boerefees web issuu

16

Upload: helena-raats

Post on 03-Apr-2016

259 views

Category:

Documents


8 download

DESCRIPTION

Noordelike Nuus Bylae vir Boerefees 2014

TRANSCRIPT

Page 1: Boerefees web issuu
Page 2: Boerefees web issuu

Noordelike Nuus / Northern News Boerefees 2014 www.noordnuus.co.za2

Afrikaners is plesierig...BOEREFEES 2014

Die Ellisras DLU wou nie net geld insamel nie, maar ook ’n naweek aanbied wat inwoners lank sou bybly. So het die Boerefees verlede jaar ontstaan en dit was so ‘n groot sukses dat hulle besluit het om dit nog beter te maak vir 2014. Hierdie jaar is daar weer heerlike kosstalletjies, ‘n onderdak biertuin en ander interessante uitstallers. Die Boerefees vind weer plaas by die veiling krale op die Marken-pad teenaan die Mogol-rivier op 26 en 27 September. Hierdie jaar sluit die fees se hoogtepunte ‘n speenkalf kompe-tisie, ’n braai kompetisie, ’n Bul en Aanteel veiling asook ’n 4x4 hindernisbaan, ’n vierwiel-

motorfietsroete en pret vir die kinders in. Net om die Boerefees ekstra spesiaal te maak is twee gewilde sangers ingeroep om te sorg vir die vermaak – Joe F tree op die Vrydagaand op en beloof om die dansvloer vol te hou, terwyl PJ Cruz die Saterdag se amptelike seremoniemeester sal wees. So of jy die kinders wil besig hou, in die modder wil gaan ‘quad bike’ ry, jou 4x4 vernuf wil toets of sommer net lekker saam met vriende kom ontspan en kuier – hierdie jaar se Boerefees beloof om

dit alles te bied en nog meer. Hierdie jaar se beplanning het reeds in 2013 begin en die Ellisras DLU het laat weet

dat sekuriteit op die perseel teenwoordig sal wees om al-mal se veiligheid te verseker. Daar sal ook genoeg toilet-geriewe en veilige parkering beskikbaar wees vir al die feesgangers. Sien jou by die Boerefees!

Pieter van Zyl,Ellisras DLU Voorsitter

Verlede jaar het die Ellisras Distriks Landbou-unie (DLU), in same- werking met die Afrikaanse Protestante Kerk-Ellisras en Hardekool Akademie, besluit om ’n spesiale fondsinsamelingsprojek te begin.

Page 3: Boerefees web issuu

www.noordnuus.co.za Boerefees 2014 Noordelike Nuus/Northern News 3

Page 4: Boerefees web issuu

Noordelike Nuus / Northern News Boerefees 2014 www.noordnuus.co.za4

... en dan maak hulle so! BOEREFEES 2014

Hier in die Bosveld maak hy menige meisies se knieë lam met sy lewendige verhoogpersoonlikheid, vriendelike glimlag en mooi liedjies. Hy het naam gemaak as liedjieskrywer en sangkunstenaar en sy CD “Spoorloos” is ’n groot treffer. Sy nuwe CD “Te goed om waar te wees” is reeds op winkelrakke.PJ is net so gemaklik om in plattelandse dorpies op te tree as in die stad. Oorspronklik van Bethal, is dit veral sy entoesiastiese uitkyk op die lewe wat hom ’n gewilde kunstenaar maak hier in die Bosveld en elders. Tydens die Boerefees gaan PJ optree as die seremoniemeester en is hy van plan om feesgangers se ore vol grappies en geselsies prop en hul voete te laat jeuk met lekker musiek.Kom geniet die naweek saam met PJ Cruz.

PJ Cruz is ’n baie bekende gesig in Lephalale (en die Bosveld). Dié veelsydige kunstenaar het al by baie feeste en glansgeleenthede as seremoniemeester en musiekkunstenaar opgetree. Tydens die Boerefees maak hy weer so.

Page 5: Boerefees web issuu

www.noordnuus.co.za Boerefees 2014 Noordelike Nuus/Northern News 5

... eers draai die ou vroutjieBOEREFEES 2014

Joe F is in musiekkringe bekend as die ‘verkleurmannetjie’ van die musiekbedryf - ‘n kunstenaar wat nie toelaat dat hy in ‘n boksie met ‘n eendimensionele etiket verpak word nie. Joe se filosofie is dat almal verander soos hul ouer word en net so groei en verander sy aanhangers saam met hom. Hy glo dat ‘n mens se belangstellings verander met tyd. “My musiek is baie soos ‘n tydlyn van my lewe,” sê Joe F op sy webwerf. Die meeste sangers begin by die rebelse ‘rock’ stadium en daarna bedaar hulle en volg, wat Joe F noem: “die kalm-word-

Joe F is ‘n veelsydige musiekkunstenaar en het sy merk gemaak in die Afrikaanse musiek edryf met die treffer ‘Hou my vas.’

stadium” vir ‘n tydjie en dan “die stadium waar sy vriende en familie vir hom die wêreld beteken.” Joe F is ‘n ballade- en minnesanger wat met klank en liriek menige betower. Sy liedjies sluit in ‘Hou my vas’, ‘Vliegmasjien’, en ‘Super Rugby Man’. Die sanger sorg vir ‘n oor-tot-oor ontploffing met elkeen van sy optredes en sy gehoor is gewoonlik vir die grootste gedeelte van die vertoning op hul voete besig om te dans. So Lephalale kan uitsien na ‘n skitter vertoning vanaf die sanger met die ‘rasper stem’.

www.noordnuus.co.za vir nuus, foto’s, gebeure, en die

weervoorspelling.

Page 6: Boerefees web issuu

Noordelike Nuus / Northern News Boerefees 2014 www.noordnuus.co.za6

... en dan draai haar ou manBOEREFEES 2014

Die braai kompetisie bestaan uit die opdis van ’n hoofgereg en nagereg – wat natuurlik op die kole voorberei moet word tydens die Boerefees. Alle voorbereiding (deeg knie, sosaties maak ens.) moet op die terrein plaasvind. Punte word toegeken vir die rou bestanddele, die voorbereiding, die hoofgereg en die nagereg. Spanne van twee kan inskryf teen ’n fooi van R300 per span. Spanne kan enige tema kies vir hul braai en die area daarvolgens versier. Daar is verskeie pryse wat gewen kan word waarvan een span ’n heerlike langnaweek by die Sanlameer oord op die Suidkus kan wen. Spanne moet hul eie braaiers voorsien. Toeskouers is welkom en daar sal ’n biertuin beskikbaar wees vir wanneer die dors te groot raak. Vir inskrywingsvorms en meer inligting is u welkom om Schalk te kontak by 081 325 7961. Laat inskrywings sal ook op die dag aanvaar word en u kan direk gaan inskryf (die Bosveldfees se hekke open 07:00, maar die opening is eers om 08:00).

Kom braai

saam!

Braaivleis is so deel van die Afrikaanse kultuur, soos koeksisters en volkspele... en vir al die groot braai liefhebbers bied die Boerefees volgende Saterdag ’n braai kompetisie wat beloof om al die feesgangers se monde te laat water.

Page 7: Boerefees web issuu

www.noordnuus.co.za Boerefees 2014 Noordelike Nuus/Northern News 7

... en hy vat haar om haar lyfieBOEREFEES 2014

Is jy opsoek na bietjie opwinding? Kom toets gerus jou vernuf op die 4x4-hindernisbaan wat tydens die Boerefees beskikbaar sal wees. Daar is ook ‘n vierwielmotorfietsroete uitgelê vir die dag.

4x4-hindernisbaanWat is ‘n Boerefees sonder ‘n behoorlike 4x4-voertuig pretrit? Hierdie jaar word 4x4 entoesiaste uitgenooi om die spesiale baan wat uitgelê is aan te durf. Skryf in om jou deelnemer nommer te ontvang asook toegang tot die 4x4-baan wat by die veiling skrale self geleë is en bestaan uit sowat 10 hindernisse wat oorbrug moet word. Na die dag se verrigtinge sal daar tydens die 4x4 prysuitdeling spesiale lootjies getrek word om ‘n paar gelukkige wenners aan te wys. Die dag gaan nie oor hoeveel deelnemers die 4x4-baan voltooi nie, maar oor die pret en plesier daarvan. Die 4x4-voertuig inskrywingsgeld is R250 per inskrywing en beloof om elke sent werd te wees.

VierwielmotorfietseVir die vierwielmotorfietsryers (quad bikes) is die inskrywingsfooi slegs R100 per motorfiets vir die pretrit. ’n Ekstra fooi van R50 word gevra indien daar ‘n tweede persoon wil saamry op dieselfde vierwielmotorfiets. Die vierwielmotorfietsroete is spesiaal

uitgelê om seker te maak dat deelnemers die maksimum hoeveelheid pret kan beleef! Die roete begin by die veilingskrale, oor die Mogolrivierbrug en gaan dan van die Beska-pad af deur tor by ‘n private plaas waar ’n heerlike moddergat wag om te sorg vir groot pret! Elke vierwielmotorfiets word toegelaat om ’n koelhouer vas te maak om saam te neem en die dag te geniet. Dus nooi die organiseerders van die Boerefees alle vierwielmotorfietsryers om hul motorfietse te bring en saam te kom ‘speel’. Vir meer inligting en inskrywingsbesonderhede , skakel gerus vir Dolla by 082 501 1278.

4x4 & quads

trek weg

om 09:00!

Page 8: Boerefees web issuu

Noordelike Nuus / Northern News Boerefees 2014 www.noordnuus.co.za8

... en dan draai hulle saam !BOEREFEES 2014

Kindervermaak speel altyd ’n belangrike rol in ouers se besluit om feeste by te woon - die Boerefees beloof om die kinders heeldag besig te hou, danksy die Blue Flame maatskappy.Hierdie jaar het die organiseerders van die Boerefees seker gemaak daar is iets te doen vir die hele gesin. Die Blue Flame groep gaan die jongspan kom vermaak by die fees. Daar gaan gesigverf, kulkunsies, ‘n poppekas, springkastele, dans en selfs ‘n

inkleur-kompetisie wees op die dag van die fees. Alle kinders en tieners (van voorskoolse kleuters tot hoërskoolkinders) word genooi om die dag by te woon. Ouers kan rustig tussen die stalletjies deurloop en ontspan wetend dat die kinders in ’n veilige area vermaak word.

BRING DIE KINDERS!

Page 9: Boerefees web issuu

www.noordnuus.co.za Boerefees 2014 Noordelike Nuus/Northern News 9

Page 10: Boerefees web issuu

Noordelike Nuus / Northern News Boerefees 2014 www.noordnuus.co.za10

Nuwe liggaam vir veldvleis‘n Nuwe organisasie wat boere verteenwoordig wat rooivleis op veldtoe-stande produseer, die Grass Fed Association of South Africa (GFASA), is by die onlangse RPO kongres in Bloemfontein aan produsente bekend-gestel.

Adrian Cloete, die voorsitter van GFASA, het in sy voorlegging aan boere verduidelik dat die doel van die nuwe organisasie is om die gemeen-skaplike belange van betrokkenes by die veldvleis industrie in Suid-Afrika te bevorder. GFASA beoog om van meet af ‘n rol te speel in verbruikerso-pleiding en die voordele van veldvleis en ook om ‘n effektiewe waarde to-evoegingsketting daar te stel. Dit sluit in die naspeurbaarheid van produkte, vertrouensverhoudinge tussen produsente en handelaars en gemoedsrus oor omgewingsvriendelike produksiemetodes.

Cloete sê die veldvleis bedryf is waarskynlik groter as wat meeste mense besef. Die meeste boere wat speenkalwers produseer kan maklik by hul stel-sel inskakel solank hulle net by die bepaalde vereistes hou.

Hy hoop dat GFASA aan hierdie boere die opsie sal bied om self hul kallers op die veld groot te maak en direk te bemark.

Veldvleis is nie ‘n nuwe ding nie, sê hy. Dit is eintlik maar hoe vleis vir baie jare van vroër tye geproduseer is. “Ons het net nie bygehou met die be-marking van ons produksiestelsel toe voerkraalstelsels deur die Voerkraal-vereniging bevorder is nie.”

Nou hoop GFASA om ‘n handelsmerk te word vaarvoor verbruikers sal uitkyk as hulle inkopies doen. Selfs wildsvleis wat volgens hul bepaalde ver-eistes geproduseer word, kan onder die GFASA faandel bemark word.

Die bestuur van GFASA bestaan uit Cloete in die voorsitterstoel, Keith Harvey - van Vryburg, Grant Odgers, van Reitz, Herman Nel van Vereenig-ing en Caroline McCann van Johannesburg.

Vir meer inligting kontak Adrian by [email protected] of skakel: 082 213 2120.

Landbou Nuus Vra die regte vrae sê Willemse Die belangrikste vraag wat boere hulself nou kan vra is hoe hulle die ANC gaan oorleef? So het prof Johan Willemse van die Universiteit van die Vrystaat aan ‘n vol saal by die Thabazimbi landbouskou se land-boubesigheidseminaar gesê.

Die geheim sê hy, is vir elke boerdery om ‘n duidelike visie en doel-witte te hê van wat hulle wil bereik met gedetaileerde aksieplanne wat hulle daar sal uitbring.”Verstaan die ANC en besluit hoe jy jou gaan aan-pas en posissioneer om te kom waar jy wil wees.”

Willemse sê boere moet anvaar dat grond nie meer ‘n belegging is nie, maar ‘n fabriek is waaruit landbouers hul geld verdien. “Moenie al jou geld in die plaas sit nie en moenie grond koop wat nie tot jou produktiwit-eit gaan bydra nie. Maak jou geld uit die plaas uit en belê dit elders.”

Hy het boere oor die kole gehaal oor hul geneigdheid om op die nega-tiewe aspekte van die landbou omgewing te fokus. “Ek het al vir drie dae by ‘n landboukongres gesit en luister hoe boere niks anders as klagtes en probleme bespreek nie. En wat ons eintlik moet bespreek is hoe ons gaan geld maak.”

Hy sê dit is presies wat die boere in Australië doen. Hy het onlangs ‘n landboukongres daar bygewoon en hoewel boere daar ook talle uitdagings in die gesig staar, was die hoofonderwerp van bespreking hoe hulle meer kompeterend kan wees terwyl hulle insetkoste so laag moontlik hou.

Willemse meen boere moet bestuur wat hulle kan en nie energie mors op wat hulle nie kan beheer nie. Water en elektrisiteit gaan net aanhou om duurder te word - daardie pryse kan boere nie beheer nie, maar hulle kan wel die res van hul besighede bestuur om winsgewend te bly ten spyte daarvan.

Hy het daarop gewys dat die aanvraag na landbouprodukte steeds al hoe groter word en dat boere die groeiende swart middelklas en die groei-ende Sjinese ekonomie in gedagte moet hou in hul beplanning.

“Soos wat mense ryker word verander hulle eetpatrone. Hulle wil minder pap en rys eet en meer vleis en duurder groente,” het Willemse gesê en boere aangeraai om dit in gedagte te hou wanneer hulle hul be-sigheidsplanne optrek.

“Vra julself as boere: Hoe gaan ons vir 45 miljoen mense in ons stede kos gee en geld maak daaruit?”

Page 11: Boerefees web issuu

www.noordnuus.co.za Boerefees 2014 Noordelike Nuus/Northern News 11

Spogbeeste in die Bosveld Die Ellisras Bosveldfees Beesskou in Lephalale is een van die hoogte-punte op die Bosveldkalender vir Juliemaand. Die skou is vroeërjare in Meimaand gehou saam met die Ellisras Landbouskou wat toe nog deur Jan Eckard - ‘n welbekende boer en inwoner van die omgewing gereël is. In 2003 is die landbouskou by die Bosveldfees ingelyf en sedertdien skou die Bosveld se voorste stoeterye elke jaar hier.

Die senior, ras en interraskampioenbul was hierdie Limosin, Olympic PP094 van Chris en Christie van Zyl (sel 083 568 1554), Kremetart Limosin, Marnitz. Hanteerder: Andries Kobe.

Die interras kampioenkoei was ‘n Simmentaler, JME-0814 van Cobus en Mieta Erasmus (sel 083 246 3132), Jacmi Simmentalers, Lephalale. Hanteerder: Andries Melani.

Brahman: Senior en raskampioenbul, WIL10-264. Eienaar: Willie Becker (082 903 5847), Nedibest Brahmane, Dendron. Hanteerder: Willie Becker.

Brahman: Die vroulike raskampioen was die vers, BAR7012. Eienaar: Willem Barnard jnr. (sel 082 336 9648), Wilbar Brahmane, Mokopane. Hanteerder: Willem Barnard jnr.

Limosin: Raskampioen en interras reserwekampioen, Denel Carica NE11-14. Eienaar: Piet Nel en André de Jager (sel 084 208 4400), Denel Limosins, Lephalale. Hanteerder: Jan Madibaan.

Santa Gertruides: Raskampioenbul, 1053 Ferdi. Eienaar: Hennie Nel (sel 083 302 1625), Indruk Santa Gertruides, Modiomolle. Hanteerder: Frans Koti.

Tamboti Toyota Alleras bul en aanteelveilingBy hierdie jaar se veiling gaan daar verskeie bulle en 100 kommersiele diere wees vir besigtiging. Daar sal bekende telers wees soos Jacmi Simmentaler, Werma Simbra, Kremetart en ook Telza Trust met verkeie diere te koop.Meer inligting kan verkry word op die volgende web blad www.vleissentraalbosveld.co.za

Page 12: Boerefees web issuu

Noordelike Nuus / Northern News Boerefees 2014 www.noordnuus.co.za12

Dit is die manier waarop wildsvleis wat vir die winkelrak bestem is hanteer moet word volgens die nuwe wildsvleisskema waarop Wildbedryf Suid-Afrika (WRSA) en die Department van Landbou vroeër vanjaar ooreengekom het.

Die skema is daargestel omdat dit glo tot op hede onmoontlik was om wildsvleis om ‘n wettige manier kommersieël te verwerk en te verkoop. Volgens die vleisveiligheidswet, Wet 4 van 2000, mag geen dooie dier in ‘n abbattoir ingebring word nie.

Die wildsvleisskema omseil hierdie wet eg-ter deur ‘n vleisondersoeker voor te skryf wat karkasse in die veld deurkyk vir ooglopende gesondheidsrisiko’s en siektes. Die ondersoeker moet ook kyk dat karkasse skoon is en behoorlik gemerk is voordat dit op die koeltrok gelaai word wat dit na die verwerkingsaanleg neem.

Daar aangekom moet ‘n volwaardige ins-peksie gedoen word en daarom is dit belangrik om die geseëlde ingewande en karkasse met ooreenstemmende nommers te merk. Sou daar rede tot agterdtog oor ‘n karkas wees, kan daar-die karkas se organe dan verder getoets word vir siektes.

WRSA beraam dat 20% van alle vleis wat

Kan wildboere vleisboere word?Op ‘n wildsplaas in Limpopo hang ‘n ry blouwildebeeskarkasse aan ‘n staalraam in die veld. Hul koppe en pote is verwyder, binnegoed is uit-gehaal en die longe, lewer, niere en hart van elke karkas is in ‘n plastiese sak geseël en gemerk met ‘n nommer wat ooreenstem met ‘n nommer op die karkas. Deur Jasper Raats.

in Suid-Afrika se wintermaande geëet word, wildsvleis is, maar omdat dit tot op hede nie deur amptelike abbattoirs verwerk is nie, is daar nie statistiek om hierdie skatting te steun nie.

En die gebrek aan statistiek, struktuur en kwaliteitsbestuur sê WRSA president, Dr. Peter Oberem, was tot dusver een van die grootste struikelblokke tot die volwaardige ontwikkeling van ‘n wildsvleisbedryf in Suid-Afrika.

Hulle droom grootHy het hom by Ellalien en Colin Davey aang-

esluit om Waterberg Natural Produce op die been te bring. Die hoeksteen van hierdie inisiatief is ‘n wildabattoir en vleisverwerkingsaanleg op die Davey-plaas, Romaco Ranch, net buite Mookgo-phong (Naboomspruit).

Hierdie fasiliteit is al nege jaar gelede gebou, maar het nou eers finaal goedkeuring vanaf die departement van gesondheid gekry. Dr. Oberem skryf dit toe aan die departement se geploeter en alewige verskuiwing van die doelpale vir goed-keuring.

Hy hoop dat hierdie inisiatief die begin van ‘n volwaardige wilsdsvleisbedryf vir Suid-Afrika sal wees. “Daar is omtrent 13-miljoen beeste in

Suid-Afrika. Daar is ook 25 miljoen skape. Maar die helfte van die beeste en baie van die skape be-hoort aan gemeenskappe wat dit vir tradisionele waardes aanhou en hierdie diere word nie aan formele vleismarkte voorsien nie.

“Terselfdetyd het ons 16 miljoen wildsbokke

‘n Slaghuis in Mokopane kan nie voorbly met wildsvleisprodukte soos hierdie Eland steaks nie.

Page 13: Boerefees web issuu

www.noordnuus.co.za Boerefees 2014 Noordelike Nuus/Northern News 13

Daar is nie ‘n mark vir ons produkte nie.”

Hoewel die Wêreld dieregesondheidsor-ganisasie (OIE) Suid-Afrika onlangs Bek-en-klouseervry verklaar het, word uitvoere deur rompslomp geknie-halter. Die Europese Unie wil glo eers self weer Suid-Afrkaanse wildsabbattoirs kom

inspekteer voor uitvoer hervat kan word.Neethling hoop dat hulle weer volgende jaar

wildsvleis na Europa kan uitvoer.

Hulle het ‘n suksesresepMnr. Karel Landman van Leeukop Slaghuis

in Pongola in KwaZulu-Natal sê soos die Daveys van Mookgophong, het hulle ‘n lang en ‘n harde pad geloop om wildsvleis wettig te kan verwerk en verkoop, maar verlede jaar het hulle 70 ton wildsvleis uit hulle slaghuis verkoop. En Leeukop is maar een van 20 wildslaghuise in Natal.

Die slaghuis is op die Pongola privaat-natu-urreservaat geleë en dit is hier en op omliggende wildsplase wat wild vir die slaghuis geoes word. Leeukop Slaghuis het volle beheer oor die produk - vandat dit geoes word tot in die slaghuis se vertoonyskas. Pryse is kompeterend genoeg dat hulle heelwat kopers het wat die vleis by die sla-ghuis aankoop en dan weer aan restaurante, gas-tehuise en hotelle in stede en groot dorpe gaan verkoop.

Landman sê hulle het egter nie genoeg wild tot hul beskikking om aan supermarkte se vraag te kan voorsien nie.

Hulle het 25 jaar gelede klein begin met een vrou wat karkasse vir besoekende jagters opgesny het. Vandag is dit ‘n volwaardige wildslaghuis met tien mense wat voltyds net wildsvleis ver-werk.

Hy glo die geheim lê in die manier waarop wildsvleis hanteer word. Karkasse moet in die veld dadelik ontwei en gebloei word. Sy seun is ‘n gekwalifiseerde wildsvleis ondersoeker en is

in privaatbesit in Suid-Afrika. Dink net hoe groot bydrae die wildbedryf tot voedselsekuriteit kan maak!”

Hy wys daarop dat die uitvoere van soge-naamde wildsvleis uit Nieu Zeeland na Europa omtrent R4 biljoen per jaar verdien. “Dit is tak-bokke wat in kampe aangehou word soos skape. “Ons wild is organies en ons boerderye is ‘groen’, dit is dus baie makliker om te bemark as die Nieu Zeelandse produk. Danksy die goeie struktuur van ons wildbedryf kan elke stukkie vleis ook nagespoor word tot die laaste plek waar die bok gewei het voor dit geoes is.”

Oberem glo wild kan een van Suid-Afrika se primêre landbouprodukte word. “Ons grond is marginaal vir saaiboere en ons drakrag vir beeste is nie van die beste vergeleke met ander lande nie, maar vir wild is hierdie ‘n droomland.”

Hy glo Waterberg Natural Produce is die be-gin van groot dinge.

Húlle doen dit lankalMaar Camdeboo Meat Processors, ‘n abbat-

toir in die Karoodorp, Graaff-Reinet is al vir die afgelope 34 jaar lank besig met die verwerking en bemarking van wildsvleisprodukte - hoofsaaklik vir die uitvoermark.

Dié maarksappy se uitvoerende direkteur, mnr. Piet Neethling, sê hulle het tot 2010 hoof-saaklik op die uitvoermark gekonsentreer. ‘n Bek-en-klouseer uitbraak en gevolglike verbod op uitvoere na Europa het hulle fokus na die plaalike mark verskuif.

Hy deel nie Dr. Oberem se optimisme vir die plaaslike mark nie.

“Suid-Afrikaners koop nie sommer wildsvleis nie. Ek dink dit is ‘n grootword probleeem. Hulle betaal graag vir skaap en beesvleis, maar wil wildsvleis verniet hê,” sê hy.

Hy vertel hoe hul produkte van die win-kelrakke af vlieg tydens promosiedae wanneer daar iemand is wat van die produkte gaarmaak en as proestukkies aanbied. Maar die volgende week koop almal weer bees of skaapvleis en is wildverkope maar traag. Hy voeg by dat hulle wilsdvleis produkte prysgewys in lyn is met soortgelyke beesvleisprodukte. Wild en Volstruis word vakuumverpak in duidelik-gemerkte kar-

tonverpakkings.Camdeboo se produkte wat deur die Karoo

Groep verpak en bemark word is by winkels soos Woolworths en uitgesoekte Pick ‘n Pay, Checkers en Spar takke beskikbaar. Dit is egter beperk tot uitsoektakke in Johannesburg, Pretoria, Kaapstad en een of twee takke in kleiner dorpe soos Oudt-shoorn en Vaalwater.

Camdeboo en drie ander abbattoirs in die Wes Kaap oes en verwerk vleis op dieselfde wyse wat Waterberg Natural Produce dit nou doen. Wildsvleis word verwerk tot hamburgerpatties, wors, maalvleis, steaks en goulash.

Die meeste van hierdie vleis word generies verpak as wildsvleis en Neethling verduidelik dat dit moeilik raak om elke spesie spesifiek te nomi-neer. Hul buitelandse mark was doodtevrede om te weet hulle koop Suid-Afrikaanse wildsproduk-te, maar om aan ‘n meer kieskeurige plaaslike mark se vereistes te voldoen het Camdeboo verlede jaar spesifiek Springbokvleis vir Wool-worths te verpak. Springbok, omdat dit die spesie is wat in hulle area volop genoeg is om in die vol-umes te verskaf wat die winkelgroep verlang.

Dit ten spyt, sê hy verkope het nie opgegaan nie. Hy meen die plaaslike wildsvleismark is beperk tot sportiewe, gesondheidsbewuste mense. “Die drawwers, die fietsryers, roeiers en daai mense - hulle koop wild en volstruisvleis, die res van die land eet bees of skaapvleis.”

Hy glo die toekoms vir die Suid-Afrikaanse wildsvleisprodukte lê in Europa. “Ons kan maar vergeet van Amerika - ek het al my bes gedoen om Suid-Afrikaanse wildsvleis daar te bemark.

Page 14: Boerefees web issuu

Noordelike Nuus / Northern News Boerefees 2014 www.noordnuus.co.za14

Page 15: Boerefees web issuu

www.noordnuus.co.za Boerefees 2014 Noordelike Nuus/Northern News 15

by wanneer daar geoes word. Dit sý taak om toe te sien dat die karkas volgens die gesondheid en landboudepartemente se voorskrifte hanteer word. Uit die veld word dit na die slaghuis ge-bring waar dit gewoonlik vir twee weke met die vel aan in ‘n koelkamer hang om ryp te word.

Die rypmaakproses is noodsaaklik wanneer dit by wildsvleis kom, sê Landman. “As dit nie ge-doen word nie kan die vleis baie maklik taai wees en dan hoor ‘n mens daai ouvroustories dat wild in allerhande souse en rooiwyn geweek moet word om dit ‘sag’ te maak.”

By die slaghuis word nuwe kliente eers mooi vertel hoe om wildsvleis gaar te maak. “Steaks en sosaties moet amper net skrikgemaak word - as jy hom te gaar maak is die vleis droog en proe dit na niks,” sê Landman.

En so met die opvoeding het die mark ge-groei. Twintig jaar gelede het Leeukop se wilds-vleisverkope hoofsaaklik uit biltong, droëwors, “striploin” en braaiwors bestaan, maar deesdae is daar ewe veel bestellings vir eetvleis van ‘n ver-skeidenheid snitte.

Dit is ook interessant dat Leeukop se mark nie tot ‘n spesifieke bevolkingsgroep beperk is nie. Swart kopers verkies egter bene vleis uit die voorkwarte terwyl blanke kopers die sagter vleis uit die boude en rug verkies. Braaiwors en maalv-leis is populêr onder almal.

Sy wildsvleispryse kompeteer gunstig met die van bees en skaapvleis, maar party snitte is nie noodwendig goedkoper nie. Braaiwors verkoop in die omgewing van R42/kg, maar “strip loin” kos R90/kg.

Landman sê vir hom lê die groot voordeel in die effe goedkoper aankoopprys van wilds-karkasse. Dit laat hom toe om sy vleis teen kom-peterende pryse aan te bied.

Hy is baie optimisties oor die toekoms van wildsvleis. Hy glo die bedryf se sukses gaan af-hang van hoe alle rolspelers saamwerk om hul huis in orde te kry. Slaghuise wat wildprodukte aankoop moet dit doen volgens die reëls van die wildsvleisskema en aandag gee aan die voor-bereidingsproses - of hulle die vleis hang om ryp te word of verwerk en dan in vakuumverpakte sakkies laat ryp word in die yskas. “Die vleis moet lekker en aanvaarbaar wees vir die verbruiker. As

dit nie is nie gaan al die gesondheidspraatjies in die wêreld ons niks help nie.”

Sy droom is om te sien dat ‘n groep soos Wimpy eendag Suid-Afrikaanse wildsvleis in hul hamburgers gebruik.

Wat sê winkelgroepe?Terwyl sommige takke van die Spar groep

reeds van die Karoo Groep se verwerkte en netjies verpakte wildsvleisprodukte aanhou, berus die besluit om produkte aan te hou hoof-saaklik by winkeleienaars en bestuurders. Mnr. Pieter Vogel, ‘n deli-eienaar in Mokopane het vroeër aan die stuur van drie Spar winkels in Limpopo gestaan.

Hy sê die tipe produkte wat die Karoo Groep bemark kan suksesvol uit ‘n niswinkel soos sy deli, Chops & Chives verkoop word, maar die oomblik wat dit op ‘n supermarkrak lê verwag kopers dat dit goedkoop moet wees.

Hier sal wildsvleis makliker verkoop as dit deur die winkel se slaghuis ver-werk en verpak word en dan teen pryse verkoop word wat effe goedkoper as beesvleis is. Die probleem is egter die aankoop van sulke karkasse. “Geen winkeleienaar gaan vleis inkoop as hy nie die kwaliteit daarvan aan sy kliente kan waarborg nie. ‘n Mens moet weet waar en hoe is die bok geskiet, hoe is die karkas hanteer en skoongemaak en hoe higienies was die slaggeriewe.”

Al hierdie kwessies word wel deur die nuwe skema aangespreek, maar die uitdaging bly om in die volumes te kan verskaf wat supermarkte verlang.

Dr. Oberem sê Waterberg Natural Produce het reeds met Shoprite/Check-ers oor ‘n verskaffingskontrak gesels, maar moes terugstaan toe dié groep se aankopers begin aandui hoeveel vleis hulle in ‘n maand gaan wil hê. “Ons kan op hierdie stadium nie aan daardie aanvraag voldoen nie,” sê hy. Dieselfde geld vir restaurantgroepe soos Spur en Wimpy.

En dit wil voorkom of die groot aan-

vraag eerder by die supermarkrakke lê as by die meer verwerkte produkte in spoggerige verpak-king by gerieflikheidswinkels. Mnr. Johan Bester van Woolworths bevestig wat Piet Neethling van Camdeboo sê. Wildsvleis verkoop nog nie so fluks as wat die groep dit graag sou wou hê nie, maar dit is ‘n produk waarin Woolworths glo en sal aanhou dra solank dit volgens die groep se kwaliteitstandaarde verskaf kan word.

Hy meen dit gaan oor meer as net bemarking en prys. Wildsvleis word huidiglik bemark vir iemand wat daardie iets anders soek, maar Bester glo die regte koper is een wat vertroud is met wildsvleis en dit ken. Daarom voorsien hy dat die mark dalk vir lank beperk kan bly, maar wys daarop dat die vraag na wildsbiltong egter goed is. Hy glo dit mag wees omdat die verbruiker meer vertroud is met die tipe produk.

Page 16: Boerefees web issuu

16Noordelike Nuus / Northern News Bosveldfees 2013 / Bushveld Festival 2014 www.noordnuus.co.za