die horison 09a

12
WEBSITE: WWW.BELURANAUPINGTON.COM EMAIL: [email protected] AA NASIONALE WENNER 2011 MUNISIPALITEITE SKAKEL GERUS VIR SPESIALE TARIEWE! RIVIEROEWER EMAIL: [email protected] Search ISSUU and read the Paper ONLINE FREE /GRATIS/MAHALA *Yskaste,vrieskaste,koelkamers,stowe & wasmasjiene *Alle tipe lugversorging *Industrieël & Huishoudelik *Verkoeling:Gas en Elektries Kontak Willem Sel: 082 667 4664 Isaac Cloete Die DA-burgemeester van die Nama Khoi munisipaliteit op Springbok word betrek by „n reis- en eiskandaal net voor „n belangrike tussenverkiesing wat sy lot kan bepaal. Behalwe dié burgemeester, Schalk Lubbe, is die ironie dat drie grootkoppe van die DA in die Noord-Kaap, Andrew Louw(provinsiale leier), Harold McGluwa(provinsiale voorsitter) en Ismail Obaray(provinsiale ondervoorsitter by die skandaal betrek word. Lubbe het eise van die hoës, goedgekeur en laat deurglip toe hy nog die hoof van die OD was in die Noord-Kaap. Hieroor het Gerda Mool- man(provinsiale ondervoorsitter) laasweek uitgepraat en sommer uit die DA bedank, omdat sy nie korrupsie kan duld nie. Sy het vertel dat sy al „n jaar gelede die klag by die DA ingedien het, maar daarvan het niks gekom nie. Blykbaar ry die drie soms twee-twee met mekaar saam, maar beide eis dan reis- geld. Volgens haar het McGluwa byvoorbeeld met Louw na Springbok gery vir die DA se Born Free‟s Day, in 2012. “Ek het bewyse van mense wat hulle gesien het en hul beëdigde verklarings. Beide het geëis, maar hulle het met een kar gereis het. Die DA beveg kwansuis korrup- sie maar doen dieselfde. Ek kan nie op „n verhoog staan en dit beveg nie wetende dat my kolle- gas soos, McGluwa, dieselfde doen. Omdat Louw en Obaray oor die eise gelieg het, is ek kwaad vir hulle. Maar laat Lubbe self vir hom praat.” Sy het ook laat blyk dat die DA se Federale Regskommissie haar klagtes net effentjies ondersoek het en toe opgehou het daarmee. Volgens Lubbe moes hy net die eise as korrek sertifiseer, as OD- leier.Maar voeg hy by: “Hoekom het Moolman nou bedank. Haar onderrok hang ook maar uit. Sy het nie lekker by ons ingeskakel nie en het nie genoeg bewyse nie.” McGluwa het aan Die Horison gesê: “Ons het alle dokumentasie vir hulle(NK Wetgewer) gestuur, soos aangevra. Gerda voer „n heksejag teen my. Dis skinder- stories,die, want ek het stawende bewyse dat ek met my voertuig gery het.Ek wil nie kwaad met kwaad vergeld nie, want ek is „n mense mens. Ek het ook geen rede om vir Gerda swart te smeer nie. Dis nie in my aard nie. Ek dien my party.” Intussen glo plaaslike sakelui en inwoners dat Lubbe se dae getel is en dat die vars skandaal „n ge- voelige slag is vir die DA en hul verkiesingsaanslag vir die Con- cordia tussenverkiesing volgende maand. As die ANC dit wen, gaan hulle weer beheer het oor die Nama Khoi-munisipaliteit. Volgens „n bekende prokureur op Springbok, Cas Huisamen, is dié munisipaliteit besig om in die afgrond te gaan, saam met belastingsbetalersgeld. Hy‟t aan Die Horison gesê: “As die tussenverkiesing kan veroorsaak dat ons „n beter mu- nisipaliteit en bestuur kry, is ek 100% gelukkig. Die DA het die wyk gewen, maar bestuur nie die munisipaliteit nie. Dit word deur Aubrey Baartman(munisipale bestuurder) en Joshua Lo- sper(speaker) bestuur..”

Upload: 7john-cloete

Post on 09-Mar-2016

327 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

 

TRANSCRIPT

WEBSITE: WWW.BELURANAUPINGTON.COM

EMAIL: [email protected]

AA NASIONALE WENNER 2011

MUNISIPALITEITE SKAKEL GERUS VIR SPESIALE TARIEWE!

RIVIEROEWER

EMAIL: [email protected] Search ISSUU and read the Paper ONLINE FREE /GRATIS/MAHALA

*Yskaste,vrieskaste,koelkamers,stowe &wasmasjiene

*Alle tipe lugversorging*Industrieël & Huishoudelik*Verkoeling:Gas en Elektries

Kontak Willem

Sel: 082 667 4664

Isaac Cloete

Die DA-burgemeester van die

Nama Khoi munisipaliteit op

Springbok word betrek by „n

reis- en eiskandaal net voor „n

belangrike tussenverkiesing

wat sy lot kan bepaal.

Behalwe dié burgemeester,

Schalk Lubbe, is die ironie dat

drie grootkoppe van die DA in

die Noord-Kaap, Andrew

Louw(provinsiale leier), Harold

McGluwa(provinsiale voorsitter)

en Ismail Obaray(provinsiale

ondervoorsitter by die skandaal

betrek word.

Lubbe het eise van die hoës,

goedgekeur en laat deurglip toe

hy nog die hoof van die OD was

in die Noord-Kaap.

Hieroor het Gerda Mool-

man(provinsiale ondervoorsitter)

laasweek uitgepraat en sommer

uit die DA bedank, omdat sy nie

korrupsie kan duld nie.

Sy het vertel dat sy al „n jaar

gelede die klag by die DA

ingedien het, maar daarvan het

niks gekom nie. Blykbaar ry die

drie soms twee-twee met mekaar

saam, maar beide eis dan reis-

geld. Volgens haar het McGluwa

byvoorbeeld met Louw na

Springbok gery vir die DA se

Born Free‟s Day, in 2012.

“Ek het bewyse van mense wat

hulle gesien het en hul beëdigde

verklarings. Beide het geëis, maar

hulle het met een kar gereis het.

Die DA beveg kwansuis korrup-

sie maar doen dieselfde. Ek kan

nie op „n verhoog staan en dit

beveg nie wetende dat my kolle-

gas soos, McGluwa, dieselfde

doen. Omdat Louw en Obaray

oor die eise gelieg het, is ek

kwaad vir hulle. Maar laat Lubbe

self vir hom praat.”

Sy het ook laat blyk dat die DA

se Federale Regskommissie haar

klagtes net effentjies ondersoek

het en toe opgehou het daarmee.

Volgens Lubbe moes hy net die

eise as korrek sertifiseer, as OD-

leier.Maar voeg hy by:

“Hoekom het Moolman nou

bedank. Haar onderrok hang ook

maar uit. Sy het nie lekker by ons

ingeskakel nie en het nie genoeg

bewyse nie.”

McGluwa het aan Die Horison

gesê:

“Ons het alle dokumentasie vir

hulle(NK Wetgewer) gestuur,

soos aangevra. Gerda voer „n

heksejag teen my. Dis skinder-

stories,die, want ek het stawende

bewyse dat ek met my voertuig

gery het.Ek wil nie kwaad met

kwaad vergeld nie, want ek is „n

mense mens. Ek het ook geen

rede om vir Gerda swart te

smeer nie. Dis nie in my aard nie.

Ek dien my party.”

Intussen glo plaaslike sakelui en

inwoners dat Lubbe se dae getel

is en dat die vars skandaal „n ge-

voelige slag is vir die DA en hul

verkiesingsaanslag vir die Con-

cordia tussenverkiesing volgende

maand. As die ANC dit wen,

gaan hulle weer beheer het oor

die Nama Khoi-munisipaliteit.

Volgens „n bekende prokureur

op Springbok, Cas Huisamen, is

dié munisipaliteit besig om in

die afgrond te gaan, saam met

belastingsbetalersgeld. Hy‟t aan

Die Horison gesê:

“As die tussenverkiesing kan

veroorsaak dat ons „n beter mu-

nisipaliteit en bestuur kry, is ek

100% gelukkig. Die DA het die

wyk gewen, maar bestuur nie die

munisipaliteit nie. Dit word deur

Aubrey Baartman(munisipale

bestuurder) en Joshua Lo-

sper(speaker) bestuur..”

Isaac Cloete

Die cops van Springbok het onlangs beslag gelê op gesteelde wit kombuisware met „n yslike waarde van R63 000.

Hiervan was onder andere ses yskaste van „n bekende gaste-huis op die dorp.Volgens die kommunikasie-beampte, van die blouse, AO Johann Farmer moes die inbraak tussen 2011-08-11 en 2013-04-07 plaasgevind het.

Die eienaar van die gastehuis, David de Wit, tans woonagtig te Pretoria, was onbewus van die diefstalle. Die speurtak in samewerking met mis-

daadvoorkoming het „n tip-off ontvang wat gelei het tot die opsporing en uiteindelike beslaglegging op 6 yskaste, 4 mikrogolfoonde en 1 tele-visiestel.

`n Verdagte was gearresteer en al op 2013-04-26 voor die landdroshof op die dorp gebring waar hy op borgtog vrygelaat is. Hy gaan die maand weer hof moet loop, v o o l g e n s F a r m e r . Kapt. James Waterboer, konst Yollanda Du Ples-sis(speurtak Springbok), A/O Leonard Engelbrecht, konst Allister Damon, Anton Cloe-te, Morne Dirkse( Springbok misdaavoorkomings eenheid)

en konst Enrico Cloete van Springbok Cluster taakspan was betrokke by die beslag-l e g g i n g . Die Gebiedsbevelvoerder , kol Francis Hender en die s tas iebevelvoerder van Springbok Luit.Kol Albie Kotze het die lede bedank vir hul toegewydheid.

Intussen versoek die polisie die publiek om verdagte per-sone, in woonbuurtes, aan te meld sodat die polisie proak-tief kan optree teen hulle. Inbrake word „n toenemende probleem en dit het al gebeur dat by dieselfde eiendom op die dorp, meer as keer inge-breek was.

Isaac Cloete

Ten spyte van verskeie vertragings en poli-

tieke rompslomp sal die beplande

Namakwa Mall, in Bergsig, „n moderne

streekwinkel duisend wees.

Die Horison se ondersoek het getoon dat die

kompleks nou sowat R300milj gaan kos en „n

reuse ekonomiese inspuiting vir die streek, gaan

beteken. Dit voorgenome beplande streekswin-

kel sal ook gebiede in die suide van Namibië

bedien en groot getal werksgeleenthede aan die

plaaslike bevolking bied.

Die ontwikkelaars is Stercorp Eiendomme wat

in die Kaap gesetel is en een van die direkteure,

Johann Loubser het gesê dat die omgewing van

Springbok nooit weer dieselfde gaan wees nie.

“Ondersteun ons met ons finale planne en

voorbereiding sodat ons binnekort in Bergsig

kan begin met die bouwerk. Hou ook moed en

wees nog so „n bietjie geduldig.”

Reeds in 2011 is die sooispit gedoen en wag die

onwtikkelaars net dat die finale planne afgerond

moet word. Die belangrike omgewingsim-

pakstudie is ook reeds gedoen en in 2009

goedgekeur. „n Unieke ooreenkoms met die

sukkelende Nama Khoi- muni-

sipaliteit, wat meer miljoene sal

beteken, is al „n paar jaar gelede

onderteken.

Dit behels ondermeer die verskaf-

fing van grootmaat munisipale

dienste in ruil vir groter eiendoms-

belasting, ens. Volgens die planne

sal ongeveer 50 nuwe winkels in

die kompleks gehuisves word. Die

oppervlakte van 18 000vierkante

meter is gelykstaande aan ongev-

eer drie standaard rugbyvelde.

Tydens die aanvanklike boufase sal

sowat 250 mense in diens geneem

en daarna sal die getal groei.

Uiteindelik behoort tot 600 mense hier perma-

nent te werk.

Volgens Loubser gaan „n werwingskantoor

geopen word „n paar weke voor die bouwerk

begin. Dit behoort na 18 maande voltooi te

wees.

Voordele van die winkelkompleks vir die streek

is onder andere:

* Grootskaalse werkskepping en broodnodige

armoede-verligting;

* Nuwe kettingwinkels en bekende nasionale

handelsmerke;

* Voldoende en veilige parkering;

* Onderdak en koel inkopie-uitstappies;

* Groter belastinginkomste vir die munisipal-

iteit;

* Moderne winkels en groter keuses ten opsigte

van artikels

* Goeie advertensie vir potensiële beleggers na

die streek;

* Langer winkelure en laataand “shopping

sprees;”

* Beter en gebalanseerde verspreiding van sake-

ondernemings en besighede vanaf Springbok

na ander gebiede;

* Laat aand vermaak en ope-lug optredes en

opvoerings in teaters en bioskope;

* Onderdak inkopie-ervaring met lugreëling in

moderne “state to the art” ondernemings.

Volgens Loubser het die planne intussen ietwat

verander, maar sal die voltooide kompleks

saamsmelt met die argitektoniese karakter van

die omgewing in Bergsig, net langs die N7 pad.

SAMANTHA CLOETE

KAROS: Die twee verdagtes David Scheffers (28) en

Hendrina Babu ( 33), wat daarvan beskuldig word dat

hulle vermoedelik vir Johannes Klaaste (90) van Karos,

Donderdagoggend 02 Mei 2013 in sy woning vermoor

het, het Maandag 06 Mei 2013 in die hof op Upington

verskyn.

Albei was streng deur die hooflandros vemaan en geen bor-

gaansoek is aan hulle toegedien nie. Die staat maak beswaar

teen die twee verdagtes se vrylating siende dat hulle alreeds

vorige oortredings het. Beide het aansoek gedoen vir ʼn

staats Prokureur en die saak is uitgestel sodat die prokureur

geleentheid kan kry om met die verdagtes te konsuldeer.

Hartseer pastoor Dirk Snyders jare lange vriend en omsiener

van Johannes het sy gevoelens teenoor Die Horison

uitgespreek. Snyders sê hy is stukkend en platgeslaan oor dit

wat gebeur het, hy kan nie glo dat so iets met ʼn weerlose

bejaarde kan gebeur het nie.

Snyders tesame met gemeentelede van Karos was in die hof,

“ ons is op een voorwaarde in die hof, ons smeek die hof

dat God se vereistes moet geskied oor die twee wat die daad

gepleeg het en dat geen versagting sal geskied nie,”dit was

die woorde van die gemeenskap van Karos.

Johannes Klaaste se lyk is Donderdagoggend in sy huis

gevind, waarvan hy vermoedelik vermoor is. Pastoor Dirk

Snyders was van die eerste mense op die toneel. “ Die

werkilikheid het my getref toe ek my vriend se lyk op die

toneel sien lê. Sy hande en voete vasgebind met plastieksak.‟‟

vertel pastor Snyders.

Johannes het jare lank alleen gebly en niemand het hom

gepla nie. Hy was die oggend alleen toe die voorval gebeur

het. Daar was ʼn klop aan die deur en die oomblik toe hy die

deur oopmaak het die twee verdagtes hom begin aanval met

ʼn voorwerp. Hy is op die toneel oorlede.

Patoor Snyders voel die doodstraf moes gebly het want, dan

sou die misdaadsyfer nie so hoog gewees het nie. Harsteer

en leeg, dit is hoe Pastoor Snyders voel nadat sy vriend se

lewe so wreed geneem is.

David Scheffers en Hendrina Babu sal dan weer 13 Mei

2013 op die Upington hof verskyn, vir ʼn formele borg aan-

soek.

FOTO BO: Gemeenskap van Karos wys hul onte-

vredenheid by die hof, oor dit wat gebeur het.

Isaac Cloete

Honderde geesdriftige mense het

Saterdag, op die Concordia Sport-

grond Vryheidsdag gevier te midde

van „n opgewonde gevoel onder die

aanwesiges.

Dit was „n funksie van die dep. Sport,

Kuns en Kultuur, onder vaandel van

die ANC wat die land en Noord-Kaap

provinsie regeer. Verskeie mense(ook

ander partye) het dit bygewoon.

Die hoofspreker van die dag, Dawid

Rooi,( (LUR:Paaie en Openbare

Werke) is deur die speaker in die

Noord-kaapse Wetgewer, Boeboe van

Wyk, voorgstel. Beide is luid deur die

groot getal aanwesiges toegejuig en

vryheidskrete is gereeld vanaf die

pawiljoen gehoor.

Rooi het van meet af die begrip

“vryheid” ontleed en afgetakel tot „n

term wat, volgens hom, steeds „n relat-

iewe betekenis vir baie Suid-Afrikaners

het.

“Power to the people, want ons vier

die doodgaan van die vyand, apartheid.

Baie Swartes, soos Chris Hani, het hul

bloed en lewe verloor. Dus, was vry-

heid nie verniet nie en daarom moet

ons ons kinders gereeld vertel van ons

geskiedenis en verlede.”

Hy het gevra dat ons vir Madiba, wat

byna drie dekades van sy lewe moes

opoffer vir ons vryheid, in ons gebede

moet onthou. Madiba se woorde,

“Never, and never again; het hy ge-

bruik om te beklemtoon dat ons nooit

weer in die kake en juk van die bose

apartheid moet beland nie.

Volgens Rooi bestaan daar egter nie

iets soos „n born free nie, omdat ons

nog nie ekonomies vry is nie. Hy het

veral na die grootskaalse armoede

verwys en die Bontekoe-tragedie as een

voorbeeld gebruik. Hiertydens het baie

persone hul lewens verloor omdat hulle

uit armoede in „n uitgewerkte myn gaan

delf het.

Rooi was egter baie postief dat ons

vorentoe beweeg daarom is daar geen

omdraaikans meer nie, het hy vertel.

“Ons almal, veral die wittes, moet die

land help opbou tot voordeel van

almal, dan sal ons eers kan praat van

algehele vryheid en ekonomiese

onafhanlikheid.”

Verskeie belangrike ANC- lede en

munisipale amptenare en Cosatu-leiers

het die geleentheid bygewoon. Onder

hulle was Frank van den Heever, Bent-

ly Vass en Mervyn Cloete.

Tydens die verrigtinge was sang, muss-

iek en kulturele aktiwiteite deel van die

dag.

Kimberley: The Family Vio-

lence Child Protection and Sex-

ual Offences (FCS) Unit in Kim-

berley is appealing to the com-

munity to assist with the investi-

gation of an alleged rape which

took place on the Friday 2013-03

-29 at about 03:00 am.

It is alleged that a 30-year-old

woman was walking home from a

tavern in Greenpoint (Kimberley)

when she was allegedly grabbed by

a suspect from behind. It is further

alleged that the suspect pointed her

with a knife and took her to a near-

by veld.

The suspect put the knife on the

ground so that he could take off

his trousers. Whilst taking off his

trousers the victim grabbed the

knife and stabbed the suspect ei-

ther in his thigh or his groin.

The suspect still managed to grab

the knife out of the victim‟s hand

and in so doing cut her on her

hand. Once in possession of the

knife, he then raped the woman.

Police are looking for Joy Kenneth

Garnette Williams alias Tshiamo

(approx 30 years old), who they

believe can assist them in the inves-

tigation. The rape of women, chil-

dren and the elderly is a serious

problem in society and the commu-

nities‟ involvement in eradicating

these heinous crimes is of para-

mount importance.

Anyone who knows of his wherea-

bouts is asked to contact Detective

Constable Aaron Tebogo Gumede

on 053-839 7711(w) / 082 302

0468(c) alternatively Crime Stop

can be contacted on 08600 10111.

SAMANTHA CLOETE

LOUISVALEWEG: Binnekort kan die

mense van hierdie dorp spog met „n

splinternuwe laerskool.

Hierdie skool is alreeds is Oktober

2012 begin bou deur die Kontrakteurs

“ Down Touch Tsoga Tv.” En die ge-

meenskap van Louisvalweg kan hul

gereed maak vir die amptelike opening

van die skool wat binnekort sal

geskied.

Volgens die mnr Stander Media

Beampte van die Departement van

Onderwys moes die skool amptelik in

April 2013 geopen het, maar weens

verskeie veranderinge insluitend die

oorspronklike kontrak kon dit ongeluk-

kig nie so geskied het nie.

Die Departement van Onderwys be-

plan om nog ander skole in omliggende

gebiede, onder andere in Kakamas en

Paballelo tesame met die skool in Lou-

isvaleweg Junie 2013 te open.

Hierdie projek se beraamde koste

beloop ongeveer 30 miljoenrand. Die

projek het ook werk geskep vir mense.

Die grote van die skool is 24

klaskamers, „n rekenaarklas, kom-

buisafdeling, 2 toiletblokke en daar sal

ook voorsiening gemaak word vir „n

sportveld vir die kinders.

Die afloop van die projek moes oor

twaalfmaande geskied het, maar het

langer gesloer asgevolg van omsan-

dighede. Die gemeenskap van

Loiusvaleweg, Kakamas en Paballelo

kan nou inspanning wag vir die nuwe

skole wat binnekort in hul dorpe gaan

open.

Te midde van mislukte en versinde berigte deur die koali-sie- vennote het die ge-oliede ANC-span alreeds vir Concor-dia op horings.

Soveel so, dat selfs getroue DA– ondersteuners nou oop en bloot met rooiprop wynbottels(én DA t-hemde) loop om die smarte van „n verlore (tussen)verkiesingstryd weg te drink.„ n Foto(geneem by die registrasieproses) wys duidelik hoedat van hul onder-steuners met die rooiprop wynbottels onder die arms aansukkel. Oppad na nêrens…….

Onthou, “ n picture tells a thousand words and never lies.” Dit is dus die blou DA‟s wat nou eintlik die Rooiprop Party is en drank aanbied vir „n stem. Laasgenoemde was „n term wat die koalisie se “slimmes” mos tot vervelens toe en sonder sukses aan die Groen/Geel/Swart Party(ANC) toegedig het, so vang slim sy eie baas.

Maar terwyl die rooiproppe onder die DA-ondersteuners uitgedeel word,

fokus die ANC op die verkiesingspros-es en gaan hulle hul verkiesingskan-didaat amptelik die naweek aangekon-dig word. Intussen word Concordia se kiesers en gemeenskap op die volgende gewys:

Cope se onbeholpe ontleding en vreemde obsessie met die ANC se verkiesingsprosesse;

Cope het geen verkiesingskandidaat nie en hul handjievol sal maar vir die vreemde DA moet gaan stem of wegbly;

Ai, sies tog, want Cope het in die 2011-verkiesing slegs 58 uit 2800 kie-sers gekry;

Aubrey Baartman se ammateuragtige “stelling” dat 90% van die onlangse registrasie-inskrywings DA-lede was;

Onthou, Baartman het geen erkende naskoolse opleiding nie en die regte feite is dat tot 50% van die kiesers op die registrasie-dag ANC-lede was.

Antie Koekie Groenewald het al in Januarie haar eerste bedanking

ingedien en nie voor die bespreking van die konsepbegroting van Nama Khoi nie, soos beweer word;

Daar is ook bewyse dat die speaker en Baartman haar bedankingsbrief probeer vervals het deur die datum te verander;

En die arme DA moet liefs fokus op hul eie sake, want binnekort kan hulle nog twee bedankings verwag soos an-tie Koekie en Gerda Moolman(LPW) gedoen het;

Die skoonmaak van die UDS-toilets is „n verkiesingsfoefie, want Nama Khoi het nie geld nie en dit sal baie lank neem om dit te doen;

Concordia-kiesers moet egter vra: “Waarom nou en „n jaar gelde al nie.

Weet die Concordia-kieser dat:

Baartman eintlik „n DA-ondersteuner is met „n Cope-onderbaadjie, m.a.w. hy is van buite DA, maar van binne stoere Cope, soos sy vriende, Joshua Losper en Zarak van Rooi.

Schalk Lubbe hom(Baartman) nie nou weer kan fire nie soos voorheen , want dan val die vasgegomde koalisie onmiddellik uitmekaar.

Beide Lubbe, Baartman(en Losper) hulle werk by die munisipaliteit, wat hulle so deurgetrek het, gaan verloor.

Baartman en Losper nog met liederlike hofsake sit wat nie afgehandel is nie.

Baie blanke sakelui en kiesers „n ve-randering by die Nama Khoi muni-sipaliteit verlang sodat die streek on-twikkel kan word en dienslewring tot sy reg kan kom.

HIERDIE BROODNODIGE VERANDERING SAL NA 22 MEI KAN GESKIED NADAT DIE ANC DIE TUSSENVERK-IESING GEWEN HET

Dus stem reg, stem met die verstand, stem ANC en pluk die vrugte van julle keuses.

Die 8ste Mei 2013 was vir sommige moeders „n on-vergeetlike ervaring by die Laerskool Fransicus in Upington.

Die spesifieke aand was „n ete aangebied aan die moed-ers van Upington die wat kon daar wees. Mnr Simon die skoolhoof het hierdie aand geopen op „n gepaste wyse met gebed.

Daar was ook „n gas spreker naamlik Dokter. Lesley. Cor-rie wat hierdie aand meege-maak het met die ouers. Sy het van hierdie geleentheuid gebruik gemaak om haar kennis te deel deur te vertel hoe belangrik ‟n moeder

werklik is in die samelewing.

Ons eie kunstenaar Mnr Hennie Michaels het die aand opgehelder met sy ver-ruklike saxofoon musiek. Die Horison is na hierdie ver-ruklike oomblik uitgenooi deur Mnr Simons waarvoor die koerant hom ook wil bedank vir die vertroue wat hy het in die koerant om hierdie plegtigheid bekend te maak aan die publiek.

Die Horison wil van sy kant af noem dat die tipe van byeenkomste baie belangrik is want dit help die ouers weer om te besef hoe bel-angrik hul possisie in die huis en ook die gemeenskappe is , want sonder die moeder kan geen huishouding wees nie.

As mens mooi kyk en dink sal jy tot die besef kom dat die moeder is die spil waarom alles draai sy is die enjin wat die skip op die see aandryf sy is alles.

Kinders waadeer julle ouers terwyl hulle nog daar is, die dag as hulle nie meer daar is nie sal die leemte nie gevul kan word nie.

GOD seën die MOEDERS

Foto Bo: Die Skoolhoof Mnr.Simon Bo: Die ouers van die aand luister aandagtig na

Onder: Pastoor Michaels wat die gassprekers hieronder Dr.Corrie sê.

Studie 2

Kortsluitings vir die krag

1. Opening

Iemand vra die seën van die Here op

hierdie deel van ons studie. Vra dat die

Here duidelik aan ons sal uitwys wat hinder

dat Hy ons gebede kan verhoor en dat ons

die volle krag van gebed kan ervaar. Daar-

na al ons beurte neem om elkeen 'n para-

graaf van hierdie les te lees.

2. Die skilpad in die pyp

Op my skoonvader se plaas in die Karoo is

'n baie groot dam. Daaronder is groot

landerye aangelê waarop hy aartappels en

lusern verbou het. Al wat hy nodig gehad

het om te doen wanneer dit droog raak,

was om die groot kraan oop te draai en die

landerye te besproei. Somtyds het dit egter

gebeur dat daar niks water uitkom nie, al

was daar baie water in die dam en al was

die kraan oop. Dan weet hulle dadelik daar

is alweer 'n skilpad in die pyp. Dit kos dan

'n groot gesukkel met die trekker en 'n lang

pyp om die afvoerpyp weer oopgestoot te

kry.

Ons het nou reeds gesien dat daar

ondenkbaar baie krag in gebed opgesluit lê.

God se almag en sy beloftes is aan gebed

gekoppel. Tog ondervind die meeste van

ons nie hierdie krag in ons gebede nie. Dit

is asof daar 'n "skilpad" in die pyp van

gebedsverhoring is. Gelukkig vertel die

Here vir ons in sy Woord watter

"skilpaaie" kan keer dat ons gebede ver-

hoor word. Kom ons gaan kyk na 'n paar

van hulle, sodat ons hulle kan laat uithaal,

en sodat ons gebedslewe so vol krag kan

wees as wat God bedoel het. Die eerste een

kry ons in Jes. 59:1-2.

3. Die eerste skilpad: sonde

Lees Jes. 59:1-2 en vul die ontbrekende

w o o r d e i n :

"Die arm van die Here is nie te kort om te

_ _ _ _ _ _ _ _ _ _ n i e

en sy oor nie te doof om te

_ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ n i e .

Dit is julle _______________ wat skeiding

g e b r i n g h e t

t u s s e n j u l l e e n j u l l e G od ,

dit is julle __________ wat maak

dat Hy Hom nie aan julle steur nie

en nie na julle wil ______________ nie.

Dit beteken natuurlik nie dat 'n mens eers

sondeloos moet wees voordat jy mag bid

nie. As dit waar was, was alle gebed nut-

teloos. Maar God het dit moontlik gemaak

dat al ons sondes vergewe kan word deur

Jesus Christus. Jesus Christus het volkome

vergewing moontlik gemaak vir enige son-

daar uit enige volk. Soos Jesus self aan

Paulus die opdrag gegee het:

"Jy moet hul le oë oopmaak

sodat hulle hulle van die duisternis tot die

l i g

en van die mag van die Satan tot God kan

b e k e e r .

D e u r i n M y t e g l o ,

sal hulle sondes vergewe word

en sal hulle deel word van die volk van

G o d . " ( H a n d . 2 6 : 1 8 . )

Wat is dan die geheim van vergifnis? Daar

staan dit: glo in die Here Jesus en vertrou

dat Hy reeds al jou straf aan die kruis gedra

h e t .

As ons groep vandag 'n gemiddelde groep

kerklidmate is, dan is die helfte van ons

nog nie seker dat ons kinders van God is

nie. Sommige mense praat van die kerklid-

mate as die geheime sendingveld. Solank

ons nog nie seker is dat ons sonde vergewe

is nie, het ons geen sekerheid dat God

Hom aan ons gebede sal steur nie. Ons kan

ook nie eens die "Ons Vader"-gebed bid as

ons nog nie ware kinders van God is nie.

Ons kan net van hierdie wonderlike feit

seker wees as ons weet dat ons die Here

Jesus as ons Verlosser en Koning aanvaar

het. Soos Joh. 1:12 dit so duidelik stel:

"Maar aan almal wat Hom aangeneem het,

d i é w a t i n H o m g l o ,

het Hy die reg gegee om kinders van God

t e w o r d . "

Is jy al seker dat jy werklik 'n kind van God

is en dat jou sondes daarom vergewe is?

Ons sal jou netnou help om seker te maak,

want daarsonder is 'n kragtige gebedslewe

n i e m o o n t l i k n i e .

Aan die ander kant is jy nog nie volmaak

en sondeloos nadat jy die Here Jesus

aangeneem het nie. Daarom het die Here

voorsiening gemaak vir vergewing. Die

apostel Johannes skryf aan gelowiges as hy

s ê :

"Dit skryf ek aan julle, my liewe kinders,

dat julle nie moet sondig nie.

En as een van ons sondig -

ons het Jesus Christus, die regverdige,

as ons voorspraak by die Vader." (1 Joh.

2:Iemand het dit vergelyk met die

veiligheidsnet onder die sweefstok-artiestes

in die sirkus. Hulle beplan nie om te val as

hulle daar bo van die een stok na die ander

swaai nie. Maar as hulle 'n fout maak en

misvat, is die veiligheidsnet daar onder. So

het God voorsiening gemaak vir geval een

van sy kinders sou val - daar is vergewing,

as jy jou sondes bely. In die vorige paar

verse verduidelik Johannes aan sy medege-

l o w i g e s :

"As ons beweer dat ons nie sonde het nie,

bedrieg ons onsself en is die waarheid nie

i n o n s n i e .

Maar as ons ons sondes bely -

Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons

o n s s o n d e s

en reinig ons van alle ongeregtigheid." (1

J o h . 1 : 8 - 9 . )

Kom ons bid dus dat die Here aan ons sal

wys hoe ons in sy heilige oë lyk. Dan bely

ons die sonde waaroor Hy met ons praat,

sodat daar geen verstopping in ons

gebedslyn sal wees nie. In die volgende

verse praat die Here oor sondes wat in die

lewe van gelowiges voorkom. Terwyl ons

dit deurgaan, sê dan saggies "ja" as die

Heilige Gees jou van iets oortuig. Kom ons

l e e s d i t s t a d i g d e u r .

Ons eerste Skrifgedeelte is Gal. 5:19-21:

onsedelikheid:

onreinheid:

losbandigheid:

afgodsdiens:

towery:

vyandskap:

haat:

naywer:

woede:

rusies:

verdeeldheid:

skeuring:

afguns:

dronkenskap:

u i t s p a t t i g h e i d : 1 . )

Die tweede gedeelte is Ef. 4:25-5:5:

leuens:

kwaad bly:

diefstal en oneerlikheid:

vuil taal:

ongehoorsaamheid aan die Heilige

Gees:

verbittering:

opvlieëndheid:

vloek- en skeltaal:

onvergewensgesindheid:

liefdeloosheid:

ontug:

MOEDERSDAG

Hierdie moderne spesiale dag moet

nie verwar word met vroeëre hei-

dense en selfs Christelike tradisies

waarin moeders vereer is nie. Be-

newens hierdie Moedersdag is die

16de eeuse “Mothering Sunday”

vanjaar op 12 Mei ook as „n Moed-

ersdag in Europa gevier en

“International Women's Day” in

baie lande.

Teen 1920 is Moedersdag in die VSA

deur die handel gekommersial-

iseer. Dit het Anna Jarvis baie

ongelukkig gemaak en sy en haar

suster het hierna hulle erfenis

gespandeer om teen hierdie ver-

wording te agiteer. Hulle is as arm

mense dood. Anna Jarvis is nooit

getroud nie en het ook geen kinders

gehad nie.

Iemand sê nou die dag by sy moed-

er se roudiens: “Nou is die enigste

mens wat my onvoorwaardelik

liefgehad het, ook weg”. Tog won-

der ek oor mense wat nie „n goeie

verhouding met hul moeder het of

gehad het nie. Vir hulle is Moed-

ersdag sekerlik „n pynlike ervar-

ing. Dit laat die doring in die vlees

opnuut steek.

Daar is seker legio redes vir so „n

dilemma: dit kan gewoon „n swak

passing in persoonlikhede wees, of

moontlik is daar nog onvergeeflike

optredes uit die verlede aan die

spook, of dit is „n uiters selfgesen-

treerde, histrioniese moeder wat

paradoksale boodskappe uitstuur. „n

Mens kan veralgemenend sê: „n

ongelukkige, onvergenoegde moed-

er maak kinders tot wanhoop

groot. So „n kind ervaar die lewe as

angswekkend onseker en ontwikkel

baie moeilik „n selfbeeld om in

hom/haarself te glo. „n Moeder is

dalk lief vir haar kind, maar kan dit

glad nie kommunikeer dat sy tog

omgee nie. Die kind voel dat hy/sy

dit nie in haar oë maak nie en gaan

deur die lewe met „n kroniese gevoel

van “ek is nie goed genoeg nie”, nie

eers vir my eie ma nie.

Sommige sê“As God soos my ma

is, stel ek nie belang nie”. Dit

onderstreep hoe belangrik die rol

van „n moeder (en ook „n

vader) kan wees in die beeld van

God wat „n kind vorm. Dit is sonder

twyfel baie makliker om die goeie

eienskappe van God te omhels as jy

by jou ouers iets van daardie

vergewende liefde van God leer ken.

Dit bly „n ope vraag of daar so iets

soos onvoorwaardelike liefde

bestaan, by „n moeder en selfs by

God? Daaroor kan tereg gedebat-

teer word.

Al word Moedersdag deur die klein-

handel “misbruik”, het dit nogtans

„n plek. Merkwaardig het die kerk

deur die eeue nog altyd sekulêre

feeste en spesiale dae gekersten en

daaraan „n Christelike karakter

gegee. Moedersdag kan dus gerus

deur die kerk benut word om die

waarde van „n moeder in die

Christelike gesin uit te lig. Dit

onderstreep die waardes van erken-

ning, waardering en dankbaarheid

en gee aan ons gesinslewe be-

sondere kwaliteit. Die geloof het

feesviering nodig.

4 9 7

2 5

3 9

3

2 3 5

8 2 1

1 9

5 7

5 9

Voltooi die Sudoku en staan „n kans om die gelukkige

wenner te wees van “Twee Dubbele” fliek kaartjies ge-

borg deur Ster Kalahari

Vul jou besonderhede in en e-mail of faks na die-

[email protected]

Faksnommer; 054 331 1993

Of kom lewer dit af by ons kantore, Kantoor nommer 6

bokant Vispa meubels. Ons sal u dan kontak.

NAAM:…………………………………………………..

ID :……………………………………………………….

KONTAKNOMMER:

……………………………………………………………

VLIEG

Die vliegtuig het pas

opgestyg. Een manlike

passasier sit en byt sy

vingernaels en vee

heeltyd sweet van sy

voorkop af. „n Lug-

waardin sien hom raak

en sê, “Meneer, kan ek

vir u iets van die kroeg

af kry om u te kal-

meer?”

Die man knik instem-

mend terwyl hy vrees-

lik bewe. Sy kom met

„n drankie en hy sluk

dit haastig af. Tien

minute later sien die

lugwaardin dieselfde

man erg bewe en sy

naels byt. Sy bring

hom nog „n drankie

wat hy ook haastig

afsluk. „n Halfuur later

merk sy op dat die

man nog erger bewe

en ook saggies huil.

“Ag siestog, Meneer,”

sê die lugwaardin, “ek

het nog nooit iemand

gesien wat so bang is

om te vlieg nie!”

“Ek is nie bang om te

vlieg nie”, snik die

man, “ek probeer

ophou drink!”

WATTER DAG

Malema vra 'n toor-

dokter op watter dag

sal hy doodgaan?

Toordokter: "Op 'n

Boere Vakansiedag!"

M a l e m a : " A a u k ,

hoekom?"

Toordokter: "Enige

dag wat jy doodgaan,

sal vir die Boere 'n

Vakansie dag word"

PORTUGAL

Kallie vra vir Mike of

hy dink Portugal ver

van hier af is. Mike sê

"hy glo nie, want op

Laerskool was daar

Portugese in sy klas,

en hulle het sommer

met hul fiets skool toe

gery!"

DIE OOM EN SY

LESING

Die spietkop trek die

ou oom van 78 af on-

geveer 02h30 in die

oggend. Die oom is

g o e d g e s o o l !

Spietkop: "My oom,

jy is poepdronk, en jy

bestuur die tyd van

die oggend. Waarheen

i s j y o p p a d ?

Oom: Nee, ek is op-

pad na 'n lesing toe.

Spietkop: Lesing???

Strooi man, waarheen

i s j y o p p a d ?

Oom: Ek is oppad na

'n lesing oor drankmis-

bruik, alkoholisme,

dobbelary, verbode

seks, en opkikkers.

Spietkop: En wie sal

nou die tyd van die

oggend so 'n lesing

a a n b i e d ?

Oom: My vrou natu-

urlik!

Wees veilig en gesond hierdie komende

winter!

Alhoewel winter nie as ʼn verassing kom nie, is

baie van ons steeds on voorbereid vir die koms

van winter. Meeste mense verkies om winter-

tye binne In die huis te bly, maar dit is geen

waarborg dat jy heeltemal veilig is nie.

ʼn veilige huis

Vervang lekplekke in jou huis se dak.

Maak seker jou verwarmers werk.

Doen inspeksie by jou kaggel of

braaiplek.

Vervang alle batterye wat nodig is.

Maak seker jy het ʼn noodhulp kussie wat

alle medikasie bevat vir daai onverwagte

winter siektes en klagtes.

ʼn Veilige motor

Sit jou motor deur die toets, om seker te

maak die lugreëling werk en al jou bande

is toegerus vir die weersomstandighede.

Maak seker jou petrol is ten alle tye geno-

eg, sodat jy nie vasgevang word opʼn

verlate plek waar niemand jou te hulp kan

snel nie.

Koop ʼn formula wat werk om jou ruite

mee skoon te hou.

Wees versigtig wanneer jy in nat we-

ersomstandighede bestuur.

ʼn Noodhulpkussie is noodsaaklik om in

jou kar te hou maak seker dit bevat

komberse, kos en water, “juming” kabels,

ʼn sak met sand, ʼn padkaart en kompas.

Flitslig en ekstra batterye en plastieksakke

vir sanitasie.

Maak seker jou diere is ook veilig en

warm.

Wees gereed vir noodgevalle en kragonder-

brekings

Stoor kos wat nie nodig het om in die

yskas gesit word nie en genoeg water in

skoon houers.

Dra geskikte klere en waterdigte stewels.

Werk stadig wanneer jy buite werk om

beserings te verhoed en dra ʼn selfoon.

Niemand kan die slag van winter keer nie, dus

moet ons behoorlik toegerus wees.

SAMANTHA CLOETE

Ja, die winter is hier en meeste van die winkels

se rake is reeds vol gepak met mooi winterjasse,

tops, stewels en allerhande winter bykom-

stighede. Dit is beslis tyd om jou hangkas win-

ter gereed te maak!

PUNT SKOENE

Punt skoene kom al ʼn hele ruk aan en ons gaan

beslis meer van dit sien, hierdie komende winter.

Hierdie mode tendens kan opgekikker word met

verskillende kleur kombinasies soos bv, swart of

beige wat jy met enige uitrusting kan meng en pas.

LUIPERD GEDRUKTE KLERE

Die luiperd tendens gaan beslis nêrens nie, veral nie

nou gou nie. Luiperd klere is oral in die verskillende

winkels en jy kan basies enige iets in luiperd patrone

koop. As jy nie te gretig is om luiperd klere te dra

nie, probeer gerus ʼn luiperd serpie, dit kan wondere

verig aan jou uitrusting. Dit is ʼn maklike manier om

in te pas by hierdie komende winter se tendense

sonder om ʼn gat in jou sak te maak.

SKAKERINGS VAN PIENK EN KORAAL

Koraal was omtrent ʼn warm kleur vir die somer en

dit gaan beslis nie hierdie winter verander nie. Die

beste manier om hierdie tendens in jou klerekas in te

bring is met koraal gekleurde skinny jeans.daar is

ook baie verskillende skakerings beskikbaar so gaan

maak gerus ʼn draai by die winkels.

MOOI GETOOI IN ROOI

Beslis een van mense se gunsteling kleure. Rooi bly

steeds bo aan die lys waneer dit kom by die ge-

wildste mode tendense. Die kleur doen wondere aan

enige uitrusting. En dit hoef nie jou gunsteling kleur

te wees nie. O nee, maak net seker jy besit iets van

rooi in jou kas en jy is uitgesort vir hierdie winter

tendens.

JASSE

Nie dat ek dink jasse gaan enige tyd gou uit die

mode uit gaan nie, beslis nie en dit is een van die

afdelings waarin mens rêrig kan belê. Jasse bly die in

ding en mens hoef nie elke winter nuwe jasse te

koop nie want, hierdie tendens is eindeloos so haal

gerus daai jasse uit van die vorige winter.

STEWELS

ʼn Vrou kan nooit teveel skoene hê nie, daarom kan

ons koop en koop sonderom moeg te word. Koop

kwaliteit stewels wat jou ʼn leeftyd kan hou. Maak

seker jy besit verskillende kleure veral bruin en swart

wat by verskillende uitrustings sal pas.

SAMANTHA CLOETE

GEDIG VIR WINTER

Ek sit hier op my winter

stoep, my lyf kan voel hoe

die koue al roep

Die somer son bak op my

neer, maar ek voel steeds

die koue meer en meer.

Snags lê ek wakker en

luister na die reën

ja, God het my weereens

ryklik geseën

My lyf wil opstaan, maar ek

kan nie, die koue druk my

neer weer en weer.

Die oggend ryp lê spierwit

op die gras

tog weet ons nie, dat net

soos enige ander seisoen, is

winter ook net ʼn kuiergas.

Ja, die lieflike somer son sal

weer helder en warm op ons

kom skyn, en die koue win-

ter sal dan, sagkuns verd-

wyn.

Geskryf deur: Samantha Cloete

Liewe Tant Emma

Tante ek rig hierdie brief aan tante

omdat ek al raadop is. Ek weet nie wat

met my self aangaan nie. Ek het

deesdae ʼn humeur wat skrik vir niks.

Ek stres op almal en dit oor die kleinste

dinge. Ek kan dit nie meer hanteer nie.

Elke keer sodra ek my kom kry dan het

ek al weer kop verloor. My familie en

vriende is al skrikkerig om met my te

praat. Ek wil nie die mense afskrik met

my houdings nie. Die ergste van alles is

ek kan dit nie beheer nie ek stress my

oor ʼn mik. Ek kan nie onthou wanneer

laas ek ʼn ordentlike gesprek met ie-

mand gehad het nie want, die mense

loop al wye draaie om my. Help my

asseblief enige raad sal wardeer word.

Ek wil net weer voel ek het beheer oor

my eie lewe en my emosies.

STRES ANNA

Ai Stres Anna om so beheer oor jou emo-

sies te verloor is maar ʼn droewige saak. Dit

is vir my duidelik dat jy ʼn ernstige prob-

leem het. Jy sal moet werk aan jou emosies

anders gaan jy almal wat vir jou omgee weg

van jou af dryf. Gaan praat met iemand

profesioneel oor jou probleem. Dit is bel-

angrik dat jy profesionele hulp kry voordat

dinge hand uit ruk en dit te laat is vir jou

om om te draai. Onthou stres is ʼn ernstige

geval moenie laat dit beheer oor jou lewe

kry nie want, dan is dit neusie verby. Maak

dadelik ʼn afspraak en vat dit een dag op ʼn

slag. Al wat jy hoef te doen is om jou

samewerking te gee, dan sal jy baie gou

weer in beheer van jou eie lewe voel.

Liewe Tant Emma

Ek het onlangs die mees onaangename

nuus gekry. Ek het het op ʼn dag net

vreeslik sleg begin voel en het dadelik

ʼn dokter gaan sien. Nou sit ek met die

probleem, ek is gediagnoseer met

kanker en weet nie hoe om die nuus

aan my kinders oor te dra nie. Tante ek

het twee jaar gelede my vrou in ʼn

motorongeluk verloor en het my dog-

ters 11 jaar oud en 17 jaar oud sedertien

alleen groot gemaak. Dit is nie ʼn mak-

like saak nie, maar ek doen alles in my

vermoë om my kinders gelukkig te hou.

Ek weet nie waar om te begin nie hulle

is al wat ek het en hulle is die bel-

angrikste deel van my lewe. My familie

en ouers wil niks met ek en my kinders

te doen hê nie , hulle voel ons steek af

by hulle want, ons rol nie in die geld

nie. Ek is so bekommerd oor wat van

my kinders gaan word.

ANONIEM

Liewe Anoniem ek is vreeslik jammer om

te hoor van die probleem waarin jy jou

bevind, maar jy weet seker dit is iets wat

mens nie weg kan wens nie. Dit is nie ʼn

maklike taak om te verrig nie, maar dit is

iets wat jy ongelukkig moet doen. Jy moet

vrede maak met jou siekte en aanvaar sodat

die volgende persone in jou lewe dit ook

kan aanvaar. Breek die nuus aan jou

kinders voordat hulle by iemand anders

daarvan tehore kom want, dan sal dit nie ʼn

lekker saak wees nie. Maak nie saak hoe

lank jy gaan uitstel nie hulle verdien om te

weet wat vir hulle voorlê. Dit is ook bel-

angrik dat jy jou famielie van jou probleem

verwittig alhoewel julle nie op goeie voet is

nie. Ek hoop alles werk uit vir jou onthou

jy is nie alleen nie al voel dit so. Weet dat

God oor jou waak.

Liewe Tant Emma

Dit voel of ek nie meer ʼn eie lewe het

nie. Ek het die aakligste werk en werk

elke dag van my lewe. Tante dit is asof

ek net lewe om te werk. Boonop kry my

huwelik ʼn knou want saans wanneer ek

by die huis kom is ek hopeloos te moeg

om nog my man aandag te gee. Ek voel

skoon sleg om dit te sê, maar ek kan

nie onthou waneer laas ek ʼn bord kos

vir my man voorberei het nie. Al waar-

van ons deesdae leef is wegneem etes.

Die mense vir wie ek werk is ook nie te

aangenaam nie, hulle behandel al hulle

werknemers soos vloerlappe en dan

kom hulle daarmee weg. Tante ek voel

ons moet hulle aangee by die ower-

hede, maar die mense wat saam met

my werk is so bang om iets aan die

saak te doen. Wat staan my te doen?

WERK SLAAF

Ja, soms kan werk die oorhand in mens se

lewe neem, dit is ‟n heel ander saak, maar

om soos „n slaaf behandel te word is

onaanvaarbaar. Vergeet van die mense wat

saam met jou werk en staan op vir jou reg-

te. As hulle voel hulle wil vir die res van

hulle lewens soos slawe behandel word is

dit hulle prbleem. Moenie toelaat dat dit

jou terug hou om op te saan vir jou regte

nie. Praat met jou werknemers en vertel

hulle presies wat jou pla moet niks uitlaat

nie. Hoor wat hulle sê en as hulle nie ag op

jou probleme slaan nie staan dit jou vry om

hulle by die owerhede aan te gee.

Weegskaal (24 September –

23 Oktober) – Daar is ve-

randering in jou werk of huis

omgewing wat te doen het met

„n man, dis „n mooi dag om

kreatief te wees en mooi liefdes

woordjies het „n groot invloed

op jou.

Ram (21 Maart – 20 April) –

Jy mag dalk die verkeerde in-

druk maak op iemand en jy

voel gefrustreerd. Moenie laat

dit jou onder kry nie. Dinge sal

reg kom.

Bul (21 April – 20 Mei) – Jy

voel dis „n goeie tyd om strate-

gies te dink. Jou vriende kry

voorkeur en jy is lus vir oefen-

ing. Jou emosies is ook bietjie

oorweldigend op hierdie stadi-

um.

Waterdraer (21 Januarie – 19

Februarie) – Wees versigtig

met jou finansies, jy is te

spandabelrig.

Tweeling (21 Mei – 21 Junie)

– Dit is „n goeie tyd om te

begin studeer of te reis. „n

Liefdesverhouding is naby en

teen vanaand gaan jy frustreerd

voel.

Kreef (22 Junie – 22 Julie) –

In hierdie tyd raak jy ontslae

van slegte gewoontes. Mense

kyk anders na jou.

Leeu (23 Julie – 22Augus-

tus) – „n Verhouding is op die

stadium beter en bring meer

geluk as om alleen te wees.

Daar gaan „n verandering in

gevoel kom by ‟n geliefde.

Maagd (23 Augustus – 23

September) – Jy gaan “mood

swings” ondergaan vandag, jy

moet begin gimnasium toe gaan

en besef dat almal geregtig is op

hul eie opinie.

Skerpioen (24 Okrober – 22

November) – Jy is baie ge-

fokus op familie en jou huis die

week.

Boogskutter (23 November

– 21 Desember) – Jy kommu-

nikeer nie goed genoeg met

ander mense nie, jy wil ontslae

raak van roetine en gaan meer

rondry of reis in die week.

Steenbok (22 Desember – 20

Januarie) – Jy sien die week

wat regtig belangrik is in jou

lewe en jy spandeer baie geld, jy

maak groot besluite oor wat in

jou lewe bly en wat gaan.

Vis (20 Februarie – 20

Maart) – Jy maak baie planne

vir die volgende twee weke en

jy dink baie voordat jy doen.

Dit gaan my verstaand te bowe hoe

ons bejaarde mense angeval word. Dit

wil vir my voorkom asof die jong men-

se daar buite niks beter het om te doen

as om misdaad te pleeg. Ons bejaarde

mense voel onveilig in ons eie huise,

want jy as persoon weet nie wanneer

die skelm kom om sy “ werk” te kom

doen. Daar sal iewers moet iets gedoen

word aan die misdadigers voordat ons

almal angeval word. Bang be-

jaarde

Wat is die doel van die polisie?. Die

poilsie is nooit tot my hulp beskikbaar

wanneer ek hulle ontbied vir ʼn klag.

Naweek vir naweek remoer hulle met

die polisie voertuie met geraas van vrou

mense daarin. Mense word aangerand

selfs vermoor dan hou die polisie

“party”. Waar sal ons opeindig met die

gemors, is die polisie dan nie veroner-

stel om ons mense te help met klag-

tes.Dit sal nie kan so aan gaan iewers

sal daar iets gedoen moet word.

Bekommerde inwoner

Wag wag wag, dus wat ek al die af-

gelope 16 jaar doen vir ʼn ordendelike

huis. Ek het al soveel aansoeke gedoen

en papiere geteken maar net niks kom

daarvan. Hoe lank moet ek nog wag vir

terug voering of net vir ʼn tuiste. Ek het

kinders waarvoor ek moet sorg, ek kan

nie langer in die boks huis bly. Help my

ASB

Dakloose inwoner

.

Watter ontspanning is hier in Upington

vir ons jong mense. Almal loop klubs,

waar is die onstspanning waar ons God

kan dien behalwe die sondag diens.

Jeug inwoner

Enige iets wat jou pla op jou lewenspad vra maar vir tante.RIG JOU

BRIEWE AAN :TANT EMMA,Kantoor no06,Bokant Vispa

UPINGTON,8801 of epos dit na:- [email protected]

SY SAL ALTYD „N ANTWOORD HET

Ons leef in ʼn wêreld wat ons

toegooi met derduisende keuses,

skakel jy die t.v aan is daar baie

kanale om van te kies. In die oggend

as jy op staan kies jy om in ʼn goeie

bui of in ʼn slegte bui te wees. Jy kan

kies gaan jy jou tande borsel of nie.

Maar hoe weet jy wat reg en ver-

keerde keuses is? En hoe maak jy

steeds goeie keuses tussen al die

moontlikhede waaraan jy daagliks

blootgestel word.?

Ons wil tog almal gelukkige mense

wees of wil wees, allenlik deur die

regte keuses te maak. Natuurlik is

nie alle keuses in die lewe ewe bel-

angrik nie, maar tog kom ons op

daaardie punt wat ons moet ʼn keuse

maak.

Mense is geneig om mekaar af te

breek of om negatiewe “labels” op

ons te plaas, maar elkeen van ons het

ʼn keuse of ons daaardie “labels” gaan

op ons hou, of omkeer na ʼn posi-

tiewe “label”. Soms sê ons net me-

kaar wat ons wil sonder om te dink

voo

r ons praat, maar in die ander kant

het ons ʼn keuse of ons daardie

woorde ter harte sal neem.

Ons as mens is so geneig om vergeet

dat ons altyd ʼn keuse het en dan wil

ons ander blameer vir die gevolge.

Net jy self kan blameer word vir die

vekeerde keuses wat jy maak.

Die lewe is ʼn eindelose ry keuses.

Die keuse is altyd joune en niemad

kan dit van jou weg vat of names jou

maak nie. So maak jo eie keuse maak

Keuses

Prudence De Klerk

Dwelms word regoor die wêreld deur kinders en

jong mense misbruik– en glad nie net deur jeugdiges

uit “ swak” huise in die samelewing nie.

Baie eksprimenteer met dagga en ander meer

verslawende middels soos tik omdat hulle nie wil “

uit” voel by hul maats wat dit gebruik.en dit skep

kriminele elemente in die gemeenskap waar hulle

woon. Baie weet nie werkilk hoe dwelms ander siele

vertroebel nie en baie maal verkies hulle om nie te

weet. Tog is ʼn ingeligte gemeenskap een van die

beste wapens teen hierdie moderne euwel

Net een daggasigaret kan genoeg wees om verskillen-

de negatiewe uitwerkings op die roker te hê. Almal

reageer weliswaar nie dieselfde op die gebruik van

dagga nie, net soos mense se reaksies verskil waneer

hulle alkohol gebruik. Dagga se uitwerking is nietemin

hewig wanneer dit saam met alkohol gebruik word.

Tik is ʼn dwelmiddel wat al geruime tyd skool kinders,

studente en jeugdiges in sy greep het.

Kenners sê dat as iemand getik is voel hy/sy so op-

gekikker en energiek soos ʼn windhond op ʼn wildplaas

. Jy kan maklik ʼn hele nag lank wakker bly, en jy raak

ook nie eintlik honger nie. Jy kan psigoties raak,

waanbeelde sien, jou brein en sentrale senuweestelsel of hart kan selfs beskadig word. Dan is jy ʼn jammer-

like wrak van ʼn mens. Jou lewe is onherroeplik deur

ʼn verfoeilik dwelm verwoes.

Die grootste probleem is dat tik so goedkoop is in

vergelyking met ander dwelms– R40-R60 vir ʼn do-

sis en dus so maklik verkrybaar in die gemeenskap.

Tik enander tipe dwelm verslaafdes vernietig nie net

hulself nie, maar kan hul gesinne vernietig, soos

wanneer hulle begin steel om hul dwelms of tik te

kan bekom.

Staan jou man en weier om dwelms te gebruik. Sê

NEE vir dwelms– sê JA vir die lewe.

Steinkopf: As „n mens so kyk na

hierdie omstandighede van

hierdie paaie dan kan jy maar

net dink wat het van hierdie

geld geword wat moes

aangewend word vir hierdie

instandhouding van die paaie.

Dit wil voorkom asof Steinkopf

nie meer raakgesien word vandat

ons onder „n nuwe bestuur staan

wat moet sorg dat hierdie tipe

dinge nie plaasvind nie.

Nou kan jy jouself afvra wat maak

Namakhoi met sy dienste geld as

hy nie kan die verskillende dorpies

gelyk behandel nie of is dit die

Raadslid wat moet toesien. Dit is „n

skande dat „n mens se voertuig so

moet verniel op die lelike paaie.

Die ander feit is dit skep „n baie

swak indruk dat ons bruin gemeen-

skappe nie kan iets bestuur of besit

en agter dit kyk nie.

Leiers wil julle nou eers weer wag

tot stem tyd voor julle hierdie

situasie kan regruk. Gee julle dan

vir julleself om, om die eens mooi

dorpie so te verniel deur luiheid of

laksheid. Ons ken nie hierdie om-

standighede in Steinkopf toe die

bestuurraad nog aan bewind was

nie. Bruinmens skrik wakker jy is

besig om jouself te verslaap en ook

die erfenis van jou nageslag.

Wanneer wil julle ontwikkel of

idees kry wat lewensvatbaar is en

so ‟n goeie dorp te ontwikkel. Ons

lewe nou in ‟n ander era as om nog

vas te klou aan die feit van ag wat

los tog maar, of dit is nie my prob-

leem.

Dit het tyd geword om die omstan-

dighede tog jou probleem te maak

anders as om weg te kyk dat ander

moet voorvat.

PROFIEL VAN SONNYBOY APOLLIS, ANC- WYKSKANDIDAAT VIR CONCORDIA

Geagte,kieser, om vir Hendrik (Sonnyboy) Apollis te stem, is om soos vir ‘n ware wenner en gemeenskapsmens te stem , want sy profiel spreek boekdele.En sy hart klop warm en lê op die regte plek vir al die inwoners van Concordia

Sonnieboy is al meer as 20 jaar aktief in die gemeenskap van Concordia. Hy was onder andere voorsitter van die skoolbeheerliggaam. Hy was ook voorheen voorsitter van die gemeenskapspolisiëringsforum(GPF). Onlangs was hy aan die voortou van gemeenskapsoptogte na vermoedelik dwelmsmokkelaars in Concordia.

Belangrike aspekte wat hy wil aanspreek as hy verkies word as wyksraadslid:

Die wegdoen van die onregmatige R106 kragpaalbelasting;

Effektiewe dienslewering ten opsigte van water- en kragvoorsienning;

Bedinging vir Behuisingsprogramme (onthou, geen huise is die afgelope twee jaar in Concordia gebou nie);

Veiligheid van die gemeenskap, misdaadbekamping, dwelmhandel en die misbruik daarvan;

Die herstel van die verbrokkelde verhouding van die gemeenskap met die munisipaliteit en raad ;

Die bekamping van werkloosheid en die skep daarvan;

Die daarstelling van ordentlike sport-en ontspanningsgeriewe;

Die instandhouding van die haglike paaie in Concordia.

Sonnyboy sê immers self:

“Ek belowe om met alle inwoners van Concordia saam te werk, insluitende ondersteuners van ander politieke partye. Inwoners van Concordia kan enige tyd van die dag my bel oor hul probleme en ek sal so spoedig moontlik daarna kyk.

Ek sal sorg dat daar wykskomiteelede van verskillende sektore van die gemeenskap aangestel word. Die lede moet verskillende probleme in die sektore aan te spreek en ook moontlike ontwikkeling teweeg kan bring. Ek sal sorg dat gereelde gemeenskapsvergaderings gehou word om sodoende ons gemeenkap op hoogte te hou van verwikkelinge in ons wyk en binne die munisipaliteit.”

Dit gaan vir my nie hier oor die ANC of ander politieke partye nie, maar eerder oor my gemeenskap, wat ek móét en eerste sal stel.Die dae van om teen mekaar te baklei, is al lank verby.

Stem vir my en wees vir seker dat ek die saak van ons voorheenbenadeeldes eerste en tot die beste van my Goddelike vermoë sal stel en bevorder. Dankie, vriende en inwoners van Concordia.”

Sonnyboy

Isaac Cloete

Die voormalige DA-raadslid van

die Nama Khoi- munisipaliteit

op Springbok het die laasweek

heftig te velde getrek teen Cope

wat oor haar loop en lieg oor

geld.

Kathleen (Koekie) Groenewald het gesê

dat gesiglose Cope- lede onlangs in die

plaaslike media staan en lieg het dat sy glo

R1.5milj van die ANC ontvang het om te

bedank.

“Dis „n wilde stelling en griewelike leuen

van Cope, wat nie eens bestaansreg in Con-

cordia het nie. Ek gaan die Valke ook be-

trek om die gesiglose leuenaars vas te trek.”

Sy het ernstig aan Die Horison vertel dat sy

alles gaan doen om haar naam tot die letter

toe skoon te kry.

“Dis nie waar dat die ANC my omgekoop

het met geld nie, maar oor die feit dat die

koalisie niks gedoen het nie aan my skry-

wes en vele versoeke om my mense op te

hef. Ek het so baie gedoen vir die mense in

Concordia, maar Nama Khoi weet nie eens

daarvan nie.”

Groenewald het twee maal agtermekaar

bedank, maar die eerste een teruggetrek,

omdat die aansuiweringsbegroting aandag

moes kry en sy nie die proses wou knie-

halter nie, terwille van haar mense.

Die omstrede “munisipale bestuurder”

Aubrey Baartman, van Nama Khoi het

onlangs deur middel van „n plaaslike

koerant probeer sê dat die ANC haar

doelbewus voor die bespreking van die

konsepbegroting laat bedank het.

Dit ontken Groenwald kategories en meld

dat Baartman in Januarie nie haar

dreigende waarskuwing, dat sy sou bedank,

kop toe gevat het nie.

“Hy(Baartman) het bloot gesê dat ek nie

verder salaris gaan ontvang nie en dat dit

niks aan Nama Khoi gaan doen nie. Ons

gaan soos normaal weg voort by die muni-

sipaliteit was sy laaste woorde.”

Intussen kook sommige DA-ondersteuners

omdat Baartman se strategiese denke en

politieke versiendheid hom weereens in die

steek gelaat het. Hulle voel dat hy na Groe-

newald moes geluister het en kop moes

gehou het omdat die samestelling van die

Raad op „n mespunt gebalanseer was.

“Nou sit die DA met die gemors en

kastaiings wat uit die vuur gekrap moet

word,” is hulle oorwegend gevoel.

Lorenzo Faber(hoofsweep van die ANC)

het die week gesê en herhaal dat die ANC

niemand omkoop of omrokkel nie. Hy het

egter vir Groenewald in die bresse getree:

“Antie Koekie het die belange van haar

gemeenskap eerste gestel en bedank. Sy het

geen vooruitsig en toekoms in die DA

gesien nie.”

Die ANC is sterk en vinnig besig om

die Concordia-inwoners maklik te oor-

reed om vir hulle kandidaat op 22 Mei

in die tussenverkiesing te stem.

As „n mens kyk na hul manifesto is dit geen

verrassing nie dat die oorgrote meerdehied

kiesers die keer hul kruisies reg gaan trek,

omdat die DA-geleide koalisie klaaglik

miskluk het om ons mense eerste te stel.

Hier volg „n paar negatiewe gebeure die

afgelope twee jaar by die NAMA KHOI

MUNISIPALITEIT wat die DA die tus-

senverkiesing gaan kos:

Geen of swak dienslewering ten opsigte

van krag en water;

Die aanstelling van ongeveer 75 onbek-

wame (veral Cope-lede of ondersteuners);

Die feit dat vir hierdie aanstellings nie be-

hoorlik begroot is nie daarom moet die

vuisvoos belastingbetaler vir die

aanstellings opdok;

Die lafhartige implementering van die

sogenaamde ligpaaltax van R106 is „n spre-

kende voorbeeld hiervan.

Voorts gebruik genoemde munisipaliteit

belastingbetalersgeld om van die “nuwe”

werkers se salarisse te betaal;

Die nie-advertering van poste en die

verontagsaming van die organogram;

Geen beplanning en bou van HOP huise in

24 maande nie;

Reuse skulde vir krag(R15 milj: ESKOM)

en water( R35milj: SEDIBENG) wat die

huidige swak dienslewering binnekort to-

taal ineen gaan laat stort;

Die onbeskaafde behandeling wat die

vorige DA- raadslid Kathleen(antie Koekie)

Groenewald, van die omstrede “munisipale

bestuurder”, Aubrey Baartman, moes ver-

duur en toe bedank het.

So byvoorbeeld het Baartman geweier dat

Concordia boorgatwater kon verkry via die

hooftoevoerlyn soos rdl. Groenewald vir

byna twee jaar versoek het.

Dieselfde Baartman het ook geweier om

met haar saam te werk sodat broodnodige

dienste in Concordia bespoedig kon word;

Dit dui alles daarop dat Baartman meer tyd

en energie aan sy Cope-vriende spandeer in

plaas daarvan om sy werk te probeer doen.

Behalwe bogenoemde knelpunte moet die

Concordia inwoners na die volgende oplet

en dit vir baie lank onthou:

Baartman word beskou as van die swaks

gekwalifiseerde(indien nie die swakste nie)

munisipale bestuurders by „n DA-

munisipaliteit;

Dit het veroorsaak dat Schalk Lubbe, die

burgemeester, hom(vir Baartman) al in die

verlede laat skors het tot groot vermaak en

verligting van veral Springbok (én Concor-

dia) se inwoners;

Hierdie “skoonmaak” operasie het die NA-

MA KHOI MUNISIPALITEIT en

belastingbetaler egter honderde duisende

rande gekos;

Die twee sit nog steeds nie langs dieselfde

vuur nie en verduur en gluur na mekaar

terwille van die voortbestaan van die

kosmetiese koalisie.;

Concordia (én Springbok) se inwoners weet

dit en verlang dringende en onmiddellike

verandering by die munisipaliteit;

Verdere ontevredenheid onder inwoners is

dat Baartman onlangs met „n sokkerspan na

Dubai gevlieg het in plaas daarvan om

aandag te gee aan die verkryging van „n

erkende matrieksertifikaat;

Behalwe Baartman is die DA geensins

skoon te spreek nie, want hulle het hom

aangestel en weet nie hoe om van hom

ontslae te word nie.

Ook het die DA in die vorige verkiesing

inwoners van Gamoep (Wyk 1) in Spring-

bok laat stem om die Springbokwyk te kon

wen.

Tydens die IEC kiesersregistrasieproses(13

& 14 April) het die DA verder gegaan en

kiesers van ander wyke ingery om in die

Concordia wyk te kom registreer.

As gevolg van bogenoemde dade en mis-

lukkings staan die ANC die keer sterker as

voorheen in Concordia en is hulle seker dat

die inwoners nie die keer gaan val vir sen-

sasionele, gefabriseerde naamlose

koerantstories en verkiesingsfoefies van die

bevoorregte DA-party nie.

Derhalwe stem reg, stem ANC, die party

wat jou mense se hartswense en dringende

behoeftes kan vervul.

(PERSVERKLARING: ANC MEDIA-

SPAN)

SAMANTHA CLOETE

STEINKOPF: Die 23 jarige

Dean Balie van Steinkopf glo

mens moet end uit gaan en

die lewe met passie aanpak.

Hy het in 2007 op Hoërskool

Steinkopf gematrikuleer, en het

daarna drama gaan studeer op

die Universiteit van Stellen-

bosch. In 2010 het hy sy graad

verwerf en is nou woonagtig in

Kaapstad.

Die talentvolle jongman werk

tans as ʼn vryskud akteur in

Kaapstad en sy werk behels

teater werk, radio en film vir

televisie.

Die verskillende mense waarmee

hy werk hang af van die tipe

werk waarmee hy op daardie

oomblik besig is. Hy het al met

verskeie groot regiseurs saam

gewerk onder andere, Marthinus

Basson, Marind Engelbrecht,

Christiaan Olwagen en David

Kramer.

Hy was nog altyd geїntereseerd

in stories en die impak wat dit

op mense se lewens kan hê. Hy

noem ook dat hy nog altyd ʼn

groot verantwoordelikheid ge-

voel het, om deel van hierdie

stories te wees want, dit is sy

passie en hy kan homself nie in

ʼn ander beroep sien nie.

Dean glo mens moet beide tal-

entvol en passievol wees in die

veld waarin jy werk, dit loop

hand aan hand. Dit is ook vir

hom belangrik om in homself te

glo sonder om arrogant voor te

kom.

Sy teikengroep is jonk en oud en

hoop om albei meer by teaters te

sien. Nie net by vertonings waar

hy betrokke is nie, maar liewer ʼn

teater tradisie waar dit deel van

ons daaglikse samelewing word.

Met sy volgende projek in

Namakwaland wil hy graag sy

skool se saal in ʼn teater omskep

om sodoende ʼn teater tradisie te

begin wat meer opvoedkundig

vir die jonger geslag sal wees.

Hy het onlangs ʼn Fleur Du Cap

toekenning gewen vir sy rol as “

Kat Diamond” in David Kramer

en Taliep Petersen se Kat and

the Kings as Beste akteur in ʼn

musiek blyspel.

Hy het ook onlangs ʼn baie

suksesvolle vertoning in Stein-

kopf gehad op 3 Mei 2013 in-

samewerking met Steinkopf

Hoërskool, wat nou nog mense

aan die praat het.

Dean is omtrent besig sy vol-

gende groot produksie is in Da-

vid Kramer se verwerking van

Blood Brothers wat in Sepetem-

ber begin by Theatre on the bay

in Campsbay, daarna toer dit na

Monti-casino in Johannesburg.

Sy boodskap aan elkeen daar-

buite is, “Moet nooit dink jy is te

klein om so groot te kan droom

nie. Jy, en net jy is in beheer van

jou eie geluk. So doen dit mal,

hou hom vas jou matras en doen

dit heeltemal te mal!!!!!!!!!

Die Horison

GIDS/GUIDE A. PERSOONLIK / PERSONEL

B.VAKANTE BETREKINGS/ AVAILA-BLE JOBS

C. BETREKINGS GEVRA/ JOBS NEEDED

D. GELD EN LENINGS / MONEY & LOANS

E. TE HUUR HUISE / HOUSES TO LET F.WOONSTELLE TE HUUR / FLATS TO LET

G.PLOTTE EN PLASE TE HUUR/ PLOTS AND FARMS TO HIRE

H.ENIGIETS TE HUUR / ANYTHING TO HIRE

I.TE HUUR GESOEK / WANTED TO HIRE

J. HUISE TE KOOP /HOUSES FOR SALE

K.WOONSTELLE TE KOOP / FLATS FOR SALE

L.ERWE TE KOOP / STANDS FOR SALE

M.ALGEMEEN TE KOOP / GENERAL TO BUY

N.TE KOOP GESOEK / WANTED TO BUY

O.VOERTUIE TE KOOP / VEHICLES FOR SALE

P.PLAAS IMPLEMENTE TE KOOP/ FARM IMPLEMENTS FOR SALE

Q. WOONWAENS TE KOOP/ CARAVANS FOR SALE

R.DIERE / ANIMALS

S.TE RUIL / TO SWOP

T.BESIHEDE TE KOOP / BUSINESSES FOR SALE

U. SPESIALE DIENSTE / SPECIAL SER-VICES

V.VAKANSIEOORDE / HOLIDAY RESORTS

W.KENNISGEWINGS / NOTICES

X.TE LAAT KLASSIFIKASIES /LATE CLASSI-FICATIONS

TOEKOMS STREET 33

UPINGTON BANDE

INDUSTRIAL AREA

UPINGTON

TEL: 054 331 3917 FAX: 054 331 3865 OR 086 576 5595

Email: [email protected]

UPINGTON: Die

Speurtak van die

SAPD op Upigton

ondersoek „n klagte

van vermoedelik ges-

teelde eiendom.

Op sondag 05 Mei 2013 is

drie verdagtes in besit be-

trap met „n petro-

laangedrewe saag. Die

verdagtes is deur Kst Llew-

elyn Swartz in Brugstraat

opgemerk met die saag. Die

beraamde waarde van die

saag beloop R7000-00

(sewe duisend rand).

Die drie verdagtes se oud-

erdomme is 26jr, 38jr en

56jr onderskeidelik. Al drie

verdagtes sal in die Up-

ington se Landdroshof

verskyn op aanklag van be-

sit van vermoedelik ges-

teelde eiendom.

Kst Swartz word geloof vir

sy oplettendheid wat gelei

het tot die puik arrestasie.

VERENIGDE HERLEWING PINKSTER

ONS NOOI ALMAL UIT NA HIERDIE KERK.

BRING JOU SAAM WAT SIEK IS OF WAT

PROBLEME HET GOD IS DIE OPLOSING EN

ANTWOORD OP JOU VRAE HY SÊ:-”ALMAL

WAT VERMOEID EN BELAS IS KOM NA MY

TOE EK SAL JULLE RUS GEE”

KONTAK:- PASTOOR D. OLYN

SEL:- 076 011 8482

PLEK: A.J.FERREIRA SKOOLSAAL

UPINGTON: Die Suid

Afrikaanse Pol isie

Diens wend al le

pogings aan om

oortreders vas te vat vir

die gebruik van dwelms

asook die verspreiding

daarvan, wat „n groot

bron van kommer vir

hulle is.

Lede van Upington SAPD

het die afgelope week

tydens stop en deur-

soeking misdaadvoorko-

moings optreds, persone

gevisinteer en beslag gelê

op dagga en mandrax tab-

lette.

Kst Beil het „n persoon

gevisinteer by die grasperk

in Dr Nelson Mandela

Rylaan en dagga van on-

geveer 6 (ses) gram is in sy

besit gevind. Die verdagte

is gearesteer en beslag is

gelê op die dagga.

„n Verdagte is in dieselfde

omgewing deur Kst Eben

van Rooi deursoek en

twee sakkies dagga van

ongeveer 22 gram, is in sy

besit gevind. Beslag is gelê

op die dagga en die

verdagte is gearresteer.

Kst Eben van Rooi het

t w e e p e r s o n e i n

Scottstraat deursoek en 10

(tien) mandrax tablette in

een van hulle se besit

gevind. Die verdagte is

gearresteer en beslag is

gelê op die mandrax tab-

lette.

Enige persone met in-

ligting rakende dwelms

word versoek om sonder

enige twyfel die naaste

polisiestasie te kontak.

MARKSTRAAT 20

UPINGTON

8801

NOORDKAAP

DAVINA VILANDER

079 2965 449 JOHN.CLOETE

083 416 4539

PRUDENCE DE KLERK

082 082 9016

SAMANTHA. CLOETE

083 748 9718

KOM BESOEK

ONS!!

KANTOOR NO:-06

BOKANT VISPA

Tel/Faks:-054 331 1993

Epos:[email protected]

Lees aanlyn: ISSUU

BEMARKER GESOEK

DIE HORISON koerant soek „n

dinamiese persoon wat weet hoe om

te bemark geen kansvatters moet ten

minste matriek en rekenaarvaar-

digheid sal as aanbeveling dien.

BRING JOU CV na kantoor No.06

BOKANT VISPA MEUBELS

langs Shoprite gebou

DIE HORISON

FAX :- 086 718 6077

054 339 3343

CELL:- 072 551 1997

Kimberley: The Police in Kimberley was investigating a case on Posses-

sion of suspected stolen goods.

This followed the arrest of four women that were allegedly found in possession

of suspected stolen goods, including cosmetics, pills and other items to the esti-

mated value of more than R8000. The incident took place at the North Cape Mall

in Kimberley on Thursday 2013-04-25 just before midnight.

Police received a “tip-off” and one of the women was apprehended for being in

possession of suspected stolen goods. The woman later gave information that led

Police to the arrest of other three suspects. Police stopped a suspicious Red Nis-

san Sentra on N8 Road to Bloemfontein.

There were three occupants inside the vehicle, and whilst

searching, Police found suspected stolen goods inside the vehicle. The suspects

were immediately arrested. Two of the suspects are 40-years-old and the other two

are 35-years-old. All four suspects are believed to be coming from Kwa-Zulu Na-

tal. The SAPS Management would like to applaud its members (especially the B-

Shift from Kimberly Station), as well as Security Guards from North Cape Mall

for their co-operation and effort that led to the arrest of four female suspects be-

fore getting off.

The four women will appear before the Kimberley Magistrate Court.

WEBSITE: WWW.BELURANAUPINGTON.COM

EMAIL: [email protected]

AA AWARDS WENNER 2011

MUNISIPALITEITE SKAKEL GERUS VIR SPESIALE TARIEWE!

VIR ENIGE NUUS OF

ADVETENSIES SKA-

KEL :-

DIE HORISON:

TEL:054 331 1993

“ Ons gaan waar u ons die nodigste het”

Kom sluit aan by die Mostert Familie,wees deel van die wenspan

Ons verkoop nou Grafstene,teen fabriekspryse, bring enige geskrewe

kwotasie en ek waarborg u ons sal dit verbeter.

Kwaliteit Grafstene teen belkostigbare pryse,ons skakel die middel-

man uit Koop „n KOPKLIP vandag en u ontvang „n simkaart met

lugtyd vir twee jaar asook „n selfoon.Alle nuwe kliente asook

bestaande kliente ontvang „n simkaart met R40.00 lugtyd elke maand

vir twee jaar, voorwaarde is dat u polis moet te alle tye op datum

wees en stiptelik betaal word.

R10 000.00 Begrafnisdekking 14-64 R55.00 p/maand Nou ook R20

0000.00 polisdekking:Ouderdom 14-64 @ R115.00p/maand . Familie

polis,3 lede @R200.00 p/mnd 4Lede @ R250.00p/mnd Kos polisse

@ R33.00p/mnd(R3000.00 kruideniers “Vouchers” Vleis Polisse @

R50.00p/mnd R5000.00 se lewende hawe of vleis vouchers

kliente ouer as 75jaar @ R 130.00 vir R10 000.00 dekking

Upington: This was the first of its

kind tournament, and kicked off as

from the 26 April 2013 until 28 April

2013

20 Teams was invited to partake but

only 16 managed to respond positive-

ly. The games kicked– off on Friday 26

April 2013 at 18h00 making the official

opening of the tournament.

The competing was of high quality and

standards and the contest was a close

one on one team wanted to give up

easily and all participants wanted to

emerge victorious and the crowend

champions of the fist ever workers

tournament staged on Upington soil.

The LOC also acknowledged that there

is no competition without controversy,

because participants liked to take

changes but the LOC was on hands

and ready to dead with any problem

contray to the objective to be achieved.

The proceeding went very well until

the final day wich was on the 28 April

2013. The games played on the day

were to determine the team which has

the endurable and commitment to be-

come winners, and this was demon-

strated by 8 SAI and OWK when they

clashed against each other in the final

This day was round-off when 8 SAI

become the ultimate winner of this

great event by defeating OWK by 4

goals to 2.

It was a great day for the LOC too be-

cause the tournament concluded with-

out any incident except for minor inju-

ries sustainted on the flied of play. 8

SAI were crowned champions with

the price money of R7000-00 and

OWK became the runner-ups with the

price money of R5000-00

Most goal scorers during the tourna-

ment Tario Bromkamp player of Mer-

chandisers scored 6 goals and Andile

Voxeka player of OWK scored 6 goals.

PRUDENCE DE KLERK

Upington: Morester Jeug

sokker klub is nie net die

wenners van die Roben

Cloete en Easter toernooi

nie.

Hulle is ook op Sondag 5

Mei aangewys as die wenners

van die Provinsiale SAFA

SECOND DIVISION LIGA

wat begin het vroeg Septem-

ber 2012 en geindig het op 5

Mei.

Die sokker klub wat as die

wen span aangewys is met ʼn

punte telling van 27 sal dan

op die 9 Junie 2013 kragte

meet teen ʼn plaaslike provin-

siale sokker span wat nog nie

bekend gemaak is nie. Die

twee sokker spanne sal dan in

Kathu in teen stand kom, om

te kwalifiseer vir die nasion-

ale play-offs wat gewoontlik

die eerste week in Julie

plaasvind.

Die bestuur en ondersteners

wens die sokker klub alle

sterkte toe

The two winning

teams of the UP-

INGTON

WORKERS SOC-

CER TOURNA-

MENT.

Photo left: OWK

TEAM

Photo under: 8 SAI TEAM