vir die ontstaan en

bestaan van ‘n geldige afdwingbare kontrak tussen partye. 87 Strydom

beklemtoon dat regte slegs uit verbintenisse kan voortspruit nadat daar aan

sodanige vereistes voldoen is.8 8 Indien dit nie gebeur nie, kom geen

verbintenis of voortspruitende regte tot stand nie.89 As daar, aan die ander

kant, aan al die vereistes voldoen is, ontstaan ‘n verbintenis tussen die partye

waaruit, as algemene reël, regte en verpligtinge voortvloei.90

Die term “gevestigde reg” word selde in die verbintenisreg aangetref.91 Terme

wat wel gebruik word, is “voorwaardes” en “tydsbepalings”. 92

‘n Tydsbepaling verskil van ‘n voorwaarde in die sin dat die toekomstige

gebeurlikheid by eersgenoemde seker sal plaasvind,93 alhoewel nie

noodwendig dadelik nie. 94

85 De Wet en Van Wyk Die Suid-Afrikaanse Kontrakte en Handelsreg (1978) (4e

uitgawe) 1; Joubert, Otto en Grové in Suid-Afrikaanse Handelsreg (red. Van Jaarsveld)

(1988) (3e uitgawe) (Vol. 1) 18. 86 De Wet en Van Wyk 3. 87 De Wet en Van Wyk 3 e.v. Hierdie vereistes word nie verder in die verhandeling

bespreek nie. 88 In die geval van byvoorbeeld ‘n stipulatio alteri , die aanvaarding van voordele. 89 Strydom 196. So byvoorbeeld sal volgens die howe se interpretasie van die vereistes

wat nagekom moet word voordat ‘n verbintenis tussen die derde en die stipulans, in die geval

van ‘n beding ten behoewe van ‘n derde, enigsins tot stand kom, die derde eers sy voordele

moet aanvaar. 90 De Wet en Van Wyk 7 e.v. 91

Strydom 174. 92 De Wet en Van Wyk 132. 93 Hierdie vereiste stem ooreen met Cowen se tweede konstruksie by die erfreg - sien

paragraaf 7.3.1.1. 94 De Wet en Van Wyk 131 e.v.; Christie The Law of Contract in South Africa (2001) (4e

uitgawe) 151 e.v. en 157 e.v.; Kerr The Principles of the Law of Contract (1980) (3e uitgawe)

270 e.v.

Page 324: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

295

“‘n Tydsbepaling verskil hierin van ‘n voorwaarde dat ‘n mens by ‘n

tydsbepaling te doen het met ‘n tydstip wat seker in die toekoms sal

aanbreek, ‘n dies certus an, terwyl mens by die voorwaarde te doen

het met ‘n onsekere toekomstige gebeurtenis, ‘n dies incertus an.”95

Mits aan die ander vereistes van ‘n geldige verbintenis voldoen word,96 en die

verbintenis nie voorwaardelik is nie,97 vestig die regte voortspruitend uit die

verbintenis by die totstandkoming van die verbintenis. Volgens Strydom98

stem die situasie ooreen met die erfreg en veral Cowen se tweede

konstruksie van gevestigde regte in geval van ‘n termynbepaling. Die terme

“termynbepaling” en “tydsbepaling” blyk dus sinonieme te wees wat

doodeenvoudig verskillend aangewend word in onderskeidelik die erfreg en

verbintenisreg.

Ingevolge die algemene beginsels van die kontraktereg99 dui ‘n voorwaarde

(in teenstelling met ‘n tydsbepaling) op ‘n onsekere toekomstige gebeurtenis

waarvan die plaasvind daarvan al dan nie, die bestaan van die kontraktuele

verpligting sal beïnvloed.100

Voorwaardes kan weereens opskortend of ontbindend wees. ’n Voorwaarde

is opskortend wanneer die reg tot ’n bepaalde prestasie in ’n kontrak afhanklik

95 De Wet en Van Wyk 131; Christie The Law of Contract in South Africa (2001) (4e

uitgawe) 151 e.v. en 157 e.v.; Kerr The Principles of the Law of Contract (1980) (3e uitgawe)

270 e.v. en Joubert in Suid-Afrikaanse Handelsreg (red. Van Jaarsveld) (1988) (3e uitgawe)

(Vol. 1) 128. 96 Soos reeds hierbo bespreek. 97 Voorwaardelikheid word net hierna bespreek. 98 Strydom 174. 99 Wat weereens wesentlik ooreenstem met die beginsels van die erfreg. 100 De Wet en Van Wyk 132; Van der Merwe “Die onvoorwaardelikheidsvereiste in die

Suid-Afrikaanse inkomstebelastingreg” 1995 De Jure 282 e.v.

Page 325: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

296

gemaak word van die plaasvind al dan nie van ’n onsekere toekomstige

gebeurtenis wat in die kontrak gespesifiseer word.101

Die vraag wat hier ontstaan is wat die partye se regsposisie is hangende

vervulling van die voorwaarde. Joubert102 wys daarop dat ofskoon dit

algemeen aanvaar word dat daar pendente conditione van die begin af reeds

’n kontrak bestaan, ’n eienaardige foutiewe rigting ingeslaan is ten opsigte

van koopkontrakte, waar gesê word dat daar hangende vervulling van die

voorwaarde nog geen koopkontrak bestaan nie.103 Otto 104 ondersoek hierdie

aangeleentheid en kom tot die gevolgtrekking dat die howe die verkeerde

standpunt huldig. Otto 105 ontleed die standpunte van verskeie skrywers

waaruit blyk dat die korrekte benadering eerder is dat die koopkontrak as

verbintenisskeppende instrument by sluiting van die ooreenkoms tot stand

kom, maar dat slegs die opeisbaarheid van die prestasie uitgestel word - ’n

benadering wat baie nou ooreenstem met die geval waar ’n reg reeds

gevestig is, maar bloot onderworpe is aan ’n tyds - of termynbepaling. Cronjé

en Lotz106 se beskouing is dat die kontrak ’n gegewe is, maar dat slegs

101 ’n Voorbeeld hiervan is waar ‘n koper in ‘n koopkontrak bepaal dat hy slegs die

koopsaak kan koop indien bankfinansiering aan hom toegestaan word om die koopsom te

finansier. 102 Joubert in Suid-Afrikaanse Handelsreg (red. Van Jaarsveld) (1988) (3e uitgawe) (Vol.

1) 127; Odendaalsrust Municipality v New Nigel Estate Gold Mining Co. Ltd 1948 2 SA 656

(O); Wacks v Goldman 1965 4 SA 386 (W) en Deetlefs v Wright 1977 2 SA 560 (A). 103 Cotton Tail Homes (Pty) Ltd v Palm Fifteen (Pty) Ltd 1977 1 SA 264 (W); Le Roux v

Sentraalwes Personeel Ondernemings (Edms) Bpk 1977 2 SA 510 (K); Tuckers Land &

Development Corporation (Pty) Ltd v Soja (Pty) Ltd 1979 3 SA 477 (W) 480; Soja (Pty) Ltd v

Tuckers Land & Development Corporation (Pty) Ltd 1981 3 SA 314 (A); Tuckers Land &

Development Corporation (Pty) Ltd v Strydom 1984 1 SA 1 (A). Sien ook Kahn, Contract and

Mercantile Law 1988 (2e uitgawe) (Vol. 1) 542 e.v. 104 Otto ”Eiendomsvoorbehoud en opskortende voorwaardes by die koopkontrak” 1981

THRHR 255 e.v. 105 Otto 1981 THRHR 266 e.v. 106 Cronjé en Lotz “Die Koopkontrak en ’n Opskortende Voorwaarde” 1977 THRHR 277

e.v.

Page 326: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

297

sekere gevolge daarvan opgeskort is. Olivier107 noem die howe se huidige

standpunt ’n ”dwaalleer” wat daartoe kan lei dat wetsbepalings omseil word

wat nooit so bedoel was nie.108 Olivier doen aan die hand dat die probleem

reggestel moet word deur middel van wetgewing. Hierdie skrywers is dit eens

dat ’n koopkontrak reeds by sluiting van die ooreenkoms ontstaan ongeag van

die feit dat dit ’n opskortende voorwaarde insluit wat prestasie mag beïnvloed.

Dit sou dus korrek wees om, as algemene beginsel, te aanvaar dat selfs in die

geval van opskortende voorwaardes, ’n verbintenis steeds onmiddellik tot

stand kom, maar dat die inhoud van die prestasie verpligting verskil. 109 Om te

leer dat geen verbintenis en dus regte en verpligtinge voor vervulling van die

opskortende voorwaarde ontstaan nie, blyk dus verkeerd te wees. As nou

aanvaar word dat ’n verbintenis onmiddellik ontstaan, volg noodwendig dat

vorderingsregte daaruit moet voortspruit.110 Hieruit volg verder dat een party

’n verpligting teenoor die ander party het terwyl laasgenoemde party as

teenpool weer die reg op nakoming van die verpligting besit. Dit word aan die

hand gedoen dat die inhoud van dié verpligting in hierdie konteks die plig is

(met ’n reg111 as teenpool) om die verbintenis in stand te hou/na te kom. Die

107 Olivier “Opskortende Voorwaarde en Koopkontrak” 1980 De Jure 238 e.v. 108 Olivier 1980 De Jure 243. Peri-Urban Areas Health Board v Tomaselli 1962 3 SA

346 (A); Sentraalwes Personeel Ondernemings (Edms) Bpk v Wallis 1978 3 SA 80 (T);

Sentraalwes Personeel Ondernemings (Edms) Bpk v Nieuwoudt 1979 2 SA 537 (K); De

Freitas v Tuckers Land and Development Corporation (Pty) Ltd 1980 3 SA 699 (W). Verder,

byvoorbeeld waar die Wet op die Onderverdeling van Landbougrond 70 van 1970 bepaal dat

‘n koopooreenkoms van grond ongeldig is as dit onderworpe gemaak word aan die

suksesvolle onderverdeling van ‘n groter stuk landbougrond waarvan die koopsaak deel

uitmaak, word geargumenteer dat omrede ‘n koopkontrak onderworpe aan ‘n opskortende

voorwaarde nie ‘n koopkontrak uitmaak nie, die ooreenkoms nie ‘n koopkontrak is nie en

steeds dus geldig is. 109 Trust Bank van Afrika Bpk v Van Jaarsveldt en ‘n Ander en Bitzer en ‘n Ander 1978 4

SA 115 (O) 122A. 110 Regtens impliseer die begrip “verbintenis” per definisie die bestaan van minstens een

vorderingsreg. 111 ’n Reg wat in wese ooreenkom met die diskresionêre trustbegunstigde se reg op

nakoming van die trustbepalings deur die trustee. Hierdie aangeleentheid word bespreek in

paragrawe 7.4.3, 7.4.4 en 7.4.5.

Page 327: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

298

kontraksparty kan weliswaar nog nie op, byvoorbeeld betaling/lewering

aandring nie, maar kan intussen reeds aandring daarop dat die ander

kontraksparty nie kontrakbreuk pleeg deur byvoorbeeld nie okkupasiehuur te

betaal nie of uit die kontrak terug te tree omdat ’n gunstiger transaksie

intussen opgeduik het nie.112 Alhoewel die inhoud van die vorderingsreg113

verskil, ontstaan ’n vorderingsreg dus reeds by aangaan van die ooreenkoms

ongeag die feit dat die ooreenkoms moontlik ’n opskortende voorwaarde mag

bevat.

’n Voorwaarde is ontbindend as die voortbestaan van die kontrak afhanklik

gestel word aan ’n onsekere toekomstige gebeurtenis. Die normale gevolge

van ’n kontrak tree onmiddellik in en die partye is geregtig en verplig tot

prestasie. Indien die voorwaarde egter vervul word ontbind die kontrak.1 1 4

’n Belangrike aspek vir doeleindes van hierdie studie is weereens die feit dat

al beskik ’n begunstigde nie oor gevestigde regte nie, dit allermins beteken

dat hy regteloos is. So ’n persoon kan steeds beskik oor voorwaardelike

vorderingsregte omdat dit uit die aard van die algemene betekenis wat hierbo

aan die begrip regte gegee is, steeds beskermingswaardig is en indien die

objek van die reg ’n prestasieverpligting is. Die term regte sluit gevestigde en

112 Kollektief sou na dié reg verwys kon word as die reg op eerbiediging of nakoming van

die kontraksbepalings en in trustverband word verwys na ‘n reg op nakoming van die

trustbepalings. Sien in die verband ook Odendaalsrust Municipality v New Nigel Estate Gold

Mining Co. Ltd hierbo; Wacks v Goldman hierbo en Deetlefs v Wright hierbo. Die reg erken

immers verder tog ook fiktiewe vervulling as beskermingsmaatreël. Sien in dié verband

Joubert in Suid-Afrikaanse Handelsreg (red. Van Jaarsveld) (1988) (3e uitgawe)

(Vol. 1) 129. 113 Weereens dieselfde beginsel as by die erfreg. 114 Joubert in Suid-Afrikaanse Handelsreg (red. Van Jaarsveld) (1988) (3e uitgawe)

(Vol. 1) 128. ’n Voorbeeld van so ‘n voorwaarde is waar A sy motor aan B skenk welke motor

B moet teruggee as hy nie binne een jaar die Suid-Afrikaanse gholfkampioen word nie.

Page 328: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

299

voorwaardelike regte in. 115 Waar Cameron et al 116 daarop wys dat ‘n

begunstigde met slegs ‘n voorwaardelike reg117 nie regteloos is nie, moet

hulle op sterkte van bogaande uiteensetting gelyk gegee word.118

7.3.3 Die Inkomstebelastingreg

In die Suid-Afrikaanse inkomstebelastingreg het die betekenis van die begrip

“toevalling” (wat baie nou verband hou met die begrip “vestiging”, maar nie

altyd presies dieselfde betekenis inhou nie) reeds baie aandag geniet.

Inkomstebelastingaanspreeklikheid ontstaan nie net wanneer belasbare

inkomste ontvang word nie, maar ook indien sodanige inkomste selfs net

toeval. 119

Die begrip “toegeval aan” was nog nooit in die Suid-Afrikaanse

inkomstebelastingwetgewing omskryf nie en gevolglik was dit aan die howe

oorgelaat om ‘n betekenis daaraan te heg. Aanvanklik het botsende

vertolkings van dié begrip bestaan. Aan die een kant was daar die standpunt

soos gestel in Lategan v CIR120 en sekere daaropvolgende sake121 dat ‘n

bedrag reeds aan die belastingpligtige toeval wanneer hy daarop geregtig

word, hoewel die bedrag moontlik nog nie eens verskuldig en betaalbaar mag

wees nie (dies cedit).122 Aan die ander kant was daar weer die standpunt

115 Wat van mekaar verskil op grond van die inhoud daarvan. 116 Volgens Cameron, De Waal, Wunsh, Solomon en Kahn Honoré’s South African Law

of Trusts (2002) (5e uitgawe) 556 het so ‘n begunstigde steeds “legal standing to ensure that

the trust is properly administered and that the trust property is not improperly alienated”. 117 Cameron et al 556 gebruik die term “contingent right”. 118 Cameron et al 556 - 565. 119 Volgens die definisie van “bruto inkomste” in artikel 1 van die Inkomstebelastingwet

Wet 58 van 1962. 120 Lategan v CIR 1926 CPD 302. 121 Ochberg v CIR 1931 AD 215. 122 Hiermee beweeg die inkomstebelastingreg baie na aan Cowen se tweede

konstruksie.

Formatted: Bullets andNumbering

Page 329: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

300

gehuldig in die beslissing in CIR v Delfos,123 dat toevalling slegs plaasgevind

het indien die inkomste reeds verskuldig en betaalbaar was. Die Appèlhof124

het in 1990 in dié verband standpunt ingeneem en beslis dat toevalling vir

doeleindes van inkomstebelastingaanspreeklikheid in Suid-Afrika plaasvind

sodra ‘n onvoorwaardelike afdwingbare aanspraak op die bedrag ontstaan,

ongeag of die bedrag dan reeds verskuldig en betaalbaar is. Sodra ‘n

belastingpligtige onvoorwaardelik op ‘n bedrag geregtig word, is daar dus

sprake van belastingaanspreeklikheid.

Die vraag wat dadelik hieruit voortspruit, is wat presies met

onvoorwaardelikheid in dié verband bedoel word. Om hierdie vraag na

behore in die belastingreg te beantwoord, het die howe hulle gewend tot die

algemene beginsels van die kontraktereg.125 Op sterkte van algemene

kontraktuele beginsels is geleer dat slegs ‘n suiwere voorwaarde126

belastingaanspreeklikheid kan beïnvloed. Regter Van Dijkhorst127 is van

mening dat ‘n blote beding in ‘n kontrak wat nie die inwerkingtreding van

kontrakverpligtinge beïnvloed nie, nie enige rol speel by die bepaling van die

vraag of ‘n toevalling voorwaardelik of onvoorwaardelik plaasgevind het nie.

Van der Merwe 128 toon aan dat die vertrekpunt die vraag moet wees na die

onvoorwaardelike toevalling van inkomste. Sy kom tot die gevolgtrekking dat

slegs opskortende voorwaardes, soos in die verbintenisreg omskryf, toevalling

123 CIR v Delfos 1933 AD 242. 124 CIR v People’s Stores (Walvis Bay) (Pty) Ltd 1990 2 SA 353 (A). Sien ook die

vonnisbespreking deur Swart in 1990 SA Mercantile Law Journal 97 e.v. Hierdie benadering

is sedertdien herbevestig in onder andere Hilda Holt Will Trust v CIR 1992 4 SA 661 (A). 125 Hierdie beginsels is bespreek in paragraaf 7.3.2. 126 ’n Onsekere toekomstige gebeurtenis wat die ontstaan van kontrakverpligtinge

beïnvloed. 127 ITC 1587 57 SATC 97. 128 Van der Merwe 1995 De Jure 293 e.v.

Page 330: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

301

van inkomste kan verhoed.129 Van der Merwe 130 voer aan dat die term

“toevalling” van die Inkomstebelastingreg gelyk gestel kan word aan die

begrip “vestiging van regte”. In haar bespreking van dié onderwerp vanuit die

oogpunt van die Inkomstebelastingreg, doen sy die volgende definisie van die

term “vestiging” aan die hand:131

“A vested right indicates that its beneficiary is the holder of a complete

real or personal right. A complete right is one that has all the parts

necessary to allow for its full operation and for all consequences

flowing from it. A right will not be complete when it is subject to a

suspensive condition. However, ownership of the benefit, and

transmissability and immediate enjoyment of the right are not

requirements for its vesting.”

7.3.4 Die Wet op Hereregte

In terme van die Wet op Hereregte 132 word hereregte gehef op die waarde

van enige eiendom wat deur enige persoon by wyse van ’n transaksie of op

enige ander wyse verkry word. Hereregte is dus ter sprake sodra eiendom

verkry word. In artikel 1 van die Wet op Hereregte word “datum van

verkryging” gedefinieer en bepaal die definisie onder andere dat “datum van

verkryging” die datum is waarop ’n transaksie aangegaan is, hetsy die

transaksie voorwaardelik was of nie. As eiendom verkry word anders dan by

wyse van ’n transaksie, beteken “datum van verkryging”, die datum waarop so

129 Van der Merwe 1995 De Jure 293 e.v. Dit wil voorkom asof Van der Merwe dus, uit

’n belastingoogpunt, die regte wat volgens Van Jaarsveld, Otto en andere uit ’n opskortende

ooreenkoms voortspruit, ignoreer. Sien in die verband paragraaf 7.3.3 hierbo. 130 Van der Merwe “The Meaning and Relevance of the Phrase ‘Vested Right’” 2000 SA

Mercantile Law Journal 326. 131 Van der Merwe 2000 SA Mercantile Law Journal 329. Van der Merwe verskaf hierdie

omskrywing nadat sy aan die hand gedoen het dat dit hoog tyd is dat aan die betrokke term

dieselfde betekenis geheg word in al die verskillende vakdissiplines. 132 Artikel 2 van die Wet op Hereregte 40 van 1949. Hereregte voortspruitend uit die

afstanddoening van ‘n belang word nie hier bespreek nie.

Formatted: Bullets andNumbering

Page 331: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

302

’n persoon op die eiendom geregtig word. In geval van ’n opsie, is die datum

van uitoefening van die opsie die datum van verkryging.

In De Leef Family Trust v CIR1 3 3 het die Appèlhof ondersoek ingestel na die

betekenis van die begrip “verkryging” en het die betekenis van die term

“vestiging van regte” in die proses ook die hof se aandag geniet.

Appèlregter Joubert 134 wys daarop dat hereregte betaalbaar is indien “the

right to aquire the ownership of land” of soos hy dit ook noem, “to obtain

dominium in immovable property (ius in personam ad rem acquirendam)” deur

‘n persoon verkry word.

Wat vestiging betref, verwys die regter na die erfregtelike begrippe dies cedit

en dies venit.135 Volgens die erfreg vind vestiging van regte volgens Joubert

plaas sodra dies cedit intree. Die persoon verkry op hierdie tydstip egter

slegs ‘n persoonlike vorderingsreg om in die toekoms sekere bates te kan

opeis. Eers by dies venit verkry die persoon dan ‘n reg op genot en dan kan

oordrag van die bate geëis word. Sodoende verkry die persoon dan eers

tydens dies venit ‘n ius in personam ad rem acquirendam.1 3 6 Alhoewel regte

dus volgens Joubert vestig by dies cedit, ontstaan ‘n hereregteverpligting eers

op die vroegste tydens dies venit aangesien die persoon dan eers ‘n ius in

personam ad rem acquirendam verkry.

133

De Leef Family Trust v CIR 1993 3 SA 345 (A). 134 De Leef Family Trust v CIR hierbo 355C e.v. (My onderstreping.) Sien ook CIR v

Viljoen 1995 4 SA 476 (E). 135 De Leef Family Trust v CIR hierbo 356C. Hierdie begrippe is in paragraaf 7.3.1

bespreek. 136 Eers dan sou die hereregteverpligting ontstaan.

Page 332: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

303

7.3.5 Spes

Die term “spes” het waarskynlik vanuit die Romeins-Hollandse

fideicommissum-figuur na die trustreg oorgespoel juis omdat die

fideicommissum by die trust mortis causa ‘n rol gespeel het. Wat die regte

van die fideicommissarius onder ‘n fideicommissum mortis causa betref, was

die tradisionele beskouing dat hy/sy geen reg op, of ten opsigte van die

fideikommissêre bates voor die vervulling van die fideikommissêre

voorwaarde gehad het nie.137 Hy/sy sou dan alleen ‘n hoop hê om te erf - ‘n

sogenaamde spes.138 Sommige skrywers wat hierdie benaming gebruik,

maak melding van die feit dat ‘n mens egter hier met geen gewone spes te

doen het nie, maar wel een met wonderbaarlike eienskappe. 139 Hierdie

eienskappe dui op die feit dat die fideicommissarius se sogenaamde spes nie

net beswarend op die fiduciarius se regsposisie inwerk nie, maar ook dat dit

vanaf regsweë aansienlike beskerming geniet.140 Ander skrywers is weer van

mening dat die fideicommissarius bloot oor ‘n persoonlike reg beskik.141

Sommige skrywers voorsien weer die moontlikheid dat ‘n saaklike reg

voorhande kan wees.142

Olivier143 ondersoek die spes-idee in sy proefskrif en kom tot die

gevolgtrekking dat ‘n fideicommissarius voor die vervulling van die

137 Van der Merwe en Rowland 332. 138 Estate Kemp v McDonald’s Trustee 1915 AD 491. 139 Van der Merwe en Rowland 333. 140 Van der Merwe en Rowland 333. Olivier Trustreg en Praktyk 96. 141 Swanepoel Oor Stigting, Trust, Fideicommissum, Modus en Beding ten behoewe van

‘n Derde (1961) 81. 142 Laurens ”Fideikommis oor onroerende goed: aard van die fideicommissarius se reg”

1983 THRHR 26, verwys daarna. Juis die twyfel oor wat die presiese posisie van die

fideicommissarius se belang (synde regte al dan nie) behels, werk mee tot die onsekerheid

met betrekking tot die trustbegunstigde se aansprake wat geskiedkundig, soos aangetoon, uit

dieselfde stal kom. Daar moet egter in gedagte gehou word dat die hof in die beslissing van

Braun v Blann and Botha 1984 2 SA 850 (A), die gelykstelling van die trust aan die

fideicommissum ongedaan gemaak het. 143 Olivier 396.

Formatted: Bullets andNumbering

Page 333: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

304

fideikommissêre voorwaarde veel meer het as net ‘n spes. Nie net kan ‘n

fideicommissarius se regte teen die titelakte van die belaste eiendom

geregistreer word nie, maar ‘n hof sal volgens Olivier ook intree om ‘n

ongeoorloofde vervreemding van die fideikommissêre goedere by wyse van

interdik hok te slaan. So ‘n interdik sal volgens Olivier tog slegs verleen word

as die fideicommissarius ‘n duidelike reg het.

In Barnhoorn v Duvenage144 het die Appèlhof tot die gevolgtrekking gekom

dat ‘n fideicommissarius ‘n geldige sessie van sy regte kan gee. Dié

beslissing word deur Van der Merwe145 as die einde van die spes

fideicommissi gesien. Volgens dié beslissing is ‘n fideicommissarius van meet

af aan ‘n reghebbende.

Regter Smuts merk egter in Wasserman v Sackstein1 4 6 op dat hy nie met Van

der Merwe kan saamstem dat die Barnhoorn-saak die doodsklok vir die spes

fideicommissi gelui het nie. Olivier147 argumenteer egter dat regter Smuts in

sy siening fouteer en voer aan dat die regter eenvoudig die tradisionele

beskouing148 nagevolg het sonder om veel ag te slaan op die sienings van

verskeie gesaghebbende skrywers.

144 Barnhoorn v Duvenage 1964 2 SA 486 (A). Olivier 396 bespreek die saak en kom tot

dieselfde gevolgtrekking. 145 1965 THRHR 141. 146

Wasserman v Sackstein 1980 2 SA 536 (O) 544A. 147 Olivier 396. 148 Net hierbo na verwys. Wat die regte van die fideicommissarius onder ‘n

fideicommissum mortis causa betref, was die tradisionele beskouing dat hy/sy geen reg op, of

ten opsigte van die fideikommissêre bates voor die vervulling van die fideikommissêre

voorwaarde gehad het nie. Hy/sy sou dan alleen ‘n hoop hê om te erf - ‘n sogenaamde spes.

Page 334: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

305

Volgens Olivier lê die fideicommissarius se regte in die persoonlike reg teen

die fiduciarius op instandhouding van die fideikommissêre goed.149

Bykomend hiertoe het hy egter ook nog onder andere ‘n hoop of ‘n verwagting

om die betrokke goedere eendag as reghebbende te verkry. Hierdie hoop of

verwagting is egter geen reg nie.

Olivier stem saam dat die

“… spes fideicommissi-beskouing ‘n spookgestalte is. Die spes

fideicommissi het geen juridiese inhoud nie en om dit as ‘n

regsbeginsel te probeer toepas, negeer die regte van ‘n

fideicommissarius wat inderdaad bestaan”.

Tydens die bespreking van gevestigde regte is gesê dat sodanige regte slegs

bestaanbaar is indien ten minste voldoen word aan een van Cowen150 se

twee konstruksies. Verder is die opmerking gemaak dat daar van die term

“voorwaardelike regte” (indien dit bestaansreg het) slegs sprake kan wees as

Strydom151 se konstruksie aanvaar word. In die lig hiervan word aan die hand

gedoen dat die term spes slegs kan verwys na daardie aansprake of

verwagtinge waaraan Strydom nie eens die benaming “voorwaardelike regte”

wil toeken nie.

149 Daarby kom ook nog volgens Olivier 396 dat die reg van die fideicommissarius ‘n

geldwaarde het. As die waarde van ‘n fiduciarius se regte volgens artikel 3(2)(a) en 5(1)(b)

van die Boedelbelastingwet 45 van 1955 bereken word, sal die waarde volgens Olivier “altyd

minder as die volle markwaarde van die betrokke goedere wees. Alhoewel die fiduciarius dus

eienaar is, het die las op die eiendom ten gunste van die fideicommissarius , statutêr ook ‘n

waarde wat, myns insiens, die verskil tussen die markwaarde en die fidusiêre waarde is”. 150 Paragraaf 7.3.1.1. 151 Paragraaf 7.3.1.2.

Page 335: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

306

7.3.6 Samevatting

Tot dusver is die terme “regte”, “gevestigde regte”, “voorwaardelike regte” en

“spes” ondersoek vanuit die oogpunt van die Suid-Afrikaanse privaatreg en

veral die erfreg en verbintenisreg as onderafdelings daarvan. Daar is ook

ondersoek ingestel na hoe hierdie begrippe in sommige belastingwetgewing

hanteer word. Daar is vasgestel dat, alhoewel daar terminologiese verskille

mag bestaan, die onderliggende betekenisse wat aan hierdie terme toegedig

word kragtens die verskillende vakdissiplines in wese ooreenstem.

Daar is bevind dat ‘n reg gevestig is mits gesê kan word dat die regstitel in die

reg volledig en onvoorwaardelik is of, selfs al is nog nie aan al die

voorwaardes voldoen nie, maar dit seker is dat aan almal in die toekoms

voldoen sal word. Daar is verder vasgestel dat termyn- of tydsbepalings nie

die vestiging van regte as sodanig beïnvloed nie, maar bloot ‘n rol speel by

die vasstelling van dies venit - oftewel wanneer hierdie regte opeisbaar of

afdwingbaar word. Voorwaardelike regte in die eng sin152 het ook

bestaansreg onder die saambreelbegrip153 “regte”. In geval van ontbindende

voorwaardelike regte, vestig die regte dadelik, maar verval as en wanneer die

ontbindende voorwaarde in vervulling gaan. Alhoewel ‘n opskortende

voorwaardelike bepaling in ’n koopkontrak tans onbevredigend hanteer word

deur die howe, wys verskeie skrywers daarop dat selfs in die geval van ’n

koopooreenkoms onderworpe aan ’n opskortende voorwaarde, ’n verbintenis

steeds onmiddellik ontstaan. Selfs ingeval van ‘n opskortende voorwaardelike

bepaling, beskik ‘n begunstigde dus onmiddellik, ten minste, oor

voorwaardelike regte - minstens ‘n reg op nakoming van sommige

kontraksverpligtinge.154 Daar is verder tot die gevolgtrekking gekom

152 Addisioneel tot gevestigde regte, soos gedefinieer deur Strydom en net hierbo

bespreek. 153 Met hierdie term in dié konteks word bedoel dat die algemene begrip “regte”

gevestigde en voorwaardelike regte omvat. 154 Joubert in Suid-Afrikaanse Handelsreg (red. Van Jaarsveld) (1988) (3e uitgawe)

(Vol. 1) 127.

Formatted: Bullets andNumbering

Page 336: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

307

dat die werklike verskil tussen gevestigde en voorwaardelike regte hoofsaaklik

geleë is in die verskil in inhoud van die betrokke regte. Die begrip spes as

sinoniem vir voorwaardelike aansprake, verleen geen regte nie omdat die

gemeenskap die aansprake nie as beskermingswaardig ag nie en geen

konstituerende feite nog ingetree het wat aan die aanspraak iets sekers

toedig nie.155 Op sterkte hiervan word aan die hand gedoen dat die begrip

spes geen verdere rol te speel het as dit gaan oor ’n ondersoek na die regte

van trustbegunstigdes nie.

7.4 TRUSTBEGUNSTIGDES EN REGTE

7.4.1 Identifiseerbare Trustbegunstigdes

Uit die essensiële vereistes, soos in hoofstuk 4 bespreek, blyk dit dat die

Sui d-Afrikaanse reg vereis dat ‘n trust oor identifiseerbare begunstigdes moet

beskik. ‘n Trust sonder ‘n identifiseerbare begunstigde(s) is nietig.1 5 6

Cameron et al 157 maak dit duidelik dat, indien daar by ‘n trust mortis causa of

inter vivos, ‘n gebrek aan behoorlik identifiseerbare trustbegunstigdes

bestaan, so ‘n trust nietig sal wees juis vanweë so ‘n gebrek. Met hierdie

standpunt word saamgestem. Dit is ook in ooreenstemming met die

historiese ontwikkeling van die trustfiguur in die ander jurisdiksies wat

ondersoek is.

Die Suid-Afrikaanse posisie is dat trustbegunstigdes identifiseerbaar moet

wees deurdat hulle “can either be named or can be ascertained from the

definition in the trust deed from a specified group of beneficiaries”. 158

155 Strydom 161. 156 Van der Westhuizen “Trusts” in Pace en Van der Westhuizen Wills and Trusts (2005)

27 en 35; Corbett et al 394; Deedat v The Master 1995 2 SA 377 (A). Hierdie aangeleentheid

is reeds bespreek in hoofstuk 4. 157 Cameron et al 151 e.v. 158 Van der Westhuizen 27. Sien ook Corbett et al 394. Sien ook bespreking van

essensiële vereistes en van “power of appointment” in hoofstuk 4.

Page 337: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

308

’n Vraag wat nou ontstaan, is waarom die vereiste ook in die Suid-Afrikaanse

reg gestel word dat ‘n trust (identifiseerbare) begunstigde(s) moet hê om

geldig te ontstaan en ook voort te kan bestaan.

Die antwoord hierop lê waarskynlik in die geskiedkundige oorsprong van die

trustfiguur en ook in die algemene siening dat ‘n trust ten gunste van iemand

afgedwing moet kan word, anders het dit geen sin nie.

Die trust het, soos reeds aangetoon, op een of ander manier die Treuhand-

beginsel as basis. By die trust gaan dit nie ten behoewe van die trustee nie,

maar ten behoewe van die begunstigde. ‘n Vertrouensverhouding waaruit

verpligtinge en regte voortspruit is van oudsher af by die trustfiguur

voorhande. As daar nie ‘n begunstigde is ten behoewe van wie ‘n trustee

trusteiendom hou nie, is dit ‘n absurditeit. Dit was juis ter beskerming van

hierdie begunstigdes se regte dat die “Chancellor” ingegryp het.

In die Engelse en ook die Skotse reg word gepraat van “certainties” as verwys

word na die essensiële vereistes van ‘n trus t. Een van hierdie “certainties” is

die sogenaamde “certainty of objects”. Volgens die Engelse en Skotse

beskouing moet die begunstigde (net soos in die Suid-Afrikaanse regstelsel)

bepaal of bepaalbaar wees.159 Die rede vir hierdie vereiste is volgens die

Engelse regspraak voor die handliggend, naamlik “… there must be someone

in whose favour the court can decree performance”.160 Dit was immers juis in

die Engelse reg waar hul common law-stelsel trustbegunstigdes remedieloos

gelaat het. Om hierdie persone se regte te beskerm, het die “Chancellor” na

vore getree en deur middel van equity law hierdie rol begin vervul.

De Waal en Honoré beskou die behoorlike beskerming van regte van

trustbegunstigdes as so belangrik dat hulle dit verhef tot een van die

wesenskenmerke van ‘n suiwer trust.161 De Waal doen terselfdertyd aan die

159 Sien hoofstukke 3 en 5. 160 Morice v Bishop of Durham 1804 9 Ves. 399 op 405, soos aangehaal deur Oakley 74. 161 Sien hoofstuk 4 paragraaf 4.3.3.2.

Page 338: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

309

hand dat die Suid-Afrikaanse trustfiguur wel ‘n suiwer trustfiguur is. Dit word

aan die hand gedoen dat daar op sterkte van dit wat hierbo uiteengesit is, ook

in Suid-Afrika, net een logi ese rede bestaan vir die vereiste dat

identifiseerbare trustbegunstigdes moet bestaan en dit is om iemand te kan

hê in wie se guns of ter wille van wie trustbepalings nagekom moet word.162

Anders gestel, kom die vereiste daarop neer dat so ‘n persoon ten gunste van

wie die hof kan beslis tog nooit regteloos kan wees nie, want wat is daar dan

om te beskerm of ten gunste van te beslis? Uit die voorgaande volg dus dat,

waar dit vereis word dat begunstigdes bestaan of bestaanbaar moet wees, die

duidelike implikasie is dat daarmee bedoel word, begunstigdes met regte.

Slegs op hierdie wyse kan sin gemaak word uit die vereiste dat daar iemand

moet wees in wie se guns die howe nakoming van trustbepalings kan gelas

en op die wyse geskied dan ook reg aan De Waal se standpunt dat die Suid-

Afrikaanse trustfiguur ‘n suiwer trustfiguur is. Wat die aard van hierdie regte

kan wees, word hieronder verder ondersoek.

Afgelei uit die bogaande moet ‘n suiwer trust beskik oor identifiseerbare

begunstigdes met regte . Olivier163 vra homself die vraag af of ‘n trust

bestaanbaar is met begunstigdes sonder enige regte, selfs nie eens ‘n

persoonlike reg teen die trustee op instandhouding van die trust nie. Hy kom

dan tot die volgende gevolgtrekking:

”In die Amerikaanse reg en in die Engelse reg is ‘n begunstigde

onontbeerlik vir die bestaan van ‘n trust en die begunstigde se regte

ontstaan outomaties by die totstandkoming van die trust. 164 Die

begunstigde het wel die reg om te aanvaar of te verwerp, maar die

162

Alhoewel geargumenteer mag word dat die geldigheid van die liefdadigheidstrust,

hierdie argument omverwerp, word aan die hand gedoen dat die liefdadigheidstrust op

dieselfde wyse hanteer behoort te word as in die Engelse reg. Sien in dié verband hoofstuk 6

paragrawe 6.2.1 en 6.2.2. 163 Olivier 326. 164 Omrede die trust gesien word as ‘n vertrouensverhouding wat ex lege ontstaan en

waaruit outomaties regte en verpligtinge spruit.

Page 339: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

310

aanvaarding of verwerping is terugwerkend tot die oomblik waarop die

trust tot stand gekom het.

Ook in die Suid-Afrikaanse trustreg is ‘n begunstigde noodsaaklik. Dit

is ook duidelik dat ‘n trustee, wanneer hy aanvaar, die plig op hom

neem om die trustgoedere ten behoewe van die begunstigde te

administreer. Daar ontstaan dus outomaties ‘n verhouding 165 tussen

trustee en begunstigde waarvolgens die trustee die trustgoedere

uitsluitlik ten behoewe van die begunstigde moet administreer. Die

trustee se pligte hou dus verband met die regte van die begunstigde.

Om te leer dat ‘n begunstigde noodsaaklik is vir die totstandkoming van

‘n trust en dat die trust kan bestaan met ‘n begunstigde wat nie

aanvaar het nie, maar tot tyd en wyl die begunstigde wel aanvaar het,

het die begunstigde geen regte nie, skyn vir my botsend te wees.

Myns insiens is ‘n privaat trust met ‘n begunstigde maar sonder regte,

nie bestaanbaar nie.”

Dit word dus aan die hand gedoen dat ‘n begunstigde met regte vanaf die

oomblik van totstandkoming van enige trust essensieel is. 166

7.4.2 Die Begrip “Regte” in die Suid-Afrikaanse Trustreg

Indien die algemene beskouing van die begrip “regte” toegepas word op die

trustfiguur, en meer spesifiek op die begunstigde van ‘n trust, is die eerste

vraag dus of so ‘n trustbegunstigde as regsubjek beskermingswaardige

belange besit. Dié vraag moet beantwoord word aan die hand van ‘n proses

165 ‘n Vertrouensverhouding. 166 In welke mate daar volgens die Suid-Afrikaanse howe ruimte bestaan vir hierdie

standpunt, word in hoofstuk 8 bespreek.

Formatted: Bullets andNumbering

Page 340: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

311

van belange-afweging deur die betrokke samelewing.167 As gelet word op die

historiese ontwikkeling van die trustfiguur en ook wat reeds hierbo in die

verband opgemerk is en om enigsins sin te maak van die hele trustgedagte,

kan geen twyfel meer bestaan dat ‘n trustbegunstigde wel oor beskermings-

waardige belange moet beskik nie.

As die vraag bevestigend beantwoord word, beskik so ‘n subjek oor regte wat

volgens die subjektiewe regsleer gereguleer sal word óf binne die privaatreg

óf die publiekreg óf beide, afhangende van die aard van die verhoudings wat

beskerm moet word. 168 Sodanige regte kan dan gevestig of voorwaardelik

wees, ooreenkomstig die algemene betekenis wat hierbo aan die betrokke

begrippe gegee is. Die objek169 van die trustbegunstigde se regte sal

aanvanklik die nakoming van die spesifieke trustbepalings wees (dus ‘n

prestasieverpligting) en daarom ‘n vorderingsreg. Die bestaan van saaklike

regte is egter ook moontlik.1 7 0 Die inhoud en aard van ‘n begunstigde se

167 In die lig van wat reeds onder die objektiewe regsleer bespreek is, is al ‘n

begunstigde se verwagtinge of belange teenoor die trustee of andere, voortspruitend uit die

betrokke trustakte en selfs ten opsigte van die trustbates, nie noodwendig “regte” nie. As die

term “verwagtinge” of “belange” dui op die totaliteit van die verhouding tussen die

begunstigde en andere met betrekking tot die trustbates, dan dui die term “regte” op daardie

gedeelte van die begunstigde se aansprake wat deur die objektiewe reg as

beskermingswaardig geag word. In hierdie geval loop die ontstaan van “regte” ook hand aan

hand met ‘n belange-afweging van verhoudings, soos reeds hierbo aangedui. Strydom 153

bespreek die aangeleentheid in diepte. Sien ook CIR v Pretorius 1986 1 SA 238 (A) 248G. 168 Honoré The South African Law of Trusts (1976) (2e uitgawe) 2, 4, 152, 171; Cameron

et al 4, 11, 181 e.v. Omdat die trustee ‘n openbare amp beklee en gevolglik in ‘n fidusiêre

verhouding teenoor die begunstigde staan kan die begunstigde se regte ook binne die

publiekreg as deel van die objektiewe reg val. Hierdie aspek word volledig bespreek in

hoofstuk 8. 169 Hierdie term moet nie verwar word met die Engelse term “certainty of objects” wat

weer dui op trustbegunstigdes en nie die doel van die trust nie. 170 Soos byvoorbeeld in die geval van ‘n bewindtrust.

Page 341: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

312

regte het te make met die verskillende subjektiewe regte wat tot sy beskikking

is in terme van die subjektiewe regsleer.171

Volgens Olivier172 is dit moontlik om die objek en aard van ‘n begunstigde se

“regte” op die trustgoedere volgens die norme van die bestaande subjektiewe

reg te beoordeel - sonder hulp van Engelsregtelike terme soos “beneficial

ownership” of “beneficial interest”. Olivier173 voer aan dat die begunstigde ‘n

regsubjek is en dit impliseer noodwendig dat ‘n subjek-objek verhouding binne

een van bogemelde vier indelings174 ontstaan. So merk hy175 op:

“Oorgeprojekteer op ‘n trust beteken dit dat die begunstigde as

regsubjek een of meer van die subjektiewe regte behalwe

persoonlikheidsregte kan hê. As sy reg na ‘n persoonlike reg teen die

trustee op instandhouding van die trust verwys, het hy ‘n

vorderingsreg. Sy reg kan ook moontlik ‘n saaklike reg wees as die

trustgoedere in hom vestig ... Die Suid-Afrikaanse beskouing en

indeling van subjektiewe regte en die toepaslike terminologie is

heeltemal voldoende om die regte van die begunstigde te identifiseer

en te beskryf. ‘Beneficial ownership’ of ‘beneficial interest’ het geen

betekenis in ons reg nie en die gebruik van dié uitdrukkings kan gerus

laat vaar word.”

As Olivier gelyk het,176 en dit word aan die hand gedoen dat dit wel die geval

is, blyk dit dus dat die algemeen geldende beginsels van toepassing by die

beoordeling van die term “regte” in die Suid-Afrikaanse konteks, toepassing

kan vind wanneer dit gaan oor regte van trustbegunstigdes. In die algemeen

beteken “regte”, ook in trustverband, dus daardie verwagtings of belange van

171 Van Zyl en Van der Vyver 421 e.v. 172 Olivier 390 e.v. 173 Olivier 391 e.v. 174 Sien paragraaf 7.2.2. 175 Olivier 391. 176 Dit word aan die hand gedoen dat Olivier inderdaad reg is.

Page 342: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

313

‘n regsubjek teenoor ‘n ander regsubjek of -subjekte wat die samelewing as

beskermingswaardig beskou. Gebaseer op wat reeds in hierdie hoofstuk

behandel is rakende die objektiewe en subjektiewe reg, kan ‘n trust-

begunstigde dus moontlik beskik oor regte voortspruitend uit die erfreg en die

verbintenisreg, maar ook die publiekreg177 en hierdie regte kan gevestig of

voorwaardelik wees.

7.4.3 Bron van Regte Ooreenkomstig die Trustkonstruksie

Uit wat reeds hierbo gesê is, kan trustregte voortspruit uit die erfreg,

kontraktereg en moontlik ook uit die vertrouensverhouding wat met

trustoprigting gepaard gaan.178 Dit is ook moontlik dat ‘n kombinasie van

hierdie bronne tot regte en verpligtinge aanleiding kan gee. In hierdie

hoofstuk word slegs stilgestaan by die erfreg en verbintenisreg as moontlike

bron van regte van trustbegunstigdes.179

Coertze180 is van mening dat die bron van die trusteeverpligtinge (met die

regte van trustbegunstigdes as teenpool) by ‘n trust inter vivos ‘n ooreenkoms

is en by ‘n testamentêre trust ‘n obligatio quasi ex contractu is. In beide

gevalle dus ‘n verbintenis.

Van der Merwe en Rowland 181 is weer van mening dat ‘n trust inter vivos deur

ooreenkoms ontstaan en daarom is die trustees se verpligtinge ex contractu.

By die trust mortis causa ontstaan, volgens dieselfde skrywers, die

trusteeverpligtinge ooreenkomstig die erfreg net soos by die verpligtinge van

‘n fiduciarius en dus in terme van die erfreg.

177 In hoofstuk 8 word standpunt ingeneem dat regte ook aan die trustbegunstigde

toekom uit die vertrouensverhouding wat die trustverhouding inderdaad is. 178 Die erfreg en verbintenisreg word in hierdie hoofstuk bespreek en in hoofstuk 8 word

die vertrouensverhouding bespreek. 179 Die vertrouensverhouding as bron word in hoofstuk 8 behandel. 180 Coertze Die Trust in die Romeins-Hollandse Reg (LLD-proefskrif 1948 US) 86. 181 Van der Merwe en Rowland 374 e.v.

Page 343: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

314

Die feit dat in die Suid-Afrikaanse reg ‘n onderskeid getref word tussen

trustfigure op sterkte van die bron waaruit so ‘n trustfiguur voortspruit, staan

vas.182 Hiermee word geensins toegegee dat so ‘n onderskeid korrek of

aanvaarbaar is nie - trouens standpunt is reeds ingeneem 183 dat die

onderskeid inderdaad ongewens is. Die feit van die saak is egter dat so ‘n

onderskeid tans in Suid-Afrika getref word 184 en daarom in ag geneem sal

moet word in enige ondersoek na die trustfiguur in Suid-Afrika.185 Uit die

voorgaande moet dus afgelei word dat trustbegunstiges se regte minstens

kan voortspruit uit en beoordeel moet word aan die hand van die erfreg en die

verbintenisreg en wel as gevolg van die besondere trustkonstruksie.

7.4.4 Begrip Gevestigde en Voorwaardelike Regte in die Konteks van

die Trustreg

Soos reeds aangetoon, is die erfreg en die verbintenisreg moontlike bronne

van die regte van trustbegunstigdes. Hierbo is verder aangetoon dat die

begrip “gevestigde regte” en “voorwaardelike regte” in die erfreg en

verbintenisreg wesentlik dieselfde betekenis dra. Die afleiding wat dus

gemaak kan word is dat alhoewel terminologies onderskei word tussen

trustfigure op sterkte van sulke figure se ontstaansbronne, die begrip

“gevestigde regte” en “voorwaardelike regte” vir beide die trust mortis causa

en die trust inter vivos dieselfde betekenis het, welke betekenisse ooreenstem

met die algemene betekenis wat in die Suid-Afrikaanse reg aan hierdie

182 Hierdie aspek is bespreek in hoofstuk 4. 183 Hoofstuk 4 paragraaf 4.3.2.2.3. 184 Hierdie aspek is bespreek in hoofstuk 4. 185 Dit sluit ‘n ondersoek na die bron van trustregte in. Omdat, soos later gesien sal

word, ‘n trust histories en vandag nog gesien word as ‘n vertrouensverhouding wat aanleiding

gee tot fidusiêre verpligtinge, word die standpunt gehuldig dat die soeke na die bron van regte

van trustbegunstigdes nie beperk moet wees tot die erf - en verbintenisreg nie, maar uitgebrei

moet word na die beginsels onderliggend aan vertrouensverhoudings, veral soos wat dit

toepassing vind in die trustreg. Daar word aan die hand gedoen dat alhoewel die regte van

trustbegunstigdes ex contractu of ex testamento kan ontstaan, dit nie die enigste of selfs

vernaamste bron(ne) van hierdie regte is nie.

Page 344: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

315

begrippe verleen word. Hierdie standpunt is in ooreenstemming met

Cameron et al ,186 wat beide trusts mortis causa en inter vivos behandel en

tydens die bespreking van hierdie onderwerp, geen onderskeid tussen die

twee figure tref nie. Dit is ook hoofregter Corbett se standpunt soos

uiteengesit in McAlpine v McAlpine.187

7.4.4.1 Gevestigde Regte

Vanuit die oogpunt van die trustreg en gebaseer op die algemene beginsels

van die verskillende vakdissiplines wat reeds bespreek is, het ‘n

trustbegunstigde dus ‘n gevestigde reg indien ’n regsgeldige verbintenis188

bestaan en hy:

(a) bepaald en in lewe is.189 Dit moet uit die trustakte blyk dat net die

bepaalde begunstigdes die bevoordeeldes is, of indien daar aan ‘n

trustee diskresionêre magte verleen is, moes die trustee eers sy

diskresie duidelik ten gunste van die betrokke persoon uitgeoefen het.

Ongeborenes kan geen gevestigde regte besit nie.190

186 Cameron et al 556 e.v. 187 McAlpine v McAlpine 1997 (1) SA 736 (A) 751E-J:

“The application of this test involves the distinction drawn in our jurisprudence

between vested and contingent rights. In the case of Jewish Colonial Trust Ltd v

Estate Nathan 1940 AD 163, this Court discussed this distinction in the testamentary

context … These concepts of vesting - dies cedit and dies venit - arise also in the law

of contract.” 188 Daar dien op gelet te word dat voordat enige regte voortspruit uit ‘n verbintenis, die

verbintenis uit die aard van die saak eers regsgeldig tot stand moet kom. In hierdie verband

word verwys na die inleidende opmerkings van paragraaf 7.3.2 hierbo. Waar die bron van die

verbintenis, byvoorbeeld ‘n stipulatio alteri is, is die howe se standpunt dat aanvaarding van

voordele deur die begunstigde een van die voorvereistes is vir die totstandkoming van ‘n

geldige verbintenis tussen die derde en die stipulans. 189 Austin 886. 190 Die nasciturus-fiksie word hier buite rekening gelaat.

Page 345: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

316

en

(b) ‘n onvoorwaardelike volledige regstitel op die bevoordeling het. 191

Hierdie vereiste sluit ‘n tyds- of termynbepaling asook ’n ontbindende

voorwaarde in, soos hierbo aangetoon.

Volgens Cameron et al 192 het ‘n trustbegunstigde gevestigde regte indien dit

duidelik is dat die begunstigde reeds eienaar is van die reg met of sonder die

reg van genot van die regte.1 9 3 Na hierdie reg word ook verwys as “an

immediate right”. ‘n Reg is “immediate” as dit “does not depend on any

further contingency such as survival of the beneficiary to a given age or at the

death of a given person”.194 Ook Stander 195 beklemtoon dat trustregte

gevestig is indien dies cedit reeds ingetree het en ‘n vorderingsreg ontstaan

het. Die reg hang dus nie van enige verdere onsekere voorwaarde af nie.

Sher,196 in sy bespreking van dié onderwerp, beklemtoon dat onderskei moet

word tussen gevestigde en voorwaardelike regte. Hy wys daarop dat die

bepalings van die trustakte ‘n belangrike rol speel by die beantwoording van

die vraag of regte gevestig het al dan nie. Indien die trustees volgens hom ‘n

diskresie het “to select the capital beneficiaries or to distribute the capital or

191 Cowen 1949 SALJ 405; Strydom 153 e.v. bespreek ook hierdie aangeleentheid in

besonderhede. 192 Cameron et al 555 e.v. Hou in gedagte dat vestiging ook ‘n spesifieke betekenis kan

hê soos byvoorbeeld by inkomstebelasting aangeleenthede. 193 Cameron et al 556 e.v. Hierdie is die tipiese bewindtrustsituasie, hiermee word

gevolg gegee aan Austin se siening asook aan Cowen se eerste konstruksie soos bespreek

in paragraaf 7.3.1.1. 194

Hier gaan dit dus oor die beginsel wat in die Jewish Colonial-beslissing voorgestaan

word, naamlik “to draw a distinction between what is certain and what is conditional: a vested

right is distinguished from a contingent or conditional right.” Hierdie konstruksie stem dan ook

ooreen met Cowen se tweede konstruksie soos bespreek in paragraaf 7.3.1.1. 195 Stander 1999 TRW 148. 196 Sher “The Sale of a Trust” 1996 JBL 169. (My onderstreping).

Page 346: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

317

trust income, the rights of the beneficiaries are ‘contingent’. If the trustee has

no such right, their rights are vested.”197

‘n Gevestigde reg volgens die trustreg beteken dus daardie regte wat volgens

Cowen198 voortspruit uit verbintenisse waarvan óf reeds aan al die elemente

voldoen is óf waar nog nie aan almal daarvan voldoen is nie, maar waar dit

seker is dat aan almal in die toekoms voldoen sal word.

7.4.4.2 Voorwaardelike Regte

Standpunt is reeds ingeneem dat gevestigde regte nie die enigste regte is

waaroor ’n begunstigde kan beskik nie. Tydens die bespreking hierbo is

aangetoon dat alhoewel ’n ooreenkoms199 selfs voorwaardelik en opskortend

is, kontrakspartye steeds oor regte beskik. Alhoewel die inhoud van die

betrokke vorderingsregte kan verskil, bly dit steeds vorderingsregte en behels

dit in dié geval ’n reg op nakoming en eerbiediging van die kontraksterme.200

Wat betref ’n trust mortis causa verkry ’n begunstigde ook ’n persoonlike reg

teen die trustee vir die behoorlike administrasie van trust vanaf die oomblik

waarop die trust ontstaan. 201 In die volgende hoofstuk gaan aangetoon word

dat hierdie voorwaardelike reg inhoudelik ooreenstem met die fidusiêre regte

van veral ’n diskresionêre trustbegunstigde.

197 Van belang vir hierdie studie is egter nou reeds dat Sher aanvaar dat

trustbegunstigdes naas gevestigde regte ook oor ander (voorwaardelike) regte beskik. 198 Cowen 1949 SALJ 406; Strydom 158 e.v. 199 Daar is reeds by herhaling aangetoon dat ‘n truts inter vivos as ‘n ooreenkoms

beskou word. 200 Weens die feit dat die trust inter vivos oor die boeg van ‘n kontrak gegooi word, word

aan die hand gedoen dat hierdie beginsel ook geld vir dié tipe trust - veral dan ook die

diskresionêre trust. Hierdie aspek is ook bespreek in paragraaf 7.3.1.2. 201 Hansen’s Estate v CIR 1956 1 SA 398 (A); CIR v Lazarus’ Estate 1958 1 SA 311 (A)

320 e.v. en SIR v Rosen 1971 1 SA 172 (A) 189.

Page 347: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

318

7.4.5 Regte Voortspruitend uit die Trustkonstruksie

Soos reeds aangetoon,202 word trusts in Suid-Afrika nie net geklassifiseer op

sterkte van die ontstaansbron daarvan nie, 203 maar ook op grond van

vestiging van regte. Veral laasgenoemde klassifikasie speel weer ‘n

belangrike rol as dit kom by die aard en inhoud van die regte voortspruitend

uit trustverbintenisse.

7.4.5.1 Persoonlike Regte

Volgens Coertze204 het ‘n trustbegunstigde, as algemene reël, ‘n ius in

personam teen die trustee. Hy besit nie ‘n ius in re op die trustgoed nie.

Coertze205 wys daarop dat, indien die trustee die trustgoed dus vervreem in

trustbreuk, die begunstigde nie op ‘n ius in re kan steun om die trustgoed van

‘n derde wat in besit daarvan is, op te eis nie. 206 Volgens Swanepoel207

verkry die begunstigde van ’n beding ten behoewe van ’n derde na

aanvaarding beslis nie ‘n ius in re ten opsigte van die trustgoed nie. Vir hom

is die begunstigde se reg soortgelyk aan die reg van ‘n skuldeiser teenoor ‘n

skuldenaar wat in fraudem creditoris vervreem en is dit bloot persoonlike

vorderingsregte teenoor die promittens.

Volgens Olivier208 het ‘n trustbegunstigde by ‘n trust in die engere sin, waar

die eiendomsreg van die trustgoedere in die trustee vestig of waar die trustee

‘n vorderingsreg op die goedere het, ‘n vorderingsreg teen die trustee op

202 Hoofstuk 4 paragraaf 4.3.2. 203 Daar is ook so pas aangetoon dat die ontstaansbron van ‘n trust ‘n belangrike rol

speel by die vraag na die bron van enige regte voortspruitend uit ‘n spesifieke trustfiguur. 204 Coertze 99. 205 Coertze 99. 206 Hy sal gebruik moet maak van die beginsel van die kennisleer soos toegepas op

gevalle van trustbegunstigdes. 207 Swanepoel 78. 208 Olivier 386.

Page 348: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

319

instandhouding van die trust. Olivier merk op dat, indien dit uit die testament

sou blyk dat die begunstigde ‘n vorderingsreg op die trustgoedere het, dit

onwaarskynlik sal wees dat ‘n mens dan te make het met ’n trust in die

engere sin (onthou dat Olivier van Cameron et al en waarskynlik ook van die

howe verskil oor die betekenis van die trust in die engere sin).209 As gevolg

van die uniekheid van die Suid-Afrikaanse sakereg kan dominium van die

trustgoedere nie in die trustee vestig, terwyl die begunstigde tegelykertyd ook

‘n saaklike reg (of soos Olivier dit noem, “’n vorderingsreg op die goedere”)

het nie. Dit is juis omdat daar nie met die “estates”- of “dual ownership”-idee

van die Engelse gewerk word nie.

Honoré 210 beaam die siening dat ’n begunstigde normaalweg ‘n persoonlike

reg teen die trustee het en nie ’n saaklike reg op die trustgoedere nie.

Volgens Cameron et al 2 1 1 kan ‘n trustbegunstigde van ‘n trust waar die

trustee eienaar van die trustbates is, nooit ‘n ius in rem op trustbates vestig

nie, aangesien die trustee steeds die eienaar bly solank die trust bestaan.

Corbett et al 212 is van mening dat ‘n begunstigde van ‘n trust eers ‘n

vorderingsreg ten opsigte van die trustgoedere verwerf as dit uit die trustakte

blyk dat hy, en net hy, onvoorwaardelik die kapitaalvoordeel uit die

trustgoedere moet kry.

Van der Westhuizen213 stel dit dat die begunstigdes in

“… the case of a testamentary trust, only have a personal right against

the trustee from the moment the trust comes into existence”.

209 Hoofstuk 4 paragraaf 4.3.3.1. 210 Honoré The South African Law of Trusts (1976) (2e uitgawe) 396 e.v. 211 Cameron et al 559 e.v. 212 Corbett et al 413. 213 Van der Westhuizen 26.

Page 349: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

320

Stander214 sit die algemene posisie ten opsigte van die begunstigdes se regte

uiteen deur te onderskei tussen die diskresionêre trust 215 en die bewindtrust.

In geval van die diskresionêre trust het die begunstigde volgens Stander slegs

‘n vorderingsreg teen die trustee op instandhouding van die trust. 216 So ‘n

begunstigde het geen saaklike reg ten opsigte van trustbates nie en is verplig

om die saaklike regte van ander daarop te respekteer. As die inhoud van die

trustakte vir die begunstigde ‘n besondere reg soos byvoorbeeld op inkomste

skep, bly die trustees steeds eienaar van die corpus wat tot die inkomste

aanleiding gegee het en ook van die inkomste as sodanig. So ‘n begunstigde

het steeds net ‘n vorderingsreg. ‘n Kapitaalbegunstigde het ook ‘n

persoonlike of vorderingsreg teen die trustee op instandhouding van die trust.

7.4.5.2 Saaklike Regte

‘n Begunstigde van ‘n trust kan volgens Stander eers eienaar van die

trustbates word (‘n saaklike reg verkry) as die trustee nie meer eienaar

daarvan is nie. Hier noem Stander twee voorbeelde naamlik wanneer die

tydstip aangebreek het vir oorhandiging of uitbetaling van trustbates217 of in

die geval van die bewindtrust.

In die geval van die bewindtrust beskik die begunstigde oor eiendomsreg op

trustbates. Hierdie saaklike regte vestig vanaf die ontstaan van die trust en

die trustee is nooit eienaar nie. Die trustee verkry slegs sekere beheer- en

beskikkingsregte oor die bates welke regte die begunstigde se ius in rem

beperk, maar nooit ongedaan maak nie. 218

As Stander egter aanvoer dat “…’n trustbegunstigde onder ‘n diskresionêre

trust verkry voor uitoefening van die diskresie geen regte hoegenaamd nie”

214 Stander 1999 TRW 147. 215 Die tipiese diskresionêre trusts soos in hoofstuk 4 paragraaf 4.3.2.1.1. 216

Dit wil sê nakoming van die trustbepalings. 217

Dies venit dus. 218 Stander 1999 TRW 151.

Page 350: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

321

(as voorbeeld dat dies cedit nog nie aangebreek het nie),219 kan nie

saamgestem word nie. Soos reeds aangetoon, word die mening gehuldig dat

‘n trustbegunstigde sonder regte onbestaanbaar is en ‘n diskresionêre

trustbegunstigde reeds oor ten minste voorwaardelike vorderingsregte220

teenoor die trustee beskik.

By die bewindtrust besit die begunstigde ‘n ius in rem omdat die trustee nie

eienaar van die bates is nie, maar bloot die bates moet administreer. Hierdie

saaklike reg is egter onderworpe aan die bepalings van die trustakte en ook

dit wat in die algemeen oor dies venit gesê is.221

In sekere beslissings is al so ver gegaan dat beslis is dat die regte van ‘n

inkomstebegunstigde, wat ‘n duidelike vorderingsreg op die inkomste van ‘n

trust het, in sekere opsigte soortgelyk is aan ‘n vruggebruik. Alhoewel dit nie

beteken dat daar in die algemeen beweer kan word dat ons trustreg so

ontwikkel het dat die begunstigde saaklike regte het nie, is die praktiese

situasie tog dat dit wel moontlik is om die trustbepalings sodanig in te klee dat

‘n begunstigde in gegewe omstandighede wel ‘n saaklike reg óf ‘n

vorderingsreg kan verwerf.222

C.P. Joubert223 merk op:

“Ons wil die aandag daarop vestig dat die neiging in die Anglo-

Amerikaanse trustreg is om die begrip ‘equitable ownership’ oorboord

te gooi en oor te hel na die begrip saaklike reg wat die aard van die

trustbegunstigde se regte betref. Wat ons eie trustreg betref, is ons

219

Stander 1999 TRW 151. 220 Hierdie aangeleentheid is bespreek onder paragraaf 7.3.1.2. 221 Van der Westhuizen 25. 222 Hiddingh v CIR 1941 AD 111. Ook Joubert “‘n Kritiese beskouing van Honoré se

Opvattings oor ons Trustreg” 1968 THRHR 276. 223 Joubert 1968 THRHR 277.

Page 351: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

322

regspraak alreeds besig om die ‘beneficial interest’ van die

inkomstebegunstigde as ‘n reg van vruggebruik te beskou. Hierdie reg

van vruggebruik verskil van die gewone vruggebruiker se vruggebruik

deurdat die gewone vruggebruiker besit van en beheer oor die res

usufructuaria het terwyl die beheersreg by die trustee berus. Die

regsposisie van die inkomstebegunstigde se reg van vruggebruik stem

derhalwe ooreen met dié vruggebruik wat aangetref word waar ‘n

gemeenregtelike administrateur die res usufructuaria beheer en

administreer. Die aanduidings is daar dat ons trustreg in die rigting

ontwikkel dat die trustbegunstigde wel saaklike regte het.”

Cameron et al 224 merk verder op dat

“in spite of the fairly restricted character of the beneficiary’s rights in

our law in comparison with English law, it is common to speak of the

beneficiary as having the ‘beneficial ownership’ of or a ‘beneficial

interest’ in the trust property, or of the trust property ‘belonging’ to him.

Likewise it is emphasized that the trustee does not have the ‘beneficial

ownership’ or a ‘beneficial interest’ in the trust property.

If the trust beneficiary were no more than an ordinary creditor of the

trustee, there would be no reason to speak of his right in such terms.

The justification for speaking of a beneficiary as a ‘beneficial owner’ or

as having a ‘beneficial interest’ in the trust property comes from the

existence of a trust estate or fund and its partial segregation from the

private assets of the trustee.”

In soverre enige van die bogemelde skrywers enigsins aan die

vorderingsregte van trustbegunstigdes ‘n saaklike kleur wil toedig, kan nie

daarmee saamgestem word nie. Daar is immers reeds hierbo225 aangetoon

224 Cameron et al 579; Honoré 412. 225 Paragrawe 7.2.4 en 7.4.5.2.

Page 352: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

323

dat dit in stryd is met die Suid-Afrikaanse beskouing en in elk geval onnodig

is.

7.4.5.3 Samevatting

Na aanleiding van die ondersoek na die regte van trustbegunstigdes in Suid-

Afrika, maar voor inagneming van enige moontlike fidusiêre regte van

trustbegunstigdes, word aan die hand gedoen dat die regte van

trustbegunstigdes tans soos volg daaruit sien:

(1) Die trustbegunstigdes van ‘n diskresionêre trust mortis causa verkry

vanaf dies cedit en selfs voor uitoefening van ’n diskresie deur die

trustee(s) ‘n (voorwaardelike) vorderingsreg.

(2) Geen trustbegunstigde van ‘n diskresionêre trust inter vivos verkry voor

aanvaarding van voordele enige vorderingsregte nie.226

(3) ‘n Trustbegunstigde van ‘n diskresionêre trust inter vivos verkry na

aanvaarding van die voordele van hul regte en selfs voor uitoefening

van die trustees se diskresie ’n (voorwaardelike) vorderingsreg.

(4) Die trustbegunstigde by die bewindtrust mortis causa verkry saaklike

regte, maar die administrasie en bestuur daarvan word van so ‘n

begunstigde weerhou.

(5) Die trustbegunstigde by die bewindtrust inter vivos het voor

aanvaarding van voordele geen vorderings- of saaklike reg nie.227

226 Geen verbintenis het dan nog ontstaan wat aanleiding tot regte kan gee nie - sien die

howe se interpretasie van die stipulatio alteri in veral hoofstuk 4 paragraaf 4.3.1.2. 227 Geen verbintenis het dan nog ontstaan wat aanleiding tot regte kan gee nie - sien die

howe se interpretasie van die stipulatio alteri in veral hoofstuk 4 paragraaf 4.3.1.2.

Page 353: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

324

(6) Die trustbegunstigde by die bewindtrust inter vivos verkry na

aanvaarding van voordele saaklike regte, maar die administrasie en

bestuur daarvan word van so ‘n begunstigde weerhou.

Word die trustfiguur (en in besonder die regte van trustbegunstigdes) dus

beoordeel slegs op sterkte van die geldende beginsels van die kontraktereg

en die erfreg, blyk dit dat daar inderdaad trustbeguntigdes sonder regte kan

bestaan. 228 Dit is ook in ooreenstemming met die regspraak in Suid-Afrika.

Met so ’n situasie kan nie saamgestem word nie en die aspek word verder

gevoer in hoofstuk 8.

7.4.6 Begunstigdes se Remedies ten opsigte van Regte Voortspruitend

uit Trustverbintenisse

Volgens De Wet229 is een van die eerste regsmiddels waarvan ‘n onskuldige

party by inbreukmaking op sy kontraktuele vorderingsregte gebruik kan maak,

“vervulling”. Hierkragtens sal so ‘n party aksie teen die skuldige party kan

instel om sy verpligtinge na behore na te kom. Soms kan dit egter gebeur dat

‘n onskuldige party nie daadwerklike vervulling kan eis nie en dan moet hy

soms tevrede wees met skadevergoeding as surrogaat van die besondere

prestasie.230 Selfs waar daadwerklike vervulling vereis word, kan addisioneel

daartoe ook nog sodanige skade van die skuldige party geëis word as wat die

onskuldige party gely het.231 ’n Verontregte kontraksparty kan verder ook ’n

aksie instel teen die ander party op grond van verryking.232 Al hierdie aksies

228 Hierdie begunstigdes sluit in alle begunstigdes van trusts inter vivos, voor

aanvaarding, maar kan moontlik ook alle diskresionêre trustbegunstigdes (mortis causa en

inter vivos) insluit indien die standpunt wat hierbo ingeneem is, foutief blyk te wees. Soos

reeds vermeld kan nie met so ‘n situasie saamgestem word nie en kan dit ongewenste

gevolge meebring. 229 De Wet en Van Wyk 176 e.v. 230 De Wet en Van Wyk 177. 231 De Wet en Van Wyk 200 e.v. 232 De Wet en Van Wyk 187 e.v.

Formatted: Bullets andNumbering

Page 354: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

325

is gerig teenoor die ander kontraksparty persoonlik, juis vanweë die inherente

aard van ’n vorderingsreg.

Die reghebbende van ‘n vorderingsreg is egter nie net beperk tot aksies teen

die ander kontraksparty nie, maar kan ook onder sekere omstandighede na

derdes uitgebrei word. In die Suid-Afrikaanse reg geld die beginsels van die

Romeins-Hollandse actio Pauliana en die “kennisleer” nog.233 Hierkragtens

kan van ‘n derde wat bewus was van die bestaan van die vorderingsreg of

wat ‘n saak titulo lucrativo ontvang het, vereis word om die vermoë van die

skuldige kontraksparty weer in die toestand te plaas waarin dit verkeer het

voor die bedrieglike handeling plaasgevind het. Die posisie is dan asof die

saak wat aan die derde vervreem is, nooit die skuldenaar se boedel verlaat

het nie.234

Honoré en Cameron235 som die regsposie van die benadeelde

trustbegunstigde onder hierdie omstandighede soos volg op:

“In our law a trust beneficiary’s right is normally in personam against

the trustee. He may bring an action in delict against a third party. He

cannot claim delivery of the property unless he was entitled … to the

delivery of the trust property in specie … and the acquirer has notice …

or took by lucrative title viz gratuitously. The English doctrine of

following trust property is no part of our law.”

233 Van der Merwe en Olivier Die Onregmatige Daad in die Suid-Afrikaanse Reg (1989)

(6e uitgawe) 259 e.v. 234 Van der Merwe en Olivier 259 e.v. Die skrywers toon op 280 aan dat beide die actio

Pauliana en kennisleer as selfstandige aksies tans oorbodig is en dat dieselfde resultate

hedendaags deur middel van die interdik en die lex Aquila bereik kan word. Dit is nie die doel

van hierdie verhandeling om in hierdie polemiek betrokke te raak nie. Die doel is slegs om

aan te toon dat ook in die geval van blote vorderingsregte beskerming bestaan teen sekere

derde partye. In parafraaf 7.2.3 is ook hierna verwys. 235 Honoré en Cameron Honoré’s South African Law of Trusts (1992) (4e uitgawe) 491

e.v.

Page 355: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

326

In terme van die bepalings van die Wet op die Beheer van Trustgoed236 vorm

trustbates nie deel van ‘n trustee se eie boedel nie. Indien ‘n trustee se

privaatboedel gesekwestreer sou word, is die trustbates en dus die

trustkrediteure en -begunstigdes beskerm.237 Een uitsondering is waar die

trustbates met die trustee se privaatbates vermeng word, byvoorbeeld in ‘n

bankrekening. Alhoewel Stander2 3 8 daarop wys dat die posisie in die Suid-

Afrikaanse reg nog onbeslis is, doen sy aan die hand dat in so ‘n geval privaat

skuldeisers en trust skuldeisers (wat begunstigdes insluit) almal proporsioneel

tot die netto balans van so ‘n fonds sou moet eis. Die trustbegunstigdes se

beskerming in so ‘n geval is dus slegs gedeeltelik.239 Daar moet ontho u word

dat dit heeltemal toelaatbaar is in die Suid-Afrikaanse reg om ‘n mondelingse

trust op te rig. Hierdie tipe trust val dan nie onder die bepalings van die Wet

op Beheer van Trustgoed nie.240 Volgens Corbett sal die gemenereg dan

geld en die regsposisie daarkragtens is onduidelik. Een siening is dat,

aangesien trustgoedere gemeenregtelik vestig in die trustee, sodanige

goedere deel behoort uit te maak van die trustee se insolvente boedel, met

slegs ‘n moontlike vorderingsreg op die oorskot ten gunste van

trustbegunstigdes. ‘n Ander siening is egter dat ‘n trustee gemeenregtelik

twee boedels besit het, 241 waarvan die trustboedel apart en buite die hande

van sy privaat skuldeisers geval het. Die feit dat die Suid-Afrikaanse howe

toelaat dat ‘n trustboedel gesekwestreer kan word, 242 is waarskynlik steun vir

die laasgenoemde standpunt.

236 Artikel 12 van die Wet op die Beheer van Trustgoed 57 van 1988. 237 Stander 1999 TRW 153. 238 Stander 1999 TRW 154. 239 Hou egter in gedagte dat aangedring mag word op sekerheidstelling deur trustees in

terme van die Wet op die Beheer oor Trustgoed 57 van 1988 wat trustbegunstigdes se

posisie aansienlik kan versterk en verbeter. 240 Corbett “Trust Law in the 90’s” 1993 THRHR 268. 241 Hierdie situasie stem ooreen met die patrimonium-gedagte in die Skotse reg. 242 Magnum Financial Holdings (Pty) Ltd (In Liquidation) v Summerly 1984 1 SA 160 (W).

Page 356: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

327

In geval van sekwestrasie van ‘n trust243 verkry trustskuldeisers voorkeur bo

begunstigdes ten opsigte van die opbrengs van trustbates.244 Een

uitsondering op hierdie algemene reël is egter waar die skuldeiser sy eis

verkry het uit die verbreking van trust en die eiser óf daarvan bewus was óf

onvoldoende waarde vir die betrokke skuld gegee het.

Soos reeds aangetoon, kan ‘n trustbegunstigde ook beskik oor ‘n saaklike

reg. Dit vind veral plaas in gevalle van die sogenaamde bewindtrust en ook in

geval van die diskresionêre trust waar dies cedit en dies venit reeds

aangebreek het.

Saaklike regte kan met tipiese saaklike remedies beskerm word. 245 In hierdie

geval is die objek van die remedies alle derde partye, insluitend die trustee.246

Seker die mees algemene remedie waaroor die saaklik geregtigde beskik, is

die rei vindicatio. Hierkragtens kan die eienaar sy saak direk uit die beheer

van enige derde opvorder, ongeag of die derde te goeder trou en teen óf

sonder vergoeding in beheer van die saak gekom het. Die eienaar hoef hom

dus nie tot sy kontraksparty alleen te wend om van hierdie remedie gebruik te

maak nie. Verdere remedies wat ‘n saaklik geregtigde ter beskikking is, is

onder andere die Mandament van Spolie, die actio negatoria, die interdik en

die actio ad exhibendum.247

Daar is nou aangetoon dat omdat die trust mortis causa en die trust inter

vivos geskoei is op die beginsels van die erf- en die verbintenisreg daar soms

vorderingsregte en soms saaklike regte kan vestig ten gunste van

trustbegunstigdes wat op spesifieke wyse beskerm kan word. Daar is ook

bevind dat sekere trustbegunstigdes geen regte uit die trust as

243 ‘n Trust kan ‘n skuldenaar in die gewone sin van die woord wees. Dit kan skuld

aangaan, bates hou, ens. Sien Stander 1999 TRW 158 e.v. 244 Stander 1999 TRW 158. 245 Sonnekus en Neels 100 e.v. 246 Paragrawe 7.2.3. en 7.2.4. 247 Sonnekus en Neels 100 e.v.

Page 357: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

328

verbintenisskeppende instrument opdoen nie. Hier word ve ral gedink aan alle

trustbeguntigdes van ’n trust inter vivos waar geen aanvaarding van voordele

nog plaasgevind het nie en moontlik ook diskresionêre trusts (inter vivos en

mortis causa) waar begunstigdes moontlik nog nie eens oor ’n voorwaardelike

reg beskik nie. 248 Verreweg die meeste trusts in Suid-Afrika val binne een of

meer van hierdie tipe trustgroeperinge. Hierdie aspek wek kommer omdat

reeds standpunt ingeneem is dat trustbegunstigdes sonder regte

onbestaanbaar is en dit ’n groot invloed kan uitoefen op die trustreg in Suid-

Afrika. Die vraag wat nou ondersoek moet word is of trustbegunstigdes nie

moontlik elders regte kan opdoen soos, byvoorbeeld uit die

vertrouensverhouding wat na trustoprigting ontstaan nie. Hierdie aspek

geniet verdere aandag in hoofstuk 8.

248 Indien die standpunt wat in hierdie hoofstuk ingeneem is dat diskresionêre

trustbegunstigdes oor voorwaardelike regte beskik, moontlik verkeerd is.

Page 358: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

329

HOOFSTUK 8

DIE AARD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE VOORTSPRUITEND

UIT ’N FIDUSIÊRE VERHOUDING VOLGENS DIE

SUID-AFRIKAANSE REG

8.1 INLEIDING .................................................................................................330

8.2 DIE BESTAAN EN INHOUD VAN

VERTROUENSVERHOUDINGS .....................................................................332

8.2.1 Verteenwoordigingsreg .....................................................................332

8.2.2 Vennootskapsreg ...............................................................................336

8.2.3 Kontraktereg........................................................................................339

8.2.4 Maatskappyereg .................................................................................343

8.2.5 Samevatting ........................................................................................348

8.3 DIE ERKENNING VAN FIDUSIÊRE

VERHOUDINGS IN DIE SUID -AFRIKAANSE TRUSTREG .......................350

8.4 DIE BEGUNSTIGDE VAN DIE FIDUSIÊRE

VERHOUDING IN DIE SUID-AFRIKAANSE TRUSTREG..........................354

8.5 DIE AARD EN INHOUD VAN FIDUSIÊRE

REGTE VOORTSPRUITEND UIT DIE TRUSTREG....................................357

8.6 BEGUNSTIGDES SE REMEDIES VOORTSPRUITEND UIT

FIDUSIÊRE VERHOUDINGS EN DIE GRONDSLAG DAARVAN.............364

8.7 DIE HOWE SE STANDPUNT EN FIDUSIÊRE REGTE .....................370

8.8 SAMEVATTING.........................................................................................382

Page 359: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

330

8.1 INLEIDING

Die idee van ‘n fidusiêre verhouding 1 tussen sekere partye, onder sekere

omstandighede en waaruit regte en verpligtinge ex lege voortspruit, is

wêreldwyd bekend en aanvaar.2 Hierdie idee spruit histories voort uit die

Engelse reg en oorspronklik uit die Engelse trustreg. Fidusiêre verhoudings

was ook nie vreemd aan die Romeinse reg nie. In die Romeinse reg kan dié

beginsel teruggespeur word na die vereiste van bona fides en dit het ook

oorgespoel na die Romeins-Hollandse reg.3 Die beginsel van

vertrouensverhoudings/fidusiêre verhoudings word hedendaags aangetref

binne verskeie regsverhoudings soos, byvoorbeeld versekeringskontrakte,

vennootskappe, verteenwoordiging en maatskappye.4

Om die begrip “fidusiêr” te definieer is nie maklik nie. So wys Shepherd5

daarop dat:

“Courts and academics have used a number of tools to evade definition

of the term ‘fiduciary’. Some have come right out and stated that

attempts at a definition are unwise or inappropriate, although, sadly,

they have rarely presented the philosophical arguments in favour of

this position, much less tested them for validity. Another avoidance

technique has been to concentrate on the open-ended nature of the

fiduciary concept, in the process necessarily rejecting all potential

definitions … It is no wonder, then, that this vague concept we call a

‘fiduciary’ has never been successfully defined or analysed.”

1 Die terme “fidusiêre verhouding” en “vertrouensverhouding” word in hierdie

verhandeling as sinonieme gebruik. 2 In al die regsjurisdiksies wat ondersoek is, blyk dit dat begrippe soos

“vertrouensverhouding”, “fidusiêre verhouding” en “position of trust” aan dié jurisdiksies

bekend is en toegepas word. 3 Havenga Fiduciary Duties of Company Directors with Specific Regard to Corporate

Opportunities (LLD-proefskrif 1995 Unisa) 21. 4 Havenga 7 e.v. 5 Shepherd The Law of Fiduciaries (1981) 1.

Page 360: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

331

In die Amerikaanse reg word die betekenis en omvang van dié begrip

tuisgebring en geïllustreer onder ‘n lang lys moontlikhede wat die trustees se

“duty of loyalty” genoem word.6

Havenga7 wys daarop dat die meeste fidusiêre verhoudings duidelike

ooreenkomste toon. Volgens Havenga8 word twee algemene karaktertrekke

in ‘n verhouding vereis alvorens dit as ‘n fidusiêre verhouding beskou kan

word, naamlik;

(1) die vertrouenspersoon moet beskik oor ‘n diskresie of magte;

(2) die vertrouenspersoon moet in staat wees om sodanige magte

eensydiglik te kan uitoefen op sodanige wyse dat dit die begunstigde

se regte kan aantas.

As die algemene karaktertrekke waarna Havenga verwys, gesien kan word as

wesenskenmerke van ’n fidusiêre verhouding, is dit duidelik dat daar heelwat

regsfigure in die Suid-Afrikaanse reg bestaan wat op sterkte van sodanige

wesenskenmerke fidusiêre verhoudings daarstel. Figure wat dadelik na vore

kan tree is verteenwoordiging, die vennootskap, die maatskappy en natuurlik

die trust. Die vraag wat nou ondersoek moet word, is of hierdie figure

inderdaad deur die Suid-Afrikaanse reg erken word as figure wat aanleiding

gee tot fidusiêre verhoudings en, indien wel, of daar ooreenkomste tussen die

figure bestaan waaruit afleidings gemaak kan word, veral ten opsigte van die

aard en inhoud van die regte en verpligtinge wat uit sulke verhoudings

voortspruit.

6 Olivier Trustreg en Praktyk (1989) 2 e.v. 7 Havenga 8. 8 Havenga 9 e.v.

Page 361: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

332

8.2 DIE BESTAAN EN INHOUD VAN VERTROUENSVERHOUDINGS

Hier gaan nie gepoog word om ‘n ondersoek te loods na die bestaan van alle

moontlike fidusiêre verhoudings in die Suid-Afrikaanse reg nie. Die doel van

hierdie ondersoek is slegs om stil te staan by sommige van hierdie

verhoudings in ‘n poging om vas te stel hoe ander vakdissiplines dié

onderwerp hanteer en welke inhoud daaraan verleen word. Die moontlikheid

bestaan dat gemeenskaplike faktore gevind mag word wat ook toepassing

kan vind by die trustreg.9

8.2.1 Verteenwoordigingsreg

Soos reeds aangetoon in hoofstuk 210 was die beginsel van

verteenwoordiging aan die gemenereg bekend. Van Jaarsveld 11 merk egter

op dat die invloed van die Engelse reg op die ontwikkeling van dié regsfiguur

in Suid-Afrika nie uit die oog verloor moet word nie.

Verteenwoordiging kan omskryf word as die algemene regsituasie waar een

persoon (die verteenwoordiger) kragtens volmag (voortvloeiend uit ‘n

lasgewingskontrak, ‘n dienskontrak, ratifikasie of regswerking12) regs-

handelinge namens ‘n ander persoon (die prinsipaal) verrig sodat slegs

9 Dit is ‘n feit dat vertrouensverhoudings ten minste aanvanklik uit die trustreg ontwikkel

het. Du Plessis ”Direkteure se Vertrouenspligte en die Grondslag van Aanspreeklikheid vir

die Verbreking daarvan” 1993 THRHR 15 wys daarop dat onveranderde trustbeginsels

gedurende die 18e en 19e eeue toegepas is op verskeie vertrouensbekleërs en dat trustee-

analogie bykans onveranderd aanwending begin vind het binne die verhouding tussen,

byvoorbeeld, direkteur en maatskappy. 10 Paragraaf 2.5.5. 11 Van Jaarsveld in Suid-Afrikaanse Handelsreg (red. Van Jaarsveld) (1988) (3e

uitgawe) (Vol. 1) 208. 12 Verskillende ontstaansbronne net soos, byvoorbeeld by die trustfiguur.

Page 362: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

333

laasgenoemde en die derde persoon die regte en verpligtinge wat daaruit

voortvloei, verkry.13 Vir ‘n geldige verteenwoordigingshandeling word vereis,

wilsooreenstemming, handelingsbevoegdheid, juridiese en fisiese

uitvoerbaarheid, ‘n geldige volmag en nakoming van spesifieke formaliteite

waar dit van regsweë vir ‘n spesifieke verhouding voorgeskryf word.14 So ‘n

verhouding kan dus soms selfs mondelings ontstaan. Volgens Kerr15 is die

onderskeid tussen ‘n verteenwoordiger en iemand wat bloot een of ander taak

vir ‘n ander verrig, onder andere juis daarin geleë dat, in die geval van

verteenwoordiging, die verteenwoordiger die reg het om ‘n diskresie namens

sy prinsipaal te kan uitoefen en altyd die verpligting het om in belang van sy

prinsipaal op te tree. Die algemene kenmerke soos deur Havenga16 gestel vir

‘n vertrouensverhouding is duidelik te bespeur in hierdie regsfiguur, naamlik ‘n

verteenwoordiger met magte en ‘n diskresie en ook die potensiaal om die

prinsipaal se regte aan te tas. Gesien vanuit die oogpunt van die

verteenwoordiger behels hierdie verhouding dat die verteenwoordiger

“while holding his position of trust and confidence, prefer the interest of

his principal even to his own in a case of conflict, and to his skill,

dilligence, and zeal must be added the utmost faith”.17

Coaker en Zeffertt18 merk op dat “(t)he contract of agency is one demanding

the utmost good faith between principal and agent”. Dieselfde skrywers toon

13 Van Jaarsveld 208 en 209; Van Jaarsveld in Nagel et al Kommersiële Reg (2000) (2e

uitgawe) 156. (Van Jaarsveld huldig die standpunt dat so ‘n verhouding ook uit estoppel kan

voortspruit. Alhoewel nie ter sake vir doeleindes van hierdie navorsing nie, dien tog daarop

gelet te word dat hierdie standpunt klaarblyklik verkeerd is. Estoppel is bloot ‘n oënskynlike

volmag en nie ‘n bron van ‘n verteenwoordigingsverhouding nie.) 14 Van Jaarsveld 209 en 210. 15 Kerr The Law of Agency (1972) 1 e.v. 16 Havenga 9. 17 Regter Mason in Transvaal Cold Storage Co Ltd v Palmer 1904 TS 4 33. 18 Coaker en Zeffertt (reds.) Wille and Millin’s Mercantile Law of South Africa (1984)

(18e uitgawe) 495.

Page 363: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

334

ook aan dat die verteenwoordiger verplig is om sy prinsipaal se bates apart te

hou van sy eie bates.19

Uit hierdie aanhalings blyk dit dat twee primêre vereistes gestel word wat

betref die verhouding tussen prinsipaal en verteenwoordiger, naamlik;

(1) vermy konflik tussen eie en die prinsipaal se belange en

(2) goeie trou of dan bona fides te alle tye.

Die verhouding tussen prinsipaal en verteenwoordiger is dus een van goeie

trou.20 De Wet en Van Wyk21 noem dit ‘n verhouding van vertroue wat

meebring dat die belange van die prinsipaal en nie eie belang nie, voorop

gestel moet word. Hierdie vertrouensverhouding het waarskynlik sy

oorsprong uit die Engelse reg,22 maar Kerr23 verwys tog ook na skrywers soos

Van Leeuwen en Pothier, waar hy aantoon dat die verteenwoordiger sy

mandaat moet uitoefen met ywer en te goeder trou. Uit Kerr24 se behandeling

van hierdie aspek, blyk dat daar uit die verhouding tussen prinsipaal en

verteenwoordiger, as teenpool van die verteenwoordiger se troupligte, ook vir

die prinsipaal regte voortspruit om van die verteenwoordiger te eis dat hy sy

pligte na behore nakom. Coaker en Zeffertt25 wys in die verband daarop dat

“(t)he principal is, therefore, entitled to the fullest confidence of the agent …”.

Wanneer De Wet en Van Wyk 26 die beginsel van lasgewing 27 ondersoek,

19 Coaker en Zeffertt 494. 20 Van Jaarsveld in Nagel et al 180 e.v. 21 De Wet en Van Wyk De Wet en Yeats Die Suid-Afrikaanse Kontrakte en Handelsreg

(1978) (4e uitgawe) 341. 22 Joubert Die Suid-Afrikaanse Verteenwoordigingsreg (1979) 215. 23 Kerr 122. 24 Kerr 122. 25 Coaker en Zeffertt 495. 26 De Wet en Van Wyk 341. 27 Een van die wyses waaruit ‘n verteenwoordigingsverhouding kan voortspruit, soos

hierbo aangetoon.

Page 364: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

335

merk hulle op dat lasgewing vir die lashebber en lasgewer regte en

verpligtinge skep.

In paragraaf 8.1 hierbo is aangetoon dat die beginsel van vertrouens-

verhoudings bekend was aan die Romeins-Hollandse reg. Daar is ook reeds

aangetoon dat verteenwoordigingsreg in Suid-Afrika waarskynlik beïnvloed is

deur die Engelse reg. In hoofstuk 3 en 6 is aangetoon hoe die beginsel van

fidusiêre verhoudings uit equity ontwikkel het, juis om die regte van begun-

stigdes van vertrouensverhoudings te beskerm en dat dit hedendaags ’n

universele verskynsel is.28 Uit die voorgaande blyk dat verteenwoordiging,

soos hedendaags in Suid-Afrika toegepas, nie net ’n verskyningsvorm van

sodanige fidusiêre verhoudings is nie, maar ook aanleiding gee tot die

ontstaan van verpligtinge en regte as teenpool daarvan.

Verteenwoordiging kom dikwels voor in die alledaagse Suid-Afrikaanse

regsverkeer en vind onder andere toepassing waar eiendomsagente

aangestel word, waar van makelaars gebruik gemaak word, waar kurators

aangestel word vir geestesongesteldes en minderjariges, waar aan iemand

kragtens volmag die mag verleen word om namens ‘n ander op te tree en nog

vele meer.

Die besondere verhouding tussen prinsipaal en verteenwoordiger kan

voortspruit uit verskillende ontstaanbronne,29 soos byvoorbeeld ‘n

lasgewingskontrak, ‘n dienskontrak, ratifikasie of regswerking, en dit ontstaan

sodra die spesifieke verbintenis regsgeldig tot stand kom.30 Sodra die

verhouding egter ontstaan het (uit welke bron ook al en hetsy skriftelik of

28 Hierdie aspek is onlangs weer benadruk in Land and Agricultural Bank of South

Africa v Parker 2005 2 SA 77 (SCA) 86F. 29 Soos ook by die trustfiguur. 30 Van Jaarsveld 209 e.v.; Van Jaarsveld in Nagel et al 157 en 174. Hiermee word

bedoel dat die geldigheidsvereistes van die ontstaanbron nagekom is, soos byvoorbeeld

wilsooreenstemming, handelingsbevoegdheid, juridies en fisiese uitvoerbaarheid en

spesifieke formaliteite soos opskrifstelling, waar dit regtens of as formailiteit deur die partye

vereis mag wees.

Page 365: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

336

mondelings), spruit die plig van die verteenwoordiger om te goeder trou en

met ywer op te tree ex lege voort en wel in terme van die algemene beginsel,

soos gestel deur regter Milne in Bloom’s Woollens (Pty) Ltd v Taylor,31

naamlik:

“(I)n the course of time the law has implied into every contract of

agency an undertaking by the agent that he will act with the care and

diligence of the ordinary prudent man when he engages upon his

principal’s business …”

In vorige hoofstukke is aangetoon dat die trustverhouding (met die regte

daaruit voortspruitend) in die ander regsjurisdiksies wat ondersoek is, op ‘n

vertrouensverhouding gebaseer is en dat die spesifieke regte en verpligtinge

wat uit so ‘n verhouding spruit ex lege volg sodra die verhouding ontstaan. By

verteenwoordiging in die Suid-Afrikaanse reg, geld dié beginsel ook. Sodra ‘n

lasgewingsverhouding dus ontstaan, word die vertrouensverhouding wat

daaruit voortspruit, verder ex lege gereguleer in ooreenstemming met die

algemene beginsels soos neergelê deur regter Milne.32 Nadat die

vertrouensverhouding ontstaan het, verskuif die ontstaansbron as ‘t ware na

die agtergrond en word die inhoud van die fidusiêre vorderingsreg en dus die

regte en verpligtinge wat daaruit voortspruit, bepaal aan die hand van die boni

mores van die bepaalde gemeenskap.33

8.2.2 Vennootskapsreg

Volgens die Suid-Afrikaanse reg is ‘n vennootskap ‘n vereniging van twee of

meer persone, maar behoudens enkele uitsonderings, nie meer as twintig nie,

wat kontraktueel teenoor mekaar gebonde is om ‘n gesamentlike besigheid

met winsbejag as hoofdoelstelling te dryf, die afgewerpte wins onder almal te

verdeel, terwyl elke vennoot geld, goedere of dienste in ‘n gesamentlike

31 Bloom’s Woollens (Pty) Ltd v Taylor 1961 3 SA 248 (N) 253 - 254. (My onder-

streping). 32 Bloom’s Woollens (Pty) Ltd v Taylor 1961 3 SA 248 (N) 253 - 254. 33 Havenga 340. Sien ook in dié verband paragrawe 8.2.2 tot 8.2.4 hierna.

Page 366: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

337

vennootskapsvermoë moet inbring wat tot die beskikking van en onderhewig

aan die risiko van die onderneming gestel word.34 ‘n Vennootskap kom as

gevolg van kontraksluiting tussen die vennote tot stand en mits aan al die

normale vereistes wat vir die totstandkoming van ‘n geldige kontrak vereis

word, voldoen is.35 Die kontrak kan skriftelik of mondelings wees of selfs

stilswyend.36

Soos reeds in hoofstuk 237 aangetoon, is die Suid-Afrikaanse

vennootskapsreg van bykans suiwer gemeenregtelike oorsprong, maar

wesentlik deur onder andere die Engelse reg beïnvloed. In Wegner v

Surgeson38 wys regter Wessels daarop dat die verhouding wat voortspruit uit

‘n vennootskapsooreenkoms, een is van uberrimae fides. Wanneer regter

Wessels na die onderlinge verhouding tussen vennote verwys, stel hy dit

gelyk aan die verhouding wat tussen broers behoort te geld. Volgens

Bamford39 word ook nie bloot goeie trou vereis nie, maar inderdaad uberrimae

fides of dan die hoogste mate van goeie trou tussen die betrokke partye.40

Ook in die Suid-Afrikaanse vennootskapsreg word erkenning dus verleen aan

die beginsel van goeie trou tussen vennote en het hierdie vertrouens-

verhouding sy oorsprong in die feit dat verskillende vennote namens andere 34 Du Plessis in Suid-Afrikaanse Handelsreg (red. Oosthuizen ) (1988) (3e uitgawe)

(Vol. 2) 250. 35 Du Plessis 250. Byvoorbeeld handelingsbevoegdheid en wilsooreenstemming.

Hierdie situasie herinner sterk aan die totstandkoming van ’n trust inter vivos. 36 Du Plessis 251. 37 Paragraaf 2.5.6. 38 Wegner v Surgeson 1910 TPD 571 579. Na hierdie beslissing is ook met

goedkeuring verwys in onder andere Latham v Sher 1974 4 SA 687 (W). Sien ook Purdon v

Muller 1961 2 SA 211 (A); Versluis v Greenblatt 1973 2 SA 271 (NK). 39 Bamford Bamford on the Law of Partnership and Voluntary Association in South

Africa (1982) 31. 40 Ook in die versekeringsreg en veral versekeringskontrakte is tradisioneel die hoogste

goeie trou (uberrimae fides) tussen die partye vereis. Die meerderheid uitspraak in Mutual

and Federal Insurance Co v Oudtshoorn Municipality 1985 1 SA 419 (A) het egter hieraan ‘n

einde gemaak. In hierdie uitspraak toon appèlregter Joubert (432B -C) aan dat volgens

Romeinse reg slegs tussen goeie en kwade trou onderskei is. Grade van goeie trou is dus

onbestaanbaar.

Page 367: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

338

handel en dus beskik oor ‘n diskresie of magte wat so ’n vennoot in staat stel

om sy magte eensydiglik uit te oefen op sodanige wyse dat dit die ander

vennoot(e) se regte kan beïnvloed.41 De Wet en Van Wyk 42 stel weer die

onderlinge verhouding tussen vennote, wat betref hulle trou en

sorgsaamheidspligte gelyk aan dié van ‘n verteenwoordiger en prinsipaal, in

geval van ‘n lasgewingsooreenkoms, of selfs direkteure van ‘n maatskappy.

Volgens Bamford43 is die begunstigde van hierdie vertrouensverhouding elke

vennoot se mede-vennote. Sodra ’n vennootskapsverhouding dus ontstaan,44

spruit daaruit, deur regswerking, ’n vertrouensverhouding voort tussen die

vennote wat aan die vennote nie net ’n verpligting tot goeie trou oplê teenoor

die ander vennote nie, maar ook ’n reg om dit van die ander vennote te

vereis.45 Nie net geld hierdie regte en verpligtinge tydens die bestaan van die

vennootskap nie, maar ook reeds vanaf die aanknoop van onderhandelinge

om ‘n vennootskap op te rig en dit duur na ontbinding voort totdat die

likwidasie proses ten volle afgehandel is.46

Die inhoud van hierdie regte en verpligtinge behels weereens die verpligting

om ‘n botsing van belange te vermy47 en om altyd te goeder trou op te tree.48

Belangrik vir die onderhawige navorsing is verder die feit dat, ook by

vennootskapsreg, gevind word dat enersyds ’n verbintenis kontraktueel

ontstaan, maar dan na ontstaan van die verbintenis, daar as gevolg van die

verbintenis, deur regswerking, ’n verhouding tussen die kontrakspartye

voortspruit en voortduur wat nie noodwendig aan die hand van die

verbintenisskeppende dokument beoordeel moet word nie, maar beslis aan

41 Weereens is Havenga se twee wesensvereistes vir ‘n fidusiêre verhouding dus

teenwoordig. 42 De Wet en Van Wyk 397. 43 Bamford 31. 44 Deur middel van ‘n geldige kontrak, soos reeds aangetoon. 45 Weereens behels hierdie trouplig in wese nie net die openbaring van goeie trou nie,

maar ook die vermyding van belange botsings. 46 Du Plessis 272. 47 Du Plessis 272. 48 Bamford 31 e.v.

Page 368: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

339

die hand van die algemene beginsels van goeie trou. Ook by die

vennootskap is dit dus normaal dat ’n verbintenis ex contractu ontstaan, maar

dat die vertrouensverhouding wat daaruit ontstaan verder ex lege beoordeel

word, ook wat betref die aard en inhoud van die regte en verpligtinge daaruit

voortspruitend.

8.2.3 Kontraktereg

In die Suid-Afrikaanse kontraktereg word tans gevind dat al meer en meer

klem geplaas word op die beginsel van bona fides tussen kontrakspartye.49

Volgens Van der Merwe et al50 dui die beslissing in Bank of Lisbon and South

Africa Ltd v De Ornelas51 nog nie op ’n duidelike erkenning van ’n algemene

beginsel van bona fides by kontrakte in die Suid-Afrikaanse reg nie, maar

hulle wys tog daarop dat bona fides, of dan goeie trou, as algemene

kontrakregtelike konsep gepas is. In dié verband merk hulle op:52

49 Pretorius “Individualism, Collectivism and the Limits of Good Faith” 2003 THRHR

643; Janse van Rensburg v Grieve Trust CC 2000 1 SA 315 (C) 325; Mort v Henry Shields-

Chiat 2001 1 SA 464 (C) 474 - 475; Miller v Dannecker 2001 1 SA 928 (C) 938 en appèlregter

Olivier in Eerste Nasionale Bank van Suidelike Afrika Bpk v Saayman 1997 4 SA 302 (HHA),

wat net hierna meer volledig aangehaal word. In Brisley v Drotsky 2002 4 SA 1 (SCA) 15E

e.v. het die meerderheidsuitspraak dit duidelik gemaak dat hierdie aspek met groot

omsigtigheid hanteer moet word en tans nie verhef moet word tot ‘n onafhanklike grond vir

tersydestelling van ‘n ooreenkoms nie - die beginsel dat goeie trou, billikheid, redelikheid en

geregtigheid steeds onderliggend is aan die Suid-Afrikaanse kontraktereg is egter erken en

aanvaar. Sien ook Afrox Healthcare Bpk v Strydom 2002 6 SA 21 (SCA) 40I - 41B waar

dieselfde standpunt ingeneem is. 50 Van der Merwe, Van Huysteen, Reinecke, Lubbe en Lotz Kontraktereg Algemene

Beginsels (1994) 235 e.v. Let daarop dat die beslissing in Eerste Nasionale Bank van

Suidelike Afrika Bpk v Saayman 1997 4 SA 302 (HHA) gelewer is na publikasie van hierdie

boek. Sien appèlregter Olivier se standpunt net hierna. 51 Bank of Lisbon and South Africa Ltd v De Ornelas 1988 3 SA 580 (A). 52 Van der Merwe et al 296.

Page 369: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

340

“All told, the conservative approach of the supreme court of appeal is

understandable and favours immediate certainty in the law. However,

in a living and virile system of law, neither the courts nor the legislator

can disregard the need that, at least in marginal circumstances, the law

of contract, too, must be experienced as effecting fairness in respect of

a contract that is eventually found not to effect fairness towards both

contractants …”53

Lubbe en Murray54 se standpunt is dat daar goeie rede bestaan vir die

toepassing van die beginsels van bona fides by alle ooreenkomste. Belangrik

is hulle opmerking dat die verpligting om bona fide op te tree deur onder

andere nie die kontrak te repudieer nie, as teenpool ‘n reg het om te verwag

dat ‘n ander party so sal optree. Die skrywers wys verder daarop dat hierdie

reg en plig ex lege voortspruit uit die algemene beginsel van goeie trou en

dus ná ontstaan, nie beheer word deur die inhoud van die kontrak

(ontstaansbron) nie.55

Wanneer Zimmermann56 hierdie aangeleentheid onder die loep neem, wys hy

daarop dat alhoewel die Suid-Afrikaanse regstelsel aansienlik deur die

Engelse common law beïnvloed is, die Engelse onderskeid tussen

geregshowe en billikheidshowe nooit oorgeneem is nie. Tog, so meld hierdie

skrywer verder, het hierdie benadering meegebring dat aanvaar was dat die

Appèlhof van Suid-Afrika nie net ‘n suiwer geregshof was nie, maar ook

billikheid in oorweging moes neem - solank dit egter net nooit in stryd was met

die beginsels van die Romeins-Hollandse reg wat hier te lande die

53 As hierdie beginsel voorgestaan word ten opsigte van kontraktereg waar beide

kontrakspartye ten minste min of meer op gelyke voet verkeer, hoeveel te meer geld dit nie in

die ongelyke verhouding tussen byvoorbeeld trustee en begunstigde nie! 54 Lubbe en Murray Farlam and Hathaway Contract, Cases, Materials and Commentary

(1988) (3e uitgawe) 474 e.v. 55 Lubbe en Murray 474. 56 Zimmermann “Good Faith and Equity” in Southern Cross Civil Law and Common Law

in South Africa (reds. Zimmermann en Visser) (1996) 217 e.v.

Page 370: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

341

gemenereg gevorm het nie.57 Zimmermann gaan verder en toon aan dat

laasgenoemde vereiste nie problematies is nie omrede die Romeins-

Hollandse reg in elk geval inherent billik was. Hy wys daarop dat die

algemene beginsel van goeie trou by kontraksluiting in die Romeins-

Hollandse reg as billikheidsbeginsel erkenning geniet het en doen aan die

hand dat dit ook die geval in Suid-Afrika behoort te wees.

In Eerste Nasionale Bank van Suidelike Afrika Bpk v Saayman58 het

appèlregter Olivier aangevoer dat die bona fide-beginsel waardevol en

belangrik is en dat dit deel behoort te wees van die beginsels en reëls van die

kontraktereg. Hy doen aan die hand dat dit ‘n normkompleks is wat van geval

tot geval gepositiveer moet word ten einde die openbare belang en

geregtigheid te verwesentlik. Vir Olivier is dit belangrik dat erkenning van

hierdie beginsel in lyn moet wees met dit wat die openbare belang vereis -

wat volgens Olivier die toepassing van die beginsels van goeie trou by

kontraktereg is. Verskeie ander juriste deel die siening dat bona fides as ’n

basiese beginsel in die Suid-Afrikaanse kontraktereg, meer aandag moet

kry.59

Volgens appèlregter Olivier60 beteken die beslissing in Bank of Lisbon and

South Africa Ltd v De Ornelas61 nie die einde van die bona fide-beginsel of die

rol wat die openbare belang in kontraktereg speel nie. Olivier huldig die

standpunt dat die verwerping deur die hof van die exceptio doli-generalis-

beginsel in die Suid-Afrikaanse reg ‘n logiese stap was. In die verband wys

hy daarop dat:62

57 Zimmermann 217. 58 Eerste Nasionale Bank van Suidelike Afrika Bpk v Saayman 1997 4 SA 302 (HHA)

319 e.v. 59 Byvoorbeeld Neels “Die Aanvullende en Beperkende Werking van Redelikheid en

Billikheid in die Kontraktereg” 1999 TSAR 684; Hawthorne “The End of Bona Fides” 2003 SA

Mercantile Law Journal 271 e.v. en Pretorius “Individualism, Collectivism and the Limits of

Good Faith” 2003 THRHR 638 e.v. 60 Eerste Nasionale Bank van Suidelike Afrika Bpk v Saayman hierbo 318 e.v. 61 Bank of Lisbon and South Africa Ltd v De Ornelas hierbo. 62 Eerste Nasionale Bank van Suidelike Afrika Bpk v Saayman hierbo 323D e.v.

Page 371: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

342

“As mens die breë, dinamiese werking van die bona fide-beginsel

aanvaar, dan volg dit eintlik vanselfsprekend dat die exceptio doli-

generalis by daardie naam en as ‘n spesifieke beperkte verweer wat

nou juis gepleit moet word, oorbodig is.”

Appèlregter Olivier63 huldig die standpunt dat die funksie van die bona fide-

begrip, wat hy gelykstel met die beginsel van goeie trou, eenvoudig is om

gemeenskapsopvattings ten aansien van behoorlikheid, redelikheid en

billikheid in die kontraktereg te verwesentlik. Nie alleen is hy van mening dat

die beginsel erkenning geniet in die Suid-Afrikaanse kontraktereg nie, maar

dat dit inderdaad aan die uitbrei is in ooreenstemming met moderne

beginsels.64

Christie65 ondersteun Olivier se standpunt. Christie wys daarop dat die

beginsel van goeie trou by alle kontrakte reeds die Appèlhof se erkenning

geniet sedert die beslissings van Tuckers Land and Development Corporation

(Pty) Ltd v Hovis66 en Mutual and Federal Insurance Co Ltd v Oudtshoorn

Municiplity67 In Tuckers Land and Development Corporation (Pty) Ltd v

Hovis,68 merk appèlregter Jansen op dat “… there appears in any event to be

no real difficulty in ascribing such an obligation to flow, by operation of law,

from the bona fides underlying contractual relations in our law. All our

contracts are said to be bonae fidei.”

63 Eerste Nasionale Bank van Suidelike Afrika Bpk v Saayman hierbo 319B. 64 Sien ook Axiam Holdings Ltd v Deloitte & Touche 2006 1 SA 237 (SCA) en Duvenage

v Eerste Nasionale Bank van SA Bpk 2005 4 All SA 41 (N), waar verwys word na die

gemeenskapsopvatting as maatstaf vir die bepaling van die inhoud van besondere

vertrouenspligte. 65 Christie The Law of Contract in South Africa (2001) (4e uitgawe) 19. 66 Tuckers Land and Development Corporation (Pty) Ltd v Hovis 1980 1 SA 645 (A)

651C - 652G. 67 Mutual and Federal Insurance Co Ltd v Oudtshoorn Municipality 1985 1 SA 419 (A)

433B. 68 Tuckers Land and Development Corporation (Pty) Ltd v Hovis 1980 1 SA 645 (A)

651C. (My onderstreping).

Page 372: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

343

Ook uit die beginsels soos neergelê vir die kontraktereg in die algemeen, blyk

twee belangrike aspekte vir doeleindes van hierdie verhandeling:

(1) Die erkenning wat verleen word aan die bestaan van ‘n algemene

fidusiêre verhouding tussen kontrakspartye.

(2) Die beginsel dat die inhoud van die regte en verpligtinge voortspruit uit

die fidusiêre verhouding ex lege en nie uit die ooreenkoms self nie en

dat dit na ontstaan van die fidusiêre verhouding, onafhanklik voortduur.

8.2.4 Maatskappyereg

Die fidusiêre verpligtinge van maatskappydirekteure is in Suid-Afrika grootliks

oorgeneem vanuit die Engelse reg en in besonder vanuit die Engelse equity-

reg.69 Aanvanklik was hierdie fidusiêre verhouding in Engeland juis gebaseer

op die basis dat so ‘n direkteur beskou is as trustee van die maatskappy en

dat sy fidusiêre verpligtinge juis uit die trustverhouding voortspruit.70

Vir doeleindes van die onderhawige bespreking is dit belangrik om ondersoek

in te stel na wie die begunstigde van die fidusiêre verpligtinge in maatskappy

verband is. As algemene reël word geleer dat die begunstigde van direkteure

se vertrouenspligte die maatskappy as ‘n geheel is. Alhoewel daar al

geargumenteer is tot die teendeel, wys Havenga daarop dat in terme van die

beslissing van Percival v Wright71 die korrekte benadering is dat die

maatskappy as sodanig die begunstigde is “even if the director should

consider the interests of the shareholder”72 en soms ook die belange van

69 Havenga 11. 70 Havenga 11. Havenga voer aan dat dit nie noodwendig ‘n korrekte benadering is nie,

dat die direkteur se fidusiêre posisie sui generis is, maar gee toe dat die aanvanklike

toepassing van hierdie besondere verhouding daaruit kon voortspruit. 71 Percival v Wright 1902 2 Ch 421 soos aangehaal deur Havanga 27 en 28. 72 Havenga 31.

Page 373: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

344

andere,73 afhangende van die omstandighede.74

Ook Fourie75 wys daarop dat die tradisionele opvatting is dat direkteure in ‘n

vertrouensverhouding staan teenoor die maatskappy en dat hy bona fide in

belang van die maatskappy moet optree. As Fourie aanvoer dat alle ander

belange ondergeskik is aan dié van ‘n maatskappy se aandeelhouers,

ontstaan die vraag of die begunstigdes van die verpligtinge dan nie eerder die

aandeelhouers in plaas van die maatskappy is nie. Volgens Fourie bestaan

daar verskeie opvattings in hierdie verband. Die term “in belang van die

maatskappy” kan dui op die aandeelhouers as ‘n groep, of al die

aandeelhouers tans en in die toekoms, of die maatskappy as regsentiteit. Dit

kan ook dui, nie net op die aandeelhouers nie, maar ook op ander partye soos

byvoorbeeld krediteure en die samelewing as geheel. Fourie neem die

probleem, spesifiek wat betref aandeelhouers van ‘n maatskappy, nie verder

nie. Sy gevolgtrekking is dat wat ook al die werklike betekenis van hierdie

begrip tans is, daar duidelike aanduidings is dat die begunstigdes van hierdie

verpligting aan die uitbrei is.76

Du Plessis77 beaam die feit dat daar wêreldwyd ‘n besliste uitbreiding aan die

plaasvind is wat bertref die begunstigdes van die direkteur se vertrouensplig.

Hy78 beweer dat daar ‘n onomkeerbare proses aan die gang is waardeur die

direkteur blootgestel word aan ‘n al groter wordende getal pligte en

verantwoordelikhede nie net teenoor die maatskappy nie, maar onder andere

73 Soos krediteure. 74 Havenga 32 e.v. wys daarop dat dit nie net die belange is van aandeelhouers wat van

tyd tot tyd oorweging behoort te geniet nie, maar ook ander partye soos krediteure van die

maatskappy, die algemene publiek en die staat. 75 Fourie “Die Plig van Direkteure Teenoor Maatskappyskuldeisers” 1992 SA Mercantile

Law Journal 25. Sien ook onder andere Fisheries Development Corporation of SA Ltd v

Jorgensen 1980 4 SA 156 (W). 76 Fourie 1992 SA Mercantile Law Journal 28 e.v.; Hulett v Hulett 1992 4 SA 291 (A).

77 Du Plessis “Direkteure se Pligte teenoor partye anders as die Maatskappy” 1992 De

Jure 386 e.v. 78 Du Plessis 1992 De Jure 386 e.v.

Page 374: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

345

ook die aandeelhouers van die maatskappy. Daar moet verder in gedagte

gehou word dat maatskappywetgewing reeds ook statutêr voorsiening maak

vir die verdere beskerming van aandeelhouers.79 Havenga80 stem ook saam

dat daar algaande ‘n uitbreiding te bespeur is van hierdie groep van

begunstigdes, alhoewel sy nie noodwendig daarmee saamstem nie en van

mening is dat enige sodanige uitbreiding eerder statutêr gereël moet word.

Die vertrouensplig van die direkteur kan óf deur die maatskappy óf deur ‘n

aandeelhouer afgedwing word.81 Die afleiding hieruit kan dus ook wees dat

aandeelhouers van ‘n maatskappy ‘n beskermingswaardige belang (dit wil sê

‘n reg) teenoor direkteure van die maatskappy het om hul vertrouenspligte te

goeder trou na te kom, by gebreke waaraan hulle die reg kan afdwing.

Du Plessis82 is van oordeel dat die grondslag van die direkteur se

aanspreeklikheid deliktueel van aard is en dus onderworpe is aan die

algemene beginsels van die actio legis Aquilliae. Havenga83 verskil en doen

aan die hand dat die basis van aanspreeklikheid nóg kontraktueel nóg

deliktueel is, maar eerder sui generis. McLennan84 se standpunt is skynbaar

ook eerder dat die grondslag sui generis is en dan is hy van mening dat die

toets vir aanspreeklikheid ‘n objektiewe toets is, naamlik of ‘n redelike man die

optrede van die direkteur sou beskou het as in belang van die maatskappy as

‘n geheel.85

79 Hier word onder andere gedink aan die bepalings ten opsigte van binnekennis-

transaksies waarna Du Plessis 1992 De Jure 381 e.v. verwys. 80 Havenga 1997 SA Mercantile Law Journal 320 e.v. 81 Havenga 1997 SA Mercantile Law Journal 320. 82 Du Plessis “Direkteure se Vertrouenspligte en die Grondslag van Aanspreeklikheid vir

die Verbreking daarvan” 1993 THRHR 33 e.v. Na hierdie aangeleentheid word weer in

besonderhede gekyk wanneer fidusiêre regte van trustbegunstigdes bespreek word in

paragraaf 8.4 en 8.5. 83 Havenga “Breach of Directors’ Fiduciary Duties: Liability on What Basis?” 1996 SA

Mercantile Law Journal 376. 84 McLennan “Directors Duties and Misapplication of Company Funds” 1982 SALJ 403. 85 McLennan 1982 SALJ 394. Die skrywer wys egter daarop dat die toets tog ‘n mate

van ‘n subjektiewe kleur het.

Page 375: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

346

Die direkteur se trouplig ontstaan sodra hy as direkteur aangestel is of as

sodanig begin optree. Sy trouplig kan selfs voortduur tot na die beëindiging

van sy amp as direkteur afhangende van die spesifieke omstandighede en

feite.86

Wat betref die inhoud van ‘n direkteur se fidusiêre verpligtinge wys Havenga

daarop dat daarteen gewaak moet word om hierdie verpligtinge te

kategoriseer en te veralgemeen. In beginsel sal die fidusiêre verpligting

afhang van die besondere omstandighede van elke geval en die spesifieke

gemeenskap se opvatting van wat onder die betrokke omstandighede van ‘n

direkteur verwag kan word. Twee basiese verpligtinge omskryf volgens

Havenga die algemene inhoud van hierdie verpligting, nl:

(1) Die direkteur moet sy amp en magte so aanwend dat dit altyd bona fide

tot voordeel is van die begunstigdes van die verpligting; en

(2) hy moet ‘n botsing of moontlike botsing tussen sy eie belange en die

van die begunstigde van sy verpligtinge vermy.

Juis om makliker gevolg te gee aan hierdie basiese vereistes, het die gebruik

oor tyd tog ontwikkel om die meer algemene fidusiêre verpligtinge te

kategoriseer. Van die belangrikste kategorieë is hedendaags dat die direkteur

sy regte en magte moet uitoefen waarvoor dit bedoel was, dat hy ‘n konflik

van belange en verpligtinge moet vermy en sy verpligtinge te goeder trou

moet nakom. Om te bepaal of ‘n direkteur te goeder trou opgetree het, sal sy

optrede getoets moet word aan die boni mores van die gemeenskap soos

weerspieël in die Handves van Regte van Suid-Afrika.87

86 Havenga 312. 87 Havenga 340.

Page 376: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

347

In 200488 loods Du Plessis ‘n ondersoek na die huidige stand van sake ten

opsigte van direkteure se aanspreeklikheid waar hulle nie hulle pligte

behoorlik nakom nie. Du Plessis toon aan dat dié aspek van die Suid-

Afrikaanse reg gedurende die laaste tyd heelwat deur die Australiese reg

beïnvloed is. Wat tans, volgens hierdie skrywer die Suid-Afrikaanse

regsposisie verteenwoordig, is dat waar direkteure die pligte aan hulle opgelê

kragtens die maatskappy se memorandum - wat beskou word as die

direkteure se fidusiêre “handleiding”- aanwend vir ‘n onbehoorlike of

ontoelaatbare doel, ‘n benadeelde die hof kan nader vir regsverligting. Du

Plessis gaan dan verder en ondersoek veral die aard van die benadeelde se

regte in hierdie verband. Die skrywer toon aan dat ‘n hof wat om

regsverligting genader word, die onbenydenswaardige taak sal hê om

eerstens uit die memorandum van die maatskappy (synde die fidusiêre

handleiding) te probeer vasstel wat die doel van ‘n spesifieke plig was wat

aan ‘n direkteur verleen was en tweedens of so ‘n direkteur dan, in die lig van

die spesifieke omstandighede, sy regte misbruik het en sodoende nagelaat

het om sy fidusiêre verpligtinge na te kom. Laasgenoemde toets sal

klaarblyklik ‘n subjektiewe kleur hê omdat die hof

“... will necessarily have to investigate the state of mind of those who

acted and the motive on which they acted. This could be a daunting

task as it involves an inquiry into motivations of an almost infinite range

of variety.”89

Samevattend kan dus gesê word dat die vertrouenspligte van direkteure

ontwikkel het vanuit die trustverhouding,90 maar daarna snel en selfstandig

88 Du Plessis “Directors’s Duty to Use their Powers for Proper or Permissible Purposes”

2004 SA Mercantile Law Journal 308 e.v. Sien ook Robinson v Randfontein Estates Gold

Mining Co Ltd 1921 AD 168. 89 Du Plessis “Directors’s Duty to Use their Powers for Proper or Permissible Purposes”

2004 SA Mercantile Law Journal 323. 90 Havenga 11.

Page 377: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

348

ontwikkel het91 tot so ‘n mate dat dit hedendaags waarskynlik aan die

voorpunt is van die ontwikkelings met betrekking tot die aard en inhoud van

vertrouensverhoudings. As sodanig sou dit waarskynlik nie verkeerd wees

om by die maatskapppyereg kers op te steek wanneer die fidusiêre

verpligtinge van trustees en die begunstigdes van hierdie verpligtinge later

verder ondersoek word nie.92 Wat betref die maatskappy en ’n onderliggende

vertrouensverhouding is dit duidelik dat maatskappy-oprigting en aanvaarding

van die amp as direkteur aanleiding gee tot die ontstaan van ’n fidusiêre

verhouding.93 Soos Havenga94 dit stel: “The holding of the office of director

carries with it the burden of fiduciary duties.” Sodra dié verhouding ontstaan,

bestaan dit voort in eie reg in terme van algemeen neergelegde riglyne in

ooreenstemming met die betrokke gemeenskap se opvattings van wat in die

algemeen van ’n direkteur wat ’n vertrouensposisie teenoor andere beklee,

verwag word. Dié regte en verpligtinge ontstaan ex lege en is aanvullend (en

nie vervangend) tot enige ander regte en verpligtinge wat die direkteur opgelê

word.95

8.2.5 Samevatting

Nadat verskillende regsfigure wat aanleiding tot ‘n fidusiêre verhouding kan

gee, ondersoek is, blyk opsommend dat:

(1) Die beginsels van trouplig histories voortspruit uit die Engelse equity-

reg, maar nie aan die gemenereg onbekend was nie.

91 Moontlik omdat maatskappye en direkteure heelwat meer prominent aan die

ekonomiese verkeer deelneem. 92 Soos aangedui, was die trustfiguur die oudste vertrouensverhouding en het die

beginsel van fidusiêre verhoudings in maatskappy verband waarskynlik juis daaruit ontwikkel.

Sien ook in die verband Simplex (Pty) Ltd v Van der Merwe 1996 1 SA 111 (W) 75D - 76E. 93 Waarskynlik tussen die direkteur(e) van die maatskappy en sy aandeelhouers

gesamentlik wat in wese die maatskappy is. Die wesenskenmerke soos deur Havenga

voorgehou vir ‘n fidusiêre verhouding is ook teenwoordig. 94 Havenga 312. 95 Havenga 312 en 313.

Page 378: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

349

(2) Die Engelse trustfiguur van oudsher af ‘n vertrouensverhouding

daarstel waaruit die beginsels van trouplig blyk.

(3) Fidusiêre verhoudings in die Suid-Afrikaanse reg dikwels toepassing

vind en algaande ‘n meer prominente rol begin speel.

(4) Fidusiêre verhoudings ex lege ontstaan sodra die onderliggende

regsfiguur soos ‘n vennootskap, lasgewingsooreenkoms, kontrak of

maatskappy tot stand kom.

(5) Fidusiêre verhoudings na ontstaan daarvan grootliks onafhanklik van

die bron waarkragtens dit tot stand gekom het, voortduur.

(6) Die prestasieverpligtings wat ontstaan in terme van die vorderingsreg

wat uit die fidusiêre verhouding spruit, uniek is wat betref die aard en

inhoud daarvan.

(7) Alhoewel daar ‘n groot mate van ooreenkoms bespeur word tussen

verskillende vertrouensverhoudings, altyd in gedagte gehou moet word

dat daar wel ook onderlinge verskille kan bestaan. 96

(8) Die feit dat daar besliste vertrouensverhoudings bestaan waaruit

verpligtinge voortspruit, noodwendig meebring dat begunstigdes van

sodanige verpligtings met regte (as teenpool van hierdie verpligtings)

beklee is. Dit is tog onlogies om aan te voer dat daar ‘n verhouding

(soos die vertrouensverhoudings wat nou bespreek is) kan bestaan

met, as inhoud, verskillende verpligtinge ten gunste van sekere

begunstigdes, maar dat sodanige begunstigdes nie onmiddellik oor

ooreenstemmende beskermingswaardige belange (dus regte) beskik

as teenpool van die betrokke verpligtinge nie. So ‘n “eensydige”

struktuur is onlogies en onbestaanbaar. Volgens waarnemende

96 Havenga 7 en 8.

Page 379: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

350

hoofregter Van Heerden97 kan ‘n reg in regsterminologiese taal nie in

die abstrak bestaan nie. Dit is bloot een pool van ‘n verbintenis

waarvan die ander ‘n verpligting is, onder andere as gevolg van ‘n

kontraktuele band. Du Plessis98 bevestig hierdie benadering as hy

aantoon dat “die teenoorgestelde van ‘n reg is dus ‘n plig”.

(9) Dit heeltemal moontlik is dat daar meerdere begunstigdes binne een

vertrouensverhouding kan wees99 en dat hierdie verhouding (dus die

verpligtinge en ooreenstemmende regte) normaalweg ontstaan

wanneer die vertrouensman sy pos of amp aanvaar.

(10) Die toets vir verbreking van ‘n trouplig die gemeenskapsopvatting of

dan boni mores op ‘n gegewe tydstip is. Havenga100 waarsku egter

daarteen dat die afleiding hieruit nie gemaak behoort te word dat ‘n

trouplig slegs verbreek word indien ‘n subjektiewe reg van ‘n ander

aangetas word nie (dit wil sê dat na ‘n belange afweging deur die

gemeenskap bevind word dat ‘n beskermingswaardige belang

inderdaad aangetas is). Sy voer aan dat dit ook voldoende sal wees

indien bloot ‘n regsplig in die algemeen verbreek word.

8.3 DIE ERKENNING VAN FIDUSIÊRE VERHOUDINGS IN DIE SUID-

AFRIKAANSE TRUSTREG

Dit blyk dat die onderliggende rede vir die ontwikkeling van die algemene

begrip “fidusiêre verhouding” spruit uit ‘n gemeenskapsiening dat sekere

unieke verhoudings ‘n besondere vertrouensverhouding tussen partye

meebring welke verhoudings nie ooreenkomstig bestaande regsmiddels en

sonder ’n aansienlike mate van billikheid, na behore gereguleer en beskerm

97 Wessels v De Jager 2000 4 SA 924 (HHA) 928C. 98 Du Plessis An Introduction to Law (1999) (3e uitgawe) 140 e.v. 99 Byvoorbeeld by die vennootskap, al die mede-vennote en by die maatskappy, die

maatskappy en aandeelhouers. 100 Havenga 1996 SA Mercantile Law Journal 372 e.v.

Page 380: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

351

kan word nie. Een so ‘n verhouding is dié tussen trustpartye.101 Dat die

trustfiguur en sy voorgangers histories nog altyd geskoei was op ‘n

vertrouensverhouding tussen die partye staan vas.102

Havenga103 wys daarop dat die vertrouensverhouding as ‘n regsfiguur uit die

Engelse reg voortspruit, maar in Suid-Afrika toepassing vind binne ‘n wye

reeks verhoudings (waarvan Maatskappyereg en Trustreg net enkeles is).

Olivier104 toon aan dat waar iemand ‘n fidusiêre posisie beklee, soos ‘n trustee

van ‘n trust, daar van so iemand vereis word dat hy ten alle tye die hoogste

trou en lojaliteit ter vervulling van sy pligte tot voordeel van die begunstigde

moet nastreef.

Van der Westhuizen105 gebruik die Engelse “fiduciary”-begrip en die

Romeinse bona fides-begrip as sinonieme waar hy die bestaan van dié figuur

binne trustverband erken en opmerk dat

“… (t)he fiduciary position in which a trustee finds himself causes him

to always act in good faith similar to what Roman law defined as bonus

et diligens paterfamilias”.106

En later weer meld hy dat107

“… (a) trustee must so far as possible avoid a position where private

interests conflicts with his or her duty as a trustee. A trustee must also

101 Land and Agricultural Bank of South Africa v Parker 2005 2 SA 77 (SCA) 86 e.v. 102 Coertze Die Trust in die Romeins-Hollandse Reg (LLD-proefskrif 1948 US) 13, waar

hy aantoon dat ‘n trouplig reeds aan die Saalman opgelê is. 103 Havenga 1996 SA Mercantile Law Journal 366 e.v. 104 Olivier Trustreg en Praktyk 5. 105 Van der Westhuizen “Trusts” in Pace en Van der Westhuizen Wills and Trusts (2005)

49. 106 Van der Westhuizen 49. 107 Van der Westhuizen 54.

Page 381: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

352

not favour one beneficiary or group of beneficiaries against another but

must treat all impartially”.

Volgens Wunsh108 spruit die bestaan van ‘n fidusiêre trustverhouding weens

wetgewing in Suid-Afrika nou voort uit die bekleding, deur die trustee, van ‘n

openbare amp en behoorlike trustadministrasie is dan ‘n saak van openbare

belang. In Havenga se woorde bestaan daar dus nou ‘n algemene

regsplig.109

Cameron et al 110 wys ook daarop dat die beginsels van behoorlike

trustadministrasie (en dus onder andere die trouplig van trustees) in Suid-

Afrika vasgelê is, aanvanklik na analogie van kurators en soortgelyke

Romeins-Hollandse instellings, maar later op sterkte van spesifieke

wetgewing in Suid-Afrika, naamlik die Wet op die Beheer van Trustgoed.111

Later, in sy uitspraak in Land and Agricultural Bank of South Africa v Parker112

merk appèlregter Cameron in dié verband op dat “the trustee is appointed and

accepts office to exercise fiduciary responsibility”.

Nie net word erkenning in Suid-Afrika dus aan die algemene gedagte van ‘n

fidusiêre verhouding tussen trustpartye van die trust verleen nie, maar dié

fidusiêre verhouding het ook hier te lande statutêre beslag verkry. 113 Die

basis van hierdie verhouding wat voortspruit uit die Engelse reg is ook nie

vreemd aan die Romeins-Hollandse reg nie alhoewel daar terminologiese

verskille bestaan.114 108 Wunsh “Trusts in Practice” in Trusts (reds. Wiechers en Roos) (1993) 61. 109 Havenga 1996 SA Mercantile Law Journal 372 e.v. 110 Cameron, De Waal, Wunsh, Solomon en Kahn Honoré’s South African Law of Trusts

(2002) (5e uitgawe) 262. Sien ook Cameron et al 33 e.v. 111 Wet op die Beheer van Trustgoed 57 van 1988. 112 Land and Agricultural Bank of South Africa v Parker 2005 2 SA 77 (SCA) 86G. (My

onderstreping). 113 Wet op die Beheer van Trustgoed 57 van 1988 artikel 9. Sien in die verband ook

artikel 2(8) van die Wet op Hereregte 40 van 1949 waaruit dit duidelik blyk dat die wetgewer,

reeds so vroeg as 1949, ‘n trustee beskou het as iemand wat ‘n fidusiêre posisie beklee. 114 Sackville West v Nourse 1925 AD 516 534 e.v.

Page 382: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

353

Trustwetgewing is voorafgegaan deur die aanstelling van ‘n regskommissie

om die stand van trustreg in Suid-Afrika te bepaal. Wat betref die

sorgsaamheidspligte, het die kommissie beide die benadering in sowel

Kanada (die sogenaamde Ontario Report) as in Engeland (die sogenaamde

“Law Reform Committee”-verslag) oorweeg. Volgens die Ontario Report word

verkies dat sorgsaamheid beoordeel moet word aan die hand van die vraag of

‘n trustee goed so hanteer het soos wat hy met ‘n ander se goed sou doen.

Die Engelse toets is gebaseer op wat ‘n trustee met sy eie goed sou doen.

Soos uit die ondergemelde wetgewing sal blyk, het die kommissie die

Kanadese model verkies.115

Die kommissie het dit verder skynbaar verkies om nie in te meng met die

siening dat ‘n inter vivos trust as ‘n stipulatio alteri hanteer word nie. Net so

het die kommissie ook geen uitspraak gelewer wat betref die trustbegunstigde

se regte nie.116 Dit word aan die hand gedoen dat dit ook nie vir die

kommissie nodig was om hom oor hierdie aspekte uit te spreek nie. Dié

betrokke aspekte val immers op die gebied van die privaatreg (verbintenis- en

erfreg) terwyl die wetgewer gevolg wou gee aan die beskerming van

trustbegunstigdes se regte vanuit die publiekregtelike oogpunt en deur die

trustee ‘n openbare amp te laat beklee “with proper administration being a

matter of public concern”.117

Artikel 9 van die Wet op die Beheer van Trustgoed 57 van 1988 bepaal:

“9(1) ‘n Trustee moet by die nakoming van sy pligte en die uitoefening

van sy bevoegdhede met die sorgsaamheid, ywer en kundigheid

optree wat redelikerwys verwag kan word van ‘n persoon wat

die sake van ‘n ander hanteer.

115 Die Suid-Afrikaanse Regskommissie Projek 9 “Hersiening van Trustreg Verslag”

(1987) 32. 116 Die Suid-Afrikaanse Regskommissie Projek 9 90 e.v. 117 Cameron et al 181.

Page 383: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

354

9(2) ‘n Bepaling van ‘n trustdokument wat die uitwerking sou hê dat

‘n trustee vrygestel word van of gevrywaar word teen

aanspreeklikheid vir troubreuk indien hy versuim om die mate

van sorg, kundigheid en vlyt aan die dag te lê soos in sub-artikel

(1) vereis, is nietig.”118

Uit die inhoud van die aangehaalde artikel, blyk een aspek duidelik. Die

wetgewer het naamlik geen onderskeid getref tussen verskillende

trustklassifikasies nie en het ‘n algemeen geldende vertrouensplig ten opsigte

van alle Suid-Afrikaanse trustfigure daargestel. Geen melding of onderskeid

word gemaak tussen trusts mortis causa en trusts inter vivos of tussen

bewindtrusts en diskresionêre trusts nie.119

8.4 DIE BEGUNSTIGDE VAN DIE FIDUSIÊRE VERHOUDING IN DIE

SUID-AFRIKAANSE TRUSTREG

Alhoewel dit vasstaan dat elke Suid-Afrikaanse trustee nie net gemeenregtelik

nie, maar ook ‘n statutêre vertrouensplig verskuldig is, bestaan daar nie

duidelikheid oor die vraag wie presies die begunstigde van hierdie trouplig is

nie. Is dit die trust of is dit die begunstigdes of albei?120

Volgens Honoré en Cameron:121

“A trustee holds an office and is not merely party to a contract with the

founder. In principle therefore, he is entitled to agree to revocation or

variation only if he thinks that to do so is in the interests both of the

founder and of the actual or potential beneficiaries. It is fallacious to

118 Let daarop dat trustees in Suid-Afrika selfs aan strenger sorgsaamheidspligte

onderwerp word as elders. Volgens Sackville-West v Nourse 1925 AD 516 533 moet so ‘n

trustee selfs groter sorg aan die dag lê as ten opsigte van sy eie eiendom. 119 Sien hoofstuk 4 paragraaf 4.3.3.1 vir ‘n bespreking van welke tipe trusts binne die

omskrywing van die wet val. 120 Hierdie vraag toon sterk ooreenstemming met die posisie van die maatskappyereg in

Suid-Afrika. 121 Honoré en Cameron Honoré’s South African Law of Trusts (1992) (4e uitgawe) 417.

Page 384: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

355

argue that a trustee can have no duty to take account of the interests of

contingent beneficiaries.”

Wanneer Corbett,122 met klaarblyklike goedkeuring Honoré en Cameron

aanhaal “that a trustee will not always be free to agree with the settlor that the

trust should be cancelled or varied, even if it is not expressed to be

irrevocable” - bedoel hy duidelik hiermee dat die begunstigde tog te alle tye

regte het wat die trustee in ag moet neem.

Cameron et al 123 wys daarop dat:

“It is therefore fallacious to contend that a trustee can have no duty to

take account of the interests of contingent or potential beneficiaries.

The trustee’s duty is to see to the proper execution of the trust and if

the trust includes provision for beneficiaries who have not yet come

into existence or accepted, they must necessarily fall within the scope

of the trustee’s fiduciary concern. This implies, for example, that a

trustee must also take account of the interests of such beneficiaries in

the administration of the trust.”

De Waal124 se siening word weerspieël in sy volgende opmerking:

“In hierdie beginsel lê die wese van die trustee se fidusiêre plig teenoor

die begunstigdes saamgevat en hieraan word hy in sy administrasie

van die trust gemeet.”

122 Corbett “Trust Law in the 90’s” 1993 THRHR 266 waar hy Honoré en Cameron se

benadering bespreek. 123 Cameron et al 496. In Land and Agricultural Bank of South Africa v Parker 2005 2 SA

77 (SCA) herbevestig appèlregter Cameron sy siening dat die begunstigdes van hierdie regte

wel die trustbegunstigdes is. 124 De Waal “Die Wysiging van ‘n Inter Vivos Trust” 1998 TSAR 2 330. (My

onderstreping).

Page 385: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

356

Uit wat skrywers oor die trustreg hieromtrent te sê het, word standpunt

ingeneem dat die trustbegunstigdes die begunstigdes (reghebbendes) is van

die trustee(s) se trouplig.

Vantevore is reeds aan die hand gedoen dat dit in orde behoort te wees om

ook van die maatskappyereg te leen, waar dit gaan oor die ontwikkeling van

die trouplig van trustees. In maatskappyverband is aangetoon dat die

begunstigdes van die trouplig die maatskappy self en moontlik ook die

aandeelhouers as ‘n groep is. Daar moet egter in gedagte gehou word dat,

anders as ‘n maatskappy, ‘n trust geen afsonderlike regspersoonlikheid besit

nie125 en om dus die trust as sodanig te beskou as begunstigde van die

trouplig (eienaar van regte) sou onsuiwer wees in die lig van die gebrek aan

regspersoonlikheid. Na analogie hiervan wil dit ook voorkom asof ‘n

standpunt dat die begunstigdes van ‘n trust die begunstigdes van die trouplig

in trustverband behoort te wees, die korrekte is.

Die tendens in die kontraktereg waar al meer en meer klem gelê word op

goeie trou tussen kontrakspartye en in die maatskappyereg om die

begunstigdes van die direkteur se vertrouenspligte algaande uit te brei, kan

as verdere motivering dien vir die standpunt dat die gemeenskapsopvatting in

elk geval dui op ‘n algaande groter wordende gevoel van beskerming ten

gunste van alle partye betrokke by ‘n spesifieke regsverhouding. Op sterkte

hiervan kan geargumenteer word dat die gemeenskapsopvatting ook by die

trustreg in elk geval in die guns van trustbegunstigdes as begunstigdes van

die trouplig sal wees.

Die geskiedkundige ontwikkeling van die fidusiêre gedagte in Engeland staaf

ook hierdie standpunt. Die gedagte van ‘n trouplig het tog in equity ontwikkel

juis om beskerming te verleen aan belange van regsubjekte wat nie

beskermingswaardig geag is volgens die common law nie, maar ten opsigte

waarvan equity geoordeel het, die belange wel broos en, op billikheidsgronde,

beskermingswaardig was (en dus as regte aangemerk kon word). Dié unieke

125 Hierdie aangeleentheid is aangeraak in hoofstuk 4 paragraaf 4.3.1.

Page 386: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

357

metode van beskerming het dan ontwikkel tot die leerstuk van

vertrouenspligte jeens sekere subjekte soos wat dit ook uit die Engelse reg in

die Suid-Afrikaanse reg opgeneem is.

Dit word dus aan die hand gedoen dat dit uit die voorgaande logies volg dat

die algemeen geldende trouplig van trustees as teenpool, beskermings-

waardige belange (regte) meebring vir alle trustbegunstigdes.126 Dit word

verder aan die hand gedoen dat die Suid-Afrikaanse wetgewer met artikel 9

nie net gevolg gegee het aan die wêreldwye erkenning van ‘n fidusiêre

verhouding by trustfigure nie, maar (meer belangrik), met hierdie artikel

heelwat verder gegaan het en ‘n statutêre reg verleen het aan alle

trustbegunstigdes met as objek die trustee se fidusiêre nakomingspligte.127

Hierdie standpunt sluit ook spesifiek begunstigdes in van die inter vivos

trust128 en van alle diskresionêre trusts.129

8.5 DIE AARD EN INHOUD VAN FIDUSIÊRE REGTE VOORTSPRUITEND

UIT DIE TRUSTREG

Olivier130 wys daarop dat die fidusiêre trustverhouding in die algemeen te

doen het met ‘n vertrouensverhouding wat so intens is dat die trustee

deurgaans slegs in belang van die begunstigdes, streng in ooreenstemming

126 Elke regsplig verleen tog immers aan een of ander regsubjek regte om aan te dring

op nakoming van sodanige pligte. Dit is juis hoe die reg saamgestel word, naamlik uit

belange oorwegings. As die gemeenskap van oordeel is dat aansprake of belange van ‘n

subjek beskermingswaardig is, word maatreëls ingestel om sodanige belange, dan regte

genoem, te beskerm. 127 Die presiese inhoud is nie hier ter sprake nie. Dit gaan oor die beginsel dat ‘n reg

vestig ten gunste van begunstigdes, wat die inhoud daarvan ook al mag wees. 128 Ongeag aanvaarding al dan nie deur die begunstigde van sy ander regte, in terme

van die stipulatio alteri-konstruksie. 129 Hierdie aspek word bespreek in onder andere hoofstukke 4 paragraaf 4.3.2 en 6

paragraaf 6.2.5. 130 Olivier Aspekte van die Reg insake Trust en Trustee met besondere verwysing na die

Amerikaanse Reg (LLD-proefskrif 1982 UP) 46.

Page 387: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

358

met die magte wat aan hom verleen is en onderhewig aan pligte wat aan sy

amp klee, moet optree.

Uit die inhoud van die trustee se vertrouenspligte kan die inhoud van die

begunstigde se “fidusiêre reg” as teenpool van ‘n trustee se fidusiêre

verpligtinge afgelei word. Hierdie reg van enige trustbegunstige behels dan

dat die trustee(s) van die trust waarvan hy die begunstigde is moet toesien

dat die betrokke trustbepalings uitgevoer word ooreenkomstig die wense van

die trustoprigter op so ‘n wyse dat hy reg laat geskied aan sy

vertrouensposisie as trustee.131

In die eerste plek gaan dit dus om ‘n behoorlike ontleding van die bepalings

van die trustakte. Uit die aard van die saak sal die normale uitlegreëls vir

testamente en kontrakte hier geld.132 Die bedoeling van die trustoprigter is

dus belangrik en sal altyd uiteindelik ‘n feitevraag wees.

Olivier wys daarop dat hierdie reg van die trustbegunstigde verder gebaseer

is op die oorheersende vereiste om deurgaans in belang van die begunstigde

op te tree.133 Ook die bepaling hiervan moet noodwendig ‘n feitevraag wees.

Statutêr moet ‘n trustee by die nakoming van sy pligte en die uitoefening van

sy bevoegdhede met die sorgsaamheid, ywer en kundigheid optree wat

redelikerwys verwag kan word van ‘n persoon wat die sake van ‘n ander

131 Du Toit South African Trust Law Principles and Practice (2002) 108. Hierdie reg stem

in wese dus ooreen met die reg van ‘n kontraksparty op nakoming van die kontrak deur ‘n

ander selfs voordat so ‘n party nog ‘n gevestigde reg bekom het en ook die algemene vereiste

van bona fides tussen kontrakspartye. Hierdie aspekte is hierbo bespreek onder paragraaf

8.2.3. en in hoofstuk 7 paragrawe 7.3.1.2 en 7.3.2. Hierdie aangeleentheid is ook ondersoek

in Colonial Banking and Trust Co Ltd v Estate Hughes 1932 AD 1; Grobbelaar v Grobbelaar

1959 4 SA 719 (A); Harris v Fisher 1960 4 SA 855 (A); Ex Parte Ewing: In Re Sheridan 1995

4 SA 101 (D) asook Jowell v Bramwell-Jones 2000 3 SA 274 (SCA) 284G - 285A. 132 Omrede die ontstaansbronne van ‘n trust meestal testamentêr of kontraktueel is. 133 Olivier Trustreg en Praktyk 70; Sackville West v Nourse 1925 AD 516; Hoppen v

Shub 1987 3 SA 201 (K); Administrators, Estate Richards v Nichol 1999 1 SA 551 (SCA);

Tijmstra v Blunt-Mackenzie 2002 1 SA 459 (T).

Page 388: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

359

hanteer en selfs ‘n bepaling in ‘n trustdokument wat die uitwerking sou hê dat

‘n trustee vrygestel word van, of gevrywaar word teen aanspreeklikheid vir

troubreuk, is nietig.134

Net soos by die Maatskappyereg en ander fidusiêre verhoudings wat

bespreek is, rus daar dus op elke trustee ‘n plig om te goeder trou (met die

begunstigdes se belange voorop) en met die nodige sorgsaamheid en kennis

op te tree. Soos by die Maatskappyereg het in die trustreg ook sekere meer

algemene fidusiêre trusteepligte uitgekristalliseer.135 Dit word aan die hand

gedoen dat hierdie spesifieke pligte eenvoudig bydra om gevolg te gee aan

die algemene vereistes dat begunstigdes se belange altyd voorrang moet

geniet, dat konflik tussen bekleër van die vertrouensampte en die begunstigde

van die verhouding se belange vermy moet word en dat in die algemeen altyd

in goeie trou of dan bona fide opgetree moet word. Hierdie trouplig van ‘n

trustee is onafskeidbaar aan die amp van ‘n trustee gekoppel.

Gebaseer op die voorgaande ontstaan daar dus vir die trustee(s) van ‘n trust

‘n prestasieverpligting.136 Soos in hoofstuk 7 aangetoon137 is die aard van die

subjektiewe reg wat ten opsigte van ’n prestasieverpligting as objek geld ’n

vorderingsreg ook genoem ‘n persoonlike reg en is die enigste logiese

afleiding uit die voorgaande dus dat alle trustbegunstigdes, onmiddellik by

totstandkoming van ‘n trust, persoonlike regte, waarvan die inhoud van

134 Artikel 9(2) van die Wet op die Beheer van Trustgoed 57 van 1988. 135 Cameron et al 263 e.v.; Olivier Trustreg en Praktyk 69 e.v. Spesifieke pligte is onder

andere: Bestudering van die trustakte, besitname van trusteiendom, aparte rekordhouding

van trustbates, om trustgoed produktief te maak, om selfbevoordeling te vermy, om inligting te

verskaf en onpartydigheid. Daar bestaan nie een stel altyd geldende pligte in die verband

nie. Die doel is immers dat alle spesifieke pligte moet bydra tot die beskerming en

bevordering van begunstigdes se regte in die algemeen. 136 Waarvan die inhoud so pas bespreek is en wesentlik neerkom op die behoorlike

nakoming/instandhouding van die trust - Levin v Gutkin, Fisher and Schneier 1997 3 SA 267

(W) 284D. 137 Paragraaf 7.2.2.

Page 389: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

360

fidusiêre aard is,138 vestig teen die trustee(s) van hul trust.139

Wanneer inbreukmaking op hierdie fidusiêre regte van begunstigdes deur

trustees ondersoek word, blyk dit dat daar in die algemeen gesproke twee

moontlikhede bestaan. Aan die een kant is daar die gevalle waar trustees in

troubreuk handel met trustbates.140 Hierdie tipe optrede van trustees is

vergelykbaar met soorgelyke optrede deur direkteure van maatskappye. Juis

daarom kan dan ook kers opgesteek word by die maatskappyereg wanneer

dit gaan om die beoordeling van hierdie tipe optrede deur trustees. Trustees

van trusts kan egter ook moontlik op trustbegunstigdes se regte inbreuk maak

deur nie noodwendig trustbates wan aan te wend nie, maar mee te doen om

trustbepalings te wysig (en selfs op hierdie wyse begunstigdes van ‘n trust

vervang of aanvul).

In ’n poging om die moontlike aantasting van begunstigdes se fidusiêre regte

in die geval van trustwysiging verder toe te lig, gaan gebruik gemaak word

van ’n denkbeeldige feitestel:

Gestel oprigter A rig ’n inter vivos trust op met sy drie seuns as trustees S1,

S2 en S3. Die doel waarvoor die trust opgerig word, is om te verseker dat die

oprigter se dogter (D1), haar eggenoot en haar nageslag behoorlik en veilig

versorg word. Die trustakte bepaal dat alle trusteebesluite geneem kan word

deur middel van meerderheidsbesluite. Die trustakte bepaal verder dat die

inhoud van die akte gewysig kan word, gedurende die lewe van A, by wyse

van ooreenkoms tussen A en die trustees en na die dood van A, deur die

138 En gemik op die behoorlike nakoming, deur die trustee(s), van hulle fidusiêre

verpligtinge soos net hierbo beskryf. 139 Wunsh “Law of Succession and Trusts 1995 Cases” 1995 Annual Survey of South

African Law 354, tydens die bespreking van die beslissing in Pentz v Gross 1995 805 (C)

(sic) (voor die appèlhofuitspraak) stel dit dat “a beneficiary, even a contingent beneficiary,

has a vested interest in the proper administration of a trust”. (Die korrekte saakverwysing is

Pentz v Gross 1996 2 SA 518 (C)). 140 Dit sou byvoorbeeld wees waar trustees trustbates in troubreuk vervreem, geheime

winste maak, swak beleggings maak, nie behoorlik ag slaan op trustbepalings nie, swak

rekords hou, nie inkomste op tyd uitkeer nie, trustbates en persoonlike bates vermeng, ens.

Page 390: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

361

trustees. A skenk sy waardevolle familieplaas met boerdery as lopende saak

aan die trustees vir die tyd en wyl van die trust (en betaal die

skenkingsbelasting). Die inkomstebegunstigdes van die trust is A se

ongetroude dogter D1, enige toekomstige eggenoot van D1 en haar kinders

nog gebore te word. Die kapitaalbegunstigdes van die trust is D1 se kinders

nog gebore te word. Die trust is ’n eiendomstrust (dus ’n diskresionêre trust

wat betref inkomste en kapitaal) en kan in die diskresie van die trustees

voortduur tot die dood van D1 waarna die trust moet beëindig en die trustees

dan die trustbates aan enige een of meer van die kapitale trustbegunstigdes

dan in lewe moet uitkeer. D1 trou daarna met M1 en skenk geboorte aan hul

eersteling. Geeneen van die begunstigdes het nog enige uitkerings uit die

trust ontvang nie of enige regte aanvaar nie. S1, S2 en S3 raak betrokke in ’n

hewige rusie met M1 oor die feit dat M1 sy kind nie na sy oupa wil vernoem

nie en ook D1 tot ’n vreemde geloof oortuig. Intussen is ook vasgestel dat ’n

waardevolle mineraal op die plaas aangetref word wat miljoene rande werd is.

Die verhouding tussen A, S1, S2 en S3 aan die een kant en D1 en M1 aan die

ander kant vertroebel totaal en al. Die seuns moedig A aan om sy dogter,

skoonseun en kleinkind(ers) te onterf. So sal M1 dan ’n les geleer word en

S1, S2 en S3 na die dood van A hul hande op die mineraal kan lê sonder dat

hulle suster daarin hoef te deel.

A word geadviseer dat omdat ’n inter vivos trust volgens die Suid-Afrikaanse

reg geag word ’n beding ten behoewe van ’n derde te wees, hy die trustakte

kan wysig in samewerking met die trustees na goeddunke. Die trustakte word

gewysig deurdat die inkomste en kapitaalbegunstigdes vervang word met S1,

S2 en S3 en hulle kinders gebore of nog gebore te word.

D1 en haar man is ontevrede en soek beskerming teen A en die trustees se

”onreg” wat hulle aangedoen is. A, S1, S2 en S3 se siening is dat hulle binne

die reg opgetree het deurdat hulle doodeenvoudig ’n ooreenkoms, meer

spesifiek ’n beding ten behoewe van ’n derde, gewysig het voordat enige

derde enige voordele aanvaar het. Hulle gee toe dat hulle selfs mala fide in

hul optrede was, maar is geadviseer dat dit irrelevant is. Gesien vanuit die

huidige regsposisie ten opsigte van die trust as ’n verbintenis, is A en sy

Page 391: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

362

seuns skynbaar regtens onaantasbaar.141 Geen regte het nog in enige van

die begunstigdes gevestig nie en hulle beskik dus oor geen remedie nie. Die

moontlikheid bestaan selfs dat die begunstigdes (gesien vanuit die oogpunt

van die erfreg) ook remedieloos kon wees selfs al was die trust testamentêr

opgerig. Dan nie op sterkte van die interpretasie van die stipulatio alteri nie,

maar omdat die siening bestaan dat diskresionêre trustbegunstigdes se regte

nog nie gevestig of selfs voorwaardelik is nie en sulke begunstigdes dus nog

nie oor beskermingswaardige belange (regte) beskik alvorens ’n diskresie in

hulle guns nog nie uitgeoefen is nie.142

Die vraag is nou of die trustees nie moontlik hul vertrouenspligte jeens

trustbegunstigdes verbreek het en daarom verhoed kan word om met die

trustwysiging voort te gaan nie. Die antwoord hierop is tweërlei. Eerstens

moet die vraag beantwoord word of ’n trouplig inderdaad verbreek is en indien

wel moet tweedens bepaal word wat die grondslag en remedie vir so ’n

verbreking kan wees. Wat betref die vraag na die verbreking van ’n trouplig,

wil dit blyk of die antwoord daarop bevestigend is omdat :

♦ Alle trustees fidusiêre verpligtinge (’n regsplig) het.

♦ Die inhoud van hierdie verpligtinge in die breë behels dat konflik tussen

die bekleër van die vertrouensamp en die begunstigde van die verhouding

se belange vermy moet word en dat in die algemeen altyd in goeie trou of

dan met bona fides opgetree moet word. Die toets vir behoorlike belange

behartiging en bona fides, is die boni mores van ‘n spesifieke

gemeenskap.143 Selfs al sou nie bewys kon word dat hulle inbreuk

gemaak het op spesifieke subjektiewe regte van die trustbegunstigdes nie,

141 Hierdie aspek is behandel in hoofstuk 7. 142 In hoofstuk 7 paragraaf 7.3.1.2 is aangedui dat nie met so ‘n standpunt saamgestem

word nie, maar die moontlikheid bestaan altyd dat die standpunt wel korrek kan wees. 143 Eerste Nasionale Bank van Suidelike Afrika Bpk v Saayman hierbo 319B.

Page 392: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

363

het hulle waarskynlik in elk geval die algemene regsplig teenoor die

trustbegunstigdes verbreek.144

♦ Dit sterk te betwyfel is of S1, S2 en S3 se optrede die gemeenskap

tevrede sal stel. Hulle optrede skiet waarskynlik te kort aan die

gemeenskap se siening van goeie trou onder dié omstandighede. Nie

alleen word persoonlike konflik nie vermy nie, maar dit is verder tog

duidelik dat die trustees nie in belang van die trustbegunstigdes optree nie

- veel eerder tree hulle in eie belang op! Van goeie trou en vermyding van

botsing van belange is hier beslis nie sprake nie. Die trustees se optrede

skiet beslis tekort aan die boni mores van die Suid-Afrikaanse

gemeenskap.

♦ Daar reeds geargumenteer is dat al die moontlike begunstigdes (huidig en

toekomstig) van die trust die begunstigdes van die fidusiêre pligte van die

trustees is en dat die teenpool van verpligtinge regte is.

♦ ’n Trouplig ontstaan sodra, onder andere, ’n trustverhouding ontstaan,

maar dan daarna onafhanklik ex lege voortbestaan, ongeag die aard en

inhoud van die ontstaansbron van die vertrouensverhouding.

♦ Alhoewel trustees dus onder bogemelde omstandighede geldig (en

waarskynlik sonder vrees vir aanspreeklikheid teenoor begunstigdes)

kontraktueel kan optree, is dit net die een kant van die munt. Trustees kan

doodeenvoudig nie net (in stryd met die beginsels van bona fides en

behoorlike belange opweging van trustbegunstigdes) die fidusiêre regte

van trustbegunstigdes negeer en aanvaar dat hulle ook in dié verband

geen aanspreeklikheid sal opdoen nie.

144 Havenga “Breach of Directors’ Fiduciary Duties: Liability on What Basis?” 1996 SA

Mercantile Law Journal 376.

Page 393: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

364

Alhoewel die begunstigdes dus uit hoofde van die verbintenisreg regteloos is,

word die standpunt ingeneem dat dit allermins die geval is kragtens die

vertrouensplig wat sui generis geld binne die Suid-Afrikaanse trustreg.

Die volgende vraag om te beantwoord is hoe die trustbegunstigde se fidusiêre

regte beskerm word en wat die grondslag daarvan is.

8.6 BEGUNSTIGDES SE REMEDIES VOORTSPRUITEND UIT

FIDUSIÊRE VERHOUDINGS EN DIE GRONDSLAG DAARVAN

As nou aanvaar word dat die begunstigde se reg gebaseer kan word op die

fidusiêre plig van die trustee en dat dit ontstaan op datum van totstandkoming

van die trust, ontstaan die volgende vraag nou: Op welke wyse kan die

begunstigde hom verweer teen ‘n trustee wat die fidusiêre plig verbreek en

wat is die basis van so ’n aksie?

Olivier145 is die mening toegedaan dat, indien ‘n trustee versuim om sy pligte

na te kom, hy ‘n delik pleeg en gevolglik is die begunstigde in beginsel

geregtig om aksie in te stel wat gebaseer is op die actio legis Aquiliae. Dit is

egter belangrik om daarvan kennis te neem dat die bewys van vermoënskade

dan onder andere ‘n element van hierdie aksie is. Die groot vraag is of so ‘n

begunstigde wel vermoënskade sal kan bewys want Olivier voer aan dat die

skade waarskynlik eerder aan die trustfonds as aan die begunstigde

veroorsaak sal word.146 Die begunstigde sal dus op een of ander wyse ‘n

kousale verband moet bewys tussen sy skade en skade aan die trustfonds.

Na ‘n in diepte ondersoek kom Olivier147 tot die gevolgtrekking dat “die

begunstigde het derhalwe sodanige remedie, hetsy restitusie, interdik of

skadevergoeding, as wat nodig is om die trust in stand te hou”. Met hierdie

145 Olivier Trustreg en Praktyk 102 e.v. 146 Soos reeds aangedui, kan die verbreking van trustees se vertrouenspligte breedweg

in twee groepe verdeel word. Enersyds waar trustfondse wanaangewend word - wat sterk

ooreenkoms toon met die direkteur wat maatskappy bates wanaanwend en andersyds waar

trustaktes gewysig word om trustbegunstigdes van hul regte te ontneem. 147 Olivier Trustreg en Praktyk 103.

Page 394: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

365

afleiding van Olivier word nie saamgestem nie. Dit word aan die hand gedoen

dat juis hierdie geforseerde afleiding dat trustbreuk altyd ’n delik is, die howe

sal laat wegskram om die moontlikheid van ’n reg en remedie in troubreuk vir

trustbegunstigdes na behore te oorweeg.148

Ook Du Toit149 huldig die standpunt dat die aanspreeklikheid van trustees

weens troubreuk, deliktueel van aard is en dat die primêre aksie dus die actio

legis Aquiliae is. Ook hy wys daarop dat om met so ’n aksie te slaag, al die

elemente vir deliktuele aanspreeklikheid aanwesig moet wees.150 ’n

Trustbegunstigde met gevestigde regte in inkomste of trustkapitaal, behoort

hierdie elemente te kan bewys, maar die vraag is wat word van ’n

trustbegunstigde wat nog geen gevestigde regte volgens die verbintenisreg

op trustinkomste of -kapitaal het nie of slegs beskik oor ’n gevestigde

vorderingsreg teenoor die trustee op instandhouding van die trust. Vir so ’n

trustbegunstigde, om veral vermoënskade te bewys, is bykans onmoontlik.

Du Toit verwys na Corbett et al151 wat ook van mening is dat slegs

trustbegunstigdes met gevestigde regte in trustinkomste of -kapitaal met so ’n

eis sal slaag. Dit was skynbaar ook die siening van die hof in Gross v

Pentz.152 Vir De Waal153 is dit logies dat ’n trustbegunstigde nie byvoorbeeld

’n eis om skadevergoeding kan instel indien hy nog geen gevestigde reg met

betrekking tot trustinkomste of -kapitaal het nie.

Met die siening van al bogemelde skrywers kan geen fout gevind word in

soverre dit gesag is vir die feit dat die actio legis Aquiliae waarskynlik slegs ter

beskikking is van daardie trustbegunstigdes met gevestigde kontraktuele

148 Dit word aan die hand gedoen dat juis hierdie benadering ‘n rol gespeel het toe die

hof in Hofer v Kevitt 1998 1 SA 382 (SCA) nie die argument van die bestaan van ‘n fidusiêre

reg wou ondersteun nie. Die aspek word bespreek in paragraaf 8.7. 149 Du Toit 84. 150 Du Toit 84. Dit is ‘n handeling, onregmatigheid, skuld (dolus of culpa), vermoënskade

(huidig of toekomstig) en kousaliteit. 151 Du Toit 85. 152 Gross v Pentz 1996 4 SA 617 (A) 626H - I. 153 De Waal “Die Bevoegdheid van ‘n Trustbegunstigde om Onafhanklik van die Trustee

‘n Regsgeding in verband met ‘n Trust te Voer” 1997 TSAR 151.

Page 395: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

366

regte in trustinkomste of -kapitaal en die trustees dan in troubreuk sodanige

bates verkwansel of aantas. Dit word egter aan die hand gedoen dat

bogemelde standpunte nie gesag is vir die feit dat ’n aksie vir troubreuk slegs

deliktueel van aard is en gebaseer is op die actio legis Aquiliae nie. Die

skrywers se standpunte is eerder gesag vir die feit dat sekere

trustbegunstigdes oor die betrokke remedie beskik, sonder om standpunt in te

neem wat betref ander of addisionele remedies vir ander trustbegunstigdes.

Veral waar dit gaan om gevalle van verbreking van trustbegunstigdes se

fidusiêre regte deur middel van trustwysiging, bevredig bogemelde

standpunte nie. In so ‘n geval sal ‘n trustbegunstigde, wat oor geen regte

kragtens die verbintenisreg beskik nie, immers baie sukkel om spesifieke

vermoënskade te kan bewys en dus met die actio legis Aquiliae te slaag.

As Cameron et al 154 se siening ontleed word, kom dit ook voor asof hulle die

mening toegedaan is dat om trustbegunstigdes se remedies te beperk tot

slegs ‘n aksie vir skadevergoeding ten gunste van slegs trustbegunstigdes

met gevestigde regte in inkomste of kapitaal, te streng is. Hulle wys spesifiek

daarop dat

“… the action is based on the duty owed by one who deals or meddles

with the property of another to exercise due care in doing so. It is

immaterial that the property in the case of a trust beneficiary, normally

consists only of personal rights against the trustee. The trustee is not

merely an ordinary debtor but holds a quasi-public office, like that of an

executor, tutor or curator which carries with it a duty to safeguard these

personal rights”.

Word gelet op wat die posisie is in maatskappyereg verband, blyk dit dat daar

ook verskillende sienings bestaan. Soos reeds gemeld, is skrywers soos Du

Plessis155 van oordeel dat die grondslag van die direkteur se aanspreeklikheid

154 Cameron et al 362. 155 Du Plessis 1993 THRHR 33 e.v.

Page 396: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

367

deliktueel van aard is en dus onderworpe is aan die algemene beginsels van

die actio legis Aquilliae.

Cilliers et al 156 verskil egter en wys daarop dat die grondslag waarop ‘n

direkteur aanspreeklikheid op die hals haal vir verbreking van sy

vertrouensplig die algemene beginsel is dat iemand wat in ‘n

vertrouensverhouding tot ‘n ander staan troubreuk pleeg as hy handel vir eie

voordeel of tot nadeel van die ander. Volgens die skrywers is die

skuldoorsaak nóg dilektueel nóg kontraktueel, maar eiesoortig.

Havenga en McLennan157 is ook van mening dat die basis van

aanspreeklikheid nóg kontraktueel nóg deliktueel is, maar eerder sui generis.

As die standpunte van die skrywers oor die maatskappyereg toegepas word

op die trustreg en daar veral gelet word op die unieke trustsituasie waar

begunstigdes se regte ook deur trustwysiging (in teenstelling met

wanaanwending van trustbates) aangetas kan word, moet Havenga se

standpunt ondersteun word.158 In die lig daarvan dat reeds aangetoon is dat

die trustreg heelwat baat kan vind by vinniger ontwikkeling wat in die

maatskappyereg op dié gebied plaasgevind het, word aan die hand gedoen

dat, ook wat betref die trustreg, dit suiwerder sal wees om die basis van

trustee aanspreeklikheid as sui generis te beskou.159 So ‘n beskouing sal dan

meebring dat die afwesigheid van onder andere duidelike vermoënskade nie

die geldigheid van so ‘n aksie sal belemmer nie en sodoende sal meewerk tot 156 Cilliers, Benade, Henning, Du Plessis, Delport, De Koker en Pretorius Corporate Law

(2000) 141 met verwysing na Robinson v Randfontein Estates Gold Mining Co Ltd 1921 AD

168. 157 Havenga 1996 SA Mercantile Law Journal 376; McLennan “Directors Duties and

Misapplication of Company Funds” 1982 SALJ 403. 158 Havenga 1996 SA Mercantile Law Journal 374 wys daarop dat ook in die

Maatskappyereg verskeie moontlikhede bestaan vir aanspreeklikheid waar geen

vermoënskade gely is nie. 159 Op hierdie wyse sal dit dan onder andere nie nodig wees om soos Olivier te spook

om vermoënskade te fabriseer nie aangesien die unieke regsbasis soos deur Havenga

voorgestel, dit nie vereis nie.

Page 397: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

368

‘n billike en regverdige bedeling.160 Behalwe vir ’n skadevergoedingseis sal ‘n

benadeelde trustbegunstigde in Suid-Afrika dus in terme van hierdie sui

generis-aksie op grond van verbreking van sy fidusiêre regte ’n hof kan nader

om ‘n bevel wat die trustee gelas om die verbreking van sy fidusiêre plig reg

te stel. In die verband kan ’n hof byvoorbeeld tersydestelling van ’n handeling

gelas of ’n interdik toestaan waarkragtens die skuldige verbied word om sy

fidusiêre plig te verbreek. ’n Tustbegunstigde sal geregtig wees op

regsverligting sonder om noodwendig ’n gevestigde reg op trustinkomste of -

kapitaal te hê en dus direkte vermoënskade te moet bewys.161

In Skotland is die posisie volgens Chalmers162 dat

“the first remedy of a beneficiary against a trustee is naturally a

preventitive one. Where the beneficiary desires to interfere with the

action of a trustee who proposes to do anything that the beneficiary

thinks ultra vires, the proper legal process for the purpose is that of

suspension and interdict.”

Daarna volg ‘n aksie vir skadevergoeding:

“There may be varieties in breaches or alleged breaches of trusts. A

breach of trust may consist of embezzlement, or it may arise simply

from failure to account, or it may consist, as alleged here, of some act

or default which amounts only to some irregularity or error of

judgement for which, nevertheless, there may be personal liability. But

in all such cases the result is simply to create a liability by the trustee to

make good to the trust estate the loss which he has caused.”

160 Wat sedert die vroegste tye juis die onderbou van trustreg in Engeland was. Dit was

immers juis om trustbegunstigdes op ‘n billike en regverdige wyse te beskerm dat equity

ingegryp het. 161 Du Toit 108; Cameron et al 555 e.v. Doyle v Board of Executors 1999 2 SA 805 (C).

Hierdie benadering vind ook steun in die maatskappyereg, aldus Du Plessis 1993 THRHR 23. 162 Chalmers Trusts: Cases and Materials (2002) 172 e.v.

Page 398: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

369

Alhoewel alle trustbegunstigdes ten minste ‘n vorderingsreg teenoor die

trustees van die trust op die instandhouding van die trust het, moet daar

steeds in gedagte gehou word dat geen saaklike regte hieruit ontstaan ten

opsigte van enige spesifieke trustbates nie.163 Die Hoogste Hof van Appèl164

erken trustbegunstigdes, met gevestigde regte op trustinkomste of -kapitaal,

se reg om aksie in te stel teen trustees byvoorbeeld weens

wanadministrasie165 en versuim om aan begunstigdes te betaal wat hulle

reeds toekom. Die begunstigdes sou kon optree selfs al het hulle nog nie

gevestigde regte bekom nie, maar slegs voorwaardelike regte.166 Op sterkte

van die feit dat die Appèlhof dus oënskynlik aan enige begunstigde met regte

so ’n geleentheid bied, bestaan daar geen rede waarom die hof nie ook

trustbegunstigdes met fidusiêre regte,167 dieselfde geleentheid sal bied nie,

veral as die grondslag van die reg nie slegs deliktueel van aard is nie.168

Steun vir hierdie standpunt blyk verder uit appèlregter Cameron se algemene

opmerking in Land and Agricultural Bank of South Africa v Parker169 dat waar

trustees nie hulle verpligtinge na behore nakom nie, sodanige “lapse may be

visited with action by beneficiaries whose interests conduce to demanding

better”.

163 Stander “Hoe Veilig is bates in ‘n Trust” 1999 TRW 147. 164 Gross v Pentz 1996 4 SA 617 (A). 165 Sien onder andere Boyce v Bloem 1960 3 SA 855 (T). 166 De Waal “Trustreg” 1996 De Rebus 819 e.v. waar hy die Pentz-beslissing bespreek;

De Waal “Die Bevoegdheid van ‘n Trustbegunstigde om onafhanklik van die Trustee ‘n

regsgeding in verband met ‘n Trust te voer” 1997 TSAR 148 e.v. 167 Die begrip regte is in hoofstuk 7 ondersoek. Daar is bevind dat alle

beskermingswaardige belange, wat ook al die bron daarvan en hetsy voorwaardelik of

gevestig, regte is. 168 Begunstigdes is verder ook geregtig om namens die trust as sodanig aksie teen

derdes in te stel, maar dan slegs in gevalle waar die sogenaamde Benningfield-uitsondering

van toepassing is - Gross v Pentz 1996 4 SA 617 (A). Hierdie uitsondering geld waar ‘n

begunstigde kan aantoon dat die verlies wat die trust gely het juis is as gevolg van die

optrede of versuim van die trustees. 169 Land and Agricultural Bank of South Africa v Parker 2005 2 SA 77 (SCA) 87C.

Page 399: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

370

8.7 DIE HOWE SE STANDPUNT EN FIDUSIÊRE REGTE

Die vraag is nou of die standpunt wat in hierdie verhandeling ingeneem word,

naamlik dat alle trustbegunstigdes in die Suid-Afrikaanse reg ten minste oor

fidusiêre regte beskik, enigsins te versoen is met die klaarblyklike standpunt

van die howe tot die teendeel.

Verskeie skrywers voer aan dat die standpunt van die howe nie noodwendig

in botsing is met ‘n standpunt soos in hierdie verhandeling voorgehou nie:

♦ Honoré170 aanvaar nie dat die hof inderdaad in Crookes v Watson171 tot

die gevolgtrekking gekom het dat ‘n trust inter vivos ‘n beding ten behoewe

van ‘n derde is nie:

“But on reflection it is plain that the point being made is simply that the

method of creation of a trust inter vivos is by way of a contract and that

the contract usually contains a stipulation in favour of the beneficiary,

who by accepting acquires an indefeasible right under the trust …

Hence the creation and revocation of certain trusts and the acquisition

of rights by the beneficiaries under them are regulated by the rules of

contract. But this is not to say that trusts inter vivos are contracts or

species of contract. A contract is not a public law institution. The

performance of contracts is left to the parties and is not subject to the

supervision of the court.”

♦ Honoré, en later Cameron et al, handhaaf hierdie siening in latere

uitgawes van Honoré’s South African Law of Trusts.172

170 Honoré The South African Law of Trusts (1976) (2e uitgawe) 23. 171 Crookes v Watson 1956 1 SA 277 (A). 172 Honoré en Cameron 26; Cameron et al 35.

Page 400: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

371

♦ Corbett173 wys daarop dat wat ook al die teoretiese argumente vir en teen

die howe se interpretasie van die stipulatio alteri in ons regstelsel mag

wees, dit tans die geldende regsposisie van die trustbevoordeelde

daarstel. Tog doen hy aan die hand dat dit nie noodwendig meebring dat

die begunstigde geen regte het nie. Volgens hom is dit heel moontlik dat

Cameron et al 174 reg is waar geargumenteer word dat, alhoewel hulle

geen kontraktuele regte het nie, trustbegunstigdes inter vivos tog wel

ander regte teenoor die trustees mag besit.

♦ In soverre die Suid-Afrikaanse regspraak die siening dat “ander” regte

mag bestaan, mag weerspreek,175 wys Corbett176 op die volgende:

“Such a legal consequence would not be consistent with English

common law, where the rule is that once the trust is completely

constituted it is generally binding and irrevocable in the absence of an

express power of revocation … and it appears that in England a trust

may be completely constituted without communication of it to the

trustee or to the beneficiary.”

♦ Volgens Honoré en Cameron:177

“A trustee holds an office and is not merely party to a contract with the

founder. In principle therefore, in the absence of an express provision

in the trust instrument, he is entitled to agree to revocation or variation

only if he thinks that to do so is in the interests both of the founder and

of the actual or potential beneficiaries.”

173 Corbett 1993 THRHR 266. 174 Cameron et al 496 e.v. 175 Die aspek word net hierna bespreek. 176 Corbett 1993 THRHR 265. 177 Honoré en Cameron 417. Cameron et al 320 en 496 beaam die beginsel.

Page 401: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

372

♦ Cameron et al 178 in navolging van die vroeër uitgawe van Honoré

hierbo179 aangehaal, interpreteer die aangeleentheid soos volg:

“Hence the creation and revocation of such trusts and the acquisition of

rights by the beneficiaries under them are regulated by the rules of

contract law. But this does not establish that trusts inter vivos are

contracts or species of contract, and the suggestion that ‘in our law a

consensual trust is nothing but a contract’ suggest an unfortunate

reductionism that ignores the subtlety of 200 years of historical

development, while threatening to impoverish our law of obligations. A

contract is not a public-law institution and the courts have no general

protective supervisory jurisdiction over contracting parties.”

en later:

“The statement in CIR v Estate Crew that ‘there is no reason why the

problems presented by trusts in our law should not be solved by the

application of the principles of our law of contracts’ thus alludes to

problems concerning the formation and revocation of trusts inter vivos

… and not to the administration of trusts …”180

Dit bring mee dat alhoewel die oprigter en trustee die akte kan herroep en

wysig voor aanvaarding sonder tussenkoms van die begunstigde, dit nie

noodwendig beteken dat begunstigdes geen regte het nie.

♦ Strydom181 deel die siening dat ‘n begunstigde sonder regte in wese geen

begunstigde is nie:

“Verder is een van die essensiële elemente vir die geldigheid van ‘n 178 Cameron et al 35. 179 Honoré en Cameron 417. Sien ook Honoré 23. 180 Cameron et al 35. 181 Strydom Die Aansprake van ‘n Trustbegunstigde in die Suid-Afrikaanse Trustreg

(LLD-proefskrif 2001 PU vir CHO) 118.

Page 402: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

373

trust dat die trustee as gevolg van die bedoeling van die oprigter

sekere pligte opgelê word. Gevolglik moet die persoon ten behoewe

van wie die pligte geld (die begunstigde) vanselfsprekend as teenpool

daarvan oor ‘n reg beskik om die pligte te kan afdwing. Andersins sou

sodanige vereiste pligte ‘n absurditeit wees.”

Om hierdie probleem te oorbrug, doen Strydom182 aan die hand dat

“die hof het ook nie uitdruklik die trust inter vivos met die beding ten

behoewe van ‘n derde gelykgestel nie”.

Vervolgens verwys hy dan na ‘n aanhaling van Pollock uit die 10e uitgawe

van sy boek Contracts soos weergegee deur regter Watermeyer tydens

sy uitspraak in CIR v Estate Crewe 183 wat lui:

“Although every trust may be said in this sense to include a contract, it

includes so much more. And the purpose for which the machinery of

trusts is employed are of so different a kind that trusts are distinct in a

marked way not merely from every other species of contract, but from

all contracts as a genus. The complex relations involved in a trust

cannot be reduced to the ordinary elements of contract. Trust, in fact,

is a legal category sui generis …”

♦ In sy bespreking van die Hofer-beslissing 184 verwys De Waal185 na die

algemene interpretasie van die stipulatio alteri deur die Appèlhof in die

Crookes-saak, naamlik dat die kontrak nie as sodanig regte aan die

begunstigde verleen alvorens die begunstigde hom nie sodanige regte

toe-eien nie. Hy wys egter verder daarop dat dié netelige situasie waarin

sekere trustbegunstigdes hulself, juis weens hierdie benadering bevind

het, veroorsaak het dat daar in die Hofer-beslissing na ander hulpmiddels

182 Strydom 123. 183 CIR v Estate Crewe 1943 AD 656 673. 184 Hofer v Kevitt 1998 1 SA 382 (SCA). 185 De Waal “Die Wysiging van ‘n Inter Vivos Trust” 1998 TSAR 326.

Page 403: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

374

gesoek is ten einde moontlike beskerming te bied aan hierdie “regtelose

begunstigdes”.

Nie net in die hof a quo nie, maar ook in die Hoogste Hof van Appèl, word

na aanleiding van hierdie situasie aangevoer dat begunstigdes tog regte

het wat beskermingswaardig is, moontlik dan nie kontraktueel nie, maar

voortspruitende uit die fidusiêre pligte wat op trustees gelê word. Die

argument sou dan wees dat daar inderdaad ‘n fidusiêre plig op trustees

rus teenoor potensiële begunstigdes (d.w.s. selfs begunstigdes wat nog

nie voordele in terme van die stipulatio alteri-konstruksie aanvaar het nie).

In die hof a quo186 word bevind dat die belang van die potensiële

begunstigde egter nie sodanig is dat dit ‘n fidusiêre plig op die trustees

plaas om die begunstigdes se belange te beveilig of te verdedig nie. In

dié verband merk regter Conradie op dat

“(t)he fiduciary duty which a trustee may appear to owe to a beneficiary

who has not accepted is really a reflection of the duty owed by the

trustee to the founder. It arises from the contract concluded between

the founder and the trustee. It obviously benefits the contingent

beneficiary, but he would have no remedy against an errant trustee.”187

Met hierdie standpunt kan nie saamgestem word nie. Soos reeds

aangetoon kan trustverpligtinge óf kontraktueel óf uit ‘n vertrouens-

verhouding ontstaan. Die fidusiêre pligte van trustees ontstaan nie ex

contractu nie, maar ex lege, na aanstelling van die trustee en die

begunstigdes van die pligte is die trustbegunstigdes. Die oprigter het aan

sy doel voldoen. Hy kan nog ‘n rol speel by die moontlike kontraktuele

wysiging van ‘n trustakte, maar kan nooit weer die trustee onthef van sy

vertrouensverpligtinge jeens die trustbegunstigdes nie aangesien die

186 Hofer v Kevitt 1996 2 SA 402 (C). In die Hoogste Hof van Appèl is hierdie vraag

oopgelaat. Alhoewel die hof a quo se beslissing dus nagevolg moet word binne die jurisdiksie

van die Kaapse hoë hof, het die Hoogste Hof van Appèl nog nie standpunt in die verband

ingeneem ten opsigte van die hele Suid-Afrika nie. Sien ook Van der Westhuizen 62(3) e.v. 187 Hofer v Kevitt 1996 2 SA 402 (C) 408B.

Page 404: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

375

verpligtinge na ontstaan daarvan onafhanklik van die ontstaansbron en ex

lege voortbestaan. Dit is so omdat dié verpligtinge nie deur toedoen van

die oprigter ontstaan en daarna voortduur nie, maar deur regswerking.

Steun vir hierdie standpunt is verder te vinde in artikel 9(2) van die Wet op

die Beheer van Trustgoed 57 van 1988 wat daarop neerkom dat ‘n

handeling waarkragtens ‘n trustee van sy fidusiêre verantwoordelikheid

onthef word in die algemeen selfs as nietig beskou word.188

De Waal189 is van mening dat, alhoewel ‘n inter vivos trust gewoonlik by

wyse van ‘n stipulatio alteri tot stand kom, dit verkeerd sou wees om ‘n

inter vivos trust aan ‘n stipulatio alteri of kontrak gelyk te stel. De Waal

wys verder daarop dat die onderskeid tussen totstandkoming van ’n trust

en die trust self ook blyk uit sekere opmerkings van regter Steyn in die

Crookes-beslissing. Die punt wat De Waal dus maak, is dat alle vrae

rakende ‘n inter vivos trust nie met verwysing na die kontraktereg

beantwoord kan word nie. Juis daarom voer hy aan dat die fidusiêre plig

van die trustee wat in die hof a quo sonder meer afgemaak is as sou dit

ook sorteer binne kontraktuele aspekte van die trust, nie uit die kontrak

voortspruit nie, maar uit die amp wat die trustee beklee. So merk De

Waal190 op: “Dit is dus non sequitur om uit die afwesigheid van ‘n

kontraktuele verhouding die afwesigheid van ‘n fidusiêre plig af te lei.” Na

aanleiding ook van die Gross v Pentz-beslissing 191 doen De Waal aan die

hand dat ‘n potensiële begunstigde by ‘n inter vivos trust gevestigde

belange in die behoorlike administrasie van ‘n trust het. Alhoewel De

Waal192 saamstem dat die hof tereg geweier het om nie die regsverligting

188 Sien ook Van der Westhuizen 57. 189 De Waal 1998 TSAR 329 waar hy ook na Honoré en Cameron verwys. 190 De Waal 1998 TSAR 331. 191 Gross v Pentz 1996 4 SA 617 (A). Sien ook De Waal se vonnisbespreking in 1996

De Rebus 819 e.v. 192 De Waal 1998 TSAR 332.

Page 405: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

376

soos aangevra te verleen nie,193 is hy oortuig dat ‘n trustee tog steeds ‘n

fidusiêre plig het - ook teenoor ‘n begunstigde wat nog nie aanvaar het

nie.

♦ Volgens Corbett194 staan dit vas dat ‘n trustee “as ho lder of an office and

not only as a party to a contract” ook die potensiële regte van die

begunstigde in ag moet neem in terme van sy fidusiêre plig jeens

belanghebbendes. Hierdie “office of trusteeship” is juis een van die unieke

onderskeidende kenmerke van die hedendaagse trust - aldus De Waal et

al.195 Cameron et al196 praat in die verband van ‘n “special feature” van

die trustfiguur. De Waal verwys ook na hierdie as een van die

wesenskenmerke van ‘n suiwer trustfiguur.197

♦ Van der Westhuizen198 se siening, waarmee saamgestem word, is:

“Section 9 actually confirms the trustee’s common law fiduciary duty

and perhaps even goes beyond in that acceptance by the beneficiary

of any benefit is not a prerequisite (vinculum iuris) for the statutory

fiduciary duty to find application.”

193 Dit word aan die hand gedoen dat De Waal se standpunt hier suiwer gebaseer is op

die verbintenisreg en dat hy dus saamstem dat die wysiging kontraktueel in orde was omrede

aanvaarding van voordele nog nie plaasgevind het nie en ‘n verbintenis waaruit regte kan

voortspruit dus nog nie ontstaan het nie. 194 Corbett 1993 THRHR 267. 195 De Waal, Erasmus, Gauntlett en Wiechers (hersien deur Jamneck en Williams)

LAWSA (red. Scott) 31 (2001) par. 501. 196 Cameron et al 5. 197 De Waal 2000 SALJ 557 e.v. 198 Van der Westhuizen 57.

Page 406: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

377

♦ Olivier199 is van mening dat

“as daar magte aan ‘n trustee verleen word, geskied dit in die konteks

van ‘n trustakte om die trustee in staat te stel om sy verpligtinge

ingevolge die fidusiêre verhouding waarin hy verkeer, behoorlik na te

kom. Vanselfsprekend rus daar ‘n plig op die trustee om sy magte so

uit te oefen dat die belange van die begunstigde voorrang geniet.”

Olivier200 voer aan dat hierdie benadering eenvoudig logies is omdat

“magte die keersy is van verpligtinge”.

Volgens Olivier201 is die bron van regte en verpligtinge tussen trustee en

begunstigde die fidusiêre verhouding en nie enige privaatregtelike

verbintenis nie. Volgens dié skrywer is die nut van die privaatregtelike

verbintenis beperk tot die aanvaarding om as ampsbekleër op te tree en

ontvangs van die trustgoedere (dus as ontstaansbron van die

trustverhouding). Hiermee word saamgestem.

♦ Du Toit202 se siening in dié verband is dat

“Every trust beneficiary, regardless of any other rights he may have,

therefore enjoys a concomitant personal right against a trust’s trustee

for the administration of the trust in accordance with the proper

discharge of his office.”

Hierdie persoonlike reg, so voer Du Toit203 aan, ontstaan in beide gevalle

van die trust mortis causa en inter vivos, by “inception of the office of

trustee, usually upon commencement of the trust”.

199 Olivier Trustreg en Praktyk 69. 200 Olivier Trustreg en Praktyk 69. 201 Olivier Trustreg en Praktyk 90. 202 Du Toit 108. 203 Du Toit 108 - 109.

Page 407: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

378

♦ In Doyle v Board of Executors204 het die vraag ter sprake gekom of ‘n inter

vivos trustbegunstigde wat nog nie oor gevestigde regte 205 beskik het nie,

op sekere inligting van die trustadministrasie geregtig sou wees. Dit was

gemeensaak dat so ‘n begunstigde slegs die inligting sou kon eis indien hy

oor regte beskik het. Regter Slomowitz206 wys daarop dat hy die

navorsing vir sy uitspraak nie beperk het tot inter vivos

trustaangeleenthede nie, maar eerder na alle gevalle waar ‘n fidusiêre

verhouding bestaan.

Die begunstigde in die onderhawige trust (wat ‘n inter vivos trust was) sou

volgens die trustakte slegs op trustvoordele aanspraak kon maak mits hy

die ouderdom van 25 jaar bereik en hy sy moeder oorleef.207 Hy het op

die stadium van die hofgeding nog geen voordele van die trust aanvaar

nie. Die feitelike situasie in hierdie beslissing was dus dat die

trustbegunstigde, in ooreenstemming met die siening betreffende

privaatregtelike gevestigde regte, veral by trusts inter vivos,208 oor geen

regte beskik het nie en dus regteloos en waarskynlik remedieloos was.

In sy soeke na die moontlikheid of ‘n begunstigde op enige ander wyse

regte kon bekom, vestig regter Slomowitz sy aandag op ‘n moontlike

fidusiêre verhouding tussen die trustee en alle begunstigdes. Hy toon aan

dat regter Conradie in die hofuitspraak a quo in Hofer v Kevitt 209 van

mening was dat

“I doubt that the office occupied by a trustee could by itself serve as a

source of a fiduciary duty to a potential beneficiary”.

204 Doyle v Board of Executors 1999 (2) SA 805 (C). 205 Beskou vanuit die oogpunt van die verbintenisreg. 206 Doyle v Board of Executors hierbo 808F. 207 Vestiging het dus nog nie volgens enige van Cowen se twee konstruksies

plaasgevind nie. 208 Hoofstuk 7 veral paragraaf 7.4.3 en hoofstuk 4 paragraaf 4.3.1.2. 209 Hofer v Kevitt 1996 2 SA 402 (C) 408B.

Page 408: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

379

Regter Slomowitz210 verskil van hierdie siening waar hy opmerk:

“To my mind that cannot, expressed as a principle of general

application, be the law.”

Met hierdie standpunt word saamgestem. Dit is eenvoudig histories

verkeerd om standpunt in te neem dat die trustverhouding nie aanleiding

gee tot ’n fidusiêre verhouding, sui generis, waaruit regte en verpligtinge

voortspruit nie. Nie net is aangetoon dat die siening in stryd is met die

posisie in verskeie ander regsjurisdiksies nie,211 maar ook in Suid-Afrika.

Regter Slomowitz vind ook steun vir sy siening in regter Corbett se

uitspraak in Gross v Pentz 212 waar laasgenoemde die mening uitspreek

dat:

“While the rights of such beneficiaries are contingent, they do, as the

Court a quo observed, have vested interests in the proper

administration of the trust. Although there does not appear to be any

authority directly in point, I am of opinion that such a beneficiary may

bring a representative action.”

In ‘n poging om bogemelde twee, oënskynlik teenstrydige, standpunte te

versoen, wys regter Slomowitz213 daarop dat regter Conradie die

aangeleentheid klaarblyklik net vanuit ‘n verbintenisregoogpunt benader

het, terwyl regter Corbett en ook regter Slomowitz die aangeleentheid ook

vanuit die publiekregtelike fidusiêre verhoudingsleer benader:

”Conradie J was, of course, not concerned with matters of

administration, but rather with the power of donor and trustee, acting as

principals, to revoke an unaccepted contract. In that context he held,

as did the Appeal Court, that a trustee owed no duty to contingent

210 Doyle v Board of Executors hierbo 812F. 211 Hoofstuk 6 en paragraaf 8.3. 212 Gross v Pentz 1996 4 SA 617 (A) 628I. 213 Doyle v Board of Executors hierbo 812H.

Page 409: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

380

beneficiaries. It seems to me, however, that the equation of a trust

inter vivos with a stipulatio alteri has limits beyond which it may not be

pressed. The duty which falls upon those who occupy a fiduciary

position … is often said to be sui generis.”

De Waal214 wys ook daarop dat selfs waarnemende appèlregter Van

Coller in Hofer v Kevitt215 die regsvraag omtrent die trustee se fidusiêre

plig teenoor die begunstigde nie ondubbelsinnig beantwoord nie, maar

eerder besluit het om sy bevinding doodeenvoudig te baseer op die vraag

of die wysiging van die trust, soos wat dit in die onderhawige saak gedoen

is, op ‘n geldige wyse uitgevoer is. Die regter weerhou hom ongelukkig

van “an approach which recognises that an inter vivos trust is not purely

contractual in nature”. Die Hofer-hoogste hof van appèlbeslissing kan

egter nie as gesag dien dat ‘n trust slegs van kontraktuele aard is nie.216

Regter Slomowitz in Doyle v Board of Executors217 bevind aan die ander

kant dat die ontstaansbron van hierdie fidusiêre regte nie noodwendig ‘n

kontrak hoef te wees nie. Hy verwys ter stawing van hierdie siening

onder andere ook na ‘n terloopse opmerking van regter Steyn in die

Crookes-beslissing,218 naamlik “that a trust may also have other than

contractual incidents”. Regter Slomowitz bevind uiteindelik dat trustees

aan alle trustbegunstigdes fidusiêre pligte verskuldig is. Op die basis dat

die verskaffing van volledige inligting een sodanige plig is, word bevind

ten gunste van die eiser en word gelas dat die nodige inligting aan hom

voorsien moet word.

214 De Waal 1998 TSAR 328 e.v. 215 Hofer v Kevitt 1998 1 SA 382 (SCA). 216 Die regter maak geen bevinding in die verband nie. Sy uitspraak is gebaseer op ‘n

bevinding dat die trust as ‘n kontrak, meer spesifiek ‘n stipulatio alteri, voor aanvaarding

sonder tussenkoms van begunstigdes gewysig kon word, omdat hulle nog geen kontraktuele

regte op daardie stadium bekom het nie. 217 Doyle v Board of Executors hierbo 813A. 218 Crookes v Watson 1956 (1) SA 277 (A) 306A - C.

Page 410: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

381

Dit word aan die hand gedoen dat regter Slomowitz se siening die korrekte is.

Daar is nou reeds by herhaling aangetoon dat die fidusiêre trustverhouding ‘n

verhouding sui generis is. In Land and Agricultural Bank of South Africa v

Parker219 maak appèlregter Cameron nie een keer melding van die

ontstaansbron van die trust wanneer hy hom uitspreek oor die fidusiêre aard

van die trustfiguur nie. Belangrik is sy opmerking in dié verband dat:

“It may be said, adapting the historical exposition of Tony Honoré, that

the English law trust, and the trust-like institutions of the Roman and

Roman-Dutch law, were designed essentially to protect the weak and

to safeguard the interests of those who are absent or dead.”

Daar is ook reeds gepoog om verder aan te toon dat hierdie unieke

regsverhouding sy ontstaan te danke het aan die publiekregtelike siening dat

sekere verhoudings besondere beskerming deur die samelewing vereis. In

Suid-Afrika is hierdie beskerming verder statutêr beliggaam. In dié verband

het die wetgewer220 selfs só ver gegaan om aan die Meesters van die

Hooggeregshof die reg te verleen om aan te dring op sekerheidstelling deur

trustees vir die behoorlike nakoming van hulle trustpligte, selfs ongeag of die

trustakte sodanige sekuriteit vereis - die rede hiervoor kan tog net wees om

die beskerming van trustbegunstigdes se regte (as teenpool van die trustee(s)

se pligte) verder te versterk. In hierdie wetgewing het die wetgewer, bewus

van die polemiek rondom die aard van spesifiek die trust inter vivos, dit goed

gevind om ‘n algemene statutêre trouplig in te stel. Die wetgewer onderskei

nie tussen begunstigdes wat reeds privaatregtelik oor gevestigde regte beskik

en diegene wat nog geen regte het nie. Alle begunstigdes het kragtens

hierdie wetgewing regte teenoor hulle trustees as teenpool van die algemene

statutêre regsplig wat trustees in Suid-Afrika opgelê word.

219 Land and Agricultural Bank of South Africa v Parker 2005 2 SA 77 (SCA) 86F. 220 In artikel 6(3) van die Wet op die Beheer oor Trustgoed 57 van 1988.

Page 411: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

382

8.8 SAMEVATTING

Dit word aan die hand gedoen dat die regte van alle trustbegunstigdes primêr

aan die fidusiêre verhouding tussen trustpartye ontleen word.221 Dit is egter

nie die enigste bron van dié regte nie. Juis weens die feit dat die

ontstaansbron van ‘n trust steeds beklemtoon word, kan verdere regte ook uit

die betrokke ontstaansbron voortspruit.222 Alhoewel die betrokke trustakte

altyd die beginpunt sal vorm van ’n soeke na die moontlike regte van

trustbegunstigdes, merk Olivier223 op dat selfs ‘n omvattende en baie

volledige trustakte op sy beste, ’n belangrike, maar sekondêre rol speel by die

skepping van regte en verpligtinge. Die trustee het immers te alle tye steeds

magte en verpligtinge - selfs by ontstentenis van ’n volledige trustakte, maar

dan ex lege.

Cameron et al 224 verwys in hierdie verband daarna dat “the trustee must give

effect to the trust instrument, properly interpreted, as far as it is lawful and

effective under the law of the place where the administration is to take

place”.225 Hieruit blyk dus ook dat die inhoud van die trustakte ondergeskik is

aan die reg van die betrokke jurisdiksie waarin die trust funksioneer en dus

ook aan die werking en beginsels van, byvoorbeeld fidusiêre verhoudings in

Suid-Afrika.

221 Olivier 116. Cameron et al 262 e.v. Olivier 361 kom tot die gevolgtrekking dat die

bron van die trustee se verpligtinge en dus die begunstigde se regte, in alle gevalle, die

fidusiêre verhouding is wat ‘n natuurlike en onontbeerlike eienskap van die trustee-amp is. 222 Hiermee word byvoorbeeld bedoel saaklike regte in geval van die bewindtrust inter

vivos, na aanvaarding van voordele, of vorderingsregte in gevalle van trusts mortis causa na

dies cedit, ensovoorts. 223 Olivier 117. 224 Cameron et al 262. (My onderstreping). 225 Hier word byvoorbeeld gedink aan artikel 9(2) van die Wet op die Beheer oor

Trustgoed 57 van 1988, wat hierbo bespreek is.

Page 412: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

383

In hoofstuk 9 gaan gelet word op die moontlike gevolge van ‘n standpunt dat

alle trustbegunstigdes in die Suid-Afrikaanse trustreg, soos in die ander

regsjurisdiksies wat ondersoek is, oor regte beskik. Sekere gedagtes gaan

ook uitgespreek word oor toekomstige trustontwikkeling indien aanvaar sou

word dat alle trustbegunstigdes oor regte beskik sodra ‘n trust ontstaan.

Page 413: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

384

HOOFSTUK 9

FINALE GEVOLGTREKKINGS EN ‘N TOEKOMSBLIK

9.1 INLEIDING...................................................................................................384

9.2 FIDUSIÊRE VERHOUDINGS ..................................................................391

9.3 ALTERNATIEWE BENADERING ............................................................398

9.4 GEVOLGE VAN DIE ALTERNATIEWE BENADERING ......................402

9.4.1 Hantering van die regte .....................................................................402

9.4.2 Trustees ...............................................................................................404

9.4.3 Wysiging van Trustaktes ...................................................................409

9.4.4 Meesterskantore .................................................................................411

9.5 SLOT ............................................................................................................413

9.1 INLEIDING

In Crookes v Watson1 het die Appèlhof bevind dat Suid-Afrikaanse

trustbegunstigdes van inter vivos trusts, wat nog geen regte aanvaar het nie,

nie oor regte beskik nie. In hoofstuk 1 is die vrees uitgespreek dat hierdie feit

kan meebring dat veral die populêre inter vivos trust in Suid-Afrika moontlik

ongeldig kan wees of dat die trustfiguur in Suid-Afrika moontlik nie ‘n suiwer

trustfiguur is nie. In hoofstuk 72 is die standpunt dat ook diskresionêre

trustbegunstiges (mortis causa en inter vivos) moontlik oor geen regte beskik

nie, onder die loep geneem. In hoofstuk 8 is aan die hand gedoen dat omdat

die howe soveel klem lê op die ontstaansbron van ‘n trust, hulle die

1 Crookes v Watson 1956 1 SA 277 (A). 2 Hoofstuk 7 paragrawe 7.3.1.2 en 7.4.4.2.

Deleted: 8

Page 414: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

385

vertrouensverhouding as moontlike bron van trustbegunstigdes se regte totaal

onderbeklemtoon.

‘n Deeglike ondersoek na die huidige regsposisie van die begunstigdes in die

geval van trusts in Suid-Afrika het bevestig dat, sonder inagneming van

moontlike regte voortspruitend uit die trust as ‘n vertrouensverhouding, dit

inderdaad blyk dat sommige trustbegunstigdes oënskynlik regteloos is en dat

die regte van verskillende tipe trustbegunstigdes3 ook verskillend hanteer

word. Uit die ondersoek het hoofsaaklik twee redes geblyk vir hierdie toedrag

van sake:

(1) Die eerste rede was die feit dat trustfigure en in besonder ook die regte

en verpligtinge wat daaruit voortspruit, verskillend hanteer en

beoordeel word na gelang van die feit of die betrokke trust mortis

causa of inter vivos ontstaan het.4

(2) Die tweede rede was die Suid-Afrikaanse howe se oënskynlike

standpunt dat begunstigdes se regte, na ontstaan van ‘n trust, steeds

beoordeel moet word aan die hand van die erkende reëls van die

ontstaansbron.5

Daar moet in gedagte gehou word dat waar die howe tot dusver standpunt oor

die regte van trustbegunstigdes moes inneem, dit in omstandighede was waar

dit hoofsaaklik gegaan het oor gevalle van wysiging van trustaktes inter vivos.

3 Trustbegunstigdes is geklassifiseer en hulle regte beoordeel, ooreenkomstig die

spesifieke trustkonstruksie (mortis causa of inter vivos) wat ter sprake was. 4 Die oprigtingshandeling speel dus ‘n deurslaggewende rol. 5 Dit wil sê erfregtelik of kontraktueel. Dit is na aanleiding van die huidige regsposisie

in Suid-Afrika dat ‘n trust inter vivos as ‘n beding ten behoewe van ‘n derde en dus ‘n

spesifieke soort kontrak beskou word en die verdere feit dat trusts mortis causa in terme van

die reëls van die erfreg beoordeel moet word. Soos in hoofstuk 8 aangetoon, word aan die

hand gedoen dat hierdie standpunt beslis aan die verander is in die lig van die beslissings in

Doyle v Board of Executors 1999 2 SA 805 (C) en ook Land and Agricultural Bank of South

Africa v Parker 2005 2 SA 77 (SCA) - hierdie aspek word net hierna verder toegelig.

Page 415: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

386

Die feit dat dit dus in hierdie gevalle primêr gegaan het om die wysiging van

die trustakte, wat as ‘n tipe kontrak beskou is, het waarskynlik meegebring dat

die howe makliker geneig was om te konsentreer op die ontstaansbron van

die trustverbintenis en die reëls daarop van toepassing, sonder om werklik ag

te slaan op die ware inhoud van die trustverhouding as ‘n vertrouens-

verhouding waaruit vanself sekere unieke regte en verpligtinge voortspruit.

Daar is in hierdie navorsing aangetoon dat, ten opsigte van verskeie ander

regsjurisdiksies, die ontstaansbron van die trustverhouding geen beduidende

rol speel in die beoordeling van die regte van trustbegunstigdes na die

totstandkoming van die trust nie. 6 Na ontstaan van die trust7 bestaan ‘n

regsfiguur sui generis en van regtelose trustbegunstigdes of

trustbegunstigdes met verskillende regte, na aanleiding van ‘n spesifieke

ontstaansbron, is in daardie jurisdiksies nie sprake nie. Die regsposisie in al

die jurisdiksies wat ondersoek is, is dat ‘n suiwer trust sonder identifiseerbare

trustbegunstigdes met regte, in wie se guns die howe nakoming van die

trustbepalings kan gelas, inderdaad onbestaanbaar is.8

Daar is verder aangetoon dat die behoorlike beskerming van die regte van

trustbegunstigdes so ‘n belangrike onderdeel van die suiwer trustfiguur is dat

dit verhef is tot een van enkele wesenskenmerke van ‘n suiwer trustfiguur.

Hierdie strewe na behoorlike beskerming van die brose regte van

trustbegunstigdes het dan ook na alle waarskynlikheid gelei tot die toepassing

van die Engelse dual ownership-idee en equity-regsbeginsels op die Engelse

common law-trustfiguur. 9 Daar bestaan selfs onder sommige Engelse juriste

die siening dat die hele konsep van dual ownership bloot ‘n metode van die

Chancery-howe was om die bewysregtelike aspekte van troubreuk teenoor

6 Sien ook Aanhangsel B vir ‘n kriptiese opsomming in die verband. 7 Mortis causa, inter vivos of deur regswerking. 8 Sien ook Aanhangsel B vir ‘n kriptiese opsomming in die verband. 9 Hoofstuk 6 paragraaf 6.2.2.

Page 416: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

387

trustbegunstigdes by trustverhoudings te vergemaklik10 en dat daar nie veel

meer as dit in die dual ownership-konsep van die Engelse trustreg gelees

moet word nie.11 Daar is aangetoon dat dit wat vandag bekend staan as

fidusiêre of vertrouensverhoudings met die besondere regte en verpligtinge

wat, ex lege, daaruit voortspruit, ‘n algemene verskynsel is, met as

waarskynlike oorsprong, die Engelse equity-reg wat in wese niks anders is as

‘n stel billikheidsreëls, waaruit regte en verpligtinge voortspruit, wat in

besondere omstandighede op ‘n besondere wyse toepassing vind nie.

Of die erkenning van die beginsel van vertrouensverhoudings in ander

regsjurisdiksies geheel en al of slegs gedeeltelik deur die Engelse

ontwikkeling beïnvloed is, is onseker, maar gelukkig nie so belangrik nie,

aangesien dié betrokke beginsel ook reeds in die Romeinse reg erkenning

geniet het onder die vaandel van bona fides. Daar is aangetoon dat die

siening selfs bestaan dat equity-beginsels deur Romeinse beginsels

beïnvloed is. Wat wel van belang is, is dat die idee van ‘n

vertrouensverhouding met regte en verpligtinge, wat daaruit voortspruit,

vandag ‘n universele verskynsel is en dat vasgestel is dat dit toepassing vind

in al die jurisdiksies wat in die navorsing ondersoek is.

Wat ook duidelik voortgespruit het uit die ondersoek van die trustreg in ander

jurisdiksies is dat in elk van hierdie jurisdiksies (óf deur middel van die

gemenereg óf deur middel van wetgewing) die regte van die

trustbegunstigdes primêr1 2 baseer word op ‘n besondere fidusiêre

10 Om sodoende meer effektiewe beskerming aan die regte van trustbegunstigdes te

verleen. 11 Hoofstuk 6 paragraaf 6.2.2. 12 Hierdie kwalifikasie word in die volgende paragraaf bespreek.

Page 417: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

388

verhouding13 met besondere verpligtinge en regte14 en dat die ontstaansbron

in dié verband onbelangrik is.

Vanuit die oogpunt van die gemeenregtelike ontwikkeling van die trustfiguur is

in hoofstuk 2 aangedui dat vertrouensverhoudings reeds in die Romeinse en

Romeins-Hollandse reg bestaan het en as beskermingswaardig beskou is en

dat hierdie vertrouensverhoudings of ‘n kombinasie daarvan, waarskynlik een

van die historiese ontwikkelingsbronne van die hedendaagse trustreg in civil

law-lande kan wees.

Daar is vasgestel dat die algemene beginsels van fidusiêre verhoudings ook

in Suid-Afrika geld, waar dit uit beide die gemenereg en die Engelse reg

ingevoer is. 15 Dit geld ook vir trustreg in besonder, waar sodanige beginsels

selfs statutêr beliggaam is.16 Anders as elders in die jurisdiksies wat

ondersoek is, en weens die besondere siening van die howe, blyk dit egter

asof die Suid-Afrikaanse regsposisie17 is dat die regte van trustbegunstigdes

in Suid-Afrika eerder voortspruit uit óf die erfreg óf die kontraktereg (dit wil sê

ex contractu) in stede van uit die onderliggende fidusiêre verhouding en dus

ex lege. Indien dit so is, verskil die Suid-Afrikaanse trustreg van al die ander

regsjurisdiksies wat ondersoek is. Alhoewel die howe die bestaan van ‘n

fidusiêre verhouding binne trustverband erken, is hul siening (minstens wat

betref gevalle van trustwysiging) dat so ‘n verhouding nie wesentlik genoeg is

13 Addisioneel beskik die trustbegunstigdes in die verskillende regsjurisdiksies ook nog

oor verdere regte. In Engeland staan hierdie verdere regte bekend as “tracing rights”, in

Skotland word die verdere regte uitgeoefen in terme van hulle beginsel van “real

subrogation”. In Sri Lanka, Louisiana en Quebec word die verdere regte statutêr beliggaam. 14 Hiermee word allermins bedoel dat daar wêreldwyd eenvormige regte en verpligtinge

uit so ‘n verhouding spruit. Wat hiermee bedoel word, is dat die konsep “fidusiêre

verhouding” universeel is, maar waarskynlik individueel ontwikkel het in verskillende

jurisdiksies na aanleiding van besondere jurisdiksies se opvattings van wat die boni mores

(gemeenskapsopvatting) behels. 15 Hierdie aspek is in hoofstuk 8 bespreek. 16 In hoofstuk 8 paragraaf 8.3 is hierdie aspek bespreek. 17

Soos net hierna aangedui, word aan die hand gedoen dat hierdie posisie beslis aan

die verander is in die lig van onlangse beslissings.

Page 418: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

389

om die regte van trustbegunstigdes te beïnvloed ni e. Waar dit in die ander

jurisdiksies wat ondersoek is eerstens gaan om die fidusiêre verhouding as

primêre bron van die regte van trustbegunstigdes, gaan dit dus in Suid-Afrika,

volgens die howe se siening, tans primêr oor moontlike kontraktuele regte,

met die siening dat alhoewel ’n fidusiêre verhouding bestaan, dié verhouding

nie wesentlik genoeg is om die aard en omvang van begunstigdes se regte te

beïnvloed nie.18 Met hierdie sienswyse kan, soos in hoofstuk 8 aangetoon,

nie saamgestem word nie. Juis die siening van die howe dat

trustbegunstigdes se regte afhanklik is van erfregtelike of kontraktuele

verbintenisse, bring mee dat trustbegunstigdes, afhangende van die

besondere vereistes en kenmerke van spesifieke verbintenisse, soms

regteloos (en soms nie) kan wees ongeag die bestaan van ‘n onafhanklike

trustfiguur.19 Hierdie Suid-Afrikaanse benadering veroorsaak verder dat daar

oënskynlik trustbegunstigdes in Suid-Afrika kan wees sonder regte en ook dat

twyfel ontstaan oor die suiwerheid van die trustfiguur in Suid-Afrika en die

regsposisie van hierdie trustbegunstigdes. Tog blyk uit die navorsing wat

gedoen is dat daar in die algemeen al meer in Suid-Afrika gewag gemaak

word van die bestaan en belangrikheid van fidusiêre verhoudings - wat ook,

soos aangetoon, die regte van trustbegunstigdes behoort te beïnvloed. 20

Daar is verder aan die hand gedoen dat daar ook ’n duidelike verandering in

standpunt onder die howe te bespeur is in soverre dit die belangrikheid van

fidusiêre regte en verpligtinge in die trustverhouding betref. Dit is veral die

meer onlangse beslissings van Doyle v Board of Executors21 en Land and

Agricultural Bank of South Africa v Parker22 wat hier van besondere belang is.

18 Hofer v Kevitt 1998 1 SA 382 (SCA). 19

Dit moet altyd in gedagte gehou word dat die howe hierdie houding ingeneem het in

gevalle waar dit gegaan het oor wysiging van trustaktes en nie in gevalle van suiwer

aantasting van enige besondere regte van trustbegunstigdes nie. 20 Hierdie aspek is bespreek in hoofstuk 8 en word kortliks opgesom in paragraaf 9.2

hierna. 21 Doyle v Board of Executors 1999 2 SA 805 (C). 22 Land and Agricultural Bank of South Africa v Parker 2005 2 SA 77 (SCA).

Page 419: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

390

Soos reeds in hoofstuk 8 bespreek, toon regter Slomowitz in Doyle v Board of

Executors23 , na ‘n deeglike ondersoek van hierdie aangeleentheid en ook op

sterkte van hoofregter Corbett se siening in Gross v Pentz 2 4 aan waarom hy

nie met regter Conradie se uitspraak in die hof a quo in Hofer v Kevitt 25 kan

saamstem nie. Regter Slomowitz26 se standpunt is dat regter Conradie die

moontlike regte van trustbegunstigdes net vanuit ‘n verbintenisregoogpunt

benader het, terwyl hoofregter Corbett in Gross v Pentz 27 en ook regter

Slomowitz self in Doyle v Board of Executors28 die aangeleentheid ook vanuit

die publiekregtelike fidusiêre verhoudingsleer benader. De Waal29 wys in dié

verband daarop dat selfs waarnemende appèlregter Van Coller in die

uitspraak van die Hoogste Hof van Appèl in Hofer v Kevitt30 die regsvraag

omtrent die trustee se fidusiêre plig teenoor die begunstigde nie

ondubbelsinnig beantwoord het nie. Regter Slomowitz3 1 bevind uiteindelik

dat trustees aan alle trustbegunstigdes fidusiêre pligte verskuldig is en

hiermee word, soos reeds aangetoon, heelhartig saamgestem. Alhoewel die

spesifieke feite in Land and Agricultural Bank of South Africa v Parker32 sig

nie geleen het tot ‘n in diepte ondersoek van die aard en omvang van die

regte van trustbegunstigdes nie, verhoed dit nie appèlregter Cameron om by

verskeie geleenthede33 te verwys na die fidusiêre aard en ook fidusiêre

23 Doyle v Board of Executors 1999 2 SA 805 (C). 24 Gross v Pentz 1996 4 SA 617 (A) 628I. 25 Hofer v Kevitt 1996 2 SA 402 (C) 408B. 26 Doyle v Board of Executors hierbo 812H. 27 Gross v Pentz 1996 4 SA 617 (A) 628I. 28 Doyle v Board of Executors 1999 2 SA 805 (C). 29

De Waal 1998 TSAR 328 e.v. 30 Hofer v Kevitt 1998 1 SA 382 (SCA). 31 Doyle v Board of Executors hierbo 813A. 32 Land and Agricultural Bank of South Africa v Parker 2005 2 SA 77 (SCA) 86F. 33 Land and Agricultural Bank of South Africa v Parker 2005 2 SA 77 (SCA) 82B, 84F,

84H, 85A, 86E - H, 87C, 88G, 90A - D.

Page 420: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

391

verpligtinge van trustees en ooreenstemmende regte van trustbegunstigdes

nie.

Daar is dus in hoofstuk 8 aan die hand gedoen dat die beginsel van regte

voortspruitend uit fidusiêre verhoudings as primêre bron van alle

trustbegunstigdes se regte, moontlik ‘n oplossing kan bied vir hierdie

onaanvaarbare regsposisie in Suid-Afrika en dat so ‘n standpunt klaarblyklik

nie in stryd is met die meer onlangse regspraak in die verband nie.

9.2 FIDUSIÊRE VERHOUDINGS

Soos aangetoon is, speel die gemeenskapsopvatting by fidusiêre verhoudings

‘n belangrike rol. Juis daarom was dit, toe die spesifieke aangeleentheid van

vertrouensverhoudings in die trustreg ondersoek is, belangrik om breër te let

op wat die Suid-Afrikaanse regsgemeenskap se siening is ten opsigte van die

fidusiêre verantwoordelikhede en regte van diegene in vertrouensverhoudings

in die algemeen.

Dit blyk dat die Romeinse begrip bona fides en die common law-idee van

fidusiêre verantwoordelikheid, ineengestrengelde begrippe is. Die algemene

begrippe “billikheid” en “natuurlike geregtigheid” word dikwels ook in dieselfde

asem genoem wanneer dit gaan om die wyse waarop partye in besondere

verhoudings tot mekaar, teenoor mekaar moet optree. Indien enige van

hierdie begrippe in ‘n spesifieke vakdissipline van ‘n besondere regstelsel

algaande meer erkenning verkry, kan waarskynlik aanvaar word dat weens

die betrokke gemeenskapsopvatting, soortgelyke aanvaarding van daardie

begrip ook in ander vakdissiplines teenwoordig is, of sal volg. Dit is dan ook

die geval in Suid-Afrika waar uit ‘n ondersoek van verskeie vakdissiplines

Page 421: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

392

duidelik blyk dat algaande meer aandag en belangrikheid aan die begrip

“trouplig,”34 oor die algemeen verleen word:

♦ Verteenwoordigingsreg

Daar is in hoofstuk 8 aangetoon dat die verhouding tussen prinsipaal en

verteenwoordiger volgens die Suid-Afrikaanse reg ongetwyfeld een van goeie

trou is.35 Die feit dat hierdie fidusiêre verhouding ook sy oorsprong in die

Engelse reg gehad het, is insiggewend.36

♦ Vennootskapsreg

Ook in die Suid-Afrikaanse vennootskapsreg word ‘n algemene erkenning

verleen aan die beginsel van goeie trou tussen vennote.37

♦ Kontraktereg

In die Suid-Afrikaanse kontraktereg is bevind dat algaande meer klem

geplaas word op die beginsel van bona fides tussen kontrakspartye.

In Eerste Nasionale Bank van Suidelike Afrika Bpk v Saayman verwys

appèlregter Olivier reeds na “moderne, uitgebreide regsbeginsels van die

34 Die begrip “trouplig” is in hierdie verhandeling gebruik as sinoniem vir fidusiêre pligte

voortspruitend uit ‘n vertrouensverhouding/fidusiêre verhouding. Die begrip is gebruik as ‘n

sambreelbegrip wat begrippe soos “bona fides”, “billikheid” en “fidusiêre pligte” insluit. Die

teenpool van hierdie trouplig is dan die fidusiêre reg van die ander party in die verhouding wat

neerkom op ‘n reg om te verwag dat die vertrouensman bona fide, billik en ooreenkomstig die

gemeenskapsopvatting van wat alles in terme van ‘n besondere fidusiêre verhouding

eerbiedig en beskerm moet word, optree. 35 Paragraaf 8.2.1. 36 Joubert Die Suid-Afrikaanse Verteenwoordigingsreg (1979) 215. 37 Du Plessis in Suid-Afrikaanse Handelsreg (red. Oosthuizen) (1988) (3e uitgawe) (Vol.

2) 272.

Page 422: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

393

bona fides”.38 Verskeie ander juriste deel die siening dat bona fides as ’n

basiese beginsel in die Suid-Afrikaanse kontraktereg, meer aandag moet

kry.39 Volgens appèlregter Olivier 40 beteken die beslissing in Bank of Lisbon

and South Africa Ltd v De Ornelas and Another4 1 nie die einde van die bona

fide-beginsel of die rol wat die openbare belang in kontaktereg speel nie,

maar eerder die beklemtoning daarvan.4 2 Appèlregter Olivier43 se standpunt

dat die funksie van die bona fide-begrip, wat hy gelykstel met die beginsel van

goeie trou, eenvoudig is om gemeenskapsopvattings ten aansien van

behoorlikheid, redelikheid en billikheid in die kontraktereg te verwesentlik, is

van groot belang wanneer dit kom by die bepaling van die inhoud van

spesifieke fidusiêre regte en verpligtinge. Nie alleen is appèlregter Olivier dus

van mening dat die algemene beginsel van goeie trou erkenning geniet in die

Suid-Afrikaanse kontraktereg nie, maar dat dit inderdaad aan die uitbrei is in

ooreenstemming met moderne beginsels.

♦ Maatskappyereg

Die fidusiêre verpligtinge van maatskappydirekteure is in Suid-Afrika grootliks

oorgeneem vanuit die Engelse reg en in besonder vanuit die Engelse equity-

reg.44 Aanvanklik was hierdie fidusiêre verhouding in Engeland juis gebaseer

38 Eerste Nasionale Bank van Suidelike Afrika Bpk v Saayman 1997 4 SA 302 (HHA)

318H. 39 Hierdie aspek is bespreek in hoofstuk 8 paragraaf 8.2.3. 40 Eerste Nasionale Bank van Suidelike Afrika Bpk v Saayman 1997 4 SA 302 (HHA)

318 e.v. 41 Bank of Lisbon and South Africa Ltd v De Ornelas 1988 3 SA 580 (A). 42 Soos in hoofstuk 8 aangetoon, huldig Olivier die standpunt dat die verwerping deur

die hof van die exceptio doli -generalis-beginsel in die Suid-Afrikaanse reg ‘n logiese stap was

omrede dit die weg gebaan het vir ‘n algemene aksie gebaseer op verbreking van die

beginsel van goeie trou in die plek van die meer beperkende exceptio doli-generalis. 43 Eerste Nasionale Bank van Suidelike Afrika Bpk v Saayman hierbo 319B. Sien ook

Axiam Holdings Ltd v Deloitte & Touche 2006 1 SA 237 (SCA) en Duvenage v Eerste

Nasionale Bank van SA Bpk 2005 4 All SA 41 (N). 44 Havenga Fiduciary Duties of Company Directors with Specific Regard to Corporate

Opportunities (LLD-proefskrif 1995 Unisa) 11.

Page 423: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

394

op die basis dat so ‘n direkteur beskou is as trustee van die maatskappy en

dat sy fidusiêre verpligtinge juis daaruit voortspruit.45 Du Plessis46 beaam die

feit dat daar wêreldwyd ‘n besliste klemverskuiwing plaasvind wat direkteure

se vertrouensplig betref. Hy47 beweer dat daar ‘n onomkeerbare proses aan

die gang is waardeur die direkteur blootgestel word aan ‘n al groter wordende

getal pligte - nie net teenoor die maatskappy nie, maar onder andere ook

teenoor die aandeelhouers van die maatskappy.48

Mongalo49 wys daarop dat teen die middel van die 19e eeu, aandeelhouers

van maatskappye meestal die enigste direkteure van sodanige maatskappye

was en dat daar destyds weinig behoefte bestaan het aan eksterne

hulpmiddels om toe te sien dat maatskappye behoorlik bestuur en beheer

word. Die posisie het egter hedendaags dramaties verander, soveel so dat

daar ‘n toenemende gemeenskapsgevoel aan die ontwikkel is tot al meer en

meer beheer oor maatskappy-amptenare, veral direkteure. Die behoefte aan

beter en gevorderde beheer is veral ook beklemtoon deur die ineenstorting

van verskeie maatskappye in die 1980’s en 1990’s. ‘n Toenemende behoefte

aan beskerming van partye in vertrouensverhoudings word ook juis

beklemtoon deur die ontwikkeling van meer spesifieke beskermingstrukture

binne maatskappyeregverband wat, ten minste in Suid-Afrika, besli s die toon

aangee as dit kom by die beskerming van fidusiêre regte.50

45 Havenga 11. Havenga voer egter aan dat dit nie noodwendig ‘n korrekte benadering

is nie, dat die direkteur se fidusiêre posisie sui generis is, maar gee toe dat die aanvanklike

toepassing van hierdie besondere verhouding daaruit kon voortspruit. 46 Du Plessis “Direkteure se pligte teenoor partye anders as die maatskappy” 1992 De

Jure 386 e.v. 47 Du Plessis 1992 De Jure 386 e.v. 48 Hier word onder andere gedink aan die bepalings ten opsigte van

binnekennistransaksies waarna Du Plessis 1992 De Jure 381 verwys. 49 Mongalo “South Africanizing Company Law for a Modern Competitive Global

Economy” 2004 SALJ 93 e.v. 50 Hierdie aspek is bespreek in hoofstuk 8 paragraaf 8.2.5 en die feit dat ‘n behoefte

aan ontwikkeling van die hantering van fidusiêre verhoudings nie net tot maatskappyereg

beperk is nie, word ook aangeroer deur Mongalo 2004 SALJ 99 e.v.

Page 424: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

395

♦ Samevatting

Nie net geniet die beginsels van goeie trou, billikheid en dus ”fidusiêre

verhoudings”5 1 wye erkenning in die Suid-Afrikaanse reg nie, maar dit blyk

duidelik dat hierdie beginsels algaande meer belangrik geag word en verhef

word tot ’n onontbeerlike onderdeel van regsverhoudings in Suid-Afrika. Daar

is reeds opgemerk dat indien die beginsels van ‘n trouplig in ‘n spesifieke

vakdissipline van ‘n besondere regstelsel algaande meer erkenning verkry,

aanvaar kan word dat weens die betrokke gemeenskapsopvatting,

soortgelyke aanvaarding van daardie begrip en die beginsels daaruit

voortspruitend ook in ander vakdissiplines teenwoordig is, of sal volg.

Nie net in Suid-Afrika nie, maar ook elders in die wêreld is daar ’n algaande

groter wordende bewussyn met betrekking tot die belangrikheid van goeie

trou tussen kontrakspartye. So merk Glover 52 byvoorbeeld in 1995 op:

“Fiduciary relationships in commerce were once thought to be an

improbable thing. The heart of commerce was conceived as certainty

and despatch - which left little room for conscientious obligations and

the balancing of rival equities.”

Dan gaan Glover 53voort en toon aan dat dit hedendaags beslis nie meer die

geval is nie. Die skrywer toon dan aan dat die rol van fidusiêre regte en

verpligtinge in die regspleging dramaties uitgebrei het en hedendaags ‘n

belangrike rol speel wanneer dit in die regsverkeer gaan oor die beskerming

van die belange van begunstigdes van ‘n vertrouensplig binne ‘n

vertrouensverhouding.

51 Wat soos hierbo aangetoon onder die sambreelbegrip “trouplig” val. 52 Glover Commercial Equity Fiduciary Relationships (1995) XI. 53 Glover Commercial Equity Fiduciary Relationships (1995) XI.

Page 425: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

396

♦ Trustreg

Dit word aan die hand gedoen dat die Hoogste Hof van Appèl in die Hofer-

beslissing54 beslis nie die bestaan van ‘n fidusiêre verhouding en dus die

bestaan van fidusiêre regte vir trustbegunstigdes verwerp het nie. Wat die hof

gedoen het, was om klem te lê op dit wat die hof beskou het as die primêre

bron van trustbegunstigdes se regte naamlik die kontrak (en in die proses die

moontlike bestaan van fidusiêre trustverhoudings as selfstandige bron van

regte vir trustbegunstigdes heeltemal negeer het). Die standpunt dat ’n

fidusiêre verhouding wel bestaan en van wesentlike belang is, word

ondersteun deur die uitsprake in Doyle v Board of Executors 55 en Land and

Agricultural Bank of South Africa v Parker.56 Alhoewel nie noodwendig met

die uiteindelike resultaat van die Hofer-uitspraak verskil word nie, word aan

die hand gedoen dat die hof wel in sy benadering fouteer het. In Suid-Afrika

word die bestaan van ‘n fidusiêre trustverhouding erken. Dit is ook duidelik

dat die fidusiêre verhouding nie sy verpligtinge en regte ex contractu ontleen

nie, maar ex lege. As verder gelet word op die toenemende mate waarin

oproepe in ander vakdissiplines gemaak word om al meer en meer klem te

laat val op die bona fides of dan fidusiêre verhouding, is dit jammer dat die

hof, toe die geleentheid sig voorgedoen het, dié beginsel in trustverband nie

ook in meer diepte in oorweging geneem het nie. As die hof sou bevind dat

die begunstigdes in die betrokke geval (fidusiêre, maar nie kontraktuele) regte

gehad het, maar, op die feite, daar nie verbreking van die trouplig plaasgevind

het nie, dan is dieselfde resultaat bereik, maar die hof sou ‘n reuse stap

vorentoe geneem het met regsekerheid in trustverband. Om egter die

beginsel totaal en al te negeer, is, met respek, om ’n onreg te doen aan die

hele historiese ontwikkeling van die suiwer trustfiguur en om die klem te laat

val op die sekondêre ten koste van die primêre bron van die regte van

trustbegunstigdes en daardeur verder mee te werk tot die huidige onhoudbare

regsonsekerheid.

54 Hofer v Kevitt hierbo. 55 Doyle v Board of Executors 1999 (2) SA 805 (C). 56 Land and Agricultural Bank of South Africa v Parker 2005 2 SA 77 (SCA).

Page 426: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

397

Appèlregter Cameron se siening in Land and Agricultural Bank of South Africa

v Parker 57 is insiggewend waar hy in dié verband weereens duidelik aandui

dat die grondidee van ‘n trust die skeiding is van eienaarskap aan die een

kant en die genot daarvan aan die ander kant - anders gestel, die beginsel dat

die persoon wat beheer moet uitoefen oor die trustbates dit primêr nie vir

homself doen nie, maar ten behoewe van ‘n ander. Volgens appèlregter

Cameron ontleen die trustee juis sy fidusiêre verpligtinge (en dus die

trustbegunstigde sy regte) aan hierdie beginsel. In dié verband merk

appèlregter Cameron58 op:

“And it is separation that serves to secure diligence on the part of the

trustee, since a lapse may be visited with action by beneficiaries whose

interests conduce to demanding better.”

As daar voor die Doyle- en Parker-beslissings twyfel bestaan het dat ‘n

trustbegunstigde altyd beskik oor fidusiêre regte of aanvaar is dat die Hofer-

beslissing weggedoen het met die bestaan van fidusiêre regte vir

trustbegunstigdes teenoor die trustee (met fidusiêre verpligtinge as teenpool),

word aan die hand gedoen dat sodanige twyfel nou deur die Doyle-beslissing

en die Hoogste Hof van Appèl in Suid-Afrika, by monde van appèlregter

Cameron, 59 uit die weg geruim is.

Daar kan op hierdie stadium geen twyfel meer bestaan dat

(1) sodra ’n fidusiêre verhouding, in die konteks van suiwer trusts

ontstaan, dit dan verder onafhanklik voortbestaan en beheers word

deur ’n eie unieke stel reëls wat betref die aard en inhoud van die regte

57

Land and Agricultural Bank of South Africa v Parker 2005 2 SA 77 (SCA). 58 Land and Agricultural Bank of South Africa v Parker hierbo 87D (my onderstreping).

Vantevore (sien hoofstuk 7 paragraaf 7.2) is reeds aangetoon dat “interests” selfs nog ‘n wyer

begrip as “regte” is, en dat eersgenoemde laasgenoemde beslis insluit. 59 Hy is ook mede-outeur van The South African Law of Trusts (1976) (2e uitgawe) en

Honoré’s South African Law of Trusts (2002) (5e uitgawe).

Page 427: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

398

en verpligtinge voortspruitend uit so ’n verhouding;

(2) ander vakdissiplines in Suid-Afrika, in besonder die verteenwoor-

digingsreg, vennootskapsreg, die kontraktereg en die maatskappyereg,

erkenning en belang heg aan hierdie beginsel, veral as dit gaan om die

beskerming van belange van die kontrakspartye, of die maatskappy en

die aandeelhouers en dat hierdie beginsel steeds in belangrikheid aan

die toeneem is binne hierdie vakdissiplines;

(3) die beginsel van fidusiêre regte en verpligtinge wat voortspruit uit ‘n

trustverhouding wel in Suid-Afrika erkenning geniet;

(4) dieselfde beginsel in die ander jurisdiksies wat ondersoek is, ook hier

te lande ‘n primêre rol behoort te speel wanneer dit gaan oor die regte

van trustbegunstigdes en die beskerming daarvan;

(5) die maatskappyereg met vrug gebruik kan word as dit kom by die

hantering van regte van begunstigdes in ‘n vertrouensverhouding

(waarvan die trustverhouding in historiese konteks inderdaad een van

die vroegstes was). Ook die feit dat, soos in die trustreg tussen trustee

en begunstigde, daar in die geval van die maatskappyereg ook geen

direkte onderliggende kontraktuele band tussen die direkteure en die

aandeelhouers bestaan nie, regverdig verder, in besonder ’n

vergelyking tussen hierdie twee vakdissiplines;

(6) die moontlike ex contractu regte wat daar ter beskikking van

trustbegunstigdes mag wees op die beste aanvullend tot, maar nooit

uitsluitend tot , die fidusiêre regte van trustbegunstigdes toegepas mag

word nie.

9.3 ALTERNATIEWE BENADERING

Die vraag wat beantwoord moet word, is hoe die klaarblyklike onhoudbare

situasie met betrekking tot die regte van trustbegunstigdes in Suid-Afrika dan

Page 428: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

399

opgelos kan word. ‘n Moontlike oplossing is om te aanvaar dat, soos elders in

die ander jurisdiksies wat ondersoek is, alle trustbegunstigdes primêr hulle

regte aan die bestaande fidusiêre trustverhouding ontleen en sekondêr soms

ook kontraktueel. Op hierdie wyse is slegs ’n klemverskuiwing nodig - ’n

verskuiwing wat in wese nie net reeds statutêr60 plaasgevind het nie, maar

ook aan die plaasvind is in verskeie vakdissiplines en in besonder die

trustreg.

Deur die klem te verskuif, soos voorgestel, word nie noodwendig voorgehou

dat die resultaat van die howe se standpunte verkeerd is nie, maar slegs dat

die wyse waarop dit bereik is, tekort skiet daarin dat geen ag geslaan is op die

begunstigdes se brose regte nie.

As ‘n klemverskuiwing, soos voorgestel, nie plaasvind nie en volstaan word

met die huidige benadering, is Van der Westhuizen61 se opmerking dat

“protection of beneficiaries … should rather determine the objective for

creating the trust” immers sinneloos - hoe kan regtelose begunstigdes

beskerm word - wat is daar dan om te beskerm! In so ‘n geval sal De Waal

ook nie geldig die afleiding kan maak dat die Suid-Afrikaanse trust ‘n suiwer

trustfiguur is nie - daar sal immers dan nie net onvoldoende beskerming vir

sommige trustbegunstigdes bestaan nie, maar selfs totale regtelose

trustbegunstigdes!

As Honoré en ook Cameron reg verstaan word, is dit hulle siening dat die

ontstaan van die Suid-Afrikaanse trust gebaseer word op sekere beginsels62

en dat na ontstaan word dit aangevul deur die beginsels van die publiekreg en

60 Sien in die verband hoofstuk 8 paragraaf 8.3. 61 Van der Westhuizen “Trusts” in Pace en Van der Westhuizen

Wills and Trusts (2005) 1. 62 Die inter vivos trust word byvoorbeeld baseer op die Kontraktereg.

Page 429: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

400

laasgenoemde skep onder andere die basis waaruit die begunstigde se

(fidusiêre) regte outomaties weens regswerking ontstaan.63

Vind die klemverskuiwing, soos voorgestel, plaas, is die gevolg daarvan dat

trustbegunstigdes se regsposisie dan soos volg daaruit sien:

(1) Alle trustbegunstigdes verkry vanaf ontstaan van enige trust ex lege

persoonlike vorderingsregte teenoor die trustee as teenpool van die

trustee se fidusiêre verpligtinge teenoor alle begunstigdes.

(2) Die trustbegunstigdes van ‘n diskresionêre trust mortis causa verkry

vanaf dies cedit ook ‘n vorderingsreg weens die werking van die reëls

van die erfreg.64 Dies cedit sal, in die geval van ’n diskresionêre mortis

causa trust egter op die vroegste eers intree nadat die trustees hulle

diskresies uitgeoefen het. Alhoewel daar teenstrydige sieni ngs in die

verband bestaan, is aan die hand gedoen dat sodanige begunstigdes

selfs voor uitoefening van die diskresie oor regte beskik en wel oor

voorwaardelike regte. Word egter aanvaar dat die fidusiêre verhouding

die primêre bron van regte is, is dit onbelangrik hoe en wanneer die

diskresionêre trustbegunstigde kragtens die erfreg persoonlike regte

bekom, aangesien soortgelyke regte reeds fidusiêr verwerf word

tydens ontstaan van die trust.

63 Soos reeds aangetoon, is dit die skrywer se standpunt dat, omrede die trust inter

vivos nie net suiwer kontraktueel van aard is nie en die trust mortis causa nie net suiwer

testamentêr van aard nie, maar beide ook fidusiêr van aard is, die afleiding gemaak kan word

dat trustbepalings inter vivos en mortis causa (insluitende regte van trustpartye) eerstens

beoordeel moet word vanuit die oogpunt van hierdie sui generis fidusiêre verhouding tussen

trustee en begunstigde. Begunstigdes van trusts behoort dus in alle gevalle minstens ‘n

persoonlike reg te besit teenoor die trustee ten opsigte van die nakoming van die

trustbepalings en -doel. 64 Mits die begunstigde dan reeds aanvaar het - Wessels v De Jager 2000 4 SA (HHA)

924.

Page 430: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

401

(3) Geen trustbegunstigde van ‘n diskresionêre trust inter vivos verkry voor

aanvaarding van voordele enige kontraktuele vorderingsregte nie. As

die fidusiêre verhouding die primêre bron van regte is, is ook hierdie

aspek onbelangrik aangesien die diskresionêre trustbegunstigde inter

vivos ook reeds fidusiêre regte verkry het tydens die ontstaan van die

trust.

(4) ‘n Trustbegunstigde van ‘n diskresionêre trust inter vivos verkry na

uitoefening van die trustees se diskresie65 en aanvaarding van die

voordele van hul regte, ’n vorderingsreg. So ’n begunstigde beskik

egter dan reeds oor ’n vorderingsreg voortspruitend uit die fidusiêre

verhouding.

(5) Die trustbegunstigde by die bewindtrust mortis causa verkry ook

saaklike regte, maar die administrasie en bestuur daarvan word van so

‘n begunstigde weerhou.

(6) Die trustbegunstigde by die bewindtrust inter vivos het voor

aanvaarding van voordele geen saaklike reg nie, maar beskik reeds

sedert ontstaan van die trust oor ’n fidusiêre vorderingsreg.

(7) Die trustbegunstigde by die bewindtrust inter vivos verkry na

aanvaarding van voordele saaklike regte, maar die administrasie en

bestuur daarvan word van so ‘n begunstigde weerhou.

Die debiteur van die begunstigdes se fidusiêre vorderingsregte is hoofsaaklik

die trustee.66 Begunstigdes in terme van hierdie vorderingsregte het geen reg

op spesifieke trustbates nie. Die inhoud van die begunstigdes se

65 Tydens die bespreking van die diskresionêre trustbegunstigde mortis causa se

posisie in hoofstuk 7, is aan die hand gedoen dat so ‘n begunstigde waarskynlik wel

voorwaardelike regte besit. Dieselfde standpunt word ingeneem ten opsigte van die

diskresionêre begunstigde inter vivos, en na aanvaarding van voordele. 66 En soms ook ander partye, sien hoofstuk 7 paragraaf 7.2.3.

Page 431: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

402

prestasieverpligtinge in terme van hulle vorderingsregte is gemik op die

nakoming deur die trustee van sy fidusiêre verpligtinge voortspruitend uit die

besondere vertrouensverhouding soos beliggaam in die trustakte.

9.4 GEVOLGE VAN DIE ALTERNATIEWE BENADERING

Die vraag wat nou ontstaan, is dat as aanvaar sou word dat alle

trustbegunstigdes regte het wat primêr voortspruit uit die besondere fidusiêre

verhouding, wat die belangrikste gevolge van so ‘n benadering sal wees. In

die verband sal veral gekyk moet word hoe die regte van trustbegunstigdes

dan moontlik hanteer moet word, wat die moontlike veranderde posisie van

trustees sal wees, hoe so ‘n veranderde standpunt toekomstige trustwysigings

kan beïnvloed6 7 en wat die moontlike effek daarvan op die huidige praktyk van

meesterskantore sal wees.

9.4.1 Hantering van die regte

Sodra ‘n trust ontstaan en ‘n trustee dus sy amp aanvaar het, sal so ‘n trustee

homself die vraag moet afvra hoe elke trustbegunstige se regte bepaal moet

word en hoe dit eerbiedig moet word. In die verband word aan die hand

gedoen dat die maatskappyereg-benadering soos deur Du Plessis68

aanbeveel, met die nodige wysigings op die trustreg toegepas kan word.

Daarvolgens sal eerstens dan uit die trustakte van die spesifieke trust

vasgestel moet word wat die doel van elke trustbepaling is en hoe dit

uitgevoer moet word. Uit die aard van die saak sal die trustee en die howe,

indien nodig, hulleself hier moet laat lei deur alle toelaatbare feite wat die

67 Hierbo is aangedui dat die regte van trustbegunstiges veral ter sprake gekom het in

gevalle van trustwysigings en daarom sal dit goed wees om in besonder te let op die gevolge

van ‘n veranderde standpunt in sodanige gevalle. 68 Du Plessis “Directors’s Duty to Use their Powers for Proper or Permissible Purposes”

2004 SA Mercantile Law Journal 308 e.v. Hierdie aspek is bespreek in hoofstuk 8 paragraaf

8.2.5.

Page 432: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

403

bedoeling van die trustoprigter behoorlik kan toelig.69 Op hierdie wyse sal dan

vasgestel kan word op welke wyse die trustoprigter ‘n spesifieke

trustbegunstigde wou begunstig en dus waarop so ‘n begunstigde geregtig is.

Tweedens sal die trustee en, indien nodig, die howe moet bepaal hoe so ‘n

trustee dan in die lig van die spesifieke omstandighede, sy/haar trouplig moet

nakom sodat die doelstellings van die trust en in besonder die regte van die

begunstigde nie misbruik of ontken word nie. Hierdie toets behoort te geskied

aan die hand van wat die betrokke gemeenskap se opvatting is van reg en

verkeerd. Soos reeds aangetoon, verskaf die besondere gemeenskap

spesifieke inhoud en kenmerke aan die algemeen geldende beginsel van

vertrouensverhoudings en die regte en verpligtinge wat daaruit voortspruit.

Toegepas op die feitestel wat in hoofstuk 870 gebruik is, sal vasgestel moet

word wat die doel van die trustoprigter met die oprigting van die trust teenoor

die spesifieke begunstigdes was en of, in ooreenstemming met die boni mori,

die trustee(s) trustbreuk gepleeg het en dus die trustbegunstigde(s) se regte

geskaad het.

Namate die gemeenskapsopvatting ten gunste van beskerming van die

individu verskerp 71 en die algemene gevoel ten gunste van ‘n trouplig tussen

kontakspartye toeneem, kan aanvaar word dat al meer klem gelê sal word

deur die gemeenskap op die behoorlike vasstelling en beskerming van

begunstigdes se regte. Du Plessis het daarop gewys dat hierdie behoefte in

die maatskappyereg begin ontstaan het veral toe buitestaanders algaande

69 Waarskynlik baie soos in die geval van uitleg van testamente, behalwe dat by die

trust die oprigter moontlik nog in lewe kan wees. Die begunstigde wat kla dat die trustee nie

uitvoering gee aan die trustdoelstellings nie, sal waarskynlik die bewyslas dra. 70 Hoofstuk 8 paragraaf 8.5. 71 Hierdie aspekte is reeds oral in die Suid-Afrikaanse regstelsel in belangrikheid aan

die toeneem. In die verband word onder andere gedink aan die bepalings van die Grondwet,

byvoorbeeld die reg op toegang tot inligting, die verskerping van hierdie siening in ander

vakdissiplines en ook in ander regsjurisdiksies wat ondersoek is.

Page 433: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

404

meer as direkteure begin optree het. Is dit nie juis ook die pad wat trustreg

nou noodwendig sal moet volg na aanleiding van die Parker-beslissing7 2 nie?

9.4.2 Trustees

♦ Professionele Trustee

Namate trustees meer onderwerp word aan ondersoeke ten opsigte van

moontlike benadeling van regte van trustbegunstigdes en nie meer kan skuil

agter die huidige standpunt dat hulle begunstigdes sonder regte ex contractu,

in effek geheel en al kan ignoreer nie, sal die trustpraktyk na alle

waarskynlikheid dieselfde roete volg as wat gedurende die afgelope tyd binne

maatskappyverband met direkteure gebeur het.73 Waarskynlik sal gevind

word dat trustees al meer ongeneë sal raak om bloot as sogenaamde

“sleeping trustees” diens te doen terwyl hulle geen noemenswaardige aktiewe

en bydraende rol tot verwesentliking van die trustdoelstellings speel nie.

Sodanige trustees sal al meer blootgestel word aan verwyte en eise van

72 Land and Agricultural Bank of South Africa v Parker hierbo 90B. Appèlregter

Cameron gaan selfs so ver en gee opdrag aan meesters om toe te sien dat ‘n onafhanklike

trustee (buitestaander) aangestel word in elke trust waar die ander trustees almal

beguntigdes is en die begunstigdes aan mekaar verwant is. Na aanleiding van persoonlike

gesprekke gevoer met senior amptenare van die meesterskantoor in Bloemfontein blyk dit

asof die meesterskantore nie noodwendig nog op buitestaanders as sodanig gaan aandring

nie - waarop hulle wel gaan aandring is dat minstens een trustee nie ‘n inkomste- of

kapitaalbegunstigde mag wees nie. Dit is verder interessant dat die meesterskantoor ook nie

bereid is om ‘n magtigingsbrief aan trustees uit te reik indien ‘n rekenmeester/ouditeur nie vir

die trust benoem is en sy aanstelling aanvaar het nie. Die meester pas die beginsel toe selfs

al sou die trustakte uitdruklik bepaal dat dit nie nodig is dat die trust se finansiële state

nagegaan word of dat ‘n rekenmeester/ouditeur aangestel word nie. 73 In Vrystaat Mielies (Edms) Bpk v Nieuwoudt 2004 3 SA 486 (HHA) is byvoorbeeld

ook al ondersoek ingestel na die toepassing van die Turquand-reël op trusts en alhoewel die

gedagte in die hof a quo steun ontvang het, is dit uiteindelik deur die Hoogste Hof van Appèl

verwerp, maar hoofsaaklik weens praktiese oorwegings.

Page 434: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

405

begunstigdes74 terwyl hulle betrokkenheid by en insae van trustaktes uiters

beperk is. Die professionele trustee, wat teen vergoeding optree, stiptelik en

onafhanklik in ooreenstemming met sy/haar fidusiêre verpligtinge teenoor die

trustbegunstiges, sal waarskynlik al meer na vore tree.75 Dit word aan die

hand gedoen dat dit reeds die gevolg is van die Parker-beslissing. In dié

verband moet in gedagte gehou word dat trustadministrasiekoste waarskynlik

sal verhoog. ‘n Verhoogde kostestruktuur binne redelike perke is egter ‘n

klein prys om te betaal vir regsekerheid met betrekking tot die aard en

omvang van die regte van alle trustbegunstigdes.

♦ Die Besigheidstrust

Hierdie benadering kan ook ‘n invloed hê op die sogenaamde

besigheidstrust.76 Hoe die neem van besigheidsrisiko’s deur trustees, as

algemene reël, te versoen is met die fidusiêre verpligtinge van trustees van

74 Die beslissing in Tijmstra v Blunt-Mackenzie 2002 1 SA 459 (T) is ‘n duidelike bewys

dat hierdie proses reeds ‘n aanvang geneem het en duidelik in dieselfde rigting as die

maatskappyereg beweeg. Sien ook in die algemeen Simpex Pty Ltd v Van der Merwe 1999 4

SA 71 (WLD). 75 In die praktyk word hierdie benadering reeds opgemerk. Dat van trustees verwag

word om onafhanklik op te tree is geen nuwigheid nie, sien byvoorbeeld Ehrlich v Rand Cold

Storage and Suppliers Co Ltd 1911 TPD 170. 76 Alhoewel die tipe trust in wese niks anders as ‘n inter vivos of mortis causa trust is nie

en óf diskresionêr óf vestigend kan wees, word van die terminologie gebruik gemaak om aan

te dui dat so ‘n besondere trust vrylik en gereeld aan die besigheidsverkeer deelneem en dus

gebruik word as besigheidsentiteit in stede van maatskappye, beslote korporasies en

vennootskappe. Die kritiek teen die gebruik van ‘n trust in die verband is onder andere dat, in

teenstelling met byvoorbeeld maatskappye en beslote korporasies, ‘n trust tans nog bykans

geen openbaarmakingspligte het nie en dit vir derdes wat met so ‘n trust besigheid doen

bykans onmoontlik is om insae te verkry in byvoorbeeld die trustakte (om onder andere vas te

stel wat die magte van trustees is, hoe besluite geneem mag word, wie namens die trust mag

kontrakteer, ensovoorts) omrede trustaktes tans nog nie openbare dok umente is nie. Sien in

die verband ook Van der Westhuizen 7 e.v.; Klopper “Besigheidstrusts, Begunstigdes en

Artikels 30 en 31 van die Maatskappywet 61 van 1973” 1978 De Jure 343; Goodricke and

Son (Pty) Limited v Registrar of Deeds, Natal 1974 1 SA 404 (N); Pretorius v CIR 1984 2 SA

619 (T).

Page 435: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

406

sulke trusts is ‘n ope vraag. 77 Dit is nie vergesog om aan die hand te doen

dat die erkenning van die bestaan van regte vir alle trustbegunstigdes

moontlik juis die gebruik van die familietrusts vir suiwer besigheidsdoeleindes

kan beperk of selfs in onbruik kan laat verval nie.

♦ Uitoefening van ’n Diskresie

Indien aanvaar word dat alle trustbegunstigdes oor regte beskik kan die

“ongelyke” uitoefening 78 van trustees se diskresies ook onder die vergrootglas

beland. Tans word, na aanleiding van die huidige gesag, die standpunt

gehuldig dat trustees van diskresionêre trusts 79‘n diskresie kan uitoefen om

byvoorbeeld slegs een inkomste- of kapitaalbegunstigde uit ‘n hele groep te

bevoordeel, sonder dat enige ander begunstigde so ‘n besluit sal kan

bevraagteken aangesien so ’n ander begunstigde regteloos is.

Die vraag op welke wyse ‘n diskresie wat aan een kontraksparty verleen is, in

die algemeen uitgeoefen moet word, is onlangs weer ondersoek in

77 Sackville West v Nourse and Another 1925 AD 516. Sien ook Administrators, Estate

Richards v Nichol 1999 1 SA 551 (SCA) 558H waar die hof van mening was dat die

spesifieke feite van elke geval van belang is en in die spesifieke omstandighede dit wel in

orde gevind het dat ‘n meer riskante beleggingsbesluit geneem word. In Tijmstra v Blunt-

Mackenzie 2002 1 SA 459 (T) bevind die hof dat ‘n trustee, as algemene reël, nie

begunstigdes se trustbates aan enige besigheidsrisiko mag onderwerp nie. In Liebenberg v

MGK Bedryfsmaatskappy (Edms) Bpk 2003 2 SA 224 (SCA) wys die Hoogste Hof van Appèl

op die algemene gemeenregtelike beginsel dat trustees nie geregtig is om trustbates aan

besigheids - of boerderyrisiko’s te onderwerp indien die trustees nie uitdruklik in die trustakte

daartoe gemagtig is nie. 78 Hiermee word bedoel waar aan trustees die diskresie verleen word om een of meer

begunstigdes te bevoordeel en sulke trustees hul diskresie byvoorbeeld uitoefen ten gunste

van net een begunstigde. Sien in hierdie verband ook Harris v Fisher 1960 4 SA 855 (A) 862;

Schaefer and Nagel NNO v Estate Petzall 1966 3 SA 769 (W); Jowell v Bramwell-Jones 2000

3 SA 274 (SCA) 284G - 285A. 79 Die betekenis wat aan dié term verleen word in hierdie verhandeling is bespreek in

hoofstuk 4 paragraaf 4.3.2.1.1. Die diskresie wat hier ter sprake is, is ‘n onbelemmerde

diskresie om begunstigdes aan te wys en in die proses moontlik selfs teen ander

begunstigdes te diskrimineer.

Page 436: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

407

NBS Boland Bank Ltd v One Berg River Drive CC.80 Appèlregter Van

Heerden begin sy ondersoek met ‘n verwysing na hoe die betrokke

aangeleentheid elders ter wêreld hanteer word en wys daarop dat in

Duitsland 81 vereis word dat so ‘n kontraksparty altyd “an equitable discretion”

moet uitoefen. Volgens Hollandse reg82 geld die vereiste dat ‘n diskresie op

‘n billike en redelike wyse uitgeoefen moet word. In die Verenigde State van

Amerika83 moet so ‘n diskresie te goeder trou uitgeoefen word. Wanneer die

regter hom dan wend tot die Suid-Afrikaanse gemenereg, merk hy op:84

“It is, I think, a rule of our common law that unless a contractual

discretionary power was clearly intended to be completely unfettered,

an exercise of such a discretion must be made arbitrio bono viri .”

Appèlregter Van Heerden verwys in die verband ook met goedkeuring na

Windscheid85 waar laasgenoemde tydens sy kommentaar op die Digesta

opmerk:

“One must in general approve of the principle that wherever in actions

of good faith the condition of someone is placed in the power of his

master or of his procurator, then this power is to be regarded as

equivalent to the power of the decision of a good man.”

80 NBS Boland Bank Ltd v One Berg River Drive CC 1999 4 SA 928 (SCA). Reeds in

1955 het die Appèlhof al hieroor ‘n standpunt uitgespreek in CIR v Sive’s Estate 1955 1 SA

249 (A) en bevind dat behalwe as ‘n trustakte uitdruklik tot die teendeel bepaal, die

uitoefening van ‘n diskresie aan ‘n objektiewe standaard getoets moet word. 81

NBS Boland Bank Ltd v One Berg River Drive CC hierbo 934H. 82 NBS Boland Bank Ltd v One Berg River Drive CC hierbo 934I. 83 NBS Boland Bank Ltd v One Berg River Drive CC hierbo 935A. 84 NBS Boland Bank Ltd v One Berg River Drive CC hierbo 935B - C. 85 NBS Boland Bank Ltd v One Berg River Drive CC hierbo 935C - D, waar hy verwys

na en Windscheid ook aanhaal.

Page 437: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

408

Appèlregter Van Heerden86 bevind dus dat die uitoefening van ‘n diskresie in

die algemeen altyd bona fide en billik moet wees. Hy toon ook aan dat so ‘n

benadering in elk geval ooreenstem met die hedendaagse gemeenskaps-

opvatting dat goeie trou en billikheid ‘n belangrike oorweging is waar die

belange van kontrakspartye opgeweeg moet word. Appèlregter Farlam in

Absa Bank Ltd v Lombard8 7 stem saam met die siening van appèlregter Van

Heerden. Dit is belangrik om daarop te let dat, soos in die geval van verskeie

ander vakdissiplines, die toepassing van die beginsels van bona fides en

redelikheid, dus ook erken word in die geval waar ‘n diskresie ten gunste van

een kontraksparty verleen is en dat die aard en inhoud van die verpligtinge

van so ’n party voortspruit uit die besondere vertrouensverhouding en nie die

onderliggende ooreenkoms waaruit die verhouding aanvanklik ontstaan het

nie. Alhoewel die ooreenkoms lei tot die ontstaan van die besondere

verhouding waaruit prestasieverpligtinge uiteindelik spruit, vervaag die

belangrikheid van die aanvanklike ooreenkoms daarna wat betref die aard en

inhoud van die besondere vertrouenspligte. Hierdie situasie impliseer verder

dat die party wat die begunstigde van die diskresie kan wees, ‘n reg het om te

verwag dat so ‘n diskresie korrek uitgeoefen word. Om dus te sê dat voordat

‘n diskresie ten gunste van ‘n begunstigde uitgeoefen word, so ‘n begunstigde

geen regte het nie, is klaarblyklik verkeerd en te wyd gestel. Dit word aan die

hand gedoen dat, in die lig van die groeiende gemeenskapsopvatting ten

gunste van redelikheid, billikheid, natuurlike geregtigheid en goeie trou, selfs

diegene wat beskik oor sogenaamde onbelemmerde diskresionêre magte

onderworpe behoort te wees aan hierdie beginsels. Sodanige persone sal

ook ten minste moet kan aantoon of regverdig dat hulle hierdie wye diskresie

in ooreenstemming met bogemelde beginsels uitgeoefen het en dus in

ooreenstemming met hulle fidusiêre verpligtinge teenoor alle begunstigdes,

hetsy diskresionêre of nie, opgetree het.

86 NBS Boland Bank Ltd v One Berg River Drive CC hierbo 937G. 87 Absa Bank Ltd v Lombard 2005 5 SA 350 (SCA) 353B.

Page 438: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

409

Dié beginsel behoort ook te geld in die trustreg. Nie alleen word trusts inter

vivos in elk geval as kontrakte beskou nie, maar, soos reeds aangetoon, gee

’n trustverhouding in elk geval aanleiding tot ’n vertrouensverhouding waaruit

ook regte en verpligtinge voortspruit. Trustees behoort dus in terme van hulle

fidusiêre verpligtinge die toets, soos hierbo voorgestel,88 in trustverband na te

volg. Gebeur dit, behoort trustees se benadering noodwendig te verander.

Die trustee(s) sal in so ’n geval nou eers oor die doel van die trust ten opsigte

van elke begunstigde moet besin. Daarna en mits dit in ooreenstemming is

met die ware trustdoel89 en mits die trustee optree in ooreenstemming met dit

wat die besondere gemeenskap van ‘n bona fide bekleër van ‘n trustamp

verwag, sal so ’n trustee sy diskresie suksesvol kan uitoefen. ‘n Beswaarde

trustbegunstigde sal na alle waarskynlikheid onder meer redes kan aanvra

wat verduidelik hoe ‘n trustee sy/haar diskresie uitgeoefen het ten einde te

kan bepaal of aan die twee bene van die bogemelde voorgestelde toets

voldoen is.

9.4.3 Wysiging van Trustaktes

Weens die feit dat alle trustbegunstigdes nou oor regte beskik, sal trustees

hulle nie sonder meer op die Crookes v Watson- en Hofer-beginsels kan

beroep en sonder om enigsins die belange van trustbegunstigdes te oorweeg,

trustaktes kan wysig nie. Dit word beklemtoon dat die standpunt nie is dat

geen wysigings sonder begunstigdes se toestemming moontlik is nie, maar

bloot dat die trustees hulself vooraf, aan die hand van die tweeledige toets

wat hierbo voorgestel word,90 sal moet vergewis dat hulle hulself nie aan

verbreking van enige fidusiêre regte blootstel nie. As begunstigdes verder

ook oor kontraktuele regte beskik (byvoorbeeld in die geval van die

bewindtrust, of na uitoefening van ‘n diskresie in die geval van ‘n

diskresionêre trust) sal sodanige regte addisioneel tot die fidusiêre regte in ag

geneem moet word deur trustees. Hierdie situasie sal waarskynlik in die

88 In paragraaf 9.4.1. 89 Waaroor die beswaarde begunstigde inspraak sal kan hê. 90 Paragraaf 9.4.1 hierbo.

Page 439: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

410

praktyk meebring dat trustees slegs sal toestem tot wysinging van trustaktes

indien alle begunstigdes daartoe toegestem het of ‘n party tot sodanige

wysiging is91, tensy hulle hulself oortuig het dat sodanige wysigings

begunstigdes se regte glad nie raak nie. Dieselfde beginsels behoort te geld

by die vervreemding van trustbates. Indien verder nog ingedagte gehou word

dat ‘n trustee hom klaarblyklik nie uit sy fidusiêre verantwoordelikhede kan

kontrakteer nie, 92 word hierdie aangeleentheid nog meer gekompliseerd en

word dit aan die hand gedoen dat selfs om die toestemming van begunstigdes

te verkry of hulle te voeg as partye tot trustwysiging nie noodwendig sal

meebring dat ‘n trustee skotvry kom nie. Op hierdie basis sal wesentlike

wysigings van trustaktes, sonder tussenkoms van die howe, eerder die

uitsondering as die reël word.

Toegepas op die Crookes v Watson -93 en Hofer94-beginsels, ontstaan die

vraag nou of die standpunt soos in hierdie verhandeling voorgehou, enigsins

’n invloed op die uitsprake sou gehad het. Dit word aan die hand gedoen dat

dit wel die geval sou wees.95 Waar die howe hoofsaaklik gelet het op die

wesensvereistes van die besondere kontrak96 en bevind het dat een van

hierdie vereistes ontbreek en ’n kontraktuele verbintenis teenoor die

begunstigdes nog nie ontstaan het nie, moes die howe eerder aanvaar het dat

’n vertrouensverhouding ontstaan het onmiddellik tydens trustoprigting en

daar dus onmiddellik ex lege ’n trouplig jeens die begunstigdes ontstaan het

welke trouplig regte as teenpool ingesluit het. Op hierdie wyse sou die howe

91 In dié verband moet verder in gedagte gehou word dat minderjarige

trustbegunstigdes, bygestaan deur hulle voogde, steeds nie gebonde gehou kan word as

hulle tot hul nadeel kontrakteer nie. 92 Sien in die verband onder andere artikel 9(2) van die Wet op die Beheer oor

Trustgoed 57 van 1988. 93

Crookes v Watson 1956 1 SA 277 (A). 94 Hofer v Kevitt hierbo. 95 Nie noodwendig op die uiteindelike resultaat nie, maar beslis op die

prosedure/metode wat gevolg moes word. 96 Dit moet in gedagte gehou word dat die trustfiguur inter vivos as ‘n beding ten

behoewe van ‘n derde (en dus ‘n besondere tipe kontrak) beskou is.

Page 440: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

411

dus eers hierdie regte moes bepaal en daarna ondersoek moes instel na ’n

moontlike inbreukmaking op die betrokke regte. Indien die howe hierdie

benadering sou volg, sou hulle eers die trustakte deeglik moes ondersoek ten

einde te bepaal wat die trustoprigter aanvanklik vir die begunstigdes beoog

het97 en daarna sou dit nodig wees dat die howe oortuig moes word dat die

trustwysiging nie hierdie aanvanklike oogmerk ongedaan maak nie. Waar die

trustoprigter nog lewe sou sy getuienis in die verband natuurlik onmisbaar

wees. Insette deur trustbegunstigdes wat ’n positiewe bydrae kon maak, sou

ook baie kon help. Om finaal vas te stel of inbreuk gemaak word op die

fidusiêre regte van die betrokke begunstigdes, sou die howe hulle moes laat

lei deur die boni mori van die Suid-Afrikaanse gemeenskap. Eers as bevind is

dat die trustees nie hulle trouplig jeens die begunstigdes verbreek het nie, sou

die howe op sterkte daarvan kon toestem tot wysiging, mits daar dan nie

ander kontraktuele struikelblokke98 in die pad van so ’n wysiging staan nie.

9.4.4 Meesterskantore

Soos reeds aangetoon, reik meesterskantore regoor di e land die

magtigingsbriewe uit in terme waarvan trustees mag optree. Die Wet op die

Beheer van Trustgoed9 9 bepaal onder andere dat trustinstrumente en

wysigings daarvan by die betrokke meesterskantoor, wat jurisdiksie het,

ingedien moet word. Onlangs weer het geblyk dat die howe 100 die meesters

gebruik om nie net beheer oor administratiewe aangeleenthede rakende

97 In plaas daarvan om net te bepaal of die vereistes van ‘n beding ten behoewe van ‘n

derde nagekom is. 98 Dit gaan juis hier oor die sêkondere regte van trustbegunstigdes wat hulle kon

verwerf, byvoorbeeld by die bewindtrust, of in geval van die inter vivos diskresionêre trust

waar begunstigdes reeds voordele aanvaar het. Die skrywer se standpunt is egter dat al

hierdie “ander” regte altyd bykomend sal wees tot elke begunstigde se primêre fidusiêre reg

wat hy outomaties en ex lege verwerf sodra ‘n trust tot stand kom. 99 Die Wet op die Beheer oor Trustgoed 57 van 1988, artikels 3, 4, 5, 6 en 7 reguleer

hierdie aspekte. 100 Land and Agricultural Bank of South Africa v Parker 2005 2 SA 77 (SCA).

Page 441: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

412

trusts uit te oefen nie, maar ook om as bewaker op te tree in aangeleenthede

wat die howe van oordeel is, beter toepassing moet vind by trustreg. 101

Tot dusver en, waarskynlik in die lig van die feit dat begunstigdes veral in die

gevalle van trusts inter vivos oënskynlik oor geen regte beskik nie, is in die

praktyk gevind dat meesterskantore nie inmeng in gevalle van wysiging van

trustaktes nie en doodeenvoudig sodanige wysigende aktes liasseer.102 Dit is

‘n ope vraag of met hierdie praktyk volhard sal word indien aanvaar word dat

alle trustbegunstigdes oor regte beskik, welke regte moontlik deur

trustwysigings geraak mag word. Enersyds mag meesterskantore die

houding inneem dat hulle alleenlik wysigings sal aanvaar mits hulle oortuig is

daarvan dat sodanige wysigings geen invloed het op enige regte van

begunstigdes nie of dat sodanige wysigings duidelik deur die trustakte

gemagtig word, maar andersyds mag juis hierdie situasie meebring dat

wysiging van trustaktes, behalwe in gevalle van duidelike blote

administratiewe wysigings wat sonder twyfel geen regte kan aantas nie, slegs

aanvaar sal word nadat die howe dit bekragtig het.1 0 3 In ooreenstemming met

veral artikel 9(2) van die Wet op die Beheer van Trustgoed mag

meesterskantore besluit om selfs wysigings waartoe begunstigdes of hulle

verteenwoordigers partye is, nie te aanvaar alvorens die howe dit sanksioneer

nie, aangesien, soos reeds hierbo aangetoon, trustees hulle nie uit hulle

fidusiêre verpligtinge kan kontrakteer nie. So ‘n strenger houding jeens

101 Die beslissing in Land and Agricultural Bank of South Africa v Parker hierbo, waar

appèlregter Cameron aan die meesterskantore opdrag gegee het dat magtigingsbriewe nie

verder uitgereik mag word indien minstens een trustee nie ‘n onafhanklike buitestaander is

nie. 102 Dit is die skrywer se persoonlike ondervinding en ook die van kollegas waarmee die

aangeleentheid bespreek is. 103 Die praktyk dat wysigings hoofsaaklik deur die howe hanteer word stem ooreen met

die ander regsjurisdiksies wat ondersoek is. Pettit Equity and the Law of Trusts (2001) (9e

uitgawe) 482 e.v.; Oakley Parker and Mellows: The Modern Law of Trusts (2003) (8e

uitgawe) 741 e.v.; Todd en Wilson Textbook on Trusts (2003) (6e uitgawe) 424 e.v. en

Chalmers Trusts: Cases and Materials (2002) 222 e.v. Sien ook hoofstuk 6 waar die

aangeleentheid elke keer aangeraak is toe die verskillende regsjurisdiksies ondersoek is.

Page 442: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

413

wysiging van trustaktes sal noodwendig verder beskermend inwerk jeens die

regte van trustbegunstigdes en ook op hierdie wyse meewerk tot groter

regsekerheid in hierdie verband. Wat wel belangrik sal wees is dat ‘n

duidelike onderskeid getref sal moet word tussen blote administratiewe

wysigings van trustaktes en aantasting van regte van trustbegunstigdes.

Sodoende sal verhoed word dat howe se tyd en aandag vermors word met

aangeleenthede van blote administratiewe aard,104 terwyl die regte van

begunstigdes steeds, ook op hierdie wyse, die nodige aandag en beskerming

ontvang, wat nodig is.

9.5 SLOT

Dit word aan die hand gedoen dat aanvaar kan en moet word dat die primêre

bron van die regte van alle trustbegunstigdes in Suid-Afrika die fidusiêre

verhouding is wat ex lege spruit uit die trustverhouding. Dit sal nie alleen

meebring dat trustreg in Suid-Afrika, ook wat die regte van trustbegunstigdes

betref, in ooreenstemming gebring word met ander regsjurisdiksies waar die

suiwer trustfiguur aanwending vind nie, maar ook regsekerheid vir en

eenvormige hantering van die regte van alle trustbegunstigdes in Suid-Afrika

meebring.

Indien hierdie standpunt aanvaar word, sal Reid1 0 5 se opsomming van die

regsposisie in civil law lande ook vir Suid-Afrika geld:

104 Cameron, De Waal, Wunsh, Solomon en Kahn Honoré’s South African Law of Trusts

(2002) (5e uitgawe) 260 e.v. bespreek volledig wat ingesluit sou kon word onder

administratiewe aangeleenthede in trustverband. 105

Reid “Patrymony not Equity: the Trust in Scotland” in Privaatrecht Trusts in Mixed

Legal Systems Milo en Smits (reds.) (2001) 27. (My onderstreping.) In aanhangsel “B” is

gepoog om in tabelvorm aan te toon hoe min die verskillende trustfigure werklik verskil as dit

gaan om dié kernaspekte wat in hierdie verhandeling bespreek is. Waar die Suid-Afrikaanse

posisie wel verskil van die ander, is aangedui wat die standpunte, soos in hierdie

verhandeling ingeneem, daaromtrent is.

Page 443: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

414

“There are two main models for beneficiaries. The first allows them a

personal right against the trustee, exigible out of the trust patrimony.

This is the soluti on in mixed legal systems - and indeed in civil law

systems which recognise Treuhand or fiducia cum amico. The other

model - favoured in England and other common law jurisdictions - is to

give beneficiaries some kind of right in rem, but one which falls short of

a real right in the civilian sense. This, of course, is beneficial

ownership.

The choice is less important than it might seem. It has little or no

impact on the internal workings of the trust. For on either model the

trustee must administer the trust property for the benefit of the

beneficiaries, or face a (personal) action for breach of trust.“

Page 444: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

419

BIBLIOGRAFIE

Austin, J 1879, Lectures on Jurisprudence or The Philosophy of Positive Law, 4e

uitgawe, John Murray, Londen.

Bamford, BR 1982, Bamford on the Law of Partnership and Voluntary

Association in South Africa, 3e uitgawe, Juta & Kie, Kaapstad.

Banner, S 1963, Legal Systems in Conflict: Legal History of North America,

University of Oklahoma Press, Oklahoma.

Barnard, MF 1963, A History of Australia, 2e uitgawe, 1967 herdruk, Angus &

Robertson, Sydney.

Bayer, MH 1956, “Trusts Inter Vivos: Vonnisbespreking Crookes NO and

Another v Watson and Others 1956 1 SA 277 (A)”, SALJ, pp. 255 - 260.

Bogert, GG en Bogert, GT 1966, The Law of Trusts and Trustees , 2e uitgawe,

West Publishing Company, St Paul Minnesota.

Bogert, GG en Bogert, GT 1973, Handbook of the Law of Trusts, 5e uitgawe,

West Publishing Company, St Paul Minnesota.

Bosman, F en Hosten, WJ 1979, Inleiding tot die Suid-Afrikaanse Reg en

Regsleer, Butterworths, Durban.

Brown, PH 1919, Surveys of Scottish History, James Maclehose and Sons,

Glasgow.

Burgess, R 1974, “Thoughts on the Origins of the Trust in Scots Law”, Judicial

Review, pp. 196 - 212.

Page 445: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

420

Burn, EH 2000, Cheshire and Burn’s Modern Law of Real Property , 16e uitgawe,

Butterworths, Londen.

Cairns, JW in Reid, K en Zimmermann, R (reds.) 2000, A History of Private Law

in Scotland, vol. 1, University Press, Oxford.

Cameron, E, De Waal, M, Wunsh, B, Solomon, P en Kahn, E 2002, Honoré’s

South African Law of Trusts, 5e uitgawe, Juta & Kie, Lansdowne.

Christie, RH 2001, The Law of Contract in South Africa, 4e uitgawe, LexisNexis

Butterworths, Durban.

Cilliers, HS, Benade, ML, Henning, JJ, Du Plessis, JJ, Delport, PA, De Koker, L

en Pretorius, JT 2000, Corporate Law, 3e uitgawe, LexisNexis Butterworths,

Durban.

Castel, JG 1962, The Civil Law System of the Province of Quebec. (Notes,

Cases and Materials), Butterworths, Toronto.

Chalmers, D 1998, Introduction to Trusts, The Law Book Company, North Ryde,

N.S.W.

Chalmers, JP 2002, Trusts: Cases and Materials, W Green/Sweet & Maxwell,

Edinburgh.

Chaytor, AH en Whittaker, WJ (reds.) 1929, Equity also The Forms of Action at

Common Law, University Press, Cambridge, Herdruk 1984, Fred B. Rothman &

Co, Littleton, Colorado.

Coaker, JF en Zeffertt, DT (reds.) 1984, Wille and Millin’s Mercantile Law of

South Africa, 18e uitgawe, Hortors Stationery, Johannesburg.

Page 446: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

421

Coertze, LI 1948, Die Trust in die Romeins-Hollandse Reg, LLD-Proefskrif,

Universiteit van Stellenbosch, Stellenbosch.

Cooray, LJM 1969, “The Reception of the English Trust in the Roman Dutch

Jurisprudence of Ceylon”, SALJ, pp. 75 - 87 en pp. 215 - 226.

Cooray, LJM 1971, The reception in Ceylon of the English Trust: an analysis of

the case law and statutory principles relating to trusts and trustees in Ceylon in

the light of the relevant foreign cases and authorities, Lake House Printers and

Publishers, Colombo.

Corbett, MM 1993, “Trust Law in the 90s: Challenges and Change”, THRHR,

pp. 262 - 270.

Corbett, MM, Hofmeyr, G en Kahn, E 2001, The Law of Succession in South

Africa, 2e uitgawe, Juta & Kie, Lansdowne.

Cowen, DV 1949, “Vested and Contingent Rights”, SALJ, pp. 404 - 421.

Cronjé, DSP en Lotz, JG 1977, “Die Koopkontrak en ’n Opskortende

Voorwaarde”, THRHR, pp. 276 - 284.

Cumyn, C in Milo, JM en Smits, JM (reds.) 2001, Privaatrecht: Trusts in Mixed

Legal Systems, Ars Aequi Libri, Nijmegen.

Dal Pont, GE en Chalmers, DRC 2000, Equity and Trusts in Australia and New

Zealand, 2e uitgawe, LBC Information Services, Pyrmont, N.S.W.

Denoon, D, Mein-Smith, P en Wyndham, M 2000, A History of Australia, New

Zealand and the Pacific, Blackwell Publishers, Oxford.

De Silva, KM 1981, A History of Sri Lanka, C Hurst & Co, Londen.

Page 447: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

422

De Waal, MJ 1991, “Inkomste - inkomstebelasting - a 5 van die

Inkomstebelastingwet 58 van 1962 - Testamentêre Trust nie ‘n ‘Persoon’ vir

doeleindes van die Wet nie - dus geen belastingaanspreeklikheid op

onuitgekeerde Inkomste nie”, De Rebus, pp. 397 - 398.

De Waal, MJ 1993, “Anomalieë in die Suid-Afrikaanse trustreg”, THRHR,

pp. 1 - 10.

De Waal, MJ 1996, “Vonnisbespreking Van der Westhuizen v Van Sandwyk 1996

2 SA 490 (W)”, De Rebus, pp. 381 - 382.

De Waal, MJ 1996, “Vonnisbespreking Gross and Others v Pentz 1996 4 SA 617

(A)”, De Rebus, pp. 819 - 820.

De Waal, MJ 1997, “Die Bevoegdheid van ‘n Trustbegunstigde om Onafhanklik

van die Trustee ‘n Regsgeding in verband met ‘n Trust te Voer”, TSAR,

pp. 148 - 154.

De Waal, MJ 1998, “Die Wysiging van ‘n Inter Vivos Trust”, TSAR, pp. 326 - 334.

De Waal, MJ 1998, “Vonnisbespreking Metequity Ltd and Another v NWN

Properties Ltd and Others 1998 2 SA 544 (T)”, De Rebus, pp. 43 - 44.

De Waal, MJ 1998, “Vonnisbespreking Hofer and Others v Kevitt NO and Others

1997 All SA 620 (HHA)”, De Rebus, p. 35.

De Waal, MJ 2000, “The Core Elements of the Trust: Aspects of the English,

Scottish and South African Trusts Compared”, SALJ, pp. 548 - 571.

De Waal, MJ 2000, “Authorisation of Trustees in terms of the Trust Property

Control Act”, THRHR, pp. 472 - 478.

Page 448: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

423

De Waal, MJ 2001, “In Search of a Model for the Introduction of the Trust into a

Civilian Context”, Stellenbosch Law Review, pp. 63 - 85.

De Waal, MJ in Milo, JM en Smits, JM (reds.) 2001, Privaatrecht: Trusts in Mixed

Legal Systems, Ars Aequi Libri, Nijmegen.

De Waal, MJ en Paisley, RRM in Zimmermann, R, Visser, D en Reid, K (reds.)

2004, Mixed Legal Systems in Comparative Perspective: Property and

Obligations in Scotland and South Africa, University Press, Oxford.

De Waal, MJ en Schoeman, MC 2003, Inleiding tot die Erfreg, 3e uitgawe, Juta

& Kie, Lansdowne.

De Waal, MJ en Theron, L 1991, “Die Aard van die Trust in die Suid-Afrikaanse

Reg - Skikking na Aanleiding van Behoefte?”, TSAR, pp. 499 - 504.

De Wet, JC 1940, Die Ontwikkeling van die Ooreenkoms Ten Behoewe van ‘n

Derde, LLD-Proefskrif, De Rijksuniversiteit, Leiden.

De Wet, JC en Van Wyk, AH 1978, De Wet en Yeats Die Suid-Afrikaanse

Kontrakte en Handelsreg, 4e uitgawe, Butterworths, Durban.

De Wet, JC 1988, Die Ou Skrywers in Perspektief, Butterworths, Durban.

De Wulf, C 1965, The Trust and Corresponding Institutions in the Civil Law,

Establissements Emile Bruylant, Brussels.

Die Suid-Afrikaanse Regskommissie, 1987, Projek 9: Verslag oor die Hersiening

van Trustreg, Pretoria.

Donaldson, G 1995, Scotland’s History: Approaches and Reflections, Scottish

Academic Press, Edinburgh.

Page 449: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

424

Dowley, T 1977, Die Geskiedenis van die Christendom , Struik Christelike Boeke,

Kaapstad.

Du Plessis, PA in Oosthuizen, MJ (red.) 1988, Suid-Afrikaanse Handelsreg, 3e

uitgawe, vol. 2, Perskor-Boekdrukkery, Johannesburg.

Du Plessis, JJ 1992, “Direkteure se Pligte teenoor partye anders as die

Maatskappy”, De Jure , pp. 378 - 392.

Du Plessis, JJ 1993, “Direkteure se Vertrouenspligte en die Grondslag van

Aanspreeklikheid vir die Verbreking daarvan”, THRHR, pp. 11 - 37.

Du Plessis, JJ 1994, “Corporate Governance and the Cadbury Report”, S A

Mercantile Law Journal, pp. 81 - 90.

Du Plessis, JJ 2004, “Directors’s Duty to Use their Powers for Proper or

Permissible Purposes”, S A Mercantile Law Journal, pp. 308 - 326.

Du Toit, F 2002, South African Trust Law Principles and Practice, LexisNexis

Butterworths, Kaapstad.

Du Plessis, L 1999, An Introduction to Law, 3e uitgawe, Juta & Kie, Lansdowne.

Edwards, R 2004, Trusts and Equity, 6e uitgawe, Pearson Longman, Harlow.

Emery, CT 1982, “The Most Hallowed Principle - Certainty of Beneficiaries of

Trusts and Powers of Appointment”, The Law Quarterly Review, pp. 551 - 586.

Finn, PD 1977, Fiduciary Obligations, The Law Book Company Limited, Sydney.

Fourie, OJS 1992, “Die Plig van Direkteure Teenoor Maatskappyskuldeisers”,

S A Mercantile Law Journal, pp. 25 - 52.

Page 450: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

425

Franzsen, RCD 1991, “Transfer Duty Implications of Trusts”, De Rebus,

pp. 459 - 460.

Franzsen, RCD 1996, “CIR v NG and SM Lotz Ongerapporteerde Saaknr

99/95(O) Hereregte - trustees - trustbegunstigdes”, De Jure, pp. 367 - 371.

Garner, BA (red.) 1999, Black’s Law Dictionary, 7e uitgawe, West Publishing

Company, St Paul Minnesota.

Garrow, JME en Kelly, NC 1982, Garrow and Kelly’s Law of Trusts and Trustees,

5e uitgawe, Butterworths, Wellington.

Giraud, M 1953, A History of French Louisiana - The Reign of Louis XIV,

1698 - 1715, vol.1, State University Press, Louisiana. In Engels vertaal deur

Lambert, JC 1973.

Glover, J 1995, Commercial Equity: Fiduciary Relationships, Butterworths,

Sydney.

Greer, A 1985, Peasant, Lord, and Merchant: Rural Society in Three Quebec

Parishes 1740 - 1840, University of Toronto Press, Buffalo, Toronto.

Gretton, G 2000, “Trusts without Equity”, International and Comparative Law

Quarterly, vol. 49, pp. 599 - 620.

Gretton, G in Reid, K en Zimmermann, R (reds.) 2000, A History of Private Law

in Scotland, vol. 1, University Press, Oxford.

Haas, EF 1983, Louisiana’s Legal Heritage. An Introduction, The Perdido Bay

Press, Pensacola, Florida.

Hahlo, HR 1952, “Revocation of Trust: Vonnisbespreking Ex parte Orchison

1951 2 SA 550 (T)”, SALJ, pp. 348 - 350.

Page 451: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

426

Hahlo, HR 1961, “Trust in South African Law”, SALJ, pp. 195 - 208.

Hardingham, IJ en Baxt, R 1984, Discretionary Trusts, 2e uitgawe, Butterworths,

Sydney.

Havenga, MK 1995, Fiduciary Duties of Company Directors with Specific Regard

to Corporate Opportunities, LLD-Proefskrif, Universiteit van Suid-Afrika, Pretoria.

Havenga, M 1996, “Breach of Directors’ Fiduciary Duties: Liability on What

Basis?”, S A Mercantile Law Journal, pp. 366 - 376.

Havenga, M 1997, “Directors’ Fiduciary Duties Under Our Future Company-law

Regime”, S A Mercantile Law Journal, pp. 310 - 324.

Hayton, DJ 1979, Underhills’ Law relating to Trusts and Trustees, 13e uitgawe,

Butterworths, Londen.

Hayton, DJ 1991, Hayton and Marshall Cases and Commentary on The Law of

Trust, 9e uitgawe, Sweet & Maxwell, Londen.

Hawthorne, L 2003, “The End of bona fides”, S A Mercantile Law Journal, pp.

271 - 278.

Hawthorne, L 2004, “Closing of the Open Norms in the Law of Contract”,

THRHR, pp. 294 - 302.

Hiemstra, VG en Gonin, HL 1992, Drietalige Regswoordeboek, 3e uitgawe, 6e

druk (2005), Juta & Kie, Lansdowne.

Honoré, T 1976, The South African Law of Trusts , 2e uitgawe, Juta & Kie,

Kaapstad.

Page 452: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

427

Honoré, T Geen Datum, “On Fitting Trusts into Civil Law Jurisdictions”,

http://users.ox.ac.uk/~alls0079/chinatrusts2.PDF - 6 Maart 2006.

Honoré, T en Cameron, E 1992, Honoré’s South African Law of Trusts, 4e

uitgawe, Juta & Kie, Kaapstad.

Jamneck, J 2001, “Die onderskeid tussen voorwaardes, modus, fideicommissum

en trust in die Suid-Afrikaanse erfreg”,THRHR, pp. 83 - 96.

Jacobs, KS, Meagher, RP en Gummow, WMC 1997, Jacobs’ Law of Trusts in

Australia, 6e uitgawe, Butterworths, Sydney.

Jacobs, M 1982, The Law of Expropriation in South Africa, Juta & Kie, Kaapstad.

Johnston, D 1988, The Roman Law of Trusts , University Press, Oxford.

Joubert, CP 1951, Die Stigting in die Romeins-Hollandse Reg en die Suid-

Afrikaanse Reg, Uitgeverij Excelsior, ‘S-Gravenage.

Joubert, CP 1954, “Boekbespreking: Percival Frere-Smith, Manual of South

African Trust Law”, THRHR, pp. 299 - 317.

Joubert, CP 1956, “Vonnisbespreking: Crookes, NO and Another v Watson and

Others 1956 1 SA 277”, THRHR, pp. 150 - 157.

Joubert, CP 1968, “’n Kritiese beskouing van Honoré se Opvattings oor ons

Trustreg”, THRHR, pp. 124 - 146.

Joubert, DJ 1979, Die Suid-Afrikaanse Verteenwoordigingsreg, Juta & Kie,

Kaapstad.

Joubert, DJ in Van Jaarsveld, SR (red.) 1988, Suid-Afrikaanse Handelsreg, 3e

uitgawe, vol. 1, Perskor-Boekdrukkery, Johannesburg.

Page 453: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

428

Kahn, E 1988, Contract and Mercantile Law, 2e uitgawe, vol. 1, Juta & Kie,

Kaapstad.

Kaplan, A en Ogden, P 2000, Trusts in Prime Jurisdictions, Kluwer International,

The Hague, Nederland.

Keeton, GW en Sheridan, LA 1976, The Comparative Law of Trusts in the

Commonwealth and Irish Republic, Barry Rose Publishers, Londen.

Kerr, AJ 1958, “The Juristic Nature of Trusts Inter Vivos”, SALJ, pp. 84 - 93.

Kerr, AJ 1972, The Law of Agency, Butterworths, Durban.

Kerr, AJ 1980, The Principles of the Law of Contract, 3e uitgawe, Butterworths,

Durban.

Kilbourne, RH 1987, A History of the Louisiana Civil Code, Paul M Herbert Law

Center, The Publications Institute, Louisiana State University.

Kleyn, D en Viljoen, F 2002, Beginnersgids vir Regstudente, 3e uitgawe, Juta &

Kie, Pretoria.

Klopper, HB 1978, “Besigheidstrusts, Begunstigdes en Artikels 30 en 31 van die

Maatskappywet 61 van 1973”, De Jure, pp. 340 - 348.

Klopper, HB 1990, “Sekere Probleme in verband met Inter Vivos Trusts en

Getroude Persone”, SALJ, pp. 702 - 710.

Landry, RA en Caparros, E 1984, Essays on the Civil Codes of Quebec and St

Lucia, University of Ottawa Press, Ottawa.

Page 454: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

429

Laurens, RC 1983, “Fideikommis oor onroerende goed: aard van die

fideicommissarius se reg”, THRHR, pp. 14 - 31.

Lee, RW 1953, An Introduction to Roman-Dutch Law, 5e uitgawe, Claredon

Press, Oxford.

Lubbe, GF en Murray, CM 1988, Farlam and Hathaway Contract, Cases,

Materials and Commentary, 3e uitgawe, Juta & Kie, Kaapstad.

Lynch, M 1991, Scotland A New History, Century Ltd, Londen.

Lupoi, M 1999, Trusts: A Comparative Study, The Press Syndicate of the

University of Cambridge, Cambridge.

Maitland, FW 1926, herdruk 1993, The Constitutional History of England: A

Course of Lectures Delivered, W M Gaunt & Sons, Holmes Beach.

Martin, JE 2001, Hanbury & Martin Modern Equity, 16e uitgawe, Sweet &

Maxwell, Londen.

McBryde, WW 2001, The Law of Contract in Scotland, 2e uitgawe, W Green,

Edinburgh.

McLennan, JS 1982, “Directors Duties and Misapplication of Company Funds”,

South African Law Journal, pp. 394 - 412.

McLennan, JS 1996, “Duties of Care and Skill of Company Directors and Their

Liability for Negligence”, S A Mercantile Law Journal, pp. 94 - 102.

McWhinney, E 1979, Quebec and the Constitution 1960 - 1978, University of

Toronto Press, Buffalo, Toronto.

Page 455: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

430

Mennell, RL 1994, Wills and Trusts in a Nutshell, 2e uitgawe, West Publishing

Company, St Paul Minnesota.

Milo, JM en Smits, JM 2001, Privaatrecht: Trusts in Mixed Legal Systems, Ars

Aequi Libri, Nijmegen.

Mongalo, T 2004, “South Africanizing Company Law for a Modern Competitive

Global Economy”, SALJ, pp. 93 - 116.

Murray, IB 1958, “The Nature of a Trust in South African Law”, Acta Juridica,

pp. 64 - 71.

Nabors, EA 1938 - 1939, “The Shortcomings of the Louisiana Trust Estates Act

and some Problems of Drafting Trust Instruments Thereunder”, Tulane Law

Review, vol. 13, pp. 178 - 213.

Nagel, CJ, Boraine, A, Delport, PA, Lötz, DJ, Olivier, L, Otto, JM, Prozesky-

Kuschke, B, Roestoff, M, Van Eck, BPS en Van Jaarsveld, SR 2000,

Kommersiële Reg, 2e uitgawe, LexisNexis Butterworths, Durban.

Neels, JL 1999, “Die Aanvullende en Beperkende Werking van Redelikheid en

Billikheid in die Kontraktereg”, TSAR, pp. 684 - 705.

Norrie, KMcK en Scobbie, EM 1991, Trusts, W Green and Son, Edinburgh.

Oakley, AJ 1998, Parker and Mellows: The Modern Law of Trusts, 7e uitgawe,

Sweet & Maxwell, Londen.

Oakley, AJ 2003, Parker and Mellows: The Modern Law of Trusts, 8e uitgawe,

Sweet & Maxwell, Londen.

Olivier, L 1997, “The Law of Trust: Some Reflections on Recent Decisions”,

TSAR, pp. 765 - 771.

Page 456: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

431

Olivier, L 2001, “Trusts: Traps and Pitfalls”, SALJ, pp. 224 - 230.

Olivier, PA 1982, Aspekte van die Reg insake Trust en Trustee met besondere

verwysing na die Amerikaanse Reg, LLD-Proefskrif, Universiteit van Pretoria,

Pretoria.

Olivier, PA 1989, Trustreg en Praktyk, De Jager-Haum, Pretoria.

Olivier, PJJ 1980, “Opskortende Voorwaarde en Koopkontrak”, De Jure,

pp. 238 - 247.

Ong, DSK 1999, Trusts Law in Australia, The Federation Press, Leichardt,

N.S.W.

Ong, DSK 2003, Trusts Law in Australia, 2e uitgawe, The Federation Press ,

Leichardt, NSW.

Oosthuizen, MJ (red.) 1988, Suid-Afrikaanse Handelsreg, 3e uitgawe, vol. 2,

Perskor-Boekdrukkery, Johannesburg.

Oppenheim, L 1957 - 1958, “ Why a Revision of the Louisiana Trust Estates Act

Is Necessary”, Louisiana Law Review, vol. 18, pp. 599 - 608.

Otto, JM 1981, “Eiendomsvoorbehoud en opskortende voorwaardes by die

koopkontrak”, THRHR, pp. 255 - 268 en pp. 396 - 412.

Otto, JM in Van Jaarsveld, SR (red.) 1988, Suid-Afrikaanse Handelsreg, 3e

uitgawe, vol. 1, Perskor-Boekdrukkery, Johannesburg.

Pace, RP en Van der Westhuizen, WM 2005, Wills and Trusts , 9e uitgawe,

LexisNexis Butterworths, Durban.

Page 457: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

432

Paisley, RRM 1999, Law Basics Trusts, W Green/Sweet & Maxwell, Edinburgh.

Parker, DB en Mellows, AR 1979, The Modern Law of Trusts, 4e uitgawe, Sweet

& Maxwell, Londen.

Pettit, PH 1997, Equity and the Law of Trusts , 8e uitgawe, Butterworths, Londen.

Pettit, PH 2001, Equity and the Law of Trusts , 9e uitgawe, Butterworths, Londen.

Plucknett, TFT 1956, A Concise History of the Common Law, 5e uitgawe,

Butterworths, Londen.

Pollock, F en Maitland, FW 1968, The History of English Law, 2e uitgawe, vol. 1,

University Press, Cambridge.

Potter, H en Kiralfy, AKR 1958, Potter’s Outlines of English Legal History, 5e

uitgawe, Sweet & Maxwell, Londen.

Pretorius, CJ 2003, “Individualism, Collectivism and the Limits of Good Faith”,

THRHR, pp. 638 - 645.

Ramjohn, M 1998, Source Book on Law of Trusts, 2e uitgawe, Cavendish

Publishing, Londen.

Reid, KGC in Milo, JM en Smits, JM 2001, Privaatrecht: Trusts in Mixed Legal

Systems, Ars Aequi Libri, Nijmegen.

Reid, K in Reid, K en Zimmermann, R (reds.) 2000, A History of Private Law in

Scotland, vol. 1, University Press, Oxford.

Reid, K en Zimmermann, R (reds.) 2000, A History of Private Law in Scotland,

vol. 1, University Press, Oxford.

Page 458: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

433

Reid, K en Zimmermann, R (reds.) 2000, A History of Private Law in Scotland,

vol. 2, University Press, Oxford.

Riddall, JG 2002, The Law of Trusts , 6e uitgawe, Butterworths, Londen.

Roos, A 1990, “Die Wet op die Beheer oor Trustgoed”, THRHR, pp. 84 - 92.

Scott, AW 1967, The Law of Trusts, 3e uitgawe, Little Brown & Company,

Boston.

Scrutton, TE 1885, The Influence of the Roman Law on the Law of England,

University Press, Cambridge.

Shaw, AGL 1961, The Story of Australia, 2e uitgawe, Faber & Faber, Londen.

Sheridan, LA 1993, Keeton and Sheridan’s The Law of Trusts, 12e uitgawe,

Barry Rose Law Publishers, Londen.

Shindler, G en Hodkinson, K 1984, Law of Trusts , CCH Editions Ltd, Oxfordshire.

Shepherd, JC 1981, The Law of Fiduciaries, The Carswell Company, Toronto.

Sher, H 1996, “The Sale of a Trust”, JBL, pp. 169 - 170.

Sinclair, K 1980, A History of New Zealand, Allen Lane, Londen. Hersiene druk.

Smith, BG 1979, Introduction to the Canadian Law of Trusts, Butterworths,

Toronto.

Smith, JAC en Kerby, J 1975, Private Law in Canada. A Comparative Study,

vol. 1, University of Ottawa Press, Ottawa.

Page 459: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

434

Smits, J en Lubbe, G (reds.) 2003, Remedies in Zuid-Afrika en Europa,

Intersentia Uitgevers, Antwerpen.

Sonnekus, JC en Neels, JL 1994, Sakereg Vonnisbundel, 2e uitgawe,

Butterworths, Durban.

Sonneveldt, F en Van Mens, HL 1992, The Trust: Bridge or Abyss between

Common and Cicil Law Jurisdictions?, Kluwer Law and Taxation Publishers,

Boston.

Stander, L 1999, “Hoe Veilig is bates in ‘n Trust in geval van die sekwestrasie

van die boedel van een van die betrokke partye?”, TRW, pp. 145 - 170.

Strydom, S 2001, Die Aansprake van ‘n Trustbegunstigde in die Suid-Afrikaanse

Trustreg, LLD-Proefskrif, Potchefstroom Universiteit vir Christelike Hoër

Onderwys, Potchefstroom.

Swanepoel, HL 1961, Oor Stigting, Trust, Fideicommissum , Modus en Beding ten

behoewe van ‘n Derde, Pro Rege Pers, Potchefstroom.

Swart, GJ 1990, “The Accrual of Income - Some Answers”, S A Mercantile Law

Journal, pp. 97 - 108.

Tabraham, C 2003, The Illustrated History of Scotland, Lomond Books,

Edinburgh.

Theron, L 1990, Die Besigheidstrust, LLM-Verhandeling, Randse Afrikaanse

Universiteit, Johannesburg.

Theron, L 1991, “Regulering van die Besigheidstrust”, SALJ, pp. 277 - 292.

Page 460: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

435

Theron, L 1991, “Enkele Gedagtes oor die Regsaard van ‘n Trust en die

Aanspreeklikheid van ‘n Trustee vir Trustskulde”, De Jure, pp. 319 - 328.

Thomas, CM 2002, Forsyth’s Brief Outline of the Law Relating to Trusts, Wills,

Executors and Administrators, 5e uitgawe, The Dunmore Press, Palmerston

North.

Thomas, GW en Hudson, A 2004, The Law of Trusts, University Press, Oxford.

Thurston, JMR 2001, A Practitioner’s Guide to Trusts, 3e uitgawe, Tolley, Surrey.

Todd, P 1986, An Introduction to The Law of Trusts, Blackstone Press Limited,

Londen.

Todd, P 1996, Textbook on Trusts, 3e uitgawe, Blackstone Press Limited,

Londen.

Todd, P 2000, Cases and Materials on Equity and Trusts, 3e uitgawe, Blackstone

Press Limited, Londen.

Todd, P en Lowrie, S 2000, Textbook on Trusts , 5e uitgawe, Blackstone Press

Limited, Londen.

Todd, P en Wilson, S 2003, Textbook on Trusts, 6e uitgawe, University Press,

Oxford.

Tulane Law School, 1981, The Louisiana Civil Code: A Humanistic Appraisal ,

New Orleans, Louisiana.

Van der Merwe, BA 1995, “Die onvoorwaardelikheidsvereiste in die Suid-

Afrikaanse Inkomstebelastingreg”, De Jure, pp. 279 - 293.

Page 461: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

436

Van der Merwe, BA 1996, “Die bestaansreg van die ‘ontvangs’ -element”,

Codicillus, pp. 17 - 28.

Van der Merwe, BA 2000, “The Meaning and Relevance of the Phrase ‘Vested

Right’ in Income Tax Law”, S A Mercantile Law Journal, pp. 319 - 329.

Van der Merwe, CG 1989, Sakereg, 2e uitgawe, Butterworths, Durban.

Van der Merwe, NJ 1965, “Spes Fideicommissi of Ius in Personam”, THRHR,

pp. 138 - 141.

Van der Merwe, S, Van Huysteen, LF, Reinecke, MFB, Lubbe, CF en Lotz, JG

1994, Kontraktereg Algemene Beginsels, Juta & Kie, Kenwyn.

Van der Merwe, NJ en Olivier, PJJ 1989, Die Onregmatige Daad in die Suid-

Afrikaanse Reg, 6e uitgawe, J P van der Walt en Seun (Edms) Bpk, Pretoria.

Van der Merwe, NJ, Rowland, CJ en Cronjé, MB 1990, Die Suid-Afrikaanse

Erfreg, 6e uitgawe, J P van der Walt en Seun (Edms) Bpk, Pretoria.

Van der Westhuizen, WM in Pace, RP en Van der Westhuizen, WM 2005, Wills

and Trusts, 9e uitgawe, LexisNexis Butterworths, Durban.

Van Jaarsveld, SR in Van Jaarsveld, SR (red.) 1988, Suid-Afrikaanse

Handelsreg, 3e uitgawe, vol. 1, Perskor-Boekdrukkery, Johannesburg.

Van Jaarsveld, SR (red.) 1988, Suid-Afrikaanse Handelsreg, 3e uitgawe, vol. 1,

Perskor-Boekdrukkery, Johannesburg.

Van Jaarsveld, SR in Nagel, CJ, Boraine, A, Delport, PA, Lötz, DJ, Olivier, L,

Otto, JM, Prozesky-Kuschke, B, Roestoff, M, Van Eck, BPS en Van Jaarsveld,

SR 2000, Kommersiële Reg, 2e uitgawe, LexisNexis Butterworths, Durban.

Page 462: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

437

Van Schoor, SM 1990, Wysigings van Trustaktes met inagneming van die Beding

ten Behoewe van ‘n Derde, LLM-Verhandeling, Universiteit van die Oranje

Vrystaat, Bloemfontein.

Van Warmelo, P 1973, Die Oorsprong en Betekenis van die Romeinse Reg, J L

van Schaik, Pretoria.

Van Warmelo, P 1976, An Introduction to the Principles of Roman Civil Law, Juta

& Kie, Kaapstad.

Van Zyl, DH 1979, Geskiedenis van die Romeins-Hollandse Reg, Butterworths,

Durban.

Van Zyl, DH 1983, History and Principles of Roman Private Law, Butterworths,

Durban.

Van Zyl, FJ en Van der Vyver, JD 1982, Inleiding tot die Regswetenskap , 2e

uitgawe, Butterworths, Durban.

Vinter, E 1938, A Treatise on the History and Law of Fiduciary Relationship and

Resulting Trusts, 2e uitgawe, Stevens & Sons Ltd, Londen.

Walker, DM 1970, Principles of Scottish Private Law, vol. I, Clarendon Press

Oxford.

Walker, DM 1975, Principles of Scottish Private Law, vol. II, 2e uitgawe,

Clarendon Press, Oxford.

Walker, DM 1988, A Legal History of Scotland, vol. 1, W Green & Son,

Edinburgh.

Walker, DM 1989, Principles of Scottish Private Law, vol. IV, 4e uitgawe,

Clarendon Press, Oxford.

Page 463: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

438

Waters, DWM 1974, Law of Trusts in Canada, The Carswell Company, Toronto.

Watson, A 1991, Roman Law & Comparative Law, The University of Georgia

Press, Georgia.

Watt, G 2003, Trusts and Equity, University Press, Oxford.

Watt, G 2004, Trusts, University Press, Oxford.

Wessels, JW 1908, The History of the Roman-Dutch Law, African Book

Company, Grahamstown.

Wessels, L 1993, “Wysiging van Testamentêre Trusts en die Wet op die Beheer

oor Trustgoed 57 van 1988: twee nuwe uitsprake”, De Rebus, pp. 819 - 822.

Wiechers, NJ en Roos, A (reds.) 1993, Trusts, Unisa, Pretoria.

Wikramanayake, A Geen Datum, “Philanthropy and Law in Sri Lanka”,

http://www.asianphilanthropy.org/pdfs/law_south/6-sri-lanka.pdf - 6 Maart 2006.

Winius, GD 1971, The Fatal History of Portuguese Ceylon: Transition to Dutch

Rule, Harvard University Press, Cambridge.

Wilson, WA, Duncan, AGM en Elliott, WA 1995, Trusts, Trustees and Executors ,

2e uitgawe, W Green, Edinburgh.

Wisdom, JM 1938 - 1939, “A Trust Code in the Civil Law, based on the

Restatement and Uniform Acts: The Louisiana Trust Estates Act”, Tulane Law

Review, pp. 70 - 91.

Wunsh, B 1990, “Law of Succession (Including Administration of Estates) and

Trusts”, Annual Survey of South African Law, pp. 250 - 266.

Page 464: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

439

Wunsh, B 1995, “Law of Succession and Trusts 1995 Cases”, Annual Survey of

South African Law, pp. 344 - 359.

Yiannopoulos, AN 1965, Civil Law in the Modern World, State University Press,

Louisiana.

Yiannopoulos, AN in Milo, JM en Smits, JM (reds.) 2001, Privaatrecht: Trusts in

Mixed Legal Systems, Ars Aequi Libri, Nijmegen.

Youdan, TG 1989, Equity, Fiduciaries and Trusts, The Law Book Company

Limited, Toronto.

Zimmermann, R in Zimmermann, R en Visser D 1996, Southern Cross Civil Law

and Common Law in South Africa, Juta & Kie, Kenwyn.

Zimmermann, R en Visser D 1996, Southern Cross Civil Law and Common Law

in South Africa, Juta & Kie, Kenwyn.

Zimmermann, R 2001, Roman Law, Contemporary Law, European Law: The

Civilian Tradition Today, University Press, Oxford.

Zimmermann, R, Visser, D en Reid, K (reds.) 2004, Mixed Legal Systems in

Comparative Perspective: Property and Obligations in Scotland and South

Africa, University Press, Oxford.

Page 465: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

415

AANHANGSEL A

REGISTRASIE VAN TRUSTS INTER VIVOS BY SOMMIGE MEESTERSKANTORE

IN SUID-AFRIKA DIE AFGELOPE DEKADE

JAAR

KAAPSTAD

PRETORIA

BLOEMFONTEIN

GRAHAMSTAD

BISHO

PIETERMARITZBURG

TOTAAL

1995

4 799

8 713

1 541

2 407

5

2 672

20 137

1996

6 953

12 814

2 242

2 944

21

3 455

28 429

1997

5 726

12 658

2 260

2 529

25

3 200

26 398

1998

4 156

13 074

2 355

2 087

21

2 722

24 415

1999

4 765

13 835

2 527

1 886

10

2 794

25 817

2000

4 379

12 060

2 596

1 739

9

2 501

23 284

2001

3 701

10 182

2 496

1 354

5

1 827

19 565

2002

3 538

9 471

2 338

1 178

4

1 733

18 262

2003

3 385

9 456

1 983

1 129

1

1 579

17 533

2004

4 492

12 153

2 033

1 352

2

2 212

22 244

2005

5 167

12 651

1 701

1 603

2

2 111

23 235

Totaal

51 061

127 067

24 072

20 208

105

26 806

249 319

Page 466: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

416

Page 467: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

416

AANHANGSEL B

GEMEENSKAPLIKE EIENSKAPPE / VERSKILLE WAT VOORKOM IN DIE

VERSKILLENDE TRUSTFIGURE WAT ONDERSOEK IS

EIENSKAP

ENGELAND

SKOTLAND

SRI LANKA

LOUISIANA

QUEBEC

SUID-AFRIKA

Oorsprong van Trustfiguur

Die “use”-figuur

Ius Commune en

Gemeenregtelik as Fidusiêre Konsep

Engels deur wetgewing

Engels deur wetgewing

Onseker -

waarskynlik civil law meganisme van patrimonium

Engels

Ander Invloede

Romeinse reg

Engelse reg

Romeins-

Hollandse reg Engelse reg

Romeins-

Hollandse reg Engelse reg

Franse reg Engelse reg

Romeins-

Hollandse reg

Trust sonder begunstigdes

Nee

Nee

Nee

Nee

Nee

Nee

Begunstigdes sonder regte

Nooit

Nooit

Nooit

Nooit

Nooit

Soms

Eie standpunt Nooit

Page 468: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

417 Wysiging slegs in samewerking met begunstigdes of hof

Ja

Ja

Ja

Ja

Ja

Nee

Eie standpunt Ja

Trust as Vertrouens-verhouding

Ja

Ja

Ja

Ja

Ja

Ja

Bron van Regte van Begunstigdes

Equity

as voorloper van vertrouens-verhouding

Vertrouens-verhouding

Vertrouens-verhouding

Vertrouens-verhouding

Vertrouens-verhouding

Kontraktereg en

Erfreg Eie standpunt

Ook Vertrouens-verhouding

Vorderingsreg

Ja

Ja

Ja

Ja

Ja

Soms

Eie standpunt Ja

Addisionele Beskerming van Begunstigdes

Dual-ownership/

Tracing/ Constructive Trust

Patrimonium/

Constructive Trust Subrogasie

Wetgewing Baie soos

Engelse reg

Wetgewing

Wetgewing

Kennisleer/ Wetgewing

Page 469: ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN … PROEFSKRIF JP COETZEE.pdf · ‘N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AARD EN INHOUD VAN TRUSTBEGUNSTIGDES SE REGTE INGEVOLGE DIE SUID-AFRIKAANSE

418 Geld regte teen bona fide besitter

Nee

Nee

Nee

Nee

Nee

Nee

Regsfiguur Sui Generis

Ja

Ja

Ja

Ja

Ja

Soms

Eie standpunt Ja

Regspersoonlik-heid

Nee

Nee

Nee

Nee

Ja

Nee

Oprigting

Hoofsaaklik Mortis Causa/Inter Vivos

Hoofsaaklik Mortis Causa/Inter Vivos

Hoofsaaklik Mortis Causa/Inter Vivos

Hoofsaaklik Mortis Causa/Inter Vivos

Hoofsaaklik Mortis Causa/Inter Vivos

Hoofsaaklik Mortis Causa/Inter Vivos

Kodifikasie

Nee

Nee

Ja

Ja

Ja

Nee