braunvieh...128 june 2016 braunvieh die braunvieh- en brahman-kruising, bekend as bxb, is een van...

10
J u n e 2016 128 Braunvieh Die Braunvieh- en Brahman-kruising, bekend as BxB, is een van die gewildste kruisings in kommersiële boerdery in Namibië. Die top-krui- sing kombineer die Brahman se gehardheid en die Braunvieh se goeie melk- en vleis-eienskappe. Die produk is ’n breër, swaarder bees as die suiwer Brahman, maar meer gehard en beter aangepas met die glad- der haarkleed van die suiwer Braunvieh. “Hierdie gewilde kruising kry op veilings meer per kg dollar,” sê Hen- riëtte Le Grange wat help omsien na haar en Lourens se Aurora Braun- vieh-stoet op hul plaas Keizen by Summerdown. Een so ’n suskesvolle BxB-boerdery is dié van Riaan Bornmann, ’n Swa- kopmund-apteker wat in die Hochfeld-omgewing boer. Hy het reeds talle van Aurora Braunvieh se beste teelbulle gekoop en is so in sy skik met die uitstekende resultate dat hy nog van hulle wil aanskaf. “Ek en my pa het altyd die Angus en die Brahman gekruis en die Angus-bulle in Suid-Afrika gekoop, aangesien kwaliteit Angus moeilik bekombaar was in Namibië. Toe maak die grense toe vir die invoer van diere uit Suid-Afrika weens ’n bek-en-klouseer uitbreking, en ons kon nie nuwe teelmateriaal aanskaf nie. Dieselfde kwaliteit was nie in die Namibiese mark beskikbaar nie. “Ons het toe besluit om die Angus met die Braunvieh te vervang. Ek het dié mooi beesras nog altyd agter in my kop gehad en selfs my pa het gesê ons moet die Simmentaler of die Braunvieh oorweeg. Nadat ek ’n klomp navorsing gedoen het waar ek na alle eienskappe gekyk het, het ek op die Braunvieh besluit vir sy goeie eienskappe vir melk, vleis en aanpasbaarheid.” Riaan se plaas kry ’n gemiddelde jaarlikse reënval van ongeveer 380 mm, hoewel dit die afgelope twee jaar nie so goed gegaan het nie. “Die beeste hou wel baie goed en ek het onlangs ’n os geslag waar- voor ek N$9 500 gekry het. Ek is baie tevrede. Ek glo in topgehalte, en die eerste bul wat ek sowat twee jaar gelede by Aurora Braunvieh ge- koop het, Aurora Leo, is so goed dat ek besluit het om met die Braun- vieh aan te hou,” sê hy. Hy koop nou omtrent elke ses maande ’n nuwe Braunvieh-bul om sy koeikudde te dek. Verdere voordele van kruisteling met die Brahvieh is sy kalmerende invloed op veral vleisrasbeeste, volgens Barend Dorfling, tegniese raadgewer vir Meatco op Grootfontein en senior keurder en beoorde- laar van elf rasse in Namibië. Hy sê die Braunvieh kruis baie goed met veral die Bos Indicus-rasse. “Dit is ’n baie goeie bees om ekstra melk in ’n boer se kudde in te bring, sonder om vleis te verloor. Die Braunvieh vaar ook goed in die droogtes en pas goed aan in enige deel van die land. Ná jare se keuring het die ras se eienskappe ook aansienlik verbeter. Die feit dat jy Braunviehs of kruising-Braunviehs so ver noord as Grootfontein en so ver suid as Stampriet kry, wys op dié ras se gewildheid. Dit is veral kruisings met die Brahman wat hoog in aanvraag is en baie goeie pryse op veilings kry. Hierdie kruiskeuse is ideaal vir ’n osproduksiestelsel,” sê Barend. Daarby is die Braunvieh se velkleur versoenbaar met dié van ander rasse vir meer eenvormige kruisingsdiere. Braunvieh x Angus gee ’n donkerbruin kalf met ’n tweede laag swart. Die Braunvieh x Rooi Brah- man sal rooi of donkerrooi vertoon en die Braunvieh x Wit of Grys Brah- man sal grys tot donker grys vertoon. Gesogte keuse vir kruisteling Die tipe Braunvieh- en Brahman-kruisings van Riaan Bornmann in die Hochfeld-omgewing. Hy is baie tevrede met die resultate wat hierdie krui- singskeuse bied. braunvieh bl. 128 - 137 Saamgestel deur Jacques du Toit

Upload: others

Post on 03-Mar-2021

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Braunvieh...128 June 2016 Braunvieh Die Braunvieh- en Brahman-kruising, bekend as BxB, is een van die gewildste kruisings in kommersiële boerdery in Namibië. Die top-krui - sing

J u n e 2 0 1 6 128

BraunviehDie Braunvieh- en Brahman-kruising, bekend as BxB, is een van die gewildste kruisings in kommersiële boerdery in Namibië. Die top-krui-sing kombineer die Brahman se gehardheid en die Braunvieh se goeie melk- en vleis-eienskappe. Die produk is ’n breër, swaarder bees as die suiwer Brahman, maar meer gehard en beter aangepas met die glad-der haarkleed van die suiwer Braunvieh.

“Hierdie gewilde kruising kry op veilings meer per kg dollar,” sê Hen-riëtte Le Grange wat help omsien na haar en Lourens se Aurora Braun-vieh-stoet op hul plaas Keizen by Summerdown.

Een so ’n suskesvolle BxB-boerdery is dié van Riaan Bornmann, ’n Swa-kopmund-apteker wat in die Hochfeld-omgewing boer. Hy het reeds talle van Aurora Braunvieh se beste teelbulle gekoop en is so in sy skik met die uitstekende resultate dat hy nog van hulle wil aanskaf.

“Ek en my pa het altyd die Angus en die Brahman gekruis en die Angus -bulle in Suid-Afrika gekoop, aangesien kwaliteit Angus moeilik bekombaar was in Namibië. Toe maak die grense toe vir die invoer van

diere uit Suid-Afrika weens ’n bek-en-klouseer uitbreking, en ons kon nie nuwe teelmateriaal aanskaf nie. Dieselfde kwaliteit was nie in die Namibiese mark beskikbaar nie.

“Ons het toe besluit om die Angus met die Braunvieh te vervang. Ek het dié mooi beesras nog altyd agter in my kop gehad en selfs my pa het gesê ons moet die Simmentaler of die Braunvieh oorweeg. Nadat ek ’n klomp navorsing gedoen het waar ek na alle eienskappe gekyk het, het ek op die Braunvieh besluit vir sy goeie eienskappe vir melk, vleis en aanpasbaarheid.”

Riaan se plaas kry ’n gemiddelde jaarlikse reënval van ongeveer 380 mm, hoewel dit die afgelope twee jaar nie so goed gegaan het nie. “Die beeste hou wel baie goed en ek het onlangs ’n os geslag waar-voor ek N$9 500 gekry het. Ek is baie tevrede. Ek glo in topgehalte, en die eerste bul wat ek sowat twee jaar gelede by Aurora Braunvieh ge-koop het, Aurora Leo, is so goed dat ek besluit het om met die Braun-vieh aan te hou,” sê hy.

Hy koop nou omtrent elke ses maande ’n nuwe Braunvieh-bul om sy koeikudde te dek.

Verdere voordele van kruisteling met die Brahvieh is sy kalmerende invloed op veral vleisrasbeeste, volgens Barend Dorfling, tegniese raadgewer vir Meatco op Grootfontein en senior keurder en beoorde-laar van elf rasse in Namibië. Hy sê die Braunvieh kruis baie goed met veral die Bos Indicus-rasse.

“Dit is ’n baie goeie bees om ekstra melk in ’n boer se kudde in te bring, sonder om vleis te verloor. Die Braunvieh vaar ook goed in die droogtes en pas goed aan in enige deel van die land. Ná jare se keuring het die ras se eienskappe ook aansienlik verbeter. Die feit dat jy Braunviehs of kruising-Braunviehs so ver noord as Grootfontein en so ver suid as Stampriet kry, wys op dié ras se gewildheid. Dit is veral kruisings met die Brahman wat hoog in aanvraag is en baie goeie pryse op veilings kry. Hierdie kruiskeuse is ideaal vir ’n osproduksiestelsel,” sê Barend.

Daarby is die Braunvieh se velkleur versoenbaar met dié van ander rasse vir meer eenvormige kruisingsdiere. Braunvieh x Angus gee ’n donkerbruin kalf met ’n tweede laag swart. Die Braunvieh x Rooi Brah-man sal rooi of donkerrooi vertoon en die Braunvieh x Wit of Grys Brah-man sal grys tot donker grys vertoon.

Gesogte keuse vir kruisteling

Die tipe Braunvieh- en Brahman-kruisings van Riaan Bornmann in die Hochfeld-omgewing. Hy is baie tevrede met die resultate wat hierdie krui-singskeuse bied.

bra

un

vie

h

bl. 128 - 137

Saamgestel deur Jacques du Toit

Page 2: Braunvieh...128 June 2016 Braunvieh Die Braunvieh- en Brahman-kruising, bekend as BxB, is een van die gewildste kruisings in kommersiële boerdery in Namibië. Die top-krui - sing

129 J u n e 2 0 1 6

Ag

riF

oru

m

J u n e 2 0 1 6 128

sp

ec

ial

| s

pe

sia

al

bra

un

vie

h

Page 3: Braunvieh...128 June 2016 Braunvieh Die Braunvieh- en Brahman-kruising, bekend as BxB, is een van die gewildste kruisings in kommersiële boerdery in Namibië. Die top-krui - sing

J u n e 2 0 1 6 130

sp

ec

ial

| s

pe

sia

al

Ag

riF

oru

mb

rau

nv

ieh Goeie kruisteel-opsie vir

ontluikende mark en beginnerboereMet drie droogtes amper in ’n ry agter die rug moet boere eerder slimmer as harder boer. “Ons moet diere teel om beter genetika aan die ontluikende boere te lewer waar die Braunvieh ’n goeie kans op groei vir die ras bied, indien genoeg ruvoer beskikbaar is.” Só glo Henriëtte en Lourens Le Grange, wat die grootste Braunvieh-stoet in Namibië het met 700 geregistreerde diere op hul plaas Keizen in die Summerdown-omgewing.

Die Braunvieh lewer onmiddellik ’n positiewe impak in enige kom-mersiële kruisteelboerdery. As gevolg van die Braunvieh se goeie melkproduksie is groei onder kalwers aansienlik vinniger, veral ná die eerste kruising, met speengewig wat op so vroeg as vyf tot ses maande bereik word en vroeër geld in die boer se sak kan sit.

“Omdat die Braunvieh met sy meer melk sorg dat ’n swaarder kalf gespeen word, hou dit ’n voordeel in vir ’n speenkalfproduk-siestelsel,” sê Henriëtte.

Die Le Grange-egpaar Lourens en Henriëtte, wat ’n passie vir Braun-vieh-teling het en ’n groot toekoms vir dié ras in kruisteelprogramme op kommunale plase en vir beginnerboere sien.

Lourens Le Grange Voorsitter van die Braunvieh GenootskapDie afgelope drie jaar was nie maklik in terme van boerderyproduk-sie of -bemarking nie, en alle aanduidinge is dat dit nie vinnig gaan verander nie.

Die geskiedenis leer ons dat daar maar altyd nuwe uitdagings is wat ons selfs gister nog nie van geweet het nie.

Die El Niño kon waarskynlik die nuusmaker van die jaar gewees het, maar terwyl ons hoop dat dié verskynsel met ’n La Niña vervang word, is daar berigte dat El Niño hardnekkig vasklou en nie wil oorgee nie. So bly die komende somer onbekend – dalk ’n bietjie natter, dalk ’n bietjie droër, dalk dieselfde?

Hieraan kan ons niks verander nie. Waaraan ons wel kan verander, is aan die bedryf en bestuur van ons kuddes, hetsy stoet of kommersieel.

Ons het geweeg en gemeet (want ons glo “om te meet is om te weet”) en die dik lêers vol data en gepaste EBVs (beraamde teelwaardes) is die stille getuienis daarvan. Selfs die akkuraatheid van ons EBVs het baie verbeter.

Nou is dit die tyd om te doen. Bestuur jou kudde volgens die beskik-bare inligting soos om elke dier se teelwaardes aan te teken, maar dit mag nie in isolasie gebeur nie. Daarmee saam, neem veral vrugbaar-heid in ag, ook funksionaliteit, foute en swakhede, en maak seker dat die seleksiekriteria die gewenste tipe dier vir jou omgewing in ag neem.

Dan kom ons met sterker en beter kuddes uit die droogte.

Kom só met sterker, beter kuddes uit die droogte

Page 4: Braunvieh...128 June 2016 Braunvieh Die Braunvieh- en Brahman-kruising, bekend as BxB, is een van die gewildste kruisings in kommersiële boerdery in Namibië. Die top-krui - sing

131 J u n e 2 0 1 6

Ag

riF

oru

m

J u n e 2 0 1 6 130

sp

ec

ial

| s

pe

sia

al

bra

un

vie

h

Page 5: Braunvieh...128 June 2016 Braunvieh Die Braunvieh- en Brahman-kruising, bekend as BxB, is een van die gewildste kruisings in kommersiële boerdery in Namibië. Die top-krui - sing

J u n e 2 0 1 6 132

sp

ec

ial

| s

pe

sia

al

Ag

riF

oru

mb

rau

nv

ieh

Performance in the feedlotWhether you sell your calves at auctions or feed them out, performance in the feedlot and carcass results matter. To those who sell at sales, weaning weights and colour (in most parts of the country) affect your price. Higher weaning weights come naturally with the Braunvieh cattle: more bone, more milk equals high-er weaning weights. But feedlot and abattoirs look for consistent contemporaries and cattle that perform in the feedlot as well as grade well at the abattoir.

If your cattle have the reputation that they meet these criteria, buyers will pay premiums for your cattle at the sale. In general Braunvieh, and the genetics spe-cifically, have proven to meet these criteria. Braunvieh are proven to be feed efficient. It is not unusual for our cattle to convert 0.5 kg gain to just 2.2 kg of feed. When slaughtering Braunvieh you can expect 80% choice or better, very low back fat, resulting in high yield grades.

An Oklahoma feedlot has agreements with its buy-ers to supply carcass data of each animal. It resulted in lucrative premiums. This feedlot keeps only the ’creme de la crème’ of the males and put them on test to get performance data, including residue feed intake (RFI). While costly, it is a key part of the puzzle for breeding. It will increase the cost of the animal, but those buying this quality of animal are willing to pay for that infor-mation. The remainder is slaughtered. The data from buyers are regarded as extremely valuable and pro-vide the hard info that prospective bull buyers need to make a good decision for the future of their breed-ing programmes. Studies show that the right bull can soon move a breeding programme forward. (www.blackbraunvieh.com )

Ten most important facts of the Braunvieh• The name Braunvieh is German, and literally translates to ‘brown cattle’. Naturally,

the main colour of this breed’s coat is usually brown.• They originated in Switzerland, but have been bred across the United States and

frequently throughout continental Europe. First official records of the breed are dated back to 1775.

• The breed is often confused with the Brown Swiss, a strain of cattle that has been developed from the Braunvieh cattle that were exported to the USA. Several oth-er cattle breeds have been developed from Braunvieh cattle, because of their at-tractive genetic traits.

• They can be considered a triple-purpose breed, but are predominantly milk-pro-ducers in today’s world. Braunvieh can usually yield nearly 12 000 litres a year, while those that are kept on mountainous pastures can produce about 7 200 litres. The milk’s protein content is usually between 3,5% and 4,5%.

• These cattle are horned – a characteristic which may worry some farmers who are wary of the threat horns may pose to other livestock.

• Although varying in shades of brown, they usually have pale hair around the muz-zle with a black nose. Udders and inner legs are a very light brown colour, while the shoulders, tail switch and neck can be darker in colour. Some Braunvieh also have paler dorsal areas.

• Bulls can reach a weight of about 1 300 kg, while cows weigh up to 750 kg.• Their legs are well-formed, reducing foot problems. Many breeders claim this is a

result of generations of Braunvieh cattle being raised in the tough mountainous Alpine regions.

• They can adapt well to most weather conditions, since their coat changes in vary-ing climates. Their hair grows sleeker and fine during warm summers and can thick-en during the winter months. Their skin is also pigmented, meaning that skin can-cer is unlikely.

• Their mothering instincts are well-developed, and dams are known to protect and feed not only their own calves, but the offspring of other herd members. This pro-tective nature can be good for the welfare of calves; however, it’s always important to take extra care around all cattle, regardless of breed. (www.thatsfarming.com)

Page 6: Braunvieh...128 June 2016 Braunvieh Die Braunvieh- en Brahman-kruising, bekend as BxB, is een van die gewildste kruisings in kommersiële boerdery in Namibië. Die top-krui - sing

133 J u n e 2 0 1 6

Ag

riF

oru

m

J u n e 2 0 1 6 132

sp

ec

ial

| s

pe

sia

al

bra

un

vie

h

Page 7: Braunvieh...128 June 2016 Braunvieh Die Braunvieh- en Brahman-kruising, bekend as BxB, is een van die gewildste kruisings in kommersiële boerdery in Namibië. Die top-krui - sing

J u n e 2 0 1 6 134

sp

ec

ial

| s

pe

sia

al

Ag

riF

oru

mb

rau

nv

ieh Sterk melkproduksie

’n bateNog ’n Braunvieh-stoetteler, Junior Versfeld van Gobabis, glo die Braunvieh is ’n goeie keuse vir kommunale en nuwe boere, indien die nodige voe-ding voorsien kan word. “Dit is ’n bees waarvoor jy moet lief wees. Daarby het die ras die voordeel om huishoudings van melk te voorsien waarvoor so twee tot drie koeie aangehou kan word,” sê hy.

Junior boer die afgelope 13 jaar op die plaas Devonby buite Gobabis, wat hy by sy pa geërf het. Hier word al sedert 1960 met die Braunvieh onder Die Rante-vaandel geteel. In die kommersiële kuddes word die Braunvieh met die Brahman gekruis. Omdat die meeste van die land se beeskuddes hoofsaak-lik uit Brahmane bestaan, sal ’n kruising met ’n Braunvieh-bul ’n kalf lewer wat vergoed vir die Braunvieh se gebrek aan gehardheid en terselfdertyd melkproduksie verhoog met geen verlies aan vleis-massa nie. Die hoër melkproduksie beteken dat kalwers vinniger groei en nog meer waarde toevoeg.

“Die Braunvieh is wel swaarder op voeding. Dit is daarom be-langrik dat goeie weiding of addisionele voeding vir hulle beskik-baar moet wees, ” sê Junior en waarsku dat die bykomende waarde van kruiskalwers verlore kan gaan indien hul moeders te sterk ge-melk word.

Junior Versfeld, wat met Braunviehs teel en ook die gewilde kruising met Brahmane in sy kommersiële kudde toepas.Bobaas kruiskalf-

en vleiskwaliteitBraunvieh-kruisingskalwers weeg gewoonlik swaarder as suiwer geteeldes met ’n aansienlike verbetering in die oogspier-oppervlakte en bouvorm. Verlangde resultate sluit in goeie vleiseienskappe, vinnige groei en doel-treffender voeromset, wat meebring dat hulle uitstekend in voerkrale vaar.

Volgens ’n studie deur die Irene Diere Instituut in Suid-Afrika voldoen die Braunvieh se vleis aan die kwaliteit en standaarde van die nuwe millennium. Dit is sag en het lae vlakke van versadigde vet met goeie marmering-eienskappe, wat vir ’n bobaas-smaak sorg.

She’s a momma cow• She’s adaptable.• She has fertility and longevity.• She has a sound udder and boun-

tiful milk.

• She is efficient, raising more pounds on less resources.

She’s a Braunvieh Momma Cow. Her mission is to convert the grass under her feet to more kilograms on that calf by her side.

Page 8: Braunvieh...128 June 2016 Braunvieh Die Braunvieh- en Brahman-kruising, bekend as BxB, is een van die gewildste kruisings in kommersiële boerdery in Namibië. Die top-krui - sing

135 J u n e 2 0 1 6

Ag

riF

oru

m

J u n e 2 0 1 6 134

sp

ec

ial

| s

pe

sia

al

bra

un

vie

h

Page 9: Braunvieh...128 June 2016 Braunvieh Die Braunvieh- en Brahman-kruising, bekend as BxB, is een van die gewildste kruisings in kommersiële boerdery in Namibië. Die top-krui - sing

J u n e 2 0 1 6 136

sp

ec

ial

| s

pe

sia

al

Ag

riF

oru

mb

rau

nv

ieh

Dr. Michiel Scholtz, LNR Diereproduksie-InstituutEen van die belangrikste stappe in die genetie-se verbetering van ’n kudde is die keuse van ’n teelbul. Dit behoort nie te moeilik te wees nie. Indien jy ’n teelbul kies op dieselfde manier as wat jy ’n nuwe werknemer aanstel, is jy op die regte pad.

Geen werkgewer sal iemand aanstel as hy niks van hom of haar weet nie. Net so behoort geen produsent ’n bul te koop as hy niks van hom weet nie. ’n Werkgewer sal ook nie ie-mand aanstel net omdat hy of sy ’n geboorte-sertifikaat het nie.

Net so is ’n bul se registrasiesertifikaat alleen nie voldoende nie. Dit is belangrik om ook in-ligting oor die bul se prestasie te hê. Of hy nou vir stoet- of kommersiële doeleindes gebruik gaan word, ’n bul moet op prestasie geselek-teer word. Kies ’n ras of bul wat by jou produk-siestelsel en omgewing inpas.

Dan bepaal jy sy “posbeskrywing”. Bepaal wat die spesifieke kudde nodig het: is dit vrug-baarheid, vinniger groei, groter of kleiner koeie , meer melk of hoër speengewig?

Identifiseer die bul ’n Registrasiesertifikaat is ’n bul se “identiteits-dokument” en dui aan dat dit van ’n spesifieke ras is en aan minimum rasstandaarde voldoen. Dit bevat stamboominligting en mag ook sekere prestasie-inligting bevat. ’n “Bosbul” is die ekwi-

Kies die regte teelbul vir jou plaas

valent van ’n onwettige immigrant. Die presta-sie-inligting behels die bul se kwalifikasies, ter-wyl teelwaardes sy CV is en na sy waarde vir ’n spesifieke eienskap in ’n teelprogram verwys.

Met al hierdie inligting kan jy nou ’n kortlys saamstel waarna jy “onderhoude voer” met jou kortlys-kandidate deur na elke bul te kyk, ver-al ten opsigte van funksionele eienskappe. ’n Werkgewer sal nie ’n onderhoud voer met ’n kandidaat wat nie op die kortlys is nie. Moet dus nie eens kyk na bulle wat nie vooraf geïdenti-

fiseer is nie. Dit sal jou net verwar. Maak ’n aanbod. Nou is jy gereed om ’n bul

te koop. Jy mag dalk nie jou eerste keuse wees nie en jy kan genoodsaak word om ’n ander bul op die kortlys te koop. Moet net nie ’n bul aan-stel wat nie sy werk kan doen nie. Indien jy ’n toegewyde stoet- of kommersiële teler is, sal jy na ’n ander veiling of teler gaan as jy nie by die spesifieke veiling of teler ’n bul kry wat aan jou behoeftes voldoen nie. Moenie jou standaarde prysgee nie. (Veeplaas, Oktober 2010)

Page 10: Braunvieh...128 June 2016 Braunvieh Die Braunvieh- en Brahman-kruising, bekend as BxB, is een van die gewildste kruisings in kommersiële boerdery in Namibië. Die top-krui - sing

137 J u n e 2 0 1 6

Ag

riF

oru

m

J u n e 2 0 1 6 136

sp

ec

ial

| s

pe

sia

al

bra

un

vie

h

Co

nta

ct U

s:

ma

rce

l@d

ork

a.c

om

.na

an

rie

e

@d

ork

a.c

om

.na

STAN

D OU

T FR

OM T

HE C

ROW

D