die goeie en mooi lewe - durbanville gemeenteoor sukses en prestasie, oor aanvaarding en invloed,...

8
PAASFEES 2013 dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld Die goeie en mooi lewe Ds. Tinus van Zyl Ek is 'n dwaas. Ek is nie dom nie. Om die waarheid te sê, ek is nogal slim. Maar ten spyte van my intellek, is ek 'n dwaas. Ek ken Jesus se woorde. Ek is lief vir Jesus se woorde. Ek koester Jesus se woorde. Ek weet as ek Jesus se woorde doen, sal my lewe goed en mooi wees. Maar nee, die dwaas wat ek is, dink mos dat Jesus se woorde net mooi is om na te luister, net inspirerend is om te lees, net interessant is om oor te gesels, maar om dit te dóén ... nee, dit sal nie werk nie. Jesus se woorde hoort in die kerk, nie in die lewe nie, vertel my dwase logika vir my. Jesus se woorde is bedoel vir die hemel, nie vir die aarde nie, kul ek myself. Ek flous myself dat Jesus se woorde kan werk in die koninkryk van God, maar nie in die koninkryke van die wêreld nie. Jesus se woorde oor 'n lewe sonder woede kan dalk werk in die vrome kerk, maar nie in die chaos van my huisgesin nie. Jesus se woorde oor 'n lewe sonder oordeel kan dalk werk in die perfekte koninkryk van God, maar nie in hierdie korrupte politieke bestel nie. Jesus se leringe oor geld is seker bedoel vir God se nuwe aarde, maar definitief nie vir oorlewing in hierdie ekonomie nie. As Jesus sê ons moet ons vyande liefhê, bid vir ons vervolgers en die mense seën wat ons vervloek, dan gaan dit tog oor die lewe in die hemel, en sekerlik nie oor ons alledaagse werklikheid van wedywering en kompetisie om te presteer en sukses te behaal in ons besighede en skole nie? Hoe dwaas is ek nie? Ek sal my hele lewe verwoes, terwyl ek met al Jesus se woorde in my hande staan, maar nooit daaraan dink dat ek dalk Jesus se woorde kan dóén nie. Nou moet ek darem 'n bietjie opkom vir myself. Die woorde waarvolgens ek wél handel, is nie slegte woorde nie. Die kennis en insigte wat my optrede bepaal, is nogal slim, behulpsaam en in baie gevalle, baie effektief om my te help om te oorleef in hierdie wêreld. Byvoorbeeld, as dit gaan oor woede, is ek geneig om te dink: "Sticks and stones may broke bones, but words never hurt anybody." Of oor oordeel, reken ek: "Moenie klippe gooi as jy in 'n glashuis bly nie. Maak eers seker jy bly in 'n kliphuis." As dit kom by geld, volg ek dié raad: "Moenie al jou eiers in een mandjie plaas nie." Of as dit kom by kompetisie: "Hou jou vriende naby en jou vyande nader." Die woorde waarop ek my lewe bou, het my gebring waar ek vandag is. Dit het my gehelp om te oorleef in hierdie harde wêreld en om 'n sukses te maak van my lewe. Dit is ware woorde. Maar hierdie woorde vertel nie altyd die volle waarheid nie. Hulle beskryf nie die volle werklikheid nie. Sover dit gaan oor sukses en prestasie, oor aanvaarding en invloed, oor voorspoed en welvaart, gaan hierdie woorde my ver bring. Maar sodra dit kom by sin en betekenis, by verandering en vernuwing, by deernis en omgee, help dit my nie meer nie. Hierdie woorde help my nie met geloof, hoop en liefde nie. Hierdie woorde help my nie om goed en mooi te leef nie. Ek wil so graag 'n goeie en 'n mooi lewe leef. Maar ek weet darem nie of ek Jesus se woorde kan doen in hierdie wêreld nie. Ek dink Jesus se woorde is wonderlik en mooi. Maar ek sal maar eerder aanhou om te lewe volgens my eie woorde. Hoe dwaas is ek nie!

Upload: others

Post on 23-Jan-2020

12 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

PA A S F E E S 2 0 1 3

dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld

Die goeie en mooi leweDs. Tinus van Zyl

Ek is 'n dwaas. Ek is nie dom nie. Om die waarheid te sê, ek

is nogal slim. Maar ten spyte van my intellek, is ek 'n

dwaas.

Ek ken Jesus se woorde. Ek is lief vir Jesus se woorde. Ek

koester Jesus se woorde. Ek weet as ek Jesus se woorde

doen, sal my lewe goed en mooi wees. Maar nee, die dwaas

wat ek is, dink mos dat Jesus se woorde net mooi is om na

te luister, net inspirerend is om te lees, net interessant is

om oor te gesels, maar om dit te dóén ... nee, dit sal nie

werk nie.

Jesus se woorde hoort in die kerk, nie in die lewe nie, vertel

my dwase logika vir my. Jesus se woorde is bedoel vir die

hemel, nie vir die aarde nie, kul ek myself. Ek flous myself

dat Jesus se woorde kan werk in die koninkryk van God,

maar nie in die koninkryke van die wêreld nie.

Jesus se woorde oor 'n lewe sonder woede kan dalk werk in

die vrome kerk, maar nie in die chaos van my huisgesin nie.

Jesus se woorde oor 'n lewe sonder oordeel kan dalk werk

in die perfekte koninkryk van God, maar nie in hierdie

korrupte politieke bestel nie. Jesus se leringe oor geld is

seker bedoel vir God se nuwe aarde, maar definitief nie vir

oorlewing in hierdie ekonomie nie.

As Jesus sê ons moet ons vyande liefhê, bid vir ons

vervolgers en die mense seën wat ons vervloek, dan gaan

dit tog oor die lewe in die hemel, en sekerlik nie oor ons

alledaagse werklikheid van wedywering en kompetisie om

te presteer en sukses te behaal in ons besighede en skole

nie?

Hoe dwaas is ek nie? Ek sal my hele lewe verwoes, terwyl ek

met al Jesus se woorde in my hande staan, maar nooit

daaraan dink dat ek dalk Jesus se woorde kan dóén nie.

Nou moet ek darem 'n bietjie opkom vir myself. Die woorde

waarvolgens ek wél handel, is nie slegte woorde nie. Die

kennis en insigte wat my optrede bepaal, is nogal slim,

behulpsaam en in baie gevalle, baie effektief om my te help

om te oorleef in hierdie wêreld.

Byvoorbeeld, as dit gaan oor woede, is ek geneig om te

dink: "Sticks and stones may broke bones, but words never

hurt anybody." Of oor oordeel, reken ek: "Moenie klippe gooi

as jy in 'n glashuis bly nie. Maak eers seker jy bly in 'n

kliphuis." As dit kom by geld, volg ek dié raad: "Moenie al

jou eiers in een mandjie plaas nie." Of as dit kom by

kompetisie: "Hou jou vriende naby en jou vyande nader."

Die woorde waarop ek my lewe bou, het my gebring waar

ek vandag is. Dit het my gehelp om te oorleef in hierdie

harde wêreld en om 'n sukses te maak van my lewe. Dit is

ware woorde.

Maar hierdie woorde vertel nie altyd die volle waarheid nie.

Hulle beskryf nie die volle werklikheid nie. Sover dit gaan

oor sukses en prestasie, oor aanvaarding en invloed, oor

voorspoed en welvaart, gaan hierdie woorde my ver bring.

Maar sodra dit kom by sin en betekenis, by verandering en

vernuwing, by deernis en omgee, help dit my nie meer nie.

Hierdie woorde help my nie met geloof, hoop en liefde nie.

Hierdie woorde help my nie om goed en mooi te leef nie.

Ek wil so graag 'n goeie en 'n mooi lewe leef. Maar ek weet

darem nie of ek Jesus se woorde kan doen in hierdie

wêreld nie. Ek dink Jesus se woorde is wonderlik en mooi.

Maar ek sal maar eerder aanhou om te lewe volgens my

eie woorde.

Hoe dwaas is ek nie!

Uit die Woord – Waaroor gaan Paasfees?Ds. Gys van Schoor

In Filippense 2:5–11 word Paasfees – Goeie Vrydag en

Paassondag – opgesom: Jesus daal neer en vaar op, Jesus

sterf en staan op, Jesus lê Homself neer en word

verheerlik. Waaroor gaan dit ?

Waaroor gaan die opstanding?

Die opstanding van Jesus is die beslissende moment wat

bewys dat die koninkryk wel gekom het. In Jesus was die

koninkryk aanwesig en daarom ook naby. Met die

opstanding breek die koningsheerskappy van God egter op

aarde deur as ons diepste werklikheid. Die opstanding is

daarom die deur wat vanuit die einde (die nuwe hemel en

nuwe aarde) vir ons oopswaai. Dit is die draaipunt van die

wêreldgeskiedenis. As gevolg van die opstanding moet

alles nou in 'n nuwe lig gesien word. Sedert die opstanding

waai daar as't ware 'n vars bries op die aarde … Dit is die

deurbraak van God se regering op aarde. Jesus is Here!

Jesus is hier!

Waaroor gaan die kruis?

In die kruisiging van Jesus gaan dit oor die kroning van die

Koning. Dit is 'n vreemde kroning! Die kruis maak verder

duidelik hoe hierdie Koning is. Henri Nouwen verduidelik

dit ook as volg: "God's compassion is a compassion that

reveals itself in servanthood."

Ons sien hierdie "andersheid" van Jesus in sy hele lewe,

naamlik hoe Hy werk met melaatses, kinders, prostitute,

sondaars en tollenaars. Hy vat dit ook self saam in

Mark 10:45: "Die Seun van die mens het ook nie gekom

om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee

as losprys vir baie mense."

In die bediening van die Koning word dit dus duidelik hóé

hierdie koninkryk werk: liefde vir mag word omgedraai na

die mag van die liefde; die liefde om te gryp word

omgedraai na die diens van die liefde; liefde van bo-af, wat

bo-oor mense baasspeel, word vervang met 'n leefstyl van

onder af, met omgee en luister.

Die feit dat ons 'n gekruisigde Here volg, het geweldige

implikasies vir ons verstaan van ons lewe saam met die

Koning. Daar is weerstand onder ons teen die kruis. Die

kruis wil ons help om te verstaan dat Jesus 'n vreemde

Koning is en dat sy koninkryk 'n vreemde koninkryk is.

Jesus regeer anders as wat ons verwag het.

Uit die wêreld – Les MisérablesDs. Tinus van Zyl

gevangenes en vergetenes, vir die wees en die weduwees;

die verstommende vreemdheid van genade wat 'n mens

oorrompel en bevry; die innerlike stryd in die mens tussen

goed en kwaad, tussen eiebelang en deernis vir ander; die

gees van die wet versus die letter van die wet; die ewige

spanning tussen vrede en verandering, tussen aanvaarding

en opstand; die botsing van persoonlike geluk en sosiale

transformasie, van liefde en revolusie; die futiliteit van

oorlog en geweld; die verlange na God se toekoms, na God

se koninkryk, wat ons troos en aanspoor, wat ons gerusstel

en onrustig maak, en nog vele meer.

Doen jouself 'n guns hierdie Paastyd, en gaan sien die

evangelie uitgebeeld op die grootskerm.

My pa sê altyd: "Les Misérables ís die evangelie." Dit is

waar. Soveel so, dat 'n mens eintlik niks daaroor wil sê nie,

want jy voel enige verdere woorde kan dit net skade

aandoen.

Daar is heelwat films wat op 'n oppervlakkige wyse by 'n

enkele element van die evangelie probeer aanhaak. Maar

Victor Hugo se epiese boek is 'n illustrasie van die volle

diepte, kompleksiteit en rykdom van die evangelie. Ander

boeke, soos dié van die Russiese skrywers Dostoevsky of

Tolstoy, is vergelykbaar, maar daar is nie so 'n toeganklike

en aangrypende musiekblyspel van hierdie werke gemaak

nie.

Soveel elemente van die evangelie word in hierdie verhaal

uitgebeeld: die soeke na geregtigheid vir die armes,

– 2 –

Uit die gemeente – My storie

Vandat ek kan onthou, het ek geworstel met die

vraagstukke rondom ons bestaan. Wat is hierdie “ding”

wat hier om ons aan die gang is? Hoekom is dit daar? Waar

kom dit vandaan? Wat het dit met my te doen? Hoekom

moet ek daaraan deelneem? Hóé moet ek daaraan

deelneem? Waarop kan ek werklik staatmaak? Wat is die

werklikheid?

Ek sou baie later tot die besef kom dat hierdie worstelings,

eintlik worstelings met God was en steeds soms is. Die

worstelings was uiters uitmergelend en frustrerend, omdat

bevredigende antwoorde nie noodwendig gekom het op die

tye wat ék dit wóú hê nie! Die vraagstukke en worstelings

het gereeld teruggekom. Omdat daar nie by my

duidelikheid was oor wat die Werklikheid is nie, was my

lewe 'n blote bestaan sonder werklike anker, met die

gepaardgaande vergrype ten einde te rebelleer, of om self

'n belaglike, mens-gekonkokteerde werklikheid te probeer

skep, in 'n poging om sin te maak van hierdie bestaan.

Oor die afgelope 10 jaar, soms met horte en stote, maar

gaandeweg met toenemende tempo, het ek egter vir Jesus

herontmoet. Jesus het vir my oorrompel met baie meer as

'n onbeskryflike, ontsagwekkende Persoonlikheidskrag (óók

met behulp van my aardse geestelike mentor, Gys van

Schoor, en deur Gys, ook die filosoof, Dallas Willard, asook

die metodiek van Bybellees: Lectio Divina). Ek het 'n blik

gekry op die Werklikheid, soos dit regtig is, naamlik, die

Koninkryk van God met Jesus as die Opperheerser

daarvan. Ek het 'n blik gekry op my eindbestemming in die

Ewigheid.

Die onvermydelikheid van die gevolgtrekkings wat

noodwendig volg op sy Logika, die onpeilbare dieptes van

sy Wysheid, sy skrikwekkend-wonderlike Intelligensie en

die wyse waarop al sy Persoonlikheidskenmerke,

uiteindelik, verenig en kulmineer in sy oorweldigende en

eweneens wonderbaarlike en onpeilbare diep Liefde, was

asemrowend en geweldig opwindend.

Skielik kon ek deur my wroegings van die verlede en deur

die sigbare, tasbare werklikheid, vir Jesus raaksien en

Hom beleef! Na wat ek van Hom beleef het en toenemend

beleef, was dit vir my onvermydelik dat ek Hom wou en

moes volg en by Hom wou leer hoe om te lewe. Hy het AL

die antwoorde! Al die krom en skewe maniere waarop ek

die sigbare werklikheid beleef en hanteer het, het skielik

verskriklik dom gelyk en met goeie rede, want dit was,

inderdaad, belaglik as dit gesien word vanuit die Lig van

Jesus, die Opperheerser van die totale Werklikheid. Ek kan

nie genoeg kry van die Meester nie. Sy Persoonlikheid is

onbeskryflik wonderlik, interessant, vervullend, kragtig

(woorde kan dit nie beskryf nie).

Ek moes egter, mettertyd, besef dat die sigbare

werklikheid 'n sterk aantrekkingskrag het, wat aanhoudend

probeer om my te oortuig dat dit die eintlike werklikheid

is. As ek na Jesus se teenwoordigheid soek, sorg Hy dat dit

nie gebeur nie. Hierdie leef saam met Jesus, as 'n leerling

(dissipel) onder sy hand, verg sekere daaglikse dissiplines

van my, naamlik dat ek sal stop, stilword en tyd saam met

Hom sal spandeer.

Wat 'n voorreg en plesier om die Een te volg wat al die

antwoorde het! Dit bring gemoedsrus en sekuriteit, want

ek kan volledig op Hom staatmaak, ongeag enige

omstandighede in die sigbare werklikheid. Vanuit hierdie

perspektief, maak dit alles sín!

De Wet du Plessis

Redakteur: Redaksielede: Jackie Pretorius & Cindy vd Merwe

As jy op enige wyse betrokke wil raak by SIG of

die gemeente se kommunikasie in die algemeen,

skakel asb vir ds Tinus van Zyl by 083 289 4985.

Ds Tinus van Zyl

Redaksie

Die kostes vir advertensies is as volg:

Vol blad R2000 | Halwe blad R1000

Kwart blad R 500 | 1/8 blad R250

Kontak die kerkkantoor by 021 975 6370. (Die redaksie behou die reg voor om advertensies te weier

wat nie by die aard van SIG pas nie.)

Adverteer in

– 3 –

Gro

ot L

yd

ensw

eek

Pa

asf

ees

Ma 25 Maart 18:00 Kruisstap 'n Stap tot bo op een van Durbanville se heuwels

Di 26 Maart 19:00 Musiekuitvoering "Die Broers" tree op, met voordrag deur Johan Rademan, in die Kerkgebou (Gratis)

Wo 27 Maart 19:00 Laaste AvondmaalBrood en wyn-ete in 'n kelder (Slegs 50 plekke. R50 per persoon. Besprekings by kerkkantoor).

Do 28 Maart 19:00 Donkerdiens: Orreluitvoering Winand Grundling speel "14 stasies van die kruis" in die Kerkgebou (Gratis)

Goeie Vrydag 29 Maart 09:00 Familiediens (Nagmaal)09:15 Klassieke diens (Nagmaal)

Paassondag 31 Maart 09:15 Paasfeesdiens (Doop)

Ma 1 April 10:00 OpstandingsfeesKaaskoek, sjokoladekoek en vonkelwynPaaseierjag en springkasteel vir kinders

– 4 –

Dade van liefdeWillem van Schalkwyk

Die inisiatief onder die titel: Dade van liefde, het ten doel

om sake onder bespreking te bring wat grys is, of

kontroversiëel of moeilik.

• Wat doen ek wanneer ongetroude vriende aan huis

kuier en 'n slaapkamer wil deel?

• Wat doen ek wanneer my homoseksuele niggie my

na haar troue nooi?

• Wat doen ek wanneer my sterwende moeder my

smeek om haar van verterende pyn te verlos, deur

haar te help om te sterf?

Genadedood

Dr. Sean Davison (foto) het die derde vraag hierbo moes

antwoord. Sy moeder, 'n mediese dokter, was sterwend

aan gevorderde kanker en het besluit om op 'n eetstaking

te gaan, sodat sy kan sterf. Wat aanvanklik enkele dae

moes duur, het 'n uitgerekte proses van weke geword en sy

het krepeer – tot op die punt waar sy hom versoek het om

haar 'n oordosis pynmedikasie te gee. Wat hy gedoen het.

Dit het in Nieu-Seeland gebeur. Hy is daar verhoor, skuldig

bevind en onder huisarres geplaas. Na Davison se vrylating

en terugkeer na Suid-Afrika, beywer hy hom nou dat

plaaslike wetgewing verander word, sodat sulke hulp aan

sterwendes gewettig word, met streng kriteria en

prosedures daaraan gekoppel.

Nadat hy sy storie met ons gedeel het, het dr. Chris Jones

van die Teologiese Kweekskool op Stellenbosch 'n analise

van sy storie gedoen, aan die hand van moreel etiese

konstrukte. Sy bevinding? Dr. Davison was “legally guilty”

maar “morally innocent”.

Na die twee sprekers se insette, is daar verskeie vrae en

opmerkings van die vloer af gedoen en 'n lewendige

gesprek het ontstaan, wat nog in klein groepies

voortgeduur het tydens die tee.

En die antwoord? Nee, so maklik is dit nie. Kom luister en

praat saam, dan help ons mekaar om self God se wil te

onderskei.

Hier is die datum en tema van ons volgende gesprek:

Egskeiding in die kerk?

Donderdag, 30 Mei, 19:00 in Gemeentesentrum

Spreker: Prof. Daniël Louw

Die kerk glo vas dat egskeiding nie God se wil is nie. Tog

kan ons nie net wegkyk wanneer die hartseer realiteit van

egskeiding plaasvind nie. Wat behels die kerk se daad van

liefde ten opsigte van egskeiding?

Huwelike word in die kerk voltrek. Sou dit nie die

verantwoordelikheid van die kerk wees om, in die geval van

'n egskeiding, dit ook in die kerk te voltrek nie? Behoort die

huwelikspaar, die kinders, die familie en ook die gemeente,

nie 'n geleentheid gegun te word om, in die kerk, vir God

om vergifnis en genesing te vra nie?

Die Suid-Afrikaanse Depressie en Angsgroep (SADAG) is

in Johannesburg geleë en daar is satelliet-

ondersteuningsgroepe wat landwyd onafhanklik funksio-

neer. Een van daardie groepe is die noordelike voorstede

se Depressie en Angsgroep wat op die laaste Maandag

van elke maand in Durbanville Gemeente se jeuglokaal

bymekaarkom.

Die ondersteuningsgroep bestaan al etlike jare, maar het

sedert 2008 werklik beslag gekry. Die doel van die groep is

om mense wat aan geestesprobleme ly, of wat deur 'n

lewenskrisis gaan, te ondersteun, hoewel daar nie self

terapie gegee word nie.

Psigiaters, sielkundiges en terapeute word genooi om oor

'n spesifieke onderwerp aangaande depressie en angs te

praat. Daar is ook geleentheid vir informele besprekings

en ondersteuning, alhoewel daar geen druk op enigeen is

om deel te neem nie. 'n Atmosfeer word geskep waarin

almal veilig voel en daar word 'n hoë premie op

vertroulikheid geplaas.

Elke persoon wat 'n byeenkoms bygewoon het, word

daarna maandeliks per e-pos of sms van die besonder-

hede van die volgende byeenkoms in kennis gestel, terwyl

daar ook elke maand 'n beriggie in die Tygerburger ver-

skyn. Die opkomste wissel, maar daar is gereeld meer as

40 mense per byeenkoms. Geen kerklike denominasie

geniet voor-keur nie, maar diegene wat iets oor godsdiens

wil sê, is vry om dit te doen.

Depressie is 'n siekte soos enige ander siekte, maar om

een of ander rede kleef daar 'n stigma aan. Ons is trots

om te sê dat ons groep besig is om daardie stigma af te

skud en dit word bewys deur ons bywoningsyfer, asook die

mate waartoe die mense vrylik aan besprekings tydens

ons byeenkomste deelneem.

Die ondersteuningsgroep word gelei deur Wynand Theron

en Helma Gerritsen.

Die datums van die byeenkomste is:

25 Maart, 29 April, 27 Mei, 24 Junie

29 Julie, 26 Augustus, 30 September

28 Oktober, 25 November

Depressie en AngsgroepWynand \Theron

Straatbraai met Jan Braai

Durbanville Gemeente se straatbraai is gewoonlik 'n

gesellige affêre. Hierdie jaar se braai was effens anders,

want ons braai is bygewoon deur die nimlike Jan Braai.

Op Vrydag 1 Februarie was die gemeentesentrum 'n

byenes van gewerskaf en gedoente, soos wat al die

helpers, meelopers, adviseurs en dominees gewoel het om

voor te berei vir die braai.

Die weer het saamgespeel en ons het 'n wonderlike soel

somersaand gehad. Jan Braai het nie teleurgestel nie. Sy

kwinkslae, gevatte opmerkings en droë humorsin, het hom

'n welkome gas by al die tafels en braaivuur gemaak.

Die opkoms vanuitonder die gemeente was uitstekend en

ons het 362 gaste gehad. Die steak was heerlik sag en die

formidabele vrouespan van ons gemeente het gesorg vir

werklik lekker varsgebakte plaasbrood, tuisgemaakte

konfyte, smullekker aartappels en nog nagereg ook daarby.

Kortom, die kos was heerlik, maar die kuier en gesels was

nog heerliker. Om alles te kroon, is al die wyn geskenk

deur ons plaaslike boere. Ons het dus die beste van die

beste geniet.

Ons bedank graag almal wat gehelp het: ons

kerkkantoorpersoneel, asook almal wat help vuurmaak,

skoonmaak en waar ookal 'n hand bygesit het, en natuurlik

almal wat help eet het. En laat ons nie vergeet nie, alle

dank en eer aan ons Hemelse Vader.

Op 10 Februarie het Gwendoline die gesinne van

Durbanville Gemeente kom bedien met liedere wat 'n paar

jaar terug op haar hart gelê is. Hierdie liedere fokus daarop

om ons kinders die Woord van God te leer. Elke lied is

gegrond op verse in die Bybel wat ons kan help met ons

alledaagse lewe.

Met elke lied is 'n ander groepie kinders die geleentheid

gegee om saam te sing en te dans, en almal het omtrent

hoog hand opgesteek om ook 'n kans te kry op die verhoog.

Die kinders het ook geleer dat hulle die duiwel se aanslae

kan “wegslaan” deur die verse wat hulle leer. Jansie en

Marietjie Slabbert se uitbeelding van die aanslae van die

duiwel en die wegslaan daarvan met die Woord as raket,

het 'n groot indruk op almal gemaak.

Die oggend is afgesluit met 'n seëngebed wat Gwendoline

vir die kinders gesing het. 'n Paar mammas was vrywilligers

en het met groot stukke materiaal die “wind van die Gees”

oor die kinders gewaai. Almal wat daar was kan getuig dat

hierdie werklik 'n besonderse manier was om die oggend af

te sluit.

Baie dankie aan Gwendoline vir die heerlike manier hoe ons

die eerste kinderdiens van die jaar kon afskop.

Ons volgende kinderdiens sal plaasvind op 9 Junie. Moet dit

misloop nie.

Kinderdiens: GwendolineLezjé van Zyl

– 5 –

Willem van der Vyver

Al wat ek wil sê, is dat dit vir my 'n baie lekker ervaring

was en ek sal dit vir 'n baie lang tyd onthou!!!

Nell Bezuidenhout (graad 7): Dit was definitief 'n 5-ster kamp en het net soos 'n high-

five 'n vreeslike impak gehad.

Ons het aan oorgenoeg speletjies en groepsaktiwiteite

deelgeneem, en daar was nooit 'n tekort aan pret nie. Ons

het aan heerlike maaltye gesmul en lekker saam gekuier.

Almal het die uitstappie strand toe en die swem in die see

baie geniet. Daar was ook nie 'n tekort aan spookstories en

grappe nie. Ons het stiltetyd gehad en ook almal saam uit

die Bybel geleer.

Met die aanbreek van huis toe gaan tyd, was almal

uitgeput. Dit is definitief nie 'n kamp om te mis nie!

Raj is 'n trokbestuurder. Hy praat Kanada – die hooftaal

van ons provinsie. Ek het baie by hom geleer.

My eerste Kanada-woorde kom amper almal van Raj af. Die

paar kere wat ons al saam gery het, was groot pret. Lag

kom maklik vir hom en hy lag baie. Dis hy wat my geleer

het (met 'n groot glimlag op sy gesig) dat die politieke

figure, op die foto's langs die pad, “very cheating people”

is.

Soms kom daar egter ook 'n diep frons op sy voorkop, soos

– 6 –

Indië: Eerste indrukke ...Petrus en Lisle

Op 16 en 17 Februarie het die graad 7-9 kinders van ons

gemeente saam gaan kamp. Hier is twee vertellings van

hulle wedervaringe.

Bea van Huyssteen (graad 7): Ons het in Hermanus gaan bly en die lekkerste goed

aangevang. Ons het sommer vroeg Saterdagoggend van

die kerk af vertrek en in verskillende groepies gery na die

plek. Toe ons daar aankom, het ons besluit wie waar slaap,

ensovoorts. Toe het ons al die reëls gemaak en 'n paar

"fun" aktiwiteite gedoen! Ons het ook vir so 'n rukkie see

toe gegaan en so 'n bietjie geswem en lekker gespeel.

Wat seker die beste van die kamp was, was dat ons laat in

die aand so 'n oomblik gehad het om net so 'n bietjie stil

te raak met die Here. Dit was asof Hy teenwoordig was. En

toe ons in die klein groepies was, het ons almal net lekker

saam gepraat en almal was rêrig deel van die gesprek.

toe hy vertel het van hoe sleg sy broer is, wat nie wil werk

nie en te veel alkohol drink. Maar hy is bly sy oom, wat ook

so opgetree het, het 'n Christen geword. Nou werk die oom

blykbaar hard en sorg vir sy familie. Raj gaan soms kerk

toe, maar hy geniet die tempel op die hoek van “2nd

Cross” ook baie. “Ons Here Jesus is lief vir al hierdie

mense!” flits die gedagte deur my brein, terwyl ek kyk na

die gemaal van die skare by dié Hindoe tempel.

Toe hy skielik vir my vra of ek beesvleis eet, moes ek mooi

dink om nie aanstoot te gee nie (Hindoes glo koeie is heilig

en eet nie hulle vleis nie). Maar die eerlike deel in my het

oorwin, en ek antwoord toe: “Ja, soms.” Sonder om te

aarsel, wys hy na regs en sê: “Daar is 'n goeie beesvleis

slaghuis.” Toe ek versigtig vra of hy beesvleis eet,

antwoord hy (tot my verbasing): “Just outside …”

Buite die tempel ruik die wierook lekker, totdat jy nader

kom en dan raak dit oorweldigend. Die tafels vol vars

blomme, wat in stringe gebind is, is kleurvol en hulle geure

meng met die wierook. Die priesters is kaal bolyf en baie

van hulle gesigte is geverf.

Die gebabbel van mense rondom my is net 'n muur van

geraas. Dan kom dit weer by op: “Petrus, kyk deur MY oë

na hierdie mense. Ek is lief vir elkeen. Hulle is vir my

kosbaar. Ek het gesterf, sodat hulle My sal ken en dien. Ek

wil hulle ook leer om te sê: 'Pappa God, hou my vas!' ”

High five-kamp

Lees Lukas 24 en "teken Jesus se opstanding"…

– 7 –

S R H J K L M A R I A V

I U H E R O D U S F W E

R J Q T M D J L P V B L

E L R P I L A T U S C J

N O T N M H U I O N V E

E Q G A L I L E A Z B S

G N O R N A G M A A L U

X M D Y O S P E T R U S

geSIGgiesPaasfees

Om God se kinders te herinner aan hoe Hy hulle uit Egipte, die plek waar hulle slawe was, gered het, moes hulle elke

jaar Paasfees vier. Baie jare later toe Jesus op aarde geleef het, het Hy en sy dissipels ook Paasfees gevier. Terwyl

hulle geëet het, het Jesus brood en wyn gevat en vir sy dissipels gesê, die brood is soos sy liggaam en die wyn is

soos sy bloed, as hulle dit eet moet hulle weet dat Hy wat Jesus is, nes die lammetjies in Egipte, doodgemaak gaan

word. Nie sodat hulle nie meer slawe van die Egiptenare hoef te wees nie, maar sodat hulle en ons nie meer slawe

van sonde hoef te wees nie. So het Jesus die Lam van God geword waardeur ons gered word van die dood en hel.

En dis hoekom ons Paasfees vier: om terug te dink aan die dag toe Jesus

vir ons sonde aan die kruis gesterf het. Die Donderdagnag wanneer

Paasnaweek begin, het die soldate Jesus gevang en die Vrydag het hulle

Hom aan die kruis gespyker. Daar het Hy gehang totdat hy dood is en

daarna het van sy vriende Hom begrawe. Die Sondagoggend toe Maria

egter by die graf kom, was sy liggaam nie meer daar nie, omdat Hy uit die

dood opgestaan het. Daarom vier ons die Vrydag van Paasnaweek Jesus se

dood. Dat hy gesterf het om ons deur sy bloed te red. En die Sondag vier

ons Jesus se opstanding uit die dood. Dat Hy lewe sodat ons die Ewige

lewe kan hê! Bid sommer vandag nog en sê vir Jesus dankie dat Hy op

Paasnaweek bereid was om in jou plek te sterf en vra sommer ook jou ma

of pa om Lukas 22-24 vir jou in die Bybel te lees. Hou die bybel oop en

soek die 10 verskuilde woorde hieronder!

D F H C H R I S T U S Z

DES

IGN

A P

RIN

T 0

21 9

75 9

648

In 2007 tree ek en die mooie dame, Karien

Bezuidenhout, in die huwelik en begin 'n lewe saam as

pasgetroude paartjie. My vrou is 'n plantpatoloog wat

navorsing doen op fynbos en sy werk tans vir die

Landbounavorsingsraad (LNR) te Stellenbosch.

Weens my verhuising bedank ek by NG Suider-Paarl en

doen aansoek om 'n vakante musiekleierpos by NG Kerk

Sonstraal, waar ek dan ook begin in Februarie 2007. My

verantwoordelikhede by Sonstraal was om 'n

musiekbediening daar te stel en ek het as begeleier en

sanger die gemeente begelei in lof en aanbidding.

Ek en my vrou is die gelukkige ouers van 'n driejarige

dogtertjie, Lara, wat haar pa se oogappel is en ons bly

tans te Onze Molen in Durbanville.

Welkom by ons, Wimpie!Wimpie Bezuidenhout is pas aangestel as aanbiddingsleier vir ons Familiedienste in die Gemeentesentrum en Aanddienste in die Kerkgebou. Hier vertel Wimpie meer van homself:

Ek is een van vyf kinders en het 'n identiese tweelingbroer. Ek het groot geword in Durbanville en het in 1993 gematrikuleer aan die Hoërskool Durbanville. Na matriek het ek vrywillige diensplig gedoen vir 'n jaar waar ek einde 1994 uitklaar om 'n BA – graad aan die Universiteit van Stellenbosch te begin studeer.

In 1998 voltooi ek dan ook my nagraadse diploma in die onderwys en begin my onderwysloopbaan in 1999 te Hoërskool Franschhoek. Gedurende hierdie tyd sluit ek my aan by die NG Kerk Franschhoek waar ek as orrelis en orkesleier optree. In 2003 word ek deur ds. Pieter Barnard van die NG Kerk Suider-Paarl genader om aansoek te doen vir hulle musiekdirekteurspos, wat ek toe aanvaar.

Gedurende hierdie periode was ek verantwoordelik vir alle

musiek by alle dienste hetsy orrel of orkes/band. Ek

ontmoet toe ook 'n baie mooie dame in 2004 en verhuis

terug Durbanville toe, weens die verkryging van 'n

bevorderingspos te Laerskool Van Riebeeckstrand in

Melkbosstrand.

ons roeping, van die proponente se roeping, is om getoets te word. Ons moet onthou dat geen dienaar belangriker is as sy Meester nie – Hy is vervolg, so ons sal ook vervolg word.

Die Gees het vir Jesus na die woestyn gelei. Die leuens van Satan was subtiel. Daar kan geen wen-wen met Satan beding word nie. Dien vir God en Hom alleen.

Vertrou jou lewe toe aan die enigste Een wat alle mag en outoriteit in die hemel en op aarde het. Hy het vir ons sy voetspore gelos en al neem dit ons oor heuwels en deur dale sal die glorie uiteindelik syne wees. Deur al die heuwels moet ons op ons knieë bly. Ons is vry, maar met vryheid kom verantwoordelikheid.

Christi, mag God deur sy Gees jou versterk om jouself aan hierdie roeping vas te kleef, te midde van elke versoeking of woestyntyd wat oor jou pad mag kom. Ons bid dat Jesus se teenwoordigheid by jou en sy Heerskappy oor jou, vir jou die moed, en ook die blymoedigheid sal gee, om elke dag jou roeping vreesloos en vol vreugde uit te leef. God bly met jou waar jy ook mag gaan.

Op 29 November 2012, het 'n stormwind die bome laag laat buig in Cloetesville toe Christi Thirion gelegitimeer is as proponent in die NG Kerk. Ons het inspirerende, blymoedige boodskappe ontvang van die onderskeie predikers. Daar was pragtige, passievolle koorsang terwyl die laaste sonstrale die stampvol kerkgebou binnegeval het.

Saam met die proponente het ons gehoor uit Matteus 4:1–11 oor versoekinge versus God se Woord en dat ons, soos Hy, dienaars moet wees. Daar waar ons is, daar is die kerk. Ons is die oë, hande en voete van Christus. Hy het ons gekies, Hy gee ons gesag, maar versoekings hou ons weg van dit waarop ons moet fokus.

Ons is bemoedig dat daar 'n toekoms is vir die kerk. Ons is herinner daaraan dat Christus altyd voorop moet staan en dat ons nie van brood alleen leef nie, maar van elke Woord wat van God kom. Ook uit 1 Korintiërs 1:17 “… nie met woorde van menslike wysheid nie, want dan sal die kruis sy krag verloor.”

Daar kom moeilike tye vir almal … woestyntye. Deel van

– 8 –

Christi Thirion word gelegitimeerZaretha King